31.10.2019 Views

Wildland Oktober 2019

• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BluHorizons 10X26

Die BluHorizons 10X26 is ‘n

splinternuwe produk uit die Steiner-stal.

Hulle vervaardig ook ‘n 8X22 model. Dit

is die eerste verkyker op die mark wat

by die intensiteit van sonlig aanpas, net

soos wat sekere donkerbrille doen. Hoe

skerper die sonlig, hoe minder lig word

deurgelaat vir die gebruiker se gerief.

Steiner maak ook daarop aanspraak

dat hierdie tegniek die weerkaatsing

van helder voorwerpe verminder en

terselfdertyd word beelde wat in skerp

sonlig ‘uitgewas’ lyk, meer realisties laat

voorkom.

Die BluHorizon verkykers is toegerus

met ‘dak prismas’ (Roof prisms) wat

die verkyker meer kompak maak. Dit

maak ook van ‘n dubbel skanier (double

hinge) gebruik wat verseker dat die

10X26 baie klein opgevou kan word

om selfs in jou hempsak te dra. Die

minimum fokusafstand is 3 meter en die

gesigsveld is 98 meter op 914 meter.

‘n Gerieflike waterdigte drasak wat om

jou nek gehang kan word of op jou belt

pas, word ook voorsien. Dit bied goeie

beskerming aan die BluHorizon terwyl

28 WILDLAND Oktober 2019

dit altyd byderhand is.

Daar is twee addisionele uitstaande

kenmerke van die BluHorizon. Eerstens

is die fokusring, wat op die agterkant

van die brug geplaas is, lekker breed.

Die oppervlakte is grof gemaak sodat

jou vinger dit maklik kan draai. Dit help

geweldig veral omdat die produk so

klein is. Die ander kenmerk, wat trouens

in alle Steiner verkykers voorkom, is

die rubberoogstukke wat so ontwerp is

dat dit langer aan die buitekant van die

oog is as aan die binnekant. Dit help

om sonlig, veral laat middag, wat teen

‘n hoek val, uit jou oë te hou. Ek moes

baie keer in die verlede my een hand

effens oor die oogstuk plaas om die

sonlig uit te hou. Met ‘n Steiner is dit nie

nodig nie.

Beide die huls en brug van die

BluHorizon is van aluminium

vervaardig wat bydra tot die liggewig

gevoel van die verkyker. Moet hom

nooit onderskat nie. Hy is beslis nie ‘n

liggewig as dit by ‘vêr kyk’ kom nie – hy

staan sy plek vol in die ‘swaargewig’

afdeling.

Slot

Ons het beide hierdie Steiner produkte

in die Kruger Wildtuin getoets en

dit was net ‘n plesier om na al die

wild te kyk. Van die kleinste veertjie

op die veelkleurige troupand tot die

modder op die buffel se horings kon

duidelik waargeneem word. Dit waarop

Steiner aanspraak maak naamlik, dat

die ligdeurlating van die BluHorizon

afgeskaal word in helder sonlig, werk

beslis. Dit is ‘n groot pluspunt om wild

beter waar te kan neem gedurende

die dag.

As jy ‘n voëlkyker of dierekyker is, is

die Wildlife 10X42 die regte keuse.

Indien jy ‘n jagter is sal die BluHorizon

10X jou ideaal pas. Dit kan maklik

opgevou word en in jou hempsak gedra

word. Indien jy beide van bogenoemde

aktiwiteite beoefen, soos ek, het jy

dalk ‘n probleem om ‘n keuse te maak.

Miskien is daar plek in jou jagsak vir

twee verkykers…

Vir meer inligting oor Steiner

produkte, kontak die invoerders Inyathi

Sporting Supplies op 012 808 9911 WL

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!