01.05.2013 Views

Augustus 2012: jaargang 9, nommer 2 - LitNet

Augustus 2012: jaargang 9, nommer 2 - LitNet

Augustus 2012: jaargang 9, nommer 2 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

LitNet

Akademies

Augustus 2012: jaargang 9, nommer 2

’n Akademiese joernaal vir die

Geesteswetenskappe,

Natuurwetenskappe en Regte

www.litnet.co.za

ISSN 1995-5928

Redaksie: LitNet Akademies

Hoofredakteur

Etienne van Heerden (PhD, LLB), Universiteit van Kaapstad

Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies

Uitvoerende redakteur: LitNet

Geesteswetenskappe-redakteur

Francis Galloway (DLitt)

Regte-redakteur

Johann Neethling (LLM LLD), Universiteit van die Vrystaat

Natuurwetenskappe-redakteur

Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Hendrik Geyer (MSc in Teoretiese Fisika, PhD in Teoretiese Kernfisika, FRSSAf),

Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Jannie Hofmeyr (BSc Hons in Biochemie, MSc in Biochemie, PhD, FRSSAf), Universiteit

Stellenbosch

Personeel

Produksiebestuurder

Elzette Steenkamp (PhD)

Redaksionele bestuurder

Naomi Bruwer (MA in Afrikaans-Nederlands), Senior inhoudsbestuurder by

LitNet

Geesteswetenskappe-taaladviseur

Nicky Grieshaber (MA)

Adviesraadslede van LitNet Akademies

Ruth Baitsewe, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Andries Bezuidenhout, Universiteit van die Pretoria – Suid-Afrika

Frikkie Botha, Bestuurder: QCanes, BSES Limited – Australië

Gerrit Brand, Universiteit van Stellenbosch – Suid-Afrika

Guillaume Brümmer, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Naomi Bruwer, Inhoudsbestuurder by www.litnet.co.za – Suid-Afrika

Joel Claassen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Eugene Cloete, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Neil Cochrane, Universiteit van Suid-Afrika – Suid-Afrika

Ronald Cools, Katholieke Universiteit Leuven – België

Scarlett Cornelissen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Darryl David, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika

Leon Dicks, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Ian Dubery, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Heilna du Plooy, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Jat du Toit, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Kobus Eloff, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Hans Ester, Radboud Universiteit Nijmegen – Nederland

Eep Francken, Universiteit Leiden – Nederland

Francis Galloway, LitNet Akademies: Geesteswetenskappe-redakteur – Suid-Afrika

Ena Jansen, Vrije Universiteit van Amsterdam – Nederland

Thys Human, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Jerzy Koch, Adam Mickiewicz Universiteit, Poznań – Pole

Chris Koen, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika

Derek Litthauer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Catharina Loader, Universiteit van Wenen – Oostenryk

Amanda Lochner, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Braam Louw, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Johann Lutjeharms, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Johan Malherbe, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Jean Meiring, Universiteit van Cambridge – Engeland

Johan Meyer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Albert Neitz, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Desmond Painter, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Marius Potgieter, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Sakkie Pretorius, The Australian Wine Research Institute – Australië

Heinrich Raubenheimer, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Helgard Raubenheimer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Koot Reinecke, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Egmont Rohwer, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Vasti Roodt, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Alfred Schaffer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Arnold Schoonwinkel, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Hendrik Swart, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Christo van der Rheede, Afrikaanse Handelsinstituut – Suid-Afrika

Etienne van Heerden, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Ian van Rooyen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Hannes van Staden, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika

Helize van Vuuren, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit – Suid-Afrika

Steward van Wyk, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika

Emile van Zyl, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Rudi Venter, Nasou Via Afrika Uitgewers – Suid-Afrika

Louise Viljoen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Andries Visagie, Universiteit van Suid-Afrika – Suid-Afrika

Gideon Wolfaardt, Ryerson University – Kanada

André Weideman, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Hein Willemse, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Uitgewer: LitNet

LitNet Akademies is ʼn geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal.

Besoek: http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies

E-pos: akademies@litnet.co.za

Telefoonnommer: 021 886 5169

ISSN 1995-5928

Ondersteun deur:

Inhoudsopgawe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese

ortogonale maats – Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren:

Departement Logistiek, Universiteit Stellenbosch

Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)-

en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels – Danielle

Marguerite du Plessis (Departement Biochemie, Universiteit Stellenbosch)

en Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks en Thomas Eugene

Cloete (Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch)

Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing – V. O’Neill, G.

Koorsen en L. Bornman, Departement Biochemie, Universiteit van

Johannesburg

Afdeling: Regte

Deliktuele staatsaanspreeklikheid weens polisieverkragting – J

Neethling, (Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat) en JM

Potgieter (Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika)

Aantekeninge: Die reg op kennis van die eie afstamming – J Neethling:

Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte onroerende goed wat

met ’n verband beswaar is: Scholtz v Scholtz 2012 1 SA 382 (WKK);

Scholtz v Scholtz (209/2011) [2012] ZASCA 9 – D.J. Lötz en C.J. Nagel:

Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria

Begrafnisregte in die konteks van die Afrika-gewoontereg en die rol

van die testamentopsteller – George Pelser en Christa Rautenbach:

1

25

42

73

100

117

134

Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus)

Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks:

menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom

Brett Murray se skildery The Spear – Jaco Barnard-Naudé (Departement

Privaatreg, Universiteit van Kaapstad) en Pierre de Vos (Departement

Publiekreg, Universiteit van Kaapstad)

Die nuwe ondernemingsreddingspraktisyn: Geneesheer of

begrafnisondernemer? ’n Ondersoek na die kwalifikasies van die

reddingspraktisyn – L.M. Jacobs: Departement Handelsreg, Universiteit

van die Vrystaat

Riglyne om die reg op gelykheid toe te pas – IM Rautenbach: Fakulteit

Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg

Vonnisbespreking: Die uitwerking van ’n bevel vir

skuldherstrukturering op ’n kredietgewer se reg op skuldafdwinging

waar kennis van beëindiging van skuldhersiening voor verlening van

die bevel gegee is. – M. Roestoff: Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit

van Pretoria

Afdeling: Geesteswetenskappe

’n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika: ideaal, wenslik, haalbaar,

werklikheid, hersenskim?– Charl C. Wolhuter: Fakulteit

Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011weergawes

van die South African Languages Bill aan die hand van

sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing – Theodorus du Plessis:

Eenheid vir Taalbestuur, Universiteit van die Vrystaat

“ek het ʼn liggaam, daarom is ek”: Outobiografiese elemente in Antjie

Krog se Verweerskrif – Marisa Botha: postdoktorale navorsingsgenoot,

Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit

176

202

229

266

284

309

354

Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n

hoëronderwysomgewing– Alta van Rensburg: Taalsentrum, Universiteit

Stellenbosch

Om ’n deeglike “aanmaning van sterflikheid” te kry: katabasis,

relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach –

Adéle Nel: Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus)

Die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars – Johan Fourie:

Departement Ekonomie, Universiteit Stellenbosch

’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir

navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke

verwysing na die Afrikaanse letterkunde – Burgert Senekal:

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die

Vrystaat

Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie

met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman – Susan Smith:

Departement Afrikaans, Universiteit van Fort Hare (Oos-Londen Kampus)

Demokrasie en demokratisering in Afrika: Deel 1

Konsepte, teoretiese benadering, historiese oorsig en huidige stand –

Chris Nelson: Navorsingsgenoot, Fakulteit Krygskunde, Universiteit

Stellenbosch

Demokrasie en demokratisering in Afrika: Deel 2

Die belangrikste faktore wat substantiewe oorgang belemmer – Chris

Nelson: Navorsingsgenoot, Fakulteit Krygskunde, Universiteit

Stellenbosch

Faktore wat kan bydra tot die ontwikkeling van ’n kultuurtoepaslike

milieu vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone in residensiële-sorgeenhede

– S. du Toit en T. van der Merwe (Departement Arbeidsterapie,

Universiteit van die Vrystaat), W. Böning en R. van der Merwe,

(Gemeenskapsdiensterapeute, Departement Gesondheid) en M. de Villiers,

392

413

442

468

500

524

544

583

A. Higgo, A. Kruger, N. Olivier en G. Viljoen (2011-finalejaarstudente,

Departement Arbeidsterapie, Universiteit van die Vrystaat)

’n Multiperspektiefbenadering tot die ontwerp van ’n Afrikaanse

taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak – Elbie Adendorff:

Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850 – Archie L. Dick:

Departement van Inligtingkunde, Universiteit van Pretoria

Ma’s se persepsies van hoe afknouery gesinne beïnvloed – Estelle

Roodt en Abraham P. Greeff: Departement Sielkunde, Universiteit van

Stellenbosch

Integrasie van artikulatoriese en akoestiese eienskappe van vokale: ’n

beskrywingsraamwerk – Daan Wissing: Senior Navorser, Sentrum vir

Tekstegnologie, Noordwes-Universiteit

Taferele, tableaux vivants, tablo’s en die vroeë Afrikaanse drama

(1850–1950) – Marisa Keuris: Departement Afrikaans en Algemene

Literatuurwetenskap, Unisa

613

653

686

701

744

Afdeling: Natuurwetenskappe

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante

met simmetriese ortogonale maats

A.P. Burger, M.P. Kidd en J.H. van Vuuren

A.P. Burger, M.P. Kidd en J.H. van Vuuren: Departement Logistiek, Universiteit Stellenbosch

Opsomming

In hierdie artikel enumereer ons verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante

met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur

oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie. In die besonder bepaal ons die getal

(ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van orde n 10 deur inligting in bestaande, uitputtende

databasisse van self-ortogonale Latynse vierkante en simmetriese Latynse vierkante

met behulp van ’n boomsoektog met terugkering (Eng: backtracking) te kombineer. Ons bepaal

ook die getal verskillende SOLVSOMs, SOLVSOMs in standaardvorm en transponentisomorfismeklasse

van SOLVSOMs van ordes n 10 deur gebruikmaking van standaard tegnieke

uit abstrakte algebra. In die proses beantwoord ons ’n 34 jaar-oue oop bestaansvraag

oor SOLVSOMs van orde 10 deur aan te toon dat geen so ’n ontwerp bestaan nie. Aangesien

’n SOLVSOM van orde n in standaardvorm ekwivalent is aan ’n spelskedule vir ’n gadevermydende

gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi vir n getroude pare, dui hierdie

resultaat daarop dat geen so ’n toernooi vir 10 getroude pare geskeduleer kan word nie.

Trefwoorde: Latynse vierkant, self-ortogonale Latynse vierkant, simmetriese Latynse vierkant,

SOLVSOM, enumerasie.

Abstract

Enumeration of self-orthogonal Latin squares with symmetric orthogonal mates

A Latin square of order n is an n × n array containing each symbol from a set of n distinct

symbols exactly once in every row and every column. We denote the entry in row i and column

j of a Latin square L by L(i, j) and take the n symbols from the set Zn = {0,...,n − 1}. The

index sets for the rows and columns of a Latin square are also taken as Zn. A Latin square

is said to be unipotent if all the entries on its main diagonal are a single symbol from Zn,

idempotent if the entries on its main diagonal are all the symbols of Zn in natural order, and

reduced if both its first row and first column contain the symbols of Zn in natural order.

1

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Two Latin squares L and L ′ are orthogonal if the n 2 ordered pairs (L(i, j),L ′ (i, j)) are all distinct

as i, j ∈ Zn vary. The transpose of a Latin square L, denoted by L T , is defined as in the

ordinary matrix sense and L is symmetric if L = L T . If a Latin square L is orthogonal to its

transpose, then L is called a self-orthogonal Latin square (SOLS). If a SOLS L is orthogonal

to a symmetric Latin square S, then the pair (L,S) forms a SOLS with a symmetric orthogonal

mate (SOLSSOM). If n is even, a SOLSSOM (L,S) is unipotent if S is unipotent. Furthermore,

a SOLSSOM S = (L,S) is standard if L is idempotent and if S is idempotent (for odd n) or

reduced (for even n).

It is known that a SOLSSOM of order n exists for any positive integer n = 1,2,3,6,10, 14, while

a SOLSSOM of order n does not exist if n = 1,2,3,6 (at the time of writing this paper the cases

of orders n = 10,14 were still undecided). Unipotent SOLSSOMs have useful applications in

the scheduling of spouse-avoiding mixed-doubles round-robin tennis tournaments [5, 9] and

Whist tournaments [10, §III.5.10].

Two SOLSSOMs S = (L,S) and S ′ = (L ′ ,S ′ ) are (row, column)-paratopic if there exists a

quadruple α = (p,ℓ,s,t) ∈ S 3 n × S2 of permutations (where Sn is the symmetric group of order

n), called a (row, column)-paratopism mapping S to S ′ , such that

ℓ(L(i, j)) =

L ′ (p(i), p( j)) if t(0) = 0,

L ′ (p( j), p(i)) if t(0) = 1,

and s(S(i, j)) = S ′ (p(i), p( j)). Hence p is a permutation applied to the rows and columns of

L and S, and ℓ is a permutation applied to the symbols of L. Furthermore, s is a permutation

applied to the symbols of S, while t permutes the roles of the rows and columns of L (i.e.

possibly achieves a switch between L and L T ). The notation S ′ = S α is henceforth used to

denote the fact that α transforms S into S ′ . If S = S α , then α is called a (row, column)autoparatopism

of S . If α = (p,ℓ,s,t) is a (row, column)-paratopism for which p = ℓ = s,

then α is called a transpose-isomorphism, simply denoted by (p,t) ∈ Sn × S2, in which case

S and S α are said to be transpose-isomorphic. If S α = S in this case, then α is called a

transpose-automorphism of S .

The notions of a (row, column)-paratopism and a transpose-isomorphism may be defined similarly

for SOLS or for symmetric Latin squares (individually). For instance, if α = (p,ℓ,s,t) is a

(row, column)-paratopism acting on a SOLSSOM S = (L,S), then (p,ℓ,t) is a (row, column)paratopism

acting on L, while (p,s) is a (row, column)-paratopism acting on S.

Various classes of SOLS of orders 4 n 10 have been enumerated by Graham and Roberts

[11] and by Burger et al. [8, 7], and unipotent symmetric Latin squares have also been enumerated

in the form of one-factorisations of the complete graph [2]. A problem that has not yet

been addressed in the literature yet is that of the enumeration of SOLSSOMs. The availability

of exhaustive repositories for non-(row,column)-paratopic symmetric Latin squares in [13] and

non-transpose-isomorphic SOLS in [6] provide two different methods of generating SOLSS-

OMs, namely finding, for each SOLS in the repository, its non-(row,column)-paratopic symmetric

orthogonal mates, or finding, for each symmetric Latin square, its non-(row,column)paratopic

SOLS-mates.

In this paper we adopt both the enumeration methods described above (implemented as backtracking

tree searches) with a view to enumerating distinct SOLSSOMs, standard SOLSS-

OMs, transpose-isomorphism classes of SOLSSOMs, and (row, column)-paratopism classes of

SOLSSOMs up to order 10, thereby also providing a means for validating our results. The

numerical results obtained are summarised in Table 1. An important conclusion from these

enumeration results is that there is no SOLSSOM of order 10; this settles a 34-year-old stan-

2

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

ding case with respect to orders for which SOLSSOMs exist. Since a SOLSSOM of order n in

standard form is equivalent to a playing schedule for a spouse-avoiding mixed-doubles roundrobin

tennis tournament involving n married couples, this shows that no such tournament can

be scheduled for 10 married couples.

There is an appendix at the end of the paper which contains lists of (i) the (row, column)paratopism

class representatives of idempotent symmetric Latyn squares of orders n = 5,7,9

and (ii) the (row, column)-paratopism class representatives of standard SOLSSOMs of orders

n = 4,5,7,8,9.

n Distinct

SOLSSOMs

Standard

SOLSSOMs

Transposeisomorphism

classes of

SOLSSOMs

(Row, column)paratopism

classes of

SOLSSOMs

2 0 0 0 0

3 0 0 0 0

4 1 152 2 31 1

5 172 800 12 749 1

6 0 0 0 0

7 12 192 768 000 480 1 210 622 2

8 608 662 978 560 000 374 400 7 547 904 042 32

9 464 573 723 443 200 000 3 528 000 640 121 719 688 26

10 0 0 0 0

Sloane #A166490 #A166489 #A166488 #A166487

Tabel 1: Enumeration of various equivalence classes of SOLSSOMs of orders 4 n 10. The last row

of the table contains the sequence numbers in Sloane’s Online Encyclopedia of Integer Sequences [16]

corresponding to the table columns.

Keywords: Latin square, self-orthogonal Latin square, symmetric Latin square, SOLSSOM,

enumeration.

Inleiding

In 1972 was die Briarcliff Racquet Club in New York op soek na ’n skedule vir ’n gemengdedubbels

tennistoernooi vir getroude pare (m.a.w. waarin elke wedstryd uit twee opponerende

spanne bestaan, waar elke span een man en een vrou bevat), sodat:

(i) geen speler (as spanmaat of opponent) in dieselfde wedstryd as sy/haar eggenoot speel

nie

(ii) elke speler elke ander speler (behalwe sy/haar eggenoot) presies een keer teenstaan

(iii) elke speler presies een keer saam met elke speler van die teenoorgestelde geslag (behalwe

sy/haar eggenoot) in ’n span speel

(iv) wedstryde in die minimum getal rondtes gegroepeer word waar geen speler meer as een

keer per rondte speel nie en die rondtes elk ewe veel wedstryde bevat.

3

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

’n Toernooi wat aan hierdie voorwaardes voldoen, staan as ’n gade-vermydende gemengdedubbels

rondomtalie-tennistoernooi (GGRTT) bekend, en die vermoede dat ’n getroude paar

se verhouding ’n invloed op hul spel kan hê wanneer hulle teen of saam met mekaar speel, dien

as motivering vir die skedulering van so ’n toernooi vir getroude pare.

Aangesien elke man presies een keer teen elke ander man moet speel, moet daar minstens n−1

rondtes in ’n GGRTT vir n getroude pare wees. As n ewe is, kan die mans in enige rondte

afgepaar word om teen mekaar te speel sonder dat enige man hoef uit te sit, maar indien n

onewe is, sal daar in elke rondte een man moet uitsit. Indien ’n man gedurende ’n rondte uitsit,

moet daar dus minstens n rondtes geskeduleer word sodat hierdie man nogsteeds elk van die

ander n − 1 mans presies een keer kan teenstaan. Vir ewe n is die minimum getal rondtes dus

n − 1, terwyl vir onewe n die minimum getal rondtes dus n is. Om hierdie minimum vir onewe

n te bereik, moet dit verder ook geld dat elke man net een keer gedurende die toernooi uitsit,

en dat ’n man en sy vrou saam gedurende dieselfde rondte moet uitsit.

Gestel byvoorbeeld vier mans, M0, M1, M2, en M3, en vier vrouens, V0, V1, V2, en V3, neem

aan so ’n tennistoernooi deel, waar Mi en Vi eggenote vir i = 0,1,2 en 3 is (m.a.w. i kan gesien

word as ’n simbool wat die egpaar (Mi,Vi) se van voorstel). ’n Voorbeeld van ’n GGRTT waarin

hierdie pare deelneem en waar die roosternotasie

Mi Mj

Vk Vℓ

die wedstryd voorstel waarin Mi en Vk ’n span teen Mj en Vℓ vorm, word in Figuur 1 getoon.

M0 M1

V2 V3

Rondte 0 Rondte 1 Rondte 2

M2 M3

V0 V1

M0 M2

V3 V1

M1 M3

V2 V0

M0 M3

V1 V2

M1 M2

V0 V3

Figuur 1: ’n Voorbeeld van ’n GGRTT vir vier getroude pare bestaande uit drie rondtes.

Die GGRTT in Figuur 1 is klein genoeg sodat vereistes (i)-(iv) hier bo maklik deur inspeksie

geverifieer kan word. So is dit byvoorbeeld maklik om te sien dat die twee mans M0 en M1

mekaar slegs in een rondte teenstaan (naamlik Rondte 0), en dat dieselfde geld vir elke ander

paar spelers. Verder kan dit ook maklik geverifieer word dat man M0 en vrou V2 in slegs een

rondte afgepaar word om ’n span te vorm (naamlik Rondte 0), en dat geen speler in enige

wedstryd saam met of teen sy/haar eggenoot speel nie.

Die voorsitter van die Briarcliff Racquet Club het besef dat die skedulering van ’n GGRTT nie

’n triviale taak is nie, en het die wiskundiges Brayton, Coppersmith en Hoffman [5] genader toe

die klub nie self skedules vir sulke toernooie kon opstel nie. Hierdie wiskundiges het vasgestel

dat skedules vir GGRTTs afgelei kan word uit wiskundige strukture wat as self-ortogonale

Latynse vierkante (SOLVe) bekend staan. SOLVe kan gekonstrueer word deur van bekende

wiskundige tegnieke gebruik te maak.

’n Latynse vierkant van orde n is ’n rangskikking van n simbole in ’n n × n-rooster sodat elke

simbool presies een keer in elke ry en kolom voorkom, en twee Latynse vierkante van orde

n is ortogonaal indien geen twee inskrywings (gesien as geordende pare) in ’n derde n × nrooster

gevorm deur die twee vierkante op mekaar te superponeer, dieselfde is nie. Verder

is ’n SOLV ’n Latynse vierkant wat ortogonaal aan sy transponent is, waar die transponent

4

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

van ’n Latynse vierkant verkry word deur die vierkant rondom ’n as deur sy noordwesteliksuidoostelike

diagonaal te roteer. Figuur 2 toon (a) ’n SOLV van orde 4 (waar die simbole

deur vier kleure voorgestel word) tesame met (b) die transponent van die SOLV, asook (c) die

superposisie van die SOLV en sy transponent.

(a) (b) (c)

Figuur 2: (a) ’n SOLV van orde 4. (b) Die transponent van die Latynse vierkant in (a). (c)

Die superposisie van hierdie twee Latynse vierkante waarin geen twee inskrywings dieselfde

geordende paar kleure bevat nie.

Om te sien hoe ’n SOLV gebruik kan word om ’n skedule vir ’n GGRTT af te lei, laat L ’n SOLV

van orde n voorstel waarin die simbole {V0,V1,...,Vn−1} voorkom, laat die rye en kolomme

van L deur die versameling simbole {M0,M1,...,Mn−1} geïndekseer word (m.a.w. sodat M0

die eerste ry en kolom voorstel, M1 die tweede, ens.), en laat L(Mi,Mj) die simbool wat in ry

Mi en kolom Mj voorkom, voorstel. Gestel verder dat L(Mi,Mi) = Vi vir elke simbool i in die

versameling {0,1,...,n − 1} 1 . Die idempotente SOLV L kan gebruik word om die wedstryde

van ’n GGRTT voort te bring deur vir elke paar verskillende simbole Mi en Mj die wedstryd

Mi

Mj

L(Mi,Mj) L(Mj,Mi)

by die skedule in te sluit. Dus word die ry- en kolomindekse geneem as die mans, terwyl die

inskrywings van die SOLV die vrouens voorstel, waar Mi en Vi weer eens eggenote vir alle

i = 0,1,...,n−1 is. Die volgende eienskappe kan nou vir elke wedstryd wat so opgestel word,

waargeneem word:

• Aangesien hierdie wedstryde presies een keer vir elke paar verskillende simbole Mi en

Mj ingesluit word, speel elke man presies een keer teen elke ander man gedurende die

toernooi.

• Omdat L ’n Latynse vierkant is, kom die simbool L(Mi,Mj) net een keer in ry Mi van

L voor, naamlik in kolom Mj, en dus sal L(Mi,Mj) en Mi net in een wedstryd afgepaar

word om ’n span te vorm.

• Omdat L ’n Latynse vierkant is, kom die simbool L(Mj,Mi) net een keer in kolom Mi van

L voor, naamlik in ry Mj, en dus sal L(Mj,Mi) en Mi net in een wedstryd teen mekaar

speel.

• Omdat L self-ortogonaal is, kom die paar vrouens L(Mi,Mj) en L(Mj,Mi) net in die

wedstryd voor waarin Mi en Mj teen mekaar speel, en dus speel elke vrou presies een

keer teen elke ander vrou.

• Omdat L(Mi,Mi) = Vi geld vir elke simbool i in die versameling {0,1,...,n−1} dat geen

man in dieselfde wedstryd as sy eie vrou geskeduleer word nie.

1 ’n Latynse vierkant van orde n is idempotent as al n simbole in natuurlike volgorde op die noordwestelik-

suidoostelike diagonaal verskyn.

(1)

5

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Alhoewel ’n SOLV gebruik kan word om die wedstryde van ’n GGRTT voort te bring, voorsien

dit geen inligting ten opsigte van hoe hierdie wedstryde in die minimum getal rondtes geskeduleer

kan word nie. Vir hierdie doel word ’n tweede Latynse vierkant benodig wat ortogonaal

aan die gegewe SOLV is en wat verder ook simmetries (gelyk aan sy transponent) is. So ’n paar

Latynse vierkante word ’n SOLV met ’n simmetriese ortogonale maat (SOLVSOM) genoem.

Laat L ’n SOLV met ry/kolom-indekse en simbole soos bo bespreek, voorstel, en laat S ’n

simmetriese Latynse vierkant met dieselfde ry/kolom-indekse as L voorstel, maar waarin die

inskrywings die getalle 0,1,...,n − 1 is. Indien L en S ’n SOLVSOM vorm (m.a.w. indien

hulle ortogonaal is) en indien S(Mi,Mi) = n − 1 2 vir ewe n of S(Mi,Mi) = i vir onewe n en

alle i = 0,1,...,n − 1, kan ’n skedule vir ’n GGRTT verkry word indien die wedstryd in (1)

geskeduleer word om in Rondte S(Mi,Mj) gespeel te word. Die volgende waarnemings kan

boonop gemaak word:

• Omdat S ’n Latynse vierkant is, kom die simbool S(Mi,Mj) net een keer in ry Mi van S

voor, naamlik in kolom Mj, en dus sal Mi slegs een keer in Rondte S(Mi,Mj) speel. Geen

man word dus in meer as een wedstryd per rondte geskeduleer nie.

• Omdat L en S ortogonaal is, word L(Mi,Mj) in Rondte S(Mi,Mj) slegs in een wedstryd

geskeduleer, naamlik in die wedstryd waarin Mi en Mj teen mekaar speel. Geen vrou

word dus in meer as een wedstryd per rondte geskeduleer nie.

• Vir ewe n stel S(Mi,Mi) = n − 1 nie ’n rondte voor nie (aangesien daar net n − 1 rondtes

is, naamlik 0,1,...,n − 2), en vir onewe n stel S(Mi,Mi) = i die rondte voor waarin Mi

en Vi uitsit.

Die SOLVSOM van orde 4

M0 M1 M2 M3

M0 V0 V2 V3 V1

M1 V3 V1 V0 V2

M2 V1 V3 V2 V0

M3 V2 V0 V1 V3

en

M0 M1 M2 M3

M0 3 0 1 2

M1 0 3 2 1

M2 1 2 3 0

M3 2 1 0 3

lewer byvoorbeeld op hierdie manier die GGRTT in Figuur 1, en die bostaande waarnemings

kan maklik vir hierdie klein voorbeeld deur inspeksie geverifieer word.

Die vraag na die moontlikheid om ’n GGRTT vir n getroude pare te skeduleer is dus ekwivalent

aan die vraag na die bestaan van ’n SOLVSOM van orde n. Met die skryf van hierdie artikel was

dit bekend dat ’n SOLVSOM van orde n vir enige positiewe heelgetal n = 1,2,3,6,10,14 bestaan,

terwyl daar geen SOLVSOM van ordes n = 1,2,3,6 bestaan nie. Vir die twee uitstaande

gevalle, naamlik n = 10,14, was dit onbekend of daar SOLVSOMs van daardie ordes bestaan.

Hierdie stand van sake was die gevolg van meer as dertig jaar se werk, waarin verskeie outeurs

opeenvolgend konstruksies van SOLVSOMs vir meer en meer van ’n lang lys uitstaande bestaansgevalle

gegee het, soos in Tabel 2 uiteengesit, totdat slegs die onsekere gevalle n = 10,14

oorgebly het.

2 ’n Latynse vierkant is unipotent as elke inskrywing op die noordwestelik-suidoostelike diagonaal dieselfde

simbool bevat.

6

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Jaar Bestaansvraag beantwoord vir ordes

n /∈ {10,14,39,46,51,54,58,62,66,70,74,82,87,98,102,118,

Outeur(s)

1978 123,142,159,174,183,194,202,214,219,230,258,267,

278,282,303,394,398,402,422,1322}

Wang [18]

1983 n /∈ {10,14,39,46,54,58,62,66,70,87,102,194,230} Lindner, Mullin & Stinson [14]

1984 n /∈ {10,14,46,54,58,62,66,70} Zhu [19]

1996 n /∈ {10,14,46,54,58,66,70} Bennet & Zhu [4]

1996 n /∈ {10,14,66,70} Bennet & Zhu [3]

2000 n /∈ {10,14} Abel, Bennet, Zhang & Zhu [1]

Tabel 2: Geskiedenis van SOLVSOM-bestaansresultate.

Een manier om te bepaal of ’n SOLVSOM vir ’n sekere orde bestaan, is om op alle moontlike

maniere een te probeer genereer. Indien alle moontlikhede uitgeput word sonder dat enige

SOLVSOM voltooi word, kan die gevolgtrekking gemaak word dat ’n SOLVSOM vir daardie

orde nie bestaan nie. Tydens so ’n soektog na alle moontlike SOLVSOMs van orde n, oftewel

alle moontlike skedules vir ’n GGRTT vir n getroude pare, is dit belangrik om te kan onderskei

tussen twee essensieel verskillende skedules in terme van struktuur, en nie noodwendig net die

fisiese voorkomste van die verskillende simbole self nie.

Beskou byvoorbeeld die skedule vir ’n GGRTT vir n = 4 getroude pare in Figuur 3. Dit is

maklik om na te gaan dat indien die wedstryde in Rondtes 1 en 2 omgeruil word, M0 en M1

omgeruil word en V0 en V1 omgeruil word (m.a.w. die vanne 0 en 1 omgeruil word), die skedule

in Figuur 1 verkry word.

M1 M0

V2 V3

Rondte 0 Rondte 1 Rondte 2

M2 M3

V1 V0

M1 M3

V0 V2

M0 M2

V1 V3

M1 M2

V3 V0

M0 M3

V2 V1

Figuur 3: ’n Voorbeeld van ’n GGRTT bestaande uit vier getroude pare.

Aangesien daar geen vereistes ten opsigte van die volgorde van die rondtes van ’n GGRTT is

nie, en aangesien die simbole wat gebruik word om die identiteite van die spelers mee voor

te stel, arbitrêr is, is die toernooie in Figure 1 en 3 essensieel presies dieselfde in terme van

relatiewe span- en opponentstruktuur. Dus kan die volgorde van die rondtes in ’n skedule vir

’n GGRTT en die simbole wat gebruik word om die identiteite van die spelers mee voor te stel,

omgeruil word, om sodoende die skedule te transformeer na ’n ander skedule met essensieel

dieselfde struktuur.

So ’n transformasie gee aanleiding tot die begrip van ’n ekwivalensieklas van skedules vir

GGRTTs, waar twee skedules in dieselfde ekwivalensieklas is indien daar ’n transformasie

bestaan wat die een in die ander omskep. Die voordeel van ’n ekwivalensieklas-beskouing

wanneer daar tussen essensieel verskillende GGRTTs onderskei word, is dat tydens ’n soektog

na alle moontlike maniere om so ’n toernooi op te stel, heelwat oorbodigheid uitgeskakel kan

word deur van die feit gebruik te maak dat baie skedules essensieel of struktureel dieselfde is en

sulke ekwivalente skedules dus sonder verlies van algemeenheid tydens die soeke na skedules

geïgnoreer kan word.

Verskeie ekwivalensieklasse van SOLVe van ordes 4 n 10 is deur Graham en Roberts [11]

en deur Burger et al. [8, 7] geënumereer, terwyl unipotente, simmetriese Latynse vierkante van

7

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

ewe ordes in die vorm van een-faktorisasies van volledige grafieke ook reeds geënumereer is

[2]. Die enumerasie van ekwivalensieklasse van SOLVSOMs is egter ’n probleem wat nog glad

nie in die literatuur aangespreek is nie, maar die beskikbaarheid van alomvattende databasisse

van simmetriese Latynse vierkante [13] en SOLVe [6] maak dit moontlik om hierdie probleem

op twee verskillende maniere aan te pak, naamlik deur vir elke SOLS ortogonale simmetriese

maats te soek, en vir elke simmetriese Latynse vierkant ortogonale SOLV-maats te soek. In

hierdie artikel volg ons hierdie twee telbenaderings om ekwivalensieklasse van SOLVSOMs

van ordes 4 n 10 te enumereer. In die proses bewys ons dat daar geen SOLVSOM van orde

n = 10 bestaan nie, sodat die enigste uitstaande bestaansgeval vir SOLVSOMs volgens Tabel

2 dan n = 14 is. Gevolglik kan ’n GGRTT vir 10 getroude pare dus nie in die minimum getal

rondtes geskeduleer kan word nie (alhoewel die wedstryde vir so ’n toernooi wel deur ’n SOLV

van orde 10 voortgebring kan word).

Die res van hierdie artikel is soos volg gestruktureer. In §1 verskaf ons die definisies van

’n aantal sinvolle ekwivalensieklasse van SOLVSOMs; ons illustreer ook hierdie definisies

aan die hand van voorbeelde. In §2 verduidelik ons hoe daar te werk gegaan is om een van

hierdie ekwivalensieklasse van SOLVSOMs van klein ordes rekenaarmatig te enumereer, en

in §3 enumereer ons die oorblywende ekwivalensieklasse van SOLVSOMs deur middel van

standaard-telargumente uit abstrakte algebra. §4 bevat ’n paar slotopmerkings, terwyl ons in

§5 moontlike opvolgwerk op die enumerasies wat hier gerapporteer word, kortliks bespreek.

Daar is ook ’n aanhangsel aan die einde van die artikel waarin daar verteenwoordigers van ’n

fundamentele ekwivalensieklas van SOLVSOMs van ordes 4 n 10 gelys word.

1. Ekwivalensieklasse van SOLVSOMs

Twee SOLVSOMs S = (L,S) en S ′ = (L ′ ,S ′ ) word (ry, kolom)-paratope genoem indien daar

’n geordende viertal α = (p,ℓ,s,t) ∈ S3 n ×S2 van permutasies bestaan (waar Sn die simmetriese

groep van orde n voorstel), met die eienskappe dat

L ′ (p(i), p( j)) as t(0) = 0,

ℓ(L(i, j)) =

L ′ (p( j), p(i)) as t(0) = 1,

en s(S(i, j)) = S ′ (p(i), p( j)). Só ’n viertal α word ’n (ry, kolom)-paratopisme genoem wat

S op S ′ afbeeld. Hier is p ’n permutasie wat op die rye en kolomme van L en S toegepas

word, terwyl ℓ ’n permutasie is wat op die simboolversameling van L toegepas word. Verder

is s ’n permutasie wat op die simboolversameling van S toegepas word, terwyl t die rolle van

die rye en kolomme van L permuteer. Ons gebruik die notasie S ′ = S α om aan te dui dat

die (ry, kolom)-paratopisme α die SOLVSOM S na die SOLVSOM S ′ transformeer. Die

SOLVSOM S1 = (L1,S1), met

L1 =

0 7 4 6 2 3 1 5

5 1 6 4 3 2 7 0

1 0 2 5 6 7 3 4

4 2 0 3 7 6 5 1

7 5 3 0 4 1 2 6

2 6 1 7 0 5 4 3

3 4 7 1 5 0 6 2

6 3 5 2 1 4 0 7

⎥ en S1 = ⎢

0 1 2 3 4 5 6 7

1 0 4 7 2 6 5 3

2 4 0 5 1 3 7 6

3 7 5 0 6 2 4 1

4 2 1 6 0 7 3 5

5 6 3 2 7 0 1 4

6 5 7 4 3 1 0 2

7 3 6 1 5 4 2 0

8

en die SOLVSOM S2 = (L2,S2), met

L2 =

2 0 3 1 7 6 4 5

6 1 5 2 3 0 7 4

5 7 4 6 0 1 3 2

7 5 1 3 2 4 6 0

3 4 7 0 6 2 5 1

4 3 0 7 1 5 2 6

1 6 2 5 4 7 0 3

0 2 6 4 5 3 1 7

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

⎥ en S2 = ⎢

1 2 6 5 7 0 4 3

2 1 4 0 3 5 6 7

6 4 1 3 0 7 2 5

5 0 3 1 4 2 7 6

7 3 0 4 1 6 5 2

0 5 7 2 6 1 3 4

4 6 2 7 5 3 1 0

3 7 5 6 2 4 0 1

is byvoorbeeld (ry, kolom)-paratope van mekaar. ’n (Ry, kolom)-paratopisme wat S1 = (L1,S1)

op S2 = (L2,S2) afbeeld, is

01234567 01234567 01234567 0 1

α1 =

10325476

12345670

12045376

As α = (p,ℓ,s,t) ’n (ry, kolom)-paratopisme is waarvoor p = ℓ = s, dan word α ’n transponentisomorfisme

genoem wat slegs deur die geordende paar (p,t) ∈ Sn × S2 gespesifiseer word, in

welke geval daar gesê word dat S en S α transponent-isomorf is. Indien S α = S , dan

heet α ’n transponent-outomorfisme van S . Die bostaande SOLVSOM S1 = (L1,S1) en die

SOLVSOM S3 = (L3,S3), met

L3 =

0 5 4 1 6 3 7 2

7 1 3 5 2 4 0 6

3 7 2 6 1 0 5 4

6 2 7 3 0 1 4 5

5 6 0 7 4 2 3 1

2 0 6 4 7 5 1 3

4 3 1 2 5 7 6 0

1 4 5 0 3 6 2 7

⎥ en S3 = ⎢

1 0

7 5 3 2 6 1 4 0

5 7 6 4 3 0 2 1

3 6 7 0 5 4 1 2

2 4 0 7 1 6 5 3

6 3 5 1 7 2 0 4

1 0 4 6 2 7 3 5

4 2 1 5 0 3 7 6

0 1 2 3 4 5 6 7

is byvoorbeeld transponent-isomorfe. ’n Transponent-isomorfisme wat S1 op S3 afbeeld, is

01234567 α2 =

76543210

0 1

Die begrippe van ’n (ry, kolom)-paratopisme en ’n transponent-isomorfisme kan op ’n soortgelyke

manier ook vir slegs SOLVe of simmetriese Latynse vierkante op hul eie gedefinieer word.

So byvoorbeeld is

α ′ 01234567 01234567 0 1

1 =

10325476

1 0

12345670

’n (ry, kolom)-paratopisme wat L1 op L2 afbeeld, terwyl

01234567 α ′′

1 =

10325476

’n (ry, kolom)-paratopisme is wat S1 op S2 afbeeld.

1 0

01234567

12045376

’n Transversaal van ’n Latynse vierkant L is ’n versameling van n verskillende inskrywings

van L met die eienskap dat geen twee inskywings in dieselfde ry of kolom van L voorkom nie.

’n Universaal van L, daarenteen, is ’n versameling van al n voorkomste in L van ’n spesifieke

element van Zn (gevolglik is geen twee inskrywings van ’n universaal van L in dieselfde ry

of kolom van L nie). ’n Voorbeeld van ’n transversaal is in L3 hierbo onderstreep, en word in

9

Vlak 0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0 1

1 0

0 1

1 0

1 0

0 1

1 0

0 1

1 0

1 0

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5

0

0

0

0

0

0 1 2

1 0 2

0 2 1

1 2 0

2 1 0

0 3 1 2

1 0 2 3

3 0 2 1

1 2 3 0

2 3 1 0

0 4 3 1 2

4 1 0 2 3

3 0 2 4 1

1 2 4 3 0

2 3 1 0 4

Figuur 4: Vertak-en-begrens-soekboom vir simmetriese ortogonale maats vir die enigste SOLV

van orde 5 (tot op (ry, kolom)-isotopisme na), naamlik L4. Die boom word op Vlakke 1 en 2 begrens

waar ortogonaliteit tussen die simmetriese maat en L4 vernietig word. Slegs een simmetriese

ortogonale maat word uiteindelik gevind, wat lei na die enumerasie van een (ry, kolom)paratoopklas

van SOLVSOMs van orde 5, met klasverteenwoordiger S4 = (L4,S4).

koördinaatvorm gegee deur

{(0,0),(1,7),(2,4),(3,1),(4,6),(5,3),(6,5),(7,2)},

terwyl ’n voorbeeld van ’n universaal wat met die simbool ‘3’ ooreenstem in S3 hierbo in

vetdruk vertoon word, en in koördinaatvorm gegee word deur

{(0,2),(1,4),(2,0),(3,7),(4,1),(5,6),(6,5),(7,3)}.

’n Latynse vierkant is idempotent as die hoofdiagonaal daarvan ’n transversaal in natuurlike

volgorde is. ’n Latynse vierkant is in gereduseerde vorm as die eerste ry en kolom daarvan

die elemente van Zn in natuurlike volgorde is. Die simmetriese Latynse vierkant S1 is dus ’n

voorbeeld van ’n vierkant in gereduseerde vorm.

Dit is maklik om aan te toon dat die hoofdiagonaal van ’n SOLV van enige orde of van ’n simmetriese

Latynse vierkant van onewe orde noodwendig ’n transversaal daarvan moet wees, en

dat enige element van Zn ’n ewe getal keer (of glad nie!) op die hoofdiagonaal van ’n simmetriese

Latynse vierkant van ewe orde moet verskyn. In die lig van hierdie opmerkings sê ons ’n

SOLVSOM S = (L,S) van orde n is in standaardvorm as L idempotent is, en as S idempotent

(vir onewe n) of in gereduseerde vorm (vir ewe n) is. Die bostaande SOLVSOM S1 = (L1,S1)

is dus in standaardvorm, terwyl S2 = (L2,S2) en S3 = (L3,S3) nie in standaardvorm is nie.

2. Enumerasie van (ry, kolom)-paratoopklasse

Soos in die inleiding genoem, volg ons in hierdie artikel twee verskillende benaderings om

die (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van orde n 10 te enumereer. In die eerste

benadering genereer ons op ’n allesomvattende wyse simmetriese, ortogonale maats vir

elke (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordiger in die SOLV-databasis in [6], terwyl ons in die

tweede benadering ortogonale SOLV-maats vir elke (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordiger

van simmetriese Latynse vierkante in die databasis in [13] genereer. In beide hierdie benade-

10

Vlak 0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0 1

1 0

1 0

0 1

1 0

0 1

1 0

1 0

0 1

0 1

0 1

1 0

0 1

1 0

0 1

0 1

1 0

1 0

0 1

0 1

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0 2 1

1 0 2

2 1 0

2 0 1

1 0 2

0 2 1

2 1 0

1 2 0

0 1

2 0 1

2

0 2 1 3

3 1 0 2

3 2 1 0

2 0 3 1

1 0 3 2

0 3 2 1

2 1 3 0

1 2 0 3

0 1 3 2

3 2 0 1

0 2 1 4 3

3 1 4 0 2

4 3 2 1 0

2 4 0 3 1

1 0 3 2 4

0 3 4 2 1

2 1 3 4 0

1 4 2 0 3

4 0 1 3 2

3 2 0 1 4

Figuur 5: Vertak-en-begrens-soekboom vir SOLV-maats vir die enigste simmetriese Latynse

vierkant van orde 5 (tot op (ry, kolom)-isotopisme na), naamlik S4. Die boom word op Vlakke

1 en 2 begrens waar ortogonaliteit tussen die SOLV-maat en S4 vernietig word. Twee SOLVmaats

word uiteindelik gevind, maar hierdie maats is transponente van mekaar, wat weereens

lei na die enumerasie van een (ry, kolom)-paratoopklas van SOLVSOMs van orde 5, met klasverteenwoordiger

S4 = (L4,S4).

rings genereer ons slegs (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers (L,S) van SOLVSOMs in

standaardvorm deur gebruikmaking van ’n soekboom met terugkering (Eng: backtracking). Op

vlak i + 1 van die soekboom vertak ons op die insluiting van alle moontlike universale wat met

die simbool i ∈ Zn in ’n gedeeltelik-voltooide simmetriese Latynse vierkant S (in die eerste

benadering) of SOLV L (in die tweede benadering) ooreenstem, met dien verstande dat geen

van die volgende eienskappe vernietig word nie:

• die simmetrie van S (in die eerste benadering)

• die idempotensie (in die geval van onewe n) of gereduseerde vorm (in die geval van ewe

n) van S (in die eerste benadering)

• die self-ortogonaliteit en idempotensie van L (in die tweede benadering) en

• die ortogonaliteit van L en S (in beide benaderings).

Die wortel van die soekboom is ’n leë n × n vierkant (m.a.w. waarin daar nog geen universale

ingesluit is nie). (Ry, kolom)-paratooptoetsing word laastens op al die simmetriese ortogonale

maats toegepas wat vir elke SOLV L in [6] via die eerste benadering gevind word om

te verseker dat ’n versameling, 〈L〉 sê, van paarsgewys-nie-(ry, kolom)-paratope SOLVSOMs

11

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

(in standaardvorm) gegenereer word. Soortgelyke (ry, kolom)-paratooptoetsing word ook op al

die ortogonale SOLV-maats toegepas wat vir elke simmetriese Latynse vierkant S in [13] via

die tweede benadering gevind is om te verseker dat ’n versameling, 〈S〉 sê, van paarsgewyse

nie-(ry, kolom)-paratope SOLVSOMs (in standaardvorm) gegenereer word. Indien L (n) ’n

maksimale versameling van paarsgewyse nie-(ry,kolom)- paratope SOLVe van orde n is, M (n)

’n maksimale versameling van paarsgewyse nie-(ry, kolom)-paratope simmetriese Latynse vierkante

van orde n is, en as

S(n) =

L∈L (n)

〈L〉 en S ′ (n) =

S∈M (n)

dan is beide S(n) en S ′ (n) maksimale versamelings van paarsgewyse nie-(ry, kolom)-paratope

SOLVSOMs van orde n in standaardvorm wat op twee onafhanklike maniere gegenereer is.

Ons verifieer dat |S(n)| = |S ′ (n)| vir alle 4 n 10.

Die eerste van hierdie soekbenaderings word in Figuur 4 geïllustreer deur ortogonale simmetriese

maats vir die SOLV

0 2 1 4 3

⎢ 3 1 4 0 2 ⎥

L4 = ⎢ 4 3 2 1 0 ⎥

2 4 0 3 1

1 0 3 2 4

van orde 5 tesoek, terwyl die tweede soekbenadering in Figuur 5 geïllustreer word deur ortogonale

SOLV-maats vir die simmetriese Latynse vierkant

0 4 3 1 2

⎢ 4 1 0 2 3 ⎥

S4 = ⎢ 3 0 2 4 1 ⎥

1 2 4 3 0

2 3 1 0 4

van orde 5 te soek. Beide hierdie soekbenaderings is in C++ op ’n Intel(R) Core(TM) 2 Duo

verwerker met 3.2 GB geheue geïmplementeer. Ons beskryf die resultate wat gedurende hierdie

soekbenaderings verkry is, in die onderstaande afdelings in meer besonderhede vir die gevalle

waar n onderskeidelik onewe en ewe is.

2.1 (Ry, kolom)-paratoopklasse van onewe orde

Ons begin hierdie afdeling deur ’n nuttige eienskap van idempotente Latynse vierkante daar te

stel.

Stelling 1 As twee idempotente Latynse vierkante (ry, kolom)-paratope is, is hul transponentisomorf.

Bewys: Gestel L en L ′ is twee idempotente, (ry, kolom)-paratope Latynse vierkante. Dan is

L(i,i) = L ′ (i,i) = i vir alle i ∈ Zn, en daar bestaan ’n (ry, kolom)-paratopisme (p,q,t) ∈ S 2 n ×S2

wat L op L ′ afbeeld. Gevolglik impliseer L(i, j) = k dat L ′ (p(i), p( j)) = q(k) of L ′ (p( j), p(i)) =

q(k) vir alle i, j ∈ Zn. Maar dan is L ′ (p(i), p(i)) = q(i), sodat p = q.

〈S〉,

12

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Dit volg uit die bostaande stelling dat indien twee SOLVSOMs van onewe orde in standaardvorm

(ry, kolom)-paratope is, hulle transponent-isomorf is, aangesien die SOLV en die ortogonale,

simmetriese maat in ’n SOLVSOM van onewe orde in standaardvorm beide idempotent

is.

Beskou die geval waar idempotente, simmetriese ortogonale maats vir ’n SOLV L gegenereer

word. Aangesien beide L en sy ortogonale simmetriese maats idempotent is, word ’n

transponent-isomorfismetoets volgens Stelling 1 benodig om 〈L〉 te bepaal. Aangesien al die

resulterende SOLVSOMs dieselfde SOLV (naamlik L) bevat, is enige transponent-isomorfisme

tussen twee ortogonale simmetriese maats ook ’n transponent-outomorfisme van L. Die

transponent-outomorfismegroep van L kan gevolglik gebruik word om te bepaal of twee van

die simmetriese ortogonale maats van L transponent-isomorf is. Ons het die metode wat in

[8] beskryf word, gebruik om die transponent-outomorfismegroep van ’n SOLV via McKay

se program nauty te bepaal. Hierdie metode berus op ’n vroeër metode vir die bepaling van

isotoopgroepe van Latynse vierkante, soos in [15] beskryf.

In die geval waar idempotente, ortogonale SOLV-maats vir ’n simmetriese Latynse vierkant S

gegenereer word, span ons ’n soortgelyke metode van (ry, kolom)-paratooptoetsing in. Weereens

bevat elke SOLVSOM wat so gegenereer word dieselfde simmetriese vierkant S en gevolglik

gebruik ons die transponent-outomorfismegroep van S vir transponent-isomorfismetoetsing

(soos bo beskryf). ’n Metode vir die bepaling van die transponent-outomorfismegroep van ’n

simmetriese Latynse vierkant kan maklik uit die bogenoemde metodes vir die berekening van

die transponent-outomorfismegroep van ’n SOLV in [8, 15] afgelei word.

Alhoewel (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van (idempotente) SOLVe in [6] beskikbaar

is, is geen sulke klasverteenwoordigers vir simmetriese Latynse vierkante van onewe

orde in die literatuur beskikbaar nie. Daar word egter ’n soekmetode vir die bepaling van

(ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van (idempotente) SOLVe in [7] beskryf. Ons het

hierdie tegniek aangepas deur die toets vir self-ortogonaliteit te vervang met ’n toets vir simmetrie,

en dit toegepas om die getalle (ry, kolom)-paratoopklasse van simmetriese Latynse vierkante

van ordes n = 5,7,9 te bepaal. Hierdie resultate word in Tabel 3 getoon.

n 5 7 9

(Ry, kolom)-paratoopklasse 1 7 3 460

Tabel 3: Die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van simmetriese Latynse vierkante van onewe

orde.

Onder die sewe idempotente, simmetriese Latynse vierkante van orde 7 laat slegs een vierkant

ortogonale SOLV-maats toe, terwyl slegs agt van die 3460 idempotente, simmetriese Latynse

vierkante van orde 9 ortogonale SOLV-maats toelaat. Hierdie nege idempotente, simmetriese

Latynse vierkante, tesame met die enkele een van orde 5, word in die aanhangsel aan die einde

van hierdie artikel gelys. Die finale enumerasie-resultate vir die (ry, kolom)-paratoopklasse van

SOLVSOMs van onewe orde word in Tabel 4 getoon.

n 5 7 9

(Ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs 1 2 26

Tabel 4: Die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van onewe orde.

13

2.2 (Ry, kolom)-paratoopklasse van ewe orde

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Beskou vervolgens die probleem om te toets of twee SOLVSOMs S = (L,S) en S ′ = (L ′ ,S ′ )

van ewe orde in standaardvorm (ry, kolom)-paratope is, m.a.w. om te bepaal of daar ’n

(ry, kolom)-paratopisme α = (p,ℓ,s,t) is waarvoor S ′ = S α . Aangesien L en L ′ idempotent

is, volg dit uit Stelling 1 dat p = ℓ, en daarom moet daar bepaal word of ’n permutasie s gevind

kan word sodat, wanneer p op die rye en kolomme en s op die simboolversameling van S

toegepas word, die vierkant S ′ verkry word. Laat S ′′ die simmetriese Latynse vierkant wees

wat verkry word deur die permutasie p op die rye en kolomme van S toe te pas. As r ′′ en r ′

die permutasies is wat die identiteitspermutasie op die eerste rye van S ′′ en S ′ onderskeidelik

afbeeld, dan geld duidelik dat sr ′′ = r ′ . As s dus vir S ′′ op S ′ afbeeld, dan is S en S ′

(ry, kolom)-paratope; anders is hulle nie (ry, kolom)-paratope nie.

In die enumerasiebenadering waar simmetriese ortogonale maats vir ’n enkele SOLV gegenereer

word (m.a.w. waar L = L ′ in die bogenoemde bespreking), kan die bostaande tegniek

gebruik word om die transponent-outomorfismegroep van L te bereken. In die benadering waar

ortogonale SOLV-maats vir ’n enkele simmetriese Latynse vierkant gegenereer word, kan die

ry-kolom permutasies in die (ry, kolom)-outoparatopismegroep van S gebruik word om te toets

of the SOLV-maats transponent-isomorf is (aangesien hulle idempotent is).

’n Een-faktor van ’n volledige, genommerde grafiek K2n is ’n versameling van n punt-disjunkte

deelgrafieke van K2n, elk isomorf aan K2. ’n Een-faktorisasie van K2n is ’n versameling van

2n−1 lyn-disjunkte een-faktore van K2n. Gestel F = {F1,...,F2n−1} is ’n een-faktorisasie van

’n genommerde, volledige grafiek K2n, waar Fk = {( fkℓ1, fkℓ2) | fkℓ1, fkℓ2 ∈ V (K2n), 1 ℓ n}

’n een-faktor van K2n is, vir alle k = 1,...,2n − 1. Dan is F ekwivalent aan ’n unipotente,

simmetriese Latynse vierkant L van orde 2n in gereduseerde vorm, gedefinieer deur

0 as i = j,

L(i, j) =

k as en slegs as (i, j) ∈ Fk.

Trouens, die simbole wat in die een-faktore voorkom tesame met die simbool wat op die hoofdiagonaal

van L gebruik word, kan op (2n)! verskillende maniere gekies word. Hierdie keuses lei

na (2n)! verskillende unipotente, Latynse vierkante, waarvan slegs een in gereduseerde vorm

is. As ’n simmetriese Latynse vierkant L ′ uit L verkry kan word deur die rolle van die simbole

in L te permuteer, volg dit dus dat L en L ′ dieselfde een-faktorisasie verteenwoordig. Dit is verder

maklik om te sien dat ’n een-faktorisasie isomorf aan F verkry word deur ’n permutasie

gelyktydig op die rye en kolomme van L toe te pas. As twee unipotente, simmetriese Latynse

vierkante van orde 2n (ry, kolom)-paratope is, volg dit dus dat die twee ooreenstemmende eenfaktorisasies

van K2n isomorf is.

Let op dat ’n een-faktorisasie van K2n ook ooreenstem met ’n simmetriese Latynse vierkant

van (onewe) orde 2n − 1 (sien, byvoorbeeld, Wallis [17, bl. 211]). Hierdie ooreenstemming

kan egter nie in die huidige konteks uitgebuit word nie, aangesien dit maklik aangetoon kan

word dat ’n isomorfisme van ’n een-faktorisasie van K2n nie noodwendig ooreenstem met ’n

(ry, kolom)-paratopisme van die gepaardgaande simmetriese Latynse vierkant van orde 2n − 1

nie. Met ander woorde, as twee simmetriese Latynse vierkante van orde 2n − 1 (ry, kolom)paratope

is, volg dit nie noodwendig dat die twee ooreenstemmende een-faktorisasies van K2n

isomorf is nie, en omgekeerd.

14

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

2n 4 6 8 10

Isomorfismeklasse / (Ry, kolom)-paratoopklasse 1 1 6 396

Tabel 5: Die getal isomorfismeklasse van een-faktorisasies van die volledige grafiek K2n, oftewel

die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van simmetriese Latynse vierkante van orde 2n.

Maksimale versamelings van paarsgewys nie-isomorfe een-faktorisasies van volledige grafieke

van ordes 4, 6, 8 en 10 is in [13] beskikbaar; die kardinaalgetalle van hierdie versamelings word

in Tabel 5 getoon. Volgens die bostaande bespreking lewer hierdie databasis dus ook maksimale

versamelings van (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van unipotente, simmetriese Latynse

vierkante van hierdie ordes in gereduseerde vorm. Uit hierdie simmetriese Latynse vierkante

kan daar slegs unipotente SOLVSOMs gegenereer word, maar sulke SOLVSOMs is op

sigself interessant, aangesien ’n SOLVSOM slegs gebruik kan word om ’n gade-vermydende

gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi te skeduleer indien dit unipotent is, soos in die

inleiding beskryf. Gevolglik is die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van unipotente SOLVS-

OMs van orde 2n ook die getal struktureel-verskillende maniere waarop ’n gade-vermydende

gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi vir 2n getroude pare geskeduleer kan word, en

hierdie getalle word in Tabel 6 getoon. Deur die (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers

van SOLVe in [6] te gebruik om unipotente SOLVSOMs van ordes 4, 8 en 10 op ’n onafhanklike,

alternatiewe wyse te genereer, kon ons die resultate in Tabel 6 valideer. Ons kon op laasgenoemde

wyse ook die (ry, kolom)-paratoopklasse van alle SOLVSOMs (m.a.w. unipotent, en

nie-unipotent) enumereer, en die resultate word in Tabel 6 getoon.

n 4 6 8 10

(Ry, kolom)-paratoopklasse van unipotente SOLVSOMs 1 0 7 0

(Ry, kolom)-paratoopklasse van alle SOLVSOMs 1 0 32 0

Tabel 6: Die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van ewe orde.

Daar is geen nie-unipotente SOLVSOMs van orde 4 nie, hoegenaamd geen SOLVSOMs van

orde 6 nie, maar wel drie tipes nie-unipotente SOLVSOMs van orde 8. Om hierdie tipes SOL-

VSOMs te klassifiseer, gebruik ons die diagonaal-tipe notasie 1 d12 d2 ···n dn om aan te dui dat

’n simmetriese Latynse vierkant di simbole bevat wat i ∈ {1,...,n} keer op die hoofdiagonaal

daarvan voorkom, waar ons per konvensie ’n faktor van die vorm i di weglaat indien di = 0.

’n Idempotente, simmetriese Latynse vierkant van orde n het byvoorbeeld diagonaal-tipe 1 n ,

terwyl ’n unipotente, simmetriese Latynse vierkant van orde n diagonaal-tipe n 1 het.

Van die vier SOLVe van orde 8 laat slegs twee ortogonale simmetriese maats toe, naamlik L1

in §1 en

0 6 7 1 2 3 4 5

⎢ 5 1 4 6 3 2 7 0 ⎥

6 0 2 5 7 4 3 1 ⎥

⎢ 7 2 0 3 6 1 5 4 ⎥

L4 = ⎢ 1 5 3 0 4 7 2 6 ⎥.

⎢ 2 7 6 4 0 5 1 3 ⎥

3 4 1 7 5 0 6 2

4 3 5 2 1 6 0 7

Uit die SOLV L1 kan daar twee unipotente SOLVSOMs gegenereer word, asook ses SOL-

VSOMs waarvan die simmetriese maat diagonaal-tipe 2 4 het, vier SOLVSOMs waarvan die

simmetriese maat diagonaal-tipe 2 2 4 1 het, en twee SOLVSOMs waarvan die simmetriese maat

15

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

diagonaal tipe 4 2 het. Uit die SOLV L4 kan daar vyf unipotente SOLVSOMs gegenereer word,

asook dertien SOLVSOMs waarvan die simmetriese maat diagonaal tipe 4 2 het. Hierdie SOL-

VSOMs word in die aanhangsel aan die einde van die artikel gelys.

Ons het die niebestaan van SOLVSOMs van orde 10 onafhanklik geverifieer deur gebruik te

maak van die bekende feit [10, Opmerking 1.35] dat ’n Latynse vierkant van orde n ’n ortogonale

maat toelaat as en slegs as die vierkant n disjunkte transversale bevat. Om ’n ortogonale

maat met sy transponent te deel, moet ’n Latynse vierkant verder n disjunkte transversale

bevat wat ook transversale in die transponent is. Ons het elkeen van die 121642 (ry, kolom)paratoopklasverteenwoordigers

van SOLVe van orde 10 wat in [7] ge-enumereer is, ondersoek

en gevind dat 119288 van hierdie SOLVe minder as 10 transversale altesaam met hul transponente

deel. In die oorblywende gevalle (waar die SOLVe en hul transponente 10 of meer

transversale deel) het ons in 2350 gevalle gevind dat daar sommige inskrywings in die SOLV

is wat in geen van die transversale voorkom nie. Deur middel van hierdie eliminasie-proses het

ons dus gevind dat, behalwe moontlik vir die vier SOLVe

0 5 8 1 9 4 3 6 7 2

9 1 6 0 8 2 5 4 3 7

1 0 2 7 5 3 8 9 6 4

4 9 0 3 7 6 1 8 2 5

7 3 1 6 4 8 2 5 9 0

3 8 7 9 0 5 4 2 1 6

5 7 9 2 3 0 6 1 4 8

8 2 3 4 6 9 0 7 5 1

2 6 4 5 1 7 9 0 8 3

6 4 5 8 2 1 7 3 0 9

0 8 6 5 7 9 2 1 4 3

7 1 9 8 0 3 5 4 6 2

1 0 2 7 9 4 3 6 5 8

4 5 0 3 8 6 1 9 2 7

2 6 3 0 4 7 8 5 9 1

8 7 1 9 6 5 4 2 3 0

5 9 8 2 1 0 6 3 7 4

9 2 5 4 3 8 0 7 1 6

3 4 7 6 2 1 9 0 8 5

6 3 4 1 5 2 7 8 0 9

0 5 6 9 3 2 8 4 1 7

9 1 7 4 0 8 2 3 5 6

8 0 2 5 9 7 1 6 3 4

1 7 0 3 8 4 9 2 6 5

6 9 8 0 4 1 7 5 2 3

4 2 1 8 6 5 3 9 7 0

7 3 4 2 5 0 6 1 9 8

5 8 9 6 2 3 0 7 4 1

3 6 5 7 1 9 4 0 8 2

2 4 3 1 7 6 5 8 0 9

⎥ en ⎢

0 9 6 1 8 4 2 3 5 7

3 1 8 9 5 7 4 6 2 0

1 0 2 7 6 8 9 5 3 4

4 7 0 3 2 9 1 8 6 5

7 6 3 0 4 1 5 2 9 8

8 2 9 6 0 5 3 4 7 1

5 3 4 8 7 0 6 9 1 2

2 8 1 5 9 6 0 7 4 3

9 4 5 2 1 3 7 0 8 6

6 5 7 4 3 2 8 1 0 9

geen van die 121642 (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van SOLVe van orde 10 in

SOLVSOMs kan voorkom nie. Die eerste van die bostaande SOLVe van orde 10 deel byvoorbeeld

19 transversale met sy transponent en alhoewel elkeen van die inskrywings van die

SOLV in minstens een van hierdie transversale voorkom, kom die inskrywing (0,1) is slegs

een transversaal voor, naamlik

{(0,1),(1,0),(2,2),(3,4),(4,3),(5,6),(6,5),(7,9),(8,8),(9,7)}.

Die inskrywing (1,2) kom ook net in een transversaal voor, naamlik

{(0,3),(1,2),(2,1),(3,0),(4,6),(5,5),(6,4),(7,7),(8,8),(9,9)}.

Beide van hierdie transversale bevat egter die inskrywing (3,8), en daarom kan hulle nie saam

gebruik word om ’n Latynse vierkant op te bou nie. Daar kan op ’n soortgelyke wyse aangetoon

word dat die ander drie bostaande SOLVe van orde 10 ook nie gemeenskaplike ortogonale

maats met hulle transponente deel nie.

3. Ander klasse SOLVSOMs

Ons het in [8] die getal transponent-isomorfismeklasse binne ’n enkele (ry, kolom)-paratoopklas

van SOLVe deur middel van ’n effens aangepaste weergawe van ’n stelling van McKay

et al. [15] bepaal. Ons moes die oorspronklike stelling aanpas, omdat dit oorspronklik in [15]

vir Latynse vierkante in die algemeen geformuleer is, en nie net vir SOLVe nie. Ons gebruik

hier dieselfde stelling, maar ons pas slegs die formulering daarvan aan - nie ook die bewys

16

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

daarvan nie - om in plaas van die oorspronklike SOLVe in [8] nou klasse van SOLVSOMs te

tel, aangesien die aanpassing 3 in die bewys gering en duidelik is uit die konteks van die bewys

van Stelling 4.1 in [8].

Stelling 2 Daar is

α∈A ′ ψ(α)

(S )

2

|A(S )|

verskillende transponent-isomorfismeklasse van SOLVSOMs in die (ry, kolom)-paratoopklas

van enige SOLVSOM S van orde n, waar A(S ) die versameling van alle (ry, kolom)-outoparatopismes

van S is, waar A ′ (S ) die versameling van alle (ry, kolom)-outoparatopismes α =

(p,ℓ,s,t) van S is waarin p, ℓ en s almal van dieselfde tipe 4 (a1,a2,...,an) is, en waar

ψ(α) =

n

∏ai!i i=1

ai .

Om die totale getal transponent-isomorfismeklasse van SOLVSOMs van orde n te vind, sommeer

ons die hoeveelheid in (2) oor alle elemente van die versameling klasverteenwoordigers

(een uit elke (ry, kolom)-paratoopklas van orde n), I(n) (sê), en vind ons

1

∑ |A(S )|

S ∈I(n)

α∈A ′ ψ(α)

(S )

2 .

Die transponent-outomorfismegroep van die SOLV L word gebruik om die (ry, kolom)outoparatopismegroep

van ’n SOLVSOM S = (L,S) te bereken. Meer spesifiek, daardie

deelgroep van die eersgenoemde groep wat vir S vasmaak, is die (ry, kolom)-outoparatopismegroep

van S .

Aangesien (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs van orde n ooreenstem met die siklusse

(Eng: orbits) van die groep S 2 n × S2, kan die getal verskillende SOLVSOMs van orde n deur

middel van ’n bekende stelling (Eng: orbit stabiliser theorem) bepaal word - sien, byvoorbeeld,

[12, Stelling 2.16]. Volgens hierdie stelling is die grootte van ’n siklus van hierdie groep die

groepgrootte gedeel deur die grootte van die outoparatoopgroep van die betrokke SOLVSOM.

Daarom word die getal verskillende SOLVSOMs in die (ry, kolom)-paratoopklas van ’n SOL-

VSOM S gegee deur 2(n!) 3 /|A(S )|. Om die totale getal verskillende SOLVSOMs van orde

n te bepaal, sommeer ons bloot hierdie hoeveelheid oor alle S ∈ I(n).

Die getal SOLVSOMs van orde n in standaardvorm kan laastens bereken word deur op te let dat

die totale getal verskillende SOLVSOMs van orde n maar net (n!) 2 keer die getal SOLVSOMs

van orde n in standaardvorm is. Hierdie opmerking herinner aan die bekende resultaat dat die

getal verskillende Latynse vierkante van orde n bloot n!(n−1)! keer die getal Latynse vierkante

van orde n in standaardvorm is.

3 Die enigste verskil is dat daar in ’n transponent-isomorfisme vir ’n SOLVSOM vereis word dat drie permutasies

van die simbole in Zn gelyk moet wees, terwyl die soortgelyke vereiste vir SOLVe is dat slegs twee

permutasies gelyk moet wees.

4 ’n Permutasie p is van tipe (a1,a2,...,an) indien dit ai siklusse van lengte i ∈ {1,...,n} het.

(2)

17

n Verskillende

SOLVSOMs

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

Standaard

SOLVSOMs

Transponentisomorfisme

klasse van

SOLVSOMs

(Ry, kolom)paratoop

klasse van

SOLVSOMs

2 0 0 0 0

3 0 0 0 0

4 1 152 2 31 1

5 172 800 12 749 1

6 0 0 0 0

7 12 192 768 000 480 1 210 622 2

8 608 662 978 560 000 374 400 7 547 904 042 32

9 464 573 723 443 200 000 3 528 000 640 121 719 688 26

10 0 0 0 0

Sloane #A166490 #A166489 #A166488 #A166487

Tabel 7: Enumerasie van verskeie ekwivalensieklasse van SOLVSOMs van ordes 4 n 10. Die

laaste ry in die tabel bevat die rynommers in Sloane se Online Encyclopedia of Integer Sequences [16]

wat met die kolomme van die tabel ooreenstem.

Die getal verskillende SOLVSOMs, SOLVSOMs in standaardvorm en transponent-isomorfismeklasse

van SOLVSOMs word tesame met die getal (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVS-

OMs (soos in §4 bepaal) vir ordes 2 n 10 in Tabel 7 saamgevat:

4. Slot

In die voorafgaande afdelings het ons die (ry, kolom)-paratoopklasse van SOLVSOMs, die

transponent-isomorfismeklasse van SOLVSOMs, verskillende SOLVSOMs en SOLVSOMs in

standaardvorm van ordes 4 n 10 getel. Die belangrikste resultaat wat uit hierdie enumerasieproses

volg, word in die volgende stelling saamgevat:

Stelling 3 Daar bestaan geen SOLVSOM van orde 10 nie.

Hierdie stelling lewer ’n uitspraak oor die voorlaaste onsekere geval in die 34 jaar-oue oop

bestaansprobleem vir SOLVSOMS, soos in Tabel 2 uiteengesit. Dus kan ons Stelling 5.16 in

die gesaghebbende bron [10] soos volg bywerk:

Gevolgtrekking 1 Daar bestaan geen SOLVSOM van orde n ∈ {2,3,6,10} nie, maar daar

bestaan wel SOLVSOMs van orde n vir enige ander heelgetal n > 1, met die moontlike uitsondering

van n = 14.

Ons het ook onmiddellik die volgende gevolgtrekking uit Stelling 3.

Gevolgtrekking 2 Geen gade-vermydende gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi

kan vir tien getroude pare geskeduleer word nie.

18

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

In [9] het ons, as gevolg van ’n sterk voorgevoel ten opsigte van die negatiewe bestaansresultaat

van Gevolgtrekking 2, reeds voorgestel dat die streng vereistes vir ’n gade-vermydende

gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi (soos in die inleiding beskryf) effens verslap

moet word om voorsiening te maak vir die skedulering van ’n effens sub-optimale toernooi

vir tien getroude pare, en het ons voorts daadwerklike voorstelle te maak vir die skedulering

van wedstryde in rondtes vir ’n effens verslapte weergawe van so ’n toernooi. In die lig van

Gevolgtrekking 2 blyk dit dat hierdie voorstelle ten opsigte van verslapping geregverdig was.

5. Moontlike verdere werk

Die natuurlike volgende stap in die enumerasieproses wat in hierdie artikel gedokumenteer

is, is om die telproses uit te brei na SOLVSOMs van orde n = 11. Die metodes wat in die

voorafgaande afdelings beskryf is, kan egter nie sonder meer gebruik word om die onderskeie

ekwivalensieklasse van SOLVSOMs van orde 11 te tel nie, aangesien die betrokke klasse nog

nie vir SOLVe of vir simmetriese Latynse vierkante van orde 11 ge enumereer is nie. Ons het

in [7] getoon dat dit nie moontlik sal wees om die relevante klasse van SOLVe van orde 11

met die huidige rekentegnologie binne ’n realistiese tyd te bereken nie. Ons het ook gepoog

om ekwivalensieklasse van simmetriese Latynse vierkante van orde 11 te tel, maar het na 1492

sekondes se berekeningstyd (waartydens ons 17938 vierkante gevind het!) bepaal dat ons

minder as 0.01% van die soekboom kon deurstap. Daarom verwag ons ook nie dat klasse

simmetriese Latynse vierkante van orde 11 binnekort met die huidige enumerasiemetodes en

verwerkingspoed getel sal word nie.

McKay et al. [15] het trouens voorgestel dat SOLVSOMs van groter orde gegenereer behoort

te word deur die SOLV en die ortogonale simmetriese maat gelyktydig in die soekboom op

te bou, eerder as om later ortogonale simmetriese maats vir alle voorafbepaalde (ry, kolom)paratoopklasverteenwoordigers

van SOLVe te probeer vind, of andersom. Ons het egter nog

nie die lewensvatbaarheid van hierdie voorstel getoets nie.

Dankbetuigings

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting het die navorsing wat hier gerapporteer

word, onder toekennings 70593 en 77248 befonds.

Verwysings

[1] R.J.R. Abel, F.E. Bennet, H. Zhang, en L. Zhu. A few more incomplete self-orthogonal

Latin squares and related designs. Australas. J. Combin., 21:85–94, 2000.

[2] L.D. Andersen. Factorisation of graphs, pages 740–755. CRC Press, Boca Raton, 2

uitgawe, 2007.

19

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

[3] F.E. Bennet en L. Zhu. Further results on the existence of HSOLSSOM(h n ). Australas.

J. Combin., 14:207–220, 1996.

[4] F.E. Bennet en L. Zhu. The spectrum of HSOLSSOM(h n ) where h is even. Discrete

Math., 158:11–25, 1996.

[5] R.K. Brayton, D. Coppersmith, en A.J. Hoffman. Self-orthogonal Latin squares of all

orders. Bull. Amer. Math. Soc., 80(1):116–118, 1974.

[6] A.P. Burger, M.P. Kidd, en J.H. van Vuuren. A repository of self-orthogonal Latin squares.

http://www.vuuren.co.za/ → Repositories.

[7] A.P. Burger, M.P. Kidd, en J.H. Van Vuuren. Enumerasie van self-ortogonale latynse

vierkante van orde 10. LitNet Akademies (Natuurwetenskappe), 7(3):1–22, 2010.

[8] A.P. Burger, M.P. Kidd, en J.H. van Vuuren. Enumeration of isomorphism classes of

self-orthogonal Latin squares. Ars Combin., 97:143–152, 2010.

[9] A.P. Burger en J.H. van Vuuren. Skedulering van gade-vermydende gemengde-dubbels

rondomtalie-tennistoernooie. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie,

28(1):35–63, 2009.

[10] C.J. Colbourn en J.H. Dinitz. The CRC handbook of combinatorial designs. CRC Press,

Boca Raton, 1996.

[11] G.P. Graham en C.E. Roberts. Enumeration and isomorphic classification of selforthogonal

Latin squares. J. Combin. Math. Combin. Comput., 59:101–118, 2006.

[12] D.F. Holt. Handbook of computational group theory. CRC Press, Boca Raton, 2005.

[13] P. Kaski en P.R.J. Österg˚ard. Classification algorithms for codes and designs. Springer,

Berlin, 2006.

[14] C.C. Lindner, R.C. Mullin, en D.R. Stinson. On the spectrum of resolvable orthogonal

arrays invariant under the Klein group K 4. Aequationes Math., 26:176–183, 1983.

[15] B.D. McKay, A. Meynert, en W. Myrvold. Small Latin squares, quasigroups and loops.

J. Combin. Des., 15:98–119, 2007.

[16] N.J.A. Sloane. The on-line encyclopedia of integer sequences. http://oeis.org.

[17] W.D. Wallis. Combinatorial designs. Marcel Dekker, Inc, New York (NY), 1988.

[18] S.P. Wang. On self-orthogonal Latin squares and partial transversals of Latin squares.

PhD-proefskrif, Ohio State University, Columbus, 1978.

[19] L. Zhu. A few more self-orthogonal Latin squares with symmetric orthogonal mates.

Congr. Numer., 42:313–320, 1984.

20

Aanhangsel

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

In hierdie aanhangsel verskaf ons volledige lyste van (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers

van SOLVSOMs van ordes 4 n 9. Ons gee ook (1) die getal nie-(ry, kolom)paratope

simmetriese Latynse vierkante wat ortogonaal is aan elke SOLV (ry, kolom)paratoopklasverteenwoordiger

en (2) die getal nie-(ry, kolom)-paratope SOLVe ortogonaal aan

elke (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordiger van simmetriese Latynse vierkante.

Daar word in die onderstaande na SOLVe in dieselfde volgorde verwys as waarin hulle in die

databasis in [6] verskyn. Vir n = 5 is daar slegs een SOLV (tot op (ry, kolom)-paratopisme

na), en slegs een simmetriese maat is (tot op (ry, kolom)-paratopisme na) gevind wat ortogonaal

is aan hierdie SOLV. Vir n = 7 is daar vier SOLVe, en slegs een simmetriese

maat is vir die eerste en laaste van hierdie SOLVe gevind; geen simmetriese maat is vir

die tweede en derde SOLVe gevind nie. Vir n = 8 is daar ook vier SOLVe; veertien simmetriese

maats is (tot op (ry, kolom)-paratopisme na) vir die tweede van hierdie SOLVe

gevind, terwyl agtien simmetriese maats (tot op (ry, kolom)-paratopisme na) vir die laaste

van hierdie SOLVe gevind is (geen simmetriese maats is vir die eerste of derde SOLVe

gevind nie). Vir n = 9 het ons slegs een simmetriese maat vir die k de SOLV gevind, waar

k ∈ {38,68,73,86,88,92,101,102,133,135,137,139,140,141,144,155,158,163,165,169,171,173},

en twee nie-(ry, kolom)-paratope simmetriese maats vir die 172 ste en 175 ste SOLV in die

databasis.

Daar is slegs een unipotente, simmetriese Latynse vierkant van orde 4 tot op (ry, kolom)paratopisme

na, en slegs een SOLV is (tot op (ry, kolom)-paratopisme na) gevind wat ortogonaal

is aan hierdie simmetriese vierkant. Vir n = 8 is daar ses nie-(ry, kolom)-paratope,

unipotente, simmetriese Latynse vierkante, wat ons in dieselfde volgorde oorweeg het as wat

hulle (as een-faktorisasies) in Tabel VII.5.28 in [10, p. 743] voorkom. Vir elkeen van die eerste

drie Latynse vierkante is daar twee nie-(ry, kolom)-paratope SOLVe gevind, terwyl slegs een

(tot op (ry, kolom)-paratopisme na) vir die vyfde vierkant gevind is. Geen SOLVe is vir die

vierde en sesde vierkante gevind nie.

Die onderstaande lys bevat slegs (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van

idempotente, simmetriese Latynse vierkante van onewe orde wat ortogonale SOLV-maats

toelaat. Onder elke vierkant toon ons in vetdruk die getal nie-(ry, kolom)-paratope SOLVe

ortogonaal daaraan.

n = 5 n = 7 n = 9

04123 0651243 021436587 021436587 021436587 021437856 021438765 021873456 051237846 081254367

41302 6104532 210573846 210758364 210758364 210684735 210754836 210467583 510478263 810726543

13240 5026314 102867453 102684735 102864735 102758364 102687354 102536847 102683457 102638754

20431 1463025 458301762 476301852 478301256 467301582 476301582 845301762 246301785 276301485

32014 2530461 376048215 358047216 356047812 385046217 358046217 763048215 378046512 523047816

1 4312650 637185024 684175023 684175023 748165023 847165023 376185024 783165024 468175032

3245106 584720631 537820641 537280641 873520641 783520641 458720631 824750631 357480621

2 845612370 863512470 863512470 536812470 635812470 584612370 465812370 645813270

763254108 745263108 745623108 654273108 564273108 637254108 637524108 734562108

11 2 1 1 5 3 2 1

Vervolgens lys ons die (ry, kolom)-paratoopklasverteenwoordigers van SOLVSOMs in standaardvorm.

’n SOLVSOM word as ’n paar Latynse vierkante langs mekaar gegee — die SOLV

21

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

gevolg deur die simmetriese vierkant. Onder elke SOLVSOM gee ons ook in vetdruk die getal

standaard SOLVSOMs wat (ry, kolom)-paratoop is aan die gegewe SOLVSOM. Hierdie getal

kan met (n!) 2 vermenigvuldig word om die grootte van die ooreenstemmende (ry, kolom)paratoopklas

te bepaal.

n = 4 n = 5 n = 7

0231 0123 02143 04312 0456123 0231564 0612345 0345612

3102 1032 31402 41023 3160542 2146035 2146530 3164025

1320 2301 43210 30241 1024365 3425601 3025164 4621503

2013 3210 24031 12430 2503614 1653240 4503621 5413260

2 10324 23104 6215430 5062413 5260413 6052431

12 4632051 6304152 6431052 1206354

5341206 4510326 1354206 2530146

240 240

n = 8

07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567

51643270 10472653 51643270 10473652 51643270 14502673 51643270 15402673 51643270 14503672

10256734 24051376 10256734 24051376 10256734 25741306 10256734 24761305 10256734 25741306

42037651 37506241 42037651 37506241 42037651 30476251 42037651 30675241 42037651 30476251

75304126 42160735 75304126 43160725 75304126 42165730 75304126 42156730 75304126 43165720

26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014

34715062 65743102 34715062 65742103 34715062 67053142 34715062 67043152 34715062 67052143

63521407 73615420 63521407 72615430 63521407 73610425 63521407 73510426 63521407 72610435

10 080 10 080 10 080 20 160 10 080

07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567

51643270 15403672 51643270 15472603 51643270 15473602 51643270 15402673 51643270 15403672

10256734 24761305 10256734 24160375 10256734 24160375 10256734 24751306 10256734 24751306

42037651 30675241 42037651 37615240 42037651 37615240 42037651 30576241 42037651 30576241

75304126 43156720 75304126 42056731 75304126 43056721 75304126 42165730 75304126 43165720

26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014

34715062 67042153 34715062 60743152 34715062 60742153 34715062 67043152 34715062 67042153

63521407 72510436 63521407 73501426 63521407 72501436 63521407 73610425 63521407 72610435

20 160 10 080 10 080 20 160 20 160

07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 07462315 01234567 06712345 01234567

51643270 15472603 51643270 15473602 51643270 15472603 51643270 15473602 51463270 10362754

10256734 24061375 10256734 24061375 10256734 24051376 10256734 24051376 60257431 23051476

42037651 37605241 42037651 37605241 42037651 37506241 42037651 37506241 72036154 36507142

75304126 42156730 75304126 43156720 75304126 42165730 75304126 43165720 15304726 42170635

26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 26170543 56327014 27640513 57416023

34715062 60743152 34715062 60742153 34715062 60743152 34715062 60742153 34175062 65743201

63521407 73510426 63521407 72510436 63521407 73610425 63521407 72610435 43521607 74625310

20 160 20 160 10 080 10 080 10 080

06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567

51463270 10372654 51463270 10472653 51463270 10472653 51463270 10472653 51463270 10462753

60257431 23051476 60257431 24051376 60257431 24061375 60257431 24051376 60257431 24051376

72036154 37506142 72036154 37506142 72036154 37605142 72036154 37506241 72036154 36547102

15304726 42160735 15304726 42160735 15304726 42150736 15304726 42160735 15304726 42170635

27640513 56417023 27640513 56317024 27640513 56317024 27640513 56327014 27640513 57316420

34175062 65743201 34175062 65743201 34175062 65743201 34175062 65743102 34175062 65703241

43521607 74625310 43521607 73625410 43521607 73526410 43521607 73615420 43521607 73625014

10 080 10 080 10 080 1 440 10 080

22

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567

51463270 10472653 51463270 10472653 51463270 10462753 51463270 10472653 51463270 10472653

60257431 24051376 60257431 24061375 60257431 24051376 60257431 24051376 60257431 24061375

72036154 37546102 72036154 37645102 72036154 36547201 72036154 37546201 72036154 37645201

15304726 42160735 15304726 42150736 15304726 42170635 15304726 42160735 15304726 42150736

27640513 56317420 27640513 56317420 27640513 57326410 27640513 56327410 27640513 56327410

34175062 65703241 34175062 65703241 34175062 65703142 34175062 65703142 34175062 65703142

43521607 73625014 43521607 73526014 43521607 73615024 43521607 73615024 43521607 73516024

10 080 10 080 10 080 10 080 10 080

06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567 06712345 01234567

51463270 10463752 51463270 10473652 51463270 10473652 51463270 10472653 51463270 10472653

60257431 24051376 60257431 24051376 60257431 24061375 60257431 24057316 60257431 24067315

72036154 36547201 72036154 37546201 72036154 37645201 72036154 37546201 72036154 37645201

15304726 43170625 15304726 43160725 15304726 43150726 15304726 42760135 15304726 42750136

27640513 57326410 27640513 56327410 27640513 56327410 27640513 56321470 27640513 56321470

34175062 65702143 34175062 65702143 34175062 65702143 34175062 65103742 34175062 65103742

43521607 72615034 43521607 72615034 43521607 72516034 43521607 73615024 43521607 73516024

10 080 10 080 10 080 10 080 10 080

06712345 01234567 06712345 01234567

51463270 10473652 51463270 10473652

60257431 24057316 60257431 24067315

72036154 37546201 72036154 37645201

15304726 43760125 15304726 43750126

27640513 56321470 27640513 56321470

34175062 65102743 34175062 65102743

43521607 72615034 43521607 72516034

10 080 10 080

n = 9

021436785 086723541 021436785 063287154 021436785 034127856 021436785 064827153

315628407 814567230 310678524 614523087 514680327 318076542 513867420 615034287

572104863 642078315 532761840 342018765 652078413 482503761 642570813 452108736

148367250 750386124 846352017 250371846 786324501 105362487 768314052 801376524

786540321 267841053 758240361 821746530 805743162 270648315 875243106 230741865

237085146 378615402 174085236 738165402 247165830 763285104 386105247 748615302

804753612 523104687 483517602 107854623 173802654 857431620 204758631 127583640

653812074 431250876 265804173 586430271 438251076 546810273 130682574 583260471

460271538 105432768 607123458 475602318 360517248 621754038 457021368 376452018

362 880 181 440 120 960 181 440

021453786 068574312 021453786 046718235 021453786 065824137 021453786 074268135

318064527 617430285 316582407 413207856 316287450 614752083 314876250 710432586

432786105 872651430 472830561 632154087 602718534 542687301 672180543 402853761

285371064 546312807 604378125 721386504 258376041 876301254 507362814 248316057

156247830 735148026 768241350 105842763 837642105 258043716 153248067 635147802

670835241 401285763 187065234 874625310 740865312 427135860 486715302 823675410

847520613 324807651 853704612 280573641 584130627 103278645 840527631 157084623

564108372 183026574 540126873 358061472 165024873 380516472 268034175 386501274

703612458 250763148 235617048 567430128 473501268 731460528 735601428 561720348

362 880 181 440 362 880 362 880

021456783 076581324 021456783 067128435 021456783 064728135 021456783 064728135

317608245 715836402 314687250 618072543 316287450 615872043 316287450 615872043

562830417 652704831 502738461 782601354 602738541 452601387 602873541 452601387

205387164 587310246 658370124 106354287 258370164 786354201 257318064 786354201

756243801 830142567 867142305 270543816 867142305 270543816 863742105 270543816

438175026 164025783 743865012 821435760 743865012 821435760 748065312 821435760

873014652 348257610 285013647 453287601 584013627 103287654 584130627 103287654

684521370 203468175 130524876 345816072 130524876 348016572 130524876 348016572

140762538 421673058 476201538 534760128 475601238 537160428 475601238 537160428

90 720 181 440 90 720 45 360

23

021456783 047168235 021456783 063278145 023156784 067438125 023156784 058461327

317280546 410853762 315867240 610752834 315687420 618573042 415287360 517630482

642873150 702431586 682170534 302567481 432870156 782654301 562718403 872154036

576301824 184326057 867312405 275384016 607328541 456301287 684302517 461378205

205148367 653247801 208543167 756841203 861743205 375042816 750843126 635742810

468725031 831675420 734685012 827415360 748265013 834125760 837065241 104825763

834517602 275084613 543708621 184023657 580412637 103287654 208471635 340287651

180634275 368502174 150234876 438106572 156034872 240816573 146530872 283016574

753062418 526710348 476021358 541630728 274501368 521760438 371624058 726503148

120 960 120 960 45 360 45 360

023156784 056874231 023156784 065724831 023416785 064821357 023416785 034127856

415863027 518432706 415263807 610437285 315627840 618754032 514683027 318076542

572618430 682751043 682517430 502861743 562078413 482503761 652178403 482503761

604372851 847316520 574308261 748316502 701384526 875360214 786324510 105362487

850247316 735140862 750842316 236148057 876541032 250647183 835740162 270648315

786035142 421605387 806735142 471685320 480235167 143075826 247065831 763285104

138724605 270583614 138074625 827503614 138752604 307218645 371802654 857431620

261480573 304268175 261480573 384052176 654803271 536182470 408251376 546810273

347501268 163027458 347621058 153270468 247160358 721436508 160537248 621754038

60 480 45 360 60 480 10 080

023416785 034127856 023416785 061278453 023416785 034127856 023456781 078563412

514638027 315082764 517823460 610437825 517823460 316078245 315780462 714628305

862753401 452601387 832671504 102584736 832671504 462503187 632874105 842716530

781324560 106378245 764358012 245306187 764358012 105382764 784312056 567380124

657840312 280746531 685140237 738042561 685140237 270846513 206541837 621847053

370185246 721865403 340785126 874625310 340785126 783265401 870165324 386075241

248071653 873254610 208537641 487153602 208537641 821754630 158237640 435102687

136502874 568430172 156204873 523861074 156204873 548610372 541608273 103254876

405267138 647513028 471062358 356710248 471062358 657431028 467023518 250431768

60 480 181 440 5 040 60 480

023456781 061237854 023456781 056781234

415863207 610482735 415863207 517430826

582617430 102574386 582617430 672854013

601372854 245308167 601372854 748316502

750248316 387046521 750248316 835142760

876035142 724865013 876035142 104625387

138704625 873150642 138704625 280573641

264180573 538621470 264180573 321068475

347521068 456713208 347521068 463207158

181 440 5 040

LitNet Akademies Jaargang 9 (2), April 2012

24

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling:

poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels

met silwer-nanopartikels

Opsomming

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene

Cloete

Danielle du Plessis: Departement Biochemie, Universiteit Stellenbosch

Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks en Thomas Eugene Cloete: Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch

Daar moet verbeter word op bestaande watersuiweringsmetodes ten einde mikrobiologies

veilige en bekostigbare drinkwater te verskaf. Nanovesels word reeds gebruik in

waterfiltrasiesisteme en nanofiltrasie mag selfs as ’n alternatief vir biosiede gebruik word.

Verskeie variasies van nanovesels met biosiede is in die onlangse literatuur omskryf. Omdat

nanovesels met antimikrobiese aktiwiteit ’n relatief nuwe studieveld is, is nog weinig studies

gewy aan die uiteensetting van praktiese standaardmetodes vir antimikrobiese-aktiwiteitbepaling.

Die aktiwiteit van antimikrobiese vesels word oor die algemeen met plaattellings

van kolonievormende eenhede (KVE) bepaal. Hierdie metode bepaal ’n afname in die getal

kweekbare patogeniese selle teenwoordig. Die hoofdoel van hierdie studie was om ’n

vinnige, maklik uitvoerbare en akkurate toets te ontwikkel om die aktiwiteit van

antimikrobiese nanovesels te bepaal.

Trefwoorde: Watersuiwering, antimikrobies, nanotegnologie, nanovesels, filtrasie

Uitgebreide Opsomming

In die moderne ontwikkelde lande word gesuiwerde, veilige drinkwater wat maklik

bekombaar is, as vanselfsprekend aanvaar. Antieke beskawings was lank reeds bewus van

metodes om ontslae te raak van die ongewenste reuke, geure en voorkoms van besoedelde

water. Antieke Sanskrit- en Griekse rekords van so vroeg as 4 000 v.C. dui op die gebruik

van filtrasie deur koolstof, blootstelling aan sonlig en die kook van water om dit veilig te

maak vir gebruik. Aanvanklik was die hoofdryfkrag agter watersuiwering die verwydering

van sigbare troebelheid. Dit was eers eeue later, in 1855, dat die epidemioloog John Snow

bewys het dat ’n cholera-uitbraak sy oorsprong gehad het in ’n waterput in Londen wat met

riool besoedel was. Hierna het Louis Pasteur in 1880 verklaar dat mikroskopiese organismes

siektes deur water kan oordra. In die vroeë 1900's was die meeste watersuiweringsmetodes op

filtrasie gebaseer, maar dit was eers in 1908, toe chloor vir die eerste keer as ’n

ontsmettingsmiddel in water gebruik is, dat daar ’n merkbare afname in die aantal uitbrake

van waterverwante siektes was.

25

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Moderne waterbehandeling verg groot aanlegte wat in ontwikkelende lande dikwels tot groot

stede beperk is. Meer as 1,1 miljard mense wêreldwyd het nie toegang tot veilige drinkwater

nie. Landelike gebiede het grotendeels nie toegang tot behandelde water nie, en waterpunte is

skaars en dikwels verafgeleë. In ontwikkelende lande sterf 4 900 mense daagliks aan

waterverwante siektes soos E.coli en cholera, en 90% van hulle is kinders onder die

ouderdom van vyf jaar.

In sulke gemeenskappe is daar ’n groot behoefte aan watersuiweringstegnologie wat op ’n

goedkoop, maklik uitvoerbare manier skoon drinkwater kan voorsien – ideaal gesproke ’n

draagbare apparaat wat met minimale opleiding gebruik kan word om drinkwater skoon te

maak waar en wanneer dit benodig word.

Filtrasie is ’n ideale metode om in sulke apparaat te gebruik om troebelheid fisies uit water te

verwyder. Afhangende van die grootte van die porieë van die filtermateriaal kan verskillende

grade van watersuiwering behaal word.

Nadat troebelheid uit water verwyder is, is dit steeds nodig om die water te ontsmet om dit

veilig te maak om te drink. Algemene kiemdoders in water sluit ontsmettingsmiddels soos

chloor in wat met langdurige gebruik nadelig vir die mens se gesondheid is.

Die huishoudelike gebruik van silwer vir die preservering van kos en die stoor van water

dateer terug na die antieke beskawings van die Grieke, die Romeine, Venesiërs en

Masedoniërs. Alexander die Grote het reeds in 334 v.C. sy water in silwer houers gestoor en

dit voor gebruik gekook. In 1869 het die eerste navorsing aangedui dat silwer giftig is vir

bakterieë, en in die vroeë 20ste eeu word silwer in ’n poreuse mat vir die eerste keer in

waterontsmetting gebruik. Dit is in die vorige eeu bewys dat edelmetale soos goud, silwer en

koper kiemdodende eienskappe het.

Die koms van nanotegnologie het nuwe moontlikhede geskep op die gebied van

watersuiwering. Nie net is dit moontlik om nou filters te vervaardig met nanogrootte-porieë

(so klein as ’n duisendste van ’n millimeter) wat klein genoeg is om bakterieë uit te filtreer

nie, maar metaal-nanopartikels kan ook vervaardig word. Metaal-nanopartikels het unieke

chemiese eienskappe en is meer effektief as kiemdoders. In hierdie artikel beskryf ons hoe ’n

filter vervaardig is om hierdie twee aspekte van nanotegnologie te kombineer om ’n

nanofilter te skep met silwer-nanopartiekels wat permanent binne-in die filter vasgevang is.

So ’n filter kan byvoorbeeld gebruik word om water wat met gevaarlike bakterieë besmet is,

soos die water in die meeste van ons riviere in Suid-Afrika, te filtreer en ontsmet sodat dit

veilig vir menslike gebruik kan wees. Ons beskryf verder maklik uitvoerbare en akkurate

metodes om die effektiwiteit van so ’n ontsmettingsfilter te toets.

Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in

waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare

toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie

toegang tot veilige drinkwater het nie.

Abstract

Existing water purification methods need to be improved to provide microbiologically safe

and affordable potable water. Nanofibres have been used in water filtration systems and when

26

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

antimicrobial, they may be an alternative to the use of biocides. Many variants of

antimicrobial nanofibres containing biocides are described in recent literature. With

nanofibres in the antimicrobial context being a relatively recent field, few studies have been

dedicated to describing the activity of antimicrobial nanofibres. The antimicrobial activity of

such fibres are most commonly determined by culturability tests. This main goal of this study

was to describe a quick, easy and accurate protocol for determining activity of antimicrobial

fibres.

Keywords: Water purification, antimicrobial, nanotechnology, nanofibres, filtration

Extended Abstract

Nanotechnology has been identified as a tool with many applications in the water industry

(Bottero et al. 2006, Cloete et al. 2010). One of these applications involves the use of

nanofibres for water filtration (Cloete et al. 2010). Nanoparticles or scaffolds thereof often

possess novel biological, physical or chemical properties (Theron et al. 2008).

Nanofibres are solid fibres with diameters within the nanoscale with a large surface to

volume ratio, and when assembled in a non-woven mat have a small pore size, in the order of

5-50nm2 (Gule et al. 2011). Furthermore, the specific physical properties of nanofibres, such

as strength, porosity and surface activity, are determined by the polymer and additional nonsoluble

particles used in the synthesising process (Frenot and Chronakis 2003). These

qualities make nanofibres extremely versatile and more effective than conventional polymer

membranes used in liquid filtration (Theron et al. 2008; Yoon et al. 2006).

Electrospinning can produce nanofibres from a range of electrospinnable polymers. In the

process of needle electrospinning, a high-voltage electric field is generated between a

charged source of polymer solution and an earthed metal collector plate. An electrostatically

driven jet of polymer solution gives rise to nanofibres, which are collected on the plate.

A variation of conventional needle-based electrospinning, known as bubble electrospinning,

allows much more rapid production of nanofibres. The process involves the formation of

multiple electrostatically driven jets of polymer from a charged bubble of polymer solution

(Yang et al. 2009). The electric field is of a much higher voltage than used in conventional

needle spinning, and fibres generated from polymer jets are collected on a negatively charged

metallic collector plate positioned above the bubble.

In recent literature many studies have focused on the added value of incorporating biocides

into nanofibre filtration membranes with the aim of removing pathogens from water.

Commonly, these biocides are incorporated into the nanofibre matrix by adding the biocide to

the spinning solution before electrospinning. The synthesis of nanofibres containing metal

nanoparticles is a well-researched field (Botes and Cloete, 2010), largely because of the

advantages associated with combining the functional properties of metal nanoparticles with

the widely applicable properties of nanofibres (Niu and Crooks 2003). These properties

include biocidal activity. Metal nanoparticles can be incorporated into polymer nanofibres by

physically blending the nanoparticles with the polymer before electrospinning, by in situ

polymerisation of a monomer in the presence of metal nanoparticles, or by incorporation of

metal salts into the polymer with subsequent in situ reduction of metal ions to nanoparticles

27

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(Lala et al. 2007). In the present study, poly(vinyl alchohol) (PVA) and poly(acrylonitrile)

(PAN) nanofibres were synthesised by bubble electrospinning, incorporating silver nitrate

(AgNO3) into the polymer solutions. In situ reduction of silver ions in AgNO3 to silver

nanoparticles was achieved by exposing the nanofibres to ultraviolet (UV) irradiation.

Nanofibres containing biocides are currently under investigation as more cost-effective

alternatives to conventional water sanitation methods such as chlorination. Since

antimicrobial nanofibre research is a relatively new field, not much research has been devoted

to antimicrobial testing methodology. Most commonly, colony-forming unit (CFU)

determination is used to determine the efficacy of antimicrobial nanofibres, but this

disregards the occurrence of viable but non-culturable cells, which can have an influence on

results. The main objective of this study was to develop a protocol to determine the

antimicrobial efficacy of nanofibres containing a biocide that is easily executable, sensitive to

viable and culturable cells and accurate.

PVA and PAN nanofibres containing silver nanoparticles were successfully fabricated by

bubble electrospinning. This was confirmed by EDX/SEM analysis. When inspected visually

by SEM, PVA and PAN nanofibres containing silver nanoparticles appeared morphologically

similar. Back-scattering electron images revealed that silver nanoparticles in PVA nanofibres

were more evenly dispersed than in PAN nanofibres, but that PAN nanofibres had higher

silver nanoparticle content. This was confirmed by EDX analysis.

Cells of three pathogens, namely Pseudomonas aeruginosa (Xen 5), Escherichia coli (Xen 14)

and Klebsiella pneumonia, stably transfected with the lux operon, allowing emission of light

as long as the cells are metabolically active, were used in this study.

The antimicrobial activity of nanofibres containing silver nanoparticles was tested by

immobilising nanofibres on 0.22 µm pore filters (Durapore, Millipore). Contaminated water

was filtered through the filters with immobilised nanofibres, brining the pathogens into

contact with the nanofibres. The 0.22 µm pore size of the filters excluded bacteria, causing

bacteria to remain behind on the filter surface in contact with the fibres. This allowed the

investigation of the effect of nanofibres containing silver nanoparticles on bacteria. A

negative control, namely nanofibres without silver nanoparticles that were immobilised on to

filters, were subjected to the same tests.

The cells remained bioluminescent and thus viable when in contact with plain PVA fibres not

containing silver nanoparticles. However, when these cells are in contact with PVA

nanofibres containing silver nanoparticles, between 96% and 98% of bioluminescence was

lost in all three pathogens tested.

After filtration through membranes with plain PVA nanofibres on the surface, the number of

viable cells that remained behind on the filter surface immediately after filtration, increased

100-fold as opposed to the number of CFUs before filtration, indicating the potential for

biofilm formation, should the fibre surface remain moist. However, when filtered through

membranes with PVA nanofibres containing silver nanoparticles on their surface, there was a

reduction of between 91% and 99% in CFUs in the cells that remained behind on the filter

surface for all three pathogens tested as opposed to the number of CFUs before filtration.

This confirmed that the observed decrease in bioluminescence correlated with a decrease in

viable cells.

28

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Due to the larger prevalence of silver nanoparticles in PAN nanofibres, a greater

antimicrobial effect could be expected. In all three pathogens tested, there was a decrease in

bioluminescence of between 98% and 100% in cells that were in contact with PAN

nanofibres containing silver nanoparticles, as opposed to cells in contact with plain PAN

nanofibres.

Similar to plain PVA fibres, filtration through membranes with plain PAN nanofibres on the

surface led to roughly a 100-fold increase in viable cell numbers as opposed to the number of

CFUs before filtration. When filtered through a filter with PAN nanofibres containing silver

nanoparticles on the surface, there was a 100% reduction in CFUs in all three pathogens

tested, as opposed to the number of CFUs before filtration. This showed that PAN nanofibres

containing 5% (wt/v) AgNO3 not only had higher silver nanoparticle content, but also had a

higher antimicrobial efficacy than PVA nanofibres containing 5% (wt/v) AgNO3.

When considering that PVA nanofibres with silver nanoparticles are fabricated from a watersoluble,

non-toxic and biodegradable polymer, and have excellent antimicrobial activity, such

fibers can be highly applicable in water sanitation, especially in an environment-conscious

milieu. On the other hand, the fabrication process of PAN nanofibres is more conducive to

the formation of silver nanoparticles, leading to a higher silver nanoparticle content, allowing

the complete sanitation of pathogenically contaminated water samples. Furthermore, these

fibres are strong and very durable in water, making them ideal for use in high-throughput

systems. The mechanism of antimicrobial action here and in other studies has, however not

been elucidated to indicate specifically whether it is direct contact of bacterial cells with

silver in its immobilised state that is responsible for the antimicrobial activity, or ions that

leach out.

The methods used to test the antimicrobial activity of these fibres in this study were easily

executable, accurate and quick to perform.

1. Inleiding

Wêreldwyd het ongeveer een miljard mense nie toegang tot veilige drinkwater nie. Die

bevolkings van ontwikkelende lande en afgeleë gebiede word die swaarste getref (WHO

2004). Daar bestaan dus ’n groot behoefte aan watersuiweringsmetodes wat koste-effektief,

maklik bekombaar en effektief is (Theron et al. 2008). Konvensionele

watersuiweringsmetodes sluit die gebruik van chemiese biosiede in, soos vrye chloor,

chlooramiene en osoon. Neweprodukte wat deur chemiese ontsmettingsmiddels gevorm

word, het kankerwekkende eienskappe (Krasner et al. 2006). Verder is daar ook ’n toename

in die voorkoms van patogene wat weerstandbiedend is teenoor antibiotika en biosiede, en

daarom is dit belangrik dat alternatiewe ontsmettingsmetodes nagevors word (Sondi en

Salopek-Sondi 2004).

Nanotegnologie is geïdentifiseer as ’n hulpbron met verskeie moontlike toepassings in die

waterbedryf (Bottero et al. 2006; Cloete et al. 2010). Een moontlike toepassing is die gebruik

van nanovesels in waterfiltrasie (Cloete et al. 2010).

29

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Nanopartikels of raamwerke daarvan beskik dikwels oor nuwe biologiese, fisiese of chemiese

eienskappe, byvoorbeeld spesiale termiese weerstandigheid, sterkte en chemiese reaktiwiteit,

wat dit bruikbaar maak vir ’n baie groot verskeidenheid toepassings (Theron et al. 2008).

Nanovesels is soliede vesels met ’n nanoskaal-deursnee en ’n baie groot oppervlakte-totvolume-verhouding.

Wanneer hulle as ’n ongeweefde mat saamgestel word, word ’n

materiaal met baie fyn porieë geskep. In’n onlangse publikasie deur Gule et al. (2011), is

poriegroottes van tussen 5 en 50 nm2 gemeet, wat dus die uitsluiting van bakterieë verseker.

Verder word die spesifieke eienskappe van nanovesels, soos sterkte, deurlaatbaarheid en

oppervlak-aktiwiteit, bepaal deur die polimeer waaruit die vesels bestaan en bykomende

onoplosbare partikels wat tydens die sintetiseringsproses ingesluit word (Frenot en Chronakis

2003). Hierdie eienskappe maak nanovesels meer effektief en veelsydig as vesels wat tans in

vloeistoffiltrasie gebruik word (Theron et al. 2008; Yoon et al. 2006).

Nanovesels kan deur middel van die elektrospintegniek uit ’n verskeidenheid polimere

vervaardig word. In die naaldbemiddelde elektrospintegniek word ’n hoëspanning elektriese

veld geskep tussen ’n gelaaide polimeeroplossing en ’n aardgekoppelde metaalversamelplaat.

’n Polimeerdruppel aan die punt van die naald wat onderhewig is aan oppervlakspanning,

vorm onder invloed van die elektriese veld’n Taylor-keël (Taylor 1969) wat dan, by ’n

drempelspanning, oorsprong gee aan ’n elektrostaties gedrewe straal polimeeroplossing wat

nanovesels vorm, wat dan op die metaalplaat versamel word (Figuur 1).

Figuur 1. Elektrospinproses

Klik hier om die figuur om ’n groter weergawe van hierdie figuur te sien.

30

Figuur 2. Borrelbemiddelde elektrospinproses

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Variasie op die konvensionele naaldbemiddelde elektrospintegniek, wat bekend staan as

die borrelbemiddelde elektrospintegniek (Figuur 2), maak dit moontlik om nanovesels

vinniger te vervaardig. Die proses behels die skepping van veelvoudige elektrostatiesaangedrewe

polimeerstrale op die oppervlak van ’n gelaaide polimeerborrel (Yang et al.

2009). Die elektriese veld het ’n hoër spanning as dié wat in die naaldbemiddelde

elektrospintegniek gebruik word, en vesels word op ’n negatief-gelaaide metaalplaat wat bo

die borrel geposisioneer is, opgevang.

In die onlangse literatuur is baie studies gewy aan die waarde van biosiedtoevoeging tot

nanovesel-filtrasiemembrane met die oog op patogeenverwydering uit water. Oor die

algemeen word biosiede ingesluit in die nanoveselmatriks deur die biosied by die

polimeeroplossing te voeg voordat nanovesels vervaardig word. Baie navorsing is reeds

gedoen oor die sintese sintetisering van nanovels wat biosiede bevat (Botes and Cloete 2010),

en dit kan toegeskryf word aan die voordelige kombinasie van die funksionele eienskappe

van metaal-nanopartikels en nanovesels. (Niu en Crooks 2003). Dit sluit

ontsmettingseienskappe in. Metaal-nanopartikels kan by polimeer-nanovesels ingesluit word

deur die nanopartikels fisies by die polimeeroplossing te voeg voor nanoveselvervaardiging,

31

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

of om metaalsoute by die polimeeroplossing te voeg wat dan ná nanovesel-sintese gereduseer

word na metaalione (Lala et al. 2007).

Nanovesels wat biosiede bevat, word tans ondersoek as ’n meer koste-effektiewe alternatief

tot huidige watersanitasiemetodes. Omdat antimikrobiese nanovesels’n relatief nuwe

navorsingsveld is, is daar nog nie baie navorsing gepubliseer wat gewy is aan die

antimikrobiese toetse vir sulke produkte nie. Oor die algemeen word kolonievormendeeenheid-

(KVE-) plaattellings gebruik om antimikrobiese aktiwiteit te bepaal. Hierdie metode

is nie noodwendig voldoende toereikend nie, omdat slegs kweekbare selle getel word, en daar

lewensvatbare selle mag wees wat nie kweekbaar is nie, wat dan buite rekening gelaat word.

Uit die literatuur, sowel as in hierdie studie, is dit nog nie duidelik of die antimikrobiese

aktiwiteit van silwer toe te skryf is aan fisiese kontak van die bakterieë met die

geïmmobiliseerde nanopartiekels in die vesels, of aan silwer-ione wat uitloog nie. Die

hoofdoel van hierdie studie was om ’n protokol te ontwerp om die antimikrobiese

effektiwiteit van nanovesels wat biosiede bevat, te toets op ’n maklik uitvoerbare, akkurate

manier wat sensitief is teenoor kweekbare en lewensvatbare selle. Poli(vinielalkohol)- (PVA-

) en Poli(akrielonitriel)- (PAN-) nanovesels is vervaardig deur die borrelbemiddelde

elektrospintegniek, en AgNO3 is by die polimeeroplossing gevoeg. Silwer-ione in AgNO3 is

tot silwer-nanopartikels gereduseer deur die vesels bloot te stel aan ultraviolet- (UV-)

bestraling.

2. Metodiek

2.1. Materiale

Poli(vinielalkohol) (PVA; Mr 146 000–186 000 Dalton, 87–89% hidrouliese), glioksaal-(40%

waterige oplossing) gekonsentreerde HCl, en silwer-nanopartikels (10 wt%-dispersie in

etileenglikol), poli(akrielonitriel)- (PAN-) en JSYK-silikoonbenatter is aangekoop by Sigma-

Aldrich (Aston Manor, Suid-Afrika). Silwernitraat was van BDH (Poole, Engeland).

2.2. Sintese van kruisgekoppelde PVA-nanovesels met silwer-nanopartikels

’n Polimeeroplossing van 8 wt%-PVA is voorberei deur PVA-poeier geleidelik in water op te

los teen 90°C terwyl dit liggies geroer word. Die polimeeroplossing is toegelaat om af te koel

en daarna is 8% glioksaal bygevoeg as kruisbindingsmiddel. Die pH is met gekonsentreerde

HCl aangepas tot 5.0 om die kruisbindingsproses moontlik te maak. Daarna is 5% (wt/v)

AgNO3 by die polimeermengsel gevoeg en deeglik deurgemeng.

Die borrelbemiddelde elektrospinproses is soos in Figuur 2 opgestel. ’n Apparaat wat

spesiefiek vir nanoveselsintese in die laboratorium geskik is, is deur Eugene Smit

(Departement Polimeerwetenskap, Universiteit Stellenbosch) ontwerp. Vyf mL van die

polimeeroplossing is in die apparaat geplaas. ’n Koperdraadjie, gekoppel aan die positiewe

elektrode van ’n hoëspanningskragbron, is in die polimeeroplossing geplaas, terwyl die

32

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

negatiewe elektrode aan ’n metaal-versamelplaat gekoppel is, wat 20 cm bo die apparaat

geplaas is. ’n Stroom van 50 kV is vir 20 minute aangewend, en dit lewer benaderd 0.003 g

vesels/cm2. PVA-nanovesels wat AgNO3 bevat, het op die metaalplaat versamel, en is

daarna by 60°C geplaas vir 4 d om kruisbinding te laat plaasvind. Daarna is die vesels aan

UV-straling blootgestel vir een uur om sodoende die silwer-ione in die vesels na silwernanopartikels

te reduseer.

Gewone PVA-nanovesels sonder silwer-nanopartikels is as die negatiewe kontroles gebruik

in antimikrobiese toetse. Hierdie vesels is op dieselfde manier gesintetiseer as PVAnanovesels

wat silwer-nanopartikels bevat, maar die AgNO3 is weggelaat uit die

polimeeroplossing.

2.3. Sintese van PAN-nanovesels

’n Polimeeroplossing van 6% (wt/v) PAN in dimetielformamied (DMF) (Sigma Aldrich) is

voorberei. Die DMF is verhit tot 90°C en is geroer terwyl PAN geleidelik bygevoeg is. Die

mengsel is by 90°C vir vyf uur geroer totdat’n deurskynende donkergeel oplossing gevorm

het. ’n Silikoonbenatter, JSYK L580, is by die oplossing gevoeg (0.95 g/l) om borrelvorming

te stabiliseer tydens die borrelbemiddelde elektrospinproses. Daarna is 5% (wt/v) AgNO3

bygevoeg en deeglik ingemeng in die polimeeroplossing. Vyf mL van die polimeeroplossing

is in die apparaat geplaas. ’n Koperdraadjie, gekoppel aan die positiewe elektrode van ’n

hoëspanningskragbron, is in die polimeeroplossing geplaas, terwyl die negatiewe elektrode

aan ’n metaal-versamelplaat gekoppel is, wat 20 cm bo die apparaat geplaas is. ’n Stroom van

50 kV is gebruik. Die stroom is vir 15 minute aangewend en dit het benaderd 0.003 g

vesels/cm2 PAN nanovesels gelewer wat AgNO3 en reeds gereduseerde silwer-nanopartikels

bevat. Hierna is die vesels aan UV-bestraling blootgestel vir een uur om enige oorblywende

silwer-ione na silwer-nanopartikels te reduseer. Gewone PAN-nanovesels sonder silwernanopartikels

is as negatiewe kontroles gebruik in die antimikrobiese toetse. Hierdie vesels is

op dieselfde manier vervaardig as PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels, maar die

AgNO3 is weggelaat uit die polimeeroplossing. Die filters is bedek met benaderd 0,003 g

vesels/cm2.

2.4. Karakterisering van PVA- en PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat deur

middel van SEM en EDX

Die morfologie van PVA- en PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels is bestudeer met die

Zeiss Evo MA 15-skandeer-elektronmikroskoop (SEM) en energie-dispersiewe X-straalanalise

(EDX). Die fisiese verspreidingspatroon van silwer-nanopartikels in die nanovesels is

besigtig deur middel van SEM met ’n terugverstrooiingsdetektor (BSE). Verdere

elementanalise en kwantifisering van silwer in die vesels is met behulp van EDX gedoen.

2.5. Antimikrobiese aktiwiteit van PVA- en PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Die antimikrobiese aktiwiteit van nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat, is getoets deur

nanovesels op 0.22 µm porieë filters (Durapore, Millipore) te immobiliseer. Patogeniese selle

33

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

is in kontak gebring met die nanovesels deur patogeen-gekontamineerde water deur die filters

met die geïmmobiliseerde nanovesels te filtreer. Die filterporiegrootte van 0.22 µm sluit

bakterieë uit, wat veroorsaak dat die selle op die vesels agterbly. Dit het dit moontlik gemaak

om die effek van die nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat, op bakterieë selle

bakterieselle te bestudeer. ’n Negatiewe kontrole, naamlik nanovesels sonder silwernanopartikels

wat ook op die filters geïmmobiliseer is, is aan dieselfde toetse onderwerp is.

Vir hierdie toetse is Pseudomonas aeruginosa (Xen 5), Echerichia coli (Xen 14) and

Klebsiella pneumonia (Xen 39) gebruik. Elke patogeen is oornag in 10 mL brein-hartgroeimedium

(“brain heart infusion”) (BHI, Biolab Diagnostics) gekweek wat met antibiotika

aangevul is, op ’n roterende wiel by 37˚C. Die doel van die antibiotika hier is om te selekteer

vir ’n reinkultuur van die inokulum deur kontaminasie te voorkom.

Die Xen-kulture is geneties getransformeer om weerstandig te wees teen ’n spesifieke

antibiotikum. Die P.aeruginosa-inokulum is met 0,5% (v/v) tetrasiklien aangevul, terwyl

E.coli en K. Pneumonia met 0,3% (v/v) kanamysien aangevul is.

Selle is geöes (10 min., 1 000 x g) van elke groeikultuur, en is drie keer gewas met steriele

fisiologiese soutoplossing om enige oorblywende nutriënte van die groeimedium te verwyder.

Water-inokulum is van elkeen van die patogene voorberei deur 106 selle/mL in 250 mL

steriele gedistilleerde water te inokuleer. Die inokulum is dan deur 0.22 µm-filters, met óf

skoon PVA-nanovesels óf PVA-vesels wat silwer-nanopartikels bevat, gefiltreer met behulp

van ’n Sartorius-Stedim-filterhouer. Dieselfde eksperimente is herhaal met 0.22 µm-filters

met óf skoon PVA-vesels óf PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels wat op die oppervlak

van die filter geïmmobiliseer is.

Na filtrasie is die lewensvatbaarheid van die selle wat agtergebly het op die nanovesels, met

silwer-nanopartikels ondersoek, eerstens deur kwantifisering van bioliggewendheid as gevolg

van die teenwoordigheid van die lux-operon in die patogene, as ’n indikasie van

lewensvatbaarheid met IVIS-visualisering (“In vivo imaging system”, Caliper life sciences),

en tweedens deur die getal lewensvatbare selle te bepaal wat van die vesels afkom deur

middel van plaattelling. Dit is gedoen deur herhaaldelik die filteroppervlak met steriele

fosfaat-gebufferde soutwateroplossing te spoel en dan ’n verdunningsreeks op selektiewe

BHI-agarplate uit te plaat. Kolonievormende eenhede is na ’n oornag-inkubasie by 37˚C

bepaal.

Met die bepaling van bioliggenwendheid as ’n indikasie van lewensvatbaarheid en die

bepaling van KVE, het die selle wat op skoon nanovesels agter gebly het, as kontroles gedien.

Alle eksperimente is in triplikaat uitgevoer.

34

3. Resultate en bespreking

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

3.1. Karakterisering van PVA- en PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat met

SEM en EDX

Geen strukturele verskille is waargeneem tussen kruisverbinde PVA-nanovesels met 5%

(wt/v) AgNO3 wat vir een uur aan UV-bestraling blootgestel is en PAN-nanovesels wat op

dieselfde manier voorberei is nie. PVA-nanovesels was effens kleiner in deursnee (Figure 3a

en 4a). Terugkaatsende elektronmikroskopie en kontrasvisualisering wys die posisie van

silwer-nanopartikels op die nanoveselmembrane in wit, met elke spikkel as ’n aanduiding van

die teenwoordigheid van silwer. As Figure 3b en 4b met mekaar vergelyk word, is ’n groter

teenwoordigheid van silwer-nanopartikels sigbaar in wit. Klein spikkels silwer is sigbaar wyd

verspreid in beide soorte vesels, met groter partikels silwer of areas van meer

gekonsentreerde silwer voorkoms sigbaar as groter wit areas. Die EDX-analise van beide die

PVA- en PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels wys ’n kenmerkende energiepiek om en

by 3 keV, wat eie is aan silwer. ’n Hoër x-straal-intensiteit is met PAN-nanovesels met

silwer-nanopartikels waargeneem (Figuur 4d) en dit dui op ’n hoër silwerinhoud as in PVAnanovesels

met silwer-nanopartikels (Figuur 3d). Dit word duideliker gedemonstreer in die

analise van die silwer-inhoud van die vesels met EDX. Die PVA-AgNO3-nanovesels het

49,9% (wt) silwer bevat.

Dit is toe te skryf aan die feit dat, bo en behalwe die UV-bestraling, die oplosmiddel,

dimetielformamied, bydra tot die redusering van Ag+-ione in AgNO3 om silwernanopartikels

te produseer, en dus ’n hoër opbrengs van silwer-nanopartikels as in PVA-

AgNO3-nanovesels tot gevolg het, waar UV-bestraling die enigste stap is wat silwer-ione na

nanopartikels reduseer.

35

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3. SEM/EDX van kruisverbinde PVA-nanovesels met 5% (wt/v) AgNO3 na UVbestraling:

(a) SEM-mikrograaf (b) SEM/BSE (c) BSE (terugkaatsende beeld) van

silwerpartikel-verspreiding (d) EDX-spektrum van silwer in PVA-nanovesels.

36

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 4. SEM/EDX van PAN-nanovesels met 5% (wt/v) AgNO3 na UV-bestraling: (a)

SEM-mikrograaf (b) SEM/BSE (c) BSE (terugkaatsende beeld) van silwerpartikelverspreiding

(d) EDX-spektrum van silwer in PAN-nanovesels.

3.2. Antimikrobiese aktiwiteit van PVA- en PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Selle van elkeen van die drie patogene wat in die studie getoets is, het bioliggewend en dus

lewensvatbaar gebly in kontak met PVA-vesels wat nie silwer-nanopartikels bevat nie.

Kontak met PVA-vesels wat wel silwer-nanopartikels bevat, het egter ’n vermindering van

tussen 96% en 98% in bioliggewendheid in al drie patogene veroorsaak.

Daarteenoor: as PVA-nanovesels met silwer-nanopartikels gebruik word vir filtrasie, is ’n

vermindering van tussen 91% en 99% in KVE waargeneem vir al drie patogene wat getoets

is, teenoor die KVE voor filtrasie. Dit het bevestig dat die vermindering in bioliggewendheid

wat waargeneem is, ooreenstem met ’n vermindering in lewensvatbare selle (Tabel 1).

As gevolg van ’n hoër voorkoms van silwer-nanopartikels in PAN-nanovesels (Figuur 4) kan

’n groter antimikrobiese effek verwag word. Vir elk van die drie patogene wat getoets is, is ’n

afname van tussen 98% en 100% van bioliggewendheid waargeneem in selle wat in kontak

was met PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat, teenoor selle wat in kontak was

met PAN-nanovesels wat nie silwer-nanopartikels bevat nie. Na filtrasie deur ’n membraan

met PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat op die oppervlak, was daar ’n 100%vermindering

in KVE van al drie patogene wat getoets is, teenoor die KVE voor filtrasie

(Tabel 2). Dit het getoon dat PAN-nanovesels wat 5% (wt/v) AgNO3 bevat, nie net ’n hoër

silwer-nanopartikel-inhoud het as PVA-nanovesels met 5% (wt/v) AgNO3 nie, maar ook ’n

hoër antimikrobiese aktiwiteit.

Tabel 1. Opsomming van die antimikrobiese aktiwiteit van PVA-nanovesels met 5%

(wt/v) AgNO3

IVIS-beelde van

organisme

in kontak met

gewone PVA-vesels (A)

en

PVA-vesels met 5%

(wt/v) AgNO3 (B)

% Afname in fotone

Standaardfout van die

gemiddelde (n=3)

R%=[(A-B)/A] x100

P.aeruginosa

(Xen 5)

A

B

E.coli

(Xen 14)

A

B

K.pneumonia

(Xen 3

96,41% ± 1.7 98,59% ± 0.36 97,89% ± 1.4

A

B

37

KVE

(gemiddel

d van

triplikate)

Voor filtrasie

(A)

Filtrasie met

PVA

Filtrasie met

PVA+AgNO

3 (B)

% Afname in KVE

R%=[(A-B)/A] x100

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

3,6 x 104 5,9 x 105 4,7 x 105

9,2 x 106 1,0 x 107 1,2 x 107

3,0 x 103 1,0 x 104 2,0 x 103

91,67 %

98,39% 99,57%

Tabel 2. Opsomming van die antimikrobiese aktiwiteit van PAN-nanovesels met 5%

(wt/v) AgNO3

IVIS-beelde van

organisme

in kontak met

gewone PAN-vesels (A)

en

PAN-vesels met 5%

(wt/v) AgNO3 (B).

P.aeruginosa

(Xen 5)

A

B

E.coli

(Xen 14)

A

B

K.pneumonia

(Xen 39)

A

% Afname in fotone

Standaardfout van die

gemiddelde (n=3)

R%=[(A-B)/A] x100

98,49% ± 1.3 99,96% ± 0.03 99,99% ± 0.01

Voor filtrasie

3,0 x 102

(A)

KVE

Filtrasie met

(gemiddel

2,0 x 104

PAN

d van

triplikate)

Filtrasie met

PAN+AgNO

6,4 x 105

1,4 x 107

1,1 x 106

4,2 x 107

3 (B) 0

0

0

% Afname in KVE

R%=[(A-B)/A] x100

100 % 100% 100%

Om op te som: PVA- en PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat, is suksesvol

gesintetiseer met behulp van die borrelbemiddelde elektrospintegniek. Dit is bevestig deur

EDX/SEM-analise. SEM-visualisering het soortgelyke morfologiese voorkoms getoon vir

PVA- en PAN-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat. Terugkaatsende elektronbeelde het

gewys dat silwer-nanopartikels in PVA-vesels meer eweredig versprei is as in PANnanovesels,

maar dat PAN-nanovesels ’n hoër silwerinhoud as PVA-nanovesels het. Dit is

bevestig deur EDXanalise. Beide PVA- en PAN-nanovesels het uitstekende antimikrobiese

B

38

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aktiwiteit, met PVA-nanovesels wat silwer-nanopartikels bevat wat tussen 91% en 99% van

bakterieë in ’n besmette waterbron ontsmet het. PAN-nanovesels met silwer-nanopartikels

het ’n hoër antimikrobiese aktiwiteit gehad, met 100%-ontsmetting van drie patogene. As

daar in ag geneem word dat PVA-nanovesels met silwer-nanopartikels van ’n wateroplosbare,

nietoksiese en bioafbreekbare polimeer vervaardig word, en dat dit uitstekende

antimikrobiese aktiwiteit het, is dit hoogs toepasbaar in watersanitasie, veral in ’n

omgewingsbewuste millieu. Aan die ander kant leen die sinteseproses van PAN-nanovesels

dit beter tot die vorming van silwer-nanopartikels, en lewer dit dus nanovesels met ’n hoër

silwer-nanopartikelinhoud wat patogenies gekontamineerde water volledig kan steriliseer.

PAN-nanovesels het ’n beter langlewendheid en sterkte in water, wat dit ideaal maak vir

waterfiltrasie en -sanitasie in hoër-deurvloei-sisteme. Die metodes wat in hierdie studie

gebruik is om die antimikrobiese aktiwiteit van hierdie vesels te bepaal, was akkuraat, maklik

en vinnig uitvoerbaar.

Erkenning

Ons bedank graag vir Eskom vir befondsing en Eugene Smit by die Departement van

Polimeerwetenskap, Universiteit Stellenbosch vir sy tegniese bystand met die borrelbemiddelde

elektrospintegniek.

Bibliografie

Balazs, D.J., K. Triandafillu, P. Wood, Y. Chevolot, C. van Delden, H. Harms, C.

Hollenstein, H.J. Mathieu. 2004. Inhibition of bacterial adhesion on PVC endotracheal tubes

by RF-oxygen glow discharge, sodium hydroxide and silver nitrate treatments. Biomaterials

25:2139-151.

Berger, T., J. Spadaro, R. Bierman, S.E. Chapin, R.O. Becker. 1976. Antifungal Properties of

Electrically Generated Metallic Ions. Antimicrob. Agents Chemother. 10:856-60.

Botes, M. en T. Eugene Cloete. 2010. The potential of nanofibres and nanobiocides in water

purification. Crit. Rev. Microbiol. 36:68-81.

Bottero, J.; Rose, J.; Wiesner, M.R.2006. Nanotechnologies: Tools for sustainability in a new

wave of water treatment processes. Integrated Environmental Assessment and Management.

2:391-395.

Cho, K.; Park, J.; Osaka, T.; Park, S. 2005. The study of antimicrobial activity and

preservative effects of nanosilver ingredient. Electrochim. Acta. 51:956-960.

Choi, O.; Deng, K.; Kim, N.; Ross, L.; Surampalli, R.; Hu, Z. 2008. The inhibitory effects of

silver nanoparticles, silver ions, and silver colloids on microbial growth. Water Research.

42:3066-3074.

39

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Cloete, T.E.; Michele De Kwaadsteniet; Marelize Botes; Manuel Lopez-Romero. 2010.

Nanotechnology in Water Treatment Applications. Caister Academic Press.

Davies, R.L. and Etris, S.F. 1997. The development and functions of silver in water

purification and disease control. Catalysis Today. 36:107-114.

Feng, Q.L.; Wu, J.; Chen, G.Q.; Cui, F.Z.; Kim, T.N.; Kim, J.O. 2000. A mechanistic study

of the antibacterial effect of silver ions on Escherichia coli and Staphylococcus aureus. J.

Biomed. Mater. Res. 52: 662-668.

Frenot, A. and Chronakis, I.S. 2003. Polymer nanofibres assembled by electrospinning.

Current Opinion in Colloid & Interface Science. 8:64-75.

Golubovich, V.N. and Rabotnava, I.L. 1974. Kinetics of growth inhibition in candida utilis by

silver ions. Microbiol. 43:948-950.

Gule, N.P.; de Kwaadsteniet, M.; Cloete, T.E.; Klumperman, B. 2011. Electrospun Poly(vinyl

alcohol) Nanofibres with Biocidal Additives for Application in Filter Media, 1–Properties

Affecting Fibre Morphology and Characterisation. Macromol. Mater. Eng. 296, DOI.

Klasen, H.J. 2000. A historical review of the use of silver in the treatment of burns. II.

Renewed interest for silver. Burns. 26:131-138.

Krasner, S.W.; Weinberg, H.S.; Richardson, S.D.; Pastor, S.J.; Chinn, R.; Sclimenti, M.J.;

Onstad, G.D.; Thruston, A.D. 2006. Occurrence of a New Generation of Disinfection

Byproducts Environ. Sci. Technol. 40:7175-7185.

Lala, N.L.; Ramaseshan, R.; Bojun, L.; Sundarrajan, S.; Barhate, R.; Ying-jun, L.;

Ramakrishna, S. 2007. Fabrication of nanofibres with antimicrobial functionality used as

filters: protection against bacterial contaminants. Biotechnol. Bioeng. 97:1357-1365.

Maynard, A.D. and Michelson, E. 2006. The Nanotechnology Consumer Product Inventory.

Melaiye, A. and Youngs, W.J. 2005. Silver and its application as an antimicrobial agent.

Expert Opinion on Therapeutic Patents. 15:125-130.

Niu, Y. and Crooks, R.M. 2003. Preparation of Dendrimer-Encapsulated Metal Nanoparticles

Using Organic Solvents. Chemistry of Materials. 15:3463-3467.

Qian, X.; Yin, J.; Huang, J.; Yang, Y.; Guo, X.; Zhu, Z. 2001. The preparation and

characterization of PVA/Ag2S nanocomposite. Mater. Chem. Phys. 68:95-97.

Sondi, I. and Salopek-Sondi, B. 2004. Silver nanoparticles as antimicrobial agent: a case

study on E. coli as a model for Gram-negative bacteria. J. Colloid Interface Sci. 275:177-182.

Stobie, N.; Duffy, B.; McCormack, D.E.; Colreavy, J.; Hidalgo, M.; McHale, P.; Hinder, S.J.

2008. Prevention of Staphylococcus epidermidis biofilm formation using a low-temperature

processed silver-doped phenyltriethoxysilane sol–gel coating. Biomaterials. 29:963-969.

Taylor, G. 1969. Electrostatically driven jets. Proc. Roy. Soc. London. A313, 453-475.

40

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Theron, J.; Walker, J.A.; Cloete, T.E. 2008. Nanotechnology and Water Treatment:

Applications and Emerging Opportunities. Crit. Rev. Microbiol. 34:43-69.

WHO. 2004. Emerging Issues in Water and Infectious Disease.

WHO. 2006. Guidelines for drinking-water quality, 3rd ed. Health criteria and other

supporting information. World Health Organization, Geneva.

Yang, R.; He, J.; Xu, L.; Yu, J. 2009. Bubble-electrospinning for fabricating nanofibres .

Polymer. 50:5846-5850.

Yoon, K.; Kim, K.; Wang, X.; Fang, D.; Hsiao, B.S.; Chu, B. 2006. High flux ultrafiltration

membranes based on electrospun nanofibrous PAN scaffolds and chitosan coating Polymer.

47:2434-2441.

41

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing

Opsomming

Liza Bornman, Gerrit Koorsen en Vanessa O'Neill

Liza Bornman, Gerrit Koorsen en Vanessa O’Neill: Departement Biochemie, Universiteit van Johannesburg

Epigenetika verwys na oorerflike en verbygaande variasie in geenuitdrukking en

proteïenvouing wat nie bepaal word deur variasie in DNA-basisvolgorde of proteïenaminosuurvolgorde

nie. Epigenetiese variasie word moontlik gemaak deur DNA-metilering,

histoonmodifikasie, regulering deur verskeie vorme van niekoderende RNA en prionbemiddelde

variasie in proteïenvouing. DNA-metilering, histoonmodifikasies en

niekoderende RNA is nukleïensuurverwante epigenetiese meganismes wat geenuitdrukking

beïnvloed. Prions, daarenteen, verteenwoordig ’n proteïenverwante epigenetiese meganisme

wat proteïenvouing en gevolglik proteïenfunksie beïnvloed. Die genoom, epigenoom en

omgewing saam bepaal die fenotipe. Moduleerders van die epigenoom het die grootste impak

tydens oorgangsfases in ontwikkeling, byvoorbeeld rondom bevrugting en vroeë fases van die

embrio, , anders as hul impak op die epigenoom van gedifferensieerde selle. Epigenetiese

“littekens” wat vroeg in die lewe deur omgewingsfaktore geïnduseer word, hou implikasies in

vir gesondheid in volwassenheid. Kennis oor die verhouding tussen die epigenoom,

omgewing en siekte is steeds vaag. Dit is onduidelik of die omgewing ’n direkte of indirekte

impak op die epigenoom het en of klein veranderinge in die epigenoom die oorsaak of gevolg

van siekte is. Epigenetiese variasie geassosieer met siektes kan gebruik word as biomerkers

vir siektevatbaarheid indien dit teenwoordig is in die voorafbestaande epigenoom.

Epigenetiese variasie deur siekte geïnduseer kan gebruik word om die erns en duur van siekte

of die uitkoms van behandeling te monitor. ’n Verskeidenheid molekulêr-biologiese en

biochemiese tegnieke word gebruik om epigenetiese variasie te bestudeer. Die keuse van

tegniek is afhanklik van die tipe epigenetiese meganisme wat bestudeer word, die doel van

die studie, en, in die geval van nukleïensuurverwante meganismes, of die modifikasie op

genoom-wye, streek- of lokus-spesifieke vlak bestudeer word. In hierdie oorsigsartikel word

epigenetika bespreek onder die temas: agtergrond, tipes, oorerflikheid, moduleerders,

gesondheid en siekte, en metodes ter bestudering.

Epigenetika regverdig die herskryf van die moderne evolusieteorie. Dit ondersteun die

oorerwing van verworwe eienskappe en werp nuwe lig op meganismes wat inligting

kommunikeer vanaf die omgewing na die genoom, transkriptoom en proteoom.

Trefwoorde: epigenetika; genetika; omgewing; evolusie

42

Abstract

Epigenetics: The link between genetics and environment

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

All living organisms face the constant challenge of adapting to an ever changing

environment. The mechanisms that bring about adaptation have been under investigation for

centuries. Aristotle (384 BC–322 BC), the Greek philosopher and author of the theory of

epigenesis, postulated that each embryo of an organism develops systematically from an

undifferentiated mass. Epigenesis was the first theory to point to development based on

specific cues. It contrasted with preformation: the idea that all organisms develop from

miniature versions of themselves in the gametes. Jean-Baptiste Lamarck (1744–1829), a

French naturalist and author of the term biology, published the first formal theory of

evolution in which he proposes two laws of evolution – the law of use or disuse and the law

of inheritance of acquired characteristics. In his theory of natural selection Charles Darwin

(1809–1882) postulated that subtle variation in the phenotype of an organism, favouring

survival, will be carried over to the offspring. In The Origin of Species (1859) Darwin

describes two forces in evolution – natural selection and conditions of existence

(environment). Of these two forces, Darwin argues the latter to be more powerful, implying

that natural selection can take place only within the boundaries of a specific environment.

The term epigenetics was coined by Conrad Waddington in 1942, and he defined it as the

interaction between genes and the environment to produce phenotype. Today epigenetics is

widely used to refer to the heritable and transient changes in gene expression not caused by

nucleotide sequence variation, but collectively instigated by epigenetic marks classified as

DNA methylation, histone modification and non-coding RNA. In addition to these nucleicacid-related

modifications, prion-mediated variation in protein folding was more recently

identified as a protein-conformation-based epigenetic mechanism in baker’s yeast. Epigenetic

marks respond to changes in the environment, allowing adaptation. Unlike the genome,

plasticity of the epigenome is observed over a short time, responding to, and dictating change

within, one generation. The phenotype is therefore determined by the interaction between the

genome, epigenome and environment.

The most widely studied and best understood epigenetic modification is DNA methylation.

The methylation of a DNA sequence involves the covalent binding of a methyl group on the

5th carbon position of a cytosine ring in a reaction catalysed by DNA methyl transferase 1

(DNMT-1). Cytosine methylation occurs largely in the context of CpG dinucleotides and

clusters of these dinucleotides are known as CpG islands (CGIs). The epigenome undergoes

major reprogramming marked by global demethylation during early embryogenesis when

paternal and maternal genomes merge to form the zygote and during gametogenesis in the

primordial germ cells (PGCs) of the embryo. Lineage-specific DNA methylation patterns are

established by de novo DNA methyl transferases, DNMT3A and DNMT3B, around

implantation and are maintained by DNMT-1. Intrinsic and extrinsic (environmental) factors

influence the establishment and maintenance of epigenetic marks.

DNA and histone methylation hinge on the level of S-adenosylmethionine (SAM), the

universal methyl donor generated by the methionine (one-carbon) cycle in interaction with

the folate cycle. During specific stages of development the epigenome is selectively

demethylated, bestowing a unique epigenetic signature on each cell type. DNMT-1 maintains

methylation patterns and abnormal hypomethylation is a cause of altered gene expression in

diseased tissue. In addition to DNA methylation, specific modifications on histones form a

43

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

second epigenetic mechanism vital in gene regulation. Histones are small, highly basic

nuclear proteins that function to stabilise and package chromatin. Specific modifications in an

unstructured domain at the N-terminal of most histones allow epigenetic control of gene

expression through changes in accessibility of the DNA sequence to transcription factors and

other regulatory proteins. Histone modification is characterised by complex and diverse

chemical changes, including acetylation, methylation, phosphorylation and ubiquitination.

Unlike DNA methylation and histone modifications that silence genes by preventing

transcription, non-coding RNA (ncRNA) prevents translation of mRNA to proteins

(silencing). ncRNA, among which small nucleolar RNA (snoRNA), micro-RNA (miRNA),

small interfering RNA (siRNA), piwi-interacting RNA (piRNA), and long non-coding RNA

(lnRNA), form part of the RNA-induced silencing complex (RISC). RISC regulates gene

expression through complementary (specific and less specific) base pairing between the

ncRNA and target mRNA/DNA leading to the cleavage of the nucleotide target sequence by

means of a DICER enzyme.

A form of extreme epigenetics is seen in prions. Prions are a group of proteins with the

unique capacity to fold into different conformations. They are stable conformational variants

of normal proteins with distinct functions. Extreme environmental stress induces proteins to

take on the prion conformation, a process that is reversible when the stress is relieved. Prion

conformations are stably carried over to daughter cells during mitosis and meiosis, thereby

allowing the inheritance of stress-induced acquired characteristics. In humans prions have

mostly been associated with disease , but recent reports on baker’s yeast show that prion

induction favours survival of the organism in altered environments. The altered patterns of

protein folding in the organism, induced by the environment and inherited by offspring, can

therefore be considered as an epigenetic mechanism allowing adaptation. Future work on

prions in mammals may reveal their role in the maintenance of physiological conditions in

ever changing environments.

The epigenome is particularly sensitive to modification at conception, during gestation,

around birth and during puberty. Epigenetic “scars” induced early in life may hold

implications for health in adulthood. Transgenerational inheritance of alterations in the

epigenome induced by environment remains controversial. Only marks transmitted to the F3

generation are truly transgenerational since in utero exposure effectively exposes the mother

(F0), the foetus (F1) and primordial germ cells of the foetus (F2). Much remains to be learned

about the epigenome; the hierarchical order, interdependency and interplay of epigenetic

mechanism, as well as the processes dictating the loci in the genome where methylation is

established and maintained. Environmental factors such as a diet rich in methyl donors has

been shown to alter the coat colour of Agouti mice. Paternal alcohol use is linked to the

development of foetal alcohol spectrum disorders caused by hypomethylation of two

imprinted genes in sperm DNA. Besides diet and lifestyle, the psychological environment

during early development and genetic factors can also modulate the epigenome.

Regarding the relation between the epigenome, environment and diseases it is unclear

whether environment directly or indirectly impacts the epigenome and whether small changes

in the epigenome are the cause or effect of disease. Nonetheless, epigenetic marks associated

with disease could serve as biomarkers of disease risk when present in a pre-existing

epigenome, while disease-reactive epigenetic changes may serve to monitor disease severity,

duration or treatment outcome. Manipulating the epigenome for therapeutic benefit is already

illustrated in cancer treatment. Epigenetics holds important implications for study design;

44

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

genetics, epigenetics and environment need to be considered in disease association studies.

The cell-type-specific nature of the epigenome excludes the analysis of mixed cell

populations in the study of the epigenome. A wide range of molecular biology techniques are

used to study epigenetic variation. The choice of technique depends on the goal of the study

and, in the case of nucleic-acid-related epigenetic changes, whether variation will be

investigated at a genome-wide, regional, or site-specific level. In this review epigenetics is

addressed under the themes: background, types, heritability, modulators, health and diseases,

as well as methods for the study of epigenetics. Epigenetics may hold significant implications

for diseases known to be influenced by an impoverished environment and common to sub-

Saharan Africa, such as tuberculosis, HIV/AIDS and malaria.

Keywords: epigenetics; genetics; environment; evolution

1. Inleiding

Die natuurlike omgewing verander voortdurend en lewende organismes het die uitdaging om

hierby aan te pas. Sedert die antieke Griekse tyd word meganismes van aanpasbaarheid en

oorerflikheid ontrafel.

1.1 Geskiedenis

Die verlengde hoofde van Macrocephali oortuig Hippokrates (ong. 460 v.C.–370 v.C.) dat

verworwe eienskappe oorerflik is (Adams 1891). Die teorie van epigenese, die stelselmatige

ontwikkeling van organismes uit ’n ongedifferensieerde massa, word deur Aristoteles (384

v.C.–322 v.C.) voorgestel. William Harvey (1578-1657) se gevolgtrekking dat elke dier uit ’n

enkele eiersel ontstaan, lê die grondslag vir moderne embriologie (1651).

Die eerste formele evolusieteorie word deur Jean-Baptiste Lamarck (1744–1829) gepubliseer,

waarin hy die wet van gebruik of onbruik en die wet van oorerwing van verworwe

eienskappe voorstel (Lamarck 1809). Charles Darwin (1809–1882) se teorie van natuurlike

seleksie in The Origin of Species (1859) stipuleer dat subtiele variasie in fenotipe, wat

oorlewing en aanwas bevoordeel, oorgeërf word. Hy beskryf twee kragte in evolusie:

natuurlike seleksie en die kragtiger “kondisies van bestaan” (omgewing). Hiermee impliseer

hy dat natuurlike seleksie binne die grense van omgewing funksioneer. Darwin beskou egter

The Origin of Species as ’n onvolledige beskrywing van die teorie van evolusie (Darwin

1888). Later bestudeer hy die bron van variasie waarop natuurlike seleksie inwerk en koppel

sommige variasie in organismes aan omgewingsvariasie. In The Variation in Animals and

Plants under Domestication (Darwin, 1868) ontwikkel hy die hipotese van pangenese, ’n

teorie wat poog om te verklaar hoe omgewingsverworwe fisiologiese veranderinge oorgeërf

word, selfs al kodeer genetiese inligting nie daarvoor nie (Darwin 1868). Pangenese word

egter deur wetenskaplikes verwerp. Gregor Mendel (1822–1884) se wiskundige model

verklaar hoe fenotipe deur genotipe bepaal word en dat genotipe oorgeërf word en

herkombineer om nuwe variasies te skep (1866).

45

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

August Weismann (1834-1914) formuleer sy teorie van kiemplasma-kontinuïteit in 1883. Die

oorspronklike publikasie (1892) word in 1893 in Engels vertaal. Hy erken kiemselle (eier- en

spermaselle) as agente van oorerflikheid wat kiemplasma van generasie tot generasie oordra,

geïsoleerd van liggaamselle (die Weismann-versperring) en omgewingsimpak. Hy ignoreer

omgewingsargumente van Lamarck en Darwin in sy publikasie All-sufficiency of natural

selection. Weismann se bisarre “bewys” hiervan is dat muise waarvan die sterte na geboorte

afgekap is, oor vele generasies geen kortstert-muise oplewer nie (Weismann 1889). Hans

Spemann bevestig dat alle genetiese informasie wat nodig is om ’n nuwe organisme te skep

omvat is in vroeë embrioniese selle (1902).

In terme van molekulêre biologie het die werk van Avery, MacLeod en McCarty (1944)

aangetoon dat DNA die genetiese materiaal in selle is. Watson en Crick se oplossing van die

DNA-struktuur in 1953 is ’n groot molekulêre mylpaal en verklaar die meganisme waardeur

gene gekopieer en oorgeërf word.

Conrad Waddington (1905–1975) is die eerste wetenskaplike wat die term epigenetika

gebruik (1942), afgelei van Aristoteles se teorie van epigenese. Waddington definieer

epigenetika as die interaksie van gene met hul omgewing om fenotipe na vore te bring

(Waddington 1942). Volgens Waddington word ontwikkeling bepaal deur die interaksie van

gene met mekaar en met die omgewing. Hy kritiseer Neo-Darwinisme en promoveer ’n

minder geen-gesentreerde, meer holistiese benadering tot biologie waarbinne die interaksie

tussen organisme en omgewing bestudeer kan word.

1.2 Die Mensgenoom-projek

Op 26 Junie 2000 ontmoet Francis Collins, hoof van die Mensgenoom-projek, en Craig

Venter, van Celera Corporation, Bill Clinton in die Withuis om die voltooiing van die

konsepvolgorde van die mensgenoom te vier. Die genoom is die volledige genetiese

komplement van ’n sel of organisme. Die mens het na raming 20 tot 25 duisend gene in sy

genoom (Lesk 2008) wat georganiseer is in 25 verskillende DNA-molekules, waarvan 24 as

chromosome in die selkern voorkom. Die Mensgenoom-projek was die internasionale projek

om alle gene van die mens te karteer en die volgorde van die genoom te bepaal. “It will

revolutionize the diagnosis, prevention, and treatment of most, if not all, human diseases,”

kondig Clinton aan. Agt maande later is die eerste volgorde van die mensgenoom gepubliseer

(International Human Genome Sequencing Consortium 2001). Later erken Collins (2010) dat

die president wys was om nie teikendatums aan sy voorspellings te koppel nie. Die bepaling

van die genoomvolgorde was ’n merkwaardige mylpaal met groot impak op die mediese

wetenskap. Nogtans is daar tot dusver ’n klein fraksie van die oorerflikheid van algemene

siektes ontrafel. Genoomvolgorde alleen blyk onvoldoende te wees om al die vrae van die

mediese wetenskap te beantwoord.

1.3 Geenaktiwiteit

Gene is nie altyd aktief besig om proteïen of RNA te produseer nie, maar is soms afgeskakel,

of hul vlak van aktiwiteit wissel. Tydens die ontwikkeling van ’n organisme vanaf ’n enkele

46

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sel flits duisende gene aan en af in komplekse patrone om sel-, weefsel- en

orgaandifferensiasie te dikteer. Transkripsiefaktore herken spesifieke DNA-volgordes in

geenpromotors en skakel gene aan. DNA-verpakking beïnvloed ook geenuitdrukking.

Chromosome is die hoogste orde van DNA-verpakking en bestaan uit chromatienvesels wat

uit gevoude nukleosoomkettings bestaan. Nukleosome is die herhalende strukturele eenhede

van chromatien, en bestaan uit DNA gedraai om ’n histoon-oktameer, die DNA-bindende

proteïen wat die primêre proteïenkomponent van chromatien is. Digverpakte DNA

(heterochromatien) se gene is ontoeganklik en onaktief. Minder-digverpakte DNA

(euchromatien) bevorder geenuitdrukking. Chromatien is ’n dinamiese struktuur en

hermodulering is kritiek vir geenuitdrukking.

1.4 Epigenetika

Sedert die negentigerjare word die term epigenetika algemeen gebruik. Epigenetika is die

studie van oorerflike veranderinge in geenuitdrukking wat nie veranderinge in DNA-volgorde

betrek nie en deur seldeling oorgedra kan word. Epigenetiese meganismes sluit in:

• DNA-metilering: Die kovalente binding van ’n metielgroep (-CH3) aan meestal

sitosien van CG-dinukleotiede. Om verwarring met ’n C-G-basispaar te vermy,

word dit aangetoon as CpG: ’n sitosien gevolg deur guanien gekoppel deur middel

van ’n fosfodiësterbinding.

• Histoonmodifikasie: Die posttranslasionele modifikasie deur asetilering,

fosforilering, metilering en ubikwitinering van histone se N-terminale domeine

om so toegang tot die nukleosomale DNA te kontroleer.

• Nie-koderende RNA (ncRNA): RNA wat nie lei tot proteïenproduksie nie, maar

wat aan die regulasie van geenuitdrukking deelneem.

• Prions: Stabiele proteïenstrukture met alternatiewe vouing as hul normale

eweknieë met identiese aminosuurvolgorde. Hul dien as templaat om normale

makkers te oortuig om die alternatiewe vouing en funksie aan te neem.

Die epigenoom is die somtotaal van alle epigenetiese merke van ’n sel op ’n spesifieke

stadium van ontwikkeling of onder spesifieke omstandighede. Terwyl die genoom van ’n

organisme grootliks staties is binne een generasie en identies is in elke sel, is die epigenoom

dinamies en seltipe-spesifiek. Jou basiese epigenoom soos van jou ouers geërf, word voor

geboorte binne twee maande na bevrugting neergelê en is onmiddellik onderhewig aan

ontwikkeling- of omgewingstimuli. Epigenetiese variasie verleen aan die genoom plastisiteit.

Die epigenoom is al beskryf as die “sagteware” wat die “hardeware”, die genoom, dryf.

Epigenetiese merke is omkeerbaar en soms oorerflik.

1.5 Nuwe mikpunt

’n Nuwe doelwit in molekulêre genetika is die begrip van genoomfunksie: die integrasie van

genetiese inhoud, geenaktiwiteit en proteïenfunksies. Die Encyclopedia of DNA Elements

(ENCODE) projek en die US National Institutes of Health (NIH) Roadmap Epigenomics

Program, wat afsonderlik in 2003 en 2008 geloods is, identifiseer die posisie van gene in die

genoom (proteïenkoderend en niekoderend) en patrone wat bepaal of gene aan- of afgeskakel

47

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

is in spesifieke weefsel – patrone van chromatienmodifikasie, transkripsiefaktore en DNAmetilering.

1.6 Toepassing van epigenetika

Epigenetika is reeds in die konteks van verskeie navorsingsvelde bestudeer.

Verandering in die epigenetiese prosesse is aangetoon in verskeie soorte kankers in die mens.

Ongewone DNA-metilering is die beste epigenetiese waarmerk van kanker (Robertson 2005).

Kankerselle word gekenmerk deur beide globale en geenspesifieke verlies aan DNAmetilering

sowel as hipermetilering van spesifieke promotors (Jones en Baylin 2007; Portela

en Esteller 2010). Sekere teenkankermiddels se werking moduleer epigenetiese meganismes.

Manipulasie van die epigenoom vir terapeutiese voordeel is reeds geïllustreer in

kankerbehandeling (opgesom in Handel et al. 2010).

Navorsing op diermodelle toon dat voeding en omgewing tydens ontwikkeling

lokusspesifieke veranderinge in die epigenoom tot gevolg mag hê. ’n Dieet ryk aan

metieldonors metileer ’n lokus stroom-op vanaf die “agouti viable yellow”- (A vy -) alleel en

onderdruk die uitdrukking van dié geenvariant wat verantwoordelik is vir geel pelskleur,

vetsug en diabetes in muise (Yen et al. 1994). Navorsing op muise en die mens ondersteun ‘n

skakel tussen veranderinge in DNA-metilering en verstandelike gestremdheid van kinders

met fetale alkoholsindroom, verwek deur ouers met hoë alkoholinname rondom bevrugting

(Liu et al. 2009; Ouko et al. 2009).

Sielkundige aspekte van ons vroeë ontwikkeling kan ook die epigenoom beïnvloed. Gereelde

moederlike versorging van rotjies na geboorte toon ’n afname in DNA-metilering van die

promotor van die geen wat kodeer vir die glukokortikoïed-reseptor in hul breinweefsel. Dit is

geassosieer met ’n matiger respons op stres in vergelyking met angstige rotjies wat nie so

gekoester is nie (Weaver et al. 2004). Soortgelyke veranderinge in die glukokortikoïedreseptor

was afwesig in die breinweefsel van selfmoordgevalle waar die betrokke persone as

kinders mishandel is in vergelyking met selfmoordgevalle sonder ’n geskiedenis van

mishandeling (McGowan et al. 2009).

1.7 Belang van epigenetika

Epigenetika het die potensiaal om lig te werp op vrae rakende evolusie en die oorerwing van

verworwe eienskappe. Dit kan bydra tot die ontwikkeling van epigenetiese epidemiologie wat

die integrasie van genetika, epigenetika, fenotipe en omgewingsinligting benodig.

Epigenetika het implikasies vir openbare gesondheid as voorspeller van vatbaarheid, merker

van blootstelling, gids in prognose, en teiken vir terapie. Verder beklemtoon epigenetika die

belang van omgewingsbewaring, aangesien ’n verwaarlooste omgewing ons epigenoom

nadelig kan herprogrammeer. ’n Gesonde epigenoom is krities vir die volhoubaarheid van

lewe. Dit gee nuwe betekenis aan ons strewe om moreel om te gaan met onsself, ons naaste

en die omgewing. Dit lewer tasbare bewyse van die beloning indien ons dit sou doen.

48

2. Tipes epigenetiese modifikasies

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Nukleïensuurverwante epigenetiese modifikasies word bewerk deur DNA-metilering,

histoonmodifikasie en RNA-regulering, wat van mekaar afhanklik is. ’n Verdere epigenetiese

variasie, wat nie verband hou met nukleïensuurverwante veranderings nie, is prionbemiddelde

vouing van proteïene.

2.1 DNA-metilering

Metilering van DNA is vir die eerste keer in 1948 waargeneem. Onder natuurlike

omstandighede speel hierdie modifikasies ’n betekenisvolle rol in die regulering van

geenuitdrukking. Die oorerflike toevoeging van ’n metielgroep tot die vyfde koolstofposisie

op ’n sitosienring ( 5m C) vorm die basis van DNA-metilering (Singal en Ginder 1999). Die

reaksie word gekataliseer deur DNA-metieltransferase (DNMT) en vind grootliks plaas op

sitosienbasisse gevolg deur guanien (CpG).

Met die uitsondering van ingeprente gene ondergaan die epigenoom in primordiale kiemselle

en in die sigoot globale demetilering gedurende gametogenese en vroeë embriogenese. ’n

Nuwe DNA-metileringspatroon word gevestig deur de novo DNMT3a en 3b.

Figuur 1 gee ’n skematiese voorstelling van die soogdier-metiloom. Streke van die genoom

wat ryk is aan sitosien-guanien-dinukleotiede staan bekend as CpG-eilande (CGI) en kom

veral voor in die promotors van gene. In eukariote is 70-80% van alle CpG-dinukleotiede

gemetileer, met die uitsondering van CGI, wat meestal ongemetileerd is (Goll en Bestor

2005). Die aanvanklike waarneming van CpG-eilande in promotors het tot die aanname gelei

dat DNA-metilering geenuitdrukking hoofsaaklik vanuit promotors reguleer, maar die

onlangse ontdekking van intrageniese CpG-metilering trek hierdie aanname in twyfel

(Ndlovu et al. 2011). Behalwe vir CpG-metilering vind metilering ook plaas op

sitosienbasisse in CpHpG- en CpHpH-trinukeiotied-volgordes (H = A, T, of C), maar sulke

metileringspatrone verteenwoordig ’n skamele 3% van die totale metiloom (Sigurdsson et al.

2009). Alhoewel hierdie “nie-CpG”-metilering in ’n betreklik lae persentasie voorkom in die

volwasse genoom, is tot 20% van die DNA in mens embrioniese stamselle só gemetileer en

volgens Ndlovu et al. (2011) wag die uitdaging om die funksie en meganismes van hierdie

metileringspatrone te ontrafel op navorsers.

49

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 1. ’n Skematiese voorstelling van die soogdier-metiloom. Die verspreiding van

gemiddelde metilering is gekarteer op ’n geenmodel. Drie gene, A, B en C, word

voorgestel in pienk, groen en blou met grys intergeniese areas. CGI’s (CHCHCHCH)

kom voor in die promotors van gene, bo-oor die transkripsie-beginpunt (TSS). CGI

kom ook voor by intron-ekson-aansluitings, in introne soos weeskinders, of intergeniese

areas (grys). CGI-“strande” is areas ryk aan CG-dinukleotiede rondom promotor-

CGI’s en kan tot 2 kb vanaf ’n promotor lê. CGI-strande word hoofsaaklik gekenmerk

deur differensiële metilering in die meeste weefsel, wat lei tot differensiële

geenuitdrukking. “Wees”-CGI’s is eweredig versprei in die geenliggaam, weg van die

promotor en tussen eksons. “Wees”-CGI’s word dikwels geassosieer met alternatiewe

transkripsie-beginpunte en kan moontlik die promotors van onbekende gene of

niekoderende RNA verteenwoordig. (Gebaseer op Ndlovu et al. 2011)

Verskeie studies bevestig dat CGI-metilering in promotors tesame met die afwesigheid van

geenliggaam-metilering grootliks gepaard gaan met die demping van geenuitdrukking (Singal

en Grinder 1999; Portela en Esteller 2010), terwyl die geenliggaam van aktiewe gene

gemetileer is en die promotors ongemetileerd bly. Die spesifieke meganismes van

geenonderdrukking deur DNA-metilering by promotors word voorgestel in Figuur 2. DNAmetilering

van CGI kan geenuitdrukking direk benadeel deur die binding van

transkripsiefaktore (TF’s) aan transkripsiefaktor-bindingsentrums (TFBS’s) te blokkeer (Tate

en Bird 1993). Hierdie meganisme is lokus-spesifiek, omdat ’n enkele metielgroep op ’n

TFBS die uitdrukking van ’n geen kan belemmer mits die TF metilering-sensitief is. In ’n

tweede meganisme word sekere onderdrukkerproteïene deur gemetileerde CGI gewerf, soos

die metielsitosien-bindingsdomeinproteïen 1 (MeCP1), wat ’n hoë affiniteit vir ’n aantal

gemetileerde CpG’s in ’n CGI het en dus digtheidspesifiek is. Die binding van MeCP1 aan

die DNA verhoed sodoende direk die binding van TF’s (Singal en Grinder 1999). In

teenstelling met MeCP1 kan metielsitosien-bindingsdomeinproteïen 2 (MeCP2) ook aan ’n

enkele gemetileerde CpG-dinukleotied bind (lokus-spesifiek). MeCP2 werf op sy beurt ’n

kompleks van onderdrukkers wat die binding van TF’s verhoed of die onderliggende

chromatienstrukture verander en sodoende geendemping veroorsaak (Singal en Ginder 1999).

50

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 2. Meganismes van geenonderdrukking deur DNA-metilering. (a) DNAmetilering

in die bindingsetels van transkripsiefaktore (TF’s) kan geenuitdrukking

direk inhibeer deur te verhoed dat hierdie TF’s en die polimerase II-ensiem (Pol II) aan

die DNA-volgorde bind. (b) Digtheidspesifieke metilering kan geenuitdrukking direk

inhibeer deur onderdrukkende metiel-bindende proteïene (MeCP1) te werf. (c) Lokus-

en digtheidspesifieke metilering kan die uitdrukking van gene voorkom deur middel

van metiel-bindende proteïen, MeCP2. Die MeCP2-kompleks bevat ensieme soos

histoon-deasetilase (HDAC) wat die chromatienstruktuur verander en só op ’n indirekte

wyse die binding van transkripsiefaktore voorkom. (d) Verder voorkom die veranderde

chromatienstruktuur en hoë konsentrasie metielgroepe die toegang van DNase I tot die

DNA en verlaag dus DNase I-sensitiwiteit. (Gebaseer op Singal en Ginder 1999)

2.2 Histoonmodifikasies

Spesifieke modifisering van histone vorm die tweede meganisme van epigenetiese

modifikasies. Histone is klein, hoogs basiese kernproteïene. Twee kopieë van elk van die

histone H2A, H2B, H3 en H4 assosieer in ’n histoonoktameer waarrondom ongeveer 147

basispare DNA gedraai is. Die kompleks van die histoonoktameer en ongeveer twee

superheliese DNA-draaie (waarin sowat 147 basispare DNA vervat is) staan bekend as ’n

nukleosoom en is die fondament van eukariotiese DNA-verpakking. Die inligting in DNA

wat só verpak is, is bykans ontoeganklik weens die steriese hindernis wat dit tot die ensieme

van informasiemetabolisme bied. Histone speel dus ’n belangrike rol in die kondensering van

DNA, en die noue verwantskap tussen histone en DNA lei daartoe dat histoonmodifikasies

byna elke aspek van DNA-verpakking en -funksie beïnvloed. Histoonmodifikasies word

gekenmerk deur komplekse en diverse chemiese veranderings met die algemene neiging om

te reageer op genomiese funksies en sluit asetilering, metilering, fosforilering, en

ubikwitinering van die histone in (Nightingale et al. 2007). Hierdie modifikasies vind meestal

op die ongestruktureerde, N-terminale domeine van die histone plaas en word bewerkstellig

deur spesifieke ensieme. Die meganismes waardeur histoonmodifikasies geenuitdrukking

51

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beïnvloed, hou verband met ’n meegaande verandering van die chromatienstruktuur, hetsy

direk of indirek. Histoonasetilering verwyder byvoorbeeld die positiewe lading op die histone

en belemmer dus direk die histoon-DNA-interaksies wat tot kompakte chromatienstrukture

lei. Gene wat geassosieer is met geasetileerde histone is dus losweg verpak en toeganklik vir

die transkripsie-masjinerie. Hierteenoor word ’n di- of trimetielgroep op lisien 9 van histoon

H3 (H3K9) byvoorbeeld deur die bindingsmodule heterochromatien proteïen 1 (HP1) herken.

Naasliggende HP1-proteïene polimeriseer dan om digverpakte, onaktiewe chromatienvesels

te vorm. Alhoewel die metilering van H3 dus nie ’n direkte invloed op die DNA-histooninteraksie

het nie, word geen-uitdrukking indirek beïnvloed. Só dien histoonmodifikasies dus

as “merkers” vir latere prosesse wat geenregulering positief of negatief kan beïnvloed.

Aangesien die bindingsmodules histoon-“merke” spesifiek herken, kodeer spesifieke

histoonmodifikasies binne die konteks van ’n verpakte geen dus die uitdrukbaarheid van

daardie geen. ’n Gedetailleerde bespreking van hierdie “histoon-kode” val buite die omvang

van hierdie artikel; nietemin word die belangrikste geïdentifiseerde histoonmodifikasies en

die biologiese konteks van elk in Tabel 1 saamgevat.

Tabel 1. Belangrike histoonmodifikasies en epigenetiese konteks van elk

Histoon Tipe modifikasie Epigenetiese konteks

Histoon H1 Fosforilering

Chromatien-kondensering,

geen-spesifieke aktivering en

onderdrukking.

Ubikwitinering

Histoon H2A Asetilering

Ubikwitinering (H2-K123)

Histoon H2B Ubikwitinering

Asetilering

Fosforilering

Metilering

ADF-ribosilering

Histoon H3 Ubikwitinering

Asetilering

Fosforilering

Metilering (H3-K4, R17)

Metilering (H3-K9, K79)

Histoon H4 Asetilering

Metilering (H4-R3)

Metilering (H4-K20)

2.3 RNA-regulering

Transkripsie-aktivering.

Tetrahymena-oorlewing

bepaal deur H2A-asetilering.

Belangrik in mitose en

meiose.

Voorvereiste vir H3

metilering.

Chromatien-hermodulering.

Chromatien-kondensering.

Chromatien-stabilisering.

Onbekend.

Losmaak van nukleosoom.

Transkripsie-aktivering.

Transkripsie-aktivering en

chromatien-kondensering.

Transkripsie-onderdrukking.

Transkripsie-aktivering.

Transkripsie-aktivering.

Transkripsie-aktivering.

Transkripsie-onderdrukking.

52

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ongeveer 98% van die sogenaamde “onsin”-DNA kodeer vir nikoderende RNA (ncRNA)

van verskillende lengtes, soos opgesom in Tabel 2. ncRNA is alle funksionele RNA wat nie

na proteïene vertaal word nie. Voorbeelde sluit in: die algemeen-bekende ncRNA,

ribosomale RNA (rRNA) en oordrag-RNA (tRNA); kort ncRNA, waaronder mikro-RNA

(miRNA), klein demper-RNA (siRNA) en piwi-wisselwerkende RNA (piRNA); gemiddelde

lengte ncRNA, waaronder klein nukleolêre RNA (snoRNA); langer ncRNA, waaronder

groot intrageniese ncRNA (lincRNA), vertaalde ultrabewaarde areas (T-UCR), en lang

niekoderende RNA (lnRNA). ncRNA is ’n sleutel element van sellulêre homeostase en vorm

die basis van RNA-regulering, die derde meganisme betrokke by epigenetiese modifikasies

(Morris 2009). Verskeie ncRNA-molekules reguleer die uitdrukking en stabiliteit van gene in

beide pro- en eukariote (Mattick en Makunin 2006). Regulering van geenuitdrukking vind

plaas in trans en in cis. Rakende transkripsie en RNA-regulering word ’n trans-werkende

element beskryf as DNA wat kodeer vir ’n ncRNA wat die transkripsie van ’n ander geen

reguleer, terwyl ’n cis-werkende element verwys na ’n DNA-volgorde wat deur middel van

TF’s en/of ander trans-werkende elemente die uitdrukking van gene op dieselfde

chromosoom reguleer. Die meer bekende tRNA en rRNA vorm deel van die ncRNA-groep

wat die translasie van boodskapper-RNA (mRNA) na proteïene bewerkstellig, terwyl die

meerderheid van die ander ncRNA funksioneer om geenuitdrukking te voorkom (Mattick en

Makunin 2006). ncRNA vorm deel van die RNA-induserende demperkompleks (RIDK).

Spesifieke en minder spesifieke komplementêre basis-paring tussen dié ncRNA-volgordes en

ander RNA-volgordes (boodskapper-RNA, mRNA) of DNA-volgordes lei tot die splitsing

van die teiken-nukleotied-ketting soos voorgestel in Figuur 3 (Saxena et al. 2003).

Tabel 2. Tipes niekoderende RNA en hul onderskeie funksies

Tipe ncRNA Funksie Grootte/Lengte

Algemeen- bekende

ncRNA

rRNA

(ribosomale RNA)

tRNA

(oordrag RNA)

Kort ncRNA

miRNA

(mikro-RNA)

siRNA

(klein demper-RNA)

tiRNA

(trankripsie-inisiasie-

RNA)

piRNA

(piwi-wisselwerkende

Strukturele en ensiematiese komponente van die

ribosome, die liggaampies waar proteïensintese

plaasvind. Die ensiematiese werking van rRNA

voorsien die meganisme vir proteïensintese deur

hul interaksie met tRNA en mRNA.

Bind kovalent aan aminosure en bewerkstellig die

aaneenskakeling van die groeiende

proteïenketting.

18 S – 1.9 kb

28 S – 5 kb

54 – 100 nt

Onderdruk mRNA-translasie deur niespesifieke 20-25 nt

basis-paring tussen miRNA en teiken-mRNA.

Onderdruk mRNA-translasie deur spesifieke 20-25 nt

basis-paring tussen siRNA en teiken-mRNA.

Mag ’n rol speel in die regulering van transkripsie. 17-18 nt

Vorm RNA-proteïen-komplekse deur die

wisselwerking met piwi-proteïene om

26-31 nt

53

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

RNA)

Gemiddelde ncRNA

geendemping van retrotransposons te veroorsaak.

snoRNA

Voer lokus-spesifieke modifisering van 60-300 nt

(klein-nukleolêre RNA) nukleotiede in teiken-RNA (rRNA en mRNA) aan

deur basis-paring tussen die snoRNA en die

teiken-RNA.

pRNA

’n Groep lang en kort ncRNA wat geen- 22-200 nt

(promotoruitdrukking

reguleer by promotors en transkripsiegeassosieerde

RNA) beginpunte.

TSSa-RNAs Mag ’n rol speel in die onderhoud van

20-90 nt

(Transkripsiebeginpuntgeassosieerde

RNA)

transkripsie.

PROMPTs

(Promotor-opstroom

transkrip)

Lang ncRNA

Mag ’n rol speel in die aktivering van transkripsie. 200 nt

(Groot intrageniese

ncRNA)

komplekse om geenuitdrukking te bewerk.

T-UCR

Mag ’n rol speel in die regulering van miRNA- en >200 nt

(Vertaalde

ultrabewaarde areas)

mRNA-vlakke.

TERRAs

Onderhou die integriteit van telomeriese >200 nt

(Telomeriese heraalde heterochromatien deur regulering van telomerase-

RNA)

aktiwiteit.

Ander lncRNA Speel ’n rol in X-chromosoom-onderdrukking en >200 nt

(byvoorbeeld XIST,

TSIX, p15AS, H19)

inprenting.

54

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3. RNA-demper-meganisme. LnRNA- en miRNA-voorlopers word in soogdiere

verwerk tot siRNA- of miRNA-duplekse deur die Kapper-ensiem. Vervolgens word

hierdie kort dubbeldraad-RNA-molekules afgedraai en ingebou in effektorkomplekse,

naamlik RNA-induserende demperkompleks (RISC) en miRNA-bevattende

effektorkompleks (miRNP). RIDC en miRNP bewerk afsonderlik afbraak en translasieonderdrukking

van teiken-mRNA. In soogdiere lei siRNA tot die splitsing van

komplementêre teiken-RNA, terwyl die miRNA meestal betrokke is by die translasieonderdrukking

van teiken-mRNA. (Gebaseer op Meister en Tuschl 2004)

2.4 Proteïenkonformasieveranderinge

Meer onlangs is prions as ’n proteïenverwante epigenetiese meganisme geïdentifiseer in

bakkersgis wat bydra tot oorerwing van omgewingsverworwe eienskappe (Halfmann en

Lindquist 2010). Prions is ’n groep proteïene met ’n unieke vermoë om in ’n alternatiewe

konformasie (konformeer) te vou as hul normale, nieprion-konformasie. Die veranderde

konformasie van die prion het ’n direkte impak op proteïenfunksie. Skielike veranderinge in

temperatuur, pH en intrasellulêre metaboliete hou onmiddellike gevolge in vir proteïenvouing

en speel dus ’n belangrike rol in die induksie van prions, hul alternatiewe konformasie en

funksie. Die abnormale proteïen-konformasie (prion-konformasie) plant voort deur homself

af te druk op ’n homoloë proteïen. Prions kapitaliseer op die finale stap in die dekodering van

die genetiese boodskap, naamlik proteïenvouing, om fenotipe-variasie teweeg te bring. Prions

is stabiel tydens paring en meiose en word so na dogterselle oorgedra om stres-geïnduseerde

55

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verworwe eienskappe aan die nageslag oor te dra. Hierdie oorerflike omgewingsgeïnduseerde

verandering steun die rol van proteïenvouing in epigenetika.

Prions is meer bekend vir malkoei- en Creutzfeldt-Jakob-siekte, maar prionproduksie in

Sacchromyces ceriviciae bevoordeel oorlewing en aanwas tydens omgewingstres, is oorerflik

en omkeerbaar (Halfmann en Lindquist 2010). Gedurende tye van omgewingstres vorm S.

ceriviciae prions wat aanpassing by die omgewing steun en lei tot ’n verbeterde, sterker

fenotipe. Kennis aangaande die positiewe rol van prions in die soogdier as gasheer is beperk.

Voorlopige resultate op S. ceriviciae impliseer dat hierdie epigenetiese verskynsel ook ’n rol

mag speel in die aanpassing van die mens by sy ewig veranderende omgewing.

2.5 Onderlinge afhanklikheid

Epigenetiese meganismes is verantwoordelik vir die toepassing en handhawing van patrone

van geenuitdrukking wat seldifferensiasie in hoër eukariote meebring (Turner 2007).

Epigenetiese meganismes werk nie in isolasie nie en verskeie epigenetiese merkers word

gebruik om sellulêre seine op chromatienvlak te integreer. Verskeie modifikasies op histone

en niehistoon-proteïene soos HMGs en DNA werk saam om chromatienveranderings te

reguleer (Nightingale et al. 2007). MeCP-2-binding aan gemetileerde CpG-dinukleotiede

veroorsaak byvoorbeeld nie net demping van geenuitdrukking deur die binding van TF’s te

voorkom nie, maar ook deur die verandering in chromatienstruktuur as gevolg van histoondeasetilering.

Fuks et al. (2003) het getoon dat daar ook ’n verwantskap is tussen die

metilering van lisien 9 op histoon 3 en DNA-metilering. Spesifieke komponente van die

piRNA-sisteem is noodsaaklik om de novo metilering op die muis Rasgrf1-lokus te

bewerkstellig en daarmee ’n betekenisvolle rol te speel by inprenting by dié lokus (Watanabe

et al. 2011). Verder het dit ook onlangs bekend geword dat die regulering van DNMT’s

bewerk word deur ncRNA. Regulering van metilering is dus afhanklik van die dinamiese

interaksies tussen posttranslasionele modifikasies op DNMT’s en posttranskripsionele

regulering deur miRNA. Alhoewel dit reeds bekend is dat vele ander ncRNA’s in

wisselwerking met soogdier-DNMT’s is, is die presiese rol in die beheer van DNMT’s nog

nie bekend nie (Dennis et al. 2011). Nietemin is dit duidelik dat ten minste

nukleïensuurverwante epigenetiese meganismes in ’n streng-gereguleerde, noue verwantskap

met mekaar funksioneer.

3. Epigenetiese oorerflikheid

Die epigenoom is besonder vatbaar vir veranderinge gedurende bevrugting en swangerskap,

rondom geboorte en gedurende puberteit. Omgewingsfaktore wat epigenetiese veranderinge

vroeg in die leeftyd van ’n individu induseer, kan die gesondheid van dié individu gedurende

volwassenheid beïnvloed. Verhoogde vatbaarheid vir epigenetiese veranderinge tydens vroeë

embrioniese fases hou moontlik verband met hoë vlakke van verskeie reguleerders van DNAmetilering

en chromatienmodifikasie in embrionale stamselle en kiemselle (Feil en Fraga

56

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2012). Transgenerasie epigenetiese oorerflikheid beskryf die oordrag van epigenetiese merke

van ouer na kind tydens meiose (Skinner 2010). Blootstelling aan omgewingsfaktore

gedurende gametogenese wat ’n verandering aan die epigenoom meebring, sal dus oorgedra

word na die volgende generasie deur middel van transgenerasie epigenetiese oorerflikheid.

Slegs merke wat oorgedra word na die F3-generasie is werklik transgeneratief, aangesien in

utero-blootstelling eintlik die moeder (F0), die fetus (F1) en die primordiale kiemselle in die

fetus (F2) beïnvloed. Mitotiese epigenetiese stabiliteit verseker die behoud van epigenetiese

merke met DNA-replisering in somatiese selle tydens mitose (Skinner 2010). Dus bly die

epigenetiese profiel relatief behoue gedurende die leeftyd van ’n individu, mits die omgewing

konstant bly. Indien omgewingsfaktore wel die epigenoom van ’n spesifieke liggaamsel

verander, word die veranderde epigenoom slegs oorgedra gedurende mitose en beïnvloed dus

net dié selpopulasie van die individu. Veranderde epigenetiese merke in somatiese selle word

nie oorgedra van een generasie na die volgende nie. Die finale epigenetiese profiel van ’n

individu is dus die resultaat van beide mitotiese epigenetiese oorerflikheid en transgenerasieoorerflikheid,

waarvan beide gedeeltelik deur die omgewing beïnvloed word. Kennis van die

regulering en oorerflikheid van epigenetiese merke is steeds beperk.

4. Moduleerders van epigenetika

Stogastiese veranderinge in die epigenoom word veroorsaak deur beide intrinsieke faktore en

omgewingsfaktore. Intrinsieke faktore sluit alle geneties-bepaalde inherente faktore van ’n

organisme in. Intrinsieke faktore soos volgorde-variasie is een manier waarop genetiese

faktore as moduleerders van epigenetika kan optree. Volgorde-variasie kan direk en/of

indirek bydra tot epigenetiese variasie. Polimorfismes in die DNA-volgorde kan byvoorbeeld

direk daartoe lei dat CpG-dinukleotiede uit die genoom wegval of vorm en kan so potensieel

die metileringsprofiel van ’n individu verander (Bjornson et al. 2004). Mutasies of

polimorfismes in gene wat kodeer vir ensieme wat epigenetiese modifikasie reguleer, soos

DNMT’s, metiel-bindende proteïene (MBP’s), en histoon- en ncRNA-moduleerders, kan op

’n indirekte wyse die epigenoom beïnvloed.

Die omgewing is ’n kragtige moduleerder van epigenetika. Navorsing toon dat die dieet van

ouers ’n belangrike rol speel in die epigenoom-profiel van hul nageslag (Pembry et al. 2006).

DNA- en histoon-metilering hang af van die vlakke van S-adenosielmetionien (SAM), die

universele metiel-donor. SAM word vrygestel deur die metionien-siklus (ook bekend as die

een-koolstof-siklus) in samewerking met die folaat-siklus (Figuur 4). ’n Dieet ryk aan metieldonors

kan DNA-metilering en gesondheid bevoordeel. Studies op Agouti-muise toon dat ’n

metielryke dieet (cholien, foliensuur, vitamien B12 en betaïen) die pelskleur van

afstammelinge verander en gesondheid bevoordeel deur die vlak van metilering van die

agouti lang terminale herhaling (LTR) te verhoog (Cooney et al. 2002). Blootstelling van

prenatale vroue aan diëtielstilbestrol, ’n sintetiese estrogeen, is geassosieer met epigenetiese

veranderinge wat die kans op ginekologiese kankers verhoog (Li et al. 2003). Ongeag dieet

kan die leefstyl van ’n ouer ook die epigenoom van ’n ongebore kind beïnvloed. Pembrey et

57

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

al. (2006) het getoon dat tabakrook ’n paternale transgenerasie-effek op die liggaamsmassaindeks

van seuns het en dus as moduleerder van epigenetika optree. Alkoholgebruik deur

vaders word ook geassosieer met die ontwikkeling van fetale alkoholspektrum-siektes as

gevolg van verlaagde metilering by H19-DMR- en IG-DMR-gene in sperma-DNA (Ouko et

al. 2009). Verder kan chemikalieë en besoedelingstowwe soos lugbesoedelingdeeltjies

(Baccarelli et al. 2009), asbes (Christensen et al. 2009), silika (Umemera et al. 2008),

benseen (Bollati et al. 2007) en swaarmetale (Baccarelli en Bollati 2009) soos chroom,

kadmium, arseen en kwik, DNA-metilering by spesifieke gene in die mens verander en tot

siektevatbaarheid bydra. ’n Studie op muise deur Manikkam et al. (2012) toon aan dat

plastiek, dioksien en vliegtuigbrandstof ’n transgenerasie-effek op die voortplantingvermoëns

van muise het. Terwyl die vroulike muise in die F1-, F2- en F3-generasie ’n vroeë aanvang

toon tot puberteit, was spermatogeniese apoptose in manlike muise aangetas.

Figuur 4. Molekulêre meganismes wat omgewingsimpak bemiddel. Globale DNA- en

histoon-metilering word beïnvloed deur liggaamsvlakke van S-adenosielmetionien

(SAM). Intrasellulêre produksie van SAM is afhanklik van dieet of dieetaanvullings en

word uitgevoer deur die metionien/1-koolstof-siklus (swart →). Gedurende dié siklus

word metielgroepe vanaf die folaatsiklus (blou →) gebruik vir SAM-sintese. Folaat in

die dieet en foliensuur in dieetaanvullings, dien as bron vir die folaatsiklus. Foliensuur

58

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word omskep in dihidrofolaat (DHF) voor dit as tetrahidrofolaat (THF) in die siklus

geïnkorporeer word. Die folaatsiklus word gedryf deur die ensieme serienhidroksimetieltransferase

(SHMT), metileentetrahidrofolaat-reduktase (MTHFR) en 5metieltetrahidrofolaat-homosisteïenmetieltransferase

(MTR). Die metielgroepe wat

vrygestel word deur die folaatsiklus word gebruik deur MTR om homosisteïen na

metionien om te skakel. Metionien-adenosieltransferase (MAT) kataliseer die sintese

van SAM vanaf metionien. SAM word omgeskakel na S-adenosielhomosisteïen (SAH)

en vrygestelde metielgroepe word gebruik deur DNA- en histoonmetieltransferases

(DNMT’s en HMT’s) om epigenetiese merke op DNA en histone aan te bring. Om die

siklus te voltooi, word SAH gehidroliseer tot homosisteïen. Die metioniensiklus kan ook

metielgroepe vanaf betaïen inlyf. Vitamiene B6 en B12 speel ’n belangrike rol in hierdie

siklusse. B6 is betrokke by die omskakeling van homosisteïen na sisteïen, asook THF na

5,10-metileenTHF, terwyl B12 ’n kofaktor is vir MTR. Alkohol beïnvloed SAMproduksie

negatief deur die omskakeling van homosisteïen na metionien en

homosisteïen na sisteïen te inhibeer, laasgenoemde deur die vlakke van vitamien B6 te

verander. (Gebaseer op Freil en Fraga 2012)

Die ingeprente epigenetiese merke wat die ouer se omgewingsfaktore weerspieël in die

epigenoom van die afstammelinge is weer op hul beurt vatbaar vir moduleerders. Die

epigenoom verander oor tyd. Byvoorbeeld, na bevrugting en die splitsing van die enkel sigoot

waaruit ’n identiese (monosigotiese) tweeling ontwikkel, is die twee embrios se epigenoom,

soos hul genoom, identies. Verskillende patrone van DNA-metilering en histoonasetilering

word hierna neergelê, tensy hulle omgewing en leefstyl identies bly (Fraga et al. 2005). Die

sielkundige omgewing gedurende vroeë ontwikkeling kan ook die epigenoom beïnvloed.

McGowan et al. (2009) het getoon dat die promotors van glukokortikoïed-reseptore

hipergemetileerd is in selfmoordgevalle waar die betrokke persone as kinders mishandel is.

Tesame met met die kumulatiewe effek van omgewingsfaktore oor tyd, speel ouderdom ook

’n rol in die modulering van epigenetika en studies het getoon dat die DNA-metilering

voortdurend verander tydens ontwikkeling en veroudering. Takasugi (2011) het bevind dat

die metileringsprofiel van 316 CpG-dinukleotiede in muise se spier-, brein- en lewerselle

betekenisvol verskil tussen jong, volwasse en ou muise en dat die metilering in ou muise

ooreenstem met die profiel van kankerselle en sekere siektetoestande. Verlaagde DNMT1aktiwiteit

en verhoogde uitdrukking van DNMT3, wat onderskeidelik globale hipometilering

en hipermetilering by spesifieke CpG’s kataliseer (Lu et al. 2006), is voorgestel as moontlike

faktore met ’n impak op die verouderende epigenoom (Zhang et al. 2002; Lu et al. 2006).

Daar word dus afgelei dat daar ten spyte van akkumulerende omgewingsfaktore ook met die

verloop van tyd ’n inherente afname in die funksie van regulatoriese ensieme is.

5. Epigenetika in gesondheid en siekte

Die verhouding tussen epigenoom, omgewing en siekte is kompleks en dit is onduidelik of

die omgewing ’n direkte of indirekte impak op die epigenoom het. ’n Verdere onduidelikheid

is of die klein veranderinge in die epigenoom die oorsaak of effek van siekte is. Nietemin,

59

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

epigenetiese merke wat met siektes geassosieer word, kan gebruik word as biomerkers vir

siekte-vatbaarheid indien dit teenwoordig is in die bestaande epigenoom, terwyl siektegeïnduseerde

epigenetiese veranderinge gebruik kan word om die erns en vordering van

siekte, asook die effek van behandeling, te monitor. Huidige studies toon ’n groeiende lys

siektetoestande met onderliggende epigenetiese meganismes (Tabel 3). ’n Duidelike

illustrasie van oorerflike epigenetiese meganismes en siektes word gesien in kolonkanker,

waar die DNA-wanparingsherstel-ensiem, gekodeer deur MLH1, onaktief is oor generasies

heen van geaffekteerde individue as gevolg van DNA-metilering (Hitchins et al. 2007). Net

soos regulering van geenuitdrukking deur epigenetiese meganismes van mekaar afhanklik is,

is daar ook siektetoestande wat deur meer as een epigenetiese modifikasies beïnvloed word.

Veelvuldige sklerose is een voorbeeld waar beide histoonmodifikasies en DNA-metilering ’n

rol speel in die etiologie van die siekte. Chou et al. (2008) toon aan dat differensiële

uitdrukking van HLA klas II-risiko-faktore vir veelvuldige sklerose deur verskeie

histoonmodifikasies bewerk word. Huehn et al. (2009) wys weer op hulle beurt dat DNAmetilering

FOXP3 geenuitdrukking demp en lei tot verlaagde uitdrukking van dié geen,

verantwoordelik vir ’n proteïen betrokke by die ontwikkeling van regulatoriese T-selle. Die

belang van die niekoderende genoom in siekte in die mens is grootliks bestudeer in die

konteks van wydverspreide wanuitdrukking en -funksie van miRNA in kanker. Dit is nou

duidelik dat ander tipes ncRNA ook ’n rol in kanker speel. Net so speel verskillende tipes

ncRNA’n rol in ’n verskeidenheid niekanker-siektetoestande van onder andere neurologiese,

kardiovaskulêre en ontwikkelingsaard. Esteller (2011) gee ’n volledige oorsig van die rol van

ncRNA in siektes in die mens. Daar is groot belangstelling in terapeutiese strategieë om die

wanuitdrukking en -funksie van ncRNA reg te stel.

Tabel 3. Siektetoestande bewerk deur spesifieke epigenetiese meganismes

Siekte

DNA-metilering

Epigenetiese meganisme Verwysing

Beckwith-Wiedemann- Mislukte DNA-metilering op die ncRNA- Weksberg et al.

sindroomgeen

KCNQ1OT1.

(2002)

Outisme Differensiële uitdrukking van gene by

chromosoom 7q word beheer deur

maternale inprenting deur epigenetiese

meganismes.

Shannen (2006)

Major-psigose Differensiële uitdrukking van stresgeassosieerde

gene en gene wat ’n rol

speel in neurologiese ontwikkeling a.g.v.

abnormale DNA-metilering.

Mill et al. (2008)

Immuun-gebrek,

Mislukte DNA-metilering by verskeie Jin et al. (2008)

sentromeer-

gene betrokke by ontwikkeling en

onstabiliteit,

immunologie a.g.v. ’n funksionele

gesigsafwyking-

(ICF-) sindroom

mutasie in DNMT3b.

Breekbare X-sindroom Uitgebreide herhaalde CGG-volgordes in Oostra en Willemsen

die FMR1 5’ UTR-promotor-area word

deur DNA-metilering gedemp.

(2002)

60

Vetsug Veranderde geenuitdrukking van

ongeïdentifiseerde gene deur FTOgeenproduk,

’n DNA-demetilase.

Histoonmodifikasies

Asma Verlaagde histoon-deasetilase- en

verhoogde histoon-asetieltransferaseaktiwiteit

verminder NF-κB-inhibisie.

Kroniese obstruktiewe

pulmonêre siekte

Verlaagde histoon-deasetilase-aktiwiteit

verminder NF-κB-inhibisie deur

verhoogde histoon-asetilering.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Gerkin et al. (2007)

Adcock et al. (2005)

Adcock et al. (2005)

Leukemie Chromosomale translokasie deur histoon- Claus en Lubbert

asetieltransferase en -metieltransferase. (2003)

Niekoderende RNA

Alzheimer se siekte Verhoogde vlakke van die niekoderende

anti-sin transkrip vir beta-sekretase-1

(BACE1), BACE1-AS, korreleer met

amiloïed-β1-42, wat in verhoogde vlakke

voorkom in Alzheimer-pasiënte.

Faghihi et al. (2008)

Parkinson se siekte Genetiese variasie in die FGF20-geen Wang et al. (2008)

beïnvloed die binding van miRNA-433 en

bevorder die uitdrukking van FGF20 wat

lei tot verhoogde vlakke α-sinukleïen.

Die toenemende belangstelling in die rol van epigenetika in siekte-ontwikkeling mag

voordele inhou, aangesien epigenetiese afwykings, in teenstelling met geenmutasies, deur

natuurlike of sintetiese epifarmaseutiese middels herstel kan word (Peedicayil 2008). Dus kan

spesifieke moduleerders van die epigenoom gebruik word om afwykings te herstel. Huidige

navorsing op epigenetiese terapie is grootliks gemik op kanker, aangesien die rol van

epigenetika tot dusver die beste verstaan word in kanker. Die DNA-metilase-onderdrukker 5aza-2-deoksisitidien

is reeds in 2006 deur die derde fase van kliniese toetse vir die

behandeling van akute miëloïed-leukemie, waarna dit deur die FDA aanvaar is (Boumber en

Issa 2011). Kliniese toetse word tans uitgevoer op ander chemiese middels wat die potensiaal

het om epigenetiese afwykings in verskeie kankers om te keer. Hierdie epifarmaseutiese

middels is merendeels gemik op histoonmodifikasies en DNA-metilering, aangesien ’n

spesifieke ncRNA gewoonlik die uitdrukking van meer as een geen reguleer en die teikening

daarvan wyer implikasies het en newe-effekte mag inhou. ’n Nadeel van middels wat

metilering globaal beïnvloed, is dat dit nie spesifiek is nie, en alhoewel dit voordelig is om

byvoorbeeld onkogene te onderdruk deur verhoogde DNA-metilering, kan genoom-wye

hipermetilering weer op sy beurt nadele tot gevolg hê. Dus lê daar nog baie werk voor om

epigenetiese terapie meer spesifiek te maak.

61

6. Metodes vir die bestudering van epigenetika

6.1 DNA-metilering

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dit is byna onmoontlik om DNA-metilering by ’n spesifieke lokus te bestudeer sonder

voorafgaande metilering-afhanklike behandelings. Die drie basiese metilering-afhanklike

behandelings sluit in: restriksie-ensieme, affiniteitsverryking en natriumbisulfaatomskakeling.

’n Wye verskeidenheid molekulêre biologiese tegnieke, soos die polimerasekettingreaksie

(PCR), hibridisering- en volgordebepalingmetodes word gebruik om 5m Cnukleotiede

op te spoor nadat die genomiese DNA op een van bogenoemde maniere behandel

is. Die kombinasie van die verskillende voorafgaande behandelings en daaropvolgende

analitiese tegnieke het daartoe gelei dat daar vandag ’n groot verskeidenheid tegnieke is om

hierdie epigenetiese modifikasie te bestudeer (Laird 2010). Die meerderheid van hierdie

tegnieke is gemik op die bestudering van metilering op genoom-wye en lokus-spesifieke

vlak. Natriumbisulfaat-omskakeling gevolg deur volgordebepaling is die norm en alle

metileringspatrone behoort met hierdie behandeling bevestig te word (Laird 2010).

Natriumbisulfaat-behandeling verander alle ongemetileerde sitosienbasisse na tiamien en

sodoende kan metilering by spesifieke CpG-dinukleotiede opgespoor word en gekwantifiseer

word deur ’n volgordebepaler.

Tegnieke wat gebruik maak van die polimerase-kettingreaksiemetode kan verder in twee

subklasse verdeel word op grond van die inleier wat gebruik word. Die een groep gebruik

inleiers wat spesifiek gemetileerde (of ongemetileerde) template amplifiseer, byvoorbeeld

metilering-spesifieke PCR (MSP). Die tweede groep gebruik inleiers wat die templaat sal

amplifiseer ongeag die metileringsprofiel, byvoorbeeld natriumbisulfaat-volgordebepaling,

restriksie-ensiem-vertering en smeltkurwe-analises. Tabel 4 gee ’n oorsig van die mees

algemene tegnieke vir die bestudering van DNA-metilering.

Tabel 4. Metodes vir die bestudering van DNA-metilering

Tegniek Beginsel Voordele Nadele

Metileringsensitiewe

enkelstring-

konformasie-analise

(MS-SSCA) a

Gemetileerde DNA-

immunopresipitasie

gekoppel aan DNAmikromatriks

(MeDIP- Chip) a

Metileringsensitiewe

restriksie-

Natriumbisulfaat-behandeling

verander die primêre en so die

sekondêre struktuur van

enkelstring-DNA.

Metileringsdigtheid word bepaal

deur veranderde mobiliteit

gedurende elektroforese.

Gebruik teenliggame gerig teen

5mC gevolg deur

immunopresipitasie en

hibridisering op ’n DNAmikromatriks.

Restriksie-ensieme word gebruik

om die DNA te sny by

Ekonomies

en sensitief

by hoër

persentasies

metilering.

Onafhanklik

van bisulfaatomskakeling

en ideaal vir

genoom-wye

analises.

Ekonomies

en

Lae sensitiwiteit by

laer

metileringsdigthede.

Onvoltooide bisulfaatomskakeling

kan vals

negatiewe resultate

lewer.

Duur.

Metileringstudies is

beperk tot DNA-

62

ensieme gevolg deur

PCR

(MSRE-PCR) a

Gekombineerde

bisulfaat- en

restriksie-ensiemanalise

(COBRA) a

Metilering-spesifieke

hoë- resolusie-

smeltkurwe-analise

(MS-HRM) a

Volgordebepaling

deur sintese

(Pyrosequencing) a

gemetileerde óf ongemetileerde

C-nukleotiede. PCR sal die

produk slegs in die afwesigheid

van splitsing amplifiseer.

Natriumbisulfaat-omskakeling

word gevolg deur PCR wat die

hele volgorde van belang

amplifiseer. Restriksie-ensieme

word gebruik om by CpGdinukleotiede

te sny voordat

densitometrie gebruik word om

die hoeveelheid splitsing te

bepaal.

Natriumbisulfaat-omskakeling

word gevolg deur kwantitatiewe

PCR, waarna die smeltkurwes

ontleed word deur hoë-resolusiesmeltkurwe-sagteware.

Sitosien

bly behoue tydens omskakeling

indien gemetileerd. Meer

sitosien-guanien-basis-pare

smelt by ’n hoër temperatuur.

Natriumbisulfaat-omskakeling

gevolg deur volgordebepaling

gee die metileringsprofiel by ’n

spesifieke CpG-dinukleotied.

a Algemene Engelse afkortings vir tegnieke.

6.2 Histoonmodifikasies

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

tydbesparend. volgordes wat herken

word deur die

restriksie-ensieme.

Beter

sensitiwiteit

in

vergelyking

met ander

restriksieensiemtegnieke.

Sensitief en Duur.

tydbesparend.

Intensiewe tegniek wat

beperk is tot DNAvolgordes

wat herken

word deur die

restriksie-ensieme.

Sensitief en Afhanklik van absolute

tydbesparend. omskakeling deur

natriumbisulfaat.

Kennis aangaande die histoonmodifikasies oor ’n spesifieke geen (of regulatoriese element)

is noodsaaklik om die epigenetiese konteks rondom geenuitdrukking te verstaan. Chromatienimmunopresipitasie

(ChIP) word algemeen vir hierdie doel ingespan. Die standaard ChIPtoepassing

begin met die isolasie van selkerne waarna kernproteïene geëkstraheer en kovalent

aan DNA gekruiskoppel word (dikwels d.m.v. formaldehied). Ná kernlise word die

chromatien gefragmenteer met sonikasie of ensiematiese vertering en korter chromatienfragmente

word gepresipiteer deur ’n teenliggaam gerig teen die spesifieke

histoonmodifikasie. Chromatienfragmente wat nie die betrokke modifikasie bevat nie, bly dus

in oplossing. Hierna word die DNA uit die presipitaat gesuiwer vir verdere analises. Die

polimerase-kettingreaksie (PCR) en kwantitatiewe PCR (qPCR) kan gebruik word om te

bepaal of ’n spesifieke DNA-volgorde met die betrokke histoonmodifikasie geassosieer was

(ChIP-PCR). Dit is egter ook moontlik om die assosiasie van ’n spesifieke

histoonmodifikasie genoom-wyd vas te stel deur die gesuiwerde DNA op ’n mikromatriks te

hibridiseer (“ChIP-on-Chip”). Die mees moderne benadering is egter om die gesuiwerde

DNA se basisvolgorde te bepaal deur middel van volgordebepaling deur sintese (“ChIP-

Seq”). Deur die aanvanklike immunopresipitasie met teenliggame teen verskillende

63

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gemodifiseerde histone uit te voer, kan daar dus bepaal word of ’n reeks modifikasies by ’n

spesifieke lokus aangetref word.

In sommige gevalle is dit egter nuttig om globale (genoom-wye) veranderinge in

histoonmodifikasies te bepaal sonder dat die lokaliteit van die modifikasies in ag geneem

word. Hier speel hoë-resolusie-massaspektrometrie ’n sleutelrol. Histone wat uit selle of

weefsels geëkstraheer is, word tipies geskei d.m.v. poliakrielamied-jel-elektroforese (PAGE)

en dan in die jel deur ensieme verteer tot kleiner peptiede. Histoonpeptiede wat ’n betrokke

modifikasie bevat, kan dan verryk word deur middel van ’n breë spektrum van metodes. Die

verrykte monster word vervolgens op ’n mikrokolom (dikwels binne die konteks van

hoëverrigting-vloeistofchromatografie (HPLC) of ultraverrigting-vloeistofchromatografie

(UPLC) geskei en deur middel van elektrosproei-ionisering voorberei vir analise deur

massaspektroskopie (MS). In ’n tandem MS (MS2)-eksperiment word ’n spesifieke

peptiedioon deur die eerste MS geselekteer op grond van ’n kenmerkende massa-tot-ladingverhouding

(m/z) en deurgevoer na ’n botsing-sel waar dit gefragmenteer word om die

aminosuurvolgorde van die peptied in die tweede MS te bepaal. In die geval van peptiede wat

posttranslasioneel gemodifiseer is, sal die teenwoordigheid van ’n modifikasie gereflekteer

word in ’n massaverskuiwing wat ooreenstem met die massa van die modifikasie. Dit is dus

moontlik om die presiese posisie van modifikasie te bepaal. Met behulp van die

massawaardes wat in bogenoemde analises opgelewer word, word proteïene geïdentifiseer uit

aanlyn-databasissoektogte. Wat bogenoemde metodes gemeen het, is dat histoonmodifikasies

in vivo bestudeer word. Vanuit ’n molekulêr-epigenetika-oogpunt, is dit egter soms nodig om

in vitro-eksperimente uit te voer om die ensieme wat posttranslasionele modifikasies

aanbring, sowel as die spesifieke betrokke aminosuurresidue te identifiseer.

6.3 Niekoderende RNA

Die kwantitatiewe analises van klein ncRNA van kort of gemiddelde lengte, soos miRNA,

siRNA, piRNA, en snoRNA, word gekompliseer deur die klein grootte van hierdie

molekules. RNA-kladtegniek is die standaardmetode vir die identifikasie en kwantifisering

van RNA, maar vereis ’n betreklik groot hoeveelheid beginmateriaal van 10-20 µg totale

RNA of meer as 5 µg klein ncRNA (Ro en Yan 2010). Die tegniek is tyd- en arbeidsintensief

en maak gebruik van radioaktiewe isotope. ’n Tweede tegniek maak staat op ’n tipe PCR

waar geïsoleerde klein ncRNA in ’n ensiematiese reaksie poli(A)-sterte kry aan die 3’-kant

van die volgorde deur poliadenilering. snoRNA-komplementêre-DNA (cDNA) word dan

gesintetiseer deur trutranskripsie en ’n inleier wat bestaan uit ’n passtuk aan die 5’-kant en ’n

poli(T)-stert aan die 3’-kant. Kwantitatiewe PCR en/of konvensionele PCR kan dan uitgevoer

word deur ’n inleier te gebruik wat spesifiek gerig is tot die klein ncRNA wat van belang is

en die universele inleier met die passtuk en poli(T)-stert (Ro en Yan 2010).

Ander ncRNA word dikwels ondersoek met behulp van cDNA-biblioteke en die nuwe

generasie volgordebepalingstegnieke. Alhoewel volgordebepalingstegnieke die ondersoeker

toegang gee tot byna elke tipe ncRNA in ’n organisme, moet spesifieke funksies en

uitdrukkingspatrone met behulp van PCR in spesifieke selle bevestig word. Mikromatrikse

64

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

vir reeds bevestigde ncRNA is kommersieel beskikbaar en word aanbeveel vir spoedige

genoom-wye analises van ’n groot aantal monsters. Mikromatriks-analises is akkuraat en

tydbesparend, maar is beperk tot bekende ncRNA-molekules.

7. Samevatting

Genetiese volgorde tesame met epigenetiese variasie bepaal fenotipe. Normale veranderinge

aan die epigenetiese profiel staan sentraal in ontwikkelingsbiologie, terwyl nadelige

epigenetiese variasie bydra tot die vatbaarheid en ontwikkeling van siektes. Begrip van die

rol van DNA-metilering, histoonmodifikasies en ncRNA in geenregulering het gegroei, maar

kennis oor die regulering en oorerflikheid daarvan is steeds beperk. Epigenetika hou

implikasies in vir sel-, evolusie- en mediese biologie. Daar is toenemend waardering vir die

belang van epigenetika in siekte en gesondheid. Die gebruik van epifarmaseutiese middels in

kanker illustreer die omkeerbaarheid van nadelige epigenetiese variasie en moedig die

ontwikkeling van die epifarmaseutiese bedryf aan. Navorsing op epigenetika kan lei tot ’n

beter begrip van die patogenese van siektes en kan ook lig werp op die verskille in

siektevatbaarheid tussen populasies en die impak van die omgewing op die verskynsel.

Epigenetika mag belangrike implikasies inhou vir siektes wat deur ’n verarmde omgewing

beïnvloed word en wat algemeen in sub-Sahara-Afrika voorkom, soos tuberkulose,

MIV/VIGS en malaria.

Erkenning

Die outeurs bedank prof. Ian Dubery vir aanmoediging om in ons moedertaal te publiseer.

Ons navorsing word gesteun deur die NRF, WNNR en CANSA.

Bibliografie

Avery, O.T., C.M. MacLeod, M. McCarty. (1944) Studies on the chemical nature of the

substance inducing transformation of pneumococcal types induction of transformation by a

desoxyribonucleic acid fraction isolated from pneumococcus type iii, J Exp Med. 79(2): 137-

58.

Adcock, I.M., K. Ito, P.J. Barnes. (2005) Histone deacetylation: an important mechanism in

inflammatory lung diseases, COPD 2(4): 445-55.

Baccarelli, A., V. Bollati. (2009) Epigenetics and environmental chemicals, Current Opinion

in Pedeatrics. 21(2): 243-51.

65

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Baccarelli, A., R.O. Wright, V. Bollati, L. Tarantini, A.A. Litonjua, H.H. Suh, A. Zanobetti,

D. Sparrow, P.S. Vokonas, J. Schwartz. (2009) Rapid DNA methylation changes after

exposure to traffic particles, American Journal of Respiratory and Critical Care Medicine.

179(7): 572-578.

Bollati, V, A. Baccarelli, L. Hou, M. Bonzini, S.Fustinoni, D. Cavallo, H.M. Byun, J. Jiang,

B. Marinelli, A.C. Pesatori, P.A. Bertazzi, A.S. Yang. (2007) Changes in DNA methylation

patterns in subjects exposed to low-dose benzene, Cancer Research. 67 (3):876-80.

Boumber,Y., J.P. Issa. (2011) Epigenetics in cancer: What's the future? Oncology. 25 (3):

220-8.

Boyes, J., A. Bird. (1991) DNA methylation inhibits transcription indirectly via a methyl-

CpG binding protein, Cell. 64 (6): 1123-34.

Christensen, B.C., E.A. Houseman, C.J. Marsit, S. Zheng, M.R. Wrensch, J.L. Wiemels, H.H.

Nelson, M.R. Karagas, J.F. Padbury, R. Bueno, D.J. Sugarbaker, R.F. Yeh, J.K. Wiencke,

K.T. Kelsey. (2009) Aging and environmental exposures alter tissue-specific DNA

methylation dependent upon CpG island context, PLoS Genet. 5(8):e1000602.

Chou, S.D., T.B. Tomasi. (2008) Spatial distribution of histone methylation during MHC

class II expression, Mol Immunol. 45(4):971-80.

Claus, R., M. Lubbert. (2003) Epigenetic targets in hematopoietic malignancies, Oncogene.

22(42): 6489-96.

Cooney, C.A., A.A. Dave, G. Wolff. (2002) Maternal methyl supplements in mice affect

epigenetic variation and DNA methylation of offspring, J Nutr. 132(8 Suppl):2393S-2400S.

Cubas, P., C. Vincent, E. Coen. (1999) An epigenetic mutation responsible for natural

variation in floral symmetry, Nature. 401(6749):157-61.

Darwin, C. (1859) On the Origin of Species by Means of Natural Selection; or, The

Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life. London, uK: John Murray

Darwin, C. (1868) The Variation of Animals and Plants Under Domestication. London, UK:

John Murray

Darwin, F. (ed) (1888) The Life and Letters of Charles Darwin. London, uK: John Murray

Dennis, H., M.N. Ndluvo, F. Fuks. (2011) Regulation of mammalian DNA

methyltransferases: a route to new mechanisms, EMBO Rep. 12(7):647-56.

Esteller, M. (2011) Non-coding RNAs in human disease, Nat Rev Genet. 12(12):861-74.

Faghihi, M.A., F. Modarresi, A.M. Khalil, D.E. Wood, B.G.Sahagan, T.E. Morgan, C.E.

Finch, G. St. Laurent III, P.J. Kenny, C. Wahlestedt. (2008) Expression of a noncoding RNA

66

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

is elevated in Alzheimer's disease and drives rapid feed-forward regulation of β-secretase,

Nat Med. 14(7):723-30.

Fraga, M.F., E. Ballestar, M.F. Paz, S. Ropero, F. Setien, M.L. Ballestar, D. Heine-Suñer,

J.C. Cigudosa, M. Urioste, J. Benitez, M. Boix-Chornet, A. Sanchez-Aguilera, C. Ling, E.

Carlsson, P. Poulsen, A. Vaag, Z. Stephan, T.D. Spector, Y.Z. Wu, C. Plass, M. Esteller.

(2005) Epigenetic differences arise during the lifetime of monozygotic twins, Proc Natl Acad

Sci U S A. 102(30):10604-9.

Feil, R., MF. Fraga. (2012) Epigenetics and the environment: emerging patterns and

implications, Nat Rev Genet. 13(2):97-109.

Frith, M.C., M. Pheasant, J.S. Mattick. (2005) The amazing complexity of the human

transcriptome, Eur J Hum Genet. 13(8):894-7.

Fuks, F., P.J. Hurd, R. Deplus, T.Kouzarides. (2003) The DNA methyltransferases associate

with HP1 and the SUV39H1 histone methyltransferase, Nucleic Acids Res. 31(9):2305-12.

Gerken, T. C.A.Girard, Y.L. Tung, C.J.Webby, V. Saudek, K.S. Hewitson, G.S.H.Yeo, M.A.

McDonough, S. Cunliffe, L.A. McNeill, J. Galvanovskis, P. Rorsman, P. Robins, X. Prieur,

A.P. Coll, M. Ma, Z. Jovanovic, I.S.Farooqi, B.Sedgwick, I. Barroso, T. Lindahl, C.P.

Ponting, F.M. Ashcroft, S.O'Rahilly, S.J. Schofield. (2007) The obesity-associated FTO gene

encodes a 2-oxoglutarate-dependent nucleic acid demethylase, Science. 318(5855):1469-72.

Goll, M.G., T.H. Bestor. (2005) Eukaryotic cytosine methyltransferases, Annu Rev Biochem.

2005;74:481-514.

Halfmann, R., S. Lindquist. (2010) Epigenetics in the Extreme: Prions and the Inheritance of

Environmentally Acquired Traits, Science 330(6004): 629-32.

Handel, A.E., G.C. Ebers, S.V. Ramagopalan. (2010) Epigenetics: molecular mechanisms

and implications for disease, Trends Mol Med. 16(1):7-16.

Harvey, W. (1651) On the Generation of Animals (Exercitationes de Generatione

Animalium) (“Experiments Concerning Animal Generation”). Canada, USA: ProQuest.

Hitchins, M.P., J.J. Wong, G. Suthers, C.M. Suter, D.I. Martin, N.J. Hawkins, R.L. Ward.

(2007) Inheritance of a cancer-associated MLH1 germ-line epimutation, N Engl J Med.

356(7):697-705.

Huehn, J., J.K. Polansky, A. Hamann. (2009) Epigenetic control of FOXP3 expression: the

key to a stable regulatory T-cell lineage? Nat Rev Immunol. 9(2):83-9.

Jin, B., Q. Tao, H.M. Soo, W. Wu, J. Ying, C.R. Fields, A.R. Delmas, X. Liu, J. Qiu, K.D.

Robertson (2008) DNA methyltransferase 3B (DNMT3B) mutations in ICF syndrome lead to

altered epigenetic modifications and aberrant expression of genes regulating development,

neurogenesiss and immune function, Hum Mol Genet. 17(5):690-709.

67

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Jones, P.A. S.B. Baylin. (2002) The fundamental role of epigenetic events in cancer. Nat Rev

Genet. 3(6):415-28.

Jones,P.A., S.B. Baylin. (2007) The epigenomics of cancer. Cell. 128(4):683-92.

Klose, R.J., A.P. Bird. (2006) Genomic DNA methylation: The mark and its mediators,

Trends Biochem Sci. 31(2):89-97

Krumlauf, R. (1996) Northern blot analysis, Basic DNA and RNA protocols, Methods in

Molecular Biology, Volume 58. Humana Press Inc., Totowa, NJ.

Kucharski, R., J. Maleszka, S. Foret, R. Maleszka. (2008) Nutritional control of reproductive

status in honeybees via DNA methylation, Science. 319(5871):1827-30.

Laird, P.W. (2010) Principles and challenges of genome-wide DNA methylation analysis,

Nat Rev Genet. 11: 191-203.

Lamarck, J.B. (1809) Philosophie Zoologique. Paris, France: JB Baillière.

Lesk, A.M. (2008) Introduction to bioinformatics. UK: Oxford University Press.

Li, S., S.D. Hursting, B.J. Davis, J.A. McLachlan, J.C. Barrett. (2003) Environmental

exposure, DNA methylation, and gene regulation: lessons from diethylstilbestrol-induced

cancers, Ann N Y Acad Sci. 983:161-9.

Liu, Y., Y. Balaraman, G. Wang, K.P. Nephew, F.C. Zhou. (2009) Alcohol exposure alters

DNA methylation profiles in mouse embryos at early neurulation. Epigenetics. 4(7):500-11.

Lu, Q., X. Qiu, N. Hu, H. Wen, Y. Su, B.C. Richardson. (2006) Epigenetics, disease, and

therapeutic interventions, Ageing Res Rev. 5(4):449-67.

Luger, K., A.W. Mader, R.K. Richmond, D.F. Sargent, T.J. Richmond. (1997) Crystal

structure of nucleosome core particles at 2.8A resolution, Nature. 389(6648):251-60.

Manikkam, M., C. Guerrero-Bosagna, R.Tracey, M.M. Haque, M.K. Skinner. (2012)

Transgenerational Actions of Environmental Compounds on Reproductive Disease and

Identification of Epigenetic Biomarkers of Ancestral Exposures, PLoS One. 7(2):e31901.

Mattick, J.S., I.V. Makunin. (2006) Non-coding RNA, Hum Mol Genet. 15 Spec No 1:R17-

29.

McGowan, P.O., A. Sasaki, A.C. D'Alessio, S. Dymov, B. Labonté, M. Szyf, G. Turecki, M.J

Meaney. (2009) Epigenetic regulation of the glucocorticoid receptor in human brain

associates with childhoodabuse, Nat Neurosci. 12(3):342-8.

Mendel, G. (1866) Versuche über Pflanzen-Hybriden. New York, USA:Lubrecht & Cramer,

Limited

68

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Mill, J., T. Tang, Z. Kaminsky, T. Khare, S. Yazdanpanah, L. Bouchard, P. Jia, A.

Assadzadeh, J. Flanagan, A. Schumacher, S.C. Wang, A. Petronis. (2008) Epigenomic

profiling reveals DNA-methylation changes associated with major psychosis, Am J Hum

Genet. 82(3):696-711.

Morris, K.V. (2009) Long antisense non-coding RNA function to direct epigenetic complexes

that regulate transcription in human cells, Epigenetics. 4(5):296-301.

Ndlovu, M.N., H. Denis, F. Fuks. (2011) Exposing the DNA methylome iceberg, Trends

Biochem Sci. 36(7):381-7.

Nightingale, K.P., L.P. O’Neill, B.M. Turner. (2006) Histone modifications: signalling

receptors and potential elements of a heritable epigenetic code, Curr Opin Genet Dev.

16(2):125-36.

Oostra, B. A., R. Willemsen. (2002) The X chromosome and fragile X mental retardation,

Cytogenet Genome Res. 99(1-4):257-64.

Ouko, L.A., K. Shantikumar, J. Knezovich, P. Haycock, D.J. Schnugh, M. Ramsay. (2009)

Effect of alcohol consumption on CpG methylation in the differentially methylated regions of

H19 and IG-DMR in male gametes: implications for fetal alcohol spectrum disorders,

Alcohol Clin Exp Res. 33(9):1615-27

Peedicayil, J. (2008) Pharmacoepigenetics and pharmacoepigenomics, Pharmacogenomics.

9(12):1785-6.

Pembrey, M.E., L.O. Bygren, G. Kaati, S. Edvinsson, K. Northstone, M. Sjöström, J.

Golding, ALSPAC Study Team. (2006) Sex-specific, male-line transgenerational responses in

humans, Eur J Hum Genet. 14(2):159-66.

Ro, S., W. Yan. (2010) Detection and Quantitative Analysis of Small RNA by PCR, Methods

Mol Biol. 629:295-305.

Saxena, S., Z.O. Jonnson, A. Dutta. (2003) Small RNA with Imperfect Match to Endogenous

mRNA Repress Translation, J Biol Chem. 278(45):44312-9.

Schanen, N.C. (2006) Epigenetics of autism spectrum disorders, Hum MolGenet. 15 (Spec.

No. 2), R138-R150.

Sigurdsson, M.I., A.V. Smith, H.T. Bjornsson, J.J. Jonsson. (2009) HapMap methylationassociated

SNPs, markers of genrmline DNA methylation, positively correlate with regional

levels of human meiotic recombination, Genome Res. 19(4):581-9.

Singal, R., G.D. Ginder. (1999) DNA methylation, Blood 93(12) 4059-70.

Skinner, M.K. (2011) Environmetal epigenomics and disease susceptibility, EMBO Rep.

12(7):620-2.

69

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Spemann, H. (1938) Embryonic Development and Induction. New Haven, CT: Yale

University Press.

Takasugi, M. (2011) Progressive age-dependent DNA methylation changes start before

adulthood in mouse tissues, Mech Ageing Dev. 132(1-2):65-71.

Tate, P.H., A.P. Bird. (1993) Effects of DNA methylation on DNA-binding proteins and gene

expression, Curr Opin Genet Dev. 3(2):226-31.

Turner, B.M. (2007) Defining an epigenetic code, Nat Cell Biol. 9(1):2-6.

Umemura, S., N. Fujimoto, A. Hiraki, K. Gemba, N. Takigawa, K. Fujiwara, M. Fujii, H.

Umemura, M. Satoh, M. Tabata, H. Ueoka, K. Kiura, T. Kishimoto, M. Tanimoto. (2008)

Aberrant promoter hypermethylation in serum DNA from patients with silicosis,

Carcinogenesis. 29(9):1845-9.

Verhoeven, K.J. J.J.Jansen, P.J. van Dijk, A. Biere. (2010) Stress-induced DNA methylation

changes and their heritability in asexual dandelions, New Phytol. 185(4):1108-18.

Waddington , C.H. (1942) The epigenotype, Endeavour. 1: 18-20.

Wang, G., J.M. van der Walt, G. Mayhew, Y.J. Li, S. Züchner, W.K. Scott, E.R. Martin, J.M.

Vance. (2008) Variation in the miRNA-433 binding site of FGF20 confers risk for Parkinson

disease by overexpression of alpha-synuclein, Am J Hum Genet. 82(2):283-9.

Watanabe, T., S. Tomizawa, K. Mitsuya, Y. Totoki, Y. Yamamoto, S. Kuramochi-Miyagawa,

N. Iida, Y. Hoki, PJ. Murphy, A. Toyoda, K. Gotoh, H. Hiura, T. Arima, A. Fujiyama, T.

Sado, T. Shibata, T. Nakano, H. Lin, K. Ichiyanagi, P.D. Soloway, H. Sasaki. (2011) Role for

piRNA and Noncoding RNA in de Novo DNA Methylation of the Rasgrf1 Imprinted Mouse

Locus, Science. 332(6031):848-52.

Watson, J.D., F.H.C. Crick. (1953) Molecular structure of nucleic acids; a structure for

deoxyribose nucleic acid. Nature 17: 737-738.

Weaver, I.C., N. Cervoni, F.A. Champagne, A.C. D'Alessio, S. Sharma, J.R. Seckl, S.

Dymov, M.Szyf, M.J. Meaney. (2004) Epigenetic programming by maternal behavior, Nat

Neurosci. 7(8):847-54.

Weismann, A. (1893) The Germ-Plasm: A Theory of Heredity. New York, USA: Charles

Scribner’s Sons

Weismann, A. (1889) The supposed transmission of mutilations. In Essays upon Heredity and

Kindred Problems, EB Poulton, S Schönland, AE Shipley (eds). Oxford, UK:

Clarendon.

Weksberg, R., C. Shuman, O. Caluseriu, A.C. Smith, Y.L. Fei, J. Nishikawa, T.L. Stockley,

L. Best, D. Chitayat, A. Olney, E. Ives, A.M. Schneider, T.H. Bestor, M. Li, P. Sadowski, J.

70

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Squire. (2002) Discordant KCNQ1OT1 imprinting in sets of monozygotic twins discordant

for Beckwith-Wiedemann syndrome, Hum Mol Genet. 11(11):1317-25.

Yen, T.T., A.M. Gill, L.G. Frigeri, G.S. Barsh, G.L. Wolff. (1994) Obesity, diabetes, and

neoplasia in yellow A vy /- mice: ectopic expression of the agouti gene, FASEB J. 8(8):479-88.

Young, E. (2008) Strange inheritance: Rewriting Darwin and Dawkins? In sickness and in

health, New Scientist 12:29-33.

Zhang, Z., C. Deng, Q. Lu, B. Richardson, (2002) Age-dependent DNA methylation changes

in ITGAL (CD11a) promoter, Mech Ageing Dev. 123(9):1257-68.

71

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

72

Afdeling: Regte

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Deliktuele staatsaanspreeklikheid weens

polisieverkragting

J Neethling en JM Potgieter

J Neethling: Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

JM Potgieter: Departement Privaatreg, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa)

Die polisiediens verkeer in ’n haglike toestand onder meer weens die pleeg van

geweldsmisdade soos verkragting deur polisiebeamptes. Uiteraard behoort die burgery teen

sodanige misdadige optrede beskerm te word. In hierdie verband het ons reg ver gevorder om

die nodige beskerming deur middel van deliktuele aanspreeklikheid te verskaf, en het die

Grondwet met sy invloedryke handves van regte ’n deurslaggewende rol gespeel. Dit blyk

duidelik uit die toonaangewende uitsprake van die konstitusionele hof in K v Minister of

Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) en F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA

536 (KH) dat die staat in beginsel middellik aanspreeklik is vir die verkragting waaraan

polisiebeamptes hulle skuldig maak. Middellike aanspreeklikheid hang daarvan af of daar in

’n bepaalde geval ’n voldoende noue verband tussen die verkragting en die polisielid se werk

bestaan het. In die algemeen dui grondwetlike en statutêre imperatiewe om die publiek –

veral kwesbare groepe soos vroue en meisies – teen geweldsmisdaad te beskerm, op die

bestaan van so ’n verband. In die besonder kan die volgende faktore aanduidend wees van ’n

voldoende noue verband: die staat se kontrole oor polisiebeamptes, die publiek se vertroue

dat die polisiediens hulle sal beskerm, die feit dat die polisieverkragter deur die gebruik van

polisietoerusting in staat gestel is om die verkragting te pleeg, die wisselwerking tussen die

positiewe daad van verkragting en die versuim om die slagoffer te beskerm, en die risiko wat

die staat skep deur die aanstelling en indienshouding van onbetroubare polisielede.

Daar kan oorweeg word om die konstitusionele hof se “grondwetlike” benadering tot

middellike aanspreeklikheid by verkragting eerder deur direkte aanspreeklikheid van die staat

te vervang (waar bovermelde faktore ook ’n rol kan speel), aangesien die vereiste by

middellike aanspreeklikheid dat daar ’n voldoende noue verband tussen die polisieverkragter

en sy werk moet bestaan, by verkragting oënskynlik oorspan word.

Trefwoorde: Bemagtiging deur polisietoerusting; Delik; Diensbetrekking; Direkte

aanspreeklikheid; Genoegsaam noue verband; Grondwet; Grondwetlike imperatiewe;

Handves van regte; Hoogste hof van appèl; Identifikasie van polisie; Konstitusionele hof;

Kontrole oor werknemer; Late; Middellike aanspreeklikheid; Onregmatige daad;

Onregmatigheid; Opsetlike delikte; Polisie; Polisiebeampte; Polisiemisdaad;

Polisieverkragting; Polisieverpligtinge; Positiewe optrede; Risikoskepping;

Staataanspreeklikheid; Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD); Verkragting; Vertroue in

73

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

polisiediens; Voldoende noue verband; Werkgewer-werknemer-verhouding; Wet op

Staatsaanspreeklikheid

Abstract

Delictual state liability for police rape

South Africa finds itself in the grip of rampant crime. While the South African Police Service

should be doing everything in its power to combat crime, it fails dismally because it often

participates enthusiastically in criminal activities, including violent crime such as rape by

police officials. Naturally citizens should be protected against such criminal conduct. In this

regard our law has progressed far in providing the necessary protection by means of delictual

liability, and here the Constitution with its influential bill of rights plays a decisive role.

State liability in delict is regulated primarily by section 1 of the State Liability Act 20 of 1957

in terms of which the state is evidently only vicariously liable for a delict committed by its

employees or servants in their capacity and within the scope of their authority as such

servants. State liability is based on ordinary general principles of delict, and the normal

requirements for vicarious liability are, therefore, also applicable to the state. They are the

following: Firstly, there must exist an employer-employee relationship between the state and

its servant. The state will escape liability only by showing that the official involved was not

its employee at the time of the delict, and that will be so if the state did not have the power to

control the employee when the delict was committed. Secondly, the employee must commit a

delict. Thirdly, the employee must be acting within the scope of his employment when he

commits the delict. To determine whether he is acting within the scope of his employment,

the so-called standard test is applied, which is subjective on the one hand and objective on the

other. According to this test the employer is vicariously liable even where the employee,

viewed subjectively, has exclusively promoted his own interests but, viewed objectively,

there was nevertheless a sufficiently close connection between his conduct and his

employment. It is particularly problematic to determine whether a sufficiently close

connection exists where an employee commits a delict intentionally, since such conduct, for

example rape by a police official, is the very antithesis of an act performed in the course, and

within the scope, of his employment.

Although there have been many dogmatic voices over the years favouring the recognition of

direct liability of the state for the delicts of its officials, the courts, but for a few exceptions,

have consistently approached state liability on a vicarious basis. In the case of direct liability

the state as a legal person is considered to act only through the instrumentality of its organs,

including its officials. The conduct of an organ is attributed to the state as the state’s own act.

Therefore the state can be held directly liable for its own delict for the wrongful conduct of

its employees acting as its instruments.

The question arises whether the trite vicarious-liability approach or the more recent directliability

approach is preferable in cases of state liability. In a long line of decisions, liability

of the state for the negligent conduct of its employees on a vicarious basis has delivered

satisfactory results. It is questionable whether a radical deviation from this approach is

justified. On the other hand, in cases of intentional wrongdoing by employees, which is the

direct opposite of conduct within the scope and in the course of employment, it is very

difficult to construe a sufficiently close connection between the delict and the employees’

work. Without detracting from the trend-setting decision of the constitutional court in K v

74

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (CC), which dealt persuasively with state

liability for police rape on a vicarious basis, the wrongfulness element of direct liability

provides a possible alternative for state liability in order to avoid over-extending the criterion

of a sufficiently close connection, particularly since the same factors pointing to such a

connection could also be applied to the wrongfulness element.

It is clear from the leading judgements of the constitutional court in K (where three

uniformed, on-duty policeman offered to take the victim home in an official police vehicle

and raped her) and F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (CC) (where a

policeman on standby duty offered a 13-year-old girl a lift home in an unmarked police

vehicle and assaulted and raped her on the way) that the state is in principle vicariously liable

for rape committed by police officials. Whether such liability exists in a particular case

depends on whether a sufficiently close connection existed between the rape and the police

official’s work. In general, constitutional and statutory imperatives to protect the public –

especially vulnerable groups such as women and girls – against violent crimes, can signify

the existence of such a connection. These imperatives include the duty of the state to respect,

protect, promote and fulfil the rights in the bill of rights, the accountability of the state, the

duty of the courts to give effect to the spirit, purport and object of the bill of rights, the

objects of the police service to prevent crime and to protect and secure the inhabitants of the

country as well as their fundamental rights – which include the rights to freedom and security

of the person, dignity and privacy – the right of children to be protected from maltreatment,

abuse or degradation, and the duty of the police in terms of international law to protect

women and children against violent crimes such as rape.

In particular, the following factors can be indicative of sufficiently close connection in a case

of police rape: the state’s control over police officials, which is at its highest level where a

policeman is on duty, but can also exist in an attenuated form where the policeman is on

standby duty; the public’s trust that the police service will protect them against crime in

general, and particularly where the victim has identified the rapist as a police official; the fact

that the rapist was enabled by police equipment (such as a police vehicle) to commit the rape;

the interplay between the positive act of rape and the omission to protect the victim against

the rape; and the risk created by the state through the appointment or continued employment

of unreliable police officials, for example where a police official has a criminal record.

It is trusted that the increasing recognition of delictual state liability for police rape will

contribute to reining in the seemingly unbridled participation of police officials in this

despicable behaviour. The general principles regarding rape which have been laid down by

the constitutional court, should de lege ferenda be extended to other delicts committed by the

police in a violent manner.

Key words: Bill of rights; Commissio; Commission; Constitution; Constitutional court;

Constitutional imperatives; Control over employee; Course of employment; Delict; Direct

liability; Employer-employee relationship; Empowerment through police equipment;

Identification of police; Intentional delicts; Omission; Rape; Police; Police duties; Police

crime; Police official; Police rape; Positive conduct; Risk creation; South African Police

Service (SAPS); State liability; State Liability Act; Sufficiently close connection; Supreme

court of appeal; Trust in police service; Vicarious liability; Wrongfulness

75

1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Suid-Afrika verkeer tans in ’n greep van ongebreidelde misdaad. Waar ’n mens sou verwag

het dat lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens met onkreukbare ywer alles moet doen om

hierdie situasie te beredder, skiet hulle betreurenswaardig tekort aangesien hulle dikwels

entoesiasties meedoen aan kriminele aktiwiteite. Hieronder kom ernstige misdade soos

aanranding, roof, moord en verkragting ter sprake. J. Scott 1 skilder hierdie prentjie treffend

soos volg:

Die vlaag misdaad waaronder Suid-Afrika tans gebuk gaan, is waarskynlik

ongeëwenaard in ons geskiedenis. Ons dagblaaie basuin, vanaf hoofopskrifte tot

enkelkolomberiggies op die briefkolombladsye, eindelose stringe feite uit oor die

allergruwelikste vergrype waaraan die leserspubliek al gewoond geraak het en

waardeur hulle ook al so afgestomp is, dat die aakligste detail oor ’n moordgeval

soms minder animo uitlok as die uitdaging van ’n matig-moeilike Sudoku. Wat egter

nog aandag trek, is wanneer daar berig word oor polisielede wat hulself aan die

verkeerde kant van die reg bevind – waar die spreekwoordelike lang arm van die

gereg nie alleen ’n hand het waarvan die vingers veel langer is as wat mens sou

verwag nie, maar selfs verder “gevorder” het om rooftogte, moord, verkragtings en

verdere ernstige geweldsmisdade op daaglikse grondslag te pleeg.

Die polisiediens verkeer inderdaad in ’n haglike toestand. Volgens onlangse beriggewing is

daar gedurende die eerste agt maande van 2011 nie minder nie as 768 aanklagte teen

polisielede aanhangig gemaak weens aanranding, moord en verkragting. 2 Uiteraard behoort

die burgery teen sodanige misdadige optrede beskerm te word, en hier het ons reg gelukkig al

ver gevorder om sodanige beskerming ex delicto te verskaf.

2. Invloed van die Grondwet

Die vestiging en uitbreiding van deliktuele staatsaanspreeklikheid vir verkragting en ander

ernstige misdade deur polisiebeamptes moet teen die agtergrond van die aanbreek van die

grondwetlike era in Suid-Afrika gesien word. Staatsaanspreeklikheid het hand oor hand

toegeneem sedert die aanvaarding van die Grondwet in 1996 met sy uitgebreide en

invloedryke handves van regte. Die handves bind naamlik die staat (die wetgewende,

uitvoerende en regsprekende gesag) en die staat moet die regte in die handves eerbiedig,

beskerm, bevorder en verwesenlik. 3 Aansluitend hierby moet alle regeringsfere en

staatsorgane verantwoordingspligtige regering voorsien. 4 Dit beteken onder andere dat die

staat nie die regte mag aantas wat in die handves van regte verskans word nie, hetsy deur

positiewe gedrag of deur ’n late in gevalle waar daar ’n regsplig op die staat gerus het om op

te tree, 5 behalwe vir sover sodanige aantasting redelik en regverdigbaar ingevolge die

beperkingsklousule van die Grondwet is. 6 ’n Belangrike faktor in hierdie verband is dat by

die uitleg van wetgewing en die ontwikkeling van die gemenereg die howe die gees,

strekking en oogmerke van die handves moet bevorder. 7 In Carmichele v Minister of Safety

and Security (Centre for Applied Legal Studies Intervening) 8 verklaar die konstitusionele hof

onomwonde dat waar die gemenereg afwyk van die gees, strekking en oogmerke van die

handves, daar ’n algemene verpligting op die howe rus om die gemenereg te ontwikkel ten

76

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

einde die afwyking uit te skakel. 9 Die hof 10 beklemtoon dat die net vir deliktuele

onregmatigheid wyer gespan moet word sodat dit beter beskerming aan die verskanste

fundamentele regte kan verleen. Dit het omvangryk gebeur in talle gevalle waar die staat

aanspreeklik gehou is vir sy nalate om persone se reg op liggaamlike integriteit en sekuriteit

(onder andere teen verkragting) te beskerm. 11

3. Die grondslag van staatsaanspreeklikheid

3.1. Middellike aanspreeklikheid

Staatsaanspreeklikheid vir ’n delik word primêr deur artikel 1 van die Wet op

Staatsaanspreeklikheid 20 van 1957 beheers 12 wat soos volg lui:

Enige eis teen die Staat, wat, indien daardie eis teen ’n persoon ontstaan het, ’n grond

van aksie in ’n bevoegde hof sou uitmaak, is deur daardie hof beregbaar [waar die eis

ontstaan] uit ’n onregmatige daad wat deur ’n dienaar van die Staat handelende in sy

hoedanigheid en binne die omvang van sy bevoegdheid as so ’n dienaar, verrig is.

Hiervolgens is die staat oënskynlik slegs middellik aanspreeklik vir ’n delik wat werknemers

in die uitvoering van hulle diensbestek gepleeg het. So gesien, is daar geen sprake van direkte

aanspreeklikheid van die staat nie. 13

Die staat se aanspreeklikheid word deur die gewone beginsels van deliktuele

aanspreeklikheid beheers 14 en die normale vereistes vir middellike aanspreeklikheid is dus

ook op hom van toepassing. 15 Die vereistes vir middellike aanspreeklikheid is kortliks die

volgende: 16

Eerstens moet daar ’n werkgewer-werknemer-verhouding tussen die staat en sy dienaar

bestaan. Normaalweg het ’n mens met sodanige verhouding te make wanneer deur

ooreenkoms een persoon sy werkvermoë teen vergoeding tot beskikking van ’n ander stel op

so ’n wyse dat laasgenoemde beheer (gesag en kontrole) oor eersgenoemde kan uitoefen. Die

kwessie van beheer of kontrole – wat nie daadwerklike feitelike beheer beteken nie, maar wel

die bevoegdheidom te beheer, 17 – word vandag, anders as vroeër, nie meer deur die howe as

deurslaggewend beskou om bedoelde verhouding te bepaal nie, maar slegs as ’n belangrike

faktor ter oorweging in hierdie verband. 18 Omdat die staat oor dieselfde kam as ander

werkgewers geskeer word, 19 kan hy aanspreeklikheid ontkom slegs deur aan te toon dat die

betrokke amptenaar in die betrokke geval tydens delikspleging nie ’n werknemer van die

staat was nie; 20 en dit sal die geval wees indien die staat op daardie tydstip nie die

bevoegdheid gehad het om hom te beheer nie. 21

Tweedens moet die werknemer ’n delik pleeg. Hierdie vereiste impliseer dat die werkgewer

enige verweer kan opper wat die werknemer tot sy beskikking het. 22 Aangesien die

werknemer ook deliktueel aanspreeklik is, word die werkgewer en werknemer in beginsel as

mededaders geag. Uit die aard van die saak is ’n regresreg egter slegs tot die werkgewer se

beskikking. 23

77

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Derdens moet die werknemer tydens delikspleging binne die perke van sy diensbetrekking

handel. Ten einde te bepaal of die werknemer sodanig opgetree het, word die sogenaamde

standaardtoets toegepas wat enersyds subjektief en andersyds objektief van aard is. 24 In

Minister of Police v Rabie 25 stel die hof dit so:

It seems clear that an act done by a servant solely for his own interests and purposes,

although occasioned by his employment, may fall outside the course or scope of his

employment, and that in deciding whether an act by the servant does so fall, some

reference is to be made to the servant’s intention …. The test is in this regard

subjective. On the other hand, if there is nevertheless a sufficiently close link between

the servant’s acts for his own interests and purposes and the business of his master,

the master may yet be liable. This is an objective test.

Die werkgewer is dus middellik aanspreeklik selfs waar die werknemer, subjektief gesien,

uitsluitlik sy eie belange nagestreef het, maar daar, objektief beskou, nogtans ’n voldoende

noue verband tussen die werknemer se optrede en sy werk bestaan het. 26 Of sodanige

voldoende noue verband bestaan, is besonder problematies in gevalle van ’n werknemer se

opsetlike delikspleging, soos verkragting deur ’n polisiebeampte, 27 aangesien sodanige

gedrag die antitese uitmaak van ’n handeling in die uitvoering van ’n diensbetrekking. 28

3.2. Direkte aanspreeklikheid

Alhoewel daar deur die jare dogmatiese stemme opgegaan het ten gunste van die erkenning

van die direkte aanspreeklikheid van die staat vir skade wat deur staatsamptenare veroorsaak

is, 29 het die howe, op enkele uitsonderings na, 30 staatsaanspreeklikheid konsekwent op ’n

middellike grondslag benader. 31 Dogmaties lui die betoog vir direkte aanspreeklikheid soos

volg: Die staat is in ons reg ’n regspersoon wat slegs kan handel deur sy organe as

instrumente en die amptenare wat deel van die organe vorm. Die polisiediens funksioneer as

’n staatsorgaan en sy lede is onderworpe aan spesifieke grondwetlike en statutêre pligte. Die

handelinge van staatsorgane is handelinge waarvoor die staat aanspreeklik is, omdat hulle die

staat se eie handelinge uitmaak. Die optrede van die orgaan word dus aan die regspersoon as

eie optrede toegereken. So gesien, behoort die staat dus op grond van sy eie onregmatige

daad direk vir amptenare se delikte aanspreeklik gehou te word. 32 Volgens W. Scott 33 strook

hierdie redenasie egter nie met die gebruik van die woord “dienaar” in Wet 20 van 1957 nie,

aangesien ’n dienaar nie noodwendig ’n staatsorgaan is nie. Telkens sal dus uitgemaak moet

word of die “dienaar” as orgaan optree (direkte aanspreeklikheid), dan wel bloot as dienaar

gehandel het (middellike aanspreeklikheid). So gesien, sou die staat se aanspreeklikheid dus

op twee verskillende grondslae kon berus, ’n resultaat wat volgens W. Scott besondere

probleme meebring. 34

Hier bo is gestel dat dit voorkom of daar luidens artikel 1 van die Wet op

Staatsaanspreeklikheid 20 van 1957 geen ruimte bestaan vir die direkte aanspreeklikheid van

die staat waar die staat, handelende deur middel van sy dienaars, ’n delik gepleeg het nie. In

Minister of Safety and Security v F 35 spreek die hoogste hof van appèl hom egter obiter uit

dat, waar daar ’n grondwetlike en statutêre plig op sowel die staat as sy werknemers rus om

78

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

misdaad te voorkom en die publiek te beskerm, ’n hof met reg kan bevind dat die staat,

handelende deur sy werknemers, direk aanspreeklik is vir sy eie deliktuele late in die

verbreking van daardie plig.Volgens die hof sou so ’n benadering ook strook met ander

beslissings van die hoogste hof van appèl 36 wat oënskynlik op middellike aanspreeklikheid

gegrond was, maar wat eerder op direkte aanspreeklikheid van die staat, handelende deur sy

werknemers as instrumente, gebaseer kon gewees het. Hierdie stellings moet met

omsigtigheid benader word. Alhoewel die Grondwet moontlik by implikasie

staatsaanspreeklikheid buite om artikel 1 van Wet 20 van 1957 kan skep, 37 blyk dit uit die

uitdruklike bewoording van hierdie artikel dat die staat slegs middellik, en nie direk nie, vir

die delikte van sy dienaars aanspreeklik kan wees. So gesien, kan die hof in F se standpunt

dat die aanspreeklikheid van die staat in Van Duivenboden, Van Eeden, Hamilton en

Carmichele 38 – wat nie oor opsetlike nie, maar oor nalatige delikspleging gehandel het -

eerder direk as middellik moet gewees het, nie ongekwalifiseerd gesteun word nie. Om

direkte aanspreeklikheid sonder meer by nalatige optrede ook in te voer, kan net tot

verwarring lei en regsonsekerheid skep op ’n terrein waar duidelikheid voorheen bestaan

het. 39 Die hof verduidelik byvoorbeeld nie hoe die gedrag van werknemers wat as

funksionarisse van die staat vir doeleindes van direkte aanspreeklikheid optree, verskil van

hulle gedrag handelende binne die omvang van hulle diensbetrekking vir doeleindes van die

staat se middellike aanspreeklikheid nie. In al hierdie gevalle was dit duidelik dat dit die

werknemers was wat, handelende in die uitvoering van hulle diensbetrekking, hulle plig om

misdaad te voorkom en die publiek te beskerm, nalatig versaak het en dat middellike

aanspreeklikheid dus aanwesig was. J. Scott 40 voeg hieraan toe dat die propagering van

direkte aanspreeklikheid van die staat in hierdie tipe gevalle deur die hoogste hof van appèl

neerkom op ’n ernstige aanklag teen die hof se geykte benadering tot middellike

aanspreeklikheid vir nalatige delikspleging.

In F v Minister of Safety and Security 41 spreek diemeerderheid van die konstitusionele hof

hulle nie oor direkte staatsaanspreeklikheid uit nie, maar ’n minderheidsuitspraak 42 is sterk

ten gunste daarvan. Die kern van hierdie uitspraak is dat aanspreeklikheid van die staat in

gevalle soos verkragting deur die polisie beter op ’n direkte as op ’n middellike grondslag

verklaar en bygevolg hanteer kan word. Die rede is dat die onregmatigheidselement by

direkte aanspreeklikheid hier ’n aanvaarbaarder grondslag bied as die “genoegsaam noue

verband”-benadering by middellike aanspreeklikheid. Volgens die uitspraak 43 is dit meer

geregverdig om die beleidsoorwegings wat by middellike aanspreeklikheid op ’n genoegsaam

noue verband dui, aan te wend om te bepaal of die staat, vir doeleindes van ’n deliktuele

aksie gebaseer op direkte aanspreeklikheid, deur middel van sy amptenare onregmatig

opgetree het.

Die vraag ontstaan of die geykte middellike-aanspreeklikheidsbenadering dan wel die resente

direkte-aanspreeklikheidsbenadering verkieslik is. Middellike aanspreeklikheid van die staat

vir nalatige delikspleging deur staatsamptenare, gebaseer op artikel 1 van die Wet op

Staatsaanspreeklikheid 20 van 1957, het in ’n lang reeks beslissings aanvaarbare resultate

opgelewer, omdat die kwessie of ’n nalatige amptenaar binne of buite die omvang van sy

diensbevoegdheid opgetree het, geredelik beredder kon word. Of daar nou in hierdie gevalle

79

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

radikaal van die tradisionele benadering afgewyk moet word, kan bevraagteken word. In die

lig van ons presedentestelsel moet die hoogste hof van appèl met groot omsigtigheid optree

wanneer oorweeg word om van gevestigde reg af te wyk, aangesien dit tot regsonsekerheid

aanleiding kan gee. 44 Hierteenoor was daar van meet af aan probleme om middellike

aanspreeklikheid ten opsigte van opsetlike delikspleging te vestig. Soos gestel, is opsetlike

skadeveroorsaking deur ’n staatsamptenaar op die keper beskou die antitese van optrede

binne sy diensbevoegdheid en is dit daarom baie moeilik om ’n genoegsaam noue verband

tussen die betrokke gedrag en die amptenaar se werk te konstrueer. Sonder om enigsins

afbreuk te doen aan die rigtinggewende uitspraak van die konstitusionele hof in K v Minister

of Safety and Security 45 wat staatsaanspreeklikheid vir polisieverkragting oortuigend op ’n

middellike-aanspreeklikheidsgrondslag hanteer het, bied die onregmatigheidselement van

direkte aanspreeklikheid moontlik ’n alternatiewe basis ten einde oorspanning van die

genoegsaam-noue-verband-benadering te vermy. 46

4. Relevante regspraak

Teen hierdie agtergrond word twee onlangse gevalle van polisieverkragting bespreek wat tot

in die konstitusionele hof gedraai het, naamlik die K 47 - en F 48 -sake.

4.1. K-sake

4.1.1. Feite

Die eiseres, ’n jong vrou, is deur drie polisiebeamptes verkrag. Sy het laatnag gestrand geraak

nadat sy en haar metgesel by ’n vermaaklikheidsplek stry gekry en hy geweier het om haar

huis toe te neem. By ’n nabygeleë motorhawe het sy haar ma probeer bel om haar te kom

haal. Een van die polisiebeamptes het van haar dilemma gehoor en aangebied om haar in die

polisiemotor, waarin sy twee kollegas gewag het, huis toe te neem. Op pad word sy om die

beurt deur al drie polisiemanne, wat in volle uniform geklee was, gewelddadig verkrag.

Aangesien die polisiemanne later aan verkragting skuldig bevind en lewenslange

gevangenisstraf opgelê is, sou dit sinloos gewees het om ’n delikseis teen hulle in te stel. Die

eiseres voer gevolglik aan dat die staat middellik aanspreeklik is vir die optrede van die

polisiebeamptes, en wel op twee gronde: eerstens die verkragting self deur elke

polisiebeampte, en tweedens die versuim van elkeen om te verhinder dat die ander twee haar

verkrag.

4.1.2. Uitspraak van die hoogste hof van appèl 49

Hierdie hof is van mening dat, wat die verkragting betref, die drie polisiemanne in so ’n mate

van hul funksies en pligte afgewyk het dat hulle hul geheel en al daarvan losgemaak het – van

middellike aanspreeklikheid ingevolge die standaardtoets was daar dus geen sprake nie. Wat

die eiseres se tweede grond vir middellike aanspreeklikheid betref, steun sy op die beginsel

dat middellike aanspreeklikheid gevestig word op elke polisieman se versuim om die ander

twee se hoeder te wees. Volgens die hof grens hierdie argument aan die absurde – aangesien

die onregmatigheid van die verkragting vasgestaan het, is ’n (verdere) ondersoek na die

80

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

onregmatigheid van elke polisieman se omissio irrelevant. Die eiseres voer voorts aan dat die

gemenereg ontwikkel moet word ten einde die staat middellik aanspreeklik te stel vir gevalle

soos die onderhawige. Die hof wou hom nie hieroor uitspreek nie; sodanige ontwikkeling is

volgens die hof in ieder geval eerder ’n taak vir die wetgewer.

Sodoende het die hof ’n gulde geleentheid deur die vingers laat glip om, op grond van die

standaardtoets (aangesien die versuim van die polisiemanne klaarblyklik binne die bestek van

hulle diensverpligtinge plaasgevind het), geregtigheid teenoor die eiseres te laat geskied. Die

doel van middellike aanspreeklikheid is immers om werkgewers op grond van

beleidsoorwegings gebaseer op billikheid, redelikheid en regverdigheid vir die delikte van hul

werknemers aanspreeklik te stel. 50

4.1.3. Uitspraak van die konstitusionele hof 51

Die hof beslis dat die minister inderdaad middellik aanspreeklik is vir die polisiemanne se

optrede. Daar word bevind dat die deliktuele beginsels van middellike aanspreeklikheid,

uitgelê in die lig van die gees, strekking en oogmerke van die handves van regte, soepel

genoeg is om sowel grondwetlike as ander norme te akkommodeer. Aan die hand van hierdie

norme moet in ’n gegewe geval bepaal word of daar ’n voldoende verband (“sufficient

connection”) tussen die werknemer se onregmatige optrede en sy werk bestaan om middellike

aanspreeklikheid van die werkgewer te vestig, al dan nie. By die toepassing van die

standaardtoets soos geformuleer in Minister of Police v Rabie 52 enaangepas deur die hof, noop

verskillende faktore die hof om te beslis dat hier wel ’n voldoende noue verband bestaan om

die werkgewer middellik aanspreeklik te stel: die feit dat daar ’n grondwetlike en statutêre

plig op die polisiemanne (en hul werkgewer, die minister) gerus het om misdaad te voorkom

en lede van die publiek te beskerm; die feit dat die polisiemanne boonop aangebied het om

die eiseres te help en dat sy redelik opgetree het deur die aanbod te aanvaar en haar vertroue

in hulle te plaas; en die feit dat die optrede van die polisiemanne tegelykertyd uit ’n

commissio (die brutale verkragting) en ’n omissio (hul versuim om haar teen benadeling te

beskerm) bestaan het.

Hierdie toonaangewende uitspraak, wat sowel gunstige kommentaar 53 as kritiek 54 ontlok het

en in talle beslissings gevolg is, 55 word soos volg in ’n minderheidsuitspraak van die

konstitusionele hof in F v Minister of Safety and Security 56 beskryf:

The decision in K was ground-breaking in many respects. It lifted the veil behind

which vicarious liability in its traditional formulation sought to hide substantive

social and policy choices in adjudication. It clarified the importance of constitutional

values in those choices. In doing so it enriched our law. Further development will

only deepen and enhance our understanding of the inevitability of evaluative choices

when we apply and develop the rules of our common law.

81

4.2. F-sake

4.2.1 Feite

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die eiseres (F) is verkrag deur ’n polisieman (D) wat op bystanddiens was. Sy was in daardie

stadium 13 jaar oud en het ’n nagklub saam met vriende besoek. Na ’n argument met een van

haar vriende het sy besluit om huis toe te gaan. D het haar in die parkeerarea ’n geleentheid

huis toe gebied, wat sy aanvaar het. Sy het opgemerk dat daar ’n polisieradio in die voertuig

was en een van die ander insittendes herken. Nadat die ander insittendes afgelaai is, het D

haar meegedeel dat hy sy vriende wil besoek. Sy het agterdogtig geraak en weggehardloop,

maar is later deur D gevind, wat weer aangebied het om haar huis toe te neem. Sy het in die

motor geklim, maar kort daarna het D van die pad afgedraai. Sy het probeer ontsnap, maar D

het haar gevang, ernstig aangerand en verkrag. F voer aan dat die staat middellik aanspreeklik

is vir die aanranding en verkragting, aangesien D binne die perke van sy diensbetrekking

opgetree het.

4.2.2. Uitspraak van die verhoorhof 57

Met verwysing na die standaardtoets vir middellike aanspreeklikheid bevind die hof dat

alhoewel D subjektief sy eie doeleindes nagestreef het, daar wel ’n voldoende noue verband

bestaan het tussen die verkragting en D se werk as polisieman. Al was D slegs op

bystanddiens tydens die verkragting en die staat dus net ’n verskraalde vorm van kontrole oor

hom gehad het, is dit nie vir middellike aanspreeklikheid nodig dat hy aan diens moet gewees

het nie. Die graad van kontrole is maar een faktor wat oorweeg moet word ten einde

middellike aanspreeklikheid te bepaal. Die ander faktore wat die hof ook oorweeg het, is D se

gebruik van ’n polisievoertuig wat aan hom toegeken is ten einde sy bystandverpligtinge na te

kom; die feit dat F geglo het dat D inderdaad ’n polisiebeampte was, welke geloof haar

oortuig het om sy aanbod te aanvaar; die feit dat die aard van die hulp wat D voorgegee het

om aan te bied, ooreengekom het met die normale pligte van ’n polisiebeampte in soortgelyke

omstandighede; en, in ooreenstemming met hul grondwetlike en statutêre verpligtinge om die

reg te handhaaf en lede van die publiek, veral weerlose vroue en kinders, te beskerm, het

polisiebeamptes ’n plig om mense in nood te help, selfs as hulle van diens af is. Hierdie

faktore noop die hof om te bevind, soos in K, datdaar ’n voldoende noue verband tussen die

verkragting en D se werk as polisiebeampte was. Boonop het D se gedrag, ook soos in K,

bestaan uit sowel ’n positiewe handeling (die verkragting) as ’n late (sy versuim om F te

beskerm). Ten einde sy gevolgtrekking te versterk, lê die hof ook klem op die feit dat D

weens vorige veroordelings weens misdaad nie geskik was om as polisiebeampte op te tree

nie. Die hof verklaar dat “where the State appoints or retains as a guardian and enforcer of the

law a police officer who has a record of serious criminal misconduct, this is a consideration

which, in appropriate circumstances, may be taken into account in determining the employer's

vicarious liability for the officer's subsequent wrongful conduct.”

Hierdie uitspraak het gunstige akademiese kommentaar ontlok. 58 J. Scott 59 stel dit soos volg:

82

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar word aan die hand gedoen dat hierdie uitspraak onafwendbaar was in die lig van

die presedent wat in die baanbrekende beslissing van regter O’Regan in die K-saak

neergelê is. Die enigste werklike verskil tussen die onderhawige feitestel en die feite

in daardie saak, is dat die polisiebeampte in hierdie geval, anders as in dié van K, nie

voltyds aan diens was nie. Daar kan volle instemming betuig word met die feit dat

hierdie verskil nie voldoende rede was om die onderhawige geval van die K-saak te

onderskei en slegs om daardie rede ’n teenoorgestelde beslissing te vel nie. Die

motivering wat regter Bozalek verskaf vir sy hantering van die effek van die feit dat

die tweede verweerder ten tyde van delikspleging op blote bystandsdiens was, is myns

insiens ten volle geregverdig en lofwaardig.

4.2.2. Uitspraak van die hoogste hof van appèl 60

Die appèlhof stem nie saam met die verhoorhofuitspraak nie. Ten eerste verwerp die hof die

standpunt dat die risiko wat geskep is deur D se aanstelling as polisiebeampte ongeag sy

misdadige rekord, ’n rol kan speel by die vraag of die staat middellik aanspreeklik is.

Volgens die hof kan hierdie faktor egter wel ’n rol speel by die vraag na die staat se

moontlike direkte aanspreeklikheid. Aansluitend hierby is die hof van mening dat, omdat die

staat verplig was om die slagoffer te beskerm, daar goedskiks bevind kan word dat die staat,

handelende deur sy werknemers, direk aanspreeklik is vir sy eie doen en late. 61 Voorts verskil

die hof ook met die verhoorhof se bevinding dat die eerste drie faktore wat laasgenoemde hof

oorweeg het, aanduidend van middellike aanspreeklikheid was. Volgens die appèlhof was dit

naamlik duidelik dat D nie op die relevante tydstip met polisiewerk besig was nie, en dit kon

nie verander word deur F se kennis dat D ’n polisieman was of deur sy aanbod om haar huis

toe te neem nie. Uiteindelik beslis die appèlhof eenvoudig dat omdat D op bystanddiens was,

hy tydens die verkragting nie aan diens was nie en dat hy daarom geen plig gehad het om F te

beskerm nie. Gevolglik slaag die saak nie die toets vir middellike aanspreeklikheid nie.

Uit akademiese kringe is hierdie beslissing aan skerp kritiek onderwerp en is die hoop

uitgespreek dat die konstitusionele hof die staat wel middellik aanspreeklik sou hou vir F se

verkragting. 62 Dit is opmerklik dat die hof in sy uiteensetting van die beslissing in K 63

klaarblyklik gekies het om die allerbelangrike vraag of daar ’n “voldoende noue verband”

tussen die verkragting en polisiewerk bestaan het, waar beleidsoorwegings ook ’n rol speel, te

ignoreer. ’n Belangrike beleidsoorweging in hierdie verband is, soos dit in K 64 gestel word

(en wat volgens J. Scott 65 die kern van die uitspraak uitmaak), dat “the courts must take

account of the importance of the constitutional role entrusted to the police and the importance

of nurturing the confidence and trust of the community in the police in order to ensure that

their role is successfully performed.” Ongelukkig verwys die hoogste hof van appèl glad nie

na die relevantheid en belangrikheid van grondwetlike oorwegings nie. 66 Daarom is die

minderheidsuitspraak 67 prysenswaardig. Volgens hierdie uitspraak het D hom deur sy optrede

vir alle doeleindes aan diens geplaas en daarom ook die status en verpligtinge van ’n

polisiebeampte op hom geneem. Gevolglik behoort die staat middellik aanspreeklik te gewees

het. 68

83

4.2.3. Uitspraak van die konstitusionele hof 69

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die hoop het nie beskaam nie en die konstitusionele hof bevind dat die staat inderdaad

middellik aanspreeklik is vir F se verkragting. 70 Met verwysing na die standaardtoets vir

middellike aanspreeklikheid bevind dié hof, soos die verhoorhof, dat D sy eie selfsugtige

doeleindes nagestreef het en dat die enigste vraag is of daar ’n voldoende noue verband

tussen die verkragting en sy werk as polisieman was. Op grond van die volgende oorwegings

bevind die hof dat sodanige verband wel bestaan het: 71 Eerstens, die staat se grondwetlike

verpligtinge: die staat is verplig om die publiek, veral die kwesbares soos vroue en kinders, te

beskerm teen die aantasting van hulle grondwetlike regte, in hierdie geval F se reg op vryheid

en sekuriteit van die persoon en haar regte op waardigheid en privaatheid. Voorts is die howe

gebonde aan die handves van regte, wat onder andere inhou dat die staat die verpligting het

om die regte daarin vervat te eerbiedig, te beskerm, te bevorder en te verwesenlik, en hier

speel die polisiediens ’n kernrol om misdaad te voorkom en die inwoners van die land se

veiligheid te verseker. In beginsel verskaf hierdie grondwetlike pligte wat op die staat rus, ’n

normatiewe basis om die staat aanspreeklik te hou selfs vir die optrede van ’n polisielid op

bystanddiens. Tweedens, die vertroue wat deur die polisiediens by die publiek gewek word,

ongeag of ’n polisielid aan diens of van diens af is, dat ’n polisielid vertrou kan word om

beskerming aan hulle te verleen en nie die reg te oortree nie. Daarom stem die konstitusionele

hof nie saam met die hoogste hof van appèl oor die belangrikheid wat laasgenoemde hof

geheg het aan die feit dat ’n polisielid aan diens of van diens af is nie. Derdens, anders as die

hoogste hof van appèl, wat slegs klem gelê het op D se versuim om F te beskerm, beskou die

konstitusionele hof die verkragting (’n positiewe handeling) en die versuim om ’n slagoffer

van verkragting te beskerm (’n late) as twee kante van dieselfde muntstuk wat met dieselfde

voorval verband hou en daarom relevant is. Al hierdie faktore, asook die feit dat ’n

polisiemotor aan D uitgereik is omdat hy op bystanddiens was, en die feit dat F hom as ’n

polisielid geïdentifiseer en dus haar vertroue in hom as lid van die polisiediens geplaas het,

noop die slotsom dat daar ’n voldoende noue verband tussen die verkragting en D se werk as

polisielid was om die staat middellik aanspreeklik te stel.

5. Faktore aanduidend van ’n genoegsaam noue verband tussen die polisieverkragter en

sy werk

Die faktore wat ’n rol speel om te bepaal of daar ’n genoegsaam noue verband tussen die

polisieverkragter en sy werk bestaan ten einde die staat middellik aanspreeklik te stel, is reeds

by die bespreking van die relevante regspraak hier bo kortliks aangeraak. Hier word die

faktore nou in groter besonderhede onder die loep geneem. 72

5.1. Grondwetlike en statutêre verpligtinge

Daar is ’n hele aantal grondwetlike en statutêre voorskrifte wat ’n plig op die staat, in die

besonder die polisiediens as staatsorgaan, plaas om die publiek, veral kwesbare groepe soos

vroue en kinders, teen aantasting van hul verskanste regte te beskerm. 73 In die algemeen

bepaal die handves van regte dat die staat die regte in die handves moet eerbiedig, beskerm,

84

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bevorder en verwesenlik, 74 en dat alle regeringsfere en staatsorgane verantwoordingspligtige

regering moet voorsien. 75 Baie belangrik is ook dat ’n hof die noodsaaklikheid moet oorweeg

om ingevolge artikel 39(2) van die Grondwet uitdrukking te gee aan die gees, strekking en

oogmerke van die handves van regte. 76 In die besonder bepaal artikel 205(3) van die

Grondwet onder andere dat die “doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom,

te bestry en te ondersoek ..., die inwoners van die Republiek ... te beskerm en te beveilig, en

die reg te handhaaf en toe te pas”. Hierdie doelstelling word in die aanhef van die Wet op die

Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995 onderstreep. Volgens die aanhef bestaan daar

naamlik ’n behoefte aan ’n polisiediens ten einde onder andere die veiligheid en sekuriteit

van alle persone en eiendom in die nasionale grondgebied te verseker en om die

fundamentele regte van elke persoon te handhaaf en te beskerm. 77 Hierdie regte sluit spesifiek

in elke persoon se regte op vryheid en sekerheid (inbegrepe die reg op liggaamlike en

psigiese integriteit), waardigheid en privaatheid. Voorts bepaal artikel 28(1)(d) van die

Grondwet onder meer dat elke kind die reg het om teen mishandeling, misbruik en

vernedering beskerm te word. Hierbenewens het die staat, veral die polisie, ’n plig ingevolge

internasionale reg om vroue en kinders teen geweldsmisdaad, veral verkragting, te beskerm. 78

In hierdie verband moet nietemin goed voor oë gehou word dat alhoewel pasvermelde

grondwetlike, statutêre en internasionale imperatiewe in die algemeen aanduidend is van ’n

regsplig op die polisie, hulle nie noodwendig in ’n besondere geval op sigself dui op ’n

voldoende noue verband tussen polisieverkragting en die betrokke polisielid se werk nie.

Alhoewel bedoelde imperatiewe in abstracto aanduidend van sodanige verband kan wees,

moet steeds in concreto bepaal word of ’n voldoende noue verband in ’n gegewe geval aan

die hand van bykomende faktore bestaan het. 79 Hierop word vervolgens ingegaan.

5.2. Kontrole oor polisielede

Hier bo is aangetoon dat die kwessie van kontrole of beheer oor ’n polisiebeampte ’n

belangrike rol speel ten einde vas te stel of daar in ’n bepaalde geval ’n werkgewerwerknemer-verhouding

bestaan het. Kontrole is egter ook ’n faktor wat in ag geneem kan

word om te bepaal of daar ’n voldoende noue verband tussen die onregmatige daad van die

werknemer en sy werk bestaan het, en dus of die werknemer binne die perke van sy

diensbetrekking opgetree het. In Minister of Safety and Security v Luiters 80 verklaar die hof

dat “[w]hile vicarious liability is not based on the employer's control over an employee, the

level of control exercised by the employer will obviously be a relevant factor in determining

whether there was a sufficiently close link between the conduct and the employment when

considering the second stage of the K 81 test.” In die geval van polisiebeamptes is die

beheerbevoegdheid op sy hoogste vlak wanneer die beampte aan diens is 82 of waar ’n

beampte wat nie aan diens is nie, hom aan diens plaas, 83 en die vlak van kontrole kan

aanvaarbaar wees waar direkte kontrole verskraal of verminder word omdat die beampte op

bystanddiens is. 84 Middellike aanspreeklikheid kan selfs bestaan waar ’n polisiebeampte ’n

delik pleeg terwyl hy van diens af is. Dit sal die geval wees waar die beampte, sonder om

hom aan diens te plaas, nietemin met kwade bedoelings voorgee om as polisiebeampte op te

tree terwyl hy die onregmatige daad bloot vir private en selfsugtige doeleindes begaan. 85

85

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Alhoewel die konstitusionele hof in F 86 erken dat “the distinction between a policeman who

is on duty and one who is off duty is a relevant factor in determining the closeness of the

connection between the wrongful act and the perpetrator’s employment”, word beklemtoon

dat dit nie bepalend is vir die staat se aanspreeklikheid nie, aangesien ander faktore wel

voldoende op sodanige aanspreeklikheid kan dui. Gevolglik kan die staat ook aanspreeklik

wees vir die verkragting deur ’n polisielid op bystanddiens. Daarom verskil die hof van die

benadering van die hoogste hof van appèl in F 87 met betrekking tot die belangrikheid wat

laasgenoemde hof geheg het aan die feit of ’n polisielid van diens af is. 88

5.3. Vertroue in polisiediens

Die vertroue wat die publiek in die polisie as beskermer van hulle regte stel, is sterk

aanduidend van ’n genoegsaam noue verband tussen die verkragting en die polisie se werk.

Hierdie faktor word soos volg deur die konstitusionele hof in K 89 verwoord:

Our Constitution mandates members of the police to protect members of the

community and to prevent crime. It is an important mandate which should quite

legitimately and reasonably result in the trust of the police by members of the

community. Where such trust is established, the achievement of the tasks of the police

will be facilitated. In determining whether the Minister is liable in these

circumstances, courts must take account of the importance of the constitutional role

entrusted to the police and the importance of nurturing the confidence and trust of the

community in the police in order to ensure that their role is successfully performed.

Hierdie faktor funksioneer uiteraard normatief in die abstrakte en daarom moet ten aansien

van ’n spesifieke geval, ten einde die noue verwantskap tussen verkragting en polisiewerk te

vestig, konkreet bepaal word of daar in die betrokke omstandighede werklik vertroue in die

polisie gestel is, soos wat inderdaad in sowel K as F die geval was. 90 In hierdie verband kom

dit voor of sodanige vertroue gevestig kan word net indien die slagoffer geweet het dat die

verkragter ’n polisielid is of hom as sodanig geïdentifiseer het. Sonder sodanige wete of

identifikasie kan daar tog nie sprake van vertroue in ’n polisielid wees nie. Identifikasie kan

blyk uit die feit dat die polisielid ’n polisie-uniform dra of in ’n gemerkte polisiemotor ry

(soos in K), of ook uit ander feite, soos polisielêers of ’n polisieradio in ’n ongemerkte

polisiemotor wat daarop dui dat die verkragter ’n polisieman is (soos in F). 91 Hoe meer ’n

polisielid gebruik maak van die ooglopend beroepsverwante gebruiksvoorwerpe (of

“trappings”) van sy werk, hoe geredeliker sal hy deur ’n potensiële slagoffer van verkragting

as ’n polisiebeampte geïdentifiseer en daarom vertrou word. 92

5.4. Bemagtiging deur polisietoerusting

Die bemagtiging of instaatstelling deur die gebruik van polisietoerusting deur die verkragter

kan aanduidend wees van ’n genoegsaam noue verband tussen die verkragting en

polisiewerk. Trouens, die verhoorhof in F het die gebruik van ’n polisievoertuig as die “most

important connection” 93 tussen die verkragter en sy polisiewerk beskou. Hierdie faktor is ook

deur die konstitusionele hof onderstreep. 94 Die motor is aan hom uitgereik omdat hy op

bystanddiens was. Hy het nie ’n privaatvoertuig besit nie en “it can hardly be overemphasised

86

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

that without the use of the police vehicle [D] would not have had the means to abduct, assault

and rape plaintiff.” 95

5.5. Wisselwerking tussen positiewe optrede en late

Die feit dat die polisieverkragter se daad tegelykertyd ’n positiewe handeling (die

verkragting) en ’n late (die versuim om die daad te voorkom) uitmaak, is aanduidend van die

noue verband tussen die verkragting en die dader se werk. Die hoogste hof van appèl in K se

siening dat hierdie wisselwerking tussen positiewe optrede en ’n late absurd is, 96 word nie

deur die konstitusionele hof gesteun nie. Die hof verduidelik: 97

[T]he conduct of the policemen which caused harm constituted a simultaneous

commission and omission. The commission lay in their brutal rape of the applicant.

Their simultaneous omission lay in their failing while on duty to protect her from

harm, something which they bore a general duty to do, and a special duty on the

facts of this case.

Hierdie standpunt verdien instemming. 98 Wat die late betref, was daar, anders as wat die

hoogste hof van appèl te kenne gee, vandat die eerste woord oor die moontlike verkragting

van die eiseres deur een van die drie polisiemanne geopper is, ’n regsplig op die ander twee

om te verhinder dat verkragting gepleeg word, in ooreenstemming met hulle grondwetlike en

statutêre imperatiewe om misdaad te voorkom en die eiseres te beskerm. Ander

gemeenregtelike faktore wat konkreet op die bestaan van so ’n regsplig gedui het, was

byvoorbeeld die wete of voorsienbaarheid van die verkragting, die spesiale verhouding tussen

die slagoffer en die drie polisiemanne, laasgenoemdes se kontrole oor ’n potensieel

gevaarlike situasie, en dat voorkomende stappe redelikerwys en prakties moontlik was. 99 Die

polisiemanne se versuim om die verkragting te voorkom op sigself - en nie net die

uiteindelike verkragting nie - was dus ongetwyfeld onregmatig. Dit behoef ook geen betoog

nie dat al drie polisiemanne se versuim opsetlik was. Daarom het hulle hul aan ’n delik in die

uitvoering van hul diensbetrekking skuldig gemaak.

Ook die konstitusionele hof in F stem met hierdie benadering saam en distansieer hom

sodoende van die siening van die hoogste hof van appèl in F dat slegs die late (versuim om te

beskerm) en nie die positiewe verkragtingshandeling nie, tot middellike aanspreeklikheid van

die staat kon lei. Die hof stel dit so: 100

In the context of vicarious liability, when a policeman rapes a woman instead of

protecting her, his failure to protect the victim who has placed her trust in him is

inseparable from the act of commission. They are two sides of the same coin and both

stem from and revolve around the same incident. In this case they are both about the

employer and the employee’s constitutional obligations to safeguard the well-being of

members of the public.

Die dogmatiese bedenkinge dat een en dieselfde handeling as beide ’n doen en ’n late

omskryf kan word, 101 geld volgens J. Scott nie in die geval van middellike aanspreeklikheid

nie, aangesien dit hier noodsaaklik is om dieselfde gedrag as sowel ’n positiewe handeling as

’n late te beskou. 102 Ook Loubser en Midgley 103 verklaar dat ’n mens by polisieverkragting

87

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

met twee heeltemal afsonderlike situasies te make het, omdat die versuim om te beskerm nie

op ’n uitdrukking van ’n gebrekkige (oorvleuelende) positiewe handeling kan neerkom nie.

Volgens J. Scott maak laasgenoemde konstruksie dit makliker om ’n noue verband tussen die

verkragting en die normale diensverpligtinge van ’n polisiebeampte te trek en kan dit vir

doeleindes van die staat se middellike aanspreeklikheid bygevolg ook ’n bydrae lewer tot die

vasstelling of die dader in die loop van sy diensbetrekking opgetree het al dan nie.

5.6. Risikoskepping

Die skep van ’n risiko van benadeling is al in ag geneem as ’n faktor ten einde die staat se

aanspreeklikheid vir ’n staatsamptenaar se onregmatige daad te vestig. Daar moet in gedagte

gehou word dat werkgewers in ’n mindere of meerdere mate die risiko skep dat hulle

werknemers onbetroubaar (oneerlik, krimineel) kan wees en die werksituasie tot hulle eie

voordeel kan uitbuit. 104 In die reël behoort hierdie feit (risikoskepping) ten minste oorweeg te

word by die beantwoording van die vraag of die werknemer binne die omvang van sy

diensbetrekking opgetree het. 105 In Minister of Police v Rabie 106 verklaar die hof dat

[b]y approaching the problem whether [an employee’s] acts were done ”within the

course or scope of his employment” from the angle of creation of risk, the emphasis is

shifted from the precise nature of his intention and the precise nature of the link

between his acts and [his] work, to the dominant question of whether those acts fall

within the risk created by [his employer].

Alhoewel die appèlhof geweier het om risikoskepping as ’n onafhanklike basis vir middellike

aanspreeklikheid te aanvaar, 107 het die howe voortgegaan om te beklemtoon dat

risikoskepping direk relevant is by die ondersoek of die werknemer binne die omvang van sy

diensbetrekking opgetree het, en daarom ’n relevante faktor in hierdie verband is. 108 Dit was

klaarblyklik ook die benadering van die verhoorhof in F, 109 waar die hof beslis het dat toe die

staat besluit het om D, nieteenstaande sy kriminele rekord, in diens te hou, die staat die risiko

geskep, en selfs aanvaar, het dat sy geneigdheid tot kriminele gedrag voortgesit kon word en

skade aan ander kon veroorsaak en dat hierdie faktor in ag geneem behoort te word om die

staat se middellike aanspreeklikheid te bepaal. Die hof verklaar: 110

In my view, where the State appoints or retains as a guardian and enforcer of the law a

police officer who has a record of serious criminal misconduct, this is a consideration

which, in appropriate circumstances, may be taken into account in determining the

employer's vicarious liability for the officer's subsequent wrongful conduct.

Daar word aan die hand gedoen dat hierdie benadering oorweeg behoort te word in gevalle

van ’n opsetlike delik soos verkragting deur polisiebeamptes. 111 As algemene riglyn stel ons

voor dat ’n werkgewer aanspreeklik behoort te wees vir ’n (opsetlike) delik van sy

werknemer as sy aanstelling en werksomstandighede hom in staat gestel het om die delik te

pleeg (en dus ’n verhoogde risiko van benadeling geskep het). 112 Sodanige verhoogde risiko

van benadeling is in die besonder aanwesig waar werknemers, soos polisiebeamptes, in ’n

posisie van vertroue of gesag geplaas is, wat die moontlikheid van misbruik skep. 113 In

hierdie verband behoort die feit dat die werknemer aan diens of selfs op bystanddiens was

88

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(soos in F) toe die delik gepleeg is, aanduidend van aanspreeklikheid te wees. Hierdie faktor

behoort swaarder te weeg hoe meer die werknemer tydens delikspleging aan diens van

ooglopend beroepsverwante gebruiksvoorwerpe van sy werk gebruik gemaak het. 114

In teenstelling met die voorgaande beskou die hoogste hof van appèl in F risikoskepping nie

as ’n faktor om middellike aanspreeklikheid te bepaal nie. 115 Die hof is van mening dat indien

die staat D weens sy misdaadrekord nie in diens behoort te gehou het nie en die verbreking

van die staat se plig in hierdie verband kousaal met die verkragting verbind was, die staat

eerder direk as middellik vir die verbreking van sy plig aanspreeklik behoort te gewees het. 116

Nietemin aanvaar die hof dat die idee van risiko-aanspreeklikheid lank nie begrawe is nie,

soos ook blyk uit die buitelandse beslissings waarna die hof verwys. 117 Ongelukkig het die

konstitusionele hof in F 118 hom nie oor risikoskepping uitgelaat nie.

6. Gevolgtrekking

In die lig van die konstitusionele hof se uitsprake in K en F is dit duidelik dat die staat in

beginsel middellik aanspreeklik is vir die verkragting waaraan polisiebeamptes hulle skuldig

maak. Of sodanige aanspreeklikheid in ’n bepaalde geval bestaan, is afhanklik daarvan of ’n

voldoende noue verband tussen die verkragting en die polisielid se werk bestaan het. Hier dui

grondwetlike en statutêre imperatiewe om die publiek, veral kwesbare groepe soos vroue en

kinders, teen geweldsmisdaad te beskerm, in die algemeen op die bestaan van sodanige

verband. In die besonder kan die volgende faktore aanduidend wees van bedoelde noue

verband: die staat se kontrole oor polisiebeamptes, die publiek se vertroue dat die polisiediens

hulle sal beskerm, die feit dat die polisieverkragter deur die gebruik van polisietoerusting in

staat gestel is om die verkragting te pleeg, die wisselwerking tussen die positiewe daad van

verkragting en die versuim om die slagoffer te beskerm, en die risiko wat die staat skep deur

die aanstelling en indienshouding van onbetroubare polisielede. Sonder om enigsins afbreuk

te doen aan die konstitusionele hof se prysenswaardige “grondwetlike” benadering tot die

standaardtoets by middellike aanspreeklikheid, kan oorweeg word om staatsaanspreeklikheid

by verkragting eerder op ’n direkte grondslag te plaas (waar bovermelde faktore ook ’n rol

kan speel), aangesien die vereiste by middellike aanspreeklikheid dat daar ’n voldoende noue

verband tussen die verkragter en sy polisiewerk moet bestaan, by verkragting oënskynlik

oorspan word.

Die vertroue word uitgespreek dat die toenemende erkenning van deliktuele

staatsaanspreeklikheid weens polisieverkragting sal bydra om die skynbaar onbeteuelde

deelname van polisiebeamptes aan hierdie walglike optrede in toom te hou. Die algemene

beginsels wat nou ten aansien van verkragting deur die konstitusionele hof neergelê is,

behoort de lege ferenda na ander geweldsmisdade deur die polisie uitgebrei te word.

Bibliografie

Baxter, L. 1984. Administrative law. Kaapstad: Juta

Calitz, K. 2007. The close connection test for vicarious liability. Stellenbosch Law Review,

(18):451–68.

89

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Du Bois, F. 2010. State liability in South Africa: A constitutional remix. Tulane European &

Civil Law Forum, (25):139–75.

D’Oliviera, J.A. van S. 1976. State liability for the wrongful exercise of discretionary powers.

Ongepubliseerde LLD-proefskrif. Universiteit van Suid-Afrika.

Fagan, A. 2009. The confusions of K. South African Law Journal, 126(1):156–212.

Loubser, M en R. Midgley (reds.). 2010. The law of delict in South Africa. Kaapstad: Oxford.

Loubser, M. en E. Reid. 2003. Vicarious liability for intentional wrongdoing: After Lister and

Dubai Aluminium in Scotland and South Africa. Juridical Review, 143–161.

Neethling, J. 2011. Vicarious liability of the state for rape by a police official. Journal of

South African Law, (1):186–91.

—. 2011(a). Liability of the state for rape by a policeman: The saga takes a new direction.

Obiter, 32(2):428–38.

—. 2007. Risk-creation and the vicarious liability of employers. Tydskrif vir Hedendaagse

Romeins-Hollandse Reg, 70(4):527–39.

— 2005. Delictual protection of the right to bodily integrity and security of the person against

omissions by the state. South African Law Journal, 122(3):572–90.

—. 2003. Liability for damage caused by others under South African law. In Spier (red.)

2003.

Neethling, J. en J.M. Potgieter. 2010. Neethling-Potgieter-Visser deliktereg. 6deuitgawe.

Durban: LexisNexis.

—. 2005. Middellike aanspreeklikheid van die staat vir verkragting deur polisiebeamptes.

Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, (3):595–602.

Neethling, J., J.M. Potgieter en P.J. Visser. 2005. Neethling’s law of personality. 2deuitgawe.

Durban: LexisNexis

Okpaluba, C. en P.C. Osode. 2010. Government liability: South Africa and the

Commonwealth. Claremont: Juta.

Scott, J. 2011. Middellike aanspreeklikheid van die staat vir misdadige polisie-optrede: die

heilsame ontwikkeling duur voort. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2011(1):135–47.

—. 2011(a). Die hoogste hof van appèl smoor heilsame regsontwikkeling. Tydskrif vir die

Suid-Afrikaanse Reg, (4):773–87.

—. 2006. K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (CC). De Jure,(39):471–9.

—. 2000. Some reflections on vicarious liability and dishonest employees. In Scott en Visser

(reds.) 2000.

Scott, T.J. en D.P. Visser (reds.). 2000. Developing delict – Essays in honour of Robert

Feenstra. Kaapstad: Juta.

Scott, W.E. 1983. Middellike aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse reg. Durban:

Butterworth.

Spier J. (red.). 2003. Unification of tort law: Liability for damage caused by others. Den

Haag: Kluver.

Van der Merwe, N.J. en P.J.J. Olivier. 1989. Die onregmatige daad in die Suid-Afrikaanse

reg. 6de uitgawe. Pretoria: Van der Walt.

Van der Walt, J.C. en J.R. Midgley. 2005. Principles of delict. 3de uitgawe. Durban:

LexisNexis.

Wagener, S. 2008. K v Minister of Safety and Security and the increasing blurred line

90

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

between personal and vicarious liability. South African Law Journal, 125(4):673–80.

Wicke, H. 1997. Vicarious liability in modern South African law. Ongepubliseerde LLMverhandeling,

Universiteit Stellenbosch.

Wiechers, M. 1985. Administrative law. Butterworths: Durban.

Eindnotas

1 2011:135.

2 Sien Scott (2011(a):787). Veral vroue en meisies word aan seksuele geweld blootgestel. In

F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 551 druk die konstitusionele hof dit

soos volg uit: “The threat of sexual violence to women is indeed as pernicious as sexual

violence itself. It is said to go to the very core of the subordination of women in society. It

entrenches patriarchy as it imperils the freedom and self determination of women. It is deeply

sad and unacceptable that few of our women or girls dare to venture into public spaces alone,

especially when it is dark and deserted. If official crime statistics are anything to go by,

incidents of sexual violence against women occur with alarming regularity. This is so despite

the fact that our Constitution, national legislation, formations of civil society and

communities across our country have all set their faces firmly against this horrendous

invasion and indignity imposed on our women and girl-children.”

3

Grondwet artt. 7(2) en 8(1); sien Okpaluba en Osode (2010:16–8); Loubser en Midgley

(2010:258); vgl. Neethling en Potgieter (2010:17–8).

4 Grondwet art. 41(1)(c); sien Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6 SA

431 (HHA) 447; Olitzki Property Holdings v State Tender Board 2001 3 SA 1247 (HHA)

1263; Lee v Minister of Correctional Services 2011 6 SA 564 (WKK) 581–2.

5 Sien Carmichele v Minister of Safety and Security (Centre for Applied Legal Studies

Intervening) 2001 4 SA 938 (KH) 957; Lee v Minister of Correctional Services 2011 6 SA

564 (WKK) 581; F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 550–2.

6 Grondwet art. 36(1).

7 Grondwet art. 39(2).

8 2001 4 SA 938 (KH) 953 e.v.

9 Sien bv. ook Van Eeden v Minister of Safety and Security (Women’s Legal Centre Trust, as

amicus curiae) 2003 1 SA 389 (HHA) 395; Minister of Safety and Security v Van

Duivenboden 2002 6 SA 431 (HHA) 444 e.v.; Dendy v University of the Witwatersrand,

Johannesburg 2005 5 SA 357 (W) 371–2; Lee v Minister of Correctional Services 2011 6 SA

564 (WKK) 580; Alves LOM Business Solutions (Pty) Ltd 2012 1 SA 399 (SGJ) 410; sien

verder Okpaluba en Osode (2010:29 e.v., 124–32) vir ’n oorsig van die belangrikste sake.

91

10 962–3.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

11 Sien Neethling (2005:572 e.v.); Loubser en Midgley(2010:258); Neethling en Potgieter

(2010:77–80).

12 In Mhlongo v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A) 567 verklaar die hof: “The liability of

the State for a wrong is founded on the provisions of sec 1 of the Act. Remedial legislation,

of which Act 20 of 1957 is the modern offspring, was intended as the sole foundation of State

liability.” Sien bv. ook Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A) 765.

13 Mhlongo v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A) 567; sien ook Neethling (2011:428 e.v.);

sien nietemin oor die moontlike direkte aanspreeklikheid van die staat par. 3.2 hier onder.

14 Loubser en Midgley 2010:257.

15 Sien Wicke (1997:211); Scott (1983:202); Loubser en Midgley(2010:259); Neethling en

Potgieter(2010:365) vn. 111, 368; sien ook bv. Masuku v Mdlalose 1998 1 SA 1 (A) 14–6;

Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A) 765; Mhlongo v Minister of Police 1978 2

SA 551 (A) 567; Union Government (Minister of Justice) v Thorne 1930 AD 47.

16 Sien in die algemeen Neethling en Potgieter(2010:365 e.v.); Scott (1983:203 e.v); Wicke

(1997:213 e.v.); Van der Merwe en Olivier (1989:508 e.v.); Van der Walt en Midgley

(2005:36–8); Loubser en Midgley (2010:259-60, 367 e.v.); Okpaluba en Osode(2010:293

e.v.); Neethling (2003:221–2).

17 In Rodrigues v Alves 1978 4 SA 834 (A) 842 stel die hof dit so: “In this respect I must

point out that the requirement is not that there should be actual control. The requirement

relates to the power or the right to control. When a person who has to perform a certain task

is allowed a certain amount of discretion, that does not indicate that he is not a servant” (my

kursivering). Sien verder Scott (1983:82–3).

18 Sien Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 3 SA 17

(HHA) 22–3.

19

Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A) 132; Masuku v Mdlalose 1998 1 SA 1 (A)

14–16; Van der Merwe en Olivier (1989:512–3).

20

Vgl. Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A) 132; Minister of Safety and Security v

Luiters 2006 4 SA 160 (HHA) 165; 2007 2 SA 106 (KH) 115.

21 In Mhlongo v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A) 568 word verklaar: “The essential

criterion is whether his employer, the State, has the power to direct or control him in the

execution of his duty or function, including the exercise of the discretion, if any.” Sien ook

Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A) 767; Minister of Police v Mbilini 1983 3

SA 705 (A); Union Government (Minister of Justice) v Thorne 1930 AD 47 53; Mtetwa v

Minister of Health 1989 3 SA 600 (D) 606; Scott (1983:203–5).

92

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

22 Sien De Welzim v Regering van KwaZulu 1990 2 SA 915 (N) 921 e.v.; Van der Merwe en

Olivier (1989:519); Wicke (1997:76 e.v.); Scott (1983:67–8).

23 Botes v Van Deventer 1966 3 SA 182 (A) 205–6; Van der Merwe en Olivier (1989:519);

Wicke (1997:76 e.v.).

24 Sien in die algemeen Van der Merwe en Olivier (1989:514 e.v.); Scott (1983:135 e.v.);

Wicke (1997:83 e.v.); Loubser en Midgley (2010:259–60, 373–6); Okpaluba en Osode

(2010:334 e.v.).

25 1986 1 SA 117 (A) 134; sien ookK v Minister of Safety and Security 2005 3 SA 179 (KH)

435–6; Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA) 165; 2007 2 SA 106

(KH) 112–3, 115; Minister of Finance v Gore 2007 1 SA 111 (HHA) 123–4; Minister van

Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 5 SA 475 (HHA) 480–2;

Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Japmoco BK h/a Status Motors 2002 5 SA 649 (HHA)

658–2.

26

Sien in hierdie verband die rigtinggewende beslissing in K v Minister of Safety and

Security 2005 3 SA 179 (KH) wat later bespreek word.

27 K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH); Minister of Safety and Security v

F 2011 3 SA 487 (HHA); F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH). Sien bv.

ook Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A)(kwaadwillige arrestasie, aanranding en

onregmatige vryheidsberowing); Commissioner, SARS v TFN Diamond Cutting Works (Pty)

Ltd 2005 5 SA 113 (HHA) 117 (diefstal); Greater Johannesburg Transitional Metropolitan

Council v ABSA Bank Ltd t/a Volkskas Bank 1997 2 SA 591 (W) (bedrog);Minister of

Finance v Gore 2007 1 SA 111 (HHA) (bedrog); Twalo v The Minister of Safety and Security

[2009] 2 All SA 491 (OK) (doodmaak van ’n broodwinner); sien verder Okpaluba en Osode

(2010:346 e.v.).

28 Minister of Finance v Gore 2007 1 SA 111 (HHA) 123.

29

Sien bv. D’Oliviera 1976:477-88; vgl. Scott (1983:199–201); Wiechers (1985), hfst.7;

Baxter (1984:631–2); Du Bois (2010:139).

30 Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 499–500 (obiter); sien ook F v

Minister of Safety and Security2012 1 SA 536 (KH) 564–5 (minderheidsuitspraak); vgl.

Minister of Law and Order v Ngobo 1992 4 SA 822 (A) 832.

31 Sien bv. Mhlongo v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A) 568 (hier onder in n. 34

aangehaal).

32 Sien F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 564 (minderheidsuitspraak);

Scott 1983:200–1; D’Oliviera 1976:477–88; vgl. Wiechers (1985), hfst. 7.

33 1983:200–1.

93

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

34 Scott 1983:200–1 verkies middellike aanspreeklikheid as grondslag (vgl. egter Wiechers

1985:315–26), welke standpunt doelmatigheidshalwe ook deur die appèlhof in Mhlongo v

Minister of Police 1978 2 SA 551 (A) 566-7gehandhaaf word: “It was argued by appellant’s

counsel that in this connection [art. 1 van Wet 20 van 1957] the analogy of master and

servant is a false one and that officers of the State should be seen as the organs by which the

State itself acts and exercises its powers. Accordingly, when a policeman is about his

business as a policeman, his acts (including delicts) are the acts or delicts of the State: they

are not acts performed by a servant on behalf of its master. Consequently no question of

vicarious liability arises. The State is liable for the acts of its officers or ‘servant’ because

they are the State’s own acts. While this is an interesting theory ..., I am of the opinion that

the view that all members of the police force are prima facie servants of the State, is too well

entrenched in decisions of this Court ... to be reconsidered at this stage.” Sien ook F v

Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 564.

35 2011 3 SA 487 (HHA) 499; sien ook F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536

(KH) 564 (minderheidsuitspraak); vgl. Minister of Law and Order v Ngobo 1992 4 SA 822

(A) 832.

36 Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6 SA 431 (HHA); Van Eeden v

Minister of Safety and Security 2003 1 SA 389 (HHA); Minister of Safety and Security v

Hamilton 2004 2 SA 216 (HHA); Minister of Safety and Security v Carmichele 2004 3 305

(HHA).

37 Vgl. F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 564 vn. 33

(minderheidsuitspraak). Die meerderheid van die hof het hulle nie oor direkte

aanspreeklikheid uitgelaat nie (557).

38 Sien n. 36.

39 Neethling 2011(a):428 e.v.; vgl. ook Scott (2011(a):779–80).

40 2011(a):779–80.

41 2012 1 SA 536 (KH) 557.

42 557 e.v., veral 564 e.v.

43 565–6.

44 In Media 24 Ltd v SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd 2011 5 SA 329 (HHA) 341 stel die hof

dit duidelik dat “when this court has taken a policy decision, we cannot change it just because

we would have decided the matter differently. We must live with that policy decision, bearing

in mind that litigants and legal practitioners have arranged their affairs in accordance with

that decision. Unless we are therefore satisfied that there are good reasons for change, we

should confirm the status a quo.”

94

45 2005 6 SA 419 (KH); sien die bespreking par. 4.1.3 hier onder.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

46 In bv. Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 500–1 verklaar die hof:

“Indeed, it would seem to me to be rather extreme to find that a policeman is ‘engaged in the

affairs or business of his employer’ when he commits the crime of rape.”

47 K v Minister of Safety and Security 2005 3 SA 179 (HHA); K v Minister of Safety and

Security 2005 6 SA 419 (KH).

48 F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK); Minister of Safety and Security

v F 2011 3 SA 487 (HHA); F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH).

49 K v Minister of Safety and Security 2005 3 SA 179 (HHA) 184-5.

50 Sien Neethling en Potgieter (2005:595 e.v.).

51 K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) 435–7, 441–4.

52 1986 1 SA 117 (A) 134; sien par. 3.1. hier bo.

53 Sien bv. Scott (2006:471 e.v.); Neethling en Potgieter (2010:390), vn. 143; Calitz

(2007:451 e.v.).

54 Wagener (2008:673 e.v.); Fagan (2009:156 e.v); Du Bois (2010:139 e.v.). Vgl. Scott

(2011(a):780) se kritiek op Wagener en Du Bois se standpunte.

55 Sien o.a. Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA) 165; 2007 2 SA

106 (KH) 112–3, 115; Minister of Finance v Gore 2007 1 SA 111 (HHA) 123–4; F v

Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 549–50, 565; F v Minister of Safety and

Security 2010 1 SA 606 (WKK) 619–21; vgl. Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA

487 (HHA) 497–9.

56 2012 1 SA 536 (KH) 565.

57 F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK).

58 Neethling (2011:186 e.v.); Scott (2011:135 e.v.).

59 Scott (2011:145).

60 Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA).

61 Hierdie aangeleentheid is reeds hier bo in par. 3.2 bespreek.

62 Scott 2011(a):786–7; Neethling 2011(a):435–6.

63 K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH).

95

64 443.

65 2011:142.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

66 Sien Neethling (2011(a):435); Scott (2011(a):786–7). Scott (787) verklaar m.b.t. die feit

dat daar nie ’n enkele beroep op grondwetlike beginsels was nie: “Bloot wat hierdie aspek

betref, is die hoogste hof van appèl se meerderheidsuitspraak ’n retrogresiewe stap in ’n

andersins lofwaardige en gesonde regsontwikkeling wat die grondwetlike regte van verkragte

en aangerande vroue en kinders betref.”

67 Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 504 e.v., 509–10.

68 Scott (2011(a):784-6); Neethling (2011(a):435-6).

69 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH).

70

’n Minderheidsuitspraak (557 e.v.) kom tot dieselfde slotsom, maar sou die staat direk en

nie middellik nie, aanspreeklik hou (sien par 3.2 hier bo).

71 550–7.

72 Hierdie faktore kan uiteraard ook ’n rol speel by die onregmatigheisvraag waar

staatsaanspreeklikheid op ’n direkte grondslag beoordeel word (vgl. F v Minister of Safety

and Security 2012 1 SA 536 (KH) 573 (minderheidsuitspraak)).

73 Sien in die algemeen K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) 436, 443-4;

F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 622–4; F v Minister of Safety and

Security 2012 1 SA 536 (KH) 550–2; Carmichele v Minister of Safety and Security (Centre

for Applied Legal Studies Intervening) 2001 4 SA 938 (KH) 965; Neethling (2011:188–9);

Scott (2011:140–1).

74 Grondwet artt. 7(2) en 8(1); sien par. 2 hier bo.

75 Grondwet art. 41(1)(c); sien bv. Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6

SA 431 (HHA) 447.

76

K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) 436; sien ook F v Minister of

Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 623.

77

Sien ook die amptelike gedragskode van die SAPD van 31 Oktober 1997, bespreek in F v

Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 622–3.

78 Hierdie faktor is beklemtoon in twee sake wat oor geweld teen vroue gehandel het:

Carmichele v Minister of Safety and Security (Centre for Applied Legal Studies Intervening)

2001 4 SA 938 (KH) 964, 965 en Van Eeden v Minister of Safety and Security (Women’s

Legal Centre Trust, as amicus curiae) 2003 1 SA 389 (HHA) 398. Vgl. Minister of Safety

and Security v Carmichele 2004 3 SA 305 (HHA) 323.

96

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

79 Hierdie gedagte word soos volg in F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH)

552 uitgedruk: “These constitutional duties resting upon the State, and more specifically the

police, are significant in that they suggest a normative basis for holding the State liable for

the wrongful conduct of even a policeman on standby duty, provided a sufficiently close

connection can be determined between his misdeed and his employment.” Vgl. ook die

analoë argument m.b.t. die vraag of daar vir doeleindes van deliktuele onregmatigheid ’n

regsplig op die polisie gerus het om ’n persoon teen aanranding deur ’n derde te beskerm

(sien Neethling 2005:581-5; Neethling en Potgieter 2010:77–80).

80 2007 2 SA 106 (KH) 116; sien ook F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536

(KH) 619, 620; Neethling (2011:187–8, 190); Scott (2011:138–9); Neethling (2011(a):434,

435–6).

81 K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH).

82 Sien K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH).

83 In Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA) 165; 2007 2 SA 106

(KH) 115 is beslis dat waar polisiebeamptes wat van diens af was, hulself weer aan diens

geplaas het, hulle vir doeleindes van middellike aanspreeklikheid in presies dieselfde

regsposisie is as polisiebeamptes wat normaalweg aan diens is.

84 Vgl. F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 556;F v Minister of Safety

and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 620–1; contra Minister of Safety and Security v F 2011

3 SA 487 (HHA) 501–3; sien Neethling (2011:191); Neethling (2011(a):428 e.v.).

85 Sien Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A) 133–4; F v Minister of Safety and

Security 2010 1 SA 606 (WKK) 618; vgl. Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487

(HHA) 509–10 (minderheidsuitspraak); F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536

(KH) 549.

86 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 553–4, 555.

87 Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 502–3.

88 Sien ook Neethling (2011(a):435-6); Scott (2011(a):776–8).

89

K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) 443; sien ook F v Minister of

Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 553, 573; Scott (2011:142).

90 Sien onderskeidelik par. 4.1 en 4.2 hier bo.

91 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 556, 573; vgl. Neethling

(2011:188); Scott (2011:140).

92 Vgl. Neethling (2007:537); Neethling en Potgieter (2010:392), vn. 155.

97

93 F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 621.

94 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 556.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

95 F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 621; F v Minister of Safety and

Security 2012 1 SA 536 (KH) 556. Sien ook Neethling (2011:188); Scott (2011:140).

96 K v Minister of Safety and Security 2005 3 SA 179 (HHA) 184.

97 K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) 443–4.

98 Sien ook Neethling en Potgieter (2005:601).

99 Sien Neethling, Potgieter en Visser (2005:93–4), vn. 127.

100 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 554–5, 555.

101 Van der Walt en Midgley (2005:65–6); vgl. Neethling en Potgieter (2010:33).

102 2011:142–3; vgl. ook Scott (2011(a):783-4).

103 2010:64.

104 Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733, 741; Ess Kay Electronics Pte Ltd v First National

Bank of Southern Africa Ltd 2001 1 SA 1215 (HHA) 1218.

105 Scott (2000: 278, 279); Loubser en Reid (2003: 156–8); Van der Walt en Midgley

(2005:37); Neethling (2007:535-7).

106 1986 1 SA 117 (A) 134.

107 Minister of Law and Order v Ngobo 1992 4 SA 822 (A) 828–834; sien ook Ess Kay

Electronics Pte Ltd v First National Bank of Southern Africa Ltd 2001 1 SA 1215 (HHA)

1219.

108 Sien bv Macala v Maokeng Town Council 1993 1 SA 434 (A) 441; Grobler v Naspers Bpk

2004 4 SA 220 (K) 297; sien ook Neethling en Potgieter 2010:392.

109 F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 625-6.

110 625.

111 Neethling (2007:537–8).

112 Sien Neethling (2007:533), met goedkeuring na verwys in F v Minister of Safety and

Security 2010 1 SA 606 (WKK) 626 vn. 23; vgl. nietemin Ess Kay Electronics Pte Ltd v First

National Bank of Southern Africa Ltd 2001 1 SA 1215 (HHA) 1219.

98

113 Vgl. Loubser en Reid (2003:156–8).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

114 Sien Neethling (2007:537 e.v.); Neethling en Potgieter (2010:392), vn. 155; vgl. ook

Romansrivier Koöperatiewe Wynkelder Bpk v Chemserve Manufacturing (Pty) Ltd 1993 2

SA 358 (K) 366. Hierdie gedagtegang vind steun by Scott (2011:143-4) en Loubser en Reid

(2003:158).

115 Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 503-4; vgl. nietemin Scott

(2011(a):778-9).

116 Met verwysing na art. 1 van die Wet op Staatsaanspreeklikheid 20 van 1957 is Scott

(2011(a):779) van mening dat die staat as sodanig nie kan handel nie en dat enige

aanspreeklikheid aan staatskant noodwendig middellik van aard moet wees, omdat

staatshandelinge deur werknemers uitgevoer word. Sien nietemin die bespreking in par. 3.2

hier bo.

117 503. Die hof (vn. 59) verwys in hierdie verband na Neethling (2007:527 e.v.). Vgl. ook

Scott (2011(a):786) se kommentaar op die minderheidsuitspraak van die HHA in F.

118 F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH).

99

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Aantekeninge: Die reg op kennis van die eie

afstamming

Johann Neethling

Johann Neethling: Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

Daar word algemeen aanvaar dat dit vir kinders wat nie hulle biologiese ouers ken nie, van

kardinale belang is om hulle te kan identifiseer. Die lewensbelangrike aard van hierdie belang

het internasionaal en nasionaal onvermydelik gelei tot die erkenning van die reg op kennis

van die eie afstamming. Die beskouing is mettertyd gevestig dat die reg om die eie

afstamming te ken, ’n aspek is van die reg van kinders om hulle identiteit te bepaal en in

stand te hou. Op nasionale vlak wissel die mate van erkenning van land tot land. Wat Suid-

Afrika betref, is daar nog geen blyke van ’n uitdruklike erkenning nie, alhoewel die reg wel

by implikasie by byvoorbeeld aanneming erken word.

Die belangrikheid van die reg op kennis van die eie afstamming beteken nie dat dié reg

absoluut geld nie, aangesien dit in botsing kan kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid

van die biologiese ouers. In sodanige gevalle is ’n noukeurige afweging van die

teenoorstaande belange in die lig van die betrokke omstandighede en met inagneming van

alle relevante faktore nodig.

Daar is verskillende kontekste waarin die belangrikheid van die kennis van die eie

afstamming op die voorgrond tree, te wete by kunsmatige inseminasie, die aanneming,

abandonnering en vervreemding van kinders, en by betwiste vaderskap. Dogmaties kom die

betrokke reg op die gebied van die persoonlikheidsreg te pas, en wel as ’n aspek van die regte

op privaatheid en identiteit. Weens die kardinale belangrikheid van die reg op kennis van die

eie afstamming, behoort dit as ’n mensereg onder menswaardigheid in die Handves van Regte

erken te word.

Abstract

The right to knowledge of a person’s own origins

It is generally accepted that children who have no knowledge of their biological parents may

have a vital interest in identifying them. The vital nature of this interest inevitably led to the

international and national recognition of the right to knowledge of one’s own origins. The

United Nations Convention on the Rights of the Child made an influential contribution in this

regard and established the view that the right to know one‘s origins is an aspect of the right of

children to ascertain and preserve their identity. However, on a national level the extent of

recognition varies from country to country. As far as South Africa is concerned, there is as

100

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

yet no sign of an express recognition, although the right has been recognised by implication

with regard to, for instance, adoption.

The vital nature of the right to knowledge of one’s own origins does not mean that this right

applies absolutely and is therefore not subject to any restrictions. It may indeed be in conflict

with, for example, the right to privacy of the biological parents. In such cases a careful

weighing-up of the opposing interests is naturally required in the light of the circumstances

involved and taking all relevant factors into account.

There are different contexts in which the importance of the right to knowledge of one’s own

origins comes to the fore, namely with regard to artificial insemination, the adoption,

abandoning and alienation of children, and disputed paternity. Dogmatically the relevant right

belongs to the field of the law of personality, and can be regarded as an aspect of the rights to

privacy and identity. Because of the vital importance of the right to know one’s own origins it

should be recognised as a fundamental right under human dignity in the Bill of Rights.

1. Inleiding

Die belang van ’n kind om sy of haar afstamming (biologiese ouers) te ken, het in die

onlangse verlede wêreldwyd belangstelling ontlok. Hierdie kwessie het ook reeds in Suid-

Afrika die aandag van kinderregdeskundiges geniet. 1 Daar word algemeen aanvaar dat

kinders wat nie hulle biologiese ouers (een of albei) ken nie, ’n “vital interest”, of

lewensbelangrike belang, het om hulle te kan identifiseer. 2 Die kardinale belangrikheid

daarvan om kennis van genetiese wortels te dra is nie net gebaseer op moontlike mediese

gronde (soos ’n oorerflike siekte) of regsgronde (byvoorbeeld ’n onderhoudseis of

erfopvolging) nie, maar veral ook op sosiale en emosionele oorwegings wat die kind in staat

sal stel om “a fuller sense of self or identity” te vorm. 3 Dit geld alle kinders by wie kennis

van die eie afstamming ontbreek weens die skeiding van hul biologiese en sosiale ouerskap.

Hierdie kwessie het uiteraard verskillende kontekste, maar kom veral ter sprake by kinders

wat deur kunsmatige inseminasie verwek word, by aanneming, by geabandonneerde kinders

of kinders wat heimlik of gewelddadig van hulle biologiese ouers vervreem word, en by

geskille oor bewiste vaderskap. 4

Die besef dat dit vir kinders lewensbelangrik is om te weet wie hulle biologiese ouers is, het

regtens onvermydelik en dwingend tot die erkenning van die reg op kennis van die eie

afstamming gelei, sowel internasionaal as nasionaal. 5 Hierdie erkenning word vervolgens van

naderby bekyk. Daarna word aandag geskenk aan verskillende kontekste waarin die

belangrikheid van die kennis van die eie afstamming op die voorgrond tree, en ten slotte word

die dogmatiese grondslag van hierdie reg onder die loep geneem.

2. Erkenning

101

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Internasionaal is die belangrikste instrument wat uitdruklik erkenning aan die reg op kennis

van biologiese ouerskap verleen, sekerlik die Verenigde Nasies se Convention on the Rights

of the Child (CRC) 6 van 1989, wat Suid-Afrika in 1995 bekragtig het. 7 Artikels 7(1) en 8(1)

van die CRC lui: 8

The child shall be registered immediately after birth and shall have the right from

birth to a name, the right to acquire a nationality 9 and, as far as possible, the right to

know and be cared for by his or her parents.

State Parties undertake to respect the right of the child to preserve his or her identity,

including nationality, name and family relations recognised by law without unlawful

interference. 10

Daar word algemeen aanvaar dat die reg van kinders om hulle ouers te ken, die reg op kennis

van hulle biologiese of genetiese oorsprong omvat 11 en dat hierdie reg ’n dimensie is van die

meer omvattende reg van ’n kind om sy/haar identiteit te bepaal en in stand te hou. 12 Die

noue verband tussen eersgenoemde reg en die reg op identiteit word onderstreep in die

Engelse beslissing Rose v Secretary of State for Health, 13 waar die hof met betrekking tot

kinders se aansoek om te weet wie hul biologiese vader is, verklaar dat dié kennis “[is]

something that goes to the very heart of their identity, and to their make up as a people”.

Op nasionale vlak wissel die mate van erkenning van land tot land. 14 In byvoorbeeld

Duitsland, Switserland, Nederland en Noorweë word uitdruklik erken dat alle kinders ’n reg

op kennis van die eie afstamming het, terwyl sommige ander lande hierdie reg net in sekere

gevalle by implikasie erken, soos Engeland by aanneming en kunsmatige inseminasie.

Hierteenoor ontken onder andere Frankryk ’n reg op kennis van biologiese ouerskap. 15

Wat ons eie land betref, maak artikel 28(1) van die Handves van Regte voorsiening vir die

reg van kinders op ’n naam en nasionaliteit wat hulle identiteit in hierdie opsig bevestig en

handhaaf, 16 maar daar is geen uitdruklike melding van die reg om hulle ouers te ken of hulle

identiteit in stand te hou nie. Nietemin geniet hierdie reg, alhoewel weer eens nie eo nomine

nie, ook in Suid-Afrika erkenning by aanneming.

Die lewensbelangrike aard van die reg op kennis van die eie afstamming beteken natuurlik

nie dat dié reg absoluut geld 17 en aan geen beperking onderworpe is nie. 18 Inteendeel, dit kan

in botsing kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid van die biologiese ouers (waar een of

albei die gameetskenker is, of waar die moeder verkrag of in ’n bloedskandige verhouding

betrokke was), die genetiese vader of moeder se gade (wat die kind as sy of haar eie

grootgemaak het en ’n belang daarby het dat sy of haar verhouding met die kind nie deur die

genetiese openbaarmaking versteur word nie), aanneemouers (wat ’n soortgelyke belang as

die genetiese vader of moeder se gade kan hê), en selfs met die beste belang van die kind self

om nie bedoelde kennis te bekom nie (soos waar hy of sy weens verkragting of in ’n

bloedskandige verhouding verwek is). 19 In sodanige gevalle is uiteraard ’n noukeurige

afweging van die teenoorstaande belange 20 in die lig van die betrokke omstandighede en met

inagneming van alle relevante faktore nodig. 21

102

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In haar diepgaande en insiggewende behandeling van die huidige onderwerp kom Besson 22

tot die volgende slotsom:

[T]he child’s right to know her origins ... should not be granted absolute protection as

it threatens ... parents’ rights [to privacy or autonomy]. On the contrary, a careful

balancing should take place in each concrete case to make sure that the child’s and

parents’ interests are taken into account. 23 Although concrete balancing is necessary

to avoid the absolutism of abstract solutions, abstract balancing guidelines can and

should be developed at both national and international level.

3. Besondere gevalle

3.1 Kunsmatige inseminasie

Kunsmatige inseminasie, of in vitro-bevrugting, geskied deur middel van geskenkte sperm

en/of eiers (ovums). Die biologiese ouers kan dus verskil van een of albei ouer(s) met wie die

kind in ’n regsverhouding staan. 24 Tradisioneel is die opvatting in baie lande gehuldig dat

kinders wat deur kunsmatige inseminasie verwek en gebore is, nie die reg het om die

identiteit van hul biologiese ouers te ken nie. Alhoewel die belangrikste oorweging sekerlik

die reg op privaatheid van die gameetskenker was, het ander oorwegings ook ’n rol gespeel. 25

Gamete word primêr gegee met die doel om onvrugbare pare te help om ’n kind te kry – van

’n bedoeling om vader of moeder te word of die kind te ken, is daar in die reël by skenkers

geen sprake nie. Dit geld veral waar die skenker tydens die skenking nog baie jonk is (soos

mediese studente wat vroeër dikwels beskikbaar was) en dan jare later as gevestigde

gesinsman nie met sy kunsmatig verwekte kind gekonfronteer wil word en sodoende sy

gesinsverhoudinge wil ontwrig nie. Hierbenewens is geargumenteer dat skenkers sal opdroog

as hulle anonimiteit nie gewaarborg word nie.

Vandag het menings egter radikaal verander. 26 Daar word nie (net) meer van mediese

studente as skenkers gebruik gemaak nie, maar ook van ouer persone (alhoewel diesulkes

sekerlik weer meer gesondheidsrisiko’s vir hulle nageslag inhou). 27 Ook het die beswaar dat

verlies van anonomiteit skenkers sal afskrik, nie gerealiseer nie, veral omdat die moontlikheid

van regsverpligtinge (veral wat onderhoud en erfgopvolging betref) regtens uitgeskakel

word. 28 Bowendien moet die afstanddoening van skenkeranonimiteit vandag gesien word

teen die agtergrond van “more relaxed attitudes towards donor insemination and a growing

belief that knowledge of one’s genetic paternity is not necessarily disruptive of one’s social

family and relationship with one’s social parents”. 29

Hierdie veranderde gemeenskapsopvattinge het die pendulum geswaai ten gunste van die

siening dat kinders toegang tot hulle genetiese rekords behoort te kan verkry vanaf ’n sekere

ouderdom of wanneer hulle volwasse genoeg is om die ware toedrag van sake te kan verwerk,

tensy gewigtiger belange (onder andere die reg op privaatheid) van die biologiese ouer

(skenker van die gamete) in die weg daarvan staan. As gevolg hiervan het wetgewers in baie

lande ingegryp om aan kinders wat deur kunsmatige inseminasie verwek is, die reg te verleen

103

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

om kennis van hul eie afstamming te bekom. 30 Sover vasgestel kon word, het ons eie

wetgewer nog nie in hierdie verband stappe begin doen nie. 31 Hier word kortliks na die

posisie in Nederland, Engeland en Noorweë verwys. Al drie lande maak daarvoor

voorsiening dat ’n persoon wat deur middel van kunsmatige inseminasie verwek is, vanaf

ouderdom 18 die reg het om te weet van wie hy afstam. 32 Die biologiese vader of moeder

word nie as sogenaamde juridiese ouers geag wat met ouerlike gesag en verantwoordelikhede

belas word nie. 33 In sowel Engeland as Nederland moedig die staat ouers aan om hul kinders

die waarheid oor hulle genetiese afstamming te vertel, maar verplig hulle nie daartoe nie. 34

3.2 Aanneming

Wat betref kinders se reg om hul eie afstamming te ken, behoort daar in beginsel geen verskil

te wees tussen aangenome kinders en kinders wat deur kunsmatige inseminasie verwek is nie.

Net soos laasgenoemde behoort ook aangenome kinders toegang tot hul genetiese rekords te

kan verkry vanaf ’n bepaalde ouderdom of wanneer hulle volwasse genoeg is om die kennis

te kan verwerk, tensy gewigtiger belange van die biologiese ouer (wat die kind vir aanneming

afgegee het) of die aanneemouer in die weg daarvan staan. 35 Aanneming hou uiteraard ’n

bedreiging vir die kind se reg op identiteit in, aangesien sy band met sy (meestal) biologiese

ouers vervang word deur ’n band met die aanneemouers. Tradisioneel was die benadering een

van geheimhouding oor en totale verbreking van die kind se verhouding met sy of haar

natuurlike ouers; sodoende is kinders verhinder om hul biologiese identiteit te ken. Deesdae

word daar in al hoe meer lande statutêr voorsiening gemaak vir groter openheid omtrent

aanneming. Nou kan kinders, gewoonlik vanaf 18-jarige ouderdom, kennis van hul biologiese

ouerskap bekom en daar word ook voorsiening gemaak vir ’n register van aangenome kinders

deur staatsagentskappe wat belas is met die taak om vertroulike inligting oor aanneming te

versamel en openbaar te maak ten einde onder andere die kinders in staat te stel om met hul

biologiese ouers in aanraking te kom. 36

Voor 2005 het Suid-Afrika ook die tradisionele “‘closed’ model of adoption” toegepas. 37 Die

inwerkingtreding van die Kinderwet 38 van 2005 het egter ’n ommeswaai bewerkstellig. Die

Wet 38 vereis dat alle hofbevele oor aanneming in ’n register opgeneem moet word en maak

voorsiening vir die opname van onder andere die persoonlike besonderhede van die kind, die

natuurlike ouers en die aanneemouers. Wat kinders se toegang tot hierdie inligting betref, is

hulle (ongeag hulle ouderdom) en hulle aanneemouers in eerste instansie geregtig op enige

inligting aangaande hulself en hulle biologiese ouers wat direk met hulle gesondheid verband

hou. 39 Soos Schäfer 40 dit stel, is die oogmerk met hierdie toegang sekerlik om die

betrokkenes te bemagtig om vas te stel of daar enige oorerflike of genetiese toestande is wat

die kind besonder vatbaar vir sekere siektes kan maak. Tweedens is kinders by die bereiking

van 18-jarige ouderdom geregtig op toegang tot die inligting, en dus ook op kennis van wie

hulle biologiese ouers is. 41 Daar kan nietemin vereis word dat hulle berading moet ondergaan

alvorens hulle toegang tot die inligting mag kry. 42 So gesien, is ons reg op een lyn met die

benadering in ander lande en word die kind se reg om sy of haar identiteit te handhaaf, in

gevalle van aanneming dus by implikasie erken.

104

3.3 Abandonnering en vervreemding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kinders (veelal pasgebore babas) wat geabandonneer word deur hulle moeders wat later nie

opgespoor kan word nie, is onmagtig om kennis van hul ouers te bekom en hulle reg in

hierdie opsig is dus ’n leë dop. Regmatige verlating van babas is egter ook moontlik,

byvoorbeeld in Frankryk en Duitsland. By geboorte en daarna word die moeder se identiteit

geheim gehou, en selfs al sou die kind die identiteit van die moeder later vasstel, word

regtens geen band met die moeder gevestig nie. Dié lande erken dus die reg van ’n vrou wat

geboorte gee om anoniem te bly en beskerm haar status quo. Sodoende word die kind se reg

om te weet wie sy/haar moeder (en vader) is, ten onregte aan bande gelê. 43

Kinders kan heimlik of gewelddadig van hulle biologiese ouers vervreem word. 44 Artikel 8

van die Convention on the Rights of the Child is juis gepromulgeer om kinders se identiteit in

sodanige omstandighede in stand te hou en plaas ’n verpligting op die staatspartye om in

gevalle waar ’n kind geheel en gedeeltelik onwettig van sy identiteit ontneem is, aan die kind

spoedeisende hulp en beskerming te verleen om sy identiteit te herstel. 45 Sover vasgestel kon

word, is daar nie ’n spesifieke reëling in Suid-Afrika in hierdie verband nie.

3.4 Betwiste vaderskap

Die reg van ’n kind om te weet wie sy of haar biologiese vader is, tree immer op die

voorgrond in gevalle van betwiste vaderskap. Die uitslag van hierdie aangeleentheid het

regsgevolge vir die biologiese vader, veral omdat die kind normaalweg op onderhoud van

hom geregtig is.

Hoewel die aan- of afwesigheid van vaderskap op verskillende wyses bepaal kan word, speel

DNS-toetse (voorheen bloedtoetse) deesdae ’n belangrike rol. 46 ’n Interessante geval het

onlangs in Nederland voorgekom: 47 Die eiser (A) en die verweerderes (B) is in 1984 getroud

en in 1987 skenk B geboorte aan ’n seun. Twintig jaar later ontdek A, na ’n vaderskaptoets,

dat hy nie die biologiese vader van die seun is nie. B erken ook dat sy indertyd oor die tou

getrap en swanger geraak het. 48 In dergelike gevalle, waar ’n kind van sy of haar tot nog toe

(sosiale) vaderskap ontneem kan word, is dit sekerlik vir so ’n kind lewensbelangrik om die

waarheid omtrent sy of haar biologiese vaderskap te weet. Aan die ander kant sou dit nie

noodwendig in die beste belang van die kind wees om hom of haar van ’n bestaande stabiele

famileverhouding te ontneem nie.

Volgens Bainham behoort die reg van kinders om hulle biologiese afstamming te ken, nie te

beteken dat daar noodwendig ’n keuse tussen stabiliteit en die waarheid gemaak moet word

nie. Kinders se belang in sowel hulle biologiese vader (waarheid) as hulle sosiale vader

(stabiliteit) behoort in gevalle van betwiste vaderskap oorweeg te word. 49

105

4. Dogmatiese grondslag

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Word die aard van die reg op kennis van die eie afstamming van nader beskou, behoef dit

geen betoog nie dat ’n mens hier nie met ’n vermoënsreg te make het nie, maar dat die

betrokke reg eerder op die gebied van die persoonlikheidsreg te pas kom.

Persoonlikheidsgoedere is nievermoënsregtelike regsgoed wat onlosmaaklik met die

persoonlikheid van die reghebbende verbonde is. Hulle is onoordraagbaar, kan nie vererf of

op beslag gelê word nie, ontstaan met die geboorte van die mens en gaan tot niet met sy

dood. 50 Daarom word ’n person se reg om sy eie afstamming te ken, in Duitsland tereg uit die

algemene persoonlikheidsreg afgelei. 51 Hierdie standpunt is ook ingeburger in die

Nederlandse reg, 52 maar of sodanige reg in Switserland erken word, is betwisbaar. 53 Soos

aangedui, moet hierdie reg opgeweeg word teen ander beskermingswaardige belange of regte

– soos die ouer(s) se reg op privaatheid (“Intimsphäre”), ingevolge waarvan die inligting nie

aan die kind bekend gemaak mag word nie – en kan verskeie faktore hierby ’n rol speel. 54 Op

die keper beskou, lyk dit egter nie of die reg om die eie afstamming te ken ’n besondere,

onafhanklike persoonlikheidsreg is nie, maar eerder enersyds ’n aspek van ’n persoon se reg

op privaatheid daarstel, in die sin dat hy die reg behoort te hê om toegang tot sy persoonlike

inligting (óók dié oor sy biologiese ouerskap) te kan verkry en derhalwe kontrole daaroor te

kan uitoefen; 55 of andersyds van sy reg op identiteit, wat die reg om die eie identiteit te ken,

behoort in te sluit. 56

Wat eersgenoemde betref, die volgende: privaatheid is ’n menslike sfeer van afsondering van

andere, en omvat al daardie persoonlike feite wat die betrokkene bestem om van kennisname

deur andere uitgesluit, en dus privaat, te wees. 57 So gesien, beskik elke persoon self oor, en

het bygevolg beheer oor, die lotgevalle van sy persoonlike inligting en dus die omvang van sy

belang in privaatheid. 58 Hierdie is inderdaad ’n uiters belangrike aspek van die beskerming

van persoonlike inligting, wat ten doel het om aan ’n persoon effektiewe beheer te verleen

oor sy persoonlike inligting by ander persone, onder andere deur middel van toegang tot die

inligting. 59 Hierdie benadering impliseer dat elke kind in beginsel toegang tot inligting oor sy

ouerskap behoort te kan kry, ongeag of die inligting amptelik deur die staat gehou word (soos

data oor aanneming) 60 of deur privaat persone (soos die biologiese moeder oor inligting

omtrent die biologiese vader). Die fundamentele reg op toegang tot enige inligting wat deur

die staat gehou word, en tot inligting wat deur enige ander persoon gehou word en wat

benodig word vir die uitoefening of beskerming van ’n reg, verskans ’n person se reg op

toegang tot sy persoonlike inligting. 61 In die geval van privaat persone word die toegang dus

beperk tot inligting waarin die aansoeker ’n regmatige belang het (soos die inligting oor

biologiese ouerskap). Aan die ander kant word toegang tot inligting by sowel die staat as

privaat persone ingevolge artikels 34 en 63 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot

Inligting 2 van 2000 beperk deur die reg op privaatheid van derde partye op wie die inligting

(ook) betrekking het (byvoorbeeld die biologiese ouer). Volgens hierdie artikels moet

toegang tot inligting geweier word waar dit op ’n onredelike openbaarmaking van

106

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

persoonlike inligting sou neerkom. Roos 62 doen aan die hand dat “the disclosure of personal

information would be unreasonable if it amounted to an unjustifiable violation of the third

party’s privacy, in other words, if there was no ground of justification, such as the

maintenance of a legitimate private or public interest, present to justify the violation.” Soos

hier bo aangedui, 63 kan die reg op privaatheid van die kind op kennis van die eie afstamming,

en die reg op privaatheid (anonimiteit) van die biologiese ouer(s), hier in direkte botsing met

mekaar kom en moet ’n belange-afweging aan die hand van die redelikheidsmaatstaf geskied.

Hier bo is daarop gewys dat daar algemeen aanvaar word dat die reg van ’n kind om te weet

wie haar biologiese ouers is, ’n aspek is van die reg van ’n kind om haar identiteit te bepaal

en in stand te hou. 64 Identiteit kan omskryf word as daardie uniekheid of eieaardigheid van ’n

persoon wat hom as ’n bepaalde individu individualiseer en hom sodoende van andere

onderskei. Identiteit manifesteer sigself in verskeie kenmerke waaraan die betrokke persoon

herken kan word, dit wil sê fasette van sy persoonlikheid wat kenmerkend van of eie aan hom

is, soos sy naam, 65 sy nasionaliteit, sy lewensgeskiedenis, sy vingerafdukke, sy DNS, en

sekerlik ook sy genetiese afstamming. Identiteit word geskend indien kenmerke daarvan

gebruik word op ’n wyse wat nie ’n persoon se ware (eie) persoonlikheidsbeeld weerspieël

nie (oftewel op ’n wanvoorstelling van die persoonlikheidsbeeld neerkom), of indien hulle vir

ekonomiese doeleindes misbruik word. 66

Nou kan daar betoog word dat die weerhouding van kennis oor ’n kind se afstamming, of,

anders gestel, om die waarheid omtrent sy biologiese ouerskap te verberg, 67 noukeurig

beskou by implikasie op ’n wanvoorstelling oor die kind se afstamming neerkom en daarom

in beginsel sy reg op identiteit skend. Hierbenewens kom dit voor of die “reg” op kennis van

die eie afstamming, gesien uit die hoek van die leerstuk van subjektiewe regte, 68 ’n

genotsbevoegdheid van die persoonlikheidsreg op identiteit daarstel, welke bevoegdheid aan

bande gelê sou word deur ’n kind kennis van sy eie afstamming te ontsê, en sodoende sy

identiteit oënskynlik op ’n onredelike wyse aantas. 69

Omdat die reg op kennisname van die eie afstamming as lewensbelangrik geag word, word

dit as ’n fundamentele mensereg gesien. 70 Smits 71 beskou ’n mens se kennis van sy

afstamming as deel van sy menswaardigheid. Wat Suid-Afrika betref, word erken dat elke

mens ingebore waardigheid het 72 en in sy wese die intrinsieke waarde van alle mense in ons

samelewing omvat. Menswaardigheid is ’n omvattende begrip wat menswees in al sy fasette

kleur en daarom onderliggend aan die totale menslike persoonlikheid is, sowel wat die fisiespsigiese

sye as geestelik-sedelike aspekte daarvan betref. 73 So gesien, kan menswaardigheid

dien as basis vir die uitbreiding van persoonlikheidsbeskerming en dus die erkenning van

persoonlikheidsregte wat nie in die Handves van Regte vermeld word nie, soos die regte op

die goeie naam, die gevoelslewe en die identiteit. 74 Die reg op kennis van die eie afstamming

kan dus goedskiks as ’n aspek van die reg op identiteit onder die reg op menswaardigheid

verskans word.

107

5. Samevatting

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar word algemeen aanvaar dat dit vir kinders wat nie hulle biologiese ouers ken nie, van

kardinale belang is om hulle te kan identifiseer. Die lewensbelangrike aard van hierdie belang

het internasionaal en nasionaal onvermydelik gelei tot die erkenning van die reg op kennis

van die eie afstamming. Hiertoe het die Verenigde Nasies se Convention on the Rights of the

Child ’n invloedryke bydrae gelewer en die beskouing gevestig dat die reg om die eie

afstamming te ken, ’n aspek is van die reg van ’n kind om haar identiteit te bepaal en in stand

te hou. Op nasionale vlak wissel die mate van erkenning nietemin van land tot land. Wat

Suid-Afrika betref, is daar nog geen blyke van ’n uitdruklike erkenning nie, alhoewel die reg

wel by implikasie by byvoorbeeld aanneming erken word. Die lewensbelangrike aard van die

reg op kennis van die eie afstamming beteken natuurlik nie dat dié reg absoluut geld nie,

aangesien dit in botsing kan kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid van die biologiese

ouers. In sodanige gevalle is uiteraard ’n noukeurige afweging van die teenoorstaande

belange in die lig van die betrokke omstandighede en met inagneming van alle relevante

faktore nodig. Daar is verskillende kontekste waarin die belangrikheid van die kennis van die

eie afstamming op die voorgrond tree, te wete by kunsmatige inseminasie, die aanneming,

abandonnering en vervreemding van kinders, en by betwiste vaderskap. Dogmaties kom die

betrokke reg op die gebied van die persoonlikheidsreg te pas, en wel as ’n aspek van die regte

op privaatheid en identiteit. Weens die kardinale belangrikheid van die reg op kennisname

van die eie afstamming, behoort dit as ’n mensereg onder menswaardigheid in die Handves

van Regte erken te word.

Bibliografie

Bainham, A. 2005. Children – The modern law. Family Law: Bristol.

Besson, S. 2007. Enforcing the child’s right to know her origins: Contrasting approaches

under the Convention on the Rights of the Child and the European Convention on Human

Rights. International Journal of Law, Policy and the Family, 21(2):137–59.

Boezaart, T. (red.). 2009. Child law in South Africa. Kaapstad: Juta.

Collier, R. en S. Sheldon. 2008. Fragmenting fatherhood. Oxford: Hart.

Hubmann, H. 1990. Inhalt und Abgrenzung des zivilrechtlichen allgemeinen

Persönlichkeitsrechts. In Waldner en Künzl (reds.) 1990.

Fottrell, D. (red.). 2000 Revisiting children’s rights. 10 years of the UN Convention on the

Rights of the Child. Den Haag: Kluwer.

108

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Frick, M-T. 1991. Persönlichkeitsrechte. Rechtsvergleichende Studie über den Stand des

Persönlichkeitsschutzes in Österreich, Deutschland, der Schweiz und Liechtenstein. Wene:

Österreichischen Staatsdruckerei.

Heaton, J. 2009. The South African law of persons. Durban: LexisNexis.

Joubert, W.A. 1953. Grondslae van die persoonlikheidsreg. Kaapstad: Balkema.

King, E. 2011. A conflict of interests: Privacy, truth and compulsory DNA testing for

Argentina’s children of the disappeared. Cornell International Law Journal, 44:535–85.

Labuschagne, J.M.T. 1996. Die reg op afkomskennis as mensereg. Stellenbosch Law Review,

307–12.

Labuschagne, J.M.T. en P. Bakker. 1999. Naamsvoering en die behoefte aan sosio-juridiese

identiteit: ’n Regsantropologiese en menseregtelike perspektief. Tydskrif vir Hedendaagse

Romeins-Hollandse Reg, 62(2):176-200.

Nagel, C. (red.). 2006. Huldigingsbundel vir J.M.T. Labuschagne. Durban: LexisNexis

Butterworths.

Neethling, J. 2012. Features of the Protection of Personal Information Bill, 2009 and the law

of delict. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 75(2):241-55.

—. 2010. Owerspel as onregmatige daad – Die Suid-Afrikaanse reg in lynregte teenstelling

met die Nederlandse reg. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 73(2):343–9.

—. 2010a. The right to privacy and divorce trials. South African Law Journal, 127(2):230–7.

—. 2007. Die Hoogste Hof van Appèl verleen erkenning aan die reg op identiteit as

persoonlikheids- en fundamentele reg. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:834–8.

—. 2006. Personality rights. In Smits (red.) 2006.

—. 2006a. Die betekenis en beskerming van die eer, dignitas en menswaardigheid in

gemeenregtelike en grondwetlike sin. In Nagel (red.) 2006.

—. 2005. Personality rights: A comparative overview. Comparative and International Law

Journal of Southern Africa, 38(2):210–45.

Neethling, J. en J.M. Potgieter. 2010. Neethling-Potgieter-Visser deliktereg. 6de uitgawe.

Durban: LexisNexis.

109

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Neethling, J., J.M. Potgieter en P.J. Visser. 2005. Neethling’s law of personality. 2de uitgawe.

Durban: LexisNexis.

Nehmelman, R. 2002. Het algemeen persoonlijkheidsrecht. Een rechtsvergelijkende studie

naar het algemeen persoonlijkheidsrecht in Duitsland en Nederland.Deventer: Kluwer.

O’Donovan, K. 2000. Interpretations of children’s identity rights. In Fottrell (red.) 2000.

Roos, A. 2003. The law of data (privacy) protection: a comparative and theoretical

study.Ongepubliseerde LLD-proefskrif. Universiteit van Suid-Afrika.

Schäfer, L. 2011. Child law in South Africa: Domestic and international perspectives.

Claremont: Juta.

Smits, J.M. 2003. Constitutionalisering van het vermogensrecht. In Smits e.a. (reds.) 2000.

Smits, J.M. (red.). 2006. Elgar Encyclopedia of Comparative Law. Cheltenham: Edward

Elgar.

Smits J.M. e.a. (reds.). 2003. Preadviezen uitgebracht voor de Nederlandse Vereniging voor

Rectsvergelijking. Deventer: Kluwer.

Van Bueren, G. 1998. The international law on the rights of the child. Dordrecht: Nijhoff.

Van der Linde, A. 2001. Grondwetlike erkenning van regte ten aansien van die gesin en

gesinslewe met verwysing na aspekte van artikel 8 EVRM. Ongepubliseerde LLD-proefskrif.

Universiteit van Pretoria.

—. 2002. Reg op inligting van ouers en hul minderjarige kinders. Obiter 338–47.

Van der Merwe, D., A. Roos, T. Pistorius en S. Eiselen. 2008. Information and

communications technology law. Durban: LexisNexis.

Veerman, P.E. 1992. The rights of the child and the changing image of childhood. Dordrecht:

Nijhoff.

Vonk, M. 2007. Children and their parents. Antwerpen: Intersentia.

Waldner W. en R. Künzl (reds.). 1990. Festschrift für Karl Heinz Schwab. Erlangen:

Buchner.

Eindnotas

110

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

* Navorsing vir hierdie bydrae is moontlik gemaak deur die ruim finansiële ondersteuning

van die Nasionale Navorsingstigting (NRF). Menings hierin vervat is egter dié van die

outeur, wat daarvoor verantwoordelikheid aanvaar.

1 Sien Labuschagne (1996:307–12); vgl. Van der Linde (2002:338–9).

2 Sien Besson (2007:138); Nehmelman (2002:212).

3 Sien Rose v Secretary of State for Health [2002] 2 FLR 962 (QB) par.12; Collier en Sheldon

(2008:93–4). Hierdie gedagtegang blyk ook uit die volgende diktum van die

Bundesverfassungsgericht (BVerfG 31 Januarie 1989, BverfGE 79, 256, 268–9):

“Abstammung … legt nicht nur die genetische Ausstattung des Einselnen fest und prägt so

seine Persönlichkeit mit. Unabhängig davon nimmt sie auch im Bewusstsein des Einzelnen

eine Schlüsselstellung für individualitätsfundung und Selbstverst ndnis ein.”

4 Sien Bainham (2005:73) vn. 2; Besson (2007:138).

5 Besson (2007:138–9).

6 UN Doc A/44/736 1989.

7 Sien Heaton (2008:90).

8 Sien Besson (2005:131, 41–2) vir ’n bespreking van twee ander internasionale konvensies

(International Covenant on Civil and Political Rights, 1966; European Convention on Human

Rights, 1950) waar die reg op kennis van ouerskap nie uitdruklik erkenning geniet nie, maar

wel deur die European Court of Human Rights (ECHR) afgelei word uit die reg op

privaatheid van die kind (of sy reg op respek vir sy gesins- en private lewe): sien

byvoorbeeld. Gaskin v United Kingdom [1989] 12 ECHR 36 (Van der Linde 2002:338–9);

Miculic v Croatia [2002] ECHR 27). Sien ook oor die indirekte erkenning van die reg op

respek vir die gesinslewe in Suid-Afrika, Van der Linde (2001:223–30); Van der Linde

(2002:345–6); vgl. Dawood, Shalabi and Thomas v Minister of Home Affairs 2000 3 SA 936

(KH) 962.

9 Die regte om onmiddellik na geboorte geregistreer te word en ’n nasionaliteit te verwerf,

word reeds in die International Covenant on Civil and Political Rights, 1966 art. 24

uitgestippel, en is volgens Besson (2007:141) “essential to the constitution and preservation

of a child’s identity”.

10 My kursivering.

11 See Bainham (2005:73); O’Donovan (2000:78).

12 Sien Besson (2007:141, 143).

13 [2002] 2 FLR 962 (QB) par. 12; sien Collier en Sheldon (2008:93–4).

14 Sien hier onder par. 3; Besson (2007:152 e.v.).

15 Sien in die algemeen Besson (2007:139, 153 e.v.).

111

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

16 Sien Schäfer (2011:115–26); Boezaart (2009:15–7, 285); Labuschagne en Bakker

(1999:189–90); Neethling, Potgieter en Visser (2005:36) vn. 376; sien ook hier bo n. 9.

17 Dit is bv. die standpunt van die Hoge Raad (Valkenhof-arrest HR 15 April 1994, NJ 1994,

608) in Nederland en die Bundesverfassungsgericht (BVerfG 31 Januarie 1989, BVerfGE 79,

256) in Duitsland (sien Nehmelman 2002:206 e.v., 212).

18 Die reg strek nie verder as kennisname van die betrokke inligting nie en impliseer ook nie

die reg om die ouers te ontmoet, te leer ken en by hulle te wees nie (sien Besson 2007:145–

6).

19 Sien Besson (2007:146–7).

20 Daar word aan die hand gedoen dat hierdie afweging in die Suid-Afrikaanse reg met

verwysing na die algemene redelikheids- of boni mores- (regsoortuigings van die

gemeenskap) kriterium moet geskied. Hier is die kernvraag of die uitoefening van die kind se

reg op kennis van eie afstamming die teenoorstaande belang (veral privaatheid) van die ouer

in die lig van al die omstandighede van die geval volgens die regsopvattings van die

gemeenskap op ’n redelike of onredelike wyse sou aantas (vgl. Neethling en Potgieter

2010:38–9).

21 (Sien Besson 2007:147–148, 156; sien oor die Nederlandse en Duitse reg Nehmelman

2002:206 e.v.; Hubmann 1990:18 e.v.; Smits 2003:126–8; vgl. Neethling 2005:237).

22 (2007:156).

23 Hierdie afweging van die teenoorstaande belange is ook kenmerkend van die benadering in

die ECHR sedert 2006 (sien Besson 2007:150–2).

24 Vgl. Vonk (2007:23 e.v.).

25 Sien ook Labuschagne (1996:309) vir ander oorwegings.

26

Sien ook Labuschagne (1996:310) vir aanvullende argumente t.g.v. die openbaarmaking

van die skenker se identiteit.

27 Vgl. die onlangse koerantberig oor kunsmatige inseminasie in die Österreich van 15 April

2012 onder die opskrif: “Baby-Weltrekord: ‘Mein Vater hatte 600 Kinder’”.

28 Sien in die algemeen Collier en Sheldon (2008:92); O’Donovan (2000:78); Smits

(2003:129); Besson (2007:147). Let nietemin daarop dat die einde van skenker-anonimiteit in

sowel Engeland as Nederland tot ’n afname in beskikbare sperm gelei het. Dit kan daartoe

aanleiding gee dat pare sperm in ander lande verkry of selfs vars sperm oor die internet bestel

(sien Vonk 2007:148).

29 Collier en Sheldon (2008:92). Dit blyk duidelik uit die Engelse saak Rose v Secretary of

State for Health [2002] 2 FLR 962 (QB) [12] (sien Collier en Sheldon 2008:93–4), waar die

moeder haar kind volmondig ondersteun het in haar aansoek om haar biologiese skenkervader

se identiteit te mag ken.

112

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

30 Sien Van Bueren (1998:120 e.v., 126); O’Donovan (2000:79–80); vgl. Labuschagne

(1996:307–8).

31 Ingevolge art. 33(1)(c), saamgelees met art. 19(c), van die Wet op Menslike Weefsel 65

van 1983, mag niemand ’n feit openbaar waardeur die identiteit van ’n lewende

gameetskenker vir doeleindes van kunsmatige inseminasie vasgestel kan word nie. Ook die

verpligte lêers waarin besonderhede van gameetskenkers kragtens regulasies aangeteken

moet word, mag aan niemand anders as die ontvanger en haar eggenoot beskikbaar gestel

word nie, tensy die Wet anders bepaal of op bevel van ’n hof (sien hieroor Labuschagne

1996:311–2). Daar word dus hoegenaamd nie voorsiening gemaak vir die reg op kennis van

die eie afstamming van ’n kind wat deur die kunsmatige inseminasie verwek is nie (sien ook

Labuschagne 1996:312). ’n Wetswysiging dat so ’n kind vanaf 18-jarige ouderdom toegang

tot die lêer mag verkry, sou hierdie leemte regstel en Suid-Afrika in ooreenstemming met die

wetgewing in vele ander lande bring (sien die volgende n.).

32 Sien die Nederlandse Wet Donorgegevens Kunstmatige Bevruchting van 25 April 2002,

Staatsblad 202 no. 240 (sien Vonk 2007:148–9; vgl. Smits 2003:128–9); die Engelse Human

Fertilisation and Embryology Authority (Disclosure of Donor Information) Regulations 2004,

Statutory Instrument 2002 no. 1511 (sien Vonk 2007:23, 147–8; Besson 2007:154–5); en die

Noorweegse Wet 100 van 2003-12-05 (Bioteknologiloven) art. 2-7 (sien Norway’s Third

Report to the United Nations Committee on the Rights of the Child (2003) 57).

33 In Engeland geld die uitsluiting van juridiese vaderskap net t.a.v ’n wetlik gemagtigde

(gelisensieerde) spermskenking. In ander gevalle word die skenker ook as die juridiese vader

van die kind geag (sien Bainham 2005:93 vn. 7; Vonk 2007:7, 150–3). Hierdie onderskeid

word nie in Nederland gemaak nie (Vonk 2007:7, 151, 156–7). In Suid-Afrika ontstaan daar

ook geen regsverhouding tussen die skenker en die kind wat kunsmatig verwek is nie. Die

kind word trouens vir alle doeleindes as die wettige kind van sy ouers geag asof die gamete

waarmee hy/sy verwek is, van hulle afkomstig is (sien art. 40 van die Kinderwet 38 van 2005;

Boezaart 2009:46).

34 Sien Collier en Sheldon (2008:92–3); Vonk (2007:148).

35 Sien Van Bueren (1998:120 e.v., 126).

36 Sien Bainham (2005:301 e.v.); Norway’s Third Report to the United Nations Committee on

the Rights of the Child (2003) 61; vgl. ook Besson (2007:154–5, 155–6) oor Engeland en

Switserland.

37 Sien Schäfer (2011:309).

38 Artt. 245, 246 en 247 (sien Schäfer 2011:308).

39 Sien art. 248(3).

40 2011:309.

41 Art. 248(1)(a).

42 Art. 248(2).

113

43 Sien O’Donovan (2000:79-81); Besson (2007:154, 155).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

44 Soos deur onwettige heimlike aanneming, of waar die kinders van Jode in Nederland

gedurende die Tweede Wêreldoorlog aan nie-Joodse ouers toevertrou is ten einde hulle van

die gaskamers te red en na die oorlog van hul biologiese ouers vervreem geraak het (sien Van

Bueren 1995:118–20). Argentinië bied ’n skokkende voorbeeld van gewelddadige

vervreemding, waar 30 000 kinders en hulle ouers ná die militêre oorname in 1976 verdwyn

het en van mekaar geskei is. Selfs swanger vroue is gevang en doodgemaak nadat hulle

geboorte geskenk het. Die kinders is meestal heimlik aangeneem (sien King 2011:535 e.v.;

Veerman 1992:192).

45 Sien Van Bueren (1995:118–20); Besson (2007:143); Veerman (1992:192). King

(2011:535 e.v.) behandel Argentinië (sien die vorige n.) se jongste poging om die nou

volwasse kinders se identiteit te bepaal d.m.v. verpligte DNS-toetse waar daar ’n vermoede

bestaan dat die ouers die kinders willens en wetens onwettig aangeneem het. Sodoende word

die reg op privaatheid van die kinders (wat hulle veelal nie aan die toetse wil onderwerp nie)

ondergeskik gestel aan die grootouers se reg om die waarheid omtrent die kinders uit te vind.

King doen aan die hand dat hierdie twee botsende belange versoen kan word, maar dit lê nie

op my weg om haar voorstelle, wat beslis oorweeg moet word in ander lande wat soortgelyke

probleme ervaar, te bespreek nie.

46 In Suid-Afrika is die uitgangspunt pater est quem nuptiae demonstrant. Die volgende

faktore mag relevant wees ten einde hierdie vermoede te weerlê of om vaderskap te bewys:

afwesigheid van seks, onvrugbaarheid, die swangerskapsduur, die exceptio plurium

concubentium, fisieke trekke, voorbehoedmiddels en bloed- of DNS-toetse, wat natuurlik die

kind self ook kan betrek (sien Heaton 2008:55–64; vgl. Neethling, Potgieter en Visser

2005:224 vn. 65).

47 Rechtbank Arnhem (Enkelvoudige Handelskamer) 15 April 2009, nr. 168738 / HA ZA 08-

567; sien Neethling (2010:343 e.v.) vir ’n bespreking.

48 In Suid-Afrika was die feite in Johncom Media Investments Ltd v M 2009 4 SA 7 (KH)

soortgelyk (sien Neethling 2010a:230 e.v.).

49 Sien Bainham (2005:193 e.v.); vgl. ook Collier en Sheldon (2008:94-5). Vgl. F v L 1987 4

SA 525 (W) 528, waar die hof te kenne gegee het dat die kind se welstand weldeeglik

verreken moet word by betwiste vaderskapgevalle.

50 Sien Joubert (1953:146-7); Neethling (2005:223); Neethling, Potgieter en Visser (2005:13).

51 Die reg om te weet van welke ouers ’n mens afstam, het in 1989 in Duitsland beslag gekry

in ’n beslissing van die Bundesverfassungsgericht (BVerfGE 79, 256; sien Smits 2003:127–8;

Labuschagne 1996:307). Inbreukmaking op die moeder se persoonlikheidsreg is nie

geoorloof as die kind se doel op ’n ander minder ingrypende wyse bereik kan word nie. In ’n

latere uitspraak (1997) het die Bundesverfassungsgericht (BVerfGE 96, 56; sien Smits

2003:17-8, 128) insgelyks te make gehad met ’n buite-egtelike kind wat wou weet wie haar

vader is. Die hof bevestig dat die kind en moeder se teenoorstaande regte afgeweeg moet

word, maar verklaar dat die kind se reg op kennis van ouerskap nie ’n reg op die verskaffing

van sodanige inligting deur die ouers verleen nie – slegs die staat kan hiertoe verplig word.

Die hof verklaar (63): “Das allgemeine Persönlichkeitsrecht umfasst zwar auch das Recht auf

114

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kenntnis der eigenen Abstammung. [Die Grondwet] verleiht aber kein Recht auf

Verschaffung solcher Kentnisse, sondern kann nur vor der Vorenthaltung erlangbarer

Informationen durch staatliche Organe schützen.” Sien ook Frick (1991:216, 285); Besson

(2007:155); Neethling (2005:237). Vir ’n kritiese beskouing van die idee van ’n algemene

persoonlikheidsreg, sien Neethling, Potgieter en Visser (2005:14–5).

52 Die locus classicus vir hierdie siening is die Valkenhorst-beslissing (HR 15 April 1994, NJ

1994, 608; sien Smits 2003:126–7; Nehmelman 2002:211–4; vgl. Labuschagne 1996:308).

Hier het dit gegaan oor ’n kind wat meer as 50 jaar tevore gebore is in ’n Katolieke inrigting

vir ongehude moeders. Sy versoek die inrigting om toegang tot haar dossier waaruit dit sou

blyk wie haar vader is. Haar moeder, asook die inrigting (toe die moeder tydens die

regsproses sterf), weier egter om toe te stem. Die Hooge Raad is van oordeel dat die reg van

die kind om te weet van wie sy afstam, afgeweeg moet word teen die regte en belange van

andere. In casu weeg die belange van die moeder egter nie swaarder as die kind se “vitale

belang” om te weet wie haar ouers is nie.

53 Sien Frick (1991:216, 285).

54 Sien Smits (2003:126) e.v.; Hubmann (1990:18 e.v.); Nehmelman (2002:206–12).

55 Sy selfbestemmingsreg op sy persoonlike inligting: sien Smits (2003:127) vn. 347; hierop

word later in meer besonderhede ingegaan.

56 Sien Neethling (2005:237).

57 Sien bv National Media Ltd v Jooste 1996 3 SA 262 (A) 271; Universiteit van Pretoria v

Tommie Meyer Films (Edms) Bpk 1977 4 SA 376 (T) 384; Swanepoel v Minister van

Veiligheid en Sekuriteit 1999 4 SA 549 (T) 553; Huey Extreme Club v McDonald t/a Sport

Helicopters 2005 1 SA 485 (K) 494; Deutschmann; Shelton v Commissioner for the SARS

2000 2 SA 106 (OK) 123; vgl. NM v Smith (Freedom of Expression Institute as amicus

curiae) 2007 5 SA 250 (KH) 262; Financial Mail (Pty) Ltd v Sage Holdings Ltd 1993 2 SA

451 (A) 462; Bernstein v Bester 1996 2 SA 751 (KH) 789; sien ook Neethling, Potgieter en

Visser (2005:32).

58 In National Media Ltd v Jooste 1996 3 SA 262 (A) 271 word dit soos volg gestel: “A right

to privacy encompasses the competence to determine the destiny of private facts … The

individual concerned is entitled to dictate the ambit of disclosure eg to a circle of friends, a

professional adviser or the public … He may prescribe the purpose and method of the

disclosure … Similarly … a person is entitled to decide when and under what conditions

private facts may be made public. A contrary view will place undue constraints upon the

individual’s so-called ‘absolute rights of personality’.” Sien ook Neethling, Potgieter en

Visser (2005:31); Neethling (2012:244).

59 Sien Neethling, Potgieter en Visser (2005:268–209); Neethling (2012:244).

60 Sien hier bo par. 3.2.

61 Sien die Grondwet art. 32; die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van

2000 artt. 11, 50 (Van der Merwe e.a. 2008:358-60; vgl. Van der Linde 2002:346;

Labuschagne 1996:312).

115

62 2003:690–1; sien ook Neethling, Potgieter en Visser (2005:275) vn. 98.

63 Sien par. 2.

64 Sien Besson (2007:141, 143).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

65 Sien Labuschagne en Bakker (1999:176 e.v.) wat die naam tipeer as die mens se

sosiojuridiese identiteit.

66 Sien Grűtter v Lombard 2007 4 SA 89 (HHA) 93; sien ook Neethling, Potgieter en Visser

(2005:36); Neethling (2011:63-4).

67 Vgl. Besson (2007:140) oor die reg van ’n kind op die waarheid oor sy of haar afstamming.

68 Sien Neethling en Potgieter (2010:53 e.v.).

69 Sien Neethling en Potgieter (2010:53, 56–7).

70 Sien Besson (2007:140–1); Norway’s Third Report to the United Nations Committee on the

Rights of the Child (2003) 57; sien ook Labuschagne (1996:312).

71 2003:128.

72 Grondwet art. 10.

73 Sien Neethling (2006:94-6); sien ook Neethling en Potgieter (2010:19) vn. 147.

74 Sien hieroor Neethling, Potgieter en Visser (2005:76–7) vne. 418-9, 129 (goeie naam);

Wiese v Moolman 2009 6 SA 122 (T) 124–5; Neethling (2010:343 e.v.) (gevoelslewe);

Grütter v Lombard 2007 4 SA 89 (HHA); Neethling (2007:834 e.v.) (identiteit).

116

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte

onroerende goed wat met ’n verband beswaar is:

Scholtz v Scholtz 2012 1 SA 382 (WKK); Scholtz v

Scholtz (209/2011) [2012] ZASCA 9

Opsomming

Johan Lötz en Chris Nagel

Johan Lötz en Chris Nagel: Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit Pretoria

Hierdie vonnisbespreking handel oor die vraag of die feit dat onroerende goed wat geskenk

word met ’n verband beswaar is, ’n wesenlike beding is wat in die skenkingskontrak vervat

moet word ten einde aan die geldigheidsvereistes van artikel 5 van die Algemene

Regswysigingswet 50 van 1956 en artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding 68 van 1981 te

voldoen. Na oorweging vn die twee Scholtz-sake in die lig van relevante positiewe reg en

wetgewing argumenteer die skrywers dat die bestaan van ’n verband en die wyse waarop na

die skenking daarmee gehandel word nie noodwendig wesenlike bedinge van die skenking is

nie. Of sodanige inligting ingesluit moet word, is ’n feite- en nie ’n regsvraag nie en sal van

die omstandighede van elke saak afhang. Dit sal dus verkeerd wees om die insluiting daarvan

in alle skenkingskontrakte van onroerende goed te vereis.

Abstract

Description of donated immovable property encumbered by a mortgage bond

This case note deals with the question whether the fact that immovable property which has

been donated is encumbered by a mortgage bond, is a material or essential term of the

contract of donation which should be included in such a contract for it to be valid in terms of

both section 5 of the General Law Amendment Act 50 of 1956 and section 2(1) of the

Alienation of Land Act 68 of 1981. Having considered the judgments in the two Scholtz cases

in view of the relevant positive law and legislation, the authors argue that the existence of a

mortgage bond and the manner in which it should be dealt with after the donation are not

necessarily material terms of the donation. Whether this information should be included is not

a question of law but of fact and will depend on the circumstances of each case. To require

the inclusion thereof in all contracts of donation of immovable property would therefore be

wrong.

117

1. Inleiding en tersaaklike wetgewing

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die onderhawige beslissings het gehandel oor die geldigheid van ’n skenkingskontrak in die

lig van die formaliteitsvereistes – in die besonder die omskrywing van die geskenkte saak –

wat in twee wette gestel word, naamlik die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en die

Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981.

1.1 Algemene Regswysigingswet 50 van 1956

Artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet bepaal dat geen skenking wat na 22 Junie

1956 aangegaan is, ongeldig is bloot op grond van die feit dat dit nie geregistreer of notarieel

verly is nie, met dien verstande dat geen skenkingskontrak waaronder nog presteer moet word

en wat na die inwerkingtreding van die Wet aangegaan word, geldig is nie, tensy die

bepalings daarvan beliggaam is in ’n skriftelike dokument wat onderteken is deur die skenker

of deur ’n persoon wat handel in die skriftelike opdrag van die skenker en sodanige

skriftelike opdrag in die teenwoordigheid van twee getuies gegee is.

Die Wet is net op sogenaamde egte skenkings van toepassing, naamlik skenkings wat uit

suiwer vrygewigheid en onbaatsugtige welwillendheid gemaak is. 1 Dit is ’n eensydige

kontrak wat aangegaan word met die bedoeling om die skenker te verarm en die begunstigde

te verryk; sodra die ontvanger ’n teenprestasie moet lewer, is dit nie ’n egte skenking nie. 2 Dit

moet ook ’n skenking wees wat nog uitgevoer moet word. 3 Die formaliteite in die Wet is ook

net op skenkings inter vivos van toepassing en skenkings mortis causa moet aan die

geldigheidsvereistes vir testamente voldoen. 4

Literatuur oor die algemene regsaard en -gevolge van skenkings is betreklik min; 5 en oor die

geldigheidsvereiste in artikel 5, naamlik dat die bepalings van ’n skenking in ’n dokument

vervat moet wees, ensovoorts, is daar nie ’n oorvloed gesag nie. 6 Soos hier onder blyk, het

die hoë hof in die saak onder bespreking swaar gesteun op Savvides v Savvides 1986 2 SA

325 (T).

1.2 Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981

Artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond bepaal dat geen vervreemding van

grond na die inwerkingtreding van hierdie artikel (19 Oktober 1982), behoudens die

bepalings van artikel 28, van krag is nie tensy dit vervat is in ’n vervreemdingsakte wat deur

die partye daarby of deur hulle agente, handelende op hulle skriftelike gesag, onderteken is.

Vir doeleindes van die onderhawige bespreking is dit belangrik om in gedagte te hou dat

“vervreem” ingevolge artikel 1 van die Wet ook die skenking van grond insluit. Behoudens

enkele uitsonderings wat nie hier ter sake is nie, sluit grond ook enige belang in grond in. 7

Artikel 2(1) vereis dat die bepalings van die vervreemding in die akte vervat moet word. Dit

hou in dat al die essensiële bedinge van die ooreenkoms (essentialia), soos die koopsaak, die

koopprys en die partye, op skrif en in voldoende besonderhede beskryf moet wees, sodat dit

sonder ekstrinsieke getuienis uit hoofde van die dokument self geïdentifiseer en bepaal kan

118

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word. Dieselfde geld alle ander wesenlike bedinge in die ooreenkoms. 8 Die doel van artikel

2(1) is om (a) geskille oor die inhoud van die kontrak te voorkom, (b) onsekerhede oor die

inhoud van die kontrak uit die weg te ruim 9 en (c) wanpraktyke teen te werk. 10 Die

formaliteitsvereistes in artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet 50 van 56 het

waarskynlik dieselfde oogmerk. 11 Terwyl beslissings oor artikel 5 betreklik skaars is, wemel

dit van die gerapporteerde beslissings van dispute gegrond op artikel 2(1). 12 In die beslissings

onder bespreking het die hof, vreemd genoeg, egter na net een uitspraak verwys, naamlik

Stalwo hier bo.

Teen hierdie agtergrond kan die beslissings onder bespreking geëvalueer word.

2. Feite en regsvraag in Scholtz

Die partye het in November 2007, terwyl hulle nog getroud was, ’n skriftelike

skenkingsooreenkoms aangegaan. Die tersaaklike gedeelte van die ooreenkoms (Aanhangsel

A tot die stukke voor die hof) 13 was soos volg:

1. Die skenker [verweerder] skenk aan die begiftigde [eiser] as ’n skenking inter

vivos sy halwe aandeel in ’n sekere erf nr. 1809, Bakkershoogte, wat die skenker

se eiendom kragtens Transportakte nr. T27151/2004 (“die eiendom”) is.

2. Die skenker onderneem om onmiddellik al sodanige handelinge te verrig as wat

nodig mag wees om die eiendom aan die begiftigde oor te dra.

3. Die begiftigde sal die oordragkoste, met inbegrepe van hereregte, betaal.

4. Die begiftigde aanvaar die skenking met dank.

Die eiser doen aansoek om ’n bevel vir spesifieke nakoming ingevolge die ooreenkoms. Die

verweerder opper die volgende verweer:

In ieder geval is die eiendom Erf 1809 Bakkershoogte gehou kragtens transportakte

T2715/2004 verbind by wyse van ’n eerste verband ten gunste van Nedbank Beperk

tot ’n bedrag van ongeveer R2 miljoen. Geen voorsiening word gemaak in aanhangsel

A met betrekking tot Nedbank Beperk se regte en hoe dit geraak word nie en is

aanhangsel A om hierdie rede ook onafdwingbaar.

Die regsvraag waaroor die hoë hof (en die hoogste hof van appèl) gevolglik kragtens reël

33(4) van die Eenvormige Hofreëls uitsluitsel moes gee, was of onroerende eiendom wat met

’n verband beswaar is, geldiglik aan ’n ander persoon geskenk kan word terwyl daar in die

skenkingsakte geen melding van die verband gemaak word nie. Dit behoef geen betoog nie

dat hierdie vraag beantwoord moes word in die lig van die vereiste in artikel 5 van Wet 50

van 56 dat “die bepalings” van die skenking in die skenkingskontrak vervat moet word. 14

119

3. Uitspraak en redes van die hof benede in Scholtz

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Regter Le Grange steun in sy uitspraak in Scholtz swaar op Savvides, waar ’n soortgelyke

regsvraag ter sprake was, naamlik of ’n eiendom wat aan die beperkte saaklike reg van ’n

verbandhouer onderhewig was, geskenk kan word sonder dat die skenkingsakte enige

verwysing na die beswaring bevat. Die skenker sou bloot haar eiendom soos in die akte van

transport omskryf, aan haar kinders skenk, maar in die prokurasie wat in die saak ter sprake

was, het sy geen aanduiding gegee dat die eiendom beswaar was nie en dus die indruk gewek

dat sy ongekwalifiseerde of onbelemmerde eiendomsreg van die saak aan haar kinders wou

oordra. In sy uitspraak in Savvides verwys waarnemende regter Myburgh na die sinsnede

“tensy die bepalings daarvan beliggaam is in ’n skriftelike dokument” in artikel 5 van die

Algemene Regswysigingswet 50 van 56 en verklaar: 15 “In my view merely to say she donated

the property presupposes that she was the absolute owner thereof which she was not.” Met

verwysing na die volgende stelling in ’n vorige uitgawe van Owens se bydrae in The Law of

South Africa, 16 naamlik dat “[n]ot only ownership but also limited real rights in property,

such as a mortgage bond or the ownership of land subject to a usufruct may be donated”, 17

beslis die regter dat ’n skenker ’n omskrewe beperkte saaklike reg oor ’n eiendom kan skenk

mits die skenker die absolute eienaar van die beperkte saaklike reg is wat hy of sy wil

skenk. 18 Die regter meld voorts dat in daardie saak daar geen poging aangewend is om die

omvang van die skenker se eiendomsreg in die skenking te omskryf nie. Daar moet in

gedagte gehou word dat sy nie die absolute eienaar (’n begrip ontleen aan Owens hier bo) van

die eiendom was nie en dat die geheel van haar eiendomsreg (“the whole of her ownership”)

onderhewig was aan die saaklike reg van die verbandhouer. Volgens die regter is die

bepalings van die skenking om daardie rede nie ooreenkomstig artikel 5 op skrif gestel nie,

wat dan ook die einde van die moontlike regsgeldigheid van die “gepoogde” skenking

beteken het. 19

In Scholtz voer die begiftigde (eiser) se advokaat aan dat die bovermelde uitsprake in

Savvides bloot in die verbygaan (obiter) gemaak is, aangesien dit glad nie met die basiese

beginsels van ’n skenking gehandel het nie en dus nie gevolg moet word nie. Hy argumenteer

voorts dat die bepalings van artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet nooit meer

beswarend as dié van artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond kan wees nie en

op ’n soortgelyke wyse uitgelê moet word. In appèl is daar egter ’n stokkie voor dié argument

gesteek, aangesien daar bevind is dat waar grond geskenk word, beide wette van toepassing

is, maar omdat die Regswysigingswet strenger vereistes daarstel deurdat die skenker se

handtekening deur twee getuies geattesteer moet word, dit voorrang geniet by

skenkingskontrakte, soos in hierdie geval. 20 Die laaste been van sy betoog was dat die

versuim om die beperkte saaklike reg van die verbandhouer te vermeld, nie nietigheid van die

skenking tot gevolg kan hê nie, aangesien dit nie eers ’n vereiste vir die vervreemding van

grond is nie. 21 Soos te verwagte, het die skenker (verweerder) se advokaat hom geheel en al

met die bevindings in Savvides vereenselwig, naamlik dat die skenking weens die gewraakte

versuim nietig was. 22

120

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Regter Le Grange meen dat die eiser se argument dat artikel 2(1) van die Wet op

Vervreemding van Grond ook op skenkings van toepassing is, nie sonder meriete is nie. 23 . (’n

Mens sou dit eintlik as vanselfsprekend aanvaar in die lig van die tersaaklike bepalings wat

hier bo in paragraaf 1.2 weergegee is en wat die regter woordeliks aanhaal, 24 soos die geval

was in byvoorbeeld Janse van Rensburg v Koekemoer waarna hier bo verwys word en waarin

sonder omhaal aanvaar is dat artikel 2(1) aldus van toepassing is.) Die regter beskou die

volgende aanhaling uit Stalwo 658 oor die doel van artikel 2(1) as insiggewend

(“instructive”): 25

Section 2(1), whose objective is to achieve certainty in transactions involving the sale

of fixed property regarding the terms agreed upon and limit disputes, requires an

agreement for the sale of land to be in writing and signed by the parties. That means

that the essential terms of the agreement, namely the parties, the price and subject

matter, must be in writing and defined with sufficient precision to enable them to be

identified. And so must the other material terms of the agreement.

Gevolglik beslis die regter dat dieselfde oorwegings ook die bepalings van artikel 5 van die

Algemene Regswysigingswet moet onderlê, naamlik om sekerheid (“certainty”) in

transaksies te verseker. 26 Regter Le Grange voer aan 27 dat in die konteks van skenkings wat

nog uitgevoer moet word, die woorde “die bepalings” beteken dat ten minste na al die

wesenlike bedinge verwys (“refer”) moet word, naamlik die voorwerp (“subject matter”) van

die skenking wat met voldoende duidelikheid omskryf moet word, dat een party eiendom aan

’n ander oordra en dat een party geen teenprestasie sal lewer nie of, indien dit wel nodig is, ’n

teenprestasie moet lewer wat van geringe waarde is.

Die nievermelding van die verband oor die skenking is vir regter Le Grange belangrik, want

dit verdoesel die ware toedrag van sake: “On the face of the contract, the Defendant appears

to be the owner of an unencumbered portion of the property, which is not the case.” Soos in

Savvides is die feit dat beperkte saaklike regte ook geskenk kan word, klaarblyklik die

deurslaggewende rede vir die regter se beslissing, met verwysing na Stalwo 658, dat daar nie

aan die statutêre voorskrif in artikel 5 voldoen is nie: 28

Since limited real rights in property such as a mortgage bond or the ownership of land

subject to a usufruct may be donated, the need to define the real extent of one’s

ownership in property becomes imperative. The failure to do so will definitely fall

short of the requirements as stipulated in section 5(1) of the General Law Amendment

Act, Act 50 of 1956.

Die regter 29 herhaal dat die verweerder sy eiendomsreg as dié van ’n absolute eienaar beskryf

nieteenstaande die feit dat die hele eiendom met ’n verband ten gunste van Nedbank beswaar

was. Gevolglik is dit volgens die regter onseker of die verweerder bedoel het om ’n

onbeswaarde eiendom te skenk en of dit die bedoeling was dat sy verpligtinge ingevolge die

verband deur die eiser oorgeneem sou word. ’n Belangrike opmerking van die regter oor die

oordrag van onroerende eiendom wat vir doeleindes van hierdie bespreking belangrik is,

lui: 30

121

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The rights of bondholders, in my view, must be an important consideration where a

donation of an encumbered property is concerned as no transfer of immovable

property can be registered unless the bond over the property is cancelled or the

transferee is substituted for the transferor as debtor in respect of the bond. In this

regard see section 56(1) and 57(1) of the Deeds of Registries Act, 47 of 1937.

Ondanks vertoë deur die eiser oor die moontlike aflossing van die verband en die betaling

van oordragkoste deur die eiser of die verweerder na gelang die geval, hou regter Le Grange

voet by stuk en beslis soos volg: 31

In terms of the law, the terms of the donation must be stipulated in the deed. In this

instance it was not done and only demonstrates that the terms of the donation are

vague, uncertain and not defined properly and with sufficient clarity … The failure of

the Defendant to define the full extent of his ownership of the property, which was

subject to the real right of the bondholder, clearly fall [sic] short of what is required

by law … The reasoning in the Savvides case is therefore sound. By reason of the

aforegoing, “the terms of the donation” were not reduced in writing as required by

law … It follows that the parties failed to comply with section 5(1) of the General

Law Amendment Act 50 of 1956, therefore rendering the contract of donation void.

Die klaarblyklike resultaat van die uitsprake in Savvides en Scholtz is dat waar onroerende

eiendom geskenk word – hetsy dit ingevolge die Regswysigingswet of die Wet op

Vervreemding van Grond geskied – ’n besondere vereiste vir die geldigheid van die

skenkings- of vervreemdingsakte gestel en in ons reg ingevoer word, naamlik dat die bestaan

en omvang van ’n beperkte saaklike reg oor die eiendom, soos ’n verbandreg of vruggebruik,

ten gunste van ’n ander party ten volle in die akte openbaar moet word.

Die korrektheid van die invoer van sodanige vereiste word hier onder beoordeel.

4. Uitspraak en redes van die hoogste hof van appèl in Scholtz

In appèl deur die begiftigde (appellant/eiser) het die skenker (respondent/verweerder) steeds

vasgeklou aan sy verweer dat die lot van die bestaande verband oor die geskenkte eiendom ’n

wesenlike beding is. Aangesien die skenkingsakte swyg oor hoe met die verband gehandel

moet word, so is ook in appèl geargumenteer, was al die bedinge nie skriftelik daarin vervat

nie. Gevolglik was die skenking weens hierdie late nietig.

Die eerste punt in appèl was of artikel 5 van die Regswysigingswet of artikel 2(1) van die

Wet op Vervreemding van Grond die deurslag in die onderhawige saak moet gee.

Appèlregter Brand beslis dat waar grond geskenk word, beide wette van toepassing is, maar

omdat die Regswysigingswet strenger vereistes daarstel deurdat die skenker se handtekening

deur twee getuies geattesteer moet word, dit voorrang geniet by skenkingskontrakte. 32

Die verhoorhof se bevinding dat die nie-uitdruklike vermelding in die skenkingsakte van hoe

met die verband gehandel moet word, noodwendig veroorsaak het dat die skenking nietig is,

122

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word egter in appèl verwerp. Die rede hiervoor is dat die verhoorhof dit uit die oog verloor

het dat die ontbrekende beding (“missing term”) rakende die verband aangevul kon word

deur ’n behoorlike uitleg van die uitdruklike bedinge van die ooreenkoms, alternatief, deur dit

as ’n stilswyende beding te beskou. 33 Eersgenoemde moontlikheid word onderskryf deur die

algemene reël by die uitleg van kontrakte dat in geval van dubbelsinnigheid, die uitleg van ’n

kontrak nie beperk is tot die bewoording van die dokument nie, maar dat dit binne die

konteks of die feitelike omringende omstandighede en agtergrond daarvan uitgelê moet

word. 34

Wat die stilswyende beding-moontlikheid betref, wys appèlregter Brand daarop dat die

grondslag hiervan nie binne die bestek van die uitleg van uitdruklike bedinge val nie en ook

nie op uitdruklike wilsooreenstemming berus nie, maar dat dit spruit uit die gemeenskaplike

bedoeling van die partye soos deur die hof afgelei uit die uitdruklike bedinge van die kontrak

en die omringende omstandighede van die geval. 35 Met betrekking tot ’n stilswyende beding

in die konteks van statutêre formaliteitsvoorskrifte steun die hoogste hof van appèl op

Wilkens NO v Voges, 36 waar beslis is dat indien ’n stilswyende beding ingelees word in ’n

kontak wat aan statutêre formaliteitsvoorskrifte moet voldoen, dit nie afbreuk doen aan

sodanige statutêre formaliteitsvoorskrifte nie, en vervolg:

A tacit term in a written contract, be it actual or imputed, can be the corollary of the

express terms – reading, as it were, between the lines – or it can be the product of the

express terms read in conjunction with evidence of admissible surrounding

circumstances. Either way, a tacit term once found to exist, is simply read or blended

into the contract as such: as such it is “contained” in the written deed. Not being an

adjunct tool but an integrated part of the contract, a tacit term does not, in my opinion,

fall foul of … the Act [the predecessor of section 2(1) of the Alienation of Land Act].

Volgens appèlregter Brand kan daar nie uit die pleitstukke vasgestel word of daar inderdaad

’n dispuut bestaan het oor die wyse waarop met die verband gehandel moes word nie. Met

ander woorde, daar is ’n Babelse verwarring oor die vraag of die verband gekanselleer of

gesubstitueer moet word. 37 Die hoogste hof van appèl bevind dat indien hierdie verwarring

opgeklaar is, die ontbrekende bepaling deur kontraksuitleg of deur die invoeging van ’n

stilswyende beding aangevul kan word. 38 Met verwysing na Neethling v Klopper, 39 waar

bevind is dat statutêre formaliteitsvoorskrifte nooit daarin kan slaag om alle dispute uit die

weg te ruim nie, kom appèlregter Brand tot die volgende slotsom: 40

It therefore stands to reason that a subsequent dispute about the terms of the contract,

in itself, cannot render the agreement void ab initio. The court will simply have to

determine the dispute. Once the facts of this case have been determined on the

pleadings or by the court it may emerge that the donation is indeed invalid because

the deed omitted to record a material term.

Gevolglik word bevind dat die respondent nie ’n geldige verweer geopenbaar het nie en slaag

die appèl. 41

123

5. Bespreking

5.1 Die ondersteunende gesag en redenasie in Savvides

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Indien ’n mens die oorspronklike bron waarna die regter verwys, naamlik Owens, 42 nagaan,

verskyn die deurslaggewende stelling, “Not only ownership but also limited real rights in

property, such as a mortgage bond or the ownership of land subject to a usufruct may be

donated”, onder die opskrif “What may be donated” (soos die regter in Savvides wel aandui).

Owens het geen voetnoot bygevoeg waarin enige gesag vir die stelling vermeld word nie,

straks omdat dit vanselfsprekend is dat sodanige skenking gemaak kan word. Die stelling het

egter niks te doen met formaliteite vir die geldigheid van ’n skenking wat in die volgende

paragraaf van gemelde werk bespreek word nie. Dit is derhalwe moeilik om te verstaan hoe

die regter in Savvides bostaande stelling kon inspan as motivering vir sy beslissing dat die

skenking weens die nievermelding van die verband nie aan die formaliteitsvereistes voldoen

het nie: “The last sentence [die aangehaalde stelling hier bo] is authority for my saying that

she could have donated her unrestricted right of a portion of the ownership of the property but

not as it was done in the present case.” 43 Tog is hierdie redenasie in die verhoorhof in

Scholtz 44 as “sound” aanvaar en verklaar dat die bedinge van die skenking nie op skrif gestel

is nie “as required by law”. “What law?” is die vraag wat onwillekeurig na vore kom. Ons

stem gevolglik saam met die eiser se advokaat se betoog in Scholtz dat die bovermelde

uitsprake in Savvides bloot in die verbygaan (obiter) gemaak is, aangesien dit glad nie met

die basiese beginsels van ’n skenking gehandel het nie en dus nie gevolg moet word nie. In

appèl is daar ook nie ’n groot ophef van Savvides gemaak nie en appèlregter Brand het

terloops in die verbygaan opgemerk: 45 ”[T]he facts in Savvides were not entirely on all fours

with the facts of this case. Yet I believe they were similar enough to render the two cases

indistinguishable on their facts.” Soos hier bo bespreek, het die hoogste hof van appèl geheel

en al ’n ander benadering as die verhoorhof gevolg om tot die gevolgtrekking te kom dat die

skenker (verweerder/respondent) nie ’n geldige verweer geopenbaar het deur aan te voer dat

die skenkingsakte nie aan die formaliteitsvoorskrifte van artikel 5 van die Regswysigingswet

of artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond voldoen het nie.

Verder is Owens se voorbeelde van ’n skenking van beperkte saaklike regte, synde ’n

verband en onroerende goed onderhewig aan ’n vruggebruik, onvanpas, aangesien verbande

in die praktyk nie normaalweg “geskenk” word nie, maar vir doeleindes van sekerheidsessie

“gesedeer” word, 46 en ’n vruggebruik in elk geval weens die persoonlike aard daarvan deur

regswerking nie saam met die blooteiendom waaroor dit strek, of afsonderlik, vir skenking

vatbaar is nie. 47 ’n Vruggebruik kan net deur ’n voorbehoud of notariële sessie geskep en

ongedaan gemaak word. 48 Gevolglik staan dit die blooteienaar vry om na hartelus met sy of

haar beperkte saaklike reg (blooteiendom) te handel en is ’n bestaande vruggebruik oor

sodanige (bloot)eiendom in die konteks van ’n skenking irrelevant. Owens se skenkingscenario

hier bo is dus nie veel werd nie.

5.2 Regspraak oor artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond en voorgangers

daarvan

124

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hier bo is aangetoon dat die omskrywing van “vervreem” in hierdie Wet ook skenkings

insluit, en regspraak oor hierdie artikel rakende die omskrywing van die koopsaak is dus ook

vir skenkings relevant. Die volgende algemene riglyne oor die omskrywing van ’n koopsaak

kan aan die hand van Clements v Simpson 49 vasgestel word: ’n Absoluut akkurate beskrywing

van die saak is nie ’n vereiste nie, en solank die saak tot sekerheid herlei kan word, is dit

vanself seker (’n vry vertaling die beginsel van certum est quod certum reddi potest). In

hierdie verband merk hoofregter Watermeyer in Van Wyk v Rottcher’s Saw Mills (Pty) Ltd 50

oor ’n voorganger van die huidige artikel 2(1) op:

Clearly, if sec. 30 be construed so as to require a written contract of sale to contain,

under pain of nullity, a faultless description of the property sold couched in

meticulously accurate terms, then such a construction would merely be an

encouragement to a dishonest purchaser to escape from his bargain on a technical

defect in the description of the property, even in cases where there was no dispute at

all between the parties. Such construction would be an encouragement to dishonesty

and cause loss of revenue to the State, and it should be avoided if possible.

In Headermans (Vryburg) (Pty) Ltd v Ping Bai 51 is die volgende aanhaling uit die Van Wyksaak

dan ook as die korrekte benadering (“true approach”) beskryf:

There must, of course, be set out in the written contract the essential elements of the

contract. One of such essential elements is a description of the property sold and,

provided it is described in such a way that it can be identified by applying the

ordinary rules for the construction of contracts and admitting such evidence to

interpret the contract as is admissible under the parol evidence rule … the provisions

of the law are satisfied.

Voorgaande beteken nie dat die hof ’n kontrak vir die partye sal opstel indien hul bedoeling

nie met ’n redelike mate van sekerheid vasgestel kan word nie, maar soos regter Colman in

Burroughs Machines Ltd v Chenile Corporation of SA (Pty) Ltd 52 aandui:

inelegance, clumsy draftsmanship or loose use of language in a commercial document

purporting to be a contract, will not impair its validity as long as one can find therein,

with reasonable certainty, the terms necessary to constitute a valid contract.

Volgens die Clements-saak is die toets of die eiendom slegs uit hoofde van die koopkontrak

self behoorlik geïdentifiseer kan word sonder dat ekstrinsieke getuienis aangevoer moet word

oor die partye se onderhandelinge of wilsooreenstemming.

Dit is opvallend dat daar nie in een van bogemelde beslissings melding gemaak word van die

bestaan van beswarings op die koopsaak, soos ’n verband, wat openbaar moet word nie.

Voorts het die beslissing van die hoogste hof van appèl waarop in Scholtz gesteun is as gesag

vir die doelstellings van die Wet op Vervreemding van Grond, naamlik Stalwo, eintlik niks te

doen gehad met die regsvraag ter sprake nie en bloot bevestig wat teen hierdie tyd algemeen

oor die doel van artikel 2(1) bekend is. Stalwo het naamlik gehandel oor opskortende

voorwaardes, onderverdeling van landbougrond en die betaling van

eiendomsagentekommissie. Meer nog, juis oor die vraag wat as essensiële of wesenlike

125

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bedinge van ’n koopkontrak beskou moet word, het die hof in Stalwo 53 opgemerk dat “[w]hat

precisely is meant in this context by ‘material term’ need not be decided”. Dit is dus geen

gesag vir die uiteindelike beslissing dat die bestaan van ’n verband oor die betrokke eiendom

in ’n skenkings- of vervreemdingsakte geopenbaar moet word nie.

In appèl is Stalwo egter nie aan die groot klok gehang nie en net in ’n beperkte mate ingespan

as gesag dat die essentialia en wesenlike bedinge by die vervreemding van grond op skrif

gestel moet word, 54 en dat die moontlikheid bestaan dat ’n wesenlike beding as ’n

stilswyende beding in ’n vervreemdingsakte van grond ingelees mag word sonder dat die

wetgewer se bedoeling rakende formaliteitsvoorskrifte noodwendig daardeur verydel sal

word. 55

In Janse van Rensburg v Koekemoer 56 is beslis dat die skenking van ’n bewoningsreg ’n

“belang in grond” is, soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Vervreemding van Grond, en

dat die skenkingsakte daarvan aan die vereistes van artikel 2(1) van die Wet op

Vervreemding van Grond en artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet moet voldoen. In

Koekemoer was die reg op bewoning mondelings geskenk en derhalwe nietig.

5.3 Hoofstuk 2 van die Wet op Vervreemding van Grond

Terwyl artikel 2(1) in hoofstuk 1 van die Wet vervat is en dus op alle vervreemdings van

grond van toepassing is, 57 is hoofstuk 2 van die Wet volgens die opskrif daarvan net op die

verkoop van grond op afbetaling van toepassing. Hierbenewens bepaal die woordomskrywing

van “grond” in artikel 1 dat “grond” in artikel 3(2) en hoofstuk 2 beteken grond wat

hoofsaaklik vir woondoeleindes gebruik word of wat bestem is om hoofsaaklik aldus gebruik

te word. 58 Hierbenewens bevat artikel 1 ’n woordomskrywing van ’n “kontrak” waarvolgens

dit (a) ’n vervreemdingsakte is waarkragtens grond verkoop word teen ’n betaling deur die

koper aan die verkoper van ’n bedrag geld in meer as twee paaiemente oor ’n tydperk van

meer as een jaar; en (b) ook enige ooreenkoms of ooreenkomste wat tesame dieselfde

strekking het, watter vorm die ooreenkoms of ooreenkomste ook al mag aanneem.

Van besondere belang is artikel 6 in hoofstuk 2 wat sekere inligting voorskryf wat in

sodanige kontrak vervat moet word, onder andere:

’n Kontrak moet bevat ... indien die grond met ’n verband beswaar is, die naam en

adres van die persoon of sy verteenwoordiger, of in die geval van ’n

deelnemingsverband, die naam en adres van die benoemde maatskappy, of sy

verteenwoordiger, ten gunste van wie die verband oor die grond ten tyde van die

sluiting van die kontrak geregistreer is. 59

Artikel 7 bevat uitgebreide bepalings oor sertifikate wat die verkoper aan die koper moet

verskaf onder die opskrif “Verkoop van grond wat met verband beswaar is”, wat nie hier

herhaal word nie.

Die punt is eenvoudig dat die wetgewer dit uitdruklik uitgestippel het dat die gegewens oor

die bestaan van die verband en alles wat daarmee saamgaan, net in die kontrak vervat moet

126

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word by die verkoop van grond vir residensiële doeleindes soos hier bo uiteengesit. In die lig

hiervan moet die eiser se advokaat in Scholtz gelyk gegee word met sy argument dat so ’n

vereiste nie in die geval van ’n skenking gestel kan word terwyl dit nie eers in alle gevalle by

die verkoop van grond gestel word nie. Ongelukkig blyk dit nie uit die hofverslag of

bogenoemde inligting in die stukke voor die hof gedien het nie.

5.4 Wat is ’n wesenlike beding?

Hier bo is vermeld dat ten einde aan die bepalings van die Algemene Regswysigingswet en

die Wet op Vervreemding van Grond te voldoen, vereis word dat die essentialia en wesenlike

bedinge in die skriftelike ooreenkoms vervat moet word. Anders as die essentialia wat met

gemak deur regsekerheid identifiseerbaar is, is die bepaling van ’n wesenlike beding in elke

besondere geval ’n perd van ’n ander kleur. Verder is gesag oor wat ’n wesenlike beding is,

so skaars soos hoendertande. Wulfson 60 beskou ’n wesenlike beding as ’n beding “which the

parties regard as important enough to insert in their contract”. Ons meen hierdie toets is te

vaag en subjektief. Van Rensburg en Treisman 61 werp ook nie veel lig op die vraag nie en

meld bloot dat “[t]he essential terms of the contract, together with all the additional terms

incorporated into the contract by agreement, constitute its material terms”. Anders gestel,

volgens hierdie skrywers is ’n niewesenlike beding dus ’n bepaling wat bloot vir

inligtingsdoeleindes in ’n kontrak ingesluit word en nie bedoel is om die partye kontraktueel

te verbind nie. In Johnson v Leal 62 is byvoorbeeld beslis dat dit moeilik is om presies te

omskryf wat ’n wesenlike beding is. Ongelukkig het die hoogste hof van appèl, soos in die

geval van Stalwo vir doeleindes van daardie saak, dit onnodig geag om daaroor te beslis.

Ten einde te bepaal of ’n beding wesenlik is, is die volgende toets in Jones v Wykland

Properties 63 voorgestel: Het die kontrakspartye hulle inderdaad van die beding vergewis en

het die kontrakspartye uitdruklik of stilswyend ooreengekom dat die beding deel van die

kontrak moet wees, en dat hulle daaraan gebonde sal wees? Indien die antwoord op al hierdie

vrae bevestigend is, is die beding wesenlik. Hierdie toets is effektief en prakties toepaslik. In

Jones het die vraag juis gehandel oor die wesenlikheid al dan nie van ’n okkupasie- en

risikodatum by die verkoop van grond. Hier het die partye ’n standaard gedrukte

koopooreenkoms gebruik en die blanko spasie wat die okkupasie- en risikodatum aandui,

voltooi as “as agreed”. Die hof bevind dat die okkupasie- en risikodatum inderdaad wesenlik

is en dat die partye nie regtens op ’n datum ooreengekom het nie. Derhalwe is die

koopooreenkoms nietig, aangesien daar nie aan die formaliteitsvoorskrifte van artikel 2(1)

van die Wet op Vervreemding van Grond voldoen is nie. 64

In Smit v Walles 65 was die probleem ook die voltooiing van ’n okkupasiedatum. Aangesien

die koper, as huurder, reeds die eiendom voor sluiting van die koopkontrak geokkupeer het, is

aangevoer dat die okkupasiedatum om dié rede nie wesenlik is nie en dat die onbehoorlike

voltooiing daarvan in die koopooreenkoms nie strydig met die bepalings van 2(1) van die

Wet op Vervreemding van Grond is nie. Die hof gaan akkoord met die argument en beslis dat

die okkupasiedatum in hierdie geval nie wesenlik is nie en dat getuienis aangevoer mag word

om die onduidelikheid op te klaar. 66

127

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Uit bostaande is dit duidelik dat die toets om te bepaal of ’n beding wesenlik is of nie, ’n

feite- en nie ’n regsvraag is nie. Omdat al die feite, soos deur die hoogste hof van appèl

bevestig, nie voor die verhoorhof in Scholtz was nie, kon daar logieserwys nie getoets word

of die afhandeling van die verband kragtens die bepalings van artikels 56(1) (wat vereis dat

’n bestaande verband eers gekanselleer moet word alvorens die betrokke eiendom

getransporteer mag word) of 57(1) (wat vereis dat indien die betrokke verband nie

gekanselleer word met die oordrag van die eiendom nie, die nuwe eienaar die verpligtinge

van die verbandgewer moet oorneem) van die Registrasie van Aktes Wet wesenlik is of nie.

5.5 Was die vermelding van die verband in Scholtz ’n wesenlike beding?

Alhoewel dit nie uit die stukke voor die hof blyk nie, was en is die verband steeds in beide

die skenker (verweerder/respondent) en begiftigde (eiser/appellant) se name, as gelyke medeeienaars

van die eiendom (onder verwysing B93144/2004), geregistreer. Ons het hierdie

inligting deur middel van “Search Works”, ’n program wat landwyd elektronies met die

Aktekantore se databasisse gekoppel is, bekom en geverifieer.

Derhalwe is dit onvermydelik dat die begiftigde (eiser/appellant) inderdaad bewus moes

gewees het van die feit dat die geskenkte eiendom met ’n verband beswaar was en steeds is.

Voorts is die moontlikheid ook nie uitgesluit nie dat die leerstuk van toegerekende kennis, ten

spyte van die beslissing in Frye’s (Pty) v Ries, 67 in hierdie geval toegepas kan word, omdat

sowel die begiftigde as die skenker ’n party tot die akteregistrasiehandeling was. In Frye’s is

beslis dat die leerstuk van toegerekende kennis nie werking mag vind op die (openbare)

inligting wat op die Aktekantore se databasis aan die algemene publiek beskikbaar is nie.

Aangesien die begiftigde (eiser) bewus was, of moes gewees het, van die bestaan van die

verband, is hierdie gegewe deurslaggewend, en dit het die vermelding van die verband in die

skenkingsakte tot ’n niewesenlike beding gereduseer. 68 Alternatief, soos aangeroer deur die

hoogste hof van appèl, moes die verhoorhof hierdie feitelike omringende omstandighede en

agtergrond in ag geneem het by die uitleg van die skenkingsakte.

In die onderhawige geval, soos wat die algemene handelsgebruik by meerdere verbandgewers

betaam, was en is die begiftigde (eiser/appellant) en skenker (verweerder/respondent)

afsonderlik en gesamentlik kragtens die bepalings van die verbandakte aanspreeklik.

Derhalwe was die tafel reeds vir die partye gedek oor die wyse waarop daar met die verband

kragtens die bepalings van artikels 56(1) (kansellasie) of 57(1) (substitusie) van die

Registrasie van Aktes Wet gehandel moet word, en was ’n (verdere) ooreenkoms om die

aspek tussen die begiftigde en skenker uit te klaar, onnodig. Weer eens is dit ’n feitelike

omringende omstandigheid en agtergrond wat die verhoorhof in ag moes geneem het.

128

6. Gevolgtrekking

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Op grond van bostaande is ons oortuig dat die verhoorhof gefouteer het deur te vereis dat

daar, as algemene reël, met ’n verband in ’n vervreemdings- of skenkingsakte gehandel moet

word om sodoende óf aan die essentialia óf wesenlikheidsvereiste vir doeleindes van die

voorskrifte van artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond of artikel 5 van die

Algemene Regswysigingswet te voldoen. Indien die verhoorhof se bevinding rakende

verbande konsekwent in die praktyk toegepas word, is daar bitter min vervreemdingsaktes

wat hierdie toets sal deurstaan. Gevolglik moet die hoogste hof van appèl se benadering en

bevinding in die onderhawige saak onderskryf word.

Afhangende van die omstandighede van elke betrokke geval kan die situasie natuurlik

ontstaan dat daar in ’n besondere geval inderdaad met die verband in die vervreemdingsakte

gehandel moet word ten einde aan die bepalings van voormelde wetgewing te voldoen. Of dit

nodig is of nie, is ’n feite- en nie ’n regsvraag nie wat gekoppel is aan die wesenlikheid van

die beding en die uitleg van die vervreemdingsakte.

Bibliografie

Joubert, W.A. (red.) 1979. The law of South Africa Vol. 8. Durban: LexisNexis.

—. 2005. The law of South Africa Vol. 8(1). Durban: LexisNexis.

—. 2010. The law of South Africa Vol. 24. Durban: LexisNexis.

Kerr, A.J. en G. Glover. 2010. Sale. In Joubert (red.) 2010.

Nel, H.S. 1991. Jones Conveyancing in South Africa. 4de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Owens, P.R. 1979. Donations. In Joubert (red.) 1979.

—. 2005. Donations. In Joubert (red.) 2005. (Bygewerk deur B. Wunsch (heruitgawe), 2de

uitgawe deur H. Daniels).

Scott, S. 1991. The law of cession. 2de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Van der Merwe, C.G en M.J. de Waal. 2010. Servitudes. In Joubert (red.) 2010.

Van Rensburg, A.D.J. en S.H. Treisman. 1984. The practitioner’s guide to The Alienation of

Land Act.Durban: Butterworths.

Wulfson, P.M. 1980. Formalities in respect of Contracts of Sale of Land Act (71 of 1969).

Durban: Butterworths.

129

Eindnotas

1 Sien bv. De Jager v Grunder 1964 1 SA 446 (A) 465E en die gesag aldaar.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2 Sien bv. The Master v Thompson’s Estate [1961] 2 All SA 174 (FC); Ovenstone v Secretary

for Inland Revenue [1980] 2 All SA 25 (A) 37; Commissioner, South African Revenue

Services v Woulidge 2002 1 SA 68 (HHA) en die gesag na verwys.

3 ’n Sg. “executory donation” waarna in die Engelse teks van art. 5 verwys word; sien bv. ook

Albert v Pearse and the Master 1973 1 SA 827 (N); Nezar v Die Meester 1982 2 SA 430 (T);

Savvides v Savvides 1986 2 SA 325 (T); Jordaan v De Villiers 1991 4 SA 396 (K); Stander v

Commissioner for Inland Revenue 1997 3 SA 617 (K); Commissioner, South African Revenue

Services v Marx 2006 4 SA 195 (K); Janse van Rensburg v Koekemoer 2011 1 SA 118 (GSJ)

en die gesag waarna in hierdie sake verwys word.

4 Sien Owens (2005:377); Ex parte Oosthuizen 1964 1 SA 174 (O).

5 Die bron waarna die meeste in die regspraak verwys word, is Owens (1979:152).

6 Sien bv. Owens (2005:377–9).

7 Sien die woordomskrywing in art. 1.

8 Sien bv. Magwaza v Heenan 1979 2 SA 1019 (A); Johnston v Leal 1980 3 SA 927 (A);

Jones v Wykland Properties 1998 2 SA 355 (K); Herselman v Orpen 1989 4 SA 100 (SOK);

Shoprite Checkers (Pty) Ltd v Bumpers Schwarmas CC 2002 6 SA 202 (K).

9 Sien bv. Stalwo (Pty) Ltd v Wary Holdings (Pty) Ltd 2008 1 SA 654 (HHA).

10 Sien Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC 1996 2 SA 15 (A).

11 Sien Scholtz (WKK) par. 14.

12 Sien oor die afgelope paar jaar bv. Engelbrecht v Merry Hill (Pty) Ltd 2006 3 SA 238

(OK); Just Names Properties 11 CC v Fourie 2007 3 SA 1 (W); Manna v Lotter [2007] 3 All

SA 50 (K); Reivelo Leppa Trust v Kritzinger [2007] 4 All SA 794 (SOK); Thorpe v

Trittenwein 2007 2 SA 172 (HHA); Balduzzi v Rajah [2008] 4 All SA 183 (W); Fairoaks

Investment Holdings (Pty) Ltd v Olivier 2008 4 SA 302 (HHA); Fraser v Viljoen 2008 4 SA

106 (HHA); Just Names Properties 11 CC v Fourie 2008 1 SA 343 (HHA); Lancino

Financial Investments (Pty) Ltd v Bennet [2008] 4 All SA 220 (HHA); Stalwo (Pty) Ltd v

Wary Holdings (Pty) Ltd 2008 1 SA 654 (HHA); Waterval Joint Venture Property Co (Pty)

Ltd v City of Johannesburg Metropolitan Municipality 2008 2 All SA 700 (W); JR 209

Investments (Pty) Ltd v Pine Villa Country Estate (Pty) Ltd, Pine Villa Estates (Pty) Ltd v JR

209 Investments (Pty) Ltd 2009 4 SA 302 (HHA).

13 Aanhangsel A tot die stukke voor die hof.

130

14 Sien par. 1.1 hier bo.

15 333A.

16 Vol. 8 par. 124.

17 333E.

18 333A–B.

19 333E–F.

20 Par. 8.

21 Par. 6.

22 Par. 7.

23 Par. 11.

24 Par. 11–2.

25 Par. 14.

26 Par. 14.

27 Par. 15.

28 Par. 16.

29 Par. 17.

30 Par. 18.

31 Par. 19–22.

32 Par. 8.

33 Par. 11.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

34 Sien KPMG Chartered Accountants SA v Securefin Ltd 2009 4 SA 399 (HHA)) (t.a.p.);

hierdie aspek word weer in par. 5.5 hier onder aangeraak.

35 Par. 12; sien bv. Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration

1974 3 SA 506 (A).

36 1994 3 SA 130 (A) 143.

37 Sien artt. 56(1) en 57(1) van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937.

131

38 Par. 13–7.

39 1967 4 SA 459 (A).

40 Par. 18.

41 Par. 19.

42 1979:152.

43 Ons kursivering.

44 Par. 21.

45 Par. 10.

46 Sien Lief v Dettmann 1964 2 SA 252 (A); Scott 1991:45–9.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

47 Sien Durban City Council v Woodhaven 1987 3 SA 555 (A); Armstrong v Bhamjee 1991 3

SA 195 (A); Resnekov v Cohen 2012 1 SA 314 (WKK); Nel 1991:212–20; art. 66 van die

Registrasie van Aktes Wet.

48 Sien artt. 65(1), 67, 68(2) en 69(1) van die Registrasie van Aktes Wet; Van der Merwe

2010, par. 613, 617.

49 1971 3 SA 1 (A).

50 1948 1 SA 983 (A) 989.

51 1997 3 SA 1004 (HHA) 1009.

52 1964 1 SA 669 (W) 670.

53 Par. 8.

54 Par. 9.

55 Par. 12.

56 2011 1 SA 118 (GSJ).

57 Sien bv. Kerr en Glover 2010:90–7.

58 Sien Bouwer v Aurae (Pty) Ltd 1991 4 All SA 201 (W) en die gesag aldaar.

59 Art. 6(1)(d).

60 1980:75.

61 1984:51–2.

132

62 1980 3 SA 927 (A) 973.

63 1998 1 SA 355 (K).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

64 Sien ook King v Potgieter 1950 3 SA 7 (T) waar beslis is dat die okkupasiedatum wesenlik

is.

65 1985 2 SA 189 (T).

66 Sien ook Mulder v Van Eyk 1984 4 SA 204 (SOK) waar beslis is dat die okkupasiedatum

nie wesenlik is nie.

67 1957 3 SA 575 (A).

68 Sien bv. Smit hier bo.

133

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Begrafnisregte in die konteks van die Afrikagewoontereg

en die rol van die testamentopsteller

Opsomming

George Pelser en Christa Rautenbach

George Pelser en Christa Rautenbach: Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit

Daar ontstaan heelwat konflik in die Afrika-gewoontereg tussen familielede en erfgename by

die afsterwe van ’n familielid wanneer daar reëlings vir die begrafnis getref moet word. Die

hele kwessie kan onder die begrip begrafnisregte tuisgebring word. Hierdie "regte" om 'n

oorlede familielid te begrawe het eerstens te doen met die vraag wie die oorledene mag

begrawe en tweedens met die vraag waar die oorledene begrawe moet word. Dié twee vrae

gee aanleiding tot aansienlike verwarring in die howe en daar is nog geen eenstemmigheid

oor die presiese beginsels wat van toepassing is nie. Die verskillende benaderings wat in die

howe gevolg word, kan tot ’n aansienlike mate van regsonsekerheid lei wat hoofbrekens kan

besorg. ’n Regspraktisyn moet iemand wat volgens die gebruike en gewoontes van die

Afrika-gewoontereg leef, kan adviseer oor begrafnisregte wanneer dit by die opstel van ’n

testament ter sprake kom. Dit is gevolglik belangrik dat die regspraktisyn, veral in die in die

konteks van testamente, kennis dra van die regsposisie by begrafnisregte in die Afrikagewoontereg,

asook welke stappe hy of sy kan doen om moontlike konfliksituasies te vermy.

Die doel van hierdie bydrae is eerstens om die regsposisie met betrekking tot begrafnisregte

in die Afrika-gewoontereg uiteen te sit, en tweedens om beplanningsmeganismes vir ’n

voornemende testateur wat ingevolge die Afrika-gewoontereg leef, voor te stel.

Sleutelwoorde: Afrika-gewoontereg; begrafnisregte; testament; testamentopsteller

Abstract

Burial rights in the context of African customary law and the role of the drafter of a will

Religious and cultural practices and values play an important role in funerals and how they

should be conducted. This creates considerable conflict between heirs and family members,

especially those living under a system of African customary law, when someone dies and

funeral arrangements have to be made. This whole issue can be brought under the concept of

burial rights. This "right" to bury a deceased family member can be quite problematic in two

ways: first, when the question of who should bury the deceased must be decided, and

secondly when the question of where the deceased must be buried has to be decided. Not only

do these two questions give rise to conflict among the family members of the deceased, but

134

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

they also lead to considerable confusion in the courts, especially where there is no agreement

on the exact principles to be applied.

The where aspect is partially regulated by the Extension of Security of Tenure Act 62 of

1997. The importance of this act lies in the fact that it provides an occupier with the right “to

bury a deceased member of his or her family who, at the time of that person's death, was

residing on the land on which the occupier is residing, in accordance with their religion or

cultural belief, if an established practice in respect of the land exists”. A similar right is given

to the family members of the occupier who also want to be buried on the occupied land. This

provision has the potential to create a tug of war between the landowner and the occupier (or

his family members), and hence extreme care should be taken when dealing with such a

situation.

There is no legislation that regulates the who aspect and therefore the courts follow different

approaches to find a solution. In certain instances the courts base their decisions on the

common law and the position of Voet, while in others they base their decisions on African

customary law.

The common law approach entails a hierarchy of who is entitled to bury a deceased. First of

all, the wishes of the testator as expressed in his will are the decisive factor. If the deceased

did not express his wishes in his will, his testamentary heirs have the right to decide how and

where the deceased must be buried. In the absence of testamentary heirs, it would be the right

of the legitimate intestate heirs to take the final decisions regarding the deceased's burial.

The customary law approach varies according to the customs of a particular traditional

community. In general one could say that the rule of male primogeniture plays a prominent

role in customary law and the eldest son is usually the chosen one to make decisions

regarding the burial of a deceased.

It also happens that the courts apply a combination of common law and customary law

principles to ensure a fair result. In any event, the different approaches quite often lead to a

significant degree of legal uncertainty.

A person with certain wishes regarding the way in which he should be buried, or who wishes

to prevent conflict between family members, should consider making his wishes known

beforehand. In this regard verbal communication should be discouraged, for obvious reasons,

and although written instructions are clearly more certain than verbal communication, they

are also not as effective as, for example, stating your wishes in a valid will.

Although one could, and may, draft one’s own will, the drafting should ideally be done by

someone with the relevant expertise, such as a legal practitioner. The uncertainty surrounding

the legal position on burial rights can, however, pose significant problems even for a legal

practitioner, especially if that person is confronted with a will containing the testator's wishes

regarding the burial. Not only must the drafter of the will be able to give effect to the

testator’s wishes, he should also be able to advise the testator as to the potential conflict that

burial rights can create among family members. The potential for conflict is especially

prevalent in polygamous unions where a deceased leaves behind more than one wife. In order

to prevent conflict between the wives, it is recommended that the testator add a clause

expressing his wishes regarding who should bury him and where he should be buried. A

typical clause could read as follows:

135

Burial wishes

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

It is my wish that my senior wife’s eldest son, John Moleme, should be in charge of

the arrangements regarding my burial. If he is unable to discharge this duty my senior

wife, Sophie Moleme, should be in charge.

It is my wish that I should be buried on the farm Jakkalsdraai in the district of

Johannesburg in the same burial site where my ascendants have been buried.

It is also recommended that the written permission of the relevant landowner be

obtained beforehand and that it be attached to the will. Such permission would

strengthen the family’s claim to be able to bury the deceased on the owner’s land.

Keywords: African customary law; burial rights; drafter of a will; will

1. Inleiding

Begrafnisreëlings in Suid-Afrika behels dikwels méér as verdriet vir die oorledene se

oorlewende familie en vriende. Godsdiens, kultuur en persoonlike voorkeure van familie en

vriende speel ’n belangrike rol in die hele proses van teraardebestelling. In ’n multikulturele

land soos Suid-Afrika is konflik in die konteks van begrafnisse soms die reël eerder as die

uitsondering. 1

Met begrafnisreëlings in die Afrika-gewoontereg, waar die voorvadergeeste ’n baie

belangrike rol in die sosiale sfeer van die tradisionele gemeenskappe speel, kan daar konflik

tussen erfgename en ander familielede ontstaan wanneer daar reëlings vir die begrafnis getref

moet word. 2 Die hele kwessie kan onder die begrip begrafnisregte tuisgebring word. 3 Hierdie

"regte" om ’n oorlede familielid te begrawe, is problematies en kan in twee onderafdelings

verdeel word. In die eerste plek het dit te doen met die vraag wie die oorledene mag begrawe,

en in die tweede plek met die vraag waar die oorledene begrawe mag word. Die waar-vraag

kan veral problematies wees wanneer die oorlewendes ’n oorledene op die grond van ’n ander

wil begrawe. Die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997 reguleer

die waar-aspek in hierdie geval. 4 Hierdie twee vrae gee aanleiding tot aansienlike verwarring

in die howe en tot op datum is daar nog geen eenstemmigheid oor die presiese beginsels wat

toegepas moet word nie. 5

Knoetze 6 voer aan dat begrafnisse nie gewoonlik aanleiding gee tot dispute in die howe nie.

In werklikheid word die howe egter toenemend geraadpleeg om hierdie twee kwessies op te

los. Die verskillende benaderings wat deur die howe toegepas word, veral by die wie-aspek

van begrafnisregte, word soms gebaseer op die gemenereg en die standpunt van Voet, terwyl

ander uitsprake op die Afrika-gewoontereg gebaseer is. 7 Soms pas die howe ’n kombinasie

van die beginsels van die gemenereg en die gewoontereg toe ten einde ’n billike gevolg te

bereik. 8 ’n Alternatiewe benadering wat die howe volg, is gebaseer op "public policy,

morality, custom and a sense of what is right". 9

136

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid word ook weerspieël in sy dualistiese regsisteem wat

hoofsaaklik twee persoonlike regsisteme erken: die gemenereg en die gewoontereg. 10 Die

gemenereg is gebaseer op die Romeins-Hollandse reg soos beïnvloed deur die Engelse reg en

aangepas deur wetgewing en regspraak. 11 Die gewoontereg bestaan uit ’n stel

gewoonteregtelike en godsdienstige reëls en verskil van gemeenskap tot gemeenskap. 12

Sommige van hierdie reëls is ongeskrewe en ander is vervat in wetgewing, regspraak en

antropologiese geskrifte. 13

In teenstelling met die gemenereg, wat die algemeen geldende reg in Suid-Afrika is, word die

gewoontereg statutêr erken in artikel 211(3) van die Grondwet. 14 Hierdie artikel bepaal dat

die howe die gewoontereg moet toepas waar dit ter sake is, onderworpe aan die beginsels van

die Grondwet en wetgewing wat met die gewoontereg te doen het. 15 Daarbenewens stipuleer

artikel 39(2) van die Grondwet dat die howe die handves van regte in ag moet neem wanneer

die gewoontereg ontwikkel word, en artikel 39(3) van die Grondwet skryf voor dat die

bestaan van regte in die gewoontereg erken word. 16

Die grondwetlike bepalings het ’n groot impak op die status van die gewoontereg gehad. Dit

het daartoe gelei dat die gewoontereg op gelyke voet met die gemenereg geplaas is. 17 Die

Grondwet het dus die aanname dat die gemenereg die enigste regstelsel in die land is, tot ’n

einde gebring. Die feit dat die gewoontereg erkenning in die Suid-Afrikaanse reg geniet,

beteken dat wanneer geskille oor begrafnisregte opgelos moet word, die howe nie die

gewoontereg mag ignoreer nie, maar dit in ag moet neem en toepas indien tersaaklik. Die

toepaslikheid van die gewoontereg is nie altyd sonder probleme nie en die howe is dikwels

die forum wat geskille tussen belanghebbendes moet oplos.

Die onsekerheid van die regsposisie by begrafnisregte kan aansienlike hoofbrekens besorg. ’n

Regspraktisyn wat genader word om ’n testament op te stel vir ’n testateur wat aan die

gewoontereg onderhewig is, moet aan sodanige persoon se wense uitvoering kan gee, asook

toekomstige konflik tussen familielede probeer voorkom. Begrafnisregte is juis só ’n bron

van konflik, veral waar die testateur in poliginiese verhoudings 18 betrokke is.

Die doel van hierdie bydrae is om ’n beter begrip te kry oor die wie- en waar-vrae van

begrafnisregte en om vas te stel wat die rol van die regspraktisyn met betrekking tot

begrafnisregte is, veral waar hy 19 versoek word om ‘n testament vir die betrokke persoon op

te stel. In hierdie bydrae word die betekenis van die term begrafnisregte in afdeling 2

omskryf. In afdeling 3 word die waar-aspek van begrafnisregte bespreek, met die klem op die

geval waar ’n oorledene op die grond van ’n ander begrawe wou word. In afdeling 4 word die

wie-aspek van begrafnisregte behandel om vas te stel wie die reg het om die oorledene te

begrawe. Afdeling 5 handel oor die rol van die testamentopsteller, met die klem op die wyse

waarop iemand instruksies aangaande sy begrafniswense kan laat. Laastens, in afdeling 6,

word met ’n gevolgtrekking en aanbeveling volstaan.

137

2. Die betekenis van die term begrafnisregte

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar bestaan geen statutêre definisie vir die begrip begrafnisregte nie. Die woord

begrafnisregte is ooglopend ’n samestelling van twee uiteenlopende woorde, naamlik

begrafnis en regte. Ten einde die betekenis van begrafnisregte vas te stel, word daar

vervolgens gefokus op die letterlike betekenis van die woorde, die betekenis wat die howe

daaraan gee, en die standpunte van skrywers.

2.1 Letterlike betekenis

Wanneer die woordeboekbetekenis van begrafnis en regte nagevors word, word interessante

resultate verkry. Die woordeboekverklaring van begrafnis verwys na die “begrawe” of “ter

aarde bestel van ’n lyk”. 20 Die Engelse vertaling van begrafnis is funeral, 21 wat neerkom op

’n "ceremony of burial" en "burial". 22 Laasgenoemde weer word beskryf as die "burying of a

corpse". Volgens Encyclopedia of death and dying 23 is burial “a general term used to

describe a variety of means of removing dead bodies from the sight and daily life of society”.

Uit hierdie beskrywings blyk duidelik dat ’n begrafnis te doen het met die verwydering en

begrawe van ’n lyk. Die omskrywings van begrafnis is dus eng in dié sin dat dit die waarvraag

met betrekking tot begrafnisse net gedeeltelik beantwoord. By begrafnis word genoem

dat die oorledene in die grond begrawe moet word, maar daar word nie meer inligting gegee

oor die geografiese gebied nie. Die wie-vraag word egter glad nie in die letterlike betekenis

van "begrafnis” aangeraak nie. Daar word geen aanduiding gegee van wie die begrafnis moet

reël nie.

Wat die element regte in begrafnisregte betref: volgens een woordeboek is ’n reg ’n wetlike

of sedelike bevoegdheid, iets wat ’n persoon toekom of iets waarop aanspraak gemaak kan

word. 24 Die Engelse vertaling van reg is right, wat omskryf word as "justified or morally

good", of "entitlement to have or do something". 25 ’n Reg kan ook gesien word as ‘n "interest

or expectation" wat gewaarborg word deur die reg. 26 Die volgende betekenisse kan ook aan

’n right gekoppel word: “That which is proper under law, morality, or ethics ... [s]omething

that is due to a person by just claim, legal guarantee, or moral principle ... [a] power,

privilege, or immunity secured to a person by law ... [a] legally enforceable claim that

another will do or not do a given act.” 27

Dit is dus duidelik dat ’n reg aan ’n persoon die mag gee om aanspraak te maak op iets wat

hom toekom.

Uit die woordeboekdefinisies blyk dit ook dat hierdie aanspraak op iets (’n reg) uit ’n wetlike

of gemeenregtelike perspektief enersyds en/of ’n sedelike perspektief andersyds ontstaan.

Eerstens kan ’n persoon ’n reg verkry soos uiteengesit is in wetgewing of die gemenereg, wat

geskrewe reg is, en tweedens kan ’n morele reg ontstaan wat sy begronding in die

ongeskrewe beginsels van moraliteit en die goeie sedes het.

138

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Wanneer die vraag van wat ’n reg is, verder ondersoek word, kan verwys word na Hohfeld 28

se argument dat ’n reg uit hierdie vier, of enige van hierdie vier, elemente kan bestaan: ’n

aanspraak, ’n voorkeur, ’n mag en ’n vrywaring. As al die elemente van Hohfeld se argument

teenwoordig is, sou ’n volwaardige reg dan soos volg opgesom kon word:

[I]f I have a full Hohfeldian right to my bicycle, the claim to it that I have correlates

to a duty in everyone else not to use it, I have a privilege to use it myself such that

others have no claim that I not use it, I have a power to waive or otherwise alter my

right to it which makes everyone else liable to the change, and I have an immunity

against anyone else being able to waive or otherwise alter my right, thus disabling

them. 29

In die konteks van begrafnisregte blyk dit dat ’n volle begrafnisreg dus daarop neerkom dat

’n bepaalde persoon ’n aanspraak het om die oorledene te begrawe, en dat daar dan ’n plig op

ander is om dit nie te doen nie. Die persoon wat dié reg het, het dan ’n voorkeur om die

begrafnisreg self te gebruik, asook om daardie reg te wysig of te verander. Dié persoon het

verder ook die vrywaring dat ander nie op daardie reg kan inbreuk maak nie.

Die letterlike betekenis van begrafnisreg kom kortliks daarop neer dat ’n persoon aanspraak

kan maak om ’n oorledene se lyk te begrawe. Daar moet egter in gedagte gehou word dat

daar nie wetgewing is wat direk op begrafnisregte betrekking het nie. 30

2.2 Menings van skrywers en regspraak

Mokotong 31 se siening oor begrafnisregte stem ooreen met die letterlike betekenis soos in die

vorige paragraaf bespreek. Sy 32 voer verder aan dat die reg om die laaste rusplek van die

oorledene te kies, ook deel uitmaak van begrafnisregte. Dit handel dus nie net oor wie die

oorledene moet begrawe nie, maar ook daaroor dat daardie persoon kan besluit waar die

oorledene begrawe moet word.

Begrafnisregte word in meer besonderhede bespreek deur Prinsloo 33 en word soos volg

beskryf:

Die bevoegdheid om ’n oorledene te begrawe omvat die bewaring en voorbereiding

van die lyk vir die begrafnis, bepaling van die plek en tyd van die teraardebestelling,

voorbereiding van die graf en deelname aan en gebruike by die begrafnis.

Prinsloo se siening oor begrafnisregte omvat dus alle reëlings wat getref moet word sodat die

begrafnis kan plaasvind.

In Finlay v Kotoane 34 tref die hof ’n onderskeid tussen die volgende tipes begrafnisregte:

(a) Die reg om te begrawe in die sin van die reg om die wense van ’n ander oor die

begrafnis te ignoreer (waar die wense van die oorledene ook in hierdie opsig

geïgnoreer kan word).

139

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(b) Die reg om te begrawe in die sin van die regmatigheid om die begrafnisreëlings te

tref. Hierdie reg kan egter toeval aan iemand anders wat nie ’n familielid is nie, soos

’n vriend of selfs ’n vreemdeling.

(c) Die plig om die oorledene te begrawe, wat basies neerkom op die reg om die

oorledene te begrawe.

Hierdie siening kan ook gekoppel word aan sommige aspekte van ’n reg soos gesien deur

Hohfeld. 35 By punt (a) is dit duidelik dat daar ’n vrywaring aan die betrokke persoon kleef,

deurdat ander nie mag inmeng nie. As die begrafnisreg aan iemand verleen is, het hy die

bevoegdheid om ander se inmenging te ignoreer. Punte (b) en (c) maak die aanspraak

duidelik wat die persoon sal hê om die oorledene te begrawe, naamlik die tref van die

begrafnisreëlings.

Tot dusver dui alle menings daarop dat begrafnisregte handel oor wie die oorledene mag

begrawe en wie die reëlings vir die begrafnis mag tref. Volgens Prinsloo en Mokotong se

sienings gaan hierdie begrafnisreg ook gepaard met die kies van die plek waar die begrafnis

gaan plaasvind. Die definisies van begrafnisregte deur skrywers dui egter nie spesifiek aan

wie die oorledene mag begrawe en waar die oorledene begrawe moet word nie.

2.3 ’n Reg, plig of bevoegdheid om te begrawe?

Alhoewel die term begrafnisregte deurlopend gebruik word, is daar tog sekere gevalle waar

daar na die plig om te begrawe of die bevoegdheid om te begrawe verwys word. 36 Die vraag

is of hierdie terme/frases dieselfde betekenis het of nie. Daar is reeds hier bo verwys na wat

’n reg kan behels; vervolgens word plig en bevoegdheid kortliks bespreek.

’n Plig is "wat ’n mens volgens jou gewete of volgens sedelike en wetlike voorskrifte moet

doen; drang wat ’n mens dwing om op ’n sekere (morele/etiese) wyse te handel". 37 Die

betekenis van die woord duty, wat die Engelse vertaling van plig is, kom neer op ’n "[l]egal

obligation that is owed or due to another and that needs to be satisfied". 38 ’n Bevoegdheid

behels dat met die vereiste bekwaamheid opgetree moet word of dat ’n persoon geregtig of

gemagtig is om so op te tree. 39

In ’n wye sin kom reg, plig en bevoegdheid op dieselfde neer in die sin dat ’n persoon

gemagtig moet wees om die begrafnisreëlings te tref, hetsy deur wetgewing of die

gemenereg, of deur ’n persoon se morele waardes of die goeie sedes. Die aanname kan egter

gemaak word dat indien ’n persoon die plig het om ’n oorledene te begrawe, daar ook ’n reg

is om die oorledene te begrawe. Hierdie plig sal dan daarin geleë wees dat die persoon sal

voel dat hy dit moet doen om sodoende aan morele en etiese gevoel gevolg te gee. In Tseola v

Maqutu 40 word genoem dat "it is the duty and therefore the right ... to bury the deceased";

laasgenoemde aanhaling dra by tot die aanname dat ’n plig om te begrawe gebonde is aan die

reg om te begrawe.

In Ndlovu v Ramocoela 41 maak regter Rampai die stelling dat “no living sole [sic] has got the

right to bury another but that duty devolves upon the living according to the known wishes of

140

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

the deceased or according to the principle of law”. Hierdie stelling kom basies daarop neer

dat niemand die reghet om ’n oorledene te begrawe nie, maar dat daar wel ’n plig op die

oorlewendes is om die oorledene te begrawe. Dié plig is gebaseer op die wense van die

oorledene of die beginsels in die reg.

In teenstelling met regter Rampai se siening maak Bekker, Labuschagne en Boonzaaier 42 die

volgende stelling:

According to common-law authorities, the person appointed/nominated by the

deceased has the right to bury him/her. In lieu of such an appointee, those appointed

as heirs in his will should bury him/her. Otherwise, the duty to bury him/her rests on

his/her legitimate children and consanguines, in order of succession. 43

Laasgenoemde dui daarop dat die reg om te begrawe by die persoon berus wat deur die

oorledene aangestel is. Indien daar nie so ’n persoon aangestel is nie, dan rus daar ’n plig op

die erfgename om die oorledene te begrawe.

Bedoelde stellings van regter Rampai en Bekker, Labuschagne en Boonzaaier kompliseer die

kwessie of daar ’n reg, plig of bevoegdheid op ’n persoon rus om ’n oorledene te begrawe net

nog meer. ’n Mens sou selfs kon sê dat daar ’n plig op almal rus om oorledenes uit die sig

van die gemeenskap te verwyder. Dit beteken egter nie dat enige persoon sonder meer die

oorledene mag begrawe nie. Dit is waar die "reg" om ’n oorledene te begrawe van toepassing

kan wees. Wanneer ’n persoon sterf, rus daar ’n plig op sy erfgename om hom te begrawe,

maar die reg om hom te begrawe rus slegs by ’n spesifieke persoon.

Dit blyk dat daar nog baie onsekerheid is aangaande wat as die korrekte begrip beskou moet

word wanneer na die wie- en waar-aspekte van begrafnisregte verwys word. Vir doeleindes

van hierdie bydrae sal begrafnisreg deurentyd gebruik word as ’n kollektiewe begrip vir ’n

reg, plig en bevoegdheid. Dit verwys ook na sowel die wie- as die waar-aspek, tensy daar

anders vermeld word.

3. Waar om ’n oorledene te begrawe?

Die vraag oor waar die oorledene begrawe moet word, kom veral ter sprake in die Afrikakulture,

waar dit as ’n kulturele praktyk beskou word dat die oorledene naby sy familielede

begrawe moet word. 44 Alhoewel begraafplase in dorpsgebiede wel gebruik word, is hierdie

plekke nie altyd toeganklik genoeg vir kulturele begrafnispraktyke nie. Die graf van die

oorledene word soms steeds beskou as ’n altaar (’n heilige plek) en die dorpsbegraafplase is

te groot en onpersoonlik om aan die kulturele waarde van ’n graf te voldoen. 45

Die kulturele waarde van grafte moet in gedagte gehou word, veral by meer tradisionele

persone wat op grond woon wat aan iemand anders behoort. Dit kom veral in landelike

gebiede voor. Die tradisionele persoon wat op ’n ander se grond woon, word ’n

okkupeerder 46 genoem en sekere probleme ontstaan wanneer die okkupeerder(s) ’n oorlede

141

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

familielid op dié grond wil begrawe. Indien die eienaar van die grond weier dat die begrafnis

daar plaasvind, word die familielede gedwing om die oorledene elders, strydig met hulle

kulturele praktyke, te begrawe. Daar is wel gevalle waar die eienaar van die grond

begraafplase aan okkupeerders toegewys het. 47 Die vraag kan gevra word of sodanige

toestemming voldoende is om te argumenteer dat ’n presedent geskep is en dat latere

okkupeerders ook nou toegelaat moet word om hulle familielede in hierdie begraafplase te

begrawe. 48 Die wetgewer het die okkupeerder se regte versterk met die inwerkingtreding van

die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997 49 deur in sekere

opsigte magtiging te verleen tot begrafnisse op die grond.

Die vraag oor waar ’n oorledene begrawe moet word, handel nie per se net oor ’n geografiese

gebied soos ‘n begraafplaas, landelike gebied of dorpsgebied nie, maar is ook nóú verbind

met die wie-aspek. In omstandighede waarin een familielid die oorledene op ’n spesifieke

plek wil begrawe, maar ’n ander familielid ’n ander plek in gedagte het, is daar ’n noue

verband tussen die waar- en wie-vrae. In hierdie afdeling is die klem egter op die waaraspek,

waar besluit moet word of ’n oorledene op die grond van iemand anders, soos ’n

plaaseienaar, begrawe mag word. Hierdie vraag is veral relevant in die gevalle waar die

oorledene of sy familielede die grond van iemand anders okkupeer.

3.1 Die potensiële invloed van die Verblyfregwet op begrafnisregte

Die okkupeerder se basiese regte word gevind in artikels 5 en 6 van die Verblyfregwet en is

gebaseer op die bewoning en gebruik van iemand anders se grond. 50 Artikel 5 lui:

Behoudens beperkinge wat in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op

menswaardigheid, gelykheid en vryheid, redelik en regverdigbaar is, het ’n

okkupeerder, ’n eienaar en ’n persoon in beheer die reg tot –

(a) menswaardigheid;

(b) vryheid en sekerheid van die persoon;

(c) privaatheid;

(d) vryheid van godsdiens, oortuiging en mening en van uitdrukking;

(e) vryheid van assosiasie; en

(f) vryheid van beweging,

met behoorlike inagneming van die doelstellings van die Grondwet en hierdie Wet.

Hierdie artikel verleen dus aan die okkupeerder beskerming ten opsigte van sekere

fundamentele regte. Vir doeleindes van begrafnisregte is die belangrikste fundamentele reg

die reg op vryheid van godsdiens, oortuiging en mening. 51 Janse van Rensburg 52 is van

mening dat die blote erkenning van ’n reg op godsdiens op die oog af onproblematies lyk,

maar dat dit steeds sekere probleme kan veroorsaak. Konfliksituasies kan ontstaan waar een

persoon se reg op vryheid van geloof opgeweeg moet word teenoor die regte van ’n ander

persoon, soos eiendomsregte. 53 Alhoewel daar nie uitdruklik na kultuurregte verwys word

nie, kan kultuurregte in dieselfde konteks as godsiensregte gebring word. Hiermee word

bedoel dat ’n persoon se kultuurregte ook opgeweeg moet word teen die regte van ’n ander

persoon. Du Plessis 54 voer egter aan dat die uitoefening van godsdiens gewoonlik ook geag

kan word as kultuur in die enger etniese sin. 55 Hy noem ook dat die bewoording in artikel 31

142

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die Grondwet 56 in dieselfde asem na godsdiens en kultuur verwys. Die aanname kan dus

gemaak word dat ’n persoon se kultuur en godsdiens nou verbind is en die een nie sonder die

ander in ag geneem kan word nie.

Artikel 6 van die Verblyfregwet is belangrik en die relevante gedeeltes lui soos volg:

(1) ’n Okkupeerder het, behoudens die bepalings van hierdie Wet, die reg om grond

waarop hy of sy op of na 4 Februarie 1997 gewoon het en wat hy of sy op of na

daardie datum gebruik het, te bewoon en te gebruik, en het die reg tot toegang tot die

dienste waartoe, hetsy uitdruklik of stilswyend, met die eienaar of persoon in beheer

ooreengekom is.

(2) Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van die bepalings van artikel 5

en subartikel (1), en afgeweeg teen die regte van die eienaar of persoon in beheer, het

’n okkupeerder die reg –

(dA) om ’n afgestorwe lid van sy of haar familie, wat ten tyde van so ’n persoon se

afsterwe woonagtig was op die grond waarop die okkupeerder woonagtig is, in

ooreenstemming met hulle godsdiens of kulturele oortuiging te begrawe, indien ’n

gevestigde praktyk met betrekking tot die grond bestaan; ...

(4)’n Persoon het die reg om sy of haar familiegrafte op grond wat aan ’n ander

persoon behoort, te besoek en in stand te hou, onderhewig aan enige redelike

voorwaarde opgelê deur die eienaar of persoon in beheer van sodanige grond ten

einde lewe of eiendom te beskerm of om die onbehoorlike ontwrigting van

werksaamhede op die grond te voorkom.

(5) Die familielede van ’n okkupeerder beoog in artikel 8(4) van hierdie Wet het met

sy of haar afsterwe ’n reg om daardie okkupeerder te begrawe op die grond waarop hy

of sy woonagtig was ten tyde van sy of haar afsterwe, in ooreenstemming met hulle

godsdiens of kulturele oortuiging, behoudens enige redelike voorwaardes wat nie

meer beswarend is as dié voorgeskryf nie en wat deur die eienaar of persoon in beheer

opgelê word.

Artikel 6(1) maak dit duidelik dat daar twee tipes regte is wat aan okkupeerders verleen word.

Die eerste tipe het te doen met al die regte wat uitdruklik deur die wet erken word, en

waarvan die bewoning en gebruik van die grond die belangrikste is. Die tweede tipe handel

oor toegang tot sekere dienste wat slegs deur ’n ooreenkoms, hetsy uitdruklik of stilswyend,

aan die okkupeerder toegeken is. 57

Artikel 6(2) van die Verblyfregwet verleen verdere regte aan die okkupeerder, waarvan die

reg op ’n familielewe ooreenkomstig hulle kultuur die belangrikste is vir hierdie bydrae. 58

Voorts bepaal artikel 6(4) van die Verblyfregwet dat enige persoon die reg het om die graf

van ’n familielid wat op die grond begrawe is, te besoek, maar dat hierdie reg deur die

eienaar van die grond beperk kan word. Daar word nie in die wet genoem wat die beperkinge

kan wees nie. Daar word slegs genoem dat die eienaar redelike voorwaardes kan oplê ten

einde lewe of eiendom te beskerm of ontwrigting op die eiendom te voorkom.

In 2001 het die Land Affairs General Amendment Act 51 van 2001 59 die Verblyfregwet

gewysig om pertinent aandag te gee aan die vraag of iemand op die grond van ’n ander

begrawe mag word. Hierdie wet het artikel 6(2)(dA) en artikel 6(5) tot die Verblyfregwet

bygevoeg. Artikel 6(2)(dA) bepaal dat ’n okkupeerder ’n familielid op die grond van ’n ander

143

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

mag begrawe. Indien artikel 6(2)(dA) letterlik uitgelê word, kan drie vereistes geïdentifiseer

word:

(a) Die oorlede familielid van die okkupeerder moet ten tyde van afsterwe op

dieselfde grond as die okkupeerder woonagtig gewees het.

(b)Die begrafnis moet ooreenkomstig die godsdiens of kulturele oortuiging van die

oorledene geskied.

(c) Daar moet ’n gevestigde praktyk bestaan met betrekking tot die grond.

Die Verblyfregwet gee dus nou uitdruklik aan okkupeerders die reg om ’n familielid op die

grond van ’n ander te begrawe; dit is egter nie ’n absolute reg nie, maar onderworpe aan

sekere beperkinge waarna later in die afdeling verwys sal word. 60

Die tweede bepaling wat tot die Verblyfregwet gevoeg is, is artikel 6(5), en volgens hierdie

bepaling het die familie van die okkupeerder ook nou ’n uitdruklike reg om die afgestorwe

okkupeerder op die grond waarop hy gebly het, te begrawe mits aan die volgende vereistes

voldoen word: 61

(a) Die oorledene moet ’n okkupeerder soos beoog in artikel 8(4) 62 van die

Verblyfregwet gewees het.

(b) Die oorledene moet ten tyde van afsterwe woonagtig gewees het op die tersaaklike

grond.

(c) Die begrafnis moet ooreenkomstig die godsdiens of kulturele oortuiging van die

oorledene geskied.

(d) Hierdie reg om die oorledene op die grond te begrawe kan slegs geskied

behoudens enige redelike voorwaardes wat die wet of die eienaar van die grond stel.

Op die oog af kom dit voor of artikels 6(2)(dA) en 6(5) van die Verblyfregwet ’n uitdruklike

reg aan die okkupeerder en familielede van die okkupeerder gee om ’n oorledene op die

grond van iemand anders te begrawe. Daar het wel probleme ontstaan wat voor die howe

gebring is. Die vraag wat egter beantwoord moet word, is wie se regte voorkeur geniet - die

gebruiksreg van die okkupeerders (met al hulle fundamentele regte inbegrepe) of die

eiendomsreg van die grondeienaar. 63 Vervolgens word die vernaamste regspraak oor hierdie

probleem bespreek.

3.2 Toepassing van die waar-aspek in die howe

Van die eerste hofsake wat gehandel het oor die aspek van waar om ’n oorledene te begrawe,

is Serole v Pienaar 64 en Nkosi v Buhrman. 65 Die algemene regsvraag wat in beide hofsake

voorgekom het, was of ’n oorledene, hetsy ’n okkupeerder van die grond of familielid van die

okkupeerder, op die grond van ’n ander begrawe mag word.

144

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die Serole-saak was die oorledene en die applikante woonagtig op en dus okkupeerders

van die plaas Leliesfontein, wat die eiendom van die respondent was. Die applikante wou die

oorledene op die plaas begrawe, maar die respondent wou die begrafnis nie toelaat nie. 66 Die

applikante het aangevoer dat die reg om ’n graf te besoek (van ander familielede wat op die

tersaaklike grond begrawe is), 67 aanduidend is van die reg om familielede op die grond te

begrawe. 68 Die applikante het verder aangevoer dat die weiering van toestemming om

familielede op die grond te begrawe, inbreuk maak op die basiese kulturele praktyk dat

familielede naby mekaar begrawe moet word, asook op hulle fundamentele regte op

menswaardigheid en vryheid van geloof. 69 Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die regte in

die Verblyfregwet gebaseer is op die verblyf op en gebruik van die grond en dat verblyf nie

so permanent soos ’n graf is nie. 70 Gevolglik plaas verblyfregte nie ’n las op die grond nie.

Die hof beslis dat die reg om familielede op die grond te begrawe, neerkom op ’n serwituut 71

en dat dit nie die bedoeling van die wetgewer was om regte daar te stel wat toelaat dat ’n

persoon op die grond van ’n ander begrawe mag word nie. 72 Die feit dat familielede voorheen

op die grond begrawe is, beteken nie dat daar outomaties ’n ooreenkoms was om bykomende

familielede op die grond te begrawe nie. Omdat so ’n ooreenkoms tussen die eienaar en

okkupeerder in hierdie geval nie bewys kon word nie, wys die hof die aansoek om

toestemming vir die begrawe van die oorledene op die eiendom van die respondent van die

hand. 73

Die feite in die Buhrman-saak was soortgelyk aan dié in die Serole-saak en die hof kom tot ’n

soortgelyke beslissing. In die Buhrman-saak beslis die hof ook dat die Verblyfregwet nie aan

die okkupeerders die reg verleen om die tersaaklike grond as rusplek vir die oorledene te kies

nie. Verder verleen die Verblyfregwet ook nie die reg om ’n oorlede familielid sonder die

nodige toestemming op die grond te begrawe nie. 74 Die hof stem saam met die bevinding in

die Serole-saak in dié sin dat ’n reg om te begrawe ten aansien van die grond permanent sal

wees en neerkom op ’n serwituut, waarvoor daar nie voorsiening in die Verblyfregwet

gemaak word nie. 75

Gevolglik kom hierdie twee beslissings daarop neer dat die Verblyfregwet nie ’n uitdruklike

reg aan ’n okkupeerder gee om ’n familielid op die grond te begrawe nie. Die enigste manier

waarop so ’n begrafnis sou kon plaasvind, sou wees wanneer daar ’n ooreenkoms tussen die

eienaar en die okkupeerder was. Albei hierdie sake was beslis voor die wysiging van die

Verblyfregwet in 2001 en daar kan nou gevra word of die byvoeging van artikels 6(2)(dA) en

6(5) enigsins ’n verandering in die posisie van die okkupeerder teweeggebring het. 76

Nhlabathi v Fick 77 was die eerste saak wat ná die byvoegings aangehoor is. Aangesien die

nuwe artikels bepaal dat familielede in sekere omstandighede op die grond van iemand

anders begrawe mag word, is die interpretasie van hierdie twee artikels van uiterste belang. 78

In die Nhlabathi-saak is die applikante se vader in September 2002 oorlede. Die applikante

en die oorledene was okkupeerders op die grond van die respondent en die applikante het die

respondent gevra of die oorledene op die grond begrawe kan word. Die respondent het die

versoek geweier en die applikante het aansoek gedoen om ’n dringende hofbevel dat die

oorledene op die grond begrawe mag word. 79

145

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ten opsigte van die reg om die oorledene op die grond te begrawe kragtens artikel 6(2)(dA)

van die Verblyfregwet maak die hof dit duidelik dat die regte van die okkupeerder én dié van

die grondeienaar in ag geneem moet word. Daar moet ook klem geplaas word op die vraag of

daar ’n gevestigde praktyk was ten opsigte van grafte op die grond. 80 Voorts kan afgelei word

dat wanneer die reg om te begrawe in hierdie opsig aangehoor word, die uiteindelike

bevinding van die spesifieke omstandighede sal afhang. 81

Die hof sit die vereistes wat bewys moet word, kragtens artikel 6(2)(dA) van die

Verblyfregwet soos volg uiteen:

(a) the rights of the owner or person in charge must not outbalance the right of the

first applicant (as occupier) to carry out the burial;

(b) the deceased must, at the time of his death, have been residing on the land; and

(c) there must be an established practice in terms of which the owner or person in

charge of the farm routinely gave permission to people residing on the farm to bury

deceased members of their family on the farm in accordance with their religion or

cultural belief. 82

Ten opsigte van die derde vereiste is dit nodig om te kyk na die definisie van gevestigde

praktyk soos vervat in die Verblyfregwet, te wete:

[’n] praktyk ingevolge waarvan die eienaar of persoon in beheer of sy of haar

voorganger in titel reëlmatig aan persone woonagtig op die grond toestemming

verleen het om afgestorwe lede van hulle familie op daardie grond in ooreenstemming

met hulle godsdiens of kulturele oortuiging te begrawe. 83

Die vraag in die Nhlabathi-saak was gevolglik of die applikante aan die vereistes van

"gevestigde praktyk" voldoen het of nie.

Volgens die getuienis het die respondent in die Nhlabathi-saak aan ander families op die

grond grafte toegeken. Die respondent het erken dat daar grafte aan ander families toegeken

is, maar het verder aangevoer dat hy nie vir die betrokke familie van die applikante grafte

toegeken het nie. Sodoende het daar nie in die geval van die applikante ’n gevestigde praktyk

ontstaan nie. Die hof het die respondent se argument verwerp en bevind dat ’n gevestigde

praktyk nie net ten opsigte van sekere families ontstaan nie, maar dat dit ten opsigte van die

"persone woonagtig op die grond" ontstaan. Die blote feit dat die respondent aan ander

families grafte toegeken het, was volgens die hof voldoende om ’n gevestigde praktyk daar te

stel. 84 Die hof beslis dat daar aan al die vereistes van artikel 6(2)(dA) van die Verblyfregwet

voldoen is en dat die applikante dus in hierdie geval geregtig was om die oorledene op die

grond te begrawe.

’n Meer onlangse saak wat betrekking het op die reg om te begrawe kragtens artikel 6(2)(dA)

van die Verblyfregwet is Bashe v Meyer. 85 In hierdie saak is die vereistes vir begrafnisregte

soos volg uiteengesit: 86

146

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

From this section it is evident that, in order to make out a cause of action, the

applicant’s founding papers must show that: (a) at the time of his death, her son was

residing on the farm; (b) she is an occupier of the farm; (c) the burial on the farm is in

accordance with her religion or cultural beliefs; and (d) an established practice exists

in respect of burials on that land.

Na inagneming van hierdie vereistes beslis die hof dat die applikante nie aan almal voldoen

het nie. Die eerste twee vereistes was nie in dispuut nie. Die hof vestig dus sy aandag op die

laaste twee. 87 Ten opsigte van die vierde vereiste het die applikante nie daarin geslaag om te

bewys dat ’n gevestigde praktyk bestaan het nie. Die blote feit dat net haar ouma en oupa op

die grond begrawe was, beteken nie dat daar ’n gevestigde praktyk ontstaan het nie. 88 Dit

beteken dat as daar een keer aan iemand toestemming gegee is om ’n oorledene op die

tersaaklike grond te begrawe, dit nie as gevestigde praktyk beskou kan word nie. Hierdie

praktyk om te begrawe moes "habitual", of aaneenlopend, plaasgevind het. 89 Met betrekking

tot die derde vereiste het die applikante ook nie daarin geslaag om te bewys dat die begrafnis

van haar oorlede seun ooreenkomstig die applikante se godsdienstige en kulturele oortuiging

sou plaasgevind het nie. 90 Gevolglik is die aansoek om die oorledene op die grond van die

respondent te begrawe, van die hand gewys.

In Gate Development (Pty) Ltd v Mahlangu 91 is aangevoer dat begrafnisse op die grond sedert

1971 toegestaan was, en dat die mees onlangse begrafnisse in 2006 en 2007 plaasgevind

het. 92 Die hof bevind dat wanneer daar vasgestel kan word dat ’n begraafplaas reeds op die

grond bestaan, maar nie gereeld gebruik is nie, dit steeds daartoe sal lei dat ’n gevestigde

praktyk ontstaan het. 93 Artikel 6(2)(dA) van die Verblyfregwet is juis ingevoeg om die

eienaar van die grond te verplig om grafte toe te staan en ’n reg aan die okkupeerder te gee

om op die grond te begrawe. Die hof is van mening dat die feit dat daar nie op ’n gereelde

basis grafte toegeken was nie, nie daarop neerkom dat die reg om te begrawe eensydig

weggeneem kan word nie. 94 Dié beslissing behels dat die eienaar nie in sommige gevalle kan

grafte toeken en in ander gevalle nie. Soos reeds gesien in die Nhlabathi-saak, kon die

eienaar nie aan sekere families grafte toeken en later grafte aan ’n ander familie weier nie.

Anders as in die Bashe-saak, wat bepaal dat enkele grafte op die grond nie op ’n gevestigde

praktyk neerkom nie, bepaal die Gate Development-saak die teenoorgestelde.

4. Wie moet die oorledene begrawe?

Die wie-aspek handel oor watter lid of lede van die familie die reg het om die oorledene te

begrawe en dus die begrafnisreëlings te tref. 95

By die afsterwe van ’n persoon is dit ’n tradisionele praktyk in die gewoontereg dat een

familielid aangewys word as die vernaamste roubeklaer en "burier". 96 Laasgenoemde persoon

kan deur die oorledene aangewys word gedurende sy leeftyd. 97 Alhoewel dit soms ’n

Westerse praktyk is om reëlings met betrekking tot ’n begrafnis in ’n testament te vervat, glo

die meeste tradisionele stamme nie aan soortgelyke beplanning van reëlings ten opsigte van

die dood nie. 98 Die feit dat daar nie altyd tydens die leeftyd van ’n persoon voorsiening

147

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gemaak word vir begrafnisreëlings nie, kan lei tot konflik tussen familielede oor wie die reg

het om die oorledene te begrawe. Dit is ook moontlik dat die erfgename kan ooreenkom oor

wie die begrafnisreëlings moet tref, 99 maar dit kan ook tot konflik lei wanneer die erfgename

nie ’n ooreenkoms kan bereik nie. 100 Die vraag is dan hoe hierdie konflik tussen die

familielede op ’n spoedige wyse afgehandel kan word en wie die finale reg het om die

oorledene te begrawe. As uitgangspunt met betrekking tot die vraag wie ’n oorlede mag

begrawe, het die Suid-Afrikaanse Regskommissie (SARK) 101 van die standpunt uitgegaan dat

testateurs self behoort aan te dui waar hulle begrawe wil word. Die opstel van testamente

kom veral voor in die gemenereg en is eerder die uitsondering as die reël in die gewoontereg.

4.1 Begrafnisregte ingevolge die gemenereg en die gewoontereg

In die gewoontereg is die tradisionele siening dat die begrafnisreg die oorledene se

agnategroep toekom. 102 Wanneer ’n getroude man sterf, rus die reg om te begrawe by sy

manlike verwante en sy vrou. 103 In die Tsonga-gemeenskap word die plek waar die man

begrawe moet word, vasgestel deur sy "lineage successor" 104 en in sommige ander

gemeenskappe deur sy jonger broer. 105 By die afsterwe van ’n vrou moet die

begrafnisreëlings getref word deur haar man (na beraadslaging met sy en die oorledene se

agnategroepe). 106 Waar ’n kind te sterwe kom, het die vader, bygestaan deur sy naaste

verwante, die reg om die oorledene te begrawe. 107

Dit blyk dat die tradisionele reg om ’n oorledene te begrawe, hoofsaaklik by die manlike

verwante rus, asook die agnategroepe van die oorledene en dié se eggenoot. Hierdie

benadering strook met die herroepte artikel 23 van die Swart Administrasie Wet 38 van 1927

wat die voorbestaan van die manlike geboortereg in die gewoontereg verseker het. Daar het

egter belangrike veranderings in die gewoontereg plaasgevind wat in gedagte gehou moet

word. Beide artikel 23 en die beginsel van die manlike eersgeboortereg is ongrondwetlik

verklaar in Bhe v Magistrate, Khayelitsha (Commission for Gender Equality as Amicus

Curiae); Shibi v Sethole; South African Human Rights Commission v President of the

Republic of South Africa. 108 Sedertdien word die gewoonteregtelike erfregreëls gereguleer

deur die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 en die Reform of Customary Law of

Succession and Regulation of Related Matters Act 11 van 2009. 109

Die gemeenregtelike posisie met betrekking tot begrafnisregte is dié van Voet, wat ’n tipe

hiërargie voorhou oor wie die reg het om die oorledene te begrawe. 110 In die eerste plek kan

die oorledene tydens sy leeftyd kies welke persoon na die begrafnisreëlings moet omsien en

waar hy begrawe wil word. Indien die oorledene so ’n persoon aangestel het, moet voorkeur

gegee word aan die wense van die oorledene, hetsy dit in ’n testament vervat is of nie. 111 In

die tweede plek word die begrafnisregte aan die testamentêre erfgename van die oorledene

gegee indien die oorledene versuim het om ’n spesifieke persoon aan te wys. Derdens, waar

daar geen testament was nie, sal die "legitimate heirs or blood relations each in their order of

succession" die reg hê om die oorledene te begrawe. 112 Laastens voer Voet aan dat indien

daar geen erfgename is nie, die begrafnisreg by die "magistracy" 113 berus.

148

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dit is duidelik dat die gemenereg en die gewoontereg aansienlik verskil oor wie die reg het

om die oorledene te begrawe. Die onderskeid tussen die benadering van die twee stelsels kom

ook duidelik na vore uit die uitsprake van die howe wat hierna onder die loep kom.

4.2 Toepassing van die wie-aspek in die howe

Die kwessie van wie die reg het om ’n oorledene te begrawe, is soms kontroversieel en die

howe volg nie altyd ’n eenderse benadering nie. 114

Die algemene regsvraag waarmee die howe gekonfronteer word, kan soos volg opgesom

word:

The crisp issue seems to be who, in the circumstances in which the parties find

themselves, has the duty or right to attend to the funeral arrangements and to

determine where the deceased's body should be buried. 115

Tot dusver het die howe verskillende benaderings gevolg om die vraag na wie die reg het om

te begrawe, op te los.

4.2.1 Die hiërargiese posisie van erfgenaamskap

Saiid v Schatz 116 was een van die eerste sake waarin die howe gekonfronteer is met die vraag

wie die oorledene moet begrawe en waar die oorledene begrawe moet word. In hierdie saak

was die oorledene binne gemeenskap van goed met die respondent getroud. Die respondent

het reëlings getref dat die begrafnis volgens die Christelike geloof geskied. Die oorledene se

broer, die applikant, het aansoek om ’n interdik gedoen om die respondent te verhinder om

voort te gaan met die reëlings. Die applikant was van voornemens om die oorledene kragtens

die gebruike van Islam te begrawe en het aangevoer dat dit in ooreenstemming met die wense

van die oorledene was. 117 Nadat die hof sprake van die oorledene se wense van die hand

gewys het weens onvoldoende bewyse, pas die hof die beginsels van die gemenereg toe en

kom tot die gevolgtrekking dat aangesien die oorledene intestaat gesterwe het, die respondent

en sy minderjarige kind die enigste erfgename was. Gevolglik kom die reg om te begrawe die

respondent toe weens die gemeenregtelike siening dat die erfgename die reg om te begrawe

het. 118

In Human v Human 119 was die respondent die langslewende gade en ook die enigste

erfgenaam van die oorledene. 120 Die hof volg die beslissing in die Saiid-saak en die siening

van Voet en bevind dat die respondent die reg het om die oorledene te begrawe. In die Saiid-

en die Human-saak het die howe nodig gehad om dispute oor wie die oorledene moet

begrawe, op te los tussen erfgename en nie-erfgename. Dit was betreklik maklik om tot ’n

bevinding te kom, aangesien daar enkel-erfgename was in wie se guns die hof kon beslis.

Wat sou die posisie egter wees waar daar meerdere erfgename is wat onder mekaar twis oor

wie die oorledene mag begrawe?

Die vraag oor meerdere aansprake van erfgename het ter sprake gekom in Tseola v

Maqutu. 121 Die oorledene het intestaat gesterwe en sy gade (die respondent) en sy moeder

149

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(die applikant) as erfgename agtergelaat. Die applikant en die respondent het verskillende

menings gehad oor waar die oorledene begrawe moet word. 122 Nadat die hof al die feite

oorweeg het, kom dit tot die gevolgtrekking dat "[P]ublic policy and a sense of what is right

dictates that, in a dispute of this nature, the widow's wishes where she is an heir should

prevail.” 123

Die gevolgtrekking wat uit die Tseola-saak gemaak kan word, is dat indien die langslewende

gade ’n erfgenaam is, tesame met ander erfgename, geniet die langslewende gade se keuse

oor waar die oorledene begrawe moet word, voorkeur. 124 Die reg om die oorledene te

begrawe, word gevolglik aan die langslewende gade toegeken. 125

’n Konfliksituasie kan ook voorkom tussen meerdere erfgename wat nie ’n langslewende

gade insluit nie. In Mbanjwa v Mona 126 was die intestate erfgename die drie minderjarige

seuns van die oorledene en ’n tante aan moederskant (die respondent) van die oorledene. Die

applikant was die oupa en voog van die drie minderjarige seuns wat namens hulle opgetree

het. 127 Die applikant was van mening dat die oorledene langs haar vooroorlede man begrawe

moet word in Tabankulu 128 en die respondente wou die oorledene in Queenstown begrawe. 129

Die hof beslis dat dit in die belang van die minderjarige kinders was dat die Xhosa-gebruik

gevolg word en ken die reg om die oorledene te begrawe aan die applikant toe. 130

Alhoewel laasgenoemde beslissing gebaseer is op die gemenereg dat die erfgename die reg

het om die oorledene te begrawe, is die gewoontereg in ag geneem by die finale bevinding. 131

Daar kan ook aangevoer word dat die minderjarige kinders ingevolge die intestate erfreg ’n

sterker reg het om te erf as die tante, en daarom is die reg om die oorledene te begrawe aan

die voog van die minderjarige kinders toegeken.

Alhoewel die howe tot dusver besluit het dat die erfgename die reg het om die oorledene te

begrawe, is dit duidelik dat hulle hoofsaaklik die gemeenregtelike posisie in ag neem. ’n Saak

waar daar wel gevolg gegee is aan die gewoonteregtelike posisie, was Mnyama v Gxalaba 132

waarin die konflik tussen die oudste broer van die oorledene (die applikant) en die oorledene

se gade (die respondent) was. Die oorledene en die respondent was getroud kragtens die

gewoontereg en daar is gestel dat sy nie kragtens die gewoontereg ’n erfgenaam van die

oorledene was nie. 133 Die begrafnisreg is gevolglik aan die applikant as gewoonteregtelike

erfgenaam toegeken. 134

In bogenoemde sake het die howe die hiërargiese posisie van erfgenaamskap gevolg, omdat

dit beskou word as "predominantly structural, textual and in keeping with the provisions of

the Intestate Succession Act which maintains the ranking of the heirs in terms of superiority

and displaces the rights of other family members". 135

Dit beteken dat wanneer tussen erfgename bepaal moet word wie die reg het om die

oorledene te begrawe, die volgorde van intestate erfopvolging geraadpleeg moet word. Die

volgorde word gereël deur die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987. 136 Indien die

oorledene intestaat sterf, word daar eerstens vasgestel of daar ’n langslewende gade en

kinders is. Indien daar slegs ’n langslewende gade is, sal dié gade alleen intestaat erf. Indien

150

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

daar nie ’n langslewende gade is nie, maar slegs kinders, dan sal die kinders in gelyke dele

erf. Indien die intestate erfgename sowel ’n gade as kinders is, erf hulle volgens ’n spesifieke

formule. Die oorledene se ouers, broers en susters en ander familielede kry gewoonlik eers

die geleentheid om intestaat te erf wanneer daar geen gade of kinders teenwoordig is nie.

Aangesien die howe die volgorde van intestate erfreg raadpleeg om te bepaal wie die reg het

om te begrawe, verkry die oorledene se ouers, broers en susters en ander familielede

gevolglik nie noodwendig die reg om die oorledene te begrawe nie. 137

Alhoewel die volgorde van die intestate erfgename ’n oplossing kan bied, blyk dit dat die

langslewende gade gewoonlik die reg sal hê om die oorledene te begrawe. Indien daar geen

langslewende gade is nie, sal die kinders van die oorledene die reg hê om die oorledene te

begrawe. Dit is duidelik dat daar egter ’n probleem kan voorkom waar die oorledene meer as

een kind gehad het. Die vraag na wie die reg het om die oorledene te begrawe, kan

gekompliseerd raak as in ag geneem word dat die kinders in gelyke dele volgens die intestate

erfreg sal erf. Daar is nie ‘n kind wie se regte sterker as die ander een s’n is nie. 138

Wanneer die volgorde van die intestate erfgename gebruik word om vas te stel wie die reg het

om die oorledene te begrawe, word daar nie ’n bevredigende oplossing gebied waar die

oorledene in ’n poliginiese verhouding betrokke was en dus meer as een gade gehad het

nie. 139

4.2.2 ’n Meer buigsame benadering tot die reg om te begrawe

Die hiërargiese posisie van erfgenaamskap word nie altyd deur die howe gevolg nie.

Mokotong 140 noem dat ’n meer buigsame benadering ook gevolg kan word wat nietekstueel,

billik en redelik is. Daar word meer gefokus op die harmonisering van begrafnisregte en

menswaardigheid deur klem te plaas op konteks, stabiliteit en proporsionaliteit. Minder klem

word dus geplaas op formele klassifikasies wat gebaseer is op ongelykheid, wat een

erfgenaam bo ’n ander stel. Hierdie buigsamer benadering tot begrafnisregte fokus meer op

die evaluasie van alle feite in ’n saak en daar word gepoog om die partye op ’n gelyke

grondslag te hanteer. 141 Soos gesien sal word in die bespreking hierna, word daar afgewyk

van die siening dat ’n hiërargie van erfgename toegepas moet word om vas te stel wie die reg

het om die oorledene te begrawe.

Een van die eerste sake waar daar afgewyk is van die hiërargiese posisie van erfgenaamskap

was Gonsalves v Gonsalves. 142 In hierdie saak het die oorledene intestaat gesterwe en sy twee

broers (die applikante) en suster (die respondent) as intestate erfgename agtergelaat. Die hof

bevestig dat die erfgename die reg het om die oorledene te begrawe en dat elke erfgenaam

gelyke regte daartoe het. 143 Die probleem met laasgenoemde is dat die applikante die

oorledene in Benoni 144 en die respondent die oorledene in Frankfort wou begrawe. 145 Die hof

bevind dat redelikheid, "public policy [and] a sense of what is right" in ag geneem moet word

en dat die wense van die meerderheid erfgename, dus die applikante, nie onredelik of

aanvegbaar was nie. 146

151

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die gevolgtrekking uit die Gonsalves-saak is dat indien daar konflik bestaan tussen meerdere

erfgename oor die begrafnisreëlings, die meerderheid erfgename se siening gevolg moet

word.

In Trollip v du Plessis 147 volg die hof ook ’n billiker benadering tot wie die reg het om ’n

oorledene te begrawe. Die dispuut oor waar 148 die oorledene begrawe moet word, het

ontstaan tussen die langslewende gade (die applikant) en die oudste dogter van die oorledene

(die respondent). 149 Die applikant steun op die bevinding in die Tseola-saak dat die

langslewende gade die begrafnisregte kry en dat laasgenoemde se keuses oor die

begrafnisreëlings voorkeur moet geniet. 150 Die hof bevind dat ’n aanspraak op begrafnisregte

nie beoordeel moet word volgens die hiërargiese posisie van erfgenaamskap asof daar ’n

mede-aandeelhouding in die liggaam is nie. 151 Om tot ’n billike oplossing te kom, kyk die hof

na die uitgawes aangegaan, die godsdiens van die oorledene en die wense van die res van die

familie. Gevolglik bevind die hof dat dit billiker sal wees as die respondent 152 die oorledene

begrawe; die hof wyk dus af van die beslissing in die Tseola-saak. 153

In dieselfde jaar as die Trollip-saak beslis die hof in Thembisile v Thembisile 154 dat die eerste

langslewende gade van die oorledene en hulle oudste seun ’n sterker reg het om die oorledene

te begrawe as sy oorlewende gade van sy tweede (ongeldige) huwelik. In hierdie geval

bevind die hof dat daar voldoende getuienis was dat die gewoonteregtelike huwelik tussen die

oorledene en sy eerste vrou steeds geldig was en dat sy tweede siviele huwelik gevolglik

ongeldig was. Dit blyk dus dat die hof aanvaar het dat beide die oorlewende gade en hulle

oudste seun die reg het om die oorledene te begrawe, wat in wese neerkom op ’n afwyking

van die gewoonteregtelike posisie dat die oudste seun die reg het om te besluit waar die

oorledene begrawe moet word. Jansen 155 is van mening dat die hof versuim het om

redelikheid en billikheid in ag te neem en dat die billiker benadering in die Trollip-saak

eerder gevolg moes gewees het deur al die omliggende feite in ag te neem en nie net die

posisie van erfgenaamskap nie.

Die aspek van billiker en redelike bevindings deur die howe oor wie die reg het om ’n

oorledene te begrawe, het ook na vore gekom in Mahala v Nkombombini. 156 In hierdie saak

het die dispuut oor wie die oorledene moet begrawe, ontstaan tussen die gewoonteregtelike

weduwee (die applikant) en die moeder (die respondent) van die oorledene. 157 Die hof verwys

na die Bhe-saak 158 (waar die manlike-eersgebore-reël van die gewoontereg ongrondwetlik

verklaar is) en kom tot die gevolgtrekking dat die weduwee en al die kinders van die

oorledene, hetsy binne- of buite-egtelik, intestate erfgename van die oorledene was. 159 Die

hof verwerp die idee dat die siening van die meerderheid erfgename in ag geneem moet word

as "oversimplified [and] too rigid". 160 Die hof is van mening dat daar geen "hard and fast

rules" moet wees nie en dat elke saak op eie meriete beoordeel moet word. 161 Die hof neem

familieverhoudings in ag en bevind dat die oorledene ’n beter verhouding met die applikant

en die kinders uit die huwelik gehad het. Dit noop die hof om in die guns van die applikant te

bevind. 162 Mokotong 163 kritiseer die beslissing deur te noem dat die hof nie duidelikheid

gegee het oor wat ’n "close relationship" behels nie. Die buite-egtelike kinders kon ook ’n

152

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

goeie verhouding met die oorledene gehad het en hulle moes betrek gewees het om met die

begrafnisreëlings te help.

’n Goeie voorbeeld van waar die howe eerder die buigsame benadering moet volg, is waar die

oorledene slegs kinders nalaat en geen langslewende gade nie. Daar moet egter in gedagte

gehou word dat alle kinders van die oorledene, hetsy binne- of buite-egtelik, erfgename van

die oorledene is. 164 Wanneer die kinders nie oor begrafnisreëlings kan saamstem nie, bestaan

daar ’n moontlikheid dat die aangeleentheid deur ’n hof aangehoor sal word. Die howe sal

dus die vraag na wie die reg het om die oorledene te begrawe, benader deur na alle

omringende omstandighede te kyk. Die beginsels wat in bogenoemde sake gebruik was, kan

as ’n riglyn dien, maar moet nie rigied toegepas word nie. Sodoende kan die hof die

meerderheidsbesluit van die kinders in ag neem, asook waar die oorledene gewoon het en

waar die familielede woon.

In ’n meer onlangse saak was die begrafnisreg aan ’n nie-erfgenaam gegee. In Sokani v

Sokani 165 het die applikant en die respondent, albei beweerde eggenote van die oorledene,

aanspraak gemaak op die reg om die oorledene te begrawe. Nadat daar deur die hof bevind is

dat nie een van hulle getroud was met die oorledene ten tye van sy afsterwe nie, was die

enigste intestate erfgename die twee kinders van die oorledene. Die hof het nie die

hiërargiese posisie van erfgenaamskap gevolg nie en het beslis dat die respondent (’n nieerfgenaam)

die reg het om die oorledene te begrawe. Die hof het ook beslis dat die twee

kinders genader moet word om met die begrafnisreëlings te help. 166

Alhoewel die howe steeds die erfgename ag as die persone wat die reg het om die oorledene

te begrawe, word dit nie meer so streng toegepas nie. Alle moontlike omstandighede wat ’n

rol kan speel, word in ag geneem om sodoende ’n billiker oplossing te kry.

4.2.3 Die huwelik as faktor

Reeds so vroeg as in die Saiid-saak kan afgelei word dat die howe veral aandag geskenk het

aan die regstelsel waarvolgens die oorledene in die huwelik getree het, met ander woorde die

gemenereg of die gewoontereg. Indien die oorledene volgens die gemenereg getroud was, het

die howe bloot die gemeenregtelike posisie rakende begrafnisregte gevolg. 167

In die Thembisile-saak het die geldigheid van ’n gewoonteregtelike huwelik ’n rol gespeel.

Die oorledene was na bewering met sowel die applikant as die respondent getroud. 168 Die

respondent het versuim om te bewys dat die eerste huwelik van die oorledene ontbind is en

dit het daartoe gelei dat die respondent se huwelik met die oorledene ongeldig was. Die hof

het die begrafnisregte aan die applikant toegeken as erfgenaam en enigste langslewende gade

van die oorledene. 169

In ’n meer onlangse saak, Fanti v Boto, 170 het die applikant beweer dat hy ingevolge die

gewoontereg met die oorledene getroud was. Weens hierdie beweerde huwelik was die

applikant van mening dat hy die reg het om die oorledene te begrawe. Die respondent (die

153

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

oorledene se moeder) het daarin geslaag om te bewys dat daar geen gewoonteregtelike

huwelik was nie. Gevolglik is die begrafnisregte aan die respondent gegee. 171

Die Fanti-saak is ’n voorbeeld van waar die ongeldigheid van ’n huwelik gebruik word om te

verhoed dat ’n persoon die begrafnisregte kry. Die gewoonteregtelike huwelik word as ’n

geldige huwelik in die Suid-Afrikaanse reg geag na die inwerkingtreding van die Wet op

Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998. Dit blyk dus uit die Fanti-saak dat die

howe die geldigheid van ’n gewoonteregtelike huwelik moet vasstel om sodoende te bepaal

of die beweerde gade ’n erfgenaam van die oorledene is. Indien die huwelik geldig is, is die

beweerde gade ’n erfgenaam en dra dit by tot die omstandighede wat in ag geneem moet

word wanneer daar vasgestel moet word wie die reg het om die oorledene te begrawe.

Die SARK is van mening dat wie die reg het om te begrawe, nie volgens die intestate erfreg

vasgestel moet word nie, maar dat die reg aan die weduwee gegee moet word. 172 Dit is goed

en wel om te bepaal dat die weduwee die reg moet hê om die oorledene te begrawe, maar

daar moet in gedagte gehou word dat die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike tot

gevolg het dat poliginiese huwelike ook erken word. Wat is dan die geval by meerdere

weduwees, en watter een van die weduwees het die reg om die oorledene te begrawe? Dit is

’n onsekere kwessie en in die sake waar daar wel meer as een gade teenwoordig was, 173 was

een van die gades se huwelik nietig. Die howe het dus steeds slegs te doen gehad met gevalle

waarin een weduwee ter sprake was.

Daar is wel sekere voorstelle oor wat die toepaslike beginsel moet wees by poliginiese

huwelike. In die Thembisile-saak het die hof obiter bepaal dat indien daar meer as een geldige

huwelik was, die eerste vrou se regte hoër geag moet word as dié van die tweede vrou. 174 Die

SARK volg dieselfde siening, naamlik dat die mees senior weduwee die reg moet kry om die

oorledene te begrawe. 175 Gevolglik is dit belangrik om vas te stel of daar aan al die vereistes

voldoen is vir ’n geldige huwelik kragtens die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike.

Die meer buigsame en billiker benadering dat alle omstandighede in ag geneem moet word en

dat elke saak op eie meriete beoordeel moet word, moet egter ook in gedagte gehou word. 176

Die meer onlangse hofsake volg eerder hierdie benadering. Dit is dus heeltemal moontlik dat

wanneer al die omstandighede in ag geneem is, nie een van die gades uit ’n poliginiese

huwelik die reg sal kry om te begrawe nie.

Uit voorgaande is dit duidelik dat die gemeenregtelike posisie met betrekking tot wie die reg

het om te begrawe, in die algemeen gevolg word. 177 Indien die oorledene nie tydens sy

leeftyd instruksies aangaande sy begrafnis ten opsigte van die wie- en waar-vrae gelaat het

nie, val die begrafnisregte die erfgename toe. 178

Die vraag is egter watter erfgenaam se keuse oor die begrafnisreëlings gevolg moet word

indien daar ’n dispuut tussen meerdere erfgename is. Aanvanklik het die howe die rangorde

van intestate erfreg gebruik om vas te stel wie die reg het om te begrawe en dié reg het

gewoonlik die langslewende gade toegekom. Laasgenoemde kan saamgevat word as die

hiërargiese posisie van erfgenaamskap. Die howe het egter begin afwyk van die hiërargiese

154

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

posisie deur ’n billiker en redelike oplossing te kry. Daar word dus nou eerder na alle faktore

gekyk en elke saak moet op eie meriete beoordeel word.

Wat die posisie egter gaan wees indien die oorledene wettig met meer as een vrou getroud

was en daar ’n twis tussen die gades met betrekking tot die begrafnisreëlings is, is betreklik

onseker.

Daar moet ook in gedagte gehou word dat elke saak verskillend is en dat dit moeilik gaan

wees om elke saak op dieselfde wyse te hanteer. Dit is wel maklik om te bepaal dat die

erfgenaam die reg het om die oorledene te begrawe, maar elke saak sal sy eie besondere

omstandighede hê wat in ag geneem moet word. In Ndlovu v Ramocoela 179 maak die hof die

volgende stelling:

[A] judge has to be guided by a number of factors such as the rules of the general

burial principle, the convictions of society, the public morality, the public policy, and

a sense of what is right and equitable in the interest of justice according to the

circumstances of each particular case.

Dit is duidelik dat die probleem van begrafnisregte nie volgens ’n resep opgelos kan word

nie. Totdat daar wetgewing is wat ’n duidelike oplossing vir sulke gevalle bied, moet

redelikheid, geregtigheid, gelykheid en openbare belang in ag geneem word. 180

Die boedelbeplanner speel ’n belangrike rol in die vermyding van konfliksituasies tussen die

familielede. Hierdie aspek word nou onder die loep geneem.

5. Begrafniswense en die rol van die testamentopsteller

5.1 Algemeen

Soos reeds aangedui, is die ideaal dat die testateur sy begrafniswense in ’n testament behoort

aan te dui. In hierdie verband speel die testamentopsteller ’n belangrike rol. Indien ’n persoon

self weinig of geen kennis van testamentopstelling het nie, is dit gewens om ’n

testamentopsteller aan te stel. Die vraag of iemand ook sy begrafniswense deur middel van

ander skriftelike of mondelinge instruksies geldig bekend kan maak, word vervolgens ook

kortliks aangeraak.

5.2 Die begrafniswense van die oorledene

Dit is ’n algemene beginsel dat die wense van die oorledene oor die begrafnisreëlings

gerespekteer en uitgevoer moet word. Ingevolge die gemenereg is dit immers die beginpunt

wanneer vasgestel word wie die oorledene mag begrawe. Gevolglik stel die howe eers vas of

die oorledene spesifieke wense nagelaat het alvorens oorgegaan word na watter erfgenaam

die begrafnisreg het. Die probleem is egter dat daar nie sekerheid is oor die formaat waarin

hierdie wense vervat moet wees nie.

155

5.2.1 Geskrewe instruksies

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die geval waar die oorledene geskrewe instruksies laat, is die vraag of dit in ’n testament

vervat moet word al dan nie. Uit die Human-saak kan afgelei word dat die wense wel in ’n

testament vervat moet gewees het. 181 In Sekeleni v Sekeleni 182 het die hof egter ’n ander

rigting gevolg. Die oorledene het intestaat gesterwe, maar ’n brief nagelaat waarin hy ’n vrou

by wie hy sedert sy egskeiding gewoon het, aangestel het om sy begrafnisreëlings te tref. Die

oorledene se kinders, as intestate erfgename, het vervolgens aansoek gedoen dat hulle die reg

het om die oorledene te begrawe. Die hof verwerp die applikante se siening en beslis dat die

wense van die oorledene gehoorsaam moet word en dat dit nie in ’n testament vervat hoef te

gewees het nie. 183

In Ndlovu v Ramocoela 184 het die oorledene se ma (die respondent) ’n brief in die handsak

van die oorledene gekry waarin gestaan het dat die respondent die oorledene moet

begrawe. 185 Die oorledene se man (die applikant) het beweer dat hy die reg het om die

oorledene te begrawe op grond daarvan dat hy die oorledene se erfgenaam was. 186 Die kruks

van die saak was die regsvraag of die oorledene iemand aangewys het om haar te begrawe. 187

Die hof maak dit duidelik dat dit ’n kardinale beginsel is "[t]hat the known wishes of the

deceased must be observed, respected and given effect to no matter how they were embodied

or how they were expressed". 188 Die brief van die oorledene is deur die hof aanvaar as ’n

sterwensverklaring, 189 maar die applikant het aangevoer dat niemand kan getuig dat die

oorledene wel die brief geskryf het nie. Laasgenoemde stelling was korrek, maar die brief

moet nie in vacua oorweeg word nie en alle omliggende omstandighede moet in ag geneem

word. 190 Die hof kom tot die beslissing dat die brief wel ’n aanwysing was deur die oorledene

dat die respondent haar moet begrawe. Die siening van die hof is dat die oorledene se

instruksies nie in ’n testament vervat hoef te gewees het nie.

Dit blyk uit bogenoemde beslissings dat die howe tot dusver geneig was om die skriftelike

instruksies van die oorledene te volg. Solank dit deur die party wat die bewering maak,

bewys kan word dat dit wel die oorledene se wense was, sal die howe nie huiwer om dit te

aanvaar nie. Dit blyk ook verder dat dit die beste is om die wense en instruksies in ’n

testament te vervat. Hierdie wense moet egter nie onwettig wees of teen die goeie sedes

indruis nie. 191 Dit kan nietemin problematies wees om die wense van die oorledene vas te stel

waar die testament in die besit van ’n derde party is wat normaalweg eers na die begrafnis die

testament aan die belanghebbendes voorlees. In só ’n geval sal die familielede die derde party

moet nader om vas te stel wat die wense van die oorledene was.

5.2.2 Mondelinge instruksies

Die probleem met mondelinge instruksies deur die oorledene is dat dit moeilik is om te

bewys. Gewoonlik is daar een party in ’n geskil oor wie die reg het om die oorledene te

begrawe wat beweer dat die oorledene tydens sy lewe aan die betrokke party sy wense

geopenbaar het. In die Human-saak het die hof mondelinge instruksies van die oorledene van

die hand gewys en gestel dat dit indruis teen die hoorsê-reël. Die hof het verder gegaan en

gesê dat "at most, proof of his desire is of mere sentimental importance". 192 Dit kom daarop

156

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

neer dat mondelinge instruksies van die oorledene glad nie in ag geneem moet word nie en al

word dit bewys, is dit slegs sentimenteel van aard en nie bindend nie. Die hof stel dit obiter in

die Mbanjwa-saak 193 dat indien hoorsê-getuienis wel toelaatbaar was, sterker bewyse as net

die woord van die respondent benodig sou word om die mondelinge instruksies van die

oorledene as geldig te beskou. 194 Gevolglik is daar geen gevolg gegee aan die beweerde

wense van die oorledene nie.

In die Gonsalves-saak het die respondent en haar seun beweer dat die oorledene aan hulle

gestel het dat die respondent die begrafnisreëlings moet tref. 195 Die hof verklaar dat hoorsêgetuienis

toegelaat kan word om te bewys dat die verklaring wel gemaak is, maar nie om te

bewys dat die inhoud van die verklaring waar is nie. Dit kom dus daarop neer dat die

respondent slegs kan bewys dat die oorledene wel sy instruksies aan haar oorgedra het, maar

die waarheid van die instruksies kan nie deur die hoorsê-getuienis bewys word nie. Gevolglik

kom die hof tot die bevinding dat die hoorsê-getuienis ontoelaatbaar was.

’n Ander benadering is in die Sekeleni-saak gevolg, waar die regter dit obiter stel dat daar wel

gevolg gegee moet word aan die wense van die oorledene, al was dit mondelings gedoen. 196

In die Mnyama-saak het die oorledene se vrou beweer dat hy voor sy dood aan haar gesê het

dat hy in die Kaap begrawe wil word. 197 Die hof verwys na artikel 3(1)(c) van die

Wysigingswet op die Bewysreg. 198 Dié artikel het tot gevolg dat hoorsê-getuienis nou

toelaatbaar is indien dit in die belang van geregtigheid is. 199 Die artikel gee nie net aan die

howe spesifieke faktore wat in ag geneem mag word nie, maar bepaal ook dat die howe enige

ander faktor wat na die hof se oordeel in aanmerking geneem kan word, in aanmerking mag

neem. 200 Regter Conradie 201 maak die stelling dat die beste manier om hoorsê-getuienis in

hierdie geval te hanteer, is "[t]o admit it as having sufficient probative value to qualify it for

consideration and then to analyse it to see whether it has sufficient cogency to warrant its

acceptance".

Hieruit blyk dat die probleem met hoorsê-getuienis nou eerder is of dit logies en oortuigend

genoeg is om dit te kan aanvaar. Die hof gaan verder en stel dit dat mondelinge verklarings

moeilik is om ten volle te begryp en dan met voldoende betekenis weer te gee. Die kleinste

verandering, verbuiging of fabrikasie van die verklaring kan die betekenis en bedoeling

drasties verander. 202 Die persoon aan wie die verklaring gemaak is, kon weens ’n swak

vermoë om die verklaring weer te gee, nie die oorledene se bedoeling behoorlik beskryf nie

of sy kon die oorledene van die begin af verkeerd verstaan het. 203 Die hof kom egter tot die

bevinding dat die respondent se getuienis van die oorledene se beweerde instruksies nie

oortuigend genoeg was nie en gee dus geen gevolg daaraan nie. 204

In Mabulu v Thys 205 het die oorledene se dogter (die respondent) beweer dat die oorledene

aan haar gesê het dat hulle haar by die respondent se huis moet begrawe. Die oorledene se

oudste seun (die applikant) betwis die respondent se bewering en voer aan dat hy die reg het

om die oorledene te begrawe. Die hof bevestig die Mnyama-saak dat mondelinge instruksies

deur die oorledene gevolg moet word as dit oortuigend genoeg was. Voorts word aangevoer

dat die mondelinge instruksies gevolg moet word as daar duidelike bewyse daarvan is. 206 In

hierdie geval was die respondent se verklaring vaag deurdat daar nie meer spesifieke

157

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

besonderhede gegee word soos waar, wanneer en in watter omstandighede die oorledene se

instruksies oorgedra is nie. 207 Die hof neem ook in ag dat die respondent se bewering deur die

applikant betwis word en dat daar in die dokumente voor die hof nie genoeg bewyse was om

in die guns van die respondent te beslis nie. Die mondelinge instruksies van die oorledene

word dus nie gevolg nie. 208

Die hof voer in die Sokani-saak aan dat indien die oorledene mondelinge wense gelaat het

aan sy eerste vrou, die vraag dan gevra kan word hoekom hy nie ’n vergadering belê het met

sy kinders en suster nie. So ’n vergadering sou voorkom het dat die oorledene sy wense op

verskillende tye aan verskillende mense openbaar en sou die bewys van mondelinge

instruksies vergemaklik het as almal se weergawes ooreengestem het. 209 Die hof stel dit

verder dat artikel 3(1)(c) van die Wysigingswet op die Bewysreg slegs van toepassing moet

wees wanneer die hof tevrede is dat die mondelinge instruksies wel gegee is. In die betrokke

aangeleentheid was die hof nie oortuig dat die oorledene mondelinge instruksies aan die

applikant gegee het nie en is dit nie gevolg nie. 210

Uit bogenoemde beslissings blyk dit dat die howe nie aan mondelinge wense gehoor gee nie.

Hoorsê-getuienis was aanvanklik nie toelaatbaar nie en dit was die rede waarom die howe nie

die mondelinge wense van die oorledenes gevolg het nie. Met die Wysigingswet op die

Bewysregword hoorsê-getuienis nou toelaatbaar in sekere omstandighede.

Hierdie verandering het egter nie daartoe gelei dat die howe nou sonder meer die mondelinge

wense van die oorledene in ag gaan neem nie. Alhoewel hoorsê-getuienis wel toelaatbaar is,

word dit nie aanvaar nie tensy daar genoeg bewyse daarvan is en dit oortuigend genoeg is. 211

Die howe is wel van mening dat die wense van die oorledene van uiterste belang is, maar is

huiwerig om mondelinge wense te aanvaar. Die reg het nou so ontwikkel dat die wense van

die oorledene op ’n informele wyse weergegee kan word, maar tog word daar nie aan

mondelinge wense gevolg gegee nie.

5.2.3 Die rol van die testament

Dit blyk dat die howe baie klem op die wense van die oorledene sal plaas indien hy of sy

behoorlike instruksies in ’n testament weergee. Die testament kan geklassifiseer word as ’n

notule van die wense van die testateur. Casner 212 voer aan: "A person can have a complete

estate plan represented by a will but he cannot have a complete estate plan of his own

selection without a will."

Uit bostaande aanhaling kan afgelei word dat die testament die aangewese metode is om die

begrafniswense van die testateur aan te dui. Die testament se hoofdoel is om aan te dui wat

met die aardse besittings van die testateur by afsterwe moet gebeur. 213 Dit is ’n algemene

gebruik dat die testament ook handel oor aspekte soos die voogdyskap van minderjarige

kinders. Die testament word verder gebruik om instruksies te gee oor die testateur se

begrafnis. 214 Die bepalings in die testament moet gehoorsaam word en hierdie

gehoorsaamheid is geleë in die beginsel voluntas testatoris servanda est. 215 Dit is egter

belangrik om te onthou dat daar geen regsplig op die erfgename rus om die testateur se wense

158

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uit te voer nie. 216 Die testateur se wense behoort nietemin gerespekteer te word. Daar word

meer regskrag aan die wense van die testateur gegee, aangesien die howe ’n sterk klem op

laasgenoemde se finale wense plaas.

6. Gevolgtrekking en aanbevelings

In die Afrika-gewoontereg is begrafnisse ’n baie sensitiewe gedeelte van die rouproses.

Godsdienstige en kulturele praktyke, asook die voorkeure van vriende en familie, speel ’n

belangrike rol by begrafnisse. ’n Mens wil gewoonlik die begrafnis so gou as moontlik en

sonder enige komplikasies afhandel. Die werklikheid is egter dat diegene wat volgens die

gebruike en gewoontes van die Afrika-gewoontereg leef, nie altyd ’n vreedsame begrafnis

kan reël nie. Konflik met betrekking tot begrafnisse is die reël eerder as die uitsondering.

Die meeste konflik wat ontstaan, gaan oor wie die oorledene mag begrawe en waar die

oorledene begrawe moet word. Hierdie twee aspekte val onder die begrip begrafnisregte en

dit kom neer op die reg wat ’n persoon het om die oorledene te begrawe, asook om die laaste

rusplek te kies. Die wie- en waar-aspekte van begrafnisregte is nou verbind. Deur vas te stel

wie die oorledene mag begrawe, word ook gekoppel aan waar die betrokke persoon met die

begrafnisreg die oorledene wil begrawe.

Ingevolge die gewoontereg is dit ’n kulturele praktyk dat oorledenes naby die familie

begrawe moet word. Omdat sommige van diegene wat volgens die gewoontereg leef,

okkupeerders op die grond van ’n plaaseienaar is, beteken dit dat hulle die oorledene

moontlik op iemand anders se grond sal wil begrawe. Hierdie kwessie kan onder die waaraspek

van begrafnisregte tuisgebring word. 217 Artikels 6(2)(dA) en 6(5) van die

Verblyfregwet verleen die reg aan die okkupeerder om familielede op die grond te begrawe,

asook die reg aan familielede om die okkupeerder op die grond te begrawe. Die wet verskaf

egter nie ’n uitdruklike reg om te begrawe nie; daar moet aan sekere vereistes voldoen word.

Die belangrikste vereiste is dat daar ’n gevestigde praktyk moet ontstaan het ten opsigte van

begrafnisse op die grond. Daar is egter nie eenstemmigheid oor wat “’n gevestigde praktyk”

behels nie en daar sal nog ontwikkeling in die regspraak en wetgewing moet plaasvind om

die mees effektiewe beginsel te bepaal.

’n Verdere kenmerk van die Afrika-gewoontereg is dat een persoon gewoonlik aangewys

word as die vernaamste roubeklaer. Indien die oorledene nie so ’n persoon gedurende sy

leeftyd aangewys het nie, kan daar hewige konflik ontstaan tussen die familielede en vriende

van die oorledene. Hierdie konflik ontstaan met betrekking tot die wie-aspek van

begrafnisregte wat handel oor wie die reg het om die oorledene te begrawe. 218 Weens die

dualistiese struktuur in Suid-Afrika en die feit dat die gewoontereg erkenning geniet, was die

dispute oor wie die oorledene moet begrawe, moeilik om in die howe op te los. Een van die

redes was dat die gewoontereg en die gemenereg se sienings oor die wie-aspek verskil. Die

howe het sommige uitsprake op die gemenereg gebaseer deur te bepaal dat die erfgename

(volgens die intestate erfopvolging) die reg het om die oorledene te begrawe. Ander

159

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beslissings is gegrond op die gewoontereg en die praktyk dat die manlike verwante die reg

het om die oorledene te begrawe. Soms is ’n kombinasie van die twee stelsels gebruik.

Alhoewel die howe in meer onlangse hofsake steeds van mening is dat die erfgename die reg

het om te begrawe, word die hiërargiese posisie van erfgenaamskap nie meer streng toegepas

nie. Daar word nou eerder ’n billiker en buigsamer benadering gevolg wat alle

omstandighede van die saak in ag neem.

’n Probleem wat ook deel uitmaak van die wie-aspek, is die kwessie van poliginiese

huwelike. Indien die oorledene met meer as een gade getroud was, sal meerdere gades as

erfgename kwalifiseer. Aangesien die erfgename die reg het om die oorledene te begrawe,

ontstaan die vraag watter een van die weduwees dié reg het. Dit is nog onseker watter

beginsels hier toegepas kan word. Die SARK en die hof in die Thembisile-saak het aanbeveel

dat die reg om te begrawe die senior vrou toekom. 219

Konflik oor begrafnisregte kom hoofsaaklik tussen diegene in die tradisionele gemeenskappe

voor. Daar word aanbeveel diesulkes testamente moet opstel wat hulle begrafniswense

duidelik stel. Daar kan ook aangeneem word dat hierdie probleem in baie gevalle nie opgelos

kan word nie, weens die feit dat testateurs nie self kennis het om ’n testament op te stel nie,

of nie altyd vooraf by ’n testamentopsteller kan uitkom nie. Soms kom iemand wel by ’n

testamentopsteller uit en dan moet laasgenoemde in staat wees om deeglike advies aan sy

kliënt te kan gee. Die testamentopsteller sal veral moet kennis neem van die waar-aspek. Dit

is moontlik dat die testateur dit in sy testament wil stel dat hy op die grond van ’n ander

begrawe wil word. Gevolglik sal vooraf deeglik ondersoek moet word of die testateur wel in

die toekoms op die beoogde grond begrawe mag word. 220

Dit staan die testateur vry om enige persoon aan te wys as die persoon wat die begrafnisreg

moet verkry. Indien die testateur volgens die gewoontereg begrawe wil word, is daar niks wat

hom keer om te bepaal dat die oudste seun die begrafnis moet reël en dat die begrafnis

volgens die gebruike van die gewoontereg moet geskied nie.

’n Voorbeeld van ’n eenvoudige klousule waarin die testateur betrokke in ’n poliginiese

huwelik bepaal wie die begrafnis moet reël en waar hy of sy begrawe wil word, sou soos volg

kon lui:

Begrafniswense

Dit is my wens dat my senior vrou se oudste seun, John Moleme, die reëlings

aangaande my begrafnis moet tref. In die geval waar hy nie kan nie, moet die reëlings

deur my senior vrou, Sophie Moleme, getref word.

Dit is my wens dat ek begrawe moet word op die plaas Jakkalsdraai in die distrik

Johannesburg in dieselfde begraafplaas waar my voorouers begrawe is.

Indien die skriftelike toestemming van die betrokke grondeienaar vooraf verkry kan word,

kan die toestemmingsbrief as aanhangsel by die testament geheg word. Só ’n toestemming

kan die aanspraak van die oorledene om op die plaas begrawe te word, nog verder versterk.

160

Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Badenhorst, P.J., J.M. Pienaar en H. Mostert. 2006. Silberberg and Schoeman's law of

property. Durban: LexisNexis Butterworths.

Bekker, J.C., J.M.T. Labuschagne en C.C. Boonzaaier. 2004. African burial practices at the

crossroads: Observations on the right to bury. De Jure, 37(2):203–23

Bennett, T.W. 2011. Introduction. In Bennett (red.) 2011.

Bennett, T.W. (red.) 2011. Traditional African religions in South Africa. Claremont: UCT

Press.

Cassim, N. 1993. The right to bury a deceased person – principle versus public policy,

morality, custom and 'a sense of what is right'. De Rebus, 56(306):533–4.

Davies, D.J. 2001. Burial rites. In Howarth en Leaman (reds.) 2001.

Davis, D.M., C. Beneke en R.D. Jooste. 1998. Estate planning. Durban: Butterworths.

Du Plessis, L. 2002. Legal and constitutional means designed to facilitate the integration of

diverse cultures in South Africa: A provisional assessment. Stellenbosch Regstydskrif,

13(3):367–86.

Du Toit, S.A.D. 2005. Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998,

intestate erfreg en die boedelpraktisyn. Ongepubliseerde LLM-skripsie, Noord-Wes

Universiteit, Potchefstroomkampus.

Garner, B.A. (red.). 1999a. A handbook of basic law terms. St Paul, Minnesota: West Group.

—. 1999b. Black's law dictionary. 8ste uitgawe. St Paul, Minnesota: Thomson West.

Gavit, B.C. 1951. Introduction to the study of law. Brooklyn: Foundation Press.

Hawker, S. (red.). 2003. Little Oxford dictionary thesaurus and wordpower guide. New York:

Oxford University Press.

Hohfeld, W.C. 2001. Fundamental legal conceptions as applied in legal reasoning. Aldershot:

Ashgate. (Reds. Campbell, D. en P. Thomas)

Howarth, G. en O. Leaman (reds.). 2001. Encyclopedia of death and dying. Londen en New

York: Routledge.

Janse van Rensburg, A.M. 2002. Access to ancestral burial sites – recent decisions. Obiter,

23(1):175–85.

161

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Jansen, R.-M. 2003. Multiple marriages, burial rights and the role of lobolo at the dissolution

of the marriage. Tydskrif vir Regswetenskap, 28(1):120–32.

Joubert, W.A., J.A. Faris en J. Church. 2009. The law of South Africa Vol. 32: Indigenous

law.Durban: LexisNexis.

Kavanagh, A. en J. Oberdiek (reds.). 2009. Arguing about law. New York en Londen:

Routledge.

Kleyn, D. en F. Viljoen. 2004. Beginnersgids vir regstudente. 3de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Knoetze, E. 2001. Burial rights: Gabavana v Mbete [2000] 3 All SA 561 (Tk). Obiter,

24(1):204–11.

Maithufi, I.P. 2003. Thembisile v Thembisile 2002 2 SA 209 (T). De Jure, 36(1):195–200.

Mofokeng, L. 2009. Legal pluralism in South Africa: Aspects of African customary, Muslim

and Hindu family law. Hatfield: Van Schaiks.

Mokotong, M.M. 2001. In lieu of burial instructions: a legal exposition. Tydskrif vir

Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 64(2):297–301.

—. 2008. A note on the customary law right of extra-marital children to bury the deceased.

De Jure, 41(3):616–25.

Odendal, F.F. en R.H. Gouws (reds.). 2005. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse

taal. 5de uitgawe. Kaapstad: Pearson Education.

Olivier, P.A. en G.P.J. Van den Berg. 1991. Praktiese boedelbeplanning. Kaapstad: Juta.

Pienaar, J. en H. Mostert. 2005. The balance between burial rights and land ownership in

South Africa: Issues of content, nature and constitutionality. South African Law Journal,

122(3):633–60.

Price, T.W. 1951. Legal rights and duties in regard to dead bodies, post-mortems and

dissections. South African Law Journal, 68:403–23.

Prinsloo, M.W. 1991. Bevoegdheid om ’n oorledene te begrawe. Tydskrif vir die Suid-

Afrikaanse Reg, 4:665–72.

Rautenbach, C. 2003. Some comments on the status of customary law in relation to the Bill

of Rights. Stellenbosch Regstydskrif, 14(1):107–14.

Rautenbach, C., J.C. Bekker en N.M.I. Goolam (reds.). 2010. Inleiding tot regspluralisme in

Suid-Afrika. 3de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Schoeman-Malan, M.C. 2007. Recent developments regarding South African common and

customary law of succession. Potchefstroom Elektroniese Regstydskrif, 10(1):107–39.

162

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

SARK (Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie). 2004. Project 90: Report on the

customary law of succession. Pretoria: SARK.

Van der Merwe, C.G. 1989. Sakereg. 2de uitgawe. Durban: Butterworths.

Van Zijl, G.J. 1999. Die invloed van die swart gewoontereg op boedelbeplanning,

boedelbereddering en erfopvolging in Suid-Afrika. Ongepubliseerde LLM-skripsie, PU vir

CHO.

Voet, J. 1647-1713. Commentarius ad Pandectas. Den Haag. Wild & Altheer.

Eindnotas

* Hierdie bydrae is ’n verwerking van George Pelser se LLM-skripsie onder leiding van die

mede-outeur, Christa Rautenbach.

1 Bekker e.a. (2004:203).

2 Sien Bennett (2011:x), waar daar soos volg verduidelik word: "What seems to set the

African belief systems apart [from the common law], however, is the importance of ancestral

spirits and their veneration according to set rituals."

3 In hierdie bydrae word die term begrafnisregte gebruik om na beide omstandighede te

verwys, nl. wie die oorledene mag begrawe en waar die oorledene begrawe mag word, tensy

anders aangedui.

4 Sien par. 3 vir ’n bespreking van die waar-aspek.

5 Rautenbach e.a. (2010:147).

6 Knoetze (2001:204).

7 Vir ’n bespreking van die verskillende benaderings, sien par. 4.

8 Rautenbach e.a. (2010:147). Sien par. 4.2.1 vir ’n voorbeeld.

9 Cassim (1993:533). Sien par. 4.2.2, waar hierdie aspek bespreek word.

10 Van Zijl (1999:7); Du Toit (2005:9–10). Indien die Muslim Marriages Bill wat op die

oomblik in die parlement gedebatteer word, in werking tree, sal daar drie persoonlike

regsisteme wees wat in Suid-Afrika erkenning geniet.

11 Kleyn en Viljoen (2004:19).

12 Du Toit (2005:9–10).

163

13 Joubert e.a. (2009:6).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

14 Hierna die Grondwet genoem. Aangesien die Engelse teks van die Grondwet die amptelike

teks is, is alle aanhalings uit die Grondwet in hierdie skripsie in Engels. Art. 211(3) lui: "The

courts must apply customary law when that law is applicable, subject to the Constitution and

any legislation that specifically deals with customary law."

15 Rautenbach (2003:108); Van Zijl (1999:10). Die gewoontereg is toepaslik wanneer

byvoorbeeld gelykheid in ag geneem word. Toepassing van die gewoontereg kan dus

tuisgebring word onder begrafnisregte, huweliksreg (erkenning van gebruiklike huwelike en

vermoënsregtelike gevolge van sodanige huwelike) en erfopvolging. Vir meer inligting sien

Rautenbach e.a. (2010:42–5).

16 Rautenbach (2003:108). Art. 39(2) en (3) lui: "(2) When interpreting any legislation, and

when developing the common law or customary law, every court, tribunal or forum must

promote the spirit, purport and objects of the Bill of Rights. (3) The Bill of Rights does not

deny the existence of any other rights or freedoms that are recognised or conferred by

common law, customary law or legislation, to the extent that they are consistent with the

Bill."

17

Rautenbach e.a. (2010:40); Alexkor v Richtersveld 2004 5 SA 460 (KH). Hierna die

Alexkor-saak genoem.

18 Die vorm van poligamie wat in Suid-Afrika gevind word, is poliginie. Dit beteken die

verhouding tussen een man en meerdere vroue. Die ander vorm van poligamie, poliandrie

(een vrou en meerdere mans), kom nie in Suid-Afrika voor nie (Mofokeng 2009:20).

19

In hierdie bydrae verwys die manlike vorm ook na die vroulike vorm, tensy anders

aangedui.

20 Odendal en Gouws (2005:75).

21 Hawker (2003:251).

22 Hawker (2003:77).

23 Davies (2001:67).

24 Odendal en Gouws (2005:919).

25 Hawker (2003:527).

26 Garner (1999a:193).

27 Garner (1999b:1347).

28 Hohfeld (2001:12). Sien veral die bespreking van Kavanagh en Oberdiek

(2009:307) en Gavit (1951:102–6).

164

29 Kavanagh en Oberdiek (2009:307).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

30 Mokotong (2008:623). Sien par. 3.1.1 vir voorbeelde waar wetgewing wel `n indirekte rol

kan speel.

31 Mokotong (2001:298).

32 Mokotong (2001:298).

33 Prinsloo (1991:665).

34 Finlay v Kotoane 1993 4 SA 675 (W) 679G-I. Hierna die Finlay-saak genoem.

35 Sien bespreking by par. 2.1 hier bo.

36 Sien Prinsloo (1991:665), waar hierdie skrywer eerder na bevoegdheid verwys. Vir gevalle

waar daar na plig verwys word, sien o.a. Mokotong (2001:298); die Finlay-saak.

37 Odendal en Gouws (2005:873).

38 Garner (1999b:1347).

39 Odendal en Gouws (2005:93).

40 1976 2 SA 418 (TK) 422H.

41 2003 JOL 10737 (O) 24.

42 Bekker e.a. (2004:215–6).

43 Eie kursivering.

44 Pienaar en Mostert (2005:636). Alhoewel hierdie vraag ook by Westerse families ter sprake

is, word daar in hierdie bydrae gefokus op families wat volgens die Afrika-gewoontereg leef.

45 Bekker e.a. (2004:220).

46 Volgens art. 1 van die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997 is

’n okkupeerder ’n persoon wat op of na 4 Februarie 1997 oor die toestemming of ’n ander

regsgeldige reg beskik het om op grond van ’n ander persoon te woon. Sien ook die

bespreking in par. 3.1.1.

47 Sien par. 3.1.2, waar die regspraak bespreek word.

48 Bekker e.a. (2004:220); Janse van Rensburg (2002:175).

49

Hierna die Verblyfregwet genoem. Sien par 3.1.1 vir ’n bespreking van die tersaaklike

bepalings van die Verblyfregwet.

50 Sien veral art. 6(1) van die Verblyfregwet.

165

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

51 Art. 5(d) van die Verblyfregwet; sien ook art. 15 van die Grondwet. Art. 15(1) van die

Grondwet lui: "Everyone has the right to freedom of conscience, religion, thought, belief and

opinion."

52 Janse van Rensburg (2002:176).

53 Janse van Rensburg (2002:177).

54 Du Plessis (2002:377).

55 Kultuur in die enger etniese sin kan geassosieer word met ’n persoon se etniese identiteit en

die daaglikse uitdrukking van ’n persoon se menswees, byvoorbeeld die gebruik van ’n

moedertaal, uitoefening van godsdienstige geloof, die aanpak van ’n familielewe en alles wat

daarmee gepaard gaan. Du Plessis (2002:368–9).

56 Sien art. 31(1) van die Grondwet, waar ’n persoon se kultuurregte beskerming geniet. Art.

31(1) lui: "(1) Persons belonging to a cultural, religious or linguistic community may not be

denied the right, with other members of that community – (a) to enjoy their culture, practice

their religion and use their language; and (b) to form, join and maintain cultural, religious and

linguistic associations and other organs of civil society."

57

Janse van Rensburg (2002:179). Sien ook die interpretasie van Gildenhuys R in die Serolesaak

par. 16.

58 Art. 6(2)(d) van die Verblyfregwet.

59 Hierdie wet is slegs in Engels gepubliseer.

60 Sien die bespreking in par. 3.1.2.

61 Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat die okkupeerder in hierdie geval ’n

langtermyn-okkupeerder moet wees kragtens art. 8(4) van die Verblyfregwet. Sien ook

Pienaar en Mostert (2005:635).

62 Art. 8(4) van die Verblyfregwet bepaal: "(4) Die verblyfreg van ’n okkupeerder wat vir 10

jaar op die betrokke grond of enige ander grond wat aan die eienaar behoort, gewoon het en –

(a) die ouderdom van 60 jaar bereik het; of

(b) ’n werknemer of voormalige werknemer van die eienaar of persoon in beheer is en as

gevolg van swak gesondheid, besering of ongeskiktheid nie in staat is om arbeid aan die

eienaar of persoon in beheer te verskaf nie, kan nie beëindig word nie tensy sodanige

okkupeerder ’n verbreking soos beoog in artikel 10(1)(a), (b) of (c) begaan het: Met dien

verstande dat vir doeleindes van hierdie subartikel die blote versuim of weiering om arbeid te

verskaf nie sodanige verbreking uitmaak nie."

63 Bekker e.a. (2004:220).

64 1999 JOL 4463 (GEH). Hierna die Serole-saak.

166

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

65 2002 1 SA 372 (HHA). Hierna die Buhrman-saak. Sien ook die a quo-beslissing in

Buhrman v Nkosi 2000 1 SA 1145 (T).

66 Serole-saak par. 1.

67 Sien art. 6(4) van ESTA.

68 Serole-saak par. 14; Pienaar en Mostert (2005:636).

69 Pienaar en Mostert (2005:636).

70 Serole-saak par. 16.

71 Sien Van der Merwe (1989:458), waar die skrywer ’n serwituut definieer as ’n "[s]aaklike

reg op die saak van iemand anders wat aan die reghebbende bepaalde en omskrewe genots-

en gebruiksbevoegdhede ten aansien van daardie saak verleen en wat aan ’n bepaalde persoon

of grondstuk gebonde is." ’n Serwituut kom basies daarop neer dat die eienaar van die grond

se eienaarskap bly voortbestaan, maar dat die eienaar se genot en gebruik van die grond

beperk word. Indien die reg om ’n oorledene op die grond van ’n ander te begrawe, neerkom

op ’n serwituut, beteken dit dat die eienaar se gebruik en genot van daardie gedeelte van die

grond waar die graf geleë is, beperk sal word. Sien ook Badenhorst e.a. (2006:321).

72 Serole-saak par. 16; Pienaar en Mostert (2005:636); Janse van Rensburg (2002:180).

73 Serole-saak par. 17 en 20; Pienaar en Mostert (2005:637).

74 Pienaar en Mostert (2005:638).

75 Janse van Rensburg (2002:181).

76 Sien par. 3.1.1 vir die inhoud van hierdie artikels.

77 2003 2 All SA 323 (GEH). Hierna die Nhlabati-saak genoem.

78 Pienaar en Mostert (2005:639).

79 Sien vir volledige feite Nhlabati-saak par. 1–4.

80 Nhlabathi-saak par. 18.

81 Pienaar en Mostert (2005:640).

82 Nhlabati-saak par. 36.

83 Eie kursivering.

84 Nhlabathi-saak par. 42. Sien ook Dlamini v Joosten 2006 3 SA 342 (HHA) par. 19.

85 2008 JDR 1378 (O). Hierna die Bashe-saak genoem. In hierdie saak wil die applikant (die

ma van die oorledene) die oorledene op die grond van die respondent begrawe. Die applikant

167

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

rig ’n dringende aansoek tot ’n interdik om die respondent te verhinder om in te meng by die

begrafnis van die oorledene. Bashe-saak par. 1.

86 Bashe-saak par. 3.

87 Bashe-saak par. 4.

88 Bashe-saak par. 7 en 9.

89 Bashe-saak par. 6.

90 Bashe-saak par. 10.

91 2010 JOL 25452 (GEH). Hierna die Gate Development-saak genoem.

92 Gate Development-saak par. 9.

93 Gate Development-saak par. 13.

94 Gate Development-saak par. 13.

95 Prinsloo (1991:665).

96 Mokotong (2001:297).

97 In par. 5.3 van hierdie bydrae sal daar vasgestel word of die wense van die oorledene

skriftelik, mondeling of testamentêr moet wees. Voorlopig is dit egter net belangrik om in

gedagte te hou dat die oorledene wel tydens sy leeftyd ’n persoon kan aanwys om na die

begrafnis om te sien.

98 Die beplanning van die dood verwys na die opstel van ’n testament en die daarstelling van

reëlings m.b.t. die begrafnis. In tradisionele gemeenskappe word dit soms as ’n slegte

voorteken beskou om begrafnisreëlings vooruit te tref. Mokotong (2001:297); sien ook

Jansen (2003:129).

99 Mokotong (2001:297).

100 Sien par. 4.2.

101 (2004:79).

102

Prinsloo (1991:668); Bekker e.a. (2004:214). Agnategroep beteken al die bloedverwante

van vaderskant.

103 Indien die manlike verwante en die vrou nie kan ooreenkom oor die tyd, plek en wyse van

die begrafnis nie, moet die manlike verwante se keuse gevolg word. Waar daar konflik tussen

die manlike verwante voorkom, word die keuse van die oorledene se broers gevolg. Voorts

moet in gedagte gehou word dat die oorledene se agnategroep die oorledene se vrou en haar

vader se agnategroep moet inlig van die begrafnis. Sien Prinsloo (1991:666–7.)

168

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

104 Met lineage successor word bedoel die oudste seun en sy senior vrou. Gevolglik kom dit

daarop neer dat die oudste seun die begrafnisreg het, wat ook die geval in die Xhosagemeenskappe

en die Bacha in die Oos-Kaap is. Bekker e.a. (2004:209, 211).

105 Bekker e.a. (2004:209–10).

106 Indien daar konflik tussen die verskillende agnategroepe heers oor die begrafnis, moet

daar voorkeur gegee word aan die keuse van die oorledene se man. Dit is in hierdie geval ook

van belang dat die vrou se ouers en agnategroep in kennis gestel word van haar afsterwe. Sien

Prinsloo (1991:667); Bekker e.a. (2004:206–8).

107 In hierdie geval word nie die biologiese vader bedoel nie, maar die eggenoot van die kind

se moeder (Prinsloo 1991:668). Sien ook Bekker e.a. (2004:208).

108

2005 1 SA 580 (KH). Hierna die Bhe-saak genoem. Vir meer inligting oor hierdie aspek,

sien Schoeman-Malan (2007:121–6).

109 Hierdie wet het op 20 September 2010 in werking getree en is slegs in Engels gepubliseer.

110

Voet 11.7.7. Sien Joubert e.a. (2009:220–1); Jansen (2003:129); Human v Human 1975 2

SA 251 (O) 253–4.

111 Sien par. 5.3.

112 Sien Tseola v Maqutu 1976 2 SA 418 (TK) 423H–424A, waar hierdie aanhaling

geïnterpreteer word as intestate erfgename. Die hof is van mening dat Voet hier na ’n tipe

rangorde verwys wat neerkom op die beginsel dat een intestate erfgenaam vooroorlede is. Dit

beteken nie dat een erfgenaam ’n groter of ’n sterker reg as ’n ander het nie.

113 Magistracy verwys na die plaaslike regering wat begrafnisse moet behartig waar niemand

na vore kom om ’n oorledene te begrawe nie. Joubert e.a. (2009:220).

114 Joubert e.a. (2009:220).

115 Human v Human 1975 2 SA 251 (O) 253A. Eie kursivering.

116 1972 1 SA 491 (T). Hierna die Saiid-saak genoem.

117 Saiid-saak 491H–492D.

118 Saiid-saak 493H–494. Sien ook Mokotong (2001:298).

119 1975 2 SA 251 (O). Hierna die Human-saak genoem.

120 Daar was ’n testament waarin duidelik gemaak is dat die langslewende die universele

erfgenaam sal wees. Human-saak 254E.

121 1976 2 SA 418 (TK). Hierna die Tseola-saak genoem.

169

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

122 Die applikant wou die oorledene in Bizana begrawe, terwyl die respondent van mening

was dat die oorledene eerder in Dube, Johannesburg, begrawe moet word. Tseola-saak 420G–

H.

123 Tseola-saak 424H. Eie kursivering.

124 Tseola-saak 425.

125 Mokotong (2001:299).

126 1977 4 SA 403 (TkS). Hierna die Mbanjwa-saak genoem.

127 Dit is ’n Xhosa-gebruik dat waar daar geen aanduiding in ’n testament is oor wie die voog

van die kinders moet wees nie, die oupa aan vaderskant die voog van die kinders word.

Mbanjwa-saak 405H. Sien verder die Mbanjwa-saak 406A–D waar die hof bevestig dat die

oupa die voog van die minderjarige kinders is.

128 Dit is egter belangrik om hier te noem dat dit ’n Xhosa-gebruik is dat gades langs mekaar

begrawe moet word. Mbanjwa-saak 404C.

129 Prinsloo (1991:669).

130 Mbanjwa-saak 407A–B.

131 Sien Prinsloo (1991:669), waar die skrywer daarop wys dat hierdie beslissing strook met

die gewoontereg dat die mans van die agnategroep die begrafnisregte het. Die huidige

regsposisie en die grondwetlikheid van ’n soortgelyke beslissing moet egter in gedagte gehou

word wanneer hierdie saak as regsargument voorgehou word.

132 1990 1 SA 650 (K). Hierna die Mnyama-saak genoem.

133 Mnyama-saak 652C–D.

134 Wat hier in gedagte gehou moet word, is dat hierdie beslissing nie meer as grondwetlik

geag sal word nie. Soos in par. 4.1.1 gesien is, het dieongrondwetlikheid van die

eersgeborene-reël tot gevolg gehad dat vroue en kinders nou gelyk geag word in die erfreg.

Indien hierdie saak ná die Bhe-saak beslis was, sou die weduwee as intestate erfgenaam

gekwalifiseer het en sou sy waarskynlik ook die reg gekry het om die oorledene te begrawe.

135 Mokotong (2008:618).

136 Sien art. 1 van hierdie wet, waar die intestate erfopvolgingsreëls uiteengesit word. Sedert

20 September 2010 geld hierdie wet ook t.o.v. intestate gewoonteregtelike boedels. Sien art. 2

van die Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act 11

van 2009. Hierdie wet is slegs in Engels gepubliseer.

137 Mokotong (2008:619). Die hiërargiese posisie van erfgenaamskap word deur Kemp R in

Sikita (born Mayiji) v Tiki 2009 JOL 23243 (Ck) par. 33 gekritiseer, omdat dit tot

onregverdigheid kan lei. Die voorbeeld wat deur Kemp R genoem word, is waar die

oorledene se vervreemde gade, van wie hy van plan was om te skei, sy boedel erf nadat die

170

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

oorledene al ’n rukkie saam met iemand anders gebly het. Dit kom ook daarop neer dat die

vervreemde gade volgens die erfreg die reg sal hê om die oorledene te begrawe, maar dat dit

billiker en regverdiger sou wees dat die persoon met wie hy in ’n saamwoonverhouding was,

die begrafnisreg moet kry.

138 Hierdie aspek sal in par. 4.2.2 aangeraak word.

139 Hierdie situasie word in par. 4.2.3 meer indringend bespreek.

140 Mokotong (2008:619).

141 Mokotong (2008:619).

142 1985 3 SA 507 (T). Hierna die Gonsalves-saak genoem.

143 Gonsalves-saak 509G–H, 513D.

144 Die rede wat deur die applikante aangevoer was, is dat die begrafnis moet plaasvind in die

gebied waar die oorledene woonagtig was en waar die meerderheid van sy familie woon.

Gonsalves-saak 508I, 509C–D.

145 Die respondent was van mening dat die oorledene en die applikante nie ’n hegte

verhouding gehad het nie en dat die oorledene dus nader aan haar begrawe moet word.

Gonsalves-saak 508I, 509C–D.

146 ‘n Verdere aspek wat deur die hof in ag geneem is om tot hierdie beslissing te kom, is die

feit dat die oorledene en die meeste van sy vriende en familie in die Transvaal woonagtig

was. Die finansiële implikasies van die vervoer van die lyk en die feit dat die applikante

aangebied het om self hierdie onkoste te dra, het bygedra tot die bevinding dat redelikheid in

die guns van die applikante was. Gonsalves-saak 513.

147 2002 2 SA 242 (W). Hierna die Trollip-saak genoem.

148 In hierdie feite word die noue verband tussen die wie- en die waar-vrae duidelik sigbaar.

Alhoewel die dispuut handel oor wie die oorledene kan begrawe, is dit duidelik dat die

dispuut ook sy ontstaan het in waar die oorledene begrawe moet word. Die een persoon wil

die oorledene op ’n ander plek begrawe as wat die ander persoon in gedagte het.

149 Trollip-saak 245.

150 Trollip-saak 245G–H.

151 Die hof verwys hier na ’n vorige beslissing van Flemming R in Finlay v Kotoane 1993 4

SA 675 (W) waarop hierdie bevinding gebaseer is. Flemming R is van mening dat om die

hiërargiese posisie van erfgenaamskap te gebruik, neerkom op reëls wat ontwerp is, maar wat

nie uit die gemenereg afgelei kan word nie. Trollip-saak 245I–246A.

152 Die redes was o.a. dat die respondent, bygestaan deur familie, reeds onkoste aangegaan

het m.b.t. die begrafnisreëlings en dat die meerderheid van die familie in dieselfde kerk is

waarin die begrafnis gehou wil word. Sien Trollip-saak 246.

171

153 Trollip-saak 247. Sien ook Jansen (2003:130).

154 2002 2 SA 209 (T). Hierna die Thembisile-saak genoem.

155 Jansen (2003:130).

156 2006 5 524 (SE). Hierna die Mahala-saak genoem.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

157 Die applikante het die aansoek gebring met ondersteuning van die kinders uit die

gewoonteregtelike huwelik, terwyl die respondente ondersteuning verkry het vanaf die

oorledene se buite-egtelike kinders. Mokotong (2008:617); sien ook Joubert e.a. (2009:221).

158 Sien vir meer inligting hieroor die Mahala-saak 528H–529G; Mokotong (2008:616–7).

159 Mahala-saak 529F–G.

160 Sodoende het die hof die bevinding in die Gonsalves-saak verwerp. Mahala-saak 529G–

H.

161 Mahala-saak 529I–530A.

162 ’n Ander faktor wat deur die hof in ag geneem is, is die feit dat die respondente reeds

begrafnisreëlings getref en uitgawes aangegaan het. Die hof het lg. verwerp, omdat die

respondente die reëlings getref en uitgawes aangegaan het terwyl sy geweet het dat daar ’n

dispuut was rakende wie die oorledene moet begrawe. Mahala-saak 529I–531A; Joubert e.a.

(2009:221).

163 Mokotong (2008:622–3).

164 Mokotong (2008:620).

165 2008 JDR 0811 (BHC). Hierna die Sokani-saak genoem.

166 Sommige van die faktore wat in ag geneem is, is die feit dat die respondente as

begunstigde aangewys is op ’n begrafnispolis, en die feit dat sy 27 jaar lank saam met die

oorledene gebly het. Sokani-saak par [11].

167 Prinsloo (1991:670). Sien byvoorbeeld ook die Tseola-saak.

168 Die oorledene het in 1979 met die applikant getrou volgens die gewoontereg. In 1996 het

hy met die respondent in ’n gemeenregtelike huwelik getree, asook in ’n gewoonteregtelike

huwelik in 1999. Joubert e.a. (2009:221).

169 Thembisile-saak 215B–C; sien ook Maithufi (2003:199). Soos reeds in par. 4.2.2 aangedui

is, het die hof nie billikheid in die Thembisile-saak in ag geneem nie.

170 2008 5 SA 405 (K). Hierna die Fanti-saak genoem.

171 Joubert e.a. (2009:222).

172

172 SARK (2004:58).

173 Thembisile- en Fanti-saak.

174 Thembisile-saak 215C.

175 SARK (2004:58).

176 Sien par. 4.2.2.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

177 Sien ook onlangse sake soos Yona v Rakotsoane 2008 JOL 21069 (O) en Ntlonze v Diko

2009 JOL 23266 (Tk), waarin die regter bevestig dat die erfgename die begrafnisregte het.

178 Die vraag oor hoe die oorledene instruksies oor sy begrafnis moet laat, word in ’n latere

afdeling bespreek.

179 2003 JOL 10737 (O) 26.

180 Mokotong (2008:625).

181 Sien die Human-saak 253H, waar die hof verklaar dat "[t]he wishes of the deceased is

[sic] not in proper testamentary form" en gevolglik word die wense nie in ag geneem nie. Die

bevinding in die Human-saak word gevolg in die Tseola-saak, waar die oorledene se wense

ook nie in ’n testament vervat was nie. Sien Tseola-saak 422.

182 1986 2 SA 176 (TkS). Hierna die Sekeleni-saak genoem.

183 Sekeleni-saak 179A-E; sien ook Mokotong (2001:299).

184 . 2003 JOL 10737 (O). Hierna die Ndlovu-saak genoem.

185 Ndlovu-saak 31.

186 Die applikant beweer verder dat daar ’n vergadering tussen die twee families belê is en dat

daar ooreengekom is dat die applikant se familie die oorledene moet begrawe. Die respondent

voer aan dat die vergadering nooit plaasgevind het nie en stel dat daar geen ooreenkoms was

nie. Ndlovu-saak 8–9.

187 Ndlovu-saak 5. Die ander regsvrae, naamlik die huweliksverhouding tussen die oorledene

en die applikant, asook die beweerde vergadering tussen die families, is kortliks bespreek.

Die hof bevind dat daar nie ’n goeie verhouding tussen die oorledene en die applikant was nie

en dat die feit dat die applikant nie eens genoeg omgegee het om vir die oorledene in die

hospitaal te gaan kuier nie, beslis nie in die applikant se guns tel nie. T.o.v. die vergadering

kom die hof tot die gevolgtrekking dat daar nie bewys kon word dat daar wel so ’n

vergadering plaasgevind het nie.

188 Ndlovu-saak 25.

189 Sien ook Yona v Rakotsoane 2008 JOL 21069 (O) waar die hof insgelyks ’n dokument

deur die oorledene as ’n sterwensverklaring beskou en daaraan gevolg gegee is. In hierdie

173

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

geval het die sterwensverklaring slegs die plek van die begrafnis aangedui en moes die hof

steeds vasstel wie die reg het om die oorledene te begrawe.

190 Sommige van die faktore wat deur die hof in ag geneem is, was die ongelukkige huwelik,

die terminale siekte, die feit dat die applikant nie omgegee het nie en ’n liefdelose houding

teenoor die oorledene gehad het, die feit dat die respondent wel omgegee het en liefdevol was

teenoor die oorledene, dat die oorledene na ontslag verkies het om eerder by haar ma te gaan

bly, asook getuienis dat die oorledene mondelinge wense gehad het dat die respondent haar

moet begrawe. Ndlovu-saak 35–6.

191 Olivier en Van den Berg (1991:37); sien ook Mokotong (2001:299).

192 Human-saak 253H; sien ook Mokotong (2001:299).

193

Waar die respondent beweer het dat die oorledene haar begrafniswense aan haar

geopenbaar het.

194 Mbanjwa-saak 405.

195 Gonsalves-saak 509D–G.

196 Sien Sekeleni-saak 179D; Mokotong (2001:300).

197 Mnyama-saak 652B–C.

198 Wysigingswet op die Bewysreg 45 van 1988.

199 Bekker e.a. (2004:216).

200 Mnyama-saak 652J–653F; sien ook art. 3(1)(c)(i)–3(1)(c)(vii) van die Wysigingswet op

die Bewysreg vir die faktore wat die hof in ag mag neem.

201 Mnyama-saak 653H–I.

202 Die oorledene het in die bed gelê terwyl hy die wense i.v.m. sy begrafnis aan die

respondent weergegee het en dit was moontlik dat die respondent sy wense verkeerd kon

verstaan het. Mnyama-saak 653H.

203 Mnyama-saak 654.

204 Mokotong (2001:300).

205 1993 4 SA 701 (SE). Hierna die Mabulu-saak genoem.

206 Die hof erken ook dat daar ’n probleem kan wees met die bewys van die mondelinge

instruksies, aangesien die persoon wat die stelling gemaak het, nie geroep kan word om

daaroor te getuig nie. Laasgenoemde gee aanleiding tot die probleem dat die korrektheid van

die hoorsê-getuienis nie getoets kan word nie. Mabulu-saak 703B.

207 Mabulu-saak 703F–G.

174

208 Mabulu-saak 704; sien ook Mokotong (2001:300).

209 Sokani-saak par. [18].

210 Sokani-saak par. [19].

211 Knoetze (2001:206).

212 Soos aangehaal in Olivier en Van den Berg (1991:156).

213 Olivier en Van den Berg (1991:156).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

214 Olivier en Van den Berg (1991:37); Price (1951:405–6). Sien ook die Saiid-saak 494A–B.

215 Die beginsel kom bloot daarop neer dat daar aan die wense van die testateur uitdrukking

gegee moet word. Olivier en Van den Berg (1991:11).

216 Bekker e.a. (2004:216).

217 Sien par. 3.

218 Sien par. 4.

219 Sien par 4.2.3.

220 Sien par. 3.

175

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale

konteks: menswaardigheid en vryheid van

uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se

skildery The Spear

Opsomming

Jaco Barnard-Naudé en Pierre de Vos

Jaco Barnard-Naudé: Departement Privaatreg, Universiteit van Kaapstad

Pierre de Vos: Departement Publiekreg, Universiteit van Kaapstad

Hierdie artikel behels ’n regsfilosofiese bespreking van die polemiek oor die uitstalling en

publikasie van Brett Murray se skildery The Spear. Die artikel plaas die skildery binne die

Suid-Afrikaanse postkoloniale konteks en binne die parameters van die postkoloniale kritiek

as ’n benadering tot die skildery. Vervolgens word die regsposisie aangaande die vermeende

konflik tussen die reg op vryheid van spraak en die reg op beskerming van menswaardigheid

krities bespreek. Die skrywers kom tot die gevolgtrekking dat die reg op vryheid van spraak

hoogstens in hierdie konteks as ’n geregverdigde beperking van die reg op beskerming van

menswaardigheid beskou kan word. Die artikel sluit af met ’n bespreking van die spanning

tussen etiek en regspolitiek. In hierdie verband word die geweld van representasie (mimesis)

bespreek en word die slotsom bereik dat The Spear se steun op koloniale kategorieë van

uitbeelding sigself (as doeltreffende politieke kommentaar in die naam van die Ander)

vernietig het.

Trefwoorde:Brett Murray; estetiese; etiek; geweld; kolonialisme; Emmanuel Levinas;

Achille Mbembe; Jean-Luc Nancy; menswaardigheid; politieke; postkoloniale kritiek;

representasie; The Spear; vryheid van uitdrukking; Jacob Zuma.

Abstract

The politics of the aesthetic in postcolonial context: human dignity and freedom of

expression in the debates surrounding Brett Murray's painting The Spear.

The controversy around Brett Murray’s painting titled The Spear, in which Jacob Zuma is

depicted in the style of a famous poster of Vladimir Lenin – but with his genitals exposed –

creates the space for responsible and informed debate about the politics of representation in

South Africa against the larger background of respect for the South African Constitution and

the authors’ view of this document as embodying a post-liberal vision.

176

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The authors argue that it must be recognised that such a debate around the meaning and effect

of The Spear occurs within a specific South African post-apartheid (and thus post-colonial)

context. As Achille Mbembe points out, the post-colonial critique of society derives, on one

hand, from the anti-colonial and anti-imperialist struggle and on the other hand from aspects

of the Western philosophical tradition. It aims at exposing the inherent violence underlying a

specific conceptualisation of Reason. In the context of his post-colonial analysis Mbembe

warns all South Africans against the dangers that arise for the polis when individuals are no

longer capable of thinking for themselves and severely constricted space remains for

meaningful debate, resistance and (artistic) expression in a country when this has the

potential to be potentially hurtful to others. This danger emerges especially in situations

where the intellectual space is closed off in the name of perverse notions of racial solidarity

which in effect disregards respect for human dignity in the name of consolidating political

power for post-colonial elites.

Against this complex post-colonial background the question arises as to how to engage

meaningfully with a work of art like The Spear, especially given the atmosphere of very real

anger and fear created by the exhibition of the painting, an atmosphere within which absolute

loyalty is demanded from the group in order to advance the narrow, self-serving notion of

solidarity of those still being haunted by the effects of colonial exploitation and oppression.

In this context Mbembe refers to the re-emergence of “official culture”, warning that

“[o]fficial culture is the name for the process by which a ruling elite seeks to tame and

domesticate its population by establishing official distinctions between the accepted and the

unacceptable, the permitted and the forbidden, the normal and the abnormal. It is the process

by which it coerces its subjects into internalising and reproducing truths not of their own

making.”

The authors argue that the start of any meaningful debate about The Spear cannot ignore this

context. Nevertheless it must also be founded on a sober analysis of the constitutionally

protected value of human dignity, a value that runs like a golden thread throughout the (postcolonial)

South African Constitution. The authors analyse the meaning of this value against

the background of a more detailed discussion of the protection afforded in South African law

to the right to an individual person’s human dignity. They point out that in the South African

constitutional context the protection of the dignity of all individuals must be balanced against

the protection of the right to freedom of expression, which includes the right to artistic

expression. The authors argue, through a detailed analysis of the South African law of

defamation, that the legal consequences of a work of art which provides political commentary

on one of the most powerful individuals in South Africa must (at least in the legal sense) be

assessed differently from those of a picture manufactured by schoolboys as part of a

schoolboy prank. Regardless of the ethical and aesthetic criticism that could be levelled

against the work of art, legally, the depiction of a country’s president in a bona fide work of

art with his genitals showing would not normally be regarded as unlawful in South African

law. Although South African courts have not provided a definitive answer to this legal

question, the authors contend that in a case like the one raised by The Spear the right to

artistic expression and the right to provide political commentary on the moral and political

character of a sitting president should weigh more heavily with a court than the important

right of the individual to have his or her dignity respected and protected. Striking the balance

in this manner is necessary to advance a culture of openness and the constitutional culture of

pluralism and respect for diversity.

177

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Despite this conclusion about the legal right to produce the painting, the authors nevertheless

engage in further critical reflection on the aesthetic and ethical questions relating to the

creation and reception of The Spear, asking questions about the manner in which the painting

depicts and appropriates the Other. Pointing to the fact that in the work of Emmanuel Levinas

the inability of Western ontology to imagine ethical relationships is critiqued, the authors

endorse the view expressed by Levinas that in the attempt by Western discourse to imagine

the Other, that discourse claims the Other as an incidence of the Self. This claiming or

possession of the Other can be viewed as a form of violence, because totalising thought

inevitably depicts the Other in terms of the Self or of what is known. Relying on this idea of

violence the authors analyse The Spear and argue that its mere creation and exhibition could

be depicted as ethically violent. This is, first, because it is a depiction of another and because

it represents an external intervention in the South African political milieu. They also follow

and endorse Mbembe's argument that the painting is violent and unsuccessful as political

commentary because it constitutes an unimaginative perpetuation of colonial representative

categories. The authors conclude by pointing out the inevitable tension that will arise in a

case like this between the ethical and the legal responsibilities of those involved, noting the

inevitable complexity that will always arise in trying to understand the meaning and the

effects of a work of art as controversial as The Spear and to try and respond in an ethically

responsible manner to it.

Keywords: Brett Murray; aesthetics; ethics; colonialism; freedom of expression; human

dignity; Emmanuel Levinas; Achille Mbembe; Jean-Luc Nancy; political; postcolonial

critique; representation; The Spear; violence; Jacob Zuma.

1. Inleiding

[A] battle fought yesterday over the promises of emancipation and the illusions and

disillusions of history continues today on aesthetic terrain.*

Brett Murray se skildery The Spear, 1 waarin president Jacob Zuma uitgebeeld word met

ontblote genitalieë, handel oor veel meer as die vraag of die skildery verban moet word,

omdat dit (en die publikasie daarvan in die dagblad City Press) Zuma, sy meerdere eggenote

en sy kinders verneder. Dit gaan ook oor meer as die vraag of dit die waardigheid van alle

swart mans (selfs dié wat nie teen die skildery beswaar aanteken nie) en selfs die waardigheid

van swart vroue aantas. Aan die ander kant gaan dit ook om meer as die vraag of die skildery,

as ’n kunstenaar se artistieke uitdrukking, ten alle koste beskerm behoort te word – selfs al

word dit in sommige kringe as ’n platvloerse, onaandoenlike en afgeleide kunswerk beskou.

Die vraag behoort ook gevra te word of die werk Zuma verkleineer het (en dus sy goeie

naam, eergevoel en reputasie beskadig het), gegewe die agtergrond van sy openbare en

patriargale vertoon van sy seksualiteit. Behoort die vernedering van ’n politikus aan die hand

van ’n kunswerk ooit gevier te word, of moet dit te alle tye verwerp word? Maak dit ’n

verskil wie die politikus is? In welke mate behoort die grondwetlike reg op die vryheid van

uitdrukking afgeweeg te word teen die reg op menswaardigheid? Teen die agtergrond van

Suid-Afrika se koloniale en apartheidsgeskiedenis, sal die uitbeelding van ’n swart man met

ontblote geslagsdele nodeloos gevoelens van vernedering en woede by sommige mense

178

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ontlok? Wys die reaksie op die skildery dat die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners preuts,

woedend en dweepsiek is, en selfs rassistiese, seksistiese en antidemokratiese uitgangspunte

huldig? Word die skildery gebruik om die idee af te dwing dat dit ongeoorloof is om die

ANC en sy leiers as die enigste geldige verteenwoordigers van die onderdruktes te kritiseer?

Kan of behoort die vernedering van een persoon ooit beskou te word as van toepassing op

alle persone van die betrokke ras, en indien laasgenoemde die geval is, volg sodanige

beskouing nie die logika van apartheid wat alle swart mense gestraf het vir die "sonde" van

een swart persoon nie?

Verder, wat is die status van die kunswerk in ’n demokrasie? Watter soort artistieke

uitdrukking/kommentaar is onvanpas in die postkoloniale konteks? Met ander woorde, in

watter mate verdien die kunswerk as die draer van ’n sekere politiek sensuur? In welke mate

aanvaar die meerderheid Suid-Afrikaners en die meeste van ons leiers die grondwetlike

aanvaarding van die reg van ander om hulself uit te druk? En wat is die perke van die reg op

vryheid van uitdrukking?

In hierdie artikel beoog ons nie om enige van bogenoemde vrae onweerlegbaar te beantwoord

nie. Ons beskou dit eerder as ’n geleentheid om ruimte te skep vir verantwoordelike en

ingeligte gesprek, maar ook om ’n tentatiewe posisie aangaande hierdie onderwerp in te neem

– ’n posisie wat hoofsaaklik deur die vereistes van die Grondwet en ’n postliberale begrip

daarvan beïnvloed word.

Die artikel begin met ’n filosofiese beskouing van die postkoloniale kritiek, aangesien die

diskoers oor The Spear plaasvind in die temporale (en ten minste ten dele in die

epistemologiese) konteks van hierdie kritiek. Voorts beskou ons die regsposisie en spesifiek

die aard van menswaardigheid soos dit in die Grondwet beskerm word teenoor die reg op

vryheid van uitdrukking.

Die artikel eindig met ’n filosofiese beskouing van die verhouding tussen geweld en

beeld/uitbeelding of beeltenis soos dit bedink word in die werk van onder andere Jean-Luc

Nancy en, in die postkoloniale konteks, Achille Mbembe. Spesifieke aandag word gegee aan

die vraag aangaande die politiek van die estetiese in die postkoloniale konteks. Die spanning

tussen etiese en regsverpligtinge in hierdie konteks word ook verwoord. In hierdie verband

verwys die artikel ten slotte na kompleksiteit soos dit bespreek word in die werk van die

ontslape filosoof Paul Cilliers.

2. Die postkoloniale konteks

2.1 Die postkoloniale soeke na erkenning van die Ander

Temporaal en histories-kontekstueel gesproke verwys die term postkoloniaal primêr na die

tyd wat aanbreek na kolonisasie of dan by die formele onafhanklikheidswording van ’n

kolonie wat gepaardgaan met ’n verdere formele beëindiging van Westerse koloniale

179

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verhoudings van afhanklike en ondergeskikte gebiede. 2 In Suid-Afrika val die postkoloniale

tyd saam met die tydperk wat dikwels as die "postapartheid-era" beskryf word. Daar moet dus

van meet af aan beklemtoon word dat hierdie artikel as uitgangspunt stel dat die skilder en

uitstalling van The Spear en die diskoers daaromheen onmiskenbaar plaasvind in ’n

postkoloniale tydsgreep en binne daardie konteks benader behoort te word.

Met die aanbreek van die postkoloniale tydperk kom die postkoloniale studies of kritiek dan

ook na die geesteswetenskappe. In hierdie verband kan saamgestem word met Ashcroft,

Griffiths en Tiffin 3 dat die term postkoloniale studies gebruik behoort te word om die geheel

van die ryk en diverse praktyke wat deel van die postkoloniale samelewings uitmaak, te

beskryf, vanaf die oomblik van kolonisasie tot die hede. Soos die skrywers aandui:

"[C]olonialism does not cease with the mere fact of political independence and continues in a

neo-colonial mode to be active in many societies." 4 Daar kan egter nie ontken word nie dat

postkoloniale studies, epistemologies gesproke, ’n sterk verband met postmodernisme en

poststrukturalisme handhaaf, en in ’n sekere sin "vloei" postkoloniale studies dus uit die breër

epistemologie van die poststrukturalisme wat in Europa teen die einde van die Tweede

Wêreldoorlog posvat. 5

Die Kameroense denker Achille Mbembe dui aan dat die postkoloniale kritiek aan die een

kant afgelei word van die antikoloniale en anti-imperialistiese stryd. Aan die ander kant steun

dit op die Westerse filosofiese erfenis en die dissiplines waaruit die Europese

geesteswetenskappe bestaan. Die postkoloniale kritiek stel dit ten doel om die inherente

geweld in ’n bepaalde konsep van rede aan te toon. Verder beklemtoon dit die

teenstrydighede tussen die Europese moraalfilosofie en die praktiese toepassing daarvan. 6

In die vroeër werk van Spivak 7 gaan dit in die postkoloniale kritiek om ’n verset teen die

Europese of Westerse Subjek se pogings om ’n Ander op te lewer wat eenvoudig die

Westerse Subjek se subjekstatus sal konsolideer. Met ander woorde, die postkoloniale kritiek

behels juis ’n verset teen die onderdrukking en uitbuiting van die Ander, en spesifiek die nie-

Westerse Ander. Met verwysing na Derrida se werk oor grammatologie argumenteer Spivak

dat die niefallogosentriese denke nog geskryf moet word, dat dit in ’n sekere sin skuil in die

oop spasies van die Europese teks: "That inaccessible blankness circumscribed by an

interpretable text is what a postcolonial critic of imperialism would like to see developed

within the European enclosure as the place of the production of theory." 8

Mbembe sluit hierby aan deur die idee van ontologiese radikale onvoltooidheid in

postkoloniale kritiek te beklemtoon deur sy gedagtes oor ’n mens(lik)heid-in-wording – die

menslikheid en mensdom wat na vore sal tree wanneer die koloniale figure van

onmens(lik)heid en rasverskil eindelik oorskadu word. Die postkoloniale kritiek steun in

hierdie verband ook op ’n begrip van onbewuste selfhaat: "Racism in general, and colonial

racism in particular, represents the transference of this self-hatred to the Other." 9 Hierdie

Ander is die gekoloniseerde Ander op wie hierdie selfhaat geprojekteer word. Derdens steun

postkolonialisme op die kritiek van die Westerse subjek as ’n subjek wat slegs deur herhaalde

verwysing na homself tot stand kom: "[P]ostcolonial thinking stresses the fact that identity

180

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

arises from multiplicity and dispersion, that self-referral is only possible in the in-between, in

the gap between mark and demark, in co-constitution.” 10

Vir Mbembe is postkoloniale denke en die kritiek van Westerse humanisme en universalisme

egter nie ’n doel op sigself nie. Vir hom gaan dit daaroor om ’n weg te baan vir die

moontlikheid van ’n politiek van die medewese:

The prerequisite for such a politics is the recognition of the Other and of his or her

difference. I believe that this enrolment in the future, in the interminable quest for

new horizons for man through the recognition of the Other as fundamentally human is

an aspect of this thinking that is all too often forgotten. 11

2.2 Nasionalisme as postkoloniale probleem

Alhoewel die postkolonialisme die idee van die "nasie" ondersteun as een van die

belangrikste wyses waarop imperiale oorheersing teengestaan kan word, 12 waarsku dit

terselfdertyd teen die grootste gevaar van die nasionalisme, naamlik dat die nasionale

bourgeoisie nasionalisme kan aanwend ten einde sy eie mag te konsolideer. Ashcroft e.a. 13

identifiseer hierdie deurskemering van die gevare van nasionalisme as ’n algemene

postkoloniale tendens en waarsku dat die oorname van hegemonistiese koloniale beheer deur

’n nasionalistiese bourgeoisie telkens ontaard in ’n herhaling van die toestande waarteen dit

in die eerste plek in opstand gekom het: "It develops as a function of this control, a

monocular and sometimes xenophobic view of identity and a coercive view of national

commitment." Chatterjee 14 verwys na hierdie probleem as "amptelike nasionalisme",

aangesien dit neerkom op die gebruik van die staatsmag en -meganismes ten einde kulturele

homogeniteit op te lê.

Wat Suid-Afrika betref, waarsku Mbembe 15 in ’n belangrike vroeër artikel, wat in hierdie dae

die ronde doen op sosiale netwerke, teen die gevare van wat hy beskryf as die "huwelik" van

chiliasme ("millenarianisme"), nativistiese opwekkingsprediking en politiek wat tot die

ondersteuningsbasis van president Zuma behoort. Mbembe beklemtoon dat ’n soortgelyke

huwelik vir baie lank die ruggraat van wit oppermagtigheid in Suid-Afrika was. Mbembe

skryf: “The emergence, now, of a ‘democratic mob’ led by self-appointed champions of the

poor who claim to speak for the ‘common man’ is itself the result of recent seismic shifts in

the realm of South African political culture.” 16 In hierdie verband verwys hy met goedkeuring

na Moeletsi Mbeki se vergelyking tussen die huidige politieke situasie in Suid-Afrika en die

Xhosa-veeslagtings van 1856 en 1857. Met die aanbreek van die tyd van die slagtings was die

Xhosa-nasie reeds deur Britse kolonialisme getraumatiseer en ontwortel. ’n Aantal profete

verskyn in hierdie tyd. Hulle gee te kenne dat hulle die vermoë het om al die Xhosas se vee

uit die dood op te wek. Een van hierdie profete was ’n 16-jarige meisie, Nongqawuse.

Volgens ’n visioen op die walle van die Gxarharivier verskyn die voorvaders aan haar met

die boodskap dat indien die Xhosas al hulle vee om die lewe bring, die dooies sal opstaan en

al die blankes die see ingedryf sal word. Nongqawuse se oom, Mhalakaza, het hierdie visioen

aan die volk oorgedra en in Februarie 1856 het die Xhosas hul vee begin uitwis: "They

destroyed all their food and did not sow crops for the future. Stored grain was thrown away.

181

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

No further work was to be done. Days passed and nights fell. The resurrection of the dead

Xhosa warriors never took place". 17 Volgens J.B. Peires 18 het die Xhosa 400 000 stuks vee

om die lewe gebring en het 40 000 Xhosas gedurende hierdie periode weens hongersnood

gesterf.

Mbembe gebruik bogenoemde geskiedenis om sy idee van wat hy ’n Nongqawuse-sindroom

in Suid-Afrika noem, uit te spel: "The Nongqawuse syndrome is a populist rhetoric and a

millenarian form of politics which advocates, uses and legitimises self-destruction, or

national suicide, as a means of salvation." 19 Mbembe verwys spesifiek na ’n "fallokratiese

etos" wat deur beide wit en swart in Suid-Afrikaanse kultuur aangehang word. Volgens hom

word die evangelistiese retoriek van hierdie kultuur aangevuur deur die oorblyfsels van ’n

konserwatiewe stedelike, migrante, lumpen-kultuur – ’n kultuur wat verantwoordelik gehou

kan word vir die grootste mensevergrype op die vasteland. ’n Gevaarlike deel van hierdie

konteks is die hersegregasie van die openbare sfeer en die gevolglike wegdoening met die

projek van nierassigheid. Hierdie verskuiwing gaan gepaard met ’n heraktivering van die

geestelike ghetto: "To the continuing denial of white privilege, many blacks are responding

with an exacerbated sense of victimisation and disempowerment." 20

Die kolonialisme van die gees was, nodeloos om te sê, een van die dodelikste wapens van die

koloniale projek. Dit is gebruik om gedurende die periode van knegskap maksimum psigiese

skade aan te rig deur konsekwent die boodskap aan die onderdruktes te stuur dat selfs al toon

hul gedrag ooreenkomste met dié van die "beskaafdes", hulle nooit beskaafd of gelyk aan die

gekoloniseerdes sal wees nie. Die bose kern van die apartheidsideologie was juis die

rassistiese opvatting dat swart mense nie oor dieselfde vermoë as blankes beskik nie en dus

nie rasionele interaksies met blankes kon hê nie, en ook nie hulle eie oordeel kon vel oor wat

om te dink en hoe om op te tree nie.

In hierdie verband maak die Sloweense filosoof Slavoj Žižek ’n interessante opmerking. 21

Žižek neem as uitgangspunt die koloniale opdrag dat die gekoloniseerdes die gedrag en

kultuur van die "beskaafde" koloniste moet nastreef terwyl die oorheersers heimlik (en nie so

heimlik nie) gedink het dat dit nooit moontlik was vir die gekoloniseerdes om "soos" of gelyk

aan hulle te wees nie. Die kolonisering van die gees het bestaan uit hierdie beskadiging van

die Ander, uit die boodskap dat die Ander gedoem is om te misluk nog voordat sy probeer

het. Vir Žižek bestaan die koloniale mag se grootste vrees juis daarin dat die amptelike

ideologiese versoek of opdrag bewaarheid sal word, met ander woorde dat die onderdrukte

Ander werklik soos die koloniale mag sal word. Paradoksaal beteken dit dat die fundamentele

en meer radikale reg van die onderdruktes juis bestaan in die aandrang op die reg om eenders

te wees 22 en nié in die reg om eenvoudig as ’n Ander erken te word nie. Later in hierdie

artikel sal aangetoon word hoe hierdie reg op verskil in die konstitusionele hof se

gelykheidsregspraak korreleer met die reg om eenders behandel te word.

Mbembe waarsku alle Suid-Afrikaners teen die gevare wat vir die polis ontstaan wanneer

mense nie meer vir hulself dink nie en geen ruimte gelaat word vir sinvolle gespreksvoering,

teenstand en (artistieke) uitdrukking nie, omdat dit potensieel moeilik en kwetsend kan wees

– veral wanneer hierdie ruimtes afgesluit word in die naam van ’n perverse opvatting van ras-

182

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

solidariteit wat in werklikheid menswaardigheid ontken in die naam van ’n konsolidasie van

politieke mag. Die vraag is dus uiteindelik steeds hoe om in die postkoloniale konteks

sinvolle gesprek te genereer oor The Spear teen die agtergrond van die komplekse

postkoloniale konteks, asook teen die agtergrond van woede en vrees waarin absolute

lojaliteit aan die groep en ’n afwysing van menslike agentskap tot voordeel van ’n eng,

selfdienende solidariteit vereis word. In hierdie verband verwys Mbembe 23 na die

herontluiking van "amptelike kultuur":

Official culture is the name for the process by which a ruling elite seeks to tame and

domesticate its population by establishing official distinctions between the accepted

and the unacceptable, the permitted and the forbidden, the normal and the abnormal. It

is the process by which it coerces its subjects into internalising and reproducing truths

not of their own making.

Dit is egter onvanpas om die reg in te span in ’n poging om die gesag van "amptelike kultuur"

te bevorder. Afriforumse saak teen Julius Malema 24 is ’n gepaste voorbeeld van ’n politieke

liggaam wat hom tot die hof wend ten einde ’n politieke stryd te beslis oor die vraag

aangaande wie oor die reg beskik om te besluit wat aanvaarbare uitdrukking van opinie,

geloof of oortuiging behels. Hoewel reg en politiek dikwels met mekaar oorvleuel in ’n

grondwetlike demokrasie, is dit verder te bevraagteken of die reg die mees geskikte ruimte

vir wedersydse politieke gesprek oor The Spear is. Die rede vir hierdie "gebrek" van die reg

is inherent in die aard van ons regsisteem: een party moet die saak wen en die ander moet

verloor.

Die regsargumente aangaande die vraag of ’n finale interdik teen die Goodman-galery en die

dagblad City Press toegestaan moet word ten einde die uitstalling en publikasie van ’n

skildery (wat ’n subjek wat fisieke ooreenkomste met president Zuma toon, uitbeeld met

ontblote genitalieë) op die onderskeie partye se webtuistes te verbied, het teen hierdie

agtergrond plaasgevind. Alhoewel die aansoek om ’n interdik sedertdien onttrek is, 25 betrek

die diskoers oor die skildery die betekenis van belangrike grondwetlike regte, begrippe en

waardes. Hierdie artikel wil voorstel dat die begin van betekenisvolle gesprek (hetsy

regsgebaseer al dan nie) oor The Spear geleë is in ’n sobere benadering tot die aard van

grondwetlik beskermde menswaardigheid – ’n waarde wat soos ’n goue draad deur die hele

(postkoloniale) Grondwet loop en die meeste menseregte, indien nie almal nie, in die handves

van regte onderlê. Vervolgens sal, by wyse van ’n bespreking van die regsposisie, ingegaan

word op die betekenis van hierdie grondliggende waarde en reg in ons Grondwet en

gemenereg. Verder sal ons ook aandag skenk aan die verhouding tussen menswaardigheid en

ander grondliggende waardes van die grondwetlike orde.

3. Die regsposisie

3.1 Menswaardigheid en die reg op verskil

183

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Menswaardigheid is eerstens ’n fundamentele ideaal en waarde in die Suid-Afrikaanse

Grondwet. Soos regter Kate O'Regan dit in die Makwanyane-saak stel: "The recognition and

protection of human dignity is the touchstone of the new political order and is fundamental to

the new Constitution." 26 Benewens hierdie belang is menswaardigheid ook ’n reg wat in

artikel 10 van die Grondwet beskerm word. Artikel 10 se effek is tweërlei: dit erken die

inherente menswaardigheid van "almal", maar dit bepaal voorts dat almal die reg op respek

vir en beskerming van hul menswaardigheid het. Die regte in die handves van regte is egter

nie absoluut nie. Soms bots fundamentele regte in die handves met mekaar en dan moet ’n

hof hierdie regte teen mekaar afweeg ingevolge artikel 36 ten einde te bepaal of die

beperking van een reg deur ’n ander plaasvind ingevolge algemeen geldende reg en redelik en

regverdigbaar is in ’n oop, demokratiese samelewing wat gebaseer is op die waardes van

menswaardigheid, gelykheid en vryheid. In die konteks van The Spear is die argument dat die

reg op vryheid van uitdrukking van die kunstenaar met die artikel 10-reg op respek en

beskerming van menswaardigheid bots.

Alvorens die afweging van bogenoemde regte verder oorweeg word, is dit toepaslik om

sekere algemene opmerkings oor die aard van menswaardigheid te maak.

Immanuel Kant beskou menswaardigheid as gebaseer op die aanname dat menslike wesens

oor ingebore morele waarde beskik. 27 Kant stel dit soos volg: "[B]ut that which constitutes

the condition under which alone something can be an end in itself has not merely a relative

worth, that is, a price, but an inner worth, that is, dignity." 28 Die mens beskik oor hierdie

waardigheid omdat hy ’n rasionele wese is. 29 Met ander woorde, ons het waardigheid omdat

ons vrye, morele agente is. Ons kan ons eie doelstellings navolg, ons eie besluite neem en ons

gedrag ooreenkomstig rede rig. As menslike wesens word ons lewens dus nie eenvoudig of in

die geheel deur eksterne wette van kousaliteit bepaal nie. 30 Volgens Kant behandel ons

iemand met waardigheid wanneer ons hulle nie eenvoudig as ’n middel tot ’n doel beskou

nie, maar terselfdertyd ook as ’n doel op sigself. 31

Volgens hierdie Kantiaanse begrip van menswaardigheid beteken die opdrag om die

menswaardigheid van ander te respekteer nié die plig om te alle tye op onbaatsugtige wyse

morbied en plegtig respek vir die persoonlike gevoelens van ander te huldig nie. Daar word

eerder van ons verwag om ander te respekteer as menslike wesens wat oor die vermoë beskik

om rasioneel te dink en te redeneer. 32 Met ander woorde, die Kantiaanse idee van

waardigheid verbied die manipulasie van die medemens om ons eie doelstellings te bereik,

ongeag hoe moreel bewonderenswaardig daardie doelstellings mag blyk te wees. Dit is

duidelik dat hierdie opvatting van die betekenis van menswaardigheid resoneer met die

postkoloniale doelstelling om ’n politiek van die medewese tot stand te bring.

Die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof het hierdie Kantiaanse (of postkoloniale) verstaan

van menswaardigheid reeds in sy vroeë regspraak aangeneem. In National Coalition for

Lesbian and Gay Equality v Minister of Justice 33 bevind regter Laurie Ackermann dat die

grondwetlike beskerming van menswaardigheid van almal in Suid-Afrika vereis "to

acknowledge the value and worth of all individuals as members of our society". In dieselfde

184

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

saak oorweeg die hof menswaardigheid in die konteks van die Grondwet se

gelykheidsbepalings. Die hof bevind soos volg:

The desire for equality is not a hope for the elimination of all differences. “The

experience of subordination – of personal subordination, above all – lies behind the

vision of equality.” To understand “the other” one must try, as far as is humanly

possible, to place oneself in the position of “the other”. It is easy to say that everyone

who is just like “us” is entitled to equality. Everyone finds it more difficult to say that

those who are “different” from us in some way should have the same equality rights

that we enjoy. Yet so soon as we say any ... group is less deserving and unworthy of

equal protection and benefit of the law all minorities and all of … society are

demeaned. It is so deceptively simple and so devastatingly injurious to say that those

who are handicapped or of a different race, or religion, or colour or sexual orientation

are less worthy.

Hierdie aanhaling beklemtoon dus dat die aanvaarding van ontologiese verskil nie afbreuk

mag doen aan die erkenning van ’n persoon se menswaardigheid nie. Regter Albie Sachs

verwys na hierdie benadering as die reg op verskil. In die konteks van die gelykheidsbepaling

skryf hy:

Equality means equal concern and respect across difference. It does not presuppose

the elimination or suppression of difference ... Equality therefore does not imply a

levelling or homogenisation of behaviour but an acknowledgment and acceptance of

difference. At the very least, it affirms that difference should not be the basis for

exclusion, marginalisation, stigma and punishment. At best, it celebrates the vitality

that difference brings to any society. 34

Die konstitusionele hof se benadering tot substantiewe geregtigheid erken dus die reg op

verskil en bepaal verder dat die ontologiese feit van verskil aanleiding gee tot die reg op

eenderse behandeling.

In die Ferreira-saak 35 bevind regter Ackermann dat menswaardigheid ook onlosmaaklik

verbonde is aan vryheid:

Human dignity has little value without freedom; for without freedom personal

development and fulfilment are not possible. Without freedom, human dignity is little

more than an abstraction. Freedom and dignity are inseparably linked. To deny people

their freedom is to deny them their dignity. 36

Hoewel hierdie woorde deel van ’n minderheidsuitspraak gevorm het, is dit in ’n latere

meerderheidsbeslissing van die konstitusionele hof bekragtig. 37 Regter Ackermann

beklemtoon in sy uitspraak dat die erkenning en beskerming van menswaardigheid nie kan

plaasvind waar individue nie oor die nodige vryheid beskik om hul eie keuses te kan uitoefen

ten einde persoonlike ontwikkeling en vervulling na te streef nie. Aangesien die

konstitusionele hof reeds bevind het dat menswaardigheid onderliggend is aan al die regte in

die handves van regte, 38 sou ’n mens kon argumenteer dat die vryheidsregte in die handves in

diens staan van die erkenning en beskerming van menswaardigheid.

185

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Teen die agtergrond van wat in die vorige afdeling oor die rol van die bekragtiging van

verskil in postkoloniale kritiek gesê is, behoort dit dus geregverdig te wees om na hierdie

regsbenadering tot die verhouding tussen menswaardigheid, gelykheid, vryheid en verskil te

verwys as ’n integrale deel van ’n postkoloniale regsfilosofie – ’n regsfilosofie wat verskil nie

beskou as ’n rede vir onderdrukking nie, maar eerder as ’n bron van bevryding en van die

herdenking van die gelyke menswaardigheid van almal. Uit die aard van die saak is dit die

geval dat die reg nie van alle beweerde krenkings van menswaardigheid sal kennis neem nie.

Hier onder sal gesien word dat die Kantiaanse verband tussen rede en menswaardigheid in

ons reg verstaan word as die vereiste dat ’n regtens suksesvolle eis gebaseer op die krenking

van menswaardigheid, onderworpe gestel word aan die vereiste dat sodanig beweerde

krenking redelik moet wees, met ander woorde, die vereiste is dat ’n redelike persoon (ook)

deur die beweerde subjektiewe inbreukmaking gekrenk sou voel.

3.2 Die lasterreg en die grondwetlike menswaardigheidsbelang in die konteks van die reg

op vryheid van uitdrukking

Dit is belangrik om daarop te let dat daar in ons reg ’n verskil bestaan tussen die breë

(Kantiaanse) begrip van menswaardigheid wat in die Grondwet erken en geartikuleer word en

die enger gemeenregtelike begrip van dignitas. Die gemeenregtelike begrip word hier beperk

tot ’n persoon se eergevoel, teenoor die grondwetlike begrip wat ’n breër aantal waardes

vergestalt en verbind word met die ideale van gelykheid en vryheid. 39

Dit staan in ons reg vas dat enige persoon (insluitend die president) ’n reg het om nie

onregmatig belaster te word nie, met ander woorde, hy het ’n reg op beskerming van sy

reputasie (fama) in die oë van redelike persone. Verder beskik hy oor ’n gemeenregtelike reg

op waardigheid (dignitas), wat beteken dat hy ’n reg het om sy eergevoel te beskerm teen die

handelinge van ander. Maar soos reeds genoem, geld regte – ook die gemeenregtelike regte –

nie absoluut nie. Die president se reg om nie belaster te word nie, word beperk in die sin dat

die persoon wat die beweerde laster gepleeg het, ’n verweer kan opper. Hierdie verweer is

potensieel tweërlei. Die verweerder kan aantoon dat regverdigingsgronde vir die beweerde

laster bestaan. Hierdie regverdigingsgronde het die effek dat die andersins onregmatige laster

as regmatig beskou sal word. Verder kan die verweerder steun op ’n gebrek aan animus,

naamlik ’n gebrek aan die opsetselement wat in beginsel ’n vereiste is vir die suksesvolle

onregmatige daad (delik) van laster. Tradisioneel bestaan die afwesigheid van

onregmatigheid in meerdere verwere, byvoorbeeld dat die publikasie van die beweerde

lasterlike materiaal waar en in die openbare belang is, dat die materiaal in ’n gepriviligieerde

geval gepubliseer is, of dat die gepubliseerde materiaal billike kommentaar op ware feite

daarstel. Die vraag is telkens of die publikasie van die materiaal redelik was.

Vanuit ’n regsoogpunt moet twee verwante maar verskillende vrae beantwoord word.

Eerstens moet gevra word of ’n interdik in die saak toegestaan sou kon word om verdere

uitstalling en publikasie van The Spear te verbied alvorens die hof ’n beslissing gemaak het

of die kunswerk op president Jacob Zuma se gemeenregtelike reg op menswaardigheid

(dignitas) inbreuk gemaak het. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die hof so ’n interdik sou

186

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

toestaan. Ten einde die hof te oortuig dat interdik toegestaan behoort te word, sou Zuma se

regsverteenwoordigers op ’n oorwig van waarskynlikheid moet aantoon dat hy oor ’n

duidelike reg beskik, dat inbreuk gemaak word op daardie reg, of dat daar ’n versuim was om

ooreenkomstig die afdwinging van daardie reg op te tree en dat daar geen ander geskikte

remedie is om die dreigende of volgehoue inbreukmaking op die reg tot ’n einde te bring nie.

Wat betref die vraag of daar inbreuk gemaak word op ’n "duidelike" reg, kan geargumenteer

word dat dit betwisbaar is dat die skildery die President se menswaardigheid aantas op ’n

wyse wat die aantasting regsaanvegbaar maak. Die kern van die President se saak word

saamgevat in die volgende sin uit sy funderende beëdigde verklaring:

The portrait depicts me in a manner that suggests I am a philanderer, a womaniser and

one with no respect. It is an undignified depiction of my personality and seeks to

create doubt about my personality in the eyes of fellow citizens, family and children. 40

Hieruit is dit duidelik dat die President steun op ’n krenking van sy goeie naam of reputasie

(fama). Gevolglik plaas die pleitstukke die saak streng binne die domein van die reg

aangaande laster. Soos reeds genoem, kan daar egter slegs onregmatige inbreukmaking op die

President se menswaardigheid (in hierdie eng gemeenregtelike sin) wees indien geen geldige

regverdigingsgronde vir die inbreukmaking bestaan nie en, spesifiek, indien die hof bevind

dat die boodskap wat deur die skildery oorgedra word, nie as billike kommentaar beskou kan

word nie. Laasgenoemde vraag behoort beantwoord te word in die lig van die feit dat die

President ’n verkose lid van ’n politieke party is en dat noodwendig van hom verwag sal

word om erger vorme van openbare kritiek te verduur as die gewone landsburger. Gegewe

die openbare beskikbare feite oor die President se private lewe, is dit onwaarskynlik dat ’n

hof sal bevind dat kommentaar wat suggereer dat die President ’n vrouejagter is, nie billik is

nie.

Die skildery sou verder ook geregtelik binne die konteks van die lasterreg geregverdig kon

word deur ’n beroep op die grond van waarheid en openbare belang. Dit is dus hoegenaamd

nie seker dat die President oor ’n "duidelike" reg in hierdie verband beskik nie.

Wat die laaste vereiste vir ’n suksesvolle beroep op die interdik betref, is dit belangrik om

daarop te let dat ’n ander geskikte remedie bestaan, naamlik om die kunstenaar, die

Goodman-galery en City Press vir laster te dagvaar. Totdat ’n lastersaak aanhangig gemaak

word en suksesvol is, kan die interdik dus nie toegestaan word nie.

Maar die tweede vraag is of die President in ’n latere stadium wel suksesvol sou wees as hy

’n afsonderlike eis sou instel vir die krenking van sy menswaardigheid in die breër

grondwetlike sin. Daar is geen klinkklare antwoord op die tweede vraag nie.

In die omstrede saak van Le Roux v Dey 41 bevestig verskeie regters van die konstitusionele

hof dat afgesien van die reg om nie belaster te word nie, elke persoon verder ook die reg op

respek vir hul menswaardigheid het. Die hof bevestig dat eisers in die Suid-Afrikaanse

gemenereg verskillende eisgronde tot hul beskikking het ten einde beskerming teen

krenkende publikasies te bekom. Eerstens kan ’n persoon sy of haar reputasie (fama) beskerm

187

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

deur ’n gewone lastereis in te stel. Tweedens kan iemand wat persoonlik gekrenk voel, ook ’n

eis instel vir die krenking van sy of haar menswaardigheid (dignitas). 42 In dié saak het

skoolseuns ’n foto van twee naakte mans wat oënskynlik besig was om mekaar te masturbeer,

aangepas deur foto’s van die skoolhoof en die adjunkhoof bo-op die bestaande gesigte aan te

bring. Doktor Dey, die adjunkhoof, het die leerders gedagvaar vir laster, asook vir die

krenking van sy menswaardigheid.

’n Eis wat gegrond is op die krenking van iemand se menswaardigheid word beoordeel op

grond van beide ’n subjektiewe en ’n objektiewe element. Die subjektiewe element vereis dat

die eiser persoonlik in sy of haar eer gekrenk moes gevoel het. Die objektiewe element vereis

dat die persoonlike gevoel van gekrenktheid regtens relevant sal wees slegs as ’n redelike

persoon ook gekrenk sou gewees het deur dieselfde foto of kunswerk van hom of haar. 43 Selfs

al word ’n mens nie belaster nie, of selfs al is daar ’n regverdigingsgrond vir die laster

aanwesig, beskerm die Grondwet ons subjektiewe gevoelens rakende ons gevoel van

menswaardigheid. 44 Dit beteken egter nie dat enige persoon wat gekrenk voel in haar

persoon, suksesvol sal wees met ’n eis dat haar menswaardigheid aangetas is nie. Die

vereistes vir so ’n suksesvolle eis – in die konteks van The Spear – sal nou verder bespreek

word aan die hand van die uitspraak van regters Froneman en Cameron in die Dey-saak.

Eerstens sal president Zuma moet aantoon dat die kunstenaar en ander wat kopieë van die

kunswerk versprei het, die bedoeling gehad het om sy eer te krenk, dat hulle dus oor die

nodige animus iniuriandi beskik het. Animus iniuriandi vereis nie dat die kunstenaar enige

kwade gevoelens jeens die geteikende persoon (in dié geval president Zuma) hoef te

gekoester het of spesifiek ten doel moet gehad het om die persoon se eer te krenk nie. 45 Al

wat benodig word, is dat die kunstenaar daarvan bewus moet gewees het dat die voorstelling

onregmatig was, dat daar dus ’n onregmatigheidsbewussyn teenwoordig was. Die toets is

subjektief. 46 ’n Verweerder wat aanvoer dat hy of sy nie die nodige animus iniuriandi gehad

het nie, dra die onus om te bewys dat hy of sy, op ’n oorwig van waarskynlikheid, nie oor die

nodige animus iniuriandi beskik het nie. 47 Alhoewel Brett Murray aangedui het dat dit nie sy

bedoeling was om die President persoonlik seer te maak of sy menswaardigheid te krenk

nie, 48 sou ’n mens kon argumenteer dat Murray wel oor die nodige animus iniuriandi beskik

het, aangesien hy sekerlik ten minste die moontlikheid voorsien het dat die kunswerk

krenkend kon wees, en hom met hierdie moontlikheid versoen het (dolus eventualis).

Tweedens is president Zuma se persoonlike interpretasie van die kunswerk belangrik. Hy sal

moet aantoon dat hy persoonlik deur die kunswerk in sy eer gekrenk gevoel het. Gekrenkte

gevoelens is ’n noodsaaklike bestanddeel vir ’n suksesvolle eis gegrond op die aantasting van

iemand se menswaardigheid. 49 Die subjektiewe vraag sal beantwoord word deur te ondersoek

of die geteikende persoon persoonlik deur die kunswerk gekrenk is. President Zuma het in sy

aansoek aangevoer dat die kunswerk verwyder behoort te word, aangesien die skildery

gesuggereer het dat hy ’n vrouejagter sonder respek is en dit ’n onwaardige uitbeelding van

sy persoonlikheid daarstel ten einde twyfel aangaande sy karakter by medeburgers, familie en

kinders te wek. 50

188

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Soos reeds genoem, blyk hierdie stelling meer gemik te wees op die President se reputasie en

nie soseer op die President se persoonlike gevoel dat hy gekrenk gevoel het nie. In ’n hofsaak

sou die President genoop wees om te getuig hoe die kunswerk hom persoonlik laat voel het

en dat hy persoonlik diep seergemaak is deur die kunswerk en dat dit hom gekrenk laat voel

het, nie omdat dit sy reputasie by die breër publiek geknou het nie, maar omdat dit hom

persoonlik minderwaardig laat voel het. Gebaseer op die bestaande hofstukke sou die

President dus nie met ’n eis kon slaag nie, maar as daar ’n verhoor sou plaasvind, sou die

President wel kon getuig dat die kunswerk hom verneder laat voel het. Indien hy dit sou doen,

sou voldoen kon word aan die eerste vereiste vir ’n suksesvolle eis gebaseer op

menswaardigheid.

Derdens sal daar beslis moet word of die uitstalling en publikasie van ’n kunswerk wat ten

doel het om kommentaar te lewer op die politieke bestel in Suid Afrika en wat die President

van die land met ontblote geslagsdele uitbeeld, onregmatig is. Dit is ’n vraag wat objektief

beoordeel moet word. 51 Die uitstalling en publikasie sal onregmatig wees slegs indien die

gekrenkte gevoelens van die President sodanig was dat die hof daarvan kennis behoort te

neem. Die konstitusionele hof het dit duidelik gestel dat nie elke subjektiewe gevoel dat

menswaardigheid gekrenk is, deur die reg as belangrik genoeg geag sal word om dit regtens

te beskerm nie. 52 Daarom moet objektief beoordeel word of die reg dit redelik sal ag dat die

gekrenkte persoon in sy of haar menswaardigheid te na gekom is aan die hand van die

heersende gemeenskapswaardes. 53 Soos die appèlhof dit in Delange v Costa 54 stel:

This is an objective test. It requires the conduct complained of to be tested against the

prevailing norms of society (i.e. the current values and thinking of the community) in

order to determine whether such conduct can be classified as wrongful. To address the

words to another which might wound his self-esteem but which are not, objectively

determined, insulting (and therefore wrongful) cannot give rise to an action for

injuria.

Die objektiewe element is nodig om te verhoed dat ons howe oorval word deur ’n stortvloed

eise deur hipersensitiewe mense. 55 Die vraag in elke geval sal wees of redelikerwys gesê kan

word dat die persoon se eie gevoel van sy of haar sin vir selfrespek (self-esteem) aangetas is.

Dit gaan hier nie oor hoe ander in die samelewing – insluitende lede van die ANC – deur die

kunswerk geraak is nie, maar oor hoe president Zuma self daardeur geraak is. Dit is belangrik

om daarop te let dat die objektiewe vraag of dit objektief gesproke redelik geag sou kon word

dat iemand persoonlik gekrenk voel deur ’n kunswerk, ook ag moet slaan op ander

grondwetlike norme en waardes en dat die toets die waardes moet inkorporeer. 56 Die vraag is

of daar ander grondwetlike waardes is wat ’n hof sal oorreed dat die andersins krenkende

uitbeelding van ’n president nietemin redelikerwys nie onregmatig is nie en wat die President

sal verhoed om ’n suksesvolle aksie te loods omdat sy persoonlike menswaardigheid gekrenk

is. In die Dey-saak het regters Froneman en Cameron beslis dat daar ten spyte van ander

grondwetlike waardes tog bevind kon word dat die redelike persoon in dokter Dey se posisie

gekrenk sou voel indien hy of sy uitgebeeld word of geassosieer word met ’n naakte,

onwelvoeglike en moontlike onkuise foto en dat sulke gevoelens deur ons reg beskerm

behoort te word. 57

189

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar is egter belangrike verskille tussen die Dey-geval en die geval van The Spear. Van

belang is dat president Zuma ’n politikus is, dat hy die leier is van die regerende ANC en ook

die president van die land, en dat die uitbeelding in ’n kunswerk was wat deel was van ’n

groter kunsuitstalling wat fel politieke kommentaar gelewer het op die beweerde immorele en

korrupte bewind van die regerende party. Dit is ook van belang dat die kunswerk – anders as

in die Dey-saak – nie die beswaarmaker met sogenaamde onwelvoeglike dade (soos die

openbare deelname aan groepsmasturbasie) assosieer nie, maar bloot iemand wat soos die

President lyk, uitbeeld met ontblote geslagsorgane.

Artikel 1 van die Grondwet bepaal dat die Republiek van Suid-Afrika ’n demokratiese staat is

wat gegrond is op, onder andere, die waardes van menswaardigheid, die verwerkliking van

gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede, asook ’n veelpartystelsel van

demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, ’n deelnemende ingesteldheid en

oopheid te verseker. 58 In die demokratiese bestel moet die menswaardigheid van openbare

verteenwoordigers soos die president dus opgeweeg word teen die vereistes vir ’n dinamiese

demokrasie waarin die regering van die dag verantwoordbaar gehou moet word. Verder

bepaal artikel 16 van die Grondwet dat elkeen die reg op vryheid van uitdrukking het, waarby

inbegrepe isdie vryheid van artistieke kreatiwiteit. 59 Die reg op vryheid van uitdrukking

omvat egter nie propaganda vir oorlog nie, ofdie aanstigting van dreigende geweld nie, of die

verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat

aanhitsing om leed te veroorsaak daarstel nie. 60

Die konstitusionele hof het in die verlede beslis dat die beskerming van die reg op vryheid

van uitdrukking van kardinale belang is vir ’n gesonde demokrasie, maar dat die Grondwet

ook erken dat die uitoefening van die reg op vryheid van uitdrukking moontlik ander regte

soos die reg op menswaardigheid kan aantas. 61 Ons Grondwet vestig nie ’n hiërargie van

regte nie en dit kan in elk geval nie aangeneem word dat die reg op vrye uitdrukking

outomaties ander regte sal troef nie. 62 ’n Balans moet gevind word tussen die reg op vryheid

van uitdrukking (met inbegrip van die reg op artistieke uitdrukking) aan die een kant, en die

reg op menswaardigheid aan die ander kant. Die balans kan net gevind word as in ag geneem

word watter doelwitte die reg op vrye uitdrukking nastreef. Die hof het al bepaal dat die reg

op vrye uitdrukking deel is van

“[a] web of mutually supporting rights” in the Constitution. It is closely related to

freedom of religion, belief and opinion (s 15), the right to dignity (s 10), as well as the

right to freedom of association (s 18), the right to vote and to stand for public office (s

19), and the right to assembly (s 17) ... The rights implicitly recognise the importance,

both for a democratic society and for individuals personally, of the ability to form and

express opinions, whether individually or collectively, even where those views are

controversial. 63

Dit beteken dat die beskerming van die reg op vrye uitdrukking ’n voorvereiste vir ’n

suksesvolle demokrasie is. Dié reg is as't ware deel van die kern van ’n demokrasie. Dit is

ook nodig om die menswaardigheid van individue te beskerm, want dit impliseer dat elke

persoon die vryheid het om keuses te maak, nie alleen oor welke party en leiers vir wie hulle

wil stem nie, maar ook oor welke tipe persoon ’n individu besluit om te wees en hoe om sy of

190

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

haar lewe in te rig en uit te leef. 64 In S v Mamabolo het die hof ook die skakel tussen die reg

op vryheid van uitdrukking en die verwerping van die apartheidsverlede benadruk en dit as

volg verduidelik:

Freedom of expression, especially when gauged in conjunction with its accompanying

fundamental freedoms, is of the utmost importance in the kind of open and democratic

society the Constitution has set as our aspirational norm. Having regard to our recent

past of thought control, censorship and enforced conformity to governmental theories,

freedom of expression – the free and open exchange of ideas – is no less important

than it is in the United States of America. It could actually be contended with much

force that the public interest in the open market-place of ideas is all the more

important to us in this country because our democracy is not yet firmly established

and must feel its way. Therefore we should be particularly astute to outlaw any form

of thought control, however respectably dressed. 65

In die verlede is, as deel van ’n sisteem van apartheidsonderdrukking, veral politieke en

artistieke uitdrukking deur die staat aan bande gelê. Dit het nie alleen ten doel gehad om die

bereiking van die demokrasie te verhoed nie, maar het ook die impak van die sistematiese

ontkenning van ander regte in apartheid-Suid-Afrika vererger. Die tipe beperkings op

demokratiese spraakvryheid asook artistieke vryheid is nie te versoen met die kultuur van

oopheid en demokrasie en die respek vir menseregte wat die Grondwet onderlê nie. 66

Hoe moet die perke van vrye spraak en artistieke vryheid bepaal word? Volgens die

konstitusionele hof sal die perke op die vryhede geregverdig wees as die pluralisme en respek

vir ander standpunte (ruimdenkendheid, of broadmindedness) self deur die spraak of

uitdrukking ondermyn word. Redelike perke kan op vryheid van spraak geplaas word om

politieke kommentaar en artistieke uitdrukking te reguleer wat ’n wesenlike gevaar inhou vir

die waardes van oopheid en respek vir ander se standpunte asook vir die demokratiese bestel.

Dis juis daarom dat haatspraak nie deur die Grondwet beskerm word nie. 67

Dit is teen hierdie agtergrond dat ons argumenteer dat ’n kunswerk wat politieke kommentaar

lewer op een van die magtigste politici in Suid-Afrika, regtens anders hanteer behoort te word

as ’n skoolgrap wat teen ’n adjunkhoof gemik is. Ons wil dit dus beklemtoon dat om ’n

politikus, die president van die land, in ’n kunswerk naak uit te beeld ten einde ’n politieke

boodskap oor te dra, nie gewoonlik as wederregtelik geag behoort te word nie en dat daar in

die geval van The Spear nie aan die objektiewe vereiste vir ’n suksesvolle

menswaardigheidseis voldoen is nie. In ’n demokrasie is dit, so argumenteer ons, nie redelik

vir ’n hooggeplaaste politikus om in sy persoonlike waardigheid gekrenk te voel bloot omdat

’n kunswerk hom halfnaak uitbeeld nie.

Alhoewel die howe nog nie finaal uitsluitsel oor die saak gegee het nie, en alhoewel daar ’n

moontlikheid is dat ’n hof anders sou beslis, voer ons aan dat die reg op artistieke vryheid en

die reg om politieke kommentaar te lewer op die morele en politieke karakter van ’n

hooggeplaasde politikus soos president Zuma, in dié geval swaarder by ’n hof behoort te

weeg as president Zuma se persoonlike gevoel dat hy in sy menswaardigheid gekrenk is. Dit

is nodig ten einde die kultuur van oopheid, van respek vir ’n wye verskeidenheid sienings en

191

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die beskerming (selfs die viering) van die pluralistiese aard van ons grondwetlike

demokrasie self, te bevorder en te beskerm en te verseker dat demokratiese debatvoering en

die artistieke vryheid van kunstenaars wat kies om kommentaar te lewer op die politieke

situasie in Suid-Afrika, nie sodanig aan bande gelê word dat dit die demokrasie verskraal nie.

4. Die geweld van representasie

Terwyl daar in die vorige afdeling aandag geskenk is aan die regsposisie wat betref die balans

tussen die reg op vryheid van uitdrukking en menswaardigheid in die konteks van The Spear,

wil hierdie afdeling ten slotte die spanning tussen die etiese, die estetiese en die regspolitieke

dimensies van The Spear beklemtoon. Sodanige beklemtoning behels ’n heroorweging van

die verhouding tussen representasie (mimesis), geweld en die etiese verhouding wat beskryf

word as die moontlikheid van ’n niegewelddadige verhouding met die Ander. 68

In die werk van Emmanuel Levinas word die Westerse ontologie se onvermoë om die etiese

verhouding te bedink, aangespreek: in die Westerse diskoers se poging om die Ander te

bedink, eien dit die Ander toe as ’n geval van die Self of die Eie. 69 Hierdie toe-eiening van

die Ander kom neer op ’n vorm van geweld, aangesien totaliserende denke die Ander

voorstel aan die hand van die Self of aan die hand van dit wat bekend is. 70 Levinas bedink die

Ander aan die hand van wat hy le visage noem. Le visage is nie eenvoudig die gesig van ’n

ander persoon nie; dit is die gesig van dit wat onkenbaar is in die Ander. Edelglass 71 skryf:

"The face exceeds any image; it is the very antithesis of the image, which in its hardening

congeals into essence and subsumes the Other, ‘alienating’ exteriority. The image, like the

totalizing concept, seeks to circumscribe the Other as a particular essence, capturing him in a

form." Volgens Levinas verteenwoordig representasie deur afbeelding of beeltenis altyd ’n

soort skadurealiteit. 72 Om hierdie rede is kuns vir Levinas konstitutief onverantwoordelik en

eties gewelddadig: “This shadow reality, characterized by rhythm, beauty, and charm, does

not demand an ethical response, but rather contemplation and ethical quietism.” 73

Volgens Mbembe 74 is geweld inherent tot representasie, aangesien representasie nooit ’n

presiese kopie van realiteit kan wees nie. Jean-Luc Nancy 75 sluit hierby aan deur te verklaar

dat "not only violence but the extreme violence of cruelty hovers at the edge of the image, of

all images". Nancy 76 definieer geweld as "the application of a force that remains foreign to

the dynamic and energetic system into which it intervenes". Indien hierdie definisie van

geweld op The Spear toegepas word, kan geargumenteer word dat die blote skepping en

uitstalling van The Spear in ’n sekere sin eties gewelddadig is, eerstens omdat dit ’n

voorstelling is en tweedensomdat dit ’n eksterne ingryping in die Suid-Afrikaanse politiek

daarstel. Wat die eerste aspek aanbetref, is The Spear dus gewelddadig sonder dat verwys

hoef te word na die gewelddadige optredes wat rondom die uitstalling en publikasie van die

kunswerk plaasgevind het 77 as deel van die gechoreografeerde pogings om die betekenis van

die werk te beheer. 78 Volgens Thurman 79 is die verklaring vir die algemene histerie oor The

Spear, die protesoptrede en die uiteindelike beskadiging van die werkjuis geleë in ’n basiese

192

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

wanbegrip aangaande die wyse waarop realisme en representasie in kunswerke funksioneer;

met ander woorde, die raserny rondom The Spear word veroorsaak deur ’n gebrek aan begrip

van die basiese beperkinge van mimesis.

The Spear voldoen egter ook aan Nancy se definisie van geweld, omdat dit ’n aanwending

van die kunswerk behels ten einde politieke kommentaar te lewer. Dit is dus die aanwending

van die trefkrag van kuns (as ’n mag wat dikwels as "outonoom" en "ekstern" tot politiek

beskryf word) om in die politiek tussenbeide te tree – ’n aanwending, dus, van ’n mag wat

oor die algemeen beskou word as ’n mag wat buite die dinamiese en energieke sisteem van

die politiek staan.

In hierdie verband wys Thurman op twee belangrike punte. Eerstens is die uitbeelding van

president Zuma ’n soort snelskrif of metonomie vir die probleme in die Suid-Afrikaanse

politiek – Zuma staan vir iets veel groter: die party en die staat aan die hoof waarvan hy

staan. 80 Tweedens, wat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid betref, merk Thurman 81 op:

There is no dispute that, over the last five years, sex has been a major part of Zuma’s

public identity: one that he flaunts when convenient (each time he marries again) but

deflects as ‘a private matter’ when activists chastise his irresponsible sexual

behaviour as the leader of a country beset by unhealthy sexual practices (we cannot

forget that rape trial). The spear is a shorthand but evocative description of the

damaging phallus.

In meer as een sin is The Spear dus ’n politieke werk, ’n werk wat geweld pleeg, maar geweld

in die naam van ’n herinnering aan die etiese, aan die Ander van die sisteem van geweld wat

deur die Suid-Afrikaanse politiek daargestel word. Van hierdie Ander is daar vele

voorbeelde: die 11,5 miljoen kinders in Suid-Afrika wat in armoede leef, 82 die duisende

leerders in ons land wat nie toegang tot behoorlike skoling het nie, die miljoene slagoffers

van misdaad, honger en haweloosheid.

Maar daar is ook ’n ander kant, en dit bring ons ten slotte by die geweld oor die besonderhede

van die uitbeelding van die subjek in die postkoloniale konteks. Daar is immers ’n lang

geskiedenis wat verband hou met die koloniale uitbeelding van swart manlike seksualiteit as

gevaarlik en gulsig 83 – iets wat gevrees moet word of deur blanke koloniseerders "getem"

moet word. Die geskiedenis wat die naam van Saartjie Baartman omring, is reeds in hierdie

konteks van toepassing gemaak op Murray se uitbeelding van president Zuma. 84 Baartman is

gedurende die 1800’s as ’n slaaf na Europa geneem en uitgestal as vermaak weens wat

beskou is as haar hoogs ongewone liggaamseienskappe. Na haar dood is haar skedel, brein en

genitalieë vir etlike jare in die Museé de l'Hommein Parys vertoon. 85 Wat betref die

vergelyking met The Spear merk een kommentator op: "The Zuma portrait, just like the

parading of Baartman's private parts across Europe, was motivated by white 'colonial

stereotypes' about black sexuality and genitalia". 86 Mbembe 87 skryf: "What has irked many is

the fact that, once again, the black body (of which Zuma's has become in this instance the

cipher) is the repository of all the anxieties, neuroses, phobias and sense of estrangement of

white South Africa."

193

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In hierdie opsig stem ons met Mbembe saam dat dit nie binne die postkoloniale konteks wys

of artistiek verbeeldingryk is om kontemporêre patriargie te kritiseer deur die gebruik van

kategorieë wat in die verlede aangewend is om die swart liggaam te ontmens nie. Dit is in

hierdie opsig dat The Spear in werklikheid sigself vernietig as doeltreffende postkoloniale

kommentaar – ten spyte van die feit dat die reg op vryheid van spraak grondliggend is aan

ons demokrasie en ten spyte van die feit dat die President se menswaardigheid waarskynlik

nie regtens aangetas is nie. Hierdie spanning tussen die etiese en die regspolitieke hoef egter

nie ’n spanning te wees wat die land verdeel of bydra tot vernietigende tendense nie. Die

spanning tussen die etiese en die regspolitieke kan produktief wees wanneer alle Suid-

Afrikaners besef dat om geweld met geweld te beantwoord, geen antwoord daarstel nie.

5. Gevolgtrekking

Hierdie artikel kom in die geheel neer op ’n poging om die kompleksiteite aangaande The

Spear te beklemtoon. Die beklemtoning van kompleksiteit beteken egter nie dat ’n posisie in

verband met die skildery nie ingeneem kan word nie. In sy werk oor kompleksiteit maak die

ontslape filosoof Paul Cilliers 88 die volgende opmerking:

The failure to acknowledge the complexity of a certain situation is not merely a

technical error, it is also an ethical one ... We cannot have complete knowledge of

complex systems; we can only have knowledge in terms of a certain framework …

Our knowledge of complex systems is always provisional. We have to be modest

about the claims we make about such knowledge.

Met beskeie posisies bedoel Cilliers 89 refleksiewe posisies wat versigtig omgaan met die

bewerings wat gemaak word. In hierdie opsig wil hierdie artikel dus ’n beskeie posisie

inneem deur te beklemtoon dat meerdere perspektiewe op The Spear van toepassing is.

Ons ontken nie dat ons keuse van kontekste en perspektiewe eties-politieke keuses behels nie,

maar erken terselfdertyd dat ons die kontekste (postkoloniaal, grondwetlik en esteties) wat

ons in hierdie artikel benadruk, as belangrik en selfs as deurslaggewend ag. In hierdie opsig

wys ons op ’n verband tussen die postkoloniale kritiek en grondwetlike aspirasies om ’n

politiek van die medewese (Ander) tot stand te bring en te handhaaf.

Die klem op die spanning tussen etiek en reg in die konteks van representasie noop ons om

uiteindelik tot die slotsom te kom dat die beoordeling van The Spear vanuit ’n regsperspektief

en vanuit ’n etiese perspektief verskillende uitkomste oplewer. Regspolities gesproke is

president Zuma se menswaardigheid waarskynlik nie op ongrondwetlike wyse aangetas deur

Murray se uitoefening van sy reg op vryheid van uitdrukking nie. Eties gesproke kan

Mbembe se argument dat die skildery verbeeldingloos en gewelddadig omgaan met koloniale

representasie, egter nie geïgnoreer word nie.

Aan die einde van ’n artikel oor wat ’n mens sou kon wys word deur ’n posisie van

kompleksiteit in te neem, maak Cilliers 90 die volgende opmerking, ’n opmerking wat ons glo

194

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die belangrikste leersame waarheid uit die Spear-saga verwoord: "Faced with the

complexities of life, we all have to be artists in some sense of the word."

Bibliografie

Adam, A.K.M. (red.). 2000. Handbook of postmodern Biblical interpretation. St Louis:

Chalice Press.

Ashcroft, B., G. Griffiths en H. Tiffin (reds.). 1995. The post-colonial studies reader.

London: Routledge.

Atkinson, B. en C. Britz (reds.). 1998. Grey areas: representation, politics and identity in

contemporary South African art. Johannesburg: Chalkham Hill Press.

Barnard-Naudé, A.J. 2009. Beyond the brother: radical freedom. In Barnard-Naudé, Cornell

en Du Bois (reds.) 2009.

Barnard-Naudé, A.J., D. Cornell en F. Du Bois. 2009. Dignity, freedom and the postapartheid

legal order: The critical jurisprudence of Laurie Ackermann. Juta: Kaapstad.

Chatterjee, P. 1995. Nationalism as a problem. In Ashcroft, Griffiths en Tiffin (reds.). 1995.

Chauke, A., A. Ndlovu en R Nebhrajani. 2012. Blade: destroy “Spear” painting.

http://www.timeslive.co.za/politics/2012/05/30/blade-destroy-spear-painting (14 Junie 2012

geraadpleeg).

Cilliers, P. 2000. What can we learn from a theory of complexity? Emergence, 2(1):23-33.

—. 2005. Complexity, deconstruction and relativism. Theory, Culture and Society,22(5):255–

67.

Cornell, D.L. 1992. The philosophy of the limit. New York: Routledge.

Crais, C.C. en P. Scully. 2009. Sarah Baartman and the Hottentot Venus: A ghost story and a

biography. Princeton: Princeton University Press.

Douzinas, C. en A. Geary. 2005. Critical jurisprudence: The political philosophy of justice.

Portland: Hart Publishing.

Edelglass, W. 2005. Levinas's language. Analecta Husserliana, 85:47–62.

Gilman, S.L. 1985. Black Bodies, White Bodies: Toward an Iconography of Female

Sexuality in Late Nineteenth-Century Art, Medicine, and Literature. Critical Inquiry,

12(1):204-42.

195

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hosken, G. 2012. SA children's misery. http://www.timeslive.co.za/local/2012/05/21/sachildren-s-misery

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

Kant, I. 1996. Groundwork for the metaphysics of morals. In Kant 1996.

—. 1996. Immanuel Kant: Practical philosophy. Onder redakteurskap van en vertaal deur

M.J. Gregor. Ingelei deur A. Wood. Cambridge: Cambridge University Press.

Knoetze, D. 2012. Marchers reach Goodman Gallery.

http://www.iol.co.za/news/politics/marchers-reach-goodman-gallery-

1.1306993#.T9hz4I6Mq8A (14 Junie 2012 geraadpleeg).

Masoga, E. 2012. The “Zuma portrait” is barbaric, anti-black and ultra-racist.

http://www.sabc.co.za/news/a/cb37c9004b7865cc925bd2b45f503025/The-Zuma-portrait-isbarbaric,-anti-black-and-ultra-racist-20120602

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

Mbembe, A. 2001. On the postcolony. Kalifornië: University of California Press.

—. 2008. What is postcolonial thinking? http://www.eurozine.com/articles/2008-01-09mbembe-en.html

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

—. 2006. South Africa's second coming: The Nongqawuse syndrome.

http://www.opendemocracy.net/democracyafrica_democracy/southafrica_succession_3649.jsp

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

—. 2012. The Spear that divided the nation. Cape Times, 5 Junie, bl. 11.

Moore, S.D. 2000. Postcolonialism. In Adam (red.) (2000).

Nancy, J-L. 2005. The ground of the image. Vertaal deur J. Fort. New York: Fordham

University Press.

Neethling, J., J.M. Potgieter en P.J. Visser (reds.). 2005. Neethling’s Law of Personality.

Durban: Butterworths.

Nicholson, Z. en B. Ndaba. “I didn’t intend to hurt”. http://www.iol.co.za/capetimes/i-didn-tintend-to-hurt-1.1301988

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

Rancière, J. 2004. The aesthetics of politics: The distribution of the sensible. Vertaal deur G.

Rockhill.New York: Continuum.

Sapa. 2012. ANC onttrek “Spear”-aansoek. http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/ANConttrek-aansoek-oor-Zuma-skildery-20120530

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

Spivak, G.C. 1995. Can the subaltern speak? In Ashcroft, Griffiths en Tiffin (reds.) 1995.

Thurman, Chris. 2012. As in Hamlet, Zuma betrays himself in his moral outrage.

http://www.businessday.co.za/articles/Content.aspx?id=172467 (14 Junie 2012 geraadpleeg).

196

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Zuma, J.G. 2012. Founding affidavit. http://constitutionallyspeaking.co.za/zuma-affidavit-inthe-willygate-case

(14 Junie 2012 geraadpleeg).

Zupančič, A. 2011. Ethics of the real. Voorwoord deur S. Žižek. Londen: Verso.

Eindnotas

* Rancière 2004:9.

1 Die skildery is vryelik op die internet beskikbaar en word om hierdie rede nie hier

gereproduseer nie. Dit kan o.a. besigtig word by http://constitutionallyspeaking.co.za/on-thepresident-his-penis-and-bizarre-attempts-to-censor-a-work-of-art

(16 Junie 2012

geraadpleeg).

2 Douzinas en Geary (2005:284).

3 1995:xv.

4 Ashcroft e.a. (1995:xv).

5 Moore (2000:182-8).

6 Mbembe (2008).

7 1988:88-9.

8 Spivak (1988:89).

9 Mbembe (2008).

10 Mbembe (2008).

11 Mbembe (2008).

12 Ashcroft e.a. (1995:151).

13 1995:151.

14 1995:165.

15 2006:3.

16 Mbembe (2006:3).

17 Mbembe (2006:1).

18 Aangehaal in Mbembe (2006:1).

197

19 Mbembe (2006:2).

20 Mbembe (2006:3).

21 Zupančič (2011:xi).

22 Zupančič (2011:xi).

23 2012:11.

24 Afri-Forum v Malema 2011 4 All SA 293 (GH).

25 Sapa (2012).

26 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) par. 329.

27 Kant (1996:55).

28 Kant (1996:84).

29 Kant (1996:56).

30 Kant (1996:83).

31 Kant (1996:79).

32 Kant (1996:79–80).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

33 National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice 1999 1 SA 6 (KH)

par. 28.

34 National Coalition v Minister of Justice par. 132.

35 Ferreira v Levin; Vryenhoek v Powell 1996 2 SA 621 (KH).

36 Ferreira par. 49.

37 MEC for Education: KwaZulu-Natal v Pillay 2008 1 SA 474 (KH) par. 63.

38 S v Makwanyane par. 328.

39 Barnard-Naudé (2009:287–8).

40 Zuma (2012:16).

41 2011 6 BCLR 577 (KH); BCLR 446 (KH).

42 Dey par. 154.

198

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

43 Dey par. 143. Sien ook De Lange v Costa 1989 2 SA 857 (A) 862A-I; Neethling

(2005:195).

44 Dey par. 154.

45 In Whittaker v Roos and Bateman; Morant v Roos and Bateman 1912 AD 92 131 is alreeds

beslis: “It is not necessary in order to find that there was an animus injuriandi to prove any

ill-will or spite on the part of the defendants towards the plaintiffs ...”

46 Dantex Investment Holdings (Pty) Ltd v Brenner 1989 1 SA 390 (A) 396E; Minister of

Justice v Hofmeyr [1993] ZASCA 40; 1993 3 SA 131 (AD). Sien ook NM v Smith 2007 5 SA

250 (KH) par. 57-9.

47 Dey par. 130.

48 Nicholson en Ndaba 2012.

49 Dey par. 174.

50 Zuma (2012:16).

51 Dey par. 175.

52 Dey par. 177.

53 Dey par. 178.

54 De Lange v Costa 862F.

55 De Lange v Costa 862C-D. Sien ook Dey par. 179.

56 Dey par. 180. Sien bv. ook Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 10 BCLR

995 (KH) par. 43 waar Ackermann skryf: “This is a proportionality exercise with liability

depending upon the interplay of various factors. Proportionality is consistent with the Bill of

Rights, but that exercise must now be carried out in accordance with the ’spirit, purport and

objects of the Bill of Rights’ and the relevant factors must be weighed in the context of a

constitutional state founded on dignity, equality and freedom and in which government has

positive duties to promote and uphold such values.” Sien ook Fourway Haulage SA (Pty) Ltd

v SA National Roads Agency Ltd 2009 2 SA 150 (HHA) par. 12; Minister of Safety and

Security v Van Duivenboden 2002 6 SA 431 (HHA) par. 12, 22; National Media Ltd v

Bogoshi 1998 4 SA 1196 (HHA); Argus Printing and Publishing Co Ltd v Inkatha Freedom

Party 1992 3 SA 579 (A) 588H-I.

57 Dey par. 190.

58 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, art. 1(a) en (d).

59 Art. 16(1)(c).

60 Art. 16(2).

199

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

61 Islamic Unity Convention v Independent Broadcasting Authority 2002 5 BCLR 433 (KH)

par. 28.

62 S v Mamabolo 2001 5 BCLR 449 (KH) par. 41 waar die situasie as volg uitgelê word:

“With us the right to freedom of expression cannot be said automatically to trump the right to

human dignity. The right to dignity is at least as worthy of protection as the right to freedom

of expression. How these two rights are to be balanced, in principle and in any particular set

of circumstances, is not a question that can or should be addressed here. What is clear though

and must be stated, is that freedom of expression does not enjoy superior status in our law.

(Voetnote weggelaat.)

63 Mamabolo par. 37.

64 South African National Defence Union v Minister of Defence 1999 6 BCLR 615 (KH) par.

7.

65 Mamabolo par. 37.

66 Islamic Unity Convention par. 25.

67 Islamic Unity Convention par. 27.

68 Cornell (1992:62).

69 Edelglass (2005:48).

70 Edelglass (2005:48).

71 2005:49–50.

72 Edelglass (2005:50).

73 Edelglass (2005:50).

74 2001:142.

75 2005:25.

76 2005:16.

77 Knoetze (2012).

78 Mbembe (2012:11).

79 2012.

80 Thurman (2012).

81 2012.

200

82 Hosken (2012).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

83 Sien bv. Gilman (1985: 204-42) en in Suid-Afrikaanse konteks, Atkinson en Britz (1998).

84 Chauke, Ndlovu en Nebhrajani (2012).

85 Crais en Scully (2009:98, 154).

86 Masoga (2012).

87 2012:11.

88 2005:258–9.

89 2005:256.

90 2000:32.

201

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die nuwe ondernemingsreddingspraktisyn:

Geneesheer of begrafnisondernemer? ’n Ondersoek

na die kwalifikasies van die reddingspraktisyn.

Opsomming

LM Jacobs

LM Jacobs: Departement Handelsreg, Universiteit van die Vrystaat

Die artikel handel in hoofsaak oor die besigheidsreddingspraktisyn, ’n sleutelfiguur in enige

korporatiewe reddingspoging. Die doel van die navorsing is om vas te stel of die bepalings

aangaande die kwalifikasieveresistes van sodanige praktisyn, soos vervat in die

Maatskappywet 71 van 2008, verbeterings teweegbring ten opsigte van die bepalings van die

vorige reddingsmodel, naamlik geregtelike bestuur.

Die geregtelike bestuurder en ondernemingsreddingspraktisyn word met mekaar vergelyk wat

betref kwalifikasies, kennis, vaardigheid en persoonlike eienskappe. Daar word telkens ook

aandag geskenk aan die internasionale standaard soos vervat in die wetgewende gids insake

insolvensiereg van die Verenigde Nasies se Kommissie oor Internasionale Handelsreg

(UNCITRAL).

Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die nuwe reddingsmodel poog om betergekwalifiseerde

persone in hierdie belangrike amp te plaas.

Trefwoorde: geregtelike bestuur; geregtelike bestuurder; korporatiewe insolvensie; kennis en

ondervinding; kwalifikasies; likwidateur; maatskappy; Maatskappywet;

ondernemingsredding; ondernemingsreddingspraktisyn; reorganisasie; rehabilitasie;

"turnaround practice"

Abstract

In the current economic climate, where more and more companies find themselves under

financial strain, an effective business rescue system is essential. A system is needed which

affords the company an opportunity to become a successful concern and carry on business on

a solvent basis again.

South Africa's business rescue provisions are contained in the Companies Act 71 of 2008.

This business rescue procedure replaces the judicial management procedure of the previous

Companies Act 61 of 1973. Judicial management as a business rescue procedure was largely

202

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

unsuccessful, due to a number of factors. As a result of the inefficacy of judicial management

the new rescue procedure comes under intense scrutiny. The key role player in the business

rescue procedure is the person on whom the duty to rescue the company rests, namely the

business rescue practitioner.

This article is aimed at evaluating the provisions pertaining to the qualifications of the rescue

practitioner contained in the 2008 Companies Act in order to ascertain whether the new

provisions constitute improvements or not. This is done by comparing the current provisions

with the provisions contained in the previous Companies Act and the international guidelines

provided for in the United Nations Commission on International Trade Law's (UNCITRAL)

Legislative guide on insolvency law. A comparison is made of the qualifications, knowledge,

experience and personal qualities of the judicial manager and the business rescue practitioner.

It is clear from the comparative study that the previous act did not place an emphasis on the

qualifications of the rescue practitioner in that, for example, it permitted liquidators to be

appointed as judicial managers. Furthermore, the 1973 act failed to stipulate the qualification

requirements that judicial managers needed to adhere to. The act of 2008 does, however,

provide qualification requirements for practitioners. According to the 2008 Companies Act a

business rescue practitioner should be a member of the law, accounting or business

management profession. The regulations to the act furthermore stipulate that a practitioner

should have experience in "turnaround practice". Therefore a liquidator should not be able to

qualify.

The 2008 act places more emphasis on the experience of the business rescue practitioner than

its predecessor. Practitioners are therefore divided into three categories: senior practitioners,

experienced practitioners and junior practitioners. For large and state-owned companies only

senior practitioners may be appointed. For medium companies senior and experienced

practitioners may be appointed, but not junior practitioners; etcetera. This clearly indicates

that the legislature wanted to make sure that only the most experienced practitioners be

appointed in the larger and more difficult rescue situations in order to optimise the chances of

a successful rescue of the company.

Although the 1973 act made no mention of the personal attributes of a practitioner, the 2008

act refers to quite a few. Under the 2008 act business rescue practitioners have to be

independent, objective and of good character. A licence can be issued to a practitioner only

once the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) is also satisfied that the

practitioner has integrity. The provisions regarding personal attributes also incorporate

provisions against possible conflicts of interest which may arise during the course of the

practitioner’s appointment.

Clearly very few people in South Africa qualify to be business rescue practitioners. Attention

should be given to the training of people in order to create a bigger pool of qualified

practitioners.

It therefore seems that the new provisions contained in the 2008 act truly constitute a big

improvement.

Keywords: business rescue; business rescue practitioner; company; Companies Act;

corporate insolvency; judicial management; judicial manager; knowledge and experience;

liquidator; rehabilitation; reorganisation; turnaround practice; qualifications

203

1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die huidige ekonomiese klimaat, waar al hoe meer maatskappye onder finansiële druk

verkeer, is ’n effektiewe besigheidsreddingstelsel van onskatbare waarde. ’n Stelsel word

benodig wat aan die maatskappy die geleentheid bied om weer ’n suksesvolle onderneming te

word en op ’n solvente grondslag handel te dryf.

Suid-Afrika se besigheidsreddingsmodel word in die Maatskappywet 71 van 2008 1 vervat en

die betrokke aktiwiteit(e) staan bekend as ondernemingsreddingsverrigtinge. Hierdie

verrigtinge vervang die vorige reddingsmodel, geregtelike bestuur soos in die 1973-

Maatskappywet 2 vervat. Geregtelike bestuur as reddingsmodel was grootliks onsuksesvol

vanweë verskeie faktore, soos die feit dat geregtelike bestuur afhanklik was van ’n hoë mate

van hofbetrokkenheid, dat dit deur die howe in ’n buitengewone remedie omskep is, en dat

likwidateurs as geregtelike bestuurders aangestel is.

Volgens die Engelse Cork-verslag hang die sukses van ’n insolvensieregstelsel grootliks af

van die persone wat dit administreer. 3 In die geval van besigheidsredding: die

reddingspraktisyn Vanessa Finch maak die volgende stelling aangaande die belangrikheid

van ’n goeie reddingspraktisyn: "A key aspect of a good rescue regime is a propensity to

bring expertise to bear in making commercial or financial judgments and in devising

strategies that advert to all creditor interests." 4

Hierdie artikel handel slegs met die kwalifikasies van die reddingspraktisyn en nie met sy

pligte of bevoegdhede nie.

2. Insolvensiepraktisyns

Die begrip insolvensiepraktisyn is in die Suid-Afrikaanse konteks baie wyd en verwys na

verskeie persone, alhoewel dit geensins in ’n wet gedefinieer word nie. 5 Die benaming

verwys na ’n redelik uiteenlopende groep amptenare wat onder andere die volgende insluit:

voorlopige en finale kurators in die geval van gesekwestreerde boedels; voorlopige en finale

likwidateurs van maatskappye en beslote korporasies; en die voorlopige en finale geregtelike

bestuurders ingevolge die 1973-Maatskappywet. 6

Vir doeleindes van hierdie bespreking word daar slegs op die reddingspraktisyn gefokus.

Kragtens die 1973-wet sou dit die geregtelike bestuurder wees wat aangestel is om die beheer

van die maatskappy oor te neem. 7 “Geregtelike bestuurder” is slegs een van baie name wat al

aan hierdie amp gegee is; “besigheidsadministrateur”, "turnaround manager"en

“maatskappydokter” is nog van hierdie name. Die mees onlangse toevoeging kan gevind

word in die 2008-Maatskappywet, wat na hierdie persoon verwys as die

“ondernemingsreddingspraktisyn”. 8

204

3. Die bestuursbenaderings

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar bestaan twee benaderings by besigheidsredding oor die bestuur van die maatskappy.

Die eerste benadering behels die behoud van die bestuur van die maatskappy in

noodomstandighede. 9 Dit wil sê, die persone wat bona fide in die bestuur van die maatskappy

staan, gaan voort om dit te bestuur asof dit glad nie onder enige vorm van administrasie

verkeer nie. 10 Sodanige benadering staan bekend as die "skuldenaar in besit"-benadering. 11

UNCITRAL se gids ten aansien van insolvensiereg definieer die benadering as volg:“Debtor

in possession: a debtor in reorganization proceedings, which retains full control over the

business, with the consequence that the court does not appoint an insolvency

representative." 12 Hierdie benadering word deur die Verenigde State van Amerika nagevolg

en word in hoofstuk 11 van die Amerikaanse Bankruptcy Code vervat. 13

Die tweede benadering kan gevind word in die geregtelikebestuursmodel ingevolge die 1973-

Maatskappywet, waar voorsiening gemaak is vir die verwydering van die bestuur van enige

persoon wanneer die voorlopige geregtelike bestuurder aangestel word. 14 Die geregtelike

bestuurder moet die beheer van die maatskappy en die bates van die maatskappy tydens die

duur van die moratorium en die reddingsplan oorneem. 15

Die "skuldenaar in besit"-benadering hou sekere probleme in, soos die feit dat die direksie

van ’n maatskappy ’n groter gaping vir misbruik het, 16 aangesien die direkteure die

maatskappy onder administrasie kan plaas en dus verligting kan kry by wyse van ’n

moratorium ten aansien van skuldeisers, maar steeds in beheer van die maatskappy kan bly. 17

Verder behoort daar in gedagte gehou te word dat die direksie wat agterbly, dieselfde persone

is wat die maatskappy in finansiële nood geplaas het. 18 Die UNCITRAL-gids stel in hierdie

situasie as oplossing voor onder andere dat die skuldenaar gereeld verslag aan die hof moet

doen oor die vordering wat deur die maatskappy gemaak word. 19

Die 2008-Maatskappywet skep ’n nuwe, interessante benadering, deurdat die

reddingspraktisyn die beheer van die maatskappy oorneem, 20 maar die direkteure steeds hulle

pligte uitoefen onder sy toesig en dus nie totaal van alle bestuursverpligtinge ontneem word

nie. 21 Bradstreet is onseker of die bewoording van die wet neerkom op ’n totale ontneming

van bestuursbevoegdhede vir sover dit die direksie betref. 22 Die praktyksnotas van die derde

King-verslag som egter die situasie op:

Although the commencement of a business rescue proceeding (whether it be

voluntary or compulsory) effectively replaces the management of a company with a

business rescue practitioner, it is important to note that the pre-existing management

of the company is not completely displaced in that it will still function as such during

the business rescue procedure, albeit under the authority of the practitioner. Despite

the business rescue practitioner taking over control of the company, the company’s

pre-existing management will still be obliged to function as such under the strict

instructions of the practitioner. 23

205

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Alhoewel die bestuur van die maatskappy onder die toesig van die reddingspraktisyn

funksioneer, berus die beslissende beheer oor die bestuur steeds by die praktisyn. 24

’n Besluit oor ’n gepaste benadering kom nie noodwendig neer op keuse tussen die twee

benaderings asof dit net óf die een óf die ander kan wees nie, aangesien daar verskillende

grade van bestuursvervanging bestaan. 25 Dit is egter duidelik dat die 2008-Maatskappywet ’n

definitiewe verskuiwing vanaf die vervangingsbenadering maak, alhoewel die maatskappy

wat ondernemingsredding ondergaan, steeds nie as ’n "skuldenaar in besit" beskou kan word

nie. 26

UNCITRAL verskaf ook aanbevelings vir moontlike probleme ten aansien van hierdie

benadering, soos dat daar duidelike reëls moet bestaan oor beide die skuldenaar en die

praktisyn se onderskeie take. 27 Hierdie bestuursvervangingsbenadering word in sowel die

Verenigde Koninkryk as Australië gevolg. 28

Daar word aan die hand gedoen dat die nuwe benadering wat in die 2008-Maatskappywet

vervat is, ’n verbetering op die vorige geregtelikebestuursmodel is. Aangesien die

reddingspraktisyn saam met die bestaande bestuur sal werk en daar nie van hom verwag word

om eiehandig ’n ommekeer in die maatskappy te weeg te bring nie, verbeter die kanse op

sukses. 29 Die sukseskoers verbeter, omdat die praktisyn nie onnodig tyd hoef af te staan om

die geldende prosesse van die maatskappy te leer nie, aangesien die bestuur hom met hierdie

inligting kan bystaan. 30 Bradstreet verklaar in hierdie verband dat "provision should be made

for close co-operation between the practitioner and existing management to take full

advantage of the latter's knowledge and experience relating directly to the affairs of their

particular company." 31

Dit is egter belangrik om die stelling te kwalifiseer, aangesien daar gevalle kan voorkom

waar die bestuur van die maatskappy onbevoeg is en verpligte samewerking

teenproduktiwiteit sal meebring. 32 Die moontlike negatiewe gevolge van die bestuur se

betrokkenheid blyk duidelik in die Cape Point Vineyards (Pty) (Ltd) v Pinnacle Point Group

Ltd, 33 waar die reddingspoging deur die direksie ondermyn is. In dié geval sou dit beter wees

indien die praktisyn die hele bestuur vervang en die praktisyn se bestuursvaardighede weer

eens in die kollig kom. 34

4. Kwalifikasies en ander vereistes

Die kwalifikasies van persone wat as reddingspraktisyns aangestel kan word, asook die

vereistes waaraan hulle moet voldoen, is nog altyd ’n belangrike besprekingspunt. Menige

kenners het al te kenne gegee dat hierdie aspekte ’n groot rol te speel gehad het in die

mislukking van geregtelike bestuur. Rajak en Henning opper die volgende:

206

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

[T]he role of the judicial manager, despite being invested with considerable powers

and apparently designed to carry out functions of considerable public and private

significance, lacks statutory regulation laying down suitable provisions for

qualification, competence and suitability. 35

Nog ’n omstrede punt rakende die reddingspraktisyn kan gevind word in die argument dat die

verkeerde persone aangestel word. Een van die baie punte van kritiek teen die

geregtelikebestuursmodel is juis die feit dat persone wat as likwidateurs praktiseer, as

reddingspraktisyns aangestel word. 36 Die probleem lê daarin dat dit die reddingspraktisyn

(geregtelike bestuurder) se plig is om die maatskappy en die besigheid daarvan in stand te

hou en dit te probeer red. Daarteenoor behels die plig van ’n likwidateur om op te hou handel

dryf en die maatskappy se bates so gou as moontlik te verkoop. 37 Olver stel dit soos volg:

An essential qualification of a judicial manager should be that he is a good “on-going

business manager”. Such a qualification is not necessary in a liquidator. There have

been, and still are, some professional liquidators who have been successful judicial

managers but the two fields of endeavor do not lie naturally together. 38

Bradstreet weer beskryf die absurditeit so:

The suggestion that an axe-wielding liquidator would be suitable is particularly

worrisome – to appoint a liquidator as a business rescue practitioner may be

compared, for the sake of argument, to appointing an executioner to act as a nurse or

paramedic. 39

’n Verdere probleem lê in die feit dat Suid-Afrika ’n skuldeiser-vriendelike

insolvensieregstelsel het wat meebring dat die meester gewoonlik iemand aanstel wat vir die

skuldeisers aanvaarbaar is. 40 Die gevolg hiervan is dat die skuldeisers by die vergadering van

skuldeisers dieselfde persoon wat as geregtelike bestuurder opgetree het, as likwidateur sou

nomineer as die verrigtinge tot likwidasie oorgaan 41 – dit skep botsende belange.

Die kwalifikasies van die reddingspraktisyn behoort as versekering te dien vir sy vermoë om

die maatskappy te kan red en daardeur die skuldeisers se belange te beskerm. 42

4.1 Kwalifikasievereistes ingevolge die 1973-Maatskappywet

Die 1973-wet het geen spesiale of algemene kwalifikasievereistes vir die aanstelling van ’n

geregtelike bestuurder bevat nie. 43 Daar is wel melding gemaak van sekere eienskappe wat ’n

persoon sou diskwalifiseer om as likwidateur aangestel te word. Hierdie bepalings was ook

op geregtelike bestuurders van toepassing. 44

Ingevolge artikel 372 van die wet word onder andere die volgende persone gediskwalifiseer:

’n insolvent; 45 iemand wat weens wangedrag deur die hof uit ’n vertrouensamp ontset is of

iemand wat onbevoeg verklaar is om ’n direkteur te wees; 46 ’n regspersoon; 47 iemand wat te

eniger tyd aan diefstal, bedrog, vervalsing of uitgifte van ’n vervalste dokument of meineed

skuldig bevind en gevonnis is tot gevangenisstraf sonder die keuse van ’n boete; 48 iemand

wat deur middel van wanvoorstelling of ’n beloning, hetsy regstreeks of onregstreeks, ’n

207

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ander oorgehaal of probeer oorhaal het om by die benoeming vir hom te stem; 49 iemand wat

nie in die Republiek woon nie; 50 en iemand wat te eniger tyd gedurende die twaalf maande

wat die geregtelike bestuur onmiddelik voorafgegaan het, as direkteur, beampte of ouditeur

van daardie maatskappy opgetree het. 51

Die feit dat daar geen bepalings aangaande kwalifikasievereistes, opleiding of ervaring van

die geregtelike bestuurder in die wet vervat is nie, word beskou as een van die bydraende

faktore tot die lae sukseskoers van geregtelike bestuur. 52

Daar was ook nie van geregtelike bestuurders of likwidateurs vereis om enige professionele

opleiding te ondergaan of ’n lid van ’n professionele liggaam te wees nie. Dit het meegebring

dat daar geen beheer oor die aktiwiteite van nalatige, oneerlike of onbekwame geregtelike

bestuurders uitgeoefen kon word nie; 53 en dit is dus duidelik dat daar bykans geen regulering

van insolvensiepraktisyns in Suid-Afrika geskied het nie. 54

Verder is daar nie voorsiening gemaak vir ’n beperking op die aanstelling van geregtelike

bestuurders as likwidateurs van die maatskappy nie, met die gevolg dat die situasie soos

uiteengesit deur Loubser kon ontstaan, naamlik dat die skuldeisers die geregtelike bestuurder

as likwidateur nomineer en dat daar as gevolg hiervan ’n botsing van belange kon voorkom. 55

4.2 Kwalifikasievereistes ingevolge die 2008-Maatskappywet

In vergelyking met sy voorganger is die 2008-wet ’n groot verbetering ten opsigte van die

praktisyn se kwalifikasies, aangesien die wet wel sekere kwalifikasies vereis. Trouens, in die

wet word daar ’n hele artikel aan die kwalifikasievereistes van die

ondernemingsreddingspraktisyn afgestaan. 56

Die nuwe kwalifikasievereistes behels onder andere dat die persoon wat as reddingspraktisyn

aangestel word, oor ’n goeie naam moet beskik as lid van die regsberoep, of die

rekeningkundige beroep, of besigheidsbestuur, of ’n beroep wat behoudens regulasies deur ’n

regulerende gesag deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele eiendom

voorgeskryf word en die nodige lisensie vanaf die Kommissie bekom het. 57 Die persoon moet

verder nie kragtens artikel 162(7) aan ’n proefbevel onderhewig wees nie; 58 nie kragtens

artikel 69(8) gediskwalifiseer wees om as ’n direkteur van die maatskappy op te tree nie; 59

nie enige ander verwantskap met die maatskappy hê wat ’n redelike en ingeligte derde party

sou laat aflei dat die integriteit, onpartydigheid of objektiwiteit van daardie persoon deur

daardie verwantskap in verdenking gebring word nie; 60 en laastens nie verwant moet wees

aan ’n persoon wat ’n verband met die maatskappy het nie. 61

Verder is dit moontlik vir ’n geaffekteerde persoon, dit wil sê iemand wat deur die aanstelling

van die reddingspraktisyn geraak word, om by die hof aansoek te doen om die aanstelling ter

syde te stel. Sodanige aansoek kan gegrond word op die feit dat die praktisyn nie aan die

vereistes soos uiteengesit in artikel 138 voldoen nie, 62 nie onafhanklik van die maatskappy of

sy bestuur is nie, 63 of met inagneming van die maatskappy se omstandighede nie die nodige

vaardighede het nie. 64 Alhoewel laasgenoemde nie as kwalifikasievereiste gestel word vir die

208

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aanstelling van die reddingspraktisyn in artikel 138 nie, word dit volgens Loubser

inderwaarheid as ’n addisionele vereiste by die agterdeur ingesmokkel. 65

Daar behoort ook gelet te word op die feit dat die nuwe bepalings vervat in artikel 138 ook op

regspersone van toepassing is, aangesien artikel 1 van die wet bepaal dat regspersone

ingesluit word by die begrip persoon. 66 Hierdie bepaling verskil dus van die uitsluiting van

regspersone deur die 1973-Maatskappywet in artikel 372(e).

Een van die interessantste vereistes in die 2008-wet is dat die reddingspraktisyn oor ’n goeie

naam moet beskik as ’n lid van die regsberoep, of die rekeningkundige beroep, of

besigheidsbestuursberoep, of ’n beroep wat behoudens regulasies deur ’n regulerende gesag

deur die Kommissie voorgeskryf is. 67 Bradstreet gee egter te kenne dat die lidmaatskap van

sodanige beroep nie noodwendig dui op ’n persoon se vermoë om ’n maatskappy te red nie,

tensy die lidmaatskap as't ware van die vermoëns van die persoon getuig. 68 Daar kan hieruit

afgelei word dat Bradstreet die lidmaatskap van die beroep wil kwalifiseer deur te vereis dat

slegs bevoegde persone in staat behoort te wees om lidmaatskap te bekom.

Die nuwe bepalings maak ook voorsiening daarvoor dat die persoon wat as

ondernemingsreddingspraktisyn aangestel word, nie as die likwidateur van dieselfde

maatskappy aangestel kan word sou die proses misluk nie. 69 Hierdie bepaling is daarop gerig

om enige botsing van belange te voorkom.

Artikel 138(3) bepaal dat die minister van handel en nywerheid by magte is om regulasies uit

te vaardig wat voorsiening maak vir voorskrifte oor die reddingspraktisyn, insluitende

verskillende minimum kwalifikasies vir verskillende kategorieë maatskappye. 70 Ingevolge die

konsepregulasies kragtens die wet sou die volgende as minimum kwalifikasies geld: In die

geval van ’n maatskappy wat deur die staat besit word, of ’n publieke maatskappy, kan ’n

persoon as ondernemingsreddingspraktisyn aangestel word indien hy (i) ’n toegelate

prokureur is wat vir minstens tien jaar as sodanig praktiseer, en in daardie tyd oorwegend by

’n kommersiële praktyk betrokke was; 71 (ii) lid is van ’n professionele liggaam wat deel vorm

van die Internasionale Federasie van Rekeningkundiges en al vir tien jaar oorwegend as

sodanig kommersieel praktiseer 72 en ’n goeie naam in daardie liggaam het; (iii) ’n

praktiserende likwidateur of "business turnaround practitioner"is wat vir minstens tien jaar as

sodanig geregistreer is; 73 (iv) ’n erkende graad in regsgeleerdheid, ekonomie of

bestuurswetenskap het met minstens tien jaar ondervinding in besigheidsredding. 74 Die

konsepregulasies bepaal verder dat in die geval van enige ander tipe maatskappy die persoon

wat as die ondernemingsreddingspraktisyn aangestel gaan word, slegs oor vyf jaar se

ondervinding hoef te beskik. 75

Die finale regulasies verwys egter nie pertinent na die kwalifikasies van die praktisyn soos in

die konsepregulasies gevind kan word nie. Inteendeel, die vereistes soos hier bo uiteengesit,

is uit die regulasies verwyder en die finale regulasies maak baie meer staat op die kennis en

vaardigheid van die praktisyn en stel dienooreenkomstig hieroor vereistes.

4.3 Kwalifikasievereistes soos uiteengesit in die UNCITRAL-gids

209

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens die Verenigde Nasies se gids oor die insolvensiereg speel die reddingspraktisyn ’n

sentrale rol:

However appointed, the insolvency representative plays a central role in the effective

and efficient implementation of an insolvency law, with certain powers over debtors

and their assets and a duty to protect those assets and their value, as well as the

interests of creditors and employees, and to ensure that the law is applied effectively

and impartially. Accordingly, it is essential that the insolvency representative be

appropriately qualified and possess the knowledge, experience and personal qualities

that will ensure not only the effective and efficient conduct of the proceedings but

also that there is confidence in the insolvency regime. 76

Die kwalifikasies wat daar van ’n reddingspraktisyn vereis word, hang grootliks af van die

fokus van die insolvensiereg en die vlak van beheer wat deur die reddingspraktisyn

uitgeoefen sal word. 77 By die vasstelling van die kwalifikasievereistes behoort in gedagte

gehou te word dat daar ’n balans moet wees tussen die vasstelling van baie streng vereistes

wat aanleiding gee tot die aanstelling van ’n hoogs gekwalifiseerde persoon, maar wat die

poel van professionele persone drasties verklein, en aan die ander kant kwalifikasievereistes

wat te laag is om die kwaliteit diens wat benodig word, te waarborg. 78

5. Kennis en ondervinding as kwalifikasievereistes

Alhoewel ’n persoon oor al die regte kwalifikasies mag beskik, beteken dit nie dat hy oor die

nodige kennis of ondervinding beskik nie. Bradstreet stem met hierdie stelling saam:"A

person qualified in terms of the Act may still lack the necessary skills or experience for the

job." 79

5.1 Kennis en ondervinding van die geregtelike bestuurder

Sonder dat die 1973-wet 80 enige vereiste met betrekking tot die kennis en/of ondervinding

van die geregtelike bestuurder gestel het, is daar van die geregtelike bestuurder verwag om

oor sekere vaardighede te beskik. Sonder die nodige vaardighede sou dit vir ’n geregtelike

bestuurder onmoontlik gewees het om sy verpligtinge, soos in die wet 81 beoog was, na te

kom.

Ingevolge artikel 433 is daar onder andere van die geregtelike bestuurder verwag om die

bestuur van die maatskappy by die direksie oor te neem, 82 welke verpligting by implikasie

vereis het dat hy oor bestuursvaardighede behoort te beskik. Verder is daar vereis dat hy die

bestuur op ’n wyse moet behartig wat na sy mening die mees ekonomiese en bevorderlike vir

die belange van die lede en skuldeisers is. 83 Hierdie verpligting het op sy beurt vereis dat hy

nie slegs oor bestuursvaardighede moet beskik nie, maar ook dat hy die vaardighede op ’n

goeie ekonomiese grondslag moet behartig. Daar is ook van hom verwag om

rekeningkundige rekords te hou en finansiële jaarstate op te stel. 84 Alhoewel die geregtelike

bestuurder van ’n rekeningkundige kon gebruik maak vir die uitvoering van hierdie plig,

210

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

moes hy steeds oor die nodige kennis ten aansien van rekeningkundige rekords en die lees

daarvan beskik.

Alhoewel daar nie na al die pligte van die geregtelike bestuurder verwys is nie, is dit uit

bostaande duidelik dat hy wel ’n mate van kennis en ondervinding nodig gehad het om sy

verpligtinge te kon nakom.

5.2 Kennis en ondervinding van die ondernemingsreddingspraktisyn

Terwyl kennis en ondervinding by die 1973-Maatskappywet slegs geïmpliseer is, maak die

2008-wet en die regulasies daartoe dit duidelik dat kennis en sekerlik ondervinding ’n groot

rol in besigheidsredding speel.

Die 2008-wet bepaal dat ’n geaffekteerde persoon by die hof aansoek kan doen om ’n bevel

wat die aanstelling van die praktisyn ter syde stel op grond daarvan dat hy nie oor die nodige

vaardighede beskik nie. 85 Verder kan die hof op versoek van ’n geaffekteerde persoon, of uit

eie beweging, die ondernemingsreddingspraktisyn van sy amp onthef indien hy onbevoeg is

om sy pligte uit te voer, 86 of indien hy versuim om die toepaslike mate van sorgsaamheid in

die uitvoering van sy pligte aan die dag te lê. 87 Dit bevestig dat die 2008-wet wel ’n groter

klem plaas op die kennis en ondervinding van die ondernemingsreddingspraktisyn. Volgens

die King III-verslag is dit in die belang van al die rolspelers indien die reddingspraktisyn

bekwaam is. 88

Soos in die geval van die geregtelike bestuurder moet sommige van die vaardighede wat van

die reddingspraktisyn vereis word, uit sy verpligtinge afgelei word. Alhoewel dit nie as

vereiste gestel word dat hy oor sulke vaardighede hoef te beskik nie, word daar geïmpliseer

dat hy ook oor goeie bestuursvaardighede behoort te beskik, aangesien die wet van hom

vereis om die bestuur van die maatskappy oor te neem. 89 Verder is dit ook die praktisyn se

plig om ’n ondernemingsreddingsplan te ontwikkel. 90

Regulasie 126(4) kragtens die wet bepaal ook dat die Kommissie slegs aan ’n

reddingspraktisyn wat die kommissie oortuig dat sy onderrig en ervaring hom behoorlik

toerus om sy funksies as reddingspraktisyn te kan uitvoer, ’n lisensie sal verskaf. 91 Soos blyk

uit die bespreking hier bo, vereis die regulasies kragtens die nuwe wet verder dat die

reddingspraktisyn oor ’n goeie naam moet beskik as lid van die regsberoep, of die

rekeningkundige beroep, of besigheidsbestuursberoep, of ’n beroep wat behoudens regulasies

deur ’n regulerende gesag deur die Kommissie voorgeskryf is. 92 Afhangend van die tipe

maatskappy wat betrokke is, sal die persoon wat as reddingspraktisyn aangestel word, oor óf

vyf óf tien jaar se praktyksondervinding moet beskik.

Die argument kan nietemin geopper word dat die ondervinding wat in die konsepregulasies

vereis is, nie noodwendig verband gehou het met die taak wat verrig staan te word nie.

Bradstreet stel dit tereg as volg:

211

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

These requirements listed in the alternative, do not seem to address the problem:

namely the managerial nature of the role performed by the practitioner, and the

irrelevance of a professional's experience in a closely related, but entirely different

area of expertise. 93

Burdette spreek ook kritiek uit teen die voorgestelde bepalings oor ondervinding. Hy is van

mening dat ’n prokureur wat vir vyf jaar vir sy eie rekening praktiseer, slegs vyf jaar se

ervaring in ’n regsfeer besit. Die aanstelling van sodanige persone sal sekerlik nie voordelig

vir die besigheidsreddingsbedryf in Suid-Afrika wees nie, aangesien die ervaring waaroor die

prokureur beskik, hom nie noodwendig kwalifiseer as ’n besigheidsreddingkenner nie. 94 Hy

maak die aanbeveling dat die ervaring wat vereis word, eerder gerig moet wees op

ondervinding, kwalifikasie, en vaardigheid in die besigheidsfeer. 95 Insgelyks bevel Bradstreet

aan dat daar groter klem op bestuursvaardighede gelê moet word. 96 Volgens Finch bestaan

goeie bestuursvaardighede uit ’n verskeidenheid elemente:"The latter expertise can, in turn,

be disaggregated into expertise regarding such matters as: reroganisation strategies;

operations; marketing; product development and human resources." 97

Die finale regulasies maak voorsiening vir die indeling van maatskappye in groepe, naamlik

klein, medium en groot maatskappye, waarby maatskappye in staatsbesit ingesluit is. 98 Die

regulasies bepaal voorts dat daar ook sekere groepe reddingspraktisyns bestaan, naamlik

junior, 99 ervare 100 en senior praktisyns. 101 Hierdie groepe praktisyns word verder ingedeel by

verskillende groottes maatskappye ten einde aan te dui welke tipe praktisyn die mees gepas

vir ’n spesifieke maatskappy sal wees. So maak die regulasie byvoorbeeld voorsiening

daarvoor dat junior, ervare en senior praktisyns aangestel kan word as reddingspraktisyns vir

klein maatskappye; 102 ervare en senior praktisyns kan aangestel word as reddingspraktisyns

vir ’n mediumgrootte maatskappy, maar ’n junior mag slegs as assistent hier optree; 103 slegs

senior praktisyns mag as reddingspraktisyn vir ’n groot maatskappy of ’n maatskappy in

staatsbesit aangestel word, terwyl junior en ervare praktisyns slegs as assistente hier mag

optree. 104 Die volgende tabel verskaf ’n uiteensetting van die bepalings wat in die regulasies

vervat is.

Klein maatskappy (art.

127(2)(b)(iii))

Medium-maatskappy (art.

127(2)(b)(ii))

Groot maatskappy of

maatskappy in staatsbesit

(art. 127(2)(b)(i))

Junior praktisyns Ervare praktisyns Senior praktisyns

Ervare praktisyns Senior praktisyns Ervare praktisyns (mag egter

slegs assisteer)

Senior praktisyns Junior praktisyns (mag egter

slegs assisteer)

Junior praktisyns (mag egter

slegs assisteer)

Uit die voorgaande bespreking is dit duidelik dat die 2008-wet aansienlik meer klem lê op die

ondervinding van die persoon wat as reddingspraktisyn aangestel word en probeer verhoed

212

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dat byvoorbeeld onervare oftewel junior praktisyns aangestel kan word om groot

maatskappye te probeer red.

Die feit dat die wet nou ondervinding vereis op die gebied van besigheidsredding, bring

terselfdertyd sowel ’n verbetering as ’n probleem mee. Aangesien Suid-Afrika nie oor ’n

reddingskultuur beskik nie, maar eerder oor ’n likwidasiekultuur, dra dit vanselfsprekend

daartoe by dat baie min persone oor die nodige vaardighede beskik om hulself as "turnaround

managers" of maatskappydokters te kan beskou. 105

Die vraag kan gevra word of die oplossing vir die bogenoemde probleme nie dalk lê in die

bepaling dat regspersone as reddingspraktisyns mag optree nie. 106 Sodanige oplossing hou

egter ook ’n paar onsekerhede in, aangesien daar verskeie onduidelikhede in die wet

voorkom. Die aanvanklike teks van die wet het in artikel 138(2) bepaal dat ’n persoon of

vereniging van persone as reddingspraktisyns aangestel mag word, maar die

Maatskappywysigingswet 107 het die woorde "of vereniging" uit die wet geskrap. Die

bedoeling hieragter is onduidelik, aangesien dit nie werklik ’n verskil maak nie, omdat artikel

1 van die wet regspersone by die woord persoon insluit. 108 Derhalwe sluit enige bepaling

aangaande die aanstelling van die reddingspraktisyn steeds regspersone in. Verder is dit

belangrik om daarop te let dat die konsepregulasies kragtens die wet spesifiek in regulasie

133(3) voorsiening gemaak het vir die aanstelling van regspersone as reddingpraktisyns. 109

Die finale regulasies het egter die verwysing na regspersone verwyder en daar word dus nou

glad nie meer in die regulasies na regspersone as reddingspraktisyns verwys nie. Nietemin

behoort daar volledigheidshalwe verwys te word na die moontlikheid om regspersone as

reddingspraktisyns aan te stel.

Davis et al. spreek kritiek uit oor die aanstelling van regspersone as reddingspraktisyns omdat

hulle van mening is dat regspersone nie aan die vereistes kan voldoen nie. 110 Hulle bespreek

vervolgens die volgende probleme: Volgens artikel 138(1)(b) mag die persoon wat as

ondernemingsreddingspraktisyn aangestel word, nie kragtens artikel 162(7) aan ’n proefbevel

onderhewig wees nie. 111 Aangesien sodanige bevel slegs teen ’n direkteur van ’n maatskappy

gemaak kan word, wat altyd ’n natuurlike persoon moet wees, is hulle van mening dat dit

onduidelik is hoe hierdie vereiste op regspersone van toepasssing kan wees. 112 Verder vereis

artikel 138(1)(c) dat ’n praktisyn nie ingevolge artikel 69(8) gediskwalifiseer mag wees om

as ’n direkteur van die maatskappy op te tree nie. 113 Soos reeds in die bespreking hier bo

aangedui, mag ’n regspersoon nie as die direkteur van ’n maatskappy aangestel word nie 114

en word dus gediskwalifiseer om as sodanig op te tree. Volgens Davis et al. voldoen ’n

regspersoon dienooreenkomstig nie aan die vereiste soos uiteengesit in artikel 138(1)(c)

nie. 115

Soos reeds genoem, verskaf artikel 1 van die wet ’n definisie van persoon waarby

regspersone uitdruklik ingesluit word. 116 Dié definisie, wat dit in effek moontlik maak vir die

regspersoon om as reddingspraktisyn aangestel te word, is egter direk in stryd met die

bepalings van artikel 138 van die wet. 117 Hierdie twee uiteenlopende bepalings is klaarblyklik

onversoenbaar, aangesien die wet terselfdertyd voorsiening maak vir die aanstelling en

diskwalifisering van regspersone om as reddingspraktisyns op te tree. 18

213

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Bradstreet gee te kenne dat die aanstelling van regspersone as reddingspraktisyns wel nuttig

kan wees in gevalle waar baie groot maatskappye betrokke is en waar die vervanging van ’n

uiters groot bestuur van toepassing is. 119

Soos uit voorgaande bespreking blyk, kan die aanstelling van regspersone as

reddingspraktisyns wel moontlike oplossings in verband met die kennis- en

ondervindingvereiste bied, maar die huidige bepalings daaromtrent is onvoldoende om

regspersone werklik as hulpmiddel aan te wend. 120

5.3 Kennis en ondervinding ingevolge die UNCITRAL-gids

Volgens die Verenigde Nasies se gids oor die insolvensiereg is dit belangrik dat die

insolvensiepraktisyn oor meer as slegs kennis van die reg beskik:

The complexity of many insolvency proceedings makes it highly desirable for the

insolvency representative to be appropriately qualified, with knowledge of the law

(not only insolvency law, but also relevant commercial, finance and business law), as

well as adequate experience in commercial and financial matters, including

accounting. 121

Dit is dus duidelik dat die UNCITRAL-gids bevestig dat ’n praktisyn nie slegs kennis en

ondervinding ten aansien van een betrokke vakgebied moet hê nie, maar ook van ander

relevante vakgebiede wat ook ’n rol kan speel. 122

6. Persoonlike eienskappe as deel van kwalifikasievereistes

Daar word aan die hand gedoen dat ’n reddingspraktisyn noodwendig oor sekere persoonlike

eienskappe moet beskik. In die 1973-Maatskappywet is daar geensins melding gemaak van

enige sodanige persoonlikheidseienskappe wat by die geregtelike bestuurder aanwesig moet

wees nie.

Die 2008-wet verwys wel na sekere persoonlike eienskappe betreffende die

reddingspraktisyn. Ingevolge artikel 130 kan ’n geaffekteerde persoon by ’n hof aansoek

doen om ’n bevel wat die aanstelling van die praktisyn ter syde stel op grond daarvan dat die

praktisyn nie onafhanklik van die maatskappy of sy bestuur is nie. 123 Uit hierdie bepaling kan

daar afgelei word dat die objektiwiteit van die praktisyn van uiterste belang is. Laasgenoemde

word verder benadruk deur die bepalings in artikels 138 124 en 139. 125 Die King III-verslag

waarsku die direksie van ’n maatskappy om daarteen te waak om iemand aan te stel met wie

hulle te bekend is, aangesien dit juis kan lei tot ’n gebrek aan onafhanklikheid. 126 Dit is

volgens die verslag voorts in die belang van al die rolspelers indien die praktisyn

onafhanklik, bekwaam en objektief is, integriteit het en iemand is wat al die betrokkenes se

belange op die hart dra. 127

214

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Regulasie 126(4) van die wet bepaal dat die Kommissie ’n besigheidsreddingslisensie mag

toeken slegs aan ’n persoon wat die Kommissie oortuig het dat hy van goeie karakter en

integriteit is. 128 Of laasgenoemde vereiste prakties moontlik is, is te betwyfel.

Die UNCITRAL-gids verwys ook na die persoonlike eienskappe waaroor ’n

reddingspraktisyn behoort te beskik en beveel aan dat sekere eienskappe deel van die

kwalifikasievereistes moet vorm:

The insolvency law should specify the qualifications and qualities required for

appointment as an insolvency representative, including integrity, independence,

impartiality, requisite knowledge of relevant commercial law and experience in

commercial and business matters. 129

7. Botsende belange

Soos reeds hier bo genoem, is die onafhanklikheid, objektiwiteit en die integriteit van die

reddingspraktisyn van uiterste belang. Dit vorm juis deel van die bepalings wat beoog om te

voorkom dat die praktisyn sy pligte in konflik met sy persoonlike belange uitvoer.

7.1 Die geregtelike bestuurder en botsende belange

Dit het dikwels gebeur dat die geregtelike bestuurder by die mislukking van die

reddingsprosedure aangestel is as die likwidateur van dieselfde maatskappy. Die rede waarom

hierdie verskynsel as ’n botsende belang beskou is, kan as volg verduidelik word:

The fees for liquidation are often higher than the fees for judicial management. This

represents a conflict of interest where a judicial manager or provisional judicial

manager must recommend liquidation and then can apply for the appointment as

liquidator. 130

Aangesien die mislukking van die reddingsproses ’n moontlike groter voordeel vir die

reddingspraktisyn inhou, verdwyn die begeerte om alles moontlik te doen om die maatskappy

te red: "Judicial managers should be encouraged to make a success of judicial management

by providing that judicial managers should not be appointed as liquidators in subsequent

liquidation." 131

Die gebrek aan ’n bepaling ten einde hierdie konflik te vermy, kan ook aangeteken word as ’n

faktor wat bygedra het tot die lae sukseskoers van geregtelike bestuur.

7.2 Die ondernemingsreddingspraktisyn en botsende belange

Dit wil voorkom of die wetgewer die kritiek oor die gebrek aan ’n bepaling betreffende die

moontlike botsende belange van die reddingspraktisyn in die vorige wetgewing in gedagte

gehou het en derhalwe spesifiek daarvoor voorsiening gemaak het in die 2008-wet.

215

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar is twee bepalings in die wet wat hierdie onderwerp aanspreek. Die eerste en

belangrikste kan gevind word in artikel 140(4). 132 Hier word voorsiening daarvoor gemaak

dat indien die maatskappy se redding misluk en die maatskappy in likwidasieverrigtinge moet

oorgaan, die reddingspraktisyn nie as die likwidateur van die maatskappy aangestel mag

word nie. 133

Die ander belangrike bepaling vervat in die wet met die doel om enige botsende belange te

probeer verhoed, word gevind in artikel 138(1). Hierdie artikel bepaal dat ’n persoon as

praktisyn aangestel mag word slegs indien hy nie enige verwantskap met die maatskappy het

wat ’n redelike en ingeligte derde party sou laat aflei dat die integriteit, onpartydigheid of

objektiwiteit van daardie persoon deur daardie verwantskap onder verdenking gebring word

nie, 134 of dat hy nie verwant is aan ’n persoon wat ’n verband met die maatskappy het nie. 135

Artikel 139 maak verder spesifiek voorsiening daarvoor dat ’n persoon wat geraak word, die

hof mag nader om ’n praktisyn van sy amp te onthef indien daar botsende belange of ’n

gebrek aan onafhanklikheid by die praktisyn teenwoordig is. 136 Hierdie artikels is duidelik

daarop gemik om enige familiariteit tussen die maatskappy en die praktisyn uit die weg te

ruim en sal derhalwe bydra tot die voorkoming van botsende belange tydens

ondernemingsreddingsverrigtinge.

7.3 Die UNCITRAL-gids en botsende belange

Die Verenigde Nasies se gids oor insolvensie-aangeleenthede bevat ’n hele aantal

aanbevelings met betrekking tot botsende belange. Volgens die gids is dit noodsaaklik vir ’n

insolvensiepraktisyn om aan te dui dat hy onafhanklik optree van gevestigde belange, hetsy

van ’n ekonomiese, familiêre of ander aard. 137

Die insolvensiepraktisyn behoort volgens die gids deur die reg verplig te word om enige

moontlike botsende belange te openbaar, en behoort ook voor te skryf aan wie sodanige

openbaarmaking moet geskied. 138 Die gids stel verder voor dat die reg behoort te spesifiseer

welke omstandighede as botsende belange beskou sal word, asook wat die gevolge sal wees

indien botsende belange wel deur die praktisyn openbaar word, of op ’n latere stadium ontdek

word. 139

In order to enhance the transparency, predictability and integrity of an insolvency

regime, it is desirable that an insolvency law specify the degree of relationship that

gives rise to such a conflict of interest, including specifying those relationships which

will disqualify a person from being appointed. 140

Daar is ’n verskeidenheid omstandighede wat aanleiding tot botsende belange kan gee. Dit

kan voorkom as gevolg van ’n reeks voormalige of bestaande verhoudings met die

skuldenaar, soos ’n besigheidsverhouding met die skuldenaar, ’n verhouding met ’n

skuldeiser van die skuldenaar, ensovoorts. 141

216

8. Gevolgtrekking en samevatting

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Uit die voorgaande bespreking is dit duidelik dat die onderwerp aangaande die

reddingspraktisyn nie ’n maklike een is nie. Die gevolgtrekking wat wel bereik kan word, is

dat hierdie persoon ’n sentrale rol speel in die suksesvolle redding van ’n maatsakppy; maar

die teendeel is natuurlik ook waar, naamlik dat die reddingsproses as gevolg van die

reddingspraktisyn kan misluk.

Die reddingspraktisyn is sekerlik die sleutelfiguur in die nuwe

ondernemingreddingsverrigtinge. Die kwalifikasies en van die bevoegdhede van die praktisyn

is aansienlik gewysig en aangepas met die oog op die verbetering van die 2008-wet se

reddingsmodel.

Wat betref die beheer oor die bestuur van die maatskappy, wil dit voorkom of die nuwe wet

’n daadwerklike verbetering aangebring het. Tydens geregtelike bestuur is die bestuur van die

maatskappy totaal van die direksie weggeneem en was nie net die bestuur van die

maatskappy nie, maar ook die redding daarvan afhanklik van slegs die geregtelike bestuurder.

Die wet maak egter nou voorsiening vir samewerking tussen die praktisyn en die direksie,

met die doel dat laasgenoemde die praktisyn byvoorbeeld behulpsaam kan wees in minder

belangrike bestuursaangeleenthede. Dit is nietemin duidelik dat die 2008-Maatskappywet ’n

definitiewe verskuiwing vanaf die vervangingsbenadering maak, alhoewel die maatskappy

wat ondernemingsredding ondergaan, steeds nie as ’n "skuldenaar in besit" beskou kan word

nie. 142 Volgens die UNCITRAL-gids behoort daar egter duidelike reëls te bestaan oor wat die

direksie en die praktisyn se onderskeie take behels. Artikels 140 en 141 sit die take van die

praktisyn uiteen, terwyl artikel 142 bepaal dat die direksie met die praktisyn moet saamwerk

en hom behulpsaam moet wees. 143 Derhalwe voldoen die 2008-wet aan die riglyne van die

gids in dié verband. Hierdie nuwe benadering kan die maatskappy se kanse op herstel en

sukses grootliks verbeter deurdat die direksie steeds van die minder belangrike

bestuursbevoegdhede hanteer, terwyl die reddingspraktisyn die kans kry om hom op die

redding van die maatskappy toe te spits.

Ten einde die reddingspraktisyn as sleutelfiguur in staat te stel om die redding van die

maatskappy te bewerkstelllig, behoort hy oor sowel sekere kwalifikasies as kennis en

ondervinding te beskik. Die kwalifikasievereistes van praktisyns is daarom ook verbeter.

Waar die vorige wet 144 geen spesiale of algemene vereistes met betrekking tot kwalifikasies

bevat het nie, maak die nuwe wet 145 melding van verskeie vereistes waaraan die praktisyn

moet voldoen. Die regulasies kragtens die wet speel ook ’n belangrike rol met betrekking tot

die kwalifikasievereistes van die reddingspraktisyn en bepaal byvoorbeeld dat wanneer die

kommissie oorweeg of ’n praktisyn van ’n lisensie voorsien moet word, die kwalifikasies van

die praktisyn in ag geneem moet word. 146

Dit wil voorkom of die nuwe bepalings op een lyn is met die UNCITRAL-gids, veral vir

sover dit die balans betref tussen die vasstelling van baie streng vereistes wat aanleiding gee

tot die aanstelling van ’n hoogs gekwalifiseerde persoon, maar wat die poel van professionele

217

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

persone drasties verklein, en aan die ander kant kwalifikasievereistes wat te laag is om die

kwaliteit diens wat benodig word, te waarborg. 147

Kennis en ondervinding is ingevolge die 1973-wet geïmpliseer deur die verpligtinge van die

geregtelike bestuurder. Dit het onder andere bestuursvaardighede en kennis oor

rekeningkundige rekords ingesluit. Die 2008-wet bring weer eens ’n groot verbetering aan

deurdat beide die wet en die regulasies daartoe dit duidelik maak dat kennis en ondervinding

’n groot rol in besigheidsredding speel.

Ingevolge die regulasies word kennis en ondervinding in besigheidsreddingpraktyk vereis. 148

Alhoewel dit ’n groot verbetering daarstel, naamlik dat die praktisyn wat as ’n likwidateur, of

selfs slegs as ’n prokureur, gepraktiseer het, nie aan die vereiste voldoen nie, is daar baie min

persone wat wel aan hierdie vereiste sal kan voldoen. Likwidateurs moet beskou word as ’n

groep persone wat in geen omstandighede as reddingspraktisyns aangestel mag word nie. ’n

Lykbesorger kan immers nie die werk van ’n geneesheer behartig nie. Alhoewel hierdie

bepaling ’n groot verbetering daarstel, gaan daar nie baie persone wees wat wel aan hierdie

vereiste sal kan voldoen nie. Die rede is dat Suid-Afrika nie oor ’n reddingskultuur beskik

nie, maar eerder oor ’n likwidasiekultuur. Dit dra vanselfsprekend daartoe by dat baie min

persone oor die nodige vaardighede beskik om hulself as "turnaround managers"of

maatskappydokters te kan beskou. 149

’n Benadering waaraan oorweging geskenk behoort te word, is die aanstelling van

regspersone as reddingspraktisyns, aangesien hierdie benadering ’n moontlike oplossing kan

bied op die gebied van kennis en ondervinding. Die aanstelling van regspersone as praktisyns

is egter problematies, aangesien die wetsbepalings in dié verband dubbelsinnig en onduidelik

is. Indien ’n regspersoon wel as reddingspraktisyn aangestel mag word, kan die onderskeie

werknemers van die regspersoon oor verskillende vermoëns beskik en kan elk ’n bydra tot die

redding van die maatskappy lewer.

Die nuwe bepalings rakende kennis en ondervinding blyk ooreen te stem met die

UNCITRAL-gids. Dit word bevestig deur die groot klem wat deur die gids op hierdie

eienskapppe geplaas word.

Die persoonlike eienskappe wat van ’n praktisyn verwag kan word, is nie in die 1973-wet

aangespreek nie. Daarteenoor vereis die nuwe Maatskappywet 150 wel sekere persoonlike

eienskappe wat by die praktisyn aanwesig moet wees. Beide die wet 151 en die King-verslag

benadruk die onafhanklikheid oftewel objektiwiteit van die praktisyn. Die regulasies bepaal

verder dat die Kommissie ’n besigheidsreddingslisensie mag toeken slegs aan ’n persoon wat

goeie karakter en integriteit vertoon. 152 Die bepalings in hierdie verband is dus ook besig om

meer op een lyn met die internasionale standaarde te kom. Die UNCITRAL-gids maak dit

duidelik dat integriteit, onafhanklikheid en onpartydigheid eienskappe is wat deel van die

praktisyn se kwalifikasievereistes behoort te wees. 153

Ten einde te verseker dat die praktisyn onafhanklik en onpartydig van die maatskappy is,

bevat die nuwe wet 154 verskeie bepalings wat spesifiek daarop gerig is om ’n botsing van

218

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

belange te vermy. Die belangrikste verbetering op hierdie gebied word in die bepaling gevind

dat die reddingspraktisyn nie as die likwidateur van die maatskappy aangestel mag word sou

die ondernemingsredding misluk nie. 155 Daar het geen sodanige verbod in die vorige

wetgewing bestaan nie. Die gevolg was dat ’n geregtelike bestuurder nie ingestel was op die

redding van die maatskappy nie, maar eerder op die feit dat dit hom/haar finansieel meer sou

baat indien die maatskappy oorgaan in likwidasie en hy/sy as die likwidateur aangestel sou

word. 156 Volgens die UNCITRAL-gids is dit noodsaaklik vir ’n insolvensiepraktisyn om aan

te dui dat hy onafhanklik van gevestigde belange optree, hetsy van ’n ekonomiese, familiêre

of ander aard. 157 Ook op hierdie gebied blyk die nuwe wetgewing op een lyn met die

internasionale standard te wees.

Uit bostaande bespreking blyk duidelik dat die bepalings oor die nuwe

ondernemingsreddingspraktisyn ’n groot verbetering op die gebied van korporatiewe redding

aanbring. Dit is uiters belangrik dat die bes-gekwalifiseerde persone aangestel word as

reddingspraktisyns, juis omdat hierdie persone ’n deurslaggewende rol in die redding van

maatskappye speel en dikwels die grootste bydrae tot die uitkoms van die reddingsprosedure

lewer. Daar behoort egter aandag geskenk te word aan die opleiding van bevoegde persone

ten einde meer persone daar te stel wat wel voldoen aan die vereistes soos in die wet

uiteengesit.

Bibliografie

Davis, D. et al. 2010. Companies and other business structures in South Africa. 2de uitgawe.

Kaapstad: Oxford University Press.

Bradstreet, R. 2010. Exploring the possibility of a composite business rescue practitioner. De

Rebus, September, ble. 48–9.

—. 2010a. The leak in the Chapter 6 lifeboat: Inadequate regulation of business rescue

practitioners may adversely affect lenders' willingness and growth of the economy. South

African Mercantile Law Journal,22(2):195–213.

Burdette, D. 2004. Some initial thoughts on the development of a modern and effective

business rescue model for South Africa (part 2). South African Mercantile Law Journal,

16(3):409–47.

Finch, V. 2005. Control and co-ordination in corporate rescue. Legal Studies: The Journal of

the Society of Legal Scholars,25(3):374–403.

Kinsler, J. 1997. Corporate Insolvency Law in Australia and the United States: uncommon

origins, dissimilar objectives. International Trade and Business Law, 129–52.

Kloppers, P. 1999. Judicial management a corporate rescue mechanism in need of reform?

(10) Stellenbosch Law Review, 417–35.

219

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Lamprecht, C. 2008. Business rescue replacing judicial management: an assessment of the

extent of problems solved. South African Journal of Accounting Research, 22(1):183–196.

Loubser, A. 2004. Judicial management as a business rescue procedure in South African

corporate law. South African Mercantile Law Journal, 16(2):137–63.

—. 2007. Business rescue in South Africa: a procedure in search of a home? Comparative

and International Law Journal of Southern Africa, 40(1):123–39.

—. 2008. The role of shareholders during corporate rescue: Always on the outside looking

in? South African Mercantile Law Journal,20(3):372–90.

—. 2010. The business rescue proceedings in the Companies Act of 2008: concerns and

questions (part 1). Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:501–14.

Olver, A.H. 1986. Judicial management - a case for law reform. Tydskrif vir Hedendaagse

Romeins Hollandse Reg, 49(1):84–9.

Rajak, H. en J. Henning. 1999. Business rescue for South Africa. The South African Law

Journal, 116(2):262–87.

Salant, J. 2010. Business rescue operations and the new Companies Act. De Rebus,

Januarie/Februarie,ble. 29–30.

Eindnotas

1 Maatskappywet 71 van 2008.

2 Maatskappywet 61 van 1973.

3

Bradstreet 2010(a):201: "The success of an insolvency regime is heavily dependent on those

who administer it."

4 Finch 2005:385.

5 Loubser 2007:123.

6 Loubser 2007:123.

7 Maatskappywet 61 van 1973: artt. 429 en 430.

8 Maatskappywet 71 van 2008 art. 128(1)(d): "'[O]ndernemingreddingspraktisyn' [beteken] ’n

persoon wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangestel is, of twee of meer persone wat

gesamentlik aangestel is, om toesig te hou oor ’n maatskappy gedurende

ondernemingsreddingsverrigtinge en 'praktisyn' het ’n ooreenstemmende betekenis."

220

9 Kloppers 1999:430.

10 Bradstreet 2010(a):199.

11 Bradstreet 2010(a):199.

12 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 5 item 2(l).

13 Kinsler 1997:150; Bradstreet 2010(a):199.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

14 61 van 1973 art. 428(2)(a): "A provisional judicial management order shall contain

directions that the company named therein shall be under the management, subject to the

supervision of the Court, of a provisional judicial manager appointed as hereinafter provided,

and that any other person vested with the management of the company's affairs shall from the

date of the making of the order be divested thereof."

15 Kloppers 1999:430.

16 Kloppers 1999:430.

17 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 166 item (c)17: "There may be,

however, disadvantages to this approach, which include it being used in situations where the

outcome is clearly not likely to be successful or to delay the inevitable with the result that

assets continue to be dissipated and the possibility that the debtor may act irresponsibly and

even fraudulently during the period of control, undermining the reorganization as well as the

confidence of creditors."

18 Kinsler 1997:151: "It may seem counter-intuitive for the management of an insolvent

corporation to be retained during Chapter 11 reorganisation. These are, of course, the same

men and women who ran the company into insolvency."

19 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 166 item (c)17.

20 71 van 2008 art. 140(1)(a).

21 71 van 2008 art. 137(2)(a)–(c): "Tydens ’n maatskappy se ondernemingreddingsverrigtinge

— (a) moet elke direkteur van die maatskappy, behoudens die gesag van die praktisyn,

voortgaan om die funksies van direkteur uit te oefen; (b) het elke direkteur van die

maatskappy ’n plig om enige bestuursfunksie in die maatskappy ooreenkomstig die

uitdruklike opdragte of voorskrif van die praktisyn uit te oefen, tot die mate dat dit redelik is

om dit te doen; (c) bly elke direkteur gebonde aan die vereistes van artikel 75 rakende

persoonlike finansiële belange van die direkteur of ’n verwante persoon."

22

Bradstreet 2010(a):199: "It is not clear whether the words 'in substitution' imply a complete

divestment."

23 King III, Praktyksnotas: Leiding op besigheidsredding 13.

24 Bradstreet 2010(a):200.

221

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

25 Bradstreet 2010(a):200; UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 164

item (b)11.

26 Bradstreet 2010(a):200. Die maatskappy word bv. steeds beperk t.a.v. handelinge t.o.v. die

maatskappy se bates.

27 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 164 item (b)11.

28 Bradstreet 2010(a):199.

29 Salant 2010:29–30.

30 Salant 2010:29–30.

31 Bradstreet 2010(a):208.

32 Bradstreet 2010(a):208.

33 2011 5 SA 600 (WCC) (Volksblad, 28 September 2011, bl. 11).

34 Bradstreet 2010(a):208.

35 Rajak en Henning 1999:68.

36 Lamprecht 2008:192: "[J]udicial management has historically been seen as an adjunct to

liquidation, which has led to many professional liquidators being appointed to act as judicial

managers. The objectives and duties of these two functions, however, are diametrically

opposed."

37 Lamprecht 2008:192: "While the judicial manager's objective is to maintain a business with

a view to restoring it to health, a liquidator's objective is to stop trading and to sell assets as

soon as possible.";Olver 1986:86; sien ook Kloppers 1999:424: "While a judicial manager's

objective is to carry on trading to restore the business to prosperity, the liquidator's function

is to stop trading and to sell the assets as quickly as possible."

38 Olver 1986:86; Lamprecht 2008:192.

39 Bradstreet 2010(a):207.

40 Loubser 2008:375.

41 Loubser 2008:375.

42 Bradstreet 2010(a):204.

43 61 van 1973; Rajak en Henning 1999:264.

44 61 van 1973 art. 431(4): "Die bepalings van hierdie Wet met betrekking tot die bewys van

eise teen ’n maatskappy wat gelikwideer word en tot die benoeming en aanstelling van ’n

likwidateur van ’n maatskappy is mutatis mutandis van toepassing met betrekking tot die

222

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bewys van eise teen ’n maatskappy wat onder geregtelike bestuur geplaas is en die

benoeming en aanstelling van ’n geregtelike bestuurder van so ’n maatskappy." Sien ook

Loubser 2004:155.

45 61 van 1973 art. 372(a).

46 61 van 1973 art. 372(d).

47 61 van 1973 art. 372(e).

48 61 van 1973 art. 372(f).

49 61 van 1973 art. 372(g).

50 61 van 1973 art. 372(h).

51 61 van 1973 art. 372(i).

52 Loubser 2004:155.

53 Loubser 2004:156.

54 Loubser 2007:124; Burdette 2004:429.

55 Sien supra n. 36.

56 71 van 2008 art. 138.

57 71 van 2008 art. 138(1)(a) saamgelees met art. 138(2). Dit is interessant om daarop te let

dat die konsepwysigingswet ’n keuse gestel het in art. 138(1)(a) deur tussen subart. (i) en (ii)

die woord "or"aan te bring, maar die finale wysigingswet het die woord verwyder en moet

die afleiding derhalwe gemaak word dat ’n persoon slegs aangestel kan word as

ondernemingsreddingspraktisyn indien hy beide subartikel (i) en (ii) se vereistes vervul.

58 71 van 2008 art. 138(1)(b).

59 71 van 2008 art. 138(1)(c).

60 71 van 2008 art. 138(1)(d).

61 71 van 2008 art. 138(1)(e).

62 71 van 2008 art. 130(1)(b)(i).

63 71 van 2008 art. 130(1)(b)(ii).

64 > 71 van 2008 art. 130(1)(b)(iii).

65 Loubser 2010:507.

223

66 71 van 2008 art. 1: "Persoon: ook ’n regspersoon."

67 71 van 2008 art. 138(1)(a) saamgelees met art. 138(2).

68 Bradstreet 2010(a):205.

69 71 van 2008 art. 140(4).

70 71 van 2008 art. 138(3)(b).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

71 Draft companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(2)(a)(i);

Bradstreet 2010(a):207.

72 Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(2)(a)(ii);

Bradstreet 2010:207.

73 Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(2)(a)(iii);

Bradstreet 2010:207.

74 Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(2)(a)(iv);

Bradstreet 2010:207.

75 Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(2)(b).

76 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 174 item (B)35.

77 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 174 item (B)36.

78 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 174 item (B)37.

79 Bradstreet 2010(a):205.

80 61 van 1973.

81 61 van 1973 art. 433.

82 61 van 1973 art. 433(a).

83 61 van 1973 art. 433(b).

84 61 van 1973 art. 433(f).

85 71 van 2008 art. 130(1)(b)(3).

86 71 van 2008 art. 139(2)(a).

87 71 van 2008 art. 139(2)(b).

88 King III Praktyksnotas: Leiding op besigheidsredding 10.

224

89 71 van 2008 art. 140(1)(a).

90 71 van 2008 art. 140(1)(d).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

91 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 126(4): "[T]he

applicant's education and experience are sufficient to equip the applicant to perform the

functions of a business rescue practitioner."

92 71 van 2008 art. 138.

93 Bradstreet 2010(a):207.

94 Burdette 2004:430.

95 Burdette 2004:430: "It is submitted that the criteria should rather be based on experience,

qualifications and expertise within the sphere of business."

96

Bradstreet 2010(a):207: "It is submitted that managerial ability ought to be more prominent

a requirement generally."

97 Finch 2005:385.

98 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(2)(b).

99 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(2)(c)(iii).

100 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(2)(c)(ii).

101 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(2)(c)(i).

102 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(3)-(5).

103 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(3)-(5).

104 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127(3)-(5).

105 Burdette 2004:429.

106 Bradstreet 2010(a):208; Wet 71 van 2008 art. 1.

107 Companies Amendment Act 3 van 2011.

108 71 van 2008 art. 1.

109

Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 133(3);

Bradstreet 2010(a):48.

110 Davis et al. 2010:241.

111 71 van 2008 art. 138(1)(b).

225

112 Davis et al. 2010:241.

113 71 van 2008 art. 138(1)(c).

114 71 van 2008 art. 69(7)(a).

115 Davis et al. 2010:241.

116 71 van 2008 art. 1.

117 71 van2008 art. 138.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

118 71 van 2008 art. 138(1)(b)–(c) vgl. met art. 138(2); sien ook Bradstreet 2010:49.

119 Bradstreet 2010(a):48: "Provisions for various forms of 'teams' to act as an administrator

or practitioner would certainly be useful in cases involving very big companies, or cases

where a greater displacement of management leaves a single practitioner lacking the capacity

to fulfil a large number of functions at once."

120

Vir ’n diepgaande bespreking van regspersone as reddingspraktisyns sien Bradstreet

2010:48–9.

121

UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 175 item (B)39; sien ook

Burdette 2004:431.

122 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 188 item 115 vereis "requisite

knowledge of relevant commercial law and experience in commercial and business matters".

123 71 van 2008 art. 130(1)(b).

124 71 van 2008 art. 138(1)(d)-(e).

125 71 van 2008 art. 139(2)(e): "Die hof kan op versoek van ’n geaffekteerde persoon, of uit

eie beweging, ’n praktisyn op enige van die volgende gronde uit die amp onthef:

belangebotsing of gebrek aan onafhanklikheid."

126 King III Praktyksnotas: Leiding op besigheidsredding 9.

127 King III Praktyksnotas: Leiding op besigheidsredding 10: "Clearly it would be in the

directors' interest if they were to appoint a person who will be seen by all the affected persons

as an independent, skilled and objective practitioner with integrity that will have all

stakeholders' interests at heart."

128 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 126(4) vereis dat "the

applicant is of good character and integrity".

129 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 188 item 115.

130 Kloppers 1999:425.

226

131 Kloppers 1999:430.

132 71 van 2008 art. 140(4).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

133 71 van 2008 art. 140(4): "Indien die ondernemingreddingsproses eindig met ’n bevel wat

die maatskappy in likwidasie plaas, mag ’n persoon wat tydens die

ondernemingreddingsproses as praktisyn opgetree het nie as likwidateur van die maatskappy

aangestel word nie."

134 71 van 2008 art. 138(1)(d).

135 71 van 2008 art. 138(1)(e).

136 71 van 2008 art. 139(2)(e).

137 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 42: "An essential

element of these personal qualities is that the insolvency representative is able to demonstrate

independence from vested interests, whether of an economic, familial or other nature."

138 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 42.

139 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 42.

140 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 43.

141 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 43.

142 Bradstreet 2010:200.

143 71 van 2008 artt. 140, 141 en 142.

144 61 van 1973.

145 71 van 2008.

146 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 126(1)(a).

147 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 174 item (B)37.

148 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 127.

149 Burdette 2004:429.

150 71 van 2008.

151 71 van 2008.

152 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008reg. 126(4).

153 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 188 item 115.

227

154 71 van 2008.

155 71 van 2008 art. 140(4).

156 Kloppers 1999:430.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

157 UNCITRAL-dokument Legislative guide to insolvency law 176 item 42: "An essential

element of these personal qualities is that the insolvency representative is able to demonstrate

independence from vested interests, whether of an economic, familial or other nature."

228

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Riglyne om die reg op gelykheid toe te pas

I.M. Rautenbach

I.M. Rautenbach: Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg

In 1997 het die konstitusionele hof in Harksen v Lane riglyne geformuleer vir die toepassing

van die reg op gelykheid in die Grondwet. Die doel met hierdie artikel is om na 15 jaar weer

hierdie riglyne te bekyk en om aanpassings voor te stel. Riglyne moet sover moontlik deur

almal verstaan word en moet deeglik inskakel met al die ander bepalings van die handves van

regte, insluitend die algemene bepalings wat reël wie deur die regte beskerm word, wie

daardeur gebind word en wat hulle pligte is, en hoe nienakoming van die pligte regverdig kan

word aan die hand van die beperkingsbepalings. Gemeet hieraan het die Harksen-riglyne

sekere gebreke. Dit is uiters moeilik om die Harksen-riglyne te verstaan en toe te pas. Verder

is dit nie goed met die algemene bepalings van die handves geïntegreer nie. Daar word

voorgestel dat die reg op gelykheid aan die hand van die volgende vrae toegepas word:

1. Word die klaer regstreeks of onregstreeks anders as ander mense behandel deur die

reël of optrede wat ondersoek word?

2. Indien dit wel die geval is, waarop kom die differensiasie neer? Is dit:

• onbillike diskriminasie (dit is differensiasie wat die klaer se menswaardigheid

aantas of ’n soortgelyke ernstige gevolg het); of

• gewone differensiasie wat alle differensiasie is wat nie neerkom op onbillike

diskriminasie nie; of

• differensiasie wat in verband staan met regstellende optrede (dit is stappe om

mense te beskerm en te ontwikkel wat benadeel is deur onbillike

diskriminasie)?

3. Kan die differensiasie geregverdig word aan die hand van die algemene

beperkingsbepaling, of waar van toepassing, aan die hand van die bepalings oor

regstellende aksie in artikel 9(2)? Die maatstawwe vir die regverdiging van onbillike

diskriminasie is baie streng; vir ander differensiasies in beginsel baie ligter; en in die

geval van regstellende optrede word die standaard in artikel 9(2) beskryf.

Trefwoorde: algemene beperkingsbepaling; beskermde gedrag en belange; besondere

beperkingsbepalings; bewyslas; billike diskriminasie; differensiasie; diskriminasie; gelyke

waarde van mense; gelykheid; Grondwet artikel 36; Grondwet artikel 9; Grondwet; handves

van regte; klassifikasie; konstitusionele hof; kontrolevlakke; menswaardigheid; onbillike

diskriminasie; ongelykheid; onregstreekse differensiasie; pligte; rasionele verband; reg op

229

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gelykheid; regstellende optrede; regstreekse differensiasie; substantiewe gelykheid; tweefase-benadering.

Abstract

Guidelines for the application of the right to equality

In 1997 the constitutional court in Harksen v Lane formulated guidelines for the application

of the right to equality in the Constitution. The purpose of this article is to review the

guidelines after 15 years and to propose certain adaptations.

Guidelines to apply a right must, as far as possible, be formulated in such a way that they are

both readily understandable and well integrated with the other provisions of the bill of rights,

including the general provisions which contain general rules on who the people and

institutions are who benefit from a right, who the people and institutions are who are bound

by the rights and what their duties in respect of the rights are, and how non-compliance with

the duties may be justified in terms of limitation clauses. Measured against these

requirements the Harksen guidelines are deficient in certain respects. It is very difficult to

understand and apply the Harksen guidelines. The guidelines are also not well integrated with

the general provisions of the bill of rights: considerations relating to the requirements for the

limitation of the right in section 9(1) are considered to form part of the definition of the right;

an incomprehensible distinction is made between “discrimination” and “unfair

discrimination”; limitation considerations have been taken into account to such an extent in

defining unfair discrimination that the usefulness of applying the general limitation clause has

been questioned, etcetera. However, the essence of the court’s views on the meaning of

“unfair discrimination”, namely that “unfair” applies to differentiation that impairs human

dignity or that has a similar serious consequence, is sound and should be retained. The test

underlines the offensiveness of unfair discrimination and the ethos of a bill of rights founded

on human dignity. It also provides a clear basis for the distinction between the first phase of a

bill of rights inquiry, during which the factual infringement of a right is determined and the

second phase, during which justification for the infringement within the framework of the

general limitation clause is investigated.

The following adapted guidelines are proposed:

1. Does the provision or action to which the right applies differentiate directly or

indirectly between people?

1.1 As in the case of all other rights it must be determined whether a complainant is

protected by the right. All natural persons are protected and to the extent that the

rights of juristic persons are affected in a way which is so serious that it can be

compared to the violation of human dignity, juristic persons are also protected against

unfair discrimination.

1.2. As in the case of all other rights it must also be determined whether those who

have allegedly violated the right are bound by the right. The right to equality applies

to all law and binds all organs of state. The nature of the right and the duties which it

imposes are such that the right is capable of being applied to private persons and

230

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

institutions. Section 9(4) contains an explicit provision in respect of unfair

discrimination – no person may discriminate unfairly.

1.3. In the case of direct differentiation the ground for differentiation is formulated in

the measure. In the case of indirect differentiation (generally known as substantive

inequality) the measure either has a differentiating effect without any reference to any

ground of differentiation in its formulation, or it has a differentiating effect on a

ground which is different from the ground that is referred to in its formulation.

2. If there has been differentiation, what kind of differentiation has occurred – is it

unfair discrimination, differentiation that does not amount to unfair discrimination, or

differentiation in terms of affirmative action?

This step is necessary because different limitation standards apply to different forms

of limitation.

2.1 Unfair discrimination is differentiation that impairs human dignity or has a similar

serious consequence. A similar serious consequence usually involves a very serious

violation of another right.

2.2 When a complainant proves that the differentiation was direct or indirect

differentiation on certain grounds, the respondent must prove that the differentiation

does not impair human dignity or does not have a similar serious consequence. These

grounds are race, gender, sex, pregnancy, marital status, ethnic or social origin,

colour, sexual orientation, age, disability, religion, conscience, belief, culture,

language and birth. When complainants cannot prove that the differentiation has been

on any of these grounds, they must also prove that the differentiation impairs human

dignity or has a similar serious consequence.

2.3. Differentiation that does not amount to unfair discrimination is a residual

category – it comprises all differentiations that do not comply with the definition of

unfair discrimination as described in 2.2.

2.4. Differentiation ensuing from affirmative action appears in measures designed to

protect and advance persons or categories of persons disadvantaged by unfair

discrimination.

3. Is it possible to justify the unfair discrimination or other forms of differentiation in

terms of the general limitation clause, or, where applicable in the case of affirmative

action, in terms of the provisions of section 9(2)?

3.1. Because the nature and consequences of unfair discrimination are very serious,

the general limitation clause is applied very strictly. In addition to the existence of a

rational relationship between the differentiation and the purpose of the differentiation,

it is required that the differentiation serves a compelling government purpose and that

it is absolutely essential to differentiate in this way in order to achieve the purpose.

The differentiator is afforded no discretion in respect of alternative ways in which to

achieve the purpose.

3.2. Because the nature and consequences of differentiation that does not amount to

unfair discrimination are less serious, the general limitation clause is applied less

231

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

strictly. It is required mainly that a legitimate government purpose must be pursued

and the differentiation is capable of furthering the purpose (the so-called rational

relationship test). The importance of the purpose of the differentiation and the extent

to which the differentiation could promote the purpose hardly plays any role.

Alternative ways in which to achieve the purpose are usually not considered.

3.3. Although differentiation ensuing from affirmative action may either constitute

unfair discrimination or less serious forms of differentiation, the constitutional court

held that section 9(2) requires that the affirmative measure must assist persons or

categories of persons who have been disadvantaged in the past, that the measure must

advance or protect such persons, and that the measure must reasonably be capable of

promoting equality. These requirements amount to a slightly stricter test than the

rational relationship test (a specific purpose is specified and the differentiation must

“reasonably” be capable of promoting the purpose), but it is less strict than the test for

unfair discrimination.

Keywords: Affirmative action; bill of rights; classification; Constitution; Constitution section

36; Constitution section 9; constitutional court; differentiation; direct differentiation;

discrimination; duties; equal worth of people; equality; fair discrimination; general limitation

clause; human dignity; indirect differentiation; inequality; levels of control; onus of proof;

protected conduct and interests; rational relationship; right to equality; specific limitation

clauses; substantive equality; two-stage approach; unfair discrimination.

1. Inleiding

Ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur,

seksuele oriëntering, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en

geboorte – hierdie menslike hoedanighede en kenmerke word in artikel 9(3) van die

Grondwet van Suid-Afrika van 1996 erken as gronde vir onbillike diskriminasie. Die engtes

waarin mense gedryf word omdat ander hulle op hierdie gronde as minderwaardiges

behandel, was deur die eeue die belangrikste bron van onvergenoegdheid, protes, opstand en

revolusionêre optrede, ook in Suid-Afrika. 1 Ongelykheid wat in wette verorden en deur die

staat afgedwing is, was die mees uitstaande kenmerk van alle Suid-Afrikaanse staatkundige

bedelings wat die oorgangsgrondwet van 1994 vooraf gegaan het. 2 Dit was inderdaad ’n lang

pad tot by artikel 9 van die Grondwet.

Daar sou in die laaste dekade van die vorige eeu geen sprake kon gewees het van ’n

vreedsame, onderhandelde skikking indien daar nie ooreengekom is dat gelykheid een van

die pilare sou wees van die brug waaroor ons van die ou na die nuwe bedeling moet stap nie.

In die formele verklaring van voorneme wat in Desember 1991 na afloop van die eerste sessie

van die Konvensie vir ’n Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa I) uitgereik is, het die

deelnemers onderneem om ’n proses aan die gang te sit om ’n grondwet op te stel en in te stel

wat onder andere sal verseker “dat almal universeel-aanvaarde menseregte, vryhede en

burgerlike vryhede, insluitende vryheid van geloof, uitdrukking en vergadering, sal geniet,

beskerm deur ’n verskanste en beregbare handves van regte en ’n regstelsel wat vir almal

gelykheid voor die reg waarborg”. 3 In artikel 1(a) van die huidige Grondwet word “die

232

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bereiking van gelykheid” beskryf as een van die waardes waarop Suid-Afrika gegrond is. Die

reg op gelykheid in artikel 9 van die Grondwet gee praktiese betekenis aan hierdie waarde. 4

Artikel 9 lui:

(1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op die gelyke beskerming en voordeel

van die reg.

(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten

einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls

getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of

kategorieë persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op

een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap,

huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele geörienteerdheid, ouderdom,

gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer

gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden

word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik

tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

Kennis oor die reg op gelykheid is vir almal van groot belang. Dit is so omdat almal

potensiële slagoffers van die skending van die reg kan wees. Diskriminerende praktyke

gebaseer op die gronde in artikel 9(3) genoem, is in die meeste gevalle so oud soos die berge

en dit word, soos die berge, dikwels deur die slagoffers gedwee aanvaar as deel van die

natuurlike stand van sake. Die Grondwet se benadering is radikaal anders. Die uitgangspunt

is die gelyke waarde van mense en nie die bestaan van “natuurlike” ongelykhede nie;

niemand hoef ongelykheid te gedoog indien daar geen regverdiging daarvoor bestaan nie.

Elkeen is egter ook ’n potensiële skender van ander se reg op gelykheid. Na eeue se

geïnstitusionaliseerde ongelykheid hier en elders, waardeur andersheid tot ’n afdwingbare

wetmatigheid verhef is, is mense se gelyke waarde dikwels nie die “natuurlike” grondslag

van optrede teenoor almal nie. 5 Natuurlik kan die werklikheid van verskeidenheid en

andersheid nie ontken word nie, en natuurlik is dit so dat feitelik elke regsreël op die een of

ander manier ’n onderskeid tussen mense maak. Nietemin vereis die Grondwet dat met volle

erkenning van verskeidenheid en andersheid 6 elkeen se gelyke waarde as mens respekteer

moet word deurdat die persoon wat differensieer, ten minste moet kan bewys dat sy of haar

optrede ’n wettige doel dien. 7 Menswees is die vertrekpunt, en aan die verskeidenheid van

menswees mag regsgevolge geheg word slegs as daar goeie redes daarvoor bestaan. So word

probeer om rasionaliteit en goeie oordeel te bevorder op ’n gebied waarin irrasionele instinkte

en vooroordele maklik en dikwels botvier. 8 Riglyne oor die toepassing van die reg is dus nie

van belang net om jou reg op gelykheid te beskerm nie, maar ook om jou te help dink oor hoe

jy behoort op te tree sodat jy nie ander se reg op gelykheid aantas nie.

In 1997 het die konstitusionele hof in Harksen v Lane riglyne geformuleer vir die toepassing

van die reg op gelykheid. 9 Die doel met hierdie artikel is om na 15 jaar weer hierdie riglyne

te bekyk. Dit word gedoen na aanleiding van gedagtes oor die vereistes waaraan riglyne vir

die toepassing van ’n reg moet voldoen (paragraaf 2); gedagtes oor hoe die reg op gelykheid

233

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in artikel 9 van die Grondwet vertolk behoort te word binne die raamwerk van bepalings van

die handves wat op alle regte van toepassing is (paragraaf 3); die ontleding van die Harksenriglyne

(paragraaf 4); en voorstelle om die riglyne te verbeter (paragraaf 5). In laasgenoemde

verband het Krüger in 2011 ’n belangrike bydrae gelewer 10 wat in ’n groot mate die

aansporing was om met hierdie bydrae die gesprek oor die riglyne verder te voer.

Die tweede sin van artikel 9(4) bepaal dat nasionale wetgewing verorden moet word om

onbillike diskriminasie te voorkom of te belet. Die Wet op die Bevordering en Voorkoming

van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 is vir dié doel aangeneem. Die wet is van groot

praktiese belang, maar selfs die konstitusionele hof het al opgemerk dat die wet nie ’n

toonbeeld van duidelikheid is nie. 11 Daar is al beweer dat die wet oorgeskryf sal moet word. 12

Die wet se onduidelikheid spruit grotendeels uit die feit dat dit op die Harksen-riglyne

gebaseer is en enige poging om die wet te verbeter, sal dus moet begin met ’n deeglike

heroorweging van die Harksen-riglyne. Die konstitusionele hof se riglyne vir die toepassing

van enige reg en wetgewing wat daarop gerig is om gevolg te gee aan ’n reg, behoort altyd

min of meer op een lyn met mekaar te wees. In hierdie artikel word daar dus op die Harksenriglyne

gekonsentreer en nie op die onduidelikhede in Wet 4 van 2000 nie.

2. Riglyne vir die toepassing van handvesregte

Soos met enige ander aksie werk die meeste mense wat regsbegrippe toepas, graag volgens ’n

plan, dit wil sê: doen eers stap 1 en daarna stap 2 en daarna stap 3, ensovoorts. Riglyne om ’n

reg in die handves van regte toe te pas, is nie “harde” handvesreëls nie. 13 Trouens, sulke

riglyne, werkmetodes of stappe word gewoonlik nie in handveste uitgespel nie. In beginsel

kan elkeen riglyne ontwikkel volgens haar of sy eie voorkeur, gerief, insig en verbeelding.

Dit beteken egter nie dat gedagtewisseling oor riglyne bloot ’n subjektiewe geredekawel hoef

te wees nie. Daar is sowel praktiese as akademiese oorwegings waarom die riglyne van groot

belang is.

Die praktiese oorweging is dat wanneer die hoogste hof oor grondwetlike aangeleenthede

riglyne formuleer vir die toepassing van ’n reg, alle ander howe, alle regspraktisyns en

voornemende regspraktisyns, en lede van die publiek wat wil litigeer, deeglik daarvan kennis

moet neem. Dit verteenwoordig die konstitusionele hof se bril waardeur geskille oor die reg

op gelykheid beoordeel word. Dit is raadsaam om met die voorbereiding van ’n saak deeglik

rekening te hou met hoe die hoogste hof sake verstaan. In hierdie opsig is die hof wat riglyne

formuleer se invloed verreikend en die verantwoordelikheid van die hof ontsaglik groot.

Uit ’n wetenskaplike hoek lewer debatte oor die riglyne ook ’n belangrike bydrae. In ’n 1998vonnisbespreking

van die Harksen-riglyne 14 is sekere stellings van Van Wyk Louw oor

literêre teorie aangehaal wat ook vir die regswetenskap geld en wat verdien om weer herhaal

te word: “Dat alle sistematisering altyd iets voorlopigs aan hom het, is geen beswaar nie:

langs die pad, as ons na sistematiese ordening streef, kan ons werkbegrippe dalk helderder

word.” 15 Louw verklaar ook: “Dit het miskien ook duidelik geword dat die groot

234

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verskeidenheid metodes en eindelose getwis oor die ‘juiste’ metode hulle oorsprong in die

onondersoekte gebruik van sulke sentrale terme het.” 16 Al is riglyne blote hulpmiddels om ’n

gevolgtrekking te maak oor ’n besondere feitestel, weerspieël alle riglyne sekere aannames en

beskouings oor basiese begrippe in die handves wat in die riglyne weerspieël word en oor die

uitwerking wat dit op mense se lewens het en behoort te hê. Dit is oor hierdie basiese

begrippe dat wetenskaplike gesprekke gaan. Die stellings van Van Wyk Louw hier bo

beteken dat dit inderdaad moontlik is om aan die hand van sekere maatstawwe en gewone

logika riglyne vir die toepassing van ’n handvesreg te ontleed, te beoordeel en aanpassings

voor te stel. Die status en invloed van riglyne wat deur die howe ontwikkel en gevolg word,

mag nooit die wetenskaplike gesprek demp nie. In hierdie opsig is die wetenskaplike

verantwoordelikheid ook ontsaglik groot.

In hierdie artikel word twee oorwegings gebruik vir die ontleding van die Harksen-riglyne.

Eerstens moet die riglyne sover moontlik deur almal verstaan word. Die reg as ’n geslote

sisteem wat slegs vir ingewydes toeganglik is, kan in die geval van handveste nie geduld

word nie. Bemagtiging deur kennis van die handvesregte sal ’n hersenskim bly indien die

handves en die riglyne vir die toepassing daarvan ’n skaars kommoditeit is wat slegs deur

kundige regspraktisyns verstaan word wat hulle kennis aan die publiek verkoop en besoldigde

amptenare soos regters, landdroste, aanklaers en wetsopstellers. Om vinniger te kan vorder is

dit soms nodig om ietwat onbereikbare ideale te koester: die doelwit behoort altyd te wees dat

riglyne oor die toepassing van ’n reg sover menslik moontlik so duidelik geformuleer moet

word dat dit tot op die voetsoolvlak van elke stofpad verstaan word. Die Harksen-riglyne is

verstommend ingewikkeld, selfs vir ingewydes. Soos aangetoon sal word, spruit die

ingewikkeldheid hoofsaaklik uit lomp en onlogiese formulering en uit ’n onbeholpenheid om

die bepalings van artikel 9 met die algemene bepalings van die handves van regte te integreer.

Maar soos ook aangetoon sal word, is die “skema” wat artikel 9 ten grondslag lê, redelik

eenvoudig.

Tweedens moet die riglyne vir die toepassing van ’n besondere reg deel vorm van die

raamwerk van die handves as geheel. Daar behoort nie vir elke handvesreg ’n unieke,

afsonderlike stel riglyne ontwikkel te word wat geen verband het met die riglyne vir die

toepassing van ander regte nie. Een van die uitstaande kenmerke van alle handveste is die feit

dat die gewaarborgde regte altyd min of meer met mekaar oorvleuel in die sin dat meerdere

regte dikwels dieselfde individuele gedrag en belange beskerm. 17 Omdat verskillende regte

dikwels op dieselfde situasie toegepas kan word, kan uiteenlopende metodes om hulle toe te

pas tot onnodige litigasie-opportunisme en onnodige koste aanleiding gee. Verder bevat die

Suid-Afrikaanse handves van regte, afgesien van 26 bepalings oor afsonderlike regte, 18

sekere algemenebepalings oor die draers van die regte, oor die persone en instansies wat deur

die handves gebind word en hulle pligte, oor die afdwinging van die regte, oor uitleg van die

handves, en oor die beperking van regte. 19 Hierdie algemene bepalings vorm die patroon

waarbinne riglyne vir die afsonderlike regte ontwikkel moet word. Die mate waarin die

algemene beginsels in ’n spesifieke stel riglyne geïntegreer word, is dus ’n belangrike

maatstaf vir die beoordeling van riglyne.

235

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Uiteraard kan daar oor die betekenis van die algemene bepalings meningsverskille bestaan,

en sulke meningsverskille sal ook lei tot verskille oor die besonderhede van die riglyne vir

die toepassing van ’n reg. Daarom is dit nodig om deurlopend hieroor gesprek te voer. In

hierdie verband verklaar Van Wyk Louw ook:

’n Werklike versoening van botsende standpunte kan alleen plaasvind as daar eers

deurgedring word tot op die punt waar die verskillende metodes uitmekaar loop; as

hulle uitgangspunte, veronderstellings en konsekwensies helder aan die lig gebring is;

as hulle begrippe so presies omskryf is as wat in ons soort ondersoek moontlik is. 20

In die volgende paragraaf word die “uitgangspunte en veronderstellings” verduidelik wat vir

die ontleding van die Harksen-riglyne in paragraaf 4 gebruik word.

3. Die reg op gelykheid binne die raamwerk van die algemene bepalings van die handves

In die algemeen behels die toepassing van enige handvesreg dat vasgestel moet word of ’n

persoon of instansie wat deur die reg gebind word, iets gedoen of versuim het om te doen wat

daarop neerkom dat ’n plig ingevolge die reg teenoor die draer van ’n reg nie nagekom is nie

en, indien wel, of daar regverdiging bestaan vir die nienakoming van die plig. Nie al hierdie

aspekte is behandel in die Harksen-riglyne nie. Dit is nie noodwendig ’n punt van kritiek teen

die riglyne nie. Die feit dat ’n klaer die draer van die reg is en die beweerde oortreder (veral

as dit ’n staatsinstelling is) deur die reg gebind word, is in die meeste gevalle so voor die

hand liggend dat dit ’n hof nie verkwalik kan word indien hy hierdie punte nie uitdruklik in

die skema oorweeg nie.

Om ’n volledige prentjie van die raamwerk te gee, word al die elemente soos dit vir die reg

op gelykheid geld, kortliks hier genoem. Hierdie elemente is die vertrekpunte vir die

kommentaar op die Harksen-riglyne in die paragrawe wat daarna volg.

3.1 Die belange wat deur die reg op gelykheid beskerm word

Elke reg in die handves van regte beskerm sekere belange en optredes van individuele mense;

die staat en ander mense het die plig om hulle op ’n bepaalde manier teenoor die beskermde

gedrag en belange te gedra. Selfs wanneer die formulering van sekere regte slegs na die

beskermde gedrag en belange, of slegs na die pligte, verwys, moet die element wat nie

uitdruklik beskryf is nie, steeds bepaal word om die betrokke regte behoorlik te kan toepas.

Die rede is dat wanneer ’n reg slegs gedrag en belange beskryf, die manier waarop die plig

nie nagekom word nie, deel is van die “aard en omvang van die beperking” wat volgens die

algemene beperkingsbepaling in artikel 36 in aanmerking geneem moet word; en omgekeerd,

selfs wanneer ’n reg slegs pligte beskryf, is die uitwerking van die nienakoming van die plig

op die beskermde gedrag en belange ook ’n aspek van die “omvang van die beperking”

waarop gelet moet word. ’n Verwysing na die feitelike beperking van ’n reg is dus dieselfde

as om te sê dat ’n grondwetlike plig wat uit die reg spruit, nie nagekom is nie. Hiervan word

die vraag onderskei of daar regverdiging bestaan vir die feitelike beperking, oftewel die

236

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

nienakoming van die plig. 21 (Om vir doeleindes van die eerste fase van ’n handvesondersoek

vas te stel of ’n handvesreg feitelik beperk is, word, anders as in die deliktereg, 22 nie ’n

onderskeid gemaak tussen onregmatigheid na aanleiding van positiewe optrede wat spruit uit

die aantasting van ’n reg, en onregmatigheid na aanleiding van ’n late wat spruit uit die

nienakoming van ’n regsplig nie. Selfs wanneer slegs die beskermde gedrag of belange in ’n

reg beskryf word (byvoorbeeld “menswaardigheid”, “liggaamlike en psigologiese integriteit”,

“privaatheid” of “meningsuiting”), is daar ’n grondwetlike plig op diegene wat deur die reg

gebind word om nie deur hulle doen óf late die beskermde gedrag en belange te benadeel nie;

en selfs wanneer slegs ’n plig uitgespel word, het die nienakoming van die plig deur enige

doen of late ’n uitwerking op die beskermde gedrag en belange. 23 Of die ’n doen of ’n late die

beperking veroorsaak het, bewerkstellig is deur ’n doen of ’n late,kan deel vorm van die

“aard van die beperking” wat ingevolge artikel 36(1)(c) in ag geneem moet word wanneer

oorweeg word of die beperking geregverdig kan word.)

Artikel 9 beskryf nie die beskermde belang nie. Soos in paragraaf 3.2 hier onder aangetoon

word, beskryf die artikel pligte. Nietemin moet daar ook duidelikheid bestaan oor wát deur

die reg op gelykheid beskerm word. Soos hier onder verduidelik word, is die onderskeid

tussen onbillike diskriminasie enersyds en differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie

neerkom nie andersyds, hoofsaaklik gebaseer op hoe die beskermde belang geraak word.

Die reg op gelykheid beskerm die gelyke menslike waarde van elke mens. Mense is gelyk

omdat hulle almal (ingevolge artikel 10) menswaardigheid het en omdat hulle almal die

draers van al die ander handvesregte is. Omdat die reg op gelykheid “gelyke waarde”

beskerm, is dit streng gesproke nie ’n reg op formele gelyke behandeling nie. Die reg word

beperk deur álle handelinge wat “gelyke waarde” misken. Dit sluit optrede in wat mense

dieselfde behandel, maar wat gebaseer is op “normaliteit”-standaarde waaraan sekere mense

as gevolg van aangebore eienskappe en kenmerke nie kan voldoen nie, of waaraan hulle om

bepaalde redes (soos die uitoefening van byvoorbeeld hulle regte op vrye assosiasie en

gewetens- en geloofsvryheid) nie wíl voldoen nie. Ongelykheid wat spruit uit formele gelyke

behandeling staan algemeen bekend as substantiewe ongelykheid. 24

3.2 Die pligte wat spruit uit die reg op gelykheid

Die pligte wat uit die reg spruit, word in artikels 9(1), 9(3) en 9(4) beskryf. (Artikel 9(2), wat

handel oor regstellende optrede, verplig niemand om sulke stappe te doen nie, maar stel dit

bo alle twyfel dat regstellende optrede wat aan sekere vereistes voldoen, nie ongrondwetlik is

nie. 25 ) Artikel 9(1) bevat ’n algemene verbod op ongelyke behandeling, terwyl artikel 9(3) en

artikel 9(4) ’n verskyningsvorm daarvan, naamlik onbillike diskriminasie, verbied. 26

Differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie, is ’n tipiese res-kategorie. Wat

dit insluit, hang af van wat onder “onbillike diskriminasie” verstaan word – en juis oor die

betekenis van “onbillike diskriminasie” het die konstitusionele hof in die Harksen-saak ’n

belangrike bydrae gelewer. 27 Die enigste doel met die tref van die onderskeid tussen onbillike

diskriminasie, differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie, en differensiasie

237

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

binne ’n regstellende raamwerk, is om die algemene beperkingsbepaling verskillend op die

drie gevalle toe te pas.

3.3 Die reg op gelykheid en die algemene beperkingsbepaling

Die Suid-Afrikaanse handves van regte het ’n algemene beperkingsbepaling wat enersyds die

beginsel beklemtoon dat geen reg in die handves ’n absolute reg is nie, maar andersyds ook

die beginsel bevat dat alle beperkings van regte aan sekere vereistes moet voldoen. Indien

beperkings nie aan die vereistes voldoen nie, is hulle ongeldig. Die algemene

beperkingsbepaling is op alle regte van toepassing en dus ook op die nienakoming van die

pligte ingevolge die reg op gelykheid. 28

Dit is kenmerkend van die algemene beperkingsbepaling dat die toets vir ’n geregverdigde

beperking van regte in vae en algemene terme geformuleer word. In artikel 36 is die toets dat

die feitelike beperking (die nienakoming van die plig) “redelik en regverdig moet wees in ’n

oop en demokratiese gemeenskap gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid”. Dit

is nie ’n swakheid in die Suid-Afrikaanse handves nie, want sover bekend is daar geen

algemene beperkingsbepaling in enige ander grondwet of enige beperkingsmaatstawwe wat

elders deur die howe ontwikkel is wat duideliker en meer spesifiek is nie. Die Suid-

Afrikaanse bepaling is wel uniek in die sin dat dit die eerste algemene beperkingsbepaling is

wat uitdruklik aandui dat daar sekere faktore is wat in aanmerking geneem moet word

wanneer die algemene toets toegepas word, naamlik die aard van die reg, die belangrikheid

van die doel van die beperking, die aard en omvang van die beperking, die verhouding tussen

die beperking en die doel, en minder beperkende maniere om die doel te bereik. 29 Die

oorweging van die faktore is egter ook niks nuuts nie, want hierdie faktore speel bewustelik

of onbewustelik in alle nasionale en internasionale stelsels ’n rol wanneer die geldigheid van

feitelike beperkings van regte oorweeg word. 30 Die faktore is op sigself nie toetse nie en hulle

insluiting dui daarop dat artikel 36 nie ’n enkelvoudige toets met een enkele standaard vir die

beperking van regte voorskryf nie. Die oorweging van die faktore maak dit moontlik om

binne die raamwerk van die algemene toets verskillende standaarde te ontwikkel vir

verskillende regte, vir verskillende oogmerke met beperkings en vir verskillende vorme van

beperking. Dit is dus verkeerd om te verklaar dat artikel 36 slegs “’n streng toets”, of slegs

“’n ligte toets” of slegs “iets tussenin” stel. 31 Die samehang van die faktore bepaal die

strengheid van die toets wat in ’n besondere geval gebruik word. Een van die beste maniere

om hierdie feit te illustreer, is juis aan die hand van die toepassing van die algemene

beperkingsbepaling op die verskillende vorme van differensiasie wat in artikel 9 onderskei

word. 32

Soos reeds hier bo gestel, raak die onderskeid tussen onbillike diskriminasie en differensiasie

wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie, 33 by uitstek die manier waarop die algemene

beperkingsbepaling toegepas moet word. Dat die erns van die gevolge van ’n differensiasie

die maatstawwe bepaal waarvolgens bepaal word of die differensiasie toelaatbaar is, blyk ook

duidelik uit die Amerikaanse reg, waarin drie vlakke van kontrole onderskei word. Vir

doeleindes van hierdie artikel kan nie volledig op al die verskille en ooreenkomste tussen die

238

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Suid-Afrikaanse en Amerikaanse stelsels ingegaan word nie, maar die volgende skema van

Weaver en andere gee ’n goeie aanduiding van hoe die standaarde ten opsigte van die drie

vlakke van kontrole in Amerika verskil: 34

Standard of review Quality of government

interest

Relationship between

classification and goal

Rational basis scrutiny Rational basis Reasonably related

Intermediate scrutiny Important Substantially related

Strict scrutiny Compelling Narrowly tailored

Binne die raamwerk van die toepassing van die Suid-Afrikaanse handves speel die aard van

die reg wat beperk word en die aard en omvang van die beperking ’n belangrike rol wanneer

die regverdiging vir die beperking van regte oorweeg word. 35 Dit is faktore wat ’n bydrae

lewer om te bepaal hoe lig of streng die standaard moet wees wat op ’n beperking toegepas

moet word. In S v Bhulwana v Gwadiso verklaar die konstitusionele hof:

[T]he Court places the purpose, effects and importance of the infringing legislation on

one side of the scales and the nature and effect of the infringement caused by the

legislation on the other. The more substantial the inroad into fundamental rights, the

more persuasive the grounds of justification must be. 36

“More persuasive” beteken dat die toets waaraan die beperking moet voldoen om toelaatbaar

te wees, “moeiliker/strenger” is as wanneer die ingryping minder ernstig is.

In paragraaf 2 word dit gestel dat die riglyne vir die toepassing van ’n besondere reg deel

moet vorm van die raamwerk van die handves as geheel, en die reg op gelykheid is geen

uitsondering nie. Die manier waarop die algemene beperkingsbepaling toegepas word, is die

grondslag van die volgende stellings oor die toepassing van die algemene beperkingsbepaling

op onbillike diskriminasie en ander vorme van differensiasie.

Onbillike diskriminasie het veel ernstiger gevolge as ander differensiasies. Die implikasie is

dat die algemene beperkingsbepaling veel strenger op onbillike diskriminasie as op minder

ernstige vorme van differensiasie toegepas moet word. Omdat die aard en omvang van die

gevolge van onbillike diskriminasie baie ernstig is (die aantasting van menswaardigheid of ’n

vergelykbare ernstige gevolg), 37 word die beperkingsbepaling baie streng toegepas. Behalwe

dat vereis word dat daar ’n rasionele verband tussen die beperking en die doel moet bestaan,

word groot gewig geheg aan die belang van die doel met die beperking. Dit moet ’n uiters

belangrike doel wees wat dringend bevorder moet word (’n “compelling purpose” volgens die

Amerikaners, byvoorbeeld die bekamping van ’n dodelike siekte wat die dood van miljoene

kan veroorsaak), en die differensiasie moet ongeveer die enigste manier wees waarop die doel

bereik kan word. ’n Uiters beperkte (indien enige) diskresie word verleen ten opsigte van die

alternatiewe maniere om die doel te bereik 38 (dit is wat die Amerikaners met “narrowly

tailored” bedoel). Uiteraard is dit ’n baie streng toets hierdie en sal respondente waarskynlik

239

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

nie maklik ’n hof kan oortuig van die regverdigbaarheid van die onbillike diskriminasie nie.

Dit is egter soos dit hoort, soos trouens ook in die geval van ander sensitiewe regte soos die

reg op lewe in artikel 11, die reg op menswaardigheid in artikel 10 en die verbod op wrede,

onmenslike of vernederende behandeling en straf in artikel 12(1)(d).

Die kategorieë van differensiasie wat met die oog op ontwikkeling van standaarde gemaak

word, behoort egter nooit as waterdigte kategorieë en die standaarde as rigied standaarde

beskou te word nie. Situasies wat in die praktyk kan voorkom, volg nie altyd patrone wat

inpas by bestaande klassifikasies nie. Dit is onvermydelik dat daar ook met die ontwikkeling

van kategorieë en standaarde ’n mate van vloeibaarheid moet wees. Diskriminasie wat nie op

onbillike diskriminasie neerkom nie, kan soveel verskillende vorme aanneem dat die gevolge

van sommiges ernstiger as die gevolge van ander kan wees. Om dit billik te kan hanteer, moet

daar ook standaarde toegepas kan word wat tussen die rasionele-verband-toets in sy

eenvoudigste vorm en die streng toets vir onbillike diskriminasie val. Ook in die

Amerikaanse reg is daar alreeds vir ’n geruime tyd ’n ontwikkeling om eerder na standaarde

op ’n glyskaal te verwys as na twee of drie afgebakende kontrolevlakke. Alhoewel die

glyskaal-benadering nog steeds nie algemeen in die Amerikaanse howe gevolg word nie, is

die volgende aanhaling deur Gunther 39 uit die minderheidsuitspraak van regter Marshall in

San Antonio School Disctrict v Rodriguez besonder insiggewend vir ons doeleindes:

The Court apparently seeks to establish [that] equal protection cases fall into one or

two neat categories which dictate the appropriate standard of review – strict scrutiny

or mere rationality. But the Court’s [decisions] defy such easy categorization. A

principled reading of what this Court has done reveals that is has applied a spectrum

of standards in viewing discrimination allegedly violative of the Equal Protection

Clause. This spectrum clearly comprehends variations in the degree of care with

which the Court will scrutinize particular classifications, depending, I believe, on the

constitutional and societal importance of the interest adversely affected and the

recognized invidiousness of the basis upon which the particular classification is

drawn. 40

Die formulering van sommige regte het bepalings wat die algemene beperkingsbepaling

kwalifiseer deur strenger of ligter vereistes te stel, of wat in sommige gevalle bloot aspekte

van die algemene bepaling herhaal. Omdat sulke bepalings inderdaad te doen het met die

beperking van die betrokke regte, kan hulle besondere beperkingsbepalings genoem word. 41

Besondere beperkingsbepalings kom dikwels in die formulering van regte voor in die vorm

van sekere algemene begrippe, soos die vereistes in artikel 12(1)(a) dat niemand se vryheid

“arbitrêr en sonder gegronde rede” ontneem mag word nie, en in artikel 25(1) dat geen wet

“arbitrêre” ontneming van eiendom mag magtig nie, en in artikel 33(1) dat elkeen geregtig is

op administratiewe optrede wat “redelik” is. (Elke keer wanneer dit die howe en skrywers

ontgaan dat die toepassing van baie van hierdie begrippe vereis dat beperkingsoorwegings in

ag geneem word, sukkel dit maar.) Nietemin kan hieroor nie veralgemeen word sodat die

blote gebruik van ’n algemene begrip altyd sou dui op ’n besondere beperkingsbepaling nie.

Daar moet elke keer bepaal word watter rol die algemene begrip speel met die toepassing van

die betrokke reg. Soos hier onder aangetoon word, kan aan die begrip onbillik in die

240

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uitdrukking “onbillike diskriminasie” in artikel 9(3) ’n betekenis geheg word wat niks te doen

het met beperkingsoorwegings nie. 42 Dit is dus nie ’n besondere beperkingsbepaling nie.

3.4 Die twee-fase-benadering wanneer die skending van handvesregte ontleed word

In die heel eerste uitspraak wat die konstitusionele hof gelewer het, S v Zuma, 43 word

verklaar dat die beperking van regte in twee fases ondersoek word. Die twee fases staan

onder andere in verband met die ligging van die bewyslas in handveslitigasie. Gedurende die

eerste fase word vasgestel of die reg feitelik aangetas is, dit wil sê, of die vermeende skender

van die reg as ’n persoon of instansie wat deur die reg gebind word, nie die pligte wat daaruit

spruit nagekom het nie. Die bewyslas is in hierdie fase op diegene wat beweer dat

handvesregte aangetas is. Indien daar wel ’n feitelike aantasting was, word tydens die tweede

fase aan die hand van die beperkingsoorwegings bepaal of daar regverdiging vir die feitlike

aantasting was. Tydens hierdie fase rus die bewyslas op diegene wat beweer dat daar wel

regverdiging was. 44 Artikel 9(5) bevat ’n besondere bewyslasreëling ten opsigte van onbillike

diskriminasie. Daarvolgens word diskriminasie op enige van die gronde uitdruklik genoem in

artikel 9(2) geag onbillike diskriminasie te wees, tensy diegene wat na bewering onbillik

gediskrimineer het, kan bewys dat die differensiasie in die besondere geval nie voldoen aan

die vereistes vir onbillike diskriminasie nie. Wanneer daar differensiasie was op enige ander

grond moet die beswaarmaker ook bewys dat die differensiasie op onbillike diskriminasie

neerkom.

Daar bestaan goeie redes vir die bewyslasreëling binne die twee-fase-benadering. Diegene

wat nie hulle grondwetlike pligte ingevolge die handvesregte nakom nie, moet kan bewys dat

daar regverdiging vir hulle optrede is. Daar kan nie van die potensiële slagoffers verwag

word om nadat hulle bewys het dat hulle regte feitelik beperk is, ook nog redes aan te voer

waarom hulle nie benadeel moes word nie. Dit is moeilik om redes te bedink waarom diegene

wat die reg van ander beperk die voordeel van die twyfel moet kry oor die vraag of hulle

optrede hoegenaamd enige wettige doel dien. Vir die afwyking in artikel 9(5) van die

normale bewyslasreëling bestaan daar ook ’n goeie historiese rede. Deur die eeue is

menswaardigheid in so ’n mate op die gronde genoem in artikel 9(3) aangetas dat

redelikerwys aanvaar kan word dat differensiasie op daardie gronde wel so ’n gevolg het. Dit

is nie onbillik om van die respondent in hierdie gevalle te verwag om die teendeel te bewys

nie.

Die twee-fase-benadering is gebaseer op die veronderstelling dat dit moontlik is om ’n

onderskeid te maak tussen ’n ondersoek om vas te stel of ’n plig wat uit die reg spruit, nie

nagekom is nie en ’n ondersoek of daar aan die hand van beperkingsbepalings regverdiging

vir die nienakoming van die plig bestaan. Die klem val hier op die aard van die ondersoeke,

dit wil sê, die verskillende vrae waarop antwoorde gesoek word en nie op die faktore wat in

ag geneem moet word om die antwoorde te vind nie. Regter Sachs beweer in Coetzee v

Government of the RSA, Matiso v Commanding Officer Port Elizabeth Prison dat die twee

fases so oorvleuel dat hy eerder “a holistic value-based and case oriented framework” sou

wou gebruik. 45 Hy het geen oortuigende redes aangevoer waarom die oorvleueling van feite

241

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

wat in albei fases ’n rol speel, die onderskeid onwerkbaar maak nie. Die feitelike beperking

word byvoorbeeld vasgestel in die eerste fase en in die tweede fase moet weer gekyk word

hoe ernstig die ingryping was om dit te kan opweeg teenoor die redes wat vir die beperking

aangevoer word.

Dit is inderdaad moontlik om ’n onderskeid te maak. In die eerste fase gaan dit oor wie wat

aan wie gedoen het en in die tweede fase oor die redes vir die optrede en die aanvaarbaarheid

daarvan. Indien ’n handves van regte ’n algemene beperkingsbepaling bevat wat op alle regte

van toepassing is, en daar na aanleiding daarvan ’n twee-fase-benadering gevolg word, sal

daar baie goeie gronde aangevoer moet word wanneer van hierdie patroon afgewyk word

deur oorwegings ter regverdiging van die beperking van ’n reg oor te plaas na die beskrywing

van die gedrag en belange wat deur die reg beskerm word of na die beskrywing van die pligte

wat uit die reg spruit. Indien dit lukraak en op groot skaal sonder goeie rede plaasvind, kan

die algemene beperkingsbepaling uiteindelik hoog en droog sit sonder enige werk om te

doen.

4. Die Harksen-riglyne

Die Harksen-riglyne lui in Afrikaans soos volg: 46

(a) Differensieer die bepaling tussen mense of kategorieë mense? Indien wel, bestaan

daar ’n rasionele verband tussen die differensiasie en ’n geldige owerheidsdoel?

Indien nie, is daar ’n skending van artikel 8(1) [van die oorgangsgrondwet, en dus

artikel 9(1) van die Grondwet]. Selfs indien daar ’n rasionele verband is, mag die

differensiasie nogtans neerkom op onbillike diskriminasie.

(b) Kom die differensiasie neer op onbillike diskriminasie? ’n Antwoord hierop vereis

dat ’n twee-fase-benadering gevolg word:

(i) Eerstens: Kom die differensiasie neer op “diskriminasie”? Indien die differensiasie

op ’n gespesifiseerde grond [soos in artikel 9(3) beskryf] is, is dit diskriminasie.

Indien dit nie op ’n gespesifiseerde grond is nie, hang die vraag of die differensiasie

op diskriminasie neerkom daarvan af of die differensiasie, objektief beskou, gebaseer

is op hoedanighede en kenmerke wat die potensiaal het om die fundamentele

menswaardigheid van persone as mense aan te tas of om hulle negatief op ’n

soortgelyke ernstige wyse te raak.

(ii) Indien die differensiasie neerkom op “diskriminasie”, moet bepaal word of dit

“onbillike diskriminasie” uitmaak. Indien bepaal word dat dit op ’n gespesifiseerde

grond plaasvind, word onbillikheid vermoed. Indien op ’n ongespesifiseerde grond,

moet die onbillikheid deur die klaer bewys word. Die toets vir onbillikheid

konsentreer hoofsaaklik op die uitwerking van die differensiasie op die klaer en ander

persone in sy of haar omstandighede.

242

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Indien aan die einde van hierdie ondersoek bevind word dat die differensiasie nie onbillik is

nie, is daar geen skending van artikel 8(2) [van die oorgangsgrondwet, en dus artikel 9(3) van

die Grondwet] nie.

(c) Indien bevind word dat die diskriminasie onbillik is, moet besluit word of die

bepaling regverdig kan word ingevolge die beperkingsbepaling [naamlik artikel 33

van die oorgangsgrondwet, en dus artikel 36 van die Grondwet].

Met hierdie uiteensetting moet die faktore gelees word wat volgens die hof in aanmerking

geneem moet word wanneer die uitwerking van die differensiasie vir die doeleindes van stap

(b)(ii) bepaal word. Hulle is: (i) die posisie van die klaers in die gemeenskap, of daar

historiese patrone van benadeling bestaan en of daar differensiasie was op ’n grond in artikel

9(3) genoem; (ii) die aard en die doel van die diskriminerende maatreël of bevoegdheid; en

(iii) met behoorlike inagneming van (i) en (ii) en enige ander relevante oorweging, die mate

waarin die regte en belange van die klaers geraak word deur die diskriminerende behandeling

en of dit gelei het tot ’n aantasting van hulle menswaardigheid of hulle op ’n soortgelyke

ernstige manier geraak het. 47

Krüger (2011) se breë beskrywing van riglyne is dat dit begin met ’n rasionaliteitsondersoek,

dan volg ’n onbillike-diskriminasie-ondersoek, en dit eindig met ’n beperkingsondersoek. Sy

konsentreer op drie aspekte van die riglyne, naamlik eerstens die verskynsel dat die riglyne

die verbreking van artikel 9(1) en artikel 9(3) deurmekaar behandel: sy meen dat dit onnodig

is; tweedens die rol wat menswaardigheid speel: sy meen dat menswaardigheid steeds ’n

sentrale rol behoort te speel; en derdens die rol van die algemene beperkingsbepaling in die

geval van onbillike diskriminasie: sy stel in die plek van ’n twee-fase-benadering ’n holistiese

“fairness-cum-justification”-ontleding voor. 48 In die bespreking hier onder word enkele ander

aspekte ook bekyk.

4.1 Die hantering van differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie in stap

(a)

In stap (a) van die Harksen-riglyne word vasgestel of daar ’n verbreking van artikel 9(1) is.

Daarvoor moet volgens die hof twee stappe gedoen word, naamlik eerstens of die maatreël of

optrede differensieer en indien wel, of die differensiasie rasioneel verbind kan word met ’n

wettige owerheidsdoel.

In die eerste gedeelte is die algemene plig om nie mense se gelyke waarde te misken nie ter

sprake. Alle differensiasies kom neer op ’n nienakoming van die plig. Omdat haas alle

“maatstawwe” en “norme” differensieer, 49 lyk dit met die eerste oogopslag na ’n verregaande

stelling. Daar kan egter nie genoeg beklemtoon word dat die blote feit dat ’n plig ingevolge

’n handvesreg nie nagekom is nie, hoegenaamd nie beteken dat die optrede ongrondwetlik

was nie: die nakoming van plig kan geregverdig word indien dit voldoen aan die algemene of

besondere beperkingsbepalings. Differensiasie word verbied slegs as daar geen regverdiging

daarvoor bestaan nie. Die feit dat differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom

243

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

nie, sonder veel probleme regverdig kan word, beteken nie dat daar ook in sulke gevalle

regverdiging vir die optrede moet bestaan nie.

In die tweede gedeelte word die rasionele-verband-toets toegepas. Die rasionele-verbandtoets

kom in sy eenvoudigste vorm 50 daarop neer dat daar ’n geldige doel moet wees en dat

dit denkbaar moet wees (vandaar die “rasionele” in die term) dat die differensiasie iets moet

kan bydrae tot die bereiking van ’n geldige doel. Daar word nie vereistes gestel in verband

met die waarskynlikheidsgraad dat die beperking die doel sal bevorder, of die omvang van

die bydrae om die doel te bereik, of die belangrikheid van die doel, of die beperking van die

diskresie om te kies tussen alternatiewe wat almal die doel kan bevorder nie. Die rasioneleverband-toets

is heel duidelik ’n toets aan die hand waarvan ’n beperking regverdig kan

word. Dit bevat ooglopend elemente van die algemene beperkingsbepaling: dit het te doen

met die doel van die beperking (soos vermeld in artikel 36(1)(b)) en met die verhouding

tussen die beperking en die doel (soos vermeld in artikel 36(1)(d)). Die bestaan van ’n

rasionele verband tussen die beperking en ’n wettige doel is ’n basiese vereiste vir die

beperking van alle regte en vir alle vorme van differensiasie. In Law Society of South Africa v

Minister of Transport is die volgende gesê:

It is significant that one of the relevant factors listed in section 36 is the “relation

between the limitation and its purpose”. This is so because the requirement of

rationality is indeed a logical part of the proportionality test. It is self-evident that a

measure which is irrational could hardly pass muster as reasonable and justifiable for

purposes of restricting a fundamental right. 51

In sy eenvoudigste vorm kan die rasionale-verband-toets die enigste toets wees, byvoorbeeld

wanneer die beperking nie ingrypend is nie, soos wat die geval is met differensiasie wat nie

op onbillike diskriminasie neerkom nie, of wanneer die doel van die beperking van so ’n

dwingende belang is dat die owerheid ’n wye diskresie gegee moet word om die bedreiging te

af te weer en te bekamp (soos wanneer ’n oorlog uitbreek of ’n dodelike epidemie losbars).

Die toets kan egter aangevul word om dit strenger te maak (“the scrutiny is heightened” is die

Engelse uitdrukking) wanneer ’n uiters belangrike reg (soos die regte op lewe en

menswaardigheid) geraak word en die beperking baie ingrypend is (soos in die geval van

onbillike diskriminasie). Die strenger toetse wat dan gestel word, behels dat die doel

waarvoor die beperking gestel word, ’n belangrike, dwingende doel moet wees, dat dit min of

meer seker moet wees dat die doel bevorder sal word en dit nie net waarskynlik is dat dit kan

gebeur nie, en die afwesigheid van alternatiewe maniere waardeur die doel bevorder kan

word.

Hierdie patroon word nie deur die konstitusionele hof in sy gelykheidsbeslissings erken nie.

Die hof beskou die rasionale-verband-toets as deel van die definisie van die reg in artikel 9(1)

en nie as deel van die regverdiging vir die nienakoming van die grondwetlike plig nie. Dit is

daarom ook nie vreemd dat die hof in stap (a) glad nie verwys na die toepassing van

beperkingsbepalings nie. Indien alles wat die beperkingsbepaling veronderstel is om te doen,

afgehandel word gedurende die eerste fase, is daar inderdaad geen ruimte vir die toepassing

daarvan in ’n daaropvolgende fase nie. ’n Praktiese gevolg hiervan is dat die bewyslas ten

244

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

opsigte van die bestaan al dan nie van ’n rasionele verband op die persone rus wat kon bewys

het dat hulle gedifferensieerd behandel is. Hulle moet bewys dat daar geen geldige doel vir

die respondent se optrede is nie, en ás daar een was, dat die differensiasie nie die doel sou

bevorder nie. Al is differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie, nie ’n

“ernstige” beperking van regte nie, kan moeilik aan regverdiging vir hierdie situasie gedink

word. Waarom moet persone aan die ontvangkant van differensiasies, wat gewoonlik

onkundig is oor die binnewerkinge van die diskrimineerder se besigheid, verduidelik dat die

diskrimineerder geen goeie rede gehad het om hulle anders te behandel nie, of as daar goeie

redes was, dat die differensiasie nie die doel kan bevorder nie? Is die instansie of persoon wat

differensieer, nie veronderstel om selfs in die geval van klein, geykte differensiasietjies ten

minste darem te weet waarom hulle ’n bepaalde aksie uitvoer nie? Sou die staatsadministrasie

belemmer word as hulle moet antwoord op die vraag: “Waarom doen julle dit?” Is die

beginpunt van inisiatiewe om ons uit die groewe van eeue oue diskriminerende denk- en

aksiepatrone te kry nie om te vereis dat ons al ons differensiërende optredes moet kan

verantwoord nie? Eerder as in ’n skuif van die bewyslas, kan simpatie met die alledaagse,

onvermydelike diskriminasietjies neerslag vind in die voor die hand liggende redes wat

daarvoor aangevoer kan word, dit wil sê, binne die raamwerk van die twee-fase-benadering

tot die beperking van regte.

In die Harksen-riglyne is die toepassing van die rasionele-verband-toets ’n belangrike punt

waar die toepassing van artikel 9(1) en artikel 9(3) oorvleuel. Die rasionele-verband-toets is

inderdaad ook deel van die strenger toets wat in die geval van onbillike diskriminasie

toegepas word. Indien daar geen rasionele verband is vir doeleindes van artikel 9(1) nie, sal

daar uiteraard ook nie een bestaan vir doeleindes van onbillike diskriminasie in artikel 9(3)

nie. Alhoewel die hof in die eerste sinne van stap (a) slegs na die rasionele-verband-toets

verwys, verklaar die hof in die laaste gedeelte dat stap (b), wat handel oor onbillike

diskriminasie, volg slegs indien bevind word dat daar wel ’n rasionele verband was. Indien

daar nie ’n rasionele verband is nie, word die ondersoek vir die doeleindes van sowel artikel

9(1) as artikel 9(3) nie verder gevoer nie. Dit is inderdaad nie ’n onlogiese redenasie nie.

Soos hier bo gestel, is die differensiasie wat in artikel 9(1) verbied word, egter ’n reskategorie:

dit bestaan uit alle differensiasie wat nie op onbillike diskriminasie neerkom nie.

Daar kan dus geargumenteer word dat dit meer sin maak om eers te ondersoek of ’n

differensiasie die besondere verskyningsvorm onbillike diskriminasie uitmaak, en indien dit

nie die geval is nie, dan eers vas te stel of dit as gewone diskriminasie nie voldoen aan die

rasionele-verband-toets nie. Indien daar onbillike diskriminasie was wat nie aan die algemene

beperkingsbepaling voldoen nie, is dit onnodig om te ondersoek of daar ook ongrondwetlike

gewone differensiasie vir die doeleindes van artikel 9(1) was. Stappe (a) en (b) kan dus

omgeruil word. Die hof het dit alreeds in 1998 begin doen. In National Coalition for Gay and

Lesbian Equality v Minister of Justice verklaar die hof dat ’n ondersoek kan begin met die

vraag of daar onbillike diskriminasie was. 52 Alhoewel dit uit ’n praktiese oogpunt beskou

waarskynlik nie belangrik is watter stap eerste gedoen word nie, is dit wel belangrik dat die

rasionele-verband-toets ook ’n rol moet speel wanneer die ondersoek begin met ’n oorweging

van artikel 9(3). 53 Dit lyk of die hof se beskouing dat die rasionele-verband-toets deel vorm

245

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die definisie van die reg in artikel 9(1), en dus nie ’n beperkingsoorweging is nie, die hof

beïnvloed het om te verklaar dat die rasionele-verband-toets nie toegepas hoef te word

wanneer vir onbillike diskriminasie as ’n eerste stap getoets word nie. In National Coalition

for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice verklaar die hof dat “(t)he stage [in which

a] rational connection inquiry [is undertaken] would be clearly unnecessary in a case in which

a court holds that the discrimination is unfair and unjustifiable”. 54 Hierdie stelling is

verwarrend. Die bestaan van ’n rasionele verband tussen ’n regmatige doel en ’n

differensiasie is ’n vereiste vir alle gevalle waarin die reg op gelykheid beperk word, afgesien

daarvan of die ondersoek ingevolge artikel 9(1), 9(2) of 9(3) gedoen word.

4.2 Die onderskeid tussen “diskriminasie” en “onbillike diskriminasie” in stap (b)

In stap (b) van die Harksen-riglyne word ’n onderskeid gemaak tussen “diskriminasie” en

“onbillike diskriminasie”. “Diskriminasie” is volgens die hof differensiasie op ’n grond wat

uitdruklik beskryf word in artikel 9(3) of op ander gronde indien die differensiasie die

potensiaal het om mense se menswaardigheid aan te tas of hulle op ’n soortgelyke ernstige

manier kan raak. “Onbillike diskriminasie” is volgens die hof differensiasie op ’n grond

uitdruklik beskryf in artikel 9(3) of op ’n ander grond. In laasgenoemde geval word gefokus

op die uitwerking van die diskriminasie op die klaer en ander persone in soortgelyke

omstandighede. Die uitwerking word gemeet deur drie sake in ag te neem, naamlik (i) die

posisie en weerloosheid van die klaer in die gemeenskap; (ii) die aard en doel van die

gesagsuitoefening deur die verweerder; en (iii) met inagneming van (i) en (ii) of daar regte en

belange van die klaers geraak is énof daar ’n aantasting van menswaardigheid of soortgelyke

ernstige gevolge was. 55

Volgens Wesson is die Kanadese howe se hantering van die reg op gelykheid in die Kanadese

handves van regte al beskryf as “overly complex, indeterminate and unpredictable, while the

role of [the general limitation clause in] section 1 has effectively been eviscerated”. 56 Hierdie

stelling is ook waar van die konstitusionele hof se beskrywing van hoe “diskriminasie” en

“onbillike diskriminasie” onderskei moet word.

Die konstitusionele hof het nie in die Harksen-saak of in enige uitspraak daarná verduidelik

wat die doel van die onderskeid tussen “diskriminasie” en “onbillike diskriminasie” is nie, dit

wil sê watter praktiese gevolge geheg moet word aan die kategorie “diskriminasie” nie.

Artikel 9(3) verbied slegs onbillike diskriminasie, dit verwys nie na “diskriminasie” nie.

Logies soos dit mag klink dat die teenkant van onbillike diskriminasie “billike diskriminasie”

is, is daar nie in die bepaling enige verwysing na so ’n kategorie nie. In die riglyne wat in

hierdie artikel voorgestel word, word die uitgangspunt gebruik dat differensiasie wat nie

onbillike diskriminasie is nie, differensiasie is wat ingevolge óf artikel 9(1) óf artikel 9(2)

hanteer moet word. Die hof verklaar in stap (b)(i) dat differensiasie op ander gronde as die

gronde in artikel 9(3) genoem, diskriminasie uitmaak indien dit menswaardigheid kan aantas

of soortgelyke ernstige gevolge het, maar in die geval van onbillike diskriminasie in stap

(b)(ii) word verklaar dat die ander gronde bewys moet word met verwysing na die uitwerking

246

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die differensiasie. Watter uitwerking? Weer eens speel die uitwerking op

menswaardigheid of ander soortgelyke gevolge die deurslaggewende rol.

In haar ontleding van die Harksen-riglyne verklaar Krüger dat die verwarring wat hierdie

twee kategorieë veroorsaak, daaraan toegeskryf kan word dat artikel 9(3) nie slegs ’n lys van

gronde vir onbillike diskriminasie bevat nie, maar steeds nog die algemene begrip “onbillike

diskriminasie” behou. 57 Dit lyk of sy van mening is dat daar geen verwarring sou wees indien

artikel 9(3) slegs ’n lys van gronde, of slegs ’n algemene verwysing na onbillike

diskriminasie, sou bevat nie. Dit is egter te betwyfel of die lys gronde in artikel 9(2) die bron

van die verwarring kan wees. Die lys gronde wat in artikel 9(3) beskryf word, is nie ’n

geslote lys, dit wil sê ’n lys wat die enigste gronde vir onbillike diskriminasie uitmaak, nie.

Artikel 9(3) verbied onbillike diskriminasie op enige grond, “met inbegrip van” die 16 gronde

wat genoem word, en die artikel bepaal dat of die differensiasie nou op ’n grond is wat

uitdruklik genoem word en of dit nou op ’n ander grond is, die differensiasie onbillike

diskriminasie moet wees en dus moet voldoen aan die vereistes wat die hof vir onbillike

diskriminasie stel (soos hier onder in paragraaf 4.3 bespreek). Gelees saam met artikel 9(5) is

die enigste praktiese doel van die lys van gronde om ’n spesiale bewyslasreëling te tref: die

las om te bewys dat differensiasie op daardie gronde nie onbillike diskriminasie is nie, berus

by die verweerder, terwyl die las om te bewys dat differensiasie op enige ander grond

“onbillike diskriminasie” is, berus by die klaer. Selfs differensiasie op die gronde in artikel

9(3) genoem is dus nie sonder meer onbillike diskriminasie nie – differensiasie op daardie

gronde moet ook voldoen aan die vereistes vir onbillike diskriminasie en daardie vereistes is

dat die differensiasie menswaardigheid moet aantas of soortgelyke ernstige gevolg moet hê. 58

Die lys faktore in artikel 9(3) is dus nie ’n lys van gevalle wat “afwyk” van die “normale”

nie. Inteendeel, dit beskryf hoedanighede en kenmerke waaraan geen regsgevolge geknoop

behoort te word nie, tensy die differensiasie geregverdig kan word. 59 Terselfdertyd beteken

die begrip onbillike diskriminasie as ’n oop substantiewe begrip dat daarmee gereken word

dat nuwe gronde vir onaanvaarbare differensiasie moontlik reeds bestaan of later kan

ontwikkel. Hierdie benadering kom neer op wat deesdae in Westerse regsfilosofiese kringe

postkategoriale “Gleichheit und Differenz” genoem word. 60

Alhoewel die hof nog steeds in sy jongste beslissings oor onbillike diskriminasie die

Harksen-riglyne volledig aanhaal, speel die verwarrende onderskeid tussen “diskriminasie”

en “onbillike diskriminasie” vir alle praktiese doeleindes gelukkig nie meer ’n rol nie. 61 Soos

hier bo aangetoon, kan differensiasie wat nie onbillike diskriminasie is nie, beskou word as

differensiasie wat beoordeel moet word volgens artikel 9(1) of artikel 9(2). Dit is nie sonder

meer grondwetlik nie, want dit moet voldoen aan die rasionele-verband-toets. Dit skep

oneindige verwarring om dit te beskou as “billike diskriminasie” wat kwansuis iets anders is

as differensiasie wat deur artikel 9(1) gedek word.

4.3 Die toets vir onbillike diskriminasie in stap (b) en die aanvullende uiteensetting

247

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Onbillike diskriminasie is volgens die Harksen-riglyne differensiasie wat menswaardigheid

aantas of ’n soortgelyke ernstige gevolg het, en of dit wel die geval is, word bepaal aan die

hand van ’n aantal faktore wat die hof in aanmerking neem en wat hier onder genoem word.

Soos aan die begin van paragraaf 4 gestel, is hierdie faktore: (i) die posisie van die klaers in

die gemeenskap, of daar historiese patrone van benadeling bestaan en of daar differensiasie

was op ’n grond in artikel 9(3) genoem; (ii) die aard en die doel van die diskriminerende

maatreël of bevoegdheid; en (iii) met behoorlike inagneming van (i) en (ii) en enige ander

relevante oorweging, die mate waarin die regte en belange van die klaers geraak word deur

die diskriminerende behandeling en of dit gelei het tot ’n aantasting van hulle

menswaardigheid of hulle op ’n soortgelyke ernstige manier geraak het.

Is hierdie faktore addisionele gronde naas die aantasting van menswaardigheid of soortgelyke

ernstige gevolge, of is dit faktore wat kan help om te bepaal of daar aantasting van

menswaardigheid of soortgelyke ernstige gevolge is? Om die volgende redes word aan die

hand gedoen dat dit nie addisionele selfstandige gronde is nie:

(i) In punt (b)(ii) van die riglyne word dit gestel dat die toets vir onbillikheid hoofsaaklik

konsentreer op die “uitwerking” van die differensiasie. Die historiese patrone van benadeling

is inderdaad die rede waarom sekere gronde in artikel 9(3) gelys word, maar uit artikel 9(3)

en (5) blyk dit dat hierdie patrone en gronde die grondslag is van ’n vermoede van

onbillikheid wat weerlê kan word. Wanneer iets weerlê kan word, gee daardie iets nie die

deurslaggewende antwoord op die vraag of daar onbillike diskriminasie was nie.

(ii) Vir sover onbillikheid volgens die hof bepaal word hoofsaaklik deur na die onbillikheid te

kyk, is dit uiters moeilik om te sien hoe die doel waarvoor die maatreël getref is, ’n

selfstandige grond vir onbillikheid kan wees, of selfs watter bydrae dit kan lewer om die

uitwerking van die maatreël te bepaal. Dit is waarskynlik die mees opvallende fout in die

Harksen-riglyne. Uit die formulering van hierdie faktor deur regter Goldstone in die

Harksen-saak blyk glashelder dat die hof daarmee die regverdiging van die uitwerking van

die maatreël (welke regverdiging ten opsigte van alle ander regte ’n tweede-faseaangeleentheid

is) as deel beskou van die vraag of daar onbillike diskriminasie is:

If its purpose is manifestly not directed, in the first instance, at impairing the

complainants in the manner indicated above, but is aimed at achieving a worthy and

important societal goal, such as, for example equality for all, this purpose may,

depending on the facts of the particular case, have a significant bearing on the

question whether complainants have in fact suffered the impairment in question. 62

Terwyl die oorsaak vir die mistasting so opvallend is, is dit nie besonder moeilik om die fout

reg te stel nie: die belangrikheid van die doel van die feitelike beperking (onbillike

diskriminasie) moet oorweeg word wanneer artikel 36 daarop toegepas word. Daar kan

moeilik aanvaar word dat ’n openlike fout in die riglyne wat maklik reggestel kan word, as

deel beskou moet word van ’n leerstuk oor die toepassing van die reg op gelykheid wat

heeltemal afwyk van die patroon wat vir alle ander regte geld.

248

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(iii) Die laaste addisionele faktor, naamlik “die mate waarin die regte en belange van die

klaers geraak word deur die diskriminerende behandeling en of dit gelei het tot ’n aantasting

van hulle menswaardigheid of hulle op ’n soortgelyke ernstige manier geraak het”, is

ooglopend slegs ’n herhaling van die algemene toets oor die aantasting van menswaardigheid

of ’n soortgelyke ernstige gevolg.

Daar was baie kommentaar op die aantasting van menswaardigheid as ’n toets vir die

aanwesigheid van onbillike diskriminasie. Die verskillende standpunte word deeglik deur

Krüger bespreek. 63 Dit is onnodig om die besonderhede van al die standpunte hier te herhaal.

Daar kan met Krüger se nuttige samevatting volstaan word:

The criticism of the dignity-centered analysis has been varied, and ranged from

criticising the court for constructing a baseless core for the equality right, to depriving

the equality right of proper meaning. The main contentions raised against the

approach involve the individualistic nature of the dignity-centered approach which

denies the complexity and intersection of the inequalities in society and the inability

of this approach to facilitate transformation and thus to overcome systematic

inequalities which are pervasive in South African society. 64

In hierdie debatte word byna sonder uitsondering slegs gekonsentreer op die aantasting van

menswaardigheid as ’n toets vir onbillike diskriminasie. Dit kan die indruk laat ontstaan dat

die aantasting van menswaardigheid die enigste oorweging is. Dit is natuurlik nie so nie. Die

hof verwys ook na “soortgelyke ernstige gevolge”, en alhoewel “die aantasting van

menswaardigheid” en “soortgelyke ernstige gevolge” alternatiewe is, bestaan daar tog ’n

verband tussen hulle wat moontlik lig kan lig werp op die probleme met menswaardigheid.

Die uitdrukking “of ’n soortgelyke ernstige gevolg” is egter ook omstrede. 65 Die

konstitusionele hof het self nog nie die uitdrukking verduidelik of op groot skaal toegepas

nie. In Pretoria City Council v Walker 66 word verklaar dat die praktyk om inwoners van

blanke woongebiede vir uitstaande belasting en diensteheffings te vervolg, maar nie inwoners

van swart woongebiede nie, ’n uitwerking het wat net so ernstig is as die aantasting van

menswaardigheid. In Mvumvu v Minister of Transport bevind die hof sonder verwysing na

die aantasting van menswaardigheid dat die beperking van sekere derdepartyversekeringseise

tot R25 000 van persone wat openbare vervoer gebruik in artikel 18 van die Wet op

Padongelukke 56 van 1996 (soos dit gelui het voor die wysiging deur Wet 19 van 2005), ’n

uiters ingrypende uitwerking gehad het en op onbillike diskriminasie neergekom het. Die hof

verduidelik dat die perk van R25 000 dikwels nie eers die mediese koste sou dek nie en dat in

die geval van ongeskiktheid om te werk, die perk so laag was dat die slagoffers nie eers

basiese lewensnoodsaaklikhede soos kos en skuiling sou kon bekostig nie. 67

Skrywers ignoreer meestal die uitdrukking, en ’n regter wat ’n mede-outeur was van die

uitspraak waarin die uitdrukking vir die eerste keer voorgekom het, 68 verklaar later dat die

uitdrukking ingevoeg is om ’n eenparige uitspraak te kon lewer, dat dit ’n “obfuscatory

qualification” is en dat “[o]ne can but hope that it will, with the passage of time, become an

anachronism”. 69 Krüger stem saam. Sy meen dat die toets om praktiese redes laat vaar moet

word en dat ’n uitgebreide menswaardigheidskriterium die enigste oorweging moet wees. 70

249

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ek stem nie saam nie. Die feit dat ’n maatstaf uiters selde gebruik word, beteken nie dat dit

laat vaar moet word nie. Uit die volgende uiteensetting van die samehang tussen die reg op

gelykheid en alle ander regte, insluitende die reg op menswaardigheid, blyk dat die

moontlikheid dat ’n differensiasie wat “’n gevolg het wat net so ernstig is soos die aantasting

van menswaardigheid” op onbillike diskriminasie kan neerkom, inderdaad deel behoort te bly

van die ondersoek.

Klassifikasie is onvermydelik deel van verreweg die meeste maatreëls wat handvesregte

beperk. Dit is gewoonlik van toepassing op sekere mense en nie op ander nie, en selfs

wanneer dit vir almal geld, kan dit verskillende gevolge vir verskillende mense hê. 71 Omdat

die meeste beperkings van ander regte dus differensieer, kan hulle gewoonlik ook uit die

hoek van die reg op gelykheid ondersoek word. Verder lyk dit onvermydelik dat wanneer ons

differensiasies moet indeel om te bepaal hoe streng die algemene beperkingsbepaling

toegepas moet word, die uitwerking van die differensiasie, en by uitstek die uitwerking op die

gedrag en belange wat deur ander regte beskerm word, ’n fokuspunt sal wees. Dit is deel van

die aard en omvang van ’n beperking wat volgens artikel 36(1)(c) in aanmerking geneem

moet word en in die Harksen-riglyne word die reg op menswaardigheid in hierdie verband

uitgesonder.

Volgens die Harksen-riglyne is ’n differensiasie wat die reg op menswaardigheid aantas,

prima facie onbillike diskriminasie. Dit is deel van die historiese werklikheid dat

differensiasie menswaardigheid, in enige populêre of wetenskaplike sin van die woord, kan

aantas. Dit is eintlik ondenkbaar om in die Suid-Afrikaanse konteks aan onbillike

diskriminasie as ’n vorm van differensiasie met baie ernstige gevolge te dink sonder om aan

die aantasting van menswaardigheid te dink. Om die begrip menswaardigheid uit die toets vir

onbillike diskriminasie te verwyder omdat dit byvoorbeeld te vaag is om toe te pas, kom

daarop neer dat die insluiting van die reg op menswaardigheid in artikel 10 van die handves

in twyfel getrek word. 72

Die reg op menswaardigheid in artikel 10 beskerm die inherente waarde wat mense het bloot

omdat hulle mense is. 73 Dit beskerm die waarde wat geheg word aan menswees. Die reg

word geskend deur alle optrede waardeur mense soos goed of diere behandel word. 74 Krüger

is korrek met haar waarneming en aanbevelings dat stereotipering, vernedering, vooroordeel,

marginalisering, onderdrukkende gesagvershoudings en ’n negatiewe selfbeeld almal

verskynsels is wat sterk daarop kan dui dat menswaardigheid aangetas is. 75 Die aantasting

van menswaardigheid as ’n bewys van die bestaan van onbillike diskriminasie kan nie laat

vaar word nie.

Maar wat dan van die uitdrukking “of ’n soortgelyke ernstige gevolg”? In ’n sekere sin

beskerm al die regte in die handves eienskappe en kwaliteite wat tipies “menslik” is en

daarom word dikwels beweer dat menswaardigheid die hoeksteen van alle ander regte is.

Dit is inderdaad so dat ’n beperking van enige ander reg ook kan neerkom op aantasting van

die reg op menswaardigheid. 76 Daar is trouens regte, byvoorbeeld die reg op lewe en die

verbod op wrede, onmenslike en vernederende straf en slawerny, waarvan die aantasting

250

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

altyd sal neerkom op die aantasting van die reg op menswaardigheid. Maar daar is inderdaad

ook talle ander regte waarvan die aantasting met die aantasting van menswaardigheid kan

oorvleuel, maar nie noodwendig altyd wel oorvleuel nie. Menswaardigheid word gewoonlik

nie aangetas deur die beperking van die reg op bewegingsvryheid deur verkeersreëls, of van

die reg op eiendom deur belastingheffing, of van die reg op administratiewe geregtigheid

deur klein prosedurele afwykings of die versuim om redes vir ’n beslissing te gee nie, 77 of

van kinders se reg op meningsuiting as die juffrou vir hulle opdrag gee om stil te bly wanneer

sy praat nie.

Dit lyk dus of die uitdrukking “of ’n ander soortgelyke ernstige gevolg” as die aantasting van

menswaardigheid in die Harksen-riglyne deur ’n maatreël wat op direkte of indirekte wyse

differensieer, vertolk kan word om hoofsaaklik te dui op die aantasting van ander regte wat so

ingrypend is dat dit net so ernstig is as die aantasting van menswaardigheid. Alhoewel die

ernstige aantasting van ander regte gewoonlik sal oorvleuel met die aantasting van

menswaardigheid, kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat daar gevalle kan wees waarin

daar om die een of ander rede besluit word dat menswaardigheid nie aangetas is nie, maar dat

die differensiasie nietemin so ’n ingrypende uitwerking op ander regte gehad het dat dit as

onbillike diskriminasie beskou moet word. Die feit dat dit onwaarskynlik is dat so iets sal

gebeur, is nie genoeg rede om dit nie as ’n moontlikheid te behou nie. 78

Volledigheidshalwe kan gemeld word dat die streng standaarde wat in die VSA gestel word

vir sogenaamde “strict scrutiny”, ook geld vir klassifikasies waaruit die aantasting van

“fundamentele regte” spruit, en hierdie regte sluit al die regte in wat uitdruklik in die handves

gewaarborg word. 79

’n Verdere rede waarom “ander soortgelyke ernstige gevolge as die aantasting van

menswaardigheid” as deel van die kriteria behou behoort te word, is dat dit lig kan werp of

die vraag of daar onbillik teenoor regspersone gediskrimineer kan word. Aan die een kant is

dit nie moeilik om te voorsien dat daar teen ’n regspersoon gediskrimineer kan word op

gronde wat in artikel 9(2) genoem word nie, byvoorbeeld op grond van die geslag, taal, of ras

van die direksie of die meerderheid aandeelhouers. 80 Die gronde vir diskriminasie raak egter

die bewyslas slegs ten opsigte van die vraag of daar onbillike diskriminasie is. Indien die

aantasting van menswaardigheid die enigste maatstaf is, is daar egter probleme. Regspersone

is nie draers van die reg op menswaardigheid nie. (In soverre die menswaardigheid van die

mense wat lede van ’n regspersoon is, aangetas word, gaan dit oor hulle eie menswaardigheid

en nie oor enige “kollektiewe hoedanigheid” van die regspersoon nie. Die aantasting van

hulle reputasie het te doen met hulle reputasie in die veld waarin hulle werk en dat alhoewel

dit ander regte van die regspersoon kan raak, dit niks te doen het met menswaardigheid in die

gewone sin van die woord nie.) Dit is egter denkbaar dat die diskriminasie teenoor ’n

regspersoon so ’n negatiewe en verwoestende uitwerking op ander regte van die regspersoon

kan hê (byvoorbeeld eiendomsreg of die reg om ’n bedryf of beroep te beoefen) dat dit vir

doeleindes van die toets vir onbillike diskriminasie vergelyk kan word met die aantasting van

menswaardigheid.

251

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Soos reeds elders verduidelik, 81 is die maatstaf wat die konstitusionele hof vir onbillike

diskriminasie stel, naamlik dat dit differensiasie is wat menswaardigheid aantas of ’n

soortgelyke, ernstige gevolg het, om die volgende redes ’n verdienstelike en bruikbare

maatstaf: Eerstens onderskryf dit die etos van ’n handves van regte wat op menswaardigheid

gebaseer is. Tweedens het die toets in beginsel te doen met die uitwerking van ’n

differensiasie en nie met die vraag of daar regverdiging daarvoor bestaan nie. As sodanig is

dit voor die hand liggend om die toets as deel van die eerste fase van ’n handves-ondersoek te

beskou. Die toets maak dit duidelik waarom veel strenger standaarde vir die moontlike

regverdiging van onbillike diskriminasie gestel moet word as in die geval van die

differensiasie wat ingevolge artikel 9(1) hanteer word. Derdens, soos wat duidelik in artikel

9(3) beoog word, maak die toets dit moontlik om gevalle van onbillike diskriminasie te

identifiseer wat nie gebaseer is op die gronde wat uitdruklik genoem word nie. Daardeur

word die deur oopgehou dat enige nuwe gronde vir onbillike diskriminasie, hetsy as

eenmalige insidente of as ’n “nuwe” vorme van sistemiese diskriminasie, geïdentifiseer en

hanteer kan word. Vierdens, indien die toets gestroop kan word van die onnodige

beperkingsoorwegings wat die hof daarby insluit (sien paragraaf 4.4 hier onder), pas dit

naatloos in by die bewyslasreëlings in handveslitigasie en by die algemene reeling oor die

bewyslasreëlings tydens die twee fases van ’n handvesondersoek (sien paragraaf 3.4 hier bo)

en in die besonder by die spesiale bewyslasreëling wat in artikel 9(5) getref word. Vyfdens,

soos hier bo verduidelik, kan voorsien word dat ook teenoor regspersone onbillik

gediskrimineer kan word, omdat die ingrypende aard van die uitwerking van die

differensiasie op ander regte as menswaardigheid ook onbillike diskriminasie kan uitmaak.

4.4 Die toepassing van die algemene beperkingsbepaling in stap (c)

Nadat daar vasgestel is dat daar onbillike diskriminasie was, moet volgens die Harksenriglyne

ondersoek word of die onbillike diskriminasie ingevolge artikel 36 redelik en

regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing wat gebaseer is op menswaardigheid,

vryheid en gelykheid met inagneming van alle relevante faktore, insluitende die aard van die

reg, die belangrikheid van die doel van die beperking, die aard en omvang van die beperking,

die verhouding tussen die beperking en die doel daarmee, en alternatiewe maniere om die

doel te bereik. 82 Heelwat probleme met die toepassing van die algemene beperkingsbepaling

op onbillike diskriminasie is al geopper.

Op ’n soort instinktiewe vlak veroorsaak die woord onbillik probleme. Daar word gevra hoe

dit moontlik kan wees dat “onbillike” diskriminasie aan die beperkingsvereistes kan voldoen

en sodoende “redelike onbillike diskriminasie” word. Is so iets denkbaar? 83 Al “klink” dit

vreemd omdat “onbillik” en “redelik” in gewone omgangstaal teenstrydighede is, is dit vir

doeleindes van die toepassing van die handves wel denkbaar. “Onbillikheid” in artikel 9(3)

het te doen met die gevolge van ’n differensiasie en is dus nie ’n besondere

beperkingsbepaling nie. “Redelikheid” as deel van die algemene toets in artikel 36 het te

doen met die moontlike regverdiging nadat daar vasgestel is dat daar onbillike diskriminasie

is. As ’n mens hierdie onderskeid nie kan verstaan 84 of wil maak nie, stort die moontlikheid

252

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van ’n twee-fase-benadering in alle handvesondersoeke (nie slegs oor gelykheid nie) in duie.

Dit sou ’n terugwaartse stap wees vir pogings om die handves sistematies te probeer toepas.

Daar is ook skrywers wat twyfel uitspreek of dit sinvol en prakties moontlik is om die

algemene beperkingsbepaling toe te pas nadat vasgestel is dat ’n differensiasie neerkom op

onbillike diskriminasie, want die konstitusionele hof neem soveel beperkingsoorwegings in

ag om te bepaal of daar onbillike diskriminasie is dat daar geen werk is vir die algemene

beperkingsbepaling om te doen nie. Krüger meen dat dit onmoontlik is om die twee-fasebenadering

op die verbod op onbillike diskriminasie toe te pas en dat die hof se holistiese

ineenstrengeling van die fases in ’n “fairness-cum-justification analysis” die enigste praktiese

uitweg is. 85 Die hof pas egter die twee-fase-benadering redelik goed toe op die ander regte. 86

Dit is dus moeilik om te aanvaar dat die hof se probleme om dit op die reg op gelykheid toe te

pas as ’n gedane saak beskou moet word, veral wanneer die hof se riglyne vir buitestanders

verwarrend is en die toepassing daarvan in die howe soms hoofsaaklik neerkom op die

inkantasie van ’n formule waarna instinktief verder met die saak gewerk word.

Die hof se ineenstrengeling van die feitelike beperking van die reg en die regverdiging van

die beperking het nou al selfs daartoe gelei dat die hof die bewyslasreëling in artikel 9(5)

verkeerd vertolk. In Hassam v Jacobs vertolk die konstitusionele hof sowel artikel 9(3) as

artikel 9(5) verkeerd in die stelling dat “[d]iscrimination on each of the listed grounds in

section 9(3) is presumed to be unfair unless justified” en “the question now arises as to

whether this unfair discrimination can be justified under section 36.” 87 Artikel 9(5) skep nie

’n vermoede wat deur die respondent weerlê kan word deur te bewys dat die differensiasie

geregverdig (“justified”) kan word aan die hand van artikel 36 nie. Dit skep ’n vermoede wat

weerlê kan word deur te bewys dat die differensiasie nie onbillik is volgens die maatstawwe

vir onbillikheid nie. “Onbillikheid” word bepaal deur te let op die gevolge van die

differensiasie, naamlik of die differensiasie menswaardigheid aangetas het of ’n ander

soortgelyke, ernstige gevolg gehad het. Indien bevind word dat die differensiasie onbillik in

hierdie sin was, word die moontlikheid ondersoek of die differensiasie geregverdig kan word

aan die hand van die bepalings van artikel 36.

5. Voorstelle om die riglyne vir die toepassing van die reg op gelykheid te verbeter

Die voorgestelde riglyne hier onder word in hooftrekke afgestem op drie vrae: 88

1. Is daar differensiasie?

2. Indien wel, watter vorm van differensiasie is dit?

3. Kan die differensiasie regverdig word aan die hand van die algemene

beperkingsbepaling?

Om die riglyne so hanteerbaar moontlik te maak, word daar ten opsigte van elke vraag ook

kortliks verduidelik wat sekere begrippe soos “regstreekse en onregstreekse” differensiasie

beteken. Ook hierdie verduideliking word so eenvoudig moontlik geformuleer. Die eindnotas

253

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van hierdie paragraaf en veral die bronne waarna daar in die notas verwys word, kan

geraadpleeg word vir meer tegniese verduidelikings.

Stap 1. Daar word vasgestel of daar differensiasie is. Die vraag is dus:

Word daar ten opsigte van die klaer op ’n regstreekse of onregstreekse manier

gedifferensieer deur die reël of optrede wat ondersoek word?

1.1 Soos in die geval van ander regte moet ook vasgestel word of die klaer ’n draer is van die

reg op gelykheid. Alle mense word beskerm deur die reg en vir sover regspersone se belange

moontlik geraak sou kon word op ’n manier wat vergelyk kan word met die aantasting van

menswaardigheid van natuurlike persone, word ook hulle deur die verbod op onbillike

diskriminasie beskerm. 89

1.2 Soos in die geval van ander regte moet ook vasgestel word of die persoon of instansie wat

die reël gemaak het of opgetree het, gebind word deur die reg. Die reg op gelykheid is van

toepassing op alle reg en bind alle staatsorgane. 90 Die reg bind ook private persone en

instansies omdat die aard van die reg, en die aard van die meeste pligte wat daaruit spruit,

sodanig is dat dit moontlik is dat hulle daardeur gebind kan word. 91 (Die plig van die staat om

ingevolge artikel 9(4) nasionale wetgewing aan te neem om onbillike diskriminasie te

voorkom en te verbied, is die uitsondering.) In die geval van onbillike diskriminasie word

uitdruklik in artikel 9(4) verklaar dat niemand onbillik teen iemand anders mag diskrimineer

nie.

1.3. In die geval van regstreekse differensiasie word die grond vir differensiasie uitdruklik in

die maatreël genoem (byvoorbeeld “Rokers word nie hier toegelaat nie”). 92 In die geval van

onregstreekse differensiasie het die maatreël of optrede

• ’n differensiërende uitwerking sonder dat enige grond vir differensiasie genoem

word (byvoorbeeld “Almal moet vyf kilometer per dag stap” raak gestremdes

nadelig);

• ’n differensiërende uitwerking op ander gronde as die grond wat uitdruklik in die

maatreël genoem word (byvoorbeeld “Die dra van kopdoeke, juwele en ander

sierade deur studente word verbied” kan op godsdiensgronde differensieer). 93

Stap 2. Daar word vasgestel watter soort differensiasie dit is. Dié stap word gedoen omdat

die algemene beperkingsbepaling in stap 3 verskillend op verskillende soorte differensiasie

toegepas word. Die vraag is dus:

Indien die maatreël of optrede differensieer, is dit

• differensiasie wat neerkom op onbillike diskriminasie; of

• differensiasie wat nie neerkom op onbillike diskriminasie nie; of

• differensiasie wat in verband staan met regstellende optrede?

254

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2.1 Onbillike diskriminasie is regstreekse of onregstreekse differensiasie op enige grond wat

menswaardigheid aantas of ’n soortgelyke ernstige gevolg het. ’n Soortgelyke ernstige gevolg

kom gewoonlik neer op ’n baie ernstige aantasting van ’n ander reg in die handves.

2.2 Wanneer ’n klaer kan bewys dat dit differensiasie op sekere gronde is, moet die

verweerder bewys dat die differensiasie nie menswaardigheid aangetas of ’n soortgelyke

ernstige gevolg gehad het nie. Die gronde is: ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap,

huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntering, ouderdom,

gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte. Indien die klaer nie

kan bewys dat die differensiasie op enige van hierdie gronde was nie, moet sy of hy bewys

dat die differensiasie menswaardigheid aantas of ’n soortgelyke ernstige gevolg het. 94

2.3 Differensiasie wat nie neerkom op onbillike diskriminasie nie, is ’n res-kategorie; met

ander woorde, dit is alle differensiasie wat nie voldoen aan die vereistes vir onbillike

diskriminasie nie.

2.4 Differensiasie wat in verband staan met regstellende optrede kom voor in maatreëls om

mense wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, te beskerm en te ontwikkel.

Stap 3. Die differensiasie kan geregverdig word aan die hand van die algemene

beperkingsbepaling, of waar van toepassing, aan die hand van die bepalings oor regstellende

aksie in artikel 9(2). Die vraag is dus:

Kan die differensiasie geregverdig word ingevolge die algemene beperkingsbepaling,

of in die geval van regstellende aksie, ingevolge die vereistes in artikel 9(2)?

3.1 Omdat die aard en gevolge van onbillike diskriminasie baie ernstig is, word die algemene

beperkingsbepaling baie streng toegepas. 95 Behalwe dat vereis word dat daar ’n rasionele

verband tussen die beperking en die doel moet bestaan, word groot gewig geheg aan die

belangrikheid van die doel van die beperking. Dit moet ’n uiters dringende doel wees

waarvan die bevordering deur ’n differensiërende maatreël noodsaaklik moet wees. Geen, of

slegs ’n uiters beperkte diskresie, word aan die differensieerder verleen om te kies tussen

alternatiewe maniere om die doel te bereik.

3.2 Omdat die aard en omvang van differensiasie wat nié op onbillike diskriminasie neerkom

nie, minder ernstig is, word die algemene beperkingsbepaling nie streng toegepas nie. Daar

word hoofsaaklik vereis dat die differensiasie ’n wettige doel moet dien en dat dit ’n bydrae

moet kan maak om die doel te bevorder (die sogenaamde rasionele-verband-toets). Die

belangrikheid van die doel en die mate waarin die doel bevorder kan word, speel nie werklik

’n rol nie. Alternatiewe maniere om die doel te bereik, word nie in ag geneem nie.

3.3. Differensiasie wat uit regstellende optrede spruit, kan neerkom op enigeen van die twee

ander vorme van differensiasie, 96 maar die toets vir die geldigheid daarvan word in artikel

9(2) bepaal. Die konstitusionele hof het beslis dat artikel 9(2) vereis dat die maatreëls (i)

gerig moet wees op persone of kategorieë persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel

is; (ii) redelikerwys in staat moet wees om daardie persone te bevoordeel of te beskerm; en

255

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(iii) die bereiking van die doel van substantiewe gelykheid moet kan bevorder. Die toets is

strenger as die rasionele-verband-toets (’n spesifieke doel word gespesifiseer en die

differensiasie moet die doel “redelikerwys” kan bevorder), maar nie so streng as die toets vir

onbillike diskriminasie nie. 97

Bibliografie

Ackermann, L. 2006. Equality and non-discrimination: some analytical thoughts. South

African Journal on Human rights, 22(4):597–612.

Albers, M. 2008. Gleichheit und Verhältnismässigkeit. Juristische Schulung, 48:945–9.

Albertyn, C., B. Goldblatt en C. Roederer (reds.). 2001. Introduction to the Promotion of

Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act. Johannesburg: Witwatersrand

University Press.

Alexander, L. 1992. What makes wrongful discrimination wrong? Biases, preferences,

stereotypes and proxies. University of Pennsylvania Law Review, 141:149–219.

Ariaza, W., P. Haddon en D. Robberts. 2006. Constitutional law cases, history and dialogues.

3de uitgawe. Newark-New York-Charlottesville: LexisNexis.

Ast, S., J. Hänni, K. Mathis en B. Zabel (reds.). 2012. Gleichheit und Universalität. Stuttgart:

Franz Steiner Verlag/Nomos.

Bachmann, G. 2006. Gleichbehandlung im Kapitalmarkrecht. Zeitschrift für die gesamte

Handelsrecht und Wirtschaftsrecht, 170:144–177.

Brand, D. 2003. The proceduralisation of South African socio-economic rights jurisprudence,

or “What are socio-economic rights for?”. In Botha, Van der Walt en Van der Walt (reds.)

(2003:33–56).

Botha, H., A. van der Walt en J. van der Walt (reds.). 2003. Rights and democracy in a

transformative constitution. Stellenbosch: Sun Press.

Braveman, D., W. Banks en R. Smolla. 2005. Constitutional law: structure and rights in our

federal system. 5de uitgawe. Newark-San Francisco-Charlottesville: LexisNexis.

Convention for a Democratic South Africa. 1991. First Plenary Session. Direct Transcription

and Documents. Date: 20 & 21 December 1991. Ongepubliseerde transkripsie van die

verrigtinge in my besit.

Cuenca, C. 2012. The prohibition on discrimination. New content (Art. 14 ECHR and

Protocol 12). In García Roca en Sangtalaya (reds.) (2012:467–84).

256

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Currie, I. en J. de Waal. 2005. The Bill of Rights Handbook. Landsdowne: Juta.

García Roca, J. en P. Sangtalaya (reds.). 2012. Europe of rights: A compendium on the

European Convention of Human Rights. Leiden-Boston: Martinus Nijhoff.

Gerards, J. 2005. Judicial review in equal treatment cases. Leiden-Boston: Marthinus

Nijhoff.

Grünberger, M. 2012. Das Prinzip der personalen Gleichheit. Eine Skizze des

Rechtfertigungsmodells von Gleichbehandlungspflichten privater Akteure. In Ast e.a. (reds.)

(2012:93–106).

Gunther, G. 1992. Individual rights in constitutional law. 5de uitgawe. New York: The

Foundation Press.

Isensee, J. en P. Kirchhof. 2010. Handbuch des Staatsrechts der Bundesrepublik

Deutschland. Band VIII. Heidelberg: C.F. Müller.

Krog, A. 2002. Met woorde soos met kerse. Inheemse verse uitgesoek en vertaal deur Antjie

Krog en ander. Kaapstad: Kwela Boeke.

Krüger, R. 2011. Equality and unfair discrimination: refining the Harksen test. South African

Law Journal, 128(3):479–512.

Louw, N.P. Van Wyk. 1958. 1967. ’n Wêreld deur glas. Benaderings van die literatuur II.

2de druk. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.

Lundmark, T. 2008. Power and rights in US constitutional law. 2de uitgawe. New York:

Oxford University Press.

Naguib, T. 2012. Postkategoriale “Gleichheit und Differenz”: Antidiskriminierungsrecht

ohne kategorien Denken. In Ast e.a. (reds.) (2012:178–94).

Neethling, J. en J. Potgieter. 2012. Deliktuele staatsaanspreeklikheid weens

polisieverkragting. LitNet Akademies, 9(2). http://www.litnet.co.za./Article/deliktuele-

staatsaanspreeklikheid-weens-polisieverkragting (29 Junie 2012 geraadpleeg).

Paulo, N. 2012. Eine partikularistische Sicht auf den allgemeinen Gleichheitssatz. In Ast e.a.

(reds.) (2012:59–75).

Price, A. 2010. Rationality review of legislation and executive decisions: Poverty Alleviation

Network and Albutt. South African Law Journal, 127(4):580–91.

Rautenbach, I.M. 1997. Die verband tussen die gelykheidsbepalings en die algemene

beperkingsbepaling in die handves van regte. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg,3:571–83.

257

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 1998. Die konstitusionele hof se riglyne vir die toepassing van die reg op gelykheid.

Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:316–25.

—. 2001. Die Konstitusionele Hof se riglyne vir die toepassing van die reg op gelykheid II.

Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:29–40.

—. 2002. Die reg op eiendom – arbitrêre ontneming, proporsionaliteit en die algemene

beperkingsbepaling in konteks. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:813–22.

—. 2011. Introduction to the Bill of Rights. Human Rights Compendium. Durban.

LexisNexis.

Sajó, A. en R. Uitz (reds.). 2010. Constitutional topography: Values and constitutions. Den

Haag: Eleven International.

Schoeman, K. 2006. Kinders van die Kompanjie. Pretoria: Protea Boekehuis.

Stern, K. en F. Becker. 2010. Grundrechte – Kommentar. Keulen: Carl Heymanns.

Wesson, W. 2010. Contested concepts: equality and dignity in the case-law of the Canadian

Supreme Court and the South African Constitutional Court. In Sajó en Uitz (reds.)

(2010:271–98).

Weaver, L., S.I. Friedland en C. Hancock. 2011. Constitutional law: cases, materials, and

problems. 2de uitgawe. New York. Aspen Publishers.

Eindnotas

1 Ter stawing van die stelling t.o.v. Suid-Afrika word die volgende aangehaal.

Schoeman (2006:248) vermeld: “In 1662 was dit vir die Politieke Raad in sy eerste sitting

onder kommandeur Wagenaer reeds nodig om voor te skryf dat die Khoikhoi binne die

‘begrepe sirkel’ van blankes deur ons garnisoenhouers of matrose ‘uit dartelheid of nietige

oorsake as swart stinkende honde uitgeskel, nog minder geskop, gestamp of geslaan mag

word.’ Arbitrêre optrede aan die kant van vryburgers wat nie meer onder die regstreekse

beheer van die Fort of Kasteel gestaan het nie, het vermoedelik nog meer algemeen geword

en oortredings het nie altyd die oor van die owerheid bereik nie. So ook het die griewe van

die Khoikhoi toegeneem, asook dade van summiere wraakneming vir werklike of germeende

verontregting.” Die volgende reëls kom uit ’n Afrikaanse vertaling uit Noord-Sotho van ’n

gedig “Swart Woensdag (derde dag)” oor die Soweto-opstande van Junie 1976 deur H.M.L.

Lentsoane (die vertaalde gedig verskyn in Krog 2002:178-9):

... hulle praat ’n taal wat net geken word deur die baas daarvan

’n taal wat swartes nie verstaan nie

dis ’n taal wat gepraat word asof ander bondels wasgoed is

258

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dit weier om te sien hoe lyding altyd sterker en sterker trek soos tee

dit laat ons mense ’n nuwe taal praat

dit laat ons mense die taal van vuurhoutjies praat

ons mense sien die ougras wat die saailande dek

hulle steek brand, hulle stook, hulle skroei die aarde.

2 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993.

3 Convention for a Democratic South Africa (1991:268). My vertaling.

4 Die spreekwoordelike “tande” van die regte in die handves bestaan natuurlik nie slegs uit

die geformuleerde regte nie, maar by uitstek uit die feit dat die wysiging en die herroeping

van die handves verskans is (Grondwet art. 74(2)) en dat die howe ’n grondwetlike plig het

om wette en optrede wat strydig is met die Grondwet, ongeldig te verklaar (Grondwet

art.172(1)).

5 In Volks NO v Robinson 2005 5 BCLR 446 (KH) par. 221 word opgemerk: “As so often

happens in cases where prejudice is habitual and mainstream, the hurt to those affected is not

even comprehended by those who cause it, and passes unnoticed by members of the

mainstream.”

6

Grondwet artt. 30 en 31 waarborg regte t.o.v. taalgebruik en kulturele en godsdienstige

uitlewing met ander.

7 Bachmann (2006:159) verduidelik dat ’n grondwetlike gelykheidsbeginsel die perspektief

verander: “Begründungsbedürftig ist nicht mehr, wann und warum Private andere Private

gleichbehandeln müssen, sondern wann und warum das nicht der Fall ist.” Sien par. 3.3 hier

onder i.v.m. die standaarde waaraan verskillende vorme van differensiërende maatreëls en

optrede moet voldoen om grondwetlik aanvaarbaar te wees.

8 Dit is die tema van die bydrae van Alexander (1992:149–219).

9 Harksen v Lane 1997 11 BCLR 1489 (KH), 1998 1 SA 300 (KH) par. 53.

10 Krüger (2011).

11 In MEC for Education KwaZulu-Natal v Pillay 2008 2 BCLR 99 (KH), 2008 1 SA 474

(KH) par. 137 merk O’Regan R op dat die wet “is not a model of legislative clarity”.

12 Albertyn, Goldblatt en Roederer (reds.) (2001:41).

13 Sien oor stappe wat in die Duitse reg ontwikkel is om die reg op gelykheid toe te pas,

Albers (2008:947–9); Isensee en Kirchhof (2010:807); Paulo (2012:71).

14 Rautenbach (1998:316).

15 Louw (1958:48).

16 Louw (1958:79).

259

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

17 Sien t.o.v. die Suid-Afrikaanse handves o.a. National Coalition for Gay and Lesbian

Equality v Minister of Justice 1998 12 BCLR 1517 (KH), 1999 1 SA 6 (KH) par. 114; Gcaba

v Minister of Safety and Security 2010 1 BCLR 35 (KH) par. 53–4; Offit Enterprises (Pty)

Ltd v Coega Development Corporation (Pty) Ltd 2011 1 SA 293 (KH) par. 36.

18 Grondwet artt. 9–35.

19 Grondwet artt. 7, 8, 36–9.

20 Louw (1958:83).

21 Sien par. 3.4 hier onder.

22 Neethling en Potgieter (2012, par. 2).

23 ’n Handves van regte skep geen pligte wat nie die een of ander menslike belange of optrede

beskerm nie. Dit is ook waar van alle administratiefregtelike en strafprosesregtelike

prosedurele waarborge en selfs ook van die regte t.o.v. die omgewing in die Grondwet art. 24.

Lg. is ’n reg van “elkeen” vir die beskerming van sy of haar gesondheid en welsyn (art.

24(a)) en vir omgewingsbeskerming ter wille van “huidige en toekomstige geslagte” (art.

24(b)).

24 Gerards (2005:12).

25 Die artikel is ingevoeg om die litigasie wat in die VSA oor dekades gevoer is oor die vraag

of regstellende optrede omgekeerde diskriminasie is, uit te skakel.

26 Daar is ook ander regte wat geformuleer is as algemene regte met verdere spesifieke

verwysings na besondere verskyningsvorme van die algemene reg, bv. Grondwet artt. 12, 14,

16(1).

27 Sien par. 4.3. hier onder.

28 Soos deur die konstitusionele hof bevestig in o.a. Brink v Kitshoff 1996 6 BCLR 752 (KH),

1996 4 SA 197 (KH) par. 44; President of the RSA v Hugo 1997 6 BCLR 708 (KH), 1997 4

SA 1 (KH) par. 105; National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice

1998 12 BCLR 1517 (KH), 1999 1 SA 6 (KH) par. 33.

29 Grondwet art. 36(1)(a)–(e).

30 Vir meer besonderhede, sien Rautenbach (2011, par. 1A47(a)).

31 Sien egter First National Bank v CIR; First National Bank v Minister of Finance 2002 7

BCLR 702 (KH), 2002 4 SA 768 (KH) par. 65.

32 Sien par. 5 stap 3 hier onder.

33 Sien par. 3.2 hier bo.

260

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

34 Weaver e.a. (reds.) (2011:760). Sien i.v.m. die toepassing van verskillende standaarde op

verskillende soorte differensiëring in die Duitse reg, Grünberger (2012:97).

35 Grondwet art. 36(1)(a) en (c).

36 1995 12 BCLR 1579 (KH), 1996 1 SA 388 (KH) par. 18 (kursivering bygevoeg). Sien ook

Christian Education SA v Minister of Education 2000 10 BCLR 1051 (KH) par. 512; S v

Lawrence; S v Negal; S v Solberg 1997 10 BCLR 1348 (KH), 1997 4 SA 1176 (KH) par.

168.

37 Sien par. 5 stap 3 hier onder.

38

Jooste v Score Supermarket Trading (Pty) Ltd 1999 2 BCLR 139 (KH), 1999 2 SA 1 (KH)

par. 16.

39 Gunther (1992:276).

40 411 U.S. 1 (1973).

41 Sien Rautenbach (2011, par 1A53).

42 Sien par. 4.3 hier onder.

43 S v Zuma 1995 4 BCLR 401 (KH), 1995 2 SA 642 (KH) par. 21. Vir meer onlangse

uitsprake hieroor, sien Director of Public Prosecutions, Transvaal v Minister for Justice and

Constitutional Development 2009 7 BCLR 673 (KH), 2009 4 SA 222 (KH) par. 41; Johncom

Media Investments Ltd v M 2009 8 BCLR 751 (KH), 2009 4 SA 7 (KH) par. 25.

44 Vir meer besonderhede oor die aard van die bewyslas in handveslitigasie, sien Minister of

Home Affairs v National Institute for Crime Prevention (NICRO) 2004 5 BCLR 445 (KH),

2005 3 SA 280 (KH) par. 34–6.

45 1995 10 BCLR 1382 (KH), 1995 4 SA 631 (KH) par. 45–6.

46 Harksen v Lane 1997 11 BCLR 1489 (KH), 1998 1 SA 300 (KH) par. 53. My vertaling.

47 Harksen v Lane 1997 11 BCLR 1489 (KH), 1998 1 SA 300 (KH) par. 51; President of the

RSA v Hugo 1997 6 BCLR 708 (KH), 1997 4 SA 1 (KH) par. 42–3.

48 Krüger (2011:478, 512).

49 Die volgende stelling van Braveman, Banks en Smolla (2005:572) kom in byna alle

Amerikaanse staatsreghandboeke voor: “By their very nature, nearly all laws classify,

imposing obligations or conferring benefits on some but not others.”

50 Die verwysing na “eenvoudigste vorm” is belangrik, want in die literatuur word soms

gemeld dat die rasionele-verband-toets verskillende vorme kan hê wat op ’n glyskaal van heel

lig tot streng geplaas kan word. Sien Price (2010:586–9); Brand (2003:40); Weaver e.a.

(reds.) (2011:762).

261

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

51 Law Society of South Africa v Minister of Transport 2011 2 BCLR 150 (KH), 2011 1 SA

400 (KH) par. 37. My kursivering. Die stelling is nie gemaak met verwysing na die reg op

gelykheid nie, maar met verwysing na die rasionele-verband-toets as sowel ’n aspek van die

rule of law as ’n fundamentele waarde in Grondwet art. 1. I.v.m. die gekursiveerde gedeelte

moet daarop gewys word dat die begrip proporsionaliteit gewoonlik vertolk word om

“afweging” of “balansering” in te sluit. Die rasionele-verband-toets in sy eenvoudigste vorm

behels nie so ’n “afweging” of “balansering” nie. Lundmark (2008:116) verduidelik: “In

theory, this level of review involves no balancing whatsoever: the ends are either lawful or

unlawful; the means chosen are either aimed at reaching the ends, or they are not.” Die woord

proporsionaliteit kom nie in art. 36 voor nie. Dit is ’n begrip wat beteken dat verskillende

oorwegings (argumentshalwe die regte wat beperk word teenoor die doel met die beperking)

teen mekaar opgeweeg word om te sien watter daarvan onder die bepaalde omstandighede die

swaarste weeg. So ’n proses moet inderdaad ingevolge art. 36 plaasvind, maar

proporsionaliteit is nie die begin en einde van die toepassing van art. 36 nie. Daar is nie ’n

algemene afwegingsgebod in art. 36 nie, en om in te lees dat art. 36 slegs oor

proporsionaliteit gaan en niks anders nie, kom neer op ongemotiveerde en willekeurige uitleg.

Die rasionele-verband-toets, wat niks anders kan wees as ’n toets vir die beperking van regte

nie, sluit, soos hier bo verduidelik, nie “balansering’ in nie. Dit is dus verkeerd (soos die

konstitusionele hof by geleentheid gesê het) dat die rasionele-verband-toets niks met art. 36 te

doen het nie, want art. 36 bevat ’n proporsionaliteitstoets en die rasionele-verband-toets is nie

so ’n toets nie (sien First National Bank v CIR: First National Bank v Minister of Finance

2002 7 BCLR 702 (KH), 2002 4 SA 768 (KH) par. 5).

52 National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice 1998 12 BCLR 1517

(KH), 1999 1 SA 6 (KH) par. 18. Sien ook Mvumvu v Minister of Transport 2011 5 BCLR

488 (KH), 2011 2 SA 473 (KH) par. 26.

53 Krüger (2011:287).

54 1998 12 BCLR 1517 (KH), 1999 1 SA 6 (KH) par. 26.

55 Die Harksen-saak par. 51.

56 Wesson (2010:296).

57 Krüger (2011: 488–9).

58 Sien par. 4.3 hier onder.

59 Le Roux v Dey 2011 6 BCLR 577 (KH), 2011 3 SA 274 (KH) par. 185–91.

60 Sien Naguib (2012:179–94).

61

Sien bv. Mvumvu v Minister of Transport 2011 5 BCLR 488 (KH), 2011 2 SA 473 (KH)

par. 25.

62

Harksen v Lane 1997 11 BCLR 1489 (KH), 1998 1 SA 300 (KH) par. 51(b). Beklemtoning

bygevoeg.

63 Krüger (2011:497–501). Sien ook Wesson (2008:281–9).

262

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

64 Krüger (2011:498–9). Die voetnootverwysings is uitgelaat in hierdie aanhaling. Vn. 108

van Krüger se artikel bevat volledige verwysings na die gepubliseerde bydraes van

deelnemers aan die debat.

65 Krüger (2011:501–2).

66 1998 3 BCLR 257 (KH), 1998 2 SA 363 (KH) par. 81.

67 2011 5 BCLR 488 (KH), 2011 2 SA 473 (KH) par. 33–4.

68 Prinsloo v Van der Linde 1997 6 BCLR 759 (KH), 1997 3 SA 1012 (KH) par. 24.

69 Ackermann (2006:559).

70 Krüger (2011:502).

71 Stern en Becker (2010:336) verduidelik: “Jeder Akt der öffentlichen Gewalt zeichnet sich

in bestimmter Hinsicht durch Differenzierungen oder deren Fehlen aus und könnte darum

einer gleichrechtlichen Kontrolle unterworfen werden; daneben, kommt vor allem in Bereich

der Eingriffsverwaltung und -gesetzgebung vielfach eine Beeinträchtigung von

Freiheitsgrundrechten in Betracht.”

72 Die debatte wat in die Duitse reg gevoer word oor die vraag of “onaantasbare”

menswaardigheid wat in art. 1 van die Duitse Grondwet as die grondslag van alle ander regte

aangedui word, ’n afsonderlike reg is (sien bv. die oorsig in Stern en Becker 2010:108–21), is

waarskynlik nie relevant vir ons doeleindes nie; in Grondwet art. 10 word die reg op

menswaardigheid uitdruklik as ’n afsonderlike reg gewaarborg. Dit is nie moontlik om so ’n

uitdruklike bepaling “weg te redeneer” nie.

73 Sien bv. Dawood; Shalabi; Thomas v Minister of Home Affairs 2000 8 BCLR 837 (KH),

2000 3 SA 936 (KH) par. 35; Bhe v Magistrate Kayelitsha; Sibi v Sithole; SA Human Rights

Commission v President of the RSA 2005 1 BCLR 1 (KH), 2005 1 SA 580 (KH) par. 48.

74 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH) par 271; Prinsloo v Van

der Linde 1997 6 BCLR 759 (KH), 1997 3 SA 1012 (KH) par. 31.

75 Krüger (2011:505–12).

76 Sien bv. Coetzee v Government of the RSA; Matiso v Commanding Officer, Port Elizabeth

Prison 1995 10 BCLR 1382 (KH), 1995 4 SA 631 (KH) par. 10; Dawood; Shalabi; Thomas v

Minister of Home Affairs 2000 8 BCLR 837 (KH), 2000 3 SA 936 (KH) par. 35; Minister of

Home Affairs v Watchenuka 2004 2 BCLR 120 (HHA), 2004 4 SA 326 (HHA) par. 27; Le

Roux v Dey 2011 6 BCLR 577 (KH), 2011 3 SA 274 (KH) par. 141.

77

Sien in lg. verband, Dendy v University of the Witwatersrand 2007 8 BCLR 910 (HHA)

par. 18, 24.

78 Die kompromis wat volgens Ackermann R in die Prinsloo-saak bereik is, was ’n goeie

kompromis en behoort gestand gedoen te word.

263

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

79 Weaver e.a. (reds.) (2011:905–81); Lundmark (2008:118–9); Gunther (1992:490–548);

Ariaza, Haddon en Robberts (2006:1132–84).

80 In Manong and Associates (Pty) Ltd v City of Cape Town 2009 1 SA 644 (EqC) par. 34 het

die hof verklaar dat teen ’n maatskappy gediskrimineer kan word omdat die beherende

aandele gehou word deur vroue, gestremde persone, of etniese en godsdienstige groepe. En

wat ongelyste gronde betref, is dit moontlik om regspersone anders te behandel as natuurlike

persone, of anders te behandel as ander regspersone op grond van byvoorbeeld hulle grootte,

hulle soort besigheid, of die plek waar hulle gesetel is.

81 Sien Rautenbach (2011, par.1A57.2(iv)).

82 Grondwet art. 36(1).

83 Krüger (2011:503) vra: “Is it possible that unfair discrimination – that is discrimination that

is constitutionally offensive in that it impairs the fundamental dignity of a complainant – is

justifiable in an open and democratic society based on human dignity, equality and freedom?”

84 Indien omgangstaal en tegniese regstaal te ver uitmekaar loop, behoort daar in die lig van

die ideaal om die handves so verstaanbaar moontlik vir almal te maak (sien par. 1) iets aan

die regstaal gedoen te word. In hierdie geval sou “onbillike diskriminasie” vervang kon word

met “differensiasie wat menswaardigheid aantas of ’n soortgelyke ernstige gevolg het” (sien

par 4.3). Ongelukkig word “onbillike diskriminasie” in die grondwetteks gebruik en dit sal

besondere oortuigingsvermoë verg om die parlement oor te haal om grondwetwysigings vir

terminologiese oorwegings aan te bring. Dit sou egter oorweeg kon word om die hele

grondwet in hierdie verband weer noukeurig deur te werk.

85 Krüger (2011:504–5). Sien ook Currie en De Waal (2005:237–8).

86 Die enigste ander gevalle waarin die hof onklaar trap, is wanneer daar besondere

beperkingsbepalings in die formulering van die reg voorkom wat die hof dan nie as sodanig

identifiseer nie en hanteer asof dit deel vorm van die definisie van die reg wat as eerste-faseaangeleentheid

behandel moet word. Sien t.o.v. die reg om nie “arbitrêr” van eiendom

ontneem te word nie, Rautenbach (2002:443).

87 Hassam v Jacobs 2009 1 BCLR 1148 (KH), 2009 5 SA 572 (KH) par. 40.

88 Sien Weaver e.a. (reds.) (2001:760) wat vir die doeleindes van die Amerikaanse reg werk

met die vrae: “First, does the law classify? … Second, what is the nature of the classification?

Third, … which standard of review should a court apply?” Volgens Cuenca (2012:470) is die

raamwerk wat aanvanklik in die Europese Hof vir Menseregte vir die toepassing van die

diskriminasieverbod in art. 14 van die Europese Konvensie vir Menseregte gebruik is, effens

anders, naamlik “a) the facts of the case must evidence different treatment; b) the different

treatment does not pursue a legitimate claim or there is no objective and reasonable

justification; and c) there is no reasonable relationship of proportionality between the means

employed and aim sought to be realised.”

89

Manong and Associates (Pty) Ltd v City of Cape Town 2009 1 SA 644 (EqC) par. 31;

Rautenbach (2011, par. 1A57.1).

264

90 Grondwet artt. 7(2) en 8(1).

91 Grondwet art. 8(2).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

92 Alhoewel die uitdrukking “regstreeks of onregstreeks” slegs in art. 9(3) voorkom en nie in

art. 9(1) nie, moet daar ook vir die toepassing van art. 9(1) rekening gehou word met

bepalings wat oënskynlik neutraal is en in die formulering geen onderskeid tref nie, maar

inderdaad ’n ongelyke uitwerking het.

93 MEC for Education KwaZulu-Natal v Pillay 2008 2 BCLR 99 (KH), 2008 1 SA 474 (KH)

par. 137, en vir nog vbe. sien Pretoria City Council v Walker 1998 3 BCLR 257 (KH), 1998

2 SA 363 (KH) par. 31–2; Rates Action Group v City of Cape Town 2004 12 BCLR 1328 (K)

par. 29, 32.

94 Grondwet art. 9(5).

95 Soos verduidelik in par. 3.1 hier bo.

96 Dit is wêreldvreemd om te redeneer dat regstellende optrede ingevolge Grondwet art. 9(2)

nooit op onbillike diskriminasie kan neerkom nie. Natuurlik is dit moontlik dat regstellende

optrede diegene aan die negatiewe ontvangkant van die optrede se menswaardigheid kan

aantas of ’n soortgelyke, ernstige uitwerking kan hê. ’n Meer aanvaarbare verklaring vir

Grondwet art. 9(2) is dat die grondwetgewer in die lig van die verreikende uitwerking van

onbillike diskriminasie in die verlede ’n ligter toets as die toets vir onbillike differensiasie vir

die nadele wat uit die differensiasie kan spruit, geformuleer het.

97

Minister of Finance v Van Heerden 2004 11 BCLR 1125 (KH), 2004 6 SA 121 (KH) par.

37–8, 41–2, 113.

265

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vonnisbespreking: Die uitwerking van ’n bevel vir

skuldherstrukturering op ’n kredietgewer se reg op

skuldafdwinging waar kennis van beëindiging van

skuldhersiening voor verlening van die bevel gegee is

Abstract

Firstrand Bank v Raheman 2012 3 SA 418 (KZD)

Melanie Roestoff

Melanie Roestoff: Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria

The effect of a debt restructuring order on a credit provider’s right to debt enforcement

where notice of termination of debt review was given before granting of the order

Although the court did not refer to or deal with it explicitly, the legal question in Raheman

concerned the way in which the credit provider’s right to debt enforcement is affected by a

debt restructuring order in a case where the debt review was terminated in terms of section

86(10) of the National Credit Act before granting of the order. The author suggests that the

answer to this question depends on the legal position pertaining to the following issues: (i)

The moratorium on debt enforcement and the interrelationship between sections 88(3) and

86(10); (ii) the requirements for a notice of termination and the interrelationship between

section 86(10), 5(b) and (11); and (iii) the legal effect of a notice of termination and the

interrelationship between sections 86(10), (5)(b), (11), 87(1) and 130(1)(a). The aim of this

case note is to discuss and analyse the facts and decision in Raheman with reference to the

above-mentioned issues. The author concludes that the result of the decision in Raheman,

although clearly inconsistent with the decision of the supreme court of appeal in Collett v

Firstrand Bank Ltd 2011 4 SA 508 (SCA), is correct. However, there are several gaps in the

decision. The reasons for the decision are not clear and the relevant issues and the

interrelationship between the applicable sections of the National Credit Act are not properly

explained. The author concludes that the apparent inconsistency between the decision of the

high court in Raheman and that of the SCA in Collett indicates that the uncertainties with

regard to termination in terms of section 86(10) have by no means been clarified and that they

should be urgently addressed by legislative amendment.

1. Inleiding

Alvorens die uitspraak in Firstrand Bank v Raheman 1 bespreek en ontleed word, is dit

dienstig om eers ter agtergrond die tersaaklike bepalings van die National Credit Act 2 (NCA)

kortliks te bespreek.

266

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Een van die oogmerke van die Nasionale Kredietwet is om skuldverligting 3 aan ’n verbruiker

wat skuldmatig oorbelas 4 is, te verleen deur hom of haar in staat te stel om by ’n skuldberader

vir die hersiening van sy of haar skuldverpligtinge ingevolge kredietooreenkomste soos in die

wet omskryf, 5 aansoek te doen. 6 By ontvangs van die aansoek moet die skuldberader alle

kredietgewers wat in die aansoek gelys is, op die voorgeskrewe wyse en vorm van die

aansoek in kennis stel 7 en daarna, binne ’n tydperk van 30 dae, ’n bepaling maak of dit

voorkom dat die verbruiker skuldmatig oorbelas is. 8 Indien die skuldberader bevind dat die

verbruiker skuldmatig oorbelas is, 9 sal die skuldberader ’n voorstel vir die herstrukturering

van die verbruiker se skuldverpligtinge opstel en aan alle kredietgewers vir oorweging stuur.

Daar dien op gelet te word dat die Nasionale Kredietwet nie enige onderhandelinge vereis

met betrekking tot verbruikers wat skuldmatig oorbelas bevind word nie. 10 In die praktyk

verkies skuldberaders egter om met kredietgewers te onderhandel in die hoop dat ’n skikking

met hulle bereik kan word. Onderhandelinge word ook onderneem ooreenkomstig die

verpligting van die verbruiker en kredietgewers ingevolge artikel 86(5)(b) om in goeie trou

aan die skuldhersieningsproses en enige onderhandelinge wat verantwoordelike

skuldherstrukturering ten doel het, deel te neem. 11 Indien die partye egter nie ’n ooreenkoms

bereik nie, moet 12 die skuldberader ’n aansoek 13 ingevolge artikel 87(1) voor die landdroshof

bring vir ’n bevel ingevolge waarvan die verbruiker skuldmatig oorbelas verklaar word en

een of meer van sy of haar skuldverpligtinge ooreenkomstig die voorstel van die skuldberader

herstruktureer word. 14

Artikel 88(3) beskerm die verbruiker deur in bepaalde gevalle ’n moratorium op ’n

kredietgewer se reg op skuldafdwinging te plaas. Solank as wat die verbruiker aan

skuldhersiening onderhewig is, 15 of ’n hofbevel of ooreenkoms vir skuldherstrukturering op

hom of haar van toepassing is en hy of sy dit getrou nakom, 16 mag ’n kredietgewer nie enige

van sy regte ingevolge ’n kredietooreenkoms afdwing nie. Artikel 88(3) is onderhewig aan

artikel 86(10), wat aan ’n kredietgewer die reg verleen om aan die verbruiker kennis te gee

dat die skuldhersieningsproses beëindig word. Hierdie subartikel bepaal dat indien ’n

verbruiker in versuim 17 is met betrekking tot ’n kredietooreenkoms wat aan skuldhersiening

ingevolge artikel 86 onderhewig is, die kredietgewer ten opsigte van daardie

kredietooreenkoms op die voorgeskrewe wyse kennis mag gee met die doel om die

skuldhersiening te beëindig. Kennis moet aan die verbruiker, skuldberader en die nasionale

kredietreguleerder gegee word en kan te eniger tyd, maar minstens 60 besigheidsdae ná die

datum waarop die verbruiker vir skuldhersiening aansoek gedoen het, gegee word. Artikel

130(1)(a) bepaal verder dat ’n kredietgewer die hof vir ’n bevel om die afdwinging van ’n

kredietooreenkoms mag nader slegs indien die verbruiker op daardie tydstip in versuim is en

reeds minstens 20 besigheidsdae in versuim was. Verder moet minstens 10 besigheidsdae

verstryk het sedert die kredietgewer die kennisgewing ingevolge artikel 86(10) gelewer het.

’n Kennisgewing van beëindiging ingevolge artikel 86(10) beteken egter nie dat dit die

verbruiker se laaste geleentheid is om skuldverligting te bekom nie. 18 Artikel 86(11) bepaal

dat die landdroshof wat die saak aanhoor, ’n bevel vir die hervatting van die skuldhersiening

mag verleen indien ’n kredietgewer sou voortgaan om ’n kredietooreenkoms af te dwing

nadat kennis van beëindiging ingevolge artikel 86(10) gegee is.

267

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Alhoewel die hof dit nie uitdruklik vermeld of aangespreek het nie, was die regsvraag in

Raheman hoe die kredietgewer se reg om ’n skuld af te dwing deur ’n bevel vir

herstrukturering geraak word in ’n geval waar die skuldhersiening reeds voor verlening van

die herstruktureringsbevel beëindig is. Die antwoord hierop hang van die regsposisie met

betrekking tot die volgende aangeleenthede af:

i. Die moratorium op skuldafdwinging en die wisselwerking tussen artikels 88(3) en

86(10).

ii. Die vereistes vir ’n kennisgewing van beëindiging en die wisselwerking tussen

artikel 86(10), (5)(b) en (11).

iii. Die regsgevolge van ’n kennisgewing van beëindiging en die wisselwerking

tussen artikels 86(10), (5)(b), (11), 87(1) en 130(1)(a).

Die doel van hierdie bydrae is om die feite en beslissing in Raheman met verwysing na

bovermelde aangeleenthede te bespreek en te ontleed.

2. Feite

Die eiser het aksie teen die verweerders ingestel vir die betaling van ’n bedrag van ongeveer

R220 000 plus rente, asook vir ’n bevel dat die onroerende eiendom wat as sekuriteit vir die

skuld gedien het, vir eksekusie vatbaar verklaar word. 19 Die verweerders het erken dat hulle

versuim het om die nodige paaiemente ingevolge die verbandooreenkoms te betaal, 20 maar

het ’n spesiale pleit geopper waaruit die volgende feite geblyk het: 21

i. Op 2010-01-08 het die verweerders vir skuldhersiening ingevolge artikel 86 van

die Nasionale Kredietwet aansoek gedoen.

ii. Op 2010-02-15 het die verweerders se skuldberader ’n voorstel aan die eiser

gestuur vir die terugbetaling van die bedrae verskuldig ingevolge die

verbandooreenkoms.

iii. Op 2010-03-04 het die verweerders ’n hersiene voorstel aan die eiser gestuur

ingevolge waarvan ’n verhoogde bedrag aan die eiser betaal sou word.

iv. Die eiser het nie teen die hersiene voorstel beswaar gemaak nie en het ook nie

enige teenvoorstel met betrekking daartoe gemaak nie.

v. Die verweerders het gevolglik voortgegaan om maandelikse betalings

ooreenkomstig die hersiene voorstel te maak.

vi. ’n Aansoek om die voorstel ’n bevel van die hof te maak, is voor die Durbanse

landdroshof gebring. Op 2010-05-10 het die hof ’n bevel verleen wat die

gemeenskaplike boedel van die verweerders ingevolge artikel 79 van die

Nasionale Kredietwet skuldmatig oorbelas verklaar het. Die hof het verder beveel

dat die verweerders se skuldverpligtinge jeens twee van die vyf kredietgewers wat

in die voorstel vervat is, ooreenkomstig sodanige voorstel en ingevolge artikel 86

en 87 van die Nasionale Kredietwet herstruktureer moet word.

Dit blyk nie duidelik uit die hofverslag of die eiser inderdaad een van die kredietgewers was

ten opsigte van wie die bevel vir skuldherstrukturering verleen is nie. Die hofverslag vermeld

slegs dat die landdroshof beveel het dat die verweerders se verpligting teenoor die derde en

268

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sewende respondente ingevolge artikels 86 en 87 en ooreenkomstig aanhangsel “A”

herstruktureer moet word. 22 Dit blyk egter later uit die uitspraak dat die

herstruktureringsbevel wel ten opsigte van die verweerders se skuldverpligtinge jeens die

eiser verleen is.

Die eiser het beweer dat dit die skuldhersiening ingevolge artikel 86(10) beëindig het en dat

’n kennisgewing te dien effekte op 2010-04-13 per vooruitbetaalde geregistreerde pos aan die

verweerders gestuur is. 23

3. Regsvraag

Volgens regter Mokgohloa is die regsvraag of die kredietgewer die skuldhersiening ingevolge

artikel 86(10) kon beëindig nadat die skuldberader die saak reeds na die landdroshof verwys

het. 24 Dit blyk egter nie uit die hofverslag op welke datum die aansoek voor die landdroshof

gebring is nie. Dit vermeld net dat ’n bevel op 2010-05-10 verleen is. 25 Die regsvraag soos

deur die hof geformuleer, blyk egter nie die werklike vraag te wees waaroor die hof moet

beslis nie. Die hoogste hof van appèl het onlangs in Collett v Firstrand Bank Ltd 26 beslis dat

’n kredietgewer steeds die proses van skuldhersiening mag beëindig selfs waar die

skuldberader die saak reeds ingevolge artikel 87 na die landdroshof vir ’n

herstruktureringsbevel verwys het. 27 Regter Mokgohloa verwys na dié beslissing en haal ook

die redes daarvoor sonder verdere bespreking aan. 28

4. Uitspraak

Regter Mokgohloa maak ten aanvang die volgende stelling: “In casu, not only is the matter

pending before the magistrate, an order has been made in terms of ss 86 and 87 to rearrange

the debt.” 29 Die regter weerspreek homself oënskynlik hier. Dit is nie duidelik hoe ’n saak

hangende, maar terselfdertyd ook afgehandel kan wees nie. Sodra ’n bevel vir

skuldherstrukturering verleen is, is die saak immers afgehandel en kan dit nie meer hangende

wees nie. Klaarblyklik bedoel die hof dat die feite in Raheman van dié in Collett onderskei

moet word omdat ’n bevel vir herstrukturering in Raheman reeds verleen is, terwyl die

aansoek vir herstrukturering in Collett nog hangende was toe die kredietgewer verrigtinge vir

skuldafdwinging ingestel het.

Die hof meld verder dat die eiser geen bewering gemaak het dat die verweerder in versuim

was met betrekking tot die hofbevel wat op 2010-05-10 verleen is nie. 30 Die hof kom dus tot

die gevolgtrekking dat die eiser nie geregtig is om enige reg kragtens die kredietooreenkoms

by wyse van gedingvoering uit te oefen of af te dwing nie. 31

Omdat die eiser versuim het om op die skuldberader se voorstelle te antwoord, het die

verweerders die hof versoek om ’n bestraffende kostebevel teen die eiser te verleen. Die

269

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verweerders het aangevoer dat die eiser in stryd met artikel 86(5) opgetree het en roekeloos

was deur nie hulle samewerking te verleen nie. 32 Met laasgenoemde bewering stem die hof

saam. 33 Die hof wys daarop dat dit op versoek van die verbruiker kan beveel dat die

skuldhersiening hervat word indien die kredietgewer sou versuim om sy samewerking

ingevolge artikel 86(5) te verleen. 34 Die hof wys egter daarop dat die verweerders nie

sodanige versoek gerig het nie omdat die landdroshof reeds ’n bevel ingevolge artikels 86 en

87 verleen het. 35

Ten slotte beslis die hof dat die versuim van die eiser om aan die verrigtinge vir

skuldhersiening deel te neem roekeloos was, maar nie in die mate dat ’n bestraffende

kostebevel teen die eiser verleen moet word nie. 36 Die eis word met koste afgewys.

5. Ontleding van die uitspraak

5.1 Moratorium op skuldafdwinging

Soos reeds vermeld, beslis die hof dat die eiser vanweë die bevel vir herstrukturering nie

geregtig was om met skuldafdwinging voort te gaan nie. Die hof steun klaarblyklik op die

bepalings van artikel 88(3) wat die hof vroeër in sy uitspraak aanhaal. 37 Die tersaaklike

gedeeltes van artikel 88(3) lui soos volg: 38

Subject to section 86 … (10), a credit provider who receives … notice in terms of

section 86(4)(b)(i), may not exercise or enforce by litigation or other judicial process

any right or security under that credit agreement until –

1. the consumer is in default under the credit agreement; and

2. one of the following has occurred:

i. …

ii. the consumer defaults on any obligation in terms of a rearrangement …

ordered by the court or the Tribunal.

Die hof spreek egter nie die feit aan dat die kredietgewer reeds voor verlening van die bevel

vir herstrukturering ’n kennisgewing vir die beëindiging van die skuldhersiening ingevolge

artikel 86(10) gegee het nie. Aangesien artikel 88(3) aan artikel 86(10) onderworpe is, 39 wil

dit voorkom dat ’n kredietgewer met skuldafdwinging mag voortgaan sodra hy of sy

ingevolge artikel 86(10) kennis gegee het dat hy of sy die hersiening beëindig en sodra hy of

sy aan die vereistes van artikel 130(1)(a) voldoen het. 40

Die vraag ontstaan of die hof dalk van mening is dat die kennisgewing ingevolge artikel

86(10) ongeldig was vanweë die eiser se versuim om op die skuldberader se voorstelle vir

skuldherstrukturering te antwoord en dat die eiser derhalwe in stryd met sy verpligting

ingevolge artikel 86(5)(b) om in goeie trou aan die skuldhersieningsproses deel te neem,

opgetree het. 41

270

5.2 Vereistes vir kennisgewing van beëindiging

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Artikel 86(10) verleen aan ’n kredietgewer kragtens ’n kredietooreenkoms wat aan

skuldhersiening ingevolge artikel 86 onderhewig is, die reg om op die voorgeskrewe wyse 42

kennis te gee dat die hersiening beëindig word. Artikel 86(10) lui soos volg:

If a consumer is in default under a credit agreement that is being reviewed in terms of this

section, the credit provider in respect of that credit agreement may give notice to terminate

the review in the prescribed manner to –

a. the consumer;

b. the debt counsellor; and

c. the National Credit Regulator,

at any time at least 60 business days after the date on which the consumer

applied for the debt review.

Die volgende vereistes word dus ingevolge artikel 86(10) vir ’n geldige kennisgewing van

beëindiging gestel:

i. Die verbruiker moet in versuim wees met betrekking tot die kredietooreenkoms

wat hersien word. 43

ii. Kennis moet aan die verbruiker, skuldberader en Nasionale Kredietreguleerder

gegee word. 44

iii. Die kennisgewing moet minstens 60 dae na die datum waarop die verbruiker vir

skuldhersiening aansoek gedoen het, gegee word.

Die vraag ontstaan of dit ’n vereiste is dat ’n kennisgewing van beëindiging, bykomend tot

die vereistes wat uitdruklik ingevolge artikel 86(10) gestel word, te goeder trou moet wees

ten einde regsgeldig te wees. In SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd v Mbatha 45 wys

waarnemende regter Levenberg daarop dat die Nasionale Kredietwet nie enige strafmaatreël

voorskryf met betrekking tot ’n kredietgewer wat nie in goeie trou aan die

skuldhersieningsproses deelneem nie. Die hof beslis dat artikel 86(10) nie enige beperking op

die kredietgewer se reg plaas om ingevolge hierdie subartikel kennis te gee nie en dat die

kredietgewer kennis mag gee mits die verbruiker in versuim is en 60 besigheidsdae verstryk

het sedert die skuldhersieningsproses ’n aanvang geneem het. 46 Die hof beslis verder dat die

kredietgewer se reg om kennis te gee nie wederkerig tot sy of haar verpligting ingevolge

artikel 86(5) om in goeie trou op te tree, blyk te wees nie. 47 Die hof wys daarop dat indien ’n

kredietgewer versuim om aan die goeie-trou-bepalings te voldoen, ’n landdroshof mag beveel

dat die skuldhersieningsproses hervat word en dat die kredietgewer dan ’n verdere 60 dae sal

moet wag alvorens die kredietgewer sy regte kan afdwing. Indien sodanige bevel egter nie

verleen word nie, is daar niks wat die kredietgewer verhoed om sy regte om die skuld af te

dwing, uit te oefen nie mits aan die vereistes van artikel 86(10) voldoen word. 48

Dit is nie duidelik of die hof van mening is dat die landdroshof wat die aansoek vir

skuldherstrukturering aanhoor, of die hof wat uiteindelik die saak vir skuldafdwinging

271

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aanhoor, die bevoegdheid het om ’n aansoek vir hervatting van die skuldhersieningsproses

aan te hoor nie. Die toepaslike bepaling is artikel 86(11), wat soos volg lui: 49

If a credit provider who has given notice to terminate a review as contemplated in

subsection (10) proceeds to enforce that agreement in terms of Part C of Chapter 6,

the Magistrate’s Court hearing the matter may order that the debt review resume on

any conditions the court considers to be just in the circumstances.

Die bewoording van artikel 86(11) dui daarop dat hierdie bepaling van toepassing kan wees

eers sodra die kredietgewer verrigtinge vir die afdwinging van die kredietooreenkoms instel,

en dat net die hof wat die saak vir skuldafdwinging aanhoor, ’n bevel kan verleen dat die

verrigtinge vir skuldhersiening hervat word. 50 Dit is ook deur die appèlhof in Collett

bevestig. 51 Die appèlhof wys daarop dat die hof wat die saak vir skuldafdwinging aanhoor,

die hoë hof of die landdroshof mag wees. Artikel 86(10) verwys egter geensins na die hoë hof

nie en derhalwe kom die hof tot die gevolgtrekking dat daar ’n leemte in die wet is wat

reggestel behoort te word deur die woorde “of hoë hof” in artikel 86(11) in te voeg. 52

In teenstelling met die uitspraak in Mbatha beslis regter Blignaut in Dunga 53 dat dit

noodsaaklik is om ’n voorbehoudsbepaling in artikel 86(10) in te voeg, naamlik dat ’n

kredietgewer ’n skuldhersiening mag beëindig net indien hy te goeder trou optree. Met

verwysing na die beslissing van die konstitusionele hof in Masetlha v President of the

Republic of South Africa 54 verduidelik regter Blignaut dat die toets vir die invoeging van

woorde in wetgewing by implikasie is of dit noodsaaklik is in die sin dat daarsonder nie aan

die wetgewing gevolg gegee kan word nie. Daarbenewens moet dit noodsaaklik wees om die

oënskynlike bedoeling van die wetgewer te verwesenlik of uitvoerbaar te maak. 55 Volgens

regter Blignaut is die oogmerk van die wetsbepalings met betrekking tot skuldhersiening

duidelik “the provision of assistance to an overindebted consumer in an environment that

encourages participation in good faith by both parties”. 56 Volgens regter Blignaut sal ’n

letterlike uitleg van artikel 86(10) tot gevolg hê dat ’n kredietgewer die proses mag beëindig

nadat aan net twee vereistes voldoen is: eerstens, dat die verbruiker in versuim ingevolge ’n

kredietooreenkoms moet wees, en tweedens, dat die voorgeskrewe tydperk van 60

besigheidsdae moet verstryk het. Ten spyte van die moontlike onredelikheid van die

verbruiker of die kredietgewer se eie optrede kan ’n kredietgewer dus deur middel van ’n

enkele eensydige handeling die hele proses laat ontspoor. 57 Volgens die hof verleen artikel

86(11) nie genoegsame beskerming teen die negatiewe gevolge wat uit ’n letterlike uitleg van

artikel 86(10) voortspruit nie. 58 Die hof meen verder dat dit in die verbruiker se belang is dat

die hersiening so gou moontlik hervat word. ’n Letterlike uitleg sal egter beteken dat die

verbruiker vir die kredietgewer moet wag om met skuldafdwinging voort te gaan. 59 Dit is so

omdat, soos reeds hier bo verduidelik, 60 net die hof wat die saak vir skuldafdwinging

aanhoor, die bevel ingevolge artikel 86(11) kan verleen. 61 Volgens regter Blignaut sal die

verbruiker moet bewys dat daar minstens ’n kans op sukses in die aansoek vir

skuldhersiening sal wees indien die voldoening aan die goeie-trou-vereiste ingevolge artikel

86(5) eers by ’n versoek ingevolge artikel 86(11) oorweeg kan word. Die partye sal met

tydrowende, duur en vir baie verbruikers onbekostigbare gedingvoering gemoeid wees,

terwyl dit die einste gevolg is wat die skuldhersieningsproses beoog om te vermy. 62 Die

272

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

invoeging van ’n voorbehoudsbepaling in artikel 86(10) sal volgens die hof in

ooreenstemming met die doel van die skuldhersieningsproses wees en die negatiewe gevolge

van ’n letterlike uitleg vermy. Verder sal dit nie die uitvoerbaarheid van artikel 86(10)

beïnvloed nie en inpas by die taalgebruik van artikel 86 in sy geheel en by dié van artikel

86(5)(b) in die besonder. 63

Soos reeds vermeld, koppel artikel 86(5) nie enige uitdruklike strafmaatreël aan die

nienakoming van die goeie-trou-vereiste nie. 64 In ooreenstemming met die uitlegreël dat die

wetgewer nie bedoel om betekenislose of doellose wetsbepalings daar te stel nie, moet een of

ander oogmerk of betekenis aan hierdie bepaling geheg word. 65 Die bedoeling van die

wetgewer met betrekking tot die vraag of die goeie trou van die kredietgewer ’n voorvereiste

vir die geldigheid van ’n kennisgewing van beëindiging ingevolge artikel 86(10) is, moet

egter in samehang met die vraag oor die gevolge van ’n kennisgewing van beëindiging

beantwoord word.

5.3 Gevolge van kennisgewing van beëindiging

Die feite in Raheman dui daarop dat die landdroshof’n bevel vir die herstrukturering van die

verweerders se skuldverpligtinge jeens die eiser verleen het, ten spyte daarvan dat die eiser

reeds vooraf ’n kennisgewing vir die beëindiging van die skuldhersiening gegee het. Artikel

86(10) bepaal dat ’n kredietgewer “may give notice to terminate the review” en die vraag

ontstaan dus of sodanige kennisgewing ’n beëindiging van die skuldhersieningsproses tot

gevolg het en derhalwe ’n daaropvolgende bevel ingevolge artikels 86 en 87 vir die

herstrukturering van die betrokke skuldverpligting verhoed. Klaarblyklik meen die hof in

Raheman dat dit nie die geval is nie, want die hof beslis uiteindelik dat die eiser juis vanweë

die bevel vir herstrukturering nie geregtig is om met verrigtinge vir die afdwinging van die

skuld voort te gaan nie. 66 Die hof bevind verder dat ’n bevel vir die hervatting van die

skuldhersiening ingevolge artikel 86(11) onnodig is omdat die landdroshof reeds ’n bevel

ingevolge artikels 86 en 87 vir die herstrukturering van die skuldverpligtinge verleen het. 67

Dat ’n kennisgewing van beëindiging ingevolge artikel 86(10) nie ’n daaropvolgende bevel

vir herstrukturering ingevolge artikels 86 en 87 verhoed nie, blyk ook uit die beslissing van

waarnemende regter Phalatsi in Firstrand Bank Ltd v Britz. 68 Volgens die regter is ’n

kennisgewing van beëindiging van nul en gener waarde indien ’n bevel vir herstrukturering

daarna verleen word. 69 Na aanleiding van die beslissings in Raheman en Britz wil dit dus

voorkom dat die doel van ’n kennisgewing van beëindiging bloot is om die kredietgewer in

staat te stel om verrigtinge vir die afdwinging van ’n kredietooreenkoms in te stel en dat dit in

werklikheid nie die skuldhersiening met betrekking tot die betrokke kredietooreenkoms

beëindig nie.

In teenstelling met die beslissings in Raheman en Britz beslis regter Murphy in Changing

Tides 17 (Pty) Ltd v Grobler 70 dat ’n landdroshof nie bevoeg is om ’n bevel vir die

herstrukturering van die verbruiker se skuldverpligtinge te verleen indien die kredietgewer

reeds vooraf ’n kennisgewing van beëindiging gegee het nie. Regter Murphy meen dit is die

273

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

geval omdat net die hof wat die verrigtinge vir skuldafdwinging aanhoor, die bevoegdheid het

om ’n bevel vir hervatting van die skuldhersiening te verleen. 71

In Wesbank v Martin 72 beslis regter Binns-Ward dat ’n kennisgewing ingevolge artikel 86(10)

nie tot gevolg het dat die skuldhersiening daardeur beëindig word nie. Die gevolg van

sodanige kennisgewing is volgens die hof eerder om ’n tydperk van kennis daar te stel wat

die kredietgewer by verstryking daarvan in staat stel om, ten spyte van die skuldhersiening,

verrigtinge vir die invordering van die skuld in te stel. Die hof wys daarop dat die

kennisgewingstydperk ingevolge artikel 130(1)(a) ten minste 10 besigheidsdae is. 73 Nóg

artikel 86(10), nóg artikel 130(1)(a) dui egter enigsins aan wat die doel van die

kennisgewingstydperk van 10 dae is. 74

Volgens regter Binns-Ward vind werklike beëindiging, soos in die kennisgewing ingevolge

artikel 86(10) beoog, eers plaas wanneer die kredietgewer die verrigtinge vir skuldafdwinging

instel nadat sodanige kennis gegee is. Die hof wys verder daarop dat die beëindiging net op

die skuldverpligting met betrekking waartoe die kennisgewing van beëindiging gegee is, van

toepassing is. Indien die skuldhersiening dus ook op ander skuldverpligtinge van toepassing

is, sal die hersiening ten opsigte van daardie ander skuldverpligtinge voortgaan tensy dit op

dieselfde wyse beëindig word. 75 Alhoewel die wet nie uitdruklik hiervoor voorsiening maak

nie, volg dit volgens die hof by noodsaaklike implikasie uit die uitdruklike bepalings van die

wet. 76

In ’n vroeër uitspraak van regter Binns-Ward in Changing Tides 17 (Pty) Ltd v Erasmus 77

beslis die hof dat die oogmerk van artikel 86(10) klaarblyklik is om die kredietgewer in staat

te stel om op stiptelike nakoming van die voorgeskrewe tydperke ingevolge die

skuldhersieningsproses aan te dring en om aan die kredietgewer die reg te verleen om met

skuldafdwinging voort te gaan indien die verbruiker sou versuim om aan die vereistes van die

proses te voldoen. 78 Volgens die hof is die voor die hand liggende oogmerk van die

kennisgewing ingevolge artikel 86(10) eerstens om die verbruiker en/of die skuldberader in

staat te stel, indien dit nog nie gedoen is nie, om ’n dringende aansoek ingevolge artikel

86(7)(c) of 86(8)(b) voor die landdroshof te bring, of tweedens, indien ’n aansoek reeds

hangende is, om die landdros te nader vir ’n bevel dat die skuldhersiening ingevolge artikel

86(11) hervat word. Die regter meld dat hy aan geen ander rede vir die vereiste

kennisgewingstydperk van 10 besigheidsdae ingevolge artikel 130(1)(a) kan dink nie. 79

In ooreenstemming met die uitlegreël hier bo vermeld met betrekking tot artikel 86(5), dat die

wetgewer nie bedoel om betekenislose of doellose wetsbepalings daar te stel nie, moet een of

ander oogmerk of betekenis ook aan die kennisgewingstermyn ingevolge artikel 130(1)(a)

geheg word. 80

Soos reeds verduidelik, kan ’n bevel vir die hervatting van die skuldhersieningsproses

ingevolge artikel 86(11) nie tydens die verhoor met betrekking tot die verlening van ’n bevel

vir herstrukturering ingevolge artikel 87 verleen word nie. 81 Regter Binns-Ward se

verduideliking dat die doel van die kennisgewingstydperk is om die verbruiker in staat te stel

om die landdros wat die aansoek vir skuldherstrukturering aanhoor vir ’n bevel ingevolge

274

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

artikel 86(11) te nader, is dus nie korrek nie. 82 So ook nie die regter se beslissing in Martin 83

dat ’n bevel ingevolge artikel 86(11) net tydens die verhoor ingevolge artikel 87 deur die

landdroshof verleen kan word en dat ’n hervatting dus nie meer moontlik is sodra die

kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging ingestel het nie. Regter Binns-Ward se

verklaring, naamlik dat die doel met die kennisgewingstydperk is om die verbruiker in staat

te stel om, ten spyte van die kennisgewing ingevolge artikel 86(10), steeds ’n aansoek vir

skuldherstrukturering te bring voordat die kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging

instel, blyk egter sinvol te wees. Dit sal dan nie nodig wees dat die verbruiker eers moet wag

dat die kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging instel en dan ’n versoek vir die

hervatting van die skuldhersiening rig nie. 84 In die uitoefening van sy diskresie met

betrekking tot die verlening van die bevel vir herstrukturering sal die landdroshof dan

moontlike getuienis dat ’n kennisgewing van beëindiging nie aan die goeie-trou-vereiste

ingevolge artikel 86(5) voldoen nie, in ag kan neem. Dit blyk egter nie uit die feite in

Raheman of die landdroshof enigsins aan die nakoming van die goeie-trou-vereiste

oorweging geskenk het nie. Dit wil verder voorkom of regter Mokgohloa van mening is dat

die kennisgewing van beëindiging van nul en gener waarde is bloot omdat ’n

herstruktureringsbevel daarna deur die landdroshof verleen is. 85

In Firstrand Bank Ltd v Seyffert 86 beslis regter Willis dat artikel 86(10), indien dit saam met

artikel 86(11) gelees word, klaarblyklik bepaal dat ’n kennisgewing van beëindiging nie

noodwendig die proses beëindig nie, maar dat dit bloot hierdie gevolg mag hê. Volgens die

hof dui ’n “kennisgewing” op ’n bedoeling of ’n voorafgaande stap jeens ’n gevolg, eerder as

die gevolg op sigself. Die uiteindelike gevolg van sodanige kennisgewing van beëindiging

hang volgens die hof af van die mate van goeie trou wat die partye teenoor mekaar getoon

het, van die mate waarin hulle sinvolle, billike en redelike voorstelle gemaak het, en die mate

waarin hulle hulself daadwerklik verbind het om ’n haalbare oplossing vir die probleme van

die betrokke verbruiker te vind. 87

Die feit dat regter Willis artikel 86(10) in samehang met artikel 86(11) uitlê, dui egter daarop

dat die hof van mening is dat die versuim van ’n kredietgewer om in goeie trou met

betrekking tot ’n kennisgewing van beëindiging op te tree, eers ter sprake kan kom wanneer

verrigtinge vir skuldafdwinging ingestel word en ’n versoek vir hervatting ingevolge artikel

86(11) gerig word, en dat ’n herstruktureringsbevel dus nie ná ’n kennisgewing van

beëindiging moontlik is nie. 88 Dit blyk ook die standpunt van die appèlhof in Collett te

wees. 89 Appèlregter Malan wys daarop dat die reg van ’n kredietgewer om die

skuldhersieningsproses te beëindig, opgeweeg moet word teen die bevoegdheid van die hof

om ingevolge artikel 86(11) ’n bevel vir die hervatting van die skuldhersiening te verleen.

Volgens die appèlhof is dit op hierdie tydstip dat voldoening aan die vereistes van artikel

86(5) om in goeie trou aan die proses deel te neem, ter sprake kom. Indien die kredietgewer

weier of versuim om aan die hersiening deel te neem, is die hof bevoeg om ’n bevel vir die

hervatting van die proses te verleen. Sou die kredietgewer egter weens gegronde redes tot die

slotsom kom dat die voorgestelde herstrukturering nie tot die “satisfaction by the consumer of

all responsible financial obligations” ingevolge artikel 3(g) en (i) of tot ’n herstrukturering

soos bedoel in artikel 86(7)(c) sal lei nie, sal die hof heel moontlik weier om ’n hervatting te

275

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beveel. 90 Die gebrek aan goeie trou aan die kant van die kredietgewer is dus volgens die hof

nie die enigste faktor wat by ’n versoek vir hervatting oorweeg moet word nie. 91

Soos reeds vermeld, het regter Mokgohloa klaarblyklik die feite in Raheman van dié in

Collett onderskei op grond daarvan dat die aansoek vir herstrukturering in Collett steeds

hangende was, terwyl die herstruktureringsbevel in Raheman ingevolge artikels 86 en 87

reeds deur die landdroshof verleen is toe die kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging

ingestel het. 92 Wat die gevolge van ’n kennisgewing van beëindiging betref, beslis

appèlregter Malan egter dat artikel 86(10) die reg aan ’n kredietgewer verleen 93

to terminate the debt review relating to a specific credit agreement (“[i]f a consumer

is in default under a credit agreement that is being reviewed”), not the “hearing”. The

hearing continues and, if several credit agreements are being reviewed, continues in

respect of the others.

Dit wil dus voorkom of die appèlhof van mening is dat ’n kennisgewing ingevolge artikel

86(10) nie bloot net ’n kennisgewing van ’n voorgenome beëindiging daarstel nie, maar

inderdaad die skuldhersiening beëindig en die verlening van ’n bevel vir herstrukturering

verhoed. 94 Die beslissing in Raheman dat ’n herstruktureringsbevel ten spyte van ’n

beëindiging ingevolge artikel 86(10) verleen kan word, is dus klaarblyklik in stryd met dié

van die appèlhof.

Ek kan egter nie insien waarom ’n versuim om in goeie trou met betrekking tot ’n

kennisgewing van beëindiging ingevolge artikel 86(10) op te tree, net by ’n versoek vir die

hervatting van die skuldhersiening ingevolge artikel 86(11), en dus nadat die kredietgewer

verrigtinge vir skuldafdwinging ingestel het, in ag geneem kan word nie. Dit is nie duidelik

waarom die verbruiker eers moet wag dat die kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging

instel nie, 95 terwyl die landdroshof sodanige versuim reeds tydens die verhoor ingevolge

artikel 87 in ag kan neem wanneer die hof buitendien, soos in die geval van ’n versoek

ingevolge artikel 86(11), 96 met die vraag moet handel of die voorgestelde herstrukturering

aan die vereistes ingevolge artikels 3(g) en (i) en 86(7)(c) voldoen. Hierdie uitleg blyk uit

artikel 87(1), wat soos volg lui: 97

If a debt counsellor makes a proposal to the Magistrate’s Court in terms of section

86(8)(b), or a consumer applies to the Magistrate’s Court in terms of section 86(9),

the Magistrate’s Court must conduct a hearing and, having regard to the proposal and

information before it and the consumer’s financial means, prospects and obligations,

may –

a. reject the recommendation or application as the case may be;

or

b. make –

i. an order declaring any credit agreement to be reckless, and an order

contemplated in section 83(2) or (3), if the Magistrate’s Court concludes that

the agreement is reckless;

276

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ii. an order re-arranging the consumer’s obligations in any manner

contemplated in section 86(7)(c)(ii); or

iii. both orders contemplated in subparagraph (i) and (ii).

Dit is tog in die verbruiker en kredietgewer se belang dat ’n hof so gou moontlik uitsluitsel

gee oor die tersaaklike vraagstukke, insluitend dié met betrekking tot die goeie trou van die

partye. ’n Uitleg dat die landdroshof reeds tydens die verhoor ingevolge artikel 87 met al

hierdie vraagstukke kan handel, ten spyte van ’n kennisgewing ingevolge artikel 86(10) en

mits die kredietgewer nog nie verrigtinge vir skuldafdwinging ingestel het nie, sal verder ook

’n verklaring vir die doel van die kennisgewingstydperk van 30 dae ingevolge artikel

130(1)(a) bied. 98 In hierdie verband is dit ook noemenswaardig dat artikel 86(10) net vereis

dat kennis aan die verbruiker, skuldberader en die Nasionale Kredietreguleerder en nie aan

die hof gegee moet word nie. 99 Hierdie feit versterk die uitleg dat ’n bevel vir

herstrukturering ten spyte van ’n kennisgewing ingevolge artikel 86(10) moontlik moet wees.

6. Gevolgtrekking

Ek is nie oortuig daarvan dat dit noodsaaklik is om ’n voorbehoudsbepaling, naamlik dat ’n

kredietgewer ’n skuldhersiening regsgeldig mag beëindig net indien hy te goeder trou optree,

in artikel 86(10) in te voeg nie. 100 Die versuim van die kredietgewer om in goeie trou aan die

proses deel te neem, is bloot ’n faktor wat die landdroshof tydens ’n verhoor ingevolge artikel

87, wanneer die hof sy diskresie met betrekking tot die verlening van ’n

herstruktureringsbevel uitoefen, in ag kan neem. By die verhoor ingevolge artikel 87 is dit nie

nodig dat die landdroshof vir ’n bevel ingevolge artikel 86(11) vir die hervatting van die

skuldhersiening genader word nie. 101 Die kennisgewing ingevolge artikel 86(10) het nie ’n

beëindiging van die proses tot gevolg nie en die doel daarvan is bloot om ’n tydperk van

kennis daar te stel wat die kredietgewer by verstryking van die tydperk in staat stel om

verrigtinge vir skuldafdwinging in te stel. Werklike beëindiging, soos in die kennisgewing

ingevolge artikel 86(10) beoog, vind eers plaas wanneer die kredietgewer die verrigtinge vir

skuldafdwinging instel nadat sodanige kennis gegee is. 102 Eers in hierdie stadium kan die

verbruiker die hof wat die verrigtinge vir skuldafdwinging aanhoor, ingevolge artikel 86(11)

vir ’n bevel vir die hervatting van die proses nader en is die gebrek aan goeie trou aan die

kant van die kredietgewer een van die faktore wat die hof dan ook in ag kan neem. Indien ’n

herstruktureringsbevel egter verleen word nadat ’n kennisgewing van beëindiging ingevolge

artikel 86(10) gegee is, maar voordat die kredietgewer verrigtinge vir skuldafdwinging

ingestel het, is die kennisgewing van beëindiging van nul en gener waarde 103 en sal die

kredietgewer op grond van artikel 88(3) nie daarop geregtig wees om met skuldafdwinging

voort te gaan nie.

Bostaande uitleg blyk in ooreenstemming met die resultaat van die uitspraak in Raheman te

wees en ek gaan dus akkoord daarmee. Daar is egter verskeie leemtes in die uitspraak. Die

redes vir die beslissing is onduidelik en die tersaaklike vraagstukke en die wisselwerking

tussen die toepaslike wetsartikels word nie behoorlik verduidelik nie.

277

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die Nasionale Kredietwet is berug vir sy gebrek aan duidelikheid 104 en die teenstrydige

beslissings wat hier bo bespreek is, getuig daarvan. Die taak wat op ons howe rus om hierdie

onduidelikheid op te klaar, is egter nie maklik nie. Regter Willis slaan die spyker op die kop

in Seyffert, 105 waar hy opmerk:

I share the general frustration of my judicial colleagues around the country at the lack

of clarity that features at least in the parts of the NCA with which one is concerned in

cases of the kind now before me. A court is forced to go round and round in loops

from subsection to subsection, much like a dog chasing its tail. Indeed the language

used in the Act from time to time suggests that foreign draftspersons rather than South

African lawyers had a strong hand in preparing the text.

Die klaarblyklike teenstrydigheid tussen die uitspraak van die appèlhof in Collett en dié van

die hoë hof in Raheman 106 dui daarop dat die onsekerheid oor die regsposisie met betrekking

tot die beëindiging van skuldhersiening en die wisselwerking tussen artikel 86(10) en ander

tersaaklike bepalings van die Nasionale Kredietwet nog lank nie opgeklaar is nie en dat dit so

gou moontlik deur wetswysiging aangespreek moet word. 107

Bibliografie

Otto, J.M. en R.L. Otto. 2010. The National Credit Act explained. Durban: LexisNexis.

Scholtz, J. (red.). 2008. Guide to the National Credit Act. 4de diensuitgawe. Durban:

LexisNexis.

Steyn, L.C. 1981. Die uitleg van wette. Kaapstad, Wetton en Johannesburg: Juta en Kie, Bpk.

Van Heerden, C. en H. Coetzee. 2011. Perspectives on the termination of debt review in

terms of section 86(10) of the National Credit Act 34 of 2005. Potchefstroom Electronic Law

Journal, 14(2):37–65.

—. 2011. Wesbank v Deon Winston Papier and the National Credit Regulator. De Jure,

2:463–79.

Eindnotas

1 2012 3 SA 418 (KZD).

2

34 van 2005. Die wet is nie in Afrikaans gepubliseer nie. Hierna sal daarna verwys word as

die Nasionale Kredietwet.

3 Sien art. 3(g).

4 Sien art. 79.

278

5 Sien art. 8; Otto en Otto (2010, par. 9).

6 Art. 86(1).

7 Art. 86(4)(b)(i).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

8 Art. 86(6)(a) gelees met reg. 24(6). Indien die verbruiker ’n verklaring van roekelose

kredietverlening versoek, moet die skuldberader ook ’n bepaling met betrekking daartoe

maak – art. 86(6)(b).

9 Art. 86(7)(c).

10 National Credit Regulator v Nedbank Ltd 2009 6 SA 295 (GNP) 317. Die wet vereis

onderhandelinge slegs waar daar ’n bevinding was dat die verbruiker nie met skuld oorbelas

is nie, maar na alle waarskynlikheid probleme sal ondervind om al sy of haar verpligtinge

kragtens kredietooreenkomste betyds na te kom – art. 86(7)(b).

11 Art. 86(5)(b) bepaal dat ’n kredietgewer wat kennis ontvang het van ’n aansoek vir

skuldhersiening “must participate in good faith in the review and in any negotiations

designed to result in responsible debt re-arrangement”.

12 Sien National Credit Regulator v Nedbank Ltd 304, 307.

13 Art. 86(8)(b) bepaal dat die skuldberader “must refer the matter to the Magistrate’s Court”

(my kursivering). In National Credit Regulator v Nedbank Ltd 310-11, 320 beslis die hof dat

sodanige referral ’n aansoek na die hof behels en dat r. 55 van die Landdroshofreëls dus van

toepassing is. Sien ook Nedbank Ltd v National Credit Regulator 2011 3 SA 581 (HHA) en

die Debt Counselling Regulations, gepubliseer in SK 35327 van 10 Mei 2012.

14 Art. 86(7)(c) gelees met artt. 86(8)(b) en 87(1). Herstrukturering van die verbruiker se

skuldverpligtinge kan net geskied deur (i) die tydperk van die ooreenkoms te verleng en die

bedrag van elke betaling verskuldig te verminder (art. 86(7)(c)(ii)(aa)); (ii) deur die datums

waarop die betalings ingevolge die ooreenkoms gedurende ’n vermelde tydperk betaalbaar is,

uit te stel (art. 86(7)(c)(ii)(bb)); (iii) deur die tydperk te verleng en die betalings uit te stel

(86(7)(c)(ii)(cc)); of (iv) deur die verbruiker se verpligtinge opnuut te bereken weens

oortredings van Deel A of B van Hoofstuk 5, of Deel A van Hoofstuk 6 (art. 86(7)(c)(ii)(cc)).

15 Sien art. 88(3)(b)(i).

16 Sien art. 88(3)(b)(ii).

17 Vgl. Collett v Firstrand Bank Ltd 2011 4 SA 508 (HHA) par. 9.

18 Scholtz (2008, par. 11.3.3.3).

19 Raheman par. 1.

20 Vgl. art. 88(3)(a).

21 Par. 2.

279

22 Par. 2.6.

23 Par. 3.

24 Par. 4.

25 Par. 2.6.

26 Par. 14.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

27 Vir ’n volledige bespreking van die redes vir die appèlhof se uitspraak in dié verband, asook

van sake wat voor Collett beslis is, sien Scholtz (2008, par. 11.3.3.3).

28 Par. 8.

29 Par. 9.

30 Par. 9.

31 Par. 9. Vgl. art. 88(3)(b)(ii).

32 Par. 10.

33 Par. 11.

34 Par. 11. Die hof verwys nie daarna nie, maar die toepaslike wetsartikel is art. 86(11).

35 Par. 11.

36 Par. 12.

37 Par. 6.

38 My kursivering.

39 Sien Firstrand Bank Ltd v Seyffert 2010 6 SA 429 (GSJ) par. 7.

40 Sien art. 129(1)(b); Van Heerden en Coetzee (2011:39).

41 Vgl. Van Heerden en Coetzee (2011:61).

42 Die regulasies tot die Nasionale Kredietwet bevat nie enige bykomende voorskrifte m.b.t.

die wyse van kennisgewing nie – Van Heerden en Coetzee (2011:40).

43 Sien Collett par. 9 en 12.

44 Die wet vereis dus nie kennisgewing aan die hof nie – sien Scholtz (2008, par. 11.3.3.3 vn.

118a).

280

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

45 2011 1 SA 310 (GSJ) par. 60. Sien ook die bespreking van hierdie saak deur Scholtz (2008,

par. 11.3.3.2) en Van Heerden en Coetzee (2011:61–2).

46 Par. 63.

47 Par. 63.

48 Par. 64.

49 My kursivering.

50 Vgl. Van Heerden en Coetzee (2011:40, 55).

51 Par. 17.

52 Par. 17. Sien ook Mercedes Benz Financial Services South Africa (Pty) Ltd v Dunga 2011 1

SA 374 (WKK) par. 16.

53 Par. 15. Sien ook Scholtz (2008:par 11.3.3.2); Van Heerden en Coetzee (2011:61-2).

54 2008 1 SA 566 (KH) par. 192.

55 Dunga par. 18.

56 Par. 24.

57 Par. 26.

58 Par. 45, 46.

59 Par. 48.

60 Sien die bespreking m.b.t. die Mbatha-saak hier bo.

61 Sien Dunga par. 16.

62 Par. 46.

63 Par. 48.

64 Vgl. Mbatha par. 60.

65 Sien Steyn (1981:119–24).

66 Par. 9.

67 Par. 11.

68 2012-02-09 saaknr. 5243/11 (VB).

281

69 Par. 20.

70 2011-06-02 saaknr. 9226/10 (GNP).

71 Par. 20, 24, 26.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

72 2012 3 SA 600 (WKK) par. 7. Sien ook die bespreking van hierdie saak deur Scholtz

(2008, par. 11.3.3.3) en Van Heerden en Coetzee (2011:54).

73 Par. 7; sien art. 129(2) gelees met art. 130(1)(a).

74 Vgl Scholtz (2008, par. 11.3.3.3); Van Heerden en Coetzee (2011:47, 55).

75 Par. 7. Sien ook Collett par. 14.

76 Par. 7.

77 [2010] JOL 25358 (WKK). Sien ook die bespreking van hierdie saak deur Scholtz (2008,

par. 11.3.3.3) en Van Heerden en Coetzee (2011:54).

78 Par. 38.

79 Par. 41. Sien ook Martin par. 12.

80 Vgl. Van Heerden en Coetzee (2011:55).

81 Sien die bespreking in par. 5.2 hier bo. Sien ook Changing Tides v Grobler par. 18.

82 Sien Scholtz (2008, par 11.3.3.4).

83 Par. 11, 12, 16.

84 Vgl. Dunga par. 48.

85 Vgl. Britz par. 20.

86 2010 6 SA 429 (GSJ) par. 12. Sien ook Van Heerden en Coetzee (2011:45).

87 Par. 12.

88 Vgl. Changing Tides v Grobler par. 20, 24 en 26.

89 Sien ook Seyffert en Seyffert v Firstrand Bank Ltd 2012-5-30 saaknr. 577/11 (HHA) par. 8;

Changing Tides v Grobler par. 20, 24, 26.

90 Par.15. Sien ook Seyffert (HHA) par. 7.

91 Sien Collett par. 19. Vgl. ook Wesbank v Schroder [2012] JOL 28767 (OL) par. 16, 17.

92 Sien par. 3 hier bo en Raheman par. 9.

282

93 Par. 14 (my kursivering).

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

94 Dit is ook hoe Murphy R in Changing Tides v Grobler par. 24 die appèlhofbeslissing in

Collett in hierdie verband vertolk.

95 Vgl. Dunga par. 46 en die bespreking in par. 5.2 hier bo.

96 Vgl. Collett par. 15.

97 My kursivering.

98 Sien die bespreking in par. 5.3 hier bo m.b.t. die beslissing van Binns-Ward R in Changing

Tides v Erasmus.

99 Sien Wesbank Ltd v Papier 2011 2 SA 395 (WKK) par. 32; Van Heerden en Coetzee

(2011:476-7). Sien egter Collett par. 14, waar Malan AR meld dat die verrigtinge vir

skuldhersiening deur die landdroshofreëls gereguleer word. Die hof meen dat die reëls

voldoende vir die betekening van prosesstukke en kennisgewings voorsiening maak (sien r.

9). Die feit bly egter, soos Griesel R in Papier aandui, dat ’n art. 86(10)-kennisgewing ’n

buitegeregtelike kennisgewing is – dit is slegs ’n brief wat tussen private partye gestuur word.

Daar is verder geen verpligting op enige van die partye om die kennisgewing op die hof te

beteken nie en dit word ook nie in die praktyk gedoen nie.

100 Sien Dunga par. 15, 48 en die bespreking in par. 5.2 hier bo.

101 Sien die bespreking van Changing Tides v Grobler in par. 5.3 hier bo.

102 Sien Martin par. 7; Seyffert par. 12 en die bespreking in par 5.3 hier bo.

103 Sien Britz par. 20 en die bespreking in par 5.3 hier bo.

104 Sien Dunga par. 17.

105 Par. 10.

106 Sien die bespreking in par. 5.3 hier bo.

107 Vgl. Changing Tides v Erasmus par. 32.

283

Afdeling: Geesteswetenskappe

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika: ideaal,

wenslik, haalbaar, werklikheid, hersenskim?

Charl C. Wolhuter

Charl C. Wolhuter: Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Hierdie artikel ondersoek Suid-Afrikaanse hoër onderwys met betrekking tot die strewe na

die vestiging van wêreldklasuniversiteite, wat in baie lande van die wêreld nagestreef word.

Die artikel begin met ’n begripsverheldering van die woord wêreldklasuniversiteit, en by

gebrek aan ’n definisie in die wetenskaplike literatuur word ’n model van ’n

wêreldklasuniversiteit gebou wat dien as verwysingsraamwerk vir die res van die ondersoek.

Die woord wêreldklasuniversiteit verwys na ’n komplekse verskynsel, met baie faktore. Die

beste beskikbare instrumente om die wêreldklasstatus van universiteite mee te meet is die

talle universiteitsgraderingstelsels wat in omloop is, ofskoon hulle almal ontoereikend is en

nie reg laat geskied aan die kompleksiteit van die begrip van ’n wêreldklasuniversiteit nie.

Selfs aan ’n streng maatstaf gemeet, beskik Suid-Afrika oor universiteite wat as

wêreldklasuniversiteite kwalifiseer. Die aandrang vir die uitbouing van

wêreldklasuniversiteite is in Suid-Afrika net so dringend aanwesig as elders ter wêreld; tog

sal ’n verdere summiere konsentrasie van openbare hulpbronne ter bevordering van

wêreldklasuniversiteite onwys wees, gesien in die lig van sekere kontekstuele werklikhede.

Die behoefte aan uitbreiding en diversifikasie is sterker in die laer strata van die

hoëronderwyspiramide, ten einde uitsig en uitkoms te bied aan die groeiende getal werklose

jeugdiges. In dié verband skyn gemeenskapskolleges die mees belowende model op die

internasionale hoëronderwyslandskap te wees. Met sterk aandrang om sowel

wêreldklasuniversiteite as minder eksklusiewe vorme van hoër onderwys uit te bou, is die

voor die hand liggende oplossing om die privaatsektor toe te laat om ’n groter rol in

hoëronderwysvoorsiening te speel. Internasionale ondervinding toon ook dat die gedagte van

’n Afrikaansmedium- en/of missiegedrewe wêreldklasuniversiteit nie ’n hersenskim hoef te

wees nie.

Trefwoorde: universiteit; wêreldklasuniversiteit; Suid-Afrika; hoër onderwys

Abstract

A world-class university in South Africa: ideal, desirable, attainable, reality, chimera?

There are currently visibly in many countries across the world an ideal and serious attempts

to establish a world-class university. As examples could be cited China’s Project 211 of 1993,

succeeded by Project 985 in 1998 (Manzon 2008:213), Education City in Doha, Qatar

(Wildavsky 2010:55) and a project in Germany (Fallon 2008:16).

284

The objectives of the research reported in this article were the following:

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

• What is a world-class university (definition, criteria, conceptual clarification)?

• How do South African universities weigh up against the ideal of a world-class

university?

• Is the establishment of a world-class university in South Africa desirable?

• Is the establishment of a world-class university in South Africa attainable?

• Which opportunities and stumbling blocks exist in South Africa in the way of the

realisation of a world-class university?

• Would an Afrikaans-medium world-class university be a possibility or a contradiction

in terms?

The method of comparative education has been followed here. The method entails the

distillation of suggestions for the improvement of the local education system from a

contextualised comparison with educational experience abroad.

The motivations for striving towards the status of a world-class university exist at both

national and institutional levels. The motivations at national level revolve around the role of

the university as a determinant of national power. At institutional level a confluence of

factors resulted in universities setting the ideal of becoming world-class universities. These

factors include the explosion of enrolments during the past two decades, the knowledge

explosion, the need for ever more costly infrastructure and changing funding patterns.

Dwindling governmental funding has resulted in universities being forced to compete more

and more with one another for funding allocations (Reisberg 2011:128). Governments from

Western Europe to China and Australia (Shen 2010:69–76) are tending increasingly to move

from equal funding to all universities to investment in promising and performing universities.

Private sector funding and attraction of students – who are expected to foot an increasing

proportion of their studies bill themselves – depend upon the quality if an institution. Finally,

the quality gets enhanced significance in Friedman’s (2009:66–8) flat world, in which

geographical advantage has been wiped out and universities are forced to compete with one

another for students and staff (Gürüz 2008:3–5).

A definition of the term world-class university does not exist in the scholarly literature. For

lack of a definition this article attempts to construct a model of a world-class university (with

model being used in the sense as used by Rosenblueth and Wiener 1945 in their classic

publication on the role of models in science). A model is constructed from the basis of an

analysis of the lexical meaning of the three components of the term world-class university.

The word class refers to a category within a rank order; together with world, world-class then

means the best or the highest order in the world. A university is an advanced educational

institution for the promotion (teaching and research) of various branches of science. Worldclass

then refers to the quality of the university. Quality in education consists, according to

Bergman (1996:581), of four components: input quality, process quality, outcome quality and

output quality. The university fulfils its functions (teaching, learning, research, service,

innovation, cultural preservation, transmittance and progress, and social critique) in

symbiosis with a societal context. This proposed model posits, then, that in order to be a

world-class university, the best quality (input, process, outcome and output quality) of each

of the structural elements and functions of the university should be realised, all in symbiosis

with the context in which the university operates.

285

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

A measuring instrument that includes all the elements of the model does not exist, forcing the

scholar to resort to existing systems of university ratings, despite their shortcomings.

Three South African universities appear among the top 500 and 400 respectively of the Times

Higher Education and Shanghai ratings. Thirteen, or just more than half, of all South African

universities fall within the top quintile of the Ranking web of world universities (only three

South African universities lie below the median). By all measures South Africa already has

world-class universities.

While the call for more world-class universities in South Africa is present as urgently as

elsewhere in the world, a summary concentration of public resources for the cause of

promoting the establishment of (more) world-class institutions would be inadvisable, in view

of contextual realities. A world-class university is an expensive undertaking. For the six

campuses earmarked for the development to world-class status in Germany, for example, the

federal German government has allocated 19 billion euros (Labi 2010) – more than ten times

South Africa’s total public education budget for primary, secondary and tertiary education.

South African universities are obtaining ever decreasing state funding (Wolhuter 2011b),

education is already the single biggest item on the public budget, and with many other

pressing demands within primary and secondary education and outside of education (housing,

health care and transportation infrastructure) a case could hardly be made for more

investment in developing world-class universities. Furthermore, South Africa’s gross tertiary

education enrolment ratio of 17 percent is low compared with that of other upper middleincome

countries, where this figure is typically 35 to 40 percent. Youth unemployment in

South Africa is high. In view of these contextual realities it could be stated that the need for

expansion and diversification is stronger at the lower strata of the higher education pyramid

in order to provide relief for the growing numbers of unemployed young people. In this

regard community colleges appear to be the most promising model on the international higher

education landscape. With both the call for world-class universities and less exclusive forms

of higher education equally pressing, the obvious solution seems to be to allow the private

sector to play a larger role in higher education provision. The international experience also

indicates that the idea of an Afrikaans-medium and/or mission-driven world-class university

does not have to be a chimera.

Key words: university; world-class university; South Africa; higher education

1. Inleiding: Die nuwe supernovas regoor die internasionale hoëronderwys-konstellasie

Daar is tans in baie lande regoor die wêreld ’n besielende ideaal en ernstige strewe na die

vestiging van ’n wêreldklasuniversiteit sigbaar. Dit staan soms in skrille kontras met sekere

kontekstuele werklikhede in daardie lande, wat dié strewe des te meer bewonderenswaardig

maak. Die volgende drie voorbeelde illustreer hierdie tendens.

In 1993 het China sy Projek 211 aangekondig en dit in 1998 opgevolg met Projek 985. Téén

die grein van die egalisties-sosialistiese ideologie van die Chinese regering in is besluit om

100 universiteite in China tot wêreldklasuniversiteite te ontwikkel (Manzon 2008:213). Dit

verteenwoordig ’n ambisieuse projek en ’n geweldig gekonsentreerde aanwending van skaars

286

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

hulpbronne in ’n arm land – China was nog altyd ’n lae-inkomsteland wat pas (in 2011)

deurgebreek het tot die liga van die laer-middelinkomstelande.

Hierdie strewe is ook geensins uniek aan China nie. Soortgelyke inisiatiewe kom wyd in die

Stille Oseaan-halfsirkellande en verder in Asië voor, byvoorbeeld die Brein Korea 21-

(BK21) projek in (Suid-) Korea (Shin 2009); die SINGA-program in Singapoer (Anon.

2008); onlangse hervormings in hoër onderwys in Taiwan (Chou 2011); en Indië se projek

om binne vyf jaar dertig wêreldklasuniversiteite tot stand te bring (Altbach en Jayaram

2012:1).

’n Tweede voorbeeld is Education City in Doha, Katar. Dié luukse projek het tot stand gekom

na ’n uitnodiging van die monarg van Katar aan vyf leidende Amerikaanse universiteite om

satellietkampusse op ’n stuk grond van 2 000 hektaar op te rig ten einde die beste van

Amerikaanse onderwys aan die inwoners van die streek beskikbaar te stel. Die oprigting van

so ’n hoëronderwysmodus skyn eweneens ongepas te wees vir ’n land waarvan die

ekonomiese basis die ontginning van ru-olie is en ’n internasionale lughawe wat ten doel het

om te help om passasiers tussen Europa en Asië vervoer. Wildavsky (2010:55) noem die

Education City-projek ’n winkelsentrum-benadering ((shopping mall approach) tot hoër

onderwys; ’n replika van die hoëmarkwinkelsentrum op die internasionale lughawe nie ver

van Education City af nie. Education City is egter nie ’n uitsonderlike geval nie, en reëlings

soos die weeklikse pendel van top akademici aan Amerikaanse universiteite om aan Midde-

Oosterse satellietkampusse en universiteite te doseer (Wildavsky 2010:47–8) is algemeen in

die lande van die Midde-Ooste. Voorbeelde sluit in King Abdullah University of Science and

Technology (KAUST) in Saoedi-Arabië en New York University Abu Dhabi in die

Verenigde Arabiese Emirate.

’n Derde voorbeeld behels hoër onderwys in Wes-Europa. Ofskoon Wes-Europa die

bakermat van die moderne universiteit is en Wes-Europese universiteite as gevolg van hulle

historiese gewig op groot prestige kan reken, het die vrees dat die massifikasie van hoër

onderwys middelmatigheid tot gevolg kan hê, gelei tot inisiatiewe om te verseker dat dié

wêrelddeel ook oor wêreldklasuniversiteite beskik. In 2004 het die federale minister van hoër

onderwys van Duitsland die toestand van die land se universiteite betreur en gevra vir ’n

doelgerigte poging om geïdentifiseerde kampusse wat die potensiaal het, tot

wêreldklasuniversiteite te ontwikkel. Dit is twee jaar later opgevolg met ’n toekenning van 19

miljard euro vir dié doel aan ses kampusse (Fallon 2008:16). Soortgelyke inisiatiewe is in

Frankryk van stapel gestuur. Een van die eerste stappe wat die Sarkozy-regering gedoen het

na oorname in 2007, was om Operation Campus te loods. Ses universiteite is geteiken vir

massale staatsfinansiële steun ten einde hulle tot leidende internasionale

hoëronderwysinstellings te ontwikkel (Marshall 2008:1).

Intussen het die tema van wêreldklasuniversiteite in sowel wetenskaplike publikasies as die

populêre media en beleidsdokumente op die voorgrond getree. ’n Soektog onder die tref-frase

world-class universities op die soekenjin Google het 319 miljoen webbladsye opgelewer. Die

getal wetenskaplike publikasies het ewe indrukwekkend toegeneem. Die nuutste toevoeging

287

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

daartoe is Altbach (2011a) se geredigeerde boek oor leierskap vir wêreldklasuniversiteite en

die uitdagings wat dit vir ontwikkelende lande inhou.

2. Probleemstelling

Vanuit ’n Suid-Afrikaanse invalshoek beskou kan daar nou gevra word wat die implikasies

en betekenis van hierdie wêreldtendens is. Die strewe na kwaliteit of internasionale

mededingendheid (of ander sinonieme vir wêreldklas) duik gereeld in missieverklarings van

universiteite en in beleidsverklarings van die regering op. Die jongste voorbeeld (ten tyde van

skrywe, November 2011) is die Nasionale Ontwikkelingsplan: Visie vir 2030 (bekendgestel

op 14 November 2011) wat melding maak van uitnemendheid in hoër onderwys, en

wêreldklasnavorsing en -vernuwing in dié verband (RSA 2011:262). Terwyl die term

wêreldklasuniversiteit gereeld terloops in wetenskaplike publikasies oor hoër onderwys in

Suid-Afrika gebruik word (vgl. bv. Lourens 2011; Nerad 2011:4), was dié aangeleentheid

nog nooit die fokus van navorsing in Suid-Afrika nie, anders as in die buiteland (vgl. Deacon,

Osman en Buchler 2009:1072–86). In die kwarteeu van die bestaan van die South African

Journal of Higher Education is nog geen artikel wat fokus op die tema van

wêreldklasuniversiteite gepubliseer nie. Volgens die Nexus-databasis word ’n

indrukwekkende tweehonderdtal tesisse en verhandelinge jaarliks binne die veld van hoër

onderwys in Suid-Afrika voltooi, tog kon binne hierdie korpus van navorsing ook nie een

tesis of verhandeling opgespoor word wat handel oor wêreldklasuniversiteite nie.

Die vrae wat opduik, sluit die volgende in: Wat presies is ’n wêreldklasuniversiteit? Hoe

word Suid-Afrikaanse universiteite gemeet aan die ideaal van ’n wêreldklasuniversiteit? Is

die vestiging van ’n wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika wenslik en haalbaar? En, in die lig

van die kwessie van die bestaan en toekoms van Afrikaanse universiteite in Suid-Afrika, is ’n

Afrikaansmedium-wêreldklasuniversiteit haalbaar en wenslik?

3. Doel van hierdie navorsing

Die doel van hierdie navorsing was om die volgende te bepaal:

• Wat is ’n wêreldklasuniversiteit (definisie, kriteria, begripsverheldering)?

• Hoe weeg Suid-Afrikaanse universiteite op teen die ideaal van ’n

wêreldklasuniversiteit?

• Is die totstandbrenging van ’n wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika wenslik?

• Is die totstandbrenging van ’n wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika haalbaar?

• Watter geleenthede en struikelblokke bestaan daar in Suid-Afrika vir die skep van ’n

wêreldklasuniversiteit?

• Sou ’n Afrikaansmedium-wêreldklasuniversiteit ’n moontlikheid of ’n contradictio in

terminiswees? Hierdie vraag word beskou in die lig van faktore soos dat LitNet

Akademies duidelik ’n tydskrif is wat in diens staan van die uitbou van Afrikaans as

288

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

taal van wetenskapsbeoefening, maar ook dat die argument van die internasionale

waarde van Engels (veral die vermeende status van Engels as internasionale lingua

franca in die akademiese wêreld) voortdurend voorgehou word in die proses van die

marginalisering van Afrikaans aan Suid-Afrikaanse universiteite ten gunste van

Engels (bv. Brink 2006:34–5).

4. Navorsingsmetode

Die navorsingsmetode van vergelykende opvoedkunde is gevolg. Dié metode behels die

evaluering en identifisering van riglyne en voorstelle vir die verbetering van die eie

onderwysstelsel deur buitelandse of internasionale perspektiewe, met inagneming van die

kontekstuele ooreenkomste en verskille tussen die binnelandse geval en buitelandse

voorbeelde (Phillips 2005; King 1968). Deur so ’n gekontekstualiseerde vergelyking word,

vanuit die internasionale ondervinding, voorstelle ter opheffing van die binnelandse

onderwysstelsel gedistilleer.

Vanuit ’n studie van die internasionale korpus wetenskaplike literatuur word gepoog om

eerstens die beweegredes agter die strewe na ’n wêreldklasuniversiteit te identifiseer;

tweedens ’n definisie van ’n wêreldklasuniversiteit te formuleer; en derdens te bepaal hoe die

wêreldklasstatus van ’n universiteit gemeet kan word. Dit word dan geprojekteer op die Suid-

Afrikaanse situasie en aangewend om, met inagneming van die Suid-Afrikaanse

(maatskaplike en onderwys-) konteks, te bepaal hoe Suid-Afrikaanse universiteite opweeg

teen die ideaal van ’n wêreldklasuniversiteit; of ’n wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika

wenslik en haalbaar is; watter geleenthede en struikelblokke daar in die weg van die oprigting

van ’n wêreldklasuniversiteit is; en of ’n Afrikaansmedium-wêreldklasuniversiteit moontlik

sou wees.

5. Die beweegredes agter die strewe na ’n wêreldklasuniversiteit

Daar kan tussen beweegredes op nasionale vlak en op institusionele vlak (dit is die vlak van

die individuele universiteit) onderskei word. Op nasionale vlak word die beweegredes gevind

in die rol van die universiteit in die bepaling van nasionale mag. Dit verwys nie net in die eng

sin na die rol van navorsing ter ondersteuning van die militêre magsmasjien van die staat nie

– en hierdie rol op sigself is substansieel (vgl. Hedges 2009:91) – maar ook na die opleiding

van ’n hoogs geskoolde werkerskorps vir die nasionale ekonomie, en in die breedste sin na

die nuwe fase wat in ekonomiese ontwikkeling in veral die ontwikkelde lande aangebreek

het, naamlik die fase van ’n kennissamelewing (vgl. World Bank 2002). ’n

Kennissamelewing word gekenmerk deur die produksie van kennis as die sentrale dryfas van

die ekonomie. Die kennissamelewing en die kennisekonomie het universiteite in ’n nuwe lig

geplaas. Universiteite – as die samelewing se instellings vir gevorderde onderwys en

navorsing – word al hoe meer die onderwerp en fokus van openbare debat en belang, omdat

289

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

kennis die bron van nasionale mededingendheid geword het (vgl. Shin en Cummings

2010:581–94; Rojas en Bernasconi 2011:33).

Op institusionele vlak het ’n sameloop van veelvuldige faktore daartoe gelei dat individuele

universiteite die ideaal van ’n wêreldklasuniversiteit koester. Hierdie faktore sluit in die

ontploffing in inskrywingsgetalle die afgelope twee dekades (vgl. Wolhuter 2011b); die

kennisontploffing; die behoefte aan al hoe duurder infrastruktuur en veranderende

befondsingspatrone. Kwynende staatsbefondsing (vgl. Wolhuter 2011b) bring mee dat

universiteite al hoe meer onderling moet wedywer vir befondsingstoekennings (Reisberg

2011:128). Regerings van Wes-Europa en China (soos hier bo verduidelik) tot Australië

(Shell 2010:69–76) neig al hoe meer om weg te beweeg van gelyke befondsing van

universiteite na belegging in belowende en presterende universiteite. Ook

privaatsektorbefondsing en die aantrekking van studente – van wie daar verwag word om ’n

al hoe groter gedeelte van hulle studiekoste self te betaal – hang af van die kwaliteit van ’n

universiteit. Laasgenoemde kry verhoogde betekenis in ’n “plat” wêreld, waar geografiese

voordeel uitgewis is (Friedman 2009:66–8) en waar universiteite internasionaal moet

meeding om studente en personeel (Gűrűz 2008:3–5).

6. Wêreldklasuniversiteit: definisie, begripsverheldering en ordening tot model

Altbach (2010) verduidelik dat terwyl alle universiteite wêreldklasuniversiteite wil wees, en

alle regerings oor wêreldklasuniversiteite wil beskik, niemand oënskynlik die begrip wil

definieer nie. Daar kan inderdaad nêrens ’n definisie van die begrip wêreldklasuniversiteit

opgespoor word nie. Selfs die gewoonlik uiters tegnisistiese Wêreldbank vermy die kliniese

definiëring van dié woord in sy seminale verslag oor die uitdaging om wêreldklasuniversiteite

te vestig (Altbach e.a. 2009), maar val eerder terug op ’n lys kenmerke van sogenaamde

wêreldklasuniversiteite, sonder om aanspraak te probeer maak dat dié lys volledig is. Dit is

ook die patroon in ander publikasies wat die begrip wêreldklasuniversiteit probeer

verduidelik (bv. Khoon, Shukor, Hassan e.a. 2005:765–8). Die naaste aan ’n definisie wat in

die wetenskaplike literatuur gevind kan word, is Altbach (2011b:1) se enigsins vae

sirkeldefinisie dat wêreldklasuniversiteite internasionaal/globaal “dink” sonder om sig van

hulle plaaslike en nasionale omgewings te verloor: hulle rig hulself op universiteite wat

wêreldwyd pasaangeërs is, en maak die lesse wat hulle van sulke universiteite kry, van

toepassing op plaaslike behoeftes en doelstellings.

By gebrek aan ’n omskrywing van wêreldklasuniversiteit word vervolgens gepoog om ’n

raamwerk wat as ’n model vir ’n wêreldklasuniversiteit gekonstrueer is, te volg as

verwysingsraamwerk vir die bespreking oor wêreldklasuniversiteite en Suid-Afrika in die

volgende gedeelte van die artikel. Die woord model word hier gebruik soos verduidelik deur

Rosenblueth en Wiener (1945) in hulle klassieke publikasie oor die rol van modelle in

wetenskapsbeoefening, naamlik dat ’n model ’n abstrakte weergawe van ’n gedeelte van die

werklikheid is, ’n identifisering van veranderlikes/faktore/komponente wat ’n sisteem vorm,

290

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

en ’n aanduiding van die verhoudings tussen hulle. Die doel van ’n wetenskaplike model is

dan om ’n greep (verstaan en beheer) van ’n gedeelte van die werklikheid te verkry.

Daar sal begin word met ’n ontleding van die leksikale betekenis van die drie komponente

van die woord wêreldklasuniversiteit.

Die woord klas verwys na ’n kategorie binne ’n rangorde; saam met wêreld beteken

wêreldklas dan die beste of die hoogste orde ter wêreld. ’n Universiteit is ’n hoër- of

gevorderde-onderwysinstelling vir die bevordering (onderrig en navorsing) van verskeie

vertakkinge van die wetenskap. Wêreldklas dui dan op die kwaliteit van die universiteit.

Kwaliteit, in die besonder kwaliteit in onderwys, is eweneens ’n moeilik omskryfbare begrip

en onmoontlik om in ’n eenlynige definisie vas te vat. Bergman (1996) meen dat in stede van

’n vrugtelose soektog na ’n definisie van die begrip, dit sinvoller is om die fokus te plaas op

die komponente van onderwyskwaliteit as verskynsel. Die volgende vier komponente van

onderwyskwaliteit kan dan onderskei word (Bergman 1996:581): insetkwaliteit (finansiële

belegging, fisiese infrastruktuur, opleidingsvlak en kwaliteit van onderwysers);

proseskwaliteit (gehalte van onderwys en leer en ook interne effektiwiteit); uitkomskwaliteit

(kwaliteit van produk, gemeet aan finalejaareksamenresultate); en afvoerkwaliteit (alumni se

bewese waarde van hulle hele leeftyd in werkplek en samelewing).

Die konsep universiteit kan ontleed word deur te fokus op funksies en strukture van die

universiteit. Die funksies van die universiteit kan soos volg saamgevat word (Pauw 1975;

Habermas 1968; Maassen 2011): onderrig en leer; navorsing; dienslewering; (kommersieel–

georiënteerde) vernuwing; kulturele preservasie, oordrag en uitbouing; en

samelewingskritiek. Die universiteit bestaan uit die strukturele komponente van enige

onderwysinstelling of -stelsel, naamlik beleid, organisasie, onderwyskundige struktuur en

ondersteuningsdienste (Steyn en Wolhuter 2008). Elkeen van dié komponente bestaan uit ’n

aantal elemente, wat in figuur 1 gelys word. Laastens is elke onderwysinstelling ingebed in ’n

konteks (wat ook op sy beurt struktuurlae het van plaaslike na nasionale na

internasionale/globale konteks); en om funksioneel te wees, moet die onderwysinstelling in

simbiose bestaan met die maatskaplike konteks waarin dit ingebed is. Al hierdie faktore kan

skematies soos in figuur 1 voorgestel word.

291

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 1. Ordening tot ’n model van die wêreldklasuniversiteit

Om ’n wêreldklasuniversiteit te wees, behels volgens Figuur 1 die beste kwaliteit in die

wêreld (op elkeen van die vier vlakke van kwaliteit) ten opsigte van die struktuurelemente en

funksies van die universiteit, alles in simbiose met die konteks waarin die universiteit

funksioneer. Die vier vlakke van onderwyskwaliteit sal in wisselende mate by elke element

ter sake wees, en sal ten opsigte van elke element ’n reeks eise stel. Die struktuurelement

“dosente” sal byvoorbeeld die eise insluit van ’n hoë vlak van kwalifikasies (insetkwaliteit),

onderrigvaardigheid (insetkwaliteit) en gehalte van onderrigpraktyk (insetkwaliteit).

292

7. Bepaling (meting) van wêreldklasstatus van universiteite

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die ideaal sou ’n meetinstrument wees wat al bogenoemde faktore verreken. So ’n instrument

bestaan nie tans nie, en daar moet noodwendig op die bogenoemde stelsels van

universiteitsgraderings teruggeval word.

Universiteitsgraderings het ’n lang geskiedenis. US News & World Report se graderings, wat

vanaf 1983 gepubliseer word, word gewoonlik beskou as die begin van internasionale

universiteitsgraderings (Wildavsky 2010:101; Liu en Cheng 2011:145), ofskoon pogings om

Amerikaanse universiteite te gradeer tot so ver terug as 1895 dateer (Wildavsky 2010:101).

Sedertdien het graderingstelsels van universiteite toegeneem, veral in ontwikkelde lande,

maar ook in ontwikkelende lande, tot die punt waar daar vandag in sommige lande ’n dosyn

of meer universiteitsgraderingstelsels in omloop is (Liu en Cheng 2011:145). Shin,

Toutkoushian en Teichler (2011) se publikasie wat onlangs verskyn het, is die eerste boek oor

universiteitgraderings en is gebaseer op 33 universiteitgraderingstelsels wat op die internet

beskikbaar is.

In ’n tydvak van globalisasie het die praktyk van internasionale graderings vinnig ontwikkel.

In 2003 het die Sjanghai Akademiese Gradering van Wêrelduniversiteite (uitgevoer deur die

Instituut van Hoër Onderwys van Shanghai Jiao Tong Universiteit) verskyn, gevolg deur die

Times Higher Education Supplement (THES) se graderingstelsel ’n jaar later. Ofskoon dit die

twee mees gebruikte stelsels is, het baie ander internasionale graderingstelsels (vgl. Liu en

Cheng 2011:147–9) gevolg.

Universiteitsgraderings het egter ook al baie kritiek ontlok. Hierdie kritiek wentel om die

gebrek aan omvattendheid van maatstawwe; die maatstawwe self; die relatiewe gewig van

maatstawwe; die klein getal universiteite wat betrek word; en die gevolge van graderings.

Soos Figuur 1 aantoon, behels ’n totale peiling van die gehalte van ’n universiteit baie

faktore, maar graderings is op slegs enkele faktore gebou. Tipies word aan navorsing baie

gewig verleen, met minder gewig aan onderrig (Liu en Cheng 2011:149), en nog minder aan

dienslewering (Shin en Toutkoushian 2011:8), terwyl vernuwing en die rol van die

universiteit as die morele kompas en waghond van die samelewing (vgl. Figuur 1) geensins

figureer nie. Sommige faktore in die formule is moeilik, indien nie onmoontlik nie, om te

meet. Om byvoorbeeld afvoerkwaliteit (Figuur 1) na behore te meet, sal die impak van

alumni in die werkplek en breë samelewing oor die ganse leeftyd van alumni gepeil moet

word. Voorts betrek die meeste graderingstelsels maar ’n klein breukdeel van alle

universiteite. Die Sjanghai Akademiese Gradering van Wêreldklasuniversiteite en die THESgraderings

sluit onderskeidelik net die boonste 500 en 400 universiteite in, terwyl daar

(volgens die International Journal of Scientometrics) 17 036 universiteite in die wêreld is

(Anon. 2011).

Universiteitsgraderings het ’n groot impak op hoër onderwys wêreldwyd. In dié verband

vestig Shin en Toutkoushian (2011:10) die aandag op radikale hoëronderwyshervorming in

Frankryk. Die probleem is dat graderings in baie gevalle ’n doel op sigself geword het en dat

dit nagejaag word tot nadeel van institusionele missies, omdat kontak met die plaaslike en

293

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

nasionale kontekstuele imperatiewe daardeur verloor word, onderwysgehalte in die breedste

en volledigste sin van die woord daaronder ly, en die hele doel van graderings (om

universiteitsonderwys te verbeter) daardeur verydel word (Shian en Toutkoushian 2011:11–2;

Tierney 2009:1–7).

Ten spyte van hulle tekortkominge bly die bestaande graderings egter die enigste beskikbare

instrument vir ’n vergelykende ondersoek na die gehalte van universiteite. Daarom sal hulle

ook in hierdie studie gebruik word, ofskoon met hulle gebreke (soos hier bo verduidelik) in

gedagte. Die drie stelsels wat gebruik sal word, word vervolgens in meer besonderhede

verduidelik.

Die Akademiese Rangorde van Wêrelduniversiteite (Sjanghai) is gebaseer op die volgende

ses maatstawwe:

• getal alumni wat Nobelpryswenners en Veldmedalje-pryswenners is (10 persent)

• getal personeel wat Nobelpryswenners en Veldmedalje-pryswenners is (20 persent)

• getal hoogs aangehaalde navorsers uitgekies deur Thomson Scientific (20 persent)

• getal artikels gepubliseer in Nature en in Science (20 persent)

• getal ISI-geïndekseerde artikels gepubliseer (20 persent)

• Per capita prestasie relatief tot die grootte van die universiteit (10 persent).

Meer as ’n duisend universiteite word jaarliks gegradeer, en die boonste 500 van hulle word

gepubliseer (Academic Ranking of World Universities 2011).

Die Times Higher Education Supplement se gradering is gebaseer op die volgende vyf

maatstawwe:

• ’n internasionale meningsopname van akademici (40 persent)

• ’n internasionale meningsopname van werkgewers (10 persent)

• getalleverhouding studente/akademici (20 persent)

• aanhalings (in wetenskaplike tydskrifte) per akademiese-personeel-lid (20 persent)

• persentasies van internasionale (buitelandse) akademiese personeel en studente (5

persent elk).

Net die boonste 400 universiteite word gepubliseer (The World University Rankings 2011).

Die Ranking Web of World Universities deur die Cybermetrics Laboratory van CSIC

(Consejo Superior de Investigaciones Cientifices, die Openbare Wetenskaplike

Navorsingsraad van Spanje) wat webmetriese maatstawwe gebruik om 16 000 universiteite

wêreldwyd te gradeer, word ook as ’n gesaghebbende graderingstelsel beskou (Liu en Chen

2011:14; Aquillo, Bar-Ilan, Leveno en Ortaga 2010:243). Hierdie graderingstelsel word in dié

ondersoek gebruik aangesien die ander twee slegs enkele Suid-Afrikaanse universiteite

insluit, en ’n meer omvattende peiling wat alle Suid-Afrikaanse universiteite insluit, moontlik

is deur dié derde rangordestelsel ook te betrek. Dié stelsel gebruik die volgende maatstawwe:

• getal webbladsye (20 persent)

294

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

• ryk lêers, soos Adobe Acrobat, Acrobat Postscript, Microsoft Word en Microsoft

PowerPoint (15 persent)

• getal publikasies in Google Scholar (15 persent)

• getal eksterne webskakels ontvang (50 persent).

(Cybermetrics Laboratory of CSIC 2011)

8. Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika ’n werklikheid? Posisie van Suid-Afrikaanse

universiteite in die internasionale rangorde van universiteite

Om die bestaande rangordenings van universiteite te gebruik om die wêreldklasstatus van

Suid-Afrikaanse universiteite te bepaal, bring nog ’n laaste probleem mee, naamlik dat daar

geen wetenskaplike basis is om ’n afsnypunt te identifiseer vir wat as

wêreldklasuniversiteitstatus kwalifiseer nie. Die Sjanghai- en Times Higher Educationgraderings

sluit onderskeidelik slegs die boonste 500 en 400 universiteite in; soos reeds

vermeld, word hierdie graderings daarvoor gekritiseer dat hulle so ’n klein persentasie van

alle universiteite in die wêreld in hulle graderings insluit. Vir die Ranking Web of World

Universities is besluit om die boonste vyfde (20 persent of boonste 3 200 van die 16 000

gegradeerde universiteite) in te sluit. Dit is arbitrêr, maar daar bestaan geen objektiewe

maatstaf nie.

Suid-Afrikaanse universiteite wat in die Sjanghai- en Times Higher Education-graderings

ingesluit is, asook dié wat opgeneem is in die boonste vyfde van die Ranking Web of World

Universities-graderingstelsel, word in Tabel 1 getoon. Drie Suid-Afrikaanse universiteite

verskyn op elk van die Sjanghai en Times Higher Education se onderskeieboonste 500 en 400

universiteite wêreldwyd, terwyl 13, of net meer as die helfte, van Suid-Afrikaanse

universiteite in die boonste vyfde van die Ranking Web of World Universities geklassifiseer is

(slegs drie Suid-Afrikaanse universiteite lê onder die 8 000-mediaan, en die laagste rang van

’n Suid-Afrikaanse universiteit op dié rangordestelsel is 10 915).

Akademiese

Rangorde(Sjanghai)

Universiteit

Universiteit van

Kaapstad

Times Higher Education Boonste vyfde van Ranking

Web of World Universities

(CSIC, Spanje)

Rangorde/

Universiteit

klas

201-300 Universiteit van

Kaapstad

Rangorde/

Universiteit

klas

103 Universiteit van

Kaapstad

Rangorde/

klas

324

295

Universiteit van

die Witwatersrand

Universiteit van

Kwazulu-Natal

301-400 Universiteit van

Stellenbosch

401-500 Universiteit van

die Witwatersrand

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

251-275 Universiteit van

Pretoria

251-275 Universiteit van

Stellenbosch

Universiteit van die

Witwatersrand

Universiteit van

Kwazulu-Natal

507

540

699

727

Rhodes-Universiteit 1 083

Universiteit van Wes-

Kaapland

Universiteit van Suid-

Afrika

Universiteit van

Johannesburg

Nelson Mandela

Metropolitaanse

Universiteit

1 156

1 221

1 395

1586

Noordwes-Universiteit 2 123

296

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tshwane- Universiteit

van Tegnologie

Tabel 1. Rangorde van Suid-Afrikaanse universiteite op drie internasionale

rangordestelsels

(Academic Ranking of World Universities 2011; The World University Rankings 2011;

Cybermatics Laboratory of CSIC 2011)

9. (Nog meer) Wêreldklasuniversiteite in Suid-Afrika: Wenslik/haalbaar?

2 891

Ten einde die vraag te probeer beantwoord of nog meer wêreldklasuniversiteite in Suid-

Afrika haalbaar of wenslik is, sal die aandrang vir wêreldklasuniversiteite eerstens opgeweeg

word teen twee kontekstuele werklikhede, naamlik die finansiële eise van

wêreldklasuniversiteite en die lae inskrywingsvlakke vir tersiêre onderwys in Suid-Afrika.

Dan sal enkele ander faktore wat die vestiging van wêreldklasuniversiteite in Suid-Afrika

bemoeilik, aangestip word.

Die wêreldwye aandrang vir ’n wêreldklasuniversiteit (soos hier bo uiteengesit) is ook in

Suid-Afrika aanwesig. ’n Wêreldklasuniversiteit is egter ’n duur onderneming: vir die ses

kampusse wat Duitsland vir die ontwikkeling van wêreldklasuniversiteite geoormerk het, is

byvoorbeeld 19 miljard euro toegeken (Labi 2010) – meer as tien keer soveel as Suid-Afrika

se totale jaarlikse openbare–onderwys-begroting vir primêre, sekondêre en hoër onderwys

gesamentlik.

Universiteite in Suid-Afrika kry al hoe minder staatsbefondsing (Wolhuter 2011b), onderwys

is reeds die grootste enkele item op die staatsbegroting, en met baie ander dringende eise aan

die staatskas binne primêre en sekondêre onderwys en buite die onderwys (bv. behuising,

gesondheidsorg, vervoerinfrastruktuur) kan ’n saak vir ’n groter belegging in

topklasuniversiteite moeilik gemaak word. Verder is Suid-Afrika se bruto inskrywingsvlak

van 17 persent vir hoër onderwys (Cloete 2011) laag in vergelyking met dié van ander

hoërmiddelinkomstelande soos Brasilië, Mexiko, Argentinië en Maleisië, waar die bruto

inskrywingsvlak vir hoër onderwys reeds tussen 35 persent en 40 persent is (World Bank

2011). Die werkloosheid onder die jeug is hoog: in Oktober 2010 het die Raad van

Geesteswetenskaplike Navorsing ’n verslag vrygestel wat daarop dui dat minder as die helfte

van 2010 se matrikulante ’n betrekking in die formele ekonomie sal beklee voor die

ouderdom van 24 jaar (Fredericks en Petersen 2010:5). ’n Studie deur die Sentrum van

Hoëronderwystransformasie en die Fordstigting het in 2007 bevind dat 2,8 miljoen van die

297

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

6,7 miljoen Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 18 en 24 jaar werkloos was

(Rademeyer 2009b:1).

Werkloosheid is ’n komplekse verskynsel met baie oorsaaklike faktore/korrelate, maar

gebrek aan genoegsame onderwys is beslis een daarvan: 23,8 persent van Suid-Afrikaners

wat oud genoeg is om te werk, is werkloos (World Bank 2011), maar slegs 8,9 persent van

dié met hoëronderwyskwalifikasies is werkloos (Rademeyer 2010:6). As in ag geneem word

hoe vatbaar ’n groot poel werklose jeugdiges vir sosiopolitieke mobilisasie is, maak die

tendens in Suid-Afrikaanse hoër onderwys die afgelope dekade om te beweeg na die ideaal

van ’n topuniversiteit nie sin nie (vgl. byvoorbeeld die omskepping van technikons in

universiteite; die geërfde Britse liberale model met geestes- en sosiale wetenskappe as

hoofkomponent; ens.). ’n Verdere konsentrasie van openbare hulpbronne op ’n kleiner getal

wêreldklasuniversiteite sou nóg onverstandiger wees. Dit sal beter wees om meer aandag te

gee aan die onderste segment van die hoëronderwyssektor en om institusionele onderskeiding

te oorweeg met die oog op die skepping van hoëronderwysinrigtings waarvan ’n hoofmissie

is om ’n groter aantal studente vir die arbeidsmark voor te berei teen ’n laer koste as deur die

universiteite. Gemeenskapskolleges is ’n tipe hoëronderwysinrigting wat reeds in groot dele

van die wêreld as doeltreffend bewys is vir dié doel, en die potensiaal daarvan in Suid-Afrika

is alreeds aangedui (Wolhuter 2011a).

Binne die hoëronderwyssektor is daar nog drie faktore wat die handhawing/bevordering van

wêreldklasuniversiteite in Suid-Afrika bemoeilik. Die eerste is die kwessie van leierskap.

Altbach (2011a) en medewerkers toon aan hoe krities belangrik leierskap in die vestiging van

’n wêreldklasuniversiteit is – dit is insiggewend dat hulle leierskap uitsonder as die fokus van

hulle publikasie oor die uitbreiding van wêreldklasuniversiteite van die ontwikkelde lande na

die opkomende lande, ’n uitbreiding wat tans op hande is. In die oorverpolitiseerde

hoëronderwyssektor in Suid-Afrika word meriete en bevoegdheid as maatstaf vir die

aanstelling van universiteitsbestuurders egter soms op die agtergrond geskuif, dikwels met

baie nadelige gevolge. Ten tyde van skrywe (November 2011) is drie Suid-Afrikaanse

universiteite se rektore reeds deur die Minister van Hoër Onderwys uit hulle poste verwyder

en is dié universiteite onder waarnemende administrateurs geplaas.

’n Tweede probleem is die voortdurende erosie van akademiese vryheid en outonomie, op

sowel institusionele vlak as die vlak van individuele akademici. Universiteite bevind hulle

aan die ontvangkant van ’n (voortdurend veranderende) stortvloed van regeringsvoorskrifte.

Akademici aan opvoedkundefakulteite moet byvoorbeeld hulle werk doen onder ’n

gekompliseerde, erg voorskriftelike sambreel van nie minder nie as dertien parlementêre

wette en ’n verskeidenheid beleidsvoorskrifte (Van der Walt, Potgieter, Wolhuter e.a. 2010).

Regeringsvoorskrifte word verdubbel deur ’n institusionele bestuurskultuur (managerialism),

en akademici gaan daarom gebuk onder die las van ’n dubbele stel beperkende

voorskriftelikheid en ’n staat van demoraliserende, nimmereindigende en tydrowende

verandering. Dit is alles baie negatief vir akademiese produktiwiteit, soos al bekla is deur

rektore (Eloff 2011) en akademici (Johnson 2011) en soos ook al deur navorsing uitgewys is

(Schulze 2008; Pienaar 2009).

298

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Laaste faktor wat die daarstelling van wêreldklasuniversiteite in Suid-Afrika bemoeilik, is

die swakgehalte-studente wat deur ’n grotendeels disfunksionele primêre en sekondêre

skolestelsel in die hoëronderwyssektor ingevoer word. Van die 22 lande wat deelgeneem het

aan die internasionale CAP- (Changing Academic Profession) ondersoek na die akademiese

professie, het Suid-Afrikaanse akademici die sterkste saamgestem met die stelling: “Ek

bestee meer tyd as wat ek sou wou aan die onderrig van basiese akademiese vaardighede as

gevolg van tekortkominge van studente” (Wolhuter 2011b). ’n Reeks standaardtoetse op die

2009-inname van eerstejaarstudente aan Suid-Afrikaanse universiteite het getoon dat hulle

basiese geletterdheids- en syfervaardighede, asook hulle beheersing van Engels, ernstig

tekortskiet (Rademeyer 2009a; Dibetle 2009:1).

Die aandrang vir wêreldklasuniversiteite is derhalwe wel in Suid-Afrika aanwesig, maar die

kontekstuele werklikhede maak dit nie haalbaar vir die openbare hoëronderwyssektor om in

daardie rigting uit te brei nie. Gevolglik moet die moontlikheid ondersoek word dat die

privaatsektor in wêreldklasuniversiteite kan voorsien, maar ook om die druk van

hoëronderwysvoorsiening deur die regering in die algemeen te verlig. Wêreldwyd, en

spesifiek in ander hoërmiddelinkomstelande, het ’n sterk privaat hoëronderwyssektor reeds

ontwikkel. Tans is 30 persent van alle hoëronderwysinskrywings wêreldwyd

privaatinstellings (PROPHE 2008). Maleisië (wat, soos Suid-Afrika, ’n

hoërmiddelinkomsteland is) het byvoorbeeld agtien openbare en sestien privaat

hoëronderwysinstellings (Zain, Shuib en Abdullah 2010:162). Suid-Afrika het ’n baie klein

privaat hoëronderwyssektor (Wolhuter 2011b) en die wetgewende en burokratiese muur wat

die uitbreiding van dié sektor verhinder (Bitzer 2011:22; Cloete 2011) behoort uit die weg

geruim te word.

10. ’n Afrikaansmedium-/missiegedrewe wêreldklasuniversiteit ’n hersenskim?

Getuienis vanuit internasionaal-vergelykende perspektiewe

Voorstanders van Afrikaansmedium-universiteite in Suid-Afrika bou gewoonlik hulle saak op

een of ’n kombinasie van die volgende argumente: die voordele van die koestering van

sosiodiversiteit; Afrikaans as rolmodel vir die bemagtiging en die ontwikkeling van inheemse

Afrikatale; die getalle-argument; grondwetlike regte; Afrikaans as ’n instrument van

bemagtiging; en die erkenning van kulturele of taalkundige minderhede (Brink 2006:82–9).

Soos verduidelik, word die internasionale posisie van Engels aangevoer as ’n argument deur

die teenstanders of deur skeptici van dié gedagte. Vervolgens word die getuienis van

internasionale perspektiewe op dié aspek ondersoek.

Met die Sjanghaien Times Higher Education se rangordestelsels as maatstaf het ’n

beduidende aantal nie-Engelsmedium-universiteite daarin geslaag om wêreldklasstatus te

bereik. 226 (45 persent) van die 500 beste universiteite van die Sjanghai-rangordestelsel en

171 (43 persent) van die 400 beste universiteite van die Times Higher Educationrangordestelsel

is nie-Engelsmedium-universiteite. Wat die groter Nederlandse taalfamilie

299

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(waartoe Afrikaans behoort) betref, is twaalf van die 25 Nederlandse universiteite (en ook

nog een Vakhogeschool) en twee van die agt Vlaamse universiteite in België op die Sjanghailys

van die 500 beste universiteite; terwyl 11 Nederlandse universiteite (en twee

Vakhogeschoolen) en drie Vlaamse universiteite op die Times Higher Education se lys van

die 400 hoogste gegradeerde universiteite is.

Sommige voorstanders van Afrikaansmedium-universiteite koppel hulle steun van die konsep

aan die besondere missie van sodanige universiteite (Brink 2006:141). Die term

missiegedrewe universiteit word hier gebruik met die betekenis wat deur Rosso (2011:90)

daaraan toegeken is, naamlik ’n universiteit wat naas (en nie in stede van nie) die breë missie

van ’n soeke na die waarheid, nog ander missie-elemente van ’n godsdienstige, patriotiese,

sosiale of kulturele aard het. Binne die akademiese gesprek oor hoër onderwys (dit wil sê,

gepubliseerde wetenskaplike literatuur binne die veld van hoër onderwys) in Suid-Afrika

word ’n parallelle debat gevoer oor wat die identiteit van hoër onderwys en

hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika behoort te wees, naamlik Afrikanisering vs.

universalisme.

Hierdie debat word trouens deur Deacon, Osman en Buchler (2009:1074–5) geïdentifiseer as

een van die hooftemas van hoëronderwysnavorsing in Suid-Afrika. Regeringsbeleid sedert

1994 was nog deurgaans dat hoëronderwysinrigtings se identiteit en oriëntasie nóg swart nóg

wit; nóg Engels nóg Afrikaans moet wees, maar “onbeskaamd Suid-Afrikaans” (soos by

monde van die Minister van Nasionale Onderwys in die Taalbeleid in Hoër onderwys, in

antwoord op die Gerwel-verslag) (RSA 2002:82). Om só die ryk verskeidenheid binne Suid-

Afrika kunsmatig te probeer doodverf tot ’n grys eenvormigheid, blyk in teenspraak te wees

met die Grondwet se erkenning van die verskeidenheid en die Grondwetlike bepalings ten

opsigte van die beskerming en bevordering daarvan (veral artikels 6, 29, 30 en 31; RSA

1996). Dit is ook moeilik te rym met die funksie (aangestip deur Habermas 1968:2–3) van die

universiteit ten opsigte van kultuurbewaring, -oordrag en -bevordering, soos ook in Figuur 1

vervat word.

Die vraag waarom dit hier gaan, is egter of dit moontlik is vir ’n missiegedrewe universiteit

om tot wêreldklasstatus te groei. Rosso (2011) beskryf vier missiegedrewe universiteite in

opkomende lande wat ongetwyfeld die status van wêreldklasuniversiteite bereik het. Die

eerste is die Aligarh Moslemuniversiteit in Aligarh, Noord-Indië. Dié universiteit is gestig

deur sir Syed Ahmed Khan, ’n maatskaplike hervormer wat geglo het Moslems in Indië

benodig moderne onderwys sonder om Islamwaardes in gevaar te stel. Die universiteit sluit

nie studente op grond van geloof, kaste of geslag uit nie, maar kan tot 50 persent van plekke

in professionele graadprogramme vir Moslemstudente voorbehou. Hierbenewens het die

universiteit ook ’n kwota internasionale studente, van veral Afrika, Wes-Asië en Suidoos-

Asië. Gedurende die tydperk 1999-2009 het akademici verbonde aan die Aligarh

Moslemuniversiteit 2 153 artikels in die ISI-tydskrifpoel gepubliseer, wat 8 784 aanhalings

(dus gemiddeld 4,08 per artikel) gegenereer het (Rosso 2011:92). In die bykans een eeu van

sy bestaan het dié universiteit talle alumni gelewer wat ’n bydrae gelewer het tot die

transformasie en ontwikkeling van Indië, insluitende Khan Abdhul Ghaffar Lihan, ’n

300

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

vername politieke leier en intieme bondgenoot van Mahatma Gandhi, en Mohammed Hamid

Ansan, die huidige visepresident van Indië.

Banaras Hindoe-universiteit in Varanasi, Noord-Indië, is eweneens gestig ten einde onderrig

en navorsing in alle wetenskapsvelde te verskaf, en om by te dra tot die ontwikkeling van

Indië, deur ’n hoëronderwysondervinding te verskaf wat geïnspireer is deur Hindoewaardes

en -etiek. Die universiteit bestaan uit 124 departemente en 14 fakulteite, waarvan sommige as

die beste in Indië gereken word. Gedurende die tydperk 1999 tot 2009 het akademici van dié

universiteit 4 440 artikels in internasionaal-geïndekseerde tydskrifte gepubliseer (Rosso

2011:94).

Chulalongkorn Universiteit in Bangkok, Thailand, word beskou as Thailand se beste en mees

gesogte universiteit. Die universiteit is in 1917 deur koning Chulalongkorn gestig as

antwoord op die groeiende Westerse teenwoordigheid in Suidoos-Asië. Die missie van die

universiteit is om graduandi van die hoogste kaliber te lewer, om kennis te skep wat die Thaisamelewing

sal bevoordeel, en om die land se kultuur, godsdiens en kunste te bewaar en te

bevorder. Teen 2009 het dié universiteit die 138ste plek op die Times Higher Education se

rangorde ingeneem.

Die Pontificio Universidad Católica De Chile in Santiago, Chili, is in 1888 deur die

Aartsbiskop van Santiago gestig as ’n Katolieke hoëronderwys-alternatief vir die groeiende

neiging van die staat om die alleenverskaffer van hoër onderwys te word. Intussen het die

universiteit gevorder tot die mees gesogte universiteit onder voornemende studente in Chili,

asook tot die 277ste posisie op die Times Higher Education se rangleer – die derde hoogste

gegradeerde universiteit in Latyns-Amerika (Rosso 2011:97).

By bogenoemde kan nog ’n vyfde interessante geval gevoeg word. Die Nasionale

Ontwikkelingsplan: Visie vir 2030, wat pas verskyn het en waarna hier bo verwys word,

noem dat die Universiteit van São Paolo, Brasilië, se jaarlikse ISI-artikeluitset van 9 000 die

gesamentlike totale uitset van 8 200 vir alle Suid-Afrikaanse universiteite oortref (RSA

2011:272). Tog is die universiteit bekend vir sy rigiede beleid oor Portugees as

onderrigmedium – doktorale proefskrifte mag byvoorbeeld slegs in Portugees geskryf word

(Salmi 2011:232).

Dit is reeds moeilik is om vandag te praat van ’n Afrikaanse universiteit, omdat geen

universiteit meer uitsluitlik Afrikaans as onderrigmedium gebruik nie. As teenhanger teen die

ietwat ontmoedigende gebeure by ’n hele aantal Suid-Afrikaanse universiteite die afgelope

dekade en meer, dat tweetaligheid dikwels die universiteit op ’n glybaan na ’n eentalige

Engelse universiteit plaas, hou bovermelde internasionale voorbeelde ’n besielende

alternatiewe model voor.

301

11. Gevolgtrekking

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Wêreldklasuniversiteit is ’n omvattende begrip en verskynsel wat baie faktore insluit. Die

aandrang vir die bestaan en uitbouing van wêreldklasuniversiteite is in Suid-Afrika, soos in

die res van die wêreld, dringend aanwesig. In Suid-Afrika bestaan wêreldklasuniversiteite

reeds. Volgens die engste en strengste van die twee meetinstrumente wat in hierdie artikel

gebruik is, is drie van die 24 (dus 12,5 persent) van Suid-Afrika se universiteite op

wêreldklasvlak. Die helfte van die land se universiteite val binne die boonste vyfde van alle

universiteite in die wêreld. Dit dui op ’n baie elitistiese hoëronderwyssektor.

Sekere kontekstuele maatskaplike faktore veroorsaak egter dat ’n verdere summiere

konsentrasie van hulpbronne ter uitbouing van wêreldklasuniversiteite onverantwoordelik en

onwenslik sou wees. Die behoefte aan uitbreiding en gepaste voorsiening aan die laer strata

van die hoëronderwyspiramide ten einde uitsig en uitkoms te bied aan die groeiende poel

werklose jeugdiges is te groot om so ’n konsentrasie te regverdig. In dié verband blyk

gemeenskapskolleges die mees belowende model op die internasionale

hoëronderwyslandskap te wees. Daar is sterk aandrang om sowel wêreldklasuniversiteite as

minder eksklusiewe vorme van hoëronderwysinrigtings uit te bou, en die voor die hand

liggende oplossing blyk daarom te wees om die privaatsektor toe te laat om ’n groter rol in

hoëronderwysvoorsiening te speel. Bestedingsdrukverligting ten opsigte van openbare hoër

onderwys wat die ontwikkeling van ’n privaat hoëronderwyssektor en die vestiging van

gemeenskapskolleges meebring, kan dan tot gevolg hê dat van owerheidskant af meer fondse

beskikbaar gestel word vir die ontwikkeling van wêreldklasuniversiteite en ter beskikking

van studente aan sodanige universiteite.

Laastens toon internasionale ondervinding dat die gedagte van ’n Afrikaansmedium- en/of

missiegedrewe wêreldklasuniversiteit nie ’n hersenskim is nie. 45 persent en 43 persent op

onderskeidelik die Sjanghai en die Times Higher Education se lyste van die top-universiteite

in die wêreld is nie-Engelsmedium-universiteite. Meer spesifiek, met betrekking tot die groter

Nederlandse taalfamilie waartoe Afrikaans behoort, verskyn ’n beduidende getal Nederlandse

en Vlaams-Belgiese universiteite op dié twee lyste. Voorbeelde van missiegedrewe

universiteite (d.w.s. universiteite wat naas die algemene missie van universiteite, naamlik die

soeke na die waarheid, ook nog enger-omskrewe missie-elemente van ’n godsdienstige,

sosiale, kulturele of patriotiese aard het) kom ook voor. In dié verband kan die Aligarh

Moslem-universiteit in Noord-Indië; die Banaras Hindoe-universiteit in Indië, die

Chulalongkorn Universiteit in Thailand, die Pontificio Universidad Católica De Chili,

Santiago, en die Universiteit van São Paolo in Brasilië genoem word.

Die saak vir Afrikaansmediumuniversiteite in Suid-Afrika kan gebou word op die Handves

van Menseregte wat in artikel 27(2) van die Grondwet verskans is (RSA 1996), asook op

internasionale konvensies ten opsigte van menseregte, byvoorbeeld die Verenigde Nasies se

Universele Verklaring van die Regte van die Mens (VN 1948). Die getalsterkte van

Afrikaans-eerstetaalsprekers in Suid-Afrika (volgens die jongste beskikbare syfers, naamlik

die 2001-sensus, beloop die totale getal Afrikaans-eerstetaalsprekers 5 983 426 (RSA 2012))

regverdig die bestaan van Afrikaansmediumuniversiteite. Indien die getalsterkte saamgelees

302

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word met die volgende feitestel, bestaan daar ’n sterk saak vir die bestaan van

Afrikaansmediumuniversiteite:

• dat onderwys in die eerste taal ’n beduidend positiewe invloed het op die prestasie van

leerders (soos Garrouste 2011 se onlangs-gepubliseerde navorsing, gebaseer op ’n

omvattende databasis en gesofistikeerde statistiese ontleding oor leerderprestasie in

Namibië, weer onteenseglik bewys);

• dat ’n beduidende aantal — die meerderheid — van die Afrikaans-eerstetaalsprekers

deel is van die aangewese groepe: van die 5 983 426 Afrikaanseerstetaalsprekers is, in

terme van die kategorieë wat in die sensus gebruik word, 2 536 906 Wittes, 3 174 042

Kleurlinge, 19 266 Indiërs en 253 212 Swartes;

• die regering se beleid van gelykstelling in die onderwys.

Die internasionale getuienis toon dat Afrikaansmedium-wêreldklasuniversiteite nie ’n

hersenskim hoef te wees nie.

Laastens moet in gedagte gehou word, soos Scholtz (2006) aantoon, dat die oorlewing van

Afrikaans (en die verwerkliking van die grondwetlike regte van die sprekers daarvan) in

ander sfere, soos die staatsdiens, die openbare debat, die regbank, die politiek, die ekonomie,

die media en die kunste, afhang van die status en plek van Afrikaans in die onderwysstelsel.

Bibliografie

Academic Ranking of World Universities. 2011. Academic ranking of world universities

2011. http://www.shanghairanking.com/ARWU2011.html (2 November 2011 geraadpleeg).

Altbach, P.G. en N. Jayaram. 2012. Effort to join 21st century higher education. University

World News, 3 Februarie, bl. 1.

Altbach, P.G. (red.). 2011a. Leadership for world-class universities: Challenges for

developing countries. New York: Routledge.

Altbach, P.G. 2011b. Introduction. In Altbach (red.) 2011.

—. 2010. Global higher education futures: The UNESCO trend report. Ongepubliseerde

referaat gelewer by die kongres van die Comparative and International Education Society

(CIES). Chicago, Palmer House Hilton, 28 Februarie–5 Maart.

Altbach, P.G., L. Reisberg en L.E. Rumbley. 2009. Trends in global higher education:

Tracking an academic revolution. Parys: UNESCO.

Anon. 2008. Singapore aims to attract over 1.5 Lakh International students by 2015. The

Hindu, 21 September. http://www.hindu.com/the hindu/holnus/003200809211031.htm (19

November 2011 geraadpleeg).

303

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2011. How many universities are there in the world?

http://wik:answers.cfom/Q/How_many_universities_are_there_in_the_world (6 November

2011 geraadpleeg).

Aquillo, I.F., J. Bar-Ilan, M. Leveno en J.L. Ortaga. 2010. Comparing university rankings.

Scientometrics, 85:243–56.

Bergman, H. 1996. Quality of education and the demand for education: Evidence from

developing countries. International Review of Education, 42(6):581–604.

Bitzer, E. 2011. South African legislation on limiting private and foreign higher education:

Protecting the public or ignoring globalization? South African Journal of Higher Education,

16(1):22–8.

Brink, C. 2006. No lesser place: The taaldebat at Stellenbosch. Stellenbosch: SunMedia.

Chou, C. 2011. When globalization meets localization: The controversial impact of SCI/SSCI

on Taiwan’s academe. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Internasionale Werkswinkel

oor die Veranderende Akademiese Professie. Wuhan, China, Huazhong Universiteit van

Wetenskap en Tegnologie, 11–14 November.

Cloete, N. 2011. Sub-Saharan African universities in a global context. Ongepubliseerde

referaat gelewer by die Conference on Higher Education in South Africa, Oos-Londen,

Regent Hotel, 22–24 November.

Cybernetics Laboratory of CSIC (Consejo Superior de Investigaciones Cientificas) 2011.

Ranking web of world universities July 2011. http://www.webometrics.info/about.html (3

November 2011 geraadpleeg).

Deacon, R., R. Osman en M. Buchler. 2009. Education scholarship in higher education in

South Africa, 1995–2006. South African Journal of Higher Education, 23(6):1072–86.

Dibetle, M. 2009. First-year tumble. Mail and Guardian Higher Learning, Mei, bl. 1.

Eloff, T. 2011. Opmerking gemaak tydens die Conference on Higher Education in South

Africa, Oos-Londen, Regent Hotel, 22–24 November.

Fallon, D. 2008. Germany’s “Excellence Initiative”. International Higher Education, 52:16.

Fredericks, I. en T. Petersen. 2010. Many matrics face a battle finding jobs. Cape Argus, 22

Desember, bl. 5.

Friedman, T.L. 2009. Hot, flat and crowded: Why the world needs a green revolution and

how we can renew our global future. Londen: Penguin.

Garrouste, C. 2011. Explaining learning gaps in Namibia: The role of language proficiency.

International Journal of Educational Development, 31:223–33.

304

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Gűrűz, K. 2008. Higher education and international student mobility in the global knowledge

economy. Albany: State University of New York Press.

Habermas, J. 1968. Toward a rational society: Student protest, science and politics. Boston:

Beacon Press.

Hedges, C. 2009. Empire of illusion: The end of literacy and the triumph of spectacle. New

York: Nation Books.

Johnson, R.W. 2011. Universiteit se verval is ’n skande. Rapport, 16 Oktober.

http://www.rapport.co.za/Rubrieke/RWJohnson/Universiteit-se-verval-is-’n-skande.za (25

Oktober 2011 geraadpleeg).

Khoon, K.A., R.A. Shukor, O. Hassan, M. Saleh, H. Zainuddin, I. Ainon en A.R.H. Ismail.

2005. Hallmarks of a world-class university. College Student Journal, 39(4):765–8.

http://web.ebscohost.com.nwulib.nwu.ac.za/ehost/detail/?vid=6&hid=107&5id:e56d4 (6

November 2011 geraadpleeg).

King, E.J. 1968. Comparative education and educational decision. Londen: Methuen.

Labi, A. 2010. Germany pursues excellence over egalitarianism. Chronicle of Higher

Education. http://chronicle.com/article/Germany-Pursues-Excellence/66048 (30 November

2011 geraadpleeg).

Liu, N.C. en Y. Cheng. 2011. Global university rankings and their impact. In Altbach (red.)

2011.

Lourens, A. 2011. Higher education and the production of knowledge in a development state:

The case of North-West University. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Conference on

Higher Education in South Africa, Oos-Londen, Regent Hotel, 22–24 November.

Maassen, P. 2011. Global university reform pressures and diverse national responses.

Ongepubliseerde referaat gelewer by die Conference on Higher Education Reform, Oos-

Londen, 22–24 November.

Maňzoň, M. 2008. Teaching comparative education in Greater China: Contexts,

characteristics and challenges. In Wolhuter e.a. (reds.) 2008.

Marshall, J. 2008. France: First super-campuses chosen. University World News, 15 Junie, bl.

1.

Nerad, M. 2011. What we know about the dramatic increase in Ph.D. degrees and reform of

doctoral education worldwide: Implications for South Africa. Perspectives in Education,

29(3):1–12.

Pauw, J.R. 1975. Die westerse universiteit: Sy ontstaan, aard en toekoms. Johannesburg: De

Jong.

305

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Pienaar, C. 2009. Is die akademiese werksbedeling steeds volhoubaar? Tydskrif vir

Geesteswetenskappe, 49(2):249–65.

Philips, D. 2005. Policy borrowing in education: Framework for analysis. In Zajda (red.)

2005.

PROPHE (Program for Research on Private Higher Education). 2008. PROPHE 92 Country

Data Summary 2000-2007. www.albany.edu/dept/caps/prophe/data/International (30 Junie

2009 geraadpleeg).

Rademeyer, A. 2009a. Net 17% van eerstejaars slaag Chemie. Beeld, 9 April, bl. 3.

—. 2009b. “Tydbom” bedreig SA se jonges. Die Burger, 22 Desember, bl. 1.

—. 2010. Duisende matrieks werkloos. Beeld, 4 Januarie, bl. 6.

Reisberg, L. 2011. Where does quality discussion stand? Strategies and ambiguities. In

Altbach (red.) 2011.

Research Institute for Higher Education, Hiroshima University. 2010. The changing

academic profession in international and quantitative perspectives: A focus on teaching and

research activities. Hiroshima: Research Institute for Higher Education, Hiroshima

University.

Rojas, A. en A. Bernasconi. 2011. Governing universities in times of uncertainty and change.

In Altbach (red.) 2011.

Rosenblueth, A. en N. Wiener. 1945. The role of models in science. Philosophy of Science,

12(4):316–21.

Rosso, P. 2011. Mission-driven higher education in emerging academic systems. In Altbach

(red.) 2011.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996. The Constitution of the Republic of South Africa,

1994 (Act 108 of 1996). Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2002. Language Policy on Higher Education.

http://www.polity.org.za/pdf/lanjguagepolicy.pdf (10 November 2011 geraadpleeg).

—. 2011. National Development Plan: Vision for 2030. http://www.polity.org.za (14

November 2011 geraadpleeg).

—. 2012. Statistiek Suid-Afrika. Census 2001 at a glance.

http://www.statssa.gov.za/census01/html/default/asp (7 Maart 2012 geraadpleeg).

Salmi, J. 2011. The challenge of establishing world-class research universities in developing

countries. In Altbach (red.) 2011.

306

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Scholtz, L. 2006. Die belang van Afrikaanse onderwys vir die oorlewing van die taal.

Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 46(4):470–81.

Schulze, S. 2008. Academic research at a South African higher education institution: Quality

issues. South African Journal of Higher Education, 22(3):644–61.

Shell, T. 2010. Moving beyond university rankings: Developing a world class university

system in Australia. Australian Universities’ Review, 52(1):69–76.

Shin, J.Cd., R.K. Toutkoushian en U. Teichler (reds.). 2011. University rankings: Theoretical

basis, methodology and impacts on global higher education. Dordrecht: Springer.

Shin, J.C. en R.K. Toutkoushian. 2011. The past, present and future of university rankings. In

Shin e.a. (reds.) 2011.

Shin, J.C. en W. Cummings. 2010. Multilevel analysis of academic publishing across

disciplines: Research preference, collaboration, and time on research. Scientometrics,

85(2):581–94.

Shin, J.C. 2009. Building world-class research university: The Brain Korea 21 project.

Higher Education, 58:669–88.

Steyn, S.C. 2008. The education system of South Africa. In Steyn en Wolhuter (reds.) 2008

Steyn, H.J. en C.C. Wolhuter (reds.). 2008. Education systems: Challenges of the 21st

century. Noordbrug: Keurkopie.

Steyn, H.J. en C.C. Wolhuter. 2008. The education system and probable societal trends of the

twenty-first century. In Steyn en Wolhuter (reds.) 2008.

The World University Rankings 2011–2012. 2011. The world university rankings 2011-2012.

http://www.timeshighereducation.co.uk/world-university-rankings/2011-2012/top400 (6

November 2011 geraadpleeg).

Tierney, W.G. 2009. Globalization, international rankings, and the American model: A

reassessment. Higher Education Forum, 8:1–17.

Van der Walt, J.L., F.J. Potgieter, C.C. Wolhuter, P. Higgs, I.M. Ntshoe en L.G. Higgs. 2010.

Teacher educators in South Africa: Something amiss with their academic performance?

Journal of Philosophy, 50:197–222.

VN (Verenigde Nasies). 1948. Universal declaration of human rights.

http://www.un.org/ens/documents/adhr (7 Maart 2012 geraadpleeg).

Wildavksy, B. 2010. The great brain race: How global universities are reshaping the world.

Princeton: Princeton University Press.

307

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Wolhuter, C.C. 2011a. Community colleges in South Africa? Assessment of potential from

comparative international perspectives. South African Journal of Higher Education,

25(6):1205–18.

—. 2011b. Die wêreldrevolusie in hoër onderwys en die verrekening daarvan binne die Suid-

Afrikaanse konteks. LitNet Akademies,8(3):95–121.

http://www.litnet.co.za/assets/pdf/4_wolhuter.pdf (2 Februarie 2012 geraadpleeg).

Wolhuter, C.C., N. Popov, M. Manzon en B. Leutwyler (reds.). 2008. Comparative education

at universities worldwide. Sofia: World Council of Comparative Education Societies and

Bureau of Educational Services.

World Bank, The. 2002. Constructing knowledge societies: New challenges for tertiary

education. Washington: The World Bank.

—. 2011. World Development Indicators 2011. Washington: The World Bank.

http://data.worldbank.org/indicator/SE.TER.ENRR (3 Februarie 2012 geraadpleeg).

Zain, A.N.M., M. Shuib en M.N.L.Y. Abdullah. 2010. Presenting Malaysian academics to the

world: What is holding us back? In Research Institute for Higher Education 2010.

Zajda, J. (red.). 2005. International handbook on globalisation, education and policy

research: Critical pedagogies and policies. Dordrecht: Springer.

308

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die

2003- en 2011-weergawes van die South African

Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese

beginsels van taalwetgewing

Theodorus du Plessis

Theodorus du Plessis: Eenheid vir Taalbestuur, Universiteit van die Vrystaat

Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in

omloop en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant

gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok, reeds voor die openbare verhoor

daaroor wat die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Kuns en Kultuur gedurende Januarie

2012 gehou het. Kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy

voorganger is, dat dit nie voldoen aan die Grondwet se vereistes nie en dat dit eintlik nie

daarin gaan slaag om Engelse eentaligheid hok te slaan nie. Hierdie afleidings spruit voort uit

’n vergelyking wat met die 2003-weergawe gemaak word en wat laasgenoemde as ’n beter

wetsontwerp voorhou. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011opvolger

by implikasie dan ’n slegter ontwerp? Die kernvraag wat dus in hierdie artikel aan

die orde kom, is hoe om taalwette te kan vergelyk sonder om noodwendig normatief te werk

te gaan. Op sterkte van die sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing word ’n

meetinstrument ontwikkel om sodanige vergelyking te kan maak. Hierdie instrument word

dan getoets aan die hand van vier modeltaalwette. ’n Meting van die 2003-wetsontwerp lê

dan ’n aantal inherente leemtes in die ontwerp self bloot wat ernstige vrae oor sy normatiewe

waarde aan die orde stel. Die 2011-taalwetsontwerp word aan dieselfde meting onderwerp.

Dit stel die ontleder in staat om ’n rasionele vergelyking tussen die twee weergawes te maak

sonder om normatief te werk te gaan. Die vergelyking bring onder meer aan die lig dat die

2011-wetsontwerp in wese ’n volledig ander tipe wetsmaatreël veronderstel. Daar word

bevind dat dit in werklikheid nie as nasionale taalwet getakseer behoort te word nie, maar

eerder as ’n soort administratiewe taalwettipe en selfs as ’n taalskema. Hierdie bevinding hou

implikasies in vir die verdere gesprek oor die South African Languages Bill wat ontleders kan

help om die regte vrae te stel en gepaste voorstelle te kan maak.

Trefwoorde: taalwet; taalwetgewing; taalskema; taalbeleid; taalbeplanning; taalbestuur

Abstract

A critique on a normative comparison of the 2003 and 2011 versions of the South

African Languages Billusing sociolinguistic principles of language legislation

309

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The revised version of the South African Languages Bill (SALB II), which has been in

circulation since July 2011 and which was gazetted in October 2011 for comments by the

public, has thus far elicited mainly negative responses, even since before the hearing of the

Portfolio Committee: Arts and Culture on the bill during January 2011. Critics of the Bill

have concluded, inter alia, that it is merely a watered-down version of its predecessor; that it

does not fulfil the requirements of the Constitution; and that it is not likely to succeed in

actually reducing English monolingualism. These conjectures have arisen from comparisons

between the new bill and its 2003 version (SALB I), on the basis of which the latter is being

touted by critics as the better bill. But is the 2003 version really the better of the two – and is

its 2011 successor, by implication, really inferior by comparison? The core question forming

the focus of this article, therefore, is that of how language laws can be compared without

necessarily adopting a normative approach in order to achieve this. A measuring instrument

based on the typology of sociolinguistic principles of language legislation (Du Plessis 2010)

is proposed to make such a comparison possible.

This focus of the article is specifically on (national) language laws. A language law is defined

as a specific form of language legislation that is entirely devoted to rules about the status and

use of designated languages within a polity, usually in an official capacity. This article

departs from the distinction made in the literature on language legislation between

institutionalising and normalising language legislation, the first being legislation that is

directed at ensuring the presence of designated languages in core domains of language use

(legislation, administration, judiciary and education) and the second being legislation directed

at optimising the extension of use of designated languages in these and other domains of

language use (Williams 2008). Language legislation in the first category can institutionalise

official bilingualism or multilingualism, such as in the case of India’s The Official Languages

Act and Canada’s Official Languages Act, or official monolingualism, such as in the case of

Ukraine’s On Languages in the Ukrainian Soviet Socialist Republic and Estonia’s Language

Act. Language legislation in the second category can normalise a designated language within

a multilingual dispensation and is actually intended to advance the use of such a language,

usually a national minority language or a disadvantaged national language. Quebec’s Charte

de la langue française and the Welsh Language Act in Wales are typical examples of such

legislation. Whereas the aforementioned act can be classified as more promotional in

character, we can see the latter as more corrective in nature.

The principal differences between these two broad categories of language legislation become

clear when we analyse their content in terms of the typology of sociolinguistic principles of

language legislation where a distinction is made between structural and contextual principles.

The structural principles are useful in analysing the structure and content of language laws.

They are: foundational principles (principles relating to the proclamation of official

languages, the treatment of the linking language issue and the object of the law), domaindetermining

principles (principles related to communication with the public, language of

education and linguistic aspects of citizenship) and legal instrumental principles (principles

related to the diversity, authoritativeness and demarcation of such instruments).

Different language laws can now be analysed in terms of the degree to which these different

principles are present, which provides a basis for a reasoned comparison. In order to aid such

a comparison, the realisation of the different principles can be given number values on a

sliding scale from 0 (completely absent) to 3 (limited or inadequate presence) and 5

(significant presence). Presence of principles is measured in these instances in terms of a

clear formulation of the different provisions of the said act that can be directly related to the

310

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

principle in question. Although the measuring is subjective, it does reveal results that provide

deeper insight into the structuring of different language acts.

This instrument is then tested comparing four prototypical language acts: the Official

Languages Act of Canada (OLA in Table 1 below) and Estonia’s Language Act, or

Keeleseadus (Ks) as typical prototypes of institutionalising language legislation (establishing

multilingual and monolingual language regimes respectively) on the one hand and Quebec’s

Charte de la langue française (Clf) and Wales’ Welsh Language Act (WLA) as prototypical

normalising language acts (of the promotional and corrective normalising type respectively).

The end result of this comparative analysis is shown in Table 1.

Table 1. The extent of the presence of sociolinguistic principles of language legislation in

four prototypical language acts

Principles

Fundamenta

l

Domain-

determining

Legal

instrumental

Proclamation of

official language

Treatment of

linking language

issue

Object of

language act

Communications

with citizenry

Language of

education

Linguistic

aspects of

citizenship

Institutionalising language

legislation

Multilingua

l

Normalising language

legislation

Monolingual Promotional Corrective

OLA Ks Clf WLA

5 5 5 0

5 0 0 0

5 5 3 5

5 5 5 5

3 5 5 0

0 5 0 0

Variety 5 3 5 5

Authoritativenes

s

Demarcation of

language rights

5 3 5 5

5 5 5 0

Total 38 36 33 20

The comparison in Table 1 not only accentuates the principal differences between the two

broad categories of language legislation, but also highlights some important shared features,

311

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

such as communication with the public, the demarcation of language rights, etc. It shows that

one should be careful in comparing language acts that might not be of the same category and

type, which stresses the importance of a structural analysis and the weakness of normative

approaches where the one act serves as a norm for the other without taking cognisance of

their inherent differences.

A similar analytical comparison is then made between SALB I and SALB II. This enables the

analyst to conduct a relatively rational comparison between the two versions without

following a normative approach (Table 2 below).

Table 2. A comparison between SALB I and SALB II using the scheme for measuring

the presence of sociolinguistic principles of language legislation in different language

acts

Principles SALB I SALB II

Fundamental

Domain -

determining

Legal

instrumental

Proclamation of

official language

Treatment of

linking language

issue

Object of

language act

Communications

with citizenry

Language of

education

Linguistic aspects

of citizenship

3 0

3 0

5 3

3 3

0 0

0 0

Variety 5 5

Authoritativeness 5 5

Demarcation of

language rights

3 0

Total 27 16

The comparison reveals, among other things, that the version of SALB II published in

October 2011 proposes, in essence, a completely different type of statutory measure from that

of SALB I, published in 2003, signifying an important shift in thinking within government

circles regarding a language law. The core finding is that, in actual fact, it should not be

appraised as a potential national language act of the institutionalising type, but rather as a

kind of administrative language measure – and even as a language scheme, in other words as

a corrective normalising language act similar to what the Welsh have. It implies that the

tendency among especially Afrikaans activists and scholars to treat SALB I as normative in

their analysis of SALB II might run the risk of comparing the proverbial apples with pears,

which might draw our focus away from the actual inherent deficiencies of the October 2011

312

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

version of SALB II, deficiencies which have not been addressed in the later versions of

SALB II that have been published subsequent to the public hearing of January 2012. SALB II

fares rather poorly in comparison with other corrective normalising language laws such as the

Welsh Language Act. It is therefore concluded that a normative analysis rather be abandoned

and that attention be devoted to the glaring weaknesses of SALB II as a corrective

normalising language law, inter alia: (a) the overall tendency towards vague and idealistic

provisions which might be impossible to implement; (b) an exaggerated emphasis of the role

of the line-function department (Arts and Culture); (c) overlap with the role and work of the

Pan-South African Language Board; (d) the absence of a clear objective with the official

languages; and (e) shortcomings in provisions regarding communication with the citizenry.

The findings of this study therefore have implications for the further discussion of the South

African Languages Bill which could help analysts ask the right questions and make

appropriate suggestions. It also has demonstrated the usefulness of the proposed measuring

scheme for making a relatively rational structural comparison of different language laws on

the basis of the presence of core sociolinguistic principles of language legislation.

Key words: language legislation; language acts; a (national) language law

1. Inleiding

Reaksies op die 2011-taalwetsontwerp vir Suid-Afrika is sedert die kabinet se goedkeuring

daarvan op 22 Junie 2011 (GCIS 2011) redelik wyd in omloop, nieteenstaande die feit dat ’n

amptelike teks eers op 12 Oktober 2011 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is

(RSA 2011b). Kommentaar tot en met die openbare verhoor van die Parlementêre

Portefeuljekomitee vir Kuns en Kultuur gedurende Januarie 2012 was gebaseer op ’n nieamptelike

teks wat vanaf 13 Julie 2011 op die internet beskikbaar gestel is (RSA 2011a). 1 Die

Departement Kuns en Kultuur (hierna ook soms “die Departement”), die

lynfunksiedepartement vir taal in Suid-Afrika en opsteller van die wetsontwerp, het self tot

onlangs nie ’n teks beskikbaar gestel nie. 2 ’n Woordvoerder het wel die outentisiteit van die

nie-amptelike internet-teks bevestig (Sukumane 2011). Die gepubliseerde weergawe bevat

een bykomende klousule wat as ’n nuwe Artikel 10 (“Compliance by various national

departments, national public enterprises and national public entities”) ingevoer is, asook ’n

volledige memorandum. Origens is die inhoud grootliks dieselfde.

Die 2011-taalwetsontwerp (voortaan soms ook “SALB II”) skyn, wat die regering betref,

uitvoering te gee aan ’n hofbevel van 14 Maart 2010 in die sogenaamde Lourens-saak. In die

gemelde kabinetsnotule word inderdaad (maar opvallend saaklik) vermeld dat die 2011wetsontwerp

(in die notule afwisselend getiteld The South African Language Bill, 2011 /

South African Official Languages Bill, 2011) “will respond directly to the obligation imposed

by section 6 of the Constitution. The Bill only provides for the regulation and monitoring of

the use of official languages by national government” (GCIS 2011). Die hofbevel gelas

inderdaad die nasionale regering om, soos regter R. du Plessis beveel het, “die gemelde

verpligting [om deur wetgewende en ander maatreëls die nasionale regering se gebruik van

amptelike tale te reël en te monitor] binne twee jaar vanaf datum van hierdie bevel na te kom

313

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

of toe te sien dat dit nagekom word” (Cornelus Johannes Alexander Lourens vs. Die

President van die Republiek van Suid-Afrika e.a. 2010f).

Die reaksies op die 2011-taalwetsontwerp kom meestal vanuit Afrikaanssprekende geledere

en is oorwegend nie te optimisties nie. Opsommenderwys is die hoofpunte van kritiek dat die

2011 wetsontwerp

1. ’n afgewaterde weergawe is van die 2003 wetsontwerp (Herman 2011; Du Preez

2011; Van der Elst 2011; Van der Rheede 2011)

2. grootliks nie uitvoering gee aan regter Du Plessis se hofbevel nie (De Bruin 2011; Du

Preez 2011; Herman 2011)

3. nie voldoen aan die Grondwet se vereistes oor die staat se verpligting met betrekking

tot die amptelike tale van die land nie (De Bruin 2011; Herman 2011; Du Preez 2011;

Van der Rheede 2011)

4. nie wetsmaatreëls voorsien wat (Engelse) eentaligheid kan hokslaan en meertaligheid

kan bevorder nie (Herman 2011; Lloyd 2011a; Van der Elst 2011)

5. nie versoening en sosiale geregtigheid bevorder nie (Van der Rheede 2011; Webb

2011).

By die bekendmaking van die 2011-taalwetsontwerp tydens sy begrotingsrede van 1 Junie

2011 skets die Adjunkminister van Kuns en Kultuur egter ’n meer optimistiese prentjie. Hy

voorsien dat “[t]hrough this Bill we are pursuing the entrenchment of language equity and

language rights so that both national unity and democracy are promoted” (Phaahla 2006).

Volgens die Afrikaanse reaksies hier bo is dit egter juis wat die wetsontwerp nié doen nie.

Nietemin het die betrokke minister en die kritici ironies genoeg dieselfde verwagtinge

(uiteraard vanuit verskillende gesigspunte) omtrent wat met ’n taalwet bereik behoort te

word. Dit lyk egter op die oog af na verwagtinge wat verder gaan as wat in werklikheid deur

die hofbevel voorsien word. Regter Du Plessis wys in sy uitspraak daarop dat daar nie gronde

bestaan vir so ’n eensydige vertolking van die verpligting wat Artikel 6(4) die nasionale

regering oplê nie:

Alhoewel wetgewende maatreëls dus een van die metodes is wat die regering moet aanwend

om sy gebruik van amptelike tale te reël en te monitor, is die aanneem van ’n nasionale

taalwet nie 'n grondwetlike vereiste nie. (Cornelus Johannes Alexander Lourens vs. Die

President van die Republiek van Suid-Afrika e.a. 2010f:5)

Daarom kan die hof nie die nasionale regering verplig om so ’n sentrale wet te aanvaar nie.

Die regter se volledige bevel lui:

1. Dit word verklaar dat die nasionale regering in versuim is om ingevolge artikel 6(4)

van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996 [oorspronklike

beklemtoning] deur wetgewende en ander maatreëls die nasionale regering se gebruik

van amptelike tale te reël en te monitor.

2. Die nasionale Minister van Kuns en Kultuur, Wetenskap en Tegnologie in haar

hoedanigheid as die verantwoordelike lid van die uitvoerende gesag word gelas om

die gemelde verpligting binne twee jaar vanaf datum van hierdie bevel na te kom of

toe te sien dat dit nagekom word.

314

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

3. Die derde respondent word gelas om die applikant se koste, insluitende die koste van

twee advokate, te betaal. (Cornelus Johannes Alexander Lourens vs. Die President

van die Republiek van Suid-Afrika e.a. 2010f:14–5)

Die betrokke verpligting moet ingevolge die tweede bevel hier bo dus teen 15 Maart 2012

nagekom word. Dit impliseer dat die taalwetsontwerp ten minste gedurende 2011 vir

bespreking by die parlement ingedien behoort te word, soos wat die betrokke minister wel

hier bo voorsien en soos wat intussen gebeur het. Die South African Languages Bill [B23-

2011] is na berig word inderdaad op Vrydag 4 November 2011 in die parlement ter tafel gelê

(October 2011) en op 15 November 2011 aan die Portefeuljekomitee: Kuns en Kultuur

bekendgestel (PC Arts 2011).

Die leser wat die debat oor SALB II hierna op die voet gevolg het, sal weet dat die

Parlementêre Portefeuljekomitee: Kuns en Kultuur ondertussen op 16 en 17 Januarie 2012 ’n

openbare verhoor oor die wetsontwerp gehou het (PC Arts 2012a; 2012b). Dit het heelwat

aandag in die media geniet. By hierdie verhoor het ’n hele aantal organisasies voorleggings

gemaak waarop intense oorlegpleging in die komitee op 24 Januarie, 31 Januarie, 14

Februarie, 28 Februarie en 6 Maart 2012 gevolg het (PC Arts 2012c; 2012d; 2012e; 2012f;

2012g). Die uitkoms van hierdie beraadslaging is verskillende hersiene weergawes van SALB

II tot en met die weergawe wat op 6 Maart 2012 voor die Portefeuljekomitee gedien het (RSA

2012b) en wat nou ’n gewysigde titel het: Use of Official Languages Bill, 2011 (DAC 2012).

'n Werksdokument met hierdie titel is by die komitee se vergadering van 6 Maart 2012

behandel (RSA 2012b). Die werksdokument bevat steeds die kontroversiële wysiging van

Artikel 4 van SALB II in die weergawe wat na afloop van die beraadslaging van 14 Februarie

2012 gefinaliseer is (RSA 2012a). Die wysiging lees in die 6 Maart 2012-weergawe van die

wetsontwerp soos volg:

4. (2) A language policy adopted in terms of subsection (1) must—

(a) comply with the provisions of section 6(3) of the Constitution and this Act;

(b) identify at least three official languages that the national department, national

public entity or national public enterprise will use for the purposes of government;

provided that at least two of the official languages identified must be indigenous

languages of historically diminished use and status ... [eie beklemtoning]. (RSA

2012b)

Soos uit die nuwe titel hier bo afgelei kan word, word die wetsontwerp steeds gedateer as

2011 en bly dit daarom regstegnies ’n wysiging van SALB II. Dit beteken daar bestaan

benewens die weergawe wat oorspronklik gedurende Oktober 2011 in die Staatskoerant vir

kommentaar gepubliseer is (RSA 2011b) ook die gewysigde een van 14 Februarie 2012 (RSA

2012a) en die verder gewysigde een (met inbegrip van 'n titelwysiging) van 6 Maart 2012

(RSA 2012b). Omdat laasgenoemde twee weergawes nie indringende strukturele wysiginge

bevat nie, sal dit voortydig wees om ten tye van die finalisering van hierdie artikel in Maart

2012 al van 'n SALB III te praat. Waar werklik nodig, sal eerder tussen die twee verdere

weergawes van SALB II onderskei word as SALB II.1 (14 Februarie 2012-weergawe) en

SALB II.2 (6 Maart 2012-weergawe).

315

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Veral Afrikaanse organisasies het vanuit die staanspoor negatief op SALB II gereageer en

later besonder skerp op die eerste wysiging (SALB II.1) – te veel om hier te dokumenteer en

ook nie vir die onmiddellike tersaaklik nie. Die Afrikanerbond se strategiese gesprek oor

SALB II.1 wat op 22 Februarie 2012 plaasgevind het (Carstens 2012), gee ’n goeie

aanduiding van wat in die gemoedere van sommige Afrikaanssprekendes leef; deels ook

LitNet se webseminaar “’n Nasionale taalwet vir Suid-Afrika: Noodsaaklik vir die behoud

van inheemse tale of onrealisties?” wat op 23 Februarie 2012 afgeskop het (LitNet 2012).

SABC 3 het ook op 26 Februarie 2012 ’n debat op die program Interface uitgesaai (SATI

Office 2012). Al hierdie bydraes is belangrik indien die verdere verloop van die aanvanklike

2011-taalwetsontwerp gevolg wil word.

Die vraag wat veral na aanleiding van die aanvanklike reaksie ontstaan, en wat in hierdie

artikel relevant is, is hoe om nou SALB II te beoordeel. Dit wil voorkom asof die Afrikaanse

ontleders vergelykend te werk gaan deur SALB II aan sy 2003-voorganger (DAC 2003 –

voortaan SALB I) te meet. So ’n vergelyking kan sekerlik bepaalde insigte oplewer wat van

waarde mag wees. Terselfdertyd kan dit egter ook gebrekkig wees indien daar van die

veronderstelling uitgegaan word dat SALB I ’n “beter” taalwettipe en daarom normgewend

is. Dis ’n vergelyking wat van die veronderstelling uitgaan dat SALB I grootliks voldoen aan

wat van ’n nasionale taalwet verwag kan word, ’n siening wat weer op ’n baie spesifieke

vertolking van Artikel 6(4) van die Grondwet berus, naamlik dat die nasionale regering deur

wetgewende en ander maatreëls sy gebruik van amptelike tale moet reël en monitor (RSA

1996a). Ondertussen is die implikasie dat indien SALB II nie ook hieraan voldoen nie, dit

dan logieserwys ’n “swakker” taalwettipe in die vooruitsig stel. Die reaksies van

Afrikaanssprekendes neig juis in hierdie rigting.

Reaksies op die twee verdere weergawes van die taalwetsontwerp (SALB II.1 en SALB II.2)

gaan meer spesifiek in op die gewraakte taalbepaling van Artikel 4(2), eerder as op

strukturele aspekte, en verskil daarom wesenlik van die vergelykende benadering van

aanvanklike reaksies op SALB II. Omdat die soeklig in hierdie artikel juis val op die

geldigheid van ’n vergelyking tussen SALB I en SALB II en die verdere twee weergawes van

die wetsontwerp, buiten enkele wysigings, waaronder dié van Artikel 4(2), nie ingrypend van

laasgenoemde verskil nie, word die latere twee weergawes vir ons doeleindes buite rekening

gelaat. Die aard van die reaksies op hierdie wysiginge is sodanig dat ’n akademiese

behandeling daarvan ’n ander rigting inslaan – die taak van ’n verdere studie wat spesifiek

ingaan op die aard van die veronderstelde ampstaalbestel en op ’n vertolking van die

tersaaklike grondwetlike taalklousule.

Een van die vrae wat ons daarom behoort te stel is of ’n normatiewe vergelyking tussen die

eerste en tweede weergawes van die taalwetsontwerp wenslik, of selfs geldig, is. Ontledings

van SALB I het reeds bepaalde probleme blootgelê wat twyfel laat ontstaan oor die

normatiewe waarde van hierdie weergawe van die wetsontwerp binne ’n vergelykende

benadering (vgl. Du Plessis 2010).

’n Groter probleem met so ’n normatiewe benadering is dat ook van die veronderstelling

uitgegaan word dat die twee taalwetsontwerpe inhoudelik gelykwaardig is en derhalwe

316

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

vergelykbaar behoort te wees. Lourens (2011) se inhoudelike vergelyking lê egter ’n aantal

grondige verskille tussen die twee wetsontwerpe bloot wat ’n mens laat wonder of hulle

inderdaad gelykwaardig is. Alhoewel sy vergelyking sekerlik kritici se mening dat SALB II

’n “afgewaterde taalwet” word, ondersteun (Van der Elst 2011; Van der Rheede 2011),

suggereer dit tegelykertyd dat die SALB II dalk ’n andersoortige taalwet in die vooruitsig

stel. Lourens identifiseer eenvoudig te veel grondige, strukturele verskille tussen die twee

taalwetsontwerpe om van SALB II as ’n gelykwaardige dokument te kan praat. Dit laat dus

die vraag ontstaan of SALB II inderdaad, soos SALB I, as ’n nasionale taalwettipe beoordeel

kan word, en indien nie, watter soort benadering dan gepas sou wees om ’n geldige

beoordeling te kan maak. En binne watter taalwetkategorie kan ons SALB II dan plaas?

Die tipologie van taalwetgewing wat na aanleiding van ’n stel sosiolinguistiese beginsels

ontwikkel is (Du Plessis 2010), kan help om die probleme hier bo te oorbrug. Dit bied aan die

ontleder die moontlikheid om ’n stuk taalwetgewing uit eie reg aan die hand van ’n generiese

stel veranderlikes te oorweeg. So ’n ontleding van SALB II, as nasionale taalwettipe, word

met hierdie artikel beoog.

Daar word in die artikel kennis geneem van die jongste sienings oor verskillende tipes

taalwetgewing as teoretiese begronding. Die tipologie van taalwetgewing word op basis van

nuwe insigte aangepas en as meetinstrument verder ontwikkel. Dit bied dan aan die ontleder

’n meer gefundeerde basis om vergelykings te kan maak, indien nodig. Die werking van die

meetinstrument word aan die hand van vier model taalwette (taalwettipes) getoets.

Bestaande relevante dokumentasie (meestal elektronies van aard) word as inligtingsbasis

benut. Omdat wetgewing betrokke is, dien die webtuistes van die betrokke owerhede as

vernaamste inligtingsbronne. Aanvullend hiertoe word vakwetenskaplike publikasies en

relevante (elektroniese) mediabronne ook benut. Die studie wat hier aangebied word, is

primêr narratief van aard en is gebaseer op ’n inhoudsontleding van die relevante

dokumentasie.

2. Taalwetgewing en taalwette

Du Plessis (2010:68) omskryf ’n (nasionale) taalwet as “’n baie spesifieke vorm van

taalwetgewing” wat “volledig gewy word aan reëls oor die status en gebruik van aangewese

tale”, meestal die amptelike tale van ’n gebied. Volgens Williams (2008:148) vestig

taalwetgewing ’n sterk statutêre grondslag vir die deurvoer van taalbeleidsmeganismes. Dit

moet des te meer waar wees van ’n toegewyde taalwet soos hier bo bedoel word.

Minstens twee oorkoepelende tipes taalwette kan onderskei word, naamlik taalwette met

reëlings oor nasionale amptelike tale en/of taalwette met reëlings oor spesifieke tale wat

gewoonlik minderheidstale is en/of tale wat spesiale behandeling verg (Du Plessis 2009:69).

Beide tipes hou verband met wat Turi (1995:112) “officialising” (veramptelikende)

taalwetgewing noem, met ander woorde wetgewing wat die gebruik van aangewese tale as

317

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

amptelike tale in die taalgebruiksdomeine van wetgewing, die regsowerheid, publieke

administrasie en die onderwys bekragtig.

Na aanleiding van Williams (2008:162) kan ons twee verdere tipes “veramptelikende”

taalwetgewing onderskei, te wete institusionaliserende en/of normaliserende taalwetgewing.

Institusionaliserende taalwetgewing is daarop gerig om die verteenwoordiging van

aangewese tale in die sleuteltaalgebruiksdomeine van ’n gebied te verseker en

normaliserende taalwetgewing om die uitbreiding van die gebruik van aangewese tale te

optimaliseer (in onder meer die sentrale taalgebruiksdomeine).

Tipiese voorbeelde van institusionaliserende taalwetgewing, of taalwette oor die gebruik van

(nasionale of) amptelike tale, is onder meer Indië se The Official Languages Act, 1963

(Republic of India 1963), Kanada se Official Languages Act (Department of Justice, Canada

1985) 3 en Ierland se Official Languages Act 2003 (Houses of Oireachtas 2003). Hierdie tipe

taalwet reguleer die amptelike taalbestel van die betrokke (meertalige) lande en word benodig

om ’n vorm van taalharmonie te bewerkstellig. In die gemelde voorbeelde word die gebruik

van meer as een amptelike taal verorden; met ander woorde amptelike tweetaligheid of

amptelike drietaligheid word geïnstitusionaliseer.

In enkele gevalle, soos onder meer in heelwat van die post-Sovietstate (Pavlenko 2008;

Hogan-Brun e.a. 2009), verorden die nasionale taalwet egter amptelike eentaligheid. Dit

gebeur byvoorbeeld in die geval van die Oekraïne se On Languages in the Ukrainian Soviet

Socialist Republic (Vidomosti Verkhovnoyi Rady Ukrayiny (VVR) 1989 – soos gewysig in

1995), 4 Estland se Language Act (RT (Riigi Teataja) 1995) en Letland se Law on the State

Language (Latvijas Republikas Saeima [Parliament of the Lativian Republic] 1999). Een van

die belangrikste onderskeidende kenmerke van beide tipes institusionaliserende taalwette is

dat baie pertinente en selfs voorskriftelike reëlings gemaak word oor ampstaalgebruik in die

amptelike taalgebruiksdomeine op nasionale vlak. Institusionaliserende taalwettipes reguleer

dus die oorkoepelende ampstaalbestel van ’n gebied.

’n Tweede kategorie taalwette reguleer die gebruik van spesifieke tale binne ’n meertalige

bestel en is in werklikheid gerig op die bevoordeling van sodanige taal. Tipiese voorbeelde

van sulke normaliserende taalwetgewing is Quebec se Charte de la langue française (Éditeur

officiel du Québec 1977), Nieu-Seeland se Ma¯ori Language Act (New Zealand Government

1987), Finland se Sámi Language Act (Ministry of Justice, Finland 2003) en Nieu-Seeland se

New Zealand Sign Language Act (New Zealand Sign Language Act 2006). Hierdie soort

taalwette bevat maatreëls wat primêr daarop gerig is om binne nuwe kontekste geleenthede te

skep vir die gebruik van ’n taal waarteen voorheen gediskrimineer is (Williams 2008:145) –

’n mens sou selfs kon sê ’n gemarginaliseerde taal wat vir opheffing geteiken word. Ook in

hierdie geval word die wetgewing onderskei deur domeinspesifieke reëlings oor taalgebruik,

uiteraard met die oog daarop om die aangewese taal te bevoordeel. Hierdie tipe

normaliserende taalwetgewing kan as promoverend van aard geklassifiseer word.

In die geval van Wallis se Welsh Language Act, 1993 (Parliament of the United Kingdom

1993) en Skotland se Gaelic Language (Scotland) Act, 2005 (Parliament of the United

318

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kingdom 2005) kry ons egter ’n verdere soort normaliserende taalwetgewing. Alhoewel die

Walliese taalwet dikwels as voorbeeld van ’n relatief geslaagde taalwet voorgehou word

(Dunbar 2005:479), verskil dit grondig van die domein-gespesifiseerde taalwetgewing hier

bo. Alhoewel normalisering ook die oogmerk van hierdie tipe wetgewing is, word die

implementering daarvan nie noodwendig domeinspesifiek gedoen nie. Die kenmerk van

hierdie tipe wetgewing is dat dit eerder pertinente reëls bevat oor wetlike meganismes en

maatreëls wat nodig is om sodanige normalisering statutêr te vestig. Ons kan hierdie tipe

normaliserende taalwetgewing as korrektief (of in Suid-Afrikaanse terme, regstellend) van

aard klassifiseer.

Uit ons voorbeelde blyk dat twee primêre instrumente in hierdie opsig in die vooruitsig gestel

word, naamlik die vestiging van ’n verantwoordelike taalowerheid (soos die Walliese

Taalraad) en die instel van taalskemas. (Die Skotse taalwet sluit wel ook ’n domeinspesifieke

afdeling oor onderwys in.) ’n Taalskema is ’n baie spesifieke wetlike meganisme wat

maatreëls voorskryf oor die lewering van taaldienste binne verskillende staatsektore. Die

taalskema van die Walliese parlement (vgl. Welsh Assembly Government 2007) is ’n goeie

voorbeeld daarvan. By beide die Walliese en Skotse taalskemas gaan dit oor die lewering van

tweetalige dienste in die staatsadministrasie. Taalskemas spruit voort uit normaliserende

taalwetgewing en kan daarom tegnies as sekondêre taalwetgewing (Du Plessis 2009) beskou

word. As sekondêre taalwetgewing is ’n taalskema meestal afhanklik van ’n taalwet of van ’n

ander vorm van primêre taalwetgewing.

Die onderliggende verskille tussen die onderskeie tipes taalwette kan nou in terme van die

tipologie van sosiolinguistiese beginsels by taalwetgewing verder ondersoek word. Vir die

doeleindes van hierdie studie sal op ’n modifisering van die drie stelle strukturele

sosiolinguistiese beginsels waarmee die betrokke tipologie werk, gekonsentreer word. Hulle

is:

• Grondbeginsels (die proklamering van ampstaal, die hantering van die

bindingstaalvraagstuk en die onderwerp van die wet)

• Domeinbepalende beginsels (kommunikasie met die publiek, taal van onderrig en

linguistiese aspekte van burgerskap)

• Regsinstrumentele beginsels (verskeidenheid, seggingskrag en afbakening).

Die grondbeginsels van taalwetgewing hou verband met die aard en wese van die taalbestel

wat gereguleer word: watter tale as ampstale funksioneer (ampstaalproklamasie); hoe die

ampstaalbestel inhoudelik getipeer kan word (bindingstaalvraagstuk); en wat met

amptelikheid bereik wil word (wetsonderwerp). ’n Mens tref hierdie beginsels gewoonlik in

die aanhef van ’n taalwet aan, en dikwels ook by die oogmerke van so ’n wet. Soms kan

verdere (spesifieke) bepalings ook nadere toeligting op sommige aspekte hieromtrent gee.

Die domeinbepalende beginsels van taalwetgewing het betrekking op die nadere

besonderhede omtrent die regulering van die taalverhouding tussen die staat en die publiek.

Wat hier van belang is, is die mate waartoe die taalverhouding in ooreenstemming gebring

word met die oogmerke van die ampstaalbestel. Amptelike kommunikasie met die publiek

319

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

definieer in ’n groot mate hierdie verhouding. Ook van kernbelang is die mate waarin die

onderrigstelsel ondersteunend en komplementerend meewerk om sodanige kommunikasie te

kan verwesenlik. Uiteraard is die rol van taal by burgerskapsverwerwing ook van kernbelang.

Hierdie beginsels dra daartoe by dat beide die staat en die burger se taalverpligtinge wetlik

gereël word.

Die regsinstrumentele beginsels hou verband met reëlings oor die wetlike beskerming van die

amsptaalbestel, maar kan ook uitbrei om die verskansing van taalregte as sodanig in te sluit.

Hier is dit veral belangrik dat ’n verskeidenheid regsinstrumente voorsien word – hoe groter

die verskeidenheid, hoe beter die beskerming. Dikwels word bepalings hieromtrent meer teen

die einde van ’n taalwet behandel. Ook belangrik is die seggingskrag van die instrumente, ’n

aspek wat meestal gedek word deur bepalings oor verwere en remedies. Die aspek van

afbakening van taalregte is ook van kardinale belang, omdat dit baie pertinent die posisie van

die burgers raak en verder gaan as administratiewe reëlings oor die gebruik van die ampstale.

Dit dui ook aan watter gronde daar vir die burgers bestaan om hulle op te beroep sou daar ’n

miskenning van hulle regte wees.

Die mate waarin hierdie drie stelle beginsels in die twee tipes taalwette wat hier bo uitgelig

is, realiseer, kan nou in terme van ’n subjektiewe glyskaal met waardes 0 tot 5 geweeg word.

Die waarde 0 verteenwoordig hier die afwesigheid van ’n betrokke aspek van die beginsels in

die wetgewing wat ondersoek word, die waarde 3 verteenwoordig ’n gebrekkige

aanwesigheid en die waarde 5 ’n beduidende aanwesigheid. Aanwesigheid word hier bepaal

deur ’n duidelike melding van beginsels in die teks van die taalwet.

Ons kan hierdie meting nou toepas op ’n taalwetmodel uit elke kategorie. Gevestigde en wyderkende

taalwette word in hierdie geval as voorlopers beskou. Die Official Languages Act

(OLA) van Kanada en Estland se Language Act of Keeleseadus (Ks) dien as voorlopers in die

kategorie van institusionaliserende taalwetgewing (onderskeidelik die institusionalisering van

meertalige en eentalige bedelings) terwyl Quebec se French Language of Charter, of Charte

de la langue française (Clf), en Wallis se Welsh Language Act, 1993 (WLA) dien as

voorbeelde van normaliserende taalwette (onderskeidelik promoverende en korrektiewe

normalisering). ’n Kwantifisering van die beoordeling wat hierna gemaak word, kan in Tabel

1 nagegaan word.

2.1 Die Official Languages Act (OLA)

Die OLA is ’n omvattende taalwet wat 39 bladsye en 110 artikels beslaan. Dit is ’n wet wat

opmerklik ten doel het om amptelike tweetaligheid (Engels/Frans) in Kanada te

institusionaliseer. ’n Hele aantal bepalings kan met die aanwesigheid van kernbeginsels van

taalwetgewing verbind word. Beginsels oor ampstaalproklamering is baie direk en word ter

inleiding en in die aanhef as ideaal gestel en in die oogmerke van die wet in duidelike terme

uitgespel. Beginsels oor die bindingstaalkwessie is ook aanwesig. Frases in die aanhef

verbind die Kanadese regering tot die bevordering van tweetaligheid asook die beskerming en

integrasie van selfs die Engelse en Franse linguistiese minderhede in onderskeie

meerderheidsgebiede van Kanada as deel van die twee nasionale taalgemeenskappe.

320

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Afdelings VI en VII van die wet voer die bindingstaalideale verder deur die skep van gelyke

geleenthede en deelname en die daarstel van taalbevorderingsmaatreëls. ’n Verskeidenheid

kernreëlings kan met die aanwesigheid van domeinbepalende beginsels verbind word. Al die

kerndomeine van amptelike taalgebruik word uitvoerig behandel, insluitende wetgewing (met

inbegrip van die wetgewer), die regsowerheid en staatsadministrasie (Afdelings I tot IV). Die

aspek van taal in die onderwys en taal van burgerskap word egter nie behandel nie. Nietemin

bevat Artikel 45 ’n sydelingse verwysing na die staat se verpligting met betrekking tot

onderwys in beide amptelike tale.

Die OLA gaan verder en sluit ook bepalings oor die taal van arbeid in (Afdeling V), ’n aspek

van taalgebruik wat nie altyd deur taalwetgewing gereël word nie. Ook reëls wat met

regsinstrumentele beginsels verbind word, is aanwesig.

Die OLA maak voorsiening vir institusionele toetrede deur twee liggame: die Tesourieraad

(Afdeling VIII) en die Kommissaris van Amptelike Tale (Afdeling IX). Afdeling X verleen

seggingskrag aan die regte wat opgelê word deur middel van ’n vyftal bepalings oor

remedies, en Afdeling IX verorden regte met betrekking tot tale. Verskeie ander afdelings

van die wet bevat ook taalregtebepalings.

Die meeste van die sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing is dus in die OLA

aanwesig, wat die voltellings in die meerderheid afdelings in Tabel 1 verklaar.

2.2 Die Keeleseadus (Ks)

Die Ks is in vergelyking met die OLA ’n aansienlik korter dokument – dit bevat 30 artikels

wat oor ses hoofstukke en agt bladsye strek. Anders as die OLA reguleer die Ks wesenlik

amptelike eentaligheid. ’n Aantal kernbeginsels van taalwetgewing (aanwesig in taalreëlings)

staan ook in hierdie taalwet. Proklameringsbeginsels is aanwesig in die bepalings oor

Estlands as enigste amptelike taal (Artikels 1 en 2 van Hoofstuk 1). Geen duidelike bepalings

kom egter voor wat met die bindingstaalvraagstuk verband hou nie. Dit word dus nie

verduidelik watter soort taalbestel Estland in die oog het nie. Bepalings wat met beginsels oor

die onderwerp van die taalwet verbind kan word, kom in Artikel 2.1 voor. Hierdie artikel

bepaal dat die oogmerk van die wet is om vaardigheid in Estlands te reguleer asook die

gebruik van Estlands en vreemde tale.

Ook domeinbepalende beginsels is aanwesig. Bepalings met betrekking tot kommunikasie

met die publiek word in verskeie artikels behandel, onder meer in Artikel 3, waar die taal van

die staatsadministrasie (die weermag word ook duidelik hierby ingesluit) behandel word; in

Artikel 4, waar die reg op die gebruik van Estlands in regeringsdomeine en die openbare lewe

bepaal word; in Artikel 12, waar die taal van amptelike korrespondensie (Estlands) bepaal

word; in Artikel 17, waar die taal van verslagdoening (Estlands) bepaal word; en in Hoofstuk

5 (Artikels 19–21), waar name en die linguistiese landskap behandel word (alles moet

amptelik in Estlands wees).

321

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Bepalings met betrekking tot taal in die onderwys kom ook in hierdie wet voor, wat dui op

die aanwesigheid van die taal-in-die-onderwys-beginsel. Die betrokke bepaling word wel nie

tot Estlands beperk nie – onderrig in vreemde tale word ook toegelaat. (Sonder dat Russies by

name vermeld word, moet ons uit ’n bepaling oor die onderrig van ’n taal van ’n nasionale

minderheid as vreemde taal in Artikel 2(2) aflei dat dit die taal is wat hier geïmpliseer word)

(Artikel 6).

Ook aanwesig is reëlings met betrekking tot die beginsel van die taal van burgerskap. Artikel

5 behandel hierdie aspek noukeurig en koppel dit baie sterk aan taaltoetsing.

Regsinstrumentele beginsels is in ’n mindere mate aanwesig. Beginsels wat dui op ’n

verskeidenheid regsinstrumente kom baie effentjies voor in ’n bepaling in Artikel 28 wat na

toesig oor die taalwet verwys. Dieselfde geld vir die beginsels oor seggingskrag – Artikel 28

verwys slegs na aanspreeklikheid in terme van die wet deur middel van ander relevante

wetgewing. Beginsels oor die afbakening van taalregte kom wel in etlike taalregtereëlings

voor, onder meer in die reg op Estlands (Artikel 4), regte rondom taaltoetsing (Artikel 5), die

reg op vertaling in Estlands (Artikel 8), die reg op taal van keuse (Artikel 9), die reg op die

gebruik van die nasionale minderheidstaal (natuurlik gedeeltelik ’n eufemisme vir Russies),

en die reg van verbruikers op Estlands (Artikel 16). ’n Verskeidenheid taalregte word dus

duidelik afgebaken. Die meeste van die sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing is dus

in die Ks teenwoordig, soos die resultate van hierdie meting in Tabel 1 weergee.

Oorkoepelend gesien, verskil die meting van die Estlandse taalwet kwantitatief nie veel van

dié van die OLA nie – hulle totale is ongeveer gelyk; die verskille lê eerder op kwalitatiewe

vlak. So is die bindingstaalvraagstuk byvoorbeeld nie duidelik teenwoordig in die Ks nie,

terwyl dit in die geval van die OLA wel aanwesig is in bepalings oor die aard van die

ampstaalbestel.

Die twee tipes institusionaliserende taalwette verskil grondig op sterkte van hierdie twee

beginsels. In die geval van die Ks word amptelike eentaligheid nogtans duidelik as model

voorgehou (byvoorbeeld in die onderwys en in kommunikasie met die staat), maar nie altyd

in absolute terme nie, aangesien die nasionale minderheid wel geakkommodeer moet word.

Waar dit wel absoluut raak, is by die koppeling van burgerskap en die verwerwing van

Estlands, ’n beginsel wat weer nie in die Kanadese taalreëlings voorkom nie. Die Ks is ook

meer omvattend as die OLA wat taal in die onderwys betref. Ks verbind die staat eksplisiet

tot die lewering van onderwys in Estlands, terwyl die OLA die Kanadese staat nie

noodwendig tot tweetalige onderwys verbind nie. ’n Mens merk hier dus ’n direkte verband

tussen die taal van onderwys en die linguistiese aspek van burgerskap. Die OLAis ook

relatief meer genuanseerd as die Ks wat betref beginsels oor die verskeidenheid en

seggingskrag van regsinstrumente. Dit is waarskynlik toe te skryf aan ’n bewustelike keuse

van die Estlandse wetgewer om die reëlings oor taaltoesig buite die taalwet te hou. (’n Vorige

weergawe van die wet het nog ’n hele reeks sodanige reëlings bevat.)

Wat ons kan aflei uit hierdie vergelyking van dié betrokke twee taalwetmodelle, is dat ’n

institusionaliserende taalwet in die eerste plek gekenmerk word deur die eksplisiete

322

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aanwesigheid van al drie kategorieë sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing in die

taalreëlings van so ’n taalwet. In die tweede plek word so ’n taalwet gekenmerk deur die mate

van onderlinge verspreiding van die wesenlike aspekte van die beginsels in elke kategorie.

Betreffende hierdie verspreiding is dit opvallend dat (a) wat grondbeginsels betref, beginsels

oor ampstaalproklamering en die onderwerp van die taalwet baie duidelik in beide modelle

aanwesig is; (b) wat domeinbepalende beginsels betref, bepalings oor kommunikasie met die

publiek in beide modelle ook baie duidelik aanwesig is; en (c) wat regsinstrumentele

beginsels betref, beginsels oor die afbakening van taalregte baie duidelik in beide modelle

aanwesig is. ’n Mens sou tot die gevolgtrekking kon kom dat hierdie in werklikheid die

kernbeginsels van ’n institusionaliserende taalwettipe is.

Vervolgens sal die twee normaliserende taalwetmodelle bespreek word, naamlik die Clf en

die WLA.

2.3 Die Charte de la langue française (Clf)

Die Clf (of Bill 101, soos dit bekend staan na aanleiding van die nommer van die aanvanklike

taalwetsontwerp − Larrivée 2003:172) is ’n relatief omvattende taalwet van 39 bladsye en

214 artikels. Opvallend omtrent die struktuur van die taalwet is die indeling van altesaam ses

afdelings (Engels: “titles”), elk met ’n aantal hoofstukke.

Reeds in die aanhef van die wet is dit duidelik dat hierdie nie net ’n normaliserende

taalwettipe is nie, deur die verklaarde ideaal om Frans die taal van die regering en die wet in

Quebec te maak, maar ook die “normale en alledaagse taal” wat mense by die werk gebruik,

in onderrig, kommunikasie en die handels- en sakewêreld. ’n Aantal kernbeginsels is duidelik

aanwesig in reëlings wat dié taalwet in Afdeling I (status van die Franse taal) omtrent die

gebruik van Frans maak. Artikel 1 (die artikels is deurlopend vir alle afdelings en hoofstukke)

verklaar Frans as die amptelike taal van Quebec en dit getuig van die werking van die

ampstaalproklameringsbeginsel. Nieteenstaande die feit dat die aanhef die ideaal stel omtrent

wat bereik wil word, is duidelike bepalings afwesig wat betref die onderwerp van die taalwet.

Die bindingstaalbeginsel is ook by implikasie teenwoordig in die aanhef (dat Frans die taal is

waarin Quebecane hulle identiteit uitdruk) maar verder as dit gaan die wet nie en geen

bepalings hieromtrent kom voor nie.

’n Hele aantal bepalings kan direk toegeskryf word aan die aanwesigheid van

domeinbepalende beginsels. Trouens, daar word ook vir taalgebruik in nie-amptelike

domeine voorskrifte gegee (Hoofstuk VI, die taal van arbeidsverhoudinge; Hoofstuk VII, die

taal van die handels- en sakewêreld). Taalgebruik in amptelike domeine word gereël in

Hoofstuk III (die taal van die wetgewer en howe), Hoofstuk IV (die taal van die openbare

administrasie) en Hoofstuk V (die taal van semistaatsinstellings). Waar die Kanadese

Grondwet dit toelaat, word kommunikasie in Frans in alle gevalle bevoordeel. Ter versterking

van hierdie bepalings bevat die taalwet ’n verdere aantal omstrede bepalings onder Afdeling

II (wat handel oor verampteliking, toponomie en verfransing) oor die verfransing van

Quebec. Hoofstuk IV van hierdie afdeling handel oor die verfransing van die administrasie en

Hoofstuk V oor die verfransing van ondernemings.

323

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die taal-in-die-onderwys-beginsel is ook baie prominent aanwesig. Hoofstuk VIII bevat

breedvoerige bepalings oor die gebruik van Frans en ander tale in die onderwys – besonder

streng toegewings word onder meer oor die gebruik van Engels vir onderrigdoeleindes

gemaak (Artikel 73). Die wet gaan selfs verder en bevat ook voorskrifte oor taalgebruik aan

kolleges en universiteitagtige instellings (Hoofstuk VIII).

Uiteraard is die beginsels oor die linguistiese aspekte van burgerskap afwesig, aangesien

Quebec nie ’n onafhanklike staat is nie. Die suggestie in die Aanhef oor die identiteit van

Quebecane kan wel as ’n stilswyende burgerskapsbepaling gesien word.

Onder Afdelings III (die Quebecse Kantoor van die Franse taal), IV (die Opperraad van die

Franse taal) en V (strafbepalings en ander sanksies) kom ons ’n uitgebreide aantal bepalings

teë wat dui op die baie sterk aanwesigheid van regsinstrumentele beginsels. Die Quebecse

Kantoor van die Franse taal is verantwoordelik vir die bepaling van beleid vir linguistiese

verampteliking, terminologie en die verfransingsinisiatief, terwyl die Opperraad van die

Franse Taal verantwoordelik is vir advies aan die lynfunksie-minister oor enige aspek

omtrent die Franse taal in Quebec. Beide liggame word verplig om openbaar verslag te doen.

Die afdeling oor strafmaatreëls en ander sanksies is besonder kragtig en sou selfs as

drakonies gesien kon word. Die betrokke regsinstrumente dui op die aanwesigheid van die

beginsels van verskeidenheid en seggingskrag. Ook die laaste beginsel – afbakening van

taalregte – is aanwesig in die reëlings onder Hoofstuk II (fundamentele taalregte) van

Afdeling I (status van die Franse taal). ’n Wye verskeidenheid duidelike taalregte wat

uitsluitlik gemoeid is met die gebruik van Frans, word hier uitgespel.

Oorwegend beskou vaar die Clf in terme van die meting in Tabel 1 relatief goed, maar

nietemin minder goed as die twee institusionaliserende modelle wat hier bo bespreek word.

2.4 Die Welsh Language Act (WLA)

Die WLA is ’n veel minder omvattend normaliserende taalwet. Nogtans beslaan die wet 19

bladsye en bevat dit buiten twee bylaes (een oor die Walliese Taalraad en een oor herroepte

wette) altesaam 37 artikels. Dit bestaan verder uit drie dele: Deel I handel oor die Walliese

Taalraad, Deel II oor die Walliese Taalskemas en Deel II oor Diverse Aangeleenthede (onder

meer die gebruik van Wallies in regsprosedures, statutêre name, vorms, ensovoorts).

Opvallend omtrent hierdie normaliserende taalwettipe is die prominente aanwesigheid van

die onderwerp-van-die-wet-beginsel in die Memorandum, synde om ’n taalraad daar te stel

wat verantwoordelik is vir die bevordering van die Walliese taal en wat vir hierdie doel

taalskemas in die openbare sektor moet instel. Verskeie artikels konsolideer hierdie oogmerk,

onder meer Artikel 1 en 3 met betrekking tot die Walliese Taalraad en onder meer Artikels 5,

9, 12 met betrekking tot die Walliese Taalskemas. Anders as die ander wette wat tot hiertoe

behandel is, is die ampstaalproklameringsbeginsel nie aanvanklik so opvallend teenwoordig

nie. Dit is nogtans aanwesig in artikels wat handel oor die gemelde twee bepalings. So

byvoorbeeld verbind Artikel 3(2) die Walliese Taalraad tot die gee van advies oor die gelyke

beregtiging van Engels en Wallies, en Artikel 6(2) handel oor die beginsel dat die twee tale in

324

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die openbare sektor en regspleging op gelyke voet hanteer sal word. Hierdie bepalings dui op

’n indirekte aanwesigheid van die betrokke beginsel.

Geen van die bepalings handel oor die bindingstaalvraagstuk nie. Ook by domeinbepalende

beginsels staan een beginsel sterk uit, naamlik dié van kommunikasie met die publiek. Eintlik

is die hele Deel II getuienis van die aanwesigheid van hierdie beginsel, omdat dit die afdeling

van die taalwet is waar breedvoerig met die Taalskemas gehandel word. Die uitsluitlike doel

van die Taalskemas – soos in Artikel 6(2) van die wet gestel – is om uitvoering te gee aan

“the principle that in the conduct of public business and the administration of justice in Wales

the English and Welsh languages should be treated on a basis of equality” (Parliament of the

United Kingdom 1993). Die oogmerk met die Taalskemas is dus, soos in Artikel 5(1)

aangedui word, primêr om te verseker dat instansies wat dienste aan die publiek lewer,

Wallies gebruik.

Artikel 22 van Deel III handel in meer besonderhede oor die gebruik van Wallies in

regspleging en bevestig die aanwesigheid van die kommunikasie-met-die-publiek-beginsel.

Dit word verder gedoen deur ‘n hele aantal ander artikels wat eintlik handel oor

taalsigbaarheid vir Wallies: Artikel 25 (oor die gebruik van Wallies in die benoeming van

geografiese entiteite); Artikels 26 en 27 (oor die gebruik van Wallies in amptelike vorms)

asook die oorblywende artikels van Deel III (oor die gebruik van Wallies in

maatskappybenamings, wetbenamings, ensovoorts). Geen direkte bepalings kom voor wat

aan die taal-in-die-onderwys-beginsel verbind kan word nie – alhoewel die Taalskemas ook

op onderwysinstellings betrekking het, maar as instansies wat dienste aan die publiek lewer.

Geen verwysings met betrekking tot die linguistiese-aspekte-van-burgerskap-beginsel kom

voor nie. Soos reeds gemeld, word die grootste gedeelte van die Walliese taalwet gewy aan

die legitimisering van twee kernregsinstrumente, die Walliese Taalraad en die Walliese

Taalskemas, en dus bepalings wat dui op die aanwesigheid van regsinstrumentele beginsels.

Ter versterking van die Taalskemas word voorsiening ook gemaak vir die lê van klagtes as

regsinstrument (Artikels 17-19) en vir openbare verslagdoening as verdere instrument

(Artikel 10(2), (3); Artikel 19; Artikel 13, Bylae I). Aanwysings deur die Staatsekretaris

(Artikel 20) word bykomend voorsien. 5 Die verskeidenheidsbeginsel is dus opvallend, asook

die seggingskragbeginsel by regsinstrumente. Geen getuienis van die afbakening-vantaalregte-beginsel

kan in die Walliese taalwet gevind word nie.

Oorwegend beskou, vaar die WLA relatief die slegste in die meting wat in Tabel 1 gedoen

word. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat ’n korrektief normaliserende wet –alhoewel

ook promoverend van aard – baie spesifiek gerig word op aksies wat regstelling met

betrekking tot die aangewese taal kan verseker. Die oogmerk van so ’n korrektiewe wet is

relatief eensydig: die domeine waar regstelling moet plaasvind, word pertinent afgebaken en

voldoende regsinstrumente met seggingskrag word voorsien. ’n Promoverend normaliserende

taalwettipe gee ook aan van die ander aspekte van taalwetgewing aandag.

325

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tabel 1. Die graad van aanwesigheid van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

by vier taalwetmodelle

Beginsels

Grondliggend

Domeinbepalend

Regsinstrumenteel

Proklamering van

ampstaal

Hantering van

bindingstaalvraagst

uk

Onderwerp van die

taalwet

Kommunikasie met

burgery

Institusionaliserende

taalwet

Normaliserende taalwet

Meertalig Eentalig Promoverend Korrektief

OLA Ks Clf WLA

5 5 5 0

5 0 0 0

5 5 3 5

5 5 5 5

Taal van onderrig 3 5 5 0

Linguistiese aspekte

van burgerskap

0 5 0 0

Verskeidenheid 5 3 5 5

Seggingskrag 5 3 5 5

Afbakening van

taalregte

5 5 5 0

Totaal 38 36 33 20

Die vergelyking bring, oorhoofs beskou, interessante onderlinge aspekte na vore. Een van die

aspekte wat in die vergelyking oorkoepelend ’n voltelling behaal, is die beginsel van

kommunikasie met die publiek (20/20). ’n Mens sou kon sê dat hierdie element dan die kern

van alle taalwettipes vorm. Drie verdere aspekte kry byna voltellings: die onderwerp van die

taalwet (18/20), die verskeidenheid regsinstrumente en die seggingskrag van regsinstrumente.

Die drie saam sou as ’n tweede kernelement van taalwette beskou kon word.

Ampstaalproklamering en afbakening van taalregte (beide 15/20) vorm ’n derdevlakelement

wat ’n mens ook in ’n taalwet sou kon verwag, gevolg deur die taal-in-die-onderwys-kwessie

(13/20). Interessant genoeg behaal die kwessie van die bindingstaalvraagstuk en die

linguistiese aspekte van burgerskap die laagste tellings (5/20), wat impliseer dat hulle eintlik

uit die beskouing gelaat kan word.

Die vergelyking in Tabel 1 bevestig egter dat nie alle taalwette oor dieselfde kam geskeer

moet word nie, alhoewel dit ’n subjektiewe oefening behels. Die ontleding wat hier van vier

taalwetmodelle gedoen is, dui op ’n beginselverskil tussen institusionaliserende en

normaliserende taalwette. Verder dui die vergelyking ook daarop dat daar tussen meertalige

en eentalige institusionaliserende taalwettipes relatief min kwantitatiewe verskille voorkom,

326

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

maar wel kwalitatiewe verskille, wat reeds hier bo behandel is. By die verskillende tipes

normaliserende taalwette lyk hierdie verskille egter groter. Promoverende en korrektiewe

normaliserende taalwette verskil kwantitatief sowel as kwalitatief. By die tipe promoverende

taalwettipe wat hier behandel is, speel ampstaalproklamering steeds ’n belangrike rol, asook

bepalings met betrekking tot taal in die onderwys en die afbakening van taalregte. Hierdie

aspekte kom nie voor in die bepalings van die korrektiewe taalwetmodel wat behandel is nie,

wat dan die basis van hulle onderlinge verskil vorm.

’n Ander opvallende aspek omtrent die vergelyking is die glyskaal-effek wat na vore kom.

Taalwette kan ingevolge hierdie verskynsel ook gegroepeer word in terme van die

proporsionele aanwesigheid van beginsels van taalwetgewing. Proporsioneel meer van die

beginsels is aanwesig by institusionaliserende taalwettipes as by normaliserende taalwettipes.

Indien aanwesigheid van 50 persent as ’n onderskeidingspunt beskou kon word, toon

promoverend normaliserende taalwette wat hierdie aspek betref, groter ooreenkomste met

institusionaliserende taalwette as korrektiewe taalwette. So ’n afsnypunt kan egter nie gebruik

word om die groter onderskeid tussen die twee kategorieë te maak nie – ons het hier eerder

met ’n glyskaal te make waarin die oorgang nie persentasiegewys so duidelik is nie. Dit is

daarom belangrik om eerder te konsentreer op die beginselonderskeid tussen die twee

hooftipes taalwette.

’n Kontekstuele ontleding van die onderlinge verskille self sou waarskynlik verdere insigte

kon oplewer. Dit sou kon aandui waarom Wallis byvoorbeeld kies vir ’n korrektiewe

normaliserende taalwet en Quebec vir ’n promoverende normaliserende taalwet. Die

bykomende kontekstuele beginsels by taalwetgewing (Du Plessis 2010) sou so ’n vergelyking

kon vergemaklik. Die skema wat in die huidige studie voorgestel word, stel die ondersoeker

egter wel in staat om verskillende taalwettipes op ’n beginselbasis te kan vergelyk. Dit bied

daarom ’n meer rasionele basis van vergelyking as ’n benadering waar verskillende taalwette

teen mekaar afgespeel word en waar ’n bepaalde taalwet normatief as model voorgehou

word. By laasgenoemde benadering sal kontekstuele faktore beslis verreken moet word,

omdat lande se taalbestel grondig kan verskil. By die benadering wat in hierdie artikel

voorgestaan word, speel die kontekstuele aspekte in beginsel ’n mindere rol.

3. SALB I as beoogde taalwet

Du Plessis (2010:83–9) bevind dat SALB I oorwegend beskou verskeie van die hoofelemente

van ’n taalwet bevat, ondanks die feit dat die teks as sodanig nog nie in konvensionele

wetsvorm gegiet is nie. Bepaalde grondbeginsels (onder meer die

ampstaalproklameringsbeginsel en onderwerp-van-die-wet-beginsels) is wel aanwesig, asook

beperkte domeinbepalende beginsels (onder meer wat betref kommunikasie met die publiek)

en uiteindelik ook regsinstrumentele beginsels (onder meer die verskeidenheid

regsinstrumentele beginsels en die seggingskragbeginsels). Nietemin lê hy kardinale

strukturele leemtes bloot wat vrae laat ontstaan oor die normatiewe waarde van SALB I by ’n

vergelyking met SALB II. Alhoewel ’n aantal kardinale taalwetgewingsbeginsels aanwesig

327

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

is, word die bepalings wat op hulle betrekking het, ietwat vaag geformuleer. Die oogmerk

met die ontleding was egter gewoon om vas te stel of ’n verteenwoordigende aantal beginsels

wel aanwesig is ten einde van ’n taalwet te kan praat en nie soseer om vas te stel tot watter

taalwettipe die SALB I behoort nie. Ook was die gedagte nie om ’n meting van SALB I te

maak nie. So ’n ontleding gaan veel dieper en kan ’n perspektief gee op die

vergelykingswaarde van die SALB I.

In die lig van die grondliggende verskille wat hier bo blootgelê is, is dit egter belangrik om te

kan vasstel of die SALB I ’n institusionaliserende of normaliserende taalwettipe is alvorens

verder aan ’n vergelyking gewerk word. Tabel 2 bevat die resultate van ’n meting van SALB

I as taalwettipe aan die hand van die skema wat hier bo ontwikkel is. Die ontleding word

gebaseer op Du Plessis (2010) se beoordeling.

Wat kernbeginsels betref, is die onderwerp-van-die-wet-beginsel die sterkste aanwesig in

SALB I. Hierdie beginsel is aanwesig in verskeie artikels, onder meer Artikel 2 (oogmerke),

Artikel 3 (riglynbeginsels) en Artikel 5 (taalbeleid). Die ander twee grondbeginsels is werklik

net indirek aanwesig. Die bindingstaalvraagstuk word op ’n baie indirekte wyse in Artikel 3

gehanteer in die vorm van riglynbeginsels oor die verskansing van die amptelike tale se

gelykheid van aansien, asook taalregte met die oog op die bevordering van nasionale eenheid

en demokrasie. Geen duideliker bepalings kom egter voor nie. SALB I bevat nie ’n formele

ampstaalproklamering nie, maar ook hier kom indirekte vermeldings wel voor in die Aanhef,

in Artikel 2 en in Artikel 5.

Wat domeinbepalende beginsels betref, kom geen direkte bepalings voor wat op die

aanwesigheid van die kommunikasie-met-die-burger-beginsel dui nie. Artikel 5(5) bevat wel

’n baie indirekte verwysing na die gebruik van die ampstale in die wetgewende, uitvoerende

en regsplegende domeine, maar die wet verbind nie die staat met betrekking tot

kommunikasieverpligtinge jeens die burger nie. In werklikheid behoort hier ’n 0-waarde

toegeken te word. Die twee ander domeinbepalende beginsels, taal van onderrig en

linguistiese aspekte van burgerskap, is volledig afwesig.

Wat regsinstrumentele beginsels betref, is die beginsel van verskeidenheid van instrumente

sterk teenwoordig. Artikel 6 en 7 handel oor die oprigting van Taaleenhede, Artikel 11 oor

remedies, Artikel 12 oor regulasies en Artikel 10 oor openbare verslagdoening. Die beginsel

van seggingskrag is aanwesig in Artikel 11 en ook in Artikel 4, ’n artikel wat die staat wel in

’n mate bind. Die beginsel oor die afbakenig van taalregte is baie indirek teenwoordig – daar

word sydelings na verwys onder die riglynbeginsels (Artikel 3) en by die remedies (Artikel

11).

Ook hier behoort eintlik ’n 0-waarde toegeken te word.

328

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tabel 2. Die graad van aanwesigheid van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

by SALB I

Beginsels SALB I

Grondliggend

Domeinbepalend

Regsinstrumenteel

Proklamering van

ampstaal

Hantering van

bindingstaalvraagstuk 3

Onderwerp van die

taalwet

Kommunikasie met

burgery

Taal van onderrig 0

Linguistiese aspekte

van burgerskap

Verskeidenheid 5

Seggingskrag 5

Afbakening van

taalregte

Totaal 27

Die metingsresultate in Tabel 2 toon dat 60 persent (27/45) van die moontlike aantal

taalwetgewingsbeginsels wel by SALB I aanwesig is. Hierdie relatief lae telling bring mee

dat SALB I in vergelyking met die vier modelle hier bo as ’n korrektief normaliserende

taalwettipe geklassifiseer kan word. Gegewe die breër promoveringsoogmerke van Artikel

6(2) van die Suid-Afrikaanse Grondwet sou eintlik ’n hoër normaliserende telling verwag kon

word en sou SALB I tegnies eintlik as ’n promoverend normaliserende taalwettipe

geklassifiseer moes word, omdat regstelling omtrent die histories ingekorte ampstale voorop

behoort te staan. Anders beskou, sou SALB I eintlik ook as ’n institusionaliserende

taalwettipe takseer moes word wat amptelike meertaligheid moet reguleer. Dit kan egter nie,

omdat van die wesenlike aspekte van domeinbepalende beginsels afwesig is.

Die ontleding wys twee groot tekortkominge by SALB I uit, naamlik die gebrekkige

aanwesigheid van grondbeginsels, en veral die feitlike afwesigheid van sterk

domeinbepalende beginsels. Beide Clf (wat gerig is op die bestuur van ’n tweede nasionale

ampstaal) en WLA (wat gerig is op die bestuur van ’n nasionale minderheidstaal) bevat ten

minste bepalings wat verband hou met die beginsel van kommunikasie met die publiek. Clf

bevat selfs nog bepalings wat verband hou met die taal-van-onderrig-beginsel. SALB I vaar

dus slegter as ’n korrektiewe taalwet soos WLA wat gerig is op die opheffing van ’n

nasionale minderheidstaal, terwyl dit in werklikheid ten minste op die vlak van Clf, ’n taalwet

wat ’n nasionale ampstaal promoveer, moes presteer het of op die vlak van ’n

institusionaliserende taalwet soos OLA wat amptelike meertaligheid reguleer.

3

5

3

0

3

329

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hierdie vergelyking suggereer dat daar nie duidelikheid by die Suid-Afrikaanse wetsopsteller

bestaan oor wat presies met ’n nasionale taalwet beoog word nie. Wil die beleidmaker die

nege bykomende ampstale institusionaliseer of normaliseer? Dit wil voorkom asof met SALB

I eerder laasgenoemde beoog word, maar dat tog ’n opvallend swakker korrektiewe

benadering hiertoe verkies is. Ofskoon ’n normatiewe benadering tot taalwetgewing nie

noodwendig antwoorde bied nie, sou dit dalk wel lonend gewees het vir die wetsopsteller om

ten minste kennis te neem van taalwette wat beter presteer op die glyskaal van aanwesigheid

van taalwetgewingsbeginsels. ’n Poging sou dan aangewend kon word om te verbeter op

SALB I se inherente swakhede.

Die ontleding wys dus op die inherente problematiek om SALB II te wil meet aan die hand

van SALB I. Laasgenoemde vaar in terme van die meting hier bo heeltemal te swak om as

normatiewe model vir enige van die twee taalwettipes te kan dien.

4. Die 2011-taalwetsontwerp (SALB II)

Die 2011-weergawe van die South African Languages Bill (RSA 2011b) is inderdaad ’n

gewysigde vorm van sy voorganger met presies dieselfde titel (DAC 2003), soos (Lourens

2011) se nuttige geannoteerde vergelyking ook uitwys. Belangrike inhoudelike verskille kom

voor, soos die reaksies op die taalwetsontwerp hierna sal aantoon, asook die ontleding wat

volg.

Tans bestaan die wetsontwerp (wat, soos sy voorganger, ook net in Engels beskikbaar is) uit

15 artikels:

Aanhef (bl. 5)

1. Definisies (bl. 6)

2. Oogmerke van die Wet (bl. 6)

3. Toepassing van die Wet (bl. 6)

4. Taalbeleid (ble. 6–7)

5. Vestiging van ‘n nasionale taaleenheid (bl. 7)

6. Funksies van die nasionale taaleenheid (bl. 7)

7. Vestiging van taaleenhede in nasionale departemente, nasionale openbare entiteite

en nasionale ondernemings (bl. 7)

8. Funksies van taaleenhede in nasionale departemente, nasionale eenhede en

nasionale ondernemings (ble. 7–8)

9. Monitering van en verslagdoening oor amptelike taalgebruik (bl. 8)

10. Nakoming deur nasionale departemente, nasionale openbare ondernemings en

nasionale openbare entiteite (bl. 8)

11. Jaarlikse verslagdoening aan die parlement (bl. 8)

12. Interregeringsforums oor amptelike taalgebruik (bl. 8)

13. Uitsonderings by die toepassing van artikel 7 (bl. 9)

14. Regulasies (bl. 9)

15. Kort titel en aanvangsdatum (bl. 9).

330

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

SALB II word vergesel van ’n volledige verklarende Memorandum (ble. 10–2). Onder meer

word hierin beklemtoon dat die wetsontwerp geen finansiële implikasies inhou nie. Ook word

implikasies vir provinsies aangeraak en word verdere prosedures vir die hantering van die

beoogde taalwet uitgespel.

Ter aanloop van ’n ontleding van die 2011-taalwetsontwerp sal enkele reaksies daarop

bespreek word. Hierdie reaksies raak belangrike inhoudelike aspekte aan wat nadere

ontleding verg.

4.1 Reaksies op die 2011-taalwetsontwerp

Die reaksies wat hier betrekking het, volg die kabinet se bekendmaking gedurende Junie 2011

dat SALB II as taalwetsontwerp aanvaar is. Daar word veral vanuit Afrikaanssprekende

geledere gereageer, en soos ter inleiding vermeld is, kom die reaksies meestal skepties voor.

Daar moet wel rekening gehou word met die feit dat die reaksies volg op die nie-amptelike

weergawe van die wetsontwerp wat sedertdien (RSA 2011a) die rondte doen. Die verskille

met die gepubliseerde weergawe (RSA 2011b) is egter gering genoeg om steeds kennis te

neem van die reaksies.

Cerneels (Cornelus) Lourens self is een van die eerstes wat in die openbaar reageer. In ’n

gerapporteerde onderhoud in Die Burger van 10 Julie 2011 verklaar hy: “Daar lê nog ’n lang

pad voor voordat ons by ’n finale wet sal uitkom. ... Die konsepwet voldoen myns insiens nog

nie aan die Grondwet se vereistes nie” (De Bruin 2011). Hy verwys hier uiteraard na die

nasionale regering se grondwetlike verpligting in Artikel 6(4) van die Grondwet om deur

wetgewende en ander maatreëls sy gebruik van amptelike tale te reël en te monitor (RSA

1996a), maar ook sekerlik na die regter se bekragtiging hiervan (Cornelus Johannes

Alexander Lourens vs. Die President van die Republiek van Suid-Afrika e.a. 2010f). Lourens

se kritiek hou grootliks verband met strukturele aspekte van die taalwetsontwerp, maar hy

gaan nie in besonderhede in nie.

Jason Lloyd is volgende met ’n opiniestuk wat op 20 Julie 2011 op LitNet se meningsblad

verskyn (Lloyd 2011a) en weer op 30 Julie 2011 in Rapport (Lloyd 2011b) herhaal word. Hy

is eerder skepties oor die haalbaarheid van die wetsontwerp binne die konteks van

oorweldigende verengelsing. Lloyd staaf sy mening met ’n behandeling van die problematiek

van verengelsing in ’n land waar meertaligheid op grondvlak volgens hom eintlik die oorhand

voer. Maar hy uiter darem ook ’n positiewe toon:

Ten spyte van al die struikelblokke op ons pad om ons 11 amptelike tale gelyke status

[sic] te gee is die voorgestelde Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale [soos deur

betrokke skrywer gebruik] die eerste stap in die rigting van ’n veeltalige samelewing

in Suid-Afrika. Dit gee hoop. Alles kan mos nie net Engels wees nie. Veral gegewe

die feit dat slegs 9 persent van ons bevolking Engels as huistaal beoefen. (Lloyd

2011a)

Lloyd beweeg dus weg van die fokus van die hofbevel en die nasionale regering se direkte

grondwetlike verpligting en betrek ’n verwagting oor ’n meer oorkoepelende oogmerk met ’n

331

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uiteindelike nasionale taalwet, naamlik die bevordering van meertaligheid. Dit is ’n breë

verwagting wat meer dikwels gestel word, maar moeilik direk aan ’n duidelike grondwetlike

opdrag verbind kan word. Hy bedoel waarskynlik die bevordering van geïnstitusionaliseerde

meertaligheid, aangesien hy die bestaan van sosiale meertaligheid “op grondvlak” as ’n soort

realiteit voorhou. Lloyd se beoordeling is ook struktureel van aard en bring beslis die

bindingstaalkwessie as grondliggende beginsel te berde. Maar hy bring ook kontekstuele

beginsels na vore met sy daadwerklike beklemtoning van staatsinmenging en sigbare

verandering.

Ook F.W. de Klerk betree die gesprek tydens sy lewering van die vyfde Mathews Phosa

Gedenklesing op 11 Augustus 2011 by die Afrikaanse Taalmuseum (Herman 2011). Hy neem

die gesprek terug na die taalwetsontwerp se voldoening al dan nie aan die nasionale regering

se nakoming van sy grondwetlike taalverpligting en ook na die nakoming al dan nie van die

hofbevel. De Klerk bevind die betrokke wetsontwerp maak “ongelukkig vir die absolute

minimum” voorsiening en ook dat nie uitvoering gegee word aan die hof se opdrag in die

Lourens-saak nie (Herman 2011). Die “absolute minimum” waarna De Klerk verwys, kan op

verskeie aspekte van die taalwetsontwerp betrekking hê, afhangende van watter verwagting

daaraan gestel word. Enersyds kan die minimum verwagting van die gebruik van twee

amptelike tale ter sprake wees en andersyds die wetsontwerp se redelik eng vertolking van

die wetlike opdrag aan die nasionale regering. Dit kan verder ook betrekking hê op die

relatiewe verswyging van burgerlike taalregte, soos reeds hier bo aangetoon. De Klerk se

kritiek is ook grootliks struktureel van aard, maar bevat ongelukkig nie nadere besonderhede

nie.

Twee prominente Afrikaanse organisasies, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en

Kuns (SAAWK) en die Afrikaanse Taalraad (ATR), betree op 13 Augustus 2011 die debat

met ’n beraad waar die kwessie aangeroer word (vgl. Webb 2011). Hulle bring naamlik ’n

aantal regsgeleerders, taalkenners en taalaktiviste in Centurion byeen om onder meer oor die

betrokke taalwetsontwerp te besin. Twee verslae oor die geleentheid, wat op LitNet se

Seminaarkamer gepubliseer is (LitNet 2011), bied insae in die betrokke denkrigtings wat na

vore gekom het.

Jacques van der Elst, toe nog uitvoerende hoof van die SAAWK, rapporteer dat die

betrokkenes gevoel het die wetsontwerp moet “oorgeskryf word en opnuut gemeet word aan

die konsep wat in 2003 opgestel is” (Van der Elst 2011). SALB I word hier dus inderdaad

normatief aangewend. Die beraadgangers se vergelyking van die twee weergawes bring hulle

volgens Van der Elst tot die gevolgtrekking dat “die 2011-weergawe van die talewet [sic]

ernstige gebreke bevat en dat dit ’n holderstebolder legalistiese eerbiediging is van die

hofbevel wat die Staat nog maar tot 15 Maart 2012 kans gee om sy taalsake in orde te kry”.

Dit is veral die afwesigheid van belangrike definisies, beginsels en duidelike maatreëls

(skynbaar in ’n groter mate aanwesig in SALB I) wat hinder. Die betrokkenes voel volgens

Van der Elst dat die 2011-taalwetsontwerp “eintlik ’n blanko tjek aan die regering [verskaf]

om byna onbelemmerd met die daaglikse praktyk van die bevordering van eentaligheid”

voort te beur en dat versoenende elemente eintlik afwesig is. Die “regslui en ander

332

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

akademici” betrokke by hierdie besinning stel dus duidelik groter eise aan ’n uiteindelike

taalwet as wat skynbaar deur die staat voorsien word (Van der Elst 2011).

In sy verslag oor die Centurion-beraad merk Webb (2011) in dieselfde trant op: “Dis duidelik

dat daar etlike probleme is met die hersiene SA Talewet [sic].” Hy argumenteer dat ’n taalwet

in ’n land soos Suid-Afrika inderdaad nodig is, omdat dit kan help om taalsake van bo af te

bestuur, wat weer noodsaaklik is om ’n grondwetlike demokrasie te help ontwikkel “met

respek en waardering vir andershede en die vermoë om op sinvolle wyse saam te leef met

‘die ander’”. Hy bepleit egter ook ’n van-onder-na-bo-benadering, met ander woorde dat die

burgerlike samelewing nie net op ’n taalwet moet staatmaak om hierdie soort ideale, en meer

spesifiek hulle taalideale, te realiseer nie.

Die Centurion-beraad hanteer ook strukturele tekortkominge by die 2011–taalwetsontwerp,

maar bring beslis ook die kontekstuele beginsels baie sterker na die voorgrond. Dit merk ’n

mens veral op in die verwysing na wat as ’n wettiese benadering beskou word. Veral die

noodsaak van sigbare verandering en die bou van konsensus word as belangrike kontekstuele

beginsels uitgelig, en die kwessie van staatsintervensie word ook onder die soeklig geplaas.

’n Opiniestuk deur adv. Jacques du Preez van die F.W. de Klerk Stigting wat op 18 Augustus

2011 op die F.W. de Klerk Stigting se webblad gepubliseer is, bied inderdaad ’n

beredeneerde vergelyking tussen die twee weergawes van die wetsontwerp (Du Preez 2011).

Die skrywer bied sy vergelyking vanuit ’n regsoogpunt aan en betoog dat SALB I meer

prakties van aard was. SALB II “is not and does no more than to provide a rigid and legalistic

document to satisfy the High Court order handed down in the Lourens-matter” (Du Preez

2011). Volgens hom doen die 2011-weergawe nie genoeg om die taalbepalings van die

Grondwet te bevorder nie. Een van sy hoofredes van kritiek is dat SALB I meertaligheid

bevorder terwyl SALB II tweetaligheid vestig, ’n stap wat volgens die skrywer

ongrondwetlik is. Hy bevind origens dat SALB II afgewater is, “which will not satisfy nor

serve South Africa’s diverse multilinguistic democracy effectively nor provide the practical

answers to South Africa’s wide array of linguistic challenges” (Du Preez 2011). Ook sy

ontleding steun swaarder op die belang van kontekstuele beginsels by die beoordeling van ’n

taalwetsontwerp soos SALB II.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die F.W. de Klerk Stigting, se vergelyking lei hom

tot dieselfde gevolgtrekking as dié van sy kollega. In ’n opiniestuk van 19 Augustus 2011 wat

op Maroela Media se Dié Groot Debat verskyn, beaam hy die taalwetsontwerp “doen egter

die skrale minimum om aan die vereistes van die Hof te voldoen – en maak minder

voorsiening vir die bevordering van egte veeltaligheid as die 2003 Wetsontwerp” (Steward

2011). Hy beklemtoon egter in ’n positiewe trant die geleentheid wat die 2011-wetsontwerp

bied vir openbare deelname en doen ’n aantal duidelike voorstelle ter verbetering aan die

hand, onder meer met betrekking tot die hantering van die tweetaal-vereiste, aansporings om

tweetaligheid op veral provinsiale vlak te bevorder, die in ooreenstemming bring van die

onderwysbepalings oor taal met die wetsontwerp asook met reëlings oor taalgebruik in die

howe, die versterking van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), ensovoorts. Van al die

ontledings tot hiertoe is Steward s’n die omvattendste wat betref die oorweging van

333

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

strukturele beginsels. Veral die klem wat hy laat val op beleidsooreenstemming wat betref

ampstaalgebruik, is insiggewend.

Christo van der Rheede, in daardie stadium uitvoerende hoof van die Stigting vir

Bemagtiging in Afrikaans, voeg by ’n Kaapse taalberaad (die XhosAfrika Network

Conference) van 26–27 Augustus 2011 sy stem by die kritiek oor die 2011-taalwetsontwerp.

In sy voordrag, wat op LitNet se Taaldebat / Language Debate-ruimte verskyn, verwys hy na

“die staat se patetiese herverpakking van die wetsontwerp” wat veel te wense oorlaat. Hy

baseer hierdie uitspraak op sy vergelyking tussen die twee dokumente.

Die eerste weergawe beklemtoon volgens hom die rol van taal as ’n instaatstellende

instrument wat die bevordering van wedersydse respek, sosiale geregtigheid, gelyke toegang

tot openbare dienste en programme en erkenning van diversiteit vooropstel. Daarteenoor is

die 2011-weergawe wat mettertyd deur die parlement goedgekeur moet word, afgewater tot

’n regulatoriese instrument wat slegs monitering ten doel het (Van der Rheede 2011),

Hy bevind dus dat SALB II as taalwetsontwerp faal omdat “’n goue geleentheid om

wetgewing daar te stel wat die staat kan help om effektief uitvoering te gee aan al die

taalklousules soos vervat in die nasionale Grondwet” gemis gaan word (Van der Rheede

2011). Van der Rheede maak dus ’n baie direkte koppeling tussen “weldeurdagte wetgewing

wat die waardes en ideale soos vervat in ons Nasionale Grondwet vooropstel” en die

realisering van sosiale geregtigheid (Van der Rheede 2011). Sy kritiek gaan hoofsaaklik uit

van die belang van konsensus oor die grondliggende beginsels van die 2011-wetsontwerp, ’n

leemte wat ook in die ontleding hier bo uitgelig word.

So aktueel word die debat dat LitNet op 1 September 2011 ’n nuwe miniseminaar daaroor

loods onder die titel “Die nuwe Wetsontwerp op SA Tale” (LitNet 2011). Heelwat van die

bydraes tot hiertoe vermeld, is in hierdie seminaar opgeneem.

Die kritiek hier bo op die 2011-taalwetsontwerp kan in terme van die tipologie van

taalwetgewing aan die hand van beide strukturele en kontekstuele beginsels opgesom word.

Ontleders vind by implikasie dat SALB II struktureel tekort skiet wat betref grondliggende

beginsels. Dit is veral die bindingstaalvraagstuk en aard van amptelikheid wat kwel.

Ontleders soek ’n breër opvatting oor die eintlike onderwerp van die beoogde taalwet, een

wat die staat se verantwoordelikheid oor die ampstale minder eng vertolk (Herman 2011; Du

Preez 2011; Van der Elst 2011; Van der Rheede 2011). Ook soek hulle groter konsensus oor

wat die taalideale van Suid-Afrikaanse burgers is en hoe dit in die oogmerke van die

taalwetsontwerp neerslag moet vind, wat onder meer ’n verbintenis tot amptelike

meertaligheid insluit (Lloyd 2011a; Webb 2011; Van der Rheede 2011).

Wat betref domeinbepalende beginsels skiet die 2011-wetsontwerp wat hulle betref ook

tekort, omdat dit nie net onvoldoende beleidsooreenstemming bewerkstellig nie, maar ook

onder meer wat betref taalbepalings in geproklameerde taalwette, asook taalgebruik in ander

amptelike domeine (Du Preez 2011; Steward 2011).

334

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ook wat betref regsinstrumentele beginsels word leemtes uitgewys, onder meer met

betrekking tot die onderbeklemtoonde rol van Pansat (Steward 2011), die seggingskrag van

die taalwetsontwerp (alle reaksies) en die afbakening van taalregte (Herman 2011).

Dit is opmerklik dat die betrokke ontleders se kritiek verder as strukturele aspekte gaan: hulle

betrek ook die belang van kontekstuele beginsels by hulle beoordeling van die

taalwetsontwerp. Beide beginsels by beplanning en implementering word betrek. Wat

beplanning betref, wys ontleders op die noodsaak van staatsinmenging by die teenwerk van

’n eentalige staatsbestel (Lloyd 2011a; Van der Elst 2011; Van der Rheede 2011) en op die

rol van die tydsfaktor by taalbeplanning (Webb 2011). Wat implementering betref, kom die

noodsaak van sigbare verandering ter sprake (Lloyd 2011a; Webb 2011; Van der Rheede

2011), asook die noodsaak van die bou van ooreenstemming oor wat Suid-Afrika met die

2011-taalbedeling wil bereik (alle reaksies).

Al kom die kommentaar van die betrokke ontleders op die oog af skepties voor, kan ’n

sistematiese ontleding soos wat hier gemaak is, help om die kritiek konstruktief te takseer.

Soos Steward inderdaad aan die hand doen: SALB II skep “’n gulde geleentheid vir

belanghebbendes om voorstelle aan die parlement te maak wat beslag sal gee aan die taalvisie

in artikel 6 van die Grondwet” (Steward 2011). Sy eie voorstelle ter verbetering is in beginsel

verdedigbaar en konstruktief.

5. SALB II as taalwetsontwerp

Soos uit die reaksies op die 2011-taalwetsontwerp blyk, gaan ontleders hoofsaaklik

vergelykend te werk in hulle beoordeling van SALB II. Twee van die volledigste

vergelykings wat tot nou toe gepubliseer is, dié van Du Preez (2011) en Lourens (2011), sal

vervolgens behandel word.

Du Preez (2011) se vergelyking gaan uit van die vertrekpunt dat ’n nasionale taalwet die

taalbepalings van die Grondwet behoort te bevorder. Hy illustreer dan dat SALB Idit wel

deur die volgende doen:

• Sought to promote South Africa's linguistic diversity by encouraging respect for

language rights.

• Promoted multilingualism (and this is exactly what section 6(4) of the constitution

sought).

• Promoted equitable use of all official languages of South Africa.

• Would have better enabled all South Africans to use the official languages of their

choice.

• Provided for a regulatory framework to facilitate the effective implementation of

the constitutional obligations concerning multilingualism.

Volgens Du Preez vaar SALB Ioorwegend beter wat betref die bewoording van

kernbeginsels: meertaligheid as nasionale ideaal (al word dit nie meer konkreet gestel nie) en

335

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

keuse van ampstaalgebruik (wat ook nie meer konkreet gestel word nie). Hy vind dat SALB

II by implikasie nie hierdie beginsels in dieselfde mate realiseer nie.

Uit sy vergelyking lei ons af dat wat as die onderwerp van ’n taalwet beskou kan word, in die

twee gevalle drasties verskil. By SALB Iwas dit meer ambisieus asook meer omvattend as by

SALB II. Du Preez (2011) se vergelyking begin in werklikheid daarop dui dat ons hier

waarskynlik met twee verskillende taalwettipes te make het.

Hierdie gedagte word versterk deur nog ’n aantal opvallende tekortkominge wat Du Preez

(2011) by SALB II identifiseer (in vergelyking met SALB I). SALB II kom kort aan die

volgende (wat wel by SALB I aanwesig was):

• A well set out clause containing the objects of the bill entrenching the concept of

multilingualism.

• A praiseworthy and practical set of guiding principles for when the bill (Act) was

to be interpreted enshrining linguistic diversity in pursuance of the Constitution.

• A language policy clause providing for the implementation of all eleven official

languages on a rotational basis, thus giving practical effect to the “parity of

esteem” and “equitable treatment” of all official languages.

• The provision for language units with a wide array of powers and functions,

including reporting to Parliament and streamlined co-operation with the

PanSALB.

• Development of all South African languages as required by the Constitution.

• A centralized and decisive role to be played by the PanSALB also enunciated in

the Constitution.

• A remedies clause setting out in unambiguous terms the remedies available to an

aggrieved party in a language issue/dispute arising from the Bill.

Du Preez (2011) betrek hier by implikasie grondliggende beginsels (in die eerste twee punte

en die vyfde punt) van taalwetgewing, maar ook domeinbepalende beginsels (die

rotasiestelsel in die derde punt) en regsinstrumentele beginsels (die vierde, sesde en sewende

punte).

Indien die hipotese korrek is dat die aard van die taalwetsontwerp inderdaad fundamenteel

verander het, kan ’n mens begin verstaan waarom daar aan sommige van die beginsels

verander is. Die inherente verskille tussen institusionele en normaliserende taalwettipes wat

vroeër behandel is, kan juis toegeskryf word aan die mate van aanwesigheid van die drie

stelle beginsels. ’n Verdere ontleding sal meer lig hierop kan werp.

Lourens (2011) se vergelyking is meer tegnies van aard. Hy doen letterlik ’n klousule-perklousule-vergelyking

om uit te wys waar SALB II “afwyk” van SALB I. Hierdie vergelyking

kom dus grootliks (maar in meer besonderhede) ooreen met wat dié van Du Preez (2011).

Lourens se oogmerk met die betrokke vergelyking is om regstegniese gronde te vind “ter

verbetering” van SALB II. Omdat Du Preez se ontleding reeds suggereer dat ons hier

moontlik met inherent verskillende taalwetsontwerpe te make het, kan nou gevra word of so

’n klousule-per-klousule-vergelyking uiteindelik nuttig en selfs billik is. Reeds net ’n

oorsigtelike beskouing van die twee wetsontwerpe se oogmerke versterk die hipotese verder

336

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dat ons hier waarskynlik nie met gelykwaardige taalwettipes te make het nie, wat eintlik al ’n

basis bied vir beide Du Preez (2011) en Lourens (2011) se onvergenoegdheid.

Tabel 3 bevat so ’n letterlike vergelyking van die wetsoogmerke.

Tabel 3. ’n Vergelyking van die oogmerke van SALB I en SALB II

Oogmerke SALB I Oogmerke SALB II

The objects of this Act are - The objects in this Act are -

(a) to give effect to the letter and spirit of section (a) to regulate and monitor the use of

6 of the Constitution;

official languages for government

purposes by national government;

(b) to promote the equitable use of the official (b) to promote parity of esteem and

languages of South Africa;

equitable treatment of the national

languages of the Republic;

(c) to enable all South Africans to use the official (c) to facilitate equitable access to the

languages of their choice as a matter of right services and information of national

within the range of contexts contemplated in this

Act, with a view to ensuring equal access to

government services and programmes, to

education, and to knowledge and information;

government; and

(d) to provide for a regulatory framework to

facilitate the effective implementation of the

constitutional obligations concerning

multilingualism.

(d) to promote good language

management by national government for

efficient public service administration and

to meet the needs of members of the

public.

In vergelyking met die oogmerke van SALB Iis dié van SALB II ooglopend meer afgebaken

en duidelik en het hulle pertinenter betrekking op die nasionale regering se grondwetlike

taalverpligtinge. Die oogmerke van SALB Iis opvallend breër, maar beslis ook vaer en

daarom ook moeiliker afbakenbaar. Veral bepalings soos “to give effect to the letter and spirit

of section 6” en “the effective implementation of the constitutional obligations concerning

multilingualism” is moeilik herleibaar na konkrete grondwetlike verpligtinge. Dit is die tipe

bewoording wat voortvloei uit die idealistiese diskoers oor taal in Suid-Afrika wat direk ná

1994 gevoer is en wat teruggevind kan word in die tipiese taalbeleidsdokumente uit daardie

era. SALB Ise bewoording reflekteer beslis die ideale rondom die realisering van taalregte

wat in daardie tyd gekoester is (vgl. Sachs 1994). Ons merk dit in ’n tipiese frase soos “to use

the official languages of their choice as a matter of right”. SALB Iprobeer die ideale van die

negentigerjare van die vorige eeu konkretiseer en om aan die verwagtinge daarvan te

voldoen. Kortom, SALB Ipoog inderdaad om uiteindelik ’n nasionale taalwet te word.

Daarom word die grondwetlike opdrag aan die nasionale regering oor sy regulering en

monitering van sy gebruik van die amptelike tale deur middel van wetlike en ander maatreëls

baie wyd deur die wetsopstellers van SALB Ivertolk. Waarskynlik het hulle ander

337

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

soortgelyke nasionale taalwettipes soos Indië se The Official Languages Act (Republic of

India 1963), Kanada se Official Languages Act (Department of Justice, Canada 1985) en

Ierland se Official Languages Act (Republic of Ireland 2003) as modelle voorgehou.

In vergelyking hiermee is SALB II se oogmerke baie meer sober en doelgerig. Die

wetsopstellers vertolk nie meer die verpligting wat artikel 6(4) van die Grondwet oplê as ’n

opdrag oor ’n nasionale taalwet nie. Hulle steun hierin waarskynlik swaar op regter Du

Plessis se gevolgtrekking omtrent taalwetgewing wat ter aanvang aangehaal is.

SALB II beweeg waarskynlik in die lig hiervan weg van die ideaal van ’n nasionale

taalwettipe en beoog ’n andersoortige taalwet wat ons eerder ’n administratiewe taalreëling of

taalskema behoort te noem. Wat karakter betref, is dit die soort taalwetgewing wat eerder

vergelyk moet word met Wallis se Language Schemes of sy Language Measure, ’n

taalreëling wat in die tweede deel van die Welsh Language Act (Parliament of the United

Kingdom 1993) voorsien word. Ingevolge artikel 5 van die betrokke taalwet word ’n

staatsinstelling wat met die Walliese publiek werk, verplig tot ’n gepubliseerde “scheme

specifying the measures which it proposes to take [...] as to the use of the Welsh language in

connection with the provision of those services”. Die taalskema van die Walliese parlement is

’n goeie voorbeeld van so ’n meganisme (Welsh Assembly Government 2007).

Ontleders soos Du Preez (2011) en Lourens (2011) en die ander skrywers hier bo se

onvergenoegdheid met SALB II is begryplik indien ’n nasionale taalwet voor oë gehou word.

Uiteraard sal hulle kritiek en voorstelle ter verbetering ook hierdie model nastreef.

Ongelukkig verreken so ’n vergelyking nie die inherente verskille tussen institusionaliserende

en normaliserende taalwettipes nie, en ook nie die onderlinge verskille binne elkeen van die

twee tipes nie. Ook verreken so ’n benadering nie die moontlikheid nie dat SALB II ’n

administratiewe taalwettipe is wat eerder met ’n taalskema ooreenkom en wat dan as sodanig

beoordeel behoort te word.

Soos in die geval van die vroeëre beoordeling van SALB Iin hierdie artikel kan ’n prinsipiëler

beoordeling aan die hand van die generiese beginsels van taalwetgewing die slaggate van ’n

normatiewe vergelyking vermy en uiteindelik ’n kontroleerbaarder vergelykingsbasis skep.

5.1 Grondbeginsels in SALB II

Van die drie grondbeginsels by taalwetgewing is slegs die onderwerp-van-die-wet-beginsel

konkreet in SALB II aanwesig. Anders as in die geval van SALB I kom geen direkte

bepalings voor wat met die proklameringsbeginsel verbind kan word nie. Ook die

bindingstaalbeginsel is afwesig en kan nie met direkte verbandhoudende bepalings verbind

word nie. Dit gee reeds ’n vroeë aanduiding dat SALB II in hierdie opsig soos WLA, ’n

normaliserende taalwettipe met ’n baie pertinente opdrag, vergelyk behoort te word. In terme

van SALB II se oogmerke, wat met die onderwerp-van-die-wet-beginsel verbind kan word,

lyk die bedoeling met SALB II egter meer institusionaliserend van aard. Die betrokke

beginsel is aanwesig in vier bepalings in Artikel 2 van die taalwetsontwerp, asook in Artikel

4. Artikel 2 spel die oogmerke met die wetsontwerp uit. SALB II beoog:

338

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(a) to regulate and monitor the use of official languages by the national

government for government purposes;

(b) to promote parity of esteem and equitable treatment of the official languages of

the Republic;

(c) to facilitate equitable access to the services and information of the national

government; and

(d) to promote good language management by the national government for

efficient public service administration and to meet the needs of the public.

Drie van hierdie oogmerke hou pertinent verband met die uitvoering van die nasionale

regering se grondwetlike ampstaalverpligting en is relatief bondig van aard, maar steeds nie

direk en duidelik nie. Tegnies beskou, vestig hierdie oogmerke die taalwetsontwerp as ’n

institusionaliserende taalwettipe – hulle is gerig op die nasionale regering se bestuur van ’n

meertalige ampstaalbestel.

Meer spesifieke oogmerke kom egter wel in Artikel 4 voor. In Artikel 4(1) is die opdrag aan

die nasionale regering ietwat helderer: om binne 18 maande vanaf die inwerkingtreding van

die taalwetsontwerp ’n taalbeleid oor sy gebruik van amptelike tale te aanvaar. Artikel 4(2)

bevat verdere aanwysings, soos dat minstens twee amptelike tale gebruik sal word, dat die

beleid onder meer bepalings oor kommunikasie met die publiek sal bevat, ensovoorts.

Nietemin skram die bepalings daarvan weg om voorskrifteliker te word oor byvoorbeeld hoe

om die aangewese ampstale te kies, ’n keuse wat in hierdie stadium nog vanweë die vaagheid

van die grondwetlike opdrag hieromtrent ’n ernstige beleidsdilemma is. In vergelyking met

ander institusionaliserende taalwettipes, soos OLA en Ks, wat baie konkreter bepalings oor

die onderwerp van die taalwet bevat, skiet SALB II dus in hierdie opsig beslis te kort.

Die oorblywende (tweede) oogmerk van Artikel 2 is ook institusionaliserend van aard, omdat

dit op die ampstaalbestel as sodanig betrekking het, maar is selfs vaer as die ander drie wat

eerder behandel is. Artikel 6(1)(a)(iii) herhaal hierdie oogmerk sonder om noodwendig

daarop uit te brei, maar Artikel 8(f) konsolideer dit wel ietwat verder en maak dit die taak van

die beoogde Taaleenhede om die betrokke oogmerk te help realiseer.

Bepalings van SALB II wat aan die grondbeginsels van taalwetgewing verbind kan word,

word dus grootliks in die vorm van doelstellings en ideale geformuleer. Dit bring mee dat die

aard van die nuwe taalbestel wat deur die Grondwet in die vooruitsig gestel word, steeds

agterweë bly.

Dit lyk dus asof SALB II ’n poging is tot ’n direkte antwoord op, en ’n tegniese nakoming

van, regter Du Plessis se opdrag. Daarom word die rol van die nasionale regering as sodanig

beklemtoon en kan SALB II dus in werklikheid as ’n administratiewe taalwettipe eerder as ’n

meer ambisieuse nasionale taalwettipe beskou word. Artikel 4 van die taalwetsontwerp, wat

‘n spesifieke taalbeleidsopdrag aan die nasionale regering gee, is ’n bevestiging hiervan – wat

van belang is, is dat sigbaar uitvoering gegee moet word aan die regter se opdrag om

sodoende ’n aanduiding te kan gee dat erns gemaak word met die regering se grondwetlike

taalmandaat. Daarom slaag SALB II nie daarin om nasionale ampstaligheid as sodanig in

meer bondige terme te omskryf nie en ook nie om nasionale ampstaligheid aan die

339

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

nasiebouoogmerk in die aanhef tot die Grondwet te verbind nie. Hierdie twee beginsels het

direkter betrekking op ’n nasionale taalwettipe as op ’n beperkte administratiewe taalwettipe,

of eerder ’n regeringstaalskema. Om hierdie redes word dus ’n lae telling toegeken wat betref

die aanwesigheid van grondbeginsels van taalwetgewing by SALB II (sien Tabel 4).

SALB II skiet daarom ook as promoverende taalwettipe te kort. Anders as Clf en WLA spel

SALB II nie spesifieke taalpromoveringsoogmerke uit nie, veral nie met betrekking tot die

amptelike tale wat histories benadeel is nie, hoofsaaklik omdat dit, soos ’n taalskema, ’n stuk

administratief-georiënteerde taalwetgewing beoog.

5.2 Domeinbepalende beginsels in SALB II

SALB II vaar ook nie goed wat betref die aanwesigheid van domeinbepalende beginsels nie.

Nie een van die drie kerndomeinbepalende beginsels is pertinent aanwesig nie. Normatiewe

taalwettipes soos Clf en WLA bevat ten minste bepalings oor kommunikasie met die publiek.

Daar word wel sydelings in Artikel 4(2)(c), en Artikel 4(2)(d) verwys na die noodsaak van

(uiteindelike) taalbeleidsbepalings oor kommunikasie met die publiek. Soos by die bepalings

hier bo is die taal van die betrokke bepalings idealisties van aard.

Hierdie leemte dien as verdere getuienis dat ons hier selfs nie eens met ’n normatiewe

taalwettipe te make het nie. Die lae telling in die kategorie domeinbepalende beginsels moet

in die lig van die voorgaande eintlik as ’n kompliment beskou word, maar word nietemin

toegeken omdat daar wel getuienis bestaan dat die wetsopsteller bewus is van die belang van

taalvoorskrifte oor kommunikasie met die publiek. Die taalbeleid wat met Artikel 4 in die

vooruitsig gestel word, mag hierdie beginsel dalk uiteindelik duideliker laat realiseer.

5.3 Regsinstrumentele beginsels in SALB II

Die een opsig waarin SALB II wel goed presteer, is die aanwesigheid van regsinstrumentele

beginsels. Dit is veral opmerklik in die verskeidenheid instrumente wat in die vooruitsig

gestel word – ’n noodsaaklike element by die daarstel van ’n nuwe taalbestel. Ses hooftipes

instrumente word voorsien: Taaleenhede (Artikels 5–8); Monitering van ampstaalgebruik

(Artikel 9); Openbare Verslagdoening (Artikel 11); Intraregeringsforums oor

ampstaalgebruik (Artikel 12); en Regulasies (Artikel 14). Die skep van ’n

taalklagtemeganisme wat in Artikel 4(2)(f) vermeld word, sou as ’n sesde instrument gereken

kon word, maar word nie soos die ander onder ’n aparte opskrif behandel nie. Geen verdere

bepalings word omtrent hierdie instrument gegee nie.

Die vestiging van Taaleenhede vorm die kernelement van SALB II. Twee tipes word

voorsien: ’n Nasionale Taaleenheid (gevestig in die taallynfunksiedepartment) en

Taaleenhede in die reeds vermelde drie nasionale instansies: nasionale departemente,

nasionale openbare entiteite en nasionale ondernemings. Eersgenoemde se primêre funksie is

adviserend van aard met betrekking tot die lynfunksieminister se mandaat (Artikel 6(1)(a)).

Laasgenoemde is adviserend met betrekking tot die rekenpligtige beampte in elkeen van die

drie instellings (Artkel 8(a)). Die Taaleenhede kry egter ook ’n moniterende funksie (Artikel

340

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

8(b), (c)); moet verslae aan die lynfunksieminister saamstel (Artikel 8(d)); en moet oor die

algemeen met taalbevordering gemoeid wees (Artikel 8(e), (f)). Die Nasionale Taaleenheid

het dieselfde verantwoordelikhede, maar slegs met betrekking tot die lynfunksiedepartement

(Artikel 8(d)).

Monitering is ’n tweede instrument wat voorsien word. Benewens die monitering waarvoor

die Nasionale Taaleenheid en afsonderlike Taaleenhede verantwoordelik is, word in die

eerste plek van die minister self verwag om monitering te doen (Artikel 9(1)). Dit word

uiteraard gedoen deur middel van die twee tipes taaleenhede. Ter ondersteuning van

monitering verkry die Nasionale Eenheid egter ook die mag om die kabinet te versoek om in

te gryp waar een van die gemelde drie nasionale regeringsinstansies in gebreke bly om die

taalwetsontwerp na te kom (Artikel 10). Monitering word bykomend ook gedoen deur middel

van verslagdoening. Elkeen van die drie nasionale instansies moet jaarliks aan die betrokke

minister verslag doen oor die aktiwiteite van sy betrokke taaleenheid, oor die implementering

van sy taalbeleid, oor enige klagtes wat ontvang is en hoe daarmee te werk gegaan is, en oor

enige ander kwessies wat die minister per regulasie mag voorskryf (Artikel 9(2)(a)–(d)).

Verslagdoening hou ook in dat die minister die vorm en inhoud van die vermelde jaarverslae

per regulasie mag voorskryf, asook tydsraamwerke daarvoor mag bepaal (Artikel 9(3)).

Verslagdoening hou verder in dat die lynfunksieminister jaarliks ’n verslag aan die parlement

sal voorlê oor die status van die nasionale regering se gebruik van die amptelike tale vir die

doeleindes van regering (Artikel 11).

Die minister mag ook intraregeringsforums vestig om koördinering, samewerking en

konsultasie tussen die nasionale instansies te bewerkstellig, asook om die implementering van

hulle taalbeleid te koördineer, te belyn en te moniteer (Artikel 12(1)(a)). Die minister verkry

ook magte om hierdie forums se samestelling te bepaal, hulle verwysingsraamwerk vas te lê,

hul vergaderings uit te roep en enige ander sake met betrekking tot hul effektiewe

funksionering te reël (Artikel 12(1)(b)).

In samewerking met Pansat mag die minister ook regulasies uitvaardig met betrekking tot die

vorm en inhoud van taalbeleide (Artikel 14(1)(a)), die tydsraamwerk vir die vestiging van die

twee tipes taaleenhede (Artikel 14(1)(b)), asook enige ander sake wat kragtens die

taalwetsontwerp gereguleer word. ((Artikel 14(1)(e)-(f)). Die minister moet wel voordat die

regulasies gemaak word, dit as voorstelle in die Staatskoerant vir openbare kommentaar

publiseer, 30 dae vir kommentaar toelaat en die kommentaar oorweeg (Artikel 14(2)).

Al hierdie bepalings bevat ’n positiewe element met betrekking tot die hoofoogmerke van die

taalwetsontwerp. Artikel 13 (Uitsonderings), bevat egter wat sommige as negatiewe elemente

sou kon beskou. Voorsiening word gemaak dat die minister vrystelling kan verleen aan

nasionale instansies om Taaleenhede op te rig, mits ’n skriftelike vertoë volgens die minister

se voorskrifte gerig word en mits so ’n instansie die take van die Taaleenheid aan ’n senior

amptenaar oordra. Daar word wel effektief voorsiening gemaak vir ’n alternatiewe vorm van

monitering. In beginsel word die instrumentele rol wat ’n Taaleenheid in so ’n geval sou

gespeel het, dus nie laat vaar nie.

341

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dis opvallend dat al hierdie instrumente betrekking het op die nasionale regering se

taalverpligtinge. Die laaste instrument, klagtelegging, is een wat meer bepaald op die

landsburgers betrekking kan hê. Soos vermeld, word dit onder twee subartikels behandel:

Artikel 4(2)(f) en Artikel 9(2)(c). Alhoewel dit ’n uiters belangrike bepaling is vir doeleindes

van die publiek, word dit nie as ’n afsonderlike hoofartikel behandel nie. Dit bevestig die

hoofoogmerk met die taalwetsontwerp om ’n raamwerk te skep vir die nakoming van die

nasionale regering se grondwetlike taalverpligtinge. Die wetsontwerp stel dus nie in die

eerste plek ’n raamwerk vir die realisering van burgelike taalregte in die vooruitsig nie, juis

omdat dit nie voorgee om ’n nasionale taalwettipe te wees nie. Vandaar dat klagtelegging nie

prominent as instrument voorkom nie en dat ook nie meer besonderhede oor prosedures

ensovoorts gegee word nie.

Oorwegend beskou, realiseer SALB II inderdaad die beginsel van ’n verskeidenheid

regsinstrumente. Wat die beginsel van seggingskrag van regsinstrumente betref, vaar SALB

II ook relatief goed. Heelwat mag word aan die lynfunksieminister toegeken deur middel van

die mandaat met betrekking tot die uitreik van regulasies (Artikel 14). Ook opvallend is die

nakomingsopdrag wat in Artikel 10 gegee word en die mag wat in hierdie opsig aan die

kabinet toegeken word. Van groter belang is egter die feit dat verslag aan die parlement oor

die realisering van die nasionale regering se taalmandaat op ’n vaste basis gedoen moet word.

Die sentralisering van mag in die lynfunksieminister en -departement kan egter ook as ’n

probleem geïdentifiseer word. Dit maak van die minister spreekwoordelik tegelykertyd speler

en skeidsregter. Daarom is dit moeilik om te verklaar waarom Pansat as outonome, statutêre

liggaam nie eerder hierdie funksies opgedra word nie. So iets sou verligting kon bring vir die

moeilike posisie waarin die minister hom/haar sou kon bevind. Ook die mag wat aan die

kabinet toegeken word, kan problematies word. Die kabinet se rol by die onttrekking van

SALB I aan die wetgewende proses is nie juis gerusstellend wat toekomstige

taalbestuursinisiatiewe betref nie.

Die afbakening-van-taalregte-beginsel, die derde regsinstrumentele beginsel, is afwesig.

Waar SALB I nog bepalings hieromtrent bevat het, verswyg SALB II dit, buiten die enkele

indirekte verwysings na klagtelegging.

Tabel 4 toon die resultate van die meting wat volg uit die voorgaande ontleding aan die hand

van die beginsels van taalwetgewing. Dit word vergelykend naas die metingsresultate vir

SALB I aangebied.

So ’n vergelyking stel ons in staat om die strukturele verskille tussen die twee weergawes van

die wetsontwerp te kan blootlê.

342

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tabel 4. ’n Vergelyking van SALB I en SALB II aan die hand van die metingskema by

die oorweging van die sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

Beginsels SALB I SALB II

Grondliggend

Domeinbepalend

Regsinstrumenteel

Proklamering van

ampstaal

Hantering van

bindingstaalvraagstuk

Onderwerp van die

taalwet

Kommunikasie met

burgery

3 0

3 0

5 3

3 3

Taal van onderrig 0 0

Linguistiese aspekte

van burgerskap

0 0

Verskeidenheid 5 5

Seggingskrag 5 5

Afbakening van

taalregte

3 0

Totaal 27 16

Dit is opvallend dat ingrypende verskuiwings by SALB II voorkom. Die aard van die

vergelyking maak dit egter nou moontlik om die vinger te lê op die basis vir die verskille

eerder as om ’n waarde-oordeel daaroor te fel. Uiteindelik is slegs 35,6 persent (16/45) van

die taalwetgewende beginsels by die huidige taalwetsontwerp aanwesig, teenoor die 60

persent wat nog by SALB I teenwoordig was. Hierdie onnoemenswaardige telling bevestig

bo alle twyfel dat SALB II allermins as nasionale taalwettipe beoordeel behoort te word en

dat die betrokke wetgewing inderdaad eerder as ’n soort taalskema getakseer moet word. ’n

Ontleding van SALB II as nasionale taalwettipe, en daarbenewens opgeweeg teen SALB I,

kan ’n mens op die verkeerde spoor plaas en uiteindelik ook kontraproduktief word. So word

die leemtes van SALB II as taalskematipe nie blootgelê nie. Indien die wetsopsteller wel ’n

nasionale taalwet oorweeg, lê die vergelyking aan die ander kant verskeie grondliggende

tekortkominge bloot wat van waarde kan wees.

6. Slotsom

Die oogmerk met hierdie artikel was om vas te stel of die Oktober 2011-weergawe van SALB

II inderdaad as nasionale taalwettipe beoordeel kan word soos wat heelwat ontleders geneig

is om te doen. Om hierdie vraag te kon beantwoord, is stilgestaan by ’n aantal kernbeginsels

van taalwetgewing aan die hand waarvan taalwetgewing as institusionaliserend of

343

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

normaliserend geklassifiseer kan word. Die inherente verskille tussen hierdie twee hooftipes

is behandel aan die hand van vier taalwetmodelle (taalwettipes) en ’n meetinstrument is

ontwikkel wat die ontleding van taalwetgewing op ’n generiese basis kan vergemaklik. ’n

Beoordeling is toe gemaak van die twee Suid-Afrikaanse taalwetsontwerpe ter hande, SALB

I en SALB II, aan die hand van hierdie skema. Een van die belangrike perspektiewe wat

hierdie beoordeling na vore gebring het, is die belang van ’n groter-waarde-benadering waar

nie normatief te werk gegaan word nie. ’n Ontleding van enkele reaksies uit Afrikaanse oord

op SALB II het die probleme met so ’n normatiewe benadering uitgewys en die noodsaak van

’n andersoortige ontleding bevestig.

Die moontlike wins van die benadering wat hier voorgehou word, is dat beter gekonsentreer

kan word op die inherente eienskappe van SALB II as wetlike meganisme by die regulering

van Suid-Afrika se ampstaalbestel binne die nasionale regering, met ander woorde as ’n soort

taalskema. So kan ’n konstruktiewer debat gevoer word oor die mate waarin SALB II as

taalskema kan slaag, met ander woorde as ’n stuk taalwetgewing met opvallend beperkter

oogmerke as dié van ’n nasionale taalwet. Dit is ’n benadering wat nie noodwendig die

belang van ’n uiteindelike nasionale taalwet onderskat nie. Inteendeel, ’n saak sou steeds

uitgemaak kon word dat Suid-Afrika ’n institusionaliserende taalwettipe benodig om die

ampstaalbestel op nasionale vlak te rig, of andersins ’n normaliserende taalwet om die posisie

van die histories ingekorte ampstale te verbeter. Maar voorlopig beskou, is die Oktober 2011weergawe

van SALB II ’n belangrike stap om die nasionale regering as sodanig tot ten

minste amptelike tweetaligheid (en sedert SALB II.1 en SALB II.2 nou amptelike

drietaligheid) te verbind, ’n verbintenis wat tot nou toe nie gerealiseer het nie. Verdere stappe

kan mettertyd volg en meer gespesifiseerde taalskemas ontwikkel word om ’n groter mate

van implementering te bewerkstellig. ’n Openlike verbintenis tot amptelike twee- of

drietaligheid bied sekerlik ’n sterker grondslag vir die implementering van die grondwetlike

taalmandaat as die huidige verskuilde verbintenis tot amptelike eentaligheid. Selfs ander

vorme van amptelike meertaligheid (byvoorbeeld op streeksvlak) sou mettertyd kon volg sou

verdere taalskemas ontwikkel word.

Wat hierdie beoordeling blootgelê het, is dat daar ’n belangrike verskuiwing in denke vanaf

SALB I plaasgevind het. Waar ’n nasionale taalwet nog in 2003 as ’n belangrike

taalbeleidsmeganisme gesien is om amptelike meertaligheid te laat realiseer, het die

beleidmaker van 2011 ’n veel minder realistiese benadering. Daar word nou in die eerste plek

gekonsentreer op die nakoming van die hofbevel teen die nasionale regering in verband met

sy verpligte taalreguleringsmandaat. SALB II is dus letterlik ’n poging op papier om verdere

regsgedinge rondom die betrokke hofbevel te probeer voorkom. In die tweede plek word die

taalwetsontwerp sodanig ingerig dat dit vir die lynfunksiedepartement en enige ander

staatsinstelling moontlik sal wees om sonder enige finansiële implikasies te kan aantoon dat

die nasionale regering se taalmandaat in beginsel nagekom word. Die denke het dus wesenlik

verskuif van ’n meer ambisieuse aanpak tot ’n tegnies korrekte benadering wat, sou dit

geïmplementeer word, wel kan lei tot die vestiging van amptelike twee- of drietaligheid. In

beginsel is wegbeweeg van die ideaal van ’n nasionale taalwet in 2003 na ’n meer koherente

administratiewe taalwettipe of nasionale regeringstaalskema in 2011.

344

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dit is egter wel van belang dat die meriete van SALB II as ’n soort taalskema verder

beoordeel behoort te word. Die ontleding wat in hierdie artikel gemaak is, het die volgende

wesenlike leemtes by SALB II as wetlike meganisme blootgelê:

1. ’n Oorwegende geneigdheid tot vae en idealistiese bepalings wat uiteindelik op

regeringskantoorvlak moeilik uitvoerbaar is.

2. ’n Oormatige beklemtoning van die rol van die lynfunksieminister en die kabinet.

3. Oorvleueling met die rol en werksaamhede van Pansat.

4. Die afwesigheid van ’n klinkklare ampstaaldoelstelling.

5. Gebrekkige bepalings met betrekking tot kommunikasie met die publiek.

Die eerste drie probleemareas is algemeen van aard en die laaste twee het betrekking op die

lae tellings wat die meting uitgewys het in twee beginselkategorieë: by grondliggende

beginsels (onderwerp van die taalwet) en by domeinbepalende beginsels (kommunikasie met

die publiek). Regstellings omtrent hierdie vyf punte kan help om groter standvastigheid binne

hierdie administratiewe taalwettipe of taalskema te bewerkstellig en ook om die

bestuurbaarheid daarvan te verbeter. Dit sal egter wel meebring dat die skynbare vrees vir

voorskriftelikheid onder die nuwe regeringslui oorkom sal moet word. Die stap wat na afloop

van die openbare verhoor oor die Oktober 2011-weergawe van SALB II in die eerste kwartaal

van 2012 gedoen is om amptelike drietaligheid vir die nasionale regering te oorweeg, sou in

hierdie opsig wel as positief beoordeel kon word. Dat die stap egter Afrikaans se posisie as

gevestigde ampstaal kan benadeel, is ’n eiesoortige vraagstuk wat indringende verdere

bespreking vereis, iets wat nie binne die onmiddellike opgawe van hierdie artikel val nie.

Een van die moontlike gevare van ’n oormatige aandrang op ’n nasionale taalwet as sodanig

(in plaas van ’n verskeidenheid taalskemas soos in Wallis) is dat dieselfde mate van

verwarring en dubbelsinnigheid as wat by SALB I voorgekom het, na die tafel teruggebring

word. Die geleentheid om met ’n minder ambisieuse en dalk meer werkbare wetlike

meganisme vorendag te kom, kan daardeur dalk verlore gaan. Vanuit ’n kontekstuele hoek

beskou, kan ’n groter mate van taalpolitieke pragmatisme dalk op langer termyn meer winste

oplewer. ’n Mens moet in gedagte bly hou dat die nuwe wetgewer nie noodwendig die

noodsaak van taalwetgewende ingrepe by die bestuur van ’n ampstaalbestel insien nie. ’n

Senior amptenaar van die betrokke lynfunksiedepartement het juis tydens ’n telefoongesprek

met my vroeër in 2011 betekenisvol opgemerk dat taalwette nie inherent deel vorm van die

taalbestuurskultuur op ons kontinent nie. 6 Meer moeite sal gedoen moet word om hierdie

andersoortige benadering tot taalvoorskriftelikheid te verreken. Die basiese eerste stap tot

voorskriftelikheid, hoe kontensieus ook al, wat inderdaad nou gedoen is, behoort dus as

vertrekpunt te dien vir ’n verdere gesprek oor die werkbaarheid van SALB II en sy latere

weergawes as taalskema bedoel vir die nasionale regering.

Uiteraard vorm die voorgestelde en beslis problematiese drietaligheidsvoorskrif deel van ’n

verdere gesprek, maar dit moet nie die beraadslaging so oorheers dat die ander grondliggende

leemtes wat hier blootgelê is, uit die oog verloor word nie. Deur eerder op laasgenoemde te

konsentreer, kan die beraadslagers dalk gehelp word om terug te keer na die aanvanklike

ideale met die uitwerk van ’n nuwe taalbedeling vir Suid-Afrika wat teen die einde van 1993

345

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in die vooruitsig gestel is. Hassen Ebrahim vat een van hierdie ideale heel gepas in sy boek

The soul of the nation: Constitution-making in South Africa, soos volg saam:

Bibliografie

The compromise found [in 1993] was to cater for eleven official languages without

diminishing the status of Afrikaans. (Ebrahim 1998:168)

Algemene bronne

AfriForum. 2010a. AfriForum tevrede met saak oor nasionale taalbeleid. AfriForum

Mediaverklarings. http://www.afriforum.co.za/2010-03-08-afriforum-tevrede-met-saak-oornasionale-taalbeleid

(13 September 2011 geraadpleeg).

AfriForum. 2010b. AfriForum verwelkom uitspraak in taalhofsaak as deurbraak. AfriForum

Mediaverklarings. http://www.afriforum.co.za/toets (13 September 2011 geraadpleeg).

ATR (Afrikaanse Taalraad). 2010. ATR-persvrystelling: Uitspraak oor talewet. Taal |

Language > Taaldebat | Language Debate > Kennisgewings | Notices.

http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=84000

(15 September

2011 geraadpleeg).

Carstens, W. 2012. Fwd: Uitgebreide gesprek oor Afrikaans: 22 Februarie 2012, e-pos van

Wannie.Carstens@nwu.ac.za op 2012/02/11. Potchefstroom: Wannie Carstens.

De Bruin, P. 2011. Wetsontwerp oor taal reg om parlement toe te gaan.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Wetsontwerp-oor-taal-reg-om-parlement-toe-tegaan-20110710#

(16 Augustus 2011 geraadpleeg).

Demotix. 2010. Ukrainians rally against Language Law, ID: 464902. Demotix.

EUROPE>Ukraine>Kiev, in Politics. http://www.demotix.com/news/464903/ukrainiansrally-against-language-law

(3 November 2011 geraadpleeg).

Du Plessis, T. 2009. Taalwetgewing in Suid-Afrika. LitNet Akademies, 6(3):132–54.

http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_6_3_du_plessis.pdf (31 Januarie 2012

geraadpleeg).

−. 2010. ’n Taalwet vir Suid-Afrika? Die rol van sosiolinguistiese beginsels by die ontleding

van taalwetgewing. LitNet Akademies, 7(2):65–97.

http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_7_2_duplessis.pdf (31 Januarie 2012

geraadpleeg).

Du Preez, J. 2011. The Language of Our Choice – Concerns about the 2011 SA Language

Bill. FW de Klerk Foundation > Posts. https://www.givengain.com/cgi-

346

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=108499&cause_id=2137 (6 September

2011 geraadpleeg).

Dunbar, R. 2005. The Gaelic Language (Scotland) Act. The Edinburgh Law Review, 9:466–

79.

Ebrahim, H. 1998. The soul of a nation: Constitution-making in South Africa. Kaapstad:

Oxford University Press.

GCIS (Government Communication and Information System). 2011. Statement on the

Cabinet meeting of 22 June 2011. Bua News Online.

http://www.buanews.gov.za/rss/11/11062312351002 (18 Augustus 2011 geraadpleeg).

Herman. 2011. Taalwet bepleit vir Afrikaans. Koerant.com. Die nuus in Afrikaans.

http://www.koerant.co.za/uncategorized/taalwet-bepleit-vir-afrikaans-5236 (18 Augustus

2011 geraadpleeg)

Hogan-Brun, G., U. Ozolins, M. Ramonienė en M. Rannut. 2009. Language politics and

practices in the Baltic states. Tallinn: Tallinn University Press.

Jones, L. 2011. Wales' first Welsh Language Commissioner appointed. WalesOnline.co.uk.

http://www.walesonline.co.uk/news/education-news/2011/10/05/wales-first-welsh-languagecommissioner-appointed-91466-29545861/#ixzz1a0Znw3wZ

(15 November 2011

geraadpleeg).

Larrivée, P. (red.). 2003. Linguistic conflict and language laws. Understanding the Quebec

question. Hampshire, New York: Palgrave Macmillan.

Larrivée, P. 2003. Anglophones and Allophones in Quebec. In Larrivée (red.) 2003.

LitNet. 2011. Die nuwe Wetsontwerp op SA Tale. Seminaarkamer / Seminar room.

http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=talewet

(6 September 2011

geraadpleeg).

—. 2012. ’n Nasionale taalwet vir Suid-Afrika: Noodsaaklik vir die behoud van inheemse tale

of onrealisties? Projekte en webseminare: http://www.litnet.co.za/Article/-n-nasionaletaalwet-vir-suid-afrika-noodsaaklik-vir-die-behoud-van-inheemse-tale-of-onrea

(18 Maart

2012 geraadpleeg).

Lloyd, J. 2011a. Die Taalwet se haalbaarheid. LitNet Rubrieke/Columns.

http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=107321&cat_id=175

(18

Augustus 2011 geraadpleeg).

—. 2011b. Nuwe wet eerste stap om verengelsing om te keer. Rapport, 31 Julie, bl. 8.

347

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Lourens, C. 2008. Kennisgewing van voorneme om 'n mandamus teen u as hoof van die

Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie te bring weens u versuim om

nasionale wetgewing ingevolge Artikel 6(4) van die Grondwet, Wet 106 van 1996, te laat

promulgeer. Brits: Lourens Prokureurs.

—. 2009. Insake: CJA Lourens / President van RSA en Andere. Ons verw: CJA Lourens/ss,

30 November 2009. E-pos korrespondensie. Brits: Lourens Prokureurs.

—. 2010a. Insake: Taalsaak: CJA Lourens / President van die RSA. Ons verw: CJA

Lourens/ss. 25 Januarie 2010. E-pos korrespondensie. Brits: Lourens Prokureurs.

—. 2010b. Einde aan willekeurige taalbestel deur die nasionale regering. Menings | Opinion

> SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Essays. http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=84806

(15 September 2011 geraadpleeg)

—. 2011. Ou en nuwe taalwet konsepte 2003 en 2011. 12082011.doc. Brits: Lourens

Prokureurs.

Lourens Prokureurs. 2011. Taalsaak. Lourens Prokureurs.

http://lourensprokureurs.com/index.php?option=com_content&view=article&id=2&Itemid=3

(8 September 2011 geraadpleeg).

October, A. 2011. Wet voorgelê om staat se taalgebruik te reguleer. Beeld, 8 November 2011.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Wet-voorgele-om-staat-se-taalgebruik-te-reguleer-

20111107 (31 Januarie 2012 geraadpleeg).

Pavlenko, A. (red.). 2008. Multilingualism in Post-Soviet countries. Bristol: Multilingual

Matters.

Phaahla, M. 2006. 2011/2012 Budget vote speech by the Deputy Minister of Arts and

Culture, Dr Mj Phaahla, to the National Assembly, 1 June 2011. Department of Arts and

Culture. http://www.dac.gov.za/speeches/dminister/2011/1-06-2011.html (18 Augustus 2011

geraadpleeg).

Sachs, A. 1994. Language rights in the new South African constitution. English Academy

Review, 11:105–31.

SATI Office. 2012. SAVI Flits 18-2012: Bespreking oor SA Talewet, saviflits@googlegroups.com,

2012/02/24. Pretoria: Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) /

South African Translators' Institute (SATI).

Singh, A. 2008. Notice of intention to launch mandamus proceedings against Minister of Arts

and Culture. Pretoria: Departement Kuns en Kultuur.

Skutnabb-Kangas, T., R. Phillipson en M. Rannut (reds.). 1995. Linguistic human rights:

overcoming linguistic discrimination. Berlin: Mouton de Gruyter.

348

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Steward, D. 2011. Ideale talewet kort nou praktiese voorstelle. Maroela Media / Dié Groot

Debat. http://maroelamedia.co.za/blog/die-groot-debat/ideale-talewet-kort-nou-praktiesevoorstelle/

(6 September 2011 geraadpleeg).

Sukumane, J. 2011. Latest version of SALB. E-pos korrespondensie. Pretoria: Departement

Kuns en Kultuur.

Turi, J.-G. 1995. Typology of language legislation. In Skutnabb-Kangas e.a. (reds.) 1995.

Van der Elst, J. 2011. Nuwe talewet: ’n Holderstebolder dokument? LitNet Taaldebat /

Language debate. http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=108954&cat_id=214

(6

September 2011 geraadpleeg).

Van der Rheede, C. 2011. Veeltaligheid en die weg vorentoe. LitNet Taaldebat / Language

debate. http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=108922&cat_id=214

(6

September 2011 geraadpleeg).

Webb, V. 2011. Lewegewing aan ’n herrese SA Talewet? LitNet Taaldebat / Language

Debate. http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=109020&cat_id=214

(6

September 2011 geraadpleeg).

Welsh Language Board. 2011. Welsh Language Measure – what’s happening. The Welsh

Language. http://www.byig-wlb.org.uk/English/welshlanguage/Pages/MesurIaith.aspx (15

November 2011 geraadpleeg).

Williams, C. 2008. Linguistic minorities in democratic context. Hamsphire: Palgrave

MacMillan.

Staatsdokumente

DAC (Department of Arts and Culture). 2002. National Language Policy Framework. Final

draft. 13 November. Pretoria: Departement Kuns en Kultuur.

—. 2003. South African Languages Bill. Revised final draft. 24 April. General notices /

Algemene kennisgewings 1514 of 2003. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2010. South African Languages Bill. Legislation: Bills. http://www.dac.gov.za/bills.htm

(20 September 2011 geraadpleeg).

—. 2012. Amendments proposed Use of Official Languages Bill, 2011. Dokument uitgedeel

by die vergadering van die Portefeuljekomitee: Kuns en Kultuur, 6 Maart 2012. Pretoria:

Department Arts and Culture

349

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Department of Justice, Canada. 1985. Official Languages Act, R.S.C., 1985, c. 31 (4th

Supp.). Ottowa: Department of Justice.

Éditeur officiel du Québec. 1977. Charte de la langue française. L.R.Q., chapitre C-11.

Quebec City: Éditeur officiel du Québec.

Houses of Oireachtas. 2003. Official Languages Act, No. 32 of 2003. Dublin: Houses of

Oireachtas.

Latvijas Republikas Saeima [Parlement van die Letlandse Republiek]. 1999. Valsts valodas

likums[Staatstaalwet]. Riga: Latvijas Republikas Saeima.

Ministry of Justice, Finland. 2003. Sámi Language Act (1086/2003). [Nie-amptelike Engelse

vertaling.] Helsinki: Ministry of Justice.

New Zealand Government. 1987. Ma¯ori Language Act 1987, No. 176. Auckland: New

Zealand Government.

—. 2006.New Zealand Sign Language Act 2006. No. 18. Auckland: New Zealand

Government.

Parliament of the United Kingdom. 1993. The Welsh Language Act 1993. Chapter 38.

Londen: The Crown.

—. 2005. Gaelic Language (Scotland) Act 2005. Londen: The Crown.

PC Arts (Portfolio Committee: Arts and Culture). 2011. South African Languages Bill:

Department of Arts and Culture briefing. Meeting Report, 15 Nov 2011, Parliamentary

Monitoring Group. http://www.pmg.org.za/report/20111116-department-arts-and-culture-salanguages-bill-bill-23-2011

(29 Maart 2012 geraadpleeg).

—. 2012a. South African Languages Bill [B23-2011]: public hearings Day 1. Meeting

Report, 16 Jan 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120117-south-african-languages-bill-b23-2011-publichearings-day-1

(9 Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012b. South African Languages Bill [B23-2011]: public hearings Day 2. Meeting

Report, 17 Jan 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120118-public-hearings-south-african-languages-bill-b23-

2011 (9 Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012c. South African Languages Bill: Minister and Department of Arts and Culture

Response to Submissions. Meeting Report, 24 Jan 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120125-consideration-south-african-languages-bill-b23-

2011 (18 Maart 2012 geraadpleeg).

350

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2012d. SA Languages Bill: briefing by Department of Arts and Culture on amendments.

Meeting Report, 31 Jan 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120201-consideration-south-african-languages-bill-b23-

2011-second-briefing-d (21 Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012e. South African Languages Bill [B23-2011]: deliberations. Meeting Report, 14 Feb

2012, Parliamentary Monitoring Group. http://www.pmg.org.za/report/20120215consideration-south-african-languages-bill-b23-2011

(18 Maart 2012 geraadpleeg).

—. 2012f. South African Languages Bill: deliberations on proposed amendments. Meeting

Report, 28 Feb 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120228-consideration-and-adoption-eastern-cape-andwestern-cape-oversight-re

(18 Maart 2012 geraadpleeg).

—. 2012g. Use of Official Languages Bill (SA Languages Bill): debate reopened on Clause

4. Meeting Report, 6 Mar 2012, Parliamentary Monitoring Group.

http://www.pmg.org.za/report/20120307-consideration-and-adoption-draft-amendments-listlist-south-african-l

(18 Maart 2012 geraadpleeg).

Republic of India. 1963. The Official Languages Act (Act No. 19 of 1963). New Delhi:

Government of the Republic of India.

Republic of Ireland. 2003. Official Languages Act, 2003. Number 32 of 2003. Dublin:

Republic of Ireland.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1944. Landdroshowewet, Wet 32 van 1944. Pretoria:

Staatsdrukker.

—. 1996a. Constitution of the Republic of South Africa. Act 108 of 1996 . Pretoria:

Staatsdrukker.

—. 1996b. Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011a. South African Languages Bill. http://196.22.136.92/redblock/satalewet/wpcontent/uploads/2011/07/NATIONAL-LANGUAGE-BILL.pdf

(16 Augustus 2011

geraadpleeg).

—. 2011b. South African Languages Bill. Government Gazette/Staatskoerant, No./Nr. 34675,

12 October/Oktober 2011 . Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2012a. South African Languages Bill. Dokument uitgedeel by ’n vergadering van die

Portefeuljekomitee: Kuns en Kultuur, 14 Februarie 2012. Pretoria: Minister of Arts and

Culture.

—. 2012b. Use of Official Languages Bill. Dokument uitgedeel by ‘n vergadering van die

Portefeuljekomitee: Kuns en Kultuur, 6 Maart 2012. Pretoria: Minister of Arts and Culture.

351

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

RT (Riigi Teataja). 1995. Keeleseadus [Taalwet]. Passed 21 February 1995. Entered into

force 1 April 1995. RT I 1995, 23, 334. Tallinn: Riigi Teataja [Staatskoerant].

Vidomosti Verkhovnoyi Rady Ukrayiny (VVR). 1989. Law of the Ukrainian Soviet Socialist

Republic "On Languages in the Ukrainian Soviet Socialist Republic", 1989, issue 45, page

631. Changed and amended according to Law of Ukraine #75/95-VR of 28 February 1995,

VVR 1995, issue 13, page 85. [Nie-amptelike Engelse vertaling.] Kyiv: Vidomosti

Verkhovnoyi Rady Ukrayiny.

Welsh Assembly Government. 2007. Welsh Language Scheme. Cardiff: Welsh Assembly

Government.

Regsdokumente

Cornelus Johannes Alexander Lourens versus The President of the Republic of South Africa

and Others. 2009a. CCT 26/09, 26 September, Die Grondwethof, Republiek van Suid-Afrika.

—. 2009b. Beëdigde Verklaring, 49807/09, 14 Augustus, Noord-Gautengse Afdeling van die

Hooggeregshof, RSA.

—. 2010a. First to Fourth Respondents Answering Affidavit, 49807/09, 4 Februarie 2010,

Noord-Gautengse Afdeling van die Hooggeregshof, RSA.

—. 2010b. Repliek, 46807/09, 11 Februarie 2010, Noord-Gautengse Afdeling van die

Hooggeregshof, RSA.

—. 2010c. Hoofde van Betoog, 49807/09, 18 Februarie 2010, Noord-Gautengse Afdeling van

die Hooggeregshof, RSA.

—. 2010d. Respondents' Heads of Argument, 49807/09, 24 Februarie 2010, Noord-

Gautengse Afdeling van die Hooggeregshof, RSA.

—. 2010e. Aanvullende verbeterde hoofde namens applikant, 49807/09, 4 Maart 2010,

Noord-Gautengse Afdeling van die Hooggeregshof, RSA.

—. 2010f. Uitspraak, 49807/2009, 8 Maart 2010, Noord-Gautengse Afdeling van die

Hooggeregshof, RSA.

The Constitutional Court of South Africa. 2009. Cases dismissed 2009 for the week ending

on 18 December 2009. Johannesburg: Die Grondwethof van Suid-Afrika.

352

Eindnotas

1 Die betrokke skakel blyk intussen gedeaktiveer te wees.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2 Die relevante skakel, “South African Languages Bill”, op die Departement Kuns en Kultuur

se webwerf, Legislation: Bills (DAC 2010) het tot op 27 Oktober 2011 die besoeker by ’n

ander wetsontwerp, die South African Community Library and Information Services Act,

2010, uitgebring.

3 ’n Eerste weergawe het in 1969 verskyn.

4 Tans word nuwe wetgewing wel oorweeg wat Russies herveramptelik in die Oekraïne en

wat amptelike tweetaligheid wil vestig. Daar is heelwat opposisie teen die taalwetsontwerp,

soos blyk uit beriggewing hieromtrent (Demotix 2010).

5 ’n Walliese taalkommissaris is ondertussen bykomend aangestel (Jones 2011). Volgens die

Walliese taalraad se webwerf volg hierdie stap ingevolge ’n voorsiening in die sogenaamde

Welsh Language Measure wat gedurende 2011 aanvaar is (Welsh Language Board 2011).

6 Die persoon se identiteit word verswyg omdat die opmerking in vertroulike omstandighede

gemaak is.

353

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

"ek het ’n liggaam, daarom is ek" 1 : Outobiografiese

elemente in Antjie Krog se Verweerskrif 2

Opsomming

Marisa Botha

Marisa Botha, postdoktorale navorsingsgenoot, Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Antjie Krog is bekend as grensverskuiwende digter, maar met die publikasie van

Verweerskrif (2006) ontlok sy moontlik die hewigste kritiek ooit in haar poëtiese loopbaan.

Die kritiek sentreer op die uitdagende omslag, asook op onontginde temas in die Afrikaanse

digkuns: menopouse en die ouer vrou se seksualiteit. Uit talle kritici en lesers se menings in

die media blyk dat hierdie taboe-deurbrekings nie slegs as digkuns gelees word nie, maar

direk met die digter verbind word. Die talle ooreenkomste tussen die liriese “ek” in die

gedigte en die outobiografiese “ek” van die digter dra by tot die interpretasie van Krog se

verse as outobiografies en is dus meer ontstellend vir diegene wat die temas onder bespreking

as taboe beskou. In hierdie artikel word die outobiografiese elemente, soos verstaan deur die

“outobiografiese pakt”, in Krog se verse ondersoek en word verskeie taboe-deurbrekings op

taal- en tematiese vlak uitgelig. Philippe Lejeune (1995) se term outobiografiese pakt dui op

die ingebedde outobiografiese kode, oftewel outobiografiese elemente in ’n teks, wat

ooreenstem met die skrywer of digter. Wanneer digters sulke elemente inbed in hul werk, is

dit ’n uitnodiging aan die leser om hul werk op meer as net ’n kunsvlak te interpreteer – dit is

’n uitnodiging tot ’n outobiografiese lesing. Aangesien gedigte nie ewe veel outobiografiese

kenmerke weerspieël nie, en sommige outobiografiese merkers meer verhuld as ander is,

onderskei ek tussen vier kategorieë: direk outobiografiese, indirek outobiografiese, universele

en algemene gedigte. Vir die doel van hierdie artikel fokus ek op direk en indirek

outobiografiese gedigte. Die direkte variant bevat name of plekname wat met die digter

skakel; gedigte wat deur agtergrondskennis van die digter se lewe ’n outobiografiese

dimensie verkry, heet indirek outobiografiese gedigte. Daar is egter talle nuanses in hierdie

kategorieë, weens digterlike vryheid en die onbepaalbaarheid van feite. 3

Trefwoorde: Antjie Krog; outobiografie; Suid-Afrikaanse digkuns; vroueliggaam; taboedeurbrekings;

Verweerskrif

Abstract

“I have a body, therefore I am”: Autobiographical elements in Antjie Krog’s Body

bereft

Antjie Krog is known as a groundbreaking poet, but with the publication of Body bereft

(2006) she elicited possibly the most severe criticism in her poetic career. The criticism

seems to be centred on the provocative cover as well as on unexplored themes in South

African (especially Afrikaans) poetry: menopause and the older woman's sexuality. From

various critics’ and readers' opinions in the media it appears that this taboo-breaching is not

merely read as poetry, but is linked directly with the poet. The countless similarities between

354

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

the lyrical “I” in the poems and the autobiographical “I” of the poet add to the interpretation

of Krog's poems as autobiographical and thus more distressing for readers who consider such

themes taboo. In this article the autobiographical elements, as understood by the

“autobiographical pact”, in Krog's poetry are investigated, as well as various language and

thematic taboos. Philippe Lejeune's (1995) term autobiographical pact indicates the (mostly)

implicit autobiographically embedded code, or autobiographical elements in a text, that

correspond to the poet or author. When poets embed such elements in their work it is an

invitation to the reader to interpret their work on more than just an artistic level – it is an

invitation to an autobiographical reading. Since poems do not reflect autobiographical

features equally, and in some instances autobiographical markers are more disguised than in

others, I distinguish between four categories: direct, indirect, general and universal. For the

purpose of this article I focus only on directly and indirectly autobiographical poems. The

direct variant contains names or place names that link to the poet; while poems which gain an

autobiographical dimension when background knowledge of the poet's life is taken into

account are referred to as indirectly autobiographical poems. There are many nuances in this

category, because of poetic licence and the indeterminacy of facts.

Lejeune admits that instead of a definition of autobiography which excludes poetry, he

should rather have refined the focus:

I should have designated as the center of the present system this tension between

referential transparency and aesthetic pursuit […] that on both sides of a point of

balance, there existed a continuous gradation of text going, on one side, toward the

banality of the curriculum vitae, and on the other, toward pure poetry. At the two

extremities of the spectrum, the autobiographical contract, for opposite reasons, is

found to lose its credibility. (Lejeune 1995:128, my emphasis)

In this explanation the core issue of poetic autobiographical writings emerges: the tension

between referential transparency and aesthetic pursuit. It is ironic that the artistic aspect,

which predominantly receives preference in poetry, principally contributes to the difficulty of

the analysis of autobiographical poems. This is understandable, as poetry is built on a

tradition of aesthetics. Lejeune argues sensibly that the two extreme poles of the spectrum,

pure poetry and pure autobiography, are where the autobiographical pact loses credibility.

The autobiographical pact is based on the use of proper names or variants thereof that link

firstly with the name on the cover, secondly with the autobiographical first person in the

poems, and thirdly by the transfer of the truth, directly or indirectly present or even absent in

some cases (cf. Lejeune's prose theory 1995:14–6). Different readings of a given text and

vastly varying interpretations of the autobiographical pact can coexist. If at least two of the

three requirements of the autobiographical enterprise, namely the link between the poet and

the lyrical “I” and the inclusion of varying forms of the proper name, are present in the text, it

is an indication that the poet most likely wishes her work to be read as autobiographical. In

such cases the lyrical “I” is interpreted as the autobiographical “I”. The third requirement of

honesty or "truth" is a subjective representation which is largely not scientifically verifiable

(cf. Lejeune 1995:20–1).

Compared with the well-developed theory of the autobiographical genre in prose form

relatively little has been published on the theory of autobiographical poetry. I build on

Lejeune's autobiographical theory with my classification of poems in four categories. For

these distinctions I coin the following terms: directly autobiographical, indirectly

autobiographical, universal and general poems.

355

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

A hierarchical classification of the spectrum in Krog's poetic oeuvre is useful for a detailed

study of the development of the autobiographical pact in her work, but in this article the focus

is solely on Body bereft (2006). The four categories are distinguished on the basis of their

autobiographical content: the highest level concerns primary autobiographical links with the

poet; on the second level are secondary links with Krog's life; the third level showcases the

transition from intensely personal poetry to universal themes; and on the fourth level the

poems are fictional with no apparent links to the poet.

The first category with primary autobiographical references is known as directly

autobiographical poems, in which Krog refers to specific people and events in her life.

Examples are inclusions in her work of dates and place names, as well as her proper name

and/or names (or initials) of her loved ones. Some critics may refer to these as "pure"

autobiographical poems. However, this term is problematic, because "pure" suggests a kind

of essentialism, and the uncompromising autobiographical nature cannot be verified. Within a

postmodern poetic perspective the notion of "pure autobiography" is disregarded.

In some instances Krog's voice is not clearly distinguishable in her poems, but the reader may

well conclude that the content relates partly to her experiences. Stated differently, it is

possible to interpret verses differently when background information about the poet's life is

taken into account. This includes vague or indirect references to her husband, children,

marriage or poetry, which do not link to the poet in an obvious manner. This is dangerous

territory, a terrain and methodology which the New Critics would not have condoned. New

Criticism emphasised a reading methodology known as "close reading" whereby the reader’s

only focus is the text. According to this theory all the answers to questions present in the text

can be unlocked by close focus and analysis. The New Critics rejected the idea of external

factors, such as biographical and sociological issues, having an impact on the given text.

Contrary to this, I think the reader’s knowledge of the poet’s biographical information may

be useful in the interpretation of the poem, as well as adding another layer of meaning to the

poem. I call this second category, with tributary autobiographical facts analysed against a

broader knowledge of Krog's life, indirectly autobiographical poems.

In the third category there is "universal" poetry with so-called universal themes of, among

others, love, loss and anger with which a large number of readers can identify. In these poems

there is no autobiographical information that links directly with Krog. The poetry's

universality also means that it cannot easily become anachronistic, and this in turn appeals to

its perennial nature or period of relevance. It does not necessarily mean that all poems with

universal themes are more relevant or have a longer “shelf life” than directly and indirectly

autobiographical poems. Nor is it evident that these poems, as in the case of Shakespeare's

love sonnets, will acquire classical status and be included in the canon. The comprehensive

thematic variety only ensures a higher probability that these poems will appeal to a broader

readership. Although this division of poetry into categories could appear artificial, it is a

useful benchmark to study the autobiographical code in Krog's oeuvre.

Keywords: Antjie Krog; autobiography; South African poetry; female body; breaching

taboos; Body bereft

356

1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Isn’t the final goal of writing to articulate the body? […] The word must comfort the

body […] reconnect the book with the body.

– Chantal Chawaf, “Linguistic flesh” (1980:177)

By writing her self, woman will return to the body which has been more than

confiscated from her, which has been turned into the uncanny stranger on display –

the ailing or dead figure, which so often turns out to be the nasty companion, the

cause and location of inhibitions. Censor the body and you censor breath and speech

at the same time.

– Hélène Cixous, “The laugh of the Medusa” (1997:350)

Philippe Lejeune staan bekend as die vader van outobiografiese teorie. Hy was as ’t ware die

baanbreker op dié gebied met sy bekende teks On autobiography (1995, oorspronklik

uitgegee in 1989). In hierdie artikel sal daar krities op Lejeune se werk voortgebou word, en

die teorie waar nodig aangepas word vir toepassing op Krog se digkuns. Terselfdertyd sal

Krog se uittart van digterlike norme en verwysings na taboe-onderwerpe aangedui word. In

Lejeune se omvattende studie van die outobiografie gebruik hy die terme outobiografiese

pakt en outobiografiese kontrak. Die woord pakt roep vir Lejeune mitologiese beelde op soos

“’n pakt met die duiwel maak”, waar iemand ’n pen in sy eie bloed doop om sy siel te

verkoop. Aan die ander kant is kontrak meer prosaïes en herinner dit hom aan ’n

prokureurskantoor. Die term kontrak suggereer uitdruklike en vaste reëls wat in ’n

gesamentlike ooreenkoms tussen skrywers en lesers gesluit word. By ’n prokureurskantoor

onderteken albei partye dieselfde kontrak op dieselfde tyd, maar dit is nie die geval in die

letterkunde nie (1995:125–6). Die ooreenkoms tussen die partye is gevolglik ’n illusie, want

hulle verkeer nooit tegelykertyd in dieselfde ruimte of tyd of ervaar dieselfde gebeure nie.

Lejeune voer aan dat die outobiografie juis hierdie illusie van gedeelde ervaring skep en

hoofsaaklik fungeer as ’n manier van kommunikasie:

Making an agreement with the “narratee” whose image he constructs, the

autobiographer incites the real reader to enter into the game and gives the impression

that an agreement has been signed by the two parties. But it is evident that the real

reader can adopt modes of reading different from the one that is suggested to him, and

especially that many published texts in no way include an explicit contract. (Lejeune

1995:126)

Die onus berus dus by die leser, ongeag die feit dat daar ’n pakt bestaan, om op ’n leesmetode

te besluit. In die geval van hierdie artikel kies ek ’n outobiografiese invalshoek in my

ontleding van Krog se digkuns, maar daar is natuurlik ook ander wyses om Krog se werk te

benader, hetsy feministies, postmodernisties of ikonies, om maar ’n paar te noem. Die

outobiografiese pakt is meesal implisiet in ’n teks teenwoordig. Die term pakt word verkies

weens die konnotasie van ’n informele, intieme handdruk-ooreenkoms tussen vriende,

teenoor die formele geskrewe kontrak. In die poësie kan daar nie altyd met sekerheid ’n

skakel tussen die ek-spreker en die skrywer wees nie. In Krog se geval is sommige gedigte

357

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ook nader aan die outobiografiese as ander. Alle gedigte moet individueel ondersoek word en

eers dan kan daar bepaal word of hul wél outobiografies voorkom of nie. Dit is ook nie ’n

geval van outobiografies teenoor fiktief in Krog se werk nie, waar daar in terme van absolute

geïnterpreteer word nie. Daar is talle grade van nuanses tussenin moontlik.

Volgens Lejeune se oorspronklike definisie van outobiografie is daar elemente uit vier

verskillende kategorieë betrokke:

1. Form of language

a. narrative

b. in prose

2. Subject treated: individual life, story of a personality

3. Situation of the author: the author (whose name refers to a real person) and the

narrator are identical

4. Position of the narrator

a. the narrator and the principal character are identical

b. retrospective point of view of the narrative. (Lejeune 1995:4)

Hy merk op dat enige teks wat aan ál hierdie vereistes voldoen, ’n outobiografie is, maar dat

ander genres wat nou verwant daaraan is – soos die outobiografiese gedig, memoir, biografie,

dagboek en selfportret – nie aan die vereistes voldoen nie en gevolglik buite rekening gelaat

word as ’n volwaardige outobiografie.

Lejeune het wel in 1986 met sy tweede, hersiene artikel oor die outobiografiese pakt erken

dat hy aanvanklik slegs gefokus het op die belydenisaspek van outobiografie en die

outobiografiese onderneming tussen skrywer en leser. Die outobiografiese pakt berus op die

verpligting om die waarheid te vertel, die gebruik van eiename, asook die gebruik van “ek”

(Lejeune 1995:130). Deur hierdie pakt word die verwagting by die leser geskep dat die teks

’n eerlike blik op die skrywer se lewe bied.

Die keuse om slegs prosa by sy definisie van outobiografie in te sluit, word geregverdig deur

die bestaan van heelwat outobiografiese prosawerke teenoor die handjievol outobiografieë in

die digkuns. In laasgenoemde geval word outobiografie verstaan as synde ’n narratief wat ’n

lewe in herbeskouing neem, soos in die geval van Wordsworth se Prelude (1996:714) met die

onderskrif “An Autobiographical Poem” (Lejeunne 1995:128). Lejeune voer aan dat in plaas

van ’n definisie wat digkuns uitsluit, hy eerder die fokus daarvan moes verfyn het.

I should have designated as the center of the present system this tension between

referential transparency and aesthetic pursuit […] that on both sides of a point of

balance, there existed a continuous gradation of text going, on one side, toward the

banality of the curriculum vitae, and on the other, toward pure poetry. At the two

extremities of the spectrum, the autobiographical contract, for opposite reasons, is

found to lose its credibility. (Lejeune 1995:128; my beklemtoning)

In hierdie verduideliking kom die kernsaak van poëtiese outobiografiese geskrifte na vore:

die spanning tussen referensiële deursigtigheid en estetiese strewe. Dit is nogal ironies dat die

kunsaspek, wat oorwegend in die digkuns voorkeur kry, grotendeels bydra tot die

358

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

moeilikheidsgraad van die ontleding van outobiografiese gedigte. Dit is egter verstaanbaar,

aangesien die digkuns gebou is op ’n tradisie van estetika. Lejeune redeneer sinvol dat die

twee uiterste pole van die spektrum, suiwer outobiografie en suiwer digkuns, die ruimte is

waar die outobiografiese kontrak geloofwaardigheid verloor.

Hierdie gevolgtrekking is egter ook problematies, want daar is geen maatstaf vir algeheel

suiwer outobiografie of poësie nie. Hierdie twee fasette speel in so ’n mate op mekaar in dat

hulle moeilik onderskeibaar is. Daar kan geargumenteer word dat ’n curriculum vitae, wat op

die uiterste van die outobiografiese pool staan, geen digterlike elemente bevat nie. In

werklikheid kan daar egter tog alliterasie, assonansie en selfs herhaling van sekere woorde

voorkom wat die teks bind, net soos hierdie elemente in ’n gedig sou funksioneer. Die

voordra van enige teks kan daardie teks ook tot poësie verhef deur die subtiele intonasie van

die menslike stem. Die digkuns is die teenoorgestelde uiterste wat ook nie losstaan van die

ander pool nie, want digters se werk word geïnspireer deur hul eie ervaringe of deur gebeure

wat plaasvind in die wêreld om hulle. Geen digter leef in ’n vakuum nie en gevolglik kom

geen gedig uit niks uit tot stand nie.

Die outobiografiese pakt, wat berus op die gebruik van eiename of wisselvorme daarvan wat

eerstens skakel met die naam op die omslag, ten tweede met die outobiografiese

eerstepersoon-aanbod in die gedigte, en derdens met die oordrag van die waarheid, kan direk

of indirek teenwoordig wees of selfs in sommige gevalle afwesig wees (vgl. Lejeune se

prosateorie 1995:14–6). Verskillende lesings van ’n gegewe teks en wydlopige interpretasies

van die outobiografiese pakt kan naas mekaar bestaan. Indien minstens twee uit die drie

vereistes van die outobiografiese onderneming, naamlik die skakel tussen die digter en liriese

“ek”, asook die insluiting van wisselvorme van die eienaam, in die teks aanwesig is, is dit ’n

aanduiding dat die digter waarskynlik sy/haar werk as outobiografies gelees wil hê. In sulke

gevalle word die liriese “ek” geïnterpreteer as die outobiografiese “ek”. Die derde vereiste

van eerlikheid, oftewel “waarheid”, is ’n subjektiewe voorstelling wat wetenskaplik

grotendeels nie verifieerbaar is nie (vgl. Lejeune 1995:20–1).

Ongeag of die skrywer/digter ’n direkte outobiografiese kontrak in ’n teks inwerk, waar daar

’n duidelike skakel is tussen die skrywer en die protagonis/verteller soos in prosa of die ekspreker

in die digkuns, of nie, kan ’n leser deur die bestudering van ’n skrywer/digter se

vorige werk tot die slotsom kom om die teks binne die outobiografiese ruimte te interpreteer.

Hierdie ruimte is, soos Lejeune (1995:27) aandui, die gevolg van ’n indirekte of spookagtige

(“phantasmatic”) pakt wanneer die leser nie seker is waar die grense van geloofwaardigheid

tussen ’n fiktiewe teks en ’n outobiografiese teks lê nie. Lejeune (1995:27) gebruik hierdie

maatstaf slegs by romans en outobiografieë waar die skrywer se outobiografie hiate vertoon

wat die leser poog om te vul deur die noukeurige lees van dié skrywer se romans. Hierdie

tekste, romans en outobiografieë staan egter nie meer teenoor mekaar nie, maar in verhouding

met mekaar. Dit is deur dié leesaksie dat die skrywende “spookfiguur” se werklike persona

aangevul word. Hierdie tegniek is ook nuttig in die ontleding en nasporing van

outobiografiese aspekte in die digterlike oeuvre. Dit is veral waar vir die Krog-oeuvre wat

bestaan uit digkuns en prosa wat aanvullend en in verhouding tot mekaar gelees kan word.

359

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die term outobiografie word ook deur Lejeune (1995:124) gebruik om breedvoerig te verwys

na enige teks wat regeer word deur ’n outobiografiese kontrak waarin die skrywer aan die

leser ’n diskoers oor die self voorstel, maar ook ’n spesifieke realisering van daardie diskoers,

een waarin die vraag “Wie is ek?” beantwoord word deur ’n narratief wat vertel “hoe ek

geword het wie ek is”. In die digkuns is narratiewe van dié omvang skaars. Wordsworth

maak ’n duidelike skakel tussen sy digkuns en ’n outobiografiese inslag daarvan wanneer hy

in Prelude die onderskrif “An autobiographical poem” insluit. Krog gaan subtieler met die

outobiografie te werk deur die insluiting van leidrade in die vorm van datums en verwysings

na haar lewe.

1.1 Krog en die outobiografiese pakt

Vergeleke met die goed-ontwikkelde teorie van die outobiografiese genre in prosavorm is

daar relatief min gepubliseer oor die teorie van outobiografiese poësie. Ek bou voort op

Lejeune se outobiografiese teorie deur my klassifisering van gedigte in vier kategorieë. Vir

dié onderskeidings munt ek die volgende terme vir verskillende kategorieë: direk

outobiografiese, indirek outobiografiese, universele en algemene gedigte.

Indien mens die Krog-oeuvre terugskouend bekyk met die soeklig op outobiografiese

gegewe, is die implisiete outobiografiese pakt tussen digter en leser reeds in haar

debuutbundel, Dogter van Jefta (1982), ingebed. Wanneer hierdie soeklig gebruik word, is

daar merkwaardige ooreenkomste tussen die sprekers in die gedigte en die digter.

’n Hiërargiese indeling van die spektrum gedigte in Krog se oeuvre is nuttig vir ’n

noukeurige studie van die ontwikkeling van die outobiografiese pakt in haar werk, maar in

hierdie artikel word slegs op Verweerskrif (Krog 2006a)gefokus. Die vier bogenoemde

kategorieë word onderskei op grond van hul outobiografiese inhoud: op die hoogste vlak is

daar primêre outobiografiese skakels met die digter; op die tweede vlak is daar sekondêre

skakels met Krog se lewe; op die derde vlak vervaag die intens persoonlike aard van die

gedigte na universele temas; en op die vierde vlak is die gedigte fiktief met geen oënskynlike

outobiografiese skakels met die digter nie.

Die eerste kategorie, met primêre outobiografiese verwysings, staan bekend as “direk”

outobiografiese gedigte. Dit is gedigte waarin Krog verwys na spesifieke mense en feite uit

haar eie lewe. Voorbeelde hiervan is insluitings van datums en plekname, asook wanneer sy

haar eie naam en/of die name (of beginletters) van haar geliefdes in haar werk gebruik.

Sommige kritici kan ook hierna as “suiwer” outobiografiese gedigte verwys. Die term suiwer

is egter problematies omdat dit ’n soort essensialisme suggereer, en omdat dit nie bewys kan

word dat alles outobiografies is nie. Daar is nouliks iets soos “suiwer outobiografie” binne

postmodernistiese literêr-teoretiese perspektief. Dié term is egter te vinde in ouer studies (vgl.

Van Vuuren 1985:110).

In sommige gevalle is Krog se stem nie duidelik onderskeibaar in haar gedigte nie, maar kan

die leser wel aflei dat die gedig gedeeltelik met Krog se eie ervaringe te make het. Anders

gestel: dit is moontlik om gedigte anders te interpreteer teen die agtergrond van kennis wat

360

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

oor die digter se lewe bekend is. Dit sluit in vae of indirekte verwysings na haar eggenoot,

kinders, huwelik of digterskap, wat nie ronduit met die digter skakel nie. Hierdie is

gevaarlike terrein, ’n terrein en metodologie waarmee die New Critics geen vrede sou gehad

het nie. New Criticism beklemtoon ’n leesmetode bekend as “close reading” waar die leser

slegs op die teks fokus. Volgens dié teorie is al die antwoorde op vraagstukke in die teks

teenwoordig en kan dit deur noue fokus en ontleding ontsluit word. Die New Critics verwerp

die idee van eksterne faktore, soos biografiese en sosiologiese aangeleenthede, se impak op

die gegewe teks. Teenstrydig hiermee dink ek dat die biografiese kennis van ’n digter

waaroor ’n leser beskik, wel nuttig kan wees in die interpretasie van die teks, en kan dit ’n

ander betekenislaag tot die gedig toevoeg. Ek noem hierdie tweede kategorie met sekondêre

outobiografiese gegewe, wat teen ’n breër kennis van Krog se lewe ontleed word, “indirek”

outobiografiese gedigte.

In die derde kategorie is daar “universele” gedigte met sogenaamde universele temas van,

onder meer, liefde, verlies en woede waarmee ’n groot aantal lesers kan identifiseer. In

hierdie verse is daar geen outobiografiese inligting wat direk met Krog skakel nie. Die

gedigte se universaliteit lei ook daartoe dat hul grotendeels nie tydgebonde is nie en dit gee

weer aanleiding tot ’n langer “lewensduur” of relevansie. Dit beteken nie noodwendig dat alle

gedigte met universele temas meer relevant as direk en indirek outobiografiese gedigte is nie.

Dit is ook nie vanselfsprekend dat dié gedigte, soos byvoorbeeld in die geval van

Shakespeare se liefdesonnette, klassieke status sal verkry en in die kanon opgeneem sal word

nie. Die omvattende tematiek sorg slegs vir ’n hoër waarskynlikheid dat lesers aanklank met

dié gedigte sal vind.

Alhoewel hierdie verdeling van gedigte in kategorieë kunsmatig kan voordoen, is dit ’n

nuttige maatstaf om die outobiografiese kode in Krog se oeuvre te bestudeer.

Weens die aard van poësie as ’n organiese, grensoorskrydende kreatiewe medium sal daar

ook getoon word dat nie alle gedigte ewe maklik in hierdie kategorieë pas nie, en in sommige

gevalle eintlik hul eie kategorie verdien, wat dan die vierde van hierdie indeling uitmaak,

naamlik “algemene” gedigte. Hierdie kategorie bestaan uit “fiktiewe” verse wat nie direk of

indirek met Krog skakel nie; sterk emosiewekkende gedigte met ekumeniese 4 waarde word

ook uitgesluit. Algemene gedigte se tematiek kan strek van mensgemaakte voorwerpe tot die

natuur, mits dié verse aan die genoemde vereistes voldoen. ’n Gedig wat byvoorbeeld ’n

appelboom in ’n vrugteboord of ’n skulp op die strand beskryf, sonder dieper simboliese

betekenisse of suggesties, is ’n algemene gedig. Paradoksaal met die benaming van hierdie

soort gedigte is dié verse eintlik ’n rariteit. Daar is min gedigte wat “stillewes” of

natuurverskynsels verbeeld sonder implisiete kommentaar oor universele temas soos liefde,

berou of eensaamheid.

Van die vier genoemde kategorieë sal daar in hierdie artikel hoofsaaklik na “direk” en

“indirek” outobiografiese gedigte verwys word. Waar toepaslik sal daar ook kortliks na die

Kristeviaanse teorie van abjeksie (weersinwekkende gebeure/voorwerpe) (1982) en Cixous se

uitsprake oor liggaamlikheid (1997, 1989) in die verse waar taboe-temas bespreek word,

verwys word. Volgens Kristeva (2002:232) is dit nie higiëne of gesondheid wat abjeksie

361

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

veroorsaak nie, maar dit wat die identiteit, stelsel en orde versteur. Dié abjeksie is veral

sigbaar in Krog se deurbreking van taboes. Die onmiskenbare outobiografiese substratum in

Verweerskrif skyn die debat oor die aantreklikheid van die ouerwordende vroueliggaam aan

te vuur, namate die leserspubliek die liriese “ek” se uitsprake vereenselwig met Krog die

digter.

2. Ontvangs van die digbundel

Ses jaar ná die publikasie van Kleur kom nooit alleen nie (Krog 2000a) en die Engelse

bloemlesing Down to my last skin (Krog 2000b), verskyn Krog se eerste digbundel, buiten die

verdigting van die /Xam-verse in Die sterre sê ‘tsau’ (Krog 2004a), wat gelyktydig in

Afrikaans én Engels uitgegee word. Verweerskrif (Body bereft), wenner van die Protea-prys

vir poësie (Krog 2006a en 2006b), word in teenstelling met die hoë lof van haar vorige

digbundel, Kleur kom nooit alleen nie, begroet met gemengde reaksie van sowel kritici as die

algemene leserspubliek. Die polemiek sentreer veral om die voorblad waarop ’n ouer vrou

van nek tot naeltjie naak poseer. Verder dien die intieme vroulikeliggaamsverandering, die

menopouse, as onderwerp. Kritici se verontwaardiging is ook aangevuur deur die kru en

eksplisiete wyse waarop Krog dié private vroulike ervaring in die openbare ruimte op die

tafel gesit het as gespreksonderwerp in haar gedigte (byvoorbeeld “agt menopousale

sonnette”). Aanvanklik is daar uit dié toornige oorde nie aandag geskenk aan die substratum

van die teks nie, ’n digterlike betoog oor die onvermoë om oudword te laat klink in taal, 5 en

oor verganklikheid.

Die volgende dien as voorbeeld van die gemengde reaksie waarmee die bundel ontvang is.

Volgens Spies (2006a:9) is die omslagfoto “afstootlik”, terwyl Van Vuuren (2006:9) dit

beskryf as ’n “onthutsende naakfoto”. Anders as Spies regverdig Van Vuuren egter die

omslag op grond van die kunste. Sy haal Rilke aan wat die “‘waarheid’ van die afgryslike en

lelike teenoor die oneerlikheid van versagtende, mooimakende kuns” beklemtoon:

When an artist [...] softens the grimace of pain, the shapelessness of age, the

hideousness of perversion, when he arranges nature – veiling, disguising, tempering it

to please the ignorant public – then he is creating ugliness because he fears the truth.

(In Elsen 1963:64)

Rilke se siening van die kunstenaar en haar plig om die lewe (of die liggaam) getrou weer te

gee, resoneer met die voorstellings in gedigte in Verweerskrif waar Krog nie wegskram van

aanvegbare temas of idees nie, maar die liggaam en verouderingsproses in haar eie terme

beskryf.

Volgens Spies (2006a:9) toon die voorblad ’n “afgetakelde vroueliggaam, van haar ken tot by

haar bultende midderif, met die fokus op die geplooide nek, die hangende regterbors en die

verskrompelde hand wat slap oor die linkerbors hang” (my kursivering). Dit is duidelik dat

Spies die foto as uitsluitlik negatief beskou en nie die skoonheid van die vrouefiguur

waardeer nie. In ’n opvolgstuk in Die Burger beskuldig sy Krog van ’n “valse verheerliking

362

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die sogenaamde ‘mooi’ ou liggaam” en dat “[o]ngebreidelde woede oor oudword […]

beswaarlik die manier [is] om met behoue drif en vreugde te verouder” (2006b:14). Is dit

egter realisties om te verwag dat die verouderingsproses met vreugde gepaard gaan? Ideaal

gesproke is dit die “betaamlike” optrede en aanvaarding wat van ’n vrou verwag word, maar

mense oor die algemeen, asook feministe spesifiek, verskil hieroor (vgl. Hambidge 2006b:2).

Anders as Spies en Elisabeth Eybers, met wie Krog tematies vergelyk word, is dié digter nie

bereid om haar ouerwordende liggaam gelate, volgens voorskriftelike sosiale dekorum, te

aanvaar nie. Spies (2006a:9) voer aan dat daar by Eybers “geen ontkenning en vermooiing

van veroudering en aftakeling [is] nie”. Eybers ontken dus nie die realiteit van die

veroueringsproses nie, maar sien wel sekere onderwerpe as nie geskik vir poësie nie: “dat

daar dinge is, te intiem, of te aangrypend, of te onvatbaar-op-eerste-sig, of te ongerymd om in

die openbaar mee te deel”; dit is in dié dinge wat “gesing of gesuggereer of oorgesein moet

word” (Eybers aangehaal in Spies 2006a:9).

Dit is ’n voorbeeld van ’n meer konserwatiewe denkskool. Krog is egter nie Eybers nie. Sy

het al na haar voorganger verwys as “my classy heldin” (2004:69), maar gaan merendeels nie,

soos haar heldin, subtiel te werk met sensitiewe materiaal nie. In ’n onderhoud met Louis

Esterhuizen beweer Krog dat haar sukses in Nederland te make het met die feit dat hulle haar

as ’n rariteit beskou – ’n “wit barbaar”:

Toe het ek gedink hulle beskou my eintlik as ’n soort van wit barbaar: lyk soos hulle,

klink amper-amper soos hulle, maar swaai poësie soos ’n byl of ’n hellebaard en dis

vir hulle opwindend, maar nie noodwendig in die kader van wat hulle as goeie poësie

sou reken nie. (In Esterhuizen 2009)

Hier verwoord Krog die kern van haar digkuns. Dit is in vele opsigte vreesloos en

konfronterend, maar is dit “goeie poësie”?

Spies (2006a:9) merk op dat Krog in Verweerskrif nie genoegsaam transformeer nie, maar

“bly steek in die skree”. As motief is woede egter ’n integrale deel van die Krog-oeuvre. Van

Vuuren (2006:9) se waardebepaling is gunstiger: “Tematies en tegnies vernuwend, is dit ’n

bundel wat veel verwikkelder is as wat ’n oppervlakkige bespreking kan laat blyk”. In

teenstelling met Spies, voer Hambidge (2006a:6) aan, dat anders as Eybers wat “die siening

van aftakeling en siekte beskryf in digterlike dekorum”, Krog die saak verder neem en haar

verset “teen die orde dat ’n mens hierdie prosesse met waardigheid en stilte moet ervaar”.

Gouws (2006:10) verwoord dieselfde sentimente oor die “normale proses” van veroudering

wat nie noodwendig protesloos aanvaar hoef te word nie, “maar ons behoort daaroor te praat,

ons behoort die vrese te besweer en ons behoort daaroor te dig, met watter taal ook al aan die

emosies wat met hierdie proses gepaardgaan, uiting gee”.

Die hewig-gedebatteerde omslag was volgens Annari van der Merwe van Umuzi-uitgewers

Krog se keuse. Deurlopend het die uitgewer die finale sê oor die ontwerp, maar Krog het haar

eie idees gehad: “Die omslagkeuse het gevolg op ’n lang gesprek tussen Krog en Goldblatt

oor hoe die buiteblad die inhoud kan uitlig” (in October 2006:3). Die treffende omslag slaag

363

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

volkome in hierdie doelwit. In gesprek met Willemien Brümmer vertel die digter waarom sy

dié “konfronterende” omslag gekies het:

“Toe hy (Goldblatt) die foto bring, het ek dadelik besef dis ’n konfronterende foto.

Mense sal alleenlik die boek optel as hulle dink: Met hierdie liggaam is ek. Ek is

rustig met hierdie liggaam. Ek vind dit nie grillerig nie, ek vind dit nie pateties nie. Ek

vind dit nie bejammerenswaardig nie.”

[…] [Krog] verduidelik oor jongmense wat “afgesit is deur ouderdom”: “Dis ’n soort

voortsleping na die dood waarin jongmense nie noodwendig geïnteresseerd is nie. Tog

sou ek dink dat selfs ’n jongmens wat die bundel optel, besluit het vir só ’n liggaam

“Ek tel so ’n boek op met liefde, met vrede. Ek dink die foto is uiteindelik ’n

wonderlike vergestalting van die ouerwordende lyf met dele wat ontsettend jonk en

sensueel is, maar wat ook ’n wêreld, ’n leeftyd, vertel.” (In Brümmer 2006:13)

Uit hierdie kommentaar blyk dit dat Krog, paradoksaal met sommige opmerkings in haar

gedigte oor die ouerwordende liggaam se gebreke, haar liggaam aanvaar. Die woedende, kru

verse in die digbundel kan dus as momentopnames van die digter se gemoed op ’n sekere

tydstip gelees word, maar terselfdertyd is daar ’n suggestie in Krog se reaksie op Goldblatt se

foto van ’n transformasieproses. Vermoedelik het Krog deur die skryfproses gegroei tot

aanvaarding van en versoening met haar liggaam.

Met die skryf van die verse by die skrywerstoevlugsoord Chateau de Lavigny in Switserland

ná die voltooiing van A change of tongue (2003) was sy in die interval waarna sy verwys as

“die treurigheid ná die gemeenskap” (in Brümmer 2006:13). Ná die Engelse teks wou sy

weer in Afrikaans dig. Die taboe-onderwerp van die menopousale vrou het in haar gedagtes

opgekom: “al die goed wat jy nou oor die jare dink oor jou liggaam, maar nie skryf nie” (in

Brümmer 2006:13). Krog bieg dat haar verbygegange jeug beklemtoon is deur ’n insident

waar ’n kelner haar met sluitingstyd oorsien in ’n restaurant – asof sy onsigbaar is. Al hierdie

fasette dien as katalisator vir die woedende verse oor die verganklikheid en die verouderde

liggaam wat die digter in die steek laat met alledaagse take soos krane toedraai.

Die sterk feministiese dialoog van die digbundel, wat kritiek uit verskeie oorde ontlok, is vir

Hambidge (2006b:2) ’n teken van die vernuwende aard van die bundel wat ’n “nuwe manier

van lees aankondig. En bewys dat die persoonlike beslis polities is.” Viljoen (2009b:221)

sluit hierby aan deur uit te lig dat Krog se uitdagende stellings nie om dowe neute gemaak

word nie, maar dat dit wel funksioneel is:

Die heftige diskussies rondom Krog se werk wys dat haar werk die vermoë het om

verskillende groepe in die samelewing, vanaf gewone tot akademiese lesers, te

provokeer en te laat nadink oor die skadelike samelewingspatrone wat hulle soms

berekend in stand hou of onnadenkend aanvaar.

Die felste kritiek op Krog se digbundels kom van Stephen Gray (2006), wat haar, soos

Stephen Watson, beskuldig van plagiaat in onder meer Die sterre sê ‘tsau’ (Krog 2004a). Dié

aantygings vind dan ook neerslag in die titel van die jongste bundel, Verweerskrif – onder

364

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

meer ’n verweer teen plagiaat (veral indien die leser die lys bronne agterin die bundel

besigtig). Gray is krities oor die gehalte van die vertaling van Afrikaans in Engels, asook die

talle taal- en grammatikafoute wat volgens hom in die Engelse teks voorkom. Verder trek hy

oënskynlik haar integriteit in twyfel met beskuldigings van die veronderstelde nastreef van

finansiële wins vir substandaard gedupliseerde vertalings van ’n teks wat haar liggaamlike

prosesse grotesk verbeeld:

Now we are to believe Krog just sommer writes in both the old official languages,

producing two separate publications, meant to be equal and, of course, for the price of

double. Be prepared as well to meet her undressed and ever so candid, now with her

loose pelvic floor, the “biestings” on her nipples (when she is not laving them in

honey), exclaiming how she can or cannot masturbate any longer. For this is her grand

number on the dreaded menopause. (Gray 2006:4–5)

Dawes (2006) verdedig Krog deur Gray se resensie te beskryf as selfparodiërende teks waarin

hy veel meer oor homself as oor Krog onthul.

Kritiek op “foute” in die digbundels word egter ook geopper deur Cilliers (2006:9) wat

daarop wys dat onder meer bladsynommers in die “Nota” agterin nie ooreenstem met die

oorspronklike tekste nie. Dit is egter al geldige fout wat sy uitwys. In haar uitspraak dat daar

nie Afrikaanse weergawes van “letter-poem lullaby for Ntombizana Atoo” en “writing ode”

is nie, trap sy duidelik klei, aangesien hierdie verse, in geheel of verwerk, reeds in Kleur kom

nooit alleen nie verskyn het. Haar beperkte kennis van die Krog-oeuvre ondermyn haar

(oënskynlik) gesaghebbende opinie dat die bundels, ondanks ’n paar “treffende, ontroerende,

beeldryke en woord-werklike gedigte”, “nie geslaag” is nie. Haar finale oordeel: “Die woede

teen die aftakeling van die ouderdom en die droogte van liggaam en gees wat dit meebring, lê

te vlak; dit laat ’n ongemaklikheid, ’n deernis met die digter, maar nie noodwendig met die

vers nie.” Haar erkenning dat sy “deernis met die digter” het en nie soseer met die gedigte

nie, onthul dat dié resensent Krog se bundel outobiografies lees.

Teenoor dié louwarm leeservaring verklaar Hambidge (2006a:6) prontuit dat die digbundel

haar “geboei” het. Dit is inderdaad die geval dat hierdie bundel nie alleen Krog se “enorme

digterlike talent [bevestig] nie; dit bewys ook die krag van ’n spontane, kreatiewe,

oorspronklike digterskap. Poësie woeker altyd met intertekste. Die digter hoef nie in die

nawoord daarvoor verskoning aan te teken nie.” Die nawoord se lys bronne sluit by die titel

van die digbundel aan en dien as ’n tipe “verweer” teen plagiaat.

3. Temas: Taboe-deurbrekend en outobiografies

Die Afrikaanse bundeltitel, Verweerskrif, is meerduidig. Eerstens suggereer die titel reaksie

op die plagiaataantygings teen Krog in die jare vóór die publikasie van hierdie digbundel. Dit

is ’n weerlegging teen aanklagte deur middel van ’n geskrif (dus ’n regsdokument);

verweerskrif is uiteindelik ook ’n regsterm vir reaksie op reeds genoemde

plagiaatbeskuldigings. Tweedens dui die titel op fisieke agteruitgang, asook die aftakeling

365

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

van die liggaam soos verwoord in verse oor die verganklikheid van die mens, spesifiek die

vrou. (Die woord verweer beteken “agteruitgaan weens blootstelling aan die elemente”.)

Laastens kan dit geïnterpreteer word as metatekstuele kommentaar op die ewigheidswaarde

van ’n digter se kuns waar skrif as die medium van kommunikasie ’n bewaakmiddel teen

bederfbaarheid is. Die Engelse titel, Body bereft, beklemtoon die “beroofde” liggaam, die

liggaam waarvan die jeugdigheid ontneem of “geroof” is deur veroudering en verganklikheid,

maar alhoewel dit die liggaamlike aspek van die bundel belig, is dit nie so ryk aan

seggingskrag soos die Afrikaanse titel nie.

Struktureel is die bundel netjies uiteengesit in drie afdelings wat tematies progressief beweeg

van die intiem-liggaamlike sfeer na die stadsruimte van Kaapstad en van daar verder uitwyk

tot by Tafelberg. Die eerste afdeling open met gewyde liefdesverse vir die eggenoot,

woedende en humoristiese gedigte oor die ouderdom en die vrou as moeder en grootmoeder,

digterskap en die skok van ’n beroerte. Dié lang, intens persoonlike afdeling sluit siklies af

met ’n derde huweliksgedig vir die geliefde. Die kort, middel-afdeling beskryf die Kaap

vanuit ’n historiese invalshoek, met sosiale kommentaar oor armoede. Geleidelik verskuif die

digtersblik na Tafelberg teenoor die stadruimte. ’n Finale konfrontasie in die slotafdeling,

tussen ’n outobiografiese “ek” en die Berg, vind in dagboekinskrywingsvorm plaas.

Die veelbesproke, en weldeurdagte, omslagontwerp rond die bundel tematies af. Net soos by

Kleur kom nooit alleen nie, waar die twee riviere, die Oranje (Gariep) en die Niger, by

mekaar aansluit as voltooiing van ’n siklus, is daar op Verweerskrif se omslag gelyksoortige

simboliek te bespeur.

Op die voorblad is David Goldblatt se kunsskepping, die naakfoto van ’n ouer vrou se torso,

lewensgroot en in volkleur; dit is van kardinale belang vir die beklemtoning van die lyflike in

die eerste afdeling. Indien mens die agterblad besigtig, is die naakfoto steeds gedeeltelik

sigbaar waar dit strek van die voorblad tot die agterblad, wat dui op die vrou as mees

pertinente tema van die digbundel. Teen ’n donkerblou agtergrond staan Tafelberg afgeëts in

swart ink. Dit is nie die manjifieke beeld van Tafelberg wat gewoonlik op poskaarte en

toerismeboeke pryk nie, maar ’n onbeduidende afbeelding van dié klipperige

natuurverskynsel met ’n mensgemaakte struktuur, die kabelkarstasie. Die berg word op die

omslag verdwerg deur die reusagtige afbeelding van die ouer vrou; dit lyk kompleet of sy met

haar elmboog teen die kruin aanleun. Ironies dat Tafelberg, visueel gesproke, op die omslag

skynbaar onbelangrik is, terwyl dit in die finale afdeling van die digbundel ewigdurend is

vergeleke met die vrou se sterflikheid.

Die omslag is slegs ’n klein onderdeel van die ontledingsproses. Die sentrale dilemma by die

interpretasie van digkuns op outobiografiese wyse is die fyn nuansering van die digter- en

sprekerstem in die gedigte. Dit is ingewikkeld en soms onpeilbaar waar die digter eindig en

die persona begin, maar dié spel tussen feit en fiksie, werklikheid en fantasie, is die basis van

outobiografiese studie, hetsy in prosa of in poësie. Die uitleg van outobiografiese gedigte

word verder bemoeilik wanneer die digter die gedigte as universeel bestempel – terwyl sy

terselfdertyd die “egtheid” van haar ervarings bevestig. In Krog se geval staan haar digkuns

nie los van die res van haar oeuvre nie. Haar verse word vertolk binne die kader van

366

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

outobiografiese tekste, koerantartikels, onderhoude, openbare en radio-optredes, asook haar

vertalings.

In ’n onderhoud wat Michelle McGrane met Krog gevoer het, is die etiese kwessies rondom

outobiografiese of outobiografies geïnspireerde publikasies geopper. McGrane haal die digter

Sharon Olds aan in haar soeke na ’n antwoord op hierdie netelige saak:

[...] "the spectrum of loyalty and betrayal" in terms of writing about people in our

lives; it's something many poets have to confront at one time or other in their work.

How does your family accommodate the intensely personal nature of some of your

poems? (McGrane 2006)

Krog se aanvanklike reaksie op McGrane se vraag oor die persoonlike aard van gedigte, is

oënskynlik ’n eerlike, reguit antwoord, al keer sy vinnig dat sy slegs die gek skeer:

“They don't. They give me hell. But they all write – so I’m sure the ‘empires’ are

going to write back! At times my husband wants to establish a Society for the Written

About!

“I’m joking. It's only when you live with a writer, like I have lived with my mother,

that one realises the impossibility of truth. I can describe my navel in a million ways,

but it's only when the aspects of my navel start to overlap with yours that the poem

can talk to you. So, however personal it sounds, it is carefully selected, not by the

intellect, but by the poetic sensibility, to resonate. So my children and husband

immediately realise that it's not about them. Parts of them, which are like those of

others, are being put together around something that wants to be said.” (In McGrane

2006)

Krog se vernuftige verdediging van haar werk wat persoonlik voorkom slegs vanweë die

oorvleueling van outobiografiese besonderhede met universele temas wat keurig gekonstrueer

word rondom ’n digterlike boodskap, oortuig nie volkome nie. Die postmodernistiese

opvatting van die onmoontlikheid van waarheid word verbeeld in haar verhouding met haar

skrywer-moeder: Krog het as materiaal vir haar moeder se skryfsels gedien, en so ook word

háár gesin ingespan as stof vir háár kuns.

In kontras met Krog se verweer teen die outobiografiese akkuraatheid van haar digkuns word

Verweerskrif as ’n outobiografiese digbundel bemark. Op die flapteks word daar duidelike

ooreenkomste tussen digter en liriese “ek” getref (my kursivering):

[…] ’n bundel wat ouer-word karteer, met verse wat die grense tussen liriek en bieg,

die persoonlike en openbare, uitwis.

[…] ’n bundel wat aftakeling en verwering vreesloos en ekstaties in die oog staar. In

haar unieke stem beskryf Krog die taboes in die verskuiwende gemoedstoestande van

die menopouse woedend en intens. Intieme verhoudings ondersoek sy skreiend eerlik;

soms konfronterend, maar dikwels op soek na versoening.

In die laaste, meer bepeinsende gedeelte word die intens persoonlike getemper. Die

fokus verskuif na Tafelberg – ’n durende alomteenwoordigheid wat oor vier jaargetye

367

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waargeneem word; die onnaspeurlike getuie van verandering, maar ironies ook ’n

spieël van die self en persoonlike wanhoop.

Ondanks dié biografiese kontekstualisering is direk outobiografiese gedigte met byvoorbeeld

die digter se voorletters, plekname of datums skaars in hierdie bundel. In die humoristiese

“die kwiltdekenkoningin” (18 6 ), een van die “agt menopousale sonnette”, is daar een

verwysing na die spreker se ouderdom: “Op 52 is dit sekerlik te laat/ om te wil weet”. Die

datum onderaan die gedig, wat ook ’n skakel met die werklikheid is, dui op ’n koerantknipsel

van “Die Burger, 26 November 2002”. Indien Krog die gedig in daardie jaar geskryf het, sou

sy slegs 50 jaar oud gewees het. In die Brümmer-onderhoud vertel sy dat sy elke dag by die

skrywersoord in Switserland ’n gedig geskryf het – ná die indiening van die A change of

tongue-manuskrip in 2003. Volgens haar eie mededeling is hierdie gedig dan waarskynlik in

2003 of 2004 geskryf, wat dit wél outobiografies aan haar ouderdom koppel. Garman

(2009:356) bevestig ook dat dié bundel in die relatief kort skryftydperk van ses weke by die

oord geskryf is. Aan die een kant kon Krog ’n ruwe gedig geskryf het oor die knipsel ten tyde

van die publikasie daarvan in 2002 en later by die skrywersoord verwerk het. Aan die ander

kant is die keuse van “52” bloot ’n poëtiese beslissing ter wille van die klank (rym),

aangesien daar ’n duidelike metalinguale bewussyn in die gedig weerspieël word. Dié

bewussyn skakel indirek met die dig-ambag van die werklike skrywer. Die gekose

interpretasie of aanslag berus by die leser, maar daar is wel ’n outobiografiese dimensie hier

te bespeur – soos gesien in die skakel met Krog se ouderdom (52).

3.1 Huweliksliedere

Die outobiografiese onderneming tussen die digter en die leser is onmiskenbaar in die eerste

strofe in “huwelikslied 3” (44), waar outobiografiese inligting op direkte wyse met die digter

skakel. Die huwelikspaar is volgens die gedig dertig jaar getroud. Krog het in 1976 met John

Samuel getrou – presies dertig jaar voor die publikasie van hierdie vers. Waar hulle

aanvanklik twee aparte mense was, het hulle mettertyd verenig deur gedeelde ervarings: “na

dertig jaar, ruik ons hare dieselfde/ gorrel ons maagwande om dieselfde kos”. Alhoewel die

mens hier gereduseer word tot liggaamlike funksies, is daar ook teerheid in dié liefdesvers.

Krog se verweer dat haar familie wéét dat die gedigte nie op hulle gebaseer is nie, pas dus nie

in hierdie geval nie, aangesien haar eie outobiografiese gegewe presies ooreenstem met die

dertig jaar getroude lewe wat in die huwelikslied herdenk word.

’n Treffende patroonmatigheid in Krog se oeuvre kom hier aan bod, naamlik die herhaalde

huweliksliedere of -odes aan haar eggenoot. In Otters in bronslaai is daar “ballade vir ’n 5jarige

huwelik” (1981:46); in Gedigte 1989–1995 word daar in “verhonger” (1995a:30)

verwys na “man van my van agtien jaar”; en in Kleur kom nooit alleen nie is “liefdeswoord”

(2000a:63) ’n minsame verklaring vir ’n huwelik van 23 jaar. Al hierdie liefdesverse skakel

op direk outobiografiese wyse met die digter en haar lewensloop. Binne die outobiografiese

konteks word juis hierdie meervlakkige interpretasies sigbaar.

Die liefdestema word in Verweerskrif voortgesit met nog ’n huweliksgedig. Die

stermetaforiek in “huwelikslied 3” (44–5) sluit aan by Krog se Nederlandse

368

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Gedichtendagbundel, Waar ik jou word van 2009, met die insluiting van astrologiese terme

en beelde. In “5.” 7 is daar verskeie treffende sterrebeelde: “sterreskuim”, “swierende

sterrehope puin”, “sterre-speeksel”, “sterrestof”, “sterre tongblind/ sterre sterwend”. Vergelyk

met:

asof ons staan in ’n stoet van sterre

asof herfsbome die kleur van voetsole dra. (44)

Die liriese aard van dié reëls vind weerklank in Krog se vorige omgewingsverse, soos “’n

veeg rooigras so ver die oog kan lek” (1995a:68). Die “stoet” verwys nie alleen na die

Melkweg se magdom sterre nie, maar gekoppel met “herfsbome” in die volgende reël dui dit

op die dood: ’n begrafnisstoet en herfs, die seisoen gevolg deur winter (die koue

bestaanseinde). Die skakel tussen mens en “sterre” en mens en “herfsbome” wat verbind

word deur dieselfde kleur op hulle blare as menslike “voetsole”, is bevestigend van die skakel

tussen mens en natuur; mense as déél van die aarde. Dit word later in “5.” benadruk met “ons,

ja ons bestáán uit sterrestof”. Die digterlike besef, asook die swaarwigtigheid van ’n samesyn

van soveel dekades, vind neerslag in:

elke woord tussen ons wreek toegewyd

die lewende gewig van dertig jaar.

Viljoen is ook bewus van die outobiografiese aard van Krog se gedigte, asook die

moeilikheidsgraad van die gradering en bepaling van fiksionele en werklike elemente. Sy

voer aan:

Vanweë die konsensus dat daar ’n sterk ooreenkoms tussen die digter Krog en die

spreker in haar gedigte is, sal ek my dit op sommige punte veroorloof om na die

spreker in die gedigte te verwys as die “digter”. Dit impliseer nie dat ek die

ingewikkelde spel tussen feit en fiksie, wat ter sprake is by die skryf van poësie,

ontken nie. (Viljoen 2009b:199) 8

Ek bou voort op Viljoen se navorsing deur op die digterlike outobiografiese elemente te

fokus, waar sy meer op die liggaamlikheidsaspek konsentreer. Indien “huwelikslied 3”

nommer “2.” (45) as individuele gedig geïnterpreteer word, skakel die gegewens slegs op

indirekte wyse met die genoemde egpaar. Veral die reëls “verkeerd gespel en onduidelik

vertaal” is implisiete digterlike kommentaar. Terugskouend blyk dit dat Krog dikwels

huweliksliedere, -ballades of -odes skryf ter herdenking en verheerliking van die huwelik. Dit

is opvallend dat sy as vrou gereeld oor die instansie van die huwelik dig en in dié gevalle

haarself in verhouding tot haar eggenoot identifiseer. Hierdie “self” is egter een van vele wat

in Krog se gedigte aan die leser voorgehou word.

Die finansiële bekommernis van toekomstige pensionarisse blyk ook uit “2.” (45): “waar ons

oudword voorlê in wat ons besit/ en ons nie heeltemal weet waarvan ons gaan leef nie.” Krog

het al telkemale aangedui dat ’n digter nie ’n loopbaan van dig kan maak nie, want dit betaal

nie so goed soos prosa nie. Daarbenewens het sy in onderhoude meegedeel dat sy ander werk

doen, soos onderwys of vertaling, sodat sy tyd kan neem om te dig (in Britz 2000:6): “Dis

onmoontlik om te dig terwyl ek heeltyds werk. Maar ’n mens kan nie skryf sonder ’n

369

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

heeltydse werk nie en jy kan nie leef van gedigte skryf nie.” In ’n Ander tongval is daar ’n

gesprek, moontlik denkbeeldig, of geherkonstrueer uit die skrywer se geheue, tussen Dot

Serfontein (Krog se moeder) en haar dogter. Serfontein verwys na die verwaandheid van

skrywerskap wat daarop gegrond is dat mens nie afgesonder kan leef én ’n goeie skrywer kan

wees nie. Dié idee van inspirasie uit die gewone alledaagse lewe sluit aan by die

outobiografiese kontrak tussen skrywer en leser:

“Jy moet onthou om te kan skryf, om die wete te kan onderhou dat jy dink dit wat jy

te sê het is iets wat ander mense sal wil lees, verg ’n ego. En hoe groter jou talent, hoe

groter jou ego waarskynlik. Die kuns lê daarin om die ego te bestuur op so ’n manier

dat jy ’n gewone lewe kan lei. Anders waaroor skryf jy?” (Serfontein in Krog

2005:107)

Dié les sluit aan by ’n argument tussen moeder en dogter ’n rukkie voor die moontlike

publikasie van haar debuutbundel. Die jong Krog wil nie langer skoolgaan nie, want haar

passie is digkuns en sy meen sy kan niks verder by die skool leer nie. Haar moeder se verset

is onverbiddelik:

“Om te kan skryf moet jy eerstens ’n fokken lewe hê! […] As jy nou wil uitvrek as ’n

armbloedige karige skrywertjie, dan moet jy jou terugtrek in ’n donnerse ivoortoring

van skrywerskap en verwaandheid. ’n Mens het in die eerste plek ’n lewe om te lei.

Die skryf, as jy die moeite werd is, sal vanself kom. Jy moet eers lewe om te kan

skryf. ’n Talent wat gepamperlang word, vrek in homself.” (Serfontein in Krog

2005:142)

Dit is hierdie alledaagse lewe wat neerslag vind in Krog se oeuvre, van die eerste tot die

tiende digbundel. Krog dig oor elke onderwerp, iedere ervaring as vrou, moeder en digter. Sy

skram nie weg van aanvegbare kwessies nie, hetsy politiek, rasseverhoudings of die

verweerde vroueliggaam. Op McGrane (2006) se vraag oor taboe-onderwerpe in haar (Krog

se) oeuvre antwoord sy:

“I deeply believe that poetry can say everything. It complexified and deepened my

ability to love another human being; it opened me up to see injustice as if it was

underlined in red, to be aware of community, of being young etc. I also need to grow

old in poetry, to describe the sagging seams with affection, to find the words to love

someone that I have lived with for thirty years – not as symbols or metaphors, but as

blunt, untransformed body.” (Krog in McGrane 2006)

’n Noemenswaardige onthulling wat in Krog se betoog uitstaan, is haar erkenning van die

poëtiese uitdrukking van haar liefde vir haar eggenoot van dertig jaar. Dié gegewe skakel

netjies met “huwelikslied 3” (44–5) se outobiografiese aanduider (“dertig jaar”). Op indirekte

wyse skakel die ouerwordende egpaar in “huwelikslied 2” (25–6) ook met die digter en haar

eggenoot, maar dit handel bowenal oor die universele tema van liefde wat selfs die

doodsgrens oorbrug. Uit die digter se vroeëre werk blyk ’n magstryd tussen man en vrou,

maar hier te midde van die bewuswording van die mens se verganklikheid, is hulle eindelik

op gelyke voet: “dat ons een vlees en uiteindelik/ van kant tot wal mekaar se gelykes is:/ jy

sal doodgaan net soos ek” (26).

370

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die volgende afdeling verskuif die fokus van die egpaar na Krog se individuele ervaring

van haar liggaam te midde van die verouderingsproses.

3.2 Menopouse

’n Intens persoonlike perspektief op die menopouse, die liggaamlikeveranderingsproses wat

alle ouerwordende vroue deurmaak, vind neerslag in “agt menopousale sonnette”. Teen die

agtergrond van Krog se onderhoud met Brümmer (2006) dui die woedende emosies van die

spreker op die digter. In “sonnet van die warm gloede” (16) distansieer die spreker haar van

die aangeleentheid deur die gebruik van die voornaamwoorde “jou” en “jy” te gebruik in

plaas van “my” of “ek”. Dié woordkeuse beklemtoon ook die universele lot van vroue wat

deur menopouse gaan en terselfdertyd klink dit soos ’n opswiepende toespraak vir vroue om

nie gedwee die verouderende liggaam te aanvaar nie (“die fok weet dis genoeg”).

Die gedig lees sintakties nie vlot nie; die ritme word versteur deur leestekens op

buitengewone plekke wat lei tot onvoltooide reëls: “jou beendere bak buite hulleself jou

gesig./ verseng jou wange prut onthutsend voort en” (16). Dit blyk dat die digter die ritme

van die vers doelbewus ontspoor om te illustreer hoe dié liggaamsproses haar (en

waarskynlik ook ander vroue) se lewens versteur. Ten slotte word die spreker gedryf tot aksie

en in haar woede konfronteer sy selfs die dood: “aan sy strot pak jy die dood en ploeg/ sy

neus deur jou kaalgeplukte drooggebakte poes.”

Geskiedkundig het vroue hulle menopousale lot aanvaar, want daar was nie juis mediese

hulpmiddels beskikbaar nie. Mettertyd is daar egter vooruitgang op dié spesifieke gebied op

mediese terrein – vroue het nou meer opsies as vroeër. In “hormone replacement therapy”

(17) word een van die belangrikste vrouegesondheidsvraagstukke van die 21ste eeu geopper:

“om te hormoon/ of nie/ te hormoon nie” (17), met die ooglopende interteks hier Shakespeare

(1601) se Hamlet (derde bedryf, reël 1): “[t]o be, or not to be: that is the question.”

Die sprekende subjek vra haar moeder of sy ooit aan warm gloede gely het. Haar moeder se

praktiese antwoord beklemtoon die voormalige duisterheid rondom hierdie onderwerp: “‘my

kind as ek gesweet het/ het ek aangeneem dis van werk/ en dan gaan swem of sommer ’n

shower gevat’” (17).

Die polemiek rondom die menopouse-tema in Verweerskrif het grootliks te make met die

taboe op die onderwerp van die vroueliggaam se prosesse. Daar rus taboes op die hele

spektrum van vrugbaarheidstekens soos menstruasie en ovulasie tot tekens soos warm gloede,

wat dui op die einde van vrugbaarheid. Die samelewing het die afgelope paar dekades,

danksy die opkoms van die feminisme, die reëls van dekorum effens aangepas, maar daar rus

steeds merkbare taboes op hierdie onderwerpe. Daar word tradisioneel nie in gemengde

geselskap van mans en vroue gepraat oor menstruasie of menopouse nie. Selfs die verpakking

van sanitêre doekies en tampons is daarop gemik om onopvallend te wees. Ná jare van

emansipasie is daar konvensies (ongeskrewe gedragskodes) wat ’n vrou verhoed om in die

openbaar (wat nog te sê van in die digkuns!) haarself totaal uit te leef in en deur haar

liggaam; om selfs die intiemste besonderhede op gedrukte bladsye aan alle lesers, mans

371

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

inkluis, weer te gee. Dit het (in Afrikaans) ’n digbundel soos Krog s’n vereis, en die bohaai

wat dit ontketen het, om mense opnuut te laat besef hoe gemarginaliseerd die vrou in ons

samelewing steeds is. Soos Cixous (1989:116) tereg opmerk, die vrou kan haar liggaam deur

die skryfproses van die diktatoriale patriargie bevry: “Write your self: your body must make

itself heard.”

Die gedigtitel “namens myself” (19) vestig die leser se aandag op die digter-spreker wat as

verteenwoordiger van die self optree. Alhoewel dié vers deel van die “agt menopousale

sonnette” uitmaak wat in ’n mate universeel geïnterpreteer kan word, het die gegewens

betrekking op die digter se politieke agtergrond asook haar verganklikheidsbesef. Die gedig

open met die persoonlike “ek” wat nie meer polities aktief wil wees nie en beweeg dan

geleidelik na die “jy” wat bewus is van die naderende dood. Die verskuiwing in die

voornaamwoorde beklemtoon die spreker se verwydering van die onderwerp van

verganklikheid. Haar politieke betrokkenheid, wat deel van die outobiografiese “ek” se

verlede is, word met die besitlike voornaamwoord “my” geëien as haar eie ervaring. Die titel

“namens myself” eggo haar sentimente in “1995” (1995a:6–7): “ek staan vir niks/ ek skaar

my by nêrens.” Die soeke na “vergifnis” (19) herinner veral aan Country of my skull (2002),

en die identiteitsproblematiek van velkleur is veral sigbaar vanaf Lady Anne (2004):

namens niemand hoef ek meer verantwoording

te doen of om vergifnis te vra nie

niemand se gemarginaliseerde perspektief

hoef ek meer op tafel te plaas

of my in ander se vel te verbeel nie. (19)

Die digter distansieer haar van die subjek in “leave me a lonely began” (21–2), waarna sy

herhaaldelik verwys as “haar”. In hierdie geval is dit egter nie ’n skryftegniek nie. Die digter

is nie besig om bloot haar emosies op die subjek te projekteer nie (Nieuwoudt 2003:9). Die

insident waarop die gedig gebaseer is, het werklik gebeur (Brümmer 2006:13). Deur Krog se

mededeling word daar met die lees van die gedig ’n outobiografiese onderneming geaktiveer:

[…] toe skielik kyk hy

op en roep na agter: “coffeeshop’s

empty, we can close!” en sy besef: hy

sien haar nie. sy sit as niks (21)

Die outobiografiese subjek se navrante soeke na erkenning as vrou, maar selfs net as mens,

vind hierin neerslag: “hier waar niks bestaan wat meer erken dat/ sy ’n vrou is nie? niks wat

herken dat/ sy die koel gestalte van ’n mens dra” (21). Om die “gestalte van ’n mens [te] dra”

beklemtoon die spreker se ervaring van leegheid en onomkeerbare liggaamsverandering; ’n

mannekyn wat opgemaak moet word om herkenbaar as ’n vrou te wees, al is dit nie haar

natuurlike vorm nie. Die beeld van ’n rasper in die reëls “weerhou haar van haarself soos van

’n/ rasper” eggo die huishoudelike beelde in Otters in bronslaai, veral in “hoe en waarmee

oorleef mens dit?” (1981:39–40), waar die spreker se stem ’n “mengermalermixermincer”

illustreer. Die erotiek in “slaai” (1981:29), waarin die geslagsdaad suggestief beskryf word as

372

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

parallel aan die maak van ’n mengelslaai, sluit aan by die spreker se opmerking: “nooit sal

iemand weer/ begeerte van haar skouers skil” (22).

Die digter se ontnugterde siening van haar liggaam in “as vas los is” (23–4) eggo ook “hoe en

waarmee oorleef mens dit” (1981:39–40), maar in hierdie geval is die ondergrawing van die

spreker in en deur die uitbeelding van liggaamlike agteruitgang meer intens:

[…] haar duime krummel weg en weier

om bottels, krane, masturbasie oop

te draai. haar maag ’n skottel

in haar skoot en blou medaljes op haar dye.

haar knieë, as sy dan nou af móét kyk

krimp soos verlate pruime in

’n bak, haar vel is los van al haar vleis

– ’n saamgerilde kookmelkvel. (23)

Volgens Kristeva (1982) is “kookmelkvel”, as ’n algemene voorbeeld van voedselweersin,

een van die mees fundamentele vorme van abjeksie (in Viljoen 2009b:213). Dit is nie as

gevolg van higiëniese faktore nie, maar weens die fisieke aard daarvan. Die tekstuur wat so

dun soos sigaretpapier is, vind die meeste mense walglik. Dit is ook die geval in hierdie

gedig, waar die spreker vir haar eie vel gru.

Die spreker se erkenning dat haar duime onhandig is met krane oopdraai, lê die verband

tussen veroudering en verswakking, maar ook tussen die spreker en die digter, want Krog

vertel:

“Ja, dit wás die beroerte, en dan ág ... artritis. ’n Duim hiér wat nie wil werk nie, en jy

kom in ’n hotel en kan jy nie die kraan toedraai nie en dan moet jy aantrek en die

kelner onder gaan vra om tog sebliéf net vir jou die kraan toe te draai.” (Krog in

Brümmer 2006:13)

’n Verdere outobiografiese ooreenkoms tussen die gedig en die digter is haar veranderende

geaardheid van strydvegter op alle fronte na ’n meer inskiklike persoonlikheid:

van wanneer het haar bloed se impuls oor-

geslaan van “fokkof jy” na “versigtig nou”?

haar grensoorskreiding teruggeval

tot ’n halwe daggazol? [...] (24)

Krog druk die verlies van haar grensoorskrydingsvermoë (alhoewel hierdie digbundel steeds

van dié vermoë getuig) effe sinies in ’n onderhoud uit:

“As jy jonk is en jy vat dinge aan, word jy mos beskou as ’n rebel. Maar ’n ouvrou

wat dinge aanvat, is net ’n ou battle-axe, weet jy? Almal is geirriteerd [sic] met ’n ou

battle-axe. As sy haar mond oopmaak, wil mense dit toeskop. Dit maak dit ontsettend

moeilik waar jy dink jy ’n bydrae kan maak. Jy dink, ag, maar jy irriteer ook almal so.

Jy moet maar eerder jou bek hou en hoop jy gaan dood. […] ’n Ou vrou moet haar

373

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

plek ken, jong. Daar’s ’n réde hoekom ou vroue in boeke altyd óf stiefma’s is, óf nare

feë, óf hekse. Ek meen: Wát is ’n heks anders as ’n postmenopousale vrou?” (Krog in

Brümmer 2006:13)

Die satiriese opmerking waarin Krog ’n heks en ’n postmenopousale vrou aan mekaar

gelykstel, is beide humorisities, en ernstige sosiale kommentaar.

Die gedig “oggendtee” (27), waarin die spreker dankbaar verklaar: “na jare bloei sy weer”

skakel moontlik met die digter se menopousale omstandighede. Die gedig herinner aan die

eerste keer wat die digter op 33-jarige ouderdom by “besoek aan spesialis” (1985:35–6)

uitvind haar liggaamsprosesse is aan die verander: “pasiënt in pre-menopouse/ verdubbel

dosis estrogeen.”

3.3 Familie en gesinslewe

Die digter se drie kleinkinders, Anouk, Antjie en Jana, blyk die onderwerp te wees in

“Liedere vir die pasaangekomenes” (33–5), ’n drietal gedigte, waarskynlik

geleentheidsgedigte, oor pasgebore babas. In “by jou vertrek” (36) nommer “1.” en “2.”

vertrek ’n kleinkind saam met haar moeder na Israel: “as ons mekaar oor ’n jaar/ sien, praat/

jy slegs Hebreeus” (36). In dié gedig word daar verwys na Andries Samuel se dogter, Anouk,

wat saam met haar moeder in 2003 na Israel verhuis (Rautenbach 2011:5). Die tweede gedig

(“2.”) dui ook op dieselfde kleinkind, want die digter wil haar opraap uit haar “ouers/ se

slagveld” (37) en sy vertrek met die “oorwinnaar” (37). Die laaste twee aanhalings is

verwysings na Andries en sy vrou, Adi, se egskeiding. Gesamentlike toesig van Anouk is nie

toegestaan nie, want op daardie stadium is sy vrou reeds in die buiteland (Rautenbach

2011:5).

Die tweedelige “depressie” (40–1) handel oor Andries se swaar gemoedstoestand en sy

moeder se hartverskeurende pleidooi om haar kind weer gelukkig te sien:

[…] dat ek my in jou

plek sal gee dat ek die Here God self

uit die hemel sal pluk dat ek alles

alles sal prysgee om jou veilig

te bring in jou oë terug (40)

Indien die leser nie toegang gehad het tot hierdie kontekstualiserende inligting nie, sou

hierdie verse slegs op ’n universele vlak geresoneer het, maar met die toevoeging van die

agtergrondskennis bied dit die leser ’n dieper vlak van interpretasie. In 2006 was die

persoonlike inligting oor Andries se depressie egter nie openbare kennis nie, maar vandat dié

inligting wel in die media verskyn het, bied dit insae in voorheen duistere gedigte. Andries

erken dat sy depressie aanleiding gegee het tot sy digkuns: 9

“Ek het begin skryf omdat ek moes. So vyf, ses jaar gelede. Dit was ’n gesprek met

myself om aan die gang te kon bly. Om sin te maak van die gemors waarin my lewe

in daardie stadium was; my depressie wat my my huwelik en my dogtertjie gekos

het.” (Samuel in Rautenbach 2011:4)

374

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die melankoliese begeerte om ’n leeftyd op ’n ander wyse te herhaal, is ’n onderwerp wat by

lesers resoneer. In “ode vir ’n ander lewe” (38–9) smag die spreker na ’n ander bestaan op ’n

ander plek. Gedagtig daaraan dat dié verlange ’n algemeen-menslike wens is, veral wanneer

dit gepaardgaan met die agternaperspektief van middeljarige ouderdom, is daar egter bewyse

dat hierdie gedig op indirekte wyse met die digter se eie begeertes skakel. Sy skryf nie bloot

’n universeel toepaslike gedig nie, maar deur die outobiografiese aard daarvan word die

fiktiewe en feitelike grense opgehef. Die spreker wil “ander berge” (38) deur haar vensters

waarneem. Sy wil na haar geliefde verlang vanuit ’n ander ruimte en nie twyfel dat sy daardie

“verlange met vertroudheid bly verwar nie” (38). Dié verwysings skakel met die digter wat in

Kaapstad woon, asook haar verhouding van ’n paar dekades met haar eggenoot. Elf jaar

tevore het Krog in Relaas van ’n moord geskryf (1995b:59): “Iets soos walging kom in my op

en ’n smagting na ’n ander etos, ’n ander lewe, iets onbesmets.” Op daardie stadium was sy

midde-in ’n politieke draaikolk en was haar lewe grotendeels daarop gefokus om politieke

ongeregtighede reg te stel. In hierdie gedig is haar fokus nie meer die politiek nie, maar haar

gesin, veral haar kinders:

ek wil ’n ander kans hê om my liefde

in my kinders in te smee

(terwyl ek skryf, verskyn hulle gesigte

soos op ’n monitor): geliefde kind

ma wil hê dat jy moet weet (38)

Die spreker wat skryf, skakel vermoedelik direk met die digter, asook met haar kinders deur

die verwysings na hulle. In die Krog-oeuvre is daar verskeie gedigte wat die moeder se berou

uitlig omdat sy weens haar werk nie so gereeld as wat sy wou, tyd met haar kinders kon

deurbring nie (vgl. “ma sal laat wees”, 2004:73). Krog se besige skedule, weens

werksbetrokkenheid, het jare lank kosbare familietyd geëis:

“By die SAUK sou ek Sondae vroeg al koerante gaan koop het, en al die berigte

deurlees, en teen vyfuur die middag sou ek op kantoor wees om die week se program

te beplan en te werk aan my parlementsverslag. Dan sit ek in my kantoor en ek hoor

die klokke by St. George-katedraal lui en ek dink: ander mense het ’n Sondagaand. En

nou is Sondae salig. Nou kom die kinders vir middagete.” (Krog in Retief 2000:5)

Die outobiografiese ek is “moeg” vir haar “tekortskietende hande” en wil haar “papende

brein en snedige tong […] nie meer hê nie” (38). Dié liggaamsdele is van kardinale belang vir

’n digter en skakel nie slegs met Krog as digter en aktivis nie, maar is ook moontlik ’n

aanduiding van die beroerte se effek op haar liggaam (“papende brein”). Die verwysing na

“tekortskietende hande” eggo die digter se misnoeë in “familieresep?” (1981:37) waar sy

haarself vergelyk met haar indrukwekkende grootmoeder. Sy wonder, nieteenstaande haar

onhandigheid met die huishouding, of sy haar grootmoeder se goedkeuring sou wegdra: “sou

my maer verbroude hand/ haar tog vandag plesier verskaf het” (1981:37). Hierdie

intratekstuele spel in Krog se oeuvre (vgl. Taljard 2010) bring in herinnering die gesprek met

Murray la Vita, waarin sy hom vertel dat sy eenmaal vir Hugo Claus gevra het of hy as ’n ou

digter nog deur iemand beïnvloed word. Hy antwoord dat hy geweldig beïnvloed word deur

homsélf: “Want ek stéél so by myself!” (La Vita 2009:9).

375

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Soos Claus, herbesoek Krog sekere temas regdeur haar oeuvre, soos onder meer die liefdes-

en huishoudelike temas. Die digterlike temas in die Krog-oeuvre wat haar biologiese lyn volg

van jong dogter, eggenote, beroerte-oorlewende en ouer vrou met liefde vir haar eggenoot en

kinders, vind neerslag in die volgende gedig. Sy verklaar:

ek’s moeg geskuif van:

hoe bly jy jonk na hoe bly jy lewendig

van hoe bly jy lewendig na hoe het jy lief

van hoe het jy lief na hoe het jy ten goede lief

ek is sat om ’n leeftyd lank

’n ander lewe te moet hê (39)

Die laaste twee reëls, waarin die spreker haar ontevredenheid uitspreek met haar alewige

onvergenoegdheid met haar lewe, suggereer dat sy eindelik op die drumpel van ’n

versoenende insig kom: mens kan jou lewe slegs een keer leef, daarom is dit verkwisting van

kosbare tyd om aanhoudend te wens jou lewe was anders as wat dit is.

Indien hierdie gedig uitgebou sou word in prosavorm, sou dit in Engels ’n “oughtabiography”

heet – ’n term wat deur Chon Noriega gemunt is. Dié term benoem lewensnarratiewe wat

fokus op dade wat jy behoort te verrig het; in essensie ’n diskoers van leedwese en berou oor

wat kon gewees het (in Smith en Watson 2001:199). Op intertekstuele vlak is daar verskeie

digters wat hulle wensdenkery uitspreek oor hierdie tema – Robert Frost is een van hulle. In

“Birches” (Mountain interval 1916) verwoord hy die ideaal om vir ’n tydjie te ontvlug uit sy

aardse bestaan en met sy terugkeer sy lewe oor te leef. ’n Verdere aspek wat met Krog se

poësie ooreenstem, behalwe die hoop om ’n lewe te herleef, is die feit dat hy wil voortbestaan

op aarde; die regte plek om liefde te ervaar. Krog verklaar uitdruklik dat sy as “onthemelde”

(97) haar “hele aardse lieflikheid” (93) vir ewig wil uitleef; Frost versoek dat hy weer mag

terugkeer:

3.4 Beroerte

So was I once myself a swinger of birches.

And so I dream of going back to be.

It’s when I’m weary of considerations,

And life is too much like a pathless wood

I’d like to get away from earth awhile

And then come back to it and begin over.

May no fate willfully misunderstand me

And half grant what I wish and snatch me away

Not to return. Earth’s the right place for love:

I don’t know where it’s likely to go better. (1996:1128―9)

Krog se beroerte word verbeeld in die tweedelige “sagsif van die uurglas” (42–3). Tipografies

dui die twee kolomme op die bladsy op die gevolge van die beroerte op die spreker, waar

veral die linkerkant van haar liggaam geraak is:

376

die helfte van haarself is iemand

anders asof iemand anders

langs haar, ín haar staan soos

die brugkant van ’n neus (42)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die outobiografiese aanduiders wat terug te vinde is in ’n Ander tongval (2005) versterk die

feitelike waarde van die gedig. Daar is egter, soos reeds aangedui, ’n konstante spel tussen

feit en fiksie, asook eindelose genuanseerde grade tussenin hierdie twee pole. In die vers het

die spreker se linkerhand “greep/ verloor”. Inderdaad word die apoplektiese linkerhand

(2005:129) en die effek op die digter se vingers ook in ’n onderhoud met Brümmer (2006:13)

genoem. Die beeld van die “verlepte/ lelie” is ook terug te vinde in ’n Ander tongval

(2005:129): “Maar dis my hand, my linkerhand, my lomp afskeephand, wat ek wil uitlê en

salf met olie. Dit lê in my skoot soos ’n verlepte lelie. Ek raak liggies aan elke vervreemde

vinger – van my en ook nie van my nie.”

In die tweede gedig in “sagsif van die uurglas” word die oorsaak van die beroerte ondersoek:

was dit miskien ’n minuskule jellytot

wat in hormoon-verrykte bloed

die stresses op homself laat klot?

of kom dit uit ’n ander spergebied

as skilfers van ’n slagaarwand (43)

Hierdie redenasie word ook deur Krog geopper wanneer sy vertel dat daar volgens die dokter

twee soorte beroertes is: een wat deur ’n bloedklont veroorsaak word en die ander deur ’n aar

wat oorstroom (2005:129). Krog het pas na die publikasie van A change of tongue erken (in

Nieuwoudt 2003:9): “’n Outobiografie is dikwels fiksie. Die mens wat ’n outobiografie skryf,

dink gewoonlik daar kan maar gelieg word. Daarom is ’n biografie soms nodig om die

verdraaide feite van ’n outobiografie reg te stel.” In ’n mate is dit akkuraat, maar ’n

outobiografie moet per definisie ook gegrond wees op feite – al is daardie feite ook hoe min.

In Krog se geval is die beroerte-aanval ’n realiteit wat sy in haar prosa, poësie en onderhoude

bevestig. Opvallend is die dokter se kommentaar wat Krog in so ’n mate ontstel het dat dit in

sowel ’n Ander tongval (2005) as in ’n onderhoud neerslag vind (2005:128): “‘Ek verkies ’n

hartaanval of kanker bo beroerte,’ het die dokter gesê. ‘Jy kan herstel of doodgaan. Maar

beroerte verander ’n mens in wat jy nie was nie’” (vgl. “die helfte van haarself is iemand/

anders”, 42). In ’n onderhoud is die gegewe effe anders weergegee, waar die dokter slegs ’n

hartaanval en beroerte noem en nie kanker nie (in Brümmer 2006:13): “Ek is nogal ontsteld

omdat een van die dokters vir my gesê het as hy moes kies of sy ma ’n hartaanval of ’n

beroerte moet kry, dan kies hy ’n hartaanval.” Die waarskynlike oorsaak word aangedui as

“’n klein korreltjie sand” (43) op pad na die hart. Hierdie sandkorrel-beeld speel

intertekstueel mee met Ingrid Jonker se “Korreltjie sand” (2003:75): “Korreltjie klein is my

woord/ korreltjie niks is my dood.”

377

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die finale diagnose vir die biologiese aporema of strydvraag is dat “’n opperste klein ghwel”

teen ’n “swakplek in/ die sagteware gestuit het” (43). Die niksbeduidende ghwel staan ironies

in sy onbelangrikheid tot die lewensgevaarlike skade wat aangerig is. Die beskrywing van die

liggaam as “sagteware” skakel met die toepassing van liggaamsterme op rekenaaronderdele

soos die hardeskyf (geheue), prosesseerder (brein) en moederbord (breinstam) in ’n Ander

tongval (2005:151). Die insident waar Krog se hardeskyf onklaar raak en sy ál haar inligting

verloor, blyk een van die bydraende stresfaktore tot haar beroerte te wees. In die gedig is die

finale woord hieroor die verdraaiing van ’n bekende volksliedjie, wat vooruitwys na die knop

wat die digter in haar bors vind in die bundel se slotafdeling (78): “aai aai die witborskraai/

die lyf het teen haarself gedraai” (43).

Ná Krog se beroerte ervaar sy nuwe angste oor haar verweerde liggaam, en dit vind neerslag

in haar skryfkuns:

[...] bewus van hoeveel ek wat so behep is met vel, my lyf as gegewe aanvaar. Hoe ek

aanvaar dat dit sterk is en fiks en gesond. En nou draai my ore na binne om tekens op

te tel van verraad of swakheid. Ek hoor hoe my hart voorthamer en nuwe klonte na

my brein toe stuur. (2005:129)

3.5 Verweer: Aanduider van verganklikheid

Die digter se preokkupasie met die verganklike liggaam bereik ’n hoogtepunt in “Vier

seisoenale waarnemings van Tafelberg” (71–97). Die spreker se psigologiese stryd woed vir

26 bladsye – en dan kom sy uiteindelik maar tot die slotsom dat die mens nietig is. Die

outobiografiese kode in hierdie epiese vers is onbetwisbaar. Op ’n stilistiese vlak is die

dagboekinskrywings reeds kenmerkend van die outobiografiese genre. Op ’n inhoudelike

vlak is daar ook talle verwysings na Krog die digter wat hier aan die woord is. Dit is bekend

dat die digter in Oranjezicht woonagtig is (sien Krog-profiel op LitNet2008):

“Ek sal myself altyd as ’n refugee van die Vrystaat beskou, maar hoe ouer ’n mens

word, hoe meer het jy behoefte aan iets meer milds, iets sagters. En Kaapstad is dit vir

my. Die mistigheid lê sagter teen die middeljarige wang, die berg troostender op die

oog. Ek kan nie meer daarsonder nie.” (Terblanche 2008)

Die dagboekformaat van die gedig is ’n sterk aanduiding dat dit haar digterlike joernaal

voorstel. In die tradisionele sin is dagboekskrywery ’n wyse om deur emosionele kwessies te

werk. In dié gedig verwerk die outobiografiese ek ’n spektrum gevoelens van droefheid en

angs tot woede en afsku. Hambidge (2006a:6) merk tereg op dat die “digterlike

dagboekinskrywings […] nie ’n jaartal bevat nie om sodoende die universaliteit te benadruk”.

Die tema van verganklikheid sluit by die universaliteit van die vers aan wanneer die “fokken

ewigheid” van die berg teenoor die spreker se “ménse-tyd” (91) gestel word. Die gevreesde

“sterflikheid” (78) word vir die eerste keer genoem nadat die spreker ’n knop in haar bors

vind (78) wat haar angs oor die moontlikheid van kanker aktiveer. Die verwysings na “kabel-

/ kar-kanker” (75), wat aansluit by die kabelkarstasie op die omslag, en “daar waar die

mammogram/ sy swartste stolsel wys” (79), intensiveer die waarskynlikheid van ’n

kwaadaardige gewas. Dié gegewens skakel outobiografies met kommentaar wat Krog in ’n

378

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

onderhoud lewer (in Brümmer 2006:13): “Jy moet jou borste elke dag ondersoek, jy moet

kyk is daar knoppe? Dis eintlik juis ’n aggressie. Juis in dié stadium dat jy wíl los raak en

gáán los raak van jou liggaam, eis dit skielik soveel aandag van jou.”

Die liggaam, veral in hierdie digbundel, is die spil waarom die verse draai. Die spreker

verklaar: “ek/ het ’n liggaam, daarom is ek” (81). Dit is ’n toespeling op die bekende

Cartesiaanse stelling: “Je pense, donc je suis” (“Ek dink, daarom is ek”), wat fokus op die

geestelike en nie die fisieke nie (Descartes 10 1996). Die spreker, daarenteen, se bestaan is

totaal afhanklik van ’n funksionele liggaam, waarsonder sy sal vergaan:

jou teenwoordigheid gaan

een oggend soos stof van ’n boekrak

gevee word. sonder lig-

gaam oorleef jy nêrens nie […] (82)

Die spesiale waardering wat skrywers vir boekrakke het, is terug te vinde in Lady Anne se

“op ’n dag voel my man ek verdien” (2004:69). In hierdie gedig bou haar eggenoot vir haar

’n groter boekrak vir al haar gunstelingdigters. Daar is verskeie kunsteoretiese elemente in

“Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg” wat die outobiografiese pakt met die leser

versterk, soos “my pols dreun van gedigte” (88), “versreëls” (94) en selfs ’n strofe wat

volledig aan dié aspek gewy word:

etter die gebarste oordrom van die gedig

en word woord vir woord dower. skryf

vandag. vertaal die skryf in ’n klok beierend

van skadu tot skadu deur die nek van ’n strofe

en skryf hoe die liggaam bestaan […] (94)

Die verweer van die liggaam tas egter selfs die gepersonifieerde gedig aan, waar daar op

abjekte wyse geskryf word oor die “etter” wat uit “die gebarste oordrom van die gedig” loop.

Die skryfproses is metafories die skryf van die ouerwordende liggaam in taal en herinner nie

slegs aan feministiese teorieë wat met liggaamlikheid verband hou soos dié van Cixous

(1997, 1989) en Grosz (1994) nie, maar ook aan die titel van Jeanette Winterson se roman,

Written on the body (1994). Nel (2008:64) merk op dat Krog deur die “metaforiese hertoeeiening

van taal” ook die “teks as metafoor van die liggaam herwin het”.

Die outobiografiese “ek”, wat in genuanseerde grade met sommige van Krog se verskeie

selwe ooreenstem, verwoord eindelik waarom sy toornig is:

[…] ek’s beneweld

van woede oor ek net

eenmaal leef, oor ek in die ganse

ewigheid net nóú leef

oor ek nou eers begin leef, oor ek

hierdie hele aardse

lieflikheid net een maal met hierdie

379

liggaam be-leef, oor my

liggaam so voor alles tot niet gaan (93)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In haar woede oor die ouer mens se veronderstelde gelate aanvaarding van die naderende

dood, sluit sy intertekstueel aan by Dylan Thomas se “Do not go gentle into that good night”

(1996:1465–6):

Do not go gentle into that good night,

Old age should burn and rave at close of day;

Rage, rage against the dying of the light.

Indien Krog opsetlik die gedig “Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg” (71–97) wou

aanpas om te sorg dat dit wydverspreide aanklank vind by lesers, sou sy beter gevaar het deur

nié afvallige uitsprake te maak nie: “fokkol. ek voel fokkol/ vir die hiernamaals” (80).

Inteendeel, met ’n grotendeels Christelike Afrikaanse bevolking ontstig dié lewensbeskouing

waarskynlik meer lesers as wat dit bekoor. Uit hierdie voorbeeld kan dus afgelei word dat

Krog in haar digkuns op religieuse vlak ook taboes deurbreek en terselfdertyd ’n

outobiografiese dimensie vertoon. Dit handel nie hier slegs oor die biologiese lyn van die

digter se lewe wat weerspieël word in die gegewens nie, maar oor die oorweging om ’n

uitdagende stelling te maak, in weerwil van die gevolge vir die breër leserspubliek. Krog se

taboe-deurbreking op godsdienstige vlak sluit aan by die Kristeviaanse teorie van abjeksie.

Godsdienstige strukture, soos Kristeva merk, gaan altyd gepaard met abjeksie (2002:242). Sy

noem dat abjeksie in hierdie geval voortduur as uitsluiting of taboe:

Abjection persists as exclusion or taboo (dietary or other) in monotheistic religions

[…], but drifts over to more “secondary” forms such as transgression (of the Law)

within the same monotheistic economy. It finally encounters, with Christian sin, a

dialectic elaboration, as it becomes integrated in the Christian Word as a threatening

otherness – but always namable, always totalizable. (Kristeva 2002:243)

Krog se antigelowige uitspraak dat sy “fokkol” vir die “hiernamaals” voel, kan gelees word

as aansluitend by Kristeva se idees oor die oortreding van die Wet – “transgression (of the

Law)” – asook beskou word as ’n Christelike sonde. Dit maak nie saak of Krog werklik glo in

’n hemel of hel nie, maar dat daar waarskynlik lesers was wat dié uitspraak as abjek sou

ervaar.

Die gebruik van die persoonlike “ek” blyk in dié geval ook niks te make te hê met

universaliteit nie. Dit word ook nie ingespan as een van die “middele”, sodat die leser “saam

met die skrywer kwesbaar” voel, nie (Krog in Nieuwoudt 2003:9). Die persoonlike

voornaamwoord “ek” word gebruik omdat dit regstreeks skakel met die digter se mening en

ervaring van die situasie waarin sy haar bevind. Dit skakel ook met die funksie van die

outobiografie, in hierdie geval die dagboek, om ’n uitlaatklep vir sterk emosies te wees om

sodoende deur ’n mens se probleme te werk – dit bied perspektief en is terapeuties.

Al word hierdie vers outobiografies gelees, is dit geensins ’n uitgemaakte saak dat die digter

enigsins ongelowig is nie. ’n Dagboekinskrywing of ’n gedig is ’n momentopname van ’n

ervaring, gebeurtenis of emosie.

380

4. Kunsteoretiese bewussyn

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die openingsgedig, “huwelikslied 1” (9), skakel indirek, soos die ander huweliksliedere, met

die Krog-egpaar. In hierdie geval is die liefde tussen die minnaars reeds van geboorte af

bestem: “sedert/ geboorte is hulle gesigte al na mekaar toe gedraai”, wat skakel met die

jeugliefde tussen die digter en John Samuel. 11

Die poëtiese bewussyn van klanke, herhaling en alliterasie, skakel op ’n direkter wyse met

die digter. Haar verkenning van die “woord” sluit aan by grammaties-ondersoekende verse

soos “liefdeswoord” (2000a:63): “liefde is so ’n dun woord”. Die stamverwante woorde

“liefde” en “lieflik” word op sintaktiese vlak met mekaar verbind:

lieflik is die woord wat waterwit wakker word

lieflik is die woord wat tersluiks aan die slaap val

lieflik is die geluid waarin hulle saam is as “ek” en “jy”

loflik is die woord “ons” (9)

Opvallend is die herhaling van “lieflik” met die verrassende gebruik van “loflik” aan die slot.

Nie slegs roep Krog die orale tradisie op in parallelismes, soos in Kleur kom nooit alleen nie,

maar die alliterasie van die l-klank dra by tot die musikaliteit van die strofe. Benewens

alliterasie en herhaling getuig die sintaktiese patroonvorming van Krog se poëtiese bewussyn.

Die eerste reël waarin die “woord […] waterwit wakker word” eggo die onvergeetlike

openingsreël van “digter wordende” (2000a:65): “om op ’n oggend wakker te word binne-in

klank”. Die “ek” en “jy”-konstruksie is ’n vooruitwysing na Waar ik jou word (2009) se

liefdesverse rondom dié intiem geskakelde voornaamwoordpaar.

In “sedert” (10–1) word die digterlike bewussyn geaktiveer deur die verwysing na “tong”,

asook die woordspeling op taal/vertaal: “sedert/ ons die pad begin loop/ het word ons saans

donker/ van tong en vertaal ons ontbinding” (11). Die verwysing na ontbinding skakel met

die bundelmetafoor van verwering van onder meer die liggaam. Die suggestie dat die

geliefdes die ouderdom aan eie lyf begin ervaar, skakel met die digter se eie

liefdesverhouding. Die prominente tydsbesef by die spreker wat beklemtoon word deur die

refrein “sedert ons die pad begin loop het”, is ook sigbaar in die verbinding tussen blomme en

die liggaam: “die jasmyne diep uit/ hul slagare begin/ geur” (10). Buiten die fisieke voorkoms

van die jasmyn, dui “slagare” implisiet op die naderende dood, asook paradoksaal op lewe: ’n

beskadigde slagaar kan noodlottig wees. Dit is ook gepas dat die jasmynbeeld in hierdie vers

betrekking het op die tydsverloop van ’n liefdesverhouding, want 37 jaar voor dié publikasie

het ’n 17-jarige Krog gedig oor die versoenende aard van die jasmyn in “ek bou vir ons ’n

land”: “Waar ons snags met kitare sing/ en vir mekaar wit jasmyne bring.”

Twee van die “agt menopousale sonnette” wat ’n kunsteoretiese bewussyn illustreer, is

“vertrekkende” (15) en “God, Die Dood” (20). In “vertrekkende” word die ongemaklike

afskeid tussen moeder en kind beskryf waarin die ouer haar gevoelens probeer uitdruk, maar

telkens faal: “na elke vertrek beraam ek taal./ om te verduidelik. hoe om volgende keer.” Dit

381

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

is van belang dat ’n digter wroeg om haar in woorde uit te druk. Die punte bied ’n

oudiovisuele voorstelling van die hortende interaksie tussen ouer en kind.

In “God, Die Dood” (20) word die letterkundige diskoers van sogenaamde “Belangrike

Temas” geïroniseer. Die digter lewer metatekstuele kommentaar op haar bundel wat

terselfdertyd die outobiografiese pakt tussen digter en leser uitlig. Die gebruik van hoofletters

vir pertinente onderwerpe teenoor kleinletters by die spelling van die onbelangrike temas lig

’n verdere ironie uit. In die eerste strofe staan die twee groepe temas teenoor mekaar, maar

met die eerste lees blyk al die temas van belang te wees, tot die verrassende slotwoord “nie”:

God, Die Dood, Liefde, Eensaamheid, Die Mens

is Belangrike Temas

menstruasie, geboorte, menopouse, puberteit

die huwelik – nie.

Soos die digter tereg opmerk, “lê die verskrikking juis” in die ervaring van ’n liggaam wat

disintegreer. Die gebruik van die woord “verskrikking” is nie toevallig nie. Dit roep by die

leser die gruwels van die gelyknamige “toiletgedig” in Kleur kom nooit alleen nie op. Dié

skakel tussen die verskriklike episode van ontlasting in Noord-Afrika en die verouderende

liggaam beklemtoon die digter se gelykstelling in afgryse van hierdie twee gebeurtenisse.

Hieruit blyk haar geweldige kwellinge rondom die liggaam en liggaamlike funksies. Die

ontbinding van die liggaam en ontlasting is twee primêre voorbeelde van Kristeva se teorie

van abjeksie. Vir haar is dit veral die liggaamlike disintegrasie wat lei tot die dood, dus ’n

“lyk” wat haar laat ril:

[R]efuse and corpses show me what I permanently thrust aside in order to live. These

body fluids, this defilement, this shit are what life withstands, hardly and with

difficulty, on the part of death. There, I am at the border of my condition as a living

being. My body extricates itself, as being alive, from that border. Such wastes drop so

that I might live, until, from loss to loss, nothing remains in me and my entire body

falls beyond the limit – cadere, cadaver. If dung signifies the other side of the border,

the place where I am not and which permits me to be, the corpse, the most sickening

of wastes, is a border that has encroached upon everything. It is no longer I who

expel, “I” is expelled. (Kristeva 2002:231; my beklemtoning)

Kristeva se afsku vir die lyk (simbolies van die dood) sluit aan by Krog se problematiek met

die agteruitgaan van die liggaam – agteruitgang en ouderdom wat dui op ’n naderende dood.

Kontrasterend is dit egter ook die liggaamlike vloeistowwe, afskeidings en ontlasting wat,

volgens Kristeva, weerstand bied teen die dood. Solank as wat dié liggaamlike prosesse

funksioneer, is die liggaam steeds anderkant die grens van die dood. In “verskrikking”

(2000a:93–6) is dit juis die onvermoë om te ontlas, wat aansluit by vaginale atrofie in

Verweerskrif, wat die digter die meeste kwel. Dit is nie dat sy gru vir haar liggaamlike

prosesse of hulle as abjek ervaar nie, maar die vrees dat sy nader beweeg aan die finale grens

tussen lewe en dood. Kristeva het gelyk: bevryding is in die liggaam: “My body extricates

itself, as being alive, from that border” (2002:231).

382

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Krog noem die ergernisse van die ouerwordende liggaam, die opdroging van vaginale

vloeistowwe en verlies oor blaasbeheer, by name ”vaginale atrofie en inkontinensie”, of die

moontlikheid van ’n hartaanval soos ’n “lem wat deur jou hart klief”. Die digter lewer

spitsvondige kommentaar oor die aard van die digkuns in die laaste strofe:

om van die ouerwordende lyf na Die Dood

te spring, word al hoe meer ’n cop-out ding.

Die teenstelling van die tradisioneel belangrikste tema “Die Dood” met die Engelse

spreektaal “cop-out” is treffend. Die enumerasie van tradisionele onderwerpe word op

metonimiese taalvlak tot poëtiese temas verhef. Die digter voeg egter haar eie belangrike

temas tot hierdie histories belangrike lys toe – almal met betrekking tot die vrou en sommiges

uitsluitlik gerig op die vrou se liggaamlike ervaring. Hierdie twee lyste staan in opposisie met

betrekking tot mekaar, want die eerste lys is die aanvaarbare temas van digterlike dekorum en

die meerderheid van die tweede lys oorskry die poëtiese grense wat deur die eerste lys

daargestel word. Die vrou se posisie in die digterlike oeuvre, veral in die vrye keuse van

pertinente feministiese onderwerpe, word deur hierdie vers bevestig.

Krog is deur haar hele oeuvre, veral in Verweerskrif, akuut bewus van die naderende dood.

Dit is dus ironies dat sy effe spottend in “God, Die Dood” (20) skryf oor die dood as een van

die tradisioneel belangrike temas saam met God, die mens, eensaamheid en liefde, teenoor

die skynbaar onbelangrike vroulike temas van puberteit, menstruasie, geboorte, die huwelik

en menopouse. Voor Krog die grense van digterlike dekorum begin toets het, het sy reeds as

17-jarige haar doodsangste verwoord (“Blare” 1982/1970:13): “Roer jou voete deur die droë

blare […]/ want ruik jy die winter?/ hoor jy die ouderdom/ sien jy die rou roep van alles wat

sterf?”.

In ’n tematies verwante gedig, “hoe sê mens dit” (28–9), kom ouderdom en die dood weer

eens onder die loep as poëtiese onderwerpe:

[…] hoe verset mens

jou teen die gemaklike uitweg wat oudword bloot

tot metafoor van die dood verstom? hoe en waarmee

verwerf ’n mens die woordeskat van ouderdom? (29)

Die digter wroeg met die taalvermoë om haar geliefde se ouerwordende liggaam te beskryf.

Dit sou elementêr wees om bloot metafories oor oudword te praat in terme van die dood,

maar dan sou dit, soos die digter vroeër opmerk, ’n “cop-out” (20) wees. Daar is ook ’n eggo

in “hoe en waarmee/ verwerf mens” van die destydse huislike poësie van die digter-moeder

wat spook om al die fasette van haar lewe te balanseer in “hoe en waarmee oorleef mens dit”

(1981:39–40).

Die gedig “hoe sê mens dit” (28–9) skakel indirek met die digter se lewe, nie net ten opsigte

van die metalinguale bewussyn nie, maar ook deur die ouer egpaar wat hier ter sprake kom.

Dit is veral opvallend in die verwysing na die eggenoot se “berugte blou oë” wat soos ’n

383

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

leitmotief regdeur die Krog-oeuvre manifesteer (“servetblou oë”, 1981:29; “sy oë verblou

laaste”, 2000a:71). Die verwysings na sy “jong harde beneukte jagsheid” en dat hy nie

“langer [uit haar wil] voorteel nie” herinner ook aan vorige gedigte oor dié egpaar. Die digter

se onvermoë om haarself spontaan en ten volle uit te druk in taal oor die ouerwordende

proses blyk hoofsaaklik te lê in haar liefde vir haar eggenoot:

ek weet werklik nie hoe om dit te sê nie

jou deurwinterde kortgeknipte baard is dalk

te ná, te téén my vir taal, te grys van grint

ek weet werklik nie hoe om jou ouerwordende lyf te sê

sonder die woorde “verlies” of “fataal” nie, ek weet nie

ek weet nie waarom die woord “plooie” so banaal klink nie

ek weet nie hoe ouerword moet klink in taal nie (28)

Indien sy moet terugval op die banaliteit van “plooie” of die suggestie van ’n naderende dood

in “verlies” en “fataal”, dan bly sy liewer radeloos oor dié onderwerp. In die proses van

uitspraak sal die implisiete beëindiging van hulle samesyn ’n tasbare realiteit word.

Hier is die aporisma of moeilik oplosbare vraagstuk op watter wyse daar gedig kan word oor

die verganklike liggaam sonder om te dig oor verganklikheid. Die digter se magteloosheid

oor dié vraagstuk word beklemtoon deur die herhaalde frase “ek weet nie”. Haar soeke na die

taal om die ouerwordende liggaam te beskryf herinner aan haar gebrek aan woorde vir die

kliplandskap van die Richtersveld in “narratief van klip” (2000a:19–21). In daardie situasie

was Krog se onvermoë gesetel in haar weersin vir die onestetiese klipperige omgewing (in

Wasserman 2000:4): “Die landskap was aanvanklik vir my ongelooflik lelik ek kon nie

daarin opereer nie”. Eers ná sy ’n woordeskat gevind het om die klippe te beskryf, kon sy die

prag van die landskap waardeer. Dit is moontlik dat die digter haar liggaam beoordeel soos sy

aanvanklik die Richtersveld aanskou het – met ’n mate van afkeer.

Die digter se afsku van die oudwordingsproses is veral opsigtelik in die vermaaklike

spreekvers “Manifes van ’n Ouma” (30–2), waarin sy wrewelrig reageer op ’n oënskynlik

onskuldige vraag: “‘Hoe voel dit om Ouma/ te wees?’”. Sy open haar betoog met die taboedeurbrekende,

skokkende kommentaar: “‘Lekker oud dankie?’ of ‘Ek kry nie meer piel oor

my lippe nie?’”. Van hier draai sy die stereotipiese opvatting, of liewer wanopvatting, van

oumaskap onderstebo. Sy spoor die etimologie van die woord ouma na, asook die assosiasies

wat dié term by mense oproep. Outobiografies skakel die ontketende woede (“die moer/ in

maak”) met haar eie status as grootmoeder van drie kleinkinders op 53 (Verweerskrif is in

Maart 2006 gepubliseer) en die geboorte van haar eersteling, Andries, toe sy 23 was:

Belangriker is dalk die vraag

waarom ’n vraag soos dié my so die moer

in maak? Ly ek aan ydelheid of skaam ek my

vir my vroeë telingsvermoë? … Maar deep down

weet ek eintlik: dit lê in die woord “ouma”.

“Ouma” het so ’n poefklank, klink so mollerig

so half bollerig, dit mompel so poesloos, so tandeloos

384

innensmonds dat dit jou neus vir ouma-bashing

wawyd oopruk […] (30)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die digter se metalinguale bewussyn van die woord ouma is treffend in haar uitbeelding

daarvan met die stereotipiese bolla en valstande. Haar gebelgdheid met dié benaming is egter

deurentyd sigbaar.

Krog is bekend vir haar vermoë om haar toorn in haar digkuns uit te woed. Sy het eens

hieroor in ’n onderhoud (in Britz 2000:6) opgemerk:

“Ek vind gedigte wat rustig ryp gedruk word in ’n studeerkamer verdag. Iets moet jou

dryf om te skryf. Dit moet jou só dryf dat jy niks anders wil doen nie. Dit impliseer

verset, ’n soort waansinnigheid wat móét uit. Dit wil nie sê my gedigte is waansinnig

nie.

“Ek skryf ook dit wat ek nêrens vind nie en tog graag wil lees. Maar dit wat jy as

skrywer te sê het, moet met ander resoneer.”

Krog besef egter dat dit gevaarlik is “om aspris omstrede te wees” en dat sy ’n risiko met dié

digbundel neem, want “sy’t besef haar verweer is nie noodwendig iets waaroor haar getroue

ondersteuners wou lees nie” (Brümmer 2006:13).

Tog staan die outobiografiese aard van Krog se poësie en prosa voorop, al verdraai sy

sporadies feite en gebruik skryftegnieke soos die persoonlike ek-spreker om dit meer

universeel toepaslik te maak:

5. Ten slotte

“Dit is heeltemal useless om só te werk dat ander hul nie met my werk kan

identifiseer nie. Jy gebruik middele om die leser toegang te gee tot wat jy skryf. Een

daarvan is die gebruik van die woord 'ek' om ’n storie te vertel. Dit help die leser om

saam met die skrywer kwesbaar te voel.” (In Nieuwoudt 2003:9)

Ondanks die grondige biografiese en outobiografiese kontekstualisering deur Krog se

mededelings in onderhoude, asook die biologiese inligting wat oor haar ouderdom, beroerte

en menopouse bekend is, is daar min gedigte in Verweerskrif wat op direkte wyse met die

digter skakel, soos byvoorbeeld die eerste gedig in “huwelikslied 3” (44). Daar is selde

datums ingesluit, behalwe by “die kwiltdekenkoningin” (18) en by die dagboekinskrywings

in die laaste afdeling. Die weglating van die jaartal wysig egter die dagboekaantekeninge van

direk tot indirek outobiografiese verse. Dié notulering strek ook oor ’n jaar (vier seisoene),

terwyl die onderhoudende narratief en die inligting oor hierdie digbundel se oënskynlik ses

week lange skryfperiode die direk outobiografiese aard daarvan ondergrawe. Direk

outobiografiese dagboekinskrywings van die tradisionele aard word daagliks opgeteken, wat

duidelik nie hier die geval is nie.

385

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die digter Carol Frost se opmerking oor haar beweegredes vir gedigte skryf sluit aan by die

outobiografiese spel in dié genre: “I think I write poetry because it doesn’t say all that it

means. There are surely other reasons, too, but my sense that poetry is based on an

imaginative (and partial) perception of essentials is at the heart” (2001:162).

Sommige digters wil ’n nalatenskap in hulle verse laat. Hiervoor is universaliteit nodig. Daar

moet besin word oor die gebruik van voornaamwoorde om aanklank te vind by die leser, of

die moontlikheid dat ’n voornaamwoord soos “ek” die aandag van die gedig sal aftrek en op

die digter sal vestig. Die gebruik van voornaamwoorde soos “hy” en “sy” wat bepalend van

gender is, het ook vir lesers sekere kulturele en persoonlike konnotasies. Dit is voorwaar ’n

verwikkelde taak om die digterlike konstruksie van die digter te skei. In plaas daarvan om

verse slegs in die binêre opposisie van outobiografies of nie-outobiografies te lees, moet daar

ook gekyk word na die direkte verbinding tot die digter, of die indirekte skakels met die

digter, of selfs na die grade van outobiografiese verwysings in tematies-universele verse. Die

outobiografiese onderneming tussen die digter en die leser word direk aangespreek in die

talle verwysings uit Krog se outobiografie, ’n Ander tongval,en die verse in hierdie

digbundel. Hierdie twee tekste kan aanvullend gelees word in ’n poging om die gedigte te

ontsluit.

Met die publikasie van Verweerskrif, asook die Engelse weergawe Body bereft, bevestig Krog

haar posisie as relevante, grensverskuiwende digter. Dié taboe-deurbrekende bundel vestig

die aandag opnuut op die ouerwordende vroueliggaam in ’n samelewing wat behep is met die

media se voorstelling van skoonheid: anoreksies-maer jong vroue. Verweerskrif, met bykans

die hele menslike spektrum van emosies as tematiek, is ’n waardige wenner van die

Proteapoësie-prys (2007). Dit is ’n bundel wat selfs meer merkwaardig vertoon weens die

relatief kort skryftydperk daarvan – ses weke (Garman 2009:356).

Die omslag is ’n vooruitwysing na die belangrike rol wat temas soos seksualiteit,

geslagtelikheid en liggaamlikheid in dié digbundel speel. Op Krog se kenmerkend

onverskrokke wyse word daar ingegaan op verskeie “taboe” temas, soos menopouse en die

ouer vrou se seksualiteit. Die menopousale verwysings herinner aan die ovulasiekaart in die

verwikkelde Lady Anne, wat deur baie steeds as ’n hoogtepunt in die Afrikaanse poësie

beskou word. Hambidge (2009) het gelyk: “En al beleef ons die ‘onbehoorlike’ en die

‘skokkende’ moet ons die vele registers van hierdie vrou se digkuns bewonder.” As digter dig

sy sonder perke en “fensie” leestekens oor die lewe en alles wat dit behels.

Die onmiskenbare outobiografiese kode in Verweerskrif is waarskynlik een van die hoofredes

waarom dié bundel se “taboe” temas hewige kritiek ontlok. Dit is egter futiel om die lewe te

sensor deur slegs gekose lewensgebeure te ervaar. Insgelyks kan ’n digter wat poog om die

realiteit van menswees te weerspieël, dus nie kieskeurig wees oor “korrekte” of “sosiaal

aanvaarbare” temas nie. Die digter se uitspraak: “ek/ het ’n liggaam, daarom is ek” (81)

beklemtoon die prominente rol van liggaamlikheid in identiteitsvorming en as

bestaansbewys. ’n Bestaan en identiteit wat nou skakel met die liggaam; ’n tema wat Krog

menigmaal deur haar poëtiese oeuvre vernuwe. In Verweerskrif slaag Krog in Chawaf

386

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(1980:177) se doelstelling om die liggaam deur die skryfproses te artikuleer en sodoende

liggaam en teks met mekaar te versoen.

Bibliografie

Belsey, C. en J. Moore (reds.). 1989. The feminist reader: Essays in gender and the politics of

literary criticism. Houndmills, Basingstoke, Hampshire, Londen: Macmillan Education Ltd.

Beukes, M. 2011. Ikonisering van liggaamsverval met spesifieke verwysing na Antjie Krog

se bundel Verweerskrif. Stilet, 23(1):1–17.

Botha, M.E. 2011. Die outobiografiese kode in Antjie Krog se poëtiese oeuvre.

Ongepubliseerde DLitt-proefskrif, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

Botha, W. (red.). 2009. Elektroniese WAT: Woordeboek van die Afrikaanse taal (A –

R). Stellenbosch: Buro van die WAT.

Britz, E. 2000. Proses van heelword belangrik in Krog-werk. Politiek nie meer oorheersend.

Die Volksblad, 23 Oktober, bl. 6.

Brümmer, W. 2006. Krog: “Met hierdie liggaam is ek”. Die Burger, 2 Junie, bl. 13.

Chawaf, C. 1980. Linguistic flesh. Vertaal deur Y. Rochette-Ozzello. In De Courtivron en

Marks (reds.) 1980.

Cilliers, C. 2006. Ontroerend en beeldryk, maar nie Krog se beste. Die Burger, 24 April, bl.

9.

Cixous, H. 1989 [1986]. Sorties: Out and out: Attacks/ways out/forays. In Belsey en Moore

(reds.) 1989.

—. 1997 [1975]. The laugh of the Medusa. In Warhol en Price Herndl (reds.) 1997.

Dawes, N. 2006. Fear and loathing. Mail & Guardian Online.

http://www.chico.mweb.co.za/art/2006/2006mar/060330-krog.html (6 November 2007

geraadpleeg).

De Courtivron, I. en E. Marks (reds.). 1980. New French feminisms: An anthology. Amherst:

University of Massachusetts Press.

Descartes, R. 1996. Discourse on method; and, Meditations on first philosophy. In Weissman

en Bluhm (reds.) 1996.

Elsen, A.E. 1963. Rodin. New York: Doubleday.

387

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Esterhuizen, L. 2009. ’n Sterk letterkunde bestaan nie in fluff nie. Versindaba.

http://versindaba.co.za/2009/05/23/onderhoud-antjie-krog (8 Junie 2009 geraadpleeg).

Ferguson, M., M.J. Salter en J. Stallworthy (reds.). 1996 [1970]. The Norton anthology of

poetry. 4de uitgawe. New York, Londen: W.W. Norton & Company.

Frost, C. 2001. Self-Pity. In Sontag en Graham (reds.) 2001.

Frost, R. 1916. Mountain Interval. New York: Henry Holt.

—. 1996. Robert Frost (1874–1963). In Ferguson, Salter en Stallworthy (reds.) 1996.

Garman, A. 2009. Antjie Krog, self and society: The making and mediation of a public

intellectual in South Africa. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, Universiteit van die

Witwatersrand.

Gouws, A. 2006. Waarom die lyflike nie ontken kan word. Die Burger, 3 Augustus,

bl. 10.

Gray, S. 2006. Letting it all (hang) out. Mail & Guardian, 17–25 Maart, ble. 4–5.

Grosz, E. 1994. Volatile bodies: Toward a corporeal feminism. Bloomington, Indianapolis:

Indiana University Press.

Hambidge, J. 2006a. Krog takel ouderdom, vrouwees. Die Volksblad, 18 April, bl. 6.

—. 2006b. Daar is meer as een soort feminisme. Die Burger, 22 Julie, bl. 2.

—. 2009. Digter wordende: ’n Keur uit die gedigte van Antjie Krog. Die Burger, 29 Maart.

http://jv.dieburger.com/Stories/Entertainment/Books/19.0.1419811239.aspx

(1 April 2009 geraadpleeg).

Jonker, I. 2003 [1994]. Ingrid Jonker: Versamelde werke. Kaapstad: Human & Rousseau.

Kristeva, J. 1982. Powers of horror: An essay on abjection. Vertaal deur L.S. Roudiez. New

York: Columbia University Press.

—. 2002 [1982]. Powers of horror: An essay on abjection. In Oliver (red.) 2002.

Krog, A. 1981. Otters in bronslaai. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1982 [1970]. Dogter van Jefta. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1985. Jerusalemgangers. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1995a. Gedigte 1989–1995. Groenkloof: Hond.

—. 1995b. Relaas van ’n moord. Kaapstad: Human & Rousseau.

388

—. 2000a. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela Boeke.

—. 2000b. Down to my last skin: Poems. Johannesburg: Random House.

—. 2002 [1998]. Country of my skull. Johannesburg: Random House.

—. 2003. A change of tongue. Johannesburg: Random House.

—. 2004 [1989]. Lady Anne. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2005. ’n Ander tongval. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2006a. Verweerskrif. Kaapstad: Umuzi.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2006b. Body bereft. Vertalings deur die digter, G. Ferguson en A. Wessels. Kaapstad:

Umuzi.

—. 2009a. Waar ik jou word (Afrikaans/Engels). Vertaling uit Afrikaans in Engels deur

Karen Press.http://southafrica.poetryinternationalweb.org/piw_cms/cms/cms _module/

index.php?obj_id=13760 (26 Maart 2009 geraadpleeg).

—. 2009b. Waar ik jou word. Vertaal deur R. Dorsman en J. van der Haar. Rotterdam,

Amsterdam: Poetry International / Uitgeverij Podium.

Krog, A. (red.). 2004a. Die sterre sê ‘tsau’. /Xam-gedigte van Dia!kwain, Kweiten-ta-//ken,

A!kunta, /Han#kass’o en //Kabbo. Vertaal deur A. Krog. Kaapstad: Kwela.

—. 2004b. The stars say ‘tsau’. /Xam poetry of Dia!kwain, Kweiten-

ta-//ken, A!kunta, /Han#kass’o en //Kabbo. Vertaal deur A. Krog. Kaapstad: Kwela.

La Vita, M. 2009. Antjie Krog laat iets ekstra bykom. Die Burger, 13 Maart, bl. 9.

Lejeune, P. 1995 (1989). On Autobiography. Vertaal deur K. Leary. Minneapolis: University

of Minnesota Press.

McGrane, M. 2006. “Literature enables you to examine your life”. Michelle McGrane

interviews Antjie Krog. http://www.oulitnet.co.za/nosecret/antjie_krog.asp

(9 Augustus 2008 geraapleeg).

Muske, C. 2004 (1997). Poets on poetry. Women and poetry: Truth, autobiography, and the

shape of the self. Michigan: University of Michigan Press.

Nel, A. 2008. Liggaam, teks en parateks in Antjie Krog se Verweerskrif. LitNet Akademies

5(3):51-68. http://litnet.co.za/cgibin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=57024&cause_id=1270.

Nieuwoudt, S. 2003. Krog-boek trek baie op ’n outobiografie. Werk bevat verwysings na

ouers, broers en haar ervarings as joernalis. Die Volksblad, 15 Oktober, bl. 9.

389

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

October, A. 2006. “Ouer” bors op Krog-bundel laat wenkbroue lig. Die Volksblad, 19 April,

bl. 3.

Oliver, K. 2002. The portable Kristeva. New York: Columbia University Press.

Rautenbach, E. 2011. Die digter in die toring. By-bylaag, 5 Februarie, ble. 4–5.

Retief, H. 2000. Die binnekant en buitekant van Samuels [sic] én Krog. Rapport, 15 Oktober,

bl. 5.

Samuel, A. 2011. Wanpraktyk. Kaapstad: Human & Rousseau.

Shakespeare, W. 1992 (1601). Hamlet. Londen: W.W. Norton & Company.

Smith, S. en J. Watson. 2001. Reading autobiography. A guide for interpreting life

narratives. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Smith, S. en J. Watson (reds.). 1998. Women, autobiography, theory: A reader. Wisconsin:

The University of Wisconsin Press.

Sontag, K. en D. Graham (reds.). 2001. After confession: Poetry as autobiography. Saint

Paul, Minnesota: Graywolf Press.

Spies, L. 2006a. Ongebluste kole van wellus en geluk. Die Burger, 15 Julie, bl. 9.

—. 2006b. Eer ook die liggaam. Die Burger, 5 Augustus, bl. 14.

Taljard, M. 2010. Krog en hersirkulasie (1). Versindaba.

http://versindaba.co.za/2010/11/09/krog-en-hersirkulasie-1 (18 November 2010 geraadpleeg).

Terblanche, E. 2008. Antjie Krog (1952–). Die Sanlam/ATKV/LitNet Afrikaanse Album.

http://www.litnet.co.za/cgi- bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=33423&

cause id=1270 (14 April 2008 geraadpleeg).

Thomas, D. 1996. Dylan Thomas (1914–1953). In Ferguson, Salter en Stallworthy (reds.)

1996.

Van Vuuren, H.E. Janse. 1985. Die gesprek tussen literêre kunswerke met spesifieke

verwysing na Tristia en Komas uit ’n bamboesstok. Ongepubliseerde DLitt-proefskrif,

Universiteit Stellenbosch.

Van Vuuren, H. 2006. “Verweerskrif” tematies en tegnies vernuwend. Beeld, 22 April, bl. 9.

Viljoen, L. 2009a. Die verhouding met die biologiese moeder: ’n Ander tongval (2005). In

Viljoen 2009c.

—. 2009b. Groteske, monsteragtige en abjekte vroueliggame in Krog se poësie. In Viljoen

2009c.

390

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2009c. Ons ongehoorde soort – Beskouings oor die werk van Antjie Krog. Stellenbosch:

Sun Press.

Warhol, R.R. en D. Price Herndl (reds.). 1997. Feminisms: An anthology of literary theory

and criticism. Houndmills, Basingstoke, Hampshire: Macmillan Press.

Wasserman, H. 2000. Afrikaans vibreer van genade Krog. Die Burger, 24 Oktober, bl. 4.

Weissman, D. en W.T. Bluhm (reds.). 1996. Discourse on method; and, Meditations on first

philosophy. New Haven: Yale University Press.

Winterson, J. 1994. Written on the body. New York: Vintage.

Wordsworth, W. 1996 (1970). William Wordsworth (1770-1850). In Ferguson, Salter en

Stallworthy (reds.) 1996.

Eindnotas

1

Die reël “ek het ’n liggaam, daarom is ek” (81) is uit Krog se “Vier seisoenale waarnemings

van Tafelberg” (71–97).

2

Hierdie artikel is gebaseer op ’n gedeelte van my proefskrif wat onder leiding van prof.

Helize van Vuuren voltooi is.

3

My dank aan die NRF vir geldelike ondersteuning in die vorm van ’n NRF Freestanding

Postdoctoral Research Fellowship.

4

Ekumeniese beteken “die hele bewoonde aarde betreffende; algemeen; universeel”

(Elektroniese WAT).

5 Sien Beukes (2011) vir ’n deeglike bespreking van taal en ikonisering in Verweerskrif.

6 Verwysings na Verweerskrif word slegs met ’n bladsynommer aangedui.

7 Gedigte uit Waar ik jou word is elektronies opgespoor en dus sonder bladsynommers.

8 Sien Viljoen se vermelding van en navorsing oor Krog as “outobiografiese subjek” in beide

haar prosa én haar poësie (Viljoen 2009a, 2009b).

9 Andries Samuel debuteer op die ouderdom van 36 met Wanpraktyk (2011).

10 Descartes se bekende stelling, “Je pense, donc je suis” (“I think therefore I am”) uit

Meditations de prima philosophia (1641, Meditations on first philosophy).

11 Dit is bekend dat Samuel en Krog reeds in 1968 in ’n verhouding was (Garman 2009:343).

391

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die impak van revisie op vertaalde

eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing 1

Alta van Rensburg

Alta van Rensburg: Taalsentrum, Universiteit Stellenbosch

Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan

studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende

terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is

om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat

nagaan. Hierdie prosedure word revisie genoem en die doel daarvan is om moontlike foute uit

te skakel en die gehalte van die konsepvertaling te verbeter. Empiriese studies (Arthern 1983;

Künzli 2006 en 2007) toon egter dat die tweede vertaler (reviseur) nie net soms van die eerste

vertaler se foute oorsien nie, maar nuwe foute maak en selfs die gehalte van die vertaling kan

verlaag. Die tweeledige doel van die loodsstudie wat in hierdie artikel beskryf word, is om te

bepaal watter impak revisie op die gehalte van vertaalde eksamenvraestelle in ’n

hoëronderwysomgewing het en om die kostedoeltreffendheid van revisie te bepaal. Twee

konsepvertalings is deur vier reviseurs nagegaan met die opdrag om enige foute uit te skakel

en die gehalte van die konsepvertalings te verbeter. Hierdie “verbeterde” weergawes en die

konsepvertalings (sonder revisie) is aan drie evalueerders gestuur. Die evalueerders het die

vertalings geëvalueer met behulp van ’n assesseringsinstrument (Colina 2009) wat op grond

van die funksionalistiese vertaalbenadering (Nord 1997, 2002 en 2005) ontwikkel is. Die

resultate toon dat revisie ’n groter impak op ’n swak konsepvertaling as op ’n goeie

konsepvertaling het, maar dat ’n ervare reviseur nie noodwendig ’n beter vertaalproduk lewer

as ’n onervare reviseur nie. Dit is ook duidelik dat revisie nie altyd kostedoeltreffend is nie,

aangesien reviseurs tyd aan revisie afstaan, selfs al verbeter dit geensins die gehalte van die

vertalings nie. Die artikel bevestig die behoefte aan duideliker riglyne vir revisie, asook

verdere navorsing oor verskillende revisiemetodes.

Trefwoorde: vertaling; revisie; gehalte van revisie; assessering van vertaling; hoër

onderwys; selfrevisie; anderrevisie; funksionalisme

Abstract

The impact of revision on translated examination papers in a higher education

environment

The inaccurate translation of examination papers in a higher education environment can have

a detrimental effect on student success, for example if the translation is ambiguous or if

incorrect terminology is used. One method of ensuring high-quality translations is to have the

392

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

draft translation created by a first translator checked by a second translator. This process is

known as revision and its aim is to eliminate possible errors and to improve the quality of the

draft translation.

Revision has become more prominent since being mentioned pertinently as one of the quality

assurance methods in two overseas quality standards that are aimed specifically at translation

services. These are the German DIN 2345 on translation contracts, which was introduced in

1998 (Chesterman and Wagner 2002:84) and the European EN 15038 Translation services –

Service requirements (Biel 2011:62) which replaced it in 2006. Both quality standards

mention a number of steps that can be taken to ensure the quality of the translation product.

While DIN 2345 emphasises the importance of revision (IAMLADP 2004:2), EN 15038 goes

one step further by establishing this procedure as an obligation. The latter quality standard is

currently being implemented in about 30 countries, including Belgium, France, Germany, the

Netherlands and the United Kingdom (CEN 2009).

Although there is no similar quality standard in South Africa that prescribes that revision

should be done, translation offices at higher education institutions have their own quality

assurance procedures, which could include revision. Higher education institutions that make

use of revision in their translation offices include the University of South Africa and

Stellenbosch University. However, little research has been done on revision, particularly in

South Africa.

A few of the rather limited number of empirical studies on the quality of revision (Arthern

1983; Künzli 2006 and 2007) show that the second translator (reviser) sometimes not only

misses some of the first translator’s errors, but introduces new errors and may even reduce

the quality of the translation. The translation office at Stellenbosch University spends

resources on revision, but the problem is that there is uncertainty about the impact that

revision has on the quality of the translated documents and whether the procedure is costeffective.

The aim of the pilot study described in this article was twofold: (i) to determine the impact of

the work done by various revisers on the quality of the draft translation and (ii) to compare

the impact of the revision on the translation product with the time spent on revision in order

to determine the cost-effectiveness of the procedure.

This pilot study was based on a general principle that applies in the translation office, namely

that a more difficult translation (e.g. one with more subject-specific terms) is given to an

experienced translator, while an easier translation (e.g. with fewer subject-specific terms) is

given to a less experienced translator. The study was therefore executed in two phases with a

view to comparing the quality of revision in each phase with the other.

In phase 1 an examination paper in the social sciences was translated by a translation student

with no formal qualification or full-time experience in translation. In phase 2 an examination

paper in engineering was translated by an experienced translator with a BPhil in translation

studies and 13 years’ experience as a freelance translator. Both source texts were about 600

words long and were translated from English into Afrikaans.

The methodology for both phase 1 and phase 2 was as follows: The draft translation was

revised by four revisers who were told to correct all errors and to improve the quality of the

draft translation. All changes were indicated using the track changes function in MSWord.

The three evaluators were sent a version in which all the changes had been accepted as well

393

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

as the unrevised draft translation. In each phase the evaluators therefore received five

documents without tracked changes: the unrevised draft translation and one revised

translation from each of the four revisers. The request to the evaluators was that they should

evaluate these five translations with the aid of an assessment instrument provided by the

researcher. The revisers and the evaluators had access to the respective source texts.

The assessment instrument was developed by Sonia Colina (2008 and 2009) on the basis of

the functionalist approach to translation, which is also utilised in the translation office. In

terms of this approach it is important that the client provides the translator (and reviser) with

a translation brief that provides details about, for example, the target readers and the function

of the translation (cf. Nord 1997, 2002 and 2005). The details in the translation brief

furthermore serve as criteria in terms of which the translation is evaluated.

The text as a whole was evaluated, with a focus on the following four aspects of quality: (i)

target language use; (ii) functional and textual equivalence; (iii) the transfer of nonspecialised

content; and (iv) specialised content and terminology. The focus on the textual

level instead of the lexical level is also reflected in the way in which marks were allocated.

No marks were subtracted for errors; instead, descriptive statements were used. In each

category the evaluator selected the statement that best described the text.

The descriptions from which the evaluators could choose to evaluate the translation were

each linked to a numerical value. With this value and the weighting allocated to that section,

a mark out of 100 could be calculated, indicating the quality of the translation product.

Consequently there were three marks (each out of 100) for the draft translation (unrevised)

and for the four translations as changed by each reviser. The sum of these three marks was

divided by three to give an average mark out of 100 for each text, providing an indication of

the quality of the translation according to all three evaluators.

The results showed that revision has much less of an impact on a translation by an

experienced translator (phase 2) than on a translation by a translation student (phase 1), and

that the question could be asked whether it is necessary to have a translation revised by an

experienced translator. The results also show that the quality of revision does not necessarily

increase as experience in revision increases, since the reviser with no revision experience

produced the second best work, in contrast to the reviser with four years’ experience, who

had the least impact on the quality of the translation product in both phases. Many other

variables (such as fatigue and motivation) also play a role, however, and therefore the

possible relationship between revision experience and the quality of revision should be tested

in further empirical studies.

In order to determine the cost-effectiveness of revision, the impact of revision was compared

with the time that each reviser spent on the task. Although the average time spent on revision

in phase 1 was less than in phase 2, the impact of revision on the draft translation in phase 1

was greater than that in phase 2. One reason for this could be the poorer quality of the

translation student’s translation. Since the draft translation by the translation student

contained more errors than that done by the experienced translator, the revisers could make

more changes to improve the quality of the translation student’s translation. A further

possible reason is that the engineering paper in phase 2 contained more subject-specific

terminology than the social sciences paper in phase 1, and that the revisers therefore spent

more time researching terminology. The revisers did not know who had translated the

documents. Had they had this information, they might have spent less time on the

terminology in the engineering paper, since the translation had been done by one of the best

394

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

translators connected with the translation office. An application of this in translation practice

is that it is important that the translator includes comments, particularly in relation to

terminology (for example, specifying which source he/she used), so that the reviser does not

need to research the terms again.

This pilot study focused on the assessment of the translation product at the textual level. An

analysis of the changes that the revisers made and the errors that they missed can be done to

examine specific problems that revisers experience in order to refine the guidelines for

revision. The results of this and previous empirical studies furthermore show that revision,

even by someone with many years of revision experience, does not necessarily have a

satisfactory impact on the quality of the translation product and that translation practice

would benefit from research on how to use revision with greater success.

Keywords: translation; revision; quality of revision; translation assessment; higher

education; self-revision; other-revision; functionalism

1. Inleiding

Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan

studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende

terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is

om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat

nagaan. Die doel is om moontlike foute uit te skakel en die gehalte van die konsepvertaling te

verbeter voordat die finale vertaalproduk aan die kliënt gestuur word. Aangesien daar in

sowel vertaalkunde as die vertaalpraktyk verskillende terme vir hierdie prosedure gebruik

word, bevat afdeling 2.1 ’n kort uiteensetting van etlike terme. Vir die doel van hierdie artikel

word die term revisie gebruik. 2

Revisie is ’n term vir ’n algemene beginsel wat reeds jare lank in die vertaalpraktyk geld,

naamlik “vier oë is beter as twee”. Chesterman en Wagner (2002:86) verwoord dit as “never

translate alone” en voeg by dat selfs vryskutvertalers mekaar se vertalings kan nagaan voor

dit aan die kliënt gestuur word. Revisie het meer prominent geword nadat dit pertinent as een

van die gehalteversekeringsmetodes genoem is in twee oorsese kwaliteitstandaarde wat

spesifiek op vertaaldienste gerig is. Dit is die Duitse DIN 2345 on translation contracts, wat

in 1998 ingestel (Chesterman en Wagner 2002:84) en in 2006 vervang is deur die Europese

EN 15038 Translation services – Service requirements (Biel 2011:62). Albei

kwaliteitstandaarde noem verskeie stappe wat gevolg kan word ten einde die gehalte van die

vertaalproduk te verseker. Terwyl DIN 2345 die belangrikheid van revisie beklemtoon

(IAMLADP 2004:2), gaan EN 15038 een stap verder deur hierdie prosedure as ’n verpligting

te stel: “The Translation Service Provider shall ensure that the translation is revised” (CEN

2006:11). Laasgenoemde kwaliteitstandaard word tans in ongeveer 30 lande toegepas, onder

andere in België, Frankryk, Duitsland, Nederland, Spanje en die Verenigde Koninkryk (CEN

2009).

395

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hoewel daar nie ’n soortgelyke kwaliteitstandaard in Suid-Afrika is wat voorskryf dat revisie

gedoen moet word nie, het vertaalkantore aan hoëronderwysinstansies hulle eie interne

gehalteversekeringsprosedures, wat revisie kan insluit. Hoëronderwysinstansies waar revisie

wel in vertaalkantore toegepas word, sluit die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit

Stellenbosch in. Daar is egter, veral in Suid-Afrika, nog min navorsing oor revisie gedoen.

Kwessies wat ondersoek moet word, is onder andere watter revisiemetode die beste

vertaalproduk oplewer, en of die reviseur wel werk van hoë gehalte lewer. Arthern noem dat

’n reviseur se werk “is assumed to be perfect, or is in fact normally good enough for the final

translation user to have few complaints” (1983:53), gevolglik kyk niemand in die

vertaalkantoor gewoonlik na ’n teks wat deur ’n reviseur nagegaan is nie (1983:54). Die

probleem is egter dat dit nie vanself spreek dat die reviseur al die foute in die teks sal

raaksien nie.

In empiriese studies oor die gehalte van professionele reviseurs se werk (kyk afdeling 2.2) is

bevind dat die aantal foute wat oorgesien word, onnodige veranderinge wat aangebring word

en nuwe foute wat gemaak word, oor die algemeen redelik hoog is in verhouding tot die

lengte van die teks. Die feit dat daar tyd aan die revisie van ’n teks afgestaan word, beteken

dus nie veel op sigself nie. Mossop (2007b:121) rig die volgende vraag aan reviseurs: “[T]o

what extent is the time you are spending [on revision] contributing to the quality of the final

product?” Die doel van hierdie artikel is eerstens om te bepaal watter impak revisie op die

gehalte van die vertaalproduk het, en tweedens om te bepaal of die gehalte van die dokument

verbeter na gelang van die hoeveelheid tyd wat aan revisie bestee word.

Die gehalte van die vertaalproduk kan vir die doel van dié artikel binne die funksionalistiese

vertaalbenadering (kyk bv. Nord 1997, 2002 en 2005) omskryf word as die mate waarin die

vertaalopdrag nagekom is. Twee kriteria kan byvoorbeeld wees of die doeltaalgebruik geskik

is vir die doeltaalleser en of die bronteks se vakkundige inhoud akkuraat oorgedra is. Kyk

afdeling 4, waar die kriteria vir ’n vertaling van hoë gehalte genoem word, asook die

assesseringsinstrument wat op grond van die funksionalistiese benadering tot vertaling

ontwikkel is.

Verskillende definisies van revisie en verskeie terme daarvoor word in afdeling 2.1

uiteengesit, waarna ’n kort beskrywing volg van empiriese studies wat reeds oor die gehalte

van revisie gedoen is (afdeling 2.2). Die probleemstelling en doel van die loodsstudie wat in

hierdie artikel bespreek word, word in afdeling 3 gegee. Afdeling 4 en 5 is onderskeidelik ’n

beskrywing van die metodologie wat gevolg is en die resultate wat verkry is. In die

gevolgtrekking (afdeling 6) word daar dan voorstelle gemaak vir verdere navorsing oor

spesifieke aspekte van revisie. Aangesien daar nog so min navorsing oor revisie gedoen is en

die gebied nog onbekend is, begin afdeling 2 deur revisie binne toegepaste vertaalkunde te

kontekstualiseer.

396

2. Teoretiese onderbou

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Op grond van Holmes (1972:184–91) se uiteensetting van vertaalkunde as vakgebied

klassifiseer Munday (2008:9–12) revisie as deel van vertaalkritiek wat onder toegepaste

vertaalkunde val. Volgens hierdie indeling (kyk figuur 1) dek toegepaste vertaalkunde

vertaalopleiding, vertaalkritiek en vertaalhulpmiddels (soos rekenaargesteunde vertaling en

woordeboeke). Onder vertaalkritiek word die evaluering van vertalings en die skryf van

resensies dan saam met revisie gegroepeer.

Figuur 1. Revisie as deel van toegepaste vertaalkunde

Revisie is egter nog so ’n nuwe studieveld dat selfs die Routledge encyclopedia of

Translation Studies se jongste uitgawe (Baker en Saldanha 2009) nie ’n inskrywing daaroor

bevat nie. Dit is een van die redes waarom die terminologie glad nie gestandaardiseer is nie.

Brunette sluit revisie in by haar pleidooi in 2000 dat vertaalterminologie gestandaardiseer

moet word, en sewe jaar later word ’n spesiale uitgawe van Target, ’n internasionale

vaktydskrif oor vertaalkunde, gewy aan metataal in vertaalkunde (Gambier en Van Doorslaer

2007). Hierdie gesprek duur egter nog voort sonder dat daar konsensus oor die gebruik van

gestandaardiseerde terminologie vir ’n konsep soos revisie bereik is. In afdeling 2.1 sit ek

verskillende definisies van revisie en terme vir revisie uiteen en spesifiseer dan die betekenis

van die begrip in die konteks van hierdie artikel.

2.1 Revisie: definisies en terminologie

In die enigste Engelse handboek oor revisie, 3 Revising and editing for translators, definieer

Mossop (2007b:109) revisie as “that function of professional translators in which they

identify features of the draft translation that fall short of what is acceptable and make

appropriate corrections and improvements”. Die tweede inskrywing oor revisie in Delisle,

Lee-Jahnke en Cormier se Translation terminology stem ooreen met Mossop s’n in die sin dat

’n ervare vertaler die werk moet doen, en weerspieël ook die idee dat revisie die gehalte van

die konsepvertaling moet verbeter: “A function usually assigned to an experienced

397

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

for the purpose of ensuring that texts translated by others will measure up to the

standards of professional translation” (1999:175). 4

Waar Mossop nie die metode van revisie in sy definisie vervat nie, spesifiseer die eerste

inskrywing oor revisie in Translation terminology die metode as ’n vergelyking tussen die

bron- en doelteks: “A detailed comparative examination of the translated with the

respective in order to verify that the is the same in both texts and to

improve the quality of the ” (Delisle e.a. 1999:175). Soos in laasgenoemde

definisie, is die Europese kwaliteitstandaard EN 15038 se definisie van revisie voorskriftelik

ten opsigte van die metode wat toegepas moet word. Daar word ook parameters gegee,

naamlik dat die konsekwente gebruik van terminologie, register en styl nagegaan moet word:

“The reviser […] shall be a person other than the translator and […] shall examine the

translation for its suitability for purpose. This shall include, as required by the project,

comparison of the source and target texts for terminology consistency, register and style”

(CEN 2006:11).

In twee van die bogenoemde definisies is genoem dat die reviseur ’n ander vertaler se werk

nagaan (CEN 2006:11; Delisle e.a. 1999:175). Mossop spesifiseer dit nie in sy meer

algemene definisie nie, maar elders onderskei hy tussen selfrevisie (self-revision) en

anderrevisie (other-revision). Other-revision is Mossop se term wat ooreenstem met CEN

(2006:11) en Delisle e.a. (1999:175) se definisies van revisie, en verwys na ’n reviseur (die

tweede vertaler) wat iemand anders (die eerste vertaler) se werk nagaan (Mossop 2007a:6).

Selfrevisie is die proses “in which one revises one’s own translation” en word dus deur die

eerste vertaler gedoen (Mossop 2007b:203) ten einde ’n konsepvertaling af te rond voordat

dit vir anderrevisie gestuur word. Mossop se term self-revision stem ooreen met die term

checking wat in EN 15038 voorkom en soos volg beskryf word: “On completion of the initial

translation, the translator shall check his/her own work. This process shall include checking

that the meaning has been conveyed, that there are no omissions or errors and that the defined

service specifications have been met” (CEN 2006:11).

Terwyl ’n onderskeid getref word deur Mossop (tussen self-revision en other-revision) en in

die EN 15038-kwaliteitstandaard (tussen checking en revision), is daar navorsers wat

verskillende betekenisse aan dieselfde terme gee. Graham (1989) gebruik byvoorbeeld die

term checking om na other-revision te verwys (in teenstelling met EN 15038, waar die term

na self-revision verwys), en Breedveld en Van den Bergh (2002) gebruik die Nederlandse

term revisie om na self-revision te verwys (in teenstelling met EN 15038 en Mossop, waar die

term na other-revision verwys). Robert (2008:5–7) gee ’n verdere uiteensetting van

verskillende terme wat in die literatuur en vertaalpraktyk vir revisie gebruik word.

In hierdie artikel gebruik ek die term revisie om te verwys na die prosedure waar ’n tweede

vertaler (d.w.s. die reviseur) ’n eerste vertaler se konsepvertaling nagaan. Die reviseur bring

dan die nodige veranderinge aan ten einde enige foute uit te skakel en die gehalte van die

vertaling te verbeter voordat die vertaalproduk aan die kliënt gestuur word. 5 Ek onderskei

tussen revisie en redigering in die sin dat revisie op ’n vertaalde dokument betrekking het,

398

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

terwyl redigering ’n proses is wat uitgevoer word op ’n teks wat nie vertaal is nie (Mossop

2007b:199).

’n Verdere doel van die artikel is om te bepaal watter impak revisie op die gehalte van die

vertaalproduk het. Ten einde ’n positiewe impak te hê moet die reviseur al die foute in die

teks raaksien en die gepaste veranderinge aanbring. In afdeling 2.2 volg ’n beskrywing van

empiriese studies wat oor die gehalte van revisie in die professionele vertaalpraktyk gedoen

is. 6

2.2 Empiriese studies oor die gehalte van revisie

Daar is slegs enkele empiriese studies wat in die vertaalpraktyk gedoen is en wat die gehalte

van professionele reviseurs of ervare vertalers se revisie ondersoek het. 7 Hier onder volg ’n

kort beskrywing van twee sodanige navorsingsprojekte.

2.2.1 Arthern (1983)

Arthern moes as hoof van die taalafdeling in die huidige Raad van die Europese Unie in

België die personeelevaluering van twaalf reviseurs hanteer. In sy artikel “Judging the quality

of revision” beskryf hy sy poging om ’n objektiewe assesseringsmetode te ontwikkel ten

einde die gehalte van hierdie reviseurs se werk te bepaal. Die aantal veranderinge wat ’n

reviseur moet aanbring, hang af van die gehalte van die konsepvertaling, dus kan assessering

nie op grond van ’n aantal bladsye geskied nie. Arthern se oplossing was om genoeg tekste

van elke reviseur te ondersoek totdat hy 200 moontlike ingrypings (interventions) gevind het.

Dit beteken wel dat veranderlikes soos die tekstipe, die vertaler se opleiding en ervaring, en

die gehalte van die konsepvertaling van reviseur tot reviseur gewissel het. Elkeen se werk is

op ’n ander manier hierdeur beïnvloed, maar die doel van Arthern se ondersoek was

personeelevaluering (om elke reviseur se prestasie in die praktyk te meet) en nie om revisie

as prosedure wetenskaplik te ondersoek nie.

Arthern gebruik die term interventions en sluit hierby in sowel veranderinge wat die reviseurs

aangebring het as foute wat hulle oorgesien het. Hy het elke reviseur se moontlike ingrypings

in vier kategorieë ingedeel, naamlik:

Kategorie X: wesenlike fout (substantive error) oorgesien of ingevoeg

Kategorie F: formele fout (formal error) oorgesien of ingevoeg

Kategorie U: onnodige verandering (unnecessary intervention) aangebring

Kategorie C: nodige regstelling van betekenis of verbetering van leesbaarheid

(necessary correction of sense or improvement in readability).

Op grond van hierdie indeling is ’n profiel vir elke reviseur saamgestel en het Arthern

bevind: “All of them made a number of what I considered to be unnecessary interventions,

i.e. they changed words or word order without correcting the sense or improving the style of

the text, but some made a larger proportion of such changes than others” (1983:54). Arthern

gee ongelukkig nie tekstuele voorbeelde of ’n omskrywing van die term substantive error nie.

Na aanleiding van sy beskrywing van formal errors as foute “which do not distort the overall

399

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

meaning of the text” (1983:54) kan die afleiding gemaak word dat ’n wesenlike fout wel die

oordrag van die bronteks se betekenis belemmer.

Verskillende gewigte is aan die kategorieë toegeken. Kategorie X word as die ernstigste foute

geag, terwyl kategorie U-foute as nie-ernstig geag word. Hierdie gewigte word weerspieël in

die formule wat Arthern voorstel om elke reviseur se punt mee uit te werk: S = X + F/2 +

U/3. Die punt (S) is die getal wesenlike foute wat oorbly ná revisie (X) plus die helfte van die

getal formele foute (F/2) plus een derde van die getal onnodige veranderinge wat gemaak is

(U/3). Volgens hierdie formule behoort die beste reviseurs die laagste punte te kry.

Die swakste (dus hoogste) telling, naamlik 65, verteenwoordig 16 wesenlike foute (X), 92

formele foute (F) en 9 onnodige veranderinge (U). Dit beteken dat uit die 200 moontlike

ingrypings hierdie reviseur slegs 83 verbeteringe gemaak het. Die beste (dus laagste) telling,

naamlik 8, verteenwoordig 1 wesenlike fout (X), 2 formele foute (F) en 18 onnodige

veranderinge (U). Hierdie reviseur het dus 179 verbeteringe gemaak en het die grootste

impak op die gehalte van die betrokke doeltekste gehad.

Hoewel hierdie assesseringsmetode meer objektief sou gewees het as daar meer as een

evalueerder was, bevestig die resultate wel dat ’n mens nie net kan aanneem dat ’n reviseur

noodwendig ’n konsepvertaling se gehalte sal verbeter nie. Die reviseur kan selfs die gehalte

van die vertaling verlaag, soos in die volgende afdeling beskryf word.

2.2.2 Künzli (2006 en 2007)

Künzli se empiriese studie is in Swede uitgevoer. Hy het tien professionele vertalers 8 gevra

om as reviseurs op te tree en drie vertaalde tekste na te gaan, naamlik ’n bemarkings-, regs-

en tegniese teks. Nege uit die tien reviseurs het ervaring in revisie gehad. Die reviseurs is

gevra om hardop te dink terwyl hulle die tekste nagaan, waarna hierdie think-aloud protocols

(TAPs) asook die tekste met die reviseurs se veranderinge ontleed is. Die reviseurs se

veranderinge is deur ’n vakkundige op elke gebied geëvalueer. Die reviseurs het ook ’n

vraelys oor hulle opleiding en werkervaring ingevul, waarna Künzli ’n onderhoud met elkeen

gevoer het. Hier onder volg ’n kort beskrywing van twee van sy artikels wat hy op hierdie

navorsingsprojek gebaseer het: een oor die revisie van die tegniese teks (2006) en een oor die

revisie van die regsteks (2007).

Die tegniese teks bestaan uit instruksies vir die installering van ’n sneeustortingveiligheidsnet.

Die grootste deel van Künzli (2006) se artikel daaroor beskryf hoe die

reviseurs een spesifieke probleemgeval opgelos het: die oorspronklike vertaler het ’n lys

moontlike ekwivalente vir ’n tegniese term in ’n voetnoot gegee, maar nie ’n aanbeveling

gemaak nie, dus moes die reviseurs besluit watter term die beste in hierdie konteks sou werk.

Die vakkundige wat die tekste geëvalueer het, het ’n graad in ingenieurswese en meer as

twintig jaar ervaring as ’n vryskut- tegniese vertaler. Volgens dié vakkundige het slegs een

reviseur die regte oplossing gebied. Met die ontleding van die TAPs is gevind dat hierdie

reviseur die enigste een was wat die verwantskap raakgesien het tussen die spesifieke term en

die teks as geheel en besef het dat dit ’n sinoniem is vir ’n term wat vroeër in dieselfde sin

400

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

voorkom. Die ander nege reviseurs het die term in isolasie nagevors en nie besef die bronteks

self kan as ’n inligtingsbron gebruik word nie.

Een van Künzli (2006) se gevolgtrekkings is dat die gehalte van reviseurs se werk daaronder

ly as hulle nie tegniese kennis van die spesifieke veld het nie. ’n Rede wat hy hiervoor gee, is

dat hulle in terminologiese probleme vasval en dus op die leksikale vlak fokus ten koste van

die tekstuele vlak. Hy bespreek egter glad nie die ander veranderinge wat die reviseurs in

hierdie teks aangebring het nie. Künzli maak verder die stelling dat een van die redes vir die

probleme wat hierdie reviseurs ondervind het, kan wees dat hulle geen kontak met die

oorspronklike vertaler en bronteks-outeur gehad het nie. Aangesien hulle nie geweet het wie

die vertaler was en of hulle die persoon kon vertrou nie, veral wat die terminologie betref, het

hulle heelwat langer geneem om probleme soos in Künzli se artikel beskryf, op te los.

Dieselfde is bevind in die loodsstudie wat in afdeling 4 en 5 van my artikel beskryf word: die

reviseurs het veel meer tyd aan die kontrolering van terminologie in fase 2 bestee, aangesien

hulle nie geweet het wie die vertaler was nie.

In sy artikel oor die revisie van die regsteks (2007), ’n hofuitspraak, fokus Künzli onder

andere op die getal en tipe veranderinge wat aangebring is, asook die moontlike verband

tussen die hoeveelheid tyd wat aan revisie bestee is en die gehalte van die revisie. Die

vakkundige wat die reviseurs se veranderinge aan die tekste geëvalueer het, het ’n graad in

sowel regte as vertaling, en het meer as twintig jaar lank regsvertaling gedoseer. Die opdrag

aan die vakkundige was om die volgende tipes veranderinge uit te wys:

(i) geregverdigde veranderinge, met ander woorde veranderinge wat die gehalte van

die teks verbeter (justified changes);

(ii) onnodige veranderinge (hyper-revision);

(iii) nuwe foute ingevoeg (over-revision); en

(iv) foute oorgesien (under-revision).

Wanneer die getal geregverdigde veranderinge vergelyk word met die getal onnodige

veranderinge plus nuwe foute plus foute oorgesien, het slegs drie uit die tien reviseurs meer

goeie veranderinge aangebring as wat hulle slegte veranderinge gemaak of foute oorgesien

het (m.a.w. die totaal van (i) hier bo teenoor (ii) + (iii) + (iv) hier bo). Vier van die reviseurs

het die gehalte van die konsepvertaling selfs verlaag (2007:121). Van die totale moontlike

ingrypings vorm geregverdigde veranderinge 41 persent, onnodige veranderinge 20 persent,

nuwe foute 10 persent en foute oorgesien 29 persent. Dit bevestig dié stelling van Arthern

(1983:54): “One would hope that every time a reviser changes a text he [or she] introduces a

necessary correction or a helpful improvement in style, but experience shows that this is not

the case.” 9

Soos reeds genoem, het Künzli (2007) ook ondersoek of daar ’n verband is tussen hoeveel tyd

die reviseurs aan ’n teks bestee en die gehalte van die revisie. Die twee reviseurs wat die

meeste tyd aan revisie bestee het, het ook die beste werk gelewer. Die twee reviseurs wat

onderskeidelik die derde en vierde meeste tyd aan revisie bestee het, het egter die twee

swakste tekste wat betref die gehalte van revisie gelewer; met ander woorde, ná revisie was

401

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

daar meer onnodige veranderinge, nuwe foute en foute oorgesien in hierdie twee tekste as in

die ander tekste wat nagegaan is. Künzli maak die belangrike gevolgtrekking dat “quality

takes time, but spending a lot of time on a revision task does not necessarily amount to the

same thing as being able to provide quality in translation revision” (2007:121). Dit word ook

weerspieël in die resultate van die empiriese ondersoek soos in afdeling 5 beskryf.

Met die vertolking van bogenoemde resultate moet egter in gedagte gehou word dat die

reviseurs drie tekste gehad het om na te gaan, en dat hulle kon kies in watter volgorde hulle

dit wou doen. Diegene wat die regsteks eerste nagegaan het, het die teks se gehalte verhoog,

maar albei reviseurs wat die regsteks laaste nagegaan het, het die konsepvertaling se gehalte

verlaag. Die invloed van moegheid en minder motivering is belangrik vir die vertaalpraktyk,

derhalwe vra Mossop (2007a:9–10): “[S]hould people be assigned to other-revise all day

long, or should the revision task be interspersed with other activities?”

Teen die agtergrond van waar revisie in toegepaste vertaalkunde inpas, verskeie definisies vir

die konsep en empiriese studies wat reeds oor die gehalte van revisie gedoen is, volg die

beskrywing van die loodsstudie se probleemstelling en doel in afdeling 3, die

navorsingsmetodologie in afdeling 4 en die resultate in afdeling 5.

3. Probleemstelling en doel

Arthern (1983:54) se opmerking dat daar gewoonlik nie weer gekyk word na tekste wat deur

’n reviseur nagegaan is nie, geld ook vir die Universiteit Stellenbosch se Taaldiens. Die

Taaldiens lewer vertaal-, redigeer- en tolkdienste, maar aangesien daar in hierdie artikel op

die revisie van vertaalde tekste gefokus word, verwys ek verder na hierdie kantoor as die

vertaalkantoor. Vertalings word meestal deur vryskutvertalers gedoen, waarna dit nagegaan

word deur ’n reviseur wat vir daardie doel in die vertaalkantoor aangestel is. In ’n omgewing

waar hoë finansiële en werksdruk die norm is, stuur die reviseur die finale vertaalproduk aan

die kliënt en begin dan dadelik met die volgende opdrag. Die gehalte van die revisie word

wel opgevolg wanneer ’n klagte van ’n kliënt ontvang word, maar dit gebeur selde.

Die probleem is dat, terwyl die vertaalkantoor hulpbronne aan revisie bestee, daar

onsekerheid is oor watter impak revisie op die gehalte van die vertaalde dokumente het en of

die prosedure kostedoeltreffend is. In die lig van die kommerwekkende bevindinge in Arthern

(1983) en Künzli (2006 en 2007) se studies soos in afdeling 2.2 beskryf, het ek besluit om die

gehalte van revisie in ’n empiriese studie te ondersoek.

Die doel van die loodsstudie wat in afdeling 4 en 5 beskryf word, is tweeledig, naamlik (i)

om te bepaal watter impak verskeie reviseurs se werk op die gehalte van die konsepvertaling

gehad het en (ii) om die impak van die revisie op die vertaalproduk te vergelyk met die tyd

wat aan revisie bestee is ten einde die kostedoeltreffendheid van die prosedure te bepaal.

402

4. Metodologie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hierdie loodsstudie is gebaseer op ’n algemene beginsel wat in die vertaalkantoor toegepas

word, naamlik dat ’n moeiliker vertaling (bv. met meer vakspesifieke terminologie) aan ’n

ervare vertaler toegewys word, terwyl ’n makliker vertaling (bv. met minder vakspesifieke

terminologie) aan ’n minder ervare vertaler toegewys word. Die studie is dus in twee fases

uitgevoer met die oog daarop om die gehalte van revisie in elke fase met mekaar te vergelyk.

In fase 1 is ’n eksamenvraestel in die sosiale wetenskappe vertaal deur ’n vertaalstudent wat

besig was met ’n internskap by die vertaalkantoor. Die student het ’n BA-graad met geen

formele kwalifikasie of voltydse ervaring in vertaling nie. In fase 2 is ’n eksamenvraestel in

ingenieurswese vertaal deur ’n ervare vertaler met ’n BPhil in vertaalkunde en 13 jaar

ervaring as ’n vryskutvertaler. Albei brontekste was ongeveer 600 woorde lank en is uit

Engels in Afrikaans vertaal. Albei vertalers se eerste taal is Afrikaans.

Die metodologie vir sowel fase 1 as fase 2 was soos volg: die konsepvertaling is deur vier

reviseurs nagegaan met die opdrag om enige foute uit te skakel en die gehalte van die

konsepvertaling te verbeter. Alle veranderinge is met MSWord se track changes-funksie

aangedui en hierdie weergawe van die dokument is vir latere ontleding gestoor. ’n Volgende

weergawe, waarin al die veranderinge aanvaar is, asook die konsepvertaling waarop daar nie

revisie toegepas is nie, is aan drie evalueerders gestuur. Die evalueerders het dus in elke fase

vyf dokumente sonder redigeerspore ontvang: die konsepvertaling wat nie nagegaan is nie, en

een vertaling elk wat deur die vier reviseurs nagegaan is. Die evalueerders se opdrag was om

hierdie vyf verskillende vertalings te evalueer met behulp van ’n assesseringsinstrument wat

aan hulle voorsien is. (Meer inligting oor dié assesseringsinstrument volg hier onder.) Die

reviseurs en die evalueerders het toegang tot die betrokke brontekste gehad.

Al drie evalueerders het tersiêre kwalifikasies in vertaling en tussen 11 en 29 jaar

vertaalervaring. Soos die vertalers, is die evalueerders en reviseurs eerstetaal-

Afrikaanssprekendes. Al vier reviseurs het nagraadse kwalifikasies in vertaal- of taalkunde en

het tussen 5 en 11 jaar ervaring in vertaling. Drie uit die vier het ervaring as voltydse

reviseur. Aangesien daar moontlik ’n verband gelê sou kon word tussen die reviseurs se

ervaring en die gehalte van hulle werk, verskyn verdere besonderhede oor hulle vertaal- en

revisie-ervaring in tabel 1.

Tabel 1. Vertaal- en revisie-ervaring van reviseurs

Reviseur Vertaalervaring Revisie-ervaring

Reviseur 1 8 jaar geen

Reviseur 2 5 jaar 1 jaar

Reviseur 3 11 jaar 4 jaar

Reviseur 4 11 jaar 7 jaar

403

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die assesseringsinstrument is deur Sonia Colina (2008 en 2009) ontwikkel op grond van die

funksionalistiese benadering tot vertaling, wat ook in die vertaalkantoor gevolg word.

Volgens hierdie benadering is dit belangrik dat die kliënt ’n vertaalopdrag aan die vertaler

gee wat besonderhede oor, byvoorbeeld, die teikenlesers en die funksie van die vertaling

bevat (kyk bv. Nord 1997, 2002 en 2005). Hierdie vertaalopdrag word ook gegee aan die

reviseur wat vir die finale vertaalproduk verantwoordelik is. Verder dien die besonderhede in

die vertaalopdrag as kriteria waarvolgens die vertaling geëvalueer word. (Kyk bv. tabel 3

waar die assesseringsinstrument spesifiek na die vertaalopdrag verwys.)

Die teks as geheel word geëvalueer, met die fokus op die volgende vier aspekte van gehalte:

(i) doeltaalgebruik; (ii) funksionele en tekstuele toereikendheid; (iii) die oordrag van

nievakkundige inhoud; en (iv) vakkundige inhoud en terminologie. Tabel 2 toon hierdie

kategorieë, met die numeriese gewig wat aan elkeen toegeken is in die assessering van die

vertaalde eksamenvraestel. Dit beteken dat die instrument gebruik kan word om verskillende

tekstipes te evalueer. Die kategorie vakkundige inhoud en terminologie sal byvoorbeeld

swaarder weeg in die evaluering van ’n eksamenvraestel (bv. 30 uit 100), as in die evaluering

van ’n koerantartikel oor algemene nuus van die dag (bv. 20 uit 100). Vir so ’n koerantartikel,

weer, behoort die kategorie doeltaalgebruik swaarder te weeg.

Tabel 2. Kategorieë van assesseringsinstrument en gewigte toegeken (Colina 2009)

Kategorieë Voorbeelde van kriteria Gewig

1. Doeltaalgebruik Grammatika, spelling 20 uit 100

2. Funksionele en tekstuele

toereikendheid

Funksie van teks, teikenlesers 20 uit 100

3. Nievakkundige inhoud Oordrag van betekenis 30 uit 100

4. Vakkundige inhoud en

terminologie

Terminologie 30 uit 100

Die fokus op die tekstuele vlak in plaas van die leksikale vlak word ook weerspieël in die

manier waarop punte toegeken word. Daar word nie punte afgetrek vir foute nie, maar eerder

van beskrywende stellings gebruik gemaak. Die evalueerder kies in elke kategorie die stelling

wat die teks die beste beskryf. As voorbeeld verskaf tabel 3 hier onder ’n vertaling en effens

aangepaste weergawe (t.o.v. terminologie en bykomende kolomme) van die derde kategorie

in Colina se assesseringsinstrument. Daar is kolomme aan die regterkant waar die evalueerder

die vyf doeltekste moet assesseer, asook spasie onderaan vir enige voorbeelde of opmerkings

wat die assessering kan toelig.

404

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tabel 3. Kategorie 3 van Colina se assesseringsinstrument met beskrywende stellings

(vertaal en effens aangepas)

Kategorie 3: Oordrag van nievakkundige inhoud

Nr. Beskrywing Merk een blokkie per doelteks (DT)

DT 1 DT 2 DT 3 DT 4 DT 5

3.a Die doelteks (DT) getuig van, of bevat,

ongevraagde afwykings van die bronteks (BT) op

belangrike punte. Dit bevat onakkurate weergawes

en/of belangrike weglatings en toevoegings wat nie

deur die vertaalopdrag geregverdig kan word nie.

Daar was hoogs gebrekkige begrip van die

bronteks.

3.b Daar is betekenisveranderings, weglatings en/of

byvoegings wat nie deur die vertaalopdrag

geregverdig kan word nie. Die DT toon dat die BT

en/of die vertaalopdrag op party plekke verkeerd

verstaan is.

3.c Minder belangrike betekenisveranderings,

byvoegings of weglatings kom voor.

3.d Die DT weerspieël die inhoud wat in die BT vervat

is, akkuraat met verwysing na die vertaalopdrag,

sonder dat daar ongevraagde veranderings,

weglatings of byvoegings gedoen is. Fyn nuanses

en betekenisskakerings is toereikend weergegee.

Voorbeelde/Opmerkings:

Die vyf kolomme aan die regterkant het die evalueerders aangemoedig om die tekste in elke

kategorie met mekaar te vergelyk, en hulle het die spasie onderaan benut om sommige keuses

te verduidelik. Die resultate van die assessering word in die volgende afdeling beskryf.

5. Resultate

Die beskrywings waaruit die evalueerders kon kies om die vertaling te evalueer, is elk aan ’n

numeriese waarde gekoppel. Met hierdie waarde en die gewig wat aan elke afdeling toegeken

is (kyk tabel 2), kon daar ’n punt uit 100 bereken word wat die gehalte van die vertaalproduk

aandui. Daar is dus drie punte (elk uit 100) beskikbaar vir die konsepvertaling (sonder

revisie) en die vier vertalings soos verander deur elke reviseur. Hierdie drie punte se totaal is

deur drie gedeel om ’n gemiddelde punt uit 100 vir elke teks te kry, wat dus ’n aanduiding is

van die gehalte van die vertaling volgens al drie evalueerders.

Tabel 4 wys hierdie gemiddelde punt uit 100 wat aan die tekste in onderskeidelik fase 1 en

fase 2 toegeken is aan die vertaalprodukte soos gelewer deur die vertaalstudent, die ervare

405

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

vertaler en die vier reviseurs. Die impak van revisie op die gehalte van die vertaalproduk kan

bepaal word deur die punt wat aan die konsepvertaling (sonder revisie) toegeken is, te

vergelyk met die punt wat toegeken is aan die vertaalproduk wat deur een van die reviseurs

gelewer is.

Tabel 4. Die impak van revisie op die gehalte van die vertaalproduk

Fase 1

vertaalstudent;

eksamenvraestel in die

sosiale wetenskappe

Fase 2

ervare vertaler;

eksamenvraestel in

ingenieurswese

Sonder

revisie

Reviseur 1 Reviseur 2 Reviseur 3 Reviseur 4

51,6 83,3 81,6 68,3 93,3

76,6 80,0 78,3 76,6 81,6

Dit is duidelik dat revisie ’n groter impak gehad het op die gehalte van die konsepvertaling

deur die vertaalstudent (fase 1) as op die konsepvertaling deur die ervare vertaler (fase 2). In

teenstelling met die resultate van Künzli (2007) se empiriese ondersoek, het nie een van die

reviseurs ’n negatiewe impak op die gehalte van die vertalings gehad nie.

Reviseur 4 se werk het die meeste impak gehad op die gehalte van die vertaalproduk in albei

fases – hierdie persoon het ook die meeste revisie-ervaring (kyk tabel 1). Hoewel reviseur 3

die tweede meeste revisie-ervaring het, het hierdie persoon se werk die minste impak gehad

in albei fases. In fase 2 het reviseur 3 se revisie geen impak gehad nie, aangesien die punt vir

die konsepvertaling en die vertaalproduk ná revisie presies dieselfde is. Dit is opmerklik dat

reviseur 1 se revisie die tweede beste resultate toon, aangesien hierdie persoon geen ervaring

in revisie het nie, teenoor reviseur 3 se vier jaar revisie-ervaring. Reviseur 2, met een jaar

revisie-ervaring, het ook in albei fases beter resultate getoon as reviseur 3. Dit is ’n

aanduiding dat die gehalte van revisie nie noodwendig toeneem namate ervaring in revisie

meer raak nie. Talle ander veranderlikes (soos moegheid en motivering) speel egter ook ’n

rol, dus behoort die moontlike verband tussen revisie-ervaring en die gehalte van revisie in

verdere empiriese studies ondersoek te word.

Ten einde die kostedoeltreffendheid van revisie te bepaal, is die impak van revisie vergelyk

met die tyd wat elke reviseur aan die taak bestee het. In tabel 5 word die impak van revisie

uitgedruk as ’n waarde wat verkry is deur die punt vir die gehalte van die konsepvraestel af te

trek van die punt toegeken aan die vertaalproduk ná revisie (kyk tabel 4). As reviseur 4 se

punt 93,3 is vir die gehalte van die vertaalproduk ná revisie (in fase 1) en die punt vir die

konsepvertaling deur die vertaalstudent (51,6) daarvan afgetrek word, word die impak van

revisie op daardie teks as ’n waarde van 41,7 uitgedruk. Die kostedoeltreffendheid kan dus

406

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bepaal word deur hierdie waarde te vergelyk met die hoeveelheid tyd (een uur) wat reviseur 4

aan die revisie bestee het. Tabel 5 toon elke reviseur se kostedoeltreffendheid in albei fases.

Fase 1

vertaalstudent;

sosiale wetenskappe

impak van revisie

tyd spandeer aan revisie

Fase 2

ervare vertaler;

ingenieurswese

impak van revisie

tyd spandeer aan revisie

Tabel 5. Kostedoeltreffendheid van revisie

Reviseur 1 Reviseur 2 Reviseur 3 Reviseur 4 Gemiddeld

31,7

1,5 uur

3,4

2 uur

30,0

1,5 uur

1,7

1 uur

16,7

0,7 uur

0,0

1 uur

41,7

1 uur

5,0

2 uur

30,0

1,2 uur

2,5

1,5 uur

Hoewel die gemiddelde tyd wat in fase 1 aan revisie spandeer is, minder is as in fase 2, is die

impak van revisie op fase 1 se konsepvertaling veel groter as dié in fase 2. Een rede hiervoor

is die swakker gehalte van die vertaalstudent se vertaling: ’n punt van 51,6 is aan die

vertaalstudent se konsepvertaling toegeken, teenoor 76,6 aan die ervare vertaler s’n (kyk tabel

4). Aangesien die vertaalstudent se konsepvertaling meer foute bevat as dié van die ervare

vertaler, kon die reviseurs meer veranderinge aanbring om die gehalte van die vertaalstudent

se vertaling te verbeter.

Nog ’n moontlike rede is dat die ingenieurswese-vraestel in fase 2 meer terminologie bevat as

die sosialewetenskappe-vraestel in fase 1 en dat die reviseurs dus meer tyd daaraan spandeer

het om die terminologie na te vors. Die reviseurs het nie geweet wie die dokumente vertaal

het nie. As hulle wel hierdie inligting gehad het, sou hulle heel moontlik minder tyd aan die

terminologie in die ingenieurswese-vraestel spandeer het, aangesien die vertaling gedoen is

deur een van die beste vertalers verbonde aan die vertaalkantoor. Künzli (2006:209) noem

ook dat dit reviseurs help om te weet dat hulle die vertaler kan vertrou om akkurate navorsing

te doen. ’n Toepassing hiervan in die vertaalpraktyk is dat dit belangrik is dat die vertaler

kommentaarblokkies invoeg, veral ten opsigte van terminologie (bv. watter bron die vertaler

gebruik het), sodat die reviseur nie die terme weer ’n keer hoef na te vors nie.

Dit is duidelik dat revisie in fase 1 meer kostedoeltreffend was. Die vraag kan selfs gevra

word of dit die moeite werd is om revisie te doen wanneer die vertaling, soos in fase 2, deur

’n ervare vertaler gedoen is. Die besluit moet dus geneem word of die vertaalkantoor hierdie

risiko kan loop, want selfs die beste vertalers maak soms foute wat dan ongesiens sal

verbygaan. Verder bevestig die inligting in tabel 5 Mossop se waarskuwing dat tyd wat aan

revisie bestee word, op sigself nie veel beteken nie (2007b:121), met ander woorde dat die

gehalte van die vertaalproduk nie noodwendig beter is as daar meer tyd aan revisie bestee

407

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word nie. Dit is ’n vraagstuk in navorsing oor revisie; ook Künzli (2007) se resultate het dit

as ’n probleem uitgewys (kyk afdeling 2.2).

Een oplossing vir hierdie probleem is om baie duidelike riglyne ten opsigte van

revisiemetodes te verskaf en nie net aan te neem dat ’n goeie vertaler ook ’n goeie reviseur

sal wees nie. Enkele moontlikhede vir verdere studie word in die volgende afdeling genoem.

6. Gevolgtrekking

In hierdie artikel is verskillende definisies vir die konsep revisie gegee, asook verskeie terme

wat daarvoor gebruik word. Na aanleiding hiervan is die gebruik van die term revisie in

hierdie studie gespesifiseer as die prosedure wat gevolg word wanneer ’n tweede vertaler ’n

konsepvertaling deur ’n eerste vertaler nagaan ten einde foute uit te skakel en die gehalte van

die vertaling te verbeter. Revisie is onderskei van redigering deurdat revisie op ’n vertaalde

dokument toegepas word, en redigering op ’n dokument wat nie vertaal is nie. Empiriese

studies wat in België en Swede oor die gehalte van revisie uitgevoer is, is kortliks beskryf. In

hierdie studies is belangrike kwessies uitgelig, soos dat reviseurs nie noodwendig al die foute

in ’n teks raaksien nie en dat hulle onnodige veranderinge kan maak en selfs foute kan

invoeg. Teen hierdie agtergrond is die probleem geopper dat, terwyl die vertaalkantoor

hulpbronne aan revisie bestee, die impak van revisie op die gehalte van die vertaalproduk nog

nie gemeet is nie.

Ten einde die impak van revisie en die kostedoeltreffendheid daarvan te bepaal, is ’n

loodsstudie in Suid-Afrika uitgevoer waar die werk van vier reviseurs in twee verskillende

situasies geassesseer is. Die resultate toon dat revisie veel minder impak het op ’n vertaling

deur ’n ervare vertaler as op ’n vertaling deur ’n vertaalstudent, en dat die vraag selfs gevra

kan word of dit nodig is om ’n ervare vertaler se werk na te gaan. Verder is daar nie ’n

direkte verband tussen ervaring as reviseur en die gehalte van revisie gevind nie – navorsing

oor die vaardighede wat suksesvolle revisie verg, is dus nodig. Die resultate toon ook dat daar

nie ’n direkte verband is tussen die gehalte van revisie en die hoeveelheid tyd wat daaraan

spandeer word nie. Dit bevestig wat in vorige empiriese studies bevind is (kyk afdeling 2.2)

en beklemtoon dat duideliker riglyne vir revisie geformuleer moet word. Hiermee saam

behoort empiriese studies oor die sukses van verskillende revisiemetodes deel van moontlike

verdere navorsing uit te maak.

Hierdie loodsstudie het op die assessering van die vertaalproduk op tekstuele vlak gefokus. ’n

Ontleding van die veranderinge wat die reviseurs aangebring het en foute wat hulle oorgesien

het, kan gedoen word om spesifieke probleme te ondersoek wat reviseurs ondervind ten einde

riglyne oor revisie te verfyn. Die resultate van hierdie en vorige empiriese studies toon verder

dat revisie, selfs deur ’n persoon met jare se revisie-ervaring, nie noodwendig ’n

bevredigende impak op die gehalte van die vertaalproduk het nie, en dat die vertaalpraktyk

sal baat by navorsing oor hoe om revisie met meer sukses uit te voer.

408

Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Arthern, P. 1983. Judging the quality of revision. Lebende Sprachen, 28(2):53–7.

Asadi, P. en C. Séguinot. 2005. Shortcuts, strategies and general patterns in a process study

of nine professionals. Meta: Translators' Journal, 50(2):522–47.

Baker, M. en G. Saldanha (reds.). 2009. Routledge encyclopedia of Translation Studies. 2de

uitgawe. Londen: Routledge.

Beukes, A. en M. Pienaar. 2010. Veeltalige vertaalterminologie. Pretoria: Van Schaik.

Biel, Ł. 2011. Training translators or translation service providers? EN 15038:2006 standard

of translation services and its training implications. The Journal of Specialised Translation,

16:61–76.

Boulogne, P. (red.). 2008. Translation and its others. Selected papers of the CETRA research

seminar in Translation Studies 2007.

http://www.kuleuven.be/cetra/papers/Papers2007/Robert.pdf (31 Julie 2010 geraadpleeg).

Breedveld, H. en H. van den Bergh. 2002. Revisie in vertaling: wanneer en wat. Linguistica

Antverpiensia: New Series, 1:327–45.

Brunette, L. 2000. Towards a terminology for translation quality assessment: A comparison

of translation quality assessment practices. The Translator, 6(2):169–82.

Brunette, L. en P. Horguelin. 1998. Pratique de la révision. Brossard (Québec): Linguatech.

CEN (European Committee for Standardization). 2006. NBN EN 15038 (E): Translation

services – Service requirements. Brussels: Belgisch Instituut voor Normalisatie.

—. 2009. Members. http://www.cen.eu/cen/Members/Pages/default.aspx (12 Januarie 2012

geraadpleeg).

Chesterman, A. en E. Wagner. 2002. Can theory help translators? A dialogue between the

ivory tower and the wordface. Manchester: St Jerome.

Colina, S. 2008. Translation quality evaluation: Empirical evidence for a functionalist

approach. The Translator, 14(1):97–134.

—. 2009. Further evidence for a functionalist approach to translation quality evaluation.

Target, 21(2):235–64.

Delisle, J., H. Lee-Jahnke en M. Cormier (reds.). 1999. Translation terminology. Amsterdam:

John Benjamins.

409

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Gambier, Y., M. Shlesinger en R. Stolze (reds.). 2007. Doubts and directions in Translation

Studies. Amsterdam: John Benjamins.

Gambier, Y. en L. van Doorslaer (reds.). 2007. The metalanguage of translation. Spesiale

uitgawe van Target, 19(2). Amsterdam: John Benjamins.

Gotti, M. en S. Šarčević (reds.). 2006. Insights into specialized translation. Bern en

Frankfurt: Peter Lang.

Graham, J. 1989. Checking, revision and editing. In Picken (red.) 1989.

Holmes, J. 1988. The name and nature of Translation Studies. In Venuti (red.) 2004.

IAMLADP (Inter-Agency Meeting on Language Arrangements, Documentation and

Publications). 2004. Report: Task force on the quality management approach.

http://www.uncti.net/pages/essays/quality_mngt.pdf (24 April 2007 geraadpleeg).

Künzli, A. 2006. Translation revision: A study of the performance of ten professional

translators revising a technical text. In Gotti en Šarčević (reds.) 2006.

—. 2007. Translation revision. A study of the performance of ten professional translators

revising a legal text. In Gambier, Shlesinger en Stolze (reds.) 2007.

Lorenzo, M. 2002. Competencia revisora y traducción inversa. Cadernos de Tradução,

10:133–66.

Mossop, B. 2007a. Empirical studies of revision: What we know and need to know. The

Journal of Specialised Translation, 8:5–20.

—. 2007b. Revising and editing for translators. 2de uitgawe. Manchester: St Jerome.

Munday, J. 2008. Introducing Translation Studies: Theories and applications. 2de uitgawe.

Londen: Routledge.

Nord, C. 1997. A functional typology of translations. In Trosborg (red.) 1997.

—. 2002. Manipulation and loyalty in functional translation. Current Writing, 4(2):32–44.

—. 2005. Text analysis in translation: Theory, methodology, and didactic application of a

model for translation-oriented text analysis. 2de uitgawe. Amsterdam: Rodopi.

Odendal, F. en R. Gouws (reds.). 2005. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse

taal. 5de uitgawe. Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Picken, C. (red.). The translator's handbook. Londen: Aslib.

Robert, I. 2008. Translation revision procedures: An explorative study. In Boulogne (red.)

2008.

410

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Shih, C. 2006. Revision from translators' point of view: An interview study. Target,

18(2):295–312.

Trosborg, A. (red.). 1997. Text typology and translation. Amsterdam: John Benjamins.

Venuti, L. (red.). 2004. The Translation Studies reader. 2de uitgawe. Londen: Routledge.

Eindnotas

1 Hierdie artikel is gebaseer op my tans onvoltooide PhD-studie onder leiding van prof. Ilse

Feinauer, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en

Nederlands. Die studie handel oor die gehalteversekering van vertaalde studiemateriaal in ’n

hoëronderwysomgewing.

2 Volgens Translation terminology, die Internasionale Federasie van Vertalers (FIT) se

viertalige woordelys (Delisle, Lee-Jahnke en Cormier 1999:71), is terme wat vir revisie

gebruik word, revision (Engels), révision (Frans), revisión (Spaans) en Revision (Duits). In

die Afrikaanse vertaling van hierdie woordelys (Beukes en Pienaar 2010:146) word die

Nederlandse term aangegee as revisie, en die Afrikaanse term as hersiening. Die woord

hersiening word egter ook in ander kontekste gebruik, soos in skole (en universiteite) waar

leerders die semester of die jaar se werk hersien, en in uitsprake van ’n laer hof wat hersien

word om die korrektheid daarvan te bepaal (Odendal en Gouws 2005:394). Ek gebruik dus

revisie as Afrikaanse vakterm ten einde moontlike verwarring te voorkom.

3 Daar is net twee handboeke oor revisie, naamlik Mossop (2007) se Revising and editing for

translators en die Franse handboek Pratique de la révision deur Brunette en Horguelin

(1998).

4 Hierdie bron gebruik die spitshakies as kruisverwysings na ander terme wat ook in die

terminologielys opgeneem is.

5 Die fokus van hierdie loodsstudie en artikel is dus op wat Mossop other-revision

(anderrevisie) noem (2007a:6) en nie op selfrevisie nie. Empiriese studies wat oor selfrevisie

gedoen is, sluit in Shih (2006), Asadi en Séguinot (2005) en Breedveld en Van den Bergh

(2002).

6 Vir die doel van hierdie artikel word die term ervare vertalers gebruik vir vertalers wat

minstens vyf jaar vertaalervaring het. Professionele reviseurs is vertalers wie se hooftaak dit

is om ander se vertalings na te gaan.

7 Revisie word ook as ’n leeraktiwiteit in die opleiding van vertalers gebruik sodat die

studente foute in hulle eie vertalings kan ontdek en kan bepaal waarom hulle hierdie foute

gemaak het (Delisle e.a. 1999:175). Kyk ook Lorenzo (2002) in Künzli (2007:116–7), wat die

gehalte van vertaalstudente se revisie bestudeer het. Die fokus van hierdie artikel is nie op

411

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

revisie deur studente nie, maar spesifiek op revisie wat deur ervare vertalers in die

professionele vertaalomgewing gedoen word.

8 Künzli (2006 en 2007) spesifiseer nie sy kriteria vir ’n professionele vertaler nie, maar

noem wel dat hy vryskutvertalers met minstens ses jaar vertaalervaring gebruik het

(2006:196).

9 Arthern (1983:54) verduidelik nie wat hy met die woorde “nuttige verbetering” bedoel nie,

en daarmee word die subjektiewe aard van assessering weer eens beklemtoon: wat die een

persoon as ’n nuttige verbetering sien, sal ’n ander dalk as ’n onnodige verandering beskou.

Daarom is dit so belangrik dat vertalers, reviseurs en evalueerders hulle onderskeie take

verrig in die lig van die besonderhede wat in die vertaalopdrag gegee is. Hierdie

besonderhede kan dan ook dien as kriteria waarvolgens die vertaling geëvalueer word. (Kyk

ook afdeling 4, waar ’n assesseringsinstrument bespreek word wat op grond van die

funksionalistiese vertaalbenadering ontwerp is.)

412

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Om ’n deeglike “aanmaning van sterflikheid” te

kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die

benederyk van Ingrid Winterbach

Adéle Nel

Adéle Nel: Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus)

Met verwysing na Kaja Silverman se boek Flesh of my flesh (2009), waarin sy insigte oor

relasionaliteit, kunstenaarskap en die dood indringend verken en uiteensit aan die hand van

die mite van Orfeus en Euridike, betoog ek in hierdie artikel dat Die benederyk binne die

teoretiese raamwerk van relasionaliteit en retrovisie gelees kan word. Relasionaliteit

manifesteer in die roman eerstens as ’n ontologiese verwantskap op persoonlike vlak tussen

mense op grond van sterflikheid. Katabasis maak op verskillende wyses ’n verskyning in die

roman, maar die opvallendste verwysings is deurgaans na Stefaans Adendorff wat “die

duisternis afgegaan het en lank verlore was”. Daar word tweedens aangetoon dat Die

benederyk terselfdertyd ’n narratief-filosofiese besinning oor die aard, die waarde en funksie

van kuns en die artistieke proses is. Winterbach besin by monde van die sentrale

kunstenaarkarakter, Aaron, wie se lewensverhaal ook getuig van ondergang en redding, oor

die plek van die Suid-Afrikaanse kunstenaar binne ’n groter wêreldorde en sy verwantskap

met voorgangerkunstenaars binne die kunstradisie. Sy onderneem saam met Aaron ’n reis

deur die Westerse kunstradisie, en deur middel van retrovisie word talle dooie kunstenaars

“lewend” gemaak, van wie Joseph Beuys en Francisco Goya die opvallendste is.

Trefwoorde: Ingrid Winterbach; Die benederyk; Kaja Silverman; Flesh of my flesh;

relasionaliteit; retrovisie; katabasis; kunstenaarskap; Westerse kunstradisie

Abstract

A profound reminder of mortality: catabasis, relationality and retrovision in Ingrid

Winterbach’s Die benederyk (2010)

The aim of this article is to indicate that Die benederyk (The underworld) may be read within

the theoretical framework of catabasis, relationality and retrovision. My point of departure is

that relationality manifests itself in two ways in Die benederyk, namely as an ontological

relationship on a personal level between people (whether it be family relations or the bonds

of friendship), and also as an ontological relationship between specific artists through the

ages. With reference to Kaja Silverman’s book Flesh of my flesh (2009), but also referring to

Etty Mulder’s Freud and Orpheus (1987), a brief summary of the theoretical concepts of

relationality, catabasis and retrovision will first be provided. It will be shown, furthermore,

413

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

that at the same time Die benederyk is a narrative philosophical reflection on the nature, value

and function of art and the artistic process. However, since every artist also works within a

specific public sphere and tradition this aspect, too, is relationally based.

The title itself, Die benederyk, already establishes a connection with death and the myth of

Orpheus and Eurydice that is confirmed throughout the story. Silverman uses this wellknown

myth, as recorded by Ovid in Book X of The metamorphoses, as her starting point

from which she develops her theory of relationality. What is not so well known in Western

literature is the fact that after the second disappearance of Eurydice into Hades, Ovid adds a

redemptive coda to Book XI, which largely invalidates the woman-death link and lays the

foundation of relationality. Orpheus is murdered by the vicious Maenaden. This results in his

second descent into the underworld. When he arrives in Hades he sees what he had seen

before, but he sees it anew and differently. He embraces Eurydice lovingly and in doing so he

acknowledges her ontological equality (Silverman 2009:181). In this way, they re-enact what

had happened before, cancelling the violence of the events and transforming it into a

reversible and ontological equalising analogy (Silverman 2009:181).

Orpheus’s descent into the underworld is related to the Greek concept of katabasis – a

concept defined as a movement or journey downwards. According to Falconer (2005:2) the

Greeks used the term katabasis (Latin descensus ad infernas) metaphorically to refer

specifically to the story of a living person who had visited the underworld and returned

reasonably unscathed to the land of the living.

Silverman’s (2009) thesis regarding the theory of relationality is bound up with the fact that

mortality is the most comprehensive and basic feature that man shares with every other living

being on earth. Finiteness marks the time and place where we end and others begin, both

spatially and temporally. It is the acknowledgement of this limitation that gives us a sense of

our place within the larger whole (Silverman 2009:4). Silverman (2009:8) then engages with

the ideas of psychoanalyst and writer Lou Andreas-Salomé. She refers to Salomé’s memoir,

Looking back, in which she voices insights that correspond with Ovid’s coda in the recording

of the Orpheus myth. Salomé attributes a redemptive power to this type of looking, i.e. the

capacity to revive the past so that it happens again, but in a new way. She refers to this

process as the healing power of Nachträglichkeit – a term originally created by Freud, but

used in a different sense by Salomé. She also attributes a number of other powers to

Nachträglichkeit, namely the possibility that it can cleanse sin, raise the dead and resolve

differences between people.

Die benederyk tells the story of two brothers, Aaron Adendorff and his brother Stefaans. The

novel addresses, among other issues, the quest for the meaning of life by both characters after

each one descends into his own personal hell and in the slow process of re-emerging back

towards the light. Both are struggling with their own sins, the death of their loved ones,

broken relationships between people and the intense emotions of dealing with loss.

The most striking reference to someone visiting the underworld and returning is found when

Stefaans is said to have gone down to the darkness and had been lost for a long time. During

the course of the narrative Stefaans is likened to the biblical New Testament Lazarus, who

was resurrected to life, but also to Joseph of the Old Testament, who was saved from certain

death in the pit. Among other things, the novel tells the story of Stefaans’s descent into

darkness due to drug addiction, the turning point in his life, as well as his gradual return to

the land of the living. After this catabatic experience, Stefaans gains insight into his

relationship with other flesh being of his flesh and understands his existence as an aware

414

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

being with a body that has limitations, so that relationality is established. He then reflects on

those that he has left behind, whether dead or alive, and so he starts his journey to renewal

and regeneration. He accepts his fate, reconnects with his lost brother and heals broken

relationships with departed family and friends through retrovision, exorcises his fears, and

finally experiences release.

Aaron Adendorff, the painter, is the central character in the novel. His story, too, is one of

destruction and salvation. After the death of his wife, Naomi, Aaron descends to the dark

depths of depression and is also confronted with his own mortality when a cancerous growth

is removed from one of his kidneys.

There is another striking link with the Orpheus myth in this novel regarding art and the

creative process. A conclusive connection exists between being an artist and relationality. It

is specifically the descent into the underworld that is presented as the creative process. In this

way, the story of Aaron as an artist highlights a different aspect of relationality.

Aaron’s art is initially figurative in nature and as such he associates himself with the

recognisable image. However, after the 1980s his work becomes more abstract as he loses

touch with the physical image. This change in the subject-object relation distresses Aaron,

because he is constantly aware that the loss of the image – of a discernible object – could be

the death of all structure: a formal dead end. The tone in which the novel is written gets its

power from the inevitable influence of the invisible image as is evidenced by the description

of the intense experience of loss every time the recognisable image disappears. For Aaron,

the benefit of his insights into relationality is the rediscovery of his lost loved one, here being

the recovery of the recognisable image. He, too, accepts loss and overcomes his anxiety. His

renewed creative drive and the prospect of the exhibition in Berlin is proof of his renewal and

regeneration.

The ontological relationship between people isn’t important only for the personal connections

and dialogue with predecessors, but also for the insight it gives into what it entails being an

artist. It also highlights the connection between artists throughout the ages. Thus, Aaron’s

retrovision is also a comprehensive overview of Western art history, including many

references to predecessor artists with whom he feels a kinship. Feeling himself marginalised

(both as a person and as an artist), Aaron takes a critical look at his own figurative paintings

as well as those of a few chosen, fictional artists. These include Jimmy Harris (a

videographer who has an obsession with deconstructive creativity) and Moeketsi Mosekede

(a politically correct artist).

Many deceased artists, of whom Joseph Beuys and Francisco Goya are the most notable, are

resurrected through retrovision. This historical layering has the effect of a palimpsest,

viewing the present as being intertwined with the past. In this way relationality between the

past and the present is suggested. Die benederyk is, therefore, indeed a narrative

philosophical reflection on the nature, value and function of art in the early 21st century, the

history of Western art and the artistic process. Thierry De Duve’s comment, as quoted by

Lyotard (1992:16), is especially relevant to this novel as it refers to the issues addressed by it:

“The question of modern aesthetics is not ‘What is beautiful, but rather what is art to be and

what is literature to be?’”

This article also briefly explores what the terms art and artwork currently mean. Adorno’s

statement in Aesthetic theory (1997:1) is relevant here: “It is self-evident that nothing

concerning art is self-evident anymore, not its inner life, not its relation to society, not even

415

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

its right to exist.” In fact, it could be argued that this pronouncement is the artistic theoretical

framework on which Winterbach constitutes her reflection of art and what it means to be an

artist in Die benederyk. This novel reflects on the meaning of art, the origin and nature of

creative expression (the formation of art) and the possible value thereof. In conclusion it is

clear that Winterbach is making explicit pronouncements on art theory through her

characters. This means there is evidence of inter-textual poetic reflection. Although these

poetic views cannot necessarily be attributed to Winterbach as a visual artist, the narrative

philosophical reflection about the creative process confirms once more the particular

relationship between her prose and her visual disposition.

Key words: Ingrid Winterbach; Die benederyk; Kaja Silverman; Flesh of my flesh;

relationality; retrovision; catabasis; artistry

1. Inleiding

Op grond van die titel kan daar in Die benederyk (2010) reeds ’n verband gelê word met die

dood en die mite van Orfeus en Euridike; ’n verband wat in die loop van die verhaal telkens

bevestig word. Hierdie roman is inderdaad verhaalmatig gemoeid met die dood en hellevaart,

maar ontgin terselfdertyd ’n soeke na verbande en samehang (314 1 ), met ander woorde

relasionaliteit asook die aard en wese van kuns en kunstenaarskap. Andries Gouws wys in sy

artikel “Ingrid Winterbach as skrywer en as beeldende kunstenaar – enkele beskouings”

daarop dat daar in Winterbach se prosa talle eksplisiete verwysings na beeldende kuns is

(2008:9). Nie alleen is baie van haar karakters kunstenaars nie, maar bekende kunstenaars uit

die verlede kom dikwels ter sprake, en sommige beskrywings in haar romans is geskoei op

skilderye. In Die benederyk sit Winterbach hierdie kenmerkende werkwyse voort, en bevestig

opnuut die verwantskap tussen haar prosa en haar visuele ingesteldheid.

Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat Die benederyk binne die teoretiese

raamwerk van relasionaliteit, hellevaart en retrovisie gelees kan word. My uitgangspunt is dat

relasionaliteit op tweërlei wyse in Die benederyk manifesteer: as ’n ontologiese verwantskap

op persoonlike vlak tussen mense (hetsy met betrekking tot familie- of vriendskapsbande), en

ook as ’n ontologiese verwantskap tussen spesifieke kunstenaars deur die eeue heen. Aan die

hand van Kaja Silverman se boek Flesh of my flesh (2009), maar ook verwysend na Etty

Mulder se Freud en Orpheus (1987), sal ek poog om ’n bondige samevatting te gee van die

teoretiese konsepte van relasionaliteit, katabasis en retrovisie. Daar word voorts ook

aangetoon dat Die benederyk terselfdertyd ’n narratief-filosofiese besinning oor die aard, die

waarde en funksie van kuns en die artistieke proses is, maar omdat elke kunstenaar binne ’n

bepaalde openbare sfeer en tradisie werk, het hierdie aspek ook relasionaliteit as grondslag.

As interpretatiewe strategie beoog ek ook ’n relasionele lees na aanleiding van Susan

Stanford Friedman se konseptualisering van verruimteliking (“spatialization”) van die teks en

’n gepaardgaande relasionele lees. In ’n artikel, “Spatialization: A strategy for reading

narrative” (2002), bou Friedman voort op Julia Kristeva se insigte met betrekking tot die

verruimteliking van die narratief. ’n Volledig ruimtelike lesing van ’n narratiewe teks behels

416

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

volgens Friedman (2002:219) ’n interpretasie van die interaksie tussen die horisontale en

vertikale narratiewe koördinate, en betrek die skrywer, leser en teks. ’n Horisontale narratief

beskryf Friedman as die opeenvolging van gebeure (hetsy intern of ekstern) wat in

ooreenstemming met die ordenende beginsels van die plot en narratiewe perspektief

“gebeur”. Ingeslote is die ruimte, karakters, handeling, inisiële “probleem”, progressie en

sluiting – met ander woorde die fokus van die tradisionele narratologie.

Die vertikale as van die narratief sluit in ’n “in diepte”-lees (dus ’n afdaal na die

benederuimte) van die teks en dit geskied gelyktydig met die horisontale teks-in-progressie.

’n Relasionele lees veronderstel ’n interaktiewe verwantskap tussen die oppervlak en die

palimpsestiese dieptes van ’n gegewe teks. Hoewel ten nouste met mekaar verweef, kan die

vertikale dimensie in drie onderskeidende aspekte onderverdeel word ter wille van ontleding:

die literêre, historiese en psigiese. 2 Sowel die literêre as die historiese aspekte van die

ingebedde vertikale narratief betrek ’n dialoog met ander tekste, wat hetsy bewustelik of

onbewustelik deur die skrywer voorsien is. Hierdie dialoog bestaan as ’n “mosaïek van

aanhalings en verwysings” wat deur die leser geïnterpreteer moet word. Friedman (2002:225)

som die voordeel van die konseptualisering van die narratief in ruimtelike terme soos volg

op:

In contrast to typological approaches, spatialization emphasizes the psychodynamic,

interactive, and situational nature of narrative processes; it also provides a fluid,

relational approach that connects text and context, writer and reader. [...] But a

reading strategy based in the identification of horizontal and vertical narratives axes

fosters relational readings, discourages “definite” and bounded interpretations, and

encourages a notion of the text as a multiplicitous and dynamic site of repression and

return.

In Die benederyk sluit die palimpses van tekste onder andere in: ’n kunshistoriese diskoers,

die mite van Orfeus en Euridike, en verskeie Bybelse verwysings, soos die verhale van

Lasarus en van Josef en sy broers. Thomas Mann se tetralogie Joseph und seine Brüder

(Joseph and his brothers) is ’n opvallende interteks, terwyl verskeie “bewustelike tekste” aan

die einde van die roman as “erkennings” gelys word. As teoretiese stramien by die lees van

Winterbach se roman kan Kaja Silverman se teks Flesh of my flesh (2009), waarin sy insigte

oor relasionaliteit, kunstenaarskap en die dood indringend verken en uiteensit aan die hand

van die mite van Orfeus en Euridike (’n mite wat bestempel kan word as ’n oernarratief van

Westerse subjektiwiteit), betrek word.

2. Katabasis, relasionaliteit en Nachträglichkeit: ’n teoretiese besinning

Orfeus se neerdaal na die benederyk hou verband met die Griekse begrip katabasis, wat

volgens die WAT (Hauptfleisch 1970) gedefinieer word as “beweging of gang ondertoe”.

Volgens Falconer (2005:2) het die Grieke die term katabasis (Latyn descensus ad infernas)

metafories gebruik om spesifiek te verwys na die verhaal van ’n lewende persoon wat die

doderyk besoek het, en redelik ongeskonde teruggekeer het na die land van die lewendes.

417

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Human (2010) wys egter tereg daarop dat dié benederyk (onderwêreld, inferno/hel)

terselfdertyd ook ruimte van regenerasie en kreatiwiteit is. Die mitologiese onderwêreld

waarna Orfeus afdaal, is met ander woorde die hiernamaals, of die ryk van die duisternis

waar die onsterflike siele van afgestorwenes hulle bevind.

Mulder (1987:11) betoog op haar beurt dat Sigmund Freud se beskouings ’n argetipiese

herhaling van Orfeus is, omdat hy ook ’n model aanbied vir die weg na benede, na die

onderwêreld van die onbewuste: “Hij is, in analogie met Orpheus, op zoek naar verloren,

gestolde beelden, met de bedoeling deze terug te halen, omhoog te voeren, en in de realilteit

van het bewustzijn te verwerken.” Die benederyk waaruit Orfeus sy gestorwe geliefde wil

terugvoer na die lig, is dus die mitologiese model van dit wat in die 20ste eeu as die

onderbewuste aangedui word. Mulder maak voorts die stelling dat die mitologiese verhaal

van die katabasis óók geïnterpreteer kan word as die eksternalisering van die afdaal na die

onderbewuste: “Dit wil zeggen dat het proces van inkeer, het verwerven van zelfinzicht, een

aanschouwelijke, zinnebeeldige vorm heeft aangenomen” (1987:15).

Die soeke na “verlore beelde” en die proses van selfinsig en innerlike rypwording

(individuasie) is egter nie slegs op die persoonlike proses binne ’n individu van toepassing

nie, maar ook op ’n hele kultuur – daar is met ander woorde sprake van ’n kollektiewe

kultuurhistoriese ontwikkeling. Naas Orfeus en Freud spesifiseer Mulder ook ’n derde

katabasis, of wat sy noem ’n “halte plaats halverwege in dit culturele individuatieproces”,

naamlik Dante (1265-1321) se La divina commedia. Margaret Atwood verwys op haar beurt

na Jorge Luis Borges se “Nine Dantesque essays”, waarin hy die teorie uiteensit dat die totale

La divina commedia (“this whole vast and intricate structure”) “was composed by Dante

mainly so that he could get a glimpse of the dead Beatrice, and bring her back to life in his

poem. It is because he is writing about her, and only because he is writing about her, that

Beatrice is able to exist again, in the mind of the writer and reader” (Atwood 2002:172).

Vir al drie vorme van katabasis is die deurslaggewende oomblik steeds die ervaring van

verlies of trauma of afdwaling. Dié trauma word veroorsaak deur die dood van die geliefde:

“dat in deze samenhang veralgemeend kan worden tot ‘de dood van de oer-liefde’” (Mulder

1987:16). Waar Freud en die konsepte van die psigoanalise ter sprake kom, is die dryfveer vir

die afdaal na die onderbewussyn uit die aard van die saak aansienlik meer gekompliseerd.

Tog is daar ook sprake van ’n teruggryp na die oergevoelens, wat insluit die “eerste geliefde”,

die moeder, asook die terugvind van oerbewegings en -drifte in die innerlike en die daarin

versonke of verdronge dryfvere. James Hilman onderskryf by implikasie Muller se argument

as hy ook die onbetwiste verwantskap tussen mitologie en psigologie op grond van die term

depth psychology aantoon (1997:24). Hy wys voorts daarop dat Freud aan die begin van sy

teorieë ten opsigte van die dieptepsigologie die onderwêreld van die mitologie resoneer.

Die tese waarvandaan Silverman (2009) se teoretiese besinning oor relasionaliteit uitgaan, is

die feit dat sterflikheid die mees omvattende en deurslaggewende eienskap is wat die mens

met elke ander wese op aarde deel. Eindigheid markeer die punt waar ons eindig en ander

begin, sowel ruimtelik as temporeel, en die erkenning van hierdie begrensdheid verleen aan

ons ’n sin van plasing binne ’n groter geheel (Silverman 2009:4). Silverman gebruik die

418

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bekende mite van Orfeus en Euridike, soos opgeteken deur Ovidius in Boek X van The

metamorphoses, as uitgangspunt ten einde haar teorie van relasionaliteit te beredeneer.

Minder bekend in die Westerse literatuur is die feit dat Ovidius ná die verhaal van Euridike se

tweede verdwyning terug na die doderyk ook ’n reddende koda in Boek XI byvoeg, wat in ’n

groot mate die vrou-dood-verbintenis ongeldig maak. Orfeus word deur die boosaardige

Maenaden vermoor. Hy daal gevolglik ’n tweede keer na die benederyk, en as hy in Hades 3

aankom, sien hy wat hy voorheen gesien het, maar nou sien hy dit opnuut en anders. Hy was

die eerste keer met sy terugkyk skuldig daaraan dat hy Euridike se tweede dood veroorsaak

het, en hy het sy skuld verplaas deur sterflikheid aan vroue te koppel. As Orfeus nou vir ’n

tweede keer kyk, sien hy Euridike op ’n ander wyse en omhels hy haar liefdevol – hy erken

so haar ontologiese gelykheid (Silverman 2009:181). Daarna stap hulle hand aan hand deur

die doderyk; soms loop hy voor en volg sy hom, en soms loop sy voor en volg hy haar.

Orfeus se terugkyk na haar hou egter geen bedreiging meer in nie. Hulle herverorden

(“reenact”) só wat die vorige keer gebeur het, en kanselleer terselfdertyd die geweld van die

gebeure en transformeer dit na in ’n tweeledige en ontologies gelykmakende analogie

(Silverman 2009:181). 4 Vir Silverman (2009:40) is analogie die korrespondensie van twee of

meer dinge met mekaar en dit struktureer elke aspek van die Syn. Sy verduidelik soos volg:

“An analogy is a relationship of greater or lesser similarity between two or more

ontologically equal terms – a corresponding with, rather than a corresponding to. Everything

relates to everything else in this way, because analogy is the structure of Being” (Silverman

2010:179).

Die begrip relasionaliteit word vanuit ’n ander invalshoek deur Judith Butler (2004 en 2006)

beredeneer. Sy lê klem op die menslike liggaam in ’n openbare rol: “Constituted as a social

phenomenon in the public sphere, my body is and is not mine” (Butler 2006:26). Die mens as

sosiale konstruk kan gevolglik nie selfstandig bestaan nie, en is reeds vanaf geboorte deel van

’n bepaalde diskursiewe praktyk. Sy beklemtoon egter ook, soos Silverman, dat

verlies/verdriet en begeerte onteenseglik verband hou met relasionaliteit, en dat die

teenwoordigheid óf die afwesigheid van die ander ’n voorveronderstelling is vir ons bestaan

as subjekte.

Silverman (2009:8) tree voorts in gesprek met die opvattings van die psigoanalis en skrywer

Lou Andreas-Salomé, 5 wat in háár persoonlike ontmoeting met haar eie sterflikheid tot die

oorweldigende besef van relasionaliteit gekom het. Silverman verwys na Salomé se memoir

getiteld Looking back, waarin sy insigte verwoord wat korrespondeer met Ovidius se koda in

sy opskryf van die Orfeus-mite. Salomé skryf ’n verlossende krag toe aan hierdie wyse van

(terug)kyk of retrovisie – dit wil sê die vermoë om die verlede weer te laat gebeur, maar op ’n

nuwe manier. Sy suggereer selfs dat die transformasie in ’n mens se persoonlike verlede ’n

verandering in die historiese verlede kan presipiteer. As ons omdraai en die “maat”, of

deelgenoot, of “geliefde”, omhels wat ons verwerp of ontken het, kan al die verdwene mense

van die verlede opnuut verrys. Salomé (in Silverman 2009:42-3) verwys na hierdie proses as

die helende krag van Nachträglichkeit, ’n term wat oorspronklik deur Freud gemunt is, maar

deur Salomé in ’n ander sin gebruik word. Sy skryf ook ’n aantal verdere kragte toe aan

Nachträglichkeit, naamlik die moontlikheid om sondes weg te was, om die dooies te wek en

419

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die verdeeldheid tussen mense gelyk te maak. Sy beweer selfs dat die oorspronklike sonde

(en by implikasie die straf van sterflikheid) nie werklik toegeskryf kan word aan die slang en

verbode vrugte nie, maar eerder aan die handeling om weg te keer van die Ander. 6 As ons

onsself van die straf van dié wegkeer wil verlos, moet ons dus terugdraai na diegene wat ons

agtergelaat het en met hulle vertoef. Sodanige handeling kan ons nie onsterflik maak nie (ons

kan met ander woorde nie die oorspronklike sonde ongedaan maak nie), maar dit vergun

diegene wat “verdwyn” het as gevolg van ontkenning of verwerping om opnuut te herrys.

Hierdie opvatting is met ander woorde terselfdertyd ’n bevestiging van ons ontologiese

verwantskap met mekaar as gevolg van ons sterflikheid. 7

Hoewel hierdie beknopte samevatting van Silverman se teks geensins reg laat geskied aan

haar boeiende insigte nie, konseptualiseer dit opvallende aspekte van katabasis, retrovisie en

relasionaliteit waaraan ek vervolgens aandag wil skenk met betrekking tot Die benederyk.

3. Stefaans (alias Orfeus, alias Lasarus, alias Josef), katabasis en retrovisie

Die besoek aan en terugkeer uit die benederyk kom in verskillende gedaantes in die roman

voor. Die opvallendste verwysings is deurgaans na Stefaans Adendorff wat in “die duisternis

afgegaan het en lank verlore was” (25), wat “afgedaal het na die benederyk en van wie sy

vriende gesê het: Stefaans is onherroeplik verlore” (43), voordat hy “in die lig uitgestap het

om die omvang van sy verlies onder die oë te sien. Of die omvang van sy ontkenning, soos hy

nou daarop aandring” (45). Stefaans word in die loop van die verhaal by meer as een

geleentheid vergelyk met Lasarus wat uit die dood opgestaan het, maar ook met Josef wat uit

die dieptes van die put van ’n gewisse dood gered is. Die roman vertel dan onder andere die

verhaal van Stefaans se donker ondergang, die omkering in sy lewe en sy geleidelike

terugkeer na die ryk van die lewendes. Hy beskryf op ’n stadium sy ervaring soos volg:

Vier jaar gelede het ek begin terugkeer na die wêreld van mense. Maar tegelyk het dit

’n ontginning geword van ’n menslikheid wat ek nooit in myself vermoed het nie.

Medelye en identifikasie met ander, maar nie net dit nie. ’n Besef van hoe onthutsend

gefragmenteer my bewussyn geraak het. [...] Hierdie toestand is sonder grense.

Algaande reik ek terug na die begin, na my oorsprong. Dit is asof die blote feit van

my bestaan as bewuste wese (sentient being) gewigtiger, meer betekenisvol begin

raak. Ek is hier, ek is teenwoordig. Dit is die eerste ding wat ek moet onthou! Dit is

nie nodig om myself heeltyd te herinner aan my diskrete bestaan as begrensde

liggaam nie. (275)

Hierdie beskrywing bevestig nie alleen die terugkeer na die lig vanuit die benederyk nie,

maar beklemtoon die transgressie van grense wat verdeeldheid konstitueer: die grens tussen

die ryk van die lewendes en die ryk van die dooies, maar ook die grens tussen die self en die

(geliefde) ander. Die gevolg is die insig in sowel menslike eindigheid (sy “bestaan as

begrensde liggaam”) as in relasionaliteit (“medelye en identifikasie met ander”). Stefaans se

ervaring korrespondeer terselfdertyd met Silverman se analogie-denke. Volgens Silverman

(2009:74) is ons as menslike wesens almal ontologies analoog, en verbind analogie ons aan

420

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ander (lewende én gestorwe) wesens, en dit maak ons persoonlike verhale deel van dieselfde

boek. Analogie is vir Silverman inherent deel van ons eie Syn, maar as eindige wesens het

ons elkeen ’n individuele en unieke ontologie, en moet gevolglik ’n “eie pad” na die dood

vind. Die analogie wat ons verbind, bly egter juis ons beperktheid/tydelikheid, en tog is ons

kapasiteit vir relasionaliteit, juis vanweë hierdie beperktheid, oneindig (Silverman 2009:156).

Wat ons (as mense) onderskei van ander skepsels is ons vermoë om hierdie korrespondensies

te bevestig.

Soos in sommige van Winterbach se vorige romans staan die doodstematiek sentraal in Die

benederyk. Daar is deurgaans verwysings na gestorwenes (familie en vriende), terwyl die

romankarakters Jimmy Harris en Eddy Knufelder in die loop van die verhaal tot sterwe kom.

Reeds vroeg in die roman word verwys na Stefaans se obsessie met “nadoodse betragting”,

en sy wil om familie en vriende “tot in die benederyk” te gaan agtervolg (58–9). Hy word dan

ook onomwonde as “Orfeus at large” (59) voorgestel. Deur sy retroaktiwiteit maak hy

gestorwe ouers, oupas en vriende wakker om dit wat gebroke en gefragmenteer was, “heel” te

maak. Hy sien dit as sy opdrag om “elke persoon, elkeen wat hom te na gekom het, elkeen

van sy verhoudings, vreesloos in heroënskou (te) neem” (77) – ’n handeling, dus, van

retrovisie. In hierdie uitreik is daar gevolglik die moontlikheid ingebed om verlossing te

bewerkstellig, en die gedeelte wat hierdie moontlikheid bevestig, lees soos volg:

En nou laat Stefaans weet dat dit verlossend kan wees om na Josua in ’n mitiese

ruimte uit te reik. (Om hom tot in die doderyk te agtervolg en herbesoek?!)

Dit is in elk geval net Stefaans wat in ’n mitiese ruimte – wat dit ook al beteken – na

iemand sal uitreik om op dié manier verlossing te probeer vind. Dit is net Stefaans wat

op dié manier aan verlossing sal dink. Verlossing en ontkenning. (77) (My

kursivering)

Die kern van Stefaans se afdaal na die benederyk word saamgevat, en ironies in parentese

gesê, in die volgende stelling: “(Dit is dan die rede waarom Stefaans hulle tot in die doderyk

volg – vir die insig verkry van anderkant die dood, dink Aaron. Vertrou op Stefaans om dit so

te wil doen.)” (222). Op semantiese vlak beklemtoon die woord insig weer eens die visuele,

die handeling van kyk om kennis te bekom. Hierdie besef bevestig terselfdertyd die

volgehoue relasionaliteit oor die dood heen wat in die roman telkens aan bod gestel word,

want die insig waarvan hier sprake is, is onder andere ’n insig in die pynlike hoofstukke in

persoonlike geskiedenisse en gebroke familieverhoudinge, maar ook die vermoë om die

verlede ter ruste te lê en gebrokenheid te heel. Dit is dan ook insiggewend dat dié betrokke

hoofstuk eindig met enkele sinne, na ’n asterisk, waarin die verwantskap tussen vader en seun

op grond van lewe én dood bevestig word: “Sy jongste kind bel hom soms, skryf Stefaans, en

hy sê: Praat met my, Pa. En hy bedoel nie spreek my onrus aan nie, maar praat met my, want

ons is saam in hierdie lewe” (229).

In Die benederyk is daar dus treffende en ooglopende aansluiting by Silverman en Salomé se

opvattings oor retrovisie en Nachträglichkeit waar Stefaans se afdaal na die benederyk ter

sprake kom. Hierdie afdaal na die doderyk word op reële vlak toegeskryf aan die hel van

dwelmverslawing wat ’n groot deel van Stefaans se bestaan oorheers het. Dit is egter

421

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

veelseggend dat Stefaans se sonde nie enkel toe te skryf is aan die gebruik van dwelms nie,

maar eerder aan die feit dat sy dwelmverslawing hom van sy geliefdes, familie en vriende

weggekeer het, sodat hy lank vir hulle verlore was: “Verby beroep. Lank verby die stadium

waar hy teruggeroep kon word vanuit ’n plek van afdwaling so donker dat dit vér verby

afwesigheid was” (192). Die verlossende aspek wat die roman vooropstel en telkens onder

die leser se aandag hou, is gevolglik nie alleen Stefaans se terugkeer uit die benederyk nie,

maar veral sy volgehoue terugskouende handeling na diegene wat hy agtergelaat het

(lewendes én dooies), en die gevolglike bevestiging van relasionaliteit.

Stefaans se sms’e en filosofiese gesprekke verwoord nie alleen die broers se herkoms in

familieverband nie, maar onderstreep terselfdertyd ook hulle bloedverwantskap. In hierdie

verband noem Gouws (2008:25) dat familiegeskiedenisse in Winterbach se werk deurgaans

’n rol speel en verduidelik dié verband: “Hoe ver die karakter ook al van die boesem van die

volk of familie afgedwaal het, hy/sy bly genealogies gevorm en verbind met daardie boesemvan-oorsprong

– ’n soort naelstring oor die tyd.” As Stefaans byvoorbeeld vir Aaron opsoek

na sy terugkeer uit die duisternis, lees ons: “In die oomblik wat hulle teenoor mekaar gestaan

het, Stefaans nog buite, Aaron binne, het hulle weer iets opgeneem wat jare lank tussen hulle

afwesig was: ’n verbintenis”(160; my kursivering). In hierdie verband kan sowel Silverman

as Salomé weer eens betrek word. Volgens Silverman (2009:43) verduidelik Salomé in haar

Freud journal dat as ons iemand liefhet, “herontdek” ons onsself. Silverman beklemtoon op

haar beurt die toevoeging van die prefiks re- tot die werkwoord discover, en betoog voorts:

“To rediscover oneself in another is to recognize him or her as another embodiment of the

same flesh.” Naby aan die einde van die roman word Stefaans se telkense pogings tot

Nachträglichkeit, en sy soeke na verbande, eksplisiet verwoord as Aaron ná Jimmy Harris se

dood wonder: “Wie weet met wie Stefaans Jimmy Harris almal in verband sou bring – met

watter lewendes en met watter dooies? [...] Hy sou nie aarsel om Jimmy tot in die

onderwêreld te volg nie” (314). Stefaans is ook die een wat telkens poog om die ervarings in

die benederyk deur middel van taal te kommunikeer (anders as Aaron, wat dit deur middel

van beeldende kuns probeer doen). Stefaans skryf, praat, vertel en stuur boodskappe per sms

“soos swaels wat terugkeer ná die winter” (130).

Van der Merwe (2010) wys daarop dat dit juis hierdie vertellings per sms is wat terselfdertyd

óók dui op die suggestie van onvolledigheid en die beperktheid van menslike kennis. Hierby

kan ook die ontoereikendheid van taal as kommunikasiemiddel, en die onmag van die

skrywer om die “totale taal” te beheers, gevoeg word. Teen hierdie agtergrond is Mulder

(1987:47) se uitspraak ten opsigte van die skeppingsproses veral relevant: “Elke kunstenaar

zoekt, bewust of onbewust, naar de grenzen van het communicabele, op het gevaar af te

moeten verstommen, en met het risico dat de uitdrukkingsmiddelen te kort schieten.”

Stefaans se afdalings na die benederyk, sy worsteling met die dooies en sy volgehoue pogings

om deur middel van taal te kommunikeer, dwing ’n vergelyking af met die Nederlandse

digter Gerrit Achterberg. Achterberg se poësie getuig van ’n voortdurende stryd teen die

onmag van sterflikheid en ’n telkense besef dat die taal as uitdrukkingsmiddel te kort skiet. In

sy poëtiese strewe koester hy ’n absolute verwagting van die poësie: poësie/taal het naamlik

422

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die mag om die dooie lewend te maak. Saam met hierdie verwagting gaan egter ook die

relativisme: die erkenning dat dit nie kan nie. Van der Elst (1988:478) som die enkele tema

wat Achterberg se poësie oorheers, soos volg op: “[D]it gaan by hom om die een strewe en

die een proses, naamlik die beweging terug in die tyd na dit wat bestaan het, die hervind van

die verlede in die gestalte van dikwels ’n gestorwe geliefde, ’n sentrale vrouefiguur. Daar is

’n strewe na kommunikasie met die geliefde, die verlange om die ander as’t ware tot lewe te

wek.”

’n Belangrike aspek wat Silverman in Flesh of my flesh aan die orde stel, is die koppelvlakke

tussen gender en relasionaliteit, en gender en dood. In hierdie verband kan weer eens na die

Orfeus-verhaal verwys word waarin Orfeus aanvanklik die skuld vir sterflikheid voor die

deur van die vrou lê en hom van alle vroue wegkeer ten einde sy eie sterflikheid te ontken.

Volgens Francois Smith is die veronderstelling dat daar ’n verband tussen die dood en

vroulikheid bestaan, kultureel steeds so ingeburger dat die verband dikwels as noodwendig en

natuurlik gesien word (2009:98). 8 Hy wys ook daarop dat die mite van Orfeus en Euridike

ideologiese vooroordele tot gevolg het, want in die manlike tradisie is hierdie mite

geapproprieer tot modelle van skrywerskap. “En dan word dit op hierdie wyse telkens as

normaal aanvaar dat die man skryf en die vrou sterf, en dat die skrywerskap in ’n sekere sin

aangewese is op die dood van die vrou” (Smith 2009:97). Om weg te draai van vroue

impliseer egter vir Silverman nie bloot ’n wegkeer van heterorelasionaliteit nie, maar ’n

wegkeer van alle relasionaliteit, en die implikasie is dan ook ’n wegdraai van mortaliteit,

asook ’n onvermoë om seksuele verskille te hanteer. Dit is in hierdie lig dat sy byvoorbeeld

ook Freud se definiëring van geslagtelike verskille interpreteer as ’n poging tot die wegdraai

van sy eie mortaliteit (Silverman 2010:181).

Silverman (2009:97) skroom egter nie om haar skatpligtigheid aan Freud te erken nie, en sy

haal Freud se bekende uitspraak aan: “The aim of all life is death.” In Death and

representation redeneer Sarah Webster Goodwin en Elisabeth Bronfen min of meer in

dieselfde trant as Smith as hulle beweer dat binne die Westerse kultuur geslagtelikheid per

definisie aan die dood toegeken word:

Death, as the limit of cultural representation, has been associated with that other

enigma, the multiply coded feminine body. As the mother, “woman” is the original

prenatal dwelling place; as the beloved, she draws fantasies of desire and otherness;

and as Mother Earth, she is the anticipated final resting place. Freud has made this

much clear: femininity and death are Western culture’s two major tropes for the

enigma. (Goodwin en Bronfen 1993:13)

Die unieke verwantskap tussen moeder en kind suggereer wel ’n ander aspek van

relasionaliteit, want vlees van my vlees is terselfdertyd ’n verwysing na die moeder-kindsimbiose,

omdat elke menslike wese voortkom uit ’n moederlike liggaam. Die wegkeer van

die vrou begin óók by haar, want die identifikasie met die moeder word verbreek in die

egosentriese wegdraai as die kind bewus word van sy/haar unieke posisie in die wêreld van

die objekte. Vanweë die feit dat die moeder aan die kind lewe skenk, skenk sy egter ook aan

hom/haar die dood. 9 Silverman (2009:94) skryf in hierdie verband:

423

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The extraordinarily difficult task imposed upon the child’s primary caretaker not only

by culture but also by Being itself is to induct it into relationality by saying over and

over again, in a multitude of ways, what death will otherwise have to teach it: “This is

where you end and others begin.”

Die dood van die moeder bring gevolglik die menslike wese van aangesig tot aangesig met sy

eie sterflikheid, en dit is dikwels ondraagliker as haar afsterwe self. Ook hierdie aspek van

Silverman se diskoers oor relasionaliteit is ter sake vir Die benederyk. As Stefaans terugkyk

na die landskap van sy verval, bevestig hy dat hy die “vloek van substance abuse” (dit wil sê

sy simboliese neerdaal na die doderyk) by sy moeder geërf het, wat dit op haar beurt by haar

vader geërf het (111). Hy bevestig met ander woorde by implikasie die onbreekbare ketting

van ontologies gelykmakende analogie waarin, let wel, sowel die moeder as die vader

“skuld” het. Die verskrikking wat die eerste in-die-oë-kyk-van-die-dood vir die mens inhou,

het tot gevolg dat daar skynbaar vir hom/haar geen troos te bied is nie. Indien egter in gedagte

gehou word wat Salomé met die helende krag van Nachträglichkeit poneer, kan die afleiding

gemaak word dat die terugblik uiteindelik tog vertroosting bied en die verwerking van dié

skynbaar onontkombare verlies van die self in die hand werk. In Die benederyk word daar

herhaaldelik na Aaron en Stefaans se afgestorwe moeder verwys: die verhouding van die

moeder met haar seuns word deurentyd onder die soeklig geplaas, en daar is talle verwysings

in die loop van die roman na die moeder se sterwensproses en uiteindelike sterfte, terwyl

verlies, verdriet en skuldgevoelens sentraal staan. Aaron erken telkens dat hy nie tydens haar

siekte en sterwensproses in staat was om haar te troos nie, en sy reaksie word soos volg

beskryf:

[D]it het Aaron se hart gebreek om sy ma sterwend te sien. Hy kon hom makliker met

hulle pa se dood versoen. Maar sy moeder se sterfte, haar geleidelike onttrekking uit

sy lewe, het hom onkant gevang, hy het sonder vel gevoel, sonder verweer, sonder

emosionele verskansing, en verlate soos nog nooit vantevore in sy volwasse lewe nie.

Yskoud en verlate, en siek. (161)

Stefaans was die aangewese een om as begeleier en trooster op te tree, omdat hy die naaste

aan haar was, maar dit word ook telkens beklemtoon dat hy haar nie besoek het nie en dat hy

haar in die steek gelaat het. Stefaans (as prototipe van Orfeus) skryf later aan Aaron: “Eendag

sal ek jou vertel hoe ek ons moeder se dood ervaar het. Deur kuns sal ek haar nooit met my

kan saambring nie. Ek sal ook verduidelik waarom ek my van haar weggekeer het toe sy

sterwend was, en wat dit van my geverg het om dit te doen” (166). Uiteindelik word die

Orfeus-verhaal met variasie hier aan ons vertel. Stefaans lê die skuld vir sy afdaal na die

benederyk voor die deur van die moeder, en daarom keer hy hom van haar af. As Stefaans

“terug uit die dode soos Lasarus” sy broer besoek, gee hy te kenne: “[H]ulle moeder het besef

sy moet hom laat gaan. Sy moet hom opoffer” (46). En: “Soos Jakob, in Joseph and his

brothers, moes sy iets aangevoel het van eleksie en bestemming. En soos Josef het hy,

Stefaans, in die duisternis afgegaan omdat hy nie hierdie bestemming kon ontduik nie” (47).

Hy verteenwoordig gevolglik die manlike subjek wat hom ontheg het aan van die moeder en

die moederlike liggaam. As hy volledig teruggekeer het uit die benederyk, is die moeder egter

reeds dood, maar deur die terugkyk kan hy haar op simboliese wyse liefderyk omhels en sy

ontologiese verwantskap met haar én ander (h)erken.

424

4. Die benederyk en kunstenaarskap

4.1 Relasionaliteit, kuns en tradisie

When one artist talks about another,

he is always talking (indirectly, in a roundabout way) of himself,

and that is what’s valuable in his judgment. (Kundera 2009:8)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die ontologiese verwantskap tussen mense het egter nie alleen betrekking op persoonlike

verbintenisse en dialoog met voorgangers nie, maar kan ook lig werp op die verbintenis van

kunstenaars deur die eeue heen. Daar is in die roman veelvuldige verwysings na kunstenaars

en die kunsgeskiedenis. Soos Gouws (2008:25) tereg opmerk, het dié historiese gelaagdheid

“die effek van ’n palimpses: Die hede kan nie anders gesien word as in die verstrengeling

daarvan met die verlede nie. Die hede staan nie op sigself nie; dit is altyd slegs die jongste

laag van die palimpses” – relasionaliteit tussen verlede en hede word dus gesuggereer.

Die sentrale karakter van die roman is Stefaans se broer, die skilder Aaron Adendorff, wie se

verhaal ook getuig van ondergang en redding. Na die dood van sy vrou, Naomi, daal Aaron

na die donker dieptes van depressie, en boonop word hy met sy eie sterflikheid gekonfronteer

as ’n kankeragtige gewas van sy een nier verwyder word.

Ek het ’n deeglike aanmaning van sterflikheid gekry. (Ek voel die gewelddadige

aantasting van integriteit van die verwondbare liggaam nog in my weefsel, veral in die

omstreke van die nier [...]. Nie ’n boodskap wat ek ooit weer verontagsaam nie. Dit

was so hittete of dit was afgelope met my. Van hierdie punt af hou ek my oog stip op

die man met die jas, en hy hou my op sy beurt met steeds groter belangstelling dop,

hoewel heel ongeërg en oogluikend. (156)

Hierdie aanhaling korrespondeer óók op merkwaardige wyse met Silverman se sienings as sy

poneer dat mortaliteit op die toneel gebring word deur die blik of die wyse waarop daar gekyk

word (Orfeus veroorsaak byvoorbeeld Euridike se terugkeer na die benederyk as gevolg van

’n ongeoorloofde kyk). Sy dig voorts twee dinge toe aan die kykproses en die herkenning van

ontologiese verwantskap, naamlik om te sien en om gesien te word, met ander woorde’n

wedersydse kykhandeling.

In die roman is daar ’n verdere opvallende skakel met die Orfeus-mite waar kuns en die

kreatiewe proses ter sprake kom, en ’n definitiewe verband tussen kunstenaarskap en

relasionaliteit is aantoonbaar. Dit is veral die kreatiewe proses wat as ’n afdaal na die

benederyk voorgehou word. Winterbach (2008:6) het self daarop gewys dat die skrywer

(kunstenaar) in die skeppingsproses die duisterheid en stilte en onwetendheid van die

onbekende ingaan – by implikasie dus na die benederyk daal. In aansluiting by Winterbach

verduidelik Atwood in Negotiating with the dead (2002) háár poëtikale opvatting dat om te

skryf te make het met vrees én fassinasie met mortaliteit – met ’n begeerte om die gevaarlike

425

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

reis na die benederyk te onderneem en die donker te betree om iets of iemand terug te bring

na die lig (Atwood 2002:156). As Aaron besinnend sy skilderwerk beskou, lees ons:

Hy dink: Skilder is ’n ou argaïese vorm. Dis ’n fisieke proses. Soos ’n blinde man in

’n donker kamer wat ’n voorwerp van klei maak. Tasbaar. Vroeër het hy gevoel hy

beweeg horisontaal oor ’n groot plein, nou het hy die gevoel hy gaan af in ’n smal

maar diep skag. [...] Dit was ’n moeisame proses. Hy het deur lae van die self moes

beweeg om hier uit te kom. (57)

Mulder (1987) lê ’n veelseggende verband tussen die Orfeus-mite, Freud en die Westerse

kunsgeskiedenis, waarin beeldvorming die belangrikste gemene deler is. Sy is van mening dat

die kunsgeskiedenis ’n geskiedenis van ’n veranderde, groeiende subjek-objek-relasie is. Na

aanleiding van die opvattings van Jean-Joseph Goux verduidelik Mulder (1987:71) dat in die

perspektiwies-figuratiewe skilderkuns die objek homself geheg het aan die herkenbare beeld.

Namate die Westerse kuns ’n ontwikkeling getoon het van ’n geleidelike abstrahering, gaan

daarmee gepaard ’n samehangende verlies van beeldlading, van de-figurasie en dematerialisasie.

Die subjek-objek-relasie word gevolglik nie langer gedikteer deur sekerhede

met betrekking tot hiërargie en verhouding nie, maar kom willekeurig en onvoorspelbaar tot

stand – die beweging tussen subjek en objek is willekeurig assosiatief of dissosiatief. “De

oorspronkelijke materie, het oorspronkelijke herkenbare en in het geheugen reproduceerbare

beeld is geabstraheerd tot een verzelfstandigde lijn, punt, kleur klank” (Mulder 1987:71). Sy

verduidelik voorts dat daar op die tydstip wat die figuratiewe en herkenbare beelde

geabstraheer is, en gevolglik tot die verlede behoort tydens die opbloei van die abstrakte

kuns, het die psigoanalise ontstaan. Laasgenoemde se taak is onder meer om die tot die

verlede behorende versonke beelde in die belewing te soek en terug te roep.

Die dood, en gepaardgaande gevoelens van verdriet en verlies in verhouding met kuns en

kunstenaarskap, is deurgaans ’n integrale deel van Die benederyk en die gebeure in die

roman. Aaron se persoonlike ontwikkeling as kunstenaar kan by implikasie óók met die mite

van Orfeus en Euridike in verband gebring word. As Orfeus in die mite omkyk na Euridike,

stuur hy haar deur sy blik (“gaze”) na die donkerte van die benederyk, met die gevolglike

verlies van haar beeld. Aaron se kuns is aanvanklik perspektiwies-figuratief en

dienooreenkomstig het hy homself aan die herkenbare beeld geheg. Sy werk het egter vanaf

die laat tagtigs meer abstrak begin word, met die gepaardgaande verlies van beeldlading.

Hierdie veranderde subjek-objek-relasie het “Aaron bly kwel, omdat hy deurentyd daarvan

bewus was dat die verlies van die beeld – van die herkenbare objek – die gevaar loop om

uiteindelik die verlies van vorm mee te bring, ’n formele doodloopstraat” (142; my

kursivering). Die toonaard waarin die roman geskryf is, put sy krag uit die onvermydelike

invloed van die onsigbare beeld, want daar is telkens in die roman sprake van ’n intense

ervaring van verlies as die verdwyning van die herkenbare beeld ter sprake kom. Waar daar

sprake is van stilte, afwesigheid, nie-syn en verlies, dui dit onteenseglik op ’n oorspronklike

teenwoordigheid en die moontlikheid van representasie, maar ook op ’n afstand doen aan die

dood. Uiteindelik is die suggestie dat Aaron na die dieptes van die benederyk moes gaan ten

einde die verlore geliefde, die verlore beeld, terug te vind en opnuut toe te eien. Aaron groei

ten einde tot die insig: “Maar in die besonder weet hy dat die afwesige beeld tydens sy lang

426

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uitgerekte abstrakte fase by hom gespook het. [...] Hy was lank, jare lank, gemoeid met die

terugwin van die beeld [...]” (265–6). Aaron se ontwikkeling as kunstenaar en sy worsteling

met die onsigbare, verdwene beeld staan egter nie op sigself nie, dit het ook ’n relasie met die

gelaagdheid van die kunsgeskiedenis, met tekste, skilderye en/of tekeninge en met

kunstenaars wat hom voorafgegaan het.

In Die benederyk besin Winterbach voorts by monde van die sentrale kunstenaarkarakter

Aaron oor die plek van die Suid-Afrikaanse kunstenaar binne ’n groter wêreldorde, en sy

verwantskap met voorgangerkunstenaars. Sy onderneem saam met Aaron ’n reis deur die

Westerse kunstradisie, en deur middel van retrovisie word talle dooie kunstenaars “lewend”

gemaak. Dit is opmerklik dat daar in die loop van die roman na talle internasionale

kunstenaars se werk verwys word, maar daar word van geen Suid-Afrikaanse kunstenaar

melding gemaak nie. Aaron as wit, manlike, Eurogesentreerde subjek identifiseer met ander

woorde hoofsaaklik met dominerende Wes-Europese modelle. Hy wend geen poging aan om

homself te situeer of verwantskap te soek binne ’n spesifiek Suid-Afrikaanse verband nie –

nóg in ’n postkoloniale konteks, nóg in ’n postapartheidskonteks. Aaron se persoonlike

lewensgeskiedenis en sy ontwikkeling as kunstenaar word selfs vertel teen die agtergrond van

gelyktydige gebeure op die internasionale kunsfront (140–4). Die roman bied dus ’n

persoonlike blik op die kunstenaar se verwantskap met voorgangerkunstenaars in die

spesifiek Westerse kunstradisie. Aaron erken onomwonde sy verbintenis met sy voorgangers

en sy verwantskap met sy medium in ’n denkbeeldige gesprek met sy galeris, Eddie

Knufelder:

In my werk streef ek na die diepte en eenvoud van Giotto se visie en na Piero se

stralende klaarheid, sonder om die dissonansie van my eie tyd prys te gee; ek streef na

Masaccio se humanisme, na die Katzenjammer Kids se streetwise streke. Wat ’n

vreemde behoefte, Eddie, die behoefte om verf op doek te sit, en te hoop dat dit méér

word as verf op doek. (100)

Dit is veelbetekenend dat die herkenbare werklikheid van Aaron se elitistiese

ivoortoringbestaan binnegedring en bedreig word deur drie eksentrieke spesifiek Suid-

Afrikaanse romankarakters: die revolusionêre en suksesvolle video- en installasiekunstenaar

Jimmy Harris, die veelsydige en eweneens suksesvolle swart kunstenaar Moeketsi Mosekedi,

en die burleske figuur van die buurvrou, Bubbles Bothma. Bubbles dra tydens sommige

onaangekondigde besoeke aan Aaron ’n gorillamasker, wat óók ’n verband lê met gebeure in

die polities-sosiale strukture van internasionale kunskringe. Die sogenaamde “Guerrilla

Girls” is ’n groep gemaskerde vroue (agter spesifiek gorillamaskers) wat reeds sedert 1985

anoniem betoog teen die feit dat vroue onderverteenwoordig word in die hiërargiese strukture

van die kunswêreld (museums, kunsuitstallings en versamelings). Die groep het hulle

ontstaan te danke aan ’n uitstalling in die Museum van Moderne Kuns in New York in 1985.

Die uitstalling het van die doelstelling uitgegaan om verteenwoordigend te wees van die

belangrikste en mees toonaangewende kuns, maar slegs 13 uit 169 kunstenaars was vroue

(Williams 2006). Bubbles se ongewenste en irriterende besoeke sou dus as implisiete

kommentaar gesien kan word op die steeds hegemoniese, manlike orde van die kunstoneel

(ook in Suid-Afrika).

427

4.2 Wat is kuns? Wat is die funksie en waarde van kuns?

Teorie het die plek van die kunswerk ingeneem. (60)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die ingebedde vertikale dimensie (Friedman 2002) van Die benederyk is in der waarheid ’n

narratief-filosofiese besinning oor die aard, die waarde en die funksie van kuns in die vroeë

21ste eeu, die geskiedenis van Westerse kuns, en die artistieke proses. Thierry De Duve se

opmerking (soos aangehaal deur Lyotard 1992:16) is veral relevant en verwoord die

problematiek wat die roman onder andere aan bod stel: “The question of modern aesthetics is

not ‘What is beautiful?’”, maar eerder: “What is art to be and what is literature to be?”.

Voordat daar oor die funksie en waarde van kuns besin kan word, is dit raadsaam om kortliks

te verken wat huidiglik onder die terme kuns en die kunswerk verstaan word. In aansluiting

hierby is ook Adorno (1997:1) se stelling in Aesthetic theory van toepassing: “It is selfevident

that nothing concerning art is self-evident anymore, not its inner life, not its relation

to society, not even its right to exist.” Trouens, daar sou selfs beweer kon word dat hierdie

uitspraak voorgehou kan word as die kunsteoretiese stramien waarop Winterbach haar

besinning oor kuns en kunstenaarskap in Die benederyk bou. In die roman word besin oor die

betekenis van kuns, die ontstaan en aard van die kreatiewe uiting (kunsvorming) en die

moontlike waarde van kuns.

Die titel But is it art? van Cynthia Freeland (2001) se teks oor historiese beskouings oor kuns

is reeds veelbetekenend. Freeland (2001:57) verwys onder andere na die kunskritikus en

filosoof Arthur Danto, en haal sy uitspraak aan oor wat as kuns beskou kan word. Danto is

van mening dat ’n kunswerk ’n objek is wat betekenis beliggaam: “Nothing is an artwork

without an interpretation that constitutes it as such.” Freeland (2001:206) verwys aan die

einde van haar boek ook na die prominente installasiekunstenaar Robert Irwin se siniese

kommentaar oor die kontradiksies en kontravensies rondom die term kuns wat aan die einde

van die 20ste en begin van die 21ste eeu aan die orde gestel word: “[It] has come to mean so

many things that it doesn’t mean anything any more.” Ten spyte van hierdie uitspraak gee

Irwin tog sy eie definisie as hy kuns beskryf as ’n voortdurende eksaminering van ons

perseptuele bewustheid en ’n voortdurende verruiming van ons bewustheid van ons

omringende wêreld (Freeland 2001:207). Volgens Freeland (2001:207) beklemtoon Irwin se

definisie in beginsel kuns se rol in “enchancing our awareness both of ourselves (expanding

our perceptual functioning) and of the world. Art can do both” (beklemtoning deur Freeland).

By implikasie is dit dan ook die gevolgtrekking waarmee sy haar boek afsluit. Irwin se

uitspraak suggereer terselfdertyd ’n aansluiting by Silverman se “analogie-denke”, dit wil sê

’n pleidooi ten gunste van verbintenis of relasionaliteit wat die geleentheid bied om tussen

twee moontlikhede te ossilleer eerder as om in terme van binêre opposisies te dink. Gevolglik

word die verbande beklemtoontussen byvoorbeeld abstraksie en die figuratiewe, tradisionele

en konseptuele kunsvorme, kuns en die wêreld, verlede en hede, en dit wat ons ken en dit wat

onkenbaar bly (Silverman 2009:13).

Volgens Danto (1996:15) het daar vanaf die sestigerjare van die vorige eeu ’n interne

verandering in die geskiedenis van beeldende kuns plaasgevind, met die toenemende afstand

doen van skilder/teken as die sentrale vorm van artistieke ekspressie. Verskeie kunsrigtings

428

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(vanaf impressionisme tot en met abstrakte ekspressionisme en popkuns) het wel telkens

vernuwing gebring, maar dit was steeds binne die implisiete ruimte van die raam – dit was

hoofsaaklik veranderinge in vorm en inhoud. Sedert die middel-sestigs het kunstenaars

toenemend “buite die raam” begin beweeg na vorme van produksie wat voorheen onbekend

was, en die gevolg was dat ’n begrip van piktorale estetika relatief nie meer relevant was nie.

Die gevolg van hierdie interne veranderinge was dat nuwe uitdagings aan die institusionele

infrastrukture van die kunswêreld gebied is, omdat die rol van die versamelaar/versameling,

die galery, die kunsjoernaal, die kunskritikus en die kunswerk onherroeplik verander het en

geherdefinieer is (Danto 1996:15). Dit is in die lig hiervan dat Sarah Thornton se boek Seven

days in the art world (2008) 10 relevant en insiggewend is; ’n teks wat Winterbach in haar

roman erken as ’n verwysingsbron en wat die problematiek van Aaron se dilemmas ten

opsigte van sy loopbaan as kunstenaar reflekteer. Thorton (2008:xix) verklaar inleidend haar

uitgangspunt: “The seven days structure of the book reflects my view that the art world is not

a ‘system’ or smooth-functioning machine, but rather a conflicted cluster of subcultures –

each of which embrace [sic] different definitions of art. Everyone with a voice in the book

agrees that art should be thought-provoking.” Uit hoofde van die veranderinge op die

kunsfront word ook die kyker se rol onder die soeklig geplaas. Waar vroeër klem gelê is op

die estetiese ervaring van die kyker en sy/haar visuele vermoëns, word nou ander eise gestel.

Danto (1997:16) stel op sy beurt die term encounter voor (wat in Afrikaans vertaal, sowel

ontmoeting as botsing impliseer), want die kunservaring word volgens hom nou eerder ’n

morele avontuur as ’n estetiese verposing.

As dit problematies is om ’n enkelvoudige definisie van kuns of die kunswerk te gee, is dit

eweneens problematies om die funksie en waarde van kuns sonder meer te omskryf. Bert

Olivier spreek ook hierdie problematiek aan in sy insiggewende artikel “Art and the ethical

today” (2007a:61). Hy redeneer dat enige intelligente antwoord op die vraag betreffende kuns

se rol of funksie ‘n onderskeid moet tref tussen uiteenlopende sosiale en kulturele kontekste,

waarbinne kuns se funksies dienooreenkomstig totaal verskillend sal wees. Olivier

(2007a:66), asook Freeland (2001:18), bespreek dan Lucy Lippard se verdediging van die

kunstenaar Serrano se omstrede werk Piss Christ, ’n kunswerk waarna Jimmy Harris ook

verwys tydens een van sy geesdriftige betoë oor kunswerke wat die gevestigde kultuur

aanval. In kern berus Lippard se argument op ’n driedelige ontleding, naamlik die werk se

formele en materiële hoedanighede, sy inhoud (die gedagte of betekenis of idee)wat dit

uitdruk, en die konteks, of plek daarvan in die Westerse kunstradisie. By die beoordeling van

’n kunswerk moet hierdie faktore dus in aanmerking geneem word. Hoewel Lippard se

uitgangspunt bruikbaar is vir die ontleding van sowel tradisionele as moderne kuns, bied dit

steeds nie ’n klinkklaar oplossing waar konseptuele kuns ter sprake kom nie.

Goldie en Schellekens (2010:57–60) maak die stelling dat konseptuele kuns se belangrikste

uitdaging ontologies van aard is, en voer vier redes aan. In die eerste plek verwerp

konseptuele kuns medium-spesifisiteit: die medium is die idee(s). Die tweede ontologiese

uitdaging is die volgende: indien daar wél ’n fisiese teenwoordigheid is, skiet dit te kort om

’n geskikte objek van (estetiese) waardering in die tradisionele sin te wees. In die derde plek

is daar sprake van dematerialisasie – daar is dikwels selfs sprake dat daar géénobjek is om te

429

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waardeer nie. Die vierde uitdaging het te doen met die idee-idee, oftewel die idee van die idee

– konseptuele kuns werk met idees, met konsepte as die medium, en nie met vorme, kleur of

materiale nie. Dit impliseer dat konseptuele kuns selfs geen fisiese teenwoordigheid behels

nie – die kunstenaar Joseph Kosuth sê byvoorbeeld: “The ‘art idea’ and art are the same.”

Verdere eienskappe van konseptuele kuns is onder andere ook dat dit die estetiese verwerp,

en die tradisionele definisie van kuns uitdaag, asook die tradisionele epistemologie (in dié sin

dat kuns verstaan word as die uiting van perseptuele voorskrifte). Volgens Goldie en

Schellekens (2010:33) is konseptuele kuns voorts linguisties, esoteries, ironies en

selfrefleksief, en veral is dit dikwels diskoers-afhanklik vir die verstaan of waardering van die

werk. Ook hierdie problematiek spreek die roman aan in die persoon van Jimmy Harris.

(Later meer hieroor.)

James Sey identifiseer op sy beurt twee sleutelelemente binne die Westerse kunshistoriese

paradigma ná die sogenaamde “konseptuele draai” van die 20ste eeu, naamlik die

onvoorsiene (“contingency”) en trauma (2010:440). Die doelstelling van die onvoorsiene (of

toevallige) is ’n estetiese destabilisasie, terwyl die kunswerk ook aangewend word as ’n

middel om die verwantskap tussen sosiale instellings en die voorwaardes wat dit stel vir

representasie en betekenis te bevraagteken (Sey 2010:440).

In ’n besinning oor die waarde en funksie van kuns spreek Goldie en Schellekens (2010:132)

die mening uit dat kuns ons help om ons menslikheid op ’n baie spesifieke wyse te waardeer.

Hulle lê vervolgens ’n spesifieke verband tussen kuns en relasionaliteit met die volgende

uitspraak: “So art can give us a sense of our shared humanity in a special way, relating what

is presented to us, to our ethical lives, in the broadest possible sense of the word ‘ethical’.”

Hulle haal dan Joseph Conrad se uitspraak oor relasionaliteit aan ter stawing van hulle eie

argument. Volgens Conrad tree die kunstenaar in gesprek met “the subtle but invincible

conviction of solidarity that knits together the loneliness of innumerable hearts; to the

solidarity in dreams, in joy, in sorrow, in aspiration, in illusions, in hope, in fear, which binds

men together, which binds together all humanity – the dead to the living and the living to the

unborn” (Goldie en Schellekens 2010:132).

Dit is teen die voorgaande kunsteoretiese agtergrond dat Die benederyk gelees moet word en

sekere sleutelpassasies om interpretasie vra. Winterbach se roman is gestruktureer rondom

gedeeltes waarin die (bloed)verwantskap tussen Stefaans en Aaron ter sprake is, en gedeeltes

waarin Aaron, die kunstradisie en relasionaliteit aan bod kom. In laasgenoemde passasies

word daar dan ook eksplisiete uitsprake oor kunsopvattings gemaak. Aaron kan beskou word

as ’n eksponent van die meer tradisionele kuns. Hoewel hy telkens verwys na sy werk se

“vernuwende aspekte”, geskied dit steeds binne die implisiete ruimte van die raam. Daar is

talle verwysings na sy kunswerke se formele en materiële hoedanighede, soos die figuratiewe

aanslag, die aanwending van die verf op doek, en veral sy eksperimente met kleurgebruik. Hy

verwys na sy “gestroopte tematiek” (56) en “apokaliptiese beeldgebruik” (56) en “hy slaag

daarin, dink hy, om twee konflikterende elemente in ewewig te hou: die formele orde en die

burleske beeldgebruik wat dreig om hierdie orde omver te gooi” (56).

430

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Talle eksplisiete verwysings na voorgangerkunstenaars getuig van sy worsteling om ’n eie

plek binne die groter Westerse kunstradisie te probeer bepaal, terwyl dit terselfdertyd

relasionaliteit binne die kunshistoriese ontwikkelingsgang beklemtoon. Dit is Aaron se wens

om een van die uitverkorenes te wees om in Berlyn aan ’n groeptentoonstelling deel te neem

ten einde internasionale erkenning te kry. Tot sy groot ontsteltenis lyk dit egter of sy galeris,

Eddie Knufelder, belangstelling in sy werk verloor het. Ná Aaron se herstel het Eddie slegs

een keer ’n besoek aan sy ateljee gebring en dit het Aaron teleurgesteld en gefrustreerd

gelaat, omdat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat Eddie nie die vernuwing in sy werk

opgelet of verstaan het nie.

Die onmag van ontoereikendheid en die gevoel dat die kreatiewe uitdrukkingsmiddele te kort

skiet, is dus voortdurend by Aaron teenwoordig. Aaron neem gevolglik sowel sy eie

figuratiewe skilderwerk en sy abstrakte fase as die werk van die uitverkore fiktiewe

kunstenaars, Jimmy Harris (’n jong konseptuele kunstenaar met ’n obsessie oor destruktiewe

kreatiwiteit), 11 en Moeketsi Mosekede (’n polities korrekte kunstenaar; nie alleen is sy

velkleur korrek nie, maar hy maak kunswerke van weggooimateriaal wat ook ekovriendelik

is) krities in oënskou. Dit is in die lig hiervan dat die insident gelees moet word waartydens

Aaron vir Jimmy Harris en Moeketsi Mosekede na Balmoral in die Natalse Middelland neem

(60-6). Winterbach som (tong-in-die-kies) in hierdie gedeelte by monde van Jimmy, tot

Aaron se groeiende irritasie, die rol van kuns in die 21ste eeu op, soos veral uiteengesit in

Seven days in the art world.

In teenstelling met Aaron se benadering tot kuns is die opvattings van Jimmy Harris as

eksponent van konseptuele kuns. Jimmy Harris ondermyn veral die opvattings van kuns wat

steeds by die tradisie aanleun. Hy verklaar sonder omhaal:

En ook:

“Skilder is dood in hierdie land, my vriend. Daar is nie ’n enkele skilder hier wat

worthwhile werk maak nie. Painting in hierdie land lags seriously behind.” (60)

“En painting is dood?” vra Aaron.

“Painting is nie dood nie. Painting kan nog altyd gejustify word. Maar dis heavily

burdened, dit word gerule deur die tyranny of the object, die precious object.” (64)

Opvallend is Jimmy Harris se gebruik van subversiewe taal 12 om sy luidrugtige opvattings uit

te spel. Wanneer Jimmy op die toneel is, is hy gewikkel in ’n langdurig voortgesette

eenrigtinggesprek waarin hy sy kunsopvattings uitspreek. Op hierdie wyse word die klem op

woorde en die diskoersafhanklikheid van konseptuele kuns implisiet op die voorgrond

geplaas. Hy formuleer hierdie aspekte trouens ook eksplisiet, soos blyk uit die volgende

uitspraak:

Woorde sê hy. Hy werk op die oomblik met woorde; hy kombineer video en woorde.

Hy isoleer en ondersoek hulle ideologiese load. Die woord dood, die woord

destruction, die woord ondergang. Untergang. Die woord as ’n vorm van linguistic

431

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

repression. [...] die ideologiese load van die woord destruction, van die woord dood,

sê Jimmy, dis wat hom interesseer. (66)

Vir Jimmy is die “cutting edge”-kunsuiting gesetel in die sogenaamde “deathworks”, en dit is

dan ook hierdie aspek van kuns waarmee hy homself besig hou en wat hy propageer.

Deathworks, sê Jimmy Harris, sê die sosioloog Philip Rieff, wat die term gemunt het,

beskryf kunswerke wat ’n ondubbelsinnige aanval op iets vitaals in die gevestigde

kultuur is. Rieff, sê Harris, betoog dat die belangrikste artistieke prestasies van die

twintigste eeu hierdie sogenaamde deathworks is – kunswerke wat hoofsaaklik die

bestaande kulturele norme oorskry of ontken, eerder as om hulle te bevestig of te

onderskryf. Rieff verduidelik Harris, was veral geïnteresseerd in kunstenaars wat

hulle liggame as kunswerke gebruik, en gewoonlik op sosiaal onaanvaarbare en veral

afstootlike maniere. (79)

Dít, verduidelik Harris, is ’n radikale bevraagtekening van aannames, dit is kuns wat

’n genadelose aanval op ’n politieke sowel as ’n linguistieke realiteit loods, dit is

sinvol, dit is relevant, omdat dit die strukture destabiliseer wat die samelewing

normaliseer deur middel van die hegemonie van – outoritêre – taal en instelling. (80)

Jimmy se opvattings kan weer eens ook in verband gebring word met Sey (2010:439) se

stelling dat trauma die kondisie van die moderne samelewing konstitueer: “[The]

contemporary experience is either literally traumatic, in the sense of being psychically

shocking or physically violatory; or symbolically traumatic, through the senses being

overloaded with largely representational input.”

4.3 Ontmoetings: Aaron en voorgangerkunstenaars

In die gedeelte wat direk na Jimmy se relaas (60-6) tydens hul reis na die Middelland volg,

word ’n verband gelê met die kunstenaar Joseph Beuys as Aaron oorval word met “heimwee

na Joseph Beuys” (68):

Europees, dood, in gesprek met ’n dooie haas, vyf en twintig, dertig jaar gelede. Dit is

na Beuys se werk wat hy nou wil terugkeer. Beuys in gesprek met die dooie haas, met

goudblad bedek, Beuys met die coyote in ’n ruimte opgesluit, Beuys met sy formules

en sy hoed, sy vilt en sy vet. Waansinnige, geniale, gedrewe Beuys, wat dit nodig

gevind het om vir hom ’n alternatiewe kunstenaarspersona te skep. (68)

Beuys word allerweë beskou as een van die belangrikste voorlopers en eksponente van

konseptuele kuns, en tog word daar in die roman ’n analogie tussen Beuys en Aaron gestel.

Soos Aaron het ook Beuys afgedaal na die dieptes van die doderyk nadat sy vegvliegtuig

gedurende die Tweede Wêreldoorlog afgeskiet is in ’n afgeleë streek van Krim. Hy is van ’n

gewisse dood gered deur ’n groep stamlede van die plaaslike Tataars wat hom op tradisionele

wyse gedokter het. Hulle het hom in dierevet en vilt toegedraai om sy liggaamshitte te behou

totdat ’n Duitse reddingspan agt dae later opgedaag het. Volgens Weintraub (1996:181) was

Beuys vir agt dae “simbolies dood”, en sy bestempel sy herstel as ’n wonderbaarlike

opwekking uit die dood. Beuys se vernuwende rol kan toegeskryf word aan sy opvattings van

wat kuns is, en wat hy as die funksie van kuns beskou het. Soos Goya in die 19de eeu, is ook

432

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Beuys ’n sosiale kommentator van die 21ste eeu. Weintraub (1996:179) verduidelik op

kriptiese wyse: “He defined art as the warden of metaphysical awareness. It alone is capable

of rescuing civilization. [...] Art can only assure salvation if its functions are extended beyond

its conventional role. Instead of representing life, art must actually fashion life.” Naas die

gebruik van tradisionele materiale soos metaal, klei en klip, het hy ook nietradisionele

materiale soos dierevet, vilt, seep en uitveërs gebruik. Belangriker is egter dat hy veral ook

niemateriële fenomene soos taal, geluide en gebare ingespan het as deel van sy kunswerke.

Vandaar ook dat Weintraub (1996:183) ten slotte daarop wys dat Beuys wel kunsobjekte

geskep het, maar dat talle mense glo dat sy grootste kunswerk sy eie persona was. Die temas,

motiewe en moraal van sy kuns is vervat in sy gesig en liggaam, sy houding, sy kleredrag, sy

woorde en sy dade. Dit is hierdie fasette van Beuys as kunstenaar wat veral ’n verwantskap

met die fiktiewe Jimmy Harris toon.

In die roman is daar voorts ook ’n duidelike verbintenis tussen die Spaanse skilder Francisco

Goya (1746-1828) en Aaron, asook tussen Stefaans en Goya. Die belangrikste gemene deler

is weer eens die afdaal na die benederyk – Stefaans as gevolg van sy verslawing, Aaron as

gevolg van die siekte wat byna sy lewe geëis het, en Goya, wat ook as gevolg van ’n

verwoestende siekte die dood in die oë moes kyk. Goya 13 word deur sommige kunskritici

bestempel as die vader van moderne kuns, en sy plek as ’n onbetwiste genie is verseker in die

kanon van die Westerse kuns. Sy kuns is tegelyk gewelddadig én beeldskoon. Gedurende sy

leeftyd het hy die Amerikaanse en Franse Revolusies meegemaak, asook die verskrikkinge en

wreedhede van die Spaans-Napoleontiese oorlog, wat dan ook neerslag in sy skilderwerk

gevind het en wat eksplisiete sosiale kommentaar bied. Goya se bekende Disasters of war

bied insgelyks ’n uitdaging aan die diskoers van estetika wat kuns in sy leeftyd gekenmerk

het. Op persoonlike vlak het hy die diepste vlakke van hopeloosheid ervaar nadat ’n ernstige

siekte hom doof gelaat het. Stefaans bied telkens inligting oor Goya as mens en as kunstenaar

in sý eenrigtinggesprekke met Aaron:

Om sy genialiteit te realiseer, het Stefaans gesê, moes Goya afskeid doen van sy

behoefte om mense te behaag. Sy doofheid, wat aanleiding gegee het tot sy

afsondering het dit vir hom moontlik gemaak om intens te observeer. Goya het

geskilder het Stefaans gesê, om te ontsnap aan sy sorge, waardeur hy so diep gekasty

is. (Aaron het gewonder of dit ’n verhulde verwysing na Stefaans se eie situasie was.)

(152)

Aaron se eie benadering tot sy skilderkuns kan egter ook met dié van Goya vergelyk word:

“Die energie wat hy het, gebruik hy om te werk, lank reeds nie meer om vriendskappe te

kultiveer nie. Skilder anker hom, dit gee betekenis aan sy lewe. Dit ís al so lank sy lewe. Dit

is sy borswering, dit stuit sy val, dit besweer sy angs” (193). In hierdie uitspraak is

terselfdertyd ’n eksplisiete kunsopvatting ingebed, want dit is ’n bevestiging van wat die

persoonlike funksie en waarde van die kunspraktyk vir Aaron as beeldende kunstenaar is.

Stefaans maak vervolgens ook die volgende stelling:

“Waansin het Goya gefassineer! [...] Hy het sifilis geken! Hy het geweet waarheen sy

doofheid hom gelei het. Hy was vertroud met demone. Hy was gefassineer deur

433

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

hekse. Hy was geïntrigeer deur die groteske en die makabere. Wat het hy op die mure

van sy huis geskilder?” (153)

Stefaans verwys hier na die sogenaamde “Swart skilderye” wat Goya op die mure van sy huis

geskilder het, en wat beskou word as “die mees ontstellende in die ganse kunsgeskiedenis”

(Freeland 2001:24). Hierdie skilderye kan waarskynlik geïnterpreteer word binne die konteks

van die afdaal na die benederyk: dat die diepste dal van die doderyk onrepresenteerbaar is, en

dat die mens nóg deur visie, nóg deur die krag van die verbeeldingsoog die dieptes van dié

donkerte kan peil.

Die verwysings in die roman na die verwantskap tussen Goya en Aaron is talryk, soms

eksplisiet en soms by implikasie. Na die dood van sy geliefde vrou en sy eie byna noodlottige

siekte identifiseer Aaron “die reuk van siekte en ondergang” (31) in sy werk. Sy skilderwerk

word insgelyks soos volg beskryf (’n beskrywing wat terselfdertyd ook op Goya se werk van

toepassing gemaak kan word): “Nog meer kompromisloos. Die beeldgebruik beurtelings

humoristies, beurtelings banaal, beurtelings apokalipties. Baksteenmure en tuimelende,

afgekapte ledemate. ’n Kop wat soos ’n klip afrol teen ’n helling” (31–2).

Aaron was altyd ’n nagskilder (88), soos Goya, en daar is direkte verwysings na Goya se

kleurgebruik (88) as Aaron sy eie werk in oënskou neem. “Burleske figure en apokaliptiese

visioene” (57) kenmerk ook Aaron se werk in hierdie periode, en daar is selfs die direkte

verwysing na swart mure soos dié van Goya: “As Aaron geïnteresseerd sou wees om te

verkoop, het hy gesê, sou hy die skildery van die swart muur wou koop. Die swart muur het

tot hom gespreek” (45). As Aaron sy persoonlike geskiedenis en sy ontwikkeling as

kunstenaar beskryf (140–4), is daar ook verwysings na Goya, en die opvallendste analogie is

die feit dat hy “sy eie lewe, sy wanhoop, sy liefde, node begin skilder [het]. [...] Sy werk het

homself en sy benarde menslike posisie in ’n benarde heelal begin weerspieël” (143).

Na sy vrou se dood gaan Aaron op ’n pelgrimsreis na Madrid om troos te soek in die werk

van Goya in die Prado: “Goya moes hom vertroos. Daarop het hy gereken” (147). Sy verdriet

en harteleed word egter nie besweer nie, want die tekeninge en etse is verwyder om plek te

maak vir ’n tydelike uitstalling – dus weer eens ’n sydelingse verwysing na die verlies van

die begeerde beeld. Die ironie is dat Aaron wel die impak van Goya se genialiteit ervaar in

die pelgrimskerk van San Antonio waar Goya na sy siekte ’n fresko, met die opwekking van

’n vermoorde as tema, geskilder het. Aaron word veral geboei deur die “lyk geskilder in tinte

van groen. Die dooie, so onlangs teruggeroep uit die ryk van die skadu’s” (150). In die

daaropvolgende paragraaf is daar ’n beskrywing van die eerste simptome van Aaron se eie

siekte, die siekte wat sý katabasis tot gevolg gehad het, en die verwantskap tussen homself en

die gestorwe skilder, die skildery en die dood word dan treffend verwoord:

Uit daardie swawelagtige moeras het een nag ’n skim te voorskyn getree, met geel

tande en tandvleise. Hierdie spookbeeld het teruggestaar na Aaron in die spieël. Dit

was hy, hý was die persoon wat uit daardie somber en giftige wasem te voorskyn

getree het. Gereed om ’n transaksie te beklink. Gereed om ’n akkoord aan te gaan, om

tot die dood te onderhandel vir ’n herstel van sy verlies. (151)

434

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vergelyk die leser die verbintenisse wat in die roman gelê word tussen Aaron en Beuys,

Aaron en Goya, en Aaron en Jimmy (ten spyte van Aaron se weersin in Jimmy se

kunsopvatting), blyk daar betekenisvolle verbande te wees. As bindende faktor staan nie

alleen die kreatiewe kunstenaarskap nie, maar ook die vernuwende denke, ten spyte van

formele en materiële verskille. Daar is voorts ook sprake van ’n volgehoue bemoeienis met

die dood en eie sterflikheid. Relasionaliteit word onderstreep op grond van hulle menslike

beperktheid, want Aaron, Goya én Beuys het tydens hul leeftyd die ervaring van ’n katabasis.

Dit is egter nie sonder ironie nie dat die verbintenis tussen Aaron en Jimmy Harris in die

roman in terme van mortaliteit beskryf word: “Aaron weet ineens dat hy nooit meer van

Jimmy ontslae sal wees nie, dat Jimmy Harris hom voortaan tot aan die einde van sy dae sal

begelei. Doodsbegeleier” (79). Daar word in die loop van die roman telkens na Jimmy

verwys as Aaron se doodsbegeleier, of as Boodskapper uit die doderyk, “want die dood het

hom hoeka aan die enkel beet, daarvan is Aaron deeglik bewus” (67). Nadat Jimmy

byvoorbeeld sy obsessie met deathworks en “die ideologiese load van die woord

destruction, 14 van die woord dood” (66) verduidelik het, reageer Aaron geïrriteerd en bykans

gewelddadig:

Wat de hel weet jy van die dood? wil Aaron uitroep. Hy wil die motor met skreeuende

bande tot stilstand bring. Hy wil Jimmy uit die motor pluk. Hy wil hom aan sy

skouers vat en hom skud tot sy tande ratel en vir hom sê: Wat weet jy van die dood,

jou pôpô? Het jy hom al in die kamer langsaan gehoor? Het jy hom al sy skeergoed in

die badkamer hoor uitpak? [...] Toe hy wegtrek, wil hy nog vir laas die venster afdraai

en vir Jimmy roep: Die lewe haal ons almal vroeg of laat in, reken maar daarop! (66)

Aaron se waarskuwing is skreiend en ironies, want aan die einde van die roman is dit juis die

jeugdige Jimmy wat sterf, terwyl Aaron nuwe moontlikhede vir sy loopbaan as kunstenaar in

die vooruitsig stel.

Relasionaliteit setel egter nie alleen in bogenoemde fiktiewe en werklike kunstenaars se

sterflikheid as menslike wesens nie, maar ook in hulle beperktheid as kunstenaars weens die

onvermoë om die dood te representeer. 15 Goodwin en Bronfen (1993:7) voer aan dat

representasie ’n oorspronklike teenwoordigheid voorveronderstel, en in die geval van die

dood is dit duidelik paradoksaal. In enige representasie van die dood gaan dit om ’n

opvallende afwesigheid, sodat die representasie self ’n wegbeweeg is van dit wat afgebeeld

word. “Any representational discourse implies the muteness, absence, nonbeing – in short,

the death – of the object it seeks to designate.” Elke representasie van die dood is dus

terselfdertyd ’n misinterpretasie. In aansluiting hierby is Van Alphen (1992:95) se argument

oor die problematiek van die representasie van die sterwensproses verhelderend. Hy redeneer

dat dit maklik is om die dood objektief te representeer: as die dood van iemand anders, as ’n

dooie liggaam, of as die vrees vir die eie naderende dood. In al hierdie gevalle is die dood óf

buite óf voor die subjek. Die objek van representasie is egter nie die subjek se ervaring van

die dood (of die sterfproses) self nie. Dit is onmoontlik om dié belewing/ervaring van die

dood te representeer, want om dood te wees, of in die proses van sterwe, kanselleer die

moontlikheid uit om deel te hê aan die handeling van representasie. Die mens kan dus nie die

435

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dood in die eerste persoon en in die teenwoordige tyd vertel of beskryf nie. Hierdie aspekte

van die doodsproblematiek kom ook in Die benederyk ter sprake.

Jimmy Harris as romankarakter is ’n ironiese bevestiging van die kunstenaar se onvermoë om

die dood te representeer, selfs deur sy eie dood. Hy is terselfdertyd ’n illustrasie van die

ontologiese vraag van konseptuele kuns, naamlik: “Waar is die kunswerk?”, en van die

verband tussen kuns en trauma waarvan Sey (2010) melding maak. Jimmy Harris se dood is

naamlik die “finale kunswerk” van sy destruktiewe kreatiwiteit, die uiterste konsekwensie

van sy deathworks. Na sy dood bly daar egter ’n vakuum, want nie alleen is die video weg

nie, maar die inligting oor die aard van sy dood word weerhou, en boonop is sy lyk verwyder.

Daar is dus uiteindelik geen sigbare of materiële bewys van die wyse waarop Jimmy gesterf

het nie, en soos in konseptuele kuns bly slegs die idee-idee oor. Jimmy se finale neerdaal na

die benederyk as gevolg van sy selfvernietigende kuns bied ook aan hom geen geleentheid vir

terugkeer en Nachträglichkeit nie. As gevolg van die feit dat sy destruktiewe kuns in

teenstelling staan met die helende werking van retrovisie en van die kuns, soos by Goya,

Beuys en ander, ken hy ook geen relasionaliteit nie. Anders as by Aaron en Stefaans is daar

by hom as romankarakter slegs selfvoldaanheid en geen soeke na lewensin nie, en gevolglik

is hy ’n kontrasfiguur in die roman. Daar is vir hom geen “reddende koda” nie, en gevolglik

kan hy geïnterpreteer word as ’n tipe “waarskuwingsteken”, ’n karakter wat ’n kontras vorm

met die moontlikhede van heling en herstel en vernuwing wat in die roman uitgebeeld

word. 16

5. Ten slotte

Die kernaspekte van relasionaliteit en retrovisie wat deur Silverman geïdentifiseer is en wat

ter sprake gekom het in Die benederyk, is relasionaliteit as gevolg van sterflikheid wat die

mens met elke ander wese op aarde deel, en die helende krag van Nachträglichkeit. Deur

retrovisie ontstaan die moontlikheid om sondes weg te was, om die dooies te wek en die

verdeeldheid tussen mense gelyk te maak. Die problematiek wat die roman onder andere

aanspreek, is ’n soeke na lewensin by sowel Stefaans as sy broer Aaron Adendorff, nadat

elkeen neergedaal het na sy persoonlike hel en in die stadige proses van ’n terugkeer na die

lig is. By albei is daar ’n worsteling met eie sondes, met die dood en gestorwe geliefdes, met

gebroke verhoudings en die intense ervaring en verwerking van verlies.

Na sy katabatiese ervaring kom Stefaans tot insig in sy verwantskap met ander as vlees van

sy vlees, en sy “bestaan as bewuste wese” mét ’n “begrensde liggaam” (275), dus in

relasionaliteit. Hy keer dan sy blik na diegene wat hy agtergelaat het, hetsy dooies as

lewendes, en so kom hy op die pad van vernuwing en regenerasie. Hy aanvaar sy

lotsbestemming (243); herstel kontak met sy verlore broer; heel, deur retrospeksie, gebroke

verhoudings met ontslape familie en vriende; en besweer sy diepgewortelde vrese (273) om

uiteindelik bevryding te beleef (267).

436

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Aaron se insig in relasionaliteit na sy hellevaart is eweneens gesetel in die ontologiese

verwantskap tussen mense, maar sy retrovisie sluit óók ’n omvattende blik op die Westerse

kunsgeskiedenis en talle voorgangerkunstenaars, met wie hy ’n verwantskap kan identifiseer

ten einde ’n eie plek te bepaal, in. Vir Aaron is die wins van sy insigte in relasionaliteit dat hy

opnuut die “verlore geliefde” ontdek in die terugwin van die beeld. Ook hý aanvaar aflegging

en besweer sy angs. Ten slotte herstel Aaron ook verhoudings met die mense in die plaaslike

kunskringe: Jimmy Harris, Eddie Knufelder en die varkhoewige nimfe. Vernuwing en

regenerasie spreek ook uit sy hernude skeppingsdrif en die vooruitsig van ’n uitstalling in

Berlyn. Die bevestiging van bloedverwantskap spreek uiteindelik die laaste woord, soos blyk

uit die slotparagraaf van die roman: “Hy ontvang altyd elke boodskap van Stefaans met

plesier, dankbaar vir die herstelde kontak met sy verlore broer” (335).

Ten slotte is dit duidelik dat Winterbach by monde van haar romankarakters eksplisiete

uitsprake oor kunsteoretiese opvattings maak. Daar is dus sprake van ’n teksinterne poëtikale

besinning. Hoewel hierdie poëtikale opvattings nie noodwendig aan die beeldende kunstenaar

Winterbach geknoop kan word nie, bevestig dié narratief-filosofiese besinning oor die

skeppende proses weer eens die besondere verwantskap tussen haar prosa en haar visuele

ingesteldheid.

Bibliografie

Adorno, T.W. 1997. Aesthetic theory. Vertaal deur R. Hullot-Kentor. Londen: The Athlone

Press.

Atwood, M. 2002. Negotiating with the dead. A writer on writing. Cambridge: Cambridge

University Press.

Breytenbach, B. 2011. Die beginsel van stof. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

Butler, J. 2004. Undoing gender. Londen en New York: Routledge.

—. 2006. Precarious life. Londen en New York: Verso.

Danto, A. 1996. Why does art need to be explained? Hegel, Biedermeier, and the intractably

avant-garde. In Weintraub 1996.

Falconer, R. 2005. Hell in contemporary literature: Western descent narratives since 1945.

Edinburgh: Edinburgh University Press.

Freeland, C. 2001. But is it art? Oxford: Oxford University Press.

Friedman, S.S. 2002. Spatialization: A strategy for reading narrative. In Richardson (red.)

2002.

437

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Goldie, P. en E. Schellekens. 2010. Who’s afraid of conceptual art? Londen en New York:

Routledge.

Goodwin, S. en E. Bronfen. 1993. Introduction. In Goodwin en Bronfen (reds.) 1993.

Goodwin, S. en E. Bronfen (reds.). 1993. Death and representation. Baltimore en Londen:

The Johns Hopkins University Press.

Gouws, A. 2008. Ingrid Winterbach as skrywer en as beeldende kunstenaar – enkele

beskouings. Stilet,XX(1):8–41.

Hauptfleisch, D.C. 1970. Woordeboek van die Afrikaanse taal. Stellenbosch: Buro van die

WAT.

Hillman, J. 1979. The dream and the underworld. New York: Harper & Row.

Human, T. 2010. Hellevaart én herrysenis: Winterbach se Die benederyk ’n verbysterende

boek. http://www.litnet.co.za (11 Augustus 2011 geraadpleeg).

Kundera. M. 2009. Encounter. Londen: Faber & Faber.

Lyotard, J-F. 1992. The postmodern explained to children. Correspondence 1982-1985.

Vertaal deur J. Pefanis en M. Thomas. Londen: Turnabout.

Mulder. E. 1987. Freud en Orpheus. Of hoe het woord de muziek verdrong. Utrecht: HES

Uitgevers.

Olivier, B. 2007a. Art and the ethical today. SAJAH,(22)1:60–72.

—. 2007b. Beauty, ugliness, the sublime, and truth in art. SAJAH,(22)3:1–16.

Richardson, B. (red.). 2002. Narrative dynamics. Essays on time, plot, closure, and frames.

Columbus: The Ohio State University Press.

Sey, J. 2010. The trauma of conceptualism for South African art. Critical Arts,(24)3:438-56.

Silverman, K. 2009. Flesh of my flesh. Stanford: Stanford University Press.

—. 2010. Primal siblings. George Baker in conversation with Kaja Silverman.

Artforum,XLVIII(6):177–83.

Smith, F. 2009. Murder your darlings: Breytenbach, die dood en die vrou. Tydskrif vir

Letterkunde,46(2):97–110.

Thorton, S. 2008. Seven days in the art world. Londen: Granta.

Van Alphen, E. 1998. Francis Bacon and the loss of self. Londen:Reaktion Books.

438

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Van der Elst, J. 1988. G. Achterberg (1905-1962). In Van der Elst, Ohlhoff en Schutte (reds.)

1988.

Van der Elst, J., C. Ohlhoff en H. Schutte (reds.). 1988. Momente in die Nederlandse

letterkunde. Pretoria en Kaapstad: Academica.

Van der Merwe, C. 2010. Die benederyk is grootse literatuur met ’n ruim en ryk

verwysingsveld. http://www.litnet.co.za (11 Augustus 2010 geraadpleeg).

Van Niekerk, M. 2010. Die sneeuslaper. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

Weintraub, L. 1996. Art on the edge and over. Searching for art’s meaning in contemporary

society 1970s-1990s. Litchfield: Art Insight.

Williams, Z. 2006. Going ape. The Guardian.

http://www.guardian.co.uk/artanddesign/2006/jun/29/art.gender (8 November 2011

geraadpleeg).

Winterbach, I. 2008. Om jou die hemel en die hel te verbéél. Stilet,XX(1):6–7.

—. 2010. Die benederyk. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

Eindnotas

1 ’n Bladsynommer sonder skrywersnaam en publikasiedatum verwys telkens na Winterbach

(2010).

2 Die lees van die psigiese aspek van die vertikale narratief sluit in ’n erkenning dat ’n teks

gelees kan word as ’n linguistiese eenheid wat gestruktureer is soos ’n psige, met ’n

bewussyn en ’n onbewussyn wat psigodinamies op mekaar reageer. Analogies gesproke is die

teks soos ’n droom, die resultaat van ’n onderhandeling, waarin die begeerte om uitdrukking

te gee én die behoefte om te onderdruk ’n kompromie afdwing in die vorm van ’n

verdoeselde redevoering (Friedman 2002: 223).

3 Hillman (1979:27) gee die volgende insiggewende inligting oor Hades: “Hades was of

course the God of depths, the God of invisibles. He is himself invisible, which could imply

that the invisible connection is Hades, and that the essential ‘what’ that holds things in their

form is the secret of their death.”

4 Hierdie parafrase van Silverman se opvattings is ’n verkorte weergawe van haar argument

wat ek in ’n artikel oor Die sneeuslaper (2009) van Marlene van Niekerk gebruik het. Die

betrokke artikel, “By sý oë uit, by jóúne in” (99): relasionaliteit, visie en die dood in Die

sneeuslaper (Marlene van Niekerk), is tans ter perse. Die benederyk en Die sneeuslaper

vertoon ooglopende ooreenkomstige aspekte ten opsigte van relasionaliteit en retrovisie, wat

terselfdertyd die insigte van Silverman resoneer.

439

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

5 Salomé het onder andere ’n kortstondige verhouding met Rainer Maria Rilke gehad. Sy het

dan ook tot aan die einde van haar lewe met hom gekorrespondeer en was ’n groot invloed in

sy lewe en werk. Sy was ook ’n student van Freud en het later onafhanklik van hom as

psigoanalis gepraktiseer.

6

Die wegkeer van die Ander kan in hierdie sin ook geïnterpreteer word as Adam en Eva se

wegkeer van die communitas met God.

7

Ook hierdie paragraaf stem woordeliks ooreen met ’n passasie in die Sneeuslaper-artikel.

Ter wille van die argument word dit hier herhaal.

8 Silverman (2009:70) wys daarop dat die digter Rilke dieselfde opvatting gehuldig het: “It

was also because of Rilke’s need to establish death as something that happens on the other

side of the gender divide that he was unable to remain physically proximate to the women he

loved.”

9 Vergelyk ook Breyten Breytenbach (2011:26) se gedig “die metafoor as skepper van

betekenis”:

ek gee my ma die skuld

deur geboorte aan my te verleen

het sy my uitgelewer aan die dood.

10

Thorton (2008) verdeel die sewe dae in sewe rolspelers, naamlik die veiling, die kritikus,

die fair, die prys, die tydskrif, die studio besoek en die biënnale.

11 Olivier (2007b:2) verduidelik: “[T]he logic of modernity has been characterized as

‘creative destruction’ and ‘destructive creation’ by several thinkers from Goethe to Nietzsche

and Schumpeter.” Hy haal Harvey se uitspraak aan: “How could a new world be created,

after all, without destroying much that had gone before?”.

12 Gouws (2008:22) gee te kenne dat hierdie eienskap ook by Winterbach self aanwesig is.

Onder die hofie “Swak smaak: die gebruik van Engelse woorde en anglisismes” maak hy die

volgende stelling: “Sowel die tekeninge as die prosa word gekenmerk deur talle

‘onsuiwerhede’, talle bewus omarmde ‘smette’, waarvan die gebruik van Engelse

uitdrukkings maar een voorbeeld is.”

13

Gouws (2008:12) wys daarop dat Goya se oorlogsketse en ontluisterende afbeeldings van

die koningshuis ’n vroeë visuele invloed op Winterbach was.

14 Gouws (2008:22) maak dié insiggewende stelling oor Winterbach se beeldende werk: “Die

skeppingsproses het ’n intrinsiek destruktiewe kant, ook wat betref die aanvanklike gedaantes

van die kunswerk in wording.”

15 Die kunstenaar Damien Hirst spreek hierdie problematiek aan in sy nou reeds bekende

kunswerk van ’n haai in formalien, met die titel The physical impossibility of death in the

mind of someone living.

440

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

16 Ek erken en bedank die anonieme keurder wat bykomende insigte aan my gegee het in

verband met Jimmy Harris as romankarakter.

441

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars

Opsomming

Johan Fourie

Johan Fourie: Departement Ekonomie, Universiteit Stellenbosch

Die tradisionele beskouing van die 18de-eeuse Kaapkolonie as ’n armoedige

bestaansekonomie moet heroorweeg word. Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde

boedelinventarisse gebruik te maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse

setlaarshuishouding relatief welaf was aan die begin van die 18de eeu en dat hierdie

rykdomvlakke oor tyd toegeneem het, al het dit ook gepaard gegaan met ’n toename in

ongelykheid binne die setlaarsbevolking. Kaapse setlaarshuishoudings kon selfs kers vashou

met huishoudings in streke wat gedurende die 18de eeu as die mees welvarende beskou is –

Nederland en Engeland.

Trefwoorde: Kaapkolonie; VOC; vryburgers; trekboere; rykdom; armoede; ongelykheid

Abstract

The relative wealth of the early Cape settlers

This article investigates the relative wealth of the settlers of the Dutch Cape Colony, a

settlement founded in 1652 by the Dutch East India Company to supply refreshments to the

ships passing between Europe and the East Indies. The stereotypical view of the Cape Colony

is that of an impoverished society, with only a few landowners able to maintain a living

standard above subsistence level. Aside from those fortunate to be granted monopoly

contracts by the Company to supply the growing demand for wine, wheat and meat from the

passing ships, most settler households, at least towards the end of the 18th century, lived a

scanty, pastoral lifestyle in the interior, devoid of the luxuries offered by the proximity of the

market in Cape Town.

The first contribution of this article is to suggest an alternative history: I show that the

average Cape settler household was relatively prosperous when measured by the number of

consumption and productive assets it owned. For my research I used 2 577 Cape probate

inventories (MOOC 8s), recently transcribed and digitised, that allow a household-level

investigation of wealth trends over more than a century (1690-1800). Because of the

abundance of different products in the inventories, I follow 28 items that represent more than

70% of all movable household assets of the settlers. I use the prices available in the auction

rolls (MOOC 10s) to combine these 28 items into a basket of goods.

Plotting this basket of goods over the 18th century reveals that Cape settlers, on average, did

not grow poorer. While there are significant fluctuations during the century, the final two

442

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

decades seemed to have been the most prosperous (in terms of assets owned) for Cape

settlers.

The second contribution of the article is to show that this prosperity was not equally shared

by all Cape settlers. As an earlier historiography has shown (Guelke and Shell 1983),

inequality was high and increasing, even within the settler population. This is ascribed largely

to the ownership of slaves, comprising 24% of total value in household inventories. While I

show that those settlers owning no slaves also improved their standard of living over the

course of the 18th century, the increasing ownership of slaves by the elite resulted in a

persistent gap between the rich and the poor.

The third contribution of the article is to show that the MOOC 8-probate inventories probably

underestimate Cape settler wealth. I used Stellenbosch inventories not included in the MOOC

8s, transcribed and digitised by Krzesinkski-de Widt (2002), to show that households in these

inventories owned significantly more slaves than those included in the MOOC 8s. This result

firstly suggests that the aggregate wealth estimates are not upwardly biased by sample

selection in favour of the more affluent part of the population. Secondly, it also suggests that

wealth had a regional dimension: those closer to Cape Town were more likely to be

prosperous than those in the interior.

Fourthly, the article also compares Cape settler wealth with that of settlers and citizens in

other regions of the world. I compare a range of items – slaves, cattle, guns, timepieces and

paintings – to show that the average Cape settler frequently owned more assets than his

counterparts in England and the Netherlands, considered to be the two richest countries in the

18th-century world and also the countries of origin of most of the settlers. This explains why

the Cape Colony was an enticing destination for immigrants. I also show that Cape settlers

often owned more assets than those of the American colonies, the exceptions being gun

ownership in the American South and slave ownership on the Caribbean plantations.

These results provide convincing evidence that Cape settlers were not, on average,

impoverished, living just above subsistence levels. Anecdotal evidence of the poverty of

some farmers presented by reports and traveller accounts are, therefore, the exception rather

than the rule. This relative prosperity of the average farmer is validated by other quantitative

recent investigations into the Cape economy: Du Plessis and Du Plessis investigate the

purchasing power of wages paid to Company officials and workers, showing that these wages

were high and increased over the 18th century. Fourie and Van Zanden (2012) calculate gross

domestic product (GDP) per capita estimates for the 18th-century Cape economy, showing

that the average per capita income is among the highest in the world, at least during the first

few decades of the century. The benefit of this study is to show that such high levels of

income translated into the household wealth of the average settler. And even though great

inequalities within the settler community remained, I also show that even the poorest

managed to acquire more goods over the course of the 18th century.

The traditional view of Cape settlers as poor needs revision.

Keywords: Cape Colony; DEIC; settlers; trekkers; wealth; poverty; inequality

1. Inleiding

443

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die Europese immigrante en hul afstammelinge wat gedurende die 17de en 18de eeu die

Kaapkolonie bewoon het, word tradisioneel beskou as arm en agterlik, ‘n kolonie “wat

ekonomies teen ‘n slakkepas gegroei het” (De Kock 1924: 39). Terwyl daar ’n paar

welgestelde setlaars naby Kaapstad geboer het (Guelke en Shell 1983:265), het die meeste

van die setlaars – veral dié woonagtig in die grensgebiede van die Kolonie – “gewoon in

geïsoleerde plaashuise, wat ’n karige bestaan gevoer het as bestaansboere en jagters” (De

Kock 1924:40). Guelke som die algemene persepsie van die Kaapse ekonomiese lewe goed

op: “Aan die bopunt was ’n groep welgestelde boere met groot plase en baie slawe”, maar

“die gemiddelde hardwerkende boer kon slegs met moeite ’n lewe as bestaansboer voer”

(Guelke 1989:84).

Hierdie persepsie word as gevolg van meer onlangse kwantitatiewe navorsing bevraagteken.

Van Duin en Ross (1987:3) was die eerstes wat die Kaapse ekonomie as “meer dinamies”

beskryf het. Hulle navorsing was gebaseer op die opgaafrolle, jaarlikse sensusopnames wat

die Kompanjie vir belastingdoeleindes onderneem het. Du Plessis en Du Plessis (2011) asook

De Zwart (2011) gebruik loondata om te wys dat die lewenstandaard van die Kaapse

(Europese) inwoners hoog was in vergelyking met loondata in ander wêreldstreke. Vanweë ’n

verskeidenheid faktore het hierdie literatuur min impak gehad op die Kaapse historiografie; in

haar kritiek van Nigel Worden se onlangse Contingent lives: Social identity and material

culture in the VOC world (2007), skryf Nicole Ulrich byvoorbeeld dat die fokus te veel val

op die “uitsonderings van die koloniale konteks” in plaas van om “die gebruik van alledaagse

produkte” te ondersoek wat ’n “meer gebalanseerde idee” van die lewenstandaard van die

gemiddelde Kaapse boer sal gee (Ulrich 2010:580).

Hierdie artikel begin om aan Ulrich se versoek te voldoen. Die Kaapse inventarisse (MOOC

8-reeks) is onlangs deur ’n span navorsers gedigitaliseer en aan die navorsingsgemeenskap

beskikbaar gestel. Deur statistiese metodes in te span word hierdie bron ontleed om drie vrae

te beantwoord: Het die welvaart van die Kaapse setlaars toegeneem oor tyd?; Hoe groot was

die ongelykheid binne die setlaarbevolking aan die Kaap?; en Hoe welgesteld was die Kaapse

setlaars relatief tot ander bevolkings in Europa en die setlaarsgemeenskap in Noord-

Amerika? Wat duidelik blyk uit die resultate is dat die tradisionele persepsie van Kaapse

setlaars wat in armoede gedompel is, hersien moet word.

2. Die Kaapse ekonomie

Die koms van Jan van Riebeeck in 1652 was die begin van Europese vestiging aan die Kaap.

Die VOC (Vereenigde Oostindische Compangie) het Van Riebeeck beveel om ’n

halfwegstasie aan die Kaap de Goede Hoop op te rig met die doel om verbygaande skepe te

diens en van vars voorraad, insluitend vrugte, groente, vleis, water en brandhout, te voorsien.

Só ’n stasie sou die hoë koste van skeepsvaart – veral die hoë lewensverlies van matrose en

gepaardgaande lae produktiwiteit van siekes wat aan dodelike skeurbuik ly – moes inperk.

Van Riebeeck het ’n gemeenskap van landbouers rondom die fort voorgestel wat

verantwoordelik sou wees vir gewasboerdery terwyl Europese vervaardigde produkte en

444

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

alkohol met die inheemse Khoi-stamme verhandel sou word. Hierdie Europese bloudruk van

boerdery was egter nie op die sanderige en winderige Kaapse vlakte moontlik nie, en die

meeste setlaars wat na 1657 as vryboere gevestig is, het gemengde boerdery op uitgebreide

plase bedryf, met wisselende sukses.

Die vraag vanaf skepe na vars landbouprodukte het dus gereeld die aanbod oorskry.

Figuur 1. Kaart van die Kaapkolonie (1682, 1705, 1731, en 1795) met hedendaagse

provinsiale grense (Guelke 1989; eie projeksies)

In ’n poging om aanbod te verhoog het Simon van der Stel die grense van die kolonie

uitgebrei, met Stellenbosch en Drakenstein wat teen die einde van die 17de eeu gevestig en

bewoon is. Die aankoms van 159 Franse Hugenote het hierdie proses bespoedig. Die grense

van die kolonie het herhaaldelik hierna uitgebrei soos setlaars – meestal weens die hoë

fertiliteitskoers en nie weens nuwe aankomelinge nie – noord- en ooswaarts migreer het. Die

setlaars op die grens was tipies trekboere sonder eiendomsreg wat agter goeie weiding

aangetrek het. Hierdie uitbreiding van die koloniale grense sou voortduur tot aan die einde

van die 18de eeu, toe die setlaars in aanraking gekom het met die Xhosa aan die Visrivier.

Figuur 1 stel hierdie migrasie van die koloniale grense grafies voor.

Hoewel die bevolking aanvanklik gekonsentreer was in en om Kaapstad, het die landelike

proporsie toegeneem namate die grensgebied uitgebrei het. Teen 1795, toe Brittanje die 143

jaar van VOC-beheer beëindig het, was die meeste setlaars boere wat in die binneland (die

gebied oos van die eerste bergreekse) woonagtig was. Dit is dus geen verrassing dat historici

die Kaapse ekonomie as ’n arm, bestaansekonomie tipeer nie. Reisjoernale beskryf die

ellendige omstandighede van sommige grensboere. Carl Peter Thunberg, die Sweedse botanis

wat die Kaap gedurende die 1770’s besoek het, verwys verskeie kere na die gebruik van

445

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

diervelle wat dien as toue, sakke en komberse, en selfs as klere vir die erg armes (Thunberg

1986:52).

Sulke verwysings staan in skrille kontras met die welvarende leefstyl van die elite, soos

opgesom deur Guelke en Shell (1983). Die prag-en-praalwette van 1755 het byvoorbeeld die

getal perde, waens, juwele en slawe wat ’n individu van ’n sekere rang ten toon kon stel,

beperk. Hierdie wette is ingestel weens die “skandalige uitspattigheid van die Kompanjie

dienaars en setlaars” (Ross 1999:9-30). Reisverslae verwys ook etlike kere na die welvaart

van sommige boere; een 1783-besoeker merk die “tekens van welvaart en rykdom, die prag

en heerlikheid van die klere en waens, die huise wat met die mees elegante meublement gevul

is en die tafels wat met silwerware gedek is en bedien word deur netjies aangetrekte slawe”

(Naudé 1950:414).

Slawe, meestal ingevoer uit verskeie streke in Suidoos-Asië, die Ooskus van Afrika en die

eilande van die Indiese Oseaan, het die meeste arbeid aan die Kaap verrig en is dus as

waardevolle bates beskou. Slawe is reeds so vroeg as 1658 na die Kolonie gebring, maar dit

was eers met die vestiging van die landbou – en veral die wynboubedryf – dat die vraag na

arbeid toegeneem het en die invoer van slawe as goedkoper alternatief as Europese

immigrasie gesien is (Shell 2001:15). ’n Kenmerk van slawerny aan die Kaap was die breë

verspreiding van slawe; byna elke setlaar aan die Kaap het ’n aantal slawe besit wat op die

plaas of in die huishouding arbeid verrig het (Armstrong en Worden 1989:135). In die

afwesigheid van individuele welvaartsmaatstawwe het historici dus slawe-eienaarskap

gebruik as ’n maatstaf van huishoudelike welvaart. Giliomee (2003:45) definieer byvoorbeeld

die elite as daardie huishoudings wat meer as 16 slawe besit het; in 1731 was 7% van die

plattelandse setlaarshuishoudings in hierdie kategorie gegroepeer.

Slawe was veral belangrike produksie-insette op wingerd- en koringplase, waar die vraag na

arbeid, veral tydens oestyd, hoog was. Wyn, koring en bees- en skaapvleis was die

vernaamste uitsette van die boere – en is dus ook die uitsette wat deur die VOC belas is. Dit

is juis hierdie belasting wat meer onlangse studies as rede aanvoer vir die onderskatting van

die jaarlikse opgaafrolle wat deur die VOC-amptenare afgeneem is. Van Duin en Ross (1987)

was die eerstes wat die opgaafrolle in ’n omvattende studie van die Kaapse ekonomie in die

VOC-tydperk ingespan het. Met verwysing na die jaarlikse produksiesyfers bevind hulle dat

die Kaapse ekonomie “meer dinamies” was as wat voorheen aangeneem is, hoewel hulle per

kapita-syfers (produksie-uitsette gedeel deur die bevolking) ’n daling toon. Hulle verduidelik

dat dit waarskynlik weens die onderrapportering van produksiedata is en gebruik ’n

vermenigvuldiger om veral later jare se syfers te reg te stel. Selfs met die regstelling is daar

egter weinig tekens van ’n per kapita-toename in produksie oor die 18de eeu. Brunt (2008)

brei uit op Van Duin en Ross se studie deur die vermenigvuldiger selfs verder te vergroot.

Brunt bevind dat groei steeds teen ’n slakkepas was tydens die 18de eeu, maar dat die koms

van die Britte – en dan veral Britse institusies, by name die eiendomsreg vir leenplase –

ekonomiese groei gerugsteun het. Beide studies beskryf egter slegs die groei in produksie en

nie die vlak van ekonomiese prestasie en welvaart nie, en doen geen moeite om die Kaap met

ander streke te vergelyk nie.

446

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

De Zwart (2011) en Du Plessis en Du Plessis (2011) begin hierdie tergende vraag aanspreek.

Beide studies gebruik loondata om die lewenstandaarde van loonarbeiders in die Kaap met

dié van ander streke te vergelyk. De Zwart toon dat Kaapse lone laag was aan die begin van

die 18de eeu in vergelyking met Europese stede, maar dat terwyl reële lone wêreldwyd

gedaal het in die 18de eeu, dit aan die Kaap toegeneem het. Du Plessis en Du Plessis bereken

dat die Kaapse loontrekkers gemiddeld hoë en stygende reële lone ontvang het, en dat hierdie

lone teen die einde van die 18de eeu op dieselfde vlak was as dié van Engeland en Nederland,

die twee ekonomies mees vooruitstrewende lande van dié eeu. Du Plessis en Du Plessis wys

egter ook op die ongelyke verdeling van lone aan die Kaap, ’n onderwerp wat hier onder

verder bespreek word.

Die gebruik van loondata in beide studies is egter problematies. Loonarbeid in die vorm van

plaasknegte het ’n marginale bydrae tot arbeid in die Kaap gemaak: die meeste knegte was

werknemers van die Kompanjie en het, sodra hulle dienstermyn verstryk het, óf na Europa

teruggekeer óf as setlaars hul eie grondgebied uitgesoek. Dit is ook nie duidelik of die lone

wat aan Kaapse amptenary betaal is, in Amsterdam bepaal is of nie, en of loonveranderinge

aan die Kaap dus eintlik net die arbeidsmark in Nederland reflekteer het. Desnieteenstaande

beskryf beide studies ’n meer vooruitstrewende vroeë Kaapse ekonomie. Die digitalisering

van boedelinventarisse stel navorsers nou in staat om hierdie hipotese te toets op die

mikrovlak van die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding.

3. Boedelinventarisse en data-ontleding

In die afwesigheid van sensusdata op die mikrovlak in vroeë samelewings is

boedelinventarisse ’n gewilde databron om die lewenstandaard en welvaartsvlakke van ’n

land se bevolking te bepaal (McCants 2006 en 2007). Inventarisse lys gewoonlik alle

roerende bates wat die huishouding besit met die afsterwe van ’n hooflid van die

huishouding. Hoewel dit slegs ’n eenmalige blik op die bates van die huishouding bied, bly

dit ’n baie akkurate en gedetailleerde manier om welvaartsvlakke tussen groepe, streke en oor

tyd getrou te vergelyk.

Die administrasie van die boedelinventarisse in die Kaapkolonie is deur die hoof van die

Weeskamer behartig. Met die afsterwe van ’n setlaar is ’n kommissaris van Kaapstad gestuur

om ’n lys van bates saam te stel. Waar plase te ver van Kaapstad was, het bure of vriende die

taak verrig en die lys na die Kaap gestuur, en het ’n klerk in Kaapstad ’n kopie van die

oorspronklike inventaris gemaak. Dit het tot gevolg gehad dat ’n hele aantal van die

inventarisse dubbelinskrywings is; hierdie dubbels dien dan ook as aanduiding van die mate

waarin die plattelandse bevolking oor die tydperk toegeneem het.

Terwyl alle setlaarsterfgevalle by die Weeskamer geregistreer moes word, was die Kamer net

vir die opmaak van inventarisse verantwoordelik waar die oorledene (Liebenberg, Clayton,

Faasen e.a. 2007):

447

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

• ongetroude erfgename jonger as 25 jaar nagelaat het, of waar die erfgenaam

swaksinnig was

• erfgename nagelaat het wat nie meer in die land gewoon het nie, of nie bereikbaar

was nie

• ab intestate of ex testament (sonder ’n testament) oorlede is

• nie spesifiek in die testament aangedui het dat die Weeskamer nie moet optree as

eksekuteur nie

of waar daar spesifiek in die testament versoek is dat die Weeskamer optree as eksekuteur.

Hierdie kriteria beteken noodwendig dat net ’n gedeelte van alle sterfgevalle in die Kolonie

se inventarisse deur die Weeskamer opgeteken is. Enige afleidings vanuit hierdie steekproef

sou dus moet toon dat die kriteria nie die resultate bevooroordeel nie. Met ander woorde,

enige resultaat wat uit die boedelinventarisse bereken word, mag moontlik ’n verkeerde

indruk skep van die welvaart van die gemiddelde Kaapse setlaar indien die kriteria vir

seleksie nie in ag geneem word nie.

Boedelinventarisse is tradisioneel geneig om welvaart te oorskat. Die rede hiervoor is dat

boedelinventarisse noodwendig slegs afgeneem word wanneer ’n persoon sterf, en dat sterftes

gewoonlik na ’n leeftyd van bate-ophoping plaasvind. Inventarisse reflekteer dus nie die

gemiddelde welvaart van die gemiddelde setlaar nie, maar die welvaart van die gemiddelde

setlaar wat tot sterwe kom. Indien die bevolking dus jonk is, sal die gemiddelde

welvaartsvlak wat bereken word deur van boedelinventarisse gebruik te maak, te hoog wees.

Die Kaapse boedelinventarisse bied wel een kriterium wat hierdie probleem (gedeeltelik)

oorkom. Die feit dat alle persone met kinders jonger as 25 jaar (wat ongetroud was) in die

Weeskamerrekords opgeneem is, beteken dat meer “jonger” huishoudings in die databasis

verteenwoordig word as in die totale bevolking van sterfgevalle. Soms word in die literatuur

die finale resultate aangepas deur van ’n lewensiklusmodel gebruik te maak. Ongelukkig

word die ouderdom van sterfgevalle nie in die inventaris ingesluit nie en is dit dus nie

moontlik om die akkuraatheid van die lewensiklusmodel in hierdie konteks te toets nie.

’n Alternatiewe databron, die opgaafrolle, bied egter ’n manier om die akkuraatheid van die

steekproef te toets. Die eienaarskap van slawe word in beide databronne gerapporteer en in

beide is daar geen rede vir die onderrapportering van inligting nie (soos daar in die geval van

vee in die opgaafrolle is, omdat setlaars belasting wou vermy). Soos elders bespreek, blyk dit

uit die vergelyking dat die twee databronne – die een gebaseer op produksiesyfers en die

ander op baterekords – weinig van mekaar verskil (Fourie 2012). Die aanname dat die

boedelinventarisse die vlak van welvaart in die totale bevolking reflekteer, is akkuraat.

Die boedelinventarisse van Kaapse setlaars word bewaar in die MOOC (Master of the

Orphan Chamber) 8-reeks in die Wes-Kaapse Argief. Dit is onlangs deur ’n span navorsers

getranskribeer en gedigitaliseer in PDF-formaat, en is vryelik aanlyn beskikbaar (TANAP

2010) 1 . Die primêre digitale data is egter in XML-formaat vanaf die Argief verkry en Stylus

Studio 10 is gebruik om dit na Excel-formaat om te skakel. 2 Stata 10 is vir die statistiese

ontleding gebruik.

448

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Benewens die MOOC 8-inventarisse is daar ook gebruik gemaak van 123 Stellenbosse

inventarisse wat nie in die MOOC 8-reeks opgeteken is nie, maar wel deur Krzesinkski-de

Widt (2002) getranskribeer en in Microsoft Word gedigitaliseer is. Hierdie boedelinventarisse

is minder volledig, aangesien ’n aantal van die oorspronklike inventarisse onleesbaar is, maar

bied steeds ’n waardevolle bydrae om streeksongelykhede na vore te bring (sien bespreking

hier onder).

Altesaam 2 577 huishoudelike inventarisse is dus in die ontleding van die welvaart van

Kaapse setlaars gebruik. Dit is die grootste studie van sy soort wat van boedelinventarisse

gebruik maak, en beslis ’n eerste vir die Kaapkolonie wat van statistiese metodes gebruik

maak om die welvaartsvlakke en -patrone van die gemiddelde Kaapse setlaar te bereken.

Omdat elkeen van hierdie 2 577 inventarisse tientalle produkte insluit, is 28 produkte gekies

wat as maatstaf sal dien vir totale welvaart. Hierdie 28 produkte, met beskrywende statistiek,

word in Tabel 1 gelys.

Tabel 1. Beskrywende statistiek van die 28 produkte in die 2 577 boedelinventarisse

Produk Nederlands Gemiddeld

e

Maksimu

m

Mediaan N (> 0) % 0s

Slaaf Slaaven 4,92 148 2 1 694 34,26%

Bees Beesten 54,50 2 000 15 1 486 42,34%

Perd Paarden 6,26 296 2 1 472 42,88%

Skaap Schapen 349,77 10 200 0 1 271 50,68%

Ploeg Ploegen 0,62 19 0 921 64,26%

Sekel Koornharpen 0,08 3 0 195 92,43%

Boot/skuit Schuiten 0,02 3 0 54 97,90%

Emmer Emmers 2,76 61 2 1 662 35,51%

Graaf Graaven 2,01 450 0 906 64,84%

Geweer Geweeren 1,15 47 0 1 169 54,64%

Brandewyn- Brandewijnskeete

ketel ls 0,16 5 0 357 86,15%

Wa Waagen 1,21 40 1 1 400 45,67%

Aambeeld Aambeelden 0,05 3 0 107 95,85%

Bankskroef Bankschroeven 0,10 7 0 223 91,35%

Balans Balanse 0,40 9 0 618 76,02%

Vuurtang Tangen 0,76 33 0 1 020 60,42%

Oond/stoof Stoven 0,88 24 0 594 76,95%

Katel Katels 1,27 26 1 1 307 49,28%

Stoel Stoelen 9,98 125 4 1 734 32,71%

449

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Broek Broeken 1,14 143 0 433 83,20%

Strykyster Strijkijsters 0,86 35 0 1 048 59,33%

Boeke Boeken 4,08 3 856 0 688 73,30%

Horlosies Horologies 0,30 30 0 529 79,47%

Snuifdoos

Snuijfdoosen,

Tabakdoosen 1,00 783 0 440 82,93%

Skildery Schilderijen 4,53 134 0 789 69,38%

Spieël Spiegels 1,69 193 0 1 196 53,59%

Voëlhok Vogelkooijs 0,39 17 0 355 86,22%

Goue ring Ringen 0,38 44 0 288 88,82%

Die 28 produkte is gekies om ’n verskeidenheid produktipes te reflekteer, maar ook om die

proses van kodering en die soektog in die datastel te vergemaklik. Sommige produkte, soos

byvoorbeeld wyn, was ’n belangrike Kaapse produk, maar omdat wyn onverwags selde in die

inventarisse voorkom (en ook omdat die meeteenheid gewoonlik verskil: soms word leggers

gebruik, maar ander kere word wyn gemeet in aam, bottels, pype, vate, ens.), verskyn dit nie

onder die 28 produkte nie. Boeke is ook ’n produk wat moeilik gesommeer word, aangesien

daar telkens net na ’n “verskeidenheid boeke” verwys word. In sulke gevalle is vyf boeke

gekies, alhoewel dit waarskynlik ’n onderskatting van die aantal boeke is. 3 Ander produkte,

soos snuifdoos, se benaming verander gedurende die 18de eeu. Aanvanklik word alle

snuifdose as sodanig geklassifiseer, maar teen die einde van die tydperk is dit bykans

uitsluitlik “tabakdose”.

Selfs met hierdie tekortkominge in ag geneem, bied hierdie 28 produkte ’n goeie maatstaf van

totale welvaart aan die Kaap. Om hierdie stelling te staaf, is dit nodig om pryse in ag te neem.

Weens die afwesigheid van pryse in die boedelinventarisse is dit nodig om ’n nuwe databron

te raadpleeg, sodat die 28 produkte in ’n mandjie bymekaar gevoeg kan word. Die nuwe

databron is die MOOC 10-reeks, oftewel die vendurolle. Hierdie reeks is deur dieselfde span

navorsers getranskribeer en gedigitaliseer, maar ongelukkig was daar slegs bronne vir die

eerste vyf van die 41 volumes. Dit beteken dus dat ons pryse slegs tot en met 1748 in ag

neem. Prysveranderinge was egter nie beduidend verskillend oor die 18de eeu tussen die

verskillende produkte nie, wat beteken dat ons resultate met die beperkte prysdata nie

wesenlik sal verskil van die ware antwoord nie.

Die waarde van die 28 produkte in die mandjie verteenwoordig net meer as 70% van alle

roerende bates in die vendurolle, met slegs 30% wat deur die ander produkte verklaar word.

Die grootste komponent hiervan is slawe, wat 24% van alle waarde in die totale roerende

bates van Kaapse setlaarshuishoudings verteenwoordig. Beeste (12%), skape (10%) en perde

(2%) maak ook ’n wesenlike bydrae tot die mandjie.

450

4. Relatiewe welvaart oor tyd

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die mandjie van 28 produkte stel ons nou in staat om die welvaartsvlak van Kaapse

huishoudings gedurende die 18de eeu te bereken. Dit is belangrik om hier daarop te wys dat

hierdie ’n maatstaf van bruto welvaart is. Skulde word dus nie in ag geneem nie.

Huishoudelike skuld word in die meeste gevalle ook in die MOOC 8-reeks aangetoon, maar

is nie maklik identifiseerbaar soos in die geval van die 28 produkte nie. ‘n Steekproef

huishoudings is egter gekies om die gemiddelde skuldvlak te bereken: dit blyk dat skuld 40%

van die bruto welvaart van die huishoudings wat wel skuld rapporteer, uitmaak. ‘n

Soortgelyke gevolgtrekking is te vind in die 1731 De la Fontaine-verslag; die

goewerneursverslag beklemtoon die hoë vlakke van skuld onder verskeie welvarende

huishoudings (Shell 2007). Skuld was dus ‘n belangrike komponent van setlaars se

welvaartsvlakke, en gegewe die belangrike rol van skuld in die ontwikkeling van die vroegmoderne

Nederlandse (Van Zanden, Zuijderduijn en De Moor 2012:3-22) en Duitse

provinsies (Ogilvie, Küpker en Maegraith 2012:134-67), moontlik ook ‘n oorsaak van die hoë

vlakke van Kaapse welvaart waarvan hier onder bewys gelewer word. Hierdie hipotese val

egter buite die bestek van hierdie artikel en is ‘n uitnodiging vir toekomstige navorsing.

Figuur 2 stel hierdie bruto welvaartsvlak grafies voor. Die donker lyn stel die vyfjaargemiddelde

van die meer vlugtige jaarsyfer voor.

Dit blyk duidelik uit Figuur 2 dat die gemiddelde welvaart van Kaapse huishoudings oor die

18de eeu toegeneem het. Die aanvanklike lae vlakke van welvaart het gedurende die 1730’s

451

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

skerp gestyg en tot relatief hoë vlakke van huishoudelike welvaart tydens die 1740’s

aanleiding gegee. Aan die begin van die 1750’s was daar ’n periode van insinking wat in die

1770’s en laat 1780’s weer omgekeer is.

Boedelinventarisse meet nie inkomste nie, en veranderinge in omstandighede mag nie

noodwendig dadelik in welvaartsmaatstawwe reflekteer word nie. Dit is dus beter om die

tendense oor die langer termyn te beskou. Figuur 2 toon ook die lineêre lyn wat die volle

periode die beste pas; die lyn is onomwonde opwaartshellend, wat enige aanspraak dat die

gemiddelde huishouding gedurende die 18de eeu verarm het, in twyfel trek. Die welvaart van

die gemiddelde Kaapse huishouding het in alle waarskynlikheid toegeneem oor die 18de eeu

of het, ten minste, nie afgeneem nie.

5. Relatiewe welvaart tussen setlaars

Soos in moderne ekonomieë (en in Suid-Afrika tans) verdoesel die gemiddelde

welvaartsvlakke hoë vlakke van ongelykheid tussen groepe. Dit was ook nie anders in die

18de-eeuse Kaapkolonie nie. ’n Reisiger aan die Kaap in die 1730’s, O.F. Mentzel, het toe

reeds hierdie ongelykheid uitgewys. In sy reisjoernaal verdeel hy die Kaapse setlaars in vier

groepe: die welgestelde Kompanjie-amptenary en handelaars in Kaapstad, wat ook hul

inkomste aangevul het deur die besit van plase in die nabygeleë distrikte; die ryk wyn- en

koring-elite, wat dikwels meer as een plaas besit het; die hardwerkende wyn- en koringboere,

wat weinig slawe kon aanstel en die meeste van die plaaswerk self moes verrig; en die

verarmde trekboere in die binneland (Mentzel 2008:98). Hierby kan natuurlik ’n laer rang

toegevoeg word, naamlik die slawe en Khoi-arbeiders wat vir die meeste van die handearbeid

op plase verantwoordelik was.

Dit is dus belangrik om te identifiseer in watter mate die hoë en stygende vlakke van welvaart

wat hier bo bereken is, nie bloot gedryf word deur ’n rykerwordende elite, terwyl die res van

die bevolking in armoede krepeer nie. Soos Mentzel voorstel, word die boedelinventarisse

ook in vier groepe verdeel, en omdat slawe so ’n belangrike kommoditeit was, word die getal

slawe gebruik om die groepe te onderskei: 4 groep 1 is dié setlaars wat geen slawe besit nie;

groep 2 is setlaars wat 1 tot 5 slawe besit; groep 3 is setlaars wat 6 tot 15 slawe besit; en

groep 4 is die elite, wat meer as 16 slawe besit. Wanneer groep 3 en 4 saamgevoeg word, is

dit byna ’n derde van die waarnemings, terwyl groep 1 en groep 2 elk ook ’n derde is.

Tabel 2 toon die gemiddelde rijksdaalders per produk volgens groep.

Tabel 2. Gemiddelde rijksdaalders per produk volgens groep, 1673–1800

Gemiddelde

(rijksdaalders)

Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4 Almal

Slaaf 0,0 242,0 953,2 2 981,0 554,9

452

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Bees 292,2 399,8 678,2 937,0 473,4

Perd 35,9 65,8 138,3 381,9 99,0

Skaap 192,3 307,4 525,8 711,7 353,3

Ploeg 1,1 2,5 6,2 15,8 4,0

Sekel 0,1 0,3 3,0 12,3 1,9

Boot/skuit 0,3 0,6 0,7 3,1 0,7

Emmer 0,8 1,7 3,1 6,8 2,2

Graaf 0,2 0,6 2,2 4,5 1,2

Geweer 2,1 3,3 4,3 9,0 3,6

Brandewynketel 1,1 3,0 10,0 21,8 5,6

Wa 17,2 26,7 60,3 142,5 41,0

Aambeeld 0,3 0,3 0,9 4,6 0,8

Bankskroef 0,3 0,6 0,9 2,5 0,7

Balans 0,2 0,7 1,6 3,3 0,9

Vuurtang 0,2 0,5 0,8 1,7 0,6

Oond/stoof 0,1 0,2 0,5 1,2 0,3

Katel 0,8 1,9 3,2 4,9 2,1

Stoel 3,0 8,4 16,9 40,3 11,2

Broek 2,1 1,0 0,8 3,0 1,5

Strykyster 0,3 0,7 1,4 2,3 0,9

Boeke 1,3 1,2 2,2 16,5 2,7

Horlosie 2,0 2,5 4,9 11,9 3,7

Snuifdoos 0,3 0,8 6,1 3,4 2,1

Skildery 1,3 3,5 7,8 19,5 5,1

Spieël 1,3 2,6 6,1 12,7 3,8

Voëlhok 0,1 0,4 0,8 1,4 0,5

Goue ring 0,4 0,9 1,5 4,6 1,2

Totaal 557,1 1 079,9 2 441,9 5 361,4 1 578,7

Totaal (geen slawe) 557,1 837,9 1 488,7 2 380,3 1 023,8

N 883 870 610 214 2 577

Vir die meeste produkte is daar ’n duidelike toename in die getal rijksdaalders wat elke groep

van hoër rang daarop spandeer. Skilderye is ’n goeie voorbeeld: waar die armstes (dié met

geen slawe nie) slegs 1,3 rijksdaalders op skilderye spandeer (ongeveer 1 skildery), spandeer

die elite 19,5 rijksdaalders (15 keer soveel). Uit tabel 2 is dit alreeds duidelik dat daar ’n hoë

mate van ongelykheid binne die setlaarsbevolking aan die Kaap was.

453

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3. Huishoudelike welvaartsvlakke per groep volgens dekade, slawe uitgesluit

(op ’n logaritmiese skaal), 1673–1800

Sou hierdie ongelykheid verander het oor tyd? Die antwoord hierop hang daarvan af of slawe

by die berekeninge ingesluit word. Figuur 3 stel die verandering oor tyd voor vir die

verskillende groepe op ’n logaritmiese as. Daar is duidelike konvergensie, met veral die

armste twee groepe wat hul welvaartsvlakke verhoog. Die figuur sluit egter slawe uit (omdat

dit gebruik word om die groepe te onderskei). Wanneer slawe ingesluit word (figuur 4,

sonder ’n logaritmiese as), verdwyn enige konvergensie in die data. En alhoewel daar steeds

’n matige verbetering in die vlakke van die twee armste groepe is, oorheers die beduidende

verskille tussen die elite (groep 4) en die ander groepe enige vordering van die res. Hoewel

huishoudings nie so ongelyk was wat betref die besit van huishoudelike items nie, het die

eienaarskap van slawe ’n wesenlike rol gespeel in die vorming en instandhouding van ’n

ongelyke samelewing aan die Kaap.

454

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 4. Huishoudelike welvaartsvlakke per groep volgens dekade, slawe ingesluit,

1673–1800

6. Relatiewe welvaart tussen streke in die Kaapkolonie

Welvaart was ook geografies oneweredig verdeel. Die rangorde van Mentzel se vier groepe is

’n aanduiding dat hoe nader die setlaarshuishouding aan Kaapstad gewoon het, hoe hoër was

die waarskynlikheid dat dit ’n welgestelde huishouding was. Die joernaalinskrywings van

reisigers in die binneland verwys ook na die armoede van sommige trekboere wat met die

basiese middele ’n bestaan moes maak, en, soos hier bo genoem, soms selfs diervelle as

kledingstukke sou dra (Thunberg 1986:52).

Die Stellenbosch-distrik, in 1679 deur Simon van der Stel gestig, was die eerste distrik wat

buite Kaapstad en sy onmiddelike omgewing gevestig is. Tot en met die sluiting van nuwe

vestiging in die area in 1687, is 60 grondeise toegeken wat elk ongeveer 60 morge groot was.

Dit het beteken dat slegs 7% van die beskikbare grondgebied aan privaateienaars toegedeel is,

met die VOC wat steeds besit oor die res behou het, en ’n bevolkingsdigtheid van minder as

een persoon per vierkante kilometer tot gevolg gehad het (Guelke 1976:29).

Die digitalisering van Stellenbosse inventarisse deur Krzesinkski-de Widt (2002) maak dit

egter moontlik om die inventarisse van die distrik Stellenbosch met die ander

boedelinventarisse te vergelyk. Figuur 5 toon die getal slawe, uit die twee databronne, wat

deur elk van die huishoudings in die Stellenbosch-distrik besit is. Dit is duidelik dat die nie-

MOOC’s (die inventarisse wat nie deur die Kaapse Weeskamer opgestel is nie) meestal later

455

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in die 18de eeu voorkom en ook ’n hoër gemiddelde getal slawe besit (selfs wanneer die vier

uitskieterhuishoudings wat meer as 100 slawe besit het, nie getoon word nie, soos in figuur

5). Hieruit kan afgelei word dat welvaart tydens die tweede helfte van die 18de eeu

waarskynlik onderskat word weens die afwesigheid van die testamente van die welgesteldes.

Nogtans word ’n gemiddelde groeikoers van tussen 0,98% en 2,41% oor die 18de eeu

bereken, afhangend van watter begin- en eindpunte gekies word, wat bewys dat die Kaap – in

hierdie geval, die Stellenbosch-distrik – van die hoogste ekonomiese groei wêreldwyd bereik

het.

Figuur 5. Slawe-eienaarskap per huishouding, Stellenbosch-distrik, 1690–1806

Maar hoe vergelyk die setlaars van die Stellenbosch-distrik met die res van die Kaapkolonie?

Tabel 3 toon die beskrywende statistiek vir inventarisse van Stellenbosch-setlaars en die

ander boedelinventarisse. Die vergelyking met die ander streke toon duidelik dat Stellenbosse

inventarisse gemiddeld hoër vlakke van welvaart weerspieël het, en dat hierdie verskil veral

gedurende die tweede helfte van die 18de eeu beduidend groter geword het.

Tabel 3: Beskrywende statistiek wat die Stellenbosch-distrik vergelyk met die ander

Kaapkolonie streke, 1673–1800

Ander streke as Stellenbosch

Jaartal N Gemid. Std.afw.

Min. Maks. P25 Mediaan P75 P90

456

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1700 28 1 027,4 1 479,6 0,0 4 771,6 28,2 239,1 1 800,3 3 950,1

1710 41 1 174,9 1 571,1 0,0 6 938,7 112,8 376,5 1 918,8 3 218,1

1720 127 8 80,1 1 438,0 0,0 10 793,4 119,5 388,7 1 052,8 2 366,3

1730 86 910,1 1 179,6 0,0 5 728,8 149,8 375,9 1 233,1 2 828,9

1740 83 1 026,0 1 539,5 0,0 9 116,2 151,1 500,7 1 378,8 2 397,8

1750 59 1 564,4 1 980,9 0,0 7 622,6 273,0 704,9 2 201,9 4 961,9

1760 103 1 158,9 1 440,4 1,3 9 294,0 303,1 687,2 1 537,0 2 895,3

1770 160 1 282,9 1 620,8 1,1 10 611,1 148,3 615,1 2 053,8 3 250,2

1780 201 1 592,3 2 179,5 0,0 15 181,1 249,9 807,7 2 031,0 4 043,1

1790 316 1 691,4 1 864,9 0,0 9 656,0 255,8 1 031,6 2 442,1 4 328,2

1800 355 1 516,3 1 780,4 0,0 10 736,8 225,5 886,2 2 295,0 3 853,4

Totaal 1559 1 386,7 1 769,2 0,0 15 181,1 180,2 689,2 1 975,8 3 556,4

Stellenbosch

Jaartal N Gemid. Std.-

Min. Maks. P25 Mediaan P75 P90

afw.

1700 43 584,7 951,7 0,8 5 406,1 101,3 302,6 601,1 1 598,3

1710 36 1 824,9 2 563,0 0,0 13 793,9 226,7 1 052,1 2 339,8 4 598,1

1720 71 1 520,0 1 709,9 0,0 7 838,3 322,3 782,2 2 154,2 3 837,2

1730 49 1 773,7 1 936,3 13,7 11 226,0 490,3 1 404,0 2 415,1 3 488,0

1740 74 2 703,9 2 416,3 0,0 10 096,6 968,9 2 134,8 3 907,0 6 086,1

1750 63 2 570,7 2 404,6 15,8 12 907,7 797,5 2 083,5 2 788,3 6 107,7

1760 54 2 209,5 2 493,1 0,0 11 492,2 544,6 1 034,1 3 528,5 5 468,4

1770 85 2 072,7 2 462,4 0,0 13 640,1 391,3 1 267,5 2 980,4 4 667,2

1780 89 2 828,9 3 835,0 11,5 27 521,1 741,2 1 657,1 3 806,4 5 535,1

1790 46 3 952,3 5 570,2 11,4 24 680,2 1 493,3 2 614,0 3 921,3 5 408,3

1800 59 2 338,8 2 818,2 7,9 16 929,9 518,7 1 454,2 3 175,3 5 653,6

Totaal 669 2 264,2 2 944,0 0,0 27 521,1 445,5 1 457,2 3 023,1 5 022,6

Die uiteenloping van welvaartsvlakke tussen Stellenbosch en die ander streke strook met die

kwalitatiewe getuienis van die groeiende getal plattelandse trekboere (Van der Merwe

1938:61). Selfs al het die trekboere nie dieper in armoede verval nie, het ’n veranderende

demografie, by name ’n groter plattelandse bevolking, veroorsaak dat die welvaartsvlakke

van die gemiddelde Kaapse setlaar nie teen dieselfde vlakke kon groei as dié van die

gevestigde Stellenbosse wyn- en koringboere nie. Die hoë vlakke van ongelykheid binne die

setlaarsbevolking wat hier bo bereken is, het dus ook ’n duidelike geografiese dimensie

gehad.

7. Vergelyking van rykdom met dié in ander wêreldstreke

Die vlakke van huishoudelike welvaart aan die Kaap kan slegs sinvol interpreteer word mits

dit met vlakke volgens soortgelyke maatstawwe elders vergelyk word. Vir dié doel is

boedelinventarisse van Leeuwarderadeel (Friesland) (De Vries 1974), die Zaanstreek,

Groningen-Oos, Brabant-Oos (Schuurman 1997) en die Amsterdamse Weeskamer (McCants

457

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2006) (almal streke in die Nederlande) in ag geneem, asook verskeie inventarissteekproewe

in Engeland wat meestal staatmaak op kerkrekords (Weatherill 1988; Overton, Dean en

Whittle 2004) . Die Kaap was ook nie die enigste setlaarskolonie nie, en boedelinventarisse in

koloniale Noord-Amerika (Jones 1980), met spesifieke verwysing na die Chesapeake-area

(Carr en Walsh 1988), asook plantasie-inventarisse van Jamaika (Sheridan 1965), word hier

gebruik as verwysingspunte.

In plaas van al 28 produkte met mekaar te vergelyk, word slegs vyf produkte gekies as

aanduiding van breër tendense. Die keuse berus op die beskikbaarheid van inligting in die

boedelinventarisse van die ander streke. Die vyf produkte is slawe, beeste, gewere, skilderye

en horlosies.

Soos reeds genoem, was slawe die waardevolste item vir Kaapse setlaars – 24% van alle

roerende bates. Omdat die besit van slawe ongewoon was in Noord-Europa, gee tabel 4 ’n

vergelyking van die Kaapse slawe-aandeel met dié van ander kolonies waar slawe-besit wel

toegelaat is, by name die kolonies van Noord-Amerika en Jamaika. Die persentasie van slawe

oor totale welvaart in die Kaapse boedelinventarisse was hoër as dié van die Noord-

Amerikaanse kolonies, selfs dié van die Suide waar tabak- en rysplantasies gewild was.

Slawe was egter ’n baie belangrike bate op die suikerplantasies van Jamaika en het dus ’n

baie groter komponent van totale bates uitgemaak.

Tabel 4. Vergelyking van slawe se aandeel in totale welvaart

Streek Bron Datum

1691–1748

Kaapkolonie

Gemiddeld vir dertien

24,0

1774

kolonies Jones 9,1

Nieu-Engeland Jones 0,2

Sentrale kolonies Jones 1,6

Amerikaanse Suide Jones 18,4

1741– 1771–

1745 1775

Jamaika Sheridan 55,0 81,6

Dit is egter die absolute vlakke van bates eerder as die relatiewe persentasie van bates in die

totale mandjie wat vergelyk moet word. Tabel 5 toon ’n vergelyking van die getal beeste per

huishouding tussen die Kaapkolonie en streke in die Nederlande en Engeland. Dit blyk

duidelik dat die Kaap aansienlik meer beeste per huishouding besit het as beide die

Nederlandse en Engelse huishoudings. 5 Waar Kaapse setlaarshuishoudings gemiddeld 50

458

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beeste besit het in die tydperk 1700–1750, het Engelse huishoudings in Kent slegs 20 beeste

besit en dié in Cornwall slegs 9. Hierdie getalle was ook besig om te daal oor die 18de eeu

(Overton e.a. 2004). In die tydperk 1711–1723 het boere in Zuidertrimdeel, ’n streek in

Leeuwarderadeel (Friesland), gemiddeld 25 beeste per huishouding besit, terwyl boere aan

die Kaap gemiddeld 39 beeste besit het.

Tabel 5: Die getal beeste per huishouding volgens streek

Streek Bron Datum

1700-

1750

Kaapkolonie 50

Kaapkolonie (slegs beesboere) 90

Kent Overton e.a. 20

Cornwall Overton e.a. 9

1711–

1723

Kaapkolonie 39

Kaapkolonie (slegs beesboere) 75

Noordertrimdeel (Leeuwarderadeel) De Vries 16

Zuidertrimdeel (Leeuwarderadeel) De Vries 25

Maar moontlik was beeste bloot ’n uitskieter weens die struktuur van die ekonomie en het

setlaars aan die Kaap minder vervaardigde produkte besit as huishoudings in ander

wêreldstreke? Weens databeperkinge in die studies van ander streke word die beskikbaarheid

van ’n produk, eerder as die getal produkte hierna gemeet. Die data is ook gereeld in

welvaartsgroepe geklassifiseer; die Kaapse huishoudings word in sulke gevalle ook verdeel

volgens die getal slawe wat besit word, soos hier bo uiteengesit. Tabel 6 gee ’n aanduiding

van die proporsie van huishoudings wat ’n geweer besit het, volgens streek.

Tabel 6. Proporsie van huishoudings wat ’n geweer besit het volgens streek

Streek Bron Datum

1690– 1720–

1719 1749

Kaapkolonie 40 46

Cornwall Overton e.a. 2 2

Kent Overton e.a. 17

1765–

21

1784 1774

459

Kaapkolonie 46

Nieu-Engeland Jones 1980 50

Sentrale kolonies Jones 1980 41

Amerikaanse Suide Jones 1980 69

Kaapkolonie 46

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1740–

1800

Maryland en

Virginia Gunston Hall Database 6 71

1740–

1810

Uit tabel 6 blyk duidelik dat geweerbesit aan die Kaap relatief op dieselfde vlak was as in die

noordelike en sentrale kolonies van Noord-Amerika, maar laer as in die Amerikaanse Suide.

Waar 46% van alle Kaapse setlaarshuishoudings gewere besit het tussen 1765 en 1784, was

die ooreenkomstige syfers vir Nieu-Engeland 50%, 41% vir die kolonies in Sentraal-Noord-

Amerika en 69% vir die Amerikaanse Suide. Wat gewere betref, was die Kaap dus nader aan

die setlaarskolonies van Noord-Amerika as aan die slawekolonies van die Suide. Soos vir

Amerika, was gewere meer volop aan die Kaap as in die Engelse streke van Cornwall en

Kent.

Gewere was egter nodig vir selfverdediging en jag en mag daarom meer volop aan die Kaap

gewees het as luukse, vervaardigde produkte soos horlosies en skilderye. 7

Tabelle 7 en 8 toon die proporsie van Kaapse huishoudings wat hierdie twee items besit het

en vergelyk dit met ander wêreldstreke.

Tabel 7: Proporsie van huishoudings wat horlosies besit het volgens streek

Streek Klas Bron Datum

1711–

1750

Kaapkolonie 1 2

Kaapkolonie 2 6

Kaapkolonie 3 17

Kaapkolonie

Leeuwarderadee

4 49

l

Leeuwarderadee

1 De Vries 8

l

Leeuwarderadee

2 De Vries 58

l 3 De Vries 83

1740–

460

Kaapkolonie 23

Amsterdam McCants 19

1782

1600–

1629

1630–

1659

1660–

1689

1690–

1719

Kaapkolonie - - - 6 14

Cornwall

Kent

Overton

e.a. 0 0 1 2 9

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1720–

1749

Overton

e.a. 1 1 18 41 54

1670–

1679

1680–

1689

1690–

1699

1700–

1709

1710–

1719

Kaapkolonie - - 5 7 7 8

Engeland

Londen

Weatheril

l 9 9 14 20 33 34

Weatheril

l 56 54 58 70 90 88

1688–

1699

1700–

1709

1710–

1722

1723–

1732

1733–

1744

1720–

1729

1745–

1754

1755–

1767

Kaapkolonie 1 4 0 7 0 3 12 7 10

Kaapkolonie 2 12 5 0 2 7 7 15 22

Kaapkolonie 3 0 9 0 15 25 28 40 31

Kaapkolonie 4 0 50 40 56 53 47 82 64

Chesapeake 1 C&W 0 2 0 0 2 0 1 3

Chesapeake 2 C&W 0 4 0 0 0 0 3 4

Chesapeake 3 C&W 0 4 5 4 10 10 4 13

Chesapeake 4 C&W 15 0 14 14 13 20 8 10

Chesapeake 5 C&W 27 44 42 55 61 60 43 39

1768–

1777

Nota: Die kategorieë verwys na welvaartsgroepe soos onderverdeel deur die betrokke

skrywerspan. Die Kaapkolonie se welvaartsgroepe word verdeel volgens die getal slawe wat

elke huishouding besit het (sien afdeling 5).

Tabel 8: Proporsie van huishoudings wat skilderye besit het volgens streek

Streek Klas Bron

Datu

m

1711–

1750

Kaapkolonie 1 15

461

Kaapkolonie 2 36

Kaapkolonie 3 51

Kaapkolonie 4 74

Leeuwarderade

el 1 De Vries 25

Leeuwarderade

el 2 De Vries 16

Leeuwarderade

el 3 De Vries 28

Kaapkolonie 34

Amsterdam-

BWH McCants 25

1740–

1782

1600–

1629

1630–

1659

1660–

1689

1690–

1719

Kaapkolonie - - - 29 40

Cornwall

Kent

Overton

e.a. 0 0 0 1 4

Overton

e.a. 2 6 5 6 25

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1720–

1749

1675 1685 1695 1705 1715 1725

Kaapkolonie - - 14 23 35 40

Engeland

Londen- area

Noordoos-

Engeland

Oos-Kent

Cambridgeshire

Noordwes-

Engeland

Hampshire

Noordwes–

Middelland

Cumbria

Weatheri

ll 7 8 9 14 24 21

Weatheri

ll 54 69 79 77 89 78

Weatheri

ll 26 45 42 48 58 -

Weatheri

ll 37 31 48 48 52 68

Weatheri

ll 6 18 18 42 34 45

Weatheri

ll 20 28 35 32 38 34

Weatheri

ll 18 15 20 23 - -

Weatheri

ll 11 8 14 14 29 11

Weatheri

ll 3 6 6 8 9 3

1688– 1700– 1710– 1723– 1733– 1745– 1755– 1768–

462

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1699 1709 1722 1732 1744 1754 1767 1777

Kaapkolonie 1 7 7 11 17 18 12 18 14

Kaapkolonie 2 24 27 41 35 35 17 38 26

Kaapkolonie 3 22 29 42 68 52 49 56 46

Kaapkolonie 4 - 60 83 100 63 71 59 80

Chesapeake 1 C&W 0 2 0 3 0 3 0 0

Chesapeake 2 C&W 0 4 0 0 0 4 0 0

Chesapeake 3 C&W 0 4 5 8 6 3 2 5

Chesapeake 4 C&W 0 0 9 7 7 10 10 12

Chesapeake 5 C&W 27 11 19 38 23 24 15 18

Nota: Die kategorieë verwys na welvaartsgroepe soos onderverdeel deur die betrokke

skrywerspan. Die Kaapkolonie se welvaartsgroepe word verdeel volgens die getal slawe wat

elke huishouding besit het (sien afdeling 5).

Hoewel horlosies aanvanklik karig versprei was onder Kaapse setlaarshuishoudings, was daar

’n sterk toename in die besit van horlosies aan die Kaap oor die 18de eeu. Teen die einde van

die eeu was horlosies ewe volop aan die Kaap as in die gevestigde streke van Nederland en

Engeland, en meer volop as in die Chesapeake-kolonie van Noord-Amerika.

Nederlandse huishoudings was bekend vir hul besit van skilderye tydens die 17de en 18de

eeu. Dit blyk egter uit tabel 8 dat Kaapse setlaarshuishoudings nie hoef terug te staan het

teenoor hul Nederlandse eweknieë nie, en skilderye was beslis ewe volop aan die Kaap as wat

dit in die meeste van die Engelse streke was, en meer volop as in die Noord-Amerikaanse

kolonies.

Daar is dus geen getuienis dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishuiding betreklik arm was

nie, alhoewel daar, soos in ander lande, steeds armoede aan die onderkant van die verdeling

sou gewees het. Tog gee hierdie relatiewe welvaartsmaatstawwe een aanduiding hoekom

permanente vestiging in die Kaap gewild was onder VOC-soldate en -matrose: dit het hulle

die kans gegee om ’n soortgelyke (en selfs hoër) welvaartsvlak as hul eweknieë in Europa te

bereik.

8. Gevolgtrekkings

Die tradisionele beskouing van die 18de-eeuse Kaap as ’n armoedige bestaansekonomie moet

heroorweeg word. Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde boedelinventarisse gebruik te

maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding relatief welaf was

aan die begin van die 18de eeu en dat hierdie vlakke oor tyd gestyg het, al het dit ook gepaard

gegaan met ’n toename in ongelykheid binne die setlaarsbevolking. Kaapse

463

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

setlaarshuishoudings kon selfs kers vashou met huishoudings in streke wat gedurende die

18de eeu as die welvarendste beskou is – Nederland en Engeland.

Hoe het só ’n welvarende ekonomie tot stand gekom?

Aan die vraagkant het die verbygaande Kompanjieskepe die handel in koring, wyn en vleis,

asook neweprodukte soos vet, kerse en seep, gestimuleer, en ook die invoer van goedkoop

Europese en Oosterse vervaardigde produkte vergemaklik (Boshoff en Fourie 2010). Aan die

aanbodkant het die aankoms van Franse Hugenote aan die Kaap die produksie van wyn en

brandewyn gerugsteun, wat tot ’n groter vraag na slawearbeid gelei het (Fourie en Von Fintel

2011). Slawearbeid sou die setlaars van die Kaapkolonie toegelaat het om ’n hoë vlak van

welvaart te bereik. Die negatiewe langtermyn-implikasies vanweë slawearbeid sou egter

verhoed dat die hoë vlakke van 18de-eeuse welvaart na die res van die bevolking oorspoel in

die 19de eeu.

Bibliografie

Armstrong, J. en N. Worden. 1989. The Slaves, 1652-1834. In Elphick en Giliomee (reds.)

1989.

Boshoff, W.H. en J. Fourie. 2010. The significance of the Cape trade route to economic

activity in the Cape Colony: A medium-term business cycle analysis. European Review of

Economic History, 14:469–503.

Brunt, L. 2008. Property rights and economic growth: Evidence from a natural

experiment.CEPR Discussion Papers No. 6404. London, Centre for Economic Policy

Research.

Carr, L.G. en L.S. Walsh. 1988. The standard of living in the colonial Chesapeake. The

William and Mary Quarterly, 45:135–59.

Coetzee, J.H. 1942. Verarming en oorheersing.Kaapstad: Nasionale Pers.

De Kiewiet, C.W. 1941. A history of South Africa: Social and economic. Oxford: Clarendon.

De Kock, M. H. 1924. Economic history of South Africa. Kaapstad: Juta.

De Vries, J. 1974. The Dutch rural economy in the Golden Age, 1500–1700. New Haven:

Yale University Press.

De Zwart, P. 2011. Real wages at the Cape of Good Hope: A long-term perspective, 1652–

1912. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Economic Society of South Africa-kongres.

Stellenbosch, September 2011.

464

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Du Plessis, S. en S. du Plessis. 2011. Happy in the service of the Company: The purchasing

power of VOC salaries at the Cape in the 18th century. Universiteit Stellenbosch: Mimeo.

Elphick, R. en H. Giliomee (reds.). 1989. The shaping of South African society, 1652–1820.

Kaapstad: Longman Penguin.

Feinstein, C. 2005. An economic history of South Africa. Cambridge: Cambridge University

Press.

Fourie, J. 2012. The wealth of the Dutch Cape Colony. ERSA Working Paper#268. Kaapstad:

Economic Research Southern Africa.

Fourie, J. en D. von Fintel. 2011. ’n Ongelyke oes: Die Franse Hugenote en die vroeë Kaapse

wynbedryf. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(3):332–53.

Giliomee, H. 2003. The Afrikaners. Biography of a people. Kaapstad: Tafelberg.

Guelke, L. 1976. Frontier settlement in South Africa. Annals of the Association of American

Geographers, 66(1):25–42.

—. 1989. The white settlers, 1652–1780. In Elphick en Giliomee (reds.) 1989.

Guelke, L. en R. Shell. 1983. An early colonial landed gentry: Land and wealth in the Cape

Colony 1682–1731. Journal of Historical Geography, 9(3):265–86.

Jones, A.H. 1980. Wealth of a nation to be: The American colonies on the eve of the

Revolution. New York: Columbia University Press.

Liebenberg, H., F. Clayton, K. Faasen, E. van As, J. van der Merwe, M. Rall en I. Meyer.

2007. The inventories of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope. In Worden (red.)

2007.

McCants, A. 2006. After-death inventories as a source for the study of material culture,

economic well-being, and household formation among the poor of eighteenth-century

Amsterdam. Historical Methods, 39(1):10–23.

—. 2007. Exotic goods, popular consumption, and the standard of living: Thinking about

globalization in the early modern world. Journal of World History, 18:433–62.

Mentzel, O.F. 2008. A geographical-topographical description of the Cape of Good Hope:

Part II. Kaapstad: Van Riebeeck Vereniging.

Naudé, S.D. 1950. Willem Cornelius Boers. Archives Yearbook of South Africa, 2.

Ogilvie, S., M. Küpker en J. Maegraith. 2012. Household debt in early modern Germany:

evidence from personal inventories. Journal of Economic History, 72(1):134-67.

465

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Overton, M., D. Dean en L. Whittle. 2004. Production and consumption in English

households, 1600–1750. Londen: Routledge.

Ross, R. 1999. Status and respectability in the Cape Colony 1750–1870. Cambridge:

Cambridge University Press.

Schuurman, A. 1997. Aards geluk: De Nederlanders en hun spullen van 1550 tot 1850.

Amsterdam: Balans.

Cape of Good Hope, 1652-1838. Johannesburg: Witwatersrand University Press.

—. 2007. Changing Hands, A calendar of bondage in southern Africa, 1550 to 1888, CD-

ROM; ISBN 1-86918-063-1. Cape Town: Ancestry24.

Sheridan, R.B. 1965. The wealth of Jamaica in the eighteenth century. Economic History

Review, XVIII:292–311.

Towards a New Age of Partnership (TANAP). 2010. Context: History of the Orphan

Chamber of the Cape of Good Hope. Inventories of the Orphan Chamber of the Cape of

Good Hope.

Thunberg, C.P. 1986. Carl Peter Thunberg travels at the Cape of Good Hope, 1772–1775.

Kaapstad: Van Riebeeck Vereniging.

Ulrich, N. 2010. Time, space and the political economy of merchant colonialism in the Cape

of Good Hope and VOC world. South African Historical Journal, 62(3):571–88.

Van Duin, P. en R. Ross. 1987. The economy of the Cape Colony in the 18th century. Leiden:

The Centre for the Study of European Expansion.

Van der Merwe, P.J. 1938. Die trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657–1842).

Kaapstad: Nasionale Pers.

Van Zanden, J.L., J. Zuijderduijn en T. de Moor. 2012. Small is beautiful: the efficiency of

credit markets in the late medieval Nederland. European Review of Economic History, 16:3-

22.

Weatherill, L. 1988. Consumer behaviour and material culture in Britain, 1660–1760.

Londen en New York: Routledge.

Worden, N. (red.). 2007. Contingent Lives: Social Identity and Material Culture in the VOC

World. Rondebosch: Departement Historiese Studies, Universiteit van Kaapstad en ABC

Press.

Argivale bronne

466

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Cornell, C. en A. Malan. 2005. Household inventories at the Cape. Kaapstad: Universiteit

van Kaapstad.

Krzesinkski-de Widt, A. 2002. Die boedelinventarisse van erflaters in die distrik

Stellenbosch 1679–1806. Stellenbosch: Stellenbosch Museum.

TEPC Transcription Project. 2004-2008. Inventories of the Orphan Chamber at the Cape of

Good. MOOC 8-reeks, volumes 1-75, Kaapstad.

TANAP. 2010. Context: History of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope.

Inventories of the Orphan Chamber of the Cape of Good Hope.

Eindnotas

1 “Gunston Hall Database” is beskikbaar by

http://www.gunstonhall.org/library/probate/index.htm (1 November 2011 geraadpleeg).

2 Horlosies sluit hier staanhorlosies en sakhorlosies in. Skilderye sluit ook gedrukte prente in.

3 Let wel dat in beide die Nederlandse en die Engelandse streke wat hier verteenwoordig is,

landbou die belangrikste ekonomiese aktiwiteit was. Die resultate word dus nie beïnvloed

deur ’n kleiner stedelike bevolking aan die Kaap nie.

4 Guelke en Shell (1983) het ook slawe vir dié doel gebruik.

5 Indien die gemiddelde boeke bereken word wanneer al die “verskeidenheid boeke” waaraan

5 toegewys is, nie in ag geneem word nie, is dit groter as 6.

6 Sien Cornell en Malan (2005) vir ’n bespreking van die MOOC 8-reeks.

7 My dank aan Erika le Roux vir hulp met die aansoek by die Wes-Kaapse Argief en aan

Johan Liebenberg met die kodering van die XMS-stylblad.

467

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Inligtingstegnologie-gesentreerde

gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes

binne die geesteswetenskappe met spesifieke

verwysing na die Afrikaanse letterkunde

Burgert Senekal

Burgert Senekal: Departement Afrikaanse en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat

Die inligtingsontploffing is ’n bekende probleem wat alle instansies konfronteer wat betrokke

is by inligting- en kennisbestuur, insluitend akademiese navorsing en militêre intelligensie. In

’n groot mate te danke aan die astronomiese Amerikaanse verdedigingsbegroting (in 2009

was die Amerikaanse intelligensie-begroting alleen $48 miljard (Aldrich 2009:889)), is

militêre intelligensie aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling wat betref

inligtingsbestuur, en aangesien die akademiese navorser ook gekonfronteer is met die "datastortvloed",

is die lesse wat geleer word in militêre intelligensie ook nuttig vir die akademiese

gemeenskap. Hierdie artikel integreer militêre-intelligensie-tegnologie en konsepte binne die

raamwerk van die militêre-intelligensie-siklus met die navorsingsproses ten einde die

kwantitatiewe en kwalitatiewe voordele te illustreer wat die uitgebreide inlywing van

inligtingstegnologie vir navorsingsdoeleindes in die geesteswetenskappe inhou, met

spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde. Dit word aangevoer dat konsepte van

militêre intelligensie van toepassing is op akademiese navorsing, spesifiek die gebruik van

data-ontginning, visualisering en sosiale-netwerk-analise (SNA). Die skema wat deur Pirolli

en Card (2005:3) ontwikkel is, word gebruik in samewerking met NAVO se intelligensiesiklus

om ’n proses uiteen te sit waarin inligtingstegnologie opgeneem is in elke fase van die

navorsingsproses: beplanning, versameling, ontleding, en verspreiding. Sommige militêreintelligensie-ontledingsprogrammatuur

word getoets en bespreek, terwyl goedkoper (en

gratis) weergawes ook gebruik word om die voordele van die integrasie van hierdie

programmatuur vir navorsingdoeleindes te beskryf, en neem hierdeur Senekal (2011) se

voorstelle heelwat verder. Uiteindelik argumenteer die artikel vir ’n wyespektrum-integrasie

van inligtingstegnologie in akademiese navorsingsaktiwiteite, en illustreer die potensiaal van

inligtingstegnologie met ’n aantal voorbeelde waardeur tendense binne die Afrikaanse literêre

sisteem voorlopig geïdentifiseer en visueel verteenwoordig word. Die artikel maak egter geen

literêre bewerings op sigself nie: dit maak bloot voorstelle oor hoe inligtingstegnologie

gebruik kan word om navorsing te doen in die Afrikaanse letterkunde in die 21ste eeu.

Trefwoorde: militêre intelligensie; sosiale-netwerk-analise; visualisasie; data-ontginning;

geesteswetenskaplike navorsing

Abstract

468

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Academic intelligence: An information technology-centred user interface with

cyberspace for research purposes within the humanities

The information deluge is a well-known problem that confronts all institutions involved in

information and knowledge management, including academic research and military

intelligence. The terrorist attacks on the World Trade Center in New York on 11 September,

2001 highlighted the problem of integrating vast amounts of data in a coherent manner, and

in response the US intelligence community in particular has sought to develop software

applications to process the data deluge more efficiently. While computer platforms are

continually being developed to store and manage larger amounts of information, human

development lags behind because of limited “scalability”. Roberts (2011:9) states, “Although

it is a matter of time [...] before the fundamental limitations of physics are encountered in

computer and graphics technology, we are asymptotically approaching the limits of human

capability to process data that are collected.” As early as 1996 Geyer (1996:xxiii) identified

this problem as the postmodern manifestation of meaninglessness within Seeman’s (1959)

model of alienation and argued that we need to develop “adequate new scanning mechanisms

to gather the goal-relevant information one needs, as well as more efficient selection

procedures to prevent being overburdened by the information one does not need, but is

bombarded with on a regular basis”.

Each document considered during any research project has the potential to support or

disprove the relationships between entities within a system, and therefore every document,

every text, has value for the end result (Graham and Carley 2008:9), which means that the

more documents that are taken into consideration, the greater the chances that ultimate

conclusions will be accurate. However, a human researcher, or even a team of researchers,

cannot integrate knowledge dispersed over such vast databases as exist now, since

information stored digitally (notwithstanding analogue collections) now comprise zettabytes’

worth of data globally. The technology responsible for the information explosion is therefore

the only viable way to deal with such volumes of data, but also requires adjustments of the

researcher – a new information technology-centred user interface with cyberspace.

Due to a large extent to the astronomical USA defence budget (in 2009 the USA intelligence

budget alone was $48 billion (Aldrich 2009:889)), military intelligence is at the forefront of

technological development in terms of information management, and since the academic

researcher is also confronted with the data deluge, the lessons learned in military intelligence

are also useful for the academic community. Thomas and Cook (2006:10) argue precisely that

the core technologies developed within military intelligence will also have much wider

applicability and the potential to add value in almost any situation in which information

overload and complexity hampers effective, fast analysis and communication of results.

This article therefore integrates military intelligence technology and its derivatives and

concepts within the framework of the military intelligence cycle to illustrate the quantitative

and qualitative benefits that streamlining research through the extensive incorporation of

information technology holds for research within the humanities, with specific reference to

Afrikaans literature. It is argued that concepts from military intelligence are transferrable to

academic research, specifically the use of data mining, visualisation and Social Network

Analysis (SNA), especially when attempting to analyse the Afrikaans literary system.

The schema developed by Pirolli and Card (2005:3) is used in conjunction with NATO’s

intelligence cycle to construct a process in which information technology is incorporated in

every phase of research: direction, collection, analysis and distribution. Some military

469

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

intelligence analysis programs are tested and discussed, while cheaper (and free) civilian

versions are also used to describe the benefits of integrating these for research purposes.

Treverton et al. (2006:25) write, “If it is to stay relevant, intelligence needs to be like human

vision – binocular, providing depth to what we can be seen in front; and peripheral, which

provides warning.” The authors thus argue that information should be analysed deeper and

wider within a military intelligence context, but the same applies to academic research and

the study of literature.

Especially within systems theory, attempts have been made to study literature in a broader

capacity, which necessarily means that larger data sets have to be considered. Within this

paradigm, information technology is particularly suitable, especially SNA and other forms of

visualisation. Visualisation creates the opportunity to analyse large amounts of data at a

single glance, after which conclusions can be drawn and trends can be investigated in greater

depth. It can expose features and patterns that can stimulate further research when questions

are identified that were not even asked previously. Although visualisation is therefore based

on quantitative methods, it also speeds up and facilitates qualitative research, as less time

spent on identifying trends translates into more time becoming available to analyse and

explain trends.

This view is akin to Pirolli and Card’s (1999) concept of the researcher/analyst as an

"information predator": within the current academic setting, where budgets and time become

more and more limited, greater output can be generated in a more cost-effective manner,

provided that information technology is used across the entire research platform, over and

above the ability of information technology to make a qualitative contribution to research.

The article takes Senekal’s (2011) suggestions to fruition by using digital publications for

new research. Ultimately the article argues for a full-spectrum integration of information

technology in academic research activities, illustrating its potential with a few examples

whereby trends within the Afrikaans literary system are provisionally identified and

represented visually. However, the article makes no literary claims in itself: it merely

suggests avenues in which information technology could be employed to conduct research in

Afrikaans literature in the 21st century.

Keywords: military intelligence; social network analysis; SNA; visualisation; data mining;

Afrikaans literary system; humanities research

1. Inleiding

[T]here are known knowns; there are things we know we know.

We also know there are known unknowns; that is to say we know there are some

things we do not know.

But there are also unknown unknowns – the ones we don't know we don't know.

Hierdie stelling is in 2002 deur Donald Rumsfeld, destyds die Amerikaanse minister van

verdediging, gemaak met verwysing na sogenaamde massavernietigingswapens in die

aanloop tot die inval van Irak. Alhoewel heelwat spot gedryf is met hom hieroor, het hy ’n

bekende probleem rondom inligting geformuleer, naamlik dat daar heelwat inligting is

470

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waarvan mense nie eens bewus is dat hulle dit nie het nie, bo en behalwe dit wat ons wéét ons

nie weet nie.

In reaksie op Rumsfeld se uitlating onderskei Slavoj Žižek ’n vierde kategorie van inligting:

“unknown knowns” – dinge wat ons nie besef ons wel weet nie (Žižek 2004), wat onder

andere die gevolg is van vooroordele en teoretiese of selfs morele en etiese invalshoeke.

Johnsson (1981:238) het byvoorbeeld drie dekades gelede opgemerk: “[T]he theoretical

frame of reference that governs recognition is a constitutive element in the blindness of any

interpretative insight.” Rumsfeld en Žižek se kategorieë van inligting kan dus wees:

1. “known knowns” – dinge wat bekend is, byvoorbeeld dat die Grensoorlog

plaasgevind het

2. “known unknowns” – dinge wat ons weet onbekend is, byvoorbeeld of die aarde

die enigste planeet is waarop lewe voorkom.

3. “unknown unknowns” – dinge wat met verdere navorsing blootgelê word sonder

dat daar juis na hierdie inligting gesoek word

4. “unknown knowns” – dinge wat as gevolg van huidige invalshoeke misgekyk

word.

Terwyl kategorie vier buite die bestek van die huidige artikel val en eerder oorgelaat behoort

te word aan wetenskapsfilosowe en -teoretici, word kategorieë twee en drie in hierdie artikel

betrek ten einde aan te toon hoe belangrik die gebruik van inligtingstegnologie binne

geesteswetenskaplike navorsing is, alhoewel dit soms misgekyk word. Die Amerikaanse

National Visualization and Analytics Centre (NVAC) poog juis “to detect the expected and

discover the unexpected from massive and dynamic information streams and databases

consisting of data of multiple types and from multiple sources, even though the data are often

conflicting and incomplete” (Thomas en Cook 2006:10).

Inligting is ’n wesenlike probleem in die 21ste eeu – meer so as in vorige tydperke waar

relevante, akkurate inligting uit kleiner datastelle ontgin moes word. Bo en behalwe die

problematiek rondom die verifiëring van inligting en die impak wat die leser se vooroordele

het, word die hedendaagse mens met ’n data-tsoenami gekonfronteer. Reeds in 2005 het die

NVAC (2005:2) gewaarsku: “our ability to collect data is increasing at a faster rate than our

ability to analyse it”. In 2002 alleenlik is 5 exagrepe (5x10 18 bytes) wêreldwyd gestoor in die

vorm van film, papier en elektroniese media, met ’n verdere 18 exagrepe se stromende data

wat gegenereer is (NVAC 2005:24). Die hoeveelheid data wat digitaal beskikbaar is,

nieteenstaande dit wat nog digitaal beskikbaar gestel moet word, beslaan reeds verbysterende

volumes: daar word geskat dat daar teen 2007 195 eksagrepe (10 18 ) se data wêreldwyd

digitaal gestoor is, en daar is verwag dat hierdie volume teen 2011 tot 1,8 zettagrepe (10 21 )

sou styg (Darvill 2011:5). Roberts (2011:9) skryf:

Although it is a matter of time (some experts say 10 years or more) before the

fundamental limitations of physics are encountered in computer and graphics

technology, we are asymptotically approaching the limits of human capability to

process data that are collected.

471

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Neri en Pettoni (2009:35) verwys na die moderne paradoks rakende inligting: die

beskikbaarheid van ’n groot hoeveelheid inligting lei daartoe dat mense deur inligting oorlaai

word wat meestal geen bruikbare kennis beteken nie. Meer inligting beteken dus nie

noodwendig meer kennis nie; soms juis die teendeel.

Een van die probleme met die inligtingsontploffing is “human scalability”: die mens kan nie

vinnig genoeg aanpas by die inligtingsvereistes wat nou aan hom gestel word nie. Die brein

se kapasiteit het volgens Darvill (2011:5) in 2,5 miljoen jaar verdubbel, maar dit is hopeloos

te stadig om met die data-tsoenami tred te hou, aangesien Moore se Wet bepaal dat

verwerkerspoed en geheuedigtheid elke 18 maande verdubbel (NVAC 2005:25). Een manier

om hierdie probleem aan te spreek, is deur spanwerk aan te moedig, maar selfs groot spanne

navorsers kan nie die hoeveelheid inligting hanteer wat beskikbaar is nie. Met vrye en

onmiddellike toegang tot internasionale publikasies word die navorser oorval deur data: word

’n item soos J.M. Coetzee byvoorbeeld op Google Scholar gesoek, lewer dit 1,850,000

resultate in 0,15 sekondes op – heelwat meer artikels as waardeur selfs ’n span navorsers kan

lees; tegnologie is onontbeerlik. Graham en Carley (2008:9) skryf:

The history of the progress of man is about how he has leveraged technology to

expand his limited cognitive capacities using tools – the microscope, the telescope

and now in the modern age, tools that help him gain access to physical/knowledge

ghosts whose presence cannot be doubted but can only be seen through the

application of quantitative methods.

Die tegnologie wat vir die inligtingsontploffing verantwoordelik is, is dus ook die enigste

werkbare manier om met sulke volumes inligting om te gaan (Senekal 2011), maar die

omgang verg aanpassings van die navorser – ’n nuwe inligtingstegnologie-gesentreerde

gebruikerskoppelvlak 1 met die kuberruimte. Pirolli en Card (1999:3) beklemtoon:

Our adaptive success depends to a large extent on a vast and complex tributary of

cultural tasks that engage our physical and social environments. These tasks require

increasingly sophisticated information-gathering, sense-making, decision-making, and

problem-solving strategies.

Schreibman, Siemens en Unsworth (2004:xxvi) voer aan dat dieselfde vir die

geesteswetenskappe geld, waar inligtingstegnologie ’n navorser in staat stel om verbande

tussen tekste en terme, patrone, saamvoegings en afwesighede te identifiseer wat die navorser

nie daarsonder sou kon herken nie. Nie alleen verskaf inligtingstegnologie dus ’n

noodsaaklike manier om groot volumes inligting te hanteer nie, maar dit skep ook die

geleentheid om vanuit ’n ander invalshoek na bronne te kyk. Besser (2004:558) skryf:

“Though the promise of digital technology in almost any field has been to let one do the same

things one did before but better and faster, the more fundamental result has often been the

capability of doing entirely new things.” Die huidige artikel bou veral voort op navorsing wat

vervat is in Schreibman e.a. (2004).

Militêre intelligensie is een gebied waar die belangrikheid van tegnologiese ontwikkeling in

antwoord op die data-tsoenami oor die afgelope dekade deurlopend beklemtoon is. Ter

472

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

illustrasie: in 2005 was die teikens van dataverwerking in die VSA se intelligensiedienste die

tempo van een miljard nuwe gestruktureerde boodskappe of transaksies per uur, en een

miljoen nuwe ongestruktureerde boodskappe of dokumente per uur (NVAC 2005:24). Die

bestuur van ’n oormaat inligting is ’n sentrale probleem in hierdie milieu, waar juis ’n

ontoereikende bestuur van intelligensie te blameer is vir die terroriste-aanvalle van 11

September 2001. Na 11 September is sagteware doelgerig ontwikkel om groot hoeveelhede

data oor wydverspreide databasisse en in verskillende formate te kan integreer (Splivalo 2009

en Darvill 2011:5), en die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid het in 2004

die National Visualization and Analytics Center gestig: “with the mission of stimulating nextgeneration

technologies and talents to reduce the risk of terrorism” (Thomas en Cook

2006:10).

In ’n groot mate te danke aan die VSA se astronomiese verdedigingsbegroting (volgens

Aldrich 2009:889 was die VSA se intelligensiebegroting alleen in 2009 $48 miljard) staan

militêre intelligensie aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling wat betref

inligtingsbestuur, en aangesien die akademiese navorser ook gekonfronteer word met die

data-wolkbreuk, is die lesse wat in militêre intelligensie geleer word, bruikbaar vir die

akademie. Thomas en Cook (2006:10) voer juis aan dat die kerntegnologieë wat binne

militêre intelligensie ontwikkel word, ook veel wyer toepaslikheid sal hê, met die potensiaal

om waarde toe te voeg in bykans enige situasie waarin inligtingsoorlading -en kompleksiteit

effektiewe, vinnige ontleding en kommunikasie van resultate belemmer. Hierdie artikel stel

dus pertinent ondersoek in na die potensiaal en bruikbaarheid van sulke programmatuur vir

navorsingsdoeleindes, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde, maar verskaf

ook ’n oorsig oor ander verwante rekenaarprogramme wat heelwat goedkoper (en selfs gratis)

is. Wanneer programmatuur in hierdie artikel gebruik word om tendense in die Afrikaanse

letterkunde te ontleed, of om die belangrikheid van spesifieke skrywers of uitgewers aan te

toon, is die oogmerk egter nie om iets voor te stel oor die belangrikheid van spesifieke

skrywers of tendense in die Afrikaanse literêre sisteem 2 oor die algemeen nie, maar eerder

om die potensiaal van inligtingstegnologie te illustreer. Hierdie artikel gaan dus slegs

verkennend om met data ten einde die potensiaal van inligtingstegnologie te illustreer, en

maak geen afleidings na aanleiding van die ontleding van data nie.

2. Die intelligensieproses

Die VSA se departement van verdediging definieer intelligence as: “information and

knowledge obtained through observation, investigation, analysis, or understanding”

(aangehaal in Roberts (2011:5)). Intelligensie in hierdie sin van die woord is dus inligting wat

verwerk is, soos Bose (2008:510) beklemtoon: “Intelligence differs from data and

information because it requires some form of analysis, whose purpose is to derive some

meaning from the piles of data and information that bury every organization.” Brei (1996:4)

beskryf die verskil tussen inligting en intelligensie meer omvattend:

473

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

[I]ntelligence is more than information. It is knowledge that has been specially

prepared for a customer’s unique circumstances. The word knowledge highlights the

need for human involvement. Intelligence collection systems produce [...] data, not

intelligence; only the human mind can provide that special touch that makes sense of

data for different customers’ requirements. The special processing that partially

defines intelligence is the continual collection, verification, and analysis of

information that allows us to understand the problem or situation in actionable terms

and then tailor a product in the context of the customer’s circumstances. If any of

these essential attributes is missing, then the product remains information rather than

intelligence. 3

Krizan (1999:7) noem dat die sakesektor gewoonlik die term inligting bo intelligensie

verkies, maar sy verkies self die term intelligensie, juis omdat dit die toevoeging van waarde

deur ontleding beklemtoon. As sodanig kan intelligensie vergelyk word met navorsing, waar

nuwe betekenis geskep word in die verwerking van onder andere bestaande teorieë, historiese

gegewens, en feite, en die representasie daarvan in ’n afgehandelde formaat (’n publikasie). 4

Die sogenaamde intelligensiesiklus verskaf vier stappe in die versameling en verwerking van

intelligensie, wat ook van toepassing op navorsing binne die akademiese konteks is:

beplanning, versameling, verwerking en verspreiding (vgl. byvoorbeeld Mouton en Marais

1990:25 se vyf tipiese stappe in die navorsingsproses, of Vermeulen, Lategan en Litheko

2011:15 se soortgelyke navorsingsiklus). Biermann, Korsnes, Rohmer en Ündeger (2004:3)

gee ’n opsomming van hierdie siklus vanuit die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie

(NAVO) se glossarium van terme en definisies (AAP-6) [6], wat hier aangepas word vir

akademiese navorsing (sien ook Treverton en Gabbard 2008:3):

• Beplanning – Die bepaling van watter inligting benodig word, beplanning van

navorsing, en delegering aan relevante persone (byvoorbeeld assistente).

• Versameling – Die gebruik van alle bronne tot die navorser se beskikking om die

nodige data te versamel.

• Verwerking – Die evaluering, ontleding, integrasie en interpretasie van data, met

ander woorde die omskakeling van data na intelligensie.

• Verspreiding – Die doelgerigte verspreiding van bevindinge in die gepaste

formaat, byvoorbeeld die publikasie van artikels, monografieë en boeke.

Terugvoering is ’n vyfde stap wat Bose (2008:512–3) byvoeg wanneer hy na

besigheidsintelligensie verwys. Vir die doeleindes van hierdie artikel word egter volstaan by

Bierman e.a. (2004) se vier stappe, aangesien terugvoering reeds geïntegreer is in die model

soos hier onder uiteengesit.

’n Meer gedetailleerde manier om die proses visueel voor te stel is deur die gebruik van

Pirolli en Card (2005:3) se skema. In die hieropvolgende diagram word hulle skema met

NAVO se intelligensiesiklus geïntegreer, maar let daarop dat die beplanningsfase nie

ingesluit word nie, omdat dit die proses voorafgaan, en die aanduiding van deurlopende

terugvoering vervang in hierdie geval die sikliese uitbeelding van die proses.

474

Figuur 1. Die intelligensieproses

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens Pirolli en Card (2005:2–3) bestaan die proses uit die versameling van inligting, die

verwerking daarvan in ’n vorm wat ontleding vergemaklik, die ontwikkeling van insig, en die

skep van ’n kennisproduk. Die datavloei verteenwoordig die omskakeling van inligting uit ’n

ruwe toestand na ’n vorm waar kundigheid toegepas kan word en dan na ’n verwerkte vorm

wat geskik is vir kommunikasie aan ander wat nie kenners van die betrokke veld is nie.

Binne ’n akademiese opset kan eksterne bronne alles behels wat tot die navorser se

beskikking is: artikels en resensies wat aanlyn beskikbaar is, koerantuitknipsels, boeke, en

selfs video’s van onderhoude op YouTube (sien byvoorbeeld Mouton en Marais 1990:79).

Die skoendoos is dan ’n versameling van daardie bronmateriaal, dit waarop die navorser sy

studie gaan baseer – waarskynlik ’n lêer (op die rekenaar). Hieruit kan ’n werksdokument

saamgestel word met opsommende notas vanuit die skoendoos. Wanneer dieselfde

werksdokument vorm aanneem soos gedagtes georden word en ’n betoog opgebou word, kan

hierna verwys word as ’n skema. Met verdere skawing ontwikkel die skema in ’n hipotese, en

475

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uiteindelik in ’n finale produk: ’n artikel of boek wat gereed is vir voorlegging vir

publikasie. 5

Twee kringlope kan hiervolgens onderskei word: ’n opsporingskringloop wat hoofsaaklik

gemoeid is met die opspoor en filtrering van bronne, en ’n sinmakingskringloop wat

hoofsaaklik die vormgewing van die data behels. Patterson, Roth en Woods (2001) het

waargeneem dat ontleders geneig is om te begin met ’n breë stel dokumente, byvoorbeeld een

wat deur ’n hoë-herroeping- / lae-presisie-navraag opgespoor is (byvoorbeeld deur meer

algemene soekterme), en dan die bronne verminder het tot kleiner, hoër-presisie-datastelle,

voordat die dokumente gelees en ontleed is. Terugvoering is hier belangrik, aangesien die

ontleder/navorser in ’n voortdurende “dialoog” met sy inligting verkeer (NVAC 2005:73):

soos meer inligting oor ’n onderwerp bekend word, kan beter soekterme gebruik word om

beter resultate op te lewer (lae herroeping / hoë presisie).

Pirolli en Card (2005:5) verwys na koste – “the absolute and relative time costs of

information operations” – en in ’n vroeëre publikasie (1999:7) verwys die skrywers na twee

vorme van koste wat hier ter sake is: benewens hulpbronkoste (die tydsinset wat ’n

inligtingsoektog verg) is daar ’n verdere “geleentheidskoste”: dit wat prysgegee word (ander

geleenthede) deur die huidige aktiwiteit te voltooi. In eenvoudige terme: hoe langer dit neem

om navorsing te doen, hoe minder tyd is beskikbaar vir klasgee en studentenavrae, gesinne,

ensovoorts. Die skrywers (2005:5) voer aan dat tegnologie deur die verloop van die hele

intelligensieproses aangewend kan word om die “koste” (tydsinsette) te beïnvloed. Hoe meer

inligting betrek word, hoe kleiner is die kans dat belangrike inligting misgekyk word, 6 maar

dit gaan natuurlik gepaard met die prys van hoër tydsinsette in beide die opsporings- en

sinmakingskringloop.

Die ideaal is dus om groter datastelle te kan ondersoek, maar dit kan slegs met

inligtingstegnologie vermag word. Hossain, Andrews, Ramakrishnan en North (2011) skryf

dat waar sommige rekenaarprogramme, soos IN-SPIRE, Jigsaw, ThemeRiver, en NetLens

fokus op die versamelingsfase (opsporingskringloop), programme soos i2 Analyst’s

Notebook, Sentinel Visualizer, Entity Workspace en Palantir op die verwerkingsfase

(sinmakingskringloop) fokus. Future Point Systems se Starlight Visual Information System

(VIS) skakel egter beide kringlope, aangesien die Data Engineer-komponent meer gerig is op

die opsporingskringloop, terwyl die sinmakingskringloop deur die Starlight-program gedek

word (dit kan as pakket aangeskaf word). Let egter daarop dat Pirolli en Card (2005:6)

beklemtoon dat tegnologie ’n ondersteunende rol speel: dit is die kennis en ondervinding van

die ontleder (navorser) wat deurslaggewend en onontbeerlik is (sien ook NVAC 2005:39;

Hossain e.a. 2011:22): programmatuur is bloot ’n stuk gereedskap wat ontleding

vergemaklik; dit kan dit nie vervang nie.

Die vier fases van die proses word nou in verskillende onderafdelings toegelig.

476

3. Beplanning

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die beplanningsfase van die intelligensieproses kan vergelyk word met die

navorsingsontwerp (sien byvoorbeeld Mouton en Marais 1990:59–73). Aangesien tegnologie

nie ’n deurslaggewende rol in hierdie fase speel nie, word hier volstaan daarmee om te noem

dat dit natuurlik ’n noodsaaklike fase in sowel die intelligensie- as die navorsingsproses is,

want “once one knows what he or she is looking for, data sourcing, collection methods, and

the entire research process becomes more efficient and focused” (Bose 2008:515). Wikipedia

is hier bruikbaar vir navorsingsdoeleindes, en een student het opgemerk: “Wikipedia is my

presearch tool” (Head en Eisenberg 2009:12) – die “eerste kontak” met ’n onderwerp.

Wikipedia is nuttig wanneer ’n nuwe onderwerp ontdek word, en skakels kan gevolg word

wat natuurlik tot meer gesaghebbende bronne lei.

4. Versameling

Die samestelling van bruikbare datastelle is ’n sleutelkomponent in militêre intelligensie

(Graham en Carley 2008:1), en so ook in enige vorm van navorsing. In bostaande diagram

word voorgestel dat brondokumente in ’n “skoendoos” versamel word waaruit verdere

verwerking plaasvind. Hierdie versameling is dus ’n voorlopige samevoeging van

brondokumente vanuit die globale digitale korpus in ’n meer bruikbare hoeveelheid wat

volgens ’n tema versamel word. Bose (2008:516) onderskei tussen passiewe versameling,

“supporting ongoing informational needs”, en aktiewe versameling, “surveying knowledge

domains and targeting specific questions”.

4.1 Passiewe versameling

Bose (2008:518) skryf dat daar soms na die passiewe versameling van inligting verwys

word as “inligting-stoot” (“information push”), vergelykbaar met wat McKee, Koltutsky

en Vaska (2009:3) “current awareness alerting” noem, terwyl aktiewe versameling van

inligting die intrek van inligting in die organisasie se sisteem behels. Passiewe

versameling behels die opstel van die nodige infrastruktuur sodat relevante inligting die

organisasie binnestroom, byvoorbeeld die intekening op relevante nuusbriewe, of die

opstel van rekenaarprogrammatuur om die internet outomaties te monitor vir nuwe

inligting en dit dan in die navorser se skoendoos of databasis in te trek. Dit het die

primêre voordeel dat ’n wye verskeidenheid onderwerpe gedek kan word in plaas van die

aktiewe versameling wat gewoonlik geskied in reaksie op ’n spesifieke aanvraag en

doelgerigte inligting oplewer. In die geval van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige

Museum en Navorsingsentrum (NALN) was die opbou en instandhouding van die

knipselversameling juis so ’n “passiewe–versameling”-aktiwiteit (slegs in Bose se sin van

die term!): koerante, tydskrifte en joernale is afgelewer, deurgegaan vir relevante artikels,

en die artikels dan uitgeknip, geïndekseer en op die databasis ontsluit. In die 21ste eeu

bestaan daar ’n wye verskeidenheid elektroniese hulpmiddele om passiewe versameling

van digitale inligting te bespoedig, byvoorbeeld Starlight Data Engineer, wat deel

477

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uitmaak van die VIS-pakket. Data Engineer kan onder andere op die volgende maniere

opgestel word om inligting binne die stelsel in te trek en te verwerk:

• Die “Filesystem – Directory Monitor” ondersoek voortdurend een of meer

geselekteerde lêers op die rekenaar en kopieer enige nuwe dokumente wat

bygevoeg word na spesifieke lêers, byvoorbeeld rakende ’n spesifieke onderwerp.

• Die “Internet – RSS Feed Harvester”-module ondersoek voortdurend

gespesifiseerde plekke op die internet vir nuwe stories en skakel dan outomaties

die nuwe stories in individuele XML-rekords om vir verdere ontleding. Hierdie

funksie kan gebruik word om die navorser op datum te hou met nuus en tendense

met behulp van internet-inligtingsbronne, en kan onbepaald in die agtergrond

loop.

• Die “Internet – Web Crawler”-module deursoek die internet vanaf ’n gegewe

beginpunt, en laai sowel die huidige webblad as al die skakels op die webblad af.

Dan gaan dit deur elke skakel wat versamel is en laai ook daardie bladsye en

skakels af. Dit gaan voort met hierdie proses totdat die gebruiker-gespesifiseerde

diepte bereik is. ’n Voorbeeld: as ’n mens begin by www.futurepointsystems.com

en gaan tot ’n diepte van 3 (3 grade van die oorspronklike bladsy), sou jy nou

honderde dokumente besit wat uit ’n verskeidenheid HTML-bladsye, beelde,

teksdokumente, en PDF-dokumente bestaan.

• Die “Internet – YouTube Search”-module stel ’n mens in staat om inligting oor

video's in te samel, soos die titel, beskrywing, publikasiedatum, laaste bywerking,

gradering, die aantal kommentar, sleutelwoorde, kategorieë, lengte van die video,

inligting oor die video-outeur, ouderdom, geslag, ligging, verwante skakels na die

video-outeur, die aantal kere wat die video gekyk is, kommentaar oor die video,

en inligting oor die mense wat kommentaar op die video gelewer het.

Heelwat ander programme stel ook die gebruiker in staat om onder andere webblaaie

outomaties te monitor vir bygewerkte inligting, asook om ’n hele internet-soektog

outomaties by te werk. Dit beteken dat die navorser outomaties in kennis gestel word

wanneer nuwe inligting oor ’n onderwerp beskikbaar is, byvoorbeeld oor ’n spesifieke

skrywer. Sommige van sulke programme is gratis, terwyl ander ’n paar honderd rand kos:

• Copernic Agent (http://www.copernic.com/en/products/agent)

• ChangeDetect (http://www.changedetect.com)

• MetaProducts Offline Explorer

(http://www.metaproducts.com/mp/offline_explorer.htm)

• Check&Get (http://activeurls.com)

• HTTrack (http://www.httrack.com).

Vir hierdie artikel is Offline Explorer Pro gebruik om Versindaba (http://versindaba.co.za) se

tuisblad en eerste twee stelle skakels (die skakels vanaf die tuisblad en die skakels vanaf die

skakels wat vanaf die tuisblad bereik is) af te laai en te indekseer. Webblaaie kan dan op die

rekenaar gestoor word vir argiveringsdoeleindes en verdere navorsing, met die voordeel dat

daar sonder ’n internetverbinding deur datastelle gesoek kan word.

478

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ander programme wat spesifiek vir die akademiese milieu ontwerp is, is RefAware en

IngentaConnect (McKee, Koltutsky en Vaska 2009), wat deurlopend die internet monitor vir

nuwe inligting oor ’n gegewe onderwerp, en soos Copernic Agent dan die navorser in kennis

stel van nuwe inligting wat gevind word. Sulke programme maak dit maklik om op hoogte te

bly van die jongste ontwikkelinge op ’n navorser se gebied. Ander gratis opsies is ticTocs en

Google Alerts.

4.2 Aktiewe versameling

Die versameling van akkurate, betroubare inligting binne ’n koste-effektiewe tydsraamwerk

is een van die sleutels tot suksesvolle navorsing en word soms na verwys as

inligtingsherwinning (Information Retrieval of IR): “the interdisciplinary science of

searching for documents, for information within documents and for documents’ metadata in

databases and on the World Wide Web” (Moisil 2009:25). Pirolli en Card (1999:11)

beklemtoon dat die aktiewe versameling van inligting egter gedryf word deur die noodsaak

om die soektog so koste-effektief as moontlik af te handel:

[O]ne may think of an information forager as an information predator whose aim it is

to select information prey so as to maximize the rate of gain of information relevant to

their task. These (sic) information prey might be relevant documents or document

collections.

Pirolli en Card (2005:3) onderskei verder tussen versameling van inligting wat van onder na

bo gedryf word, met ander woorde van data tot gevolgtrekkings (wat Mouton en Marais

1990:105 die induktiewe strategie noem), en versameling wat van bo na onder gedryf word,

met ander woorde hipotese-gedrewe versameling (wat Mouton en Marais 1990:105 die

deduktiewe strategie noem). In eersgenoemde doen die navorser ’n soektog oor relevante

databasisse, doen navraag, ensovoorts, en stel dan ’n versameling dokumente saam in die

skoendoos vir verdere verwerking. Wanneer dan deur hierdie dokumente gelees word, word

daar uiteraard telkens nog inligting bekom wat die navorsers noodsaak om terug te keer na

die versamelingsfase wanneer nuwe bronne ontdek word of teoretiese benaderings teëgekom

word. Dan word ’n aktiewe soektog deur die internet of op databasisse soos EBSCO Host

gedoen deur sleutelwoorde, skrywer(s), publikasies of artikels se titels te gebruik.

’n Soektog wat van bo na onder plaasvind, kan geskied wanneer bestaande opvattinge

bevraagteken of bevestig moet word (Pirolli en Card 2005:4). Hernude (aktiewe) soektogte

lewer dan ondersteunende of ondermynende inligting op, verhoudinge word bevraagteken,

ensovoorts. So kan ’n versamelingsoektog van bo na onder byvoorbeeld geskied wanneer

literêre opvattinge verander, byvoorbeeld die herskrywing van die Afrikaanse literêre kanon 7

om voorheen gemarginaliseerde stemme in te sluit.

Alhoewel daar vele soekenjins beskikbaar is waarmee oor die internet gesoek kan word, is

Google een van die markleiers, “the world’s largest and most powerful search engine”

(Noruzi 2005:171; sien ook Ripple 2006:98), wat teen 2003 reeds ’n werkwoord geword het.

Vir akademiese doeleindes word http://scholar.google.co.za aanbeveel (maar nie daartoe

479

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beperk nie), aangesien dit reeds ’n spesialisering van die algemene Google is wat op

akademiese publikasies fokus, hetsy akademiese joernale, webblaaie of boeke. Hierdie

wetenskaplike been van Google is ontwikkel deur die Indiese rekenaarwetenskaplike Anurag

Acharya, en ontleed outomaties watter artikels die meeste na verwys word in bibliografieë,

wat dit maklik maak vir die navorser om te bepaal wie die leiers op ’n bepaalde terrein is

(Noruzi 2005:171).

4.3 Akkuraatheid en versameling

In sowel die intelligensie- as die navorsingskonteks is akkuraatheid van bronmateriaal

natuurlik ’n sentrale gegewe en Krizan (1999:26–8) stel voor dat versameling ’n aantal

faktore in ag moet neem. Eerstens moet die betroubaarheid van bronne bepaal en as sodanig

aangedui word. Binne ’n akademiese navorsingskonteks sal byvoorbeeld voorkeur gegee

word aan publikasies in geakkrediteerde akademiese joernale bo webblaaie, maar soos met

militêre intelligensie is die skrywer van die inligting ook van belang: ’n aanlyn-resensie,

geskryf deur ’n welbekende en gerekende letterkundige, kan byvoorbeeld as betroubaar

gesien word, byvoorbeeld een wat op http://versindaba.co.za voorkom. Alhoewel die

akademiese gemeenskap baie skepties is oor die internet, en veral Wikipedia, is daar heelwat

navorsers wat let op die bruikbaarheid van Wikipedia binne ’n akademiese omgewing (Black

2008; Head en Eisenberg 2009; Tardy 2010), selfs al word dit slegs as wegspringplek

gebruik. Die internet is nie onbetroubaar op sigself nie.

Tweedens stel Krizan (1999:26) voor dat voorkeur gegee word aan bronne wat nader aan die

oorspronklike gebeurtenis is; in die geval van letterkundige studie is die lees van

oorspronklike teoretici se werk soms verkieslik bo die lees van interpretasies daarvan. Hier is

veral Google Books nuttig, aangesien vele welbekende boeke hierdeur beskikbaar is, en in ’n

mate gratis aanlyn gelees kan word.

Toepaslikheid is ’n ander faktor wat volgens Krizan (1999:27) by die versameling van

inligting die versamelingsproses behoort te beïnvloed. Alhoewel ’n individu ’n kenner op een

gebied is, is hy nie noodwendig ’n gesaghebbende op ’n ander gebied nie. Soos met die

gedrukte media verg elektroniese navorsing dus ook dat die skrywer en uitgewer in ag

geneem word.

Dit is belangrik om te onthou dat die gebruik van die internet geensins die gesaghebbendheid

van bronmateriaal ondermyn nie: dieselfde materiaal wat in druk verskyn, is meesal aanlyn

beskikbaar, en dieselfde reëls geld as in gedrukte media: die skrywer en publikasie self

verhoog die gesaghebbendheid van bronne, nie die medium nie.

5. Verwerking

Elke dokument het die potensiaal om die verhouding tussen entiteite binne ’n sisteem te

ondersteun of te weerlê, en gevolglik het elke dokument, elke teks, waarde vir die

480

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

eindresultaat (Graham en Carley 2008:9). Hier word die navorser gekonfronteer met dataintegrasie,

hetsy as individu of as span, wanneer ’n wye verskeidenheid inligting as ’n

sinvolle geheel oorsigtelik beskou moet word sodat patrone geïdentifiseer kan word. In

hierdie fase word inligting omskep in intelligensie:

Analysis encompasses a systematic examination of relevant data, information, and

knowledge collected, for applicability or significance, and the transformation of the

results into actionable intelligence that will improve planning and decision making or

will enable the development of strategies that offer a sustainable competitive

advantage. (Bose 2008:513)

Militêre intelligensie staan in hierdie opsig weer eens aan die voorpunt van tegnologiese

ontwikkeling. Science Applications International Corporation se Pathfinderteksontledingsagteware

(http://www.saic.com/contractcenter/gsa-it/pathfinder.html), soos

gebruik deur die VSA se Army National Ground Intelligence Center, kan byvoorbeeld glo

binne slegs ’n paar minute deur meer as 500 000 dokumente sorteer en patrone identifiseer

(Roberts 2011:8). Programmatuur soos Starlight VIS het soortgelyke vermoëns, en alhoewel

daar geen vervanging is vir die lees van bronmaterial deur ’n navorser nie, bestaan daar

heelwat ander tegnologiese hulpmiddele om groter stelle dokumente onder die loep te neem,

onder andere deur middel van data-ontginning en visualisasie, soos vervolgens in meer

besonderhede verduidelik word. Selfs programmatuur wat die bestuur van bronmateriaal

bespoedig, soos Zotero (http://www.zotero.org/) en Qiqqa (http://www.qiqqa.com/), kan ‘n

beduidende impak op die navorsingsproses hê deur die versameling en ontleding van

brondokumente rekenaarmatig te bespoedig.

5.1 Data-ontginning en visualisasie

Volgens die VK se National Centre for Text Mining (aangehaal in Borgman 2010:8) is dataontginning

“the process of identifying patterns in large sets of data [...] to uncover previously

unknown, useful knowledge” (sien ook Ceruti en McCarthy 2000:174). Bose (2008:523)

skryf:

Text mining looks for things like word proximity and sentence structure, sifting

through billions of text (sic), placing it into some common format (referred to as

normalization), and filtering or ranking the text using statistical methods. Text mining

is not the same thing as a search engine on the web. In a search, one tries to find what

others have prepared. With text mining, one wants to discover new patterns, nuggets

of knowledge that may not be obvious or known.

Visuele ontleding word gedefinieer as “the science of analytical reasoning facilitated by

interactive visual interfaces” (NVAC 2005:4). Wanneer ons iets verstaan, sê ons in Afrikaans

of Engels: “Ek sien wat jy bedoel” of “Do you see what I mean?” Dit is verwoordings van die

ingebore verband wat ons lê tussen visie, visualisasie en ons redenasie-prosesse (NVAC

2005:33). Programmatuur wat in visualisasie spesialiseer, poog dus om bestaande

denkprosesse te ondersteun:

481

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Visual representations and interaction technologies give users a gateway into their

data, letting them see and understand large volumes of information at once. To

facilitate analytical reasoning, visual analytics builds on the human mind’s ability to

understand complex information visually. (Thomas en Cook 2006:11; sien ook

Roberts 2011:17.)

Daar bestaan talle produkte op die mark en Kirschenbaum (2007:4) noem hoe Spotfire

(http://spotfire.tibco.com), TextArc (http://www.textarc.org) en ander al vrugbaar aangewend

is binne die letterkunde, terwyl Athenikos (2009) beskryf hoe visualisasie deur middel van

Prefuse (http://prefuse.org) kan help met die studie van filosofie. ’n Ander program wat

spesifiek vir kwalitatiewe navorsingsdoeleindes ontwikkel is, is QSR se Nvivo

(http://www.qsrinternational.com/), wat ook die ontleding van data deur middel van

visualisering bemagtig, en veral ontwerp is om met multimedia te werk (video, oudio en

teks). Kirschenbaum (2007:4) voer aan:

The importance of visualization as a means of accessing and studying the results of

the text analysis cannot be over-emphasized. When we look at a painting or picture,

we grasp the entirety of it within our optical field. The eye can easily move from one

region of the image to the next, looking for patterns and correspondences which aid in

interpretation. In the case of a novel (or even a short story or a long poem), however,

we cannot hold the entirety of the text within our visual field. Indeed, the physical

form of the codex book itself mitigates against this, as the text is arbitrarily broken up

into discrete units divided by pages. Visualization, which essentially makes the text a

picture, is capable of bringing a novel into focus as a unified visual event.

Voyeur (http://voyeurtools.org) is ’n gratis aanlyn-teksontledingsprogram wat deur Stefan

Sinclair en Geoffrey Rockwell ontwikkel is as deel van die Hermeneuti.ca-projek. Ten einde

die potensiaal van Voyeur te illustreer, is ’n korpus Afrikaanse akademiese artikels

saamgestel wat alles insluit van Stilet wat elektronies beskikbaar is (2002–2010, 231 artikels)

en alles van LitNet Akademies wat in PDF beskikbaar is (2008–2010, 92 artikels). Uit die

ontleding van hierdie 326 artikels deur Voyeur, wat 2 625 634 woorde bevat (en 6 061

bladsye beslaan), sien ’n mens wat die Afrikaanse woorde met die grootste

gebruiksfrekwensie is:

Tabel 1. Woordfrekwensies

Nommer Woord Aantal kere gebruik

1 die 164 379

2 van 85 417

3 en 64 556

4 in 58 334

5 ’n 48 988

Hierdie inligting dra egter nie veel by tot ’n beter begrip van die Afrikaanse literêre sisteem

nie, en gevolglik is hierna eerder spesifieke woorde nageslaan. ’n Groter korpus 8 bestaande

uit wat digitaal beskikbaar is 9 van Literator (507 artikels), Tydskrif vir Geesteswetenskappe

482

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(426), Tydskrif vir Letterkunde (409) en Tydskrif vir Literatuurwetenskap (274) is saamgestel,

met 1 942 artikels en 11 012 962 woorde. In hierdie korpus kom J.C. Kannemeyer se naam

953 keer voor en H.P. van Coller s’n 1 172 keer.

Teksontleding is reeds aangewend in die studie van literêre prestige (Taboada, Gillies,

McFetridge en Outtrim 2008), en in navolging hiervan en van Van Coller (2004) is ’n aantal

Hertzogpryswenners nageslaan: 10

Tabel 2. Aantal kere wat skrywers genoem word

Skrywer Aantal kere genoem

André P. Brink 2 729

Antjie Krog 2 212

Breyten Breytenbach 2 198

N.P. Van Wyk Louw 1 587

Ingrid Winterbach 1 054

C.L. Leipoldt 637

Hennie Aucamp 566

Elisabeth Eybers 424

M.E.R. 314

C.J. Langenhoven 303

D.F. Malherbe 296

Wilma Stockenström 283

Uys Krige 256

Totius 221

W.E.G. Louw 149

Sheila Cussons 133

Boerneef 109

Jochem van Bruggen 80

J.F.W. Grosskopf 53

H.A. Fagan 35

Sangiro 15

Uit bostaande is dit duidelik watter skrywers die sigbaarste is in akademiese tydskrifte, hetsy

in hul rol as skrywers of as kritici. Voyeur skep ook outomaties grafieke waardeur skrywers

se teenwoordigheid in publikasies visueel voorgestel word, byvoorbeeld Etienne Leroux in

die bogenoemde korpus van Stilet-artikels:

483

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 2. Frekwensie waarteen Leroux in Stilet genoem word

In hierdie grafiek is dit duidelik dat Stilet 16(1) spesiale aandag aan Leroux gewy het (74,91

per 10 000 woorde), en dit is juis in hierdie uitgawe dat Van Coller (2004) vra of Leroux ’n

vergete skrywer is. Was Leroux daarna vergete? Stilet 21(2) (2009) noem Leroux met ’n

frekwensie van 2,32 per 10 000 woorde; sien daarteenoor byvoorbeeld N.P. Van Wyk Louw

in dieselfde korpus:

484

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3. Frekwensie waarteen Van Wyk Louw in Stilet genoem word

Tendense in die letterkunde kan ook deur middel van sulke grafieke ondersoek word. Kyk

byvoorbeeld na die aantal verwysings na die plaasroman in dieselfde korpus:

485

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 4. Frekwensie waarteen “plaasroman” in Stilet genoem word

Vergelyk dit met migranteliteratuur:

486

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 5. Frekwensie waarteen “migrante” in Stilet genoem word

Daar bestaan natuurlik heelwat probleme met so ’n kwantitatiewe werkswyse. Hier is konteks

weggelaat; die aantal kere wat ’n skrywer in een artikel genoem is, is nie verreken nie, en

dergelike. My oogmerk is nie om iets voor te stel oor die belangrikheid van spesifieke

skrywers of tendense in die Afrikaanse literêre sisteem nie, maar eerder om die potensiaal

van inligtingstegnologie te illustreer, veral wanneer ’n meer oorsigtelike blik oor die

letterkunde verkry wil word. Toekomstige navorsing kan hierdie kwessies in meer diepte

ondersoek. Soos wat Van Coller (2004) die posisie van Etienne Leroux binne die Afrikaanse

literêre sisteem navors, kan inligtingstegnologie byvoorbeeld gebruik word om dieselfde

studie vinniger te doen, en daarom kan ander skrywers se loopbane vergelykend gebruik

word, soos trouens hier gedoen word met Van Wyk Louw. Ook kan inligtingstegnologie die

navorser in staat stel om tendense in die Afrikaanse letterkunde te identifiseer, wat tot verdere

ontleding kan lei, soos die geval hier met migrante – dit help die navorser om te sien waaraan

hy aandag kan gee, waar gapings is, waar die meeste inligting oor ’n onderwerp is,

ensovoorts. Sou ’n nagraadse student byvoorbeeld rigting soek oor waar om te begin

487

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

navorsing doen oor migranteliteratuur, is dit duidelik uit figuur 5 dat Stilet 22(1) ’n goeie

beginpunt sou wees.

Sosiale-netwerk-analise (Social Network Analysis – SNA) is veral geskik om die

verhoudings tussen entiteite binne ’n sisteem visueel voor te stel (Hanneman en Riddle 2005),

en is konseptueel identies aan sisteemteorie, aangesien SNA die studie van verhoudings binne

entiteite behels eerder as die entiteite self. Aangesien hierdie programmatuur wyd aangewend

word in veral teenterrorisme militêre intelligensie, is heelwat programme reeds ontwikkel,

byvoorbeeld:

• Future Point Systems se Starlight VIS (http://www.futurepointsystems.com)

• Pacific Northwest National Laboratory se In-Spire (http://in-spire.pnnl.gov)

• Visual Analytics se i2 Analyst’s Notebook (http://www.i2group.com/us)

• FMS se Sentinel Visualizer (http://www.fmsasg.com/products/SentinelVisualizer).

Ongelukkig vir die akademiese navorser is hierdie programme baie duurder as wat

departementele begrotings toelaat: In-Spire kos byvoorbeeld nagenoeg R200 000, en Starlight

VIS verg ’n minimum van vyf lisensies, wat beteken dat die program uiteindelik R450 000

kos. Sentinel Visualizer kos minder as ’n tiende van In-Spire, maar anders as Starlight en In-

Spire kan dit slegs met gestruktureerde data werk, met ander woorde .xml, Microsoft Access

of Excel, en nie met PDF- of Microsoft Word-dokumente nie. Dit gebeur egter selde dat

Afrikaanse letterkunde datastelle in ’n gestruktureerde formaat teëkom, wat die gebruik van

so ’n program beperk. Nietemin, as die navorser bereid is om die tyd te bestee en data in ’n

gestruktureerde formaat te kry, kan SNA-programmatuur wat slegs met gestruktureerde data

werk, met vrug gebruik word, soos geïllustreer deur die gebruik van Netdraw.

Netdraw (http://www.analytictech.com/Netdraw/netdraw.htm) is ’n gratis program wat

ontwikkel is deur Steve Borgatti. Netdraw spesialiseer in SNA, en alhoewel data voorberei

moet word (in die regte formaat moet wees in ’n teksdokument (.txt)), skep dit die

geleentheid om verhoudings tussen entiteite binne die Afrikaanse literêre sisteem grafies voor

te stel en verder te ontleed. Ter illustrasie is ’n aantal bekende Afrikaanse skrywers, in hierdie

geval Etienne Leroux, Breyten Breytenbach, André P. Brink, Marlene van Niekerk, Ingrid

Winterbach en Antjie Krog, se publikasies uitgebeeld in ʼn poging om hul

“uitgeweryprofiele” (Venter 2006:470-1) duideliker te kan ontleed. Van Coller (2004:1)

noem dat skrywers wat die etiket “legitiem” dra én gekanoniseerd is, onder andere by

bepaalde uitgewerye publiseer, en die vraag is waar hierdie “legitieme” skrywers publiseer.

In die volgende figuur word die betrokke skrywers met driehoeke aangedui, en hul

uitgewerye met vierkante:

488

Figuur 6. Uitgeweryprofiele van skrywers

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die dikte van verbindingslyne dui op hoeveel boeke ’n skrywer by ’n uitgewery gepubliseer

het: dikker lyne verteenwoordig dus ’n sterker verbintenis. In hierdie visuele voorstelling is

dit duidelik dat Human & Rousseau die sentrale uitgewery in hierdie korpus is – ’n

sleutelentiteit – omdat hierdie skrywers in die eerste plek hul sterkste verbintenis (dikste lyn)

met Human & Rousseau het, en in die tweede plek omdat dit die enigste uitgewery is wat met

al ses skrywers verbind word. Skrywers se verbintenisse met uitgewerye oor die algemeen

kan ook afsonderlik vergelyk word, byvoorbeeld Brink en Breytenbach se profiele:

489

Figuur 7. Uitgeweryprofiel van Breyten Breytenbach

Figuur 8. Uitgeweryprofiel van André P. Brink

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Beide skrywers se sterkste verbintenis blyk met Human & Rousseau te wees. Soos voorheen

wil ek nie hier tot wetenskaplike gevolgtrekkings kom nie: ek wil bloot illustreer hoe

tegnologie aangewend kán word. Ook is daar heelwat meer wat met so ’n program ontleed

kan word; hierdie is bloot een manier waarop dit aangewend kan word.

’n Ander, meer kontroversiële, manier om inligtingstegnologie aan te wend, is om

letterkundiges te vergelyk. As vermeldings van J.C. Kannemeyer en H.P. van Coller se name

490

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in Stilet, Literator, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Tydskrif vir Letterkunde en Tydskrif vir

Literatuurwetenskap met behulp van Adobe Acrobat X Pro vergelyk word en die data

vervolgens verwerk word in ’n vorm wat in Netdraw gebruik kan word, is dit duidelik dat

albei die sigbaarste is in Stilet, aangesien die dikste swart lyne van beide letterkundiges na

Stilet loop:

Figuur 9. Vermeldings van Kannemeyer en Van Coller

Die vraag ontstaan dus hoe hul vermeldings in Stilet lyk met behulp van Voyeur se grafieke:

491

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 10. Frekwensie van vermeldings in Stilet: Kannemeyer

Figuur 11. Frekwensie van vermeldings in Stilet: Van Coller

492

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Visualisasie skep die geleentheid om groot hoeveelhede data met ’n enkele oogopslag te

bekyk, waarna afleidings gemaak kan word of tendense indringender ondersoek en verklaar

kan word. Dit kan tendense en patrone oopvlek wat verdere navorsing prikkel wanneer vrae

uitgewys word wat voorheen nie eens gevra is nie – Rumsfeld se “unknown unknowns”. Ook

lei die integrasie van visualiseringshulpmiddele binne die sinmakingskringloop van die

intelligensieproses tot die terugkeer na bronmateriaal: Hoekom die skerp styging in

vermeldings van Leroux in Stilet 16(1), of die migranteliteratuur in 22(1)? Alhoewel

visualisasie dus op kwantitatiewe metodes berus, bespoedig dit ook kwalitatiewe navorsing,

aangesien minder tyd spandeer kan word om tendense te identifiseer, wat meer tyd

beskikbaar stel om tendense te ontleed en te verklaar. In toekomstige navorsing kan

literatuurgeskiedenisse vir hierdie doeleindes gedigitaliseer word, sodat skrywers se literêre

prestige oor die jare wetenskaplik objektief, verifieerbaar, en herhaalbaar bestudeer kan word

– ’n “harde”, kwantitatiewe benadering tot geesteswetenskaplike navorsing.

6. Verspreiding

Verspreiding behels die finalisering van die sogenaamde intelligensieproduk (gewoonlik ’n

verslag) en die aflewering daarvan by die “kliënt”. Binne ’n akademiese opset beteken

verspreiding natuurlik die publikasie en disseminasie van navorsing, maar aangesien die klem

in hierdie artikel op versameling en verwerking val, en aangesien e-pos en

woordverwerkingsprogrammatuur alombekend is, word hier volstaan met om te noem dat

inligtingstegnologie in hierdie fase reeds in ’n groot mate in algemene gebruik is.

7. Ten slotte

Treverton, Jones, Boraz en Lipscy (2006:25) voer aan: “If it is to stay relevant, intelligence

needs to be like human vision – binocular, providing depth to what we can be seen in front;

and peripheral, which provides warning.” Die skrywers voer dus aan dat inligting dieper en

wyer ontleed behoort te word binne ’n militêre-intelligensie-konteks, maar dieselfde geld vir

akademiese navorsing en ook die studie van die letterkunde. Veral die sisteemteorie poog om

breër na die letterkunde te kyk, wat noodwendig beteken dat groter datastelle meer oorsigtelik

beskou moet word, en veral hiervoor is inligtingstegnologie bowenal geskik, spesifiek

progammatuur binne SNA.

Hierdie artikel het idees vanuit militêre intelligensie, veral die intelligensieproses/-siklus en

data-ontginning en -visualisasie benut ten einde aan te toon hoe navorsing met

inligtingstegnologie geïntegreer kan word. Veral Pirolli en Card (1999) se siening van die

navorser/ontleder as ’n “inligtingsroofdier” is ’n bruikbare manier om na navorsing te kyk

binne die huidige universitêre opset, waar begrotings en tyd al hoe meer beperk word: meer

uitsette kan gelewer word met ’n kleiner inset, mits inligtingstegnologie aangewend word.

493

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ek hoop dat hierdie artikel verdere aanwending van inligtingstegnologie sal aanwakker sodat

navorsingsuitsette van Afrikaanse akademici sal toeneem, en ook dat die gebruik van

inligtingstegnologie tot nuwe insigte binne die Afrikaanse akademiese studie in die

geesteswetenskappe sal lei. 11

Bibliografie

Aldrich, R.J. 2009. Beyond the vigilant state: Globalisation and intelligence. Review of

International Studies, 35:889–902.

Athenikos, S.J. 2009. Interactive visualization and exploration of information on philosophers

(and artists, scholars and scientists) in an e-learning portal for Digital Humanities.

Symposium on Interactive Visual Information Collections and Activity (IVICA). Austin, 19

Junie. http://research.cis.drexel.edu:8080/sofia/pub/IVICA2009_Paper.pdf (27 Februarie

2012 geraadpleeg).

Besser, H. 2004. The past, present, and future of digital libraries. In Schreibman e.a. (reds.)

2004.

Biermann, J., R. Korsnes, J. Rohmer en C. Ündeger. 2004. From unstructured to structured

information in military intelligence – some steps to improve information fusion.

Ongepubliseerde referaat gelewer by RTO SCI Symposium on Systems, Concepts and

Integration (SCI) Methods and Technologies for Defence Against Terrorism. RTO-MP-SCI-

158.

Bingham, A. 2010. The digitization of newspaper archives: Opportunities and challenges for

historians. Twentieth Century British History, 21(2):225–31.

Black, E.W. 2008. Wikipedia and academic peer review: Wikipedia as a recognised medium

for scholarly publication? Online Information Review, 32(1):73–88.

Block, M. 2002. My rules of information, ExLibris, 10(1).

http://infotoday.com/searcher/jan02/block.htm (4 Januarie 2012 geraadpleeg).

Borgman, C.L. 2010. The digital future is now: A call to action for the humanities. Digital

Humanities Quarterly, 3(4):1–30.

Bose, R. 2008. Competitive intelligence process and tools for intelligence analysis. Industrial

Management & Data Systems, 108(4):510–28.

Brei, W.S. 1996. Getting intelligence right: The power of logical procedure.

Geleentheidspublikasie Nommer Twee. Washington: Joint Military Intelligence College.

Ceruti, M.G. en S.J. McCarthy. 2000. Establishing a data-mining environment for wartime

event prediction with an object-oriented command and control database. Derde IEEE

494

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Internasionale Simposium oor Objekgeoriënteerde Sinchroniese verspreidingsprogrammering

(Object-Oriented Real-time distributed Computing), Newport Beach, 15–17 Maart.

Darvill, D. 2011. Visual analytics: Visually exploring masses of data. Newsletter of the

Association of Canadian Ergonomists, Lente-uitgawe, ble. 5–7.

Dawson, A. 2010. Academic freedom and the digital revolution. AAUP Journal of Academic

Freedom, 1:1–19.

Even-Zohar, I. 1990. Polysystem Studies, Poetics Today, 11(1):1–94.

Geyer, F. (red.). 1996. Alienation, ethnicity, and postmodernism. Londen: Greenwood.

Google search basics: Basic search help 2010.

http://www.google.com/support/websearch/bin/answer.py?hl=en&answer=134479 (13 Mei

2010 geraadpleeg).

Graham, J.M. en K.M. Carley. 2008. Intelligence database creation and analysis: Networkbased

text analysis versus human cognition. 41ste Hawaise Internasionale Kongres oor

Sisteemwetenskap, Waikoloa, 7-10 Januarie.

Hanneman, R.A. en M. Riddle. 2005. Introduction to social network methods.

http://faculty.ucr.edu/~hanneman/nettext (15 November 2011 geraadpleeg).

Head, A.J. en M.B. Eisenberg. 2009. Finding context: What today’s college students say

about conducting research in the digital age. Projek Inligtingsgeletterdheid

Vorderingsverslag. Washington: Universiteit van Washington.

Hossain, M.S., C. Andrews, N. Ramakrishnan en C. North. 2011. Helping intelligence

analysts make connections, scalable integration of analytics and visualization. Referate van

die 2011 AAAI Werkswikel, Kalifornië, Augustus 2011.

Jamali, H.R. 2008. What is not available online is not worth reading? Webology, 5(4).

http://www.webology.org/2008/v5n4/a63.html (4 Januarie 2012 geraadpleeg).

Johnsson, B. 1981. The frame of reference: Poe, Lacan, Derrida. In Young (red.) 1981.

Kirschenbaum, M.G. 2007. The remaking of reading: Data mining and the digital humanities,

NGDM 07. Nasionale Wetenskapstigting-simposium oor volgende generasie van dataontginning

en kuberontdekking vir innovasie. Baltimore, Maryland. Datum onbekend.

http://www.csee.umbc.edu/~hillol/NGDM07/abstracts/talks/MKirschenbaum.pdf. (27

Februarie 2012 geraadpleeg).

Krizan, L. 1999. Intelligence essentials for everyone. Geleentheidspublikasie Nommer Ses.

Washington: Joint Military Intelligence College.

495

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

McKee, S., L. Koltutsky en M. Vaska. 2009. Introducing RefAware: A unique current

awareness product. Library Hi Tech News, 26(9):1–6.

Moayeri, M. 2007. Lost in cyberspace: Where to go? What to believe? Webology, 4(4).

http://www.webology.org/2007/v4n4/a47.html (27 Februarie 2012 geraadpleeg).

Moisil, I. 2009. Advanced methods for text retrieval. Verrigtinge van die 8ste WSEAS

Internasionale Konferensie oor Kunsmatige Intelligensie, Kennis-ingenieurswese en

Databasisse, Cambridge.

Mouton, J. en H. Marais. 1990. Basiese begrippe: Metodologie van die geesteswetenskappe.

Pretoria: RGN-Uitgewers.

Neri, F. en M. Pettoni. 2009. Stalker, a multilingual text mining search engine for open

source intelligence. Advances in Soft Computing, 53:35–42.

Nicholas, D. 2008. The information-seeking behaviour of the virtual scholar: From use to

users, Serials, 21(2):89–92.

Noruzi, A. 2005. Google Scholar: The new generation of citation indexes. Libri, 55:170–80.

NVAC (National Visualization and Analytics Center). 2005. Illuminating the path: The

research and development agenda for visual analytics. Richland, Washington: National

Visualization and Analytics Center.

Patterson, E.S., E.M. Roth en D.D. Woods. 2001. Predicting vulnerabilities in computersupported

inferential analysis under data overload. Cognition Technology and Work, 3:224–

37.

Pirolli, P. en S.K. Card. 1999. Information Foraging. Psychological Review, 106(4):643–75.

—. 2005. The sensemaking process and leverage points for analyst technology as identified

through cognitive task analysis. Verrigtinge van die Internasionale Konferensie oor

Intelligensie-ontleding, McLean, Virginia.

Ripple, A.S. 2006. Expert Googling: Best Practices and advanced strategies for using google

in health sciences libraries. Medical Reference Services Quarterly, 25(2):97–107.

Roberts, N.C. 2011. Tracking and disrupting dark networks: Challenges of data collection

and analysis. Information Systems Frontiers, 13:5–19.

Ryan, M. 2004. Multivariant narratives. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Schreibman, S., R. Siemens en J. Unsworth (reds.). 2004. A companion to digital humanities.

Oxford: Blackwell.

496

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Schreibman, S., R. Siemens en J. Unsworth. 2004. The digital humanities and humanities

computing: An introduction. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Seeman, M. 1959. On the meaning of alienation. American Sociological Review, 24(6):783–

91.

Senekal, B.A. 2011. Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling

van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde. LitNet Akademies, 8(2):46–65.

http://www.litnet.co.za/Article/die-digitalisering-van-naln-se-knipselversameling-diebemiddeling-van-21ste-eeuse

Senekal, J.H. 1987. Literatuuropvattings: “Wese” en “waarhede” van ’n nuwe literêre

teorie. Bloemfontein: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Splivalo, D. 2009. Chiliad selected for “KMWORLD 100 companies that matter in

knowledge management” award. http://www.chiliad.com/2009_02-26.php (27 Januarie 2011

geraadpleeg).

Taboada, M., M.A. Gillies, P. McFetridge en R. Outtrim. 2008. Tracking literary reputation

with text analysis tools. Vergadering van die Vereniging vir Digitale Geesteswetenskappe,

Vancouver. Junie.

Tardy, C.M. 2010. Writing for the world: Wikipedia as an introduction to academic writing.

English Teaching Forum, 48(1):12–27.

Thomas, J.J. en K.A. Cook. 2006. A visual analytics agenda. IEEE Computer Graphics and

Applications, 26(1):10–3.

Treverton, G.F. en C.B. Gabbard. 2008. Assessing the tradecraft of intelligence analysis.

Santa Monica: RAND Corporation.

Treverton, G.F., S.G. Jones, S. Boraz en L. Lipscy. 2006. Toward a theory of intelligence.

Santa Monica: RAND Corporation.

Van Coller, H.P. 2004. Is Leroux ’n vergete skrywer? Stilet, 16(1):1–31.

Van Coller, H. en B. Odendaal. 2008. Die meer ''beskeie'' opsies van ’n ''buitestander'': M.

Nienaber-Luitingh in die Afrikaanse literêre sisteem, LitNet Akademies, 5(3), Desember, 33–

50. http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_5_3_vancoller_odendaal.pdf

Venter, C. 2002. ’n Sisteemteoretiese perspektief op die vertaling van Suid-Afrikaanse

literatuur in Nederlands. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat.

Venter, R. 2006. Die materiële produksie van Afrikaanse fiksie (1990-2005): ’n Empiriese

ondersoek na die produksieprofiel en uitgeweryprofiel binne die uitgeesisteem.

Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

497

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vermeulen, W., O.L. Lategan en R. Litheko, R. 2011. The research process. Bloemfontein:

Sun Media.

Warner, M. 2002. Wanted: A definition of intelligence. Studies in Intelligence, 46(3):15–22.

Warwick, C., M. Terras, I. Galina, P. Huntington en N. Pappa. 2008. Library and information

resources and users of digital resources in the humanities. Program: Electronic Library and

Information Systems, 42(1):5–27.

Wilden, A. 1980. System and structure: Essays in communication and exchange. New York:

Tavistock.

Young, R. (red.) 1981. Untying the text: A post-structuralist reader. Boston: Routledge &

Kegan.

Žižek, S. 2004. What Rumsfeld doesn’t know that he knows about Abu Ghraib. 21 Mei.

http://www.lacan.com/zizekrumsfeld.htm (1 November 2011 geraadpleeg).

Eindnotas

1 User interface.

2 Vir meer inligting oor die literêre sisteem, sien Senekal (1987), Even-Zohar (1990), Venter

(2002), Venter (2006) en Van Coller en Odendaal (2008).

3 Volgens Warner (2002:21–2) lê die onderskeid tussen intelligensie en inligting eerder in die

aspek van geheimhouding wat ’n integrale deel van eersgenoemde is. Treverton e.a. (2006:7)

noem egter dat geheimhouding in die hedendaagste opset nie meer so sterk beklemtoon word

nie. ’n Beduidende hoeveelheid data binne militêre intelligensie kom ook van sogenaamde

oop bronne – inligting wat in die openbare domein beskikbaar is.

4 ’n Verdere belangrike ooreenkoms tussen akademiese navorsing en intelligensie is dat ’n

uiteindelike verbruiker (kliënt) die intelligensieproduk sal gebruik, maar dat intelligensie

(soos akademiese navorsing) strewe na objektiwiteit: “The realm of intelligence is that of

‘fact’, considered judgment, and probability, but not prescription” (Krizan 1999:17).

Intelligensie, soos akademiese navorsing, is dus nie veronderstel om in diens te staan van

politieke oorwegings nie, maar is veronderstel om na die objektiewe oorweging van inligting

te streef. Uiteraard word die verwerkingsfase direk beïnvloed deur die navorser se

persoonlike voorkeure, verwysingsraamwerk en wetenskaplike paradigma – kortweg: sy

menslikheid (Mouton en Marais 1990:10–2). Krizan (1999:36–8) gee ’n uiteensetting van

verskillende kategorieë van vooroordele en wanopvattings wat die eindresultaat beïnvloed,

maar hier word daarmee volstaan om te noem dat intelligensie, soos akademiese navorsing,

streef na objektiwiteit, maar dat die menslike komponent altyd steeds relevant bly.

5

Hierdie diagram is aangepas vanuit Pirolli en Card (2005:2) en beskrywings verwys dus na

hulle gebruik van terminologie.

498

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

6 Pirolli en Card (2005:5) verwys na die tendens om meer ruis (minder-relevante inligting) te

verdra ter wille van sagter “seine” (relevante inligting wat andersins gemis kon wees).

7 Sien Van Coller (2004:1–6) vir meer inligting oor kanons en kanonisering.

8 Tot en met einde 2010.

9 Indien elke artikel van hierdie tydskrifte reeds beskikbaar was, sou meer wetenskaplike

gevolgtrekkings bereik kon word. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans is weggelaat omdat

dit nie digitaal beskikbaar nie.

10 Aangesien Voyeur slegs aanlyn beskikbaar is, is hierdie soektog met Adobe Acrobat X Pro

gedoen, maar die resultate behoort identies te wees, aangesien digitaal-gegenereerde PDF

dokumente nie karakterherkenning behoort te beïnvloed nie.

11 My dank aan die Erfenisstigting se Navorsingstrust wat hierdie studie moontlik gemaak

het.

499

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die

ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte

van Martjie Bosman

Opsomming

Susan Smith

Susan Smith: Departement Afrikaans, Universiteit van Ford Hare

Die omskrywing en definiëring van die begrip ekopoësie binne die groter raamwerk van

ekokritiek het nog weinig aandag in die Afrikaanse literatuurteorie ontvang. Ondersoeke na

die aard en omvang van die ekokritiese beweging is, in die woorde van Buell (2005:1), “an

increasingly heterogeneous movement” en loop ’n pad “bestrewn by obstacles both external

and self-imposed”. As kritiese teorie het ekokritiek nog nie dieselfde status as byvoorbeeld

postkolonialisme of postmodernisme bereik nie en die heterogene en interdissiplinêre aard

daarvan maak presiese omskrywing moeilik. Die fokus is op ’n ondersoek na die aard van

ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie en die daarstelling van ’n omvattende

definisie. Vanuit hierdie teoretiese raamwerk word daar in die laaste, kleiner afdeling van die

artikel enkele gedigte uit Martjie Bosman se bundel Toevallige tekens ontleed. As deel van ’n

eerste, ondersoekende artikel word ’n aantal kenmerkende eienskappe gedefinieer en word

daar nagegaan hoe hierdie eienskappe konseptueel en visueel in die geselekteerde gedigte

gemanifesteer word. Die definisie en onderskeidende kenmerke van ekopoësie wat in hierdie

artikel voorgestel word, kan gesien word as deel van ’n uitgebreide stel merkers wat verdere

navorsing noodsaak en as vertrekpunt kan dien vir die daarstelling van ’n ekopoëtiese teorie

in Afrikaans.

Trefwoorde: ekokritiek; ekopoësie; ekologiese samehang; hersiene sublieme; postmoderne

sublieme; nuwe Ander; fraksies; fraktering

Abstract

The nature of ecopoetics against the background of ecocritical theory with reference to

poems by Martjie Bosman

Thus man, this world's vice-emperor, in whom

All faculties, all graces are at home;

And if in other creatures they appear,

They're but man's ministers, and legates there,

To work on their rebellions, and reduce

Them to civility and to man's use. (Donne 1971:275)

500

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

As far back as 1611 the metaphysical poet John Donne described the relationship between

man and nature in his poem “An anatomy of the World”, words that resound in the many

current debates on man’s abuse of the non-human world which surrounds him. Donne claims

that other creatures – a phrase which can be read as referring to the whole non-human world

– are subjected to the mercy and instrumental use of man. Later in the same poem he

describes how the world is broken apart and how connection and interconnectivity are lost – a

thought that is currently resonating in global discussions on ecology.

Lawrence Buell, one of the pioneers of the ecocritical movement, writes in his study The

future of environmental criticism (2005:1–2) that the earliest stories of mankind were those

that dealt with earth and creation and with God and man’s transformative interference with it,

which is an indication of the fact that environmental consciousness and criticism as a

developing discipline has ancient roots.

In this article the focus of investigation includes two areas, presented in two parts. The first

part, which is the main focus of the article, presents a theoretical background to the concepts

of ecocriticism and ecopoetics. It serves in particular as an attempt to establish an

encompassing definition of ecopoetry.

As a critical theory, ecocriticism does not yet have the same status as, for instance,

postcolonialism or postmodernism, but there is an increasing call for the study of place in the

same way as class, race and gender. The interdisciplinary character of ecocriticism makes

precise definition difficult, and, as Cook (1994:2) comments, ecocriticism can be seen as

inclusive rather than exclusive, without the need to draw boundaries.

An ecological perspective would mean that the whole can be perceived in terms of the

connectivity of the parts. Elgin (1983:8) describes it as follows:

It means trying to see a whole which is enormous and complex – and a cosmic view

so threatening of man’s image of himself – that we are tempted to retreat to our

comfortable broom closets of specialized knowledge, to fragments of information reassuring

precisely because they have simplified our world to a point at which we can

understand it.

The diversity of the ecocritical field of investigation includes the following questions, among

others: the meaning of the concept nature; the concept wilderness (as chaos) and how

perceptions of it has changed through time; commentary on land/earth and the way in which

we live on it; criticism on who we are, how we have been living and how a new way of living

can be constructed; personal connection and a sense of responsibility on the topic; a new

awareness of, and interest in, how changing landscapes are being explored and represented by

authors; the difference between landscape and environment; investigations on landscape as

emotional space, as memory, melodrama and sentiment; how the moral geography of space

and place looks; how environmental literature and politics are related; and the way in which

ecopoetry and ecocriticism lead to different strategies of action other than environmental

policy. Ecocriticism also presents a broadening perspective on the way in which nature and

wilderness are being looked at as the new Other.

The exploration of the nature and range of the ecocritical movement is, in the words of Buell

(2005:1), “an increasingly heterogeneous movement” and a road “bestrewn by obstacles both

external and self-imposed”. Thus, one of the exciting developments in the field of

ecologically engaged writing is the investigation of the concept of poetics. Skinner (2001:7),

501

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in his journal ecopoetics, suggests that ecopoetics is a writing practice of making habitable, of

language entrenched in the materiality and relations that subsume our shared environment:

“Eco” here signals – no more, no less – the house we share with several million other

species, our planet Earth. “Poetics” is used as poesis or making, not necessarily to

emphasize the critical over the creative act (nor vice versa). Thus: ecopoetics, a house

making. (Skinner 2001:5)

In his liminal text Ecopoetry: A critical introduction J. Scott Bryson defines ecopoetry as

follows:

Ecopoetry is a subset of nature poetry, that, while adhering to certain conventions of

romanticism, also advances beyond that tradition and takes on distinctly

contemporary problems and issues, thus resulting in a version of nature poetry

generally marked by three primary characteristics. (Bryson 2002:5)

He identifies these three characteristics as (1) the recognition of the interdependent nature of

the world, (2) the humility in the relationship with both the human and non-human world and

(3) an intense scepticism against hyper-reality and excessive technology (2002:5–6).

Bryson’s definition is later expanded to include the terminology poiesis. This word comes

from the Greek word ποιέω, which means “to make”, and forms the root of the modern word

poetry, which initially was used as a verb, an action which transforms and propels the world.

The definition of ecopoetics within the broader framework of ecocriticism has received no

attention in the field of Afrikaans literary theory so far. In the first part of the article questions

about the nature of ecopoetry are asked against the backdrop of ecocritical theory and a

comprehensive definition is formulated. A number of structural and conceptual markers or

attributes are identified which are typical of ecopoetry. The varied creative practices and

ideological threads suggest a multifaceted and hybrid nature, alluding to the creative-critical

boundaries between poetry and ecology and the interdisciplinary nature of ecopoetics. Such

practices and concepts include the following: emplaced writing; whole page-space writing;

the concept of the poem as landscape and landscape as poem; open-form writing; dynamic

spacing; recycling of texts; dynamic partnership writing practices; complex sound patterns

and sound play.

Attention is given to aspects of the sublime and the revised (postcolonial) sublime and how

the fracturing of the poem creates inner tension, disrupts the inner coherence of the poem and

creates new coherence whereby the co-existence of beauty and non-beauty is established. An

ecopoem, according to Arigo (n.d.:3), is a poem under tension: “a tension located at the

intersection of human interference and destruction and the beauty of nature”. Boundaries

between beauty and non-beauty and between nature and culture are revoked.

The encompassing definition which I propose is: Ecopoetry is poetry that does not deal

exclusively with nature and ecological questions, but searches for a way to appreciate,

understand and express through language the co-existence of man and nature. Ecopoetry is

more than poetry. It is movement which springs from the tension at the point where man and

nature intersect and tries to create systematic coherence of the whole, which often happens

through the destabilising and fracturing of the poem and creating a new concept of beauty

and of home and of place, a place that we share with other species on this planet.

502

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In the second, short part of the article, selected poems by Martjie Bosman from the volume

Toevallige tekens (2010) are discussed by asking: What does an ecopoem look like? Common

themes and characteristics present in ecopoetry are identified. Attention is given to four areas

of coherence and interconnectivity, as manifested in ecopoetry: the ecology of the visual,

with special reference to the front page and title; the ecology of beauty; the ecology of place

and the ecology of poem structure and processes.

In conclusion: Morton (2010:11) states that “[a]ll poems are environmental, because they

include the spaces in which they are written and read – blank spaces around and between

words, silence within the sound.” Ecocriticism, and in particular, ecopoetry, allows the reader

a fresh perspective on poetry, challenging the established perceptions of place and

environment and nature. It allows for the interconnectivity and relationship to be studied. It

challenges the space and place of the poem itself, and of what is left as open, white space.

Man becomes the listener, on the edge, to the voice of the natural world:

You own nothing

We never belonged to you.

You never found us.

It was the other way round. (Atwood 1995:109)

Key words: ecocriticism; ecopoetics; ecopoetry; ecological connectivity; revised sublime;

postmodern sublime; new Other; fractions; fracturing

1. Inleiding

Thus man, this world's vice-emperor, in whom

All faculties, all graces are at home;

And if in other creatures they appear,

They're but man's ministers, and legates there,

To work on their rebellions, and reduce

Them to civility and to man's use. (Donne 1971:275)

Reeds in 1611 beskryf die metafisiese digter John Donne die verhouding tussen die mens en

die natuur in sy gedig "An anatomy of the world”, woorde wat weerklank vind in

hedendaagse debatte oor die mens en sy misbruik van die niemenslike wêreld wat hom

omring. Donne voer aan dat ander kreature – ‘n frase waarin ons “die ganse niemenslike

wêreld” kan inlees – aan die genade van die instrumentele gebruik van die mens onderworpe

is. Later in dieselfde gedig beskryf hy hoe die wêreld aan stukke is, hoe alle samehang tot

niet is, ’n gedagte wat tans wyd resoneer in gesprekke rondom die ekologie.

Lawrence Buell, een van die pioniers van die ekokritiese beweging, wys daarop dat die

mense se vroegste verhale dié is oor die aarde se skepping en God en mense se

transformerende ingryping daarop, wat ’n aanduiding is van die feit dat

omgewingsbewustheid en -kritiek as ontluikende dissipline antieke wortels het (Buell 2005:1-

2).

503

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die term ekologie kan teruggevoer word na die Duitse dierkundige Ernst Haeckel, wat die

woord Ökologie vir die eerste keer in 1873, ongeveer ’n eeu voor die geboorte van die nuwe

dissipline, ekokritiek, gebruik het (Arigo s.j., Voorwoord). Die oorsprong van die woord kan

teruggevoer word na die Griekse woord oikos, wat na “huis” of “blyplek”verwys, terwyl die

tweede deel van die woord kom van logos, wat “woord” beteken. Ekologie beteken dus

letterlik woorde oor tuistes, maar ook woordtuiste, soos deur Meintjes (1995:78) uitgewys.

Die sistemiese aard van taal en van letterkunde sluit aan by die beginsels van ekologie: die

samehang van dinge, vanaf die nietigste onderdeeltjie of mikro-organisme tot by die grootste

sisteem en die samehang en verhouding tussen die dele. Meintjes (1995:78) skryf:

Soos die omgewing is die literêre teks ook ’n sisteem waarvan die onderdele ’n

organiese geheel vorm en waarvan die totaliteit meer as die blote somtotaal van die

onderdele is. […] ’n Logiese verdere toepassing van hierdie model sou wees om ’n

oeuvre, ’n genre en selfs ’n hele literatuur as ’n groter ekologiese sisteem te sien.

In aansluiting hierby verwys Fanie Olivier met betrekking tot die ekologie van die gedig

daarop dat die “siening van die eenheid van die totaliteit, die samehang van die afsonderlike

binne die geheel” ’n “voorveronderstelling binne die poësie” is. Hy voer verder aan: “Vir die

ernstige versleser is die klank-eenheid byvoorbeeld ’n mikro-organisme, die gedig ’n

ekosisteem en die bundel of die oeuvre dan die biosfeer” (Olivier 1995:134).

’n Ekologiese perspektief sou beteken om die geheel te kan waarneem in terme van die

samehang van die dele. Elgin (1983:8) verwoord dit soos volg:

It means trying to see a whole which is enormous and complex – and a cosmic view

so threatening of man’s image of himself – that we are tempted to retreat to our

comfortable broom closets of specialized knowledge, to fragments of information reassuring

precisely because they have simplified our world to a point at which we can

understand it.

Dit is interessant dat dit Jacques Derrida (wat die teks gedestabiliseer het) was wat die

belangrikheid van Charles Darwin raaksien – die verskuiwing of destabilisering van die mens

vanuit die ontologiese sentrum en die samehang van alle dinge, soos Morton (2010:3) daarop

wys.

Die ekokritiese terrein van ondersoek is uiteenlopend en sluit onder andere die volgende

vraagstukke in: die betekenis van die begrip natuur;die wyse waarop plek op dieselfde wyse

as klas, geslag en ras bestudeer behoort te word; die begrip wildernis (as chaos) en hoe

persepsies daarvan met verloop van tyd verander het; kommentaar op die grond/aarde waarop

ons leef en die wyse waarop ons daarop leef; kritiek op hoe en wie ons is, hoe ons geleef het

en hoe ons ’n nuwe wyse van leef kan konstrueer; persoonlike konneksie en die sin van

verantwoordelikheid teenoor die onderwerp; ’n belangstelling in hoe en in watter mate

veranderde landskappe verken en gerepresenteer word deur skrywers; die onderskeid tussen

landskap en omgewing; ondersoeke na landskap as emosionele ruimte, as geheue, melodrama

en sentiment; hoe die morele geografie van ruimte daar uitsien; hoe omgewingsliteratuur en

504

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

politiek aan mekaar verwant is; en die wyse waarop ekopoësie en ekokritiek ander strategieë

van aksie uitlok as waartoe omgewingsbeleid in staat is. Voorts bied ekokritiek ook

verruimende perspektief op die wyse waarop daar na natuur en wildernis gekyk word as die

nuwe Ander.

In hierdie artikel fokus die ondersoek op twee gebiede en daarom word dit in twee dele

aangebied. Die eerste deel, die hooffokus van die artikel, bied ’n teoretiese agtergrond van

die terme ekokritiek en ekopoësie en dien veral as ’n poging om ’n omvattende definisie van

ekopoësie daar te stel.

In die tweede deel word daar kortliks na enkele gedigte van Martjie Bosman, uit haar bundel

Toevallige tekens (2010), gekyk. Daar word gepoog om die vraag te beantwoord: Hoe lyk ’n

ekogedig? Dit word gedoen aan die hand van ’n aantal gemeenskaplike temas wat in

ekopoësie voorkom en deur te wys hoe hierdie temas of kenmerke konseptueel en visueel

binne ’n gedig manifesteer. Die gedigte waarna verwys sal word, is “Op die spoor”,

“Mosambiekse vlugteling I”, “Mosambiekse vlugteling II, “Mutilados”, “Eendagskoon”,

“Die Skreeu”, “Huis”, “Handsak” en “Venster”.

Bosman se poësie vorm deel van ’n steeds groeiende korpus stemme in die Afrikaanse poësie

wat hulle bemoei met die mens se verhouding tot die natuur en die omgewing. Cochrane

(2011:11) skryf byvoorbeeld in ’n resensie in Die Burger die volgende oor die bundel:

“Toevallige tekens sluit met sy sterk fokus op die natuur as ’n estetiese gegewe aan by die

ouer Afrikaanse poësietradisie en die groenpoësie van onder andere Johann Lodewyk

Marais.” Hoewel vroeëre “groen” skrywers en digters tot so ver terug as Eugène N. Marais,

C.J. Langenhoven en Boerneef verdien om ekokrities herlees te word, is dit die nuwe stemme

in die poësie wat tans aandag trek. Bosman bevind haar in die geselskap van onder andere

George Weideman, Wilma Stockenström, Johann Lodewyk Marais, T.T. Cloete, Ina

Rousseau en, meer onlangs, Carina Stander in haar poëtiese betrokkenheid by die omgewing.

Reeds met haar debuutbundel, Landelik, waarvoor sy met die Ingrid Jonker-prys bekroon is,

het Bosman temas rondom die verhouding tot en misbruik van die natuurlike omgewing

aangespreek. Olivier (2003:166) wys daarop dat die temas van reis en landskap en die

onvermoë om die aarde vas te vat, sentraal in die bundel Landelik staan. Ook Hambidge

(2003:16) sê in dié verband: “Die digter kyk na die ekologie en die mens se verbintenis met

die heelal”, terwyl Odendaal (2003:6) skryf dat Martjie se “ekologiese sensitiwiteit” alreeds

uit hierdie eerste bundel spreek. John (2003:13) wys op die “konsekwente vooropstelling van

die natuurlike” en die verhouding tussen mens/gemeenskap en natuur. Dit is hierdie

natuurtemas waarop daar in Toevallige tekens voortgebou word, waarop die soeklig val.

2. Ekokritiek

In 2005 skryf Lawrence Buell oor sy eie boek:

505

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Until the end of the twentieth century, such a book as this could not have been

written. The environmental turn in literary and cultural studies emerged as a selfconscious

movement little more than a dozen years ago. Since then it has burgeoned.

(Buell 2005:1)

En met betrekking tot die plek wat ekokritiek inneem, sê hy:

Ecocriticism, the commonest omnibus term for an increasingly heterogeneous

movement, has not yet achieved the standing accorded (say) to gender or postcolonial

or critical race studies. Eventually I believe it will; but it is still finding its path, a path

bestrewn by obstacles both external and self-imposed. (Buell 2005:1)

Ekokritiek sluit ’n verskeidenheid teorieë en uitgangspunte in. Soos wat Cook (1994:2)

opmerk, wil die term ekokritiek eerder inklusief as eksklusief wees sonder die nodigheid om

grense te trek. Die interdissiplinêre aard van ekokritiek word ten sterkste deur deelnemers aan

hierdie kritiese beweging benadruk.

Ekokritiek kan breedweg gesien word as die studie van kultuurprodukte soos kunswerke,

skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding met die

natuurlike wêreld. Cheryll Glotfelty en Harold Fromm, pioniers van die ekokritiese

literatuurteorie, definieer ekokritiek in die seminale publikasie The ecocriticism reader

(1996:xviii) as “the study of the relationship between literature and the physical

environment”, terwyl die term in The Routledge dictionary of literary terms (Childs en Roger

2009:65) weergegee word as “[t]he study of literary texts with reference to the interaction

between human activity and the vast range of ‘natural’ or non-human phenomena which

bears upon human experience – encompassing (amongst many things) issues concerning

fauna, flora, landscape, environment and weather”. Nog ’n baanbreker op die gebied is Buell

met sy tekste The environmental imagination (1995) en The future of environmental criticism

(2005). Die term ekokritiek is egter alreeds so vroeg as 1978 deur William Rueckert in sy

artikel “Literature and ecology: An experiment in ecocriticism” (1978:71) gebruik, waarin hy

ondersoek instel na die toepassing van ekologiese konsepte op die studie van literatuur.

As wêreldwye reaksie op die toenemende vernietiging van die verhouding tussen die mens en

die natuur bied ekokritiek ’n interdissiplinêre kyk op die wyse waarop kultuurprodukte soos

poësie hierdie verhouding ontgin en verwoord en dien dit as ’n reaksie op die behoeftes,

probleme en krisisse wat die mensdom in die gesig staar. Cook (1994:1) stel dit só: “I am

interested in place, how we place ourselves in the world and the biological, social, and

political ways in which we define where we are.”

In haar artikel “What is ecocriticism?” beskryf Glotfelty (1994, par. 4) die verskil tussen

ekokritiek en ander vorme van literêre kritiek soos volg:

Literary theory, in general, examines the relations between writers, texts, and the

world. In most literary theory ”the world” is synonymous with society – the social

sphere. Ecocriticism expands the notion of ”the world” to include the entire

ecosphere.

506

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Meintjes (1995:79–80) tref in sy artikel “Die ekologie as (vernuwende) leesstrategie” ’n

onderskeid tussen drie hoofstrome binne die ekologie as literatuurteorie: eerstens diep

ekologie (wat die antroposentriese wêreldbeskouing ondermyn en dit in wese teen

oorheersing het), tweedens ekofeminisme (wat die patriargale verhouding van die mens met

die natuur kritiseer), en derdens sosiale ekologie (wat dominansie van die natuur as direkte

gevolg van die oorheersing van die mens sien). Daar word ook gewys op die ooreenkomste

tussen diep ekologie en die poststrukturalisme.

Ekokritiek is natuurlik inherent polities van aard. Scheese (1994:1) pas die uitspraak van

Fetterley (1978:viii) oor feminisme in The resisting reader op ekokritiek toe: “At its best,

feminism is a political act whose aim is not simply to interpret the world but to change it by

changing the consciousness of those who read and their relation to what they read.” Dit gaan

uiteindelik oor die sensitisering van, en kennisoordrag aan, die lesende mens oor die plekke

waarin hy leef en sy verhouding met daardie plekke. Ten grondslag van die politiese aard van

literatuur staan die beginsel van mag (Fetterley 1978:xiii). Savory (2011:80) sluit hierby aan

deur te sê: “Ecocriticism reads texts through a politically engaged lens for their representation

of ecology, past, present and looking forward to the future.” Ook Bert Olivier wys daarop dat

ekokritiek ’n politiese boodskap kommunikeer wat daarop gemik is om handelinge aan te

spoor wat die uitbuiting en agteruitgang as gevolg van ’n ekonomiese en politieke sisteem

van mag teenstaan (Olivier 2010:1). Veranderding in handelinge spruit voort uit ’n

veranderde sosiale gewete en bewussyn, wat op hul beurt weer deur veranderde ideologieë

geaktiveer word.

Easthope maak in 1983 in Poetry as discourse melding van die wyse waarop die ideologiese

persepsies van ’n sosiale gewete of bewussyn in die literatuur aangebied word: “Linguistic

determination simultaneously involves ideological determination” (1983:19). ’n Bepaalde

ideologie is op ’n gegewe tydstip in die geskiedenis aktief en dominant as gevolg van die

sosiale ordeninge, historiese perspektiewe en magstrukture van daardie tyd. Elke heersende

ideologie bepaal sy eie stel waardes wat mettertyd gevestig raak. ’n Ideologie bevestig die

mens in ’n bepaalde rol wat weerspieël word in die verhouding tussen die mens en sy

omgewing (Smith 1993:93–4). Meer as een ideologie kan werksaam wees op ’n gegewe tyd

en ideologieë kan die volgende insluit: die politieke en burgerlike ideologie, die morele

ideologie, die manlike ideologie, die vroulike ideologie, die materialistiese en

verbruikersgerigte ideologie en ideologieë van mag en oorheersing. Die geskiedenis is egter

nie altyd so eenvoudig, onveranderbaar en eenstemmig as wat ons algemeen aanvaar nie;

grense vervaag, word bevraagteken en opgehef; en hierdie veranderlike en interafhanklike

aard beïnvloed ideologiese verskuiwinge en posisionering, ook dan ten opsigte van die

perspektief op en verhouding tot die natuur en die niemenslike omgewing.

’n Interessante aspek van ekokritiek wat deur Timothy Morton ondersoek word, is die

verwantskap tussen ekologie en dekonstruksie en die bydraes wat Jacques Derrida, Julia

Kristeva en selfs Ferdinand de Saussure se beskouings oor teks en konteks maak tot die

interpretasie van ekologie. Morton (2010:2) beskryf De Saussure (1965:35) se uitspraak oor

die linguistiese teken – “[t]he value of just any term is accordingly determined by its

507

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

environment” – as ’n omgewingsdefinisie en wys hoe die teks die onderskeidings en grense

tussen ’n binne en ’n buite ophef, dieselfde wyse as waarop ekologie dit ophef. ’n Mens dink

onmiddellik aan Derrida (1997:158) se bekende “there is no outside-text”, waardeur die

gesprek rondom deurbreking, oorskryding en opskorting van grense voortgesit word. “Signs

are interdependent,” sê Morton (2010:2) en “[t]he existence of a sign implies coexistence

with other signs” waardeur semiotiese interafhanklikheid, soos ekologiese interafhanklikheid,

bevestig word. Teks en omgewing sluit alle verskynsels en hul onderskeie velde en

tussenvelde in. “Looking at life forms is never looking at the here and now, and never

looking in one place; they are palimpsests of displacements and rewritings and iterations”

(Morton 2010:5). En verder: as ons na lewensvorme kyk, ontdek ons tekstualiteit en

verhoudings.

Morton (2010:4) voer sy argument verder deur aan te voer: “For truly empiricism is the study

of relationships between things, and of things as sets of relationships, rather than solid

seeming objects separated by empty seeming space.” Fraksies bied dan, volgens hom, ’n

ander manier om oor materie te dink: “Material organization turns out to be sets of formal

relationships, not palpable stuff” (Morton 2010:5).

Die oorspronklike fraksie, die Cantor-fraksie, word teweeggebring deur die aanhoudende

verwydering van die middelste derde van ’n lyn, tot in die oneindigheid, en uitgedruk as ’n

algoritme. “What remains is Cantor dust, a set of infinity points and infinity no-points – two

infinities” (Morton 2010:4). En fraksies produseer struktuur. Die verband hiervan met die

ekologie word só deur Morton (2010:4) uitgedruk:

Kristeva, a mathematician, should be interested in how forms we used to see as

“natural”, inhabiting a realm “outside” culture, a realm that is chaotic or unstructured,

are in fact highly ordered when considered as iterations of fractal algorithms. […]

Thus blood vessels, leaves, branches, forests and cancer cells have a fractal

dimensionality.

’n Algoritme is dus niks anders nie as ’n “teks” waarin die funksies van materie en van

lewensvorme ingebed is. Vandaar Morton se konsep van ekologie as teks en teks as ekologie.

Uit die voorgaande is dit veral duidelik watter belangrike rol samehang en verhoudings binne

die ekokritiek speel.

3. Ekopoësie

As uitvloeisel van ekokritiek ontstaan die terrein wat as ekopoësie bekendstaan. Die terme

ecopoetry en ecopoetics word oorspronklik in ’n aantal kritiese tekste voorgestel, waaronder

Ecopoetry: A critical introduction deur J. Scott Bryson. Hy definieer ekopoësie só:

Ecopoetry is a subset of nature poetry, that, while adhering to certain conventions of

romanticism, also advances beyond that tradition and takes on distinctly

508

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

contemporary problems and issues, thus resulting in a version of nature poetry

generally marked by three primary characteristics. (Bryson 2002:5)

Bryson (2002:5–6) identifiseer dan die drie kenmerke as (1) die erkenning van die

interafhanklike aard van die wêreld, (2) die nederigheid in die verhouding met beide die

menslike en die niemenslike wêreld en (3) ’n intense skeptisisme met betrekking tot

hiperwerklikheid en oordrewe tegnologie.

Bryson se definisie word later uitgebrei om die term poiesis in te sluit. Laasgenoemde term,

afkomstig van die Griekse woord ποιέω, wat beteken “om te maak”, vorm die wortel van die

moderne woord poësie, wat aanvanklik ’n werkwoord was, ’n aksie wat die wêreld

transformeer en laat voortgaan.

Ekopoësie word soos volg deur Jonathan Skinner, stigter van die tydskrif ecopoetics,

gedefinieer:

“Eco” here signals – no more, no less – the house we share with several million other

species, our planet Earth. “Poetics” is used as poesis or making, not necessarily to

emphasize the critical over the creative act (nor vice versa). Thus: ecopoetics, a house

making. (Skinner 2001:5)

In sy artikel “The language habitat: An ecopoetry manifesto” beskryf Engelhardt (s.j., par. 2)

dit só: “Ecopoetry is connection. It’s a way to engage the world by and through language.”

Skinner se tydskrif, ecopoetics, wat sy ontstaan in 2001 gehad het, baan die weg vir

eksperimentele poësie, maar dit is veral Christopher Arigo wat Skinner se interpretasie van

ekopoësie verder ontwikkel. Arigo (s.j.:1) wys daarop dat Skinner in die voorwoord tot elke

uitgawe van ecopoetics aandui dat die tydskrif gewy word aan “exploring creative-critical

edges between writing (with an emphasis on poetry) and ecology (the theory and praxis of

deliberate earthlings)”. Met hierdie stelling as vertrekpunt pas Arigo (s.j.:2) die term ekotoon

(ecotone) op die letterkunde toe deurdat hy sê dat ekopoësie ’n ekotoon tussen dissiplines is –

tussen ekologie, poësie en etnopoëtika.

Ekotoon is ’n biologiese term wat gebruik word om die area tussen twee aangrensende

ekosisteme/biome te beskryf, ’n area wat dikwels ’n grenseffek (“edge effect”) tot gevolg het,

wat die werklike grens tussen twee habitats aandui. Die tweede deel van die woord is afgelei

van die Griekse woord tonos, wat “spanning” beteken en wil ’n aanduiding wees van die

spanning tussen twee ekologiese sisteme. Daar word dus van die veronderstelling uitgegaan

dat ekopoësie dikwels interdissiplinêr en op die grens van talle dissiplines optree en in

spanning is met die talle dissiplines wat dit omring. Arigo (s.j.:2) sluit sy betoog vir die

terminologie af deur te sê: “A good ecopoem then is a house made founded on the tension

between the cutting edge of innovation and ecological thinking.”

Volgens Harriet Tarlo is Arigo se bondige verwysing na etnopoëtika belangrik vir ekopoësie

in die sin dat dit die aandag vestig op vierdewêreld-gebiede en gebiede wat ekologies en

andersins bedreig word deurdat die leser blootgestel word aan ’n wyer kulturele spektrum van

poësie vanuit hierdie gebiede (Tarlo s.j.:9). Etnopoëtika is ’n term wat sowat 50 jaar gelede

509

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

deur Jerome Rothenberg geskep is en die aandag op die belangrikheid daarvan vestig om dié

kulture en letterkundes wat deur massa-uitwissing bedreig word, te beskerm (Rothenberg

1994).

Een van die belangrikste terreinafbakenings vir die ekopoësie is die stelling van Arigo (s.j.:2),

wat onomwonde verklaar dat “ekopoësie” nie noodwendig “natuurpoësie” beteken nie. Hy sê

dat tradisionele natuurpoësie, waarin die mens-onderwerp mediteer oor die landskap/diervoorwerp

as toegang tot dieper betekenis in die mens-onderwerp se lewe, problematies en

simplisties is, veral gesien in die lig van die postmoderne wêreld waarin ons leef. Hy voer

aan: “[M]uch of the ecopoetry being written seems to take place more in the realm of the

innovative, as opposed to more mainstream poetries. Perhaps this is because innovative

poetries are loci of resistance to mainstream poetic practices (and values) which presumably

reflect larger social paradigms” (Arigo s.j.:2).

Die volgende vraag ontstaan dan: As ekopoësie nie natuurpoësie is nie, wat is dit dan?

Arigo (s.j.:2) voer aan dat ekopoësie nie gesien moet word as ’n terugkeer na die natuur nie,

maar eerder as “a reminder that we never left, that the bulldozers and the birds are part of the

ecology”. ’n Simplistiese reduksie tot slegs die natuurgegewe ontken die komplekse aard van

die wêreld waarin ons leef. Die oënskynlike digotomie van natuurlik/natuur teenoor

tegnologies/stad wat veronderstel dat die twee nie verwant is nie, dat die een nie rekening hou

met die impak van die ander nie, en dat elk onafhanklik funksioneer, is in wese foutief en

word as sodanig uitgewys. Só ’n veronderstelling sou impliseer dat die ekopoësie hom besig

hou met ’n nostalgiese en idealistiese verhouding met die wêreld waarin die stad, tegnologie

en kultuur duidelik die teenpool is. Ook Tarlo (s.j.:8, 9) wys op wat sy noem “the artificial

construction of the rural/urban divide”. En verder: “This is not a poetry which attempts to

separate rural and urban, poetical and political.”

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik waarom terme soos pastorale poësie en landskap- of

natuurpoësie nie ’n geskikte benoeming of definisie sou bied nie: dit is omdat dit die

verdeling stedelik teenoor platteland, gekultiveerd teenoor wild en ongerep, en tegnologies

teenoor natuurlik bestendig.

Die ekogedig is self-bewus van die feit dat die gedig ’n konstruksie is en van die rol wat dit

binne die konteks van die groter ekosisteem van die literatuur speel. Globale kwessies sluit

sosiopolitieke kwessies in en Arigo dring byvoorbeeld daarop aan dat die sosiopolitieke

element deel vorm van sy begrip van ekopoësie en van wat hy noem die “revised sublime” of

die “revised postmodern sublime”. Hy definieer die hersiene (postmoderne) sublieme soos

volg:

Thus, the sublime as it can now be experienced is often an awesome spectacle, not of

the tranquility and overwhelming beauty of a natural scene solely, but the tension

between the tranquility and beauty as juxtaposed with human intervention in the

landscape, often in its most destructive forms – and there is a correlation: the more

devastating the destruction and the more beautiful a landscape is, the deeper the

feeling of the Revised Sublime. (Arigo s.j.:2, 3)

510

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die postmoderne (hersiene) sublieme kan gesien word teen die agtergrond van die romantiese

sublieme (Arigo s.j.:2; Redfield 1996:852), ’n estetiese kategorie wat binne die 18de-eeuse

literatuur gefunksioneer het waardeur die paradoksale ervarings van pyn wat met genot

gepaard gaan, beskryf is. Ná die Tweede Wêreldoorlog vind grootskaalse verandering plaas

en estetiese genot word verkry deur die oorweldigende aanbod van tegnologie- en

kommunikasienetwerke. Die klemverskuiwing na die postmoderne sublieme lui ’n nuwe era

in en laat die ekodigter met die digotomie van stad/tegnologies teenoor natuur/natuurlik. Die

sublieme word herposisioneer binne ’n konteks van interafhanklike ekologiese denke en die

aktivis Rebecca Solnit (1994) stel ’n interpretasie van die postmoderne sublieme voor waarin

sy aandui dat die landskap nou die slagoffer van geskiedenis geword het. Sy stel voor dat

geskiedenis nie net gesien moet word as menslike aksies en gevolge nie, maar dat dit

ekologiese skade moet insluit. Solnit (1994:47) sê: “Our morality is complicated by the fact

that the sky above even the most demonic folly is often exquisitely colored, and its clouds as

breathtakingly pure.”

Met die tot stand bring van die postmoderne sublieme as integrale deel van die wese van

ekopoësie plaas Arigo homself op die voorpunt van die ekopoëtiese beweging en maak hy ’n

noemenswaardige bydrae tot die kritiek. ’n Ekogedig is dus, volgens Arigo (s.j.:3), ’n gedig

wat onder spanning is: “a tension located at the intersection of human interference and

destruction and the beauty of nature”. Menslike ingryping kan velerlei vorme aanneem: dit

kan uiting vind in politieke, sosiale en humanitêre vergrype, magsmisbruik en wanbestuur,

vergrype van kolonialisme en rassisme, klas- en rasgedrewe dominansie, die misbruik van

hulpbronne, armoede en verval as produkte van menslike ingryping en kommersiële

gedrewenheid – breedweg gesien, die oorheersing van een sisteem oor ’n ander. Spanning

ontstaan waar twee of meer sisteme in botsing met mekaar kom en die natuurlike sisteem

onder druk geplaas word – en hierdie spanning in spesifiek die digkuns verwoord word. Die

innerlike spanning waaraan die gedig onderworpe is, is een van die sentrale kenmerke van

ekopoësie. Die inherente spanning bring destabilisering en fraktering (kyk my bespreking van

dié term in die volgende paragraaf) van die gedig mee waardeur die samehang onder druk

geplaas word en ’n nuwe samehang tot stand kom. Die nuwe samehang wys op die

saambestaan van skoonheid en nieskoonheid en dus van ’n hersiene sublieme. Dit wys

uiteindelik daarop hoe grense tussen skoonheid en nieskoonheid, tussen die tradisionele

natuur en kultuur, gefrakteer en opgehef word.

Ek stel die term fraktering in hierdie artikel voor as uitbreiding op en ontwikkeling van die

begrip destabilisering en hierdie term is gekies omdat dit eerstens dui op die breuk wat in die

geheel voorkom, die versplintering en verbrokkeling van samehang. Dit dui ook op ’n proses

van oopkraak en versteuring van die kalm oppervlak. Die HAT (Odendal en Gouws

2005:246) omskryf fraksie as “deel van ’n geheel; breuk, klein gedeelte”. Die term word ook

gebruik in aansluiting by die studie van die verhouding tussen voorwerpe/elemente en die

elemente as sisteme van verhoudings, eerder as voorwerpe wat deur grense beperk word, soos

reeds hier bo beskryf en veral deur Morton ondersoek is. Destabilisering word (na aanleiding

van Oxford Advanced Learner’s Dictionary, bl. 397) gesien as: 1) om die gladde verloop van

511

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sake te ontwrig en 2) om die mag te ondermyn, deur praktyke wat toegepas word wanneer die

inherente spanninge in die teks blootgelê word.

Teen die agtergrond van voorgaande formuleer ek ’n omvattende definisie van ekopoësie

soos volg: Ekopoësie is poësie wat nie uitsluitlik oor die natuur en ekologiese vraagstukke

handel nie, maar op soek is na ’n wyse om deur middel van taal die samehang van die

mensdom en die natuur te waardeer en te verstaan en as aksie uit te druk. Ekopoësie is meer

as poësie: dit is beweging wat spruit uit die spanning waar die verhouding tussen mens en

natuur ’n kruispunt bereik en poog om die sistematiese samehang en ordening van die geheel

uit te druk, dikwels juis deur die destabilisering van die gedig. Destabilisering het tot gevolg

dat die leser bewus gemaak word van die inherente spanning in die teks en krities na die

mens-natuur-verhouding kyk en tot aksie oorgehaal word, wat veranderde sosiale gewete en

bewussyn en uiteindelik ideologieë tot gevolg het – vandaar die politiese aard van ekopoësie.

Deur die daarstelling van ’n nuwe geheel of ’n nuwe konsep van skoonheid word ’n nuwe

“huis” of “plek” verwoord en tot stand gebring, ’n plek wat ons met al die ander spesies op

hierdie planeet deel.

4. ’n Verkenning van ekologiese samehang in enkele gedigte van Martjie Bosman

Daar word vervolgens aandag geskenk aan vier areas van samehang of ekologie in gedigte en

die wyse waarop hierdie samehang in die ekogedig gedestabiliseer of gefrakteer word. Met

die keuse van die vier areas word daar nie bedoel dat dit die enigste vier is nie, maar wel dat

hierdie vier vir die doel van hierdie bespreking ondersoek word.

Om hierdie eienskappe te toets aan die hand van die geselekteerde tekste is dit nodig om by

die titel en buiteblad van die bundel te begin.

4.1 Die ekologie van die visuele: buiteblad en titel

Die ekologie van die visuele – die visuele eenheid en samehang van die buiteblad en titel en

die inherente sistemiese aard van hierdie samehang – word omvergewerp wanneer Bosman

die leser op die buiteplat konfronteer met ’n gefrakteerde fotobeeld van ’n eendagskoon boop

vergeelde bladmusiek. Die dowwe bladmusiek skep die indruk van verwering en

veroudering en is ’n verwysing na kulturele en menslike ontwikkeling, intellek en die

nienatuurlike wêreld. Die blom en die bladmusiek kan deur hierdie siening gekonsentreer

word tot die simboliese natuur-kultuur-teenstelling. Die aanvanklike digotomie wat tot stand

gebring word, is:

bladmusiek teenoor blom

kultuur teenoor natuur

mens teenoor natuur.

512

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die verweefdheid van natuur met die skoonheidsteorie bring egter ’n verdere inherente

spanning te weeg wanneer musiek insgelyks as simbool van die klassieke skoonheidsteorie na

vore tree.

In die klassieke estetika is die sublieme (afgelei van die Latynse woord sublīmis) ’n

aanduiding van kwaliteite van grootsheid, hetsy fisies, moreel, intellektueel, metafisies,

esteties, spiritueel of artistiek. Hierdie grootsheid verwys dikwels na die natuur en die

onmeetlikheid daarvan. Immanuel Kant wys alreeds in 1764 in sy Observations on the feeling

of the beautiful and sublime op die onderskeid tussen skoonheid en die sublieme en merk op

dat die sublieme meer as een vorm kan aanneem, waaronder ook die angswekkende sublieme

wat met afgryse en melankolie gepaard gaan (Kant 1960:46). Hiermee word die eerste

aanduiding van die inherent teenstellende aard van die sublieme reeds gevestig.

Die gefrakteerde blom dien as ’n voorlopige teken van skoonheid en die groot

skoonheidsbegrip en staan in vir al die variante van die blom wat aangetref word, soos

“eendagskoon” (27) en “dagbreekroos” (48), maar ook van ander blomme, voëls en

natuurgegewens in die bundel. Die blom wat uitmekaar gehaal/geskeur is, is ’n sterk

aanduiding van die verganklike en vervlietende aard van die natuur en van skoonheid, terwyl

die blomnaam, eendagskoon, die verdere konnotasie ontsluit van skoonheid wat slegs vir ’n

baie kort tydjie – een dag lank – bestaan en dan tot niet gaan.

Die palimpsestiese indruk wat deur die buiteblad gemaak word, sluit aan by die idee van ’n

herskrywing van die skoonheidsbegrip – ’n herskrywing wat nie uitwissing en vervanging

meebring nie, maar die saambestaan van natuur en kultuur – die opheffing van grense tussen

buite en binne natuur en kultuur wees en die opheffing van grense tussen buite en binne die

teks wees, in die Derrida-tradisie. Deur die fraktering van die blom alreeds op die buiteblad

aan te bied, skep die digter spanning tussen die romantiese persepsie van skoonheid as

samehangend en geïntegreerd en word die leser uitgedaag om sy eie persepsies van

skoonheid te heroorweeg. Die bladmusiek verteenwoordig die sublieme, klassieke

skoonheidsbegrip, maar deurdat dit vergeel en plek-plek onleesbaar is, word die vervlietende

en verganklike aard daarvan geprojekteer.

Die titel van die bundel verwys na die musiekterminologie van toevallige tekens, soos

mineur- en majeurtekens, molle en kruise wat ’n verandering in die dominante toonsoort van

’n musiekstuk aandui. Dit word direk voor ’n noot of note geskryf en verander dan net

daardie spesifieke noot of note se toonaard. Die implikasie is dat die toevallige, vervlietende

tekens wat na skoonheid verwys, die toonaard van die belewing kan verander en die

neerdrukkende ligter kan maak (Smith 2011, par. 2). Die “tekens” waarna in die titel verwys

word, sluit in beide tekens van die natuur (die blom) en tekens van kultuur (die bladmusiek) –

albei tekens van skoonheid. In laasgenoemde geval is dit nie net die visuele veroudering van

die bladmusiek wat ter sprake is nie, maar ook die vlugtige aard van musiek self: dit word vir

’n oomblik gehoor en dan is dit verby. “Tekens” dui verder ook op tekens van verval, ellende,

politieke onvermoë en die gevolge van menslike ingryping.

513

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

“Toeval” word in verband gebring met vervlietendheid, maar ook met die onvoorspelbare

aard van die natuur en van skoonheid. Hierteenoor is menslike ingryping nie toevallig nie,

maar voorbedag.

4.2 Die ekologie van skoonheid

Die skoonheidsbegrip wat in die bundel aangebied word, is dié van ’n aangetaste skoonheid,

’n skoonheid wat aan die hand van menslike ingryping en met verloop van tyd verandering

ondergaan. Die fraktering van blom en dus van skoonheid hou verband met fraktering van die

geheel, van die bestaande sisteem. Dit dien ook as simbool van die verbrokkeling van die

sisteem van ekologie en die vernietiging van patrone. Die digter sluit in die openingsgedig

hierby aan wanneer sy op soek is na “’n patroon om af te lei” (11), ’n wyse van representasie.

Uit die fraktering en dekonstruksie van die geheel kom nuwe patrone en nuwe verhoudings

tot stand en daarmee saam nuwe verhoudings van skoonheid. In die gedig “Eendagskoon”

(27) word die leser bewus gemaak van die “verval”, die “bourommel”, die “onvoltooide

huise”, “motorwrakke”en “sinkplate/ aan ‘t roes teen slap heiningdrade” – alles tekens van

vernietiging, verval en menslike ingryping wat die natuurlike wêreld binnedring. Al hierdie

tekens van nieskoonheid en die ontluistering van die natuurlike omgewing staan en bestaan in

verhouding tot die “glorieryke blou” van die eendagskoon. Die verval is voorspelbaar, terwyl

die skoonheid verras, en uiteindelik is dit die skoonheid wat koninklik seëvier.

’n Inherente spanning word teweeggebring: sonder die een is die ander minder treffend,

minder aanskoulik of minder ontstellend. Dit is juis deur die nuut-geskepte samehang dat ’n

nuwe eenheid bewerkstellig word, oftewel ’n hersiene skoonheid. Die eendagskoon rank deur

die rommel en ’n nuwe sin vir samehang kom tot stand. Die saambestaan van die bourommel,

die motorwrakke en die skoonheid van die blom is ’n voorbeeld van die postmoderne

sublieme waarvan Arigo praat, waarin ’n nuwe skoonheidskonstruksie tot stand gebring

word.

4.3 Die ekologie van plek: die verhouding van die digter met landskap en plek

Die verhouding tussen die spreker-digter en die landskap staan sentraal in die ekogedig en is

seker een van die belangrikste kenmerke van ekopoësie. Wanneer die landskap verandering

ondergaan, hetsy fisies, polities of ekonomies, het dit ’n effek op die spreker-digter. Dit is vir

haar onmoontlik om haarself van die landskap óf die sosiopolitieke en ekonomiese konteks

los te skeur. Die spreker-digter se sin vir samehang hou verband met haar sin vir plek. Arigo

(s.j.:6) stel dit só: “The speaker is unable to extricate the landscape and/or herself from the

socio-political/ecological context in which they are found – the landscape has been invaded

mercilessly, just as the speaker’s psyche has, just as the ecology of the poem has been

disrupted.” Die spreker-digter se sin vir samehang hou verband met haar sin vir plek, en

wanneer die grense van haar plek in die landskap geskend word, word haar psige ontwrig.

Verder sê Arigo (s.j.:6): “Politics has invaded the landscape.” Wat in die aanvangsgedig, “Op

die spoor” (11), en die eerste gedig van afdeling 1, “Meent” (15), begin as natuurbeskrywing,

514

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word algaande ’n beriggewing van die politieke onstabiliteit, armoede, die ellende van

politieke vlugtelingskap, dood en geweld. Inderdaad begin die aanvangsgedig met die

volgende woorde:

Wildernis is nie eenvoudig nie.

Sou dit maar iets aan ons wou wys,

iets wat soos ’n helder fluit styg

uit swamme op ’n verrotte stomp.

Sou ons ’n duidelike woord kon vind

vir die kort lewe van termiete

en ’n bruin arend behoedsaam op ’n tak. (11)

Die “wildernis”, simbool vir die natuurlike omgewing, is ongerep en oorspronklik. Die

“swamme”, “termiete” en “bruin arend” is sistematies en ekologies deel van die geheel,

onderworpe aan die wette en siklusse van lewe en groei en uiteindelike dood. Cook (1994,

par. 3) vra: “What is wilderness to us?”; “What do we mean by ‘nature’?”; en “How do we

represent where we are?” Tradisioneel is wildernis ook gesien as sinoniem met chaos, ’n plek

sonder sisteem en samehang.

Die representasie van landskap en plek is, in die woorde van die digter, “nie eenvoudig nie”.

Simmons (1998:114) wys daarop dat die niemenslike alreeds vir meer as tien duisend jaar op

wyd uiteenlopende wyses deur die mens uitgebeeld word. Paleolitiese grotkuns, uitgekerfde

beelde en artistieke voorstellings vorm deel van ’n geskiedenis van representasie waarbinne

die krag van metafoor en beeld ontgin en voortdurend hernuwe word. Wanneer die digter

haar uitlaat oor hoe ingewikkeld die wildernis is, gaan dit nie net oor gekompliseerde en

interafhanklike ekosisteme nie, maar ook oor representasie van die niemenslike wêreld

waarin sy leef en haar verhouding tot hierdie wêreld. Die spreker-digter sou graag “’n

duidelike woord” of “’n metafoor” wou vind om die representasie te voltrek, maar vind geen

antwoord op haar versugting nie. Die “patroon” en “verhaal” wat sy wou daarstel, is nie

moontlik nie – die “spore” van die wildernis is alreeds weer verberg deur “die droë blare

[wat] daaroor val”. Die ekologiese samehang van die plek word onder spanning geplaas deur

wat die digter voel haar onvermoë is om ’n duidelike beeld, ’n “helder fluit” daaruit af te lei.

In die daaropvolgende gedigte word hierdie spanning voortgesit wanneer die destruktiewe

invloed van die mens op plek toenemend sigbaar word.

Kenmerkend van die ekogedig en die verhouding van digter en landskap is die digter se

bewuswees van die ongelykhede tussen die simboliese, geïdealiseerde wêreld en die

beperkinge wat deur die werklikheid en sy onvolmaakthede daargestel word. Cohen (2004:9)

beskryf dit as “an awareness of the disparity between the imagined, symbolic […] and the

actualities, the limits of environmental factors”.

In “Huis” beskryf die digter hoe ontoereikend sy die natuur vind as teenvoeter vir die sosiale

en politieke werklikheid van haar omgewing. Sy beskryf dit só:

Om my klein huis van klinkersteen

het ek vroeg reeds rye rose geplant

515

wat soggens met hul helder kleur

gloei teen die muur se noordekant.

Miskien is daar te min van roosmaryn

om my te verweer teen die vaal ding

wat snags nadat die motorhek vir laas toeklap

deur die dun hout van die voordeur in wil dring. (33)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Sy is haar bewus van die teenstelling tussen die natuur/skoonheid, gesimboliseer deur “rose”,

“helder”, “gloei” en “roosmaryn”, en die bedreiging wat haar omstandighede inhou. ’n

Spanning ontstaan tussen die ideale (wat die natuur aanbied) en die werklikheid,

gekontamineer deur menslike ingryping. Die “helder kleur” is ’n weerklank van die “helder

fluit” (11) in die openingsgedig, in teenstelling met die “vaal ding” wat haar snags bedreig.

Die “vaal ding” is die direkte gevolg van menslike ingryping wat magsverskuiwinge, geweld

en sosio-ekonomiese en politiese terugslae tot gevolg het en hier as die bose manifesteer. ’n

Sterk sosiopolitieke stelling word deur die digter gemaak teen die agtergrond van plek wat

versplinter het, wat nie meer “huis” en daarmee gepaardgaande veiligheid is nie. Politiek het

ruimte binnegedring. “Politics has invaded the landscape,” sê Arigo (s.j.:6).

In “Handsak” (32) word op die voorafgaande voortgebou. Daar vind die leser ’n inventaris

van die lewe van die spreker-digter, die intiem-persoonlike terrein wat binnegedring en

geskend is. As die digter sê: “Ek […] probeer onthou hoedat ek gister was”, is dit ’n

aanduiding van die bewuswees van die verhouding wat geskend is en van die veranderde

omgewing/plek. In “Venster” is dit opmerklik hoe die bose progressief nader beweeg en nou

aan eie lyf gevoel word, bínne die eie ruimte, beklemtoon deur die herhaling van die woord

of woorddeel -in:

dié wat deur die ruit wil breek

met wit oë wil inkyk in my kamer;

wil inklim in my ruimte; (34)

Daar vind ’n skending plaas van die binne/buite-konsep; grense vervaag, ’n nuwe ordening

kom tot stand.

In “Die skreeu” (31) word die gewelddadigheid van die indringing in die menslike psige

blootgelê. Smith (2011, par. 11) wys op die paradoksale ommekeer wat in die menslike psige

plaasvind “wanneer die Bybelse konnotasie van die slang as teken van die Bose

omvergewerp word. Die skrik (bose/aanvaller) en die skreeu (slagoffer), wat as slang

transfigureer, word teenoor mekaar opgestel, en dit is die slang wat sal seëvier.” Die

paradysgegewe word geaktiveer – die plek van natuur en skoonheid by uitstek – maar die

slang/skreeu word die verlosser wat ’n nuwe orde of samehang tot stand bring. In die gedig se

intertekstuele verwysing na die Edvard Munch-skildery van 1893 word dit deel van die

gesprek rondom skoonheid en die sublieme wat ook angswekkend en afgryslik kan wees.

4.4 Die ekologie van gedigstrukture en -prosesse

516

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die ekogedig word besondere klem gelê op die visuele en ruimtelike aard van die gedig en

die wyse waarop dit betekenis genereer. Soos reeds genoem, daag die ekogedig dikwels die

tradisionele hoofstroompoësie deur vernuwende tegnieke uit en dit is veral in die deurbreking

van die tradisionele gedigstruktuur waar die ekogedig aandag trek. Die samehang en

patroonmatige aard van die tradisionele gedigstruktuur word omvergewerp en grense word

verskuif. Die konsep van landskap as gedig en gedig as landskap (Tarlo s.j.:16) word as ’n

sentrale tema geïdentifiseer.

Tarlo (s.j.:15) gaan die visuele oriëntasie van die gedig na deur ondersoek in te stel na die

wyse waarop die verskuiwing van grense en die moontlikhede van ’n oop skryfvorm (“open

form writing”) en vol-bladspasie-skryfvorm (“whole page-space writing”) nuwe strukturering

moontlik maak – ’n strukturering “more capable of reflecting and engaging with landscape”.

Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat hierdie vorm van poësie ’n groter

verwantskap met ruimte tot stand bring waardeur die konneksie met die buitetekstuele

landskap tot stand kom. Visuele poësie vra vrae wat die idee van landskap en gedig

bevraagteken en die moontlikhede van ’n oop skryfvorm bevorder.

Tarlo (s.j.:15–22) maak ’n lys van ’n aantal tegnieke wat in die ekogedig aangewend word.

Dit sluit byvoorbeeld in: enkelreël–bladsye, waar die woorde in die middel van die bladsy

gekompakteer word; die gebruik van spasies in die versreëls; oorvleuelende versreëls en

komplekse klankspel; die gebruik van linksblok, regsblok en sentreer van die teks;

buitengewone verspreiding van fragmente regoor die bladsye; die gebruik van spasie om die

visuele baan van die gedig vorentoe te stoot; die gebruik van versreëls in vetdruk wat die

gedagtevloei ontwrig en sodoende die destabilisering van die gedig tot gevolg het; die

gebruik van oorvleuelende frases wat algaande vermeerder; en die jukstaponering van taal

regoor die bladspasie.

Tarlo (s.j.:16) sê dat die digter in die ekogedig daarin slaag om die vloei, die breedte, die

liggaam en die klank van die landskap te projekteer. Deur die gebruik van dinamiese

spasiëring verkry die digter ’n intelligente en emosionele respons van die leser. Sy wys ook

op wat genoem word dinamiese skryfprosesse waar samewerking tussen digters as vennote

voorkom. Nog ’n werkwyse is die “herwinning” van tekste – ’n praktyk wat aansluiting vind

by die herwinning van plastiek, papier of glas. Hier gaan dit oor die bewaring van

waardevolle bronne (skryfwerk uit die verlede) wat herbenut word deur knip, plak, omruil,

skommel, en herstruktureer om ’n nuwe geheel met nuwe betekenis tot stand te bring. So

word ook die samehang en ekologie van betekenis ontwrig en herskep. Ook plek- en

datumverwysings word deel van die samestelling van die gedig, ’n aspek wat bestempel kan

word as “writing on site” (s.j.:16).

Een van die ekopoëtiese werkswyses wat deur Bosman ingespan word, kan nagegaan word in

die gedig “Mutilados” (23) waarin die uiterlike versvorm beheer word deur ’n

enumerasietegniek – die sistematiese opnoem van ’n aantal sake, in hierdie geval die name

van vroue. Die lys wat gemaak word, word ’n litanie, ’n nuwe orde wat die bestaande orde en

bestaande vormpatrone, rympatrone en digsisteme omverwerp. Die titel van die gedig verwys

na die roman, Slagoffers, deur Dine van Zyl, waarin die hoofkarakter verslag doen oor

517

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Mosambiekse vroue-vlugtelinge. In die roman, wat as interteks vir die gedig dien, verkry die

opstapeling van verminkte vroue se voorname ’n kumulatiewe effek deurdat hul identiteit

opgehef en beperk word “tot die merke van ongeregtigheid en lyding op hul lywe – afgekapte

arms, verskeurde vaginas en littekens” (John 2002:9).

Mutilados

Die verminktes – Dine van Zyl

Maria. Severina. Clara. Felipa. Sofia. Ana.

Margarida. Rosa. Juana. Alexa. Lucia. Eva.

Frederica. Paola. Augusta. Maria. Bella.

Josephina. Vera. Alfreda. Andrea. Ida. Maria.

Dolores. Inez. Gertrudes.

Maria. Elisa. Luisa. Teresa.

Cecilia. Rosalia. Julia.

Natalia. Emilia. Amelia.

Susana. Juliana. Leana. Maria.

Joaquina. Valentina. Georgina.

Adelina. Catarina. Carolina.

Roberta. Marta. Maria.

Alberta. Agata. Maria.

Teodora. Leonora. Barbara.

Alfreda. Bernarda. Maria.

Gertruda. Eduarda. Maria.

Gabriela. Daniela. Angela.

Maria.

In baie gevalle is dit ook die manlike orde wat deur die vroulike orde vervang word, waar

name afgelei is van mansname, soos byvoorbeeld Juan – Juana, Alex – Alexa, Frederic –

Frederica, Paol – Paola, Joseph – Josephina, Alfred – Alfreda, Andre – Andrea, George –

Georgina, Robert – Roberta, ensovoorts.

Die enumerasietegniek sluit aan by die omvattende proses van die neerpen van ’n ekosisteem

en kan derhalwe as ’n sisteem gesien word. Die enumerasietegniek dui ook op nuwe patrone

van behoort en samehang en verbondenheid wat geskep word: die lewe – en selfs die dood –

van die vroue wie se name gelys word in “Mutilados”, wat andersins dalk niks met mekaar te

doen gehad het nie, staan in ’n nuwe verhouding tot mekaar en hoort bymekaar. Soortgelyke

patrone en verbande kom deur die enumerasietegniek in “Mutilados” tot stand as waarvan

Wanda Campbell (1996:17) melding maak in die lang gedig “Seed catalogue” van Robert

Kroetsch waarin Kroetsch die McKenzie-saadkatalogus as basis vir sy gedig gebruik.

Campbell sê: “[T]he patterns that grow out of the poem are not merely accidental unearthing

on the part of the reader, but the result of intentional plantings on the part of the writer.”

Ook in “Die Skreeu” vind ’n sistemiese opnoem en/of herhaling van die bose plaas.

Die skreeu

518

Die skrik skuil in die donker.

Die skrik slaan die ruit aan skerwe.

Die swart handsak verdwyn in die nag.

Die skerwe sny die hand op die stuurwiel.

Die skreeu stop die motors in die straat.

Die skreeu word ’n vuurrooi slang.

Dit seil oor die sypaadjie, die gras.

Dit volg verbete die donker spoor.

Die slang sal snags spook by die skrik.

Die skrik se hande sal in die donker bloei.

Die slang sal hom nog dodelik

in die vervloekte hakskeen pik.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die saambestaan van die bose en die goeie word in hierdie gedig uitgedruk, maar ook ’n

omgekeerde orde en omgekeerde Eden-verhaal wanneer die skreeu, in die gedaante van die

slang (tradisioneel boos), die rol van die “goeie” vertolk om “die skrik” (die bose) uit te wis.

Die kort, afgemete reëls, gepunktueer en dus van ’n ruspouse voorsien aan die einde van elke

reël, bevestig die gang van gebeure, oorsaak en gevolg, waardeur nuwe samehang tot stand

gebring word.

5. Slotopmerkings

Morton (2010:11) voer aan: “All poems are environmental, because they include the spaces

in which they are written and read – blank spaces around and between words, silence within

the sound.” Ekokritiek, en in die besonder ekopoësie, laat die leser toe om ’n vars blik op

poësie te werp en om gevestigde ideologiese persepsies van plek en omgewing en natuur uit

te daag. Dit laat toe dat samehang en verhouding en wisselwerking bestudeer word. Dit gee

aandag aan die spasies tussenin, aan die plek wat die gedig op die bladsy inneem, en dit wat

oopgelaat word. Dit laat ’n kykie toe deur die krake in die gedig. Destabilisering, nie net van

die teks nie, maar ook van die mens se sentrale posisie plaas die mens in die rol van die

Ander, die niemenslike wêreld om ons. Die mens/leser word luisteraar, aan die rand, wat

miskien vir die eerste keer die stem van die natuurlike wêreld raakhoor:

Bibliografie

You own nothing

We never belonged to you.

You never found us.

It was the other way round. (Atwood 1995:109)

Arigo, C. s.j. Notes toward an ecopoetics: Revising the postmodern sublime and Juliana

Spahr’s This connection of everyone with lungs”. how2,3(2).

519

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

http://www.asu.edu/pipercwcenter/how2journal/vol_3_no_2/ecopoetics/essays/arigo.html

(28 Februarie 2011 geraadpleeg).

Atwood, M. 1995. Morning in the burned house. Londen: Virago Press.

Bosman, M. 2010. Toevallige tekens. Pretoria: Protea Boekhuis.

—. 2002. Landelik. Pretoria: Protea Boekhuis.

Bryson, S.J. (red.). 2002. Ecopoetry: A critical introduction. Salt Lake City: The University

of Utah Press.

Buell, L. 2005. The future of environmental criticism. Environmental crisis and literary

imagination. Malden: Blackwell Publishing.

—. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of

American culture. Cambridge, MA. en Londen: Harvard University Press.

Campbell, W. 1996. Strange plantings: Robert Kroetsche’s seed catalogue. SCL/ÉLC,

21(1):17-36. http://journals.hil.unb.ca/index.php/SCL/article/view/8228/9285 (21 Januarie

2012 geraadpleeg).

Childs, P. en F. Roger. 2009. The Routledge dictionary of literary terms. Londen en New

York: Routledge.

Cochrane, N. 2011. Poësie oor toeval en tekens in SA. Fyn waarnemer van geweld, angs,

natuur en omgewing. Die Burger, 24 Januarie, bl. 11.

http://blogs.dieburger.com/boekredaksie25/toevallige-tekens-deur-martjie-bosman (4 Mei

2012 geraadpleeg).

Cohen, M.P. 2004. Blues in the green: Ecocriticism under critique. Environmental History,

9(1):9–36. http://www.jstor.org/stable/3985943 (20 Januarie 2012 geraadpleeg).

Cook, N. 1994. What is ecocriticism? Referaat gelewer by die kongres van die Western

Literature Association (WLA): Defining ecocritical theory and practice.

http://www.asle.org/site/resources/ecocritical-library/intro/defining/cook (23 Februarie 2011

geraadpleeg).

Dean, T.K. 1994. What is eco-criticism? Referaat gelewer by die kongres van die Western

Literature Association (WLA): Defining ecocritical theory and practice.

http://www.asle.org/site/resources/ecocritical-library/intro/defining/dean (23 Februarie 2011

geraadpleeg).

De Loughrey, E.M. en G.B. Handley (reds.). 2011. Postcolonial ecologies:Literature of the

environment. New York: Oxford University Press.

520

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Derrida, J. 1997. Of grammatology. Vertaal deur G.C. Spivak. Baltimore en Londen: Johns

Hopkins University Press.

De Saussure, F. 1965. Course in general linguistics. Onder redakteurskap van B. Charles en

A. Sechehaye. Vertaal deur W. Baskin. New York en Londen: McGraw Hill.

Donne, J. 1971. An anatomy of the world. In Smith (red.) 1971.

Draper, R.P. 1971. Concrete poetry. New Literary History, 2(2):329–40.

Easthope, A. 1983. Poetry as discourse. Londen: Methuen & Co. Ltd.

Elgin, D.D. 1983. What is “literary ecology”? Humanities in the South: Newsletter of the

Southern Humanities Council, 57:7–9.

Engelhardt, J. s.j. The language habitat: An ecopoetry manifesto. Octopus Magazine, 9.

http://www.octopusmagazine.com/Issue09/engelhardt.htm (11 Mei 2011 geraadpleeg).

Fetterley, J. 1978. The resisting reader: A feminist approach to American fiction.

Massachusetts: University of Massachusetts Press.

Glotfelty, C. 1996. Introduction: Literary studies in an age of environmental crisis. In

Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

—. 1994. What is ecocriticism? Referaat gelewer by die kongres van die Western Literature

Association (WLA): Defining ecocritical theory and practice.

http://www.asle.org/site/resources/ecocritical-library/intro/defining/glotfelty (23 Februarie

2011 geraadpleeg).

Glotfelty, C. en H. Fromm (reds.). 1996. The ecocriticism reader: Landmarks in literary

ecology. Athene en Londen: University of Georgia Press.

Hambidge, J. 2003. Gawe debuutbundel bevat sterk verse. Rapport, 16 Maart, bl. 16.

John, P. 2003. “Landelik” ‘n onderhoudende dinkervaring. Beeld, 5 Mei, bl. 13.

—. P. 2002. ’n Oorlog teen die vroue. Beeld, 14 Januarie, bl. 9.

Kant, I. 1960 [1764]. Observations on the feeling of the beautiful and sublime. Vertaal deur

J.T. Goldthwait. Berkely en Los Angeles: University of California Press.

Marais, J.L. 1997. Natuur, omgewing en letterkunde. In Marais en Zuiderent (samestellers)

1997.

Marais, J.L. en A. Zuiderent (samestellers). 1997. Ons klein en silwerige planeet. Afrikaanse,

Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing. Pretoria: J.L. van Schaik Uitgewers.

Meintjes, G. 1995. Die ekologie as (vernuwende) leesstrategie. Stilet, VII(2):22–85.

521

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Morton, T. 2010. Ecology as text, text as ecology. The Oxford Literary Review, 32(1):1–17.

New World Encyclopedia. 2008. Sublime (Philosophy).

http://www.newworldencyclopedia.org/entry/Sublime_(philosophy) (3 Junie 2011

geraadpleeg).

Odendaal, B. 2003. Weerklanke van groot digters. Volksblad, 24 Maart, bl. 6.

Odendal F.F. en R.H. Gouws. 2005. HAT. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse

taal. 5de uitgawe. Kaapstad: Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.

Olivier, B. 2010. AVATAR: Ecopolitics, technology, science, art and myth. SAJAH, 25(3):1–

16.

Olivier, F. 2003. Reis, landskap en verkenning van wêrelde. Literator, 24(3):165–68.

—. 1995. “hy maak die kafhok groen” – aantekeninge by T.T. Cloete as ekoloog op rym.

Literator, 16(3):133–44.

Oxford Advanced Learner’s Dictionary. 2008. New York: Oxford University Press.

Redfield, M. 1996. Postmodern sublime: Technology and American writing from Mailer to

Cyberpunk. Modern Fiction Studies, 42(4):852–4.

Rothenberg, J. 1994. Ethnopoetics at the millennium: A talk for the Modern Language

Association. 29 Desember. http://epc.buffalo.edu/authors/rothenberg/ethnopoetics.html (20

Januarie 2012 geraadpleeg).

Rueckert, W. 1978. Literature and ecology: An experiment in ecocriticism. Iowa Review,

9(1):71–86.

Russo, L. s.j. Writing within: Notes on ecopoetics as spatial practice. how2, 3(2).

http://www.asu.edu/pipercwcenter/how2journal/vol_3_no_2/ecopoetics/essays/russo.html

(26 April 2011 geraadpleeg).

Savory, E. 2011. Towards a Caribbean ecopoetics: Derek Walcott’s Language of plants. In

De Loughrey en Handley (reds.) 2011.

Scheese, D. 1994. Some principles of ecocriticism. Referaat gelewer by die kongres van die

Western Literature Association (WLA): Defining ecocritical theory and practice.

http://www.asle.org/site/resources/ecocritical-library/intro/defining/scheese (23 Februarie

2011 geraadpleeg).

Simmons, I.G. 1998. To civility and to man’s use: History, culture, and nature. Geographical

Review, 88(1):114–26.

Skinner, J. 2001. Editor’s statement. ecopoetics,1:5–8.

522

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Smith, A.J. (red.). 1971 [1611]. John Donne: The complete English poems. Harmondsworth:

Penguin Books.

Smith, S. 2011. Toevallige tekens is ’n aangename speurtog en leeservaring. LitNet Biebouwresensies.http://www.litnet.co.za/Article/toevallige-tekens-is-n-aangename-speurtog-enleeservaring

(22 Januarie 2012 geraadpleeg).

—. 1993. ’n Feministiese en historiografiese ondersoek na die siening van die vrou in literêre

kritiek. Ongepubliseerde DLitt-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat

Solnit, R. 1994. Savage dreams: A journey into the landscape wars of the American West.

New York: Vintage.

Tarlo, H. s.j. Women and ecopoetics: An introduction in context. how2, 3(2).

http://www.asu.edu/pipercwcenter/how2journal/vol_3_no_2/ecopoetics/introstatements/tarlo

_intro.html (26 April 2011 geraadpleeg).

Vital, A. 2008. Toward an African ecocriticism: Postcolonialism, ecology and Life and times

of Michael K. Research in African Literatures, 39(1):87–106.

523

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Demokrasie en demokratisering in Afrika: Deel 1

Konsepte, teoretiese benadering, historiese oorsig en

huidige stand

Opsomming

Chris Nelson

Chris Nelson: Navorsingsgenoot, Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch

Die verval van Marxisme-Leninisme in die Sowjetunie en sy Oos-Europese satellietstate aan

die einde van die tagtigerjare van die 20ste eeu het ’n golf van demokratisering tot gevolg

gehad wat politieke ontwikkelings regoor die wêreld diepgrondig beïnvloed het. Terwyl die

demokratiseringsproses in die meeste wêrelddele met aansienlike sukses geïnisieer en

gekonsolideer is, was dit in Afrika nie die geval nie. Meer as 20 jaar sedert die proses begin

het, word slegs die klein eilandstaat Mauritius as ’n volwaardige demokrasie beskou. Die

oorblywende 53 state word geklassifiseer as gebrekkige demokrasieë, hibriede stelsels, of

volslae outokrasieë. Afgesien van die Midde-Ooste word Afrika steeds as die mees

ondemokratiese en swaks-geregeerde streek in die wêreld beskou. Dit is dus nie vreemd dat

die demokratiese transformasieproses in Afrika deur sommige navorsers as oorgang sonder

verandering beskryf word nie. In hierdie artikel word, aan die hand van ’n literatuurstudie,

die belangrikste politieke-kultuur-, politieke-elite-keuse- en makrostrukturele faktore

bespreek wat die problematiek verbonde aan die demokratiseringsproses ten grondslag lê. Die

politieke-kultuur-faktore wat behandel word, is die bestaan van ’n onderworpe politieke

kultuur gekombineer met parogiale politieke oriëntasies en die bestaan van onderontwikkelde

en ongeorganiseerde burgerlike samelewings. Die politieke-elite-keuse-faktore is die

voortgesette konsentrasie van mag in die hande van die uitvoerende gesag (president); die

versuim van politieke partye om as demokratiseringsagente op te tree; die begrensing van

mediavryheid deur die politieke elite onder die dekmantel van veiligheid, ontwikkeling of

openbare belang; en die aftakeling deur die politieke elite van die skeiding tussen staat en

regerende party. Die makrostrukturele faktore wat behandel word, is die lae vlakke van sosioekonomiese

ontwikkeling, die voorkoms van konflik en geweld, en die verdelende effek van

etnisiteit. Ten einde die bespreking van die onderskeie faktore in perspektief te stel sal die

konsepte demokrasie en demokratisering aan ’n saaklike ontleding onderwerp word. Dit word

gevolg deur ’n uiteensetting van die belangrikste demokratiseringsteorieë en die teoretiese

benadering wat hier gevolg word. Daarna volg ’n historiese oorsig van Afrika se politieke

ontwikkeling. Laastens word die huidige stand van demokrasie op die vasteland beskryf.

Trefwoorde: demokrasie; demokratisering; demokratiese konsolidasie; burgerlike

samelewing; politieke kultuur; politieke elite; etnisiteit; neopatrimonialisme; mediavryheid;

sosio-ekonomiese ontwikkeling

524

Abstract

Democracy and democratisation in Africa: Part 1

Concepts, theoretical approach, historical overview and current state

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The end of the 1980s not only witnessed the demise of Marxist-Leninist authoritarianism in

the former Soviet Union and its Eastern European satellite states, but also heralded the arrival

of liberal democracy as the triumphant form of government. As this new wave of democracy

engulfed the international system, many states threw off the authoritarian yoke and by

adopting new democratic constitutions and holding free and fair elections, took up their

rightful positions in the international community. This new wave of democracy also swept

through Africa. After decades of suffering under dictatorial regimes of almost every

imaginable type, most African societies embarked hopefully on the new promising road to

democracy and freedom.

The enthusiasm generated by the process of democratisation in Africa is evidenced by the

fact that between 1990 and 1994 no fewer than 38 multiparty elections were held throughout

the continent. Even the National Party government in South Africa made the momentous

decision to abandon its policy of apartheid in favour of a negotiated settlement and the

establishment of an inclusive democracy. This radical departure from a policy on which the

party had remained steadfast since 1948 and which motivated the African National Congress

(ANC) during the sixties to embark on a campaign of armed resistance, is generally regarded

as one of the most dramatic and significant developments in the African democratisation

process.

However, in sharp contrast with the rest of the world, where the process of democratisation

had been initiated and consolidated with a great measure of success, the process on the

African continent met with only meagre results. In actual fact, after more than 20 years of

democratisation, only the small island state of Mauritius is presently regarded as a fullyfledged

democracy in Africa. The remaining 53 states, including South Africa, are classified

as flawed democracies or hybrid or authoritarian systems. With the exception of the Middle

East, Africa still remains the most undemocratic and poorly governed region in the world.

Understandably, the process of democratic transformation in Africa has been described as

transition without change (Prempeh 2007).

The purpose of this article is to identify, by means of a literature study, the political culture,

the political elite choice and the macrostructural factors that were responsible for the fact that

the democratisation process initiated during the early nineties in Africa did not deliver more

substantial results. Where applicable the impact of these factors on the process of democratic

consolidation in contemporary South Africa, will also be highlighted.

In order to provide the necessary background this article first elaborates briefly on the

concepts democracy and democratisation. Such an analysis is deemed vital because of the

many misinterpretations that surround the term democracy as well as the various significant

theoretical contributions that appeared regarding the process of democratisation.

Secondly, the main democratisation theories as well as the theoretical approach on which this

article is based is outlined. Rather than selecting a specific approach from among the existing

democratization theories, an eclectic or integrative approach has been followed.

525

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Thirdly, a brief overview of the political history of the African continent will be presented.

The structures and experiences to which African societies were exposed during the precolonial,

colonial and post-colonial periods were of such a nature that current political

problems, attitudes, values, beliefs, policies and structures can be fully understood only if

viewed in their historical context.

Fourthly, the current state of democracy in Africa is outlined. It has already been indicated

that the state of democracy on the continent leaves much to be desired. However,

authoritative figures regarding this matter will demonstrate just how severely the

democratisation process was actually affected by the factors that are discussed in the article.

As stated earlier, the main focus of this article is to identify the political culture, the political

elite choice and the macrostructural factors that underlie the problematic nature of the

democratisation process in Africa.

Regarding the political culture factors the following will be addressed: first the existence of a

subject political culture in combination with parochial political orientations. In order to

determine what type of political culture best sustains a democratic system of government,

political scientists draw a distinction between participatory, subject and parochial cultures, or

a combination of these cultures referred to as a civic culture. In Africa the process of

democratic transformation in most states is hampered by a subject political culture in

combination with parochial political orientations, mainly as a result of the process of

democratisation of disempowerment.

The second political culture factor obstructing democratisation in Africa is the existence of

underdeveloped and poorly organised civil society organisations. These associations and

organisations are not only incapable of protecting the private interests of ordinary citizens,

but are also unable to keep a check on the activities of government. Even though an upswing

in the establishment of new civil society organisations is noticeable in recent times, civil

society in general remains weak and poorly organised in most states.

With reference to the political elite choice factors, the first that is dealt with is the continued

concentration of political power in the hands of the executive, especially the president. This

phenomenon is perhaps the most serious threat to the successful consolidation of democracy

in Africa because it is directly responsible for the widespread occurrence of the corrupt

practices associated with neopatrimonialism, prebendalism and the so-called imperial

presidency. In terms of these practices the formal architecture of a democratic state –

legislation restricting governmental action, constitutions, the rule of law, written and

unwritten rules and customs – is combined with the informal reality of the personal and

arbitrary exercising of power by the creation – with the use of public funds – of an elaborate

system of patron-client relationships stretching from the president down to the lowest levels

of officialdom as well as the ordinary citizens.

The second political elite choice factor negatively affecting democratisation in Africa is the

failure of political parties to act as democratising agents. It is widely accepted by scholars

that most political parties on the continent are inefficient vehicles of democracy because,

inter alia, they (i) are plagued by a democratic deficit, (ii) suffer from bureaucratic-oligarchic

syndrome (BOS), (iii) are sustainable only on the elite level,(iv)are based on ethnic and

regional loyalties and are interested in power only in order to utilise the resources and

personnel of the state for selfish purposes.

526

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The third political elite choice factor regarded as a hindrance to democratisation in Africa is

the widespread infringement on media freedom. Throughout the democratic world it is

accepted that freedom of the media is the lifeblood of any democratic system. However, in

most African states the ruling elites purposefully try to manipulate the free flow of

information. This desire by the leadership to stifle public opinion appears to be so strong that

freedom of the media is regularly curtailed, even on the pretext that such action is in the

public interest or necessary to protect national security or promote rapid economic

development.

The fourth political elite choice factor inhibiting successful democratic consolidation in

Africa is the deliberate dismantling of separation between state and ruling party. In most

states it is difficult to determine the boundary between party and state. This state of affairs

can best be explained by the widespread incidence of dominant party systems as well as the

assumptions on which the main types of political parties in Africa are based. Of special

significance regarding the latter are the attempts by revolutionary and left-wing parties to

deliberately create so-called party states.

Regarding the macrostructural factors, the following are important: firstly, the low levels of

socio-economic development in almost every African state. Modernisation theorists are

unanimous in their belief that for a democratic system to survive it needs high levels of socioeconomic

development. However, when surveying the African continent it is noticeable that

it is the only region in the world that has become poorer over the past 25 years. Widespread

poverty is perhaps the most salient characteristic of every African society. Indicative of the

dire situation is the fact that only two of the 54 states on the continent are not included in the

lowest third of the Human Development Index (HDI) of the United Nations Development

Program (UNDP).

The second macrostructural factor inhibiting democratic transition is the incidence of conflict

and violence in many states. In terms of democratic peace theory the establishment of a

democratic system of government should bring about a more peaceful society. However, in

Africa this is not happening. On the contrary, conflict and violence in and among states are

still evident despite the democratisation process. It even appears as if the democratisation

process itself is generating conflict and violence.

The third macrostructural obstacle is the divisive influence of ethnicity. According to

observers politicised ethnic relations and the politics of ethnic mobilisation are not only the

main sources of conflict in Africa since independence, but also the main stumbling block in

the socio-economic development of most states. Indicative of the divisive effects of ethnicity

in the political life of many African states are the formation of ethnically inspired opposition

movements, guerrilla insurgencies, and separatist movements. In extreme cases ethnicity has

even led to the partitioning of states and acts of genocide.

Key words: democracy; democratisation; democratic consolidation; civil society; political

culture; political elite; ethnicity; neopatrimonialism; media freedom; socio-economic

development

527

1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Na die verval van Marxisties-Leninistiese outoritarisme in die voormalige Sowjetunie en sy

Oos-Europese satellietstate aan die einde van die tagtigerjare van die 20ste eeu het liberale

demokrasie universeel na vore getree as die dominante owerheidsvorm. Met die nuwe

demokratiese golf wat oor die wêreld gespoel het, het tientalle state die outoritêre juk

afgewerp en deur vrye en regverdige verkiesings en die aanvaarding van nuwe grondwette

hul plek as legitieme rolspelers in die internasionale gemeenskap ingeneem. Afrika was

uiteraard nie van die proses uitgesluit nie en het insgelyks met ’n demokratiseringsproses van

ongekende omvang begin. Na dekades van onderdrukking deur diktatoriale regimes van haas

elke denkbare soort het samelewings regoor die vasteland die nuwe en belowende weg van

demokrasie betree.

Die entoesiasme waarmee die demokratiseringsproses aangepak is, blyk uit die feit dat tussen

1990 en 1994 veelpartyverkiesings in nie minder nie as 38 state in Afrika plaasgevind het.

Selfs die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika, wat sedert 1948 ’n beleid van apartheid ten

aansien van die onderskeie etniese groeperings in werking gestel het en as gevolg daarvan

sedert die sestigerjare in ’n weerstandsoorlog met die African National Congress (ANC)

gewikkel was, het besluit om afstand te doen van die beleid en hom deur ’n vreedsame,

onderhandelde skikking te beywer vir die vestiging van ’n inklusiewe demokrasie. Hierdie

gebeurtenis word allerweë as een van die mees dramatiese en betekenisvolle ontwikkelings in

die demokratiseringsproses in Afrika beskou.

In teenstelling met die res van die wêreld, waar die demokratiseringsproses met ’n groot mate

van sukses geïnisieer en gekonsolideer is, het die oorgang in Afrika nie die verwagte resultate

opgelewer nie. Na meer as twee dekades word uit die 54 state op die vasteland slegs

Mauritius, met ’n bevolking van ongeveer 1,2 miljoen mense, as ’n volwaardige demokrasie

beskou. ’n Verdere agt state, waaronder Suid-Afrika, word as gebrekkige demokrasieë

geklassifiseer, terwyl die res, in wisselende mate, steeds in die greep van outoritarisme

vasgevang is. Daar heers gevolglik wye eenstemmigheid onder navorsers dat Afrika, naas die

Midde-Ooste, die mees ondemokratiese en swaks-geregeerde streek in die wêreld is.

Ontleders soos H. Kwasi Prempeh (2007) is selfs die mening toegedaan dat die demokratiese

oorgangsproses in Afrika as oorgang sonder verandering beskryf kan word.

Die doel van hierdie artikel is om, aan die hand van ’n literatuurstudie, die belangrikste

politieke-kultuur-, politieke–elite-keuse- en makrostrukturele faktore te bespreek wat

daarvoor verantwoordelik is dat die demokratiseringsproses wat in die vroeë negentigerjare in

Afrika van stapel gestuur is, nie meer substantiewe resultate getoon het nie.

Die werkswyse wat gevolg word, is om agtergrondshalwe eerstens die konsepte demokrasie

en demokratisering saaklik toe te lig. Die konseptuele ontleding word as belangrik beskou,

aangesien daar verskeie wanopvattings bestaan oor die presiese betekenis van die konsep

demokrasie en verskeie belangrike teoretiese bydraes ten opsigte van die

demokratiseringsproses die afgelope dekades gelewer is.

528

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tweedens word die belangrikste demokratiseringsteorieë geïdentifiseer en die teoretiese

benadering wat die artikel ten grondslag lê, aangedui. Eerder as om een van die bestaande

teoretiese benaderings ten opsigte van demokratisering te kies word ’n geïntegreerde of

eklektiese benadering gevolg.

Derdens word ’n breë oorsig van Afrika se politieke ontwikkeling verskaf. Strukture en

ondervindings waaraan samelewings gedurende die prekoloniale, koloniale en postkoloniale

tydperke blootgestel was, was van sodanige aard dat geen begrip gevorm kan word van die

redes waarom die demokratiese oorgangsproses tot dusver nie meer beduidende resultate

opgelewer het as dit nie in historiese perspektief geplaas word nie.

As deel van die agtergrondskets sal vierdens ’n kort oorsig gegee word van die huidige stand

van demokrasie in Afrika. Soos reeds gemeld, is dit swak. ’n Saaklike uiteensetting van die

presiese omvang daarvan word nietemin as belangrik beskou.

Soos in die doelformulering gestel, is die primêre fokus van hierdie artikel egter die

identifisering en bespreking van ’n aantal politieke-kultuur-, politieke-elite-keuse- en

makrostrukturele faktore wat daarvoor verantwoordelik is dat die demokratiseringsproses in

Afrika nie as ’n suksesverhaal van betekenis beskou kan word nie. Dit moet beklemtoon

word dat daar in die bespreking ook aangedui sal word in welke mate sommige van hierdie

faktore die demokratiese konsolidasieproses in Suid-Afrika beïnvloed het en steeds

beïnvloed.

Die politieke-kultuur-faktore waaraan aandag gegee word, is die bestaan van ’n onderworpe

politieke kultuur in kombinasie met parogiale politieke oriëntasies en die bestaan van

onderontwikkelde en ongeorganiseerde burgerlike samelewings.

Betreffende die elite-keuse-faktore sentreer die bespreking om die voortgesette konsentrasie

van regeringsmag in die hande van die uitvoerende gesag (president); die versuim van

politieke partye om as demokratiseringsagente op te tree; die wydverspreide begrensing deur

die politieke elite van mediavryheid onder die voorwendsel van ontwikkeling, veiligheid of

die openbare belang; en die aftakeling deur die politieke elite van die skeiding tussen staat en

regerende party.

Ten opsigte van die makrostrukturele faktore word die bespreking gewy aan die lae vlakke

van sosio-ekonomiese ontwikkeling, die voorkoms van konflik en geweld, en die verdelende

effek van etnisiteit.

2. Die konsepte demokrasie en demokratisering

2.1 Demokrasie

Dit is belangrik om uit die staanspoor te beklemtoon dat ofskoon die ontstaan en

ontwikkeling van demokrasie deur historici en politieke wetenskaplikes as een van die mees

529

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dramatiese en betekenisvolle ontwikkelings in die politieke geskiedenis van die mensdom

beskou word, daar geen definisie vir die konsep bestaan wat universele aanvaarding geniet

nie (Heywood 2002:67). Gestroop van alle beklemtonings en interpretasies verwys

demokrasie egter essensieel na ’n owerheidsvorm waar die mag en reg om oor belangrike

openbare beleidsrigtings te besluit by die burgery of hul verkose verteenwoordigers berus.

Waarskynlik is die beste en mees aanvaarbare vroeë definisie en beskrywing van demokrasie

geformuleer deur ’n voormalige Amerikaanse president, Abraham Lincoln. In sy beroemde

toespraak te Gettysburg op 19 November 1863, tydens die hoogtepunt van die Amerikaanse

burgeroorlog, het hy demokrasie beskryf as regering van die mense, deur die mense, vir die

mense (Heywood 2002:68).

In die moderne era is daar ’n neiging om demokrasie op twee maniere te definieer, naamlik

op ’n minimalistiese en ‘n maksimalistiese wyse. Minimalistiese of prosedurele definiëring

(waarmee Joseph Schumpeter reeds in die vorige eeu vorendag gekom het) sentreer om

aspekte soos vrye en regverdige verkiesings, universele volwasse stemreg en basiese regte en

vryhede. Maksimalistiese of substantiewe uitkomsgefokuste definiëring, daarenteen, verleen

veral prominensie aan die aspek van verantwoordbaarheid en die verskillende dimensies

daarvan, naamlik horisontale verantwoordbaarheid (meganismes binne regeringstrukture om

verantwoordbaarheid te verseker), vertikale verantwoordbaarheid (meganismes beskikbaar

vir die burgery om politieke leiers verantwoordbaar te hou) en

samelewingsverantwoordbaarheid (die waghondfunksies van die burgerlike assosiasies,

nieregeringsorganisasies en die media) (Rakner, Menocal en Fritz 2007:6–7; Mair 2008:113).

In die afwesigheid van ’n universeel-aanvaarde definisie van demokrasie sal vir die doel van

hierdie artikel met die politieke wetenskaplike, Samuel Finer (1970:62–74) se bekende

stipulatiewe definisie daarvan volstaan word. Volgens Finer is demokrasie ’n owerheidsvorm

wat op bepaalde uitgangspunte gebaseer is en sekere eiesoortige kenmerke openbaar.

Betreffende die uitgangspunte is die volgende van belang:

• Eerstens ontleen ’n demokratiese owerheidsvorm sy ontstaan aan die openbare

mening. Dit beteken nie alleen dat daar ruimte geskep moet word sodat die

openbare mening vrylik geartikuleer kan word nie, maar ook dat die verkose

regering daarteenoor verantwoordbaar is.

• Tweedens word dit in ’n demokrasie aanvaar dat in die afwesigheid van

eenstemmigheid, die meerderheid se wil sal seëvier. In die lig daarvan dat

demokrasie dus meerderheidsregering impliseer, is dit van belang dat stemreg aan

soveel burgers as moontlik verleen sal word en dat vrye en regverdige verkiesings

gereeld sal plaasvind. In die geval van omstrede kwessies is dit nodig dat die

meerderheidsiening by wyse van ’n spesiale prosedure soos ’n referendum of

plebissiet bepaal word.

• Derdens vervul die regering in ’n demokrasie slegs ’n beperkte rol. Hierdie

uitgangspunt impliseer dat die regering binne ’n raamwerk van outonome,

spontaan-selfskeppende vrywillige assosiasies funksioneer. In ag genome die feit

dat die regering slegs op die randgebied van die maatskaplike lewe opereer, moet

dit enige maatreëls ter regulering van vrywillige assosiasies deeglik motiveer.

530

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

• Vierdens word in ’n demokrasie die pluralisme van ’n samelewing aanvaar. Dit

beteken nie alleen dat die samelewing uit ’n veelheid van instellings, assosiasies

en kultuurgroepe bestaan nie, maar ook dat die regering elke assosiasie, instelling

en kultuurgroep se outonomie en regte sal erken en beskerm.

• Laastens word in ’n demokratiese owerheidsvorm ontken dat daar enige

objektiewe wetenskap van samelewing of moraliteit is. Daarteenoor word van die

standpunt uitgegaan dat die waarheid in vryheid van individuele denke en die

gelykwaardigheid van individuele sienings en oortuigings geleë is. Die gevolge

hiervan is verdraagsaamheid en die kwalifikasie van meerderheidsregering.

Die essensiële eienskappe wat ’n demokratiese owerheidsvorm vertoon, is volgens Finer

(1970:66–74) die volgende:

• Eerstens word in elke demokrasie ’n verteenwoordigende verkose wetgewende

liggaam aangetref wat wetgewing aanneem wat op die hele samelewing van

toepassing is. Dit impliseer nie alleen die bestaan en beskerming van ’n

omvattende stel burgerregte en vryhede nie, maar ook die hou van vrye en

regverdige verkiesings op ’n gereelde grondslag.

• Tweedens bestaan daar in elke demokrasie ’n verkose staatshoof of president,

alhoewel uitsonderings moontlik is in konstitusionele monargieë.

• Derdens word ’n demokrasie gekenmerk deur ’n uitvoerende gesag wat uit

persone met professionele en tegniese kundigheid bestaan en met twee hooftake

belas is, naamlik die uitvoering van wetgewing en die lewering van advies aan die

beleidmakers oor die formulering van beleid.

• Vierdens omsluit elke demokrasie ’n stel maatskaplike en ekonomiese wigte en

teenwigte. Dit impliseer ’n wye netwerk van sentra van private mag, elk met die

belangrike taak om as ’n remskoen op te tree ten einde die mag van die regering te

beperk en te beteuel.

• Vyfdens onderskei ’n demokratiese owerheidsvorm hom van ander regime-tipes

deur die bestaan van ’n stel politieke wigte en teenwigte. Die bestaan van politieke

wigte en teenwigte is nie alleen die vergestalting van die Hobbesiaanse beskouing

dat ware vryheid in die opkerf van mag geleë is nie, maar dien veral om die status

en belangrikheid van minderhede en die pluraliteit van die samelewing in die

algemeen te beklemtoon en elkeen se belange te beskerm. Die wyse waarop die

stelsel van politieke wigte en teenwigte funksioneer, word normaalweg in ’n

geskrewe grondwet uiteengesit. Politieke wigte en teenwigte neem drie vorms aan,

naamlik die verdeling van mag tussen die wetgewende, uitvoerende en

regsprekende instellings; die verspreiding van mag tussen nasionale, streeks- en

plaaslike regeringsinstellings; en ’n tweekamerstelsel ten aansien van die

wetgewende instelling.

Dit is interessant dat sommige navorsers van beskrywende/kwalifiserende woorde gebruik

maak om sekere aspekte van demokrasie, soos hier bo gedefinieer, te beklemtoon. So

byvoorbeeld word daar verwys na deelnemende demokrasie (om die belangrikheid van die

openbare mening en universele volwasse stemreg te beklemtoon); liberale demokrasie (om

beperkte regering en individuele vryheid te beklemtoon); konstitusionele demokrasie (om

populêre soewereiniteit en die beperkings op die regering in ’n geskrewe grondwet te

beklemtoon); en verteenwoordigende demokrasie (om individuele vryheid en die

belangrikheid van stemreg te beklemtoon).

531

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ten einde die ontwikkelingsgang van demokrasie in die moderne geskiedenis in perspektief

te plaas, kan verwys word na die navorsing wat die politieke wetenskaplike Huntington

(1991:16) in hierdie verband gedoen het. Hy het drie fases of golfbewegings in die

ontwikkeling van demokrasie geïdentifiseer. Die eerste fase het tussen 1828 en 1926

plaasgevind toe die VSA, Frankryk en die Verenigde Koninkryk begin het om die oorgang na

demokrasie te maak. Die tweede fase het gestrek vanaf 1943 tot 1962 en het Wes-Duitsland,

Italië, Japan en Indië betrek. Die derde fase het in 1974 ’n aanvang geneem met die

omverwerping van diktatoriale stelsels in Griekeland, Portugal en Spanje, die beëindiging

van militêre regimes in Latyns-Amerika en die verval van Marxisme-Leninisme in die

Sowjetunie en Oos-Europa aan die einde van die tagtigerjare. Uiteindelik sou hierdie derde

demokratiese golf die ganse internasionele stelsel tref, insluitende Afrika.

2.2 Demokratisering

Die term demokratisering verwys na die oorgang vanaf ’n outoritêre stelsel na ’n demokrasie.

Die heersende sienings oor die uitstaande kenmerke van die oorgangsproses word soos volg

deur Heywood (2002:81) opgesom: Eerstens, die verlening aan alle burgers van basiese

vryhede en in die besonder politieke regte. Tweedens, die hou van kompeterende verkiesings

op ’n gereelde, vrye en regverdige grondslag. Derdens, die inwerkingstelling van

ekonomiese-hervormingsmaatreëls ter vestiging van ’n vryemark ekonomiese stelsel (veral in

postkommunistiese stelsels).

Die demokratiseringsproses omsluit, volgens Heywood (2002:81) se samevatting van

heersende idees, die volgende drie fases, waarvan sommiges soms oorvleuel:

• Die eerste fase is die ineenstorting van die heersende regime as gevolg van ’n

totale verlies aan legitimiteit (rightfulness). Regimes verloor hul legitimiteit

normaalweg vanweë ekonomiese verval en die verdwyning van lojaliteit deur die

gewapende magte.

• Die tweede fase behels die oprigting en konstruksie van nuwe liberaaldemokratiese

strukture en prosesse. Dit geskied meestal na ’n uitgerekte

onderhandelingsproses.

• Die derde fase staan bekend as die demokratiese konsolidasiefase. Gedurende

hierdie fase word die nuwe strukture en prosesse geïnternaliseer (embedded) en

sowel die elite-groepe as die burgery word in so ‘n mate gesosialiseer dat die

verwydering of verdwyning van demokrasie vir almal ondenkbaar word en beskou

word as die enigste spel wat werd is om gespeel te word (the only game in town).

Dit is belangrik om te meld dat die eerste fase baie lank kan neem om voltooi te word en dat

die tweede en derde fases dikwels deur terugslae en onderbrekings gekenmerk word. Dit

word treffend geïllustreer deur die demokratiseringsproses in kontemporêre Afrika wat reeds

vir meer as twee dekades in swang is, maar nog nie met wydverspreide sukses gekonsolideer

is nie.

Die belangrikste teoretiese bydrae ten aansien van die wyse waarop die

demokratiseringsproses plaasvind, is deur die bekende politieke wetenskaplike Robert Dahl

532

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(1971) gelewer. Hy het reeds gedurende die sewentigerjare van die vorige eeu aangetoon dat

demokratisering twee dimensies omsluit, naamlik liberalisering (die reg om vir openbare

posisies mee te ding) en inklusiwiteit (die reg om deel te neem).

Daar kan volgens Dahl (1971) drie paaie na ’n poliargie (demokrasie) onderskei word. Die

eerste is waar liberalisering inklusiwiteit voorafgaan. Wat normaalweg gebeur, is dat ’n

geslote hegemonie in ’n kompeterende oligargie verander deurdat ’n geselekteerde groep

individue toegelaat word om vir openbare posisies mee te ding. Die kompeterende oligargie

verander in ’n poliargie deur stemreg aan die burgery te verleen. Voorbeelde hiervan is

Brittanje en die VSA. Die tweede weg is waar ’n geslote hegemonie die burgery toelaat om

aan sy aktiwiteite deel te neem. Die inklusiewe hegemonie wat so ontstaan word ’n poliargie

wanneer die geleenthede om vir openbare poste mee te ding vergroot word. Dié weg is in

Duitsland gevolg met die vorming van die Weimar-republiek. Die derde pad wat Dahl

onderskei, is waar liberalisering en inklusiwiteit gelyktydig voorkom, soos in Frankryk die

geval was vanaf 1789 tot 1792.

Volgens Dahl is die eerste en tweede weë die moeilikste, omdat hoe meer mense betrokke is,

hoe meer word besluitneming gekompliseer. Verder verklaar hy dat die eerste weg die

veiligste en betroubaarste is, maar in die toekoms die onwaarskynlikste is, omdat meeste

hegemoniese regimes reeds inklusief is.

Dahl is verder die mening toegedaan dat kompeterende stelsels binne ’n onafhanklike staat

gevorm kan word deur evolusie, politieke verval of revolusie. In afhanklike state (kolonies) is

die vorming van ’n kompeterende stelsel moontlik deur evolusie of ’n nasionale

onafhanklikheidstryd.

In sy teoretisering oor die wyse waarop die demokratiseringsproses plaasvind, wys Rummel

(1996) daarop dat die proses soos volg voltrek kan word. Eerstens kan dit op evolusionêre

wyse geskied, soos in Brittanje, waar die burgery oor ’n tydperk van eeue daarin geslaag het

om die outoritêre vorste te dwing om politieke regte aan alle mense te verleen. Tweedens kan

dit op revolusionêre wyse plaasvind, soos tydens die Franse en Amerikaanse Revolusies. (Die

“Arabiese Lente” sou ook as voorbeeld kon dien, alhoewel dit tans nie bekend is of

demokratiese stelsels uiteindelik in die betrokke state gevestig sal word nie.) Derdens kan die

regerende elite ’n demokratiseringsproses in werking stel, soos dikwels in Suid-Amerika

gebeur het. Laastens kan ’n demokrasie deur buitelandse ingryping gevestig word, soos in die

geval van Wes-Duitsland en Japan.

Die politieke wetenskaplike Welzel (s.j.:87–8) het selfs verder gegaan en die volgende

tipologie van demokratiseringsprosesse ontwikkel. Die eerste tipe is verligte demokratisering,

waar die elite selfs in die afwesigheid van populêre instemming of druk demokratiese

beginsels aanvaar en toepas. Tweedens kan responsiewe demokratisering onderskei word. Dit

is die dominante vorm van demokratisering soos wêreldwyd toegepas tydens die jongste

demokratiese golfbeweging. Die derde tipe is opportunistiese demokratisering, wat verwys na

die demokratisering wat bewerkstellig is sedert die Washington-konsensus en waar Westerse

krediet gekoppel is aan goeie regeringsbestuur. Die vierde tipe is gedwonge demokratisering,

533

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

wat tiperend is van die demokratiseringsproses in Wes-Duitsland, Italië, Oostenryk en Japan.

Meer onlangs het hierdie tipe demokratisering ook in Irak en Afghanistan plaasgevind.

Interessante aspekte wat deur Welzel (s.j.:88) beklemtoon word, is dat in die verligte,

gedwonge en opportunistiese tipes demokratisering die elite instem tot demokratisering, ten

spyte van die afwesigheid van aandrang of druk deur die burgery om dit te doen. Van hierdie

drie tipes is dit egter slegs in die verligte tipe demokratisering dat die elite demokratiese

vryhede effektief respekteer. In die gedwonge en opportunistiese tipes demokratisering is dit

nie die geval nie. Responsiewe demokratisering is die enigste tipe demokratisering waar

demokrasie maatskaplik geïnternaliseer word en gevolglik maatskaplik volhoubaar is.

Uit die uiteensettings van bogemelde navorsers blyk dit dat demokratisering “van bo af”,

“van onder af” of “van buite af” kan geskied. Soms gebeur dit dat demokratisering plaasvind

nadat verskillende partye of politieke rolspelers ’n onderhandelde skikking bereik het. In die

bespreking hier onder word die verskillende wyses aangedui waarop die

demokratiseringsproses in Afrika gedurende die derde demokratiese golfbeweging geïnisieer

is. Die hoofdoel is egter om die belangrikste samelewings- en strukturele faktore te

identifiseer en om te bespreek waarom die konsolidasiefase nie met meer beduidende sukses

op die vasteland voltrek is nie.

3. Teoretiese benadering

Die ontstaan van die derde demokratiese golfbeweging in die internasionale stelsel het

daartoe gelei dat navorsers opnuut begin worstel het met die vraag oor hoe en waarom ’n

demokratiese bestel tot stand kom en hoe en waarom dit in sommige state gekonsolideer

word, terwyl dit in ander state nie die geval is nie. Die literatuur wemel van bydraes wat

gelewer is om antwoorde op hierdie tergende vrae te kry. Bekende navorsers wat met

teoretiese benaderings vir die bestudering van demokratisering spesifiek binne die Afrikakonteks

vorendag gekom het, was Michael Bratton en Nicolas van de Walle (1997:19-48).

Hulle het etlike benaderings ten aansien van demokratisering aangedui, naamlik die

strukturele versus die kontingente verklarings, die internasionale versus die huishoudelike

verklarings, die ekonomiese versus die politieke verklarings, en ’n polities-institusionele

benadering.

Volgens die politieke wetenskaplike Christian Welzel (2006:872-3), wat verbonde is aan die

Internasionale Universiteit van Bremen, is dit egter moontlik om uit al die gelewerde bydraes

drie toonaangewende teoretiese benaderings in die studie van demokrasie en demokratisering

te onderskei. Eerstens kan die politieke–kultuur-teorie onderskei word. Teoretici wat hierdie

benadering ondersteun, huldig die standpunt dat die sukses al dan nie van demokratisering

primêr bepaal word deur die ingesteldhede van die burgery (die massas) jeens die proses.

Tweedens onderskei Welzel (2006:873) die elite-keuse-teorie. Ingevolge hierdie teorie word

die sukses of mislukking van ’n demokratiseringsproses grootliks bepaal deur die wyse

534

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waarop die elite die proses hanteer en bestuur. Selfs in gevalle waar omvangryke

demonstrasies en optrede deur die burgery (die massas) voorkom (soos tans gedemonstreer in

die Arabiese Lente), sal die uitkoms van die demokratiseringsproses uiteindelik deur die elite

se keuses en optrede bepaal word.

Derdens is daar ’n aantal strukturele teorieë. Hierdie teorieë beskou die sukses of mislukking

van die demokratiseringsproses as ’n funksie van ’n samelewing se makrostrukturele

eienskappe, soos die vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling, interne sosiale en etniese

verdelings, posisie in die wêreldekonomie en geopolitieke ligging. Ter illustrasie verwys

Welzel (2006:873) na (i) moderniseringsteorie, wat van die standpunt uitgaan dat ekonomiese

welvaart die demokratiseringsproses op beslissende wyse bepaal; (ii) klasmag-teorie, wat die

grootte van die werkersklas as van groot belang ag; (iii) die wêreldstelsel-teorie, wat posisie

in die wêreldekonomie as deurslaggewend beskou; (iv) konflikteorie, wat interne verdelings

soos ongelyke inkomsteverdeling en etnies-linguistiese verskille belangrik ag; en (v)

ruimtelike-diffusie-teorie, wat die blootstelling aan buurstate en hul ingesteldheid jeens

demokratisering as van primêre belang beskou.

In die evaluering van die toepaslikheid van voorgemelde drie teoretiese benaderings vir

doeleindes van hierdie artikel, is tot die slotsom gekom dat geen enkele benadering

uitgesonder kan word om die problematiek verbonde aan die demokratiseringsproses in

Afrika bevredigend te verklaar nie. Daar is gevolglik besluit om eerder ’n geïntegreerde of

eklektiese benadering te volg en van al drie teoretiese benaderings, of elemente daarvan,

gebruik te maak ter beantwoording van die vraag oor welke faktore daarvoor verantwoordelik

is dat die demokratiseringsproses in Afrika na langer as twee dekades nie meer substantiewe

resultate opgelewer het nie.

4. ’n Kort historiese oorsig van Afrika se politieke ontwikkeling

Om tot ’n sinvolle begrip te kom van die huidige stand van demokrasie in Afrika en die

problematiek verbonde aan die responsiewe demokratiseringsproses wat besig is om regoor

die vasteland plaas te vind, is dit belangrik om dit in historiese perspektief te plaas. Volgens

die kenner van samelewings en politieke prosesse in Afrika, Peter Schraeder (2004:5), kan

die evolusie van Afrika se politieke ontwikkeling opgedeel word in drie tydperke, naamlik

die prekoloniale onafhanklikheidsera (voor 1884), die koloniale era (1884–1951) en die

kontemporêre onafhanklikheidsera (1951 tot vandag). In die bespreking wat volg, sal van

Schraeder se indeling gebruik gemaak word, aangesien dit noue aansluiting vind by die temas

wat hier onder behandel word.

4.1 Die prekoloniale onafhanklikheidsera (voor 1884)

Die uitstaande kenmerk van hierdie periode in die politieke ontwikkeling van Afrika was die

opkoms en verval van honderde, indien nie duisende nie, onafhanklike politieke stelsels.

535

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens Schraeder (2004:24–32) kan die politieke stelsels gedurende hierdie periode in twee

tipes opgedeel word, naamlik gesegmenteerde en gesentraliseerde politieke stelsels.

Kenmerkend van die gesegmenteerde politieke stelsels was die afwesigheid van ’n staat of ’n

erkende politieke gesag wat ’n stel reëls en beleidsrigtings vir die hele samelewing kon

saamstel en afdwing. Alhoewel daar geen sentrale politieke gesag bestaan het nie, het talle

gemeenskappe wel aan die vereistes van nasieskap voldoen deurdat lede dieselfde taal

gepraat en dieselfde gebruike nagekom het. Gesegmenteerde politieke stelsels kan dus as

nasies sonder state beskryf word. Van die belangrikste tipes gesegmenteerde stelsels waarna

Schraeder (2004:24) verwys is die sibbe- of clan-stelsel van die jagter-versamelaarsgroepe

(soos die San etniese groep); die klassieke gesegmenteerde stelsels (soos die Somali etniese

groep); die universalisties-gesegmenteerde stelsels (soos die Maasai etniese groep); die

ritueel-gestratifiseerde gesegmenteerde stelsels (soos die Sjilloek etniese groep); en die

outonome–dorp-stelsels (soos die stadstate aan die Swahili-kus).

Die gesentraliseerde politieke stelsels, daarenteen, het nie veel verskil van die huidige

nasiestate nie, naamlik een sentrale gesag (die staat) en een etniese groep (die nasie). In die

praktyk het die gesentraliseerde politieke stelsels egter verskeie etniese groepe omsluit,

ofskoon in die meeste gevalle een enkele etniese groep die dominante posisie beklee het.

Voorbeelde van gesentraliseerde politieke stelsels was, volgens Schraeder (2004:30-2), die

piramidale monargie (soos die Ojo-ryk van die Joroebas in hedendaagse Nigerië), die

assosiasionele monargie (soos die Mende-monargie in hedendaagse Sierra Leone), en die

gesentraliseerde monargie (soos die Zoeloe-ryk in hedendaagse Suid-Afrika).

Die Ekonomiese Kommissie vir Afrika (Economic Commission for Africa 2007:3-5) het in ’n

verslag oor die relevansie van tradisionele regeringsinstellings in kontemporêre Afrika die

prekoloniale politieke instellings ook in twee kategorieë ingedeel, naamlik die

konsensusgebaseerde gedesentraliseerde politieke stelsels en die gesentraliseerde monargale

politieke stelsels.

4.2 Die koloniale era (1884–1951)

Die koloniale era in Afrika het formeel in 1884 met die Kongres van Berlyn ’n aanvang

geneem. In die sogenaamde wedloop om Afrika wat ná hierdie gebeurtenis sou volg, het die

onafhanklike politieke stelsels in Afrika ophou bestaan en het die ganse vasteland, met die

uitsondering van Ethiopië en Liberië, onder die beheer van sewe Europese state gekom,

naamlik België, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië, Portugal en Spanje (Schraeder

2004:50).

Die tydperk van Europese kolonialisme in Afrika het nie lank geduur nie (1884–1951).

Desondanks het dit die binnelandse en internasionale politiek van die vasteland op

ingrypende wyses verander. Die volgende impakte word deur Schraeder (2004:62-9) as die

belangrikste beskou: (i) die toepassing van die Europese nasiestaatstelsel in Afrika; (ii) die

verdeling van nasies tussen verskillende politieke entiteite (state); (iii) die inkorporering van

verskillende nasies in een politieke entiteit (staat); (iv) die vernietiging van alle tradisionele

536

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

stelsels van wigte en teenwigte; (v) die versterking van patriargale regeringstelsels; (vi) die

vestiging van outoritêre beheer oor die gewapende magte; en (vii) die toepassing van ’n

doelbewuste beleid van verdeel-en-heers.

Europese kolonialisme het ook uiters nadelige gevolge vir die sosio-ekonomiese

ontwikkeling van die vasteland gehad. In die afwesigheid van eenstemmigheid in die

literatuur ten aansien van die presiese aard en omvang van die betrokke impakte sal met

Schraeder (2004:69–75) se opsomming volstaan word, naamlik: (i) die skep van geslote

ekonomieë; (ii) die totstandbrenging van ekonomiese stelsels wat primêr gebaseer was op die

uitvoer van ’n enkele landbouproduk of ’n enkele grondstof; (iii) die vestiging van

infrastrukturele ontwikkeling op wyses wat slegs die koloniale moondhede tot voordeel

gestrek het; (iv) die versterking van geslagsvooroordeel in nasionale

ontwikkelingsprogramme; en (v) die vestiging van outoritarisme in alle politieke en

ekonomiese sfere.

4.3 Die kontemporêre onafhanklikheidsera (sedert 1951)

Een van die onafwendbare gevolge van Europese kolonialisme was die ontstaan van ’n

onblusbare gees van nasionalisme en eise om nasionale selfbeskikking vir die onderskeie

kolonies in Afrika (Osaghae en McGowan 2006:214-16). In die nuwe internasionale orde wat

na die Tweede Wêreldoorlog tot stand gekom het en gedomineer is deur twee nuwe

supermoondhede, die VSA en die USSR, is die oorlogsverswakte Europese moondhede

gevolglik met geen ander keuse gelaat as om van hul koloniale besittings (met die

uitsondering van Egipte, Liberië en Ethiopië wat reeds onafhanklik was) afstand te doen nie.

Die verloop van die onafhanklikheidsproses word deur Birmingham (1995:1-61) in

streeksverband verduidelik, terwyl Schraeder (2004: 82-84) die mening huldig dat die proses

ten beste aan die hand van vier golfbewegings verduidelik kan word.

Die eerste golfbeweging het gedurende die vyftigerjare plaasgevind met die

onafhanklikheidwording van Libië (1951), Marokko (1956), Tunisië (1956), Soedan (1956),

Ghana (1957) en Guinee (1958). Die tweede beweging het gedurende die sestigerjare

plaasgevind toe aan meer as 30 Britse en Franse kolonies in Wes-, Sentraal en Oos-Afrika

onafhanklikheid verleen is. Die derde het ontstaan toe ’n aantal weermagoffisiere ’n

staatsgreep in Portugal aan die begin van die sewentigerjare uitgevoer en aangekondig het dat

onafhanklikheid aan alle Portugese kolonies in Afrika verleen sal word. Ander gebiede wat

gedurende die sewentigerjare onafhanklik geword het, was die voormalige Franse kolonies

Komoros (1975), Seychelles (1976) en Djibouti (1977). Die vierde golfbeweging het

gedurende die tagtigerjare van die vorige eeu ontstaan en was primêr daarop gemik om ’n

einde aan die blanke-beheerde gebiede in die huidige Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika

(toe reeds ’n onafhanklike staat sedert 1961) te bring. Met die vestiging van ’n inklusiewe

demokrasie in Suid-Afrika in 1994 is die onafhanklikheidsproses waarmee in 1951 in Noord-

Afrika begin is, uiteindelik aan die suidpunt van die vasteland tot die bevrediging van almal

voltrek.

537

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die meeste nuwe state wat as gevolg van die onafhanklikheidsproses gevestig is, sou egter

nie as suksesvolle demokratiese stelsels die mas opkom nie. Die primêre oorsaak was geleë in

’n “outoritêre-demokratiese paradoks” (Schraeder 2004:223). Dit kom kortliks daarop neer

dat van leiers in Afrika met onafhanklikheid verwag is om soos deurwinterde demokrate op te

tree, terwyl hulle hul politieke skoling onder ’n outoritêre koloniale bedeling ontvang het.

Verder is van hulle verwag om die Westminster- en Elysée-gebaseerde regeringsmodelle glad

te laat funksioneer. Hierdie modelle, wat geskoei was op die Westerse demokratiese doktrine

van magskeiding, was vreemd aan die politieke kultuur van Afrika en was gevolglik uit die

staanspoor tot mislukking gedoem (Matlosa 2003:92).

Teen hierdie agtergrond was dit onafwendbaar dat die outoritêre-demokratiese paradoks deur

die vroeë leierskap opgelos sou word deur die vestiging van eenpartystelsels waar mag

toenemend in die hande van die leier gekonsentreer is. Die maatreëls wat getref is om hieraan

beslag te gee, het behels die vul van poste in die staatsinstellings deur lojale ondersteuners;

die verwerping van enige federale reëlings; die omskepping van wetgewende en

regsprekende instellings in blote rubberstempels; die inhegtenisneming of verbanning van

kritici uit die burgerlike samelewing; en die verbod op kompeterende politieke partye

(Schraeder 2004:224).

Die vestiging van outoritêre eenpartystelsels deur die eerste geslag leiers van onafhanklike

state in Afrika is, volgens Matlosa (2003:92), gerasionaliseer op grond daarvan dat sodanige

stelsels ’n legitieme voortsetting was van veral die gesentraliseerde politieke stelsels wat

tydens die prekoloniale periode bestaan het; dat demokratiese veelpartystelsels ’n verdelende

effek op die samelewing het en nie die skepping van konsensus bevorder nie; en dat die

liberaal-demokratiese stelsels wat deur die koloniale moondhede in Afrika gevestig is,

vreemd is aan die politieke kultuur van Afrika. Verdere argumente wat aangevoer is, veral

deur leiers wat Marxisme aangehang het, was dat eenpartystelsels ’n noodsaaklike

voorhoede-rol te vervul het en die uiters noodsaaklike en snelle ekonomiese ontwikkeling nie

daarsonder sou kon plaasvind nie (Schraeder 2004:224–5).

Die eksperimente met die eenpartystelsel was nie geslaagd nie en sou onafwendbaar daartoe

lei dat sulke state weldra as verswakte of mislukte state bekend sou staan.

Gegewe hierdie besondere omstandighede, het die militêre leiers na vore getree as belangrike

politieke rolspelers. Die mees algemene metode wat deur hulle gevolg sou word om politieke

mag te bekom, was om ’n staatsgreep uit te voer (die skielike en onwettige omverwerping

van die bestaande regering deur die weermag of elemente daarvan). Teen die einde van die

sewentigerjare was meer as die helfte van state in Afrika onder militêre beheer (Decalo

1985:38). Die wydverspreide voorkoms van militêre regimes was op sekere mites gebaseer.

Daar is onder meer aangevoer dat weermagte groter legitimiteit onder die breë bevolking

geniet; meer effektief is; beter daartoe in staat is om stabiliteit te handhaaf; ’n beter

verenigende struktuur daarstel; en beter daartoe in staat is om ontwikkeling te bevorder

(Schraeder 2004:209–14).

538

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hierdie argumente het inderdaad geblyk bloot mites te wees, want die militêre bewinde het

nie veel beter as die eenpartystelsels gevaar nie, met die gevolg dat die aandrang op die

demokratisering van alle outoritêre regimes al feller geword het. Met die verval van

Marxisme-Leninisme in die Sowjetunie en Oos-Europa (die hartland van eenpartystels) in die

laat tagtigerjare van die vorige eeu en die ontstaan van die derde demokratiese golf regoor die

wêreld as gevolg van hierdie gebeure, het die aandrang op demokratisering ’n hoogtepunt

bereik en is daar met ’n demokratiseringsproses van ongekende omvang regoor Afrika begin.

Schraeder (2002:223) verwys na hierdie tydvak as Afrika se “tweede onafhanklikheid” of

Afrika se “tweede bevryding”. Hy wys ook daarop dat die demokratiseringsproses nie op ’n

uniforme wyse geïnisieer is nie, maar langs die weg van veelpartyverkiesings (tussen 1990 en

1994 het 38 state sodanige verkiesings gehou); die nasionale konferensie; geleide

demokratisering (die proses is op eensydige wyse deur ’n charismatiese leier bestuur); en

gekoöpteerde demokratisering (leiers het mag behou ten spyte van relatief vrye verkiesings).

In etlike gevalle is die proses egter deur die heersers gemanipuleer deurdat verkiesings gehou

is wat nie vry of regverdig was nie en waar die steel van stemme hoogty gevier het. In

Somalië het die elite op die demokratiseringsproses gereageer deur in ’n burgeroorlog

betrokke te raak.

5. Die huidige stand van demokrasie in Afrika

Waarnemers is dit met mekaar eens dat geen staat in Afrika gedurende die derde wêreldwye

demokratiese golfbeweging en Afrika se tweede bevryding of tweede onafhanklikheid

onaangeraak gelaat is nie. Alhoewel elke staat op die vasteland teen wil en dank genoodsaak

was om op hierdie sterk sistemiese krag van verandering te reageer, kon baie min egter daarin

slaag om alle fases van die demokratiseringsproses suksesvol in werking te stel. Volgens die

gesaghebbende Amerikaanse instelling rakende die stand van demokrasie in die wêreld,

Freedom House (2012), kon ’n skamele nege state (18 persent) in Sub-Sahara-Afrika (SSA)

met die aanbreek van 2012 as “vry” beskou word. Die tipering “vry” verwys na state waar

daar ope kompetisie om politieke mag bestaan, respek vir burgervryhede is, ’n beduidende

onafhanklike burgerlike samelewing opereer en die media oor vryheid beskik.

Die state wat in hierdie kategorie geplaas word, sluit in Botswana, Kaap Verde, Ghana, Mali,

Sao Tome en Principe, Suid-Afrika, Namibië, Benin en Mauritius. Volgens Herbst (2007:61–

3) is die uitstaande eienskappe van hierdie groep state, wat almal in SSA geleë is, die

volgende: Eerstens het die meerderheid, met die uitsondering van Suid-Afrika, klein

bevolkingsgetalle. Tweedens vorm die gesamentlike bevolking van hierdie state slegs 12

persent van die totale bevolking van Afrika. Derdens is slegs twee state, naamlik Suid-Afrika

en Botswana, mineraal-uitvoerders. Die ander state se uitvoerportefeuljes bestaan uit

landbouprodukte.

’n Verdere 21 state (43 persent) in SSA is deur Freedom House as “gedeeltelik vry”

geklassifiseer. In hierdie state is daar beperkte respek vir burgerregte en burgervryhede, maar

539

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die voorkoms van korrupsie, miskenning van regsoewereiniteit, godsdienstige

onverdraagsaamheid en die bestaan van ’n dominante partystelsel bring mee dat hulle nie as

demokraties beskou kan word nie.

In ’n derde kategorie wat deur Freedom House geskep is, is 19 state (39 persent) as “nie vry

nie” beskou. Dit is state waar inwoners wydverspreid en sistematies basiese burgerregte en -

vryhede ontsê word. Hierdie state kan sonder meer as diktatoriaal of outoritêr geklassifiseer

word.

Die state in Noord-Afrika is nie deur Freedom House by bogemelde syfers ingesluit nie, maar

saam met die Midde-Ooste ingedeel. In dié besondere streek is dit nietemin slegs Marokko

wat as “gedeeltelik vry” beskou word. Die oorblywende state resorteer in die kategorie state

wat as “nie vry nie” beskou word. Dit is belangrik om te noem dat dit ten spyte van die koms

van die Arabiese Lente in Noord Afrika en die omverwerping van die outoritêre regimes in

Egipte, Tunisië en Libië, tans nog nie moontlik is om hierdie state se klassifikasie te verander

nie (Freedom House 2012).

Voorts is dit belangrik om te beklemtoon dat daar belangrike verskille bestaan tussen die

syfers soos deur Freedom House verstrek en syfers wat weerspieël word deur die Economist

Intelligence Unit (2011:27) se Demokrasie Indeks vir 2011. Volgens hierdie indeks, wat die

toestand in SSA reflekteer soos dit aan die begin van Desember 2011 daar uitgesien het, kon

uit 44 state slegs een staat in die suid-oostelike Indiese Oseaan met ’n bevolking van

ongeveer 1,2 miljoen mense, naamlik Mauritius, as ’n “volwaardige demokrasie” beskou

word. Uit die oorblywende 43 state is nege, waaronder Suid-Afrika, as “gebrekkige

demokrasieë” getipeer. Hierdie groep state stem grootliks ooreen met Freedom House se

kategorie “vry” state. ’n Verdere 11 is as “hibriede regimes” geklassifiseer, terwyl 23 as

“outoritêre regimes” beskou is. Indien die state in Noord-Afrika ingesluit word, sou

laasgenoemde kategorieë uiteraard hoër syfers gereflekteer het.

Soos die geval met Freedom House, word die Economist Intelligence Unit (2011:28–9) se

Demokrasie Indeks vir 2011 ook allerweë as gesaghebbend beskou, aangesien dit gebaseer is

op 60 aanwysers wat in vyf verskillende kategorieë gegroepeer is, naamlik verkiesingsproses

en pluralisme, burgervryhede, funksionering van regering, politieke deelname en politieke

kultuur.

Alhoewel daar verskille bestaan tussen die syfers soos deur Freedom House verstrek en dié

van die Economist Intelligence Unit, kan die afleiding nietemin gemaak word dat die huidige

stand van die demokrasie in Afrika swak is. Hierdie afleiding word versterk deur syfers wat

deur die Mo Ibrahim Indeks vir 2011 verstrek is. Hierdie indeks, wat jaarliks die stand van

regeringsbestuur in Afrika evalueer, toon aan dat alhoewel daar gedurende 1910 verbeterings

te bespeur was in die kategorieë “volhoubare ekonomiese geleentheid” en “menseontwikkeling”,

daar reeds sedert 2006 beduidende agteruitgang in die kategorieë “veiligheid”

en “regsoewereiniteit” (36 state) en “deelname” en “menseregte” (39 state) ingetree het

(Politicsweb 2011).

540

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Insigggewende aspek wat deur Herbst (2007:62–3) vermeld word, is die feit dat talle state

wat onder Freedom House se klassifikasiemodel as “gedeeltelik vry” en “nie vry nie” beskou

word, uitvoerders is van minerale en veral olie. Hy meld dat state in Afrika wie se politieke

ekonomie op die uitvoer van hierdie kommoditeite gebaseer is, geneig is tot outoritarisme.

Die inkomste wat deur olie- en minerale uitvoere verdien word, word deur die regimes

onderskep (captured) en aangewend om hul magsmonopolie te behou. Die voorkoms van

hierdie besondere verskynsel, waarna soms as die “hulpbron-vloek” (resource curse) verwys

word, is egter nie tans van sodanige aard dat dit as wetmatig aanvaar kan word nie. Sowel

Suid-Afrika as Botswana is state wat minerale uitvoer (weliswaar nie olie nie), maar word

desondanks deur Freedom House as “vry” beskou.

Die koms van Suid-Soedan as die 54ste staat op die Afrika-vasteland gedurende Julie 2011

het ook nie ’n bydrae tot ’n toename in die getal demokrasieë gelewer nie. Die betrokke staat

word nie as ’n demokrasie beskou nie, ongeag die feit dat 99 persent van die bevolking in ’n

referendum ten gunste van onafhanklikheid gestem het. Tans is die Arabiese Lente die

enigste ligpunt in die demokratiseringsproses in Afrika. Soos egter reeds gemeld is, is dit in

hierdie stadium onduidelik of die betrokke samelewings en die revolusionêre leiers die proses

met sodanige sukses sal kan deurvoer dat dit uiteindelik tot die konsolidasie van demokrasie

sal lei.

Bibliografie

Baynham, S. (red.). 1985. Military power and politics in black Africa. Beckenham: Croom

Helm.

Birmingham, D. 1995. The decolonization of Africa. Londen: UCL Press. Hierdie uitgawe

gepubliseer deur die Taylor & Francis e-Library. 2009. (23 Februarie 2012 geraadpleeg).

Bratton, M. en N. van de Walle. 1997. Democratic experiments in Africa. Regime transitions

in comparative perspective. Cambridge: Cambridge University Press. (5 Maart 2012

geraadpleeg).

Caramani, D. (red.) 2008. Comparative politics. Oxford: Oxford University Press.

Dahl, R.A. 1971. Polyarchy: participation and opposition. Chapter Summaries.

http://www.wikisummaries.org/Polyarchy (1 Februarie 2012 geraadpleeg).

Decalo, S. 1985. Military rule in Africa: Etiology and morphology. In Baynham (red.) 1985.

(8 Maart geraadpleeg).

Economic Commission for Africa. 2007. Relevance of African traditional institutions of

governance. (22 Februarie 2012 geraadpleeg).

541

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Economist Intelligence Unit. 2011. Democracy index 2011. Democracy under stress. (27

Februarie 2012 geraadpleeg).

Finer, S.E. 1970. Comparative government. An introduction to the study of politics. Londen:

The Penguin Group.

Freedom House. 2012. Freedom in the world. The Arab uprisings and their global

repercussions. (27 Februarie 2012 geraadpleeg).

Herbst, J. 2007. The institutionalization of democracy in Africa. Democratization in Africa:

What progress toward institutionalization? Ghana Centre for Democratic Development, 4-6

October. Under the auspices of the US National Intelligence Council. (25 Oktober 2011

geraadpleeg).

Heywood, A. 2002. Politics. 2de uitgawe. New York: Palgrave Macmillan.

Huntington, S.P. 1991. The third wave. Democratization in the late twentieth century.

Norman: University of Oklahoma Press.

Mair, P. 2008. Democracies. In Caramani (red.) 2008. (20 Mei 2012 geraadpleeg)

Matlosa, K. 2003. Political culture and democratic governance in Southern Africa. African

Journal of Political Science, 8(1). (26 Februarie 2012 geraadpleeg).

McGowan, P.J. en P. Nel (reds.). 2006. Power, wealth and global equity. An international

relations textbook for Africa. 3de uitgawe. Landsdowne: UCT Press.

Osaghae, E.E. en P.J. McGowan. 2006. Africa in the global system, 1600 to decolonization.

In McGowan en Nel (reds.) 2006.

Politicsweb. 2011. Mo Ibrahim Index 2011: How South Africa did.

http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71654?oid=260471&sn=

Detail&pid=71654 (11 Oktober 2011 geraadpleeg).

Prempeh, H.K. 2007. The persistence of “imperial presidency” in Africa’s emerging

democracies. Democratization in Africa: What progress toward institutionalization? Ghana

Centre for Democratic Development, 4-6 October. Under the Auspices of the US National

Intelligence Council. (25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Rakner, L., A.R. Menocal en V.F. Fritz. 2007. Democratization’s third wave and the

challenges of democratic deepening: Assessing international democracy assistance and the

lessons learned. Londen: Overseas Development Institute (ODI). (12 Maart 2012

geraadpleeg).

Rummel, R.J. 1996. Democratization. http://www.mega.nu/ampp/rummel/democ.htm (13

Oktober 2011 geraadpleeg).

542

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Schraeder, P.J. (red.). 2004. African politics and society. A mosaic in transformation. 2de

uitgawe. Belmont: Wadsworth/Thomson.

Welzel, C. s.j. Theories of democratization. (28 September 2011 geraadpleeg).

—. 2006. Democratization as an emancipative process: The neglected role of mass

motivations. European Journal of Political Research, 45. (4 Maart 2012 geraadpleeg).

543

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Demokrasie en demokratisering in Afrika: Deel 2

Die belangrikste faktore wat substantiewe oorgang

belemmer

Opsomming

Chris Nelson

Chris Nelson: Navorsingsgenoot, Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch

In Deel 1 van hierdie artikel is agtergrondinligting verskaf ten aansien van die konsepte

demokrasie en demokratisering, asook die teoretiese benadering wat gevolg sal word. Verder

is klem gelê op ’n breë oorsig van Afrika se politieke ontwikkeling gedurende die

prekoloniale, koloniale en postkoloniale tydperke, asook die huidige stand van demokrasie op

die vasteland. In die lig daarvan dat die aangehaalde statistiek daarop dui dat die oorgang na

’n demokratiese owerheidsvorm regoor Afrika nie as ’n suksesverhaal van betekenis beskryf

kan word nie, sal in Deel 2 van die artikel ’n bespreking gewy word aan die belangrikste

politieke-kultuur-, politieke–elite-keuse- en makrostrukturele faktore wat substantiewe

oorgang belemmer. Soos in die inleiding vermeld sal, waar van toepassing, ook aangedui

word op welke wyse sommige van hierdie faktore die demokratiese konsolideringsproses in

kontemporêre Suid-Afrika beïnvloed.

Trefwoorde: demokrasie; demokratisering; demokratiese konsolidasie; burgerlike

samelewing; politieke kultuur; politieke elite; etnisiteit; neopatrimonialisme; mediavryheid;

sosio-ekonomiese ontwikkeling

Abstract

The most important factors impeding substantive transition

The end of the eighties not only witnessed the demise of Marxist-Leninist authoritarianism in

the former Soviet Union and its Eastern European satellite states, but also heralded the arrival

of liberal democracy as the triumphant form of government. As this new wave of democracy

engulfed the international system scores of states threw off the authoritarian yoke and by

adopting new democratic constitutions and holding free and fair elections, took their rightful

positions in the international community. This new wave of democracy also swept over the

African continent. After decades of suffering under dictatorial regimes of almost every

imaginable type, most African societies embarked hopefully on the new promising road to

democracy and freedom.

544

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The enthusiasm generated by the process of democratisation in Africa is evidenced by the

fact that between 1990 and 1994 no fewer than 38 multiparty elections were held throughout

the continent. Even the National Party government in South Africa made the momentous

decision to abandon its policy of apartheid in favour of a negotiated settlement and the

establishment of an inclusive democracy. This radical departure from a policy on which the

party had remained steadfast since 1948 and which had motivated the African National

Congress (ANC) to embark on a campaign of armed resistance during the 1960s is generally

regarded as one of the most dramatic and significant developments in the African

democratisation process.

However, in sharp contrast with the rest of the world, where the process of democratisation

had been initiated and consolidated with a great measure of success, the process on the

African continent met only with meagre results. In actual fact, after more than 20 years of

democratisation only the small island state of Mauritius is presently regarded as a fullyfledged

democracy in Africa. The remaining 53 states, including South Africa, are classified

as flawed democracies or as hybrid or authoritarian systems. With the exception of the

Middle East, Africa still remains the most undemocratic and poorly governed region in the

world. Understandably, the process of democratic transformation in Africa has been

described by H. Kwasi Prempeh as transition without change.

The purpose of this article is to identify, by means of a literature study, the political culture

factors, the political elite choice factors and the macrostructural factors that were responsible

for the fact that the democratisation process initiated during the early 1990s in Africa did not

deliver more substantial results. Where applicable the impact of these factors on the process

of democratic consolidation in contemporary South Africa will also be highlighted.

In order to provide the necessary background this article first elaborates briefly on the

concepts democracy and democratisation. Such an analysis is deemed vital because of the

many misinterpretations that specifically surround the concept democracy as well as the

various significant theoretical contributions that have appeared regarding the process of

democratisation.

Secondly, the main democratisation theories as well as the theoretical approach on which this

article is based are outlined. Rather than selecting a specific approach from among the

existing democratisation theories, an eclectic or integrative approach is followed.

Thirdly, a brief overview of the political history of the African continent is presented. The

structures and experiences to which African societies were exposed during the pre-colonial,

colonial and post-colonial periods were of such a nature that current political problems,

attitudes, values, beliefs, policies and structures can be fully understood only if viewed in

historical context.

Fourthly, the current state of democracy in Africa is outlined. It has already been indicated

that the state of democracy on the continent leaves much to be desired. However,

authoritative figures regarding this matter will demonstrate just how severely the

democratisation process was actually affected by the factors discussed here.

As stated in the purpose, the main focus of this article will be to identify the political culture

factors, the political elite choice factors and the macrostructural factors that underlie the

problematic nature of the democratisation process in Africa.

545

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Regarding the political culture factors the following are addressed: Firstly the existence of a

subject political culture in combination with parochial political orientations. In order to

determine what type of political culture best sustains a democratic system of government,

political scientists draw a distinction between participatory, subject and parochial cultures or

a combination of these cultures referred to as a civic culture. In Africa the process of

democratic transformation in most states is hampered by a subject political culture in

combination with parochial political orientations, mainly as a result of the process of

democratisation of disempowerment.

The second political culture factor obstructing democratisation in Africa is the existence of

underdeveloped and poorly organised civil society organisations. These associations and

organisations are not only incapable of protecting the private interests of ordinary citizens but

are also unable to keep a check on the activities of government. Even though an upswing in

the establishment of new civil society organisations has been noticeable in recent times, civil

society in general remains weak and poorly organised in most states.

With reference to the political elite choice factors the first that is dealt with is the continued

concentration of political power in the hands of the executive, especially the president. This

phenomenon is perhaps the most serious threat to the successful consolidation of democracy

in Africa because it is directly responsible for the widespread occurrence of the corrupt

practices associated with neopatrimonialism, prebendalism and the so-called imperial

presidency. In terms of these practices the formal architecture of a democratic state –

legislation restricting governmental action, constitutions, the rule of law, written and

unwritten rules and customs – is combined with the informal reality of personal and arbitrary

exercise of power by the creation, using public funds, of an elaborate system of patron-client

relationships stretching from the president down to the lowest levels of officialdom as well as

the ordinary citizens.

The second political elite choice factor negatively affecting democratisation in Africa is the

failure of political parties to act as democratising agents. It is widely accepted by scholars

that most political parties on the continent are inefficient vehicles of democracy because they

are, inter alia, plagued by a democratic deficit; suffer from bureaucratic-oligarchic syndrome

(BOS); are sustainable only on the elite level;are based on ethnic and regional loyalties; and

are interested in power only in order to utilise the resources and personnel of the state for

selfish purposes.

The third political elite choice factor regarded as a hindrance to democratisation in Africa is

the widespread infringement on media freedom. Throughout the democratic world it is

accepted that freedom of the media is the lifeblood of any democratic system. However, in

most African states the ruling elites purposefully try to manipulate the free flow of

information. This desire by the leadership to stifle public opinion appears to be so strong that

freedom of the media is regularly curtailed, even on the pretext that such action is in the

public interest or necessary to protect national security or promote rapid economic

development.

The fourth political elite choice factor inhibiting successful democratic consolidation in

Africa is the deliberate dismantling of separation between state and ruling party. In most

states it is difficult to determine the boundary between party and state. This state of affairs

can best be explained by the widespread incidence of dominant party systems as well as the

assumptions on which the main types of political parties in Africa are based. Of special

546

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

significance regarding the latter are the attempts by revolutionary and left-wing parties to

deliberately create so-called party states.

Regarding the macrostructural factors, the following are important: Firstly, the low levels of

socio-economic development in almost every African state. Modernisation theorists are

unanimous in their belief that for a democratic system to survive it needs high levels of socioeconomic

development. However, when surveying the African continent it is noticeable that

it is the only region in the world that has become poorer over the past 25 years. Widespread

poverty is perhaps the most salient characteristic of every African society. Indicative of the

dire situation is the fact that only two of the 54 states on the continent are not included in the

lowest third of the Human Development Index (HDI) of the United Nations Development

Program (UNDP).

The second macrostructural factor inhibiting democratic transition is the incidence of conflict

and violence occurring in many states. In terms of democratic peace theory the establishment

of a democratic system of government should bring about a more peaceful society. However,

in Africa this does not happen. On the contrary, conflict and violence in and among states are

still evident despite the democratisation process. It even appears as if the democratisation

process itself is generating conflict and violence.

The third macrostructural obstacle in the way of successful democratic consolidation in

Africa is the divisive influence of ethnicity. According to observers politicised ethnic

relations and the politics of ethnic mobilisation are not only the main sources of conflict in

Africa since independence, but also the main stumbling-block in the socio-economic

development of most states. Indicative of the divisive effects of ethnicity in the political life

of many African states is the formation of ethnically inspired opposition movements,

guerrilla insurgencies and separatist movements. In extreme cases ethnicity has even led to

the partitioning of states and acts of genocide.

Key words: democracy; democratisation; democratic consolidation; civil society; political

culture; political elite; ethnicity; neopatrimonialism; media freedom; socio-economic

development

1. Die politieke-kultuur-faktore

1.1 Die bestaan van ’n onderworpe politieke kultuur in kombinasie met parogiale politieke

oriëntasies

Politieke kultuur word deur politieke wetenskaplikes beskryf as die patroon van oriëntasies of

ingesteldhede van ’n samelewing jeens politieke objekte soos partye, regerings en die

grondwet en uitgedruk in oortuigings, simbole en waardes. Politieke kultuur verskil van

openbare mening deurdat dit gevorm is uit lang-gekoesterde waardes en gebruike eerder as

mense se reaksies op spesifieke beleidsrigtings, gebeure en probleme (Heywood 2002:200).

In ’n poging om die politieke kultuur te identifiseer wat as die mees geskikte beskou word om

’n demokratiese politieke bestel te onderhou, het Almond en Verba (1989:1–29) drie

547

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

algemene tipes geïdentifiseer, naamlik ’n deelnemende politieke kultuur, ’n onderworpe

politieke kultuur en ’n parogiale politieke kultuur (parogialisme).

’n Deelnemende politieke kultuur word gekenmerk deur staatsburgers se belangstelling in

politieke prosesse en waar populêre deelname as sowel wenslik as effektief beskou word. Die

burgery is positief georiënteer teenoor die politieke stelsel as geheel, dit wil sê sowel die

politieke as die administratiewe strukture. ’n Deelnemende politieke kultuur word

normaalweg vereenselwig met ’n demokratiese politieke stelsel.

In ’n onderworpe politieke kultuur is die burgery bewus van die sentrale regering en die rol

wat belangrike akteurs en instellings daarin speel. Daar is egter weinig populêre deelname

aan die regeerproses, aangesien die politieke en administratiewe strukture nie die belange van

die burgery op die hart dra nie en die samelewing meestal swaar gebuk gaan onder hul

besluitneming. Die burgery voel onmagtig om op te tree, omdat hul nie oor die ruimte of

middele beskik om tot verset oor te gaan nie. ’n Onderworpe politieke kultuur word

geassosieer met die bestaan van ’n gesentraliseerde outoritêre politieke struktuur.

Die kenmerke van parogialisme, daarenteen, is die afwesigheid by die burgery van ’n

burgerskapsgevoel; ’n afsydigheid teenoor die nasionale politieke proses en ’n voorkeur om

eerder met plaaslike instellings te identifiseer. ’n Parogiale politieke kultuur val saam met die

bestaan van ’n tradisionele politieke stelsel.

Ofskoon Almond en Verba (1989:29-30) die feit aanvaar dat ’n deelnemende politieke

kultuur die enigste tipe kultuur is wat ware demokrasie moontlik maak, het hulle ook

vorendag gekom met die konsep van ’n burgerkultuur (civic culture). ’n Burgerkultuur is ’n

kombinasie van bogemelde drie politieke kulture. Die uitstaande kenmerk daarvan is die

rasionele deelname deur die burgery aan die politieke proses, maar dit word gekombineer met

onderworpe en parogiale oriëntasies. In ’n burgerkultuur bestaan die drie politieke kulture

dus in balans met mekaar. Almond en Verba (1989:30) benadruk die feit dat in ’n

burgerkultuur deelnemende politieke oriëntasies nie onderworpe en parogiale oriëntasies

vervang nie, maar slegs daarmee kombineer.

In die lig daarvan dat, soos hier onder aangedui sal word, (i) die gesentraliseerde unitêre staat

die dominante verskynsel in Afrika is, (ii) die politieke elite mag grootliks in hul hande

gesentreer het, en (iii) die burgery as gevolg daarvan swaar gebuk gaan onder

regeringsbesluite, kan, met enkele uitsonderings, die politieke kultuur in die meeste

samelewings regoor die vasteland as ’n onderworpe kultuur beskryf word. Na aanleiding van

die feit dat politieke oriëntasies wat met parogialisme in verband gebring kan word, onder

bepaalde segmente van samelewings steeds voorkom, kan verder verklaar word dat die

onderworpe politieke kultuur in talle gevalle in kombinasie met parogiale politieke

oriëntasies voorkom.

Waarskynlik is die beste illustrasie van, en verklaring vir, die voorkoms in Afrika van ’n

onderworpe politieke kultuur in kombinasie met parogiale politieke oriëntasies te bespeur in

die huidige klasseverdelings in die meeste samelewings. Schraeder (2004:112–6) wys daarop

548

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dat alhoewel navorsers verskil oor die terminologie vir die verskillende klasse waaruit

samelewings in Afrika bestaan, almal dit met mekaar eens is oor die bestaan van die volgende

vier breë kategorieë:

• Die buitelandse bourgeoisie, bestaande uit die metropolitaanse bourgeoisie (die

politieke en sakeleiers uit hoofsaaklik die voormalige koloniale moondhede met

belange in individuele state) en die plaaslike buitelandse bourgeoisie (buitelanders

wat in individuele state woon en werk).

• Die plaaslike bourgeoisie, wat opgedeel kan word in die politieke bourgeoisie (die

politieke elite), die burokratiese bourgeoisie (die boonste lae van die amptenary),

die handelsbourgeoisie (die leidende sakelui) en die petty bourgeoisie (die laer

middelklas, soos handelaars, onderwysers, soldate en laer orde staatsamptenare).

• Die proletariaat, bestaande uit die stedelike werkersklas, wat ’n maandelikse of

uurlikse loon verdien, en die stedelike werkloses (ook genoem die

lumpenproletariaat).

• Die grootste klassegroepering, die kleinboere (peasantry). Die kleinboere is op die

platteland woonagtig, produseer voedsel vir eie gebruik en kan, sou die

omstandighede dit noodsaak, onafhanklik van die heersende politieke bestel

funksioneer.

Dit is bekend dat klassekonflik binne die plaaslike bourgeoisie (die elite) tot dusver ’n uiters

nadelige uitwerking op nie alleen die demokratiseringsproses gedurende die jongste

golfbeweging gehad het nie, maar ook tot verdere passiwiteit deur die proletariaat en

kleinboere gelei het. Volgens Sklar (2004:334) het die demokratiese veelpartyverkiesings

waarmee gedurende die negentigerjare van die vorige eeu regoor die vasteland begin is, bloot

tot ’n proses van demokratisering van ontmagtiging aanleiding gegee. Dit is ’n proses waar

nuutgevestigde veelpartystelsels dit vir roterende en kompeterende klassefaksies in die

plaaslike bourgeoisie moontlik gemaak het om die proletariaat en die kleinboer uit te buit, vir

magspolitieke doeleindes te manipuleer of van die politieke proses uit te sluit .

Teen die agtergrond van bostaande heers daar min twyfel dat die bestaan van ’n onderworpe

politieke kultuur in kombinasie met parogiale politieke oriëntasies in Afrika-samelewings in

verband gebring kan word met die feit dat die demokratiseringsproses waarmee aan die begin

van die negentigerjare begin is, nie as ’n suksesverhaal van betekenis beskryf kan word nie.

Van besondere illustratiewe waarde is die aanduiding in die demokrasie-indeks wat in 2011

deur die Economist Intelligence Unit (2011:27) opgestel is, dat Suid-Afrika as ’n gebrekkige

demokrasie geklassifiseer is primêr op grond van die vlak van politieke deelname en

demokratiese politieke kultuur. Gumede (2010) is ’n soortgelyke mening toegedaan en wys

daarop dat Suid-Afrika enorme uitdagings in die gesig staar namate daar oorgeskakel word

van ’n politieke kultuur eie aan ’n bevrydingsbeweging na ’n demokratiese politieke kultuur.

Volgens hom is talle Suid-Afrikaanse burgers besig om hul van die politieke proses te

onttrek. Sommige het selfs daartoe oorgegaan om hul toevlug tot geweld te neem ten einde

hul ontevredenheid te kenne te gee, terwyl andere bloot deur ’n gees van sinisme oorval is.

Volgens Diamond (2007:5) is daar egter die afgelope aantal jare tekens dat ’n toename in

populêre betrokkenheid by politieke prosesse besig is om in talle state plaas te vind. Hy wys

549

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

daarop dat terwyl daar tussen 1960 en 1990 slegs een president in Afrika tydens ’n verkiesing

uit die kussings gelig is, tussen 1990 en 2005 dienende presidente in een uit elke sewe

verkiesings die onderspit gedelf het. Dit wil egter voorkom asof Diamond se waarneming

bloot op ’n tydelike neiging in die rigting van ’n burgerlike politieke kultuur was. Getuienis

dat dit inderdaad die geval was, blyk uit onlangse resultate van twee demokrasie-indekse: (i)

die demokrasie-indeks wat in 2011 deur die Economist Intelligence Unit (2011:27) opgestel

is, waarvolgens die ergste demokratiese agteruitgang (democratic slippage) tussen 2008 en

2011 spesifiek in die kategorie vir deelnemende demokratiese politieke kultuur voorgekom

het; en (ii) die Mo Ibrahim-indeks vir 2011, wat aantoon dat beduidende agteruitgang reeds

sedert 2006 plaasgevind het ten aansien van politieke deelname in 39 state (Politicsweb

2011).

1.2 Die bestaan van onderontwikkelde en ongeorganiseerde burgerlike samelewings

Burgerlike samelewing word deur Bratton (1994:2) gedefinieer as die sfeer van sosiale

interaksie tussen die huishouding en die staat en manifesteer as vorme van

gemeenskapsamewerking, strukture van vrywillige assosiasie en openbare

kommunikasienetwerke. Volgens Heywood (2002:8) is die instellings wat die burgerlike

samelewing vorm, soos politieke partye, vakbonde, vrouebewegings, jeuggroepe,

godsdienstige, kulturele en kommersiële instellings, “privaat” omdat hulle deur individuele

burgers in die lewe geroep en gefinansier word om hulle besondere belange te dien. Die

instellings van die staat, daarenteen, is van “openbare” aard omdat hulle verantwoordelik is

vir die kollektiewe organisering van die gemeenskapslewe ten behoewe van alle

staatsburgers.

Alhoewel dit belangrik is om die onderskeid tussen private en openbare sfere te tref, wys

Bratton (1994:4–5) egter daarop dat noue wisselwerking tussen die staat en die burgerlike

samelewing onontbeerlik is en dat die een nie suksesvol sonder die ander kan bestaan nie. Ter

illustrasie meld hy dat private kommersiële instellings nie kan bestaan sonder ’n effektiewe

staat wat verbind is tot ’n vryemarkekonomie nie; dat ander private instellings geen hoop op

voortbestaan het as die staat nie politieke stabiliteit, regsoewereiniteit en essensiële dienste

verseker nie; en dat kommunikasienetwerke nie ten volle kan ontwikkel as die staat nie

vryheid van spraak erken en waarborg nie. Die staat kan op sy beurt ook nie voortbestaan

sonder die burgerlike samelewing nie. Bratton (1994:9) beklemtoon dat die legitimiteit van

politieke leiers se aanspraak op staatsmag deur die burgerlike samelewing bepaal word,

terwyl Diamond (1997:6) aantoon dat die burgerlike samelewing tegelykertyd die staat

beperk en legitimeer indien die staat op regsoewereiniteit gebaseer is.

Ten aansien van die demokratiseringsproses in ’n staat is die rol wat die burgerlike

samelewing speel, van kritieke belang. Bratton (1994:9–10) verwys na drie aanvraagverwante

aktiwiteite (demand-related activities) waar die burgerlike samelewing ’n

belangrike rol speel. Eerstens verbreed die burgerlike samelewing deelname aan die openbare

lewe deur gemarginaliseerde groepe soos die armes, vroue en minderhede. Tweedens

beskerm instellings in die burgerlike samelewing die burgery teen arbitrêre handelinge deur

550

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die staat deur as ’n buffer teen uitbuiting te dien en korrupsie en menseregtevergype te

monitor. Derdens help die burgerlike samelewing om verantwoordbaarheid te verseker deur

die burgery se voorkeure te kommunikeer en te verteenwoordig en daaroor te onderhandel.

Wanneer die verhouding tussen staat en burgerlike samelewing gedurende die postkoloniale

era in Afrika bestudeer word, blyk dit dat daar nie werklik sprake was van enige

betekenisvolle verhouding nie. Die gesentraliseerde regeringstelsels wat na

onafhanklikwording gevestig is, het slegs een doel voor oë gehad, naamlik om daardie

elemente in die burgerlike samelewing wat tot die suksesvolle stryd om bevryding en

onafhanklikheid bygedra het, te koöpteer of, in die geval van kritiek en weiering tot verdere

samewerking, die swye op te lê of hul voortbestaan te beëindig (Schraeder 2004:177).

Terwyl regerings oor die algemeen suksesvol was in die realisering van hierdie oogmerke, het

daar teen die tagtigerjare egter ’n herlewing van instellings in burgerlike samelewings

ingetree. Instrumenteel hierin was twee gebeure: aan die een kant die ekonomiese krisis

waarin alle state op die vasteland beland het en hul onvermoë om die burgery se belange te

dien baie duidelik gedemonstreer het, en aan die ander kant die beëindiging van die Koue

Oorlog met die val van die Berlynse Muur, wat tot ’n wêreldwye demokratiseringsproses

aanleiding gegee het.

Anders as wat die verwagting was, is die instellings in die burgerlike samelewing nie deur die

demokratiseringsproses die geleentheid gegun om te ontwikkel nie. Die rede hiervoor was die

sentralisering van mag op wyses wat nie voorheen bestaan het nie. Die onvermydelike gevolg

hiervan was die geleidelike dreinering van mag en invloed uit die burgerlike samelewing.

Soos gedurende die postkoloniale periode was die metodes wat gebruik is om alternatiewe

vorme van politieke mobilisasie se mag te dreineer, óf koöptasie óf eliminasie. Die oorgang

na demokrasie het dus ook hier geen verandering meegebring nie.

’n Aspek wat, volgens Young (2004:315), dikwels uit die oog verloor word wanneer die rol

van die burgerlike samelewing in die politieke prosesse van die nuwe demokratiserende state

in Afrika ontleed word, is die feit dat nie alle instellings inherent demokraties is nie. Hy wys

daarop dat terwyl talle instellings op vroeëre stadiums wel sterk druk op outoritêre leiers

uitgeoefen het om met liberaliseringsprogramme vorendag te kom, dieselfde instellings met

verloop van tyd ’n totale ommekeer gemaak het ten gunste van ’n outoritêre benadering.

Alhoewel Diamond (2007:6) erken dat burgerlike samelewings in die meeste state in Afrika

onderontwikkeld en ongeorganiseerd is, wys hy daarop dat daar gedurende die afgelope

aantal jare wel aanduidings is van ’n vernuwende tendens. Volgens hom is daar etlike

belangegroepe wat na vore getree het en hulle daarop toespits om demokrasie en goeie

staatsbestuur in Afrika te bevorder. In hierdie verband verwys hy na die ontstaan van

regsverenigings, menseregte-organisasies, vrouebewegings, opvoedkundige verenigings,

verkiesingsmoniteringsnetwerke en ontwikkelingsorganisasies.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat ten spyte daarvan dat hierdie jongste verwikkelings as

positief beskou word, Salih en Nordlund (2007:21) daarop wys dat sterk en georganiseerde

551

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

burgerlike samelewings in die meeste state in Afrika nog nie ’n realiteit is nie. Die gevolg

hiervan is dat die korruptiewe praktyke wat met neopatrimonialisme in verband gebring kan

word, voortduur tot ernstige nadeel van die demokratiese konsolideringsproses. Leon

(2010:5) beweer selfs dat state in Afrika oor van die swakste burgerlike samelewings beskik

en dat dit die kwaliteit en deursigtigheid van elke staat en sy instellings negatief affekteer.

Labuschagne (2003:1, 20) het in sy soeke na antwoorde waarom die burgerlike samelewing

in Afrika nie daarin kon slaag om ’n groter rol in die demokratiseringsproses te speel nie, ook

die blaam op outoritêre regerings en hul geneigdheid tot magsentralisering geplaas.

2. Die elite-keuse-faktore

2.1 Die voortgesette konsentrasie van mag in die hande van die uitvoerende gesag

(president)

In die definisie van demokrasie in Deel 1 is aangetoon dat die verdeling van regeringsmag

tussen die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag een van die pilare is waarop ‘n

demokratiese bestel rus. Die grondslag daarvan is reeds in die 18de eeu deur die Franse

filosoof Montesquieu (1689-1755) gelê (Lowenthal 1972:487). Ingevolge die trias politicadoktrine

is die doel met die verdeling van regeringsmag van tweërlei aard, naamlik om

vryheid te verseker en tirannie te vermy. ’n Interessante aspek van die trias politicaleerstelling

is die feit dat die drie regeringsvertakkings tegelyk onafhanklik van mekaar en op

’n interafhanklike wyse moet funksioneer. Onafhanklikheid impliseer dat daar geen

oorvleueling van personeel tussen die drie regeringsvertakkings sal wees nie, terwyl die

werking van die politieke wigte en teenwigte slegs binne ’n stelsel van interafhanklikheid

tussen die drie sfere moontlik is (Heywood 2002:315).

’n Verdere belangrike aspek wat met die besondere doktrine verband hou, is die oppergesag

van die regbank. Ingevolge die beginsel van geregtelike hersiening kan die regsprekende

gesag die wette, dekrete en optredes van die ander twee regeringsvertakkings ongeldig

verklaar. Hierdie beginsel vloei voort uit die bestaan van ’n gekodifiseerde grondwet wat aan

die regbank die mag verleen om optredes ongeldig te verklaar indien sodanige wette, dekrete

en optredes in stryd met die grondwet sou wees (Heywood 2002:306). Nou verwant hieraan

is ook die beginsel van regsoewereiniteit (rule of law). Die beginsel kom daarop neer dat die

samelewing regeer sal word deur algemene regsbeginsels en nie deur arbitrêre besluitneming

deur die uitvoerende gesag nie; dat die regbank onafhanklik van die wetgewende en

uitvoerende gesag sal funksioneer; en dat alle burgers in die oë van die regbank gelyk is

(Kotzé en Van Wyk 1986:117).

Wanneer die postkoloniale politieke ontwikkeling van state in Afrika bestudeer word, is dit

opvallend dat die driedelingsleer en die beginsels wat dit ten grondslag lê, nie nougeset deur

die politieke elite toegepas of gerespekteer is nie. Alhoewel die meeste leiers hul ná

onafhanklikheid onomwonde tot demokrasie en demokratiese regering verbind het, is die

552

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verdeling van mag tussen verskillende organe van die regering in die praktyk sistematies

afgetakel en is mag toenemend in die uitvoerende gesag gesentreer.

Volgens Schraeder (2004:177) kan die oorsprong van hierdie negering van fundamentele

demokratiese doktrines in Afrika gedurende die postkoloniale tydperk teruggevoer word na

die politieke leierskap se hantering van die uitdaging wat die “paradoks van hoë verwagtinge

en minimale vermoëns” daargestel het. In navolging van regeerpraktyke soos toegepas

gedurende die prekoloniale en koloniale tydperke het die politieke elite besluit om hierdie

uitdaging die hoof te bied deur magskonsentrasie. Van die belangrikste maatreëls wat deur

die leiers in hierdie verband getref is, is volgens Schraeder (2004:178–85): (i) die

Afrikanisering van die staatsinstellings; (ii) die drastiese vergroting van die sentrale

burokrasieë; (iii) die aftakeling van institusionele wigte en teenwigte; (iv) die koöptering,

onderdrukking of eliminering van instellings in die burgerlike samelewing; (v) die

grootskaalse uitbreiding van die gewapende magte; en (vi) die skepping van persoonlike

heersersnetwerke.

Bogemelde maatreëls, tesame met die wydverspreide voorkoms van korrupsie, wanbestuur,

hoë internasionale oliepryse, nasionalisering van belangrike sektore van die ekonomie,

enorme buitelandse skuld, en lae vlakke van buitelandse investering, het uiteindelik daartoe

gelei dat groeikoerse in die meeste state dramaties gedaal het. Teen die laat tagtigerjare van

die vorige eeu was haas elke nuwe staat in Afrika vasgevang in ’n ekonomiese krisis en nie in

staat om in die noodsaaklike maatskaplike behoeftes van die samelewing te voorsien nie

(Schraeder 2004:188–9).

Dit is teen hierdie agtergrond dat, na die verval van Marxisties-Leninistiese totalitarisme, die

derde demokratiese golfbeweging in die internasionale stelsel ontstaan het. As gevolg van

Afrika se postkoloniale geskiedenis van outoritarisme en vergrype teen menseregte sou geen

staat hierdie epogmakende verwikkeling vryspring nie. Aangespoor deur hulp, steun en

politieke druk uit die Westerse demokrasieë het talle state met ’n demokratiseringsproses

begin. Die omvang van die proses blyk duidelik as in gedagte gehou word dat tussen 1990 en

1994 nie minder nie as 38 veelpartyverkiesings, waarvan 29 as stigtingsverkiesings beskou

word, regoor die vasteland plaasgevind het (Schraeder 2004:228–9). Bratton en Van de Walle

(1997:3) beskou die demokratiseringsproses wat tussen 1990 en 1994 plaasgevind het, as die

mees ingrypende en omvangryke regimeveranderingsproses sedert die toekenning van

politieke onafhanklikheid gedurende die sestigerjare.

Die talle veelpartyverkiesings het egter nie beteken dat state in Afrika al die fases van die

demokratiseringsproses voltooi het nie. Volgens Barkan (2009:3) is Afrika na meer as twee

dekades sedert daar met die proses begin is, met die uitsondering van die Midde-Ooste, steeds

die mees ondemokratiese streek in die wêreld. Alhoewel geen staat in Afrika onaangeraak

gelaat is deur die demokratiese opswaai gedurende die negentigerjare van die vorige eeu nie,

kon weinig state daarin slaag om tot gekonsolideerde demokrasieë te ontwikkel.

Op soortgelyke trant beweer Diamond (2007:1) dat Afrika hom meer as 60 jaar na die begin

van die dekolonisasieproses steeds in die “woestyn” bevind betreffende demokratisering en

553

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

veral die toepassing van die regsoewereiniteitsbeginsel. Volgens hom is die politieke stryd in

Afrika steeds ’n wedywering tussen die oppergesag van die reg en die oppergesag van die

persoon (Diamond 2007:8). Saam met talle ander navorsers huldig hy ook die siening dat

Afrika, naas die Midde-Ooste, die mees korrupte en swaks-geregeerde streek ter wêreld is.

Ter illustrasie wys hy daarop dat state in Afrika swak vaar ten aansien van al ses vereistes

wat deur die Wêreldbank Instituut ontwikkel is om ’n staat se kwaliteit van regering te meet.

Die vereistes is verantwoordbaarheid; politieke stabiliteit en afwesigheid van geweld;

regeringseffektiwiteit in openbare administrasie en lewering van openbare dienste; kwaliteit

van regeringsregulering ter ontwikkeling van die privaatsektor; regsoewereiniteit; en

uitskakeling van korrupsie (Diamond 2007:2).

In sy soeke na antwoorde waarom die meeste state in Afrika, na langer as ’n halwe eeu van

onafhanklikheid en twee dekades se blootstelling aan ’n demokratiseringsproses, steeds

geteister word deur armoede, korrupsie, stagnasie, hongersnood, geweld, ontwrigting en

outoritarisme, kom Diamond (2007:2) tot die gevolgtrekking dat hierdie toestand nie aan ’n

gebrek aan hulpbronne toegeskryf kan word nie. Die meeste state is immers ryklik bedeeld

met natuurlike hulpbronne. Hy wys voorts daarop dat state op die vasteland sedert 1960 reeds

ongeveer 600 biljoen VSA-dollar aan buitelandse hulp ontvang het. Volgens Moyo (2009)

het die bedrag in 2009 reeds op een triljoen VSA-dollar te staan gekom. Dit is ’n bedrag wat

die hulp wat na die Tweede Wêreldoorlog deur die VSA aan die state van Wes-Europa

verleen is om hulle in die proses van ekonomiese heropbou en herstel by te staan, grootliks

verdwerg. Vir talle state in Afrika vorm buitelandse hulpverlening tans meer as die helfte van

die totale jaarlikse regeringsbesteding (Diamond 2007:2).

Dit is interessant om aan te toon dat in navorsing wat deur Djankov, Montalvo en Reunal-

Querol (2008:169) onderneem is, hulle bevind het dat ten spyte van die enorme bedrae wat

aan buitelandse hulpverlening deur die ontwikkelde state aan die onderontwikkelde state

bestee word, daar ’n negatiewe korrelasie bestaan tussen buitelandse hulp en demokratiese

konsolidasie in die ontvangerstate. Dit is ook in Afrika die geval. Die rede hiervoor is dat die

hulp nie vir ekonomiese ontwikkeling aangewend word nie, maar deur die regimes in die

ontvangerstate op korruptiewe wyse gebruik word om hul politieke magsposisies te verseker

en te versterk. Die gevolg is dat daar dikwels na hierdie verskynsel as die

hulpverleningsvloek verwys word.

Teen hierdie agtergrond beskou, is Diamond (2007:2) die mening toegedaan dat Afrika se

onvermoë om te demokratiseer primêr geleë is in ”die patologie van persoonlike

heerskappy”. Die algemene term wat gebruik word om hierdie patologiese toestand te beskryf

is neopatrimonialisme. Die term is reeds gedurende die sewentigerjare van die vorige eeu

geskep en word gebruik om te verwys na ’n organisasievorm waarin verhoudings van ’n

patrimoniale aard ’n politieke en administratiewe stelsel wat formeel op regs-rasionele

grondslae gekonstrueer is, deurspek. In toenemende mate word die term deesdae gebruik om

state in Afrika te beskryf en tersefdertyd te verklaar waarom hierdie state in hul pogings om

te demokratiseer en neoliberale markhervormings in werking te stel, grootliks onsuksesvol

was (Neopatrimonialism 2011).

554

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In kontemporêre Afrika manifesteer neopatrimonialisme, volgens Diamond (2007:2), soos

volg: die formele argitektuur van ’n moderne demokratiese staat – wetgewing wat

regeringsoptrede aan bande lê, grondwette, regsoewereiniteit, geskrewe en ongeskrewe reëls

en gebruike – word gekombineer met die informele realiteit van persoonlike en arbitrêre

magsuitoefening en die smee van ’n omvattende stelsel van begunstiger-kliënt-bande wat

strek vanaf die grootste “groot man” (die outokratiese president) tot sy hoofluitenante en

ander vertrouelinge wat op hul beurt weer optree as begunstigers van magshebbers op laer

vlakke. Schraeder (2004:183-5) beskryf neopatrimonialisme as ’n reeks konsentriese sirkels

van begunstiger-kliënt-verhoudings waar die leier in die sentrum van die stelsel persoonlik

senior regeringsaanstellings doen wat dan op hul beurt weer vertrouelinge op ander vlakke

aanstel.

Die leier beklee ‘n verhewe posisie in die stelsel en bewerkstellig lojaliteit deur die

verskaffing van ekonomiese voordele en politieke beskerming. Die wyse waarop

neopatrimonialisme geskied en die vernietigende uitwerking daarvan nie alleen op die

demokratiseringsproses nie, maar ook op die ontwikkeling van samelewings regoor Afrika,

word deur Diamond (2007:2-3) soos volg opgesom:

• Stelsels van institusionele wigte en teenwigte word (soos gedurende die tydperke

van eenpartystelsels en militêre regimes) afgetakel deur wetgewende en

regsprekende instellings se magte in te kort of ondergeskik te stel aan die

uitvoerende gesag, in besonder die president. (Ondergeskiktheid word gewoonlik

bewerkstellig deur vertrouelinge in die wetgewer en die regbank aan te wys.)

• Informele norme is verhewe bo formele reëls en beperkende maatreëls.

• Die reg om te regeer is in ’n persoon gesetel en nie in ’n amp nie.

• Ondergeskiktes is lojaliteit verskuldig aan persoonlike begunstigers en nie aan

wetgewing, regulasies en instellings nie.

• Outokratiese presidente en hul vertrouelinge gebruik staatsbronne as ’n

persoonlike gerieflikheidsfonds (slush fund) om hul dominansie te behou en hul

dominasie te verseker.

• Aanstelling in staats- en ander poste op elke vlak dien as ’n vrypas of permit aan

die betrokke posbekleër vir sowel persoonlike verryking as die begunstiging van

’n wyer netwerk van familielede, etniese verwante, vriende en sakevennote.

• Individuele belange (veral selfverryking en ’n weelderige leefstyl) word as van

groter belang geag as die lewering van openbare dienste soos die bou van paaie,

die ontwikkeling van markte, die lewering van gesondheidsdienste, effektiewe

polisiëring en die ontwikkeling van mensekapitaal.

Dit is belangrik om te meld dat Richard Joseph (Prebendalism 2011) met die konsep

prebendalisme vorendag gekom het om die korruptiewe praktyk te beskryf waar openbare

ampte gebruik word vir die persoonlike voordeel en verryking van die politieke elite en hul

vertrouelinge. Sindzingre (2010:3–4) beskou neopatrimonialisme as sinoniem met konsepte

soos korrupsie, kliëntelisme, baantjies-vir-boeties-praktyke en beslaglegging (capture).

Voorts maak sy gewag daarvan dat hierdie tipe stelsels ook as kleptokraties, prebendalisties,

kwasistate en roofdierstate beskryf kan word. Prempeh (2007:94) verwys na hierdie praktyk,

veral soos dit in Afrika manifesteer, as imperiale presidentskap, terwyl die skrywer Moeletsi

555

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Mbeki die huidige leiers in Afrika as argitekte van armoede bestempel (Pan Macmillan

2009).

Die verskynsel neopatrimonialisme en sogenaamde imperiale presidentskap, asook die

korrupsie wat daarmee gepaard gaan, is so prominent en omvangryk in Afrika dat dit talle

vrae by navorsers gewek het. Die volgende is van die belangrikste: Op welke wyse het

presidente en hul vertrouelinge daarin geslaag om vir lang tydperke aan bewind te bly? Hoe

het hulle daarin geslaag om hul persoonlike heersersnetwerke te vorm en in stand te hou?

Hoe het hulle daarin geslaag om staatsbronne te plunder sonder om tot verantwoording

geroep te word? Hoe het hulle daarin geslaag om uitvoerende dominasie in die

regeringsbestuur te vestig en terselfdertyd regsoewereiniteit af te takel? Hoe het hulle daarin

geslaag om hul swierige en weelderige leefstyle voort te sit terwyl die gewone burgery ’n

bestaan in uiterste armoede moes uitkerf? Waarom het die burgery nooit in opstand gekom

nie en veral nie die jongste demokratiseringsproses gebruik om die ooglopend uitbuitende en

korruptiewe praktyke deur hierdie presidente te beeïndig nie?

Ter beantwoording van hierdie vrae is dit belangrik om die Weberiaanse beskouings

waarvolgens legitimiteit in “stelsels van dominasie” gevestig word, aan te toon. Die

beskouings word soos volg deur Shortell (s.j.) verwoord: Die eerste wyse van legitimiteit

geskied deur tradisionele gesag. Tradisionele gesag impliseer ’n inherente, natuurlike of

metafisiese kwaliteit wat meebring dat dit nie rasioneel bevraagteken of uitgedaag kan word

nie. Dit funksioneer in ’n samelewing met rigiede vorme van sosiale hiërargie as gevolg van

die rol wat afkoms, gewoontes en gebruike speel. Tradisionele gesag is voorts gebaseer op

lojaliteit aan die leierskap. Mag word uitgeoefen by wyse van bevele deur die leier of

leiersgroep. Amptenare is lojaal en voer die bevele nougeset uit. Die gesagslyne is

ongespesifiseerd of vaag. Tradisionele gesag tref nie ’n onderskeid tussen privaat en publieke

aangeleenthede nie. Taakspesialisasie in die uitoefening van mag is minimaal.

Die tweede vorm is charismatiese gesag en is gebaseer op die persepsie dat ’n bepaalde

individu oor buitengewone eienskappe en vermoëns beskik. Die charismatiese leier is

gewoonlik die hoof of leier van ’n maatskaplike of politieke beweging. Deur inspirasie,

kommunikasie en dwang slaag hierdie individu daarin om ’n sentrale rol in die beweging en

die aksie wat daaruit voortvloei, te speel. Dit is veral in krisistye dat die charismatiese leier na

vore tree en ’n prominente rol speel. In ’n krisis verloor mense normaalweg vertroue in die

bestaande gesagstruktuur, wat dan deur die charismatiese leier uitgebuit word. Omdat dit ’n

gepersonaliseerde vorm van gesag is, is dit normaalweg onstabiel. Hierdie vorm van gesag

oorleef gewoonlik nie die afsterwe of ondergang van die oorspronklike leier nie. Om

volhoubaar te wees moet dit geroetineerd wees. Die charismatiese vorm van gesag word

gewoonlik in outoritêre politieke stelsels aangetref.

Die derde vorm van gesag is die regsrasionele vorm van gesag en is gebaseer op ’n stel reëls

en die oortuiging dat die proses waarvolgens die reëls neergelê en afgedwing word, legitiem

is. Hierdie vorm van gesag word deur die burokrasie geroetineer. Die burokrasie funksioneer

onafhanklik van spesifieke individue, omdat gesag gesetel is in ampte en in rolle. Verder

word gesag deur die burokrasie uitgeoefen op die grondslag van kennis en ervaring. Die

556

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

belangrikheid van die burokrasie is verder daarin geleë dat die persoonlike en die publieke

sfere geskei word en hoë vlakke van taakspesialisasie voorkom. Die regsrasionele vorm van

gesag word ook gekenmerk deur die skeiding van die wetgewende, uitvoerende en

regsprekende gesagstrukture, met die regsprekende gesag as die finale arbiter. Hierdie vorm

van gesag vorm die grondslagvan alle demokratiese politieke stelsels.

Teen die agtergrond van die voorgaande is dit begryplik waarom die demokratiseringsproses

in Afrika waarmee in die negentigerjare begin is, nie meer substantiewe resultate opgelewer

het nie. In die meeste state op die vasteland word, ten spyte van die demokratiseringsproses,

die regsrasionele vorm van gesag afgetakel en met die charismatiese of gepersonaliseerde

vorme van gesag vervang. Dit geskied op verskeie wyses, waaronder die sentralisering van

mag, die toepassing van neopatrimonialisme, die aftakeling van skeiding tussen staat en party

(wat hier onder bespreek word), en die burokraties-oligargiese sindroom (BOS) (wat ook hier

onder verduidelik word) wat die politiekepartywese in Afrika kenmerk.

Dit is belangrik om daarop te wys dat, soos elders op die vasteland, die voortbestaan van die

regsrasionele vorm van gesag ook in toenemende mate in kontemporêre Suid-Afrika bedreig

word. Dit is veral die aftakeling van skeiding tussen staat en party en die pogings van die

uitvoerende gesag om die regbank se magte in te kort wat as kommerwekkend beskou word.

In hierdie verband kan verwys word na president Jacob Zuma se uitspraak gedurende Julie

2011 dat die regbank se magte in Suid-Afrika nie verhewe mag wees bo dié van die regering

nie en dat die regering, as verkose liggaam, die alleenmandaat het om beleid te formuleer

(Edwards 2011). Gedurende November 2011 het hy hierdie standpunt in die parlement

herhaal (Joubert 2011) en gedurende Februarie 2012 selfs aangekondig dat die regering van

voorneme is om die uitsprake van die Konstitusionele Hof te hersien, selfs al sou dit die

wysiging van die grondwet beteken (October 2012). Aan hierdie en ander voornemens deur

die regering is gedurende Maart 2012 formele beslag gegee met die verskyning van ’n

beleidsbeprekingsdokument van die ANC oor die transformasie van die regstelsel binne die

raamwerk van ’n ontwikkelingstaat (RSA. Department of Justice and Constitutional

Development 2012).

In sy deurtastende ondersoek na die redes waarom die verskynsel van die imperiale

presidentskap, ten spyte van die demokratiseringsinisiatiewe wat in die meeste state

plaasgevind het, steeds aan die orde van die dag is, wys Prempeh (2007:97) op die volgende:

Eerstens, dat die voortsetting daarvan ten beste verstaan en begryp kan word as in gedagte

gehou word dat die demokratisering wat sedert die negentigerjare van die vorige eeu in

Afrika plaasgevind het, nie die territoriale verspreiding van mag in enige staat wesenlik

verander het nie. Met ander woorde, die strukturele fondamente waarop presidensiële

hegemonie in die postkoloniale state gebou was, naamlik die gesentraliseerde unitêre staat, is

op generlei wyse deur die demokratiseringsproses verander nie.

Tydens die demokratiseringsproses is, ter wille van “plaaslike patriotisme”, wel voorsiening

gemaak vir die vestiging van subnasionale politieke entiteite. Die reg om algemene

bevoegdhede uit te oefen het egter steeds by die sentrale regering berus. Prempeh (2007:97)

wys daarop dat, met die uitsondering van Nigerië, wat op ’n federale stelsel besluit het, al die

557

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ander demokratiserende state die gesentraliseerde unitêre regeringsvorm behou het. Van

magsverspreiding en magsbeteueling op vertikale vlak is daar dus geen sprake nie. Politieke

mag is steeds horisontaal versprei of gebalanseer tussen die president as hoof van die sentrale

regering en die ander vertakkings daarvan, naamlik die wetgewende en regsprekende

instellings. Prempeh (2007:95) beskryf gevolglik die demokratiseringsproses wat die

afgelope twee dekades in Afrika plaasgevind het, as oorgang sonder verandering (transition

without change).

Tweedens kan die verskynsel van die imperiale presidentskap volgens Prempeh (2007:98)

verklaar word aan die hand van die besondere verhouding tussen die wetgewende en

uitvoerende gesag wat in demokratiserende state in Afrika gestalte gevind het. Terwyl elke

demokratiserende staat die uitvoerende presidentskap behou het, het die meeste, met die

uitsondering van Nigerië en Liberië, nie ’n suiwer presidensiële regeringsvorm aanvaar nie.

Die meerderheid het op ’n hibriede model besluit waar die “pro-uitvoerende” kenmerke van

die parlementêre regeringsvorm (ministers wat in die president se kabinet dien, is ook

parlementslede) gekombineer is met die “pro-uitvoerende” eienskappe van die presidensiële

stelsel (vetoreg vir die unitêre president, vaste termyn vir die president, en ’n presidensiële

kabinet wie se termyn nie deur steun in die parlement bepaal word nie).

Die rede wat volgens Prempeh (2007:98) voorgehou is vir die hibridisering in konstitusionele

ontwerp in Afrika tydens die demokratiseringsproses, was die vermyding van konflik of

wrywing tussen die president en parlement. Alhoewel die hibriede model in hierdie doel kon

geslaag het, het dit nie die president se mag beperk nie, maar in werklikheid tot die

versterking daarvan gelei. Eintlik is dit ironies dat talle sogenaamde imperiale presidente in

Afrika hul magsposisies juis aan die demokratiseringsproses te danke het.

Verskeie navorsers, onder wie Posner en Young (2007:126–31) en Akech (2011:1–4), neem

die standpunt in dat daar wel vordering te bespeur is in die institusionalisering van politieke

mag in Afrika gedurende die afgelope aantal jare en dat daar wel beperkings bestaan ten

aansien van die mag waaroor die uitvoerende gesag beskik. Nie alle navorsers stem egter

hiermee saam nie. Kritici wys daarop dat alhoewel vordering nie ontken kan word nie,

neopatrimonialisme, prebendelisme en imperiale presidentskap steeds ’n enorme probleem

regoor die vasteland is en dat dit die demokratiseringsproses grootliks ontspoor het. Die

siening van Diamond en Plattner (2010:xii) dat die politieke proses in Afrika gekenmerk

word deur twee teenstrydige tendense, naamlik demokratiese vooruitgang en demokratiese

agteruitgang, is waarskynlik die mees korrekte beskrywing van die ware toedrag van sake.

Van ewe groot betekenis is die waarneming deur Bratton en Van de Walle (1997:110) dat die

demokratiseringsproses in Afrika dikwels beskryf kan word as een stap vorentoe en twee

stappe terug.

Tekenend van sowel die vordering as die agteruitgang is die nuwe grondwette wat opgestel is

deur daardie state wat aan die demokratiseringsproses deelgeneem het. Alhoewel hierdie

grondwette die bewindstermyne van nie minder nie as 33 presidente beperk het (Prempeh

2007:93), het diesefde grondwette egter nie daarin geslaag om hul mag aan bande te lê nie.

Prempeh (2007:94) verwys na hierdie presidente as termynbeperk maar nie getem nie (term-

558

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

limited but not tamed). Die demokratisering wat tot dusver in Afrika plaasgevind het, kan dus

inderdaad as oorgang sonder verandering beskryf word.

Dit is belangrik om te vermeld dat, soos elders in Afrika, magskonsentrasie in die hande van

die sentrale uitvoerende gesag ook in kontemporêre Suid-Afrika voorkom. Tydens die

onderhandelings oor ’n nuwe grondwet gedurende die vroeë negentigerjare is wel op ’n

federale model vir Suid-Afrika besluit, maar dit was ’n gesentraliseerde federasie (wat selfs

as ’n gedesentraliseerde unitêre stelsel beskou kan word) waarop uiteindelik ooreengekom is.

Ingevolge die besondere model is die magte van die nege provinsies beperk, terwyl

uitgebreide magte aan die sentrale regering toegeken is. Verder is ooreengekom op ’n

uitvoerende presidentskap, maar dit sou nie ’n volwaardige presidensiële stelsel wees nie.

Soos elders in Afrika, is op ’n hibriede model besluit waar die pro-uitvoerende kenmerke van

die parlementêre regeringsvorm gekombineer is met die pro-uitvoerende eienskappe van die

presidensiële regeringsvorm.

Die sterk magsposisie wat die uitvoerende gesag in Suid-Afrika beklee, kan meebring dat

neopatrimonialisme ook hier na vore tree as die kerneienskap van die politieke proses, ten

spyte van die bestaan van die formele argitektuur van ’n moderne demokratiese staat.

Uit die volgende behoort dit duidelik te blyk dat Suid-Afrika nie gevrywaar is van die gevare

wat in die “patologie van persoonlike heerskappy” skuil nie:

• Die verskynsel van ’n “soustrein” (’n situasie waarin ’n persoon of ’n groep

mense sonder meriete beloon word), wat reeds ’n bekende en voldonge feit is.

• Die aandrang van president Zuma dat die regering oor die alleenmandaat moet

beskik om oor beleid te besluit en dat die regbank geen seggenskap daaroor het

nie.

• Die publikasie van beleidsbesprekingsdokumente deur die ANC waarin wysigings

aan die bestaande stelsel van magskeiding (hersiening van die regstelsel en in

besonder die Konstitusionele Hof se uitsprake) en magsdeling (hersiening van die

provinsiale regeringstelsel) in die vooruitsig gestel word (News24 2012).

• Die bestaan van die Drieparty-alliansie as die dominante party.

• Die aftakeling van skeiding tussen staat en regerende party (wat hier onder

bespreek word).

• Die regerende party se dominasie van die wetgewende gesag by wyse van die

kiesstelsel van proporsionele verteenwoordiging volgens die lysmetode en

weiering om dit aan te pas of te verander.

• Die regerende party se beleid van regstellende aksie, kaderontplooiing en swart

ekonomiese bemagtiging.

• Die regerende party se sekurokratisering van die staat deur die militarisering van

die polisiemag, die rolveranderings van die intelligensie-instellings en selfs die

oorweging van voorstelle vir die herinstelling van ‘n nasionale veiligheidsraad

(Duvenhage 2011).

• Die regerende party se verbintenis tot die vestiging van ’n “nasionale

demokratiese samelewing” by wyse van ’n “nasionale demokratiese revolusie”

(NDR, oftewel national democratic revolution). (’n Verbintenis deur die ANC tot

’n nuwe fase in die NDR is gedurende Februarie 2012 opnuut bevestig (ANC

2012)).

559

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Verder moet in gedagte gehou word dat die ANC-regering van voorneme is om ook met

ingrypende maatreëls vorendag te kom ter regulering van die vrye vloei van inligting,

ondanks die bestaan van spraakvryheid en die erkenning daarvan in ’n konstitusioneelgesanksioneerde

Handves van Regte en Vryhede. Eerstens kan verwys word na die voorneme

om ’n mediatribunaal ten aansien van die gedrukte media in die lewe te roep (Du Plessis

2012). Tweedens is daar die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting ingevolge

waarvan die uitvoerende gesag die mag sal hê om die bekendmaking deur die media van

inligting wat die veiligheid van die staat (party?) bedreig, te verbied (soos korrupsie wat

reeds besig is om sistemiese afmetings aan te neem). Teen die agtergrond van bogemelde

praktyke en voornemens verskyn die spook van neopatrimonialisme in geen onduidelike

gestalte nie op die Suid-Afrikaanse politieke toneel.

In ’n belangwekkende artikel wat gedurende Oktober 2011 verskyn het en die moontlike

gevare hier bo genoem onderstreep, wys Gumede (2011) daarop dat Suid-Afrika reeds ’n

ernstige probleem in die gesig staar deurdat dit deur twee teenstrydige regeringstelsels

geregeer word. Aan die een kant is daar die amptelike regeringstelsel: die grondwet

onderskraag deur ’n duidelike demokratiese verwysingsraamwerk. Aan die ander kant is daar

die ANC se nie-amptelike regeringstelsel: die party se bevrydingsideologie-raamwerk, wat

veronderstel is om ook deur ’n demokratiese waardestelsel gerugsteun te wees, maar in die

praktyk nie gebeur nie. Volgens Gumede is dit egter nie die geval nie, want die ANC se nieamptelike

regering- en waardestelsel is grootliks deur magsug en eiebelang verrot, maar word

desnieteenstaande deur die party as verhewe bo die grondwet, die regbank en ander

waghondinstellings beskou. In die praktyk beteken dit dus dat die ANC-leier en die leierskap

as geheel, gemeet aan die norme van die grondwet, as uiters korrup beskou kan word, maar

nie volgens die nie-amptelike regeringstelsel en bevrydingsideologie-raamwerk nie.

2.2 Die versuim deur politieke partye om as demokratiseringsagente op te tree

Dit word deur politieke wetenskaplikes aanvaar dat die sukses van sowel ’n gevestigde

demokrasie as enige demokratiseringsproses in ’n staat beslissend bepaal sal word deur die

aard, ingesteldheid, houding en ideologiese oriëntasie van sowel die politieke party aan

bewind as die partye in opposisie. Hamdok (2007:51- 58) en Salih en Nordlund (2007:19–20)

beklemtoon dat die sukses van ’n demokratiseringsproses grootliks bepaal sal word deur die

wyse waarop die politieke partye en hul leiers daarin slaag om demokrasie nie alleen te

institusionaliseer nie, maar ook te ontwikkel, te verdiep en te konsolideer. Matlosa (2007:7)

verklaar sonder meer dat ’n politieke stelsel sonder kompeterende politieke partye nie as

demokraties beskou kan word nie. Kortom: politieke partye is die voertuie van ’n

demokratiese politieke stelsel (Mahler 1995:57).

Politieke wetenskaplikes en navorsers (Heywood 2002:252–5; Mahler 1995:146–7; Matlosa

2007:21–2) som die funksies van politieke partye in ’n demokratiese politieke bestel soos

volg op:

• Die selektering en ondersteuning van kandidate vir openbare ampte.

• Die seleksie van programme vir regeringsoptrede.

560

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

• Die opvoeding van die kieserspubliek in die fundamentele uitgangspunte en

beginsels van demokratiese regering.

• Die organisering en die bedryf van die regeringsfunksie deur die party of koalisie

van partye wat as die oorwinnaar in ’n verkiesing aangewys word.

• Die toesig oor en monitering van die wyse waarop die regeringsfunksie

georganiseer en bedryf word deur die partye wat die verkiesing verloor het.

• Die organisering en motivering van die openbare amptenary om as ’n eenheid in

belang van die burgery saam te werk.

• Die eliminasie van plaaslike en streeksverskille ten einde die openbare mening

sodanig te vorm dat daar slegs op kwessies gekonsentreer kan word wat vir die

burgery as geheel van belang is.

• Nasiebou, veral in ontwikkelende en demokratiserende state.

Wanneer ondersoek ingestel word na die vraag of politieke partye in kontemporêre Afrika

daarin geslaag het om bogemelde funksies ten uitvoer te bring en as demokratiseringsagente

gedurende die derde golf van demokrasie op te tree, kom ’n somber prent na vore. Volgens

Hamdok (2007:58) het politieke partye in die meeste state nie daarin geslaag om die nodige

vertroue en respek by die burgery te vestig nie en gevolglik nie meegehelp om die

demokratiseringsproses tot wasdom te bring nie. Die twee vernaamste probleme tot dusver

was die feit dat die meeste politieke partye slegs daarop ingestel was om hul eie besondere

belange na te streef en nie daarin geslaag het om ’n betekenisvolle rol in die kritieke periodes

tussen verkiesings te speel nie.

’n Verdere rede waarom politieke partye in Afrika nie daarin geslaag het om as suksesvolle

demokratiseringsagente op te tree nie, is die feit dat talle partye wat aan die demokratiese

verkiesings deelgeneem het, nie werklik as demokraties beskou kan word nie en nie die

vestiging van ’n demokratiese orde ten doel gehad het nie. Dit is bekend dat die talle

revolusionêre en linkervleuelpartye in Afrika wat hul in dominante posisies ná

bewindsaanvaarding bevind het, agendas nagestreef het wat slegs daarop gemik was om

staatsmag te bekom en daarna die oogmerke van ’n charismatiese individu of ’n klein elitegroep

te bevorder.

Vir die talle partye wat hul beslag spesifiiek binne die bevrydingsideologie-raamwerk gekry

het, was en is die verkryging van ’n permanente magsgreep op die samelewing of die

vestiging van ’n bepaalde ideologie of die ekonomiese en maatskaplike tranformasie van die

samelewing van oorheersende belang. Ten einde hierdie doelwitte te bereik was hierdie

partye nie alleen bereid om hul toevlug tot geweld en intimidasie te neem nie, maar, soos

Gumede (2011) hier bo ten aansien van die ANC in Suid-Afrika aangetoon het, ook bereid

om ’n onderhandelde demokratiese grondwet as van sekondêre belang te beskou en ’n nuwe

regering- en waardestelsel te aanvaar, nieteenstaande die feit dat dit op magsug, korrupsie en

eiebelang geskoei was.

Volgens die navorser Matlosa (2007:25) is die burokraties-oligargiese sindroom (BOS) ’n

belangrike faktor wat die effektiewe funksionering van politieke partye regoor Afrika

belemmer. Hy beskou die BOS as die achilleshiel van politieke partye in Afrika en grootliks

daarvoor verantwoordelik dat hulle as demokratiseringsagente nie suksesvol is nie. Die

561

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

besondere verskynsel word soos volg deur hom opgesom: Nadat politieke partye gevorm is,

ontwikkel elkeen normaalweg in burokratiese organisasies met ’n bepaalde struktuur en

hiërargie wat die vloei van inligting en die neem van besluite binne die party reguleer. Binne

die Afrika-konteks is dit egter opvallend dat daar in hierdie burokratiese ontwikkelingsproses

’n gelyktydige in- en uitsluitingsproses plaasvind. Volgens Matlosa (2007:25) is dit ’n uiters

komplekse en dinamiese proses, maar lei uiteindelik daartoe dat mag in die hande van ’n

klein groepie binne die party gesentreer word. ’n Verdere uitwerking van die

magkonsentrasie binne die party is die vervreemding van die breë ondersteuningsbasis en die

ontstaan van ‘n persoonlikheidskultus waar die leier as sinoniem met die party en die party as

sinoniem met die leier beskou word. Die finale stap is waar die partyleier in ‘n oligarg

ontaard met onbeperkte mag om oor partybeleid, ideologiese rigting en

bestuursaangeleenthede te besluit. Die twee tendense, naamlik hiperburokratisering en

oligargiese politiek, kombineer in talryke simptome binne die groter probleem wat as die

BOS gedefinieer word.

Die navorser Hamdok (2007:57) toon aan dat die meeste politieke partye in Afrika met ’n

demokratiese tekort (democratic deficit) te kampe het. Die demokratiese tekort word

veroorsaak deurdat die partye nie oor voldoende hulpbronne beskik nie, in wese

ondemokraties is en nie die beginsel van verantwoording aan hul lede onderskryf nie.

Benewens bogemelde tekort identifiseer Hamdok (2007:55–8) ook die volgende belangrike

gebreke en swakhede wat die vermoë van politieke partye in Afrika om as

demokratiseringsagente op te tree, aan bande lê:

• Die gebrek aan politieke programme en koherente beleidsrigtings.

• Die gebrek aan openheid betreffende finansiering.

• Die kapasiteitstekort in die leierskap.

• Die ontoereikendheid van ’n regsraamwerk om die effektiewe funksionering van

politieke partye as demokratiseringsagente te verseker.

• Die kondonering van korrupsie en vermorsing.

• Die versuim om aan vroue en minderheidsgroepe verteenwoordiging te verleen.

• Die swak wisselwerking tussen politieke partye en die burgerlike samelewing as

mededeelnemers aan die regeerproses.

• Die negatiewe rol wat finansiële gewin in die hernuwing van leierskap en die

seleksie van kandidate speel.

• Die werwing van lede op ’n etniese, streeks- of taalgrondslag.

• Die gebrek aan interne demokrasie betreffende die seleksie van kandidate, die

wedywering om leierskap, gereelde lidmaatskapkonvensies, en interne reëls om

die leierskap te dissiplineer en tot verantwoording te roep.

• Meningsverskilbestuur (dissent management) op ’n wyse wat outokrasie in die

hand werk deurdat lede wat van partybeleid verskil, die swye opgelê, gemuilband

of uitgeskop word.

• Die gebruik van leiersposisies vir selfbevoordeling.

• Die toepassing van die beginsel van seleksie eerder as eleksie.

• Gesentraliseerde beheer deur die leierskap ten aansien van die nominasie van

kandidate.

562

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In omvattende navorsing oor politieke partye in Afrika het Salih en Nordlund (2007) bevind

dat partye regoor die vasteland broos (fragile) is en dat die vooruitsigte vir ware demokratiese

konsolidasie van staat tot staat wissel (2007:21–2). Hulle voer die volgende redes aan ter

motivering van hul proposisie:

• Die meeste politieke partye is steeds direk of indirek afhanklik van die gebruik of

misbruik van staatsbronne.

• Die partye aan bewind is nie outonoom nie en dit is onmoontlik om te bepaal waar

die grense van die party eindig en waar die grense van die staat begin. (Hierdie

aspek word hier onder verder bespreek.)

• Die privaatsektor in Afrika is te onbeduidend om die totstandbrenging van ’n

lewenskragtige burgerlike samelewing en ’n nie-politiese middelklas wat

outonoom van die staat kan funksioneer, te ondersteun.

• Die swakheid van die privaatsektor dra ook daartoe by dat koalisievorming tussen

die instellings in die burgerlike samelewing en politieke partye nie kan plaasvind

nie.

• Politieke partye beskou die oorname van die staat (state capture) ten einde die

bronne en personeel daarvan te bekom en te beheer as ’n manier om die elite te

verryk. Die partypolitiek word dus ’n middel tot ’n doel en nie ’n proses om die

openbare belang te dien nie.

• Politieke partye is volhoubaar slegs op elite-vlak, aangesien die elite daarsonder

nie toegang tot die hulpbronne van die staat het nie.

• Politieke partye se beleidsrigtings is meestal gebaseer op etniese en

streekslojaliteite en nie op ideologie en deurdagte programme nie.

• Die swakheid van opposisiepartye en die onvermoë van hul leiers verhoed dat

hulle ’n behoorlike toesigrol oor die regering vervul. Hierdie partye is grootliks

daarvoor te blameer dat politici en amptenare wat hulle aan wanbestuur en

korrupsie skuldig maak, skotvry daarvan afkom en bydra tot ’n toestand waar

“demokrasieë sonder demokrate” gevestig word.

Teen die agtergrond van bostaande is dit duidelik dat die meerderheid politieke partye in

Afrika tot dusver nie daarin kon slaag om as effektiewe agente in die demokratiseringsproses

op te tree nie. In die lig van die negatiewe uitwerking wat neopatrimonialisme boonop op die

effektiewe funksionering van partye het, tesame met die wydverspreide intimidasie en geweld

waaraan die meeste partye hul tydens verkiesingsveldtogte skuldig maak, wil dit voorkom

asof politieke partye in Afrika, ook wat die afsienbare toekoms betref, nie hul primêre

demokratiese funksies doeltreffend sal uitvoer nie. Die onvermoë van politieke partye in

Afrika om as demokratiseringsagente op te tree word hier onder verder bespreek wanneer die

gebrek aan skeiding tussen staat en regerende party aan die orde gestel word.

2.3 Die begrensing van mediavryheid deur die politieke elite onder die dekmantel van

veiligheid, ontwikkeling of openbare belang

Die kwaliteit en beskikbaarheid van inligting in ’n samelewing word allerweë as van kritieke

belang vir die suksesvolle funksionering van ’n demokratiese politieke bestel beskou. Die

vrye media wat hieraan beslag moet gee, word inderdaad as die suurstof van ’n demokrasie

beskou. In postkoloniale Afrika het hierdie oortuiging egter nie altyd by die politieke

563

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

leierskap en die burgery inslag gevind nie. Die outoritêre regerings wat spoedig na

onafhanklikheid aan bewind gekom het, sou geen steen onaangeraak laat in hul strewe om

spraak- en inligtingsvryheid aan bande te lê nie. Die burgery het van hul kant oor die

algemeen weinig weerstand gebied en in die meeste gevalle die optrede van die leierskap

verduur of gelate aanvaar.

Die professionele mediapersoneel wat die outokratiese leiers teengestaan het, is dikwels met

die dood gedreig of vermoor. Een van die groot ironieë van die kontemporêre geskiedenis

van Afrika is die feit dat die media wat die bevrydingsideaal so kragdadig gepropageer het,

die eerste slagoffers sou wees om na onafhanklikheidwording gemuilband of uitgeskakel te

word. Ontwikkelings- en veiligheidsoorwegings, of bloot die openbare belang, het deurgaans

primêr gefigureer as redes wat deur die outoritêre leiers aangevoer is om die drastiese en

drakoniese optrede teen die media te regverdig.

Teen die einde van die tagtigerjare van die vorige eeu het daar egter regoor Afrika ’n

versagting ingetree in die wyse waarop regerings die media hanteer het. Namate die derde

demokratiese golf oor Afrika gespoel het, het regerings hulle oor ’n breë front verbind tot

demokratisering en saam daarmee die beskerming van burgerregte en -vryhede, waaronder

spraak- en mediavryheid. Die onafhanklikheid en vryheid van die media het selfs in die

grondwette van talle demokratiserende state gestalte gevind. Die nuwe benadering het egter

nie lank geduur nie. Namate die praktyk van neopatrimonialisme op die vasteland gestalte

begin kry het, is opnuut begin om die vryheid van die media deur middel van sensuur- en

ander maatreëls te beperk. Dit wat met die een hand gegee is, is met die ander hand terug

geneem.

Soos in die verlede het veiligheids- en ontwikkelingsoorwegings, of bloot die openbare

belang, prominent gefigureer in “imperiale presidente” se argumente waarom mediavryheid

ingekort moes word. Selfs in gevalle waar private media-instellings toegelaat is om voort te

bestaan, is ’n verskeidenheid maatreëls in werking gestel om beheer daaroor uit te oefen.

Hierdie maatreëls het onder meer die volgende ingesluit: regeringsinmenging in die

verspreiding van koerante en tydskrifte; die vorming van koerantgroepe deur regerings self;

en die gebruik van regters wat gewillig sou wees om uitspraak te lewer teen joernaliste en

publikasies met ’n kritiese ingesteldheid jeens die regering.

In hul kommentaar op die rol wat media-instellings gespeel het in die demokratiseringsproses

in kontemporêre Afrika, wys Daniels (2011) en Fleshman (2005) daarop dat daar talle

liggame en verklarings bestaan om demokratiese regering en deursigtigheid by wyse van

mediavryheid te vestig. Hieronder ressorteer die Pan-Afrika Parlement; die Windhoekverklaring

oor die Bevordering van Onafhanklike en Pluralistiese Media; die Banjulverklaring

van Beginsels oor Vryheid van Uitdrukking in Afrika; en die NEPAD-verklaring

oor Demokrasie. Wanneer egter ondersoek ingestel word na die vraag of al hierdie liggame

en verklarings enige verskil gemaak het ten aansien van mediavryheid in Afrika, kom ’n

somber prentjie na vore. Volgens Daniels (2011) was daar in 2010 meer as 400 joernaliste in

Afrika wat hulself as bannelinge in ander state bevind het.

564

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In ’n verslag deur die Federation of African Journalists vir 2010 word ’n soortgelyke prent

geskilder. In die verslag wat in die besonder oor persvryheid in Afrika handel, word

aangetoon dat in 2010 12 joernaliste in sluipmoorde omgekom het, vyf in ongelukke gesterf

het, en 34 tronkstraf opgelê is, terwyl honderde aangeval, geïntimideer en gedreig is. Volgens

die verslag het die aantal alarmseine (alerts) wat in 2010 ontvang is, toegeneem met 43%

vergeleke met 2009 (Federation of African Journalists (FAJ) 2010:1–3).

Die stand van mediavryheid in Afrika word waarskynlik ten beste aangedui deur die

befaamde Amerikaanse instelling Freedom House (2010) se verslag van 2010 oor die stand

van persvryheid in die wêreld. Hierdie instelling het bevind dat daar in hierdie jaar in SSA

slegs vyf state (10%) was wat in terme van persvryheid as Vry beskou kon word. ’n Verdere

22 state (46%) was as Gedeeltelik Vry beskou, terwyl 21 state (44%) as Nie Vry Nie beskou

is.

Dit is belangrik om te meld dat selfs in Suid-Afrika, wat as een van die mees demokratiese

state op die Afrika-vasteland beskou word, en waar vryheid van spraak konstitusioneel in ’n

Handves van Regte en Vryhede gewaarborg word, wetgewing deur die ANC-regering

geïnisieer is om mediavryheid aan bande te lê. Ook in hierdie geval word die veiligheid van

die staat aangevoer as rede waarom dié drastiese maatreël deur die regering nodig sou wees.

Die opposisiepartye en ander instellings in die burgerlike samelewing beskou hierdie

wetgewing egter in presies die teenoorgestelde lig en beslis nie in die openbare belang nie,

aangesien dit die blootlegging van korrupsie deur die regering, wat reeds sistemiese

afmetings aangeneem het, kan verhinder. Die betrokke wetgewing is steeds onder oorweging

na ’n uitgerekte en meedoënlose veldtog daarteen deur die media en instellings in die

burgerlike samelewing, soos die Right2Know Campaign (Mail&Guardianonline 2011).

2.4 Die aftakeling deur die politieke elite van skeiding tussen staat en regerende party

In elke demokratiese veelpartystelsel is dit van die allergrootste belang dat die beginsel van

skeiding tussen die staat en regerende party nougeset toegepas word. Indien dit nie gebeur

nie, bestaan die moontlikheid dat die staatsadministrasie nie alleen deur die regerende party

by wyse van die ontplooiing van ondersteuners gedomineer word nie, maar dat die openbare

bronne en openbare eiendom op willekeurige wyse deur die party tot sy eie voordeel en tot

nadeel van die partye in opposisie en die breë samelewing aangewend kan word.

In die meeste demokratiserende state in Afrika word die beginsel van skeiding tussen staat en

bewindhebbende party nie nougeset toegepas nie. Hier bo is reeds aangetoon dat, volgens

Salih en Nordlund (2007:21), in die meeste state in Afrika dit moeilik is om vas te stel waar

die grense van die party eindig en die grense van die staat begin. Navorsers wat dié besondere

verskynsel bestudeer het, het bevind dat die oorsaak daarvan hoofsaaklik geleë is in die

wydverspreide voorkoms van partystelsels waar een politieke party ’n dominante posisie

beklee (dominante- party-stelsels). Bogaards (2004) beweer selfs dat hierdie tipe partystelsel

die dominante verskynsel is in state waar veelpartyverkiesings plaasgevind het sedert daar

met die demokratiseringsproses in die negentigerjare begin is. Terwyl die betrokke

565

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

partystelsels nie as eenpartystelsels beskou word nie, is die nadelige uitwerking daarvan op ’n

demokratiseringsproses geensins van geringe aard nie.

In hul deurtastende navorsing oor politieke partye en partystelsels in Afrika het Salih en

Nordlund (2007:51) die nadele wat voortvloei uit die bestaan van dominante-party-stelsels vir

’n demokratiese bestel soos volg opgesom: Eerstens het dominante-party-stelsels ’n

belemmerende uitwerking op politieke kompetisie deurdat dit apatie bewerkstellig en

gevolglik lae stempersentasies tot gevolg het. Tweedens domineer dominante partye die

wetgewende proses en monopoliseer wetmaking tot hul eie voordeel. Derdens is regerings

wat in dominante-party-stelsels gevorm word, geneig om minder verantwoordbaar te wees

aan die wetgewende gesag wat deur hulle gedomineer word. Vierdens is die opposisiepartye

in dominante-party-stelsels te klein om effektief te wees. Laastens moedig dominante-partystelsels

regeringslui en die amptenary aan om die arrogansie van mag te ontwikkel en

gevolglik onverskillig te staan teenoor die eise en behoeftes van die burgery.

Brooks (2004) sluit hierby aan en wys daarop dat dominante-party-stelsels geneig is om die

openbare mening te ignoreer, die beginsel van verantwoordbaarheid oorboord te gooi,

demokratiese beginsels te versaak en in outoritarisme te verval.

Die rede waarom dominante partye daartoe geneig is om die demokratiese beginsel van

skeiding tussen staat en party af te takel en te verbreek, is volgens Heywood (2002:263) dat

wanneer gereelde regeringswisselings nie plaasvind nie, daar ’n geleidelike maar skadelike

proses van politisering intree wat uiteindelik daartoe lei dat staatsamptenare en

staatsinstellings begin om aan te pas by die ideologie en politieke prioriteite van die

dominante party (’n proses wat vergemaklik word deur die feit dat die dominante party

normaalweg ondersteuners in die burokratiese strukture ontplooi). Die leiers van die

dominante party begin op hul beurt weer om die party as deel van die staatsmasjinerie te

beskou. Bogaards (2004:192) stem hiermee saam en wys daarop dat dominante partye

normaalweg begin om van binne te degenereer en dominante outoritêre partye of

hegemoniese partye te word.

Dieselfde prosesse wat hier bo deur Heywood en Bogaards beskryf is, asook die arrogansie

van mag waarna Salih en Nordlund verwys, is in kontemporêre Suid-Afrika waarneembaar

waar die Drieparty-alliansie as dominante party getipeer kan word. In ’n dokument getiteld

Implementing the African Peer Review Mechanism (APRM) – Views from Civil Society is die

staat-party-verhouding in Suid-Afrika die swakste gradering wat bestaan, naamlik rooi,

toegeken. Die gradering is gedurende Junie 2011 vrygestel deur die APRM Monitoring

Project (AMP) (2011:31–5) aan die Afrika Parlement. Die AMP is ’n projek wat gesamentlik

bedryf word deur die Instituut vir Internasionale Aangeleenthede, die Sentrum vir

Beleidstudies en die Africa Governance, Monitoring and Advocacy Project.

Die AMP (2011:31-35) het rooi graderings in drie kategorieë aan Suid-Afrika toegeken,

naamlik party-staat-skeiding en -verhoudings; kaderontplooiing en politisering van

instellings; en regulering van private befondsing vir politieke partye. ’n Rooi gradering

beteken dat daar in Suid-Afrika geen of baie min vordering gemaak is om die kwessies te

566

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

hanteer en dat dit wil voorkom asof die regering nie van voorneme is om dit in die nabye

toekoms te hanteer nie.

Die gebrek aan skeiding tussen staat en party in Afrika kan ook verklaar word aan die hand

van die uitgangspunte van verskillende tipes politieke partye wat in state aan bewind is. In die

lig daarvan dat die meeste politieke partye in Afrika hul beslag binne die raamwerk van die

bevrydingsideologie gekry het, kan hulle as revolusionêre of linksgesinde partye getipeer

word. Vir hierdie partye is die vestiging van ‘n demokratiese bestel dikwels van min of geen

belang nie en word die betrokke owerheidsvorm eerder gesien as ‘n struikelblok wat die

vestiging van ‘n bepaalde ideologie belemmer.

Die onderskeidende kenmerk van linksgesinde partye is, volgens Heywood (2002:251) se

opsomming, die feit dat sodanige partye verbind is tot die radikale verandering van die

maatskaplike orde en die inwerkingstelling van ’n sosialistiese of kommunistiese ekonomiese

stelsel. In hierdie tipe ekonomiese stelsels is daar weinig sprake van demokrasie, aangesien

die regering mag sentraliseer en op haas elke lewensterrein voorskriftelik optree.

Revolusionêre partye is selfs meer ekstreem en is, volgens Heywood (2002:251) se

opsomming, antisisteem- en onkonstitusionele partye. Hierdie partye se primêre oogmerk is

om staatsmag te bekom en die bestaande konstitusionele struktuur omver te werp deur

metodes wat wissel van die stoking van opstande, populêre revolusies en kwasiwettige

optrede. Wanneer sodanige partye aan bewind kom, vorm hulle regime-partye wat alle

opposisie aktief probeer elimineer en ’n hegte en permanente verhouding met die

staatsmasjinerie vestig. Die belangrike demokratiese en konstitusionele onderskeid tussen

staat en party word dermate afgetakel dat die regering en die party onafskeidbaar word en

uiteindelik as ’n “partystaat” beskryf kan word.

Bostaande inaggenome is dit duidelik dat die uitgangspunte van die politieke partye wat in

Afrika aan bewind is, nie alleen die gebrek aan skeiding tussen staat en party verklaar nie,

maar ook lig werp op waarom die proses van demokratiese konsolidasie nie met meer

betekenisvolle sukses begroet is nie.

Die rede waarom die toepassing van hierdie besondere beginsel ook in Suid-Afrika in gevaar

verkeer, kan insgelyks verklaar word deur die feit dat al drie partye wat in die regerende

Drieparty-alliansie betrek is, nie alleen die dominante party vorm nie, maar ook as

revolusionêre en linksgesinde partye getipeer kan word. Sowel die Congress of South African

Trade Unions (COSATU) as die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) is op

uitdruklike wyse verbind tot linkse ideologieë soos sosialisme en kommunisme, terwyl die

ANC die realisering van ’n “nasionale demokratiese samelewing” by wyse van ’n nasionale

demokratiese revolusie (NDR) as strategiese doelwit stel. Gedurende Februarie 2012 het die

ANC hom opnuut tot die NDR verbind met die vrystelling van ’n besprekingsdokument oor

die “tweede oorgang” of tweede fase daarvan (ANC 2012). In die dokument word selfs

ingrypende wysigings aan die grondwet in die vooruitsig gestel ten einde die ekonomiese en

maatskaplike transformasie wat die NDR vereis, teweeg te bring.

567

3. Die makrostrukturele faktore

3.1 Die lae vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens politieke wetenskaplikes is daar weinig vraagstukke wat so intensief bestudeer is as

die verband tussen sosio-ekonomiese ontwikkeling en politieke demokrasie. Die vrae waarop

antwoorde gesoek is, was veral die volgende: Is arm state minder demokraties as ryk state?

Indien wel, waarom is dit die geval en hoe kan dit verklaar word? Een van die politieke

wetenskaplikes wat reeds gedurende die sewentigerjare van die vorige eeu met ’n hipotese

vorendag gekom het, was Robert Dahl (1971). Volgens hom is ‘n demokratiese politieke

bestel meer waarskynlik in state met hoë geletterdheids- en opvoedkundige vlakke, oop

kommunikasiestelsels, pluralistiese samelewings en die redelik gelyke verspreiding van

welvaart.

Wucherphennig en Deutsch (2009) het hul dit ten doel gestel om afdoende antwoorde op

hierdie tergende vrae te verkry deur die bestaande teoretiese argumente en empiriese

getuienis ten aansien van moderniseringsteorie te bestudeer en te ontleed. Die werkswyse wat

hulle gevolg het, was die volgende:

• Om die oorspronklike tesis van Lipset, naamlik hoe meer welvarend ’n staat, hoe

groter die kans dat dit demokrasie suksesvol sal kan onderhou, te ontleed en te

evalueer.

• Om die kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing wat gedurende die afgelope

dekades plaasgevind het ten aansien van moderniseringsteorie te bestudeer, sowel

as die mees invloedryke kommentaar en kritiek daarop te ontleed.

• Om die meer resente ontwikkelings ten aansien van die navorsing oor sosioekonomiese

ontwikkeling en demokrasie te analiseer. In hierdie verband is

hoofsaaklik gekonsentreer op die invloedryke en heftig gedebatteerde bydraes van

Przeworski en Limongi in hul werk oor moderniseringsfeite en -teorieë.

• Om die resente navorsing van wetenskaplikes soos Boix oor demokrasie en

redistribusie; Acemoglu en Robinson oor die ekonomiese oorsprong van diktatuur

en demokrasie; en Inglehart en Welzel oor modernisasie, kulturele verandering en

demokrasie te ontleed.

Die gevolgtrekking waartoe Wucherphennig en Deutsch (2009) gekom het in hul analise van

bestaande navorsing, was dat die noue verwantskap tussen sosio-ekonomiese ontwikkeling en

demokrasie nie bevraagteken word nie. Op die keper beskou bevestig alle navorsing die feit

dat demokrasie en demokratisering nie op ’n lukrake of toevallige wyse ontstaan nie, maar

“van binne af” geskied. Dit kom dus daarop neer dat, op stuk van sake, dit die sosioekonomiese

toestande binne ’n staat is wat die stabiliteit en volhoubaarheid van ‘n

demokratiese orde bepaal en nie andersom nie.

Wanneer ondersoek ingestel word na die werklike stand van sosio-ekonomiese ontwikkeling

in Afrika ten einde ’n aanduiding te kry van die stand van die demokratiseringsproses, kom ’n

donker prent na vore. Die vasteland, met ’n bevolking van meer as een biljoen mense

568

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(Population Reference Bureau 2011), kan met enkele uitsonderings gekategoriseer word as

onderontwikkeld en deurtrek van armoede. In etlike streke en in talle samelewings is selfs

uiterste armoede aan die orde van die dag. Volgens Salih en Nordlund (2007:35) is Afrika die

armste vasteland in die wêreld. Hulle verwys na die volgende:

• Oor die afgelope drie dekades was daar geen toename in inkomste vir die

inwoners van Afrika nie.

• Bykans die helfte van Afrika se inwoners leef in uiterste armoede.

• Armoede in Afrika is besig om toe te neem in sowel absolute terme as persentasie

van die bevolking, terwyl die teenoorgestelde in die ander ontwikkelende streke

van die wêreld gebeur.

• Die ongelyke verspreiding van inkomste is die hoogste in Afrika (veral SSA)

vergeleke met ander streke in die wêreld.

• Oor die afgelope dekade het die Menseontwikkelingsindeks (MOI) van die

Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in SSA in ’n vryval verkeer

vanweë die verwoestende wisselwerking tussen ekonomiese stagnering, stadige

vordering met die verskaffing van onderwys en die verspreiding van MIV/VIGS.

Dit het gebeur ondanks die feit dat die betrokke indeks in alle ander

ontwikkelende streke gestyg het. Die grootste dalings het in Suider-Afrika

plaasgevind – 35 posisies ten opsigte van Suid-Afrika, 23 posisies ten opsigte van

Zimbabwe en 21 posisies ten opsigte van Botswana.

Gegewens wat deur Diamond (2007:1) verstrek word, dui daarop dat in 2007 nie minder nie

as 23 van die armste state in die wêreld in Afrika was; dat slegs twee state op die vasteland

nie onder die onderste derde van die Verenigde Nasies (VN) se MOI geressorteer het nie; dat

die lewensverwagting in Afrika ’n skrale 46 jaar is, terwyl die syfer vir Suid-Asië op 64 jaar

staan; dat die helfte van Afrika se inwoners nie toegang tot skoon water het nie; dat 30% van

die inwoners ondervoed is en dat 10% van kinders voor die ouderdom van een jaar sterf en

17% voor die ouderdom van vyf jaar.

Die lae vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling in Afrika en die armoede wat daarmee

gepaard gaan, word waarskynlik ten beste geïllustreer deur statistiek wat deur die World

Hunger Education Service (2012) in 2012 verstrek is. Volgens hierdie instelling ressorteer

50,9% van die inwoners van SSA tans onder die 1,25 VSA-dollar-per-dagarmoedeklassifikasie.

Verskeie sienings bestaan oor die oorsake van die lae vlak van sosio-ekonomiese

ontwikkeling in Afrika en waarom die vasteland die enigste is wat die afgelope 25 jaar

verarm het, terwyl dit nie in die res van die onderontwikkelde wêreld gebeur het nie. Die

ekonoom Jeffrey Sachs (2004:131) is die mening toegedaan dat die volgende vyf strukturele

faktore as oorsaaklik beskou kan word: hoë vervoerkostes en klein markgroottes; laeproduktiwiteit-landbou;

’n hoë siektelas; ongunstige geopolitiek; en die trae diffusie van

buitekontinentale tegnologie na Afrika.

Die navorser Paul Collier (2007:20-24), verbonde aan die Universiteit van Oxford se Sentrum

vir die Studie van Afrika-ekonomieë, wyt die vasteland se mislukking om die afgelope aantal

dekades ekonomiese groei te bewerkstellig en armoede te bekamp aan die fisiese en menslike

569

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

geografie van die vasteland wat in ongunstige interaksie met mekaar verkeer. Volgens Collier

(2007:20-24) het die interaksie tussen Afrika se fisiese en menslike geografie die volgende

drie ekonomiese ontwikkelingsdilemmas tot gevolg: Eerstens is daar die problematiek

verbonde aan die bestaan van state wat ryklik bedeeld is met hulpbronne maar wat

gekniehalter word deur etnies diverse samelewings. Tweedens is daar die state wat swak

bedeeld is met hulpbronne en ook gekniehalter word deur klein diverse bevolkings. Derdens

is daar state met stadig-groeiende ekonomieë en wat ook gekniehalter word deur klein diverse

bevolkings.

Mahler (1995:60–5) identifiseer ’n hele reeks faktore wat daarvoor verantwoordelik is dat

onderontwikkelde state nie daarin slaag om op ekonomiese en maatskaplike gebied vordering

te maak nie. In hierdie verband verwys hy na hoë bevolkingsgroei, ongelyke

bevolkinsverspreiding, swak lewenskwaliteit (veral weens wanvoeding en siekte), lae

opvoedingsvlakke, landbougebaseerde ekonomieë, lae vlakke van industrialisasie, lae

indiensname, beperkte handel met ontwikkelde state en ’n hoë nasionale skuldlas. Toegepas

op Afrika, kan die negatiewe uitwerking van hierdie faktore op sosio-ekonomiese

ontwikkeling in haas elke staat op die vasteland waargeneem word.

Gedurende 2009 het Handley, Higgins en Sharma (2009:2-10) in ’n verslag vir die Oorseese

Ontwikkelingsinstituut in Londen die sosio-ekonomiese en polities-ekonomiese faktore

geïdentifiseer wat daarvoor verantwoordelik is dat armoede en onderontwikkeling in

spesifiek SSA hoogty vier. Betreffende die sosio-ekonomiese faktore is die hoë risiko en

kwesbaarheid van inwoners, die gereelde mislukking van oeste, mislukking en vlugtigheid

van markte, konflik, swak gesondheidsdienste, en gebrekkige onderwys en

bestaansmoontlikhede as die belangrikste drywers geïdentifiseer. Die polities-ekonomiese

faktore het ingesluit die politiek van nie-ontwikkeling (politieke stelsels wat

transformasionele verandering verhinder); hoë vlakke van korrupsie; swak nasies en swak

state (vanweë koloniale grensafbakening); swak burgerlike samelewings; miskenning van

menseregte; en die hulpbronvloek.

Alhoewel daar na alle waarskynlikheid nie eenstemmigheid bereik sal word oor die presiese

redes wat aangevoer kan word waarom Afrika die armste vasteland in die wêreld is nie, is

Diamond (2007:2) die mening toegedaan dat, soos hier bo aangetoon, “die patologie van

persoonlike heerskappy” die enkele aspek is wat op die mees prominente wyse figureer in

alle politieke, ekonomiese en maatskaplike probleme wat Afrika sedert dekolonisasie

ondervind het. Lewis (2007:67) is ’n soortgelyke mening toegedaan en verklaar dat dit

moeilik is om in Afrika nie die noue verband tussen niedemokratiese regering en ekonomiese

mislukking raak te sien nie. Volgens hom word staatsfondse sonder meer aangewend om die

ondersteuningsbasis van regimes in stand te hou. Verder tree die regimes as “hekwagters” op

vir toegang tot hulpbronne, werks- en markgeleenthede. Die gevolge hiervan is onvermydelik

ekonomiese stagnasie, herhaalde fiskale krisisse en die verdieping van armoede.

Lewis (2007:68) erken dat enkele demokratiserende state wel makro-ekonomiese

hervormings gekonsolideer het en dat dit groei in sekere streke bewerkstellig het. Hy

beklemtoon egter terselfdertyd dat terwyl hierdie nuwe benaderings die fondament vir beter

570

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

prestasie gelê het, die groei nie ten volle daaraan toegeskryf kan word nie. ’n Deel van die

oplewing is teweeggebring deur hoër kommoditeitspryse en nuwe bronne van investering,

veral China.

In die meeste state waar hervormings aangebring is, het die verhoogde ekonomiese groei

egter nie gepaard gegaan met groter populêre welvaart nie. Volgens Lewis (2007:68) is Suid-

Afrika, Nigerië, Ghana en Tanzanië voorbeelde waar ekonomiese groei weliswaar

bewerkstellig is, maar dat dit nie welvaart vir die gewone burgery geskep het nie. Hy verwys

na hierdie wanverband (disconnect) tussen makro-ekonomiese indikatore en mikroekonomiese

prestasie as die paradoks van groei sonder welvaartskepping.

Aangesien Lewis na Suid-Afrika as voorbeeld verwys, kan gemeld word dat die Suid-

Afrikaanse ekonomie sedert 1993 tot en met die uitbreek van die wêreldwye ekonomiese

krisis in 2008 vir 62 kwartale ononderbroke groei getoon het (SouthAfrica.info 2011). Ten

spyte van hierdie uitgerekte periode van ekonomiese groei wys Gouws (2011) egter daarop

dat 35% van alle Suid-Afrikaners onder die armoedegrens leef. Die rykste 10% van die

inwoners verdien 53% van die inkomste en die rykste 20% kry 70% daarvan. Die armste 10%

van die bevolking kry 0,57% van die inkomste, terwyl die armste 20% slegs 1,6% daarvan

kry. Dit beteken dat Suid-Afrika, ten spyte van ’n relatief lang periode van ekonomiese groei,

steeds die mees ongelyke staat in die wêreld is ten aansien van die verdeling van inkomste.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat die lae vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling in

veral SSA voortduur nieteenstaande omvangryke ontwikkelingstrategieë en -planne deur die

internasionale gemeenskap en state in Afrika self. In hul verslag aan die Oorseese

Ontwikkelingsinstituut in 2009 gee Handley e.a. (2009) ’n oorsig van die verskillende groei-

en ontwikkelingsinisiatiewe vir Afrika wat die afgelope dekades die lig gesien het. Eerstens is

daar die armoedegerigte planne en programme, wat insluit die Struktureleaanpassingsprogramme

(SAP’s) en Armoedeverminderingstrategieë (PRS’s) van die

Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank, die Millennium-

Ontwikkelingsdoelwitte (MDG’s) neergelê deur die Verenigde Nasies (VN), asook die

programme vir kapasiteitsbou, armoede-bekamping, sosiale beskerming, insluiting en

bemagtiging. Tweedens is daar die groeigerigte programme wat insluit planne vir

handelsuitbreiding, verhoogde investering, nywerheids- en infrastruktuurontwikkeling.

Derdens is daar die planne vir die hervorming van buitelandse hulpverlening. Laastens is daar

die planne en programme wat spesifiek deur state in Afrika geïnisieer is, soos die NEPAD

(New Economic Plan for Africa’s Development), die APRM (Africa Peer Review

Mechanism), die Kimberley-proses en die Extractive Industries Transparency Initiative

(EITI).

Dat die lae vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling, ten spyte van ’n omvangryke stel

strategieë en planne vir groei en armoedeverligting, ’n enorme probleem vir demokratiese

konsolidasie regoor Afrika skep, sal geredelik besef word, veral as in gedagte gehou word dat

die burgery, omdat hul lewensomstandighede nie verbeter het nie, vertroue in die

demokratiseringsproses kan verloor en sodoende die weg baan vir imperiale presidente en

populistiese aktiviste om hul magsgreep op samelewings te behou en te versterk. Die eise van

571

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die ANC Jeugliga in Suid-Afrika vir die eietydse ekonomiese bevryding van die armes en ’n

omvangryke program van nasionalisering van strategiese bedrywe (ANC Youth League

2011) is ’n goeie voorbeeld van die wyse waarop armoede vir korttermyn politieke

magsoorwegings uitgebuit kan word.

3.2 Die voorkoms van konflik en geweld in samelewings

Ingevolge die demokratiese vredesteorie (Democratic Peace Theory 2010) voer demokratiese

state nie oorlog teen mekaar nie en is hierdie state ook wat hul interne politieke prosesse

aanbetref meer vreedsaam as niedemokratiese stelsels. Die uitgangspunt wat hierdie

besondere beskouing ten grondslag lê, is dat demokratiese regerings meer vreedsaam is

omdat hulle oor groter legitimiteit beskik; meer verantwoordbaar is aan hul burgers; meer

akkommoderend is vir die pluraliteit van samelewings; en meer verdraagsaam is vir

uiteenlopende sienings.

Alhoewel bogemelde uitgangspunte wye aanvaarding geniet, het die demokratiseringsproses

waarmee in die negentigerjare van die vorige eeu in Afrika begin is, die hoogs plofbare aard

van die demokratiserende state op die vasteland blootgelê. Ter illustrasie wys Diamond

(2007:2) daarop dat twee derdes van die state waarheen die Verenigde Nasies (VN) tussen

1998 en 2007 vredesbewaringsmagte gestuur het, in Afrika geleë was en dat 70 persent van

die 70 000 VN-vredesbewaringstroepe wat vanaf 2007 ontplooi is, in Afrika diens gedoen

het.

Volgens Handley e.a. (2009:3) was Afrika in 2006, met slegs 13% van die wêreld se

bevolking, verantwoordelik vir 40% van alle gewelddadige konflikte. In dieselfde jaar het

meer as drie miljoen inwoners van state op die vasteland ’n heenkome elders as vlugtelinge

gesoek.

Strydig met die teorie van demokratiese vrede het die demokratiseringsproses dus nie tot

vreedsame samelewings in Afrika gelei nie. Inteendeel, alles dui daarop dat die vryhede wat

die demokratiseringsproses meegebring het, eerder tot konflik en geweld bygedra het.

Navorsing deur Bekoe (2007:29) toon aan dat van die 19 state in Afrika wat tussen 2000 en

2005 aktiewe konflik ondervind het, 13 op daardie stadium as “nominaal demokraties”

getipeer was. In agt state het die konflik selfs geëskaleer tot burgeroorlog. Die navorser

Naison Ngoma (2004), verbonde aan die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), sluit hom

hierby aan en wys daarop dat die demokratiseringsproses waarmee na die Koue Oorlog in

Afrika begin is, nie tot ’n afname in die aantal staatsgrepe gelei het nie. Data wat versamel is

vir die tydperk 1995 tot 2001, dui daarop dat daar gedurende hierdie periode trouens ’n

toename in staatsgrepe op die vasteland was.

Ter verklaring van hierdie anomalie het Bekoe (2007:29) antwoorde op die volgende vrae

probeer soek: Onder welke toestande kan demokratisering tot politieke geweld lei? Onder

welke toestande hou demokratisering en demokratiseringsmeganismes die belofte van vrede

in? Kan nuut-demokratiserende state politieke geweld vermy? In haar navorsing het sy tot die

gevolgtrekking gekom dat alhoewel dit inderdaad aanvaar kan word dat stabiele demokrasieë

572

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uiteindelik meer vreedsaam is, die weg daarheen nie altyd vreedsaam is nie. Dit is dus nodig

om ’n onderskeid te tref tussen nuut-demokratiserende stelsels en geïnstitusionaliseerde en

gekonsolideerde demokrasieë. Volgens Bekoe (2007:29) veroorsaak die

demokratiseringsproses konflik en geweld om presies dieselfde redes as waarvoor dit geloof

word ’n metode te wees vir die voorkoming daarvan: terwyl gevestigde demokrasieë

uiteenlopende politieke sienings toelaat, sonder die gevaar van ’n gewelddadige teenreaksie

(backlash), beskik nuut-demokratiserende state nie oor die institusionele sterkte om dit toe te

laat nie. Nog minder beskik sodanige state oor die verdraagsaamheid om ’n gewelddadige

teenreaksie te temper.

Ter verdere verduideliking van waarom konflik en geweld in nuut-demokratiserende stelsels

gedy, wys Bekoe (2007:29–31) ook op die volgende:

• Demokratiserende politieke stelsels is meer geneig tot geweld omdat die

instellings wat konflik moet hanteer, swak is.

• Demokratiserende politieke stelsels vind dit problematies om opponerende

groeperings wat noodwendig na vore sal tree, te hanteer.

• Politieke koalisies in demokratiserende politieke stelsels is onstabiel omdat ’n

tradisie van kompromiesluiting afwesig is.

• Demokratiserende politieke stelsels ondervind probleme om die groot

verskeidenheid belangegroepe wat op die toneel verskyn, te akkommodeer.

• Demokratisering is uitermate problematies in etnies-diverse samelewings.

• Demokratisering is haas onmoontlik in gesentraliseerde politieke stelsels.

• Regeerders in demokratiserende stelsels wat tot die gevolgtrekking kom dat hul

magsbasis deur demokratisering bedreig word, kan tot geweld oorgaan ten einde

steun te behou.

Inagnemende die feit dat bogemelde toestande in die meeste state in Afrika teenwoordig is, of

kan ontstaan, is dit begryplik waarom die demokratiseringsproses waarmee in die

negentigerjare van die vorige eeu begin is, nie ’n einde aan konflik en geweld in talle state

teweeg gebring het nie. Demokratisering het in plaas daarvan om konflik en geweld te

verminder eerder daartoe bygedra. Voeg hierby die talle ander samelewings- en strukturele

faktore wat die demokratiseringsproses tot dusver gekortwiek het, en die moontlikheid dat die

ganse proses in talle state uiteindelik in die slag kan bly, kan nie uitgesluit word nie.

3.3 Die verdelende invloed van etnisiteit op samelewings

Etnisiteit is, volgens Heywood (2002:168), die sentiment van lojaliteit jeens ’n

onderskeidende bevolking, kulturele groep of selfs ’n bepaalde grondgebied. Volgens hom is

die begrip baie gekompliseerd, omdat dit sowel rasse- as kulturele elemente omsluit. Die lede

van ’n etniese groep word dikwels as afstammelinge van gemeenskaplike voorouers beskou

en op grond daarvan as ’n uitgebreide familie wat deur bloedverwantskap gebind word, geag.

Die mees algemene siening is egter dat etnisiteit ’n vorm van kulturele identiteit is, maar wat

op ’n intens emosionele vlak uitspeel en ervaar word. Terwyl ’n etniese kultuur bepaalde

waardes, tradisies en gebruike omsluit, is die belangrikheid van etnisiteit daarin geleë dat dit

573

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aan ’n groep mense ’n gemeenskaplike identiteit verskaf en hul van ander onderskei op grond

van oorsprong en afkoms.

Heywood (2002:168) wys verder daarop dat terwyl sommige waarnemers nasies as

uitgebreide etniese groepe beskou, ander die standpunt huldig dat etniese groepe ’n

eksklusiwiteit vertoon (’n persoon kan nie by ’n etniese groep aansluit nie) wat nie by nasies

bespeurbaar is nie. In die algemeen is nasies meer inklusief en polities gedefinieerd. “Etniese

nasionalisme” verwys bloot na ’n vorm van nasionalisme wat primêr aangevuur word deur ’n

sterk ontwikkelde gevoel van etniese eiesoortigheid of onderskeibaarheid en ’n ewe sterk

begeerte om dit te bewaar.

Wanneer die moderne politieke landskap van die Afrika-vasteland bestudeer word, is die

mees opvallende eienskap die diversiteit van die bevolkings ten aansien van etnisiteit.

Schraeder (2004:101) is die mening toegedaan dat daar in Afrika etlike duisende etniese

groeperings onderskei kan word, elk met sy eie waardes, tradisies en gebruike. In Nigerië

alleen is daar meer as 250 etniese groepe, in Kenia meer as 40 en in Tanzanië meer as 60

(Opondo s.j.). Hierbenewens is elke etniese groep in Afrika onderverdeel in subgroeperings.

Die individuele subgroeperings, wat op verwantskap gebaseer is, kan hul afkoms eeue

terugvoer tot ’n spesifieke stigterspersoon, -familie of -dinastie.

Ten spyte daarvan dat etnisiteit ’n opvallende eienskap in haas elke samelewing in Afrika is,

is gedurende die koloniale era weinig betekenis en oorweging daaraan verleen. Ook met die

verlening van onafhanklikheid het etnisiteit selde ’n rol gespeel in die regeringstrukture wat

deur die koloniale moondhede gevestig is. Die volgende kan as die belangrikste redes

aangevoer word waarom sowel die koloniale heersers as die plaaslike leierskader nie groter

oorweging in die dekolonisasieproses aan hierdie belangrike faktor verleen het nie: Eerstens

was daar die oortuiging by die koloniale moondhede sowel as moderniseringsteoretici van

daardie era dat etnisiteit sou verdwyn namate die nuwe state in Afrika die weg van

verstedeliking, modernisering en ontwikkeling betree. Tweedens was daar die siening by

sowel Westerse leiers as leiers in Afrika dat die nasionale ontwaking wat reeds gedurende die

koloniale era posgevat het, na dekolonisasie ’n einde aan etniese verdelings binne state sou

meebring. Derdens het leiers in Afrika in die besonder die standpunt gehuldig dat die

verdwyning van etnisiteit aangehelp sou word deur ’n vorm van integrasionistiese

nasionalisme, naamlik Pan-Afrikanisme, te verkondig, te propageer en te institusionaliseer

(Schraeder 2004:102).

Gelei deur hierdie oortuigings het leiers in Afrika etnisiteit doelbewus probeer besweer deur

daarna te verwys as ’n retrogressiewe krag wat van agterlikheid getuig en dus nie in moderne

samelewings tuishoort nie. Verder is daar op unitêre regeringstelsels besluit in die verwagting

dat sterk sentrale regerings daartoe sou meehelp dat etnisiteit as ’n middelpuntvliedende krag

in samelewings uitgeskakel sou word.

Anders as wat die verwagting was, het etnisiteit egter nie verdwyn nie, maar as ’n uiters

potente en dinamiese krag na vore getree en politieke ontwikkelings regoor die vasteland

beïnvloed. Selfs die vorming van ’n Pan-Afrikanistiese instelling, die Organisasie vir Eenheid

574

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

in Afrika gedurende 1963, die totstandkoming van outoritêre regeringsvorme en ekonomiese

integrasie op ’n streeksgrondslag in Noord-, Wes-, Oos-, Sentraal- en Suidelike Afrika, kon

nie die uitwerking van die etniese faktor neutraliseer nie.

In uitgebreide navorsing oor politieke partye in Afrika wys Salih en Nordlund (2007:26)

daarop dat interetniese verhoudings in samelewings ’n aspek van besondere belang is en

gevolglik dikwels verpolitiseer word. Soms word hierdie verhoudings versterk deur, en

gekombineer met, ewe diverse linguistiese, godsdienstige en regionale klowings en

vyandigheid. Dit is veral die wydverspreide gebruik van etniese mobilisasie vir die stigting

van politieke partye, verkiesingsveldtogte, of patrimoniale doeleindes wat, wanneer

gekombineer met ekonomiese ongelykheid en ongelyke toegang tot politieke mag, as ’n bron

van uitgerekte konflik en onstabiliteit dien.

Ake (1993:1) het reeds gedurende die vroeë negentigerjare van die vorige eeu probeer om ’n

afdoende antwoord te vind betreffende die kwelvraag of etnisiteit oor genoegsame

destruktiewe potensiaal beskik om die demokratiseringsproses in Afrika te laat ontspoor. Die

gevolgtrekking waartoe hy gekom het, was dat alhoewel etnisiteit in Afrika nie as inherent

problematies ten aansien van demokratisering beskou kan word nie, dit nietemin so ’n

prominente faktor in elke samelewing is dat dit nie geïgnoreer durf word nie. Ake (1993:13)

het die prominensie van etnisiteit in Afrika-samelewings toegeskryf aan die feit dat alhoewel

dit ’n sosiale konstruksie is, dit ’n lewende teenwoordigheid in elke persoon se lewe is. Dit

vorm, volgens hom, ’n belangrike deel van wat elke persoon in Afrika in sy diepste wese is.

Rawlinson (2003:1) huldig die siening dat verpolitiseerde etniese verhoudings en etniese

mobilisasie nie alleen die hoofbron van konflik in Afrika sedert onafhanklikheidwording was

nie, maar ook die vernaamste struikelblok in die weg van sosio-ekonomiese ontwikkeling (en

demokratisering) is. Die volgende is van die belangrikste gevolgtrekkings waartoe hy gekom

het: Eerstens dat kompetisie oor die beheer van die staat primêr deur etniese kwessies

oorheers word. Tweedens dat die bewerkstelliging van nasionale samehorigheid deur die

instrumentele gebruik van etnisiteit verhoed word. Derdens dat die blaam vir die voorkoms

van antagonisme tussen etniese groepe in samelewings sonder meer op die elite geplaas kan

word.

En laastens dat etniese mobilisasie in samelewings slegs verminder kan word deur die

verantwoordelike optrede van die elite (Rawlinson 2003:1-6).

Die demokratiseringsproses waartoe talle state in Afrika hul sedert die begin van die

negentigerjare van die vorige eeu verbind het, kon insgelyks nie die problematiek inherent

aan etnisiteit in die politieke en maatskaplike transformasie van samelewings uitskakel nie.

Volgens Schraeder (2004:106-10) het etniese konflik drie belangrike uitkomste tot gevolg

gehad: Eerstens was dit verantwoordelik vir die vorming van etnies-geïnspireerde

opposisiebewegings en guerrilla-insurgensies. Tweedens het gegriefde etniese groeperings

oorgegaan tot die stigting van separatistiese bewegings. Die derde en mees ekstreme vorm

van etniese konflik was volksmoord (die sistematiese uitwissing van een etniese groep deur

’n ander).

575

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In enkele gevalle het etniese konflik sodanige afmetings aangeneem dat leiers genoodsaak

was om hul toevlug tot die radikale verdeling van state te neem. Die jongste voorbeeld in

hierdie verband is die onafhanklikheid wat gedurende Julie 2011 aan Suid-Soedan verleen is.

In hul navorsing ten aansien van die onderwerp wys Opondo (s.j.) en Salih en Nordlund

(2007:22) daarop dat die polities disintegratiewe potensiaal van etnisiteit in die nuutdemokratiserende

state in Afrika treffend geïllustreer word deur die feit dat politieke partye,

met enkele uitsonderings, regoor die vasteland nie op ideologiese grondslae of deurdagte

beleidsprogramme gevorm word nie, maar op die basis van etnisiteit. In Nigerië is die

verskynsel een van die uitstaande kenmerke van daardie samelewing (Theen en Wilson

1996:498–9).

4. Samevatting

Met die verval van Marxisties-Leninistiese outoritarisme aan die einde van die tagtigerjare

van die vorige eeu het die demokratiese owerheidsvorm wêreldwyd as die onbetwiste

oorwinnaar na vore getree. In die nuwe internasionale orde wat na hierdie gebeure tot stand

gekom het, het talle state regoor die wêreld die outoritêre juk afgewerp en die oorgang na

demokrasie gemaak. State in Afrika het insgelyks hierna met ’n demokratiseringsproses van

ongekende omvang begin. Anders as in die meeste ander wêrelddele het die proses egter nie

glad verloop nie. Na twee dekades word uit die 54 state op die vasteland slegs die klein

eilandstaat Mauritius, met ’n bevolking van 1,2 miljoen mense, as ’n volwaardige demokrasie

beskou. ’n Verdere nege state, waaronder Suid-Afrika, word as vrye state maar gebrekkige

demokrasieë getipeer. Die res is in wisselende mate steeds vasgevang in die greep van

outoritarisme. Kortom: vir die burgery in die meeste state in Afrika is die demokratiese ideaal

van regering van die mense, deur die mense en vir die mense steeds nie ’n werklikheid nie.

Samevattend kan die politieke-kultuur-, politieke–elite-keuse- en makrostrukturele faktore

wat daarvoor verantwoordelik is dat die demokratiseringsproses waarmee sedert die vroeë

negentigerjare van die vorige eeu in Afrika begin is, nie baie suksesvol was nie, soos volg

opgesom word:

• Die teenwoordigheid van ’n onderworpe politieke kultuur in kombinasie met

parogiale politieke oriëntasies, wat meebring dat beduidende gedeeltes van

samelewings, onder meer as gevolg van die proses van demokratisering van

ontmagtiging, passief, afsydig of sinies jeens die politieke proses staan.

• Die bestaan van onderontwikkelde en ongeorganiseerde burgerlike samelewings,

asook ’n gebrek aan ’n niepolitiese middelklas wat outonoom kan optree en

sodoende private belange kan beskerm en ’n wakende oog oor regerings kan hou.

• Die konsentrasie van mag in die hande van die uitvoerende gesag en as gevolg

daarvan die wydverspreide voorkoms van neopatrimonialisme, prebendelisme en

imperiale presidentskappe.

• Die versuim van die politieke partye om as demokratiseringsagente op te tree

vanweë die feit dat meeste van hierdie instellings aan die burokraties-oligargiese

576

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sindroom (BOS) ly; slegs op elite-vlak volhoubaar is; op etniese en

streekslojaliteite gebaseer is; en staatsmag wil bekom met die uitsluitlike doel om

beheer oor die staat se personeel en hulpbronne te verkry en daarna vir eie gewin

aan te wend.

• Die begrensing van mediavryheid deur die meeste regerings onder die valse

voorwendsel dat sodanige optrede in die openbare belang is of noodsaaklik is om

die samelewing se veiligheid te verseker of versnelde sosio-ekonomiese

ontwikkeling te bewerkstellig.

• Die aftakeling van skeiding tussen staat en party as gevolg van die wydverspreide

vorming van dominante–party-stelsels en die uitgangspunte wat deur talle

revolusionêre en linksgesinde partye gehuldig word.

• Die lae vlak van sosio-ekonomiese ontwikkeling, wat meebring dat Afrika die

enigste vasteland is wat die afgelope 25 jaar verarm het en waar slegs twee state

nie onder die onderste derde van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram

(UNDP) se Menseontwikkelingsindeks (MOI) ressorteer nie.

• Die voorkoms van konflik en geweld, en saam daarmee die feit dat

demokratiserende state in Afrika nie oor die institusionele sterkte beskik om die

uitdrukking van opponerende beskouings toe te laat of die verdraagsaamheid het

om gewelddadige teenreaksies te temper nie.

• Die hardnekkige voorkoms van etnisiteit en die destruktiewe konflik, onstabiliteit

en verdeeldheid wat dit in tradisionele en demokratiserende samelewings

veroorsaak.

Ten slotte kan dit gestel word dat die toekomsvooruitsigte vir demokratisering in Afrika swak

is. Soos Herbst (2007:65) tereg opgemerk het, is die “laaghangende vrugte” in Afrika reeds

gepluk en hy voorsien nie dat die oorblywende vrugte maklik bekombaar sal wees nie. Tans

is die “Arabiese Lente” noord van die Sahara die enigste ligpunt in die

demokratiseringsproses op die vasteland, alhoewel dit nie bekend is welke seisoen op die

lente sal volg nie. Wat wel bekend is, is dat suid van die Sahara die demokratiese winter in

talle state in ongenade voortduur.

Bibliografie

Ake, C. 1993. What is the problem of ethnicity in Africa? (25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Akech, M. 2011. Constraining government power in Africa. Journal of Democracy, 22(1). (2

Maart 2012 geraadpleeg).

Almond, G. en S. Verba. 1989. Civic culture. Political attitutes and democracy in five

nations. Newbury Park, Kalifornië: SAGE Publications. (19 Februarie 2012 geraadpleeg).

ANC. 2012. The second transition? Building a national democratic society and the balance of

forces in 2012. (14 Maart 2012 geraadpleeg).

577

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ANC Youth League. 2011. A clarion call to economic freedom fighters: Programme of action

for economic freedom in our lifetime. Final document for the 24th ANC Youth League

National Congress, April 2011. (29 Oktober 2011 geraadpleeg).

AMP (APRM Monitoring Project). 2011. Implementing the APRM. Views from civil society.

South Africa Report. (25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Barkan, J.D. 2009. Advancing democratization in Africa. (14 September 2011 geraadpleeg).

Bekoe, D.A. 2007. Democracy and African conflicts: Inciting, mitigating, or reducing

violence? Democratization in Africa: What progress toward institutionalization? Ghana

Center for Democratic Development. 4-6 October. Under the auspices of the US National

Intelligence Council. (25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Bogaards, M. 2004. Counting parties and identifying dominant party systems in Africa.

European Journal of Political Research, 43. (18 Februarie 2012 geraadpleeg).

Bratton, M. 1994. Civil society and political transition in Africa. Institute for Development

Research (IDR) Reports, 2(6). (26 September 2011 geraadpleeg).

Bratton, M. en N. van de Walle. 1997. Democratic experiments in Africa. Regime transitions

in comparative perspective. Cambridge: Cambridge University Press. (5 Maart 2012

geraadpleeg).

Brooks, H. 2004. The dominant party system: Challenges for South Africa’s second decade

of democracy. EISA Occasional Paper 24, Oktober. (18 Februarie 2012 geraadpleeg).

Collier, P. 2007. Growth strategies for Africa. Centre for the Study of African Economics,

Oxford University. (21 September 2011 geraadpleeg).

Dahl, R.A. 1984. Modern political analysis. 4de Uitgawe. Englewood Cliffs: Prentice-Hall.

Daniels, G. 2011. Nothing new about “national security” being used as a muzzle.

Mail&Guardianonline, 18 Maart. (19 September 2011 geraadpleeg).

Democratic Peace Theory. 2010. RationalWiki.

http://rationalwiki.org/wiki/Democratic_Peace_Theory (23 Oktober 2011 geraadpleeg).

Diamond, L. 1997. Civil society and the development of democracy.

(19 September 2011 geraadpleeg).

—. 2007. The state of democracy in Africa. Democratization in Africa: What progress

toward institutionalization? Ghana Centre for Democratic Development, 4-6 October. Under

the auspices of the US National Intelligence Council. (25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Diamond L. en M.F. Plattner (reds.). 2010. Democratization in Africa. Progress and retreat.

Baltimore: Johns Hopkins University Press. (2 Maart 2012 geraadpleeg).

578

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Djankov, S., J.G. Montalvo en M. Reynal-Querol. 2008. The curse of aid. (11 Oktober 2011

geraadpleeg).

Du Plessis, C. 2012. ANC’s media tribunal: Parliament may have oversight. City Press, 31

Januarie. (8 Maart 2012 geraadpleeg).

Duvenhage, A. 2011. Politieke perspektief op die jaar 2012. Volksblad, 30 Desember.

News24. (19 Mei 2012 geraadpleeg).

Economist Intelligence Unit. 2011. Democracy index 2011. Democracy under stress. (27

Februarie 2012 geraadpleeg).

Edwards, G. 2011. Howe juis daar om regering in toom te hou – Zille. Beeld, 12 Julie.(20

Oktober 2011 geraadpleeg).

Federation of African Journalists (FAJ). 2010. Press freedom in Africa. (10 Oktober 2011

geraadpleeg).

Fleshman, M. 2005. Africa’s media pushes for more freedom. Africa Renewal, 19(2).(27

Februarie 2012 geraadpleeg).

Freedom House. 2010. Press freedom in 2010: Signs of change amid repression.(8 Maart

2012 geraadpleeg).

Gouws, A. 2011. Protes al wat oorbly as rykes soveel ontvang. Die Burger, 30 Oktober. (31

Oktober 2011 geraadpleeg).

Gumede, W. 2010. South Africa: Building a democratic political culture. African Files.

http://www.africafiles.org/article.asp?ID=22657 (13 September 2011 geraadpleeg).

—. 2011. SA se twee stelsels van regering. Rapport, 22 Oktober. (23 Oktober 2011

geraadpleeg).

Hamdok, A.H. 2007. Political parties in Africa: Challenges for democratic governance.

Democratization in Africa: What progress toward institutionalization? Ghana Centre for

Democratic Development, 4-6 October. Under the auspices of the US National Intelligence

Council.

(25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Handley, G., K. Higgins en B. Sharma. 2009. Poverty and poverty reduction in Sub- Saharan

Africa: An overview of key issues. Overseas Development Institute. (17 Februarie 2012

geraadpleeg).

Heywood, A. 2002. Politics. 2de Uitgawe. New York: Palgrave Macmillan.

Herbst, J. 2007. The institutionalization of democracy in Africa. Democratization in Africa:

What progress toward institutionalization? Ghana Centre for Democratic Development, 4-6

579

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

October. Under the auspices of the US National Intelligence Council. (25 Oktober 2011

geraadpleeg).

Joubert, J. 2011. Nét kabinet moet beleid bepaal – Zuma. Die Burger, 2 November. (2

November 2011 geraadpleeg).

Kotzé, H.J. en J.J. van Wyk. 1986. Oppergesag van die reg / Rule of law. Politieke konsepte.

Eerste uitgawe. Johannesburg: Perskor-Uitgewery.

Labuschagne, P. 2003. Revisiting civil society in Africa. African Studies Association of

Australasia and the Pacific. Conference Proceedings. (18 September 2011 geraadpleeg).

Leon, T. 2010. The state of liberal democracy in Africa. Resurgence or retreat? CATO

Institute. Washington. Center for Global Liberty and Prosperity. (21 Oktober 2011

geraadpleeg).

Lewis, P. 2007. Growth without prosperity: Democracy, poverty and inequality in Africa.

Democratisation in Africa: What progress toward institutionalization? Ghana Centre for

Democratic Development. 4-6 October. Under the Auspices of the US National Intelligence

Council.

(25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Lowenthal, D. 1972. Montesquieu. In Strauss en Cropsey (reds.) 1972.

Mahler, G.S. 1995. Comparative politics. An institutional and cross-national approach. 2de

Uitgawe. Englewood Cliffs: Prentice Hall.

Mail&Guardianonline. 2011. Secrecy Bill withdrawal a victory for civil society and

media.(31 Oktober 2011 geraadpleeg).

Matlosa, K. 2003. Political culture and democratic governance in Southern Africa. African

Journal of Political Science, 8(1). (26 Februarie 2012 geraadpleeg)

—. 2007. Political parties in Southern Africa: The state of parties and their role in

democratization. Stockholm: International Institute for Democracy and Electoral Assistance

(IDEA). (16 September 2011 geraadpleeg).

Moyo, D. 2009. Why foreign aid is hurting Africa. The Wall Street Journal. 22 Maart.(21

September 2011 geraadpleeg).

Neopatrimonialism. 2011.(14 September 2011 geraadpleeg).

News24. 2012. ANC releases policy documents. 5 Maart 2012. (7 Maart 2012 geraadpleeg).

Ngoma, N. 2004. Coups and coup attempts in Africa. Is there a missing link? African

Security Review, 13(3). http://www.iss.co.za/pubs/asr/13No3/ENgoma.htm (23 Februarie

2012 geraadpleeg).

580

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

October, A. 2012. Zuma vs die regbank. Beeld, 13 Februarie. http://www.beeld.com/Suid-

Afrika/Nuus/Zuma-vs-die-regbank-20120213

(14 Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012. Grondwet verander? Beeld, 28 Februarie. http://www.beeld.com/Suid-

Afrika/Nuus/Grondwet-verander-20120228 (29 Februarie 2012 geraadpleeg).

Opondo, A. s.j. Ethnicity: A cause of political instability in Africa? (27 September 2011

geraadpleeg).

Pan Macmillan. 2009. Architects of poverty: Why Africa’s capitalism needs changing.(15

September 2011 geraadpleeg).

Politicsweb. 2011. Mo Ibrahim Index 2011: How South Africa did. (11 Oktober 2011

geraadpleeg).

Population Reference Bureau. 2011. The world at 7 billion. World Population Data Sheet. (1

Maart 2012 geraadpleeg).

Posner, D.N. en D.J. Young. 2007. The institutionalization of political power in Africa.

Journal of Democracy, 18(3). (10 Oktober 2011 geraadpleeg).

Prebendalism. 2011. http://en.wikipedia.org/wiki/Prebendalism (19 Februarie 2012

geraadpleeg).

Prempeh, A. K. 2007. The persistence of “imperial presidency” in Africa’s emerging

democracies. Democratization in Africa: What progress toward institutionalization? Ghana

Centre for Democratic Development, 4-6 October. Under the Auspices of the US National

Intelligence Council.

(25 Oktober 2011 geraadpleeg).

Rawlinson. A. 2003. The political manipulation of ethnicity in Africa. (27 September 2011

geraadpleeg).

RSA. Department of Justice and Constitutional Development. 2012. Discussion document on

the transformation of the judicial system and the role of the judiciary in the South African

developmental state. (7 Maart 2012 geraadpleeg).

Sachs, J.D. 2004. Ending Africa’s poverty trap. Columbia University and UN Millenium

Project. (19 September 2011 geraadpleeg).

Salih, M.A.M. en P. Nordlund, 2007. Political parties in Africa: Challenges for sustained

multiparty democracy. Stockholm: International Institute for Democracy and Electoral

Assistance (IDEA).

(16 September 2011 geraadpleeg).

581

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Schraeder, P.J. (red.). 2004. African politics and society. A mosaic in transformation. 2de

Uitgawe. Belmont: Wadsworth/Thomson.

Shortell, T. s.j. Weber’s theory of social class.

http://www.brooklynsoc.org/courses/43.1/weber.html (5 Maart 2012 geraadpleeg).

Sindzingre, A. 2010. The concept of neopatrimonialism: Divergences and convergences with

development economics. Hamburg: German Institute of Global and Area Studies. (16

September 2011 geraadpleeg).

Sklar, R.L. 2004. Study of Africa in the critical tradition. In Schraeder (red.) 2004.

SouthAfrica.info 2011. South Africa: economy overview.

http://www.southafrica.info/business/economy/econoverview.htm (31 Oktober 2011

geraadpleeg).

Strauss, L. en J. Cropsey (reds.). 1972. History of political philosophy. Chicago: Rand

McNally & Company.

Theen, R.H.W. en F.L. Wilson. 1996. Comparative politics. An introduction to seven

countries. 3de Uitgawe. New Jersey: Prentice- Hall.

World Hunger Education Service. 2012. 2012 World hunger and poverty facts and statistics.

(1 Maart 2012 geraadpleeg).

Wucherphennig, J. en F. Deutsch. 2009. Modernization and democracy: Theories and

evidence revisited. Living Reviews in Democracy, 1.

(17 Februarie 2012 geraadpleeg).

Young, M.C. 2004. Study of Africa in the liberal tradition. In Schraeder (red.) 2004.

582

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Faktore wat kan bydra tot die ontwikkeling van ’n

kultuurtoepaslike milieu vir Sesotho/Setswanabejaarde

persone in residensiële-sorg-eenhede

Opsomming

Sanet du Toit, T. van der Merwe, W. Böning, R. van der Merwe, M. de Villiers, A.

Higgo, A. Kruger, N. Olivier en G. Viljoen

Sanet du Toit en T. van der Merwe: Departement Arbeidsterapie, Universiteit van die Vrystaat

W. Böning en R. van der Merwe, Gemeenskapsdiensterapeute, Departement Gesondheid

M. de Villiers, A. Higgo, A. Kruger, N. Olivier en G. Viljoen: Departement Arbeidsterapie, Universiteit van die Vrystaat

Die kliëntgesentreerde benadering word binne arbeidsterapie aangewend om die

lewensgehalte van die individu te optimaliseer. Dit behels onder andere deelname aan en

betrokkenheid in aktiwiteite wat ’n unieke betekenis vir die persoon inhou en in samewerking

met hom/haar gekies en aangebied word. Konsepte binne die wetenskap van

aktiwiteitsdeelname 1 wat dien as grondslag van terapeutiese en etiese praktykvoering, is

steeds grootliks op Westerse lewens- en wêreldbeskouinge geskoei. Plaaslik asook

internasionaal is literatuur aangaande kultuurtoepaslike aktiwiteit uiters beperk. Aangesien

arbeidsterapeute wat tans by verskeie instansies in die Vrystaat praktiseer, oorwegend wit en

vroulik is, maar hoofsaaklik ’n bevolking bedien wat van Sesotho/Setswana oorsprong is,

bied die lewering van eiesoortige kliëntgesentreerde dienste ’n uitdaging. ’n Deel van hierdie

Sesotho/Setswana-bevolking is bejaarde persone wat as gevolg van modernisasie en

verstedeliking genoodsaak word om in die tradisioneel Westerse omgewing van ’n

residensiële-sorg-eenheid ’n tuiste te skep. Tydens hierdie studie is daar van ’n kwalitatiewe

navorsingsontwerp gebruik gemaak. Nominalegroepstegniek-onderhoude (NGT-onderhoude)

met twee groepe professionele persone wat voorheen, of gedurende die studie, met

Sesotho/Setswana-bejaarde persone in ’n residensiële-sorg-eenheid werksaam was, is

aangebied. Daar is gepoog om deur middel van NGT-onderhoude faktore te identifiseer wat

kan bydra tot die skep van ’n kultuurtoepaslike milieu vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone

in residensiële-sorg-eenhede in die Vrystaat en derhalwe sodoende betekenisvolle

aktiwiteitsdeelname vir hierdie bejaarde persone moontlik sal maak. Die vyf belangrikste

response van albei groepe is geprioritiseer. Die universele kwessie van erkenning van

menswaardigheid is deur dié response beklemtoon, eerder as voorstelle vir kulturele

aanpassings binne die residensiële-sorg-eenheid. Na aanleiding van terugvoer deur hierdie

twee groepe het die navorsers se begrip van “aktiwiteit” en betekenisvolle

aktiwiteitsdeelname verbreed, aangesien dit duidelik na vore gekom het dat menswaardigheid

die basis vir betekenisvolle aktiwiteitsdeelname en lewensgehalte is.

Trefwoorde: arbeidsterapie; kultuurtoepaslike aktiwiteite; Sesotho/Setswana-bejaarde

persone; menswaardigheid; lewensgehalte

583

Abstract

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Potential contributing factors in the creation of a therapeutic milieu for

Sesotho/Setswana elderly persons in residential care facilities in the Free Sate

Occupational therapy practice is based on the paradigm of an intrinsic connection between a

human’s fundamental need to participate in a wide range of occupations as both a means and

an end in order to attain, restore or maintain health. Choices for occupational participation

that give meaning and purpose are often culturally bound. For that reason the occupational

therapy profession views the client-centred approach as a very important avenue to promote

wellbeing and enhance the quality of life for each person as a unique individual. The clientcentred

approach entails participation and engagement in occupations that have particular

significance for such an individual. As part of the occupational therapy process occupations

are selected and presented in collaboration with the client. Occupational therapy practice is

informed by, and to a certain extent informative to, its young foundational discipline, viz.

occupational science. However, some essential concepts within occupational science are

founded on Western philosophies and world views. Locally and internationally, literature

regarding cultural aspects of activity participation lacks an in-depth understanding.

Occupational therapists serving the Free State community currently comprise mainly a white,

female population who were usually also educated and trained in a hegemonic environment

in terms of gender and race. This presents a great challenge with regard to insightful clientcentred

practice to the Sesotho/Setswana community. Within this Sesotho/Setswana

community numerous elderly individuals are forced by modernisation and urbanisation to

embrace the unconventional environment of a residential care unit as a homestead. The

recognition of individual needs in terms of customs, values, convictions and beliefs is

overshadowed by the fulfilment of seemingly other important needs, such as medical and

physical care. Occupational therapy practice is also bound by the concept of occupational

justice, which is an extension of social justice and human dignity. The restoration of social

justice by means of client-centred intervention and fulfilling occupational engagement is

therefore compromised by a lack of cultural awareness and by preconceived ideas.

The aim of this study, therefore, was the exploration of factors that could contribute to the

creation of a more culturally acceptable residential care environment. A qualitative study

design was applied during this study. Nominal Group Technique (NGT) interviews were

conducted with two groups of professionals who had previously been involved, or who were

currently involved, in Sesotho/Setswana elderly care. The aim of these NGT interviews was

not to produce scientific or theoretical facts, but rather to provide a platform to participants to

voice their opinions. The question posed to the groups was: “What can be done to create

more appropriate experiences for the Sesotho/Setswana group of elderly individuals in an

old-age home?” Since the participants were regarded as experts in the field of elderly care,

their knowledge and experience produced a wealth of information concerning the promotion

of meaningful activity participation for Sesotho/Setswana elderly persons in residential care

units.

Of all the given responses, five were prioritised by each group as the most significant. Rather

than suggestions for cultural adaptations in residential care units or suggestions for cultural

activities, the central theme of the feedback was clear: Acknowledging the human dignity of

every elderly individual is non-negotiable. Human dignity is, however, regarded as a

universal need of every human being. The real issue that needed further investigation, then,

584

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

was rather on how human dignity could be acknowledged for elderly Sesotho/Setswana

individuals confined to residential care units. One should remember the context for

residential care facilities in South Africa, as these units are rarely fully subsidised by the

government and experience numerous financial constraints.

Participants regarded compassionate staff members who have an understanding of the unique

needs of every elderly individual as one of the first steps towards dignified living conditions.

Staff development and education were described as key to the expansion of staff competence.

Consultation on all levels of care was regarded as foundational to respect. Respect implies

that the individual is involved in all decision-making processes. Through consultation and

inclusion a residential care unit milieu could be created that would reflect the culture and

heritage of every elderly Sesotho/Setswana individual – a milieu where the serving of food is

not only regarded as the fulfilment of a basic need, but as an occupation that could contribute

to maximising quality of life; a milieu that not only allows cultural expression for the

Sesotho/Setswana individual, but is also safe and accessible; a milieu where mother-tongue

communication would be a way to express emotions and allow occupational engagement.

Respect could be shown when autonomy is granted for voicing needs freely and collaborating

in decision-making. Respect implies unambiguous communication to reduce disorientation

and ultimately allows for a democratic environment.

Along the journey of exploring the responses from the two NGT interviews the researchers’

understanding of ”activity” and meaningful activity participation expanded. Meaning to life

can be instituted only when human dignity is acknowledged through the creation of a

culturally appropriate milieu in the residential care unit. It was revealed that “culturally

appropriate occupation” is of greater significance than simply providing elderly individuals

with some culturally relevant activity to do. A culturally sensitive residential care unit should

encompass the acknowledgment of human dignity by means of a client-centred approach.

Human dignity, however, correlates directly with quality of life. A secondary data analysis

regarding the infinite connection between human dignity and quality of life was done

according to Kane and Kane’s “Themes of quality of life” (Cutler en Kane 2004). This

revealed that the interaction between the environment and the individual would most

definitely contribute to the extent of quality living that could be obtained.

Even though we as white Afrikaans-speaking occupational therapists were ill-equipped to

embark on this explorative journey, the qualitative research design enabled us to embrace a

world outside the borders of our own frame of reference. The process enabled us to view

quality of life afresh through the realisation of the intrinsic relationship between dignified

living conditions, having choices for occupational engagement, and human dignity. This

journey allowed us to fulfil our role as advocates for social justice through client-centred

practice and related directly to the expansion of our cultural competence.

Key words: occupational therapy; culturally appropriate activities; Sesotho/Setswana elderly

persons; human dignity; quality of life

1. Inleiding

Binne arbeidsterapie beskryf Townsend en Polatajko (2011:119) individue as

aktiwiteitsverrigtingswesens. Dit impliseer dat betrokkenheid in betekenisvolle aktiwiteite ’n

585

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

integrale deel vorm van die unieke samestelling van persoonlike lewensgehalte. Die

kombinasie van kulturele en individuele voorkeure beïnvloed dus die keuse van aktiwiteite

waaraan ’n individu deelneem.

Die aanbied van en deelname aan toepaslike aktiwiteite is die sleutel tot menswaardigheid, en

menswaardigheid vorm deel van sosiale geregtigheid. Die konsep van sosiale geregtigheid

spreek sosiale uitsluiting aan deurdat die arbeidsterapeut die sosiale omgewing aanpas ten

einde insluiting van die individu in die gemeenskap te fasiliteer (Galheigo 2005:96). Sosiale

geregtigheid het ’n noue verbintenis met aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid (“occupational

justice”), asook die reg op inklusiewe deelname aan alledaagse aktiwiteite vir alle persone,

ongeag die ouderdom, vermoë, geslag, sosiale klas en ander verskille van die persoon

(Nilsson en Townsend 2010:57). Dit behels dus die skepping van ’n milieu waar die individu

vryheid tot menswaardige deelname aan ’n verskeidenheid van aktiwiteite kan ervaar wat

gesondheid en welstand meebring en bevorder.

Aktiwiteitsverrigtingsongeregtigheid (“occupational injustice”) kom voor indien

institusionele struikelblokke potensiële deelnamegeleenthede van ’n persoon ontneem (De

Witt 2005:9). Dit impliseer dat indien ’n bejaarde persoon as inwoner van ’n residensiëlesorg-eenheid

die geleentheid tot deelname aan aktiwiteite en ervarings van keuse en kulturele

oortuigings ontneem word, sosiale ongeregtigheid plaasvind.

Aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid word in totaliteit deur die arbeidsterapeut ondersteun in

instansies wat aan bejaarde persone dienste lewer. Die bejaarde inwoners van hierdie

instansies is van ’n multikulturele oorsprong en sluit Sesotho/Setswana-bejaarde persone in.

Statistiek Suid-Afrika dui aan dat daar 155 484 swart bejaarde persone in 2010 in die

Vrystaat woonagtig was (Sigcau 2010). In die tradisioneel Westerse omgewing van ’n

residensiële-sorg-eenheid kan die eens verwagte lewenstaak van ’n gerespekteerde

Sesotho/Setswana-bejaarde met wysheid en kennis dikwels van die inwoner ontneem word en

kan dit derhalwe moontlik identiteit en menswaardigheid inperk. Verder word seleksie en

aanbieding van aktiwiteite hoofsaaklik deur die wetenskap van aktiwiteitsdeelname gerig,

wat ’n Westerse grondslag het. ’n Kliënt-gesentreerde benadering impliseer egter deelname

aan aktiwiteite wat die totale konteks van die bejaarde persoon in ag neem, insluitend die

kulturele oortuigings van die individu. Aktiwiteite binne die gemeenskap of instansies vir

bejaarde persone wat nie voorsiening vir hierdie persone se unieke kulturele behoeftes maak

nie, veroorsaak marginalisering van hierdie bevolking (Nilsson en Townsend 2010:58).

In die Vrystaat word Sesotho/Setswana-bejaarde persone deur oorwegend wit vroulike

arbeidsterapeute bedien. Beperkte navorsingsgefundeerde literatuur rondom die unieke

behoeftes van die genoemde bevolking veroorsaak verder dat menswaardigheid nie deurentyd

doeltreffend in die residensiële-sorg-eenheid aangespreek kan word nie. Dis hoofsaaklik

weens gebrekkige kennis en insig aan die kant van die persone wat die dienste lewer, omdat

hulle opleiding dikwels binne hegemoniese konteks geskied. Gevolglik het ’n groep van sewe

finalejaar-arbeidsterapiestudente en hul studieleiers aan die Universiteit van die Vrystaat

besluit om hierdie leemte binne arbeidsterapie te verklaar en doelgerig meer insig en

oorweging aan kultuurverskille te gee.

586

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die aanvanklike fokus van hierdie studie was ’n ondersoek na kultuurtoepaslike aktiwiteite

vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone wat deur arbeidsterapeute in residensiële-sorgeenhede

aangebied kan word. Tydens die navorsingsreis is hierdie fokus egter

herkonseptualiseer ten einde eerder die faktore te ondersoek wat kan bydra tot die

daarstelling van ’n totale kultuurtoepaslike ervaring vir bejaarde Sesotho/Setswana inwoners.

Carlsson (2009:8) bevestig dat die arbeidsterapeut ’n rol speel in die bemagtiging van

individue tot betekenisvolle aktiwiteitsdeelname binne ’n toepaslike milieu. Derhalwe dra die

milieu waarin aktiwiteite plaasvind, net soveel gewig as die deelname daaraan. Persoonlike of

gemeenskaplike outonomie en ’n gevolglike identiteit in aktiwiteitsdeelname word deur

vryheid in aktiwiteitskeuses binne die kulturele konteks ontwikkel (Carlsson 2009:8).

2. Literatuuroorsig

2.1 Arbeidsterapie in die wetenskap van betekenisvolle aktiwiteitsdeelname

Arbeidsterapie word beskryf as die wetenskap waar aktiwiteitsdeelname die ervaring van

plesier, herstel en produktiwiteit in die individu kan bewerkstellig en sodoende welstand

bevorder (Pierce 2003). Aktiwiteitsdeelname omvat alle take wat uitgevoer word en is ’n

integrale deel van wie ’n individu is. Dit dra by tot die ontginning van die volle potensiaal

van die persoon (Whiteford en Wright-St Clair 2005:10). Volgens Pierce, ’n

aktiwiteitsverrigtingswetenskaplike, vind aktiwiteitsdeelname binne bepaalde temporale,

ruimtelike en sosiokulturele kontekstuele dimensies plaas. Alleenlik wanneer al hierdie

dimensies van aktiwiteitsverrigting in ag geneem word en die aktiwiteite sin en betekenis vir

die persoon inhou, word optimale lewensgehalte bevorder. Dit impliseer dat aktiwiteite binne

die terapeutiese omgewing van arbeidsterapie die totale konteks en milieu van die individu in

ag behoort te neem.

Aangesien die milieu waarin ’n persoon hom of haar bevind, die produk van ’n unieke

samestelling van die kulturele, institusionele, fisiese en sosiale kontekste op ’n gegewe tyd is,

bepaal en rig dit aktiwiteitsdeelname. Polatajko, Davies, Stewart e.a. (2007:26) verduidelik

die onderskeid tussen deelname aan en betrokkenheid by aktiwiteite. Deelname aan ’n

aktiwiteit (“occupational performance”) word as die waarlike uitvoering van ’n aksie

gedefinieer, terwyl betrokkenheid by ’n aktiwiteit, met ander woorde, aktiwiteitsverrigting

(“occupational engagement”), na ’n verbintenis tot die aktiwiteit verwys. ’n Persoon kan by

’n aktiwiteit betrokke wees deur op ’n fisiese of psigiese vlak ’n verbintenis met daardie

aktiwiteit te vorm. Deelname aan ’n aktiwiteit is dus nie ’n voorvereiste vir die vorming van

’n verbintenis met die aktiwiteit nie, maar eerder die skepping van ’n milieu waar die

bejaarde persoon, ten spyte van byvoorbeeld erge fisiese inperkinge, die geleentheid gebied

word om steeds by die aktiwiteit betrokke te wees.

2.2 Kultuur

587

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kultuur word binne arbeidsterapie gesien as ’n sfeer in ’n individu se lewe wat aangeleer

word en omvat geloof, waardes, norme, simbole, gedrag, persepsies en gewoontes van ’n

groep individue. Kultuur word gedeel deur ’n groep mense en is dinamies en aanpasbaar en

verander voortdurend (Barney en Duncombe 2002:201). Die kompleksiteit van hierdie

aspekte noop arbeidsterapeute om erkenning aan afsonderlike komponente van kultuur te gee

deur die verrekening daarvan tydens keuse van terapeutiese aktiwiteite. Die totale impak wat

kultuur dus op ’n persoon se menswaardigheid het, is ’n kernoorweging vir etiese praktyk

(Bonder 2009:498–9).

Betekenisvolle betrokkenheid by aktiwiteit binne die konteks van arbeidsterapie impliseer dat

die arbeidsterapeut ’n persoon bemagtig om vaardighede te ontwikkel wat

aktiwiteitsdeelname fasiliteer (Chacksfield 2006:144). Ekwivalente van die woord

aktiwiteitsdeelname, wat vir arbeidsterapie soveel betekenis inhou, bestaan egter steeds nie in

die tale van ’n aantal nie-Westerse kulture nie (Iwama 2006:22). Alhoewel die onderskeie

kulture dus die konsep van aktiwiteitsdeelname toepas, bestaan daar geen universele term vir

die begrip nie. Die konsep van kultuur word as sodanig as ’n komplekse konstruk beskou

(Iwama 2005:242–53) wat kardinaal is tot die betrokkenheid in aktiwiteit, dus die unieke

historiese en sosiale oorwegings soos deur die individu gesien. Derhalwe vorm erkenning van

kultuur in die keuse en aanbieding van aktiwiteite deel van die kliëntgesentreerde benadering

van arbeidsterapie.

Kultuur is dus ’n sfeer in die individu se lewe wat tot die menswees en menswaardigheid van

die persoon bydra. Deelname aan kulturele aktiwiteite dra tot die ontwikkeling van sin en

betekenis vir die persoon by. Christiansen en Townsend (soos na verwys in Zeldenryck en

Yalmambirra 2006:44) verduidelik dat die wyse waarop aktiwiteitsdeelname deur ’n individu

ervaar word en die kultuur van die individu interafhanklik is. Aangesien arbeidsterapie die

belang van aktiwiteitsdeelname in ’n persoon se lewe erken, kan kultuur nie van

menswaardige aktiwiteitsdeelname geskei word nie.

Uit die literatuur is dit duidelik dat die Sesotho-Setswana (Tswana, Suid-Sotho en Noord-

Sotho van die Hoëveld) as een groep geklassifiseer word (Hammond-Tooke 1993; Lye en

Murray 1980; Marais, Van Wijk, Mayet e.a.2010). Die Basotho Kulturele Nedersetting in

Phuthaditjhaba stel die ontwikkeling van die Sesotho-kultuur van die 1600’s tot die 1900’s

vir toeriste ten toon (Figuur 1). Aangesien Lesotho die hartland van die Basotho-kultuur is,

woon die meeste van die persone van Sotho-Tswana-afkoms tans in die nabygeleë Vrystaat.

Die rol van die bejaarde persoon binne die Sesotho-gemeenskap kom duidelik na vore in die

take wat aan hierdie persone toegeken word. Tradisioneel-kultureel word die bejaarde

persoon as die gesagsfiguur met wysheid en kennis in die gemeenskap beskou. Spesifieke

take, soos die opvoeding van die kleinkinders, raadgewing aan jonger persone om besluite te

neem en uitvoering van huishoudelike take soos voedselvoorbereiding, behoort aan bejaarde

persone. Dit is dus onder andere die arbeidsterapeut se rol om te verseker dat die bejaarde

persoon die geleentheid gegun word om aan bogenoemde aktiwiteitsreekse deel te neem wat

met hul belangstellings en begeertes ooreenstem, ten einde ’n gevoel van behorendheid

(“belonging”) te ervaar (Wilcock 2007:18). Deelname aan kultuurtoepaslike aktiwiteite

588

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waaraan die persoon waarde heg, is van belang in die skepping van hierdie

behorendheidsgevoel.

Hieruit is dit duidelik dat die inagneming van kulturele praktyke ’n belangrike rol in

kliëntgesentreerde intervensies speel ten einde die bejaarde persoon se lewensgehalte te

optimaliseer.

Figuur 1. Basotho Kulturele Nedersetting – Phuthaditjhaba Tydlynvoorstelling van die

ontwikkeling van die Basotho-kultuur: 1600’s tot 1900’s

589

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Luidens ’n gesprek met Joe Serekoane (2011), ’n lektor verbonde aan die Departement van

Antropologie aan die Universiteit van die Vrystaat, beweeg talle jong swart persone al hoe

meer weg van die tradisionele denkwyses van hulle kultuur weens ekonomiese ontwikkeling

en verstedeliking. ’n Toepaslike voorstelling van bogenoemde stelling is die Mmabana

Kulturele Sentrum in Thaba N’chu, ’n verrykingsentrum waar persone in die gemeenskap

deur die beoefening van kulturele aktiwiteite bemagtig en opgelei word. In ’n poging om

inheemse kennis te laat voortleef, bied dié sentrum byvoorbeeld blootstelling aan dans,

pottebakkery en verf met tradisionele konsepte aan, maar moderne aspekte word ook

grootliks geïnkorporeer. Tradisionele kultuurtoepaslike praktyke en gebruike vervaag egter,

aangesien die fokus nou hoofsaaklik op die opleiding en bemagtiging van jonger

Sesotho/Setswana-persone om ekonomiese redes binne die Westerse konteks is.

2.3 Die bejaarde persoon in residensiële-sorg-eenhede

Aftree-oorde en residensiële-sorg-eenhede word beskou as inrigtings wat die versorging en

beveiliging van bejaarde persone verseker. Bejaardheid verwys na die laaste lewensfase voor

die dood. Residensiële-sorg-eenhede dien as versorgingseenhede en beskermde

gemeenskappe wat poog om die algehele welstand van die bejaarde persoon te bevorder.

Ongelukkig fokus die meeste residensiële-sorg-eenhede meestal op die identifisering en

behandeling van medies-verwante toestande (Thomas 1996). Derhalwe dra dit by tot

moontlike marginalisering en stigmatisering van inwoners, wat as “pasiënte” beskou word, en

inwoners word aan aktiwiteitsverrigtingsongeregtigheid blootgestel. Dit beteken in effek dat

inwoners met geïnstitusionaliseerde rolle belas word wat tot eensaamheid, hulpeloosheid en

verveeldheid lei (Power 2010). Kliëntgesentreerde versorging impliseer dat daar eerder van

die “pakhuistradisie” (“warehouse tradition”) wegbeweeg word (Kitwood en Benson 2000:7)

en elke inwoner se individuele behoeftes in ag geneem word. Die Bradford-demensiegroep

(Brooker en Surr 2005:28) identifiseer die psigologiese behoeftes van die bejaarde persoon as

die erkenning van identiteit, gerief, liefde, betrokkenheid, geborgenheid en

aktiwiteitsdeelname. Menswaardigheid kan alleenlik erken en bevorder word indien hierdie

psigologiese behoeftes van elke bejaarde persoon op ’n individuele vlak erken word, maar

word dikwels oor die hoof gesien binne ’n biomediese model waar fisiese welstand die

vernaamste norm is.

Alhoewel residensiële-sorg-eenhede moontlik nie die ideale milieu is om die laaste

lewensfase te verwyl nie, word talle bejaarde persone in die Vrystaat genoodsaak om in

hierdie eenhede ’n tuiste te skep. Luidens die gesprek met Shirley du Plooy en Joe Serekoane

(2010), bestaan daar wedersydse verwagtinge tussen die Sesotho/Setswana-bejaarde en

sy/haar kinders wat aandui dat dit die kinders se verantwoordelikheid is om die ouers op hulle

oudag te versorg. Die konsep van ’n tehuis vir bejaarde persone, of sentrum vir bejaarde

persone, is ’n onbekende, meestal Westerse begrip. Alhoewel residensiële-sorg-eenhede dus

nie noodwendig ’n toepaslike omgewing vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone is om die

laaste lewensfase te bestee nie, kom hulle volop in die Vrystaat voor en is vir talle

Sesotho/Setswana-bejaarde persone die enigste heenkome.

590

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kane en Kane (in Cutler en Kane 2004:5) definieer lewensgehalte vir inwoners van

residensiële-sorg-eenhede as die positiewe fisiese, kognitiewe, sielkundige en sosiale uitkoms

van die interaksie tussen die bejaarde persoon en die omgewing waar hy/sy woon. Elf temas

vir die bevordering van lewensgehalte is deur Kane (in Cutler en Kane 2004:5) geïdentifiseer.

Hierdie temas sluit in fisiese gemak, funksionele bevoegdheid, privaatheid, outonomie,

waardigheid, betekenisvolle aktiwiteit, genotbelewing, individualiteit, verhoudings, sekuriteit

en orde (goeie bedoelings van personeel) en geestelike welstand. Die omgewing van

residensiële-sorg-eenhede het die potensiaal om tot die skepping van ’n positiewe selfbeeld

van die bejaarde persoon by te dra deur op die persoon se sterkpunte te bou en die eise wat

die omgewing aan die bejaarde persoon stel, te minimaliseer.

Wilcock (2007:18) is van mening dat die gemeenskap binne die residensiële-sorg-eenhede

meer vertroud met die konsep van “aktiewe veroudering” behoort te word. Aktiewe

veroudering impliseer die skep van ’n meer akkommoderende omgewing vir die inwoners

sodat daar aan aktiwiteite en ervarings wat lewensgehalte, gesondheid, geluk en algehele

welstand bevorder, deelgeneem kan word. Aanpassings in die omgewing behoort dus gedoen

te word met die oog op die skep van ’n milieu waarmee die bejaarde persoon in interaksie

kan tree en aktiewe deelname met ‘n verskeidenheid aktiwiteite bevorder kan word. ’n

Besoek aan Avondvrede, ’n residensiële-sorg-eenheid in Vrede in die Vrystaat wat die

Thabong-gang in die residensiële-sorg-eenheid vir Sesotho-inwoners ontwikkel het,

beklemtoon die belang van ’n toepaslike omgewing vir ’n bejaarde persoon. Voorbeelde

hiervan is kultuurtoepaslike versierings en behangsels, soos Sesotho-verfwerk, -ornamente, -

musiekinstrumente, -vlegwerk en -wapens. Sesotho- en isiZulu- aanwysings op die mure en

deure in die gang is aangebring om die inwoners deurentyd te oriënteer en onsekerheid te

beperk. ’n Veilige buitenshuise area is beskikbaar waar die inwoners in die son kan sit en die

buitelug kan geniet. Hoenders loop vrylik in hierdie area rond en bevorder sodoende

herinneringsbelewenisse. Bogenoemde aanpassings lei dus tot die skep van ’n

kultuurtoepaslike milieu waarin die betrokke bejaarde persoon tuis voel. Dit staan inwoners

vry om te kies of hulle in hierdie gang of eerder in een van die meer tradisioneel-Westerse

afdelings wil woon. Die rol van kultuur in die daarstelling van ’n meer ideale milieu as tuiste

word dus erken en optimale lewensgehalte word deur die skep van ’n kultuurtoepaslike

milieu bevorder.

3. Metodologie

3.1 Doel van hierdie studie

Die doel van hierdie studie was ’n ondersoek na moontlike bydraende faktore wat ’n

kultuurtoepaslike milieu vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone kan ontwikkel. ’n

Beskrywende kwalitatiewe studie is gedoen. Die studie is epistemologies in die

interpretatiewe raamwerk gegrond. Die doelwit van navorsing binne hierdie raamwerk is nie

soseer die insameling van objektiewe waarhede nie, maar is eerder daarop gemik om die

591

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

navorsingsdeelnemers se stem hoorbaar te maak en vas te stel wat vir hierdie deelnemers die

waarheid is, al is dit wetenskapsfilosofies nie moontlik om die absolute waarheid te ontbloot

nie (Van Rensburg 2004:20).

Twee praktiese oorwegings het beide die keuse van die navorsingsontwerp en die seleksie

van deelnemers gerugsteun. Eerstens het die navorsers erken dat hulle nie Sesotho/Setswana

magtig is nie, wat ’n groot struikelblok in ’n studie van ’n kwalitatiewe aard is. Ernstige

oorweging is gegee aan die feit dat onderhoude ook nie deur ’n opgeleide tolk in

Sesotho/Setswanna met bejaarde persone gevoer en vertaal kon word nie, weens gebrekkige

befondsing. Die navorsers wou egter steeds op die gebied van bejaarde personeorg fokus en

nie as gevolg van gebrekkige hulpbronne hierdie braak area aanhou ignoreer nie. Tweedens is

die ontluikende aard van die kwalitatiewe navorsingsontwerp te alle tye gerespekteer.

Kwalitatiewe navorsing kan deelnemers nie forseer om op die navorsers se agenda te fokus

nie. Die waarde van die data lê juis daarin dat die navorsers eerder op die deelnemers se

prioriteite fokus. Hierdie houding staan ook getrou aan die aard van die navorsingsvraag wat

juis wou ontdek hoe die arbeidsterapeut nader aan die kulturele behoeftes van bejaarde

persone kan kom.

3.2 Keuse van die deelnemers

Marginalisering en onderdrukking van bejaarde inwoners van diverse kulture is deur die

navorsers erken as die gevolg van die tradisionele “pakhuistradisie” in residensiële-sorgeenhede.

Derhalwe word bejaarde persone se eie voorkeure en behoeftes dikwels nie erken

nie. In residensiële-sorg-eenhede bestaan daar dikwels ongebalanseerde magsverhoudings

tussen die bejaarde persone en die versorgers, aangesien die meeste bejaarde inwoners in die

gewoonte verval dat besluite namens hulle geneem word. Die aanvanklike aanname is

gemaak dat response van die bejaarde inwoners die beeld van die instansie en kwaliteit van

versorging sou verhef in ’n poging om ongewenste blootstelling te vermy. Response van

bejaarde persone sou dus moontlik geloofwaardigheid of geldigheid van die studie benadeel

het. Hierdie uitdagings (finansieel en met betrekking tot die moontlike betroubaarheid van

data) het die besluit gerig om neutrale deelnemers, wat nie direk bevoordeel of benadeel sou

word nie, vir data-insameling te nader. Die deelnemers aan die nominalegroepstegniekonderhoude

(NGT-onderhoude) is deur middel van doelgerigte keuse geïdentifiseer.

Doelgerigte keuse impliseer dat studiedeelnemers deur die navorser(s) gekies word op grond

van spesifieke eienskappe of belangstellings wat hulle in die gegewe studie toon (Strydom en

Delport 2009:328).

Die kriteria vir deelname aan die groepe het ingesluit dat die deelnemers persone is wat

voorheen of tans by bejaarde personeorg op provinsiale vlak in die Vrystaat werksaam was,

of is, en Afrikaans of Engels magtig is (sien bylaag A vir demografiese data). Derhalwe is

persone wat op verskeie vlakke by die welstand van Sesotho/Setswana-bejaarde persone

betrokke was, of steeds is, vir die NGT-onderhoude gekies. Deelnemers word as kenners op

die gebied van Sesotho/Setswana-bejaarde personeorg beskou weens die ervaring wat hulle

op hierdie gebied het. Deelnemers se rol met betrekking tot die welstand van bejaarde

592

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

persone het uitgesluit dat hulle direk op daaglikse basis by fisiese versorgingstake van

bejaarde inwoners betrek word en het meestal verband gehou met bestuur binne residensiële

sorg en/of die breër gemeenskap. Vier uit die groep van 15 deelnemers was voorheen

betrokke by navorsing met bejaarde persone in die groter Bloemfontein-omgewing onder

leiding van EPOG (Eenheid vir Professionele Opleiding en Dienslewering in die

Gedragswetenskappe) by die Universiteit van die Vrystaat. Die res van die deelnemers is aan

nieregerings- en regeringsorganisasies verbonde en is deur middel van hul verbintenis met

Age-in-Action en die Vrystaatse Tak van die Alzheimer Vereniging van Suid-Afrika betrek.

Diversiteit ten opsigte van die organisasies wat die verskillende deelnemers van die groepe

verteenwoordig het, het veral tot die triangulasie van data en dus die betroubaarheid binne

hierdie spesifieke metodiek bygedra. Verder het die breë ervaring wat hierdie deelnemers het,

tot die waarheidsgetrouheid 2 van die studie bygedra. Nadat goedkeuring van die Etiekkomitee

van die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat verkry

is (Studie nr. 12/2011), is deelnemers genader om deel te neem en het hulle hulself skriftelik

tot die navorsingsproses verbind.

Die groepsessies is deur ’n onafhanklike fasiliteerder en ’n kundige in NGT-onderhoude

behartig. Geïdentifiseerde deelnemers is in twee groepe verdeel. Beskikbaarheid van tyd van

die onderskeie deelnemers het verder op die indeling impak gehad en gevolglik het Groep I

uit 6 deelnemers en Groep II uit 8 deelnemers bestaan.

3.3 Metode van data-insameling

Die nominalegroepstegniek word deur Dobbie, Rhodes, Tysinger en Freeman (2004:402) as

’n kwalitatiewe metode van data-insameling met semikwantitatiewe eienskappe aangaande ’n

gegewe vraag beskryf, aangesien response op dié vraag in prioriteitsvolgorde na aanleiding

van stemming deur deelnemers gerangskik word. Deelnemers stem vir idees en idees word

dan na aanleiding van stemming in orde van voorkeur geplaas. Persoonlike opinies word in

ag geneem, prioriteite word bepaal en ooreenkomste en verskille word uitgewys, wat

spesifieke vraagstukke en kwessies binne die studie na vore bring (Cohen, Manion en

Morrision 2007:309). Die navorsers beskou dit dus as ’n demokratiese wyse van datainsameling

wat verseker dat alle individuele response binne die groeprespons ingesluit word

en tot die betroubaarheid 3 van die resultate bydra.

Daar is heelwat voordele wat met die nominalegroepstegniek geassosieer word. Dit sluit in:

• Idees word demokraties geprioritiseer.

• Deelnemers word aangemoedig en gefasiliteer om konstruktief aan

probleemoplossing deel te neem.

• Konformasie en kompetisie in idees word nie aangemoedig nie.

• Laterale denke word wel aangemoedig, wat ’n breër verskeidenheid van

generering van idees tot gevolg kan hê.

• Die mag van ’n opinie is nie by een persoon nie, maar word gelykmatig versprei.

• ’n Sin van afsluiting en integrasie word gefasiliteer, wat persoonlike en opvoedige

waardes bevorder (Departement van Gesondheid en Menslike Dienste 2006).

593

Die volgende is ’n uiteensetting van die stappe wat gevolg word tydens die

nominalegroepstegniek:

Rondte een:

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1. Nadat die vraag skriftelik en mondeling aan die deelnemers oorgedra is, word

deelnemers versoek om ’n paar minute te neem waartydens daar onafhanklik en in

stilte oor die strukturering en formulering van ’n persoonlike siening oor die vraag

nagedink word.

2. Een respons van elke deelnemer word dan bygedra en op ’n blaaibord aangestip.

3. Voorstelle en antwoorde word demokraties saam gegroepeer waar moontlik en idees

kan vir meer duidelikheid bespreek word.

4. Die fasiliteerder versoek daarna die deelnemers om selfstandig en onafhanklik die

verskillende voorstelle in volgorde van belang te rangskik van 1 tot 5, waar 5 die

belangrikste stelling uitwys en 1 die onbelangrikste.

Ronde twee:

1. Elke deelnemer in die groep se rangskikking word in tabelvorm voorgelê.

2. ’n Bespreking van die resultate en elke idee word herevalueer in terme van die

belangrikheid daarvan en daar kan byvoorbeeld ’n punt uit 5 vir elke idee toegeken

word.

Rondte drie:

In die laaste ronde word al die rangskikkings in terme van gewig uitgewerk en die

eindresultaat word aan die groep bekend gemaak. (Jones en Hunter 1995)

NGT-onderhoude is op twee aparte geleenthede met twee groepe persone wat voorheen of

tans by Sesotho/Setswana-bejaarde personeorg betrokke was, of is, gedoen (sien bylaag A vir

demografiese data).

NGT-onderhoude is deur ’n onafhanklike fasiliteerder in Engels gedoen. Aanbieding in

Engels het verseker dat al die deelnemers die vraag verstaan het en inligting akkuraat

weergegee kon word, wat tot die waarheidsgetrouheid van die studie bygedra het (Babbie en

Mouton 2001:277–8). Die fasiliteerder van die groepe was ’n eksterne persoon wat nie direk

aan die Departement van Arbeidsterapie verbonde is nie en dit versterk dus bevestigbaarheid 4

in die studie. Die fasiliteerder het ondervinding in sowel die gebruik van die

nominalegroepstegniek as ’n deeglike agtergrond van Sesotho/Setswana-bejaarde

personesorg weens betrokkenheid by verskeie projekte in die gemeenskap, wat verder tot die

waarheidsgetrouheid van die studie bygedra het.

3.4 Ontwikkeling van die navorsingsvraag

Die volgende vraag is aanvanklik na aanleiding van die navorsingsvraag vir

verkenningsonderhoude tydens die loodsstudie saamgestel: “Stel asseblief Sesotho/Setswana

594

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

kulturele praktyke voor om ’n meer akkommoderende omgewing in residensiële-sorgeenhede

te skep.”

Alhoewel die fokus van arbeidsterapie-intervensies die gebruik van aktiwiteitsverrigting is, is

die woord aktiwiteit doelbewus nie in die vraag ingesluit nie. Na afloop van die

agtergrondstudie het ons besef dat die skepping van ’n akkommoderende residensiële-sorgeenheid-omgewing

meer as die aanbieding van aktiwiteit is, maar eerder die skepping van ’n

milieu waar vrye keuse ten opsigte van aktiwiteitsdeelname bestaan. Daar is reeds in die

literatuuroorsig ook geargumenteer dat die konsep aktiwiteit vir die beroep arbeidsterapie

ontstaan het uit Westerse kultuur, maar dikwels problematies is in ander nie-Westere kulture.

Met die uitvoering van verkenningsonderhoude tydens die loodsstudie met twee werknemers

van ’n multikulturele residensiële-sorg-eenheid in Bloemfontein, asook ’n ervare leier in

bejaarde personeorgkringe, het dit duidelik geword dat die aanvanklike vraag te veel ruimte

vir onsekerheid gelaat het. Die deelnemers aan die verkenningsonderhoude het aangedui dat

kulturele praktyke ’n ingewikkelde konsep is en dat hulle nie seker is hoe om die vraag te

beantwoord nie. Akkommoderende omgewing was ook nie duidelik vir die deelnemers nie.

Residensiële-sorg-eenhede was onduidelik, aangesien hierdie deelnemers in die praktyk

hoofsaaklik na “ouetehuise” verwys.

Die response van die deelnemers aan die verkenningsonderhoude het daarop gedui dat die

menswaardige behandeling binne residensiële-sorg-eenhede die kern vir die skep van ’n

kultuurtoepaslike milieu is. Die term kultuur is ook as uiters subjektief ervaar en het ’n

verskeidenheid response ontlok. Na aanleiding van hierdie terugvoer tydens die loodstudie is

die volgende nominalegroepstegniekvraag (NGT-vraag) saamgestel: “Wat kan gedoen word

om meer toepaslike ervarings vir die Sotho-groep (Suid-Sotho, Noord-Sotho en Setswana)

bejaarde persone in ouetehuise aan te moedig?”

Die vraag is tydens die NGT-onderhoude in Afrikaans en Engels in geskrewe en mondelinge

vorm aan die deelnemers verskaf, wat tot die waarheidsgetrouheid van die studie bygedra het

4. Bevindinge en bespreking

4.1 Kernbevindinge (Eerste vyf response van elke groep)

Dit is insiggewend dat die vraag wat pertinent in die groep gevra is, nie direk deur die

deelnemers beantwoord is nie. Response wat met aktiwiteitsdeelname en kulturele voorkeure

verband gehou het, is nie as prioriteite gelys nie. Ten spyte van die aktiwiteitsfokus binne

arbeidsterapiepraktyk is die prioriteite wat deur die navorsingsdeelnemers uitgewys is,

beklemtoon. Die navorsers het die gegenereerde data geëien eerder as om sekondêre

oorwegings wat wel met kultuurverwante aktiwiteite verband hou, uit te wys. Vir die doel

van hierdie artikel is hierdie uiterlike faktore, byvoorbeeld ’n paar kultuurtoepaslike speletjies

en ’n dis op die spyskaart, versaak. Die navorsers het tot die insig gekom dat

aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid op lang termyn bewerkstellig kan word slegs indien die

595

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

huidige sosialegeregtig¬heidskwessies as prioriteit beklemtoon word in die proses om ’n

meer kultuurtoepaslike omgewing binne residensiële-sorg-eenhede te skep. Hierdie insig kan

daadwerklike verandering aan die lewensgehalte van Sesotho/Setswana-inwoners van

sodanige instellings meebring. Die onderliggende tema van die response van die deelnemers

het derhalwe menswaardigheidskwessies uitgelig.

’n Verskeidenheid response is aangebied en woord vir woord in Engels deur die fasiliteerder

gelys, wat tot die waarheidsgetrouheid van die resultate bygedra het. Vertaling van die

response van Engels na Afrikaans is deur die navorsers gedoen. Die juistheid van hierdie

vertaling is deur een van die deelnemers van die NGT-onderhoude en ’n navorser in bejaardeaangeleenthede

by EPOG bevestig, wat tot die waarheidsgetrouheid van die vertaling bydra.

Deelnemers van Groep I het 25 response gegenereer, terwyl deelnemers van Groep II 30

response gegenereer het. Die stemming het die vyf hoofvoorkeure van elke groep aangedui,

wat in Tabel 1 aangedui word.

Wat kan gedoen word om meer toepaslike ervarings vir die Sothogroep

(Suid-Sotho, Noord-Sotho en Setswana) bejaarde persone in

NGT-vraag tehuise vir bejaarde persone aan te moedig?

Prioriteitsvolgorde Groep I

Groep II

van response as

antwoord op

vraag

1 Personeel behoort die behoeftes

van die bejaarde persone te

verstaan

2 Konsultasie met bejaarde

persone voor besluitneming

3 Toeganklike geboue met

veiligheidsaanpassings

4 Respek vir bejaarde persoon se

kultuur

Personeelopleiding ten opsigste

van versorging en kulturele

aspekte

5 Stigting van ’n

arbeidsterapiekomitee wat uit

inwoners, personeel, familie,

vrywilligers en belangstellendes

uit die gemeenskap bestaan

Bied inligtingsessie met bejaarde

persoon en familie aan ten einde

konsultasie te bevorder

Aanpassings in die omgewing om

kultuur en erfenis te reflekteer

Bedien van kultuurtoepaslike

voedsel

Dienslewering in taal van

voorkeur

Indiensopleiding vir personeel ten

einde belang van die roeping te

besef

Vrye keuse ten opsigte van

kamerplasing

Kommunikasie met respek en

waardigheid ten opsigte van

verwagtinge

Tabel 1. Prioriteitsvolgorde van Groep I en Groep II se response as antwoord op die

NGT-vraag

596

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die lig van ’n kliëntgesentreerde benadering binne die interpretatiewe raamwerk is daar

besluit om die twee geïdentifiseerde response onder nommer 4 van Groep I en nommer 5 van

Groep II so te laat, aangesien die groepe nie die belangrikste een van die twee response kon

uitwys nie.

Die respons wat as die belangrikste deur die deelnemers in Groep I en as vierde prioriteit deur

deelnemers in Groep II uitgewys is, is die ontwikkeling van ’n begrip vir die unieke behoeftes

van die bejaarde persone in residensiële-sorg-eenhede deur middel van personeelopleiding.

Personeelopleiding behoort op die inagneming van die behoeftes van die inwoners te fokus.

Gemak en die roetine binne residensiële-sorg-eenhede behoort te alle tye sekondêr tot hierdie

behoeftes te wees (Labuschagne 2005:563). Die ontwikkeling van begrip vir die unieke

behoeftes van die bejaarde persoon kan bydra tot die skep van ’n meer toepaslike milieu wat

vrye keuse tot aktiwiteitsreekse moontlik maak. Plesier, herstel en produktiwiteit in die

alledaagse lewe word sodoende verseker en menswaardigheid bevorder.

Respek vir ’n bejaarde se rol as raadgewer is veral van belang in die Sesotho/Setswanakultuur

weens die beskouing dat ouderdom met wysheid en lewenservaring gepaard gaan.

Raadpleging met bejaarde persone in residensiële-sorg-eenhede weerspieël respek teenoor die

individu en bied aan die bejaarde persoon die geleentheid om verwagte lewensrolle uit te leef.

Ondersoek van die unieke behoeftes van die bejaarde persoon deur raadpleging sluit by die

kliëntgesentreerde benadering binne arbeidsterapie aan. Menswaardigheid kan erken en

bevorder word alleenlik indien behoeftes van elke bejaarde persoon op ’n individuele vlak

erken word. Daar behoort met die bejaarde persoon oor die rede vir, en verwagtinge en

implikasies van opname in ’n residensiële-sorg-eenheid geraadpleeg te word. Insluiting en die

betrek van die bejaarde persone by besluitneming en met die opstel van ’n sorgplan word as

die belangrikste prioriteit deur deelnemers van Groep II aangedui. Betrekking van die

Sesotho/Setswana-bejaarde erken die verwagte lewensrolle en -take van die individu. Hierdie

erkenning dra tot die behoud van menswaardigheid by.

Die belang van aanpassings in die omgewing word deur deelnemers in beide groepe genoem

en sluit by die skep van ’n meer toepaslike milieu aan. Deelnemers van Groep I fokus egter

meer op die veiligheid van die omgewing. Residensiële-sorg-eenhede is eerder as

versorgingseenhede beskryf en die fokus het hoofsaaklik op die beveiliging en fisiese

versorging van die bejaarde persone geval. Volgens Nilsson en Townsend (2010:60) behoort

die fokus van enige gesondheidsorg-instansie egter eerder op vryheid van keuse van

aktiwiteite binne die omgewing te wees as slegs op die fisiese versorging van die bejaarde

persoon. Deelnemers van Groep II fokus meer op die kulturele toepaslikheid van die

omgewing binne die residensiële-sorg-eenheid. Kultuuruitdrukking skep ’n gevoel van

behorendheid in ’n kamer waar die bejaarde persoon gemaklik voel.

Alhoewel kultuuruitdrukking belangrik geag word, het deelnemers van beide groepe van die

kultuuraspek van die vraag afgewyk en meer klem op algemene veiligheid en welstand binne

die omgewing van residensiële-sorg-eenhede gelê. Bell (2007) stel voor dat vrees dikwels die

resultaat van onderdrukking van die menswees van ’n persoon is. Miskenning van

menswaardigheid van swart persone in die verlede kon dus moontlik ’n rol speel in die feit

597

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

dat gelyke behandeling en gesondheidsorg vir almal soveel aandag geniet het. Dit sluit dus by

die menswaardigheidsaspek van die respons aan.

Bediening van voedsel in residensiële-sorg-eenhede behoort nie alleen as die bevrediging van

’n basiese behoefte gesien te word nie. Kultuurtoepaslike voedsel, asook die manier van

voorbereiding daarvan, speel ’n rol in die optimalisering van lewensgehalte. Die Nasionale

Norme en Standaarde Aangaande die Aanvaarbare Vlakke van Diens aan Ouer Persone en

Diensleweringstandaarde vir Gemeenskapsgebaseerde Sorg en Ondersteuningsdienste in die

Staatskoerant (Suid-Afrika 2010:31), dui aan dat voedsame kos aan bejaarde persone verskaf

moet word en dat kulturele en godsdienstige behoeftes in ag geneem behoort te word.

Aangesien deelname aan kulturele aktiwiteite tot die skepping van sin en betekenis van die

individu bydra, het die bediening van en deelname aan voorbereiding van kultuurtoepaslike

voedsel die potensiaal om die gevoel van menswaardigheid te bevorder.

Diensverskaffing en versorging van die bejaarde persone behoort in die taal van voorkeur te

geskied. Moedertaalkommunikasie kan moontlik tot die minimalisering van verwardheid en

ongemak van bejaarde persone met addisionele patologieë bydra (Labuschagne 2005:562),

wat lewensgehalte optimaliseer. Die erkenning van die moedertaal van ’n individu word in

die Suid-Afrikaanse konteks direk met die Grondwet en Handves vir Menseregte Artikel

30(1) (Suid-Afrika 1996) verbind. Moedertaalkommunikasie as ’n medium om behoeftes te

verwoord kan dus tot die behoud van menswaardigheid bydra deur die erkenning van die

individu se unieke agtergrond. Ondubbelsinnige kommunikasie wat respek weerspieël, skakel

verwarring uit. Die bejaarde persoon se menswaardigheid word erken deur interaksie met ’n

positiewe ingesteldheid te benader. Aanspreekvorme, wat die menswees van ’n individu direk

aanspreek, behoort nooit minagtend te wees nie. Die manier waarop ’n boodskap oorgedra

word, dra net soveel gewig as die boodskap self.

Bevordering van betrokkenheid in kulturele aktiwiteite in residensiële-sorg-eenhede loop

hand aan hand met respek en begrip vir die kultuur van ’n individu. Die fokus is dus nie slegs

op die skep van ’n milieu waar kulturele aktiwiteite aangebied word nie, maar ook op die

ontdekking van die dieper betekenis en waarde wat die bejaarde persoon aan hierdie

aktiwiteite heg. Aktiwiteit wat met besluitnemingsprosesse gepaard gaan, vorm tradisioneel

deel van die verwagte lewensrol van die Sesotho/Setswana-bejaarde. Die deelnemers het

aangedui dat die saamstel van iets soos ’n arbeidsterapiekomitee die voorgaande doeltreffend

sal kan aanspreek. Hierdie komitee behoort geraadpleeg te word rakende die opstelling van ’n

sorgplan. Die komitee behoort ook verteenwoordigend te wees en alle professies en

belanghebbendes by residensiële-sorg-eenhede te betrek. Die samestelling van hierdie

komitee, waarop bejaarde persone tesame met personeel en vrywilligers vanuit die

omliggende omgewing dien, weerspieël die behoefte van die bejaarde persone om nie van die

gemeenskap geïsoleer te word nie en om die gevoel van behorendheid binne die groter

samelewing te ervaar.

Deelnemers van Groep II dui die belang van vryheid van keuse tydens kamerplasing aan.

Vryheid van assosiasie impliseer dat die outonomie van die bejaarde persoon erken word.

Vrye keuse versterk ’n sin van kommunikasie en emosionele ondersteuning tussen mede-

598

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

inwoners (Christiansen en Townsend soos na verwys in Zeldenryk en Yalmambirra 2006:44),

wat lewensgehalte kan bevorder. Vryheid van keuse erken die bejaarde persoon as ’n mens

met unieke behoeftes. Dit betrek die individu by die besluitnemingsproses, wat die gebruik

van die kliëntgesentreerde benadering versterk.

Alhoewel die response van die deelnemers aanvanklik nie die vraag direk beantwoord het nie,

het die goue draad van menswaardigheid regdeur al die response gevleg. Menswaardigheid

hou egter direk met die lewensgehalte van ’n individu verband. Nilsson en Townsend

(2010:58) beklemtoon tereg dat betrokkenheid in betekenisvolle aktiwiteite die individu in

staat stel om menswaardigheid te behou, wat optimale lewensgehalte bevorder. Hierdie tema

is veral van belang gegewe die verlies van menswaardigheid wat dikwels met

institusionalisering in residensiële-sorg-eenhede gepaard gaan.

4.2 Temas van lewensgehalte tydens ontleding van oorblywende response

Die hoofdoel van die studie was ‘n ondersoek na daardie faktore wat sal bydra tot die skep

van ’n kultuurtoepaslike milieu in residensiële-sorg-eenhede ten einde deelname aan

aktiwiteite van keuse te fasiliteer. Die behoud van menswaardigheid deur die skepping van ’n

toepaslike milieu kan tot die lewensgehalte van die individu bydra.

Al die response wat deur die twee groepe as voorstelle vir die bevordering van toepaslike

ervarings vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone gegenereer is, is in ag geneem in die

triangulasie van die data. Aangesien die behoud van menswaardigheid direk tot die

optimalisering van die lewensgehalte van ‘n individu bydra, is al die response in Tabel 2

volgens Kane en Kane (soos na verwys in Cutler en Kane 2004:6) se elf temas van

lewensgehalte gekategoriseer. Die response het gestrook met die temas wat Kane en Kane

voorgestel het.

Groep 1 Groep 2 Lewensgehalte-

temas

Toeganklike geboue met

veiligheidsaanpassings

Stigting van ’n

arbeidsterapiekomitee

Die ouetehuis behoort ekstra klere

vir bejaarde persone aan te skaf

Spesiale gesondheidsdienste

behoort gelewer te word

Fisiese gemak

’n Gesondheidsfasiliteit by die

Sorgeenheid vir professionele sorg

Onderrig moet voortgesit word Funksionele

bevoegdheid

Bied privaatheid Privaatheid behoort gerespekteer

te word

Privaatheid

Manlike verpleeg- of

sorgpersoneel behoort manlike

inwoners te versorg

599

Groepplasing ten opsigte van

kultuurverspreiding vir

aanvaarding

Lig in oor verwagtinge van

sorgeenheid

Raadpleging met bejaarde persone

voor besluitneming

Groepeer volgens era waarin

geleef het

Respek vir bejaarde persoon se

kultuur

Die versorgers moet toegewyd

wees en respek toon

Aktiwiteite vir bedlêende asook

rolstoelgebonde persone

Sluit kultuurtoepaslike musiek in

tydens aktiwiteitsverrigting

Let op die ontwikkeling van

kultuur tydens die opstel van

programme

Onderneem uitstappies

Neem belangstelling en

geskiedenis in ag tydens die keuse

en aanbieding van aktiwiteite

Vrywilligers wat gereeld persone

besoek en aktiwiteite aanbied

Bied inligtingsessie met bejaarde

persoon en familie aan ten einde

konsultasie te bevorder

Vrye keuse ten opsigte van

kamerplasing

Meng verskillende jaargroepe

tydens kamerplasings

Inwoners behoort tydens

besluitneming betrek te word

Vrye uitoefening van keuses

behoort toegelaat te word

Die kultuur van die bejaarde

persoon behoort gerespekteer te

word

Kommunikasie ten opsigte van

verwagtinge

Kommunikasie met respek in ’n

vriendelike stemtoon

Betrokkenheid in aktiwiteite of

take (werk) is van belang

Musiek moet kultuurtoepaslik

wees

Speletjies, byvoorbeeld

marabaraba en diketo, kan

aangebied word

Sport en oefeninge volgens

vaardigheid en vermoë kan

aangebied word

Storievertelling ten einde kultuur

na jonger generasie oor te dra

Leesstof in verskillende tale

Praatjies of toesprake volgens die

inwoners se kultuur deur eksterne

persone

Bejaarde persone behoort op

uitstappies geneem te word

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Outonomie

Waardigheid

Betekenisvolle

aktiwiteit

600

Bedien van kultuurtoepaslike

stapelvoedsel

Foto’s en kultuurtoepaslike

ornamente in kamers

Kamers moet ’n huislike

atmosfeer skep

Arbeidsterapiestudente kan

kinders tussen vier en 12 jaar by

aktiwiteite met bejaarde persone

betrek

Personeel behoort die behoeftes

van die bejaarde persone te

verstaan

Personeelopleiding ten opsigte

van versorging en kulturele

aspekte

Geduldige en bereidwillige

versorgers

Historiese toere of uitstappies

buite Bloemfontein

Fisiese oefeninge behoort

aangebied te word

Bedien van kultuurtoepaslike

voedsel. Sesotho: marogo,

suurpap, afval (malamogodu),

gestoomde brood (matebekwane)

en stampmielies. Setswana: ting

en mageu (sagte pap)

Dienslewering in taal van

voorkeur

Aanpassings in die omgewing om

kultuur en erfenis te reflekteer

Skriftelike onderneming deur die

familie om die bejaarde persoon te

besoek

Geleentheid om eie huis te besoek

Indiensopleiding van personeel

Personeelgetalle behoort bepaal te

word volgens

versorgingsbehoeftes

Versorgers moet nie lang ure werk

nie

Versorgers wat luister na bejaarde

persoon

Vryheid ten opsigte van geloof- en

kerkverband

Tabel 2. Lewensgehalte-temas

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Genotbelewing

Individualiteit

Verhoudings

Sekuriteit en orde

(goeie intensies

van personeel)

Geestelike

welstand

Fisiese gemak word deur Kane en Kane (in Cutler en Kane 2004:6) met vryheid van pyn,

ongemaklike simptome en ander fisiese ongemak in verband gebring. Volgens Maslow se

hiërargie van behoeftes is die fisiologiese behoeftes van die persoon die basis vir deelname

aan daaglikse aktiwiteite (Louw en Edwards 2008:449). Dit impliseer dat aanpassings in die

omgewing (soos handrelings in die badkamer en glyvaste matjies op die vloer) tot die fisiese

601

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gemak en dus aktiwiteitsdeelname of -betrokkenheid van die persoon sal bydra. Hierdie

omgewingsaanpassings kan ook tot die funksionele bevoegdheid van die bejaarde persoon in

die tehuis bydra, aangesien die inwoners sodoende bemagtig word om met hul oorblywende

vermoëns optimaal te funksioneer.

Die respektering van privaatheid, die erkenning van outonomie en behoud van waardigheid

van die bejaarde persoon sluit by die konsep van aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid aan.

Aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid beteken dat die bejaarde persoon te alle tye outonomie het

in die keuse van aktiwiteite waaraan deelgeneem word, ten einde menswaardigheid te behou.

Outonomie impliseer dat die persoon die vryheid gegun word om besluite oor gesondheid en

lewe te neem en dit uit te voer, asook die vryheid om in beheer van eie lewe te bly (Van der

Reyden en Joubert 2005:115). Hulle beskryf dat alhoewel outonomie die verlangde uitkoms

vir die bejaarde persoon in die residensiële-sorg-eenheid is, dit dikwels deur verskeie faktore,

soos die impak van siektetoestande op die waardes en die lewenstyl van die persoon,

depressie, angstigheid, skuldgevoelens en ontkenning, asook sosiale en kulturele beperkinge

en beperkte kennis of inligting, negatief beïnvloed word. Outonomie behoort dus binne die

konteks van die huidige gesondheidstoestand van die bejaarde persoon beskou te word.

Privaatheid kan byvoorbeeld nie aan ’n bejaarde persoon verskaf word indien hulp met bad of

was benodig word nie. Outonomie binne hierdie situasie kan egter wel verskaf word deur ’n

keuse ten opsigte van sekere aspekte, nie net groot aangeleenthede soos met wie ’n kamer

gedeel word nie, maar selfs ook in die keuse van watter seep gebruik word. Deelnemers in die

tweede groep beklemtoon ook tereg dat dieselfde geslag versorger die bejaarde persoon

behoort te was. Sodoende kan waardigheid behou word, wat lewensgehalte bevorder.

Betekenisvolle aktiwiteite binne die konteks van arbeidsterapie is die aksies waaraan ’n

persoon deelneem en as sy/haar eie kan eien, weens die betekenis en waarde wat dit vir

daardie persoon inhou (Perrin, May en Anderson 2008:30). Geleentheid tot deelname vir al

die inwoners van die residensiële-sorg-eenheid in betekenisvolle aktiwiteite word

beklemtoon. Aktiwiteite vir bedlêende inwoners, aanbieding van die aktiwiteite in die

moedertaal en inagneming van die kulturele voorkeure en gebruike van die inwoners is

aangedui. Die inagneming van die religieuse oortuigings van die individu, deur die vryheid

tot deelname aan aktiwiteite wat tot die geestelike welstand van die bejaarde persoon bydra,

kan lewensgehalte bevorder. Betekenisvolle aktiwiteite verskaf volgens Kane en Kane (in

Cutler en Kane 2004:6) genot wat die verbale of nieverbale uitdrukking van plesier is en angs

of verveeldheid voorkom. Deelname aan kulturele aktiwiteite wat vir die individu betekenis

inhou, impliseer ook die behoud van tradisies en kultuur. Oordrag van kulturele gebruike en

tradisies berus grootliks by die bejaarde persoon en bied aan hierdie persone dus die

geleentheid om belangrike lewensrolle vir die voortbestaan van tradisies te vervul.

Die betrokkenheid in verhoudings met persone buite die residensiële-sorg-eenheid word deur

deelnemers van beide groepe uitgewys. Indien die rol van Sesotho/Setswana-bejaarde

persone binne die tradisionele familiestruktuur oorweeg word, is dit duidelik dat die

marginalisering van hierdie persone uit die gemeenskap nie ’n optimale situasie is nie.

Tradisionele familiestrukture sluit persone van alle ouderdomme in, en binne die residensiële-

602

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sorg-eenheid-omgewing verval hierdie ouderdomsverspreiding en gepaardgaande hiërargiese

orde, wat rolbevrediging moontlik kan inperk.

Die respektering van individualiteit binne die kulturele konteks van die inwoner as deel van

die gemeenskap in die residensiële-sorg-eenheid kan die moontlike negatiewe effekte van

institusionalisering teëwerk. Volgens Wilcock (2007:18) is die bemagtiging van die persoon

om individuele plesier en uitdrukking te ervaar van belang om die spirituele behoeftes van die

persoon aan te spreek. Dit impliseer dat die kern van menswees erken word en behou

sodoende die menswaardigheid van die individu binne die massa van inwoners in die

residensiële-sorg-eenheid. Die erkenning van individualiteit sluit ook by die

kliëntgesentreerde benadering in arbeidsterapie aan, aangesien die unieke behoeftes van die

individu in ag geneem word.

Die skep van ’n veilige residensiële-sorg-eenheid omgewing behels veel meer as fisiese

sekuriteit soos ’n veiligheidshek. Kane en Kane (in Cutler en Kane:2004:6) beskryf ‘n

situasie van sekuriteit en orde as ’n omgewing waar die inwoner veilig en selfversekerd voel

oor die sekuriteit van die self en besittings, vermoë om vrylik rond te beweeg, en die goeie en

opregte bedoelings van die personeel. Personeelopleiding is dus in hierdie opsig van belang,

waar die klem op respek en begrip vir die bejaarde persoon se wense en gevoelens geplaas

word.

Menswaardigheid is die sleutel tot optimale lewensgehalte vir die individu. Betrokkenheid in

aktiwiteite wat vir die Sesotho/Setswana-bejaarde sin en betekenis inhou, erken

menswaardigheid en dra dus tot lewensgehalte in die residensiële-sorg-eenheid by. Die

geïdentifiseerde lewensgehalte-temas hou egter nou verband met die skep van ’n toepaslike

milieu. Lewensgehalte kan dus geoptimaliseer word deur aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid te

laat geskied in die daarstelling van ’n milieu waar die inwoner vry voel om aan aktiwiteite

van eie keuse deel te neem.

5. Samevatting en aanbevelings

5.1 Getrouheid aan die ontluikende aard van kwalitatiewe navorsing

Dit is duidelik dat die milieu waarin die individu hom/haar bevind, nie van die aktiwiteit

waarin die individu betrokke is, geskei kan word nie. Sin en betekenis word eerder ontgin uit

die erkenning van menswaardigheid deur die totale ervaring van ’n toepaslike milieu. Die

erkenning van menswaardigheid deur die milieu dien as ’n basis vir die bevordering van

lewensgehalte van die individu. Die betekenis van “kultuurtoepaslike aktiwiteite” en ander

moontlike faktore in die skep van ’n toepaslike kulturele ervaring in residensiële-sorgeenhede

het ’n breër betekenis gekry, aangesien die fokus eerder op die menswaardigheid en

die optimalisering van lewensgehalte van die inwoners geval het as bloot net op die

aanbieding van kultuurtoepaslike aktiwiteite. Hierdie veelseggendheid van bevinding kan

spesifiek in verband gebring word met die residuele effek van historiese onderdrukking.

603

5.2 Beperkinge van die studie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Kultuur is ’n dinamiese entiteit wat met verloop van tyd moderniseer en van tradisionele

gewoontes, ervarings en lewenswyses wegbeweeg. Talle jong swart persone beweeg al hoe

meer weg van die tradisionele denkwyses van die Sesotho/Setswana-kultuur weens

ekonomiese ontwikkeling en verstedeliking. Hierdie modernisasie veroorsaak dat die studie

slegs van toepassing op huidige generasie bejaarde persone is en beperk dus die

oordraagbaarheid 5 van hierdie bevindinge.

5.3 Aanbevelings vir toekomstige navorsing

Hierdie bevindinge kan gebruik word as ’n basis vir toekomstige studies waar die

Sesotho/Setswana-inwoners van residensiële-sorg-eenhede ook ’n bydrae tot die insameling

van inligting rakende die skep van ’n kultuurtoepaslike milieu kan lewer. Betrokkenheid van

die bejaarde persone as medenavorsers by data-insameling kan ’n ander dimensie aan die

studie gee en hierdie persone ook bemagtig deur die erkenning van die rol as adviseur in die

gemeenskap.

Toekomstige navorsing kan op die implementering van voorstelle vir kultuurtoepaslike

ervarings in residensiële-sorg-eenhede fokus. Die impak van modernisasie op die begrip en

ervaring van ‘n milieu as “kultuurtoepaslik” in die 21ste eeu behoort egter oorweeg te word.

Miskien maak dit selfs ’n appèl op die arbeidsterapie-professie om die polariteite van

universaliteit en individualiteit van die konsep van menswaardigheid binne die Suid-

Afrikaanse konteks empiries te verken.

5.4 Aanbevelings vir die arbeidsterapeut

Betrokkenheid by aktiwiteite wat ’n unieke betekenis vir die individu inhou, dra tot gesonde

lewensvloeivi by. Arbeidsterapeute is bemagtigers van lewensvloei deurdat hulle vir

individue die geleenthede skep om vrylik aan aktiwiteite van eie keuse deel te neem. Keuse

tot deelname aan aktiwiteite versterk die lewenstroom indien dit vanuit ’n kliëntgesentreerde

benadering aan persone gebied word.

Binne residensiële-sorg-eenhede kan sosiale ongeregtigheid aangespreek word deur die

aanpassing van die sosiale omgewing. Bejaarde persone as inwoners moet deelneem aan

enige besluite wat hulle lewensgehalte direk aanspreek, hetsy dit die keuse van ’n kamermaat

en kamerplasing, of die werwing van vrywilligers vir die aanbied van ontspanningsaktiwiteite

is, ten einde insluiting van die individu in die gemeenskap te fasiliteer. Sosiale geregtigheid

het ’n noue verband met aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid, wat onder andere handel oor die

toegang tot ’n verskeidenheid betekenisvolle aktiwiteite en deelname saam met persone of in

situasies van voorkeur. Alhoewel die Sesotho/Setswana-bejaarde dus genoodsaak word om in

die tradisioneel Westerse milieu van residensiële-sorg-eenhede ’n tuiste te skep, behoort

menswaardigheid steeds erken te word deur die inagneming van die unieke behoeftes van die

individu binne ’n kultuurtoepaslike milieu. In ag genome die vloeibaarheid van kultuur kan

604

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die toepaslikheid van so ’n milieu beide die verlede en die hede verteenwoordig, byvoorbeeld

deur die gebruik van ’n rekenaar tydens herinneringsbelewenis (reminissensie).

Die arbeidsterapeut as kampvegter vir sosiale geregtigheid behoort die totale kulturele

konteks van die bejaarde persoon in ag te neem ten einde te verseker dat

aktiwiteitsverrigtingsgeregtigheid geskied. Alle dimensies (temporaal, ruimtelik en

sosiokultureel) binne die bejaarde persoon se lewe moet in aktiwiteitsverrigting in ag geneem

word om lewensgehalte te optimaliseer. Die arbeidsterapeut behoort te verseker dat die

Sesotho/Setswana-bejaarde die geleentheid gegun word om aan aktiwiteitsreekse wat met

belangstellings en begeertes ooreenstem, deel te neem ten einde ’n gevoel van behorendheid

in die laaste lewensfase te ervaar. Deelname aan kultuurtoepaslike aktiwiteite waaraan die

persoon waarde heg binne ’n toepaslike milieu, is van belang in die skepping van hierdie

behorendheidsgevoel.

Gedurende die ondersoek na die leefwêreld van die Sesotho/Setswana-bejaarde het die

navorsers die geleentheid gehad om aspekte van die menswees van ’n kultuur buite onsself te

internaliseer. Alhoewel ons aanvanklik nie toegerus was om hierdie reis te onderneem nie,

het die navorsingsproses ons in staat gestel om ons eie verwysingsraamwerk te verbreed. Die

proses het ons as arbeidsterapeute bemagtig om die kliëntgesentreerde benadering tydens

praktykvoering deur ’n nuwe lens te beskou en sodoende ’n geleentheid aan te gryp om die

menswaardigheid van die individu te erken. 6

Bibliografie

Adams, M., L.A. Bell en P. Griffin (reds.). 2007. Theoretical foundations and principles of

practice. 2de uitgawe. New York: Routledge.

Ary, D., L.C. Jacobs, A. Razavieh en C. Sorensen. 2010. Introduction to research in

education. 8ste uitgawe. Belmont: Wadsworth Publishing Company.

Babbie, E. en J. Mouton. 2001. The practice of social research. Kaapstad: Oxford University

Press.

Barney, K.F. en L. Duncombe. 2002. Occupational therapy and people with intellectual

disability from culturally diverse backgrounds. Australian Occupational Therapy Journal,

49(4):200–11.

Bell, L.A. 2007. Teaching for diversity and social justice. In Adams, Bell en Griffin (reds.)

2007.

Bonder, B.R. 2009. Perceived levels of cultural competence among occupational therapists.

The American Journal of Occupational Therapy, 63(4):498–504.

605

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Brooker, D. en C. Surr. 2005. Dementia care mapping: Principles and practice. Bradford:

Bradfort Dementia Group.

Burger, W.J. 2010. E-pos aan W. Böning, 8 November.

Carlsson, C.S. 2009. The 2008 Frances Rutherford Lecture. Taking a stand for inclusion:

Seeing beyond impairment. New Zealand Journal of Occupational Therapy, 56(1):4–11.

Chacksfield, J. 2006. Activities therapy: A recaptulation of ontogenesis. In Duncan (red.)

2006.

Cohen, L., L. Manion en K. Morrison (reds.). 2007. Research methods in education. 6de

uitgawe. New York: Routledge.

Christiansen, C. en E. Townsend (reds.). 2004. Introduction to occupation: The art and

science of living. 1ste uitgawe. New Jersey: Prentice Hall.

Crouch, R. en V. Alers (reds.). 2005. Occupational therapy in psychiatry and mental health.

4de uitgawe. Londen: Whurr Publishers.

Cutler, L.J. en R.A. Kane. 2004. Practical strategies to transform nursing home environments:

Towards better quality of life. Verenigde State van Amerika: Selfgepubliseerde handleiding.

Departement van Gesondheid en Menslike Dienste. 2006. Evaluation Briefs.

http://www.cdc.gov/HealthYouth/evaluation/pdf/brief7.pdf (5 Februarie 2010 geraadpleeg).

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouche en C.S.L. Delport (reds.). 2009. Research at grass

roots for the social sciences and human service professions. 3de uitgawe. Pretoria: Van

Schaik Uitgewers.

De Witt, P. 2005. Creative ability: A model for psychosocial occupational therapy. In Crouch

en Alers (reds.) 2005.

Dobbie, A., M. Rhodes, W. Tysinger en J. Freeman. 2004. Using a modified nominal group

technique as a curriculum evaluation tool. www.stfm.org. (14 Januarie 2011 geraadpleeg).

Duncan, E.A.S. (red.) 2006. Foundations for practice in occupational therapy. 4de uitgawe.

Edinburgh: Elsevier.

Du Plooy, S. en M.J. Serekoane. 2010. Gesprek met die artikelskrywers. Bloemfontein:

Departement Antropologie, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat.

Galheigo, S. 2005. Occupational therapy and the social field. In Kronenberg, Algado en

Pollard (reds.) 2005.

Hammond-Tooke, D. 1993. The roots of black South Africa. Johannesburg: Jonathan Ball.

606

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Henning, E. (red.). 2004. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik

Uitgewers.

Iwama, M.K. 2005. Occupation as a cross-cultural construct. In Whiteford en Wright St-Clair

(reds.) 2005.

—. 2006. The Kawa model: Culturally relevant occupational therapy. Edinburgh: Elsevier.

Jones, J. en D. Hunter. 1995. Education and Debate BMJ.

http://www.bmj.com/cgi/content/extract/311/7001/376 (5 Februarie 2010 geraadpleeg).

Kitwood, T. en S. Benson (reds.). 2000. The new culture in dementia care. Londen: Walker

Publishers.

Kronenberg, F., S.S. Algado en N. Pollard (reds.). 2005. Occupational therapy without

borders. Edinburgh: Churchill Livingstone / Elsevier.

Labuschagne, R. 2005. Gerontology, Psychiatry and Occupational Therapy. In Crouch en

Alers (reds.) 2005.

Louw, D.A. en D.J.A. Edwards. 2008. Psychology: An introduction for students in Southern

Africa. 2de uitgawe. Pretoria: Heinemann.

Lye, W.F. en C. Murray. 1980. Transformations on the Highveld: The Tswana and Southern

Sotho. Kaapstad: David Phillip.

Marais, C., D. van Wijk, N. Mayet, N. Marais, L. Duncan, D. Morkel, P. Marais, T. Glass en

B. Mfingwana. 2010. Rainbow nation navigation – A practical guide to South African

cultures. Kaapstad: Logogog Publikasies.

Nilsson, I. en E. Townsend. 2010. Occupational justice – Bridging theory and practice.

Scandinavian Journal of Occupational Therapy, 17(1):57–63.

Perrin, T., H. May en E. Anderson. 2008. Wellbeing in dementia: An occupational approach

for therapists and carers. 2de uitgawe. Londen: Churchill Livingstone / Elsevier.

Pierce, D.E. 2003. Occupation by design: Building therapeutic power. Philadelphia: F.A.

Davis Company.

Polatajko, H.J., J. Davis, D. Stewart, N. Cantin, B. Amoroso, L. Purdie en D. Zimmerman.

2007. Specifying the domain of concern: Occupation as core. In Townsend en Polatajko

(reds.) 2007.

Power, G.A. 2010. Dementia beyond drugs: Changing the culture of care. Baltimore,

Maryland: Health Professions Press.

607

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Serekoane, M.J. 2011. Gesprek met die artikelskrywers. Bloemfontein: Departement

Antropologie, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat.

Sigcau, A. 2010. E-pos aan W. Böning, 18 Oktober.

Strydom, H. en C.S.L. Delport. 2009. Sampling and pilot study in qualitative research. In De

Vos e.a. (reds.) 2009.

Suid-Afrika. 1996. Konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika soos aangeneem deur die

Grondwetlike Vergadering op 8 Mei 1996. Hoofstuk 2: Handves van Menseregte, Artikel 30

(1). http://www.polity.org.za/polity/govdocs/bills/sacon96.html#CHAP2 (25 Julie 2011

geraadpleeg).

—. 2010. Die Nasionale norme en standaarde aangaande die aanvaarbare vlakke van diens

aan ouer persone en diensleweringstandaarde vir gemeenskapsgebaseerde sorg en

ondersteuningsdienste (Proklamasie Nr. R9255, 2010). Staatskoerant, 538:31,38, 1 April

(33075).

SAKO (Suid Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid). 2001. Kriteria en riglyne vir die

assessering van NKR geregisteerde standaarde en kwalifikasies. Pretoria: SAKO.

Thomas, W.H. 1996. Life worth living: How someone you love can still enjoy life in a

nursing home. Massachusets: VanderWyk & Burnham.

Townsend, E.A. en H.J. Polatajko (reds.). 2007. Enabling occupation II: Advancing an

occupational therapy vision for health, well-being, and justice through occupation. Ottawa:

CAOT Publications ACE.

Townsend, E.A. en H.J. Polatajko. 2011. Canadian model of occupational performance and

engagement. In Turpin en Iwama (reds.) 2011.

Turpin, M. en M.K. Iwama. 2011. Using occupational therapy models in practice. A field

guide. Edinburgh: Churchill Livingstone / Elsevier.

Van der Reyden, D. en R. Joubert. 2005. HIV/AIDS in Psychiatry: The moral and ethical

dilemmas and issues facing occupational therapists treating patients with HIV/AIDS. In

Crouch en Alers (reds.) 2005.

Van Rensburg, W. 2004. Theoretical frameworks, conceptual frameworks and literature

reviews. In Henning (red.) 2004.

Wêreldgesondheidsorganisasie. 2011. Programmes and projects. Health statistics and health

information systems. http://www.who.int/healthinfo/survey/ageingdefnolder/en/index.html.

(12 Januarie 2011 geraadpleeg).

Whiteford, G. en V. Wright St-Clair (reds.). 2005. Occupation and practice in context.

Edinburgh: Churchill Livingstone / Elsevier.

608

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Whiteford, G. en V. Wright St-Clair. 2006. Being prepared for diversity in practice:

Occupational Therapy students’ perceptions of valuable intercultural learning experiences.

British Journal of Occupational Therapy, 65(3):129–35.

Wilcock, A.A. 2007. Active aging: Dream or reality? New Zealand Journal of Occupational

Therapy, 54(1):15–20.

Zeldenryk, L. en L. Yalmambirra. 2006. Occupational deprivation: A consequence of

Australia’s policy of assimilation. Australian Occupational Therapy Journal, 53(1):43–6.

Bylae A

Demografiese data

Groep I wat aan die nominalegroepstegniekonderhoude (NGT-onderhoude) deelgeneem het,

het uit ses deelnemers bestaan (Tabel 2), en die onderhoude het ongeveer een en ’n half uur

geduur. Al die deelnemers was vroulik en tussen die ouderdomme van 53 en 74 jaar. Die

meeste van die deelnemers se huistaal is Sesotho en die taal wat in die werksomgewing

gebruik word, is Engels. Al die deelnemers se vlak van opleiding is graad 12 of hoër. Die

tydperk van betrokkenheid by bejaarde Sesotho/Setswana-persone wissel tussen ses maande

en 17 jaar.

Groep II wat aan die NGT-onderhoude deelgeneem het, het uit nege deelnemers bestaan

(Tabel 2), en die onderhoude het ongeveer twee uur geduur. Daar was een manlike deelnemer

en die deelnemers was tussen 41 en 75 jaar oud. Vier se huistaal is Sesotho, twee Setswana,

twee Afrikaans en een Xhosa, en die taal wat grootliks in die werksomgewing gebruik word,

is Sesotho. Slegs een van die deelnemers het nie opleiding tot graad 12 of hoër nie. Die

tydperk van betrokkenheid by bejaarde Sesotho/Setswana-persone wissel tussen drie en 40

jaar.Die mediaan vir die ouderdomsvoorkoms van die deelnemers is 65 jaar en die gemiddeld

60 jaar. Nege van die deelnemers is dus self bejaarde persone. Elf van die persone wat aan

die NGT-onderhoude deelgeneem het, se huistaal is Sesotho of Setswana, twee deelnemers

s’n is Afrikaans, en nog twee s’n Xhosa. Engels en Sesotho/Setswana word deur die meeste

deelnemers in die werksomgewing gebruik.

Ouderd

om

Groep I

Tabel 3. Demografiese inligting van die deelnemers aan NGT-onderhoude

Huistaal

Taal

by

werk

Aantal jare

betrokke by

bejaarde

personeorg

Aantal jare

betrokke by

Sesotho/

Setswana-

bejaarde

personeorg

Hoogste vlak

van

opleiding

Instansies

tans of

voorheen

werksaam

609

1 66 Sesotho Engels 1.5 1.5

2 53.5 Sesotho

3 47 Sesotho

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Tersiêre

kwalifikasie EPOG

Engels

Sesoth

o

Setswa

na 17 17 Diploma EPOG

Afrika

ans

Sesoth

o

Xhosa 22 6 Graad 12 Ons Tuiste

4 66 Setswana Engels 0.5 0.5 Graad 12 EPOG

5 63 Sesotho Engels 2 2 Sertifikaat

6 74 Xhosa

Groep II

41 Sesotho

7 65 Setswana

Navorsing

10/66

Engels

Sesoth

o

Setswa

na

Xhosa 10 10 Diploma EPOG

Engels

Sesoth

o

Setswa

na 3 3 Sertifikaat

Setswa

na 40 40 Graad 12

8 75 Xhosa Engels 40 40 Graad 12

9 68 Setswana

1

0 55 Afrikaans

Afrika

ans

Engels

Sesoth

o

Setswa

na 10 10 Diploma

Afrika

ans 10 10

Tersiêre

kwalifikasie

Alzheim

ers SA

Fichardtp

ark

Aftreeoord

Boikhuc

o Aftreeoord

Alzheim

ers SA

Serenitas

Afreeoord

610

1

1 53 Sesotho

1

2 47 Sesotho

1

3 67

Sesotho

Tswana

Xhosa

1

4 65 Afrikaans

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Sesoth

o 7 7 Laerskool Sejake

Sesoth

o 6 6 Graad 12

Afrika

ans

Engels

Sesoth

o

Setswa

na 20 20

Afrika

ans

Engels 15 15

Tersiêre

kwalifikasie

Tersiêre

kwalifikasie

Age in

Action

Rockland

clinic

Luncheo

n Club

Suid-

Afrikaan

se

Vroue-

Federasie

Drie van die lede in Groep II het ’n graad 7 , terwyl een van die lede in Groep I ‘n têrsiere

kwalifikasie het. Twee van die deelnemers in Groep II is wit Afrikaanssprekende vrouens,

terwyl al die ander deelnemers swart persone is. In beide groepe het die meeste van die

groeplede mekaar voor die tyd geken en gemaklik in mekaar se geselskap voorgekom. Die

atmosfeer wat tydens die NGT-onderhoude geheers het, was dus ontspanne en die groeplede

kon vrymoedigheid neem om response te genereer wat tot die geloofwaardigheid van die

studie bydra (Babbie en Mouton 2001:277–8). Met die aanvanklike aanhoor van die NGTvraag

skyn al die lede onseker oor die vraag te voel. Sommige groeplede verwoord ook dat

hulle nie die antwoord ken of seker is dat hulle opinie waardevol is nie. Die groepfasiliteerder

het die NGT-vraag herhaal alvorens die antwoorde geprioritiseer is om te verseker dat die

deelnemers die vraag verstaan en dienooreenkomstig prioritiseer.

Eindnotas

1 Die oorspronklike term vir die wetenskap van aktiwiteitsdeelname is occupational science

en word as aktiwiteitsreeksgedragwetenskap vertaal. Ten einde die konsep duideliker na vore

te bring, verwys ons deurgaans na die wetenskap van aktiwiteitsdeelname.

2 Waarheidsgetrouheid is die vertaling van credibility. In kwalitatiewe navorsing sluit

waarheidsgetrouheid die juistheid van die navorsers se bevindinge in. Dit sluit ook in hoe

goed die navorsers se bevindinge bevestig word, gebaseer op die navorsingsontwerp,

611

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

deelnemers asook die konteks waarbinne die navorsing uitgevoer word (Ary, Jacobs en

Sorensen 2010:498).

3 Vertroubaarheid is die vertaling van dependability. Vertroubaarheid is gemoeid met die

konstante gedrag of die mate waarin die bevindinge ooreenstem indien die studie herhaal sou

word (Ary e.a. 2010:502).

4 Bevestigbaarheid is die vertaling van confirmability. Dit is gemoeid met objektiwiteit asook

neutraliteit. Neutraliteit verwys na die regverdigheid van die navorsing met betrekking tot die

prosedures en interpretasie van die resultate (Ary e.a. 2010:504).

5 Oordraagbaarheid is die vertaling van transferability. Dit is die mate waarin die bevindinge

van ’n kwalitatiewe studie veralgemeen of toegepas kan word met ander kontekste of groepe

(Ary e.a. 2010:501).

6 Gesonde lewensvloei gebruik ’n rivier as metafoor om aan te dui dat ’n lewensverloop wat

met welstand en lewenskwaliteit verband hou, ’n sterk en diep vloei het (soos verduidelik in

die KAWA-model).

7 Ons is dankbaar vir die finansiële ondersteuning van Rayne Stroebel van Geratec,

waarsonder hierdie navorsing nie moontlik sou wees nie. Ons is ook dankbaar teenoor

Deirdre van Jaarsveldt, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, wat as fasiliteerder vir

die NGT-onderhoude opgetree het en ons ook uit vrye wil met tyd en raad bygestaan het.

Rikus van der Poel het bygedra tot die keuse en kontak van studiedeelnemers, waarsonder

hierdie studie nie moontlik sou wees nie. Ons is ook dankbaar teenoor Sr. Brits en Ons Tuiste

– Sentrum vir Bejaardes vir die finansiële ondersteuning tydens die toer waartydens

agtergrondinligting vir hierdie studie versamel is. Ons waardeer ook die tyd en kennis wat

Joe Serekoane met geduld aan ons verleen het.

612

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

’n Multiperspektiefbenadering tot die ontwerp van

’n Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op

universiteitsvlak

Opsomming

Elbie Adendorff

Elbie Adendorff: Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

Die artikel lewer verslag van navorsing wat binne die taakgebaseerde teorie onderneem is om

’n multiperspektiefbenadering tot kompleksiteit ten opsigte van die ontwerp van ’n

Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak te ondersoek. Die doel van die

multiperspektiefbenadering is om ’n geheelbeeld van die fasette wat ter sprake in

taakkompleksiteit is, te verskaf deur die ontginnings van die verskillende teoretiese

benaderings oor taakkompleksiteit, wat gebruik kan word in die ontwerp van ’n

taakgebaseerde sillabus vir beginnerleerders van Afrikaans op universiteitsvlak. Hierdie

navorsing oor ’n multiperspektiefbenadering is om die volle spektrum van oorwegings wat ter

sprake is in taakkompleksiteit binne sillabusontwerp te ondersoek ten einde te betoog dat ’n

multiperspektiefbenadering voordelig is ten opsigte van die ontwerp van ’n verdedigbare

sillabus vir Afrikaans op universiteitsvlak, aangesien intertaalontwikkeling optimaal binne

elk van die benaderings verantwoord kan word. Die toereikendheid van ’n

multiperspektiefbenadering lê in die samehang en komposisie van elke navorser se teoretiese

uitgangspunte, wat elkeen op sigself bepaalde aspekte van onvolledigheid ten opsigte van die

komponente oor kompleksiteit toon én die kombinasie-argitektuur van al die teoretiese

uitgangspunte saam. Die navorsers op wie se werk oor taakkompleksiteit in sillabusontwerp

gesteun word, is Van Avermaet en Gysen (2006) en Duran en Ramaut (2006) oor behoefteanalises;

Pica, Kangy en Falodun (1993) se taaktipologie; Robinson (2001c; 2003; 2005;

2007a; 2007b; 2010) se kognitiewe kompleksiteitsondersoek na taakomstandighede en

kognitiewe kompleksiteit en 'n linguistiese ondersoek aan die hand van Foster, Tonkyn en

Wigglesworth (2000) se AS-eenhede; Michel (2011) se ondersoek na voegwoorde as

kompleksaanduiders; en Loschky en Bley-Vroman (1993) se ondersoek na taakbruikbaarheid,

taaknuttigheid en taaknatuurlikheid.

Trefwoorde: behoefte-analise; kampuskommunikasie; sillabusontwerp; taakgebaseerde

teorie; taakkompleksiteit; taaktipologie

Abstract

A multi-perspective approach to the design of an Afrikaans task-based syllabus at

university level

613

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

The implementation of a multilingual language policy in South Africa requires the teaching

and learning of Afrikaans as a second or additional language, which also includes the

teaching of Afrikaans for specific purposes to adult learners. The latter has not received much

attention in the South African context, especially in the form of research on the learning and

teaching of Afrikaans for specific purposes in a university context. The research on Afrikaans

as a second language has as its framework Task-Based Language Learning and Teaching.

This article gives a summary of research undertaken which focused on the challenges

awaiting students in a multilingual university context and how task-based teaching fills these

needs and challenges.

The main focus of this article is an exploration of a multi-perspective approach to task

complexity for the design of a task-based syllabus for university students. The article first

gives an overview of different considerations relating to task complexity with the aim of

designing a task-based syllabus before different theoretical perspectives on needs analysis,

task typology, task conditions, task complexity and syntactic complexity are discussed. After

this a practical implementation is illustrated according to an illustrative student-lecturer-target

task. Lastly a summary and conclusion on the broader study are given.

The aim of the multi-perspective approach is to research the full spectrum of approaches

available for task complexity which can be used in the design of a task-based syllabus for

beginner learners of Afrikaans at a university. This research on a multi-perspective approach

has as its aim the design of a defensible syllabus for Afrikaans at university level because the

interlanguage development of every student can be answered in each approach. The adequacy

of the different approaches lies in the compositionality and combination of the researchers’

frameworks, each of which on its own has elements of incompleteness in respective of the

components of complexity for the development of the students’ interlanguage. The

combination architecture of all the theoretical perspectives is a unilateral perspective which is

essential for showcasing the different approaches to task design for an Afrikaans task-based

syllabus at university level because each approach promotes the development of an

interlanguage.

The researchers whose work on complexity in syllabus design was used in this study are Van

Avermaet and Gysen (2006) and Duran and Ramaut (2006) on needs analysis; Pica, Kangy

and Falodun (1993) on task typology; Robinson (2001c; 2003; 2005; 2007a; 2007b; 2010) on

cognitive complexity, and his research on task conditions and task cognitive complexity in

his Triadic Componential Framework, and a linguistic analysis according to the research

undertaken by Foster, Tonkyn and Wigglesworth (2000) on AS units; the research of Michel

(2011) on conjunctions as indicators of complexity, and the research of Loschky and Bley-

Vromans (1993) on task utility, task essentialness and task naturalness.

The methodology of the research was six-fold. The starting point in the design of a task-based

syllabus is a needs analysis. A needs analysis was conducted through the use of

questionnaires and interviews with university students. It indicated that students whose first

language is not Afrikaans have to acquire communicative skills in Afrikaans in order to

communicate effectively with fellow students and lecturers at the university. A studentlecturer-target

task was then constructed as an example to explain how the different

approaches were used in the research. The constructed target task or real-world task

simulated a real discussion which took place in a lecturer’s office: the student went to see the

lecturer because he could not write the semester test, as he had been chosen to participate in a

music concert in England. The lecturer then explained that the student needed to bring a letter

from the Music Department explaining the situation. The student asked when the

614

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

supplementary test would take place. In the second place the language- use situations and

language tasks of the target task were described according to Van Avermaet and Gysen

(2006:28). Then the parameters for the type task and the information processing levels were

determined, using Van Avermaet and Gysen again. By using the complexity scale of Duran

and Ramaut (2006:51) the parameters of the task’s complexity were determined. The task

was then represented graphically on a complexity scale. The reason for doing this was to start

determining the complexity level of the task to help with the grading of the task in the

syllabus. Thirdly the task was analysed according to the task typology of Pica et al. (1993) in

order to see whether, and how, it would help with the interlanguage development of the

students. In the fourth place the task conditions and then the task complexity were analysed

according to the Triadic Componential Framework of Robinson. Fifthly the task was

described linguistically by using Loschky and Bley-Vroman (1993), Foster et al. (2000) and

Michel (2011). And lastly, a discussion of whether, and how, the different approaches

supported one another took place to see how each approach could be used in the grading and

sequencing of tasks in a task-based syllabus.

After having used the multi-perspective approach the conclusion was that the target task was

mainly a complex task: according to Van Avermaet and Gysen (2006:37) the task needed to

be processed on a restructuring level. The complexity scale, using the parameters of Duran

and Ramaut (2006:51), showed that the task was mainly complex. After using the task

typology of Pica et al. (1993) the task was classified as a jigsaw task which gives the most

opportunities for interlanguage development. The task conditions according to Robinson

(2007a:15–6) showed that the demanded some interaction by the participants. However, the

task did not demand a high level of cognitive complexity according to the generic model of

Robinson (2005:8) as it was placed in quadrant 1. But the linguistic analyses when using AS

units (Foster et al. 2000), an analysis of conjuction words (Michel 2011) and the research of

Loschky and Bley-Vroman (1993), showed that the task was mainly complex. Because the

task was indicated as being mainly complex using most of the theoretical approaches, it could

be deduced that it would take place slightly later than other quadrant 1 tasks. It would,

therefor, be sequenced later than other quadrant 1 tasks. The task could also be manipulated

to be more complex or less complex to ensure the grading of the task over several weeks.

The central aim of the broader study was to investigate the nature and properties of

communication tasks employed in generic social and academic communication in Afrikaans

on a university campus in South Africa within the framework of task-based language learning

and teaching, as well as syllabus design. The study researched the various cognitive and

linguistic task elements to examine the cognitive and structural properties in a task design.

The study examined the different components of tasks and the components of designing a

syllabus and how they influence the teaching and learning of the second language. The aim of

the study was to determine criteria for syllabus designers on how tasks can be graded and

sequenced within a task-based language learning and teaching syllabus for second-language

learners of Afrikaans.

1. Inleiding

Die navorsing wat onderneem is, vind plaas binne die taakgebaseerde teorie 1 wat die afgelope

drie dekades as 'n omvangryke en teoreties gesofistikeerde navorsingsveld binne die gebied

van kommunikatiewe onderrig ontwikkel het. Die keuse van die taakgebaseerde navorsing is

gemotiveer deur my uitgebreide onderrig die afgelope vyf jaar van basiese

kommunikasievaardighede in Afrikaans aan universiteitstudente wat verskillende vlakke van

615

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aanvangsvaardighede in Afrikaans het. Daar is diepte-ervaring opgedoen van die uitdagings

wat doeltreffende tweedetaalonderrig meebring om taalverwerwing en -ontwikkeling

optimaal in die hand te werk, onder andere deur inagneming van die kognitiewe faktore wat

’n rol speel in tweedetaalprosessering en -ontwikkeling, die kundige seleksie, gradering en

ordening van tweedetaalkommunikasie-inhoude, en die aard van die interaksie tussen

taalinhoud en interaksie in die metodologie van tweedetaalonderrig.

Daar is besluit om ’n multiperspektiefbenadering te volg ten einde verskillende teoretiese

benaderings oor kompleksiteit in sillabusontwerp te gebruik om sodoende ’n

verantwoordbare sillabus vir kampuskommunikasie te kan skep. Die vernaamste teoretici wie

se benaderings gevolg en toegepas is, is Duran en Ramaut (2006) en Van Avermaet en Gysen

(2006) oor behoefte-analise; Pica, Kanagy en Falodun (1993) oor taaktipologie; Robinson

(2005; 2007a) se kognitiewe kompleksiteitsondersoek na taakomstandighede en kognitiewe

kompleksiteit én 'n linguistiese ondersoek aan die hand van Foster, Tonkyn en Wigglesworth

(2000) se Analise van Spraakeenhede 2 ; Loschky en Bley-Vroman (1993) se onderskeid

tussen taakbruikbaarheid, taaknuttigheid en taaknatuurlikheid; en Michel (2011) se ondersoek

oor die gebruik van voegwoorde as kompleksiteitsaanduiders.

Die artikel verskaf in die eerste plek ’n oorsig van oorwegings met die oog op die ontwerp

van ’n taakgebaseerde sillabus, voordat die verskillende teoretiese perspektiewe kortliks

bespreek word, waarna ’n praktiese toepassing geïllustreer word. Ten slotte word

opsommings en gevolgtrekkings oor die breë navorsing gegee.

2. Die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus

Die taakgebaseerde teorie het die afgelope dekade as ’n invloedryke teorie na vore gekom as

raamwerk vir navorsing oor die kognitiewe aard van tweedetaalverwerwing en -ontwikkeling

binne die konteks van kommunikatiewe taalonderrig. Taakgebaseerde leer en onderrig plaas

taalaanleerders in werklikewêreld-situasies. Dit het die voordeel dat dit taalaanleerders so ver

kry om hulle huidige taalvaardighede te gebruik om sodoende taal te ontwikkel deur die

gebruik daarvan. Nunan (2010:1) argumenteer dat take belangrike elemente in

sillabusontwerp, klaskameronderrig en leerassessering geword het. Hierdie tendens kan

gesien word in die toename in internasionale navorsing oor verskeie aspekte binne

taakgebaseerde leer en onderrig sedert die sewentigerjare, met groeiende belangstelling oor

die teorie in Suid-Afrika. Adendorff (2012:6–7) verwys na verskeie plaaslike studies oor

aspekte soos taakgebaseerde sillabusontwerp, die gebruik van take vir klaskameronderrig en

taakgebaseerde assessering.

Sillabus is ’n breë en komplekse begrip en die term word somtyds as sinoniem vir kurrikulum

gebruik. Nunan (2010:216) definieer ’n sillabus as die subkomponent van ’n kurrikulum, wat

die taalinhoude spesifiseer en orden; daarteenoor word ’n kurrikulum gedefinieer as ’n breë

konsep van alle elemente en prosesse wat te doen het met die beplanning, implementering en

evaluering van leer (Nunan 2010:213).

616

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Sillabus het te doen met die seleksie en ordening van inhoud, met ander woorde met die wat

van leer. Sillabusontwerp kontrasteer met metodologie wat die hoe van leer aanspreek.

Sillabusontwerp en -ontwikkeling is ’n voortdurende proses wat nie eindig wanneer die

raamwerk en leer- en onderrigmateriale voltooi en in die opvoedkundige sisteem ingevoer is

nie. ’n Besluit oor die eenhede van klaskameraktiwiteite en die ordening waarin hulle

uitgevoer moet word, vorm die basis van sillabusontwerp. Hierdie eenhede kan volgens

Robinson (1998:2) gebaseer word op ’n analise van taal wat geleer moet word in terme van

die grammatiese strukture of die leksikale items en die rangskikking daarvan. Die eenhede

kan ook gebaseer word op ’n ontleding van die komponente van vaardigheidsgebruik in die

tweede taal, soos die leer van mikrovaardighede of kommunikatiewe vaardighede. Eenhede

kan ook holistiese performatiewe of uitvoerende, of gedragsaksies wees, soos die bedien van

maaltye op vliegtuie of die vind van ’n tydskrifartikel in die biblioteek deur gebruik te maak

van tegnologie.

Saam met die keuses oor die eenhede wat in die sillabus gebruik moet word, is daar volgens

Robinson (1998:1) die keuses oor die volgorde waarin hulle aangebied moet word. ’n

Sillabus kan eerstens bestaan uit voornemende en vaste besluite oor wat geleer moet word en

in watter volgorde. In hierdie geval sal die sillabus aldus Robinson (1998:2) ’n definisie van

die inhoude van klaskameraktiwiteite wees. ’n Ordeningsbesluit oor take kan tweedens

gedurende klaskameraktiwiteite plaasvind, met die sillabus wat slegs as gids dien. ’n Sillabus

kan laastens retrospektief wees, in watter geval die sillabus aan die einde van die kursus na

vore sal kom as ’n rekord/verslag van wat gedoen is met geen beperking op die klas se

onderhandeling van inhoude nie (Robinson 1998:2).

Volgens Ellis (2003:229) sluit die beplanning van ’n taakgebaseerde sillabus vier prosedures

in. Die beginpunt is om die doelwit(te) vir die kursus te bepaal in terme van die pedagogiese

fokus (algemeen en spesifiek), die vaardigheidsfokus (luister, praat, lees, skryf en

leerderopleiding) en die taalfokus (ongefokus en gefokus). Tweedens moet die ontwerper ’n

breë keuse van taaktipes beplan en hulle tematies spesifiseer. Derdens moet die aard van die

take gespesifiseer word deur opsies te kies oor inset, voorwaardes, prosesse en uitkomste.

Laastens moet take georden word.

Willis en Willis (2007:197) verskaf ’n opsomming van die prosedures wat betrokke is by

sillabusontwerp binne die taakgebaseerde benadering (my vertaling en aanpassing):

617

Figuur 1. Sillabusontwerprosedures

Die oorhoofse ontwerpsekwens vir ’n taakgebaseerde sillabus is soos volg:

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

a. ’n uitgebreide behoefte-analise

b. ’n diagnose van die taalaanleerders se behoeftes

c. die identifisering van die teikentake sodat die taalaanleerders voorbereid kan wees om

dit uit te voer

d. die klassifisering van die teikentake 3 in taaksoorte

e. die ontwikkeling of seleksie van pedagogiese take 4 vir klaskamergebruik

f. die ordening van pedagogiese take om sodoende ’n taakgebaseerde sillabus te vorm

g. die implementering van die sillabus via gepaste pedagogiese prosedures

h. die assessering deur die uitvoering van die take of deur taakgebaseerde

kriteriumverwysende toetse.

Vervolgens word die verskillende teoretiese benaderings bespreek ten einde die

multiperspektiefbenadering te illustreer.

3. Verskillende teoretiese benaderings tot taakkompleksiteit

3.1 Behoefte-analise

618

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die behoefte-analise as eerste stap in die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus word

kortliks bespreek. 5 Behoefte-analise is volgens García Mayo (2000:39) ’n komplekse proses

wat beide die behoeftes van die teikensituasie en die leerbehoeftes in ag neem.

’n Behoefte-analise is volgens Brown (2009:269) en Robinson (2009a:302) die eerste stap in

sillabusontwikkeling. Adendorff (2012:60) definieer behoefte-analise as die sistematiese

bymekaarmaak en analisering van al die subjektiewe behoeftes, soos geformuleer deur die

taalaanleerders self, én die objektiewe behoeftes, soos bepaal word deur ander mense as die

leerder, asook enige ander inligting wat nodig is om ’n verdedigbare sillabus te beskryf. Long

en Crookes (1993; 2009) omskryf die proses by die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus,

wat ’n reeks stappe behels waarvan die eerste stap ’n ontleding van die taalaanleerders se

behoeftes deur die sogenaamde triangulasie van bronne is. Volgens Long (2005:28) is

triangulasie ’n proses waarbinne die navorser verskillende bronne, metodes, ondersoeke of

teorieë en kombinasies daarvan met mekaar vergelyk.

In die eerste plek moet die breë domeine waarbinne taalaanleerders kan funksioneer, bepaal

word. Die Europese Referensiekader 6 (2001) gee vier breë domeine waarbinne gefunksioneer

moet word, naamlik die persoonlike, die openbare, die werks- en laastens die opvoedkundige

domeine. Binne hierdie breë domeine moet taalaanleerders se subjektiewe en objektiewe

behoeftes gebalanseer word.

Volgens Duran en Ramaut (2006:49) is een van die doelwitte van die behoefte-analise om

lyste taalleerdoelwitte te formuleer, wat aan die opvoeders ’n beskrywing gee van take wat

die taalaanleerder aan die einde van die taalkursus moet kan uitvoer. Take word dus in die

taalgebruiksituasies gebruik as beskrywingseenhede, aangesien daar gespesifiseer word wat

die taalgebruiker met die taal moet doen ten einde in die domein te kan funksioneer. Die breë

behoeftedomeine word verder verfyn in tipiese taalgebruiksituasies deur met sleutelspelers en

rolspelers binne elke domein te gesels. Taalgebruiksituasies word deur Van Avermaet en

Gysen (2006:25) gedefinieer as “situations that typically require the smooth and comfortable

use of language for all parties involved”, soos byvoorbeeld die taalgebruiksituasie “Maak

telefoniese hotelbespreking” binne die toerismedomein. Taalgebruiksituasies sluit gewoonlik

ook meer as een taaltaak in, soos onder meer “Begryp en stel vrae oor akkommodasie” en

“Druk persoonlike voorkeure en wense uit” binne die taalgebruiksituasie “Maak telefoniese

hotelbespreking”.

Om take as eenhede van beskrywing in ’n sillabus te gebruik moet parameters gekies word

wat die sillabusontwerper sal help om die teikentake akkuraat te beskryf. Binne ’n

teikendomein en teikentaalgebruiksituasies moet tipe-take bepaal word, wat die resultaat is

van die saamklustering van verskeie taaltake in dieselfde domein, wat ’n aantal linguistiese

en nielinguistiese eienskappe deel en wat binne bepaalde parameters geplaas word. Van

Avermaet en Gysen (2006:32) gee die onderstaande parameters vir die beskrywings van tipetake:

a. Vaardighede betrokke: Moet die taalleerder praat, luister, lees of skryf in die

taalgebruiksituasie?

619

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

b. Teksgenre: Watter tipe boodskap moet oorgedra en verstaan word?

c. Inligtingsprosesseringsvlak: Op watter vlak moet die linguistiese inligting

kognitief geprosesseer word?

d. Gespreksgenoot: Wie is die taalleerder se gespreksgenoot?

e. Onderwerp: Wat is die onderwerp van die gesprek?

f. Kontekstuele ondersteuning: In watter mate is die boodskap ingebed in ’n

ondersteunende konteks?

Die volgende fase is om take wat as soortgelyk/eenders gesien word, saam te groepeer in

tipe-take. Om by dié tipe-take uit te kom, stel Duran en Ramaut (2006:51) voor dat daar

spesifiek op die inligtingprosesseringsvlakke gefokus word. Hierdie parameter van Van

Avermaet en Gysen (2006:32) verwys na die kognitiewe vlak waarop die inligting in ’n teks

geprosesseer moet word. Hulle (2006:37) formuleer die tipe-take soos volg (my vertaling):

Op ’n beskrywende vlak behoort die taalgebruiker die hoofgedagtes in tekste soos

berigte, dokumente, sportverslae en tekste oor vermaak te kan verstaan. Hy behoort die

gedagtegang van inligting, vrae, beskrywings van ervarings en gevoelens wat in

bogenoemde tekste voorkom, asook in tekste soos persoonlike briewe of e-posse en

weerberigte, te kan verwoord.

Op ’n herstruktureringsvlak behoort die taalgebruiker relevante inligting en

instruksies in tekste soos formules, openbare kennisgewings, veiligheidsvoorskrifte,

advertensies en reklamemateriaal in besonderhede te kan verstaan en te kan selekteer.

Op ’n evaluerende vlak behoort die taalgebruiker die inligting, argumente en

gevolgtrekkings in verskillende tekste soos advertensies en reklamemateriaal te kan

vergelyk.

Figuur 2. Tipe-take vir die sosiale taalvaardigheidsdomein

Duran en Ramaut (2006:49–50) omskryf hul behoefte-analise in terme van drie relevante

taalleerdoelwitte, naamlik die domein waarbinne die leerders moet funksioneer, die

taalgebruiksituasies wat tipies van die domein is en die take wat die leerders binne elke

situasie moet kan verrig. Die vraagstuk waarmee Duran en Ramaut (2006:51) te doen gekry

het, was om die take só te orden en te balanseer dat die nuweling-taalaanleerders op die mees

bekwame wyse kan vorder in die aanleer van die vreemde taal. Daarvoor kies hulle ’n stel

belangrike parameters om taakkompleksiteit te beskryf, naamlik:

a. parameters wat te doen het met die wêreld (die onderwerp) wat in die taak

verteenwoordig word

b. parameters wat aansluit by die prosesseringseise wat benodig word om die taak uit

te voer, met ander woorde wat die leerders met die inligting in die taak moet doen

c. parameters wat te doen het met die kenmerke van die linguistiese insette, dus met

die manier waarop die inligting aan die leerders voorgestel word.

620

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Elkeen van dié kategorieë word op ’n driepuntskaal vanaf “eenvoudig” (1) na “kompleks” (3)

gestel, waar die terme relatief gesien word, met “kompleks” as die uiteindelike

vaardigheidsvlak wat die gebruiker aan die einde van die kursus moet kan bereik. Die

kompleksiteitskaal van Duran en Ramaut (2006:52–3) vir die ordening van take kan soos

volg voorgestel word (my vertaling):

Tabel 1. Kompleksiteitskaal

Parameters Eenvoudig (1) Kompleks (3)

(a) Wêreld

1.

Abstraksievlak:

Is daar ’n

konkrete of

abstrakte

benadering tot die

onderwerp?

konkrete beskrywing

(hier en nou)

2. Graad van

visuele

ondersteuning: In

watter mate word

baie visuele

visuele

ondersteuning

ondersteuning

verskaf? Hoe dra

dit by tot

taakuitvoering?

ander tyd/plek (daar en dan) abstrakte perspektief

beperkte visuele

ondersteuning

3. Linguistiese

konteks: In watter

mate is

hoë

linguistiese

oorbodigheidsvlak,lae beperkte oorbodigheidsvlak

konteks

inligtingsdigtheidsvlak

beskikbaar? Hoe

dra dit by tot

taakuitvoering?

geen visuele

ondersteuning

lae oorbodigheidsvlak,

hoë

inligtingsdigtheidsvlak

(b) Taak

4. Prosesseringsvlak:

Wat moet

studente met die beskrywend

inligting doen? (verstaan van

Op watter vlak inligting soos

moet die inligting aangebied)

geprosesseer

word?

evaluerend (vergelyk

herstrukturerend(herorganiseer

verskillende

inligting)

inligtingsbronne)

5. Modaliteit: nieverbaal (reseptief) beperk verbaal verbaal (praat/skryf)

621

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hoe behoort

studente

antwoorde te gee

of uitkomste te

produseer?

(c)Teks

6. Woordeskat: Is

(reproduksievlak)

die woorde

bekend of nie?

bekend minder bekend selde

7. Sintaksis: Is

sinne eenvoudig

of nie?

8. Struktuur: Is

die teks duidelik,

eksplisiet

gestruktureer?

9. Lengte: Is die

teks lank of kort?

kort, eenvoudig

redelik lank met

jukstaposisie

lank, kompleks

eksplisiet, duidelik deels eksplisiet implisiet

kort redelik lank Lank

Na aanleiding van hierdie kompleksiteitskaal het ek ’n kompleksiteitsgrafiek opgestel waar

die verskillende parameters van Duran en Ramaut (2006:51) op die X-as geplaas is en die

driepuntwaardes 7 op die Y-as. Die doel is om die kompleksiteit van die taak sigbaar voor te

stel deur al die parameters se waarde met mekaar te verbind. Die grafiek is gebruik om ’n

bydrae te lewer tot die gradering en ordening van take.

Figuur 3. Voorbeeld van kompleksiteitsgrafiek

622

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Nadat ’n behoefte-analise onderneem is aan die hand van Van Avermaet en Gysen (2006) en

Duran en Ramaut (2006), word oorweging geskenk aan die klassifikasie van take. Daarvoor

word gefokus op die werk van Pica e.a. (1993), omdat dit een van die eerste uitgebreide

studies is wat oor taakklassifikasie onderneem is. Pica e.a. (1993) klassifiseer take in terme

van die moontlikhede wat dit vir taalleer skep.

3.2. Taaktipologie

’n Psigolinguistiese klassifikasie van take beoog volgens Ellis (2003:214) om take in terme

van hulle moontlikhede vir taalleer te klassifiseer. Pica e.a. (1993) het ’n psigolinguistiese

tipologie van take voorgestel wat gebaseer is op die vier kategorieë deelnemersverhouding,

interaksiebenodigdhede, doel-oriëntasie en uitkoms-opsie:

a. Deelnemersverhouding (interaktante verhouding): Dit hang af van wie die inligting

uitruil, wie dit aanvra en wie dit verskaf om die taakdoelwitte te bereik. Die

deelnemers is gesamentlike inligtingsverskaffers en -aanvraers, óf hulle is

onafhanklike vraers aan die verskaffers óf verskaffers aan die vraers. Hierdie

onderskeid hou dus eintlik verband met die verskil tussen eenrigting- en

tweerigtingtake. Die kategorie dui aan dat wanneer daar ’n wedersydse verhouding

van vraagstelling en inligtingsverskaffing is, betekenisonderhandeling 8 behoort plaas

te vind.

b. Interaksiebenodigdhede: Hierdie kategorie verwys na wat benodig word vir

suksesvolle taakvoltooiing. Dit hou daarmee verband of die taak van deelnemers

vereis om inligting te vra en te verskaf en of dit opsioneel is. Indien interaksie van al

die deelnemers vereis word, dan behoort betekenisonderhandeling plaas te vind;

indien deelname nie nodig is nie, dan kan dit lei tot min interaksie.

c. Doel-oriëntasie: Dié kategorie hou daarmee verband of die taakdeelnemers moet

saamstem of verskil oor ’n uitkoms, met ander woorde, of die take divergent of

konvergent is. Konvergente take lei tot meer betekenisonderhandeling.

d. Uitkoms-opsies: Dit gaan hier om die omvang van die taakuitkomste wat beskikbaar

is aan die deelnemers om die taakdoelwit te bereik. Geslote take het een uitkoms,

terwyl oop take verskeie uitkomste kan hê. Geslote take lei tot meer

betekenisonderhandeling.

Onderstaande raamwerk van Pica e.a. (1993:14–5), wat deur my vertaal is, toon die

taakverhoudinge, -vereistes, -doelwitte en -uitkomste, asook hulle impak op die

tweedetaalstudente se geleenthede om die inset te verstaan, terugvoering op taalproduksie te

ontvang en die modifikasies aan hulle intertaal 9 te maak.

Tabel 2. Raamwerk om interaksionele aktiwiteite en kommunikatiewe doelwitte te toon

Taakaktiwiteite en

doelwitte

Impak op leerdergeleenthede

Verstaan

van inset

Terugvoer op Intertaal-

taalproduksie modifikasies

623

A Interaksionele

aktiwiteite

1. Interaktante verhouding

tussen vraer en verskaffer,

gebaseer op wie beskik

oor, wie vra of wie verskaf

die inligting vir taakinteraksie

en -uitkomste:

(a) Elke deelnemer beskik verwag

oor verskillende dele van

die inligting en verskaf en

vra die inligting ann soos

benodig vir taakvoltooiing.

(b) Een deelnemer beskik

oor al die inligting en

verskaf dit soos die ander

verwag verwag

verwag indien herhaal met rolle

omgeruil

een dit aanvra.

(c) Elke deelnemer het moontlik moontlik moontlik

toegang tot die inligting en

verskaf dit indien die

ander dit aanvra.

2. Interaksiebenodigdhede

vir aktiwiteit van vraerverskaffer

gerig op

taakuitkomste:

(a) Elke deelnemer moet

vra en inligting verskaf.

verwag verwag verwag

(b) Een deelnemer vra verwag indien herhaal met rolle

terwyl die ander die

inligting moet verskaf.

omgeruil

(c) Elke deelnemer

behoort inligting te vra en

te verskaf, maar dit word

nie vereis nie.

Kommunikatiewe

doelwitte

3. Doel-oriëntasie in die

gebruik van die inligting

soos verskaf en gevra:

moontlik moontlik moontlik

(a) Deelnemers het

dieselfde of konvergente

doelwitte.

verwag verwag verwag

(b) Deelnemers het

soortgelyke, maar

divergente, doelwitte.

4. Uitkoms-opsies in die

bereiking van die

doelwitte:

moontlik moontlik moontlik

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

624

(a) Slegs een uitkoms is

moontlik.

(b) Meer as een uitkoms

kan bereik word.

verwag

moontlik

verwag verwag

moontlik moontlik

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Uit die tabel kan afgelei word dat al die (a)-kategorieë met mekaar verband hou. Wanneer die

taakdeelnemers elkeen oor verskillende dele van die inligting beskik, soos in 1(a), dan

voldoen hulle aan die vereiste wat vir die interaksiebenodigdhede gestel word, dus 2(a), wat

beteken dat interaksie nodig is om by die taakdoelwit uit te kom. Al die inligting is belangrik

vir die taakdoelwit en daarom sal die deelnemers hulle onderskeie stukkies belangrike

inligting bymekaar moet sit. Hulle sal dus moet saamwerk na ’n konvergente doel-oriëntasie,

naamlik 3(a), en slegs een uitkoms-opsie, 4(a), is moontlik. Dit blyk uit die tabel dat ’n taak

wat die meeste geleenthede aan studente bied om die inset te verstaan, terugvoering op

taalproduksie te ontvang en hulle intertaal te kan aanpas, die een is wat aan die (a)-kriteria

voldoen. Dit beteken volgens Pica e.a. (1993:17) dat die volgende vier omstandighede

teenwoordig is:

a. Elke deelnemer beskik oor verskillende dele van die inligting wat uitgeruil en

gemanipuleer moet word om by die taakdoelwit uit te kom.

b. Beide of al die deelnemers moet die inligting van mekaar aanvra en aan mekaar

verskaf.

c. Die deelnemers het dieselfde, of konvergente, doel.

d. Slegs een aanvaarbare uitkoms van hul pogings om by die doel uit te kom is moontlik.

Pica e.a. (1993) pas hulle klassifikasiesisteem op vyf taaktipes toe, naamlik kettingtake,

inligtingsgapingstake, probleemoplossingstake, besluitnemingstake en meningsuitruilingstake.

Die volgende tabel uit Pica e.a. (1993:19), wat deur my vertaal is,

verteenwoordig ’n kommunikasietaaktipologie wat ’n aanduiding gee van hoe take onderskei

kan word op grond van die mate waarin die kategorieë van deelnemersverhouding (X/Y),

interaksiebenodigdhede, doel-oriëntasie en uitkoms-opsie verwerklik word.

Tabel 3. Pica e.a. (1993) se kommunikasietipologie

Taak-tipes Deelnemersverhouding Interaksieben

odigdhede

Kettingtaa

k

Inligting

shouer

(IH)

Inligtingsa

anvraer

(IA)

Inligtingsv

erskaffer

(IV)

Inligtingsa

anvraerverskafferverhouding

(IAV)

X & Y X & Y X & Y 2-rigting(X

tot Y & Y

tot X)

Doeloriën

tasie

+ benodig +

konve

rgent

Uitk

omsopsie

1

625

Inligtingsg

aping

Probleemo

plossing

Besluitne

ming

Meningsui

truiling

X of Y Y of X X of Y 1-rigting >

2-rigting (X

tot Y/Y tot

X)

X = Y X = Y X = Y 2-rigting >

1-rigting (X

tot Y & Y

tot X)

X = Y X = Y X = Y 2-rigting >

1-rigting (X

tot Y & Y

tot X)

X = Y X = Y X = Y 2-rigting >

1-rigting (X

tot Y & Y

tot x)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

+ benodig +

konve

rgent

- benodig +

konve

rgent

- benodig +

konve

rgent

- benodig -

konve

rgent

Die eerste kategorie van deelnemersverhouding hou verband met watter deelnemer die

inligting wat nodig is om die taak te kan uitvoer, besit, en wie die inligting aanvra of verskaf.

Die deelnemers word X en Y genoem, maar daar mag meer deelnemers wees. Hulle word

onder die hofies geposisioneer om hulle onderskeie rolle aan te dui in die uitruiling van

inligting wat nodig is om die taak te voltooi. Daar is dus ’n inligtingshouer (IH), ’n

inligtingsaanvraer (IA), ’n inligtingsverskaffer (IV) en die inligtingsaanvraer-verskafferverhouding

(IAV). Pica e.a. (1993:13) is van mening dat indien albei deelnemers die nodige

inligting het, die gevolg tweerigtingkommunikasie behoort te wees, met albei partye wat vra

en verskaf, en dit lei tot meer betekenisonderhandeling. Indien een deelnemer al die inligting

het, is die vloei van inligting waarskynlik net in een rigting.

Die tweede kategorie is dié van interaksiebenodigdhede. Daar word aanvaar dat ’n taak op so

’n wyse ontwerp moet word dat albei (of al die) deelnemers inligting moet aanvra en verskaf

sodat meer interaksie kan plaasvind. Daarom word dit in die tabel aangedui as [+ benodig] of

[- benodig]. Die doel-oriëntasie van ’n taak verwys daarna of ’n taak só ontwerp is om

deelnemers te dwing om te werk na ’n enkeluitkoms (konvergente doel-oriëntasie), of daar

kan meer as een uitkoms in die taak wees (divergente doel-oriëntasie). Dit word in die tabel

aangedui as [+ konvergent] of [-konvergent]. Pica e.a. (1993:13) argumenteer dat take wat ’n

konvergente doel-oriëntasie het, meer interaksie en samewerking van deelnemers vra, wat

weer moet lei na meer betekenisonderhandeling as take met divergente doeloriëntasie.

Die finale kategorie hanteer die uitkoms-opsies van take wat deelnemers moontlik kan bereik.

Hierdie kategorie word verdeel tussen oop take, wat meer as een uitkoms kan hê (in die tabel

aangedui as 1+ of 1+/-), en geslote take, wat slegs een aanvaarbare uitkoms (in die tabel

aangedui as 1) kan hê.

1

1

1+

1+/-

626

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In hul bespreking van die vyf taaktipes is Pica e.a. (1993:20) van mening dat die mees

effektiewe taaktipe die kettingtaak (gevolg deur die inligtingsgapingstaak) is, as gevolg van

die geleenthede wat kettingtake aan taalaanleerders bied om na begrip, terugvoering en

intertalige modifikasie te werk. Die kettingtaak is ’n samewerkende luistertaak waar beide die

deelnemers (X en Y) oor gedeeltes van die totale inligting beskik wat benodig word om die

taak te voltooi. Die deelnemers moet beide vra en verskaf om sodoende by ’n enkele,

konvergente doel uit te kom. Die inligtingsvloei is dus tweerigting: van X na Y en van Y na

X. Voorbeelde van kettingtake is “Los die geheim op” en “Rangskik die meubels in die huis”.

Pica e.a. (1993: 21) noem dat by inligtingsgapingstake een deelnemer inligting het waaroor

die ander een nie beskik nie, maar wat nodig is om die taak te voltooi. Die gaping lei dan tot

eenrigtingkommunikasie van die sender (X) na die ontvanger (Y). Deelnemers werk na ’n

konvergente doel om ’n enkeluitkoms te bereik, maar samewerkende geleenthede tot begrip,

terugvoering en intertalige veranderinge is beperk, aangesien elke deelnemer ’n vasgestelde

rol het. Voorbeelde hiervan is om ’n onderhoud met die groepmaat te voer om meer oor hom

uit te vind.

Probleemoplossingstake is gerig op ’n enkele oplossing of uitkoms, soos “Wie is die

hoteldief?” of “Soek die verskille”. Die deelnemers het toegang tot dieselfde inligting wat

nodig is vir die taak, wat beteken dat interaksie nie nodig is nie. Voorbeelde van

besluitnemingstake is om oor menslike dilemmas te reflekteer en ’n oordeel te gee, soos

“Watter een van verskeie hospitaalpasiënte is meer gepas om die enigste beskikbare hart te

ontvang?” of “Pas iemand se CV by ’n geskikte advertensie?” Daar is ’n enkelbesluit as doel,

maar nie een besluit is spesifiek nodig vir taakvoltooiing nie. Daar is dus meer as een

uitkoms, maar die deelnemers moet wel saamwerk om op die uitkoms te besluit, maar die

deelnemers hoef nie in gelyke mate deel te neem nie.

Pica e.a. (1993:23) beskou meningsuitruilingstake as die mins effektiewe taaktipe, omdat die

geleenthede vir begrip, terugvoering en modifikasie van insette die minste in hierdie taaktipe

plaasvind. In meningsuitruilingstake word interaksie nie benodig nie, deelnemers werk nie na

’n enkeldoel nie en meer as een uitkoms (of selfs glad geen uitkoms nie) is moontlik. Daar is

geen noodsaaklikheid vir interaksie nie en een van die deelnemers kan domineer. Die

taakbeskrywings is gewoonlik implisiet in die verskeidenheid klaskameraktiwiteite waar

deelnemers deelneem aan diskussies en gesprekke oor feitlik enige aspek, soos “Die

wettiging van dagga”.

Hierdie taaktipologie van Pica e.a. (1993) is bruikbaar saam met die ander teoretiese

perspektiewe om take te orden en te gradeer.

Een van die nadele van die taakgebaseerde benadering is dat dit lyk soos die toevallige kies

van take. Daarom moet take op grond van sekere kriteria georden word. Met die oog op die

navorsing wat onderneem is, is gekyk na Robinson (2001a; 2001b; 2001c; 2001d; 2003;

2005; 2007a; 2007b; 2010) se kategorisering van taakeienskappe, aangesien hy leiding

verskaf hoe om take in ’n taakgebaseerde taakontwerp te klassifiseer en te orden.

Taakklassifikasie behoort volgens Robinson logies vóór taakordening plaas te vind. Hy het ’n

627

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

uitgebreide raamwerk ontwikkel om taakkompleksiteit, wat te doen het met die kognitiewe

faktore wat kognitiewe uitdagings stel, te verduidelik.

3.3 Kognitiewe kompleksiteitskriteria vir die ordening van take

In Robinson (2001d:28) se kognisiehipotese betoog hy dat take georden moet word op grond

van hulle kognitiewe kompleksiteit om tweedetaalverwerwing oor ’n langer tydperk te

bevorder en te verbeter. Volgens hierdie kognisiehipotese moet pedagogiese take vir

taalaanleerders in ’n toenemende kompleksiteitsrangorde geplaas word. Robinson en Gilabert

(2007:162) betoog dat die taakgebaseerde benadering hierdie verhoogde komplekse ordening

van pedagogiese take konstitueer en die basis vorm vir taakgebaseerde assessering van die

programuitgangsvlakke. So ’n taakordening behoort volgens Robinson die taaksillabus te

vorm.

Die Driedelige Komponensiële Raamwerk van Robinson vir taakklassifikasie en taakontwerp

vorm die basis vir besluitnemings oor taakgradering en -ordening. Dit onderskei die

kognitiewe eise van pedagogiese take, wat bydra tot verskille in hul intrinsieke kognitiwiteit

van die leerders se persepsies van taakmoeilikheid, wat die resultaat is van die vaardighede

wat die leerders na die taak bring. Bogenoemde word verder onderskei van die

omstandighede wat gespesifiseer word in terme van inligtingsvloei in klaskamerdeelname en

die groepering van die deelnemers. Dié raamwerk laat interaksie tussen die drie breë

kategorieë van kompleksiteit-, moeilikheid- en omstandigheidsfaktore toe.

Hierdie raamwerk van Robinson beskryf die taksonomiese lys van pedagogiese

taakkenmerke. Dit onderskei drie breë kategorieë en subkategorieë taakeienskappe, naamlik

kenmerke wat bydra tot take se intrinsieke kognitiewe kompleksiteit, taakkenmerke wat die

situasie en toestande of omstandighede waarin take plaasvind bepaal, en derdens

leerderfaktore wat bydra tot die omvang van die moeilikheid of ingewikkeldheid wat wag om

die taak suksesvol te kan voltooi. Robinson (2001a:287) tref gevolglik ’n onderskeid in die

raamwerk tussen die kognitief-gedefinieerde taakkompleksiteit, die leerders se persepsies van

taakmoeilikheid en die interaktiewe omstandighede waaronder take uitgevoer moet word –

met ander woorde taakkompleksiteit, taakmoeilikheid en taakomstandighede.

Volgens Robinson (2007a:15–6) en Robinson en Gilabert (2007:164) lyk die Driedelige

Komponensiële Raamwerk vir taakklassifikasie in terme van kategorieë, kriteria,

analiseprosedures en ontwerpeienskappe skematies so (my vertaling):

Tabel 4. Driedelige Komponensiële Raamwerk

Taakkompleksiteit

(kognitiewe faktore)

Klassifikasiekriteria:

kognitiewe eise

Taakomstandighede

(interaktiewe faktore)

Klassifikasiekriteria:

interaksionele eise

Taakmoeilikheid

(studentfaktor)

Klassifikasiekriteria:

potensiaalvereistes

628

Klassifikasieprosedure:

inligtingsteoretiese analise

Subkategorieë:

(a) hulpbrongerigte

kenmerke

(stel

kognitiewe/konseptuele

eise):

+/- hier en nou

+/- min elemente

+/- ruimtelike redenering

+/- kousale redenering

+/- intensionele redenering

+/- perspektiefneming

(b) hulpbronverspreidende

kenmerke:

(stel prosedure-

/uitvoeringseise)

+/- beplanningstyd

+/- parate kennis

+/- enkeltaak

+/- taakstruktuur

+/- min stappe

+/- onafhanklikheid van

stappe

Klassifikasieprosedure:

gedragsbeskrywende

analise

Subkategorieë:

(a) deelnemingskenmerke

(stel interaksionele eise):

+/- oop antwoord

+/- eenrigtingvloei

+/- konvergente oplossing

+/- min deelnemers

+/- min deelname nodig

+/- onderhandeling nie

nodig

(b) deelnemerskenmerke

(stel interaktante eise):

+/- dieselfde vaardighede

+/- dieselfde geslag

+/- bekendheid

+/- gedeelde

inhoudskennis

+/- gelyke rolle en status

+/- gedeelde kulturele

kennis

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Klassifikasieprosedure:

potensiaalassesseringsanalise

Subkategorieë:

(a) bevoegdheidskenmerke en

taakrelevante hulpbronkenmerke:

werkende geheue

redenering

taakomruiling

aanleg

veldonafhanklikheid

gedagtelesery

(b) affektiewe kenmerke en

taakrelevante gesteldheidskenmerke:

oopheid

beheer van emosies

taakmotivering

verwerking van angstigheid

bereidwilligheid tot

kommunikasie

selfwerksaamheid

Taakkompleksiteit bestaan uit ’n aantal kenmerke wat gedurende taakontwerp gemanipuleer

kan word, aldus Robinson (2001d:30). Dié kenmerke word verteenwoordig deur +/-, wat

aandui of die eienskap teenwoordig (+) of afwesig (-) is. Volgens Robinson (2007a) moet

hierdie +/- onderskeid op ’n kontinuum van minder kompleks na meer kompleks gesien word.

Robinson (2005:4–7) verduidelik twee subkategorieë onder taakkompleksiteit. In die eerste

plek is dit faktore wat die aandag op taal rig en volgens Kuiken en Vedder (2004:25) ’n

direkte invloed op taalgebruik het, dus hulpbrongerigte (“resource-directing”) kenmerke.

Kuiken en Vedder (2004:25) gebruik die term “dirigerende factoren”. In die tweede plek is

daar faktore wat die aandag van taal aflei en volgens Kuiken en Vedder (2004:25) geen

direkte verhouding met enige van die spesifieke kenmerke van taalgebruik het nie, dus

hulpbronverspreidende (“resource-dispersing”) kenmerke. Kuiken en Vedder (2004:25)

gebruik die term “dispergerend (uiteenwaaierend)”. Hierdie twee kenmerke van

hulpbrongerig en hulpbronverspreidend tree in interaksie met mekaar op en affekteer

taakproduksie op meetbare wyses in terme van kompleksiteit, akkuraatheid en vlotheid

(KAV).

Hulpbrongerigte kenmerke is volgens Robinson en Gilabert (2007:163) die kenmerke waarin

eise aan die gebruik van die taal gestel word Dit is die veranderlikes wat

629

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

kognitiewe/konseptuele eise beskryf en leerders se aandags- en geheuebronne rig, wat weer

tot intertaalontwikkeling sal lei. Robinson en Gilabert (2007:165) verwys na die volgende

hulpbrongerigte veranderlikes of kenmerke:

a. [+/- min elemente]: die aantal en die aard van entiteite wat onderskei moet word

b. [+/- hier en nou]: teenwoordige tyd teenoor nieteenwoordige tyd

c. [+/- ruimtelike redenering]: die aard en omvang van inhoude van bekende en maklik

identifiseerbare ruimtelike plasings teenoor ruimtelike plasings wat onbekend is

d. [+/- kousale redenering]: eenvoudige inligtingsoordrag teenoor redenering oor kousale

verbande en die verhoudings tussen hulle

e. [+/- intensionele redenering]: eenvoudige inligtingsoordrag teenoor redenering oor

ander mense se intensies, oortuigings, begeertes en vooroordele

f. [+/- perspektiefneming]: die taak vereis van die spreker of luisteraar om slegs een

persoon se perspektief in ag te neem teenoor meervoudige persoonsperspektiewe wat

in ag geneem moet word.

Hulpbronverspreidende kenmerke is volgens Robinson en Gilabert (2007:165) die

veranderlikes wat performatiewe/prosesseringseise (gebruikseise) omskryf. Dié eise verhoog

ook taakkompleksiteit, maar sonder om die studente se aandag en poging tot

konseptualisering tot enige spesifieke aspek van die taalkode te lei (Robinson 2005:7). Dit

stimuleer die toegang tot bestaande tweedetaalkennis deur byvoorbeeld beplanningstyd toe te

laat. Robinson en Gilabert (2007:166) onderskei die volgende kenmerke:

a. [+/- beplanning]: die mate waarin die inhoude voorafbeplanning van die deelnemers

vereis of nie

b. [+/- enkeltaak]: die mate waarin deelnemers slegs ’n enkeltaak (praat of luister)

uitvoer, of ’n dubbel- of veelvuldige taak (byvoorbeeld praat en luister plus

beplanning of ontleding)

c. [+/- parate kennis]: die mate waarin die inhoude parate voorafkennis van die

deelnemers manifesteer of nie

d. [+/- taakstruktuur]: die mate waarin die taakstruktuur duidelik manifesteer om te help

met die suksesvolle voltooiing van die taak

e. [+/- stappe]: take wat slegs een of ’n paar stappe benodig vir die voltooiing daarvan

teenoor dié wat baie stappe vereis

f. [+/- onafhanklikheid van stappe]: die mate waarin daar geen onafhanklikheid van of

steiering tussen die stappe is nie teenoor dié wat ’n vasgestelde, streng ordening moet

volg.

Robinson (2005:4) beskou taakomstandighede as die interaktiewe faktore, soos gespesifiseer

in terme van die inligtingsvloei in klaskamerdeelname, soos eenrigting- of tweerigtingtake.

Dit verwys verder na die groepering van die deelnemers, soos dieselfde geslag teenoor

verskillende geslagte in dieselfde klaskamer. Taakomstandighede word volgens Robinson

(2001d:32) verdeel in deelnemingskenmerke wat interaksionele/wisselwerkende eise stel ten

opsigte van inligtingsvloei (byvoorbeeld eenrigting- of tweerigtingkommunikasie) en die

kommunikatiewe doelwitte van taakuitvoering (soos een oplossing teenoor baie

moontlikhede) én deelnemerskenmerke wat interaktante eise stel (byvoorbeeld bekendheid of

630

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

onbekendheid met mekaar, die geslag van die deelnemers en die relatiewe status van

deelnemers).

Robinson (2001d:29) onderskei tussen taakmoeilikheid en taakkompleksiteit. Hy (2001c:295)

is van mening dat dit die leerderfaktore is wat ’n taak meer of minder moeilik kan maak.

Volgens Robinson (2001c:295) is taakmoeilikheid die leerders se persepsies van die taakeise

en dit verklaar die verskil in taakuitvoering tussen twee leerders. Dit behels die faktore wat

toegeskryf kan word aan die verskynsels wat bydra tot die verskillende maniere waarop

studente leer en take uitvoer. Dit is met ander woorde die resultaat van die vermoëns wat

hulle na die taak bring, soos byvoorbeeld intelligensie en vaardighede, maar omvat ook die

affektiewe response, soos spanning, selfvertroue, motivering en angs. Dié kategorie word

verdeel in bekwaamheidskenmerke en affektiewe kenmerke (Robinson 2001d:32).

3.3.1 Beginsels van taakordening

Robinson (2001c:301) betoog in die kognisiehipotese dat die ordening van take van

eenvoudig na kompleks tot taalleer en -ontwikkeling mag lei. Robinson (2007a:22) beweer

dat daar drie beginsels en besluitnemingspunte vir sillabusordening en -ontwerp in die

taakgebaseerde benadering is:

Beginsel 1: Interaksionele eise word nie gegradeer en georden nie

Robinson (2007a:22) se siening is dat die taakomstandighede, byvoorbeeld [+/-

eenrigting]/[+/- gelyke status en rol], elke keer nageboots word wanneer pedagogiese

taakweergawes uitgevoer word.

Robinson (2007a:23) is van mening dat taakkompleksiteit in twee fases vermeerder word.

Die twee fases is belangrike besluitnemingspunte vir taak- en sillabusontwerp:

Beginsel 2: Hulpbronverspreidende performatiewe kenmerke word eerste vermeerder in

kompleksiteit

Volgens Robinson (2007a:23) word die hulpbronverspreidende kenmerke eerste vermeerder

in kompleksiteit. Met ander woorde: indien die teikentaak gesamentlike taakuitvoering

sonder beplanningstyd vereis, word beplanningstyd bygelas en die taak word eers individueel

uitgevoer. Die rasionaal hiervoor is om eerstens toegang tot, en konsolidering van, die leerder

se huidige tweedetaal-intertaalsisteem in eenvoudige pedagogiese take te verskaf.

Beginsel 3: Hulpbrongerigte ontwikkelende kenmerke word daarna vermeerder in

kompleksiteit

In die tweede stadium word die kognitiewe/konseptuele eise geleidelik tot die verwagte

teikenvlakke verhoog. Robinson (2007a:23) argumenteer dat die eerste fase die leerder se

aandags- en geheuebronne op die aspekte van die tweedetaalsisteem wat nodig is om die

toenemend komplekse konsepte te kodeer, kan rig. Daardeur word voldoen aan die

toenemend komplekse funksionele eise wat nodig is om die taal te gebruik.

631

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Verhoging van hierdie eise lei tot meer akkurate en komplekse leerderproduksie, meer

aandag aan relevante taakinsette, en verhoogde geheue daarvoor. Dit lei dan weer tot ’n

sterker opname van die grammatiese vorm wat opvallend gemaak is in die inset. Dit is dus

basies ’n kontrole, dan ’n analise en dan intertalige herbeskrywing.

3.3.2 Taakordening

Die verskillende kenmerke van kognitiewe kompleksiteit ten opsigte van die taakeienskappe

wanneer ’n sillabus ontwerp word, word hier onder geïllustreer. Daar kan afgelei word dat

indien ’n taak oor min elemente beskik wat geen redenering vereis nie en dit geplaas is in die

hier en nou, dan is die taak kognitief eenvoudig. ’n Eenvoudige taak vertoon dus die

volgende kenmerke: [+ min elemente], [+ min redenering], [+ hier en nou], [+

beplanningstyd], [+ parate kennis] en [+ enkeltaak]. Die taak het dus net [+]-kenmerke, wat

toon dat al hierdie kenmerke in die taak teenwoordig is. Deur die kenmerke een-een of meer

as een op ’n keer te verander, kan die kognitiewe kompleksiteit van die taak geleidelik

verhoog word. ’n Komplekse taak vertoon dus die volgende kenmerke: [- min elemente], [-

min redenering], [- hier en nou], [- beplanningstyd], [- parate kennis], [- enkeltaak]. Die taak

het dus net [-]-kenmerke, wat toon dat die kenmerke afwesig in die taak is. Op dié manier

maak Robinson se raamwerk dit moontlik om take op grond van kognitiewe kompleksiteit te

gradeer en te orden.

Die hulpbrongerigte en hulpbronverspreidende kenmerke van kompleksiteit en die

implikasies vir taakordening lyk skematies so (Robinson 2005:8) (my vertaling):

Tabel 5. Kognitiewe kompleksiteitskenmerke

- min elemente

- min redenering

- hier en nou

+ beplanningstyd

+ parate kennis

+ enkeltaak

3

Lae performatiewe en hoë

ontwikkelingskompleksiteit

+ min elemente

+ min redenering

+ hier en nou

+ beplanningstyd

+ parate kennis

+ enkeltaak

1

Lae performatiewe en lae

ontwikkelingskompleksiteit

- min elemente

- min redenering

- hier en nou

- beplanningstyd

- parate kennis

- enkeltaak

4

Hoë performatiewe en hoë

ontwikkelingskompleksiteit

+ min elemente

+ min redenering

+ hier en nou

- beplanningstyd

- parate kennis

- enkeltaak

2

Hoë performatiewe en lae

ontwikkelingskompleksiteit

632

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die numerering in bostaande kwadrante kom ooreen met die volgorde waarin take uitgevoer

moet word. Take wat in kwadrant 1 voorkom, sal eerste uitgevoer word – voor take wat in die

ander kwadrante voorkom. Robinson (2005:26–7) stel voor dat die performatiewe

/uitvoerende kenmerke (1–2) eers georden moet word om verhoogde kompleksiteit te kry.

Daarna word die ontwikkelingskenmerke (3–4) georden om sodoende toegang tot die huidige

intertaal te verkry, wat gefasiliteer, geoefen en gekonsolideer moet word voordat nuwe

konseptuele en linguistiese eise gestel word. Verhoog dus eers die hulpbronverspreidende

eise (horisontale dimensies van 1 na 2) en daarna die hulpbrongerigte eise (vertikale

dimensies van 3 na 4). In ’n Powerpoint-aanbieding op 8 Februarie 2009 plaas Robinson

(2009b) Cummins se basiese interpersoonlike kommunikatiewe vaardighede (BIKV) 10 langs

kwadrant 1 en die kognitiewe akademiese taalvaardighede (KATV) 11 langs kwadrant 4. Daar

kan dus afgelei word dat take in kwadrant 1 die BIKV is en dat daar deur taakordening

gepoog moet word om by die KATV in kwadrant 4 uit te kom.

Die ordeningsvolgorde van eenvoudig na komplekse take lyk so (Gilabert 2008) (my

aanpassing en vertaling):

Figuur 4. Ordeningsvolgorde vir take

Veronderstel die teikentaak is dat ’n passasier roete-aanduidings aan ’n bestuurder moet gee

om ’n plek te vind deur die gebruik van ’n kaart terwyl hulle deur ’n onbekende gebied ry.

Die eerste weergawe is eenvoudig ten opsigte van al die kenmerke. Die leerders word ’n kaart

gegee met die roete daarop aangedui en hulle kry tyd om te beplan hoe om die roete aan hul

maat te verduidelik. Dan word die hulpbronverspreidende kenmerke eers verhoog in

kompleksiteit en daarna die hulpbrongerigte kenmerke. Meer progressiewe komplekse

weergawes kan geoefen word, byvoorbeeld deur die beplanningstyd weg te neem, daarna die

roete nie te merk op die kaart nie, daarna ’n kaart van ’n onbekende gebied te gebruik, en dan

laastens die kaart te vergroot. Die mees komplekse werklikewêreld-weergawe sal wees

wanneer ’n passasier aan ’n motoris moet verduidelik hoe om ’n hotel te vind, wat onbekend

aan hulle is, in ’n stad wat hulle nie ken nie. Op dié manier word take verhoog in

kompleksiteit en outentisiteit, wat geleidelik nader kom aan die eis van werklikewêreldteikentake.

633

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die toenemende kognitiewe kompleksiteitsweergawe van bogenoemde kaarttaak uit

Robinson (2001d:38) lyk dus so (my vertaling):

Tabel 6. Kompleksiteitskenmerke vir kaartaak

Kompleksiteitskenmerke Eenvoudig

Kompleks

1

5

2 3 4

beplanningstyd

(voor gesprek)

enkeltaak

(roete gemerk)

parate kennis

(‘n bekende gebied)

min elemente

(‘n klein gebied)

(vereenvoudigde kaart) (outentieke kaart)

Volgens Housen en Kuiken (2009:463) is kompleksiteit moeilik om te definieer, aangesien dit

in tweedetaalnavorsing na beide die eienskappe van taaltake verwys, naamlik

taakkompleksiteit, én na die eienskappe van tweedetaaluitvoering en -vaardigheid, dus

tweedetaalkompleksiteit, wat linguistiese kompleksiteit insluit. Larsen-Freeman (2009:588)

onderstreep dieselfde gedagte wanneer sy kompleksiteit omskryf as “the emergent property

of complex systems”. Kompleksiteit verwys dus na taakkompleksiteit én linguistiese

kompleksiteit, met ander woorde hoe kognitief eenvoudig of kompleks take is én hoe

sintakties of leksikaal eenvoudig of kompleks die taal van die uitsette van die taak is.

Samuda en Bygate (2008:99) is van mening dat een van die belangrikste vrae binne die

taakgebaseerde teorie is hoe take die leer en onderrig van spesifieke aspekte van taal help.

Een van die maniere is om na die sintaktiese kompleksiteit van take te kyk.

3.4 Sintaktiese kompleksiteit

Aangesien taakkompleksiteit ’n uitwerking op taakproduksie het, word sintaktiese

kompleksiteit ondersoek. Sintaktiese kompleksiteit (sintaktiese volwassenheid of linguistiese

kompleksiteit) verwys, volgens Ortega (2003:492), na die reeks vorme wat in taalproduksie

na vore kom en die graad van sofistikasie van sulke vorme. Vir die toets van taalproduksie

kan verskillende globale metingsinstrumente, soos klousules per kommunikasie-eenheid of

persentasies van foutvrye kommunikasie-eenhede, gebruik word. Globale metings van

sintaktiese kompleksiteit is belangrike en bruikbare navorsingsinstrumente – nie alleen op die

gebied van tweedetaalverwerwing nie, maar ook in ander taalverwante dissiplines, beweer

Ortega (2003:493) en Norris en Ortega (2009:558). Ortega (2003:494) waarsku teen die

wangebruik van sintaktiese kompleksiteitsmetrikasies as absolute ontwikkelingsaanduiders of

634

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

as direkte taalvaardigheidsaanduiders. Die aard van tweedetaalontwikkeling kan nie

genoegsaam alleenlik deur globale metings ondersoek kan word nie. Ortega (2003) betoog

dat “meer kompleks” wel moontlik in die eerste plek “meer taalgevorderd” mag beteken, of

selfs “meer gevorderd” op verskillende maniere. “Meer kompleks” beteken tweedens nie

noodwendig “beter” nie.

Michel (2011:96) noem die nadele daaraan verbonde om met globale metings te werk. Sy

beweer dat slegs enkele studies die aannames en bewerings in die kognisiehipotese

geëvalueer het deur spesifieke metings te gebruik. In haar proefskrif ondersoek Michel

(2011:97) onder meer die gebruik van voegwoorde as spesifieke metingsinstrument in

redeneringstake. Robinson (2005) is van mening dat take wat geen redenering vereis nie,

hoofsaaklik die gebruik van voegwoorde soos en ontlok, terwyl take wat redenering vereis,

die gebruik van voegwoorde soos maar en adverbiale voegwooorde soos want, dus, as, of en

asof uitlok. Michel (2011:97) verwys na navorsing wat betoog dat voegwoorde soos en en

want eerste verwerf word en eers later voegwoorde soos maar, wanneer en as, aangesien dit

na komplekse koherente en kousale verhoudings verwys.

Foster e.a. (2000) skep hul eie, duidelik gedefinieerde, eenheid, naamlik die analise-van

spraak-eenheid (AS-eenheid), ten einde bruikbaar te kan wees vir navorsing en in verskeie

tekssoorte. Dit was ’n alternatief vir die Terminale (T)-eenhede, wat suksesvol in geskrewe

taal gebruik is, maar nie ’n betroubare metingsinstrument vir gesproke taal is nie. Gesproke

taal bevat pouserings en intonale patrone, wat aandui dat uitinge langer as enkelfrases is.

Volgens Michel (2011:27) is AS-eenhede sintaktiese eenhede wat intonale en pouseringseenhede

in ag neem. Die AS-eenhede is hoofsaaklik sintaktiese eenhede wat gepas is as

eenhede vir analises. Foster e.a. (2000:365) gee twee redes hiervoor. Die spreker pouseer by

sintaktiese sowel as by bysinne se eenheidsgrense. Tweedens is dit groter as ’n enkele frase,

wat ’n bewys is van die spreker se vaardigheids- en kompleksiteitsvlak, omdat die spreker

multisinsdele as eenhede kan uiter.

Foster e.a. (2000:365) omskryf ’n AS-eenheid as ’n enkelpersoonsuiting wat bestaan uit ’n

onafhanklike sin (hoofsin) of ’n subklousule-eenheid, saam met enige ander ondergeskikte

sinsdeel (bysin) wat daarmee verbind kan word. ’n Verduideliking van elk van die kenmerke

van die AS-eenheid word kortliks gegee. Die onafhanklike sin (hoofsin) bevat volgens Foster

e.a. (2000:365) die hoofidee van die uiting en is ten minste ’n frase met ’n hoofwerkwoord.

Omdat bysinne in gesproke taal as kompleksiteitsmetings gebruik word, is dit daarom

belangrik om duidelikheid te verkry oor wat ’n bysin of ondergeskikte sinsdeel behels. Die

onafhanklike subklousule-eenheid (bysinne) bevat een of meer frases wat uitgebrei kan word

tot ’n volledige sinsdeel (Foster e.a. 2000:366). Aangesien die onafhanklike sinsdeel

sintakties op sy eie kan staan, is dit logies om dit as ’n eenheid te sien.

Volgens Loschky en Bley-Vroman (1993:123) fokus taalonderrig op drie sleutelvrae:

Wanneer behoort sekere aspekte van grammatika onderrig te word? Wat behoort onderrig te

word? Hoe behoort grammatika onderrig te word? Hulle tref ‘n onderskeid tussen

taaknatuurlikheid, taaknuttigheid en taakbruikbaarheid. Hulle is van mening dat ’n taak só

635

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

ontwerp kan word dat die grammatikale struktuur natuurlik of nuttig of noodsaaklik mag

voorkom (1993:140).

Taaknatuurlikheid beteken dat ’n grammatikale konstruksie natuurlik mag opkom tydens

taakuitvoering, maar die taak kan daarsonder uitgevoer word (byvoorbeeld: terwyl die stappe

in ’n eksperiment beskryf word, mag die verledetydsvorm natuurlik na vore kom). Die taak

leen sigself natuurlik tot die herhaaldelike gebruik van die struktuur, maar die gebruik

daarvan gedurende taakuitvoering is onopsigtelik.

Taaknuttigheid/taakbruikbaarheid beteken dat dit moontlik is om die taak sonder die

struktuur te voltooi, maar mét die struktuur is dit makliker (byvoorbeeld: indien iets

beoordeel word, sal dit makliker wees om adjektiewe te gebruik, teenoor die niegebruik

daarvan). In byvoorbeeld “Soek die verskille”-take kan verskillende lokatiewe strukture of

voorsetsels gebruik word, maar hulle kan ook voltooi word deur slegs “ja”/“nee”-sinstrukture

te gebruik. Tog sal die gebruik van voorsetsels of lokatiewe strukture veroorsaak dat die taak

makliker voltooi kan word en is hulle dus bruikbaarder en nuttiger om die taak te voltooi.

Die uitdaging vir taakontwerpers is volgens Loschky en Bley-Vroman (1993:137) om take te

ontwerp waarin die nuttigheid van die teikenstrukture so duidelik is dat leerders natuurlik

daaraan aandag sal skenk, want die taak kan effektiewer voltooi word indien die struktuur

korrek gebruik word.

Taaknoodsaaklikheid beteken dat die taak nie suksesvol uitgevoer kan word nie tensy die

struktuur gebruik word. Die struktuur is noodsaaklik vir die taak, nie net vir taakvoltooiing

nie, maar as ’n belangrike onderdeel van die taak. Dit beteken dat die grammatika die

essensie is waarop gefokus moet word. Sulke take is volgens Loschky en Bley-Vroman

(1993:138) moeilik om te ontwerp.

Sintaktiese kompleksiteit is ’n ondersoek na hoe kompleks die taal in die taak is, asook

wanneer die taak gedoen word.

In hierdie afdeling is verskillende aspekte rondom ’n multiperspektiefbenadering gegee

deurdat na die volgende teoretiese aspekte gekyk is: behoefte-analises, taaktipologie,

taakomstandighede en taakkompleksiteit en laastens sintaktiese kompleksiteit. Vervolgens

word die praktiese toepassing daarvan aan die hand van ’n illustratiewe student-dosentteikentaak

geïllustreer.

4. Praktiese toepassing van multiperspektiefbenadering

4.1 Inleiding

Die beginpunt vir die ontwerp van ’n Afrikaanse taakgebaseerde kursus met die oog op

kampuskommunikasie was ’n behoefte-analise deur middel van vraelyste en onderhoude met

studente in die Afrikaanse Taalverwerwingsklasse in die Fakulteit Lettere en Sosiale

Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Die vraelyste het op vyf hoofgebiede

636

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gefokus, naamlik die student se agtergrond, die student se rede(s) waarom hy/sy Afrikaanse

Taalverwerwing wil volg, die belangrikheid van spesifieke taalvaardighede in die

persoonlike, akademiese en professionele domeine, ’n analise van die student se

taalvermoëns volgens die Europese Referensiekader (ERK) (2001) se selfanalitiese tabel, en

laastens ’n aanduiding van hoeveel aandag spesifieke taalvaardighede in die klas moet geniet.

Die vraelyste is opgevolg deur semigestruktureerde onderhoude met studente.

Domeindeskundiges se aanbevelings is ook in ag geneem, asook my eie diepte-ervaring van

die uitdagings wat doeltreffende tweedetaalonderrig moet meebring om taalverwerwing en -

ontwikkeling optimaal in die hand te werk. Die studente het verder twee departementele

toetse, ’n lees- en ’n luistertoets, geskryf om hulle taalvaardigheidsvlak te bepaal. Die

taalplasingstoetse van die universiteit is ook gebruik by die bepaling van die studente se

taalvaardigheid. Met ander woorde, Long (2005) se aanbeveling van triangulasie is gevolg.

Die doel hiervan was onder meer om ’n vollediger beeld van die studente se behoeftes te

verkry en om hulle te klassifiseer op Beginnervlak of Hoër Beginner- / Intermediêre vlak van

Afrikaans, asook om te bepaal wat hul spesifieke behoeftes is vir die aanleer van Afrikaans

met die oog daarop om dit in die huidige sillabus in te werk, met as uiteindelike doelwit ’n

taakgebaseerde sillabus.

Die behoefte-analises het getoon dat studente wie se eerste taal nie Afrikaans is nie, ’n

behoefte het aan die aanleer van kommunikasievaardighede in Afrikaans om sodoende aan ’n

universiteit (dus die opvoedkundige terrein van die ERK) waar Afrikaans as kommunikasie-

en onderrigtaal gebruik word, te kan studeer.

Twee verdere terreine van taalgebruik is vir die doel van sillabusontwerp deur opvolganalises

geïdentifiseer, naamlik sosiaal en akademies. Studente wil eerstens vir sosiale

doeleindes op kampus kommunikeer en tweedens transaksioneel oor generiese akademiese

aspekte – met ander woorde: generiese student-student-kommunikasie (generiese

sosiaalinteraktiewe taalgebruik) en generiese student-dosent-kommunikasie (generiese

akademiese taalvaardighede). Die behoefte-analise het voorts die identifisering van sentrale

gesprekstemas en -onderwerpe wat nievaktegniese inhoude insluit, omvat. Dié identifisering

word deur onder andere Robinson (2009a: 295) ondersteun, wat beweer dat taalonderrig so na

as moontlik aan werklike taalgebruik moet wees.

Die breë omvang van generiese kommunikasie in die opvoedkundige domein van die

universiteitskonteks is deur middel van behoefte-analises geïdentifiseer. Verder is die

teikendomeine (sosiaal en akademies) en die teikentake van elke domein (die

sosiaalinteraktiewe en die akademiese belange) beskryf. Die teikentake verteenwoordig die

werklikewêreld-take wat studente binne spesifieke situasies moet kan gebruik. Uit die

teikentake is die taalgebruiksituasies (byvoorbeeld hoe om oor die kies van verenigings met

medestudente te praat of hoe om uitstel by ’n dosent te vra vir ’n toets) afgelei.

4.2 Voorbeeld van teikentaakontleding

Die taakomskrywing, die kommunikatiewe doelwitte en die teikentaak word eerstens verskaf

voordat die verskillende teoretiese perspektiewe oor kompleksiteit daarop toegepas word. Die

637

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

taak se taalgebruiksituasies en taaltake word eerstens aan die hand van Van Avermaet en

Gysen (2006:28) ontleed en daarna word die parameters van die tipe-take, asook die

inligtingsprosesseringsvlakke verskaf. Daarna word die taak se parameters vir

taakkompleksiteit na aanleiding van Duran en Ramaut (2006:51) beskryf, waarna dit as ’n

grafiek voorgestel word. Die taak word dan volgens Pica e.a. (1993) se taaktipologie ontleed

om te toon of dit vir die studente se intertaalontwikkeling sal help. Dit word gevolg deur die

taakomstandighede van die taak te omskryf en dit daarna in terme van Robinson se generiese

model te ontleed. Laastens word die taak linguisties aan die hand van Loschky en Bley-

Vroman (1993), Foster e.a. (2000) en Michel (2011) beskryf.

Taakomskrywing:

Jy is ’n student wat jou dosent gaan spreek omdat jy nie die toets kan skryf nie. Jy deel die

dosent mee dat jy gekies is om Engeland toe te gaan om aan ’n musiekuitvoering deel te

neem. Jou dosent verduidelik dat jy ’n brief van die Musiekdepartement moet bring om die

situasie uiteen te sit. Sy sê jy moet dit voor die Donderdag bring, aangesien die

departementele vergadering dan plaasvind. Jou saak sal op die vergadering bespreek word. Jy

vra wanneer die uitsteltoets is en waaroor die toets sal handel. Die dosent beantwoord jou

vrae. Jy vra of die departement jou situasie simpatiek sal hanteer. Die dosent stel jou gerus.

Kommunikatiewe doelwitte

• om die dosent oor ’n moontlike probleemsituasie te spreek

• om die probleemsituasie te kan verduidelik

• om na die dosent se instruksies/aanbevelings te kan luister en te kan verstaan

• om op die dosent te instruksies/aanbevelings te kan reageer.

Student: (1) Goeie môre, Mevrou. (2) Kan ek u gou spreek?

[Groet en vra vraag.]

Dosent: (3) Môre, mnr. Botha (4) Natuurlik. (5) Kom binne en sit. (6) Hoe gaan

dit met u? (7) En die studies?

[Groet, nooi in en vra vrae.]

Student: (8) Nee, dit gaan goed dankie. (9) Ek geniet my kursus, maar dit is

moeilik.

[Antwoord bevestigend en noem positiewe en negatiewe aspekte van kursus.]

Dosent: (10) Waarmee kan ek help?

[Vra vraag.]

Student: (11) Ek is gekies om Junie-maand Engeland toe te gaan om aan ’n uitvoering

deel te neem.

[Verduidelik situasie.]

Dosent: (12) Geluk! (13) Dit is wonderlik. (14) Watse uitvoering?

[Reageer positief en vra verdere inligting.]

Student: (15) Die College of Music bied ’n konsertuitvoering aan en ek is gekies

om daar te gaan klavier speel.

[Verduidelik agtergrond.]

638

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dosent: (16) Sjoe, dit is ’n wonderlike eer en ’n groot prestasie.

[Reageer positief.]

Student: (17) Maar dit is ongelukkig in die tyd wanneer ons die toets moet skryf.

(18) Ek weet nie wat om te doen nie en wil net hoor wat ek kan doen.

[Skets probleem en vra wat om te doen.]

Dosent: (19) U moet ’n brief van die Musiekdepartement bring waarin die

situasie verduidelik word. (20) U vra dus toestemming om die uitsteltoets te skryf?

(21) Ek sal dit tydens ons personeelvergadering stel.

[Antwoord op navrae en verduidelik wat gedoen moet word.]

Student: (22) Dink u daar sal probleme wees?

[Vra vraag.]

Dosent: (23) Nee, glad nie. (24) Dit is maar administratiewe sake wat gereël

moet word. (25) Die departement behoort u situasie simpatiek te hanteer. (26) Dit is

mos darem ’n eer om die geleentheid te kry en ek dink nie die departement sal in u

pad staan nie.

[Antwoord bevestigend en stel gerus en verduidelik van administratiewe aspekte.]

Student: (27) Wanneer is die uitsteltoets?

[Vra vraag oor datum.]

Dosent: (28) In Julie iewers. (29) Laat ek net gou seker maak. (30) Ja, dit is 24

Julie.

[Antwoord en gee datum.]

Student: (31) Dankie. (32) So, ek moet net ’n brief bring?

[Antwoord bevestigend en vra duidelikheid.]

Dosent: (33) Ja, bring dit voor Donderdag, want ons vergader dan en dan kan ek

dit sommer stel. (34) Ek sal u Vrydag voor die lesing inlig wat die besluit is, maar

daar behoort nie probleme te wees nie.

[Verduidelik en geen inligting en noem wanneer antwoord gegee sal word.]

Student: (35) Baie dankie. (36) Ek bring die brief so gou as moontlik. (37) Skryf

ons oor dieselfde werk?

[Spreek dank uit, bevestig oor brief en vra vraag.]

Dosent: (38) Oor presies dieselfde werk.

[Antwoord.]

Student: (39) Baie dankie en tot siens.

[Spreek dank uit en groet.]

Dosent: (40) Tot siens.

[Groet.]

Uit die teikentaak is die volgende taalgebruiksituasies en taaltake volgens Van Avermaet en

Gysen (2006:28) se raamwerk afgelei:

Taalgebruiksituasies Taaltake

Praat met studente • Gebruik gepaste groet- en aanspreekvorme

• Gebruik gepaste register

Praat met dosente • Gebruik gepaste groet- en aanspreekvorme vir

dosente

• Gebruik gepaste formele register

639

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vra uitstel vir toets • Verbaliseer rede(s) vir uitstel vir toets

• Verduidelik en motiveer rede(s) vir uitstel

• Stel vrae oor uitstel vir toets

• Beantwoord vrae oor uitstel vir toets

Gee instruksies • Verduidelik instruksies oor wat om te doen rakende

toetsuitstel

• Gee instruksies oor toetsuitstel

• Begryp instruksies oor toetsuitstel

Die parameters vir die beskrywing van die tipe-taak lyk so, gebaseer op Van Avermaet en

Gysen (2006:32) se navorsing:

Vaardighede Praat- en luistervaardighede

Teksgenre Dialoog

Inligtingsprosesseringsvlak Herstruktureringsvlak

Gespreksgenote Bekende volwassenes

Onderwerp Akademiese aangeleenthede van universiteit: vra uitstel vir

toets

Kontekstuele

Hier en nou

ondersteuning

Linguistiese kenmerke Bekende woordeskat oor toetsuitstel; vraag-en-antwoordsinne;

toekomendetyd-sinne; instruksies; verduidelikings;

tydsaanduidings.

Die parameters vir die inligtingsprosesseringsvlak is aan die hand van Van Avermaet en

Gysen (2006:37) se raamwerk soos volg geformuleer:

Op ’n beskrywende vlak kan die taalgebruiker die hoofidees en idees rakende inligting

oor akademiese aangeleenthede, soos in departementele inligtingstukke, volg.

Op ’n herstruktureringsvlak kan die taalgebruiker relevante inligting en instruksies oor

akademiese aangeleenthede, soos toetsgeleenthede, selekteer om dit sodoende te

herrangskik en te herstruktureer sodat daar kommunikasie oor uitsteltoetse kan plaasvind.

Volgens Duran en Ramaut (2006:51) se raamwerk kan die parameters vir taakkompleksiteit

soos volg voorgestel word:

(a) Wêreld

1. Abstraksievlak Hoofsaaklik hier en nou, alhoewel daar-en-dan-sinne voorkom

640

2. Graad van visuele

ondersteuning

Geen visuele ondersteuning

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

3. Linguistiese konteks Hoë inligtingsdigtheidsvlak en lae oorbodigheidsvlak

(b) Taak

4. Prosesseringsvlak Herstrukturerend

5. Modaliteit Verbale respons

(c) Teks

6. Woordeskat Bekende woordeskat betreffende administratiewe

aangeleentheid, naamlik toetsuitstel

7. Sintaksis Kombinasie van eenvoudige en komplekse sinne

8. Struktuur Duidelik en eksplisiet gestruktureer

9. Lengte Kort

Bogenoemde parameters vir taakkompleksiteit lyk op ’n kompleksiteitsgrafiek so:

Figuur 5.

Hierdie taak is volgens bostaande kompleksiteitsgrafiek oorwegend kompleks, aangesien

parameters (2), (3) en (5) op die meer komplekse vlak lê, terwyl parameters (1), (4) en (7) in

die middel lê, met parameters (6), (8) en (9) op die eenvoudiger vlak. Die parameters wat op

die eenvoudiger skaal lê, hou verband met die teks soos deur Duran en Ramut (2006:51)

aangedui, terwyl dié wat op die meer komplekse vlak lê, spesifieke eise ten opsigte van die

641

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

wêreld, soos visuele ondersteuning en linguistiese konteks, en die taak, soos modaliteit, aan

die deelnemers stel.

Volgens Pica e.a. (1993) se klassifikasiesisteem is dit ’n kettingtaak:

Taak Inligtinghouer

Kettingtaak

Inligtingaanvraer

Inligtingverskaffer

Inligtingaanvraerverskafferverhouding

X en Y X en Y X en Y 2-rigting

(X tot Y en

Y tot X)

Interaksievereistes

Doeloriëntasie

+ benodig +

konvergent

Uitkomsopsie

Hierdie taak is gerig op ’n enkeldoelwit, naamlik ’n konvergente doel-oriëntasie en dus

uitkoms-opsie 1. Die dosent (X) en student (Y) moet by dieselfde doel-oriëntasie uitkom,

naamlik wat die prosedure is wat gevolg word wanneer die student nie die toets kan skryf nie.

Die student moet die inligting verstaan. In hierdie kettingtaak beskik die deelnemers oor dele

van die totale inligting wat benodig en uitgeruil moet word om saam te werk om die taak te

voltooi; dus X en Y. Die inligtingsvloei is tweerigting van dosent X na student Y en van

student Y na dosent X. Interaksie is absoluut nodig en word vereis, want die taak kan nie

voltooi word met die beskikbare inligting wat aan die deelnemers beskikbaar is nie. Die

student moet dus die inligting aan die dosent gee en verduidelik waarom hy nie die toets kon

skryf nie en die dosent moet verduidelik wat die student moet doen om uitstel daarvoor te

kry. Dié tipe taak bied die meeste geleenthede vir deelnemers om hulle verstaanbaar te maak

deur inligting te soek en antwoorde te verskaf. Tweerigtinginteraksie moet plaasvind. Die

kettingtaak genereer die meeste geleenthede vir deelnemers om te werk na begrip en

terugvoering en om die student se intertaalontwikkeling te bevorder – met ander woorde

suksesvolle tweedetaalverwerwing.

Aan die hand van Robinson (2007a:15–6) is die taakomstandighede soos volg: Op die

deelnemingsveranderlike vlak vind hier tweerigtingkommunikasie plaas, aangesien daar twee

deelnemers aan die dialoog is. Die uiteinde van die taak is ’n geslote antwoord met ’n

konvergente oplossing: die student moet die inligting wat die dosent oordra, verstaan.

Deelname deur beide die dosent en die student moet plaasvind en daarom is onderhandeling

nodig, sodat die taak suksesvol afgehandel kan word. Opsommend lyk die interaksionele eise

so: [- eenrigtingkommunikasie], [+ min deelnemers], [- oop antwoord], [+ konvergente

oplossing], [+ deelname nodig] en [+ onderhandeling nodig].

Op die deelnemersveranderlike vlak het die dialoogdeelnemers nie dieselfde

vaardigheidsvlak ten opsigte van Afrikaans nie. Hulle is nie van dieselfde geslag nie: daar is

een manstudent en een damesdosent wat aan die dialoog deelneem. Vir die doeleindes van

die taak het die dialoogdeelnemers gedeelde kulturele kennis. Hulle is bekend aan mekaar en

1

642

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

neem in die taak nie gelyke rolle en status aan nie. Hulle het nie gedeelde inhoudskennis nie,

want die student kom vind by die dosent uit wat hy moet doen om die uitsteltoets te kan

skryf. Opsommend lyk die interaktante eise so: [- dieselfde vaardigheid], [- dieselfde geslag],

[+ gedeelde kulturele kennis], [+ bekendheid], [- gedeelde inhoudskennis] en [- gelyke rolle

en status].

Die taakomstandighede lyk dus so:

Taak Deelnemingsveranderlike vlak

Interaksionele eise

- eenrigtingkommunikasie

+ min deelnemers

- oop antwoord

+ konvergente oplossing

+ deelname nodig

+ onderhandeling nodig

Deelnemersveranderlike vlak

Interaktante eise

- dieselfde vaardigheid

- dieselfde geslag

+ gedeelde kulturele kennis

+ bekendheid

- gedeelde inhoudskennis

- gelyke rolle en status

Die taakomstandighede toon dat die taak wel hoë interaksionele eise aan die

dialoogdeelnemers stel, want daar moet by ’n geslote antwoord en konvergente oplossing

uitgekom word. Die interaktante eise kan ook bepaalde uitdagings aan die dialoogdeelnemers

stel.

Na aanleiding van Robinson se generiese model (2005:8) vir kognitiewe kompleksiteit toon

die taak die volgende kognitiewe kompleksiteitskenmerke:

Die brongerigte kenmerke toon dat dit ’n lae vlak van ontwikkelingskompleksiteit het:

[+ min elemente]:

Die taak handel wel oor ’n verskeidenheid elemente, naamlik die skryf van ’n toets, ’n

musiekuitvoering in Engeland en ’n brief wat die student voor ’n spesifieke tyd moet bring.

’n Departementele vergadering, asook inligting rakende ’n uitsteltoets, word genoem. Al

hierdie aspekte hou egter nou verband met mekaar. Verwysings na tyd en plek kom voor.

Temporale verwysings word gemaak in: sin 11 (“Junie-maand”), sin 17 (“in die tyd wanneer

ons die toets moet skryf”), sin 28 (“In Julie iewers”) en sin 33 (“bring dit voor Donderdag”).

Daarteenoor word een ruimtelike verwysing gebruik, nl. in sin 11 (“Engeland toe te gaan”).

Hierdie temporale en ruimtelike verwysings word gebruik om tussen soortgelyke elemente te

onderskei en is belangrik vir die suksesvolle uitvoering van die taak. Dit is verder

taaknatuurlik dat die konstruksies in die dialoog gebruik sal word, omdat dit hier gaan om

temporale en lokatiewe verwysings (Loschky en Bley-Vroman 1993:136). Die elemente stel

nie hoë eise aan die studente nie; daarom die klassifikasie van [+ min elemente].

[+ min redenering]:

643

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar is ’n mate van redenering wat in die taak plaasvind, al word hoofsaaklik net inligting

oorgedra. Die student moet reëlings tref en aanpassings maak op grond van die antwoorde

van die dosent. Die taak vereis dus nie net die oordra van inligting nie, maar ook ‘n bietjie

redenering, want die student moet verduidelik hoekom hy nie die toets kan skryf nie.

Voorbeelde van kousale en intensionele redenering kom voor in: sin 18 (“Ek weet nie wat om

te doen nie”), sin 22 (“Dink u daar sal probleme wees?”), sin 25 (“Die departement behoort u

situasie simpatiek te hanteer”), sin 32 (“So, ek moet net ’n brief bring?”) en sin 33 (“want ons

vergader dan”). Die aard en omvang van die redenering wat vereis word om die taak te kan

uitvoer, dra egter nie by tot die komplekse aard van die taak nie en maak dat dit geklassifiseer

word as [+ min redenering].

[+ daar en dan]:

Die taak handel oor aspekte wat in die toekoms gaan plaasvind, daarom is dit noodsaaklik dat

die spesifieke grammatikale konstruksie van toekomende tyd gebruik word. Die musiektoer,

asook die uitsteltoets, is beide aspekte wat in die toekoms, naamlik Junie- en Juliemaand,

gaan plaasvind. Die taak vereis wel van die deelnemers om te praat oor sake wat in ’n

gedeelde konteks plaasvind. Die taak vind meestal in die teenwoordige tyd plaas (dit sal

natuurlik in die dialoog gebruik word), met enkele verwysings na die toekomende tyd (sinne

21, 22, 26 en 34). Verwysings na ander lokaliteite en tye kom in die dialoog voor, daarom die

klassifikasie van [+ daar en dan].

Die taak toon wat die hulpbronverspreidende kenmerke betref ’n lae vlak van performatiewe

kompleksiteit:

[+ beplanning]:

Die taak vereis wel ’n mate van beplanning, want die student moet beplan wat hy aan die

dosent gaan sê en hoe hy gaan reageer op die antwoorde van die dosent. Vir die doeleindes

van hierdie studie sal die taakdeelnemers beplanningstyd gegee word ten einde hulleself voor

te berei vir die taakuitvoering.

[+ parate kennis]:

Die taak as simulasie van ’n taalonderrigsituasie vereis dat die student enige parate kennis

waaroor hy mag beskik, moet gebruik, want hy praat oor ’n onbekende onderwerp: hy kom

vind juis uit wat hy moet doen. Hy gebruik die parate kennis wat hy het om na die

departement te kom en met die spesifieke dosent te praat. Hy verstaan verder die breë konteks

waarin die dialoog plaasvind. Die taakinstruksies sal ook sekere inligting oordra wat as parate

kennis beskou kan word wat die dialoogdeelnemers kan help in hul beplanning en uitvoering

van die taak. Die parate kennis wat aan die deelnemers verskaf word, saam met die parate

kennis waaroor hulle beskik, word gesien as faktore wat nie sal bydra tot verhoogde

kognitiewe kompleksiteit nie. Daarom die klassifikasie van [+ parate kennis].

[- enkeltaak]:

644

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die dialoog vereis ’n meervoudige uitvoer van take en is dus meer as ’n dubbeltaak. Die

student moet praat, luister en dink aan hoe hy gaan reageer op die antwoorde en die inligting

van die dosent. Intensiewe luister en praat is nodig, daarom die klassifikasie van [-

enkeltaak].

Die betrokke elemente plaas hierdie taak in kwadrant 1 van Robinson (2005:8) se model. Dit

stel met ander woorde lae performatiewe en ontwikkelingseise aan die deelnemers. Die taakkenmerke

[+ daar en dan] en [- enkeltaak] kom nie in hierdie kwadrant voor nie, wat toon dat

meervoudige take in ’n ander tyd uitgevoer moet word, wat die taak effens komplekser maak

ten opsigte van beide die hulpbrongerigte en die hulpbronverspreidende kenmerke. Dit stel

dus eise aan die aandagsbronne van die deelnemers.

Opsommend vertoon die taak die volgende kenmerke:

Taak Hulpbrongerigte kenmerke

(hoë

ontwikkelingskompleksiteit)

+ min elemente

+ min redenering

+ daar en dan 12

Hulpbronverspreidende

kenmerke

(lae performatiewe

kompleksiteit)

+ beplanningstyd

+ parate kennis

- enkeltaak

Kwadrant

Alhoewel die taak oorwegend sinne in die teenwoordige tyd bevat, is die fokus egter op sake

wat in die toekoms gaan plaasvind: “Ek sal dit tydens ons personeelvergadering stel” (sin 21);

“Dink u daar sal probleme wees?” (sin 22); en “Ek sal u Vrydag voor die lesing inlig” (sin

34). Daarom is dit noodsaaklik, volgens Loschky en Bley-Vroman (1993:138), dat dié

grammatikale struktuur gebruik word.

Alhoewel hierdie taak hoofsaaklik uit enkelvoudige sinne bestaan (wat dit minder kompleks

maak), kom ’n aantal komplekse sinstrukture wel voor. Die enkelvoudige sinne bestaan

meesal uit stelsinne, waarin die dosent aan die student verduidelik wat om te doen om die

uitsteltoets te kan skryf. Die taak neem verder die vorm van vraag en antwoord aan. Daarom

kom stelsinne en vraagsinne afwisselend voor, soos byvoorbeeld aan die begin van die taak,

waar die dosent uitvra oor die student se studies en hy dan daarop antwoord. Die student stel

hoofsaaklik in die res van die dialoog die vrae en die dosent gee die instruksies.

Die taak bevat verder komplekse sinne. Volgens Foster e.a. (2000) se analise van

spraakeenhede is onafhanklike bysinne aanduidings van kompleksiteit. In hierdie taak kom

neweskikkende sinne voor, waar twee of meer hoofsinne verbind word om die oordra van

inligting aanmekaar te ryg. Die skakelende neweskikker en word baie gebruik, byvoorbeeld

in: “bied ’n konsertuitvoering aan en ek is gekies” (sin 15), “Ek weet nie wat om te doen nie

en wil net hoor wat ek kan doen” (sin 18), “om die geleentheid te kry en ek dink nie die

departement” (sin 26) en “want ons vergader dan en dan kan ek dit sommer stel” (sin 33). In

1

645

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

sin 18 kom naas die infinitief ook ’n voorwerpsin voor ná die skakelende neweskikkende sin:

“Ek weet nie wat om te doen nie en wil net hoor wat ek kan doen”. In sin 9 kom die

teenstellende neweskikkende voegwoord maar voor: “Ek geniet my kursus, maar dit is

moeilik”. Ander sinne waarin dieselfde sinstruktuur voorkom, is: “Maar dit is ongelukkig in

die tyd” (sin 17) en “maar daar behoort nie probleme te wees nie” (sin 34). Sin 15 bevat

verder die infinitiefkonstruksie van rede: “om daar te gaan klavier speel”.

Verder gebruik die deelnemers ook afhanklike bysinne, wat dan ’n onderskikkende funksie

verrig. Volgens Michel (2011:102) se ondersoek is bysinne aanduidings van kompleksiteit,

veral in sinsdele waarin redenering voorkom. In hierdie bysinne word bykomende inligting of

byvoegings, soos rede of doel, gegee. Etlike onderskikkende konstruksies word gebruik. Sin

17 bevat ’n bywoordelike voegwoord van tyd: “wanneer ons die toets moet skryf”, wat ’n

tydsaanduiding gee. In sin 24 kom ’n byvoeglike bysin voor: “wat gereël moet word”, wat

meer inligting oor die “administratiewe sake” gee. Sin 33 bevat ’n bywoordelike bysin van

rede: “want ons vergader dan”, wat onmiddellik gevolg word deur die skakelende

neweskikker: “en dan kan ek dit sommer stel”. In sin 34 kom ’n byvoeglike bysin voor: “wat

die besluit is”, wat gevolg word deur die teenstellende neweskikkende sin: “maar daar

behoort nie probleme te wees nie”. Die behoort-konstruksie, wat ’n infinitiefkonstruksie tot

gevolg het, kom ook in etlike sinne voor: “Die departement behoort u situasie simpatiek te

hanteer” (sin 25) en “maar daar behoort nie probleme te wees nie” (sin 34). In sin 11 kom

twee infinitiefsinne voor: die eerste een is ’n aanduiding van plek en ruimte: “om Juniemaand

Engeland toe te gaan” en die tweede gedeelte dui rede aan: “om aan ’n uitvoering deel

te neem”.

Bogenoemde grammatikale strukture is voorbeelde van taaknoodsaaklikheid, omdat dit

belangrik is om die taak daarmee te voltooi (Loschky en Bley-Vroman 1993: 138). Die

taakontwerper sal dus die taak so moet ontwerp dat die strukture só duidelik is dat die

studente aandag daaraan sal skenk.

Wanneer na die sintaktiese kompleksiteit gekyk word, is daar ’n korrelasie met die dele in die

taak waarin redenering plaasvind, soos bewys in die volgende voorbeelde: “Ek weet nie wat

om te doen nie en wil net hoor wat ek kan doen” (sin 18); “Dink u daar sal probleme wees?”

(sin 22); en “Ja, bring dit voor Donderdag, want ons vergader dan” (sin 33). Hierdie sinne

bevat almal logiese subordinate as deel van kousale en intensionele redenering. Michel

(2011:102) voer aan dat die gebruik van voegwoorde, soos hier bo bespreek, verband hou met

die mate van redenering in ’n taak.

Uit voorgaande ontleding kan afgelei word dat hierdie taak dus oorwegend sintakties

kompleks is.

4.3 Gevolgtrekking

Wanneer na die gesamentlike bevindings van die multiperspektiefbenadering gekyk word, is

hierdie teikentaak oorwegend kompleks; volgens Van Avermaet en Gysen (2006:37) moet

die taak op die herstruktureringsvlak geprosesseer word. Die kompleksiteitsgrafiek, opgestel

646

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

na aanleiding van Duran en Ramaut (2006:51) se parameters, toon dat dit na die meer

komplekse kant neig. Nadat Pica e.a. (1993) se taaktipologie gebruik is, is die taak

geklassifiseer as ’n kettingtaak, wat die meeste geleenthede bied vir intertaalontwikkeling,

terwyl die taakomstandighede na aanleiding van Robinson (2007a:15–6) wel interaktiewe

eise stel. Volgens Robinson (2005:8) se kognitiwiteitsanalise is dit nie so kompleks nie, want

dit is ’n kwadrant 1-taak, maar die sintaktiese analise aan die hand van Foster e.a. (2000) se

AS-eenhede, Michel (2011) en Loschky en Bley-Vroman (1993) wys dat die taak oorwegend

kompleks is.

Die multiperspektiefbenadering toon die tipiese taalgebruiksituasies wat tussen studente en

dosente op kampus plaasvind, soos byvoorbeeld hoe om met dosente te praat, hoe om

vergelykings te kan maak, hoe om afsprake te maak en hoe om te motiveer en redes te gee. In

bostaande illustrasie is die tipiese taalgebruiksituasie onder meer om te vra vir toetsuitstel en

die gee van instruksies – tipiese situasies waarmee studente en dosente gereeld op kampus te

doen kry. Die aantoon van die tipiese taalgebruiksituasies en taaltake beteken dat studente

hierdie tipe-take in hulle onmiddellike kampusomgewing kan gebruik. Dit is dus relevant vir

studente en voldoen aan die behoefte-analise van generiese akademiesinteraktiewe taal.

Daar kan verder gekyk word in watter mate die verskillende teoretiese benaderings mekaar

ondersteun of weerspreek. In bostaande illustrasie ondersteun die teoretiese benaderings

hoofsaaklik mekaar. Verdere navorsing oor ooreenkomste en verskille kan nog onderneem

word, soos die ooreenkomste wat die taaktipologie en taakomstandighede betref.

Omdat bogenoemde voorbeeld oorwegend as kompleks aangedui word, kan die afleiding

gemaak word dat dit hoofsaaklik later as ander kwadrant 1-take in die sillabus geplaas sal

word. Die taak kan voorts gemanipuleer word om dit eenvoudiger of komplekser te maak ten

einde ’n ordening daarvan in die klaskamer oor etlike weke te verseker.

5. Ten slotte

Uit die aanwending van die multiperspektiefbenadering kan verskillende take ontleed word

ten einde te help om die volgorde van take in ’n sillabus te bepaal. Dit is dus nuttig by die

ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus.

Uit die artikel is dit duidelik dat die taakgebaseerde benadering die belangrikheid van

behoefte-analises as beginpunt vir die gradering en ordening van take beklemtoon. Die

behoefte-analises het hoofsaaklik Van Avermaet en Gysen (2006) se navorsing oor tipe-take

gebruik gemaak omdat hulle van mening is dat take wat eenders is, saamgegroepeer moet

word in ’n sillabus. Voorts toon die behoefte-analises watter take noodsaaklik is in spesifieke

situasies en die kwalitatiewe taalbeheersingsvlak, soos herstrukturering of evaluering, wat

bereik moet word in die uitvoering van die take. Duran en Ramaut (2006) se

kompleksiteitskaal is gebruik om te toon hoe take van minder kompleks na meer kompleks

gegradeer en georden kan word. Die gebruik van Pica e.a. (1993) se taaktipologie toon die

verskillende moontlikhede vir taalaanleer, met die kettingtake wat die meeste geleenthede tot

interaksie en dus tweedetaalleer bied. Hierdie klassifikasie van take het ten doel om ’n bydrae

647

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

te lewer tot die gradering en ordening van take. Daar is voorts ’n vergelyking getref met

Robinson se taalomstandighede in die praktiese toepassing daarvan in afdeling 4.2. Daar kan

uit die bespreking van die kognisiehipotese van Robinson (2005; 2007a) afgelei word dat dit

’n bruikbare taksonomiese stelsel vir taakklassifikasie is. Robinson is van mening dat take op

grond van kognitiewe kompleksiteit georden moet word. Hy betoog verder vir ’n rasionaal vir

die gradering en ordening van take op grond van kognitiewe kompleksiteitskenmerke, wat

gemanipuleer kan word om ’n spesifieke uitkoms te bereik. Daar is laastens na sintaktiese

kompleksiteit gekyk. Die navorsing van Foster e.a. (2000) is onder meer gebruik om te

argumenteer vir ’n rasionaal vir die sintaktiese ontledings van take ten einde te help in die

gradering en ordening van take. Uit die sintaktiese ontledings kan fokus op vorm of

grammatikale onderrig ontwikkel word.

Die doel van die artikel was om te toon hoe verskillende benaderings tot taakkompleksiteit

binne die taakgebaseerde sillabus in samehang en aanvullend tot mekaar gebruik kan word in

die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus. Die praktiese toepassing het ten doel om te toon

hoe ek dit in die praktyk toegepas het in die ontwerp van ’n sillabus vir universiteitstudente.

Die multiperspektiefbenadering is in die breë navorsingsondersoek op tien student-studentteikentake

en tien student-dosent-teikentake toegepas ten einde ’n taakgebaseerde sillabus vir

universiteitstudente te ontwerp (Adendorff 2012). Die doelwitte van daardie studie sluit in die

daarstel van ’n verantwoordbare model vir taakgebaseerde onderrig, ’n taksonomie van take

vir die aanleer van Afrikaans aan ’n universiteit, ’n ordening van daardie take, en ’n

uiteensetting van dié take se vaardighede en inhoud.

Die multiperspektiefbenadering is in die breë navorsingsagenda gevolg ten einde

bogenoemde vier doelwitte te kan bereik, omdat daar betoog is vir ’n konsolidasie van

verskillende benaderings oor taakkompleksiteit. Die navorsing wat vir daardie studie

onderneem is, argumenteer aan die hand van verskillende benaderings dat die ontledings van

die komponente van taakkompleksiteit binne die taakgebaseerde sillabus in samehang en

aanvullend tot mekaar, eerder as in isolasie, gebruik moet word in sillabusontwerp. Die doel

was om die verskillende interaksiemodelle te gebruik om ondersoek te doen na die wyse

waarop pedagogiese taakkenmerke in ’n sillabus georden kan word om die optimale leer en

onderrig van Afrikaans as tweede taal binne ’n universiteitsopset te verseker.

Bibliografie

Adendorff, E. 2010. ’n Behoefte-analise as eerste fase in die ontwerp van ’n taakgebaseerde

sillabus vir Afrikaans-tweedetaalonderrig op universiteit. LitNet Akademies, 7(2):220–40.

http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_7_2_adendorff.pdf.

Adendorff, E.M. 2012. Kompleksiteit in taakgebaseerde onderrig en leer van Afrikaans as

tweede taal binne universiteitskonteks. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Stellenbosch:

Universiteit van Stellenbosch.

648

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Brown, J.D. 2009. Foreign and second language needs analysis. In Long en Doughty (reds.)

2009.

Council for Cultural Co-operation Education Committee Modern Languages Division,

Strasbourg. 2001. Common European framework of reference for languages: Learning,

teaching, assessment. Cambridge: Cambridge University Press.

Crookes, G. en S.M. Gass (reds.). 1993. Tasks in a pedagogical context. Clevedon:

Multilingual Matters.

Duran, G. en G. Ramaut. 2006. Tasks for absolute beginners and beyond: Developing and

sequencing tasks at basic proficiency levels. In Van den Branden (red.) 2006.

Ellis, R. 2003. Task-based language learning and teaching. Oxford: Oxford University Press.

Foster, P., P. Tonkyn en G. Wigglesworth. 2002. Measuring spoken language: A unit for all

reason. Applied Linguistics, 21(3):354–75.

Garcia Mayo, M.P. 2000. English for specific purposes: Discourse analysis and course

design. Bilbao: Servico Editorial, Universidad del Païs Vasco/Euskal.

Garcia Mayo, M.P. (red.). 2007. Investigating tasks in formal language learning. Clevedon:

Multilingual Matters.

Gilabert, R. 2008. Manipulating task complexity: implications for task and syllabus design,

production and acquisition. Toespraak gelewer op 18 April by ANELA in Leiden.

https://www.surfgroepen.nl/sites/expertisecentrum-mvt/SharedDocuments/AbstractsAnela

(10 Junie 2008 geraadpleeg).

Housen, A. en F. Kuiken. 2009. Complexity, accuracy and fluency in second language

acquisiton. Applied Linguistics, 30(4):461–73.

Kuiken. F. en I. Vedder. 2004. De relatie tussen cognitieve taakcomplexiteit en linguïstische

performance bij het schrijven in T1 en T2. Toegepaste Taalwetenschap in Artikelen, 72:23–

32.

Larsen-Freeman, D. 2009. Adjusting expectations: the study of complexity, accuracy, and

fluency in second language acquisition. Applied Linguistics, 30(4):579–89.

Long, M.H. 2005. Second language needs analysis. Cambridge: Cambridge University Press.

Long, M.H. en G. Crookes. 1993. Units of analysis in syllabus design: The case for task. In

Crookes en Gass (reds.) 1993.

—. 2009. Three approaches to task-based syllabus design. In Van den Branden, Bygate en

Norris (reds.) 2009.

649

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Long, M.H. en C.J. Doughty (reds.). 2009. The handbook of language teaching. Chichester:

Wiley-Blackwell

Loschky, L. en R. Bley-Vroman. 1993. Grammar and task-based methodology. In Crookes en

Gass (reds.) 1993.

Michel, M.C. 2011. Cognitive and interactive aspects of task-based performance in Dutch as

a second language. Oisterwijk: Uitgeverij BOXPress.

Norris, J.M. en L. Ortega. 2009. Measurement for understanding: An organic approach to

investigating complexity, accuracy, and fluency in instructed SLA. Applied Linguistics,

30(4):555–78.

Nunan, D. 2010. Task-based language teaching. Londen: Cambridge University Press.

Ortega, L. 2003. Syntactic complexity measures and their relationship to L2 proficiency: A

research synthesis of college-level L2 writing. Applied Linguistics, 24(4):492–518.

Pica, T., R. Kanagy en J. Falodun. 1993. Choosing and using communication tasks for second

language instruction. In Crookes en Gass (reds.) 1993.

Pütz, M. en L. Sicola (reds.). 2010. Cognitive processing and second language acquisition:

Inside the learner’s mind. Amsterdam en Philadelphia: John Benjamins Publishing Company.

Robinson, P. 1998. State of the art: SLA theory and second language syllabus design. The

Language Teacher Online, 22(4). (12 Maart 2009 geraadpleeg).

Robinson, P. (red.). 2001a. Cognition and second language instruction. Cambridge:

Cambridge University Press.

—. 2001b. Individual differences, cognitive abilities, aptitude complexes and learning

conditions in second language learning. Second Language Research, 17(4):368–92.

—. 2001c. Task complexity, cognitive resources, and syllabus design: A triadic framework

for examining task influences on SLA. In Robinson (red.) 2001a.

—. 2001d. Task complexity, task difficulty, and task production: Exploring interactions in a

componential framework. Applied Linguistics, 22(1):27–57.

—. 2003. The cognition hypothesis, task design, and adult task-based language learning.

Second Language Studies, 21(2):45–105.

—. 2005. Cognitive complexity and task sequencing: Studies in a componential framework

for second language task design. International Review of Applied Linguistics in Language

teaching, 43(1):1–32.

650

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2007a. Criteria for classifying and sequencing pedagogic tasks. In Garcia Mayo (red.)

2007.

—. 2007b. Task complexity, theory of mind, and intentional reasoning: Effects on L2 speech

production, interaction, uptake and perceptions of task difficulty. International Review of

Applied Linguistics in Language Teaching (IRAL),45(3):193–213.

—. 2009a. Syllabus design. In Long en Doughty (reds.) 2009.

—. 2009b. Task demands, speech production, interaction and second language learning:

Cognitive task analysis for instructional design theory. Referaat gelewer op 8 Februarie by

die 11de Temple Universiteit se Toegepaste Linguistiek Colloquium.

www.tuj.ac.jp/newsite/main/tesol/events/20090208b.html (24 Junie 2009 geraadpleeg).

—. 2010. Situating and distributing cognition accross task demands: The SSARC model of

pedagogic task sequencing. In Pütz en Sicola (reds.) 2010.

Robinson, P. en R. Gilabert. 2007. Task complexity, the cognition hypothesis and second

language learning and performance. International Review of Applied Linguistics in Language

Teaching (IRAL),45(3):161–76.

Samuda, V. en M. Bygate. 2008. Tasks in second language learning. Basingstoke: Palgrave

Macmillan.

Van Avermaet, P. en S. Gysen. 2006. From needs to tasks. Language learning needs in a taskbased

approach. In Van den Branden (red.) 2006.

Van den Branden, K. (red.). 2006. Task-based language education: From theory to practice.

Cambridge: Cambridge University Press.

Van den Branden, K., M. Bygate en J.M. Norris (reds.). 2009. Task-based language teaching.

A reader. Amsterdam en Philadelphia: John Benjamins Publishing Company.

Willis, D. en J. Willis. 2007. Doing task-based teaching. Oxford: Oxford University Press.

Eindnotas

1 Dit is ’n teorie tot oor taalleer én taalonderrig wat rondom take georganiseer is en nie

volgens taalstrukture nie.

2 AS-eenhede is hoofsaaklike eenhede wat gepas is as eenhede vir analises. Dit is ’n

enkelpersoonsuiting wat bestaan uit ’n onafhanklike klousule (hoofsin) saam met enige ander

subordinaat-klousule (bysin) wat daarmee verbind kan word.

3 Teikentake is take wat in die werklike wêreld voorkom, soos byvoorbeeld om ’n

vliegkaartjie te bespreek.

651

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

4 Pedagogiese take is take wat so ontwerp is dat dit kommunikatiewe taalgebruik in die

klaskamer ontlok Dit hoef nie ooreen te stem met teikentake nie, maar moet wel aanleiding

gee tot patrone van werklikewêreld-taalgebruik.

5

Behoefte-analise binne die taakgebaseerde teorie is bespreek in ’n artikel wat in 2010 in

LitNet Akademies verskyn het (Adendorff 2010).

6 Common European Framework for References of Languages.

7 Die driepuntskaal van Duran en Ramaut (2006) is behou soos hulle dit in hul navorsing

gebruik het. Nadat die driepuntkompleksiteitskaal in die breë navorsingsondersoek gebruik

en toegepas is, is die afleiding gemaak dat dit iewat te elementêr is en verdere verfyning

benodig.

8 Dit is die proses waardeur twee of meer gespreksgenote ’n kommunikatiewe onduidelikheid

identifiseer en dan poog om dit op te los. Dit hoef nie tot gesamentlike begrip te lei nie.

9 ’n Intertaal is ’n taalvorm wat tussen die eerste taal en die tweede of addisionele taal is. Dit

is ’n strategie wat taalaanleerders gebruik om hulle te help by die aanleer van die tweede taal.

Dit bevat sy eie vorm van “reëls” wat afwyk van die teikentaal, maar is intern eenvormig.

10 BICS: Basic interpersonal communicative skills.

11 CALP: Cognitive academic language proficiency.

12 Die kenmerke wat nie tipies in kwadrant 1 voorkom nie, word vetgedruk om dit te

beklemtoon, aangesien dit gebruik is vir die gradering en ordening van die taak in die

sillabus.

652

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850

Archie L. Dick

Archie L. Dick: Departement van Inligtingkunde, Universiteit van Pretoria

Hierdie artikel ondersoek die leeskulture van vroeë Kaapse gewone lesers (slawe, vryswartes,

en arbeiders ná vrystelling in 1838) met die oog daarop om aan te toon hoe hulle

geletterdheidspraktyke gebruik het om hulself en hulle wêreldbeskouings voor te stel. Dit is

’n nog onontwikkelde terrein en die artikel open ’n veld van ondersoek wat meer volledig

nagevors kan word. Michel de Certeau (1984) se idees omtrent strategieë en taktiek verskaf

’n gerieflike teoretiese raamwerk om magsverhoudings in leeskulture te ondersoek. Sy idees

suggereer egter ’n sterker kontras tussen strategieë en taktiek as wat in die praktyk bevestig

word. Die getuienis in hierdie artikel dien as toets vir sy teoretiese raamwerk. Primêre en

sekondêre bronne soos inventarisse, veilingslyste, sensusse, amptelike rekords, ’n slaaf se

aantekeningboek, en gedokumenteerde studies wat met die onderwerp van die artikel verband

hou, word benut. Data uit hierdie bronne word ontleed, geїnterpreteer en in tabelle aangebied

om die doelwitte van die artikel te ondersteun. Ons het tot nou nie ten volle begryp hoe

gewone lesers geleer lees het, wat hulle gelees het, waarom hulle gelees het, hoe hulle gelees

het, waar hulle gelees het en die tale waarin hulle gelees het nie. Hulle leeskulture was

verskuil agter hulle status en die skoolopleiding in die vroeë koloniale Kaapstad, die

onderdrukking van die uitruil van idees deur elites van die VOC en die Britte, en hulle

voortgaande ekonomiese uitbuiting. Ten spyte van sulke strategieë het gewone lesers

verskillende taktieke gebruik om alternatiewe wêreldbeskouings te skep. De Certeau se

leesstrategieë en -taktieke tree in wisselwerking met mekaar om verskillende leeskulture te

kweek wat deur tyd en plek gevorm is.

Trefwoorde: gewone leser; leeskultuur; vryswartes; Khoisan; werkersklasse

Abstract

Common readers at the Cape, c. 1650 to 1850

This article examines the reading cultures of Cape Town’s slaves, free blacks, and labourers

(after emancipation in 1838) as common readers. It covers the period from about 1650 to

1850 and reveals how these common readers used literacy practices to represent themselves

and their world views. The history of reading is still undeveloped terrain in South African

scholarship, and the article aims to introduce common readers and their reading cultures as

areas of inquiry that should be investigated further.

Michel de Certeau’s (1984) ideas about strategies and tactics provide a useful theoretical

framework to examine power relations in the reading cultures of common readers. Examples

653

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

of literacy strategies and their relations with literacy and reading tactics are identified and

discussed. Evidence from the period under study suggests that De Certeau’s contrast between

strategies and tactics are perhaps too stark and that, in fact, they tend to act upon each other

more strongly in practice. The article therefore also raises questions about this aspect of his

theoretical framework.

Primary and secondary sources draw on inventories, auction lists, censuses, official records, a

slave’s notebook, and documented studies relating to the topic. Data from these sources are

analysed, interpreted and presented in tables to support the aims of the article. A special

methodological feature is the use of records of organisations and institutions that provide

evidence of reading. The Dutch East India Company (DEIC or VOC), a Slave Lodge school,

Muslim religious schools, missionary societies, and book and tract societies proved fruitful

for finding this evidence.

The notebook of a slave teacher, Johannes Smiesing, sheds light on the kind of literacy and

numeracy instruction taught in the Slave Lodge school. The notebook contains sections on

personal and family information, writing and reading, examples of arithmetic, a morning

hymn, and medical remedies in Tamil. The focus for the purposes of this article is, however,

the reading and writing uses of the notebook, and the way in which the VOC combined

religious and secular elements in its education policy for the slave lodge children.

We have not fully understood how common readers learned to read, what they read, why they

read, how they read, where they read, and the languages in which they read. The evidence

gathered for this article begins to explain some of these literacy practices, as well as how

common readers responded to attempts to guide and control their intellectual development.

Religious competition contributed to a general improvement of basic literacy skills among

Cape Town’s common people. They developed their own reading cultures and shaped

alternative world views, which helped them to claim their own identities in Cape society.

Their reading cultures were hidden behind their status and schooling in early colonial Cape

Town, the suppression by VOC and British elites of the circulation of ideas, and their

economic exploitation. Despite the literacy and reading strategies of these powerful elites,

common readers used tactics to represent themselves and create their own accounts of their

histories. The elites could not control all the communications and circulation of ideas. On the

other hand, their world views helped to shape the alternative world views of common readers.

This shows how De Certeau’s reading strategies and tactics act upon each other to nurture

distinctive reading cultures shaped by time and place.

Key words: common reader; reading culture; free blacks; Khoisan; working classes

1. Inleiding 1

In 1680 het Louis van Bengale in ’n Kaapse hof verduidelik dat hy hout in ’n ongemagtigde

gebied gekap het omdat hy “onnoosel te weesen vermits niet leesen kan” – hy was oningelig

omdat hy nie die plakkaat kon lees wat hierdie verbod bevat het nie (Hattingh 1981:22). Die

hof het nie sy verontskuldiging aanvaar nie, omdat slawe en vryswartes (vrygestelde slawe)

dikwels hulle leesvermoëns onderbeklemtoon het met die hoop dat hulle ’n ligter straf sou

ontvang. Louis het goeie rede gehad om sy leesvermoë weg te steek, want ’n erkenning van

654

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

skuld sou ’n boete meebring, en die winsgedrewe Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie

(VOC) kon uit sulke strawwe geld maak. ’n Plakkaat wat in 1709 uitgevaardig is, het

inderdaad die vernietiging of verwydering van plakkate in die plattelandse distrikte verbied

(Jeffreys en Naudé 1948:13; Statute Law 1862:xxiii). Die VOC het plakkate en ander

amptelike kennisgewings in gewilde omgewings laat aanbring sodat almal die plakkate en

ander skriftelike mededelings kon sien en sodat niemand onkunde omtrent regulasies as

verskoning kon voorhou nie.

Die leeskulture aan die Kaap die Goeie Hoop wat teen 1700 die verbeelding van sommige

slawe aangegryp het, het die lees van boeke ingesluit. In ’n weddenskap en uiteindelik ’n

argument tussen Dawid van die Coromandelkus en Klaas van Malabar het Dawid beweer dat

hy die boeke kon lees wat hulle op die boekrak van die vryburger Pieter Jansz van

Marsseveen gevind het (Biewenga 1996:115–9).

Geen studies van die leeskulture van gewone lesers soos dié wat al in ander lande uitgevoer is

(Altick 1957; Lyons en Taksa 1992; Rose 2001; Zboray en Saracino Zboray 2006), is nog

plaaslik onderneem nie. Die betekenis van die begrip die gewone leser word gewoonlik

gekoppel aan die idee van nuutgeletterde lesers uit die werkersklasse. ’n Onlangse

versameling ondersoeke verbreed die omvang van die begrip deur verskillende soorte gewone

lesers “across class and social barriers” (Palmer en Buckland 2011:3) in te sluit. Hierdie

nuwe benadering sluit egter nie die idee uit van die mag van gewone lesers om, onder

moeilike omstandighede, betekenis en identiteit aan hulle eie lewens te gee nie. In ’n essay

oor die gewone leser in die 19de-eeuse Suid-Afrika spekuleer Varley (1952:110) dat

materiële omstandighede en swak onderwys die redes mag wees waarom slegs enkele

“Coloured, African or Indian inhabitants of South Africa were able to benefit to any

appreciable extent from the book and library resources of the country”. Die onderhawige

artikel toon aan dat gewone lesers ten spyte van sulke ontbering altyd deel was van die Kaap

se leespubliek. Dit werp lig op die leeskultuur van die slawe, vryswartes en Khoisan-werkers

van 1680 tot 1850, toe die geletterdheid van die Kaapse werkersklasse vir die eerste keer

opgeteken is. 2

Slawe het feitlik uit die staanspoor van die VOC-nedersetting deel van die werkers gevorm,

en tot 1808 is ongeveer 63 000 as goedkoop arbeiders ingevoer, wat van die Kaap die Goeie

Hoop ’n slawekolonie gemaak het. Die slawe het die hoofbestanddeel van die werksmag aan

die Kaap uitgemaak. Hulle was huisbediendes en tuinwerkers, en het in die algemeen die

vuilste en swaarste werk in die nedersetting verrig (Ross 1980). Sommige slawe was van die

suidwestelike Indiese Oseaan afkomstig – hoofsaaklik Madagaskar en Mosambiek – en hulle

is binne die netwerk van slawehandel wat die Indiese Oseaan met die Rooisee verbind het,

verhandel. Ander was afkomstig van Indië en Ceylon (die huidige Sri Lanka) en is óf direk

oor die Indiese Oseaan daarvandaan vervoer óf is van hulle tuislande per skip na Batavia in

Java geneem en toe terug oor die Indiese Oseaan na die Kaap vervoer. Dié van Oos-Indië het

vanaf die menigte eilandstate wat oor die argipel versprei is, gekom, en ’n klein getal van die

Maleisiese Skiereiland (Ward 2012).

655

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Slawe het bediendes geword, en so ook die meerderheid van die werkende armes ná hulle

vrystelling in 1838. Slawe aan die Kaap was die privaat besit van Kompanjie-amptenare,

vryburgers en vryswartes. Die VOC se slawe is in die slawelosie gehuisves. Vryswartes was

meestal vrygestelde slawe en bannelinge wat deur die VOC na die Kaap gestuur is as straf vir

misdade wat in Batavia gepleeg is. Baie van hulle het ná die vrystelling opwaarts deur die

sosiale en ekonomiese range beweeg, en sommiges het self welgestelde eienaars van slawe

asook van ander eiendom en goedere, wat boeke ingesluit het, geword. Die meerderheid het

egter nie dié opgang gesmaak nie en het baie soorte diskriminasie en ’n ambivalente regstatus

beleef (Böeseken 1977; Stempowski 2006). Die vryswartgemeenskap was kompleks en het

verskillende veranderinge ondergaan in die periode onder bespreking. ’n Aantal wette in die

tweede helfte van die 18de eeu was byvoorbeeld diskriminerend teen vryswartes, maar daar is

ietwat van ’n debat oor of die diskriminasie meer op grond van status as op grond van ras was

(Baartman 2012:74-6; Elphick en Shell 1990).

Die leeskulture van die slawe, vryswartes en arbeiders in die vroeë Kaap vertel ons nie net

waarvan hierdie mense gehou het nie, maar ook wie hulle was en hoe hulle die wêreld

verstaan het. Geletterde slawe het teen die middel van die 19de eeu skrywer-sekretarisse vir

ongeletterde medeslawe geword, asook deelnemers aan internasionale briefnetwerke,

onderwysers in die VOC se slawelosie, lede van leesverenigings, en lesers van koerante

asook van Charles Dickens en ander skrywers. Maar waar het hierdie tradisie van lees en

skryf vandaan gekom, en waar en hoe het hulle die grondslae van lees en skryf geleer? En

hoe moet ons hulle leeskulture verstaan en verklaar?

2. Leeskulture, strategieë en taktiek

Leeskulture gaan oor meer as bloot die plekke en ruimtes waar lees plaasvind. Leeskulture is

kulturele stelsels wat verskeie elemente omvat, soos hoe om tekste te dekodeer, waar lees

plaasvind, om te kies om hardop te lees, uitsoek wat gelees behoort te word al dan nie,

wanneer lees gebeur, wie die lede van die leesgemeenskappe is, en watter motiewe lees

aandryf. Met ander woorde, leeskulture bevat sosiale en kulturele dimensies en elemente

(Johnson 2003; 2010). Verskeie van hierdie elemente kan in die leeskulture van die gewone

mense van die vroeë Kaap gevind word. Lees- en skryfkulture behoort ideaal gesproke saam

bestudeer te word (Delmas 2011; Lyons 2010:8–9). Hierdie artikel sluit voorbeelde van

skryfpraktyke in, maar konsentreer meer spesifiek op lees.

Nuwe benaderings tot geletterdheidstudies en nuwe maniere om getuienis van lees en skryf te

vind maak dit moontlik om die verborge stories van gewone lesers op te diep en te vertel

(Colclough 2007:1–28; Darnton 2009:149–73; Prinsloo 2008). Ek vind Michel de Certeau

(1984) se onderskeid tussen “strategieë” en “taktiek” nuttig om sommige van die

magsverhoudings in leespraktyke te verklaar. Volgens De Certeau is “strategieë” instellings

en magstrukture, soos ’n besigheid, ’n leër, ’n stad, en ’n wetenskaplike instelling wat

verhoudings met kliënte, vyande, die platteland, en objekte van navorsing uit hierdie terreine

of “plekke” bestuur. Een so ’n “strategiese plek” aan die vroeë Kaap was die VOC se

656

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

slawelosie-skool, wat as gevolg van sy mag spesifieke soorte kennis as neutraal, onafhanklik

of onbetrokke voorstel.

Teenoor “strategieë” staan “taktiek”, wat die ruimtes is wat mense vir hulleself in die

strategiese plekke skep. ’n Taktiek is die kuns van die swakke om die ruimte van die magtige

op vindingryke en vernuftige maniere te gebruik. De Certeau (1984) gebruik die voorbeeld

van iemand wat in ’n stad stap waarvan die planne en straatkaarte die gevolg van die

strategiese maneuvrering van regerings, korporasies en ander institusionele liggame is. Die

stapper neem “taktiese” kortpaaie, óf wandel doelloos rond ten spyte van die gevestigde

uitleg van die strate. Soos stap, oortree lees in die alledaagse lewe op die gebied van andere.

Lees is met ander woorde soos stropery, en deur die gebruik van taktiek dink die leser van

tekste iets anders uit as wat die skrywer bedoel het. Die leser kombineer fragmente in die teks

om iets “onbekends” in die skrywer se ruimte te skep wat ’n “indefinite plurality of

meanings” toelaat (De Certeau 1984:169). Die Kaap se gewone lesers het hierdie taktiek

gebruik om alternatiewe identiteite, lewenstyle en wêreldbeskouings te skep.

3. 18de-eeuse letterkundige praktyke

Dit is moeilik om getuienis van die vermoë van slawe en vryswartes om te lees en skryf te

vind, maar nie onmoontlik nie. Hulle handtekeninge in Romeinse en Arabiese letters asook as

Chinese karakters op amptelike dokumente was nie ongewoon nie, maar geensins algemeen

nie, veral nie in die 17de en 18de eeue nie (Armstrong 2012:126; Cornell en Malan 2005:44;

Harris 1977:170–1; Worden 2004:74). En hoewel baie Moslems hulle testamente met kruisies

onderteken het, was daar ’n paar wat in Arabies kon lees en skryf, want die lees van die

Koran in Arabies was vir hulle belangrik (Dangor 1994; Haron 2006; Ward 2012:85-90). Ook

vir die periode voor die 19de eeu is daar getuienis van briewe en notas wat deur slawe en

vryswartes geskryf is.

In 1719 het Jonas ’n nota aan sy eienares geskryf en haar versoek om hom ’n amptelike

vryheidsbrief te vergun. Toe sy weier, het Jonas geantwoord: “Dan sal ek nie langer goed

doen nie.” Kort daarna het Jonas probeer om haar te vermoor en is hy gearresteer en tot ’n

wreedaardige dood gevonnis (Worden en Groenewald 2005:78-83). ’n Groep slawe het in

1786 beplan om so ver as “die land van die Xhosa” te kom, waarvoor hulle die vryswarte

Valentyn van Dapoer gebruik het om ’n pasbrief te vervals. 3 Dit het gedurende die oorsteek

van ’n rivier verlore geraak en die groep het teruggekeer en ’n skoolkind oorreed om in plaas

daarvan twee briewe te kopieer wat deur een van die ontsnappende slawe gedikteer is

(Worden en Groenewald 2005:547-8).

Ontsnappendes het ook geestelike geskrifte vir God se beskerming geskryf. In 1717 het ’n

Christelike slaaf, wat herarresteer is en uiteindelik doodgeslaan is, ’n psalmboek by hom

gehad – waarskynlik ’n gesangeboek (Biewenga 1999:171). Weggeloopte Moslem-slawe,

daarenteen, het gelukbringertjies as talismans vir Allah se beskerming teen gevangeneming

gedra en ook om enige wonde te heel wat hulle mag opdoen. Hierdie gelukbringertjies, of

657

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

azeemats,is gedra of êrens op iemand se persoon weggesteek in stede daarvan om gelees te

word. Ontsnapte slawe se briewe aan ander slawe is ook weggesteek, maar is soms deur die

VOC-owerheid ontdek. 4 In 1705 het slawe wat van skepe wat op pad na Europa was, ontsnap

het, aan hulle vriende in die slawelosie geskryf omtrent “die groot verskil tussen vryheid en

slawerny”. 5

’n Meer onskuldige brief wat deur ’n siek slaaf, Upas, in die Boeginese taal geskryf is en hulp

van September van Boegies versoek het, het egter tragiese gevolge gehad. Die brief is in

September, wat ’n plaaslike reputasie as dokter gehad het, se houtkis ontdek. Die owerhede

was nie so danig besorg oor die inhoud van die brief nie as oor die vrees dat sameswerings

sou volg uit die lees en stuur van briewe tussen slawe, veral in tale wat die owerhede nie

verstaan nie (Koolhof en Ross 2005:305).

Briewe het dikwels etniese en taalkundige identiteite behou. Die slawe Leander de Saram en

Louis Perera het in Maart 1709 verskeie briewe in Singalees aan mense in Colombo en Punto

Gale geskryf. Dit is deur die Swellendamse distrikslanddros onderskep en toe per skip na

Ceylon gestuur (Liebenberg 2009). Die verbanne vryswarte Nicolas Ondaatje, wat in 1727 in

die Kaap aangekom het, was voorheen ’n skrywer, boekhouer en tolk vir ’n prediker in

Colombo in Ceylon. Hy was goed opgevoed en kon vlot Tamil, Singalees en Nederlands

praat en skryf. Aan die Kaap het Nicolas die kinders van De Jager-, Malherbe- en Haarhofvryburgerfamilies

onderrig (Cornell en Liebenberg 2008). In ’n gedenkboek het hy meer as

vyftig briewe van familie en vriende, wat in die 1720’s en 1730’s in Tamil geskryf is,

nagelaat. In die bokantste linkerhoek van elke brief het hy die naam en plek van verblyf van

elke sender geskryf, byvoorbeeld: “van my moeder Joliana Ondaatie Colombo”. Meer

onlangs het Susan Newton King (2012) die netwerk van korrespondensie van 1728 tot 1733

tussen Arnoldus Koevoet, Anna Rebecca van Bengale en sewe korrespondente in

Amsterdam, Colombo en Batavia ontdek.

Twee boeke onder Ondaatje se besittings is ná sy dood in November 1737 opgeveil. Verskeie

vryswartes soos Ondaatje het boeke besit wat hulle op veilings gekoop het en wat simboliese

bewyse van hulle sosiale identiteit en status was (sien Tabel 1).

Tabel 1. Monster van vryswarte-boek-eienaarskap in die 18de eeu

Datum Naam Boeke Bron

Julie 1720 Ansla van Bengale Twee boeke Inventaris

MOOCB/4.15 6

Mei 1733 Claas Jonasz Pakkie boeke Veilingslys

MOOC10/4.113

November 1734 Jan Smiesing Boeke en drie Bybels Inventaris MOOC

8/5.69

Januarie 1736 Arnoldus Koevoet Drie boeke Veilingslys

MOOC10/4.143

658

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

November 1737 Nicolas Ondaatje Twee boeke Veilingslys

MOOC10/4.155

Oktober 1741 Robbert Schot Bybel en pakkie

boeke

Veilingslys MOOC

10/5.60

September 1745 Onjako Elf boeke Veilingslys

MOOC10/5.57½

Januarie 1763 Christian Africanus Twee en veertig

boeke

April 1769 Aurora van Terra de

Natal

Inventaris

MOOC8/10.43

Doos met “ou boeke” Inventaris

MOOC8/13.7

Bruikbare insigte omtrent die onderrig van lees en skryf aan die Kaap kan verkry word uit die

aktiwiteite van die VOC se slaweskool.

4. Strategieë en taktiek in die slawelosie-skool

Die slawelosie het van 1679 tot 1795 die VOC-slawe gehuisves en was die enkele grootste

slawekwartier gedurende die Kompanjie-era. Volgens Robert Shell was daar gemiddeld 480

losieslawe en hulle was meer as die slawe in privaatbesit in die kolonie tot 1695 en meer as

alle slawe in privaatbesit in Kaapstad tot 1767 (Shell en Dick 2012:135). Peter Kolb se

diagram van die slawelosie dui skoolruimte vir seuns en dogters aan (Shell en Dick

2012:135). Dit is moontlik om die aantal skoolkinders in die losiesensusse van 1693, 1714 en

1727 na te spoor (Shell en Dick 2012:136).

’n Interessante vermenging van godsdienstige, wins- en administratiewe motiewe het die

VOC se geletterdheidstrategie vir sy slawelosie-skool gekenmerk. Die VOC was meer

ontsteld oor die dood van ’n geletterde slaaf wat lewend verbrand is as oor die verlies van sy

gebou toe die eerste slawelosie in 1679 afgebrand het, waarskynlik as gevolg van die

ekonomiese waarde van daardie slaaf se letterkundige vaardighede vir die Kompanjie

(Geyser 1958:7–8). Aan die ander kant was die skoolregulasies vir die nuwe slawelosieskool,

wat in 1685 deur Kommissaris-generaal H.A. van Reede uitgevaardig is, gemik op die

opbou van ’n geassimileerde klas van geletterde Christelike slawe wat vir inspirasie na

Nederland en die hemel opgesien het. Van Rheede se doelwit was om ’n beter generasie

slawe, wat nie ongeletterd was nie, te skep. (Dictionary of South African biography 1968:

834). VOC-amptenare het ook geweet dat geletterde en syfervaardige slawe deur hulle

onbetaalde arbeid as kopieerders en goedkoop gebruik as onderwysers nuttig vir die VOC sal

wees (Shell en Dick 2012:137–8).

As gevolg van opgevoede vrygestelde slawe se kennis van die gereformeerde geloof en die

Nederlandse taal was hierdie ekonomiese voordele voldoende vergoeding vir die Kompanjie

se koste in verband met die grootmaak en onderrig van slawe wat later hulle vryheid sou

koop. Geletterdheid het gevolglik gesinspeel op ’n identiteit van vryheid, indien nie

659

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gelykheid nie, maar teen ’n prys. Die geletterdheid van die oorgrote meerderheid slawe het

ook die administrasie van die slawelosie vergemaklik. In 1716 is ’n lys van regulasies vir

losieslawe aan beide die buite- en binnekant van die losie se voordeur aangebring (Jeffreys en

Naudé 1948:65). Aan die ander kant het slawe takties op die VOC se geletterdheidstrategie

gereageer. Die aantekeningboek van die slawelosie se onderwyser, Johannes (Jan) Smiesing,

illustreer sommige elemente van hierdie dinamiek.

4.1 ’n Onderwyser in die slawelosie 7

Jan Smiesing is in 1697 gebore en op 10 Maart van daardie jaar in die losie gedoop. Jan het

feitlik sy hele lewe in die losie deurgebring, waar hy skoolgegaan het, sy vrou Anna van

Dapoer ontmoet het, sommige van sy kinders verwek het, en as onderwyser gewerk het. Hy is

in 1734 as ’n 37-jarige vryswarte dood. Sy besittings, wat in ’n inventaris gelys is, het ’n

skryftafel, ’n boekstaander met boeke, en drie Bybels ingesluit (sien Tabel 1). Sy

aantekeningboek wat ek getranskribeer het, mag dalk die enigste oorblywende stuk skryfwerk

van die losie wees (Schoeman 2005:659). Dit is nou moontlik om hierdie fassinerende

aantekeningboek, wat in die losie se skool gebruik is, te bespreek. Alhoewel die losie ’n

korporatiewe instelling was, het die Amsterdamse Classis, waaronder die Gereformeerde

kerke in die VOC-ryk geressorteer het, vereis dat slawe wat aan die VOC behoort het, gedoop

en in die Gereformeerde kategismus geskool word.

Jan het die losie se skool bygewoon en self ’n skoolmeester geword toe hy net ’n

sewentienjarige slaaf was (Shell 2004). Sy beskrywing van homself as die “skryf- en

leesmeester in diens van die Edele Oos-Indiese Kompanjie” op een van die bladsye in sy

aantekeningboek was ’n kragtige uitdrukking van eiewaarde vir ’n jong slaaf. Anders as wat

’n mens sou verwag het, het VOC-opvoeding nie ’n suiwer godsdienstige wêreldbeskouing

voorgestaan nie. ’n Vroeë lys van skoolvoorrade meld vier eksemplare van die boek The

Christian navigator deur Adam Westerman (Leibbrandt 1902:276; Westerman 1692). Dit

was ’n aggressief patriotiese, selfs nasionalistiese, boek wat uit die Nederlandse

onafhanklikheidsoorloë met Spanje voortgevloei het (Shell en Dick 2012:130-1). Die

leeskultuur van die slawelosie-skool het dus ’n verrassend sekulêre dimensie gehad, soos

blyk uit Smiesing se aantekeningboek.

4.1.1 Smiesing se aantekeningboek

Jan se notaboek is in werklikheid ’n doodgewone soort boek. Dit is tussen helderrooi omslae

gebind wat twee leerbandjies het om hulle bymekaar te hou. Reg onder sy naam en van op die

omslag is die datum 1717, gevolg deur die skaars sigbare nommer 32 om aan te dui dat dit

die jare 1717 tot 1732 dek. Verskeie bladsye is netjies uit die boek gesny. Sommige geskrewe

gedeeltes eindig stomp en dit lyk asof dele ontbreek. Hierdie eienskappe laat interessante vrae

ontstaan omtrent hoe idees en boeke indertyd die ronde gedoen het toe daar geen

boekdrukkultuur aan die Kaap was nie. Die eerste drukpers het eers in 1784 aangekom, maar

daar was ’n energieke kultuur om boeke met die hand te kopieer en dit vir private gebruik te

sirkuleer (Immelman 1971).

660

Figuur 1. Aantekeningboek van Johannes (Jan) Smiesing

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Bron: Wes-Kaapse Provinsiale Argief- en Rekorddiens, Kaapstad. Met vergunning van

Robert Shell.

Die boek bevat afdelings oor persoonlike en familie-inligting; skryf en lees; voorbeelde van

rekenkunde; ’n oggendgesang; en mediese geneesmiddels in Tamil. In net meer as vier

bladsye lys Smiesing die geboortes, doop, dood en begrafnisse van sy kinders en ander

familielede. Hy teken ook die aankoms, inwyding, dood en begrafnis aan van Pieter Gysbert

Noodt, wat van 1727 tot 1729 goewerneur van die Kaap was. Dit wil uit die onderskeie

inskrywings voorkom dat Smiesing homself binne sy familienetwerk geposisioneer het, en op

’n baie selfbewuste manier oor sy eie identiteit nagedink het.

’n Vergelyking met ander voorbeelde van skryfwerk uit daardie tydperk is nodig om sy

skryfstyl te verstaan en om dit taalkundig in ’n behoorlike historiese konteks te plaas.

4.1.1.1 Lees en skryf

Kommissaris-generaal Van Reede het gedurende sy besoek aan die losie in 1685 opgemerk

dat van die slawekinders uit eie beweging ander geleer het om te skryf (Du Toit 1937:46)

Ouderwetse slawe soos Jan het eenvoudige metodes gebruik, soos om in die sand te skryf, om

ander slawe te leer. Dié praktyk was algemeen onder die kinders van Ceylon in 1672 en Van

661

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Reede het dit oorgeneem in sy Malabar- (Tamil-) taalseminaar by Naloer in die

Jaffanapatnam-koninkryk van Ceylon in 1690 (De Bruyn 1884:510, 539). Hierdie ou gebruik

in die VOC se kolonies het tot in die vroeë 18de eeu, voortgegaan toe borde of tafels met fyn

sand gebruik is (Kularatne 1995:66). Afgesien van hierdie eenvoudige metodes het die

slawelosie-kinders hulle skryf- en leesvaardighede beoefen deur ABC-borde en ABC-boeke

te gebruik. Die VOC het dit aan sy koloniale skole verskaf en die Kaapse besending in 1676

het godsdienstige, sekulêre en taalboeke, rieme en kaste papier, asook 34 ABC-boeke, 13

ABC-borde, 124 bondels veerpenne en ’n verdere vaatjie met dieselfde inhoud bevat

(Leibbrandt 1902:276).

Die ABC-bord (ABC bordje), wat vir beginlesers bedoel was, was soortgelyk aan die

horingboek. Die horingboek het gewoonlik bestaan uit perkament of papier wat aan ’n klein

roeispaanvormige houtbord geheg was. Dit het die letters van die alfabet bevat (hoof- en

kleinletters, en kursief), en is deur ’n vel deurskynende horing beskerm. Die alfabet is

gewoonlik deur die Onse Vader gevolg. Dit is algemeen in die 17de en 18de eeue in

Nederland gebruik en is beskou as ’n goeie metode om beginners in ’n baie kort tydjie te leer

lees (Tuer 1968:143). Vir meer gevorderde lesers was daar die Nederlandse ABC-boek of

Abecedarium, wat tipies die alfabet (in Romeinse en kursiewe letters) en die “groot begin van

alle wetenskap” ingesluit het (Du Toit 1937:4). Dit is gevolg deur die Tien Gebooie, die

Paternoster en Ave Maria, die kategismus, oggend- en aandgebede, en Christelike

spreekwoorde wat begin het met die letters van die alfabet. Vroeë 18de-eeuse ABC-boeke het

agt of meer bladsye beslaan.

Teen 1737 is hierdie ABC-boek alreeds in die binnelandse distrikte van die Kaap aangetref.

Die Morawiese sendeling Georg Schmidt het gerapporteer dat hy ’n aantal ABC-boeke wat

hy van Kaapstad af vir vier stuiwers elk bestel het om die “Hottentotte” by Riviersonderend

te onderrig, ontvang het (Bredekamp en Hattingh 1981: 55). ABC-boeke het in die 19de eeu

die meer bekende Trap der Jeugd-boekegewordwat in Kaapse skole en huise gebruik is (Van

der Westhuizen 1953:126). Die ABC-borde en ABC-boeke was dus een van die vroegste

bronne van geletterdheid en lees vir die Kaapse slawelosie-kinders. Die letters van die alfabet

in hoof- en kleinletters in Jan se notaboek mag heel moontlik uit die ABC-boek gekopieer

gewees het en mag selfs gebruik gewees het om addisionele ABC-borde vir die losie se skool

te maak.

662

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 2. Letters van die alfabet en oggendgesang in Smiesing se aantekeningboek

Bron: Wes-Kaapse Provinsiale Argief en Rekorddiens, Kaapstad. Met vergunning van Robert

Shell.

4.1.1.2 Oggendgesang

Die psalms van Dawid is vir godsdienstige doeleindes en vir taalleer gesing. Hierdie psalms

is berym deur Petrus Dathenus (c. 1531–1588) en is gesing op Franse wysies uit die Geneefse

psalmboek van 1562 (Cillié 1982:34; Du Toit 1971:27–8). Dit is van Nederduitse

Gereformeerde skoolmeesters aan die Kaap verwag om kinders te leer om hierdie psalms te

sing (Du Toit 1937:47; De Bruyn 1884:481; Moorrees 1937:49). Daar was egter ’n beweging

in die Gereformeerde kerke in die vroeë 17de eeu om meer lofsange in stede van berymde

psalms te sing. Die oggendgesang in Jan se aantekeningboek was nie ’n psalm nie en mag ’n

aanduiding van ’n alternatiewe Christelike uitkyk onder die slawe wees.

Ek het die oggendgesang in Jan se aantekeningboek opgespoor in ’n gesangeboek wat in

1648 in Amsterdam gepubliseer is (Pers 1648:214). 8 Dit mag wel van sy straatkontakte

gekom het, of hy kon dit in die kerk gehoor het. Dit is een van verskeie gesange wat op die

wysie van die Duitse Lutherse gesang “Auss meines Hertzen Grunde”gesing is. Die musiek is

’n fuguette gekomponeer deur Johann Christoph Bach (1642–1703), wat ’n kleinneef van

Johann Sebastian Bach (1685–1750) was. Die wysie kan op YouTube gehoor word en dit is

nou vir die eerste keer moontlik om te hoor hoe hierdie oggendgesang in die slawelosie-skool

in die vroeë 18de eeu geklink het. Die eerste en tweede frases word in die derde en vierde

frases herhaal, en hulle keer in die sewende en agtste frases terug. Hierdie struktuur was

tipies van vroeë postreformatoriese gesange wat melodieë eenvoudig gehou het ten einde

gemeentelike sang aan te moedig deur die aanleer en memorisering te vergemaklik.

663

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die wysie was gewild aan die Kaap, omdat dit elke oggend deur VOC-trompetspelers op

inkomende skepe gespeel is (Jooste 2006:143–62). Sommige van die slawe in die slawelosie

was selfs musici wat in ensembles in die Kasteel en by ander geleenthede gespeel het

(Boshoff 1987). 9 Die derde vers van die gesang is onvolledig in Jan se notaboek. Dit eindig

stomp met die eerste vier reëls van daardie vers aan die onderkant van die bladsy. Dit mag

dalk voortgegaan het op die volgende bladsy, wat moontlik uitgeskeur is, en daar mag meer

verse, of die hele gesang, gewees het. Dit kon selfs deur ’n aandgesang gevolg gewees het.

Die ontbrekende reëls en bladsye is bewys van die Kaap se destydse kopieer- en

sirkuleringskultuur. Hierdie soort Christelike opvoeding by die slawelosie-skool het

voortgegaan deur middel van slawe-onderwysers soos Jan Smiesing en andere wat na hom

gekom het.

5. Christelike geletterdhede in die vroeë 19de eeu

Voor die eerste Britse besetting in 1795 was daar in die Kaap ’n Latynse skool, twee skole

wat as hoërskole beskou kon word, ’n hele aantal laerskole, asook kerkskole. Slawekinders

het onderwys ontvang in die gewone laerskole en in die slawelosie-skool (Du Toit 1937:309).

Die slawelosie-skool het voortbestaan tot 1828 (Geyser 1958). Die getal Christelike skole vir

die werkersklasse het toegeneem, veral ná die tweede Britse besetting in 1806. Goewerneur

Caledon het in 1808 twee openbare slaweskole by die Nederduitse Gereformeerde en

Lutherse kerke begin. ’n Derde skool, wat in 1812 by die Anglikaanse kerk opgerig is, het

Engels as onderrigmedium gebruik, maar het nie lank bestaan nie, omdat die meeste slawe

Kaaps-Nederlands gepraat het (Van der Westhuizen 1953:90–2). Beheer van wat gelees is,

het egter hand aan hand met letterkundige lesse gegaan.

Christelike skole wou die verspreiding van Islam beperk, maar Moslem- en Christelike

sendelinge het veral tussen 1792 en 1838 met mekaar meegeding in hulle da’wah

(propagering) en proselitisering onderskeidelik en sodoende geletterdheidsvlakke verhoog

vanaf die Bo-Kaap tot die Strand-gebied (Rhoda 2007:45–56). Slawe is geleer om te lees ten

einde onderdanig te word en hulle onderhorige plek in die gemeenskap te aanvaar.

Goewerneur John Cradock, Caledon se opvolger, het werkersklas-opvoeding ’n hupstoot

gegee toe hy in 1813 openbare (vry) skole ingestel het. Hierdie skole vir die armes, ongeag

kleur, is deur die destydse godsdienstig-filantropiese gees in Engeland gerig. Hulle het

Nederlandse en Engelse afdelings gehad en het die monitoriale stelsels van onderrig gevolg

(Van der Westhuizen 1953:32–40). ’n Bybel- en Skoolkommissie het ’n spesiale fonds

geadministreer om opvoeding te verbreed en Bybels aan armes en aan hierdie skole uit te

deel.

In 1823 het lord Charles Somerset die verspreiding van die Islam verder beperk, omdat hy die

slawe wou voorberei om ná vrystelling ’n vry werkersklas te word. Hy het slawe-eienaars

664

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

verplig om hulle slawekinders tussen drie en tien jaar oud vir minstens drie dae per week na

die naaste openbare skool te stuur. Gevolglik het 1 551 slawekinders teen 1825 in Kaapstad

’n Christelike opvoeding ontvang. Baie meer slawe het die Nederlandstalige afdelings as die

Engelstalige afdelings van hierdie skole bygewoon (Van der Westhuizen 1953:179–81).

Opvoedkundige fasiliteite vir kinders van slawe en werkersklasmense in Kaapstad het tussen

die jare 1814 en 1825 uitgebrei toe die South African Missionary Society (SAMS) en die

Wesleyan-Methodist Missionary Society ook kerkskole begin het (Van der Westhuizen

1953:181–3).

In die plattelandse distrikte van die Kaapkolonie was daar ook Christelike slaweskole. Een is

in 1801 in Stellenbosch begin en het teen 1810 38 leerders gehad. Onder die Bybel- en

Skoolkommissie het hierdie skool geletterdheidsklasse vir volwassenes in die aande begin en

teen 1827 was daar 124 leerders (Giliomee 2007:28–35). ’n Lys van boeke wat vir die

Stellenbosse slaweskool aangevra is, toon dat opvoeding daarop gemik was om goeie

Christene te produseer eerder as om geletterdheid onder die werkersklasse te bevorder (Janse

van Rensburg 1935:36). Nietemin het die plattelandse sendingskole van die Rhynse,

Morawiese, Londense, Glasgowse en Suid-Afrikaanse sendinggenootskappe sowel die

Christendom as basiese geletterdheidsvaardighede na die slawe versprei, asook na die

Khoisan en Xhosasprekers (Van der Westhuizen 1953:184–91). Ten spyte van ongereelde

skoolbywoning en negatiewe houdings van boere en slawe-eienaars was meer gewone mense

op die platteland teen die middel van die 19de eeu besig om lesers te word.

Kaapstad se regerende elite wou hê dat opvoeding van die werkersklasse Christelik moes

wees en verkieslik Engels in plaas van Nederlands, veral na die aanstelling van Somerset as

goewerneur in 1814 (Scholtz 1964:8). Maar die gebruik van Engels was grootliks

onsuksesvol, aangesien Kaaps-Nederlands so gewild was, en die kompromis was om albei

tale te onderrig. Die Cape of Good Hope Philanthropic Society wat in 1828 gestig is, het die

vryheid van 127 vroulike slawekinders gekoop en hulle tot die ouderdom van 18 as

vakleerlinge ingeskryf by ’n eienaar wat ’n onderneming moes onderteken om hulle Engels

of Nederlands te laat leer (Westra 1984:61). Kinders en volwasse slawe is by die Wesleyan-

Methodist Missionary Society se Sondagskole, dagskole, aandskole en die SAMS se

kleuterskole geleer om in albei tale te lees. Die SAMS-kleuterskole het in 1830 ’n aanvang

geneem en het arm kinders en slawekinders tussen die ouderdomme van 18 maande en ses

jaar opgevoed. Hierdie kinders het met ’n opvallende voorsprong teenoor dié sonder hierdie

agtergrond na ander Christelike skole aanbeweeg. Baie van hulle kon geskikte boeke vir hul

ouderdom gemaklik en vlot lees en is met boekpryse beloon (South African Infant Schools

1835:12).

Soos die geval met Engels was, was die sukses met Christelikheid by skole ook oneweredig.

In 1824 het Eerwaarde W. Elliot van die SAMS probeer om die Kaapse Moslems te oorreed

om ’n skool te begin waarin lees en skryf in Nederlands, Engels en Arabies onderrig sou

word. Die geskiedenis van die skepping, die sondvloed, Dawid en Salomo en ander

Bybelverhale sou ook geleer word. Hierdie projek was ’n volskaalse mislukking, en Imam

Achman, wat gewerf is om kinders in sy huis te onderrig, het in werklikheid die doelwitte van

665

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die SAMS ondermyn (Van der Westhuizen 1953:183). Christelike sendingywer het, ironies

genoeg, ’n meer vasberade Islamitiese da’wah in Kaapstad, die Strand-gebied en ander

distrikte aangemoedig.

6. Moslem-geletterdhede

’n Groot aantal slawe en vryswartes was Moslems wat gewelddadig uit die Islamitiese streke

van Suidoos-Asië weggeneem is. Hierdie streke het hulle eie geletterdheidstradisies en

kulture gehad wat voor-Islamitiese elemente van soefi-mistisisme bevat het (Cummings

2002:4–6). Dit verklaar die opstandigheid van sommige Kaapse Moslem-slawe en hulle

vermoë om met mekaar te kommunikeer. Die VOC het probeer om die groei van ’n sterk

Oosterse kultuur aan die Kaap te verhoed deur slawe uit dieselfde gebied te verdeel, maar

daar was al in 1667 soefi- (mistiese) praktyke onder geheimhoudende Moslem-gemeenskappe

toe die VOC Indonesiese sjeiks in die area van Constantia geїsoleer het (Mason 2003:186; Da

Costa 1994:129–35).

Teen die einde van die 17de eeu het sjeik Yusuf van Macassar ongeoorloofde dienste met

slawe en vryswartes gehou en dreunsang onderrig – as ’n prototipe van lees (Dangor 1994).

Sjeik Yusuf is in 1694 na die Kaap verban. Hy en vier van sy kamerade het die Islam aan

voortvlugtige slawe geleer in vergaderings wat in private huise gehou is (Ajam 1986:1990).

Afgesien van sjeik Yusuf was daar tussen 1652 en 1795 ongeveer 200 politieke bannelinge

aan die Kaap. Onder hulle het vrygestelde imams (Moslem-gebedsleiers) klein groepies

ontmoet om die Islam te propageer (Shell 2000:328). Die eerste godsdienstige Moslemskool

(Madrasah) het in 1793 geopen en ’n “alternatiewe opvoeding” voorgestaan (Davids

1994:47–56). Imam Tuan Guru het die lees van die Koran in Arabies aan sowel slaweseuns

en -meisies as wit Islam-bekeerlinge onderrig. Hierdie openheid vir alle lede (ummat –

broederskap van Islam) ongeag kleur of klas, het gehelp om die Islam te versprei. Leerders

het onderrig in Engels en Nederlands ontvang en is geleer lees en skryf (Davids 2011;

Mayson 1963:23).

Hulle het lesse óf van ’n swartbord af óf van diktering deur ’n onderwyser getranskribeer in

’n boek wat ’n koplesboek (leerder-notaboek) genoem is. Die student sou die les tuis

memoriseer en dit by die skool aan die onderwyser voordra (in die hafez-tradisie), en ’n nuwe

les is gegee wanneer die eerste suksesvol gememoriseer was (Davids 1994:50). Die aantal

Moslem-skole het gedurende die 19de eeu vinnig toegeneem. Gevolglik was daar twaalf

Madaris teen 1832 en in 1840 was daar 2 451 leerders onder tien imams ingeskryf (Shell

2006:103). Teen 1854 was Islamitiese onderwys aan die Kaap onder ’n Imam Moota, of

superintendent-generaal, georganiseer (Davids 1990:2). Moslem-slawe en vryswartes het

wêrelde van hul eie geskep wat idees van teenstand, gebaseer op hulle godsdienstige uitkyk,

ingesluit het (Davids 1990:15–6). Dit was nie openlike politieke protes nie, maar ’n soort van

ondermyning ingebed in die “godsdienstige en seremoniële praktyke van Islam” en wat ’n

alternatief vir die VOC se Christelike geloof uitgedruk het (Ward 2009:233–4).

666

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3. Moslem-skool: seuns wat leer om die Koran te lees

Bron: George F. Angas, The Kafirs Illustrated in a Series of Drawings Taken among the

Amazulu, Amaponda, and Amakosa Tribes 1822-1886 (Londen: J. Hogarth, 1849). Met

vergunning van Kimberley African Library, Kimberley.

Talle van die behoue manuskriptekste toon hierdie alternatiewe “ideologiese oriëntering” van

vroeë Moslem-leeswerk aan die Kaap (Dangor 2008:131). Die Engelse vertaling van

byvoorbeeld Tuan Guru se werk bevestig ’n subtiele maar ondubbelsinnige ondertoon van

ondermyning. Die teologiese tekste “anchored the Muslim community in an independent,

self-contained worldview” wat ’n alternatiewe wêreldbeskouing voorsien het wat parallel met

die koloniale een bestaan het (Rafudeen 2006:95). Hierdie tekste het idees bevat soos die

vryheid van die siel en gees van slawe ten spyte daarvan dat hulle liggame in gevangeskap

gehou is. Die tekste wat hierdie “ondermynende” wêreldbeskouing bevat het, is vir die

koloniale owerhede weggesteek deur die gebruik van die Maleise, Arabies-Afrikaanse en

Kaaps-Nederlandse tale en skrifte (Rafudeen 2005:33).

Hierdie jong opvoedkundige en godsdienstige Moslem-gemeenskap was pragmaties,

verdraagsaam, buigsaam, en gretig om te lees en skryf. Imams het lesse gegee in Kaaps-

Nederlands (later Afrikaans), wat die oorheersende taal was onder Moslem-kinders wat sowel

regerings- as sendingskole bygewoon het. Imam Carel Pilgrim het selfs die Bybel gekoop en

by sy Madrasahgelees en daarin onderrig gegee (Mayson 1963:33). So vroeg as 1778 is Ou

en Nuwe Testamente in Arabiese skrif van Nederland na die Kaap gestuur vir versending na

die Ooste (Rochlin 1993:50). Teen die 1850’s het elke lid van ’n moskee ’n klein boekie

gehad wat in Maleis en Arabies geskryf was, wat gebede en transkripsies uit die wet bevat het

(Mayson 1963:22). Kaapse Moslems sou later hulle eie boeke druk. Daar was dus geen tekort

aan instellings vir lees en skryf in Arabiese skrif nie. 10

667

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Deur middel van hulle leeswerk het Kaapse Moslems ’n onafhanklike wêreldbeskouing as

alternatief tot die oorheersende Christelike en Nederlandse een van die VOC geskep. Deur

hulle storievertellings het hulle die folklore-wêrelde van die Ooste en Afrika herroep en

herskep en hulle versmelt met die folklore-wêrelde van hul Europese meesters en die Kaap se

inheemse mense (Bleek en Lloyd 1968; Theal 1882). Die folklore van die slawe- en

vryswart-gemeenskappe het ’n hibriede karakter gehad en is sedert die 18de eeu mondeling

oorgedra as liedere, volksvertellings, rympies en raaisels.

Sommige slawepiekniek- of straatliedjies (ghoemaliedjies) gaan so ver terug as voor 1750,

toe grootouers en ouers liedere mondeling aan hulle kinders oorgedra het (Du Plessis

1935:37). Hulle het ’n soortgelyke struktuur as die Indonesiese pantun. Dit is ’n literêre vorm

van vier reëls waarvan die eerste twee skynbaar geen verband hou met die ander twee nie,

maar waar van die leser verwag word om die ironiese verband raak te sien. Die

ghoemaliedjies het die pantun omstreeks 1700 vervang toe die slawe, wat sulke

uiteenlopende oorspronge gehad het en geen gedeelde taal nie, nie in staat was om ’n

slawekultuur gebaseer op die tradisies van hul vorige lewens te behou nie (Winberg 1992:80).

Hulle het die pantun en die Nederlandse taal aangepas en het van Nederlandse volksliedjies

en tydgenootlike verwysings gebruik gemaak om in hulle ghoemaliedjiessatiries op die lewe

aan die Kaap kommentaar te lewer. Hierdie liedere is ’n “werkersklas-weergawe van Suid-

Afrikaanse geskiedenis” en verskaf ’n “alternatiewe weergawe van historiese gebeure”

(Winberg 1992:81). Baie ghoemaliedjieshet vir meer as 300 jaar oorleef en word nog steeds

jaarliks by die Kaapse Klopse se feesvierings in Kaapstad gesing.

Net soos hulle liedjies is die volksverhale ’n mengsel van oos en wes, noord en suid, en

sommige daarvan is van ongeletterde Maleis-Afrikaanssprekendes (Du Plessis 1972:48–9).

Die stories bevat baie verwysings na die Maleise wêreld van sultans, wazirs (hoë amptenare)

en puteris (prinsesse), maar sommige van die temas sluit aan by “Aspoestertjie” en by Hans

Christiaan Andersen se volksverhale. Verwysings na temas in die Suidwes-Indiese Oseaan se

eiland-volksverhale toon verbintenisse met Afrika-volksverhale wat met gedwonge en

ongedwonge migrasies van die kontinent af verband hou. Die verwysings na ’n djin (’n bose

gees of mensvreter) in die folklore-verhale van die slawe kom ook in Madagaskar se

volksverhale voor (Du Plessis 1939a en Du Plessis 1939b 11 ; Haring 2007:74 12 ). Die motief

van die Arabiese djin,of jinn, wat ook aangetref word in stories uit die Arabiese Nagte, is

verwant aan die tokoloshe in Xhosa-volksverhale (Scholtz 2004).

Selfs in hulle raaisels het slawe en vryswartes Nederlandse voorbeelde aangepas en

oorspronklike voorbeelde geskep. Die raaisels weerspieël skerp waarnemingsvermoë, gevatte

sêgoed, humor en visuele beeldspraak (Du Plessis 1939c:31). Sommige van die raaisels is as

ontugtig, selfs pornografies, beskou, en is in die apartheid-tydperk verban uit versamelings

van Afrikaanse raaisels as gevolg van hulle suggestiewe en dubbelsinnige betekenisse (Du

Plessis 1939:33; Van Rooyen en Pellissier 1954:iv). Die seksuele sinspeling in hierdie

raaisels het waarskynlik die werklikheid van seksuele verhoudings in baie Kaapse

slawebesitter-huishoudings weerspieël (Shell 1992:1–33). Alhoewel daar bepaalde

vakkundige twyfel hieroor bestaan, verwys Gray (1978:14–5; 1990:75) daarna dat ’n

668

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

toneelstuk genaamd Galiema, wat handel oor ’n slawevrou wat teenstand teen haar eienaar se

eise bied, teen 1740 snags in die slawelosie opgevoer is. 13

7. Gewone leeskulture

In die leeskulture van die vroeë 19de-eeuse werkersklasse in die Kaapkolonie het sommige

leesverenigings in die oop veld en in klaskamers bymekaargekom, was sommige lede

ongeletterde luisteraars, was daar aantekenaars teenwoordig, het

gemeenskapsverteenwoordigers van klein dorpies gehoor hoe koerante hardop gelees en

teruggegee word om die nuus te sirkuleer, en is die koste van die koerante deur almal

gedeel. 14 Daar is getuienis dat sulke gemeenskapsleesverenigings in eenvoudige

verblyfplekke in Philippolis, die Katriviernedersetting en Uitenhage gefunksioneer het (Van

der Merwe 1983).

Figuur 4. Lees in die veld

Met vergunning van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika, Kaapstad.

Soortgelyke eienskappe het leeskulture in beide plattelandse en stedelike gebiede gekenmerk.

Leesverenigings het ingeteken op Engelse en Nederlandse koerante en tydskrifte, wat die

“biblioteke” vir gewone lesers was. Joseph de Lima se De Verzamelaar (1826–1848) was die

eerste Nederlandse koerant in Suid-Afrika. Afgesien van internasionale nuus en algemenekennis-items

het dit fabels, legendes en liedere ingesluit om lees en skryf onder gewone

669

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

lesers te bevorder. 15 Hy het in sy koerant die Foreign Book and Stationary Warehouse,

genoem die South African Bazaar, geadverteer, waarvandaan hy Arabiese en Maleise boeke

verkoop het. 16 Min gewone lesers het egter hulle eie eksemplare van boeke en koerante

gekoop, aangesien werkersklas-leeswerk in Kaapstad in die vroeë 19de eeu “a strongly

communal character” gehad het (McKenzie 1993:24).

Die “cheap” titels was gewoonlik Britse algemene-kennis-tydskrifte soos die Mirror en die

Penny Magazine. Tydskrifte in nabootsing hiervan, soos De Lima se Cape of Good Hope

Penny Magazine,het items van plaaslike belang bevat, soos Arabiese spreekwoorde, verhale

van Britse reddings van slawe van slaweskepe af en ’n kode met ’n lys van “Cape Colonial

Signals” wat verbygaande skepe gebruik het om met die seinstasie op Leeukop te

kommunikeer, wat dan na die hawekantoor herlei is (Cape of Good Hope Penny Magazine

1843:13). Die Britse tydskrifte is in koerante geadverteer vir “less than half the usual price”

(Cheap reading 1843). Christelike leesinisiatiewe het “knowledge with godliness” bevorder,

wat veral daarop gemik was om die invloed van Islam te verminder (Introduction 1835). In

die 1830’s was daar byvoorbeeld leesklasse vir bediendes, vergesel deur Bybelklasse en

bidure; en sogenaamde “library distribution” het eintlik beteken die sirkulering van

Christelike traktate uit ’n stoorkamer in Kaapstad (Schoeman 1987:58).

Die South African Tract and Book Society (SATBS) het meer as 750 000 traktate en klein

boeke tussen 1831 en 1857 in Nederlands en Engels gepubliseer. Dié vereniging is bygestaan

deur die werk en fondse van die Religious Tract Society, the American Tract Society, die

Society for the Propagation of the Gospel in Foreign Parts en filantropiese en

sendinggenootskappe. Die traktate het probeer om ingeboekte slawe wat hulle vrystelling

genader het, van die “superiority of the Christian Religion to that of Mahomet [sic]” te

oortuig (Seventh Annual Report 1838:7). Die SATBS het lesers afgeraai van “impious and

profane literature”, of “worse than useless books” in sirkulasie, wat gewoonlik “Fairy tales”

en “Love adventures” was. In stede daarvan het dit “suitable publications” geproduseer vir ’n

klas mense wat dit beskryf het as die “Coloured population” wat maar pas “uit ’n staat van

slawerny na vore gekom het”. Onder hierdie publikasies was gesangeboeke as belonings vir

kinders wat geleer lees het, besonder gewild. Ook in die Katriviernedersetting, wat ’n tuiste

vir Khoikhoi was, het die sendeling James Read duisende Nederlandse gesangeboeke en

“cottage hymns” aangevra wat hy en Robert Moffat op groot skaal verkoop het (Forty

seventh Annual Report of the Religious Tract Society 1846).

Die taktiek van nuwe geletterdes het hulle egter daartoe gelei om op interessante en

ongewone maniere te lees en skryf. Sommige slawe het ná die afskaffing van slawerny in

1834 bediendes geword en het vir mekaar en vir hulle voormalige meesters gelees, én hulle

het ook vir selfontwikkeling gelees. ’n Voorbeeld hiervan is die wasvrou wat in die geheim

na die Ladies Benevolent Society se lees- en skryfskool in plaas van die naaldwerkskool

gegaan het, ten spyte van straf deur haar eienaar daarvoor. Sy het godsdienstige traktate aan

’n ander slawe-vakleerling voorgelees toe sy na een van die wasplekke beweeg het (Seventh

Annual Report 1838:5). Die keuse van ’n Bybelteks van ’n ander bediende wat aan haar

vriendin voorgelees het, was “Come unto me all ye that labour and are heavily laden, and I

670

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

will give you rest.” Die rus waarna albei gesoek het, was waarskynlik in hierdie wêreld en nie

die hiernamaals nie (Mason 2003:197–8).

Gemotiveer deur uitbuiting, het Rosina op elke herdenking van die vryheid van die slawe die

statuut van emansipasie “in ’n luide stem” gelees buite die venster van haar verleë

voormalige eienaar, wat haar en die twee kinders wat sy by hom gehad het, in die steek gelaat

het (Letters from the Cape 1927:112). Gewone lesers het hierdie waardevolle dokumente in

veilige plekke gehou sodat hulle dit, wanneer nodig, kon gebruik. Dit was nie ongewoon om

eksemplare van Ordinansie Nr. 50 “carefully treasured up” tussen die blaaie van die Bybels

van Khoisan te vind nie (Kirk 1973:424). Gewone lesers het die Bybel in die konteks van

hulle materiële omstandighede herinterpreteer. Sommige Khoisan-bekeerdes en predikers het

geglo in ’n “Christianity of equality” gebaseer op ’n alternatiewe interpretasie van die Bybel.

Hulle het ’n “settler model of the racial exclusivity of Christianity” bevraagteken en

geredeneer dat genade in plaas van velkleur toegang tot “the moral community” gee

(Elbourne 2002:190).

Omdat hulle geweet het dat sommige slawe kon lees en skryf, het koloniste op die vooraand

van die afskaffing in 1834 aan koerantredakteurs geskryf om die slawe te vra “to accept their

freedom in a calm and responsible way” (Westra 1984:48). Slawe wat toe vakleerlinge 17 was,

het op hulle beurt in verskeie briewe aan die South African Commercial Advertiser hul

dankbaarheid daarvoor uitgespreek dat hulle herstel is “to the possession of our natural rights

as men” en hul briewe in een geval as “The Free people of the Cape of Good Hope”

onderteken (Emancipation Day 1984:94).

Figuur 5. Skoolonderwyser lees die Zuid-Afrikaan, ’n Nederlandse koerant

671

Met vergunning van Iziko Museums van Kaapstad, Kaapstad.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Engelse en Nederlandse koerante en tydskrifte was soos “biblioteke” vir gewone lesers 18

Koerantredakteurs in Kaapstad het gretig op nuwe aflewerings van Charles Dickens se

Pickwick papers gewag en hulle as vervolgverhale in hul koerante gebruik, waarskynlik

sonder toestemming. Die Commercial Advertiser het The chimes na bewering “without

prejudice […] to the copyright, but rather as a kind of advertisement” gepubliseer (Hattersley

1973:140). Gevolglik het Dickens se karakters “a common factor of interest and conversation

between readers of different classes and walks of life” geword (Varley 1958:21). Dit was

gesinsvermaak en kinderonderwerpe. Sersant Buzfuz en Augustus Snodgrass van Pickwick

papers het in 1841 deur die bladsye van die Cape Town Mail and Mirror of Court and

Council bekend geword en die African Journal het David Copperfield in 1849 aan lesers

voorgestel. Dickens se gewildheid aan die Kaap het sterker geword toe sy boeke in

Nederlands vertaal is, en hulle is in 1851 by openbare leessessies voorgedra (Rochlin

1957:90). Toe Dickens uiteindelik in 1842 by Kaapstad se Suid-Afrikaanse Biblioteek

gevoeg is, mag die bibliotekaris se opgewondenheid of ontsteltenis tot die katalogusinskrywing

The Picnic Papers gelei het (Varley 1958:23)!

Daar was ook ’n toenemende plattelandse leesbevolking wie se leessmaak meer sekulêr

geword het. Die Religious Tract Society het in die middel van die 19de eeu ’n program van

populêre wetenskap bygevoeg en hulle boeke is op die platteland deur die SATBS versprei.

Onder die titels het getel: Electricity: Its uses and varied applications deur John Munro;

Ponds and rock pools deur Henry Scherren; Popular handbook to the microscope deur Lewis

Wright;en George Henslow se How to study wild flowers (Fyfe 2004:5; Green 1899:120–2).

Daar was ook die Penny Biographical-reeks en Tales for the people. Vanaf omtrent 1835 tot

1850 het sirkulerende of rondreisende biblioteke Griekwastad, Grahamstad en Hermanus

aangedoen en familie-sendingbiblioteke kon in Chumie en ander plekke aangetref word. 19

Afgesien van die leesvereniging by die Katriviernedersetting was daar skoolbiblioteke, ’n

drukpers, ’n rondreisende biblioteek en ’n wye verskeidenheid koerante (Read 1852:123).

Nóg merkwaardiger was die biblioteek wat in 1823 by Genadendal se Morawiese

sendingstasie gestig is. Die Cape of Good Hope Literary Gazette het in 1852 berig dat dit

“the best country library” in die Kolonie was. Dit het afdelings vir Duitse, Engelse en

Nederlandse boeke gehad en daar was ook ’n leeskamer. Belangrik is die feit dat dit ’n

uitleenbiblioteek was; in 1838 het ’n sendingverslag genoem dat dit “in brisk circulation” was

en dat daar “not one volume” beskikbaar was nie, “for as soon as one is brought in, it is

immediately issued to fresh applicants”. 20

Hierdie biblioteek en die lus om te leer het ’n politieke bewustheid onder die Genadendalinwoners

aangewakker. In Augustus 1850 het Titus Vergele geskryf dat hy ’n bietjie

navorsing in die biblioteek in Kaapstad gedoen het en uitgevind het dat “Genadendal is

founded on the name of the Hottentots” (Balie 1988:81). Hy het sy vriend Johannes Jass

versoek om ander inwoners bymekaar te kry sodat hulle vir hulle regte kon opstaan.

Gevolglik het ’n afvaardiging van Genadendal ’n memorandum aan die Departement van

Binnelandse Sake in Kaapstad oorhandig waarin hulle gekla het dat naburige boere op hulle

672

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

eiendom beslag wou lê. ’n Kommissie van ondersoek (in 1851 ontplooi) het uiteindelik op 15

Februarie 1858 die sendingstasie in trust aan die superintendent van die Morawiese kerk vir

die inwoners gegee (Balie 1988:82).

Voorbeelde van sulke geletterdheidsvaardighede en leeservarings was nie buitengewoon by

plattelandse Kaapse sendingstasies nie, want die getalle van gewone lesers het

indrukwekkend toegeneem ná die vrystelling van die slawe in 1838. Geletterdheid onder die

werkersklas is vir die eerste keer in 1849 in ’n sensus deur plaaslike resident-magistrate in

opdrag van die koloniale regering gemeet (Master and Servant Addenda 1849). Die motief

vir die sensus was om ’n volhoubare werksmag ná die beëindiging van slawerny te bepaal en

te verseker. Daar was druk op die regering van boere en voormalige slawebesitters, wat slawe

nie langer kon beveel om te werk nie. Baie voormalige slawe het na sendingstasies verhuis en

die mans het verkies om as dag- of los arbeiders op plase te werk. Op hierdie wyse het hulle

hul vrouens en kinders teen harde werk beskerm en hulle dogters by die sendingstasies gehou

waar hulle nie so kwesbaar vir seksuele uitbuiting was nie en opgevoed kon word. Die doel

van die sensus was om sendingstasie-inwoners in die plaaslike arbeidsmark-ekonomie van ’n

streek of magistraatsdistrik in te sluit (Ross en Viljoen 2009:392, 396).

Die vierde van 17 sensusvrae vir ‘n volwasse manlike inwoner was of hy kon lees of skryf.

Hierdie vraag is soms gevra as “Can they read or write?” en het in sommige gevalle aan die

lig gebring dat ’n vrou kon lees. Die sensusopnemer sou dit vasstel deur persoonlik te kyk of

elke ondervraagde ’n paar verse uit ’n Nederlandstalige Bybel kon lees. Sendelinge mag dalk

die resultate van hulle geletterdheidswerk in daaropvolgende briewe aan die sensusopnemers

oordryf het, maar hulle byvoegings is nie statisties in die oorhoofse prentjie belangrik nie.

Ek het al die getalle vir lees en skryf in die tabelle en sendelingbriewe ingevoeg ten einde

totale getalle te bereken (sien Tabel 2). Ten spyte van hulle foute gee die sensus en

sendelingbriewe ’n goeie aanduiding van ’n lees- en skryfgemeenskap by die sendingstasies

teen die middel van die 19de eeu. Hierdie sensus het onbedoeld die eerste amptelike bron vir

werkersklas-geletterdheid in Suid-Afrika geword. Van die 5 457 volwassenes op 31

sendingstasies was 1 124, of 21 persent, geletterd. Die indrukwekkendste resultaat vir

volwasse geletterdheid was 52 persent by Bethelsdorp-sendingstasie. Sy

kindergeletterdheidsyfer van 20 persent het ook aan daardie stasie die hoogste algehele

geletterdheidsyfer van 32 persent besorg. Die Schietfontein–sendingstasie het die hoogste

syfer – 40 persent – vir kindergeletterdheid gehad.

Tabel 2: Geletterdheidsyfers op Kaapse sendingstasies, 1849

Sendingstasi

e

Totale

volwassenes

Tota

al

wat

kan

lees

of

skryf

Volwassegeletterdheidsyfer

Total

e

kinde

rs

Totaa

l wat

kan

lees

of

skryf

Kindergeletterd

heidsyfer

Totale

inwoners

Totale

geletter

dheidsyfe

r

673

Somerset

West (We)

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

111 20 18% 159 – – 270

Raithby (We) 24 0 21 0% 38 – – 62

Pniel (SA) 102 5 5% 159 42 26% 261 18%

Hermon (Rh) 11 2 18% 12 4 22 33% 23 26%

Groenekloof

(Mo)

427 31 7% 670 – – 1097

Stynthal (Rh) 119 8 7% 156 – – 275

Saron (Rh) 235 8 3% 283 – – 518

Zuurbraak

(LMS)

Pacaltsdorp

(LMS)

Dyzelskraal

(LMS)

Avontuur

(LMS)

Ebenezer

(Rh)

Schietfontein

(Rh)

Goedverwach

t 24 (Mo)

202 38 19% 346 – – 548

213 78 37% 340 70 21% 553 27%

43 15 35% 56 – – 99

98 13 13% 168 – – 266

92 8 9% 113 – – 205

46 1 2% 77 31 23 40% 123 26%

48 2 4% 69 – – 117

Zoar ( SA) 390 19 5% 456 24 25 5% 846 5%

Genadendal

(Mo)

1,091 273 25% 1,338 398 30% 2,429 28%

Elim (Mo) 362 60 17% 549 201 37% 911 29%

Farmerfield

(We)

Theopolis

(LMS)

Trappesvallei

(We)

Scott’s

Bottom

Hankey

(LMS)

Kruis

Fonteyn

(LMS)

203 37 26 18% 273 – – 476

124 23 19% 161 – – 285

37 14 38% 52 – – 89

25 3 12% 18 – – 43

276 108 39% 409 – – 685

84 29 35% 103 – – 187

674

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Enon (Mo) 191 93 49% 191 – – 382

Clarkson

(Mo)

Lovedale (

FC)

Gwali/Tyumi

e (FC)

132 13 10% 224 – – 356

48 23 48% 51 – – 99

127 48 38% 141 – – 268

Shiloh (Mo) 263 31 12% 405 – – 668

Haslope Hills

(We)

Bethelsdorp

(LMS)

Riet Valley

(FC)

115 17 15% 157 – – 272

166 87 27 52% 274 54 28 20% 440 32%

52 17 33% 73 13 29 18% 125 24%

Totale 5,457 1,124 21% 7,521 12,978

Verklarings We: Wesleyaans-Methodisties; Mo: Morawies; Rh: Rhynse Sendinggenootskap;

LMS: Londense Sendinggenootskap; FC:Vrye Kerk van Skotland; SA: Suid-Afrikaanse

Sendinggenootskap.

8. Ten slotte

Gewone mense in die vroeë Kaap het in Arabies, Boeginees, Engels, Kaaps-Nederlands,

Maleis, Nederlands, Singalees en Tamil gelees en geskryf ten einde te onderrig, leer,

korrespondeer, aanbid, sing, stories te vertel, handel te dryf, sin van hulle wêreld te maak en

hulle identiteite te vestig. Die Christelike godsdiens en Islam het vanaf die vroegste tye in

hierdie mengsel van mentaliteite, tale, godsdienste en folklore naas mekaar bestaan. Die

VOC- en die Britse elites kon nie alle kommunikasie en sirkulering van idees beheer nie.

Deur lees, skryf, praat en sang het gewone mense hulself uitgedruk en hulle lewens herskep.

En tog het VOC- en Britse elites daartoe bygedra om die alternatiewe wêreld van gewone

lesers te vorm. Met ander woorde, wat De Certeau as leesstrategieë en -taktiek sou beskryf

het, werk op mekaar in om verskillende leeskulture, wat deur tyd en plek gevorm is, te

kweek. Die getuienis van lees, die liefde vir boeke en handskrif in verskillende tale en skrifte

toon dat ons tot dusver die intellektuele lewe van gewone mense in die vroeë Kaap onderskat

het.

675

Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ajam, M. 1986.The raison d’être of the Muslim Mission primary school in Cape Town and

environs from 1860 to 1980 with special reference to the role of Dr A. Abdurahman in the

modernization of Islam-oriented schools. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van

Kaapstad.

Altick, R.D. 1957. The English common reader: A social history of the mass reading public,

1800–1900. Chicago: University of Chicago Press.

Armstrong, J.C. 2012. The Chinese exiles. In Worden (red.) 2012.

Baartman, T. 2012. Protest and Dutch burgher identity. In Worden (red.) 2012.

Balie, I. 1988. Die geskiedenis van Genadendal, 1738–1988. Kaapstad: Perskor.

Biewenga, A. 1996. Alfabetisering aan die Kaap de Goede Hoop omstreeks 1700. Tydskrif

vir Nederlands en Afrikaans, 3(2):109-21.

—. 1999. De Kaap de Goede Hoop: Een Nederlandse vestigingskolonie, 1680–1730.

Amsterdam: Prometheus.

Blakely, A. 1993. Blacks in the Dutch world: The evolution of racial imagery in a modern

society. Bloomington: Indiana University Press.

Bleek, W.H.I. en L.C. Lloyd. 1968. Specimens of Bushman folklore. Kaapstad: Struik.

Böeseken, A. J. 1977. Slaves and Free Blacks at the Cape, 1658-1700. Kaapstad: Tafelberg.

Books for the people. Reflections suggested by the late public meeting of the Popular

Library. 1835. Cape of Good Hope Literary Gazette, 5(8):115–6.

Boshoff, A. 1987. Slawe-orkeste en musiek-instrumente aan die Kaap. South African

Cultural History Museum Bulletin, 8:49–55.

Bredekamp, H.C. en J.L. Hattingh (reds.). 1981. Dagboek en briewe van George Schmidt:

Eerste sendeling in Suid-Afrika (1737-1744). Getranskribeer deur B. Krüger en H.

Plüddeman; vertaal deur J. du P. Boeke. Bellville: UWC Press.

Cape of Good Hope Penny Magazine. 1843. 13 April.

Cheap reading. 1834. South African Commercial Advertiser, 2 April, ble. 10, 710.

Cillié, G.C. 1982. Waar kom ons Afrikaanse gesange vandaan? Kaapstad: N.G. Uitgewers.

Colclough, S. 2007. Consuming texts: Readers and reading communities, 1695-1870.

Basingstoke: Palgrave.

676

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Cornell, C. en A. Malan. 2005. Household inventories at the Cape, a guidebook for beginner

researchers. Kaapstad: TEPC Publications.

Cornell, C. en H. Liebenberg. 2008. Two contrasting case studies clues and questions. TEPC

Workshop IV: Handout.26/1/2008. TEPC Transcription Project.

http://www.capetranscripts.co.za/downloads.htm (10 Maart 2009 geraadpleeg).

Cummings, W. 2002. Making blood white: Historical transformations in early modern

Makassar. Hawaii: University of Hawaii Press.

Da Costa, Y. 1989. Islam in greater Cape Town: A study in the geography of religion.

Ongepubliseerde DLitt et Phil-tesis, Universiteit van Suid-Afrika.

—. 1994. The influence of Tasawwuf on Islamic practices at the Cape. In Da Costa en Davids

(reds.) 1994.

Da Costa, Y. en A. Davids (reds.). 1994. Pages from Cape Muslim history. Pietermaritzburg:

Shuter & Shooter.

Dangor, S.E. 1994. Shaykh Yusuf of Macassar. Durban: Iqra.

—. 2008. Arabic-Afrikaans literature at the Cape. Tydskrif vir letterkunde, 45(1):123–32.

Darnton, R. 2009.The case for books: Past, present, and future. New York: Public Affairs.

Davids, A. 1990. Words the Cape slaves made: A socio-historical-linguistic study. South

African Journal of Linguistics, 8(1):1–24.

—. 1994. Alternative education: Tuan Guru and the formation of the Cape Muslim

community. In Da Costa en Davids (reds.) 1994.

—. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915. Onder redakteurskap van H.

Willemse en S.E. Dangor. Pretoria: Pretoria Boekhuis.

De Bruyn, C.A. en L. van Troostenburg. 1884. De Hervormde Kerk in Nederlandsch Oost-

Indië onder de Oost-Indische Compagnie, 1602-1795. Arnhem: HATjeenk Willink.

De Certeau, M. 1984. The practice of everyday life. Vertaal deur S.F. Rendall. Berkeley:

University of California Press.

Delmas, A. 2011. From travelling to history: An outline of the VOC writing system during

the 17th century. In Delmas en Penn (reds.) 2011.

Delmas, A. en N. Penn (reds.). 2011. Written culture in a colonial context: Africa and the

Americas 1500-1900. Kaapstad: UCT Press.

Dick, A.L. 2010. The notebook of Johannes Smiesing (1697-1734), writing and reading

master in the Cape Slave Lodge. Quarterly Bulletin of the National Library of South Africa,

64(4):159–74.

677

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dictionary of South African biography. Vol. 1. 1968. Pretoria: Nasionale Boekhandel Bpk.

Du Plessis, I.D. 1935. Die bydrae van die Kaapse Maleier tot die Afrikaanse volkslied.

Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1939a. Uit die Slamse buurt; Deel 1: Kaapse sprokies, fabels en legendes oorvertel deur

I.D. du Plessis. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1939b. Uit die Slamse Buurt; Deel 11: Kaapse sprokies, fabels en legendes oorvertel deur

I.D. du Plessis. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1939c. Die Maleise samelewing aan die Kaap. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1972. The Cape Malays: History, religion, traditions, folk tales. Kaapstad: A.A. Balkema.

Du Toit, J.H.H. 1971. Die gesangkwessie: Rondom die bundel “Evangelische Gezangen” met

besondere verwysing na Suid-Afrika. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van

Pretoria.

Du Toit, P.S. 1937. Onderwys aan die Kaap onder die Kompanjie, 1652–1795: ’n Kultuurhistoriese

studie. Kaapstad en Johannesburg: Juta.

Elbourne, E. 2002. Blood ground: Colonialism, missions, and the contest for Christianity in

the Cape Colony and Britain, 1799–1853. Montreal en Kingston: McGill-Queen’s University

Press.

Elphick, R. en R. Shell. 1990. Onderlinge verhoudings: Khoikhoi, koloniste, slawe en

vryswartes, 1652–1795. In Giliomee en Elphick (reds.) 1990.

Emancipation Day and the press, 1834–1984. 1984. Kronos, 9:94.

Forty seventh Annual Report of the Religious Tract Society. 1846. Londen: Religious Tract

Society.

Fyfe, A. 2004. Science and salvation: Evangelical popular science publishing in Victorian

Britain. Chicago en Londen: University of Chicago Press.

Geyser, O. 1958. Die ou hooggeregshofgebou. Kaapstad: Tafelberg.

Giliomee, H. en R. Elphick (reds.). 1990. 'n Samelewing in wording: Suid-Afrika 1652–1840.

2de uitgawe. Kaapstad: Maskew Miller Longman.

Giliomee, H. 2007. Nog altyd hier gewees: Die storie van ’n Stellenbosse gemeenskap.

Kaapstad: Tafelberg.

Gray, S. 1978. Our forgotten drama: Stephen Gray looks at the continuity of South African

English drama. Speak: Critical Arts Journal, 1(2):13–6; 46–7.

—. 1990. Women in South African theatre. South African Theatre Journal, 4(1):75–87.

678

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Green, S. 1899. The story of the Religious Tract Society for one hundred years. Londen:

Religious Tract Society.

Haring, L. 2007. Stars and keys: Folktales and creolization in the Indian Ocean.

Bloomington: Indiana University Press.

Haron, M. 1999. Three centuries of NGK mission amongst Cape Muslims: 1652–1952.

Journal of Muslim Minority Affairs, 19:115–23.

—. 2006. The production of the South African “Muslim Book”: A means of empowerment

and a source of identity. In Ovens (red.) 2006.

Harris, M.G. 1977. British policy towards the Malays at the Cape of Good Hope, 1795–1850.

Ongepubliseerde MA-verhandeling, Western Washington State College.

Hattersley, A.F. 1973. An illustrated social history of South Africa. Kaapstad: A.A. Balkema.

Hattingh, J.L. 1981. Die eerste vryswartes van Stellenbosch, 1679-1720. Bellville: Die

Drukkery, Universiteit van Wes-Kaapland.

Immelman, R.F.M. 1971. Oorgeskrewe boeke as ’n vroeë soort leesstof, 1700–1870. South

African Libraries, 38(5):284–305.

Introduction. 1835. The Cape Cyclopaedia. Kaapstad: Bridekirk.

Janse van Rensburg, A. 1935. Die toestand van die slawe aan die Kaap, 1806–1834.

Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

Jeffreys, M.K. en S.D. Naudé (samestellers). 1948. Kaapse Plakkaatboek, 1707–1753. Vol. 2.

Kaapstad: Cape Times.

Johnson, W.A. 2003. Reading cultures and education. In Patrikis (red.) 2003.

—. 2010. Readers and reading culture in the high Roman empire: A study of elite

communities. Oxford: Oxford University Press.

Jooste, F. 2006. Die optrede, leefwyse en lotgevalle van die VOC-trompetters en -tromspelers

aan die Kaap van 1652 tot c. 1700. South African Journal of Cultural History, 20:143–62.

Kieser, A. (red.). 1953. Archives Year Book for South African History. Kaapstad:

Staatsdrukker.

Kirk, T. 1973. Progress and decline in the Kat River settlement, 1829–1854. Journal of

African History, 14:411–28.

Kularatne, T. 1995. Introduction of printing to Sri Lanka (Ceylon): The Dutch press in

Ceylon (1736–1796). Libri, 45(2):65–77.

Koolhof, S. en R. Ross. 2005. Upas, September and the Bugis at the Cape of Good Hope: The

context of a slave’s letter. Archipel, 70:305.

679

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Le Cordeur, B. en C. Saunders. 1976. The Kitchingman papers: Missionary letters and

journals, 1817 to 1848 from the Brenthurst collection, Johannesburg. Johannesburg:

Brenthurst Press.

Leibbrandt, H.C.V. 1896. Letters despatched, 1696-1708. Kaapstad: W.A. Richards & Son.

—. 1902. Précis of the archives of the Cape of Good Hope: Journal, part 2: 1671–1674 and

1676. Kaapstad: W.A. Richards & Son.

Letters from the Cape by Lady Duff Gordon. 1927. Geannoteer deur D. Fairbridge, met ’n

inleiding deur J. Ross. Oxford: Oxford University Press.

Levistzion, N. en R.L. Pouwels (reds.). 2000. The history of Islam in Africa. Athens: Ohio

University Press.

Liebenberg, H. s.j. Transkripsies uit die VOC-verhaleskat.

http://hdn.co.za/afr/index.php?option=com_content&task=view&id=252 (25 April 2009

geraadpleeg).

Lyons, M. en L. Taksa. 1992. Australian readers remember: An oral history of reading,

1890–1930. Melbourne: Oxford University Press.

Lyons, M. 2010. A history of reading and writing in the Western World. Londen: Palgrave

Macmillan.

Mason, J.E. 2003. Social death and resurrection: Slavery and emancipation in South Africa.

Charlottesville: University of Virginia Press.

Master and servant addenda to the documents of the working order in council of the 21st July

including memorials, &c., and reports by the resident magistrates on the missionary

institutions, with a summary of the whole. Cape of Good Hope Legislative Council. 1849.

Kaapstad: Saul Solomon.

Mayson, J.S. 1963. The Malays of Cape Town. Kaapstad: Africana Connoisseurs Press.

McKenzie, K. 1993. The South African Commercial Advertiser and the making of middle

class identity in early nineteenth-century Cape Town. Ongepubliseerde MA-verhandeling,

Universiteit van Kaapstad.

Meester van die Weeskamer (MOOC). Kaapstad: Kaapse Argiefbewaarplek,

Moorrees, A. 1937. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, 1652–1873.

Kaapstad: SA Bybelvereniging.

Newton-King, S. 2012. Family, friendship and survival among freed slaves. In Worden (red.)

2012.

Ovens, C. (red.). 2006. Bibliophilia Africana 8: From papyrus to print-out; The book in

Africa. Kaapstad: National Library of South Africa.

680

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Palmer, B. en A. Buckland (reds.). 2011. A return to the common reader: Print culture and

the novel, 1850–1900. Farnham, Surrey: Ashgate.

Patrikis, P.C. (red.). 2003. Reading between the lines: Perspectives on foreign language

literacy. New Haven en Londen: Yale University Press.

Prinsloo, M. 2008. Literacy and land at the Bay of Natal: Documents and practices across

spaces and social economies. English in Africa, 35(1):97–116.

Penn, N. 1986. Daily life in eighteenth century Cape Town. Cabo, 4:6.

Pers, D.P. 1648. Vernieuwde Urania, of Hemel-Sangh: Zijnde het 11 deel van Bellerophon of

Lust tot wysheyt waer in veele historiale en Christelijke gesangen, stichtelicke liedekens.

Amsterdam: Nicolaes Van Ravestyn.

Rafudeen, A. 2006. Ritual and political critique: Tuan Guru’s subversive pietism. Journal of

Islamic Studies, 26:92–112.

—. 2005. A parallel mode of being: The Sanusiyyah and intellectual subversion in Cape

Town, 1800–1840. Deel 2. Journal for the Study of Religion, 18(2):23–38.

Read, J. 1852. The Kat River settlement in 1851: Described in a series of letters published in

“The South African Commercial Advertiser”. Kaapstad: Robertson.

Rhoda, E. 2007. The Islamic da’wah from the Auwal Masjid in the Bo-Kaap to Mosterd Bay

(Strand), 1792–1838. Quarterly Bulletin of the National Library of South Africa, 61:45–56.

Rochlin, S.A. 1933. Early Arabic printing at the Cape of Good Hope. Bulletin of the School

of Oriental Studies, 7(1):49–54.

—. 1957. Charles Dickens and the nineteenth century Cape. Quarterly Bulletin of the South

African Library, 11(3):87–96.

Rose, J. 2001. The intellectual life of the British working classes. New Haven: Yale

University Press.

Ross, R. en R. Viljoen. 2009. The 1849 Census of Cape Missions. South African Historical

Journal, 61:389–406.

Ross, R. 1980. The occupations of slaves in eighteenth century Cape Town. In Saunders en

Phillips (reds.) 1980.

Saunders, C. en H. Phillips (reds.). 1980. Studies in the history of Cape Town. Vol. 2.

Kaapstad: University of Cape Town, Centre for African Studies.

Schoeman, K. 1987.The recollections of Elizabeth Rolland (1803–1901), with various

documents on the Rolland family and the Free State mission of Beersheba. Kaapstad en

Pretoria: Human and Rousseau.

681

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

—. 2005. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ’n slavin, 1652–1733. Tweede uitgawe.

Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2007. Early slavery at the Cape of Good Hope, 1652–1717. Pretoria: Protea Boekhuis.

Scholtz, J. Du P. 1964. Die Afrikaner en sy taal, 1806-1875. Kaapstad: Nasou.

Scholtz, P. 2004. Tales of the Tokoloshe. Kaapstad: Struik.

Seventh Annual Report of the South African Tract and Book Society, 1838, with a List of

Subscribers. 1838. Kaapstad: Gazette Office.

Shell, R. [C-H]. 1984. Introduction to S.E. Hudson’s Slaves. Kronos, 9:44–70.

—. 1992. Tender ties: Women and the slave household, 1652–1834. The Societies of

Southern Africa in the 19th and 20th centuries. Vol. 17. University of London: Institute of

Commonwealth Studies.

—. 1994. Children of bondage: A social history of the slave society at the Cape of Good

Hope, 1652–1838. Johannesburg: Witwatersrand University Press.

—. 2000. Islam in Southern Africa, 1652–1998. In Levistzion en Pouwels (reds.) 2000.

—. 2004. The 1714 census of the Slave Lodge, 31 August 1714, Cape Archives: C.336

Attestatien, folios 457-474. http://batavia.polresearch.org/slavery/1714_census.htm (19

Januarie 2011 geraadpleeg).

—. 2006. Madrasahs and Moravians: Muslim educational institutions in the Cape Colony,

1792 to 1910. New Contree, 51:101–13.

Shell, R. en A.L. Dick. 2012. Jan Smiesing, slave lodge schoolmaster and healer, 1697-1734.

In Worden (red.) 2012.

Statute Law of the Cape of Good Hope, comprising the placaats, proclamations, and

ordinances enacted before the establishment of the colonial parliament and still wholly or in

part in force. 1862. Kaapstad: Saul Solomon.

Stempowski, P. 2006. Choosing respectability: The social mix of Cape Town between 1795

and 1840. Kleio, 38(1):40–69.

Theal, G.M. 1882. Kaffir folklore; or, A Selection among the people living on the eastern

border of the Cape Colony. Londen: W. Swan Sonnenschein.

Tuer, A.W. 1968. History of the horn book. New York en Londen: Benjamin Blom.

Van der Merwe, M.H. 1983. Leeskringe met spesiale verwysing na hulle voorkoms in Wes-

Kaapland. Mikrovorm. Universiteit van Suid-Afrika Argief.

Van der Westhuizen, W.S. 1953. Onderwys onder die algemene skoolkommissie: Die periode

1804–39. In Kieser (red.) 1953.

682

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Varley, D. 1952. The 19th century and the common reader. South African Libraries,

19(4):103–10.

—. 1958. South African reading in earlier days. Johannesburg: SABC Publicity Department.

Van Rooyen, G.H. en S.H. Pellissier. 1954. Raai raai riepa of die Afrikaanse raaiselboek met

snelsêertjies en boerespelling. Pretoria: Van Schaik.

Von Dessin, J.N. s.j. Catalogus Librorum Bibliothecae Publicae; Capitis Bonae Spei, Octavo

first series. Plek en uitgewery onbekend.

Ward, K. 2009. Networks of empire: Forced migration in the Dutch East India Company.

Cambridge: Cambridge University Press.

Ward, K. 2012. Southeast Asian migrants. In Worden (red.) 2012.

Westerman, A. 1692. Groote Christelijke zee-vaart, predicatien, in maniere van een

zeepostille. Amsterdam: Gysbert de Groot.

Westra, P. 1984. The abolition of slavery at the Cape of Good Hope: Contemporary

publications and manuscripts in the S.A. Library. Quarterly Bulletin of the South African

Library, 39:58–66.

Winberg, C. 1992. Satire, slavery and the ghoemaliedjies of the Cape Muslims. New

Contrast, 76:78–96.

Woolf, V. 1925. The common reader.

http://ebooks.adelaide.edu.au/w/woolf/virginia/w91c/chapter1.html (2 Januarie 2011

geraadpleeg).

Worden, N., E. van Heyningen en V. Bickford-Smith. 2004. Cape Town: The making of a

city: An illustrated social history. Kenilworth: David Philip.

Worden, N. en G. Groenewald (reds.). 2005. Trials of slavery: Selected documents

concerning slaves from the criminal records of the Council of Justice at the Cape of Good

Hope, 1705-1794. Kaapstad: Van Riebeeck-Vereniging.

Worden, N. (red.). 2012. Cape Town between East and West: Social identities in a Dutch

colonial town. Johannesburg: Jacana Media.

Zboray, R.J. en M. Saracino Zboray. 2006. Everyday ideas: Socio-literary experience among

antebellum New Englanders. Knoxville: University of Tennessee Press.

Eindnotas

1

Ek bedank die twee anonieme keurders vir hulle opmerkings en voorstelle ter verbetering

van die artikel.

683

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2 Die onderklasse van Kaapstad sluit “sailors, soldiers, artisans, convicts, exiles” en selfs

“more elite inhabitants such as burghers and Company officials” in (Worden 2012:xi). Hulle

word nie in hierdie artikel ingesluit nie.

3

Sy suster, Anna van Dapoer, was ’n onderwyseres in die slawelosie. Ek is dankbaar teenoor

een van die keurders wat hierdie inligting aan my verskaf het.

4 Sien Leibbrandt, Letters despatched, 1696-1708 (30 March 1705), bl. 263.

5 Sien Leibbrandt, Letters despatched, 1696-1708 (27 May 1705), bl. 267.

6 Meester van die Weeskamer (MOOC), Kaapse Argiefbewaarplek, Kaapstad. Baie van

hierdie verwysings kan nagegaan word op die Towards a New Age Partnership (TANAP)webblad:

www.tanap.net. Ek het soektogte onderneem onder die rubrieke “book” en “books”,

wat hierdie resultaat vir vryswartes gelewer het, maar daar mag ander wees wat ek gemis het

of wat nie ingesluit is in hierdie databasis nie.

7 Hierdie afdeling is gebaseer op Shell en Dick (2012) en Dick (2012).

8 Lied 128.

9 Ek is dankbaar teenoor een van die keurders wat hierdie inligting aan my verskaf het.

10 Sien byvoorbeeld Van Selms, A. 1953. Die oudste boek in Afrikaans: Isjmoeni se

“Betroubare Woord”. Herzog-Annale van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en

Kuns, ble. 61–102.

11 Sien volksverhaal nr. 9 in deel 1, en volksverhaal nr. 5 in deel 2.

12 Sien volksverhaal nr. 94.

13 Ek is dankbaar teenoor een van die keurders wat hierdie inligting aan my verskaf het.

14

Sien byvoorbeeld die brief van James Read aan John Philip, 16 November 1835, in Le

Cordeur en Saunders (1976:159).

15 Sien De Verzamelaar, 2 Junie 1828. Vir voorbeelde van fabels en legendes, sien De

Verzamelaar,4 Februarie 1826; 11 Februarie 1826; 18 Februarie 1826; 29 April 1826; 6 Mei

1826.

16 Sien De Verzamelaar, 20 Augustus 1839.

17 ’n Inboeksisteem vir slawe het bestaan sedert die totstandkoming van vrystelling op 1

Desember 1834 tot 1 Desember 1838. Gedurende hierdie vierjaarperiode is slawe ingeboek

by hulle eienaars, wat moes aanpas by ’n loonarbeidsisteem, terwyl die slawe moes leer om

meer onafhanklik te word (Worden, Van Heyningen en Bickford-Smith 2004:107).

18 Cape Town Mail and Mirror of Court and Council, 6 Maart 1841, ble. 6–7.

684

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

19 Sien die 34ste (1833), 42ste (1841), 43ste (1842) en 50ste (1849) jaaverslae van die

Religious Tract Society.

20 Hierdie inligting is verkry tydens ’n besoek aan die Genadendal-museum op 22 Desember

2009. Die Aanwinsregister vir 1823 is in die museum beskikbaar.

21 Een arbeider, Abraham, kon nie lees nie, maar sy vrou kon. Dit is misgekyk (Master and

Servant Addenda, 47).

22 Master and Servant Addenda, 169.

23 Master and Servant Addenda, 151.

24 Hierdie klein gemeenskap van werkersklasmense het op eie koste ’n skool gebou (Master

and Servant Addenda, 174).

25 Master and Servant Addenda, 187.

26 Hiervan het een derde Engels gelees, een derde Nederlands en een derde Setswana.

Sommiges het al drie die tale verstaan, en dié wat Engels gelees of gepraat het, het dit baie

goed en met ’n baie goeie Engelse aksent gedoen (Master and Servant Addenda, 33).

27 Daar was veertig vroue wat kon lees en wat uit die opgaaf weggelaat is (Master and

Servant Addenda, 239). Daar is ook ’n aanduiding van die getal volwassenes wat kon skryf.

28 Master and Servant Addenda, 237–8. Daar is ook ’n aanduiding van die getal kinders wat

kon skryf.

29 Master and Servant Addenda, 241.

685

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ma’s se persepsies van hoe afknouery gesinne

beïnvloed

Abraham P. Greeff en Estelle Roodt

Abraham P. Greeff en Estelle Roodt: Departement Sielkunde, Universiteit Stellenbosch

Die doel van hierdie verkennende, kwalitatiewe ondersoek was om vas te stel hoe gesinne

deur die krisis van afknouery geraak word. Gesinsisteemteorie (Broderick 1993) verskaf die

teoretiese raamwerk vir die ondersoek. Die navorsingsvraag vloei logies voort uit

gesinsisteemteorie, naamlik: Hoe raak die afknouery van ’n kind ook die ander gesinslede?

Die studiepopulasie was gesinne met laerskoolkinders wat vir ses maande of langer geboelie

is in die voorafgaande drie jaar, en wat in die Suid-Kaap woon. Agt-en-veertig ma’s het as

verteenwoordigers van hul gesinne aan die ondersoek deelgeneem. Elk het ’n biografiese

vraelys voltooi en die volgende oop vraag beantwoord: Op watter manier het die afknouery

julle gesin geaffekteer? Resultate wat deur middel van inhoudsontleding verkry is, het getoon

dat gesinne op verskeie maniere deur die afknouery geraak is. Die kinders wat geboelie is, is

veral geaffekteer deurdat hulle negatiewe emosies soos hartseer ervaar het, opstandig geword

het by die huis, hulself onttrek het en/of nie wou teruggaan skool toe nie. Die meeste ouers is

deur die afknouery geaffekteer deurdat hulle woede of ander negatiewe emosies ervaar het,

en/of deurdat hulle bekommerd oor hul kind se welstand en toekoms geword het. Die

afknouery het soms gesinne as geheel beïnvloed deurdat dit konflik binne die gesin

veroorsaak het, terwyl dit in ander gevalle die gesin nader aan mekaar gebring het. Die

bevindinge van hierdie ondersoek vul ’n leemte in die literatuur oor hierdie onderwerp en kan

sinvol aangewend word in die ontwikkeling van afknoueryvoorkomings- en

intervensieprogramme.

Trefwoorde: afknouery; laerskoolkind; gesin; persepsies

Abstract

Mothers’ perceptions of how bullying affects families

Large-scale studies on the prevalence of bullying have been conducted in various countries,

including Norway, Finland, Sweden, England, the Netherlands, Canada, Spain, Ireland,

Australia, Japan and the United States of America (Espelage and Swearer 2003:365; Olweus

1994:1171). A study that was conducted in Norway, in which more than 130 000 learners

between the ages of seven and sixteen completed the Olweus Bully/Victim Questionnaire,

found that approximately 15% of all learners in the country had been involved in bullying,

whether as bullies or as victims. With regard to other countries, the prevalence of bullying

ranges from 11,3% in Finland to 49,8% in Ireland (Dake, Price and Telljohann 2003:173).

686

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In South Africa the prevalence of bullying is even higher, with as many as 58,2% of learners

affected by it (Neser, Ovens, Van der Merwe et al. 2004:32). Although it is often argued that

bullying is a relatively normal part of growing up (Greeff 2004:1), various studies have

shown the negative consequences it entails (Smith 1999:68). For example, children who are

bullied often experience somatic symptoms such as headaches and stomach aches (Swart and

Bredekamp 2009:405), as well as symptoms of depression, such as suicidal thoughts

(KaltialaHeino, Rimpelä, Marttunen et al. 1999:351; Roland 2002:55).

Although research on bullying has previously been conducted in South Africa, it focused

primarily on the prevalence of bullying (De Wet 2005:82; Greeff 2004:1; Neser et al.

2004:30), as well as on learners’ and teachers’ experiences of bullying (Adam 2007:10;

MacDonald and Swart 2004:33; Pillay 2004:5; Swart and Bredekamp 2009:405; Zeelie

2004:5). No studies on how families are affected by bullying were found in the South African

literature.

The research question for this study was, therefore: How are families affected by bullying?

Family systems theory (Broderick 1993) provided the theoretical framework for this study.

This theory argues that families are open, on-going, goal-seeking, self-regulating social

systems that are best understood in the context of their interactions and systemic relationships

(Broderick 1993:37). Families are interdependent and the interaction and communication

between individual members should be studied in order to understand the family system as a

whole, rather than studying individual family members in isolation. Thus, although each

family member leads his/her own life and it sometimes seems as if individuals function

independently, events in the life of one family member necessarily have an impact on all the

other members (Broderick 1993:21).

This study made use of a qualitative, exploratory research design. Data was collected by

means of an open-ended question. The study population consisted of families with primary

school children who had been bullied for six months or longer over the previous three years,

and who reside in a village in the Southern Cape. The participants who represented their

families were obtained through non-random snowball sampling. The children attended a rural

primary school and their families met the requirements for participation.

Permission to do the research was granted by the principal and governing body of the school,

after which a letter with regard to the research was sent to all parents with children in the

school. Permission was granted to contact the parents of all the children in grades 5, 6 and 7.

The primary researcher made 75 calls, and found 25 families who met the requirements for

participation and were willing to participate. The other parents either said that as far as they

knew their children were not victims of bullying, or they were not interested in taking part.

The rest of the participants (n = 23) were obtained by means of referrals from the other

participants (snowball effect). In order to control for the effect of gender, mothers were

encouraged to act as representatives of their families.

In order to be eligible for participation, families had to meet the following criteria: (1) at least

one child in the family had to have been be bullied for six months or longer; (2) the bullying

had to have taken place in the past three years; (3) the bullying had to have taken place while

the children were in primary school; and (4) it had to be a two-parent family.

A total number of 48 families took part in the study. The home language of the majority of

the participants was Afrikaans (83%, n = 40), followed by English (15%, n = 7) and Xhosa

687

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(2%, n = 1). Seventy-three percent (n = 35) of the participants were white, while 25% were

coloured (n = 12) and 2% were black (n = 1). The majority of the participants were in their

first marriage (73%, n = 35), while 21% (n = 10) had been married before and 6% (n = 3) of

the couples lived apart. On average, the participants had been married for 13,9 years (SD =

6,4). The participants’ average age was 40,2 years (SD = 5,9), while their partners’ average

age was 42,4 (SD = 6).

Once permission had been granted to conduct the research, potential participants were

contacted. Appointments were made with parents who were willing to participate. During the

interviews the participants were asked the following open-ended question: “In what ways did

the bullying affect your family?” The participants were also asked to complete a biographical

questionnaire, which included questions on their families’ home language, marital status,

length of marriage, family composition, level of education, and gross income per month.

Questions about the child who was bullied were related to whether the bullying still occurred,

how long the bullying lasted, and when the parents became aware of the bullying.

Data was analysed by means of content analysis. The purpose of content analysis is to

examine comprehensive material systematically (Mayring 2000:266). Coding is a

fundamental step in the process of qualitative data analysis and allows the researcher to

organise data according to themes.

Significant text segments were identified and grouped together to form related categories.

Various themes emerged from the evaluation of the categories. Themes were divided into the

following categories: “Not affected”, “Child that was bullied was affected”, “Parents

affected”, and “Family as a whole affected”. The “Not affected” category referred to families

that did not indicate that they were affected by the bullying. The “Child that was bullied was

affected” category refers to all the ways in which the child concerned was affected by the

bullying. Similarly, “Parents affected” and “Family as a whole affected” referred to the ways

in which the parents and families as a whole were affected by the bullying respectively.

According to the analyses, seven participants (15%) indicated that the bullying did not affect

their families. Most of the parents, however, felt that the bullying affected their families in

one way or another. The bullying affected the child who was bullied, the parents themselves,

or the family as a whole.

The children who were bullied were affected in different ways. Some children (6%, n = 3)

came home with physical injuries, while other children’s belongings were destroyed (6%, n =

3). The bullying often led to the child’s not wanting to go back to school (15%, n = 7). The

bullying sometimes had a negative effect on the child’s schoolwork (8%, n = 4). Several

children were affected by the bullying in that they experienced negative emotions (27%, n =

13). The children who were bullied often became rebellious at home (19%, n = 9). In contrast

to the latter, some children began to withdraw (19%, n = 9). A few participants mentioned

that the bullying had a negative effect on their child’s self-esteem (13%, n = 6). Three

participants (6%) said that their children repeatedly urinated in their beds at night in reaction

to the bullying. The children sometimes also had nightmares because of the bullying (4%, n =

2).

Not just the children, but also their parents, were affected by the bullying in various ways.

Parents were worried about their children (10%, n = 5). They also experienced negative

emotions such as rage (17%, n = 8), dismay (4%, n = 2), pity (8%, n = 4), sadness (4%, n =

688

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

2), unhappiness (4%, n = 2), powerlessness (8%, n = 4), disappointment (8%, n = 4) and/or

uncertainty (2%, n = 1).

In some cases the crisis of bullying affected the family as a whole. Some participants felt that

the event brought their family closer together (4%, n = 2). In other families, however, the

bullying led to conflict (8%, n = 4).

The purpose of this study was to determine how families are affected by the crisis of

bullying. The results show that families are affected by bullying in many ways. The children

who were bullied were especially affected in that they experienced negative emotions such as

sadness. Although it sometimes became evident only much later, it was clear from the results

that the parents and families were also affected by the bullying in various ways. As a whole,

bullying is a negative and destructive act that disrupts not only the victim’s life, but also the

lives of the people close to him/her.

Keywords: bullying; primary school child; family; perceptions

1. Inleiding

Studies oor die voorkoms van afknouery is reeds op groot skaal in verskeie lande gedoen,

insluitende Noorweë, Finland, Swede, Engeland, Nederland, Kanada, Spanje, Ierland,

Australië, Japan en die Verenigde State van Amerika (Espelage en Swearer 2003:365;

Olweus 1994:1171). ’n Ondersoek wat in Noorweë gedoen is, waarin meer as 130 000

leerders tussen die ouderdomme 7 en 16 jaar die Olweus Bully/Victim Questionnaire voltooi

het, het getoon dat ongeveer 15% van alle leerders in daardie land al by afknouery betrokke

was, hetsy as ’n boelie of as ’n slagoffer (Olweus 1993:21 en 1994:1173). Wat ander lande

betref, wissel die voorkoms van afknouery onder laerskoolkinders tussen 11,3% in Finland en

49,8% in Ierland (Dake, Price en Telljohann 2003:173).

In Suid-Afrika is die voorkoms van afknouery selfs hoër, met tot soveel as 58,2% van

leerders wat daardeur geraak word (Neser, Ovens, Van der Merwe e.a. 2004:32).

Huidige definisies van afknouery het veral ontstaan uit die werk van Dan Olweus, wat reeds

sedert 1970 hierdie onderwerp navors (Greeff 2004:1). Volgens Olweus (1993:10) kan

afknouery gedefinieer word as aggressiewe gedrag of opsetlike kwaaddoenery wat

herhaaldelik en met verloop van tyd uitgevoer word in ’n interpersoonlike verhouding wat

deur ’n magswanbalans gekenmerk word. Afknouery vind dikwels plaas sonder dat die

slagoffer die boelie uittart. Afknouery sluit in om iemand te slaan, skop of knyp (fisieke

afknouery), of om iemand te dreig, terg, spot of name te noem (verbale afknouery). Om

iemand doelbewus uit ’n groep te sluit of te weier om aan ’n ander se versoeke gehoor te gee,

word ook as afknouery beskou (Olweus 1993:10).

Heelwat Suid-Afrikaanse gesinne word dus deur hierdie probleem geraak. Alhoewel daar

dikwels geredeneer word dat afknouery ’n relatief normale deel van die grootwordproses is

(Greeff 2004:1), dui verskeie ondersoeke op die negatiewe gevolge wat daarmee gepaardgaan

689

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(Smith 1999:68). Kinders wat geboelie word, ervaar byvoorbeeld dikwels somatiese

simptome soos hoofpyn en maagpyn (Swart en Bredekamp 2009:405), asook simptome van

depressie, soos selfmoordgedagtes (KaltialaHeino, Rimpelä, Marttunen e.a. 1999:351;

Roland 2002:55).

Alhoewel daar reeds vorige ondersoeke in verband met afknouery in Suid-Afrika gedoen is,

was die fokus daarvan meestal op die voorkoms van afknouery (De Wet 2005:82; Greeff

2004:1; Neser e.a. 2004:30), asook op leerders en onderwysers se ervarings van afknouery

(Adam 2007:10; MacDonald en Swart 2004:33; Pillay 2004:5; Swart en Bredekamp

2009:405; Zeelie 2004:5). Geen soortgelyke ondersoeke aan die huidige een is in die Suid-

Afrikaanse literatuur gevind nie.

Gesinsisteemteorie (Broderick 1993) verskaf die teoretiese raamwerk vir die ondersoek.

Hiervolgens is gesinne oop, deurlopende, doel-soekende, selfregulerende sosiale sisteme wat

op hul beste verstaan kan word in die konteks van wedersydse interaksies en sistemiese

verhoudings (Broderick 1993:37). Eerder as om individuele gesinslede in afsondering te

bestudeer, moet daar na gesinne as geheel gekyk word. Gesinslede is afhanklik van mekaar

en die interaksie en kommunikasie tussen individuele gesinslede moet bestudeer word om die

gesinsisteem as geheel te verstaan (Broderick 1993). Alhoewel elke gesinslid dus sy/haar eie

lewe lei en dit soms voorkom of individue onafhanklik funksioneer, affekteer gebeure in een

lid se lewe ook noodwendig al die ander lede (Broderick 1993:21).

Gegee die beperkte plaaslike navorsing van hoe afknouery die gesinseenheid beїnvloed,

asook die potensiële negatiewe gevolge wat met afknouery gepaard gaan, is besluit om ’n

verkennende, kwalitatiewe navorsingsontwerp te gebruik om ’n beter begrip te kry van hoe

Suid-Afrikaanse gesinne deur die krisis van afknouery geaffekteer word.

2. Metode

’n Kwalitatiewe ondersoekende navorsingsontwerp is gebruik waar data met behulp van ’n

oop vraag ingesamel is.

2.1. Deelnemers

Die studiepopulasie is gesinne met laerskoolkinders wat vir ses maande of langer geboelie is

in die voorafgaande drie jaar en wat in ’n dorp in die Suid-Kaap woon. Die steekproef is

saamgestel uit gesinne met kinders in ’n plattelandse laerskool en wat aan die vereistes vir

deelname voldoen. Die steekproef was nie-ewekansig en is met behulp van sneeubalsteekproeftrekking

bekom.

Nadat toestemming om die ondersoek te doen by die skoolhoof en beheerliggaam van die

laerskool verkry is, is ’n brief in verband met die ondersoek aan alle ouers met kinders in die

skool gestuur. Toestemming is verleen om die graad 5-, graad 6- en graad 7-kinders se ouers

690

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

te skakel. Deur die 75 oproepe wat die primêre navorser gemaak het, is 25 gesinne gevind

wat aan die insluitingskriteria voldoen en ingewillig het om aan die ondersoek deel te neem.

Die ander ouers het gesê dat hulle kinders nie geboelie word sover hulle weet nie, of hulle het

nie belang gestel om deel te neem nie. Die res van die deelnemers (n = 23) is verkry deur

verwysings van ander deelnemers (sneeubaleffek). Om vir die effek van geslag te kontroleer,

is ma’s sover moontlik aangemoedig om as verteenwoordigers van die gesinne op te tree en

namens die gesinne aan die ondersoek deel te neem.

Om aan die ondersoek te kon deelneem moes gesinne aan die volgende insluitingskriteria

voldoen: (1) minstens een kind in die gesin moes vir ses maande of langer geboelie gewees

het; (2) die afknouery moes in die voorafgaande drie jaar plaasgevind het; (3) die afknouery

moes plaasgevind het terwyl die kinders in die laerskool was; en (4) die gesin moes ’n tweeouer-gesin

wees.

Altesaam 48 gesinne het uiteindelik aan die ondersoek deelgeneem. Die meerderheid van die

deelnemers se huistaal was Afrikaans (83%, n = 40), gevolg deur Engels (15%, n = 7) en

Xhosa (2%, n = 1). Wat ras betref, was 73% (n = 35) van die deelnemers wit, 25% bruin (n =

12) en 2% swart (n = 1). Die meeste deelnemers was in hulle eerste huwelik (73%, n = 35),

terwyl 21% (n = 10) voorheen getroud was en 6% (n = 3) van die pare apart gewoon het.

Deelnemers was gemiddeld 13,9 jaar getroud (SA = 6,4). Die gemiddelde ouderdom van die

deelnemers was 40,2 jaar (SA = 5,9), en dié van hulle huweliksmaats was 42,4 jaar (SA =

6,0). Alle deelnemers was vroulik (N = 48) en alle deelnemers se huweliksmaats was manlik.

In 25% (n = 12) van die deelnemers se huise was daar ander familielede wat permanent by

hulle woon, byvoorbeeld ’n ouma of ’n oupa.

Ses persent (n = 3) van die deelnemers se hoogste vlak van formele opleiding was laerskool,

terwyl 46% (n = 22) hoërskool voltooi het. Vyf-en-twintig persent (n = 11) van die

deelnemers het beskik oor ’n diploma en 23% (n = 11) oor ’n graad. In die Wes-Kaap het

6,9% van die bevolking wat 20 jaar of ouer is, laerskool voltooi, 25% het matriek voltooi,

terwyl 7,9% ’n diploma en 4,8% ’n graad verwerf het (Statistiek Suid-Afrika 2005a). Die

opleidingsvlak van die deelnemers was dus opvallend hoër as dié van die Wes-Kaap as

provinsie.

Gesinne se totale bruto inkomste per maand was soos volg: minder as R1 000 (6%, n = 3), R1

000 tot R5 000 (19%, n = 9), R5 000 tot R15 000 (38%, n = 18), R15 000 tot R35 000 (31%,

n = 15) en meer as R35 000 (6%, n = 3). Die gemiddelde maandelikse inkomste van

huishoudings waarvan die hoof wit is vir die jaar 2005/2006 was R23 406, R6 619 vir

huishoudings waarvan die hoof bruin is, en R3 143 vir huishoudings waarvan die hoof swart

is (Statistiek Suid-Afrika 2005b).

Drie-en-dertig persent (n = 16) van die deelnemers se kinders is steeds tydens die datainsameling

geboelie, terwyl 67% (n = 32) van die deelnemers se kinders nog in die

voorafgaande drie jaar geboelie was, maar nie meer ten tye van die data-insameling nie. Die

gemiddelde ouderdom van die deelnemers se kinders toe die afknouery begin het, was 8,8

jaar (SA = 2,8) en hulle is gemiddeld 20,7 maande lank geboelie (SA = 17,4). Die langste

691

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

tydperk wat kinders geboelie is, was 60 maande (6%, n = 3), en die langste tyd wat dit

geneem het voor ouers van die afknouery bewus geword het, was 55 maande (2%, n = 1).

2.2 Prosedures

Nadat toestemming verkry is om die navorsing te doen, is potensiële deelnemers gekontak.

Afsprake is gemaak met ouers wat bereid was om deel te neem. Deelnemers kon kies of hulle

die onderhoud by hulle eie huis of by ’n kerkkantoor, wat sentraal in die dorp geleë is, wou

voltooi. Tydens die onderhoude is deelnemers die volgende oop vraag gevra: “Op watter

manier het die afknouery julle gesin geaffekteer?”

Elke deelnemer is ook versoek om ’n biografiese vraelys in verband met hul gesin te voltooi.

Vrae het ingesluit die huistaal, huwelikstaat, lengte van huwelik, gesinsamestelling,

opleidingsvlak en bruto inkomste per maand. Vrae in verband met die kind wat geboelie is,

was of die afknouery steeds plaasvind, hoe lank die afknouery geduur het, en wanneer ouers

daarvan bewus geword het. Om deelnemers vir hulle tyd en deelname te bedank, is elkeen

ingeskryf vir ’n gelukkige trekking waarin hulle die kans gestaan het om ’n koopbewys by ’n

kettingwinkel ter waarde van R500, R300 of R100 te wen. Nadat die data-insameling voltooi

is, is die trekking gehou. Die drie wenners is telefonies in kennis gestel van hulle pryse en ’n

afspraak is gereël vir die oorhandiging van die pryse.

2.3 Data-ontleding

Data is deur middel van inhoudsontleding ontleed. Die doel van inhoudsontleding is om

omvattende materiaal sistematies te ondersoek (Mayring 2000:266). Kodering is ’n

fundamentele stap in die proses van kwalitatiewe data-ontleding en dit stel die navorser in

staat om rou data volgens temas te organiseer. Volgens Strauss en Corbin is daar drie soorte

kodering wat in kwalitatiewe navorsing gedoen moet word, naamlik oop kodering, aksiale

kodering en selektiewe kodering (in Henning, Van Rensburg en Smit 2004:131). Oop

kodering behels die skep van kategorieë met betrekking tot sekere tekssegmente (Strauss

1987:28). Elke kategorie het ook dimensies, eienskappe en gevolge (Bohm 2000:272).

Tydens aksiale kodering is data op nuwe maniere saamgevoeg deur verbindings tussen

kategorieë te maak (Bohm 2000:272). Selektiewe kodering behels die seleksie van

kernkategorieë. Elke kernkategorie is sistematies met ander kategorieë in verband gebring en

sodoende word verhoudings tussen kategorieë geldig verklaar (Strauss 1987:33).

Volgens Lincoln en Guba speel geloofwaardigheid ’n kardinale rol in die verkryging van

goeie kwalitatiewe resultate (in Babbie en Mouton 2001:276). Daar is vier aspekte wat die

geloofwaardigheid van kwalitatiewe navorsing verhoog, naamlik aanneemlikheid,

oordraagbaarheid, betroubaarheid en bevestigbaarheid (Babbie en Mouton 2001:276). In

hierdie ondersoek is geloofwaardigheid soos volg gehandhaaf: Aanneemlikheid is verkry

deur die bevindinge van soortgelyke vorige ondersoeke met die bevindinge van die huidige

ondersoek te vergelyk, asook deur navorsingtoesighouding en persoonlike teenwoordigheid

tydens data-insameling. Oordraagbaarheid is bewerk deur ’n gedetailleerde beskrywing van

die demografiese faktore van die deelnemers, asook ’n deeglike beskrywing van die data-

692

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

insamelingsprosedure, weer te gee. Om betroubaarheid te verseker is die navorsingsontwerp

en -prosedure, asook alle resultate, in soveel moontlik besonderhede beskryf. Om die

bevestigbaarheidsaspek van geloofwaardigheid te verseker, was die navorser voortdurend

selfondersoekend deurdat sy bewus was van haar persoonlike oortuigings en aannames,

terwyl sy nogtans objektief probeer bly het. Bevestigbaarheid is verder verseker deur ’n

deeglike beskrywing van die ondersoekmetode te verskaf sodat die integriteit van die

resultate noukeurig ondersoek kon word, asook deur die erkenning van die tekortkominge

van die huidige ondersoek.

2.4 Etiese aspekte

Toestemming om met die navorsing voort te gaan is van die Navorsingsetiekkomitee van die

Universiteit Stellenbosch verkry. Geen ouers is vooraf geïdentifiseer of uitgesonder nie en die

navorser was die enigste persoon wat oproepe en afsprake gemaak het; sodoende is

privaatheid en vertroulikheid bewerkstellig. Deelnemers is verseker dat die antwoorde wat

hulle tydens die onderhoude sou gee, vertroulik sou bly en die voltooide biografiese vraelyste

met response op die oop vraag daarop, is op ’n veilige plek gebêre waar slegs die navorser

toegang daartoe het. Elke deelnemer is gevra om ’n ingeligte toestemmingsbrief te voltooi

waarin dit duidelik was dat deelname vrywillig was en dat ’n deelnemer enige tyd aan die

ondersoek kon onttrek as sy sou wou. Eerder as om die onderhoude by die skool te moes hê,

kon deelnemers kies of hulle die navorser by hulle eie huis of by die kerkkantoor wou

ontmoet; sodoende is die privaatheid van die deelnemers gerespekteer.

3. Resultate

Deelnemers se antwoorde is bestudeer om ’n oorsig daarvan te verkry en die konteks daarvan

te verstaan. Betekenisvolle tekssegmente is geïdentifiseer en daarna met mekaar in verband

gebring om sodoende kategorieë te vorm. Uit die evaluering van die kategorieë het verskeie

temas na vore gekom. Temas is in die volgende kategorieë opgedeel: “Nie geaffekteer”;

“Kind wat geboelie is, is geaffekteer”; “Ouers geaffekteer”; en “Gesin as geheel geaffekteer”.

Die kategorie “Nie geaffekteer” verwys na gesinne wat nie aangedui het dat hulle deur die

afknouery beïnvloed is nie. Die “Kind wat geboelie is, is geaffekteer”-kategorie verwys na al

die maniere waarop die kind wat geboelie is, deur die afknouery geraak is. So ook verwys die

“Ouers geaffekteer-” en “Gesin as geheel geaffekteer”-kategorieë onderskeidelik na die

maniere waarop die afknouery die ouers, en totale gesinne geaffekteer het. Die ontleding van

die response op die oop vraag word in Tabel 1 weergegee.

Tabel 1. Temas as aanduiding van hoe gesinne deur die afknouery geaffekteer is (N = 48)

693

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Soos aangedui in Tabel 1, het sewe deelnemers (15%) gemeld dat die afknouery nie hulle

gesin geaffekteer het nie. Die meeste ouers het egter ervaar dat die krisis van afknouery hulle

gesin op een of ander manier beïnvloed het. Die afknouery het die kind wat geboelie is, die

ouers self, asook die gesin as geheel, geraak.

Die kinders wat geboelie is, is op verskeie maniere daardeur geaffekteer. Drie (6%) kinders

het fisieke beserings opgedoen en daarmee by die huis aangekom. Dié drie kinders se ouers

het onderskeidelik gepraat van hulle kinders se blou kolle, blou oog en bloedneus. Een

deelnemer het vertel dat haar seun gereeld vra of hy karate-lesse kan neem. Party kinders se

eiendom is verniel (6%, n = 3). Skryfbehoeftes en skooltasse wat verniel en gesteel word,

asook pousekos wat gesteel word, het uit gesprekke met deelnemers na vore gekom. Een ouer

het ook gesê dat sy as gevolg van die afknouery elke maand nuwe skoolskoene vir haar seun

moet koop.

Die afknouery het in verskeie gevalle daartoe gelei dat die kind wat geboelie is, nie wou

teruggaan skool toe nie (15%, n = 7). Een deelnemer het vertel dat hulle seun geweier het om

terug te gaan skool toe, en dit het “onnodige stryery en spanning in die huis” veroorsaak. ’n

Ander deelnemer het gesê dat haar kind senuweeagtig geword het in die oggende voor skool.

Nog ’n deelnemer het genoem dat haar kind weens die afknouery dikwels stokkiesgedraai

het, en dat hulle eers later daarvan uitgevind het. Nog ’n deelnemer het van haar dogter gesê:

“Sy wou ook nie meer skool toe gegaan het nie, waar sy dit in die verlede vreeslik geniet het

en uitgesien het daarna.” Die afknouery het soms ’n negatiewe effek op kinders se skoolwerk

gehad (8%, n = 4). Een deelnemer het vertel dat haar seun twee jaar akademies agter geraak

het as gevolg daarvan dat hy geboelie is.

694

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Verskeie kinders is deur die afknouery geaffekteer in die vorm van negatiewe emosies wat

hulle begin ervaar het (27%, n = 13). Hulle het hartseer, humeurig of huilerig geword en het

dikwels na skool by die huis gehuil oor wat met hulle gebeur het. Een ouer het vertel dat haar

dogter “skielik baie emosioneel begin raak” het en “vir die geringste dingetjie begin huil, of

’n woede-uitbarsting gekry” het. ’n Ander ouer het gesê haar dogter het “vol mood swings en

buierig” geword.

Die kinders wat geboelie is, het dikwels opstandig geword by hulle huise (19%, n = 9).

Deelnemers het beskryf dat hulle kinders rebels, geïrriteerd, opstandig en aggressief geword

het. Een ouer het gesê dat haar seun sy jonger boetie begin boelie het, terwyl ’n ander ouer

gemeld het dat haar dogter onbeskof met haar susters geword het. Nog ’n ouer het vertel dat

haar dogter gespot was omdat sy tuisgemaakte klere gedra het en dat sy daarna geweier het

om gemaakte klere te dra. ’n Ander ouer het gesê haar seun het almal begin byt vandat die

afknouery begin het.

In teenstelling met laasgenoemde reaksie op die afknouery het ander kinders hulle weer begin

onttrek (19%, n = 9). Hierdie kinders het hulle van gesinslede, maats en/of alle vreemde

mense afgesonder. Een ouer het vertel: “My kind was altyd ’n vreeslike vriendelike,

innemende persoonlikheid. Sy was die sonstraal van die gesin. Stadig maar seker het ek begin

agterkom hoe my kind al stiller en teruggetrokke raak.”

’n Paar deelnemers het gemeld dat die afknouery hulle kind se selfbeeld negatief beïnvloed

het (13%, n = 6). Hulle meen hulle kind se selfbeeld is aangetas, en dat hulle kind nie meer

selfvertroue gehad het nie. Een ouer het gesê haar dogter het “oorbewus van haar voorkoms

geword”, terwyl ’n ander ouer vertel het dat haar seun baie sensitief geraak het oor

opmerkings wat hulle by die huis oor hom maak.

Drie deelnemers (6%) het aangevoer dat hulle kinders, in reaksie op die afknouery, snags

herhaaldelik in hulle beddens geürineer het. Kinders het ook soms nagmerries gekry as

gevolg van die afknouery (4%, n = 2). Een ouer het vertel dat haar seun “snaakse

kreungeluide” in sy slaap begin maak het. Hulle het hom dokter toe geneem en so

agtergekom dat hy geboelie word.

Nie net die kinders nie, maar ook hulle ouers, is op verskeie maniere deur die afknouery

geraak. Ouers het bekommerd geword oor hulle kinders (10%, n = 5). Een deelnemer het

vertel dat sy bang is haar kind “snap” eendag en doen iets “negatiefs” omdat hy kleintyd

geboelie is. ’n Ander deelnemer het gevrees dat die afknouery tot verkragting sou kon lei.

Nog ’n besorgdheid wat ouers genoem het, was dat hulle bang was hulle kind sou weier om

terug te gaan skool toe. Een ouer was ook bekommerd oor wat die invloed van die afknouery

op haar dogter se skoolwerk sou wees “omdat sy ’n senuweeagtige persoon is”. ’n Ander

deelnemer het tot die besef gekom “dat ons na ons twee dogters se gesondheid en dieet moet

oplet, aangesien ons indirek verantwoordelik is vir hulle eetgewoontes en gewig”.

Die meeste ouers is deur die afknouery geaffekteer deurdat hulle een of ander negatiewe

emosie ervaar het. Ouers het onder andere van woede (17%, n = 8), ontsteltenis (4%, n = 2),

695

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

bejammering (8%, n = 4), hartseer (4%, n = 2) en/of ongelukkigheid (4%, n = 2) gepraat. Een

ouer wat woede ervaar het, meen “dit het ons ook dadelik op ’n oorlogspad geplaas. Dit was

’n geveg met die skoolhoof, personeel, asook ouers en beheerraad wat net nie geglo het dat

die ‘wonderlike’ boelie in staat is tot sulke gedrag.” Nog ’n ouer wat kwaad geword het,

meen sy het so gevoel omdat sy besef het dat haar graad 7-dogter nie gaan ophou om

geboelie te word solank sy in die laerskool is nie. ’n Ander ouer was ontsteld “want dit het

nog nooit by ’n vorige skool gebeur nie”. Party ouers het weer jammer gevoel vir hulle

kinders, want hulle wil die beste vir hulle kinders hê en hulle voel dat die afknouery onnodig

was. ’n Ander ouer was “hartseer vir my kind wat nie altyd haar maats se optrede verstaan het

nie”. Soms het ouers ongelukkigheid ervaar: “’n Ma is net so gelukkig soos haar

ongelukkigste kind, so ek was ongelukkig en my man het dit aangevoel en dit het hom en die

res van die gesin ook geaffekteer.” Een ouer het na aanleiding van ’n spesifieke voorval

waarin haar dogter verbaal afgeknou is, gesê sy voel hartseer en ongelukkig: “Ek weet nie

hoe iemand dit vir ’n kind kan sê nie. Wat doen my kind verkeerd? Sy is dan ’n liefdevolle

kind.”

Verskeie ouers het magteloos gevoel (8%, n = 4) en gesê hulle weet nie wat om aan die

afknouery te doen nie. Hulle voel dit sou nie help om na onderwysers te gaan nie; die

onderwysers se hande is ook afgekap. Verder was ouers soms bang dat as hulle skool toe sou

gaan oor die probleem, daar op hulle kinders gepik sou word. Een ouer het ook gevoel dat sy

nie nog die onderwyser wil gaan pla nie, want dié het reeds genoeg probleme van haar eie. ’n

Ander ouer het magteloos gevoel omdat dit moeilik sou wees om die boelie vas te vat: “Dit

was ’n gevoel van magteloosheid, want hoe word dit bewys want dit is so subtiel gedoen dat

alles regtig doodonskuldig gelyk het.”

Om teleurstelling te ervaar, was nog ’n manier waarop die afknouery ouers geaffekteer het

(8%, n = 4). Deelnemers het hulle teleurstelling in die boelies, asook in die onderwysers,

uitgespreek. Een ouer het gesê sy was teleurgesteld in hoe die skool die situasie hanteer het,

want “ons het soveel vertroue in die skool en personeel gehad”. ’n Ander ouer het gevoel dat

die skoolhoof onregverdig opgetree het toe haar kind geboelie is en dat dit verdere

ongelukkigheid vir haar kind veroorsaak het. Een ouer het na aanleiding van die afknouery

onsekerheid ervaar (2%). Sy het vertel: “Ons het begin twyfel oor die manier waarop ons ons

kind moet grootmaak ... ek het gevoel ek het iets verkeerd gedoen.”

Die krisis van afknouery het ook in sommige gevalle die gesin as geheel geaffekteer. Party

deelnemers het gesê dat die gebeurtenis hulle gesin nader aan mekaar gebring het (4%, n = 2).

In ander gesinne het dit egter tot konflik gelei (8%, n = 4). Gesinslede het byvoorbeeld meer

begin stry. Een ouer het vertel: “Dit het baie druk en verwarring in ons familie gebring, want

skielik begin mens fout soek en allerlei bose gedagtes van wat jou maat miskien met die kind

doen, kom by jou gedagtes op. Ons het deur ’n baie moeilike tyd gegaan … Nadat dit

duidelik geword het dat dit by die klas gebeur en niks verband hou met ons as gesin nie, kon

ons die probleem aanspreek.” ’n Ander ouer het gesê: “My man het gevoel ek piep die kind

op en sy moet haar eie battles fight. Dit het baie konflik tussen my en my man veroorsaak.

My kind het ook begin manipuleer, omdat sy sien sy kry aandag.”

696

4. Bespreking

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Volgens die ma’s se mededelings is kinders, ouers en gesinne as geheel deur die krisis van

afknouery beïnvloed. Kinders is veral geaffekteer deurdat hulle negatiewe emosies ervaar het

(27%, n = 13). Deelnemers het melding gemaak van hulle kinders se hartseer, humeurigheid

of huilerigheid. Kinders het ook dikwels opstandig geword (19%, n = 9), of hulself onttrek

(19%, n = 9). Hierdie nadelige gevolge bevestig die bevindinge van ander Suid-Afrikaanse

ondersoeke, naamlik dat kinders wat geboelie word, minderwaardig, seergemaak, vernederd,

bang, geïrriteerd, kwaad, hartseer, ongelukkig en magteloos voel, en dat hulle nie meer wil

lewe nie (Neser e.a. 2004:45; Swart en Bredekamp 2009:420).

Dit is dan ook te verstane dat verskeie kinders bang was of geweier het om terug te gaan

skool toe (15%, n = 7). Slagoffers van afknouery is dikwels eensaam by die skool en het min

of geen maats nie (Olweus 1993:32; Perren en Alsaker 2006:45). Kinders wil nie met die

slagoffer geassosieer word nie, aangesien hulle bang is dat dit hulle eie kanse om geboelie te

word, sal verhoog (Perren en Alsaker 2006:52). Die eensaamheid wat slagoffers ervaar,

tesame met die vrees vir wanneer die volgende voorval gaan plaasvind, kan hulle skoolwerk

nadelig beïnvloed (Govender en Dlamini 2010:66). Vier deelnemers het dan ook gerapporteer

dat hulle kinders se skoolwerk agteruitgegaan het sedert die afknouery begin het.

Alhoewel ondersoeke in verband met afknouery dikwels op die gevolge daarvan vir die

slagoffer fokus, moet daar in ag geneem word dat die afknouery ouers en ook die hele gesin

raak. Deelnemers en hulle huweliksmaats het dikwels negatiewe emosies soos woede,

ontsteltenis, bejammering, hartseer, ongelukkigheid, magteloosheid, teleurstelling en

onsekerheid ervaar nadat hulle uitgevind het hulle kind word geboelie (56%, n = 27). Hierdie

bevindinge stem ooreen met ’n ondersoek deur Humphrey en Crisp (2008:45), wat bevind het

dat ouers kwaad, magteloos en skuldig gevoel het oor hulle onvermoë om hulle kind te kon

beskerm. Volgens Humphrey en Crisp (2008:45) ervaar ouers wie se kinders geboelie word,

hoër vlakke van stres en angs.

Vorige navorsing het getoon dat ouers dikwels nie bewus is van die mate waarin hulle

kinders afgeknou word nie, aangesien kinders nie sommer daaroor praat nie en ouers nie

noodwendig gereeld vir hulle kinders vra of hulle geboelie word nie (Humphrey en Crisp

2008:47; Olweus 1993:53). Ouers oorweeg dikwels eers die moontlikheid dat hulle kind

geboelie word wanneer hulle gedragsveranderinge in hulle kind raaksien (Humphrey en Crisp

2008:47). Selfs nadat deelnemers bewus geword het van die afknouery, het hulle dit soms

moeilik gevind om hulle kinders te verdedig. Ouers het soms eenvoudig nie geweet wat om

aan die afknouery te doen nie. Ander het onderwysers gaan spreek, met min sukses. Ouers

was dikwels ontevrede oor die onderwysers se reaksies en hantering van die sake. Een ma het

vir haar dogter gesê sy moet net die jaar klaarmaak, want die volgende jaar kry sy ’n nuwe

juffrou. Ander ouers meen die onderwysers se hande is ook afgekap en dat onderwysers

dikwels self bang is vir die boelies. So ook het ’n ondersoek deur Humphrey en Crisp

(2008:45) bevind dat ouers wat afknouery by die skool aangemeld het, dikwels gevoel het dat

697

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

hulle min ondersteuning van onderwysers kry en dat onderwysers soms ontken dat enige

afknouery plaasgevind het. Hieruit blyk dit dat afknouery en die gevolge daarvan vir die

slagoffer en die gesin ’n dreigende en moeilik hanteerbare saak is.

5. Gevolgtrekking

Die doel van hierdie ondersoek was om vas te stel hoe gesinne deur die krisis van afknouery

geraak word. Die resultate het getoon dat gesinne op verskeie maniere deur die afknouery

beïnvloed is, maar veral deurdat die kinders wat geboelie is, negatiewe emosies soos hartseer

ervaar het. Alhoewel soms eers heelwat later, is dit tog duidelik uit die resultate dat ouers, en

daardeur die gesinne, ook op verskillende maniere deur die afknouery geraak is. In die geheel

is afknouery ’n negatiewe en destruktiewe gebeurtenis wat veral die slagoffer, maar ook

ander na aan haar/hom, se lewens ontwrig.

’n Eerste beperking wat ’n invloed op die resultate kon gehad het, is die feit dat ouers

verskillende idees gehad het oor wat afknouery beteken of behels. Een ouer wat gebel is om

te vra of sy aan die ondersoek wil deelneem, het byvoorbeeld gesê haar seun is al deur ’n

ander met die vuis geslaan, maar hy is nog nie geboelie nie. Verskeie ouers wat gebel is, wou

ook weet wat “tel” nou eintlik as afknouery. Indien ouers en onderwysers daartoe in staat is

om afknouery meer presies te konseptualiseer, sal hulle dit kan raaksien en herken wanneer

kinders geboelie word en kan hulle dienooreenkomstig optree om die kinders te help. Indien

volwassenes egter misluk daarin om dit raak te sien en te besef wanneer ’n kind onder

afknouery deurloop, sal só ’n kind sonder hulp die pyn wat met afknouery gepaard gaan,

moet verduur.

Nog ’n beperking van hierdie ondersoek is dat net een verteenwoordiger van die gesin,

naamlik die ma, se perspektief gevra is. Aangesien elke lid van ’n gesin ’n unieke rol in die

gesin speel en sy/haar eie persepsie en waarneming van die gesinsomgewing het, sou die

resultate moontlik anders gelyk het as ’n ander, of addisionele, gesinslid, byvoorbeeld die pa,

deelgeneem het. ’n Verbetering op hierdie beperking sou dus wees om meer as een gesinslid

per gesin aan ’n soortgelyke ondersoek te laat deelneem.

Die steekproef van hierdie ondersoek was nie-ewekansig en is met behulp van sneeubalsteekproeftrekking

saamgestel. Alhoewel hierdie steekproeftrekkingsmetode gepas is vir die

ondersoek, kan daar nie sonder meer uit hierdie bevindinge veralgemeen word na die

algemene Suid-Afrikaanse bevolking nie. Trouens, gegewe die diverse Suid-Afrikaanse

bevolking, is dit voor die hand liggend dat die steekproef nie verteenwoordigend daarvan is

nie. Hierdie ondersoek is byvoorbeeld in ’n klein, plattelandse dorp uitgevoer en die resultate

kon moontlik anders lyk indien die ondersoek in ’n stedelike gebied uitgevoer sou word.

698

Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Adam, F. 2007. The development of an anti-bullying intervention process at a primary school

in Gauteng. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Johannesburg.

Babbie, E. en J. Mouton. 2001. The practice of social research. Kaapstad: Oxford University

Press.

Bohm, A. 2000. Theoretical coding: Text analysis in grounded theory. In Flick, Von Kardorff

en Steinke (reds.) 2000.

Broderick, C.B. 1993. Understanding family process: Basics of family systems theory.

Newbury Park, Kalifornië: Sage Publications.

Dake, J.A., J.H. Price en S.K. Telljohann. 2003. The nature and extent of bullying at school.

Journal of School Health, 73(5):173–80.

De Wet, C. 2005. The nature and extent of bullying in Free State secondary schools. South

African Journal of Education, 25(2):82–8.

Espelage, D.L. en S.M. Swearer. 2003. Research on school bullying and victimization: What

have we learned and where do we go from here? School Psychology Review, 32(3):365–83.

Flick, U., E. von Kardorff en I. Steinke (reds.). 2000. A companion to qualitative research.

Londen: Sage Publications.

Govender, R. en K. Dlamini. 2010. Bullying: the monster in the dark. Focus: The Journal of

the Helen Suzman Foundation, 56:66–8.

Greeff, P. 2004. The nature and prevalence of bullying during the intermediate school phase.

Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Vrystaat.

Henning, E., W. van Rensburg en B. Smit. 2004. Finding your way in qualitative

research.Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Humphrey, G. en B.R. Crisp. 2008. Bullying affects us too: Parental responses to bullying at

kindergarten. Australian Journal of Early Childhood, 33(1):45–9.

KaltialaHeino, R., M. Rimpelä, M. Marttunen, A. Rimpelä en P. Rantanen. 1999. Bullying,

depression, and suicidal ideation in Finnish adolescents: School survey. British Medical

Journal, 319:348–51.

MacDonald, H. en E. Swart. 2004. The culture of bullying at a primary school. Education as

Change, 8:33–55.

699

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Mayring, P. 2000. Qualitative content analysis. In Flick, Von Kardorff en Steinke (reds.).

2000.

Neser, J., M. Ovens, E. van der Merwe, R. Morodi, A. Ladikos en J. Prinsloo. 2004. The

victims of bullying in schools. Acta Criminologica, 17(3):28–47.

Olweus, D. 1993. Bullying at school: What we know and what we can do. Malden, MA:

Blackwell Publishers.

—. 1994. Annotation: Bullying at school: basic facts and effects of a school based

intervention program. Journal of Child Psychology and Psychiatry, 35(7):1171–90.

Perren, S. en F.D. Alsaker. 2006. Social behavior and peer relationships of victims, bullyvictims,

and bullies in kindergarten. Journal of Child Psychology and Psychiatry, 47(1):45–

57.

Pillay, J. 2004. Experiences of learners from informal settlements. South African Journal of

Education, 24(1):5–9.

Roland, E. 2002. Bullying, depressive symptoms and suicidal thoughts. Educational

Research, 44(1):55–67.

Smith, P.K. 1999. England and Wales. In Smith, Morita, Junger-Tas, Olweus, Catalano en

Slee (reds.) 1999.

Smith P.K., Y. Morita, J. Junger-Tas, D. Olweus, R. Catalano en P. Slee (reds.). 1999. The

nature of school bullying: A cross-national perspective. Londen: Routledge.

Statistiek Suid-Afrika. 2005a. General household survey July 2005. http://www.statssa.gov.za

(14 September 2010 geraadpleeg).

—. 2005b. Income and expenditure of households 2005/2006. http://www.statssa.gov.za (14

September 2010 geraadpleeg).

Strauss, A.L. 1987. Qualitative analysis for social scientists. New York: Cambridge

University Press.

Swart, E. en J. Bredekamp. 2009. Non-physical bullying: Exploring the perspectives of Grade

5 girls. South African Journal of Education, 29(3):405–25.

Zeelie, D.G. 2004. Managing bullying in primary schools in Johannesburg. Ongepubliseerde

MA-verhandeling, Universiteit van Johannesburg.

700

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Integrasie van artikulatoriese en akoestiese

eienskappe van vokale: ’n beskrywingsraamwerk

Opsomming

Daan Wissing

Daan Wissing: Senior Navorser, Sentrum vir Tekstegnologie, Noordwes-Universiteit

Die hoofdoel van hierdie artikel is om ’n raamwerk te ontwikkel wat gebruik kan word vir die

beskrywing, ontleding en interpretering van die vokale, natuurlike klasse vokale, soos

byvoorbeeld die gemerkte geronde vokale, asook volledige vokaalsisteme, van enige taal, in

ons geval hoofsaaklik Afrikaans. Vokale word onder meer beskryf in terme van die manier

waarop dit geproduseer word, dit is in die artikulatoriese fonetiek. Daarvan bestaan daar

etlike goeie voorbeelde wat betref Afrikaans, maar geen omvattende behandeling van die

akoestiese eienskappe van Afrikaanse vokale nie. Dit is anders gestel in die geval van

Nederlands, en dit kan baie kan bydra tot die ontwikkeling van sodanige beskrywing in

akoestiese terme. In hierdie bydrae probeer ek om hierdie gapings te vul. Wat betref die

artikulatoriese, kyk spesifiek hier na die interaktiewe vokaalkaart deur op

http://www.nwu.ac.za/af/content/ctext-vokaalkaart te klik, en die aanduidings daar te volg.

Hier kan mens nie net hoor hoe ’n spesifieke vokaal klink nie, maar mens kan ook ’n

magnetiese resonansbeeld (MRI) van die mondkanaal (insluitende die posisies van die tong

en vorm van die lippe) daarvan sien.

Ek gee die meeste aandag aan die akoestiese eienskappe van vokale. Juis omdat dit nie vir

spesifiek die Afrikaanse vokaalsisteem bestaan nie, maak ek ruim gebruik van die meer

gevorderde Nederlandse literatuur, maar ook die uitspraak self van die Nederlandse vokale.

Die voordeel hiervan is dat daar ’n groot ooreenkoms is tussen die vokale van hierdie twee

tale. Vokaalparameters wat toegelig word, is duur, intensiteit, grondfrekwensie (F0), en die

vokaalformante (F1, F2, F3), asook die bandwydte van F1. Kort vokale kan met behulp van

slegs hierdie stel parameters ontleed word, maar vir die lang, middelhoë vokale, wat geneig is

om te diftongeer, is die gradiënt waarteen hulle vokaalformante verloop, ook van groot

belang. Hierdie aspek van vokale kry spesiale aandag. In hierdie artikel lig ek ’n spesifieke

vokaalontledingsprogram, Vowelyse (Van der Walt en Wissing 2004) toe, en wys op die

sterkpunte daarvan vergeleke met ander metodes soos wat dit in die vakliteratuur gevind

word.

Trefwoorde: Afrikaans; akoestiese fonetiek; akoestiese vokaalkaart; artikulatoriese fonetiek;

interaktiewe vokaalkaart; MRI (magnetiese resonansbeelde); Nederlands; vokaal;

vokaalparameter; vokaalparameterhiërargie; vokaalsisteem; vokaalontledingsmetodes.

701

Abstract

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Integrating articulatory and acoustic phonetics: a framework for the study of vowels

The main purpose of this research was to develop an integrated framework for the

description, analysis and interpretation of vowels, which should be applicable first and

foremost to Afrikaans, but also to other languages. This broad applicability is, to a large

extent, due to the nature of articulatory and acoustic phonetics. This framework can therefore

be seen as an attempt to develop a universally applicable descriptive model. Although many

well-written works exist which provide detailed discussions on the two types of phonetics, a

comprehensive, integrated model such as the one proposed here has not yet been developed.

This article is an attempt to contribute to the development of such a framework. I focus on the

description of the physical, i.e. the acoustic, characteristics of vowels, as this facet gives one

the opportunity to provide a wider-ranging and more precise description, which is imperative

when different vowel systems are being compared. Such comparisons include those between

the related languages Afrikaans and Dutch, but also, and in particular, the comparison of a

number of pronunciation varieties of Afrikaans. The latter is an important aim of this

comprehensive research project, of which this article provides an overview.

In the absence of sufficient artwork, I have made ample use of Dutch works (particularly that

of Rietveld and Van Heuven, 2009), which constitute a comprehensive discussion of the

articulation of vowels. Furthermore, these authors personally made available to me a

complete set of magnetic resonance imaging (MRI), one for each Dutch vowel. The second

author also provided his sound files of his reading of the vowels in the framework h_t. This

was used in the development of an online interactive vowel chart. As can be seen and heard

on this web page, the manner in which vowels are formed (articulated) is illustrated

graphically. The pronunciation of vowels is combined with these images. An attractive

feature available on this interactive chart is the comparison of the tongue and lip stances of a

specific vowel with each of the remaining eleven vowels in a graphic manner.

The acoustic parameters under consideration in this article are the temporal parameter,

duration and particularly various spectral parameters. The most important parameters are

those which refer to the vowel formant frequency parameters F1, F2 and F3, as well as F0,

which is the fundamental frequency. The bandwidth of vowels is often neglected in vowel

descriptions in general. Nevertheless, I do discuss them here with specific reference to F1.

Other parameters that are also interesting and important for a comprehensive description of

vowels are total intensity and the intensity that can be measured in certain spectral areas (I

investigate two: those called BF1 and BF2, respectively Band Pass Filter 1 and Band Pass

Filter 2). According to my knowledge, the ratio between harmonicity and noise that can be

found in vowel waveforms (i.e. harmonicity-to-noise ratio, or HNR) has not yet been used in

the way in which I represent it in this research. The latter may be valuable when studying

emphasis on vowels, be it stress or sentence accent.

In this article, both acoustic vowel charts and line graphs are proposed to describe the

acoustic characteristics of vowels in a precise and comprehensive manner. These vowel

charts and line graphs were derived from acoustic information extracted from the acoustic

wave form and provided in the form of tables. It is indicated that although the use of gradientrelated

parameters is not required in the case of the short, steady-state vowels, the opposite

applies to the diphthonged vowels with gliding first and second formants. This aspect of

vowels receives special attention. Various methods of approach are illustrated, among others

702

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

those related to the one that I propose. I refer to the method of description of Adank et al.

(2004) in particular, which simply uses two readings on the temporal line of the formants,

one on the 25% mark and one on the 75% mark. Smakman (2006) refines this method by

suggesting a diphthongisation index. I indicate that this method is not superior to the one

suggested in the present article.

In addition to explaining the use of acoustic vowel charts and line graphs, it is demonstrated

how the statistical method of discriminant function analysis can be used to determine which

parameters discriminate best between two or more naturally occurring groups of vowels. It is

pointed out, for example, that one should always be able to discriminate between vowels that

belong to the same natural phonological class in a more precise manner when making use of

the full set of parameters rather than only the two traditional vowel frequency parameters,

namely F1 and F2, even if duration, the other customary phonological feature, is also

brought into the equation. This is demonstrated with reference to the high middle and high

back vowels (/u/ and /o/). When only F1 and F2 are used, /u/ is classified correctly for only

56%, and /o/ for 75%. This level of success is increased to 94% and 95% respectively if all

parameters are used.

Key words: Afrikaans; acoustic phonetics; acoustic vowel chart; articulatory phonetics;

Dutch; interactive vowel chart; MRI (magnetic resonance imaging); vowel; vowel

parameter; vowel parameter hierarchy; vowel system; vowel analysis methods.

1. Inleiding

Ten einde vokale van enige taal op ’n omvattende en insiggewende wyse te kan beskryf, is ’n

volledige teoretiese raamwerk nodig. Daarvoor benodig mens ’n goeie ondersteunende

fonetiekraamwerk. Dit sluit veral in grondige kennis van toepaslike aspekte van die

akoestiese fonetiek, maar ook, hoewel slegs in ’n ondersteunende rol, van die artikulatoriese

fonetiek. Daar is baie inleidende studies hieroor. Vergelyk hiervoor werke soos dié van Kent

en Read (1992), wat Engels as basis neem, en Rietveld en Van Heuven (1997; 2009) 1 , ’n

besonder uitgebreide Nederlandse werk. Onder die bekendste ander bronne is dié van Jones

(1934; Engels), Ladefoged (2001; Engels) en Catford (1988; hoofsaaklik Engels) en

Nooteboom en Cohen (1984; Nederlands). In die Suid-Afrikaanse konteks is Coetzee (1981)

’n algemene inleiding tot die Afrikaanse fonetiek. Van Wyk (1977; Suid-Afrikaanse tale) se

Praktiese fonetiek is ’n belangrike werk. Laasgenoemde twee fokus uitsluitlik op

artikulatoriese aspekte; die ander, veral die werke van Kent en Read (1992) en Rietveld en

Van Heuven (2009), gaan ook deeglik in op die akoestiese sy van die klankleer. Sodanige

werk bestaan nie in die geval van Afrikaans nie, behalwe, in ’n mate, Van der Merwe,

Groenewald, Van Aardt, Tesner en Grimbeek (1993), wat beperkte akoestiese inligting gee

oor sommige Afrikaanse vokale. Wissing (2005; 2006; 2010; 2011a) het ’n aantal studies

gepubliseer oor individuele vokale en een diftong, maar het geen aandag geskenk aan die

vokaalsisteem as entiteit nie.

’n Basiese agtergrond van die fisiologie van klankproduksie is nodig vir die verstaan van die

akoestiese eienskappe van die individuele segmente. Ek probeer om die artikulatoriese en

veral akoestiese inligting aangaande vokale in hierdie artikel op ’n enkelvoudige, maar

703

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

geïntegreerde wyse te ontplooi. Omdat die bepaling van sodanige foneme nie ’n onbenullige

kwessie is nie, bespreek ek kortliks die metodologie waarvolgens dit gewoonlik – ook in

hierdie geval – gedoen word. Die artikel het in hierdie opsig ’n meer algemene toepassing

deurdat dit nie tot Afrikaans beperk is nie. Trouens, die Afrikaanse vokale, en veral die

volledige vokaalstelsel van Afrikaans, is nog baie onvolledig beskryf, veral wat die

akoestiese eienskappe daarvan betref. Daarom wend ek my, met die oog op die beoogde

geïntegreerde beskrywingsraamwerk, tot die toepaslike inligting wat wel ten opsigte van die

veel omvangryker studies van Nederlands beskikbaar is. Die groot ooreenkoms tussen die

vokale van Afrikaans en Nederlands vergemaklik hierdie taak in ’n hoë mate. Ek maak wel

waar toepaslik van Afrikaanse voorbeelde gebruik.

Vokale vorm die kern van sillabes, wat op hulle beurt enkelvoudige of kompleks-gevormde

woorde saamstel. In normale spraak word sodanige woorde gewoonlik uitgespreek as

onderdele van sinne. In spraaknavorsing (hier die artikulatoriese, en veral die akoestiese

fonetiek), waar dit gaan om die bestudering van die basiese karakter van enkelklanke, word

vokale tipies in lyste wat bestaan uit eensillabige enkelwoorde deur die betrokke deelnemers

gelees. In die geval van die fonologie van ’n taal gaan dit veral om klankprosesse en hoe

klanke op ’n sistematiese wyse kan verander na gelang van die betrokke klankomgewing

(soos frases of sinne) waarin dit kan voorkom. Dit geld bowenal die invloed wat nadruk of

die afwesigheid van nadruk kan hê op die vorming en klankkwaliteit van klanke. Hier dink

mens aan die redusering (tipies in die rigting van die neutrale sjwa 2 ) van vokale wanneer dit

in ’n onbeklemtoonde posisie voorkom. Ander vokaalveranderinge sluit in ontronding,

verhoging, verlaging, en verlenging; hierdie prosesse is nie beperk tot onbeklemtoonde

posisies nie. Dit is vanselfsprekend dat sodanige vokaalveranderende omstandighede vermy

sal word in gevalle van die bestudering van die basiese vokale van ’n taal. Die lees van

enkelsillabige woorde in isolasie (in woordlyste) word tipies hiervoor gebruik. In lyste word

die vokale in sodanige enkelsillabige woorde geaksentueer, wat, gesamentlik beskou,

verseker dat die volvorm van die vokale verkry word. Lass en Wright (1985:158) motiveer

die gebruik van geïsoleerde woorde in soortgelyke studies soos volg: “We do not apologize

for using words in isolation as primary evidence: in terms of ‘psychological reality’,

‘canonicalness’ or whatever, these are surely the primary input to any phonological study,

synchronic or diachronic [...].” Ek sluit my volledig daarby aan.

2. Die produksie van spraakklanke en die akoestiese korrelate daarvan

Daar is, soos reeds gesê, ’n groot aantal werke oor die manier van vorming van vokale

enersyds, en in ’n mindere mate ook die akoestiese eienskappe daarvan. Die wyse waarop

hierdie twee fasette saamhang, word egter meestal afgeskeep. Ek probeer hier om hierdie

gaping te vul.

Ten aanvang is dit nodig om die algemeen geldende gegewe te stel dat bewegende lug nodig

is vir die vorming van alle spraakklanke. Spraak bestaan uit ’n vinnige opeenvolging van

klein versteurinkies van die lugdruk. Lugdeeltjies word afwisselend verdig en verdun deur

704

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

die beweging van die spraakorgane. Die proses kan opgeneem word deur middel van ’n

mikrofoon, en dan weer sigbaar gemaak word in die vorm van ’n ossilogram (meestal

golfvorm genoem; Rietveld en Van Heuven 2009, hoofstuk 6 gee meer besonderhede).

Spektrogramme kan afgelei word van sodanige golfvorme. Hierdie golfvorme en

spektrogramme vorm die basis vir die bepaling van die akoestiese kenmerke van vokale.

Die volgende anatomiese spraaksisteme word gewoonlik onderskei:

• die subglottale sisteem: die longe, en die spiere wat die longe bystaan om lug deur

die spraakkanaal te dryf (die inisiasiefase)

• die glottale sisteem, wat betrokke is by stemgewing: die strottehoof, en die

stembande wat daarin gesetel is (die fonasiefase)

• die supraglottale sisteem, dit is die keel-mond-neusholte: alles bokant die

strottehoof waarmee die uitvloeiende lug gewysig kan word deur resonansie in dié

ruimtes ten einde die spraakklanke te vorm (die artikulasiefase).

Ons fokus hier op die artikulasiefases, en in ’n mindere mate op die fonasiefase. Die

akoestiese eienskappe van vokale (en, waar moontlik, die terme wat nodig is om te beskryf

hoe vokale waargeneem word – dit is persepsie-fonetiese inligting) word in hierdie artikel

sover moontlik met hierdie fisiologiese gegewens in verband gebring.

Die inisiasiefase is vir die doeleindes van die beskrywing van vokale van belang slegs in

soverre dit verantwoordelik is vir die mate van intensiteit waarmee klanke voortgebring

word.

2.1 Die inisiasiefase

Die intensiteit waarmee klanke, in ons geval vokale, voortgebring word, word hoofsaaklik

bepaal deur die mate van transglottale drukverskil by die voortbrenging van vokale (en ander

klanke) – dit is dus ’n fisiologiese oorsaak. Hoe hoër die transglottale drukverskil, hoe hoër is

die amplitudes van ’n golfvorm – dit is die akoestiese korrelaat daarvan (kyk laer af vir ’n

uiteensetting van akoestiese terme soos amplitude). Amplitudehoogte is ’n aanduiding van

die betrokke intensiteit waarteen ’n klank voorgebring word. Dit kan ook gesien word as die

krag waarteen ’n klankgolf verplaas word. Dit kom neer op die luidheid (of hardheid; Eng.

loudness) waarteen die klank waargeneem word – dit is die perseptuele aspek van ’n klank

(Kent en Read 1992:227; Rietveld en Van Heuven 2009:220). Intensiteit word gesien aan

hoër amplitudes van ’n vokaal; gemeet in desibel (dB; INTENS), en word as hardheid of

luidheid van ’n vokaal deur die luisteraar ervaar. Intensiteit kan oor die hele energiespektrum

van ’n klank bepaal word (genoem totale intensiteit), of in bepaalde energie-areas. Sodanige

areas word bepaal deur die gebruik van banddeurlaatfilters (BF’s).

Sien verder die uiteensetting by Figuur 1, wat ’n uitknipsel is van ’n Praat-skerm 3 , en

voorsien is van verduidelikings in die vorm van ’n pyl, rame en etikette.

Venster A is die golfvorm van die vokaal /i/ in BIER 4 ; Vensters B, C en D saam is die

spektrogram daarvan. In die spektrogram word drie gedeeltes van die frekwensiespektrum

705

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

aangedui as intensiteitsbande (Vensters B, C, D). Die rooi pyl toon aan dat ’n hoër intensiteit

in die klank op twee maniere gesien kan word (sodanige gedeeltes sal harder klink). In

Venster A is die amplitudes groter as dié onmiddellik links en regs daarvan, in Venster B

stem dit ooreen met die verhoging in die geel streep – wat in Praat die intensiteitsverloop

aandui. Dit is origens duidelik te sien aan die horisontaal-lopende bande, wat donkerder is as

die res van die spektrogram direk bo en onder dié energiebande. Die rooi kolletjies in hierdie

bande is ’n aanduiding van die betrokke formante. Formant-inligting vorm die kern van die

beskrywing van vokale. Daar word later volledig in afdeling 5, “Die akoestiese korrelate van

die plek van vorming van vokale”, hierop ingegaan.

Figuur 1. Golfvorm (Venster A) en spektrogram (Vensters B, C, D) van die vokaal

/i/ in die woord BIER. Vensters B, C en D saam strek oor die totale intensiteitsband

(groen pyl); afsonderlike bande in Venster B, C en D word deur etikette aangedui.

F1–F3 word voorgestel deur die horisontaal-lopende rooi kolletjies.

Die akoestiese parameters wat ten opsigte van intensiteit van belang is, en in verdere

ondersoeke betrek sal word, is Totale Intensiteit, Intensiteit van Banddeurlaatfilter1 en

Intensiteit van Banddeurlaatfilter2, afgekort tot BF1 en BF2. Totale Intensiteit word oor die

hele spektrum van die vokaal gevind, in die geval van die /i/ van Figuur 1 van 0 Hz – 5 000

Hz 5 . Formant 1 (F1) val dus in BF1 (hier 0 Hz – 700 Hz), en Formant 2 (F2) in BF2 (hier 700

Hz – 3 000 Hz. Die intensiteit in Venster B, waarin die derde vokaalformant, F3, gewoonlik

voorkom, word selde gebruik. F1 word in Figuur 1 in Venster D gevind; BF2 in Venster C

bevat F2. Die motivering vir die insluiting van domeinspesifieke intensiteitsparameters kom

uit werk van die Nederlandse ondersoekers Sluijter en Van Heuven (1996). Hulle bevind dat

in die geval van Nederlandse vokale die totale intensiteit (spesifiek in die geval van die

Nederlandse vokale wat deur hulle ondersoek is, vanaf 0 Hz tot 4 kHz) van minder belang is

706

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

by die uitdrukking van klemtoon as in die geval van die spektrale band van 500 Hz en 2 000

Hz. Die eerste band (wat ruweg ooreenkom met Figuur 1 se Venster D) bly stabiel, of die

vokaal beklemtoond is of nie. Rietveld en Van Heuven (2009) noem dit selektiewe

intensiteitsverskille. Wissing (2007) vind dieselfde vir Afrikaanse gevalle.

2.2 Die fonasiefase

Alle Afrikaanse sillabiese segmente, dus ook vokale, is stemhebbend, dit wil sê die

stembande tril by die produksie daarvan.

Soos hier bo reeds gesien, kan stembande tot trilling kom slegs indien ’n gepaardgaande

voldoende transglottale drukverskil aanwesig is (vgl. ook Rietveld en Van Heuven 2009:58;

77). ’n Optimale transglottale druk moet bowendien gehandhaaf word ten einde

stembandtrilling te kan volhou, dus om te kan aanhou om stemhebbende (periodiese) klanke

te produseer. Stembandtrilling korreleer in akoestiese terme met grondfrekwensie (afgekort

tot F0), en in perseptuele terme met toonhoogte. Ek konsentreer in die volgende deel op

grondfrekwensie, maar maak ook ’n opmerking oor harmonisiteit-tot-geraas-verhouding

(HGV), ’n parameter wat nog net deur Wissing (2007) bestudeer is in soverre dit ’n rol speel

by die beklemtoning van vokale. Sommige werke betrek die bandwydte van formante ook by

die wyse waarop die stembande funksioneer, wat dus ook hier van toepassing is. Ek behandel

hierdie saak verder onder vokaalformante, die faset van die artikulasie van vokale wat vir ons

die meeste van belang is.

2.2.1 Grondfrekwensie

Grondfrekwensie word ook genoem fundamentele frekwensie of grondtoon. Frekwensie is ’n

fisiese, akoestiese term: dit verwys na die tempo van vibrasie van ’n periodiese klank (hier

vokale). Frekwensie word gemeet in terme van die aantal kere wat die stembande per

sekonde tril. Dit staan bekend as siklusse, uitgedruk in hertz (Hz); die akoestiese

metingseenheid is F0 (Kent en Read 1992:230; Rietveld en Van Heuven 2009:142–3).

Grondfrekwensie is die laagste frekwensie van ’n periodiese sein (genoem die eerste

harmoniese 7 ). Die aard van die vibrasie van die stembande (bv. snelheid) word bepaal deur

die lengte en dikte van die stembande, asook deur die mate van subglottale druk – hoe hoër

die druk, hoe hoër die frekwensie, hoe hoër klink die geproduseerde klank. Verder: hoe

langer (en dikker) die bande – soos tipies by mans – hoe laer die klank, en andersom: kort

(dun) stembande – soos tipies by klein kindertjies – bring hoër klanke voort. Die

waarneembare eienskap wat toegeken word aan verskille in grondfrekwensie word

toonhoogte (Eng. pitch) genoem; dit is dus ’n perseptuele eenheid.

Voordat na die derde fase (artikulasie) oorgegaan word, word in Figuur 2 ’n voorbeeld gegee

waarin sowel grondfrekwensie as intensiteit se aanwesigheid in ’n golfvorm en die daarmee

geassosieerde spektrogram visueel sigbaar gemaak word, in hierdie geval in Praat. Die

betrokke aspekte van die woord afgemat (met hoofklem op die eerste sillabe) word in Figuur

2 voorgestel.

707

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 2. Grondfrekwensie- en totale-intensiteitsvoorstellings van die woord

afgemat. Sien teks vir verdere uiteensetting.

In Figuur 2 word die wyse gedemonstreer waarop die akoestiese eienskappe van die

parameters grondfrekwensie en intensiteit in ’n golfvorm (in Venster A) en die daarmee

gepaardgaande spektrogram (in Venster B) neerslag vind. Die blou horisontale lyne stel

grondfrekwensie (F0, in terme van Hz) voor, en die geel strepe intensiteit (in terme van dB).

Die metingswaardes (in Hz, resp. dB) daarvan is in die onderste venster in rooi aangebring 8 .

Die feit dat die eerste sillabe van die woord afgemat beklemtoon is, kan gesien word aan die

akoestiese gegewens: die amplitude van af- in die boonste venster is duidelik hoër as dié van

-mat (en van -ge-, maar ek konsentreer verder net op die eerste en laaste sillabes). -mat se

vokaal klink gevolglik ook harder. Die perskleurige vertikale, dubbelkoppige pyl in Venster

A by af- is baie langer as dié van -mat. Let op dat af- se 79 dB korreleer met die langer

amplitude-pyl, en 66 dB met die korte by -mat. Rietveld en Van Heuven (2009:302) meld

egter dat selfs ’n verskil van 20 dB nouliks genoeg is om een vokaal (soos -af hier) as

beklemtoond te ervaar (vergeleke by -mat in dié geval). Dit sal, in persepsieterme, dus nie so

maklik wees om te hoor dat af- sterker as -mat beklemtoon is nie; daarvoor moet ander

parameterverskille ook aanwesig wees: dit kan die vokaal se kwaliteit wees (beklemtoonde

vokale word voller (vollediger) uitgespreek as onbeklemtoondes (wat dikwels na sjwa toe

neig); dit kan ook groter duur (klink langer) en/of hoër grondfrekwensie (klink hoër) wees.

Rietveld en Van Heuven (2009:302) meld juis dat F0 ’n belangrike aanduider is van

klemtoon (toonhoogte in die geval van die hoorder) is. af- se 253 Hz is hier duidelik hoër in

grondfrekwensie as die 156 Hz van -mat. Die stembandvibrasie word in terme van

stembandpulse deur middel van dun, vertikale blou strepe (pulse), Venster A van Figuur 2,

aangedui.

708

2.2.2 Harmonisiteit-tot-Geraas-verhouding

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Harmonisiteit verwys na die graad van akoestiese periodisiteit. Vokale is tipies harmonies

(periodies) omdat, soos reeds gesien, deurdat die stembande tydens die fonasiefase

voorspelbaar (reëlmatig) tril, die daarmee geassosieerde klankgolf ook ’n patroonmatige

(harmoniese) struktuur vertoon. Dit staan teenoor aperiodiese klanke (soos frikatiewe), wat

geen sodanige periodiese struktuur het nie. Geraas word in spraakakoestiekverband gesien as

’n aperiodiese element binne die periodiese klankgolfvorm. Die aard van sodanige geluid

word in hierdie opset beperk tot artikulatoriese oorsprong, byvoorbeeld ’n hees of krakerige

stem (soos tipies in bejaardes), teenoor ’n jong, welluidende stem. Die verhouding tussen die

twee spraakgolfkomponente word in die akoestiese, intensiteitsverwante dB uitgedruk.

Wanneer daar ewe veel energie as geraas in die klankgolfvorm is, is die Harmonisiteit-tot-

Geraas-verhouding (HGV) 0 dB. ’n “Goeie” golf van die /A/-vokaal (in BAR) sal ’n HGV

van byvoorbeeld 20 dB hê, wat beteken dat 99 persent van die energie in die periodiese deel

van die klank is; slegs 1 persent sal dus geraas wees 9 (Boersma en Weenink 2011, 4.4.5). Let

op dat die eenheid waarin dit uitgedruk word, nie lineêr is nie, maar logaritmies. Schötz

(2006) haal studies aan wat ’n afname by ouer vroulike sprekers se HGV rapporteer, en ’n

toename by jong mans. Hierdie bevindinge kon egter nie deur ander navorsers bevestig word

nie.

2.3 Die artikulasiefase

Die bronsein of basiese klank vir die produsering van vokale word, soos gesien, verskaf deur

die stemhebbende, periodiese lugstroom soos voortgebring in die fonasiefase. Hierdie

bronsein word dan in die spraakkanaal (die keel-mond-neusholte) sodanig vervorm dat die

enkelvoudige klankgolf afkomstig van die stembande gewysig word tot ’n komplekse golf,

wat gehoor word as ’n bepaalde vokaal. Elke spesifieke konfigurasie van die deelnemende 10

artikulatore (veral tong-, lip- en onderkaakstand) bring dus ’n bepaalde mondholtevorm (dit

funksioneer as filter) teweeg, wat as resonator dien. Hierdie filter versterk bepaalde

frekwensies van die bronsein, en verswak weer ander. Die versterkte frekwensies en die

verhoogde energie wat daarmee gepaardgaan, vorm terselfdertyd die vokaalformante (in

akoestiese terme, gemeet in frekwensies, spesifiek F1, F2 en (soms) F3. Hierop word later,

nadat die fisiologiese grondslag hiervan gehanteer is, dieper ingegaan. Kyk net eers na Figuur

4a–4f hier onder om ’n idee te vorm van die mondholtevorme en die daarmee gepaardgaande

tongstande. Ek kom weer hierop terug.

3. Artikulatoriese eienskappe van vokale

Vervolgens word die artikulatoriese eienskappe van vokale in meer besonderhede behandel.

Dit word aan die hand van die Afrikaanse vokale gedoen. In die afdeling oor die akoestiese

eienskappe van vokale gebruik ek Nederlandse voorbeelde, omdat daar, soos reeds gesê,

onvoldoende gegewens hieroor vir Afrikaans bestaan. Daar verwys ek weer terug na die

709

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

artikulasie van vokale; artikulasie en akoestiek gaan uit die aard van spraakkommunikasie

hand aan hand.

Die hoofsaak hier is die korrelasie tussen die stand van die artikulatore (lippe, tong en

onderkaak). Nie net die stand van die artikulatore is van belang nie, maar ook die beweging

daarvan in die vormingsproses van sommige klanke, soos die lang vokale, indien dit

gediftongeerd uitgespreek word (geskryf “ee”, “eu” en “oo” 11 ), asook die egte 12 diftonge

(geskryf “ei” of “y”, “ou” en “ui” 13 ). Dit is taamlik algemeen dat daar in die Engelse

literatuur (eerste gedoen deur Wells 1982) deur middel van ’n vaste stel enkelsillabige

voorbeeldwoorde (in hoofletters geskryf) na vokale verwys word. As voorbeeld: Engels

DRESS word gebruik om na die vokaal /E/; /ε/ te verwys. /E/ is die SAMPA-transkripsie

daarvan, en /ε/ is die IPA-simbool 14 vir dié vokaal. In Tabel 1 stel ek ’n soortgelyke sisteem

voor vir Afrikaans. Ek gebruik dus byvoorbeeld bewoording soos “die /E/; /ε/-vokaal in

PET”, of slegs “die PET-vokaal” as ek na hierdie vokaal verwys. In gevalle waar dit in die

betrokke konteks reeds duidelik is watter vokaal bedoel word, gee ek slegs die simbole –

altyd eers SAMPA, dan IPA. Uit die aard van die saak word slegs één simbool gegee as dié

van SAMPA en IPA dieselfde is.

Voorbeeldwoord waarmee na

Afrikaanse vokale verwys

word

SAMPA-simbool IPA-simbool

BIER i i

BUUR y y

BEER e e

BEUR 2 ø

PET E ε

VER { æ

BAR A ɑ

BAAR a a

PIT @ ə

PUT 9 œ

POT O ɔ

BOOR o o

BOER u u

Tabel 1. Die Afrikaanse vokale, met kernverwysingswoorde, in kolom 1, SAMPAsimbole

in Kolom 2, en IPA-simbole in Kolom 3.

710

3.1 Die kardinale-vokaal-kaart

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 3 is ’n gestileerde vokaalkaart, geskoei op dié van die International Phonetic

Association. Dit beteken dat die primêre kardinale vokale (1 to 8 is in rooi genommer; vokale

self is in seegroen gedruk) op die uiterste punte en sye van die kaart aangebring is; dit is nie

bedoel om die vokaalstande van enige bepaalde taal te weerspieël nie. Let daarop dat daar

ook ’n aantal ander vokale ook in seegroen voorkom – hulle is almal, uitgesonderd die sjwa

/@/; /ə/ en /{/; /æ/ sekondêre kardinale vokale; ook hulle posisies is bloot teoreties. Die swart,

onderstreepte vokale is dié wat in Afrikaans voorkom – almal behalwe /{/; /æ/ het

foneemstatus in Afrikaans. Let op dat dit ook nie bedoel is om ooreen te kom met die

werklike stand van die Afrikaanse vokaalsisteem nie; daarvoor is daar nog geen omvattende

navorsingsresultate beskikbaar nie.

Figuur 3. Diagrammatiese voorstelling van die ligging van primêre en sekondêre

kardinale en Afrikaanse vokale op ’n artikulatoriese kaart. Sien teks vir

uiteensetting.

Soos hier bo gesê, is dit taamlik seker dat Afrikaans se vokale binne die kardinale grense val,

sommige baie duidelik. Wissing (2010) toon dit byvoorbeeld aan die hand van

eksperimentele resultate duidelik aan vir byvoorbeeld die BOER-vokaal. In Figuur 3 word

die Afrikaanse vokale – soos dit op hierdie stadium waarskynlik lyk (dit moet nog

eksperimenteel presies vasgestel word 15 ) – met vet, swart simbole voorgestel; dit is boonop

onderstreep en gekursiveer. Daar is /u/ taamlik diep na binne geplaas.

711

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar is drie pare simbole in die drie blou blokkies. Die linkerkantse simbool is die ongeronde

lid van die betrokke paar; die regterkantstes is telkens gerond. Hulle is gewoonlik “abnormaal

rond” genoem; hedendaags word hulle “gemerkte ronde vokale” genoem (vgl. Wissing 2011a

vir ’n volledige bespreking hiervan).

Die vokaalkaart soos dit in Figuur 3 weergegee is, vermeld nie die aard van gerondheid – ook

gestulptheid 16 genoem – van die lippe nie. Die geronde vokale (gevorm deur gestulpte lippe)

word soms aangedui deur die betrokke simbool te onderstreep. Hier kan dit nie gedoen word

nie, omdat sommige simbole wat nie gerond is nie, reeds onderstreep is. Die ongemerkte

ronde vokale – dit is dié wat per definisie altyd gerond is – is die boonste drie agtervokale /u/,

/o/ en /O/. Die gemerkte geronde vokale is /y/, /2/ en /9/; hulle is die geronde eweknieë van

dié wat direk links van hulle staan.

Let ten slotte op dat hoe laer ’n voorvokaal is, hoe meer neutraal is dit op die horisontale as –

kyk hiervoor /A/ in Figuur 3, asook Figuur 13 laer af.

In die volgende afdeling word die presiese artikulasiestande van die vokale gegee aan die

hand van ’n stel magnetiese resonansiebeelde (die algemene afkorting hiervoor is MRI 17 ).

Nederlandse beelde word gebruik bloot omdat dit beskikbaar is. Dit gaan hier in elk geval om

die basiese, taal-niespesifieke agtergrondskennis van die artikulasie van vokale. Gepaard met

die MRI’s verskaf ek ’n klankinsetsel van die uitspraak van elke spreker (“A_*” en “B_*”,

bv. “A_hiet”). Ter wille van latere terugverwysing gee ek ook ’n spektrogram 18 van die

vokale soos uitgespreek deur Spreker B. Sy uitspraak kan deurgaan as Algemeen-Beskaafde

Nederlands, of dan Standaardnederlands; 19 Spreker A se uitspraak is miskien ’n bietjie

suidelik 20 gekleurd; veral sy “heet-”, “heut-” en “hoot-”vokale geld by hierdie waarneming.

4. MRI-beelde, spektrogramme en klankinsetsels van die produksie van vokale

Deur die posisies van die drie aktiewe artikulatore: lippe, tong en onderkaak, te bestudeer, en

deur daarmee saam te luister na hoe die betrokke vokaal klink, kan ’n baie beter idee gevorm

word van die artikulatoriese aard van die vokale. Onthou dat die MRI-beelde nie dié is van ’n

Afrikaanse spreker nie, maar dié van ’n Nederlander 21 . Bowendien het die manier waarop

hierdie beelde gemaak is, die “normale” uitspraak van die spreker moontlik effens aangetas.

Hy moes naamlik op sy rug in die aftastingstonnel lê, en sy spraakartikulatore by die begin

van elke vokaal staties hou sodat die “foto” geneem kan word. Die horisontale posisie by die

maak van die beelde kon moontlik tot gevolg hê dat die tongliggaam deur die effek van

swaartekrag ietwat na agter in die keel getrek kon gewees het. Dieselfde geld, hoewel

waarskynlik in ’n mindere mate, die stulping van die lippe by geronde vokale. Veral by die

lang vokale, wat, soos in Afrikaans, ook in Nederlands geredelik tot verglyding (breking)

geneig is 22 , is dit belangrik om hierdie gegewe in gedagte te hou.

712

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die volgende MRI-beelde word die vorming van 12 vokale getoon. Die hoogste posisie van

die tongliggaam word met ’n wit kolletjie aangedui. Let ook op die gestulpte vorm van die

lippe in die geval van geronde vokale.

Vir ’n interaktiewe vokaalkaart, met klank geïllustreer, gaan ook na

http://ctext.p.nwu.ac.za/TongEnLipstandeVanVokale/VowelChart/Vokaalkaart/Vokaalkaart.e

n.html. Dit vertoon onder meer dieselfde vokaalkaart as in Figuur 3. Hierin word die MRI’s

van vokale gewys, en kan die betrokke vokaal se uitspraak ook beluister word deur op ’n

vokaalsimbool te klik. Daar is ook ’n spesiale fasiliteit waarmee een vokaal met die 11 ander

ten opsigte van tong- en lipposisies op ’n grafiese wyse vergelyk kan word. Klik hiervoor op

die balkie VERGELYKINGS, en volg die INSTRUKSIES. Die gebruiker het ook die keuse

om die IPA- of SAMPA-alfabet te gebruik. Vergelyk Tabel 1 vir Afrikaanse transkripsies.

4.1 Groepe vokale

In die volgende afdeling word die vokale per subgroep van naderby beskou. Die volgende sal

behandel word: gemerkte geronde vokale en hulle ongeronde teenhangers; die egte

agtervokale; die lae, en die mid-lae vokale. Vir elke vokaal word twee beelde en twee

klankinsetsels verskaf. Die beelde is MRI’s en ’n spektrogram van die betrokke vokaal, asook

twee klankinsetsels, gemerk A_ * en B_ * . B_ * se uitspraak is tipies Standaardnederlands. A_ *

s’n benader dit ook, maar is iets duideliker Suid-Nederlands van aard. Die vokale is in die

fonetiese konteks h__t gelees. Dit is algemene gebruik om dit so te doen sedert Peterson en

Barney (1953) se werk oor die Amerikaanse Engelse vokale. Werk oor Nederlands deur Pols,

Tromp en Plomp (1973) en Adank, Van Houten en Smits (2004) is ook so gedoen. Meer

hieroor word laer af oor laasgenoemde twee werke gesê.

4.1.1 Die “abnormale” geronde (gemerkte) vokale en hulle ongeronde teenhangers

Die gemerkte (eers genoem abnormale 23 ) geronde vokale is die HUUT- 24 vokaal, die HEUTvokaal

(beide is hoë voorvokale) en die HUT-vokaal (’n neutrale, mid-lae vokaal 25 ). Hulle

ongeronde (ongemerkte) teenhangers, respektiewelik die HIET-vokaal, die HEET-vokaal en

die HIT-vokaal 26 , word op dieselfde plek deur die verhoging van die tongliggaam gevorm.

Dit kan gesien word aan die wit kolletjie in die MRI-beelde, wat die hoogste

tongliggaamposisie by die produksie van ’n vokaal aandui.

713

Figuur 4. /i/ in hiet en /y/ in huut

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die enigste verskil tussen dié drie pare vokale onderling lê by die gestulptheid. Dit kan ook

genoem word tuiting van die lippe in die geval van die HUUT-, die HEUT- en die HUTvokaal

enersyds, teenoor die afwesigheid van stulping in hulle teenhangers (resp. die HIET-,

die HEET- en die HIT-vokaal). Afgesien van die verskille in lipstande is dit ook opvallend

dat die mondholte in Figuur 4 (vir die HIET-vokaal en die HUUT-vokaal) kleiner is as dié

van die HEET-vokaal en die HEUT-vokaal in Figuur 5. Dit word veral teweeg gebring

deurdat die onderkaak laat sak word. Dit is ’n tipiese wyse waarop die mate van hoogheid

(hoog, middelhoog, middellaag en laag) gemanipuleer word. Dit geld dus ook ander vokale as

net dié wat hier genoem is. By die egte ronde agtervokale (Figuur 7) is die vorm van die

tongliggaam en die lipvorming die primêre artikulatore.

714

Figuur 5. /e/ in heet en /2/;/ø/ in heut

Figuur 6. /I/ in hit en /9/;/œ/ in hut

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

715

4.2 Die egte (ronde) agtervokale

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Daar is drie egte ronde agtervokale in Figuur 1: die HOET-vokaal (hoog, agter), die HOOTvokaal

(middelhoog, agter) en die HOT-vokaal (middellaag, agter).

Figuur 7. /u/ in hoet, /o/ in hoot en /O/ in hot

Let op in Figuur 7 dat die tongliggaam in die agterste deel van die mondholte opbult. Al drie

hierdie geronde vokale word per definisie met gestulpte lippe gevorm. Afgesien van die

prominente eienskap van die drie egte ronde agtervokale se gestulpte lipvorm, val die verskil

in mondholtevorm, en veral die grootte van die mondholte, hier op. Let ook op die plat

posisie van die tong in die geval van die HOT-vokaal 27 . Die verskil tussen hierdie posisie van

die tong met dié van die BOOR-vokaal, tesame daarmee dat die hoogste tongdeel meer na

agter in die mond lê, is verantwoordelik vir die verskil tussen dié twee vokale. Nederlands se

/o/ klink nogal op ’n kort /O/, maar as beide beluister word, is die verskil wel duidelik. Die

HOET-vokaal lyk asof die tongbult iets verder voor in die mond lê as by die HOOT-vokaal

716

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

en die HOT-vokaal. Die HOET-vokaal is verder ook soos te verwagte duidelik ’n hoër vokaal

as die ander twee.

4.3 Die middellae voorvokaal /E/

Die PET-vokaal in Nederlands is ouditief beoordeel aanmerklik laer as dié van Afrikaans.

Neem hierby in ag dat Afrikaans (in baie gevalle) ook ’n [{]-allofoon 28 besit. Die

Nederlandse /E/ lê ongeveer tussen die Afrikaanse /{/ en /E/, selfs nader aan Afrikaanse [{] -

vergelyk hiervoor byvoorbeeld Figuur 14.

Figuur 8. /E/;/ε/ van het

Hierdie toedrag moet in gedagte gehou word wanneer vokaalkaarte van die tipe van Figuur 1

bestudeer word.

4.4 Die lae vokale

Die twee vokale wat as laag gekarakteriseer word, /A/ en /a/, het verskillende kwaliteite in

Afrikaans en Nederlands. Die Nederlandse BAR-vokaal klink “ronder” as die lang, “platter”

HAAT-vokaal; dit word ook so voorgestel in die MRI-beelde van Figuur 9. Dit is omdat die

HAT-vokaal verder na agter in die mondholte gevorm word as die HAAT-vokaal. Die

mondkanaal is ook iets groter by HAAT; vandaar die gegewe dat Nederlands se vokaal in

hierdie woord “platter” klink as dié in HAT. In Afrikaans is dit, bloot ouditief beoordeel,

andersom. Lengteverskille speel natuurlik ’n belangrike rol by die onderskeid tussen die

HAT-vokaal en die HAAT-vokaal 29 .

717

Figuur 9. /A/;/α/ in hat en /a/ in haat

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Vervolgens gaan ek oor tot die behandeling van die akoestiese korrelate van vokale. Ek

beperk die bespreking eers net tot die vokaalfrekwensie-inligting. Daarna gee ek vlugtig

aandag aan ander, sekondêre parameters wat ’n meer volledige beskrywing van vokale

moontlik maak.

5. Die akoestiese korrelate van die plek van vorming van vokale

Soos tevore uitgewys is, is daar is ’n direkte verband tussen die artikulasiewyse van vokale en

die akoestiese eienskappe daarvan. Dit is eintlik vanselfsprekend, indien in ag geneem word

dat die bedoeling van spraak juis kommunikasie is. Spraakkommunikasie impliseer enersyds

’n spreker, en andersyds ’n hoorder. Die spreker produseer vokale wat deur middel van

klankgolwe na die hoorder oorgesein word. Elke vokaal se klankgolf het ’n eie akoestiese

karakter of eienskap, waardeur elke vokaal as uniek geïdentifiseer kan word. Dit is hierdie

akoestiese karakter van vokale wat in hierdie afdeling behandel word. Voordat dit gedoen

word, gee ek egter eers baie kortliks aandag aan die metode van spraakinsameling en die

prosessering daarvan wat die eintlike spraakanalise voorafgaan.

Spraakopnames word in gedigitaliseerde formaat (*.wav 30 ) oorgedra op die hardeskyf van ’n

rekenaar. Opnames word op verskillende maniere gemaak, gewoonlik met behulp van

toepaslike programmatuur, en natuurlik ook goeie mikrofone. Praat (Boersma en Weenink

2011) word meestal hiervoor gebruik – dit is deesdae die mees algemene manier om opnames

te maak. Daar kan egter ook van digitale opnemers gebruik gemaak word – selfs

718

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

analoogopnemers, maar die opnames moet dan omgeskakel word tot formate wat

rekenaarmatig verder hanteer kan word.

Voorafprosessering van opnames word in ons geval in Praat gedoen. Dit hou as eerste stap in

dat die golfvorme en die daarvan afgeleide spektrogramme van die gedigitaliseerde opnames

ouditief en visueel ondersoek kan word met die oog op die begrensing en benoeming van die

spraakelemente wat ondersoek word; in ons geval slegs individuele vokale. Laer af word

dieper hierop ingegaan.

Vokaalkwaliteit word in akoestiese terme veral uitgedruk ten opsigte van hulle frekwensieeienskappe.

Die formante F1 en F2 is hier die belangrikste; daar is reeds in die verbygang

hierna verwys. Dit is hierdie aspek waarop daar in hierdie afdeling ingegaan word.

As uitgangspunt vir die behandeling van die korrelasie tussen die artikulatoriese vorming van

vokale aan die een kant en die akoestiese eienskappe daarvan aan die ander kant is dit nodig

om die volgende in gedagte te hou. Hoë vokale op die vertikale dimensie van ’n

artikulatoriese vokaalkaart, soos wat dit in Figuur 3 aangetref word, word gekenmerk deur ’n

lae F1-waarde, en dan, natuurlik, ook andersom: lae vokale vertoon hoë F1-waardes. Wat F2

se korrelasie met artikulasie betref: lae F2-waardes gaan tipies gepaard met (meer)

gestulptheid van die lippe (die vokale is meer getuit). Sodanige stulping het as gevolg dat die

spraakkanaal ietwat verleng word vergeleke by dié van ’n andersins identiese vokaal. Die

effek hiervan is dan ’n ietwat laer F2. Vergelyk hiervoor Figuur 3 (wat ek herhaal vir

makliker vergelyking) met Figuur 10 hier onder. Ook hierdie kaart is hipoteties van aard.

Figuur 10 (Figuur 3 herhaal). ’n Hipotetiese artikulatoriese vokaalkaart, met

Afrikaanse vokale ingevoeg.

719

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 11. ’n Hipotetiese akoestiese vokaalkaart, waarin vier basiese vokale

aangebring is. Die vokaaldriehoek word ook gesien.

Vokaalkaarte soos dié in Figuur 11 word op die standaardwyse gekonstrueer. Deur F1 op die

y-as te plaas, met lae Hz-waardes bo en hoës onder, en F2 op die x-as, met lae waardes regs

en hoës links, word ’n voorstelling geskep wat gelyksoortig is aan artikulatoriese

vokaalkaarte (vgl. Figuur 3), met die vertikale dimensie parallel aan F1, en die horisontale

dimensie parallel aan F2. Die hoë voorvokale (soos hier /i/ – die BIER-vokaal) lê dus

byvoorbeeld, soos ook in die geval van die artikulatoriese kaart, links bo, die hoë agtervokale

(soos hier /u/ – die BOER-vokaal) lê regs bo. Lae vokale (soos hier /ɑ/ – die BAAR-vokaal)

lê, soos die benaming aandui, onderaan die kaart. Afhangende van watter taal ter sprake is,

kan dit minder of meer vorentoe of agtertoe skuif. Dit is ook interessant om te meld dat

Nederlandse agter-/a/ meer na Afrikaanse voor-/α/ klink, en andersom. Die V-vorm wat hier

gesien kan word, kom in alle tale voor wat die vokale /i, ɑ, u/ het. /@/ is ’n neutrale vokaal:

dit lê nóg voor, nóg agter; nóg hoog, nóg laag. Let wel op dat hierdie vokaal selde in ander

tale as foneem voorkom.

Vokaalformante se spektrale eienskappe kan visueel in die vorm van golfvorme en

spektrogramme voorgestel word. Voorbeelde hiervan is reeds hoër op gesien. Voordat die

vokaalformante behandel kan word, moet eers aandag gegee word aan die wyse waarop

vokale geïdentifiseer of gesegmenteer word, asook die areas in ’n vokaal waar die inligting

gevind kan word op grond waarvan formante geanaliseer en beskryf kan word.

720

6. Die bepaling van vokaalgrense

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Rietveld en Van Heuven (2009:130 e.v.) gee ’n volledige oorsig waarvolgens alle soorte

spraakklanke gesegmenteer kan word. Wat vokale betref, gee hulle die volgende riglyne:

vokale word gekenmerk deur ’n periodiese (harmoniese) sigsag-patroon van die golfvorm

(soos wat in die volgende figure gesien sal word); dit vertoon ’n relatief groot amplitude, en,

met ’n tipiese duur tussen 50 ms (die sjwa /@/) en 100 ms (die kort vokale), tot 300 ms (die

lang vokale), afhangende van faktore soos spraaktempo en klem. In Figuur 16 kan die

beskrywing van die BEER-vokaal in die Afrikaanse woord mees duidelik gesien word.

Figuur 12. Golfvorm (Venster A), spektrogram (Venster B) en twee tekslae

(Venster C) van die Afrikaanse woord mees (gedeeltelike skerm van Praat).

Vokale het normaalweg baie duidelike formante (F1, F2 en F3 in die spektrogram, Venster B

van Figuur 12). Die omliggende klanke (/m/ en /s/) – respektiewelik ’n bilabiale nasaal en ’n

stemlose frikatief, vertoon duidelik andersoortige akoestiese eienskappe, soos gesien kan

word in sowel Venster A as Venster B. Ek gaan nie verder hierop in nie. Rietveld en Van

Heuven (2009:134, 135) kan met vrug hiervoor geraadpleeg word. Grabe en Low (2002) gee

ook duidelike segmentasieriglyne. Figuur 13 is ’n goeie visuele voorstelling van die golfvorm

van die nasaal /m/ en (die eerste gedeelte van) /e/. Die patroonmatige verskil tussen die twee

is duidelik sigbaar. Luister ook na die woord mees in die klankinsetsel. Meer oor die

vasstelling van vokaalformante word laer af in afdeling 8, “Vowelyse”, gesê.

721

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 13. Die klankgolfvorm van die eerste gedeelte van die woord mees. Sien

verder die teks vir besonderhede. Die oranjekleurige vertikale lyn dui die grens

tussen /m/ en /e/ aan. /m/ is liggroen ingekleur.

7. Vokaalareas waar akoestiese inligting gevind word

Aanvanklik is die middelpunt van ’n vokaal hiervoor gebruik, omdat die verteenwoordigende

eienskappe van ’n klank by uitstek daar te vinde is (Rietveld en Van Heuven 2009:130). Dit

geld veral stabiele vokale. Die voordeel hiervan is dat dit wisselende koartikulatoriese

invloede van naasliggende konsonante vermy. Pols e.a. (1973), Labov (1994:164), Adank e.a.

(2004), Boberg (2005), Langstrof (2006) en Bekker (2009) is enkele skrywers wat dieselfde

metode volg. Pols e.a. (1973) en Adank e.a. (2004) wysig dié metode effens. Hulle bepaal

nege punte, ewe ver uit mekaar, in Nederlandse vokale, en gebruik dan die middelste een as

verteenwoordigend van die vokaal. Hierdie metode is problematies in die geval van lang

vokale wat gediftongeerd uitgespreek word, en natuurlik ook vir die diftonge self. Dit is

waarom Adank e.a. (2004) ’n ander benadering met betrekking tot dié foneme volg. Hulle

gebruik die absolute verskille van formantfrekwensies (F1, F2, F3) tussen die 25 persentmerk

en die 75 persent-merk (soos vasgestel op die absolute duur van die klanke). So word

byvoorbeeld die F1-waarde soos verkry op die 75 persent-merk afgetrek van dié op die 25

persent-merk, wat dan ’n waarde gee wat nie noodwendig ooreenkom met blote gemiddeldes

nie. In die volgende afdeling verduidelik ek die Vowelyse-metode wat ek gebruik vir die

vasstelling en onttrekking van ’n verskeidenheid vokaalinligting. Ook hier konsentreer ek op

die vokaalformante.

8. Vowelyse

Vowelyse (Van der Walt en Wissing 2003) is ’n omvattende rekenaarpakket wat veral

gebruik word vir die onttrekking van ’n verskeidenheid akoestiese vokaalinligting. Dié

program maak onder meer van funksies en fasiliteite van Praat (Boersma en Weenink 2011),

en Akustyk (Akustyk 1.9.3 for Windows; http://bartus.org.akustyk) gebruik. Die metode

722

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

waarop vokale ontleed word met Vowelyse, word vervolgens kortliks uiteengesit.

Terselfdertyd word die aard van formante as belangrike aanduiders van vokaalkwaliteit ook

belig.

Soos reeds gesê, stel Vowelyse die langste lineêre (regressielyn) stabiele deel van die

formante van ’n vokaal vas. Al die toepaslike spektrale en temporale inligting aangaande

vokale word in hierdie area vasgestel en onttrek. Ek gee eers ’n voorbeeld van ’n kort,

stabiele vokaal (die BOER-vokaal).

Figuur 14. Die eerste drie formante van die vokaal /u/ (in BOER), aangedui op die

Praat-skerm se spektrogram in Venster B, en die golfvorm in Venster A van dié

vokaal; beide is Praat-skerms.

Figuur 15 is ’n afbeelding van die /e/ in mees, waarin die drie formanttrajekte F1, F2 en F3

deur Vowelyse vasgestel is; spektrale inligting in die vorm van ’n spektrogram word hierin

weggelaat. Die stippellyne deur die formante is die lineêre passingslyne wat deur Vowelyse

bepaal is.

723

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 15. Vowelyse-afbeelding van /u/ in boer, afgelei van spektrogram van boer

van Praat

in Figuur 18.

In Figuur 16 gee ek ’n voorbeeld soos onttrek deur Vowelyse van ’n lang, gediftongeerde

vokaal (die BEER-vokaal). (Ek gee nie weer die Praat-figuur hiervan nie, omdat dit in wese

in Figuur 14 aanwesig is.) Gediftongeerde vokale is, soos reeds gesê, problematies van aard,

daarom gaan ek ’n bietjie daarop in.

724

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 16. Produk van Vowelyse se onttrekking van die eerste drie formante van /e/ in

die woord mees. Die rooi vertikale stippellyn dui die temporele middelpunt van die

vokaal aan. Die groen pyl wys na ’n deel van F3 wat verwerp is. Sien verder die teks.

Beginnende by die temporele middelpunt van die vokaal (aangedui deur die rooi stippellyn in

Figuur 16) word ’n lineêre regressielyn (passingslyn) (geelkleurig) na weerskante toe bepaal,

tot op ’n punt waar daardie lyn nie meer as reglynig volgehou kan word nie, byvoorbeeld

waar die begin- of eindpunt skerp na bo of na onder begin buig, of waar daar nie meer

duidelike formante aanwesig is nie. Geeneen van die drie formante verloop horisontaal nie,

en die trajekte daarvan is ook nie stabiel nie, maar dinamies, en die trajek wat dit volg, is ook

nie stabiel nie. Die eerste derde van al drie die formante is weliswaar redelik horisontaal, en

so ook die laaste derde, maar die tussendeel nie. Peters (1991) se beskrywing van die

dinamiek van Nederlandse verglydende diftongtrajekte lyk baie hierop; Raubenheimer (1998)

vind soortgelyke patrone vir Afrikaanse diftonge.

Hoër op is aangetoon dat Adank e.a. (2004) in gevalle soos dié van die /e/ van mees in Figuur

17 die lesing van die formante op die 25 persent-merk en weer op die 75 persent-merk neem,

en die eerste van die laaste aftrek. Vowelyse se passingslyn strek tot meer as 25 persent na

links of na regs van die middelpunt (sien hiervoor Figuur 17). Die horisontale stippellyne dui

die punte aan waar Adank e.a. (2004) hulle metings vir diftongagtige vokale neem. Die twee

metodes lewer egter baie dieselfde resultate. Die voordeel van Vowelyse is dat dit ook

gradiëntwaardes (sien volgende afdeling) kan vasstel vir verglydende formanttrajekte soos

wat in mees gesien kan word; iets wat Adank e.a. (2004) se gemiddelde waardes (die verskil

tussen 25 persent en 75 persent) nie kan doen nie.

725

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 17. Die eerste drie formante van /e/ in die woord mees, soos deur Vowelyse

bepaal.

Wat betref die vokaalduurte, word die totale afstand tussen twee vokaalgrense gemeet, dit wil

sê die afstand vanaf die begingrens van die vokaal tot by sy eindgrens, ongeag waar die

passingslyn in feite begin of eindig. In Figuur 18 is F3 se passingslyn byvoorbeeld iets korter

as dié van F1. Dis omdat die eerste deeltjie van F3 nie ingereken is by die bepaling van die

passingslyn nie. Die rede hiervoor kan in die spektrogram (Figuur 16) gesien word: die eerste

paar millisekondes (in feite 0,023 sek) van F3 buig te sterk af na onder om as deel van die

passing gesien te kan word. Hierdie deeltjie word dan verwerp. Die kort stukkie blou

dwarslêende strepie links onder in die hoekie van Figuur 18 (aangedui met ’n groen pyl) dui

dit aan.

Hierna gee ek ’n oorsig van die inligting aangaande akoestiese eienskappe van vokale wat

deur middel van Vowelyse onttrek kan word en uitgedruk word in terme van

vokaalparameters. Sodanige inligting is nodig vir die beskrywing van vokale, maar ook vir

die vergelyking van vokaalsisteme, soos wat in ’n volgende artikel van hierdie reeks beoog

word. Die meeste van die vokaalparameters het reeds ter sprake gekom; dié wat nog nie

eksplisiet vermeld en uiteengesit is nie, sal toegelig word.

9. Die vokaalparameters

Die meeste akoestiese parameters wat van belang is vir die ontleding van vokale het reeds in

mindere of meerdere ter sprake gekom. Hiervan is die volgende die belangrikste: Duur,

grondtoon, harmonisiteit-tot-geraas-verhouding (HGV) en intensiteit. Omdat die

vokaalformante, F1, F2 en F3) so ’n groot rol speel by die bepaling van vokaalkwaliteit, gaan

ek hier in meer besonderhede daarop in. Die bandwydte van vokale is ook van belang, veral

waar nadruk (aksent of klemtoon) ter sprake is. Hoe smaller die vokaal se bandwydte 31 (Bdw;

726

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

gemeet in Hertz), hoe duideliker word dit deur die hoorders ervaar; smal bandwydte gaan

gepaard met ’n voller kwaliteit, en sterker nadruk van ’n vokaal. Ek kombineer die werking

van Vowelyse met die bespreking van hierdie parameters.

Tot dusver is daar slegs na vokale se spektrale eienskappe, meer in die besonder dié van

vokaalformante, verwys in terme van roumetinge, naamlik Hertzwaardes. Hierdie metode

word ook in die meeste ouer werke oor vokaalakoestiek gevind. In sommige gevalle is dit

egter gewens om ’n normaliseringsproses te gebruik. Ek gaan in die volgende afdeling

kortliks daarop in. In 9.2 kom die metode wat hier voorgestel word om

vokaalparameterinligting uit spraakseine te onttrek, ter sprake.

9.1 Vokaalnormalisering

Vokale se formantfrekwensiestruktuur is geen konstante gegewe nie; dit kan op verskillende

wyses beïnvloed word. Ladefoged en Broadbent (1957) was van die eerstes om dit uit te wys.

Sedertdien het talle publikasies die lig gesien wat normalisasietegnieke voorstel, aan die hand

waarvan ongewenste variasie geëlimineer kan word32, sodat slegs dit wat toepaslik is vir die

betrokke studie oorbly. Sou die belangstelling dus by sosiolinguistiese faktore lê, soos

ouderdom of etniese herkoms, sou die effek wat geslag het op die voortbring van vokale

geëlimineer word. Die tegniek wat deur Lobanov (1971) ontwikkel is, is juis hierop gemik.

Dit vorm die basis waarop talle meer resente normalisasiemetodes berus. Thomas en Kendall

(2007) gee ’n oorsig hieroor; hulle wys ook op die tipes tegnieke, wat spreker-, vokaal-, of

formant-intrinsiek of -ekstrinsiek kan wees, met allerlei kombinasies hiervan. Intrinsieke

metodes bekyk data per individuele geval (een spreker, een vokaal, een formant op ‘n keer);

ekstrinsiekes neem alle sprekers, vokale en formante tegelyk in ag. Flynn (2011) bevind op

grond van resultate van ’n studie waarin twintig normalisasietegnieke beoordeel is dat

vokaal-intrinsieke transformasiemetodes baie swak is. Alle normalisasietegnieke het nadele,

die keuse van een is ‘n kwessie van om te besluit watter nadele in die betrokke studie verdra

kan word, meen Thomas (2002). Adank et al. (2004) doen ’n volledige evaluasie van ‘n

verskeidenheid tegnieke; hulle beveel die een van Lobanov aan. Verskeie navorsers (bv.

Hindle 1978, Disner 1980 en Clopper 2009) bevind Nearey (1978) s’n as die beste in ‘n

verskeidenheid tipes analises. Daar bestaan dus geen een, bepaalde tegniek wat sonder meer

altyd “die beste” is nie.

In hulle baie handige aanlynbron NORM (Thomas & Kendall 2007) stel hulle nege tegnieke

ter beskikking waarmee vokaaldata outomaties genormaliseer word, en vokaalkaarte

gekonstrueer word. Vokaalkaarte wat nie in terme van die tradisionele F1-F2-metings – dit

wil sê in Hertz – gegenereer word nie, kan wel in daardie formaat omgesit word (met ‘n sg.

“scaling-funksie”), iets wat hulle nie aanbeveel nie tensy met omsigtigheid te werk gegaan

word. Tegnieke wat aanwesig is, is dié van Labov (drie tipes), Lobanov, Nearey (twee tipes)

en Watt en Fabricius (ook twee tipes), ‘n Bark-transformasie, en, natuurlik, ook ‘n

ongenormaliseerde weergawe. Volle besonderhede word in NORM gevind. Bekker (2009)

gee ’n oorsig oor die verskillende tipes normalisasietegnieke, vergelyk ook Flynn (2011:10)

vir ’n oorsig.

727

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Dit moet beklemtoon word dat die aard van die ondersoek bepalend is vir watter tegniek

gekies word. As dit om die beskrywing van die vokaalstelsel van ’n taal gaan, sou mens ‘n

metode verkies wat sowel variasie afkomstig van anatomiese/fisiologiese as sosiolinguistiese

oorsake elimineer, soos tipies by data wat van sowel manlike as vroulike sprekers onttrek is,

en ook bv. ouderdoms- en etniese verskille. Wanneer byvoorbeeld groepe van verskillende

ouderdomme of streke vergelyk word, sou mens wel van verskille is wou ontslae raak wat

veroorsaak word deur die feit dat sowel mans- as vrouespraak betrokke, maar juis nie dié met

ouderdoms- of streeksbronne nie. Adank (persoonlike mededeling) onderstreep die afleiding

dat normalisasie onnodig is in gevalle waar die datastel groot genoeg is, en die sprekers

homogeen is wat betref faktore soos ouderdom en geslag.

9.2 Die uitvoer van Vowelyse

Dit kom in Excel-formaat. Van daar af kan dit na enige meer toegewyde statistiekpakket 33

uitgevoer word waar die toepaslike statistiese verwerkings gedoen word. Dit sluit in die

gewone basiese statistiek, soos hoeveelhede (N’s) van ’n gegewe tipe eenheid, die

gemiddelde daarvan, maar ook resultate van bepaalde inferensiële statistiese verwerkings (bv.

variansie-analises (ANOVAs), of diskriminant-analises (DA’s)). Dit word nie hier verder

bespreek nie; dit sal ons te ver voer.

Daar is hoër op genoem dat Vowelyse ’n area wat in ’n betrokke vokaal ondersoek sal word,

bepaal, beginnende van die horisontale middelpunt daarvan. Dit soek dan na links en na regs

van dié punt van die vokaal na die langste lineêre (reglynige) stabiele deel, waarop die

bewerkings gedoen word ten einde die toepaslike inligting te vind en te onttrek. Daar is ook

gesê dat dit makliker gebeur in die geval van kort as van lang vokale. Die vier grafieke in

Figure 18, 19, 20 en 21 illustreer in hoe ’n hoë mate veral die eerste twee vokaalformante van

die kort vokale /i/, /y/, /@/ en /u/ wel prakties reglynig en horisontaal verloop. Dieselfde geld

die ander kort vokale. Die gapings in sommige van die grafieke in hierdie tabelle is toe te

skryf aan die feit dat die linkergrens ’n gedeelte van die konsonant insluit wat die vokaal

voorafgaan.

728

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 18. Formantstruktuur van die BIER-vokaal. Die geel blokkie toon aan dat

Vowelyse nie enduit na regs ’n reglynige formanttrajek vir F3 kon sien nie; die

groen pyl wys die gedeelte aan wat verwerp is.

Figuur 19. Formantstruktuur van die BUUR-vokaal.

729

Figuur 20. Formantstruktuur van die PIT-vokaal.

Figuur 21. Formantstruktuur van die BOER-vokaal.

10. ’n Voorbeeld van die akoestiese ontleding van vokale

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In hierdie afdeling word die belangrikste akoestiese eienskappe van vokale as klankgroep

belig. Ek bepaal my wel hoofsaaklik by die vokaalfrekwensieformante. Let daarop dat hierdie

afdeling nie om ’n spesifieke taal se vokale gaan nie, maar om vokale as klankgroep oor die

algemeen. Die uiteensetting is dus nie taalspesifiek nie; ek kon net sowel Engels, of enige

ander taal, as voorbeeld gebruik het.

730

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die volgende afdeling gee ek eers in tabelvorm (Tabel 2) die resultate van ’n volledige

ontleding deur Vowelysevan al die toepaslike vokaalparameters van die h_t-woorde van

Spreker A, daarna kom ’n akoestiese vokaalkaart (Figuur 25) – wat F1 en F2 se waardes in

Tabel 2 gebruik, asook ’n aantal lyngrafieke (Figuur 22 – Figuur 23), wat ook afgelei is van

die resultate in Tabel 2.

WOORD hiet huut heet heut het hat hot haat hit hut hoot hoet

VOKAAL ie

Duur

Y ee 2 E A o aa I 9 oo u

(sek.)

HGV

0.112 0.182 0.196 0.199 0.077 0.077 0.082 0.185 0.064 0.088 0.184 0.108

(dB) 14.3 15.1 11.6 14.1 6.8 7.0 6.1 2.2 8.1 10.8 9.2 9.1

F0 (Hz) 118 118 115 106 116 109 114 103 118 113 115 132

F1 (Hz)

BEGIN

259 274 366 360 651 618 501 707 444 427 436 322

F1 (Hz)

EIND F1

258 264 312 335 650 626 464 639 479 383 415 262

(Hz)

GRAD F1

255 267 329 354 591 597 460 664 373 427 471 327

(Hz)

Bdw F1

-27 -68 48 31 -138 -88 -39 -2 -399 35 3 69

(Hz) 38 34 134 62 76 72 152 117 149 92 169 105

F2 (Hz)

BEGIN

2301 1803 2168 1438 1572 1028 773 1241 1813 1372 794 969

F2 (Hz)

EIND F2

2296 1780 2230 1476 1639 1011 745 1221 1843 1360 821 962

(Hz)

GRAD F2

2172 1918 1967 1534 1541 1047 805 1269 1735 1378 911 1072

(Hz) -34 34 -31 10 -83 49 62 20 -86 9 8 107

F3 (Hz)

BEGIN

3133 2251 2867 2241 2542 2586 2914 2502 2614 2394 2655 2295

F3 (Hz)

EIND F3

3078 2199 3127 2242 2565 2524 2673 2389 2674 2299 2763 2420

(Hz)

GRAD F3

3034 2541 2659 2388 2583 2672 3087 2572 2552 2591 2604 2075

(Hz)

INTENS

10 51 -64 14 -4 101 230 23 -33 119 -13 -60

(dB)

INTENS

75 75 76 76 79 80 79 78 76 76 80 81

BF1 (dB) 71 73 74 73 78 79 78 76 74 74 79 79

731

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

INTENS

BF2 (dB) 47 53 59 53 65 68 51 70 61 60 52 57

Tabel 2. Spreker A se akoestiese resultate van die twaalf vokale, gespreek in die raam

hVt, gegee per vokaalparameter.

Afgesien van die reeds bekende parameters (duur, grondtoon (F0), intensiteit, die drie

vokaalformante, F1, F2 en F3), en harmonisiteit-tot-geraas-verhouding (HGV), kom daar in

Tabel 2 ook ’n aantal afgeleide parameters voor. Sodanige parameters word aangedui deur ’n

toevoeging van “BEGIN” of “EIND”, asook GRAD(IËNT). Die parameter gradiënt kom

voor by die meeste van die spektrale parameters wat hier toegelig word. Die gradiënt

waarteen frekwensieverwante vokaalentiteite verloop, byvoorbeeld F0, of F1 en F2, word

uitgedruk in persentasies 34 . Dit is veral van belang by die beskrywing en vergelyking van

vokaalformante van lang, gediftongeerde vokale, waarvan die trajekte nie hoofsaaklik

horisontaal verloop nie, maar na bo of na onder buig, soos in mees hier bo (Figuur 16). Dit is

praktyk in die literatuur om slegs ’n gemiddelde waarde ten opsigte van beide formante te

gee, of selfs om hierdie vokale nie in te sluit by die beskrywing van die vokale van ’n taal

nie, juis omdat weens hierdie dinamiek van hulle formante moeilik gemeet kan word. Dit is

die geval by die werk van Van der Merwe e.a. (1993), wat slegs op die kort, stabiele

Afrikaanse vokale fokus. Pols e.a. (1973) vermeld slegs gemiddeldes vir die Nederlandse

vokale, ook vir die lang vokale, wat ook gekenmerk word deur gediftongeerdheid. Hulle gee

formantwaardes soos gemeet op die temporele middelpunt van die vokaal. Gemiddeldes in

die geval van diftongiese elemente kan misleidend wees.

Figuur 22 is ’n volledige grafiese voorstelling in die vorm van ’n akoestiese kaart, soos ook

in Figuur 11 gesien is. Hierdie kaart is gekonstrueer op grond van die ontleding van die

vokale van Spreker A. Beluister dit in die volgende klankinsetsel (Vokale Spreker A), en kyk

ook na die MRI’s daarvan.

732

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 22. Akoestiese vokaalkaart van Spreker A se 12 vokale, soos uitgespreek in

die raam hVt in meegaande klankinsetsel. Die volgorde waarin dit gelees word, word

deur die rooi pyle aangedui.

’n Samevoeging van die twee groot groepe sprekers van Adank e.a. (2004) en Pols e.a.

(1973) van 50 elk lewer ’n akoestiese vokaalkaart wat nie veel verskil van dié van ’n

samevoeging van die twee individuele sprekers (Spreker A en Spreker B) nie. Figuur 23 is

daarvan getuie.

733

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 23. Gemiddeldes van twee groepe Nederlandse manlike sprekers (sien teks

vir besonderhede).

Laastens kyk ons vlugtig na ’n ander wyse om vokaalformante grafies voor te stel. Figuur 24

is ’n lyngrafiek van die data van Spreker A se drie vokaalformante. Lyngrafieke is veral

nuttig by die vergelyking van verskillende van die vokaalparameters met mekaar; in hierdie

geval kan F3, anders as in die standaard akoestiese vokaalkaarte, soos onder meer Figuur 22,

ook met F1 en F2 vergelyk word. ’n Lyngrafiek stel mens in staat om ’n eerste indruk te

vorm van die verbande tussen die verskillende vokale se formante. Op die oog af is daar ’n

direkte verband tussen F2 en F3 van sommige vokale, en indirekte verbande tussen ander,

terwyl daar in enkele gevalle geen verband is nie. Meer spesifiek: die eerste vyf vokale (van

links na regs geneem onder op die x-as) se F3 loop parallel aan dié van F2; hulle is dan ook

dig by mekaar. Die meeste van die res van die vokale se F2 en F3 lê ver van mekaar. Hoewel

dit onpatroonmatig voorkom, is dit tipies van die verspreiding van hierdie twee formante.

734

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Figuur 24. ’n Lyngrafiek van die eerste drie vokaalformante van die Nederlandse

vokale van Spreker A. Op die x-as is die SAMPA-simbole van die h_t-woorde

aangebring. Gemiddelde waardes per vokaal word met die rooi stippellyn

aangetoon.

Ook wat F3 betref – soos die geval is met F1 en F2 (sien Figuur 26), is daar ’n groot

ooreenkoms tussen Spreker A en die 50 ander Nederlandse sprekers; die besonderhede

daarvoor hoef nie hier gegee te word nie. Dit dien, terloops, as sterk motivering daarvoor dat

daar nie so ’n groot groep sprekers betrek hoef te word by ondersoeke soos hierdie nie. Daar

bestaan statistiese metodes aan die hand waarvan sodanige mate van ooreenkoms presies

bepaal kan word, maar dit is nie die fokus van hierdie artikel nie. Gevolglik sal ek slegs op ’n

baie oppervlakkige wyse een daarvan aan die hand van ’n ander datastel illustreer.

Ten slotte illustreer ek kortliks die gebruik van statistiese metodes om die relatiewe

kragtigheid te illustreer van een parameter, of ’n groep parameters, in die taak om vokale

korrek te kan klassifiseer, sê maar as gerond of ongerond in die binêre gemerkte pare vokale

(bv. /9/ teenoor /@/. Die statistiese metode wat ek hier gebruik, is die diskriminantfunksieanalise

(afgekort tot DA).

Ek moet van ander datastelle gebruik maak om so ’n demonstrasie te kan gee, omdat die

huidige hulle nie daartoe leen nie – dit bestaan slegs uit een gemiddelde waarde per vokaal

van 50 sprekers in die geval van Pols e.a. (1973), en 50 in die geval van Adank e.a. (2004).

Spreker A se vokale is ook slegs een keer gelees en gemeet. Die datastel wat ek gebruik, 35 is

dié van 20 vroulike sprekers – hulle het elke vokaal een maal gelees, wat ’n totaal van 20

metings per leser oplewer. Ek verwys hier slegs na twee vokale, die BOER-vokaal en die

BOOR-vokaal. Ek gebruik juis hierdie twee omdat hulle naby aan mekaar lê – beide is hoë

agtervokale (/o/ is net bietjie laer as /u/). Die vraag is of F1 en F2, wat tradisioneel gebruik

735

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

word in die klassifikasie van vokale soos hierdie, voldoende kragtig is om hulle as sodanig

korrek te klassifiseer. Dit is verder interessant om ook te bepaal of, en indien wel, in watter

mate, ’n stel bestaande uit tien 36 hoofparameters van Tabel 2 beter tussen hierdie twee vokale

kan diskrimineer as net F1 + F2, en dus ook hoe suksesvol dié vokale geklassifiseer kan word

as hoog-agter (/u/) en middelhoog-agter (/o/).

Hou in gedagte dat F1 en F2 ingesluit is in die volledige stel. Tabel 3 gee die resultate van ’n

diskriminantfunksie-analise.

PARAMETERSTELLE

VOKAALPAAR F1+F2 ALMAL

/u/ 56% 94%

/o/ 75% 95%

Tabel 3. Persentasie vokale korrek geklassifiseer; F1+F2 en al tien parameters saam

(ALMAL) is as twee stelle is gebruik (Kolom 2 en 3).

Tabel 3 se resultate wys baie duidelik dat die stel van tien parameters baie sterker figureer

wat betref die klassifikasie van die twee vokale as wat slegs F1 en F2 dit kan doen. Die feit

dat beide vokale so goed korrek geklassifiseer kan word, dui terselfdertyd op ’n baie goeie

diskriminasievermoë.

Dit sal duidelik blyk dat die vokaalstelsels wat hier ter sprake was, op nog veel meer maniere

ontleed en beskryf kan word. Hierdie was maar ’n dwarsdeursnit van ’n baie intrigerende

“organisme”, die vokaalsisteem. Afrikaans kom in die volgende artikels spesifiek aan die

orde.

Samevatting

Die hoofdoel van hierdie artikel was om ’n raamwerk te ontwikkel vir die beskrywing,

ontleding en interpretering van die vokale, natuurlike klasse vokale, soos byvoorbeeld die

gemerkte geronde vokale, asook volledige vokaalsisteme, van enige taal, in ons geval

hoofsaaklik Afrikaans. Vokale word beskryf in terme van die manier waarop hulle

geproduseer word, dit is in die artikulatoriese fonetiek. Daarvan bestaan daar etlike goeie

voorbeelde wat betref Afrikaans, maar geen omvattende voorbeeld van die akoestiese

eienskappe van Afrikaanse vokale nie; wel van Nederlands, wat baie kan bydra tot die

ontwikkeling van sodanige omskrywing in die akoestiese fonetiek. In hierdie bydrae probeer

ek om hierdie gapings te vul. Kyk ook spesifiek hier na die interaktiewe vokaalkaart deur op

http://www.nwu.ac.za/af/content/ctext-vokaalkaart te klik en die aanduidings daar te volg.

736

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hier kan mens nie net hoor hoe ’n spesifieke vokaal klink nie, maar mens kan ook ’n

magnetiese resonansbeeld (MRI) van die mondkanaal (insluitende die posisies van die tong

en vorm van die lippe) daarvan sien. Ek gee die meeste aandag aan die akoestiese eienskappe

van vokale. Juis omdat met name ’n akoestiese raamwerk nog nie vir spesifiek die Afrikaanse

vokaalsisteem bestaan nie, maak ek ruim gebruik van die meer gevorderde Nederlandse

literatuur, maar ook die uitspraak self van die Nederlandse vokale. Die voordeel hiervan is

dat daar ’n groot ooreenkoms is tussen die vokale van hierdie twee tale. Vokaalparameters

wat toegelig word, is duur, intensiteit, grondfrekwensie (F0), en die vokaalformante (F1, F2,

F3). Kort vokale kan met behulp van slegs hierdie stel parameters ontleed word, maar vir die

lang, middelhoë vokale, wat geneig is om te diftongeer, is die gradiënt waarteen hulle

vokaalformante verloop, ook van groot belang. Hierdie aspek van vokale kry spesiale aandag.

In hierdie artikel lig ek ’n spesifieke vokaalontledingsmetode, Vowelyse (Van der Walt en

Wissing 2004) toe, en wys op die sterkpunte daarvan vergeleke met ander metodes soos wat

dit in die vakliteratuur gevind word.

Bibliografie

Adank, P., R. van Hout en R. Smits. 2004. An acoustic description of the vowels of Northern

and Southern Standard Dutch. Journal of the Acoustical Society of America, 116:1729–38.

Adank, Patti, Smits, Roel, en van Hout, Roeland. 2004. A comparison of vowel normalization

procedures for language variation research. Journal of the Acoustical Society of America

116:3099 – 107

Akustyk. s.d. www.akustyk.com (20 September 2011 geraadpleeg).

Bekker. I. 2009. The vowels of South African English. Ongepubliseerde PhD-proefskrif,

Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Boberg, C. 2005. The Canadian shift in Montreal. Language Variation and Change, 17:133–

54.

Boersma, P. en D. Weenink. 2011. 4.4.5 [rekenaarsagteware]. http://www.praat.org

(1 September 2011 geraadpleeg).

Catford, J.C. 1988. A practical introduction to phonetics. Oxford: Oxford University Press.

Clopper, Cynthia. 2009. Computational methods for normalization acoustic vowel data for

talker differences. Language and Linguistics Compass 3(6): 1430 - 42.

Coetzee, A.E. 1981. Fonetiek vir eerstejaars. Pretoria: Academica.

Disner, Sandra Ferrari. 1980. Evaluation of vowel normalization procedures. Journal of the

Acoustical Society of America 67:253 - 61.

737

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Eaton, R., O. Fischer, W. Koopman en F. Van der Leek (reds.). 1985. Papers from the 4th

International Conference on English Historical Linguistics. Amsterdam: John Benjamins.

Fabricius, Ann H. Dominic Watt & Daniel Johnson 2009: Language Variatio and Change,

21 (2009), 413 – 35.

Flynn, Nicholas. 2011. Comparing vowel formant normalisation procedures. York Working

Papers in Linguistics (Series 2) 11: 1 - 28.

Grabe, E. en E.L. Low. 2002. Durational variability in speech and the rhythm class

hypothesis. In Gussenhoven en Warner (reds.) 2002.

Gussenhoven, C. en N. Warner (reds.). 2002. Laboratory phonology VII. Berlyn: Mouton de

Gruyter.

Hindle, Donald. 1978. Approaches to vowel normalization in the study of natural speech. In

D. Sankoff (red.), Linguistic Variation: Models and Methods. New York: Academic. 161 -

71.

Jones, D. 1934. An outline of English phonetics. Cambridge: Heffer.

Kent, R.D. en C. Read. 1992. The acoustic analysis of speech. San Diego: Singular

Publishing Group.

Labov, W. 1994. Principles of linguistic change. Oxford: Blackwell.

—.2001. Principles of Linguistic Change. Volume 2: Social Factors. Oxford,

UK/Cambridge, MA: Blackwell.

Labov, W., S. Ash en C. Boberg. 2006.The Atlas of North American English: Phonology,

Phonetics, and Sound Change. A Multimedia Reference Tool. Berlin: Mouton de Gruyter.

Ladefoged, P. 2001. Vowels and consonants: An introduction to the sounds of language. Los

Angeles: Blackwell.

Ladefoged, P., en D.E. Broadbent. 1957. Information conveyed by vowels. Journal of the

Acoustical Society of America 29, 88 - 104.

Langstrof, C. 2006. Acoustic evidence for a push-chain shift in the intermediate period of

New Zealand English. Language Variation and Change,18:141–64.

Lass, R. en S. Wright. 1985. The South African chain shift: Order out of chaos? In Eaton,

Fischer, Koopman en Van der Leek (reds.) 1985.

Le Roux, T.H. en P. De V. Pienaar. 1927. Afrikaanse fonetiek. Kaapstad: Juta.

Lobanov, Boris M. 1971. Classification of Russian vowels spoken by different listeners.

Journal of the Acoustical Society of America 49:606 - 08.

738

Maddieson, I. 1995. Sounds of the world’s languages. Oxford: Blackwells.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Nearey, Terrance M. 1977. Phonetic Feature Systems for Vowels. Proefskrif, Universiteit van

Alberta, VSA. Oorgedruk in 1978 deur die Indiana University Linguistics Club. Aanlyn

beskikbaar: http://www.ualberta.ca/~tnearey/Nearey1978_compressed.pdf.

Nooteboom, S.G. en A. Cohen. 1984. Spreken en verstaan, een inleiding tot de

experimentelee fonetiek. Assen: Van Gorcum.

Peeters, W.J.M. 1991. Diphthong dynamics. Ongepubliseerde PhD-proefskrif,

Rijksuniversiteit, Utrecht.

Peterson, G. en H. Barney. 1952. Control methods used in a study of the vowels. Journal of

the Acoustical Society of America, 24:175–84.

Pols, L.C.W., H.R.C. Tromp en R. Plomp. 1973. Frequency analysis of Dutch vowels from

50 male speakers. Journal of the Acoustical Society of America, 53:1093–101.

Raubenheimer, H. 1998. Acoustical features of diphthongs in Afrikaans. Ongepubliseerde

PhD-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (Noordwes-

Universiteit).

Rietveld, A. en V. van Heuven. 2009. Algemene fonetiek. Bussum: Coutinho.

Schötz, S. 2006. Perception, analysis and synthesis of speaker age. Travaux de linguistique

de Lund 47. Lund: The Graduate School of Language Technology.

Sluijter, A. en V. van Heuven. 1996. Spectral balance as an acoustic correlate of linguistic

stress. Journal of the Acoustical Society of America, 100(4):2471–85.

Syrdal, A.K. en H.S. Gopal. 1986. A perceptual model of vowel recognition based on the

auditory representation of American English vowels. Journal of the Acoustical Society of

America, 79:1086–100.

Thomas, Erik R. 2002. “Instrumental phonetics”. In: J.K. Chambers, Peter Trudgill & Natalie

Schilling-Estes (redd.) The Handbook of Language Variation and Change. Oxford:

Blackwell. pp. 168 - 200.

Thomas, Erik R. and Tyler Kendall. 2007. NORM: The vowel normalization and plotting

suite. Aanlynbron: http://ncslaap.lib.ncsu.edu/tools/norm. 14 September 2012 geraadpleeg.

Van der Merwe, A., E. Groenewald, D. van Aardt, H.E.C. Tesner en R.J. Grimbeek. 1993.

Die formantpatrone van Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers. Suid-

Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 11(2):71–9.

739

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Van der Walt, A.J. en D. Wissing. 2003.

Vowelyse. http://www.puk.ac.za/opencms/export/PUK/html/fakulteite/lettere/HLT

Resources/Tools/vowelise.html (28 Maart 2011 geraadpleeg).

Van Wyk, E.B. 1977. Praktiese fonetiek vir taalstudente: ’n inleiding. Durban: Butterworths.

Wells, J. 1982. Accents of English. Vol. 1. Cambridge: Cambridge University Press.

Wissing, D. 2005. Die Afrikaanse diftong /E+/: ’n Eksperimentele ondersoek. Southern

African Linguistics and Applied Language Studies, 23(3):319–34.

—. 2006. Het jou mô en jou pô ’n strondhuis in Hortenbos? Feit of fiksie? Southern African

Linguistics and Applied Language Studies, 24(1):87–100.

—. 2007. Gevorderde akoestiese korrelate van klemtoon in Afrikaans. Southern African

Linguistics and Applied Language Studies, 25(4):607–24.

—. 2010. Oor die status van “oe” in Afrikaans: ’n Akoestiese analise. Tydskrif vir

Geesteswetenskappe,50(1):31–49.

—. 2011a. Ontronding in Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(1):1–20.

—. 2011b. Ontronding in Kharkamsafrikaans?

http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_8_2m_wissing.pdf LitNet Akademies,

8(2):309–30. (12 September 2011 geraadpleeg).

SLAAP. http://ncslaap.lib.ncsu.edu/tools/norm/about_normalization1.php (Op 14 Augustus

2012 geraadpleeg).

Eindnotas

1 Ek verwys voorts slegs na die 2009-werk.

2

Die tweede vokaal in pitte. Die eerste vokaal is natuurlik ook ’n sjwa, maar is beklemtoon.

Sien laer af vir meer besonderhede.

3 Praat is ’n uitgebreide en baie gesofistikeerde fonetiekprogram wat wêreldwyd gebruik

word vir veral akoestiese analises. Dit kan gratis afgelaai word; is aanlyn beskikbaar

(www.praat.org). Meer oor die funksionaliteit daarvan is beskikbaar op:

http://www.fon.hum.uva.nl/praat (1 September 2011 geraadpleeg).

4 Laer af word ’n sisteem voorgestel waarvolgens na die verskillende vokale verwys word

deur middel van woorde waarin hulle voorkom.

5 Die konsep van frekwensies en die metingseenheid daarvan, Hertz, word laer af bespreek.

740

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

6 Die eienaar van die video, op YouTube beskikbaar gestel, Massimo Martinelli, van die

maatskappy Inventis srl, Italië, word bedank vir die toestemming om hierdie video so te kan

gebruik.

7 Dit is ’n veelvoud van die fundamentele frekwensie in stemhebbende klanke.

8

Die waardes in groen regs onder en bo van die onderste venster dui die laagste en hoogste

vlakke van intensiteit aan.

9 Die formule hiervoor is 10*log10(99/1) = 20dB.

10 Kan ook aktiewe genoem word. Dit is egter streng gesproke nie ter sprake by vokale nie,

omdat al die artikulatore bewegend van aard is; by die vorming van konsonante is daar ook

passiewe artikulatore, soos die tande en tandkas (= alveolum).

11 Kyk Tabel 1 hier onder vir die fonetiese transkripsies hiervan.

12 Daar word gewoonlik drie egte diftonge, dit is tweeklanke wat as een foneem erken word,

vir Afrikaans – soos vir Nederlands – erken. Die onegte diftonge word opgemaak deur twee

afsonderlike foneme met mekaar te kombineer, byvoorbeeld “ai”: /Ai/ (SAMPA/ en “aai”:

/ɑi/. IPA is die afkorting vir International Phonetic Association – kyk

http://www.langsci.ucl.ac.uk/ipa (2 September 2011 geraadpleeg).

13 Foneties word dit gewoonlik getranskribeer as respektiewelik /@i/, /9u/ en /9i/ (SAMPA),

of /əi/, /œu/ en /œi/ (in IPA); daar is wel variasies hierop, waarop nie nou ingegaan word nie.

14 SAMPA is die afkorting van Speech Assessment Methods Phonetic Alphabet (daar is ook

’n nuwer weergawe X-SAMPA, maar die simbole is in ons geval dieselfde); IPA =

International Phonetic Alphabet, ontwikkel deur die International Phonetic Association.

15 Wissing (2010) het dit wel reeds ten opsigte van die BOER-vokaal (/u/) vasgestel.

16 Ek gebruik voortaan slegs die term stulp en sy afleidings wanneer ek na die lipvorming

verwys. Ek noem die vokale self steeds, volgens algemene konvensie, gerond of

ongerond/ontrond, na gelang van omstandighede.

17 MRI is ’n erkende afkorting vir Magnetic Resonance Image; hoewel MRI-beeld streng

gesproke ’n toutologiese vorm is (image = beeld), gebruik ek dit tog so.Hierdie beelde is

goedgunstiglik beskikbaar gestel deur van die skrywers van die boek Algemene fonetiek

(2009), Toni Rietveld en Vincent van Heuven, en met toestemming van die uitgewer

Coutinho, Bussum. Ek erken die gebruik daarvan met dank.

18 Laer af word spektrogramme in besonderhede bespreek.

19

Dieselfde opmerking geld hier wat ek hoër op (eindnota ii) ten opsigte van

Standaardafrikaans gemaak het.

20 Dit is bekend dat die Nederlands wat in die suide van Nederlands, maar ook in Vlaandere,

nie gekenmerk word deur ’n sterk verglyding van die middelhoë vokale nie (Van Heuven;

persoonlike mededeling).

741

21 Die eerste skrywer van die boek Algemene fonetiek, Toni Rietveld.

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

22 Anders as in die geval van Afrikaans, waar die BOOR-vokaal begin met ’n /u/-agtige kleur,

en eindig met ’n /@/-agtige, is dit presies die teenoorgestelde geval in Nederlands. Dit is

minder duidelik met die BOOR-vokaal voor /r/, maar in byvoorbeeld die woord boot is dit

wel duidelik. Vergelyk ook Rietveld en Van Heuven (2009:172).

23 Hierdie groep vokale kom in baie min tale voor; vergelyk hiervoor die inligting wat deur

Maddieson (1995) hieroor verstrek word. Volgens hom kom hierdie groep geronde vokale in

slegs 37 voor van die 525 wat hy ondersoek het. Die produksie daarvan is ook moeilik vir

anderstaliges en klein kindertjies om baas te raak. Dit maak van hulle “abnormale” klanke,

soos wat dit in ouer werke (soos dié van Le Roux en Pienaar 1927) genoem is. Hedendaags

word die term gemerk vir alle “spesiale” vorme (fonologies, sintakties en semanties) gebruik.

Ongemerkte vorme is dié wat meer algemeen is, meer geredelik sal voorkom, ensovoorts.

24 Ek wyk hier af van die konvensie om na die vokale in terme van die voorbeeldwoorde van

Tabel 1 te verwys. Omdat h_t in hierdie afdeling gebruik word, gebruik ek dit ook hier in die

teks.

25 Die rede waarom die drie vokale (die BUUR-, die BEUR- en die PUT-vokaal) gemerk

genoem word, is dat hulle nie agtervokale is nie; slegs agtervokale is tipies gerond van aard.

26 Hierdie vokaal, die sjwa (/@/;/ə/), kom in baie tale – soos Engels en Nederlands – slegs in

onbeklemtoonde posisies voor. Afrikaans vorm ’n uitsondering daarin dat dit ook in

beklemtoonde posisies optree. Dit sluit egter nie die feit uit nie dat volvokale as sjwa

uitgespreek word wanneer dit nie beklemtoon word nie. Vergelyk hiervoor die vokale in die

eerste sillabes van byvoorbeeld kanon (die militêre wapen), vakansie en gordyn.

27

Nederlands se /O/-vokaal, soos in pot, is aanmerklik laer as dié van Afrikaans – dit benader

soms die /A/ se uitspraak.

28 Dit is bekend dat /E/ voor die konsonante /k, x, l, r/ in veral die uitspraak van noordelike

inwoners van die land verlaag tot [{]. Dit gebeur egter veral nie in die spraak van die meeste

bruin mense nie, ongeag die streek waarin hulle woon. ’n Baie goeie voorbeeld daarvan dat

dit wel die invloed van die daaropvolgende konsonant is wat, in sommige variëteite,

weliswaar, /E/ laat verlaag tot /{/, is die volgende: die onderstreepte vokaal voor /x/ in

legkaart is [{], maar dié van die verwante woord lê is nie; dis /E/. Dieselfde gebeur met

segging teenoor sê. Verder se vokaal (voor /r/) is laag ([{]), maar nie in die vorm van verder

waarin /r/ van ver- wegval nie, dus /fEd@r/).

29 Ouderdomsverskille is hier blykbaar ’n belangrike faktor. Die BAAR-vokaal word baie

gerond uitgespreek deur veral jong, vroulike sprekers van die noordelike streke van Suid-

Afrika (ek verwys voorlopig na hulle uitspraak as “moderne” Afrikaans); hulle BAR-vokaal

is weer baie “platter” (Wissing 2006). Meer hieroor word in opvolgartikels gesê.

30 Ander formate, soos * .mp3, kan ook gebruik word, maar moet eers omgewerk word tot

* .wav-formaat.

31 Sluijter en Van Heuven (1996) meen dat die bandwydte van F1 veroorsaak word deur

glottislek . Rietveld en Van Heuven (2009:126) bekyk die saak van ’n ander kant. Hoe

742

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

smaller die bandwydte van ’n formant, meen hulle, hoe duideliker is die hoorbare invloed van

die betreffende formant op die klankkwaliteit of klankkleur daarvan (Rietveld en Van Heuven

2009:126). Dié twee perspektiewelik is natuurlik aansluitend by mekaar. ’n Gemiddeld van

ongeveer 100 Hz geld waarskynlik vir die Afrikaanse vokale.

32 Hindle (1978:167) som dit helder op, in die konteks van Peterson en Barney (1952) se

studie van die akoestiese eienskappe van die vokale van 76 mans, vrouens en kinders

“ ...here it is essential to have a transformation (d.i. normalisasie-transformasie; DPW)

that will minimize formant differences between individuals due to inherent

physiological factors, but will preserve distinctions that correspond to perceptually

different vowels. This need suggests a third criterion in addition to clustering and

separation to evaluate normalization : namely, that a successful normalization will

reveal socially significant differences. For example, in a speech community where

there are perceptible differences between the vowels of young and old speakers, a

situation in which change is going on, the normalization must preserve this situation.

33 Ek gebruik altyd Statistica.

34

Die persentasie van daling of styging in Hertz per sekonde. Daling word in negatiewe

terme uitgedruk; styging is positief.

35 Dit is die bedoeling om hierdie inligting later volledig te publiseer.

36 Die tien parameters is in die studie waarna in eindnota xxxix verwys is: F0, F1, F2, F3,

BdW F1, HGV, Totale Intensiteit, Intens BF1, Intens BF2, Duur.

743

Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Taferele, tableaux vivants, tablo’s en die vroeë

Afrikaanse drama (1850–1950)

Marisa Keuris

Marisa Keuris: Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa

In hierdie artikel word aan die hand van verskeie teaterhistoriese bronne nagegaan in watter

mate die tafereel, tableau vivant en ander vorme van die tablo neerslag gevind het in die

vroeë Afrikaanse drama (1850–1950). Aangesien die ontstaansgeskiedenis van die vroeë

Afrikaanse drama en teater ten nouste gebonde is aan die vestiging daarvan deur

rederykerskamers (veral Aurora) aan die Kaap, is hierdie konvensie ook nagevolg binne

hierdie konteks. Aangesien die tafereel so ’n lang geskiedenis het en reeds voorkom in die

heel vroegste vorme van drama en teater (veral in die sogenaamde prosessieteater) moes daar

ook met ’n wyer historiese blik na hierdie konvensie gekyk word. Die tafereel se verbintenis

met die tableau vivant, asook met andere vorme van die tablo is nagevolg. Alhoewel daar in

die Suid-Afrikaanse teaterhistoriese bronne min direkte verwysings na hierdie konvensie is,

sou mens wel kon aflei dat die algemene voorkoms en gewildheid van hierdie konvensie

(veral in die vorm van die tableau vivant)in 19de-eeuse Westerse drama en teater die Suid-

Afrikaanse toneel moes beïnvloed het. So ’n siening word ondersteun deur die feit dat

verskeie teatergeselskappe via die Kaap na die Ooste (onder ander Indonesië) en Australië

gereis het waar hierdie konvensie ook gedurende hierdie tydperk algemeen gevind word.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks verwys ek kortliks na twee voorbeelde, naamlik die

gebruik van die tafereel in S.J. du Toit se Magrita Prinslo (1896) en die voorbeeld van ’n

tableau vivant in Jan F. Celliers se Heldinne van die oorlog (1913). Die onderskeid wat

Meisel (1983) maak tussen tableau vivant, dramatiese tablo’s (veral algemeen gebruik in die

melodrama) en ander tablo’s (veral historiese tablo’s soos te vinde in kultuurfeeste soos die

“Pageant of the Union of South Africa” in 1910, asook die Groot Trek se herdenking en

inwyding van die Voortrekkermonument in 1949), word ook in hierdie artikel nagevolg.

Trefwoorde: tafereel; tableau vivant; tablo; teatergeskiedenis

Abstract

Taferele, tableaux vivants, tableau and the early Afrikaans drama (1850–1950)

The focus of this article is to try and determine how the tafereel, tableau vivant and other

forms of the tableau can be traced in early Afrikaans drama (1850–1950). The main

theoretical framework of this study is, therefore, a theatre historical approach. Since the

history of the early Afrikaans drama and theatre is closely bound up with the establishment of

theatre in the Cape through the endeavours of the rhetoricians’ chambers (especially Aurora),

744

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

this convention was also traced within this context. Since the tafereel/tablo conventionhas

such a long theatrical history and can be found within the earliest forms of drama and theatre

(especially in the so-called procession theatre) I also had to place this convention within its

wider historical context. The tafereel is often also linked to the tableau vivant, as well as to

other forms of the tableau, and the popularity of the tableau vivant in the 19th century –

especially in Western theatre – is also given in a few localised short discussions (New York,

Indonesia).

The article starts with a short introductory discussion where I list the most important early

South African theatre historians (Bosman, Binge, Laidler, Racster, Fletcher), as well as the

work by Stassen and Koch, where the important link between early Afrikaans drama and

theatre and Dutch theatre (especially the role played by Aurora) is highlighted. Characteristic

of the origin and development of the early Dutch and Flemish rhetorician chambers was the

establishment of amateur theatre in these chambers (Brandt) – a situation also found in the

Cape. Brandt differentiates between the early development and flowering of these guilds in

the 15th to 17th centuries in these countries and their later revival in the 19th century – albeit

with specific changes. The influence in South Africa would, therefore, rather be from the

perspective of the 19th-century rhetoricians than from their earlier counterparts (as also

indicated by Stassen and Koch). It is, however, interesting to note that the theatre convention

discussed in this article, namely the tafereel (also known in its older, more Dutch form as the

toog) can be found in plays of both the early and later rhetorician chambers.

The question Bosman (1928:12) asks, namely what the influence of the Dutch rhetoricians

was on early Cape theatre, also interested me. While Bosman worked mainly from the

broader perspective of a historical overview I tried, rather, to use a particular theatrical

convention (tafereel or tableau vivant) to demonstrate a definite relationship between early

Dutch/Afrikaans theatre at the Cape and its European roots. Such a relationship is to be

expected simply from the fact that a Dutch community was established at the Cape in the

17th century, the prominent role played by Aurora (founded mainly by members who

emigrated from the Netherlands to the Cape) and even by Dutch travelling actors and theatre

companies visiting South Africa. It soon became fairly obvious that in spite of the thorough

theatre historical overviews given in the work by Bosman, Binge, and other theatre historians,

very little really detailed information is given about particular plays of this period. Many

dramatic texts have also been lost through time and contemporary references to these plays

very seldom give any information about the performances of these plays and/or which

theatrical conventions were used.

I use the distinctions made by Martin Meisel (1983) in his seminal work Realizations:

Narrative, Pictorial, and Theatrical Arts in Nineteenth-century England, namely between

tableaux vivants, dramatic tableaux and other (mainly historical) tableaux. It also soon

became apparent that one had to look at these conventions from outside the strict limitation of

traditional drama and theatre to what is commonly known as popular entertainment and

culture (inter alia processions, pageants, historical commemorations and festivals).

It is clear that the performing arts and the fine arts are brought together through the theatrical

convention of the tafereel, die tableau vivant and the dramatic tableaux. Meisel (1983:38–51)

describes the 19th century in England as the “age of illustration”. He also links the rise of the

melodrama within this context and foregrounds the terms situation and effect and their use

within the dramatic tableau. The frozen moment – based mainly on a visual given (for

example the pose of the actor/group of actors) – therefore creates a specific dramatic effect.

Meisel’s distinction between the dramatic tableau (“arrested motion”) and the tableau vivant

745

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

(to bring “stillness to life”) was found to be very useful and is illustrated in short discussions

of the tafereel (Magrita Prinslo byS.J. du Toit, 1896) and the tableau vivant (Heldinne van

die oorlog by Jan F.E. Celliers, 1924).

The discussion continues with a focus on the use of the tableau – especially within popular

culture (pageants, festivals) and often linked to the propagation of nationalist ideals and

beliefs (e.g. the 1910 Pageant of the Union of South Africa and the 1938 centenary

celebrations of the Great Trek).

In conclusion I state that a study of the tafereel, tableau vivant and tableau within early

Afrikaans drama and theatre should be placed within the wider context of popular culture at

the Cape (approximately 1850–1900) and the greater South Africa (approximately 1910–

1950). These conventions can also been seen in an even bigger context, namely especially the

Western interest in the 19th century in, inter alia, the visual effect created and attained

through these conventions and others (dumb shows, pantomimes, etc.). The dissemination of

these “fashion trends” of the period was made possible by means of numerous travelling

theatre companies, circuses and visits by individual artists from Europe, England and

America to South Africa, Australia, Indonesia, etc. According to Brandt (1993:365) the

tableau vivant was also a well-known and popular convention within the Netherlands

between the 17th and 19th centuries – both in the theatre and in popular and public

representations.

Although one does not always find direct references within South African theatre historical

studies regarding the use of tableaux vivants, taferele or tableaux during the genesis of

Western theatre at the Cape, one can make the assumption that these conventions would have

been generally known to the Cape rhetoricians in view of their strong links to the Dutch

rhetoricians’ guilds and would, therefore, have been in general use in early Afrikaans drama

and theatre.

I could not find traces in South Africa of the “erotic” direction which the tableaux vivant took

in France (as well as in other European countries) and New York. One could speculate that

the Cape community in the 19th century and the later Afrikaans community of the first half of

the 20th century were simply too conservative to follow this development. From the sources

consulted it is clear that the historical tableau was really the direction in which the tableau

convention developed in South Africa. Many examples of this convention can be found, inter

alia in the 1910 Pageant of the Union, the centenary celebrations of the Great Trek in 1938

and the Van Riebeeck festival in 1952. In all of these cases the use of the tablo is very clearly

linked to nationalist intentions, namely those of Afrikaner Nationalism during the first half of

the 20th century.

Clear demarcations between the different terms/conventions are also not always followed by

the various theoreticians. The overlapping of characteristics (for example the “frozen

moment”) also meant that the various terms are often simply used interchangeably. Most

theorists, however, do emphasise, when using the term tableau vivant,the link between this

theatrical convention and the fine arts. While the word tafereel gradually took on the meaning

of simply being a “scene or episode” in the Afrikaans drama and theatre context, the word

tableau (tablo in Afrikaans) came to be used more generally. Although one could name the

1910 Pageant of South Africa as a first example of the use of historical tableaux with a clear

nationalistic intention, this type of tableau experienced its greatest popularity in the period of

the rise and establishment of Afrikaner Nationalism from the 1930s until the 1950s. The use

of the dramatic tableau – especially in the melodramas of the 19th and 20th centuries –

746

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

became a very common convention within Afrikaans theatre and is still often used in theatre

(inter alia also in the popular sub-genre of the television soap!).

Keywords: tafereel; tableau vivant; tableau; theatre history

1. Inleiding

Die ontstaansgeskiedenis van die Afrikaanse drama en teater in Suid-Afrika word redelik

omvattend en in besondere detail gegee in F.C.L. Bosman se welbekende Drama en toneel in

Suid-Afrika (Deel 1: 1652–1850, 1928 en Deel II: 1856–1912, 1980). Sy werk is aangevul en

voortgesit deur sy student L.W.B. Binge (o.a in Ontwikkeling van die Afrikaanse toneel:

1832–1950, 1969; Die Afrikaanse beroepstoneel: ’n Kultuur-historiese studie, 1940). Ander

Suid-Afrikaanse teaterhistorici, soos P.W. Laidler (1926), Olga Racster (1951) en Jill

Fletcher (1994) gee hoofsaaklik aandag aan die Engelse toneel se bydrae in hierdie tydperk,

maar wel ook met verwysing na die Nederlands-Afrikaanse toneel. J.W. Stassen (1957) dra

ook in sy doktorale studie (Toneel en kultuur: Die ontwikkelingsgeskiedenis van die

Hollandse en Afrikaanse toneel en drama in Suid-Afrika, Deel I en Deel II) by om die

vestiging van die Afrikaanse toneel vanuit die vroeë Hollands-Afrikaanse toneel in die Kaap

te beskryf en te kontekstualiseer, deurdat hy ook wyer kyk as net die tradisionele drama en

teater (verhoogproduksies) en onder andere ook die voorkoms van meer populêre vermaak

(pantomimes, sirkusse en ander vermaaklikheidsvorme) van die tyd beskryf.

Uit hierdie – en ander – bronne is dit ook duidelik dat rederykerskamers (veral Aurora in

Kaapstad en Thespis in die Paarl) in ’n groot mate die vestiging van die vroeë Hollandse

teater (waaruit die Afrikaanse teater sou ontstaan) bewerkstellig het, met die totstandkoming

van die sogenaamde Hollandse “liefhebberytoneel” aan die Kaap. ’n Uitstekende studie oor

die rol en invloed van die rederykers aan die Kaap (veral Aurora) is Ingmar Koch (1997) se

Het ochtendgloren boven Kaapstad: Nederlandse rederijkers in Zuid-Afrika – ’n waardevolle

bron om die milieu en tydsgees van hierdie tydperk te kan voorstel.

Die ontstaan en ontwikkeling van die vroeë Hollandse en Vlaamse rederykerskamers is

gekenmerk deur die voorkoms van amateurtoneel in hierdie kamers (Brandt 1993:345) en ’n

soortgelyke situasie word aan die Kaap gevind. Die meeste teoretici (o.a. Erenstein 1996;

Hummelen 1992; Worp 1908) onderskei wel tussen die vroeë ontstaan en opbloei van die

rederykers in die 15de tot 17de eeu en die latere (19de-eeuse) herlewing van

rederykerskamers in hierdie lande. Die invloed in Suid-Afrika sou dus duidelik eerder dié

wees van die 19de-eeuse rederykers as van die vroeëre 15de- tot 17de-eeuse rederykers

(Stassen 1957:78–81). Ook Koch (1997:82) onderskryf hierdie beskouing:

De rederijkerskamers die in de tweede helft van de negentiende eeuw in groten getale

in Nederland ontstonden, waren geen voortzettingen van de “oude” rederijkerskamers,

die vooral in de zestiende en zeventiende eeuw hun hoogtepunt bereikten. De

negentiende-eeuwse rederijker was een uitvloeisel van sociabiliteit en

747

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

genootschappelijkheid, zoals die zich in de tweede helft van de achttiende eeuw

manifesteerden.

Dit is egter interessant om daarop te let dat een van die teaterkonvensies wat vervolgens in

hierdie artikel bespreek gaan word, naamlik die tafereel (of ook in sy ouer, meer Hollandse

vorm as toog bekend) voorkom in beide die vroeëre en die latere rederykerskamers.

Die vraag wat Bosman (1928:12) stel oor wat die invloed van die Hollandse rederykers op

die Kaapse toneel sou wees, het my ook geïnteresseer. Terwyl Bosman vanuit die breër

perspektief van ’n historiese oorskou gewerk het, wil ek in hierdie studie eerder probeer

bepaal of mens vanuit ’n spesifieke teaterkonvensie (tafereel of tableau vivant) ’n duidelike

verwantskap kan aantoon tussen die vroeë Hollands-Afrikaanse toneel aan die Kaap en sy

Europese wortels. So ’n verwantskap is natuurlik te verwagte bloot vanuit die gegewe van die

totstandkoming van ’n Hollandse gemeenskap aan die Kaap, die duidelik rol wat veral die

rederykerskamer Aurora gespeel het (o.a. stigterslede wat meestal vanuit Holland na die Kaap

geïmmigreer het) en selfs die voorkoms van Hollandse reisende akteurs en toneelgeselskappe

in Suid-Afrika. Dit het egter redelik gou geblyk dat, ten spyte van die deeglike oorskoue van

die drama en teater soos gevind in Bosman, Binge en die ander teaterhistorici, min werklik

gedetailleerde inligting oor spesifieke dramas van hierdie tydperk beskikbaar is. Sommige

tekste het ook in die loop van tyd verlore gegaan en tydgenootlike verwysings na hierdie

dramas verskaf selde enige inligting ten opsigte van hoe die werklike opvoerings van dié

dramas was en/of watter opvoeringskonvensies gebruik is.

Die feit dat die tafereel so ’n lang geskiedenis het en vanaf die vroegste vorme van drama en

teater ’n rol gespeel het – veral binne die sogenaamde prosessieteater – het my genoop om

kortliks ook vanuit ’n wyer (en meer historiese) perspektief na hierdie konvensie te kyk.

Problematies was die feit dat die woord tafereel dikwels verskillend gebruik is deur die ouer

teoretici (veral Bosman en Binge), asook dat die voorkoms van hierdie woord in die vroeë

Nederlands-Afrikaanse dramas ook nie altyd ’n betroubare betekenis van die woord

veronderstel het nie (soms verwys die woord byvoorbeeld gewoon na “toneel” of “episode”

en nie sodanig na die bepaalde voorstellingsaspek waarop hierdie studie fokus nie).

Aangesien daar ’n duidelike ooreenkoms is tussen die tafereel en die tableau vivant, word

daar ook in hierdie artikel na die rol van die tableau vivant gedurende hierdie tydperk gekyk.

Aangesien ook hierdie konvensie verskillende fases deurgemaak het en sekere onderskeidings

kan vertoon, steun ek in hierdie artikel op die nuttige onderskeide wat Martin Meisel (1983)

invoer. Hy onderskei in sy seminale studie tussen tableaux vivants, dramatiese tablo’s en

ander (meestal historiese) tablo’s. Dit het betreklik gou duidelik geword dat mens ook na

bogenoemde konvensies sou moes kyk buite die streng afbakening van net die tradisionele

drama en teater – na wat eerder as populêre vermaak en kultuur bekend staan (o.a. prosessies,

“pageants”, historiese herdenkings en feesvierings).

Dit is duidelik dat die tafereel, die tableau vivant en die dramatiese tablo die uitvoerende

kunste en die visuele en beeldende kunste bymekaar bring. Meisel (1983:38–51) beskryf die

19de eeu in Engeland as the “age of illustration”. In sy omvattende studie wat die verskeie

748

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

kunsvorme bespreek, wy hy ook ’n gedeelte aan die drama. Dit is veral die klem op die

pikturale wat vir hom kenmerkend is van die 19de-eeuse Westerse teater:

European theaters before the nineteenth century have been highly pictorial, in the

sense of being perspectivally organized and acutely aware of the visual ensemble,

including scenery and spectacle […] But what is striking and characteristic in the

nineteenth-century theater is that its dramaturgy was pictorial, not just its mise en

scène, and that such pictorialism was strongest in what were regarded as its most

“dramatic” genres. Its pictorialism could flourish, if necessary, in the absence of much

that is normally associated with theatrical spectacle. Though the nineteenth-century

theater was eminently spectacular, the most powerful expression of its pictorial

dramaturgy was not the lavish court spectacle, nor the scenery show, nor its own

magical song-and-dance extravaganza, but melodrama. (Meisel 1983:38–9)

Meisel bespreek verskeie Engelse voorbeelde, maar gee ook verwysings na Franse en Duitse

voorbeelde, om veral die opkoms van melodrama in hierdie eeu te illustreer. Veral die terme

situation en effect word in verband gebring met die algemene voorkoms van die tablo in

melodrama. Hy verwys na Edward Mayhew se handleiding (Stage effect: or, The principles

which command dramatic success in the theatre van 1840) om die begrip situation te

omskryf, naamlik:

To theatrical minds the word “situation” suggests some strong point in a play likely to

command applause; where the action is wrought to a climax, where the actors strike

attitudes, and form what they call “a picture”, during the exhibition of which a pause

takes place; after which the action is renewed, not continued; […] In its purpose it

bears a strong resemblance to the conclusion of a chapter in a novel. (Meisel 1983:39)

Die gestolde oomblik – wat dus hoofsaaklik op ’n visuele gegewe gebaseer is (byvoorbeeld

die “pose” van die akteur/groep akteurs) – skep dus ’n bepaalde dramatiese effek.

Meisel (1983:47) skryf: “The mediating term in the equation of the two [’situation’ and

‘effect’] is ‘picture’. From about 1770 to 1870, ‘situation’ implied a pictorial effect in drama,

and ‘effect’ was likely to mean a ‘strong’ situation realized pictorially” (1983:41); asook:

The rise of a new pictorial dramaturgy coincided with the pervasive European fashion

of the tableau vivant. It was not the product of the tableau vivant, however, nor

should the latter form of picture-making be confounded with the dramatic tableau of

effect and situation. What they have in common bespeaks a common appetite. Both

present a readable, picturesque, frozen arrangement of living figures; but the dramatic

tableau arrested motion, while the tableau vivant brought stillness to life. (Meisel

1983:41)

Hierdie onderskeid van Meisel is besonder bruikbaar en word hier onder geïllustreer in die

bespreking van die tafereel (aan die hand van Magrita Prinslo deurS.J. du Toit, 1896) en die

tableau vivant (aan die hand van Heldinne van die oorlog deur Jan F.E. Celliers, 1924).

749

2. Die tafereel

Van Dale (1975:947) omskryf ’n tafereel soos volg:

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

1. Afbeelding, voorstelling van een gebeurtenis of situasie als zodanig; – ook een

uitbeelding in woorden; een ~ van iets ophangen; – 2. Schouwspel, geval dat men

waarneemt: een huiselijk ~ ; – 3. (persp.) loodrecht plat vlak waardoor men

veronderstelt dat de oogstralen gaan.

Vir ons doeleindes is natuurlik net die eerste twee betekenisse van belang, naamlik die aspek

van afbeelding/voorstelling wat ’n visuele komponent veronderstel, asook die

gebeurtenis/situasie (die toneel) self. Van Dale (1975:946) gee ook omskrywings van

tableau, asook van tableau vivant. In sy eerste verklaring van tableau bring die woordeboek

bogenoemde twee aspekte weer bymekaar, naamlik dat tableau Frans is vir “1. Tafereel,

schilderij; – als uitroep: dat was een mooie situasie.” Tableau vivant beskryf hy as Frans vir

“levende schilderij, voorstelling van een tafereel door levende personen” (Van Dale

1975:946).

W.M.H. Hummelen, wat gereken word as ’n kenner van die Middeleeuse rederykers en ’n

spesifieke studie gemaak het van die gebruik van die tableau vivant in die Nederlandse laat-

Middeleeuse drama, voer die term toog in (1992:193). Dit is volgens hom ’n term wat self

deur die vroeë rederykers gebruik is. Van belang vir hierdie studie is die kenmerke van die

toog wat Hummelen uitlig. Die fisiese voorkoms van die “teater” van die tyd, naamlik eerder

“toneelstellages” genoem, het in die 16de eeu uit ’n platform en ’n “speelhuis” bestaan. “Het

speelhuis is een aan alle vier zijden (meestal met gordijnen) afgesloten ruimte, kleiner dan het

platform en er zo op geplaast dat ervóór, en vaak ook ernaast, ruimte overblijft” (Hummelen

1992:195). Hummelen beskou hierdie fisiese gegewe, “een met gordijnen afsluitbaar

compartement”, wel as ’n noodsaaklike voorwaarde vir die voorkoms van ’n toog, maar nog

nie as ’n voldoende gegewe nie. In sy poging om tot ’n duideliker definisie (of ten minste ’n

breë omskrywing) van die toog te kom, noem hy ook die aspek van swye (stilte):

Inderdaad is zwijgen de regel. Maar daaraan dient iets te worden toegevoegd. Dat

zwijgen moet namelijk wel direct met het toogkarakter van het getoonde samehangen

en niet veroorzaakt zijn door het feit dat de getoonde personnages niet kunnen spreken

omdat ze bijvoorbeeld slapen of omdat op hetzelfde moment door andere personages,

op het voortoneel, gesproken wordt. (Hummelen 1992:200)

Dus, in die meeste gevalle praat die karakters nie, maar soms kan hulle wel. Dieselfde met

stilstaan: “Het is dus in overeenstemming met de opvatting van de rederijkers om zwijgen en

stilstaan niet als noodzakelijke voorwaarde voor een toog te beschouwen” (Hummelen

1992:201).

Mens sou as algemene kenmerke van die toog/tafereel kon stel dat daar dikwels sprake is van

’n (visuele) omraming van ’n spesifieke groep spelers, asook ’n stolling van ’n bepaalde

(dramatiese) moment. Hierdie gestolde aksie kan inhou dat die karakters nie praat of beweeg

nie (soms egter praat/beweeg hulle wel), maar gewoon in ’n geposeerde houding bly staan vir

’n spesifieke tydsduur vir dramatiese effek.

750

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die woord tafereel in Suid-Afrikaanse bronne (asook in die vroeë Afrikaanse dramas) is egter

nie altyd gebruik binne die omtrek van bogenoemde omskrywing nie, maar soms eerder in

die sin van “toneel” of “episode” (byvoorbeeld deur Bosman 1928:235, 248, 309 en Stassen

1957:112, 167, 215, 262). Dus: nie alleenlik kom min direkte verwysings voor nie, maar selfs

die verwysings wat wel gevind word, moet eers uitgeklaar word om te bepaal of hulle wel na

die bepaalde konvensie verwys of gewoon net as ’n ander woord vir toneel/episode gebruik

word. Stassen (1957:251) verwys byvoorbeeld in sy bespreking van S.J. du Toit se Magrita

Prinslo na beide taferele en tablo’s – maar dikwels in albei gevalle gewoon in die betekenis

van “toneel” of “episode”.

3. S.J. du Toit se Magrita Prinslo of Liifde getrou tot in di dood (1896)

In S.J. du Toit se Magrita Prinslo of Liifde getrou tot in di dood (1896) vind ons die eerste

direkte verwysings na die tafereelkonvensie in ’n vroeë Nederlands-Afrikaanse drama. In

hierdie drama, wat algemeen beskou word as die eerste gedrukte drama in Afrikaans, lys Du

Toit die dertien taferele wat in die kort drama gegee word net na die dramatitel en voor die

karakterlys. Die drama bestaan uit vyf bedrywe en in elk van die bedrywe kom tussen twee

en drie “taferele” voor. Die taferele wissel tussen blote ruimtelike beskrywings met van die

karakters daarin geplaas – soms besig met sekere handelinge, onder andere “Fiirde tafereel. –

Di toneel is in die Boerelaer an Mooirifiir, met di tent fan Klaas Prinslo foorop en enige

feldstoeltjis foor di tent. Magrita Prinslo kom uit di feld met haar kitaar, sy set dit neer langs

di tent, en gaan sit op een fan di stoeltjis” (79), tot taferele wat baie meer aansluit by die

konvensionele betekenis van ’n statiese, geposeerde voorstelling, byvoorbeeld:

Derde tafereel. – Di toneel stel voor hoe Piet Retief di wa’ens laat stop op Slagtersnek

fanwaar hy syn mense ’n laaste terugblik laat neem. Di agtergrond stel foor eenkant

’n wa, groot op di doek geteken, en verder ’n landskap met Ferraadskop eenkant en

hiir en daar boerplase in di ferte, waar Fisrifiir deur kronkel, met donkere

doornbome begroei, en heeltemal fêr ’n reeks rante met ’n kop waarop ’n roki

omhoog styg. Piet Retief met Klaas Prins [sic] en syn twe Seuns en nog ’n paar boere

staan voor op die toneel, party met sweupe in di hand; Magrita en haar ma staan

waar di wa afgeteken is; Danster tussenin op di agtergrond. (78)

Interessant in hierdie omskrywing is die posisionering van die onderskeie groepe (trekleiers

en boere; die vrouens; en ook Danster), asook die plasing van hierdie groepe in ’n baie

duidelik gespesifiseerde en (vir die Trekkers) histories-belangrike landskap.

Hierdie tafereel herroep die eerste tafereel waarmee die drama begin en wat as volg omskryf

is:

Di Graf op Slagtersnek in di middel fan di Toneel, 9 foet by 12, met klippe toegepak,

in di ope feld. Klaas Prinslo en syn frou Ragel kom stadig op di toneel; hulle set

elkeen ’n klip op di graf; sy gaan plat op di grond sit langs di graf; hy bly ’n ruk

staan; alby dood stil langs di graf; sy met haar foorskoot foor haar oge. (2)

751

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Opvallend in hierdie (en die meeste van die taferele) is die stomme uitbeelding (sogenaamde

“dumb shows”) waarin net die handelinge getoon word, maar geen dialoog gegee word nie.

Hierdeur word ’n sekere dramatiese effek bereik, naamlik van die emosioneel-gedrae moment

wat in die tafereel voorgestel word – dikwels gevind in dramas soos dié een waarin die

nasionaal-historiese gegewe voorrang geniet.

In die meeste van die “taferele” in Magrita Prinslo word die moment vóórdatdie dramatiese

handeling voortgaan, uitgebeeld: met ander woorde óf net ’n leë ruimte wat die gebeure

visueel situeer óf ’n ruimte gevul met poserende karakters of met karakters wat sekere

handelinge woordeloos uitvoer – in alle gevalle dus ’n vooruitwysing vir die leser/toeskouer

na ’n bepaalde dramatiese gebeurtenis, byvoorbeeld die aanvang van die boere se trek na

Natal.

4. Tableau vivant

Alhoewel sommige woordeboeke die tafereel/tableau vivant en tablo gewoon beskou as een

en dieselfde (vertalings van dieselfde konsep), is dit wel duidelik dat die tableau vivant tog ’n

baie definitiewe en spesifieke band met die visuele en beeldende kunste het wat nie altyd die

geval by die tafereel of tablo is nie. Featherstone (2011) verskaf dan ook die volgende

omskrywing van die tableau vivant wat hierdie aspek uitlig: “The ‘living picture’ was usually

created by arranging a person or group of persons to represent a scene from a painting or

sculpture.” Vervolgens gee sy ’n kort historiese oorsig van die voorkoms van hierdie

teaterkonvensie wat aandui dat dit te vinde is in die heel vroegste vorme van dramatiese

voorstelling:

The form may have originated as an allegorical or narrative representation of episodes

of the Gospels or classical mythology, and was common at feasts and religious

festivals in Europe from the medieval to the early modern periods. In eighteenthcentury

polite society, tableaux vivants became popular entertainments, genteel

“charades” with detailed imitation of well-known paintings and sculpture groups in

private theatres and salons. […] From the early nineteenth century, representations of

the passions and of moral positions or dilemmas were realized in frozen attitudes,

with accompanying music. (Featherstone 2011)

Sy verwys wel ook later na die verband tussen dramatiese tablo’s en die melodrama, soos hier

bo deur Meisel aangedui, naamlik dat:

Dramatic tableaux became a feature of act endings in melodrama as a means of

getting performers off the stage and, more particularly, of freezing a frame of

emotions and attitudes, giving added weight to the dramatic crisis or climax rather

than animating a narrative or allegorical image. (Featherstone 2011)

Terwyl die meeste omskrywings en monografieë die tableau vivant se besondere gewildheid

gedurende die 19de eeu uitlig, verskaf Erenstein (1996) ’n meer omvattende blik op die

ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van die tableau vivant. Hy noem dat reeds in die heel

752

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

eerste dramatiese vorme, naamlik die religieuse prosessies, onder andere die Corpus Christisiklus

van 1376 in York en “een Verrijzenisspel – van Schepping tot Laatste Oordeel” in die

Kathedraal van Kamerijk (Cambrai)”, die eerste “tableaux vivants of stomme vertoningen

plaatsvonden” (Erenstein 1996:26). Dit is duidelik uit sy bespreking dat hierdie konvensies

deel is van die ontstaansgeskiedenis van drama en teater in die meeste lande, aangesien die

vroeë teater meestal vanuit die prosessietradisie ontwikkel het: “Het tableau vivant werd in

die middeleeuwen als volwaardige theatervorm beschoud en veelvuldig toegepast tijdens

processies op wagens en op stellages, langs de route – en tijdens vorstelijke intochten op

stellages en triomfbogen” (Erenstein 1996:44–5). Volgens Erenstein (1996:62) het hierdie

aanvanklike fokus op die “vorstelijke intochten” van die Middeleeue tydens die 16de eeu

verander na ’n belangstelling in die Klassieke, sodat “de antieke geschiedenis en die

mythologie […] voortaan die meeste onderwerpen leveren voor die tableaux vivants.” Dit is

’n interessante verwikkeling gesien in die lig van die latere 19de-eeuse gewildheid van die

tableau vivant in Europa, Engeland en Amerika, waar veral die Klassisistiese beeldhoukuns

as inspirasie daarvoor gedien het. Erenstein (1996:228) stel dat hierdie konvensies gewild

was in die 17de-eeuse Nederlandse teater:

Deze [tableau vivant] werden in de zeventiende eeuwse toneelpraktijk vaak ingevoegd

om sleutelmomenten in het verhaal extra te benadrukken. Veelal ging het om

openbare plechtigheden of bloederige gruweldaden […] Gedurende enkele minute

formeerden de betreffende personages een statisch ensemble, dat als een “levend

schilderij” een bepaalde gebeurtenis uitbeelde.

Ook in die boek getiteld German and Dutch theatre, 1600–1848 (deel van die gesaghebbende

studiereeks Theatre in Europe: A documentary history, onder redakteurskap van G.W.

Brandt) word nie net die rol wat die tableaux vivants in Nederlandse teaters van die 17de eeu

gespeel het, bespreek nie, maar word ook die invloed daarvan op die Duitse teaterwêreld

uitgelig:

A particular characteristic of Dutch theatre which impressed German audiences were

the vertoningen (i.e. tableaux vivants): these occurred at key points in the dramatic

presentation when the actors formed themselves into a picturesque grouping and held

it for a while, as if it were constructing a painterly composition. […] This device was

imitated by some German playwrights and performers. (Brandt 1993:49)

Dit is nie alleenlik die statiese element wat hier beklemtoon word nie; die gestolde moment

veronderstel ook stomheid van die karakters op daardie moment met “de personages [dat]

roerloos en stom op het toneel staan” (Erenstein 1996:251). Die kontras tussen hierdie

statiese moment (soms in Engels ook beskryf as “a suspension in time” of “holding its

breath”) en die gewoonlik dramatiese gang van ’n bepaalde gebeurtenis word goed

geïllustreer in Vondel se Gysbreght van Aemstel se bekende tablo van die kloostermoord. Die

dramatiese handeling van die groep (bestorming van die klooster) eindig skielik in ’n tablo

van gevriesde figure: “Na de [gespeelde] bestorming van het klooster, verstijven plotseling

alle spelers in de houding waarin ze dan staan of liggen” (Erenstein 1996:254).

753

5. New York

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In die meeste Westerse lande blyk die opkoms en gewildheid van die tableau vivant

gesentreer te gewees het in die vroeë 1830’s tot die einde van die 19de eeu. Jack McCullough

(1981) se studie van die voorkoms daarvan in New York baken hierdie dramatiese vorm heel

duidelik af tussen “the beginning in New York, 1832–1847” (Hoofstuk 2) en “the final blaze

of glory, 1894–1899” (Hoofstuk 8). In sy deeglike studie (wat ook foto’s van enkele tableaux

vivants insluit) is dit duidelik dat hierdie “entertainment form” redelik gewild was binne die

populêre kultuur van die tyd:

Thus, by the mid-1840’s, tableaux vivants had become a familiar and popular

entertainment form in the New York theatre. In the process, several conventions of

products had been established. Subject matter included not only classic statuary and

familiar paintings, but also scenes inspired by literature, historical events, and similar

sources while some tableaux were incorporated into a dramatic structure, such as

Raphael’s Dream, most were offered for their own sake under generic titles or with

no general title at all. As the representation of pictures and “scenes” rather than

statues became more common, there was greater emphasis on the use of scenery,

lighting, and costume. (McCullough 1981:16)

Uit McCullough se studie blyk dit duidelik dat alhoewel sekere tableaux vivants (veral aan

die begin) op fisiese en visuele voorstellings van kunswerke gefokus het (en soms ook

historiese tonele uitgebeeld het), hierdie voorstellings redelik gou net op vroue-uitbeeldings

met ’n duidelik erotiese en uitlokkende intensie gekonsentreer het. ’n Aanduiding van hierdie

verwikkeling kan afgelei word van vele voorstellings, soos dié wat getitel was “The Three

Graces”, “Scenes from paradise” (“Adam and Eve as they appeared in the Garden of Eden”),

“Titian’s Venus”, “Cleopatra”, “Diana and her Nymphs surprised”, “Esther in the Persian hot

bath”, “Venus rising from the sea”, en vele ander. Soos wat hierdie voorstellings (meestal

gehou in “music halls” wat oorwegend manlike gehore getrek het) al hoe meer gewaagd

geword het, is hulle al hoe meer deur die gewone publiek as immoreel beskou en is die

persone daarby betrokke selfs kragtens openbare-onsedelikheid-wetgewing vervolg. Ten

spyte van hierdie spanning (die “artistic nature” van die voorstellings en die “female form

divine” (McCullough 1981:36)) het die tableau vivant vir ’n groot deel van die 19de eeu ’n

algemene dramatiese vorm binne populêre vermaak gebly.

Volgens McCullough was die tableau vivant op verskeie wyses deel van die New Yorkse

teatertoneel in hierdie tyd:

6. Indonesië

The genre functioned in several ways – as afterpiece or an attraction on a multiple

bill, as part of a play, or as the featured event. Tableaux found their way into the most

respected theatres as well as the lowliest concert saloons and music halls, and were

even presented as “society fund-raisers”. (McCullough 1981:143)

754

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

In sy baanbrekerstudie oor die “komedie stamboel” bespreek Matthew Cohen (2006) ook

deurgaans die voorkoms en rol wat tableaux vivants in hierdie teatervorm en tydperk in

koloniale Indonesië gespeel het. Dit is duidelik dat hierdie gebruik ook oorgebring is van die

Europese vasteland (sekerlik dikwels via die Kaapse seeroete) en heel gou dieselfde

gewildheid geniet het as wat dit in Europa, Engeland, Amerika en selfs Australië beleef het.

Volgens Cohen (2006:73):

The practice of concluding a dramatic evening with a tableaux vivant was entirely

new to the Malay theater, but was characteristic of many European theatrical troupes

at the time. The 1890s in fact corresponded to the tableau vivant’s “apogee of

popularity” in Australia and “its final blaze of glory on the commercial New York

stage”.

Volgens Cohen (2006:77) was hierdie gebruik veral gewild onder die “Dutch colonialists” en

was die tableaux vivants tipies

composed of more than a single still image, featuring two or three afdeelingen (parts)

or tafereelen (pictures) with short pauses in between. The same characters were

shown conveying contrasting emotional attitudes as physical poses. A fragmented

story could be told through images – from happiness to sadness, from poverty to

wealth, from youth to old age.

Aan die einde van sy studie gee hy ’n lang lys van tableaux vivants wat in hierdie tyd

opgevoer/voorgestel is, waarvan die interessantste vanuit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt

sekerlik die een is wat direk betrekking het op ons eie Suid-Afrikaanse geskiedenis. Cohen

(2006:289) noem naamlik dat daar op 16 November 1899 ’n spesiale vertoning gehou is, “a

benefit performance […] with proceeds going to the Transvaalfonds, a charity set up to

support ‘the Boer fighters’ (de Transvaalsche strijders) in the Anglo-Boer war”. Die relatief

groot Nederlandse gemeenskap in Indonesië was pro-Boer en het baie simpatie gehad met

hulle saak. Cohen (2006:291) skryf:

The play performed at Sinar Stamboel’s benefit show, The Roc’s Egg, was a staple of

the stambul repertoire, but the tableau vivant that followed was not: it depicted Joseph

Chamberlain, Britain’s secretary of state for the colonies, and Paul Kruger striking

“symbolic” (zinnebeeldige) poses.

Die hoogtepunt van die aand was ’n Maleise weergawe (vertaal deur Mahieu, die bekende

impressario van die Komedie Stamboel) van die lied “Kent gij dat volk” (die Maleise

weergawe tesame met ’n Engelse vertaling is afgedruk in Cohen 2006:291), wat glo deur

staande ovasies deur die gehoor ontvang is.

755

7. Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Die vraag is dus: Wat was die situasie in Suid-Afrika gedurende hierdie tydperk?

Dit is nogal ’n moeilike vraag om met sekerheid te beantwoord. Uit bestaande teaterhistoriese

bronne kry mens min direkte inligting oor die voorkoms van tableaux vivants op ons verhoë.

Die feit dat daar so min verwysings/inligting is, beteken egter nie dat hierdie konvensie nie

moontlik tog wel heel bekend was aan die Kaap gedurende die 19de eeu nie. Alhoewel baie

gewild in Wes-Europa en Amerika, illustreer die studie van Cohen dat hierdie konvensie ook

in die Ooste populêr geword het as gevolg van die invloed van reisende toneelgeselskappe –

wat in baie gevalle ook die Kaap aangedoen het.

Die enigste voorbeeld van tableaux vivants waarna Bosman (1928:437) pertinent in sy studie

verwys, het blykbaar op 13 Maart 1848 in die Garnisoenskouburg in Kaapstad plaasgevind:

“Daar word gegee ‘a splendid Representation of Figures of the Ancient Romans (according to

academic sculpture)’ in sewe tablo’s byvoorbeeld Romulusen Regulus (Remus? – F.B.)

Apollon, Mercury, en, tussen al die klassieke groothede in – Solomon’s Judgement!” Hoewel

Bosman net na tablo’s verwys, sou mens in die lig van die verwysing na “academic

sculpture” sekerlik eerder na hulle as tableaux vivants verwys. Bosman verwys dikwels

gewoon na “entertainments” in sy werk en mens sou moontlik ook kon aanneem dat hierdie

“entertainments” ook tableaux vivants sou insluit.

’n Voorbeeld van ’n drama waarin ’n tableau vivant wel duidelik uitgebeeld word, word

gevind in Jan F.E. Celliers se toneelstuk Heldinne van die oorlog, wat vervolgens kortliks

bespreek word.

8. Jan F.E. Celliers se Heldinne van die oorlog (1913)

Hierdie drama is as ’n vervolg op Magrita Prinslo geskryf as opdragwerk bedoel vir die

inhuldiging van die Vrouemonument in Bloemfontein. Die kleindogter van Magrita Prinslo

(Hanna Ras) is een van die hoofkarakters. Die drama is grootliks die uitbeelding van die

swaarkry en lyding van die Afrikanervrouens en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog in

die konsentrasiekampe. Die derde bedryf van die drama eindig met die sterftoneel van die

jong seun (Japie) in sy moeder (Hanna se dogter, Bettie) se arms. Hierdie toneel word as ’n

direkte nabootsing van Anton van Wouw se bekende beeldhouwerk by die Vrouemonument

weergegee:

Hanna: Bettie, kyk, dis verby, hy’s verlos.

Bettie: (Kyk vir Japie aan, druk ’n lang kus op sy gesig, staan op en slaan haar oë

hemelwaarts, as om hulp af te smeek. Die twee vrouens neem hierby die stand aan

van die hoofgroep op die vrou-monument by Bloemfontein). (Celliers 1924:35)

756

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Hierdie stollingsmoment van die smart van die twee vroue is in der waarheid ’n oproep tot

herinnering. Die individuele karakters van hierdie toneelstuk word emblematies van die

groter groep, naamlik die smart en lyding van alle Afrikanervroue en -kinders gedurende die

Anglo-Boereoorlog. Carlson (2004:112) verwys in sy bekende werk oor die rol van die

geheue/herinnering in die teater ook kortliks na die rol wat die beeldende kunste binne die

teater speel om iets op te roep (sy sogenaamde “ghosted”-verwysing):

[T]hrough the visual component the theatre can be placed among and can be ghosted

by parallel configurations drawn from the plastic arts. The tableau vivant, in which

actors onstage are positioned so as to call up the image of a well-known painting or

piece of sculpture, is particularly associated with the stage conventions of the

nineteenth century, but examples of it can be found in most historical periods.

Hierdie toneel verskil dus van wat ons by Magrita Prinslo gevind het ten opsigte van die

onderskeie taferele. Die slottablo is nie nou ’n dramatiese vooruitwysing na wat gaan gebeur

nie, maar is ’n dramatiese afsluiting van die voorafgaande gebeure (die fisieke en emosionele

lyding van die moeders en kinders in die konsentrasiekamp) met die afsterwe van die kind.

Die slot vang dus eerstens die hartseer geskiedenis van die vroue en kinders in hierdie kamp

vas deur die uitbeelding van ’n enkele gestolde moment van smart soos beleef deur hierdie

drie spesifieke karakters. Die gebruik van ’n tableau vivant (die nabootsing van die

beeldhouwerk) om hierdie smart konkreet uit te beeld, impliseer egter natuurlik ’n groter

reikwydte as net dié gebeure wat in Celliers se drama uitgebeeld is. Die Vrouemonument, wat

hierdie beeldhouwerk insluit, is opgerig ter nagedagtenis van alle Afrikanervroue en -kinders

wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die verskillende konsentrasiekampe gesterf en gely

het, en die voorstelling van hierdie beeldegroep in dié drama, roep dus weer hierdie hele

verwysingsraamwerk op.

Die enigste foto’s van Magrita Prinslo, asook van Heldinne van die oorlog,wat ek kon

opspoor, was ’n geposeerde foto van die spelers van Magrita Prinslo, asook ’n foto van ’n

tablo uit Heldinne van die oorlog (naamlik die toneel getitel “Dolf Labuschagne door de

Nationale Schout van Strate verraden en ter dood veroordeelt” (Celliers 1924:30) – albei

geneem tydens die inhuldiging van die Vrouemonument.

757

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Foto 1. ’n Geposeerde foto van die spelers van Magrita Prinslo. (Foto: Speciale Uitgave

van Werda, Melt Brink-versameling, Africana-afdeling, J.S. Gericke Biblioteek,

Universiteit Stellenbosch.)

Foto 2. ’n Tablo uit Heldinne van die oorlog: die toneel getitel “Dolf Labuschagne door

de Nationale Schout van Strate verraden en ter dood veroordeelt” (Celliers 1924:30).

(Foto: Speciale Uitgave van Werda, Melt Brink-versameling, Africana-afdeling, J.S.

Gericke Biblioteek, Universiteit Stellenbosch.)

9. Tablo

Binge (1969:26–7) verskaf in sy kort besprekings van die sogenaamde “entertainments” van

hierdie tydperk (ongeveer 1898), wat as voorlopers van die latere Afrikaanse “konserte”

758

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

beskou kan word, een van die min verwysings na die voorkoms van tablo’s hierin. Die

verwysing gee ongelukkig nie meer as wat hier aangehaal word nie, en dit was dus

onmoontlik om te bepaal waarna die syfers verwys: “Afgesien van hierdie (taamlik

onskuldige en sentimentele) ‘comic songs’ is kenmerkend van hierdie vermaaksvorm die

tablo’s: ‘6, 16, 60’, en ‘Hope’, wat ons later weer in die krygsgevangenekamp van die Boere

teëkom.” Dit is egter ’n belangrike verwysing wat aandui in watter mate hierdie konvensie

wel in die populêre kultuur van die tyd neerslag gevind het.

Alhoewel die tablo in ’n groot mate ooreenstem met die tableau vivant (soms net gesien as ’n

vertaling daarvan in Afrikaans), sou mens wel enkele onderskeide kon aandui tussen die twee

soos wat dit neerslag in die Afrikaanse volkskultuur gekry het, naamlik: (1) dat die tablo nog

’n redelik dramatiese element van uitbeelding bevat (dus dikwels beweging en kort tonele

bevat); en (2) amper hoofsaaklik op historiese persone en gebeurtenisse fokus (byvoorbeeld

Van Riebeeck se landing aan die Kaap). Die ooreenkoms met die tableau vivant is grootliks

geleë in die aspek van “nabootsing”: ’n sekere historiese persoon/persone/insident(e) word

voorgestel as ’n “herroeping” van ’n bepaalde historiese moment – meestal belangrik binne

die nasionale bewussyn van ’n bepaalde groep.

Die Pageant of the Union of South Africa van 1910 was een van die belangrikste geleenthede

binne die Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis waar die gebruik van historiese tablo’s op

groot skaal voorgekom het. Verskeie studies oor hierdie aangeleentheid is beskikbaar –

meestal vanuit ’n historiese perspektief. Kruger (1999) asook Merrington (1997) fokus in

hulle studies meer op die dramatiese aspekte (naamlik die tablo’s self). Die grootse omvang

van hierdie historiese optog (“pageant”) waar die tablo’s in die meeste gevalle van

massatonele gebruik gemaak het (volgens Merrington tot 5 000 spelers per tablo), het ook ’n

duidelike nasionalistiese intensie bevat. Volgens Merrington (1997:14): “The purpose of the

Union Pageant, as of most instances of the genre, was to reinforce communal sentiment and,

by an act of commemoration and dedication, to transform it into national loyalty.” Etlike

foto’s van hierdie fees is afgedruk in die Argus Union-Pageant Souvenir and Xmas Number,

1910. Hierdie foto van die “Grand finale” illustreer die omvang van hierdie historiese tablo’s:

759

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Foto 3. Die “Grand finale” van die 1910 Pageant of the Union of South Africa. (Foto:

Argus Union-Pageant Souvenir and Xmas Number, 1910, Melt Brink-versameling,

Africana-afdeling, J.S. Gericke Biblioteek, Universiteit Stellenbosch.)

Die duidelik nasionalistiese intensie van die meeste historiese tablo’s ontvang ook die

grootste klem in die sogenaamde Afrikaner-volksfeeste, soos wat Kapp (1975) ook in sy

omvattende studie oor hierdie onderwerp aandui. Sy studie verskaf ’n hele aantal voorbeelde

en foto’s van historiese tablo’s. Volgens Kapp het hierdie tipe tablo veral vanaf die 1930’s

baie gewild geword by nasionale feeste:

In die dertigerjare het historiese voorstellings die toneelaanbiedings by die

[Krugerfees] begin vervang. Dit was die era van die tablo’s. Voorstellings van die

figure Kruger, Steyn, De Wet en De la Rey en grepe uit die geskiedenis van Paul

Kruger was besonder gewild. (1975:108)

Reeds voor die 1930’s is al van historiese tablo’s gebruik gemaak, onder andere tydens die

Vrystaatse Republiekfees. Volgens Kapp:

In 1883 is ’n tablo, op die Vrystaatse leuse gebaseer, aangebied wat die feesgangers

laat “doen trillen van geestdrift”. Vryheid, Geduld en Moed is deur drie vroue

voorgestel wat by wyse van ’n samespraak oor die vryheid van die Republiek gejuig

en hulde aan pres. Brand gebring het. (1975:126)

760

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Ook met die Groot Trek se herdenking en die inwyding van die Voortrekkermonument (13–

16 Desember 1949) is algemeen van historiese tablo’s gebruik gemaak. So vind mens volgens

die amptelike program byvoorbeeld vir Donderdag 15 Desember 1949 om 8:30 nm. die

volgende inskrywing:

HISTORIESE VOORSTELLING. (Plek:

Amfiteater).

• Retief se tog na Dingaan.

• Die 1880-periode.

• Die routoneel, 1901.

• Unie, 1910.

• Die hede, 1949.

Episodes uit “Deur stryd tot oorwinning” van Adéle Jooste. Uitgevoer deur

Volksteater, Pretoria. (Botha 1952:320)

In die Kaap is die jare 1938–9 veral gekenmerk deur herdenkings wat die 250ste jaar van die

koms van die Hugenote gevier het. Ook hierdie feeste is volgens Kapp (1975:135–6)

gekenmerk deur die voorkoms en gebruik van tablo’s:

In die Boland het die feeste op Vrydag, 15 September 1939, op Stellenbosch, ’n

aanvang geneem. Die Bolandse feeste is almal deur historiese voorstellings

gekenmerk. Dit was die geval op Stellenbosch, en ook in die Paarl en op Franschhoek.

Op Franschhoek is elf historiese taferele aangebied. Beginnende met ’n voorstelling

van bekende Protestantse figure soos Erasmus, Luther en Calvyn, is grepe uit die

geskiedenis van die Hugenote op ’n histories korrekte wyse aangebied. Die

voorstellings was goed versorg, die kostumering en grimering uitstekend, en die

tonele kleurryk. ’n Interessante voorstelling met dieper simboliese waarde wat by

meer as een fees aangebied is, was ’n huwelik tussen ’n Franse meisie en ’n Hollandse

jongman.

Ook sogenaamde taalhelde is op hierdie wyse by feeste herdenk, byvoorbeeld:

Krugerdag 1944 is aan die taalhelde van die verlede gewy, en in die Paarl is ’n

indrukwekkende heeldaagse fees aangebied wat deur meer as 5 000 mense bygewoon

is. Die program het bestaan uit voorstellings uit die Afrikaanse taalgeskiedenis en is

ingelui met ’n voorstelling van Abraham Gabbema se ontdekkingsreis na die

Bergriviervallei, gevolg onder meer deur ’n uitbeelding van die samesmelting van

Franse Hugenoot en Hollander. In die namiddag was daar ’n lewendige voorstelling

van ’n neëntiende-eeuse vendusie waar onder meer Somerset se taalproklamasie

voorgelees is. Die hoogtepunt van die program was ’n groep tonele uit die Eerste

Taalbeweging. (Kapp 1975:155)

Kapp (1975:224) stel dit in die slotbladsy van sy omvattende studie duidelik dat mens hierdie

volksfeeste nie kan skei van die monumente en gedenktekens wat dien as “herinneringe aan

’n bepaalde gebeurtenis uit die verlede” nie. Die histories-nasionalistiese inslag van hierdie

feeste was onontkombaar deel van hulle: “Die monument of gedenkteken moes die sigbare

teken wees wat by elke volksfees tot die feesgangers spreek” (Kapp 1975:224). Mens sou kon

761

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

stel dat dieselfde rol en funksie ook aan die historiese tablo toegewys kan word. Die

voorstelling van die historiese insident en figuur/figure en die fisiese uitbeelding van

hoofsaaklik visuele gegewens (soms net staties, maar soms ook toneelmatig gegee), het ook

gedien om hierdie gebeure en persone vir die feesgangers te herroep en hulle te herinner aan

die belangrike bydrae van hierdie insidente en persone binne die volksgeskiedenis.

10. Ten slotte

Uit die studie blyk dit dus dat die tafereel, tableau vivant, die tablo (dramaties en histories),

gesien kan word binne die wyer konteks van populêre kultuur aan die Kaap (ongeveer 1850–

1900) en die groter Suid-Afrika (ongeveer 1910–50). Hierdie konvensies/gebruike kan ook in

’n nog groter konteks gesien word, naamlik veral die Westerse belangstelling tydens die 19de

eeu in onder meer die visuele effek wat deur verwante konvensies (“dumb shows”,

pantomimes, ens.) geskep en bereik is. Die verspreiding van hierdie destydse “modegiere” is

moontlik gemaak deur die tientalle reisende toneelgeselskappe en sirkusse, asook besoeke

deur individuele kunstenaars vanuit Europa, Engeland en Amerika na Suid-Afrika, Australië,

Indonesië, ens. Volgens Brandt (1993:365) was die tableau vivant vanaf die 17de tot die 19de

eeu ’n welbekende en gewilde konvensie in Nederland – sowel in die teater as in populêre en

openbare voorstellings:

The presentation of the tableaux vivants now grew into one of the most typical

traditions in the theatre history of the Netherlands, both South and North. They

persisted well into the nineteenth century, not only for royal entries or other open-air

solemnities, but also inside the theatre, to highlight important issues or theatrical

climaxes in the dramatic action, like weddings, enthronements or executions. From

quite early on, the tableaux were a specialty of the Rhetoricians Chambers.

Alhoewel mens dus nie altyd direkte verwysings binne Suid-Afrikaanse teaterhistoriese

studies ten opsigte van die voorkoms van tableaux vivants, taferele of tablo’s gedurende die

ontstaansjare van Westerse toneel in die Kaap kry nie, sou mens wel die aanname kon maak

dat hierdie konvensies algemeen bekend sou gewees het aan die rederykers aan die Kaap. Die

sterk bande tussen die Kaapse rederykers en die Hollandse rederykers verhoog ook die

waarskynlikheid van hierdie aanname.

In Suid-Afrika kon ek geen neerslag vind van die latere “erotiese” rigting wat die tableaux

vivant veral in Frankryk (asook in ander Europese lande) en New York ingeslaan het nie.

Vermoedelik was die Kaapse gemeenskap in die 19de eeu en die latere Afrikaanse

gemeenskap van die eerste helfte van die 20ste eeu gewoon te konserwatief om hierdie

ontwikkeling na te volg. Uit naslaanbronne blyk dit duidelik dat die historiese tablo eerder

die rigting is waarin die tablo-konvensie in Suid-Afrika ontwikkel het. Hiervan word daar

redelik algemeen voorbeelde gevind, onder andere in 1910 se Pageant of the Union, die

herdenking van die Groot Trek in 1934, die Van Riebeeckfees in 1952, die Hugenote-feeste

wat in 1939 landwyd gevier is en tydens die inwyding van die Hugenotemonument in 1948.

In alle gevalle is die gebruik van die tablo baie duidelik gekoppel aan ’n nasionalistiese

762

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

intensie, naamlik dié van die Afrikaner-nasionalisme gedurende die eerste helfte van die

20ste eeu in Suid-Afrika.

’n Streng afbakening van en duidelike onderskeid tussen die verskillende terme/konvensies is

nie altyd deur die verskillende teoretici gevolg nie. Die oorvleueling van kenmerke

(byvoorbeeld gestolde beweging/handeling) veroorsaak ook dat hierdie benamings soms deur

skrywers bloot afwisselend gebruik is/word. Die meeste teoretici beklemtoon wel by die

tableau vivant die verbintenis van hierdie dramatiese konvensie met die visuele en beeldende

kunste. Terwyl die woord tafereel geleidelik binne die Afrikaanse drama- en teaterkonteks

beskou begin word as gewoon ’n ander woord vir toneel of episode, het die woord tablo in

meer algemene gebruik gekom. Alhoewel mens die Pageant of South Africa as eerste

voorbeeld kan noem van waar die gebruik op groot skaal van historiese tablo’s met ’n

duidelike nasionalistiese intensie gevind word, het hierdie tipe tablo sy grootste gewildheid

beleef tydens die tydperk van die opkoms en vestiging van Afrikaner-nasionalisme in Suid-

Afrika vanaf die 1930’s tot die 1950’s. Die gebruik van die sogenaamde dramatiese tablo –

veral in die 19de- en vroeë 20ste-eeuse melodrama het ’n baie algemene konvensie geword

binne Afrikaanse toneel en word selfs nog vandag algemeen gebruik/gevind (o.a. ook in die

populêre subgenre van die televisiesepie!).

Bibliografie

Barrow, R. 2010. Toga plays and tableaux vivants: Theatre and painting on London’s late-

Victorian and Edwardian popular stage. Theatre Journal, 62(2):209–26.

Binge, L.W.B. 1969. Ontwikkeling van die Afrikaanse toneel (1832 tot 1950).

(Publikasiereeks nr. 29.) Pretoria: Van Schaik.

—. 1940. Die Afrikaanse beroepstoneel: ’n Kultuur-historiese studie. Kaapstad: University of

Cape Town Press.

Bosman, F.C.L. 1980. Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel II: 1856–1912. Pretoria: Van

Schaik.

—. 1928. Drama en toneel in Suid-Afrika. Deel I: 1652–1855. Pretoria: J.H. de Bussy.

Botha, M.C. 1952. Die huldejaar 1949. Johannesburg: Voortrekkerpers.

Brandt, G.W. (red.). 1993. German and Dutch theatre, 1600–1848. (Theatre in Europe: A

documentary history.) Cambridge: Cambridge University Press.

Callaway, A. 2000. Visual ephemera: Theatrical art in nineteenth century Australia. New

South Wales: University of New South Wales Press.

763

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Carlson, M. 2004. The haunted stage: The theatre as memory machine. Ann Arbor, MI:

University of Michigan Press.

—. 1989. The iconic stage. Journal of Dramatic Theory and Criticism, 3(2):3–18.

Celliers, J.F.E. 1924. Heldinne van die oorlog: Toneelstuk in vier bedrywe. Pretoria: Van

Schaik.

Chapman, M. 1996. “Living pictures”: Women and tableaux vivants in nineteenth-century

American fiction and culture. Wide Angle, 18(3):22–52.

Cohen, M.W. 2006. The komedie stamboel: Popular theater in colonial Indonesia, 1891–

1903. Athens, OH: Ohio University Press.

Du Toit, S.J. 1896. Magrita Prinslo, of Liifde getrou tot in di dood: ’n Historiese toneelstuk

uit di tyd fan di grote trek. Paarl: D.F. du Toit.

Erenstein, R.L. (red.). 1996. Een theatergeschiedenis der Nederlanden. Amsterdam:

Amsterdam University Press.

Featherstone, A. Tableau vivant. TheOxford Encyclopedia of Theatre and Performance

Online. http://www.oxford-theatreandperformance.com/entry?entry=t177.e3837 (16 Maart

2011 geraadpleeg).

Fletcher, J. 1994. The story of theatre in South Africa: A guide to its history from 1780–1930.

Kaapstad: Vlaeberg.

Heck, T.F. 1999. Picturing performance: The iconography of the performing arts in concept

and practice. Rochester, NY: University of Rochester Press.

Hummelen, W.M.H. 1992. Het tableau vivant, de “toog”, in de toneelspelen van de

rederijkers. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, 108:193–222.

Kapp, P.H. 1975. Ons volksfeeste. (Die Afrikaner en sy kultuur.) Kaapstad: Tafelberg.

Koch, I. 1997. Het ochtendgloren boven Kaapstad: Nederlandse rederijkers in Zuid-Afrika.

Ongepubliseerde doctoraal-skripsie, Universiteit van Amsterdam.

Kruger, L. 1999. The drama of South Africa: Plays, pageants and publics since 1910. Londen

en New York: Routledge.

Laidler, P.W. 1926. The annals of the Cape stage. Edinburgh: William Bryce.

Law, J. (red.). 2011. The Methuen drama dictionary of the theatre. Londen: Methuen Drama.

McCullough, J.W. 1981. Living pictures on the New York stage. Ann Arbor, MI: UMI

Research Press.

764

LitNet Akademies Jaargang 9(2), Augustus 2012

Meisel, M. 1983. Realizations: Narrative, pictorial, and theatrical arts in nineteenth-century

England. Princeton, NJ: Princeton University Press.

Merrington, P. 1997. Masques, monuments and masons: The 1910 pageant of the Union of

South Africa. Theatre Journal, 49(1):1–14.

Racster, O. 1951. Curtain up!: The story of Cape theatre. Kaapstad: Juta.

Rutherford, A. 2006. Tableau Vivant. Glossary of Theatre Terms Online.

http://www.moderndrama.ca/glossary (16 Maart 2011 geraadpleeg).

Schachenmayr, V. 1997. Emma Lyon, the attitude, and Goethean performance theory. New

Theatre Quarterly, 13(50):3–17.

Stassen, J.W. 1957. Toneel en kultuur: Die ontwikkelingsgeskiedenis van die Hollandse en

Afrikaanse toneel en drama in Suid-Afrika. Deel I, II en III. Ongepubliseerde DLittproefskrif,

Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Van Dale, J.H. 1975. Nieuw handenwoordenboek der Nederlandse taal. 8ste uitgawe.

Nijhoff: s’Gravenhage.

Westers, O. 2003. Welsprekende burgers: Rederijkers in de negentiende eeuw. Nijmegen:

Vantilt.

Worp, J.A. 1908. Geschiedenis van het drama en van het toneel in Nederland. Deel II.

Groningen: J.B. Wolters.

765

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!