02.05.2013 Views

deur: nico patrick swartz

deur: nico patrick swartz

deur: nico patrick swartz

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Thomas Aquinas se geestelike nalatenskap vir die Westerse wêreld

Die invloed van Thomas Aquinas se regsfilosofie het ‘n geestelike erfenis nagelaat wat

bykans ongeëwenaar in die westerse wêreld is. Hy is een van die grootste, indien nie die

grootste nie, eksponent van ‘n belangrike periode in die geskiedenis van die Westerse

wysbegeerte, naamlik die Christelike sintese-denke. Nie minder as sewe eeue is daar nou

al oor die doctor communis se geestelike nalatenskap nagedink en letterlik biblioteke vol

boeke en artikels geproduseer. In die jaar van die sewende-eeuse herdenking van sy

dood, onder andere, by wyse van ‘n internasionale kongres, 18 verskyn daar, behalwe die

groot hoeveelheid geleentheidspublikasies ook nog hierdie onbenullige hoofstukke oor ‘n

tema uit die denke van die doctor angelicus waaroor al veel dikker en meer

indrukwekkende werke die lig gesien het. 19 Veral die afgelope eeu sedert die herlewing

van die Thomisme aan die einde van die vorige eeu is intensiewe Thomistiese studie

verrig.

Die gedagtestrominge van die verlede word deur hom saamgebundel en getransformeer

tot ‘n magtige konsepsie, so kragtig dat die impulse daarvan tot op die hede

waarneembaar is. Sy gedagtestrominge weerklink nog tot vandag toe, nie net binne die

Rooms-Katolieke Kerk, waar sy filosofie tot amptelike leer verklaar is nie, maar ook

18 Dié kongres is gehou vanaf 17-24 April 1974 te Rome en Napels. Uit die bywoning ( ongeveer 1,500

mense uit 60 lande ) blyk die geweldige belangstelling wat daar vandag nog in die denke van Thomas

Aquinas bestaan. ‘n Seleksie uit die referate, onder die sentrale tema “ Thomas van Aquino en die

fundamentele probleme van ons tyd ,“ is reeds gepubliseer onder die titel: Tommaso D’Aquino nel suo VII

centenario, 17-24 Aprile, 1974. Die volledige acta wat by Herder Liberia in Rome verskyn, sal ongeveer

vyftien dele beslaan. Dit sal nie alleen die 150 lesings bevat wat tydens die kongressitting gelewer is nie

maar ook die plus minus 400 bydraes wat kongresgangers ingestuur het wat nie voorgedra kon word nie.

By hierdie geleentheid is ook ‘n Internasionale Thomistiese Vereniging in die lewe geroep om onder andere

verdere navorsing in verband met Thomas Aquinas te stimuleer.

19 Tydskrifte soos onder andere die Rivista di Filosofia Neo-Scolastica, April – September 1974 – uitgawe,

het spesiale uitgawes aan die denke van Thomas Aquinas gewy. Lesings by plaaslike geleenthede ter

herdenking van sy dood het in druk verskyn ( ook dié van die Universiteit van Fribourg onder die titel

L’Anthropologie de St. Thomas ) en institute het herdenkingsuitgawes gepubliseer soos byvoorbeeld die

Pontifical Institute of Mediaeval Studies te Toronto: St. Thomas Aquinas 1225-1274. Commemorative

Studies ( Foreword by E. Gilson ). Vanselfsprekend word die lewensgeskiedenis van die doctor angelicus

ook opniet onder die visier geplaas. Sien die biografie van R. Spiazzi San Tommaso D’Aquino.

xvii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!