02.05.2013 Views

Akademiese inligting Graad 5 & 6 - Laerskool Wierdapark

Akademiese inligting Graad 5 & 6 - Laerskool Wierdapark

Akademiese inligting Graad 5 & 6 - Laerskool Wierdapark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Akademiese inligting

Graad 5 & 6

1) Vanaf 2013 is daar slegs 6 leerareas wat in berekening

gebring word vir die leerders se verslag. Afrikaans, Engels,

Wiskunde, Natuurwetenskap & Tegnologie, Sosiale

Wetenskap en Lewensvaardighede

2) Skoolure is vanaf 07:30 tot 13:50 Maandae tot Donderdae.

Vrydae is dit 07:30 tot 13:15. Hierdie ure is vasgestel deur

die departement. Daar is slegs een pouse. Leerders wissel

en daarom skep hulle tog asem tussen periodes. Die GSF

het reeds vroeër pouse om die krisis by die snoepie uit te

sorteer.

3) Puntetoekenning is 75% vir assesseringsopdragte en 25%

vir eksamens/toetse

4) Handboeke word in al die vakke aan die leerder uitgedeel

behalwe in Natuurwetenskap en Tegnologie. Die

departement van onderwys het die handboeke onttrek en

sal later in die jaar voorsien aan al die skole.

5) ‘n Assesseringsrooster word steeds voorsien. Datums op

rooster is in weke ingedeel. Assesseringsrooster word

Woensdag na die ouers gestuur (16 Januarie)

6) Assessering vind slegs in die klasse plaas.

7) Indien daar navorsingsopdragte en projekte gedoen moet

word, word benodigdhede skool toe gebring en projek

word in klas voltooi. Leerder en ouer ontvang ‘n rubriek

om te sien waarvolgens punte toegeken word.

8) Alle assesserings word nagesien deur onderwyser en word

dan huistoe gestuur vir ouers om te teken en terug te stuur

skool toe sodat op lêer geplaas word in die klas.

Kortliks wat elke vak behels:

Afrikaans en Engels

Bestaan uit 4 afdelings naamlik

* Luister en Praat

* Lees en Kyk

* Skryf en aanbied

* Taalstruktuur

Assesseringsopdragte vir tale is om en by 9 per kwartaal soos

voorgeskryf deur die departement van onderwys wat uit 200

punte tel

Leerders word weekliks geassesseer. Dit is dus belangrik dat

elke dag se werk tuis ingeskerp moet word en dat leerders nie

onnodig afwesig is nie. Huiswerk moet daagliks voltooi word.

Selfstandige lees is noodsaaklik en leerders word kwartaalliks

hierin getoets deur ‘n boekverslag te voltooi.

Spelling is van uiterse belang

Periodetoekenning vir Afr en Eng is 8 periodes per week

Redenaars: Uitdunne word nie meer in klasse gehou nie.

Vakpersoneel sal inskrywingsvorms aan die leerders

beskikbaar stel. Uitdunne vind in die middae plaas.

Wiskunde:

In Wiskunde is daar 9 periodes per week. 8 periodes in die

klas en 1 periode in die rekenaarsentrum.

Die 5 fokusareas is:

1) Getalle, verwantskappe en bewerkings (50%)

2) Patrone en Algebra (10%)

3) Meetkunde (15%)

4) Ruimte en Vorm (15%)

5) Datahantering (10%)

Die minimum assesserings per kwartaal is 2 wat toetse, take,

projekte, ondersoeke en eksamens insluit

Natuurwetenskap en Tegnologie

In bogenoemde vak is die periodetoekenning 4 per week.

Tegnologie is slegs ‘n baie klein gedeelte wat met

Natuurwetenskap integreer. Assesseringsopdragte is min of

meer 3 tot 4 per kwartaal waarvan die meeste leerwerk is.

Wierdapark het hul eie inligtingstukke/handboekies opgestel

waaruit die leerders kan voorberei vir assesserings en toetse.

Sosiale Wetenskappe

Dit betaan uit Geskiedenis en Geografie/Aardykskunde.

Periodetoekenning per week is 2 vir Geskiedenis en 2 vir

Aardrykskunde.

Die moontlikheid bestaan dat die verslag vir bogenoemde

leerarea die punt vir Geskiedenis en Aardykskunde apart kan

gee of ‘n gesamentlike punt

Lewensvaardighede

Bestaan uit LO (30%) en 2 periodes per week

MBK (30%) - 20% is fisiese oefening en 1 periode

per week

10% is deelname

KK (40%) en 3 periodes per week

Met die MBK is daar voorgeskrewe aktiwiteite deur die

departement van onderwys bepaal. Aanpassings en

wysigings kan gedoen word deur die betrokke

onderwyser/onderwyseres. Indien ‘n leerder nie aan fisiese

aktiwiteite mag deelneem word ‘n mediese sertifikaat vereis.

Asmapompies moet te alle tye by ‘n leerder wees wat dit

gebruik.

Skeppende Kunste (KK) bestaan uit 4 afdelings:

1) Kuns

2) Musiek

3) Dans

4) Drama

Slegs 3 van bogenoemde kan gedoen word en die keuse is die

onderwyser s’n. Integrasie van bogenoemde afdelings vind

plaas. 2 Assesserings word per kwartaal gedoen. Geen

toetse of eksamens word in Skeppende Kunste vir

assesseringsdoeleindes geskryf nie.

Media / Navorsing

Periodetoekenning is 1 periode per week.

Dit is ‘n NIE-eksamenvak.

Leerders gaan onderrig word hoe om navorsing te doen, hoe

om hul leerwerk op te som en hoe om take te doen. Ons

beoog hier om weer ‘n liefde vir lees te kweek by ons

leerders.

Eksamens/Toetse

Die afbakening en rooster sal 2 weke voor die aanvang van

die eksamen uitgegee word. Vierde kwartaal vraestelle moet

egter by skool bly – u as ouer kan enige tyd vra om dit te

besigtig by die skool. Dit is ‘n Departementele vereiste.

Enige probleme in enige vak – kontak die betrokke

onderwyser deur die kantoor. Indien geen oplossing gevind

kan word nie, word die hoof gekontak. Moet asb nie

onderwysers voor u en met u kind bespreek nie.

Merietetoekenings

Gr. 4 tot 6 85% in ‘n leerarea

Gemiddeld 80%

Beste prestasie in vakke

Skrif

Dit is Departementele beleid dat Gr 4 – 7 lopende skrif moet

skryf. Slegs in uitsonderlike gevalle kan die department

toestemming gee om los te skryf, maar aansoeke kan tot 3

maande duur.

Heronderrig

Afrikaans, Engels en Wiskunde kry voorkeur. Rekenaarlees

klasse word op Woensdae aangebied in die rekenaarsentrum.

Studiemetode kususse word aangebied. Hou die

omsendbriewe dop vir verdere inligting.

Oueraande

Eerste en tweede kwartaal is oop vir enige ouer vanaf 17:00

tot 19:30

Derde en Vierde kwartaal is op uitnodiging

Sport vs Akademie

Sportbyeenkomste se datums word deur betrokke liggaam

daar gestel. Probeer leerders akkomodeer, maar hul moet

leer om albei te doen

Omsendbriewe, briewe, skeurstrokies

Die lees hiervan is belangrik. Teken skeurstrokies en stuur

terug. Omsendbriewe word ook elektronies gestuur om

papier te spaar. Dit is ook op die Communicator beskikbaar

op ons webtuiste

Afwesighede

Leerders is skoolpligtig. Hulle mag nie onnodig afwesig wees

nie, want dit bemoeilik assesserings. Laat kom soggens moet

ook tot die minimum beperk word.

Ouers, ons kan vir u al die moets en moenies voorhou, maar u as

ouer het ‘n groot taak.

* Ondersteun u kind

* Gaan deur sy/haar boeke

* Kommunikeer met u kind

* Moenie onnodige druk plaas nie

Kom ons vat hande en ondersteun mekaar. Soos wat jou kind vir

jou belangrik is, so ook vir ons!

Positiewe ouers het positiewe kinders!

GRAAD 6 PERSONEEL 2013

AFR – CHRISTA KRUGER EN MARILEE BOUWMAN

ENG – RENETTE DU PREEZ EN SURE VAN STADEN

WISK – NICOLENE FLAMENGO EN JAMES STEELE

NW – PHILIP LOOTS

TANYA GEE WISKUNDE PRAKTIES

SW – GERDOUW KRUGER EN GAVIN BAILEY

L.O – HELLENRI ERASMUS ; CHRISTA KRUGER ;

DEON HOLTZHAUSEN EN MARTHINUS MULLER

KK – ANNAMARIE DU RANDT EN LETTIE STEYN

MBK – NICOLENE FLAMENGO EN MARTHINUS MULLER

MEDIA – HANLIE OOSTHUIZEN

REGISTERONDERWYSERS:

K 12 – JAMES STEELE

LAB 2 – PHILIP LOOTS

N 10 – HELLENRI ERASMUS

N11 – SURE VAN STADEN

T5 – ANNAMARIE DU RANDT

K24 – NICOLENE FLAMENGO

K11 – CHRISTA KRUGER

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!