Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1
2
DEKAT
DEKAT
All rights reserved. All copyright for material published in DEKAT belongs to African Sky Publishing. No part of this
publication may be reproduced in any form without the permission of the publisher. The views and opinions expressed by
authors of the articles do not necessarily correspond with those of African Sky Publishing's representatives. DEKAT accepts
no responsibility for photographs taken without the permission of the subjects. This responsibility lies with the photographer.
The acceptance of promotional and other advertising material in DEKAT is not necessarily endorsed by African Sky
Publishing in respect of the goods or services described therein.
3
“WE’RE NOT HERE TO TRY.
WE’RE HERE TO DO.”
TOM BRADY, 7 TIME SUPER BOWL CHAMPION
IWC TOP GUN.
BIG PILOT’S WATCH TOP GUN EDITION
“MOJAVE DESERT”
When you’ve reached the top of your game and have nothing left to
prove, you can sit back and enjoy your success. Or you can tap into the spirit
that inspired it all and embark on an even greater challenge. And when
you do that, there’s no better companion than the IWC Big Pilot’s Watch,
the choice of individuals destined to make their mark.
5
BEDFORD CENTRE | MELROSE ARCH | SANDTON CITY
www.ejewels.co.za
Meer pols.
Meer glimlagte.
Meer hartspoed.
Meer van wat jy lief het. Die Cayenne GTS.
Om almaardeur ’n opwindender gedaante te verwerf, wil betowering eers ervaar. Wat presies die inspirasie vir die
Cayenne GTS is. Ontwerp is geslyp, ratsheid verfyn en sportiwiteit met selfs groter passie en presisie verhoog.
Met krag- en wringpieke van 338 kW (460 hp) en 620 Nm lewer GTS-modelle se dubbelturbo-4.0-liter-V8 ’n
aangrypende pad-ervaring vir soveel meer hoendervleis en maagvlinders.
Porsche-sentrum Johannesburg
Hoek van Witkoppen en
Wroxham Straat, Paulshof
Telefoon 011 540 5000
www.porschejohannesburg.com
Porsche-sentrum Kaapstad
Hoek van Century Avenue en
Summer Greens Drive, Century City
Telefoon 021 555 6800
www.porschecapetown.com
Porsche-sentrum Umhlanga
Meridian Drive 49, Umhlanga Ridge
Town Centre, Umhlanga Ridge
Telefoon 031 514 3000
www.porscheumhlanga.com
Porsche-sentrum Pretoria
452 Botterklapper Straat,
Vanaf Lynnwood Straat, Die Wilgers
Telefoon 012 816 7600
www.porschepretoria.com
Cayenne GTS: Gekombineerde brandstofverbruik: 13.3 l/100 km; Krag: 338 kW (460 hp); Wringkrag: 620 Nm; 0-100 km/h: 4.5 sekondes
9
REDAKTEURSBRIEF
Hier is ons weer met ’n luukse DEKAT om julle weg te voer en op te beur ná die ellendes van Covid en voortdurende beurtkrag wat genoeg is om enige mens
melankolies te stem. Ons bied ’n praguitgawe propvol artikels oor kuns, kos, kultuur, motors, mense, aktuele sake, ons diep stories op uit die verlede en gooi ’n
ander lig daarop – in kort – ons missie is om ons lesers te vermaak.
Dit was met groot hartseer dat ons van Johan Liebenberg afskeid geneem het. Hy is in Augustus 2021 oorlede en was vir baie jare ’n medewerker van DEKAT. Sy
artikels was altyd interessant, ongewoon en ’n plesier om te lees. Ons plaas twee artikels van hom postuum. Die eerste is oor Afrofuturisme, ’n genre wat ’n hele
reeks media en kunstenaars insluit wat ’n gedeelde belangstelling het om swart toekomste te visualiseer wat voortspruit uit ervarings van die Afrika-diaspora en die
kruispunt ontgin wat dit met kuns en tegnologie het. En die tweede handel oor die kanselleerkultuur waardeur sosiale media soos Facebook en Twitter ingespan
word om “oortreders” oor die kole te haal, maar dié openbaarmaking op sosiale media kan tot die einde van ’n loopbaan kan lei.
Op die kunsfront bring ons hulde aan die internasionaal gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaar, Mary Sibande, wat in Desember 2021 die jaarlikse Helgaard
Steyn-prys verower het. Haar beeldhou-installasie, In the midst of chaos there is opportunity, het haar dié eer besorg en Michèle Meyer het respek gaan betoon.
Keramiek en veral ateljee-keramiek is deesdae op die voorgrond en Wilhelm van Rensburg, senior kunsspesialis van Strauss & Co., gooi meer lig op dié tendens.
Dan het Gerard Scholtz vir Henk Serfontein gaan besoek om meer uit te vind oor sy Winterslaap, ’n reeks van 12 skilderye gebaseer op die gelyknamige gedig
van die slapende Wilma Stockenström. Marilza van den Berg besoek die kunstenaar Francois Tiran in Oudtshoorn en Liela Magnus vertel meer oor die fotograaf
Stella Olivier wat kunstenaars in hul ateljees besoek om die kreatiewe proses in wit en swart foto’s vas te lê. Ons doen ook verslag oor ’n nuwe rolprent oor die
landkunstenaar Strijdom van der Merwe, Sculpting This Earth, the New. En, in die beeldetuin van Dylan Lewis tussen die berge buite Stellenbosch het Gerard
Scholtz die gedagtewêreld van die kunstenaar ontdek.
Ons vereer twee uitsonderlike Afrikaanse vroue: Wilma Stockenström, skrywer, digter, akteur en Sheila Cussons wie se ryk lewe neerslag gevind het in haar werk
waarin lesers die intuïtiewe en waargeneemde wêrelde van haar bewuste en onbewuste kan meemaak. Marlene Malan en Adriaan Potgieter berig onderskeidelik.
De Wet Potgieter vlek die gevaar oop van die fanatiese fundamentalisme van Moslemekstremiste en probeer om al die historiese feite en die aanloop na die opbou
van ISIS op ons voorstoep chronologies uiteen te sit. Hy reken ons sit op ʼn tikkende tydbom.
DEKAT kry sy naam van die Kasteel in Kaapstad se De Kat-balkon, maar daar is heelparty misverstande oor dié stukkie argitektuur, Dan Sleigh het die waarheid
gaan oopkrap.
Ons het die soeklig op die Anglo-Boereoorlog vanuit ’n vars hoek geplaas met Charné Kruger wat die geweld en verkragting waaraan vroue tydens dié oorlog
onderwerp is, ondersoek, terwyl emeritus- senior professor aan die Universiteit van die Vrystaat Andries Raath die verheerliking van manlikheid en mans as byna
opperwesens in die Victoriaanse era bekyk en die uitwerking daarvan op die Britse houding teenoor vroue in die Anglo-Boereoorlog verduidelik.
’n Mens moet van die hoofpad afdraai na Barrydale. Dit het Marliza van den Berg gedoen en afgekom op die nuwe Karoo Art Hotel, wat onlangs weer
oopgemaak het en ook op die besonderse winkel van Gert van de Merwe en Jaco Janse van Renseburg.
Op die dekorfront het Renée Rautenbach Conradie ongewone meubels uit Franschhoek ontdek. Eietydse ontwerpe met ’n ernstige verskil in vorm, lyn en tekstuur,
’n refleksie van die moderne ontwerpmilieu van Suid-Afrika.
Nog ’n vrou wat DEKAT wil vereer, is Bella Niehaus van Duinhuis op die Langebaan-strandmeer. Sy het ’n ’n kookboekprys, die Gourmand-prys in die afdeling
onthaal, gewen en Elize Parker het met haar gaan gesels, maar Gerard Scholtz het ook ’n draai by Duinhuis gaan maak om deel te neem aan ‘n varkvleisfees
saam met bekende sjefs wat elkeen ’n gunsteling varkvleisgereg berei het wat oplaas ’n dramatiese, kleurryke en feestelike langtafel verhoogproduksie geword
het. Dan het Renée Rautenbach Conradie Pretoria se vooraanstaande restauranteur Forti Mazzone by sy nuutste eetplek ontmoet en gesels oor kos, wyn, kuns,
familie, opera en Italië.
Kos en kookkuns is hoog op DEKAT se agenda en daarom was ons baie opgewonde toe ons van Mustérion Craft Truffles gehoor het. Michèle Meyer het twee
uitsonderlike vroue gaan ontmoet wat truffels in Koedoespoort, Pretoria kweek.
En laastens maar nie die minste nie vertel ons julle meer oor enkele motors wat die paaie gaan platry. Egmont Sippel raak liries oor die vol-elektriese Audi e-tron GT
en vertel meer oor Toyota se hersiene RAV4-reeks wat twee E-Four-hibriedmodelle insluit. En Wicus Nienaber reken Mercedes-Benz se nuwe C Klas is ’n eersteklas
ryding.
Charleen Clarke ponders the future of cars as we know them and expounds the virtues of 2022’s Car of the Year en Women’s Car of the Year: the Toyota Corolla
Cross SUV.
Ons hoop jy geniet dié allegaartjie.
Groete
Elzilda
10
11
INHOUD
18 86
KUNS
18
LANK LEWE MARY
MICHÈLE MEYER
ONTWERP
78
ART AND EARTH
VICTOR VAN ASWEGEN
26
38
48
54
A TRIBUTE TO CLAY
WILHELM VAN RENSBURG
ONMEETLIKE SKOONHEID
IN VERVAL
GERARD SCHOLTZ
’N KUNSTENAARSPAD VOL
KLANK EN GESKIEDENIS
MARLIZA VAN DEN BERG
DEUR DIE OË VAN STELLA
LIELA MAGNUS
86
DYLAN LEWIS BEELDE
BERGE BEGRIPPE
GERARD SCHOLTZ
SKRYWERS
100
106
DIE ONVERGELYKLIKE
WILMA STOCKENSTRÖM
MARLENE MALAN
DIE WONDER VAN
WOORDE
ADRIAAN POTGIETER
12
120 166
HOOFARTIKELS
114
120
128
134
RADIKALE VERBEELDING
VAN AFROFUTURISME
JOHAN LIEBENBERG
ONDER DIE TEKEN VAN DIE
SEKELMAAN
DE WET POTGIETER
WAT IS IN ‘N NAAM
DAN SLEIGH
VERDOEMENDE
KANSELLEERKULTUUR
JOHAN LIEBENBERG
140
152
166
DIE VERSKRIKKING WAT
VERSWYG WORD
CHARNÉ KRUGER
ANDROGENITEIT, FEMINITEIT
EN BRITSE IMPERIALE SEKSUALITEIT
IN DIE LAAT VICTORIAANSE ERA
ANDRIES RAATH
WAAR DIE EINDE VAN DIE
WÊRELD BEGIN
FRANSI PHILLIPS
13
INHOUD
182 214
BON VIVANT
182
DIGKUNS UIT HOUT
MARTIE SWANEPOEL
246
DIE GROOT, GUL GASHEER
RENÉE RAUTENBACH CONRADIE
188
OOS, WES, TUIS BARRYDALE
MARLIZA VAN DEN BERG
251
ERRE
RENÉE RAUTENBACH CONRADIE
198
KAROO ART HOTEL HERLEEF
MARLIZA VAN DEN BERG
252
HEMELBROOD UIT
KOEDOESPOORT
MICHÈLE MEYER
206
KUNSTIG, BRUIKBAAR
EN GEMAKLIK
266
PROMOSIE
DIE ESSENSIE VAN TYD
RENÉE RAUTENBACH CONRADIE
214
FEESMAAL VAN DIE
KREATIEWES
270
DIE KOK IN DIE HUIS OP DIE
DUIN
GERARD SCHOLTZ
ELIZE PARKER
14
286 314
MOTORING
286
THE FUTURE OF MOTORING:
MORE QUESTIONS THAN ANSWERS
CHARLEEN CLARKE
308
ALL-NEW KIA SORENTO:
THE BENCHMARK LARGE SUV
CHARLEEN CLARKE
292
CROSS MY HEART!
CHARLEEN CLARKE
314
‘N SPIEKERIES NUWE KÊREL
WICUS NIENABER
300
RENAISSANCE-TUIG
EGMONT SIPPEL
322
VAN PRETBESIE TOT GESINSBUL
EGMONT SIPPEL
15
DIE FOTOGRAAF, MERWELENE VAN DER MERWE, ELZILDA BECKER, MAKER VAN EKSOTIESE MASKERS, ONTWERPERS CARINA LOUW EN NATASHA JAUME,
HAARSTILIS SAADIQUE RYKLIEF; JUWELIER ERIKA GROENEWALD; GRIMEERKUNSTENAAR LESLEY WHITBY EN KAREN ORZOL
16
17
KUNS
Lank lewe Mary
Die internasionaal gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaar,
Mary Sibande, het in Desember 2021 die jaarlikse
Helgaard Steyn-prys verower. Haar beeldhou-installasie,
In the midst of chaos there is opportunity, het dié kroon
besorg. MICHÈLE MEYER het respek gaan betoon.
18
*MET VERGUNNING VAN DIE SMAC GALLERY*, © MARY SIBANDE – THE LOCUS_2019
19
*MET VERGUNNING VAN DIE SMAC GALLERY*, © MARY SIBANDE – A TERRIBLE BEAUTY IS BORN (LONG LIVE THE DEAD QUEEN SERIES)_2013
20
21
*MET VERGUNNING VAN DIE SMAC GALLERY*, © MARY SIBANDE – CRY HAVOC_2014
22
Hierdie deel van Jozi is nie die fraiingkant nie. Oemfende minibusse en Uberbestuurders wat die
teerpad soos die palm van hul hand ken, reguleer die gedrang. Onder brûe is die graffiti kunswerke
en sypaadjies ruik na kos van Etiopië tot Mexiko. Ek probeer gladdejafel lyk op pad na die gebou
Arts on Main in Maboneng. Maar ek staan uit; die bleekste siel op die blok.
Mary Sibande se omvangryke teenwoordigheid vul die hoë, ligte ateljee. Ek gaan haar koninkryk
binne met twee rose uit my tuin, ’n nederige gif. Sy ruik behaaglik daaraan, die glasbotteltjie kry ’n
ereplek op haar werktafel. Neffens ’n lak-rooi skedel. Sy selfoonkiek die tablo. “ ’n Stillewe! Ek noem
dit Delight.” My dag is gemaak.
VAN WAAR, SIBANDE?
“Ek het al solo’s en groeptentoonstellings die wêreld oor gehad, maar alles het tog hier begin. Ek wil nou híér wees.
Boonop … ek moet sorg dat ek myself bewys … dis ’n geweldige voorreg om eerbetoon in Suid-Afrika te kon ontvang.
Ek dank die Helgaard Steyn-trust vir sy bedrae tot die herstel van historiese narratiewe en ondersteuning van die Suid-
Afrikaanse kultuurlandskap.” Wat opval, is die volkome afwesigheid van selfbeheptheid.
Sy lag. “Jy kan mos sien, ek máák goed, asof ’n tornado hier woed!” Ons gesels omring van beelde, rolle materiaal,
stapels fotografiese drukwerke en ’n naaldwerktafel met masjien en lapskêr. Grootse uitrustings wat Sibande bloot
“kledingstukke” noem, pryk aan relings. Agterlangs staan ’n idee-raam vol illustrasies, foto’s, stukkies lap en sinsnedes.
Die ruimte knetter van energie, die sentrifugale krag ongetwyfeld Sibande.
Mary Sibande is in 1982 in Barberton, Mpumalanga gebore. Haar pa, Aaron Sibande, het die jaar tevore by die
Suid-Afrikaanse weermag aangesluit. “Hy was selde tuis. Ons het vier foto’s van hom gehad – een daarvan in sy
weermaguniform. Ek sou neul tot my ma dit uithaal en ek onverpoos na die man in uniform kon staar. Ek kom uit ’n
lang geslagsregister van huiswerkers. My oumagroot, ouma en ma het almal brood verdien deur skrop en poleer …
nederige omstandighede. Die bekende Jock of the Bushveld-standbeeld was net buite die lokasie waar ons gewoon
het. Elke dag het ek afgekyk daarna, teen die lae rantjie. Ek het gewonder hoekom ’n standbeeld só staan dat dit die
oog afwaarts dwing.’n Standbeeld moet mens tog laat opkyk – monumentaal wees!”
Einste bewus wees van haar afwesige pa, geslagslyn se nering, asook die legendariese Jock eggo later essensieel
in Sibande se werk.
23
OP EN OP
“Ek was ’n eerstegenerasiestudent. Dit het my losgeknoop van die huishulpuniform, ek was gelukkig. Van jongs af was
ek gek na modeneigings, en het ampertjies gaan mode-ontwerp studeer.” In 2004 verwerf Sibande ’n diploma in
beeldende kunste aan die Witwatersrand Tegniese Kollege, en in 2007 haar honneursgraad in dieselfde vakgebied,
aan die Universiteit van Johannesburg. “Ek wou my voorliefde vir materiaal laat jel met deeglike kunskennis.”
Van Barberton met die afkyk-brak, volg talryke loopbaan-hoogtepunte. Sibande word vereer met verskeie internasionale
residensies, genootskappe en ampstermyne. Haar werk word wêreldwyd deel van groeps- en solotenstoonstellings
asook biënnales by meer as 23 instellings. Sy wen die Standard Bank Jong Kunstenaarsprys vir Visuele Kunste
(2013), die Universiteit van Johannesburg se Alumni Dignitas-prys (2014) en die Smithsonian National Museum of
African Arts-prys (2017).
KONSEP-KONINGIN
In haar ateljee skuif grense. “Materiaal fassineer my, die essensie van vesel. Dis waar mode en kuns vervleg: ek
probeer couturekuns maak, materiaal manipuleer.”
Sy pak niks lukraak aan nie. Daarvan getuig die geordende chaos in haar werkruimte. Haar grondgebied spreek
van simbiose tussen meters lap en naaimasjien, helder rooi mitiese beelde, dikwels elders deur fabriseerders gegiet
nadat Sibande die afgietvorms geskep het, sobere uniforms en flambojante uitrustings sy aan sy aan die relings. “Ek
eksperimenteer, oordink, doen navorsing, bevraagteken die geskiedenis. Van my idees marineer vir jare. Wanneer
die elemente werk, wéét ek wat moet gebeur.
“Ek werk altyd in ’n span, die konsep is myne, maar ek vertrou my span. Dan rol ons! Stikster, fabriseerders, fotograaf,
soms ’n regisseur om my te rig vanuit ’n eksterne hoek. Na voltooiing van die laaste element word die werk ’n intieme
vertoning. Dis dán wanneer ek (in die geval van fotografiese drukwerk) ’n fotograaf en regisseur se oog nodig het.
Dra ek self die uitrusting, het ek ’n regisseur nodig, dan kan ek akteur wees.
“My vennoot – sy verwys só na haar eggenoot, Lawrence – is ’n puik regisseur.”
SOPHIE HEERS
Die sentrale vrouefiguur in Sibande se installasies en fotografiese drukwerke, is Sophie, die kunstenaar se alter
ego. “Sophie word na my eie liggaamsbeeld afgegiet. Haar narratief verteenwoordig die drie geslagte huiswerkers
waaruit ek kom: Grootjie Sophie/Elsie, ouma Sophie/ Merica, en ma Sophie/Velucia. Ek durf nie hul storie opeis nie,
dis gekoppel aan ’n veel breër geskiedenis.
“Sophie se karakter is ’n versameling herinneringe en belewenisse. Haar oë is altyd geslote, soos iemand wat droom.
Sophie ontken haar omgewing, sy’s in haar eie wêreld … die waarnemer sien wat Sophie daar aanskou. Mense kan
raaksien wat hulle wil, dis dáár waar dialoog inkom. Dialoog kan slegs plaasvind by waarneming.”
In Suid-Afrika is verdrukking van veral vroue in die arbeidersmark maar te bekend. Sophie word in dié konteks
deurlopend outeur van ’n nuwe narratief. Met klemverskuiwing na standvastigheid en deursettingsvermoë, bevry sy
Sibande se voorsate, en vroue per se. “Sophie kon mettertyd haar kopdoek en voorskoot begin lostrek, laat gaan …
sy’t haar verlede gedekonstrueer.”
24
BLOU VAN ONTHOU
Die simboliek van kleur speel ’n sleutelrol in Sibande se oeuvre. “Met die eerste Sophie-uitstalling, in 2009, was die
installasie in ’n perdeskoenvormige ruimte. Grootouma Sophie was by die ingang, gevolg deur ouma en ma. Hul
beelde was in blou skakerings geklee. Blou, my kleindag onthou van huiswerkeruniforms, mynwerkeroorpakke en
kerkgroepe in blou geklee by byeenkomste. Blou, modekleur van geloof en arbeid. “Net verby die uitgang was die
vierde Sophie; ek, Mary. My soektog na ’n kleur om daardie Sophie se wegbreek uit die blou te vergestalt, was intens.
Navorsing het my gebring by purper, wat skrams onder mý Sophie-kledingstuk uitgesteek het. Purper simboliseer
kosbaarheid en was eens slegs deur koninklikes en kerkleiers gedra. “Ek kon vry kom van arbeider-blou omdat ek
kosbare geleenthede gehad het. Dáárdie Sophie se flerts purper het haar onderskei, ’n swart vrou wat in 1982
gebore is, met ’n lewe totaal verskillend van dié van albei haar ouers. Die blou reeks het ’n dagboek geword waaruit
die purper reeks progressief gevloei het.”
RASENDE ROOI
Elke paar jaar verander die tematiese kleur waarin sy werk. “Toe purper uitgeput was, was ek swaar swanger, plat in
die bed … so einde 2014. Ek was nog nooit meer uitgeput nie. My ervaring van die groeiende fetus binne my was dié
van ’n wese wat my van binne leeg gesuig het. Ek was intens emosioneel. Dae lank het ek gelê en televisienuus kyk,
toenemend bewus van Suid-Afrikaners se ontsettende woede. My fokus was emosie, veral die kollektiewe waarmee
ek gekonfronteer is. Ek het begin soek na visuele verteenwoordiging van emosie. Emosie het my studieveld geword;
toleransie teenoor intoleransie, geduld teenoor ongeduld, waagmoed, teleurstelling. Boaan die lys: woede. Enter the
hell-hounds!
“In die Nguni-taalgroep bestaan ’n sambreelterm vir uiterste woede, naamlik ‘rooi hond’. Dit impliseer dat iemand só
kwaad is dat die gelaat rooi word daarvan. Só het rooi ’n ketting geword waaraan ek die rasende woede van ons
samelewing kon koppel.” Sibande moes besluit op ’n hond, verteenwoordigend van die rooi hond. Dis daar waar
Jock toe terugspring uit haar geheue.
“Dit moes eenvoudig daardie Staffordshire Bull Terrier wees. Ek het begin ontwerp en só is die berugte bloedrooi
hell-hounds gebore.” Agter ons staan drie van die beelde, gegiet in hars. Allesbehalwe dierbare, mens-vriendelike
staffies. Hierdie ís die rooi gevaar.
BEKROONDE WERK
In the midst of chaos, there is opportunity is ’n transendensie van die Sophie-narratief. ’n Afgietsel van Sibande se eie
lyf beeld haar uit as ’n ruiter aangetrek in bloedrooi gevegsdrag. Sy word omring deur aggressiewe mitiese diere en
vroulike figure op speelperdjies wat herinner aan lewensgroot speelgoedsoldaatjies.
“Die vrouesoldate verwys na my pa, soos vergestalt deur my ma se stem. Hulle is ook tekenend van hoe swart gesinne
oor geslagte heen gefragmenteer is deur die myn- en vervaardigingsbedrywe. Só het vroue matriarge geword, die
sisteem het mans weggeraap. Hierdie ongeorganiseerde peloton allegoriese soldate simboliseer afwesige manlikheid
en die gepaardgaande chaos wat dit tot gevolg het.”
Ek dink hardop, hoe salig moet dit wees om die pryswenner van die Helgaard Steyn-trust te wees. Lank lewe Mary!
Mary Sibande skud haar kop. “Ek wil net genoeg wees, my kuns moet net genoeg wees. Ek het nóg stories om te
vertel, visueel. Solank ek getrou bly aan die bron. Aan Sophie, my Ware Noord.”
25