BINNE:

senwes.co.za

BINNE:

BINNE:

Kry jou GRATIS

krieketkaartjies

Landbou maak stem dik

OOR GROND

Voorkom winderosie

op oorlêlande só

Tydskrif van die Senwes Groep • September 2005


Jeanne Boshoff

Jongboere moet uitdagings

in die oë kyk

Die uittredende voorsitter van die Noordwes Jongboervereniging is gek na jag,

dol oor sy gesin en hou nie vergaderings as hy nie iets het om te sê nie. Jeanne

Boshoff het met Jaco Maré op die plaas Rhenosterhoek in die Hartbeesfontein-distrik

gaan gesels.

Na vier jaar as voorsitter van die Agri

Noordwes Jongboervereniging is

Jaco trots op wat hy vermag het. Die

Jongboer Kompetisie van Noordwes

het deur sy inisiatief die lig gesien, die

Noordwes Jongboervereniging het

geweldig gegroei, die Senwes-dag

wat só groot geword het dat die

Vrystaat Jongboervereniging daarby

betrek is was sy instelling en al hoe

meer jongboere raak pro georganiseerde

landbou, ‘n taak wat vir Jaco

die grootste uitdaging was.

Agri Noordwes

Jongboervereniging

“Jongboere het eiesoortige behoeftes.

Hoewel swart ekonomiese bemagtiging,

transformasie in die landbou

en kwessies rondom grondeise

groot uitdagings meebring, is jongboere

minder sensitief hieroor as ons

ouer kollegas. Die graanpryskrisis en

swart bemagtiging mag dinge effens

donker laat lyk, maar dit is waarvoor

‘n organisasie soos die Jongboervereniging

daar is: om na jongboere

te luister, antwoorde op hulle vrae te

probeer gee en hulle saak te stel dáár

waar dit saak maak. Die Jongboervereniging

het juis tot stand gekom

om sake aan te spreek waarby jongboere

‘n belang het. Daarom is dit

ook belangrik dat jongboere toenemend

by georganiseerde landbou

betrokke raak,” sê Jaco.

Volgens Jaco is jongboere ook

meer ingestel op tegnologie, presisieboerdery

en nismarkte, soos

etanol. “Ek bring ‘n groot gedeelte

van my dag agter die rekenaar deur.

My boerdery is volledig op rekenaar

vervat. Die georganiseerdheid wat

rekenaartegnologie vir boere meegebring

het, is van onskatbare waarde.”

Hoewel hy nie meer op die

14 Senwester, September 2005

bestuur is nie, is Jaco steeds in ‘n

raadgewende hoedanigheid by die

Jongboere betrokke. “Ek het baie

vertroue in Deon Bergh wat die leisels

by my oorgeneem het. Ek wéét die

vereniging se groeipotensiaal is

onbeperk en dat jongboere toenemend

tot hul eie voordeel by georganiseerde

landbou betrokke

gaan raak.”

Simbra-stoetery

Jaco het sy BA-graad met Sielkunde

en Tswana as hoofvakke aan die

Potchefstroomse Universiteit behaal.

Die feit dat hy Tswana vlot magtig is,

gee hom gereeld die laaste sê, soos

tydens ‘n onlangse vergadering by

die Potchefstroomse Landboukollege

wat deur die direkteur-generaal van

Landbou belê is. Sekere ingrypende

veranderinge in die toekomstige funksionering

van die kollege is tydens

die vergadering aangekondig en

Jaco, wat op die kollege se adviesraad

dien, kon die voorsitter juis

rondom ‘n taalkwessie in haar eie

taal teegaan.

“Dit bevorder ook die verhouding

tussen my en my werkers en maak dit

makliker as ek opdragte in Tswana

aan hulle kommunikeer. As ek egter

weer kon kies, sou ek in ‘n landbourigting

gaan studeer om dit prakties

in my boerdery te kan benut,” sê

Jaco. Benewens sy betrokkenheid by

die Potchefstroom Landboukollege,

dien hy ook op die bestuur van

die Hartbeesfontein Boerevereniging

en is hy op die dagbestuur van

die Noordwes Rooivleis Produsente

Organisasie.

Nadat Jaco volgens Pa Fanie op

die Puk “gaan mens word het”, is hy

met sy skoolliefde, Henriëtte, getroud

en is hulle na die plaas waar hulle

tans woon. Vandag spog hy met die

JacMar-Simbra-stoetery en hy boer

ook met mielies en sonneblom, maar

die vee is sy groot liefde.

“Ek is passievol oor rooivleis

en oor Simbras omdat dit ‘n maklike

boerbees is. Ek soek gehardheid,

vrugbaarheid, langslewe en ‘n koei

wat 50% van haar liggaamsmassa

op speen-ouderdom kan produseer.

Die stoet bestaan tans uit 300 diere.”

Jaco en sy pa bied jaarliks gesamentlik

‘n produksieveiling aan en

behalwe dat hulle vanjaar ‘n honderd

persent verkoping gehad het, het

een van sy bulle ‘n allemintige

R42 500 behaal, waarop Henriëtte

baie trots is.

“So iets laat ‘n mens voel jy bereik

dít waarvoor jy so hard werk,” sê

Henriëtte, wat met haar BCommkwalifikasie

uitstekend gerat is om die

boerdery se finansiële bestuur te

behartig.

Jaco is ook ‘n Brahman en

Simbra-beoordelaar wat al in Pretoria

en Vryburg – die grootste Brahmanen

Simbra-skoue in Afrika – as beoordelaar

opgetree het.

Belangstellings

Deesdae is Jaco ook in die eiendomsmark

bedrywig, ‘n belangstelling

wat vinnig ‘n tweede liefde geword

het. Hy is tans een van die ontwikkelaars

van ‘n luukse sekuriteitsdorp

in Klerksdorp.

“Enige landbouer bereik ‘n fase

waar jy besef jy kan nie meer net van

landbou afhanklik wees nie. Die

ontwikkeling het oor my pad gekom

en hoewel dit baie tyd in beslag

neem, is dit ‘n belegging in my

kinders, Elliné (9), Fanie (7) en

Leanke (16 maande) se toekoms. Ek

sal egter nooit my seun afraai om ‘n


2

landbouer te word nie. Die landbou

loop hopelik net so sterk in sy bloed

as in myne.”

Dit ten spyt is daar talle frustrasies

binne die landbou wat Jaco warm

onder die kraag maak. “Prysskommelings

en rypgedrukte transformasie

maak my kwaad. Ek het geen

probleem met ontwikkelende boere

nie, solank dit lewensvatbaar is. Ek is

bereid om enige tyd as mentor by

ontwikkelende landbou betrokke te

raak, mits die spesifieke projek

ekonomies lewensvatbaar is.”

En wat binne die landbou maak

hom hartseer? “Die sluiting van die

kommando’s. Ek dink nie ons sal die

motivering daaragter ooit verstaan

nie. Die Hartbeesfontein Kommando

het nog tot Maart 2006 om sy deure

toe te maak. Die kantore is seker die

mooiste in die land. Die kommando’s

het beslis ‘n plek binne die landbousektor

en die veiligheid van die

landelike omgewings.

Dit maak ‘n mens hartseer om te

dink iets wat gewérk het, het geen rol

meer te speel nie. Onlangs is ‘n

Brahman-stoetbul van R30 000 op ‘n

plaas by Carletonville gesteel en vir

vleis geslag. Dít maak my hartseer.”

Boodskap aan jongboere

Jaco se boodskap aan jongboere is

om die beeld van jongboere na buite

te verander.

“Elke jongboer staan aan die

stuur van ‘n onderneming wat kos vir

hierdie land produseer. Hoe vinniger

die regering gaan besef geen mens

kan doeltreffend werk met ‘n leë

maag nie, hoe vinniger gaan dit beter

met die landbou gaan.

“Ten spyte van struikelblokke

soos droogtes, graanpryse, swak

veiligheidstoestande, verval van die

landelike infrastruktuur en ‘n onsimpatieke

regering, doen ek ‘n beroep

op alle jongboere om hierdie bedreigings

in die oë te kyk, die uitdagings

raak te sien, positief te bly en steeds

kos vir Suid-Afrika te produseer.”

1. Tegnologies in pas: Jaco bring ‘n

groot deel van sy dag agter die rekenaar

deur.

2. Jaco by sy Simbras.

1

profiel


Jeanne Boshoff

Georganiseerde landbou

maak sy stem dik

Die omstrede uitspraak deur die landbouminister, me Thoko Didiza dat die regering

wil afsien van die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper”, het wye reaksie

vanuit georganiseerde landbou en by politieke partye uitgelok.

Die beginsel van gewillige koper en

verkoper en die moontlikheid om hoë

grondpryse deur staatsinmenging laer

te dwing, was kernkwessies tydens die

Nasionale Grondberaad wat in Augustus

in Johannesburg gehou is.

Didiza het dit bevraagteken of die

gewilligheidsbeginsel markverwant is

as die staat die enigste koper is. Sy het

gevra of die beginsel die regering

werklik met grondhervorming help,

veral waar daar baie verkopers en net

een koper is. “Die staat moet ‘n manier

vind om die wyse waarop pryse bepaal

word, te beïnvloed,” het sy gesê.

Sy het na afloop van die beraad

aan Agri TV gesê die regering is nog

onseker of hulle die prysplafon-opsie

gaan neem of nie.

Mnr Glen Thomas, die direkteurgeneraal

van grondsake, het kort voor

die beraad gesê die beginsel van

gewillige koper en verkoper is geneem

om wit boere aan te moedig om hulle

tot grondhervorming te verbind. “Na

elf jaar van demokrasie is die meeste,

indien nie alle swart Suid-Afrikaners

nie, egter teleurgesteld omdat die

boere hierin ‘n geleentheid vir selfverryking

sou sien. Dit gebeur deur hulle

aandrang op markverwante pryse vir

hul grond wat baie keer kunsmatig

verhoog word,” het hy gesê.

Agri SA

“Die verloop en uitkoms van die

grondberaad het geen verrassings opgelewer

nie”, sê mnr Lourie Bosman,

voorsitter van Agri SA.

“Ons sal ons standpunte oor die

ononderhandelbaarheid van ‘n markgerigte

bedeling verdedig,” het hy gesê.

“Die gewillige koper, gewillige

verkoper is die hoeksteen van ons

benadering en slegs binne hierdie

konteks sal ons die owerheid in die

proses van ordelike grondhervorming

steun. Ons sal ook na praktiese maniere

kyk om dit toe te pas. Ons

12 Senwester, September 2005

betrokkenheid by die ontwikkeling

van ‘n swart bemagtigingshandves

getuig hiervan,” het Bosman gesê.

Die weeklikse Agri SA Nuusbrief

berig sommige van die provinsiale

grondberade was swak georganiseer.

Agri SA se affiliasies het ook nie oral

spreekbeurte gekry nie. Radikale

stellings is tydens die berade

gemaak, soos dat die gewillige

koper-verkoper beginsel nie werk nie

en van afstand gedoen moet word,

dat grondpryse te hoog is, dat daar ‘n

grondbelasting ingestel moet word

om pryse af te bring en die groottes

van plase te beperk en dat die eiseproses

weer heropen moet word.

TLU SA

Die Nasionale Grondberaad is die

kulminasie van ’n veldtog wat in elke

provinsie deur ’n mini-beraad voorafgegaan

is, het mnr Willie Lewies, visepresident

van TLU SA gesê. Hy sê by

elkeen van dié mini-berade is daar

voorbrand gemaak vir die afskaffing

van die beginsel van gewillige verkoper

en gewillige koper, die oopstel

van die datum vir grondeise omdat

die “armes” nie kan lees en skryf nie

en daarom nie eise ingedien het nie,

en die terugdraai van die 1913 datum

tot die tydperk dat die blanke vestiging

plaasgevind het.

“Hoewel hierdie beginsels in ’n

onderhandelde skikking bereik is en

privaat eiendomsreg moet beskerm,

staan dit in die pad van die sosialistiese

benadering teen ’n vrye ekonomie.

Dit is waarom landbouprodusente

daarvan beskuldig word dat

grondherverdeling nie vorder nie.

“Verantwoordelike kommersiële

landbou is ’n hoë risiko en klimatologies

sensitiewe bedryf wat ’n impak

maak op die basiese bestaan van

elke persoon deur die lewering van

voedsel om ondervoeding, wanvoeding

en hongersnood te bekamp en

gesondheid op ’n volhoubare mededingende

en kommersiële grondslag

in geglobaliseerde ekonomieë te verseker.

Die Grondberaad moet die versekering

kan gee dat kommersiële

landbou sal kan voortgaan met sy

verantwoordelikheid om bekostigbare

en voldoende voedsel op die tafels

van die Suid-Afrikaanse bevolking te

bly plaas,” het mnr Lewies gesê.

Graan SA

Volgens Graan SA moet die beginsel

van gewillige verkoper en koper, en

dat geen plaas gedwonge onteien

mag word nie, gerespekteer word.

Dié organisasie het sy teleurstelling

namens die graanbedryf uitgespreek

oor die “ondeurdagte besluite” wat

op die grondberaad geneem is.

Volgens Graan SA sal groter toegang

en deelname vir nuwe toetreders

tot die graanbedryf slegs moontlik

wees indien die beginsels van ‘n vryemarkekonomie

in beleidsformulering

deur die owerheid in stand gehou

word; erkenning aan die vryemark

waar vraag en aanbod pryse bepaal

gegee word; en voldoende toegang

tot ondersteuningsdienste, insluitend

finansiering en voorligting, aan nuwe

toetreders verleen word.

Graan SA het ook versoek dat die

volgende beginsels gerespekteer

word wanneer grondhervorming en

Nasionale grondeise

Altesaam 822 315 ha kommersieel

bewerkte grond is reeds

oorgedra aan groepe eisers wie

se reg op historiese grond herstel

is. Nog 28 087 eise moet afgehandel

word. Die mikpunt is om die

uitstaande eise teen 2008/09 af te

handel, en dat altesame 19 238

daarvan teen die einde van

2005/06 afgehandel moet wees.


Waarom die gewilligheidsbeginsel volgens die regering nie werk nie:

die regering se doelwit om 30% van

kommersiële landbougrond aan nuwe

toetreders te herverdeel, ter sprake is:

Oordrag van grond op die beginsel

van gewillige koper en verkoper; instandhouding

van die volle produksiekapasiteit

van plase; voldoende finansiële

ondersteuning deur die owerheid

en geen gedwonge grondonteiening

van kommersiële plase nie.

Vrystaat Landbou

Die president van Vrystaat Landbou,

mnr Louw Steytler, het die

grondberaad gekritiseer en gesê dit

was eensydig.

“Georganiseerde landbou is bekommerd

oor die leiersrol wat die

Suid-Afrikaanse Kommuniste Party se

afvaardiging by die beraad gespeel

het,” het mnr Steytler gesê. Hy het

ook kommer uitgespreek omdat groot

finansiële instellings en kundiges van

universiteite nie die grondberaad bygewoon

het nie. Mnr Steytler sê baie

Vrystaatse boere wil nie enige verandering

aan die gewillige verkoper,

gewillige koper beginsel hê nie.

Die eerste dag van Vrystaat Landbou

se onlangse kongres is oorheers

deur die grondberaad se voorstelle

oor die afsien van die beginsel van ‘n

gewillige koper en verkoper, die

moontlike skrapping van titelaktes en

‘n beginsel van een boer, een plaas.

Mnr Steytler het gesê Vrystaat Landbou

gaan kaalvuis baklei teen die

“sosialistiese” voorstelle op die

grondberaad en gaan veg om grondhervorming

gegrond op markbeginsels

te versnel.

Agri Noord-Kaap

Mnr Johannes Möller, president van

Agri Noord-Kaap, het gesê dit is ondenkbaar

dat die georganiseerde

landbou sal toegee aan ‘n besluit om

die beginsel van gewillige koper en

verkoper weg te doen. “Deur die aanvaarding

van so ‘n besluit kan ‘n mens

net sowel van kommersiële landbou

afsien. Landbougrond se markwaarde

is sy sekuriteit en toegang tot geldelike

steun van banke,” het hy gesê.

Mnr Möller het tydens die Noord-

Kaap provinsiale grondberaad gesê

as eiendomsreg erken word, tesame

met die werking van ‘n vrye mark,

behoort vrywilligheid die grondslag

van transaksies te vorm.

“Dit sal lei tot tevredenheid met

die proses van grondhervorming en

is die enigste grondslag waarvolgens

die waarde van grond beskerm kan

word sodat welvaart voortdurend

geskep kan word,” het hy gesê.

Demokratiese Alliansie

Mnr Maans Nel, die Demokratiese Alliansie

se woordvoerder oor grondsake,

sê die departement kla gereeld

dat hulle nie genoeg grond tot hulle

beskikking het nie. “Terselfdertyd is

daar ‘n grondeienaar in die Vrystaat

wat blykbaar al reeds drie keer aan

die provinsiale departement van

grondsake geskryf het om sy eiendom

te koop aan te bied. Die departement

het nooit op sy briewe gereageer

nie.

“Daar is meer as genoeg grond

beskikbaar vir die hervormingsprogram.

Indien die departement op soek

is na grond om te koop vir gebruik in

die herverdelingsproses, hoef hulle nie

verder te soek as die sowat 4% van

alle eiendom in die land wat jaarliks op

die mark beskikbaar is nie. Die staat sit

ook met etlike miljoene hektaar grond

wat onder sy beheer is, en wat maklik

aangewend kan word,” het Nel gesê.

In ‘n dokument wat op die grondberaad

gemik was, het Nel en mnr

Kraai van Niekerk, die DA se woordvoerder

oor landbou, gesê in die breë

het die oordrag van kommersieel

lewensvatbare boerdery-eenhede wat

wel aan die regsgronde vir herstel

voldoen het, nie daarin geslaag om

die ekonomiese prestasie van dié

eenhede in stand te hou nie.

“Infrastruktuur is verwaarloos en

sleutel-elemente van produktiewe

vermoë, soos boorde, waterbronne

hoofstorie

• Grond in Suid-Afrika is duur.

• Gewillige kopers se vermoë om finansiering te kry, is beperk.

• Huidige eienaars is nie noodwendig gewillige verkopers nie.

• Die aankoop van grond op die ope mark bied geen waarborg dat genoeg van die mees geskikte grond wat plek

en gehalte betref, verkry sal word nie.

• Buitelanders koop groot stukke grond vir wildplase en gholflandgoedere. Dit stoot ander grondpryse ook op.

en grondvrugbaarheid het ernstig

agteruitgegaan. Net 1,78 miljoen hektaar

is teen 2003/2004 oorgedra. Nog

sowat 20,6 miljoen hektaar moet teen

2014 oorgedra word. Dit beteken dat

1,87 miljoen hektaar per jaar teen

2014 oorgedra moet word,” luidens

die dokument.

Grondeise

Grondhervorming kan slegs werk as

ál die betrokkenes die ekonomiese

veband in Suid-Afrika in ag neem, het

mnr Blessing Mphela, grondeisekommissaris

vir Gauteng en Noordwes

tydens ‘n toespraak in Pretoria aan

joernaliste gesê.

Mphela het gesê te veel klem word

op die politieke redes vir herverdeling

geplaas. “Grond is ‘n skaars hulpbron

waarvan daar nie ‘n oneindige hoeveelheid

beskikbaar is nie.

“Tog is daar tien jaar nadat herverdeling

begin plaasvind het, gemeenskappe

wat steeds geen opbrengste

uit hul grond kon kry nie. Inaggenome

dat grond skaars is en mense nie

iets daarvan kan maak nie, moet die

regering hom afvra wat sy verpligting

in sulke gevalle sal wees.”

Terwyl Mphela erken dat hy self

nie ‘n groot voorstander daarvan is

dat markte alles dikteer nie, sê hy

dit is wel deel van die ekonomiese

wêreldverband waarin Suid-Afrika

moet oorleef. Hy sê hy is sterk daarteen

gekant dat aansoeke om grondeise

weer oopgestel word. Volgens

hom is daar nog ongeveer 35 grondeise

in Gauteng en 300 in Noordwes

wat volgens die huidige proses afgehandel

moet word.

Mnr Paul van der Walt, president

van TLU SA, het in reaksie hierop gesê

“daar is dankbaarheid dat rasionele

denke by rolspelers in besluitnemingsposisies

begin deurskemer”.

“Die hoop word uitgespreek dat

sodanige denkskuiwe wat nodig is

om landbou geposisioneer te hou,

betyds gedoen sal word,” het mnr

Van der Walt gesê.”

Senwester, September 2005

13


Jaco Vermeulen

Landboudienste

30

Is katoenproduksie

winsgewend?

Met die huidige graansituasie is die plant van mielies nie ‘n opsie nie, terwyl die alternatiewe

ook nie veel meer winsgewend lyk nie. Jaco Vermeulen, Akkerboukundige van

Landboudienste, het met Stan Rudman van Vaalharts Katoen en Jaco van Zyl van Delta

Pine gesels om uit te vind of katoen as alternatief ekonomies verbou kan word.

In die verlede is katoen as goeie wisselbougewas

onder sowel besproeiing

as droëland ingeskakel. Dit hou

heelwat voordele in, soos die verlaging

in aalwurmgetalle en in die voorkoms

van fusarium en vrotpootjie. Die

produksie van katoen het heelwat

afgeneem, hoofsaaklik vanweë die

wisselkoers en sterk rand wat die

invoer van vesel en finale produkte

verhoog het en tot ‘n drastiese daling

in die katoenprys gelei het. Danksy

goeie navorsing is kultivars ontwikkel

wat vanweë opbrengsverhoging en

Tabel 1: Gelykbreekprys: Katoenverbouing onder besproeiing.

verbeterde kwaliteite katoenproduksie

weer aantreklik maak.

Veranderde bemarking

Katoen is in die verlede geproduseer

en aan verskeie kopers gelewer wat dit

gepluis en die vesel en saad verkoop

het. Die alternatief is dat die produsent

sy katoen deur kontrakpluising kan verwerk

en die vesel self bemark. Dit is

belangrik dat hy ‘n kontrak vir die vesel

teen ‘n vasgestelde prys het voordat hy

die katoen aanplant. Vir baie produsente

is die produksie van katoen as

gevolg van die wisselvallige prys te

riskant as ‘n prys nie voor die tyd vasgemaak

word nie.

Vaalharts Katoen

Volgens mnr Stan Rudman, besturende

direkteur van Vaalharts Katoen, is

die pluismeule op Hartswater twee

jaar gelede deur ‘n groep produsente

opgerig om katoenverbouing te bevorder.

Die oogmerk was om ‘n

fasiliteit daar te stel om die plaaslike

en nabygeleë produksie ’n stap

verder te neem. Omdat die plaaslike

KATOEN

Boer doen alle werk self buiten

kontrakpluk (meganies)

Produksiekoste (rand per hektaar) 9000

Gelykbreekprys (rand per ton)

3 3 000

Opbrengs 3,5 2 571

4 2 250

(Ton per hektaar) 4,5 2 000

5 1 800

5,5 1 636

Senwester, September 2005


landbou in praktyk

Vaalharts Katoen het die vermoë om 12 000 ton saadkatoen

te verwerk.

verbruik van katoenvesel wisselvallig is, is daar die afgelope

jaar met verskeie buitelandse kopers geskakel.

Een van die kopers, Cargill, het reeds ‘n kontrak in

plek wat hulle in Augustus aan belangstellende produsente

beskikbaar gestel het. Hiervolgens is die volgende

opsies beskikbaar:

1. Kontrak met ‘n wisselende prys.

2. Kontrak met ‘n minimum waarborg of vloerprys met

‘n geweegde gemiddeld oor die termyn van plant

tot oestyd.

3. Kontrak met ‘n minimum waarborgprys met ‘n

“Putt” opsie.

Vaalharts Katoen het die vermoë om katoen oor groot afstande

te hanteer en ‘n kapasiteit om 12 000 ton saadkatoen

te verwerk. Vir verdere navrae skakel direk met Stan

Rudman (083 230 5342) of Weston du Plessis (082 948

2704), of skakel hul kantoor by (053) 474 0115.

Tabel 1 dui aan wat die prys per ton in die sak moet

wees om die produksiekoste teen sekere opbrengste te

kan delg. Die koste is ‘n gemiddelde direkte koste vir produksie

in die Vaalharts Besproeiingskema en sluit nie

oorhoofse koste in nie. Teen opbrengste van 4 ton per

hektaar en hoër, raak die produksie van katoen dus weer

winsgewend.

Vereistes vir katoenproduksie

Voor ‘n produsent katoen as alternatiewe gewas kan oorweeg,

moet hy van die volgende seker maak:

• Katoen is deur sy hele groeiseisoen uiters gevoelig

vir ryp.

• Katoen is ‘n lang-seisoen gewas wat ‘n minimum van

180 tot 200 rypvrye dae benodig.

• Benodig vier maande tot vyf maande uniforme hoë

temperature deur die groeiseisoen.

• Vir optimum groei is ‘n gemiddelde groeiseisoen temperatuur

van 21°C tot 22°C nodig.

• Sonskyn is baie belangrik vir die volledige ontwikkeling

van die katoenplant, veral tydens die vroeë groeien

blomtyd.

• ‘n Minimum van 450 mm reën is jaarliks nodig, met

175 mm tot 200 mm oor die groeiseisoen versprei

(droëland).

• Katoen groei op verskillende soort grond, maar doen

die beste op diep, goed gedreineerde grond met ‘n

hoë humus-inhoud en gunstige voghou-kapasiteit.

• Optimum grond pH 5,2 tot 7.

32


“’n Bargain,

Buurman?”

Dink weer.

Kortpad gevat met Presisieboerdery - nou,

duisende rande later, staan talle boere met die

hande in die hare.

OmniPresies

daarenteen

is net wat dit sê: Presisieboerdery, fyn beplan,

afgerond met deurtastende ontleding, interpretering

en toepassing van data.

En die volle gewig van Omnia

daaragter.

landbou in praktyk

31 ⊳

• Die beste datum vir die plant van katoen is wanneer die

grondtemperatuur by ‘n diepte van 30 mm ten minste

16°C tot 18°C vir tien dae aaneenlopend bereik.

Katoenkultivars

Volgens mnr Jaco van Zyl van Deltapine is hulle tans die

wêreldleier in katoenplantsaad. Hulle produkte is plaaslik

beskikbaar met hulle hoofkantoor op Groblersdal. Deltapine

het ‘n samewerkingsooreenkoms met Monsanto

waar hulle tegnologie verkry. Die kultivars het almal die

volgende eienskappe in gemeen:

• Hoë opbrengspotensiaal.

• Goeie veselkwaliteite.

• Uitnemende meganiese oesbaarheid.

• Goeie stormbestandheid.

• Unieke vlakke van siekteweerstandbiedendheid.

Die volgende kultivars is beskikbaar:

1. Konvensioneel – DeltaOPAL: Die kultivar moet vir bolwurms

en ander insekte gespuit word en skoffelbewerkings

moet gedoen word.

2. Roundup Ready – DeltaOPAL RR: Die kultivar mag

op ‘n twee- en vierblaar stadium bo-oor met die

Roundup Ready-produk gespuit word. Later mag

gerigte bespuitings ook gedoen word. Die kultivar is

uiters geskik vir produsente met baie onkruidprobleme.

Die kultivar moet nog steeds vir bolwurms en

ander insekte gespuit word.

3. Bollgard – NuOPAL: Dié kultivar beheer die bolwurmkompleks

in totaal. Dit mag gebeur dat daar wel eenkeer

vir bolwurm gespuit moet word. Verkenning verskuif

nou na suiende insekte. Tradisionele skoffel moet

nog plaasvind.

4. Dubbelgeen – NuOPAL RR: Registrasie van die tegnologie

is ‘n vereiste. Met die skryf van die artikel is

daar nog gewag vir die registrasie van die Registrateur.

Die kultivar is ‘n kombinasie van die Roundup Ready

en Bollgard-tegnologie in een plant.

Katoen na gars

Proewe word tans gedoen om ‘n geskikte kultivar vir

katoenverbouing as opvolggewas na gars te ontwikkel.

Vir meer besonderhede oor die kultivars, skakel Jaco van

Zyl van Deltapine (083 289 0212).

Samevatting

Die situasie is tans van so aard dat baie produsente probleme

met mielies ondervind wat as gevolg van fusarium

omval. Aangesien boere die komende seisoen nie mielies

behoort te plant nie, is dit die ideale geleentheid om katoen

in die wisselbou in te bring.

Vanweë die verskillende voedingsbehoeftes en wortelstelses,

kan die inbring van katoen baie landboukundige

voordele inhou. Saam met die verbeterde kultivars en vasgestelde

pryse met kontrakte, kan katoen sonder ‘n te

groot risiko weer met voordelige uitwerking op die opvolggewasse

ingeskakel word. Dit is veral die finansieringsrisiko

wat aansienlik verlaag sal word deur ‘n voorplant

vastepryskontrak aan te bied.

Vir meer besonderhede skakel Jaco Vermeulen by

082 948 2557 of (053) 474-9648.

Omnia Hoofkantoor: Omniahuis, Sloanestraat 13,

Posbus 69888, Bryanston. 2021.

Tel: +27 11 709-8888. Faks: +27 11 463-3020.

www.omnia.co.za 32 Senwester, September 2005


Mariana Purnell

Landboudienste

Vaardigheidsontwikkeling

in die landbou

Twee wette het betrekking op vaardigheidsontwikkeling, naamlik die Vaardigheidsontwikkeling

Wet en die Vaardigheidsontwikkeling-heffing Wet (1998). Die Nasionale

Vaardigheidsontwikkelingstrategie (National Skills Development Strategy) word hoofsaaklik

deur die 23 Sektorale Onderwys en Opleiding Owerhede (Sector Education

and Training Authority – SETA) geïmplementeer. Mariana Purnell het gaan kyk hoe die

produsent hieraan kan deelneem.

Finansiële aansporings soos die

Vaardigheidsontwikkeling-heffings

help werkgewers en SETA’s om opleiding

te rig en aan te moedig, terwyl

professionele vereistes vir opleiding

en onderwys wat in wetgewing vervat

is, daartoe bydra om te verseker dat

die opleiding doeltreffend is.

Deelname is egter nie opsioneel

nie en alle werkverskaffers wat PAYE

betaal of ‘n totale betaalstaat van

meer as R250 000 het, moet volgens

die wet ‘n heffing betaal wat tans 1%

van die totale betaalstaat bedra.

Hierdie heffing is maandeliks aan die

SA Inkomstediens betaalbaar. Alle

werkverskaffers wat aan hierdie kriteria

voldoen, moet dus by die Suid-

Afrikaanse Inkomstediens vir die

vaardigheidsontwikkeling-heffing en

38 Senwester, September 2005

by die SETA wat betrekking het op

hul sektor, registreer.

Aanvanklik was twee SETA’s by

landbou betrokke, naamlik PAETA (vir

primêre landbou) en SETASA (vir

sekondêre landbou). Hulle het sedert

1 Julie saamgesmelt en is nou bekend

as die AgriSETA met Machiel

van Niekerk aan die hoof. Boere is

dus ook onderhewig aan hierdie wetgewing,

indien hulle totale betaalstaat

meer as R250 000 per jaar beloop.

Hoe neem ‘n produsent

deel?

Die eerste stap is om by die SAID te

registreer (vorm SDL 101) en ‘n verwysingsnommer

te kry (L-nommer).

Onthou om aan te dui dat u by die

AgriSETA wil registreer. SAID sal aan

Tabel 1: Hoe bereken die produsent sy vaardigheidsontwikkeling-heffing?

VOORBEELD

‘n Boer het die volgende werkerskomplement:

20 werkers wat elk R1 500 per maand verdien R30 000,00

1 plaasbestuurder wat R12 000 per maand verdien R12 000,00

1 finansiële bestuurder wat R8 000 per maand verdien R8 000,00

TOTALE BETAALSTAAT R50 000,00

Vaardigheidsontwikkeling-heffing (1% van R50 000) per maand R500,00

Vaardigheidsontwikkeling-heffing per jaar betaalbaar R6 000,00

Tabel 2: Hoe bereken die produsent sy toekennnings vanaf die vaardigheidsontwikkeling-toekenning?

AKSIE U ONTVANG

1. Indiening & Aanvaarding van ‘n Werkplek

Vaardigheidsplan

15%

2. Indiening & Aanvaarding van ‘n Werkplek Vaardigheidsimplementering

Verslag

45%

3. Implementering van opleiding in ‘n SETA spesifieke

projekte (bv. ABET, HIV)

10%

TOTAAL 70%

u ‘n Kennisgewing van Registrasie

(vorm SDL 103) ter bevestiging stuur.

Die heffing moet maandeliks voor die

sewende van die daaropvolgende

maand (vorm EMP 201) by die SAID

inbetaal word.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens

allokeer ‘n gedeelte van die

heffing aan die relevante SETA, en ‘n

gedeelte aan die nasionale vaardigheidsfonds.

Fondse toegedeel aan

die SETA’s is deur werkgewers terugeisbaar,

mits aan sekere kriteria voldoen

word.

Hoe word die toekennings

vanaf die vaardigheidsontwikkeling-toekenning

bereken?

Wanneer die boer begin om heffings

te betaal, kan hy vaardigheidsontwikkeling-toekennings

eis, mits aan

sekere kriteria voldoen is. Tans kan

daar tot 70% van hierdie heffing vanaf

die SETA teruggeëis word, in die

vorm van toekennings (Tabel 2).

Afgesien van die toekennings (die

sogenaamde grants) wat die boer

terug kan eis, is die volgende spesiale

toekennings ook beskikbaar,

mits dit deel van die goedgekeurde

sektor-opleidingsprogram vorm:

Geregistreerde kort kursusse/

Eenheidstandaard gebaseerde

opleiding vir die landbousektor

Kort kursusse is vir baie jare met

groot sukses deur instellings soos

Boskop aangebied. Volgens die

SETA is die grootste probleem egter

dat leerders nie erkenning gekry het

na die suksesvolle voltooiing van die

kursusse nie. Om hierdie dilemma op

te los, is daar sogenaamde eenheidstandaarde

opgestel wat sal verseker


landbou in praktyk

dat daar aan minimum vereistes voldoen word. Sodanige

opleiding sal voortaan gesertifiseer kan word en leerders

sal amptelik erkende sertifikate ontvang.

Koste hiervoor kan met vooraf goedkeuring van die

AgriSETA teruggeëis word, gegewe bepaalde reëls vir

daardie opleiding van werkers. Buiten landboukolleges,

verdere-onderwyskolleges, technikons en universiteite, is

daar verskeie geakkrediteerde opleidingvoorsieners wat

eenheidstandaardgebaseerde opleiding kan aanbied.

Leerlingskappe

‘n Leerlingskap is ‘n uitbreiding en verbetering van die

voormalige vakleerlingskap (wat beperk was tot tegniese

beroepe) en strek gewoonlik oor ‘n tydperk van ses

maande tot een jaar. 30% van die opleiding is teorie en

70% is prakties. Die grootste deel van die opleiding, ten

minste die praktiese gedeelte, kan op die plaas geskied.

Leerlingskappe kan in verskeie rigtings deurloop word

soos bv. plaasoperateur, plaaseienaar of junior-plaasbestuurder

met ‘n keuse van tuinbou, akkerbou

of veeteelt.

Leerlingskappe word in samewerking met die SETA

by die Departement van Arbeid geregistreer en is ’n

manier waarop ‘n nasionale kwalifikasie verwerf kan word.

AgriSETA sal die kursusgelde betaal indien ‘n boer

van sy werknemers aan ‘n geregistreerde leerlingskap

wil blootstel. Om soveel as moontlik werkgewers die

geleentheid te bied om aan die proses deel te neem, sal

tot ‘n maksimum van vyf werknemers per werkgewer voor

betaal word. Indien ‘n werkgewer meer werknemers aan

‘n leerlingskap wil blootstel, sal hy self vir die addisionele

leerders moet betaal. Die koste verbonde aan ‘n leerlingskap

is ±R15 000 per leerder.

Bogenoemde is gerig op permanente werkers, maar

indien ‘n produsent byvoorbeeld ‘n werklose persoon die

geleentheid wou gun om ‘n leerlingskap te voltooi, sal

AgriSETA ook bydra tot so ‘n persoon se onderrigkoste

plus ‘n weeklikse toelaag van R130 per week vir die

duur van die opleiding. In alle gevalle moet formele

leerlingskapkontrakte gesluit word volgens wetlike

voorskrifte.

Na die voltooiing van die leerlingskap sal die

werkgewer geen verdere verpligtinge teenoor die leerder

hê nie. Die inneem van so ‘n leerder gee egter vir die

werkgewer die geleentheid om so ‘n persoon te evalueer

vir moontlike permanente indiensneming.

Praktiese opleiding kan op die plaas geskied.

Mielies en

winterlekke

Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder

Oor die afgelope paar weke het heelwat veeboere

navraag gedoen oor die gebruik van mielies in

winterlekke. Weens die relatief lae prys van mielies is

daar ‘n groot behoefte om soveel moontlik mielies in ‘n

winterlek te gebruik. Hoewel mieliemeel ‘n belangrike

komponent in ‘n winterlek is, moet mieliemeel teen die

korrekte hoeveelheid in ‘n goed gebalanseerde

winterlek gebruik word.

Die proteïen-waarde van mielies is tussen agt- en nege

persent, terwyl die proteïen-inhoud van ‘n winterlek

tipies tussen 25% en 50% is. Sou mens dus te veel

mieliemeel in ‘n winterlek insluit, sal dit die proteïeninhoud

daarvan verlaag. Sodra die proteïen-inhoud van

‘n winterlek te laag is, werk so ‘n lek nie meer as ‘n

rumenstimulerende lek nie. So ‘n lek sal geneig wees

om die weiding te verplaas in plaas van om die

benutting van droëgras te bevorder of die inname

daarvan te verhoog. Dikwels word na die situasie

verwys as vervangingsvoeding. M.a.w. die diere word

“lui om te wei en lê by die lekbakke”. ‘n Lek te laag in

proteïen, sal die lekkostes drasties verhoog.

Mieliemeel bevorder die veilige benutting van ureum.

Die onderstaande tabel gee ‘n paar voorbeelde van

lekmengsels waar gepoog word om die maksimum

hoeveelheid mieliemeel sinvol in ‘n winterlek te gebruik.

Menginstruksies vir maksimum mieliemeel insluiting

Tipe lek Winterlek Produksielek

Mengsel 1 2 3 4 5

Kg Kg Kg Kg Kg

Voermol Dundee

Lekkonsentraat+P* 50 150 - 250 -

Voermol Premix 450* - - 200 - 50

Voermol Rumevite P12* - - - 50 -

Mieliemeel 50 100 100 550 50

Sout 50 100 50 150 -

Totaal 150 350 350 1000 100

Samestelling (g/kg):

Ruproteïen

(min) 300 374 280 250 265

Aanbevole Inname:

(g/dier/dag)

Beeste 500 - 400 - 550 - 1500 - 1750

730 580 780

* Geregistreer onder Wet 36 van 1947.

Hoë vlakke van mieliemeel kan baie

suksesvol in winterlekke gebruik

word, mits die insluiting van

mieliemeel oordeelkundig

gedoen word.

Tindrum 4/217


Hennie Snyman

landbou in praktyk

Volhoubare produksie

op gebrande weiveld

In die hoër reënvalgebiede is dit praktyk om sekere dele van die weiveld vir ‘n volle

groeiseisoen te laat rus, dit die daaropvolgende seisoen te brand en dieselfde

seisoen, nadat genoeg benutbare materiaal beskikbaar is, te bewei, skryf prof Hennie

Snyman van die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde aan die Universiteit van die

Vrystaat.

Die invloed van beweiding op die produktiwiteit

van die weiveld ná ‘n brand

is in die Bloemfontein-omgewing

nagevors. Die langtermyn gemiddelde

jaarlikse reënval is 530 mm en die

gebied word deur rooigras (hemeda

triandra) oorheers. Die veld was tydens

die brand in ‘n goeie toestand.

Brand se invloed op

polafsterwing

Vuur het die basale bedekking van

die weiveld van 7,25% tot 2,50% verlaag.

Een en twee groeiseisoene ná

die brand was die basale bedekking

40 Senwester, September 2005

steeds onderskeidelik 28% en 11%

laer as veld wat nie gebrand het nie.

Dit was veral die grasspesies wat

gewoonlik groot polle vorm – soos

terpentyngras (Cymbopogon plurinodis)

en rooigras – wat die grootste

persentasie polafsterwings getoon

het (Tabel 1).

Perdegras (Triraphus andropogonoides)

met sy harde voorkoms was

die minste gevoelig vir brand, maar

gemiddeld die helfte van ‘n pol

het steeds doodgebrand. Teen die

verwagting in het gemiddeld 65%

van alle polle van die klimaks- en

Tabel 1. Polafsterwing (%) weens brand soos twee maande na die brand bepaal.

Spesies % Afsterwing

Terpentyngras (Cymbopogon plurinoïdes) 75,36

Vingergras (Digitaria eriantha) 59,41

Krulblaar (Eragrostis chloromelas) 59,42

Weeluisgras (Superba) 62,1

Koperdraadgras (Elionurus muticus) 69,68

Buffelsgras (Panicum stapfianum) 68,39

Fynsaadgras (Sporobolus fimbriatus) 61

Rooigras (Themeda triandra) 76,29

Perdegras (Triraphus andropogonoides) 55,88

Gemiddeld 65,28

Tabel 2. Gemiddelde grondtemperature ( o C) vir gebrande en nie-gebrande veld,

bepaal gedurende die week van 4 November 2001 tot ‘n diepte van 50 mm.

Tyd Nie-Brand Brand

Ontblaar Nie ontblaar Ontblaar Nie ontblaar

05:00 18,22 18,13 18,25 18,15

07:00 20,36 19,24 24,14 22,44

09:00 22,32 21,12 31,13 29,22

11:00 24,14 23,44 33,22 31,13

13:00 26,41 25,26 34,51 33,27

15:00 30,36 28,17 37,47 36,19

17:00 27,12 26,31 34,15 33,16

19:00 23,29 23,22 33,24 31,24

21:00 20,14 20,51 20,55 20,3

23:00 19,26 19,13 19,54 19,22

subklimaksgrasse doodgebrand. Die

grasspesies in Tabel 1 is slegs die dominante

grasse wat voorgekom het.

Spesies soos steekgras (Aristida congesta)

wat baie klein polletjies vorm,

is nie aangeteken nie.

Invloed van beweiding op

produksie

Veld wat in dieselfde groeiseisoen ná

die brand in Oktober, Desember of

Februarie ontblaar is, het in die volgende

groeiseisoen ‘n betekenisvolle

verlaging in produksie getoon. Hierdie

vergelykings is telkens met dieselfde

gebrande veld wat nie ontblaar

is nie, gemaak.

Ontblaring in Oktober net ná die

brand het produksie die volgende

Oktober tot April met tussen 48% en

28% verlaag. Dit is ‘n aansienlike verlies

teen die agtergrond dat die produksieverlies

oor hierdie tydperk –

ongeag beweiding, maar slegs as

gevolg van brand – reeds gemiddeld

met 47% tot 34% laer as ongebrande

veld was.

‘n Oktober-ontblaring nadat die

veld vir ‘n volle groeiseisoen gerus

het, se produksie was vir die volle volgende

jaar steeds 32% laer as veld

wat nie ontblaar is nie. Veld wat vir ‘n

groeiseisoen na die brand nie ontblaar

is nie, se produksie vir die volgende

seisoen se Desember- en

Februarie-ontblarings was nie betekenisvol

laer as dié van veld wat nié

ontblaar is nie.

Die produksieverlies weens ontblaring

in Februarie nadat die veld vir

‘n volle groeiseisoen gerus het, was

slegs 8% laer as nie-beweide veld. Dít

is oor normale tot bo-normale reënvalseisoene

gemonitor. Sou die brand

deur onder-normale reënvaltoestande

gevolg word, sal die produksieverlies


weens beweiding van gebrande veld

aansienlik hoër wees.

Die tendens is dus dat hoe later

die veld in die groeiseisoen na ‘n

brand bewei word, hoe vinniger sal

die afname in produksie weer opgehef

word weens die ontblaring in die

volgende seisoen.

Weiveld in semi-droë gebiede

behoort vir ‘n volle groeiseisoen ná ‘n

brand (normale reënval) en vir ten

minste die eerste gedeelte (lente) van

die volgende groeiseisoen (ondernormale

reënval), nie bewei te word

nie om die volhoubare benutting van

die weiding-ekostelsel te verseker.

Die eerste winter na die brand

behoort beweiding nie te straf nie

plaas te vind.

Doeltreffende waterverbruik

en beweiding

Veld wat vir ‘n hele groeiseisoen na

die brand nie ontblaar is nie, het vir al

die ontblaringstye water die doeltreffendste

na droëmateriaal omgeskakel.

Dit is belangrik omdat reënval in

hierdie gebied die beperkende omgewingsfaktor

is wat produksie bepaal

of beïnvloed. Die Oktober-ontblaring

het reën die swakste in droëmateriaal

omgeskakel, ongeag of ‘n seisoenale

rustydperk na die brand ontvang is.

Die doeltreffendheid van waterverbruik

het toegeneem soos wat die

veld later in die seisoen vir die eerste

keer na die brand bewei is.

Beweiding en

grondtemperatuur

Die uurlikse grondtemperatuurlesings

wat direk na die brand gedoen is,

toon dat die grondtemperatuur,

ongeag ontblaring, tot ‘n diepte van

50 mm gemiddeld van 07:00 tot 19:00

verhoog is (Tabel 2). By die veld wat

nie gebrand het nie, het ontblaring

die grondtemperatuur eers vanaf

11:00 tot 19:00 verhoog.

Ontblaring het die grondtemperatuur

tot ‘n diepte van 50 mm twee

weke ná die Oktober- en Desemberontblarings

dieselfde seisoen verhoog

(Tabel 3). Waar die veld nie gebrand

het nie, het ontblaring geen betekenisvolle

invloed op die grondtemperatuur

gehad nie. Ongeag ontblaring is die

grondtemperatuur oor die eerste seisoen

na die brand tot ‘n diepte van

50 mm verhoog.

Tabel 3. Gemiddelde grondtemperatuur ( o C) vir gebrande (eerste groeiseisoen na

brand) en nie-gebrande veld geneem ongeveer 14:00 van die dag tot ‘n diepte van

50 mm, twee weke na die Oktober-, Desember-, Februarie- en April-ontblarings.

Maand van

Nie-brand Brand

ontblaring Nie ontblaar Ontblaar Nie ontblaar Ontblaar

Oktober 26,5 28 33,5 35,5

Desember 29,5 30,5 35 36,5

Februarie 32 33,2 37,8 39

April 24,3 25,3 27,3 28,8

Hoe vroeër die veld na ‘n brand bewei word, hoe langer en groter is die negatiewe oordrageffek

in produksie na ‘n volgende seisoen.

landbou in praktyk

Samevatting

Tendense soos verhoogde grondtemperature,

-erosie, -kompaksie en laer

grondwaterinhoud sal verder beïnvloed

word wanneer weiveld te vroeg

na ’n brand bewei word.

Die gebrande veld moet lank

genoeg rus om die blootgestelde

grond te beskerm en sodat die mikroomgewing

sover moontlik weer normaal

kan funksioneer.

• In droër gebiede moet water doeltreffend

benut word. Die grondwaterbalans

van die gebrande weiveld

moet so vinnig moontlik tot

normaal kan terugkeer.

• Gebrande veld wys eerste tekens

van verwelking voordat daar sprake

van ‘n werklike droogte is. Met

beweiding word die grondoppervlakte

blootgelê en verdere waterverlies

kan voorkom.

• Dit lyk soms of gebrande veld

vinniger uitloop en meer as niegebrande

veld produseer. Die

teendeel is egter vir die droër

weivelddele bewys.

• Onder bo-normale reënvalseisoene

is ‘n rustydperk van ten minste

die volle groeiseisoen na die brand

‘n moet om plantegroei, stabiliteit

en groeikrag te verseker.

• As die gebrande veld vir die volgende

seisoen se eerste helfte nie

bewei word nie om vir die wisselvallige

en lae reënvaltoestande te

kompenseer, behoort dit produksiegewys

en vir ekologiese stabiliteit

verhaal te word.

• Hoe vroeër die veld na ‘n brand

bewei word, hoe langer en groter

is die negatiewe oordrageffek

in produksie na ‘n volgende

seisoen.

• Dit is dikwels moeilik en onprakties

om diere na ‘n brand te verminder,

maar dit sal vir die vinnige herstel

en volhoubare produksie oorweeg

moet word.

• Die ru-proteïeninhoud van gebrande

veld is hoër oor die eerste seisoen

na brand. Indien slegs ‘n

gedeelte van ‘n kamp gebrand het,

sal die hele kamp van diere onttrek

moet word, omdat die diere slegs

op die smaakliker en sappiger hergroei

van die gebrande gedeelte

sal konsentreer.

• Oorbeweiding van gebrande gedeeltes

binne ‘n kamp moet so ver

moontlik vermy word.

Senwester, September 2005

41

More magazines by this user
Similar magazines