02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

148-151-Welkom skema•AFR 2/27/04 1:50 PM Page 1

WELKOM-SKEMA

WELKOM-SKEMA

Welkom-skema

Die Welkom-trust is in Mei 1998 gestig om die verkryging

van Naspers-aandele deur voorheen benadeelde

gemeenskappe moontlik te maak. Ingevolge die Welkomaandeleskema

het deelnemers op 4 003 740 Naspersomskepbare

skuldbriewe ingeteken teen R42 per

skuldbrief vir ’n bruto bedrag van R168,2 miljoen.

Deelnemers aan die skema het 10% van dié bedrag betaal

en die res is deur verskillende finansiële instansies

befonds. Indien die Naspers-aandeleprys op die

vervaldatum – 9 September 2003 – hoër as R56,99 is,

sal die omskepbare skuldbriewe in 5 605 236 Naspers

N- gewone aandele omskep word. Andersins sal die

betrokke skuldbriewe in kontant afgelos word.

Naspers doen twee keer per jaar rentebetalings aan die

finansiële instansies, gebaseer op die koeponkoers van

9,25% op die omskepbare skuldbriewe. Die

rentekoersverskil tussen die koeponkoers op die

omskepbare skuldbriewe en die befondsingskoers is deur

Naspers voorsien.

Dis onwaarskynlik dat die Naspers-aandeelprys op die

vervaldatum hoër as R56,99 sal wees en die omskepbare

skuldbriewe sal dus deur Naspers afgelos word.

Deelnemers sal gevolglik nie Naspers- N- gewone aandele

ontvang nie. Die sukses van die Welkom-aandeleskema is

’n integrale deel van Naspers se inisiatiewe ten opsigte

van swart ekonomiese bemagtiging. Om dié rede het die

direksie besluit om nie-vervreembare aanbiedinge te maak

aan deelnemers, as skuldbriefhouers van Naspers, om in te

skryf op dieselfde aantal Naspers-aandele as wat hulle sou

ontvang het indien die omskepbare skuldbriewe in

Naspers-aandele sou omskep het.

Onderworpe aan aandeelhouersgoedkeuring sal

deelnemers aan die skema dus die keuse gebied word om

op 5 605 236 Naspers N- gewone aandele in te skryf

gedurende die 30-dae-tydperk wat begin op 9 September

2006 (‘die aandele-opsie-aanbod’). Die prys waarteen

deelnemers die reg sal hê om op ’n Naspers N- gewone

aandeel in te skryf, is R31,96, gebaseer op die 10-daagse

geweegde gemiddelde aandeleprys van Naspers-aandele

op 8 Julie 2003, plus saamgestelde rente vir die drie jaar

en met die oorspronklike deposito wat deur die

skemadeelnemers betaal is ook in aanmerking geneem.

148 NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

Die Welkom-trust sal nog steeds die nuwe aandele-opsieaanbod

vir deelnemers administreer.

Die redes vir ’n aandele-opsie-aanbod

Die Naspers-direksie het die bepalings en voorwaardes

van die aandele-opsie-aanbod oorweeg en onder meer

ook die mening van Investec Bank Beperk ingewin.

Die eenparige besluit is dat Naspers die genoemde

bepalings en voorwaardes as billik en redelik beskou. Die

aandele-opsie-aanbod word dus deur die Naspers-direksie

gesteun. Hulle beveel aan dat Naspers-aandeelhouers stem

ten gunste van die besluit wat by die algemene

jaarvergadering voorgestel sal word vir die

inwerkingstelling van die aandele-opsie-aanbod. Naspersdirekteure

met hul eie Naspers-aandele beplan om ten

gunste van die gewone besluit te stem wat nodig is om die

aandele-opsie-aanbod by die algemene jaarvergadering

goed te keur.

Finansiële invloed

Die uitwerking op verdienste per aandeel en netto

batewaarde wat met die aandele-opsie-aanbod verband

hou, sal geen wesenlike invloed hê nie.

Bykomende openbaring

Ingevolge die noteringsvereistes van die JSE

Sekuriteitebeurs Suid-Afrika (‘die JSE’) hou die volgende

gedeeltes van die jaarverslag met die aandele-opsieaanbod

verband:

● Algemene oorsig van Naspers-maatskappye Bladsy 21

● Die direkteure van Naspers Bladsy 144

● Naspers se belangrikste aandeelhouers Bladsy 146

● Die billike en redelike mening van

Investec Bank Beperk hierbo na verwys Bladsy 150

● Die vereiste gewone besluit nommer 8

om die aandele-opsieaanbod goed te keur Bladsy 152

● Naspers-direkteure se belang in

Naspers-aandele Bladsy 80

● Naspers se gemagtigde en uitgereikte

aandelekapitaal Bladsy 81

● Die handelsgeskiedenis van

Naspers-aandele op die JSE Bladsy 151

● Inligting oor regsprosedures Bladsy 89

● Gebeure ná die balansstaatdatum Bladsy105

PAGE 00

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!