21.10.2015 Views

KLK-Augustus-2008

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Amptelike nuusblad

1/2008 3/2008 • Vol

Landbou

KLK van

Beperk • Maart Augustus 2008 2008

Gordonia Motors verkry

Chevrolet-agentskap

Gordonia Motors, ‘n filiaal van KLK Landbou Beperk, is vanaf 1 Junie vanjaar as ‘n volwaardige General Motors (GM)-handelaar verklaar.

GM Suid-Afrika het besluit om alle Opel-, Isuzu- en Chevrolet-takke landswyd as ‘n eenheid te bedryf.

Die Chevrolet-handelaarskap verskuif na

die perseel van Gordonia Motors, met ‘n

groter kliëntebasis en verbeterde ondersteu

nings diens. Gordonia Motors het in

1983 hul deure geopen en sedertdien

verkoop hulle Opel- en Isuzu-voertuie. “Die

Gordo nia Mo tors span is vol potensiaal en

baie opgewonde oor dié nuwe uitdaging,”

het Johan Booysen (Handelaarshoof:

Gordo nia Mo tors, Upington) gesê.

Die vorige Chevrolet-tak op Upington

bestaan nie meer nie en alle Chevroletverkope,

dienste en onderdele is alleenlik

by Gordonia Motors beskikbaar. Die pryse

van die Chevrolet-reeks sal dieselfde

wees as voorheen as gevolg van die feit

dat GM Suid-Afrika voorgestelde pryse

aan KLK voorhou, wat landswyd van

toepassing is.

Die KLK kliënt en aandeelhouer word

positief beïnvloed deur die oorname. “Die

oorname word as ‘n belegging vir KLK

gesien, omdat die markaandeel vir passasiers-verkope

nou groter gaan raak as

vantevore met alleenlik Opel en Isuzu. ‘n

Groter reeks modelle lei daartoe dat meer

kliënte tevrede gestel word en sodoende

Gordonia Motors as handelaarskap se

omsette vergroot, met die gevolg dat KLK

beter finansiële resultate lewer.”

Stephen van Huyssteen (Besturende

Direkteur: KLK) stem saam met Johan oor

die oorname. “Die afgelope twee jaar het

die markaandeel vir Opel- en Isuzubakkies

by Gordonia Motors gegroei, terwyl

die passasiersmark (motors) nie die

vereistes van General Motors gehaal het

nie. Met dié oorname sal KLK ook groei in

sy passasiersmark,” het Stephen gesê en

bygevoeg dat KLK nou vir ander insentiewe

binne GM Suid-Afrika kwalifiseer.

“Gordonia Motors verwelkom alle be -

staande en nuwe Chevrolet-kliënte om die

uitmuntende dienslewering en die opge -

leide verkoopspersoneel se insette en

ongeëwenaarde na-verkoopsdiens te er -

vaar,” het Johan gesê.

• Lees op bladsy 7 meer oor die nuwe

Chevrolet Captiva 2.0 Diesel AWD.

LEES BINNE

Bladsy 2: Jaarvergadering verloop glad

Bladsy 6: Afronding van lammers belangrik

Bladsy 8: In gesprek met...Albert van Niekerk

Aan

die

woord

STEPHEN VAN HUYSSTEEN

– BESTURENDE DIREKTEUR VAN KLK

KLK finansiële oorsig

en fokusareas

Finansiële resultate – 2008

KLK se verdienstegroei van 19% vanaf

R9,2 miljoen tot R11 miljoen is ondersteun

deur die goeie resultate van KLK se brandstofbelange,

die handelsafdeling en die

velleverwerking. Gordonia Motors het ook

bevredigende resultate behaal en met die

oorname van die Chevrolet agentskap

bedryf KLK nou ’n volwaardige GM handelaarskap.

Laer slaggetalle het die finansiële resultate

van KLK negatief beïnvloed. ’n Verkorte,

koste-effektiewe karkas-bemarkingsmodel

word beplan en die voorgestelde herstrukture

ring van KLK se vleisbelange, in same -

wer king met Just Lamb en Meat Trust, gaan

nie meer plaasvind nie. Die omset van die

groep het toegeneem met 24,2% tot

R1 185,9 miljoen. Die brandstofafdeling

verteenwoordig 29% van die omset, die

handelsafdeling 26% en die lewendehawe

en karkasbemarking 26%.

Debiteure het konstant gebly op R73 mil -

joen, terwyl voorraadvlakke toegeneem het

met R10 miljoen tot R67,9 miljoen. Dit kan

toegeskryf word aan prysstygings ge -

durende die laaste kwartaal van die finansiële

jaar. Die skerp styging in brandstof en

handelsprodukte vanaf Maart 2008 verg ’n

nuwe benadering tot voorraad en kontantvloeibestuur.

Alhoewel die styging en

tendens in winsverbetering bevredigend is,

is die uitdaging en doelwit steeds om ’n

opbrengskoers van 18% op aandeelhouersbelang

te bereik. ’n Dividend van 10c per

aandeel word aanbeveel.

Fokusareas vir 2008/2009

Die volgende geleenthede, uitdagings en

fokusareas sal in die komende jaar as prioriteite

beskou word:

• Die verbetering van winsmarges en die

vestiging van ’n winsgewende vlei sketting.

• Die projek ten opsigte van inligtingstegnologie

en bestuurstelsels asook die

opleiding, ontwikkeling en opvolgbeplanning

van ons menslike hulpbronne.

• Die skep van ’n hoë prestasiekultuur en

die vestiging van doelwitbestuur, pre sta -

siemeting en erkenning.

• Die voortdurende opgradering van KLK

se fasiliteite en infrastruktuur en die uitbreiding

van KLK se korttermyn verseke -

ringsbesigheid in die Ooste en Suide.

• Die verbetering van Oranje Nissan se

markaandeel en winsgewendheid.

• Die uitbreiding van ons handelsdienste

en produkte en KLK se markaandeel ten

opsigte van wingerd- en wisselbouvertakkings.

• Die relevante mark- en bedryfsinlig ting

waar markinsig en produsente se be -

hoeftes deur middel van interaktiewe

forums bepaal en bedien sal word.

MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Jaarvergadering

verloop glad

KLK se finansiële resultate is gedurende die jaarlikse

algemene vergadering, wat op 15 Julie vanjaar plaasgevind

het, aan aandeelhouers voorgehou.

Die volgende drie direkteure is ook tydens dié dag verkies

vir die volgende drie jaar termyn 2008/2009: Burger du

Toit, Koos Smit en Jim Bredenkamp. Burger, wat herkies is

tot die direksie, sien sy bydrae as rekenkundig van aard,

tesame met baie ondervinding in die landboubesigheid.

“My visie vir KLK is een van ‘n finansieel sterk, groeiende

besigheid wat ‘n goeie dividend aan sy aandeelhouer

betaal en die belang van die produsent op die hart dra.”

Koos, wat ook herkies is tot die direksie, glo sy betrokkenheid

in die gemeenskap plaas hom in die posisie om die

beeld van KLK binne die boere-unie en veral die breër

gemeenskap van Mier te versterk. Jim, van Postmasburg,

wat nuut tot die direksie verkies is, meen weer sy kennis

van die omgewing en ervaring in die kleinhandel en

boerdery kan die aandeelhouer baat.

Buiten die gewone jaarlikse besluite, is ‘n spesiale besluit

waarin die aandeelhouers die direkteure magtig om

bestorwe boedelaandele teen ‘n nominale waarde terug te

koop, goed gekeur. Daar is besluit dat ‘n dividend van 10c

per aandeel (2007:8c) betaalbaar is op 29 Augustus, aan

aandeelhouers wat geregistreer is in die boeke van die

maatskappy op 25 Julie vanjaar. Rente teen 9,4%

(2007:8%) is betaal op die aandeelhouerslenings soos op

29 Februarie 2008.

Die Raad van die Direkteure is as volg:

JS Marais (Voorsitter)

JPN Stander (Vise-Voorsitter)

JM Bredenkamp

ZL Combi

WSB Du Toit

Burger du Toit

Koos Smith

Jim Bredenkamp

JJA Smith

FJ van der Merwe

SD van Huyssteen (Besturende Direkteur)

PP van Jaarsveld

JA van Zyl

Brandversekering op weiveld

‘n Unieke brandversekeringsproduk, van Santam Agri, sal jou finansieel in staat stel

om vee direk na ‘n brand van die weiveld te onttrek en van aan ge koopte voeding te

voorsien, sodat die veld kans kan kry om te herstel.

Voordele van brandversekering op die weiveld sluit in kontant vir voeraankope

om afgebrande weiding te vervang – dié kontant is ook vinnig

beskikbaar. Optimum veldherstel word moontlik gemaak deur die verseke -

ring, premies is belastingaftrekbaar en laastens word jou kuddebestuur nie

nadelig beïnvloed nie.

Vir meer inligting oor die bogenoemde versekering skakel gerus vir

Hannes Botha, Marlene van Zyl op Upington by (054) 337-6277,

Kallie van der Westhuizen by 083 448 0824 of vir Olinda Cerff, of

Schalk van Wyk op Calvinia by (027) 341-8201.

2 – Augustus 2008

Marlene van Zyl

MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Padbystanddiens nou

beskikbaar

KLK Versekering, in samewerking met Santam, bied aan kliënte ‘n opsie met padbystand -

diens ten opsigte van kommersiële en landbouversekering.

Die diens sluit in die herstel van meganiese of elektriese foute, ‘n foutiewe battery, die

omruil van ‘n beskadigde band, die verskaffing van 10 liter brandstof indien jou voertuig

uit sonder bandstof gaan staan en ‘n slotmaker om jou sleutel uit die voer tuig te

kry indien jy dit toegesluit het. Die koste om die slotmaker uit te roep en die arbeid

daaraan verbonde is gratis vir die eerste uur.

Die versekering is slegs beskikbaar vir ‘n persoon wat ‘n sedan of ‘n ligte aflewe -

ringsvoertuig (bakkie) het. Vir meer inligting oor die bogenoemde versekering skakel

gerus vir Hannes Botha of Marlene van Zyl op Upington by (054) 337-6277.

KLK Petroleum lewer brandstof af

Het jy ‘n behoefte daaraan dat brandstof, gas en smeermiddels op jou plaaswerf

afgelewer word? Dan is KLK Petroleum net die antwoord vir jou.

KLK Petroleum bedryf sy besigheid vanuit die BP depot op Upington en is verant -

woordelik vir die verspreiding van BP en Castrol produkte in ‘n groot gebied in die

Noord-Kaap. Aflewerings van ‘n minimum van 1 500 liter per kliënt tot vol vragte word

gedoen. Al wat jy hoef te doen, is om jou bestelling by jou naaste handelstak te plaas.

Vir enige verdere inligting skakel ons kantoor by (054) 332-4494 of vir Phillip Swart

(Bestuurder: KLK Petroleum) by 082 785 0629.

Marelize Kruger

Fedhealth kliënte

kan steeds ou

kaarte gebruik

Een van die mediese skemas wat KLK

aanbied, naamlik Fedhealth, het vanaf

1 Mei 2008 na ‘n nuwe admini stra sie -

stelsel oorgeskakel. Kliënte kry nou nuwe

kaarte met ‘n nuwe lidnommer. Neem

asseblief ook kennis dat jy nogsteeds jou

vorige kaart kan gebruik, omdat dit

gekoppel is met die nuwe kaart.

Fedhealth en Discovery is die twee

mediese opsies wat KLK aan sy perso -

neel, klante en aandeelhouers bied. Dié

twee skemas is ook vir lede van die publiek

en nie-aandeelhouers beskikbaar.

As jy by een van die twee mediese skemas,

Fedhealth of Discovery, wil aansluit,

word ‘n identiteitsdokument, bank besonderhede

en mediese geskiedenis benodig.

Besoek een van die twee KLK

versekeringskantore, geleë op Upington

en Calvinia, vir meer inligting of skakel vir

Marí le Roux (Upington) by (054) 337-

6236, Lizette Lambrecht (Calvinia) by

(027) 341-8200 of Marelize Kruger

(Managed Group Benefits – MGB) by

(021) 851-0999.

Die hulpvaardige Petroleum-span op Upington. Agter is: Jeanette de Olim (Administrasie), Katryn Fourie

(Administrasie), Phillip Swart (Bestuurder), Ronnie Windvogel (Brandstof-operateur), Miriam Ntaka

(Skoonmaakster) en Bertus van Niekerk (Bemarker). Voor is: Phillip de Koker (Vragmotor-operateur),

William Busakwe (Drywer), Johannes Mokoena (Vragmotor-operateur), James Giekella (Vragmotoroperateur),

Fanie Visagie (Gas-operateur) en Ernest Disipinyane (Vragmotor-operateur).

Marí le Roux

Augustus 2008 – 3

HANDEL/VOERKRAAL

Belangrike aspekte in ‘n

skaapvoerkraal

KLK het op 1 Julie vanjaar ‘n skaapvoerkraal-inligtingsdag by Naba Lodge, op Upington, gehou. Die produsente wat die dag bygewoon het,

het meer oor die bestuur, voeding en gesondheid van skape binne ‘n voerkraal geleer.

om die diere betyds voor die “stresvolle” periode (weer- en

omgewingsveranderinge, geraas of koors) met die regte entstof

in te ent.”

“Algemene siektes in die voerkraal waarvan die produsent

bewus van moet wees, is longontsteking, bloednier en rooiderm,”

het hy bygevoeg.

Dr Eben du Preez Ulrich Müller Dave Ford

Dave Ford (Uitvoerende Direkteur: SA Voerkraal Vereniging) het

die produsente meer vertel oor die kritieke suksesfaktore en

bestuursaspekte van ‘n skaapvoerkraal. “Dit is baie belangrik

om die mark waaraan gelewer gaan word vooraf te definieer,

voor jy besluit om jou skape te voer,” het Dave gesê. Hy het

verder verduidelik dat die verkeerde aangekoopte lam nie

binne 50 tot 60 dae reg gevoer kan word nie.

Die produsente was baie tevrede met die inligting wat hulle

tydens die dag ontvang het. “Baie produsente het besef dat

daar met ‘n bietjie verandering op die plaas of in die voerkraal

‘n groot verbetering, wat afronding van die skaap aanbetref,

verkry kan word,” het Johan Opperman (Bestuurder: Voerkraal,

Upington) gesê.

Ulrich Müller (Tegniese Bestuurder: Voermol Voere) het gesels

oor die kritieke voedingsfaktore vir die winsgewende afronding

van lammers in ‘n voerkraal en op die veld. “Naas die koste van

die lam is voeding die grootste uitgawe. Die voer moet so

saamgestel word om goeie prestasie te verseker. ‘n Voerkraal -

rantsoen behoort tussen 15% en 20% hooi te bevat, sowat 16%

proteïen asook die nodige minerale, spoorminerale, groei -

vorderaars asook Vitamiene A.” Ulrich gesels op bladsy 6 in dié

uitgawe meer oor die afronding van lammers in ‘n voerkraal.

Dr Eben du Preez (Voerkraalkonsultant) het die kritieke faktore

van gesondheid binne ‘n skaapvoerkraal uitgelig. “Dit is belangrik

Ongeveer 60 produsente het dié dag bygewoon.

KLK neem kliënte NAMPO toe

KLK het in Mei vanjaar 40 kliënte, uit die maatskappy se

oostelike bedieningsgebied (Postmasburg, Daniëlskuil,

Kuruman, Hotazel, Van Zylsrus en Olifantshoek), vir ‘n dag

na NAMPO Oesdag, naby Bothaville, geneem.

Dit was die eerste keer wat dié kliënte die Oesdag besoek

het. Hulle het ook op pad NAMPO toe by SA Feed

Phosphates op Christiana ‘n besoek afgelê. Hier het die

kliënte ‘n aanbieding gekry oor hoekom fosfaatpryse

gestyg het en hoe hulle te werk moet gaan om dié insetmiddel

te bestuur. “Ons probeer waarde toevoeg tot ons

kliënte se besigheid deur inligtingsdae te hou,” het André

Myburgh (Bestuurder: Handel) gesê.

Duisende mense, onder meer KLK kliënte, het NAMPO Park vanjaar besoek.

“Die besoek aan SA Feed Phosphates en NAMPO is ‘n

manier om iets terug te gee vir die besigheid wat kliënte

met KLK doen. Ons beoog om elke jaar ‘n getal kliënte uit

‘n ander streek te borg om NAMPO toe te gaan,” het

André gesê.

4 – Augustus 2008

Marksake

TEGNIES

Pasteurellose

by skape

Met die ruil van die seisoene kom daar ongelukkig

uitbreke van pasteurellose voor weens wisselende

weerpatrone en temperature en produsente kan baie

lammers en selfs groot skape verloor indien hul skaapkudde

se immuniteit nie optimaal is nie.

Omstandighede waaronder die siekte voorkom

Pasteurellose is ‘n asemhalingsiekte by skape en word hoofsaaklik deur

Mannheimia haemolytica en Pasteurella trehalosi veroorsaak, maar Pasteurella

multocida speel ook ‘n rol. Hierdie bakterieë kom in die lugweë (mangels,

neusholte) van normale gesonde skape voor wat as draers dien. Net na

geboorte word die lammers vanaf die ooi besmet. Tot 90% van skape mag

draers wees van die pasteurella bakterieë. Die hoogste voorkoms van pasteurellose

volg op skielike veranderinge in die weersomstandighede – veral wisseling

vanaf warm na koeler en nat weerstoestande of andersom. Onder abnormale

toestande soos swak weiding, vervoer oor lang afstande, uithongering,

rowwe hantering, blootstelling aan baie stof, oorbevolking, saamgroepering van

verskillende ouderdomsgroepe of skape afkomstig van verskillende plase, soos

by voerkrale en ander stresfaktore, word die skaap se immuunstelsel asook die

lugweë se muko-silliêre (“opruiming”) meganismes onderdruk en beskadig.

Mannheimia haemolytica kan ook breinvliesontsteking, gewrigsontsteking en

mastitis (blou-uier) by skape veroorsaak. Pasteurella trehalosi veroorsaak ook

skielike vrektes as gevolg van septisemie (bloedvergiftiging).

Voorkoming

Yster Regulerende Proteïen-tegnologie (YRP) is die unieke entstof-produksie

tegnologie wat deur Intervet/Schering-Plough Animal Health gepatenteer is en

gebruik word om die Pasteurella gedeelte van Multivax P (Reg.No. G1517,

Wet 36/1947) en Multivax P Plus (Reg.No. G3694, Wet 36/1947) entstof te produseer.

Die ontdekking van die belangrikheid van hierdie proteïene van

Mannheimia (Pasteurella) haemolytica en Pasteurella trehalosi in die ontwikke -

ling van pasteurellose was ’n deurslaggewende deurbraak. Daar is gevind dat

die pasteurella bakterieë yster benodig en vanaf die gasheer moet opneem om

te kan verdeel, infeksie te kan bewerkstellig, om te oorleef en om leukotoksienes

te kan produseer.

Pasteurella bakterieë het tegnieke ontwikkel om in “yster-arm” omstandighede

(soos in die longweefsel), yster vanaf die gasheer op te neem deur hierdie YRP in

hul buitenste selmembrane te aktiveer. Intervet het ’n proses ontwikkel waardeur

YRP geïnkorporeer word in die Multivax entstowwe. Wanneer die dier met die

entstof ingeënt word, word teenliggaampies teen hierdie YRP opgebou.

Die voordeel vir die produsent in die gebruik van hierdie innoverende entstof

is die versekering dat die nuutste en gevorderdste tegnologie in die beheer

van pasteurellose gebruik word. Multivax P bied beskerming teen pasteurellose

veroorsaak deur Mannheimia (Pasteurella) haemolytica, bloednier, baarmoeder

sponssiekte en klem-in-die-kaak. Multivax P PLUS bied beskerming

teen pasteurellose veroorsaak deur Mannheimia (Pasteurella) haemolytica en

Pasteurella trehalosi, bloedpens, bloedderm, nekrotiese hepatitis, bloednier,

baarmoeder spons siekte, sponssiekte en klem-in-die-kaak. (Multivax is beskikbaar

by alle KLK handelswinkels).

ARTIKEL IS GESKRYF DEUR DR RIAAN DU PREEZ (TEGNIESE- EN PRODUKBESTUURDER: HER-

KOUERS, INTERVET HOOFKANTOOR). VIR VERDERE NAVRAE SKAKEL GERUS DIE INTERVET

HOOFKANTOOR BY 0861 838 838.

Augustus 2008 – 5

CHRIS HENDRIKS

– BESTUURDER VAN LEWENDEHAWE

Kwaliteit van lam of

bees belangrik

Die aanbod van lammers is heelwat laer as dieselfde

tyd verlede jaar. Die prys vir slag lammers

is hoër as verlede jaar – dit is in die om gewing

van R36/kg vir A2- en A3-graad. Die verwag ting is

dat die lamprys gedurende Julie/Augustus nog

sal styg en die moontlikheid van R37/kg is nie uitgesluit

nie.

Die A-graad beesmark is besig om te daal en

speenkalfpryse toon ‘n afwaartse neiging teen

alle verwagtinge in. Daar sal geen noemenswaardige

styging in die marksektor wees

voor die einde van die jaar nie. Die hoë brandstofprys,

voerpryse en hoë rentekoerse is die

drie groot sondebokke. C-graad bees is goed in

aanvraag en behoort so te bly tot September,

wanneer ploeg- en planttyd aanbreek en die

aanbod die vraag na C-graad vleis gaan oorskry.

Gesien in die lig van goeie reën oor ‘n groot

gedeelte van die KLK gebied, word verwag dat

die nuwe lammers vroeër as die normale

Septembermaand se tendens bemark sal word.

Markpryse behoort in die volgende drie maande

redelik stabiel te bly met ‘n af waar tse neiging,

soos wat lammers meer beskikbaar raak.

Die tekort aan mielies wêreldwyd gaan die produsent

aan sy beursie voel wanneer daar voer

gekoop moet word. Die prysstyging gaan nie oor

ses maande of ‘n jaar wees nie, maar wel onmiddellik.

Produsente kan daar aan dink om bokke

vir die volgende drie maande te bemark. Ons sal

moet in ag neem dat die verbruiker nog die

laaste sê het ten opsigte van die produk wat hy

of sy gaan koop en watter prys die verbruiker

bereid sal wees om te betaal. Dit is dus belangrik

om aandag te gee aan die kwaliteit van die lam

of bees wat jy wil bemark.

As produsente vir “free range” bemarking wil

registreer is dit belangrik dat lammers van ge -

boorte tot hulle bemark word, vrylopend moet

wees. Produsente kan die vorms en protokol by

die lewendehawe kantoor op Upington aanvra

om te registreer vir “free range” bemarking.

Teken in op KLK

se webblad

Het jy geweet dat jy as lid van KLK na jou

transaksies en rekeningstate, wat daagliks

opgedateer word, op KLK se webtuiste

(www.klk.co.za) kan gaan kyk? Indien jy as lid

nog nie geregistreer het vir dié diens nie, kan

jy nou gaan registreer op die webblad onder

die skakel “Teken in”. Hou die volgende uitgawe

van KLK Gesprek dop vir nog ‘n stukkie

web-inligting. Vir enige navrae oor die web

skakel vir Wilna Esterhuizen (Data-admini -

strateur: IT) of Adrie Biggs (Admini strasieklerk:

IT) by (054) 337-6296.

Pitkos vir

DS HEINRICH

CARSTENS

die

siel

Barmhartigheid of

warmhartigheid?

Ons voel dikwels dat ons barmhartigheid sal

bewys aan mense wat dit verdien. Daar is in

elkeen van ons se lewens daardie mense

wat ek en jy meen eintlik maar self verant -

woordelik is vir die omstandighede waarin

hulle hulself bevind.

Ons sê so maklik: “As daar nog geld is vir

sigarette en Coke, dan is daar nie regtig ‘n

nood nie. En heel dikwels is dit om hierdie

rede dan ook makliker om te gee vir diegene

wat jy nie ken nie – vir hulle wat nie ’n gesig

het nie. Dis dalk makliker om ’n bydrae te

gee vir ’n verdienstelike saak as om te sorg

vir jou alkoholis-broer wat letterlik alles in sy

lewe uitdrink.

Maar dit bring my by die vraag: Kan ek en jy

kies vir wie ons wil jammer wees? Dis juis

met hierdie vraag wat Jesus ook besig is in

Matteus 15. Die vrou in nood hou aan roep

totdat Jesus aan haar barmhartigheid be -

wys. Dis belangrik dat ons altyd sal onthou

dat dit in die eerste plek nie ons is nie, maar

God wat betrokke raak by mense. Alles wat

ek en jy doen, doen ons maar net as ’n reaksie

op dit wat God reeds vir ons gedoen het.

En daarom mag ons nooit kies nie, maar

moet ons wanneer die geleentheid voorkom,

hulp gee aan diegene wat dit nodig het. Dis

in elk geval God wat sorg, seën, help en ons

toerus vir hierdie taak. Hy maak ons sy

kinders wat as’t ware sy hande en voete is in

die omgewing waarin ek en jy onsself

bevind. Ja, God vra van ons om reg en

geregtigheid te laat geskied, maar Hy is ook

die barmhartige God wat genade bewys.

Selfs ook aan hulle wat dink dat hulle nie

daarop geregtig is nie. Volg dus net in sy

voetspore.

Veilingdatums

September:

2 de : Upington

4 de : Kuruman

9 de : Upington, Griekwastad

10 de : Winton

12 de : Postmasburg

16 de : Upington, Olifantshoek

17 de : Askham

18 de : Kenhardt – Albert van Niekerk, Kuru -

man

19 de : Upington – Bokveiling, Gordonia Boer -

bokklub

23 ste : Upington, Van Zylsrus

24 ste : Brandvlei – Dorperland Veldram vei -

ling en Caledonia

26 ste : Postmasburg

30 ste : Upington

Dit neem sowat 60 dae om ‘n speenlam markklaar te voer. ‘n Markklaar lam weeg

sowat 45 kg en lewer ‘n karkas van topgehalte van sowat 21 kg.

Ekstensiewe skaapboerdery daarteenoor, is van tyd tot tyd onderhewig aan weiding -

skaarstes weens droogtes, prysskommelings in die vleismark, die gehalte van die

karkasse wat geproduseer word,

asook die seisoenale bemarking

van lammers. Die voer van lammers

is meer winsgewend as die

voer van speenkalwers, maar ‘n

skaapvoerkraal vereis baie meer

kundigheid asook ‘n baie hoër

bestuurs peil as dié van ‘n

beesvoer kraal.

Die voeromsetverhouding (kg

voer ingeneem per kg massatoename)

is die belangrikste

faktor om winsgewendheid te

verbeter. Die voeromsetverhouding

(VOV) verbeter soos

die energiekonsentrasie van

die rantsoen verhoog deurdat

die voerinname daal, terwyl

die groeitempo (GDT) toeneem.

Die tipe en gehalte

van die voerkraallam, asook

die vlak van die voerkraalbestuur, het ‘n

bepalende invloed op die verbetering van die GDT en VOV.

Voerkraallam

‘n Voerkraalrantsoen vir die voer van lammers is relatief duur. Voer dus slegs lammers

wat oor ‘n hoë groeivermoë en ‘n uitstekende VOV beskik. Lammers moet met ‘n geskikte

oorinplantaat (bv. Ralgro ® ) geïnplanteer word. Verder moet lammers met ‘n doeltreffende

breëspektrum doseermiddel gedoseer word en teen bloednier geïmmuniseer

word. Ander entings moet gedoen word soos wat siektes voorkom. Doeltreffende en

suksesvolle aanpassing is uiters noodsaaklik om uitstekende voerkraalprestasies te

verseker. Skoon en koel drinkwater moet ten alle tye beskikbaar wees.

Fasiliteite

Verdeel lammers in homogene groepe volgens massa, ras en geslag. Die ideale tropgrootte

is 50 lammers per kraal met ‘n maksimum van 100 lammers. Maak voorsie ning

vir voldoende vloeroppervlakte (1,5 – 2,5 m 2 /lam) en kripspasie (sowat 10cm/lam). Die

korrekte krip- en vloerspasie word beïnvloed deur faktore soos helling, dreine ring,

skaduwee en die tipe lam.

Voerkraalrantsoen

‘n Goeie VOV en hoë GDT is slegs moontlik indien ‘n energieryke, goeie kwaliteit,

gebalanseerde rantsoen, wat al die kritieke voedingstowwe in die regte verhouding

bevat, gebruik word. So ‘n rantsoen moet smaaklik en nie stowwerig wees nie. Gebruik

dus slegs voerbestanddele van goeie gehalte. Voermol Voere beskik oor verskeie produkte

wat suksesvol gebruik kan word om rantsoene van goeie gehalte te meng.

Voermol produkte is beskikbaar by alle KLK handelswinkels.

ARTIKEL GESKRYF DEUR ULRICH MÜLLER (TEGNIESE BESTUURDER: VOERMOL VOERE).

6 – Augustus 2008

TEGNIES

Afronding van

lammers belangrik

Die voerkraalafronding van lammers maak dit moontlik vir die produsent om te diversifiseer

en sodoende sy boerderyrisiko te verlaag en kontantvloei te verbeter.

HANDEL/LEWENDEHAWE

Wees voorbereid

op droogtes

Baie swaarder reën as wat verwag is het steeds in Mei en veral Junie vanjaar oor groot

gedeeltes van die Noord-Kaap voorgekom.

Die 78 mm in totaal wat byvoorbeeld in

Mei en Junie 2008 op Upington (Eiland)

gemeet is, is die hoogste sedert ten minste

1915. Die winter het ook abnormaal

laat begin met die eerste werklike ryp

wat eers in die eerste week van Julie

voorgekom het.

El Niño

Daar is ‘n groter as 60% kans dat seetemperature

in die Stille Oseaan in die

komende seisoen baie naby aan normaal

gaan beweeg. Geen sterk El Niño

of La Niña-verskynsel word dus verwag

nie. Teen die tweede gedeelte van die

somer kan see-oppervlaktemperature

dalk effens koeler as normaal wees.

Implikasies ten opsigte van reënval is

dat dit die kanse vir reën in veral die

tweede gedeelte van die seisoen, dit wil

sê Februarie en Maart 2009, verhoog.

Weidingstoestande en voerkoste

Na die goeie reëns van die afgelope sei -

soen is weidingstoestande tans oor die

algemeen baie goed. Grondvog toe stan -

de is ook van so ‘n aard dat weiding

vroeg in die lente kan begin groei en

verdere goeie weidingstoestande tot

gevolg kan hê. Die huidige goeie toestande

het tot gevolg dat min addisionele

veevoer soos mielies en lusern

tans aangekoop word.

Daar wag egter ‘n prysskok wanneer dit

weer nodig word om vee van aan ge -

koopte voer te voorsien. Alhoewel Suid-

Afrika ‘n baie groot mielie-oes van meer

as 11,5 miljoen ton verwag, hou die

internasionale mielieprys die binne -

landse prys hoog. As gevolg van uiters

nat toestande in die VSA tydens planttyd

in April en Mei, is minder mielies as wat

verwag is aangeplant. Verwagte droër

toestande later in die Amerikaanse groeiseisoen

kan produksie verder onder

druk plaas en die huidige lae voorraadvlakke

en groot vraag vir veral biobrandstofdoeleindes,

kan sorg dat pryse hoog

bly. Teen begin Julie 2008 was die binnelandse

prys steeds baie naby aan die

uitvoerpariteitsprys en byna R1000/ton

laer as die invoerpariteitsprys.

Opsommend

Daar moet onthou word dat droogtes en

droër toestande weer sal voorkom en

dan moet die veeboer daarop voorbereid

wees. Die enigste tyd wanneer daar iets

aan ‘n droogte gedoen kan word, is

tydens goeie reënvaltoestande wanneer

veld- en kuddebestuur moontlik is. Die

probleem is dat die huidige rekord hoë

mieliepryse asook hoë vervoerkoste dit

byna onmoontlik gaan maak om vee te

voer en daar moet dus baie meer konserwatief

en versigtig beplan word.

Veldbestuur om goeie veldsamestelling

te bevorder asook om veegetalle konserwatief

te hou, moet hoë prioriteit geniet.

Die weer bly steeds die enkele grootste

faktor wat die veeboer se produksietoe -

stande bepaal. Swak of onoordeelkundige

bestuur kan egter veroorsaak dat die

negatiewe effek van ongunstige weers -

toestande vergroot word. Die verskil is dat

daar nie in die toekoms vee gevoer kan

word nie, as gevolg van die hoë koste.

ARTIKEL GESKRYF DEUR JOHAN VAN DEN BERG

(BESTUURDER: PRODUKONTWIKKELING, SANTAM

AGRI).

Chevrolet Captiva is groot pret saam met jou gesin

Duursaam, waardevol, aanpasbaar en vol selfvertroue. Dit is van die waardes wat jy

van die nuwe Chevrolet Captiva kan verwag. Die Chevrolet Captiva 2.0 Diesel AWD

is ‘n ruim motor met sewe sitplekke en dít maak dat dit die ideale motor vir jou en

jou hele gesin is.

Die Chevrolet is ook beskikbaar in 2.4 FWD óf AWD petrol en 3.2 V6 AWD petrol

enjin modelle. Die Captiva beskik oor ‘n standaard diensplan van 3 jaar/60 000 km.

Vir meer inligting oor dié Chevrolet of ander modelle, skakel gerus vir Johan

Booysen (Handelaarshoof: Gordonia Motors, Upington) of een van die ander

verkoopspersoneel – Hennie, Denzil of André – by (054) 337-6256.

Augustus 2008 – 7

Kalahari

produsente wys

hul “staal”

KLK Landbou Beperk het op 18 Junie

vanjaar ‘n slagoskompetisie in samewerking

met die Kruispadkrale boerevereni -

ging op Olifantshoek gehou. Beoordeling

aan die haak het by Upington abattoir op

20 Junie plaasgevind.

“Dit was ‘n wonderlike dag waar ons

geharde Kalahari produsente hul ‘staal en

passie’, wat hul osse is, kom wys het,” het

Elma Müller (Admin-klerk: Lewen dehawe,

Olifantshoek) gesê. ‘n Totaal van 44 osse

is vir die kompetisie inge skryf. Chris Hen -

driks van KLK Landbou Beperk en Dirk

Zandberg van SAMIC het die beoordeling

gedoen.

“‘n Besondere dank aan al die deelnemers,

borge, beoordelaars en ondersteu -

ners wat die dag moontlik gemaak het,”

het Elma gesê. Daar sal weer so ‘n kompetisie

in 2009 gehou word.

Die algehele wenners van die slagoskompetisie

is: Jurie Markram (links) en William Markram

(regs) van Olifantshoek. By hulle is Dirk Zandberg

(Beoordelaar van SAMIC).

Uitslae

Groep op die hoef

1.Kotie en Jannie van der Merwe

2.Jurie en William Markram

3.Ben Kampfer

Enkelkarkas aan die haak

1.Jurie en William Markram

2.Jurie en William Markram

3.Kotie en Jannie van der Merwe

Groep aan die haak

1.Jurie en William Markram

2.Jurie en William Markram

3.Kotie en Jannie van der Merwe

In gesprek met...Albert van Niekerk

Albert speel groot rol

in vestiging van Dorperras

Albert van Niekerk, ‘n Dorperstoetteler van die plaas Klipkoppies Boerdery, het ‘n besondere bydrae gelewer tot die ontwikkeling en vestiging

van die Dorperskaapras oor die jare.

Die Van Niekerk familie is deur sy oupagrootjie in 1870 in die

Kenhardt-distrik gevestig en vandag gaan die familiebesigheid

nog steeds voort. Hy is getroud met Elize en het drie kinders, ‘n

dogter, Elma, en ‘n tweeling – Johann en Rudo. Beide die seuns

volg in die voetspore van hul pa, terwyl Elize en Elma die finansiële

sy van die familieboerdery bestuur.

lande soos Australië en VSA. Dit is dus ‘n wêreldgesogde dier

wat oor baie goeie kwaliteite beskik.”

Albert het op Klipkoppies groot geword. Sy skoolloopbaan begin

op Kenhardt en hy matrikuleer te Hoër Jongenskool in die Paarl.

Aan die einde van 1952 verwerf hy sy tweejaar landboudiploma

aan die Grootfontein landboukollege.

In 1953 het hy saam met sy pa begin boer met Merinoskape op

die plaas Klipkoppies en hy het ook vir ‘n aantal jare in vennootskap

met Albie van Niekerk met Dorpers geboer. Vanaf 1965

bedryf hy die Klipkoppies Dorperstoet wat tans uit meer as 1 000

tipe vyf gekeurde Dorperooie bestaan.

Hy sluit aan by die Suid-Afrikaanse Dorpertelergenootskap en is

later aangestel as Inspekteur en Streekverteenwoordiger. In die

80’s is hy verkies tot visepresident en later as president van dié

vereniging. In 1987 word hy aangewys as “Boer van die Jaar” in

sy streek.

Oor die jare het Albert ‘n sterk ondersteuner van prestasietoet -

sing geword en het hy gestreef daarna om ‘n geharde en aan -

gepaste Dorper te teel wat onder ekstensiewe toestande ‘n

bemarkbare lam op vier maande kan produseer. In 1990 het hy

Argentinië besoek vir die bevordering van die Dorperskaapras.

Albert was ook ‘n groot rolspeler in die eksklusiewe bemarking

van Diamant Dorpervleis (beste kwaliteitvleis), waaroor hy, in

samewerking met die LNR en die Land bou fakulteit in Pretoria, na -

vor sing gedoen het.

Sy boerdery is goedgekeur om karkasse te lewer wat aan die

HACCP (Hazzard Analysis and Critical Control Points) standaarde

voldoen. Hy het al twee keer internasionale inspeksies op sy

plaas gehad, wat albei kere suksesvol geslaag is. Hy was ook die

eerste persoon in Suid-Afrika wat ‘n ISO-lam laat slag het.

Hy sluit die gesprek af deur te sê dat die potensiaal vir Dorper -

telery in Suid-Afrika onbeperk is. “Embrio’s word uitgevoer na

Albert (links) en Johan van der Merwe (Bestuurder: LAW Abattoir, Groblershoop)

by drie ISO-kwaliteitskarkasse van Klipkoppies Boerdery.

Albert was ook oor die jare betrokke by die volgende

koöperasies, genootskappe en klubs:

• Dien op die Direksie van Veekos Sentraal Koöperasie Bpk.

• Visevoorsitter van Veekos Sentraal Koöperasie Bpk.

• Voorsitter van Veekos Sentraal Koöperasie Bpk. asook Vee -

kos (Edms) Bpk.

• Direkteur en voorsitter van Kenhardt Vleisprodusente

Koöperasie.

• Lid, visepresident en president van Gordonia Kenhardt

Landbougenootskap.

• Medestigter, voorsitter en bestuurslid van die Dorperland

Dorperklub.

Voorsitter van die volgende drie filiale van Veekos Sentraal:

• Gordonia koelkamers (Edms) Bpk.

• Warmsand pluimveeplaas.

• Gordonia Verkoelingsdienste (Edms) Bpk.

REDAKSIE

Ruth Davies

Johan Smit

(018) 468-2716 • 083 583 5243 • ruth@infoworks.biz

(018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan@infoworks.biz

KLK Gesprek is 'n nuusblad wat vier keer per jaar

deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl * (054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks (018) 468-2716 • www.infoworks.biz

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

kontak vir Ilse van Zyl.

8 – Augustus 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!