01.05.2013 Views

6. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 6.1 ... - Buffalo City

6. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 6.1 ... - Buffalo City

6. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 6.1 ... - Buffalo City

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BLADSY NOMMER 74

6. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK

6.1 Inleiding

Die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk vir Buffalo City is opgestel om die ontwikkelingsvisie

en sektorale doelstellings en strategiee wat in die BCMM se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan

(GOP) geïdentifiseer is, te ondersteun.

Ingevolge Artikel 26(e) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet Nr. 32 van 2000), is die

Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk ‘n wetlik vereiste deel van die Munisipaliteit se GOP.

Hoewel die volle Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk as ‘n afsonderlike verslag beskikbaar

is, dek hierdie gedeelte die sleutelelemente wat in gemelde verslag vervat word, wat die

gewenste ruimtelike vorm van Buffalo City identifiseer.

Sodra dit deur die munisipale Raad goedgekeur word, geniet die Buffalo City Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk die status van ‘n statutêre plan en lei en informeer dit alle

besluite oor ruimtelike ontwikkeling en grondgebruiksbestuur in die gebied waarin dit van

toepassing is.

Dit is egter baie belangrik om te begryp dat die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk nie

‘n omvattende bloudrukplan is nie. In lyn met die nuwe, aanpasbaarder konsep van

ruimtelike beplanning en die verhouding daarvan met ander (ruimtelike en nie-ruimtelike)

ontwikkelingsprosesse wat vandag in Suid-Afrika aan die gang is, is die Raamwerk eerder

indikatief van aard en nie, in die laaste instansie, voorskriftelik nie.

6.2 Ontwikkelingsnodusse

Nodusse word oor die algemeen beskryf as gebiede van gemengdegebruik-ontwikkeling,

gewoonlik met ‘n hoë intensiteit van bedrywighede, soos kleinhandel, verkeer, kantore,

nywerhede en residensiële grondgebruike. Dit is die plekke waar die meeste interaksie

tussen mense en organisasies plaasvind, wat die doeltreffendste transaksies en uitruil

van goedere en dienste moontlik maak. Nodusse is gewoonlik by nodale kruisings geleë

om maksimum toegang te verleen en dien gewoonlik as katalisators vir nuwe groei en

ontwikkeling.

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 75

Die volgende kategorieë nodusse is geïdentifiseer en/of word voorgestel:

PRIMÊRE NODUSSE:

TIPE NODUS AREA/BESKRYWING VAN LOKALITEIT

Sentrale sakedistrikte 1. Oos-Londen

2. King William’s Town

3. Mdantsane

4. Dimbaza

Groot Gemengdegebruik-nodusse

(Potensiaal)

PLAASLIKE NODUSSE:

Kleiner Gemengdegrondgebruiknodusse

(Bestaande)

Kleiner Gemengdegrondgebruiknodusse

(Potensiaal)

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

1. Mount Ruth-stasie

2. Arnoldtonstasie

Administratiewe Nodus 1. Bhisho

1. Meisieshalt

2. Bonza Bayweg (Sparg-Sentrum)

3. Ndende (Duncan Village)

4. Golden Highway (Mdantsane)

5. Berlin-sorpsentrum

6. Zwelitsha-dorpsentrum

1. Quenera

2. Brakfontein

3. Chesterweg

4. Cove Ridge

5. Nahoon-vallei

6. Mdantsane-stasie

7. Mtsotso-stasie

8. Needs-kamp

9. Sone CC (Mdantsane)

10. Fort Jackson-stasie

11. Ndevana

12. Phakamisa Junction

Handelsnodusse 1. Vincent Park

2. Beacon Bay-kleinhandelspark/The Hub

Industriële Nodus 1. Oos-Londen

Nywerheidsontwikkelingsone

Kusnodusse 1. Kidd’s Beach

2. Sunrise-on-Sea

Landelike Dienssentrum (Bestaande) 1. Crossways

2. St Luke’s (Nuwe grond)

3. Kidd’s Beach-wisselaar

4. Thorn Park

Landelike Dienssentrum (Potensiaal) 1. Khwetyana Wisselaar (Nuwe grond)

Thornpark

2. Kuni Village

3. Upper eJojweni Village (Tyolomnqa)

4. Drayini Village (Yellowwoods)

BLADSY NOMMER 76

Spesifieke voorkeurgrondgebruiksuitkomste en riglyne vir verwante grondgebruiksbestuur

word uiteengesit in die verskillende Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke wat deur

die Raad goedgekeur is en nou deel van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk uitmaak.

Raadpleeg asseblief die Stadsbeplanningsafdeling om uit te vind of daar ‘n Ruimtelike

Ontwikkelingssraamwerk vir u area is voordat u met enige ontwikkeling voortgaan.

6.3 Spesiale Ontwikkelingsgebiede

Ten einde fokus te gee aan die organisatoriese bedrywighede van die BCM soos dit

streef om sy ontwikkelingsdoelstellings te verwesenlik, is etlike spefisieke areas (van

geografiese lokaliteite) as Spesiale Ontwikkelingsgebiede geïdentifiseer: gebiede

waarin die Munisipaliteit besteding en hulpbronne sal moet prioritiseer om geïntegreerde

ontwikkelingsuitkomste te versterk en te bevorder. Die beoogde gebiede is: -

Die Sentrale Besigheidsdistrikte van Oos-Londen, KWT, Mdantsane en Dimbaza.

Stedelike Vernuwingsgebiede, geïdentifiseer as Mdantsane (‘n bestaande Stedelike

Vernuwingsgebied wat as ‘n Presidensiële Prioriteitsprojekgebied aangewys is en wat

op daardie grondslag uit verskillende bronne gefinansier word), asook die beoogde

‘Binnestedelike Vernuwingsgebiede’: Duncan Village, Southernwood en Quigney.

Ontwikkelingskorridors, wat geïdentifiseer is as groot vervoerroetes waarlangs

ontwikkeling aangemoedig kan word, hetsy as ‘n ontwikkelingstrook langs ‘n korridor of as

‘n nodale ontwikkeling. Die twee ontwikkelingskorridors wat vir verdere aksie in Buffalo City

voorgestel is, is die MELD Korridor, ten opsigte waarvan ‘n beplanningsraamwerk reeds

voltooi is, en die (verwante) Spoorlynkorridor tussen Mdantsane en Oos-Londen.

Die Gemengdegrondgebruik-kluster aan die Wesbank, wat hoofsaaklik vereenselwig

word met die ELIDZ, maar wat uit talle bestaande en beoogde ontwikkelings bestaan,

insluitend die Oos-Londense Hawe, die Daimler-Chrysler-fabrieksaanleg en areas wat

geïdentifiseer is vir nywerheidsontwikkeling, gemengde grondgebruik, en openbaar

befondste behuising.

Landelike Ontwikkelingsgebiede, waar die fokus val op ontwikkelingsbeplanning

vir bestaansondersteuning en landbou-ontwikkeling. Dié areas word beskou as

sleutelteikengebiede vir grondhervorming, hoofsaaklik vir die herverdeling van grond,

grondbesit-hervorming en grondhervorming vir landbou-ontwikkeling. Die vernaamste

teikengebiede word vereenselwig met grond wat binne of op die grense van die eertydse

Ciskei val, en grond wat tans onder druk vir nedersettings verkeer. Die belangrikste

komponentgebiede sluit in: -

• Yellowwoods/Keiweg

• Newlands

• Needs-kamp

• Chalumna

• Ncera Stamtrustarea

• Dimbaza hinterland

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 77

Die volgende is as prioriteits- stedelike en landelike vooruitbeplanningsprojekte geïdentifiseer

in uitvoering van die opdragte wat in hierdie Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk

verskyn.

Projekte

Totale

Begroting

2010/2011 2011/2012 2012/2013

Gonubie Hoofweg: Plaaslike

Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk

500,000 310,000

Kwelera: Plaaslike Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk

500,000 300,000

Bhisho/KWT: Plaaslike Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk

900,000 400,000 500,000

Mdantsane: Plaaslike Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk

800,000 468,000

Southernwood/Belgravia: Plaaslike

Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk

500,000 600,000

Hersiening van Ruimtelike

Ontwikkleingsraamwerk

Vincent Berea: Hersiening

800,000 400,000 550,000

van Plaaslike Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk

500,000 500,00

Setlearsweg: Plaaslike Ruimtelike

Ontwikkelingsraamwerk

500,000 500,000

Amalinda Hoofweg Plaaslike

Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk

500,000 500,000

Subtotaal 5,500,000 1,878,000 1,550,000 1,600,000

6.4 Program vir die Beplanning van Nedersettings: 2010 -

2013

Hierdie Program is ingestel op die ontwerp van nedersettings vir menslike bewoning en

sluit die volgende in: -

• Implementering, bestuur, monitering en evaluering van interne en konsultantprojekspanne

vir ‘n breë verskeidenheid projekte vir die beplanning van Nedersettings en

ingrypings;

• Beplanning vir munisipale ‘Groenvelde’-ontwikkelings (d.w.s. die ontwerp en uitleg

van nuwe nedersettings);

• Beplanning vir munisipale ‘Bruinvelde’-ontwikkelings (i.e. die herontwerp en

onderverdeling en/of konsolidering van bestaande nedersettings of ontwikkelde gebiede);

• Beplanning vir en opgradering van in situ-nedersettings of bestaande minder formele

en informele stedelike, peri-stedelike en landelike nedersettings; en

• ‘n Breë spektrum lewensvatbaarheidstudies wat suksesvolle en omvattende projekte

vir die beplanning van nedersettings moontlik maak.

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 78

Die volgende is as nedersettingsbeplanningstakprojekte geïdentifiseer: -

Projekte

Totale

Begroting

2010/2011 2011/2012 2012/2013

Amalinda Natuurreservaat:

Uitvoerbaarheidstudie

300,000 300,000 0 0

Mzamomhle uitvoerbaarheidstudie 500,000 500,000 0 0

Studie van BCMM Informele

nedersettings

300,000 300,000 0 0

DV : C- Seksie Dorpstigting 500,000 350 000 150,000 0

DV : D-Hostel & DV Dorpstigting 380,000 300,000 80,000 0

Braelynn uitbr. 10 Noord

Dorpstigting

680,000 500,000 180,000 0

Mdantsane-Invulgebiede Fase 2 300,000 200,000 100 000 0

Subtotaal 2,960,000 2,450,000 510,000 0

7. PRESTASIEBESTUUR

Talle Suid-Afrikaanse munisipaliteite, insluitend Buffalo City, gaan steeds gebuk onder die

nalatenskap van onderontwikkeling, armoede, infrastruktuuragterstande en ongelyke toegang

tot basiese dienste. In antwoord hierop is die regering besig om verskeie meganismes

en maatreëls in plek te stel om armoede en werkloosheid te bekamp.

In die plaaslikeregeringskonteks is ‘n omvattende en uitvoerige stelsel vir die moniteringvan

die prestasie van munisipaliteite in wetgewing vasgelê. Hierdie stelsel is bedoel om

deurlopend te monitor hoe munisipaliteite vaar in die vervulling van hul ontwikkelingsmandaat.

Sentraal hierin is die ontwikkeling van sleutelprestasie-aanwysers as instrumente om

prestasie te evalueer. Hierdie aanwysers help om komplekse sosio-ekonomiese ontwikkelingsuitdagings

in kwantifiseerbare en meetbare uitsette om te sit en is noodsaaklik vir ‘n

behoorlike evaluering van regeringsimpak op die verbetering van almal se lewensgehalte.

In hierdie verband bepaal die Munisipale Beplannings- en Prestasiebestuursregulasies

(2001) dat ‘n “Munisipaliteit se Prestasiebestuurstelsel ‘n raamwerk behels wat beskryf

en verteenwoordig hoe die Munisipaliteit se siklus en prosesse van prestasiebeplanning,

monitering, meting, hersiening, verslagdoening en verbetering wat gevoer, georganiseer

en bestuur word, insluitend die bepaling van die rolle van die verskillende rolspelers”

(Hoofstuk 3, Artikel 7, Munisipale Beplannings- en Prestasiebestuursregulasies, 2001).

Die Buffalo City Munisipaliteit (BCM) glo dat prestasiebestuursbeginsels die volgende moet

behaal:

• Aandrywing van verandering en verbetering van institusionele prestasie;

• Die organisasie se werk op sy prioriteite gefokus hou;

• Die organisasie se oorkoepelende prestasie teen gestelde doelstellings meet;

• Strategiese doelstellings en prioriteite net individuele werkplanne in lyn bring;

• Sukses asook mislukking identifiseer; en

• Goeie praktyk identifiseer en uit ander se sukses leer.

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 79

Die doelstelling van die institusionalisering van ‘n Prestasiebestuurstelsel is, afgesien

daarvan dat dit ‘n wetlike vereiste is, ook dat dit as ‘n primêre meganisme dien om die

implementering van die Munisipaliteit se GOP te monitor, te hersien en te verbeter. Dit

moet die volgende funksies vervul:

• Bevordering van toerekenbaarheid

• Besluitneming en hulpbrontoewysing

• Leiding met die ontwikkeling van munisipale kapasiteitsbouprogramme

• Skep van ‘n kultuur van beste praktyke en die uitruil van ondervinding tussen

munisipaliteite

• Ontwikkeling van sinvolle intervensiemeganismes en vroeë-waarskustelsels

• Skep van druk vir verandering op verskeie vlakke

• Bydra tot die algemene ontwikkeling van ‘n plaaslikeregeringstelsel

7.1 MUNISIPALE TELKAART

‘n Aantal prestasiemodelle is beskikbaar, en enigeen daarvan kan deur die Buffalo City

Metropolitaanse Munisipaliteit gebruik word. Sommige van die beskikbare modelle sluit

in die Munisipale Telkaart, die Gebalanseerde Telkaart en die sleutelprestasie-areamodel.

Die Munisipaliteit het egter die Munisipale Telkaart (MT) as sy verkose prestasiebestuursmodel

gekies. Ingevolge die MT-model word alle aanwysers saamgegroepeer in vyf (5)

perspektiewe, soos wat in Figuur 1.1 uitgebeeld word: bv. koste, insette, uitsette, uitkomste

en proses.

Koste Insette Uitsette

Finansiële

bestuursperspektief

Die Munisipale Organisasie

Die munisipale gebied

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

Institusionele

ontwikkelings

perspektief

REGERINGSPROSES-PERSPEKTIEF

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

Diensleweringsperspektief

Uitkomste

Proses

Munisipale

ontwikkelingsperspektief

BLADSY NOMMER 80

7.2 TELKAARTE

’n Telkaart is ‘n logiese en visueel kragtige metode om prestasiebestuursinligting voor te

stel op beide Organisatoriese/institusionele (Munisipale en Direktoraats-) en Individuele

(Bestuurders- en Werknemers-) vlakke.

Telkaarte moet:

1. Behoorlik in lyn wees met strategiese beplannings- en GOP-prosesse.

2. Regstreeks relevant wees vir die konsep van ontwikkelings- plaaslike regering.

3. ‘n Gebalanseerde beeld bied van prestasie, gebaseer op insette, uitsette, uitkomste

en proses.

4 ‘n Eenvoudige uitbeelding van munisipale prestasie behels, waar tussenverhoudings

uitgeplot kan word.

Daar is twee vlakke van telkaarte vir BCM, d.w.s. Institusionele en Individuele Telkaarte.

7.2.1 Institusionele Telkaart

Die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit het ‘n Raamwerk vir Institusionele Prestasie

aanvaar wat ‘n Jaarlikse Werkplan bevat wat bestem is om die integrasie te verseker van

Prestasiebestuurstelselaktiwiteite met algemene bestuursprosesse, wat voorsiening maak

vir halfjaarlikse rapportering aan die Munisipale Raad.

Op institusionele vlak maak die vyfjaar-GOP van die Munisipaliteit die grondslag uit vir

prestasiebestuur, terwyl die jaarlikse SDBIP (Implementeringsplan vir die Diensleweringsbegroting)

op operasionele vlak die grondslag vir prestasiebestuur uitmaak. Die GOP is

‘n langtermyn-plan en uit die aard daarvan sal die prestasiemaatreëls wat daarmee vereenselwig

word ‘n langtermynfokus hê en meet of die Munisipaliteit sy GOP-doelstellings

verwesenlik.

Die maatreëls wat vir die Munisipaliteit op institusionele vlak gestel word, word vasgelê

in ‘n institusionele telkaart wat ingevolge die verkose prestasiebestuursmodel van die

Munisipaliteit gestruktureer word (sien volgende gedeelte). Die maatreëls op operasionele

vlak moet in die SDBIP van die Munisipaliteit en die SDBIPs van die verskillende

Departemente in die Munisipaliteit vasgelê word.

7.2.2 Individuele Telkaarte

Individuele of personeelprestasiebestuur gaan oor prestasie op die vlak van die individuele

werknemer. BCM het vier 4) fases in die prestasiebestuursproses geidentifiseer, naamlik

beplanning, afrigting (coaching), hersiening en beloning. Individuele prestasiesmikpunte

word gedurende die besigheidsbeplanningproses gemeld in Artikel 8.2 gestel. Die meting

van personeelprestasie voorsien die Raad en bestuur van genoeg inligting oor die gedrag

van personeel en uitkomste in die werkplek. Afrigting (‘coaching’) is ‘n deurlopende proses;

dit help om prestasiegapings en intervensies te identifiseer wat werknemers sal bemagtig

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 81

om beplande doelstellings te verwesenlik. Die hersiening van personeelprestasie by

gereelde tussenposes sal die Raad en bestuur van toepaslike inligting oor prestasiegapings

of areas van uitnemendheid voorsien.

Deur prestasiemaatreëls van strategiese tot operasionele vlak af te wentel, word beide

die GOP en die SDBIP ‘n skakel met individuele prestasiebestuur. Dit verseker dat

prestasiebestuur op verskillende vlakke met mekaar verband hou. Dit is ‘n vereiste van

die Munisipale Beplannings- en Prestasieregulasies en die MFMA. Die MFMA vereis

uitdruklik dat die jaarlikse prestasieooreenkomste van bestuurders aan die SDBIP van die

Munisipaliteit gekoppel moet wees en die meetbare prestasiedoelstellings goedgekeur met

die begroting (omsendbrief 13 van die MFMA). Die SDBIP word wesenlik die belangrikste

operasionele werktuig om die prestasiedoelstellings wat in die GOP vervat word, te vertolk

en te bestuur.

Hierdie proses word in onderstaande diagram geïillustreer en in omsendbrief 13 beskryf.

Raad SDBIP Administrasie

IDP

Budget

Maandelikse verslae

Middeljaarlikse evaluering

ooreenkomste

Jaarverslag

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

Diensleweringstreefsyfers

(deur topbestuur en

deur Wyk)

Prestasie-aanwysers

Inkomste en uitgawes

per posnommer

FIGUUR I.4: SDBIP as ‘n Bestuurswerktuig

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

Werknemerkontrakte

en jaarlikse

prestasievir

die munisipale

bestuurder en senior

bestuurders

BLADSY NOMMER 82

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

NOTES

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 83

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

NOTES

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BLADSY NOMMER 84

GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGS

IDP | PLAN 2011/2016 BOEKIE

NOTES

BUFFALOSTADMETROPOL

’n Stad wat met u groei…

BUFFALO CITY

METROPOLITAN MUNICIPALITY

BUFFALOCITYMETROPOLITAN

Eastern Cape •South Africa

www.buffalocity.gov.za

Trust Centre, East London • PO Box 134, East London 5200

Tel: +27 (43) 705 1143

Fax: +27 (43) 742 0062

BarryMakhan@MakinwaMedia • Tel: 043 722 3312

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!