02.05.2013 Views

Rekeningkundige beleid - MGK

Rekeningkundige beleid - MGK

Rekeningkundige beleid - MGK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

10 MGK

Rekeningkundige beleid

Die hoof rekeningkundige beleid wat deur die Groep gebruik is in die opstel

van hierdie gekonsolideerde finansiële jaarstate word hieronder uiteengesit

en stem in alle wesenlike opsigte ooreen met dié van die vorige jaar, met die

uitsondering van die implementering van RE133 en die konsolidasie van die

personeel aandele trust ooreenkomstig RE132.

1 BASIS VAN AANBIEDING

Die gekonsolideerde finansiële jaarstate is opgestel ooreenkomstig en

voldoen aan Suid-Afrikaanse Standpunte van Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Praktyk. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate is opgestel

op ’n historiese kostegrondslag, aangepas met die herwaardasie van

finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop, finansiële bates en laste gehou

vir verhandeling en alle afgeleide instrumente kontrakte.

2 BASIS VAN KONSOLIDASIE

Filiaal maatskappye synde maatskappye waarin die Groep, direk of indirek,

’n belang van meer as een helfte van die stemgeregtigheid hou of andersins

die mag het om beheer uit te oefen oor die maatskappy se bedrywighede,

word gekonsolideer. Filiale word gekonsolideer vanaf die datum waarop

effektiewe beheer oorgedra word na die Groep. Konsolidasie word gestaak

vanaf die datum van verkoop van ’n filiaal. Inter-maatskappy transaksies,

saldo’s en ongerealiseerde winste en verliese op inter-Groep transaksies

word geëlimineer.

3 BELEGGING IN GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE

Beleggings in geassosieerde maatskappye word verantwoord volgens die

ekwiteitsmetode. Hierdie is ondernemings waaroor die Groep ’n wesenlike

invloed uitoefen, maar nie deur die Groep beheer word nie. Voorsienings

word geskep vir permanente dalings in waarde. Ekwitering behels dat die

gedeelte van die geassosieerde se wins waarop die Groep geregtig is, in die

inkomstestaat erken word. Die Groep se belang in geassosieerdes word op

die balansstaat gedra teen ’n bedrag wat sy deel van die geassosieerde se

netto bates verteenwoordig, en sluit klandisiewaarde met verkryging in.

4 VERKRYGINGS EN VERKOPINGS

Met die verkryging van ’n maatskappy of besigheid word billike waardes,

inaggenome omstandighede wat geld op datum van verkryging, aan

afsonderlike identifiseerbare bates en laste toegeken. Billike waardes van

hierdie bates en laste word bepaal met verwysing na markwaardes, indien

beskikbaar, of met verwysing na die heersende prys waarteen soortgelyke

bates gekoop kan word of verpligtinge aangegaan kan word.

Waar die billike waarde van die koopsom die billike waarde van die

afsonderlike identifiseerbare bates en laste oorskry, word die verskil as

klandisiewaarde geboekstaaf. Waar die billike waarde van die afsonderlike

identifiseerbare netto bates die billike waarde van die koopsom oorskry, word

die verskil as negatiewe klandisiewaarde verantwoord.

5 EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING

Eiendom, aanleg en toerusting word getoon teen historiese koste minus

opgelope waardevermindering. Waardevermindering word nie op grond

voorsien nie. Waardevermindering word bereken volgens die reguitlynmetode

ten einde die koste van elke bate oor die verwagte ekonomiese lewensduur

daarvan af te skryf:

Die afskrywingstermyne is soos volg:

➣ Aanleg en masjinerie 4 – 20 jaar

➣ Geboue 25 – 40 jaar

➣ Rekenaartoerusting 3 – 5 jaar

➣ Voertuie 3 – 7 jaar

➣ Bruikhuurverbeteringe oor die tydperk van die bruikhuur

Waar die drawaarde hoër is as die beraamde verhaalbare bedrag, word dit

afgeskryf tot die verhaalbare bedrag.

Verbeterings en toevoegings tot bestaande eiendom, aanleg en toerusting

word slegs gekapitaliseer indien dit veroorsaak dat die verwagte ekonomiese

lewensduur of bruikbare waarde van die betrokke item toeneem. Direkte

uitgawes verbonde aan groot kapitaalprojekte word gekapitaliseer soos die

uitgawes aangegaan word. Waardevermindering word egter eers teen die

nuwe bate afgeskryf vanaf die datum waarop die bate kommersieel in

gebruik geneem word. Normale herstelwerk word as uitgawe erken in die

jaar waarin dit aangegaan word.

6 ONTASBARE BATES

(i) Klandisiewaarde

Gekoopte klandisiewaarde, synde die bedrag waarmee die koopsom die

billike waarde van die netto bates van filiale verkry oorskry op die datum

van verkryging, word gekapitaliseer en op ’n reguitlyn basis afgeskryf oor

periodes van een tot twintig jaar. Die drabedrag van klandisiewaarde

word jaarliks hersien en aangepas vir ’n permanente daling in waarde

indien nodig.

(ii) Ander

Geen waarde word deur die Groep aan ontasbare bates soos handelsmerke,

bestuurskontrakte, agentskappe en patente toegeken nie. Uitgawes

aangegaan ter verkryging van hierdie bates word teen inkomste erken in die

jaar waarin die uitgawe aangegaan word.

7 BELEGGINGS

Die Groep het sy beleggings in sekuriteite as beskikbaar-vir-verkoop

geklassifiseer. Die klassifikasie is onderhewig aan die doel waarvoor die

belegging aangekoop is. Bestuur bepaal die klassifikasie van beleggings

wanneer dit aangekoop word en herevalueer die klassifikasie op ’n

gereelde basis.

Beleggings waar dit die bedoeling is om dit vir ’n onbepaalde periode te hou,

maar verkoop mag word indien rentekoerse verander of likwiditeit dit vereis,

word geklassifiseer as beskikbaar-vir-verkoop, en word ingesluit onder niebedryfsbates

tensy bestuur die uitdruklike bedoeling het om die belegging vir

minder as 12 maande vanaf die balansstaat datum te hou of indien die

belegging verkoop sal moet word vir bedryfskapitaal, in welke geval dit

getoon word onder bedryfsbates.

Rekeningkundige beleid

vervolg

Aankope en verkope van beleggings word erken op die verhandelingsdatum

op welke datum die Groep homself tot die transaksie verbind. Aankoopkoste

sluit transaksiekoste in. Beskikbaar-vir-verkoop beleggings word na

oorspronklike teboekstelling teen billike waarde getoon. Gerealiseerde en

ongerealiseerde winste en verliese wat voortspruit uit veranderings in die

billike waarde van beleggings gehou vir verhandeling, word ingesluit in die

inkomstestaat in die periode wat hulle ontstaan. Ongerealiseerde winste en

verliese voortspruitend uit veranderings in billike waarde van beleggings

beskikbaar-vir-verkoop, word in ekwiteit erken.

Die billike waarde van beleggings word gebaseer op genoteerde bodpryse of

bedrae afgelei van kontantvloei modelle. Billike waardes vir ongenoteerde

sekuriteite word beraam deur gebruik te maak van toepaslike prys/verdienste

of prys/kontantvloei verhoudings, verfyn om die spesifieke omstandighede

van die uitreiker in ag te neem. Sekuriteite waarvoor ’n billike waarde nie

betroubaar bepaal kan word nie, word verantwoord teen kosprys minus

waardedaling. Wanneer sekuriteite geklassifiseer as beskikbaar-vir-verkoop

verkoop word of ’n inskrywing vir waardedaling word erken, word die

kumulatiewe billike waarde aanpassings in die inkomstestaat ingesluit as

winste en verliese uit beleggings in sekuriteite.

8 VOORRAAD

Handelsware, grondstowwe en verbruiksvoorraad word gewaardeer teen die

laagste van koste (gebaseer op ’n geweegde gemiddelde kosprys basis) of

netto realiseerbare waarde.

Klaarprodukte word gewaardeer teen die laagste van koste, insluitende die

koste van grondstowwe, direkte koste en verwante vervaardigingsbokoste

(uitgesluit rente) gebaseer op ’n geweegde gemiddelde kosprys basis, of

netto realiseerbare waarde.

Netto realiseerbare waarde is die beraamde verkoopsprys in die gewone loop

van besigheid, minus die koste van voltooiing en verkoopkoste.

9 DEBITEURE

Debiteure word getoon teen oorspronklike faktuurbedrag na inagneming van

waardedalings. ’n Voorsiening vir waardedaling word vasgestel wanneer daar

objektiewe bewyse is dat die Groep nie alle bedrae, soos vasgestel in die

oorspronklike terme, van die debiteure kan verhaal nie.

Die bedrag van die voorsiening is die verskil tussen die drabedrag en die

verhaalbare bedrag, synde die teenswoordige waarde van verwagte

kontantvloeie, verdiskonteer teen die markkoers of die rentekoers van

toepassing op soortgelyke leners.

10 UITGESTELDE BELASTING

Uitgestelde belasting word voorsien met gebruikmaking van die balansstaataanspreeklikheidsmetode

op alle tydelike verskille tussen die drawaardes vir

finansiële verslagdoeningsdoeleindes en die bedrae wat vir belastingdoeleindes

gebruik word. Aftrekbare tydelike verskille en berekende

belastingverliese word gebruik om die aanspreeklikheid vir uitgestelde

belasting te verminder. Uitgestelde belastingbates word geskep indien dit

waarskynlik is dat belasbare inkomste beskikbaar sal wees waarteen die

uitgestelde belastingbate benut kan word. Aangekondigde belastingkoerse

word gebruik om uitgestelde inkomstebelasting te bereken.

11 AFTREEVERPLIGTINGE

Die Groep dra by tot verskeie aftreefondse wat deur Sanlam geadministreer

word. Die fondse is vaste bydrae planne en is onderhewig aan die Wet op

Pensioenfondse van 1956.

Die aftreeplanne word befonds deur bydraes vanaf werknemers en die Groep,

inaggenome die aanbevelings van onafhanklike gekwalifiseerde aktuarisse.

Die Groep se bydraes tot die vaste bydrae fondse word afgeskryf in die

inkomstestaat in die jaar waarop die bydraes betrekking het.

12 ERKENNING VAN INKOMSTE

Inkomste (wat belasting op toegevoegde waarde uitsluit) verteenwoordig die

netto waarde van goedere en dienste gefaktureer.

Inkomste verdien uit die verkope van goedere word as inkomste erken

sodra alle wesenlike risiko’s en eiendomsreg van die produk na die koper

oorgedra is.

Administrasie, kommissie, hantering, gradering en stoorkoste vir die bestuur

van debiteure en graan-kommoditeite namens derde partye, word erken

wanneer die diens gelewer word.

Surplusse wat ontstaan met die hantering van graan word eers as inkomste

erken wanneer dit realiseer.

Rente word op ’n tydverhoudingsgrondslag erken, inaggenome die kapitaal

uitstaande en die effektiewe koers oor die periode tot die vervaldatum.

13 KONTANT EN KONTANTEKWIVALENTE

Kontant en kontantekwivalente sluit kontant, batige en oortrokke

bankrekenings, asook korttermynbeleggings en -lenings by finansiële

instellings in. In die balansstaat word oortrokke bankrekenings onder

bedryfslaste ingesluit.

14 NAVORSINGS- EN ONTWIKKELINGSKOSTE

Navorsings- en ontwikkelingskoste word as uitgawe erken wanneer dit

aangegaan word.

15 HERSTRUKTURERINGSKOSTE

Herstruktureringskoste, synde personeel afleggingskoste, word te boek gestel

in die periode waarin dit aangegaan word. Personeel afleggingsvoordele

word slegs voorsien wanneer ooreenkoms bereik is met die toepaslike

werknemer verteenwoordigers wat betref die terme van aflegging en die

aantal werknemers wat daardeur geraak word, waar ’n kollektiewe

ooreenkoms bestaan, of wanneer ooreenkoms bereik is met werknemers

wat individuele kontrakte het.

MGK 11

12 MGK

Rekeningkundige beleid

vervolg

16 TESOURIE-AANDELE

Verpligte omskepbare skuldbriewe wat deur die personeel trust in die

Maatskappy gehou word, word as tesourie-aandele teen kosprys

aangetoon. Die uitgereikte aandelekapitaal word met hierdie skuldbriewe

verminder en die Groep se ekwiteit word met die kosprys van hierdie

skuldbriewe verminder.

17 AANSPORINGSTRUST SKULDBRIEWE

Skuldbriewe in die maatskappy wat deur die Personeel Trust besit word,

word gekonsolideer. Die kosprys van die aandele word vanaf die Groep se

ekwiteit afgetrek.

18 SKULDBRIEFPREMIE

Die skuldbriefpremie word gelykmatig oor die termyn vanaf uitreiking tot en

met omskepping van die skuldbriewe geamortiseer deur dit oor te plaas na

behoue inkomste.

19 LENINGS

Lenings word aanvanklik te boek gestel as die opbrengs ontvang minus

transaksiekoste. Daarna word lenings getoon teen geamortiseerde koste deur

gebruik te maak van die effektiewe opbrengsmetode. Enige verskil tussen die

opbrengs (netto van transaksiekoste) en die aflosbedrag word in die

inkomstestaat erken oor die periode van die lening.

20 FINANSIËLE INSTRUMENTE

Finansiële bates word erken wanneer die Groep ’n reg of ander toegang tot

ekonomiese voordele het. Sodanige bates bestaan uit kontant, ’n

kontraktuele reg om kontant of ’n ander finansiële bate te ontvang.

Finansiële laste word erken wanneer daar ’n verpligting is om ekonomiese

voordele oor te dra en daardie verpligting is ’n kontraktuele verpligting om

kontant of ’n ander finansiële bate aan ’n ander onderneming te lewer of

finansiële instrumente met ’n ander onderneming te ruil op voorwaardes wat

potensieel ongunstig is. Indien ’n wetlik afdwingbare reg bestaan om

erkende bedrae af te speel en die Groep van voorneme is om netto te

vereffen, word slegs die netto bate of las in die balansstaat getoon.

21 AFGELEIDE FINANSIËLE INSTRUMENTE

Afgeleide finansiële instrumente word aanvanklik teen koste in die

balansstaat erken en daarna teen billike waarde herwaardeer. Die metode

waarvolgens die wins of verlies erken word, word bepaal deur die aard van

die item wat verskans word. Afgeleide instrumente word óf as ’n verskansing

van die blootstelling aan veranderinge in die billike waarde van ’n erkende

bate of las (billike waarde skans), óf as ’n verskansing van die blootstelling

aan veranderlikheid in kontantvloei (kontantvloeiskans), geklassifiseer.

Veranderings in die billike waarde van afgeleide instrumente wat kwalifiseer

om as billike waarde skanse geklassifiseer te word en hoogs effektief is,

word in die inkomstestaat verantwoord, tesame met enige veranderings in

die billike waarde van die verskansde bate of las wat blootgestel is aan die

verskansde risiko.

Veranderings in die billike waarde van afgeleide instrumente wat kwalifiseer

om as kontantvloeiskanse geklassifiseer te word en hoogs effektief is, word

in ekwiteit verantwoord. Wanneer die voorspelde transaksie of vaste

verbintenis die erkenning van ’n bate of las tot gevolg het, word die

verwante winste of verliese wat in ekwiteit voorsien was uit ekwiteit

verwyder en in die aanvanklike meting van die verkrygingskoste of ander

drabedrag van die bate of las ingesluit. Andersins word die bedrae wat direk

in ekwiteit erken was by netto wins of verlies ingesluit in dieselfde tydperk

waarin die verskansde vaste verbintenis of voorspelde transaksie netto wins

of verlies beïnvloed.

Wanneer ’n verskansingsinstrument verval of verkoop word, of wanneer ’n

skans nie meer aan die vereistes vir verskansingsrekeningkunde

ooreenkomstig RE133 voldoen nie, word enige bestaande kumulatiewe wins

of verlies in ekwiteit behou in ekwiteit en word erken wanneer die vaste

verbintenis of voorspelde transaksie in die inkomstestaat erken word. Indien

’n vaste verbintenis of voorspelde transaksie verwag word om nie meer plaas

te vind nie, word die kumulatiewe wins of verlies wat in ekwiteit

verantwoord was, onmiddellik na die inkomstestaat oorgedra.

By die aanvang van ’n skans word die verskansingsverhouding en die Groep

se risikobestuursdoelwit en strategie om die verskansing te onderneem, in

formele dokumentasie omskryf. Hierdie proses behels dat alle afgeleide

finansiële instrumente wat as skanse geklassifiseer word aan spesifieke bates

en laste gekoppel word of aan spesifieke vaste verbintenisse of voorspelde

transaksies. Die Groep dokumenteer ook sy meting van die doeltreffendheid

van die skans met betrekking tot veranderings in billike waardes of

toekomstige kontantvloei van verskansde items, beide by die aanvang van

die transaksie en op ’n deurlopende basis.

Die Groep gaan verskeie oor-die-toonbank opsiekontrakte aan vir die koop

en verkoop van kommoditeite. Alhoewel sekere van die kontrakte vereffen

word deur fisiese lewering van die kommoditeit te neem of te maak in die

gewone loop van besigheid, word die oor-die-toonbank opsiekontrakte geag

finansiële instrumente te wees en word teen billike waarde teboek gestel

ooreenkomstig RE133.

Sodanige kontrakte word aanvanklik teen koste in die balansstaat

verantwoord en daarna teen billike waarde herwaardeer. Sodanige afgeleide

instrument transaksies kwalifiseer nie vir die toepassing van verskansingsrekeningkunde

ooreenkomstig RE133 nie, alhoewel dit effektiewe

verskansing bied ooreenkomstig die Groep se risiko bestuursbeleid.

Veranderings in die billike waarde van enige afgeleide instrument wat nie

kwalifiseer vir verskansingsrekeningkunde ooreenkomstig RE133 nie, word

onmiddellik in die inkomstestaat erken.

Die billike waarde van afgeleide instrumente wat op ’n publieke beurs

verhandel word gebaseer op genoteerde pryse op die balansstaat datum.

Die billike waarde van vooruit buitelandse valuta kontrakte word bepaal na

gelang van vooruit wisselkoerse wat geld op die balansstaat datum.

Rekeningkundige beleid

vervolg

Die gesigwaarde minus enige beraamde krediet aanpassings vir finansiële

bates en laste met ’n termyn van minder as een jaar, word geag die billike

waarde te wees.

Die billike waarde van nie-bedryfs finansiële laste word beraam deur

toekomstige kontraktuele kontantvloeie te verdiskonteer teen die huidige

markverwante rentekoerse beskikbaar aan die Groep vir soortgelyke

finansiële instrumente.

22 VOORSIENINGS

Voorsienings word erken wanneer die Groep as gevolg van gebeure in die

verlede ’n regs- of konstruktiewe verpligting het wat waarskynlik sal lei tot ’n

uitvloei van ekonomiese voordele en ’n betroubare raming van die verpligting

gemaak kan word.

23 BEDRYFSHUUROOREENKOMSTE

Gehuurde bates waarvan al die risiko en voordele van eienaarskap effektief

deur die verhuurder behou word, word as bedryfshure geklassifiseer.

Bedryfshuurbetalings word op ’n reguitlyn basis oor die periode van die

huurkontrak na die inkomstestaat gedebiteer.

24 DIVIDENDE

Dividende betaalbaar word erken in die finansiële state in die periode

wanneer die aandeelhouers die dividend goedgekeur het.

25 SEGMENT ONTLEDING

Besigheidseenhede voorsien produkte en dienste wat onderhewig is aan

risiko’s en opbrengste wat verskil van ander besigheidseenhede. Geen

geografiese ontleding word gedoen nie, aangesien geen wesenlike segment

in ’n afsonderlike geografiese ligging bedryf word nie.

26 VERGELYKENDE SYFERS

Vergelykende syfers is, waar nodig, aangepas om met openbaarmaking in

die huidige jaar ooreen te stem.

MGK 13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!