KLK Maart 2017

matt123

KLK Maart 2017

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

Vol 21 • Maart 2017

KLK

Gesprek

Ons laat ENERGIE harder werk

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

DIE BEDRYF VAN ‘n rooivleis abattoir in die huidige finansiële

klimaat is uitdagend, veral omdat ‘n abattoir blootgestel is aan ‘n

verskeidenheid van insette wat nie noodwendig deur die eienaar

bestuur en/of beheer kan word nie. Abattoireienaars is voortdurend

op soek na nuwe ontwikkelings om soveel moontlik van die insette

waaroor hulle wel beheer het, meer effektief te kan gebruik.

Een van die groter koste-items in die abattoir is die koste van

energie, oftewel dan die energie wat gebruik moet word om die

gebruikswater warm en karkasse en ander verwante produkte koud

te kry. Baie abattoirs maak gebruik van stoomketels wat met elektrisiteit,

of ‘n tipe van fossielbrandstof soos diesel, aangevuur word

om die handewaswater bo die verlangde temperatuur van 40°C en

die steriliseerders bo die verlangde temperatuur van 83°C te kry.

Al die abattoirs maak gebruik van elektrisiteit om hul koelkamers

en vrieskamers te bedryf wat die produkte moet verkoel tot by die

verlangde temperature. Dit spreek vanself dat koel- en vrieskamers

meestal onafgebroke funksioneer omdat dit nie sin maak om dit vir

kort periodes af te skakel en die verkoeling reeds gegenereer (en

die energie waarvoor reeds betaal is) verlore te laat gaan nie.

Upington Abattoir is onderworpe aan dieselfde uitdagings en moes

gedurende die afgelope jaar ook indringend na hul kostestruktuur

kyk om so doende in die moeilike finansiële omstandighede te kan

oorleef en winste te genereer. Een van die abattoir se grootste uitdagings

was die verskaffing van genoegsame hoeveelhede warm

water aan die slagvloer- en die afvalverpakkingsareas. Dit het KLK

genoop om met P & E Hi-Power, wat die abattoir ondersteun met

verkoeling en die elektriese installasies, idees uit te ruil rondom

die moontlikhede wat bestaan om dit te vermag. Philip Coreejes,

eienaar/bestuurder van P & E Hi-Power, het na ondersoek die

voorstel gemaak dat die verhitting van water met behulp van hitteruilaars

wat gemonteer is op die kompressors wat die vrieskamers

afkoel, verder ondersoek moet word. Die voordeel wat hier duidelik

uitgestaan het, is die feit dat die energie waarvoor daar reeds be taal

was om die vrieskamers te verkoel nou weer aangewend kan word

om die water te verwarm wat uiteraard die bes moontlike energiebestuursuitkoms

verteenwoordig.

Die stelsel is redelik eenvoudig:

• Daar word ‘n stel hitteruilaars op ‘n aantal kompressors gekoppel

wat die hitte wat die kompressors genereer, gebruik om die water

wat deur die ruilaars vloei te verhit.

• Daar word ‘n sirkulasiepomp in die sisteem geïnstalleer wat die

water tussen die hitteruilaars en die geisoleerde stoortenke

sirkuleer.

Vervolg op

3

bl3

bl4

Upington Handel brei uit

Wat is die reën se planne?

bl7


2 Aan die Woord...

KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Hoe staan vleisprys-sake?

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

KLK as korporatiewe burger

en die Wiskunde Lenteskool

KLK BESEF DIE belangrikheid van

die rol as verantwoordelike korporatiewe

burger en dat volhoubaarheid nie net

gemeet word aan finansiële prestasie

nie. Volhoubaarheid behels dat die drie

pilare, naamlik ekonomiese-, sosiale- en

omgewingspraktyke op ‘n wyse toegepas

word dat langtermynsukses behaal word.

Sosiale betrokkenheid is ‘n filosofie wat

KLK nastreef deur ondersteuning aan verskeie

sosiale projekte te bied. Opheffing

en opvoeding vorm die kern van KLK se

sosiale verantwoordelikheidsprogram.

KLK het gedurende die afgelope jaar

(2016) ‘n projek befonds in samewerking

met Hoërskool Duineveld en die Noord

Kaap-Departement van Onderwys, waar

wiskunde-onderrig vir Graad 12-leerders

en onderwysers aangebied word.

Verder het KLK studiebeurse aan bestaande

en voornemende studente beskikbaar

gestel. Hierdie beurse is spesifiek gefokus

op studente in Klein handelbestuur as

studierigting.

DIE NUWE JAAR het aangebreek met

goeie reënneerslae in groot gedeeltes

van die KLK-bedieningsgebied, veral

noord en oos van die Garieprivier. Daar

is uitstekende reënvalsyfers veral rondom

Kuruman, Daniëlskuil en Postmasburg

aangeteken, soveel so dat die Kurumanrivier

vir die eerste keer in 20 jaar deur

Vanzylsrus gevloei het en tot heelwat foto’s

op sosiale media aanleiding gegee het.

Dieselfde kan egter nie gesê word van

veral die gedeeltes rondom Kenhardt en

Pofadder nie – die meeste produsente

in daardie areas het nog geen of min

reën ontvang.

Die verwagting wat met die vorige

markoorsig uitgespreek is dat pryse in

die feesseisoen vanweë die beter vraag

sterker sal presteer is by vêrre oortref

toe die aanbodvlakke so laag gebly het.

Meeste abattoirs het baie minder diere

as verwag verslag en daar was veral ‘n

tekort aan goeie kwaliteit lamskarkasse

wat aanleiding gegee het dat produsente

vir nismarklammers tot R68/kg behaal

het. Daar is steeds baie min slagdiere

beskikbaar en die “bekende en verwagte”

Januarie-prysdaling het nog nie gerealiseer

nie en pryse is tans steeds op

R67/kg vir A1-, A2- en A3-karkasse

wat aan die nismarkvereistes voldoen.

Die verwagting is egter steeds dat die

pryse afwaarts sal begin beweeg sodra

daar noemenswaardige getalle diere

beskikbaar raak vir verslagting.

Die speenkalfpryse p is nou in die omgewing

van R24/kg lewendige

gewig en die

verwagting g is

dat dit in

daardie

vlak of

selfs effe

sterker sal

presteer

vir die

komende periode. Dieselfde

beginsel geld tans vir die slagpryse vir

bees en ook daardie pryse behoort sterker

as die vlak van R35/kg vir A2, A3 en A4 te

bly. Die behoefte aan karkasse van beeste

wat volgens die “Free Range”-beginsels

geproduseer word en weens die swak

wei ding nie volop is nie, plaas ook verdere

opwaartse druk op die slagpryse vir

hier die nismark groep diere wat tans op

die vlak van R38/kg vir A1 tot A4 is.

Die KLK Wiskundeprojek sal gedurende

2017 herhaal word om op die sukses

van 2016 voort te bou.

‘n Vergelyking van 63 leerlinge se punte

van die September 2016-eksamen met

die Desember 2016 NSS-eksamen het

getoon dat 44 van die 63 leerlinge se

wiskundepunte met ‘n simbool verbeter

het. Die verbetering kan nie net toegeskryf

word aan die KLK Wiskundeskool nie,

maar volgens terugvoer van onderwysers

en leerders het dit ‘n groot verskil gemaak.

Gedurende 2017 sal onderwyser-opleiding

einde Maart 2017 aangebied word en

150 matriekleerders vanuit verskillende

skole in die streek sal ‘n Lenteskool in

Oktober 2017 bywoon.

Die 2017-projek sal hoofsaaklik fokus op

die opleiding van wiskunde-onderwysers

sodat die kennis en ondervinding wat hul

opdoen, teruggeploeg word aan alle leerlinge

wat deur die leerkragte onderrig

word en nie net die teikengroep van

150 leerlinge nie.

KLK is vas oortuig dat hierdie projek ‘n

verskil gaan maak!

Pitkos vir die siel...

Maak God se liefde sigbaar!

1 Johannes 4:12…As ons mekaar

liefhet, bly God in ons en het Sy

liefde in ons Sy doel volkome bereik.

HET JY AL gewonder hoekom is die

wêreld daar? Hoekom is ons hier? Kon

God nie maar daar in die hemel gebly

het sonder al die moeite van ‘n skepping

wat Hy moet onderhou, en mense met

wie Hy moet sukkel nie?

Die antwoord is: GOD IS LIEFDE. Al is dit

so dat ons God nie kan sien in hierdie

wêreld nie, is Hy nie afwesig nie, en kan

Hy nie vermy word nie. Niemand het

God nog ooit gesien nie, maar as ons

mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy

liefde in ons Sy doel volkome bereik. Hy

word hoorbaar en sigbaar deur ons, Sy

kinders, as ons liefhet.

Floris Lategan

Dit is ons roeping in hierdie wêreld:

om God sigbaar te maak vir hulle wat

Hom andersins nie sien nie. Sommer die

mense wat langs jou woon – of die een

wat saam met jou oefen – die persoon

wat saam met jou werk – die mens wat

in jou tak inkom vir besigheid – die een

wat sy voertuig vol brandsof kom maak

op jou rybaan – of die mens wat sommer

net by jou kantoor instap. God wil gesien

word – en Hy wil geken word. Hy wil hê

die hele wêreld moet weet hoe lief Hy

ons het.

My en jou uitdaging is: dat ons Hom sal

toelaat om so in ons te leef dat ander

Hom kan sien! Jesus sê: Julle is die lig

vir die wêreld. Kom ons laat Sy liefde

sigbaar word.


Upington Handel brei uit

Maart 2017

Maatskappynuus

3

GEDURENDE SEPTEMBER 2016

het KLK Upington Handel twee splinternuwe

afdelings verwelkom – ‘n besproeiings- en

klerasie-afdeling.

Die besproeiingsafdeling het ‘n verskeiden

heid van dompel-, son-, mono- en

druk pompe asook windpomponderdele

in voorraad. Ons help ook graag met die

ontwerp en installasie van sonpompstelsels.

Die afdeling beskik oor ‘n verskeidenheid

onderdele en kan ook pompe herstel.

Kontak Jaco Esterhuysen by 054 337 6200

vir kwotasies en enige navrae.

Die klereafdeling het op 9 September

sy langverwagte verskyning gemaak. Dit

het gepaard gegaan met groot opgewondenheid

en die belangstelling het alle

verwagting oortref. Die afdeling beskik

oor ‘n verskeidenheid klerereekse soos

Ruggedwear, John Deere, Trophy Camo

en Boerboel. Skoenreekse is Strassbergers,

Tarzan, Cat en Mozak Aerowalk. Ons

ver welkom ook binnekort die Freestyleskoenreeks

vir dames en mans. Kom

maak gerus ‘n draai of kontak vir Tanya

Hanekom by 054 337 6200.

Nuwe tak bestuurder

by Postmasburg

Build it

Rian Janse van Vuuren.

Ons laat ENERGIE harder werk Vervolg van 1

• Die verwarmde water word dan in ‘n

sirkelvoersisteem met behulp van ‘n sirkulasiepomp

in die abattoir versprei.

• Die verlangde temperatuur (≥ 40°C)

word bereik met behulp van ‘n elektroniese

vermengingsproses met kouer water.

KLK is uiteraard opgewonde omdat die

stelsel na installering die verwagte resultate

lewer van water wat tot by meer as

64°C verhit word en nou vir verspreiding

in die abattoir beskikbaar is. Die werklik

uitstaande voordeel is dat reeds bestaande

energie gebruik word vir die verhitting en

dat die ekstra energie wat benodig word,

by Upington Abattoir spesifiek, slegs die

energie is wat die twee sirkulasiepompe

verbruik wat nie vroeër in die sisteem

was nie.

Jou vennoot in landbou


4 Aktueel

KLK Gesprek

Wat is die reën se planne?

Johan van den Berg

Santam Landbou

IEMAND HET EENKEER gesê dat as dit droog is dan lyk dit

asof dit nooit weer gaan reën nie en as dit eers begin reën dan lyk

dit nie asof dit nooit weer gaan ophou nie. Dit is dikwels omtrent die

geval want die reënval in Suid-Afrika is baie wisselvallig as gevolg

van ‘n klomp redes – onder andere die invloed van twee groot

oseane op ‘n relatief klein landmassa, die afstand vanaf die trope,

die topografie van die land, El Niño/La Niña asook ‘n klomp

ander faktore.

Die posisie van die “band” van reën oor die land wissel as gevolg

van bogenoemde faktore. Sedert die einde van 2016 het die sentrale

tot westelike gedeeltes van die land baie meer reën gehad as

die oostelike gedeeltes, juis omdat die tropiese vog meer oor Wes

Afrika afgekom het. Dit gebeur gewoonlik tydens La Niña-toestande

en alhoewel daar in 2016/2017 slegs ‘n swak La Niña-verskynsel

voorgekom het, was dit sterk genoeg om hierdie opstelling van

weersisteme tot gevolg te hê.

Die groot vraag is hoe lank die reën gaan

voortduur oor die sentrale tot westelike dele

van die land?

Eerstens nader ons die einde van die normale reënseisoen want teen

die herfs begin die tropiese vog oor die ewenaar verder noordwaarts

beweeg en kan dus nie so maklik suidwaarts beweeg nie. Tweedens

is daar ook ‘n weswaartse verskuiwing van die reënband oor tyd om

dan weer vanaf die ooste te begin soos wat die relatiewe posisies

van die hoogdruk- en laagdruksisteme skuif. Faktore soos El Niño en

La Niña kan egter die verskui wing vertraag of versnel.

Tans lyk dit asof die nat toestande oor die sentrale tot westelike dele

van die land gaan voortduur tot ten minste diep in Maart en selfs nog

later. Bogemiddelde reën word dus voorspel vir die res van die somer.

Wat van volgende seisoen?

Die swak La Niña-verskynsel van die huidige seisoen het nou

oorgegaan in neutrale toestande met see-oppervlaktemperature

in die sentrale Stille Oseaan wat nou ongeveer normaal is. Voorspellings

vir die komende winter en res van die jaar dui op verdere

neutrale tot dalk effens El Niño-toestande maar heel waarskynlik

nie weer La Niña-toestande nie. Dit is egter te vroeg om nou enige

waarde aan voorspellings van El Niño te heg aangesien see-oppervlaktemperature

in die Maart- tot Julie-periode baie vinnig kan

verander. Verder lyk dit asof die Indiese Oseaan ook in ‘n neutrale

fase gaan bly wat positief is vir reën oor Suidelike Afrika.

Wat beteken dit vir landbou?

Daar is nog ‘n redelike gedeelte van die reënseisoen oor en voorspellings

lyk positief vir verdere reën maar die stand van damme

wat water vir besproeiing verskaf bly kommerwekkend. Die groot

bekommernis is as die huidige reënseisoen verbygaan sonder

aanvulling en die onsekerheid oor 2017/2018 se reënval.

Met die weidingsgroeimaande van Januarie tot Maart waar goeie

reën voorgekom het, behoort veldherstel gedeeltelik plaas te vind

maar die effek van die droogte van die afgelope paar jaar sal

steeds ondergemiddelde produksie vir die winter tot gevolg hê.

Neem ook kennis van die moontlikheid van El Niño-toestande vir

2017/2018.

Somergraantoestande lyk baie goed vir ‘n baie goeie oes. Dit het

reeds ‘n sterk negatiewe invloed op die prys gehad en dit lyk asof

dit op hierdie lae vlakke vir die medium termyn gaan bly. Dit is

egter positief vir veeboere omdat veevoere goedkoper is.


Maart 2017 Aktueel 5

D50 v/s D500

– know your diesel

THE TWO GRADES of diesel are

exactly the same apart from the sulphur

content. All other parameters are basically

the same. D500 has a maximum sulphur

content of 500 ppm, but is typically between

390 ppm and 420 ppm.

D50 has a maximum sulphur level of

50 ppm, in the inland region is typically

between 5 ppm and 10 ppm, in the coastal

regions it is between 35 ppm and 45 ppm.

From an environmental prospective the D50

is much better for the environment due to

lower exhaust emissions.

From an engineering perspective, the

design of the vehicle dictates which grade

of diesel should/can be used. An older

vehicle which is designed to use D500 can

use D50 with no side effects, but a newer

vehicle that is designed to use D50 must

not use D500 as the additional sulphur will

damage particulate traps and EGR (exhaust

gas recirculation) systems.

The higher sulphur levels in the fuel also

lead to shorter lubricant life. A high sulphur

diesel will degrade the lubricant quality

much faster.

So we cannot recommend longer service

intervals if the customer uses D50, as the

OEM (original equipment manufacturer)

has final say in regard to service intervals.

But using a low sulphur fuel will result in

the lubricant being in much better

condition at the end of the service

interval, resulting in much reduced

long term wear of the internal

components of the engine and

therefore we will extend the engine

life by using a low sulphur diesel and

a good quality lubricant. This will

result in less down time and reduced

maintenance costs in the long term.

The high sulphur diesel has good

natural lubricating properties, the

reduction of the sulphur is not an

issue in modern diesel fuels as

the SANS specification now has a

lubricity specification requirement

and a lubricity additive is added at refinery

level to ensure both D50 and D500 have

sufficient lubricity to protect key components

(such as fuel pump and injectors).

ULP 93 v/s ULP 95

These two fuels are exactly the same apart

from the octane levels of the fuel. All other

parameters are basically the same. In South

Africa, 95 or 93 refer to the RON (research

octane number) of the petrol. The sole purpose

of octane in petrol is the ability of the

petrol to resist detonation or pre-ignition in

the combustion chamber.

The higher the octane, the higher the

protection against detonation or preignition.

The following slide illustrates the

difference between normal combustion,

knocking/detonation and pre-ignition.

The OEM will recommend a grade of fuel

depending on the design of the engine,

typically the higher the compression ratio,

the higher the octane number required.

A vehicle designed to run on a low octane

fuel can use higher octane without any

issue. A vehicle that is designed to run on

a higher octane fuel should not use lower

octane fuel for an extended period and in

emergency situations where a lower octane

has to be used in a vehicle designed to use

a higher octane fuel, the vehicle should not

be operated harshly, the vehicle should be

driven as softly as possible until the correct

grade of higher octane petrol is found.

Aandele

verhandel

bo R12-vlak

VANAF 1 TOT 30 November 2016

het ‘n totaal van 23 272 KLK-aandele

verhandel op vlakke tussen R12,00 en

R12,50 per aandeel, met 5 kopers en

6 verkopers.

In die maand van Desember 2016 het

60 578 aandele op vlakke tussen R12,00

en R12,50 per aandeel verhandel, met

6 kopers en 7 verkopers.

45 532 aandele het in Januarie 2017

verhandel op vlakke van tussen R12,00

en R12,90, met 6 kopers en 12 verkopers.

Jou vennoot in landbou


6

Aktueel

KLK Gesprek

Bestuursfoute

wat jou beste werknemers

laat bedank

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

BESTUURDERS KLA DIKWELS dat

hulle beste mense bedank en hulle het

goeie rede om daaroor te kla. Min dinge

is so ontwrigtend en duur soos goeie werknemers

wat by die deur uitstap. Be stuurders

gee alles onder die son die skuld vir ‘n hoë

arbeidsomset, behalwe vir dit wat eintlik die

oorsaak is: Mense verlaat nie ‘n werk nie;

hulle verlaat bestuurders en/of toesighouers.

Die hartseer is dat dit voorkom kan word

deur net ‘n nuwe uitkyk te ontwikkel en ‘n

bietjie energie daarin te sit. Die meeste

organisasies weet hoe belangrik dit is om

gemotiveerde mense in diens te hê, maar

die meeste misluk daarin om bestuurders

aanspreeklik te hou om dit te laat gebeur.

Navorsing aan die Universiteit van

California het bevind dat gemotiveerde

werknemers 31% meer produktief is, 37%

hoër verkope doen en drie keer meer kreatief

is as ongemotiveerde werknemers. Hulle

is ook 87% minder geneig om te bedank.

Hierdie studie is gedoen onder meer as

50 000 werknemers.

Dit is ook bevind dat tot 70% van ‘n werknemer

se motivering direk beïnvloed word

deur sy/haar bestuurder/toesighouer. Wat

moet bestuurders dan doen, of nie doen

nie, om mense te behou.

1. Oorwerk

Niks brand ‘n goeie werknemer so

vinnig uit as te veel werk nie. Wanneer

daar druk op die bestuurder is dan is dit

die beste werknemer/s wat die druk die

vinnigste kan verlig. Die logiese besluit is

om hierdie goeie werkers nog harder te

laat werk. Navorsing het getoon dat meer

as 50 uur ‘n week teenproduktief is en dat

na 55 ure daar weinig konstruktiewe werk

ge doen word.

Wanneer jy dus meer en meer werk aflaai

op die mense wat alreeds hard werk, verseker

dan net dat goeie verhogings, bevorderings

en status gekoppel word aan

hierdie werknemers.

2. Erken bydrae en vergoed

goeie werk

Dit is maklik om te vergeet van die

spreekwoordelike klop op die skouer.

Alle mense wil graag erkenning ontvang,

veral die wat harder werk as die res. Bestuurders

behoort uit te vind wat sy/haar

ondergeskiktes goed laat voel. Vir sommige

is dit ‘n goeie verhoging, vir ander ‘n erkenning

voor sy kollegas en vir sommige is

‘n eenvoudige “dankie” genoeg. Na goeie

werk behoort goeie beloning te volg, vir jou

toppresteerders soveel te meer.

3. Ontwikkel werknemers

se vaardighede

Talentvolle werknemers se vaardighede

moet ontwikkel word en so ook elke

werknemer in die span. Indien dit nie

gebeur nie faal die bestuurder in sy/haar

verantwoordelikhede as bestuurder. ‘n

Goeie bestuurder luister deurlopend, gee

aandag en gee terugvoer. Bestuur van

mense het ‘n begin, maar nooit ‘n

einde nie.

4. Gee om vir mense

Meer as die helfte van mense wat vrywillig

bedank doen dit as gevolg van die

verhouding met die “baas”. Goeie maatskappye

verseker dat hulle bestuurders

‘n balans handhaaf tussen professionele

optrede en menswaardigheid. Vier sukses

saam met ondergeskiktes, toon empatie in

moeilike tye en daag hulle uit, al maak dit

seer. Dit is onmoontlik om vir agt ure per

dag saam met iemand te werk wanneer

daar geen persoonlike betrokkenheid en

omgee is nie.

5. Kom jou beloftes na

Die maak van beloftes kan mense baie

gelukkig maak of by die deur laat uitstap.

Kom jou belofte na en jy word gesien as iemand

wat vertrou kan word en wat eerbaar

is (twee baie belangrike eienskappe van ‘n

goeie bestuurder). Verbreek jou beloftes en

jy word gesien as “slymerig”, onbetroubaar,

gee nie om nie en iemand sonder respek.

As jy wat die baas is nie omgee nie hoekom

sal enige iemand anders omgee?

6. Stel die regte mense aan en

bevorder die regte mense

Goeie en hardwerkende mense wil saam

met ander goeie en hardwerkende mense

werk. Die bestuurder het die verantwoordelikheid

om die regte mense aan te stel.

Gebeur dit nie, is dit ‘n sterk demotiveerder

vir die goeie presteerders in jou besigheid.

Bevordering van die verkeerde mense is

nog erger. Die harde werkers voel beledig

en die mees logiese aksie is om ander

werk te soek. En jy wonder hoekom die

mense loop?

7. Laat mense hulle passie

uitleef

Talentvolle mense is as ‘n reël ook passie

volle mense. Skep geleenthede waar

mense hulle passie kan uitleef en hulle

produktiwiteit verbeter drasties. Bestuurders

wil mense egter op ‘n bepaalde manier en

binne bepaalde riglyne laat werk uit vrees

dat hulle fokus sal verloor en net hulle passie

sal najaag. Studies het getoon dat sulke

vrese ongegrond is en dat mense wat hulle

passie in die werk uitleef tot vyf maal meer

produktief is as norm.

8. Bevorder kreatiwiteit

Talentvolle mense poog om hulself deurlopend

te verbeter. Tevredenheid met die

status quo en beperking van die geleent-


Maart 2017

Aktueel

7

Rybane pronk in nuwe gewaad

UITGESOEKTE RYBANE VAN KLK se rybane het onlangs

opgegraderings ondergaan. So lyk hulle nou:

Trokkie Rybaan te Calvinia.

Noenieput Rybaan.

hede om te verander sal veroorsaak dat

hulle totaal ontevrede met hulle werk sal

wees. Beperk kreatiewe denke en jy beperk

jou talentvolle mense en uiteindelik jouself.

9. Daag mense intellektueel uit

Goeie bestuurders daag hulle mense uit om

die skynbaar onmoontlike aan te pak. Hulle

stel nie maklik bereikbare en eenvoudige

doelwitte nie. Hulle stel doelwitte wat die

mense uit hulle gemaksone haal. Dan doen

hulle alles in hulle vermoë om te sorg dat

daardie uitdagende doelwitte bereik word.

Wanneer talentvolle en intelligente mense

verveeld raak of te maklike werk doen, soek

hulle werk wat meer uitdagend is.

Indien jy wil hê dat jou beste mense

moet aanhou werk vir jou, dan moet

jy regtig dink hoe jy hulle bestuur.

Talentvolle mense het altyd ander

opsies beskikbaar. Jy moet hulle so

bestuur dat hulle vir jou wil werk!

Wen met Handel!

EEN GELUKKIGE WENNER

kan ‘n R250-geskenkbewys by KLK

Upington Handel wen.

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys,

beantwoord net die eenvoudige vraag:

Wie kan gekontak word vir navrae by die

klereafdeling by Upington Handel?

Stuur jou inskrywings aan:

Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; stuur ‘n faks

na 086 5500 224; of e-pos na

elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit

30 April 2017.

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die

kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per

persoon • Die wenner sal telefonies in kennis gestel

word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak

word • Die prys sal na die naaste KLK-handelstak

gestuur word en kan daar afgehaal word • Die

prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

...............................................................

Adres: ......................................................

...............................................................

...............................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ................................................

...............................................................

...............................................................

is ‘n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Elmarié Bird *

054 337 6202 • elmarie@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Elmarié Bird.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

Johan Smit

018 468 2716

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou


8 Omgewingsake

Korsmosse

is primatief en uniek

Die artikel is geskryf deur

Francois van der Merwe,

‘n natuurliefhebber van Calvinia.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na

info@klipspringer.co.za

DIE KAROO, BOESMANLAND en Kalahari is

wonderwerk-plekke! En niks is ‘n groter wonderwerk as hoe die

natuur vir homself sorg en oorleef nie. Voor in die ry staan die

korsmosse – primitiewe, unieke lewende organismes. Staan maar

net êrens op ‘n Karoo ysterklipkoppie in die midde van ‘n droogte

met die eerste groot reëndruppels, halsreikend afgebid deur mens

en dier, wat op die klippe neerplons en kyk hoe ’n eens vaal, stofbelaaide

om gewing in ‘n oogwink in ‘n veelkleurige, wywende

korsmostuin omvou! Wonderwerke kom nie groter of beter as

dit nie!

In Engels word na korsmosse verwys as “lichens” en dus word die

benaming “ligeen” ook soms in Afrikaans gebruik. “Korsmos”

is egter so mooi en beskrywend dat dit definitief te verkies is. As

saamge stelde woord van “kors” en “mos” dui dit ook op die simbiotiese

tweeledigheid van die organisme. Korsmosse bestaan

in werklikheid uit twee lewende organismes wat in nou simbiose

saamleef. Die een komponent van die organisme is ‘n alg of bakterie

en die ander ‘n fungus wat natuurlik die Latynse naam vir ‘n

padda stoel is. Fungi kom egter in ‘n magdom van vorme en groottes

voor waarvan paddastoele meer net een verskynsel is. Nog alge,

nog fungi is streng gesproke plante en dus is korsmosse, alhoewel

hulle mag lyk na primitiewe plante, ook nie plante nie.

Korsmosse kom in baie vorme, groottes en kleure voor en groei

gewoonlik op een of ander organiese of anorganiese substraat

soos byvoorbeeld die blare of stamme van plante of dan dikwels

in die droër dele, op rotse. Hulle is van die mees geharde organismes

denkbaar en kan onder ekstreme omstandighede van koue

en hitte soos op die hoogste, koudste ber ge, insluitende op die

Suidpool en in die warmste en droogste woestyne, groei. In

die Karoo hoog-somer kan ‘n swart ysterklip, rooi bevlek met

korsmosse, onaanraakbaar warm word en tog oorleef hierdie

wonder-organismes. In die Namibwoestyn suid- en noord van die

Oranjerivier is daar sogenaamde korsmos-velde waar die see-mis

vanoor die koue Benguella-seestroom oor die land instoot en die

vogtigheid verskaf wat die organisme benodig vir oorlewing.

Waar korsmosse op ander lewende wesens groei, soos die blare of

stamme van plante of selfs die pels van die luidier (“sloth”) in die

Suid-Amerikaanse woude, is hulle nie parasities nie,

maar gebruik

bloot die “gasheer” as groei-substraat. Korsmosse se mag strukture ur


wat soos takkies of blare lyk maar dit is nie en is dus nie te vergelyk

met die van plante nie. Dit is dan ook in die veelvoud van hulle

kleure en die uniekheid van hulle struktuur, benewens die veelsydig -

heid en natuurlik hulle simbiotiese veel-spesie aard wat die uniekheid

van korsmosse lê. Daar is so ‘n magdom van ongewone en

interessante feite oor korsmosse dat dit nie moontlik is om in ‘n

kort artikel soos hierdie reg daaraan te laat geskied nie.

Maar hulle uniekheid is miskien grootliks te vind in die visuele impak

wat hulle maak in die landskappe, klein en groot, waar hulle

voorkom. Hierdie kort beskrywing word dus mildelik aangevul met

foto’s van klip- en rotslewende korsmosse in veral die Sukkulente

Karoo. Korsmosse het natuurlik name en meestal net wetenskaplike

be noemings. Interessant genoeg, word hulle benoem asof hulle

enkel-spesies orga nismes is wat natuurlik nie die geval is nie.

As jy weer êrens op ‘n Karookoppie is, of sommer net tussen enige

klippe in die Karoo rondstap, let gerus op die unieke en primitiewe

korsmosse sse wat oral die klippe in geel, rooi, oranje, groen, swart en

wit tooi soos geen kunstenaar met selfs die mees

eksotiese palet kan doen nie.

More magazines by this user
Similar magazines