Vrugtevlieë – wees wakker deur die winter - Canning Fruit ...
Vrugtevlieë – wees wakker deur die winter - Canning Fruit ...
Vrugtevlieë – wees wakker deur die winter - Canning Fruit ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
NR

NO 193 APRIL 2010

INHOUDSOPGAWE - CONTENTS BLADSY / PAGE

OORLEWINGSFASE VIR DIE INMAAKBEDRYF 2

CANNING INDUSTRY REPORT 3

DROëVRUGTE PRODUKSIE 4

AMERIKA SE VOEDINGSKEMAS 4

BEMARKINGSKANALE VIR APPELKOSE, TAAIPITPERSKES & PERE 5

NAVORSING VIR DIE INMAAKVRUGTEBEDRYF 6

ARBEIDSAKE: VERBLYFREG OP PLASE 7

”WE HAD EVERYTHING BEFORE US,

WE HAD NOTHING BEFORE US …..…” 9

PITTE IN DIE BOS / FRUIT BITS 11

DAGBOEKDATUM 12

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the

INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Hoofstraat 258 258 Main Street

Posbus 414 P O Box 414

PAARL 7620 PAARL 7620

TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401

FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675

Email: inmaak@mweb.co.za Website: www.canningfruit.co.za

REDAKTEUR / EDITOR : WIEHAHN VICTOR

Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author.

Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

2.

OORLEWINGSFASE VIR DIE INMAAKBEDRYF

Soos elders in hierdie KRAT gerapporteer, was die bedryf geseën met goeie oeste vir die

2009/2010 seisoen. Die produksiejaar was goed en oesweer oor die algemeen gunstig. Die

probleem vir die bedryf lê egter in die bemarkingsjaar met die stram wêreld ekonomiese toestande

en „n sterk Rand.

Bulida appelkose het „n “aanjaar” beleef met bykans 50 000 ton appelkose wat geoes is. Dit is „n

goeie oes van bykans 6 000 ton meer as verlede jaar in „n oorvol mark met „n sterk Rand, wat

verdienste negatief beïnvloed. Die grootste produksie probleem was dat die appelkose oor die

algemeen kleiner vrugte opgelewer het. Kleiner vrugte het noodwendig „n invloed op plukkoste

en snykoste/verwerkingskoste in die fabriek.

Die taaipitperske-oes was in totaal min of meer diselfde as die afgelope drie jaar. Minder perskes

is egter versap, weens die uiters swak mark vir puree. Om die volume te balanseer is meer perskes

vir die vars- en droogmark gelewer. Gehalte was goed met kleiner perskes die grootste probleem

vir die bedryf. Die koel lente en vroeë somer het beslis steenvrugte se ontwikkeling negatief

beïnvloed.

Die Bon Chretien peeroes was volgens skatting dieselfde as die afgelope aantal jare. Met minder

pere wat uitgevoer is, het die verwerkers meer pere gekry wat geredelik ingeneem is. Die

uitgerekte blomperiode het wel „n invloed gehad op die gehalte van die pere, veral tydens die

rypmaak proses.

In geheel het bitter min van hierdie goeie oes verlore gegaan en is daar „n huis gevind vir die

meeste van die vrugte. Die feit is egter dat die vrugte „n plek gevind het, maar teen „n laer prys.

Laer geprojekteerde pryse, kwotas en swakker betalings sal oor die algemeen meebring dat

produsente aansienlik minder vir vrugte gaan ontvang vir die 2009/2010 oes. Hierdie swakker

betalings moet gesien word in die lig van verhoogde produksiekoste op die plaas. Die punte van

inkomste en uitgawes gaan eenvoudig mekaar nie ontmoet nie.

Die verwerkers het vrugte verwerk volgens beplanning, gegewe die stram marktoestande en

oordrag voorrade op hande. Die positiewe is dat die huidige voorraad gekontrakteer is en dat

verskepings goed volgens plan verloop. Die pryse vir ingemaakte vrugte in vreemde valuta is min

of meer op dieselfde vlak as die vorige jaar, terwyl pryse vir puree steeds baie laag is. Die enigste

ligpunt vir pulp en puree is dat die volume besig is om te beweeg teen baie lae pryse na die Chili

aardbewing.

Die sterk Rand is egter die grootste enkele probleem wat die bedryf tans in die gesig staar. Dit is

eenvoudig net nie moontlik om winsgewend te wees in „n bedryf wat 90% van sy produk uitvoer

en gemiddeld 20% minder ontvang na die wisselkoers se effek op terugbetalings nie. En dit dan

gegewe dat geproduseer word in „n land waar die gemiddelde inflasiekoers 6% tot 10% (of selfs

hoër vir sommige insette) is nie. Die wisselkoers dryf die bedryf in „n oorlewingsfase.

In die vorige KRAT is gerapporteer oor die regeringshulp wat die inmaakbedrywe in Chili (reeds

voor die aardbewing) en Griekeland ontvang. In hierdie KRAT word verwys na Amerika wat

ingemaakte vrugte aankoop vir voedingskemas. Hierdie aankope om behoeftige persone met

voedsel te ondersteun sou bykans 60% van die totale Suid-Afrikaanse produksie opneem. Die

punt is: regerings ondersteun hul mense met voedingsprogramme, sagte lenings, produksiehulp,

ensovoorts, in oorlewingstye.

Dis oorlewingstyd !! In Suid-Afrika smag ons net verlangend na

“water in die woestyn”.

- Wiehahn Victor
3.

CANNING INDUSTRY

REPORT: APRIL 2010

CANNED FRUIT EXPORTERS NEED A NEW RAND POLICY

With the rand debate continuing in the media - with specific reference to the effect

that the overvalued currency is having on South African exports – it would be remiss

of me not to reiterate that the reality facing the fruit canning industry is factory

closures and significant job losses.

While the exchange rate against the dollar and pound is at the same levels it was a

decade ago, we have to take into account that the South African inflation rate has

been considerably higher than that of our trading partners, notwithstanding any

productivity improvements by local industry. Currently the inflation rate differential is

too high for any export industry.

Add to this the current rate of exchange being approximately 20 percent stronger

than this time last year, as well as the industry having to absorb significant local input

cost escalations, including the increased cost of cans and the much publicised recent

electricity increases.

Exacerbating this is the fact that we do not have equitable access into key markets,

as well as the fact that we are up against the non-reciprocal treatment of duty-free

access of EU products to the local market.

What now faces us is a particularly bleak outlook for an industry that is responsible

for over 30000 jobs. We are of the opinion that South Africa cannot afford further job

losses and more-over that future employment opportunities need to be created.

Industrialisation is the best way to achieve this, but it will require a stable and

competitive currency over a period to support the sustainability of export of agriprocessed

and other value-added manufactured goods.

Therefore we once again stress the urgency with which we are appealing to the

industrial policy action plan to look to catering for both long- and short-term

stabilisation measures in order to achieve the industry’s long-term growth potential,

which is backed by sound economic and consumer studies.

Sustaining the industry will not be possible in the absence of both an enabling

environment for exporters supported by a stable and competitive currency, as well as

an appropriate industrial policy.

- RUDI RICHARDS, CHAIRMAN, SAFVCA
4.

DROëVRUGTE PRODUKSIE

Die produksie van gedroogde boomvrugte in gedroogde tonne oor die afgelope vyf jaar word in

die onderstaande tabel gegee. Finale syfers vir 2010 is nog nie beskikbaar nie, maar aanduidings

is dat die droëvrugte seisoen oor die algemeen goed verloop het met meer vrugte wat beskikbaar

was. Oor die algemeen was die gemiddelde vruggrootte kleiner as normaal, maar origens was die

gehalte deurgaans goed.

Vruggrootte 2005 2006 2007 2008 2009

Priume 2 600 1 100 1 000 1 089 1 127

Appelkose 1 296 1 520 1 351 1 143 1 329

Appels 91 25 122 172 112

Perskes 1 208 1 307 1 490 1 442 2 001

Pere 680 938 1 074 1 086 1 012

Nektariens 0 0 62 65 117

Ander 0 0 0 0 14

Totale boomvrugte 5 875 4 890 5 099 4 997 5 712

Bron: DROëVRUGTE TEGNIESE DIENSTE

AMERIKA SE VOEDINGSKEMAS

Vir die fiskale jaar geëindig 30 September 2009, het die United States Department

of Agriculture (USDA) R4 500 miljoen spandeer vir aankope van vrugte en groente

vir voedingskemas in Amerika, wat 25% meer was as die vorige jaar. Die grootste

aankope was vir ingemaakte perskes van amper R400 miljoen. Verder is R250

miljoen se ingemaakte vrugtekelkie, R236 miljoen se ingemaakte pere en R64 miljoen

se ingemaakte appelkose aangekoop.

Die aankope deur die USDA is vir skoolvoedingskemas en ander agentskappe, wat

behoeftige persone met voedsel ondersteun. Die aankope van ingemaakte vrugte en

groente reflekteer die volgende:

(1) Ingemaakte produkte is goeie waarde vir geld en is meestal die goedkoper

alternatief per bediening;

(2) Dit voorsien aan die benodigde voedingswaarde;

(3) Die ingemaakte produkte is “ready-to-eat”;

(4) Die verpakking is volgens behoefte.

- PEACH FUZZ
5.

BEMARKINGSKANALE VIR APPELKOSE, TAAIPITPERSKES EN PERE

In die onderstaande tabel word die voorlopige inname syfers van appelkose, perskes en

pere in ton vir die afgelope seisoen gegee en vergelyk met die voorafgaande vier jaar se

ooreenstemmende syfers. Alhoewel dit voorlopige syfers is, behoort die finale syfers nie

wesentlik te verskil nie. Verder moet daarop gelet word dat die syfers vir droog en vars „n

geskatte tonnemaat is.

Vrugsoort

BULIDA APPELKOSE

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars

Gedroog

TOTAAL

TAAIPITPERSKES

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars

Gedroog

TOTAAL

BON CHRETIEN PERE

Ingemaak

Sap en Pulp

Sub-Totaal

Vars: Plaaslik

Gedroog

TOTAAL

Uitvoer

ANDER VARIëTEITE PERE

Ingemaak, Sap en Pulp

2005/2006

40316

12028

52344

800

800

53944

85492

13560

99052

22000

9000

130052

49709

10121

59830

5000

25750

5000

95580

25373

2006/2007

25384

7954

33338

800

800

34938

100921

25409

126330

26000

10000

162330

52438

10558

62996

5000

23750

5000

96746

28000

2007/2008

38898

12300

51198

800

800

52798

97835

28105

125940

25000

9000

159940

51703

13652

65355

4000

29000

4500

102855

30000

2008/2009

Bron: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING

31190

11123

42313

800

800

43913

95481

27751

123232

24000

9000

156232

45467

16613

62080

3000

30257

4000

99337

30712

2009/2010

35438

11663

47101

800

1500

49401

98000

20460

118460

26000

10000

154460

50150

14830

64980

3000

28000

4000

99980

26000
6.

NAVORSING VIR DIE INMAAKVRUGTEBEDRYF

Die Inmaakvrugtebedryf gaan meer as R1 miljoen spandeer aan navorsingsprojekte op plaasvlak in

die 2010/2011 boekjaar. Die navorsing word deur LNR Infruitec-Nietvoorbij en die Universiteit

van Stellenbosch vir die bedryf gedoen. Teel en evaluasie van nuwe kultivars en onderstamme

vorm die basis van die navorsingsprojekte. In die onderstaande tabel word die projekte en bydrae

van die bedryf vir die afgelope twee jaar gegee. Hierdie projekte word gefinansier deur die IPV

ledeheffings en kom dus uit die produsent se sak. A-prioriteite is aan alle projekte toegeken.

Projek Titel 2009/10 2010/11

LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ

Teling en Evaluasie

210002 Teling van peerkultivars 33 037 35 019

210003 Teling van perske- en nektarienkultivars 164 134 173 982

210004 Teling van steenvrugonderstamme 44 075 46 720

210007 Teling van appelkooskultivars 139 006 147 346

210009 Fase 2 evaluasie van peerkultivars 20 079 21 284

210010 Fase 2 evaluasie van perske- en nektarien-kultivars 125 897 133 451

210012 Fase 2 evaluasie van appelkooskultivars 52 606 55 762

210029 Evaluasie van nuwe geteelde steenvrug onderstamme 27 500 29 150

282031 Tweede Ekonomie: Teel en Evaluasie 7 556 8 009

Sub-Totaal 613 890 650 723

Tuinbou

220006 Evaluasie van perske onderstamme 84 418 89 483

220008 Evaluasie van appelkoosonderstamme 48 079 50 964

Sub-Totaal 132 497 140 447

Na-oes en Verwerkingstegnologie

270002 Evaluasie van nuwe kern- en steenvrugkultivars: inmaak 143 482 152 091

Bio-Tegnologie Afdeling

Embrio Kultuur tegnieke vir die teling van vroeë perske variëteite 16 237 17 211

Totaal (LNR Infruitec-Nietvoorbij) R906 106 R960 472

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

Aanpassing van uitdunnorme vir inmaakperskes: Mnr Gustav Lötze 34 000 36 040

Nuwe Projek – Verbouingsriglyne: Mnr Gustav Lötze 40 000 30 000

Oesskattingsmodel: Dr Elmi Lötze 24 200 25 652

ELISA Toetsstelle vir Sagtevrugte Plantverbeteringskema 30 000 -

Totaal (Universiteit van Stellenbosch) R128 200 R91 692

Groot Totaal

R1 034 306

R1 052 164
7.

ARBEIDSAKE: VERBLYFREG OP PLASE

In die vorige KRAT artikel is daar gepoog om meer duidelikheid te verskaf rondom die prosedure

wat gevolg moet word in die geval van „n uitsetting van „n okkupeerder wat voor 4 Februarie 1997

„n okkupeerder geword het. In hierdie laaste artikel rondom verblyfreg op plase word daar veral

gefokus op die prosedure vir uitsetting van „n person wat na 4 Februarie 1997 „n okkupeerder

geword het.

In die geval van „n persoon wat VOOR 4 Februarie 1997 „n okkupeerder geword het, mag „n Hof

„n uitsettingsbevel toestaan indien die persoon:

- Doelbewus en wederregtelik iemand anders wat op die grond bly, skade aangedoen het;

- Doelbewus die eiendom van die boer beskadig het;

- „n Bedreiging is vir ander okkupeerders wat op die grond woon; en

- Ander ongemagtigde persone gehelp het om „n nuwe woning op die plaas op te rig.

Die uitsetting van „n okkupeerder wat NA 4 Februarie 1997 „n okkupeerder geword het, lê ietwat

ander vereistes aan die deur en moet daar oorwegings van „n ander aard in gedagte gehou word:

Vir die uitsetting van „n okkupeerder wat na 4 Februarie 1997 „n okkupeerder geword het, kan die

Hof „n uitsettingsbevel toestaan indien dit regverdig en billik sou wees om dit te doen. Dit maak

die proses van uitsettings ietwat meer gekompliseerd aangesien daar nou oorwegings van

regverdigheid en billikheid na vore, tree wat nie die geval was met die situasie voor 4 Februarie

1997 nie.

Om die regverdigheid en billikheid van „n uitsetting nou te bepaal, word daar oorweging geskenk

aan die volgende aspekte:

- Hoe lank woon die okkupeerder op die plaas?

- Die billikheid van die ooreenkoms waarop die grondeienaar steun om die okkupeerder uit

te sit;

- Die beskikbaarheid van geskikte alternatiewe akkommodasie vir die okkupeerder;

- Die rede vir die beoogde uitsetting; en

- Die opweeg van die belange van die okkupeerder, die grondeienaar en die ander

okkupeerders indien die Hof „n bevel vir uitsetting sou gee.
8.

Wat die billikheid van die ooreenkoms (hierbo na verwys) betref waarop die grondeienaar steun

vir uitsetting, die volgende: Dit is belangrik dat enige akkommodasie ooreenkoms met groot

omsigtigheid benader en sodanig geformuleer word dat daar geen onduidelikheid vir beide partye

(d.w.s. grondeienaar/werkgewer en werknemer/okkupeerder) bestaan nie. Indien die man en vrou

getroud is en beide van hulle uitdruklike toestemming ontvang het van die Werkgewer/boer om op

die plaas te woon, is albei onafhanklike okkupeerders. Dit impliseer - by wyse van voorbeeld - dat

indien die grondeienaar/boer uitdruklike toestemming aan beide die man en vrou verleen het om

op die plaas te bly, en nou „n uitsettingsbevel aanvra op grond van „n ooreenkoms, wat die

werkgewer/grondeienaar slegs met die man aangegaan het, kan die paartjie aanvoer dat hul

uitsetting onbillik is omdat hierdie uitsettingsbevel die vrou se status as „n okkupeerder ignoreer.

Daar moet ook verder oorweging geskenk word aan die regverdigheid van die uitsettingsbevel.

Indien die ontslag van „n werknemer/okkupeerder uit diens van die werkgewer plaasvind en

sodanige ontslag as rede vir die aansoek om die uitsettingsbevel aangevoer word, sal die wyse

waarop die werkgewer die werknemer se diens beëindig het onder die soeklig geplaas word.

Derhalwe is dit belangrik dat die Werkgewer te alle tye seker maak dat beide „n prosedureel asook

substantief billike proses gevolg word met alle dissiplinêre ondersoeke en verhore. Indien daar

gevind word dat die werknemer se ontslag op „n onbillike wyse geskied het, kan die Hof beslis dat

dit nie regverdig en billik sal wees om „n uitsettingsbevel toe te staan nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat geen okkupeerder sonder die nodige hofbevel uit „n huis gesit

mag word nie. Dit is „n strafbare oortreding in terme van ESTA om „n okkupeerder uit te sit

sonder „n hofbevel en die okkupeerder kan „n strafregtelike klag teen „n grondeienaar/werkgewer

aanhangig maak indien hy/sy sonder „n hofbevel uitgesit is.

„n Laaste word in verband met verblyfreg op Plase: Daar word kennis geneem van die

grootskaalse frustrasie wat dikwels voortspruit uit „n versuring van die werksverhouding tussen

die werkgewer en die werknemer wat dikwels „n diensbeëindiging en „n gevolglike vereiste om

huise te ontruim. Impulsiewe optrede deur die grondeienaar/werkgewer in die verband kan egter

„n baie duur en onnodige regsproses meebring. Derhalwe is dit belangrik dat die Werkgewer sy

behuisingsooreenkomste met werknemers goed moet bestudeer en seker maak dat beide partye

deeglik die inhoud asook implikasies daarvan verstaan. Slegs deur „n konstruktiewe en oop

werksverhouding tussen die werkgewer en werknemer kan probleme rondom behuising op plase in

„n wen-wen situasie opgelos word.

VIR ENIGE VERDERE INLIGTING

EN/OF HULP BETREFFENDE ARBEIDSAANGELEENTHEDE

SKAKEL DR. LEON BOSMAN (SELFOON: 083-414-5679)

Sekere mense bring vreugde waar hulle ookal gaan,

ander,

wanneer hulle gaan…..

- Oscar Wilde
9.

“WE HAD EVERYTHING BEFORE US, WE HAD NOTHING BEFORE US…”

“It was the best of times, it was the worst of times,

it was the age of wisdom, it was the age of foolishness,

it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity,

it was the season of Light, it was the season of Darkness,

it was the spring of hope, it was the winter of despair,

we had everything before us, we had nothing before us,

we were going direct to Heaven, we were all going direct the other way - ….”

- Charles Dickens 1859

So dreig ek al jare om die ‘A tale of two cities’ te lees en Vrydag tel ek die boek op en begin lees.

Bogenoemde, die inleidende paragraaf van die boek…net sowel Suid-Afika 2010! Ek lees die paragraaf voor

vir my huismense en sowaar, daar haal Ds Nico Smit die paragraaf aan as tekenend van ons land, in die

Fokus gesprek van Sondagaand met Lynette Francis op SABC2.

Met die paasnaweek agter die rug en die laaste naweek van die skoolvakansie wat voorlê, lees ek met `n

inhaal ywer. Eers klaargemaak met ‘Die neukery met die appelboom’, uitgegee 1991 en geskryf deur die

boerefilosoof Marthinus Versfeld en daarna ‘The book of unholy mischief’ wat handel oor Venesië tydens

1498. Elke koerant is gelees van voor na agter, op hoogte met Malema, ET, 2010, Suid-Afrika se

skrikwekkende geweld, poltikusse se gekonkelrye en besondere swak leierskap, en die sakeblaaie se

gegoëlery met getalle… Na al die lesery is ek `n paar dinge wyser:

Swak leierskap gemeng met selfsug, hebsug, beperkte wysheidsvlakke en opgeblase ego’s, het die

wêreld al onberekenbaar baie skade berokken.

Gesien in die lig van die Suid-Afikaanse rassespanning, wat opgelaai het oor die laaste paar maande, is die

grootste faktor wat aanleiding daartoe gee, swak leierskap. Dubbelsinnige boodskappe, tweekantige

menings, wat verander soos die wind waai vanuit ons leierskorps, verwar en saai tweespalt. Die verwarring

en verdraaiing, wat doelbewus geskep en uitgebuit word deur politici, sakemanne en ander opportuniste in

eie-belang, is so oud soos die wêreld self. Die kwessie dat leiers meer in eie-belang handel as in

landsbelang, onderstreep die hebsug wat tekenend is van ons leiers. Malema met sy selfverryking vanuit

staatkontrakte en `n bling-bling Sandton leefstyl, President Zuma se 134 privaatmaatskappye tussen die 15

volwassenes in sy uitgebreide huishouding, is tekenend van `n fokus op eie-belang ten koste van

landsbelang. Thoma Aquinas, in Versfeld se Neukery met die Appelboom sê: ‘jy konstrueer die wêreld

volgens die beginsels van jou eie konstitusie en dus soos jy is, sal jy dinge ervaar’. As landsleier, indien jou

eie konstitusie jou eie-belange voorop stel, sal jy nie in staat wees om in landsbelang te kan optree nie. Die

ego het nie `n gewete nie en `n opgeblase ego se persoon is foutloos en wysheid is nie sy soeke nie.

Die herhaling van die geskiedenis met soortgelyke elemente het voorgekom in die Romeinse Ryk, Venisië in

die handelsbloeitydperke, die Ou Katolieke Kerk vanuit die Vatikaan Stad, die Britse Ryk met sy magdom

kolonies, Adlof Hitler, Joseph Stalin, Haille Selassie, Idi Amin en laastens ons eie buurman Robert Groot Ego

Swak Leierskap Mugabe. Waar Suid-Afrika nou rassespanning beleef, was die elemente van spanning in die

geskiedenis tussen klasse, gelowe en volkere. Die gevaar van die huidige stand van swak leierskap in ons

land is veel erger as HIV Vigs, ekonomiese resessies, swak dienslewering, ongeskooldheid en al die ander

duiwels wat ons jaag! Die skade potensiaal hiervan kan vinnig en vernietigend spoel.
10.

Die te veel inligting van vandag is net so gevaarlik vir die mensdom soos die onthouding van

inligting van die voor-Renaissance periode, met die uitkomste presies dieselfde. Die realiteit van

vandag is `n gejaadheid inherent eie aan die moderne psige. In Mulan Kundera se Slowness hou hy `n

direkte relasie tussen ons vermoë om te onthou en die spoed waarteen dinge gebeur. Hoe vinniger dinge

gebeur, hoe minder neem ons dinge in ons dieper wese waar en is die een-oor-in-en-ander-oor-uit toestand

tipies.

Volgens Versfeld is die woord koerant van die Latynse rondhardloop afgelei – ‘so that he who runs

may read’. Ons ontvlug die hier en nou deur van almal se ellende te verneem en vanuit joernaliste

se perspektief die wêreld te bekyk. Ons verloor ons plaaslikheid en ook ons vermoë om krities `n eie

perspektief te ontwikkel. Deur die internet, koerante, nuus, sepies, blogs en tydskifte blok ons die

verwerking van inligting so dramaties dat ons verlam as toeskouers van die lewe gerangeer word.

Heel gepas vir die lam leiers is die lam volgelinge.

Die media in al sy vorme hou `n utopia voor. Ek haal aan:

‘utopia’ is `n Griekse woord wat nergensland beteken, of die plek wat nie `n plek is nie. Dit is die

toestand waarnatoe die mensdom hol en wat deur die leemte geskape is, die sug na wat ons nie het nie,

die skepsel van ons ontevredenheid met wat aktueel is. Die Utopisme is die kind van die begeerte, wat

van geen maat wil weet nie. Op sigselwe het ons begeertes geen perke nie. Die perke moet van bo af

kom, en sonder die perke skep ons begeertes die afgode waarteen die mensdom hom verpletter.

Afgode is legio, en voortaan marsjeer die onbeperkte sug na geld, mag, kennis, oorheersing en wellus.

Tussen hulle skep hul die orde, wat die onderdruktes tot revolusie aanspoor, ook deur `n begeerte om

die onderdrukkers na te boots en met hul eie illusie te vervang. Die ewige ryk van die proletariaat! Die

welbeloonde aanbidder van Mammon is die vader van `n swetterjoel klein mammonniete, wat wil

saamspan vir die gemeenskaplike diens van die afgod. Dan word daar `n volksleier gesoek, wat

homself soms aanstel om die stoet na die beloofde land te lei, en so word die Utopisme die bron van die

Tirannie. Binne elkeen van ons sit daar `n Utopis, wat die werklikheid op eie lees wil skoei. Aanskou

net al die planne vir die Nuwe Suid-Afrika! Uitnodiging tot `n nuwe droomwêreld, sodat daar dié is wat

vertwyfeld sal sê: I’ve come to be part of another dream…

- Marthinus Versfeld (1991)

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Of dit nou 1498, 1859, 1991 of 2010 is, die

mens bly mens en die inhoudelike van die drama’s op hierdie aarde bly amper vervelend eenders en

al wat ons leer uit die geskiedenis, is dat die mensdom oor tyd baie min daaruit leer!

We had everything before us, we had nothing before us...mag ons as landsburgers weet die hier en

nou is belangriker as die daar en later, mag ons werk vanuit menslike beperkinge en weet die mens

is nie God nie. Mag ons as burgers `n eie oorspronklike perspektief ontwikkel, wat vanuit eie

ervarings kom en nie vanuit afgeleefde steriotipes van mekaar nie. Mag die beperkinge van ons

begeertes van Bo kom en ons verlos word van die onbeperkte sug na geld, mag, kennis,

oorheersing en wellus. Mag ons leiers kies wat `n keuse maak vir ‘everything’ en mag ons nooit

eindig met ‘nothing’ nie. Die keuse vir ‘nothing’ gebeur veel makliker as die keuse vir

‘everything’…die geskiedenis het dit aan ons bewys: by meer as een geleentheid.
11.

WORLD CANNED FRUIT CONFERENCE

The next World Canned Fruit Conference will take place in Xushou, China,

and hosted by China Canned Food Industry Association. The meetings and

visits to factories and orchards will take place from 24 to 28 August 2010.

Anyone interested in attending the Conference can contact the Canning Fruit

Producers’ Association’s office (Tel: 021 8721501) for further information.

KALIFORNIESE TAAIPITPERSKES

Die Kaliforniese taaipitperskes is tans in volblom en is gemiddeld ses dae vroeër

as die langtermyn gemiddeld in hierdie Staat van Amerika. Dit is ook opvallend

dat saam met die vroeër blomdatums die koue eenhede vir 2010 die laagste is

oor die afgelope vier jaar.

AUSTRALIAN NEW PEAR CULTIVARS

Australia’s Department of Primary Industries (DPI) has revealed 20 new varieties

developed as part of its Australian Pear Breeding Programme and it is hoped

that they can reinvigorate demand in the fruit. The varieties have been

developed by cross pollinating guyot, corella and rogue red pear varieties and

they have a red blush on a yellow or green background.

ARGENTINIë

‘n Kleiner taaipitperske-oes word in Argentinië vir 2010 verwag as gevolg van die

koue skade en hael in die produksie-areas. Die aardbewing het geen invloed op

produksie gehad nie.

- FOODNEWS

CHILE FRUIT PROCESSORS

PRODUCTION AT CHILEAN FRUIT PROCESSING PLANTS IS RETURNING TO NORMAL AFTER

THE COUNTRY’S HUGE EARTHQUAKE. PROCESSORS ARE MOST CONCERNED OVER THE

DAMAGE TO PEACH STOCKS.

- FOODNEWS
12.

U word vriendelik uitgenooi na die

IPV Algemene Jaarvergadering

en

Inligtingsdag

Donderdag 3 Junie 2010 om 09:30

te Cumberland, Worcester

Verwelkoming/Oorsig: Mnr Anthony Dicey, IPV Voositter

Bedryfsaangeleenthede: Mnr Wiehahn Victor, IPV Hoofbestuurder

‘n Geleentheidspreker sal later aangekondig word

‘n Middag-ete sal na afloop van die verrigtinge bedien word

Geborg deur die IPV