01.05.2013 Views

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

DEPARTEMENT SAKEBESTUUR

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DEPARTEMENT

SAKEBESTUUR

SAKEBESTUUR

ALGEMENE BESTUUR

(MNG2016)

STUDIEBRIEF 507/2008

MNG2016/507/3/2008

STREPIESKODE

BAR CODES

UNISA P248(A)

UNISA

Geagte Student

1 Inleiding

2

MNG2016/507

Die doel van hierdie studiebrief is om aan u 'n raamwerk te

voorsien vir die bestudering van onderwerp 6 en 7. Onderwerp 6

bestaan uit een studie-eenheid (Beheer). Onderwerp 7 bestaan uit

een studie-eenheid (Etiek, korporatiewe sosiale verantwoordelikheid

en korporatiewe bestuursgedrag).

ONDERWERP 6

BEHEER

1.1 INLEIDING EN DOEL VAN ONDERWERP

Die doel van hierdie onderwerp is om op beheer te fokus, wat die

laaste komponent van die bestuursfunksies is en wat die hele

bestuursproses integreer. Die beheerfunksie vergelyk werklike

prestasie met voorafbepaalde doelwitte en standaarde. Beheer as

'n bestuursfunksie verseker dus dat die organisasie se hulpbronne

betekenisvol ingespan word om die doel en missie van die

organisasie te bereik.

1.2 LEERUITKOMSTE

Nadat u die onderwerp voltooi het, behoort u in staat te wees om

die volgende te doen:

• begrip van die beheerproses en die fokus van organisasies

te demonstreer deur middel van praktiese voorbeelde wat

aan u verskaf word

• die kenmerke van 'n doeltreffende beheerproses te

verduidelik

• die areas waarop beheer in die oganisasie behoort te

fokus te beskryf

• tussen beheer op verskillende vlakke van die organisasie

te onderskei

• aanbevelings oor die ontwerp van 'n beheerstelsel aan te

bied

1.3 INHOUD VAN DIE ONDERWERP

ONDERWERP 6

BEHEER

Studie-eenheid 12 Beheer

STUDIE-EENHEID 12

12.1 INLEIDING

12.1.1 Doel van die studie-eenheid

3

MNG2016/507

Beheer is die proses waardeur bestuur verseker dat die werklike

organisatoriese aktiwiteite versoenbaar is met die voorafbepaalde

doelwitte en beplande aktiwiteite. Beheer stel bestuur dus in staat

om die werklike prestasie te meet teen die gestelde standaarde. As

finale stadium van die bestuursproses, hanteer beheer die

volgende vrae: Het ons bereik wat ons wou? Indien nie, wat kan

ons uit die ervaring leer? Watter korrektiewe optrede kan ons nou

neem?

12.1.2 Inhoud van die studie-eenheid

• Die beheerproses

• Die fokus van beheer

• Beheerareas

• Beheervlakke

• Kenmerke van 'n doeltreffende beheerstelsel

BESTUDEER IN DIE HANDBOEK

Hoofstuk 16

12.1.3 Sleutelkonsepte

Rigpuntstelling (benchmarking)

Begrotings

Beheerproses

Beheerstelsel

4

MNG2016/507

Ekonomiese bestelgrootte (economic ordering quantity --EOQ)

Net betyds (just-in-time -- JIT)

Materiaalbehoeftebepaling (materials requirements planning --

MRP)

Bedryfsbeheer

Prestasiebestuur

Gehaltekringe

Gehaltebeheer

Ratio-analise

Spesifikasiegrense

Statistiese beheermetodes

Strategiese beheer

Variasiemeting

12.2 DIE AARD VAN BEHEER

Beheer is die regulerende taak van bestuur wat bepaal of daar 'n

afwyking in die planne is sodat bestuurders stappe kan neem om

foute te voorkom en reg te stel. Beheer is 'n voortgaande proses

wat met beplanning, organisering en leiding integreer.

AKTIWITEIT 12.1

(1) Maak 'n lys van beheermeganismes wat u in die

alledaagsde lewe aantref. Dink na oor die situasies, soos

om na te gaan of u die korrekte kleingeld gekry het as u

iets gekoop het. Wat sou u doen indien u agterkom dat die

handelaar te min kleingeld gegee het? Dink aan drie ander

alledaase situasies en sê wat u sou doen as daar verskille

is tussen wat u verwag (die korrekte kleingeld) en wat u

ontvang (minder as die korrekte hoeveelheid).

(2) Stel u voor dat u die bestuurder is van 'n proteaverpakkingsbesigheid.

Die werkers pak die proteas in groot

kartondose vir uitvoerdoeleindes of vir verkope by

lughawens en blommewinkels. Die koste van die

kartondose is ongeveer R3 000 per week. Dit is soms

meer, soms minder, maar niemand is bekommerd solank

as die bedrag min of meer R3 000 is nie. Een dag word u

egter in kennis gestel dat die koste van die kartondose

5

MNG2016/507

R4 000 was. Verskaf drie moontlike oorsake vir die

buitensporige koste van die kartondose vir daardie week.

Terugvoering

Die bestuursproses wat beplanning, organisasie en leiding betref

sou nutteloos wees sonder die teenwoordigheid van 'n meganisme

wat die beoogde doelwitte teen werklike prestasie meet.

Bestuurders sal byvoorbeeld moet weet waarom die geld wat vir

die kartondose toegewys was, nie genoeg was nie.

Moontlike redes vir die styging in die koste van die kartondose in

ons voorbeeld kan wees (1) die prys van die kartondose het

gestyg, (2) sommige van die kartondose het verdwyn (is gesteel) of

(3) die pakkers het meer blomme gepak. Dit is belangrik om 'n

antwoord op die vraag te kry: Waarom is daar 'n afwyking?

Wanneer ons die rede vir die afwyking geïdentifiseer het, moet ons

twee verdere vrae vra: Wie is vir die probleem verantwoordelik?

Wat gaan ons doen om die probleem reg te stel?

12.3 DIE BELANGRIKHEID VAN BEHEER

Beheer is vir 'n organisasie noodsaaklik omdat dit vereker dat alle

aktiwiteite op alle vlakke van die organisasie in ooreenstemming is

met die organisasie se doelwitte. Dit vereker ook dat doe

organisasie sy hulpbronne so ontplooi dat dit die doelwitte van die

organisasie bereik. Beheer lei tot beter gehalte en stel bestuur in

staat om onsekerheid en verandering te hanteer. Komplekse

organisasies het beheermaatreëls nodig om te verseker dat hulle

nie duur foute maak nie. Organisasies moet ferm bestuur word om

mededingend te wees en beheer is daarom noodsaaklik. In die

laaste instansie help beheer ook om die koste laag te hou en

fasiliteer ook delegering en spanwerk..

12.4 DIE BEHEERPROSES

Beheer is die proses wat b estuur gebruik om te verseker dat die

organisasie sy doelwitte bereik en dat werklike prestasie

ooreenkom met die voorafbepaalde standaarde. Die beheerproses

behels vier stappe (kyk figuur 16.2 in die handboek):

• Stel prestasiestandaarde daar. Dit behels beplanning,

wat die formulering van doelwitte insluit. Prestasie-

6

MNG2016/507

standaarde behoort realisties, bereikbaar en meetbaar te

wees. Prestasiestandaarde sluit winsstandaarde,

markaandeelstandaarde en personeelontwikkelingstandaarde

in.

• Meet werklike prestasie. Hierdie stap behels die

insameling van data collecting data en verslagdoening oor

werklike prestasie. Die veranderlikes moet betroubaar en

kwanrtifiseerbaar wees om betekenisvolle vergelyking

moontlik te maak. Observasie en meting moet in

ooreenstemming wees met die beheerstelsel, wat beteken

dat dit by strategiese punte moet gebeur en volgens die

standaarde wat deur die beheerstelsel bepaal is.

Ondergeskiktes kommunikeer slegs uitsonderlike verskille

tussen werklike en beplande prestasie aaan topbestuur

(beheer deur uitsondering), hulle hanteer self minder

beduidende afwykings.

• Evalueer afwykings. Hierdie stap behels die bepaling of

die prestasie ooreenstem met standaarde deur verskille

tussen werklike prestasie en die voorafbepaalde

standaarde te evalueer.

• Gaan oor tot korrektiewe optrede. Hierdie laaste stap

behels korrektiewe optrede met die doel om die

prestasiestandaard te bereik of daarop te verbeter, om

daardeur te verseker dat verskille nie in die toekoms

opduik nie. Indien daar afwykings is, kan korrektiewe

optrede die verbetering van die werklike prestasie,

hersiening van die strategie, of verlaging van die

prestasiestandaarde insluit.

AKTIWITEIT 12.2

(1) Die direksie van Super* Line Supermarkets het u genooi

om 'n aanbieding te doen oor die beheerproses aan

laervlakbestuurders, wat in die besonder op die volgende

fokus:

(a) die stel van standaarde

(b) die meting van werklike prestasie

(c) die evaluering van afwykings

(d die regstelling van afwykings

Doen as deel van u voorbereiding die volgende:

7

MNG2016/507

(a) Lees die afdeling oor die beheerproses.

(b) Gebruik netjiese en professionele visuele

hulpmiddels soos diagramme en itemlyste.

(c) Doen 'n oefenlopie van die aanbieding met u

eggenoot of vriende as gehoor. Onthou belangrike

aanbiedingsvaardighede soos lyftaal, oogkontak

en stemtoon.

(2) Definieer die beginsel van beheer deur

uitsondering.

Terugvoering

Die beheerproses is 'n integrale komponent van die bestuursproses.

Die daarstelling van doelwitte en standaarde vereis die

vasstelling van die maatreëls waarteen die doelwitte gemeet

daarom die kenmerke van die beheerproses identifiseer voordat

funksionele en operasionele doelwitte bepaal word.

12.5 DIE FOKUS VAN BEHEER

Beheer moet fokus op die doeltreffende bestuur van alle

hulpbronne en die realisering van doelwitte. Die hulpbronne wat

die fokuspunt van beheer moet wees, sluit fisiese hulpbronne,

menslike hulpbronne en inligtingshulpbronne in.

(1) Die beheer van fisiese hulpbronne sluit voorraadbeheer,

operasionele beheer en gehaltebeheer in.

• In voorraadbeheer, is drie beheerstelsels relevant,

naamlik die konsep van ekonomiesebestelgrootte,

materiaalbehoeftesbeplanning en die net- betyds-stelsel.

• Die fokus van operasionele beheer is die vermoë van

aankoop- en materiaalbestuur om te verseker dat die

vereiste kwantiteit en gehalte van grondstowwe,

komponente of dienste beskikbaar is teen die laagste

moontlike koste. Dit bepaal ook hoe goed die organisasie

se transformasieproses werk.

• Die bestuursproses wat gehaltebeheer beklemtoon is that

emphasises quality beheer is totale gehaltestuur (TQM),

wat beteken dat gehalte die verantwoordelikheid van almal

8

MNG2016/507

in die organisasie is. Gehaltebeheer verwys na die

aktiwiteite wat betuur uitvoer om 'n gehaltevlak te verseker

wat die verbruiker sal bevredig en tot voordeel van die

organisasie sal wees. Dit behels drie stappe: (1) die

definisie van gehaltedoelwitte of -standaarde (2)

(2)

gehaltemeting, (3) regstelling van afwykings en oplossing

van gehalteprobleme in 'n poging om die koste van gehalte

so laag moontlik te hou.

Finansiële hulpbronne is 'n groep hulpbronne in eie reg

en die beheer van finansiële hulpbronne staan sentraal tot

die beheer van ander hulpbronne in die organisasie. Die

begroting en finansiële analise is twee instrumente van

finansiële beheer.

(3) Relevante en tydige inligting is van kardinale belang vir

bestuurders om die take van beplanning, organisasie,

leiding en beheer uit te voer. Organisasies

(4)

inligtingshulpbronne om te verseker dat die inligting wat

bestuur bereik akkuraat en tydig is.

Die hoofinstrument wat gebruik word om 'n organisasie se

menslike hulpbronne te beheer is prestasiemeting. Ander

instrumente sluit spesifieke ratio-analise in om

arbeidswisseling, afwesigheid van die werk en die

samestelling van die werkmag te meet.

12.6 BEHEERVLAKKE

• Uit die oogpunt van topbestuur is die beheer van die hele

organisasie belangrik. Die tipe beheer wat deur topbestuur

uitgeoefen word is strategiese beheer en behels 'n studie

van 'n organisasie se doeltreffendheid, produktiwiteit en

bestuursdoeltreffendheid.

• Bedryfsbeheer is gemoeid met die prosesse van die

organisasie wat die transformasie van hulpbronne na

produkte en dienste behels.

• Die doel van voorbeheer is om moontlike probleme

rakende enige van die hulpbronne – finansiële, fisiese,

menslike en inligtings- – wat die organisasie in die stelsel

invoer te voorsien en te voorkom. Die doel van hierdie

beheer is om probleme wat kan voorkom te voorkom.

• Siftingsbeheer is optrede wat plaasvind tydens die

transformasie van hulpbronne na produkte en dienste om

9

MNG2016/507

te verseker dat die organisasie voldoen aan die

gehaltestandaarde van die produkte wat hulle produseer of

die dienste wat hulle lewer.

• Na-aksiebeheer fokus op die uitsette van die

transformasieproses en behels optrede wat plaasvind om

'n foutiewe uitset reg te maak.

12.7 KENMERKE VAN 'N DOELTREFFENDE

BEHEERSTELSEL

'n Doeltreffende beheerstelsel het 'n direkte impak op die sukses

van 'n organisasie. 'n Doeltreffende beheerstelsel het sekere

spesifieke kenmerke wat die volgende insluit:

• Integrasie

• Buigsaamheid

• Tydigheid

• Akkuraatheid

• Vermyding van onnodige ingewikkeldheid

'n Doeltreffende beheerstelsel verseker dat die organisasie sy

hulpbronne betekenisvol ontplooi om die doele en missie te bereik.

Daarom dan die behoefte vir doeltreffende beheerstelsels wat

fokus op strategiese punte om doeltreffende beheerstelsels te

skep.

ASSESSERING

(1) Maak 'n lys van die beheerstelsels wat gebruik word om

die volgende strategiese punte te monitor:

(a) voorraad

(b) gehaltebeheer

(c) finansies

(d) menslike hulpbronne

(2) Bespreek die komponente van die beheerproses deur van

praktiese voorbeelde en toepaslike diagramme gebruik te

maak.

12.8 OPSOMMING

10

MNG2016/507

Beheer is 'n bestuursfunksie wat ons kan beskryf as 'n proses

waardeur bestuur verseker dat die werklike prestasie in

ooreenstemming is met die voorafbepaalde doelwitte. Die stappe

in die beheerproses en die kenmerke van 'n doeltreffende

beheerstelsel vorm die kruks van hierdie studie-eenheid.

ONDERWERP 7

11

MNG2016/507

ETIEK, KORPORATIEWE SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

EN KORPORATIEWE BESTUURSGEDRAG

1.1 INLEIDING EN DOEL VAN DIE ONDERWERP

Die doel van hierdie onderwerp is om 'n oorsig te bied van die twee

verwante konsepte van etiek en sosiale verantwoordelikheid met

die oog daarop om 'n raamwerk te skep om te help om etiese

besluitneming van bestuurders in organisasies oor hulle eie

optrede en oor die optrede van organisasies waarvoor hulle werk

te fasiliteer.

1.2 LEERUITKOMSTE

1.2.1 Leerdersuitkomste

Nadat u die onderwerp voltooi het, behoort u in staat te wees om

die volgende te doen:

• te beskryf wat "etiek" in saketerme beteken

• redes aan te bied waarom organisasies eties behoort op

te tree

• te verduidelik wat etiese besluitneming behels

• voorstelle te maak rekende die bestuur van etiek in 'n

organisasie

• te verduidelik wat “korporatiewe sosiale

verantwoordelikheid" beteken

• die siening te verdedig dat organisasies sosiaal

verantwoordelik behoort te wees

• die primêre en sekondêre belanghebbers in korporatiewe

sosiale verantwoordelikheid te identifiseer en te bespreek

• te verduidelik wat volhoubaarheidsverslagdoening behels

• redes aanvoer waarom bestuurders (veral direkteurs) in

Suid-Afrika vertroud moet wees met die King 2002-

Verslag oor Korporatiewe bestuursgedrag

• te verduidelik wat korporatiewe bestuursgedrag behels

12

1.3 INHOUD VAN DIE ONDERWERP

ONDERWERP 7

MNG2016/507

ETIEK, KORPORATIEWE SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

EN KORPORATIEWE BESTUURSGEDRAG

Studie-eenheid 13 Etiek, korporatiewe sosiale

verantwoordelikheid en

korporatiewe bestuursgedrag

STUDIE-EENHEID 13

13.1 INLEIDING

13.1.1 Doel van die studie-eenheid

Etiek en korporatiewe sosiale verantwoordelikheid is kwessies van

kardinale belang in die hedendaagsebestuursdebat as gevolg van

die omvang en invloed van die moderne organisasie.

Organisasies en hulle bestuurders het 'n potensiële impak op

vraagstukke wat ver verbystrek by die konvensionele omvang van

hulle normale sakebedrywighede. Die optrede van organisasies

kan die welvaart van hele gemeenskappe en die gesondheid van

die omgewing waarin hulle sake bedryf beïnvloed. Organisasies

het mag en gesag en eis die reg om hulle belange te bevorder. Met

elke groot mag kom egter groot verantwoordelikheid en dit is

waaroor etiek en korporatiewe sosiale verantwoordelikheid gaan.

Alhoewel etiek nie sinoniem is met sosiale verantwoordelikheid nie,

is die twee konsepte tog verwant. Sosiaal verantwoordelike

besluite vereis dikwels waarde-oordele wat buite die omvang van

voorgeskrewe wette, prosedures en vorige ervaring val. In sulke

gevalle is 'n realistiese siening van etiek belangrik. Etiek bepaal 'n

organisasie se sosiaal verantwoordelike optrede. Die bestuurder

het die verantwoordelikheid om die billikheid van elke verwagting

te bepaal en etiek vorm die basis van besluite wat in organisasies

geneem word.

In hierdie studie-eenheid ondersoek ons die twee verwante

konsepte van etiek en sosiale verantwoordelikheid met die oog

13

MNG2016/507

daarop om aan bestuurders 'n raamwerk te verskaf om hulle te

help om etiese besluite oor hulle eie en oor die organisasies

waarvoor hulle werk te neem.

Ons kyk ook na korporatiewe bestuursgedrag, wat 'n belangrike

kontemporêre vraagstuk in die bestuur van organisasies is.

13.1.2 Inhoud van die studie-eenheid

• Etiek

• Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid

• Korporatiewe bestuursgedrag

BESTUDEER IN DIE HANDBOEK

Hoofstuk 17

13.1.3 Sleutelkonsepte

Korporatiewe bestuursgedrag

Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid

Etiese besluitnemingsproses

Etiek

Vlakke van etiese besluitneming

Primêre belanghebbendes

Sekondêre belanghebbendes

Volhoubare ontwikkeling

Volhoubaarheidsverslagdoening

13.2 ETIEK

In algemen sin is etiek die kode van morele beginsels en waardes

wat die gedrag van 'n individu of groep rig met betrekking tot wat

reg of verkeerd is. Etiek stel standaarde oor wat goed of sleg is in

gedrag en besluitneming.

Individue druk hulle waardes uit in houdings, opvattings en oordele

oor reg en verkeerd. Mense leer hulle waardes van hulle ouers en

families, onderwysers en die gemeenskappe waarin hulle gebore

is.

14

MNG2016/507

Ons kan die konsep etiek beter verstaan wanneer ons dit vergelyk

met die gedrag van 'n individu of groep. Aan die een kant rig wette

hulle gedrag. Aan die ander kant rig vrye keuse hulle gedrag.

Tussen die twee uiterstes van wet en vrye keuse val die "grys"

gebied van etiek (kyk figuur 17.3 in die handboek).

Die eerste domein is dié van voorgeskrewe afdwingbare reg,

waarin die regstelsel die waardes en standaarde bepaal. Aan die

ander kant van die kontinuum is die domein van vrye keuse waar

geen wette die gedrag van individue en organisasie rig nie en waar

daar volkome vryheid van gedrag is. Tussen hierdie twee domeine

lê die area van etiek. Alhoewel hierdie domein geen spesifieke

wette het nie, het dit standaarde van optrede wat gebaseer is op

gedeelde beginsels en waardes oor morele optrede wat die

individu en organisasies rig. In die domein van vrye keuse is 'n

mens net aan jouself gehoorsaam. In die domein van

voorgeskrewe reg is mens gehoorsaam aan afdwingbare wette. In

die domein van etiese gedrag, moet 'n mens gehoorsaam wees

aan norme en standaarde wat nie afdwingbaar is nie waarvan

die individu en organisasies bewus is.

Verskille en dilemmas oor goeie gedrag kom dikwels voor omdat

individue se etiese standaarde verskil. 'n Etiese dilemma kom voor

in 'n situasie wanneer elke alternatief, keuse of gedrag ongewens

is as gevolg van potensieel negatiewe etiese gevolge, wat dit

moeilik maak om tussen reg en verkeerd te onderskei.

13.2.1 Wat is sake-etiek?

Sake-etiek is 'n voorbeeld van toegepaste etiek. Eenvoudig gestel

kan 'n mens sê dat sake-etiek die studie is van waardes en gedrag

in die sake-omgewing. Etiese vrae kom na vore waar daar konflik

van belange in die sake-omgewing is. Bestuurders kan veral nie

etiese vraagstukke in besigheid vermy nie, soos wat hulle ook nie

hierdie vraagstukke op ander lewensterreine kan vermy nie.

AKTIWITEIT 13.1

Hoe sou u op die volgende situasies reageer?

(1) U maatskappy moet 'n fooitjie betaal aan 'n Nigeriese

amptenaar om die proses waardeur 'n belangrike permit

15

MNG2016/507

bekom word, te bespoedig. Die algemene persepsie is dat

dit standaardprosedure is en u maatskappy sal daaronder

ly as u nie die fooitjie betaal nie. Dink u dat dit verskil van

die fooitjie wat u aan die kelner in 'n restaurant gee?

(2) U baas sê dat hy nie aan u hierdie jaar 'n verhoging kan

gee nie, as gevolg van begrotingsbeperkings, maar dat hy

niks sal doen as u u onkosterekening vir 'n paar maande

hoër maak as wat dit in werklikheid is nie.

(3) U is die rekeningkundige bestuurder van 'n afdeling wat

R15 000 onder winsteikens is. 'n Nuwe faktuur vir u

afdeling se uitgawes land op u tafel. Die rekeningkundige

reël is om uitgawes te betaal sodra dit aangegaan is. Die

afdelingsbestuurder vra aan u om nie die faktuur aan te

teken voor die einde van die finansiële jaar oor 'n maand

nie.

Terugvoering

Die bostaande situasies is die soort vraagstukke waarmee

bestuurders op 'n daaglikse basis te kampe het wat binne die

domein van etiek val.

15.1.2 Vlakke van etiese besluitneming

Die verstaan van etiese dilemmas deur identifisering van die vlak

waarop die vraagstukke ontstaan, kan helderheid bring vir diegene

wat moet besluit watter rigting om in te slaan. In sakebedrywighede

val die meeste van die vraagstukke wat bestuurders moet hanteer

in een van vyf vlakke, wat nie wedersyds eksklusief is nie.

• Etiese vrae op die individuele vlak hanteer sulke

vraagstukke soos of om oneerlik te wees op 'n

onkosterekening, om siekverlof te neem wanneer jy nie

siek is nie, om omkoopgeld te aanvaar of om 'n

seksueleteisteringsinsident te rapporteer.

• Op die organisatoriese vlak, kom etiese vraagstukke na

vore wanneer 'n kollega van 'n bestuurder druk uitoefen

om verkeerde gedrag van sy of haar portuurgroep oor te

sien in belang van die harmonie in die organisasie, of

wanneer die organisasie van 'n werknemer verwag om 'n

onetiese of onwettige handeling uit te voer om wins vir die

organisasie te verdien.

16

MNG2016/507

• Op die assosiasievlak kan 'n rekenmeester, prokureur,

mediese dokter of bestuurskonsultant sy of haar

professionele assosiasie se handves of etiekkode

raadpleeg vir riglyne vir die manier waarop sake bedryf

word. In Suid-Afrika maak beide die privaat sektor die

publieke sektor uitgebreid gebruik van die dienste van

konsultante, waarvan sommige die slagoffers was van

afskaling, regeniëring en regstellende-aksiebeleid van

hulle vorige werkgewers. Geen afdwingbare gedragskode

bestaan om die etiese gedrag van hierdie konsultante te

reguleer om te verseker dat hulle kliënte billike

behandeling en beskerming van hulle regte ontvang nie.

• Op die samelewingsvlak rig wette, norme, gebruike en

tradisies die wetlike en morele aanvaarbaarheid van

gedrag. Sake-aktiwiteite wat byvoorbeeld aanvaarbaar is

in die Midde-Ooste en Asië is onaanvaarbaar in Westerse

lande en omgekeerd.

• Laastens, op die internasionale vlak sal 'n voorbeeld van

'n etiese vraagstuk wees of 'n werknemer moet werk vir of

'n organisasie se beleid moet aanvaar wat sake doen met

'n regering wat menseregte ontken en byvoorbeeld

kinderarbeid toelaat. Etiese vraagstukke op hierdie vlak

kan moeilik wees om op te los aangesien 'n mengsel van

kulturele, politieke en godsdienstige waardes dikwels

betrokke is by 'n besluit.

Hierdie vlakke oorvleuel dikwels. Dit is nuttig om die etiese vlak te

identifiseer wanneer 'n vraagstuk die hoof gebied moet word en te

vra wie se belange, waardes, opvattings en ekonomiese belange

op die spel is.

15.1.3 Verskillende benaderings tot etiese besluitneming

Aangesien die etiek van bestuursbesluitneming dikwels kompleks

is en bestuurders dikwels nie saamstem oor wat 'n etiese besluit

behels nie, is twee onderwerpe veral relevant:

(1) die benadering dat die individuele bestuurder kan

besluit in die bepaling van watter alternatief om te kies in 'n

besluitneminsituasie

17

MNG2016/507

(2) wat organisasies kan doen om te verseker dat

bestuurders etiese standaarde in hulle besluitneming sal

volg

Daar is drie fundamentele etiese benaderings wat sakebestuurders

kan gebruik in hulle etiese besluitneming wanneer spesifieke

alternatiewe geselekteer moet word en moeilike optrede

geregverdig moet word.

• As die utilitaristiese benadering gevolg word, word die

effek van 'n spesifieke optrede op diegene wat direk

betrokke is beoordeel in terme van wat die grootste goed

vir die grootste aantal mense voorsien.

• Die menseregtebenadering voer aan dat mense

fundamentele regte en vryhede het wat nie deur

enigiemand anders se besluit van hulle weggeneem kan

word nie. 'n Eties korrekte besluit is dus een wat die beste

die regte van dié wat daardeur geaffekteer word, in stand

hou.

• Die geregtigheidsbenadering voer aan gelykheid,

billikheid en onpartydigheid die basis is van etiese besluite.

13.2.4 Stappe in die etiese besluitnemingsproses

Die stappe wat hieronder weergegee word kan 'n besluitnemer

help om 'n etiese besluit te neem. Die besluit wat geneem word

kan uiteindelik die verkeerde besluit wees, maar op die heel minste

is 'n rasionele proses gevolg en die besluit wat geneem is

verteenwoordig die beste oordeel van die besluitnemer.

• Identifiseer die probleem

• Bepaal wie se belange betrokke is

• Bepaal die relevante feite

• Weeg die onderskeie belange op

• Bepaal die verwagtinge van diegene wat betrokke is

• Bepaal die reeks van keuses

• Bepaal die gevolge van daardie keuses vir almal betrokke

• Maak jou keuse

AKTIWITEIT 13.2

18

MNG2016/507

Koop 'n koerant en kyk of u 'n voorbeeld kan kry waar 'n

besluitnemer skuldig is aan die neem van 'n onetiese besluit.

Vergelyk die voorbeeld met die stappe van probeer bepaal hoe 'n

beter besluit geneem kon word indien die besluitnemer hierdie

stappe sou geneem het.

13.2.5 Die bestuur van etiek in die organisasie

Die organisasie kan etiek in die organisasie op die volgende wyses

bestuur:

• Leiding deur voorbeeld

• Etiekkode

• Etiese strukture

• Onthullings (whistle blowing)

13.2.6 Etiek en sosiale verantwoordelikheid

Die verhouding tussen 'n bestuurder se etiese standaarde en die

organisasie se sosiale verantwoordelikheid is dat etiek die

individuele bestuurder se gids is vir die bepaling van die

"korrektheid" van potensiële optrede deur die organisasie. In

sekere sin is etiese standaarde filters wat die organisasie se

optrede sif vir wat reg en verkeerd is. Bestuurders moet uiteindelik

elke eis wat aan die organisasie gestel word weeg volgens hulle

eie etiese standaarde en die organisasie se etiekkode en dit vorm

die basis vir hulle besluitneming oor die komplekse vraagstukke

van sosiale verantwoordelikheid.

13.2 KORPORATIEWE SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

Omdat die organisasie 'n oop stelsel is, kan bestuurders nie

besluite neem wat net gegrond is op ekonomiese oorwegings nie.

Die organisasie is interverweef met die totale sosiale stelsel waarin

dit funksioneer en om sosiaal verantwoordelike besluite te neem,

moet bestuurders alle moontlike belanghebbendes in ag neem.

Korporatiewe sosiale verantwoordelikheid impliseer dat 'n

bestuurder, in die proses daarvan om sy of haar eie sakebelange

te bevorder, genoop word om ook op te tree op 'n wyse wat die

19

MNG2016/507

samelewing se belange sal beskerm en uitbou. Die oorhoofse effek

is om die lewensgehalte in die breedste moontlike sin te verbeter,

ongeag van hoe die samelewing hierdie lewensgehalte definieer.

Die bestuurder raak betrokke by die sosiale en ekonomiese

uitsette en by die totale effek wat die organisasie se handelinge op

die samelewing het.

13.2.1 Vlakke van sosiale verantwoordelikheid

• Sosiale verpligting

Volgens hierdie siening openbaar 'n organisasie sosiaal

verantwoordelike gedrag wanneer dit wins najaag binne die

beperkings van die wette wat deur die samelewing daargestel

word.

• Sosiale reaksie

Hierdie siening beklemtoon dit dat die samelewing geregtig is op

meer as die blote voorsiening van goedere en dienste van

sakeorganisasies af. 'n Minimum vereiste is dat organisasies

aanspreeklik is vir die ekologiese, omgewings- en sosiale koste

wat uit hulle optrede voortspruit.

• Sosiale responsiwiteit

Volgens hierdie siening probeer 'n sosiaal gevoelige korporasie

aktief om sosiale probleme te voorkom of oplossings daarvoor te

kry.

15.2.2 Aan wie is besigheid verantwoordelik?

Tot dusver het die bespreking oor sosiale verantwoordelikheid

gehandel oor die abstrakte betekenisse van sosiale

verantwoordelikheid. Ons kan ons aandag egter nou toespits op

die optrede van die organisasie. Ons klassifiseer sosiaal

verantwoordelike aktiwiteite van organisasies volgens die

belanghebbendes wat geraak word deur die optrede van die

organisasie.

Die optrede, besluite, beleid, praktyke of doelwitte van die

organisasie affekteer individue of groepe of hulle beïnvloed die

organisasie. Hierdie individue of groepe is belanghebbendes in die

organisasie.

20

MNG2016/507

• Primêre belanghebbendes is dié wat in die mikroomgewing

en markomgewing geïdentifiseer is en sluit

eienaars, aandeelhouers en die direksie, werknemers,

verskaffers en kliënte in.

• Sekondêre belanghebbendes word in die makroomgewing

van die organisasie aangetref en sluit plaaslike

gemeenskappe en die land as geheel in.

Volhoubaarheidsverslagdoening beweeg weg van die uitsluitlike

verslagdoening deur die maatskappy oor ekonomiese prestasie na

die sogenaamde “triple bottom line”-verslagdoening oor die

ekonomiese prestasie, omgewingsaspekte en sosiale aktiwiteite.

15.2.3 KORPORATIEWE BESTUURSGEDRAG

Organisasies word beheer en bestuur deur 'n verwysingstelsel

(korporatiewe bestuursgedrag) waaruit die organisasie se waardes

en etiek ontspring. Gesonde korporatiewe bestuursgedrag is 'n

voorvereiste vir die aanlok van beleggings en in die handboek

bespreek ons sommige van die King 2002-verslag se

aanbevelings in hierdie verband.

ASSESSERING

1 Beskryf in u eie woorde die verskil tussen etiek en

korporatiewe sosiale verantwoordelikheid.

2 'n Senior kabinetsminister stel u in diens as sy etiese

adviseur. Hy moet 'n etiese dilemma die hoof bied en wil u

advies hê oor hoe om die korrekte besluit te neem.

3 Lewer kommentaar oor die volgende insidente:

(a) 'n Vervaardiger van tekstiel en sportgoedere

subkontrakteer produsente in Latyns-Amerika en Suidoos-

Asië wie se werknemers, insluitende 13-jariges, 12-uur

dae werk en 'n klein fraksie van die lone betaal word wat in

Suid-Afrika van toepassing is. Is dit toepaslike

arbeidsbeleid? Lewer asseblief kommentaar oor die

scenario.

(b) 'n Groot korporasie kondig aan dat dit 'n

beduidende deel van sy werkmag gaan ontslaan, en

kondig daarna 'n salarisverhoging vir sy top uitvoerende

amptenare aan. Verteenwoordig dit 'n billlike toewysing

van beperkte hulpbronne?

15.2 4 OPSOMMING

21

MNG2016/507

In hierdie studie-eenheid het ons die belangrike konsepte van

etiek en sosiale verantwoordelikheid van naderby beskou.

Alhoewel etiek nie sinoniem is met sosiale verantwoordelikheid nie,

hou die twee konsepte met mekaar verband in die sin dat sosiaal

gevoelige besluite waardeoordele vereis wat binne die domein van

etiek val. Ons het die hoofaspekte van etiese besluitneming en

sosiale verantwoordelikheid verduidelik, wat van groot belang is vir

Suid-Afrikaanse besluitnemers.

Aan die einde van u studiemateriaal vir hierdie kursus in Algemene

Bestuur hoop ons dat u 'n holistiese perspektief van die

bestuursproses in terme van beplanning, organisasie, leiding en

beheer verwerf het en dat u in staat sal wees om u kennis in die

organisasies waar u werksaam is, te gebruik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!