02.05.2013 Views

Augustus

Augustus

Augustus

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

••• REDAKTEURSBRIEF

’n Klein begin kan lei

na groot sukses

Meeste van ons het iewers in

ons lewens met ’n skedonk te doen gehad, daardie

een wat aan die brand gestoot moes word, olie

gelek het of iewers ’n onderdeel gekort het wat

eens op ’n tyd gewerk het. Daardie motor wat jou

so skaam gemaak het dat jy jou kop onder die

paneelkassie wou indruk – egter net totdat dit jou

eie geword het, dan wou jy bars van trots!

Myne was ’n kanariegeel Mazda Sting. Banana,

soos ek haar vroeg reeds gedoop het, was my ma

se kar in die jare toet, toe polisiemotors nog geel

was en juis hieroor was sy oortuig daarvan dat hulle

nooit haar kar sou steel nie. Ek gaan lieg as ek sê

ek was nie bly toe my ma besluit het dit is tyd vir ’n

nuwe ryding nie, maar tot my spyt besluit my pa toe

dat die kar my studentemotor moes word.

Met ’n lisensie in my sak en my geel motor wat

met slegs R200 volgemaak kon word, rits ek die

wêreld vol. Haar ruitveërs het ook later die gees

gegee, maar dit het my nie gekeer op ’n reënerige

dag nie, want ek het net my kop by die venster

uitgesteek en bietjie stadiger gery. Sekerlik die

grootste voordeel wat Banana ingehou het, was die

feit dat ek nooit na haar moes soek wanneer ek by

die winkels uitgekom het nie, daardie giggel-geel het

my altyd reg tussen die oë getref.

Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek

SENWES SCENARIO

vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge -

neem. Sy was altyd vol gras, perdevoer, hondehare

en boeke. Ek en Banana was basies onafskeid baar.

Banana het egter so ’n paar jaar gelede die

tydelike met die ewige verwissel nadat ’n Putco-bus

alweer voor my ingedraai het. Dankie tog tegnologie

verander en daardie hoofstuk van my lewe

is afgehandel, want vandag spog ek darem met

lugversorging en kragstuur, al moet ek self daarvoor

betaal.

John Deere is self ’n markleier sover dit tegnologie

in die meganisasiebedryf aangaan. Lees op

bladsy 35 meer oor opwindende nuwe verwikkelinge

met betrekking tot hul implemente. Laparoskopiese

bevrugting by skape toon ook hoe tegnologie

verantwoordelik is vir verbeterings in die veebedryf.

Op bladsy 48 vertel Carel Nel waarom hy hierdie

praktyk in sy skaapboerdery geïntegreer het.

Geniet hierdie uitgawe van Senwes Scenario wat

merendeels oor meganisasie en insette handel.

Moenie daardie ou trekker of implement in jou stoor

miskyk nie…Hy is dalk oud, maar nog definitief nie

koud nie.

Elmarie

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Elmarie

Elmarie

Elmarie Schoeman

Schoeman

Schoeman

www.senwes.co.za • Augustus 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!