Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
114

Handleiding • Guide

weer te kyk waar ons staan met ons Suid-Afrikaanse

bedryf. Die huidige stand van die ekonomie van

voerkrale, die invloed van die graderingstelsel,

markvoorkeure en voerkrale se omgewingsimpak, is

beslis bo-aan die agenda.

Voerkraal-ekonomie

Daar is geen twyfel dat die voerkraal bedryf ’n

ongekende bloeityd beleef het laas jaar met hoë pryse

en billike mieliepryse. Dit het heelwat speenkalf- en

mielieprodusente geleentheid gegee om eie voerkrale

te begin, terwyl groot voerkrale dramaties uitgebrei het.

Tans is dit egter ’n ander storie. Mieliepryse is hoog en

die mark het verlangsaam. Ons beleef nou, volgens Dave

Ford, bestuurder van die Voerkraalvereniging van Suid-

Afrika (SAVV), ’n regstellingsfase in die bedryf.

Die verwagting was dat die mark sou aanhou styg. Dit

het die vraag na speenkalwers (en groter beeste) maand

na maand aangevuur. Gevoerde beeste se getalle het

toegeneem bo die vlak wat deur laer pryse weens hoë

aanbod behaal is. Rolspelers wat al lank in die bedryf is,

sal onthou dat 2007 ’n soortgelyke tendens getoon het.

Dit lyk of ons nou weer met ’n nuwe pryssiklus begin.

Die meeste dinge in die vryemark vind plaas as ’n funksie

van markneigings, markkragte of verbruikersdruk.

Voerkrale se bestaan word deur die mark dikteer – die

verbruiker vra sagte vleis van jong diere, in geweldige

volumes. Dan moet die produk nog homogeen in gehalte

en standaard wees. Vyf-en-tagtig persent van alle vleis

wat die verbruiker bereik, word deur sowat 63 voerkrale

waarvan die meeste lid is van die SAVV, voorsien.

Verbruikersvoorkeure en gradering

Die tipiese voerkraal in Suid-Afrika koop ’n kalf van

tussen ses en sewe maande oud wat ongeveer 200-

250 kg weeg. Hulle voer die kalf vir so 100 dae tot 350-

450 kg. Wanneer die kalf geslag word is hy/sy dan nog

ongewissel en slag hy/sy as ’n A-graad uit wat toppryse

“Daar is nie n kalf wat ’n Simbra wen

in die voerkraal nie” – Flip Snyman,

Tito Vorster en Foeta Lourens

behaal. Binne die wêreldkonteks is dit ’n baie unieke

situasie. Die meeste ander lande slag vee wat omtrent

drie jaar oud is, en produseer ’n karkas wat ouer en

swaarder is. Ons slag weer jonger diere om te voldoen

aan die vereiste van ons plaaslike graderingstelsel.

Dit is baie moeilik om ’n ongewisselde kalf op 400 kg te

kry, sonder intensiewe voeding in ’n voerkraal. As ’n kalf

op die veld gevoer word, gaan hy/sy eers moet wissel

voor hy/sy markgereed is en dan gradeer die karkas as

’n AB-graad wat onmiddellik ’n prys-implikasie het. Is dit

dan reg of verkeerd?

Simbra – The Complete All-Rounder

Aan die een kant is daar die ondersteuners van die

stelsel wat wys op die onoortreflike kwaliteit van die vleis.

Teenstanders meen weer dat ons potensieel te vroeg

slag en dat vleis te duur gaan word as ons so voortgaan.

Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodu

sente-organisasie (RPO) sê dat daar nog

navorsing nodig is om beter te verstaan wat die

verbruikers se behoefte werklik is ten opsigte van

vleisklassifikasie. Hierdie navorsing is reeds aan

die gang. Gerhard meen die resultaat van hierdie

navorsing kan bewys dat ons klassifi kasiestelsel

heeltemal uit lyn is met die res van die wêreld s’n. ’n

Meer toepaslike klassifikasiestelsel sal dalk die bedryf

en verbruiker beter dien.

Dit gaan natuurlik moeilik wees om ’n 500 g T-been

konsekwent op die verbruiker se bord te sit wat nie uit

’n A-graad, ongewisselde voerkraalkalf se karkas kom

nie. Dieselfde geld vir die fillet en kruisskyf. Dit is egter

ook ’n realiteit dat snitte nie meer as 15% van die karkas

uitmaak nie. Dit beteken dat ten minste 80% van elke

karkas wat verwerk word, as maalvleis, kookvleis en

wors op die verbruiker se bord beland. Geen verbruiker

sal die vleis onderskei van ’n ouer dier wat miskien nie

so sag is nie.

Hoewel daar geen argument is dat vleissagtheid een van

die belangrikste kwaliteitseienskappe vir die verbruiker

is nie, is dit wel ’n argument hoe die beste vleissagtheid

verkry kan word en of ’n tweetandkalf wat van die veld

geslag word, nou taaier gaan wees as die ongewisselde

kalf in die voerkraal indien die invloed van ras, rantsoen

en veehantering ook in ag geneem word.

Die invloed van byvoorbeeld beta-antagoniste, wat

wyd in die voerkraalbedryf gebruik word, beïnvloed

ook sagtheid. Dit is ook ’n heel geldige argument dat

verskillende rasse se karkasse, veral waar vroeg- en

laatryp in ag geneem word, op verskillende gewigte

markgereed sou wees.