02.05.2013 Views

Goddelike Grense binne Verhoudings - Kanaan Ministries

Goddelike Grense binne Verhoudings - Kanaan Ministries

Goddelike Grense binne Verhoudings - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUDSOPGAWE

INLEIDING 3

I. WAT HET DIE WOORD TE Sê OOR GRENSE? 7

II. VERANTWOORDELIKHEDE 13

III. PROBLEME MET GRENSE 20

IV. DIE SIMPTOME VAN GRENS-PROBLEME 26

i. Kliniese Simptome 26

ii. Verhoudings Simptome 27

iii. Funksionele Simptome 29

V. GRENSE EN SKALE 30

VI. DIE ONTWIKKELING VAN GRENSE 33

VII. WONDE OPGEDOEN 36

VIII. GRENSLYN BEGINSELS 38

IX. WANOPVATTINGS WAT BETREF GRENSE 45

X. GRENSE EN JOU GESIN 48

XI. GRENSE BINNE ‘N ROMANTIESE VERHOUDING 50

XII. GRENSE EN JOU HUWELIKSMAAT 51

XIII. GRENSE EN ONS KINDERS 53

XIV. GRENSE EN DIE EIE EK 54

XV. GRENSE EN GOD 57

XVI. DIE PAD NA HERSTEL 59

XVII. ONTWIKKEL GESONDE GRENSE 63

2

INLEIDING

Wat beteken ‘beperk’ (grens)?

DEFINISIE:

HORIZO, horison, beteken primêr om die grense van ‘n plek af te merk (soos in

Num. 34:6; Jos. 13:27); dus om vas te stel, aan te wys.

In Heb. 4:7 waar daar verwys word na die tyd van God se uitnodiging om in Sy

rus in te gaan, in teenstelling met Israel se mislukking om dit te doen, kan die

woord óf beteken die aanwys van die dag (d.i. die periode), óf die definiëring van

die dag, d.i. afmerk van sy grense.

KRINO, primêr om te verdeel, om van opinie te wees, goed te keur, te ag.

[VINE’S Expository Dictionary of New Testament Words]

King James vertaal dit sewe keer as “muur”, vier keer as “heining”, en een

keer as “grens” of “muur”.

[Enhanced Strong’s Lexicon]

King James vertaal dit vier keer as “heining”, drie keer as “kraal”, een keer as

“muur”, een keer as “skaapkraal”.

1 muur, heining.

2 skaapkraal

[Enhanced Strong’s Lexicon]

‘n Beperking of grens word nie geërf nie – dit word gebou! En dit

eindig nie daar nie – dit is ‘n voortdurende proses!

Beperking: 1.n. Grenslyn, terminale punt, grens wat nie mag of

kan oorskry word nie, beperk; maksimum, minimum, van wat

moontlik is, toelaatbaar, geloofwaardig, onbeperk; dit is die laaste strooi of die

verste moontlike ontwikkeling.

2. Dien as ~ om te beperk.

Heining: skerm, afskei; skerm, skild afweer; omring soos met, geslote, versterk

(stede in O.T.); geslote seisoen

Beskutting: heining van bosse of lae bome, grondwal, klip; omring met, grag,

afsluit, kortsny, verseker jouself teen verlies deur ander; vermy om jouself toe te

wy.

[Oxford Dictionary]

In die fisieke sin, dui ‘n beperking op iets wat verdeel, beskerm, afbaken, ‘n

eiendom se grenslyn aandui, ens.

In die nie-fisieke sin, dui dit op ‘n persoon se eie bewustheid van ‘waar’ en wie

hy is, en waar hy ‘eindig’ en ‘nie is nie’. Iets soos ‘n ‘persoonlike ruimte’.

3

Dit is om eienaarskap te neem oor jou eie liggaam, lewe, besluite, ens., en

terselfdertyd respek te toon vir iemand anders se persoonlike ruimte,

persoonlikheid, gevoelens, ens.

Dit definieër wat ek is, en wat nie. In ons alledaagse lewens is ons almal maar in

een of ander soort verhouding of gemeenskap, en ons moet duidelik besef en

toon wat ons eie verantwoordelikhede is, en wat nie.

Indien ons ons eie beperkinge of grense kan vasstel, het ons duidelikheid binne

onsself waarvoor ons verantwoordelik is, en kan dus goeie rentmeesters wees

van ons eie ‘ruimte’. Dit bevry ons daarvan om verantwoordelik te voel vir ander

mense se verantwoordelikhede.

Neem byvoorbeeld die wedergebore persoon. Hy

is ‘n drie-enige wese: liggaam, siel en gees.

Hierdie is afsonderlike areas van ‘n wedergebore

Christen en mens kan dit beskou as ‘begrens’ of

apart beperk, tog binne een wese, maar wel met

verskillende funksies.

1 Thess. 5:23 – “ 23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak,

en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by

die wederkoms van onse Here Jesus Christus! ”

Onkunde in hierdie verband kan wanopvattings en onnodige foute tot gevolg hê

wat kan dien as struikelblokke in die Christen se lewe en dit kan lei tot skade aan

die Liggaam van Christus in die algemeen.

Ons moet tot ‘n mate ons eie ‘valbrug’ beheer! Dit is jou eie verantwoordelikheid

aan wie jy toegang bied en wanneer. ‘n Goeie voorbeeld is dié van ‘n

Middeleeuse kasteel met ‘n valbrug. Dit is die enigste toegang tot die kasteel, en

moet bewaak en beheer word deur die wag. Wat betref jou eie persoon en lewe,

is jy die bewaker daarvan. Ander behoort nie toegelaat te word om in en uit jou

lewe te stap soos hul behoeftes en begeertes hul voorskryf nie!

Sonder behoorlike, verantwoordelike beheer van jou eie grense, kan jy later

gebruik voel en ‘n slagoffer word van die vyand, vreemdelinge of swerwers. Jy

sal ‘n gebrek aan vrede ervaar, moeg en geirriteerd voel, kwaad en bitter word –

alles omdat jy nie jou persoonlike grense gestel het nie. Ons behoort nooit toe te

laat dat ons openbare besit word nie. Ons neig om te dink dat ons as Christene

‘vrygewig’ moet wees deur toegang aan enigeen te bied. Dit kan lei tot die

verlies van jou siel.

Lê beslag op jou mag en ontdek vreugde en vrede. Slegs dan sal jy in staat

wees om jouself met ander te deel op ‘n gebalanseerde, liefdevolle wyse.

Indien ons bewus is van die grense binne ons eie wese, sal dinge duidelik word

op baie maniere – dit is bloot ‘n saak van self-organisasie! Hierin het ons ook ‘n

verantwoordelikheid teenoor ander .....

4

Gal. 6:2,5 – “ 2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

5 Want elkeen sal sy eie pak dra.”

“Las” = Wat gedra of moet gedra word, vrag, taak, verpligting, gewig; verpligte

koste, vrag, belasting, lê swaar op.

“Vrag” = Wat moet wees; wat gedra word; plaas op ‘n persoon, dier, skip, plaas

aan boord of op voertuig, las, gewig, stremming, vermeerder gewig of krag,

oorweldig met...

WAAROM HET ONS DAN GRENSE NODIG?

Om ons wettige grondgebiede vas te stel .....

Om daardie wettige grondgebiede te versorg .....

Om daardie wettige grondgebiede te bewaak .....

Om ons grond skoon en onkruidvry te hou .....

Om goeie dinge binne en slegte dinge buite te hou .....

Om dit te gebruik as waarskuwings vir ons eie ‘veiligheid’ .....

Om ons te help om te weet wanneer dit gepas is om te onttrek .....

Om te weet waar ons verantwoordelikhede begin .....

Om te weet waar ons verantwoordelikhede eindig.

Wat meer is, ons grense benodig behoorlike hekke.

Waarom? Om die verkeerde uit te laat, en om die regte

binne te hou!

Die verkeerde kan dinge wees soos woede, bitterheid, onvergewensgesindheid,

innerlike beloftes, pyn, ens.

Die regte kan wees om toe te laat dat genesing binnekom, sowel as waarheid,

die Woord, liefde, ens.

Luk. 19:43 – “ 43 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ’n skans rondom

jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. ”

Joh. 14:23 – “ 23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my

woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by

hom woning maak. ”

Grense moenie gesien word as die mure wat mense om hulself

bou om pyn of hulp uit te hou nie

5

Wanneer persoonlike grense nie in plek is nie, sal ‘n persoon die volgende

ervaar:

Onvermoë om manipulasie te identifiseer en die moed te hê om ‘nee’ te sê

daarvoor ...

Onvermoë om sy prioriteite in plek te hê waardeur diegene naaste aan

hom sal ly as gevolg daarvan ...

Onvermoë om ‘nee’ te sê vir aansprake op sy tyd en beskikbaarheid, en

misluk daardeur om sy eie belangrike persoonlike agenda te vervul ...

Onvermoë om die werk las tuis te deel ...

Onvermoë om sy ware gevoelens oor te dra aan diegene naaste aan hom.

6

I. WAT HET DIE WOORD TE Sê OOR GRENSE?

2 Kor. 11:9c – “En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie,

en ek sal my in ag neem.”

Fil. 4:7 – “ 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle

harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”

2 Tess. 3:3 – “ 3 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die

Bose.”

Jak. 1:27 – “ 27 Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om

wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar

van die wêreld.”

God Self funksioneer deur drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees – en tog

is Hy Een:

Joh. 1:1-4 – “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die

Woord was God.

2 Hy was in die begin by God.

3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding

ontstaan wat ontstaan het nie.

4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.”

In die Drie-eenheid heers daar orde – elke Persoon van die Drie-eenheid het Sy

eie Funksie, Persoonlikheid en Karakter-eienskappe.

Ons moet hierdie Karakter-eienskappe van elke Persoon van die Godheid te leer

ken om sodoende in staat te wees om Hulle behoorlik te verstaan – binne ons

eie self en ook andere.

Joh. 14:26 – “ 26... maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my

Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir

julle gesê het.”

Joh. 15:26 – “ 26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader

sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van

My getuig.”

2 Kor. 13:13 – “ 13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van

God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.”

Ons behoort grense in plek te hê wat ons liggaam en siel bewaak, want ons

moet verantwoordelike rentmeesters wees oor hierdie areas.

7

VEL

Ontwerp om die goeie binne en die slegte buite te hou.

Slagoffers van seksuele misbruik – hulle het ‘n onder ontwikkelde sin van

persoonlike grense – iemand anders het hom/haarself op hulle afgedwing

en hul persoonlike ruimte binnegedring, bv. slanery, stotery, stampery,

knyp, seksuele teistering, ens.

Jou vel is jou eie, persoonlike ‘bedekking. Dit is jou visuele buite-grens.

Indien iemand fisiese of seksuele misbruik ervaar het, is hierdie mees

basiese, Godgegewe, persoonlike grens oortree. Dit is nodig om weer

eienaarskap te neem oor die liggaam en alles wat dit behels.

WOORDE

Woorde skep grense / heinings

Woorde wat waarheid spreek mag selfs

verdeeldhede bring

Woorde definieer jou gebied aan ander – jy mag jou gevoelens, afkeure,

voorkeure, ens., uitdruk.

Woorde vertel aan ander waar jy staan en waar hulle met jou staan

Jy mag “nee” sê – jou liggaam en siel is jou grondgebied en

verantwoordelikheid. Laat jou stem hoor met “nee” of “ja”, wat ookal die

geval mag wees. ‘n Ferm “nee” trek ‘n grenslyn om jou persoonlike ruimte

Wanneer iemand se persoonlike grense nie in plek is nie, sal hy sukkel

om “nee” te sê vir dominering, intimidering, manipulering, druk of

aansprake van ander.

Daar is ‘n funksie van selfbeheer wat bestaan uit “nee” sê vir eksterne of

interne druk. Wanneer beheer verloor word oor jou persoonlike

grondgebied, beteken dit dat jy nie die vrug van positiewe selfbeheer sal

kan geniet nie.

8

WAARHEID

Deur eerlik te wees, trek jy die lyn tussen ‘n leuen en die waarheid.

Eerlikheid lei tot integriteit.

1 Tim. 2:2,3 – “...sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en

waardigheid.

3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser...”

Satan is ‘n misleier en sal altyd probeer om ons weg te trek van die

waarheid, deur selfs daardie einste waarheid te gebruik! Hy is ‘n meester

in die verdraaiing van waarheid en realiteit.

2 Kor. 11:14 – “ 14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n

engel van die lig.”

2 Tess. 2:8-11 – “ 8 ...en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die

Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy

wederkoms tot niet sal maak,

9 hy wie se koms is v olgens die werking van die Satan met allerhande kragtige

dade en tekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan,

omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te

glo...”

‘N VEILIGE AFSTAND .....

Ps. 101:2-6 – “ 2 Ek wil ag gee op regskape wandel—wanneer sal U na my

kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.

3

Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal

my nie aankleef nie.

4

’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil

ek nie ken nie.

5Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek

vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra

ek nie.

6

My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my

kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié

mag my dien.”

9

DIE TYDFAKTOR

Dit is altyd ‘n goeie beginsel om ‘n bietjie terug te staan van iemand

anders / ‘n verhouding / ‘n saak / ‘n projek, ens., ten einde perspektief te

verkry en dit in ‘n ander lig te kan sien.

In elke mens se lewe kom daar ‘n tyd wanneer

hy/sy emosioneel en geestelik geskei moet word

van ouers / mentors / veilige plekke, ten einde

sy/haar eie grense te kan vasstel.

Tyd en afstand is uitstekende maniere om jouself

bietjie ruimte te bied om asem te skep in ‘n situasie of van ‘n persoon,

selfs wanneer genesing nodig is in die geval van ‘n pynlike ervaring.

STAAN ‘N BIETJIE TERUG

Somtyds moet daar ‘n tydelike grens vasgestel word

vir iemand se eie beswil, bv. in die geval van

verhoudings met mishandeling, of selfs gevaarlike

situasies binne ‘n verhouding.

In baie gevalle moet ‘n persoon uitstap by ’n

potensieel gevaarlike situasie wat hom/haarself betref,

veral waar kinders of ou mense betrokke is.

Stel jou eie ‘veiligheidsgrens’ vas totdat daar voldoende bewys is van ‘n

volgehoue, positiewe verandering in die misbruiker se gedrag.

HULP VAN ANDERE

Ps. 55:15 – “ 15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die

huis van God gewandel het met die woelige skare.”

Spr. 1:5 – “ 5 ...laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder,

en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry...”

Spr. 11:14 – “ 14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar

in die veelheid van raadgewers is redding.”

Ons kan dikwels nie duidelik onderskei in ‘n saak wat só naby

ons eie harte of emosies is nie.

10

Dit is wanneer ons ‘n veilige plek in die geselskap van ander kinders van God

kan vind. Hulle kan ons help om dinge vanuit ‘n ander perspektief te sien en dit

is dikwels beter as ons eie! Hulle kan ons ondersteun

gedurende moeilike tye, of ons selfs help om goeie

besluite te neem deur hul insette wat hulle lewer en hul

perspektief op sake.

Die mens is gemaak vir verhouding en verhouding is

vir die mens gemaak. Dit is enigiemand se basiese

behoefte in die lewe. Om alleen te staan in moeilike

situasies en besluite alleen te moet neem, vereis baie

energie van iemand. Ons kan ons op ander beroep

met wie ons in verhoudings staan, en dit sal die risiko

van verkeerde besluite verminder.

Let op dat in die bepaling van grense, dit altyd ‘n ondersteunings-sisteem van

een of ander aard sal behels.

‘N WOORD AAN DIE ONDERSTEUNER .....

LUISTER!!!

Om goed te kan luister, is ‘n aktiewe oefening. Dit vereis jou aandag. Dit is

harde werk! Dit vra vir algehele konsentrasie op die ander persoon.

‘n Manifestasie van liefde. Jy sal jou eie begeertes, verwysingsraamwerk, idees,

agenda, ens., eenkant moet skuif en in die ander persoon se skoene moet klim.

Deur een te word – luisteraar en spreker – verleng jy jouself.

Algehele aanvaarding van die spreker is nodig. Nou sal die persoon meer en

meer oopmaak. Ware kommunikasie sal begin plaasvind. Die energie nodig om

jou algehele aandag op iemand anders se behoefte te fokus is só intens en

omvattend, dat slegs liefde dit kan regkry!

Die meeste van ons skiet te kort aan hierdie energie, en moet dit verkry van die

Heilige Gees binne ons. Ons neig om selektief te luister. Dikwels het ons ‘n

vooropgestelde agenda, miskien om hierdie gesprek so

vinnig moontlik af te handel, of om dit selfs in ‘n ander

rigting te stuur om onsself te pas.

Onthou, dit is makliker om die praatwerk te doen as die

luisterwerk! Ons hou nie daarvan om te luister na

dit wat ons nie wil hoor nie.

Net om iemand te hê wat luister en hoor, kan die

genesingsproses aan die gang sit!!

11

GEVOLGE

Wanneer grense geignoreer word, sal dit die oortreder daarvan affekteer, bv.:

“As jy .......

Nie ophou om vir my te jok nie;

Nie ophou om my te mishandel nie;

Nie ophou om die kinders te mishandel nie;

Nie ophou om daardie middel te misbruik nie ....

Gaan ek jou sekerlik verlaat en sal nie terugkom voordat jy aan my

kan bewys dat jy ‘n positiewe verandering in jou gedrag kan volhou

nie.”

12

II. VERANTWOORDELIKHEDE

Ons behoort verantwoordelikheid te neem vir ons:

Gevoelens

Gesindhede

Oortuigings

Gedrag

Keuses

Waardes

Grense

Talente

Gedagtes

Begeertes

Liefde

A. GEVOELENS

Spr. 28:26 – “ 26 Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in

wysheid wandel, word gered.”

Pred. 7:22 – “ 22 Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy

self ook ander gevloek het.”

Ons moet versigtig wees dat gevoelens ons nie oorheers en

ons voor- skryf hoe ons moet optree nie.

Aan die ander kant moet ons ook nie ons gevoelens

heeltemal ignoreer nie – ons moet onderskei en ‘n gesonde

balans handhaaf.

Gevoelens / emosies is in die sielsarea geleë en behoort

onder beheer van die Heilige Gees gebring te word.

Hulle is die barometers van die siel wat ons vertel

“hoe dit met ons gaan”.

Gevoelens funksioneer as seine.

Ons moet verantwoordelikheid neem vir ons

gevoelens – vir ons eie ontwil, asook vir dié van

ander.

Ons behoort nie ander toe te laat om ons grense te oortree en chaos te

skep in ons gevoelens nie, bv. frustrasie, woede, vrees, irritasie, ens.

13

B. GESINDHEDE

Spr. 23:7 – “ 7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir

jou, maar sy hart is nie met jou nie.”

Ps. 19:15 – “ 15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart

welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!”

Jou ingesteldheid teenoor ‘n saak, ander mense,

algemene lewe, take, God, leiers, huweliksmaat, ander

verhoudings, ens.

Ons moet versigtig wees oor wat ons in ons harte toelaat.

Laat die Heilige Gees toe om aan jou enige gesindheid te

wys wat nie in ooreenstemming met Hom is nie.

Ons moet in staat wees om te staan vir wat ons glo.

C. OORTUIGINGS

Ons is gebore met die potensiaal en neiging om ‘saam met die stroom’ te

gaan, wat ons oop teikens maak vir elke verkeerde oortuiging of

doktrine van die mens, tradisie, ens.

Ons moet verantwoordelikheid neem vir ons eie denke en

oortuigings. Die wil moet gereed wees om ‘ja’ of ‘nee’ te sê

wanneer toepaslik.

Ons moet besef watter groot rol ons oortuigings in ons

gedragspatrone en verhoudings speel.

Ons moet ons eie besluite neem, en dit slegs na sorgvuldige

oorweging en konsultasie met die Heilige Gees.

Mense wat nie grense in plek het rondom hul sin vir realiteit nie,

voel nie ‘gedefinieër’ nie.

14

D. GEDRAG

Gal. 6:7 – “ 7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die

mens saai, dit sal hy ook maai.

8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die

Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.”

Elke optrede het ‘n gevolg, positief of negatief.

Dit is die wet van saai en maai.

Iemand se wangedrag, misbruik, drinkery, ens.,

sal vir hom gevolge inhou.

Verhoudings binne die gesin moet beheer word

deur liefde, grense en warmte. Dit produseer

kinders wat ook beheer oor hul eie lewens sal

hê.

E. KEUSES

Ps. 25:12, 13 – “ 12 Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom

leer aangaande die weg wat hy moet kies.

13 Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.”

Spr. 3:31 – “ 31 Wees nie afgunstig op ’n man van geweld en verkies geeneen

van sy weë nie.”

Jos. 24:15 – “ 15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan

vir julle vandag wie julle wil dien:”

Om ‘n keuse te maak en daarby te hou, behels verantwoordelikheid.

Om ‘n keuse te maak en daarby te hou, behels selfbeheer.

By die afwesigheid van grense sal ‘n persoon neig om die

gevolge van sy eie verkeerde keuses op ander te pak ....

“Dit is omdat jy nie na my wou luister nie ... dit is waarom

ek dit gedoen het!”

Om besluite te neem en keuses uit te oefen gebaseer op

iemand anders se goedkeuring of gedryf deur

skuldgevoelens, lei tot griewe – ‘n vrug van die ou sondige

natuur.

Ons moet keuses maak waarmee ons kan saamleef – dit is ons eie

verantwoordelikheid.

15

F. WAARDES

‘n Waarde is iets / iemand wat ons as belangrik sien.

‘n Waarde is iets wat ons liefhet en

verantwoordelikheid voor neem.

Ons behoort ons waardes te onderskei – of God eerste

kom, of miskien ander mense, dinge, posisies,

doktrines, ens., prioriteit by ons geniet.

Wanneer ons in staat is om grense te plaas op ons waardes, sal die Heilige

Gees met ons kan werk en ons waardes kan herrangskik volgens Sy wil.

G. BEPERKINGE

God stel beperkinge en laat mense toe om hul eie keuses te maak en

daarmee saam die gevolge te neem, goed of sleg.

Ons kan beperkinge plaas op die manier waarop ander ons behandel – vir

ons eie beskerming.

Deur standpunt in te neem teen dinge wat liefde vernietig, preserveer ons

daardie liefde.

Om beperkinge op jouself in te stel, benodig jy selfbeheer – dit moet egter

nie te ver gevoer word nie, en kan lei tot onderdrukking.

Ons moet onthou dat die verstand, wil en emosies wat onvernuwe is, altyd

sal neig om te veel ‘genade’ vir die self te hê, en sal maklik ingee en

toelaat dat afbrekende gewoontes vorm of voortduur – ons benodig

selfbeheersing.

16

H.TALENTE

God het aan elkeen van ons talente gegee en verwag van

ons om dit te ontwikkel en eienaarskap daaroor te neem.

Dit kan ‘n groot stap wees om te neem vanaf vrees na

vertroue in die Here.

Ons moet ons vrees vir mislukking of mensevrees in die

oë kyk tydens die gebruik van ons talente.

Ons moet vertroue hê in God en Sy wonderlike wyse van

lering en onderhouding van ons as Sy kinders terwyl ons

ontwikkel.

I. GEDAGTES

Ons verstande kan kragtige wapens in die Hand van die

Here wees.

Ons verstande moet vernuwe, verlos en geheilig word.

Ons moet eienaarskap neem van ons gedagtes.

Ons moet versigtig wees dat ons nie onleerbaar is nie,

maar ook terselfdertyd nie liggelowig oor alles wat ander

sê of glo nie.

Ons besit ’n wonderlike instrument – die brein – gebruik dit, groei in kennis

en brei dit uit.

Vra die Here om jou kapasiteit te vergroot om alles te behou wat Hy vir jou

bedoel het om op hierdie aarde en in hierdie lewe te weet.

Wees wakker vir enige verdraaide denke, veral gedagtes en idees wat in

teenstelling is met die Woord van God.

Onthou … dit is goed om na die raad van ander te luister … daarin is

veiligheid en wysheid. Deel jou gedagtes met ander broers en susters in

die Here, ‘gebruik’ hulle as klankbord.

Ps. 94:19 – “ 19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u

vertroostinge my siel.”

Ps. 139:23 – “ 23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my

gedagtes...”

17

J. BEGEERTES

Die ‘self’ daarbinne het baie drome, wense,

mikpunte, planne, begeertes, ens.

Ons moet eienaarskap neem van ons begeertes

en dit toets aan die Woord en die Gees van

Waarheid.

Wanneer ons tekort skiet aan gestruktureerde

grense binne ons eie persoonlikheid, sal ons nie

in staat wees om te bepaal wie die eintlike “ek” is

en wat ons werklike begeertes is nie.

Ps. 10:17 – “ 17 HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal

hulle hart versterk, u oor sal luister...”

Ps. 37:4 – “ 4 ...en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van

jou hart.”

Spr. 13:19 – “ 19 ’n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die

kwaad, is ’n gruwel vir die dwase.”

Ons moet seker maak dat ons motiewe suiwer is.

Ps. 19:15 – “ 15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart

welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!”

Ons moet seker maak dat ons begeertes nie vermeng word met dinge wat

ons nie werklik nodig het nie.

Fil. 2:13 – “ 13... want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na

sy welbehae.”

Indien ons harte geheilig is en toegewy aan ons Vader, sal Hy Sy begeertes

in ons plaas.

K. LIEFDE

Die grootste gawe bo alles in die mens, is die vermoë om

liefde te gee en daarop te reageer.

Ons moet gewillig wees om te vertrou wanneer ons

liefde gee en ontvang.

Ons moet verantwoordelikheid neem vir hierdie vermoë

in onsself om liefde te gee en dit gebruik. Wanneer

ons liefde weerstaan, kan eensaamheid insluip. Eensaamheid kan ‘n

gevolg wees van ‘n gebrek aan reaksie.

18

Skenk aandag aan enige swakhede op hierdie gebied.

VERSORG DIE SKATTE BINNE ONS GRENSE

Bogenoemde is die skatte wat ons moet versorg. Skatte wat binne ons eie,

persoonlike wesens geplaas is.

Dit is baie belangrik in die lewe in terme van herstel en groei in die beeld van

God, om eienaarskap te neem vir ons skatte. Dit sal jou lei om die volgende te

hanteer:

Jou tyd

Jou geld

Jou liggaam

Jou loopbaan

Jou verhoudings

Jou huwelik

Ons gevoelens, gesindhede en gedrag bepaal hoe ons ons lewens leef en

ons grense dien as helpers om ons skatte te beskerm!

Spr. 4:23 – “ 23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want

daaruit is die oorspronge van die lewe.”

Om in staat te wees om dit te versorg wat binne ons eie grense lê, is nie

maklik nie!

Om ander mense toe te laat om te versorg wat binne hul eie grense lê, is

net so moeilik!

Om jou grense vas te stel en daarby te hou, is baie harde werk!

19

III. PROBLEME MET GRENSE

Ouers moet besef dat hulle ‘n verantwoordelikheid het om hul kinders die

belangrikheid daarvan te leer om Goddelike grense te stel. Wanneer hulle hul

kinders leer dat om grense vas te stel of om ‘nee’ te sê, sleg is, leer hulle hul

kinders dat hulle alles moet aanvaar wat in hul rigting kom via ander mense.

Om die waarheid te sê, hulle stuur weerlose kinders uit in hierdie wêreld – ‘n

wêreld besmet met soveel boosheid, beheer, manipulasie en uitbuiting van ander

mense en versoekings.

Ouers moet hul kinders toerus om in staat te wees om die volgende te kan sê:

Ek stem nie hiermee saam nie.....

Ek stem nie met jou saam nie.....

Nee....!!

Ek sal nie.....

Ek verkies om dit nie te doen nie ....

Jy maak my seer ....!

Dit is verkeerd .....

Dit is sleg .....

Moenie daar vat nie .....!

Wanneer ons “ja” sê vir slegte dinge, kan ons die eerste besering teen ons

persoonlike grense toegedien word.

A. DIE TOESTEMMENDE PERSOON

Die simptoom van ‘n toestemmende persoon sal misnoegdheid

wees – ‘n gevoel dat hy iets toegelaat het wat hy nie moes nie.

Wat hier gebeur, is dat ‘n persoon neig om maklik en gedienstig

toe te gee aan die aansprake en behoeftes van ander.

Hulle vrees verwerping of om alleen gelaat te word.

Hul agtergronde het hulle geleer om te vermy om “nee” te sê ter

wille van die vrede.

Hulle sal nie ‘n bohaai opskop oor verskille nie, omdat hulle nie:

Enigiemand se gevoelens wil seermaak nie

Nie verlaat of geskei wil word nie

Alleen wil staan en afhanklik van iemand anders wees nie

Enigiemand wil kwaadmaak nie

Enige straf wil ontvang nie

Skaam wil voel nie

Gesien wil word as sleg of selfsugtig nie

Gesien wil word as ongeestelik nie

20

Omdat hulle die skuld wil dra wat oorgedra word vanaf sy té streng,

kritiese gewete nie.

Rom. 13:5 – “ 5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter

wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.”

1 Kor. 8:7 – “...en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.”

‘n Persoon wie se grense swak ontwikkel is, sal té veel

verantwoordelikhede op homself neem en té min grense

vasstel. Hulle is bang en HAAT konfrontasie!

B. DIE VERMYDENDE PERSOON

Hierdie persoon neig om die goeie te vermy deur dit te weier. Hy kan nie hulp

vra of sy eie behoeftes herken of ander toelaat om daardie behoefte van hom te

sien nie. Hierdie persoon sal onttrek van ander wanneer hy ‘n behoefte het.

Indien sy grense behoorlik in plek was, sou hy in staat gewees het om die goeie

binne te laat, en die slegte buite te hou. Hy behoort die vryheid te hê om veilige

verhoudings te geniet en om afbrekende verhoudings weg te wys.

God gee aan ons die keuse om Hom binne te laat of buite te hou. Hy respekteer

ons grense.

Die vermydende persoon sal dit moeilik vind om vir beide God en ander oop te

maak. Hy sal sy probleme en geregverdigde begeertes sien as iets sleg of iets

om oor skaam te wees.

Wanneer beide probleme aanwesig is in dieselfde persoon, kan hy opeindig deur

algeheel gedreineer te voel, omdat hy nie “nee” kan sê vir die misbruiker nie, en

ook nie “ja” kan sê vir die persoon wat wil help nie. Hy word vasgevang in ‘n

vermoeiende siklus met niks om die verlore energie mee te vervang nie.

21

C. DIE BEHEERDER

Hierdie een het geen respek vir ‘n ander persoon se grense

nie. Soos menslike “bloedsuiers” wil hulle nie

verantwoordelikheid neem vir hul eie lewens nie, maar wil

ander beheer. Ander ervaar hulle as manipulerend,

aggressief en beledigend.

Hulle maak op ander staat om hul laste, sowel as hul jukke

vir hulle te dra.

Aggressiewe Beheerders .....

Hulle is meesters in selfregverdiging!

Loop oor ander soos stoomrollers

Hulle neig om verbaal / fisies te misbruik

Hulle ignoreer die grense van ander mense

Hulle het ‘n leefstyl van ‘ja’

Ander moet verander om hulle te pas

Manipulerende Beheerders .....

Sal probeer om mense te lok buite die grense wat hulle vir hulself gestel

het

Sal probeer om jou “om te praat”

Sal omstandighede agter die skerms beheer om hul sin te kry

Sal ander mislei sodat hulle hul laste vir hulle dra

Sal gebruik maak van boodskappe wat skuldgevoelens opwek

Sal nooit erken dat hulle ‘n begeerte het om ander te beheer nie

Sal nooit iets vir iemand doen sonder om ‘n guns in ruil daarvoor te

verwag nie.

Toestemmende / Aggressiewe Beheerders .....

Die toestemmende persoon voel beheer en misnoegd en die aggressiewe

beheerder voel goed, maar hou nie van ‘n gekerm nie.

Die toestemmende persoon word groot met die vermyding van konflik

i.p.v. om dit te aanvaar en die aggressiewe beheerder leer nooit om

verantwoordelikheid vir die self te neem nie, en wil onmiddellik sy

behoeftes bevredig hê.

Die toestemmende persoon het ‘n onvermoë om duidelike grense te stel

en die aggressiewe beheerder besit ‘n onvermoë om ‘n toestemmende

persoon se grense te respekteer.

22

‘n Toestemmende persoon moet sorg dat hy/sy nie die slagoffer word nie. Hy

beheer die aggressiewe beheerder deur hom/haar te plesier, in die hoop dat dit

hom/haar sal oorreed om sy/haar gedrag te verander.

‘n Beheerder moet eienaarskap neem van die feit dat hy/sy nie luister na “nee”

nie, en aanvaar nie die grense van ander nie. Hulle moet verantwoordelikheid

neem oor die behoefte om te beheer.

Die toestemmende persoon moet grense konfronteer en

vasstel sodat die beheerder kan weet dat sy/haar beheer

hul verhouding seermaak en verwond.

Indien die beheerder dan kwaad of intimiderend word,

verlaat die perseel / verhouding totdat dit veilig is om terug

te keer.

Die beheerder sal ‘n ongedissiplineerde persoon wees met

baie min vermoë om sy eie impulse of begeertes te beheer.

Hy sal ‘n slaaf van homself wees.

Hy sal ‘n afgesonderde lewe leef.

Diegene wat by hom bly, sal dit doen uit vrees, skuldgevoelens of afhanklikheid,

nie omdat hulle wil nie. Die beheerder is gewoond daaraan om sy sin te kry en

voel selde geliefd.

iv. Toestemmende / Manipulerende Beheerders ....

Die toestemmende persoon ervaar misnoegdheid en voel sy/haar vriendskap

word as vanselfsprekend aanvaar. Vermyding begin plaasvind, omdat die

toestemmende een nie hou van konflik nie, en die manipuleerder is

onverantwoordelik en het ‘n gebrek aan dissipline en beplanning.

D. DIE NIE-REAGERENDE PERSONE

Hulle is nie-reagerend en hoor nie wanneer ander ‘n behoefte het

nie.

23

Hierdie groep bestaan uit twee soorte mense:

i. Diegene met ‘n verharde hart en kritiese uitkyk

aangaande ander se behoeftes. Omdat hulle ‘n

skaamte of haat binne hulself dra om onvoldoende te

wees, sal hulle die behoeftes van ander ignoreer.

ii. Diegene wie algeheel opgeneem is in hul eie

behoeftes en begeertes, met geen plek vir ander nie.

Spr. 3:28 – “ 28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre

gee—terwyl jy dit het.”

Om op te som:

‘n Beherende / nie-reagerende persoon vind dit moeilik om verby sy eie

behoeftes en homself te sien.

‘n Toestemmende / vermydende persoon is altyd op die uitkyk vir iemand wat

herstel moet word. Hulle sê altyd ‘ja’ en is nie in voeling met hul eie behoeftes

nie.

Wie sal die ‘slagter’ wees en wie die ‘skaap’ in hierdie scenario?

Dit is duidelik dat die Beherende, nie-reagerende persoon die Toestemmende,

vermydende een sal uitsoek as slagoffer, sodat hy in staat sal wees om sy eie

verantwoordelikhede te systap!

24

IV. DIE SIMPTOME VAN GRENSPROBLEME

Waar daar ‘n probleem is, sal daar ook ‘n simptoom wees.

‘n Simptoom is ‘n teken dat daar iets haper.

Dit dien as aanduiding dat ‘n deel van die siel nie funksioneer soos dit

behoort te doen nie.

i. KLINIESE SIMPTOME

Hierdie simptome dui op sommige van die maniere waarop pyn

ervaar sal word.

DEPRESSIE ...

Bestaan uit gevoelens van verlies. ‘n Gebrek aan goeie grense

en swak beheer oor die hart, kan voortdurende gevoelens van

verlies tot gevolg hê. Ons wil nie pyn hê nie, maar liefde. Ons

het talle onbeantwoorde behoeftes wat uitloop op depressie.

MISNOEGDHEID ...

Ons het die keuse ontvang. Indien ons nie verantwoordelikheid kies nie, sal ons

ons verlies aan vryheid berou. Behalwe dat misnoegdheid ‘n

sonde is, sal dit ook ‘n negatiewe uitwerking hê op ons fisiese

liggame. Hoofpyne, spanning, maagsere, spastiese kolons, ens.,

sal die gevolg wees van aanhoudende toksiese gevoelens aan die

binnekant heeldag lank.

Wanneer ons dinge teëkom waarvan ons nie hou nie, is ons

onvergenoegd. Wanneer ons nie iets aan ‘n saak kan doen nie, is

ons misnoegd. Dit alles is die gevolg van ‘n gebrek aan goddelike

grense en ons vind dat ons dwase keuses maak en terselfdertyd

toelaat dat ander beheer verkry oor verskillende areas van ons lewens. God het

ons geskape om mag oor ons eie lewens uit te oefen!

UITBARSTINGS ...

Pred. 7:9 – “ 9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis

rus in die boesem van die dwase.”

Woede uitbarstings word dikwels gesneller deur die kleinste dingetjies. Binne-in

so iemand heers ‘n deurdronge gevoel van “nie in beheer nie”. Hy voel

“magteloos”.

Simptome van woede is dikwels ‘n aanduiding dat daar probleme met

persoonlike grense is wat uitgesorteer behoort te word.

25

OBSESSIEWE KOMPULSIEWE SIMPTOME ...

Wanneer iemand nie in beheer van sy lewe voel nie, sal hy probeer

om dit waartoe hy in staat is, te beheer, bv. uitermate

huisskoonmakery, persoonlike higiëne, perfeksionisme, ens.

Hierdie obsessiewe kompulsiewe probleme val in twee kategorieë:

• Gedagtes is buite beheer a.g.v. die passiwiteit van die

wil. Dit is om nie in staat te wees om te kies waaroor hy wil dink of

waaroor nie. Hierdie persoon neig om hom te bekommer en ervaar

onnodige angs oor dinge.

• Kompulsiewe gedrag. Dit is ‘n kompulsiewe fisiologiese behoefte

na iets. Dit is iets wat hierdie persoon glo hy het nodig om te kan

oorleef. Sommige mense is verslaaf aan middels, bv., alkohol,

dwelms, kos, ens. Ander is verslaaf aan spesifieke aktiwiteite, bv.

pornografie, seks, dobbel, spoed, werk, afbrekende verhoudings,

godsdiens, sport, geld, ens.

DIE VOOR DIE HAND LIGGENDE PROBLEEM IS NOOIT DIE WERKLIKE

PROBLEEM NIE.

DIE VRUG IS DIE AANDUIDING DAT IETS VERKEERD IS MET DIE BOOM!!

ii. VERHOUDINGS SIMPTOME

Wie is vir jou belangrik?

Met wie bring jy jou tyd deur en van wie het jy iets nodig?

Met wie voel jy gefrustreerd?

Met wie wil jy nouer kontak hê?

Met wie moet jy konflik opklaar?

Beperkings konflik in vriendskappe is baie moeilik om mee te handel, omdat die

enigste band wat die verhouding bind, die verbintenis op sigself is. Daar is geen

“verbond” of teken nie – slegs vriendskap. Dinge kan maklik

een of ander tyd verkeerd gaan.

Die antwoord hierop is om in Christus te wees en verbind te

bly aan God. Deur Christus word ons gevul met genoeg

genade om uit te hou en die probleme wat mag opkom, op te

los.

‘n Vriendskap word basies gebou op ‘n soort verbintenis. Daar moet wedersydse

respek, liefde, onselfsugtigheid, ens. wees om dit te maak werk. Soos ons meer

en meer in ‘n verbintenis-gebaseerde lewe inbeweeg, leer ons om liefde te

vertrou en dat die bande van ware vriendskap nie maklik verbreek word nie.

26

Indien ’n vriendskap aanmekaar gehou moet word deur prestasie, innemendheid,

skuld, verpligting, ens., is dit nie liefde-aangedrewe nie!

In ‘n vriendskap wat op liefde gebaseer is, kan ons grense stel wat die

verbintenis sal versterk en nie beseer nie.

a. VERLIES VAN VRYHEID

Werklike nabyheid is bedoel om ‘n posisie te wees van waar jy vry is om óf nader

óf verder weg te beweeg, wat ookal die behoefte mag wees. Wanneer ons

onsself bevind in ‘n verhouding waar die vryheid om naby of apart te wees, om

saam te stem of te verskil, nie bestaan nie, sal ons vasgevang voel. Daar is

twee soorte van hierdie vryheids-weerhoudende verhoudings:

i. DIREKTE BEHEERDER

‘n Oortreder van grense en ‘n slagoffer van grense sal na mekaar

aangetrek word. Dit is gewoonlik iemand wat nie ‘nee’ kan sê nie, wat sal

woon saam met iemand wat nie ‘nee’ kan hoor nie.

In hierdie verhouding sal die slagoffer sy bes doen, probeer om geliefd te

wees, probeer om maklik te wees om oor die weg mee te kom, maar die

oortreder is nooit tevrede nie, wil altyd meer hê, wil al die vryheid hê, en

laat niks vir die slagoffer nie.

ii. MANIPULERENDE BEHEERDER

Die manipulerende beheerder is baie meer subtiel as die vorige een.

Veroordeling word op die slagoffer gelaai deur ‘duister’ vermomde

uitsprake soos, “jy het tog nie tyd vir my nie, dus sal ek dit maar net alleen

moet doen....”, ens.

Die slagoffer sal dit internaliseer en ‘n groeiende gevoel van

verantwoordelikheid teenoor die oortreder ervaar, wat op sy

beurt weer ‘n deskundige is in die plant van hierdie

skuldboodskappe.

DIE PERSOONLIKE GRENS SLAGOFFER PLAAS MAG IN DIE

HANDE VAN DIE GRENS OORTREDER – ONGEOORLOOFDE

MAG.

27

. VERLIES VAN LIEFDE

Wanneer ‘n verhouding iemand laat voel asof hy gedurig op eiers loop en dat hy

nooit mag verskil of die waarheid vertel nie uit vrees vir verwerping, leef hy in

vrees. Wanneer ons nie vry is om ‘nee’ in ‘n verhouding te sê nie, vind ons dat

ons harte sal koud word teenoor die ander persoon. Om in vrees te lewe in ‘n

verhouding, begin die liefde wat voorheen bestaan het, te kwyn.

Wanneer saamgeleef word met ‘n direkte of indirekte beheerder, sal jy ‘n verlies

aan vryheid ervaar.

DIE VERLIES AAN VRYHEID EN LIEFDE IS DIE TWEE GROOTSTE

GEVAARTEKENS DAT DAAR ‘N GRENSPROBLEEM BESTAAN BINNE ‘N

VERHOUDING!!

iii. FUNKSIONELE SIMPTOME

a. VOLTOOI NIE ‘N TAAK EN BEREIK NIE ‘N MIKPUNT NIE

‘n Grens sal aan ‘n persoon ‘n mate van doel of rigting gee. Gebrek aan

grense veroorsaak verlies aan beheer van ons doelwitte, en ander mense,

dinge of omstandighede sal ons van koers af druk.

Ons moet die vermoë hê om ‘nee’ te kan sê vir ‘n teëwerkende invloed of

begeerte wat sal probeer om ons van koers af te dwing sodat ons nooit ‘n

taak of doelwit voltooi nie.

Ons moet gefokus bly op ons doelwit wat voor ons lê en nie verander

word deur elke teenstellende wind wat van vooraf kom nie. Dit is ook

waar van ons geestelike wandel met God.

‘N WARE TEIKEN DEUR GOD GEGEE, SAL OOK ONS EIE

PASSIE WEES. ONS SAL VIND DAT ONS VAN BINNE

GEDRYF WORD. DIT IS ONS GODGEGEWE ROEPING IN

CHRISTUS JESUS.

b. ONGEORGANISEERD

Selfs binne onsself, benodig ons interne grense en struktuur. Indien

interne grense nie in plek is nie, sal ons niks gedoen kry nie, en ‘n gevoel

van verspreidheid ervaar.

28

c. GEBREK AAN ENERGIE

Indien grense nie in plek is nie, sal ons vind dat ons

uiteindelik iets doen wat ons nie regtig wil nie. M.a.w.,

nie omdat ons GEROEPE voel om dit te doen nie,

maar omdat ons dit MOET doen. Dit dreineer ons

energie!

d. GEBREK AAN KONSENTRASIE

Wanneer ons verstande besaai is met baie

depressiewe en onopgeloste dinge en ons nie

grense geplaas het op ons emosies om dit te

beheer nie, is daar nie genoeg ruimte in daardie

verstand om mee te werk nie. Ons moet onsself

oefen en dissiplineer om te konsentreer. Indien dit

nie in plek is nie, is dit ‘n simptomaties van ‘n

grensprobleem.

2 Tim. 1:7 – “ 7 Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar

van krag en liefde en selfbeheersing.”

e. SELFLIEFDE

Hoë kwaliteit lewe begin met ‘n hoë kwaliteit jy – maar wanneer selfliefde

tot die uiterste gevoer word, sal ‘n persoon selfsugtig word. Indien ons

egter kan leer om aandag te skenk aan ons eie basiese behoeftes, en

daardeur onsself toerus om ook vir ander beskikbaar te wees, vervul ons

‘n behoefte van ander.

Neem byvoorbeeld ‘n situasie waar mense in ‘n noodsituasie is

gedurende ‘n vliegrit. Volwassenes behoort eerste hul eie

suurstofmaskers aan te sit, sodat hulle in staat kan wees om hul kinders

en ander te help.

Aanvanklik kan dit jou laat skuldig, ongemaklik, ongevoelig en

ongeestelik voel, maar georganiseerde denke in sulke gevalle kan

ook ander red!

OM JOUSELF TE EER IS DIE GROOTSTE GAWE WAT JY AAN

IEMAND ANDERS KAN GEE!!

29

V. GRENSE EN SKALE

MISNOEGDHEID .....

Op die pad van die lewe moet ons onsself meet en weeg en

grense opstel vir ons eie, sowel as vir ander se beskerming.

Ons sal nou kyk na sommige van die dinge wat ons kan

verwag:

Die bespeuring van misnoegdheid in onsself, is ‘n seker teken dat ons ‘n

grensprobleem het. Daar is ‘n grensprobleem indien ons in ‘n verhouding is,

dinge vir daardie persoon doen, maar terselfdertyd agter sy/haar rug praat,

hom/haar minag, sarkasties is met hom/haar, hom/haar afsit, sy/haar opmerkings

verkleineer, ens.

EERS VERBIND, DAN BEGRENS .....

Daar is geen grense te stel buite ‘n verhouding nie. Ons leef nie in ‘n vakuum

nie. Ons is deur God geskape om eers te verbind en lief te hê, en

dan om die grense binne onsself vas te stel aangaande daardie

verhouding.

Mense wat verwerp is, vind dit moeilik om van ander geskei te wees,

en sal altyd iemand probeer vind om aan te verbind. Dit veroorsaak

dat hulle makliker in afbrekende verhoudings beland.

Genesing kom deur verbintenis met ander binne die Liggaam van

Christus waar Sy liefde, genesing en vrug in werking is.

KIES EN KEUR .....

Wees op die uitkyk vir mense met goed gedefinieërde grense wat in plek is en

wie se lewens duidelik wys dat hulle integriteit besit. Indien jy jouself bevind in ‘n

aangetrokkenheid tot diegene met “skaduagtige” lewens en leefstyle, moet jy die

waarskuwingstekens duidelik herken en lees!

Gee pad van ‘n potensiële maalkolk wat sal probeer om jou in ‘n probleem in te

trek, en maak ‘n sprong na grense toe!

BEWAAK JOU SKATTE .....

Neem ‘n goeie oorsig van jouself. Meet die aantal tyd en energie wat jy

spandeer aan ontwikkeling van die skat daarbinne. Wanneer jy vind dat jy

behoorlike rentmeesterskap uitoefen oor jou lewe en probeer om verkeerde

dinge reg te stel en verantwoordelikheid neem vir jou foute, sal jy weet dat jy

goed op pad is na herstel.

30

EERS KRUIP, DAN STAP .....

Ons moet genadig wees teenoor onsself wanneer ons ons grense beoefen. Ons

kan begin om ons vermoëns te oefen deur grense te stel en ‘nee’ te sê in

verhoudings waar ons geredelik veilig voel om dit te doen.

Soos ‘n baba, moet ons eers leer kruip, en dan stap in die veilige

omgewing van die huis en die liefdevolle verhouding met vader

en moeder.

Begin daardie ‘nee’ spier gebruik en oefen jouself daarin, sodat,

wanneer die tyd aanbreek, jy bedrewe daarin sal wees.

STEEK JOU NEK UIT .....

Indien ons gewoond is daaraan om ons persoonlike grense te

stel en bedrewe is daarin om ‘nee’ te sê, sal ons gereed wees

wanneer groter uitdagings na ons kant toe kom. Soms moet ons

selfs ‘nee’ sê vir mense wat ons werklik liefhet en nodig het in ons

lewens.

VRY VAN SKULD .....

Vervang wettiese skuldgevoelens met liefde en genade.

MY MEDEMENS HET ‘N GRENS .....

Ons moet aan ander dieselfde genade gee as wat ons van hulle

verwag.

In verhoudings het ons genade nodig om van mekaar af weg te

wees, en om die ander een toe te laat om sy/haar eie keuses te

maak en hul vryheid te mag hê.

Indien ek die beheerder was in daardie verhouding, moet ek dit bely.

VRYHEID IN ‘NEE’ MAAK PLEK VIR VRYHEID IN ‘JA’ .....

Ons bevind onsself dikwels in situasies waar ons ‘ja’ gesê het, MAAR ons:

Het dit kompulsief gedoen

Is bang daaroor

Is kwaad daaroor

Is misnoegd daaroor

31

Ons voel asof ons die gevangene van iemand anders is. Ons moet daarom die

plek binne onsself bereik waar ons vry kan wees om ‘nee’ te sê – om die keuse

te maak – anders sal jou ‘ja’ nooit heelhartig wees nie. Leer om grense te stel en

eerlik ‘nee’ te sê. Bly in noue kontak met God, jouself en ander – onderskei die

situasie en voel vry om te ‘ja’ of ‘nee’.

VERANTWOORDELIKE GRENSE .....

Verantwoordelike en volwasse grense is nie reaktief nie, maar waarde-gedrewe

en word behoorlik deurdink. Dit is grense wat doelbewus gestel word, omdat dit

die regte en beste ding is om vir jouself en die ander persoon in die situasie te

doen. Hierdie grense beskerm daardie waardevolle dinge binne jou.

Verantwoordelike grense handel daaroor om jou eie hart te beskerm en nie die

ander persoon te beheer nie.

HOE KAN EK HELP .....

Mat. 23:11,12 – “ 11 Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.

12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal

verhoog word.”

Diegene wat hulp ontvang het, kan ander met daardie selfde hulp help.

Diegene wat vertroos is, kan ander vertroos met daardie selfde troos.

Wanneer ons veilige grense in ons eie lewens ontwikkel het, sal ons gemaklik

voel om uit te stap en ander te ondersteun.

Ons sal aan ander wil gee wat ons ook vryelik ontvang het. Met ‘n hart gevul met

dankbaarheid en vreugde oor die genade van God en deur wat Hy vir jou gedoen

het, sal jy ‘n hand wil reik aan ander en die voordele van jou ervaring met hulle

wil deel.

Met verloop van tyd sal jou grense lei tot ‘n toepaslike besorgdheid oor die self,

verantwoordelikheid en liefde. Jy sal ander help om God te vind op die wyse

waarop jy Hom gevind het.

IN GOD EN DEUR SY WOORD, GEES EN SY LIGGAAM, LEER ONS DIE

GEWOONTE AAN OM GESONDE GRENSE VIR ONSSELF TE ONTWIKKEL.

32

VI. DIE ONTWIKKELING VAN GRENSE

Babas word gebore sonder enige grense in plek. Grense word

gevorm, nie geërf nie. Hierdie grense word sedert die

kinderdae ontwikkel, en dit hou nooit op nie. Die mees

belangrike ontwikkeling van die elementêre grense egter,

moet ontwikkel word gedurende ons vroeë jare wanneer ons

karakters gevorm word.

Indien die ouers se grense in plek is, sal hulle hul kinders

daardie waardes leer. Hulle behoort hul kinders te help om God se

plan vir hul lewens te ontdek en hulle te help om dit te bereik.

Die diepste behoefte van ‘n mens is om iewers te behoort – om in ‘n verhouding

te staan en om ‘n geestelike en emosionele tuiste te hê. Indien hierdie dinge nie

in plek is nie, kan grense nie ontwikkel nie.

Onthou, ons is nie in staat om in ‘n vakuum te lewe nie. Ons het verhouding

nodig. Indien ons dit nie het nie, het ons nêrens om heen te gaan gedurende

konflik nie. Slegs twee opsies bly dan oor:

Om grense te stel en die risiko te loop om daardie verhouding te verloor

Om nie grense te stel nie, en onder die beheer van iemand anders te bly

SAMEBINDING .....

Natuurlike samebinding vind gedurende die vroegste stadiums van

lewe plaas wanneer ‘n moeder reageer op die behoeftes van die

baba.

‘n Baba se basiese behoeftes is nabyheid, veiligheid, voedsel en

vertroosting. Innerlik vorm die baba ‘n emosionele prentjie van ‘n

warm, liefdevolle moeder. Hy ontwikkel ‘n gevoel van sekuriteit

en eenheid deur die voortdurende aandag van sy moeder.

SKEIDING .....

Daar is drie stadia van skeiding in die vroeë lewensjare:

1. KRAAK DIE DOP .....

Gedurende die eerste stadium (± 5 – 10 maande),

begin die baba belangstel in dinge buite sy moeder.

Hy ontdek, raak aan, proe en ervaar nuwe dinge. Hy

begin leer en voel selfs veilig genoeg om klein te

waag.

33

2. KRUIP UIT DIE DOP .....

Dit is die stadium (± 10 – 18 maande) wanneer die baba leer stap en

praat. Hy neem inisiatief en kan selfs soms aggressief raak!

3. TUIS BES ...

Nou ervaar die kleintjie (± 18 maande tot 3 jaar) die realiteit en vind uit dat

hy nie alles kan doen wat hy gedink het hy kan nie!

Gedurende hierdie stadium verbind hy weereens

met sy moeder, maar hy behou ‘n mate van apartheid wat uitgedruk word

in gedagtes en gevoelens wat verskil van hare en wat dus eie aan hom is.

DIE BLOKKIES WAT DIE KLEINTJIE GEBRUIK OM SY GRENSE MEE TE

BOU

WOEDE .....

‘n Rooi lig. ‘n Teken dat daar ‘n probleem is. Dit trek ‘n lyn tussen die self

en ander – ‘n grens is gestel.

EK, MYNE EN MYSELF .....

Die kind neem eienaarskap. Dit is ‘n noodsaaklike fase in die

ontwikkeling, vertroeteling en beskerming van ons persoonlike ruimte, tyd,

energie, talente, waardes, gevoelens, besittings, ens. Ons moet ‘self’

verstaan ten einde in staat te wees om onsself te kan gee – aan God en

aan ander.

NEE .....!!

Só ‘n klein woordjie, maar met soveel krag! Hierdie woord stel ‘n grens.

Dit bied die mag om ‘n keuse te maak. Dit bied beskerming. Ons moet

ons kinders leer dat hulle ‘nee’ mag sê, maar dat hulle ook ‘n ‘nee’ gaan

kry.

Hierin leer hy om sy grense te stel en terselfdertyd die grense van ander

te respekteer. Dit is dissipline en teen die ouderdom van drie jaar behoort

hulle in staat te wees om ‘nee’ te kan sê aan ander wanneer dit nodig is,

sonder die vrees dat hulle liefde sal moet inboet. Hulle moet ook ‘n

toepaslike ‘nee’ kan aanvaar van ander sonder om emosioneel te onttrek.

34

LATERE STADIUMS .....

Gedurende adolessensie moet grense gestel word op seksualiteit, geslag,

identiteit, kompetisie en volwasse identiteit.

Die Jong volwasse stadium wanneer kinders die huis verlaat, ‘n beroep begin

of trou, vra vir verdere grense.

35

VII. WONDE OPGEDOEN

a. MANIPULASIE .....

Geestelike en emosionele manipulasie vind plaas wanneer ouers hulself

losmaak van ‘n jong kind wanneer hy hom wangedra. Die oplossing is om

liewer verbind te bly en met die probleem te handel. Bly in voeling met die

kind, moenie in stilstuipe, woede, dikmond, ens. verval nie.

Dit dra ‘n boodskap oor aan die kind dat hy slegs aanvaarbaar en geliefd

is wanneer hy optree soos sy ouers of ander van hom verlang. Die kind

leer om sy grense te kompromeer, oneerlik met homself en ander te wees,

en om ‘n masker te dra.

Hulle leer om hul waarheids- en afsonderlike dele weg te steek. Hulle

begin ‘n gedagteplan vorm van skuld en voel verantwoordelik vir die

reaksies van ander. Hulle groei tot volwassenes wat wegskram daarvan

om grense in verhoudings te stel, uit vrees dat hulle isolasie en

verwerping in ruil daarvoor gaan kry.

b. VYANDIGHEID .....

Ware Goddelike dissipline behoort toepaslik uitgevoer te word. Nie in

woede, harde woorde, wreedheid en oordrewe gevolge vir ‘n klein

oortreding nie.

Ware Goddelike dissipline is ‘n kuns wat aan kinders

en selfs volwassenes selfbeheersing moet leer deur

gevolge te gebruik. Intimidasie, manipulasie of

dominering is nie Goddelike beginsels om toe te pas

nie.

Dit skep ’n ‘slaaf’-mentaliteit in ’n kind, en hy sal

voorgee dat hy saamwerk en gehoorsaam is solank as die ouer of

outoriteitsfiguur binne sien- of hoorafstand is. Weereens kweek dit

oneerlikheid en stel ‘n slegte voorbeeld in die stel van grense binne

verhoudings.

Indien die kind die “jy het ‘n keuse” opsie gebied word, leer hy om

verantwoordelikheid te neem vir sy eie aksies. Goddelike dissipline leer

ons altyd, en straf ons nie.

Heb. 12:9-11 – “

36

9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad,

en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die

geeste onderworpe wees en lewe nie?

10Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot

ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.

11

Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie,

maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir

die wat daardeur geoefen is.”

Wanneer ‘n kind nie saamstem, ongehoorsaam is, ens., en die ouer

hanteer die situasie met vyandigheid en ontoeganklikheid, word die kind

die voorreg ontneem om behoorlik geleer te word deur ‘n volwassene wie

veronderstel is om van beter te weet. Die enigste les wat die kind hieruit

leer, is hoe om iemand anders se toorn te vermy. Dit veroorsaak

depressie, angs, verhoudings probleme en misbruik van middels met

gevolglike verslawingsprobleme later.

Vyandigheid kan een of twee gevolge hê, d.i. om saam met die stroom te

gaan, of om terug te slaan en oorheersend te word.

c. OORMATIGE BEHEER .....

Wanneer reëls en grense te streng is, het die kind geen ruimte om foute te

maak nie. Kinders wat in sulke omstandighede opgroei, is geneig tot

oordrewe afhanklikheid, ondervind konflik en probleme in die opstel en

ophou van grense, vrees om enige kanse te waag, en word verstrik. Hulle

ondervind selfs probleme om skeppend te kan wees!

d. AFWESIGHEID VAN GRENSE .....

Soms lei ‘n gebrek aan grense in die opvoeding van ‘n kind, tesame met ‘n

gebrek aan verbinding tussen ouers en kind, tot ‘n aggressiewe en

beherende volwassene.

e. VERSKUIF DIE GRENSE .....

Wanneer grense gedurig onegalig is, veroorsaak dit verwarring in die kind.

In ‘n gesin waar alkohol ‘n groot rol speel, is dit dikwels die geval.

Alkoholisme veroorsaak ‘n vergrote grens-verwarring a.g.v. die onegalige

gedrag en reaksies van so ‘n misbruiker. ‘n Kind voel nooit veilig in

verhoudings nie, omdat hulle altyd verwag om in die steek gelaat te word

of sonder rede aangeval te word. Hulle leer om op die verdediging te

wees en hul maskers in plek te hou.

f. TRAUMA .....

Emosionele, fisiese en seksuele misbruik, ongelukke, siektes, dood,

egskeiding, finansiële probleme, skok, ens.

37

VIII. GRENSLYN BEGINSELS

Daar is basies tien beginsels op die gebied van grense.

1. SAAI EN MAAI

Pred. 11:6 – “ 6 Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus

nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee

saam goed sal wees nie.”

Ps. 126:5 – “ 5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.”

Hierdie beginsel staan so vas as die wet van swaartekrag – sou jy van ‘n gebou

afspring, sal jy sekerlik grond toe gaan!

Dit het ook ‘n uitwerking op mense en verhoudings. Dit is egter nie die saaier

wat die gevolge van swak grense maai nie, maar iemand anders!

Inter-afhanklike mense met geen grense, stap in en maai die gevolge ... en

betaal die rekeninge ... fisies, emosioneel en geestelik. M.a.w., iemand saai en

die verkeerde persoon maai. Dit is daarom baie belangrik dat ons orde in ons

verhoudings bring sodat die persoon wat die sonde saai, die een is wat die

gevolge sal maai.

Dit is nog meer duidelik op die gebied van negatiewe gedragspatrone, maar

moeiliker om waar te neem op die gebied van gesindhede en emosies. Neem

byvoorbeeld iemand met ‘n gesindheid van besitlike beheer. Hy sal hierdie

‘lewensstyl’ voortsit vir jare en jare, en word nooit gestop nie. Die ander persoon

in die verhouding neem nie verantwoordelikheid vir sy eie grense nie, en laat toe

dat hierdie gesindheid in sy lewe ingesaai word ... met vernietigende gevolge!

Die natuurlike gevolge van die verlies aan beheer in gedrag, behoort op die

skouers van die verantwoordelike party te val.

Behoorlike grense dwing ‘n saaier om ook die maaier te wees. Om iemand wat

onverantwoordelik is te konfronteer, sal hom nie skade doen nie, dit is slegs die

gevolge wat pynlik is. Pynlike gevolge sal egter gedrag verander.

38

2. BEGINSEL VAN VERANTWOORDELIKHEID

1 Kor. 12:25 – “ 25 ...sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie,

maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.”

Wanneer ‘n persoon grense instel, toon hy selfbeheersing en neem hy

verantwoordelikheid vir homself. Om grense te stel, is ‘n liefdesdaad, veral in die

huwelik. Wanneer die slegte gebind en beperk word, word die goeie beskerm.

Ons moet verantwoordelik wees “teenoor” mense, en nie “vir” hulle nie. Indien

ons dit nie korrek uitvoer nie, neem ons hulle uit God se opleidings program.

Liefde is ook om in staat te wees om terug te staan en toe te laat dat God die

dissipline uitvoer, andersins staan ons in die pad van hul groei.

Om verantwoordelikheid vir iemand anders se woede en buie te neem deur toe

te gee aan daardie persoon se aansprake of oorheersende gedrag, vernietig

liefde in verhoudings of die huwelik.

Ouers maak dikwels die fout om “vir” hul kinders te “voel”, vir hulle te dink, vir

hulle te gedra, en om selfs soms vir hulle te antwoord. Dit is verkeerd.

Om verantwoordelik te wees “vir” iemand, beteken nie slegs die gee van nie,

maar ook die instel van grense op ‘n ander se afbrekende en onverantwoordelike

gedrag. Ons moet die boosheid wat ons sien, konfronteer.

Ons het grense met ander nodig, anders sal dit tot vernietiging lei. Terselfdertyd

is ons verantwoordelik vir ons eie gevoelens, gesindhede en gedrag. Wanneer

ons verantwoordelikheid neem vir ander mense en ons eie verantwoordelikhede

verwaarloos, kompromeer ons persoonlike groei.

DIE VRUG VAN MY LIEFDE: IS DIT REDDING OF VOLWASSENHEID?

WANNEER ONS DIE LASTE VAN ANDER OP ONSSELF NEEM EN HULLE

MET NIKS LAAT NIE, STEEL ONS EINTLIK VAN HULLE DIE GELEENTHEID

TOT GROEI!

3. DIE BEGINSEL VAN MAG

God het aan ons die mag gegee om ‘n sin van beheer in

onsself te ontwikkel, nl. selfbeheersing. Ons het die mag

ontvang om aan onsself te werk deur die krag van die

Heilige Gees, maar ons het nie die reg om hierdie kragbeginsel

toe te pas om iemand anders te verander nie.

Ons moet mense aanvaar soos hulle is, hul keuses

respekteer en dan toepaslike gevolge gee. Dit is die

manier waarop die krag wat ons het uitgevoer moet word,

en terselfdertyd probeer ons nie ons maat verander nie.

39

Ons kan egter ook meewerk met God om in ons eie lewens in te bou. Daar is

sekere stappe wat ons kan neem om ons te help in die proses van verandering:

Stem saam met die waarheid i.v.m. my toestand, m.a.w., belydenis.

Ek moet my toestand erken, dit is die vertrekpunt van genesing.

Onderwerp my magteloosheid om God te verander en aanvaar die hulp

van ander.

Ps. 34:18 – “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat

verslae is van gees.”

Vra God om my te wys hoe erg my toestand werklik is. Ons moet in

nabyheid van God wandel en oplet wat binne ons harte en grense gebeur.

Ons moet onsself vereenselwig met die grenslose liefde wat Hy vir ons

het. Hoe meer genade ons ontvang, hoe groter ons vermoë om nuwe

gebiede van sonde te konfronteer en daardeur te werk.

HOE MEER GENADE ONS ONTVANG, HOE MEER WAARHEID KAN ONS

HANTEER – DIT IS ‘N NIMMEREINDIGENDE PROSES.

Draai weg van boosheid. Neem ‘n positiewe besluit om te verander, en

om onder beheer van die Gees van God te wandel en nie onder beheer

van die vlees nie.

Verneder jouself en vra hulp van God en ander. Meeste van ons het

wonde en seerplekke uit ons kinderdae. God het aan ons ‘n geestelike

familie gegee om ons emosioneel te laat opgroei.

Soek diegene op wat jou seergemaak het, maak reg met hulle, versoen en

vergewe.

4. RESPEK

Ons moet leer om die ander persoon se ‘nee’ te hoor. Net soos ons, het ander

ook grense. Wanneer ons leer om die vryheid van ander te respekteer, kan ons

ook vry wees.

Ons mag nie ander mense beheer nie, maar moet hul grense respekteer. So sal

ek meer afhanklik van God en ander word.

‘n Grens handel altyd met jouself, nie die ander persoon nie. Jy kan nie vereis

dat die ander persoon jou grens moet respekteer indien jy nie dieselfde met hulle

grense doen nie.

40

5. EVALUEER DIE PYN WAT DEUR JOU GRENSE VEROORSAAK

WORD

Onthou dat ‘n grens altyd handel met jouself, en nie die ander party nie.

‘n Grens spel uit wat jy sal, en nie sal doen nie. Ons het beheer oor onsself en

moet die ander persoon toelaat om ook verantwoordelikheid te neem vir sy/haar

eie optrede.

Ons moet onderskei tussen seermaak en skade doen aan iemand

anders.

Wanneer ons iemand toelaat om pyn te ervaar, help ons hulle om te sien

dat die pyn ‘n gevolg is van hul karakter struktuur, en nie a.g.v. ons nie.

Verwag woede en skuld-boodskappe van ander.

Deur die grense van ander te aanvaar, word ons in staat gestel om meer

liefdevol te wees.

6. BEGINSEL VAN MOTIVERING

Vals motiewe kan ons daarvan weerhou om behoorlike grense te stel. Dit kan

wees:

Vrees vir verlies of verlating

Vrees vir iemand anders se woede

Vrees vir eensaamheid

Skuld

Soek aanvaarding

Betaal gunste terug

Vrees om die “goeie” persoon binne jou te verloor

Neem iemand anders se verlies op jouself

7. BEGINSEL VAN EVALUASIE

Ons behoort eerlik te wees met ander oor hoe ons voel

wanneer ons seergemaak is. Ons benodig ook

konfrontasie en waarheid van ander om te kan groei.

8. BEGINSEL VAN AFGUNS

Indien ons iets begeer wat ons nie kan kry nie, veroorsaak dit afguns. Dit was

die oorspronklike sonde van satan. Afguns kan een van die grootste grensvernietigers

moontlik wees. Afguns is deel van ons sondige natuur en almal van

ons ly op een of ander manier daaronder, of ons nou daarvan bewus is, of nie.

Afguns verkleineer wat ons het.

Dankbaarheid aan die ander kant, is om tevrede te wees met wat ons alreeds

het.

41

Afguns kom na vore wanneer ander mense het wat ons nie het

nie, en ons is misnoegd met hul grense. Afguns fokus buite

ons grense op ander. Ons sal dan ons verantwoordelikhede

verwaarloos en eindig met ‘n afgunstige hart.

Hoe kan ons beweeg van afguns na dankbaarheid?

Wees prakties en maak ‘n lysie van daardie dinge waarop jy afgunstig is,

en bely dit.

Treur oor dit wat jy nie kan hê nie.

Kyk na binne en neem verantwoordelikheid vir jou misnoë.

Soek aktief na wat jy KAN hê en waardeer dit.

9. BEGINSEL VAN MOTIVERING

Grense definieër wie ek is afsonderlik van enigiemand anders. Dit bring vryheid.

Indien ek hierdie vryheid behoorlik kan bestuur, word dit verantwoordelikheid

genoem.

Ons moet ons lewens goed beskou en onsself afvra of ons in vryheid of slawerny

leef.

2 Kor. 9:7 – “ 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met

droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”

Liefde neem toe wanneer iemand in staat is om te erken – “dit maak my seer

wanneer jy ‘nee’ sê, maar ek verstaan”. Liefde begin vermenigvuldig soos ons

mekaar respekteer en die vryheid van keuse toelaat.

GRENSE HANDEL OOR VERKRYGING VAN BEHEER OOR MY EIE LEWE

SODAT EK DIE MEES VERVULLENDE DING KAN DOEN WAARVOOR EK

GESKAPE IS – LIEFDE.

10. BEGINSEL VAN REAKSIES

In ’n atmosfeer van vrees, kan liefde nie groei nie. Wanneer

jy in ‘n verhouding is waar dit voel asof jy saam met ‘n regter

leef en jy is gedurig in die beskuldigde stoel, leef jy in ‘n

atmosfeer van vrees.

42

Die reaksies sal as volg wees:

Ontrekking van die ander persoon se woede

Misnoegdheid oor sy onverantwoordelikheid

Laat vaar eie verantwoordelikhede a.g.v. die ander persoon se gebrek

aan aandag

Selfgesentreerdheid a.g.v. die ander persoon se selfgesentreerdheid.

Om in so ‘n atmosfeer te leef, sal ‘n voortdurende reaksie meebring a.g.v. die

ander persoon se sonde, en jy sal nie in staat wees om geestelik of emosioneel

te groei nie.

Ons moet ons daarop toespits om eers die Koninkryk van God en Sy

geregtigheid te soek, en nie die goedkeuring en satisfaksie van ‘n ander persoon

nie. Ons is verantwoordelik vir ons eie aksies.

11. BEGINSEL VAN PRO-AKTIEWE vs. REAKTIEWE GRENSE

Dit beteken om aksie te neem om probleme op te los gebaseer op jou waardes

en wense voordat jy ontplof!

Wanneer jy persoonlik gedefinieër word deur iets wat iemand anders aan jou

gedoen het, “besit” daardie persoon jou op ‘n onbehoorlike wyse. Daar is ‘n

verskil tussen om geviktimiseer te word en om ‘n slagoffer identiteit te kry.

Die definisie van ‘n slagoffer is iemand wie, in hul reaksie op omstandighede en

keuses wat hulle maak, hul besluite neem volgens iets wat van buite voorgeskryf

word.

Viktimisasie terwyl jy opgroei, is ‘n belangrike deel van jou lewe wat skade laat in

die sielsarea, maar wanneer jy beveel en gedefinieër word deur wat iemand

anders nou aan jou doen, is jy ‘n reaktiewe persoon, en nie in beheer van jouself

nie.

Om grense te stel, het niks te doen met die uitoefening van regte nie, maar dit is

‘n stille, outoriteits-verklaring van wat jy glo toepaslik en reg is vir jouself.

Die uiterste mikpunt van grense, is om ‘n antwoorder tot die slegte te wees, nie ‘n

reageerder nie.

43

12. BEGINSEL VAN AKTIWITEIT

Om aktief te wees, is om inisiatief te neem. Dit is om

verantwoordelikheid te neem vir die feit dat jy ‘n probleem het

en begin beplan wat jy daaromtrent gaan doen.

Ek neem eienaarskap vir my probleem, stel vas waar en wat dit

kan wees, en oefen die mag uit om my siel te onderwerp aan ‘n

proses van genesing. Ek doen iets, ek is aktief en deel van my eie oplossing.

Hierdie proses is harde werk en dit behels ‘n passievolle honger en dors na

geregtigheid.

13. BEGINSEL VAN BLOOTSTELLING

Alhoewel ons grense aan die binnekant gemanifesteer word, moet ons hulle ook

na buite neem en dit aan ander kommunikeer – dit word dus sigbaar gemaak.

‘n Grens wat nie gekommunikeer word nie, is ‘n grens wat

nie werk nie – dus latent. Grense moet liefde en waarheid

promoveer. Stel dit duidelik wat dit is wat jy wil, en nie wil

hê nie.

Simptome van passiwiteit in die beginsel van blootstelling:

Ons brom baie

Gedurige uitbarstings

Viktimisasie (Bly ‘n slagoffer)

Boundary

Ander kan nie op ons grense reageer indien ons dit ‘n geheim hou nie. Binne

verhoudings kan grense meer gedefinieër, sterker, en gesonder word. Mense

binne ‘n gesonde verhouding is in staat om te praat oor hul grense en hulle kan

onderhandel daaroor. Mense wat egter hul grense binne hou, sal óf ‘n slagoffer

bly, óf sal aanhou brom met ‘n gevolglike uitbarsting.

44

IX. WANOPVATTINGS WAT BETREF GRENSE

1. GRENSE IS SELFSUGTIG

Dit is onwaar. Die Bybel moedig ons aan om onsself te bewaak en lief

te hê, te ontwikkel en te groei, en om in voeling met onsself te wees.

Om dit te kan regkry, moet ons in ‘n liefdevolle verhouding met God en

ander mense wees sodat ons ‘n self kan hê.

Die Woord leer dat ons ons naaste net so lief soos onsself moet hê.

Mark. 12:33 – “ 33 ...en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele

verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief

te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.”

Om jou grense te stel, is om selfbeheersing te ontwikkel – ‘n vrug van die Gees.

2. GRENSE VEROORSAAK ONGEHOORSAAMHEID

Mense verwar gehoorsaamheid aan hulle met gehoorsaamheid aan God.

Wanneer ons ‘n besluit moet neem aangaande ‘n grens en dit voldoen nie aan

hul verwagting nie, sal hulle ons beskuldig van ongehoorsaamheid ... aan God!

Indien en wanneer ons so ‘n besluit moet neem, selfs al stem ander nie daarmee

saam nie, moet ons steeds die leiding van die Here volg hierin.

3. GRENSE SAL LIEFDE WEGNEEM

Ons eerste liefde is Jesus Christus. Ons sekuriteit in Hom trek ons na ‘n

verhouding met Hom. Ons is egter ook geskape om in gemeenskap en

verhouding met ons medemens te lewe. ‘n Baba word met twee ‘vrese’ gebore:

Om te val, en om verlaat te word.

In die opstel van grense kan dit maklik gebeur dat ons ander aanstoot sal gee en

daar is ‘n definitiewe kans dat ons sommige sal wen, en ander sal verloor. Ons

moet bereid wees om daardie stap in algehele vertroue in God te neem, en die

keuses wat ons vir onsself maak, sodat selfs wanneer ons sommige verloor, ons

kan weet dat Hy vir ons sal sorg en dat die regte mense uiteindelik terug sal kom.

45

4. GRENSE MAAK ANDER SEER

Natuurlik wil ons nie ander mense seermaak nie!

Ons wil nie verlaat word nie, en ons wil ook nie die

een wees wat verlaat nie! Die waarheid is egter, dat

die grense wat ek opstel, nie offensief is nie, maar

defensief. Ons behoort nie aan iemand anders wat

nie wil hê ons moet grense instel, die genade te gee

om ons uit daardie besluit te manipuleer nie.

Soms moet liefde maar taai wees in die instel van

grense – tog, met verloop van tyd sal dit ‘n

vredevolle vrug van geregtigheid lewer. Onthou,

daar is ‘n verskil tussen seermaak ten einde te

genees, of beskadig ten einde te wond.

5. GRENSE BETEKEN NIE DAT EK KWAAD IS NIE

Miskien het dit gereeld met jou gebeur dat eers wanneer jy in ‘n hoek gekeer

was, jy jouself sover kon bring om ‘nee’ te sê. Jy het dus grense verbind met

woede.

Grense is egter pro-aktief en nie reaktief nie, dus ervaar mense met goed

ontwikkelde grense nie woede nie, omdat hulle nie toelaat dat ander mense of

omstandighede hulle in hoeke druk nie.

Ons is geprogrammeer om te verstaan dat liefde en grense nie saamgaan nie en

dat hulle nie saam kan bestaan of opereer nie. Ware liefde egter, is deurlopend,

maak nie saak wat gebeur nie. Ware liefde benodig nie al die tyd ‘n ‘ja’ nie, tog

is die liefde steeds konstant. My ‘nee’ kan soms die werklike demonstrasie van

egte liefde in ‘n verhouding wees.

DIE GRENSLOSE EEN IS DIE LIEFDELOSE EEN. GRENSE IS NIE

LIEFDELOOS NIE, MAAR GOEDHARTIG. PASSIWITEIT SONDER GRENSE

SKEP KWAAI MENSE.

6. GRENSE SAL MY BESEER

Die manier waarop ‘n verhouding behoort te funksioneer, is dat dit keuses sal

behels wat ons wegneem van mekaar. In verhoudings is daar ‘n tyd om saam te

wees en ‘n tyd om weg van mekaar te wees. Ons kan nie die hele tyd saam

wees nie. Dit skep ‘n verlange na mekaar en bring ons weer saam.

Indien ons egter ‘n ‘nee’ wat die ander persoon van ons wegneem, as verwerping

en verlating ervaar, het ons die probleem dat ons nie genoeg liefde in ons

emosionele brein ontvang het voordat ons grense ontwikkel het nie.

46

Die ander persoon trek ‘n grens vir sy eie beswil. Waarom ervaar ek dit op ‘n

negatiewe wyse? Waarom ervaar ek leegheid en gebrokenheid? Ek moet in

aanraking kom met die beserings binne myself en daarmee werk. Ek moet

verantwoordelikheid daarvoor neem.

7. EK SKULD HULLE

Die skuldgevoel vangstrik is basies ‘n verwarring tussen liefde en verleiding,

omdat dit eintlik sê dat wat jy nou ontvang, word nie vryelik gegee nie. Een of

ander tyd sal jy dit moet terugbetaal.

Iemand het uitgereik en ons gehelp toe ons dit nodig gehad het – hulle het hul

tyd, geld, hulself, ens. vir ons opgeoffer. In ons denke skep ons onbewustelik ‘n

debiet/krediet balans. Ons moet liefde begryp en aanvaar as ‘n geskenk en die

enigste ‘terugbetaling’ wat ons moet maak, is dankbaarheid.

Skuldgevoelens sal ons daarvan weerhou om te doen wat reg is en sal ons

vashou. Skuldgevoel is ‘n persoonlike probleem. Niemand het die mag om ons

te laat skuldig voel nie.

Liefde gaan saam met emosie. Wanneer ons op iets reageer met skuld, word

ons nie liefgehê nie, is ons nie emosioneel aanwesig nie en misnoegdheid volg.

Mat. 6:21 – “ 21 ...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”

8. EK IS BANG VIR GRENSE – Sê NOU MAAR EK KAN NIE

TERUGDRAAI NIE?

Grense kan verander word volgens die mate waarin ons groei, ons behoeftes of

omstandighede verander, ens. Ons is in beheer van ons grense.

Ons grense is altyd onderhandelbaar – indien nie, is jy in ‘n kind/ouer

verhouding en dit werk nie.

WEERSTAND IS ‘N GOEIE TEKEN!!

47

X. GRENSE EN JOU GESIN

Mark. 10:7 – “ 7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy

vrou aankleef...”

Jou vader / moeder / ouers kan jou lewe besit. Dit is

verkeerd, en ‘n seker teken van ‘n grensprobleem. Dit

kan jou nuwe gesin negatief beinvloed. Wanneer jou

verhouding met een persoon jou verhoudings met ander

negatief beinvloed, is dit ‘n duidelike aanduiding dat jy

aan een persoon te veel mag in jou lewe gee.

Wanneer die huweliksmaat voel dat hy/sy altyd die

oorskiet van die ander maat ontvang en dat die ander persoon se lojaliteit by die

familie van oorsprong lê, is daar ‘n grensprobleem.

Wanneer volwasse kinders oor en oor in finansiële probleme beland a.g.v. hul

eie onverantwoordelikheid, nalatigheid, misbruik van middels, uitgawes, ens., en

ouers neig altyd om toe te tree en uit te help, weerhou hulle hul kinders daarvan

om onafhanklikheid te bereik.

Volwassenes moet emosioneel skei van hul ouers en vir hul eie toekoms beplan.

Nog ‘n probleem, word genoem triangulasie. Dit is wanneer ou patrone van

konflik tussen ouer en kind, ouer en ouer, ens., uitloop op ‘n agter die rug pratery

van die derde gesinslid.

Mat. 18:15 – “ 15 EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou

en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.”

Dit is ‘n Bybelse beginsel om altyd eerste met die persoon

met wie jy in konflik is, te praat. Bring dit aan die lig tussen

julle twee en moenie dinge met ‘n derde party bespreek wat

jy nie in die teenwoordigheid van eersgenoemde sal sê nie,

maak nie saak hoe goed jou bedoelings is nie.

Sommige mense moes baie vroeg in hul lewens leer dat

hulle verantwoordelik moet voel vir hul ouers se onverantwoordelikheid en

onvolwassenheid. Hulle kon nooit vrykom om afsonderlike lewens te leef nie,

ag.v. skuldgevoelens.

Hulle weet nie hoe om ‘n beperking te plaas op ‘gee’ nie. Hul ouers, met ‘n

gebrek aan aanpassing by hul ouderdom en latere bejaardheid, domineer en

beinvloed dan die privaatheid van die jong gesin.

Hierdie soort druk en infiltrasie kan selfs kom van ‘n gesinslid wat dit vermy om

groot te word en die gesin te verlaat.

48

Indien grense veilig in plek is, word misnoegdheid voorkom. Wysheid en

volwassenheid word benodig ten einde in staat te wees om binne die grense van

jou eie situasie en bronne te kan gee.

2 Kor. 12:14 – “ 14 Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek

sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit

is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die

kinders.”

Ons moet daarvan bewus wees dat die verkeerde voorbeelde wat ons gehad het

gedurende ons opgroei jare, sal voortduur tot in volwassenheid, behalwe as ons

hulle identifiseer en wegdraai daarvan.

NIEMAND KAN ‘N WAARLIK BYBELSE VOLWASSENE WORD SONDER OM

SEKERE GRENSE VAS T E STEL, DIE HUIS TE VERLAAT EN IEWERS

ANDERS AAN TE KLEEF NIE.

Jy moet jou eie identiteit vorm – jou eie waardes, oortuigings en insigte – jy is jou

eie persoon. Jou gesin kan jou vriende wees ja, maar jy moet opgroei tot ‘n

volwassene-tot-volwassene verhouding en nie bang vir skeiding wees en om ‘n

individu te word nie.

49

XI. GRENSE IN ‘N ROMANTIESE VERHOUDING

Om veilige grense te stel in romantiese verhoudings, is

van die uiterste belang. ‘n Romantiese verhouding is

van nature riskant.

Die vertrekpunt in enige romantiese verhouding, is

uitgaan met die doel om te oefen en te eksperimenteer.

Die eintlike mikpunt is dan om een of ander tyd te besluit

of jy met hierdie persoon wil trou, of nie. Terwyl ons uitgaan en dan vind dat dit

nie uitwerk nie, het ons die vryheid om so te sê en die verhouding te beëindig.

Om onvolwasse, onontwikkelde aspekte van ons karakters in ‘n volwasse

romantiese verhouding te bring, is gevaarlik. Ons kan nie veiligheid,

samebinding en vastigheid vir ons pyn soek op hierdie gebied van beperkte

toewyding nie. Uitgaan is nie die plek waar jou beseerde siel genesing gaan vind

nie. Dit kan die beste gevind word in ondersteunings groepe of dieselfde geslag

vriendskappe waar dit veiliger is om die vermoëns om grense te stel, aan te leer.

Eerlikheid met mekaar in ‘n romantiese verhouding is nodig. Dit help om die

verhouding te definieër en elke party weet waar hy/sy begin en die ander

persoon eindig. Indien daar onkunde is aangaande jou grense, is dit ‘n seker

aanduiding van die swak gehalte van daardie verhouding.

Selfs indien ‘n paartjie sê “ons het nie só baie verskille nie”, moet hulle uitvind

wat hulle vir mekaar wegsteek!

50

XII. GRENSE EN JOU HUWELIKSMAAT

Efes. 5:31 – “ 31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou

aankleef, en hulle twee sal een vlees word.”

Die huweliksverhouding is ‘n weerspieëling van Christus se verhouding met Sy

Kerk. Net soos Christus die Enigste is wat kon sterf vir die wêreld en die Kerk

Hom moet verteenwoordig hier op aarde, net so, in die huwelik, verloor die

huweliksmaats nie hul individuele identiteite nie.

Die gebied waar grense verwarrend kan word, is in die elemente van die siel

wanneer die een oortree op die gebied van die ander se persoonlikheid en

probeer om die gevoelens, gesindhede, gedrag, keuse, waardes, ens. van die

ander maat te beheer. Dit is ‘n oortreding van iemand se persoonlike grense.

Ons verhoudings moet op vryheid gebou word.

Gevoelens is ‘n belangrike element om intimiteit tussen

twee mense te bevorder. Gevoelens is ook ‘n

waarskuwingsteken om ons te vertel dat iets gedoen moet

word. Ons moet verantwoordelikheid vir ons gevoelens

neem en leer om dit te kommunikeer vanuit ‘n gesindheid

van kwesbaarheid en nie beskuldiging nie.

In enige verhouding, maar veral in die huwelik, wanneer jy kwaad is, is dit jou

verantwoordelikheid om aan die ander party te sê dat jy kwaad is en ook die rede

daarvoor verstrek. Indien jy die wanbegrip het dat jou woede die ander persoon

se probleem is en vir hom/haar wag om iets daaraan te doen, kan jy dalk vir ewig

wag. Die vrug van bitterheid sal gou-gou binne jou begin groei!

Dieselfde beginsel geld vir ons begeertes. Ons

moet verantwoordelikheid neem daarvoor en nie

van iemand anders verwag om verantwoordelik te

wees vir ons behoeftes en begeertes en hulle dan

blameer vir ons teleurstellings nie.

Enige verhouding bevat die beginsel-element van

gee en neem. Ons moet gee soos ons ons in die

hart voorneem, en waaksaam wees dat ons nie toegee verby die punt van liefde

en dit begin verag nie.

2 Kor. 9:7 – “ 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met

droefheid of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.”

51

Wanneer ons iemand anders begin beskuldig vir ons eie gebrek aan

grense, steek probleme kop uit. Dit gebeur maklik in ‘n

huwelik, en onvergenoegdheid en bitterheid tree in. In die

huwelik, is die beginsel van onderwerping aan mekaar uit

eerbied vir Christus, noodsaaklik. Wedersydse respek

speel ‘n groot rol in die huwelik, en dus ook wedersydse

respek vir mekaar se grense. Onderdanigheid moet

natuurlik beoefen word as ‘n vry keuse van een party aan die

ander.

Efes. 5:24 – 27 – “ 24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so

moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.

25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente

liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het

26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of

iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.”

Die wet maak ons bewus van die feit dat ons dit nooit op ons eie kan maak nie.

Die wet sal toorn, skuld, onsekerheid, vervreemding, ens. in ‘n persoon na vore

bring.

Gal. 3:24 – “ 24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons

geregverdig kan word uit die geloof.”

Indien die man sy vrou dwing om haar te onderwerp aan hom, probeer hy om

haar iets te laat doen wat óf pynlik is, óf dit neem haar wil en persoonlike grense

weg. Dit is sonde teen homself en teen die Woord van God. Christus oorheers

nooit ons vrye wil of vra ons om iets pynliks te doen nie. Hy druk ons nooit verby

ons grense en gebruik ons bloot as voorwerpe nie.

Die mikpunt van grense is om in staat te wees om in

vryheid en verantwoordelikheid lief te hê. Wanneer ons

in beheer van onsself is, kan ons gee en opoffer vir

ander op ‘n behulpsame manier i.p.v. om toe te laat

dat hul afbrekende gedrag, selfgesentreerdheid en

selfregverdiging ons seermaak of vernietig.

Dan kan ons die vryheid hê om te gee op ‘n wyse wat

vrug produseer. Dan kan ons opleef na die beginsel

van Christus – dat ons mekaar moet liefhê.

INDIEN GOED GEDEFINIEëRDE GRENSE IN PLEK IS BINNE DIE HUWELIK,

KAN DIT TOT BAIE GROTER INTIMITEIT LEI.

52

XIII. GRENSE EN ONS KINDERS

Verantwoordelikheid is een van daardie onontbeerlike gawes wat ‘n ouer aan ‘n

kind kan gee. Kinders moet reeds baie vroeg al leer wat hul

verantwoordelikhede is, en wat nie, selfs om in staat te wees om te weet

wanneer hulle mag “nee” sê en hoe om “nee” te aanvaar wanneer dit van iemand

anders se kant kom.

Die een komponent van eksterne begrensing wat ontwerp is om interne grense

by ‘n kind te ontwikkel, is dissipline. Dissipline is nie noodwendig straf nie.

Terwyl straf terugkyk na wat gebeur het, kyk dissipline vorentoe en help die kind

om te groei en te ontwikkel in ’n verantwoordelike volwassene. Hierdie

begrensing wat deur dissipline geskep word, help ‘n kind om eienaarskap en

verantwoordelikheid vir sy eie behoeftes te neem.

Ouers moet hul kinders toelaat om oor hul woede te praat en om uitdrukking te

kan gee aan hartseer, verlies of treurigheid sonder om te probeer om hulle op te

beur of hulle uit hul ware gevoelens te probeer uitpraat. Hulle moet hul kinders

aanmoedig om sommige vrae te vra en nie om hulle te laat glo dat ouers al die

antwoorde het of dat hul antwoorde min of meer gelykstaande is aan dié in die

Bybel nie. Hulle moet hul kinders help om hul negatiewe gevoelens in woorde

om te sit.

Hierdeur groei kinders tot volwassenes en leer om verantwoordelikheid te neem

vir hul eie lewens. Hulle behoort teen daardie tyd ‘n interne oortuiging te besit

van sekere aspekte, bv.:

Ek is verantwoordelik vir my eie sukses of mislukking;

Ek is verantwoordelik vir die finale keuses wat ek maak,

selfs nadat ek dit met God en ander mense bespreek het;

Ek is bewus van die feit dat verhoudings dwarsdeur my

lewe my sal beinvloed tot een of ander mate;

Ek moet verantwoordelikheid neem vir my eie probleme

en nie iemand anders daarvoor blameer nie;

Alhoewel ek bewus is van die feit dat ek nie altyd kan

slaag nie en ondersteuning van ander nodig het, kan ek nie

onverantwoordelik wees en dit aan iemand anders oorlaat

om die stukkies elke keer vir my op te tel wanneer ek ‘n

geestelike, emosionele, finansiële of verhoudingskrisis

ondervind nie.

Alhoewel ons altyd versoek word om die skuld vir ons beseerde,

onvolwasse siele op iemand anders soos ‘n ouer, ens. te pak, is ons uiteindelik

verantwoordelik vir wat ons in die lewe kies. Maar net so het die ouers ‘n

ontsaglike verantwoordelikheid om hul kinders te leer om ‘n innerlike sin vir

grense te skep en terselfdertyd die grense van ander te respekteer.

53

XIV. GRENSE EN DIE EIE EK

Rom. 8:4-9 –“ 4 ...sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na

die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5

Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is,

geestelike dinge.

6

Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en

vrede,

7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom

nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

8

En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

9

julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van

God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort

nie aan Hom nie.”

Rom. 6:12 – “ 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle

aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.”

1 Tess. 4:4,5 – “ 4 ...dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in

heiligheid en eer,

5 nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie...”

Ons is liggaam, siel en gees. Die Woord sê dat ons na die Gees moet wandel,

nie na die vlees nie. Ons moet verantwoordelikheid en beheer neem oor die

vlees deur die Gees van God wat in ons leef.

Ons sal nou kyk na sommige van die geneigdhede van die vleeslike self wat

areas in ons siel wat buite beheer is, kan uitwys.

1. VRAATSUGTIGHEID

Vraatsugtigheid of ooretery lei tot die liggaamlike toestand van

oorgewig, wat na buite sigbaar is. Hierdie toestand kan selfhaat

en skaamte in ‘n persoon veroorsaak en kan hom/haar wegdryf

van verhoudings en terug na sy/haar gemaksone, wat voedsel

is. Oorgewig word soms deur ooreters gebruik om te dien as ‘n

tipe van ‘n grens om intimiteit te vermy.

54

2. GELD

Wanneer ons in die strik getrap het van meer te spandeer as wat ons inkomste is

en dit ‘n leefstyl begin word het, is dit ‘n teken van ‘n grensprobleem binne

onsself. Tekens hiervan kan wees:

Impulsiewe spandering

Beskou nie ‘n begroting in ‘n ernstige lig nie

“Vlieg te hoog”

Kredietprobleme

Dit word ‘n gewoonte om te leen

Spaar niks

Moet meer en meer werk om uitgawes te dek

3. TYD

Weereens is dit ‘n gebied waar self-begrensing ‘n probleem is.

‘n Persoon is alewig aan die hardloop en dit lyk asof hy

gedurig tydgrense het om te behaal. Boonop is hy nooit

betyds vir ‘n afspraak nie, en frustreer ander, sowel as

homself daarmee. Hulle eindig op met onvoltooide projekte,

onvervulde begeertes, teleurstellings, ens.

Hulle blyk egter vasgevang te wees in hierdie siklus van kan net bloot nie daarin

slaag om beheer te verkry oor hierdie gewoonte en verantwoordelikheid te neem

vir hul tyd, sowel as dié van ander mense s’n nie.

4. TONG

Jak. 3:5,6 – “ 5 Net so is die tong ook ’n klein lid en beroem hom op groot

dinge—kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand.

6 Die tong is ook ’n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem

die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele

lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.”

Met ons tonge kan ons beide seën of vervloek. Seën deur

medelydend, onderrigtend, bemoedigend, vermanend,

konfronterend, biddend, ens. te wees.

Vervloek deur skinder, sarkasme, dreigend, valse vleiery,

verleidend, nonsens te praat, dominering, ens. (Sien Boekie:

Die Krag van My Woorde, verkrygbaar by Kanaan

Bedieninge)

Ons moet onsself oefen om die tong te beheer deur grense te stel. Ons moet in

beheer van ons woorde wees, en nie andersom nie.

55

SEKS

Die wellustigheid van die vlees dek ‘n wye spektrum van gedrag in mense,

waarvan een seksualiteit is. Die vrug daarvan kan wees: pornografie,

masturbasie, molestasie, bloedskande, verkragting, prostitusie, ens.

‘n Persoon vasgevang in ‘n onbeheersde seksuele gedragsiklus, word geisoleer

en die gebrek aan grense op hierdie gebied veroorsaak skaamte en

eensaamheid. Hierdie afbrekende gewoonte word ‘n maalkolk wat die slagoffer

nie kan weerstaan nie.

DIE MISBRUIK VAN MIDDELS EN VERSLAWING

Dit is een van die mees sigbare voorbeelde van die

afwesigheid van ‘n innerlike grens. Die

afhanklikheid van een of ander middel en die

misbruik daarvan, skep chaos in mense se lewens

met die gevolglike vrugte van vernietiging, nl.

gebroke verhoudings/gesinne, ouer/kind disfunksies,

egskeiding, mislukkings in werksopset, finansiële

mislukkings, gesondheidsprobleme, ongelukke en

selfs ontydige dood.

56

XV. GRENSE EN GOD

Hoe kan ons dit regkry om God en ons naaste lief te hê soos onsself?

Indien ons nie eienaarskap en verantwoordelikheid neem van ons persoonlike

innerlike grense nie, sal dit baie moeilik wees.

God respekteer ons wil. Hy laat sommige dinge aan ons oor om te doen, en

daardeur moet ons eienaarskap en verantwoordelikheid daarvoor neem, en die

gevolge dra indien ons dit nalaat.

Mense neig om oneerlik met God te wees. Met ons

monde bely ons, maar in ons harte is ons bedrieglik.

Ons moet eienaarskap neem van ons grense met

God, dit erken, aan die lig en in die regte posisie

bring.

God wil hê dat ons algeheel eerlik met Hom moet wees. Nie regtig om Sy ontwil

nie, maar om ons eie ontwil! Daardie diep verborge woede, skaamte,

hoogmoed, ens., moet aan Sy Lig blootgestel word sodat Hy dit kan verander

met Sy liefde.

Aan die ander kant moet ons ook God se grense respekteer. Ons moet verwag

en voorbereid wees daarop dat God ook vir ons van tyd tot tyd “nee” sal sê.

Dit is belangrik dat ons weet wat die grense tussen God en onsself is. Dit

verhelder ons visie van wie ons is, en wie God is. Ons kan nie Sy deel doen nie,

en Hy verwag van ons om ons deel te doen. Alles in alles, wil Hy ‘n gesonde

verhouding met ons hê.

DRIE REDES WAAROM MY “NEE” NIE WERK NIE?

Ek is my eie grootste vyand.

Ek onttrek van verhouding wanneer ek dit die nodigste het. Ons

het verhoudings nodig om in staat te wees om genesing en balans

te ontvang. Ons sal nie in staat wees om op ons eie vordering te

maak nie – ons het God en ander mense nodig.

Ek probeer om dit vanuit my sielsarea d.m.v. my wil te doen.

‘n Slagoffer is iemand wie, terwyl in ‘n hulpelose toestand, ‘beseer’ is deur die

uitbuiting van iemand anders, of dit nou verbaal, fisies of ritueel was. Hierdie

dinge kan geweldige skade aan die innerlike struktuur van ‘n kind veroorsaak en

hierdie faktore bly konstant, d.i. hulpeloosheid, besering en uitbuiting.

57

Die latere vrugte kan wees:

Depressie

Kompulsiewe disorders

Impulsiewe disorders

Isolasie

Onvermoë om te vertrou

Onvermoë om grense te stel

Swak oordeel in verhoudings

Verdere uitbuiting in verhoudings

Diepe gevoel van deurlopende slegtigheid

Skaamte

Skuldgevoelens

Chaotiese lewensstyl

Gevoel van betekenisloosheid en

doelloosheid

Onverklaarbare angs- en paniekaanvalle

Fobies

Woede aanvalle

Selfmoordgevoelens- en gedagtes

Die genesing van hierdie mense is nie ‘n maklike proses nie, omdat hulle

gedurende hul ontwikkelings-stadiums beseer is deur misbruik. So iemand het

sy vertroue in ander en die lewe verloor.

Dikwels was die skuldige/bedrywer iemand wat hulle geken het, iemand wat ‘n

belangrike rol in hul lewens gespeel het, soos ‘n ouer, groot-ouer, broer, suster,

ens.

Hoe ontwikkel ons die gevoel van om onsself te vertrou? Deur te leer om ander

te vertrou. Indien daardie vertroue gedurende die vroeë jare misbruik is, of selfs

later, vind so iemand dit baie moeilik om te laat gaan en weer te vertrou. Hy

moet leer om sy eie waarnemings van die realiteit te vertrou en op homself en

ander staat te maak in tye van nood.

As gevolg van die oortreding van persoonlike grense in ‘n slagoffer deur misbruik

of molestasie, is sy gevoel van eienaarskap oor sy siel vernietig. Hulle voel dat

hulle nie aan hulself behoort nie – selfs hul liggaam en tyd voel nie soos hul eie

nie. Hulle het ‘n diep gesetelde gevoel van vuilheid of skaamte, of dit nou reg of

verkeerd is. Hulle neem eienaarskap daarvan om sleg te wees.

Die rol van ‘n berader is om sulke mense te help om grense vir hulself te stel.

Grense dien as beskerming vir hulle.

58

XVI. DIE PAD VAN HERSTEL

1. IDENTIFIKASIE

Jy moet erken dat jy beheer, gemanipuleer, misbruik, ens.

word. Dit behels dat jy jou simptome sal identifiseer, en erken

dat JY die probleem het en nie iemand anders nie. Jy mag

selfs bely dat jy bang is .... maar om die simptoom te ignoreer,

sal dit nie laat verdwyn nie!

2. SAMEBINDING

Wat veroorsaak die simptome? Waarom is ons siek? Omdat ons geskei is van

God en die lewe.

Die een sonde van die mens, is dat hy geskei is van God en die lewe uit eie

keuse. En dit is vanuit daardie posisie van skeiding van God dat ander sondes in

ons lewens hul loop begin neem. Die godsdienstige stelsel het ons geleer om vir

die simptome van die sondes te gaan, en dit doen ons deur sielskrag. Ons moet

egter regdeur gaan na die wortel van die sonde en dit daar onlont.

Die teenoorgestelde van skeiding? Verbintenis .... Versoening ....

Eerstens met God, dan met die mens. Indien ons in die illusie

leef dat ons beter sal word in ‘n borrel van ons eie, m.a.w., in

isolasie, leef ons in ‘n leuen en die oplossing sal nie so na ons

kom nie.

3. ONS BEHOEFTES

Die vier mees basiese behoeftes van ‘n mens is:

Verbintenis

Grense en persoonlike ruimte

Ek is goed en sleg, maar nie volmaak nie

Om volwasse te word

Ons gebrek aan grense het onderliggende behoeftes, en ons moet hulle ontdek.

As gevolg van ons verskillende omstandighede en persoonlikhede, het ons almal

tot een of ander mate grensprobleme.

Wanneer ons ons behoeftes agterkom, is dit beter om toegevou te word binne ‘n

genesende liggaam van gelowiges.

59

4. ONTVANG VAN ANDER

’n Opregte verhouding sal dien as ‘n ‘broeikas’ vir

iemand wat in sy grootword jare seergekry het. Ons het

iemand nodig wat ons onvoorwaardelik sal liefhê en ons

“deur liefde sal terugbring na die lewe.”

Ons het genade nodig om dit van iemand anders te

aanvaar en nie te weerstaan nie, omdat so baie goedheid

ons dikwels sal bangmaak. Dit is a.g.v. ‘n vrees vir liefde

of nabyheid. Ons moet eienaarskap neem van hierdie vrese en aanbeweeg na

genesing.

5. LAAT GAAN

Om te vergewe en te laat gaan is nie ‘n maklike proses nie, maar moontlik. Dit

is ons paspoort na vryheid, alhoewel dit ‘n hartseer proses is. Dit word gesê dat

ons nie iets nuuts kan ontvang indien ons steeds die oue in ons hande het nie.

Wanneer ons die slegte laat gaan, kan ons die goeie omhels.

Laat gaan van dit wat jy nooit gehad het nie .....

Laat vaar die gedagte van “maar dit was anders .....” of “as ek maar net ....”

6. VERGIFNIS

Ware vergifnis werk soos ‘n tweesnydende swaard. Om in staat te

wees om te kan vergewe, moet ons eers vergewe word. Ons kan nie

vergewe word voordat ons nie ons eie slegtigheid besef nie. Ons

moet eienaarskap neem van die feit dat daar ‘n verkeerde in MYSELF

is.

Omdat ons neig om die slegte wat aan ons gedoen is te herhaal deur

dit te projekteer op diegene na aan ons, moet ons besef dat daar nie slegs

teen ons oortree is nie, maar dat ons nou ook teen ander oortree.

Ps. 34:19 – “ 19 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart,

en Hy verlos die wat verslae is van gees.”

Wanneer ek my eie toestand van gebrokenheid en slegtigheid erken, kan ek

genade van God ontvang. Wanneer ek eens genade van God ontvang het, kan

ek genade aan ander bewys.

60

7. NEEM BESIT

Dit beteken dat waar ek nou is, my eie probleem is en dat ek dit wat binne my

aangaan gaan evalueer – genoeg om daardie dele te ontwikkel en troetel.

Grensprobleme ontwikkel gewoonlik omdat iemand nie ons skatte binne ons

waardeer het nie en iets van ons wou hê wat ons nie veronderstel was om weg

te gee nie.

Om dit persoonlik in besit te neem, moet ek ‘n besluit neem dat ek die oorgangsgeslag

gaan wees. Dat ek verantwoordelikheid gaan neem in integriteit en

waarheid, en dat ek ferm gaan wees en nie gaan ingee vir druk soos dit aan my

gedoen is nie.

Behalwe eienaarskap neem van ons skatte, moet ons ook die vrug daarvan

erken. Dit mag dalk nie so maklik wees nie, omdat sommige van hierdie vrugte

iets mag wees soos ‘n egskeiding, kinderloosheid, depressie, ens. Ons moet ‘n

punt bereik waar ons moet besef dat hierdie probleem deur my en my alleen

getakel moet word. Niemand anders gaan dit vir my doen nie.

8. Sê JA VIR LIEFDE

Die grootste deel van grens-werk het te doen met ‘om liefgehê te word’.

‘n Liefdevolle verhouding stel ons in staat om grense te ontwikkel. Indien ons nie

“ja” kan sê vir liefde nie, sal ons nie in staat wees om “nee” vir die slegte te sê

nie. Onthou om te leer om aan die begin “nee” te sê vir daardie mense met wie

jy veilig voel om dit te doen voordat jy dit uitbrei na diegene met wie jy nie veilig

voel nie!

61

9. MISLUKKING

Om te groei, neem tyd. Volwassenheid neem tyd. Mislukking is deel daarvan.

Daar is hope redes vir mislukking. Miskien is ons nog nie gereed nie, miskien is

daar nog dinge om te leer, ens. Mislukking is ‘n boodskap aan jou dat jou herstel

nog nie verby is nie en dat jy dit kan doen. Dit is ‘n boodskap aan jou dat jy

uiteindelik aan die herstel is. Dit is in orde om bang te wees, omdat dit vir jou

nuut is. Ons moet ook ons natuurlike weerstand om te wil verander in die gesig

kyk en ‘n positiewe besluit neem om te verander en vorentoe te beweeg.

10. TERUG NA DIE BEGIN

Wanneer jy misluk, nie as nie, moenie moed opgee nie! Onthou die pad wat jy

gekom het? Onthou wat om met pyn te doen? Jy identifiseer dit, reg? Jy

ondersoek die simptoom en die wortel daarvan!

Dit is ‘n siklus wat weer en weer deurgewerk moet word. Dikwels is dit nie so

eenvoudig as net een klein worteltjie nie, dit is ‘n netwerk van verskillende dinge

wat ons simptome veroorsaak. Daar is altyd lig aan die einde van die tonnel en

moenie dink dis ‘n trein nie! Indien ons vorentoe beur en aanhou werk maak van

hierdie siklus van transformasie binne onsself, sal ons uiteindelik deurbreek!

62

XVII. ONTWIKKEL GESONDE GRENSE

Die implementering, vestiging en onderhouding van grense in ons lewens, is

geen maklike saak nie. Dit kos harde werk, eerlikheid, nederigheid, dissipline en

motivering. Ons moet die feit erken dat ons gesonde grense nodig het

dwarsdeur ons lewens te alle tye, en nie net daarna soek wanneer ons pyn

ervaar nie.

Job 1:10 – “ 10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante

rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk

vermeerder in die land.”

Hoe meer ons groei en soos Jesus word, hoe meer sal ons bewus wees van Sy

werking binne ons – die herwinning van ons grense.

In die vestiging van gesonde grense, sal ons twee vorme van weerstand teëkom,

nl. eksterne weerstand van ander en interne weerstand van onsself.

I. EKSTERNE WEERSTAND .....

Verwag woede .....

Jy sal standpunt moet inneem en ferm wees daarin

wanneer nuwe grense aan diegene rondom jou verklaar

word. Hulle sal dit moontlik nie so gewilliglik wil aanvaar

nie en mag dalk selfs vir jou kwaad word omdat jy hulle

‘uitsluit’. Dit is vir hulle iets nuuts en sal daaraan gewoond

moet raak. Moenie reageer op hierdie woede nie, moenie

toelaat dat dit jou beinvloed deurdat jyself kwaad word nie, en jy

mag jouself dalk selfs fisies moet verwyder uit die

teenwoordigheid van die ander party en daardeur gevolglike

begrensing moet afdwing. Vir jou is dit egter die regte besluit,

omdat jy daardie skatte binne jou moet versorg.

Word verbind .....

Gedurende hierdie proses, veral wanneer die

toepassing van grense nog vir jou nuut is, moet jy

verbind wees met God en ander mense wat jou sal help

om die skok en selfs verwerping wat jy van diegene na

aan jou ervaar, te help absorbeer.

Verbind jou met ander mense wat bekend is met ‘n

lewensstyl van grense en wat jou situasie sal verstaan.

63

Skuld .....

Onthou dat mense wat probeer beheer, self swak ontwikkelde grense het.

Een metode wat sulke mense sal gebruik om hul beheer oor jou terug te kry, is

deur skuldboodskappe te internaliseer en daardeur te probeer om jou te

manipuleer.

Skuld is niks anders nie as woede waaroor iemand lieg en ‘n slagoffer soek om

dit op af te laai. Voorbeelde van skuldboodskappe kan só klink:

Ek kan dit nie glo nie! Na alles wat ek vir jou gedoen het!?

Ek het gedink jy het my lief! Dit lyk my ek was verkeerd.

Ek het nooit gedink dat jy so ‘n selfsugtige mens is nie. Hoe kan jy ons

net so los?

As jy maar weet hoeveel ek vir jou opgeoffer het!

Weet jy nie wat dit my gaan kos nie?

Eendag, een mooie dag gaan jy onthou .... en jammer wees!

En jy noem jouself ‘n christen?

Jy moet weer ‘n slag die tien gebooie gaan lees .... een van hulle sê jy

moet jou ouers eer ...!

Die Woord sê jy moet onderdanig wees ... is dit jou idee van

onderdanigheid?

Jy behoort jou te skaam! Jy het voor getuies belowe!

Indien beskuldigings of skuldboodskappe in jou rigting kom, het jy iemand nodig

wie jy kan vertrou om dit mee deur te werk. Moenie die skade wat hierdie

skuldboodskappe aan jou innerlike self kan aanrig, onderskat nie.

Jy sal ook deur jou behoefte om die ander persoon in die verhouding ‘reg te kry’,

moet laat vaar. Laat gaan daardie behoefte, aanvaar dat jy saam met iemand

leef sonder ‘n sin vir grense, en praat met God oor hom/haar, nie met met

hom/haar oor God nie!

Onthou dat die eerste stap in die vasstelling van ‘n grens, die moeilikste gaan

wees.

Onthou dat die vasstelling van ‘n grens die begin van die stryd is, nie die einde

nie.

Onthou dat jy ‘n risiko loop in die opstelling van grense en neem beheer oor jou

lewe.

Neem in aanmerking dat jy sterk sal moet staan om ook

die gevolge te hanteer voordat jy die grense stel.

Onthou dat God al die pad met jou is om te help en te

bemoedig, aan jou die wysheid te gee om jou grense af te

dwing, en jou te lei om Sy vrugte te dra!

64

Fisiese weerstand .....

Spr. 11:29 – “ 29 Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en ’n

dwaas word ’n slaaf van hom wat wys van hart is.”

Wanneer jy probeer om grense te stel, mag dit fisiese geweld van

die ander persoon in die verhouding ontlok. Hierdie gedrag behoort nie verdra of

verskoon te word deur die persoon wat die grens stel nie.

Veral vroue, wanneer hulle ‘n slagoffer van hierdie soort gedrag is, sal probeer

om hul man se reputasie te beskerm by vriende, familie, gemeenskap, kinders of

kerk, en sal nie erken dat hulle toelaat dat hulle so behandel word nie.

In der waarheid is dit ‘n baie ernstige toestand en benodig hulp van buite – óf van

die wet, sosiale dienste, die kerk, familie lede of vriende. Hierdie probleem sal

nie slegs die vrou beinvloed nie, maar ook die kinders en later ook die nageslag

a.g.v. die emosionele verwonding wat plaasvind en spore laat op die

bewustelike- en onbewustelike geheues van diegene betrokke.

Slagoffers het bekragtiging nodig sodat hulle hul behoeftes op ander maniere

kan vervul as om bloot te probeer om die ander persoon gelukkig te maak.

Moenie in die strik trap van glo dat dit ‘bybels’ is om jou te onderwerp aan die

outoriteit in jou lewe nie. Indien daardie outoriteit nie deur liefde en die Heilige

Gees toegepas word nie, het jy Bybelse outoriteit om pyn te weier en dit nie in

jou lewe toe te laat nie. Geen ander mens het die reg om jou fisies seer te maak,

of om jou emosioneel of verbaal te misbruik nie.

Ware Bybelse onderdanigheid is ‘n daad van verbonds-dienaarskap. Ware

onderdanigheid is vrywillig en liefdevol en ‘n reaksie op liefde ontvang.

Pyn .....

Wanneer ons ons grense opstel, moet ons evalueer waarom ons dit doen. Stel

ons dit op om onsself te kan word, of om wraak te neem? Ons moet eerlik wees

met onsself hieroor, omdat wraak en oordeel nie aan ons behoort nie, maar aan

God. Moenie jouself ooit toelaat om grense wat onregverdig en met verskuilde

agenda is, op iemand anders af te dwing nie.

Indien toepaslik, mag dit selfs nodig wees om aan die ander persoon te

verduidelik dat hulle nie altyd geregtig is op ALLES wat jy het, ALLES wie jy is, of

ALLES wat jy kan gee nie. Die ander persoon moet leer dat hy ook grense nodig

het, dat hy in die werklikheid leef en dat hy moet grootword en leer.

ONS MOET ALTYD VERGEWE, MAAR ONS BEREIK NIE ALTYD

VERSOENING DAARDEUR NIE.

Ons kan in ons hart vergewe en iemand anders daardeur vrymaak. Vergifnis is

iets wat ons op ons eie kan doen sonder dat die ander party teenwoordig is.

Vergifnis is ‘n werk van genade wat God in my hart doen.

65

Om egter te versoen, het ons die ander party of partye nodig. Versoening kan

slegs plaasvind wanneer beide partye eienaarskap neem van hul oortredings en

dit bely.

II. INTERNE WEERSTAND .....

Alles wat weerstand binne ‘n persoon behels, bv. “is grense Bybels?” of “...watter

uitwerking gaan dit op my hê?” is interne weerstand.

Ons ly dalk aan onbeantwoorde behoeftes a.g.v. die gesin waarin ons opgegroei

het, en dus moet ons ekstra hard werk aan hierdie swak areas, sodat ons sterk

genoeg sal wees om teen die oortreding van ons persoonlike grense te staan

wanneer ons volwassenes is.

DIKWELS IS ONS ONS EIE GROOTSTE VYAND!!

Onbeantwoorde behoeftes .....

As gevolg van allerhande soorte aandrywings binne ons,

voortspruitend uit werklike behoeftes wat nie beantwoord

is nie, is ons dikwels nie in staat om “nee” te sê nie, en dit

dryf ons na die verkeerde oplossings.

Indien jy werklik ‘n onbeantwoorde behoefte aan liefde in

jou binneste het, mag jy dalk neig om die verkeerde

rigting in te slaan soos ooretery, afbrekende verhoudings,

misbruik van middels, ens.

Wanneer jy besluit het op, en ‘n grens verbaliseer en vasgestel het aan iemand

wat ‘n beherende rol in jou lewe gespeel het en skeiding volg, kan jy ‘n erge

leemte van binne ervaar. Hierdie behoefte moet nou gevul word. Indien ons nie

eienaarskap neem van hierdie onbeantwoorde behoefte nie, sal ons probeer om

die regte rigting in te slaan, maar sal vind dat ons gedurig teruggetrek word na

iets afbrekend a.g.v. hierdie behoefte.

DIE EEN WARE BEHOEFTE VAN DIE MENS, IS VERBINTENIS MET GOD EN

MENS – NIKS ANDERS SAL BEVREDIG NIE.

66

Hartseer .....

Mense neig om treurigheid te vermy. Totdat ons leer om deur

daardie hartseer te stap, sal ons in gevangeneskap aan die

verlede gehou word deur herhaalde skeiding, en dit sal lei tot

depressie. M.a.w., innerlik assosieër ons die woord “nee” met

skeiding en hartseer.

As ons net kan leer om die slegte dinge van die verlede te laat

gaan, sal ons in staat wees om die goeie dinge van die huidige

te ontvang.

Soms beteken dit dat ons moet treur oor die kinderlewe wat ons

nooit gehad het nie, die pappa wat ons nooit geken het nie, of die liefde wat ons

so bitter nodig gehad het.

Vergifnis is ‘n daad wat handel met die verlede. Grense en versoening het te

doen met die toekoms.

Joh. 14:18 – “ 18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”

Ons kan aan ‘n hele aantal plekke in die Bybel dink waar God mense aangesê

het om hul ou lewens agter te laat, en selfs ook mense agter te laat. As ons net

kan sien dat die lewe vóór God, nie die moeite werd is om aan vas te hou nie.

Oms moet laat gaan sodat Hy ons beter dinge kan gee. Ons moet eienaarskap

neem van ons hartsere, daaroor treur en dit laat gaan sodat ons plek kan maak

vir nuwe dinge. Neem ‘n opname van al die “as dit maar net ....’s” of “miskien’s”

in jou lewe, kyk hulle in die oë, sê totsiens aan hulle, laat hulle gaan en sit jou

lewe voort.

Dit mag behels dat jy verantwoordelikheid moet neem vir jou eie grensloosheid.

Erken dat jy beheer, gemanipuleer, gedomineer of misbruik is. Moenie

internaliseer dat jy die slegte persoon in hierdie situasie is nie – besef dat jou

grense nie in plek is nie en wees versigtig dat jy nie ander daarvoor blameer nie.

Jy kan bely dat jy bang is om hierdie nuwe stap te neem. Reik uit en soek ‘n

ondersteuningsgroep om jou te help om duidelik te kan sien en jou standpunt te

kan behou.

Stel vas wie of wat jou “Isak” is wat op die altaar gelê moet word. Laat gaan

alles, en wees bereid om gewilliglik deur die stappe van rou te gaan, d.i.

ontkenning, onderhandeling, woede, treurigheid, aanvaarding.

Nou moet jy die volgende stap neem en besluit om aan te beweeg, nuwe

grondgebied in besit te neem, en ware grense vas te stel in enige nuwe

verhoudings.

Onthou, God sal alle leemtes binne jou vul.

67

Interne vrese en woede .....

Indien jy vind dat mense wat kwaad is jou beinvloed om jou grense prys te gee,

het jy waarskynlik steeds ‘n kwaai ouer / volwassene in jou kop wie jy vrees.

Innerlik is daar ‘n gewonde, bang deel van jou wat na die lig en genesing van

Jesus en Sy Liggaam gebring moet word.

Slegs liefde sal jou toelaat om die kwaai persoon daarbinne te laat gaan en om

op te staan teen die volwassenes met wie jy huidiglik in jou lewe kontak het.

Die Onbekende .....

Wanneer ‘n gevangene vrygelaat word na ‘n lang tronkstraf, ervaar hy vrese vir

die onbekende en veranderde wêreld daarbuite. Dit kos moed om uit te stap in

vryheid, sonlig en veranderde omstandighede. Daardie tronk was sy tuiste. Hy

het die binnekant daarvan geken, sy medegevangenes was bekend, en hy het

hom daar tuisgevoel.

Om ‘n stap te neem tot die vasstel van grense, vra moed en geloof. Dit benodig

die vertroostende liefde van ander en God. Dit benodig gebed en gereelde

maaltye uit die Woord. Dit benodig ‘n goeie ondersoek van jouself en jou eie

gawes en vermoëns. Dit vra ontwikkeling van die self.

Onvergewensgesindheid .....

Ons neig om “te wens dit het nooit gebeur nie”. Die dinge wat aan ons gedoen

is, kan nooit ongedaan gemaak word nie – maar, dit kan vergewe word.

Vergifnis beteken dat jy dalk nooit van die ander party

gaan terugkry dit wat hy/sy jou skuld nie

Vergifnis is nie ontkenning nie

Vergifnis maak die verkeerde dinge aan jou gedoen,

kragteloos. Dit ontsluit genesing!

Vergifnis voorsien grense, want dit beskerm my van die

ander persoon wat seermaak en ek het ruimte om

verantwoordelik en met wysheid op te tree.

Skuld .....

Skuld, anders as emosies soos treurigheid, woede of vrees, is ‘n

moeilike emosie omdat dit soos ‘n toestand van innerlike

veroordeling is.

Ons ou, sondige natuur vertel ons dat ons sleg is.

Ons nuwe, Christelike natuur vertel ons dat ons deur liefde

gemotiveer moet word.

2 Tim. 1:7 – “ 7 Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar

van krag en liefde en selfbeheersing.”

Skuldgevoelens is nie akkurate aanduidings of motiveerders nie. Hulle verdraai

die realiteit, trek ons weg van die waarheid en onselfsugtigheid jeens ander.

68

Baie van die skuldgevoelens wat ons ervaar, spruit uit innerlike standaarde wat

ons sedert kinderdae geleer het en wat nie noodwendig Bybelse standaarde is

nie.

Wanneer ons misluk, behoort ons Goddelike droefheid te ondervind.

2 Kor. 7:10,11 – “ 10 Want die droefheid volgens die wil van God werk ’n

onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die

dood.

11 Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God—wat

’n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees,

verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.”

Dikwels wanneer ons ons grense moet stel, mag die mense wat daardeur geraak

word, dinge sê wat hierdie ongeregverdigde skuldgevoelens wat ons het, sal

bevestig.

Onthou, ongoddelike skuld sal jou daarvan weerhou om te doen wat reg is en dit

sal jou laat vasval in jou ongewenste omstandighede.

Skuld is jou eie probleem en jy sal daarmee moet handel. Indien skuld jou

tugmeester was tot nou toe, neem ‘n positiewe besluit en neem beheer daaroor.

Efes. 3:17 – “ 17 ...sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat

in die liefde gewortel en gegrond is...”

Jy kan nie gesonde grense in isolasie ontwikkel nie. Jy

benodig ‘n sterk ondersteunings struktuur bestaande uit die

Liggaam van Christus om jou te onderskraag sodat

wanneer weerstand opduik, jy in staat sal wees om sterk te

staan op die beloftes van ons Vader in Christus Jesus.

Rom. 12:2 – “ 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie,

maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan

beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!