01.05.2013 Views

Gesondheids wetenskappe - Potchefstroom University

Gesondheids wetenskappe - Potchefstroom University

Gesondheids wetenskappe - Potchefstroom University

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

Innovasie deur diversiteit

Waar ons graadkry in die fakulteit

GESONDHEIDS-

WETENSKAPPE

klaarkry

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA

NOORDWES-UNIVERSITEIT

POTCHEFSTROOMKAMPUS

2

VRYWARING

Inhoud

Die studieinligting en die minimum toelatingsvereistes in hierdie

gids is onderhewig aan verandering en is slegs ’n opsomming van

die algemeenste studierigtings en -vereistes. Hierdie inligting is met

die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die

Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir wysigings

wat mag plaasvind nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit

moet in alle gevalle by die samestelling van ’n program van die

spesifieke studierigting geraadpleeg word.

Toelating

Neem asseblief kennis dat nie alle aansoekers tot ’n bepaalde

studierigting aanvaar word nie al sou hulle aan die minimum-vereistes

van ’n kursus voldoen. Die rede is dat die Universiteit beperkte

kursus- en koshuisplekke het en dat die meeste aansoekers aan ’n

keuringsproses (gebaseer o.a. op jou skoolpunte) onderhewig is.

Dieselfde geld vir aansoeke om koshuisverblyf.

Koshuisverblyf

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie (en dus van private

verblyf gebruik maak), word in die studentelewe geïnkorporeer

d.m.v. “dorpskoshuise”. Hulle het ’n volledige huiskomitee (HK) en

koshuisouers, kan in eetsale eet en neem in

koshuisverband aan die georganiseerde

studentelewe deel. Die meeste

studente maak van sodanige

verblyf gebruik en daar is ‘n groot

aanbod van akkommodasie binne

loopafstand van die kampus.

www.nwupuk.mobi

INHOUDSOPGAWE

Die kampus in ’n neutedop ............................................................ 3

Stop! Studentepret op sy heel beste! ............................................. 5

Koshuislewe ................................................................................... 6

Beurse en studielenings ................................................................ 7

Betaalbare gelde ............................................................................ 8

Studentevoorligtingsdiens .............................................................. 12

Algemene navrae ........................................................................... 12

Toelatingsvereistes ......................................................................... 13

Bepaling van die APS-telling ........................................................... 14

Studieinligting ............................................................................... 16

© 2009 NWU. Saamgestel deur die Departement Bemarking en

Kommuni kasie in samewerking met die agt (8) fakulteite en die

Toelatingskantoor op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-

Universiteit (NWU).

DIE KAMPUS

in ’n neutedop

Welkom by die NWU-Potchefstroomkampus!

Hierdie is jou gids tot beroepsgerigte opleiding en ’n internasionale

kwalifikasie: NWU-Pukke, waar ons graadkry met lekkerkry klaarkry!

Die Noordwes-Universiteit is ’n eg Suid-Afrikaanse universiteit met drie

kampusse in onderskeidelik Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mafikeng.

Jy kan op enige van dié drie kampusse studeer. Hierdie gids handel oor

studierigtings by die NWU-Potchefstroomkampus. As jy studieinligting

oor enige van die ander kampusse verlang, maak asseblief gebruik van

die kontakinligting onder Algemene navrae op bl.12.

Hoekom die NWU-Potchefstroomkampus?

• Hoë akademiese standaarde en internasionale kwaliteit;

• Waardegedrewe met ruimte vir die uitleef van Christelike beginsels;

• Beroepsgerigte opleiding vir jou loopbaan;

• Studie en studentelewe in Afrikaans;

• ’n Veilige en stabiele kampus; en

• ’n Studentelewe wat skrik vir niks!

Internasionale standaarde

By die NWU-Potchefstroomkampus is ons vurig oor kwaliteit –

internasionale kwaliteit! Om dit te verseker, word die Universiteit se

navorsing en nagraadse opleiding voortdurend aan ’n internasionale

evaluering onderwerp.

Die jongste verslag oor so ’n evaluering sê:

“Based on the findings during the visit to the University, all review

teams have become impressed by the quality assurance system

developed by the University. In a few years the University acquired

mastership in this field.”

“The University can be proud of its performance and has set standards

for the country as a whole. From an international perspective the

approach and procedures used are fully state of the art.”

Navorsing wys dat 85% van NWU-Pukstudente binne drie maande nadat hulle afgestudeer het, werk kry.

3

4

Die universiteit is:

• Die universiteit wat die meeste doen vir veeltaligheid en nasiebou.

* Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 2008

• Die bes bestuurde universiteit in Suid-Afrika.

* PricewaterhouseCoopers, 2007, 2008

• Die mees innoverende universiteit in Suid-Afrika.

* Innovasiefonds van die Departement Wetenskap en Tegnologie, 2008.

Beroepsgerigte opleiding

Gehalte is die sleutel tot jou beroepsgerigte graad. Dit word

vergestalt in die feit dat:

• Die NWU onder die drie top universiteite is wat navorsing met die

privaatsektor onderneem (THRIP-verslag 2006/2007);

• 95% van NWU-Pukstudente binne ’n jaar nadat hul afgestudeer

het, werk kry; en

80% van alle werkgewers aandui dat ons opleiding jou goed

voorberei op die eise en roetines van die werkplek. (Werksverkrygingnavorsing:

Potchefstroomkampus 2009).

Besondere studentelewe

Naas ’n beroepsgerigte graad, waarborg ons jou ook ’n unieke

studentelewe en dinamiese studentekorps in ’n moderne stad met die

beste sport-, kultuur- en ontspanningsgeriewe: Lang eikelanings en

luilekker kuierplekke, groot gees en selfs groter geeste.

Waardegedrewe maak ons ‘n verskil

Die Noordwes-Universiteit is ’n waardegedrewe instelling wat

verdraagsaamheid en respek vir alle perspektiewe en geloofsisteme

bevorder om sodoende ’n gepaste omgewing vir leeronderrig, navorsing

en gemeenskapsdiens te bevorder. Op die NWU-Potchefstroomkampus

het dosente en studente ruimte om ’n Christelike perspektief op

wetenskapsbeoefening te hê. Dit vorm die grondslag waarvolgens

98% van werkgewers in ’n navorsingsverslag die integriteit en etiese

optredes van ons afgestudeerde studente in die werkplek as goed tot

baie goed geëvalueer het.

Afrikaans: ’n Funksionele taal plan

Die Noordwes-Universiteit het ’n taalbeleid wat buigsaam, funksioneel

en meertalig is. Hierdie beleid bevorder toeganklikheid, integrasie en ’n

“gevoel van tuiswees”. Elke kampus het ’n taalplan wat die taalbehoefte

van studente en die taalwerklikheid op grondvlak in ag neem.

Aangesien ongeveer 90% van die studente op die Potchefstroomkampus

Afrikaanssprekend is, is die onderrig- en omgangstaal op die

kampus Afrikaans. Alhoewel die dagprogram vir voltydse studie op die

Potchefstroomkampus in Afri kaans is, is daar hulp vir nie-moedertaalsprekers

van Afrikaans. Studente mag met toestemming enige toets of

eksamen in Engels aflê, werks opdragte in Engels uitvoer en gedurende

lesings vrae in Engels stel.

In sekere studierigtings (Maats kaplike Werk, Voeding, Sosiale en

Politieke Wetenskap, Ingenieurswese, Aptekerswese, honneurs in

Teologie, Regte, Verpleegkunde, Sosiale en Politieke Wetenskap,

BCom-grade in Ekonomie en Internasionale Handel, Mensehulpbronbestuur

en Geoktrooieerde Rekenmeesterskap, BSc Aktuarieel

en BEd Grondslagfase) op voorgraadse vlak, kan studente klas loop in

Engels deur middel van simultane tolking.

Ondersteuning

Die NWU-Puk bedryf ’n voogstelsel van akademiese ondersteuning

en leiding aan studente. Die stelsel lei daartoe dat:

• ’n Slaagsyfer van 90% gehandhaaf word in finalejaarstudie;

Die NWU-Pukkampus die tweede hoogste deurvloeisyfer het van

alle universiteite in Suid-Afrika (voltooiing van graad in minimumtydperk);

Die NWU ‘n voorgraadse slaagkoers van 81,2% handhaaf; en

Studente ‘n rekenaarprogram, eFundi, gebruik waarmee akade-

miese ondersteuning ontvang word, met dosente gekommunikeer

word en werkopdragte ingehandig word.

STUDENTEPRET

op sy heel beste…

STOP! Jy hoef nie verder te soek nie.

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe het

GEEN gelyke in die land nie. Ons het nie studentelewe uitgevind

nie, maar dit wel vervolmaak!

... en as dít jou nie oortuig het nie: Wie en wat is die President van

Tarentaal, Klipoog, Calvynfontein, ’n door en die dorelied, groot brêg,

O&B en die Big Prims? As jy meer wil uitvind, is die NWU-Pukkampus

net die plek vir jou. En o ja, moenie vergeet van Jool, Intervarsity en

Aardklop nie. Studentepret op sy heel beste!

Maar wat maak die Potchefstroomkampus se unieke studentegees

en studentelewe so besonders?

• ’n Lewendige, interaktiewe koshuislewe (kampus- en dorpskos huise)

vorm as’t ware die hart van die studentelewe;

• ’n Veilige en stabiele kampus in ’n moderne studentestad;

• Morele ondersteuning in krisistye deur jou koshuis en mede inwoners is

ongekend – hier word jy deel van die NWU-Pukfamilie;

• Ons glo aan waar ons graadkry met lekkerkry in Afrikaans klaarkry;

• Die beste sportgeriewe en -fasiliteite met ’n hokkie-akademie en ’n rugbyinstituut;

• Die NWU-Pukkampus is dié kuns- en kultuurmekka met ‘n verskeidenheid

uitstekende fasiliteite, kore, orkeste, ander groepe en aktiwiteite

wat elke smaak kan bevredig;

• Verder word jy as totale mens gevorm deur die eerstejaarskonsert,

kampustalentfees, blokskilder, kultuurtoer, sêr-kompe tisies en

nog vele meer;

• Om ’n NWU-Puk te wees is om ’n Puk te groet – hier is jy nie net ’n studentenommer

nie. Ons ken mekaar op die naam; en

• Lekker kuierplekke en ontspanningsgeriewe waar almal mekaar ken en

lewenslange vriende word…

70% van die NWU-Puk se studente ry by drie ander

kampusse verby om in Potchefstroom te studeer.

5

6

KOSHUISLEWE

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe draai om sy

aktiewe koshuislewe met sy lewendige inter koshuiskompetisies. Alle

studente neem hieraan deel ongeag of hulle in kampuskoshuise bly of

privaat woon en in “dorpskoshuise” georganiseer is.

Wat maak ons kampuskoshuise verder uniek?

• Dit is binne loopafstand van akademiese en admini stratiewe geboue

en sportfasiliteite geleë;

• Veiligheid geniet hoë prioriteit – veral by die dameskoshuise

waar ’n streng stelsel van elektroniese toegangsbeheer toegepas

word;

• Elke koshuis het ’n koshuisbestuur wat bestaan uit ’n huisvader/moeder

en ’n huiskomitee; en

• Ander geriewe: e-pos, internet, telefone, eie geriewe om koffie

en tee te maak, was- en strykkamers met outomatiese wasmasjiene

en tuimeldroërs, kombuisies, televisiekamers, sitkamers,

ontspannings- en rekenaarlokale.

Dorpskoshuise

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie, maar in kamers,

woonstelle, buitehuise of by hul ouerhuise, neem aan die georganiseerde

studentelewe deel deur lid te word van een van die

“dorpskoshuise”. Dorpskoshuise funksioneer net soos kampuskos -

huise en word op dieselfde manier georganiseer as kampuskoshuise.

Studente in dorpskoshuise is ten volle deel van die kampus. Alle geriewe

is tot hul beskikking en hulle deel eetsale en die Klipoog Kafeteria saam

met ander koshuisinwoners. Dorpskoshuise kompeteer gelykwaardig

op alle terreine en van hierdie dorpskoshuise is gereeld wenners van

die kultuur-, sport- en akademiese trofeë.

Navorsing bewys dat 90% van studente van die NWU-Puk

effektief leiding kan neem in die werkplek.

Keuringsmodel

Aansoekers word aangemoedig om voor of op 30 Junie aansoek te doen

om koshuisplasing in ’n kampuskoshuis. Keuring vind in Julie plaas,

waarna merietegevalle deur ’n spesiale keuringskomitee oorweeg sal

word. Alle plasings word op grond van meriete en beskikbaarheid van

koshuisplek gedoen. (Keuringspunt: 70% akademie en 30% deelname

aan kultuur, sport en/of leierskap.)

BEURSE

en studielenings

Nuweling Akademiese Beurse

Dié beurse word outomaties (jy hoef nie daarvoor aansoek te doen nie)

aan alle voltydse eerstejaarstudente toegeken wat:

• Na graad 12 vir die eerste keer aan die universiteit vir ’n eerste

graad inskryf;

• ‘n Gemiddelde persentasie van 75% of hoër gedurende die graad

12-eindeksamen behaal het.

Die beurs word toegeken op grond van die rekenkundige

gemiddeld van die persentasies van die student se ses beste

vakke, Lewensoriëntering uitgesluit. Die persentasie behaal in nieaangewese

vakke word egter met 10% verminder in berekening

van merietebeurse. Die punte word nie afgerond nie.

Student se gemiddelde

berekende %

Merietebeurs

90% 110% korting van klasgeld

85% 100% korting van klasgeld

80% 75% korting van klasgeld

75% 40% korting van klasgeld

7

8

Leierskap en kultuurbeurs

Beurse word ook toegeken aan hoofleiers, Presidentsverkenner- en

Springboktoekennings, Hoofleierswagtoekennings, RRB Debatskompetisie,

ATKV Redenaarskompetisie en kuns- en kultuurprestasies.

Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by 018 299 4245 of e-pos

ronel.vorster@nwu.ac.za

Ondersteuningsbeurse

Fisies gestremde studente, gesinsbeurse vir meer as een student,

weeskinders en reisbeurse (wat ver van die kampus woon) kwalifiseer

ook vir beurse. Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by

018 299 4245 of e-pos ronel.vorster@nwu.ac.za

Sportbeurse

Vir ‘n beurs by die NWU-Puk Rugbyinstituut, skakel vir Ronel Emms

018 299 2429 of e-pos ronel.emms@nwu.ac.za. Vir ander sportbeurse,

skakel vir Joey du Pisani 018 299 2905 of e-pos joey.dupisanie@nwu.ac.za

Oudstudente-leningfonds

Skakel Leona Cain by 018 299 2764 of e-pos leona.cain@nwu.ac.za

NSFAS Beurs-leningskema

Skakel vir Marina Louw by 018 299 2193 of

e-pos marina.louw@nwu.ac.za

Funza Lushaka-onderwysbeurse

Skakel Triens Jacobs by 018 299 2189 of e-pos triens.jacobs@nwu.ac.za

Aansoeke en navrae om beurse en studielenings kan gerig word aan:

Die Hoof: Finansiële Steundienste (FSD), Potchefstroomkampus,

Noordwes-Universiteit, Privaatsak X6001, Potchefstroom 2520.

Tel: 018 299 4245 of 299 2189

Faks: 018 299 2194

E-pos: ronel.vorster@nwu.ac.za

Web: www.puk.ac.za/finansteun/

BETAALBARE

gelde en FINANSIËLE reëls

Inleiding

Die voorgeskrewe aansoekgeld, losiesdeposito, klas- en losiesgeld

word jaarliks hersien en word volledig in die amptelike dokument getiteld

“Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” uiteengesit.

Skakel gerus Finansiële Administrasie: Inkomste vir die verkryging

van hierdie dokument by:

Tel: 018 299 2662/8/9/2670/1 of 018 299 4050/425

Faks: 018 293 5230/4, 293 5252/5 of 018 293 5313/4/5

E-pos: alet.smith@nwu.ac.za isaac.mathiba@nwu.ac.za

kitty.jacobs@nwu.ac.za wagner.leana@nwu.ac.za

yolanda.vanwyk@nwu.ac.za suzanne.pretorius@nwu.ac.za

Aansoekgeld en losiesdeposito

Die aansoekvorm om voorlopige toelating tot die Universiteit sal nie

sonder die nodige bewys van betaling van die voorgeskrewe aansoekgeld

en losiesdeposito vir evaluering deur die Universiteit aanvaar word

nie. Indien jy die aansoekvorm en aansoekgeld (tjeks/posorders uitgemaak

aan die NWU) wil pos, rig dit asseblief aan die posadres voor op

die aansoekvorm.

Die volledige lys van klasgelde vir modules en kwalifikasies is beskikbaar

tydens registrasie in die betaalsaal van die Joon van Rooy-gebou

of op die universiteit se webwerf by www.nwu.ac.za/gelde. Die modulesamestelling

is bepalend vir die presiese klasgeldbedrag per jaar.

‘n Gemiddelde berekende raming wat onderhewig is aan aanpassing

en goedkeuring van die Raad, word per kwalifikasie vir 2011 hier onder

uiteengesit.

Hierdie is nie ‘n volledige lys van alle kwalifikasies nie, maar enkele

algemene grade:

Program Per jaar

BA R16 730

BA (Kommunikasie) R17 780

BA (Musiek) R25 640

BA (Maatskaplike werk) R20 920

BA (Grafiese ontwerp) R17 890

BPharm R23 130

BCom (Bestuursrekeningkunde) R23 380

BCom (Rekeningkunde en Informatika) R20 640

BCom (Regte) R24 920

BIng R26 100

BCur R19 560

BSc (Aktuariële Wetenskappe) R23 660

BSc (Verbruikerswetenskappe) R23 450

LLB R19 720

BTh R15 900

Universiteitsdiploma in Sportkunde R12 980

Honneurs R12 080

BEd (Grondslagfase) R18 410

BEd (Int. en Snr.) of BEd (Snr. en VOO) R16 340

BEd (Honneurs) per jaar vir 2 jaar R6 290

Volgens ’n Raadsbesluit geskied die bepaling van klasgeldtariewe per

module. Die tarief per module word volledig in die amptelike dokument

getiteld “Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” en/of aanhangsels

daarby uiteengesit. Die modulesamestelling (getal modules en aard van

die modules) is dus bepalend vir die presiese klasgeldbedrag per jaar.

Meer as ‘n duisend internasionale sportsterre stroom jaarliks

na Potchefstroom om gebruik te maak van die universiteit se

uitstekende sportgeriewe.

9

10

Losiesgeld

Die beraamde losiesgeld vir mans- en dameskoshuise per jaar vir

2011 word hieronder as ’n riglyn uiteengesit maar is onderhewig aan

aanpassing en goedkeuring van die Raad.

Mans- en Dameskoshuise (per jaar)

Caput R12 490 Minjonet R12 490

Excelsior R12 490 Oosterhof R12 490

Heide R12 490 Over de Voor R12 490

Hombre R12 490 Patria R12 490

Karlien R12 490 Vergeet-my-Nie R12 490

Kasteel R12 490 Veritas R12 490

Klawerhof R12 490 Wag-’n-Bietjie R12 490

Kom-en-Gaan R12 490 Wanda R12 490

Mans- en Dameskoshuise – Enkelkamers (per jaar)

De Wilgers R12 950 Ratau R12 950

Eikenhof R12 950 Republiek R12 950

Laureus R12 950

Oppirif (per jaar)

Kamers R14 065 Selfsorg-eenhede

R19 965

Die bedrae sluit die aansoekgelde om koshuisinwoning van R500 in,

asook die R1 000 ter bevestiging van die koshuisinwoning in die geval

van eerstejaarstudente. Die R1 500, of R500 in die geval van senior

studente, word as ‘n losiesdeposito op u rekeningstate aangedui en

Navorsing bewys dat 82% van NWU-Pukstudente kreatief

in die werkplek kan dink!

sal aan die einde van Maart oorgeplaas word as krediet op u klas- en

losiesgeldrekening.

Die tariewe word volledig in die amptelike dokument getiteld

“Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” uiteengesit. Die nuutste

dokument is ook op die web by www.nwu.ac.za/gelde beskikbaar.

Etegeld

Etes word op ‘n streng kontantbasis by die Universiteit hanteer. Dit

beteken dus dat u slegs dit wat u op u eterekening inbetaal, beskikbaar

het; geen krediet word dus meer vir etes verleen nie! Etes, bereken

teen R65 per dag vir 170 dae, beloop ongeveer R 11 050 per jaar, of

R1 300 per maand.

Etes in koshuiseetsale kan slegs deur middel van die universiteitskaart

genuttig word. Studente betaal slegs vir etes wat wel geneem word.

Etes en snoeperye kan ook in die kafeteria deur middel van die universiteitskaart

aangekoop word. Behalwe vir etes, mag daar net kampusgoedgekeurde

items op die universiteitskaart gekoop word, soos bv.

PUK-dagboeke, PUK-rugbytruie, eerstejaarsdineekaartjies of toegangskaartjies

na goedgekeurde studentefunksies.

Etegeld-betalingsopsies

‘n Direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling kan gemaak word

in enigeen van die Noordwes-Universiteit se bankrekenings by ABSA

Bank, Eerste Nasionale Bank, Nedbank of Standard Bank. By ABSA

se Rekeningbetalings, ENB se Public Recipients, Nedbank se Bankapproved

beneficiaries of Standard Bank se Companies moet die rekeningnaam

“NWU VENDING” vanuit u bank se lys van begunstigdes

gekies word.

Slegs die 8-syfer-universiteitsnommer sal as begunstigde verwysing aanvaar

word. Die onderskeie rekeningnommers, wat verskil van die NWU

STUDENT-rekeningnommers hier bo genoem, is: ABSA 40-7010-0351,

ENB 6216-191-6849, Nedbank 1713-378-558 en Standard Bank

33-038-243-8.

NWU VENDING is dus uitsluitlik vir die kontant etestelsel bedoel terwyl

NWU STUDENT vir klas-, losies en ander geld bedoel is.

Kassiere op kampus

Gelde kan van 08:00 tot 15:30 op weeksdae by die kassier in die Joon

van Rooy-gebou inbetaal word.

Registrasiegeld

Die onderstaande beraamde bedrae is tydens registrasie in Januarie/

Februarie betaalbaar maar is onderhewig aan aanpassing en goedkeuring

van die Raad.

Koshuis Dorp Deeltyds

Registrasiegelde R950 R950 R950

Addisionele registrasiegelde

(Dorpskoshuisrade) – R50 –

Eerste betaling op klasgeld R4 100 R4 100 R4 100

Eerste betaling op losiesgeld R3 900 – –

Etes tydens O&B*

(Verpligtend vir koshuiseerstejaars) R700 – –

Verpligte betaling R9 650 R5 100 R5 050

Aanbevole inbetaling vir etes

(Februarie en Maart 2011)** R1 950 R1 950 –

Totaal R11 600 R7 050 R5 050

* Ontvangs- en Bekendstellingsprogram vir eerstejaarstudente.

** Sien Etegeld hier naas.

Betaling van gelde

Klas- en losiesgeld is betaalbaar in maandelikse paaiemente, soos

aangedui op die rekeningstate, binne dertig dae na rekeningdatum,

met ‘n finale betaling ter volle vereffening op 31 Julie jaarliks. Ander

gelde is streng betaalbaar binne dertig dae na rekeningdatum.

11

12

Die losiesdeposito word jaarliks gedurende Maart van die betrokke

studiejaar teen die student se klas- en losiesgeldrekening gekrediteer.

Indien ‘n student se studies deur middel van ‘n beurs of lening

gefinansier word, moet die skriftelike bewys daarvan jaarliks tydens

registrasie voorgelê word. Die skriftelike bewys moet ‘n uiteensetting

gee van dit waarvoor die beurs- of leningsbedrae aangewend mag

word, asook wanneer die uitbetaling daarvan sal geskied. As u dus van

‘n beurs of lening gebruik maak om u studies te finansier, moet u reeds

vroegtydig by die betrokke instansie aansoek doen.

Studentevoorligtingsdiens

(SVD)

Talle studente betree deesdae die wêreld van studie met ontoereikende

kennis van die beroepswêreld en die werksituasie. Die Studentevoorligtingsdiens

is amptelik die ondersteuningsdepartement

van die Noordwes-Universiteit wat met behulp van sielkundige toetse,

skoolkinders vanaf graad 7-12 op ’n wetenskaplike wyse help om

verantwoordelike keuses te maak en besluite te neem ten opsigte van:

• Beroeps- en kursuskeuse; en

• Realisering van potensiaal.

Studente word ook tydens die ontvangs- en bekendstellingsprogram

getoets of hulle in die regte studierigting studeer. Skakel die

Studentevoorligtingsdiens by 018 299 2891.

ALGEMENE

navrae

Potchefstroomkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Potchefstroomkampus),

Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520.

Tel: 018 299 2772, faks: 018 299 2767, e-pos: navrae@nwu.ac.za

Mafikengkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Mafikengkampus),

Privaatsak X2046, Mmabatho, 2735.

Tel: 018 389 2252, faks: 018 392 5775,

e-pos: tshepi.molemane@nwu.ac.za

Vaaldriehoekkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Vaaldriehoek kampus)

Posbus 1174, Vanderbijlpark, 1900.

Tel: 016 910 3111, faks: 016 910 3171, e-pos: vaal@nwu.ac.za

89% van studente van die NWU-Puk kan analities en

logies dink in die werkplek.

TOELATINGSvereistes

Aan die einde van 2008 is die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC), wat

matriek vervang, vir die eerste keer uitgereik.

Dit bepaal dat ’n leerder sewe vakke moet slaag. Vier van die vakke is

verpligte vakke: Een amptelike taal op die vlak van Huistaal en een taal

as Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Wiskunde of Wiskundige

Geletterdheid en drie verdere keusevakke.

Die minimum toelatingsvereiste vir graadstudie by enige universiteit

(die ou matriekvrystelling, nou genoem universiteitstoelating), is

’n prestasievlak van 4 (50-59%) nodig in minstens vier vakke uit die

aangewysde groep vakke (sien lys).

Aangewysde vaklys vir Universiteitstoelating

• Besigheidstudies

• Dramatiese Kunste

• Ekonomie

• Fisiese Wetenskappe

• Geografie

• Geskiedenis

• Godsdiensstudie

• Ingenieursgrafika en -ontwerp

• Inligtingstegnologie

• Landbouwetenskap

• Lewenswetenskappe

• Musiek

• Rekeningkunde

• Tale (een taal van leer en onderrig soos by ’n instansie vir hoër

onderwys gebruik)

• Verbruikerstudie

• Visuele Kunste

• Wiskunde

• Wiskundige Geletterdheid

13

14

Jy benodig minstens vier (4) vakke uit die lys hierbo op vlak 4 (50-59%).

Tweedens moet jy voldoen aan die APS-telling en toelatingsvereistes vir

die betrokke studierigting.

Bepaling van die APS-telling

• Die prestasie behaal in ses vakke word gebruik om die APS-telling

te bereken. Vier van die vakke kom uit die aangewysde lys (soos

benodig vir universiteitstoelating). Indien die ander twee vakke

nie uit die lys kom nie (dus uit die gewone NSC-vaklys) word dit

in berekening gebring.

• Die APS-punt behaal in Lewensoriëntering word nie in berekening

gebring by die berekening van die APS-telling nie, maar om ’n

Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) te behaal, moet ’n leerder ’n

skaalpunt van 3 in Lewensoriëntering verwerf.

• Vir die Potchefstroomkampus van die NWU, word die volgende

taalvereiste gestel: ’n Slaagsyfer van vlak 4 (50-59%) in die taal

van leer en onderrig op Huistaal- of Eerste Addisionele Taalvlak.

• Die spesifieke vakvereistes kan in die volledige Studieinligtingsgids

gesien word.

• Om meer inligting te bekom oor voorwaardelike universiteitstoelating,

skakel 012 481 2921 of besoek www.sauvca.org.za

www.nwupuk.mobi

90% van NWU-Pukstudente se akademiese opleiding

berei hul uitstekend voor vir die beroepswêreld.

Die volgende keuringstabel word gebruik vir die bepaling van die APStelling:

Keuringstabel vir die bepaling van APS:

(Omskakeling van skoolvakke se simbole)

NSC-vlak APS-telling

7 (80-100%) 7

6 (70-79%) 6

5 (60-69%) 5

4 (50-59%) 4

3 (40-49%) 3

2 (30-39%) 2

1 (0-29%) 1

Voorbeeld van hoe om jou APS-telling te bepaal.

(Hierdie is slegs ’n voorbeeld. Pas jou eie vakke en punte volgens die

voorbeeld toe.)

Afrikaans Huistaal (uit aangewysde lys) 4

Engels Eerste Addisionele Taal (uit aangewysde lys) 4

Wiskunde (uit aangewysde lys) 6

Rekeningkunde (uit aangewysde lys) 6

Ontwerp (NSC-vak) 6

Rekenaartoepassingstegnologie (NSC-vak) 5

APS-telling 31

Vergelyk dit nou met die vereistes in dié studieinligtinggids om te sien

of jy kwalifiseer vir toelating.

15

16

Fakulteit

GESONDHEIDSWETENSKAPPE

Inleiding

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bestaan uit vyf (5) skole wat

elkeen ’n bepaalde studieterrein of vakdissipline verteenwoordig. Voort -

durende vernuwing en aanpassing sorg dat die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

op die voorpunt bly van die gesondheids wetenskappe.

Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap (Biokinetika,

Menslike Bewegingskunde, Rekreasiekunde, Sportwetenskap,

Kinderkinetika en Sportkunde);

Skool vir Farmasie (Farmakologie, Farmaseutiese Chemie, Kliniese

Farmasie, Farmaseutika en Farmasiepraktyk);

Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe (Fisiologie,

Voeding, Dieetkunde en Verbruikerswetenskappe);

Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe (Maatskaplike Werk

en Psigologie); en

Skool vir Verpleegkunde (Algemene Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde,

Verloskundige Verpleegkunde, Psigiatriese Verpleegkunde,

Gesondheidswetenskapsonderwys, Gesondheids diensbestuur,

Gesondheidsberaming, -diagnose en behandeling en Anatomie).

Studierigtings

Diploma in Sportkunde

(Programkode vir aansoekvorm: 832100: G101P)

Spesialisering in Rugby, Atletiek en Sokker

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat;

• ’n APS-telling van minstens 15; en

• Aansoeke is onderhewig aan interne keuring na aanleiding van

sportsoort van spesialisasie.

Doel en beroepsmoontlikhede van dié program

Om sportkundiges wat in strategiese sportsoorte spesialiseer, op te lei

wat op grond van hulle kennis en vaardighede:

• Sportlui se sportaanleg kan evalueer;

• Sportontleding kan doen om opponente se spelpatrone en

-strategieë te bepaal;

• Sportontleding kan doen om leemtes en sterk punte van sportlui

te kan identifiseer;

• Fiksheidsontleding kan doen om die identifisering van leemtes in

fiksheid te bepaal;

Foutontleding te doen in die uitvoer en toepassing van

vaardighede; en

Sportlui te help met die regstelling van geïdentifiseerde leemtes.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke sluit in Sportkunde en Menslike Bewegingskunde.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot verdere studie

Na suksesvolle voltooiing van die diploma, kan ’n student ’n BA-graad in

Gesondheidswetenskappe verwerf, indien hy/sy die vereiste addisionele

modules neem met spesialisering in Menslike Bewegingskunde.

Na voltooiing van die BA-graad kwalifiseer die student vir dieselfde

geleenthede as enige ander afgestudeerde student met Menslike

Bewegingskunde as hoofvak.

BA Gesondheidswetenskappe

Die volgende drie (3) kurrikulums word in die program BA

Gesondheids wetenskappe aangebied:

• Menslike Bewegingskunde en Psigologie

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G301P)

• Rekreasiekunde en Psigologie

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G302P)

• Rekreasiekunde en Toerismebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G303P)

Menslike Bewegingskunde en

Psigologie

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Menslike Bewegingskunde is die studie van die mens in beweging/

fisieke aktiwiteit, asook die invloed daarvan op die mens in sy totaliteit.

Tydens die studie (voltyds oor ’n periode van drie (3) jaar) word aandag

gegee aan die perseptueel-motoriese, fisiologiese, psigologiese en

biomeganiese beginsels wat ter sprake kom wanneer die mens aan

fisieke aktiwiteit deelneem.

Die toepassing van verskillende meetmetodes en oefening ter

verbetering van prestasievermoë, evaluering en behandeling van

sportbeserings, verbetering van gesondheid en kwaliteit van lewe,

asook die ontwikkeling van bewegingsvaardighede, maak deel uit van

die kursus.

Met Menslike Bewegingskunde as een van die twee (2) hoofvakke, kan

‘n student ‘n BA- of BSc-graad verwerf.

Doel van dié kurrikulum

• Om studente in staat te stel om sportlui op ’n wetenskaplike wyse

by te staan deur toepaslike evaluering van sportprestasiepotensiaal,

die samestelling van algemene sportkondisioneringsprogramme,

afrigting in enkele sportsoorte, sporttalentidentifisering, asook

die organisasie en administrasie van sport;

• Om studente die kennis en vaardighede te gee waarmee hulle

mense kan voorlig oor oefening om siektes te voorkom;

• Om liggaamsamestelling ten opsigte van gesondheid te kan

ontleed; en

• Om in gevalle van basiese mediese noodsituasies en beserings

hulp te kan verleen.

Beroepsmoontlikhede

• Sportkundige;

• Sportorganiseerder;

• Sportadministrateur;

• Fiksheidsinstrukteur;

• Oefenkundige; en

• Bewegingskundige.

Toelating tot nagraadse studie

Onderwys

Vir studente wat in die onderwys belangstel, kan die Nagraadse

Onderwyssertifikaat (NGOS) verwerf word (sien die afdeling oor die

Fakulteit Opvoedingswetenskappe). Ten einde toegelaat te word tot

die studie moet studente wat Menslike Bewegingskunde (tot op derde

vlak), asook Fisiologie (tot op tweede vlak) of Psigologie (tot op derde

vlak) as ander metodiekvak neem. Met hierdie agtergrond kan die

onderwyser fisieke aktiwiteit as deel van die leerarea lewensoriëntering

aanbied.

Let daarop dat slegs die BA Menslike Bewegingskunde en Psigologie

kurrikulum, asook BSc Menslike Bewegingskunde en Fisiologie program

toelating tot die NGOS kan verleen.

17

18

Honneursprogramme

Suksesvolle voltooiing van beide die BA- en BSc-programme bied

vir studente die geleentheid om aansoek te doen om toelating tot

die toepaslike honneursprogramme (spesialisering in Biokinetika,

Kinderkinetika of Sportwetenskap). Toelating tot hierdie program is

onderhewig aan ’n keuringsproses aan die einde van die derde jaar

asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

Biokinetika

Die Biokinetikus streef na die bevordering van deelnemers se gesondheid

en liggaamlike welstand deur middel van wetenskaplik saamgestelde

en individueelgerigte oefenprogramme. Rehabilitasieprogramme word

ook aangebied vir persone met klinies gediagnoseerde probleme soos

kardiorespiratoriese-, ortopediese-, hipokinetiese-, metaboliese-, psigoemosionele

probleme, ens.

Na voltooiing van die spesialiseringsprogram moet die student vir nog

een (1) jaar praktiese ondervinding in ’n geakkrediteerde Biokinetikapraktyk

opdoen, voordat volle registrasie as Biokinetikus by die Suid-

Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe verkry kan word.

Kinderkinetika

Gekwalifiseerde persone in dié rigting werk met jong kinders –

gewoonlik tussen die ouderdom van drie tot tien jaar. Die programme

is gerig op die ontwikkeling van perseptueel-motoriese vaardighede,

asook sportspesifieke vaardigheidsprogramme. Studente word

ook opgelei om motoriese remediërende programme vir kinders

met bepaalde motoriese, verstandelike, emosionele, sosiale, leer of

neurologiese agterstande aan te bied. Hierdie werk vorm dikwels

deel van ’n multidissiplinêre span saam met ander kundiges soos bv.

Arbeidsterapeute, Fisioterapeute, Medici, Psigoloë en Biokinetici.

Sportwetenskap

Die Sportwetenskaplike lewer professionele, wetenskaplike ondersteuningsdienste

ter ontwikkeling en bevordering van prestasievermoë

in sport. Die bydrae strek vanaf die identifisering en ontwikkeling van

nuwe sporttalent op jong ouderdom, tot by die toetsing en wetenskaplike

optimalisering van elite sportlui se prestasiepotensiaal, ter ondersteuning

van die afrigter se take.

Sodoende behels die Sportwetenskaplike se werk onder andere die

volgende:

• Sportfisiologiese evaluering van prestasiepotensiaal;

• Individueelgerigte, sportspesifieke wetenskaplike oefenprogramontwerp

en begeleiding;

• Sporttalentidentifisering;

• Sportpsigologiese evaluering, begeleiding en motivering;

• Sportvoeding;

• Sportbestuur en administrasie; en

• Sportantropometrie.

Die suksesvolle voltooiing van die honneursgraad gee ook die student

geleentheid om aansoek te doen vir keuring vir die MA- of MSc-graad

met spesialisering in Biokinetika, Kinderkinetika of Sportwetenskap en

daarna die PhD-graad.

Rekreasiekunde en Psigologie

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G302P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Rekreasiekunde en Toerismebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 100167: G303P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Rekreasiekunde is die studie van die mens se vryetydsgedrag, asook

die verband wat dit met die omgewing het en hoe dié dienste in die

gemeenskap benodig en ontplooi kan word. Buitelugrekreasie en

avontuuropleiding maak ook deel van dié kursus uit. Dit fokus veral

daarop om lewensvaardighede te ontwikkel en mense te bemagtig om

dié vaardighede op verskillende lewensterreine te gebruik en toe te pas.

Twee (2) vasgestelde BA-kurrikulums met Rekreasiekunde as hoofvak

bestaan, naamlik Rekreasiekunde en Psigologie, asook Rekreasiekunde

en Toerismebestuur.

Doel van dié kurrikulums

• Om die student te bemagtig met tersaaklike teoretiese kundigheid

en praktiese vaardighede om die arbeidsmark as entrepreneur of

werknemer van organisasies op die terrein van Rekrea sie kunde

te betree;

• Om gekwalifiseerde kundigheid aan Suid-Afrika te lewer wat

aktief kan leiding gee met betrekking tot die bemagtiging van die

gemeenskap ter bevordering van welstand, lewensvaardighede

en effektiewe vryetydsleefstyl;

• Om rekreasieprogramme (aan die hand van wetenskaplikgefun

deerde teorieë) vir geselekteerde teikengroepe te beplan,

ontwikkel, implementeer, fasiliteer en te evalueer; en

• Om die student bewus te maak van sodanige etiese en morele

waardes en norme om die gemeenskap te kan dien met verworwe

kundig- en vaardighede.

19

20

Ná voltooiing van die kurrikulums is die student opgelei om

kundighede in bepaalde beroepe toe te pas:

• Sport- en Rekreasiebestuurder;

• Rekreasiesentrumbestuurder;

• Programbeplanner;

• Fasiliteitebestuurder;

• Rekreasiekonsultant;

• Spanboudeskundige

• Avontuurinstrukteur; en

• Avontuurterapeut.

Toelating tot nagraadse studie

Studente wat in nagraadse programme in Rekreasiekunde belangstel,

moet kennis neem dat hulle aan die einde van hul derde jaar vir die

program gekeur sal word en dat keuring onderhewig is aan beskikbare

kapasiteit in die vakgroep.

Onderwys

Studies in Rekreasiekunde bied nie toegang tot die Nagraadse Onderwys -

sertifikaat (NGOS) nie (sien die afdeling oor die Fakulteit Opvoe d ingswetenskappe).

Honneursprogram in Rekreasiekunde

Suksesvolle voltooiing van die BA-program bied vir studente die geleentheid

om aansoek te doen om toelating tot die honneursprogram in

Reaksiekunde.

Tydens die honneursprogram vind spesialisasie plaas in programbeplanning,

terapeutiese rekreasie, gevorderde fasilitering, reaksiebestuur,

navorsing en ander bestuursvaardighede. Die kursus berei die

student voor om bemagtigings- en rehabiliterende werk in gemeenskappe

te verrig. Korporatiewe programaanbiedings geniet ook aandag

in dié spesialisering. Opleiding vind ook plaas in ’n verskeidenheid

avontuuraktiwiteite wat op nasionale en internasionale kwalifikasies

kan uitloop.

Die suksesvolle voltooiing van die honneursgraad gee ook die student

geleentheid om aansoek te doen vir keuring vir die MA-graad in

Rekreasiekunde en daarna die PhD-graad en is onderhewig aan

beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

BA (Sport-, Gesondheid- en

Vryetydwetenskap)

(Programkode vir aansoekvorm: 843100: G316P)

Hierdie kwalifikasie bestaan uit een kurrikulum waarvan Menslike

Bewegingskunde en Rekreasiekunde die onderskeie hoofvakke is.

Toelatingsvereistes:

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ‘n APS-telling van minstens 21.

(Sien vakgroep Menslike Bewegingskunde en Rekreasiekunde vir meer

inligting.)

Baccalaureus in (Maatskaplike Werk

(BMW))

(Programkode vir aansoekvorm: 111101: G402P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 24; en

• Onderworpe aan ’n keuringstoets.

Doel en beroepsmoontlikhede van dié program

Maatskaplike Werk is ’n professie. Dit beteken dat jy spesiale vakkundige

opleiding moet ondergaan, voordat jy as ’n maatskaplike werker mag

praktiseer. Die werk sluit terapeutiese, sowel as voorkomings dienste in

wat aan enkelinge, groepe en gemeenskappe gelewer word. Professionele

dienslewering geskied ten opsigte van ’n wye verskeidenheid vraagstukke,

sodat mense gehelp word om hulself te help.

Die Maatskaplike Werk professie het talentvolle jong mense nodig

om te help ontwikkel aan Suid-Afrika se kosbaarste bron – sy mense.

Vir hierdie kwalifikasie word een (1) program aangebied. Dit is ’n

professionele kwalifikasie waarmee jy by die Suid-Afrikaanse Raad

vir Maatskaplike Diensberoepe kan registreer. Die doel van hierdie

program is om studente op te lei om as maatskaplike werkers

terapeutiese en ontwikkelingswerk te verrig en om die onderskeie rolle

van die maatskaplike werker, soos vereis deur die Suid-Afrikaanse Raad

vir Maatskaplike Diensberoepe, effektief te vervul.

Wie kan maatskaplike werkers word?

Talentvolle mense met goeie verstandelike en oordeelsvermoë, wat

belangstelling en geloof in hulle medemens openbaar en wat ’n sin

vir betroubaarheid en verantwoordelikheid aan die dag lê, is geskikte

kandidate. Hoewel die professie deur albei geslagte beoefen word,

is daar veral ’n vraag vir groter getalle mans wat aan die vereistes

beantwoord.

Watter werksgeleenthede is daar vir my?

Beroepe in die staatsdiens, privaatsektor, privaatpraktyk en akademie

kan gevolg word. Instansies soos kerke, vroue-organisasies en skole,

maak ook dikwels van maatskaplike werkers gebruik. Maatskaplike

werkers kan ook privaat praktiseer.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in hierdie program is Maatskaplike Werk,

Psigologie en Sosiologie.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle voltooiing van die program verleen toegang tot die meesters

graad in Maatskaplike Werk en is onderhewig aan ‘n keuringsproses

asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

21

22

BA (Maatskaplike Werk en Psigologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 100168: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Doel en beroepsmoontlikhede van dié program

As jy belangstel om ’n driejarige nie-professionele BA-graad te

voltooi wat jou in staat sal stel om met mense te werk, is die BA met

Maatskaplike Werk en Psigologie ’n studierigting om te oorweeg. Die

doel van die program is om studente toe te rus vir beroepe in kinder-

en jeugsorg en gemeenskapsontwikkeling.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in hierdie program is Maatskaplike Werk,

Psigologie en Sosiologie.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Hierdie kwalifikasie bied toelating tot ´n honneursgraad in Psigologie

en is onderhewig aan ‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in

die vakgroep.

BA Psigologie (Sielkunde)

In die Fakulteit Gesondheidswetenskappe word ’n gesondheidsprogram

met verskillende strome aangebied afhangende van die vakkombinasies.

Die doel is om studente toe te rus vir beroepe binne die breë terrein van

die gesondheidswetenskappe wat deur navorsing en/of konsultasie die

fisiese en psigiese gesondheid van mense bevorder.

Toelatingsvereistes

Psigologie word in verskeie programme as een van twee (2) hoofvakke

aangebied. Hierdie voorgraadse studie bestaan uit ’n B-graad bv. Baccalaureus

Artium (BA) of Baccalaureus Scientiae (BSc). Die toepaslike

toelatingsvereistes vir die betrokke graad is van toepassing.

Doel en beroepsmoontlikhede van die programme

Sielkunde oftewel Psigologie is die studie van menslike gedragspatrone,

denkwyses en gevoelens. Alhoewel die sielkunde dikwels beskou word

as ’n wetenskap waarvan Sigmund Freud die stigter was, kan ’n mens

dit verder terug in die geskiedenis vind in die debatte tussen filosowe

soos John Locke en Immanuel Kant.

Die moderne studie van sielkunde bestaan uit ’n hele aantal

spesialisasierigtings, te wete bedryfsielkunde, ontwikkelingsielkunde,

sosiale sielkunde, psigonomie (oorkoepelende term vir kognitiewe- en

neuro sielkunde), psigopatologie, fisiologiese sielkunde, psigologiese

metodeleer, persoonlikheidsielkunde en dan die terapiegebaseerde

rigtings soos kliniese sielkunde, opvoedkundige sielkunde en voorligting

sielkunde. Hierdie programme fokus op voorkomende, bevorderende

en fasiliterende gesondheidsvoorligting.

Wyse van aanbieding en duur van die programme

Sover dit die BA- en die BSc-graad betref, word al die modules van

Psigo logie voltyds aangebied en strek die programme oor drie (3) jaar.

Verdere uiteensetting van die programme

Die kurrikulums bestaan uit vaste modulesamestellings wat fokus op

Psigologie as hoofvak. By die samestelling van die kurrikulums is oorweging

geskenk aan beroepsmoontlikhede en die mannekragbehoeftes

van ons land. Hierdie kurrikulums berei die student ook voor vir

nagraadse studie in die onderskeie hoofvakke.

Die volgende programme word aangebied:

BA (Psigologie en Afrikaans en

Nederlands)

(Programkode vir aansoekvorm: 100169: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Om studente die geleentheid te bied tot die verwerwing van

graadvlakvaardigheid en toegepaste vaardighede in die veld van

Psigologie en om hulle bewus te maak van die toegevoegde waarde

wat taal- en literatuurstudie kan inhou vir die beroepswêreld.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot

die honneursgraad in Afrikaans en Nederlands of Psigologie en is

onderhewig aan ‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die

vakgroep.

23

24

BA (Psigologie en Arbeidsverhoudinge)

(Programkode vir aansoekvorm: 100170: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Die bevordering van kritiese en kreatiewe denke en gebruik van

die wetenskap en tegnologie om die student te bemagtig met die

tersaaklike teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede om die

arbeidsmag en entrepreneur of werknemer van organisasies op die

terrein van Arbeidsverhoudinge en Psigologie te betree.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die

honneursgraad in Arbeidsverhoudinge of Psigologie en is onderhewig

aan ‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

BA (Psigologie en Engels)

(Programkode vir aansoekvorm: 100171: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Om studente die geleentheid te bied tot die verwerwing van graadvlakvaardigheid

en toegepaste vaardighede in die veld van Psigologie

en om hulle bewus te maak van die toegevoegde waarde wat taal- en

literatuurstudie kan inhou vir die beroepswêreld.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die honneursgraad

in Engels of Psigologie en is onderhewig aan ‘n keuringsproses

asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

BA (Psigologie en Geografie en

Omgewingstudie)

(Programkode vir aansoekvorm: 100172: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Na suksesvolle voltooiing van die kurrikulum sal studente in staat

wees om as onderwyser in Geografie en Voorligting te praktiseer,

(na voltooiing van ’n nagraadse kwalifikasie) en in die veld van

Omgewingsbestuur, veral op die terrein van openbare deelname en

sosiale invloedstudies, te kan praktiseer.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die

honneursgraad in Psigologie of Geografie en Omgewingstudie en is

onderhewig aan ‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die

vakgroep. Suksesvolle verwerwing van die honneursgraad in Geografie

en Omgewingstudie verleen toegang tot die Magistergraad in

Omgewings wetenskap.

Na die aanvanklike deel van die M Env Sci-graad suksesvol afgelê is, kan

die student ook aansoek doen om toegelaat te word tot die Magistergraad

in Omgewingsbestuur.

BA (Psigologie en Setswana)

(Programkode vir aansoekvorm: 100173: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Om studente die geleentheid te bied tot die verwerwing van

graadvlakkundigheid en toegepaste vaardighede in die veld van

Psigologie en om hulle bewus te maak van die toegevoegde waarde

wat ’n Afrikataal en literatuurstudie kan inhou vir die beroepswêreld.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die honneursgraad

in Setswana (Letter- en Taalkunde) of Psigologie en is onderhewig

aan ‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

BA (Psigologie en Sosiologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 100174: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Om studente die geleentheid te bied tot die verwerwing van

graadvlakvaardighede en toegepaste vaardighede in die veld van

Psigologie en Sosiologie om as gemeenskapsontwikkelaars op te tree

binne die plaaslike, streeks- en nasionale regeringsdiens.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die

honneursgraad in Openbare Bestuur en Regering, Volhoubare Ontwikkeling

of Psigologie en is onderhewig aan ‘n keuringsproses asook

beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

25

26

BA (Psigologie en Toerismebestuur)

(Programkode vir aansoekvorm: 100175: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating; en

• ’n APS-telling van minstens 20.

Kurrikulumuitkoms

Die bevordering van kritiese en kreatiewe denke en gebruik van die

wetenskap en tegnologie om die student te bemagtig met die tersaaklike

teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede om die arbeidsmark

as entrepreneur of werknemer van organisasies op die terrein van

Toerismebestuur en Psigologie te betree.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle verwerwing van die BA-graad verleen toegang tot die

honneursgraad in Toerismebestuur of Psigologie en is onderhewig aan

‘n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

Nagraadse studies in Psigologie

Na voltooiing van die BA- of BSc-graad, doen die student aansoek vir

keuring vir toelating tot die honneursgraad in Psigologie.

Na voltooiing van die honneursgraad, kan die student aansoek doen om

ses (6) maande praktiese werk, onder ons toesig en by goedgekeurde

instansies, te gaan doen en na voltooiing van die praktiese werk, kan

die student by die SA Raad vir Gesondheidsberoepe (Health Professions

Council of South Africa) registreer as Sielkundige Voorligter.

Die voltooiing van die honneursgraad gee ook die student die

geleentheid om aansoek te doen vir keuring vir die MA- of MSc-graad

in Kliniese, Voorligting- of Navorsingsielkunde om dan te kan registreer

as Sielkundige.

BSc

Biologiese Wetenskappe

In die program BSc (Biologiese Wetenskappe) word die volgende

kurrikulums aangebied:

• Fisiologie en Biochemie

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G301P)

• Fisiologie en Chemie

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G302P)

• Fisiologie en Dierkunde

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G303P)

• Fisiologie en Mikrobiologie

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G304P)

• Psigologie en Rekenaar- en Inligtingstelsels

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G305P)

• Psigologie en Wiskunde

(Programkode vir aansoekvorm: 200112: G306P)

Toelatingsvereistes vir BSc (Biologiese Wetenskappe)

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4

(50-59%); en

• ’n APS-telling van minstens 24.

Wat is Fisiologie?

Fisiologie is ’n afdeling van die mediese wetenskap wat die funksies en

gekoördineerde aktiwiteite van selle, weefsels en organe in lewende

organismes bestudeer.

Die voorgraadse en nagraadse kursusse in die vakgroep Fisiologie is

só gestruktureer dat dit aan die eise van die beroepswêreld voldoen

en bied uitstekende opleiding vir verskeie beroepsgeleenthede. Al die

nagraadse kursusse kan op honneurs-, magister- en doktorale vlak

geneem word. In die vakgroep Fisiologie word spesifiek op die mens

gefokus. Lewenseienskappe soos prikkelbaarheid, kommunikasie en

koördinasie, vertering en absorpsie van voedsel, werking van die hart

27

28

en bloedsirkulasie, energiebalans, asemhaling en voortplanting word

onder andere bestudeer.

Beroepsmoontlikhede

’n Groot verskeidenheid beroepe vereis kennis van Fisiologie. Oral waar

die mens betrokke is, is hierdie kennis van belang. Enkele voorbeelde

van werkgewers is:

• Institute en navorsingseenhede van die Mediese Navorsingsraad;

• Institute en departemente van mediese skole wat navorsing doen;

• Die Nasionale Sentrum vir Beroepsgesondheid;

• Die Instituut vir Mannekragstudie en Ergonomie;

• Die Instituut vir Lugvaartgeneeskunde;

• Die laboratoriums van die Departement van Gesondheid in verskeie

stede en dorpe;

• Die landbounavorsingsinstitute en -kolleges vir veeartsenykunde

en veekundige navorsing;

• Die mynbedryf;

• Sekondêre skole as onderwyser;

• Universiteite van Tegnologie en universiteite (dosent en/of navorser);

• Die navorsingslaboratoriums vir beroepshigiëne;

• Die WNNR se laboratorium vir mynboutegnologie (Beroepshigiëne);

Die navorsingslaboratoria van farmaseutiese maatskappye of pa-

toloë; en

Beroepshigiënis deur vir jouself te werk.

Belangrikste vakke

Saam met Fisiologie kan uit die volgende hoofvakke gekies word:

Dierkunde, Biochemie, Chemie en Mikrobiologie.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Na verwerwing van die BSc-graad kan studente, afhangend van die

rigting wat gevolg is, toelating kry tot BSc Honneurs in Fisiologie,

Biochemie, Chemie, Dierkunde en Mikrobiologie en is onderhewig aan

‘n keuringsproses asook besikbare kapasiteit in die vakgroep. Studente

word aangemoedig om ’n gespesialiseerde, beroepsgerigte kursus tot

op honneursvlak te neem.

Ná suksesvolle voltooiing van die honneursgraad kan ’n M- en dan ’n

PhD-graad gevolg word, mits daar aan die gestelde vereistes voldoen

word.

Nagraadse studie in Fisiologie

BSc Honneurs in Fisiologie

(Voltyds: 1 jaar; deeltyds: 2 jaar)

Toelatingsvereistes

’n Baccalaureus graad in die natuurwetenskappe of Baccalaureus graad

in mediese wetenskappe met ’n grondige kennis van Fisiologie of

gelykstaande kwalifikasie. Studente word op grond van hulle prestasie

in voorafgaande studies beoordeel en ’n gemiddeld van 60% word as

vereiste gestel.

Newe-vereistes – STTN111 of vergelykbare statistiekmodule

Die kursusinhoud bestaan uit die volgende verpligte modules: Sellulêre

Fisiologie, Neorofisiologie, Endokrinologie, Navorsingsmetodologie en

‘n praktiese projek. Die student moet ook enige drie modules uit die

volgende keuses neem: Kardiovaskulêre Fisiologie A, Kardiovaskulêre

Fisiologie B, Kardiovaskulêre Fisiologie C, Beroepshigiëne Monitering

A, Toksikologie A en Toksikologie B.

Die praktiese projek kan in enige van die volgende gedoen word:

• Beroepshigiëne word toegewy aan die identifisering, evaluering

en beheer van omgewingsfaktore en stressors in die werk somgewing

wat ’n gesondheidsrisiko vir die werker inhou. Dit sluit

in: geraas, vibrasie, gevaarlike chemiese stowwe, verligting, straling,

ergonomie, omgewingsbesoedeling en die bestudering van

toepaslike wetgewing; of

• Kardiovaskulêre fisiologie behels die bestudering van die invloed

van verskillende fisiese en psigososiale omgewingsfaktore op

die gesondheid, welsyn en produktiwiteit van die mens. Daar is

steeds meer aanduidings dat stres en verstedeliking belangrike

bykomende faktore is tot die ontstaan van hoë bloeddruk en

word gevolglik ondersoek. Verder word daar gekyk na die verwantskap

tussen obesiteit en bloeddruk (asook verskeie ander

kardiovaskulêre veranderlikes) in verskillende populasie groepe.

29

30

MSc in Fisiologie

(Voltyds/deeltyds)

Studente word voor toelating tot die MSc ook aan keuring onderwerp.

Hier word ’n verhandeling ingegee waarvan die projek in kardiovaskulêre

fisiologie gedoen kan word.

MSc in Beroepshigiëne

(Voltyds/deeltyds)

Studente word ook voor toelating aan keuring onderwerp. Vir die

graad word teoretiese eksamens afgelê in Beroepshigiëne Monitering B,

Vibrasie, hitte en ergonomiese faktore, Arbeidswetgewing, Persoonlike

beskermingstoerusting en straling.

’n Skripsie gebaseer op ’n navorsingsondersoek oor ’n toepaslike

onderwerp uit die vakgebied en die bywoning en slaag van ’n NOSAkursus

is verpligtend. Na voltooiing van die MSc in Beroepshigiëne

moet die kandidaat registreer by die “Southern African Institute for

Occupational Hygiene” om te mag praktiseer/werk as Beroepshigiënis.

PhD in Fisiologie of Beroepshigiëne

(Voltyds/deeltyds)

Studente word voor toelating tot die PhD ook aan keuring onderwerp.

’n Proefskrif met betrekking op die onderwerp van navorsing moet

ingehandig word.

BSc

Gesondheidswetenskappe

Die volgende kurrikulums word in die program BSc Gesondheidswetenskappe

aangebied:

BSc (Fisiologie en Psigologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 200186: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid Vlak 4

(50-59%) en Fisiese Wetenskap op vlak (50-59%); en

• ‘n APS-telling van minstens 24.

BSc (Voeding en Fisiologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 200186: G302P)

Toelatingsvereistes:

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid Vlak 4

(50-59%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%); en

• ‘n APS-telling van minstens 24.

Vir nagraadse studie in Voeding word ‘n minimum punt van 60%

in Voeding op derdejaarsvlak vereis, sowel as ‘n kursus in statitiek of

navorsingsmetodologie.

BSc-programme in Menslike Bewegingskunde

BSc (Menslike Bewegingskunde en

Fisiologie)

(Programkode vir aansoekvorm: 200187: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid vlak 4

• (50-59%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50%-59%); en

• ’n APS-telling van minstens 22

(Sien vakgroep Menslike Bewegingskunde vir meer inligting).

BSc (Menslike Bewegingskunde en

Voeding)

(Programkode vir aansoekvorm: 200188: G301P)

Toelatingsvereistes:

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid vlak 4

(50-59%); en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%); en

• ‘n APS-telling van minstens 22

(Sien vakgroep Menslike Bewegingskunde vir meer inligting).

BSc (Psigologie en Voeding)

(Programkode vir aansoekvorm: 200189: G301P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40–49%) of Wiskundige Geletterdheid vlak 4

(50-59%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%); en

• ‘n APS-telling van minstens 22

(Sien vakgroep Psigologie vir meer inligting).

31

32

BPharm (Aptekerswese)

(Programkode vir aansoekvorm: 800101: G412P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%);

• ’n APS-telling van minstens 26; en

• Onderworpe aan ’n keuringstoets.

Voornemende studente moet hul aansoeke voor 15 September van

elke jaar indien. Die program word in Afrikaans aangebied, maar word

simultaan in Engels getolk.

Die Aptekersprofessie

Die aptekersberoep is ’n dinamiese, informasiegedrewe, pasiëntgeoriënteerde

professie wat verantwoordelikheid aanvaar vir medisyne

in al sy fasette deur op te tree as:

• Toesighouer van medisyne;

• Formuleerder, vervaardiger, verspreider en kontroleur van veilige,

effektiewe en kwaliteit medisyne;

• Adviseur oor die veilige, rasionele en toepaslike gebruik van

medisyne;

• Voorsiener van essensiële kliniese dienste, insluitende siftingstoetse

en verwysingsdienste;

• Verskaffer van gesondheidsorg-opvoeding en inligting;

Voorsiener van farmaseutiese sorg deur verantwoordelikheid te

aanvaar vir die uitkoms van terapie en deur aktief betrokke te wees

by die ontwerp, implementering en monitering van farmaseutiese

sorg planne; en

Voorsiener van koste-effektiewe en doeltreffende farmaseutiese

dienste.

Doel van dié program

Om studente met kennis, vaardighede en bevoegdhede toe te rus

sodat hulle as lede van ’n gesondheidsspan in staat sal wees om

professionele farmaseutiese dienste te lewer.

Na suksesvolle voltooiing van die program en die vereiste internskap

moet aptekers oor die volgende bevoegdhede beskik:

• Organisasie en kontrole van die vervaardiging, verpakking en gehalteversekering

van farmaseutiese produkte;

• Organisasie en kontrole van die verkryging, berging en verspreiding

van farmaseutiese materiaal en produkte;

• Resepteer en verseker die optimale gebruik van voorgeskrewe

medisyne;

• Verskaf aptekersgeïnisieerde behandeling van pasiënte en verseker

die optimale gebruik van medisyne;

• Verskaf opvoeding en inligting oor gesondheidsorg en medisyne;

• Bevorder gemeenskapsgesondheid en verskaf verbandhoudende

inligting en advies; en

• Neem deel aan navorsing om die optimale gebruik van medisyne

te verseker.

Beroepsmoontlikhede

Die jong gekwalifiseerde apteker het ’n wye keuse van beroepsmoontlikhede

afhangende van sy/haar eie voorkeure, dit sluit in die

bekende gemeenskapsaptekerswese, hospitaalaptekerswese (privaat

en publiek) en die Farmaseutiese vervaardigingsbedryf.

Ander beroepsmoontlikhede behels onder andere groothandelaptekers,

gesondheidsorgbestuur, medisyne beheer-beamptes, ens. Hierdie

poste bestaan onder andere by mediese fondse, plaaslike owerhede,

sentrale regering, ens. Navorsingsposte bestaan ook by universiteite

en kolleges sowel as die MNR, dus ’n verskeidenheid uiteenlopende

beroepe wat by jou persoonlike voorkeur sal pas.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in hierdie program is Farmakologie, Farmaseutiese

Chemie, Farmaseutika, Farmasiepraktyk en Kliniese Farmasie.

Die volledige kurrikulum is op die Internet beskikbaar by:

http://www.nwu.ac.za/farmasie

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar. Ná

verwerwing van die graad en voordat studente by die Suid-Afrikaanse

Aptekersraad as aptekers geregistreer kan word, moet ’n jaarlange

internskap by ’n gemeenskapsapteek, ’n hospitaalapteek of in die

farmaseutiese industrie deurloop word.Studente kan ook ’n akademiese

internskap (gewoonlik 2 jaar) aan die Universiteit voltooi waartydens

die suksesvolle studente ’n Meesters graad verwerf.

Na internskap (gewoon of akademies) en die suksesvolle aflegging van ’n

toelatingseksamen, registreer studente as apteker. Nuut gekwalifiseerde

aptekers is volgens wet verplig om een jaar gemeenskapsdiens te verrig,

voordat hulle die algemene arbeidsmag mag betree.

Toelating tot nagraadse studie

Na suksesvolle voltooiing van die program kan studente aansoek doen

om toelating tot die volgende nagraadse studierigtings: MPharm en

MSc met die daaropvolgende PhD en is onderhewig aan ‘n keuringsproses

asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

Nagraadse studie in die Eenheid vir Geneesmiddelnavorsing en

-ontwikkeling

MSc in Farmaseutiese Chemie /

Farmakologie / Farmaseutika

Toelatingsvereistes

• ’n Vierjarige B-graad (BSc of BPharm) of ’n Hons BSc;

• Minimum duur van die studie: 1 jaar; en

Die studie behels ’n navorsingsverhandeling.

33

34

PhD in Farmaseutiese Chemie /

Farmakologie / Farmaseutika

Toelatingsvereistes

• ’n Relevante MSc-graad;

• Minimum duur van studie: 2 jaar; en

• Die studie behels ’n navorsingsproefskrif.

Nagraadse studie in die nisarea: Medisyneverbruik in Suid-Afrika

MPharm in Farmasiepraktyk

Toelatingsvereistes

• ‘n Vierjarige B-graad (BSc of BPharm) of gelykwaardige

kwalifikasie;

• Minimumduur van die studie: 1 jaar;

• Studie behels ‘n navorsingsverhandeling en voltooiing van

bepaalde verpligte modules in die eerste studiejaar; en

• Studie kan voltyds of deeltyds geskied.

PhD in Farmasiepraktyk

Toelatingsvereistes

• ‘n Relevante M-graad (MSc of MPharm) of gelykwaardige

kwalifikasie;

• Minimumduur van die studie: 2 jaar;

• Studie behels ‘n navorsingsproefskrif; en

Studie kan voltyds of deeltyds geskied.

BSc (Dieetkunde)

(Programkode vir aansoekvorm: 206101: G431P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%) of Wiskundige Geletterdheid vlak 5

(60-69%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%);

• ’n APS-telling van minstens 26; en

• Keuring.

Voornemende studente moet hul aansoeke voor 30 Junie van elke jaar

indien.

Doel en beroepsmoontlikhede van dié program

Hierdie kwalifikasie bestaan uit een program, wat lei tot die verwerwing

van ’n gespesialiseerde beroepsgerigte graad waarmee studente as

dieetkundiges by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe

(Health Professions Council of South Africa) kan registreer.

Studente word toegerus met die teoretiese kennis, praktiese

vaardighede, professionele ingesteldheid, gedrag en houding wat

noodsaaklik is om as dieetkundiges en bestuurders van voedingsorg

hul professie, volgens die behoeftes van die land en internasionale

standaarde en tendense, te beoefen.

Dieetkundiges spesialiseer in voeding van individue en gemeenskappe

en verskaf advies met betrekking tot die voeding van gesonde en siek

persone, aan die hand van internasionaal aanvaarde standaarde van

voedingsorg.

Die dieetkundige word as ’n waardevolle lid van die mediese span

erken. Dieetkundiges is ook betrokke by die ontwikkeling van nuwe

voed sel produkte.

’n Verskeidenheid werksmoontlikhede vol uitdagings wag in die

volgende velde:

• Privaatsektor: voedselnywerheid, voedseldiensbestuur, konsultant

of verteenwoordiger vir farmaseutiese firmas, privaathospitale,

gimnasiums, mynwese, mediadienste, en kitskosfirmas;

• Entrepreneur: Die dieetkundige kan sy/haar eie onderneming

bedryf met onder andere privaatpraktyk of spyseniering, veral in

die steeds groeiende gesondheidsbewuste mark;

• Openbare sektor: in openbare gesondheidsdepartemente,

provinsiale hospitaaldienste, Weermag of Korrektiewe Dienste as

terapeutiese dieetkundige, gemeenskapsdieetkundige of voedseldiensbestuurder;

Joernalistiek: Met die nodige skryftalent kan die joernalistieke

wêreld betree word op vryskutbasis;

• Onderwys: universiteite, kolleges en skole (’n Nagraadse Onderwyssertifikaat

word aanbeveel vir skoolonderwys);

• Promosie en skakelwerk: In hierdie hoedanigheid gebruik die

dieetkundige sy/haar deskundige kennis om die onderneming se

beeld, sowel as produkte te bevorder; en

• Navorsing: Mediese Navorsingsraad, WNNR, universiteite en

voedselnywerheid.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program sluit in Voeding, Voedseldiensbestuur,

Terapeutiese Voeding, Voedsel, Chemie, Fisiologie, Biochemie, Navorsingsmetodologie,

Mikrobiologie, Statistiek, Akademiese geletterd -

heid. In die finale studiejaar maak studente met die praktyk kennis.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word slegs voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle voltooiing van die program bied toelating tot die

meestersgraad in Dieetkunde en is onderhewig aan keuring, waarna

’n PhD in Dieetkunde of Voeding gevolg kan word, mits daar aan die

gestelde vereistes voldoen word.

35

36 3

Belangrike kennisgewing: verpligte diensjaar

Na voltooiing van die BSc (Dieetkunde)-kwalifikasie, word ’n verpligte

diensjaar as dieetkundige vir die Departement van Gesondheid

gewerk.

Die doel hiermee is om kundigheid in Suid-Afrika te ontplooi na

plattelandse gebiede waar hierdie dienste normaalweg nie gevind

word nie. Die dieetkundige ontvang ’n basiese salaris en byvoordele vir

die jaar. Sonder hierdie diensjaar word die dieetkundige nie toegelaat

om in Suid-Afrika te werk of te praktiseer nie.

BSc (Voedingskunde)

(Programkode vir aansoekvorm: 286100: G401P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%) of Wiskundige Geletterdheid vlak 5

(60-69%) en Fisiese Wetenskap op vlak 4 (50-59%);

• APS-telling van minstens 26; en

• Keuring.

Voornemende studente moet hul aansoeke voor 30 Junie van elke

jaar indien.

Doel en beroepsmoontlikhede van die program

Hierdie kwalifikasie bestaan uit een program wat Iei tot die verwerwing

van ‘n gespesialiseerde beroepsgerigte graad waarmee studente as

Voedingkundiges by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe

(Health Professions Council of South Africa) kan registreer.

Studente word toegerus met teoretiese kennis, praktiese vaardighede,

professionele ingesteldheid, gedrag en houding wat noodsaaklik

is om as voedingkundiges en as bestuurders van voedingsorg in

gemeenskappe, volgens die behoeftes na die land en internasionale

standaarde en tendense, te beoefen.

Voedingkundiges spesialiseer in voeding van gemeenskappe, navorsing

en volhoubare ontwikkeling deur middel van voortdurende gesprekke met

die Departement van Gesondheid insake erkende en goedbestuurbare

prosesse om die voedingsituasie in Suid-Afrika te verbeter.

Die voedingkundige word as ‘n waardevolle lid van die openbare

gesondheidsorgspan gesien en is betrokke by die ontwikkeling en

monitering van voedingsintervensieprogramme (e.g. The Integrated

Nutrition Programme) en beleidvorming in gemeenskappe.

‘n Verskeidenheid werksmoontlikhede vol uitdagings wag in die

volgende velde:

• Privaatsektor: Nie-Regeringsorganisasies (NGOs);

• Entrepreneur: Konsultant vir die voedselindustrie, regering of NGOs;

• Openbare sektor: in openbare gesondheidsdepartemente,

klinieke, Weermag of Korrektiewe dienste as voedingkundige;

Navorsing: Mediese Navorsingsraad (MNR), WNNR, universiteite

en die voedselindustrie; en

• Onderwys: Universiteite en skole (‘n Nagraadse Onderwyssertifikaat

word aanbeveel vir skoolonderwys).

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program sluit in Voeding en Basiese voedsel,

Chemie, Anatomie, Biochemie, Primêre Gesondheidsorg, Voedseldiensbestuur,

Gevorderde Voeding, Gesins- en Gemeenskaps voeding,

Fisiologie, Navorsingsmetodologie, Openbare bestuur en -regering

(Public management and governance), Gesondheidsbevorde ring,

Voedingprogrammering (Nutrition Programming), Beleidsanalise en

projekbestuur (Policy analysis and project management). Vanaf die

derde studiejaar maak die studente met die praktyk kennis.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word slegs voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Suksesvolle voltooiing van die program bied toelating tot die

Meestersgraad in Voeding en is onderhewig aan keuring, waarna ‘n

PhD in Voeding gevolg kan word, mits daar aan die gestelde vereistes

voldoen word.

Belangrike kennisgewing: Verpligte diensjaar

Die Departement van Gesondheid beoog om ‘n verpligte diensjaar in te

stel na voltooiing van die BSc (Voedingkunde)-kwalifikasie.

Die doel hiermee is om kundigheid in Suid-Afrika na plattelandse gebiede

te ontplooi waar hierdie dienste normaalweg nie gevind word nie. Die

voedingkundige ontvang ‘n basiese salaris en byvoordele vir die jaar.

BSc in Verbruikerswetenskappe

Die volgende kurrikulums word aangebied:

BSc (Verbruikerswetenskappe met

Ondernemingsbestuur)

(Programkode vir aansoekvorm: 845100: G301P)

BSc (Verbruikerswetenskappe met

Toerismebestuur)

(Programkode vir aansoekvorm: 845100: G302P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• ’n Natuurwetenskaplike vak op vlak 4 (50-59%); en

• ’n APS-telling van minstens 22.

Wat is Verbruikerswetenskappe?

Verbruikerswetenskappe is ’n studieveld waar die fokus op die

welstand van die verbruiker en hul interaksie met gemeenskappe en die

omgewing val. Dit is ’n stimulerende studierigting wat die geleentheid

bied om kreatiwiteit op verskeie vlakke tot voordeel van die verbruiker

aan te wend. Die behoeftes van die Suid-Afrikaanse verbruiker word op

37

38

’n wetenskaplike wyse ontgin en nagevors. Verbruikerswetenskappe

bestudeer die verbruiker binne drie hoofkomponente naamlik

voedsel, mode en verbruikershulpbronne wat onder meer behuising

en binneontwerp insluit. Aspekte rakende ondernemingsbestuur en

toerismebestuur word ter ondersteuning ingesluit.

Die opleiding wat die verbruikerswetenskaplike ontvang, stel hom/haar

in staat om ’n waardevolle opvoedkundige diens te lewer. Studente

wat ’n onderwysrigting in Verbruikerswetenskappe wil volg, moet

in ’n vierde studiejaar ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi.

Onderwysstudente word ook aanbeveel om ’n kursus in Kreatiewe

Produkontwikkeling te volg.

Hoekom wil ek ’n verbruikerswetenskaplike wees?

Die samestelling van die Suid-Afrikaanse verbruikersbevolking wat

toegang tot die markomgewing verkry het, het gedurende die afgelope

aantal jare verander. Die rol van die verbruikerswetenskaplike is om

hierdie verbruikers se behoeftes ten opsigte van voedsel, behuising,

kleding en tekstiele aan te spreek. Verbruikerswetenskaplikes kan dus

hulle kennis en vaardighede gebruik om verbruikers te help om hulle

lewensvaardighede en sosio-ekonomiese situasie te verbeter.

Voorbeelde van verskeie privaat- en staatsektore wat beroepsmoontlikhede

bied:

• Mode-, interieur-, voedselkleinhandel waarin verskeie bestuursen

bemarkingsopsies nagevolg kan word;

• Toerisme en gasvryheidsbedryf in moontlike bestuurs- of entrepreneuriese

hoedanigheid;

• Binneontwerp en -versiering wat ook entrepreneuriese opsies

insluit;

• Behuisingsontwikkeling;

• Onderwys en opleiding, asook kapasiteitsbou in verskeie velde

gemik op verskeie teikengroepe.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Na voltooiing van hierdie program kan studente toegelaat word tot ’n

Honneurs in Verbruikerswetenskappe. Toelating is onderhewig aan ’n

keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep. Daarna kan ’n

student ingeskryf word vir ’n M- of PhD-graad in Verbruikerswetenskappe,

mits daar aan die gestelde vereistes voldoen word.

BCur (Verpleegkunde)

(Programkode vir aansoekvorm: 120101: G407P)

Toelatingsvereistes

• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;

• Wiskundige Geletterdheid en Fisiese Wetenskap of Lewenswetenskap

of Wiskunde op vlak 4 (50-59%);

• ’n APS-telling van minstens 20; en

• Keuring – Ondervinding in die praktyk (hospitaal skoliereprogram

– skaduverpleging) sal as aanbeveling dien.

Doel en aard van die program

Die program behels Algemene, Psigiatriese, Verloskundige en Gemeenskaps

verpleegkunde en Anatomie.

Vir hierdie kwalifikasie word een (1) program aangebied. Dit is ’n professionele

kwalifikasie wat lei tot registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad

op Verpleging. Die doel van hierdie program is om studente met kennis

en vaardighede toe te rus om as professionele algemene verpleegkundiges,

psigiatriese verpleegkundiges, gemeenskapsverpleegkundiges

en vroedvroue te praktiseer. Studente kan, indien nodig, na suksesvolle

voltooiing van hul tweede studiejaar as ingeskrewe verpleegkundiges

by hierdie raad registreer.

Beroepsmoontlikhede

• Klinies;

• Gemeenskapsdienste;

• Hospitaaldienste (staat- of privaatklinieke); en

Traumadienste.

Korporatief

• Mediese verteenwoordiger;

• Gevallebestuurders by mediese fondse;

• Konsultant;

• Privaatpraktisyn; en

• Beroepsgesondheidspraktisyn.

Vier (4) kwalifikasies na voltooiing van graad:

• Algemene Verpleegkunde;

• Gemeenskapsverpleegkunde;

• Psigiatriese Verpleegkunde; en

• Verloskundige Verpleegkunde.

Na afloop van jou studies kan jy kies om binne of buite Suid-Afrika te

praktiseer.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke sluit in Fundamentele Verpleegkunde, Alge mene

Verpleegkunde, Gemeenskapsverpleegkunde, Psigiatriese Verpleegkunde,

Verloskundige Verpleegkunde, Fisiologie, Anatomie, Biochemie,

Farmakologie, Psigologie, Sosiologie en Mikrobiologie.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar. Die

program word in Afrikaans aangebied, maar word simultaan in Engels

getolk.

Uitmuntende geleenthede tydens studiejare:

• Phelophepa-gesondheidstrein;

• Uitruilstudente na buiteland; en

• Gemeenskapsbetrokkenheid met opwindende

gemeeskapsprojekte.

Toelating tot nagraadse studie

Na suksesvolle voltooiing van die program (met ’n minimum slaagsyfer

van 60%) en verwerwing van die gemiddelde graad, kan studente

aansoek doen tot die meestersgraad in verskillende gespesialiseerde

rigtings van Verpleegkunde en is onderhewig aan ‘n keuringsproses

asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep.

39

NWU-PUKKE, waar ons GRAADKRY

met LEKKERKRY klaarkry

Innovasie deur diversiteit

Beroepsgerigte opleiding

Internasionaal erkende grade

Afrikaans (Potchefstroomkampus)

Studentestad

Veilige Kampus

Tel: 018 299 2772

navrae@nwu.ac.za

www.nwu.ac.za

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA

NOORDWES-UNIVERSITEIT

POTCHEFSTROOMKAMPUS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!