02.05.2013 Views

Handleiding - The Simbra Cattle Breeders

Handleiding - The Simbra Cattle Breeders

Handleiding - The Simbra Cattle Breeders

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simbra – The Complete All-Rounder

Wat is artrose?

Vrae oor artrose:

Prof. Leon Prozesky

Wat is artrose?

Artrose is ontsteking van ’n gewrig. Die toestand kan

nie van een dier na ’n ander dier oorgedra word nie,

m.a.w. dit is nie aansteeklik nie. Dit wil voorkom of ’n

minerale wanbalans, vitamiene A en proteïentekort

die oorsaak van die probleem in beeste is. Dit

is belangrik om daarop te let dat daar verskeie

besmetlike oorsake van gewrigsontsteking (artritis)

is wat aansteeklik is en klinies met artrose verwar

kan word. Daar moet dus nie aanvaar word dat elke

bees met ’n geswelde gewrig aan artrose ly nie. In

die verband is dit nodig om u plaaslike veearts te

raadpleeg om die teenwoordigheid van artrose in ’n

kudde te bevestig.

Waar kom artrose in die land voor?

Artrose kom voor in die Noordwes Provinsie, veral

in die Vryburg – Reivilo-omgewing, maar is ook

teenwoordig in die Noord-Kaap, Namibië (veral suid

westelike dele), asook Botswana. Gevalle is ook in die

Vrystaat en Natal gerapporteer.

Artikel oorspronklik geplaas op: www.landbou.com 21 Februarie 2011

Is daar ’n spesifieke soort of ouderdom

dier waar die insidens van artrose hoër

is?

Die eerste gevalle waargeneem was in bulle en ouer

koeie, maar huidig kom die toestand in alle ouderdom

diere voor en kalwers kan selfs met letsels gebore

word.

Wat is die kliniese tekens van artrose?

Diere kan klinies of subklinies aangetas wees m.a.w.

letsels mag in die gewrigte teenwoordig wees sonder

dat diere kliniese simptome toon. Aan die ander

kant is aangetaste diere soms mank met opvallende

swelling van veral die kniegewrig.

Geskryf deur: Prof. Leon Prozesky, Fakulteit

Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria

(leon.prozesky@up.ac.za)

Handleiding • Guide

99

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!