02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

40. Verskille tussen Suid-Afrikaanse Standpunte oor Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Praktyk en Verenigde State Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Beginsels (vervolg)

130 NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

Konsolidasiebasis

Vir sekere ondernemings het die groep kontraktuele ooreenkomste aangegaan (soos genomineeerde verhoudings en

‘in trust gehou’ ooreenkomste) wat die groep toelaat om, tesame met sy direkte belang in die ondernemings, beheer

uit te oefen oor die meerderheid stemregte of om andersins beheer oor die bedrywighede van die onderneming te kan

uitoefen. Aangesien die groep hierdie ondernemings op dié manier beheer, word hulle hanteer as filiale en

gekonsolideer in die finansiële jaarstate.

Voorsiening vir eindigende bedrywighede

Die voorsiening vir eindigende bedrywighede op 31 Maart 2003 hou verband met bedrae betaalbaar vir skikkings-,

regs- en afdankingskostes wat ontstaan uit die beëindiging van die groep se Mindport-breëband bedrywighede.

Die afdankingskostes ingesluit in die voorsiening beloop R22,7 miljoen op 31 Maart 2002, met betrekking op

ongeveer 40 werknemers. Die groep het die Mindport-breëband bedrywighede teen 31 Maart 2002 gestaak.

Die oorblywende voorsiening op 31 Maart 2003 het betrekking op bedrae betaalbaar om regskostes te vereffen.

Sekere risiko konsentrasies

Die groep se digitale kanale word, of sal aan kliënte versend word deur verskillende satelliete wêreldwyd, en in

sekere areas word die landgebonde analoog seine ook na plaaslike uitsaaipunte versend via satelliete. Verder ontvang

die groep ook ’n beduidende gedeelte van sy kanale via satelliete. Satelliete is blootgestel aan sekere beduidende

risiko’s wat die kommersiële bedryf daarvan kan verhoed of beïnvloed. Alhoewel die groep nog nie enige beduidende

onderbreking van sy transmissies ondervind het nie, is die bedryf van die satelliete buite die beheer van die groep.

Onderbreking van satelliet-transmissies kan ’n wesenlike negatiewe invloed op die groep hê.

Program- en rolprentregte

Die groep erken program- en rolprentregkontrakte met vaste pryse en die gedeelte van program- en

rolprentregkontrakte met veranderlike pryse waarvan die koste betroubaar geraam kan word, as ’n bate en ’n las in

ooreenstemming met RE129 ‘Ontasbare bates’ en RE130 ‘Voorsienings, voorwaardelike aanspreeklikhede en

voorwaardelike bates’. Volgens FAS 63 ‘Financial Reporting by Broadcasters’ word die bate en las erken wanneer die

lisensieperiode begin, die program gereed is vir sy eerste beeldsending en die koste van elke program bekend of

betroubaar gemeet kan word. Volgens VSA-AARB word sport- en ander regstreekse uitsendings dus eers erken

wanneer dit gereed is vir beeldsending. Die verskil in hantering het geen invloed op netto (verlies)/wins of

eienaarsbelang nie. Die totale bates en laste met betrekking tot program- en rolprentregte het op 31 Maart 2003 en

2002 met onderskeidelik R314,8 miljoen en R458,4 miljoen verminder, wat bestaan uit ’n afname in bedryfsbates van

R201,4 miljoen (2002: R211,6 miljoen), nie-bedryfsbates van R113,4 miljoen (2002: R246,8 miljoen), bedryfslaste

van R208,3 miljoen (2002: R237,8 miljoen) en nie-bedryfslaste van R106,5 miljoen (2002: R220,5 miljoen).

Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM)

SBM is ’n belasting wat op Suid-Afrikaanse maatskappye gehef word teen ’n koers van 12,5% op dividende

uitgekeer. In geval van maatskappye wat na 1 April 1993 gelikwideer word, is SBM slegs betaalbaar op onuitgekeerde

verdienste wat na 1 April 1993 verdien is. SBM word nie ingesluit in die berekening van die uitgestelde of normale

Suid-Afrikaanse belastinguitgawe nie. Hierdie bedrae word bereken teen die statutêre koers van 30% op

onuitgekeerde verdienste. Met die verklaring van ’n dividend sluit die groep belasting teen 12,5% op die netto

dividend verklaar by die inkomstebelastinguitgawe vir die tydperk waarin die verklaring plaasgevind het in.

As die groep alle onuitgekeerde behoue verdienste op 31 Maart 2003 uitkeer, waarvan R5 612 miljoen (2002:

R5 098 miljoen; 2001: R5 079 miljoen) onderworpe aan SBM sal wees, sal die groep addisionele belasting van

R623,6 miljoen (2002: R566,5 miljoen; 2001: R564,4 miljoen) moet betaal. As al die verdienste toeskryfbaar aan

aandeelhouers ten opsigte van die jaar geëindig 31 Maart 2003 uitgekeer word, sal die addisionele geraamde

SBM-uitgawe R57,1 miljoen (2002: R2,1 miljoen) beloop.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!