Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

gwk.co.za

Groot vraag na aangepaste ramme - gwk

Meat-to-Market gaan

groen met biogasaanleg

Graanmark se volatiliteit

duur steeds voort

Veiling: Groot vraag na

aangepaste ramme

`n handelsmerk van

Maart 2013


2

Redaksioneel

‘Om groen te gaan’ is om `n verskil te maak.

3

Geestelike akker

Sê in die storm: Ek glo!

4

Agrikalender

5

Damme en reënval

6

Landbouwenke

8

GWK: Direksie en Bestuur

10

LANDBOUSAKE

Aktueel

Meat-to-Market gaan groen met unieke

biogasaanleg.

16

Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep.

18

Graan

Graanmark: Volatiliteit duur voort, mieliemark

toon verliese.

22

Graan

Produsente benut dié opsies.

24

Graan

Valgetal van nat koring stem produsente

onrustig.

30

Presisieboerdery

Interessante waarnemings weer op mielies

gedoen.

34

Saad

Australiese grondboonteler besoek GWK

se proewe.

38

Lewendehawe

Groot vraag na aangepaste ramme op

Veldramveiling.

Inhoud

42

GWK NUUS

- Druiwe-oestyd sorg vir groot opwinding.

- Motorwas op Modderrivier `n reuse

sukses.

- Manne durf die Midmar-myl saam aan.

- LAW op De Aar kry besoek uit Venezuela.

46

ONS MENSE

Vreugde op Valentynsdag!

52

KOMMUNIEK KIEKIES

Skouer aan die wiel.

54

RUGBYPRAATJIES

Griekwas gesels

Vodacombeker vanjaar in Griekwas se

visier.

55

DIE SKOPSKOEN

Super Rugby enig in sy soort.

56

Vir die jongspan

Pret op die plaas.

58

VROUE

Leefstyl

Kies die regte kleur op die komplekse

kleurkaart.

60

VLV Fokus

-‘Ons maak lemon(ade)’

-Roos gekweek om VLVK se 85ste verjaardag

te herdenk.

62

Gesondheid

Pragtige pere . . vir `n liggaam propvol

energie.

63

Resep

Peerslaai met kerrie-kasjoes en rooi

druiwe.

64

Agterblad

Hendrik is terug . . .

10 Abattoir gaan groen

18 Graanmark is volatiel

52 Wenkiekie

58 Ken jou kleure . . .


Carien Grobler

Redakteur

‘Om groen te gaan’ is

om `n verskil te maak . . .

D ie uitdrukking “om groen

te gaan” beteken om praktyke

toe te pas wat omgewingsvriendelik

is en om ekologies

verantwoordelike besluite oor `n mens

se lewenstyl te maak. Sodoende kan

elke mens `n verskil maak om die

omgewing te help beskerm en natuurlike

hulpbronne vir toekomstige generasies

te onderhou.

Dít is presies wat die Meat-to-Market-beesabattoir

op Jan Kempdorp

met sy unieke biogasaanleg reggekry

het. Dié abattoir, waarin GWK `n 30%

aandeelhouding het, benut nou elke

kilogram van die bees wat geslag word.

Kommuniek het by M2M gaan kuier om

te kyk hoe hierdie omgewingsvriende-

Uitgewer namens GWK Bpk.

Neil de Klerk

(Uitvoerende Bestuurder:

Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar

Carien Grobler

082 802 3628

Advertensies

Carien Grobler

082 802 3628 / carieng@gwk.co.za

2

Hoofkantoor

GWK Bpk.

De Villiersstraat

Posbus 47

Douglas

8730

Redaksioneel

like aanleg werk.

In hierdie uitgawe bring ons weer ons

lesers op hoogte van alles wat by GWK

aan die gang is met ons rubriek Wat

aandeelhouers moet weet.

Dan kyk ons na die graanmark, waar

die volatiliteit die afgelope maand

voortgeduur en verliese in die mielie-

mark ervaar is.

Ons kyk ook na die valgetal van koring,

wat produsente ná die afgelope

nat koringseisoen onrustig stem.

Ons besoek saam met die Australiese

grondboonteler mnr. Graeme Wright

die grondboonproewe wat GWK saam

met die Australiese maatskappy The

Peanut Company of Australia aangeplant

het en doen ook aan by die 11de

Veldramveiling wat onlangs op die

Telefoon

053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerf

www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers.

E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za

Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

Jeugkamp buite Prieska aangebied is.

En dan kom die dames aan die beurt,

wat hierdie maand leer dat kleur baie

meer kompleks is as wat `n mens

mag dink en kan beïnvloed hoe ander

mense na jou kyk.

Ons geniet `n paar handige wenke

oor die gesondheidsvoordele van pere

voordat ons `n peerslaai met kerriekasjoes

en rooi druiwe aanmekaarslaan

en kuier by die VLV op Prieska wat lemon(ade)

maak.

Oudergewoonte wag Piet weer met `n

lekkerlees storie op die agterblad en

hierdie keer is Hendrik terug . . .

Tot volgende keer.

Carien

VOORBLADFOTO

Mielies onder besproeiing teen `n

helderblou hemel buite Prieska.

Foto: Bertie Theron


Milanie Vosloo Geestelike akker

Sê in die storm: Ek glo!

Tog was dit ons swakhede wat hy gedra

het. Hy het swaar gedra aan ons

pyn. Jesaja 53:4a

Soms ruk lewensomstandighede ernstig

aan ons geloofsbootjies. Veral

wanneer daar slegte dinge met goeie

mense gebeur wat glad nie sin maak

nie. Dan is dit nie vreemd om te hoor

dat mense voel of hulle geloofsoor-

tuigings wil sink nie.

Sulke tye moet ons onthou: Ons is

nie God nie. Daarom sál ons sy weë

nooit kan verstaan nie. Die feit dat Hy

God en ons mens is, beteken egter

dat ons nie hóéf te verstaan nie! Ons

kan egter altyd vashou aan die volgende

waarhede:

God se hart is saam met ons s’n

seer oor enige vorm van onreg,

wreedheid en verwoesting. Hy het

elke mens op aarde so lief dat Hy

sy lewe gegee het. Waarom sal

Hy dan genoegdoening uit ons

pyn kry?

Die stukkend van hierdie wêreld

kan nie voor God se deur gelê

word nie. Dis Satan wat elke

greintjie skoonheid en vol-

maaktheid probeer afbreek.

En as gevolg van die sonde

wat hy skep, leef ons, tot en

met die wederkoms, in `n gebroke

wêreld.

Om God te ken, waarborg nie

aan ons `n uitgesonderde pynlose

en immer-gelukkige lewe nie,

máár kinders van God kry mid-

de in hulle ergste pyn troos in die

wete dat God se genade in alle

omstandighede vir hulle genoeg

sal wees.

Glo vandag – ondanks alles – dat jou

God steeds in beheer is.

Redder van my lewe, help my om te

glo ... en te wéét: U blý die God van

liefde!

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur

Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


5 Maart

7 Maart

12 Maart

13 Maart

Foto: Bertie Theron

Kimberley groot- en kleinveeveiling

Hertzogville Speenkalfveiling

Kimberley groot- en kleinveeveiling

Cronje Dorpers

4

Veilingskalender

en Veilingspryse

Veilingspryse vir lewendehawe - Februarie tot Maart 2013

28/01 - 01/02

Bees

Slagosse

Slagkoeie

Maer beeste

Ligte kalwers

(180-200kg)

Swaar kalwers

(201-250kg)

Swaar kalwers

(250kg +)

Skape

Slaglammers

Stoorlammers

Kruislammers

Slagooie

Maer ooie

Klein bokkies

Jong bokke

Bokooie

Kby

R11.00

R11.00

R9.00

R18.00

R17.00

R15.80

Kby

R19.00

R18.50

R18.00

R18.00

R14.00

R13.00

R23.00

R18.00

04/02 - 08/02

Bees Kby

Slagosse

Slagkoeie

Maer beeste

Ligte kalwers

(180-200kg)

Swaar kalwers

(201-250kg)

Swaar kalwers

(250kg +)

Skape

Slaglammers

Stoorlammers

Kruislammers

Slagooie

Maer ooie

Klein bokkies

Jong bokke

Bokooie

R11.00

R11.00

R9.50

R17.00

R16.50

R16.00

Kby

R19.00

R18.50

R18.00

R12.00

R12.00

R22.00

R22.00

R18.00

19 Maart

26 Maart

28 Maart

11/02 - 15/02

Bees Kby

Slagosse

Slagkoeie

Maer beeste

Ligte kalwers

(180-200kg)

Swaar kalwers

(201-250kg)

Swaar kalwers

(250kg +)

Skape

Slaglammers

Stoorlammers

Kruislammers

Slagooie

Maer ooie

Klein bokkies

Jong bokke

Bokooie

Kimberley groot- en kleinveeveiling

Kimberley groot- en kleinveeveiling

Griekwastad-veiling

Boshof-veiling

R11.00

R11.00

R9.50

R17.30

R17.30

R16.50

Kby

R20.00

R20.00

R18.50

R12.80

R12.00

R22.00

R22.00

R18.00

18/02 - 22/02

Bees Kby

Slagosse

Slagkoeie

Maer beeste

Ligte kalwers

(180-200kg)

Swaar kalwers

(201-250kg)

Swaar kalwers

(250kg +)

Skape

Slaglammers

Stoorlammers

Kruislammers

Slagooie

Maer ooie

Klein bokkies

Jong bokke

Bokooie

R11.00

R11.00

R9.00

R17.00

R16.00

R15.50

Kby

R19.50

R18.00

R17.50

R10.20

R10.00

R21.00

R21.00

R17.00


Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

Riviersisteem Dam % Vol

Oranjerivier

Vaalrivier

Hartsrivier

Rietrivier

Modderrivier

50

40

30

20

10

0

50

40

30

20

10

0

50

40

30

20

10

0

140

120

100

80

60

40

20

0

Welbedachtdam

Gariepdam

Vanderkloofdam

Boegoebergdam

Vaaldam

Allemanskraaldam

Erfenisdam

Spitskopdam

Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

89

98

98

106

96

39

44

71

59

66

Damme en reënval

120

100

80

60

40

20

0

Reënval 25 Januarie - 22 Februarie 2013

Douglas

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Douglas

Skaal

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Prieska

Green Valley Nuts

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Rietrivier

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Maandelikse voorspelling: Maart 2013

50

40

30

20

10

0

50

40

30

20

10

0

50

40

30

20

10

0

Inligting verkry van GFCSA

Prieska

Hopetown

Douglas

Lunenburg

Barkly-Wes

5

Rietrivier

Vaalharts

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Barkly-Wes

Ulco

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Hopetown

Lilydale

25 Januarie - 22 Februarie 2013

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn


Mielies

Die waterbehoefte van vroeë

mielies neem af. Pas aan en

stop water sodra vogtranslokasie

in die pitte afgesny is

(donker kleur naby kiemgedeelte

van die pit).

Gaan aanplantings deur vir rooi

spinmyt en spuit in `n vroeë

stadium om opbrengsverlies te

Pekanneute

Gaan normaal voort met

besproeiing en onkruidbeheer,

dis veral belangrik in jong

aanplantings.

Die boordvloer moet voor oestyd

skoongemaak word om die

oesproses te vergemaklik.

Grondmonsters en

grondvoorbereiding moet van

nou af tot Junie gedoen word.

Indien grondverskille soos

tekstuur en kleur in `n boord

Grondbone

Grondbone is in die gevorderde

peulstadium en besproeiing

kan stelselmatig verminder

word afhangende van

klimaatstoestande.

Kyk uit vir Schlerotiumvrot – wit

swamdrade wat klein, ronde

swart vrugliggame produseer

waar stamme uit die grond

kom. Ankers word beskadig en

peule kan totaal vernietig word

of swambesmet en verkleur

voorkom. Die eerste tekens is

enkel plante of kolle in die land

wat verlep begin vertoon. Enkel

takke of die hele plant begin

afsterf.

6

Landbouwenke

voorkom. Dié plaag vermeerder

baie vinnig.

Stronkboorder kan steeds skade

doen by laat aanplantings en

moet gemonitor en gespuit word.

Bolwurm kan ook skade aan

koppe aanrig deur veral aan die

bopunt by die baard in te tonnel

en te vreet.

voorkom, moet die boord

dienooreenkomstig onderverdeel

en afsonderlike monsters van

verskillende dele geneem word.

Plaagbeheer moet deurentyd

toegepas word, veral vir stam- en

basboorders, geelpekanplantluis

en skurfsiekte.

Rypwording van neute geskied

vanaf April tot Julie en wissel

na gelang van die gebied en

kultivars.

Schlerotiumvrot kan voorkom

onder nat toestande waar plante

baie welig groei met min lugvloei,

asook waar baie plantreste te vlak

in die wortelsone ingewerk is.

Indien dit aanwesig is, moet

besproeiing drasties verminder

word om te verhinder dat dit

verder versprei. In ernstige

gevalle is dit raadsaam

om vroeër as

normaal te

begin oes

om verliese

te beperk.

Rooi spinmyt

kan

voorkom, veral op aanplantings

naby mielies of katoen. Spuit

onmiddellik wanneer dit waargeneem

word, aangesien groot

blaarverlies kan voorkom.

Laaste blaarvlekbespuiting kan

gedoen word om loof teen laat

blaarvlek te beskerm.


Aartappels

Om virusbesmetting te

voorkom is beheer van

plantluise uiters belangrik.

Installeer minstens twee

moniteringspunte in elke

aanplanting.

Weiding

Swenkgrasmengsel kan

van Maart tot Mei gevestig

word.

Wei 12 weke ná

plantdatum of as totale

weidingslengte ± 20cm

hoog is.

Eerste beweiding moet lig

wees (wei terug na ± 15

cm). Dit sal veroorsaak

dat polle begin stoel.

Lusern

Vestig nuwe lusernaanplantings

vanaf einde

Maart tot Mei.

Die saadbed moet ferm

wees: `n Mens moenie

insak as hy oor die saadbed

loop nie. Sit `n dis

met roller oor voor plant.

Plant in klam grond

en rol vas sodat goeie

saadkontak met die grond

verkry word. Los grond

bo die saad veroorsaak

swak saad-grond-kontak

wat tot swak opkoms en

standprobleme kan lei.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

Spuit wanneer

luisbevolkingsdruk begin

toeneem.

Operding kan ook

gedoen word om groter

drag te inisieer.

Onthou om voorsiening

te maak vir beskikbare

weiding in die periode

waar die mengsel

dormant is. In die somer

sal voersorghum `n

goeie alternatief wees

en middel winter (Junie

en Julie) `n hawer- en

stoelrogmengsel of

eenjarige raaigras.

Plant vlak, nie dieper as

10mm nie.

Indien die pH te laag

(onder ses) is, moet

landboukalk toegedien

word. Dit verbeter ook die

grondstruktuur, help om

plantestand beter te vestig

en langer te produseer.

Onkruidbeheer is

belangrik om lusern

suksesvol te vestig.

Vir gevestigde lusern,

besproei swaar en laat

redelik droog word voor

volgende besproeiing.

7


Direksie

Voorsitter

Frank Lawrence

Ondervoorsitter

Frans Lubbe

Hoofbestuur

Besturende Direkteur

Johan van Dyk

Finansiële Direkteur

Johan Klopper

Hoofbestuurder: Handel

Mark du Plessis

Uitvoerende

bestuurspan

Saadproduksie, Chemikalieë en

Gewasproduksie

Cas Prinsloo

079 510 2710

Oliesade en Pekanneute

Andreas Snyman

082 801 1849

Graanfasiliteite

Carl du Toit

082 906 2121

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat

Hennie van der Walt

079 511 4547

Direkte Insette

Rocky le Roux

082 317 7656

Veilings en GWK Properties

Willie Meyer

071 680 4103

8

Direkteure

Hennie Coetzee

Wynand Human

Johan Jacobs

Tertius Marais

Mattheus Maree

Hoofbestuurder:

Spesialisprodukte

Llewellyn Brooks

Hoofbestuurder:

Primêre Produksie

Pieter Bekker

Veevoere en Aanverwante Produkte

Christo Beukman

082 906 2382

Westra

Kenne Louw

082 804 7545

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal

Terence van Dyk

082 885 4163

Sidi Parani

Chris Piek

083 629 8569

Menslike Hulpbronne

Chopper Theart

082 806 9995

Direksie en Bestuur

Presisieboerdery, Produksienavorsing

en Opkomende Boer Ontwikkeling

Dup Haarhoff

083 646 1111

Korporatiewe Bemarking

Neil de Klerk

082 881 7531

Willem Mülke

Eric Ramongalo

Piet Roux

Ronnie Stadhouer

Koos van der Ryst

Frans Wiid

Hoofbestuurder:

Graanprodukte

Tom Meintjes

Hoofbestuurder:

Veilings, Vleis en Supermarkte

Wim van Rooyen

Vleisbedrywe

Alex Cilliers

082 808 3063

Finansiering en Finansiële

Landbou-advies

Kobie Greyvensteyn

082 808 4178

Sekretariaat en Risikobestuur

Freek Meyer

083 644 0022

Finansies en Stelsels

Andri Bezuidenhout

071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap

Wikkie Burger

079 519 1630

Meganisasie en Ingenieurswerke

Johan Kruger

082 809 4778

Versekering en FloTank

Brits van den Berg

082 803 5190


Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare

welvaart binne die

voedselvoorsieningsketting

te skep vir deelnemende be-

langhebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die

voedselvoorsieningsketting

te wees.

Missie en Visie

Missie

Ons genereer markgerigte

besigheidsoplossings in agri-

en voedselvoorsiening op `n

entrepreneuriese wyse, ge-

kenmerk deur:

innovasie;

dinamiese leierskap;

energieke uitvoering en

eienaarskap

gerugsteun deur gevestigde

en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig

deur:

spanwerk;

integriteit;

menswaardigheid;

deursigtigheid;

toegewydheid;

verantwoordbaarheid;

aanpasbaarheid en

kliëntegerigtheid.

9


Carien Grobler Aktueel

Meat-to-Market gaan groen

Die Meat-to-Market-beesabattoir,

waarin GWK `n 30% aandeelhouding

het, het baanbrekerswerk

gedoen met die implementering

van `n unieke biogasaanleg

om van slagafval ontslae te

raak. Die aanleg is `n eerste in sy

soort in Suid-Afrika – pionierswerk

van Meat-to-Market. Kommuniek

het gaan kyk hoe dié abattoir sy

slagafval op `n omgewingsvriendelike

manier verwerk.

N adat die plaaslike munisipaliteit

in 2010 besluit het

om nie meer bloed van die

abattoir by die munisipale rioolwerke

te verwerk nie, moes Meat-to-Market

`n ander alternatief vind. Die bloed is

aanvanklik ten duurste na `n steriliseringsaanleg

in Noordwes weggery. Dit

was egter nie in die langtermyn bekostigbaar

nie en `n oplossing moes gevind

word om die bloed plaaslik te

steriliseer sodat dit in bloedmeel verwerk

kon word.

Dit het beteken dat die bloed met

stoom gekook en daarna gedroog

moes word. “Ons het `n eenvoudige

patent van `n onderneming wat bloed

droog verkry en die steriliseringspype

gebou, `n stoomketel gehuur en `n

paraffientenk opgesit om die bloed te

kook, vertel mnr. Albert Grundlingh,

Bestuurder: Meat-to-Market.

“Ons het `n redelike groot gron-

10

met unieke biogasaanleg

Mnre. Hörst Unterlechner (Kontrakteur van Duitsland), Alfred Hlanza (aanleg-operateur)

en Albert Grundlingh (Bestuurder: Meat-to-Market).

Foto’s: Tania Fourie

doppervlak benodig om die bloed te

sondroog. Dit is goedgunstiglik deur

`n nabygeleë produsent aan ons

beskikbaar gestel.”

Die droë bloed is dan opgeskep en

in ou soutsakke gegooi waarna dit

verkoop is aan `n verskaffer wat onder

meer produkte vir hondekos lewer.

“Hiermee was die bloedprobleem

tydelik opgelos en kon ons minstens

`n gedeelte van die koste verhaal,”

sê Grundlingh.

`n Tweede probleem het egter met

die abattoir se afgekeurde materiaal

ontstaan. Volgens die Wet op vleis-

veiligheid moet sulke materiaal in `n

verbrandingsoond verbrand word,

moet dit begrawe word of in `n steriliseringsaanleg

tot karkasmeel verwerk

word.

“Aangesien ons nie oor `n sterilise-

ringsaanleg beskik nie, was dit nie ’n

opsie nie, verduidelik hy. Die verbran-

dingsopsie veroorsaak slegte reuke

en gaan ook met rookbesoedeling

gepaard. Ons het daarom verkies

om die materiaal op `n munisipale

terrein te begrawe, maar dit het mense

gelok wat die materiaal ongemagtig

uitgegrawe en verwyder het. Die risiko

was te groot en daarom het ons sowat

10km buite die dorp `n stuk private

grond gehuur, dit omhein en slote

gegrawe waar die afgekeurde materiaal

begrawe kon word. Dit het egter

steeds die moontlikheid van besoedeling

ingehou en was slegs `n tydelike

oplossing.

Hierdie probleme was egter nie uniek

aan Meat-to-Market nie. “Elke abattoir

sukkel met dieselfde probleme

en die bedryf het `n groot behoefte

na `n oplossing wat die moontlikheid

van besoedeling sowel as die

gesondheidsrisiko's kan ondervang,”

verduidelik Grundlingh. “Ons was

vasberade om `n beter oplossing as

die tydelike maatreëls te vind.


Die biogasaanleg by die Meat-to-Market-beesabattoir op Jan Kempdorp.

Meat-to-Market het `n onderneming

genader wat in effektiewe energieverbruik

spesialiseer om na `n oplossing

te help soek. Die onderneming het

deur hul oorsese netwerk kontak gemaak

met Bio4Gas, `n Duitse maatskappy

wat spesialiseer in tegnologie

vir die omskakeling van stalmis in

energie vir elektrisiteit en hitte. Dit

gebeur deur `n biologiese afbreekproses.

“Bio4Gas het ons in Suid-Afrika

besoek, ons afvalstrome ontleed en

aangedui dat hul tegnologie waarskynlik

net so aangewend kon word

om Meat-to-Market se afvalstrome van

pensmis, kraalmis, bloed en afgekeurde

materiaal tot energie, hitte en `n

afvalproduk met bemestingsmoontlikhede

kon verwerk,” se Grundlingh.

“Ons is Duitsland toe om na een

van hul aanlegte te gaan kyk waarna

verdere besprekingsessies gevolg

het en ons besluit het om voort te

Die begin van die proses waar die slagafval in die stelsel ingevoer word.

gaan met die projek. Ons het met die

omgewingsimpakstudie begin om die

nodige goedkeuring van die plaas-

like en provinsiale owerhede te kry.

Die impakstudie is afgehandel en die

afvallisensie is aan ons toegestaan.”

11


Grundlingh verduidelik dat die tegnologie

basies `n versamelpunt van verskillende

afvalstrome is wat vermeng

word en dan in `n beton fermenteerdam

(digestor) gepomp word. Die

mengsel (substraat) bly 30 tot 40 dae

in die dam. In die dam vind `n bio-

logiese fermentasieproses plaas deur

die bakterieë wat in `n bees se maag

voorkom. Hitte word tot die proses

toegevoeg om die temperatuur tussen

35°C en 37°C te hou. Dit skep `n

optimale omgewing vir die bakterieë.

Die fermenteerdam bestaan uit twee

ronde kamers, die een binne die

ander, van gelyke volume (in totaal

660m 3 ). Die aanleg is so ontwerp dat

die substraat in die fermenteerdam

voortdurend in suspensie bly en geen

sediment op die bodem ontstaan nie.

Die betonkonstruksie is `n meter diep

in die grond in en ongeveer 6m hoog

en 11m in deursnee.

Die bokant van die fermenteerder is

met `n sementblad verseël. Aan die

onderkant (vloer) van die binneste

kamer is openinge sodat die substraat

tussen die twee kamers kan beweeg.

Aan die bokant van die fermenteerder

is `n klep wat die opgeboude gas en

druk binne in enige van die kamers na

die ander kan verplaas om sodoende

die substraat voldoende in beweging

te hou. Binne-in die fermenteerder is

ook `n menger (soos `n motorboot

se skroef) wat ook vermenging matig

aanhelp. In elke ka-

mer is `n vlekvrye staalbuis (thermo

gas lift of TGL) waardeur warm water

sirkuleer wat hitte aan die substraat

moet oordra.

Tydens die fermenteringsproses word

metaangas vrygestel wat in `n gassak

(ballon) opgevang word. Wanneer

die druk in die gassak `n sekere vlak

bereik, word die metaangas deur `n

gekombineerde hitte- en kragenjin

(kragopwekker) gebrand, wat dan aan

die abattoir elektrisiteit verskaf.

Die hitte wat ontstaan wanneer die

enjin loop, word in water vasgevang

wat weer gebruik word om die afge-

keurde materiaal te kook, hitte aan die

fermenteringsdam te verskaf en warm

12

Mnre. Japie van Straaten (tegnikus) en Alfred Hlanza (aanleg-operateur) doen

verstellings aan die kragopwekker.

water vir die slagproses in die abattoir.

Namate die substraat in die fermenteerdam

afgebreek word, word dit

ligter en styg na die oppervlak waar dit

dan uitgelaat word. Volgens Grund-

lingh beplan Meat-to-Market om

hierdie substraat aan die omliggende

besproeiingsprodusente as vloeibare

bemesting beskikbaar te maak. “Die

onverwerkte materiale in die afvalstrome

het goed getoets vir NPK.

Die chemiese samestelling van die

substraat behoort dieselfde samestelling

te hê. Ons begin binnekort met

`n proef en sodra ons die uitslae van

die chemiese ontledings het, kan ons

begin om die impak van die substraat

op die grond en plant te toets (sien

Diagram 2 vir `n grafiese voorstelling

van die proses).”

Die kragopwekker (CHP) is `n omgeboude

MAN-motor van 135kWh met

`n uitsetkapasiteit van ongeveer

115kWh vanweë die hoogte bo seevlak.

Die CHP is in `n skeepshouer

(“container”) gemonteer. Die skeepshouer

is in drie verdeel met die CHP

in die middel. Aan die een kant is die

beheerkamer met die elektroniese beheerpaneel

(PLC) waarvandaan alles

outomaties beheer word – die aan- en

afskakel van die CHP, mengers, pompe,

vlaksensors, temperatuurlesings,

gasvlakke, ens. Aan die ander kant is

`n gas warmwaterketel (boiler), wat

ekstra warm water of hitte kan lewer as

dit nodig sou wees.

Die gassak is gemaak van `n plas-


tiekmateriaal en het `n volume van

45m 3 . Dit is bo-op die fermenteerder

gemonteer. Die gassak word deur

`n houtstruktuur beskerm. Die kookpot

is van vlekvrye staal gemaak en

kan 750kg per kooksel hanteer. Die

afgekeurde produk gaan deur `n

versnipperaar (schredder) voordat dit

gekook word.

Die mengput waar al die afvalstrome

bymekaarkom is 60m 3 groot en hou

drie tot vier dae se afval. Tussen 16-

25t afvalmateriaal en water word

daagliks deurlopend in die dam

gepomp en dieselfde hoeveelheid

verteerde materiaal word uitgelaat

met die dam op kapasiteit. Die substraat

wat vrygelaat word is feitlik 98%

in vloeibare vorm.

“Die aanleg is tans in die finale toetsfase

om die optimale verhoudings

van die substraatmengsel te bepaal,

die ideale temperatuur te bepaal en

moontlike aanvullingsbehoeftes vas te

stel,” sê Grundlingh.

“Die verwagting is dat ons 30-35%

van ons elektrisiteitbehoefte sal vervang,

voldoende warm water teen die

vereiste temperatuur gaan lewer en `n

omvattende oplossing vir ons afvalprobleem

gevind het.”

Volgens Grundlingh het die aanleg

`n aansienlike kapitaaluitleg geverg.

“Ons kon 70% van die bedrag by die

Nywerheidsontwikkelingskorporasie

(NOK) teen `n gunstige rentekoers en

terugbetalingstermyn leen. Die finansiële

model het aangedui dat ons die

lening binne vyf jaar sal kan delg uit

die besparings aan diesel wat gebruik

is om warm water te maak, paraffien

wat gebruik is om die bloed te kook,

uitgawes om die afkeurings te verwyder

en te begrawe en aan elektrisiteit

wat ons self gaan voorsien.

“Meat-to-Market kan met trots sê dat

ons pionierswerk in Suid-Afrika doen.

Dit is die eerste biogasaanleg van sy

soort in Suid-Afrika wat drie strome

afval benut en net materiale gebruik

wat uit die interne prosesse ontstaan.

Ons het `n ekovriendelike oplossing

gevind wat boonop ekonomiese voordele

inhou – `n ware droomoplos-

Die industriële sif wat water en mis van mekaar skei.

Die gassak (ballon) waarin metaangas opgevang word.

sing. `n Volgende uitbreiding van die

projek is die herwinning en hergebruik

van water wat in die slagproses ge-

bruik word. Elke kilogram van die bees

wat ons slag word nou op die een of

ander manier benut!”

13


S

L

A

G

P

R

O

S

E

S

KRAAL

MIS

PENSMIS

BLOED

AFKEUR-

MATERIAAL

Diagram 1. `n Skematiese voorstelling van die biogasproses.

Diagram 2. `n Skematiese voorstelling van die fermenteertenk.

14

SIF

(SKEI WATER EN

MIS)

BLOED

TENK

KOOK

@ 70˚ VIR 60

MINUTE

VERSNIP

(KERF)

M

E

N

G

P

U

T

KUNS

MIS

FERMEN-

TEER-

DAM

KRAG-

OPWEK-

KER

ELEKTRISITEIT & HITTE


Dís nuus in die GWK-groep

O ns het baie positiewe terugvoer

ontvang oor die eerste

uitgawe van Wat Aandeelhouers

moet weet. Ons sal voortaan

`n punt daarvan maak om die jongste

nuus uit GWK aan ons aandeelhouers

deur te gee.

`n Direksie Strategiese sessie is van

4-6 Februarie in Kimberley gehou

waartydens die strategiese rigting

van die GWK-groep bespreek is.

`n Nuwe visie is geformuleer om

GWK die agrileier in die voedselwaardeketting

te maak. Die belangrikheid

dat GWK steeds vanuit sy

domein sal funksioneer en dat die

verhoudings met ons produsente

krities is vir GWK se voortgesette

sukses, is bevestig. Ons sal dus nie

afstand doen van ons kernbesigheid

nie. Verdere aspekte wat aandag

sal geniet, is die opskerp van

diensvlakke en die opheffing van

die kundigheidsvlakke van personeel

ten einde verder aan die

verwagtinge van ons kliënte te

voldoen. Oorweging word ook

daaraan geskenk om `n struktuur

te skep waardeur GWK-aandeelhouers

in waardetoevoegende

besighede in die GWK-groep

kan belê.

GWK het `n bemarkingskantoor in

16

Ons Besigheid

Wat aandeelhouers

moet weet

Mnr. Johan van Dyk

Stellenbosch geopen. Die doel van

hierdie kantoor is om produkte van

GWK-produsente in die Wes-Kaap

te bemark. Die Wes-Kaap Bemarkingskantoor

sal ook in- en uitvoere

vir die GWK-groep as geheel behartig.

Mnr. Andreas Snyman is die

uitvoerende bestuurder verantwoordelik

vir hierdie kantoor. Snyman

sal egter steeds in Douglas gestasioneer

wees.

Baie harde werk word gedoen om

die deurset van die abattoirs in die

GWK-groep te verhoog en daar

is reeds sukses in hierdie verband

behaal. As voorbeeld hiervan het

skaap-slaggetalle in die Noord-

Kaap die afgelope jaar met 9%

gestyg, terwyl die skaap slaggetalle

van die skaapabattoirs in die GWKgroep

vir die ooreenstemmende

tydperk met 35% gestyg het.

`n Herindeling van die veilingstreke

is gedoen en twee streke is

geskep, naamlik die Noord-streek

(wes en noord van Bloemfontein) en

die Suid -treek (Suid-Vrystaat, Oos-

Kaap en Suid-Kaap).

Mnr. Deon Klopper (Tel: 082 802

8483) sal verantwoordelik wees

vir veilings in die Noord-streek en

mnr. Jan Erasmus (Tel: 082 924

6096) vir veilings in die Suid-streek.

Mnr. Willie Meyer is die uitvoerende

bestuurder verantwoordelik vir die

veilingsbesigheid as geheel.

Die silokapasiteit in Prieska sal met

30 000t vermeerder word en die innametempo

sal ook aansienlik verhoog

word. Die perseel vir die uitbreiding

van hierdie silokapasiteit is

op 7 Februarie 2013 aan die boukontrakteurs

oorhandig en een van

die store is reeds afgebreek.

Die transaksie vir die Humansdorp-

veilingskrale is afgehandel en die

veilingseiendom is na GWK oorgedra.

Mnr. Bertie van Zyl is as krediet-bestuurder

vir die Oos-Kaap

aangestel om sodoende `n omvattende

diens aan produsente in hierdie

streek te bied.

GWK groete,

Johan van Dyk


_000574

GWK . . .

ons innoveer landbou

GWK se aandeelhouers is passievol oor die bewer-

king van landbougrond. Ons fokus is om in elke

aspek van hul boerdery betrokke te wees en waarde

toe te voeg. Só beywer GWK homself om generasies

van suksesvolle landbouers deel van die landbou

te hou én voorsien ons kos en ander produkte

aan die wêreld.

generasies van lanbouers

deel van landbou

innoveer landbou

_00064

_000904

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige

reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat

fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir

vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én

bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer.

GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas

Posbus 47, Douglas,

8730

Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

17


Graan

Herman Grobler

Bestuurder: Graanaankope van GWK

Graanmark: Volatiliteit duur

voort, mieliemark toon verliese

S edert die vorige artikel wat

op18 Januarie 2013 geskryf

is, het die graanmark se

volatiliteit voortgeduur en wesenlike

verliese is op veral die mieliemark

ondervind.

Die aanplantings van veral mielies

in Amerika, asook plaaslike weersomstandighede,

behoort steeds in

die komende maand rigtinggewend

te wees.

Met die skryf van hierdie artikel op

20 Februarie 2013, was die stand

van sake as volg:

Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat die

koringmark sedert November 2012

in`n opwaartse rigting verhandel

het. Gevolglik kon produsente die

positiewe pryssentiment benut en

het produsente se gemiddelde prys

ook saam opwaarts beweeg.

Grafiek 2 toon duidelik hoe produsente

hoë prysvlakke op Maart

2013-geelmielies kon benut en `n

aansienlike beter gemiddeld kon

realiseer as die huidige gemiddelde

Maart 2013 Safex-prysvlak.

Die Mei 2013-geelmielies se gemiddelde

Safex-prysvlak staan op

die oomblik net effe bo die gemiddelde

prys wat produsente op dieselfde

kontrak kon realiseer, sien

Grafiek 3.

Uit Grafiek 4 kan ons sien dat

GWK-produsente se gemiddelde

prysvasstellings van die Julie 2013geelmieliekontrak

effens beter vaar

as die gemiddelde prys van dieselfde

Safex verhandelde kontrak.

Die GWK-bemarkingsplan t.o.v.

die 2013-geelmielies is op die

R 3,450

R 3,400

R 3,350

R 3,300

R 3,250

R 3,200

R 3,150

Grafiek 1.

R 2,700

R 2,650

R 2,600

R 2,550

R 2,500

R 2,450

R 2,400

R 2,350

R 2,300

Grafiek 2.

R 2,500

R 2,000

R 1,500

R 1,000

R 500

R -

Grafiek 3.

R 3,359

R 3,254

Broodkoring gemiddelde pryse

R 3,428 R 3,436

R 3,365

R 3,350 R 3,345 R 3,350 R 3,350

Nov. '12 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan gemiddeld

Maart mielies 2013 gemiddelde pryse

R 2,676 R 2,669

R 2,483 R 2,481

R 2,436

Nov. '12 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld

Mei mielies 2013 gemiddelde pryse

R 2,297 R 2,285 R 2,233 R 2,271

R 2,192

19

R 2,180

R 2,610

R - R - R -

Nov. '12 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 30/4)


oomblik aktief en die realisasering

vir die Mei-kontrak sal teen 30/4

bekend gemaak word. So ook die

Julie-kontrak teen 30/6.

Soos met die Mei en Julie 2013-

geelmielies in Grafieke 3 en 4, is

die prysverskil tussen die Desember

2013 Safex-koringkontrak (Grafiek 5)

en die produsente geprysde gemiddeld,

baie klein.

Grafiek 6 toon die onderskeie

produkte/gewasse wat GWK-produsente

produseer, asook die verloop

van die prysvasstelling

van elke betrokke gewas.

Die mielies wat in 2012 geoes is,

is bykans alles geprys, so ook die

koring en in `n mindere mate die

Durum wat in 2012 geoes is.

Talle produsente het die komende

mielieoes begin prys en daar is al

produsente wat die daaropvolgende

wintergewasse se prysings op

die gunstige vlakke aangedurf het.

GWK se Graanafdeling vertrou dat

u hierdie maandelikse artikels insiggewend

vind en dat dit vir u van

waarde is in u prysingsbesluite.

Ons verwelkom enige navrae wat

u met betrekking tot hierdie maandelikse

artikel mag hê. Kontak ons

gerus by 053 298 8491.

100.0%

90.0%

80.0%

70.0%

60.0%

50.0%

40.0%

30.0%

20.0%

10.0%

0.0%

Grafiek 6.

96.9% 98.0% 98.8%

94.2%

87.5%

82.1%

20

73.4%

16.6%

0.0%

R 2,500

R 2,000

R 1,500

R 1,000

R 500

R -

Grafiek 4.

R 4,000

R 3,500

R 3,000

R 2,500

R 2,000

R 1,500

R 1,000

R 500

R -

Grafiek 5.

Julie mielies 2013 gemiddelde pryse

R 2,276 R 2,298

R 2,236

R 2,291

R 2,185

Persentasie geprys per produk per maand

41.5%

1.5%

98.6%

85.8%

Nov. '12 Des '12 & Jan '13 Feb '13

Mielies 2012 Koring 2012 Durum 2012 Alle mieliesoorte 2013 Durum / Koring / Gars 2013

R 2,200

R - R - R -

Nov. '12 Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 31/6)

Durum / gars / koring 2013 gemiddelde pryse

R 3,546 R 3,515 R 3,511 R 3,491

R - R -

Des. '12 & Jan. '13 Feb. '13

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 31/6)

54.8%

3.8%


Produsente benut dié opsies

W anneer `n mens graan

prys, kan letterlik `n

legio prysstrategieë

aangewend word.

Die beginpunt bly egter altyd `n

marksiening. Opsies kan gemaakpas

word om by enige marksiening te

pas.

In hierdie artikel word enkele opsies

wat GWK-produsente in die huidige

mielieseisoen benut het, breedweg

beskryf.

Alle prysvlakke is op Julie 2013geelmielies

van toepasssing.

`n Put-opsie wat `n mens koop, verwys

na jou keuse (teenoor `n verpligting)

om geelmielies teen R2 500 te

kan verkoop terwyl pryse in daardie

stadium R2 030 is. Soos in die tabel

aangetoon, is die koste R487.

22

Graan

Handré van Heerden

Graanverhandelaar van GWK

Dit bring `n mens terug na R2013-

Safex-prysvlakke.

Die opsies is gekoop en verkoop met

Julie 2013-geelmielie Safex- vlakke

op R2 030.

Opsie-volatiliteit was 27% en die

koop- en verkooptransaksies het op

dieselfde tyd plaasgevind.

Tabel 1 verwys na die oorkoepelende

opsietransaksies wat aangegaan is.

Om die koste van R487 te verlaag,

is jy dapper en verkoop aan iemand

`n R1 900 put teen `n inkomste van

R70. Jy verkoop dus aan iemand anders

die keuse om geelmielies teen

R1 900 te verkoop. Jy gaan nog een

stap ver-der en verkoop `n call-opsie

teen R2 100.

`n Call-opsie verwys weer na `n

keuse om mielies teen `n sekere vlak

te koop.

Met hierdie R2 100 verkoop-call verdien

jy `n verdere R93. Jou totale

koste, indien pryse tussen hierdie

vlakke beweeg, staan dus op R324.

Scenario 1

Met opsieverstryking is die Safex-

vlak R2 101, met ander woorde tussen

die R2 100 verkoop-call en die

R2 500 put. Jy is dus in daardie

band.

Jy kry twee verkoopposisies. Die een

is die R2 500 put minus die opsiekostes,

plus die inkomstes verkry uit

die verkoopopsies.

Jou finale prys vir hierdie kontrak is

dus Safex R2 158.

Omdat Safex bo R2 100 is, gaan

die call wat jy verkoop het, uitgeoefen

word.

Dit beteken dat jy verplig is om teen


R2 100 te verkoop. Die gemiddelde

Safex-prys vir hierdie twee kontrakte is

dan R2 129.

Scenario 2

Met verstryking is die Safex-vlak tussen

R1 900 en R2 100. Die call en

put kan nie uitgeoefen word nie omdat

dieselfde vlak onder die call se

strike en bo die put se strike is.

Nie een posisie is dus in die geld nie.

Jy het dus net die een been, naamlik

die R2 500 put minus die kostes

en plus die inkomstes. Jy realiseer dus

R2 158.

Scenario 3

In hierdie scenario lê die grootste

risiko. Met expiry is die prys onder

R1900. Dit beteken jou R2 500

word `n verkoop-future en jou

R1 900 verkoop-put word `n verpligte

koop omdat jy die opsie aan

iemand anders verkoop het.

Omdat jy die put verkoop het, het dit

vir jou `n koop-future, wat buite die

geld is, geword.

Die R2 500 minus die R1 900 gee

`n R600 inkomste. Van hierdie R600

trek jy die koste van die R2 500

put af, plus die inkoste uit die verkoop-put

en call wat jy verkoop het.

Jy het letterlik net R276 wins en het

nog geen mielie geprys nie.

Prys jy teen R1 500, het jy addisio-

neel R276 om by te sit. Indien slegs

die wins gegenereer word, is die produsent

verplig om steeds die fisiese

tonne aan GWK te lewer waarvoor

die strategieë aangegaan is.

Ter afsluiting is dit belangrik om

weereens te noem dat alles met `n

marksiening begin.

Opsies word uitgeneem om `n addisionele

wins te realiseer, of om mi-

nimum-vlakke te waarborg. Dikwels is

`n eenvoudige put die beste opsie.

Hierdie artikel het enkele gedagtes

rakende opsiestrategieë in u midde

gelaat.

Dit is dikwels moeilik om te verstaan,

het inherente risiko`s, maar kan met

deeglike oorweging deel van `n ver-

skansing wees.

Instrument Strike/Prys Koste

Koop put 2 500 -487

Verkoop put 1 900 70

Verkoop call 2 100 93

-324

Tabel 1.

Posisie 1

Put gekoop = VERKOOP 2 500

Koste put -487

1 995

Inkomste 163

Realiseer 2 158

Posisie 2 Call verkoop = VERKOOP 2 100

Gemiddeld van 2 x kontakte 2 129

Scenario 1. Safex expire op 2 101. Kry twee verkoopposisies.

Posisie 1

Put gekoop = VERKOOP 2 500

Koste put -487

1 995

Inkomste 163

Realiseer 2 158

Put gekoop = VERKOOP 2 500

Put verkoop = KOOP -1 900

600

Minus koste van put -487

Plus inkomste opsies 163

WINS 276

VERKOOP @ DAGPRYS 1 850

REALISEER 2 126

Inkomste

Scenario 2. Safex expire tussen 1 199 en 1 901. Kry slegs een verkoopposisie.

Voorbeeld dagprys + wins = 1850+ 276 = 2 126

Scenario 3. Safex expire onder 1 900. Kry slegs wins.


Valgetal van nat koring

N á aanleiding van die afgelope

nat koringseisoen in

die GWK-bedieningsgebied

en die gepaardgaande afgradering

van oeste, is valgetal van koring `n

kwessie wat produsente onrustig

stem.

Vrae rondom die oorsaak van lae

valgetalle, die geldigheid van die

toets, asook opberging en vermenging

van koring, kom algemeen voor.

Skielik val die waarde van `n koringlot,

selfs al het dit die visuele

toeste geslaag.

Valgetaltoetse is nie nuut in Suid-

Afrika nie, maar dit word nie op `n

gereelde basis gebruik as graderingsnorm

in die besproeiingsgebiede

nie.

In die verlede is uitloopskade weens

aanhoudende reën tydens oestyd

slegs visueel bepaal en steeds word

2% uitgeloopte korrels in `n 25gmonster

as norm gebruik. In die foto

(Figuur 1) kan gesien word hoe koring

in die aar ontkiem wanneer dit

nog op die land staan.

Dit gebeur egter meer algemeen

dat koring wel ontkiem, maar geen

skade met die blote oog sigbaar is

nie.

Die feit dat sulke koring met geen

of baie min bewys van uitloopskade

wel `n baie hoë ensiemaktiwiteit

(alfa-amilase) kan hê en dus nie

geskik sal wees vir bakdoeleindes

nie, maak visuele bepalings riskant

en onbetroubaar.

Uitloopskade in koring is die

resultaat van aanhoudende reënbuie

net voor of tydens die oesseisoen.

Graan

Dr. Annelie Barnard

LNR Kleingraaninstituut

stem produsente onrustig

Koring wat in die aar ontkiem, is `n

wesenlike probleem oor die wêreld

heen omdat dit nie in die bakproses

gebruik kan word nie.

Verlede jaar is gekenmerk deur

abnormale nat toestande tydens

strooptyd wat relatief baie uitloopskade

tot gevolg gehad het.

In Figuur 2 word die langtermynreënval,

asook die 2012-reënval in

die Hopetown-omgewing getoon.

Volgens die grafiek is dit duidelik

dat die reënval in Desember heelwat

hoër was as die langtermyngemiddeld

vir die gebied.

Afgradering weens lae valgetalle

het gewissel tussen 1% en 10% oor

gebiede in die GWK-bedieningsgebied.

Dit is algemeen bekend dat uitgeloopte

koring wat hoë vlakke van

die ensiem alfa-amilase bevat, nie

geskik is om brood mee te bak nie.

Reënval (in mm)

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

Figuur1: Ontkieming van koring in

die aar.

Langtermyn

2012

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Figuur 2. Reënvaldata van 2012 in die Hopetown-gebied in vergelyking met

die langtermyndata (oor 15 jaar) van die gebied.

25


Figuur 3. Brood wat gebak word van

meel met `n lae valgetal sal nie rys nie.

In normale omstandighede bevat

koring geen of baie min van hierdie

ensiem.

Die hoeveelheid ensiem wat in `n

koringkorrel teenwoordig is, hang af

van die vlak van uitloop wat voorgekom

het. Soos ontkieming plaasvind,

verhoog die ensiemaktiwiteit.

Hoekom is alfa-amilase

belangrik?

`n Koringsaad is gemaak om `n

plantjie te produseer. Die kos vir die

plantjie word hoofsaaklik in styselvorm

gestoor.

Die plant kan egter nie stysel as

energie gebruik nie en moet dit eers

na suiker omskakel. Hierdie proses

word deur die ensiem

alfa-amilase gedoen.

`n Hoë alfa-amilase aktiwiteit dui

op hoë suikerinhoud in die deeg.

Broodmeel waarby te veel suiker

gevoeg is, bak `n swak brood.

Daarom bak meel met `n lae valgetal

`n swak brood wat nie rys nie.

Veral in kommersiële bakkerye is die

taai deeg moeilik hanteerbaar en

die brood kan nie gesny word nie.

Wat is valgetal?

Tesame met hektolitermassa- en

proteïenbepaling vorm valgetalbepalings

een van die drie belangrike

graderingsnorme waarvolgens `n

koringlot gradeer word.

Die minimum vereistes vir graad 1

tot graad 3 is 220 sekondes, terwyl

die minimum vir graad 4 200

sekondes en vir utiliteitsgraad 150

sekondes is.

26

Wanneer uitloopskade nie voorgekom

het nie, behoort die valgetal

hoog te wees (320 tot 400 sekondes).

In die teenwoordigheid van uitloopskade,

met ander woorde hoë en-

siemaktiwiteit, sal die valgetal laag

wees (70 tot 150 sekondes).

Valgetal is die tyd in sekondes wat

dit vir `n roerder neem om `n warm

meel- en watermengsel te roer en

dan `n bepaalde afstand deur hierdie

mengsel te val.

Figuur 4 toon die valgetal-apparaat

waarmee valgetalbepalings gedoen

word, asook die buise waarin

die warm, waterige meelmengsel

gevoeg word.

Wat word deur die

valgetaltoets bepaal?

Valgetal bepaal die hoeveelheid

ensiemaktiwiteit wat in `n graanmonster

teenwoordig is deur die stysel

in die monster as substraat te

gebruik (Figuur 5).

Die metode is daarop gebaseer dat

die ensiem alfa-amilase die groter

styselmolekules na kleiner suikermo-

lekules afbreek.

Hoe meer ensiemaktiwiteit in die

monster teenwoordig is, hoe meer

vloeibaar word die meelmengsel en

hoe laer is die valgetal (die roerder

Figuur 4. `n Valgetal-apparaat wat gebruik word vir die bepaling van val-

getalwaardes.

Figuur 5. Die beginsel Stysel waarop valgetal gebaseer is, word in Suiker

bogenoemde

voorstelling gedemonstreer. Die groot styselmolekules word deur die ensiem

alfa-amilase na kleiner suikermolekules afgebreek.


val dan makliker en vinniger).

Hoeveel reën is nodig om

valgetal te laat daal?

Ironies genoeg is dit nie uiterste

reëntoestande wat die valgetal kan

laat daal wanneer koring ryp en ge-

reed is vir stroop nie.

Dít kan duidelik gesien word in die

valgetaldata van twee proewe wat

`n paar jaar gelede in die Bethlehem-omgewing

aangeplant is. Die

twee proewe is op dieselfde dag

aangeplant, maar `n week uitmekaar

gestroop (19 en 27 Desember

onderskeidelik).

In Tabel 1 kan die duidelike verskil-

le in valgetalle tussen hierdie twee

proewe gesien word. Tydens die

week van 19 tot 27 Desember is

`n totaal van 44mm reënval in die

omgewing gemeet (Figuur 6). Hierdie

reën was verantwoordelik vir die

betekenisvolle verskille in valgetalwaardes

van `n hele aantal kultivars

wat in hierdie proewe ingesluit is.

Die gemiddelde valgetalwaarde

van Proef 1 (308 sekondes) was

betekenisvol hoër as die gemiddelde

valgetalwaarde van Proef 2 (243

sekondes) wat `n week later geoes

is. Dit dui dus op `n hoë vlak van

ensiemaktiwiteit in laasgenoemde

proef.

In 10 van die 18 kultivars wat in die

proewe ingesluit is, was die valgetalwaardes

in die tweede proef betekenisvol

laer (word met `n * aangedui)

in vergelyking met die eerste

proef. `n Visuele inspeksie van hierdie

kultivars het getoon dat tussen

0,5% en 13% uitgeloopte korrels

voorgekom het.

Hierdie resultate het getoon dat

aanhoudende reën, selfs in klein

hoeveelhede (Figuur 6) `n nadelige

uitwerking kan hê op ryp koring wat

nog nie gestroop is nie.

Daarom is dit baie belangrik dat

koring gestroop word sodra dit ryp

is, aangesien `n week se uitstel verreikende

gevolge kan hê. Wees

egter versigtig om ook nie te vroeg

te stroop nie, aangesien groen kor-

Kultivar 1

Kultivar 2

Kultivar 3

Kultivar 4

Kultivar 5

Kultivar 6

Kultivar 7

Kultivar 8

Kultivar 9

Kultivar 10

Kultivar 11

Kultivar 12

Kultivar 13

Kultivar 14

Kultivar 15

Kultivar 16

Kultivar 17

Kultivar 18

Proef 1

(Geoes op 19 Desember)

304

302

336

235

264

268

314

322

261

293

289

269

397

297

292

335

363

303

Proef 2

(Geoes op 27 Desember)

320

282

312

184*

273

234*

93*

296

201*

210*

295

253

335*

277

253*

245*

69*

235*

Gemiddeld 308 243*

Tabel 1. Valgetalwaardes (in sekondes) van twee proewe, wat langs mekaar

geplant is op 27 Junie, maar onderskeidelik op 19 en 27 Desember geoes is.

* Betekenisvol laer as die valgetalwaardes in Proef 1.

rels in `n koringlot ook tot lae valgetalle

kan lei. Sulke korrels het ge-

woonlik nog nie fisiologiese

volwassenheid bereik nie.

Dit is verder belangrik om te weet

dat kultivars ten opsigte van uitloop-

Reënval (in mm)

70

60

50

40

30

20

10

0

weerstand van mekaar verskil.

Sekere kultivars het `n geneigdheid

om baie vinniger uit te loop onder

gunstige toestande vir ontkieming as

ander (Figuur 7). In hierdie figuur is

dit duidelik dat die kultivar aan die

Julian Dag

Geoes op 19-12

27

Geoes op 27-12

Figuur 6. Grafiek wys die hoeveelheid reënval vanaf 1 Desember (Julian Dag

335) tot 31 Desember (Julian Dag 365).


linkerkant `n baie swakker weerstand

teen uitloop in die aar as die

kultivar aan die regterkant het.

Al die kommersiële koringkultivars

word geklassifiseer volgens hul uitloopweerstand

en die inligting is

beskikbaar in LNR-Kleingraaninsti-

tuut se produksiehandleidings wat

jaarliks aan produsente beskikbaar

gestel word.

Hoe nou gemaak?

Produsente vra dikwels of lae valgetal-koring

met hoë valgetal-koring

gemeng kan word.

Om koring van `n lae standaard

met koring van `n hoë standaard te

meng, bly egter `n geweldige risiko.

Eerstens kan slegs `n klein hoeveelheid

van die swak koring op hierdie

manier opgebruik word. Wanneer

reën tydens oestyd voorkom, met

gepaardgaande uitloopskade en lae

valgetalle, is die grootste gedeelte

van die oes gewoonlik “swak” en

is “goeie” koring nie so geredelik

beskikbaar om mee te meng nie.

Tweedens beskik talle produsente

nie oor die nodige infrastruktuur om

suksesvol te meng nie.

Wanneer swak koring in `n goeie

oes ingemeng word, moet dit uiters

noukeuring en egalig gedoen word.

Gewoonlik is twee hoofstrome ko-

ring in só `n geval noodsaaklik.

Derdens kan `n geringe berekenings-

of hanteringsfout daartoe

lei dat die hele goeie oes beskadig

word met `n totale afgradering van

die hele oes.

`n Wye verskeidenheid kultivars is

op die oomblik in Suid-Afrika beskikbaar.

Die Kleingraaninstituut se teelprogramme

plaas baie klem op die

ontwikkeling van kultivars met `n

hoë mate van weerstand teen uitloop.

Die beste metode om te verseker

dat uitloopskade en die gepaardgaande

lae valgetalle produsente

nie onderkry nie, is dus om te verse-

Figuur 7. Uitloopweerstand van twee

kultivars ná `n 72 uur periode van

aanhoudende reënval.

ker dat die kultivars wat aangeplant

word, die reën tydens oestyd sal kan

weerstaan.


30

Presisieboerdery

Pieter Franken

Landboukundige navorser

Interessante waarnemings

G WK het in die huidige

mielieseisoen interessante

waarneming t.o.v. die algemeenste

peste, plae en tekorte gedoen.

Die seisoen is gekenmerk deur

`n verlaagde voorkoms van siektes en

plae in vergelyking met die vorige seisoen.

Geweldige hittegolwe en gepaardgaande

watertekorte sal waarskynlik

die grootste invloed op vanjaar se opbrengs

hê. Die doel van hierdie artikel

is om produsente bewus te maak van

probleme wat moontlik in mielie-

weer op mielies gedoen

aanplantings mag voorkom.

Bakteriese kelkvrot (Erwinia

chrysanthem ipv. zeae)

Hierdie siekte infekteer die kelk van

die mielieplant tydens die vegetatiewe

groeistadium (Figuur 1). Water en

bakterieë lê in die kelk en weens hoë

temperature en vinnige vermeerdering

van die bakterieë, vind infeksie plaas.

Die boonste blare begin verwelk en `n

slymerige verrotting verskyn by die basis

van die kelk (Figuur 2).

`n Kenmerkende vrot reuk in die basis

van die kelk kan waargeneem

word. As die siekte in `n latere stadium

voorkom, sal die groeipunt afsterf.

Die siekte beweeg afwaarts, wat

veroorsaak dat die plant omval. Dit

word bakteriese stamvrot genoem.

Enige vorm van weefselskade voor

die water en die bakterieë in die kelk

gaan lê (m.a.w. meganies, insekte of

chemiese skade) mag hierdie probleem

vererger of selfs aktiveer.

Plantparasitiese aalwurms

Simptome van besmetting is in enkele

gevalle waargeneem. Die effek van

aalwurmskade word soms onderskat


Figuur 1. Figuur 2.

omdat verskeie van die simptome verwar

kan word met simptome wat kenmerkend

is aan plaagdoderskade,

voedingstekorte en versuiping.

Bogronds is besmette plante ver-

dwerg, groei oneweredig en vertoon

geel van kleur (Figuur 3). Omdat aalwurms

nie eweredig in die land versprei

is nie, sal die simptome wat

hulle veroorsaak, ook kol-kol in die

land voorkom.

Green snap

Hierdie toestand word veroorsaak

wanneer vinnig groeiende stamme

deur sterk winde gebreek word.

Tydens hierdie vinnig groeiende periode

is selwande baie sensitief en

stamweefsel staan `n groter kans

om te breek.

Toestande verantwoordelik vir vinni-

ge, skielike groei sal die voorkoms

van green snap verhoog.

Tydens die plant se vegetatiewe groei-

stadium is vinnig groeiende internodes

soms bros en vatbaar vir breek.

Die twee algemeenste periodes vir

voorkoms is groeistadiums V5 tot V8

en V12 tot R1 (Figuur 5 en 6) wat sowat

twee weke voor pluim is.

Dit was ook in hierdie stadium wat

GWK se span hierdie toestand waargeneem

het.

Sinktekort

Die simptome van `n sinktekort is

Figuur 3.

Figuur 4. Galle weens plantparasitiese aalwurms is nie altyd op die wortels

van mielieplante sigbaar nie.

31


leek, geel strepe parallel aan die

midrif van die blaar. Dit kom op jong

blare voor en begin aan die basis van

die blaar (Figuur 7).

Die Mulder’s chart kan met groot

sukses gebruik word om die onderdrukkende

effek van ander elemente

teenoor sink aan te toon.

Soms is genoeg van `n spesifieke

element teenwoordig in die grond,

maar groot hoeveelhede van ander

elemente veroorsaak oneffektiewe

opneembaarheid daarvan deur die

plant. Hou ook hierdie beginsel in

gedagte wanneer na boor- en ystertekorte

verwys word.

Boortekort

Boortekorte (Figuur 8) was gereeld

in die hele GWK-bedieningsgebied

waargeneem. Verdere waarneming en

die effek op bestuiwing sal belangrik

wees vir die res van die seisoen om

die ekonomiese impak te evalueer.

Ystertekort

Plante met `n ystertekort sal tekens

van chlorose op jong blare toon. `n

Kenmerkende teken is dat die are van

die mielieblaar groen bly (Figuur 9).

Koue, nat grondtoestande en groot

hoeveelhede sink, fosfaat en kalsium

mag lei tot die onderdrukking van

yster opname deur die plant.

Rooispinmyt ((Tetranychus

cinnabarinus (boisduval))

Hierdie myte het weer hulle verskyning

gemaak, veral laat in die seisoen

(Figuur 10).

Wyfies is bruinerig rooi, strooikleurig/

gelerig of groenerig en is 0,5mm in

lengte. Twee donker kolle kom op die

kante van die myt voor.

Myte voed hoofsaaklik aan die onderkant

van die blare.

Namate getalle toeneem, versprei

hulle oor die blare en die hele plant.

Spindrade is sigbaar met hoë infestasie

en die onderkant van blare vertoon

poeieragtig wit (Figuur 11).

Beheer is moeilik, omdat die onderkant

van blare met `n insekmiddel

bedek moet word.

32

Figuur 5.

Figuur 7.

Figuur 9.

Mieliestronkboorder

(Busseola fusca)

Mieliestronkboorder word oor `n wye

gebied waargeneem en met behulp

van motvalle kan GWK sy produsente

op hoogte hou oor wanneer die volgende

infestasie verwag kan word.

Figuur 12 is `n voorbeeld waar larwes

van die blaarskedes na die

toegerolde kelkblare van die plant

beweeg.

Hier voed die stronkboorders totdat

hulle uit die plant se kelkblare be-

Figuur 6.

Figuur 8.

Figuur 10.

weeg. Sommige larwes beweeg na ander

plante, terwyl die res in die plant

se stam inboor. (Vandaar die naam

stronk- of stamboorder.) Die tweede

motvlugte vind in Januarie en Februarie

plaas. Produsente kan op die uitkyk

wees vir eiers in die blaarskedes

van die blare rondom die kop, asook

onder die dekblare van die kop.

Wanneer die larwes uitbroei, beweeg

hulle na die kop. Daarna verlaat

van die larwes die kop en boor in

die stamme in waar hulle hul lewen-


siklus voltooi.

Mieliestreepvirus (MSV)

Hierdie virus het plek-plek sy kop uitgesteek.

Die simptome is lang, ligte

strepe parallel met die blaarare wat as

wisselende lig- en donkergroen bont

blare vertoon (Figuur 13). Besmette

plante is verpot en liggroen van kleur

en mieliekoppe is misvorm. MSV word

deur insekte oorgedra.

Bakteriese blaarstreep

(Xanthomonas campestris pv.

zeae)

Letsels van bakteriese blaarstreep begin

by die rante of op die middelrif

van die blaar. Die letsels vergroot en

word langer. Die simptome is bruin,

onreëlmatige vlekke of strepe met `n

geel rant (Figuur 14).

Onkruiddoderskade

Figuur 15, 16 en 17 is voorbeelde

Figuur 11. Figuur 13. Figuur 14.

Figuur 15.

Figuur 12.

van hormoon skade weens die moontlike

invloed van onkruiddoders. Klimaatsfaktore,

oordosering en die stadium

van toediening kan moontlike

redes wees vir hormonale afwykings in

die mielieplant weens onkruidbeheer.

Figuur 16.

Alle chemiese middels moet streng

volgens die etiket hanteer word.

Let daarop dat sekere chemiese middels

`n oordragvermoë het wat `n nadelige

invloed op die opvolggewas

kan hê.

Figuur 17.

33


Mnr. Pierre Ferreira (Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling

en Evaluasie) en dr. Graeme Wright van

The Peanut Company of Australia (PCA) by een

van die grondboonproewe wat GWK in same-

werking met die PCA aangeplant het.

Australiese grondboonteler

G WK het verlede jaar `n ooreenkoms

met The Peanut

Company of Australia

(PCA) onderteken.

Met die sluit van hierdie ooreenkoms

het PCA daartoe ingestem om volseisoen-

sowel as ultra-vinnige grondboonkultivars

aan GWK beskikbaar te

stel. Die prestasie van hierdie kultivars

sal met behulp van statistiese proewe

oor `n driejaar-tydperk (2013-2016)

getoets word. Hierdie proewe sal in

die GWK-bedieningsgebied sowel as

34

Saad

Pierre Ferreira

Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling

en Evaluasie

besoek GWK se proewe

die droëland-gebiede van die Noord-

Vrystaat gedoen word.

Tien volseisoen-kultivars en 12 ultra-

vinnige kultivars is ontvang en by drie

lokaliteite (Orania, Douglas en Viljoenskroon)

aangeplant.

Die doel van hierdie projek is om verbeterde

grondboonkultivars wat goed

aangepas is in Suid-Afrika, te identifiseer

en sodoende grondboonproduksie

te laat styg. Dr. Graeme Wright

werk nou saam met GWK aan hierdie

projek.

Wright sluit hom in September 2007

by PCA aan as bestuurder (grondboonteling,

saad en innovasie). Met

die vrystelling van sy eerste kultivar

Tingoora in Oktober 2011, ontvang

PCA The Australian Business Award

for Innovation. Hierdie toekenning is

gemaak aangesien die kultivar as `n

eerste ultra-vinnige kultivar geklassifiseer

word omdat dit oesgereed is

binne slegs 105-120 dae ná aanplanting.

Daarteenoor neem dit die

tradisionele kultivars 140 dae tot oesgereed.

Ná die ontwikkeling van Tingoora het


nog `n reeks opwindende ultra-vinnige

sowel as volseisoen-kultivars met

verbeterde opbrengste, gevolg. Die ultra-vinnige

kultivars is geteel om laat

seisoendroogtes vry te spring en sodat

aanplantings tot later kan plaasvind.

Aflotoksien-risiko (`n voedseltoksien

wat veroorsaak word deur `n

grondfungus onder ernstige eindseisoen-vogstremming)

word ook verminder

en dit het beter gehalte grondbone

tot gevolg.

Besoek aan grondboon-

fasiliteite en -proewe

Wright vergesel deur sy vrou, Ruth, het

GWK onlangs besoek. Meer inligting

oor GWK is verskaf deur die aanbie-

ding van GWK se korporatiewe video.

Hulle was beïndruk met die groot aantal

bedrywe waarby GWK betrokke is.

Die Wrights het die grondboondroër

by Douglas besoek wat `n toonbeeld

is van GWK-innovasie. Wright was uiters

beïndruk met die droër en noem

in sy nabesoek-verslag aan PCA direk-

teure dat `n soorgelyke

droër groot voordele

vir PCA sal inhou.

Die besproeiingsproef

by Orania is hierna

besoek. Mnr. Wynand

Coetzer (produsent) het die groep

verwelkom met eg Suid-Afrikaanse

gasvryheid deur eers saam koffie te

geniet. Die kultivars in die proef is bespreek

en Wright het ook sy agronomiese

kennis met die groep gedeel.

Coetzer het veral belanggestel in

plantspasiëring en het ook sy waardering

uitgespreek teenoor GWK en PCA

vir die aanpak van hierdie projek.

Wright was beïndruk met die goeie

versorging en algehele plantgesondheid

van die proef by Orania.

Die groep het verder gereis na Viljoenskroon,

waar die droëland-proef

in samewerking met mnr. Anthony

Evans (RE

Groundnuts) besoek

is. Die versorging

van die proef was weereens

uitstekend en Wright verwys ook hierna

in sy nabesoek-verslag.

Evans het die groep op `n toer deur

sy fabriek geneem. Dit was indrukwekkend

om te sien dat waarde toegevoeg

word deur grondbone te

rooster wat verder gegeur en dan be-

Dr. Graeme Wright (PCA) en mnre. Wynand Coetzer (produsent), Leon Banting (Bedryfshoof: Saadnavorsing, Produksie

en Kontraktering van GWK), Johan Viljoen (Bemarker: Saad van GWK) en Pierre Ferreira (Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling

en Evaluasie GWK) besoek `n grondboonproef by Orania.

35


mark word.

Evans is veral opgewonde oor

die ultra-vinnige kultivars. In die

droëland-gebiede is een van die

grootste probleme met grondboonverbouing

dat die grondvog onvoldoende

is wanneer planttyd tydens Oktober

aanbreek. Ultra-vinnige kultivars sal

die luuksheid verskaf dat aanplantings

nog later as die huidige volseisoen-

kultivars gedoen kan word.

Evans het ook weereens daarna verwys

dat die groot afname in grondboonproduksie

direk gekoppel kan word

aan die verbeterde opbrengste met

mielies. Daarteenoor het die opbrengste

van grondbone dieselfde gebly.

`n Boeredag word deur die RE-groep

by Viljoenskroon beplan waar GWK

betrokke sal wees om hierdie navor-

singsprojek onder produsente se aandag

te bring. Die RE-groep is baie tevrede

met die goeie gehalte grondboonsaad

wat hulle direk by GWK

Saad koop.

Laastens is die besproeiingsproef by

Douglas, wat geplant is by mnr. Gerrit

Bruwer, besoek. Die proef is ongeveer

ses dae ná die kommersiële aanplanting

geplant. `n Plant is uitgetrek

van een van die ultra-vinnige lyne en

vergelyk met `n plant van die kommersiële

kultivar Akwa. Dit was duidelik

dat die ultra-vinnige lyn meer peule

per plant gehad het. Die pitte was ook

groter en verder ontwikkel.

Die kommersiële kultivar Akwa se

drag was swakker (veral in vergelyking

met die grootte van die plant) met

baie klein pitgroottes wat uniek is van

die Spaanse variëteite.

Volgens Wright behoort die ultra-vinnige

kultivars oesgereed te wees op

1 700 hitte-eenhede en die volseisoen-kultivars

op 2 000 hitte-eenhede.

Die hitte-eenhede by grondbone

word soos volg bereken: ( (Maks +

Min Temperature)/2) - 9°C. Onder

9°C neem groei by grondbone beduidend

af. Wright is van mening dat indien

die ultra-vinnige kultivars 20 of

meer dae vóór die huidige kultivars

geoes kan word met `n verbetering in

opbrengs, dit `n revolusie in grond-

36

Dr. Graeme Wright van The Peanut Company of Australia (PCA) kyk na die

grondboonplante in een van die proewe wat GWK in samewerking met die

PCA aangeplant het.

boonverbouing behoort te veroorsaak.

Wright was ook veral beïndruk deur

die plantpraktyk wat Bruwer gebruik

deur grondbone in beddings aan te

plant. Foto’s is geneem van die Monsomem-planter

wat gebruik word om

grondbone in vier rye van 28cm met

`n 55cm spasie tussen die beddings

aan te plant. Die grondoppervlak

word beter benut met hierdie metode

en die plantverspreiding tussen en

binne die rye is ook meer ideaal.

Wright beplan om hierdie metode

ook in Australië te toets – wel gedaan

aan ons produsente. Hierdie praktyk

sal volgens Wright ook ideaal wees

vir die verbouing van die ultra-vinnige

kultivars. Dit kan reeds met die volgende

plantseisoen getoets word.

`n Ultra-vinnige variëteit in die

proewe toon op die oomblik belofte

en daar is genoeg moedersaad om

reeds volgende seisoen in te voer en

`n kommersiële aanplanting te doen.

Belangrikste punte uit Wright

se nábesoek-verslag:

Die PCA-kultivars het groter sade

in vergelyking met die Spaanse

soorte. Opbrengs en saadgrootte

by grondbone is egter positief gekorelleer

en dus is die verwagting

dat hoër opbrengste met die nuwe

kultivars verwag kan word.

Al die PCA-kultivars bevat die

gesonde olie oleïn wat meer

markte vir GWK kan oopmaak.

Ultra-vinnige kultivars (met die potensiaal

om 20+ dae vinniger as

die huidige kultivars oesgereed

te wees) sal `n groot aanwins vir

die besproeiings- en droëland-gebiede

in Suid-Afrika wees. Gewas-insette

(veral water) behoort

ongeveer 20% laer te wees. Dit

kan tot gevolg hê dat meer grondbone/ander

gewasse aangeplant

kan word omdat die beperkte

hulpbron nie beskikbare grond is

nie, maar water.

Ultra-vinnige kultivars sal ook ná

koring aangeplant kan word, wat

meer oppervlakte vir grondboonverbouing

beskikbaar sal stel.

Wright verwys daarna dat GWK se

personeel baie opgewonde is oor

PCA se kultivars en die potensiaal

wat dit vir hulle inhou.

Wright verwys tereg daarop dat GWK

se personeel baie opgewonde is oor

die PCA-kultivars.

Ons sien met groot afwagting daarna

uit om die proewe te oes. `n Derde

besproeiingsproef word vir die volgende

seisoen vir die Prieska-omgewing

beplan.


Lede van die Noord-Kaap Veldramprojek by die veiling is agter: Mnre. HG Human, Johannes Human en Louis

van Rensburg. Voor: Mnre. Dulcken Dwyer, Joe Scholtz, Chriso van Deventer, mev. Anel Lie-

benberg, mnre. Jaco van Rensburg, Toni Kahi en Egbert van Rensburg. Foto’s: Bertie Theron

Groot vraag na aangepaste

ramme op Veldramveiling

D ie elfde Prieska Veldramveiling

is onlangs op die Jeugkamp

buite Prieska gehou.

`n Groot vraag na aangepaste

ramme is op hierdie veiling gesien en

kopers het gewys dat hulle bereid is

om vir hierdie ramme te betaal.

Al die ramme wat aangebied is, is

verkoop aan kopers wat so ver as Tarkastad,

Christiana, Brandfort en selfs

Botswana gekom het.

Die aanpasbaarheid van ramme is

een van die eienskappe, saam met

groeivermoë en vrugbaarheid, wat nie

met die oog gesien kan word nie maar

wel gemeet moet word.

Simbole word gebruik om die ramme

38

Lewendehawe

se teelwaarde vir `n eienskap aan te

toon.

`n Sterretjie * beteken dat die dier vir

die betrokke eienskap in die top 10%

van die ras in S.A. is.

`n + beteken hy is in die top 40%.

Die invloed op Dorperpryse kan in

Tabel 1 gesien word.

Relatiewe Ekonomiese Waarde (REW)

is `n kombinasie van speen, naspeen

en reproduksie-teelwaardes. Die in-

vloed hiervan op Dorperpryse kan in

Tabel 2 gesien word.

Seleksie-indeks is `n aanduiding van

aanpasbaarheid.

Die gemiddelde prys van Dorperramme

op die veiling was R6 209.

Mnr. H.G. Human van Prieska het die

duurste ram met `n SI van 118 teen

R12 500 aan mnr. Wessel Hugo van

Christiana verkoop.

Mnr. Tony Cahi van Prieska het `n Wit

Dorperram met `n SI van 108 teen

R15 000 verkoop. Die koper was mnr.

T.C. van der Walt van Hopetown.

`n Goeie aanvraag na boerbokram-

me is tydens die veiling gesien. Mnr.

Louis van Rensburg het R15 000 gekry

vir `n boerbok met `n SI van 119 en

die moeder van die ram het `n OPI

van 151. Die gemiddelde prys was

R7 856.

Mnr. Joe Scholtz van Griekwastad se

Savanna-ramme het gemiddeld `n

prys van R5 950 stuk behaal en die

ooie R2 020 stuk. Die duurste ram is


deur Telma Boerdery van Tarkastad

teen R7 700 gekoop.

Mnr. Jan Vermeulen van Bloemfontein

het R15 000 betaal vir `n Kalahari

Red-ram van mnr. Louis van Rensburg.

Die gemiddelde prys vir Kalahari Redramme

was R8 290. Mnr. M. Megano

van Botswana het R5 000 vir Kalahari

Red-ooie betaal.

Van Rooy-ramme bly gewild en almal

is teen `n gemiddeld R4 200 verkoop.

Getal * & + Geen Twee Drie Vier

Gemiddelde prys R4472 R6465 R6700 R7488

REW Negatief 0-3 3-5 5-7 7-9

Gemiddelde

prys

Seleksieindeks

Gemiddelde

prys

Mnr. Hennie Wium van Prieska het

R11 500 vir `n ram met `n SI van 107

van mnr. Louis van Rensburg betaal.

Die moeder se OPI is 145.

Die veiling is deur GWK behartig en

die afslaer was mnr. Deon Klopper.

Dorper. Verkoper: Mnr. HG Human van Prieska. Koper: Mnr. Wessel Hugo van Christiana. Prys: R12 500.

Tabel 2.

Tabel 3.

Tabel 1.

R5072 R6571 R6561 R6871 R6955

115

R4130 R5712 R6325 R6833 R7400 R7525

39


Wit Dorper. Koper: Mnr. T.C van der Walt van Hopetown. Verkoper: Mnr. Tony Cahi van Prieska. Prys: R15 000.

Boerbok. Verkoper: Mnr. Louis van Rensburg van Prieska.

Koper: Mnr. Nelis Vermaak van Brandfort. Prys: R15 000.

40

Kalahari Red. Verkoper: Mnr. Egbert van Rensburg van

Prieska (regs). Koper: Mnr. Jan Vermeulen van Bloemfontein.

Prys: R15 000.


Savannah. Verkoper: Mnr. Joe Scholtz van Griekwastad. Koper: Telma Boerdery, Tarkastad. Prys: R7 700.

Adverteer in

. . . en maak seker die landbougemeenskap

neem kennis

van jou besigheid.

Kontak Carien Grobler by 072 215 1029 of

carieng@gwk.co.za vir `n tariefkaart.

41


42

GWK Nuus

DRUIWE-OESTYD SORG VIR GROOT OPWINDING

Druiwe-oestyd sorg jaarliks vir

groot opwinding by die Landzicht-wynkelder

op Douglas waar die

vragmotors hul vragte druiwe aflaai

om Landzicht se topgehalte wyne te

maak.

Bo: Die vragmotors wag om hul

vragte druiwe af te laai.

Regs: `n Vrag druiwe begin die eerste

stap in die wynmaakproses.

Foto’s: Tania Fourie


INTERNASIONALE EIEDOMSPESIALIS BY GWK PROPERTIES

M nr. Trevor Gaw, `n internasio-

nale eiendomspesialis het onlangs

`n werksessie vir GWK Properties

by die Kimberley Klub aangebied.

Verskeie ander belangstellendes van

Kimberley het ook die geleentheid

bygewoon.

Volgens Gaw beleef ons op die

oomblik die swakste eiendomsmark

in die geskiedenis. “Nietemin is die

beste geleenthede in die eiendomsmark

juis nou! Om suksesvol te wees,

moet ons nuwe uitdagings met `n

positiewe houding aanvaar.

“`n Mens kan nie eksterne faktore

soos die ekonomie beheer nie, maar

kan jy wel jou reaksie daarop beheer.

“Dit is wat GWK Properties doen.

Ons stel doelwitte en maak seker dat

ons weet hoe om dit te bereik.”

MOTORWAS OP MODDERRIVIER `N REUSE SUKSES

Leerlinge van die Rietrivier Primêre skool was motors om geld vir hul skool in te samel.

GWK LandMark op Modderrivier

het onlangs `n motorwas in

samewerking met Wynn`s aangebied

Mnr. Trevor Gaw, mes. Linda Erlank (Eiendomsagent: GWK Properties),

Sandra Groenewald, Annelize Steyn en Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK

Properties). Gaw doen op Donderdag 14 Maart `n aanbieding oor die

toekoms van eiendom in Kimberley en Suid-Afrika by die Horshoe Motel in

Kimberley. Kontak GWK Properties by 053 832 0734 vir navrae.

om geld vir die Rietrivier Primêre

skool in te samel. Altesaam 14 voertuie,

onder meer `n vierton-vragmo-

tor, is op dié dag gewas. Die dag was

`n reuse sukses en die leerlinge het

hulle gate uit geniet.

43


MANNE DURF DIE MIDMAR-MYL SAAM AAN

GWK se aandeelhouers wys hul slag in die water! Mnre. Henry du Toit, Jan Cilliers, HF Cilliers (produsente van

Douglas), Frank Lawrence (produsent van Kimberley en Voorsitter en GWK se Direksie) en Frans van Niekerk

(produsent van Douglas), het mekaar moed ingepraat voordat hulle die Midmar-myl aangedurf het. Die Midmar-myl,

die grootste kompeterende oop water swemgeleentheid ter wêreld, het vanjaar sy 40ste verjaardag

gevier.

LAW OP DE AAR KRY BESOEK UIT VENEZUELA

Mnr. Manuel Orfao, `n bekende

sakeman van De Aar, het onlangs

besoek van vriende uit Venezuela

ontvang.

Orfao het hulle vir `n besigtigingstoer

na LAW se abattoir geneem.

“Ons span hier by LAW De Aar is

baie trots op die abattoir en verwelkom

elke besoek wat ons ontvang,”

sê me. Jeanette Deetlefs

(Klerk: Aankope en Administrasie).

“Nie die feit dat Orfao as tolk moes

optree of dat dit `n snikhete dag op

De Aar was, kon die groep se geesdrif

demp nie.”

Volgens Orfao kon hulle nie uitgepraat

raak oor hoe beïndruk hulle

met die werksaamhede by die abattoir

was nie en het hulle dit as een

44

Mnre. Butch Hawoth (Produksiebestuurder: LAW De Aar), Joao LourenÇo

Pereira Norberto, me. Maria Vierra de Pereira, mnr. Manuel Orfao, me. Maria

Lidia De Sousa de Pereira en Josê Antonio Pereira Goncalves.

van die hoogtepunte van hul besoek

aan De Aar beskryf.

“Ons het belowe om `n foto vir van

hul besoek aan Kommuniek te stuur

en vir hulle `n eksemplaar na Venezuela

te stuur,” sê Deetlefs.


VREUGDE OP

VALENTYNSDAG!

46

Ons mense

Die dames van Korporatiewe Bemarking het moeite gedoen om Valentynsdag vir elke personeellid van GWK op

Douglas effens soeter te maak. Hier is mes. Tania Fourie (Assistent), Chantelle Nieuwenhuizen (Junior Bemarker) en

Lévonne Kotze (Klerk: Admin) by mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK).

Cupid doen aan by mnr. Llewellyn Brooks (Hoofbestuurder: Spesialisprodukte) en mev. Alta Booysen (Persoonlike

Assistent).


Mnr. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel) glimlag oor sy rooi Valentynsgeskenkie.

Die Aartappel Advieskomitee het net die regte dag vir hul vergadering gekies en is in die raadsaal verras! Regs voor:

mnre. Gerhard Bruwer, Kolver Mülke (produsente) en Klasie Jacobs (produsent en oudvoorsitter van GWK se Direksie).


GWK LandMark op Prieska was almal in rooi getooi om klante op Valentynsdag te bedien.

Oom Bushy maak twee damesklante by GWK LandMark in Kimberley se dag

met `n roos vir elkeen.

Mes. Lientjie Faber (Bedryfshoof: Admin)

en Elsie Bekker (Handelsbemarker)

van GWK LandMark in Kimberley

by die rose wat dié tak aan elke

damesbesoeker uitgedeel het.


GWK LandMark in Kimberley is vrolik vir Valentynsdag

versier.


Koringkultivar

www.gwk.co.za

Maart 2013

proefresultate

Vanaf 15 Maart gratis beskikbaar by GWK

Saad op Douglas, asook GWK se bedryfspunte.

Kontak Pierre Ferreira vir navrae.

Tel: 082 904 4769

E-pos: pierref@gwk.co.za

Die publikasie is in elektroniese formaat beskikbaar

op GWK se webtuiste, www.gwk.co.za, en kan ook

in .PDF-formaat aangevra word.

innoveer landbou


Wenner

Karen van Zyl

van Petrusville

Tema vir Maart

Skouer aan die wiel!

Tema vir April

Onvergeetlike gesigte!

Soms vang `n mens `n gesig

op kamera vas wat jou lewe

lank by jou bly.

52

Kiekies

Ons mense

Tema vir Mei Maandelikse pryse

Herfs

Ná `n ongenaakbare warm

somer in die Noord-Kaap wag

`n koue winter weer op ons.

Intussen vermaak die natuur

ons met die pragtige herfstonele

wat hom oral afspeel.

1ste R500 kontant

2de R300 kontant

3de R200 kontant

Stuur foto’s na

carieng@gwk.co.za


Tweede

Hentie Fourie

van Douglas

Derde

Anelmie Nel

van Richie

53


54

GWK is die

hoofborg van die

GWK Griekwas

Vodacombeker vanjaar

N á `n voortreflike seisoen vir

Griekwa-rugby verlede jaar,

is die Griekwas oorgehaal

om hierdie seisoen selfs beter te vaar.

Mnr. Pote Human (afrigter) sê hulle

het vanjaar die Vodacombeker-rugbytitel

in hul visier.

Griekwas het verlede jaar in die eindstryd

van dié reeks die knie gebuig,

maar vanjaar is hul oë op die titel

genael. “Ons beoog ook om die

kwarteindrondte van die Curriebeker

te haal en só te verbeter op ons vyfde

plek in 2012.”

Volgens mnr. Arni van Rooyen (Besturende

Direkteur van Griekwas) het

daar nie veel aan die span verander

nie.

“Dit is vir ons baie positief, aangesien

die spelers nou al `n geruime tyd

saam speel. Ons het wel drie nuwe

aanwinste tot die span, naamlik Deon

Carney (losvoorspeler), Burton Francis

(losskakel) en Brummer Badenhorst

(stut).”

Human sê hy dink hulle het die regte

goed gedoen verlede jaar, daarom

gaan hulle voortbou daarop. “Ons

verdediging was egter nie op sy beste

nie, dus gaan ons hierdie jaar meer

daarop fokus.”

Volgens Human het die Springbokke

se verdedigingsafrigter hulle in Februarie

kom help. “Ons wil `n kundige

van buite inkry om ons verdediging te

verbeter. Wie beter as die Springbokke

se afrigter?”

Griekwas het `n edge bo ander

spanne omdat hulle `n familie is, sê

Griekwas gesels

Tania Fourie

in Griekwas se visier

Van Rooyen.

“Ons is nie so baie spelers nie en

daar is nie juis baie om te doen in

Kimberley nie, so die ouens kan nie

help om vriende te wees nie! Almal

het `n baie hegte band.”


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Super Rugby enig in sy soort

D

agsê aan die hele GWK-rugbyrepubliek.

Is dit nie heerlik

om terug te wees ná drie

maande se uithonger voor die rugbyrevolusie

nie?

Man, Super Rugby bly maar enig in

sy soort en ons gaan die volgende ses

maande weer na die strafste rugbykompetisie

ter wêreld kyk. Ja, jy het reg gehoor:

Hierdie jaar se S15 gaan langer

as ses maande duur. Ongelooflik!

Die span met die beste reserwes, bo-

menslike fiksheid en die spelers wat die

beste by hierdie rugbymarathon gaan

aanpas, sal die finaal haal.

Op papier lyk die Sharks se groep na

die beste Suid-Afrikaanse span wat aan

hierdie kreteria voldoen. Hulle het `n

magdom hardebaarde en senior Bokke

in hul geledere en `n groep wat weet

wat dit verg om hier bo uit te kom.

Aan die ander kant het Oom Gemsbok

ook al gesien dat `n klomp grootkop

miljoenêrs wat nie meer honger is

om `n beker te wen nie, jou ook nie

veel in die sak bring nie. Begin hulle

goed, kan hulle baie punte opstapel

voordat die beserings hul tol begin eis.

Dié groep het alles om vanjaar die

finaal heel gerieflik te haal.

Oom Gemsbok meen die Stormers

staan tweede in die ry met `n gevestigde

en suksesvolle span van 2012,

maar dit mag dalk net teen hulle tel,

want die Curriebeker-kampioen gaan

beslis meer druk op hom hê as die res.

Vroeë beserings aan senior manne laat

hulle sommer met `n bitter smaak in

die mond begin en dan wag die Bulls

nog boonop in hul eerste wedstryd op

Loftus. Die manne van die Kaap het

egter te veel talent en ondervinding in

hul groep om nie die halfeind te haal

nie. Dit sal niks anders as `n groot skok

wees as ons provinsiale kampioene nie

die halfeind haal nie.

Derde lyk die Bulls vir Oom Gemsbok

die beste afgerond van al die Suid-Afrikaanse

spanne en met Matfield terug in

die kamp kan dit net beter gaan. Hulle

sit met die talentvolste jong manne op

die bank en dít op sigself is `n reuse

aanwins wat die rotasiestelsel betref.

Die Cheetahs, met die minste senior

spelers op die bank en Juan wat

uitgetree het, sal hierdie jaar goed moet

begin en seker maak hulle wen hul

tuiswedstryde.

Begin hulle voorspoedig en los die

beseringspook hulle `n slag uit, mag

die blikore hierdie seisoen die beste ooit

op die punteleer eindig, maar dit sal

Oom Gemsbok eers wil sien.

Oor die Kings het Oom Gemsbok bekommernisse,

veral wat hul reserwekrag

betref. Hulle skop gelukkig hul toetrede

tot S15 in Suid-Afrika af en hulle mag

nie hierdie wedstryd verloor nie. Van

daar af gaan dit baie moeilik raak vir

die manne van die Baai, veral as beserings

begin krap en wegwedstryde doer

onder op hulle wag.

Kom ons sit terug en laat die manne

mekaar vat. Maak die honne los!

Groetnis

Oom Gemsbok

55


Wat kom volgende?

56

Pret op die plaas

Vir die jongspan


Saam, plant ons alles.

• wl 1111 (dormansie 11)

• wl 711 (dormansie 10)

• wl 9911 (dormansie 9)

• wl 525 HQ (dormansie 8)

• sa select (dormansie 7)

• wl 414 (dormansie 7)

• sa standaard (dormansie 6)

• wl 357 (dormansie 5)

eksklusief

vanaf

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika

Tel: 044 203 5180 ● Tel: 018 293 1233 ● Tel: 017 647 6431 ● Tel: 012 252 6849

www.saadbemarking.co.za

57

KKSB is 'n vennoot van

Agribonus


Kies die regte kleur op

die komplekse kleurkaart

Kleur is baie meer kompleks as

die kombinasies van rooi, geel

en blou wat `n mens met die

blote oog kan waarneem.

S owat `n kwart van `n mens se

optiese senuwees is direk aan

die pituïtêre klier in die brein

verbind. Hierdie klier lok emosies uit

wanneer jy kleur waarneem.

Die brein neem dus kleur bewustelik

waar, maar reageer onbewustelik

daarop.

Kennis van die effek wat kleur op

58

Leefstyl

Carien Grobler

die brein het, is egter nie net vir ontwerpers

voordelig nie.

Die kleure van jou uitrusting, wat jy

in voorleggings gebruik of waarin jy

`n e-pos tik, beïnvloed ander mense

se emosies en moet dus versigtig

gebruik word.

Mnr. Wagner Wagner (hoof van die

Wagner Institute for Color Research

in Kalifornië), het `n studie gedoen

waartydens hy dieselfde seeppoeier

in vier verskillende verpakkings by

verskeie wasserye versprei het.

Die verbruikers het neutrale kommentaar

gehad oor die seeppoeier

wat in die wit en groen en wit en

oranje houers verpak was. Verskeie

verbruikers wou egter weet of die

seeppoeier in die blou en wit houers

enigsins seep bevat.

Die meeste verbruikers het positief

op die seeppoeier in die blou en

oranje verpakkings gereageer. Een

deelnemer aan die studie het selfs

gemeen dit behoort sterk genoeg te

wees om die teermerke van sy motor

se modderskerms te verwyder!

Die rede hiervoor is eenvoudig, sê

Wagner, `n kenner oor die sielkundige

invloed van kleur. “Blou word met


outoriteit verbind en dwing respek af,

terwyl oranje die indruk van krag en

bekostigbaarheid wek,” sê hy.

Volgens Wagner word die sielkunde

van kleur op verskeie vlakke aangewend

om nie-verbale boodskappe

oor te dra.

“Ingenieurs verf soms brûe blou om

te verhinder dat mense selfmoord

pleeg deur daarvan af te spring.

Skole waarin die mure van oranje

na blou verander het, het gevind dat

leerders beter presteer, hul gedrag

verbeter en hulle in die algemeen

laer bloeddruk het.”

Blou word deur die meeste mense as

hul gunstelingkleur beskryf.

Die brein skei kalmerende hormone

af wanneer blou waargeneem word,

maar `n blou restaurant sal nie baie

klante lok nie.

“Mense eet minder uit blou borde

en hou in die algemeen ook nie van

blou huise nie.”

Volgens Wagner veroorsaak ko-

ningsblou egter `n gevoel van verantwoordelikheid,

kennis, betroubaarheid

en outoriteit.

“`n Prokureur of aflos-onderwyser

kan koningsblou dra om gesag af te

dwing.

“As `n mens jou prokureur se uitrusting

kan kies en jy kies enigiets

anders as blou, verdien jy om die

saak te verloor.”

Die regte kleur vir jou klere

Rooi is die kleur van passie en

liefde en is emosioneel gelaai. Rooi

het `n biologiese respons van die

liggaam tot gevolg wat veroorsaak

dat `n mens warmer voel en vinniger

asemhaal. Hoewel dit in die

algemeen as `n sexy kleur beskou

word en beslis sal aandag trek, laat

rooi `n mens groter lyk. Dit kan `n

mens ook aggressief laat voorkom

– vermy dus liewer `n rooi uitrusting

tydens onderhandelings.

Rooi laat mense voeling met die tyd

verloor en is daarom die aangewese

kleur vir kuierplekke en casino`s.

“Studies wys ook dat die aanwesig-

heid van rooi kos lekkerder laat

smaak en mense meer laat eet,”

sê Wagner.

“Soetgebak smaak die beste uit `n

pienk verpakking en mense is bereid

om meer te betaal vir kosmetiese

produkte wat in pienk verpak is of

wanneer iemand wat `n persoonli-

ke diens lewer, soos `n haarkapper,

pienk dra.”

Oranje trek onmiddellik `n mens

se aandag, sê Wagner. Dit is egter

geneig om `n produk of diens minder

eksklusief te laat voorkom en

kan byvoorbeeld `n duur gastehuis

goedkoop laat lyk.

“Geel is die kleur wat `n mens se

oog die vinnigste vang en is `n

waardevolle hulpmiddel as `n mens

iets wil verkoop. Selfs `n paar gousblomme

voor `n huis sal help om dit

vinniger te verkoop.”

Pienk is `n kalmerende kleur

wat gevoelens van romanse uitlok.

Wanneer `n mens pienk aanhet,

sal mense jou as meer toeganklik

beskou – `n kragtige hulpmiddel

op `n eerste afspraak!

Pers kom nie algemeen in die

natuur voor nie, wat veroorsaak

dat `n pers uitrusting onmiddellik

aandag trek. `n Pers uitrusting lok

gevoelens van welstand en swierigheid

uit.

Blou lok in die algemeen die

Hy waarsku egter dat geel versigtig

gebruik moet word. “Geel dui ook

op tydelikheid.

“Taxi-dienste, motorhuur-agentskappe

en busdienste gebruik geel, maar

banke nie. `n Bietjie geel kan `n

mens meer vrolik laat voel, terwyl `n

oormaat angstigheid en humeurigheid

kan aanhelp. Navorsing wys

dat babas meer huil in geel kamers

en dat mense ook vinniger humeurig

raak.”

Hy verduidelik verder dat swart só

`n sterk kleur is dat dit moontlik die

prokureur kan benadeel, terwyl bruin

weer nie genoeg gesag afdwing nie.

Grys, die kleur wat die oog die

maklikste verwerk, moedig kreatiwiteit

aan, verhoog `n mens se

kunswaardering en simboliseer

sukses. Wagner waarsku egter dat

sommige mense dié kleur as vuil

mag beskou.

“Wit word geassosieer met suiwerheid,

maagdelikheid, skoonheid,

keurigheid, verfyndheid en forma-

liteit. “

`n Verpleegster in `n wit uniform

word as meer bevoeg beskou as

wanneer sy `n uniform in enige

ander kleur sou dra.”

teenoorgestelde emosionele respons

as rooi uit.

Dit stimuleer `n chemiese reaksie

in die liggaam wat `n mens kalm

en vreedsaam laat voel.

Blou word dikwels aanbeveel as `n

goeie keuse vir `n werksonderhoud,

aangesien dit lojaliteit simboliseer.

Groen is `n verfrissende en

kalmerende kleur wat die natuur

verteenwoordig. Donkergroen, die

kleur van geld, word beskou as

manlik en suggereer welstand.

59


D ie Vroue Landbou Vereniging

(VLV) se Prieska-tak het

onlangs `n vergadering met

die tema “Ons maak lemon(ade)”

gehou.

Mev. Corrie Liebenberg (voorsitter)

het die vergadering op gepaste

wyse geopen met die boodskap: “Ek

het altyd keuses en soms moet ek

kies om my gesindheid te verander.

As die lewe vir jou suurlemoene gee,

maak lemon(ade)”.

Mev. Irene Coetzee (sameroeper

van gesondheid) het wenke vir die

verskeie gebruike van suurlemoene,

hetsy in die kombuis, medisinaal

of vir skoonmaak, met die dames

gedeel.

Almal het gesmul aan die heerlike,

tuisgemaakte suurlemoenstroop

en -koekies terwyl demonstrasies

gedoen is oor versierings wat `n

mens met suurlemoene kan maak.

Die vergadering is deur `n paar

besoekers bygewoon, om wie se

onthalwe die voorsitter `n kykie op

die VLV se werksaamhede gegee het.

Sy het verduidelik dat dit uit ses studierigtings,

naamlik Leefstyl, Landbou,

Openbare Sake, Opvoeding,

Gesondheid en Kunste en Handvlyt

bestaan.

“As `n mens dít in ag neem, besef

jy dat die VLV in elke aspek van jou

lewe betrokke is,” het sy gesê.

Sy het ook die projekte waarby die

VLV betrokke is aan die vergadering

verduidelik, onder meer die skoenboks-

en kosblikkieprojek waarmee

armoede bekamp word.

`n Plakkerskampprojek word ook

gedryf waarmee vroue bemagtig

word. “Ons pleit dat ons nie ons

gewetes met geld moet afkoop nie,

60

VLV Fokus

Carien Grobler

‘Ons maak lemon(ade)’

“Ek het altyd keuses en soms moet ek kies om my gesindheid te verander. As

die lewe vir jou suurlemoene gee, maak lemon(ade),” was die boodskap op

die onlangse vergadering van die VLV se tak op Prieska.

Me. Sunel Swart demonstreer maklike oefeninge vir almal in die strewe om

meer gesond te leef.

As deel van hul plakkerskampprojek het die dames van die VLV op Prieska

maklike en goedkoop maniere gedemonstreer om `n Kersboom te maak.

maar dat mense sal betrokke raak

en van hulself en hul tyd sal gee!”

Die middag is met `n verrassing

afgesluit toe me. Sunel Swart in `n

oefenuitrusting uit `n groot geskenkpak

gespring en maklike oefeninge

vir almal gedemonstreer het in die

strewe om meer gesond te leef.


Roos gekweek om VLVK se 85ste verjaardag te herdenk

O

m die VLVK se 85ste

verjaardag in 2014 te

herdenk, het die bekende

rooskweker mnr. Ludwig Taschner `n

spesiale roos gekweek wat die eienskappe

van die moderne vrou besit.

Die roos sal as die VLV-Kaapland

roos bekend staan. Dit is `n snyblom,

maar ook `n tuinblom met

die volgende eienskappe:

sagte salmonpienk;

vroulike, elegante roos;

effens gekartelde blare;

effense geur;

blom baie goed;

stewige knop;

stewige oop blom;

moderne blom;

grootte van die blom self: groter

as medium;

lang steel;

regop groeiende plant, 2m hoog;

sterk plant met volop blomme en

siektebestand.

Die roos behoort reeds van April

2013 beskikbaar te wees.

Die roos kan slegs van die

VLVK-hoofkantoor bestel word teen

`n spesiale prys van R85 (BTW en af-

leweringskoste ingesluit by die naaste

beskikbare kwekery op die kweker se

afleweringsroete).

Nie-lede kan die bestelvorm van die

VLVK-hoofkantoor aanvra by 021

886 5064. Kantoorure: Maandae

tot Vrydae van 08:00-13:00.

61


62

Gesondheid

Carien Grobler

Pragtige pere . . . vir `n

liggaam propvol energie

Pere bevat vitamiene A, C, K,

B2, B3 en B6. Dit is ook propvol

foliensuur, wat goed is vir verwagtende

ma’s. Wat minerale

aanbetref, is pere ryk aan kal-

sium, kalium, koper en magne-

sium. Vitamien C en koper is

antioksidante wat goed is vir

die immuunstelsel. Wat meer

kan `n mens van `n vrug vra?

Pere vir meer energie!

Wanneer `n mens `n peer eet, absorbeer

jou liggaam die glukose in

die vrug, wat in energie omgeskakel

word. `n Peer kan vinnig die huppel

in jou stap terugsit wanneer jy teen

laatmiddag begin traag voel. Hou `n

pakkie pere in die yskas by die werk

of pas `n yskoue peer in `n koelsakkie

vir daardie middae wat jy nie

jou oë kan oophou nie.

Vesel vir gesonde

spysvertering

Pere is `n goeie bron van vesel.

Een medium-grootte peer bevat

ongeveer ses gram vesel, wat `n

groot bydrae lewer tot die liggaam

se daaglikse behoefte van

30g. `n Dieet ryk aan vesel help

om `n mens se spysvertering

gereeld te hou, wat die kolon

gesond hou.

Vesel kan ook help om jou cholesterolvlakke

laag te hou, wat

baie goed is vir die hart. Navorsing

wys verder dat `n veselryke

dieet met `n laer risiko vir

borskanker verbind kan word.

Keer die kanker

Die antioksidante in vrugte

maak dit `n goeie bondgenoot

om kanker te keer. Die vitamien

C in pere is `n antioksidant wat

die liggaam help om siektes af

te weer. Die veselinhoud in pere

is ook goed vir die gesondheid

van `n mens se kolon en kan

die risiko van kolonkanker

verminder.

Voortreflike vastekos

Dokters beveel dikwels pere vir babas

aan wanneer hulle aan vastekos

voorgestel word. Aangesien pere min

suur bevat, is dit onwaarskynlik dat

dit spysverteringsprobleme sal veroorsaak.

Allergie vir pere is ook relatief

skaars.

Beskerm jou bene

Kenners beveel aan dat vroue die

gesondheid van hul bene beskerm

deur ’n gesonde pH te handhaaf

en groot hoeveelhede kalsium uit

voedselbronne in te neem. Vrugte

en groente help die liggaam om `n

gesonde pH te handhaaf. Navorsers

meen dat pere ook elemente bevat

wat die liggaam kan help om kalsium

effektief te absorbeer.


Resep

Peerslaai met kerrie-

kasjoes en rooi druiwe

Resep

Kasjoeneute

¾ koppie halwe kasjoeneute

½ koppie spekstukkies

1 eetlepel gesmelte botter

1 teelepel roosmaryn

1 teelepel kerriepoeier

1 teelepel bruinsuiker

½ teelepel sout

½ teelepel cayennepeper

Slaaisous

3 eetlepels wit asyn

3 eetlepels Dijon-mosterd

2 eetlepels heuning

½ koppie olyfolie

Sout en swartpeper na smaak

Slaai

Gemengde slaaiblare

2 koppies peerstukkies

½ koppie pitlose rooi druiwe

Metode

Rooster die kasjoeneute in `n droë

pan oor medium hitte tot goud-

bruin. Laat effens afkoel.

Braai die spek en absorbeer ekstra

vet met `n papierhanddoek.

Meng die botter, roosmaryn,

kerriepoeier, bruinsuiker, sout en

cayennepeper met die kasjoeneute.

Meng die wit asyn, mosterd en

heuning. Klits die olyfolie stadig in

en sprinkel met sout en peper na

smaak.

In `n groot slaaibak, besprinkel die

slaaiblare, peerstukkies, druiwe en

spek met die sous en dan met die

neutmengsel.

63


Uit Piet se pen . . . Agterblad

Hendrik is terug . . .

E k stop in die woonbuurt.

Op die karavaan voor my

staan groot geskryf “OPGE-

SUKKEL”. Duidelik in swart hoofletters.

Volgens die aanwysings moet ou

Hendrik se hut hier naby wees.

`n Kind kom nader. Ja, hy ken vir

oupa Hendrik. Hy draf sommer

vooruit om my te wys. Ek verkyk my

aan die onderdele waarmee Hendrik

se hut aanmekaargesit is: `n Ou

staaldeur vorm die een hoek van

die huis. Beslis die sterkste gedeelte.

Verder is dit `n laslappie-kombinasie

van stukkies sinkplaat, karton en ou

voersakke. Vensters is geensins nodig

nie – die sinke het genoeg gate. Boop

die dak lê `n erg verroeste elektriese

tweeplaatstofie en `n ou TV.

Die seun roep na binne en Hendrik

maak sy verskyning. Die ou is baie bly

om my te sien. “Nou hoekom kom

Meneer nou eers hier aan?” is sy

eerste woorde. Ek het al voor Kersfees

`n boodskap plaas toe gestuur

vir `n skroppie.” (Hy is lus vir gesels.)

“Meneer sien, ek het mos aansoek

gedoen vir spesioen (pensioen). Dit

moet nou enige tyd kom. Intussen

moet ek kriewel om aan die lewe te

bly. Die lewe in die dorp is bedroef,

Meneer.”

Hendrik erken dat hy so `n bietjie

suurwyn gevat het. “Sien meneer daai

sinkhuis daar anderkant? Dit is nou

ons sjebien. Daar kry jy álles, met `n

duidelike klem op die alles. Ons twee

kan sommer nóú gaan, sodat Meneer

self kan sien. Bier, brandewyn,

suurwyn, vaalwyn, huiswyn en boom

is pure goete wat jy daar kry.”

Die ou wil dadelik klim, maar moet

net eers gou by sy vrou uitkom. Sy het

by haar niggie in Hupstoot (die ander

64

woonbuurt) gaan kuier.

“Kan ek hom nie gou soontoe vat

nie?” vra hy. “Jy moet net ordentlik ry.

Los daai stoutgeit en moenie dat die

bakkie so grawe nie, taaiers is duur,”

berispe hy my.

Hy kom staan by die ruit en vra saggies

agter sy hand of ek hom nie met

`n 100 Randtjie wil help nie. Hy moet

dit vir die vrou los om haar net stil te

kry. “Nee, hy kom alleen plaas toe,

sy dae van vrouens wat om sy ore

kerm is verby.”

Die vraag vir geld was te wagte. Ek

trap mooi om die lening tydelik uit

te stel. Ons kom ooreen dat hy sy

dingetjies afhandel en dan kom laai

ek hom en bring sy R100 saam.

Skuins na twee stop ek vir die oplaai.

Die ou is op sy pos, maar nou baie

meer gewyn. Sy eerste vraag is of ek

die R100 gebring het. Hy hoop net

nie dit is `n vaste noot nie, want hy

moet nog gou by “OPGESUKKEL”

`n ietsie gaan koop. Ek wys hom die

vaste noot. Hy erken dit is maar beter

so, want met groot note kan jy nie

daar koop nie. Die mense is te skelm

by die uitkeer.

Tussen sy goed merk ek die erg gehawende

stofie. Volgens hom werk

die stoof nog. Die TV op die dak dink

hy is dood. Hy laai `n vrag komberse.

Lyk of hy lank wil bly.

By die oorhandiging van die R100

verduidelik hy my dat die geld maklik

vyf dae sal hou. Hy weet nou al hoe

ou Kaaitjie dit gaan spandeer. Vir die

volgende drie dae gaan sy elke dag

`n halwe bottel suurwyn koop. Donderdag

miskien `n bietjie broodmeel

en Vrydag `n R2-sakkie ertappels.

Verder worry hy nie, hy kom nou eers

weer voor die end van die maand

huis toe.

Voordat ons ry wys hy my `n gat in

sy sinkhuis. “Ek is tronk toe oor daai

gat, Meneer. My niggie het my kan

wyn daardeur gesteel.” Hy beduie

presies hoe groot die kan was. “Ek

koos (kon) net een blikkie uitgooi,

toes my kan besem skoon weg.”

Hy vryf met sy hand dwars oor sy

mond. ”Gesteel meneer! Hoe-hoe,

toe is ek oproerig. Gelukkig het ek

my kettie by my en toe moet sy wêreld

pak (weghardloop)”.

“Meneer sien, ek dra hom sommer

so met die klippe teen daai kalkbult

uit.” Hy wys in die rigting van die bult.

“Dwarsdeur die pillebome (prosopis).

Nee, sy moes kriewel om voor te

kom.” Hy wys met sy hande hoe hy

die rekke uitgetrek en gekorrel het.

“Dit is al geweer wat ek het. Vir hom

het jy mos nie `n liksens nodig nie.”

“Meneer ek skiet nog so, toe stop

die poelieste langs my. Probleme

meneer, groot probleme! Nie lat ek

rêrig skrik nie. Hul maniere ken ek al.

Jy moet net nie vastrap as hulle jou

wil laai nie. Trap vas en jou kop gaan

hard klap voor teen die poliesvan se

bak. Nee Meneer, die mense is rou in

hierdie plek!”

Op die plaas aangekom het die ou

nog `n bekentenis om te maak.

“Meneer, ek kan nog sommer lank

vir jou werk, maar jy moet weet ek het

stadig geword. Ek hoor die mense wil

nou R150 per dag hê, maar ek sal dit

nie vra nie. Nee, ek weet mos jy sal

mooi na my kyk.”

Hy vertel verder hoe ons twee kleintyd

saam baaisiekel gery het. “Toe

werk ek maar hoeka vir jou pa. Vir

Japie moes ek in die stootkar rondstoot.

Sjoe, julle was stout!”

Hendrik lag uit sy maag. “Julle word

voor my groot . . .”


Kontak die graan-

verkryger in u

gebied om u met

bemarkingsopsies

by te staan.

BARKLY-WES

Kobus Beetge

082 805 0885

DOUGLAS

Hendrikus Keulder

082 888 6295

Ig Pretorius

082 906 1672

HOPETOWN

Steven Storey

082 906 1676

LUCKHOFF

Willie Pretorius

082 881 1120

MODDERRIVIER

Dewald Burger

082 900 8736

PRIESKA

Wimpie Grobler

082 882 2609

OOS-VRYSTAAT

Ficksburg

Esperansza van der Walt

082 805 9911

GWK Graan . . .

innoverende bemarking

GWK Graan vestig gerusstelling

en vertroue by ons produsente

deur die gehalte graan-

bemarking en graanhanterings

dienste wat ons lewer. GWK

se graanhanteringsfasiliteite is

toonaangewend m.b.t. kwaliteit

van infrastruktuur, asook die

diens wat gelewer word. By

GWK Graan is dit die produsent

wat saakmaak!

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige

reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat

fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-

waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir

vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én

bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer.

GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas

Posbus 47, Douglas,

8730

Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

65


Douglas

Brits van den Berg

Bestuurder: Versekering

Kredietlewensversekering

082 803 5190

Prieska

Kannetjies Kotze

Korttermyn- en

Oesversekering

082 809 4773

Hopetown

Janitha von Molendorff

Korttermyn- en

Oesversekering

082 889 4602

Douglas

Willem Kruger

Krediet- en

Lewensversekering

082 490 9680

Douglas

Marietjie Vermeulen

Korttermyn- en

Oesversekering

082 809 4775

Barkly-Wes

René v/d Westhuizen

Korttermyn- en

Oesversekering

082 907 8548

Modderrivier

Riana Shergold

Korttermyn- en

Oesversekering

082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële

Diensverskaffer wat fokus op

welvaartbeskerming.

FSB Lisensienommer 1185

GWK Versekering . . .

gewaarborgde gemoedsrus

GWK se versekering waarborg gemoedsrus oor die

besittings wat vir jou en jou gesin belangrik is. Met

ons kliëntgerigte fokus en innoverende benadering

bied ons maakpas oplossings vir elke individu

se versekeringsbehoeftes. Kontak ons ook gerus om

jou met finansiële beplanning

vir die toekoms by te staan.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige

reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat

fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting.

Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir

vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én

bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer.

GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

66

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas

Posbus 47, Douglas,

8730

Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

More magazines by this user
Similar magazines