02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

3. Beduidende verkrygings en vervreemdings (vervolg)

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

Finansiële jaar geëindig 31 Maart 2002

In April 2001 het die groep ’n ooreenkoms aangegaan in terme waarvan Paarl Print (Edms) Beperk verkry is vir

ongeveer R63 miljoen. Hierdie onderneming, wat spesialiseer in die druk van hoë-kwaliteit platbladsytydskrifte,

strooibiljette en etikette, is saamgevoeg met Media24 se NBD-afdeling, die groep se boekdrukkery-afdeling, en maak

nou deel uit van die groep se drukfiliaal, Paarl Media.

In Mei 2001 het die groep ’n 46,5%-belang in Tencent (BVI) Limited aangekoop, wat die operateur is van QQ Limited (QQ),

’n kitsboodskapplatform in China vir ’n kontantprys (insluitende transaksiekoste m.b.t. die verkryging) van R266,0 miljoen.

Na dié aankoop is addisionele kontantfinansiering in verhouding tot die groep se aandeelhouding van R8,0 miljoen

aan QQ gegee. Die aankoopprys is toegedeel aan netto tasbare bates aangekoop van R32,8 miljoen en

klandisiewaarde van R241,2 miljoen, wat oor ’n verwagte nutsduur van drie jaar geamortiseer sal word.

Gedurende Mei 2001 het die groep ’n addisionele 47,92%-belang in Educor, die groep se private onderwysfiliaal, verkry.

Dit het die groep se belang tot 93,5% laat toeneem na afloop van die transaksie. Die aankoop is gedoen as deel van

’n artikel 311-reëlingskema ingevolge die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, 1973. Die koopprys van R86,6 miljoen is

vereffen deur ’n kombinasie van kontant en Naspers N- gewone aandele. Educor is daarna van die JSE Sekruriteitebeurs

Suid-Afrika gedenoteer.

In Junie 2001 het OpenTV Corp. (OpenTV) ’n 100%-belang in Static 2358 Limited (Static), ’n leidende private

interaktiewe TV (iTV) media- en vermaaklikheidsmaatskappy bekom. Ingevolge die aankoopooreenkoms is die volle

private aandeelhouding in Static bekom vir ’n kombinasie van aandele en kontant. Die Static-aandeel- en opsiehouers

het in totaal 2 719 048 OpenTV Klas A- gewone aandele met ’n waarde van R307,2 miljoen op die aankoopdatum en

ongeveer R102,1 miljoen kontant ontvang. Ingevolge sekere winsgekoppelde bepalings van die aankoopooreenkoms

is daar vroeg in 2002 ’n addisionele 626 872 OpenTV Klas A- gewone aandele aan die oorspronklike aandeelhouers

van Static uitgereik. Addisionele klandisiewaarde van R29,8 miljoen is erken, gebaseer op die billike waarde van die

aandele op die uitreikingsdatum. Die totale koopprys (insluitende uitgawes van R12,1 miljoen) is geallokeer gebaseer

op ’n waardasie soos volg: netto laste (R44,2 miljoen), ontasbare netto bates uitsluitende klandisiewaarde (R132,8 miljoen)

en klandisiewaarde (R357,4 miljoen). Die ander ontasbare bates word oor hul beraamde nutsduur van drie jaar

geamortiseer en klandisiewaarde sal oor sy nutsduur van vyf jaar geamortiseer. Die uitreiking van die OpenTV-aandele

vir die verkryging van static het tot ’n verwateringsverlies van R131,2 miljoen gelei.

Gedurende Julie 2001 het die groep sy 100%-belang in A-1 Net Holdings Limited (A-1 Net) en sy volfiliaal, M-Web

Online Company Limited (M-Web Online), vir ’n teenprestasie van R8,2 miljoen verkoop, wat aanleiding gegee het tot ’n

verlies met verkoop van R47,7 miljoen.

Gedurende Julie 2001 het die groep sy 40%-belang verminder met 25% in die groep se gesamentlike onderneming,

SOE International SA (SOE), wat AEK PAE en Basic Hellas SA besit. ’n Netto wins met verkoop van R30,4 miljoen

is erken. Die groep het steeds ’n 15%-belegging (sonder verdere finansieringsvoorwaardes) in AEK PAE. Die belang

is volgens die ekwiteitsmetode verantwoord tot en met verkoop en daarna as ’n belegging teen kosprys, aangesien die

groep nie meer ’n beduidende invloed oor sy bedrywighede uitoefen nie.

In Julie 2001 het die groep ingevolge ’n reëlingskema ingevolge artikel 311 van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet,

1973, ’n addisionele belang van 18,59% in M-Web Beherend Beperk (M-Web) bekom, die groep se internet-aanlyndiensverskaffer

in Suid-Afrika. Dié transaksie is gesluit teen ’n ruilverhouding van 15 M-Web-aandele vir elke

Naspers N- gewone aandeel. ’n Totaal van 4 690 450 Naspers N- gewone aandele is uitgereik. M-Web is daarna

van die JSE Sekuriteitebeurs Suid-Afrika gedenoteer.

In Oktober 2001 het die groep se filiaal, NetMed NV, 622 Klas E- gewone aandele uitgereik aan AntennaTV SA vir

’n totale bedrag van R115,9 miljoen (wat ’n 5%-belang in NetMed NV verteenwoordig). Antenna TV SA het die

opsie om ’n addisionele 10%-belang in die volgende twee jaar te bekom teen billike waarde. Hierdie transaksie het

tot ’n verwateringswins van R100,4 miljoen aanleiding gegee.

Gedurende Desember 2001 het die groep 100% van sy belang in Eefoo.com (BVI) Limited verkoop, wat ’n 52,5%ekwiteitsbelang

in Shanghai Eefoo Technology Development Company Limited besit. Die belegging is vir ’n

kontantbedrag van R3,0 miljoen verkoop, waarop ’n verlies van R29,4 miljoen gerealiseer is.

Gedurende Januarie 2002 het MIHL sy belang van 45% in MultiChoice Middle East Inc. verkoop, wat gelei het tot

’n netto wins met verkoop van R22,7 miljoen.

Gedurende Maart 2002 het die groep sy 10%-belang in Vianet Inc. vir ’n teenprestasie van R11,4 miljoen verkoop,

waarop ’n verlies met verkoop van R42,8 miljoen gerealiseer is.

MultiChoice Egypt is met effek vanaf 31 Maart 2002 gelikwideer. Die oorblywende bates van MultiChoice Egypt is

verkoop aan Cable Network Egypt (CNE) ter vergoeding vir aandele uitgereik aan MultiChoice Afrika deur CNE.

Dit het die groep se belang in CNE van 10,5% tot 16,5% verhoog.

NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!