02.05.2013 Views

7676BKA Ekon&Bestuur Weten.indd - Potchefstroom University

7676BKA Ekon&Bestuur Weten.indd - Potchefstroom University

7676BKA Ekon&Bestuur Weten.indd - Potchefstroom University

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

Innovasie deur diversiteit

Waar ons graadkry in die fakulteit

EKONOMIESE en

BESTUURS-

WETENSKAPPE

klaarkry

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA

NOORDWES-UNIVERSITEIT

POTCHEFSTROOMKAMPUS

2

VRYWARING

Inhoud

Die studieinligting en die minimum toelatingsvereistes in hierdie

gids is onderhewig aan verandering en is slegs ’n opsomming van

die algemeenste studierigtings en -vereistes. Hierdie inligting is met

die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die

Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir wysigings

wat mag plaasvind nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit

moet in alle gevalle by die samestelling van ’n program van die

spesifieke studierigting geraadpleeg word.

Toelating

Neem asseblief kennis dat nie alle aansoekers tot ’n bepaalde

studierigting aanvaar word nie al sou hulle aan die minimum-vereistes

van ’n kursus voldoen. Die rede is dat die Universiteit beperkte

kursus- en koshuisplekke het en dat die meeste aansoekers aan ’n

keuringsproses (gebaseer o.a. op jou skoolpunte) onderhewig is.

Dieselfde geld vir aansoeke om koshuisverblyf.

Koshuisverblyf

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie (en dus van private

verblyf gebruik maak), word in die studentelewe geïnkorporeer

d.m.v. “dorpskoshuise”. Hulle het ’n volledige huiskomitee (HK) en

koshuisouers, kan in eetsale eet en neem in

koshuisverband aan die georganiseerde

studentelewe deel. Die meeste

studente maak van sodanige

verblyf gebruik en daar is ‘n groot

aanbod van akkommodasie binne

loopafstand van die kampus.

www.nwupuk.mobi

INHOUDSOPGAWE

Die kampus in ’n neutedop ............................................................ 3

Stop! Studentepret op sy heel beste! ............................................. 5

Koshuislewe ................................................................................... 6

Beurse en studielenings ................................................................ 7

Betaalbare gelde ............................................................................ 8

Studentevoorligtingsdiens .............................................................. 12

Algemene navrae ........................................................................... 12

Toelatingsvereistes ......................................................................... 13

Bepaling van die APS-telling ........................................................... 14

Studieinligting ............................................................................... 16

© 2009 NWU. Saamgestel deur die Departement Bemarking en

Kommuni kasie in samewerking met die agt (8) fakulteite en die

Toelatingskantoor op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-

Universiteit (NWU).

DIE KAMPUS

in ’n neutedop

Welkom by die NWU-Potchefstroomkampus!

Hierdie is jou gids tot beroepsgerigte opleiding en ’n internasionale

kwalifikasie: NWU-Pukke, waar ons graadkry met lekkerkry klaarkry!

Die Noordwes-Universiteit is ’n eg Suid-Afrikaanse universiteit met drie

kampusse in onderskeidelik Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mafikeng.

Jy kan op enige van dié drie kampusse studeer. Hierdie gids handel oor

studierigtings by die NWU-Potchefstroomkampus. As jy studieinligting

oor enige van die ander kampusse verlang, maak asseblief gebruik van

die kontakinligting onder Algemene navrae op bl.12.

Hoekom die NWU-Potchefstroomkampus?

• Hoë akademiese standaarde en internasionale kwaliteit;

• Waardegedrewe met ruimte vir die uitleef van Christelike beginsels;

• Beroepsgerigte opleiding vir jou loopbaan;

• Studie en studentelewe in Afrikaans;

• ’n Veilige en stabiele kampus; en

• ’n Studentelewe wat skrik vir niks!

Internasionale standaarde

By die NWU-Potchefstroomkampus is ons vurig oor kwaliteit –

internasionale kwaliteit! Om dit te verseker, word die Universiteit se

navorsing en nagraadse opleiding voortdurend aan ’n internasionale

evaluering onderwerp.

Die jongste verslag oor so ’n evaluering sê:

“Based on the findings during the visit to the University, all review

teams have become impressed by the quality assurance system

developed by the University. In a few years the University acquired

mastership in this field.”

“The University can be proud of its performance and has set standards

for the country as a whole. From an international perspective the

approach and procedures used are fully state of the art.”

Navorsing wys dat 85% van NWU-Pukstudente binne drie maande nadat hulle afgestudeer het, werk kry.

3

4

Die universiteit is:

• Die universiteit wat die meeste doen vir veeltaligheid en nasiebou.

* Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 2008

• Die bes bestuurde universiteit in Suid-Afrika.

* PricewaterhouseCoopers, 2007, 2008

• Die mees innoverende universiteit in Suid-Afrika.

* Innovasiefonds van die Departement Wetenskap en Tegnologie, 2008.

Beroepsgerigte opleiding

Gehalte is die sleutel tot jou beroepsgerigte graad. Dit word

vergestalt in die feit dat:

• Die NWU onder die drie top universiteite is wat navorsing met die

privaatsektor onderneem (THRIP-verslag 2006/2007);

• 95% van NWU-Pukstudente binne ’n jaar nadat hul afgestudeer

het, werk kry; en

80% van alle werkgewers aandui dat ons opleiding jou goed

voorberei op die eise en roetines van die werkplek. (Werksverkrygingnavorsing:

Potchefstroomkampus 2009).

Besondere studentelewe

Naas ’n beroepsgerigte graad, waarborg ons jou ook ’n unieke

studentelewe en dinamiese studentekorps in ’n moderne stad met die

beste sport-, kultuur- en ontspanningsgeriewe: Lang eikelanings en

luilekker kuierplekke, groot gees en selfs groter geeste.

Waardegedrewe maak ons ‘n verskil

Die Noordwes-Universiteit is ’n waardegedrewe instelling wat

verdraagsaamheid en respek vir alle perspektiewe en geloofsisteme

bevorder om sodoende ’n gepaste omgewing vir leeronderrig, navorsing

en gemeenskapsdiens te bevorder. Op die NWU-Potchefstroomkampus

het dosente en studente ruimte om ’n Christelike perspektief op

wetenskapsbeoefening te hê. Dit vorm die grondslag waarvolgens

98% van werkgewers in ’n navorsingsverslag die integriteit en etiese

optredes van ons afgestudeerde studente in die werkplek as goed tot

baie goed geëvalueer het.

Afrikaans: ’n Funksionele taal plan

Die Noordwes-Universiteit het ’n taalbeleid wat buigsaam, funksioneel

en meertalig is. Hierdie beleid bevorder toeganklikheid, integrasie en ’n

“gevoel van tuiswees”. Elke kampus het ’n taalplan wat die taalbehoefte

van studente en die taalwerklikheid op grondvlak in ag neem.

Aangesien ongeveer 90% van die studente op die Potchefstroomkampus

Afrikaanssprekend is, is die onderrig- en omgangstaal op die

kampus Afrikaans. Alhoewel die dagprogram vir voltydse studie op die

Potchefstroomkampus in Afri kaans is, is daar hulp vir nie-moedertaalsprekers

van Afrikaans. Studente mag met toestemming enige toets of

eksamen in Engels aflê, werks opdragte in Engels uitvoer en gedurende

lesings vrae in Engels stel.

In sekere studierigtings (Maats kaplike Werk, Voeding, Sosiale en

Politieke Wetenskap, Ingenieurswese, Aptekerswese, honneurs in

Teologie, Regte, Verpleegkunde, Sosiale en Politieke Wetenskap,

BCom-grade in Ekonomie en Internasionale Handel, Mensehulpbronbestuur

en Geoktrooieerde Rekenmeesterskap, BSc Aktuarieel

en BEd Grondslagfase) op voorgraadse vlak, kan studente klas loop in

Engels deur middel van simultane tolking.

Ondersteuning

Die NWU-Puk bedryf ’n voogstelsel van akademiese ondersteuning

en leiding aan studente. Die stelsel lei daartoe dat:

• ’n Slaagsyfer van 90% gehandhaaf word in finalejaarstudie;

Die NWU-Pukkampus die tweede hoogste deurvloeisyfer het van

alle universiteite in Suid-Afrika (voltooiing van graad in minimumtydperk);

Die NWU ‘n voorgraadse slaagkoers van 81,2% handhaaf; en

Studente ‘n rekenaarprogram, eFundi, gebruik waarmee akade-

miese ondersteuning ontvang word, met dosente gekommunikeer

word en werkopdragte ingehandig word.

STUDENTEPRET

op sy heel beste…

STOP! Jy hoef nie verder te soek nie.

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe het

GEEN gelyke in die land nie. Ons het nie studentelewe uitgevind

nie, maar dit wel vervolmaak!

... en as dít jou nie oortuig het nie: Wie en wat is die President van

Tarentaal, Klipoog, Calvynfontein, ’n door en die dorelied, groot brêg,

O&B en die Big Prims? As jy meer wil uitvind, is die NWU-Pukkampus

net die plek vir jou. En o ja, moenie vergeet van Jool, Intervarsity en

Aardklop nie. Studentepret op sy heel beste!

Maar wat maak die Potchefstroomkampus se unieke studentegees

en studentelewe so besonders?

• ’n Lewendige, interaktiewe koshuislewe (kampus- en dorpskos huise)

vorm as’t ware die hart van die studentelewe;

• ’n Veilige en stabiele kampus in ’n moderne studentestad;

• Morele ondersteuning in krisistye deur jou koshuis en mede inwoners is

ongekend – hier word jy deel van die NWU-Pukfamilie;

• Ons glo aan waar ons graadkry met lekkerkry in Afrikaans klaarkry;

• Die beste sportgeriewe en -fasiliteite met ’n hokkie-akademie en ’n rugbyinstituut;

• Die NWU-Pukkampus is dié kuns- en kultuurmekka met ‘n verskeidenheid

uitstekende fasiliteite, kore, orkeste, ander groepe en aktiwiteite

wat elke smaak kan bevredig;

• Verder word jy as totale mens gevorm deur die eerstejaarskonsert,

kampustalentfees, blokskilder, kultuurtoer, sêr-kompe tisies en

nog vele meer;

• Om ’n NWU-Puk te wees is om ’n Puk te groet – hier is jy nie net ’n studentenommer

nie. Ons ken mekaar op die naam; en

• Lekker kuierplekke en ontspanningsgeriewe waar almal mekaar ken en

lewenslange vriende word…

70% van die NWU-Puk se studente ry by drie ander

kampusse verby om in Potchefstroom te studeer.

5

6

KOSHUISLEWE

Die Potchefstroomkampus se op-en-wakker studentelewe draai om sy

aktiewe koshuislewe met sy lewendige inter koshuiskompetisies. Alle

studente neem hieraan deel ongeag of hulle in kampuskoshuise bly of

privaat woon en in “dorpskoshuise” georganiseer is.

Wat maak ons kampuskoshuise verder uniek?

• Dit is binne loopafstand van akademiese en admini stratiewe geboue

en sportfasiliteite geleë;

• Veiligheid geniet hoë prioriteit – veral by die dameskoshuise

waar ’n streng stelsel van elektroniese toegangsbeheer toegepas

word;

• Elke koshuis het ’n koshuisbestuur wat bestaan uit ’n huisvader/moeder

en ’n huiskomitee; en

• Ander geriewe: e-pos, internet, telefone, eie geriewe om koffie

en tee te maak, was- en strykkamers met outomatiese wasmasjiene

en tuimeldroërs, kombuisies, televisiekamers, sitkamers,

ontspannings- en rekenaarlokale.

Dorpskoshuise

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie, maar in kamers,

woonstelle, buitehuise of by hul ouerhuise, neem aan die georganiseerde

studentelewe deel deur lid te word van een van die

“dorpskoshuise”. Dorpskoshuise funksioneer net soos kampuskos -

huise en word op dieselfde manier georganiseer as kampuskoshuise.

Studente in dorpskoshuise is ten volle deel van die kampus. Alle geriewe

is tot hul beskikking en hulle deel eetsale en die Klipoog Kafeteria saam

met ander koshuisinwoners. Dorpskoshuise kompeteer gelykwaardig

op alle terreine en van hierdie dorpskoshuise is gereeld wenners van

die kultuur-, sport- en akademiese trofeë.

Navorsing bewys dat 90% van studente van die NWU-Puk

effektief leiding kan neem in die werkplek.

Keuringsmodel

Aansoekers word aangemoedig om voor of op 30 Junie aansoek te doen

om koshuisplasing in ’n kampuskoshuis. Keuring vind in Julie plaas,

waarna merietegevalle deur ’n spesiale keuringskomitee oorweeg sal

word. Alle plasings word op grond van meriete en beskikbaarheid van

koshuisplek gedoen. (Keuringspunt: 70% akademie en 30% deelname

aan kultuur, sport en/of leierskap.)

BEURSE

en studielenings

Nuweling Akademiese Beurse

Dié beurse word outomaties (jy hoef nie daarvoor aansoek te doen nie)

aan alle voltydse eerstejaarstudente toegeken wat:

• Na graad 12 vir die eerste keer aan die universiteit vir ’n eerste

graad inskryf;

• ‘n Gemiddelde persentasie van 75% of hoër gedurende die graad

12-eindeksamen behaal het.

Die beurs word toegeken op grond van die rekenkundige

gemiddeld van die persentasies van die student se ses beste

vakke, Lewensoriëntering uitgesluit. Die persentasie behaal in nieaangewese

vakke word egter met 10% verminder in berekening

van merietebeurse. Die punte word nie afgerond nie.

Student se gemiddelde

berekende %

Merietebeurs

90% 110% korting van klasgeld

85% 100% korting van klasgeld

80% 75% korting van klasgeld

75% 40% korting van klasgeld

7

8

Leierskap en kultuurbeurs

Beurse word ook toegeken aan hoofleiers, Presidentsverkenner- en

Springboktoekennings, Hoofleierswagtoekennings, RRB Debatskompetisie,

ATKV Redenaarskompetisie en kuns- en kultuurprestasies.

Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by 018 299 4245 of e-pos

ronel.vorster@nwu.ac.za

Ondersteuningsbeurse

Fisies gestremde studente, gesinsbeurse vir meer as een student,

weeskinders en reisbeurse (wat ver van die kampus woon) kwalifiseer

ook vir beurse. Vir meer inligting skakel vir Ronel Vorster by

018 299 4245 of e-pos ronel.vorster@nwu.ac.za

Sportbeurse

Vir ‘n beurs by die NWU-Puk Rugbyinstituut, skakel vir Ronel Emms

018 299 2429 of e-pos ronel.emms@nwu.ac.za. Vir ander sportbeurse,

skakel vir Joey du Pisani 018 299 2905 of e-pos joey.dupisanie@nwu.ac.za

Oudstudente-leningfonds

Skakel Leona Cain by 018 299 2764 of e-pos leona.cain@nwu.ac.za

NSFAS Beurs-leningskema

Skakel vir Marina Louw by 018 299 2193 of

e-pos marina.louw@nwu.ac.za

Funza Lushaka-onderwysbeurse

Skakel Triens Jacobs by 018 299 2189 of e-pos triens.jacobs@nwu.ac.za

Aansoeke en navrae om beurse en studielenings kan gerig word aan:

Die Hoof: Finansiële Steundienste (FSD), Potchefstroomkampus,

Noordwes-Universiteit, Privaatsak X6001, Potchefstroom 2520.

Tel: 018 299 4245 of 299 2189

Faks: 018 299 2194

E-pos: ronel.vorster@nwu.ac.za

Web: www.puk.ac.za/finansteun/

BETAALBARE

gelde en FINANSIËLE reëls

Inleiding

Die voorgeskrewe aansoekgeld, losiesdeposito, klas- en losiesgeld

word jaarliks hersien en word volledig in die amptelike dokument getiteld

“Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” uiteengesit.

Skakel gerus Finansiële Administrasie: Inkomste vir die verkryging

van hierdie dokument by:

Tel: 018 299 2662/8/9/2670/1 of 018 299 4050/425

Faks: 018 293 5230/4, 293 5252/5 of 018 293 5313/4/5

E-pos: alet.smith@nwu.ac.za isaac.mathiba@nwu.ac.za

kitty.jacobs@nwu.ac.za wagner.leana@nwu.ac.za

yolanda.vanwyk@nwu.ac.za suzanne.pretorius@nwu.ac.za

Aansoekgeld en losiesdeposito

Die aansoekvorm om voorlopige toelating tot die Universiteit sal nie

sonder die nodige bewys van betaling van die voorgeskrewe aansoekgeld

en losiesdeposito vir evaluering deur die Universiteit aanvaar word

nie. Indien jy die aansoekvorm en aansoekgeld (tjeks/posorders uitgemaak

aan die NWU) wil pos, rig dit asseblief aan die posadres voor op

die aansoekvorm.

Die volledige lys van klasgelde vir modules en kwalifikasies is beskikbaar

tydens registrasie in die betaalsaal van die Joon van Rooy-gebou

of op die universiteit se webwerf by www.nwu.ac.za/gelde. Die modulesamestelling

is bepalend vir die presiese klasgeldbedrag per jaar.

‘n Gemiddelde berekende raming wat onderhewig is aan aanpassing

en goedkeuring van die Raad, word per kwalifikasie vir 2011 hier onder

uiteengesit.

Hierdie is nie ‘n volledige lys van alle kwalifikasies nie, maar enkele

algemene grade:

Program Per jaar

BA R16 730

BA (Kommunikasie) R17 780

BA (Musiek) R25 640

BA (Maatskaplike werk) R20 920

BA (Grafiese ontwerp) R17 890

BPharm R23 130

BCom (Bestuursrekeningkunde) R23 380

BCom (Rekeningkunde en Informatika) R20 640

BCom (Regte) R24 920

BIng R26 100

BCur R19 560

BSc (Aktuariële Wetenskappe) R23 660

BSc (Verbruikerswetenskappe) R23 450

LLB R19 720

BTh R15 900

Universiteitsdiploma in Sportkunde R12 980

Honneurs R12 080

BEd (Grondslagfase) R18 410

BEd (Int. en Snr.) of BEd (Snr. en VOO) R16 340

BEd (Honneurs) per jaar vir 2 jaar R6 290

Volgens ’n Raadsbesluit geskied die bepaling van klasgeldtariewe per

module. Die tarief per module word volledig in die amptelike dokument

getiteld “Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” en/of aanhangsels

daarby uiteengesit. Die modulesamestelling (getal modules en aard van

die modules) is dus bepalend vir die presiese klasgeldbedrag per jaar.

Meer as ‘n duisend internasionale sportsterre stroom jaarliks

na Potchefstroom om gebruik te maak van die universiteit se

uitstekende sportgeriewe.

9

10

Losiesgeld

Die beraamde losiesgeld vir mans- en dameskoshuise per jaar vir

2011 word hieronder as ’n riglyn uiteengesit maar is onderhewig aan

aanpassing en goedkeuring van die Raad.

Mans- en Dameskoshuise (per jaar)

Caput R12 490 Minjonet R12 490

Excelsior R12 490 Oosterhof R12 490

Heide R12 490 Over de Voor R12 490

Hombre R12 490 Patria R12 490

Karlien R12 490 Vergeet-my-Nie R12 490

Kasteel R12 490 Veritas R12 490

Klawerhof R12 490 Wag-’n-Bietjie R12 490

Kom-en-Gaan R12 490 Wanda R12 490

Mans- en Dameskoshuise – Enkelkamers (per jaar)

De Wilgers R12 950 Ratau R12 950

Eikenhof R12 950 Republiek R12 950

Laureus R12 950

Oppirif (per jaar)

Kamers R14 065 Selfsorg-eenhede

R19 965

Die bedrae sluit die aansoekgelde om koshuisinwoning van R500 in,

asook die R1 000 ter bevestiging van die koshuisinwoning in die geval

van eerstejaarstudente. Die R1 500, of R500 in die geval van senior

studente, word as ‘n losiesdeposito op u rekeningstate aangedui en

Navorsing bewys dat 82% van NWU-Pukstudente kreatief

in die werkplek kan dink!

sal aan die einde van Maart oorgeplaas word as krediet op u klas- en

losiesgeldrekening.

Die tariewe word volledig in die amptelike dokument getiteld

“Betaalbare Gelde en Finansiële Reëls” uiteengesit. Die nuutste

dokument is ook op die web by www.nwu.ac.za/gelde beskikbaar.

Etegeld

Etes word op ‘n streng kontantbasis by die Universiteit hanteer. Dit

beteken dus dat u slegs dit wat u op u eterekening inbetaal, beskikbaar

het; geen krediet word dus meer vir etes verleen nie! Etes, bereken

teen R65 per dag vir 170 dae, beloop ongeveer R 11 050 per jaar, of

R1 300 per maand.

Etes in koshuiseetsale kan slegs deur middel van die universiteitskaart

genuttig word. Studente betaal slegs vir etes wat wel geneem word.

Etes en snoeperye kan ook in die kafeteria deur middel van die universiteitskaart

aangekoop word. Behalwe vir etes, mag daar net kampusgoedgekeurde

items op die universiteitskaart gekoop word, soos bv.

PUK-dagboeke, PUK-rugbytruie, eerstejaarsdineekaartjies of toegangskaartjies

na goedgekeurde studentefunksies.

Etegeld-betalingsopsies

‘n Direkte bankdeposito of elektroniese inbetaling kan gemaak word

in enigeen van die Noordwes-Universiteit se bankrekenings by ABSA

Bank, Eerste Nasionale Bank, Nedbank of Standard Bank. By ABSA

se Rekeningbetalings, ENB se Public Recipients, Nedbank se Bankapproved

beneficiaries of Standard Bank se Companies moet die rekeningnaam

“NWU VENDING” vanuit u bank se lys van begunstigdes

gekies word.

Slegs die 8-syfer-universiteitsnommer sal as begunstigde verwysing aanvaar

word. Die onderskeie rekeningnommers, wat verskil van die NWU

STUDENT-rekeningnommers hier bo genoem, is: ABSA 40-7010-0351,

ENB 6216-191-6849, Nedbank 1713-378-558 en Standard Bank

33-038-243-8.

NWU VENDING is dus uitsluitlik vir die kontant etestelsel bedoel terwyl

NWU STUDENT vir klas-, losies en ander geld bedoel is.

Kassiere op kampus

Gelde kan van 08:00 tot 15:30 op weeksdae by die kassier in die Joon

van Rooy-gebou inbetaal word.

Registrasiegeld

Die onderstaande beraamde bedrae is tydens registrasie in Januarie/

Februarie betaalbaar maar is onderhewig aan aanpassing en goedkeuring

van die Raad.

Koshuis Dorp Deeltyds

Registrasiegelde R950 R950 R950

Addisionele registrasiegelde

(Dorpskoshuisrade) – R50 –

Eerste betaling op klasgeld R4 100 R4 100 R4 100

Eerste betaling op losiesgeld R3 900 – –

Etes tydens O&B*

(Verpligtend vir koshuiseerstejaars) R700 – –

Verpligte betaling R9 650 R5 100 R5 050

Aanbevole inbetaling vir etes

(Februarie en Maart 2011)** R1 950 R1 950 –

Totaal R11 600 R7 050 R5 050

* Ontvangs- en Bekendstellingsprogram vir eerstejaarstudente.

** Sien Etegeld hier naas.

Betaling van gelde

Klas- en losiesgeld is betaalbaar in maandelikse paaiemente, soos

aangedui op die rekeningstate, binne dertig dae na rekeningdatum,

met ‘n finale betaling ter volle vereffening op 31 Julie jaarliks. Ander

gelde is streng betaalbaar binne dertig dae na rekeningdatum.

11

12

Die losiesdeposito word jaarliks gedurende Maart van die betrokke

studiejaar teen die student se klas- en losiesgeldrekening gekrediteer.

Indien ‘n student se studies deur middel van ‘n beurs of lening

gefinansier word, moet die skriftelike bewys daarvan jaarliks tydens

registrasie voorgelê word. Die skriftelike bewys moet ‘n uiteensetting

gee van dit waarvoor die beurs- of leningsbedrae aangewend mag

word, asook wanneer die uitbetaling daarvan sal geskied. As u dus van

‘n beurs of lening gebruik maak om u studies te finansier, moet u reeds

vroegtydig by die betrokke instansie aansoek doen.

Studentevoorligtingsdiens

(SVD)

Talle studente betree deesdae die wêreld van studie met ontoereikende

kennis van die beroepswêreld en die werksituasie. Die Studentevoorligtingsdiens

is amptelik die ondersteuningsdepartement

van die Noordwes-Universiteit wat met behulp van sielkundige toetse,

skoolkinders vanaf graad 7-12 op ’n wetenskaplike wyse help om

verantwoordelike keuses te maak en besluite te neem ten opsigte van:

• Beroeps- en kursuskeuse; en

• Realisering van potensiaal.

Studente word ook tydens die ontvangs- en bekendstellingsprogram

getoets of hulle in die regte studierigting studeer. Skakel die

Studentevoorligtingsdiens by 018 299 2891.

ALGEMENE

navrae

Potchefstroomkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Potchefstroomkampus),

Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520.

Tel: 018 299 2772, faks: 018 299 2767, e-pos: navrae@nwu.ac.za

Mafikengkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Mafikengkampus),

Privaatsak X2046, Mmabatho, 2735.

Tel: 018 389 2252, faks: 018 392 5775,

e-pos: tshepi.molemane@nwu.ac.za

Vaaldriehoekkampus

Skakel of skryf gerus aan:

Departement Bemarking en Kommunikasie (Vaaldriehoek kampus)

Posbus 1174, Vanderbijlpark, 1900.

Tel: 016 910 3111, faks: 016 910 3171, e-pos: vaal@nwu.ac.za

89% van studente van die NWU-Puk kan analities en

logies dink in die werkplek.

TOELATINGSvereistes

Aan die einde van 2008 is die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC), wat

matriek vervang, vir die eerste keer uitgereik.

Dit bepaal dat ’n leerder sewe vakke moet slaag. Vier van die vakke is

verpligte vakke: Een amptelike taal op die vlak van Huistaal en een taal

as Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Wiskunde of Wiskundige

Geletterdheid en drie verdere keusevakke.

Die minimum toelatingsvereiste vir graadstudie by enige universiteit

(die ou matriekvrystelling, nou genoem universiteitstoelating), is

’n prestasievlak van 4 (50-59%) nodig in minstens vier vakke uit die

aangewysde groep vakke (sien lys).

Aangewysde vaklys vir Universiteitstoelating

• Besigheidstudies

• Dramatiese Kunste

• Ekonomie

• Fisiese Wetenskappe

• Geografie

• Geskiedenis

• Godsdiensstudie

• Ingenieursgrafika en -ontwerp

• Inligtingstegnologie

• Landbouwetenskap

• Lewenswetenskappe

• Musiek

• Rekeningkunde

• Tale (een taal van leer en onderrig soos by ’n instansie vir hoër

onderwys gebruik)

• Verbruikerstudie

• Visuele Kunste

• Wiskunde

• Wiskundige Geletterdheid

13

14

Jy benodig minstens vier (4) vakke uit die lys hierbo op vlak 4 (50-59%).

Tweedens moet jy voldoen aan die APS-telling en toelatingsvereistes vir

die betrokke studierigting.

Bepaling van die APS-telling

• Die prestasie behaal in ses vakke word gebruik om die APS-telling

te bereken. Vier van die vakke kom uit die aangewysde lys (soos

benodig vir universiteitstoelating). Indien die ander twee vakke

nie uit die lys kom nie (dus uit die gewone NSC-vaklys) word dit

in berekening gebring.

• Die APS-punt behaal in Lewensoriëntering word nie in berekening

gebring by die berekening van die APS-telling nie, maar om ’n

Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) te behaal, moet ’n leerder ’n

skaalpunt van 3 in Lewensoriëntering verwerf.

• Vir die Potchefstroomkampus van die NWU, word die volgende

taalvereiste gestel: ’n Slaagsyfer van vlak 4 (50-59%) in die taal

van leer en onderrig op Huistaal- of Eerste Addisionele Taalvlak.

• Die spesifieke vakvereistes kan in die volledige Studieinligtingsgids

gesien word.

• Om meer inligting te bekom oor voorwaardelike universiteitstoelating,

skakel 012 481 2921 of besoek www.sauvca.org.za

www.nwupuk.mobi

90% van NWU-Pukstudente se akademiese opleiding

berei hul uitstekend voor vir die beroepswêreld.

Die volgende keuringstabel word gebruik vir die bepaling van die APStelling:

Keuringstabel vir die bepaling van APS:

(Omskakeling van skoolvakke se simbole)

NSC-vlak APS-telling

7 (80-100%) 7

6 (70-79%) 6

5 (60-69%) 5

4 (50-59%) 4

3 (40-49%) 3

2 (30-39%) 2

1 (0-29%) 1

Voorbeeld van hoe om jou APS-telling te bepaal.

(Hierdie is slegs ’n voorbeeld. Pas jou eie vakke en punte volgens die

voorbeeld toe.)

Afrikaans Huistaal (uit aangewysde lys) 4

Engels Eerste Addisionele Taal (uit aangewysde lys) 4

Wiskunde (uit aangewysde lys) 6

Rekeningkunde (uit aangewysde lys) 6

Ontwerp (NSC-vak) 6

Rekenaartoepassingstegnologie (NSC-vak) 5

APS-telling 31

Vergelyk dit nou met die vereistes in dié studieinligtinggids om te sien

of jy kwalifiseer vir toelating.

15

16

Fakulteit

EKONOMIESE EN

BESTUURSWETENSKAPPE

Inleiding

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe wil met sy opleiding

van studente professionele persone en sakeleiers ontwikkel wat met

hul kundigheid, innovering en ondernemingsingesteldheid ’n verskil in

die ekonomie van Suid-Afrika maak.

Dié fakulteit bestaan uit vier (4) skole, wat elkeen ’n bepaalde studieterrein

of vakdissipline verteenwoordig.

• Skool vir Ekonomie

(Ekonomie, Internasionale Handel, Risikobestuur en Beleggingsbestuur);

• Skool vir Mensehulpbron-Wetenskappe

(Mensehulpbron-Bestuur, Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge -

bestuur);

• Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe

(Geoktrooieerde Rekenmeesterskap, Bestuursrekenmeesterskap,

Finansiële Rekenmeesterskap, Forensiese Rekenmeesterskap en

Belasting); en

• Skool vir Ondernemingsbestuur

(Entrepreneurskap, Bemarkingsbestuur en Toerismebestuur).

Kwalifikasies en studierigtings

In die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe word die volgende

kwalifikasies en programme aangebied:

Baccalaureus Commercii (BCom)

Bemarkingsbestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500203: E352P)

Doel van die program

Die program fokus op die opleiding van bemarkers in die korporatiewe

wêreld asook vir medium tot klein ondernemings. Die hoofelemente van

bemarking soos logistiekebestuur, bemarkingsplan, prysbesluite, verbruikersbesluite,

finansiële bestuur, handelsmerkbesluite, bemarkings -

kommunikasie en produkontwikkeling studies vorm deel van die program.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke is Ondernemingsbestuur, Logistiekebestuur,

Bemarkingsplan, Prysbesluite, Verbruikersgedrag, Finansiële Bestuur,

Produksiebesluite, Bemarkingskommunikasie, Bemar kingsnavorsing en

Dienstebemarking, Internasionale Handel en Ekonomie.

Beroepsmoontlikhede

Verskeie beroepsgeleenthede bestaan. Dit sluit die volgende in: Ver -

koops konsultant, bemarkingsnavorser, markanalis, bemarkingsbestuurder,

akademikus, bemarkingskonsultant en kliëntediens be stuur ders.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die voorgraadse program verleen toelating tot die honneursprogram in dien

aan sekere vereistes voldoen word. Na voltooiing van die honneursgraad

mag verdere nagraadse studie op magister- of doktorale vlak gedoen word.

Entrepreneurskap en

Ondernemingsbestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500142: E350P)

Doel van die program:

Die program stel voornemende entrepreneurs in staat om hul eie

ondernemings op te rig en te bestuur. ’n Weldeurdagte en goed

nagevorste ondernemingsplan is die sleutel tot ’n suksesvolle

onderneming.

Studente word geleer om ’n ondernemingsplan op te stel deur

belangrike konsepte uit die Ondernemingsbestuur en Ekonomie te

integreer.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke is Ondernemingsbestuur, Bemarking, Entrepreneurskap,

Bemarkingsnavorsing, Strategiesebestuur en Arbeidsverhoudinge.

Beroepsmoontlikhede

As entrepreneur sal jy jou eie besigheid kan oprig en bestuur. As bes

tuurder binne ’n bestaande onderneming sal jy vernuwend kan dink

en optree.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die program gee toelating tot nagraadse studie vir die Honneurs BCom

(Bemarking en Entrepreneurskap).

17

18

Toerismebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500141: E355P)

Doel van die program

Die program fokus op die opleiding van toerismebestuurders met

’n sterk onderbou in Ekonomie. Studente word wetenskaplik opgelei

in vakgebiede soos Toerismebestuur, Wildplaasbestuur, Ekotoerisme,

Gastehuisbestuur, Voedseldiensbestuur, Toerismebemarking en

-beplan ning, Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Toerismebestuur, Ondernemingsbestuur,

Internasionale Handel en Ekonomie.

Beroepsmoontlikhede

Die student wat hierdie program voltooi, sal opgelei wees vir ’n

verskeidenheid van loopbane in die toerismebedryf, soos dié van

gastehuisbestuurder, wildplaasbestuurder, oordbestuurder, toe rismebemarker

en entrepreneur (soos ‘n toeroperateur).

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Voltooiing van die program verleen toelating tot honneursstudie in

Toerismebestuur of Ekonomie.

Toerismebestuur en Rekreasiekunde

(Programkode vir aansoekvorm: 500171: E356P)

Doel van die program

Hierdie program fokus op die opleiding van toerismebestuurders, met

’n sterk onderbou in rekreasiekunde. Die student word weten skaplik

opgelei in vakgebiede soos Toerismebestuur, Ekotoerisme, Wildplaasbestuur,

Toerismebemarking en -beplanning, Gastehuisbestuur,

Voedseldiensbestuur, Entrepreneurskap, Rekreasiekunde en Ondernemingsbestuur.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 21; en

• Wiskunde vlak 3 (40-49%).

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Toerismebestuur, Re krea sie -

kunde en Ondernemingsbestuur.

Beroepsmoontlikhede

Die student wat hierdie program voltooi, sal opgelei wees vir ’n

verskeidenheid van loopbane in die toerisme- en rekreasiebedryf soos

dié van gastehuisbestuurder, wildplaasbestuurder, oordbestuurder,

toerismebemarker en entrepreneur soos toeroperateur, inligting -

bestuurder en konferensieorganiseerder asook rekreasiebestuurders.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Voltooiing van die program sal die kandidaat toelating tot honneursstudies

in Toerismebestuur en Rekreasiekunde gee.

Bemarkings- en Toerismebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500182: E357P)

Doel van die program

Hierdie program fokus op die opleiding van toerismebestuurder met ’n

sterk onderbou in bemarkingsbestuur. Die student word wetenskaplik

opgelei in die vakgebiede soos Toerismebestuur, Ekotoerisme, Wildplaas

bestuur, Toerismebemarking en -beplanning, Gastehuis bestuur,

Entrepreneurskap, Bemarkings- en Ondernemingsbestuur.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ‘n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Toerismebestuur, Ondernemingsbestuur,

Bemarkingsbestuur en Bemarkingsnavorsing.

Beroepsgeleenthede

Die student wat hierdie program voltooi, sal opgelei wees vir ’n

verskeidenheid van loopbane in die toerismebedryf soos gastehuis -

bestuurder, wildplaasbestuurder, oordbestuurder, toerisme-bemarker

en entrepreneur (soos ‘n toeroperateur).

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studies

Voltooiing van die program verleen toelating tot honneursstudies in

Toerismebestuur of Entrepreneurskap en Bemarking.

Kommunikasiebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500145: E353P)

Doel van die program

Hierdie program fokus op die opleiding in kommunikasiestudies, met ’n

sterk onderbou in Toerismebestuur of Ondernemingsbestuur. Verskeie

opsies is beskikbaar in kommunikasiestudies insluitend korporatiewe

kommunikasie, joernalistiek en media. Studente moet ‘n keuse maak

tussen Toerismebestuur of Onderne mingsbestuur.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 24;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• Keuring vind plaas en ’n beperkte aantal studente kan toegelaat

word.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Kommunikasie, Toerismebestuur

of Ondernemingsbestuur en Bemarkingsbestuur.

Beroepsgeleenthede

Die student wat hierdie program voltooi, sal opgelei wees vir ’n

verskeid en heid van loopbane in die toerismebedryf soos gastehuisbestuurder,

wildplaasbestuurder, oordbestuurder, toerisme-bemarker

en entre preneur (soos ‘n toeroperateur). Asook binne die kommunikasieveld

soos joernalistiek, korporatiewe media en video. Die

ondernemingsbestuur opsie bied ’n geleentheid as ondernemingsbestuurder,

bemarker, asook ’n entrepreneur.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studies

Voltooiing van die program verleen toelating tot honneursstudies in

Toerismebestuur of Entrepreneurskap en Bemarking of Kommunikasie-

19

20

studies. Die honneursgraad in Kommunikasiestudies wat op hierdie

graad volg (toelating is onderworpe aan keuring), staan as Honneurs

BA Kommunikasiestudies bekend.

Finansiële Rekenmeesterskap

(Programkode vir aansoekvorm: 500156: E371P)

Doel van program

Hierdie program fokus op die opleiding van finansiële rekenmeesters

en is veral ingestel op die verkryging van lidmaatskap van die Suid

Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA).

Lidmaatskap van SAIPA stel die lid in staat om as praktiserende

professionele rekenmeester sy of haar eie praktyk te bedryf, of om as

professionele rekenmeester in die handel en nywerheid te werk.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 21;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• Onderworpe aan ’n keuringstoets.

• Studente wat nie Rekeningkunde as skoolvak gehad het nie, word

sterk aangeraai om die Basiese Rekeningkunde kursus aan die

begin van die eerste semester te neem voordat daar met ACCF111

begin word. Indien ‘n student 65% aan die einde van die eerste

semester in ACCF111 behaal, kan die student tot ACCC121 in die

tweede semester toegelaat word. As ‘n student 65% behaal in

ACCF121, kan hy die tweede eksamengeleentheid van ACCC121

gaan skryf en indien 55% behaal word, kan toelating tot die

tweedejaars GR-Rekeningkunde verkry word.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Finansiële Rekeningkunde en

Bestuursrekeningkunde met Belasting, Handelsreg en Ouditkunde as

die belangrikste ondersteunende vakke.

Beroepsmoontlikhede

Die gekwalifiseerde SAIPA-rekenmeester kan as ’n professionele

rekenmeester praktiseer, wat die lewering van volledige boekhou-,

sekretariële, belasting- en rekeningkundige dienste insluit. SAIPA’s kan

ook in die handel en nywerheid as rekenmeesters, interne ouditeure,

bestuursrekenmeesters of finansiële bestuurders gaan werk. Die SAIPA

is lid van IFAC (Internasionale Rekeningkundige liggaam) en het verskeie

samewerkingsooreenkomste met buitelandse professionele liggame –

wat die deure vir internasionale geleenthede vir die Suid-Afrikaanse

SAIPA oopmaak.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die BCom Finansiële Rekenmeesterskap word voltyds oor drie (3)

jaar aangebied gevolg deur praktiese opleiding van drie (3) jaar by ’n

geregistreerde rekenmeester.

Gedurende die praktiese opleidingsperiode word die leerling-SAIPArekenmeester

gereeld gemonitor en ’n finale professionele evaluering

geskied aan die einde van die 3 jaar-tydperk. Vir SAIPA-lede wat in die

Handel en Nywerheid belangstel, word die geleentheid gestel om die

praktiese opleiding by geakkrediteerde ondernemings in die handel en

nywerheid te ondergaan.

Na toepaslike ondervinding van ses jaar, word van die Handel en

Nywerheid kandidaat verwag om die professionele evaluering af te lê

ten einde as ’n SAIPA-lid te kwalifiseer.

Toelating tot nagraadse studie

Indien aan bepaalde vereistes voldoen is, verleen die voorgraadseprogram

toelating tot die honneursgraad in Finansiële Rekenmeesterskap,

met Finansiële Rekeningkunde, Belasting en Finansiële Bestuur

as kernvakke. Na voltooiing van die honneursgraad mag verdere

nagraadse studie op magister- of doktorale vlak aangepak word.

21

22

BCom Belasting

(Programkode vir aansoekvorm: 500185: E376P)

Doel van die program

Die program fokus op die opleiding van belastingkonsultante, belasting

rekenmeesters, aanslaers en belastingouditeure. Studente word

wetenskaplik opgelei in alle aspekte van belasting met ‘n sterk onderbou

in regsvakke.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40% - 49%); en

• ‘n APS telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Inkomstebelasting (individue,

boedels, maatskappye en ander ondernemingsvorme), Gevorderde

Be lasting op Toegevoegde Waarde (BTW), Gevorderde Werknemersbelasting,

Kapi taalwinsbelasting (KWB), Belasting Administrasie,

Belasting ondersoeke, Ondernemingsreg, Sakereg, Uitleg van Wette en

Kontraktereg (insluitende spesifieke kontrakte).

Beroepsgeleenthede

Daar is verskeie beroepsgeleenthede insluitende by die Suid-Afrikaanse

Inkomstediens as aanslaer of belastingouditeur, as belastingkonsultant of

belastingrekenmeester by maatskappye of konsultasiefirmas (rekeningkunde

en ouditfirmas, bestuurskonsultasiefirmas of regs firmas) of in

privaatpraktyk.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds aangebied en strek ook drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die program verleen toelating tot nagraadse studie in die Honneurs

BCom (Belasting) wat by ander universiteite beskikbaar is en in die

vooruitsig gestel is by die NWU.

Bestuursrekenmeesterskap

(Programkode vir aansoekvorm: 500158: E372P)

Doel van program

Die program fokus op die opleiding van bestuursrekenmeesters.

Studente word wetenskaplik opgelei in vakgebiede soos Bestuursrekeningkunde,

Finansiële Rekeningkunde, Finansiële Bestuur, Belasting

en Rekenaartoepassings wat geïntegreer word soos voorgeskryf deur

die Geoktrooieerde Instituut vir Bestuursrekenmeesters (Chartered

Institute of Management Accountants/CIMA) in Londen, Engeland.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%);

• Indien die student nie Rekeningkunde as skoolvak gehad het nie,

moet die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe geraadpleeg

word vir spesiale toelatingsvereistes;

• ’n APS-telling van minstens 26; en

• Onderworpe aan ’n keuringstoets.

Belangrikste vakke

Die program is saamgestel uit die vakke Bestuursrekeningkunde, Finansiële

Rekeningkunde, Finansiële Bestuur, Belasting, Rekenaartoepassings,

Ouditkunde, Handelsreg, Ondernemingsbestuur en Ekonomie.

Beroepsmoontlikhede

Die graduandi wat hierdie program voltooi, sal opgelei wees vir ’n verskeidenheid

loopbane in die finansiële, kommersiële en nywerheid sektore.

Vrystelling van ’n aantal vraestelle by die Geoktrooieerde Instituut vir

Bestuursrekenmeesters word verkry met die oog op internasionale en

professionele kwalifikasie as Geoktrooieerde Bestuursrekenmeester.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar, gevolg

deur praktiese opleiding van drie (3) jaar by ’n toepaslike organisasie

waarna registrasie by die professionele liggaam (CIMA) in Londen kan

plaasvind, indien aan al die akademiese vereistes voldoen is.

Toelating tot nagraadse studie

Die program verleen toelating tot nagraadse studie in die Honneurs

BCom (Bestuursrekenmeesterskap) en ook tot Honneurs BCom-studie

in Finansiële Rekeningkunde. Na voltooiing van die honneursgraad

mag verdere nagraadse studie op magister- of doktorale vlak aangepak

word. Besoek gerus die CIMA webwerf by www.cimaglobal.com

Geoktrooieerde Rekenmeesterskap

(Programkode vir aansoekvorm: 500155: E370P)

Doel van die program

Die program fokus op die opleiding van rekenmeesters om die nasionale

eksamens af te lê vir kwalifikasie as Geoktrooieerde Rekenmeester

oftewel GR (SA) by die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde

Rekenmeesters (SAIGR). Rekeningkunde, Bestuursrekeningkunde, Belasting

en Ouditkunde vorm die ruggraat van hierdie program.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%);

• Indien die student nie Rekeningkunde as skoolvak gehad het nie,

moet die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe geraadpleeg

word vir spesiale toelatingsvereistes;

• ’n APS-telling van minstens 26; en

• Onderworpe aan ’n keuringstoets.

Belangrikste vakke

Hierdie program bevat die hoofvakke Rekeningkunde, Ouditkunde, Belasting

en Bestuursrekeningkunde, sowel as ondersteunende vakke wat

die student aan al die kritieke uitkomste laat voldoen: Rekeningkunde

en Rekenaars, Ondernemingsbestuur, Ekonomie, Handelsreg, Mensehulpbronbestuur,

Wiskunde, Statistiek, Kommunikasie-vaardighede,

Akademiese Geletterdheid en Professionele Etiek.

23

24

Beroepsmoontlikhede

Graduandi wat hierdie program voltooi (tot honneursvlak) sal toegelaat

word om die kwalifiserende eksamens as Geoktrooieerde Rekenmeester

(GR(SA)) af te lê. Die titel GR (SA) is tans die enigste wat ’n persoon

toelaat om as onafhanklike ouditeur te praktiseer indien die persoon

geregistreer is by IRBA.

Daar is verder baie geleenthede vir spesialisering as Internasionale

Rekeningkundige Standpunt-spesialis, belastingkonsultant, bestuurskonsultant,

finansiële bestuurder en reke naar ouditeur.

Besoek gerus die SAIGR webwerf by www.saica.co.za

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die BCom GR(SA) word voltyds oor drie (3) jaar aangebied. Vir ’n

Geoktrooieerde Rekenmeester (SA), behels dit hierdie graad met ’n

jaar honneursopleiding daarna. Na suksesvolle voltooiing hiervan, mag

studente die nasionale kwalifiserende eksamens van die SAIGR aflê.

Klerkskap duur drie (3) jaar indien ’n graad reeds verwerf is en kan by

’n ouditeursfirma of geakkrediteerde maatskappye in die handel en

nywerheid afgelê word. Na voltooiing van die honneursgraad mag verdere

nagraadse studie op magister- of doktorale vlak aangepak word.

Forensiese Rekenmeesterskap

(Programkode vir aansoekvorm: 500181: E378P)

Doel van die program

Die graad BCom Forensiese Rekenmeesterskap is praktykgerig

ontwikkel vir voornemende studente wat direk wil fokus en spesialiseer

in forensiese rekeningkunde ná skool. Die doel van die program is om

studente toe te rus met die nodige kennis en vaardighede waarop

hulle kan voortbou in praktyk ten einde uitstaande ondersoekers

van handelsmisdaad te word. Dit is vandag alombekend dat daar ’n

groter wordende vraag na foren siese rekenmeesters in die kommersiële

handelsmisdaad omgewing is.

Die redes wat aangevoer word vir dié groeiende vraag, sluit hoofsaaklik

die volgende in:

• Afgelope groot korporatiewe skandale, soos Enron, Parmalat,

Leisurenet, ensovoorts het die oë van die sakewêreld opnuut

laat val op die rol en verantwoordelikhede van die ouditeur. Dit

is asof die tradisionele rol van “waghond” aangevul moet word

met die van “bloedhond”. Besighede wil as eerste prys, bedrog

en handelsmisdade voorkom, maar indien dit wel plaasvind, dit

vinnig en koste-effektief aanspreek;

• Toenemende bedrog en korrupsie in die private en openbare sektor;

• Toename in globalisering en wêreldhandel wat lei tot ingewikkelde

maatskappystrukture en transaksies; en

• Toename in die gebruik asook die tegniese sofistikasie van tegnologie

in die sakewêreld.

Beroepsmoontlikhede

Om as forensiese rekenmeesters deel te wees van:

• Groot ondernemings se eie interne forensiese afdelings;

• Staatsliggame se afdelings vir die ondersoek van handelsmisdaad;

• Forensiese afdelings van ouditfirmas; of

• Privaatpraktyk.

In wese moet die forensiese rekenmeester dus beskik oor voldoende

rekeningkundige, regs-, en ondersoekvaardighede om ’n diens te

lewer wat sal voldoen aan die vraag na sogenaamde “bloedhonde“ in

die finansiële wêreld.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 28;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%);

• Indien die student nie Rekeningkunde as skoolvak gehad het nie,

moet die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe geraadpleeg

word vir spesiale toelatingsvereistes;

• Aansoeke vir voorwaardelike toelating sal oorweeg word; en

Onderworpe aan ’n keuringstoets.

Belangrikste vakke

Die hoofvakke vir dié BCom-graad bestaan uit Rekeningkunde, Ouditkunde,

regsvakke en ’n forensiese vak. Die forensiese vak handel oor

aspekte soos ondersoekmetodiek, tipes handelsmisdaad asook die

voorkoming en opsporing daarvan, toepaslike kriminologiese en etiese

aspekte van ondersoek, ondervragingstegnieke, databasisbestuur,

deskundige getuienislewering en ander diverse aspekte rondom die

manipulasie van finansiële state.

Wyse van aanbieding en duur van die program

Die program word voltyds op die Potchefstroomkampus aangebied en

strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

• Die BCom in Forensiese Rekenmeesterskap bied toelating tot ’n

honneursgraad oor een jaar (Honneurs BCom Forensiese Rekenmeesterskap)

mits voldoen word aan sekere toelatingsvereistes. Die

graad sowel as die honneursgraad word voltyds op die Potchefstroomkampus

van die Noordwes -Universiteit aangebied; en

• Die MCom in Forensiese Rekenmeesterskap word deeltyds oor

twee (2) jaar aangebied. Minimum voorvereistes vir toelating

behels ’n Honneurs BCom in Forensiese Rekenmeesterskap sowel

as verdere keuringsvereistes met spesifieke verwysing na onder

andere ervaring in die ondersoek van handelsmisdaad. Die MCom

in Forensiese Rekenmeesterskap word aangebied op Saterdae by

die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

25

26

Rekeningkunde en Informatika

(Programkode vir aansoekvorm: 500162: E374P)

Doel van program

Die program fokus op die opleiding van rekenaarkundiges met ’n re ke ningkundige

en belastingagtergrond. In dié tyd van geweldige tegnologiese

ontwikkeling is die opleiding van rekenaarkundiges van uiterste belang.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 24; en

• Wiskunde vlak 3 (40-49%).

• Studente wat nie Rekeningkunde as skoolvlak gehad het nie, word

sterk aangeraai om die Basiese Rekeningkunde kursus aan die

begin van die eerste semester te neem voordat daar met ACCF111

begin word. Indien ‘n student 65% aan die einde van die eerste

semester in ACCF111 behaal, kan die student tot ACCC121 in die

tweede semester toegelaat word. As ‘n student 65% behaal in

ACCF121, kan hy die tweede eksamengeleenthied van ACCC121

gaan skryf en indien 55% behaal word, kan toelating tot die

tweedejaars GR-Rekeningkunde verkry word.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Rekeningkunde, Rekenaarinligtingstelsels

en Bestuursrekeningkunde, met Belasting as ’n belangrike

ondersteunende vak.

Beroepsmoontlikhede

Die suksesvolle aflegging van die program kan lei tot indiensneming

deur die handel- en nywerheidsektor as programmeerder,

stel selontwikkelaar, rekenmeester, finansiële bestuurder of bestuursrekenmeester.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program vir Informatika en Rekeningkunde word voltyds oor drie (3)

jaar aangebied.

Toelating tot nagraadse studie

Indien aan bepaalde vereistes voldoen is, verleen die voorgraadse program

toelating tot die honneursgraad in Inligtingstelsels, Reke ningkunde of

Bestuursrekeningkunde, met Inligtingstelsels, Rekeningkunde, Belasting,

Finansiële Bestuur en Bestuursrekeningkunde as sleutelvakke.

Na voltooiing van die honneursgraad mag verdere nagraadse studie op

magister- of doktorale vlak aangepak word.

Mensehulpbron-Bestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500151: E360P)

Doel van die program

Die doel van die program is om die student toe te rus om mensehulpbronbestuurs-,

bedryfsekonomiese- en bedryfpsigologiese verskynsels

in die werkskonteks te ondersoek en hanteer ten einde individuele,

groeps-, organisasie- en ondernemingseffektiwiteit te verseker.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 21; en

• Wiskundige Geletterdheid vlak 4 (50-59%).

Belangrikste vakke

Bedryfsielkunde, Arbeidsverhoudinge, Ondernemingsbestuur (Finansiële

Rekeningkunde [Spesiaal], Statistiek, Arbeidsreg en Ekonomie is

nie hoofvakke nie.)

Beroepsmoontlikhede

• Registrasie as ’n personeelpraktisyn by die Suid-Afrikaanse Raad

vir Personeelpraktyk (“South African Board for Personnel Practice”)

(SABPP) nadat ook aan die ander praktiese vereistes voldoen is;

• Opleidingsbeampte;

• Personeel-/mensehulpbronbeampte;

• Personeel-/mensehulpbronbestuurder;

Personeel-/mensehulpbronkonsultant;

Arbeidsverhoudingsbeampte;

Griewe-ondersoekbeampte;

Arbeidsverhoudingskonsultant; en

Arbeidsverslaggewer.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die graad bied die moontlikheid van aansoek om toelating tot die Honneurs

BCom (Mensehulpbron-Bestuur) en die Honneurs BCom (Arbeidsverhoudinge).

Aansoekers word aan ’n keuringsproses onderwerp.

Bedryfsielkunde en

Arbeidsverhoudingebestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500153: E361P)

Die doel van die program is om die student toe te rus om psigososiale

verskynsels in die werkskonteks te ondersoek en hanteer ten einde

individuele, groeps-, en organisasie-effektiwiteit te verseker.

Na voltooiing van die Honneurs in Bedryfsielkunde, wat insluit die vereiste

praktiese psigometrie- “ure” soos voorgeskryf deur die Beroepsraad

vir Sielkunde (van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika /

“Health Professions Council of South Africa” (HPCSA)), het die student ’n

keuse om in die daaropvolgende jaar, hom- of haarself aan te meld vir ’n

eksterne eksamen ten einde as ’n Psigometris by die HPCSA te registreer.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• ’n APS-telling van minstens 21; en

Wiskunde Geletterdheid vlak 4 (50-59%).

27

28

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Bedryfsielkunde, Psigologie, en

Arbeidsverhoudinge. (Ondernemingsbestuur, Finansiële Rekeningkunde

[Spesiaal], Statistiek en Ekonomie is nie hoofvakke nie).

Beroepsmoontlikhede

• Registrasie as ’n personeelpraktisyn by die Suid-Afrikaanse Raad

vir Personeelpraktyk (“South African Board for Personnel Practice”)

(SABPP) nadat ook aan die ander praktiese vereistes voldoen is;

• Opleidingsbeampte;

• Personeel-/mensehulpbronbeampte;

• Personeel-/mensehulpbronbestuurder;

• Personeel-/mensehulpbronkonsultant;

• Arbeidsverhoudingebeampte;

• Griewe-ondersoekbeamptes;

• Arbeidsverhoudingskonsultant;

• Arbeidsverslaggewer; en

• Navorser in die gedragswetenskappe.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die graad bied die moontlikheid van aansoek om toelating tot die

Honneurs BCom (Bedryfsielkunde), Honneurs BCom (Mensehulpbronbestuur)

en die Honneurs BCom (Arbeidsverhoudinge). Aansoekers

word aan ’n keuringsproses onderwerp.

Ekonomie en Internasionale Handel

(Programkode vir aansoekvorm: 500130: E340P)

Doel van program

Die doel van dié program is om studente vertroud te maak met

verskillende aspekte van die ekonomie, asook die internasionale

handelsomgewing.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Ekonomie, Ondernemingsbestuur,

Internasionale Handel en -Finansiering, asook Internasionale

Besigheidskommunikasie en ’n keuse tussen Risikobestuur, Sake-Duits

of Sake-Frans.

Beroepsmoontlikhede

Graduandi wat hierdie program voltooi het, sal opgelei wees vir ’n

verskeidenheid van loopbane in die regering- sowel as privaatsektor as

onder andere ekonoom, ekonomiese adviseur, die in- en uitvoerwêreld

en die ondernemings- en risikobestuuromgewings.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Afhangend van voorgraadse prestasie, gee die program toelating tot

nagraadse studie vir die Honneurs BCom (Internasionale Handel) of

Honneurs BCom (Ekonomie).

Ekonomie en Risikobestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500132: E341P)

Doel van die program

Die doel van die program is om studente op te lei vir ’n verskeidenheid

beroepe in die ekonomie en risikobestuur in die finansiële wêreld. Die

student kry blootstelling aan ’n verskeidenheid vakgebiede, soos Ekonomie,

Korporatiewe Finansiering, Risikobestuur, Finansiële Markte, Internasionale

Handel, Ondernemingsbestuur asook Rekeningkunde.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 21.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Ekonomie, Internasionale

Handel en -Finansiering en Risikobestuur (wat bestaan uit Inleidende

Risikobestuur, Korporatiewe Finansiering, Bankrisikobestuur en Finansiële

Markte), Ondernemingsbestuur en Rekeningkunde.

Beroepsmoontlikhede

Indien die program suksesvol voltooi word, kan beroepe in enige van die

volgende terreine gevolg word: bankbestuur, finansiële risikobestuur,

korporatiewe tesourie, stadstesourie, fondsbestuur, batebestuur, geldmark,

kapitaalmark en handel in afgeleide instrumente (“derivatives”)

asook ’n loopbaan as ekonoom, ekonomiese adviseur, finansiële konsultant

of makelaar op verskillende markte (soos aan delemakelaar).

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Afhangend van voorgraadse prestasie mag die program toelating

gee tot nagraadse studie vir die grade Honneurs BCom (Ekonomie) of

Honneurs BCom (Risikobestuur).

29

30

Ekonomie, Risiko- en Beleggingsbestuur

(Programkode vir aansoekvorm: 500134: E342P)

Doel van die program

Die doel van die program is om studente op te lei vir ’n verskeidenheid

van beroepe in kwantitatiewe risikobestuur in veral die finansiële

wêreld, maar ook die ekonomiese wêreld. Met blootstelling aan vakke

soos Ekonomie, Risikobestuur, Korporatiewe Finansiering, Finansiële

Markte, Statistiek, Wiskunde en Rekeningkunde, bied dié program

studente toegang tot ’n verskeidenheid van beroepe.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 4 (50-59%); en

• ’n APS-telling van minstens 24.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Ekonomie, Risikobestuur

(Inleiding tot Risikobestuur, Korporatiewe Finansiering, Bankrisikobestuur

en Finansiële Markte), Statistiek, Wiskunde en Rekeningkunde.

Beroepsmoontlikhede

Indien die program suksesvol voltooi word, kan enige van die volgende

beroepe gevolg word: aandelemakelaar, bankbestuur, finansiële risikobestuur,

korporatiewe tesourie, stadstesourie, fondsbestuur, batebestuur,

geldmark, kapitaalmark en “derivative”-handelaar, eko noom, ekonomiese

adviseur, finansiële konsultant, risikobestuur, risiko analis, spesialis in afgeleide

instrumente (“derivatives”) en spesialis in gestruktureerde finansiering.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan slegs voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Die program gee toelating, afhangende van voorgraadse prestasie,

tot nagraadse studie vir die Honneurs BCom (Ekonomie) of Honneurs

BCom (Risikobestuur).

Ekonomie en Informatika

(Programkode vir aansoekvorm: 500135: E343P)

Doel van die program

Die doel van die program is om studente te lewer wat die wêrelde van

die Rekenaar, Ekonomie, Internasionale Handel asook Risikobestuur

en Finansiële Markte geïntegreerd kan toepas as besigheidsanalis. Die

student kan die rekenaarvaardighede op die handelswêreld toepas.

Vakgebiede waarin die student opgelei word, is Ekonomie, Informatika

(of Rekenaarwetenskap), Internasionale Handel, Risikobestuur, asook

sekere fasette van Rekeningkunde en Bestuur.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%); en

• ’n APS-telling van minstens 24.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Informatika (Rekenaarwetenskap),

Ekonomie, Risikobestuur, Finansiële Markte en Internasionale

Handel en -Finansiering.

Beroepsmoontlikhede

Indien hierdie program suksesvol voltooi word, kan ’n loopbaan

gevolg word waar die rekenaar sy toepassing vind in die finansiële,

kommersiële, nywerheids- en openbare sektore, tesame met beroepe

soos dié van besigheidsanalis, ekonoom, makelaar of adviseur.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan slegs voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Afhangend van voorgraadse prestasie kan die program toelating gee

tot nagraadse studie vir die grade Honneurs BCom (Ekonomie) of

Honneurs BCom (Risikobestuur) of Honneurs BCom (Inligtingstelsels).

Regte met Ondernemingsbestuur of

Ekonomie of Rekeningkunde

(Programkode vir aansoekvorm: 500183: E352P)

Doel van die program

Die doel van die program is om studente te lewer wat die Regte en

die sakewêreld wil kombineer. Die student kan dus ’n beroep volg

as regsadviseur in die sakewêreld of as ’n regsgeleerde. Vakgebiede

waarin die student opgelei word, is Ekonomie/Ondernemingsbestuur/

Rekeningkunde en verskillende dissiplines in die Regte.

Toelatingsvereistes

• Universiteitstoelating;

• Wiskunde vlak 3 (40-49%);

• ’n APS-telling van minstens 24; en

• ‘n Keuringstoets word afgelê en beperkte aantal studente kan

toegelaat word.

Belangrikste vakke

Die belangrikste vakke in die program is Ekonomie of Rekeningkunde

of Ondernemingsbestuur en Regsvakke.

Beroepsmoontlikhede

Indien hierdie program suksesvol voltooi word, kan ’n loopbaan gevolg

word waar die kandidaat as regsadviseur in ’n besigheid optree, of

waar die kandidaat as regsgeleerde praktiseer nadat LLB verwerf is en

dus staatsaanklaer, landdros, kommissaris, prokureur, advokaat, regter

of beroepe in howe kan volstaan.

Wyse van aanbieding en duur van program

Die program kan slegs voltyds gevolg word en strek oor drie (3) jaar.

Toelating tot nagraadse studie

Afhangend van voorgraadse prestasie kan die program toelating gee tot nagraadse

studie vir die grade Honneurs BCom (Ekonomie) of Honneurs BCom

(Internasionale Handel) of Honneurs BCom (Ondernemingsbestuur) of LLB.

31

NWU-PUKKE, waar ons GRAADKRY

met LEKKERKRY klaarkry

Innovasie deur diversiteit

Beroepsgerigte opleiding

Internasionaal erkende grade

Afrikaans (Potchefstroomkampus)

Studentestad

Veilige Kampus

Tel: 018 299 2772

navrae@nwu.ac.za

www.nwu.ac.za

NORTH-WEST UNIVERSITY

YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA

NOORDWES-UNIVERSITEIT

POTCHEFSTROOMKAMPUS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!