Tuinbou vir Gesondheid - Desert Soul
Tuinbou vir Gesondheid - Desert Soul
Tuinbou vir Gesondheid - Desert Soul
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
AFRIKAANS

Tuinbou vir

Gesondheid

Tuinbou by jou Huis in Namibië

Hierdie ontwikkelingsprojek vir die gemeenskap word in die belang van ’n gesonde nasie aangebied deur:
Hoe om hierdie boekie

te gebruik

Baie mense in Namibië het nie genoeg kos om te eet nie. Hierdie

boekie sal jou inlig oor wat jy kan doen om’n deel van jou eie

voedsel te kweek.

Baie Namibiërs het ook nie ’n groot verskeidenheid

voedsel-soorte nie. Hierdie boekie kan jou help om

meer verskillende tipes kos vir jou en jou gesin te

kry.

Die boekie kan in jou huis en gemeenskap gebruik word. Byvoorbeeld: ouers,

volwassenes, jongmense, onderwysers, gesondheidsdiens-werkers en gemeenskapswerkers

kan dit gebruik. Lees dus hierdie boekie en deel die inligting met ander.

Die boekie is ook beskikbaar in Engels, Oshiwambo, Rukwangali en Silozi.

Daar is gekleurde blokke in die boekie, met inligting wat kan help om toestande in

jou gemeenskap te verbeter. Die blokke lyk so:

Aksie deur die Gemeenskap: Baie kinders in Namibië onder die ouderdom

van 5 jaar kry nie genoeg kos om te eet nie. Kinders is ondergewig en kan nie

behoorlik groei nie. Deur kos met mekaar te deel, kan die gemeenskap help

om seker te maak dat hierdie kinders ook gesond bly.

Daar is gekleurde blokke wat jou help om belangrike dele te onthou. Die blokke lyk

so:

Kundige se wenk: Vir uitstekende tamaties, (1) moenie saailinge te naby aan mekaar

plant nie, (2) maak seker dat die plante baie lig kry, (3) haal die onderste blare af.

Desert Soul HDC is ’n deel van die 9-lande Streek Gesondheids Kommunikasie Program wat Botswana, Lesotho,

Malawi, Mozambique, Namibië, Suid Afrika, Swaziland, Zambia, en Zimbabwe insluit. Desert Soul HDC,

gesamentlik met Soul City, word geborg deur European Union, Royal Netherlands Embassy, die Department

for International Development, Development Corporation Ireland en BP.
Inhoud

Ons het almal kos nodig om te lewe ................. 2

Gesonde kos ..................................................... 4

Ken jou regte .................................................... 9

Kos wat ons kan insamel ................................ 10

Op watter ander maniere kan ons kos verkry? 14

Die Vrouens se Tuin ....................................... 18

Die grond ....................................................... 20

Monica se agterplaas ...................................... 29

Water ............................................................. 30

Plae en siektes ................................................ 32

Handige gereedskap ....................................... 37

Beplanning van jou tuin ................................. 38

Saad en Knolle ............................................... 40

Wat jy kan kweek ........................................... 44

Oes en berging .................................. 48

Wanneer jy meer as genoeg gekweek

het .................................................... 50

Beplanning en rekord-houding .......... 53

Wie kan jou help? ............................. 56

Bekendstelling aan Desert Soul HDC ... 57
Ons het almal kos nodig om te

Groente is

deesdae so

duur!

Hoe kan ons voedsel kry?

Daar is drie hoof-maniere om kos te kry:

Maak kos in jou omgewing bymekaar, soos byvoorbeeld wilde spinasie

Koop kos by winkels, en

lewe

Voorsien jou eie voedsel deur diere aan te hou en groente te kweek.

Dis hoekom

ons ons eie

kweek.
Bly gesond

Elke lewende wese het kos nodig om te oorleef,

maar om gesond te bly moet ons verskillende

soorte gesonde kos eet.

In party areas mag dit moeilik wees om

verskillende soorte kos te eet, omdat die kos nie

altyd vars is of maklik is om te verkry nie. Dit

mag ook wees dat mense nie genoeg geld het

om verskillende soorte kos te koop nie. Om jou

eie kos te kweek is nie net opwindend nie, maar

dit is ook ‘n goeie manier om jouself en ander te

voed. Jy kan selfs ’n deel van die voedsel wat jy

kweek, verkoop om ekstra geld te verdien.

Waarom ons eet

Kos is belangrik vir ons almal. Ons voel veilig wanneer ons genoeg kos het.

Tradisionele kos kan ons herinner aan ons kinderdae en ons tuistes. Baie van ons vier

belangrike geleenthede, soos huwelike, met spesiale geregte. Wanneer ons gesonde

kos eet, voel ons goed.

Kos gee energie en voedingstowwe aan ons

liggame, wat dit nodig het om-

aan die lewe te bly en te beweeg,

te groei en te herstel, en

siektes te beveg.

Wanneer ons liggame nie genoeg voedsel inkry nie, word dit swak en kan dit

nie werk om jou gesond en aan die lewe te hou nie. Dit is dus belangrik om

genoeg van die regte voedselsoorte te eet, sodat jy gesond en fiks kan bly en

jou lewe kan geniet.

Mense wat aan MIV/VIGS of ander siektes ly, moet sorg dra dat hulle ‘n

gebalanseerde dieët volg. Sodoende –

sal hulle liggame se immuniteit-stelsel sterker wees, sodat dit ander infeksies

kan teenwerk,

kan hulle langer met MIV leef voordat hulle VIGS ontwikkel, en

sal VIGS medikasie beter in hulle liggame werk.

Ons het almal kos nodig om te lewe
Gesonde kos

Gesonde kos is vir almal belangrik. Dit is veral belangrik vir kinders, verwagtende

vrouens, ouer mense en mense wat met siektes soos Tuberkulose (TB) en MIV/VIGS lewe.

Vrugte en groente: Vrugte en groente help die liggaam om

siektes teen te werk. Probeer om soveel vrugte en groente as

moontlik per dag te eet. Sommige van hierdie vrugte is papaja,

piesang, eenyandi (jakkals-bessies), eembe-vrugte, koejawels en

lemoene. Groente sluit in wortels, tamaties en pampoen.

Boontjies, lensies, vleis, hoender, vis, melk en eiers:

Hierdie voedsel bou die liggaam op en hou ons sterk. Ander

voorbeelde van voedsel wat die liggaam opbou is ertjies, soja,

grondboontjies, melk-produkte soos kaas, en mopanie-wurms.

Omaere, maaskaas en joghurt: Hierdie soorte kos help om

die voedsel wat ons geëet het af te breek, sodat ons liggame dit kan

gebruik.

Mahangu, bruin brood, bruin rys en pap (mielie-meel):

Hierdie voedsel-soorte gee aan ons energie om te groei, te speel,

te werk en te leer. Ander voorbeelde van voedsel wat energie

verskaf is cassava, posho, matooke, samp, aartappels, sorghum en

koring.

Botter, olie, grondboontjiebotter en neute: Dit gee

energie. Dit kan by ander voedsel gevoeg word.

Mense wat met MIV/VIGS lewe moet die volgende vermy:

Sommige tradisionele kruie. Vra

eers jou gesondheids-werker vir

raad.

Alkohol.

Rook

Knoffel: Dit veroorsaak dat sommige

MIV-medikasie nie werk soos dit

behoort te werk nie.

Kundige se wenk: Indien jy jou eetlus verloor (wanneer jy nie lus is om iets te eet nie),

probeer ten minste ’n klein bietjie kos op ’n keer, soveel keer as moontlik per dag inkry.

Indien jy diarree (lopende maag) kry, onthou om baie water te drink en vermy kos met

’n hoë olie- of vet-inhoud.

Aksie deur die Gemeenskap: Baie kinders in Namibië onder die ouderdom van

5 jaar kry nie genoeg kos om te eet nie. Sulke kinders is ondergewig en kan nie

behoorlik groei nie. Deur kos met mekaar te deel, kan die gemeenskap help

om seker te maak dat hierdie kinders ook gesond bly.
Veilige voorbereiding en berging van voedsel

Wanneer kos nie veilig voorberei of geberg word nie, kan dit kieme dra, wat siektes

veroorsaak. Mense wat met TB of MIV/VIGS lewe word makliker siek, omdat hulle

liggame nie behoorlik teen kieme kan veg nie.

Voorbereiding van voedsel

Was jou hande voor en nadat jy kos voorberei of

eet.

Maak die plek of die asdrom waar jy jou vullis gooi,

goed toe.

Hou jou kook-area en eetgerei skoon.

Maak enige oop sere wat jy mag hê, toe.

Kook vleis en hoender totdat dit nie meer pienk

binne is nie.

Gebruik veilige, skoon water. Dit is altyd die beste

om die water eers te kook.

As ’n eier gekraak is, moet dit nie gebruik nie.

Meng koppies water met ’n teelepel bleikmiddel

(soos Jik) en gebruik dit om al jou vrugte en groente

af te was, voordat jy dit eet. Dit sal alle kieme

doodmaak.

Kook eiers goed. As jy dit kook, maak seker dat dit

heeltemal hardgekook is.

Maak jou kos toe sodat vlieë en stof nie daarin kan

kom nie.
Gesonde Kos

Bewaring van voedsel

Maak voedsel goed toe en bewaar in houers.

Bêre vars voedsel in ’n koel plek of in ’n yskas, as jy een het.

Maak oorskiet-kos warm tot by kookpunt voordat jy dit eet, sodat alle kieme kan

doodgaan.

Moenie gekookte kos, wat ouer as ’n dag is, eet nie en veral nie as dit nie in ’n

yskas gebêre was nie. Gooi oorskiet-kos weg as dit vir meer as dae in ’n yskas

was. Kos wat bederf geraak het sal diarree veroorsaak.

Dit hoef nie duur te wees om gesond te

eet nie

Kies groente en vrugte wat in seisoen is, want dit is wanneer dit goedkoop is.

As vrugte te duur is, eet meer groente.

Boontjies en gemaalde soja is goedkoper as vleis en hoender en is net so goed vir

jou.

Drink water en rooibos-tee in plaas van borrel-koeldranke, wat baie suiker bevat.

Maak jou eie vars kos in plaas daarvan om kitskos of wegneem-etes te koop.

As jy jou eie groente kweek het jy altyd ‘n vars en goedkoop voorraad van

gesonde kos.

Resepte vir ’n gesonde dieët

Hierdie resepte is gesond en maklik om voor te berei. Dit is geskik vir almal. Indien

jy met MIV/VIGS of TB lewe sal hierdie resepte jou help om gewig aan te sit. Die

resepte sal jou ook help as jy te naar voel om ander kos te eet.

Tamatie en

boontjie-sop

Meng tamaties (of

een blikkie tamaties)

met 1 blikkie “Baked

Beans”. Kook dit en

laat die mengsel

dan vir 10 minute

prut. Wanneer die

sop gekook is, kan

jy ook kruie soos pietersielie of

balsemkruid, of kaas byvoeg.

Lensie- of ertjiesop

Week droë lensies of ertjies oornag in

water. Gooi die water af en kook die

groente in vars water, vir ongeveer 0

minute, totdat dit sag is. Jy kan ook ander

groente in die sop kook. Voeg sout by

voordat jy dit eet.

Boontjiesop

Plaas 1 koppie gedroogte bone in

water en laat week oornag. Gooi

die water af en kook die bone in ’n

groot hoeveelheid vars water, vir

ongeveer 0 tot 0 minute, totdat

dit sag is. Voeg bietjie sout by en

druk die bone fyn. Voeg genoeg

water by om ’n dun of dik sop,

volgens jou smaak, te maak. Jy kan

ook rys of mieliemeel saam met die

bone kook.

Gesonde Kos
Gesonde Kos

1 Plaas die regte

aantal sade in ’n

bottel met ’n wye

nek. Sien die tabel

hieronder om te

bepaal hoeveel die

regte aantal sade is.

Gooi die water

af.

Gooi water in

die bottel, totdat

dit half-vol is.

Hou die bottel in

’n donker plek

totdat die sade

begin ontkiem.

Spruite

Spruite is sade wat begin uitloop het, om ’n nuwe plantjie te vorm.

Spruite is goed vir jou, omdat hulle

vitamiene, minerale en proteïen bevat

jou liggaam help om ander voedsel af te breek en

’n goedkoop en maklike manier is om vars kos te kry.

Hoe om sade te laat uitloop

Gebruik ’n

rekkie om dun

materiaal oor

die bottel te trek.

Gooi twee keer per

dag vars water deur

die spruite. As dit

warm is, doen dit

drie keer per dag.

Week die sade

oornag.

Eet die spruite

wanneer dit gereed

is. Sien die table

hieronder om te

bepaal wanneer die

spruite gereed is om

geeët te word.

Tipe saad Aantal per bottel Wanneer gereed Lengte wanneer gereed

Boontjies 1 koppie - dae 1 cm

Grondboontjies 1 koppie 1- dae 1 cm

Lensies 1 koppie - dae 0. – 1.0 cm

Ertjies 1 koppie – dae 1 cm
Ken jou regte

Elke mens in die wêreld het die reg op genoeg gesonde kos.

Een uit elke drie huishoudings in Namibië word as voedsel onseker geklassifiseer. Dit

beteken dat hulle nie genoeg het om te eet nie. Een manier waarop die probleem

opgelos kan word, is om te leer om voedsel te kweek.

Al die lande wat aan die Verenigde Nasies behoort het in die jaar 000

ooreengekom om armoede in die wêreld teen 01 uit te wis. Namibië is een van

die lande wat daartoe ingestem het.

Die Namibiese regering werk in verskeie maniere om hierdie doelwit te bereik.

Die Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderregte het ’n departement daargestel

om die verdiening van inkomste te bevorder. Hierdie departement help mense om

klein besighede te begin, en ’n inkomste vir huself te verdien.

Besoek hulle kantore vir meer inligting.

Deur te leer om groente te kweek,

kan jy genoeg kos hê. Daarby kan

jy ook geld verdien deur jou

harde werk.
10

Voedsel wat ons kan insamel

Ons sal sommer

netnou genoeg

kos vir vanaand

hê.

Sommige dele in Namibië kry baie reën, terwyl ander dele baie min kry. Selfs al

verskil elke gebied, is daar wilde plante en diere wat natuurlik daar voorkom. Mense

gebruik sommige van hierdie plante en diere as voedsel. Byvoorbeeld maak mense

mopanie-wurms bymekaar en vang vis, paddas en voëls. Dit word alles as voedsel

gebruik.

In die volgende deel van hierdie boekie sal ons kyk na plaaslike plante, wat mense

bymekaarmaak om as voedsel te gebruik.
Plaaslike eetbare plante

Mahangu of manna-koring (Pennisetum glaucum)

Hoe dit lyk: Mahangu is ’n graan-gewas. Dit is ‘n belangrike daaglikse

voedsel-soort in Namibië. Mahangu kan vir baie jare na die oes geberg word.

Hoe ’n mens dit gebruik: Mahangu word gebruik om pap te maak.

Dit kan ook gemaal word vir meel en met suur-melk gemeng word, of

gebruik word om pannekoek en Owambo-brood (oshikwiila) te maak.

Dit is goed vir jou omdat mahangu meer voedingswaarde as enige

ander graan-gewas bevat. Dit word ook stadiger deur die liggaam

afgebreek, wat beteken dat jy vir langer versadig voel. Dit bevat ook meer

proteïen en vet as enige ander graan-gewas.

Waar ’n mens dit kry: Mahangu kom hoofsaaklik in die noord-sentrale streke,

soos Omusati, Ohangwena, Oshana en Otjikoto voor, asook in ‘n deel van die

Kunene-streek.

Maroela (Sclerocarya birrea)

Hoe dit lyk: Die stam van die maroela-boom

groei tot 1 meter hoog. Die vrugte is klein en word

geel wanneer dit ryp is. Die vrugte word vanaf

Februarie tot Junie-maand ryp. Daar is twee of drie

sade binne-in die vrug.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die maroela-vrug

kan rou geëet word. Jy kan dit ook gebruik om wyn

of bier te maak. Die fyngedrukte sade kan ook rou as ‘n lekkerny geëet word. Dit kan

ook in water gekook word, om die olie uit die sade te kry. Die olie kan dan gebruik

word wanneer jy kos maak.

Dit is goed vir jou omdat die vrugtemoes van die maroela baie vitamien C en

suiker bevat. Maroela-sade is ryk aan proteïen en olie.

Waar ’n mens dit kry: Noord- en Noord-oos Namibië.

Makalani-palm vrug (Hyphaene petersiana)

Hoe dit lyk: Die Makalani-palm kan tot meter hoog groei. Dit

het baie groot grys-groen blare. Die groot, ronde vrug het ‘n harde

wit saad (neut) binne-in.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die vrug word fyngedruk en

gedroog. Die gedroogde moes kan as lekkerny geëet word of as ‘n

maaltyd saam met geroosterde pampoensaad gebruik word. Die

blare word gebruik om dakke en mandjies te maak en die harde

neut word gebruik vir kerfwerk.

Dit is goed vir jou omdat die neute baie proteïen bevat.

Waar ’n mens dit kry: Noordelike Namibië

11
Voedsel wat ons kan insamel

1

Kalahari-waatlemoen, wilde spanspek, tsama of

eetanga (Citrullus lanatus)

Hoe dit lyk: Dis ‘n plant wat grondlangs rank met harige

blare en ‘n ronde vrug. Die vleis van die vrug kan lig

groen of geel wees en dit het bruin sade.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die vleis van die Kalahariwaatlemoen

kan fyngedruk word en dan geëet of gedrink

word. Die sade smaak soos neute as mens dit rooster. Die sade is baie goeie voeding

vir jou vee. Die olie kan uit die sade gedruk word en gebruik word om jou vel sag te

hou. Die vrugte-skille kan gebruik word om konfyt mee te maak.

Dit is goed vir jou omdat die sade baie vitamiene en proteïne bevat. Die vrugte

is ‘n belangrike manier om gedurende droë maande water te kry.

Waar ’n mens dit kry: Die tsama groei orals in Namibië, maar hoofsaaklik in die

sanderige gebied van die Kalahari-woestyn.

Jellie-waatlemoen, of Afrika Horing-komkommer

(Cucumis metuliferus)

Hoe dit lyk: Die groot vrug van die rankplant is geel, oranje of

rooi met stomp punterige uitgroeisels, wat soos horings lyk. Die

vrug se vleis is groenerig en waterig. Die blare en stamme is harig.

Hoe ’n mens dit gebruik: Horing-komkommers word rou of

met suiker geëet. Jy kan ook die sade eet. As mens die blare kook,

kan dit ook geëet word.

Dit is goed vir jou omdat die sade ryk aan olie is. Dit smaak soos neute.

Waar ’n mens dit kry: Kalahari-woestyn.

Kundige se wenk: Jy kan die Kalahari- en Jellie-waatlemoen in jou tuin kweek op

dieselfde manier waarop jy waatlemoen sou kweek.

Wilde spinasie of Ombidi (Amaranthus

thunbergii)

Hoe dit lyk: Dit is ’n blaaragtige groen groente. Die blare is

haarloos en blink. Die plant groei ’n halwe meter hoog.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die blare word van die

stam afgehaal en baie vinnig sonder water gekook (soos

spinasie). Die sade kan ook gekook word.

Dit is goed vir jou omdat die sade en blare baie

voedsaam is.

Waar ’n mens dit kry: Sentraal en Noordelike Namibië, in

oop veld.
Omutete (Cleome gynandra)

Hoe dit lyk: Dis ‘n groen, blaaragtige plant wat tot 1 0cm hoog

groei en amper soos spinasie lyk.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die jong blare en blomme kan

gekook en geëet word. Die blare kan vinnig vir ‘n paar minute

gekook word (geblansjeer) en in klein bolletjies gerol word. Die

bolletjies kan in die lug en son gedroog word. Dit kan vir ’n jaar

geberg word en in water geweek word, voordat dit gekook word.

Dit is goed vir jou omdat omutete verskeie voedingstowwe

bevat. Die sade bevat ook verskeie olies.

Waar ’n mens dit kry: Noord en verre-noord Namibië in oop veld.

Baobab (Adansonia digitata)

Hoe dit lyk: Die baobab het ‘n dik, grys stam.

Dit het dikwels geen blare nie, maar kan in die

lente of somer blare kry. Boabab-plante het ’n

lang lewensduur. Daar word beraam dat party

van die plante tot 000 jaar oud is.

Hoe ’n mens dit gebruik: Die vrug van die

baobab het baie sade. Die vrug smaak effens

suur, maar dis baie goed vir jou. Mens kan ook ‘n

drankie van die vrugte maak. Die blare en sade is eetbaar. Die sade word rou geëet,

of dit kan gerooster en gemaal word en gebruik word om ‘n warm drankie te maak,

wat soos koffie smaak.

Dit is goed vir jou omdat die vrug se vleis baie voedingstowwe bevat. Die skille

van die vrug bevat baie vitamiene en word daarom vir vee-voer gebruik.

Waar ’n mens dit kry: Noord-oos en Noord-wes Namibië.

Manketti of Mongongo (Schinziophyton

rautanenii)

Hoe dit lyk: Die manketti is ‘n boom wat neute dra. Dit

kan tot 0 meter hoog groei en het wit of geel blomme. Die

vrugte is rooi-bruin. Die boom kan ’n paar jaar van droogte

oorleef.

Hoe’n mens dit gebruik: Die vrug word vars geëet. Die vleis

van die vrug kan gedroog word en sal eetbaar bly vir maande. Dit

kan ook as ‘n dik, gekookte sop geëet word. Die neute se kern kan fyn

gemaal word en by vleis of groente gevoeg word om ‘n sop of bredie te maak.

Dit is goed vir jou omdat die neute se kern baie ryk aan vitamiene en yster is.

Waar’n mens dit: Noord-oos Namibië.

Voedsel wat ons kan insamel

1
1

Op watter ander maniere kan

Het jy nie baie

gereedskap

nodig vir

tuinmaak nie,

Simon?

ek kos kry?

Jy kan ’n tuin begin

Daar is drie verskillende soorte groente-tuine:

Mikro-tuine

Gemeenskaps-tuine

Huis-tuine

Nee, Albert. Ek kan

omtrent alles net met

hierdie graaf doen.
’n Mikro-tuin gebruik baie min

ruimte. Selfs al is dit klein, kan

’n mens nog steeds ’n paar

verskillende soorte groente

daarin kweek. Dit gebruik nie

baie water nie. Mikro-tuine is

voordelig as jy nie genoeg

ruimte, water of goeie grond

het om ’n normale tuin te

maak nie.

Mikro-tuinbou

’n Mikro-tuin is ’n water-kwekery (hidroponika). Dit

beteken dat plante met hulle wortels in skoon sand,

gruis of water groei. Geen grond word gebruik

nie en die plant se voedingstowwe (plant-voedsel)

word by die water gevoeg.

Die voordele van ’n mikro-tuin is dat:

dit baie min ruimte gebruik

dit goedkoop is om aan die gang te hou

dit nie so baie aandag soos ander soorte tuine nodig het nie

dit minder plae lok

dit baie kos produseer

dit deur die jaar kan produseer

Die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou werk saam met die Verenigde Nasies

se Voedsel- en Landbou Organisasie om mikro-tuine in Namibië aan te moedig.

Indien jy meer daaroor wil weet, kan jy met hulle in aanraking kom. Hulle kontaknommers

verskyn aan die einde van hierdie boekie.

1
Op watter ander maniere kan ek kos kry?

1

Gemeenskaps-tuinbou

Wat is ’n gemeenskaps-tuin?

Dit is ’n tuin wat ’n paar mense saam besluit om te maak. Dit beteken dat hulle almal

deel het in die werk, sowel as die genot en voordele wat hulle daaruit put om hulle

eie voedsel te kweek.

’n Gemeenskaps-tuin kan kos aan jou en jou gesin voorsien. Jy kan ook nuwe

vaardighede by die ander mense, wat in die tuin werk, leer. Julle kan saamgesels oor

probleme en leer om dit as ’n groep op te los. Die beste van alles is dat tuinmaak jou

liggaam gesond sal hou, as gevolg van die oefening wat jy doen wanneer jy in die

tuin werk.

Hoe om ’n gemeenskaps-tuin te begin

Elke gemeenskaps-tuin verskil van ander. Dit kan groot of klein wees en enige vorm

aanneem. ’n Gemeenskaps-tuin is gewoonlik naby die huise van die tuinmakers.

Indien baie mense op dieselfde erf of stuk grond werk, sal daar tye wees dat almal

nie saamstem nie. Hulle mag dalk vir mekaar kwaad word. Dit mag ook moeilik wees

om dinge saam te beplan, sodat elke persoon weet wat al die ander doen. Daarom

mag dit dalk beter wees om die grond in kleiner stukke op te deel. Dan kan elke

persoon na sy eie deel van die tuin omsien.

In ’n gemeenskaps-tuin deel almal die werk en die oes. Die tuinmakers besluit self

hoe hulle die tuin wil beheer.

Sommige gemeenskaps-tuinmakers gee ’n deel van hulle oeste vir weeskinders,

mense wat met MIV/VIGS

lewe en aan armer lede

van die gemeenskap. Op

dié manier kan jou hele

gemeenskap uit die tuin

voordeel trek.
Hoe om julle gemeenskaps-tuin suksesvol te maak

As julle wil hê julle tuin moet suksesvol wees, is hier ’n paar eenvoudige stappe wat

julle kan volg:

Nooi almal in jou gemeenskap om deel van die tuinmakery te word.

Huis-tuine

Op watter ander maniere kan ek kos kry?

Maak ’n uithangbord wat vir almal sal wys dat dit ’n gemeenskaps-projek is.

Kies ’n goeie leier. ’n Suksesvolle tuin het sterk leierskap en toegewyde vrouens

en mans uit jou gemeenskap nodig.

Praat oor elke persoon se werk en verantwoordelikhede voordat julle begin

tuinmaak. Dit help om later ’n menings-verskil te voorkom. Julle kan byvoorbeeld

ooreenkom dat John met die boontjies sal werk en Maria met die tamaties.

Los ’n ruimte oop waar julle kinders kan speel.

Moedig hulle aan om in die tuin te help.

Nog ’n manier waarop jy kos kan kry is om jou eie tuin by jou huis te maak. Die res

van hierdie boekie sal vir jou meer oor huis-tuine verduidelik. Dit sal jou wys hoe om

jou eie klein huis-tuin met die minste bedrag geld te begin. Jy kan byvoorbeeld jou

tamaties in ’n ou drom of wielband kweek. Dit beteken dat jy nou kan begin om jou

eie tuin te beplan en binnekort jou eie kos te geniet.

1
Op watter ander maniere kan ek kos kry?

1

Die water tenk

Die veld word voorberei om te plant

Die voorbereide veld wat gereed is om te plant

Die Vrouens

se Tuin

’n Paar jaar gelede het ’n paar vrouens

’n droom gehad. Hulle droom was om

genoeg kos te hê, sodat hulle hulself en

hulle kinders kon voed. Hierdie vrouens

was nie bang vir werk nie – daar was

net geen werksgeleenthede vir hulle

nie. Hulle het vir ’n lang tyd probeer

om werk te kry, maar alles het hopeloos

gelyk.

Eendag het hulle vriend, Phillip, gesê:

“Kom ons maak ’n tuin en kweek ons

eie kos. Ek is seker iemand sal ons

daarmee help.”

En Phillip was reg. Die munisipaliteit

het vir hulle ’n stuk grond met genoeg

water gegee en die Ministerie van

Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn

het vir hulle genoeg geld gegee om ‘n

water-tenk te koop. Skielik was die tuin

‘n werklikheid!

As gevolg van hulle sukses het ’n

organisasie wat mense help, aan

die groep geld gegee om saad en

bemesting te koop. ’n Vriendelike boer

het vir hulle gratis mis gegee.

Saailinge wat gereed is om oorgeplant te word Riete word gesny om ‘n heining te bou
Die groep het saamgewerk en die grond

voorberei en die bemesting ingewerk.

Hulle het die sade geplant. Hulle het

water van die tenk af aangedra en

hulle saailinge natgemaak.

Na ’n paar maande het die groep na

hulle tuin gegaan en gevind dat baie

van hulle plantjies deur hase gevreet

is. “Hulle het net in die nag gekom en

alles opgevreet,” het die vrouens gesê.

Die groep het egter nie moed verloor

nie. Hulle het besluit om riet-heinings

om hulle plante te maak om dit te help

beskerm en besluit om die plante in

saailing-potte in beskermde areas te

laat groei.

Toe dit oestyd word het hulle al die

vrugte en groente gedeel. Dit wat hulle

nie self kon eet nie, het hulle in die dorp

daar naby verkoop.

Die groep het nou planne om skaduwee

vir hulle kwekery te kry. Phillip glo dat

hulle hul doelwitte sal bereik, as hulle

almal aanhou om saam daaraan te

werk.

Op watter ander maniere kan ek kos kry?

Riet-heinings beskerm die tuin

Die tuin word voorberei om in te plant

Stokke met plastiek-sakke om voëls af te skrik

Die tuin is besig om te groei Die plante word nat gemaak

1
Selma, wat is

fout met my

wortels?

0

Die Grond

Waar om te begin

Hulle groei in

die verkeerde

tipe grond.

om te kweek. Die belangrikste is dat hulle sonskyn en water nodig het. Hulle het ook

losgemaakte grond, bemesting en onkruid wat moet uitgeroei word, nodig. Hulle moet

ook beskerm word teen insekte, voëls en ander diere. As jy ’n plek het wat vir ure per

dag sonskyn kry, kan jy jou huistuin daar maak.

Verskillende soorte grond

Dit verg baie werk om ’n

huistuin te begin. Gelukkig

hoef jy nie elke jaar weer

dieselfde werk te doen nie.

Dit is handig om jou eie

voedsel te kweek en dis ook

genotvol. Jy moet nogtans,

soos met enigiets wat jy vir

die eerste keer doen, leer

om dinge van die begin af

behoorlik te doen.

Baie soorte groente en

sommige vrugte is maklik

Grond is die sand en alles wat jy daarin vind.

As jy voedsel wil kweek, moet jy ’n paar dinge oor jou grond weet. Byna enige grond

kan gebruik word vir die kweek van groente en vrugte. Brak (souterige), klipperige of

vlak grond moet verbeter word voordat jy daarin plant of saai. Dit kan gedoen word

deur klippe uit die grond te sif, en grond uit nabygeleë areas in te bring. Jy kan ook

bemesting soos kompos en mis inwerk en hoë beddings maak.

Kundige se wenk:

Hoë beddings is een manier om tuin te maak indien jy arm of swak grond het.

Hierdie tipe tuinmaak het baie voordele:

Jou grond word vroeër warm in die lente. Dit beteken dat jy vroeër

in die seisoen kan begin plant as wanneer jy nie hoë beddings

gebruik nie.

Jou grond se dreinering is goed. Dit beteken die water kan

makliker daardeur vloei.

Die grond is los, wat dit makliker maak om plante daarin te plant.

Hoë beddings moenie meer as 1.5 meter breed wees nie, sodat jy

maklik van enige kant af in die middel daarvan kan bykom. Die

bedding moet 7.5 meter lank wees.
Grond toets

Doen hierdie toets om te bepaal watter tipe grond jy het.

Sanderige grond is grof. As jy daaraan

vat, voel dit soos suiker. Jy kan dit nie met

jou hand vorm nie. Sanderige grond hou

nie water baie goed nie, maar dit dreineer

goed en is maklik om in te werk. As jou

grond te sanderig is, moet jy baie kompos

of mis inwerk, sodat dit water beter kan

hou. Hierdie tipe grond bevat baie min

voedingstowwe vir plante.

Leemgrond sit aanmekaar vas, maar dit

kan nie in ’n bolletjie gevorm word nie.

Leemgrond het deeltjies sand, slik en klei

in. Dis die beste grond vir groente-tuine,

omdat dit baie voedingstowwe vir plante

bevat en omdat dit water goed inhou. Dit

het nie so baie kompos of mis soos ander

grondsoorte nodig nie.

Slikgrond voel soos meel. Dis glad en

kan nie met jou hand gevorm word nie.

Slikgrond hou water beter as sandgrond,

omdat die grond-deeltjies kleiner is.

Hierdie tipe grond het ook baie kompos

of mis nodig, maar dit bevat ’n bietjie

voedingstowwe vir plante en dreineer

goed. Dit is maklik om in te werk wanneer

dit klam is.

Kleigrond sit aanmekaar vas en kan in ’n

bolletjie gevorm word sonder om te breek.

Kleigrond bestaan uit baie klein deeltjies

en hou water baie goed in. Klei word

gewoonlik in rivier-beddings gevind. Baie

mense gebruik klei om potte te maak. As jy

net kleigrond in jou area het, kan jy dit met

sand meng om toe te laat dat water beter

daardeur dreineer. Wortels, aartappels en

knoffel groei nie baie goed in kleigrond nie,

omdat die wortels moeilik deur die klei druk.

Kleigrond moet baie goed losgemaak en

omgekeer word.

Grond waarin dit moeilik is om groente te kweek

Baie klipperige grond: Groente sal nie goed in klipperige grond groei nie. As jy nie

die klippe kan uithaal nie, plant jou groente in hoë beddings (lees bladsy 20) of in

potte (lees bladsy 37).

Baie vlak grond: As jy nie dieper as 20 cm kan spit nie, is jou grond te vlak. Dit sal beter wees

as jy jou grond uitgrawe en in hoë beddings of in potte te sit, voor jy jou groente daarin plant.

Baie brak (souterige) grond: Jy kan uitvind of jou grond brak is deur ’n klein gaatjie in jou

grond te maak. As daar klein, wit kristalle wat souterig smaak naby die bokant van die grond

is, dan is jou grond brak. Die sout sal die wortels van jou groente-plante beskadig. Dit is

belangrik om nie die grond te veel uit te droog as die grond of water wat jy gebruik, brak is

nie.

1
Die grond

Voeding vir die grond

’n Plant het baie verskillende dinge nodig om

goed te groei. Hierdie dinge kom uit die grond

waarin die plant groei en word voedingstowwe

genoem. Die voedingstowwe los in water op en

word deur die plant se wortels opgeneem.

Plantvoedsel bestaan uit baie verskillende tipes

voedingstowwe (minerale en elemente). Plante

benodig groot hoeveelhede van sommige

voedingstowwe en slegs klein hoeveelhede van

ander. Die voedingstowwe waarvan plante baie

nodig het, word makro-voedingstowwe genoem

en dié waarvan min nodig is, word mikrovoedingstowwe

genoem.

Soms kry plante nie genoeg voedingstowwe

uit die grond nie. Baie boere en tuiniers

voeg voedingstowwe by in die vorm van mis,

kompos of ander bemesting om die grond te

verbeter. Indien ’n mens nie die grond met meer

voedingstowwe verryk nie, sal jou plante na ’n

rukkie nie meer goed groei nie.

Kundige se wenk: Gesonde plante het gesonde grond nodig. Deur jou grond te

versorg gee jy jou plante die beste kans om te oorleef, om goed te groei en om ’n

goeie oes te lewer.

Mite: “Tuinbou is baie duur.”

Waarheid: Ja, dit kan wees, maar dit hoef nie

te wees nie.
Verskillende soorte mis

Diere-mis

Diere-mis word gebruik om bemesting aan plante te gee. Deur mis by die grond

te voeg, gee jy jou plante die voedingstowwe wat dit nodig het om te groei.

Diere wat lusern, goeie voer of kuilvoer eet, sal goeie mis produseer.

Hoender-mis bevat die meeste voedingstowwe. Dit is baie sterk en behoort net ‘n

bietjie op ‘n slag in die grond gewerk te word.

Strooi, wat as kooigoed vir diere gebruik is (waarop diere slaap) is ook baie goed vir

jou grond.

Moet egter nie hout-saagsels gebruik nie, aangesien dit te lank vat om in die grond af

te breek en dit gebruik baie stikstof uit die grond.

Moet ook nie vark-, honde- of kat-mis gebruik nie, want dit kan mense laat siek word.

Groen bemesting

Groen bemesting beteken dat ’n mens plante kweek, wat jy weer in die

grond kan terugploeg. Groen bemesting verbeter die grond deurdat

dit voedingstowwe verskaf. Die plante moet in die grond teruggeploeg

word, net voordat dit blom. Bone is ’n baie goeie groen bemesting-

plant, aangesien hulle wortels die grond verryk deur stikstof by te voeg.

See-wier

As jy naby die see bly, behoort dit maklik te wees om see-wier te kry. Dit is

baie gesond vir jou plante. Was dit in vars water, voordat jy dit in die

grond inwerk, omdat te veel sout jou plante kan beskadig. See-wier

word die beste aangewend in die vorm van ’n dek-laag (sien bladsy 1 vir

meer oor dek-lae). Werk dit in die grond in, nadat jy ge-oes het.

Bloedmeel, vismeel en beenmeevl

Hierdie soort bemesting neem lank om die grond te verbeter, maar die

effek is langdurig. Bloedmeel en vismeel is ryk aan stikstof, kalsium en

ander voedingstowwe. Wanneer ’n dier geslag word, kan die bloed

gedroog word en by ’n kompos-hoop gevoeg word. Die gedroogde

bloed is bekend as bloedmeel. Beenmeel, wat van gedroogde bene gemaak word,

bevat fosfor. Dis ’n goeie idee om ’n paar droë bene en droë bloed by jou komposhoop

te sit (sien bladsye en vir meer oor kompos).

Vloeibare bemesting

Hierdie soort bemesting kan bo-op die grond bygevoeg word terwyl jou plante groei.

Plaas gewone bemesting in ’n geweefde plastiek-sak of in ’n growwe

(hessian)-sak.

Hang die sak in ’n drom water. Sommige van die bemesting sal opbreek

en in die water oplos.

Voeg na twee weke vars water by die mengsel en gebruik dit in jou tuin.

Dit is ’n baie goeie manier om hoender-mis te gebruik.

Die grond
Die grond

1 2

3

4

Kompos

Kompos gebruik klein lewende organismes soos bakterië en swamme om organiese

afval uit jou kombuis, tuin of plaas, af te breek. Die afval word afgebreek na ’n

donker, krummelrige stof, wat kompos genoem word. Dit verbeter die grond se

voedingswaarde indien dit gereeld bygevoeg word.

Hoe om ’n kompos-hoop te maak

Maak jou kompos-hoop op ’n plek waar dit nie reën, wind of te veel son sal kry nie.

Onthou dat dit omtrent drie maande neem om die organiese afval af te breek. Hier is

’n manier waarop jy elke ses weke kompos kan hê:

Begin jou kompos-hoop deur ’n dun

lagie klein stokkies op die grond te

plaas. Dit sal toelaat dat lug onder

die hoop kan beweeg.

Sprinkel sowat 10cm mis bo-op die plant-laag en maak dit nat.

Gooi plant-aardige afval, soos gras,

blare of strooi sowat 0cm dik oor die

stokkies en maak dit nat met water.

Gooi nou ’n dun lagie hout-as en grond bo-oor. Herhaal hierdie lae drie keer.
5

Gooi jou kompos-hoop toe met ’n sak of plastiek, sodat dit nat kan bly. Swart

plastiek-sakke trek meer hitte en is die beste om te gebruik.

6 7

Toets die temperatuur van jou

kompos-hoop deur stokke daarin

te druk. As die stokke warm is

wanneer jy hulle uittrek, werk jou

hoop goed. Druk die stokke weer in.

Die stokke sal ook help om lugvloei

deur die hoop te bevorder.

Indien die stokke droog word, gooi

bietjie water op die hoop.

8

Na ses weke kan jy die komposhoop

versigtig met ’n graaf meng.

Maak nou nog ’n hoop langs die

eerste een, sodat jy altyd genoeg

kompos kan hê.

Na nog ses weke sal die eerste kompos-hoop gereed wees om in jou tuin

te gebruik.

Belangrik: Was altyd jou hande nadat jy met kompos gewerk het.

Die grond
Die grond

Chemiese Bemesting-stowwe

Chemiese (of nie-organiese) bemesting-stowwe (kunsmis) bevat

baie voedingstowwe. As jy egter hierdie tipe bemesting verkeerd

gebruik, kan dit jou grond beskadig. Jy hoef nie chemiese stowwe

te gebruik indien jy genoeg kompos of mis gebruik nie.

Wanneer jy chemiese bemesting koop, lees eers die aanwysings

oor hoe om dit te gebruik. Die beste is om jou Landbou Voorligtingsbeampte

oor hierdie tipe bemesting uit te vra voordat jy dit gebruik.

Wenke oor die gebruik van chemiese

bemesting

Gee jou plante water voordat jy die kunsmis gebruik

Moet nooit in die laat-somer kunsmis vir jou plante

gebruik nie, tensy jy winter-groente kweek.

Die beste manier om kunsmis te gebruik is om dit

eweredig tussen die rye plante te versprei.

Vergelyking tussen bemesting-stowwe

Organiese bemesting:

Kompos en mis

Voordele

Daar is min gevaar dat mens te veel

organiese bemesting kan gebruik

Voedingstowwe word stadig in die grond

vrygelaat en bly langer in die grond

Dit verbeter die grond-samestelling

Dit help dat sanderige grond meer

water behou

Dis baie goedkoper

Nadele

Plante kan nie dadelik die

voedingstowwe gebruik nie

Nie-organiese bemesting:

Chemiese stowwe

Voordele

Plante kan die voedingstowwe dadelik gebruik

’n Mens weet presies watter voedingstowwe die chemiese

bemesting bevat en jy kan uitwerk hoeveel om vir jou plante te gee

Nadele

Chemiese bemesting spoel maklik tot onder die plante se wortels

sodat die plant nie die voedingstowwe kan bereik nie

Jy mag dalk jou plante te veel kunsmis gee of dit kan te naby aan

jou plante se wortels kom. Dit sal veroorsaak dat jou plante se

wortels “brand” en die plante beskadig.

Jy moet weet watter voedingstowwe jou grond en plante nodig

het, voordat jy die bemesting aankoop.

Chemiese bemesting kan te veel sout in die grond agterlaat. Dit

kan al die lewende organismes in die grond doodmaak.
Meng jou eie grond

Elke plant benodig goeie grond om goed te groei.

Om seker te maak dat jou plant goeie grond het, moet jy ’n gat van sowat 0cm

diep, 1 meter wyd en 1 meter lank grawe. Meng dan versigtig die volgende:

0 grawe vol van die grond wat

jy uit die gat gegrawe het

‘n paar ou, fyngemaakte bene.

grawe vol kompos of mis

Plaas die mengsel in die gat. Enigiets

wat jy nou in die verbeterde grond

plant, sal ’n beter kans hê om te oorleef.

Aksie deur die Gemeenskap: Moedig jou gemeenskap aan om ’n komposhoop

te begin.

Die grond
Die grond

Rotering van jou gewasse (plante)

Deur dieselfde gewasse elke jaar in dieselfde grond te plant, veroorsaak dat

dieselfde voedingstowwe uit die grond geput word. Dieselfde plae en siektes kan

dan ook die plant elke jaar aanval, totdat dit baie moeilik word om die gewas in

daardie grond te laat groei.

Rotering van gewasse is ’n manier waarop verskillende plante, een na die ander, in

dieselfde spasie geplant word. Dit laat toe dat die verskillende plante verskillende

voedingstowwe uit die grond gebruik. Rotering van gewasse veroorsaak ook minder

probleme met plae en siektes.

’n Voorbeeld van hoe om gewasse te roteer is om as volg te plant:

1. Plant kool en

spinasie

. Plant

geelwortels,

rooibeet en

soet patat

. Laat die grond rus . Plant bone

en ertjies
Monica se

agterplaas

My naam is Monica en ek is ’n Hererosprekende

Namibiër. Ek woon naby

Omaruru, in Ozondje, waar ek ’n klein huisie

het. Ek werk as ’n huishulp in Omaruru.

Ek kon nie altyd bekostig om baie

verskillende soort vrugte en groente by die

winkels te koop nie. Die winkels het ook nie

altyd ’n groot verskeidenheid van vrugte en

groente gehad nie.

Eendag het my lewe verander. Ek onthou dit

so goed. Ek het na die Herero-diens op die

radio geluister, waar hulle oor die kweek van

groente gepraat het. Ek het toe besluit dat ek

gaan probeer om my eie groente te kweek.

Ek het eers bokmis van ’n vriend se plaas

af gekry, om my grond te verbeter. Ek het

die sade van ’n paar tamaties en boontjies

gebêre en dit toe geplant. Ek het my plante

twee keer per week met ’n emmer water

gegee. Ek het geen spesiale implemente nie

en ook nie ’n heining om my tuin nie, maar

alles wat ek geplant het, het

gegroei en skielik het ek

genoeg van alles gehad!

Wanneer ek te veel het,

verkoop ek dit in die straat.

Mense soek altyd vars

groente. Ek sien nou uit

na die nuwe seisoen.

Ek wil probeer

om ander soorte

groente ook te

kweek.

Monica skraap die sade uit ’n tamatie

Die tamatie sade

Hier plant sy die sade

Die grond
0

Dis so warm! My

plante het te veel

water nodig.

Water

Tuin Natmaak

Dit is belangrik om te weet hoeveel water jou plante nodig het, omdat dit jou oes

beïnvloed. Genoeg water sal jou plante vinnig laat groei. Te min water kan veroorsaak

dat sommige plante bitter smaak, stadig groei en swak oeste lewer.

Die hoeveelheid water wat plante nodig het hang af van die tipe grond, die lugtemperatuur

en die wind.

Klei-grond hou water baie beter as sanderige grond, wat beteken dat dit nie so

baie water nodig het nie.

Droë, warm winde veroorsaak dat grond vinniger uitdroog.

Plante het ook meer water nodig indien daar warm winde waai.

Saailinge is baie jong plante, wat uit sade gegroei het. Hulle moet elke dag water

kry. Wanneer hulle groter word, het hulle minder gereeld water nodig.

Verkillende groentes het verskillende hoeveelhede water nodig. Blaar-kool, spinasie en

tamaties het baie water nodig, maar geelwortels of aartappels, het nie so baie water

nodig nie.

Hoeveel water is genoeg?

Maak jou groente-bedding nat

Grawe ’n gat langs die bedding van sowat 0 cm diep

Jou grond moet nog klam wees wanneer jy hierdie diepte bereik

Probeer ’n

deklaag,

Paul!

Kundige se wenk: Dit is beter om jou groter plante in die laat namiddag nat te

maak. Maak saai-beddings vroeg in die oggend nat.
Dek-lae

Hoe om water in die grond te hou

’n Deklaag is ’n laag dooie gras of blare wat op die grond-oppervlak, tussen

saailinge of plante, geplaas word. ’n Deklaag sal die grond beskerm, verhinder

dat onkruid groei en keer dat water te vinnig verdamp. ’n Deklaag moenie aan die

saailinge of plante raak nie.

Wat om vir ’n deklaag te gebruik

Plant onder bome

afgesnyde gras

blare

sagte afsnysels van hout, (maar nie saagsels

nie)

see-wier

strooi

mis

’n Deklaag kan weer in die grond ingewerk

word wanneer jy klaar ge-oes het.

Namibië se son is baie warm en kan plante beskadig. Dis goed om skaduwee

gedurende die warmste deel van die dag te voorsien. Skaduwee help om die grond

koeler te hou en die plante sal minder water nodig hê. Skaduwee kan op verskillende

maniere voorsien word, maar een van die maklikste maniere is om jou plante onder

groot skaduwee-bome te plant.

As jy ’n groot boom by jou huis het, berei ’n bedding rondom die stam voor.

Grawe ’n deel van die grond uit vir jou voedsel-plante en maak ’n wal aan elke

kant van die bedding. Die

breedte van jou bedding sal

afhang van hoe groot die

skaduwee van die boom is.

Kies ’n boom waarvan die

wortels baie diep is, sodat

dit nie met jou voedselplante

sal meeding vir

water en voedingstowwe

nie. Kameeldoringbome

en ander soorte acaciabome

is die beste.

Gebruik kompos of mis om

die grond te verryk.

Die walle aan elke kant van

die bedding keer dat water

wegloop van die plante af. ‘n wal

1
John, help my

asseblief. Ek weet nie

wat om te doen nie!

Ruspes vreet my soet

patat plante.

Plae en siektes

Meng net 2 teelepels

skottelgoedseep met 20

koppies water. Sproei

die mengsel oor jou

plante.

Plante kan beskadig word deur plae en siektes wat plante aanval. Jy moet plae en

siektes weghou van jou plante af, omdat dit jou oes kan beïnvloed.

Plae en siektes kan biologies (natuurlik) beheer word, of dit kan chemies (met

gifstowwe) gedoen word. Wanneer jy chemiese beheer toepas, sien asseblief bladsy

vir waarskuwings daaroor.

Belangrik:

Dit is beter om glad nie chemiese beheer te gebruik nie, omdat dit gifstowwe in

die grond, water en lug vrylaat. Chemiese beheer kan gevaarlik wees vir mense

se gesondheid, indien dit verkeerd gebruik word. As jy meer oor chemiese beheer

wil uitvind, vra asseblief jou naaste Landbou Voorligtings-beampte.
Verskillende plae

Daar is baie verskillende tipes plae. Die tabel hieronder sal jou help om te herken

watter plaag jou plante aanval en wat om daaraan te doen.

Simptoom/tekens op plant Oorsaak Behandeling Plante wat

aangetas word

Baie klein insekte op die plant.

Blare krul om.

Alle groente

Groen ruspes op die plant.

Vreemde gate in die blare. Baie klein

korrels rondom die plant

se basis of op die

blare

Plantluise Kweek knoffel naby.

Meng teelepels skottelgoedseep (dit

moet skottelgoedseep wees) met 0

koppies koue water. Sproei om siek

plant totdat die probleem verdwyn.

Ruspes Kyk goed op en rondom jou plante.

Haal enige ruspes met die hand af.

Kweek kruisement naby.

Meng teelepels skottelgoedseep met

0 koppies koue water. Sproei die

plante daarmee

Klein, grys ruspes in die grond, net Snywurms Plant Afrika gousblomme naby.

onder die oppervlak, wat die

plant-stam vreet. Die

hele plant val om.

Druk brandrissies, 1 klein ui en ’n

huisie knoffel fyn. Voeg 10 koppies

water by en laat die mengsel kook.

Laat die mengsel vir dae rus.

Dreineer dit en spuit die aangetaste

plant met die vloeistof. Verwyder die

wurms met die hand.

Wit of grys merkies bo-op blare Blaarmyners Haal die aangetaste blare met die

hand af en verbrand dit.

Hou jou tuin vry van onkruid

Baie klein plae val die blare aan. Blare

word geel met rooi

kolletjies. Klein

spinnerakkies aan die

agterkant van die blare.

Klein wit insekte wat om die plant

vlieg

Spinnekop

miete

Haal die aangetaste plante uit en

verbrand dit.

Kweek knoffel naby.

Meng teelepels skottelgoedseep met

0 koppies koue water. Sproei die

plante daarmee

Witvlieg Sproei die insekte af met baie water.

Plant balsemkruid naby.

Maak ’n pasta met telepels

brandrissie en knoffel en meng met

1 koppies seperige water. Gooi die

mengsel oor die groente of vrugte om

die vlieë weg te hou

Kool,

blomkool,

blaar-groente

Kool, wortels,

aartappels,

tamaties, rankbone,

spinasie

beet, meeste

saailinge

Kool,

pampoen,

tamatie

Rank-bone,

tamatie,

spinasie beet,

pampoen,

waatlemoen

Soet-patat,

tamatie, soetspanspek
Plae en siektes

Verskillende Siektes

Daar is baie verskillende siektes. Die tabel hieronder sal jou help om uit te vind wat

met jou plant verkeerd is en wat om daaraan te doen.

Onthou, dit is beter om die siekte van die begin af te verhoed.

As jy ’n siek plant opmerk, verwyder dit gou uit jou tuin.

Roteer jou gewasse en spasieër jou plante op die regte manier (lees bladsy ).

Plante wat te naby aan mekaar groei, bly nat en kan swam-siektes veroorsaak.

Simptoom Oorsaak Versorging Plante

Blare word bruin (of

donker vlekke verskyn

op blare) en

krul om.

Saailinge

val plat.

Wit, poeieragtige

stof op die blare. Die

onderste blare en die

stam word grys.

Rooi of roeserige kolle

op die blare. Die blare

verlep.

Blare verlep en word

geel, selfs wanneer die

grond klam is.

’n Verandering in die

kleur van die onderste

blare. Die plant

se groei word

belemmer en

die blare

val af.

Skimmel Roteer gewasse. Vernietig aangetaste

plante. Bêre aartappel-knolle in ’n koel,

droë plek.

Swamme maak die

plant dood as die

area rondom te nat

is.

Roteer gewasse. Vernietig aangetaste

plante. Jy kan die sade in ’n teelepel

bleikmiddel (soos Jik), gemeng met

koppies water, week voordat dit

geplant word.

Muf Plant die gewasse verder van mekaar af.

Moenie die blare natmaak wanneer jy

die plante water gee nie.

Teenmiddel 1: Giet koppies

kokende water oor ’n twee-derdes

koppie balsemkruid en stamme. Laat

die mengsel afkoel. Haal die blare en

stamme uit en sproei die aangetaste

plante met die water.

Teenmiddel 2: Meng koppies melk

met 0 koppies koue water. Spuit die

plante elke tien dae indien hulle dit nodig

het.

Roes Vernietig die aangetaste plante.

Moenie die blare natmaak wanneer jy

die plante water gee nie.

Verlepsiekte Roteer gewasse. Vernietig alle plante

met hierdie siekte.

Swartvrot Roteer gewasse. Vernietig alle plante

met die siekte.

Wortels, pampoen,

aartappels,

rank-bone, tamatie

Wortels, blomkool

en baie ander soorte

groente

Kool, blomkool,

rank-bone, mielies,

soet-spanspek,

uie, pampoen,

waatlemoen

Rank-bone

Kool, soet-patat,

tamatie

Kool, blomkool, soetpatat
Hase

Kweek Afrika gousblomme naby jou tuin. Dit sal hase

weghou.

Molle

Diere wat ook plae kan wees

Muise en ander knaagdiere

Indien muise ’n probleem is, kan hulle doodgemaak word deur mieliemeel en sement

te meng en dit naby jou tuin te strooi.

Voëls

Indien voëls ’n probleem is, kan jy ’n 1-meter lange stok in grond druk

met ’n plastieksak wat bo-op die stok vasgebind is.

Wanneer die wind waai sal die plastieksak beweeg

en ’n geraas maak. Dit sal baie voëls laat skrik. Jy

mag dalk baie stokke en sakke nodig hê as jy ’n

groot groentetuin het.

Voëls kan ook ’n probleem vir saailinge wees. Saailinge moet

met nette beskerm word, totdat hulle groter gegroei het.

Kundige se wenk: In plaas daarvan om ’n plastieksak te gebruik kan jy

ook blink goed, soos blikkies of strokies foelie van stokke of takke naby

die tuin hang. Voëls hou nie daarvan om by plekke te kom waar baie

beweging of geraas is nie.

Kasterolie is die beste om molle weg te hou. Meng

kasterolie en seperige water en sprinkel dit op die

grond waar die molle gegrawe het.

Plae en siektes
Plae en siektes

Biologiese beheer

Dit is ’n manier om plae en siektes te beheer deur die natuur te gebruik om jou te

help.

Roteer gewasse: Sien bladsy , waar dit verduidelik word.

Gebruik goeie saad: Baie siektes kan in die sade van plante bly nadat dit

aangeval is. Daarom is dit belangrik om slegs saad van gesonde plante te gebruik.

Kies die regte plante: Kweek groente of vrugte wat nie maklik die siektes wat in

jou area voorkom, sal optel nie.

Plant op die regte tyd: Verskillende plae en siektes val plante op verskillende

tye aan. Byvoorbeeld, aartappels kry siektes in warm weer. Plant in die vroeë lente,

wanneer dit koeler is.

Gebruik natuurlike vyande: Insekte soos die

hotnotsgot, liewenheers-besies en spinnekoppe eet plantluise

en ander klein insekte.

Gebruik lig: Plaas ‘n lig, bv. parafien-lamp, in ’n vlak

waterbak met water in jou tuin. Motte word na die lig aangetrek en

sal in die water verdrink.

Chemiese beheer

Chemiese gifstowwe kan gebruik word om plae dood te maak. Gifstowwe moet

egter versigtig gebruik word, omdat dit jou siek kan maak as dit op jou vel of in

jou liggaam beland. Praat met jou naaste Landbou Voorligtings-beampte, voordat

jy enige chemiese stowwe gebruik. Gebruik liewer biologiese beheer-maatreëls of

ander natuurlike metodes.

Natuurlike metodes

Kruie is plante wat hoofsaaklik gekweek word om smaak aan voedsel te gee. Hulle

is ook baie bruikbaar om plae weg te hou. Hierdie plante kan tussen jou vrugte

en groente gekweek word.

Afrika Gousblomme (Tagetes Erects en Calendula officinalis):

Die reuk van die blomme hou baie tuin-plae en ander diere, soos hase, weg.

Die blomme gee ook baie sade, wat jou tuin kan ophelder.

Kruisement (Mentha spicata): Kruisement hou die meeste

plae weg van plante af. Meng gelyke hoeveelhede kruisement, gekapte

uie en knoffel saam. Die mengsel kan op die blare van jou plante

gespuit word.

Knoffel (Allium sativum): Knoffel hou plantluise en uie-vlieë van

jou plante af weg. Sproei-mengsel, wat van knoffel gemaak word, is

goed vir die behandeling van enige skimmel, muf of swam-siektes (lees

bladsy ).
Handige gereedskap

Die gereedskap wat hieronder genoem word, is baie handig in jou tuin, maar jy kan

ook daarsonder begin.

Vir die meeste groente-tuine het jy net ’n paar eenvoudige stukkies gereedskap

nodig. Jy kan jou tuin hiermee begin en stadigaan meer kry, soos wat jou tuin meer

suksesvol raak. ’n Graaf, ’n tuinvurk en ’n kruiwa moet eerste op jou lys wees.

Graaf: Dit word gebruik om mee te

grawe, te spit of grond op te tel en om

die grond skoon te maak.

Kruiwa: Dit word gebruik om sand te

vervoer en om die grond in te meng.

Tuinvurk: Dit word gebruik om die

grond om te dop, onkruid uit te haal

en om kompos te meng.

Hark: Dit kan gebruik word om die

grond gelyk te maak voordat jy jou

sade plant.

Jy kan die volgende gereedskap later bykry, wanneer jou tuin groei:

handvurk

skoffelpik water-gieter tuinslang

plaag-beheer

toerusting

(soos hand-sproeiers)

Kundige se wenk: Maak ‘n water-kan deur ‘n drom of emmer te

neem, en gaatjies in die bodem te maak.
Beplanning en Voorbereiding

van jou Tuin

Voorbereiding van jou tuin

Verwyder al die gras, bosse, wortels en klippe van en uit die grond wat jy gekies het.

Jy mag dit dalk nodig vind om ’n heining rondom op te rig, om diere uit te hou. Jy

kan ook versperrings, of ’n heining maak met die bosse wat jy uitgekap het om die

grond skoon te kry.

Nou kan jy begin om die beddings voor te berei.

’n Bedding kan tien treë lank en een tree breed wees. Jy kan die bedding langer

maak, as jy meer ruimte het, maar probeer om dit net een tree breed te hou. Op

dié manier kan jy by al jou plante bykom sonder om in die bedding te loop. As jy

besluit het om hoë beddings in jou tuin te gebruik, lees dan die inligting op bladsy

0 oor hoe om dit te doen.

Los ’n paadjie van sowat vier hand-breedtes wyd tussen beddings, sodat jy maklik

van een bedding na die ander kan werk.

Beplanning van jou tuin

Wanneer jy besluit het waar jy jou groentetuin gaan aanlê, kan jy begin om dit te

beplan.

Helling: Kyk na die helling (hoe skuins die grond loop) en waarheen reënwater

sal dreineer. Reënwater behoort nie vinnig deur jou tuin te loop nie, maar dit moet

ook nie groot poele water in jou tuin laat opdam nie. Die grond moet redelik gelyk

wees.

Beskerming teen diere en die weer: Indien jou area baie ryp in die winter

kry, moet jy nie plante kweek wat vatbaar vir ryp is nie. Sterk wind kan ook maklik

jou plante en skaduwee-strukture beskadig of selfs vernietig, so jou tuin moet teen

die wind beskerm wees. Heinings of versperrings help om bokke en hoenders uit

jou tuin te hou.

Ligging: Jou tuin moet naby jou huis wees. Dit moet vinnig en maklik wees om by

jou tuin te kom, omdat jy elke dag daarin moet werk.

Grootte: In ’n groter tuin kan jy maklik pampoene en waatlemoene kweek, maar

in ’n kleiner tuin is dit beter om kleiner gewasse, soos wilde spinasie te week. Jy

kan ook oorweeg om groente te plant waarvan jou gesin hou.
Hoe om ’n plant-kwekery te maak

Party soorte saad het

meer beskerming nodig as

ander, wanneer hulle begin

groei. Een manier om sulke

beskerming te bied is om

jou saailinge in ’n groot

pot te plant en dit onder

die skaduwee van ’n groot

boom te plaas. Probeer

ook ander maniere om jou

saailinge te beskerm en kyk

wat werk vir jou die beste.

Groente in potte

Almal het nie altyd genoeg grond vir ’n groente-tuin of genoeg spasie om een te

maak nie. Gelukkig is daar baie soorte groente wat goed in potte groei. Dit sluit in

uie, tamaties, wortels, spinasie-beet, bone en knoffel.

Voordele om groente in potte te kweek Nadele om groente in potte te kweek

Die grond word vinniger warm in die lente.

Dreinering is beter.

Jy het minder water en bemesting nodig.

Jy kan dalk nie so baie plante kweek nie.

Die plante se wortels mag dalk nie so goed ontwikkel

nie.

Jy kan dalk ’n kleiner oes kry.

Jy kan in enige tipe pot plant, solank dit gate in die bodem het, sodat water daardeur

kan dreineer. Hou plante, wat in potte geplant is, in die skaduwee. Jy kan klei-potte,

groot blikke, plastiek-houers, metaal-kratte, hout-houers, was-balies, plastiek-sakke en

emmers gebruik. Probeer enigiets wat jy dink sal werk.
0

Sade en knolle

Tjimune, met hierdie

saad sal ek genoeg

spinasie hê om my

gesin vir ‘n hele jaar

kos te gee!

Jy kan die sade van party van jou groente bêre, nadat jy ge-oes het. Dit sluit in bone,

ertjies, kruie, murgpampoen en tamatie.

Dis nie nodig om die sade van knol-groentes te bêre nie, want hulle groei wanneer jy

die knolle weer plant. ’n Aartappel-plant sal byvoorbeeld groei as jy die aartappelknol

plant.

Dit is goedkoper en beter om jou eie plante se sade te bêre as om dit te koop,

aangesien ’n winkel dalk nie altyd aanhou wat jy nodig het nie.

Hoe om jou eie saad te oes

Sade moet verkieslik nie vir langer as drie jaar gebêre word nie. Daarna moet ’n

mens dit nie gebruik nie en moet jy nuwe sade koop.

Wanneer jy jou eie vrugte- en groente-sade oes, is dit belangrik om-

Slegs die sade van die plante, wat die beste oes gelewer het, af te haal

Slegs die sade van gesonde plante af te haal, aangesien sade ook siektes kan dra

Slegs die sade af te haal wanneer die vrug baie ryp is

die sade in ’n droë, koel plek te bêre, waar insekte en ander klein diere, soos

muise, nie daarby kan kom nie.
Bone en ertjies

Laat die peule bruin word terwyl dit aan die plant is. Oes die peule

en laat dit vir ’n week of twee droog word. Haal die saad uit die peule

en bêre die saad in ’n koel, droë plek.

Tamatie-saad

Pluk die ryp vrug van die plant af. Sny die vrug en druk die

binnekant in ’n houer uit. Voeg ’n bietjie water by, los die

mengsel vir drie dae teen kamer-temperatuur en roer dit af en

toe. Die swak sade sal boontoe dryf en die goeie sade sal afsak

ondertoe. Gooi die pulp en swak sade af en sprei die goeie sade

dun uit, sodat hulle heeltemal droog kan word. Bêre die saad in

’n droë, koel plek.

Somer-skorsies, murgpampoen, pampoen, spanspek en

waatlemoen

Pluk oorryp vrugte en sny dit in die helfte. Skraap al die

vleis met die sade daarin uit. Week die sade oornag in

warm water. Was die sade genoeg om dit skoon te maak.

Los dit dan vir twee dae om droog te word. Draai die

sade af en toe om, sodat hulle orals lug kry en droog kan

word. Stop wanneer alles droog is.

Hoe om jou sade te bêre

Indien saad nie korrek gestoor word nie, kan dit na ’n kort rukkie nie meer gebruik

word nie. As jy beplan om jou sade vir ’n lang ruk te hou, moet dit in ’n houer, wat

lugdig geseël kan word, gehou word. Glas-flesse met rubber-seëls of plastieksakke

wat dig kan seël en binne in flesse gestoor kan word, is goeie keuses.

Sade moet altyd in koel, droë plekke gebêre word. Maak seker dat jy al die pakke

of houers met sade MERK met die naam van die plant waarvan dit ge-oes is en die

datum waaarop jy dit verpak het.

Kundige se wenk om knol-groente (soos patats en aartappels) te

plant:

Koop ’n aartappel of patat by die winkel. Maak seker dit het klein

uitloopsels (ogies) op. Plant dan die hele aartappel-knol, of jy kan

’n paar nuwe plante van een knol maak. Doen dit deur ’n dik sny

van die aartappel af te sny, waarop daar ’n ogie is. Vryf die gesnyde

kant met Sunlight-seep of fyn hout-as. Dit maak enige kieme op die

gesnyde kant dood en beskerm dit teen plae. Wanneer die aartappel-snye geplant

is, sal die ogies begin groei om ’n nuwe plant te vorm.

1
Sade en knolle

Koop van sade

Jy kan saad by enige supermark of by ’n boere-kooperatief, soos Agra, koop.

Dis beter om nie kruis-geteelde saad te koop nie, aangesien ’n mens nie die sade na

’n oes kan bêre nie. Dit sal beteken dat jy elke jaar nuwe saad moet koop.

Lees die saad-pakket

As jy die saad-pakket lees, voordat jy die saad koop, sal dit jou help om seker te

maak dat die sade die beste vir jou huis-tuin is.

Die pakket sal ook vir jou aandui of jy kruis-geteelde saad koop. As jy T1 of T op

die pakkie sien by die naam van die plant, is die saad kruis-geteel.

Prentjie: Die prentjie op die pakkie

wys vir jou hoe die plant op sy beste

sal lyk. Jou plante mag dalk nie altyd

dieselfde as op die prentjie lyk nie.

Hulle mag verskil in vorm of kleur.

Dit beteken nie dat jou plante nie

goed genoeg is om te eet nie, tensy

jou plant tekens van siektes toon (die

prente op bladsy sal jou help om

te besluit).

Beskrywing: Die plant word soms

op die pakkie beskryf. Die pakkie sal

ook wys hoe lank die plant moet groei

voordat dit ten volle gegroei het.

Datum: Die datum op die pakkie

wys jou hoe oud die saad is. Probeer

om nie saad te koop wat ouer as een

jaar is nie, omdat dit dalk nie sal groei

nie

Inligting oor hoe en wanneer om te plant: Die pakkie sal ook die volgende

inligting vir jou gee:

Wanneer die beste tyd is om die saad te saai

Hoe warm of koud dit buite moet wees voordat die plant kan begin groei

Waar die saad geplant moet word

Hoe ver dit van ander sade of saailinge af geplant moet word

Watter grootte die groente of vrug behoort te wees wanneer dit uitgegroei is
Plant opeenvolgend

Deur opeenvolgend te plant, plant jy in stappe wat herhaal kan word. As jy so

plant, sal jy ’n volgehoue voorraad van ’n sekere soort groente gedurende die plantseisoen

hê.

Hoe om opeenvolgend te plant

Ons gebruik geelwortels as voorbeeld. In plaas daarvan om ’n groot

klomp te plant, saai ’n klein rytjie of selfs ’n halwe ry sade. Plant of saai

byvoorbeeld genoeg om vir een week daarvan te eet wanneer jy dit oes.

Plant dan elke twee weke nog ’n ry of ’n halwe ry. Wanneer jy dit drie

tot vyf keer so gedoen het, sal jy die spasie van die eerste ry weer vir ’n

verskillende gewas kan gebruik, omdat jy die eerste geelwortels wat jy

geplant het, dan ge-oes het. Jy kan ook verskillende soorte wortels plant.

Hou rekord van hoe goed jou opeenvolgende oeste gewerk het. Op dié

manier kan jy dit volgende keer beter doen.

Jy kan enige groente of vrugte, wat vinnig groei, op die manier

aanplant. Jy sal ook tydens jou beplanning moet onthou dat elke

groente of vrug van mekaar verskil en dat elke soort sy eie groei-tyd het.

Onkruid uithaal

Onkruid is plante wat jy nie geplant het nie, of nie

daar wil hê waar dit besluit het om te groei nie.

Onkruid sal met jou plante meeding vir water, sonlig,

lug en plant-voedsel.

Jy moet so gou as moontlik, nadat jy jou groente

geplant het, enige onkruid uithaal.

Onkruid moet nooit toegelaat word om saad te

skiet, voordat jy dit uithaal nie.

Wees versigtig wanneer jy onkruid uithaal. As dit

al groot is, kan jy dalk die voeder-wortels van jou

eie plante beskadig.

Sade en knolle
Pappa, kan ek

help om die

boontjies vir

aand-ete te

pluk?

Wat jy kan kweek

Natuurlik kan jy,

Ndeshi. ’n Mens is

nooit te jonk om te

leer tuinmaak nie.

In hierdie boekie het ons net op ’n paar soorte groente en een vrug gefokus. Moet

egter nie dat dit jou beperk nie.

Probeer verskillende soorte voedsel-plante en kyk wat vir jou werk. Onthou om klein

te begin en gewasse te kweek wat jou familie geniet om te eet.

Dit is beter om een of twee soorte gewasse reg te kweek as om niks te plant nie.
Verskillende soorte groente

Peul-groente: Dit sluit in bone, ertjies en boer-bone. Peul-groente

kan gebruik word om die grond te verryk, as hulle wortels daarin

teruggeploeg word.

Blaar-groente: Hierdie sluit in spinasie, wilde spinasie en kool. Dit het

ekstra voeding-stowwe nodig omdat hulle baie daarvan uit die grond

neem. Jy sal genoeg bemesting en kompos moet gebruik om te verseker

dat blaargroente goed groei.

Vrugte-groente: Dit sluit in tamaties, geel- en groenpepers,

suikermielies en waatlemoen.

Wortel-groente: Hierdie sluit in geelwortels, uie en aartappels.

Moenie bemesting in die grond inwerk voordat jy hierdie tipe groente

plant nie, want dit kan veroorsaak dat te veel sy-wortels uitgroei.

Rank-bone (Phaseolus vulgaris)

Dis is ’n goeie gewas om aan te plant, omdat dit maklik groei en ’n lang oes-seisoen het.

Plant: Neem stokke van ongeveer meter lank. Plant die stokke so dat hulle bokante

kruis. Sit nog ’n stok oor die bo-punt en bind die punte aan mekaar vas. Plant die stokke

0cm van mekaar af en elke ry cm van mekaar af. Plant tot sade rondom elke

stok, cm diep. Wanneer die saailinge opkom, trek die twee swakstes uit.

Versorging: Wanneer die plant die bokant van die stok bereik, sny dit terug. Gee die

grond bemesting wanneer die boontjie-peule begin vorm. Gebruik dek-lae.

Oes: Die bone is weke nadat dit geplant is gereed om gepluk te word.

Geelwortels (Daucus carota)

Moenie geelwortels in klei-grond kweek nie, want die wortels sal nie

ordentlik kan groei nie. Moenie kompos of bemesting in die grond sit nie,

want dit sal veroorsaak dat die wortels op ’n snaakse manier groei.

Plant: Saai die saad 1 cm diep en omtrent 10cm van mekaar af. Maak

die saad nat nadat jy dit gesaai het. Die saailinge sal sowat 10 dae later

opkom.

Versorging: Gebruik baie dek-laag. Wanneer die wortels groter word,

moet jy hulle minder water gee. Begin die plante uitdun sodra die eerste een of twee

blare uitgroei.

Oes: Die geelwortels sal sowat weke nadit jy dit gesaai het, gereed wees om te

oes.
Wat jy kan kweek

Aartappel (Solanum tuberosum)

Aartappels het gewoonlik genoeg spasie nodig om te groei. Sien die “Kundige se

Wenk” hieronder, indien jou tuin klein is. Aartappels kan in die winter geplant word,

as daar nie ryp voorkom nie. Leem- of sanderige grond is die beste. Hulle moet in

effense hopies grond geplant word.

Plant: Wanneer jy aartappels plant, maak seker dat hulle groei-punte (ogies) op het.

Plant aartappels cm diep en cm van mekaar af. Die plant sal na1 dae opkom.

Versorging: Stoot die grond rondom die plant op sodat die knolle kan vorm. Dit sal

verhinder dat die aartappels groen word. Gee die plante minstens keer per week

water, maar moenie die blare natmaak nie. As die plant groter word, kan jy minder

water gee. Dit sal meebring dat die aartappels ryp word.

Oes: Aartappels is na sowat maande gereed om te oes.

Kundige se Wenk: Aartappels en patats kan ook in ou motor-buitebande geplant

word. Dit spaar water en werk.

1 Sit ’n ou motor-buiteband op die grond onder skaduwee. Maak die

buiteband halfpad vol grond en bemesting. Sit ’n aartappel in die grond

en gee gereeld water.

2 Wanneer die plant hoër as die buiteband gegroei het, sit nog ’n

buiteband bo-op die eerste een. Nou is die plant in die skaduwee en

beskerm teen die wind.

3 As die plant groter word, sit stadig nog grond en bemesting in die bande.

Wees versigtig dat jy nie die bande oorvol maak nie. Maak seker daar

steek altyd nog blare uit die grond uit.

4 Wanneer die plant hoër as die tweede buiteband groei, sit ‘n derde

buiteband bo-op en maak stadig met grond vol soos die plant hoër groei.

5 Wanneer die plant blom en doodgaan, is die aartappels gereed. Teen hierdie

tyd sal die plant die spasie in die buite-bande met aartappels gevul het.

6 Stoot die bande om en haal die aartappels uit die los grond

uit.

7 Hierdie manier om aartappels te kweek spaar water en

beskerm die aartappel-plante teen hitte en wind. Dit

maak dit ook makliker om die aartappels te oes en

laat jou aartappels in ’n baie klein ruimte groei.

Spinasie-beet (Tetragona expansa)

Hierdie blaar-gewas is baie soos gewone spinasie, maar dit hanteer

hitte beter, is makliker om te kweek en kan vir baie maande ge-oes word.

Plant: Saai die saad in ’n saadbedding, sowat cm diep en

omtrent cm van mekaar af.

Versorging: Dun die saailinge uit wanneer hulle omtrent cm

hoog is. Gee water en sit dek-laag op die grond.

Oes: Die buitenste blare kan omtrent weke nadat dit gesaai is, ge-oes

word.

Tamatie (Lycopersicon esculentum)

Tamatie-saad moet net gesaai word as daar geen kans meer is dat dit

gaan ryp nie. Goed-bemeste grond is belangrik vir tamaties en die

grond mag nooit uitdroog nie.

Plant: Maak jou saai-beddings nat en saai die saad cm diep en

cm van mekaar af. Wanneer die saailinge ’n paar cm hoog is, haal

die swakker saailinge uit. Haal gereeld onkruid uit jou beddings.

Gesonde plante kan oorgeplant word wanneer hulle of stelle blare

het. Doen dit in die laat-middag en maak hulle goed nat, voordat jy hulle oorplant.

Plant die saailinge 0 cm van mekaar af. Plant hulle diep, met die boonste twee stelle

blare wat bo die grond uitsteek. Maak die oorgeplante saailinge onmiddelik nat.

Versorging: Gooi dek-lae op die grond. Sit kompos in die grond wanneer die eerste

vrugte gevorm het. Bind jou plant aan ’n stok vas, sodat dit nie op die grond lê nie.

Verhoed dat grond op die plante spat wanneer jy hulle natlei, aangesien dit siektes

kan bevorder.

Oes: Begin oes wanneer jou tamaties ryp is, omtrent 10 weke na die oorplanting.

Kundige se wenk: Vir uitstekende tamaties, (1) moenie saailinge te naby aan mekaar

plant nie, (2) maak seker dat die plante baie lig kry, (3) haal die onderste blare af.

Pampoen (Cucurbitaceae)

Pampoen is baie voedsaam en kan vir lang tye gebêre word. Hulle groei goed in

die meeste soorte grond, maar het baie spasie nodig.

Plant: Plant sade saam, cm diep, in goed-voorbereide grond. Dun die drie

swakste plantjies na weke uit. Sit dek-laag tussen die saailinge wat jy hou.

Versorging: Pampoen moet water kry nadat die eerste of drie blare gevorm het. Moenie water

op die blare laat kom nie, omdat die plante siektes sal optel. Gee liewer onder die blare water.

Oes: Die meeste pampoen is gereed vir oes omtrent tot maande nadat dit geplant is

Knoffel (Allium spp.)

Knoffel het ’n sterk reuk en sal in die meeste grondsoorte, behalwe klei,

groei. Dit moet op sonnige plekke geplant word.

Plant: Knoffel word geplant deur die bolle in huisies te verdeel en dan elke huisie te

plant. Plant elke huisie in ’n gaatjie van cm diep met die dun punt wat boontoe wys,

1 cm van die volgende huisie af.

Versorging: Maak goed nat nadat dit geplant is, haal gereeld onkruid uit en

gebruik baie dek-laag. Blomme moet afgebreek word sodra hulle uitkom, sodat die

knol groter kan groei.

Oes: Knoffel kan tot 10 maande nadat dit geplant is, ge-oes word.

Kundige se Wenk: Knoffel hou baie plae uit die tuin weg of maak dit dood.

Wat jy kan kweek
Oes en berging

Oes

Winter-skorsies en pampoen: Oes hierdie groente wanneer

hulle heeltemal ryp is. Hulle sal die regte kleur hê en dit sal moeilik

wees om die skil met jou duimnael te breek. Haal die groente met

’n skerp mes af, maar los cm se stingel aan die groente, om te keer

dat swamme dit aanval. Bêre in ’n koel plek.

Aartappels: Wag tot die plant blom. Gebruik ’n tuinvurk om die plant uit die grond

te lig. Die tuinvurk moet reguit in die grond, weg van die plant af ingedruk word

en dan agtertoe gedruk word. Die plant kan dan uit die grond getrek word en die

aartappels afgehaal word. Bêre ge-oeste aartappels in ’n koel, donker plek.

Waatlemoen: Jy sal weet jou waatlemoen is ryp wanneer dit ’n dowwe klank

maak wanneer jy dit met jou kneukels klop.

Uie: Oes uie sodra hulle blare ombuig. Trek uie aan die blare uit en laat

dit dat vir drie dae in die son droogword. Maak elke ui met die blare van

die volgend ui toe, sodat die uie nie deur die son gebrand word nie.

Tamaties: Oes tamaties wanneer hulle rooi is. As hulle nog liggroen is,

draai elkeen in koerantpapier toe, plaas dit in ’n karton in ’n koel plek en

kyk gereeld of hulle ryp is. Hulle behoort binne weke ryp te word.

Groenbone: Oes bone wanneer die saad uitbult, maar voordat dit te hard word.

Moenie die plant beskadig wanneer jy die boontjies pluk nie. Hou die plant in die

een hand vas en trek die peule met die ander hand af.

Skulp-boontjies: Laat die bone aan die plant self droogword.

Spinasie-beet: Draai die blare naby die basis van die plant af.

Kies al die blare wat gereed is. Dit sal die plant aanmoedig om

te groei.

Knoffel: Jy sal weet wanneer dit gereed is, omdat die blare sal

uitdroog. Wanneer dit gebeur kan jy ophou om die plant water

te gee en die grond laat droogword. Lig dan die knolle met ’n tuinvurk uit die grond

uit en laat dit vir ’n dag lank in die son droogword. Hang jou oes vir ’n maand lank

in die skaduwee. Sny dan die blare en wortels af en bêre die knoffel in ’n koel plek.
Berging

Die meeste vrugte en groente hou nie lank nadat dit ge-oes is nie. Wortel-groente en

groente soos uie en skorsies hou die langste.

Bêre slegs gesonde, ryp groente.

Maak alle groente, behalwe geelwortels en soet-patats, skoon voordat jy dit bêre.

Daar is baie maniere om jou vrugte, groente en kruie langer te laat hou. Dit word

preservering genoem. Die soort preservering wat jy kies sal afhang van die tipe vrug,

groente of kruie wat jy gebruik.

Begrawe in sand: Wortels, soet-patats en beet kan almal in

sand begrawe word, waar daar nie ryp kom nie. Moet dit nie was

voordat jy dit begrawe nie en maak seker dat hulle nie in die sand

aan mekaar raak nie.

Ophang in nette: Skorsies en pampoen sal die beste hou as hulle in

nette opgehang word.

Ophang met toutjies: Wanneer uie op die regte manier gedroog is, kan dit

met tou in ’n koel plek, waar genoeg lug inkom, gehang word.

Bottel: Vrugte en groente met hoë waterinhoud, soos tamaties, boontjies en

perskes kan in glas-houers gepreserveer word.

Uitdroog: Jy kan sade, vrugte en groente preserveer deur hulle uit te droog,

soos bv. tsama-saad, songedroogde tamaties en gedroogde wilde spinasie.

Maak seker die plek wat jy gebruik kry baie bewegende lug rondom en gee

die kos genoeg tyd om heeltemal uit te droog. As jou kos nie heeltemal droog

is nie, sal dit nie so lank hou as wat dit kan nie.

Pekel: Dit is wanneer jy genoeg asyn of suurlemoen-sap by lae-suur voedsel

voeg om dit vir ’n lang tyd eetbaar te hou. Baie groente en vrugte kan gepekel

word. Komkommers, pepers, blomkool, appels en pere kan maklik gepekel

word, maar jy moet ’n getoetste resep gebruik.

Vries: As jy ’n vrieskas het, kan jy dit gebruik om jou groente in te bêre.

Gevriesde groente en vrugte kan tot weke in die vrieskas bly. Sny die

kos op en plaas dit vir ’n paar minute in kokende water. Dreineer die

water en laat die kos afkoel. Sit dit dan dadelik in die vrieskas.

Preservering met suiker: Vrugte en groente kan met suiker gepreserveer

word, om blatjang, konfyt en stroop daarmee te maak.
0

Wanneer jy meer as genoeg

gekweek het

As jy nie die ekstra oes kan bêre of preserveer nie, en jy dit nie alles kan eet nie, kan

jy altyd-

dit aan ’n honger persoon gee

dit ruil vir jou bure se ekstra oes, as dit van joune verskil

dit verkoop

Dit is maklik om jou ekstra oes weg te gee of te verruil. Dit sal egter nodig wees om

bietjie te dink as jy dit wil verkoop.

Teiken-mark

Verkoop van jou Oes

Jy moet eers uitvind wie jou groente sal wil koop. Dit word jou teiken-mark genoem.

Jou teiken-mark kan jou bure, of mense wat deur jou dorp reis, of pasiënte by ’n

naby-geleë kliniek wees. Die beste is om naby-geleë teiken-markte te kry, want dit sal

jou geld kos om jou groente na ander plekke te neem.

Verkoopspunte

In baie areas is daar Saterdag-markte of ander plaaslike gemeenskaps-markte.

Die meeste van hierdie markte sal jou nie geld vra om daar te verkoop nie. Jy kan

net jou mandjie groente soontoe neem en verkoop.

Jy kan ook jou ekstra groente na ’n naby-geleë hospitaal of kliniek neem. As die

pasiënte wat buite wag dit nie koop nie, sal die mense wat in die kliniek werk dit

dalk wil koop.

Jy kan ook net in die skaduwee van ’n boom sit, naby ’n pad waar baie mense

stap, en jou groente aan hulle verkoop.

In jou gemeenskap mag dit dalk baie makliker wees om jou groente direk aan ’n

winkel te verkoop.

Werk die prys uit

Vind uit wat mense vir dieselfde kos by ’n winkel betaal. Probeer dan om jou prys

laer as die winkel te hou.
Ander wenke

Berei jou oes voor vir verkoop deur dit skoon te maak, sodat dit vars en aantreklik

lyk.

Maak seker jy het genoeg kleingeld om aan jou kliënte te gee.

Daar sal tye in die maand wees wanneer mense meer geld het as op ander tye.

Byvoorbeeld, as jou teiken-mark ouer mense insluit, wat pensioen kry, sal dit goed

wees om op die dag, wanneer hulle hul pensioen kry, jou groente te verkoop.

Bemarking

Dis ’n manier om jou teiken-mark te laat weet dat jy vars groente te koop het.

Plakkate: Maak plakkate om te adverteer dat jy vars groente te koop aanbied.

Plaas dit in ‘n boom naby die plek waar jy verkoop, of langs ‘n pad waar baie mense

verbystap.

Mondelings: Dis een van die beste maniere om te bemark. Wanneer mense jou

groente koop en hulle tevrede is met die prys en die smaak, sal hulle vir hulle vriende

vertel om ook by jou te koop. Hoe meer gelukkige kliënte jy het, hoe meer kliënte sal

by jou wil koop.

1
Wanneer jy meer as genoeg gekweek het

Begroting

Begroting is ’n manier waarop jy kan weet hoe jy jou geld gaan spandeer. Jy moet

weet hoeveel geld jy het en dan begroot jy vir die dinge wat jy nodig het of graag

met die geld sal wil koop.

Begroting is baie belangrik en daarsonder sal jou tuin sukkel om te ontwikkel.

As jy groente wil verkoop, moet jy kyk na wat dit jou kos om dit te kweek. Jou mees

basiese kostes sal wees vir:

grond

water (selfs al kry jy water uit ’n boorgat, sal jy nog steeds vir diesel moet betaal

om die pomp te laat loop of geld om die pomp reg te maak)

gereedskap

bemesting

saad

Hierdie uitgawes sal elke keer daar wees en dit beteken dat jy elke jaar daarvoor sal

moet begroot.

Kom ons kyk na die voorbeeld van John, wat tamaties kweek.

Toe John begin het, moes hy saad koop

en vir water betaal totdat die tamaties

ge-oes kon word. Dit het hom N$ 0

gekos.

Hierdie jaar het hy 0 kg tamaties uit sy

tuin ge-oes.

Hy het 10kg huis toe gevat sodat sy familie

daarvan kon eet.

Die res, 0kg, het hy teen N$ per

kilogram verkoop.

10kg

10kg

10kg 10kg 10kg 10kg

10kg 10kg 10kg

Dit beteken hy het N$1 0 uit sy verkope gemaak. Om weer volgende jaar te

kan plant, sal hy nog N$ 0 nodig hê. Dit beteken dat sy wins eintlik N$ 0 was

(N$1 0 minus N$ 0). As John N$ hiervan spaar, beteken dit dat sy tuin kan

groter word, omdat hy ‘n ekstra N$ sal hê om daarop te spandeer.

Dit is altyd belangrik om van jou geld terug te sit in jou besigheid. Dit word herbelegging

genoem. As jy wil hê jou besigheid moet groei, spaar en herbelê soveel

geld as wat jy kan.

10kg
Beplanning en

Rekordhouding

Hou Rekord

Dit is belangrik om jou groente-tuin goed te beplan. Jy moet weet wat elke dag in die

tuin gedoen moet word. Dit benodig beplanning en rekord-houding.

Hou rekord van gewas-rotasie. Dit sal jou help om te onthou wat in elke bedding

geplant was en wanneer.

Maak ’n tabel vir elke bedding. Jy moet rekord hou van-

Die tipe groente wat jy plant

Die datum waarop jy dit plant

Voeding en onkruid-verwydering:

Hoeveel jy ge-oes het

Watter plae of siektes jou plante aangeval het

Maak vir jou ’n tabel soos hieronder om rekord van jou groente-gewasse te hou:

Bedding

nommer

Ry

nommer

Groente

geplant

Datum

geplant

Voeding en

Water

Oes

Plae of

siektes
Vrug of groente Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Kool

Geelwortels

Blomkool

Knoffel

Uie

Aartappels

Pampoen

Rank-bone

Spinasie-beet

Soet-patats

Suikermielies

Tamatie

Waatlemoen

Wanneer om te plant en te oes

Dit is belangrik om te weet watter tyd van die jaar jy jou gewasse moet plant, en

wanneer hulle gereed sal wees vir die oes. Gebruik die tabel hieronder om jou te

help.

Plant Oes

Jou Tuin-kalender

In hierdie voorbeeld van ’n tuin, kweek ons tamatie-plante, boontjies, spinasiebeet,

geelwortels, knoffel, rank-boontjies, soet-patats, waatlemoen, aartappels en

suikermielies. Verlede jaar se oes word in die geel blokke gewys en hierdie jaar se

oes in die blou blokke.
Maand

Januarie

Februarie

Maart

April

Mei

Junie

Julie

Augustus

September

Oktober

November

Desember

Werk om te doen Wat om te plant Wat om te oes

Soos die weer warmer word, plaas dek-lae rondom die groente om vog binne te

hou. Gee bemesting aan jou tamatie-plante. Haal onkruid uit. As die beddings

leeg is, moet hulle omgespit word en bemesting of kompos bygevoeg word

Gee in die laat-middag water en probeer om nie die blare van jou plante nat

te maak nie. Ondersoek jou tamatie-plante vir plae of siektes

Haal plante, wat nie meer groente of vrugte gee nie, uit. As daar nie siektes op

die plante is nie, sny hulle en gebruik dit vir dek-lae of gooi dit op die komposhoop.

As die weer kouer word, kan jy jou tuin minder water gee. Gooi deklae

vir geelwortel-plante. Plant uie-saailinge oor.

Dek-lae wat jy in Januarie gegooi het kan nou in die grond ingewerk word.

Haal onkruid uit al die leë beddings. As jy pampoene gaan bêre, laat hulle

heel ryp word aan die plant. Plant blomkool saailinge oor.

Ondersoek alle plante vir siektes en plae. Haal plante uit wat nie meer

groente of vrugte dra nie. Gebruik alle gesonde plante vir dek-lae of kompos.

Hierdie is ‘n goeie tyd om al jou tuin-gereedskap skoon te maak, te slyp en

reg te maak. Wanneer jou winter-gewasse klaar gedra het, haal hulle uit.

Gebruik alle gesonde plante as dek-lae of kompos.

Begin met beplanning van jou somer-tuin, sodat jy genoeg tyd het om al die

sade wat jy nodig het te kry. Berei die beddings voor vir die somer.

Hierdie is ‘n besig maand vir saai en plant.

Moenie die saad te veel water gee nie, omdat dit kan veroorsaak dat hulle

vrot word. Vul die grond op teen die aartappel plante.

Ondersoek plante vir siektes en haal aangetaste plante onmiddelik uit. Moenie

siek plante op jou kompos-hoop gooi nie; dis beter om dit te verbrand. Plantluise

mag nou ‘n probleem word, so maak seker dat jy ‘n teenmiddel gereed het. Vul

grond op teen aartappel-plante. Plant tamatie-plante oor.

Maak seker dat jy genoeg water gee soos dit warmer word. Gooi dek-lae

om saailinge om die grond koel en klam te hou. Haal onkruid uit en dun

saailinge uit. Vul grond op rondom aartappel en patat-plante. Gooi deklae

om wortel-plante. Plant tamatie-plante oor.

Alle plante sal nou kan voordeel trek uit bemesting/mis. Haal ou en siek

plante uit. Gee minder water aan soet-patat-plante gedurende die maand.

Soos jou tamatie-plante groter word, sal jy hulle met stokke of riete moet stut,

sodat die plant en vrugte nie op die grond lê nie.

Uie

Knoffel; plant/saai

geelwortels opeenvolgend

Spinasie-beet, ertjies en

kool. Plant/saai geelwortels

opeenvolgend

Uie en knoffel, sommige

soorte ertjies en boontjies.

Saai geelwortels

Plant/saai kool en blomkool

opeenvolgend

Plant/saai kool en blomkool

opeenvolgend

Spinasie-beet, plant/saai

kool opeenvolgend

Rank-bone, spinasie-beet,

pampoen, tamaties,

aartappels, plant/saai kool,

tamaties en geelwortels

opeenvolgend

Waatlemoen, spanspek,

suikermielies, plant/saai

tamaties en wortels

opeenvolgend

Spinasie-beet, pampoen

en soet-patats, plant/ saai

tamaties en geelwortels

opeenvolgend

Spinasie-beet, Geelwortels, knoffel,

soet-patats, waatlemoen, aartappels,

suikermielies

Spinasie-beet, rank-bone, soet-patats,

waatlemoen, pampoen, aartappels en

suikermielies

Rank-bone, soet-patats, waatlemoen,

pampoen, aartappels en suikermielies

Geelwortels, rank-bone, soet-patats,

pampoen, tamatie en blomkool

Spinasie-beet, geelwortels, tamaties,

blomkool, die laaste soet-patats en rankbone

Tamaties, blomkool, geelwortels, kool en

spinasie-beet

Kool, blomkool, en die laaste tamaties en

geelwortels

Kool, blomkool en uie

Kool, blomkool, spinasie-beet, uie en

geelwortels

Kool, spinasie, uie, geelwortels en knoffel

Waatlemoen, spanspek, rank-bone,

tamaties, kool, spinasie-beet, uie,

geelwortels en knoffel

Waatlemoen, rank-bone, tamaties, kool,

spinasie-beet, geelwortels, knoffel en

pampoen
kHOMAS

Ministry of Regional and Local

Government, Housing and Rural

Development, Tel: 061 – 2975111

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry, Tel: 061 – 2087111

Namibia Red Cross Society,

Tel: 061 – 235226

Food and Agriculture Organisation at

the United Nations (FAO),

Tel: 061 – 2046111

Ministry of Health and Social Services,

Tel: 061 – 2039111

Ministry of Lands and Resettlement,

Tel: 061 – 2965000

Ministry of Gender Equality and Child

Welfare, Tel: 061 – 2833111

World Food Programme,

Tel: 061 – 2046111

Rural People’s Institute for Social

Empowerment (RISE),

Tel: 061 – 236029

Habitat Research and Development

Centre, Tel: 061 – 268200

Catholic AIDS Action,Tel: 061 – 276350

Women’s Action for Development,

Tel: 061 – 227630

New Dimension Consultancy,

Tel: 061 – 271188

OMUSAtI

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Outapi Extension Office,

Tel: 065 – 251 028

Women Actions for Development,

Tel: 065 – 250 340

Namibia Red Cross Society – Outapi,

Tel: 065 – 251 539

OHANGWENA

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Ondobe Extension Office,

Tel: 065 – 262 467

Namibia Red Cross Office – Eenhana,

Tel: 065 – 236 177

OSHANA

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Ongwediva Extension

Office, Tel: 065 – 233 821

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Oshikuku Extension Office,

Tel: 065 – 254 677

Wie kan jou help?

kAvANGO

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Kahenge Extension Office,

Tel: 066 – 257 901

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry –Rundu Extension Office,

Tel: 066 – 255 846

Namibia Red Cross Society, 066 – 256 213

CAPRIvI

Namibia Red Cross Society – Katima

Mulilo, Tel: 066 – 252661

kUNENE

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Oruvandjai Extension

Office, Tel: 065 – 276 602

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Outjo Extension Office,

Tel: 067 – 313 148

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Sesfontein Extension Office,

Tel: 065 – 275 505

Women Actions for Development,

Tel: 067 – 313 065

RISE - Khorixas

Namibia Red Cross Society – Outjo,

Opuwo (Tel: 065 – 273 135) and

Khorixas (Tel: 067 – 331277)

ERONGO

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Omaruru Extension Office,

Tel: 064 – 570 115

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Otjimbingwe Extension

Office, Tel: 064 – 551 074

Women Actions for Development,

Tel: 064 – 510 175

OMAHEkE

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Gobabis Extension Office,

Tel: 062 – 562 441

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Otjinene Extension Office,

Tel: 062 – 567 515

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Ben Hur Extension Office,

Tel: 062 – 568 457

OtjOzONDjUPA

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Otjiwarongo Extension

Office, Tel: 067 – 302 132

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Okakarara Extension Office,

Tel: 067 – 317 034

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Okamatapati Extension

Office, Tel: 067 – 274 519

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Grootfontein Extension

Office, Tel: 067 – 242 349

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Otjituuo Extension Office,

Tel: 067 – 243 615

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Okahandja Extension Office,

Tel: 062 – 501 564

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Ovitoto Extension Office,

Tel: 062 – 503 955

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Tsumkwe Extension Office,

Tel: 067 – 244 021

Women Action for Development

– Okakara, Tel: 067 – 317 041

Namibia Red Cross Society - Grootfontein

(Tel: 067 – 243 909), Tsumkwe

(Tel: 067 – 244 000) and Okakarara

HARDAP

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Mariental Extension Office,

Tel: 063 – 242 197

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Rehoboth Extension Office,

Tel: 062 – 522 527

kARAS

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Bethanie Extension Office,

Tel: 063 – 283 117

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Maltahohe Extension Office,

Tel: 063 – 293 052

Namibia Red Cross Society – Luderitz,

Tel: 063 – 202 659

OSHIkOtO

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Onathinge Extension Office,

Tel: 065 – 248 850

Ministry of Agriculture, Water and

Forestry – Tsumeb Extension Office,

Tel: 067 – 220 263

RISE – Tsintsabis

Namibia Red Cross Society –

Onandjokwe, Tel: 065 – 248 101
Registrasie No. 21/2008/0431

Bekendstelling

Desert Soul Health and Development

Communication is op die 13 Mei 2008 as ’n

NGO geregistreer. As deel van sy missie streef

die organisasie daarna “om ’n leidende massa

media organisasie te wees wat alle Namibiese

gemeenskappe bemagtig deur die produksie van

gesondheids- en ontwikkelings-media materiale,

wat hulle kan gebruik om ingeligte keuses oor hulle

gesondheid te neem, en dus positiewe sosiale

veranderings mee te bring.”

Aanvanklik was Desert Soul: HDC gestig as ’n

projek van die Namibië Rooi Kruis Vereniging, in

vennootskap met Soul City Institute for Health and

Development Communication. Die doel van die

projek was, en is steeds om die publiek met feitelike

korrekte inligting oor gesondheid- en ontwikkeling-

verwante aangeleenthede te voorsien. Dit word

gedoen deur middel van boekies, so wel as TV en

radio programme.

Desert Soul is geleë op die hoek van

Mandume Ndemufayo Laan en Sam Nujoma Straat,

in Atlas House op die eerste vloer.

Tel: 061 – 387 450

Fax: 061 – 309 763

Hierdie ontwikkelingsprojek

vir die gemeenskap word in

die belang van ’n gesonde

nasie aangebied deur:

Hierdie dokument is vervaardig

met die finansiële hulp van die

Europese Gemeenskap. Die

opinies wat daarin gelig word,

is dié van Desert Soul en Soul

City en kan dus onder geen

omstandighede as dié van die

Europese Gemeenskap beskou

word nie.

Die oorspronklike material

is vir Desert Soul: HDC

geskryf deur Bryony van der

Merwe en Sandie Fitchat

met tegniese bystand van

Soul City Institute for

Health and Development

Communication.

Oorspronklike ontwerp en

produksie deur LED.

Dit is moeilik om vir u al

die antwoorde wat u nodig

het in ’n klein boekie soos

hierdie een te gee. Die doel

is om u raad te gee. U moet

nie slegs op alles wat in die

boek geskryf is afhang vir

elke situasie nie. As u meer

inligting nodig het, praat met

een van die organisasies wat

in hierdie boekie gelys is.

Desert Soul en LED dra geen

verantwoordelikheid vir

enige probleme wat dalk mag

opduik nie.

Eerste edisie 2009

Gepubliseer deur Desert Soul

Health and Development

Communication

ISBN 978-99945-68-64-2

EAN 9789994568642
ack cover