eKampusnuus - Potchefstroom University
eKampusnuus - Potchefstroom University
eKampusnuus - Potchefstroom University
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
eKampusnuus

Personeelblad Personeelblad vir vir die die Potchefstroomkampus

Potchefstroomkampus

NWU word beste

bestuur

p 3

Augustus Augustus 2007 2007 - - Uitgawe Uitgawe 8

8

Welstand elstand spaar spaar Puk Puk miljoene

miljoene

Werknemerwelstand het die afgelope paar jaar die Potchefstroomkampus

en sy personeellede jaarliks

minstens R1 miljoen gespaar met van hul gratis projekte

wat onder meer daarop gemik is om afwesigheid by die

werkplek te bekamp en stres te verminder.

Bevindings oor die reuse-besparings (altesame sowat

R3,9 miljoen sedert begin 2004 tot Mei 2007) is bekend

gemaak ná 'n studie wat die sentrum vir bedryfswiskunde

en informatika (BWI) gedoen het om die

effektiwiteit van die NWU-Welstandprogram te bepaal.

Die besparings kan egter heelwat meer beloop

aangesien slegs 11 van die 28 projekte van Werknemerwelstand

in dié wetenskaplike studie gemeet is.

Volgens mev. Ina van der Watt van Werknemerwelstand

wou hulle weet of hulle regtig ‘n verskil

Lees Lees binne: binne: p 2

Waardeprojek

skop af

maak met die dienste wat deurlopend aangebied

word en is die studie, Assessment of the effectiveness

of the NWU Employee Program, vroeg vanjaar

onder leiding van prof. Andre de Waal van BWI, begin.

Slegs die syfers van Potchefstroom is gebruik

aangesien die projekte op dié kampus al 'n paar jaar

loop. Die studie kan in die toekoms na die Mafikengen

Vanderbijlparkkampus uitgebrei word.

Volgens Van der Watt is die meeste besparings meegebring

deur projekte rakende gesondheid en welstand.

Dit sluit dienste (vir personeellede en hul gesinne) soos

griepinspuitings, cholesterol- en bloeddrukmetings in.

Daar is bevind dat sowat 45% van die mense wat

van die gratis glukose- en cholesteroltoetse gebruik

gemaak het juis by Werkenemerwelstand van hul

siektetoestand gehoor het en daarna regstellende

stappe vir hul algemene gesondheid gedoen het.

Voorts het sowat 30% van die mense wat hul

bloeddruk laat meet het, nie voor die toetse geweet

hulle het bloeddrukprobleme nie.

Volgens Van der Watt is daar hoofsaaklik in die navorsing

gefokus op die geld en tyd wat bespaar is deur

te help voorkom dat mense ernstig siek word. So

byvoorbeeld is vanjaar se griepinspuitings vooraf

gegaan deur navorsing om te bepaal watter virus die

mees algemeenste in Potchefstroom voorkom.

Mense wat die inspuitings gekry het, het 'n 90% kans

gehad om nie dié bepaalde virusse op te doen nie. Baie

Baie geluk rektor!

Twee jaar gelede het sy Kilimandjaro

kafgedraf en met haar verjaarsdag vandag

kan prof. Annette Combrink ook ‘n rit op

‘n Harley-Davidson agter haar naam skryf!

Die rit was deel van ‘n verrassingspartytjie

wat die kampusbestuur, die departement

bemarking en kommunikasie en prof.

Johann Holm (dis sy spoggerige motorfiets!)

vir haar gereël het. Saam met Combrink

is van links is mnr. Theo Cloete, proff.

Hendré Reyneke, Don Loots, mnre. Willem

Pienaar, Bobo van der Westhuizen, mevv.

Martie van der Merwe, Kiewiet Scheppel,

me. Lieze du Preez, mev. Annette

Stoffberg, prof. Mariëtte Lowes, mnr. Vincent

Eastes en prof. Daan van Wyk.

werksdae is dus gespaar.

Die feit dat Werknemerwelstand ook dienste aanbied

wat personeellede tyd (en dus spanning) bespaar deurdat

effektiewe kanale geskep is vir die verkryging van

onder meer identiteitsdokumente en paspoorte, dra ook

volgens die studie gewig. Baie ure weg van die kantoor

word so verhoed.

“Die psigologiese en organisatoriese voordeel wat

hierdie projekte vir personeellede en die universiteit

meebring is nie gemeet nie, maar speel 'n vername

rol in al die projekte wat tydens die studie getoets is.

“Om dus op te som. Die gedeelte wat wel gemeet

kan word dui daarop dat die Welstandkantoor van

groot belang is vir die universiteit en sy personeellede,

dit help om tyd en geld te spaar en dra by tot 'n

verbeterde lewenskwaliteit,” word in die samevatting

van die finale verslag gesê.

• Werknemerwelstand het van begin 2003 tot Mei

2007 altesame 3 108 personeellede op die Potchefstroomkampus

se bloeddruk gemeet, 938 se cholesterol

en 989 se glukose getoets. Sedert begin 2004

het 439 personeellede griepinspuitings deur Werknemerwelstand

bekom.

Voorts is 119 personeellede sedert begin 2006

gehelp in hul aansoeke rakende identiteitsdokumente,

195 paspoortaansoeke is gehanteer, 60 internasionale

rybewyse is bekom en 124 is gehelp met die

hernuwing van hul bestuurderslisensies.
Kampusnuus - 2

Waar aar aarde aar de depr de pr projek pr ojek sk skop sk op af

af

Die Pukkampus het onlangs sy waardeprojek begin

wat onder meer daarop gemik is om ’n

vervullende, geborge

omgewing te skep waarin

mense kan werk.

Dit kom nadat die institusionele

bestuur en die raad vier

doenwaardes vir die NWU

goedgekeur het. Die waardes

is integriteit, toewyding,

aanspreeklikheid en respek.

Prof. Annette Combrink,

rektor, het die kampus se

projek bekendgemaak in ‘n

spesiale videoboodskap. Hier is

haar woorde.

Die Noordwes-Universiteit is

‘n waardegedrewe

Universiteit. Ons het ‘n

uitdagende visie: Om ‘n

voortreflike universiteit in

Afrika te wees, gedrewe deur die nastreef van

kennis en innovering. Om hierdie dinge te bereik

Tientalle ken nou hul status

Tientalle studente en personeellede

van die Pukkampus het gewys hulle is

nie skaam om MIV-toetse te

ondergaan nie.

Altesame 130 het in die eerste

week van September deelgeneem aan

die veldtog, Know Your Status, Each

One Reach Five, wat deel is van ‘n

nasionale inisiatief van die

Hoëronderwys-VIGS-program

(HEAIDS) om vrywillige beradings- en

toetsingsdienste (VBT-dienste) in die

hoëronderwyssektor te bevorder.

Al die lede van die institusionele

bestuur het hulle ook laat toets. “Ons

wil die idee dat dit ‘n skande is om ‘n

MIV-toets te ondergaan ‘n nekslag

toedien. Deur onsself openlik te laat

toets, stuur ons die boodskap uit dat

enigiemand wat seksueel aktief is MIVpositief

kan word gewoon omdat die

virus so wydverspreid in Suid-Afrika is,

en dat dit nodig is om onsself te

PUKfm, Potchefstroom se eie gemeenskapsradiostasie,

is volstoom aan die gang om sy stem al

duideliker te laat hoor.

Benewens dat luisteraarsgetalle die hoogte

inskiet is die stasie pas aangewys as die

Noordwes-wenner van die Sonitus Community

Radio Awards.

PUKfm het voorts onder die top 10

gemeenskapsradiostasies in die land geëindig

en skuur nou skouers met stasies soos Jozi fm,

Eastwave Radio en Radio Kragbron.

Tydens die kompetisie van bykans twee

maande moes luisteraars stem vir hul

gunstelingstasie en is die finale berekenings

per capita gedoen.

Die doel van die kompetisie was onder meer om

die onderskeie stasies se gemeenskappe se

betrokkenheid te meet.

onderskryf ons graag die volgende waardes in alles

wat ons doen: menslike waardigheid, gelykheid,

vryheid, integriteit,

verdraagsaamheid, respek,

toewyding aan uitmuntendheid,

wetenskaplike

betrokkenheid, akademiese

vryheid en geregtigheid.

Al hierdie dinge klink

baie mooi op papier, maar

ons moet ook ons waardes

operasionaliseer. Daarom

is besluit om oor die hele

universiteit bepaalde

“doen” waardes te

identifiseer wat rigtend

kan wees vir ons daaglikse

aktiwiteite. Hierdie

waardes moet nie gesien

word as uitsluitend wat

ons grondwaardes betref nie, maar moet gesien

word as ‘n soort toetssteen vir ons werk en ander

beskerm,” het dr. Theuns Eloff,

visekanselier van die NWU, gesê.

Die departement van gesondheid en

die skool vir verpleegkunde het gehelp

met die toetsings en saam met die

kampusse in Vanderbijlpark en

Mafikeng is net minder as 300 mense

getoets.

Volgens mev. Elana Olivier, MIV/

Vigs-programkoördineer, is vrywillige

MIV-toetsing gemik op mense wat

(nog) geen teken van MIV-infeksie toon

nie. Dit is voorts ‘n belangrike element

van programme om die verspreiding

van MIV en Vigs te voorkom.

Dr. Theuns Eloff, visekanselier, se

vinger word geprik tydens die

vrywillige MIV/Vigs-toets.

PUKfm die beste stasie in Noordwes

Die gemeenskapsradiostasies moes voorts bewys

dat hulle die mees innoverende, motiverende en

opwindende programme en musiek vir hul

onderskeie teikenmarkte bied.

“Ons is verheug daaroor om as provinsiale

wenners uit die stryd te tree.

“Dit is 'n bewys dat ons toenemend 'n

gevestigde radiostasie word waarin die

aktiwiteite.

Ek het deurgaans in my termyn sover ’n soort

refrein laat opklink oor my ideale vir die kampus,

naamlik dat personeel ‘n vervullende werkomgewing

moet hê, en dat studente ‘n optimale

studieondervinding moet hê, waar hulle binne ‘n

waarde-geborge omgewing volledig voorberei kan

word vir die wêreld daarbuite. Ons dink dat ons

deur die sensitisering van mense oor hierdie “doen”

waardes bydra tot die daarstelling van hierdie

vervullende, geborge omgewing.

Ons wil daarom hiermee die waardeprojek op die

kampus begin. Ons onderskryf dus spesiaal die

volgende “doen” waardes: Integriteit, toewyding

(oftewel commitment), respek en aanspreeklikheid.

Dus moet onsself kort-kort onsself afvra of ons

altyd ons medemens met respek benader, of ons

met integriteit optree in alle kontekste, of ons

aanspreeklikheid aanvaar vir ons doen en late, en

uiteindelik of ons die vlak van toewyding of

commitment vertoon wat onderliggend is aan

mense met ‘n roepingsbewustheid.

gemeenskap verder kan belê. Dit wys ook dat ons

betrokke is in ons luisteraars se behoeftes, veral

dié van studente en skoliere,” sê mnr. Edohan

Burger, stasiebestuurder.

Volgens hom is die prestasie meer

merkwaardig aangesien PUKfm se joggies

vrywillig werk terwyl die meeste van die

teenstanders landwyd permanente en betaalde

personeellede het.

PUKfm se luisteraarsgetalle het sedert daar

op 1 Februarie verlede jaar met permanente

uitsendings begin is, al twee keer verdubbel. In

die eerste ses maande het die aanvanklike 2

000 luisteraars gegroei tot sowat 5 000.

Navorsing wat vroeër vanjaar op die kampus

gedoen is, dui daarop dat die getalle gestyg het tot

10 500. Dit beteken dat 68% van die

kampusstudente inskakel by PUKfm op 93.6.
Die eerste plek wat die Noordwes-Universiteit

(NWU) in 2007 se PriceWaterhouseCooperstoekenning

vir Uitnemendheid in Hoër Onderwys

(korporatiewe beheer) behaal het, getuig van die

instelling se toewyding in sy strewe na beste

praktyk ten opsigte van effektiewe bestuur en

korporatiewe beheer.

Die NWU het gevorder van vierde plek verlede

jaar tot in die eerste plek vanjaar, wat hy deel met

die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT).

Kampusnuus - 3

NWU NWU w wwor

w or ord or d beste beste bestuur

bestuur

Prof. Riaan de Jongh, DeClercq Wentzel en dr. Neels Erasmus.

DeClercq Wentzel van Absa het onlangs as aktuaris

gekwalifiseer in die spesialisrigting met finansies en

beleggings.

Dit maak hom die eerste Puk-aktuaris en een van

min aktuarisse in die land wat in die spesialisrigting

gekwalifiseer het. DeClercq het in 2000 ingeskryf as

eerstejaar en na sewe jaar se studies gekwalifiseer.

Prof. Riaan de Jongh, direkteur van die sentrum vir

BWI (bedryfswiskunde en informatika) is in die wolke

oor DeClercq se prestasie. Hy sê DeClercq het bewys

dat die Puk se aktuariële program vir geen universiteit

hoef terug te staan nie. “Aangesien ons program

“In haar begrotingstoespraak vroeër vanjaar het

die minister van onderwys, me. Naledi Pandor,

gesê 2007 is die jaar waarin ons uitnemendheid

moet bevestig en middelmatigheid moet verwerp.

Hierdie toekenning demonstreer ons toegewydheid

aan voortreflikheid en ook dat ons voortdurend

besig is om ons prestasievlak te verhoog,” sê prof.

Chris van der Walt, institusionele registrateur.

Die kompetisie vind jaarliks plaas met die doelwit

om hoëronderwysinstellings aan te moedig om

BWI aktuariële program lewer

eerste Puk-aktuaris

Die uitvoerende komitee van die NWU-konvokasie

hou in Oktober hul eerste vergadering.

Die komitee is onlangs aangewys ingevolge die

bepalings van die NWU se statuut asook die konvokasie

se grondwet en mnr. Bennie Howard is aangewys as

die eerste president van die NWU-konvokasie.

Mev. Heleen Coetzee is die tesourier terwyl prof.

Pieter du Plessis, adv. Jan Henning SC, dr. Dirk

Hermann en mnre. Johan Kruger en Marius Stander

verkies is tot addisionele lede.

sedert 1996 aangebied word en ons eers in 2002

volledige vrystelling vir al die kern tegniese reeks

vakke kon bied, is DeClercq se prestasie merkwaardig.

Ek is van mening dat DeClercq die weg baan vir

‘n hele klompie studente om in sy voetspore te volg.”

Dr. Neels Erasmus, hoof van die sentrum vir BWI

van Absa en vorige direkteur van die sentrum is

eweneens in sy noppies. “Absa is trots om betrokke

te wees by die sentrum en trots om die werkgewer

te wees van die eerste Puk-aktuaris.

DeClercq is ’n boorling van Klerksdorp wat sy

skoolloopbaan by Hoërskool Wesvalia voltooi het.

Daar was geen nominasie vir 'n adjunkpresident nie

- 'n geskikte kandidaat mag tydens die toekomstige

vergadering aangewys word.

Nog sake wat tydens die vergadering aandag sal

kry behels onder meer die samestelling van 'n

gestruktureerde benadering tot die alumni-sake van

die NWU, die opdatering en belyning van die konvokasierol

met ander NWU-databasisse en die dringende

uitbreiding van die ledebasis van alumni van die

voormalige Universiteit van Bophuthatswana en Uni-

daarna te streef om die hoogste standaarde in

korporatiewe beheer te handhaaf. Die oorgemerk

is ook om aan die 2002-King II-verslag (oor

korporatiewe beheer in Suid-Afrika) se beginsels

vir goeie korporatiewe beheer te voldoen. Hierdie

verslag beklemtoon die sewe beginsels van goeie

korporatiewe beheer, naamlik dissipline,

deursigtigheid, onafhanklikheid, toerekenbaarheid,

verantwoordelikheid, billikheid en sosiale

verantwoordelikheid.

Lotter se sestigtal

in 'n dekade

Prof. George

Lotter van die

vakgroep

praktiese teologie

het sy sestigtal

bereik in die

aantal meestersendoktorsgraadstudente

wat hul

nagraadse studie

onder sy leiding

voltooi het.

Hierdie mylpaal

is binne die

afgelope tien jaar

bereik nadat die

eerste

doktorsgraadstudent sy graad in 1997 voltooi het.

In die tydperk het altesame 36 M-studente en 24

doktore hul grade onder sy studieleiding voltooi.

Die vakke sluit in Bybelkunde, pastoraal en

praktiese teologie. Onder die studente was 34

mans en 26 vroue.

Lotter se oudstudente behels onderskeidelik tien

predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-

Afrika en vyftien van ander kerklike denominasies

waaronder vier tans dosente is by buitelandse

universiteite.

Persone van ander beroepe wat die studies

voltooi het, sluit onder meer sielkundiges,

maatskaplike werkers, pastorale beraders,

sendelinge, dosente, onderwysers, huisvroue, twee

boere en 'n uitvoerende kunstenaar in.

Altesame 43 van die studies is in Afrikaans

afgehandel en sewentien in Engels.

Eerste bestuur van NWU-konvokasie aangewys

versiteit van Noordwes (die huidige Mafikengkampus).

Daar sal waarskynlik ook oor die algemeen besin

word oor stappe om die breë ledetal te bevorder, die

kwaliteit daarvan te verbeter en toe te sien dat 'n

toepaslik opgeleide ledekorps gevestig word.

Die korps behoort uiteindelik ‘n vername hulpbron

vir die NWU-konvokasie te wees wat die alumni van

die universiteit in staat sal stel om hul doelwitte te

bereik.
Kampusnuus - 4

WWWWWelstand elstand elstand elstand elstand

Nuus van Welstand dié maand

ID’s en paspoorte

Die departement van binnelandse sake besoek

die Potchefstroomkampus op 17 September vanaf

10:00 tot 15:00 vir die inneem van aansoeke of

hernuwings van ID’s en paspoorte.

Dit is noodsaaklik om te bespreek. Foto's word

tydens die sessie geneem.

Stuur ‘n e-pos na EmployeeWellness@nwu.ac.za

om seker te maak jy kan gehelp word.

Gratis cholesterol- en glukosesiftingstoetse

Gratis cholesterol- en glukosetoetse word

gedoen op 19 tot 20 September op die kampus.

Die cholesteroltoetse sluit in totale cholesterol en

u trigliseriede (TG). Mense wat

bespreek vir die siftingstoetse

word aangemoedig om te vas en

dus niks te eet of te

drink (behalwe skoon water)

tien ure voor die siftingstoets nie.

Lesings is net meer akkuraat vastende as nievastend.

Om te bespreek stuur ‘n e-pos na Employee

Wellness@nwu.ac.za

Kankerbewusmakingsveldtog

‘n Slim leefstylkeuse kan die risiko om kanker te

ontwikkel drasties verlaag.

Gesonde eetgewoontes, gereelde oefening, om

nie te rook nie, die

vermyding van

oormatige blootstelling

aan die son, gereelde

selfondersoek en toetse

wat by gesondheidspesialiste

gedoen word kan

u kanse om kanker te kry grootliks verminder.

Vir gratis brosjures stuur ‘n e-pos na

VVVVVan an an an an die die die die die rektor rektor rektor rektor rektor se se se se se tafel tafel tafel tafel tafel

Kollegas,

Met Aardklop om die draai en nog 'n reeks gradeplegtighede

agter die blad - is dit duidelike tekens dat

ons reeds ver met September gevorder het.

Ons is werklik trots daarop dat ons uitsette in terme

van die lewering van kwalifikasies werklik voortreflik

is – ons trek reeds byna verby die teikens wat vir

2009 gestel is. Dit beteken natuurlik dat ons subsidieinkomste

soveel hoër kan wees en dat ons dus meer

kan doen vir die daarstelling van middele (personeel

en infrastruktuur) om ons werk na behore te kan

doen.

Ons is pas terug van ‘n bosberaad van die institusionele

bestuur. Dit het plaasgevind by ‘n mooi plek

naby Magaliesburg met die naam Whispering Pines

– waar werklik konstruktiewe gesprekke kon

plaasvind oor die visie en missie van die Universiteit,

en bestekopname gedoen is oor ons vordering met

die strategiese planne. Wat belangrik is is dat daar

nie koersveranderinge uit die gesprekke gekom het

nie maar eerder ‘n herbesinning oor die bergspits

waarheen ons op pad is, en hoe om die moontlike

klippe op ons paadjie uit die weg te ruim. Die neerslag

van hierdie gesprekke sal by die senior bestuursvergadering

van die universiteit (wat al die dekane

insluit) verder geneem word.

Daar is pas ‘n baie suksesvolle konferensie, die

sogenaamde Pittsburgh Coal Conference, wat deur

die Puk en Sasol aangebied is, by die Sandton Convention

Centre gehou. Dit was ‘n konferensie met

baie prestigewaarde, en die Puk se naam is hoog

gehou deur die blootstelling op ‘n groot internasionale

verhoog.

Op die kulturele gebied het dit ook goed gegaan.

Elders word meer volledig hieroor berig, maar dis

lekker om te weet Veritas het weer die nasionale Sêr

gewen, en Vergeet-My-Nie het ‘n goeie vierde plek

behaal. Die studente van grafiese ontwerp lyk of

hulle onkeerbaar is. Afgesien van ander toekennings

die afgelope tyd het hulle ook die eerste keer Loeries

en Pendorings gewen, en studente van grafiese

ontwerp word deur Absa gebruik vir die Aardklopveldtog.

Dit is voorwaar wonderlike prestasies.

PUKfm is ook die Noordwes-wenner in die Sonitus

Community Radio Awards (in die kompetisie is onder

andere die gemeenskap se betrokkenheid by hul

plaaslike stasie gemeet), en hulle het onder die top

Daar duik probleme orals op

wat eintlik nie probleme hoef te

wees as ons almal eerlik sou

wees oor ons uitlewing van

kernwaardes nie.

tien landswyd geëindig.

Op die vlak van werknemerwelstand is terugvoer

ontvang van die Welstandskantoor wat volgens navorsing

‘n sinvolle impak maak op personeel veral wat

betref tyd en moeite wat gespaar word deur die

projekte van die kantoor. Binne die konteks van ‘n

vervullende werkomgewing is dit van besondere

belang dat mense vry moet wees van onnodige

tydmors, en hier help die kollegas baie.

Die bestuur het verlede week deelgeneem aan ‘n

projek om in die openbaar MIV/Vigs-toetsing te laat

doen. Die visekanselier het ook as nuwe voorsitter

van HESA op nasionale vlak hieraan deelgeneem. Dit

EmployeeWellness @nwu.ac.za met die woord

Kanker, u naam en bussienommer.

Ondersteun die gemeenskap

Jy kan ‘n verskil maak in iemand se lewe!

Werknemerwelstand ondersteun die SAVF, die

Abraham Kriel Kinderhuis en Potch Primary in

2007.

Kongressakke, klere, komberse, speelgoed en

enige items wat in u huis as ‘n wit olifant rondstaan,

kan by die welstandskantore

in gebou E11 (huis oorkant J Chris

Coetzee-gebou) afgelewer word.

Werknemerwelstand sal dit dan

aan die onderskeie instansies

TM oorhandig wat dit sal versprei in ons

gemeenskap.

Vir enige navrae skakel gerus vir Anne Freeke by

X4301.

is belangrik dat ons gesien word as deelnemers in die

planne om die pandemie hok te slaan, en groot dank

aan almal wat deelgeneem het.

Julle sou ook nou al gesien het hoe die plakkate oor

die doen-waardes sigbaar geword het. Ek glo

onwrikbaar dat mens se waardes eintlik kleintyd al

geleer word, maar dat opskerping tog belangrik is,

en dat eerlike selfondersoek van tyd tot tyd nie

onvanpas is nie. Daarom maak ons sekere doenwaardes

sigbaar op die kampus as deel van die

universiteitswye opskerpingsproses. Daar duik oral

probleme op wat eintlik nie probleme hoef te wees

as ons almal eerlik sou wees oor ons uitlewing van

kernwaardes nie.

Ons het namens die Noordwes-regering ‘n geslaagde

Women’s Memorial Lecture op die kampus

aangebied. Ons het ook besoek ontvang van die

adjunkminister van Onderwys, mnr. Enver Surtie, wat

die oorhandiging van ‘n groot aantal Fundza Lushakaonderwysbeurse

aan die studente van die hele NWU

hier kom behartig het. Die Rapport Onderwysfonds

het ook beurse aan onderwysstudente kom oorhandig.

Dis alles bemoedigende tekens dat hard

gewerk word aan die opleiding van onderwysers in

die land – ook Afrikaanssprekende onderwysers, in

die geval van die ROF.

Baie dankie vir almal se besondere bydrae tot Loslitdag.

Ek dink ons het werklik ‘n verskil gemaak met ons

bydrae, en mense het tog heelwat pret gehad ook.

Die lente is hier met al die belofte vir ‘n mooi nuwe

seisoen, en ons kan nogal uitsien na ‘n lekker Aardklop.

Ek hoop dat dit ook geleentheid gaan bied vir mense

om batterye te laai en ‘n groot dosis kultuur te kan

sluk. Ons het nou mos reeds die opwindende opvoering

deur Alabama, Tutti Frutti, beleef.
’n Groot eer het twee opvoedkunde-dosente van die

Puk te beurt geval toe hulle vir afstand-studiebeurse

van die Statebondskommissie in die Verenigde State

gekies is.

Me. Noziphiwo Kgati en mnr. Titus Williams van die

skool vir voortgesette onderwysersopleiding is uit

sowat 800 aansoekers van oral in Afrika gekies om

hulle meestersgraadstudies in onderrig vir volhoubaarheid

te doen. Slegs twintig kandidate is vir die

kursus gekeur.

Albei sal met behulp van afstandonderrig hulle vir

die volgende vier jaar aan hulle MSc-studies aan die

South Bank University in Londen wy.

Prof. Petra Engelbrecht, dekaan van opvoedkunde, en

prof. Manie Spamer, direkteur van die skool, het hulle

vir die beurse voorgestel en gemotiveer om daarvoor

aansoek te doen. Engelbrecht sê die fakulteit is baie trots

op die twee dosente en is daartoe verbind om hulle te

ondersteun om die belangrike kwalifikasie te behaal.

Kgati is ’n junior lektor in opvoedkundige bestuursonderrig

en entrepreneurskap in die Puk se afstandonderrig-program.

Haar loopbaan in die onderwys is ’n pragtige verhaal

wat gevorder het van ’n graad een-leerling aan die Vaal

Reefs Primary School tot die hoof van die skool. Sy het

haar onderwysopleiding in die Oos-Kaap voltooi en in

1989 na die Vaal Reefs-gebied teruggekeer as

onderwyser. Sy is tans junior lektor by die universiteit.

Williams is ’n oud-Puk wat sy onderwysgraad in

1992 verwerf het. Hy was vir agt jaar onderwyser

in Lichtenburg, Klerksdorp en Rustenburg voordat

hy vir twee jaar by die eksamen-afdeling van die

Kampusnuus - 5

Gr Groot Gr oot eer eer vir vir tw twee tw ee junior

junior

Pukke slaan goue

Pendoring los

Grafiese studente van die Pukkampus van die Noordwes-

Universiteit het ’n goue toekenning in die jaarlikse

Pendoring-reklamekompetisie losgeslaan.

Die derdejaarstudente, Leana de Beer, Carla Erasmus

en Gert Schoeman, het onder die leiding van hulle

dosent, mnr. Wessie van der Westhuizen, die toekenning

vir aanlynreklame in die studentekategorie ontvang.

Die projek, Mossie, is gebaseer op ’n huurmoordagentskap

en sinspeel op die Afrikaanse spreekwoord,

“so dood soos ’n mossie”. Die toekenning is tydens ’n

glansgeleentheid in Midrand aan die studente oorhandig.

Van links is mnr. Peet van der Walt, uitvoerende hoof van

persoonlike bankdienste van Eerste Nasionale Bank, wat

die toekenning verlede Vrydagaand tydens ’n glansgeleentheid

by Vodaworld in Midrand aan die span oorhandig het.

Van links is Leana de Beer, Carla Erasmus en Gert

Schoeman.

lektor lektore lektor

onderwysdepartement

in

Noordwes

gewerk het.

Hy is tans ’n

junior lektor in

geskiedenis en

aardrykskunde

by die universiteit

se afstandonderrigprogram.

Die skool vir

voortgesette

onderwysersopleiding

is

verantwoordelik

vir die

indiensopleiding

van onder- en

ongekwalifiseerdeonderwysers,

asook

die verdere

opleiding van

reeds

gekwalifiseerde

onderwysers. Die skool het tans sowat 20 000

ingeskrewe studente in die land en Namibië.

Verteenwoordigers van die Statebondskommissie

sal Kgati en Williams in Oktober besoek om hulle oor

hulle studies in te lig.

Prof. Petra Engelbrecht, dekaan van die fakulteit

opvoedkunde, en die twee studiebeurswenners,

mnr. Titus Williams en me. Noziphiwo

Kgati.

Drie Loeries vir Puk

Prof. Annette Combrink, rektor, het ‘n glasie geklink

saam met die dosente en studente van Ci-Lab

(grafiese ontwerp) wat gesorg het dat die Puk drie

Loeries kon losslaan. Van links is mnr. Richardt

Strydom (lektor), Leana de Beer, Carla Erasmus,

mnr. Wessie van der Westhuizen (lektor), Gert

Schoeman, Christo Kruger, Combrink, Renier

Zanberg en mnr. Ian Marley (lektor).
Kampusnuus - 6

NWU-Puk NWU-Puk pr pryk pr yk op op br broek br oek oeke oek

Enigiemand wat gaande is oor rugby het

waarskynlik teen hierdie tyd al – saam met al die

duisende toeskouers en televisiekykers – gesien

die Curriebeker-skeidsregters dra rugbybroeke met

die NWU-Puk-embleem daarop.

Die unieke bemarkingsveldtog se vernaamste

doelwit is om die nuwe handelsmerk te vestig en is

terselfdertyd 'n unieke wyse van beeldbou.

Die land se voorste skeidsregters, waaronder

Jonathan Kaplan, Marius Jonker, Craig Joubert,

Mark Lawrence, Willie Roos en Jerome Fortuin, sal

vir die volgende vier jaar die rugbybroeke dra

tydens die Curriebeker-wedstryde.

Die NWU-Puk het die deurbraak met die borgskap

gemaak na voortgesette onderhandelings deur

mnr. Theo Cloete, direkteur van bemarking en

kommunikasie, met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie.

Die borgskap is tydens die onlangse NWU-Pukrugbyinstituut

se manne-aand amptelik Steve

Meintjies, voorsitter van SA Skeidsregtersvereniging,

oorhandig.

Die NWU-Puk borg al geruime tyd die Contender

Squad se truie en Cloete het vanjaar begin met die

onderhandelings met die doelwit om 'n

ooreenkoms te kry vir die borg van die

rugbybroeke van al die skeidsregters, lynregters en

die Contender Squad.

TTTTTaalwenk aalwenk aalwenk aalwenk

'n - die regte skryfwyse

’n Navraag oor die “regte spelling van die lidwoord

’n” (vraag: “Is daar ’n reël wat sê na watter kant

die kommatjie moet wys?”) het aanleiding gegee tot

hierdie taalwenk. Kollega Johan Blaauw van die

direktoraat taalsake se antwoord hierop word hier

onder aangegee.

“Jy word tereg deur dié probleem geïrriteer. Dit

omdat Bill Gates se mense namens ons probeer dink,

maar hulle dink in Engels en neem nie ander tale in

ag nie.

Omdat Engels nie ‘n afkappingsteken aan die begin

van ‘n woord ken nie, word enige sodanige

afkappingsteken as ‘n foutiewe sogenaamde

“straight quote” beskou. Microsoft Word se

verstekstelling onder Tools > Auto Correct is

sodanig dat enige sogenaamde “straight quotes”

vanself deur “smart quotes” vervang word. Die

afkappingsteken aan die begin van die woord word

dus outomaties na ‘n openingsaanhalingsteken van

die “smart quote”-tipe verander. Kyk maar fyn (in

‘n dokument wat byvoorbeeld in Times New Roman

en in ‘n lekker groot lettertipe getik word), jy tik die

korrekte afkappingsteken, en dan word dit onmiddellik

outomaties verkeerd “gekorrigeer”.

Mense weet meestal nie hoe om hierdie probleem

reg te stel nie. Klik op Tools, daaronder op Auto

Correct, en klik dan op die lysies wat verskyn by al

die opsies waar jy kan die “Change straight quotes

to smart quotes”-keuse af. So terloops, daar is in

hierdie opsielyste onder Auto Correct ook ‘n hele

aantal ander irritasies wat afgeskakel kan word,

onder andere die outomatiese numering of kolpunte

wat Word soms so uit die bloute in ‘n mens se tekste

aanbring.

Ek hoop dit help jou om ten minste wat jou eie

werk betref, hierdie lastigheid uit te skakel - en nou

kan jy sommer ook vir van die mense wat jou met

hul verkeerde afkappingstekens irriteer, sê hoe om

dit te doen!”

JWHB

Daar is elke naweek minstens drie Curriebekerwedstryde

wat op televisie uitgesaai word wat

Só lyk die Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters se broeke wat deur die NWU-Puk geborg word, wys mevv.

Hannatjie Visagie en Annemarié Hefer van bemarking en kommunikasie.

Dagboek van gebeure op kampus

Geleentheid Waar Beskrywing Kontakpersoon

17 - 20 September

Konferensie vir Suid-Afrikaanse

kinder- en jeugliteratuur

19 September

Tydskrif-promosie

20 September

MTN

24 – 29 September

Aardklop

25 – 28 September

Ingenieurskool pretprojek

Ou Senaatsaal, Cachet-kleinteater,

Transnet-lokaal, ens.

Wasgoedpennetjielaan

Grootskerm, SS

Cachetpark en ander

Verskeie lokale

beteken die NWU-Puk-embleem is vir altesame

sowat vier ure te sien.

Konferensie

Promosie

Promosie

Kunstefees

Projek vir gr.10 – 12’s

Prof. Betsie van der

Westhuizen

X1491

Willem Venter

X2880

Willem Venter

X2880

Aardklop-kantoor

018-294-7509

Hannes du Toit

X4023

Personeellede kan gerus besonderhede oor geleenthede soos kongresse en konferensies stuur na

lieze.dupreez@nwu.ac.za vir publikasie in die volgende eKampusnuus se dagboek.

Redakteur: Lieze du Preez • e-pos: Lieze.Dupreez@nwu.ac.za • Tel: (018) 299-2382 • Sel: 082-776-

7522 • eKampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus
Puk-personeellede het Loslitdag behoorlik gevier en

só gewys hulle gee om vir mense met gestremdhede.

Minstens 650 mense op die kampus het Loslitdagplakkers

gereed gehad en op 7 September met allerlei

snaakse kleredrag werk toe gekom.

Personeellede van akademiese administrasie was

getooi met pruike, kopbande en feestelike hoede toe

hulle vroegoggend op die grasperk voor die Ferdinand

Postma-biblioteek piekniek gehou het.

Dit is tydens dié piekniek dat ‘n bekende gesig op

die kampus as ‘n onbekende blonde aandag getrek

het. Gewapen in dié helderkleurige pienk rok met

swart visnetkouse, blou crocks en ‘n rooi handsak

moes Bertina Tredoux, suster van Bertus le Roux,

gou regstaan vir foto’s. Sy het later selfs ‘n draai in

die rektor se kantoor gemaak.

Tydens die dag se vierings het verskeie ander departemente

tydens middagete ‘n vinnige braaivleis gehou.

Prof. Annette Combrink, rektor, het almal bedank

vir hul prettige en tog besondere bydrae wat

uiteindelik ‘n verskil kan maak in die lewe van mense

met gestremdhede.

Kampusnuus - 7

Loslitdag Loslitdag Loslitdag 2007 2007 2007 2007 2007

Loslitte Loslitte het het pr pret pr et g ggehad

g ehad

Ons het net

ons laatlam

kom inskryf

vir sy

studies……

Bertus le

Roux en

Frik

Prinsloo.

Die span van bemarking en kommunikasie met al wat ‘n hoed is. Voor is Kiewiet Scheppel, Heleen Coetzee, Vivian

Claassen en Edohan Burger. In die tweede ry is Vincent Eastes, Hilda Nyelele, Motheo Monaisa, Leona Cain, Elizna

Burger en Chris Windell. Agter hulle is Sandra Rossouw, Hannalie Fourie, Mandy Havenga en Hannatjie Visagie. Agter

is Johan Pyper, Jan Malherbe, Matt Gibbs, Frik Prinsloo, Lieze du Preez en Piet Steyn.

Die sterretjies het geskitter in die rektor se kantoor. Agter is

Annette Stoffberg, Martie van der Merwe, prof. Annette Combrink

en Derelize Beukes. Voor is Bertus le Roux.

Links: Willem Pienaar, direkteur van akademiese

administrasie (middel, agter), saam met

Christiian Kamase en Tom Cato, adjunkdirekteur.

Voor is Dwight Cloete en Will de Lange.

Regs: Die personeellede van menslike hulpbronne

in die Joon van Rooy-gebou het op lentedag

(dit was nou wel op 31 Augustus) lekker vrolik

aangetrek, die gang verfraai en elkeen het ’n houer

met lekkernye en verspottighede in ontvang. Hulle

het tydens teetyd lekker saam gekuier. Hier is

(voor) Coréne van der Merwe en Louise van den

Berg. Agter hulle is Johan Schutte en Ilse Jansen

van Rensburgh. Agter staan Penrose Diphoko,

Chrisilla Pretorius, Jaap Janse van Rensburg,

Thato Tlhabanyane en Christelle van Zyl.

Die groep van akademiese administrasie het met

pruike en kopbande by die piekniek opgedaag. Van

links agter is Marie Bothma, Anne-Lize Booyens, Izelle

Muller, Barbara Nolte, Hannari Lamprecht, Gerrie

Pretorius en Eurika Jansen van Rensburg.
Kampusnuus - 8

Meer Meer as as R80 R80 000 000 se se beur beurse beur se

Die skool vir musiek het in Augustus hul jaarlikse

beurswennerskonsert aangebied waar duisende rande

se studiebeurse aan uitblinkers uitgedeel is.

Die PU Prestige-musiekbeurs van R10 000 is aan

die sopraan, Elsabé Louw, ‘n finalejaar BMus-student

toegeken, terwyl die bariton, Jaco Klopper, as die

skool vir musiek se “Sanger van die Jaar” aangewys

is en R7 500 vir musiekstudie in die buiteland

losgeslaan het.

Nog ‘n sanger, die eerstejaar Annari van Jaarsveld,

het beide die Rina Hugo-werwingsbeurs (R4 000) én

die Rina Hugo-sangbeurs (R3 000) ontvang. ‘n

Matriekleerling van Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp,

Leonor van der Merwe, het as fluitis die Konservatoriumbeurs

(R1 000) verwerf. ‘n Derdejaar orrelstudent,

Hanné Becker, het vir die derde agtereenvolgende

jaar die Finansiële Steundienste-orrelbeurs

(R3 000) verower.

Die ander beurswenners is Niël Barnard (orrel), en

Sanri Louw (fluit), Nadine Holemans (klavier), Berdine

’n Derdejaar-illustasiestudent van die Puk was

onder die top twintig in ’n opwindende kompetisie

waar hulle ’n T-hemp moes ontwerp.

Miranda van Rhede van Outshoorn het haar

ontwerp ingeskryf in die landwye kompetisie van

Big Blue se Retro/Kitch and Kool-klerewinkel. Haar

dosent, dr. Hanri de la Harpe, sê deelnemers moes

die term Afrokaaner in hulle ontwerp interpreteer

en 538 inskrywings is ontvang.

“Ontwerpers is uitgedaag om ’n ontwerp te

konseptualiseer en uit te voer wat in alle opsigte

die uniek Suid-Afrikaanse karakter en kultuur

reflekteer.

“Dit was ook belangrik dat die ontwerp

kontemporêr, oorspronklik, humoristies en relevant

vir moderne Suid-Afrika moet wees.”

Miranda se ontwerp was getitel, Mama Lisa,

waar sy Mona Lisa as vertrekpunt gebruik het,

maar gewysig het om met ’n Afrika-gesig en

tipiese elemente wat ’n eg Suid-Afrikaanse kultuur

uitbeeld, die finale prentjie te skep.

Die kompetisie is verlede jaar deur ’n oud-Puk,

Sulet Schulze, gewen.

Vyf van die Pukke wat ingeskryf het, het

onlangs ook op ’n televisieprogram, Curious

Culture, van SABC2 verskyn.

uitgedeel

uitgedeel

Mev. Marina Louw van finansiële steundienste

saam met Hanné Becker wat die

Finansiële Steundienste-orrelbeurs losgeslaan

het.

Orffer (klarinet), Phiwe Makaula (tenoor),

Thabo Mokuke (bariton), Wynand de Villiers

(klavier) en Catrien Mulder (klavier).

Student vaar goed in

Afrokaaner-projek

Nog ontwerpe

wat studente vir

die kompetisie

ingeskryf het.

Die illustrasie wat Miranda van Rhede van Outshoorn

vir die kompetisie ingeskryf het.

Prof. Werner Nel van die skool vir musiek saam met die sangstudente

wat beurse verwerf het. Van links is Thabo Mokuke, Nel, Elsabé Louw,

Phiwe Makaula, Jaco Klopper en Annari van Jaarsveld.

Voices of the

Drylands vir

Roscar benoem

Voices of the Drylands, ’n dokumentêre film van die

Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus,

was een van drie benoemings vir die gesogte Roscartoekennings

wat jaarliks tydens die Wild Talknatuurfilmfees

in Durban gehou word.

Die film is deur Liesl-Dana van Schalkwyk vir haar

meestersgraad in kommunikasiestudies gemaak. Dit

het in die kategorie vir films met beperkte begrotings

deelgeneem.

Voices of the Drylands is uit meer as honderd films

gekies om in NuMetro-teaters in Johannesburg, Durban

en Kaapstad vertoon te word. Ná ’n seleksieproses

waaraan fliekgangers deelgeneem het, het

die film die kortlys van drie films gehaal.

Wild Talk is ’n internasionale filmfees en die Roscar

vir die kategorie waarin Voices of the Drylands

benoem is, is deur Bedi Films van Indië se Cherubs in

the Mist gewen.

Bloot om ’n benoemde te wees in hierdie gesogte

natuurfilmfees was ’n besondere groot prestasie en

deelnemers beskou dit as Afrika se Wild Screen.

Voices was ook een van die films wat deur Unesco

gekies is om Suid-Afrika se bydrae tot die Jaar van

Verwoestyning te verbeeld. Dit is gedoen tydens die

Desert Nights Filmfees in Rome gedurende Desember

2006. Dié fees is deur Liesl-Dana en haar studieleier,

prof. Attie Gerber, bygewoon.

Die Universiteit van Bonn in Wes-Duitsland het in

Augustus die skool vir kommunikasiestudies toestemming

gevra om Voices of the Drylands op ’n

konferensie van die Verenigde Nasies se konvensie

vir die bekamping van verwoestyning (UNCCD) in Madrid,

Spanje, te wys. Bykans 200 lande woon hierdie

konferensie by.

Voices of the Drylands is intussen ook ingeskryf vir

die Filofest-filmfees in Slovenië en die Kyoto

internasionale studente-filmfees in Japan.
Fakulteit natuurwetenskappe

• Prof. Kobus Pienaar, dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe,

is 2007 se ontvanger van die

Merck-medalje van die Suid-Afrikaanse Chemiese

Instituut. ‘n Artikel op die gebied van fisiese chemie

wat in die Tydskrif vir Chemie gepubliseer is, het vir

die toekenning gesorg. In die artikel is ondersoek

ingestel na die chemiese meganisme waarvolgens

trivalente chroom na heksavalente chroom geoksideer

kan word. Trivalente chroom is ‘n spoorvoedingstof,

terwyl heksavalente chroom ‘n welbekende

karsinogeen en toksiese vorm van chroom vir mens

en dier is.

Die medeskrywers wat betrokke was by die artikel,

“Die kinetika van die silwer(l)-geïnduseerde oksidasie

van chromium(lll) deur peroksodisulfaat”, is me.

Andronicca Bogopane, drr. Gerhard Lachman, Mohammed

Hamza (almal van die NWU) en prof. Rudi

van Eldik van die Universiteit van Erlangen Nürnberg,

Duitsland.

Fakulteit lettere en wysbegeerte

• Me. Marali Burger, dosent in Frans, is na afloop van

‘n internasionale eksaminatorskursus in Johannesburg

geakkrediteer as internasionale eksaminator.

Dit beteken dat sy nou verdere opleiding kan gee in

die evaluering van die internasionale DELF- (Diplome

d’Etudes en Langue Française) en DALF- (Diplome

Approfondi de Langue Française) eksamens.

Studente wat Frans as vak neem, onderwerp hulle

jaarliks aan hierdie taai eksamineringsproses. Die

Noordwes-Universiteit is tans die enigste universiteit

in SA wat ‘n internasionale eksamensentrum is.

Fakluteit regte

• Prof. Werner Scholtz van die fakulteit regte is

benoem as medenavorser by die South African Institute

for Advanced Constitutional, Public, Human

Rights and International Law terwyl prof. Louis Kotze

‘n beurs gekry het om vir sowat vier maande navorsing

in Oostenryk te gaan doen. Hy het ook ‘n borg

van UNIP gekry om ‘n seminaar in Finland aan te bied.

Hul kollega, mnr. Phogiso Monchusi, is aangestel op

die premier van Noordwes, mev. Edna Molewa, se

kommissie vir dispuutbeslegting wat betrokke is by

die aanstelling van tradisionele leiers in die provinsie.

Fakulteit ingenieurswese

• Die fakulteit ingenieurswese het einde Augustus hul

dosente van die jaar aangewys. Die drie uitblinkers

is proff. Hein Neomagus van die skool vir chemiese

ingenieurswese, Johann Holm van die skool vir

elektriese ingenieurswese en mnr. Pietman Jordaan,

skool vir meganiese ingenieurswese.

Van links is proff. Johann Holm, Hein Neomagus en

mnr. Pietman Jordaan.

Fakulteit gesondheidswetenskappe

• Prof. Esté Vorster is deel van ‘n paneel van 15

navorsers wat deur ASSAf (Wetenskap in Suid-

Afrika) saamgestel om die verwantskap tussen

voeding en MIV/vigs en aktiewe tuberkulose te

ondersoek. Die paneel het riglyne saamgestel en

aanbevelings gemaak vir beleid in SA, onder meer

rakende verdere navorsing en vir die praktiese

behandeling van mense wat hierdie infeksies het.

Die verslag het wye plaaslike en buitelandse

belangstelling gelok en die meeste nasionale en

streekkoerante, televisie- en radiostasies in die land

het prominent daaroor berig. Vorster het tientalle

onderhoude met joernaliste gehad en die verslag se

vernaamste bevinding en aanbeveling is dat pasiënte

die regte medisyne moet gebruik en dat voeding ‘n

sterk ondersteunende rol speel in die behandeling van

hierdie infeksies.

Een van die redes vir die wye belangstelling is dat

die verslag van ASSAf bewyse gelewer het oor die

belangrikheid van die rol van voeding, maar dat

politieke aansprake soos dat allerhande voedsels,

tradisionele gebruike, kruie, speserye, supplemente

en ekstrakte nie enige wetenskaplike gronde het nie.

• Prof. Marius Smuts van die vakgroep voeding was

onlangs ‘n spreker by Nestlé se landswye Simposium

wat gehandel het oor Infant Nutrition beyond growth:

The role of PROBIOTICS and Long-chain poly-unsaturated

fatty acids. Hy het gepraat oor Langkettingvetsure

en die Immuunsisteem waar hy spesifiek

gefokus het op 0-2 jarige kinders.

• Mnr. Carel Swartz van die navorsingsinstituut vir

industriële farmasie het die 54ste jaarlikse wêreldkongres

van IPSF (International Pharmaceutical Students

Federation) in Taipei, Taiwan bygewoon. Hy is

die tesourier en medevoorsitter van SAPSF (South

African Pharmaceutical Student’s Federation) en is

tans besig met sy meestersgraad in farmaseutika.

Suid-Afrika het volle stemreg tydens algemene

vergaderings waar sake rakende veranderings in

farmasiepraktyk, -onderwys en gemeenskapsgesondheidsprojekte

bespreek word. Vanjaar was ook die

twee keer dat SAPSF sedert die heraffiliasie as

Donasie vir uitblinkerstudente

Kampusnuus - 9

Spieël Spieël Spieël Spieël Spieël

volwaardige lid van IPSF erken is.

Samewerking oor lande se grense heen is opnuut

benadruk aangesien bykans alle gebiede van farmasie

– veral die kliniese praktyk van geneenmiddelvervaardiging

en – beleidmaatreëls internasionaal van

belang is.

Kwessies wat bespreek is behels onder meer

vervalste geneesmiddels, MIV/vigs-bewusmakingsveldtogte,

diabetes, Wêrelddag vir Tuberkulose en

tabakvrye omgewings.

Swartz is na afloop van die kongres verkies tot

kontakpersoon vir Suid-Afrikaanse farmasiestudente

en is verantwoordelik vir die organisering van die

streekgroep in Afrika.

• Verskeie personeellede en nagraadse studente by

die geneesmiddelnavorsing en –ontwikkelingseenheid

het geskitter by die nasionale Akademiekongres vir

Farmaseutiese Wetenskappe wat in Langebaan,

Kaapstad, gehou is.

Die eerste prys vir die beste publikasie is verower

deur Nevil Vlok, ‘n student van prof. Sarel Malan.

Laasgenoemde het die tweede prys losgeslaan,

terwyl die vierde en vyfde plekke deur prof. Kobus

Bergh en dr. Jacques Petzer, albei van farmaseutiese

chemie, ingeneem is. Die titel van hul publikasie was

Inhibition of monoamine oxidase B by analogues of

the adenosine A2A receptor antagonist (E)-8-(3chlorostyryl)

caffeine (CSC).

• Dr. Sandra van Dyk, ook van farmaseutiese

chemie, het die onderrigprys, die Distinguished

teacher of the year award, gewen terwyl Bennie

Repsold die Jong Wetenskaplike van die Jaartoekenning

gekry het. Hy is ook ‘n student van Malan.

Die versekeringsmaatskappy, PPS, het R300 000 (oor ‘n tydperk van drie jaar) aan die Puk

geskenk wat as prysgeld vir uitblinkerstudente by die onderskeie fakulteite gebruik word. Mnre.

Barry Pretorius (links), streekverkopebestuurder, en Hannes Ferreira (regs), afdelingsbestuurder,

het die kampus besoek waartydens die tjek amptelik oorhandig is aan proff. Annette Combrink,

rektor, en Mariëtte Lowes, viserektor, akademie. Saam met hulle is mnr. Theo Cloete, direkteur

van bemarking en kommunikasie.
Kampusnuus - 10

Puk-eerstes ontvang dasse van rektor

Prof. Annette Combrink, rektor, het die eerste rugbyspan met ‘n spesiale ontbyt sterkte toegewens met die klubkampioenskap in Stellenbosch en hul aangespoor om

voort te bou op die sukses tydens intervarsity en die prestasies van die verlede. Tydens die geleentheid het die nuwelinge van die span hul eerstespan-rugbydasse van

haar ontvang. Van links is Willem van der Wal (kaptein), Coené Nolte, Renier Harmse, Combrink, Anthonie Gronum, Wentzel van Zyl, Dirco Rautenbach, Quintin Kruger,

Matt Proudfoot (afrigter) en Ken Prinsloo.

‘n Groot eer het Neil du Plessis, sportwetenskaplike van die

NWU-Puk, te beurt geval toe hy onlangs aangestel is as die

Super 14-sportwetenskaplike van die Cheetahs. Du Plessis

verlaat Potchefstroom einde vandeesmaand nadat hy die

afgelope drie jaar by die Puk gewerk, en dus gehelp slyp het

aan onder meer die eerste rugbyspan. Voor dit was hy vir

twee jaar ‘n sportwetenskaplike in Nieu-Seeland. Die

voormalige Puk 1-rugbyspeler het sportwetenskappe

gestudeer en het sy alma mater se naam hoog gehou toe hy

tydens sy studiejare lid was van die SA o/21-rugbyspan. Hy

volg Jacques Nienaber by die Cheetahs op.

Het Het jy jy g ggeweet?

g eet?

Die Pukkampus het bykans veertig kommissarisse

van ede wat ingespan word om daagliks

die stroom versoeke om dokumente te waarmerk,

te hanteer.

Die dokumente sluit onder meer in afskrifte van

matriekuitslae, getuigskrifte, kwalifikasies, ID’s,

verklarings en uittreksels uit notules wat versoek

word in. Hoewel die meeste kommissarisse van

ede by die departement beskermingsdienste is,

word moeite gedoen om toe te sien dat daar

minstens een persoon by die vernaamste plekke

op die kampus is wat magte het om die sertifise-

‘n Nuwe diensteverskaffer vir fotokopiëring en

drukwerk op die kampus het begin September hul

onderskeie kantore betrek.

Nashua sal ingevolge die nuwe goedgekeurde

tenders voortaan nie net verantwoordelik wees vir

die drukkerkamer in die kelder van die Joon van

Rooy-gebou nie, maar ook vir die studente se copy

shops by die Ferdinand Postma-biblioteek, Klipoog,

farmasie en opvoedingswetenskappe.

Die maatskappy en Platinum Press is

ringswerk te doen. Kommissarisse van ede is dus

ook van so ver as die opvoedingswetenskappegebou,

ekonomiese- en bestuurswetenskappe tot

by natuurwetenskappe beskikbaar.

Die kommissarisse word ex officio uit die aard

van posbenoemings aangestel soos voorgeskryf

in art.75 van die Goewermentskennisgewing

No. 903 van 10 Julie 1998.

Die lys van die universiteit se kommissarisse

van ede is beskikbaar by www.nwu.ac.za/

opencms/export/NWU/html/hsc/Administration/

ComofOaths/index_a.html

'n Nuweling op kampus verwelkom

verantwoordelik vir die kampus se massa

fotokopieer- en drukkersdienste waar onder meer

studiegidse gedruk word.

Nashua is voorts saam met Xerox, die vorige

kontrakteur van bykans tien jaar, vir die

onderskeie departemente se meerdoelige

kopiëringstoerusting verantwoordelik.

Ten einde koste-effektiewe fotokopiëring- en

drukkerdienste te verseker word kontrakteurs op

'n drie tot vyf jaar basis aangewys.