03.03.2013 Views

Inspirasie - Weebly

Inspirasie - Weebly

Inspirasie - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Inspirasie

INSPIRASIE INFO

Inspirasie word uitgegee deur Carstens Uitgewers

E-pos – info@carstensuitgewers.co.za

Webwerf: www.carstensuitgewers.co.za

Die menings wat in Inspirasie uitgespreek word, is nie noodwendig dié van die redaksie

of Carstens Uitgewers nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir onjuisthede nie,

alhoewel ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat die inhoud feitelik korrek is.

Alle regte voorbehou.

Laai die nuutste Inspirasie Uitgawe elke maand gratis af!

www.inspirasie.weebly.com

WENKE☺ VERHALE ☺ WEN!!! ☺ KOS

Onthou om gereeld in te gaan op Inspirasie se webwerf om te loer na die nuwe verhale,

blogs en gebeurtenisse by Carstens Uitgewers en Inspirasie. Sodoende sal jy op hoogte

gehou word van heerlike dames oggende, Inspirerende dinge en bekendstellings vir

nuwe boeke!

Ps. Onthou, elke fout wat u in hierdie Tydskrif mag vind is daar met ’n doel.

Daar is diegene wat altyd opsoek is na ’n ou foutjie. Soos ek sê ons wil graag

almal bedien en hulle daarom nie teleurstel nie

Inhoud

Uit die pen van die Redaktrise

Cansa deel met ons

Evan, jou vriendin in Jesus

Hulle weet nie wat hulle vir my beteken nie

Haantjie kraai op ’n ander se werf

Ode vir Pa

In gesprek met: ’n Man in diens van God

Sag oppie tong

Kinderhoekie: Visvang saam met Pappa

Ontmoet vir Brokkel en Bam-Bam

Die Pappa

Tracy-Lee’s Arts & Craft

Adrenalien jagters

Wie is Pappa

Tiener dinge

Leef jou droom

’n Man, n man, oh ’n net ’n man

Die ontstaan van Vadersdag

Plekke om te besoek – Annex Kloof

Vadersdag kompetisie

Tuinmannewales.

Men, Rose-Petals & True Balance

Velsorg vir mans

Die man in my lewe

’n Tikkie Inspirasie

Uit die pen van die Redaktrise

Sjoe dit is ’n eerste. ’n Inspirasie propvol manne goeters, maar ja hulle moet ook ’n beurt

kry. My lewe is vol van manne. Daar is my man, my drie seuns en ’n pragtige kleinseun.

My pa het ek ongelukkig so 9 jaar terug aan die dood afgestaan. Ek mis hom baie, maar

soos baie ander dinge is daar ook nie keer aan die dood nie.

Gelukkig is ek in die posisie om handige mans in my lewe te hê. Hulle

hande staan vir niks verkeerd nie. Van ’n motor se binneste tot sy

buitenste kan hulle reg toor. In die tuin, oral, plaas maar net ’n stuk

gereedskap in hulle hande en hulle raak doenig. So was my pa ook.

Dan is daardie ander dinge waarvan hulle hou. My man hou van

hengel, die oudste seun gaan graag uit om snoek te vang. Die middel een is lief vir vinnige

motorfietse en die jongste vir vinnige motors My kleinseun word Juliemaand 4. Hy drentel

oral agter sy oupa aan en is net besig om kind te wees.

Dit is oor al hierdie dinge wat ’n man sy Vadersdag verdien. Alle mans is nie die doen dit

jouself mens nie, maar waar my mans so is, is ander weer uitblinkers op sportterrein,

agter die stoof en vele ander. So waar jou man se forté ook al lê ek hoop jy bederf hom

lekker hierdie Vadersdag en moenie vergeet om ons Vader in die hemel te dank vir die

man of mans in jou lewe nie.

Aan elke Vader in ons land en ja ook hulle wat Vadersdag alleen moes deurbring. Ek wens

julle net die beste toe,

Dan het ons ook ’n dubbeldosis vir ons kleinspan. Hierdie maand ontmoet ons vir Brokkel

en Bam-Bam. ’n Moet vir elke kleuter. Ook maak ons kennis met Tracy-Lee van

Manchester in Verenigde Koninkryk. Sy gaan ons leer om die mooiste en kunstige goedjies

te maak. Cansa maak ook ’n draai om ons in te lig oor mans gesondheids maand.

Lees ook die rubriek van Daleen Venter Leef jou droom “My pa is ’n monster.” Mog ’n

eerste vir die Inspirasie is die tiener skrywer Dreyer Rall wat by die skrywer span

aangesluit het. Hy skryf oor Tiener dinge.

Inspirasie groete

Tot volgende keer.

Elsabe

Dit is Junie en Julie mans gesondheids maande by KANSA. Om vas te stel of daar enige

abnormaliteite is, moet mans 'n PSA ( prostaat spesifieke antigene) toets laat doen.

Indien hulle dit by 'n dokter laat doen, moet hulle 'n konsultasie fooi en die ontleding van

die bloede betaal. Ons onderhandel met ons plaaslike dokters om die bloed gratis te trek

en met Path Care om die ontleding van die bloede teen R80.00 te doen. Mans kan

tydens Junie en Julie 'n afspraak by enige van ons plaaslike dokters maak vir 'n PSA toets.

Dit sal slegs R80.00 kos. Dus 'n groot besparing. Vir enige navrae i.v.m. die PSA toetse

kontak Hester Smit by 022 482-1111.

TESTIKULÊRE KANKER

Het jy geweet?

Testikulêre kanker is die algemeenste kanker by jong manne!

V: Wat is testikulêre kanker?

A: Dit is 'n kwaadaardige gewas in een of beide testes.

V: Hoe gereeld kom testikulêre kanker voor?

A: Dit is die mees algemene kanker wat by jong manne voorkom tussen ouderdom 15 en

39.

V: Wat is die risiko faktore van testikulêre kanker?

• Babas met onafgedaalde testes – die risiko bly dieselfde ongeag

chirurgiese herstel

• Mediese toestande wat tydens kinderjare aanwesig is, soos liesbreuke, “

kalbassies” na pampoentjies en testikulêre torsie

• Aangebore abnormaliteite van die testes, penis of niere

• 'n Familiegeskiedenis van testikulêre kanker

• 'n Vasektomie verhoog nie die risiko nie

V: Wat is die simptome van testikulêre kanker?

A: Die onderstaande simptome kan 'n indikasie van testikulêre kanker wees, maar kan

ook deur ander toestande veroorsaak word. Dit is belangrik om 'n dokter te spreek om

die oorsaak van enige van hierdie simptome te bepaal:

• 'n Pynlose swelsel of knop in een van die testes

• Pyn of swaar gevoel in die testis

• Liespyn, lae rugpyn of buikpyn

V: Is vroeë diagnose belangrik?

A Ja,. Indien vroeg gediagnoseer, kan testikulêre kanker effektief behandel word.

V: Hoe word testikulêre kanker behandel?

A: Die presiese behandeling sal afhang van die soort testikulêre kanker en hoe vêr

gevorder dit is. Dit is belangrik om te onthou dat die verlies van 'n testis nie 'n man se

vermoë om 'n ereksie te hê, of om kinders te verwek beïnvloed nie. 'n Prostetiese testis

kan in die skrotum geplaas word vir 'n normale voorkoms.

KANSA moedig mans aan om elke maand 10 minute te spandeer om hul testes te

ondersoek en sodoende in hul gesondheid te belê.

Vir meer besonderhede oor mans kankers besoek

www.cansa.org.za of skakel KANSA tolvry by 00800 22 66 22

God het ’n besonderse manier om mense te kies om sy Woord uit te dra of om te getuig.

As ’n mens in ons menslike manier moes dink sou ons gedink

het Jesus moes net die beste edelmanne, rykes, sterkstes, leiers,

ens. gekies het om mee te assosieer, want Hy was ten minste die

Seun van die Allerhoogste, maar nee nie hierdie Man nie. Hy

het ’n anderse manier gehad van dink. As hy soos die menslike

brein moes dink, dink net hoeveel mense sou nie die voorreg

gehad het om Hom te ken nie.

As ons kyk na die twaalf manne wat Hy gekies het om in sy

diens te staan sou ons ons neuse kon optrek van afkeur. Hoe

kan hy as edelman, Koningskind, Hom met die laer klas van mens bemoei, maar

gelukkig het stand nog nooit saak gemaak by ons Here nie. Kom ons vat hulle so op die

ry af. Simon Petrus was voortvarend, maar ’n kragtige prediker. Jakobus was

ambisieus, lief om te oordeel, kort van draad, maar baie getrou aan Jesus. Johannes was

ook baie ambisieus en veroordelend, maar tog lieftallig. Andreas het graag mense na

Jesus toe gebring. Filippus, ai hy was ook maar baie heethoofdig, het alles betwyfel en

Jesus bevraagteken. Bartholomeus hy was ’n eerlike outjie en baie reguit. Wat van

Mattheus wat deur so baie mense gehaat is, maar tog was hy baie vertrouenswaardig.

Ou ongelowige Thomas, maar tog ’n dapper ou. Moenie vir Judas vergeet nie, die

verraaier en so kan ons voortgaan. Elkeen van die manne is deur Jesus met die hand

uitgekies, want Hy kon sien wat in hulle steek. Hy het nie mense op hul uiterlike

getakseer nie, nee Hy het dieper gekyk as dit. Hy het hulle potensiaal raakgesien. Hulle

was gewone ouens met baie foute, maar Jesus het oor daardie foute gekyk.

’n Ander voorbeeld en ek dink die grootste, was Paulus. Voorheen genoem Saulus. Hy

was ’n wrede ou. Hy het mense vervolg wie, luister nou mooi, Jesus gevolg het. Wat het

Jesus met hom gemaak. Hom met blindheid beslaan terwyl

hy op pad was om mense te gaan vervolg en ja selfs met die

dood. Jesus het hom vir drie dae gefolter, geestelik en hom

tot oorgawe gedwing en waar het ons ’n groter prediker as

Paulus gekry.

’n Ander een was Dawid. Hy het ’n man na sy dood gestuur

omdat hy die man se vrou begeer het en God het Dawid ’n

man so na sy hart genoem. Hiermee wil ek nie sê dit is reg

om ’n ander man se vrou te begeer nie. Ek wil vir jou sê

indien jy dit wel gedoen het en berou daaroor het, sal God

jou vergewe en jou aanvaar en jy daarna die verkeerde sal vermy. Noag het hom

vergryp aan die wingerdstok, Saggeüs was kort en moes in ’n vyeboom klim, en tog

het Jesus vir hom gesê: “Saggeüs, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis

gaan.” Luk. 19:5Moses het gestotter en ons almal weet wat het Moses bereik. Wat ek

eintlik wil sê is dat maak nie saak hoe groot jou te kort

kominge is nie God is lief vir jou en hy wag om jou dit te

laat insien. Hy is net ’n gebed vêr.

Kom ons beweeg ’n bietjie weg van die Bybel en kyk so

bietjie na die wêreld hier buite. In die film Bruce

Almighty gebeur die snaakse ding van die ou wat gedink

het hy is so goed dat hy selfs God se werk kon doen en

God gee hom die kans om te doen. Nodeloos om te sê:

Hy het ’n groot gemors daarvan gemaak, maar tog in sy

“ek weet alles en ken alles wêreld van selfvoldaanheid”

het die Here hom ’n les geleer wat hy nooit in sy lewe

sou vergeet nie, maar teen die einde aan die einde van sy kragte val hy op sy knieë neer

en roep: “ God, thy will be done. I’ll surrender.” Die mooiste woorde ooit!

So manne daarbuite, as julle enigsins twyfel of julle sondes of foute te groot en hewig is

en dat jy nie aanvaarbaar sal wees in die oë van die Here nie, dink weer. Jesus oordeel

nie, Hy vergewe en al skuur Hy jou hart en wese tot dit voel of jy rou is, heel Hy jou met

die salf van sy vergifnis en aanvaarding wanneer jy die dag op jou knieë gaan en erken

dat God jou Redder is en ook vir jou sondes aan die kruis gesterf het en jy jou met alle

oorgawe aan die Here se genade sal oorlaat met die woorde “Jesus ek gee oor. Doen

slegs u wil Heer U wil met my.” Dan my liewe vriend gaan jy weet Jesus het jou lank

tevore met sy eie hand gekies.

Hulle weet nie wat hulle vir my beteken nie.

Dagsê aan almal. Sjoe maar dis koud. Dit lyk vir my asof ons die jaar ‘n koue Vadersdag

gaan hê. Persoonlik dink ek dat dit nie net vaders en pa’s is wat die dag moet geniet nie.

Ek dink aan elke manlike person wat iets in jou

lewe beteken en mening aan jou lewe gee. Mense

soos broers en vriende wat altyd, maar altyd daar

vir jou is en wat jou enige tyd van die dag of nag

sal help. Ek is gelukkig genoeg om sulke mense in

my eie lewe te hê en wat hulle vir my doen en

beteken kan nie regtig goed genoeg in woorde

beskryf word nie

Hulle staan altyd reg om my by te staan met hulp

of leiding en waarskuwings meestal is dit ook een

van hulle wat nie huiwer om my reg te ruk en

hard op my te wees nie, want elkeen van ons

dwaal tog ook soms van die pad en dan waardeer

ons dit as iemand na aan jou die moed het om jou weer reg te help. Baie keer hou ons nie

van wat ons hoor of wat gesê word nie en dan dink ons die ander persoon is verkeerd.

Wanneer ons dan gaan sit en na dink oor als sien ons dan in dat ons verkeerd was en hulle

reg. Op sulke tye waardeer mens dan die manlike persoon wat jou so netjies op jou plek

gesit het.

Ek persoonlik dink ook nou aan my broer en ‘n paar vriende wat nie sal huiwer om my

vining en netjies op my plek te sit nie. Wat hulle alles vir my doen en beteken sal ek ewig

dankbaar voor wees. Ook hoop ek dat ek hulle voorbeeld sal kan volg en hulle sal kan help

en vir hulle kan beteken wat hulle vir my beteken. Baie keer is dit ook een van hulle wat

my laat glimlag of laat lag wanneer ek ‘n moeilike dag het of gehad het. Sonder hulle sou

my lewe leeg en betekenloos gewees het en sou ek nooit dieselfde gewees het nie.

So vir al my vriende en my broer en vir die wat vir my soos ‘n pa is wil ek baie dankie ê.

Julle weet presies wie julle is. Ek hoef julle nie by name te noem nie, maar julle weet. Aan

elkeen wat so iemand in sy of haar lewe het waardeer hulle ten volle en gee hulle

erkenning daarvoor. Onthou die lewe is kort en kosbaar. Waardeer hulle, want hulle is

more miskien nie meer by ons nie .Enige iets kan gebeur. Al maak die ouens jou kwaad en

al voel dit of hulle jou baie keer teen die mure kan uitdryf, waardeer hulle opreg.

Wel hier sluit ek vir eers af.

Geniet Vadersdag en ook die res van die yskoue winter .Bly veilig en pas julself op.

Vriendelike groete

Ryno Herbert

: Haantjie kraai op ‘n ander se werf.

Geen hoender haantjie se vere het hier gewaai nie. Net een van my verbeeldingsvlugte.

Dit is 16h30 Vrydagmiddag. Ek slaak ‘n sug van verligting terwyl ek my kantoordeur agter

my toe klik. Dit is my naweek af en ek sien baie uit na ‘n rustige naweek by die huis. Van

stilte, rus en vrede. Ek doen gou eers by ‘n paar winkels

aan om die nodige te kry en vat dan die pad na my klein

Mykonos styl huisie aan die onderpunt van die

doodloopstraat net betyds om die bure te sien vertrek

met al hul kampeertoerusting gepak op die dak rooster

van hulle 4x4 aangedrewe Jeep. My beker loop oor. Ek

kan die stilte proe. Ek parkeer my klein sportmotortjie

onder die veranda langs die huis en met my aankope

huppel ek na my voordeur.. Ek stap my huisie binne en

kyk rond. Ek is trots op wat ek sien. Hard gewerk

hiervoor en nou kan ek dit met genoegdoening geniet,

Nadat ek vir my ‘n ligte slaaitjie aanmekaar geslaan het

stap ek met ‘n glasie wit wyn na my sitkamer toe en vlei

my voor my televisie op my wol mat neer tot ek moeg

gekyk is en opstaan om in ‘n heerlike skuimbad te gaan ontspan en dan gaan kennis maak

met my wagtende bed en slaap tot die son my wakker maak.

Ek skrik wakker van ‘n vreeslike lawaai reg onder my kamervenster. Daar is dit weer.

Kokkeldoedeldooooooh. My oog vang die wekker op my bedkassie. 05.00. Dit is nog

donker buite. Kokkeldoedeldoooooh raas die vervlakste ding weer hier buite en skielik

tref dit my. My nagmerrie. Die bure se kapokhaantjie wat al weer koning kraai hier op my

werf. In al my opgewondenheid oor my lekker naweek het ek skoon vergeet van Haantjie,

wat al ‘n geruime tyd my lewe versuur. Die geklaery het nog altyd om dowe ore geval. Ek

vlieg uit die bed uit en nael op die deur af en gaan na buite met die tuinpaadjie af om die

dierasie te verwilder, maar in my haastigheid het ek skoon vergeet om my pantoffels aan

te trek en trap reg in die slagyster in die middel van my tuinpaadjie. Dit peul warm deur

my tone en ek los ‘n gil wat my misnoeë duidelik laat hoor. Ek gryp na van die klippies wat

in my tuinpaadjie lê en peper die verestoffer onder klippe en hy verdwyn die werf uit. Ek

is nou helder wakker en boos. Vreeslik boos. ‘n Koppie

boeretroos kon my nie tot bedaring bring nie. Wraak

gedagtes stoom deur my woedende gemoed en besluit om

maar eers die bewyse van my hoender jag tussen my tone te

gaan was.

Die res van die dag verloop heel rustig, dat ek skoon vergeet

van my onderonsie met hoender se kind tot ek teen 16h00

weer wreed ontnugter word. Ek staan met hartseer en

verslaenheid en staar na wat eens my prag groente tuintjie

was. Wortels lê oopgekrap. My aartappel stoele platgetrap en my pietersielie plantjies lyk

soos ‘n muisnes en my tamaties lyk gehawend. Ek volg die verwoesting en vind die

onomstootlike bewys van die hoenderpoot. My humeur stoot met 100grade op. Ek sien

sterretjies terwyl ek huis toe loop met smeulende wraakgedagtes om my groentemandjie

te gaan haal om te red wat te redde is. ’n Klompie wortels

en baba aartappels kry plek in die mandjie, ‘n bossie

pietersielie en drie tamaties vind ook ‘n plekkie. Ek hark

my tuintjie weer mooi sodat dit weer respektabel kan lyk.

Later daardie aand sit ek met ‘n glimlag op my gesig terwyl

kapokhaantjie weer heerlik op my werf staan en kraai en

ek, ek weet wat ek weet.

Dit is donker. ‘n Gekromde gestalte glip deur die gat in die

heining met ‘n sak in die hand….. Die son skyn heerlik deur

my kamervenster en ek rek my uit. ‘n Heerlike nagrus my belonging.

Dit is 12.30 Sondagmiddag en ek sit aan by my kombuis tafeltjie vir ‘n heerlike maal. Die

geur van pietersielie-aartappeltjies, soet vla wortels, tamatieslaai en potgebraaide ...........

hang in die kombuis.

Jacques: 39, elektrisiën

Sommer net vir interessantheid

Volgens hom moet ’n vrou iets om die lyf hê. Hy hou nie van ’n meisie wat te maer is nie.

Ook nie blond nie. Daaroor is hy baie pertinent. Verder moet sy beslis vir hom ’n maat kan

wees.

Schalk: 29,

Hy het net een vereiste. Vir hom is enige vrou ’n mooi vrou as sy goed versorgde tande

het.

Ode vir Pa

Matt. 6:9. Ons Vader wat in die hemel is.

Vadersdag.

Vandag is Vadersdag en ek het nie meer 'n vader vir wie ek 'n

gelukkige Vadersdag kan toewens nie. Ek het my vader so

agt jaar terug as gevolg van beroerte verloor. Nou kan ek net

blomme op sy graf gaan sit. My hart is seer en ek verlang.

My grootste vrees was altyd hoe ek dit sou hanteer as ek

iemand in my familie aan die dood sou moes afstaan en die

blote gedagte daaraan laat my sidder en toe gebeur dit - my pa. Gelukkig het ek nog 'n

Vader ontdek nie te lank voor my pa se dood nie en in my vrees en in my hartseer het

hierdie Vader my gedra. Ek kon berus in die wete dat hierdie Vader wat my so getrou

gedra het nou na my oorlede pa omsien.

Die wete dat God, ons Vader, so liefdevol en geduldig is gee my die gemoedsrus dat my

pa veilig is. Daarom wil ek vandag my aardse vader 'n gelukkige Vadersdag toewens daar

by die grootste Vader van almal.

Om met 'n man soos Pa getroud te wees.

Spr. 6:20. Hou vas aan wat jou Vader jou voorskryf.

Tydens ons weeklikse Bybelstudie kom daar 'n gesprek oor die

statistieke getal oor hoeveel vrouens met 'n man soos pa getroud

wil wees. 90% wil nie met iemand soos hul pa getroud wees nie.

Bekommernis waardig is dit nie. Is pa's dan so aaklig.Net daar

besef ek dat ek onder die tien persent val wat graag met 'n man

soos my pa getroud sou wou wees, ten spyte van die feit dat my

pa nie 'n "drukkie" pa was nie, 'n raad vra-pa was nie of 'n aandag gee pa nie, maar hy was

'n goeie pa, 'n vlytige pa, 'n standvastige pa. Streng en befoeterd, maar nie 'n afskeep pa

nie.

Ek is baie lief vir my man en hy doen weer die dinge wat my pa nie gedoen het nie. By

hom kan ons raad soek en teen hom nestel. Twee jaar na my pa se dood besef ek eers ek

het my pa geëer en respekteer. Dankie pappa dat u my geleer het om standvastig te wees

en geleer het om te werk vir dit wat ek wil hê en Heer, dankie dat U geweet het dat my pa

die beste by my sou pas.

In Gespek met: ’n Man in diens van God

Pastoor Piet Smit AGS Corpus Christi Malmesbury

Beskryf vir ons ’n tipiese dag in Piet Smit se lewe.

My dag begin om 03:30. Ek bid en lees ‘n stukkie Bybel, want Jesus moet altyd eerste wees

in my lewe. En dan van 04:00 is ek besig om te draf en te bid. Ek het geleer om wanneer ek

oefen ook te bid. Ek het van my mooiste openbaringe tydens drafsessie gekry.

Om 06:00 is ek reeds in die kerkkantoor en stuur die Epos Inval Gedagte van die dag uit.

Vele mense ontvang elke weeksdag ‘n boodskap van inspirasie van ons. Daar is selfs ‘n

Engelse vertaling van die boodskap wat na die buiteland gaan. Ek plaas ook die boodskap

op Facebook en op my persoonlike Facebook blad probeer ek ‘n geestelike gesprek aan die

gang kry.

Ek bid en lees in die kerk tot so 07:30. Dan eet ek vinnig en is teug in die Woord sodat ek

09:00 in die kerkkantoor is vir amptelik ure. Dan is ek daar en doen die nodige

administrasie en korrespondensie en berading selfs d.m.v. die internet. Die namiddag

gebruik ek gewoonlik om boodskappies te skryf. Die aand doen ek huisbesoeke tot so

21:00. Dan kom ek huis toe en lees nog Bybel en bid en probeer so by 22:30 in die bed

kom. Vrydagaande is gesinsaand en spandeer ek met my vrou.

Hoe skei u u bediening en persoonlike lewe van mekaar?

Daar is nie regtig ‘n skeiding nie. Alles wat ek doen, is vir die Here en staan dus eintlik in

Sy diens. Dis soos ons lees in 1 Kor. 10:31 – “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen

alles tot verheerliking van God.”

Wat doen julle as gesin saam wanneer u amptelike ure verby is?

Ek draf en sing en speel kitaar en spandeer tyd met my vrou of res van die gesin wat kom

kuier. Ek was ‘n houtwerk onderwyser en is steeds lief vir houtwerk en het op ‘n stadium

hout skryfpenne uitgedraai, maar nou het dit eers gestop.

Wil u, u gesin aan ons bekendstel.

My vrou Susan is oorspronklik van Malmesbury en haar ouers het al die jare die Kwekery

gehad. Johanna, my oudste dogter, is getroud met Donovan Kleinhans en woon ook nou in

Malmesbury. Dan is daar Ester, getroud met Dirk Havenga van Swellendam. My seun

Petrus is ‘n Down Sindroom en is in Sunfield te Wellington. My jongste is Tabita, getroud

met Hendrik Havenga in Somerset Wes. Ek het ook al twee kleinseuns Ethan en Francois.

Vertel ons ’n bietjie van u agtergrond. Waar u grootgeword het en so meer.

Ek kom van die plaas Coenradenberg naby Hopefield. Die Smitte boer al daar vanaf 1749.

Ek is die 8ste geslag Smit op die plaas. My broer se seun is die 9de op die plaas en hy het

ook al ‘n seun wat die 10de is. Sovêr ek kon vasstel, is dit die langste wat ‘n plaas aan een

geslag behoort in S.A.

U het ’n ongelooflike aanvoeling vir musiek en het alreeds twee CD’s laat

verskyn. Vertel ons bietjie meer daarvan. (Ek neem aan dit was in

samewerking met die gemeente)

Ek het myself leer speel en in wêreldse orkeste gespeel. Ja ,ek is baie lief vir mooi musiek.

D.w.s. ‘n mooi melodie, met mooi woorde en ‘n mooi ritme. Iets wat nie aan daardie

kriteria voldoen nie, beskou ek nie as musiek nie.

Ons kerk se akoestiek moet verbeter word en gevolglik het ons ‘n eerste gospel cd (Dankie

Vir Ons Aanbidding sentrum) en daarna nog een opgeneem (Iets Beter). Deur die Here se

genade het ek ‘n groot aandeel aan die skryf daarvan gehad.

Deel u gesin u liefde vir sport en sang?

My drie dogters is ook musikaal en sing. My jongste dogter, Tabita, speel in ‘n Gospel

orkes en tree gereeld op. My tweede dogter, Ester draf saam met my as hulle die slag kom

kuier en dan is dit baie spesiaal.

Daar is ’n kinder orkes. Het hulle al gehoor en hulle klink ongelooflik. Wie rig hulle af?

Ons Gospel Musiekskool het goed gedoen deur die jare. Dis maar kinders wat die lede van

ons kerk orkes hier by die kerk op ‘n Vrydag namiddag leer speel en ons

tree gereeld op by die jaarlikse Kersliggie Mark van Malmesbury.

U is ’n baie sportiewe mens en neem gereeld deel aan padwedlope en het al

nege keer die Kasteel berg geklim. Waar in u besige skedule kry u nog tyd

hiervoor?

Dis deel van my Christenskap en kerk aktiwiteite en ek probeer alle mense motiveer om ‘n

gesonde balans te handhaaf deur te besef dat ons nie net gees is nie maar dat ons ook ‘n

liggaam het en anders om.

Wanneer u die berg so uitklim, laat dit u ooit dink aan hoe Moses

gevoel het toe hy die Sinai-gebergte moes uit na God toe?

Die bergklim ervaring is elke keer iets onbeskryflik wonderlik! Die

skoon lug, ongerepte natuurskoon en afsondering, leen hom

daartoe dat jou gedagtes net beter op die Here kan konsentreer.

Dis vir my by uitstek ‘n geestelike ervaring met die Here, benewens die liggaamlike

oefening. Ek bid terwyl ek klim en wanneer daar ‘n rus kansie aanbreek, bid ons as groep

oor die Swartland en sy mense. Met die roete van Goedgedacht, is daar bo-op die kruin ‘n

altaar, waar ons elke keer ‘n paar klippe by pak en elke klip verteenwoordig ‘n versoek tot

die Here.

Het u van die begin af geweet u wou in die diens van die Here staan?

My ma het met my geboorte ‘n belofte aan die Here gemaak dat indien dit ‘n seun is, sy

hom aan die Here sou wy. Dit het alles waar geword.

Pastoor het ook al boeke geskryf. Vertel bietjie meer.

Deur die Here se genade het ek drie boekies geskryf:

o Die Waarheid Maak Seer Of Vry

o Bou Jou Huis Op Die rots

o Lewenslesse

Ek sou graag nog wou uitgee, maar die koste is die groot faktor wat mens beperk. Maar

nou d.m.v. die internet stuur ek elke dag ‘n boodskap sonder noemenswaardige koste aan

vele in ons land. So, eintlik is dit meer effektief. Enig een kan dit gratis ontvang. Vra vir jou

gratis boodskap deur jou skrywe te rig aan corpuschristi@cybersmart.co.za

U was ook al by die Radio-wese betrokke. Radio Namakwaland as ek reg onthou.

Ek het vele boodskappe gepreek op Radio Namakwaland toe ons nog in Vredendal was en

ek verneem dat hulle nog steeds van die boodskappe van tyd tot tyd herhaal. Ek het ook ‘n

hele paar boeke voorgelees en ‘n jeug program gedoen en dan ook op die Direksie gedien.

Tans is ek baie bevoorreg om saam met ander predikers die Siel gedagte op RSG te kan

bedien.

Wat sal u nog graag in die lewe wil bereik of sien waar word.

Ek wens dat ons kerkdienste wyer kon uitkring en dat meer mense daaraan kon deel kry.

Miskien droom ek te groot, maar as ons op televisie kon gaan, sal ‘n groot ideaal van my

verwesenlik word.

En dan moet ‘n mens nooit so groot in jouself word dat jy meen jy nie kan struikel nie.

Gevolglik my begeerte: As ek maar net hierdie pas kan volhou tot die einde toe!

’n Paar vragies weg van u beroep af. U gunsteling eetplek, gunsteling kos, musiek voorkeur en

leesstof.

Barry’s Beef And Barrel in Malmesbury bly vir my die beste eetplek.

Niks kom by ‘n kerrie skaapafval met al die bykosse daarby nie.

Gospel is my gunsteling musiek en die mooiste stem is die van Oscar

Erensperger.

Die Bybel bly nog steeds my gunsteling boek. Ek lees byna nie meer

ander boeke nie.

As u vyf mense kon nooi vir ete wie sal dit wees en waaroor sou u met hulle wou gesels.

1. Moses: Ek sou hom graag wou vra na sy ervaring om droogvoets deur die Rooi See

te trek

2. Dawid: Hoe het dit gevoel om met die reus Goliat kragte te

meet

3. Petrus: Ek sou eerstehands wou hoor hoe het dit gevoel om op

die golwe van die see te loop’

4. Johannes: Hy het mos op die bors van Jesus gelê; ek sou graag

wou weet wat het hy beleef

5. Paulus: Ek sou hom wou uitvra oor sy insigte en kennis oor die eind tye.

U gunsteling spreekwoord.

Ek het vele. Die meeste is maar Skrif waarhede. As mense my vra hoe gaan dit? Dan

antwoord ek dikwels:

o “Sterk en onbeperk ... in Christus! (Sien Fil. 4:13)

o “Sterk in Jesus krag, buite duiwels mag, onder Sy gesag!”

As u een besonderse gebeurtenis kon uitsonder en ek is seker daar is baie, wat sal dit wees.

Die dag toe ek my hart vir die Here Jesus gegee het, 1 Mei 1977. Daar sonder is ek verlore

en sou niks van die ander dinge tot stand kon kom nie.

’n Boodskap aan die wêreld daar buite.

Kom na Jesus! Al jou sonde skeld Hy kwyt en daaroor is jy tog nooit spyt!

Klop, klop, klop...

Klop, klop, klop...

Welkom, tag maar julle is vroeg hierdie maand om te kom kuier!

Stap deur vrinne, ons beweeg sommer reguit kombuis toe. Ek het rooibostee op die stoof

so as julle solank by die kombuistafel stelling inneem, kry ek ons bekers reg want koppies

is darem te klein vir ‘n lekker rooibosteetjie... J

Nadat julle laat weet het dat julle die resepte en foto’s wil kom haal het ek begin wonder

wat ons hierdie maand vir die Inspirasie-lesers gaan voorsit. Die ekonomie is nog nie na

wense nie wat beteken dat ons nie genoeg geldjies in die sak het vir die duurder lekkernye

nie. Ek het dus gedink dat meneer en mevrou hoender maar hierdie maand verby moet

kom met die kos wat ons gaan voorsit. Skink julle sommer self van die tee terwyl ek die

stoof aan die gang kry...

Kerriehoender met klappermelk:

Bestanddele:

8 x stukkies hoender (mooi skoon gemaak)

5 x aartappels (blokkies gesny)

1 x koppie macaroni

4 x wortels (plat skywe gesny)

3 x tamaties (in blokkies gesny)

1 x blikkie klappermelk

3 lourier blare

1 x eetlepel kerrie pasta (Packo het ‘n goeie produk in ‘n

glas potjie)

3 naeltjies

1 x teelepel varsgekapte gemmer

1 x teelepel borrie

½ koppie pitlose rosyne

hoenderspeserye

worcestersous

½ koppie gedroogte perskes (opsioneel)

Braai die hoenderstukke, uie, tamatie en gemmer saam in die kerrie pasta,

borrie, lourierblare, naeltjies en rosyne totdat die hoender ‘n mooi

gebraaide kleur het en so 70% gaar behoort te wees. Geur met sout,

varsgemaalde swartpeper, hoenderspeserye en worcestersous.

Voeg die aartappel stukke nou by en skink solank vir jouself ‘n glasie wyn

want jy verdien dit! Maak seker daar is genoeg vog in die pot – indien ‘n bietjie min, vul

aan met water (‘n skeut wyn sal nie skade doen nie). Kook die pot verder

totdat die aartappels baie na aan gaar is.

Voeg die hand vol macaroni by (en die gedroogte perskes) en maak

weereens seker dat daar genoeg vog is aangesien die macaroni baie van die

vog opneem.

Vang sommer gou ‘n lekker tip: wanneer julle in die toekoms ‘n potjie maak of selfs ‘n

“stew” en jy ondervind te veel vloeistof in jou pot, voeg net ‘’n hand vol macaroni (of

enige ander pasta) by wat die oortollige vloeistof vir jou vinnig-vinnig uit sal

sorteer. Hou die wenk ook ingedagte met die maak van sop, wanneer te

waterig: ‘n bietjie fyn gebreekte pasta en Bob’s u’r uncle!

Neem gou weer ‘n slukkie van jou wyn en skink sommer vir jou bure ook

ietsie want wie gaan al hierdie kos opeet vra ek jou?!...

Sodra die aartappels en pasta goed gaar is, voeg ‘n blikkie klappermelk by en

laat prut vir so 10 minute voor opdien.

Bedien die kerrie met balsamiese rys of net ‘n lekker vars Franse brood wat in

dik skywe gesny is.

Ek het gedink om sommer ook ‘n vinnige nagereg te maak wat heel sag oppie tong is... J

Kaneel bolletjies in room:

Bestanddele:

1 x pak deeg (te koop by supermarkte wat hul eie bakkery binne

het)

1 x bakkie vars room

kaneelsuiker (heelwat kaneel en nie te veel suiker)

knypie sout

bietjie sonneblom- of olyfolie

Neem die deeg en rol dit uit op ‘n plat oppervlak.

Strooi die kaneelsuiker (nie te veel suiker) oor die deeg en vou die

deeg weer toe. Rol die deeg weer uit en sny die deeg in blokkies

waarmee jy die bolletjies gaan maak.

Nadat die bolletjies gemaak is, klad dit met ‘n bietjie olie en pak in ‘n

gesmeerde bak. Gooi die bakkie room oor die bolletjies en

strooi weer ‘n bietjie van die kaneelsuiker oor.

Bak in die oond teen 180 grade vir 35 tot 40 minute.

Bedien saam met vars gemaakte vla of roomys.

Ek kom nou eers agter ek is tans op die wynkan en julle nog steeds op die tee! Skink gou

vinnig vir jul elkeen ‘n glasie wyn terwyl ek opskep.

Bon appétit,

Michael

Visvang saam met pappa

Opgedra aan Nicky en Janique van der Westhuisen

Dit is n lekker warm naweek , net reg vir visvang. Janique sit saam met haar pappa langs

die dam en visvang. Dit is vir haar tog te lekker , want dan kan sy en pappa rustig kuier

sonder kleinsus en boetie. Hulle twee gesels altyd kopstukke en pappa vertel altyd mooi

stories. Pappa sê sy is sy visvang maatjie. Janique het al twee visse uitgetrek en is baie

opgewonde daaroor.

“Janique , weet jy jou twee visse laat my aan die vier Bybelstories dink oor visse, ‘gesels

pappa met sy dogtertjie.” Regtig pappa , vertel my groot asseblief toe”, smeek Janique

haar pappa.

Deel 1: Jesus en die vissermanne.

Janique, die eerste storie gaan oor Jesus se dissipels. Hulle was vissermanne van beroep .

Jesus het langs die see geloop toe hy n klomp jong

manne sien wat besig was om n visnet in die see uit te

gooi. Jesus het na hulle geroep en gesê hulle moet sy

dissipels word ,Hy sal hulle vissers van mense maak . Hulle

het alles net so gelos en en Jesus gevolg. n Entjie verder

was nog twee seuns hulle was besig om nette reg te maak

en Jesus het hulle ook geroep en hulle het Hom dadelik

gevolg. Jesus het ook van sy ander dissipels op die see

van Galilea gekry , hulle het vreeslik gesukkel om vis te vang. Jesus het na hulle geroep en

gesê om weer hulle net in te gooi , daar was so baie vis dat die net geskeur het. Die

manne het ook vir Jesus gevolg . So het Jesus Sy dissipels gekry en hulle vissers van

mense gemaak. Daar was twaalf dissipels.

“Dis awesome pappa , maar hoe word jy n visser van mense?” vra Janique haar pappa . “

Jy vertel al jou maats van Jesus my skat”. sê pappa. “ Maak dit my ook n dissipel paps ? “

O, ja Janique jy moet altyd oor Jesus praat , Hy is jou beste Vriend “ sê pappa vir

Janique. Pappa vertel my asseblief die volgende storie ook toe.

Deel 2 : Eerste vermeerdering van die brode en visse.

“Janique , Jesus het na n afgeleë plek naby die woestyn gegaan en n klomp mense het

hom gevolg. Hy het siek mense gesond gemaak, blindes laat sien en nog baie ander

wonderwerke gedoen. So word dit laat en die mense honger ,

niemand het daaraan gedink om kos te bring nie. Al wat die

dissipels kon kry was vyf brode en twee visse. Dit was te min vir

die baie mense en die dissipels wou hulle huis toe stuur . Jesus

het hulle jammer gekry en die brode en visse geneem en vir Sy

Pappa , God gebid om die kos te seën. Daarna het hy dit gebreek en almal het te lekker

geëet . Daar het oor die vyfduisend pappas kos gekry en toe is die mammas en kinders

nog nie bygetel nie. Daar het nog twaalf mandjies kos oorgebly .”

“Cool , Jesus is so awesome pappa “, sê Janique .” Vyf brode , twee visse , baie mense

en twaalf mandjies kos wat oorbly. Pappa ek is so bly ek is Jesus se maatjie .” “Sjoe ja my

kind , nou is ek honger.” Kom ons gaan eet ook eers. Ons kan netnou weer kom visvang ,

dan vertel ek jou die ander stories.

Deel 3 Tweede vermeerdering van visse en brode.

Janique en haar pappa het lekker geëet en sit weer langs die

viswaters. “ Pappa vertel my meer van die vissers ek is nou baie

nuuskierig “, vra Janique haar pappa.

Pappa vertel verder van die tweede vermeerdering van die brode en

visse. “Die tweede storie is soortgelyk aan die eerste vermeerdering maar die keer was

hulle by die see van Galilea en hulle het sewe brode en twee visse gehad. Vierduisend

pappas het kos gekry en weer is die mammas en kinders nie bygetel nie. Die keer is sewe

mandjies kos opgetel.” “ Sjoe , pappa dink net vir elke pappa is daar n mamma en so

twee tot vier kinders , dis baie mense sê Janique verbaas vir pappa.” “Ja my skat, dit is ne

“Pappa , papa! help ek het nog ‘n vis aan my lyn “, roep Janique haar pappa om haar te

help inkatrol. “Dis n groot vis jong se pappa. Nou vir n lekker koeldrank en dan die vierde

storie,” sê pappa. “Jippee , ek kan nie wag nie .”

Deel 4 : Die wonderlike visvangs.

“Janique ,die volgende storie gaan oor Jesus wat aan sy

dissipels verskyn het na Hy uit die dood opgestaan het. Jesus

het op die strand gestaan en sewe van sy dissipels sien visvang

op die see van Galilea . Hulle het die hele nag gesukkel en nog

niks gevang nie . Hulle was baie moeg en wou net ophou .

Jesus het vir hulle gesê om die net aan die regterkant van die

boot uitgegooi. Die dissipels hert dit maar traag gedoen nes jy

as ek en mamma vir jou n opdrag gee.” “Was daar toe visse

pappa ?” vra Janique.

“Ja , Janique hulle net was so swaar hulle het gesukkel om die net in te sleep. Daar was

honderd drie en vyftig groot visse in hul net. Toe hulle op die land kom besef hulle dit

was Jesus wat by hulle is. Daar was n vuurtjie met n vis daarop en n broodjie. Jesus het

vir Sy Pappa in die hemel gevra om die kos te seen. Toe het Jesus het die vis en die brood

geneem en dit gebreek en met sy dissipels gedeel . Hulle het lekker ontbyt geëet. Jesus

het aan sy dissipels gesê om almal van Hom en God te vertel. So het die dissipels bekend

geword as vissers van mense ,” eindig pappa sy stories.

“Awesome stories pappa , ek wil ook my maatjies van Jesus vertel en ek gaan hulle vertel

van ons storie naweek langs die vis maatjies sê Janique. Ek wil nog baie vis maatjies vir

Jesus inkatrol sê Janique opgewonde. Dis mooi Janique ek is bly jy is nou ook Jesus se

visser maatjie. Jy gaan Jesus se hartjie baie bly maak sê pappa vir sy dogter Janique , ek

sal vanaand vir jou die stories in die Bybel lees.

1)Jesus maak vissers van mense van sy dissipels ,

die wonderlike visvangs :

Lukas 5; 7-11 en Markus 1:16 -19

2)Eerste vermeerdering van visse en brode

Matteus 14; 13 -21

3) Tweede vermeerdering van visse en brode

Matteus 15 :29 – 39

4) Die groot visvangs 153 visse

Johannes 21: 3-14

Maats vra vir pappa om die mooi stories in die Bybel vir julle te lees sê Janique . Dankie

pappa dit was n lekker visvang naweek met die pragtige vis stories vol inspirasie.

Liewe Jesus, ek bid dat al die maatjies ook U visser maatjies sal word en hulle ook

maatjies vir U sal inkatrol. Dankie Jesus dat u my inkatrol het. Jesus , U en Pappa God is

die beste.

Amen.

Hoe verduidelik 'n mens die konsep van 'God' aan iemand

wat nog nooit van Hom gehoor het nie? Hoe stel 'n mens die

belangrikste 'Persoon' in die heelal voor as Hy onsigbaar is?

How do you explain the concept of ‘God’ to someone who

has never heard of Him before? How do you introduce the

most impor...

Hierdie is 'n lekker luister CD vir kinders! Die kinderstories is geskryf saam met musiek wat

God van 'scratch' af vir kinders verduidelik. Die reaksie op hierdie CD is GEWELDIG

POSITIEF! As jy 'n kind het of weet van iemand wat het ouderdomme 3 - 8 jaar, doen

jouself 'n guns en bestel hierdie CD by my! Hy kos net R60 (plus R20 vir posgeld) op die

oomblik.

Lees ‘n bietjie meer van die CD op die page self en laat my weet of jy belangstel. As jy

daarvan hou, ‘suggest’ asb die page vir al jou vriende met kinders en help my om hierdie

prettige stukkie evangelie met kinders oor die hele land te deel!

This is something really really cool!

Dankie vir jou tyd.

Pierre Vee.

http://www.facebook.com/pages/Brokkel-Bam-bam/106253379430153?ref=ts

DIE PAPPA deur Pierre Vee

Eendag, lank lank gelede was daar 2 nagapies. “Nagapies” is klein diertjies – so groot soos

‘n man se hand. Hulle het lang sterte en groot blink bruin oë. Nagapies slaap dwarsdeur

die dag in groot bome van die bos, maar as dit donker word en dis tyd vir kinders se

slaaptyd, dan begin die avonture van nagapies eers. Ons storie gaan oor 2 nagapies met

die name van Brokkel & Bam-bam.

Brokkel en Bam-bam is 2 maatjies wat in 2 bome langs mekaar bly. Brokkel is die

mannetjie nagapie en hy is partykeer nogal ‘n stoute karnallie! Bam-bam is die vroutjie

nagapie en sy is baie soet en baie, baie mooi met ‘n pragtige lang wollerige stert. Brokkel

hou nogal daarvan om aan haar stert te trek van tyd tot tyd. Dan jaag Bam-bam hom in

die bos. Elke aand wanneer die groot geel son sak, kom Brokkel en Bam-bam bymekaar

om saam te speel. Hulle speel sommer baie lekker saam en dan, wanneer die son weer

opkom is dit slaaptyd vir hulle. Dan gaan hulle na hulle bedjies toe in die hoë bome en

Brokkel skree vir Bam-bam: “Nag apie!” en Bam-bam

antwoord terug: “Nag apie!” en dan lag hulle te lekker – Ha ha

ha ha ha!

Een aand toe Brokkel wakker word (want nagapies draai mos

hulle dag en nag om), soek hy sy pappa, want hy was lekker

honger. Brokkel hardloop op met die boom en af met die

boom, maar die pappa nagapie is nêrens te vinde nie. “Pappa!

Pappaaaa!” roep hy, maar pappa is weg.

“Wat gaan aan Brokkel?” vra Bam-bam. Sy kom

aangehardloop nadat sy die geraas hoor.

“Ek is honger en my pappa is weg” snik Brokkel.

“Dalk is hy in die bos besig om kos in die bos te soek, kom ons gaan soek hom” sê Bambam.

En daar gaan die 2 nagapies in die donker nag die bosse in opsoek na die pappa nagapie.

Hulle soek hierdie kant en daardie kant, hulle gaan kyk tussen die lang gras, hulle kyk

onder die klippe, hulle gaan kyk daar ver by die stroompie, hulle gaan kyk selfs in al die

gaatjies, maar hulle kry niks.

Brokkel begin te huil. “Wat as my pappa vir altyd weg is?”

“Moenie huil nie Brokkel,” sê Bam-bam “Ek is seker ons sal hom wel kry. Hier! Ek het vir

jou ‘n stukkie heuning by die bye gekry om te eet.”

Nagapies sê nooit nee dankie vir heuning nie! Hulle hou baie van die soet soet smaak wat

so op hulle tongetjies smelt.

Maar Brokkel is nie nou lus vir soetigheid nie! Sy pappa is weg en dis al waaraan hy kan

dink!

“Ek weet wat ons kan doen!” sê Bam-bam opgewonde “Kom ons gaan na die Wit Duif toe

wat in die boom bly wat op die berg is. Hy sal weet waar jou pappa is.”

Dit was nie lank nie, of die 2 nagapies hardloop so vinnig as wat hulle kan die berg op.

Die Wit Duif sit op ‘n takkie van die enigste boom wat bo-op die berg is. Vandaar af kan hy

maklik alles raaksien wat in die bos gebeur. Almal hardloop altyd na die Wit Duif toe as

daar iets verkeerd gaan.

“Hallo Brokkel. Hallo Bam-bam” groet die Wit Duif vriendelik. “Ek sien julle is opsoek na

iets.”

“Oom, my pappa is weg en ons kry hom nêrens nie” begin Brokkel sommer dadelik weer

te huil.

“Hoekom is jy so bekommerd Brokkel? Ek is seker hy is maar net iewers in die bos.” sê die

Wit Duif.

“Maar oom, wat as hy nooit weer terugkom nie? Wie gaan vir my kossies gee? Wat gaan

van my word?” sê Brokkel, terwyl die traantjies by sy klein nagapie-wangetjies afloop.

“Brokkel, ek wil jou van God vertel” sê die Wit Duif.

“Wat is ‘n god?” vra Brokkel.

“God is die heel eerste Pappa wat ooit bestaan het. Hy is die Pappa wat alle ander pappas

gemaak het.” sê die Wit Duif met sy mooi warm stem.

“Het hy my pappa ook gemaak, oom?” vra Brokkel.

“Ja, hy het jou pappa gemaak en ook elke ding in die hele

wêreld – elke klip, elke diertjie, elke mens, vir Bam-bam en

Hy het vir jou ook gemaak, Brokkel.”

“Waar is Hy oom? Dalk kan ons vir hom gaan vra waar my

pappa is.”

“’n Mens kan Hom nie sien nie, Brokkel, Hy steek Homself

weg. ‘n Mens kan ook nie aan Hom vat nie, Hy is soos die

wind. Sy huis is hoog daarbo, waar niemand kan bykom nie.”

Sê die slim Wit duif.

“Agge nee! Hy gaan my nooit kan help nie – hy is te ver! En hy klink vir my na ‘n kwaai

pappa! My eie pappa gaan nooit weer terugkom nie en dan gaan ek doodgaan, want

niemand gaan vir my sorg nie!” kla Brokkel.

“Brokkel, God is ‘n Pappa wat baie lief is vir alles wat Hy gemaak het. En omdat Hy so lief

is vir alles wat Hy gemaak het, is Hy ook baie lief vir al die pappas wat Hy gemaak het.

Daardie lekker heuning wat Bam-bam nou-nou by die bye gaan haal het, wie het dit

gemaak?”

“Die pappa by natuurlik.” sê Bekkie ewe slim.

“Heeltemal reg, Bam-bam. En wie het die pappa by gemaak?”

“Seker God, die Pappa wat al die pappas gemaak het.” begin Brokkel stadig maar seker te

verstaan.

“God is baie lief vir jou Brokkel. Al kan jy Hom nie sien nie, sien Hy jou altyd raak van Sy

huis daarbo af. Hy het die pappa by gemaak om te sorg dat jy altyd lekker heuning het om

te eet. As jou pappa ooit weggaan en nooit weer terugkom nie, het jy altyd ‘n Pappa wat

lief is vir jou en wat mooi na jou sal kyk – God, die Pappa wat alle pappas gemaak het.” sê

die Wit Duif.

Brokkel weet nou dat hy nooit alleen is nie. Hy weet dat God sy regte Pappa is, al het hy

Hom nog nooit eers gesien nie. Die Pappa wat alle pappas gemaak het is lief vir Brokkel en

sal altyd vir hom sorg. Hy is ook lief vir Bam-bam en Hy is haar Pappa ook, want Hy het

alles gemaak!

“Brokkel! Brokkel!” roep ‘n stem uit die bos. Dis Brokkel se nagapie pappa! Brokkel se

pappa het terug gekom! Jippie! Jippie!

“Pappa! Pappa! Waar was pappa? Ons het oral gesoek!”

Brokkel se pappa was maar net in die bos opsoek na kos. Hy was toe nooit ver weg nie.

Daardie môre vroeg, net toe die groot geel son sy koppie wou uitsteek, het die nagapies

almal in die bome gaan slaap (want nagapies draai mos altyd hulle dag en nag om). Toe

skree Brokkel vir Bam-bam: “Nag apie!” en Bam-bam antwoord terug: “Nag apie!” en

hulle lag te lekker – Ha ha ha ha ha!

Dear Inspirasie readers,

I am Tracy-Lee Rowley I am 28 years old (although people who know me would beg to

differ). I currently live in the UK. I was born in Cape Town and raised there until the age of

16. Afrikaans was always my first language. But 12 years of fluent English has made me a

little nervous to speak Afrikaans again. Reading Inspirasie and with a little help from my

best friend I am back on track with the reading side and read it well again. So much thanks

to them I feel a lot more connected with my home land. Which I miss ever so much and

hope to visit in the near future.

I have 3 beautiful children, my son Tristan age 7 and my daughters Nevaeh-Rose aged 2

and a half, Dakota-Sky my baby is now 1. They are my world, they are my biggest

inspiration. And they are the funniest and the most fun filled little people to be around.

I have loved and enjoyed creating and crafting and drawing as long as I can remember. I

learn as I go, and enjoy the challenge greatly. With that I would like to thank Inspirasie for

inviting me to join them so that I can share ideas, creations, and sometimes my crazy

learning adventures with you all. So I hope you are all intrigued and inspired but mostly I

hope you have great fun.

Wine glass charms

Step 1. What you will need. Wire around 0.8 mm thickness and a pair of

small needle nose pliers. And beads of you’re choosing.

Step 2. Cut off about 10 and a half centimeters of the wire. Shape

your wire into a circle at one end make a little eye hole and at the

other leave it straight until you have placed beads on, then bend

the wire into a half hook shape. So that it latches together. Or

alternately you can buy already made wine glass charm rings off perhaps EBay or craft

companies

Step 3. Pick your beads. Colour coded or as bright and different as you

like.

Step 4. Lay the beads out ready to place on the wire hoop.

Step 5. Be sure to now bend the straight end into the half hook

shape. So your beads don’t come off. And you’re done!!!

They make lovely little gifts for birthdays, anniversaries, and simply thank you gifts to the

ones you love. Very thoughtful, homemade and easy gifts to make. And you can make

them to suit your style or the style of the person you are making them for. I recently made

this for the celebratory/toasting glasses for my sister’s wedding. They went down a treat.

The guest loved having a little memento from the day to take home.

Hulle bly in groepe

bymekaar. Die een laat nie

die ander uit hulle sig nie. Vir ingeval iemand êrens sand trap,

want die spreekwoordelike kleitrap sal nie hier sy woord

gestand doen nie. Dit is sand net waar jy kyk. Die manne stop

op die eerste duin om die kat uit die boom te kyk of sal ek sê

uit die sand te kyk. Hulle klim terug in hul vurige

vierwielaangedrewe speelgoed om die eerste hindernis aan

te pak.

Maar die duiwel bly ook nie agter nie. Hy klim altyd

ongenooid by een van die manne in. Soms pak hy sommer

twee gelyk aan. Van die manne kom deur. maar almal is nie

so gelukkig nie. Die wiele val diep weg in die sand. Die ander

moet inspring om te help en met twee koppe beter as een is

hulle sommer vinnig weer aan die gang. Niks stuit die manne.

’n Vassit demp nie hulle geesdrif nie.

Adrenalien jagters

Wanneer die manne rusteloos raak na al die geswoeg

van die week is dit wanneer die telefoon op ’n

Sondagoggend lui en die een aan die ander kant sê:

“Gaan jy saam?” Dan is dit ’n geskarrel om klaar te

maak en die pad te vat. Nie sommer ’n gewone pad nie.

Nee, ’n pad van avontuur en waar die adrenalien vinnig

deur hul are pomp. Agter die groot bloekomlaning hou

hulle stil en klim uit om die wêreld voor hulle te

bespied. Daar word gekoukus en koffie gedrink. Dan vat

die manne pad.

Die sand staan in boë agter die rygoed uit. Die manne

is aan die gang. Hulle klim die duine uit teen

gevaarlike hellings, maar een vir een steek hulle die

een na die ander hindernis oor. Dieper en dieper

beweeg hulle hierdie oerwoud van sand binne.

Nuuskierig wat aan die agterkant lê. Misien ’n groter

hindernis, ’n groter sandhoop.

By een van die duine kom die konvooi tot ’n stilstand en

die manne .......en ja sowaar my oë bedrieg my nie, vroue

klim uit om hul bene te rek. Hulle is ewe gemaklik in die

voertuie terwyl die mans hul gate uit geniet in die berge

sand.

Een duin na die ander word oorgesteek, maar dan

misgis een van die manne hulle lelik met die helling en

gly teen die skuinste af, maar weereens is die manne by

om ’n mede jagter in nood te help. Geen

noemenswaardige skade nie. Hulle beur vorentoe en

bly soos musketiers bymekaar. Een vir almal en almal

vir een

Oral waar ’n mens kyk is net sand. Ek het nog nooit

soveel sand op een plek gesien nie. Dooie onvrugbare

sand en dit is hier waar die jagters van hulle ingehoue

frustrasie ontslae kom raak en batterye kom laai vir die

week van swoeg en sweet wat voorlê. Soos kinders dit

geniet om met grafies en emmertjies sandkastele te

bou word daar ge tiekie draai totdat ek selfs net van die

kyk daarna dronk in die kop word tot hulle dan weer ’n

skuinser bult aandurf.

En wanneer die son agter hulle begin sak begin die manne

hulle speelgoed se neuse in die rigting van die uitgang draai en

hulle weet dit is nou tyd vir huiswaarts keer. En asof soos ’n

afgespreekte saak beweeg hulle nader en vorm ’n formasie

soos Silwervalke en beweeg hulle soos een tussen die duine

uit. Nie een probeer die ander verbygaan of uit die formasie

wegbreek nie. Gedwee en rustig. Gelaai en Gereed en ek

glimlag en dink..... mans en hul speelgoed.

deur Johan v d Westhuizen

Wie is Pappa

Seuns wil altyd soos hulle pa wees en doen net wat pappa doen. Dogters wil

eendag met n man trou wat presies is soos wat hulle pa is. En dis maklik om

te sien hoekom hulle so voel.

’n Pa laat jou altyd so veilig voel en jy weet dat hy

jou altyd sal beskerm. En terwyl pa by jou is sal

niks jou kan seer maak nie. Jy weet dat hy alles sal

doen om jou veilig te hou.

Soms is n pa te beskermd oor jou en soms laat dit

jou voel jy het geen beweeg spasie nie. Maar neem

in ag dit is n pa se instink en eer om sy kinders te

beskerm. Hulle is tog n deel van hom en vir hom is hulle sy hele bestaan. So

in sy eie manier het hy sy kinders liewer as enige iets anders.

Tessa van der Walt

’n Vriendin vertel my nou die dag:

Tong in die kies

“Ek hou nog steeds daarvan om die liefde in my lewe te bederf !!

As hy laat werk in die aand dan bel hy my en sê hy’s op pad ! Dan

tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat as hy

instap, kan hy dadelik die skottelgoed begin was!”

Jou “cool” pa…

Laat ek raai, jy glo jou pa is op die aarde gesit om jou voor jou vriende

skaam te maak en dat hy nie verstaan wat aangaan in jou lewe nie want

hy is oud en ou mense verstaan mos nie tieners nie.

Ek weet hoe jy voel, dit is nie altyd lekker om met jou pa oor persoonlike

dinge te praat nie en dan voel dit asof hy voor jou vriende probeer soos

die “cool” pa lyk.

Ek dink pa’s voel partykeer uit die groepie uit, soos iemand by die skool wat nie deel voel

van die vriende kring nie, dis daai onaangename gevoel waar as jy iets sê om net te wys jy

bestaan, dan kyk jou hulle jou net aan en jy dink dat hulle net vir jou wil vra wat jy by

hulle maak.

Dis daai gevoel van wanneer almal om jou met mekaar iets sal deel oor

wat in hulle lewens aangaan maar niemand deel met jou nie.

Glo dit of nie maar al is jou pa hoe oud, daai gevoel is nooit lekker nie en

veral nie as dit van jou eie familie af kom nie.

Wetenskaplikes het gesê dat daar is geen verhouding soos ʼn ma en haar

kind sin nie, maar ek wil bietjie daarteen stry, ek dink pa’s wil net so

sterk verhouding met hulle kinders hê.

Ons word groot met die beeld in ons kop van ons pa’s wat die persoon is wat die inbrekers

weghou en ma’s is die persone na wie ons gaan as ons oor iets wil praat, iets wat ons glo

ons pa’s nie sal verstaan nie.

Ek dink dit is waar daai gevoel van niemand wat dinge met jou deel nie inkom, want elke

keer as iets in jou persoonlike lewe gebeur dan gaan praat jy met jou ma wat verstaan.

Begin so bietjie met jou pa oor die dinge wat aangaan in jou lewe gesels, jy sal sien jou pa

is nie so oud soos wat jy dink nie en hy verstaan meer as wat jy sal verwag.

Om deel van ʼn groep te wees, lekker saam te praat en om te weet wat in mekaar se

lewens aangaan is een van die beste dinge wat jy kan ervaar, so moenie dit van jou pa af

wegneem nie want hy sal dit nooit van jou af wil neem nie.

Ek wil jou uitdaag om met jou pa te gaan gesels en hom deel te maak van jou kringetjie, ʼn

mens se pa beteken baie en partykeer weet jy dit nie tot jy dit nie meer het nie.

My Pa is ‘n Monster

Liewe Daleen

Vadersdag lê om die draai en ek is glad nie opgewonde

daaroor nie. Die hele samelewing maak so ‘n groot

ophef daarvan. Om elke hoek en draai sien ek iets van

Vadersdag.

Ek kan nie deel wees daarvan nie want my pa is ‘n

monster. My pa sit in die tronk oor onmenslike dinge wat hy aan onskuldige kindertjies

gedoen het. Ek haat my pa. My probleem is dat ek begin kerk toe gaan en my lewe wil reg

ruk. Die predikant praat gereeld oor vergifnis en dat ek my ouers moet eer. Maar hy weet

“obviously” nie waste tiepe pa ek het nie.

Ek het begin kerk toe gaan om my lewe reg te ruk maar in plaas daarvan voel dit vir my of

my lewe al hoe meer uit mekaar geruk word. Ek begin selfs wonder oor God. Watse tiepe

God skep so ‘n monster soos my pa? Hoekom laat God toe dat kindertjies wat nog nie

sonde ken nie en wat se ouers God aanbid se lewe verwoes

word deur ‘n monster soos die man wat my pa is.

Ek kry so seer elke keer as ek tik “my pa”. Ek wil hom nie eers

dit noem nie…ter selfde tyd het ek hierdie ontsettende

verlange om net ‘n pa te hê wat my lief het en beskerm. ‘n Pa

vir wie ek ‘n “Best dad in the World” koffie beker kan koop. ‘n

Pa saam met wie ek ‘n vleisie kan braai, grappies kan vertel,

my kinders se foto’s kan wys. ‘n Pa na wie toe ek kan

hardloop as ek seerkry. ‘n Pa wat al die antwoorde ken. ‘n Pa wat my net vashou, wat ruik

na skeerroom en aftershave wat ek laas jaar met Vadersdag vir hom gekoop het.

Van ’n Monster se kind

Epos : daleenventer@live.com

Liewe Monstertjie

Jou brief het my beslis diep geraak. Soveel seer en verwarring. Jou afsluitings woorde tref

my egter tussen die oë. In die enkele sin lê vir my die versigting van ’n seer kind om net ’n

Pappa te hê maar ook die diepe skok: Jy kyk met monster oë na jouself. Nie net dink jy dat

die wêreld jou gebrandmerk het nie maar jy het self jouself gedegradeer tot ’n monster se

kind.

Ek wil begin deur vir jou te sê hoe verskriklik jammer ek is dat jy deur hierdie seer moet

gaan. Net soos wat geen kind verdien om gemolesteer te word nie verdien geen kind om

die kind van ’n molesteerder te wees nie. Ek voel baie trots op jou dat jy reeds begin werk

maak het daaraan om jou lewe reg te ruk. Dit is glad nie vreemd dat jy nou erger en

deurmekaar voel nie. Wanneer ons begin werk aan die seer in ons lewe raak dinge eers

baie erger voordat dit beter word. Ek is lief daarvoor om

dit te vergelyk met ’n knie operasie.

Voor die tyd is die knie seer en gee probleme (Ons het

seer en tree destruktief op teenoor ander as gevolg van

die seer wat ons opgedoen het in die lewe.) Wanneer

die dokter besluit dat ons ’n knie operasie moet

ondergaan is ons baie positief want die dokter sê dat die

operasie my lewenskwaliteit gaan verbeter en ek sal selfs weer kan oefen. Die kanse dat

die operasie suksesvol gaan wees is ook baie goed en ons is positief. (Wanneer ons besef

ons moet werk aan hierdie seer en die seermaak gedrag teen ander voel ons baie positief

veral as ons uitreik vir hulp en die berader of leraar verstaan en gee ons hoop deur te sê

dat daar genesing is en dat hul kan help om daar uit te kom)

Na die operasie beleef die pasiënt ongelooflike pyn. Dit is seer , ons is broos. As iemand

ons vra sê ons :As ek weer moet kies sal ek nie weer ’n knie operasie kry nie. As ek geweet

het dit gaan so seer wees sou ek dit nóóit gedoen het nie. (Wanneer ons begin krap in ons

verlede en die berader wys seerkry uit en ons kom in kontak met die seer is dit soos om ’n

knie oop te sny en ’n knieskyf uit te haal en ’n nuwe een in te sit... dit is flippen seer. Ons

voel spyt dat ons hierdie wond oopgemaak het. Ons wens die lewe kon net weer wees

soos voor ek begin krap het.) Weke later is die pyn beter maar die frustrasie oor ek nie

kan voluit beweeg en weer in volle vaart kan aangaan nie maak my ongeduldig.

Een van twee dinge kan gebeur.

1 Ek bly geduldig druk deur met die rustyd en ’n jaar later leef ek voluit en die operasie

word beskryf as ’n sukses. 2 Ek voel so goed. Ek is seker ek is nou gesond. My been het

geheg. Die dokter weet nie regtig waarvan hy praat nie hy wil my net straf. Ek gaan voluit

met my lewe aan en ’n jaar later is die dokter ’n regte geldwolf wat my deur onnodige hel

gesit het sodat sy seun universiteit toe kon gaan Dieselfde geld vir ons hartoperasies. Na

’n paar sessies by die berader voel ek so goed ek kan berge

versit. Ek sien nie meer die nodigheid om te krap aan dinge

van die verlede. Ek dink ek is genees.

Een van twee dinge gebeur.

1. Ek hou moed druk deur , werk deur al my seerkry en ’n

jaar later is ek ’n emosioneel gesonde mens wat die aanslae

van die lewe suksesvol hanteer, ander bemoedig en my

doelwitte in die lewe bereik. 2. Ek voel baie beter die

berader wil nou net aan karring oor goed wat nie meer saak

maak nie. Weke later beleef ek ’n diep swart gat en kruip

terug na die berader en ons moet weer van vooraf begin want ek twyfel aan myself en ek

weet nie meer wat gaan vir wat in my lewe. Of ek rebelleer, begin drink want berading

werk in anyway nie!)

Dit is so bietjie van ’n lang storie maar ek dink baie belangrik sodat jy kan besef dit is

normaal om so te voel en dat jy ’n lang pad het wat nog voor jou lê en dat jy hulp nodig

het van iemand wat jou kan begelei. Gaan sien jou predikant of maak ’n afspraak by ’n

betroubare berader.

Ek gaan kort ’n paar begrippe weergee op jou stellings in die brief.

- Ons aardse Vader speel ’n ontsettende belangrike rol in

ons lewe . Die rol wat ons pa’s in ons lewe speel gaan bepaal

hoe ons oor God dink. Hoe positief ons die lewe beleef. Hoe

ons kyk na onsself. Wanneer ons aardse pa onbetroubaar is, sal

ons , ons Hemelse Vader dikwels ook so sien. Wanneer ons

aardse pa nie vertroue inboesem nie sal ons sukkel om ander

mense te vertrou. Wanneer my aardse pa my nie respekteer

nie gaan ek sukkel om myself te respekteer en lief te hê.

Die herstel lê dan ook nie daarin om ons aardse pa ’n paar klappe te gaan gee nie. Die

herstel lê daarin om ons Godsbegrippe te herstel. Deur te gaan hoor wat sê God van

Homself in Sy Woord. Die genesing kom wanneer Jesus ons waarde kom herstel tot die

van ’n koningskind. Eers dan kan ons die maklik geuiterde woorde : Ek vergewe my

naaste, met ’n ondersoekende hart leef deur met liefde na ons menslike pa te kyk. Deur

die doel bewuste keuse te maak om sê: Ek keer nie goed wat my pa gedoen het nie. Ek

besef egter dat ons almal menslik is. Ons almal maak foute. As dit nie was vir my Hemelse

Pa se genade vir my nie was ek dalk in dieselfde posisie as my aardse pa.

- God is nie die skepper van slegte dinge nie. Dit is teen Sy natuur en HY kan nie teen

Sy eie natuur ingaan nie. God het die mens geskep na Sy Beeld sodat ons kan heers saam

met Hom. Ons eerste aardse pa Adam het gesondig en die sonde het die wêreld ingekom.

Daarna is ons almal in sonde gebore. Die duiwel was verheug en het ons aangekla by God.

God kon nie teen Sy natuur ingaan en die sonde maar net oorsien nie. God het ons egter

so lief dat Hy ’n plan gemaak het. Hy stuur Sy enigste Seun om mens te word. Mens wat

seerkry. Mens wat verwerp word deur sy vriende en selfs sy eie broers. Mens wat bespot

word, verraai word. Mens wat fisies gemartel word. Mens wat Sy Vader se rug beleef. God

draai sy rug op Sy Seun. Geen mens het nog die rug van God beleef. God straf die sonde

en Sy seun sterf. God straf Sy Seun vir my ontrouheid, my seksuele wellus, my moord

gedagtes, my pornografie verslawing, my haat, my onvergewensgesindheid, my diefstal.

Jesus dra my straf aan die kruishout en beleef die

angs van die hel omdat geen mens dit kon doen nie.

Jesus gaan vat die sleutels van die hel en oorwin so

die satan. Die satan is woedend en loop soos ’n

brullende leeu op die aarde. God het gewen. Sy plan

is “foolproof”. Hy beloof om terug te kom en die

satan en almal wat nie die paspoort van Jesus

aanvaar het nie in die ewige hel te gooi. Die duiwel

loop nie rond en kyk hoeveel siele kan hy wen om

eendag in die hel te martel nie. Nee, hy loop rond

soos ’n beseerde leeu om te kyk hoeveel siele kan hy kry om saam met hom hel toe te

gaan. Die hel is nie satan se plek nie. Die hel is die afwesigheid van God. God se rug is op

die hel gekeer en dit is hoekom dit so ’n vreesaanjaende, ongoddelike plek is.

- So wat moet ek doen? Hoe kry ek hierdie paspoort? In Johannes 3 v 16 lees ons

dat wanneer ons Jesus aanneem het ons die ewige lewe. Net dit.

Ja, dit is so eenvoudig. Maar dit is nie maklik nie. Ek het nodig om gestroop te word van

alle pretensie en valse waardes. Ek het nodig om te besef ek is niks. Niks wat ek kan doen,

kan my in die Hemel bring nie. Ek het nodig om te besef dat Jesus gee nie om of ek vet of

lelik, ’n predikant of ’n moordenaar, ’n kindermolesteerder of ’n Monster se kind is nie, Hy

het my so lief dat Hy Sy lewe vir my gegee het. Dit verg van my om myself

onvoorwaardelik lief te kry, my naaste sonder veroordeel lief te hê en God met my hele

hart en siel te bemin.

Is dit te veel gevra van jou my liefste monster kind? Om al jou pretensies, vooroordele,

haat en veroordeling neer te gooi en die slym en modder van jou siel skoon te was met die

bloed van Jesus? Of is dit lekker om die haat te vertroetel en te baai in die sluimerige

marteling van selfbejammering?

Die paspoort wat jy ontvang in Jesus vat jou na plekke wat jy in jou wildste drome nie sou

kon uitdink nie. ’n Kind van Jesus is nie gevrywaar van seerkry en die gevolge van sonde

nie maar kan verseker wees dat God elke slegte situasie ten goede kan draai. Al is dit hoe

ondenkbaar sal God elke slegte situasie tot Sy eer kan gebruik in Sy kinders se lewe. Ek

daag jou uit om die slym en modder te verlaat en jou kroon as erfgenaam van die

Hemelse Vader op jou kop te sit.

Jy is die kind van die Koning.

Daleen

‘N MAN, ‘N MAN, OH NET ‘N MAN

Deur Willene Clair Venter

Die heel eerste keer dat ons ons oë oopmaak (of sal ons liewers sê daardie kinders gebore

na 1970’s nadat Pa’s in die kraamsaal welkom was), is ons eerste blik op ‘n manlike

persoon, die van ons Pa. Van hierdie oomblik af begin jou interaksie en uiteindelik jou

siening van wat ‘n man is.

Ek dink ‘n dogters ,onbewustelik of in party opsigte

bewustelik, gebruik hulle Pa’s as ‘n voorbeeld van of wat

hulle soek in ‘n man of die teenoorgestelde. As jong kind is

dit nie iets wat deurskemer nie maar as tiener kan jy dit

sien in ons keuses van watter tipe man jy in jou lewe

toelaat. Eers as volwassene kom jy tot die besef watter rol

jou Pa in jou keuse van man gespeel het. Ek weet van

heelwat vrouens wat beslis als behalwe hulle Pa as man

gesoek het en weer ander wie hulle Pa as held voor oë

gehou het toe hulle man soek. Ek weet ek het wel sekere

karakter eienskappe wat my Pa gehad het, in ‘n man

gesoek.

Dit was wel op die tydstip waar ek my man ontmoet het, onbewustelik soos kan gedink

word op 17. Maar as ek nou daaraan dink, het ek heelwat van my Pa se karakter

eienskappe in my man gesien. Ek was gebore in die tyd toe Pa’s nie binne die kraamsaal

welkom was nie. My geboortedorp De Doorns het in die 1970’s net ‘n 4 bed kraamsaal

gehad. Pa het Ma afgelaai en is terug werk toe in die wingerd boorde. Ma het alleen haar

ding gedoen en Pa is later die middag in kennis gestel hy het ‘n dogter. Ek was geseën met

‘n Pa wat nie die stereotipe, hands off the baby, man was nie. As koliek baba het hy wel,

volgens vertelling my gesus en probeer rustig kry om my Ma ‘n bietjie van ‘n breek te gee.

Hy het wel ‘n manier gevind om vir my Ma ekstra slaaptyd te gun, en dit was om my saam

te neem terwyl hy werk, saam op die rug van ‘n perd of trekker en dit het my blykbaar

goed gekalmeer. Ek sou eers baie later hierdie bogenoemde inligting bekom nadat my

oudste dogter gebore is met dieselfde koliek dinge en my

eie man my afgelos het met die pajama dril en my ekstra

slaap gegun het. So onbewustelik het ek my Pa se omgee

en deurnis by my man gesoek voor ek hom sou kies.

‘n Man van die wêreld. My Pa het, deur sy werk, baie

gereis oorsee maar ook hier in Suid-Afrika. Dit was hier in

ons eie land waar hy ons orals saamgeneem het. Op lang

trein toere deur die dore Karoo en die wakker word op ‘n

ysige De Aar, die langs die trein stap terwyl dit uitkruip

teen die hoë bergpasse in die tuin roete, en die wonderlike

etes wat ons kon geniet. Daar is ‘n paar dinge wat my onmiddellik terugneem na 8 jarige

ouderdom soos stoom trein reuk, die dik katoen lakens en dik wol komberse waarmee ons

beddens in die kompartemente opgemaak was, en die reuk van koffie wat vroegoggend

vanaf die etens kar kom. Hy het ons geleer van wat om te gebruik tydens ‘n 5 gang maal

en hoe om te bestel. Van jongs af was ek blootgestel aan spyskaarte en kelners. Ons is

gewoonlik een tot twee keer per maand genooi na hotelle toe vir etes, en my Pa het

verwag dat ek vroeg leer watter mes, vurk en lepel word waar gebruik. Streng ja as dit

kom by maniere en hoe om jou in die openbaar te gedra, maar ook baie oop vir nuwe

idees. So het ek geleer watter wonderlike geregte buite die normale gesin maaltye

bestaan het. En ook gesien hoe my Pa ‘n jong hotel eienaar en sy familie wie baie na hulle

eie buitelandse familie verlang het, huis toe nooi en vertroud maak met tuisgemaakte

vetkoek, plaasbotter en heuning. By die kospotte het hy beslis nie teruggestaan nie en net

so wel aangesien my Ma nie juis die persoon was wat graag kos wou maak nie. Nie dat sy

nie kon nie maar liewers dat sy nie altyd lus was om dit te doen nie na ‘n dag se werk nie.

Nadat my Pa afgetree het en reg deur sy laaste jare het hy die kospotte geheel en al

oorgeneem. As kind was dit my Pa wat vroeg oggend my wakker gemaak het met ‘n

koppie koffie en vir my Ma, haar geliefde tee. Ons toebroodjies was altyd deur my Pa

gemaak en ek kon altyd daarop staatmaak. My Ma het nooit

toegelaat dat ons kinders in die kombuis kos maak nie en dit is

my Pa wie, nadat ek en my man in ons eerste woonstel

ingetrek het, elke nou en dan bel en sê ek of my man kan ‘n

bak kos kom haal want, en dit was altyd sy woorde, hy het ‘n

bietjie te veel gemaak. Hy het goed geweet ek moes hard leer

om self kos te maak en die geld was nie altyd volop nie. My

man het ook die eienskap van heerlik kos maak en altyd oop te

wees vir nuwe geregte. Net so het my man ook die liefde vir reis en plekke besoek.

‘n Man van kennis. My Pa het baie van aardrykskunde gehou en het die liefde van die

aarde en al die diverse plekke in my gekweek. Terwyl ons die 6 uur nuus in die aand kyk

sou hy die lande wat genoem word, se hoofstede by my weet, en het tydens ons vakansies

deur Suid-Afrika my vertel van geskiedkundige gebeure in die dorpe en stede waar ons

was. So deur ons reise het hy altyd ‘n plant hier of boom daar aangekoop en het sy

wonderlike tuin daarmee aangevul. Plante van die tropiese Natal en van die dore Noord-

Kaap en Namib. Hy het as ter ware sy reise huis toe gebring in die vorm van plante.

Ongelukkig die een aspek van my Pa het my man glad nie en dit is tuinmaak.

‘n Man sag van hart. My liefde vir diere kom beslis van my Pa af. Honde, katte, voëls,

visse, marmotte, hamsters, tarentale, …. Dit en nog meer het huis gekry in ons erf. My Ma

het dit min of meer net so aanvaar maar my diepe liefde vir perde glad nie. My Pa het dit

wakker gehou met tydskrifte, storieboeke en dies meer. Op 12 jarige ouderdom het hy vir

my ‘n perd gekoop en moes noodgedwonge dit weer teruggee vir die eienaar aangesien

my Ma absolute geweier het dat ek een kon besit. Nadat ek as volwassene my eerste perd

gekoop het, het hy elke Saterdag gewag dat ek verby ons huis ry sodat hy kon hello sê vir

my geliefde King. Dit was ons gedeelde liefde sou ek sê. My eie geliefde man het net so ‘n

groot liefde vir ons diere maar as dit by die groot perde kom steek hy definitief vas. Kort

nadat ons in ons eerste huis gekoop het, het ek my perd naby ons nuwe huis gestal, en het

my man geleer perdry, maar hy het nooit werklik ‘n liefde daarvoor ontwikkel nie maar

het wel goed verstaan hoe ek oor hulle gevoel het..

Ek dink dat baie van wat ek binne ‘n man gesoek het, het ek eers binne my eie Pa gesien

en dit is ek diep dankbaar voor. Daar is heelwat kinders wie nooit ‘n man sou ken wie

binne liefde met hulle werk nie, nog minder iemand wat werklik omgee oor wat vir hulle

ook belangrik Vir dit en nog soveel meer is ek dankbaar vir die eerste man in my lewe –

my Pa, wie my gewys het wat dit werklik beteken om ‘n man te wees en hoe om hom uit

te ken.

0------------------O----------------0

Wie is my Pappa

My Pappa is God. Hy is die Pappa wat my gemaak het en steeds elke dag vorm.

Hy is my Vader, my Mentor. Hy is altyd daar vir my. Soms as ek gebuk gaan deur storms

en rukwinde van die lewe voel dit vir my of my Pappa nie omgee nie.

As ek terug kyk besef ek my Vader was altyd daar. Hy was nooit weg nie . Dit was ek wat

weggedraai het. Ek het gedink ek kan sonder my Pa die kruispad aanpak. Ek kan alleen

my kruis dra.

Dit maak nie saak of ek hartseer of vrolik is nie, my Pa is

altyd daar. Ek moet deur alles Sy hand styf vashou.

Christenskap is nie maanskyn en rose nie. Ons deurwinter ook

sodat Pappa on kan versterk.

Ek moet elke dag my hand in Pappa se hand sit, Hy wil my

versterk en so ook vir jou. Kom dis so maklik , sit jou hand in

God se hand. Hy wag vir jou.

Dankie Pappa, Abba Vader dat ek U kind kan wees.

Ek het, toe wilde storms gewoed het, diep onder , vaste Rots gevind: Die woord wat my

van ramp behoed het - God is my Vader, ek Sy kind, My anker is daar vasgemaak – ek

glo niks kan dit los laat raak nie. ( Gesang 228: 1)

Dalene Wright Laing

DIE ONTSTAAN VAN VADERSDAG……………………….

Vir byna 'n eeu reeds word vaders regoor die wêreld op die hande gedra op hierdie

spesiale dag in Junie.

Dit was 'n Amerikaanse meisie genaamd Sonora Louise Smart

Dodd, van Spokane in Washington, wat die Vadersdag tradisie

begin het. Sonora was die oudste van ses kinders wat deur hul

pa, ene William Jackson Smart, grootgemaak is nadat hul ma

dood is met die geboorte van haar laaste kind.

Haar pa, 'n burgerlike oorlogsveteraan wat op klein skaal

begin boer het, het sy kinders man alleen versorg en

grootgemaak en Sonora wou graag haar waardering vir haar

pa se opoffering en liefde betoon.

In 1909 het sy 'n dag in Junie (die maand waarin haar pa

verjaar het) voorgestel om hom te vereer. Die heel eerste Vadersdag het gevolg op 19

Junie 1910 in haar geboortedorp, Spokane. In 1924 het die Amerikaanse president die dag

ondersteun en as nasionale vakansiedag ingestel, terwyl President Lyndon Johnson in

1966 die derde Sondag in Junie amptelik as Vadersdag verklaar het.

Vadersdag is nie net 'n dag waarop pa's vereer word nie, maar ALLE mans wat 'n

vaderfiguur aanneem, stiefpa's, ooms, oupas, en alle volwasse mense van die mansgeslag.

HOE OM 'N MAN TE BEKOOK.

ONFEILBARE RESEP:

Baie goeie mans word verkeerd voorberei.

Party kry die wind so van voor dat hulle soos ballonne

opblaas, ander is voortdurend in die warm water.

Sommige mans is altyd in die pekel, terwyl ander verkil

word. Die heel ongelukkiges word met tong sous bedek.

Alhoewel nie alle mans sag en smaaklik is nie, behoort

die meeste verteerbaar te wees wanneer hulle só

behandel word.

Plaas die man in 'n bottel vol besorgdheid naby die vuur van liefde.

Bedek hom met goedhartigheid, gehoorsaamheid en liefdevolle optrede.

Geur hom met nederigheid.

As jy soentjies en drukkies byvoeg, moet 'n goeie skootjie geheimsinnigheid en gesonde

verstand ook bykom. –

Skrywer onbekend.

ANNEX KLOOF WYNE

Annex Kloof Wyne is a familie projek in die pragtige hange

van die Paardeberg omgewing in die Swartland. Hugo

Basson is die wynmaker van Annex Kloof, maar alles het vier

generasies gelede gebeur to oupa-grooitjie, Matthys die

eerste wingerde in 1906 geplant het en wyn gemaak het

sedert 1910. Die naam AnnexKloof het die pragtige

beskrywing van “waar die klowe ontmoet” en vandag is

Hugo Basson, wat Oupa Matthys se gawes geerf het, het

vandag wynliefhebbers

aan die praat met sy

Malbec.

Hugo se groot liefde vir Malbec het begin na ‘n toer na

Argentinie in 1991. Hier het hy sy eerste Malbec geproe

en onmiddelik verlief geraak op die kultivar en dit was

die begin van ‘n “passievolle liefdes verhouding” van

die Malbec koning van Suid-Afrika.

In 1997, het die Basson familie hul eerste Malbec kloon

(MC 1) aangeplant

en vandag is hul die

enigste in Suid-Afrika wat al 5 klone, plaaslik

beskikbaar, huisves.

AnnexKloof glo in “back to basics” en hier geniet jy ‘n

wynproe in ‘n informele manier van egte Swartland

gasvryheid, waar jy ook die geleentheid het om direk

uit die vate te proe. Hugo, bied ook die geleentheid

vir mense om hul eie wyn te maak in die kelder en ‘n

18 maande pad te stap saam met die wynmaker, van

die pluk van die druiwe tot die bottelering van jou eie

wyn. Hugo se vrou, Miwette, het ook ‘n proelokaal

geopen op die N7 tussen Malmesbury en

Moorresburg, genaamd ANNEXKLOOF PADSTAL, waar

die wyne 7 dae per week, beskikbaar is.

AnnexKloof Wyne het ‘n volmond karakter, met goeie

belans tussen sagte hout en baie vrug. Hugo glo dit is

van kardinale belang om die vrug te behou en die hout

nie te laat oordonder nie. “Ek soek iets klassiek, nie te

swaar nie en wel baie vrugtig,”

Wanneer jy dus skoene wil uitskop en afskakel oor ’n

naweek, is Annex Kloof net die plek vir jou.

Daar’s ’n goed toegeruste chalets in die berg en vier damme

wat geskik is vir swem en visvang, ongerepte fynbosberge,

’n 4 x 4 roete en ’n wildskamp in hul bewaringsgebied.

“Annex Kloof bied jou ’n geleentheid om jou inhibisies so

bietjie opsy te skuif en weer kind te word saam met jou

kinders. Los maar net die fiemies by die huis!!

Een gelukkige pa kan hierdie dubbel pak wyne wen. Al wat julle

hoef te doen, is om die volgende vraag te beantwoord.

Wie is die eienaar van Annex Kloof?

Epos u antwoord na inspbriewebus@gmail.com

Sluitingsdatum: 15 Julie 2012

Onthou: Geen skrywer van die Inspirasie span mag deelneem nie.

Ek kuier so ’n

tyd terug by my skoonsus in

Langebaan daar op die

Gholflandgoed. Dit is nou wel

naby die see en alles, maar daar is nou een ding wat nie twee is nie is dat ek beslis nie

daar sal aard nie. Jou tuin is klaar uitgelê as jy daar intrek, want net plante

wat voorgeskryf word mag daar geplant word en vêrder as jy aan die rand

van die landgoed bly moet jy maar verlief neem om die

natuur se plantegroei deel van jou tuin te hê. Maar daar is

een ding wat my tuin nie het nie. Die pragtige

kreatuurtjies wat uit daardie natuur op jou stoep kom

kuier

Wat kan ons nou in hierdie koue maande plant om mooi

blomme in die tuin te hê wanneer die lente hier is om ons

tuine met die mooiste kleure te oortrek. Laat ek sien. Daar is

affodille, my gunsteling en tulpe. Dan is daardie kleiner

plantjies soos Gesiggies en Afrikanertjies wat jou tuin sal

opvrolik in hul uitspattige kleure

Wat ’n hartseer saak is, is dat peste hierdie pragtige kleurespel vir ons in die

wiele kan ry. Vat nou maar daardie verpesting van ’n snywurm. Hy beweeg

ondergronds soos ’n wafferse spioen en sypel reg in op die vlak waar hy die

plantjies heerlik sit en vernietig tot daar niks meer oor is nie. Hulle kan

uitgeken word aan hulle vet grys lyfies en is altyd opgekrul. Gaan Ek is seker

jy sal hulle daar kry. Die beste manier om hulle in toom te hou is met hierdie

produk.

Dan die euwel van alle euwels. Die slak familie Hoe gemaak met hulle want hulle doen

hulle vernietiging bo die grond. Die aas ens. wat vir moeite gedoen

word, is baie giftig en daarom nie ’n baie goeie idee as daar

kinders en diere in jou tuin is nie. Iemand het eendag gesê ek moet

gebreekte eierdoppe gooi, maar hoeveel eiers sal ek moet gebruik

om my tuin te dek. Ek sal ’n eier plaas moet koop. Sout is ook ’n

idee, maar die los op in die water en hoe sout gaan my grond nie

op die ou end wees nie. Nee, wat el stap maar soggens vroeg in die tuin en dan maak ek

hande vol bymekaar en raak so ontslae van hulle. Lees ek nou die fag dat jy warm

koolblare met botter moet smeer. Dit is blykbaar ’n goeie aas om hulle te lok en dan die

ewigheid in te stuur. Sal maar moet sien.

By Edward Winter

Men, Rose Petals & True Balance

On the 3rd of July one year ago I was seated around a

glass table outside on my girl-friend’s patio. There

were exactly five people, including myself, seated

around the table.

One of them I knew and the other three I was meeting

for the first time. The stranger that was seated

opposite me, staring at me with a goofy/stalker smile,

would become the greatest love of my life, my fiancé

and the reason why I lost faith in affection and gained

belief in love. The young couple on the edge of

engagement would separate a few months later and

almost never talk to one another again. Finally, the

lady that was the reason for me meeting them would turn against me and do awful things

just to get her way in life.

It is astonishing if you take a few moments from your day just to try and remember or

notice the changes around you and those changes that affected you directly. How you use

to think and the dreams and ideals you use to have. I use to believe in a love without

faults or arguments, I use to believe that relationships lasts forever and I use to believe

that friends are always around.

Truth is, even though those beliefs and dreams of mine might seem childish I still consider

them a possibility – because nothing is truly impossible.

On the 23rd of November 2011, my fiancé and I separated and I

had to go and live with a friend of mine for a week or two just to

find my feet in life. A life where I solemnly believed that I would

be without him forever and that is exactly how I started to plan

and live my life. Friends came and went as my life progressed and

I kept on building. Loneliness took hold and sympathetic

relationships fell into place. Those were relationships that rose

and fell because of an un-solid foundation. How can you build a

tower to reach heaven, when your heart is not in the foundation?

I never bothered to care about who came and went because no

one could hurt me more than the pain of missing him hurt me every day.

It was about two months ago that I had finally given up on the thought of ever being with

him again, seeing that it had been two months since he had terminated and blocked

contact with me – then. I had found my way on the other side of my small world called the

Western Cape. I had made a life for myself, but still I was not satisfied and after meeting

someone that seemed like a potential ... I once again packed my bags and headed back to

the Northern Suburbs. I followed a path of rose petals that signaled hope of new love, a

path of rose petals that led me back to my past and into

the future. Everything went magnificent, and even better

– until the unthinkable happened. My ex made contact

again.

To cut a long story very short, he had come back into my

life, as of late, and completely disrupted the little bit of

balance I had achieved. That seems like a very bold and

rude statement. However, ask yourself what is balance?

Balance is a period when there is harmony between the

mundane and spiritual in your life. Too much of the one can overthrow the other and

cause a disruption, but to have love in your life (or brought back in my case) you

sometimes need to lose that balance to achieve true balance. I know that you know

exactly what I mean. You know the feeling when your normal routine is broken for a date

here and there, or when movie night is cancelled for an evening at his place, or when you

procrastinate with your work a bit more to put a little extra effort into that something for

him.

What is true balance?

I believe that true balance is not something that can be defined or even completely

understood, it is just something you know you have when love has disrupted the balance

in your life.

Truth be told, he is back in my life and I have found true balance, even if the individual on

street corner 9 doesn’t know it. I do. I have lost that guy that I thought would be the new

beacon of love in my life but we are still friends. As for my ex and myself, well we are just

who we are meant to be. Only time will tell.

Love, Light and True Balance

Edward Winter

Velsorg vir mans.

’n Paar jaar terug het mans jou skeef aangekyk as jy met hulle oor skoonheid sorg gesels

het. Hulle het gedink dat dit net vir vroue bedoel was. Mans gee nie altyd die aandag aan

hulle vel wat hulle behoort te gee nie. Hulle vel is net so belangrik soos die vrou s’n en

kort net soveel en soms meer aandag. n Mens se vel kan nogal baie oor jou leefwyse te

kenne gee. Baie mans bring ure in die buitelug deur sonder dat hulle besef hoe baie skade

die son aan hulle vel aanrig.

Daar is baie meer aan velsorg as net die was van die gesig. Jou vel het versorging nodig en

daarom is dit die moeite werd om in ’n paar skoonheid produkte te belê om jou vel teen

die son en droogheid te beskerm.

Sigaret rook verouder die vel en vererger ‘n droë vel. Die vel bou soos ‘n skoorsteen op.

Sigaret rook blok die porieë en veroorsaak dat minder vogtigheid deur kom en maak dat

die vel ongesond lyk.

In die winter kan selfs mans met ‘n olierige vel ‘n probleem hê met

‘n droë vel. Die lug is baie droog in die winter en haal dan die vog

uit jou vel. In die winter moet mens baie water drink om die

liggaam gevoed te hou so sal dit dan op die vel ook weerspieël.

Wanneer daar in die koue uitgegaan word beskerm die vel of met

handskoene of mussie om die skade te verminder

Hier is die basiese vyf stappe na ’n gesonder vel.

Meeste mans begin of eindig ‘n dag met ‘n lang stort of bad .Soos

mens was, was mens al die belangrike olies van die vel af wat ‘n

beskermende lagie vorm om te keer dat die vog ontsnap. ’n Bad

is baie meer nadelig so om dit te vermy is dit die beste om

eerder te stort. Gebruik minder stomende warm water. Seep

droog ook die vel uit. Gebruik eerder ‘n gesig was.

Gesigwas.

Stof en sweet is een van die sondebokke vir die beskadiging van jou

vel daarom is ’n reinigingsmiddel beslis ’n aanwins om die die gesig

skoon te was.

Vel skrop

Dit is ’n seep met growwe deeltjies wat alle droë velletjies verwyder

en kan so twee keer per week herhaal word.

Verfrisser

Hierdie is om jou vel se glans op te kikker. Dit is ook baie goed vir die porieë en verwyder

oortollige olierigheid. Gebruik dit asseblief op ’n skoongewaste vel sonder die

naskeermiddel . Wend dit met ’n bolletjie watte aan.

Bevogtiger

Dit is noodsaaklik dat jy ’n goeie bevogtiger gebruik vir die verlies van olies en droogheid

by die vel. Wanneer dit by ‘n vogtiger vir mans kom kan party produkte waterig en party

olierig wees. Deesdae is daar geen limiet as dit by bestanddele kom nie. ’n Man moet ‘n

paar produkte probeer om uit te vind watter produk die beste vir sy vel geskik is .As jy ‘n

droë vel het probeer eers iets wat simpel en olierig is met minder bestanddele. Met

probeer sal elke man sy eie produk kry wat vir hom werk wat die ongemaklikheid sal weg

vat. Verfrisser en Gesigwas produkte kan die vel redelik uitdroog. Bevogtigers keer ook

dat die vel vinnig verouder. Dit maak die vel sag en glad. ‘n Bevogtiger vir ‘n man se vel is

baie goed maar kan ook probleme veroorsaak as jy nie eers jou gesig nat maak nie .Baie

bevogtigers vorm ‘n lagie wat keer dat jou vel vog

vrystel. As daar reeds ‘n vogtigheid op die vel is

werk die bevogtiger soms beter en klou aand die

klamheid vas en daarmee druk dit net die

droogheid vas.

Wees verseker die dames sal nie hul hande kan

tuishou nie.

Naskeer

Wanneer jy ’n naskeer koop maar seker dat dit alkoholvry is omdat dit geneig is om die vel

te irriteer, Gebruik liewer ’n room of ’n gel, want dit is baie meer saf op die vel en dit

streel irritasie weg.

Corné Cornelissen

Die Man In My Lewe...

deur Jaygé Carstens

Ek sit vandag met my hande in my hare. Ek sit en staar na hierdie tema en ek wonder

waaroor om te skryf. Ek kan skryf oor my pa, maar gaan almal dit nie maar doen nie? Ek

kan seker skryf oor ‘n geliefde, maar is dit nie dalk te cliché nie?

En net op daardie oomblik hardloop my 2

jarige boetie die kamer in en gryp na sy

neusie. Die klank van ‘n olifant (sy gunsteling

dier) gaan deur die kamer soos hy die geluid

namaak. Ek glimlag net by myself, want ek

weet reeds wat hy wil hê. Michael Jackson se

Earth Song Music Video. Hy is op soek na die

olifant daarin en dan sal hy saamsing en lyk

asof hy wil huil as die olifant dood is en dan

lag en hande klap as die olifant opstaan...

My klein Ghoppie... Daardie oulike klein meneertjie...

Hoe baie het ek nie al by hom en deur sy oë geleer nie?

Ek weet vir ‘n feit dat ek nooit eendag die voorreg sal kan hê om “pappa” genoem te word

nie, maar met Vadersdag wat al nader beweeg weet ek dat ek darem een klein seuntjie

het wat na my opkyk. Maar wat mense nie besef nie is dat ek soms meer opkyk na hom as

wat hy ooit sal opkyk na my.

Met sy geboorte het ek gesweer dat ek nie te naby aan hom gaan wees nie. Ek het

geweier om te lief vir hom te raak, want ek wou myself beskerm, maar hy het my kom

wys dat hy tog diep in my hart in sou kruip. Hy

wou so vreeslik diep in my hart kruip dat ek

sommer in die toekoms sou uitbars in trane net

met die gedagte dat hy eendag moet uitgaan in

die wrede wêreld.

Dit is egter nie al wat ek by hom geleer het nie.

Ek het geleer dat ‘n mens liefde moet gee

sonder om te ontvang. Hy het gegee al het ek

aan die begin niks terug gegee nie. Hy het in my

hart in gekruip sonder voorwendsels en my lief

gehad. Op die uiteinde het hy my ook toe geleer dat ek alles kan gee en lief kan hê sonder

dat ek iets hoef terug te verwag.

Hy het my gewys hoe die kleinste blommetjie beeldskoon mooi kan wees. Hoe ‘n Lady

Gaga liedjie meer insig kan hê as enige ander liedjie daar buite.

En vandag leer ek weer by hom. Ek sien hoe hy hier by my

in die kamer sit en ek dink terug na ‘n tyd wat ek ook so

gesit het voor ‘n man. My oupa...

My oupa het ook altyd volwasse gesprekke met my gehad

soos ek met Ghoppie het. Hy het my ook hanteer asof ek

wys was en ek probeer dieselfde met Ghoppie doen. En

hopelik kyk hy ook eendag terug op my as ek dalk nie

meer die dag daar is nie. Dalk onthou hy ook ons lang

gesprekke. Miskien skryf hy ‘n boek. Ek weet egter een

ding verseker. Hy gaan ‘n sukses wees. Hy gaan my trots maak. Hy het reeds letterlik

opgestaan uit die dood uit. Hy het ‘n gesin aan mekaar gelas. Hy het glimlagte gebring

waar daar trane was. Hy kan liefde gee waar daar niks is nie. Hy is daar vir almal...

En ek kyk vandag en dink by myself... Ek kan baie mense in die lewe verloor, maar een

ding is verseker. Ek wil hierdie klein mannetjie nooit ooit verloor nie. Hy is die man in my

lewe wat saak maak. Die een vir wie ek my lewe sal gee...

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!