Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Bestuurswenke vir

beter lammer-oeste - bl. 3

Sluit aan by die Kalahari

Sim-studiegroep - bl. 5

Stoet hou Johan op

sy tone - bl. 8

K L K

Gesprek

Nuusblad van KLK Landbou Beperk

Vol 3/September 2011

Skep ‘n omgewing waarbinne

landbou kan floreer

Ernst Janovsky (Hoof: Absa Agri-besigheid) het vanjaar

as gasspreker by KLK se Algemene Jaarvergadering

opgetree. Ernst het onder meer gesels oor die risiko’s

wat in landbou bestuur moet word en die faktore wat ‘n

invloed op kommoditeitspryse kan hê.

Janovsky meen dit is belangrik vir die regering om ‘n omgewing te

skep waarbinne die landbou kan floreer. Dit kan gedoen word deur

oorregulasie en arbeidsregulasies stop te sit; markte te skep en

te ontwikkel asook deur landbouvriendelike beleide te ontwikkel.

Volgens Janovsky is daar twee hoofrisiko’s binne landbou wat

bestuur moet word, naamlik:

Markrisiko (Prys-, Stoor- en Derdeparty-risiko)

60% (VSA, Japan en Europa) van die wêreld-ekonomie verkeer

tans onder druk.

Bees- en lampryse styg steeds skerp.

Faktore wat pryse, waaroor produsente geen beheer het nie,

beïnvloed, is internasionale produksietendense, internasionale

landbousubsidies, wisselkoerse asook in- en uitvoertariewe.

Produsente het dus baie min beheer oor prysvlakke en is geneig

om prysnemers te wees, met pryse wat wissel tussen invoerpariteit

en uitvoerpariteit – afhangende van die plaaslike vraag en

aanbod wat ‘n verhoogde prysvolatiliteit tot gevolg kan hê.

Produsente moet meer grond bekom – “koop jou buurman uit”.

Daar word verwag dat grondpryse sal aanhou styg teen 10% -

12% per jaar.

Produksierisiko

Produksierisiko is as gevolg van Suid-Afrikaanse klimaatwisselvalligheid

(droogte, hael ensovoorts).

As gevolg van die liberalisering en deregulering van die landboumark

het nuwe risiko’s soos ingevoerde siektes, peste en

stowwe (voëlgriep, melamien ensovoorts) ook ‘n invloed op

die produksievolumes en dit verhoog dus die risiko van produsente

om hul skuld te diens.

Produksiewisselvalligheid kan maklik beheer word deur

versekeringsprodukte soos droogteversekering of deur die

gebruik van die nuutste tegnologie.

Daar is ook twee belangrike dryfkragte wat ‘n positiewe impak op

landboukommoditeitspryse sal hê, naamlik aardverwarming en

die vraag na voedsel en energie.

Aardverwarming

Die reaksie rakende aardverwarming maak dat die druk om die

sogenaamde koolstofvriendelike wetgewing te implementeer,

meer raak. Aangesien landbou die primêre begunstigde van

dié tipe wetgewing is (as gevolg van die vermoë van plante om

koolstof uit die lug te onttrek), sal nuwe markte opwaartse druk

op landboukommoditeitspryse plaas. Landbou kon egter nog

nooit genoeg energie produseer om al die fossielbrandstowwe te

vervang nie.

Die vraag na voedsel en energie

Gedurende die laat negentigerjare het kapitalisme kommunisme

vervang as ekonomiese stelsel in die wêreld. Dit het gelei tot ‘n

eksponensiële ekonomiese groei in die Oos-Europese, Midde-

Oosterse en Asiatiese lande, wat gelei het tot ‘n toename in koopkrag

van die verbruikers; vandaar die groei in aanvraag vir voedsel

en energie.

KLK Gesprek trek ‘n nuwe baadjie aan

Die nuusblad wat jy tans in jou hande vashou kan dalk vir jou met

die eerste oogopslag na ‘n splinternuwe publikasie lyk, maar

as jy weer kyk, sal jy sien dit is dieselfde KLK Gesprek soos in die

verlede – nou net met ‘n meer moderne uitleg.

bloot net ‘n gesigwas gekry,” het Ilse van Zyl (Redaksielid van

KLK Gesprek) gesê. Volgens Ilse is daar steeds ‘n mate van herkenbaarheid

in die nuwe uitleg opgesluit, hoewel dit die vorm van ‘n

moderne idioom aanneem.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui: “A change is as good as a

holiday” en dit is presies wat dié verandering in die nuusblad moet

meebring – ‘n verfrissende, vars voorkoms. Aan die inhoud van

KLK Gesprek is daar egter nie verander nie. “Die nuusblad het

Kommentaar? Ons hoor graag van jou

Die redaksie van KLK Gesprek sal graag jou kommentaar oor dié

nuut getooide nuusblad wil hoor. Jy kan jou terugvoer e-pos na

ilse@klk.co.za. Ons hoor graag van jou!
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Aan die

Woord...

Een van KLK se beter jare

Die afgelope finansiële jaar, geëindig 28 Feb

ruarie 2011, kan opgesom word as een van

KLK se beter jare, maar ‘n jaar waarin die

swak dissipline ten opsigte van krediet- en

voorraadbeheer by Handel en Groothandel

Brandstof aanleiding gegee het tot onnodige

slegte skuld en voorraadafskrywings.

‘n Verdienste van R14,4 miljoen is 19% hoër

as die vorige jaar. Die bevredigende resultate

word toegeskryf aan laer finansieringskoste,

die goeie winste van die Motor- en

Brandstof afdelings asook Build it wat beter

presteer het as die vorige finansiële jaar.

Die Lewendehawe- en Vleisafdeling het weer

eens nie presteer nie en die impak van Slenkdalkoors

het aanleiding gegee tot die laer

slag- en veilingsgetalle.

‘n Groepsomset van R1 194 miljoen is 7,6%

hoër as in 2010 – hoofsaaklik as gevolg van

die styging in brandstofpryse en die stewige

toename (20,9%) in die verkope van nuwe

voertuigeenhede by die Motor-afdeling.

Kapitaal- en balansstaatverhoudings het verder

verbeter. Die kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite

van R6 miljoen is aangewend om die

R5,5 miljoen kapitaalaankope te finansier,

terwyl R5,1 miljoen aangewend is om langtermynlenings

terug te betaal. Die netto effek

is ‘n afname van R4,6 miljoen in die bank en

kontant op hande.

Keimoes handel stof af en brei uit

Nie net is die Bestuurder by die

KLK Handelswinkel op Keimoes

nuut nie, maar die winkel het ook

‘n paar veranderinge ondergaan

en só is van die behoeftes in die

gemeenskap aangespreek. Bonnie

van Zyl is sedert Februarie aan

stuur van sake by dié winkel.

Die produkte op die rakke is herrangskik

met die doel om vir die koper ‘n

Nuwe Captiva is gemaak

vir herinneringe

aangenamer inkopie-ervaring te bied.

Spoggerige afdelingsbordjies gaan ook

binnekort binne die winkel aangebring

word. Nog ‘n behoefte wat aangespreek

is, is die uitbreiding van die Efekto-reeks

asook die hardeware- en onderdele

en watervoorsieningsafdeling. Die winkel

ver koop ook nou droë vrugte.

Maak gerus ‘n draai by die winkel of vir

meer inligting oor die winkel, skakel vir

Bonnie by (054) 461-0312.

Voor van links is Chris

Jansen (Alge mene werker),

Jan Kordom (Algemene

werker), Mervin Langhans

(Winkelassistent) en Willem

Schwartz (Algemene

werker). Agter staan Susan

Winkler (Admin), Bonnie

van Zyl en Leana Januarie

(Verkopeklerk).

2

Die Direksie het ‘n dividend van 13 sent

(2010: 11 sent) per gewone aandeel aanbeveel

asook besluit om ‘n verdere bedrag van

R900 000 van aandeelhouerslenings terug te

betaal. Dit verteenwoordig ‘n totale uitbetaling

aan aandeelhouers van R3,7 miljoen.

Die Direksie verwag dat die landbou- en handelstoestande

gedurende die tweede helfte

van 2011 kan verbeter, nieteenstaande die

opwaartse druk op inflasie as gevolg van stygende

energiekoste en kommoditeitspryse.

‘n Opsomming van die geouditeerde finansiële

resultate vir die jaar geëindig 28 Februarie

2011, is op KLK se webtuiste (www.klk.

co.za) beskikbaar.

Stephen van Huysteen

Besturende Direkteur: KLK

Die nuwe Chevrolet Captiva is onlangs

in Suid-Afrika bekend gestel

en is besonder gunstig ontvang deur

sowel motorjoernaliste as kopers.

In die nuwe 2011-model, het Chevrolet

hierdie populêre sportnutsvoertuig (SUV)

selfs beter gemaak, met ’n krag tiger enjin,

’n opgeknapte binneruim en moderne

bakwerkstilering. Hierdie nuwe kenmerke

gee jou be sonder goeie waarde vir geld,

terwyl die meer sportiewe en onmiskenbare

sterk Chevrolet-neus, die motor bo

sy alledaagse teenstanders verhef.

Die Captiva se enjin is verbasend lig

op brandstof: die 2,4-liter ECOTEC

(met VVT) genereer 123 kW en 230

Nm, teen slegs 8,9 liter pe trol per 100

km (voorwiel-aangedrewe handrat).

Die meer kragtige 3,0-liter V6-enjin

(met VVT en direkte inspuiters) genereer

190 kW en 288 Nm teen ’n

gekombineerde verbruik van slegs

10,7 liter per 100 km.

Al die modelle beskik oor ’n elektroniese

parkeerrem, wegtrek-bystand teen hellings,

afdraand-beheer en verbeterde

ABS-remvermoë. Die hoorbare geraasvlakke

van die nuwe Captiva is ook verbasend

laag. ’n Volle stel lugkussings

(bestuurder, passasier en sygordyn) sal

help om jou geliefdes te beskerm.

Die Captiva is beskikbaar in ‘n 2.4 LT

FWD, Handrat; 2.4 LT FWD, Outomaties;

2.4 LT AWD, Handrat; en 3.0 LTZ AWD,

Outomaties. Vir meer inligting aangaande

dié opwindende reeks, skakel

Gordonia Motors se verkoopspan op

Upington by (054) 337-6239/50/51/55.

September - 2011
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Bestuurswenke vir beter lammer-oeste

Daar is ‘n positiewe verband tussen

die aantal lammers wat ‘n veeprodusent

bemark en die winsgewendheid

van die onderneming. Hoe meer

lammers verkoop word, hoe beter

die wins. Om meer lammers te bemark,

moet die veeprodusent die

hele proses vanaf voor paring tot en

met bemarking baie goed bestuur.

Hier volg ‘n paar wenke:

Voor paring

Kry die ooie in ‘n goeie kondisie. Oorvet

of brandmaer ooie se kondisie is

swak. ‘n Kondisiepunt van 3 tot 3,5 is

ideaal. Vir elke kilogram wat die ooie

tydens paring swaarder weeg, styg die

lampersentasie met 2,5%.

Die ooie se kondisie moet in ‘n “groeifase”

wees as die ramme bykom. Drie

weke voor paring moet hulle prikkelvoeding

ontvang, soos byvoorbeeld

om hulle na goeie kwaliteit spaarveld

te skuif of om byvoorbeeld peulgewashooi,

mieliekuilvoer, sjokolademielies

of lek te verskaf.

Maak die ooie skoon van endo- en ektoparasiete

en ent vroegtydig teen ensoötiese

aborsie en blou-uier. Verskaf

minerale (goeie resultate word met

Multimin of soortgelyke preparate soos

Embamin en Embavit behaal) en vitamien

A (slegs nodig vir lenteparing).

Mikskeer wolskaap-ooie

Prul ooie met swak uiers en spene

asook ooie wat al oorgeslaan het en

wat oud is.

Ou ooie lam goed, maar maak nie lammers

groot nie. Alle ooie ouer as ses

jaar moet uitgeskot word.

Koggel ooie vir nege dae voor paring

met inheemse vetstert-tipe koggelramme.

By wolskape is rasse met

geen gekleurde hare of kemp nie, soos

byvoorbeeld die Ronderib Afrikaner, ‘n

goeie keuse.

Ramme

Handel alle aksies met ramme minstens

agt weke voor paring af. Ramme

wat oormatig hanteer of vervoer word,

kan tydelik onvrugbaar word en dit

neem agt weke om hul semen aan

te vul.

Toets ramme vir geslagsiektes en vrugbaarheid.

Skeer ramme.

Maak ramme fiks deur hulle gereeld te

laat stap.

Verskaf prikkelvoeding wat hoog in

proteïen is en gee minerale en vitamien

A (voor lenteparing) aan die ramme.

Doseer ramme weekliks met 10 ml

koringkiem vir die laaste vier weke

voor paring.

Kry die ramme vry van endo- en ektoparasiete,

veral neuswurm.

Ent ramme teen bloutong nadat hulle

uitgehaal is.

Tydens paring en vroeë

dragtigheid

Oorpaar jong ooitjies – paar dus meer

jong ooie as wat vir vervanging benodig

word. Selekteer vervanging uit die

“Ooie met goed ontwikkelde

uiers gee meer

bies en melk, met minder

lamvrektes en lammers

wat beter groei.

ooitjies wat beset raak, nadat daar

gescan is.

Ruil ramme gereeld met vars ramme

om.

In die somerreënvalgebied moet ‘n

lenteparing verkieslik op spaarveld,

gebrande veld of aangeplante weiding

geskied; afhangende van die veldtipe

en die beskikbaarheid van lande.

Wanneer daar in groot kampe gepaar

moet word, dra sorg dat die ooie en

ramme elke tweede tot derde dag

bymekaar gemaak word om die kontak

te verbeter.

Die eerste twee maande nadat ‘n ooi

gedek is, is ‘n kritiese tydperk omdat

die fetus dan aan die baarmoeder

vasheg. Daarom moet die ooie in hierdie

tyd so min as moontlik hanteer

word. Probeer om die scan van die

ooie tot ses weke nadat die ramme uitgehaal

is, uit te stel.

Laat-dragtigheid en vroeë laktasie

Ooie moet ses weke nadat die ramme

uitgehaal is, gescan word.

Skei meerling- en eenlingooie. Meerlingooie

moet die beste weiding

ontvang. Wees versigtig vir baie hoë-

kwaliteit voer soos gras-klawer-weidings

vir jong en eenlingooie. Hulle

kan maklik probleme met groot lammers

ondervind. Dieselfde pro bleem

word op gannaveld ondervind.

Sorg dat die ooie se uiers goed ontwikkel.

Ooie met goed ontwikkelde

uiers gee meer bies en melk, met

minder lamvrektes en lammers wat

beter groei. Die aanvulling van natuurlike

proteïen tydens laat-dragtigheid

stimuleer uierontwikkeling. Dit sluit

proteïenbronne soos vismeel, vleismeel,

bloedmeel, karkasmeel, katoen,

olie-koekmeel, mieliegluten 60 meel

en brouersgraan in.

Tot soveel as 50% van natuurlike lamvrektes

(ongediertes uitgesluit) kom

binne die eerste 48 uur nadat ‘n ooi

gelam het voor. Sorg dat die ooie genoeg

vloeibare bies en melk het, deur

lekke met natuurlike proteïen te verskaf.

Verskaf ook skuiling teen uiterste

weerstoestande.

Laat die ooie in kampe lam vir die minste

ongedierte-probleme. Gaan heinings

voor die tyd na en pak deurkruipplekke

toe. Moet ook nie jou ooie elke

jaar in dieselfde kamp laat lam nie.

Moenie ooie oormatig hanteer nie.

Laat hulle so rustig as moontlik en hou

honde van hulle af weg.

Speen

‘n Ooi se melkproduksie neem vinnig

af vanaf 42 dae nadat sy gelam het.

Tydens hierdie periode kan die ooie

na vars kampe geskuif word (verkieslik

spaarveld) en kruipvoeding aan die

lammers verskaf word (begin vroeg

met kruipvoeding: verkieslik op twee

weke ouderdom).

Lammers wat vroeg gespeen moet

word, moet minstens 20 kg tot 25 kg

weeg of 200 g tot 250 g kruipvoeding

per dag inneem.

Speen lammers in kampe wat aan

hulle bekend is. Die ooie moet verkieslik

“weggespeen” word na ‘n nuwe

kamp, terwyl die lammers nog ‘n week

in die bekende kamp agterbly. ‘n Paar

volwasse, droë ooie kan by die lammers

bly om speenskok te verlig.

Die artikel is saamgestel deur dr Louis du

Pisani (Eduplan). Skakel hom by (049) 802-

7300 of 082 773 9778 vir meer inligting.

KLK Gesprek

3
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Droë grasveld bevat

nie genoeg proteïen

Hoekom moet aanvulling in die vorm van ‘n proteïenlek

of proteïenaanvulling in die wintermaande verskaf

word? Omrede droë grasveld in die Noord-Kaap gewoonlik

onvoldoende proteïen bevat om aan weidende herkouers

se voedingsbehoeftes te voldoen.

Ná ‘n reënseisoen, soos in die huidige jaar, is weiding volop, maar

dit is van ‘n lae kwaliteit as gevolg van ‘n hoër lignieninhoud en ‘n

lae proteïeninhoud.

Navorsing toon dat ‘n proteïentekort in voedingstowwe ‘n geweldige

afname in die verteerbaarheid van spesifiek die veselgedeelte

van die voer veroorsaak. Hierdie afname in verteerbaarheid

is as gevolg van ‘n afsterf van die rumenmikrobes, wat in ‘n groot

mate geskied as daar nie genoeg proteïen beskikbaar is om van

hulle stikstofbehoeftes te voorsien nie.

Hierdie verlaagde veselvertering (vertering van die veld) en verlaagde

mikrobiese proteïenproduksie verminder dus geweldig die

beskikbaarheid van voedingstowwe vir die diere. Verder daal die

inname van die dier, omdat die deurvloeitempo verlaag, wat ook

tot ‘n energietekort kan lei. Dit het ernstige massa-, reproduksieen

produksieverliese tot gevolg.

Wat is die proteïentekorttekens by diere?

Hulle hou op met wei.

Hulle lê by waterbakke en drink baie water.

Hul mis is droog, swart en hard.

Hulle verloor hul kondisie en toon groot massaverliese.

Hul rûe is krom as hulle loop.

Hul hare staan regop en hul vel lyk grof.

Hulle kan droë galsiekte kry.

Diere kan vrek as gevolg van die verstopping van hul pense.

Hoe gaan aanvulling op droë weidings in die wintermaande

jou kudde se prestasie verbeter?

Die aanvulling van winterweidings het twee doele, naamlik:

1. Die ophef van die tekorte van droë weiding.

2. Die stimulering van die inname van droë weiding.

Proteïen is die eerste beperkende nutriënt in droë winterweidings.

Verder kom daar ook ‘n energietekort voor, maar indien ‘n proteïenaanvulling

in die vorm van byvoorbeeld ‘n winterlek vir diere

gegee word, verbeter dit die verteerbaarheid en inname van die

droë winterweiding. As gevolg daarvan, word die energietekort ook

gebalanseer. Die rumenmikrobes gebruik maklik fermenteerbare

koolhidrate, soos stysel en suiker uit die aanvullende voeding en

weiding, om te groei en te vermenigvuldig. Verder gebruik hulle

nie proteïenstikstof afkomstig van bronne soos ureum en ammoniumsulfaat

in die winteraanvulling, om aminosure op te bou en

mikrobiese proteïen te vervaardig, wat die herkouer dan in die laer

gedeelte van die spysverteringskanaal in die bloedsomloop gaan

opneem nie.

Hoe groter die populasie van die sellulose verterende rumenmikrobes

is, hoe meer sellulose van die weiding kan verteer word

en hoe vinniger is die deurvloeitempo deur die verteringskanaal,

wat gevolglik die inname van die weiding stimuleer. Sodra die weiding

verbeter, sal die diere vanself hul inname van die aanvulling

verminder.

Dit is egter belangrik om te weet dat as die kwantiteit van weiding

beperk is, kan selfs ‘n winterlek nie die gewenste resultate oplewer

nie. Verder kan foutiewe aanvulling ook wanbalanse tussen nutriënte

voortbring. Droë winterweidings toon ook ‘n tekort aan fosfaat

en dit is dus noodsaaklik dat fosfaat ook in winteraanvullings

ingesluit word.

Op droë winterweidings en veral ná bo-gemiddelde reënval, soos

in die afgelope reënseisoen, is proteïen die primêre beperkende

voedingstof in natuurlike weidings. Die verteerbaarheid van sulke

weidings is baie laag en as gevolg daarvan, daal die vrywillige

inname van weiding. Dit het ernstige massa-, produksie- en reproduksieverliese

tot gevolg.

Veekos bemark ‘n reeks proteïenlekke vir skaap en bees, wat die

proteïentekorte op die droëweidings sal ophef en die inname van

die weiding stimuleer. Verder voorsien Veekos se proteïenlekke

ook aan die nodige fosfaat- en mineraalbehoeftes van klein- en

grootvee. Besoek jou naaste KLK Handelstak om dié produkte

aan te koop.

Die artikel is geskryf deur Claudia Mack (Voedingskundige:

Veekos). Skakel haar by 00264 8165 69808 vir meer inligting.

4

September - 2011
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Sluit aan by die

Kalahari Sim-studiegroep

‘n Klompie Simmentaler- en Simbratelers

van Upington, Daniëls kuil

en Kuruman het op 4 Maart verlede

jaar bymekaargekom om die Kalahari

Sim-studiegroep te stig.

Die eerste byeenkoms

Voor die stigtingsvergadering plaasgevind

het, was daar twee gassprekers

wat nuttige inligting met die groep gedeel

het. Dr. Vlok Ferreira (Nasionale

Tegniese Bestuurder: Molatek) het met

die groep gesels oor die afronding van

bulle vir veilings en skoue, terwyl Tony

da Costa, wat in 2009 as Jongboer van

die Jaar aangewys is, oor pensbrand

by bulle gesels het. ‘n Praktiese sessie

by die beeskrale is ná die toesprake

aangebied, waarna die stigtingsvergadering

gehou is.

Die groep het die volgende grondwet

tydens die stigtingsvergadering aanvaar:

Ons as Kalahari Simmentaler- en

Simbra-studiegroep (KSS) onderskryf

die grondwet van die Simmentaler

en Simbra Genootskap.

Ons as KSS is ‘n groep telers wat

hoofsaaklik in die Noord-Kaap geleë

is. Hiermee wil ons nie ander telers

Produsente bespreek die beeste in

die kraal tydens die tweede besoek

aan Andries Roelofse se plaas.

uit sluit wat in ander gebiede woon

en hulle met ons wil assosieer nie.

Lidmaatskap is dus oop vir alle telers

regoor die land.

Ons as KSS wil die belange van die

twee rasse, Simmentalers en Simbras,

deur ons bedrywighede en

aktiwiteite uitbou.

Ons wil ook dat die telers wat aan

die KSS behoort, mekaar beter leer

ken as mense.

Ons wil ook dat die telers van die

KSS mekaar se kuddes beter leer

ken.

Ná hierdie geleentheid, het die studiegroep

die Paaldam Simmentalers van

Andries Roelofse besoek. Die tema wat

hier bespreek is, is hoe ‘n funksionele

koei lyk. Daar is ook gepraat oor sekere

funksies wat ‘n mens kan gebruik op

die genootskap se webwerf (www.simmentaler.org)

– soos hoe om jou kalwers

aanlyn te registreer.

‘n Laaste geleentheid wat hierdie jaar

by Klaargoud sou plaasvind, is vir eers

uitgestel. Indien enigiemand graag by

die klub wil aansluit, skakel vir Bles de

Klerk (Voorsitter) by 082 202 5911.

Van die produsente tydens die

stigtersvergadering.

Vul jou tenk by

Upington handel

KLK het nou ook ‘n dieselpomp by die handelstak

se perseel op Upington. Klante kan

gerus hier ook nou kom brandstof intap. Al

die ander KLK handelstakke beskik reeds oor

‘n dieselpomp op hul perseel.

Marksake...

Twee belangrike skaapvleisvrae

As dit al ooit moeilik was om ‘n mening te waag

oor die skaapvleismark, is dit nou. Die sameloop

van omstandighede wat die tekort tans veroorsaak,

is ongewoon in die bedryf en dit beteken

dat die normale statistiese patrone van die afgelope

elf jaar, nie op die oomblik geld nie.

Die groot vraag om te beantwoord, is: Wanneer

gaan die beskikbaarheid van lammers toeneem?

Die winterreënvalgebied het reeds goeie

reën gekry en alles dui daarop dat dit ‘n goeie

seisoen in dié gebied gaan wees. Die nadraai

van die droogte saam met ‘n tweede Slenkdalklap

veroorsaak dat die lamseisoen in dié gebied

ongeveer ses weke later is. Dit neem ons in

die winterreënvalgebied na ‘n piek in September

en Oktober.

In die somerreënvalgebiede, wat ‘n baie groter

impak op die voorsiening van skaapvleis het,

is die lamseisoen ook baie laat. Die goeie reën

wat laat in die somergebiede geval het, behoort

beter veld na die winter te lewer as gewoonlik.

Dit kan beteken dat daar in laat Oktober, November

en Desember druk in die mark kan wees.

‘n Tweede belangrike vraag is: Hoe gaan die

skaapvleismark ‘n skielike hoë aanbod van

skaapvleis hanteer? Die huidige tekort veroorsaak

dat gemiddelde skaapvleispryse, van die

begin van Januarie tot die eerste week van Julie

reeds 23% hoër was as dieselfde tyd verlede

jaar. Hou ook in gedagte dat die gemiddelde

prysstyging van verlede jaar teenoor die vorige

jaar, 17,66% was. Die volume vleis wat in hierdie

tyd hanteer was, is aansienlik laer. Ons kan dus

aanvaar dat ‘n hoër aanbod, ‘n prysdaling in ‘n

meer volop tyd tot gevolg kan hê. Sterk pryse kan

steeds in Desember verwag word, omdat die geskiedenis

ons leer dat skaapvleis in Desember

hoog in aanvraag is, ten spyte van die aanbod.

Die beesmark is baie meer stabiel en die skommelings

in die mark is derhalwe baie kleiner. Die

gemiddelde styging van voerkraal A-graad beesvleis

was verlede jaar ongeveer 2% teenoor die

vorige jaar. Die gemiddelde styging sedert Januarie

teenoor verlede jaar is 13%. Beesgetalle in

voerkrale is effens laer en die mielieprys styg

steeds as gevolg van die oesseisoen wat baie

laat is. Die speenkalfprys is ook steeds duur. Dit

kan ‘n laer aanbod effens later in die seisoen tot

gevolg hê, wat kan veroorsaak dat ons ‘n styging

in die beesprys later in die seisoen kan sien. Dit

is ook anders as in die verlede, waar daar ná die

winter ‘n daling in pryse voorgekom het.

Deon Heyns

Bestuurder: KLK Vleis

KLK Gesprek

5
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

6

God Gdis in beheer

Waaraan dink jy as jy dink aan God se voorsienigheid?

Die Heidelbergse Kategismus

help my soos volg uit die Bybel: Die almagtige

en oral teenwoordige krag waardeur

Hy hemel en aarde en al die skepsels asof

met sy hand nog onderhou en so regeer dat

lower en gras, reën en droogte, vrugbare en

onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid

en siekte, rykdom en armoede en alles,

ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand

toekom.

Om dit te lees en oortuigend te bely, is nie

altyd maklik nie. Met die afgelope paar jaar

se hartseer en trauma plaaslik en wêreldwyd,

verg dit nogal moed om die koerant te lees

of nuus te luister. Aan die ander kant weer,

indien jy hierdie belydenis sou verwerp, weet

ek nie waarvandaan jy die moed sal kry om

soggens op te staan nie.

Beteken die voorsienigheid dat alles wat

gebeur, die wil van God is? Gebeur daar in

hierdie wêreld nie ook dinge teen sy wil nie,

soos armoede, terrorisme, mishandeling,

padongelukke en plaasmoorde? ‘n Filosoof

het ook gestoei met hierdie vraag. Volgens

hom is daar net vier logiese moontlikhede:

God kan nie (dan is Hy mos nie almagtig

nie).

Hy wil nie (dan is Hy mos nie regverdig

en goed nie).

Hy kan nie en Hy wil nie (dan is Hy mos

beide onmagtig en kwaadwillig).

Hy kan en Hy wil (waarom lyk die wêreld

dan soos dit lyk?).

Die filosoof maak my deurmekaar. Kan ek

dan op God se voorsienigheid in my lewe

reken? Dan onthou ek die volgende vraag in

die Kategismus en my gemoed is rustig:

Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles

geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid

onderhou? Ons kan in alle teëspoed

geduldig en in voorspoed dankbaar wees.

Verder kan ons ook vir die toekoms ‘n vaste

vertroue in ons getroue God en Vader stel,

dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei

nie, omdat alle skepsels so in sy hand is,

dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg

nie.

Ek bid vir jou vir ’n rustige gemoed.

Wiehahn Maritz

Pitkos vir

die siel...

Verblyfreg op plase – Deel 2

Cobus Booysen

Kan ’n man en ’n vrou elkeen onafhanklike

regte op verblyf hê? Indien

byvoorbeeld X en Y as ’n

paartjie, hetsy getroud of in ’n

saamleef-verhou ding, die eienaar

nader vir verblyf en die eienaar

gee aan hulle albei toestemming,

dan kan dit geag word dat sowel

X as Y, afsonderlike verblyfreg het.

In hierdie geval word X sowel as

Y deur ESTA beskerm. Dit beteken

dat daar met betrekking tot albei

voldoen moet word aan al die bepalings

in ESTA.

Wie mag nie van die grond afgesit

word nie?

’n Langtermyn-okkupeerder is iemand

wat tien jaar of langer op ’n plaas woon

en ouer as 60 is of wat nie langer vir die

grondeienaar kan werk nie as gevolg

van swak gesondheid, ongeskiktheid of

’n besering. Langtermyn-okkupeerders

se verblyfreg mag nie beëindig word nie,

behalwe as hulle:

Doelbewus en wederregtelik iemand

anders wat op die grond woon,

skade aandoen.

Doelbewus die eiendom van die

grondeienaar beskadig.

Gedrag openbaar wat ’n bedreiging

vir ander okkupeerders inhou.

Ander ongemagtigde mense help om

nuwe wonings op die plaas op te rig.

’n Belangrike voorwaarde of bepaling

rakende hul verblyf verbreek,

waaraan hulle in staat is om te

voldoen, maar versuim het om dit te

doen ten spyte van ’n maand kennisgewing

om die voorwaarde na te

kom. Byvoorbeeld wanneer ’n okkupeerder

ongemagtigde persone

toelaat om by hulle te woon.

So ’n fundamentele verbrokkeling

van die verhouding tussen hulself

en die grondeienaar veroorsaak

het, dat dit onmoontlik is om die

verhouding te herstel. Byvoorbeeld

as die plaaswerker die produsent

aanrand.

Fundamentele regte van okkupeerders

en eienaars

Die regte van sowel plaaswerkers as

grondeienaars word deur die Grondwet

beskerm, soos:

Die reg op menswaardigheid.

Die reg op vryheid en sekuriteit van

‘n persoon.

Die reg op privaatheid.

Die reg op vryheid van godsdiens,

oortuiging, mening en uitdrukking.

Die reg op vryheid van assosiasie.

Die reg op bewegingsvryheid.

“’n Langtermyn-okkupeerder

is iemand wat

tien jaar of langer op ’n

plaas woon en ouer as 60

is of wat nie langer vir die

grondeienaar kan werk

nie, as gevolg van swak

gesondheid, ongeskiktheid

of ’n besering.”

Okkupeerders se reg op toegang

tot dienste

Plaaswerkers het die reg op toegang tot

basiese dienste soos elektrisiteit, water

en sanitasie indien daar met die eienaar

of persoon in beheer ooreengekom is

toe hulle op die plaas aangekom het.

Met ander woorde, wanneer ’n plaaswerker

uitdruklike en/of stilswyende toestemming

ontvang het om op die plaas

in ’n huis met elektrisiteit te woon en die

eienaar sny daarna die kragtoe voer af,

word dit as onwettige optrede beskou

en die plaaswerker kan vra dat die diens

herstel word deur bemiddeling met

die produsent en/of die verkryging van

’n hofbevel.

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike hulpbronne).

Met dank en erkenning aan die Lawyers

for Human Rights “Security for Farm

Workers Project”.

September - 2011
MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Is klimaatsverandering

besig om ons in te haal?

Die afgelope seisoen was oor groot

gedeeltes van die land gekenmerk

deur uiterste weerstoestande. Uiterste

droogtetoestande het tot laat

in die herfs in die Oos-Kaap nog

voortgeduur, terwyl uiterste nat toestande

en vloede oor die sentrale

tot westelike gedeeltes van die land

voorgekom het.

Net toe dit lyk asof daar teruggekeer word

na “normaal”, tref ’n baie sterk weerstelsel

byna in die middel van die winter groot gedeeltes

van die land. Dié tipe stelsel wat

hiervoor verantwoordelik, en wat as ’n afsnylaagdruk

bekend staan, is soortgelyk

aan die stelsel wat die vloede in Laingsburg

in 1981 en in die Vrystaat-omgewing in

1988 asook ander baie swaar reënstelsels

oor kleiner gebiede, in die verlede veroorsaak

het.

In wese is ’n afsnylaag ’n baie sterk

laagdrukstelsel wat tussen twee hoogdrukstelsels

afgeknyp of van die groter trog van

laagdruk afgesny word en aanhoudend

met vogtige lug voorsien word.

Die afsnylaagdrukstelsel wat in die periode

vanaf 7 tot 11 Junie voorgekom het, het oor

die noordwestelike dele van die land begin

en geleidelik suidooswaarts beweeg.

Die topografie (berge) van die Suid-Kaap

het waarskynlik bygedra tot die verdere

opligting van vogtige lug, toe die afsnylaag

oor hierdie gebied inbeweeg het om baie

swaar reën en vloede te veroorsaak.

Watter ander faktore het verander

in die afgelope tyd?

Die La Niña-verskynsel (see-oppervlaktemperature

koeler as normaal in die sentrale

Stille Oseaan) het verdwyn en tans is seeoppervlaktemperature

omtrent normaal en

dit behoort voort te duur vir ten minste die

volgende paar maande.

Tans is die kanse 70% vir ’n “neutrale” somerseisoen,

dit wil sê nie ‘n El Niño of La

Niña nie, met ‘n 15% kans elk vir ‘n El Niño

of ‘n La Niña.

Die seisoene in die verlede wat tot op hede

dieselfde geloop het, was 1971/1972,

1974/1975, 1999/2000 en 2008/2009. Die

1971/1972- en 1974/1975-seisoene het

weer na ‘n La Niña gedraai, terwyl die ander

twee seisoene na ‘n El Niño verander het.

Is die gebeure van die afgelope

seisoen en veral die reën in Junie

baie abnormaal?

Ja en nee. Ja, dit is normaal om buitengewone

hoë reënval oor die westelike dele

van die land tydens La Niña-jare te kry. Dit

is ook normaal om laat in die herfs reën

tydens La Niña-jare te kry en dit is ook normaal

dat ’n afsnylaagdrukstelsel af en toe

tydens La Niña-jare kan voorkom en baie

swaar reën kan veroorsaak, soos die geval

in die eerste week van Junie vanjaar was.

Dit is egter redelik abnormaal dat die afsnylaag

se omvang so groot was soos wat die

geval was in Junie vanjaar, want dit het beweeg

van die noordwestelike dele van die

land, suidooswaarts tot in die Suid-Kaap

en dit het oor groot gedeeltes meer as

100 mm in twee dae gereën.

Gewoonlik kom ’n afsnylaagdruksisteem

ook in die somerseisoen voor, soos in

1988, alhoe wel die swaar sneeu wat op

7 Julie 1996 voorgekom het, ook die oorsaak

van ’n afsnylaagdrukstelsel was.

Artikel geskryf deur Johan van den Berg

(Bestuurder: Gespesialiseerde oesversekering,

Santam Landbou).

Wen Baymec "dubbeltjie"

‘n Gelukkige leser kan dié wye spektrum

parasietdoder van Baymec wen. Om in

aanmerking vir dié prys te kom, beantwoord

net die maklike vraag: Wanneer is

die Kalahari Sim-Studiegroep amptelik

gestig?

Inskrywings

Stuur jou inskrywingsvorm agter op

’n toegeplakte koevert aan: Ilse van

Zyl, KLK Landbou Beperk, Posbus 86,

Uping ton 8800 of stuur ’n faks na 086

5500 224 of e-pos ilse@klk.co.za. Inskrywings

moet haar voor of op 25 Oktober

2011 bereik.

Baie geluk aan Eleanor Visagie van Upington

wat in die Mei 2011-uitgawe die rol

draad van Cape Gate gewen het.

Reëls

Alle KLK Gesprek lesers mag aan die kompetisie deelneem

• Slegs een inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies

in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die

volgende uitgawe van KLK Gesprek verskyn • Die prys sal

na die naaste KLK handelstak gestuur word en kan daar

afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie

• Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing

op Klerksdorp behartig.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: .......................................................

Tel: ............................................................

Antwoord: ................................................

KLK Gesprek is ’n nuusblad wat vier keer per

jaar namens KLK deur Infoworks saamgestel en

uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl *

(054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

of adreswysigings, kontak vir Ilse van Zyl.

REDAKSIE

Ruth Davies

(018) 468-2716

ruth@infoworks.biz

Johan Smit

(018) 468-2716

johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

(018) 468-2716

www.infoworks.biz

KLK Gesprek

7
IN GESPREK MET...JOHAN OLIVIER

Stoet hou Johan

op sy tone

8

“Beesboerdery is van kleins af in my bloed en ek kan nog

onthou hoe my pa met ‘n groep groot osse die ongeveer

300 km Vryburg toe oor land getrek het. In daardie tyd

was daar kommersiële plase al langs die Mashowengrivier

en water en weiding was geen probleem nie.”

Só vertel Johan Olivier wat vandag op die familieplaas, Jones, in

die Kuruman-distrik boer. Johan het die liefde vir ‘n rooibees al

as kind ontwikkel en met Afrikanerkoeie uit sy pa se kudde begin

boer. “Op ‘n veiling op Vryburg het ek ‘n groep Bonsmara osse

gesien en besluit dit is hoe ek wil hê my beeste moet lyk. Bonsmara

bulle was destyds skaars en relatief duur. ‘n Kommersiële

produsent moes met ‘n stoetprodusent meeding om ‘n goeie

bul te koop. Ek het toe besluit om met Bonsmaras te boer onder

beskerming van die Bonsmara Telersvereniging. Hiermee saam

kon ek toe die voordele wat ‘n dinamiese telersvereniging soos

Bonsmara jou bied, benut,” verduidelik Johan.

Sy aanvanklike uitgangspunt was dus nie om ‘n “stoetprodusent”

as sodanig te wees nie, maar om met ‘n aangepaste produktiewe

en winsgewende bees te boer en te teel. “Dit is vandag nog my

basiese uitgangspunt. Alhoewel die stoetdiere nou ongeveer 40%

van my totale beeskudde beslaan, is daar geen onderskeid in die

behandeling en bestuur van die stoet en kommersiële diere nie.”

Die kuddenaam Bonka is ‘n samevoeging van die “Ka” in Kalahari

en “Bon” in Bonsmara.

“Wat ek die

meeste e van

boerdery geniet is om

alleen

in die veld te wees en

die geboorte van ‘n klein

kalfie te sien en te weet

dit

is ‘n nuwe generasie”.

“Om ‘n stoetprodusent te wees, skep vir my ekstra uitdagings en

stel die nodige adrenalien vry om my op my tone te hou. Om winsgewend

te boer moet ek maatstawwe hê om te kan meet.”

Die prestasietoetsing waaraan hy nou reeds vir 38 jaar deelneem

asook die latere beste teelwaardeberaming met behulp van die

Beste Beraamde Teelwaarde metodiek (BLUP)-analises en visuele

evaluering, stel hom in staat om die regte diere te selekteer, byvoorbeeld

produktiewe diere met goeie groei en aanpassing. “Met

die koms van BLUP, waar die invloed van die omgewing grotendeels

uitgeskakel word, kan ek nou diere in rasverband selekteer

en nie net meer in kuddeverband nie. So het ek byvoorbeeld die

geboortegewig en volwasse massa van my kudde beperk terwyl

groei toegeneem het,” vertel Johan.

Die Bonka kudde se genetiese tendense, veral die reproduksieeienskappe

soos koeidoeltreffendheid, kalftempo, ouderdom op

eerste kalwing en tussenkalfperiode asook skrotum-omvang

is heelwat beter as die ras. Die kudde se genetiese tendens vir

Johan se diere uit die kommersiële kudde het al verskeie

kere op die Kalahari Slagoskompetisie pryse ontvang vir

die beste groep osse asook beste os op die hoef.

speengewig is beter as die ras, maar veral die speenmaternale

gewig (wat ‘n aanduiding is van die melk in die vroulike nageslag)

is besonder hoog. Die positiewe genetiese waarde vir groei en

negatiewe voeromsetverhouding van die kudde is ook aansienlik

beter as die rasgemiddeldes. Sy geselekteerde bulkalwers ondergaan

‘n 84 dae fase-D groeitoets (‘n semi-intensiewe groeitoets

wat help om die beter groeiers te identifiseer).

Johan waak daarteen om nooit oorboord te gaan met seleksie

vir groei of melk nie. “‘n Mens moet altyd in gedagte hou dat die

diere met die beskikbare veldweiding optimaal moet kan groei en

produseer. Die natuur verdra nie die ekstreme nie.”

Bonsmara stigterslid

Johan is ‘n stigterslid van die groepteelskema Bonsmara Genepoel

Edms Bpk. Dit is ‘n groepteelskema met ‘n kernkudde van

teelkoeie wat geselekteer is vanuit die deelnemende lede se kuddes.

Die doel van die groep is om groter seleksiedruk en teelvordering

te bewerkstellig tot voordeel van die lede en die bedryf. Die

werking behels ook ‘n bulrotasieskema wat jaarliks aangevul word

met die beste jong bulle vanuit die kernkudde en deelnemende

lede se kuddes. Die lede kies jaarliks op ‘n rotasiebasis bulle vir

eie gebruik vanuit die bulgroep.

“Op hierdie wyse word die genetiese vordering wat binne die

genepoelgroep bereik word aan die bedryf beskikbaar gestel. Die

hoë-kwaliteit bulle en vroulike diere wat die afgelope 28 jaar bemark

word en die tevredenheid van die kliënte is sprekend van die

sukses van die konsep en dit ondersteun die genepoel se leuse,

naamlik ‘waarde vir geld’,” verduidelik Johan.

Die pad vorentoe

“My langtermyndoelwit met my stoet sowel as my kommersiële

kudde is om steeds op die voorpunt van die bedryf te bly deur

die dinamiese tegnologie van die tyd in ewewig met die natuur te

gebruik en om ‘n bees te teel wat winsgewend vleis kan produseer

om in die verbruiker se behoefte te voorsien.” Sy raad aan stoetprodusente

is om die stoetbedryf altyd met integriteit te beoefen

en om op hoogte te bly van nuwe ontwikkelings in die veebedryf.

“Dit wat ek die meeste van my boerdery geniet, is om alleen in die

veld te wees en die geboorte van ‘n klein kalfie te sien en te weet

dit is ‘n nuwe generasie. Ek word stil tussen die bome, die bosse,

die gras en die wind en dan dank ek die Here vir die geleentheid

om met Sy skepping en tot Sy eer te kan werk.”

Johan gesels oor KLK

“KLK Handel, insluitend Build It, is vir my ‘n eenstop-dienspunt.

Ek koop my produksiemiddele by hulle, sonder om te vrees dat

die kwaliteit van die produk swak is of dat die prys nie binne

perke is nie. Dit wat nie beskikbaar is nie, bestel KLK onmiddellik.

Die Lewendehawe-afdeling ondersteun ek mededingend

met ander instansies in die veld en kan enige produsent aanbeveel

om van hul dienste gebruik te maak.”

September - 2011