Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
Handleiding - The Simbra Cattle Breeders
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
116

Handleiding • Guide

’n Telingskalender vir 2012

Prof Frikkie Neser en Hannes Steyn

Die sleutel tot suksesvolle teling lê in die seleksie van die

regte genetika. Die ‘regte’ genetika sal van gebied tot

gebied en tussen produsente verskil. Dit is belangrik

dat elke produsent vir homself ’n duidelike teeldoelwit stel.

Bul- en ramseleksie

Beplan vroeg in die jaar hoeveel bulle en ramme nodig

gaan wees om al die koeie en ooie suksesvol te dek en

koop die diere vroegtydig aan. Sodoende is daar genoeg

tyd om die manlike diere aan te pas, in die regte kondisie

te kry en te toets vir vrugbaarheid en geslagsiektes.

Gebruik ’n gemiddeld van een manlike dier vir elke 25-30

vroulike diere as duimreël.

Bestel semen vroegtydig indien

kunsmatige inseminasie gebruik word.

Gebruik die teeldoelwitte wat gestel is om bulle en

ramme volgens teelwaardes, visuele eienskappe en

moontlik DNA te selekteer wat die nageslag nader aan

die gewenste doelwit sal kry. Onthou dat groter nie altyd

beter is nie! Dit geld veral met teelwaardes.

Bul- en ramvoorbereiding

Ent die manlike diere ongeveer twaalf weke voor die

dekseisoen met al die nodige entstowwe. ’n Koorsreaksie

sal veroorsaak dat die diere vir tot twee maande (60 dae)

lank onvrugbaar is, terwyl nuwe sperme geproduseer

word. Bulle en ramme moet ses weke voor die

teelseisoen getoets word vir vrugbaarheid, algemene

strukturele korrektheid en geslagsiektes. Die diere moet

fiks wees en in ’n goeie liggaamskondisie vertoon,

sonder om vet te wees.

Teelseisoen (beeste)

Die beste tyd vir die teelseisoen sal verskil tussen areas,

hoofsaaklik as gevolg van wisselende reënval. Die dektyd

Simbra – The Complete All-Rounder

moet so beplan word dat koeie ongeveer 30 dae voor

die eerste effektiewe reëns kalf. ’n Dekseisoen van drie

maande (90 dae) word algemeen gebruik, maar 60 dae

kan sterk oorweeg word om die bestuur van die kudde

te kompakteer en ook om vir vrugbaarheid te selekteer.

Onthou dat vrugbaarheid, alhoewel laag oorerflik, uiters

belangrik is en dat koeie wat vroeër in ’n kalfseisoen

kalf gewoonlik inherent meer vrugbaar is. Koeie moet ’n

kondisiepunt van 3 hê aan die begin van die dekseisoen.

Verse moet verkieslik in ’n aparte trop van die koeie

gedek word en dikwels word verse se dekseisoen 15-

30 dae vroeër begin om die verse meer tyd te gee om

weer in kondisie te kom na eerste kalwing, aangesien

die behoeftes van eerstekalf koeie hoog is. Verse moet

’n liggaamsmassa van 65-80% van verwagte volwasse

massa hê voor hulle reg is om gedek te word. Die vlak

van bestuur sal bepaal of verse op 14, 18 of 24 maande

gedek word. Dit is raadsaam om meer verse te dek as

wat nodig is om terug te hou in die kudde. Die verse wat

vroeër kalf is gewoonlik meer vrugbaar en deur die verse

wat eerste kalf terug te hou, kan vrugbaarheid in die

kudde verhoog word.

Indien kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word, kan die

KI program een estrus siklus se lengte (21dae) voor die

normale dekseisoen uitgevoer word, waarna die diere in

die normale dekseisoen by die bulle gesit word.

As die bulle aan die einde van die dekseisoen uitgehaal

word, moet hulle weer vir geslagsiektes getoets word.

Sodoende word probleme vroeg identifiseer en kan daar

stappe geneem word om die koeie dragtig te kry.