01.05.2013 Views

Julie 2012 - CJBF

Julie 2012 - CJBF

Julie 2012 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

TREFINA EN

TREFOSA

Saamtrekbylaag

binne

Vergewing maak

jou vry

JULIE 2012

Gelowig

vrou in

die hande

van dié

Pottebakker

TREFINA EN

TREFOSA

6

2 VROUEBLAD Julie 2012

JULIE 2012

Saamtrekbylaag

binne

Vergewing maak

jou vry

Gelowig

vrou in

die hande

van dié

Pottebakker

Lojale lesers, help ons om nuwe intekenare te werf.

Die Vroueblad is ‘n heerlike geskenk vir jou vriendin, ma of

ouma. Intekenvorm verskyn op p.23. Die Redaksie

Julie

GEREELD

3 Redakteursbrief

4 Briewe

5 Ds. Sê my

IN-DIEPTE

Gelowig vrou in

die hande van dié

Pottebakker

6 Hoe vorm die

Pottebakker?

8 In die hande van

die Pottebakker

10 Waarom o

Pottebakker het U

my so gemaak?

14 Kruike gevul

met die Heilige

GeesLEEFDINGE

IN-DIEPTE

12 Dien altyd,

Koningkruiksvrou!

13 Boekeblad

16 Die eerste keer

18 Trefina en Trefosa

20 Jy moet volgende

jaar Saamtrek toe

22 Hartskatte

23 Lees in Augustus

24 Kaleidoskoop

Redaksionele Inligting

Redaksiekommissie:

Cobie Steyn (redaktrise)

Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)

Marlette van Rooyen (sekretaresse)

Karien Brink (bladuitleg)

Prof. Jacques van der Elst

Ds. Nico Botha

Annatjie du Plessis

Posadres:

Die Redakteur: Die Vroueblad

Posbus 178, Lydenburg 1120

Faks: Die Vroueblad 086 714 6157

E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com

Internetadres: http://www.gksa.org.za/vroueblad.htm.

Navrae:

Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:

Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za

Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987

Eienaars en uitgewers:

Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA

Intekengeld:

Self afhaal by Administratiewe Buro: R104.00 per jaar

Elektroniese intekening: R104.00 per jaar

Groepintekeninge: R163.00 per jaar

Individuele intekeninge: R178.00 per jaar

(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word

nie.)

Drukkers:

V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié

van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing

asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van

bydraes voor.

JAARGANG 67 NOMMER 2

“Doen slegs U wil

Heer, U wil met my,

U Pottebakker met

my die klei.

Vorm my en maak

my, net soos U wil,

op U slegs wag ek,

nederig en stil”

Die redaksie vra vriendelik dat

hierdie selfoonnommer en adresse

nie vir administratiewe sake

soos inskrywings of kansellasies

gebruik sal word nie – skakel

die verantwoordelike persone

by die Administratiewe Buro in

Potchefstroom: Sien die inligting

op die skutblad.)

REDAKTEURSBRIEF

DIE POTTEBAKKER

EN DIE KLEI

Liewe suster in die Here,

Hierdie maand se uitgawe sluit die Saamtrekbylaag in. Ek hoop dat jy lekker gaan

kyk en lees wat in al die streke gebeur het, want die redaksie het besluit om voortaan

die Saamtrekbylaag ook in kleur te laat druk – sommer ʼn dankiesê vir die voortgesette

finansiële ondersteuning wat Die Gereformeerde Vroueblad uit al die streke kry.

Die tema van die Sustersaamtrek van 2012 is ook die tema van ons blad vir hierdie

maand. Die redaksie het van die sprekers gevra om hulle toesprake vir ons te verwerk

tot artikels. ’n Organiseerder van ʼn streek maak hart oop oor hoe sy voel oor

saamtrekke, terwyl ʼn saamtrekganger vir ons vertel hoedat ʼn saamtrek haar verryk en

versterk. Griet Swanepoel bring hulde aan die getroue steunpilare in gemeentes:

die wyksusters!

Die tema van hierdie maand lê myself baie na aan die hart: Gelowig vrou in die

hande van dié Pottebakker. Aanvanklik, verlede jaar toe die redaksie na oorweging van

al julle voorstelle vir moontlike temas, hierdie tema gekies het, was dit vir my net nóg

ʼn tema vir nóg ’n saamtrekjaar. Min het ek geweet dat die Here my deur hierdie tema

persoonlik sou aanspreek, my op die dag van die Saamtrek sou troos en dat ek steeds –

ook met die verwerking van die artikels – deur die tema versterk sou word.

Op Maandag 20 Februarie het God ons gesin met sy hande plat gedruk op die pottebakkerswiel

(met apologie aan dr. Jan Venter, p. 14) en elkeen van ons: my man, vir my,

en ons drie kinders begin vorm “deur die druk van (’n) onverwagse gebeurtenis”: Abel

is gediagnoseer met blaaskanker. Dis dan wanneer jy besef hoe kwesbaar jy is, hoe sag

jy in die hande van dié Pottebakker is en dat Hy die klei kan druk, vorm, stoot en slaan

soos Hy wil (Ds. Henning Venter; Natalstreek se spreker) – dat Hy ons ook deur pyn

kan vorm en ómvorm tot bruikbare kruike vir Hom. Aanvanklik was ek ook soos die

klei wat my verset het teen verandering: die klei wat in Jo van Rooyen se woorde “wriemel

op die wiel” en al skeef eenkant toe en dan anderkant toe wil beur.

Maar in sy groot genade het die Here self deur sy Gees rus in my gemoed gebring,

kan ons nou elke dag dankbaar begin met die wete dat dit nóg ʼn genadedag uit die Vader

se hand is. Ons kan getuig hoedat die Pottebakker, terwyl Hy ons vorm, sy oë

op ons gerig hou en dat ons weet dat Hy ons nie alleen sal laat nie (lees Dr. Izak de Villiers

se vertroostende artikel dat die oë van die Pottebakker nooit van sy handewerk af

wegkyk nie).

Elke artikel wat onder my oë deur is, het in my hart kom vassit. Ek het nie net die

bevrediging van taalversorging gesmaak nie – ek het ook troos en bemoediging gekry.

Mag hierdie lekker dik uitgawe van ons blad vir jou ure se leesgenot verskaf.

Soos klei in die Here se hande

Cobie Steyn

NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos

jou brief aan cobiesteyn@live.com of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178

Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Juliemaand se brieweblad.

Briewe moet ons voor of op 16 Julie 2012 bereik.

VROUEBLAD Julie 2012

3

iewe

Sjokoladekoek

in ruil vir

Vroueblaaie

Toe alles so te sê kant

en klaar gereël is, sit ek

steeds met my hand in my

hare, want die Vroueblaaie

wat ons by die Saamtrek wil uitdeel, het

nog nie in die pos gekom nie. Ek bel

vir Wymie du Plessis, en sy verseker my

dat die Vroueblaaie wat ek gevra het,

reeds op die 10de en 23ste Februarie na

Worcester gepos is. Ek gaan poskantoor,

maar o wee, geen Vroueblaaie nie.

Uiteindelik kry ek met ’n besoek aan

Worcester Poskantoor wel ’n pakkie,

maar daar is net 40 Vroueblaaie in. Besoek

na besoek lewer niks op nie. Al die

poskantoorpersoneel soek later. Maar

niks nie. Nog ’n besoek. Steeds niks nie.

Uit moedeloosheid skakel ek vir Cobie

Steyn sodat ons darem ’n intekenvorm

in die hande kan kry om nou maar ten

minste ’n afdruk van die intekenvorms

van die Vroueblad vir elke gas te gee.

Nog ’n oproep. Steeds niks nie.

Toe besluit ek om my kookkunsgawes

te gebruik om moontlik die Vroueblaaie

by die Poskantoor op te spoor. Ek bak

’n groot sjokoladekoek, sit af Poskantoor

toe ... en toe? Toe is die Vroublaaie

daar!

Groete

Joukje Geertsema

Die wenboek, geborg deur Cum-boeke, is ‘n Lied van Vreugde deur Nina Smit

4 VROUEBLAD Julie 2012

Nog ‘n dag

Vanmore is dit weer so erg, met die wakker word,

het ek dit aangevoel, ‘n lusteloosheid, ’n leë niks,

’n volslae eensaamheid, ‘n benouende gevoel

wat binne in jou kom sit.

Dis nou ‘n jaar en ‘n half wat die dood my

maat kom haal het. Vanoggend darem so ver

gekom om te was, aan te trek, te grimeer en

stiltetyd te hou. Gesmeek in gebed vir bystand

en vergewing, beslis nader aan God as meeste

oggende van die verlede. As jy opstaan van jou

knieë af moet jy die dag aandurf, maar slegs ’n

rukkie of jy voel weer rusteloos verlore. Jou Here

weet alles, Hy weet en sien hoe jy ronddrentel

deur die huis en Hy stuur die buurvrou langsaan

en sy verras jou met ’n potplantjie met rooi rosies

met toe knoppies wat later nog veel plesier sal

gee. Haar kuier doen wonders en as sy loop, kan

ek omdraai met ’n meer verligte gemoed. Ek

moet vir die plantjie ‘n staanplek soek. Hierdie

vriendin was ‘n engel op my pad.

Emosies kom en gaan soos jy deur die dag

voortworstel, jy vat hier, skuif daar ‘n kussing reg,

gryp ten laaste ‘n glas om water te drink, want na

byna ag en sewentig jaar het ek nog nooit koffie

of tee gedrink nie. Wederhelf het altyd gesorg

dat ek dit reg vir gaste voorsit, nie te flou, nie

te sterk nie. Koekies eet ek saam met die water,

kosmaak vir jouself moet jy nog aanleer.

So tussendeur gryp jy ‘n waslappie en

begin ‘n randjie omhekel, dit kos wilskrag om

sover te kom, maar jy moet iets maak vir jou

‘’engelvriendin’’. Gelukkig is konsentrasie nodig

om die puntjies reg te hekel. So gaan die dag

langsaam verby en as die klok ses slae slaan,

kan jy die televisie aansit, want televisie kyk

in die dag is darem te veel vir die gewete.

Laatnag as jy eintlik jou kop op die kussing sit

nadat jy jou slaappil weggesluk het, kan jy jou

oë toemaak en God dank vir nog ‘n dag en

vra vir bewaring deur die nag. Hopelik sal die

slaap vinnig kom, genoeg rus om môre weer te

hanteer. God sorg vir jou, Hy dra jou oor ruwe

rotswande van eensaamheid en rou.

Groete

Rennie Coetzee (Danabaai)

Vergewing maak jou vry

“HOE VERGEWE JY SO

‘N MENS ?”

Ons leser vra: “Hoe vergewe mens iemand met

wie jy nie mag praat nie?” Net dit, reguit, kort

en ... moeilik! Maar dis duidelik : om een of ander

rede is dit nie moontlik om iets wat diep seergemaak

het, uit te praat en dan vergifnis te vra en

mekaar te vergewe nie. Daar kan baie verskillende

omstandighede wees waarom dit nie moontlik is

om met die persoon te praat nie, maar die feit van

die saak is dat ’n gesprek nie moontlik is nie of nie

toegelaat word nie.

GESEËND IS DIE VREDEMAKERS

Dis deel van die Here se genadewerk in ons lewe

dat Hy ons bereid maak om te vergewe. Hy bevry

mense wat van nature graag in vyandskap, haat,

woede en rusies wil lewe (vgl. Gal.5 : 20), sodat

ons deur die kragtige werk van die Heilige Gees

eerder wil vrede maak (Gal. 5:22). Vredemakers

word “kinders van God genoem”(Matt. 5:9), verloste

mense wat met ons hele lewe Hom wil eer,

ook in al ons verhoudings wat soms so skeefgetrek

kan raak.

Daarom juig ek oor die vraag, en oor die

begeerte om in ‘n moeilike situasie tog te kan

vergewe.

SONDER DAT VERGIFNIS GEVRA WORD

Ons Here het duidelik vir ons gesê wat ons moet

doen as iemand sewe keer vergifnis vra, selfs as

ons 70 X 7 keer om vergifnis gesmeek word, maar

ons lees nie dat Hy iets gesê het oor wat ons te

doen staan as daar nie kommunikasie moontlik is

nie.

VROUEBLAD Julie 2012

lesers vra

Jesus se optrede teenoor die vrou wat in

owerspel betrap is (Joh.8), gee tog vir ons

bietjie lig op die vraag. Hy het nie met haar

oor haar sonde gepraat nie, en sy het nie vergifnis

gevra nie, en tog voltrek Hy ook nie die

regverdige vonnis oor haar nie. Gaan maar,

sê Hy, “en moet van nou af nie meer sonde

doen nie” (8:11).

Daar kan dus tog vergewing wees al was

daar nie ‘n gesprek oor wat verkeerd gedoen

is nie.

Jesus het dit in sy hart gehad om iemand

wat gesondig het te vergewe al het sy nie

haar sonde erken, berou getoon en gesmeek

om vergewe te word nie. Hy maak dit ook vir

ons moontlik om te kan vergewe sonder om

dit uit te praat.

“ONS MÓÉT PRAAT”

Ons kan almal begryp dat daar behoefte is

om dit wat seergemaak het uit te praat, en

gewoonlik help dit ook sodat die strydbyl

regtig begrawe kan word.

Ons leser wys ons daarop dat ‘n gesprek

egter soms nie moontlik is nie.

Dit sal baie help as ons eerlik voor die

Here onsself afvra waarom ons voel ons móét

praat. Daar kan allerhande edele motiewe

daarvoor wees, maar dis ook moontlik dat ek

dalk my wil verlustig in die ander een se eerlike

erkenning en belydenis, hoe erg dit ook

al mag wees. Dit kan ook wees omdat ek dink

dat die ander een eers vergewing sal smaak

“Want dis mos wat

dit beteken om te

vergewe: die een

wat seergemaak

het en die een

wat seergekry het,

word bevry van die

skuld wat ons soos

slawe gebind het!”

as ek sê, “ek

vergewe jou”.

Is dit waar?

Is dit regtig ek

wat iemand

vrymaak van

dit wat gedoen

is, en

myself daarvan

bevry? Want

dis mos wat dit

beteken om

te vergewe:

die een wat seergemaak het én die een wat

seergekry het, word albei bevry van die skuld

wat ons soos slawe gebind het. Dít gebeur in

die lewe van Christene eers as ons deur Jesus

se offer aan die kruis vry gemaak word. Dan is

ons vry om mekaar te kan vergewe.

Wat ons móét hoor is ons Verlosser se

vryspraak, al kan ons nie praat met iemand

wat teen ons gesondig het nie. Vra die Here

om jou vry te maak van die ander een se

skuld teenoor jou sodat jy kan vergewe al kon

julle dit nie uitpraat nie. Hy maak ons vry!

Stuur jou vrae aan: nico@gkrandburg.org.za, of

Posbus 436, Randparkrif 2156 of sms na

083 629 8740.

5

in diepte

In die hande

van dié

Pottebakker

HOE VORM DIE POTTEBAKKER?

6

“Soos klei in die

pottebakker se hand,

so is julle in my hand.”

(Jeremia 18:6). Die

mens is klei en moet

gevorm word. Sonder

die vorming van God

is die mens vormloos

en verlore. Nou is

die vraag: “Hoe vorm

God?” en “Waar word

die mens gevorm?”

VROUEBLAD Julie 2012

DEUR DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LyTTELTON)

God vorm ons in sy kerk en Hy doen dit deur hemelse gawes oor sy kinders uit

te stort. Vir die gelowige is hierdie vorming ‘n heerlike proses van genade. In sy

liefde gee God aan ons gawes om ons nie net hier op aarde te versterk nie, maar

gawes wat strek tot in die ewigheid.

Die kerk is nie iets wat deur mense tot stand gebring is nie, dit is geskep.

Dit is God se werk. Daarom is die kerk van die Here ‘n plek waar daar groei

moet wees, ‘n plek waar daar lewe is. Meer nog: Ons geloof het ‘n persoonlike

karakter. In die kerk hoor ons God se plan met ons lewens. Ons kry rigting vir

ons lewens en ons weet waarheen ons op pad is. Hy leer ons wat geloof is. Hy

openbaar Homself in sy kerk. Hy gee vir ons die waarheid en alles wat nodig is

om kerk te wees en te bly. Hy bemagtig ons vir die aardse stryd. Daarom kan

ons vashou aan God se beloftes, wat die wêreld nie sien of verstaan nie.

Ons glo in ‘n Drie-enige God en ons glo aan ‘n heilige, algemene en

Christelike kerk.

Ons hou vas aan ons Apostoliese

geloofsbelydenis wat vir die wêreld

so onverstaanbaar en onlogies klink.

Die laaste vier artikels van die Apostoliese

geloofsbelydenis wat ons elke

Sondag aanhoor, vertel ons van die

gawes wat Hy oor ons uitstort. Twee

gawes ontvang ons reeds hier op aarde

en twee gawes ontvang ons ná hierdie

lewe. Op aarde ontvang die kerk die

gemeenskap van gelowiges en vergewing

van sondes en in die lewe hierna

ontvang ons ‘n verheerlikte liggaam en

die ewige lewe.

Gemeenskap van

gelowiges

Daar is vandag groot verwarring

oor wat die kerk is en wat die kerk se

taak is. Ons moet die taak egter meet

aan die gawes wat ons ontvang. Dan

sal ons verstaan hoe die kerk moet

funksioneer. Die gemeenskap van die

heiliges is vir ons ‘n gawe. Die kerk is

nie maar ‘n klub, vereniging of soos

‘n hotel waar ‘n klomp vreemdelinge

bymekaar verby lewe nie. Die kerk

kry ʼn gawe van God: ʼn onderlinge

liefdesband wat ons aanmekaar bind.

ʼn Liefdesband wat versterk word deur

ʼn geloofsband. God verenig sy Kerk

alreeds hier op aarde. So stel Hy ons

in staat om in liefde, mededoë en

ondersteunend uit te reik na ander.

Die gemeenskap van gelowiges is

dus nie ‘n plek waar mense beskinder

of gekritiseer word nie. Die kerk

moet ánders wees as die ongevoelige

koudheid van die wêreld, want die kerk

is ʼn hemelse gawe. Daarom moet die

kerk die boodskap uitdra: “Almal wat

vermoeid en belas is… Kom na die

waters!”

In die kerk kry ons dié troos: Ons

hoef nie alleen te stry nie, God seën ons

met medegelowiges wat ons hand kan

vat in die aardse stryd.

Meet jou eie gemeente aan hierdie

gawe.

Vergewing van sondes

Christus verenig nie net sy kerk nie,

maar versoen ook sy kerk hier op

aarde. Vergewing van sondes is ‘n groot

gawe vir die lidmaat van die kerk. Die

ongelowige deel nie in hierdie gawe nie.

Binne sy liggaam is dié lewe en pols die

versoeningswoorde aan sy kinders. Nie

daar buite nie. Buite die liggaam van

Christus (kerk) is daar geen lewe, geen

vergifnis nie.

Die gawe van vergifnis in die

kerk mag nooit misken word deur

onderlinge stryery, naywer of

vyandskap nie. ʼn Ware gemeente neem

hierdie weldaad van Christus aan en

jubel dit uit: “Ons was dood en is nou

lewend.”

Die gawes wat God gee is in mekaar

gevleg. Die gemeenskap van die heiliges

praat van versoening met mekaar,

terwyl vergewing van sondes wys na

ons versoening met God. Dink aan

die Onse Vader waar ons vra dat ons

skulde vergewe moet word…“soos ons

ons skuldenaars vergewe”. Vergewing

van sondes bind ons dus as gelowiges

aanmekaar en help ons om ʼn ware

gemeente te wees.

Daarom kan ons nie met die

kerk maak wat ons wil nie – dit is

God se eiendom. Ons is God se

eiendom waarvoor daar duur betaal

is op Golgota. Dit gee ook aan

ons ‘n groot verantwoordelikheid

om die verlossingsboodskap uit

te dra aan ander wat nog buite die

kerk is. Die suigkrag na die kerk is

alleen moontlik waar daar liefde en

vergewinsgesindheid teenoor mekaar

is. Die ware kerk is juis nie die kerk met

die grootste vertoning nie, maar die

kerk wat die gawes van Christus aan die

wêreld wys.

Opstanding van die

liggaam

Die Here seën ons verder deur vir ons

te vertel wat met ons gaan gebeur na

ons aardse lewe. Die wêreld glo nie

aan ʼn ewige lewe nie en daarom is die

gawes nie vir hulle beskore nie.

God het die mens na sy ewebeeld

geskape en daarna ontvang hy die asem

van die lewe. Hierdie liggaam is egter

geskend deur die sonde. Daarna is dit

van soveel heerlikheid berowe deur die

val en die ongehoorsaamheid van die

mens. God het egter ‘n plan en alles is

nie verlore nie.

As die mens sterf, word die liggaam

as’t ware in die aarde gesaai. ‘n Nuwe

verheerlikte liggaam sal opgewek word,

soos Christus ook met ‘n verheerlikte

liggaam opgewek is. Christus is die

VROUEBLAD Julie 2012

in diepte

hoof van die kerk en ons is die liggaam.

Ons volg dus die hoof wat reeds met

‘n verheerlikte liggaam in die hemel is.

Die nuwe verheerlikte liggaam, vertel

Paulus, is ‘n nuwe dimensie van volle

geluksaligheid, geen hartseer, geen pyn.

Ons word weer ten volle herstel na sy

beeld. Ons sal dan in staat wees om die

volle eer van God uit te dra, om te werk

in God se ryk en Hom te loof en prys

sonder ophou. Daar wag ‘n totaal nuwe

bestaanswyse vir ons.

Watter wonderlike gawe gee God nie

aan sy kerk nie? Dit is egter nie al nie…

Die ewige lewe

Adam is geskape om ewig te lewe. Die

sonde het egter sý mag, die dood, laat

intree. Nou is die ewige lewe nie meer

vir Adam en sy nageslag beskore nie.

Maar…

Aan sy kerk skenk Christus weer die

ewige lewe terug. Hy kan, want Hy is

self God. Hy kan lewe gee waar daar

dood is. Dit het Hy op Golgota bewys,

Hy het die dood vir ewig oorwin.

Die kerk volg Christus dus in die

ewige lewe in. ‘n Ewige lewe sonder

sonde, ‘n lewe waar ons nie meer in die

sonde sal val nie. Hoe wonderlik!

Op aarde ervaar die wedergebore

gelowige ‘n klein beginsel van die ewige

lewe wat kom. Daardie vreugde wat

‘n sondaar ervaar as jy deelagtig word

van Christus se versoening. Die Heilige

Gees getuig en verseker jou daarna dat

jy bevry is van die sonde.

Ons kan dus in vreugde hier op aarde

arbei in sy kerk. Die genadegawes in

sy kerk op aarde is flitse van die ewige

vreugde wat op sy kerk wag. As jy deel

is van die kerk op aarde, wag die ewige

lewe ook op jou.

God het ons met die ewigheid in

gedagte geskape. “Wat geen oog gesien

het; wat geen oor gehoor het; wat in

niemand se hart opgekom het nie – dit

het God voorberei vir hulle wat Hom

lief het” (1 Kor. 2:9). Daarom kan jy as

gelowige vrou diensbaar in die hande

van dié Pottebakker wees. Ons is klei,

ons word hier gevorm om ewig te kan

lewe. Kyk na die wonderlike gawes wat

jy ontvang en glo in God se plan met

jou lewe.

7

in diepte

GELOWIG VROU IN DIE HANDE

VAN DIÉ POTTEBAKKER

IN GENADIGE

POTTEBAKKERSHANDE

8 VROUEBLAD Julie 2012

DEUR DR. IzAK DE VILLIERS

Ek kan my verkyk aan ‘n pottebakker agter ‘n pottebakkerswiel.

Met oneindige geduld en met die regte drukking en vorming in

sy hande- word die pragtigste produkte gemaak. Dit is dan ook

die een beeld wat op verskeie plekke in die Bybel gebruik word

om God se werk op aarde en met ons as sy kinders te beskryf.

• “Bedink tog dat U my soos klei gevorm het.....” (Job 10: 9)

• “Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met

julle maak nie, o huis van Israel? Spreek die Here. Kyk, soos

klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o

huis van Israel” (Jer. 18: 6).

Elkeen van ons is ‘n meesterstuk van

God. Elkeen van ons is die produk van

sy volmaakte handewerk. Met groot sorg

en trou het Hy ons aanmekaargeweef:

“U is ons Vader, Here, ons is klei en U het

ons gevorm, ons is almal die werk van U

hande” (Jes. 64:8).

Een van die duidelikste en heel mooiste

gedeeltes oor ‘n pottebakker is waar God

vir Jeremia stuur na ‘n pottebakker se

huis (Jer.18:2). Hiermee wil die Here iets

belangriks aan hom sê en leer.

Wat leer ons uit die beeld van

die pottebakker?

Dit is belangrik om na die volle beeld van

Jeremia 18 te kyk. Drie sake kom na vore:

• Die pottebakker self.

• Die skeppingsproses.

• Die gereedskap van die pottebakker.

Die pottebakker self

In die oorspronklike teks word die feit dat

die pottebakker in beheer van die klei is

en dat hy die klei kan vou en vorm soos

hy wil, sterk beklemtoon.

In terme van God dui dit op sy

soewereiniteit. Hy is in beheer en kan

maak wat Hy wil. Hy het nie ons raad

nodig nie. Hy weet wat Hy doen. Hy werk

volgens sy eie volmaakte meesterplan.

Die skeppingsproses

In Jeremia word die Pottebakker – en

daarmee God – se totale betrokkenheid

by die skeppingsproses vir ons beklemtoon.

So val die klem op die deurlopende

persoonlike aandag wat die pottebakker

aan sy werk gee. Sy hele wese is ingestel

op die taak waarmee hy besig is. En so is

dit: Wanneer die pottebakker skep – kyk

hy nie weg van sy handewerk waarmee

hy besig is nie. Sy oë is die hele tyd op die

klei gerig.

So werk God met ons. Die hele tyd is

Hy besig om ons te skep en te herskep.

Dit is ‘n voortdurende proses wat nooit

ophou nie. Altyd maar is daar ‘n transformasieproses

met jou aan die gang. Ja!

Soms voel dit vir jou of dinge te veel raak.

Asof God jou vergeet het. So asof sy oë

nie meer op jou gerig is nie.

Die goeie nuus is egter dat God – dié

Pottebakker in jou lewe – se oë nooit van

jou af weg is nie. Daar is geen oomblik in

jou lewe wat Hy nie sy oë op jou het nie.

Wat ons ook moet raaksien, is die

pottebakker se hande. Sy hande is die hele

tyd besig om die klei te vorm en te vou.

God werk met sy kind met sagte hande

en in liefde.

Die gereedskap van die

pottebakker

Daar is die pottebakkerswiel wat ons

moet raaksien. Hierdie wiel is die hele

tyd besig om te draai. So ook jou lewe

en jou omstandighede. Altyd draai dit

– verander dit. Daarom is ons lewe so

onvoorspelbaar.

Maar die konstante wat altyd bly is: Die

pottebakker se voet bly op die pedaal. Hy

is in volle beheer van daardie wiel – van

jou lewe. So vorm Hy ons. So skaaf Hy

aan ons.

En dan is daar die klei. Elke stukkie klei

word gevorm en verander in ‘n fantastiese

voorwerp. En dit is wat ons moet

raaksien: Wanneer die Pottebakker skep

lyk elke produk anders. Geen produk is

dieselfde nie. Gaan kyk maar na ‘n boom

met duisende blare en soek gerus twee

wat identies is. God maak nie fotostate

nie – veral nie van sy kinders nie. Daar

is net een soos jy. God se Naam is op jou

geskryf. Hy is die Outeur – die Skepper

van jou lewe. Jy is handgemaak deur God

self.

In veilige hande

Die wonderlike van alles is dat jy in

veilige hande is, want die Hande van die

Pottebakker is Hande met spykermerke

daarin. Jy sal nooit uit daardie hande

geruk kan word nie (Joh.10:28); niks kan

jou van sy liefde skei nie (Rom.8:39).

As die pot ‘n mislukking is...

Maar wat daarvan as jy die dag misluk?

Dan kom ons by seker die mooiste

boodskap van die pottebakker: God is

‘n God van tweede kanse. Hy gee nooit

op met jou nie. Ten spyte van sonde en

droogmaak en bagasie.

Onthou! Dit Pottebakker gee nooit op

met die klei nie.

Wanneer vind ek my rus in God

se hand?

Soveel gelowiges is vandag vasgevang in

die “wat moet ek doen?” vraag: Wat moet

ek doen om in ‘n lewende verhouding

met God te staan? Wat moet ek doen om

rus te vind in die Hand van die Here?

Dadelik het ons as Gereformeerdes

‘n reeks antwoorde gereed: Let op jou

VROUEBLAD Julie 2012

in diepte

kerkbesoek; bestudeer die Woord; bely

jou sonde voor God – so groei ons in

die geloof en in ons verhouding met die

Here. Dit is die Gereformeerde resep.

Maar dan val die klem nog sterk op wat

ons moet dóén om nader aan die Here te

leef.

Die Woord leer ons die teenoorgestelde

– ’n mens kry dit hier in die boodskap

van die pottebakker. Die deurlopende

boodskap van die Bybel is dat ek my eie

leegheid voor God moet verstaan en

erken. Daardie dag wanneer jy raaksien

dat jy niks het om vir God te gee nie

behalwe jou eie leegheid – daardie dag sal

jy ontdek: God gee duisend keer meer om

vir my as wat ek ooit vir myself kan omgee.

Hy het my lief. Die rede vir my bestaan,

die rede dat ek in die Hande van dié

Pottebakker is, is omdat God my liefhet

en my die kanaal van sy liefde wil maak.

Begenadigde: Getuig van die

Pottebakker se genade

Ek moet God se genade in my lewe beleef

en leef. Die feit dat God in beheer van

ons lewens is, dat Hy ons met liefde en

sagte hande vorm en vou; dat Hy ons

uniek maak (ons is handgemaak deur

God self); dat Hy ons ’n tweede kans gee

en nooit opgee met ons nie; dat sy Hande

met spykermerke ons omvou en dat Hy

ons in sy veilige hande vashou, straal

net een woord uit: Genade! Met hierdie

woorde staan ons by die hart van ons

tema: Gelowig vrou in die Hande van dié

Pottebakker.

Leef hierdie genade uit. Wees genadig

teenoor mense wat nog sonder genade

leef deur vir hulle te bid. Onthou: Begenadigdes

tree gereeld by God in vir

sondaars. Mense wat genade gesmaak

het, praat graag met ander oor Christus.

Baie gelowiges kry mos stilstuipe as hulle

tussen ander mense is. Die opdrag van

die Here is egter duidelik: Praat groot

oor God by ander. Gelowiges se voltydse

opdrag is om mense wat nog nie van

Christus gehoor het nie, in te lig oor God

se genade.

Genade laat jou altyd vergewe en

vergeet. Onthou altyd wat God met ons

doen: Hy begin altyd oor en voor met ons.

Bedien genade aan mense wat dit glad nie

verdien nie. God se groot genade laat jou

altyd voor begin met ander.

9

in diepte

DEUR DS. JAN DU PLESSIS (GK

GROOTFONTEIN/TSUMEB)

Die Here maak Homself in die beeld

van die pottebakker op ʼn besondere

manier aan ons bekend. Ons moet

God leer ken, van sy kant af kyk, om

perspektief te kry op die lewe en op die

vrae waarmee ons daagliks te doen het.

In my persoonlike lewe wonder ek

dalk: hoekom moet ek so swaarkry

met my gesondheid, in my huwelik,

met my kinders, met my ouers, met

ander mense? Hoekom is my man so

onverskillig in sy verhouding met die

Here? Hoekom moet ek sukkel met my

voorkoms of om geestelik staande te bly

terwyl ander dit so maklik het?

Ons wil soms uitroep, “Waarom o

Pottebakker, het U my so gemaak?’

Die beeld van die pottebakker en

die klei het benewens die feit dat ons

dié Pottebakker moet leer ken, ook die

bedoeling dat ons iets meer sal verstaan

van sy pad met ons en hoe Hy ons

elkeen wil gebruik.

Wat doen ons?

Wat maak dat ons al die vrae vra en

soms daarmee worstel? Daar is ʼn paar

dinge wat ons dalk verkeerd doen:

10 VROUEBLAD Julie 2012

GELOWIG VRO

Waarom o P

Leighton Ford het gesê: “God het ons lief net soos ons is, maar Hy

het ons te lief om ons so te laat bly.” En juis om hierdie rede is dié

Pottebakker elke dag met ons besig.

Ons kom na die Here toe

met vooropgestelde idees

Ek doen my beplanning en verwag

dan dat die Here dit net so moet laat

uitwerk. Wanneer dinge ánders uitwerk,

sit ek met ʼn klomp vrae. Dan verstaan

ek nie die Here se pad met my nie. Dan

verwyt ek Hom.

Toe die Here vir Kores, die Persiese

koning as verlossingsinstrument vir sy

volk uit die ballingskap gebruik, het sy

volk dit nie verstaan nie en dan sê die

Here “Durf die klei vir die een wat dit

vorm sê: ‘Wat maak jy?’ Durf die een

wat jy gemaak het van jou sê: ‘Hy kan

nie sy hande gebruik nie’” (Jes. 45:9).

Ons bevraagteken die Here

se bedoeling met ons

As ons beproef word dan dink ons

die Here het ons vergeet, of Hy is

onregverdig (Jes.40:27) of soms wonder

ons dan of ons nog sy kinders is?

Ons vertrou nie die Here

nie, want ons is nie eerlik

nie

Met die mond loof ons Hom, maar

ons kies in die praktyk ander uitweë en

middels as wat Hy ons leer en verwag

dan boonop dat Hy ons moet seën

(Jes.29:13,15 en 16).

Hy ken ons so goed omdat Hy ons

gemaak het.

Die gevolge van al ons

hoekoms?

Ons staan al hoe meer verdwaas en

verstom (Jes.29:9-12,14); ons het nóg

minder begrip en insig (Jer.18:11,12);

ons het nóg minder geloof en vertroue

(Ps.73: 13,14); nóg minder dinge maak

vir ons sin.

Jy gaan tot waar jy jou vasloop, waar

jy verstrengel raak deur jou eie gedagtes

of planne. Tot waar die Here jou toelaat.

Soos in die gelykenis van die verlore

seun, dat jy letterlik in die varkhok

beland. Want onthou: Die Pottebakker

vorm die klei (Jer. 18:3 e.v.) – so gebeur

dit dat die Here se pad met ons ons

soms op ons knieë dwing. Totdat ons

weer, of dalk die eerste keer by dié

Pottebakker uitkom (Ps. 73:15-17).

Die uitkoms

Deur die Here se genade is daar lig

en ewige lig (Jes.29:17-24). Op die

duisternis volg die lig. Wanneer die

Here ingryp deur sy Gees, dan hoor sy

kinders weer sy Woord en sien hulle

weer sy dade. Selfs in die grootste

krisistyd is daar nog hoop – die

pottebakker maak na die vernedering

weer iets goeds uit dieselfde klei

(Jer.18:4).

God omvorm ons deur Jesus

Christus. Hy het gekom om

verandering te bring, nuwe lewe en

vryheid. Hy het ons verlos, sodat

ons nie meer gebonde is om net van

menslike kant na die werklikheid te kyk

nie, maar van God se kant, van die kant

van dié Pottebakker.

Wanneer kom daar insig?

Wanneer jy, verlos deur Jesus Christus,

dié Pottebakker leer ken – op dié

tydstip wanneer jy deur sy genade by

Hom uitkom, omdat Hy deur sy Gees

in jou kom woon het: “Totdat ek in die

heiligdom van God ingegaan het”(Ps.

73:17) – met ander woorde: Totdat ek

tot stilstand gekom het en weer na die

Here geluister het. Deur die Gees van

God kom daar insig.

Die Gees oortuig jou dat God (dié

Pottebakker) sy raadsplan het en dat

Hy almagtig is. Niks en niemand kan

Hom keer om sy raadsplan uit te voer

nie (Rom. 9:15). Hý is immers in

beheer oor alles in die heelal en oor

jou lewe (Rom.9:20,21) en Hy sal alles

ten goede laat meewerk vir dié wat

Hom liefhet (Rom.8:28). Al werk jou

planne nie uit nie, sy plan met jou lewe

en met sy kerk werk altyd uit. Weet

dan: Dié Pottebakker het jou in die

omstandighede geplaas waarin jy is,

om te wees wat die Here alleen van jou

verwag om te wees.

Die Pottebakker roep en rus

toe

God roep mense en rus hulle toe

met die gawes van sy Gees. Jý word

geroep en jy kry die toerusting om

mens (voorwerp/kleipot) tot eer

van God te wees. Daarom, al voel

jy hoe onbekwaam in jou moeilike

omstandighede, kan jy leef met dié

wete: “My genade is vir jou genoeg” (2

Kor.12:9).

Die Pottebakker het jou lief

Die Here se liefde is oneindig groot

(Ps.103:11). Hy tug die wat Hy liefhet

(Hebr.12:7). Tug, wat liefde is, verstaan

ons ook alleen as ons van ’n ouer se

kant, wat sy kind in liefde tug, daarna

kyk. Wanneer die Here ons tug weet

ons egter altyd, niks kan ons skei van

die liefde van God wat daar in Christus

Jesus ons Here is nie (Rom. 8:38 -39).

In antwoord op God se tugtiging

moet jy moet jou bekeer, maar ook

in jou baie moeilike omstandighede

VROUEBLAD Julie 2012

in diepte

U IN DIE HANDE VAN DIÉ POTTEBAKKER

ottebakker,het U

my so gemaak?

raaksien en getuig hoedat die Here

jou dra en lei. Al is jy slagoffer van

hedendaagse geweld, natuurrampe,

of watter siekte of ellende jou mag

tref, weet dat dit die Here in sy liefde

behaag om jou daardeur te vorm en

jou te gebruik om sy naam ook in sulke

omstandighede te verheerlik, soos Job

(Job 42:1-6).

Die Pottebakker is

alwetend

Hy ken jou diepste (en verborge)

gedagtes en al jou dade en Hy toets

jou gesindheid. Jy hoef niks vir Hom

weg te steek nie, maar kan Hom

net onbevange in alle opregtheid en

waarheid dien.

Al het jy ook ver geval en al is dit vir

jou baie moeilik om geestelik staande te

bly: Hy sal ʼn hart vol ootmoed en berou

nie gering ag nie. (Ps.51:19). Vir elkeen

wat in Jesus Christus glo, geld dit

nou en vir altyd dat Hy deur sy bloed

ons van al ons sondes gereinig het (1

Joh.1:8 -9).

Wees dan uit dankbaarheid maar net

ʼn gelowige vrou in die hande van dié

Pottebakker, want Hy het jou bevoorreg

om die werklikheid van elke dag ook

uit hemelse perspektief, van die kant

van dié Pottebakker, te bekyk.

11

leefdinge

Die Sustersaamtrekke word al sedert

1964 aangebied. Dit is ʼn mooi

tradisie wat dus al vir 48 jaar deur

die susters van die gemeentes van Die

Gereformeerde Kerke landswyd in

stand gehou word. Die land is in 18

streke verdeel en ’n spesifieke gemeente

se susters bied aan om gasvrouens te

wees en die ander gemeentes in die

streek uit te nooi. Die mooi gewoonte

het ook al ontstaan dat gemeentes op

ʼn rotasiebasis geleentheid kry om die

gasvrougemeente te wees.

Ek weet daar is lidmate wat dink dit

plaas eintlik ʼn onnodige geldlas op ʼn

gemeente of op die Susters-Aksie van

daardie gemeente, en dat dit in vandag

se dae onnodig is.

Tog bly dit vir ’n gemeente ʼn groot

voorreg om so ’n geleentheid aan te

bied. So kry die susters kans om as ʼn

span saam te werk, mekaar (beter) te

leer ken, hulle talente saam te snoer

en te gebruik, want elke lidmaat in die

gemeente het tog spesiale gawes van die

Here ontvang.

DEUR MARJA PANSEGROUW

Dien altyd,

Koningkruiksvrou!

12 VROUEBLAD Julie 2012

Daar is dié susters wat die gawe

ontvang het om kunstige artikels te

maak; ander weer om vlytig te kan bak

of goed te kan praat. Maar bykans almal

het die gawe van gasvryheid ontvang of

die gawe om te kan getuig wat die Here

in jou lewe gedoen het of die gawe van

hulp verleen. So kan ek maar die gawes

bly opnoem: Elkeen beskik oor ’n gawe,

wat natuurlik van die Here af kom,

wat gebruik kan word om te help met

die beplanning en aanbieding van so ʼn

groot geleentheid.

Ja, dis waar, ’n saamtrek kan baie

kos, maar met goeie beplanning,

genoegsame fondsinsamelings,

entoesiasme, belangstelling en hulp kan

dit net ʼn plesier word om ’n saamtrek

aan te bied. Die opgewondenheid, die

voorbereiding en entoesiastiese uitsien

na die dag is onkoopbaar. En as die

dag uiteindelik aanbreek, is daar ’n

opgewonde afwagting in die gasvrouens

en die gaste se harte.

Die gasvrouens wonder: gaan alles

vlot verloop? Sal die susters dit geniet?

Sal ons daarin slaag om die gemeenskap

van die gelowiges te bevorder?

Die gaste wonder al in die

saamrymotors: wat sal die kleurskema

wees? Wat gaan die spreker sê? Gaan ek

geestelik verryk vandag terugkeer

huis toe?

Die gasvrougemeente sien uit na

die aankoms van die gaste. Dis ’n

wonderlike gesig wat jou begroet as jy

die gaste sien opdaag, uitgevat in nuwe

klere of hulle mooiste klere in die kas.

Die hare is netjies gekap en almal lyk so

gelukkig.

Weet julle, dit doen iets aan my gees.

Ek voel nederig en dankbaar trots

omdat alles so mooi lyk. Trots, want dit

is medegelowiges wat hierdie pragtige

dag in Christelike gasvryheid aanbied.

Trots, want daar is hope werk vooraf

in ʼn goeie gesindheid afgehandel. Ek is

trots omdat ek ʼn Gereformeerde vrou

is, want ek kan deel hê aan hierdie mooi

tradisie.

Daar spoel ʼn dankbaarheid oor my

teenoor God. Ek is sy Koningskruikvrou

wat Hy geskape het. Hy het my gekies

om deel te hê aan soveel wonderlike

geleenthede, wat my elke dag laat groei,

Hy het my lief en stort sy liefde oor my

uit sodat ek hierdie liefde ook aan ander

mense kan oordra.

Susters, moenie wegskram van

Saamtrekke nie. Kom vul jou kruik

met God se Gees sodat jy as ʼn ware

Koningskruiksvrou jou lewe kan aanpak

en deur sy krag Hom en jou naaste kan

dien.

Die eerste Sustersaamtrek

is deur mev. JM du Plooy

(eerste redaktrise van die

Gereformeerde Vroueblad)

geïnisieer en het die eerste

byeenkoms op 21 Oktober 1964 te

Florida met 300 susters (meestal

van Transvaal) plaasgevind

(Aangehaal uit “Agtergrond oor

Sustersaamtrekke, saamgestel

deur Dr. Wymie du Plessis).

saamtrek 2012

Bosveld

Saamtrekke 2012

Gelowig vrou in

die hande van dié

Pottebakker

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

1

saamtrek 2012

Boland

DIE GEREFORMEERDE KERK WORCESTER

SPREKER: MILANIE VOSLOO

DEUR JOUKJE GEERTSEMA (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

Ons woon in die pragtige

Breederiviervallei omring deur berge,

boorde en wingerde. Uitgestrekte

grense stel uitdagings met die reël

van ’n Saamtrek, maar dit was ʼn

verrykende ervaring.

Die Susters het reeds in 2011

weggespring om vir elke gas ’n beertjie

te brei wat die gaste aan kindertjiesin-nood

sal gee. Ons is bevoorreg om

deel te wees van ’n gemeenskap wat

onderrig, opleiding en versorging

bied aan die sig-, gehoor- en multigestremdes

(Die Instituut vir Blindes,

Die Pionierskool en die De la Bat

Skool vir die Dowes). Blinde lidmate

het ywerig meegehelp aan die brei en

opstop van die beertjies.

Omdat die afstande tussen die

gemeentes in ons Bolandse streek

van Vredendal aan die Atlantiese

Oseaan tot by Agulhas aan die Indiese

Oseaan so groot is, en susters min

weet van mekaar se doen en late,

het ons ’n beertjie-uitstalling gehou

wat die barmhartigheidsaksies van

elke gemeente uitgebeeld het. Uit

hierdie uitstalling het dit geblyk dat

die vroeëre Sustersorgansisasie in die

meeste gemeentes “verdwyn” het, om

plek te maak vir Suster-aksies wat deur

die hele gemeente ondersteun word

en dat daar wisselwerking tussen die

2 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Susters-Aksies, die Kerkrade en ander

komitees en groepe in die onderskeie

gemeentes plaasvind.

Met die pragtige Brandvleidam

voor ons en omring deur Bolandse

berge, het 260 vrouestemme, onder

begeleiding van Hettie Vos, die dag

ingelui met lof en dank aan ons

almagtige Skepper-God. Marie

Steinberg het die feesdag met die lees

van Ps. 85 en gebed geopen.

Verskeie gaskunstenaars het die

program ingekleur: Willem en Louis

van der Merwe met hulle pragtige

stemme; Bertus Vos wat vir ons

vertel het hoekom bid nie vir sissies

is nie en Henrico Frans van die De

la Batskool wat ons getrakteer het op

’n kostelike voordrag in gebaretaal

terwyl Ina Senekal vir ons getolk

het. Baanbrekerswerk word by dié

skool gedoen om Suid-Afrikaanse

Gebaretaal as skoolvak aan te bied.

Na teetyd het die spreker van die

dag, Milanie Vosloo, aan die woord

gekom: Leef saam met die Pottebakker;

Leef die hart van die Pottebakker;

Leef jou gebrokenheid deur die

Pottebakker; Leef die geskenke wat Hy

jóú gegee het; Leef as ’n Pottebakkervrou;

en ten slotte: Wees jý die

gelowige vrou in die hande van dié

Pottebakker.

Milanie se toespraak is opgevolg

deur voorlesings uit verskeie

Vroueblaaie. Na die kollekte vir Die

Gereformeerde Vroueblad het Elma

Fleischman ons hartlik uitgenooi na

2013 se Saamtrek.

Die Saamtrek is vir die eerste keer in

ons streek gedeeltelik in Afrikaans en

Engels aangebied. Al die gemeentes in

ons Bolandse Streek was teenwoordig

asook susters van so ver as George,

Potchefstroom, Kemptonpark en

Pretoria. ’n Groep van dertig susters

van die Vrije Gereformeerde Kerk

van Belhar, Bellville, Leiden en

Wesbank asook susters van ander

kerkgemeenskappe was teenwoordig.

Voorwaar ’n dag om te onthou:

Gaste wat die oggend nog vir

mekaar wildvreemd was, het oor

taal- en kultuurgrense heen spontaan

bymekaar aan tafel gaan sit. God se

liefde vir ons, is weerspieël in die

saamtrekgangers: ervarings is met

mekaar gedeel; vreugdes en sorge is

uitgeruil. Gʼn wonder dat die gaste

traag was om weer te ry nie. Daar is

met omhelsings afskeid geneem, met

die seker wete dat dié Pottebakker ons

almal in sy hande in liefde toevou. ’n

Dag waarvan elkeen kon getuig: “God

was vandag by ons teenwoordig.”

“… as sy die Here dien, dan verdien

‘n vrou om geprys te word”, só het ds.

Frikkie van Rensburg, die Saamtrek op

Saterdag, 10 Maart, te Club Kranskuil,

buite Koster geopen.

Daar was ook groot rede tot lof vir

die handewerk van dié gemeente se

susters wat niks ontsien het om van die

dag ʼn onvergeetlike herinnering vir die

200 gaste te maak nie.

Die tema is vroulik en sag uitgebeeld.

Kevin Leo het as gaskunstenaar en

spreker opgetree. Hy het ook sommer

die geleentheid gebruik om van sy

grootworddae op Rustenburg met die

dames te deel. Hy het veral die oumas

in die gehoor op ʼn spesiale voetstuk

geplaas vir hulle heerlike kos uit die

plaaskombuis met musiektreffers van

toeka.

saamtrek 2012

Bosveld

DIE GEREFORMEERDE KERK RUSTENBURG-NOORDOOS

SPREKER: KEVIN LEO

DEUR KOBIE EVELEIGH (VERWERK DEUR GRIET SWANEPOEL)

Dit was duidelik dat die woorde

“liefde” en “trane” hom nie verbouereerd

maak nie, hy raak self maklik

aangedaan. Sy toespraak rus die gelowige

vrou toe met drie pilare vir die

huwelik en verhoudings: God, respek

en vriendskap.

Elke suster het gehoor dat ’n mens

waardering moet hê vir wie en wat

jy is en sien hoe God jou geskape het

met jou unieke persoonlikheid. In

die hande van die Pottebakker word

ʼn mens deur die swaar van die lewe

gevrywaar van arrogansie. Jou ore raak

weer ingestel op God, ingestel op sy

vergifnis van jou sondes. Daarom moet

jy ander ook vergewe.

God skape ons met elkeen met ʼn

doel, ons opdrag is dus: “Om te lewe

soos God ons geskape het”.

Die susters van Die Gereformeerde

Kerk Hartbeespoort het by die

saamtrek hulle resepteboek Kuierkos

uit Hartbeespoort bemark.

Die gaste is daarna deur dié

gemeente se katkisante bedien

aan kleurvolle gedekte tafels. Op

die spyskaart was Beeskebab,

pampoenkoekies, groenboontjies

en gegeurde rys. Die poeding,

sjokolademoussekoek met Amarula,

was ʼn treffer.

Die dames het die dag heerlik

saam gekuier. Dit was ʼn geseënde en

vreugdevolle dag.

“Dié inspirasie vir ons menswees dra

ons nou saam vir die res van 2012.”

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

3

saamtrek 2012

Hoëveldstreek

DIE GEREFORMEERDE KERK HOËVELD

SPREKER: PROF. GERRIE JORDAAN

DEUR MARJA PANSEGROUW (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

Dit was soos ‘n droom. Wat ‘n spesiale

dag: Ons het ʼn hele jaar hard gewerk

om dié dag, Saterdag 10 Maart,

onvergeetlik te maak. Die tradisie sal

nooit geyk raak nie. Elke saamtrek

wat ek al bygewoon het of aangebied

het, koester ek in my hart as spesiale

geleenthede.

My droom van lekker geskenke

gee, ʼn uitsoek venue, ’n uitstekende

spreker en baie susters wat dit

bywoon, ja 300 vroue, het gerealiseer.

Die plaaslike spreker, Gerrie Jordaan,

het ʼn aanbieding uit die boonste

rakke gelewer. Sy het gepraat daaroor

dat elke gelowige vrou God se

Koningskruik is wat Hy met sy Gees

vul. In haar aanbieding het sy ons

lekker laat skaterlag, maar ons ook

met diepe geloofsootmoed telkens

4 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

teruggebring na die ernstige dinge

van die lewe. Wat my sal bybly is die

keuse waarvoor elke Koningskruik

te staan kom: Wil jy ʼn worrier bly

(jy is gevul as Koningkruik, maar

bly so bekommer en wroeg oor alles

dat jy nie jou toerusting gebruik

nie) of wil jy ʼn warrior word vir die

Koninkryk: iemand wat sy toerusting

as Koningskruik gebruik om te werk

en te veg vir dié Koninkryk.

Verskeie gaskunstenaars het

opgetree en was deel van die sukses

van die dag. Elke vrou het ʼn pragtige

sagte kniekombersie in kosmoskleure,

ʼn mosaïekkruis (wat deur die ywerige

susters van Hoëveld gemaak is),

kosmossaadjies en ʼn pragtige drasak

ontvang.

Buite in die pragtige tuin was daar

verskeie stalletjies wat hulle ware

verkoop het, en daar was Marimba

Spelers wat onder die afdak van die

kerkie hulle hart uitgespeel het – dit

het ʼn ongelooflike atmosfeer aan die

dag verleen.

Ons het 32 geskenke van verskeie

borge ontvang. Dit was pret om

die geskenke deur die loop van die

program uit te deel.

Die sukses van die dag is te danke

aan al die susters van die gemeente

wat entoesiasties gewerk het sodat ons

sonder skuld hierdie dag kon bekostig.

Sowaar ʼn dag om te onthou. Die

Hollanders sal sê: Het was een fijne

dag geweest.

Lees ook Marja

se uit-die-hartuit

saampraat

oor hoekom

Sustersaamtrekke

vir haar sinvol is

en haar praktiese

wenke vir die

aanpak van

‘n suksesvolle

Saamtrek op p. 12

van hierdie maand

se tydskrif.

Kameeldoringstreek se saamtrek was

eiesoortig: Die saamtrek is aangebied

in die vorm van ‘n deftige, dog gesellige

oggendtee. Die tafels het gekreun

onder smaaklike en keurige eetgoed.

Na die ligte ontbyt, wat met aankoms

bedien is, kon die groot kuier begin.

Saam met Estie Pienaar (ʼn

onderwyser en kultuurdirekteur

van ʼn hoërskool in Krugersdorp) en

Anton, haar begeleier, het ons amper ʼn

een- man vertoning beleef. Daar was

saamtrek 2012

Noordwes Bosveld

DIE GEREFORMEERDE KERK LICHTENBURG

SPREKER: ESTIE PIENAAR

DEUR ALVIRA VAN DER WALT (VERWERK DEUR ANNATJIE DU PLESSIS)

oomblikke wat ons almal saam geskater

het van die lag, maar soms is daar ook

‘n traan of twee weggepink. Estie se

treffende boodskap is ondersteun deur

mooi musiek, komiese vertellings, en

gedigte. Daar was geestelike pitkos vir

elkeen.

Fondse is ingesamel vir

Bybelverspreiding en vir Die

Gereformeerde Vroueblad. Daar is ook

ʼn boekuitstalling gehou.

Tien gemeentes het die saamtrek

bygewoon. Ons is baie dankbaar vir

die pragtige getal susters, 160, wat

die saamtrek bygewoon het, waarvan

sommiges meer as 180 kilometer ver

moes reis. Dit was vir Lichtenburg

susters ‘n besondere voorreg om die

saamtrek aan te bied.

Die susters van Die Gereformeerde

Kerk Zeerust nooi al die susters van die

streek na hulle toe uit vir die Saamtrek

van 2013.

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

5

saamtrek 2012

Laeveld

DIE GEREFORMEERDE KERK KOMATIPOORT

SPREKER: RIANDA KRUGER

DEUR CHRISTA VAN ROOY (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

Anders as die ander streke, het die

Laeveld se Sustersaamtrek eers op

die 26ste Mei 2012 plaasgevind. Die

rede hiervoor: Dit is in Maart nog

heeltemal te warm in Malelane. Veral

as ʼn gesellige buitelug oggend-tee

aan die oewer van die Krokodilrivier

beplan word.

Die dames van die Gereformeerde

Kerk Komatipoort het Vrydagoggend

fluks aan die werk gespring om alles

gereed te kry vir die volgende oggend

se saamtrek. Na ʼn hele dag se harde

werk, is ons beloon deur ʼn groot trop

olifante wat ʼn draai by die rivier kom

maak het.

Saterdagoggend vroeg het die

gasvrouens hul tafels begin dek.

Elke gasvrou het haar beste teestel

saamgebring vir die geleentheid. Dit

het gesorg vir ʼn vrolike, dog deftige

atmosfeer.

Die oggend was vol verrassings.

Elke vrou het ʼn verrassingsboksie

ontvang met dié opdrag dat sy nie

daarin mag loer nie. Elke verrassing

is met ʼn lagie gekleurde papier

geskei. Die eerste bederf was ʼn stel

6 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

snoesige, helderkleurige sokkies wat

sy sommer dadelik moes aantrek.

Wanneer iets haar verras of beïndruk

deur die loop van die oggend, kon sy

dit uittrek en in die lug swaai vir ʼn

kous-applous. Dit was heerlik om te

sien hoe die kouse deurentyd in die

lug geswaai word. Sommige vroue het

egter verkies om dit aan te hou, bloot

omdat hul voete koud gekry het. Die

vroue is later ook bederf met ʼn kort

mosaïekwerkswinkel waar elkeen ʼn

druppelmatjie (coaster) vir haarself

gemaak het. In die boksie was daar

ook ʼn pragtige versierde soetkoekie in

die vorm van ʼn hoëhakskoen, asook

resepte van ʼn paar van die besondere

kolwyntjies en ander eetgoed wat

bedien is.

Die spreker, Rianda Kruger, het ons

kom vertel dat die Here ons elkeen

uniek gemaak het vir ʼn bepaalde

doel. Hy het vir ons elkeen ʼn unieke

tassie gepak, met sekere hulpmiddels

(gawes) wat ons gaan nodig hê om

daardie doel te bereik. Daarom kan

ons almal nie byvoorbeeld dieselfde

beroep beoefen nie. Soms, deur

hard te werk, kan ons wel by ʼn doel

uitkom, maar ʼn ander persoon wat

ʼn natuurlike gawe daarvoor het,

bereik dieselfde doel met baie minder

inspanning. Dit is soos wanneer

twee persone dieselfde opdrag in ʼn

naaldwerkklas kry om ʼn trui te brei

en die volgende oggend in te handig.

Die een persoon sal die trui sommer

vinnig klaar brei. Die ander persoon

sal deur die nag sukkel en lostrek en

weer begin totdat die trui uiteindelik

die volgende oggend klaar gebrei is.

Albei persone se truie word betyds

ingehandig en is van dieselfde gehalte

en kwaliteit, maar die persoon met

die natuurlike gawe, kon die taak met

baie minder inspanning voltooi. God

wil hê dat elkeen sy eie unieke gawes

ontdek en gebruik tot sy eer. Rianda

help mense om hul natuurlike gawes

te ontdek en te ontwikkel deur middel

van die Strenghfinder toets. Dit is juis

hierdie toets wat haar deur God se bril

laat sien het hoe die legkaartstukke

van haar eie lewe in mekaar pas.

Na ʼn gesellige oggend, wat afgesluit

is deur die sing van die Onse Vader,

het die bykans 160 gaste met vervulde

harte huiswaarts gekeer.

saamtrek 2012

Limpopo

DIE GEREFORMEERDE KERK WARMBAD

SPREKER: PROF. MARLENE VERHOEF

DEUR YVONNE HATTINGH (VERWERK DEUR GRIET SWANEPOEL)

Die Susterssaamtrek in die Bosveld is jaarliks ’n hoogtepunt.

Van vroeg af was daar gekuier en gesels by die registrasietafels.

Dié saamtrek was bevoorreg om selfs twee dames bo 85 by

die saamtrek te verwelkom. Tannie Betsie de Klerk (91) van

Warmbad was die oudste. Tannie Dalena du Plooy van Magol

was ook teenwoordig – sy het sedert haar eerste Sustersaamtrek

in 1964 nog nooit ʼn saamtrek gemis nie.

Die susters kon na ʼn heerlike ontbyt, kuier en voorprogram

luister na Prof. Marlene Verhoef se inspirerende toespraak

rondom die tema: Gelowig vrou in die hande van dié Pottebakker.

Wat ʼn wonderlike wyse om die tema te begin was Ps. 139

nie: God vorm ons reeds van die moederskoot af. Sy het die

saamtrekgangers geboei met die hoofgedagte dat die gelowige

vrou die regte beeld van God moet hê. Sonder die regte beeld

van God, weet ʼn mens nie wie jy is of waarheen jy op pad is

nie. Soms wil ons ook self die pottebakker wees en dan loop

dinge skeef. Die regte beeld van God moet ʼn beeld van verwondering

wees. ʼn Besef van sy heiligheid, almag, alomteenwoordigheid,

alwetendheid, genade, vrede.

Ons Pottebakker is ʼn Drie-enige God, Vader, Seun en

Heilige Gees. Ons moet klein word, diensbaar word.

Die Gereformeerde Kerk se kenteken is ʼn kerkgeboutjie op

ʼn rots. Hierdie rots in die kenteken is ʼn belydenis dat Christus

die oorsprong en voleinding van ons geloof is. En Hy is geken

aan die radikale manier waarop Hy alles kom herdefinieer het

en kom nuut maak het.

Sy het daarin geslaag dat ons almal weer nuut gekyk het

na ons omstandighede. Sy het ook die wens uitgespreek dat

almal die genade sal ontvang om met krag te leef en te werk.

Net soos Moses staan ons ook daagliks op heilige grond,

besig om in God se koninkryk te werk. Al is ons broos en

breekbaar, kan ons getroos wees, want ons is in die hande van

die Here. Watter groot genade het ons tog nie ontvang nie.

Om bruikbaar in die koninkryk te wees, moet ons sterk

wees in die Here. Dan kan ons nie breek nie. Dan kan ons

saam met Hanna sing: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die

Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U

gegee het. Daar is geen heilige soos die Here, buiten U is daar

nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie.”

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

7

saamtrek 2012

Namibië

DIE GEREFORMEERDE KERKE GROOTFONTEIN

EN TSUMEB

SPREKER: DS. JAN DU PLESSIS

DEUR ANNATJIE DU PLESSIS

Die jaarlikse Sustersaamtrek in

Namibië het vanjaar op Tsumeb

plaasgevind. Die susters van

Grootfontein en Tsumeb het as

gasvrouens opgetree en die tema met

oorgawe uitgebeeld.

Om voorsiening te maak vir

susters wat so ver as Walvisbaai en

Windhoek moes reis (meer as 500km

van Tsumeb in sommige gevalle)

het susters vriendinne en ander

gemeentes se susters oorgenooi vir

die naweek. Dit het beteken dat almal

kon oorslaap en reeds agtuur kon

aanmeld vir registrasie, en om met

die groot kuier te begin. Na ʼn lekker

koppie tee, muffins en beskuit is die

verrigtinge geopen deur ds. Koos

Kruger. Die spreker was ds. Jan du

Plessis. Ds. Kruger het op dramatiese

wyse ʼn kleipot stukkend gegooi om

te illustreer hoe breekbaar ons as

kleipotte maar is, en hoe afhanklik ons

van die hand van ons Pottebakker is.

Die tema, GelowigVrou in die hande

van die Pottebakker, is deur ds. Jan du

Plessis op treffende wyse aangespreek

deur uit te lig wat ons doen en wat die

gevolge daarvan is. Hy het die susters

verseker dat al werk ons planne soos

ons dit maak nie altyd uit nie, moet

ons nooit vergeet dat God se planne

altyd uitwerk nie. Ons planne verskil

8 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

dalk te veel van syne. Ons Pottebakker

het ons so geskep dat ons in ons

bepaalde omstandighede vir Hom

kan lewe en Hom moet dien. God

het sy kinders lief, Hy tug hulle, maar

niks kan hulle van sy liefde skei nie.

Daarom kan ons maar net dankbaar

gelowige vroue in die hande van ons

Pottebakker wees.

Die dag was gekenmerk deur erns,

humor, pragtige musiek en heerlike

saam kuier te midde van baie mooi

gedekte tafels en lekker versnaperinge.

Aandag is ook gegee aan

AROS, Bybelverspreiding en Die

Gereformeerde Vroueblad. ʼn Kollekte

wat vir Die Gereformeerde Vroueblad

gehou is, het meer as ʼn R1 000 ingebring

en is oorbetaal. Daar is ook

gepraat oor die Omkeerstrategie en

is gevolg deur groepsbesprekings

oor hoe en wat ons kan verander om

groei in ons kerk teweeg te bring en

ʼn negatiewe beeld van die kerk teë te

werk.

Pragtige musiekitems is deur Rina

Opperman en Anri Kotze, asook

deur die Arts Performance Centre

van Tsumeb, met harp, viole, tjello en

fluite gelewer en ʼn voordrag deur Ilze

Roberts het die vrouens verstom laat

sit. Die tema is oral uitgebeeld en elke

vrou het ʼn klein kleipoppie huis

toe geneem om hulle daaraan te

herinner dat hulle skepsels van die

Groot Pottebakker is. Ook ʼn “dankie

vir jou teenwoordigheid”- kaartjie

met ʼn kleipotjie op is vir elke suster

beskikbaar gestel.

In ʼn pragtig versierde saal en keurig

gedekte tafels, kon ons heerlik eet en

kuier voordat ons terug is saal toe vir

die finale administratiewe sake.

Namibië se Sustersaamtrek was

een om te onthou en ons sien reeds

uit na die saamtrek van 2013 wat in

Windhoek gehou sal word.

GEREFORMEERDE KERK PINETOWN

SPREKER: DS. HENNING VENTER

DEUR LYDIA VAN RENSBURG

(VERWERK DEUR GRIET SWANEPOEL)

KwaZulu Natal se saamtrek op Pinetown sal onthou word as

susters van eenheid in verskeidenheid van taal en kultuur. Die

verwelkoming en samesang is in drie tale gedoen.

Met ontbyt en teetyd is die drinkgoed saam met die lekkerste

eetgoedjies bedien.

Ds. Henning Venter het die tema aangebied:

God doen groot dinge in sy Koninkryk. Dit word vergelyk met

die werk van die pottebakker. Daar is verskillende stadia waarin

die vervaardigings proses plaasvind.

1. Berei die klei voor.

Daar word gegrawe, gemeng, op `ʼn hoop gegooi en water

bygevoeg om die modder in `ʼn bruikbare vorm te kry vir die

pottebakker. God het ons geroep voor die Skepping. Ons is sy

eiendom. Hy berei ons voor.

2. Vorm ʼn sentrale punt.

Die klei moet so wees dat dit kan vasklou in die middel van die

draaiwiel van die pottebakker. Vroue, bly by die fondasie: God se

koninkryk is alles.

3. Die klei moet in die middelpunt van die wiel vas wees sodat die

regte vorm gemaak kan word. Klei word gedruk, gevorm, gestoot

en geslaan. Terwyl God ons vashou en vorm in sy hande, hou die

Heilige Gees ons in die middel, om God se wil te doen. Ons word

herinner aan ons kwesbaarheid. Net soos die klei verset ons ons

teen verandering. Totdat ons die balans voel. Dit gebeur deur

gebed. My wil en God se wil is dan in harmonie met mekaar.

4. Sodra die klei in die middel is, is dit gereed om oopgemaak te

word tot die fondament wat stewig gevestig is op die wiel. In dié

kwesbare stadium, berei Hy ons voor vir ‘n groter doel.

5. Optrek boontoe.

Wanneer die grondlegging sterk is, is die vorming makliker. In

dié stadium weet die pottebakker reeds wat hy gaan maak. Hy

vermeerder die klei se kapasiteit en volume. Soos klei verset ons

ons nog maar steeds, maar geen aanraking, uitrek of prikkel is

sonder rede nie. Hy vorm jou beter, sodat Hy sy skat daarin kan

sit.

6. Bring dit terug.

Klei moet steeds na die middelpunt gebring word anders val dit

inmekaar en uitmekaar. So moet ons ook na God gebring word.

Dan groei ons vermoë en sensitiwiteit vir God se Woord en vir

die werking van die Heilige Gees. God hou sy hande op ons,

bring ons terug om nooit, ooit te dink dat ons bruikbaar op ons

eie kan wees nie. Ons hemelse Pottebakker skep nuwe potte uit

ou potskerwe en gebreekte stukkies – `ʼn meesterstuk om meer en

meer aan sy beeld gelyk te word.

saamtrek 2012

Natal

Die musiek wat deur Marietjie Human, Strauss Human

en Jürgen Human gelewer is, is treffend en spreek die

begeerte uit om “meer en meer soos Christus te wees”.

Hulle is voorwaar ʼn talentvolle Pinetownse familie.

Annie Coetzee lewer ‘n voordrag en doen die

tafelgebed.

Ons geniet ‘n heerlike ete wat deur die kinders en die

huishoudkunde onderwyseres van Gelofte Skool opgedien

word. Die tafels het baie mooi gelyk: Die kleurskema was

lemmetjiegroen en wit en die terracotta potte waarin

die pragtige rangskikkings was, het die kleurskema

gekomplementeer.

Die kollektes vir Reddersburg se kinderhuis lewer

R2 000 op. Dit is reeds aan die diakonie oorhandig. Die

blikkies kos wat ingesamel is, is ook reeds aan Suster

Zonke Sithole van Kwa Mncane oorhandig.

Ons loof ons hemelse Vader wat dit so beskik het dat

die Saamtrek vir ons ’n goeie geleentheid geskep het om

in ‘n geestelike gesprek met medegelowige susters te kon

tree.

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

9

saamtrek 2012

Noord-Kaap

DIE GEREFORMEERDE KERK DANIËLSKUIL

SPREKER: DANIE JOUBERT

DEUR ELRINA CILLIERS (VERWERK DEUR ANNATJIE DU PLESSIS)

Vrydagaand is daar nog laat gewerskaf

om die laaste dinge af te handel:

Gordyne is gehang en badkamers is

versier. Voor die klok middernag

geslaan het, het almal darem gaan

slaap en voor die hoenders kon kraai

was party alweer die volgende oggend

op en aan die gang. Saterdagoggend

het die susters van sover as Hartswater

opgedaag. Gaste van die dorp het ook

gekom om ons “Dopper”-oggend te

kom beleef.

Hierdie was nie ʼn tradisionele

oggend soos oudergewoonte nie.

Nee, die Daniëlskuilers was anders:

Willie Joubert het opgetree en al

singende die boodskap en tema van

10 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

die dag oorgedra. ʼn Hoogtepunt

was definitief sy weergawe van “You

raise me up.” Almal, selfs die drie

dominees wat saam met ons saamtrek

gehou het, was in vervoering oor

Willie en sy mooi sangtalent wat hy

tot diens van die Here gebruik.

Ons gasvrou het self haar deel

gedoen met ʼn grappie of twee om die

gemoedere vrolik te hou. Inderdaad

was dit ʼn vrolike dag, self die rose in

die tuintjie tussen die kerk en saal het

ekstra vrolik gelyk. Dr. Thinus du

Plessis, begelei deur die orrel, het ons

vermaak met sy mondfluitjiemusiek.

Toe hy die lied “Dogter van Sion”

speel, kon ʼn mens ʼn tipe van eggo

hoor – natuurlik geskep deur ʼn sekere

tegniek van mondfluitjie speel – wat ʼn

mens hoendervleis gegee het.

Allerhande fyn versierde eetgoedjies

is saam met die tee bedien en

daar is ook ʼn smaaklike ete by ’n

restaurant geëet. Elke suster het ʼn

pragtige sak gekry wat oorgetrek is

met fyn organza in ryk aardse kleure

– kompleet net soos die kleure van die

pottebakker se klei.

Alles het werklikwaar seepglad

afgeloop, al was daar net ʼn handjie vol

bekwame dames aan die stuur.

“In een sin opgesom ʼn sjarmante,

vroulike oggend met pitkos vir elkeen

van ons wat deel was van die dag.” Só

het die susters die Saamtrek op Odendaalsrus

beleef.

Die saamtrekgangers is hartlik

ontvang soos net Vrystaters kan.

Kreatiwiteit en vroulike gawes het ʼn

mens werklik oorweldig. Vrolike vlaggies

rondom die kerkhoek het reeds

vroegdag wapperend die groot dag

aangekondig. Die grasperk was vol

sambrele wat jou saam met die vrolike

musiek van die ensemble nader gelok

het vir ʼn heerlike ontbyt.

Die kerkklok het aangekondig dat

dit tyd was om te begin. Die samesang

van sowat 200 dames in die pragtige

kerkgebou is onvergeetlik. Dr. Jannie

Erasmus, die predikant van Die

Gereformeerde Kerk Odendaalsrus,

het die verrigtinge geopen. Op gepaste

wyse het hy vir ons gewys wié ons Pottebakker

is: Hy is die Skepper van die

hemel en die aarde. Die onuitspreeklike

saamtrek 2012

Bosveld

Vrystaat

Noord-

DIE GEREFORMEERDE KERK

ODENDAALSRUS

SPREKER: DS. CHRISTO

SWANEPOEL EN GRIET

SWANEPOEL

DEUR HANNALIE ERASMUS (VERWERK

DEUR GRIET SWANEPOEL)

grootheid van die heelal, melkwegstelsels

en planete het almal onder die

indruk gebring hóé groot ons God

is. Die opening van dié dag het ook

ʼn geloofsatmosfeer vol verwagting

geskep vir alles wat nog moes gebeur.

Griet Swanepoel het daarna die

Vroueblad bekend gestel en ons

verseker dat die Vroueblad ʼn moethê-tydskrif

is. Die gaskunstenaars was

Esmé van der Merwe en die musiek

ensemble, Voixx Angelicas wat die

geleentheid met hulle musiek afgerond

het.

Na teetyd het die sprekers van die

dag, ds. Christo en sy vrou Griet

Swanepoel, aan die woord gekom.

Griet het die tema: “Gelowig vrou” behandel

met haar boodskap uit Rut. Sy

het verwys na Naomi wat alles verloor

het en sonder nageslag teruggekeer het

na Betlehem. Sy loop saam met Rut wat

God aan haar gee — meer werd as sewe

seuns — maar sy sien dit nie raak nie.

Wanneer Naomi God se plan raaksien,

is sy nie meer Mara nie. Net soos Rut

kan ons ook onder die vleuels van die

Almagtige skuil en altyd op God vertrou.

Ds. Christo het die tema “ In die

hande van die Pottebakker” behandel

en in sy toespraak die wonderlike

geskenke wat ons as gelowiges uit die

hand van die Here ontvang, uitgelig

as fokusgedagte. (Griet Swanepoel se

toespraak het as ʼn artikel in die Maartuitgawe

van die Vroueblad verskyn en

ʼn opsomming van Christo Swanepoel

se toespraak verskyn in hierdie Vroueblad).

Na ʼn tafelgebed het almal gaan weglê

aan ʼn heerlike ligte middagete wat bedien

is in die keurig versierde saal. Die

susters van die gemeente het spesiale

tafellopers vir die tafels gemaak.

Onder leiding van ons programleier

en klankman het die program vlot en

sonder haakplek verloop.

Aan ons Hemelse Vader al die eer vir

al die seëninge op hierdie dag.

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

11

saamtrek 2012

Oos-Kaap

DIE GEREFORMEERDE KERK OOS-LONDEN

SPREKER: ME. MILA VENTER

DEUR CORRY VAN DER WALT (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

Die susters van Oos-Londen het op Saterdag 3 Maart susters

van dwarsoor die Oos-Kaap ontvang vir vanjaar se saamtrek.

Die saamwerk om al die reëlings betyds agtermekaar te

kry en geskenkies te maak het weer ‘n lekker saambinding

teweeggebring, en ons nuwe predikantspaar, Paul en Danelle

de Bruyn, kon net aansluit by ‘n werkende spannetjie toe

hulle in November in Oos-Londen aangekom het.

Weens die uitgestrektheid van ons provinsie (ons naaste

bure is in Queenstown, sowat 200km van Oos-Londen), en

die lang afstande wat susters moet reis, maak die bywoning

van saamtrekke soms moeilik – vanjaar was daar minder

as 10 susters vanuit die tradisionele streek – die Noord-

Oos Kaap. ‘n

Lekker groot

groep het van

Port Elizabeth

af gekom, en

die susters van

Oos-Londen

het self

12 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

omtrent voltallig opgedaag en seker gemaak die saal is vol

deur die uitnodiging wyer te versprei – ook na susters uit

ander kerkgenootskappe in Oos-Londen. Die geleentheid

is gehou by Oos-Londen se gholfklub, een van die mooiste

gholfbane in die land, met ‘n pragtige see-uitsig vanuit die

saal, en die lieflike oggend het almal in die regtige stemming

geplaas om ons hemelse Vader te loof en prys.

Die gemeente in Oos-Londen was bevoorreg om tydens

‘n lang periode sonder predikant bedien te word deur 2

emeriti, di. Hessel Dijkstra en Piet Venter. Op hierdie wyse

het ons Mila Venter, Ds. Venter se baie begaafde eggenote

leer ken en waardeer, en daar was geen oomblik se twyfel

oor wie ons sou uitnooi as spreker vir die saamtrek nie – vir

haar ook ‘n eerste keer. Mila het die klei in die hande van

die pottebakker tema op ‘n eiesoortige manier aangebied

vanuit die wyse waarop die Here se hand die profeet Elisa

gelei het aan die einde van Elia se optrede tot by Elia se

wegvoering: van Gilgal, na Bet-El na Jerigo na die Jordaan.

Sy het die diepere betekenis van hierdie reis sommer lekker

uitgelê, en ons almal meegevoer op hierdie Gees-geleide reis,

en die verskillende mylpale

aangedui waarlangs die Pottebakker

ook ons lewenspaadjie

kan laat gaan volgens sy wil.

Samesang tot eer van die

Here is gelei deur Marietjie

Malan Jordaan, en sy en haar

dogter Karlien het ook ‘n

paar sangitems gelewer. Na

‘n smaaklike middagete is

die besoekers verryk terug

huis toe, en Oos-Londen

se susters en diegene wat ‘n

naweek daarvan gemaak het, nog bevoorreg

om Sondag weer die Woordbediening deur

Ds. Venter te ervaar. Ons kan weer met groot

dankbaarheid ons hemelse Vader loof en eer

vir sy genade en liefde, vir talente en gawes in

oorvloed, wat ons geleenthede soos hierdie

gee vir geestelike versterking en opbou van

ons geloof. Aan Hom die eer.

saamtrek 2012

Oos-Rand Bosveld

DIE GEREFORMEERDE KERK BRAKPAN-SUID

SPREKER: DR. EUGENE KEMP

DEUR LYDIA LINDEQUE (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

’n Dankie-bly dag. Die dag was tintelkoel.

Vriendelike sustersgesigte het

die ruim saal gevul. Summer Place

in Boksburg was vol tintelinde en

opgewonde stemme. Vreugde van blye

weersiens het oral opgeklink. Hoe het

die jaar nie omgevlieg nie?

Byna 400 Doppersusters kom

traag tot stilte – nog ’n drukkie – ’n

wuifgroet met die hand... Heerlik om

weer saam te wees. ’n Vriendelike

woord van “welkom-wees” volg.

Ons loof en prys die Here God met

samesang – orrelklanke vloei en juig

met trompetgeskal. Ds. Japie Venter en

sy vrou, Marie, lei die sang. Aan humor

kom ons nie kort nie. Die susters skater

toe na ons verwys word as die “Fatti’s

en Moni’s” – ’n fyn waarneming.

Rina Hugo en haar span kom aan die

beurt. Met woord en lied voed sy ons

gemoed. Wat ’n fees!

Dr. Eugene Kemp, spreker van

die dag, neem ons op ʼn reis met:

“Gelowig vrou, in die hande van dié

Pottebakker”. Wat is God se doel met

my as vrou?

Die keurige ete en drinke was

heerlik. Ons was deel van ’n groot

bederf en selfs ’n “onthou”-geskenkie is

vir elke suster gegee om saam te neem

huis toe.

Dankie, streek Oosrand. Dit was

’n groot voorreg om te gaan kuier

daar waar my wortels lê, waar ek

geloofsbelydenis afgelê het.

Tuis het ek alles oordink en

besef: Vandag was ek deel van die

verskillende streke landswyd waar

my medesusters kom buig het voor

ons hemelse Vader – ’n eenheid in die

geloof. Ek behoort met liggaam en siel

en in strewe aan Jesus Christus!

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

13

saamtrek 2012

Pretoria

Hierdie jaar het Bergsig, Andeon en

Meintjeskop om die Sustersaamtrek vir

Pretoria se 36 gemeentes aan te bied.

Daar was hartlike samewerking tussen

die drie gemeentes.

Die saamtrek is aangebied op die

pragtige kerkterrein van Andeon:

‘n twee-en-‘n-half morg plot onder

lowergroen grasperk, doringbome,

vetplante en blomme. Groot was

die konsternasie toe ‘n laat-aand

donderstorm die Vrydagaand die tente

en Gazebo’s wat reeds op die grasperk

opgeslaan was met groot geweld tref.

Dit het soos ‘n slagveld gelyk, maar na

‘n paar ketting-oproepe en ‘n klomp

lidmate en lede van die gemeenskap

wat op Andeon toesak, is die Gazebo’s

met houtpale gespalk en die tente weer

staangemaak. Voor middernag was die

plek weer gereed vir die groot fees.

By die grasdaklapa het die susters

van Meintjeskop die gaste verwelkom

met koffie, tee en verversings. Voor

die ingang na die kerkgebou het ‘n

musiek ensemble met klawer-, fluit- en

blaasinstrumente gesorg vir die regte

atmosfeer.

Die hoofprogram is aangebied in

die kerkgebou, wat deur ongeveer 580

gaste van hoek tot kant volgepak is.

Daar was blommerangskikkings in

groot kleipotte, en elke suster het ʼn

geskenkpak ontvang waarin daar onder

andere ʼn blommerangskikkingsboek

was wat ʼn aantal jare gelede deur

tannie Bettie van Emmenis, vandag

Bergsig se oudste lidmaat, saamgestel

is.

Dr. Jan Venter, emeritusleraar van

Annlin, was die gasspreker. Hy het die

landwye saamtrektema “Gelowig vrou

in die hande van die Pottebakker” op

‘n besondere manier aangebied.

Elke vrou is uniek geskape en

het haar eie verhaal van hoe die

14 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Pottebakker haar gevorm het –

verskillende soorte kruike onder die

hand van die Pottebakker en elke vrou

van duursame klei. Tog is daar vroue

wat as kruike eenkant neergesit is;

vroue wat as kruike moeilik gee; vroue

wat as kruike reeds leeg geskep voel;

selfs vroue wat as kruike skynbaar

onherstelbaar beskadig is.

Een ding kan elke vrou gelowig in

die hand van die Pottebakker weet:

• die Pottebakker gooi jou nooit weg

nie – dis die wonder van sy genade;

• die Pottebakker vorm jou – dis die

wonder van weer gebore word;

• die Pottebakker vul jou – dis die

wonder van die Heilige Gees;

• die Pottebakker gebruik jou – dis

die wonder van heiligmaking.

Om te pas by die tema, het elke

gas ‘n kleipotjie met ‘n selfgekweekte

woestynrosie daarin ontvang, wat in

die moeilikste omstandighede en die

grootste droogte kan groei; wat uit een

blaar in die grond baie plantjies vorm

en wat sy wortels ver en diep uitsprei

op soek na water - vir ons die water

van die Woord.

Die gaskunstenaars, die musiekgroep

It Takes Four onder leiding

van GP van Rheede van Oudtshoorn

(ook die groep se solis en gewilde

Kommunikasiedosent aan die NWU,

Potchefstroom Kampus), het met

nuwe musiek en goue oues die gehoor

bekoor.

Die samesang van Psalms en

Skrifberymings is begelei deur Martie

Viljoen op pyporrel.

Na die program het die broeders van

Andeon en Bergsig vir die hoofgereg

gesorg: ‘n “hooimiedete” waar rys,

maalvleis, groente, fyngepersde Simba

skyfies en Fritos en dan die slaaigereg

met heerlike souse op mekaar gestapel

DIE GEREFORMEERDE KERKE

ANDEON, BERGSIG EN

MEINTJESKOP

SPREKER: DR. JAN VENTER

DEUR INA AUCAMP

(VERWERK DEUR GRIET SWANEPOEL)

word. Die kaaskoeknagereg is deur die

jong lidmate bedien.

Die Paul Kruger Kinderhuis, AROS

en die Eljada Huis in Daspoort het vir

die uitstallings gesorg.

Dit was ʼn voorreg om hierdie

saamtrek aan te bied. Om so baie

Gereformeerde susters uit die groot

getal gemeentes in ons besige stad

saam te trek, bly ‘n unieke geleentheid.

Die wete dat dit op dieselfde dag

met dieselfde tema landwyd gebeur,

bind ons ook onderling saam as

vroue, gelowig in die hande van die

Pottebakker.

Volgende jaar trek ons saam by die

Gereformeerde Kerk Akasia.

saamtrek 2012

Sentraalwes Bosveld

Vroeg reeds al snoer die nuwe jaar,

2012 ons saam. Armvol gawes en

mandjies met idees vloei saam. Alles is

byeengebring in die geboorteproses van

ons eie breinkind. Bondels en bondels

klei word ingewerk, gebrei, verwerk,

meedoënloos amper. So gee ieder en

elk ietsie vanself sodat die erdekruik

volrond ontwikkel. Elke kleisteen van

ons program word sorgvuldig gekies en

pas gemaak totdat ons beker vol is. Die

voetstuk van ʼn vaas verleen stewigheid,

daarom fatsoeneer ons dit na wense,

wanneer Maryn Botha as spreker

voorgestel word. En... sy sê: “Ja, ja ek

sal graag!”

Daar voor ons oë, modelleer sy

op God se pottebakkerswiel die

vrou: Gelowig geformeer vanuit sy

handleiding. Sy skulp haar hand om

die rondings en kurwes, en wys op

die krakies en deformasies. Ons is

nie vervelig volmaak nie, maar elkeen

uniek gekonstrueer, gegooi, opgetrek,

gebak en geglasuur in dié Pottebakker

se kleiwerke.

Van oraloor uit die sentrale deel

van Noordwes kom ons almal om te

skep uit die fontein, sodat ons genoeg

kan hê vir die dag van 2012. Ons put

diep uit die beek en les ons dorstige

siele met klank van klarinet en klavier,

fluit en virtuoos. Name soos Janet en

Elphie, Christine en Mariska, Mia en

Lizie en nog vele meer klink op oor ons

saamwees.

Met aanhef en slot verpak ons die

samesyn, deurvleg met vrouestemme

in lofprysing en aanbidding. Maar

in elke vrou is die drang om gasvrou

te speel, ingebore. Deur slote en

DIE GEREFORMEERDE KERK KLERKSDORP

SPREKER: DR. MARYN BOTHA

DEUR CARIEN LION-CACHET

(VERWERK DEUR ANNATJIE DU PLESSIS)

oor hobbels het ons dit reggekry om

almal welkom te heet en te verkwik

op Saterdag, 10 Maart 2012. Vooraf

is koeksisters gevleg en verkoop en

Sondagpoedings met vla van die hand

gesit. Daar is selfs ʼn besie gesellig

gespitbraai sodat ons begroting sou

klop. Omdat die finansiële beplanning

reeds in 2011 plaasgevind het, kon

ons ons verbeelding vrye teuels gee

tydens die kitsontbyt en noenmaal.

Dames het tougestaan, muffin en

quiche in die hand wagtend vir die nou

reeds kenmerkende cappuccino van

Klerksdorp Gereformeerde Kerk. Ons

is gekoester rondom tafels keurig in

silwergrys gedoek, met granaat-en- rooi

rose kunstig geskik in ou-ou trofees:

rook en blougrys met half vergete

wenname gegraveer.

Om 13:00 was almal Geesvervuld

en gereed om die noenmaal van kebab

kegeltjies, hoenderslaai met neut en

meringue nessies al kuierend te nuttig.

En oor alles heen sambreel ons Heer

en God genadiglik: Gereformeerd

waaragtig!

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

15

saamtrek 2012

Suid-Gauteng

DIE GEREFORMEERDE KERK MEYERTON

SPREKER: DS. IZAK DE VILLIERS

DEUR AMORÉ POTGIETER (VERWERK DEUR COBIE STEYN)

16 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Verlede jaar het ek my eerste Saamtrek

bygewoon en hierdie jaar moes ek ene

organiseer. Dit het gevoel of ek aan die

diep kant ingegooi is, totdat ek besef het ek

staan nie alleen nie. Ons sustersbestuur het

ingespring en planne begin maak en deur die

reëlings te tref het die Here gesorg dat ons

mekaar beter leer ken – ook op geestelike vlak.

Die beplanning het al maande terug begin en

alles was vroeg die oggend van 10 Maart 2012

reeds gereed. Die mooi getal van 243 susters

het vroeg al by Die Gereformeerde Kerk

Meyerton opgedaag.

Ds. Izak de Villiers was die gasspreker vir

die dag en het ons susters toegespreek oor

die tema: “Gelowig vrou in die hande van die

pottebakker”. Dit was ʼn besonderse boodskap

van genade en liefde wat hy vir ons gebring het

en wat tot elke suster gespreek het. Een van ons

ouer susters het opgemerk: “Dit was lekker om

na hom te luister, nou voel ek nie meer so sleg

oor myself nie.”

Om die koste so laag as moontlik te hou, is

daar besluit op ʼn landelike tema: Ou geroeste

plaasimplemente en gereedskap is ingespan om

mooi kuierhoekies op die kerkterrein te skep.

Vir blomme het ons kosmosse gebruik, want

hierdie pienk en wit vreugde kos-mos-niksnie.

Teetyd is piekniekboksies op ou geroeste

lere en steiers uitgesit en die vroue kon elkeen

ʼn pakkie neem. Nadat ons heerlike verversings

onder die Seringbome geniet het, het Verona

Goslit en Jaco Ainslie die susters betower met

pragtige sang en orrelspel.

Verskeie uitstallers het die dag opgehelder

en susters kon heerlik rondsnuffel en kyk.

’n Kollekte ten bate van Die Gereformeerde

Vroueblad is opgeneem. Daar is ook ʼn

kollekte vir ʼn voedingskema van Laerskool Dr.

Verwoerd opgeneem wat onder andere deur

Die Gereformeerde Kerk Meyerton se susters

ondersteun word.

Om die pragtige dag op ʼn behoorlike wyse af

te sluit het al die susters na die saal toe beweeg

waar die susters van Meyerton hulle behoorlik

bederf het met ʼn heerlike aansit-ete.

Baie dankie aan almal wat ʼn rol gespeel het

om hierdie saamtrek ʼn reuse sukses te maak

en aan elke suster wat die dag saam met ons

geniet het.

saamtrek 2012

Suid-Kaap Bosveld

DIE GEREFORMEERDE KERK

OUDTSHOORN

SPREKER: BENESCKE VAN RENSBURG

DEUR JANINE DIEDERICKS (VERWERK DEUR

ANNATJIE DU PLESSIS)

Die son se strale was maar nog flou toe die eerste groep susters kom registreer het vir

ʼn wonderlike dag saam met ander gelowige vroue.

Nadat die susters ʼn heerlike ontbyt genuttig het, het almal met ʼn amper heilige

afwagting, na die pragtige historiese sandsteenkerk van die NG Moedergemeente

beweeg. Die verrigtinge is begin met die sing van twee lofliedere tot eer van ons groot

Pottebakker.

Ds. Deon van der Walt het die woord uit Jeremia 18:1 – 10 bedien. God is ʼn soewereine

God en ons is die klei wat ongevorm is totdat die Pottebakker sy hande op die

klei gelê het. Ons is almal mislukte kleipotte wat ʼn donker, growwe onafgewerkte kant

of ʼn kraak in het. God kan weer oor begin met ons deur sy Seun Jesus Christus wat

aan die kruis vir ons sondes gesterf het. As gelowige vrou het God ons gemaak wat

ons nou is, ons is sy kunswerk en God is elke dag besig om die kunswerk te omvorm

totdat ons Hom in die ewigheid sal verheerlik. Ons lewe moet elke dag daarvan

getuig.

Die gaskunstenaar, Randall Wicomb, het vir ons onder andere sy mooi verwerking

van Ps. 139 gesing.

Ons gasspreker vir die oggend, Benescke van Rensburg, het ons weer daaraan kom

herinner dat God berge kan skuif, ons moet net die geloof van ʼn mosterdsaadjie hê.

God weet van al ons hindernisse en probleme. Ons bondel klei kan deur ons gebede

gevorm en verander word. Sy haal Jak. 5:16 aan: “Bely julle sondes eerlik teenoor

mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ʼn gelowige het

ʼn kragtige uitwerking.” Ons het nie omdat ons nie bid nie. God is oral en ons kan op

enige plek en op enige tyd met Hom praat. Dit is nie nodig om in jou binnekamer

te gaan sit nie. God hoor ons langs die sportvelde waar ons kinders speel, in die

motor, by die werk en sommer net waar ek en jy ons elke dag bevind. Soms is ons so

ongeduldig as ons met God praat en val ons Hom in die rede of ons hou op om te luister

vir sy stem omdat ons nie so lank net stil kan wees nie en dan staan ons op voordat

ons Hom regtig kon hoor. God kan net met ons praat as ons bereid is om lank genoeg

stil te wees sodat ons Hom kan hoor. Gebed is 70% luister en 30% praat.

Gebed is ʼn leefstyl wat ons moet aanleer – die klei moet vervorm word. Gebed

bestaan uit vier belangrike sleutels: Oorsaak, strategie, die regte wapens, geloof.

In slegte en donker tye roep God ons terug na Hom om ʼn deurbraak aan ons te

bewys. God gee ons nuwe geloof – dit demonstreer iets van sy liefdevolle karakter en

sy almag.

Vir God is niks onmoontlik nie. God doen vandag nog wonderwerke omdat ‘n

gelowige vrou aanhou bid. Hou ʼn gebedsjoernaal en blaai na ʼn paar jaar weer terug

en kyk watter wonderwerke God ook in jou lewe gedoen het. Ons elkeen wat glo het

ʼn geloofstorie wat ons kan vertel.

Die oggend is afgesluit met die seënbede van Ps. 20 wat ons mekaar toegesing het.

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

17

saamtrek 2012

Suid-Vrystaat

DIE GEREFORMEERDE KERK PETRUSBURG

SPREKER: PROF. FIKA VAN RENSBURG

DEUR HENNIE BRIEL (VERWERK DEUR ANNATJIE DU PLESSIS)

Petrusburg is ʼn dorpie in die Suid-

Vrystaat, ʼn omgewing waar dit baie

warm en baie droog word. Dit word

in die winter ook baie koud, want die

wêreld is plat en oop en daar is baie

plek vir die ryp om wit te lê. Maar in

die harte van die mense wat hier woon

is dit altyd warm. So is ook die gasvryheid

– daar is warm en ruim plek in

almal se harte.

Op Saterdag 10 Maart was dit ook

die atmosfeer van die saamtrek. Vanuit

Kimberley, Bloemfontein, Boshof,

Reddersburg, Koffiefontein en Oranjerivier

het ongeveer 170 susters die

sinvolle dag meegemaak.

Met Petrusburg as middelpunt op

die kaart, was prof. Fika van Rensburg

die middelpunt van gebeure. En om

die tema “Gelowig vrou in die hande

van die Pottebakker” toe te lig, het

Prof. Fika voorwaar die Bybel die

middelpunt van die dag gemaak. Dit

was wonderlik om huis toe te gaan met

niks anders as die Woord in die hart

nie.

18 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Prof Fika het die tema aan die hand

van die volgende punte belig:

1. Heelal-stoffie as kleibestanddeel;

2. Die Pottebakker-beeld in die Bybel;

3. Pottebakkery destyds;

4. Van kleipot tot erdekruik;

5. My grootse roeping as skat-draer;

6. Van heelal-stoffie tot sieraad-vaas.

By punt 1 het ons opnuut ons

kleinheid besef. Die aarde lyk soos

ʼn stofdeeltjie teen die groot planete

wat God geskape het. Hoe klein is die

nietige mens wat van ʼn bietjie stof van

die aarde gemaak is, dan nie.

Met 2 Kor. 4: 7 as uitgangspunt was

dit uiters troosvol en bemoedigend

om in die punte wat gevolg het te hoor

hoe kosbaar en duursaam die Here ons

gemaak het. Dit lui in die Nuwe vertaling

soos volg: “Ons wat hierdie skat in

ons het, is maar kleipotte wat maklik

breek; die krag wat alles oortref, kom

dus van God, nie van ons nie”. Prof

Fika het hierdie vers letterlik soos volg

vertaal: “Ons het dus hierdie skat in

kleipotte, sodat die buitengewoonheid

van die (ons) krag, van God is en nie

uit onsself nie”.

Die bedoeling van 1 Kor. 4: 7 is dus

dat ons nie maar swak kleipotte is

nie, maar eintlik buitengewone sterk

kleipotte. Ons is gebakte kleipotte, en

besit buitengewone duursaamheid.

Ons buitengewone duursaamheid kom

dus van God af, en is nie uit onsself

nie. Die skat in ons is die duursame

lig van Jesus Christus wat in ons harte

skyn. Wonderlik – ons is duursame,

hardgebakte kleipotte. Ons kan maar

rondgegooi word in die lewe en val, en

sal nie breek nie. Daarom die heerlike

troos in die volgende verse, verse 8 - 9:

“In alles word ons verdruk, maar ons is

nie terneergedruk nie; ons is oor raad

verleë, maar nie radeloos nie; ons word

vervolg, maar nie deur God verlaat

nie, op die grond neergegooi, maar nie

vernietig nie.”

Met hierdie kosbare boodskap

het ons almal met nuwe moed en

dankbaarheid lekker gaan eet en saam

gekuier, en weer die lewe gaan aanpak.

DIE GEREFORMEERDE KERK

WILROPARK

SPREKER: DR. DIRK HERMANN

Na maande se swoeg en sweet en

noukeurige beplanning het die lang

verwagte dag aangebreek. Die vrolike

groetery van susters met uitroepe van

blydskap om mekaar weer te sien, het

oral opgeklink oor die ligte ontbyt heen

wat deur vriendelike susters bedien is.

Die manne het parkering aangewys

en ons kinders het gaste na die pragtig

versierde kerk en saal gehelp. Massas

wit blomme in kleipotte het die saal en

kerk sprokie-mooi laat lyk.

Opgewonde en vol verwagting het

die susters die kerk inbeweeg. Elmarie

de Bruyn het die verwelkoming

gedoen, waarna ds. Stefaans de Bruyn

geopen het uit Jer. 18:1-12. Hierna het

die samesang, onder leiding van prof.

Fanie Jooste en sy gesin (met klavier,

viool en fagot) saam met Wiehan le

Roux (trompet) ’n mens hoendervel

gegee. Oor die 300 jubelende vroue

stemme oor die wonderdade en liefde

van ons hemelse Vader, klink darem

maar baie mooi.

Dr. Dirk Hermann van Solidariteit

lei sy toespraak in met: “Gekies, gesoek,

gekry, gebrei… die klei gevorm, gerek,

gebak, gelouter… perfek. Dit is die

Groot Pottebakker, aktief betrokke by

sy pot, elk ʼn unieke kunswerk.” Deur

sy toespraak fokus hy op die hande

van God. Die Hand waarin jou naam

gegraveer staan (Jes. 49:16). Jou (die

klei se) vorming in God se hand is ʼn

baie persoonlike proses. Dit is ook die

hand wat red en verlos (Jes. 50:2). Wan-

saamtrek 2012

Suid-Wes Bosveld

Gauteng

DEUR ALTA BOTHA

(VERWERK DEUR COBIE STEYN)

neer die kruik voltooi is, plaas die Here

ʼn skat daarin.

Uit 2 Kor. 4:7-9 hoor ons dat ons die

skat van ʼn hoopvolle toekoms het. Ons

hoef nie te twyfel in moeilike omstandighede

nie. God roep ons op tot goeie

werke (Ef. 2:10). Doen jy dit waarvoor

God jou voorberei het? Hoe meer jy

doen wat God wil hê jy moet, hoe

meer hoop kry jy en hoe meer word jy

versterk en bemoedig. Hy verwag van

ons om te doen wat ons moet doen in

die omstandighede waar ons is en om

dan verder volkome op Hom te vertrou.

Ons werke moet nie op onsself gerig

wees nie, maar ons moet uitreik na

mekaar (Heb. 10:24).

God vra ons om ons aan te meld vir

Pottebakkerswerk (Gal. 5:13).

Hierna nooi Melinda van’t Zand

almal uit na 2013 se saamtrek by

Witpoortjie. Kollekte ten bate van die

Reddersburg Kinderhuis en ter verligting

van die Hoedspruit ramp word

ingesamel en ʼn lieflike oggend word

afgesluit met ʼn heerlike musiekkonsert

deur die Joostes.

Voordat ons huiswaarts keer word

ons bederf met heerlike koue vleis en

slaai en dekadente tuisgemaakte soetgoed

saam met koffie.

Ons loof en dank ons hemelse Vader

vir die wonderlike dag wat Hy vir ons

gegee het. Dit was ʼn geleentheid waarop

al die ywerige en gewillige dames van

Wilropark trots en dankbaar kan wees.

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

19

saamtrek 2012

Boland

Bywoning

Van heinde en verre het hulle gekom – die susters van die

Gereformeerde Kerke om die jaarlikse Sustersaamtrek in

hulle onderskeie streke by te woon. Oud en jonk het dit

weereens geniet – die susters wat dit bygewoon het, sowel

as die sustersgroepe wat dit aangebied het (lees meer hieroor

in hierdie uitgawe van Die Gereformeerde Vroueblad wat

toesprake verwerk het, en ook vertel hoe gasvrouens en gaste

die onderskeie saamtrekke ervaar het – Red.)

Finansies

Die finansiering van saamtrekke bly maar ʼn kopseer.

Daggeld het gewissel van R65 tot R120. Waar daar ʼn tekort

aan fondse was het sustersgroepe van borge en donasies

gebruik gemaak. By van die saamtrekke kon die daggeld

nie verhoog word nie omdat daar met van die plattelandse

gemeentes rekening gehou moes word. Met groot dankbaarheid

kan ons berig dat al die betrokke gemeentes steeds

bereidwillig was om die Saamtrek aan te bied. Kleiner

saamtrekstreke, veral in die platteland, sal in die toekoms

daaraan moet dink om dit saam met ʼn ander gemeente in

die streek te doen.

Terugvoering

Al die saamtrekke het hulle vraelyste teruggestuur, wat die

verwerking daarvan maklik gemaak het. (Baie dankie aan al

die susters wat bereid was om ook artikels vir die Saamtrekbylaag

te skryf – Red.)

Wenke

• Beplan vroegtydig en sorg dat almal die beplanning geniet.

Gee aan verskillende susters verantwoordelikhede.

Probeer om al die susters van die gemeente te betrek.

• ʼn Goeie spreker is veral nodig waar susters ver moet reis

vir die geleentheid.

• Maak seker die spreker en gaskunstenaar(s) is bekend –

moenie op hoorsê gaan nie.

• Stuur uitnodigings aan gemeentes per e-pos sowel as

slakkepos. Slakkepos bereik nie altyd die bestemming nie

en dan veroorsaak dit misverstande en vertragings.

• Gee e-poslys deur aan volgende sustersgroep wat die

saamtrek moet reël.

20 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Verslag van

Saamtrekke 2012

Deur Dr. Wymie du Plessis

• ʼn Begroting reg van die begin af is essensieel – hou dan

by die begroting.

• Kry soveel as moontlik borge.

• Maak gebruik van plaaslike talent.

• Hou dit eenvoudig, dog stylvol. Gee genoeg kans vir

rondbeweeg en kuier.

• Wanneer getalle deurgegee word moet die inbetaling ook

dadelik geskied.

• Hou by keerdatums.

• Moenie te veel stalletjies toelaat nie. Die saamtrek moenie

ontaard in ʼn mark nie.

• Nooi gerus die senior susters van die gemeentes as gaste.

• Maak gebruik van buite-spyseniering vir die middagete.

• Middagetes kan vooraf verpak en in pieknieksakke

aangebied word. So word die opruiming vergemaklik,

daar is geen oorskietkos nie en dit verminder die

uitgawes soos byvoorbeeld die huur van eetgerei en

breekgoed.

• Wys iemand aan wat foto’s neem met die oog op die

beriggewing vir die Saamtrekbylaag in Die Gereformeerde

Vroueblad. Vra ook vooraf ’n suster om die

verslag (eintlik beriggie = 500 woorde) vir Die Vroueblad

op te stel, sodat sy tydens die saamtrek solank aantekeninge

kan maak en ʼn opsomming van die spreker se

toespraak kan bekom. Stel die beriggie (“verslag”) so gou

as moontlik na die verrigtinge op en stuur dit saam die

foto’s vir my (Wymie = koördineerder) aan.

• Noem op uitnodiging die opneem van silwerkollektes –

byvoorbeeld vir Die Gereformeerde Vroueblad, Diakonale

Inrigtings of Bybelverspreiding.

Die Saamtrekstreke is so ingedeel dat die susters, waar

moontlik, nie te ver hoef te ry nie en dat die getalle nie te

groot en onhanteerbaar word nie. Dit staan ʼn gemeente vry

om die streek van hulle keuse by te woon. Ek sal baie bly

wees as ek van veranderings in kennis gestel word. So kan

ek sorg dra dat elke gemeente ʼn uitnodiging kry.

Saamtrekgroete – Wymie du Plessis

saamtrek 2012

Bosveld

Bywoningsgetalle

2012

Streek 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012

Limpopo 450 380 344 437 415 300 368 200 445 310

Pretoria 692 815 866 779 612 450 560 511 550 580

Laeveld 102 125 130 92 91 150 140 120 106 160

Suidwes-Gauteng 183 561 430 429 377 323 200 735 435 310

Sentraal-Wes 200 180 303 83 231 306 180 161 134 169

Hoëveld 345 360 310 400 350 195 281 190 180 300

Oosrand 318 320 340 337 304 300 329 320 225 385

Oos Kaap 135 90 150 55 85 117 132 232 242 100

Boland 215 121 150 183 225 180 182 171 179 251

Suid Gauteng 218 243 166 192 230 201 310 280 290 243

Natal 120 140 131 96 170 100 165 131 120 115

Noord Kaap 140 150 85 126 137 98 150 160 150 95

Noord Vrystaat 192 220 175 200 152 180 245 220 165 203

Suid Vrystaat 200 248 191 180 220 250 230 200 162 170

Namibië 150 214 175 119 118 70 85 142 89 62

Suid Kaap 185 165 107 115 158 168 178 112 210 120

Kameeldoring 140 131 164 130 136 72 93 98 92 150

Bosveld 176 257 212 210 223 252 180 171 203 181

4161 4720 4429 4163 4234 3712 4008 4154 3977 3904

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

21

saamtrek 2012

Bladbouersfonds

Die Gereformeerde Vroueblad het die volgende bedrae

van die onderskeie streke ontvang ter stywing van ons

Bladbouersfonds:

22 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Noord-Vrystaat 2,500.00

Suid-Vrystaat 2,668.25

Sentraalwes 1,852.20

Namibië 1,079.00

Noord Kaap 1,206.00

Molopo 1,100.00

Hoëveld 4,030.20

Suid-Gauteng 1,008.10

Suid Kaap 1,573.70

Kameeldoring 805.00

Bosveld 1,500.00

Pretoria 4,280.00

TOTAAL 23,602.45

Baie dankie aan al die susters wat bygedra het tot

Die Gereformeerde Vroueblad. Ons sê dankie vir die

voortgesette ondersteuning en vra ook die susters se

voorbidding vir die werk van die Redaksie.

Dis immers julle blad!

Saamtrekstreke 2013

Koördineerder: Wymie du Plessis

wymiedup@gksa.co.za

Bus 20004, Noordbrug, 2522, 018 297 3986, 083 575 5786

Boland:

Kaapstad

Bosveld:

Krokodilrivier

Hoëveld: Bethal/

Kriel/ Hendrina/

Carolina

Kameeldoring:

Zeerust

Laeveld:

Nelspruit

Limpopo:

Dendron/

Magalakwin

Namibië:

Windhoek

Natal:

Kwa Mncane

Noord-Kaap:

Kuruman

Noord-Vrystaat:

Parys

Oos-Kaap:

Queenstown/

Dordrecht

Oosrand:

Heidelberg

Pretoria:

Akasia

Sentraalwes:

Potchefstroom-

Die Bult

Suid Gauteng:

Alberton-Wes

Suid-Kaap:

Stilbaai

Suid-Vrystaat:

Bloemfontein-

Suidheuwels

Suidwes

Gauteng:

Witpoortjie

Elma Fleischmann

fleischmannE@cput.ac.za

Venita de Kok

danie@gkkrokodilrivier.co.za

Bridgete Grobler

bridgetg@lantic.net

Hendrien Swanepoel

gksazst@absamail.co.za

Coleen Viljoen

mfcns@lantic.net

Hettie Cloete

cloeteph@gmail.com

Carlien Fanoy

pietfanoy@iway.n

Zonke Sithole

zonke@churchland.org.za

Karien Booysen

karienbooysen@gmail.com

Minharde van der Merwe

rvdmerwe@telkomsa.net

Susan van der Merwe

wp.merwe@telkomsa.net

Ina Howell

jhhow@absamail.co.za

Manda Nel

gkakasia@lantic.net

Judie Coetzee

fanie1coetzee@gmail.com

Hanlie Roets

cjcroets@mweb.co.za

Chrissie Hitge

cahitge@vodamail.co.za

Joey Bekker

boomskraap@gmail.com

Melinda van ‘t Zand

dirkvtz@absamail.co.za

Bus 15271, Panorama, 7506 021 873 6167 084 684 5828

Bus 572, Brits, 0250 012 254 0042 082 855 9207

Bus 1045, Bethal, 2310 017 647 2580 082 493 5229

Bus 169, Zeerust, 2865 083 670 7914

Bus 15350, West Acres, 1211 083 249 3335

Bus 2770, Polokwane, 0700 015 501 0020 082 788 7349

Bus 9764, Eros, Windhoek 00264 61 23 2498 00264 81 124

2398

Bus 498, Merrivale, 3291 033 264 4380 082 264 2002

Bus 1756, Kuruman, 8460 083 325 4826

Bus 271, Parys, 9585 056 811 2624 083 300 9069

Bus 295, Queenstown, 5320 045 838 4143

Bus 253, Heidelberg, 1483 016 341 2354 083 655 1538

Bus 16160,

Pretoria Noord,

0116012 542 4712 076 065 6347

Bus 20039, Noordbrug, 2522 018 293 3789

Bus 1173, Alberton, 1450 011 907 4061

Bus 34147, Faunasig, 9325 051 421 1259 073 141 6449

Bus 3131, Witbeeck, 1729 082 768 8775

saamtrek 2012

VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

23

saamtrek 2012

Sustersaamtrek

9 Maart 2013

Tema:

Gelowig vrou, altyd

diensbaar waar God

jou in sy koninkryk

wil gebruik.

24 VROUEBLAD Julie ~ Saamtrekbylaag 2012

Boekeblad

THE JESUS I NEVER KNEW

deur Phillip Yancey

Resensent: Annamie Odendaal

Een van die beste boeke oor

Jesus wat ek nog gelees het!

Ek wens elke gelowige (én

ongelowige!) kan dit lees. Wat

yancey gedoen het toe hy hierdie

boek nagevors en geskryf het,

is soortgelyk aan die restourasie

van ‘n eeue oue skildery: hy help

’n mens om na Jesus te kyk asof

jy Hom vir die eerste keer wérklik

raaksien, sonder die lagie wat

oor die prentjie getrek is omdat

jy aardskuddende uitsprake en

gebeure leer ken het voor jy dit

kon verstaan. Sonder dat ek dit

besef het, het ek myself vroeër

getroos met die bekendheid van

die vertellings oor Hom, maar dit

het niks gedoen om my lief te

maak vir Jesus nie. Ek het Hom

nie verstaan nie, ten spyte van

my dankbaarheid en vertroue in

Hom.

Philip yancey wil weet hoe

en hoekom, en dan leer die

leser saam met hom wie Jesus

is: die aanbiddelike Seun wat

sy Vader so innig liefhet en ook

vir sy dissipels en vir elkeen wat

die Vader Hom gegee het. Hy

is die gehoorsame Seun wat

heeltyd die Goddelike én die

menslike perspektief gehad het;

wat ongeduldig, moeg, hartseer,

opgewonde, gelukkig en liefdevol

was. Altyd liefdevol. Hoekom het

VROUEBLAD Julie 2012

leefdinge

ISBN: 0310204070

Uitgewers: Zondervan

Prys: Wissel by verskillende leweransiers

Vrystellingsdatum: September 1995

Bladsye: 163 (beskikbaar in harde- of sagteband)

Beskikbaar by Kalahari.net of Loot.co.za of

Cumboeke

die tollenaars en sondaars so

gemaklik by Hom gevoel?

Nadat ek dié boek klaar gelees

het, het die Bybel nuwe diepte

van betekenis gekry – Ou en

Nuwe Testament.

Die boek behandel drie vrae:

Wie is Jesus? Hoekom het Hy

gekom? Wat het Hy agtergelaat?

Ek het nooit ongemaklik gevoel

oor yancey se teologie nie – maar

nou ja, ek is nie ‘n teoloog nie!

Feit is dat hy ‘n diep gelowige is,

en daarom beveel ek die boek

vrymoedig by my Gereformeerde

vriendinne aan. Die boek is ook

in ‘n goeie Afrikaanse vertaling

beskikbaar.

13

in diepte

GELOWIG

VROU IN DIE

HANDE

VAN DIÉ

POTTEBAKKER

Kruike gevul met

die Heilige Gees

Die verhaal van die pottebakker besig met die sagte klei, is eintlik ‘n verhaal

oor ‘n vrou se lewe. Op die wentelbaan van die lewe vorm God jou tot ‘n unieke

kruik en vul jou met ryke seëninge van die Heilige Gees. Op God se werkstafel

staan dekoratiewe uitsoek kruike, fyn en kunstig gevorm, kleurvol getint en blink

geglasuur. Daar is ook gewone kruike met skeef gebreekte rande, kruike wat vir

hul volle rakleeftyd onooglike merke en vlekke dra.

Elke vrou uniek geskape met ‘n eie verhaal

Dieselfde vingers wat die uitdyende uitspansel geskep het, het jou met teerheid in jou moeder se skoot

gevorm, en die soepelheid van jou persoonlikheid in jou ingeweef. Die tekstuur van jou karakter is op die

hemelse Pottebakker se draaiwiel soos klei gebruik om jou uniek anders as jou eie suster te maak. Kyk na

ʼn paar vroue wat as kruike op God se tafel staan. Wie weet, miskien herken jy een van hulle.

14 VROUEBLAD Julie 2012

Die vrou as kruik van duursame

klei: ʼn Dinamiese raakvat vrou wat met

sjarme, selfvertroue haar lewe en haar

gesin ʼn suksesvolle belegging gemaak

het.

Die vrou as kruik van gewone

klei: Sy ken huwelikskonflik, en

gesinsverhoudinge wat verdonker

noudat die kinders adolessente word.

Die vrou as kruik daar eenkant uit

die oog neergesit: Tussen ander voel sy

as gelowige onkundig en onervare. Sy

weet niemand sien haar as wakker, vars

denkende en ingeligte geselskap nie.

Die vrou as kruik reeds leeg geskep

en onherstelbaar beskadig: Sy is

die een wat na soveel skokgebeure

en onverwerkte trauma soos ʼn kruik

leeg geloop het. Sy het niks in haar

oor om haar gesin met wysheid en

lewensvaardighede op te tel nie.

Die vrou as kruik afgeslete en

verweer: Met die meeste fases van

vrou-wees agter die rug, ontdek sy die

onverwagse gebreke van die ouderdom.

Na die skok van alleen agterbly wonder

sy of haar woorde nog waarde het

vir haar kinders, of sy ander nog kan

opvrolik.

So het elke vrou haar eie verhaal. Jy

sal dalk ook vandag wil vra: Vader, is dit

wat U van my wou maak?” Waar kry die

Pottebakker jou wanneer jy hier lees –

op sy tafel, op sy draaiwiel, of dalk nog

ʼn ongevormde homp klei in sy hande?

Hoe seker is jy dat Hy jou nie een of

ander tyd gaan wegslinger en verpletter

omdat jy nie die kruik is wat Hy van jou

wou maak nie?

Die Pottebakker gooi jou nie

weg nie – die wonder van God

se genade

Genadiglik het God se Woord ʼn ander

boodskap vir jou. Jeremia moes in die

pottebakker se werkswinkel leer dat die

pottebakker nie ʼn mislukte kruik op sy

draaiwiel weggooi nie. Nee, hy sit die

klei van voor af op die draaiskyf en hy

maak ʼn ander kruik daarvan. God wil

dit ook met Juda doen en sê in Jer.18:6

vir die volk: “Kan ek nie met julle doen

wat hierdie pottebakker met die klei

gedoen het nie, Israel?”

So wil God vandag weer sy hande op

jou lê en jou ʼn sieraad maak op sy tafel.

Daar is egter een voorwaarde: Jy moet

jou tot God bekeer. Hoe langer jy van

die Pottebakker se draaiwiel afbly, hoe

harder word die klei. Hoe moeiliker

gaan jou lewe verander. Die vrou wat

Jesus Christus se weldade aanneem en

glo, word verras deur die feit dat die

Pottebakker jou nie weggooi nie.

Aangesien Hy aan jou genade wil

bewys, het God sy eie Seun weggegooi.

Jesus is soos ʼn kruik op Golgota

stukkend geslaan sodat sy bloed al ons

sondes soos stukkies klip, stokkies en

gras uit jou, die klei, gewas het. Jou

lewe kan hoe gehawend en verniel lyk,

heel anders as wat jy wou wees, dan

gaan God jou nog nie as sy uitverkore

kind los nie. Jou foute en mislukkings

is beslis nog nie onherroeplik in jou

ingebrand nie. Hy wil jou nuut maak.

Dit is die wonder van God se genade!

Die Pottebakker vorm jou – die

wonder van weergebore word

Wanneer God jou weer soos sagte klei

op sy draaiwiel neersit, kom jy agter Hy

druk jou met sy hande plat. Hy vorm

jou deur die druk van onverwagse

en onaangename gebeure, krisisse

en teleurstellings. Hy druk jou soos

klei sywaarts oop, sodat daar weer in

jou binneste ruim plek kan kom vir

dankbaarheid aan God, vir sy gawes

en jou naaste se belange. Soos wat die

Pottebakker met sy duime die klei al

draaiend wyer oop laat gly, so verbreed

Hy jou denke. Wanneer God met jou

werk besef jy al meer jy kan nie self

besluit wie jy wil wees nie. Jy is sagte

klei in sy hande.

Wanneer die Gees jou wederbaar, bly

jy soos die klei nog dieselfde en behou

jou eie aard, karakter en persoonlikheid.

Dit word net anders nuut in diens van

God gestel. Met God se vingers sny Hy

soos in sagte klei jou blinde selfsug, jou

afbrekende gedragspatrone en ander

lewensfoute lagie vir lagie weg. Hy draai

nuwe deugde in jou in wat jy vroeër nie

VROUEBLAD Julie 2012

in diepte

geken het nie. Uiteindelik gevorm tot ʼn

nuwe kruik, is elkeen van ons nog leeg!

Jy moet nog gevul word met die Heilige

Gees – sy gawes en krag.

Die Pottebakker vul jou – die

wonder van die Heilige Gees

Die mooiste en waardevolste kruik kan

baie aandag trek, maar leeg vergaar dit

stof, en beteken vir niemand iets nie.

Eers wanneer jy gevul is met die Gees

(vgl. Ef. 5:18), kry jy jou unieke plek

as kruik op God se tafel. Soos ʼn kruik

gebak en geglasuur, brandmerk die

Gees jou dan as sy eiendom (vgl. 2 Kor.

1:22), en Hy vul jou met die gawes en

vrug van die Gees (Gal. 5: 22,23). Dan

begin mense die afwerking, die glans en

waarde van jou lewe sien.

Gryp dit vas: As gelowige vrou het

jy die Gees van God in jou. Jy is sy

tempel waarin die Gees wil woon (1

Kor. 3:16). Alles wat jy nodig het vir ʼn

gelukkige huwelik, normale gesinslewe

en ontspanne verhoudinge, het jy binne

in jou. Leer om dan weg te kyk van jou

omstandighede, jou irriterende gebreke

en konsentreer van nou af op die krag

en wysheid van die Gees wat jy in jou

het.

Die Pottebakker gebruik jou –

die wonder van heiligmaking

Gevul met die Heilige Gees maak dit

nie saak hoe jy vir jouself en vir ander

lyk, hoeveel foute jy al in die verlede

gemaak het nie. Laat dit waarmee die

Gees jou vul, onvervals deurvloei na

ander om jou, dan is jy ʼn bruikbare

kruik gevul met lewende water (vgl. Joh.

7:38). Paulus sê in 2 Kor. 4:7: “Ons wat

hierdie skat in ons het, is maar kleipotte

wat maklik breek; die krag wat alles

oortref, kom dus van God, nie van ons

nie.” Die feit dat jy breekbaar is, wys

net dat jy nooit eers moet probeer om

die perfekte gelowige vrou te wees nie.

Wees net die gelowige vrou wat God

van jou kom maak het. Hy plaas jou

daar waar die Pottebakker jou wil hê. So

leer jy wat die wonder van heiligmaking

is, breekbaar, maar gevul met sy Gees,

geseënd bruikbaar.

15

iewe leefdinge

Die eerste

DEUR COBIE STEyN

Ek praat met ‘n jong predikantsvrou oor die telefoon. Haar stem is

vrolik: “Verlede jaar het ek my eerste Saamtrek bygewoon – hierdie

jaar moes ek dit reël.”

Herinneringe bars soos ‘n fontein oop...

Ek staan in Sabie se studeerkamer en

die gehoorstuk brand in my hand, my

knieë voel lam. Die ouer vrou se stem

spreek van ervaring en wysheid. Die

woorde kom selfversekerd: “Julle nooi

volgende jaar die Saamtrek uit.”

“Saamtrek?” vra ek, vyf en twintig

jaar oud en twee maande lank saam

met my man in die bediening in

ʼn gemeente van 148 lidmate (88

belydend- en 60 dooplidmate).

Sy begin verduidelik wat dit behels

en ek gooi wal en pleit: “Spaar ons

volgende jaar. Ek sal die jaar daarna die

leisels vasvat.” Dis my mond wat praat,

maar my hart is bang.

En so het dit gebeur dat ons klein

gemeentetjie met ’n Gideonsbende

van vlak in die veertig susters, ’n jaar

en nog ʼn paar maande later, in 1990

die Saamtrek reël. Van die begin af

is die reëlings een groot uitdaging:

ek probeer vroeg ʼn lokaal kry, maar

die tweede Saterdag in Maart is

heerlike trouweer in die Laeveld en

16 VROUEBLAD Julie 2012

ons kerkgebou het nie ʼn saal nie. Die

stadsaal in Sabie is bespreek, die NGkerksaal

op Graskop is bespreek, die

NG-Kerk in Sabie het ook ʼn troue wat

plaasvind.

Radeloos sonder ’n geskikte lokaal,

gaan doen ek een aand saam met Abel

by ’n nuwe lidmaat op Pelgrimsrus

huisbesoek: ʼn man wat spyseniering

doen by die Royal Hotel daar. En hy stel

voor ons gebruik die sink-stadsaaltjie

van Pelgrimsrus. En hy bied aan om

die middagete van koue vleis en slaaie

vir ons voor te berei en hy sal met sy

bestuurder gesels oor ʼn goeie prys.

Die susters huiwer eers oor die

plek wat ek voorstel, maar wat kan

ons anders doen? En ons besluit

om mooi te maak met min. En ons

raak opgewonde oor die tema van

“ougoed”, want die saaltjie met sy swaar

fluweelgordyne leen hom daartoe. En

ons maak ons gereed om baie goed

aan te ry op die kronkelpaadjie. En ons

reël Prof. Ben de Klerk as spreker. Hy

bevestig.

Sabie se dorpstuinier, wat so baie

gedoen het om ons dorpie te verfraai,

Mev. Anette Kopp, belowe dat ons

blomme uit die parkie kan gaan

pluk. Salmpienk lelies. Sy koester die

blomme vir ons. Die tafeldoeke is

wit met koningsblou oorgooidoeke.

’n Makelaar op die dorp sal vir ons

donkerblou lêers in die hande kry by

ʼn bank. Vrydagmiddag rangskik ʼn

begaafde suster vir ons ʼn groot bos

blomme, met oorwegend salmpienk en

wit blomme sodat alles bymekaar kan

aanpas.

Vrydagmiddag, terwyl ek ywerig en

kronkel-kronkel allerlei goed aanry, lui

my selfoon (daardie tyd was dit min

of meer ʼn halwe baksteen, soos my

man nou spot met vroeëre tegnologie).

Een van die susters: “Hier was ʼn

verwoestende haelbui in Sabie. Al Mev.

Kopp se blomme is weggeslaan.”

“Die res van die dorp?”

“Ook!”

keer

“Moenie bekommer nie,” sê ek, “maar

ék raak paniekerig bekommerd, “ek sal

‘n plan maak.”

Net toe vang my oog ʼn plaat geel

madeliefies wat in een van die huisies

langs die pad se tuin staan en wuif in

die wind. Ek draai summier af. Stel my

voor aan die ouerige vrou wat die deur

oopmaak, stel ons dilemma.

“My kind, plante is mos maar eintlik

die Here sʼn. Pluk soveel julle wil hê.”

Wit tafeldoeke, blou oorgooidoekies,

skelgeel blomme...

Ons werskaf onsself moeg daardie

middag. Die hotel leen ook vir ons ʼn

koperhemelbed waarop een van die

susters haar mooi porseleinpoppe in

die voorportaal uitstal. Ons pak ons

boeke-uitstalling uit, dek tafels en

werskaf. Almal is maar ewe stil oor

die salmpienk rangskikking voor en

die heldergeel op die tafels wat al klaar

kleurvol bont daar uitsien.

Die aand toe ek tuiskom,

begroet helderrooi lêers my op die

eetkamertafel.

“En dié?” vra ek vir Abel.

“Attie kon nie meer blou lêers kry

nie, maar hy is trots daarop dat hy nog

lêers in die hande kon kry.”

Lêers wat donkerblou moes wees en

wat ʼn klein-klein potjie handeroom

met pienk lint om die potjie op elke

hoekie moes dra. Die linte op die

potjies word as noodmaatreël nou wit.

En ons besluit om die lêers (wat by elke

susters se sitplek neergesit sou word),

nou maar met registrasie aan elkeen

te gee om die skelheid van die kleur ʼn

bietjie te breek.

Saterdagoggend is my senuwees

klaar! Ek het nagmerries gehad oor

al die kleure. Ek vrees nou dat nóg

goed gaan skeefloop. Ek kronkel nie

stadig deur die draaie nie, ek stuur die

Cressida skuinsweg daaromheen.

“Kry ʼn aftrekplek en stop!” beveel

Abel saggies, dog ferm.

“Wat? Ek gaan laat...”

VROUEBLAD Julie 2012

leefdinge

“Luister na my en stop.”

Ek gehoorsaam. By ʼn klein

aftrekplekkie stop ek. My hart klop in

my keel. My hande wil-wil bewe van

spanning.

Abel vat my hande in syne: “Dit

maak nie saak hoeveel kleure daar dalk

is wat met mekaar bots nie. Dit maak

nie saak wát dalk nog kan skeefloop

nie. Solank die vrouens wat vandag

kom geestelike kos kry, geestelik verryk

hier kan weggaan en kan sê dat hulle

mekaar ín die Here gevind het en die

gemeenskap van gelowiges beleef het,

dan was dit ʼn sukses. Verwelkom hulle

hartlik en bedien hulle met Christelike

gasvryheid.”

Hy maak sy oë toe en bid daarvoor.

En dat ek kalmte in die Here sal vind.

En ek hét. Dit was asof die Here

my toegevou het met sy vrede. En die

susters het lekker gekuier en in die

Here bande gesmee.

En ons hét geestelike kos gekry en

verryk daar weggegaan.

17

leefdinge

Groete aan

Trifena en Tr

DEUR GRIET SWANEPOEL

“Ma, as ‘n mens nou belydenis

afgelê het, hoe lank vat dit voor ‘n

mens dan ‘n wyksuster word?”

Só vra een my kinders die aand van

haar belydenisaflegging terwyl ek langs

haar op die bed lê en vir haar vertel hoe

trots ek op haar is.

Ek het vreeslik gelag daaroor. Later

het ek besef watter troos dit is om te

dink dat sy na al die jare in die pastorie

onder die diep besef gekom het dat ʼn

kookwater-wyksuster goud werd is vir

enige gemeente.

Net soos die ywerige werksters,

Trifena en Trifosa, wat Paulus in

Romeine 16 uitsonder vir hulle

dienswerk, skenk die Here steeds vroue

wat ywerig en diensbaar is. Onmisbaar

vir enige gemeente.

Susters wat op die geloofspad geleer

het dat ons nie soos Eva met die Duiwel

moet praat nie, maar net met God

moet wandel. Hulle verset hulle nie in

hoogmoed en naywer soos Mirjam teen

Moses nie en aanvaar die gesag wat God

oor hulle geplaas het. Soos Ragab het

hulle gehoor van die magtige dade van

God en daarom hang hulle elke dag in

groot afhanklikheid ʼn rooi lyn uit en

bid vir redding en bewaring vir hulle

huis en familie. Soms, as dit lyk of ʼn

gemeente wil kwyn kom daar ʼn Debora

te voorskyn om almal aan God se

18 VROUEBLAD Julie 2012

verbondsliefde te herinner. Soos Hanna

bring hulle hulle lewenskrisisse na die

Here toe omdat hulle soos Rut die regte

keuse gemaak het. Soms waag hulle

soos Ester en glo in God se wil vir die

uitkoms van hulle nood. Hulle strewe

daarna om ʼn deugsame vrou genoem te

word.

Vandag wil ek juis ʼn groot bos

dankiesê-rose gee vir al die susters wat

so getrou arbei in die gemeentes. Wat sal

ʼn mens sonder daardie voorbeeld doen?

In elke gemeente waar ons was, was

die gemeente geseënd met wonderlike

susters.

Toe ons in 1996 die saamtrek op

Messina aangebied het, was ons maar

ʼn handjievol. Ons het verskriklik

hard gewerk. Ons het mango-blatjang

gebottel vir sowat 350 gaste. Weens die

ver afstand het die susters gevoel ons

moet ʼn ontbyt, tee en middagete bedien.

Ek was dié oggend van vyfuur af al besig

en almal het net spontaan kom help.

My gemoed het van vroegoggend af al

begin volskiet, want ek was oorweldig

deur alles wat ons klein groepie susters

vermag het. Terwyl ek dié oggend

besig was om die broodtafel met

skons, muffins, broodrolletjies kaas en

ifosa smere

uit te pak, sien ek een van my

wyksusters van die plaas af daar aan

kom. Ek was heel verbaas om haar so

vroeg te sien. Sy dra vir my skinkborde

vol frikkadelle en vleisrolletjies aan wat

sy die vorige nag gemaak het: “Griet, ek

het maar besluit ek maak ietsie by die

tee — ons kan nie vir die mense kaal tee

gee as hulle hier aankom nie, wat gaan

hulle van ons dink!”

Daar is altyd Trifenas en Trifosas

wat jou hande kom sterk maak, wat uit

dankbaarheid lewe en hulp aanbied

om ʼn gemeente se wiele te laat rol. Dit

is hulle wat sorg dat die kombuis mooi

kantgordyntjies kry, dat die vadoeke

wit gewas word en elke Sondag netjies

opgevou terug in die kas is. Hulle sorg

dat daar altyd genoeg kruideniersware

in die kas is om elke Sondag tee te

skink. Hulle sit lyste op teen die

kombuismuur om seker te maak ander

wat dalk minder betrokke is weet hóé

om te skink. Hulle bring rooi lintjies

vir die teepot waarin die rooibostee

moet kom. Hulle ruim saam met jou

op tot die laaste koppie skoon en droog

in die kas is. Hulle maak getrou vir

die kerkraad heerlike eetgoed vir hulle

vergaderings. Dan verwelkom hulle

ook nog die nuwe dominee met ʼn

spens vol kruideniersware. Hulle brei

ʼn paar babakouse vir die nuwe baba in

die gemeente of stuur ʼn bord kos vir

iemand wat siek of hulpbehoewend is.

Ja, selfs die pastorie se Labrador kry

hulle gevriesde braaivleisbene. Hulle

dink aan alles.

“As die susters aktief in ʼn gemeente

is, is die hele gemeente aktief — dit

werk net so,” was die goeie raad wat ek

gekry het toe ons op pad was na ons

eerste gemeente. Op Nylstroom was die

wyksusters en die susters ʼn formidabele

span. Hulle kon kos maak vir ʼn koning.

Organiseer en werk soos bye. Ons kon

geld insamel vir ons eie kombuis, ons

leefdinge

kon toe vir die eerste keer ons eie sleutel

hê… ons eie identiteit uitdra. Die susters

was die hartklop, hulle het werklik die

pas aangegee en die hele gemeente het

ingeskakel.

Ek was met ʼn groot beklemming stad

toe en het nie geweet wat om te verwag

nie.

Ons eerste sustersbyeenkoms was

ʼn groot verrassing want bykans 20

susters het opgedaag. Vir ʼn ysbreker het

ons klein blokkies met tandestokkies

gebrei en baie pret gehad. Die gebreide

blokkies het op ʼn hopie gelê en ek het

my nie verder daaraan gesteur nie —

want ek wou maar net die ys breek.

Die eerste Nagmaal-ete breek aan.

Ek word vorentoe geroep. Een van die

susters het al die blokkies aanmekaar

gewerk en sy en haar man het dit

geraam. Die raam met die blokkies

breiwerk is daarna op ʼn horlosie

gemonteer met die GKSA 150 se wapen

“Klein voor God,” daarby.

“Dit is nou ʼn blywende aandenking

van die susters se klein begin wat in

hierdie gemeente tot groot seëninge

gaan groei,” sê die suster aan my wat

alles in die geheim gereël het.

Ek het in die jare in die pastorie geleer

dat ʼn mens moet luister as ʼn wyksuster

met ʼn voorstel kom. Hulle het ʼn spesiale

aanvoeling, ʼn eiesoortige roeping en

hulle doen dit omdat hulle vir die Here

en hulle gemeente lief is.

Ek antwoord my kind uiteindelik.

“Jy is nou ʼn volwaardige suster in die

gemeente. Jou dae om ʼn wyksuster te

wees kom dalk gouer as wat jy dink!”

En in my hart bid ek dat sy haarself

diensbaar sal maak sodat daar eendag

ook van haar gesê sal word dat sy ywerig

gewerk het in haar gemeente.

Met dank aan Trifena en Trifosa.

VROUEBLAD Julie 2012

19

leefdinge

“Jy moet volgende jaar

Saamtrek toe gaan”

‘n Saamtrekganger vertel

20 VROUEBLAD Julie 2012

DEUR ALIDA VAN GRUISBANK (SKUILNAAM)

Ek was die 10de Maart 2012 weereens

by ʼn Sustersaamtrek en soos in die

verlede het ek dit weer baie geniet. Ek

haal my hoed af vir die susters wat dit

aangebied het.

Die tema Gelowig vrou in die hande

van dié Pottebakker het my laat dink aan

al die dinge wat rondom die skepping

van ʼn pot gebeur. ’n Mens kry mos

verskillende soorte klei soos porselein-,

erdeware- en steenwareklei. Ons

programleier was so ’n porseleinklei

mens. Fyntjies, netjies en belese. Sy het

so gemaklik uit Langenhoven aangehaal

dat ons lekker kon saamlag.

Die predikantsvrou was ook so ʼn ou

fyn porselein mensie. Maar sekerlik ook

baie sterker as wat porselein partykeer

voorkom, want om so ’n smaakvolle

onthaal te organiseer moet ’n mens hare

op jou tande hê en staal in jou are.

Die spreker van die oggend het gesê

dat ons almal uit dieselfde aarde kom –

en hoe waar is dit nie van ons almal nie.

Die porseleinklei, die erdeware en die

steenklei kom ook almal uit die aarde.

Die porseleinklei is baie gesog. China

en Japan het van die beste. Ons weet

almal van die mooi porselein wat al jare

daarvandaan ingevoer word. Ek het al

gehoor dat daar naby Kaapstad ook van

die beste porseleinklei in Suid-Afrika

is. Erdeklei kan ’n mens amper enige

plek uithaal, sommer in jou agterplaas

of langs die spruit. En as ons gewone

outjies soos erdeware is, dan weet ’n

mens hoekom die Here so baie van ons

gemaak het.

En steenware is so ’n mengsel van die

twee. Growwer as erdeware, tog baie

sterker as albei – porselein en erdeware.

Porseleinklei word baie fyn gemaal en

as slip of baie slap klei gebruik om in ’n

vorm te giet en te maak tot fyn artikels.

Steenware en erdeware kan eerder met

die hand of op ’n wiel gevorm word tot

gebruiksartikels. Maar almal moet teen

’n baie hoë temperatuur gebak word.

Eers tot bisque ware, daarna geglasuur

en weer gebak. Eers dan is dit waterdig

en bruikbaar.

Op enige stadium kan die klei weer

fyngemaal en teruggegooi word in die

groot houer om weer van vooraf gebruik

te word.

En die dinge wat met ons gebeur is

ook aards – soos die klei. Dit gebeur

met ons almal. Ons word gebore, lewe

’n rukkie en dan sterwe ons. En dan

gaan ons weer in die aarde in en word

stof. Maar deeltjies van ons gaan in ons

kinders en kleinkinders in. Dan sê die

mense: “Haai, jy lyk nes jou ma” of “Jy

aard so reg na jou ouma, sy was ook

so...”

So word ons ook gebrei en gevorm en

gebak tot bruikbare artikels. Maar ons

word hoe ouer, hoe sterker.

Ons spreker, ds. Christo Swanepoel

het gesê dat ons Geloofsbelydenis uit

twee dele bestaan. Die eerste deel gaan

oor wat jy glo en die tweede deel gaan

oor die Here se kerk. Die Here werk

nie buite sy kerk om nie. Omdat ons

klei is, maak die Here ons mooi en

bruikbaar. Deur sy kerk gee Hy aan ons

vier gawes naamlik die gemeenskap met

gelowiges, die vergewing van sondes, die

wederopstanding en die ewige lewe. Die

eerste twee kry jy hier op die aarde, en

die ander twee kry jy eendag. Niemand

kry dit buite die kerk nie.

Met so ʼn Sustersaamtrek haal ons ons

beste uit. Ons staan vroeg op en trek

ons beste klere en skoene aan en met

’n opgewonde gefladder in die maag,

soen ons ons geliefdes en weg is ons.

Langs die pad gesels ons so lekker oor

allerhande dinge: die kos wat ons vir

die agtergeblewenes gemaak het, al

die geskarrel om alles gereël te kry en

almal gelukkig te laat voel en natuurlik

voel ek skuldig. Ek moes maande lank

spaar om die geldjies bymekaar te kry

om te gaan, maar ek weet: Dit gaan vir

my ʼn heerlike dag bring, wonderlike

leefdinge

Daar waar die Saamtrek is, voel ons soos een groot

familie en ons is verbaas om agter te kom dat daar so

baie van ons is wat eenders voel

geselskap, pragtige voorbereide kos,

altyd baie mooi blomme en ’n mooi

aandenking en ʼn uitstekende boodskap

wat ons sal onthou tot volgende jaar.

Dis alles dinge waarvan ons vrouens tog

hou.

Daar waar die Saamtrek is, is almal

vriendelik en kry ons ou vriende,

lidmate van vorige gemeentes en verlore

klasmaats en ons lag en gesels tog te

lekker. Gewoonlik sing ons ook hartlik

saam en luister ons na pragtige musiek.

Daar voel ons soos een groot familie en

ons is verbaas om agter te kom dat daar

so baie van ons is wat eenders voel oor

die lewe. In ons klein gemeentes is ons

maar min, en ons dink nie daarbuite is

nog baie ander wat bely soos wat ons

bely nie.

As ek dan Maandagoggend na die

Saamtrek ’n teksboodskap (SMS) van

my vriendin kry waarin sy sê dat dit vir

haar voel asof sy net huisskoonmaak,

was en stryk en kos maak, dan kan ek

eerlik vir haar sê: “My dierbare vriendin,

jy moet volgende jaar Sustersaamtrek

toe gaan, want daar word jy weer

gevoed en gelaaf. Dan sal jy weer ’n

hele jaar kan teer op die mooi en die

bemoediging wat jy daar gekry het. Dan

sal jy weer besef dat jy uniek is: ’n kind

van die almagtige Vader wat gewil het

dat jy in Suid-Afrika moet bly, dat jy

aan sy kerk moet behoort en sy Woord

moet uitdra. Dan sal jy weer besef wat

jou waarde is en hoe nodig jy is. Ja, ook

om huis skoon te maak, man en kinders

te versorg, maar ook om te besef dat jy

deel is van die Bruid van Jesus Christus

en jou moet voorberei vir die dag

wanneer jy Hom gaan ontmoet.

Geloof maak alles anders. As nuwe

mens kry jy die ewige lewe en leef jy

nou reeds in verhouding met die Here.

Hy buig jou en vorm jou – en jy mag nie

jou vorm misken nie.

VROUEBLAD Julie 2012

21

Pottebakker

22 VROUEBLAD Julie 2012

LyDENBURG IS MOS ‘N OU KOEL

KOLLETJIE WAT VASKLOU AAN DIE

SOOM VAN DIE WARM LAEVELD

EN, PRAKTIES SOOS ONS VROUENS

MAAR IS, WORD DIE WARM WEER

IN AG GENEEM WANNEER ONS

LAEVELDSUSTERS SAAMTREK.

Die roomtertjies en hoenderpastei is mos ook

‘n belangrike deel van die dag! Ons saamtrek

word dus later gereël wanneer die Laeveld se

ergste hitte oor is. Daarom het datums gebots:

Die saamtrek sou plaasvind op dieselfde naweek

as ons jaarlikse gemeente-verrykingskamp.

Albei is ewe belangrik: Ons wou niks misloop

nie. Na behoorlike kajuitraad het die troepe

toe die wapenrusting aangetrek, dis nou ons

mooi kleertjies, die perde opgesaal, dis nou die

Kombi’s en karre en na ons bure toe oorgeloop

om in die heerlikheid van hulle saamtrek te deel.

Daar aangekom vind ek toe dat ons

“vreemdelinge” maklik die “sjibbolet” toets

kon slaag (Rigters 12:5,6): Daar was nie ‘n enkele

vreemdeling onder ons nie. Die gesigte wat ons

daar verwelkom het was miskien vreemd maar

verder was ons soldate van een leër. Wat maak ‘n

onbekende gesiggie saak as die hart bekend is?

Daar was ‘n aura, ‘n samehorigheidsgevoel van

mense wat saam hoort omdat hulle met een doel

bymekaar gebring is: Susters in Christus.

Die keurig getooide saal was gevul met

jubelende vrouens: Die Pottebakker se potte van

slotwoord

verskillende groottes, kleure, fatsoentjies en

talente. ‘n Saal vol handgemaakte kruike en

potte met ‘n bekende lig wat so mooi deur

die krakies skyn, want krakies het sy sondige

kinders maar almal.

Gekonfronteer met die tema, kon ek nie

anders as om te onthou hoe ek gesukkel

het om uit ‘n stuk nat klei iets sinvols te

maak nie. ’n Mens moet mos die klei

hardhandig bykom, dit neersmyt en brei

totdat dit meegee in jou hande en sag en

plooibaar word. Dan eers kan die vormingsproses

begin. Dis ‘n moeilike proses. Die

klei wriemel op die wiel en wurm al skeef

eenkant toe en dan anderkant toe. Dit

spring van die wiel af in ‘n hopelose nat

bondel. Dan begin die proses van voor af.

Optel, brei, weer voor begin. As dit skeef en

krom droog word kan dit weer gebreek en

sag gemaak word. Uit dieselfde klei kan ‘n

splinternuwe “iets” kom. Die klei word nie

weggegooi nie.

Hoe ongelooflik van pas dié tema, dink

ek. Duidelik kom die boodskap deur: God

gooi nie sy klei weg nie. Deur al die eeue

het die simboliek van die Pottebakker en

ons, sy klei, treffend en so verstaanbaar

die boodskap oorgedra. In Bybelse tye

was geletterdheid min maar potte bak

‘n baie bekende en belangrike bedryf, ‘n

onontbeerlike deel van daaglikse bestaan.

Potte en kruike van verskillende vorms en

gebruike is moeisaam vervaardig en versier.

Trouens argeoloë kan ‘n pot of potskerf

lees soos ‘n koerant. Die vorm, versierings,

selfs net die oorsprong van die klei vertel

van leefstyle, modes, kulture wat andersins

verlore sou wees.

Toe wonder ek so hier diep binne: Wat

gaan die groot argeoloog van hierdie pot

wat ek is, lees as ek onder die stof uitgehaal

word? Ek weet hierdie pot is gekraak, maar

solank daar lig deur skyn is daar nog werk

vir dié ou pot. God het in al sy potte lig

gesit en elkeen het sy spesifieke kolletjie om

te verlig. Geen pot is sonder doel gemaak

nie. Geen pot meer werd as ‘n ander nie.

Wat belangrik is, is dat al sy gekraakte potte

se liggies saam moet skyn om lig te bring.

Een ou kersie is maar yl, maar dink aan die

kerskrag van ‘n ligtoring wat skepe waarsku

teen die gevare van ‘n rotsagtige kuslyn:

Van ver af kan die troostende lig gesien

word, die gesamentlike lig van baie klein

liggies red en bemoedig die verdwaalde

skip op ‘n onvriendelike see.

Augustus 2012 in

Die Gereformeerde

Vroueblad

Waar was jy?

• Waar was jy toe

Ek die aarde se

fondamente gelê

het?

• God is in beheer

• Ek weet my

(Ver)losser leef!

• Bybelstudie

Saamtrek 2013

BRIEWE: Skryf ’n brief

(SLEGS 200-250 woorde) aan

Die Gereformeerde

Vroueblad. Briewe hoef nie

by enige tema in te pas nie

– vertel ons wat leef in jou

hart; wat gebeur in jou

gemeente!

Adresse waarheen briewe

gestuur kan word, verskyn

op p. 3.

ANDER PUBLIKASIES

VAN DIE GKSA

• Die Kerkblad

• Die Slingervel (vir ons

Laerskoolkinders)

• Die Kruispad (vir ons

tieners en jongmense)

Bied ook verrykende

geestelike leesstof en kan

bestel word by die Administratiewe

Buro:

(018) 297 3986.

Werf asseblief vir ons nuwe intekenare.

Verras jou ma, dogter of vriendin met ‘n geskenk

wat die heel jaar hou en teken vir haar in.

VROUEBLAD Julie 2012

23

JULIE 2012 ~ DS. CHRISTO SwANEPOEL (GK LyTTELTON)

Geloof is om jou in God se hande te plaas voordat jy enigiets doen,

maar ook sodat jy dit kan doen. Geloofsvertroue plaas die mens in

die posisie om deur God gevorm te word. Om in die Pottebakker se

hande te wees, is ‘n voorreg want Hy wil ons perfek vorm.

Hoe groot is God tog nie!

Groot in die geskiedenis van sy

verbondsvolk.

Groot in sy verskyning aan sy

verbondsvolk.

Groot in sy verlossing aan sy

verbondsvolk.

Groot in sy opvoeding van sy

verbondsvolk – Ds. A.J. Coetzer.

Wanneer gelowiges eerbiedig

bly is in hulle werkplek, wanneer

gelowiges hulle in die wêreld

ontsagvol verheug in die Here, is

ons waarlik soos ‘n stad op ‘n berg.

Dan is ons ’n lig vir die nasies

– Ds. R.A. Bain.

God het nie die Bybel vir ons

gegee, sodat ons kennis kan

toeneem nie, maar sodat ons

lewens kan verander – Dwight L.

Moody.

Die toekoms is so helder as die

beloftes van God – Adoniram

Judson.

24 VROUEBLAD Julie 2012

Durf die lewe se probleme aan

deur op God se beloftes te vertrou

– Anoniem.

Die Heilige Skrif is ons briewe van

die huis af – Augustinus.

Ek het die laaste bladsy van die

Bybel gelees. Dit gaan alles reg

uitwerk – Billy Graham.

Dit waarop jy vertrou, waaraan jou

hart vasklem, dit is jou God

– Martin Luther.

Hoe rustig kan ons ons in die hande

toevertrou van dié Een wat die hele

wêreld vashou – Jean P. Richter.

Vertrou op Jesus en jy is verlos.

Vertrou op jouself en jy is verlore

– Charles Spurgeon.

Ek loop stadig, maar ek loop altyd

vorentoe – Abraham Lincoln.

Soveel mense is sonder

lewensvreugde omdat hulle net

lewensgenot soek – Sirius.

God se beloftes is nooit te goed

om waar te wees nie – Dwight L.

Moody.

Soos ons vadere vertrou het, leer

ook ons vertrou, o Heer. Met

ons land en met ons nasie sal

dit wel wees, God regeer – C.J.

Langenhoven.

Ons vind vryheid as ons God vind;

ons verloor vryheid as ons Hom

verloor – Paul E. Scherer.

Moed is vrees wat gebid het –

Lewis Smedes.

Net hulle wat die onsienlike sien,

kan die onmoontlike doen

– Francois de la Rochefoucauld.

Dit is juis wanneer dit lyk of God

ons heeltemal verlaat het, dat ons

ons volledig aan Hom moet oorgee

– Francois Fenelon.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!