Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
Wie Is

“DIÉ

PROFEET?”

deur gerald flurry
Hierdie boekie mag nie verkoop word nie.

Dit is gratis opvoedkundige diens

in openbare belang, deur die Filadelfia

Kerk van God gepubliseer.

© 2009, Filadelfia Kerk van God

Alle Regte Voorbehou

Gedruk in die Verenigde State van Amerika

Bybeltekse in hierdie publikasie is ontleen vanuit die

“King James” vertaling, tensy andersins vermeld.
Jesus Christus het gesê: “Aan hulle vrugte sal julle

hulle ken.” U sal nie ‘n Profeet aan sy hoeveelheid

volgelinge, ken nie. Ook nie aan die aantal eiendom

wat hy aanskaf nie. U sal hom ken deur die

profesieë wat God aan hom openbaar.

God sal ook aan hom ‘n kragtige werk

gee, om daardie profesieë oor te dra.

Die Bybel verwys na “dié profeet” wat sy boodskap

net voor die wederkoms van Christus verklaar. Hy

word prominent genoem in die eertydse profete,

sowel as die vernaamste en minder vername

profete, asook in Klaagliedere, Daniël

en Openbaring! Kan ons bewys wie hy is?

Ek glo dat hierdie boekie, ‘n groter impak sal hê as

enige ander boekie wat ons al gepubliseer het. Dit

sal ook meer vervolging tot gevolg hê!

Onthou dat God, profesie, slegs aan “kindertjies”

openbaar (Matthéüs 11:25). Indien u hierdie boekie

biddend bestudeer en God om ‘n nederige en

kinderlike houding vra, sal u die identiteit

van dié profeet kan bewys.
Inhoudsopgawe

Hoofstuk Ene:

Staan op en Spreek ...........................................1

Hoofstuk Twee: Iets Nuuts .......................................................23

Hoofstuk Drie:

Hoofstuk Vier:

Hoofstuk Vyf:

Hoofstuk Ses:

God se Wag ....................................................36

Die Troon en Wetgewer .................................51

Die Elísa Werk................................................66

Eindtyd Éljakim ............................................82

Hoofstuk Sewe: Profeteer Weer .............................................100

Hoofstuk Agt:

Die Stem van die Dag van die Here .............106
1

Staan op en Spreek

‘n

Rukkie gelede het een van die lede van ons Kerk

Die volgende skrifgedeelte onder my aandag gebring:

“En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit

Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is

u? En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die

Christus nie. Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek

is nie. Is u dié profeet? En hy antwoord: Nee” (Johannes 1:19‑21).

Hierdie lid het geglo “dié profeet” is van toepassing op ons werk,

vandag. Hy het egter nie die rede hiervoor gegee nie. Ek het

gevoel ek moes ten minste die stelling bestudeer en God smeek

vir meer begrip.

Waaroor, praat God hier? Hierdie gesprek tussen die priesters,

Leviete en Johannes gaan alles oor Christus en Elía—met wie die

wederkoms van Christus geassosieer word. Alles draai rondom

die Tweede Koms van die Messias.

Johannes die Doper was ‘n raaisel vir die mense, veral vir

die Jode. Hulle het hom gevra of hy Christus was en hy het

ontkennend, geantwoord. Hulle het hom gevra of hy Elía was en

sy antwoord was nee. Eintlik was hy ‘n tipe van Elía, alhoewel hy

dit nie op daardie tydstip besef het nie. Eindelik het hulle hom

gevra of hy “dié profeet” is; weereens het hy nee, geantwoord.

Wat interessant is, is dat die Jode geweet het dat die Bybel

die koms van ‘n Messias profeteer. Hulle het egter nie begryp

dat daar geprofeteer was dat Hy twee keer sou kom nie. Dit is
2

waarom hulle Christus, met sy eerste koms na die aarde, verwerp

het. Hulle het nie van die idee gehou dat Hy op ‘n esel na hulle

gekom het nie. Hulle wou ‘n God hê, wat mag besit. Hulle wou

‘n God hê, wat hulle van die Romeine kon bevry en wat hulle sou

herstel tot die stand, wat hulle gevoel het hulle toekom. Hulle

was bewus van al die profesieë oor die magtige God wat na die

aarde sou kom. Hulle het nie verstaan dat Christus eers met sy

Wederkoms op so ‘n magtige wyse sou kom nie. Tog kon hierdie

priesters en Leviete duidelk vanuit die Skrif die besliste koms

van ‘n Messias, aflei.

Hulle het ook geweet dat die koms van ‘n Elía die Messias

se koms sou voorafgaan. In skrifgedeeltes van die Bybel, soos

Maleági 4:5‑6, word dit duidelik gestel. Hierdie was priesters en

Leviete, mense wat die Skrif geken het.

Die Jode het ook geweet van ‘n ander man, ‘n ander profeet,

wat met daardie groot eindtyd gebeurtenis geassosieer word.

Die koms van ‘n Elía sowel as ‘n onbekende profeet, sou die

wederkoms van Christus voorafgaan. Die Jode se vraag oor “dié

profeet” dui daarop dat hulle die profesieë oor daardie man

verstaan het en dit blyk dat Johannes dit ook verstaan het. Buiten

Elía, moes daar iemand anders wees—iemand wat deur profesie,

na aan die eindtyd net voor Christus se wederkoms geplaas

sou word. Hy was nie Elía nie; so ver dit ‘n naam betref was hy

werklik onbekend. Hy word eenvoudig “dié profeet” genoem.

W i e i s “ D i é P r o f e e t ? ”

Wie Is “Dié Profeet ”?

Hierdie onbekende profeet word weer in vers 25 van Johannes

1 genoem: “En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u

dan as u nie die Christus of Elía of dié profeet is nie?” Met ander

woorde hulle het hom gevra, Waarmee is jy besig as jy dan nie

een van daardie mans is nie? Behoort jy ooit mense te doop?

‘n Paar kommentators sê dat “dié profeet” Christus is,

maar dit maak nie sin nie, want dié profeet word in hierdie

lys afsonderlik van Christus en Elía genoem. In skrifgedeeltes

soos Deuteronómium 18:15‑19 en Handelinge 7:37‑38 word daar

duidelik na Christus verwys. “… en Hy Hom mag stuur wat

vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat

die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting
Staan op en Spreek 3

van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur

die mond van al sy Heilige profete. Want Moses het tot die

vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet

verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle

luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat

nie na die Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word”

(Handelinge 3:20‑23). Hierdie verse verwys na Jesus Christus. Hy

is die God wat alle dinge tot hierdie wêreld herstel. Wat Hy sê,

moet elkeen van ons hoor. Enigiemand behoort te kan sien dat

hierdie gedeelte na Christus verwys.

Hoekom sal enigiemand ooit na Christus as “dié profeet”

of as ‘n onbekende profeet verwys? Sommige van die wat ons

belaster, het die Skrif vertolk om presies dit, te beteken.

“Dié profeet” in vers 23 word in ‘n totaal ander konteks as

Johannes 1 gebruik. Hier in Handelinge 3, is dit soos om te s:

daardié profeet, Christus. Daardie profeet, word op‘n algemene

wyse gebruik. Die uitdrukking wat elders gebruik word, kan na

enige profeet vewys, terwyl “dié profeet” in Johannes 1, slegs na

een persoon, wat op daardie tydstip onbekend was, verwys.

handelinge 3, het niks te doen met die verduideliking

van wie “dié profeet” is nie. Hierdie uitdukking word nie

gebruik om ‘n onbekende profeet soos in Johannes se evangelie

te bespreek of te openbaar nie.

Die Jode wat in Johannes se evangelie bespreek word het

nooit gedink dat Christus en dié profeet, dieselfde persoon is nie.

Johannes het geen poging aangewend om hulle reg te help nie,

want hy het geweet het dat hulle reg was.

Johannes gebruik “dié profeet” om na ‘n spesifieke, maar

onbekende persoon, te verwys. Hy word by ‘n lys bestaande uit

twee ander profete: Christus en Elía, ingesluit. Dié profeet is ‘n

spesifieke persoon—en is van Christus en Elía onderskei. Nie

Johannes of die Jode, het egter sy naam geken nie.

Hierdie waardheid word nou eers openbaar!

Christus word in daardie profesieë wat na Hom verwys,

duidelik aangedui of genoem. Die Jode was egter van baie

profesieë in die Ou Testament bewus wat na ‘n onbekende

of naamlose profeet verwys. Hierdie man, sou in die eindtyd

gestuur word. Sy naam sou nie openbaar gemaak word nie, tot

nou—dié tye waarin ons leef.
4

Wie Is “Dié Profeet ”?

Hierdie boekie sal aan u vele bewyse van wie dié profeet is, bied.

Sommige van ons kritici gebruik die bogenoemde

skrifgedeeltes in ‘n poging om mense te verwar oor die identiteit

van dié profeet. Maar onthou, waarheid word aan kindertjies

geopenbaar (Matthéüs 11:25). Nuwe waarheid sal slegs deur God

aan mense met ‘n kinderlike gesindheid openbaar word.

Die mense van Berea was meer “edelmoedig” as die van

Thessalonika, daar hulle met meer ywer gepoog het om God

se waarheid te bewys en nie om dit as vals af te maak nie

(Handelinge 17: 10‑11).

So behou asseblief ‘n oop gemoed en laat God toe om hierdie

waardevolle waarheid aan u te openbaar, wat net veelvuldige

seëninge tot gevolg kan hê!

“Thayer’s Lexicon” dui aan dat die Jode geglo het dat dié

profeet net voor die wederkoms van die Messias, sou kom.

Let daarop dat die tydstip waarop hierdie individu moet verskyn,

net voor Christus se wederkoms is. Die “International Critical

Commentary” verklaar dat, “Daar was ‘n algemene geloof dat

Elía na die aarde sou terugkeer om die weg vir die Messias voor

te berei, gegrond op Maleági 4:5. Dit was ‘n ander alternatief wat

die Jode in gedagte gehou het, dat nie net Elía, voor die Messias,

se verskyning sou terugkeer nie. Hierdie verwagting van die

terugkeer van een van die profete was by uitstek die verwagting

van ‘dié profeet.’” Volgens hierdie twee kommentare het die

Jode gedink dat daar ‘n ander profeet was wat net voor die

wederkoms van Christus sou kom.

“Lange’s Commentary” verklaar (klem deurgans myne), “Dié

profeet met die byvoeglike naamwoord, die ‘welbekende’ profeet,

was ‘n persoonlikheid wat in hul Messiaanse teologie voorgehou

is as welbekend te wees.” Hierdie profeet was aan hulle bekend

vanweë hul kennis van profesie. “Lange’s” gaan verder, “Daarom

word daar met hierdie spesifieke profeet bedoel, “wie sou die

voortou neem om die amp van Elía te voltooi….” So die Jode het

geglo dat dié profeet die amp van Elía sou voltooi! Die “Jamieson,

Fausset and Brown Commentary” sê, “Elía, maar in sy eie

hoedanigheid, wie die Jode verwag het en steeds voor die koms

van hul Messias, verwag.”

Die Filadelfia Kerk van God (fkg) het nog altyd geglo dat

Herbert W. Armstrong, die eindtyd tipe amp van Elía vervul het.
Staan op en Spreek 5

Hy het in 1986 gesterf, wat beteken dat die eindtyd “Elía” gekom

en gegaan het. Nou moet ‘n profeet, sonder naam, op die toneel

verskyn. Al die kommentare wat ek bestudeer het, plaas sy koms

aan die eindtyd, net voor die grootste gebeurtenis wat

ooit in die heelal sal plaasvind: Christus se wederkoms.

Daardie feit opsigself behoort ons baie te help om hierdie man

te identifiseer! Die belangrikheid van hierdie bepaalde tyd moet

besef word. Dié profeet het in hierdie eindtyd, ‘n baie belangrike

werk, wat gedoen moet word.

Wie is dié profeet, wat volgens verskeie kommentare, kort

na die eindtyd Elía en net voor die koms van die Messias, moet

kom? Ons moet dit weet.

‘ n s t e m Wat i n D i e Wo e s t y n r o e P

“En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan

dat Elía eers moet kom? En Jesus antwoord en sê vir hulle: dis

waar, Elía kom eers en sal alles herstel” (Matthéüs 17:10‑11). Die

Jode het nie geglo wat Jesus in die Nuwe Testament gesê het nie,

maar hulle het geweet dat Elía voor die wederkoms van Christus

sou kom. En hier, word daardie feit deur Christus bevestig.

Let op wat Christus hierna gesê het: “Maar Ek sê vir julle

dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan

hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens

ook deur hulle ly. Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle

van Johannes die Doper gespreek het” (verse 12‑13). Aangesien

die Jode Christus verwerp het tydens Sy eerste koms, is dit

verstaanbaar waarom hulle nie Johannes die Doper as ‘n tipe van

Elía herken het nie. Hulle het geweier om erkentelik te wees oor

wie Johannes was en Johannes het as gevolg daarvan onder hulle

hande gely. Dit is sterk simbolies van wat onder geestelike Jode,

of God se Kerk, in hierdie eindtyd gebeur het. Die meeste van

God se mense het nie Herbert Armstrong, vir wie hy was, herken

nie. Hulle glo nie dat mnr. Armstrong die rol van dié eindtyd

Elía vervul het nie. Die wêreld het ook nie daarin geslaag om sy

amp te herken nie.

Laat ons na die gedeelte in Johannes 1 terugkeer. Die Jode

het daarin volhard om Johannes die Doper te ondervra. “Toe

sê hulle vir hom: Wie is u?—dat ons antwoord kan gee aan die
6

Wie Is “Dié Profeet ”?

wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? Hy antwoord: ek is die

stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die

Here reguit! Soos Jesaja, die profeet, gesê het” (Johannes 1:22‑23).

Johannes het nie gesê dat hy Elía is nie, tog het hy gesê dat hy die

profesie van Jesaja 40 vervul het.

Dit is duidelik dat Jesaja 40:3 na Johannes die Doper en

Herbert W. Armstrong verwys: “’n stem van een wat roep:

Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die

wildernis ‘n grootpad vir onse God!” Johannes het die weg vir

Christus se eerste koms voorberei. Mnr. Armstrong het die weg

vir Sy Tweede Koms voorberei. Hy het ‘n “deurpad” vir God in

die geestelike “wildernis” van hierdie wêreld voorberei. Hy het

alles herstel.

Dink vir ‘n oomblik hieroor na. Daar is slegs twee “Elía’s” na

die oorspronklike Elía—dit is, Johannes die Doper en Herbert

W. Armstrong. Indien hulle die enigste was wat Jesaja 40 vervul

het, waarom het God nie vir Jesaja inspireer om Elía se naam

daar te noem nie? Daar is ‘n belangrike rede waarom: daar

word na meer as net die twee Elía’s in Jesaja 40 verwys.

Kom laat ons in meer besonderheid na hierdie skrifgedeelte kyk.

J y Wat ‘ n G o e i e t y D i n G B r i n G

“Troos, troos my volk, sê julle God. Spreek na die hart van

Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar

skuld betaal is, dat sy uit die hand van die Here dubbel ontvang

het vir al haar sondes” (verse 1‑2). Dit is ‘n gerusstellende

boodskap, omdat dit alles oor die wederkoms van Christus

handel. Sommige gedeeltes van die boodskap is nie gerusstellend

nie, maar as u die oorsig beskou, sal dit u gerusstel. Die mense

van die moderne nasies van Israel (wat Brittanje, Amerika en

die nasie genaamd “Israel”—bybelse Juda, insluit) moet hierdie

aankondiging ontvang voordat hulle sterf.

“’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van

die Here, maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God!”

(vers 3). Soos ek reeds aangedui het word hier na Johannes die

Doper en mnr. Armstrong verwys.

Vers 4 begin om spesifiek die eindtyd Elía, mnr. Armstrong,

te bespreek. “Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel
Staan op en Spreek 7

klein gemaak word; en die bult moet ‘n gelykte en die rotsagtige

plekke ‘n laagte word. En die heerlikheid van die Here sal geo‑

penbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien; want die mond

van die Here het dit gespreek” (verse 4‑5). Niks hiervan het in

die leeftyd van Johannes die Doper gebeur nie! Hierdie is ‘n

eindtyd profesie.

Kyk nou versigtig na vers 9: “o Sion, verkondiger van goeie

boodskap, klim op ‘n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van

goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie

bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!” Hier

is ‘n “stem” wat nie net ‘n goeie boodskap aan Jerusalem (‘n tipe

van die nasies van Israel) bring nie, maar ook aan Sion, van alle

dinge! Sion is ‘n tipe van God se Kerk, en hier moet iemand aan

hulle die goeie nuus bring. Hulle is veronderstel om dit na die

wêreld te neem, maar instede daarvan, is daar iemand wat dit na

hulle bring, want hulle het dit nie! Dit is ‘n verbasende skrif‑

gedeelte, as u dit verstaan.

So daar is in werkliheid drie stemme hier in Jesaja 40. Daar is

Johannes die Doper. Daar is mnr. Armstrong en daar is ‘n stem wat in

die finale era van God se Kerk op die toneel verskyn—die era van die

Laodicense—‘n stem wat God se boodskap aan God se eie Laodicese

(louwarm) Kerk bring. Hierdie derde stem is die finale een; die ander

twee stemme het reeds gekom en gegaan. Hierdie is die laaste stem

voor Jesus Christus se Wederkoms! Dit is die stem wat sê, “hier is

jullle God”

Die eerste twee stemme in Jesaja 40 is beide ‘n tipe van Elía.

Christus het so gesê (Matthéüs 17:10‑13). Maar indien daar slegs

twee stemme in Jesaja 40 was, sou God beide van hulle onget‑

wyfeld Elía genoem het. Daar is ‘n derde stem wat nie ‘n tipe

van Elía is nie. Hy is dié profeet. Die bepaalde tyd wys ons dit.

Christus se wederkoms word deur hom bekend gemaak—en hy is

nie Elía nie. daar is geprofeteer dat slegs twee leiers God

se werk in hierdie eindtyd sal doen—Elía en DIÉ PROFEET.

Dit is ‘n stem—enkelvoud. Hy—nie ‘n komitee nie—is die

fisiese hoof van God se werk.

Hy verkondig twee boodskappe wat nie deur mnr. Armstrong

verkondig was nie. Hy gee goeie nuus aan God se sondige,

Laodicense Kerk en aan die nasies van Israel en die stede van

Juda verkondig hy goeie nuus.
8

Dit is verbasend om te besef dat God ‘n stem moet stuur om

hierdie goeie nuus aan Sy eie mense te bring. Hulle het dit wat

God aan hulle gegee het, eenvoudig verloor! Maar iemand het

die eer om saam met ‘n menigte ondersteuners terug te kom en

te sê, “hier is julle God!” Dit is die beste nuus wat enigiemand

ooit kan hoor. Dit is ‘n wonderlike geleentheid—‘n groot eer om

aan die wêreld, die wederkoms van Christus aan te kondig! Die

hartseer nuus is dat 95 persent van God se Kerk faal om hierdie

boodskap uit te dra.

Waar is hierdie stem wat vir God spreek? Waar is hierdie

“derde stem,” die laaste en finale stem? Wie is dit, wat net voor

Christus se wederkoms, uitroep en aan God se eie louwarm

mense en die wêreld ‘n goeie tyding bring? Is dit “dié profeet?”

Indien dit hy is, het hy ‘n baie belangrike taak—nie so belan‑

grik soos Elía s’n nie, maar nietemin baie belangrik; vir die een‑

voudige rede dat hy en sy ondersteuners hul werk doen net voor

Christus se wederkoms!

Mnr. Armstrong was goed bekend met Jesaja 40. Vir jare het

hy probeer om sy boodskap na Juda, vandag bekend as Israel, te

neem. Hy wou hierdie spesifieke boodskap aan die Jode bring.

Hy kon egter nooit toegang tot die Israeli radio of ‑televisie

verkry nie. Dit blyk dat daar altyd iets was wat sy pogings frus‑

treer het.

Die feit is, dat daar na hom ‘n stem sou kom—‘n enkele stem

wat aan die stede van Juda sou sê, “hier is julle God!” God sal

seker maak dat hierdie spesifieke profesie, vervul word. Dit is

nou besig om in vervulling te gaan! Daardie stem word vandag

in die stede van Juda (of “Israel”) op “Star” televisie gehoor.

Maar ek verwag steeds dat daardie boodskap sterker sal word.

n o o i t ‘ n m a n o n t B r e e k

Wie Is “Dié Profeet ”?

Jeremia 30: 1‑3, Is ‘n aanduiding dat dit vir die eindtyd geskryf

is, wat ons in gedagte moet hou terwyl ons na die volgende

skrifgedeeltes kyk.

Jeremia 33, verse 17‑18, lees, “Want so sê die Here: Daar sal vir

Dawid nooit ‘n man ontbreek wat sit op die troon van die huis

van Israel nie; en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my

aangesig ‘n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en
Staan op en Spreek 9

spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.” Ons het al

baie geskryf oor die eerste gedeelte van daardie verbond, wat na

die koninklike familie wat nou in Brittanje regeer, verwys (ver‑

soek ons gratis boekie “Jeremiah and the Greatest Vision in the

Bible”). Dit is die troon van Jesaja 9:6‑7. Dié troon waarvandaan

Christus vir ewig sal regeer.

In die tweede gedeelte van daardie verbond sê God dat die

priesters onderling, nooit ‘n man sal ontbreek nie, ‘n man in

God se teenwoordigheid; om oor die troon van Dawid onderrig

te gee. Daardie profesie sê “nooit” en dit is wat dit beteken. Tot

die wederkoms van Christus sal daar altyd een leier‑leraar

wees wat oor daardie ewige troon van Dawid, sal praat! Hierdie

is ‘n opwindende profesie! God het aan die Levitiese priesters—

Sy leraars vandag—beloof dat die boodskap oor Dawid se troon,

deur een man, uitgedra sal word. God kom altyd Sy beloftes na.

Let op dat die verbond nie maar net met “‘n man” gesluit

word nie; dit word gesluit met al die leraars wat hierdie man in

die uitvoering van God se werk, ondersteun. Hulle deel in die

verantwoordelikheid om oor die troon van Dawid onderrig te

gee.

Alhoewel hierdie leraars hul priesterlike verantwoorde‑

likhede vervul, is daar steeds hoofsaaklik éen man wat aan

die hoof van die werk staan. Die ander leraars volg hom soos

hy Christus volg (1 Korinthiërs 11:1). Hulle volg hom, soos hy sy

werk vervul, deur God se profesie, oor die troon van Dawid, aan

die wêreld te leer.

Indien God openbaring oor hierdie troon gaan gee, sal dit

slegs deur ‘n profeet of apostel kom (Efésiërs 3:5). Hierdie man

sal die verantwoordelikheid hê om die geopenbaarde profesie

omtrent die troon van Dawid—die sleutel van Dawid, aan die

wêreld te leer. God beloof dat daar altyd ‘n man sal wees om

mense van hierdie enkele grootste hoop in die wêreld, te vertel.

Van die begin af was die fkg in staat om die boek, Die

Verenigde State en Brittanje in Profesie, te versprei. Dit was die

eerste boek van mnr. Armstrong wat ons herdruk het. In 1992

het ons die kleiner 1945 weergawe gedruk. Ons het meer as

50,000 kopië van die boekie versprei. Later het ons die groter

1980 weergawe gedruk totdat ons deur ‘n hofinterdik gestop is.

Ons het egter na die Hooggeregshof van die Verenigde State
10

appelleer en verwag dat die hofinterdik omgekeer sou word daar

God sê, dat ons daardie boodskap moet voortsit.

In, Die Verenigde State en Brittanje in Profesie, het mnr.

Armstrong op die eerste gebod in Jeremia 33 gefokus. Maar,

ek onthou egter nie, dat hy ooit oor hierdie verbond met die

Levitiese priesters of leraars, onderrig gegee het nie. So waar

is daar vandag “‘n man” wat meer en meer in diepte oor die

troon van Dawid onderrig gee? Sedert mnr. Armstrong gesterf

het, het God veel meer diepte oor hierdie twee verbonde open‑

baar. Ons het nie die diepte daarvan verstaan toe God ons

geïnspireer het om ons televisie program “The Key of David”

te noem nie. Maar die feit dat God aan die begin van ons werk

daardie naam geinspireer het, wys hoe belangrik die sleutel

van Dawid visie vir God is. Nou het ons ook ‘n boekie wat

“Key of David” getiteld is.

Hoeveel van hierdie visie word deur die Laodicense kerke

verstaan? Hulle gee nie onderrig daarin nie, want hulle het

dit verloor. Geeneen van die Laodicense kerke wil eers die

God‑geïnspireerde, Die Verenigde State en Brittanje in Profesie,

hê nie. Dit handel oor die grootste visie in die Bybel en as u dit

verloor, het u alles verloor. Die wat dit het, is Filadelfiërs en die

wat dit nie het nie is Laodiceërs.

Wie is vandag besig om die geïnspireerde Die Verenigde State

en Brittanje in Profesie, te versprei? Daardie feit opsigself, sal tot

‘n groot mate aandui wie hierdie profesie vervul! Dink asseblief

hieroor na.

L e r a a r s Wat G o D D i e n

Wie Is “Dié Profeet ”?

“En die woord van die Here het tot Jeremia gekom en gesê: So

spreek die Here: As julle my verbond met die dag en my verbond

met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op tyd is

nie, dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan

word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon

nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars. Soos die leër

van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan

word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg

Dawid, en die Leviete wat My dien” (Jeremia 33:19‑22). hierdie

is ‘n asemrowende verbond en niks kan dit verbreek nie.
Staan op en Spreek 11

Hierdie priesters “dien” God! “Lange’s Commentary” sê

dat dit ‘n “tegniese term is vir die diens van die Leviete en

priesters”—dit is God se leraars vandag. God word baie tegnies

as dit by die werk van Sy leraars kom. Hierdie leiers behoort die

verbond wat hulle met die lewende God gesluit het, baie ernstig

te oordink! Hulle kan nie bekostig om die stelling ligtelik op te

neem nie.

God sê dat hierdie grootse visie altyd deur ‘n man verkondig

sal word. Is hierdie man “dié profeet”? Daar is verseker baie

bewyse wat gelewer kan word om daardie feit te bewys.

God maak ‘n stelling dat daar nooit “‘n man” sal ontbreek

om in God se teenwoordigheid, Sy mense geestelik te lei. Hierdie

man sal ook ander leraars lei.

Hierdie eindtyd leraars sal ‘n man volg—wie deur God

aangestel is om die boodskap van die troon van Dawid; oor te

dra. Met ander woorde, òf hulle volg ‘n man—God se man—of

hulle is nie God se leraars nie! Hulle het met God ‘n verbond

gesluit om dit te doen.

Is daar vandag ‘n profeet wat deurlopend oor die troon van

Dawid, en dat dit die grootste visie in die Bybel is, profeteer?

Dit was aan my dat God die waarheid oor Sy verbond met Sy

leraars openbaar het. Ek sal verantwoordelik gehou word—so

ook ons leraars en ook God se mense—Filadelfiërs en Laodiceërs.

God se mense behoort altyd die leraars wat God dien, te volg.

Dit beteken dat God se volgelinge ‘n diepe begrip van Dawid se

troon en van die hele Bybel moet hê, of hulle sal verlei word. God

se uitverkorenes sal deur God—nie mense nie—gelei word om

Dawid se troon met Christus, vir ewig te deel! Dit handel alles

oor Christus se regering. God het met Sy leraars (meervoud)

‘n verbond gesluit. Maar hierdie leraars sal dié profeet—‘n man,

volg—soos wat hy nuwe en dieper openbaring oor Dawid se

troon verkondig. Dan sal hierdie man en die leraars van God die

mense van God byeenbring om hierdie visie aan die wêreld te

leer. Dit is die wêreld se enigste hoop!

Al die leraars van God en Sy mense het met Hom ‘n verbond

gesluit om hierdie werk te voltooi. God sal van elkeen van ons

vir elke woord van Sy waarheid, rekenskap eis.

Kan enigiemand God se verbond met sy leraars stop?

Slegs as hulle God se verbond met dag en nag kan stop!
12

Wie Is “Dié Profeet ”?

Soos die tyd verbygaan sal God se eenman‑regering meer

en meer in dispuut geplaas word. Soos wat die geestelike oorlog

toeneem, sal waargeneem kan word hoedat die eenman‑regering

in hierdie Kerk, meer as enigiets anders bevraagteken sal word.

Mense sal sê dat eenman-regering ‘n euwel is! Maar dit is slegs

waar indien daardie een man nie deur die grote God wat op

Dawid se troon sit, regeer word nie! eintlik volg jy God

wanneer jy God se man volg. God sê ons is vervloek as ons

bloot net ‘n man volg (Jeremia 17:5). Hierdie werk gaan nie oor

‘n man nie. “Dié profeet” het nie eens ‘n Bybelse naam nie, wat

help om net op God te fokus.

G o D s e V e r B o n D m e t D i é L e r a a r s

Wat is die betekenis agter die verbond wat God met die leraars

gesluit het? God se leraars het nie net die verantwoorde‑

likheid om God se profeet te ondersteun nie, maar ook

om God se mense te help insien dat hulle hom ook moet

ondersteun—met passie! God eis rekenskap hieroor, van dié

leraars, net soos Hy rekenskap eis van elkeen wat in ‘n posisie

van verantwoordelikheid geplaas is. Hulle is dié voorbeeld vir

God se mense. Dit is dan ook die beste manier om enigiemand

te leer. Die leraars is hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik om

hierdie boodskap aan die broeders oor te dra. Al God se leraars,

behoort selfondersoek te doen, ten einde te verseker dat ons aan

hierdie verpligting voldoen.

Besef ons hoe ernstig die verpligting van die leraars is? Ons

weet dat ons 50 persent van die Laodiceërs aan die ewige dood

sal afstaan (Matthéüs 25:1‑13), maar ek is seker dat die persentasie

onder die leraars hoër sal wees! dit is so ernstig soos eni‑

giets waaroor ek sou kon praat Ons leraars het nodig om

baie ontvanklik vir korrigering te wees—selfs as dit by tye van

ons eggenotes, wie 50 persent van ons bediening is, kom

Ek is ook van mening dat ons leraars nie so na aan mekaar

is, as wat ons behoort te wees nie. God se leraars is verbondsbroers

wat beteken dat ons nader as fisiese broers aan mekaar

moet wees. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor God se

mense, om ‘n diepe eenheid onder mekaar uit te beeld. Ons moet

almal harder werk om hierdie eenheid te bewerkstellig, wat sal
Staan op en Spreek 13

meebring dat die hele Kerk meer verenig sal wees, deurdat hulle

ons voorbeeld volg.

Dit is hoe ons die hele wêreld sal verenig! “Kyk, daar kom

dae, spreek die Here, dat Ek die goeie woord in vervulling laat

gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die

huis van Juda. In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit

van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid

doen in die land. In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem

veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: die Here ons

geregtigheid” (Jeremia 33:14‑16). Uiteindelik sal die troon

van Dawid al die inwoners van die aarde verenig. Die Kerk

vandag, sal alleenlik verenig indien hulle deur een man rondom

hierdie troon bymekaar gebring word. Voordat God se mense

enigsins kan verenig, sal die visie eers herwin moet word.

Mediteer oor die verse in Jeremia 33, in die konteks van

daardie twee verbonde. Daar is huidiglik ‘n geestelike

troon van Dawid in God se Kerk. Ons ondervind ‘n voor‑

smakie van hoe dit sal wees wanneer Christus na die aarde

sal terugkeer om te regeer. uiteindelik, sal die hele aarde

rondom daardie troon verenig wees!

‘ n B o o D s k a P a a n ‘ n ko n i n G

Die geestelike leier wat in Jeremia 33 bespreek word het ‘n paar

baie spesifieke take om te verrig. Een hiervan, word in Jeremia

22 gevind. “So sê die Here: Gaan af in die huis van die koning

van Juda en spreek daar hierdie woord en sê: Hoor die woord

van die Here, o koning van Juda, wat sit op die troon van

Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte

ingaan. So spreek die Here: Doen reg en geregtigheid, en red die

beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade,

geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en ver‑

giet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie” (Jeremia 22:1‑3).

Ek weet nog nie presies hoe God bogenoemde wil vervul nie.

Onthou egter dat daar ‘n verband is tussen die man in die

Levitiese priesterdom—dié profeet—en die koning of koningin

wat vandag op Dawid se troon sit. Hierdie vers, sê uitdruklik

“koning.” Sal dit Koning Charles wees? Dit sal besondere geloof

verg om selfs net te “gaan” en met daardie koning te “spreek.” Sal
14

hierdie boodskap direk of indirek deur middel van ons media

oorgedra word? Ons is nie seker nie, maar dit is ‘n boodskap wat

die Britse koningshuis nie sal wil hoor nie!

Die boodskap gaan voort: “Want as julle hierdie saak

sorgvuldig doen, sal deur die poorte van hierdie huis konings

ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens

en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk. Maar as julle na

hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek

die Here, dat hierdie huis ‘n puinhoop sal word” (verse 4‑5). God

sê dat hierdie boodskap sal uitgaan en deur ‘n man oorgedra sal

word. Dit is aan een koninklike persoon en sy volk gerig. Daar

sal verskriklike gevolge wees indien hulle weier om daardie

stem te hoor. “Want so sê die Here aangaande die huis van die

koning van Juda: ‘n Gílead is jy vir my, die top van die Líbanon.

Waarlik, Ek sal jou ‘n woestyn maak, stede wat nie bewoon word

nie” (vers 6). Dit het nooit in die Israel van ouds, se geskiedenis

gebeur nie. Duidelik word hier na ‘n kern ramp verwys. In

Hoséa 6:8 word Gílead ‘n stad van kwaaddoeners genoem—‘n

stad, wat indien hulle nie vandag ag sal slaan op die booskap van

God nie, sal ly soos geen ander stad ooit vantevore gely het nie.

Indien die “koning” nie ag slaan nie, sal dit nie net sy troon nie,

maar ook die hele Israel affekteer!

Stede sal nie bewoon word nie. Stede soos London,

Manchester, New York, Chicago, Los Angeles, en Dallas!

Hierdie hoofstede sal soos ‘n dorre “woestyn” gelaat word—‘n

onbewoonde verlate plat geveegde vlakte. Hoe verskriklik

belangrik is ons boodskap nie! hierdie ramp kan slegs

verhoed word indien hulle dié profeet se boodskap ter

harte neem. dit is hulle enigste ontvlugting!

H i e r D i e G r o o t s ta D

Wie Is “Dié Profeet ”?

Daar is ‘n direkte verband tussen hierdie massiewe,

ongeëwenaarde ramp en Dawid se troon!

“En Ek sal die verwoesters teen jou heilig (God doen dit

alreeds), elkeen met sy wapens en hulle sal jou beste seders afkap

en in die vuur gooi. Dan sal baie nasies by hierdie stad verbytrek

en die een aan die ander vra: Waarom het die Here so gedoen

met hierdie groot stad?” (Jeremia 22:7‑8). God gee besondere
Staan op en Spreek 15

aandag aan “hierdie groot stad” waar Dawid se troon is.

Dit moet London, Engeland wees!

Hierdie skrifgedeelte sê dat baie nasies sal kom om die totale

vernietiging van hierdie stad te sien—dit sal ‘n groter toeriste

aantreklikheid wees, as die Kolosseum van Rome of enige ander

ruïnes op aarde. Mense sal wonder, hoe het dit gebeur?

Stel u voor, dat London die nommer een toeriste

aantreklikheid in Europa sal wees. hoekom? daar is

nie een inwoner in hierdie stad nie, daar dit totaal

vernietig is!

Mense sal vra waarom het God London so gestraf—meer as

enige ander stad, tot hede. Daardie verwoesting is ‘n bewys dat

hulle nie na ons boodskap geluister het nie—net soos vele ander

stede wat ook verwoes is, nie geluister het nie!

die tyd het aangebreek dat mense wakker word en na

God se waarskuwingsboodskap luister! Hulle sal teenoor

God aanspreeklik wees, deurdat hulle Sy verbond met Dawid,

en sy boodskap met betrekking tot daardie troon, verwerp het.

Hierdie troon, is die grootste fisiese simbool van hoop

op hierdie aarde. Hoe kan ander mense dit bewonder

en respekteer as die meeste mense van Brittanje hul eie

geskiedenis en profesie van daardie troon verag?

God gaan Israel in sy geheel—veral die Britte, oor die

waarheid van Dawid se troon verantwoordelik hou. Hierdie

is ‘n moeilike boodskap om oor te dra. Blyk dit nie logies te

wees dat God ‘n profeet sou stuur om hierdie profesie bekend

te maak nie?

Is dit nie net logies dat, indien ons dié belangrikste

waarskuwing ooit, sou verstaan, dat dit ons sekerlik sal motiveer

om God se werk te doen! Het ons ‘n diepe begrip van wat op dié

punt staan om te gebeur?

Let op die volgende vers: “En hulle sal sê: Omdat hulle die

verbond van die Here hulle God verlaat het en voor ander gode

hulle neergebuig en dié gedien het” (vers 9). Watter verbond

kon ‘n koning in daardie stad verontagsaam het? Slegs

dié verbond wat God met Dawid in verband met daardie

troon, gesluit het!

Indien u die geskiedenis onthou, sal u besef dat die mense

van Israel van daardie verbond bewus en deel daarvan behoort
16

Wie Is “Dié Profeet ”?

te wees. God hou die Britse mense spesifiek (en die hele Israel in

die algemeen), verantwoordelik omdat hulle daardie troon en

verbond vandag verag! Neem ook in ag dat mnr. Armstrong 5

miljoen kopieë van Die Verenigde State en Brittanje in Profesie,

versprei het. Baie mense het die eer gehad om van daardie troon

en verbond te weet. Die koninklike familie behoort sekerlik

daarvan bewus te wees. Maar vandag spot mense—en moet ons

eenvoudig ons waarskuwingsboodskap versterk.

Indien hierdie koning nie tot bekering kom nie, sal hy

‘n eselsbegrafnis hê. (verse 18‑19). Wat ‘n tragiese einde vir die

wêreld se mees vername en belangrikste koninklike.

Om die waarskuwing oor hierdie verwoesting te verkondig is

‘n moeilike taak. Dit is nie ‘n boodskap wat skuldige mense wil

hoor nie. Tog, kan niemand keer, dat hierdie boodskap uitgaan

nie. God sê dit gaan gebeur. Ons moet die boodskap aan Israel

en daardie koning, oordra.

Hoeveel ondersteuning kan u ‘n man gee, wat die boodskap

moet oordra? Indien u lief is vir God se mense, en hierdie wêreld

so lief het soos God dit lief het, sal u alles in u vermoë doen om te

help om hierdie dringende noodsaaklike boodskap, te verkondig.

God gee baie diep om vir daardie troon. Hierdie profesieë

sê dat Hy op die punt staan om Israel te vernietig! Hy is op die

punt om stede te verdelg en nie een enkele inwoner oor te laat

nie! In Sy gedagtes is hierdie, ‘n dodelike, ernstige saak en wil

Hy verseker dat die betrokke mense voldoende gewaarsku word.

Soos wat ons in profesie na profesie sal waarneem, is dit

so, dat wanneer God iets openbaar, verwag Hy dat

dit bekend gemaak moet word! Dit plaas ‘n baie groot

verantwoordelikheid op die skouers van dié profeet, wat net voor

die wederkoms van Christus kom, en tot ‘n groot mate op dié

mense wat hom ondersteun. Ek het baie ondersteuning van die

leraars en van al God se mense nodig. Ek word verantwoordelik

gehou, vir al die Openbaring wat aan my openbaar is en wat ek

aan Israel moet verklaar! Soos Paulus gesê het: “[W]ee my as ek

nie die evangelie verkondig nie!” (1 Korinthiërs 9:16).

Mnr. Armstrong het nie hierdie verbond met God se leraars,

rakende Dawid se troon, verstaan nie. Dit sou sy boodskap aan

die Britse koninklike familie, vanselfsprekend beperk het. Hy

het ook nooit so spesifiek in sy boodskap aan die koninklike
Staan op en Spreek 17

familie geword, soos wat ek vandag en in die toekoms, sal doen

nie. Mnr. Armstrong se boodskap het nie ‘n waarskuwing oor

Dawid se troon beklemtoon soos wat my boodskap dit doen nie.

Daardie boodskap, kan nie deur een man alleen, oorgedra word

nie en moet deur elkeen van God se uitverkorenes ondersteun

word. Ek, benodig dringend, die hulp van God se leraars en Sy

mense, daar dit slegs ons is wat die werk kan doen! Ons sal vir

die bloed van Israel verantwoordelik gehou word (Jeremia 33:7‑9).

Hierdie is ‘n dodelike en ernstige roeping!

‘ n Wa a k s a m e WaG

Jeremia was ‘n groot taak gegee: God het hom as ‘n profeet

vir die nasies aangestel (Jeremia 1:5). In sy leeftyd het hy die

waarskuwing slegs aan Juda gespreek; hy het nooit na Israel toe

gegaan nie. Dus weet ons dat, indien ons nie sy boodskap aan

die nasies verkondig nie, hy verniet sou geleef het! Dit is hoekom

hy hierdie boodskap in ‘n boek aangeteken het.

Jeremia kon gesê het, dit maak vir my nie sin nie—waarom

hulle gaan waarsku aangesien Israel reeds in ballingskap is. Maar

God het aan hom gewys wat in hierdie eindtyd sou gebeur.

“Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ‘n amandeltak.

Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker

oor my woord om dit te volbring” (verse 11‑12). Soos in ons

Jeremia boekie geskryf is, kan die “amandeltak” as ‘n “waak‑

same wag” beskryf word. Hierdie is ‘n profesie wat daarop dui

dat ‘n waaksame wag in die eindtyd op die toneel sou verskyn.

Deur hierdie wag te stuur, gee God die nasies kans om hulle te

bekeer. God gee aan hom ‘n “stok,” of die gesag om die werk te

doen. Dan word verwag dat hy dit sal doen soos wat God, hom

beveel het.

Jeremia het geweet dat God iemand sou stuur om Sy bood‑

skap in die eindtyd oor te dra. En daardie wag moet die mees

belangrikste taak op hierdie aarde hê, want ons is op die punt

om net voor Christus se wederkoms, die grootste verwoesting

ooit, te sien!

Hierdie profesie is nie so spesifiek op mnr. Armstrong van

toepassing as wat dit op my is nie en die rede daarvoor is as
18

Wie Is “Dié Profeet ”?

volg: “En die woord van die Here het vir die tweede keer tot my

gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien ‘n kokende

pot wat van die noorde af kyk. Toe sê die Here vir my: Van die

noorde af sal onheil losbreek oor al die inwoners van die land”

(verse 13‑14). Hierdie borrelende, kokende pot—die koning van

die noorde of die Europese Unie—staan op die punt om oor die

hele Israel oor te kook. Hierdie beskrywing, dateer dié profesie,

presies: Die waaksame wag sal op die toneel verskyn wanneer

die pot op die punt staan om oor te kook. Kyk na Europa

vandag en u sal ‘n kokende pot sien, wat gereed is om te

eniger tyd oor te kook! Gedurende mnr. Armstrong se

leeftyd het dit nooit gekook nie. Dit waaroor hy al die jare

gewaarsku het, is vandag werklik besig om te kook!

“En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle

boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat

opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neerge‑

buig het” (vers 16). Hierdie is ook gedateerd: Slegs God se mense

kan Hom verlaat. U kan nie van ‘n God afvallig word indien u

Hom nooit geken het nie. Hierdie wêreld met die uitsondering

van God se Kerk, het God nog nooit geken nie. God se eie

Laodicense kerk het afvallig geword net toe die pot

begin het om te kook—op ‘n tydstip wat hulle dié meeste

benodig is! Daarom sal God sy uitsprake oor hierdie Laodiceërs

uiter. Hoe? Deur sy wag.

Eségiël 33 vertel ons dat die wag ook ‘n profeet is. Onder

leiding van een man is die fkg reeds vir meer as ‘n dekade besig

om die Laodiceërs oor hul aksies te waarsku. Hulle word deur

God tereggewys, omdat hulle nie alleen faal om die wêreld oor

die kokende pot te waarsku nie, maar dra hulle tot die werklas

by, omdat hulle nou ook gewaarsku moet word!

Alhoewel mnr. Armstrong ‘n groot gedeelte van die boek

Jeremia verstaan het, was daar ook baie wat nie openbaar kon

word tot na sy dood nie. Dit is wanneer die wag op die toneel

verskyn het.

Weereens, weens die tydselement, kan ons aflei dat hierdie

wag dieselfde individu as “dié profeet” is.

God sê: “Ek sal my oordele oor hulle uitspreek.” Hoe sal God

dit doen? Hy sal dit deur dié profeet doen—met die hulp van

God se uitverkorenes.
Staan op en Spreek 19

s ta a n o P e n s P r e e k

God gee hierdie opdrag aan Jeremia, maar in beginsel is dit

ook aan die eindtyd profeet gerig: “Jy dan, omgord jou heupe

en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel;

wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik

nie” (Jeremia 1:17). In die oorspronklike Hebreeus beteken die

woord skrik “in stukke breek.” God sê, Ek sal jou sê wat om

te sê en jy moet dit sê, of Ek sal jou in stukke breek! Klink dit

na ‘n ernstige verantwoordelikheid? Hierdie waarskuwing is

pertinent gerig tot die wag, daardie stem—dié profeet. Dit is

nie primêr aan God se mense of selfs die leraars gerig nie. Die

mense moet dringend agter daardie een man staan en hom in

sy kommissie ondersteun.

Ten einde God se boodskap oor te dra sal ons angsvolle

situasies moet verduur. Ons sal God se woede moet verduur,

indien ons soos Jona, weghardloop. Hy dwing ons om te kies:

Verduur hulle òf verduur My.

God beloof om die wag van die nodige krag te voorsien.

“Want kyk Ek maak jou vandag ‘n versterkte stad en ‘n

ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings

van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk

van die land. En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin

nie; want Ek is met jou spreek die Here, om jou uit te red”

(verse 18‑19). God se wag moet nie net ‘n pilaar wees nie—hy

moet ‘n ysterpilaar wees en net so moet sy ondersteuners

ook ysterpilare wees. God se vyande sal nie die wag en sy

ondersteuners oorwin nie. Ons is bestem om hierdie oorlog

te wen omdat God met ons is; maar sal slegs na vele intense

gevegte oorwin.

Weereens, God het Jeremia as ‘n profeet vir die nasies,

aangewys (vers 5). Jeremia het slegs na Juda gegaan. Hierdie

eindtyd wag is deur God ook as ‘n profeet vir die nasies aangewys

en moet hy, Jeremia se boodskap oordra. Die Laodiceërs dwaal

af en God het ‘n wag aangestel wat die volle boodskap van

Jeremia moet oordra, om hulle en die wêreld te waarsku oor die

kokende pot wat op die punt is om oor te kook en hulle almal te

verbrand. Al die leraars van God en lede van die Kerk is geroep,

alleenlik om daardie amp te ondersteun.
20

“ e k V e r H e e r L i k m y B e D i e n i n G ”

By tye gedurende Paulus se bediening was daar mense wat sy

amp bevraagteken het. Hy het dikwels sy briewe op die volgende

wyse begin: “Paulus, ‘n apostel van God …” Hy het sy amp

beklemtoon, nie om mense te kry om ‘n man te volg nie, maar

om mense te laat sien wat God besig was om deur sy amp te doen.

Hy het reguit aan die Romeine gesê: “Want aan julle heidene sê

ek: Vir sover ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my

bediening” (Romeine 11:13). Ons verhoog nie die mens nie, maar

ons moet die bediening wat God verhoog, ook verhoog.

Waarom sou God nou, meer op die amp van “dié profeet”

wou fokus? Is dit oor dit wat aan die kom is? Die grootste

gebeurtenis ooit in die heelal, is op die punt om te gebeur. Voor

daardie gebeurtenis sal ons die mees intensiewe teenstand ooit

moet verduur! God se mense moet hierdie amp verstaan ten

einde dit te kan ondersteun. Dit sal aangeval word, so ons beter

weet wie ons is en waarvan ons deel is. Indien nie, sal ons nooit

die aanvalle van Satan kan weerstaan nie.

Ons moet meer op die amp wat mnr. Armstrong beklee het,

fokus. Hy het 50 jaar gehad om ‘n kragtige werk op te bou wat

omtrent 25 maal groter was, as ons werk, nou.

Tog, in ‘n sekere mate, staar ‘n meer intense oorlogvoering

ons in die gesig. Daarom glo ek ook dat dit nou die tyd is dat

God my amp wil beklemtoon. Andersins, waarom sou Hy die

waarheid, oor dié profeet nou openbaar?

G e e n P r o f e t e Va n DaG ?

Wie Is “Dié Profeet ”?

Mnr. Armstrong het in die “Tomorrow’s World” tydskrif, Junie 1972,

hierdie stelling gemaak (klem deurgans syne): Ongetwyfeld is ek nie

‘n profeet in die sin daarvan dat God spesifiek en direk met my praat

of persoonlik aan my openbaring oor ‘n toekomstige gebeurtenis of

nuwe waarheid gee nie. Òf dat ek ‘n nuwe of spesiale opdrag direk

van God—afsonderlik en apart van dit wat in die Bybel bevat word,

ontvang het nie. Ek het ook nog nooit daarop aanspraak gemaak nie.

“Daar is geen sodanige menslike profeet wat vandag lewe nie!”

“Die Bybel is die geskrewe Woord van God—en is vir ons tyd

nou, volledig!” Nog nooit het ek geglo of aangevoer dat God aan
Staan op en Spreek 21

my nuwe waarheid openbaar, wat nie in die Bybel—bykomstig tot,

òf heeltemal apart van die Bybel, voorkom nie …

“Kom ons kyk na die Kerk van God in die eerste eeu,

beginnende op die Pinksterdag, in 31 n.C, soos ons dit in

die boek van Handelinge geopenbaar vind. In 31 n.C. was

die Bybel nog nie ten volle klaar geskryf, behalwe vir die Ou

Testament nie. Op daardie stadium was God steeds besig om

nuwe waarheid, opdragte en kennis direk en persoonlik aan

profete te kommunikeer. Soos die Kerk gegroei het, was dit die

funksie van ‘n profeet om spesiale boodskappe, wat God persoonlik

aan hulle openbaar het, aan die apostels te kommunikeer.

Ander was geïnspireerd om die boeke van die Nuwe

Testament te skryf.

In Handelinge 11:28 en 21:10‑11 byvoorbeeld, kan ons van dié

profeet Agabus lees. Maar vandag, vir ons tyd, het ons egter die

volledige Woord van God in die Bybel. Daar is geensins sulke

profete nie—behalwe vals profete.”

Ek stem ten volle saam met hierdie aanhaling. Mnr.

Armstrong was nie ‘n profeet in die sin, dat God met hom

gespreek het soos Hy met die profete van ouds gespreek het nie.

God het met mnr. Armstrong deur die bladsye van die

bybel gepraat. Mnr. Amstrong het met omsigtigheid hierdie

onderskeid getref wanneer hy sy amp bespreek het. Hoekom?

Waarskynlik omdat hy besef het watter amp hy besig was om te

vervul. Hy, en bykans almal in die Kerk het tot kort voor sy dood

geglo dat hy die amp van die eindtyd Elía, dié profeet, vervul

het (Maleági 4:5). Die blote feit dat hy die amp van apostel beklee

het, die hoogste rang wat God aan enige mens gee, beteken dat hy

ook die amp van profeet—net soos elke ander amp ondergeskik

aan die rang van apostel, beklee het.

Wanneer mnr. Armstrong gesê het dat hy nie ‘n profeet soos

van ouds was nie, het hy bedoel dat hy nie met God gekommuni‑

keer het soos wat hulle dit gedoen het nie—meestal in visioene. Hy

het met God gekommunikeer deur die bladsye van die Bybel. God

het hom ‘n oorvloed van nuwe openbaring gegee—en sodoende

verborge waarhede van die Bybel vir almal duidelik gemaak.

God het met my op dieselfde manier te werk gegaan. Hy het

nie direk met my in ‘n visioen gespreek nie. Maar Hy het aan

my allerlei nuwe openbarings vanuit die Bybel gegee—nuwe
22

Wie Is “Dié Profeet ”?

openbaring wat u kan bewys. U kan hierdie feit maklik vanuit

Maleági Se Boodskap en die meeste van die ander boekies wat ek

geskryf het, bewys.

Ek het nodig om beter te verstaan wat God van hierdie amp

vereis. Dit is nie altyd so aangenaam om aan te dink nie. Dit

maak my nugter. Ek weet wat die Laodiceërs en baie ander in die

wêreld sal sê as hulle dit sou hoor. Dit is nooit maklik om groot

verantwoordelikheid te hanteer nie. Jona het gevlug toe hy tot

die besef gekom het van die erns wat aan sy amp gekoppel was.

Dit het my ook al ‘n paar maal daaraan laat dink. Moontlik het

u, dit ookal oorweeg as gevolg van dit wat van u verwag word

nadat God u geroep het. Die grootste tragedie egter vir God is as

Sy eie mense Hom verlaat.

Die rang van apostel is die hoogste amp wat God aan ‘n mens

gee (Efésiërs 4:11). Die daaropvolgende hoogste amp is die van

profeet. Mnr. Armstrong het die hoosgte amp—dié van apostel,

beklee. Indien ek deur verwaandheid ‘n verhewe amp gesoek het,

sou ek sekerlik die amp van apostel gekies het, maar ek het geen

keuse gehad nie omdat God my in die amp van profeet geplaas

het. Die vrugte van nuwe profetiese openbaring en die werk om

die boodskap te verklaar, bewys wie ek is.

Ek moet altyd ondergeskik wees aan dit wat God deur mnr.

Armstrong geleer het—regering, wet, verordeninge en uitsprake.

Hierdie werk gaan nie oor ‘n man nie, dit handel oor dit wat

God, deur ‘n man leer of geleer het. Weereens, u is onder ‘n vloek

as u bloot ‘n man volg! Terselfdertyd is u egter ook onder ‘n

vloek indien u faal om God se man te volg! (1 Korinthiërs 11:1).

Die enigste veilige weg is om Christus te volg.

Onthou, ons moet hierdie begrip in gepaste konteks plaas

(Johannes 1:19‑21). Jesus Christus se Wederkoms is die onder‑

werp. Huidiglik, is die wêreld besig om die laaste

stem, voor sy wederkoms te hoor—ten minste, voor die

Verdrukking. My werk en u werk, is om vuriglik hierdie amp

van God te ondersteun, sodat ons hierdie mees belangrike

werk kan voltooi. Ons hoef ons nie vir my amp te skaam nie.

Ek hoop dit bied ons beter perspektief, oor wat God van elkeen

van ons verwag. Hy verwag dat ons die werk sal voltooi! Ons het

dringend nodig om saam te werk, te verenig as ‘n familie, ten

einde dit te vermag wat God vir ons gegee het om te doen.
2

Iets Nuuts

Ek was 25 jaar oud toe God my in sy Kerk ingeroep het.

My lewe was ‘n gemors. Ek het in ‘n familie grootgeword

waar my pa, wat ‘n alkoholis was, my gereeld streng

gedissiplineer het. Sommige daarvan, het ek sekerlik verdien,

maar baie van my behoeftes het onvervuld gebly. Toe die tyd

dus aanbreek, was ek bly om op my eie te gaan woon. Ek wou

die “opwindende lewe” leef, wat almal in die wêreld geleef het.

Tog was dit toe glad nie so opwindend nie. Gou het die lewe vir

my hopeloos en leeg gevoel. Ek het selfs probeer bewys of daar

wel ‘n God was, of nie. Hoe meer ek dit probeer bewys het, hoe

meer het ek gedink dat God nie bestaan nie, wat my nog meer

mismoedig gemaak het.

In 1957 is my moeder in die waarheid ingeroep en van daardie

tyd tot en met 1961, het sy onophoudelik gepoog om my te bekeer.

Ek was opstandig hieroor en het haar vervolg, oor haar gedrag.

Telkemale wanneer Herbert Armstrong oor die radio sou praat,

het sy die volume opgedraai sodat ek hom moes hoor en dit het

my ontstel. Ek was antagonisties, teenoor hom en sy boodskap—

dit was, totdat my lewe finaal so misrabel en hopeloos geword

het, dat ek enigiets sou doen om dit te verander, selfs al sou dit

beteken dat ek in my “moeder se geloof” geïnteresseerd moes

raak.

Ek het op die einde toe wel die Kerk binnegekom en begin

om mnr. Armstrong as my vader te beskou. My eie vader het in
24

Wie Is “Dié Profeet ”?

baie opsigte tekort geskiet—hy het nie geweet hoe om my te leer

nie en niemand het hom geleer nie. Ek het egter gesien dat mnr.

Armstrong baie stabiel was. In navolging van hom het my lewe

gestabiliseer en het ek sterker geword.

Ek het die grootste gedeelte van my volwasse lewe in die Kerk

van God deurgebring en opgemerk hoe mnr. Armstrong altyd

daar was om die Kerk aan die gang te hou—en die waarheid

lewendig. Ek het geweet dat hy God se man was. Daar was geen

twyfel hieromtrent nie, omdat ek dit in diepte bewys het. Hy was

die enigste persoon wat my dit wat ek benodig het om my lewe

gelukkig en betekenisvol te maak, gegee het. Hy het my geleer

hoe om God lief te hê en nog nooit vantevore het ek so iets in my

lewe beleef nie.

Mnr. Armstrong was altyd daar wanneer daar probleme

was wat opgelos moes word. Ek het begin om hom as vanself‑

sprekend te aanvaar. Ek het geglo dat solank mnr. Armstrong

daar was, alles in God se Kerk wonderlik en stabiel sou wees. En

dit was. Toe sterf hy. Aanvanklik was dit skokkend, maar ek het

gereken dat God ‘n ander man sou vind en dat alles dieselfde sou

bly soos wat dit onder mnr. Armstrong was. Dus was dit aan die

begin vir my maklik om mnr. Joseph W. Tkach te ondersteun.

Op daardie stadium was ek die pastoor van omtrent 500

mense in die “Oklahoma City” area en het omtrent elke

volwassene daar, ‘n kaart aan mnr. Tkach onderteken, as

ondersteuning en om hom na die area uit te nooi. Ek was

verheug toe hy besluit het, om ons te besoek. Hier was die man

wat Herbert W. Armstrong opgevolg het en ek het hom waarlik

ondersteun. Ek het baie goeie dinge oor hom gehoor en het

gedink dat dit na die ideale man, wat God sou kon gebruik,

geklink het.

Kort daarna het ek egter besef dat dit nie waar was nie.

Wysigings aan leerstellings het vanaf Hoofkantoor begin kom

wat my verontrus het. Gedurende al daardie jare in die Kerk was

ek gewoond aan niks anders as bestendigheid en krag nie, selfs

in die 70’s toe die Kerk begin afdwaal het, was mnr. Armstrong

daar om alles reg te ruk. Hierdie keer egter was hy nie daar om

die probleem reg te stel nie.

En toe op 7 Desember 1989, is ek en my assistent‑pastoor,

wyle John Amos, uit die diens van die Wêreldwye Kerk van God
Iets Nuuts 25

ontslaan. Ons was vir amper vier ure in die kantoor van Joseph

Tkach Junior gewees. Ek was emosioneel in skok oor dit wat gesê

was. Dit was ooglopend dat mnr. Tkach Junior ernstig verskil

het met dit wat mnr. Armstrong geleer het. Dit het my verbaas,

want op een of ander naïewe wyse het ek na Pasadena gegaan

met die oortuiging dat ek sou kon bydra om God te help om die

Kerk weer op koers te kry, na dit wat Hy aan my in Maleági Se

Boodskap openbaar het.

Hoe langer ek egter daar gesit het, hoe duideliker het dit vir

my geword dat die Wêreldwye Kerk van God nie weer sou terug‑

keer van sy dwaalspoor nie, wat uiters ontstellend was.

Wat H e t m e t G o D s e k e r k G e B e u r ?

Toe ons daardie aand mnr. Tkach se kantoor verlaat, was ek

meer mismoedig as ooit tevore in my hele lewe en ek het nie

geweet wat sou gebeur nie. Ons het die waarheid van God al die

jare gehad, wat ek miskien as vanselfsprekend aanvaar het en

hier het ek met ‘n hooggeplaaste man van die Kerk gepraat, wat

tot ‘n groot mate ‘n bydrae gemaak het tot die veranderings wat

besig was om te gebeur.

Wat ‘n vreesaanjaende ondervinding. Waarom sou God

toelaat dat ‘n leier soos dié aan die bewind van Sy Kerk kom? Dit

was vir my, diep verontrustend.

My dogter, wat op daardie stadium by die Pasadena

Hoofkantoor gewerk het, sou saam met ons terugreis. Sy het ’n

klein geel bakkie gehad, ek het aan haar, my vliegtuigkaartjie

gegee sodat ek die bakkie huistoe kon bestuur. Die reis

het my drie dae geneem. Ek het daardie dae nodig gehad,

om my gedagtes uit te sorteer. Terwyl ek bestuur het, het

Kerkaangeleenthede so swaar op my gemoed gedruk dat ek soms

gestop en rondgeloop het. Wat op dees aarde was besig om met

die Kerk van God, te gebeur, het ek gewonder?

Dit was omtrent op daardie stadium dat ek mnr. Armstrong

se leierskap dieper begin waardeer het. Ek het die waarde begin

insien wat daardie man vir God se Kerk ingehou het. Toe hy

gesterf het is die Kerk in werklikheid sonder ‘n hoof gelaat. Dit

was die mees verskriklikste, emosionele en geestelike ervaring

wat ek nog ooit belewe het. My ewige lewe was op die spel!
26

Ek het egter besef dat God op een of ander wyse, besig was

om met my te werk; wat vir my hoop gegee het. Ek dank God

dat Hy toe reeds Maleági Se Boodskap aan my openbaar het,

alhoewel ek nie geweet het wat Hy wou hê, ek daarmee moes

doen nie. Ek kon my nie eers indink dat ‘n nuwe kerk, op die

been gebring sou word nie. Maar kort nadat ek ontslaan is, het

ek begin besef dat so iets sou moes plaasvind.

W e n t e L r o n D o m e e n m a n

Wie Is “Dié Profeet ”?

Die Kerk se proleme het my baie ontstel. Maar God was selfs

meer ontsteld. In Jeremia vra Hy: “Hoe lank sal jy bly aarsel, o

afkerige dogter…?” (Jeremia 31:22). Die Hebreeuse woord vir

afkerige beteken “weggedraai” en God se Kerk het weggedraai.

Ons weet nou dat daar baie skrifgedeeltes is wat hierdie

“weggedraai” beskryf. Terwyl ek Maleági Se Boodskap geskryf

het, het ek dit begin verstaan.

Soveel soos God dit wat besig was om te gebeur, gehaat het,

het Hy ‘n plan gehad om die probleem op te los. Die einde van

vers 22 lees, “Want die Here het iets nuuts op die aarde geskape:

Die vrou sal die man beskerm.” In die konteks van “weggedraai,”

sê God dat Hy, “iets nuuts” sal skep—‘n vrou sal ‘n man beskerm.

Ons het verskeie kere reeds gesê dat ‘n vrou in die Skrif na ‘n

kerk verwys. Die kernwoord vir beskerm beteken “omwentel.”

Met ander woorde, God sal dat sy Kerk, ‘n man omwentel—dit is

iets wat God sê, Hy geskep het.

Die Kerk was so onder mnr. Armstrong. Dit het egter na sy

dood afvallig geword en het opgehou om dit wat hy geleer het te

beskerm. So, hier in Jeremia sê God, dat Hy—weer, “iets nuuts”

gaan skep.

Besef hoe raar dit is om daardie iets nuuts te hê. Indien u die

geskiedenis van die Kerk vanaf die eerste eeu tot hierdie eeu bes‑

tudeer, sal u dit kan verstaan. Die Kerk het keer op keer misluk.

Die leiers wou nie die werk op God se manier doen nie.

Dus skep God hierdie “iets nuuts” om aan te dui hoe Hy

Sy Kerk en Sy werk gaan bestuur. Wat ‘n wonderlike gawe!

Dit is nie iets wat ‘n man opgetoor het nie. God het dit in die

“Wêreldwye Kerk van God,” geskep en die hele werk het rondom

mnr. Armstrong gewentel. Toe hierdie “iets nuuts” nie meer
Iets Nuuts 27

daar was nie, was ek en die hele Kerk in ‘n baie pynlike, geeste‑

like onrus gedompel. Dit het my die wonderlike gawe van

die Kerk, wat rondom die getroue leier van God wentel, laat

waardeer.

Kort daarna het die Filadelfia Kerk van God (fkg), begin.

God het weereens “iets nuuts” geskep. Ons was ‘n Kerk, wat die

werk rondom ‘n man, wie deur God daar geplaas was om Sy

werk te doen, wou laat wentel. Dit sou God se skepping wees.

Die Laodiceërs wil nie God se regering hê nie. Soos hulle

by talle geleenthede reeds gesê het, hulle wil nie “die euwels

van ‘n eenman‑ regering” hê nie. Hierdie woorde kom

reguit uit die gedagtes van die duiwel! Hulle bespreek

nie eens die seëninge wat voortspruit uit een man‑regering ,

wanneer daardie man, God volg nie. Dink daaroor na: Was

mnr. Armstrong se era ‘n euwel? Ek weet dat mnr. Armstrong

se regering wonderlik was. Na sy dood, het dit my byna van

my sinne beroof, dat ons nie meer daardie wonderlike gawe,

gehad het nie. Is een man‑regering nadelig? Ek moet sê dat

my ervarings van eenman‑regering , absoluut uitstekend was!

Ek verhoog die amp en nie die man nie. Mnr. Armstrong was

‘n wonderlike seën in my hele volwasse lewe. Ek weet, want

ek het dit ervaar. Ek gee nie om wat enige vleeslik ingestelde

rebel sê nie.

Die Laodiceërs het hulle daaraan skuldig gemaak, dat

hulle ‘n “afkerige dogter” is, omdat hulle mnr. Armstrong se

amp verwerp het. Dit beteken dat, die Laodiceërs ook die man

wat in sy voetspore sou volg, sou verwerp. Hulle is skuldig

aan die groot sonde, van poging om die iets nuuts, wat God

geskep het, te vernietig en is 95 persent van hulle, vandag

nie by God nie.

Dit is ‘n groot tragedie in God se Kerk, maar terselfdertyd is

God besig om Sy Filadelfiërs op te lei vir posisies wat niemand

anders in hierdie eindtyd ooit sal beklee nie. Hy sal hulle op ‘n

vlak plaas wat selfs die berouvolle Laodiceërs nie in die Nuwe

Wêreld sal beklee nie.

Dit is “iets nuuts” wat God besig is om te bou, so ons moet

ons denke vernuwe—anders as wat ons ooit voorheen in ons

lewe, as mense gedink het! Ons moet soos ons Eggenoot, Jesus

Christus, dink.
28

V ry W i L L i G e a a n Va a r D i n G

Va n D i e i e t s n u u t s

Wie Is “Dié Profeet ”?

In die laat 1970 ’s het mnr. Armstrong die Kerk op die regte pad

teruggebring. Hy was in staat om dit te doen slegs omdat hy nie

bereid was om die “iets nuuts” van God te laat vaar nie. Kyk na

die wonderlike vrugte van sy werk oor die tydperk van omtrent

60 jaar—die resultaat van die “1ets nuuts” van God. Hoe raar!

Hoe uniek. Hoe wonderlik!

Daardie “iets nuuts” het van hierdie aarde af verdwyn

toe mnr. Armstrong gesterf het! God se regering het nie in ‘n

georganiseerde werk bestaan totdat God die fkg opgerig het

nie. En as dit nie vir die fkg was nie, sou God se regering nie ‘n

enkele kerk òf werk, vandag regeer het nie!

God se regering is die grootste gawe wat Hy Sy Kerk kan gee

(Efésiërs 4:11‑16). Daarsonder kan geen werk volhard nie.

Hierdie wêreld is oppad na sy ergste apokaliptiese krisis

ooit. Mense het nog steeds nie geleer dat die “ou dinge” nie

werk nie.

Die wêreld sal nooit hul probleme oplos voordat hulle nie

hierdie iets nuuts aanvaar nie.

Binnekort sal hierdie iets nuuts die hele aarde regeer.

Genadiglik, sal dit vir ewig wees. Wat ‘n wonderlike vreugde om

Christus te help om sy regering oor die aarde en die heelal te

vestig.

Ons moet in hierdie konsep gegrond wees as ons deel wil

wees van dit wat God besig is om te skep.

Ons leraars moet vandag in hierdie konsep gegrond wees. Dit

is God se majestueuse skepping en menslik gesproke wentel dit

rondom dié profeet.

Dit is ‘n diep, diep, diep konsep wat ons moet leer voordat

ons ooit in die familie van God gebore sal kan word.

Dink hieroor: Wanneer daar geprofeteer word dat

hierdie “iets nuuts” weer geskep gaan word na die leierskap

van mnr. Armstrong, is dit dan nie die tyd van “dié profeet”

nie?

Hierdie “iets nuuts” was nie my idee nie. Maar daar moet ‘n

werk wees wat rondom God en ‘n man draai, anders is dit nie

God se werk nie!
Iets Nuuts 29

W e n t e L o m ‘ n m a n

God bou altyd sy werk om ‘n man. As u nie hierdie

diepgaande konsep aanvaar nie, moet u die eindtyd Elía

verwerp (Maleági 3:1; 4:5‑6). God se hele eindtyd werk draai

rondom hom! Die Bybel maak dit baie duidelik. Hy was die

fisiese leier en die Kerk het in geheel agter hom gestaan om God

se werk te doen.

Die Kerk draai rondom ‘n man—Christus se man. U kan

en moet dit bewys. Dit moet Christus se man wees wat u volg,

anders is u onder ‘n vloek (Jeremia 17:5).

Hierdie regering van God is die hoop van die hele wêreld en

is hoe God al die probleme van die wêreld sal oplos, selfs vandag,

indien hulle op Sy boodskap sou ag slaan. alles wentel

daarom dat God se man gevind moet word!

God is besig om ‘n diep en dikwels fatale fout in Sy eie Kerk

te openbaar. Hy is besig om aan ons te openbaar waarom sy

Laodicense Kerk afgedwaal het. Al hulle leiers het Herbert W.

Armstrong as God se eindtyd Elía verwerp—God se iets nuuts.

Dit beteken dat die Laodiceërs dié man wat in sy voetspore sou

volg, sou verwerp.

Herbert W. Armstrong het God se regering herstel. Hy was

die fisiese hoof van God se Kerk. Die Filadelfia Kerk van God

hou aan dieselfde regering vas. Dit is die enigste wyse ooit, hoe

God sy werk doen.

Waarom is hierdie ‘n “iets nuuts?” Die boek van Jeremia is pro‑

fesie vir die eindtyd. In die outyd het God ‘n letter‑van‑die‑wet

regering daargestel. Dit is deur Moses op Israel afgedwing selfs

terwyl hulle nie daarvan gehou het nie. Huidiglik besit ons God se

Heilige Gees en moet ons God se regering kies en niemand word

gedwing om hulleself daaraan te onderwerp nie. Die meeste van

God se mense het gekies om God se een man‑regering te verwerp.

Hulle praat dikwels van “die euwels van eenman‑regering.”

Hulle weier dat God se Kerk rondom een man wentel. Hulle

moet in die Groot Verdrukking gedompel word, waar God hulle

tussen sy regering en die ewige dood sal laat kies. Vrywillige

aanvaarding van God se regering vandag, kwalifiseer ons

om die bruid van Christus te wees—die hoogste posisie

wat ‘n mens in God se Koninkryk kan bereik!
30

Wie Is “Dié Profeet ”?

Hierdie konsep gaan veel dieper as dit. Die huwelik en familie

is God‑vlak verhoudings wat die huwelik tussen die eerstelinge

en Christus en die familie van God, tipeer. Die fisiese huwelik

en die fisiese familie moet rondom ‘n man as die hoof wentel,

indien ons ooit die familie van God sou binnegaan—dis die rede

vir ons aardse bestaan! Families word vernietig omdat hulle

God se vorm van regering verwerp en ‘n weergawe van Satan se

regering aanvaar.

Ons moet vandag aan God se regering onderworpe

wees, anders sal ons nooit saam met Christus regeer of in sy

koningkryk wees nie!

God beloon daardie Heiliges wat Filadelfies bly, wanneer

die meeste van God se mense louwarm word. Die Filadelfiërs

gaan vir ewig konings en priesters in God se hoofkwartier wees

(Openbaring 3:12). Hierdie beloning word nie aan die Laodiceërs

gegee nie.

Gedurende die Filadelfia‑ en Laodicence eras, was die

Filadelfiërs lojaal aan ‘n man van God. Hulle het met God se

iets nuuts, ‘n diepsinnige les geleer. ‘n Oorblyfsel bly Filadelfies

terwyl 95 persent van God se mense wegdraai. Hulle verheug

hulle in die eer om die man wat God gebruik, te volg. Hierdie

is dié tipe “universiteit” wat God gebruik om sy hoofkwartier

leierskap op te lei. Per slot van rekening is hulle besig met

voorbereiding vir die hoogste pos ooit, wat vir EWIG sal duur!

Ons is hoogs geëerd om vir die hoogste beloning in hierdie

leeftyd opgelei te word. En hierdie opleiding, vir ons—vandag,

hou direk verband met dié profeet.

God is op die punt om Israel weer in ballingskap te laat gaan

(Jeremia 31:23). “So sê die Here: ‘n Stem word gehoor in Rama,

geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om

getroos te word oor haar kinders, omdat hulle nie daar is nie. So

sê die Here: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane;

want daar is loon vir jou arbeid, spreek die Here; en hulle sal uit

die land van die vyand terugkom. Ja, daar is verwagting vir jou

nakomelinge, spreek die Here; en die kinders sal terugkom na

hulle grondgebied” (verse 15‑17). Die familie van Israel in geheel,

staan op die punt om in die ergste krisis ooit, gedompel te word.

Dit alles kon vermy word indien hulle God se iets nuuts aanvaar

het! Maar daar is steeds hoop vir hulle einde.
32

Selfs al sou hulle hulself nie nou bekeer nie is daar hoop

vir hul einde en ons moet hierdie boodskap van hoop aan

hulle besorg. Dit sal slegs met God se “iets nuuts” gedoen kan

word. Ons moet dit deur dié profeet wat deur die Kerk van God

ondersteun word, doen.

D i e i e t s n u u t s e n m i G a

Wie Is “Dié Profeet ”?

“O Volke, luister almal saam! o aarde en sy volheid, let op!

Sodat die Here Here getuie teen julle kan wees, die Here uit sy

Heilige paleis” (Miga 1:2). Ons boodskap is aan die hele wêreld.

Alle mense word opdrag gegee om te “luister” en “ag te slaan”

op die waarskuwing. God is besig om deur een man met hulle

te spreek.

Let op Miga 2:6: “Moet nie profeteer nie!—sê die valse profete.

As ‘n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping

nie ophou nie!” Hierdie is ‘n profetiese boek vir die eindtyd en

dit gaan oor die konflik wat daar tussen die Laodiceërs en die

Filadelfiërs is. Die een groep sê aan die ander, moenie profeteer

nie.

Maar daar is ook ander van God se eie familie wat teen

hierdie boodskap veg. “Moenie jy ‘n profeet probeer wees nie,

moenie oor dié dinge praat nie. Daar sal nie ellende oor

ons kom nie.” Hierdie vertaling is ‘n bietjie lomp, maar dit

beteken dat die Laodiceërs nie wil hê dat ons oor hul skande

moet profeteer nie. Hulle sou nie so skuldig gevoel het oor die

skandelike dinge wat hulle gedoen het indien hulle nie God se

profesie verwerp het nie. Tog wil hulle nie hê dat ons daaroor

moet praat nie, want hulle sal liewer soos kinders optree en

hulself verbeel dat hierdie profesieë nooit vervul sal word nie.

“Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die Here dan

ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik

teenoor hom wat as opregte wandel nie? Maar reeds vroeër het

my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die

kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van

oorlog” (verse 7‑8). God se mense het onlangs Sy vyande geword,

omdat hulle hul bruilofskleed, die fyn linne, of die regever‑

dige dade van die Heiliges, afgeruk het (Openbaring 19:8). In

Sefánja 1:8 staan geskryf dat hulle “uitlandse klere” dra.
Iets Nuuts 33

Hierdie is ‘n ware geestelike huwelik. Dit is “iets nuuts” en ons

is waarlik die bruid van Christus. Satan probeer om ons bruilofs‑

kleed af te ruk! “Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis

wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg

in ewigheid” (Miga 2:9). Ewige glorie is op die spel!

Hierdie “iets nuuts” wat God geskep het, vernietig hulle

vanweë hul opstandigheid! Wat laat God sy uitverkorenes

doen? “Staan op en gaan heen! Want nie hier is die rusplek nie,

weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, ‘n onherstelbare

verwoesting” (vers 10). Die mense het iets verontreinig wat eens

op ‘n tyd nie onrein was nie. So God sal hulle verwoes met ‘n

“onherstelbare verwoesting,” tensy hulle vanuit daardie onreine

kerk weggaan—soos God daarvan weggegaan het!

Maar hoe wil God hê dat hulle moet weggaan? Wil Hy hê

dat dit ‘n ongeorganiseerde massa exodus in elke rigting moet

wees—of het God ‘n spesifieke plek waarheen hulle moet gaan?

“As iemand wind na wandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal

vir jou profeteer by wyn en sterk drank—dan sou hy vir hierdie

volk ‘n profeet wees! Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o

Jakob! gewis sal ek vergader die oorblyfsel van Israel;

almal bymekaar bring soos skape in ‘n kraal, soos ‘n kudde in

sy weiveld; en dit sal dreun van mense” (verse 11‑12). God self

sal ‘n klein oorblyfsel met ‘n groot gedreun byeenbring! Ons

het toegang tot miljoene mense wêreldwyd, deur ons televisie

stasies en Ons “Trumpet” tydskrif, word onder honderde

duisende gesirkuleer. Dosyne ander boeke en boekies, plus ander

Kerkpublikasies soos “Royal Vision” word ook versprei. Ons

maak ‘n harde geraas, vir so min mense.

Maar hoe sal God hierdie oorblyfsel—hierdie iets nuuts,

oprig?

D i e D e u r B r e k e r—D i e ko n i n G

“Die DEURBREKER sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek

en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning

sal voor hulle uit gaan, en die Here heeltemal vooraan” (vers 13).

God gebruik een man, ‘n deurbreker, om Sy klein oorblyfsel—

die die “opgebreektes”—van sy opstandige mense te skei. Hulle

trek almal deur die poort.
34

Wie Is “Dié Profeet ”?

Volgens die “Revised Standard Version,” is die deurbreker

dié een wat die “skeuring oopmaak.” Word hier slegs na God

verwys? Wel, God gebruik altyd ‘n man om sy werk te doen. Die

“deurbreker” en die “opgebreektes” is mense wat geskei het van

‘n kerk wat weggedraai het en die deurbreker is ‘n hedendaagste

tipe van Miga.

Let op na die laaste gedeelte van die vers: “… en hulle koning

sal voor hulle uit gaan, en die Here heeltemal vooraan.” Miga

onderskei tussen die “koning” en die Ewige God. Wie is hierdie

koning?

In Miga 4:8 staan geskrywe: “En jy, Skaaptoring, Heuwel van

die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy

sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem.” Die

“Skaaptoring” is om oor Sion, God se Kerk te waak en van enige

gevaar te waarsku. Die “vroeëre heerskappy” beteken die eerste

in tyd, plek of rang—verwysende na Sy eerstelinge, wat God, in

hierdie tydsperiode roep. Hulle moet diegene wees wat waghou

en waarsku.

“Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou

nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aange‑

gryp het soos van een wat baar? Krimp inmekaar en bring voort,

o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad

verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom—

dáár sal jy gered word, dáár sal die Here jou verlos uit die hand

van jou vyande” (verse 9‑10). Die Laodiceërs het geen koning of

raadgewer nie! God kan hulle nie regeer nie en is hulle oppad na

die “pyne” van die Groot Verdrukking en omdat hulle nie wil

toelaat dat God hulle regeer nie, sal hulle vyande dit doen.

Maar is hierdie koning, hierdie raadgewer, God? Of, word ‘n

man weereens deur God gebruik? Dit is ‘n feit dat “koning” of

“raadgewer” op die amp wat ek beklee, betrekking het. Onthou

dat die vrou of die Kerk, rondom een man, moet wentel. Die

Laodiceërs sal nie na een man opkyk nie. Hulle ontvang nie raad

van God nie, omdat hulle nie sy familie‑regering het nie.

“En hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die Here heeltemal

vooraan.” Die Hoof van die Kerk is steeds Christus. Soos mnr.

Armstrong—wie ook soos ‘n koning was, moet hierdie koning

ook God as sy Hoof hê. Ons mag steeds nie ‘n man volg nie

en sou die man nie sy Hoof volg nie, beter ons van daardie
Iets Nuuts 35

organisasie wegbreek. Hierdie is die hele les: Wanneer die

Laodiceërs rebelleer, moet ons volgens God se weg saam met die

“deurbreker” wat God gekies het, wegbreek. Diegene, wat op hul

eie weggebreek het, het ‘n tragiese fout begaan deurdat hulle nie

God, as hul Hoof gehad het nie. Vir meer insig omtrent hierdie

verse kan u ons gratis boekie oor “Micah” bestel.

Hoekom het God ‘n deurbreker gestuur? Sodat Hy iets nuuts

kon skep. Indien ons nie weggebreek het nie, sou ons nie ‘n

Hoof gehad het nie. Ons Hoof het eerste wegbeweeg en het ons,

daarna saam met Hom weggebreek! Christus, ons Hoof het die

lamp beweeg deur ‘n deurbreker te gebruik. Ons het die lig—

die openbaring, gevolg. Ons moes op Hom wag om ons te wys

wat om te doen. Maar God gebruik ‘n man—‘n deurbreker, ‘n

koning—om ons te lei.

Soms moet ek “koninklike” besluite neem. Ons, moet almal

sekere besluite maak, want ons sal as konings en priesters in

embrio is, soos God sê, Hy ons gemaak het (Openbaring 1:6),

dan moet daar ‘n “koning” oor hulle wees. Is dit sleg? Sou God

hom lei, is dit die grootste seëning moontlik! Ek weet, want ek

het dit onder mnr. Armstrong ervaar.

Die “iets nuuts” is God se grootste gawe aan Sy Kerk!
3

God se Wag

Winston Churchill was ‘n wag voor en gedurende

die Tweede Wêreld Oorlog. Sy pogings om die nasies

teen Duitsland te waarsku het sonder twyfel ‘n groot

impak op die uitkoms van die oorlog gehad.

Vandag is daar mense wat sê: “As ons net nog ‘n Winston

Churchill kon hê dan sou ons ons nasies kon red.” Is dit egter

werklik waar?

In die “Jerusalem Post” van 19 Mei 2000, het Jonathan Rosenblum

‘n artikel getiteld: “Gesoek: ‘n Joodse Churchill,” geskryf. In die artikel

het hy die kommentaar van Daniel Pipes aangehaal (klem deurgaans

myne), “Israel het vandag wapens en geld. Die Arabiere, die

wil … Israel het sterk vermoëns en ‘n lae moraal terwyl die Arabiere

min vermoëns maar ‘n hoë moraal het. By herhaling bewys die

ge skiedenis dat oorwinning nie na die kant wat die grootste vuurkrag

het, gaan nie, maar na die kant met die grootste vasberadenheid.”

Rosenblum, wat ooglopend krities teenoor die Midde‑

Oosterse vredesproses is, skryf as volg: In die onderhandelinge

met die Palestyne, lyk ons al hoe meer soos ‘n man wat vir ‘n leeu

vlug en hamburgervleis voor die leeu gooi om hom te vertraag.

Ons vergeet egter dat daar ook net soveel vleis is …” Die enigste

hoop wat die Israelies het is om op God te vertrou, want hulle is

omring deur miljoene verbitterde vyande wat hulle wil vernietig.

“Ons weier om die bestaan van vyande wat steeds in terme

van oorwinning, pleks van versoening dink, te konfronteer. Die
God se Wag 37

opname gedoen deur Arnold Kasbaum, by die Universiteit van

Beirut, onder Arabiese studente, geneem uit ‘n kruissegment

van ons bure, toon dat 69 persent van die Arabiere wat aan

die opname deelgeneem het, nie vrede met Israel wil hê nie…

Die embleem van die ‘Palestinian Authority (PA),’ dui die hele

Israel as, Palestina aan en die PA hou vol om studente oor hul

plig, om die hele land terug te neem, op te voed. Indien die

Kasbaum‑opname en Arabiese handboeke bestudeer sou word,

sou dit ons illusies vernietig, en daarom word dit deur

die Israeli Media verontagsaam.” Mnr. Rosenblum raak

hier ‘n belangrike punt aan: Die mense in vandag se Israel, en

ook in Amerika en Brittanje, klou aan illusies vas, want hulle is

swak en ontbreek die wilskrag om te veg. Wat gebeur wanneer

jy blindelings na vrede met jou vyande soek terwyl hulle oorlog

soek? Indien jy vasklou aan die illusie van vrede is dit net ‘n

kwessie van tyd voordat jy vernietig word.

Hy gaan voort: “In ons oomblik van waarheid, benodig Israel

dringend ‘n leier wat die kritieke rol van die gees in menslike

aangeleenthede kan herken. Ons het ‘n leier nodig wat weer ‘n mate

van trots in ons land kan herstel… Ons uitdagings is geestelik, nie

taktiek nie … Ons benodig ‘n leier wat ons gees kan opwek…

Ongelukkig, benodig ons ook ‘n leier wat die vermoë

het om ons vir oorlog voor te berei. Indien ons hierin

misluk sal dit die moontlikheid van oorlog net verhoog deurdat

dit ons vyande meer sal aanspoor om te glo dat, indien nie

vandag nie, môre die oorwinning wel hulle s’n sal wees. In kort,

ons benodig ‘n Joodse Churchill.”

Ons moet besef dat ‘n Winston Churchill nie die probleme

wat Israel tans het, sal oplos nie. Selfs in die Tweede Wêreld

Oorlog was hy ‘n instrument in God se hande gewees. Israel

het meer as ‘n Churchill nodig. Hoekom? Waarom sou nog ‘n

Winston Churchill, soos in die Tweede Wêreld Oorlog, nie die

probleme kan oplos nie? Vanweë dit wat deur God geprofeteer is.

t W e e s o o r t e WaG t e

Dié profeet Eségiël was nie ‘n wag nie, alhoewel hy baie

oor God se wag geskryf het. Hoe kon hy gewees het? Sy

waarskuwingsboodskap aan Israel het ‘n honderd jaar na Ou
38

Wie Is “Dié Profeet ”?

Testamentiese Israel in gevangeskap gegaan het, gekom. Inteendeel,

hulle was alreeds besig om uit Assirië en in die noordweste van

Europa en Brittanje in te beweeg. Dit is “hoe laat” sy boodskap was.

Eségiël het egter nie sy boek vir sy tyd geskryf nie. Sy bood‑

skap is aan ons mense van vandag gerig. Israel in sy hele

ge skiedenis het nog nooit gely soos Eségiël geprofeteer het dat hy

sou ly nie. Groot stede sal sonder inwoner gelaat word. Slegs ‘n

mo derne kernoorlog kan so ‘n verskriklike resultaat tot gevolg hê.

Moontlik verwys Eségiël 33:1‑6 direk na wat in die Tweede

Wêreld Oorlog gebeur het: “En die woord van die Here het tot

my gekom en gesê: Mensekind, spreek met die kinders van jou

volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die

mense van die land neem ‘n man uit hul kring en stel hom

as ‘n wag vir hulle aan …” (vers 1‑2). God het die swaard oor

Israel gebring om ons te korrigeer, en ‘n man met die naam

Winston Churchill het op die toneel verskyn, en die mense het

hom as hulle wag aangestel. God het ‘n hand hierin gehad, maar

tereg, die mense het Churchill gekies.

Sover ek bewus is, sou die waarskuwing van mnr. Churchill

in die 30 ’s daardie verse beter as enige ander voorbeeld in die

geskiedenis van Israel, vervul.

Nietemin, in vers 7, word daar nie meer van die Tweede

Wêreld Oorlog of enige ander soortgelyke periode gepraat nie.
God se Wag 39

Die toneel word dramaties na die teenwoordige tyd verskuif: “En

jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aan‑

gestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my

kant waarsku.” Hierdie is nie ‘n wag wat die mense gekies het,

soos waarna daar in vers 2, verwys word nie. God sê duidelik

en sterk: “Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel.”

Hierdie wag word deur God aangestel en ondersteun.

Hoekom is dit belangrik? Want God het nou die situasie na

‘n volgende vlak geneem. Dit is nie dieselfde as toe die mense

‘n Winston Churchill gekies het om Amerika en Brittanje, of

Israel van die hedendaagse tyd, te red nie. Hierdie keer sal dit

nie gebeur nie. Die tye het dramaties verander! Hierdie keer

sal die mense God se man hoor, of ‘n katastrofiese nag‑

merrie verduur!

Indien ‘n Winston Churchill vandag op die toneel sou ver‑

skyn, sou hy nie sê dat ons, ons moet bekeer nie. Hy mag ons

dalk op ons foute en swakhede wys, maar hy sou nie sê dat ons,

ons van ons sondes teen God moet bekeer nie. Slegs God se wag

sou dit doen en dit, is wat Israel, of Amerika en Brittanje, nodig

het.

Kan ons die belangrikheid van hierdie eindtyd‑gebeurtenis

besef? God neem ‘n man en gee hom woorde: Hoor die woord

uit my mond, sê Hy. Die woorde van Eségiël (en die res van

die Bybel) kom uit die mond van God uit! God gee aan hierdie

man openbaring. Dan stuur Hy hom uit om hierdie woorde te

verkondig: Vertel hulle dat hierdie waarskuwing van My is. Maak

nie saak wat hulle sê nie, tensy hulle hul bekeer van hul sondes,

sal hulle in gevangenskap gaan of sterf. Hier handel dit nie oor

Winston Churchill nie; dit is ‘n direkte boodskap van God aan

Israel! Indien hulle nie God se wag aanhoor nie, sal hulle ingeval

en gevange geneem word; die slegste tyd ooit.

Nog ‘n Churchill sou nie ‘n oplossing bied nie. God het egter

‘n boodskap wat hulle sou red, indien hulle net daarna sou

luister!

G o D s e WaG

As jou gedagtes op God gefokus is, sal jy weet dat God self, in

hierdie “laaste tyd” van die mens, ‘n wag in die midde van
40

Wie Is “Dié Profeet ”?

alles geplaas het. Vandag is daar ‘n wag wat God self, daar

ge plaas het, en aan wie God woorde vanuit Sy eie mond gegee

het. Hoeveel mense kan daardie man herken? Indien jy op God

ingestel is, sal jy sonder enige probleem kan bepaal wie hy is.

Kyk om na die Laodiceërs en jy sal opmerk dat hulle nie die

werk van ‘n wag het nie. Hulle is verdeeld en verward. Soos ons

sal sien, word hierdie wag deur God beveel om hulle te waarsku

oor dit wat gaan gebeur.

In die “Gesenius Bible Study Aid” word die volgende kom‑

mentaar oor die woord wag van Eségiël 33:7 gelewer. “Om uit te

kyk … oor te leun ten einde te bekyk.” Hierdie wag strek en span

homself in om te verseker dat hy alles wat gebeur kan sien. Die

nuwe verwikkelinge in die wêreld kom vinniger as ooit en hy is

daar om alles te sien. Die woord waarsku word herhaaldelik in

hierdie verse gebruik. Hierdie is ‘n boodskap waar die klem op

waarskuwing geplaas word.

Die opdrag van Herbert Armstrong was om die evangelie aan

die hele wêreld te verkondig (Matthéüs 24:14). Sy boodskap het

klem op die evangelie gelê en het ‘n waarskuwing ingesluit. Ons

opdrag vandag is om “weer te profeteer” (Openbaring 10:11). Die

fkg lê klem op hierdie waarskuwing, wat die evangelie insluit.

Mnr. Armstrong het die rol van ‘n wag op ‘n algemene

wyse vervul. Die fkg vervul dit spesifiek. Ek beklemtoon die

waarskuwing soos die wag in Eségiël geprofeteer was om te doen.

Die tyd is besig om uit te loop en die kommissie het verander.

Eweneens het die sondes van Israel so toegeneem dat slegs hul

bekering tot God, hulle sal red.

In vers 11 van Eségiël 33 staan geskryf: “Sê vir hulle: So waar

as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die

dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom

bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul ver‑

keerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” God

praat van die dood van nasies! Die tye verskil van dié ten tye

van die Tweede Wêreld Oorlog. God het Winston Churchill, ‘n

politieke wag, gebruik om Amerika en Brittanje van verwoesting

te red. Terwyl die Derde Wêreld Oorlog begin nader, het Israel

vandag, nie ‘n politieke wag nie. Daar is nie so ‘n persoon op

die wêreldtoneel nie. Hierdie feit opsigself sou die mense beangs

maak indien hulle die wêreld toestande verstaan het!
God se Wag 41

Daar is vandag veel groter gevaar as toe mnr.

Churchill ons in die 30 ’s gewaarsku het. Selfs al was daar

‘n Churchill op die toneel, het ons mense vandag so ontaard dat

hulle hom nie sou kies nie. Daar is in elk geval geen hoop in

sodanige politieke wag nie. Ons sondes is veel erger.

Deur middel van sy wag, pleit God vandag met Amerika,

Brittanje en hedendaagse Juda, dat hulle moet draai. ‘n

Kragtige boodskap word aan Israel en die wêreld gestuur. Israel

moet hom tot God draai—of ons nasies sal sterf!

Hoe kan ons boodskap aan hulle, meer belangrik wees?

Nadat dit gebeur het, sal die res van die wêreld dieselfde

waarskuwing vanaf die twee getuies ontvang (Openbaring 11:3).

Indien die wag en sy ondersteuners hulle werk doen, sal die

mense die boodskap ontvang. “En jy mensekind, die kinders

van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure

van die huise—hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy

broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die Here

uitgaan” (Eségiël 33:30). Hulle mag dalk niks daaromtrent doen

nie, maar hulle voel aan dat die boodskap van God is. Vers 31

wys dat selfs dan, die meeste van God se eie mense, sal weier om

van hul begeertes en onregverdige wins af te sien.

Nogtans maak dit geen verskil aan die enorme verant‑

woordelikheid wat die wag het om God se waarskuwing, voor

die begin van die Groot Verdrukking, te verklaar nie.

Da n s a L H u L L e W e e t

“Maar as dit kom—kyk, dit kom!—dan sal hulle weet dat daar ‘n

profeet onder hulle gewees het” (vers 33). Wanneer die Groot

Verdrukking kom, dan sal hulle weet dat ‘n profeet in hulle

midde was! Vanselfsprekend is dié profeet op die toneel

wanneer dit gebeur. Die frase “kyk dit kom” is ook so in die

“Soncino Commentary” vertaal. In die “Interlinear Bible” word dit

as “kyk dit is aan die kom” vertaal. Ja, dit is aan die kom. Dit

is spoedig aan die kom! God waarsku ons om ons liewer nou aan

sy regering te onderwerp òf om die grootste gedeelte van daardie

les te leer wanneer ons deur die Nazi’s verower word.

Vers 33 openbaar dat daar ‘n hedendaagse Eségiël op die

toneel is wat ‘n wag en ‘n profeet is. Hy profeteer oor die
42

Wie Is “Dié Profeet ”?

swaard wat aan die kom is. Hy sê: “Kyk, dit is aan die kom!”

Alhoewel mnr. Armstrong ‘n wag in die algemene sin van die

woord was, het hy nie spesifiek Eségiël 33 vervul nie, omdat hy

nie die swaard wat aan die kom is kon sien soos hierdie man dit

vandag kan sien nie. Hierdie individu kom in “die laaste tyd.”

Daar word na hom as ‘n profeet in Eségiël 33:33 verwys en in

vers 7 word hy ‘n wag genoem. In Eségiël 2:5, word hy ‘n profeet

genoem en in hoofstuk 3:17, ‘n wag. Hy kom om wag te hou en te

profeteer. Hy is nie hier om alles te herstel nie. Dit is deur mnr.

Armstrong gedoen. Die wag is op die toneel om die Laodiceërs

en die wêreld, teen dit wat aan die kom is, te waarsku—kyk, dit

is aan die kom!

Wie is hierdie wag—hierdié profeet? Het ek nie vir u

openbaring oor Eségiël en al die profetiese boeke gegee

nie? Bykans elke boek en boekie wat ek geskryf het, is vol

geopenbaarde profesie. Het enigiemand anders dit gedoen?

Is geopenbaarde profesie in enige van die Laodicense kerke

aanwesig? Beskik hulle selfs oor ‘n druppel van die oorvloed

nuwe openbaring wat God op Sy mense, deur my, laat reën het?

Hulle het geen nuwe openbaring nie.

Hoeveel ware profete is daar op die aarde vandag? Net een.

Mense mag hieroor spot, maar binnekort sal hulle nie meer spot

nie. Wanneer die Groot Verdrukking aanbreek, sal hulle onthou

dat daar ‘n man was met ‘n kragtige boodskap wat hom moontlik

‘n mate van moeilikheid internasionaal op die hals gehaal het. Dan

sal hulle weet wie hy was—wanneer dit fisies te laat is! Soos

mnr. Armstrong dikwels gesê het, sal meeste van die vrugte van

ons werk gedurende die Groot Verdrukking kom, nie vandag nie.

Hoe sal mense enigsins kan weet dat ‘n profeet in hul

midde was indien hy nie oor ‘n kragtige werk beskik het

nie? Sou mense, met die aanbreek van die Groot Verdrukking,

regtig onthou wat ons gedoen het, indien ons nie veel impak

gehad het nie? Ons het ‘n verantwoordelikheid om seker

te maak dat hulle WEET dat ‘n profeet in hul midde was!

Vandag weet slegs ‘n paar dat ‘n profeet in hulle midde

is. Maar ‘n groot menigte is op die punt om te weet! Indien u

vandag die Laodiceërs sou vra, sal hulle nie sê dat hulle dit weet

nie. Hierdie is groot profesieë van God en voordat alles oor is sal

Hy dit uitvoer.
God se Wag 43

Wa a r s k u W i n G a a n D i e L ao D i c e ë r s

Lees verder in Eségiël 34 om te sien waarom God se louwarm

leraars gewaarsku moet word. “En die woord van die Here het

tot my gekom en gesê: Mensekind, profeteer teen die herders

van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: Wee die herders

van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! …” (Verse 1‑2).

Hierdie leraars is selfgesentreerd. Hulle is slegs daaroor besorg

om hulleself te voed. Hulle wil die amp, die status hê, maar hulle

wil hulle nie aan God onderwerp nie. Sy openbaring word deur

hulle verwerp. Hulle wil nie Sy werk doen nie.

“Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die

vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die

swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat

gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle

nie terug nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met

hardheid” (verse 3‑4). Hier word nie na die wêreld verwys nie.

Hierdie wêreld was nog altyd siek. Hierdie mense was eens op ‘n

tyd gesond. Hulle is deur manne wat eens as leraars van

God gewerk het, “weggedryf.” Nou is hulle verlore.

God se wag profeteer teen sy herders wat dit doen. Die

eerste boek wat ek geskryf het, die stigtingspublikasie van die

Filadelfia Kerk van God, was Maleági Se Boodskap, wat spesifiek

daarop gerig is om die leraars, die herders, te waarsku! Louwarm

leraars het die skape van God weggedryf. Soos vers 5 aandui,

is die Kerklidmate, nou net geestelike voedsel vir die demone.

God se Laodicese het geen wag of profeet nie en hulle word deur

Satan en sy demone uitmekaar geruk!

Soos u vanuit die volgende paar verse kan sien, word die ler‑

aars baie skerp deur God veroordeel omdat hulle die mense van

God verwaarloos het. Daarom stuur God aan hulle ‘n ernstige

waarskuwing en word dit deur Sy eindtyd profeet gestuur.

‘ n P r o f e e t i n H u L L e m i D D e

“Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van

Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle

en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. En

die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur
44

Wie Is “Dié Profeet ”?

jou na hulle en jy moet vir hulle sê: so spreek die Here Here”

(Eségiël 2:3‑4). God het profeteer dat Hy ‘n tipe Eségiël in hierdie

eindtyd na Israel sou stuur. In Eségiël se tyd het Israel slegs

uit een nasie bestaan; vandag is hierdie boodskap aan al die

nasies van Israel, maar hoofsaaklik aan Brittanje, Amerika en

Juda, gerig. Toe God aan Eségiël die opdrag gegee het, was hy ‘n

gevangene by die Kebarrivier en kon hy begryplikerwys, nie die

kommissie uitvoer nie. Dus het Eségiël verniet sy waarskuwing

te boek gestel, tensy ons sy boodskap vandag uitbasuin!

Hierdie is ‘n groot verantwoordelikheid. Dit is so moeilik dat

95 persent van God se mense dit as té veel beskou. Maar ons het

dit nie gekies nie; dit is God se keuse.

Hierdié profeet moet “aan hulle sê : so spreek die Here Here.”

Hy praat namens God. Hier is ‘n duidelike verklaring dat God ‘n

“so spreek die Here Here” stuur, deur een man—sy wag of profeet.

Hierdie man spreek vir God! Dit is hoe God sy boodskap oordra.

Hoeveel mense glo dit? Baie min. Meeste mense weier om te

glo. Die mensdom, en selfs die meeste van God se mense vandag,

wil hê dat God uit hul lewens bly.

“Maar of hulle nou al luister of nie—want hulle is ‘n weder‑

strewige huis—hulle sal moet erken dat daar ‘n profeet in hulle

midde gewees het” (vers 5). Dit is werklik God se tweepunt plan.

Eerstens verklaar ons die boodskap en maak ons die mense

bewus dat daar ‘n profeet in hulle midde is. Dan, wanneer die

Verdrukking kom, sal mense weet hoe om hulle te bekeer. Indien

ons mense nie nou inlig nie, het ons God gefaal. Ek sou God

gefaal het.

God weet dat die mense waarskynlik nie sal “hoor” nie. Maar

die profesie sal so kragtig wees dat wanneer dit volbring word

sal hulle weet dat die man, God se profeet was. Hulle sal dan

besef dat dit wat hy geprofeteer het, presies so, plaasgevind het.

Weereens sien ons dat mense nie sal reageer totdat dit fisies

te laat is nie.

God se wag het geensins ‘n maklike taak nie. Maar hoe kan

hy enigsins faal as hy slegs doen wat God hom beveel het? “En

jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie,

omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon;

wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig

nie verskrik nie, want hulle is ‘n wederstrewige huis” (vers 6).
God se Wag 45

Mense sal kragtige woorde hê, maar dit is reg so, sê God. Ek sal

jou ondersteun, gaan net uit en vertel hulle wat Ek sê. Binnekort

sal Ek hulle laat sien dat jy My boodskap oorgedra het.

“Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle

al luister of nie; want hulle is wederstrewig” (vers 7). ‘n Man

praat namens God. Jy moet hulle my woorde verkondig is ‘n

opdrag aan dié profeet—nie ‘n voorstel nie. Selfs al wil hulle

nie hoor nie, moet hy aanhou praat. Sy pogings sal baie vrugte

afwerp nadat die profesie vervul is. God is ten volle bewus van

die moeilikhede, hierby betrokke. Maar Hy sê moenie so wederstrewig

soos hulle wees nie. Doen net wat Ek sê.

“En Hy het vir my gesê: Mensekind, kom, gaan na die huis

van Israel, en spreek hulle aan met my woorde, want jy is

nie gestuur na ‘n volk wat duister van spraak en swaar van tong

is nie, maar na die huis van Israel;” (Eségiël 3:4‑5). God stuur

sy wag na al die Engelssprekende nasies eerste, Britanje en

Amerika—die geboortereg nasies (bestel ons gratis boekie, Die

Verenigde State en Brittanje in Profesie). “Nie na baie volke wat

duister van spraak en swaar van tong is nie; wie se woorde jy nie

kan verstaan nie; as Ek jou tog na hulle gestuur het, het hulle

na jou geluister” (vers 6). Hierdie is ‘n klap na Israel. God sê dat

indien Hy die Heidense nasies soveel gewaarsku het soos wat Hy

Israel gewaarsku het, sou hulle heel moontlik gehoor gegee het

en hulle bekeer het!

Huidiglik is ons nou in fase een: Ons laat die mense weet dat

daar ‘n profeet in hulle midde is. Maar omdat hierdie mense so

hardvogtig is en nie na dié profeet wil luister nie, is God op die

punt om na die vreesaanjaende fase twee, te gaan.

Hier is ‘n waarskuwing wat spesifiek aan die Laodiceërs gerig

word: “Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder

die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek

hulle ontugtige hart wat van my afgewyk het, en hulle oë wat

agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir

hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het

volgens al hulle gruwels. En hulle sal weet dat Ek die Here is; ek

het nie tevergeefs gespreek dat ek hulle hierdie onheil

sal berokken nie” (Eségiël 6:9‑10). Eendag in die nabye toe‑

koms, sal hulle al die waarskuwings wat hulle van dié profeet

ontvang het, onthou. Op hierdie oomblik maak hulle asof dit
46

wat God sê nie saak maak nie, maar God hou hulle vir elke

woord aanspreeklik! Niks daarvan is tevergeefs nie.

m e e r a s e e n WaG ?

Wie Is “Dié Profeet ”?

In ‘n “Plain Truth” artikel in 1961, het mnr. Armstrong in ‘n

persoonsberig, geskrywe, waarin hy na die Nuusburo‑personeel

as “jul wagte” verwys het. Ek dink nie hy sou dieselfde in 1985

of 1986 gesê het nie, want “jul wagte” is ietwat misleidend. Dit

is nie werklik verenigbaar met Eségiël 33 nie. Dit is nie die wyse

waarop God dit uitdruk nie. Dit is ‘n feit dat in al die gedeeltes

wat ek kon vind waar God na wagte verwys, Hy hulle in ‘n

negatiewe lig stel.

In Jesaja 56 byvoorbeeld word na God se louwarm “wagte”—

meervoud, verwys. God veroordeel hulle, en word hulle met

stilswyende waghonde vergelyk, terwyl roofdiere hul huise,

omring. Hulle behoort waansinnig te blaf! Dit is die soort wagte

wat die Laodiceërs vandag het en dit net voor ons ‘n tyd van die

ergste lyding ooit, betree! Hulle is in Satan se greep. God rig een

wag op om hulle te waarsku! Die Laodiceërs moet na dié profeet

luister, of hulle sal die bloedige einde wat in Eségiël 33 beskryf

word, beleef.

Natuurlik is daar baie mense wat die werk van God

ondersteun. Maar is die mense in die Nuusburo van die

“Trumpet” redaksionele kantoor “wagte?” Nie volgens Eségiël 33

nie. God praat nie van “jul wagte” nie. Hy praat van een man, wat

op ‘n spesifieke tyd, op die toneel geplaas word. Wanneer God

sê “Ek het jou aangestel,” is Hy in hierdie geval besig om na ‘n

individu te verwys! Miskien het ons almal, soos mnr. Armstrong,

na “wagte” verwys. Ek probeer nie om die ondersteunende rolle

wat elkeen het, te verkleineer nie. Maar ons moet dinge soos God

sien, anders kan dit tot ernstige probleme lei.

Dit word baie problematies en verwarrend wanneer daar

gedink word dat meer as een persoon die mees belangrike amp

van God hier op aarde, vervul! Miskien het mnr. Armstrong dit

berou toe hy “jul wagte” gesê het. Hoekom? Oorweeg dit, wat

met die Laodiceërs verkeerd is: Bykans al hul leiers probeer

om hulle op mnr. Armstrong se vlak te stel! Hulle is nie eens

naastenby op sy vlák nie—ongeag hoe baie hulle van hulself mag
God se Wag 47

dink òf hoe goed hulle werk is en dit is ‘n maklike feit om te kan

bewys.

B i n D e n o n t B i n D

Hoe ouer mnr. Armstrong geword het hoe dieper het hy tot die

besef gekom hoe belangrik dit is om God se regering te vestig.

In 1978 het hy ‘n evangelis ernstig gekorrigeer omdat hy iets

geskryf het wat sou impliseer dat al die leraars van God die mag

gehad het om te bind en te ontbind. Vandag is daar baie bewyse

dat daardie leraar hom nie daarvan bekeer het om, in dié opsig,

hom aan mnr. Armstrong gelyk te probeer stel nie. Dit is ‘n

verskriklike fout om jouself aan ‘n amp wat deur God bevestig is,

gelyk te stel, wanneer jy nie aan daardie amp gelyk is nie!

Die bybelse opdrag oor bind en ontbind bied ‘n belangrike

beginsel wat met die wag van God verband hou. Beginnende met

vers 13 van Matthéüs 16, kan daar baie verwarring oor Christus

se identiteit gesien word. Maar Jesus het vir Petrus gevra: “Wie

sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?” En Simon Petrus

antwoord en sê: “U is die Christus, die Seun van die lewende

God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar‑

Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie,

maar my Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 16:16‑17). Dit was

‘n wonderlike antwoord wat Petrus gegee het. Indien ons moet

weet waar God se profeet is, sal God dit aan ons moet

openbaar ! Ons sal net so verward soos die mense in Christus

se tyd wees, tensy God ons oë open. Slegs Hy openbaar waar

sy profeet is en ons benodig ‘n kinderlike gesindheid vir Hom

om dit te kan doen (Matthéüs 11:25). Ek, dink Petrus het hierdie

konsep dieper as die ander dissipels verstaan.

Christus het aan hom gesê: “En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus,

en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die

doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van

die Koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op aarde mag

bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy op die aarde mag

ontbind, sal in die hemel ontbonde wees! (Matthéüs 16:18‑19).

Daardie gesag was slegs aan die hoof apostel, Petrus gegee.

Dit is gevaarlik om oor hierdie aangeleentheid verward te

wees. Ek glo steeds dat dat ek nie die gesag om te bind en te ont‑
48

bind, het nie. Dit is ‘n gesag wat slegs aan ‘n apostel gegee word

en is ‘n rang, wat ek nie het nie. Ek plaas myself nie op daardie

vlak nie, want God het nie. Mnr. Armstrong het alle dinge her‑

stel, en op daardie fondament, word voortgebou.

Ek het nie die gesag om te bind of te ontbind nie, maar ek het

wel die gesag van God se wag—dié profeet. Ons moet onsself

ophef tot waar God ons verhoog. Enige leraar wat dit nie doen

nie, is oppad na geestelike verwoesting.

In die geskiedenis mag daar moontlik meer as een wag

terselfdertyd, gewees het. Hulle het nie die gerief van moderne

kommunikasie en reisgeleenthede gehad nie en was dit moontlik

nodig dat daar meer as een moes wees. Maar dit is nie hoe dit in

hierdie eindtyd is nie. Vandag stel God een wag op ‘n keer aan.

Kyk na die vrugte van dié Kerk. Daar is niemand anders wat die

werk van God doen nie.

‘ n e i n D t y D H á B a k u k

Wie Is “Dié Profeet ”?

Ook Hábakuk profeteer oor ‘n krisistyd in God se Kerk, wanneer

‘n wag benodig word. “Die Godspraak wat Hábakuk, die profeet,

gesien het. Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie;

skreeu ek tot U: Geweld!—maar U help nie?” (Hábakuk 1:1‑2).

Hábakuk het tot God geroep en dit het gelyk asof God nie luister,

nie. Dit is ‘n eindtyd boek, en daar sal ‘n eindtyd tipe Hábakuk

wees. Hy en andere sal tot God roep om sy Kerk te red. God hoor

wel die geroep, en Hy het ‘n reddingsplan.

Roep u, uit tot God? Ons behoort omtrent een uur per dag op

ons knieë tot God te bid (ten minste 30 minute net om te oorleef),

maar in krisisse het ons nodig om werklik tot God uit te roep!

Die krisis in God se Kerk is ‘n toets waardeur God sy mense

sover kry om tot Hom uit te roep. As ons, soos Hábakuk, na God

uitroep, sal ons weet waar God se werk is. God se uitverkorenes

het tot God uitgeroep, vir antwoorde—nie tot enige man nie.

“Waarom laat U my onreg [wetteloosheid] sien en aanskou U

die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar

is stryd, en twis begin” (vers 3). Daar is groot geweld in God se

Kerk, en let op—vers 4: “daarom verloor die wet sy krag”

Daar is iemand wat teen die wet en regering geweld pleeg. Die

regering is veronderstel om die wet toe te pas. Indien die wet
God se Wag 49

verslap, beteken dit dat niemand die regering behoorlik

administreer nie! Daar is in die Kerk van God ‘n diepgaande

regeringsprobleem.

Mnr. Armstrong het die wet gevestig (Matthéüs 17:10‑11).

Maar nou sê dieselfde Kerk wat God deur hom gestig het, dat

mense nie die wet nodig het om gered te word nie—net genade.

Hulle het kontak met God verloor! Hulle roep nie tot Hom uit nie.

“Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te

voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom

kom die reg verdraaid te voorskyn” (Hábakuk 1:4). Wanneer die

regering nie geadministreer en die wet verslap word, is daar ‘n

groot wegval. God se mense is omring deur bose leiers, bose

leraars, bose geesteswesens. Sonder regering disintegreer

alles! As jy nie die regering het om die wet toe te pas nie, kan jy

nie ‘n werk oprig en onderhou nie.

Kan u onthou hoe verward en kwaad u was toe u dit met God

se Kerk sien gebeur het? Ek kon nie verstaan waarom God nie

iets daaromtrent doen nie. Ek moes uitroep net om te kon oor‑

leef! Ek moes God toelaat om my denke uit te sorteer. God moet

aan ons die antwoord gee. God het my gebed beantwoord. Hy

het die Kerk weer op koers gebring—maar op ‘n heeltemal ander

wyse as wat ek verwag het.

‘ n Wo n D e r L i k e W e r k

“Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom,

verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal

glo as dit vertel word nie” (vers 5). deur DIÉ PROFEET, het

God “julle vertel!” God praat met ons deur ‘n hedendaagse

tipe Hábakuk. Te midde van al die geestelike geweld wat teen sy

mense gepleeg word, rig God ‘n werk op. God rig ‘n wag op om

die Laodiceërs te waarsku—‘n wag wat oor wet en regering

praat!

Waar is God se profeet wat Hábakuk hoofstuk een, vervul?

(Bestel ‘n gratis kopie van my boekie “Habakkuk,” indien u nie

een het nie).

Alhoewel God dié profeet opgerig het, glo die meeste van

die mense in God se eie Kerk nie dat dit Sy werk is nie—“wat

julle nie sal glo as dit vertel word nie.” Wie vertel hulle? ‘n
50

Wie Is “Dié Profeet ”?

Hedendaagse tipe Hábakuk! Hoekom glo hulle nie? Omdat hulle

geweld teen die regering en wet van God pleeg! As jy teen die

een geweld pleeg, pleeg jy dit ook teen die ander. Hierdie rebelle

is nie kinderlik nie en kan God nie aan hulle openbaar waar sy

wonderbare werk is nie!

Hierdie Laodiceërs roep nie uit na God, soos Hábakuk

nie. Daarom het hulle nie ‘n werk met enige werklike impak

nie. Hulle kyk na mense en dinge. Hulle skandelike geestelike

toestand word deur hul vrugte openbaar.

U en ek behoort elke dag God te dank dat ons nie in ‘n

geestelike ghetto van skande, uitgehonger vir God se geopen‑

baarde waardheid, is nie. Ons moes tot God uitroep ten einde

uit te vind wat Hy besig was om te doen. God sal ons altyd na ‘n

vreugdevolle oplossing lei.

Nou ervaar ons die wonderlike wonder om God se boodskap

oor te dra en om God se werk te doen. Hoe ryklik is ons geseënd!

Besef ons wat ‘n seën dit is dat God hierdie werk opgerig het?

Dat ons hier kan wees en nie deur boosheid omring word nie?

Dat ons nie weens ‘n verslapping in die wet, ontmoedig hoef te

wees nie?

Vers 6: “Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie

kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die

aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort

nie.” Terwyl God se Kerk uitmekaar val en Hy ‘n wag oprig om

oor ‘n baie gewigtige gevaar te waarsku, rig God ook ‘n “kwaai

en onstuimige nasie” op, om Sy sondige mense te tugtig. Kyk,

hulle kom!

Waarom is hierdie boodskap so belangrik? Want ons staan

op die punt om die ergste lyding ooit, binne te gaan! Ons moet

Israel waarsku dat, soos die Bybel dit stel, sy “minnaars” hom

sal verraai en verwoes. Satan sal hierdie Chaldese leier oorneem

en sy gedagtes verander (vers 11). Begryp wat dit beteken—sy

aksies sal wat Adolf Hitler gedoen het, verdwerg!

Nooit voorheen, het hierdie wêreld ‘n profeet en wag meer

nodig gehad as nou nie! Nog nooit voorheen het mense in

sulke verradelike en angswekkende tye geleef nie. Verstaan ons

werklik, waar ons in Bybel profesie is? Indien wel, sal ons besef

hoe geseënd ons is om dié profeet te kan help en onderskraag.
4

Die Troon en

Wetgewer

Waar ‘n God verordineerde troon is, sal daar

altyd ‘n wetgewer wees. Met God, verander dit nooit

nie. Daar kan geen goddelike leierskap wees sonder ‘n

sterk goddelike wet nie. God sal sy Heiliges met regeringsposisies

in die Wêreld van Môre beloon slegs indien hulle sy regering

ooreenkomstig sy wet administreer. Met ander woorde, ons moet

God se Heilige wet ken en dit nou in ons lewens aktief uitleef.

Deur die gees van die wet te onderhou is hoe ons vir toekomstige

posisies as konings en priesters kwalifiseer.

Lucifer het met sy regering oor die aarde misluk. Hy het

Satan, die duiwel, geword omdat hy gefaal het om God se wet

te administreer. God het toe besef dat slegs, indien Hy Homself

in die mens herskep, Hy sodanige gesag, of regering, aan enig‑

iemand kon gee. Die wat regeer moet God se karakter hê. Dit is

die enigiste manier waarop ons heersers van hierdie aarde kan

word. Dit is waarom die eerstelinge, vandag God se ka rakter

bou. Hulle doen dit deur God se geestelike wet te onderhou.

God moet seker maak, dat mense nie dieselfde fout maak, as wat

Lucifer en een derde van die engele, gemaak het nie.

Satan het vandag steeds ‘n troon. En hy hou die hele

wêreld gevange in sy regering. Enigiemand kan maklik sien

hoe dit lyk wanneer jy ‘n troon of regering het sonder om

die wet van God toe te pas. Al wat u hoef te doen is om rond

te kyk. In die Wêreld van Môre sal slegs diegene wat God
52

se ka rakter gebou het, op trone sit. En jy kan seker wees dat

hulle God se wet sal toepas.

‘ n t W e e L e D i G e V e r B o n D

Wie Is “Dié Profeet ”?

Genesis 49:10 bevat ‘n baie interessante eindtyd profesie wat

as volg lees: “Die septer sal van Juda nie wyk nie. Nòg die

veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom

sal die volke gehoorsaam wees.” Volgens vers 1 van Genesis 49,

kan ons verstaan, dat hierdie hele gedeelte, vir die “laaste dae”

is—die tyd, waarin ons nou leef. So, in die laaste dae sê God, dat

daar ‘n septer of ‘n heerser op ‘n troon sal wees en terselfdertyd

ook ‘n wetgewer.

Wat die septer betref het ons nog altyd geglo dat dit na ‘n

koninklike lyn verwys wat tot en met die aanvang van die Groot

Verdrukking sou regeer. Die septer verwys ook na die belofte

van verlossing, deur Jesus Christus.

Daar word egter ook in vers 10 na ‘n veldheerstaf (wetgewer)

tussen die voete van Juda, verwys. Die “Companion Bible” dui

aan dat die wetgewer “van sy voete” kom en dit beteken dat hy

vanuit die afstammelinge van Juda sou kom.

Daar sal ‘n septer en ‘n wetgewer in die “laaste dae” wees.

Dit is dieselfde tweeledige verbond waarna in Jeremia 33:17‑18

verwys word: “Want so sê die Here: Daar sal vir Dawid nie ‘n

man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel [die

septer belofte] nie; en daar sal vir die Levitiese priesters nooit

voor my aangesig ‘n man [die wetgewer] ontbreek wat altyddeur

brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers

berei nie.”

Die koninklike lyn van die stam van Juda word tot die hede

in “Westminister Abbey” in London, voortgesit. God het in

Genesis 49:10 gesê dat daar ‘n wetgewer tegelykertyd met die

septer belofte sou wees. Beide sou van die stam van Juda wees.

Tradisioneel het ons geglo dat Christus hierdie wetgewer is,

wat in beginsel waar is. Die wet word altyd deur Christus gegee.

Hy is die bron. Maar let op dat hierdie wetgewer nie van die

voete van Juda sal wyk “totdat Silo [Christus] kom; en aan Hom

sal die volke gehoorsaam wees.” Sal dit sin maak om te lees dat

Jesus nie van die voete van Juda sal wyk totdat Jesus kom nie?
Die Troon en Wetgewer 53

Silo verwys na Christus, so hierdie “veldheerstaf [wetgewer]”

moet na ‘n ander individu verwys. Het God nie nog altyd deur

een man op ‘n slag gewerk nie? Weereens, in Jeremia 33:18 sê

God dat Hy sy verbond met die leraars sluit, maar ook dat een

man Sy werk sal lei.

a D m i n i s t r a s i e Va n G o D s e W e t

Daar is ‘n septer en ‘n wet. Die troon van Dawid word altyd aan

die wet gekoppel.

Vandag vloei die wet van God beslis nie vanuit die troon van

Dawid nie. Dit het egter wel gedurende die 57 jaar‑bediening

van Herbert Armstrong gekom. En sedert die dood van mnr.

Armstrong in 1986 het God aan my die verantwoordelikheid

gegee om voort te gaan met dieselfde wet wat deur hom herstel is.

Sommige van u mag moontlik onthou hoe verbaas mnr.

Armstrong was toe hy uitgevind het dat die afstammelinge aan

die een kant van sy familie, nagespoor kon word tot by Koning

Dawid. Ek was net so geskok toe ek hierdie feit omtrent my

eie familie afkoms, (ook aan dié een kant) ‘n paar jaar gelede

ontdek het. Is daar ‘n rede waarom beide mnr. Armstrong en

ek ons oorsprong as die afstammelinge van die koninklike lyn

van Dawid kan naspoor—na die stam van Juda? Het dit enigiets

te doen met dié “wetgewer” tussen die voete van Juda—of die

afstammelinge van Juda—in die laaste dae “totdat Silo kom?”

Mnr. Armstrong moes God se regering en wet vestig. Hy was

die Elía wat net voor die wederkoms van Christus, alle dinge

herstel het. Ek het met dieselfde regering en wet wat hy

geleer het voortgegaan. Geen ander kerk kan in waar‑

heid dieselfde aanspraak maak nie!

Beide mnr. Armstrong en ek is gebruik om die rol van

wetgewer in God se Kerk en vir die wêreld te vervul. So vandag,

waar is die menslike wetgewer wat ‘n afstammeling van Dawid

en die stam van Juda is? Wie administreer dieselfde wet, wat

Christus onderrig in sal gee, wanneer Hy terugkom om op die

troon van Dawid te sit? Dit is vrae wat deur u, moet beantwoord

kan word!

Hierdie man sal oor die septer onderrig gee—die koninklike

lyn, of die troon van Dawid, en die belofte van verlossing deur
54

Jesus Christus. Dit is dieselfde troon wat op die punt staan om

deur Jesus Christus, vir ewig regeer te word (Lukas 1:30‑33).

In hierdie laaste dae word die koninklike lyn, die troon van

Dawid, nie deur God se wet regeer nie. Maar die Kerk word

deur Christus, daardie groot wetgewer, regeer—die Koning van

konings wat vir ewig vanaf die troon van Dawid sal regeer.

Die Kerk van God is die Koninkryk van God in embrio. Ons

gee vandag onderrig oor die troon van Dawid en die wet van

God. In die Wêreld van Môre sal daardie troon en die wet van

God verenig wees.

Ons is geroep om vir koninklike posisies onder die Koning

van van konings, te kwalifiseer (Openbaring 1:6).

Hier is die vernaamste punt wat ons moet begryp: Ons moet

vandag, ons onderwerp aan die wet van God, as ons saam met

Christus op die troon van Dawid in die Wêreld van Môre wil

regeer. Dit is waarom God gesê het dat Hy sy wetgewer sou stuur.

Dit gaan nie oor ‘n man nie—dit gaan alles oor God se wet

en regering. Daarom het mnr. Armstrong gesê, “Die regering

van God is waaroor alles gaan, en dit beter ook so in ons lewens

wees.”

Ons het ‘n verbond met God gesluit om sy wet in die

kerk en oor die hele aarde in die wêreld van môre, toe

te pas. Ter voorbereiding van daardie roeping moet ons

God se menslike wetgewer, identifiseer en ons dan vry‑

willig aan God se wet onderwerp!

G e e s t e L i k e J o D e

Wie Is “Dié Profeet ”?

Waarom sou God in die “laaste dae” fisiese Jode kies om Sy wet

te administreer? God is geen aannemer van die persoon—of

rasse, nie. Die hoofrede moet wees dat God wil hê dat elkeen

van ons daarop moet fokus om ‘n geestelike Jood te word.

‘n Terloopse beskouing van die Bybel mag ‘n leser laat wonder

waarom God herhaaldelik na Jode verwys, en kan hy dink dat

God probeer om Jode bo ander nasies te verhef. Daar is egter ‘n

rede waarom God deurlopend na Jode in die Bybel, selfs in die

Nuwe Testament, verwys.

Let op Openbaring 3:7: “En skryf aan die engel van die

gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat
Die Troon en Wetgewer 55

die Sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie,

en Hy sluit en niemand maak oop nie”. Hier is Jesus Christus,

wat heilig en waaragtig is, en wie die Sleutel van Dawid het. Dan

open Hy vir ons die deur om hierdie pragtige visioen aan die

wêreld uit te dra. God het sy boodskapper gestuur (dit is wat

“engel” aan die begin van die vers beteken). Ek dink nie God is

hier besig om van ‘n engel te praat nie. Ek glo dit is die man wat

God opgehef het om Sy Kerk in die Filadelfia era te lei—Herbert

Armstrong. Maar selfs indien dit na ‘n engel sou verwys, moet

daar steeds ‘n menslike boodskapper wees.

“Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur

gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en

jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie” (vers 8).

Die Filadelfiërs het nie God se naam verloën nie. Naam beteken,

God se gesag en regering. God stuur ‘n man—‘n wetgewer—

om sy wet te implementeer! Sonder God se regering is dit

onmoontlik om God se werk te doen.

God se groot visie handel oor die “Sleutel van Dawid.” Hy gee

aan sy leier die gesag om sy fundamentele visie, deur ‘n deur wat

Hy open, te verkondig.

God het aan mnr. Armstrong die Sleutel van Dawid visie

gegee. Na die dood van mnr. Armstrong, het Hy voortgegaan

om ons begrip van hierdie visie, deur my te verbreed. Hy het vir

ons die deur geopen om hierdie visie na die hele wêreld te neem.

Maar let op wat in vers 9 gesê word: “Kyk, Ek gee jou uit die

sinagoge van Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie

is nie maar lieg—Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete

neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.” Dit is regering! God

sal hulle laat terugkeer en die wet onderhou voordat hulle ooit

geestelike Jode sal wees.

Baie van God se eie mense sê vandag dat hulle geestelike

Jode is, maar hulle lieg. Hoe kan, hierdie verdeeldheid verwyder

word? Ons kan slegs deur die “Sleutel van Dawid” visie

verenig word. Die Laodicense rebellie draai om hierdie visie en

die wet van God. Dit wentel rondom die septer en die wetgewer!

Die Laodiseërs het hierdie grootste van alle visies verloor

weens hulle probleem met regering.

Dit is dié rede, dat al die mense van God in hierdie “laaste

dae” mislei word. Miskien is dit die grootste misleiding ooit in
56

die Kerk van God. Hulle sê dat hulle Jode is, terwyl hulle die

Jood—Jesus Christus—deur wie hulle verlossing gegee word,

verwerp. Hulle verwerp ook die man wat Hy gebruik om sy werk

te doen. Vyftig persent van daardie Heiliges wat mislei is, sal hul

ewige lewe verloor (Matthéüs 25:1‑13).

Onthou, Genesis 49:10 sê dat die septer en die wetgewer nie

van tussen die voete van Juda in die “laaste dae” sal wyk nie.

Die konteks van Genesis 49 wys dat die “laaste dae” dui op

hierdie tyd tot en met Christus se wederkoms‑‑“totdat Silo

kom.” Beide die koninklike lyn sowel as wetgewers het fisies

van Juda afgestam. Maar om gered te kan word, verwag God dat

ons almal geestelike Jode sal word. In Fillipense 2:5 skryf Paulus:

“Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus

Jesus was.” Indien ons die gesindheid van Jesus Christus, wie

ook fisies ‘n Jood was, verkry, word ons in werklikheid geestelike

Jode (Romeine 2:28‑29).

Deur die Geskrifte heen hou God vol met Jood, Jood, Jood—

nie omdat Hy daardie nasie bo ander nasies verkies nie, maar

omdat Hy wil hê dat elkeen van ons, soos Christus moet word,

geestelike Jode, deur die krag van Sy Heilige Gees! (Romeine 8:9).

God sê dat Hy ons geroep het om in die voetspore van Jesus

Christus te volg (1 Petrus 2:21).

God se hoof fokus in dié Bybel, is altyd op die geestelike

en die ewige. In Openbaring 3:9 verwys God na geestelike

Jode. Daar is sommige mense, wat sê dat hulle Jode is—wat

daarop aanspraak maak, dat hulle Christus volg—maar wie

se handelinge, openbaar dat hulle lieg! Om Christus te volg,

moet ons die man wat Hy gebruik, vind en dan aan hom ons

volle ondersteuning gee. Die Laodiceërs wil die troon hê, maar

hulle weier om hulle aan die wetgewer te onderwerp. Hulle

skuif Christus opsy deur sy man opsy te skuif, sy wetgewer—

dié profeet. Daarom sê God, Julle is nie meer geestelike Jode

nie.

i D e n t i f i s e e r D i e m a n

Wie Is “Dié Profeet ”?

God sal u nie dwing om sy wetgewer te volg nie, omdat u nie so

karakter sal bou nie. Hy kan egter aan sy wetgewer iets gee wat u

nie het nie, ten einde u aan te moedig om te volg.
Die Troon en Wetgewer 57

Kyk net na al die waarheid wat God aan mnr. Armstrong

tydens sy bediening openbaar het. Ek het hom nooit as net nog

‘n man, beskou nie. Ek het hom as ‘n individu gesien wat iets

gehad het wat ek nie het nie—God se spesiale openbaring aan

die wêreld en God se Kerk. Ek het geweet dat, God waarheid aan

hom openbaar het, wat nie van mnr. Armstrong, maar vanaf

God deur mnr. Armstrong gekom het.

Wanneer God aan ‘n man ‘n opdrag gee, gee Hy ook aan

daardie man iets ekstra, iets wat niemand anders het nie. Hy gee

aan daardie man Sy openbaring om te verkondig.

God het aan my dieselfde voordeel, as vir mnr. Armstrong

gegee. Hy het aan my ‘n magdom openbaring gegee om te

verklaar—nie vanweë enigiets wat ek gedoen het nie, maar

omdat Hy dit aan u wil gee sodat ons almal dan, dit aan die

wêreld kan oordra. God wil hê dat dit wat ek het, ook deur u

besit word en dit is dat u ook uself aan sy liefdevolle regering

onderwerp. Dit is waarom Hy my so baie openbaring gegee het.

Kan u sien waarom Satan so hard werk om God se leier—sy

wetgewer, in onguns te bring? Indien u weier om uself aan die

wet te onderwerp, is dit maklik om God se man opsy te skuif. Per

slot van rekening is ons onderwerping vrywillig. Kyk maar net

hoeveel mense het God se eindtyd Elía, mnr. Armstrong, opsy

geskuif, ten spyte van die magdom waarheid wat hy in die Kerk

herstel het! Soos ‘n waterval, het God deur mnr. Armstrong Sy

openbaring, op ons uitgestort. Daardie man het “alles” herstel.

Alles beteken alles! En tog kom nietige mense en probeer om

met God se verkose apostel te kompeteer.

Selfs vandag, wanneer sommige die Filadelfia Kerk van

God verlaat, probeer hulle omtrent altyd om my persoonlik te

diskrediteer. Dit is waar dat ek in een opsig geensins van u

verskil nie. Ek is sekerlik ook ‘n sondaar, net soos wat u is maar

ek het ‘n amp wat u nie het nie. Dit was nie my keuse nie. Dit

was God s’n. God het dit so beplan omdat Hy wou hê dat iemand

die wet in sy Kerk moes implementeer.

Teen hierdie tyd behoort ons almal te besef dat dit nie oor die

man gaan nie maar oor ‘n amp wat God daargestel het om sy wet

te onderrig.

Indien ons die Gees van God het en ons volgens die vrugte

oordeel, sal ons die wetgewer deur wie God werk, vind.
58

D i e k L o P

Wie Is “Dié Profeet ”?

Kort nadat ek uit die wkg ontslaan is, het God aan my ‘n

belangrike waarheid openbaar. “Almal wat Ek liefhet, bestraf en

tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die

deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,

sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en

hy met My” (Openbaring 3:19‑20). God bestraf en tugtig sy Kerk

in liefde. Ons weet dat indien die Laodiceërs hulle nie bekeer

nie, God hulle in die Groot Verdrukking sal tugtig. Maar hoe

bestraf Hy sy Kerk? Dit was nog altyd deur ‘n man gedoen.

Kort nadat God Maleági Se Boodskap aan my openbaar

het, was ons in ‘n klein vertrekkie van ‘n ou magasyn gebou in

Edmond, vir een van die eerste vergaderings van die fkg byeen.

Omtrent 25 mense het dit bygewoon en die vetrek was stampvol!

Wat ‘n klein begin.

Daardie dag het ek het met die Kerk oor sekere nuwe open‑

baring gepraat. Ons het geleer dat God in die algemeen die

Laodiceërs sou waarsku sodat hulle ‘n kans sou hê om hulle voor

die Groot Verdrukking te bekeer.

God het aan my openbaar dat Hy ‘n spesifieke man sal

gebruik om aan die deur van die Laodiceërs te klop. Soos

altyd sou God ‘n man, gebruik. Daardie klop sou primêr in

die vorm van Maleági Se Boodskap wees. Dit was die enigste

literatuur wat ons toe gehad het en was dit redelik duidelik hoe

God aan hulle deur sou klop—altans in die begin!

Ek kan nog onthou hoe een van ons vername leraars opge‑

wonde was oor daardie openbaring. Hy en ons almal het begin

insien dat God besig was om ‘n spesifieke werk vir ‘n spesifieke

taak op te rig. Ons almal het baie noodsaaklike rolle in daardie

werk, sowel as die liggaam van Christus, gehad.

Ons was verheug oor enige nuwe openbaring wat ons kon

ontvang—veral op daardie stadium toe die fkg nog so klein was.

Al ons lede het so pas uit die wcg gekom, waar daar sedert die

dood van mnr. Armstrong, geen nuwe openbaring was nie.

Ek hoop ons word steeds vandag so opgewonde oor nuwe

openbaring, veral in ag genome hoe oorvloediglik dit in ons

Kerk vloei (soos byvoorbeeld, dit wat u nou lees). Hetsy daar baie

òf min openbaring is, die bron daarvan is steeds die Skepper van
Die Troon en Wetgewer 59

die heelal! Ons moet dit nie ligtelik opneem nie want dit is hoe

Filadelfiërs, Laodiceërs word (2 Thessalonicense 2:10).

Ons het omtrent 25 mense in ‘n klein vertrek gehad die dag

toe Openbaring 3:20, openbaar is. dit was die mees belang‑

rikste vergadering op aarde! Die wêreld was onbewus van

ons bestaan, en tog was ons die enigste groep op aarde deur wie

God besig was om Sy openbaring te gee en Sy werk te doen!

Dit het ons sewe jaar geneem om die waarskuwing aan die

Laodiceërs uit te brei, om ook die nasies van Israel en die wêreld

in te sluit.

“As iemand my stem hoor” (vers 20)—God het met die

Laodiceërs en sy uitverkorenes deur een man gepraat—dié

profeet—een stem. Ek het vir Christus begin klop. Hy het deur

my met hulle gepraat. God het Maleági Se Boodskap aan my

openbaar. Dit was duidelik ‘n boodskap aan die Laodiceërs.

God het aan ons gewys dat dit ook in die boek Openbaring—

Openbaring 3:20, voorspel was. Vyf‑en‑negentig persent van God

se mense het rebelleer. Ons kon met groter duidelikheid sien

waarom God Maleági Se Boodskap, openbaar het. Hy wou hê dat

ons baie hard aan die deur van die Laodiceërs klop. Hulle moet

die geleentheid hê om God se stem te “hoor”—sy liefdevolle

bestraffing. ‘n Kragtige boodskap moes verkondig word.

Ons sien nou dat hierdie profesie aan dié profeet gegee is.

Hierdie nuwe waarheid, ontvang vanuit Openbaring 3:20,

was ‘n kragtige aansporing van Christus om met sy werk voort

te gaan.

Christus het gesê dat die Laodiceërs, sy “stem” (enkelvoud)

deur God se man kon “hoor.” Indien hulle daardie stem sou

hoor, sou die Skepper van die heelal ingaan en saam met hulle

maaltyd hou en hulle geestelik voed! Dit is die grootste

seëning moontlik!

Daardie geestelike voedsel, kan egter slegs deur dié profeet en

Maleági Se Boodskap, kom. U kan sien waarom die duiwel probeer

om my te belaster en te demoniseer. Dit is slegs deur my dat die

Laodiceërs vandag Christus se stem kan hoor! Dit is slegs deur die

fkg wat ons daardie stem na hulle en die wêreld kan uitdra.

Vanselfsprekend, kan ek niks sonder die ondersteuning van

God se uitverkorenes doen nie. Ons is almal die liggaam van

Christus. Elkeen van ons het ‘n ander funksie in die liggaam.
60

Wie Is “Dié Profeet ”?

God sê dat ons nie die dag van “klein dinge” moet verag nie

(Sagaría 4:10; beter vertaal as, “’n klein begin”). Daardie klein

begin, was deur baie mense as onbeduidend beskou. Maar dit

was die begin van ‘n verbasende en wonderbaarlike werk wat

God opgerig het (Hábakuk 1:5). Dit is wonderlike geskiedenis.

Kyk net na die swaargewig rol van God se uitverkorenes. Wat

‘n bomenslike inspirerende taak het God ons gegee om te doen!

God het een stem. Waar is dit? Waar is dié profeet? Dit is

maklik om te bewys as mense bereid is om God se bestraffing te

hoor. Indien hulle weier, sal God hulle in die Groot Verdrukking

tugtig. Ons moet God se openbaring hoor—sy stem—deur

‘n man. God praat, is ons gewillig om te hoor?

“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit

op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader

op sy troon gaan sit het. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die

Gees vir die gemeentes sê” (Openbaring 3:21‑22). Hier sien ons

die Kerk van God rondom die troon van Dawid, verenig (vers 7;

Lukas 1:30‑33). Waar God se troon is, daar is God se wet en

regering. Dit is hoe die familie van God vandag gebou word en

vir ewig!

Hier is die grootste visie in die Bybel. Dit is hierdie visie

wat die Filadelfiërs en die Laodiceërs skei! Die Laodiceërs

het hierdie visie verloor. Dit gaan daaroor om as bruid van

Christus, die wêreld en die heelal te regeer, en dit het die

Laodiceërs verloor!

Hulle het die geleentheid om hulle Eggenoot se troon vir

ewig te deel! Dat hulle dit vergeet het, is die allerergste ramp!

Sal u hoor wat die Gees sê? Het ons ‘n oor om te hoor?

Jesus wil aansit by ons geestelike etenstafel, om rigting en

leiding in ons lewens te verskaf, net soos enige eggenoot vir ‘n

geliefde vrou sou wou doen, maar dan moet ons Hom in ons

wonings, lewens en gedagtes toelaat.

Dit is die grootste moontlike seëning wat ons kan ontvang.

Kyk net wat het Maleági Se Boodskap, reeds in duisende lewens

wat daaraan gehoor gegee het, gedoen. Dit maak my geensins

spesiaal omdat ek dit geskryf het nie. Dit is God se stem, wat ‘n

keerpunt in ons lewens sal bring.

Dit is ‘n skouspelagtige familie visie. God het ons geroep

om deel daarvan te wees. Sal ons toelaat dat enige struikel‑
Die Troon en Wetgewer 61

blok ons van hierdie geestelike rykdom weerhou? Dit is wat die

Laodiceërs gedoen het. Hulle verkies fisiese rykdom bo hierdie

ongelooflike geestelike erfenis!

V e rW e r Pi n G Va n o Pe n B a r i n G e n D i e W e t

Klaagliedere 2:8 sê, “Die Here het Hom voorgeneem om die muur

van die dogter van Sion te verwoes …” Soos ons reeds vantevore

gesê het, verwys die dogter van Sion na die Kerk van God in die

eindtyd—in hierdie geval, Sy Kerk wat sondig. Jeremiah, die

skrywer, is besig om die verwoesting van God se Kerk te betreur!

Die res van die vers lees: “Hy het die meetsnoer gespan, sy

hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het die voor‑

skans en die muur laat treur, saam sak hulle inmekaar.” God

het Hom voorgeneem om daardie kerk weens hulle Laodicense

rebellie, te vernietig. (In ons gratis boekie, “Lamentations and the

End-Time Laodiceans” word hierdie onderwerp in detail bespreek).

“Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels

te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder

die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete

ontvang geen gesig van die here nie” (vers 9). Maar daar

is een profeet wat openbaring van God ontvang! Dit is u

verantwoordelikheid om hom te vind. Dit is wat God se

uitverkorenes van al die Laodicense kerke onderskei.

Wanneer ons God se wet verwerp, kan ons nie openbaring

ontvang nie! Dit sal nie daar wees nie! Die kerk sal geen aan‑

wysing van God ontvang nie. dit is die ergste moontlike

ramp wat God se mense kan tref.

Indien, jy geen openbaring het nie, dan het jy ook geen ware

profeet nie. Weereens, God gee iets spesiaals aan die een wat

daardie amp beklee. God gee insig aan sy Kerk deur daardie

amp. Dit is God wat die ware Wag is. Hy is die één wat sien maar

Hy praat altyd deur ‘n man—‘n man wat by die wet van God bly.

Twee jaar na die afsterwe van mnr. Armstrong, het ‘n leier

van die Wêreldwye Kerk van God leraars daarteen gewaarsku

om nie name in die Skrif in te skryf waar God hulle nie geskryf

het nie. Dit is sekerlik goeie advies. Maar hierdie hooggeplaasde

leraar het impliseer dat ons fouteer het deur mnr. Armstrong se

naam in sekere skrifgedeeltes in te skryf.
62

God was egter die een wie, aan die hele Kerk bekend

gemaak het dat mnr. Armstrong, die eindtyd amp van

Serubábel en Elía beklee het. Solank mnr. Armstrong in die

omgewing was om die wet toe te pas, het almal verstaan wie hy

was en watter profesieë, hy vervul het. Almal in die Kerk kon

sien.

Toe hy egter gesterf het, is die wetgewer verwyder. En toe die

volgende leier misluk om navore te tree en ‘n wetgewer te wees,

het lede hulle tot ongehoorsaamheid en rebellie gewend. As

gevolg daarvan het die kerk al sy openbaring verloor—sy visie!

Dit het alles so vinnig gebeur.

Paulus was verbaas oor hoe vinnig God se mense gedurende

die eerste eeu van die waarheid weggedraai het (Galásiërs 1:6).

Let op, wat hy aan die broeders van Galasië gesê het: “Maar ek

maak aan julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my

verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie

van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van

Jesus Christus” (verse 11‑12). Sommige van hulle het ‘n probleem

met Paulus gehad. Maar Paulus het gesê dat hulle die punt gemis

het—die openbaring het nie oorspronklik van hom gekom nie!

Dit het van Jesus Christus gekom.

Ek sê vandag dieselfde. Ek het nie hierdie boodskap van

‘n man ontvang nie! Ek is dit deur die openbaring van Jesus

Christus geleer! Dieselfde is waar omtrent mnr. Armstrong. God

het al daardie openbaring aan hom gegee. Toe mnr. Armstrong

uit die weg geneem is, kyk net hoe vinnig het die meeste van

God se mense, daardie openbaring verwerp.

Hulle liefde vir God se waarheid was gevaarlik oppervlakkig.

H o s é a s e P r o s t i t u u t

Wie Is “Dié Profeet ”?

Die boek van Hoséa, werp addisionele lig op die rebelse kerk

van God. “En die Here het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin

‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel

bedrywe, net soos die Here die kinders van Israel bemin, terwyl

hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke”

(Hoséa 3:1). God het Hosea aangesê om ‘n wetsongehoorsame

prostituut te trou, want Hy wil hê dat ons ‘n duidelike beeld

moet hê van hoe die Kerk in die eindtyd sou wees.
Die Troon en Wetgewer 63

Hoséa se vrou is ‘n tipe van God se Kerk. Slegs hulle kan

owerspel pleeg, want net hulle is met Christus getroud. Die

onderwerp is Christus se vrou. God se Kerk tree soos ‘n ver‑

werplike prostituut teenoor haar Eggenoot op!

Let op wat hierdie vrou se grootste probleem was: “Laat net

niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk

soos die wat met die priester twis!” (Hoséa 4:4). Die mense twis

met die priester, of die een wat God se wet en regering toepas.

Die Hebreeuse woord wat hier vir “priester” gebruik word,

impliseer hoof priester. Die Laodiceërs is nie vandag in God

se binnehof nie omdat hulle God se hoof leier verwerp

het! Dit is die kruks van die Laodiceërs se probleem omdat

hulle nie ‘n man wil volg, soos wat hy Christus volg nie.

“My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis; omdat

jy die kennis verwerp het, sal Ek jou ook verwerp, sodat jy vir

My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van

jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet” (vers 6).

Slegs God se mense het God se wet. Hulle het die wet gehad

en het dit toe vergeet! Wat ‘n aanklag—omdat hulle God se

wet vergeet het, sal Hy hulle kinders vergeet! Dit is

wat gebeur wanneer jy die wet en die man wat die wet toepas,

verwerp. Mag God hulle help om hulle te bekeer. Indien nie om

hul eie ontwil nie, dan ter wille van hulle kinders!

God se mense word fisies en geestelik vernietig, omdat hulle

kennis verwerp het. Watter kennis? Die mees belang‑

rikste van alles ooreenkomstig vers 6, is die kennis van

God se wet en regering!

Laat ek dit herhaal: As ons die wet vergeet sal God ons

kinders vergeet!

Moet ons nie baie diep en emosioneel oor hierdie onderwerp

besin nie?

“Daarom sal dit met die priesters gaan soos met die volk—Ek

sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy

dade” (vers 9). Daar is die probleem. Die Laodicese priesters het

net soos die mense geword. Onthou, wanneer God iemand in

beheer plaas, gee Hy daardie individu iets ekstra geestelik—‘n

addisionele mag om God se mense te lei. Dit plaas hom in ‘n

meer voordelige posisie, wat die mense aanspoor om na hom op

te kyk. En tog sien ons hier in Hoséa 4, geen verskil tussen die
64

Laodicese kerklede en hul leiers nie. Dit is so omdat hulle God se

wet en sy wetgewer—“dié profeet,” verwerp het.

G o D s e G e B o D

Wie Is “Dié Profeet ”?

“En nou, priesters, tot julle kom hierdie gebod” (Maleági 2:1). Die

“Hebrew/Greek Key Bible Study” sê die volgende oor die woord

gebod: “om ‘n boodskapper te stuur om orde te herstel.” Die

kernwoord van gebod, beteken om die Gebooie van God aan

iemand te delegeer of dit as ‘n kommissie aan iemand te gee.

God stuur ‘n boodskapper om orde te herstel—om God se

wet te vestig! ‘n Eindtyd Maleági‑tipe profeet word gestuur om

God se boodskap aan ‘n sondige kerk oor te dra. Wie in hierdie

eindtyd, is besig om God se eie leraars en mense te waarsku

om op te hou om die Woord van God te besoedel? Maleági

Se Boodskap, is die middelpunt van ons literatuur. Ons hele

boodskap is op die boek van Maleági gebaseer. Die fkg was deur

God opdrag gegee om Maleági Se Boodskap, oor te dra. Aan my

spesifiek is die opdrag om dit te doen gegee en die mense van

God was opgedra om, om my te wentel en my te help om die

basuin te blaas. Ons sou niks kon doen as ons nie almal, as die

liggaam van Christus—God se familie, saamgewerk het nie.

“As julle nie gehoor gee nie, en julle dit nie ter harte neem om

my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan

sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in ‘n vloek

verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter

harte neem nie” (vers 2). Die Laodiceërs kan nie ‘n boodskap

“hoor” of ter harte neem indien iemand dit nie aan hulle oordra

nie.

Hulle word vervloek omdat hulle nie die liefdevolle boodskap

van God, van dié profeet “wil hoor nie.” God se waarskuwing

is beskikbaar. Die vloek beteken dat hulle op die punt staan

om hulle ewige lewe te verloor as hulle hul nie bekeer nie

(Maleági 4:1, 6). En die leraars word selfs swaarder veroordeel

(Jakobus 3:1).

Wat ‘n donderende, leeu brullende boodskap! Die profesie

openbaar dat daar altyd ‘n verontrustende verband tussen ‘n

eindtyd Elía en die Laodiceërs is. Weet u van enige ander boek

behalwe Maleági Se Boodskap, wat so ‘n boodskap verkondig? U
Die Troon en Wetgewer 65

weet nie! Maleági Se Boodskap, is uniek.

“Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op

julle gesigte strooi, die mis van julle feeste….” (Maleági 2:3). Hoe

ernstig is dit? Dit het met ewige lewe en ewige dood te doen!

Daar is leraars wat “die vloek” sal ontvang. Dit is afgryslik!

Hoe skokkend dat hierdie leraars in die Kerk van God nie net

in gevaar staan om vervloek te word soos hulle vandag is, maar

dat hulle ook “die vloek” kan ontvang. God probeer om hulle

wakker te maak. Aangesien Hy dit nie met woorde kan doen nie,

sal Hy die Groot Verdrukking gebruik.
5

Die Elísa Werk

Dit was vir my eggenote baie swaar toe ek uit die

Wêreldwye Kerk van God ontslaan was. Dit was vir haar

moeilik om my te volg. Ek dink dit sou nie so moe‑

ilik gewees het indien ek dinge anders hanteer het nie. Terwyl

mnr. Armstrong geleef het, het ek die heeltyd bly sê; ons moet na

Hoofkantoor opkyk; en nadat mnr. Armstrong gesterf het, ons

moet na Hoofkantoor opkyk. In 1988 kon ek sien dat Hoofkantoor

besig was om ons op ‘n dwaalspoor te lei. Toe het ek gesê, ons moet

NIE na Hoofkantoor opkyk nie!

Wat ek die heeltyd moes gesê het was, ons moet na Herbert

W. Armstrong en God se opdragte opkyk. Dit maak dit eenvoudig,

want hy was ons geestelike vader, die man wat ons almal, direk

of indirek, na God gebring het. Dit was hoe dit met Paulus en

die Korinthiërs was (1 Korinthiërs 4:15‑16). Ek glo dat daardie

benadering dit makliker vir my eggenote sou maak om die

oorgang te hanteer. Nadat ek altyd vir haar gesê het ons moet

na Hoofkantoor opsien, was dit vir haar ‘n probleem toe ek

opgehou het om na Hoofkantoor op te kyk.

Teen die tyd wat ek in 1989 ontslaan is, het my dogter Laura,

reeds van “Ambassador College (AC)” gegradueer en het sy een van

die beste poste op kampus gekry: Sy het in Joseph Tkach Junior

se kantoor gewerk. Sy het baie vriende in “Ambassador College”

gehad en tog, toe ek ontslaan is, het sy saam met haar vader

huistoe gekom. Ek dink nie daar was ooit ‘n tyd in die geskiedenis
Die Elísa Werk 67

van ons familie, wat ek meer ingenome met my dogter was nie—

want sy het na haar vader opgekyk, fisies en geestelik, dit terwyl

sy in versoeking kon wees om in baie ander rigtings te kyk. Dit

was die grootste vader‑dogter oomblik in my geskiedenis!

Selfs terwyl sy daar gewerk het, het sy afbrekende opmer‑

kings oor mnr. Armstrong gehoor, maar ek het vir haar en my

seun, Stephen, geleer om God se Elía te respekteer. Daarom het

sy nie van daardie opmerkings gehou nie en ek dink dat dit haar

ook gehelp het om voor te berei om weg te breek.

Toe Stephen kollege toe is, het ek hom aangemoedig om na

die Pasadena kampus te gaan aangesien ek van mening was dat

dit vir hom die beste plek sou wees. Ek wou hê dat hy daar moet

wees indien dit God se wil was. Hy het “Ambassador College”

liefgehad. Maar toe dinge in die Kerk begin versleg, het ek hom

aangemoedig om na “Big Sandy” te gaan. Ek wou hom nader aan

my hê, sodat indien moontlik, ek meer invloed op hom kon hê.

In die middel van sy tweede jaar by “Big Sandy,” is ek ontslaan.

Kort voor dit, het ek Maleági Se Boodskap, aan hom gewys en ek

dink hy het toe begin besef dat hy binnekort groot besluite sou

moes neem.

Toevallig het hy ‘n deeltydse werk in die biblioteek gekry; daar

kon hy die klankbande en geskrewe werk van mnr. Armstrong

bestudeer en dit met die werke wat hy in AC geleer het, vergelyk.

Dit was, wat hom van die verkeerde rigting waarin die kollege

oppad was, laat wegdraai het. Stephen het na AC gegaan om ‘n

opvoeding te kry. Maar dit was daardie ondervinding wat

hom geleer het wat ware opvoeding was!

Hy het geleer hoe om God in sy opvoeding in te bring. Nou

weet hy wat ware opvoeding is. Vandag word daardie les deur

hom, aan baie ander jong mense, die Kerk en die wêreld, geleer.

Dit was ‘n pynlike ervaring, maar hy het die ekwivalent van

‘n vier‑jaar opvoeding binne ‘n paar maande gekry!

Die Laodicense era het gewys dat slegs Filadelfiërs weet

wat ware opvoeding is! Die skeuring in die Kerk het die

uitverkorenes se begrip van wat ware opvoeding is, diep verryk.

Mnr. Armstrong se skrywes het Stephen na God gelei en het

hy gesien dat kollege leiers besig was om die kollege weg van God

te lei. Hy was baie onsteld om te sien dat die kollege wegdraai.

Stephen het baie goeie vriende gehad en het hy gedink dat hulle
Die Elísa Werk 69

waarskynlik na hom sou luister as hy hulle sou vertel van dit wat

mnr. Armstrong geleer het, en hoe dit in kontras staan met dit

wat hulle in AC geleer het. Hy het egter gevind, dat sy vriende

aangehou het om hom te verlaat en gou gou was hy fisies alleen.

Dit was soos dit werk. Hy was alleen, maar het geweet dat hy

gedoen het wat God sê. Ek was met hom ook baie ingenome.

Ons Vader was ingenome met Sy Seun, Jesus Christus. En

hoe kan ‘n vader meer ingenome wees as ‘n seun of ‘n dogter

hulle op so ‘n wyse gedra? Dit is iets wat jy nooit vergeet nie!

Dit is werklik ’n baie eenvoudige formule vir hulle om te volg.

Al wat hulle in hierdie geval moes doen, was om na hul vader

op te sien, wie, alhoewel hy nie altyd die beste voorbeeld was

nie, hulle nietemin na hulle geestelike vader, mnr. Armstrong,

gewys het. Hy het hulle toe na God die Vader, gewys. Indien ons

dinge eenvoudig hou, sal dit vir ons baie makliker wees om die

Koninkryk van God binne te gaan.

e L í s a W e r k

Die boek 1 Konings, is deel van die vroeëre profete. Dit beteken

dat dit Bybelprofesie bevat en 90 persent van alle profesie, is vir

hierdie eindtyd.

In die Ou Testamentiese tyd, het Elísa vir Elía gevolg. So dit

behoort geen verrassing te wees dat daar ‘n Elísa tipe is wat die

eindtyd Elía volg nie.

Die Elísa werk het wonderlike voorbeelde vir ons, want

elísa was altyd in elía se opdragte gegrond, en hy het

die Elía werk voortgesit. Waar op aarde is daar iemand wat jou

terugwys na die eindtyd Elía en met die werk van die eindtyd

Elía voortgaan? Waar is daar iemand wat aanhou om jou terug

te wys na jou geestelike vader, wie opdragte gegee het wat jou in

die Koninkryk van God sal inlei?

Laat ons begin deur die voorbeeld van die oorspronklike

Elísa, wat opgesien het na sy geestelike vader, te bestudeer. Elísa

was ‘n gesinsman—hoofsaaklik ‘n Godfamilie man en begrip

van die Godfamilie het hom op die regte spoor gehou.

“En hy [Elía] antwoord: Ek het baie geywer vir die here, die

God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond

verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood,
70

Wie Is “Dié Profeet ”?

sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg

te neem” (1 Konings 19:14). Elía was in ‘n werklike geestelike

oorlog! Hy het gedink dat hy alleen was. God het sy mismoedig‑

heid geantwoord, “Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly,

al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie

gesoen het nie” (vers 18). Elía het hierdie getroue oorblyfsel nie

herken nie. Hy het nie geweet wie die 7,000 was nie. Net so het

mnr. Armstrong teen die einde van sy lewe baie alleen gevoel.

Hy het geweet dat die meeste van sy broeders dit nie “gesnap”

het nie, en het hy ook in die laaste jaar van sy lewe so gesê.

“Hy het toe daarvandaan weggegaan en Elísa, die seun van

Sarfat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse

voor hom en hy self by die twaalfde paar was; en Elía het by hom

verbygegaan en sy mantel op hom gewerp” (vers 19). Hier is Elísa

in die amp wat Elía gehad het, geplaas. God het hom nie in ‘n

kweekskool, òf “Oxford” òf “Harvard” gevind nie; Elísa was ‘n

plaasboer. En dit was Elísa wat saam met die 7,000 wat nie voor

Baäl gebuig het nie, sou werk.

God het ‘n groep ondersteuners—7,000 krygsmanne, voor‑

sien—om Elísa te help om God se werk te doen! Elísa het hulp

nodig gehad, omrede wanneer jy alleen is, kan dit jou baie

depressief maak. Maar die leier word aangemoedig wanneer ‘n

toegewyde weermag help om oorlog te voer!

Ons kan sien dat God se weermag altyd rondom een man

gedraai het—‘n fisiese bevelvoerder—om te lei. Dit is die enigste

manier om God se werk te doen.

Die Laodiceërs het egter, in hierdie eindtyd, hul knieë voor

Baäl gebuig. Dit is omdat hulle gedagtes nie op God die Vader

en Elía se opdragte gefokus is nie. My dogter het selfs aan my

beken dat toe sy op hoërskool was sy by geleentheid, terwyl sy

saam met haar vriende was, in die moeilikheid kon beland het.

Maar sy het gesê dat dit wat haar uit die moeilikheid gehou het,

was dat sy my gevrees het. Aan die anderkant moet ons versigtig

wees om nie die die gees van ons kinders te breek nie en moet

hulle verstaan dat ons hulle diep liefhet. God, ons liefdevolle

Vader, wil hê dat ons na Hom opkyk en Hom vrees, en weet dat

Hy ons diep liefhet.

Dit is ‘n baie gesonde vrees, wat verhoed dat ons die wet van

God verbreek en vervloeking oor ons lewens bring.
Die Elísa Werk 71

My amp moet ‘n tipe van Elísa, se amp wees. Maar God

verwys nie na my as Elísa nie. Ek glo dit is omdat dié profeet met

so baie ander profetiese ampte getipeer is.

H o e ko m G o D D e L i k e

B e D i e n i n G V e r H e e r L i k

Die Nuwe Testament weergawe van hierdie verse In 1 Konings

word in Romeine 11 gevind. Paulus het geskryf: “Ek vra dan:

Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is

ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van

Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie ver‑

stoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía

sê nie?—hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het

u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen

oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sê die Godspraak aan

hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die

knie voor Baäl nie gebuig het nie. Net so is daar dan ook in die

teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing

van die genade” (Romeine 11:1‑5).

Paulus was besig om ‘n soortgelyke ervaring as Elía te beleef.

Hy was besig om sommige van sy broeders in die oorlog te ver‑

loor, en tog was daar ‘n oorblyfsel wat Paulus aangemoedig het.

Die woord oorblyfsel beteken dit wat oorbly. Die woord beteken

ook fragment. Dit was al wat oor was! Soos tye versleg het, het

Paulus baie mense van God sien wegdraai.

Paulus het ‘n tyd beleef waar wetteloosheid floreer het—

soos wat ons ook vandag beleef. Die meerderheid van God se

mense het rebelleer. Maar God reserveer altyd ‘n oorblyfsel

krygsmanne om sy werk in die moeilikste tye te doen. God het

profeteer: “Ek het vir myself seweduisend manne gereserveer.”

Wat ‘n eer om deel te wees van daardie edel oorblyfsel wat aan

God behoort! Geen wonder dat God hulle sy uitverkorenes of

elite noem nie. Hoe kosbaar is daardie oorblyfsel nie vir God nie!

Let weereens op wat Paulus in vers 13 sê: “Want aan julle hei‑

dene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik

ek my bediening—” Waarom het Paulus sy amp verheerlik? “as ek

tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle

kan red!” (Vers 14).
72

Ons kan hierdie werk doen en mense red, as ons God se

amp verheerlik! Daarom is ons uit hierdie wêreld geroep—om

hierdie werk as redders, te doen. Soos ons, het Paulus slegs ‘n

klein oorblyfsel gehad. Hy moes deur dieselfde vreesaanjaende

ervaring gaan deur te aanskou hoe God se mense wegval. Dit is

‘n voorbeeld van dit wat ons vandag deurmaak.

Onthou, Paulus is besig om hierdie les in die konteks van die

Elísa werk, te leer. Dit was Elísa wat met die 7,000 krygsmanne

gewerk het.

Soos Paulus sal ek voortgaan om my amp te verheerlik sodat

ek dalk sommige kan red. Ons is in die mees intense oorlogstryd,

ooit—teen Satan gewikkel. Paulus se motief was om mense te

red, nie om hulle met onderdrukkende regering plat te slaan

nie. My motief is dieselfde. Satan probeer om God se mense

te laat glo dat God se leier ‘n hardvogtige monster is. Net die

teenoorgestelde is waar, indien daardie man God volg! Hy help

om God se familie te red deur die waarheid lief te hê en daarvoor

te veg.

Alhoewel ons nou slegs ‘n paar mense red, sal God die hele

Israel red wanneer Hy terugkom (verse 25‑26). Dit is waarom Hy

meer oor die onderwerp rakende my amp openbaar. Die leraars

moet hierdie amp verheerlik indien ons mense wil red. Dit sal

ons help om te verenig en saam te werk. Indien ons die teenoor‑

gestelde doen sal ons mense vernietig! Die Laodiceërs word ver‑

strooi en vernietig—net die teenoorgestelde van wat die eindtyd

Elía gedoen het. Hy het hulle eenheid, regering en die wet geleer.

Satan wil my kredietwaardigheid verwyder en mense geestelik

besoedel, of hulle van die ware God weghou. God se leraars moet

hierdie konsep diep verstaan en God se mense lei in die verheer‑

liking van my amp—wat in werklikheid God se amp is.

Paulus het sy amp verheerlik, want so baie het dit uitgedaag.

Dit is ook ‘n profesie, dat dieselfde euwel ook in hierdie eindtyd—

in die Elísa werk—sou opduik.

Hierdie is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Dit was nog altyd so.

e L í s a e n D i e Va D e r V i s i e

Wie Is “Dié Profeet ”?

Die boeke 1 en 2 Konings leer ons hoe om vir ewig konings en

priesters van God te word.
Die Elísa Werk 73

Elía het drie kolleges opgerig. Dit beteken hy het ons

ook geleer wat ware opvoeding is—hoe konings en priesters

opgevoed moet word. Herbert W. Armstrong was ook gebruik

om drie kolleges op te rig. Hy het ons dieselfde lesse geleer as wat

die oorspronklike Elía geleer het.

Elísa het God se opvoedkundige werk voortgesit, wat aandui

dat ons werk dieselfde sal behels, ten minste in ‘n beperkte mate.

Daardie kolleges was altyd opgerig om God se Kerk te versterk

en om sy werk te doen. Ons het ‘n kollege by ons Hoofkwartier

in Edmond, Oklahoma opgerig volgens dieselfde patroon as dié

wat mnr. Armstrong opgerig het.

Laat in die lewe van Elía, het dit bekend geword dat God hom

in ‘n warrelwind sou wegneem. Die studente van Elía se kolleges

het op een of ander manier geweet dat Elía weggeneem sou

word en dit het hulle verwar. Wie sou die werk lei? Dit was op

‘n manier ‘n soort van krisis in hulle lewe. Vir jare was hierdie

studente onder Elía gewees; sonder hom het hulle nie van God se

werk geweet nie. Hy was hulle geestelike vader, want hy het hulle

na God toe gebring—niemand anders het nie.

In 2 Konings 2 kan gesien word hoe Elísa gedurende hierdie

tyd aan Elía getrou gebly het. “En Elía sê vir hom: Elísa, bly

tog hier, want die Here stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So

waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie”

(2 Konings 2:4). elísa het beloof om elía nooit te verlaat

nie. die Elísa werk is vandag ook so. Ons sal by Elía en dit

wat hy geleer het, bly. Ons moet vandag Elísa se wonderlike

gesindheid, om mense te red, hê.

Drie maal het Elísa gesê: “ek sal u nie verlaat nie.” God het

Elísa vir jare getoets om te sien of hy getrou sou bly aan dit wat

Elía geleer het. Hy was toevertrou om Elía se werk voort te sit.

Al God se mense word vandag getoets om te sien wie Elía se

God sal volg en die meeste lede van die Kerk faal hierdie toets.

Elía se vertrek het op daardie stadium ‘n intense impak op die

mense van God gehad. Die dood van mnr. Armstrong het ons

almal geraak—veral vir my. Ek was gekies om God se Elísa

oorblyfsel, te lei.

“En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n

wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hule twee

maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar. En Elísa
74

Wie Is “Dié Profeet ”?

het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel

en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere

gegryp en dit in twee stukke geskeur” (verse 11‑12). Dit is die

gesindheid wat ons moet hê om die werk van Elía voort te sit!

Elísa, wys ons dat indien ons, geestelike Israel, God se werk wil

doen, sal ons, ons strydwa aan die hedendaagse Elía, se opdragte

moet koppel. Ons moet saam met Elía se geestelike strydwa

wees. Hy is ons geestelike vader. Dit het alles van God, deur een

man, in hierdie eindtyd gekom, deur niemand anders nie—nie ‘n

komitee nie! Indien ons nie in die skrywes van mnr. Armstrong

gegrond is nie, sal ons nie in die strydwa wees waarvan Elísa

gepraat het nie.

Ons is die werk wat moet sê: “My vader, my vader, die wa

van Israel,” want wat ons besig is om te doen, is slegs die begin.

Hierdie les sal aan die hele wêreld geleer word! Soos

ons dit verstaan, sal die oorspronklike Elía in die Wêreld van

Môre, in beheer van opvoeding wees. En mnr. Armstrong sal

heel moontlik in daardie gebied, onder hom werk. Soos wat Elísa

hierdie visie oor sy geestelike vader gehad het, sal ons die wêreld

nie net van Elía nie, maar ook van hul Vader in die hemel, leer.

Hy is die Hoof van die familie.

Elísa se visie oor sy geestelike vader en God sy Vader, was ‘n

visie van die familie van God gewees. Dit is wat ons aan Israel en

die Heidene moet leer—om na God ons Vader, wat ons uit die

wêreld uitgeroep het, op te sien. Dit is waarom ons, as eerstelinge,

nou hier is. Die Vader het ons gekies. Nie eers Jesus Christus kon

besluit om ons te kies nie (Johannes 6:44). Soos Elísa, moet ons

op God die Vader fokus.

Let op hoe God Elísa se visie beloon het: “Daarna tel hy

[Elísa] die mantel van Elía op wat van hom afgeval het, en hy

draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan; en hy neem

die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die

water en sê: Waar is die Here, die God van Elía, ja, Hy? En toe

hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het

deurgegaan” (2 Konings 2:13‑14).

Dit is die wonderwerk wat Elía so pas in vers 8 gedoen het.

Al die studente van Elía het waarskynlik gewonder wie die werk

sou oorneem. En hierdie was die duidelikste, mees indruk‑

wekkende teken wat hulle kon gesien het. Elísa het gevra: “Waar
Die Elísa Werk 75

is die Here, die God van Elía?” Elía was nie meer daar nie, en die

mense was besorg oor waar God was. So, hy het die mantel

van Elía geneem en dieselfde wonderwerk daarmee gedoen.

Mnr. Armstrong het gekom en ons so baie openbaring

gegee—wat meer wonderbaarlik is as om die Jordaan te ver‑

deel. Nou is daar ‘n ander man wat die voorbeeld van mnr.

Armstrong volg, ‘n man wat ook baie openbaring ontvang.

Waar is die God van elía? Waar is die wonderwerk van

nuwe openbaring? Die Laodiceërs behoort hierdie vrae

te vra, wat hulle nie doen nie. Het hulle ‘n werk wat met krag

na die wêreld uitreik? Waar is die God van Elía? Hy is nie in

daardie opstandige en kibbelende Laodicese groepe nie.

Waarom is God se mense vandag in die fkg? Ons weet dat

mnr. Armstrong ons geestelike vader is. Dit is waarom ons hier is.

Die kollege van die fkg, “Herbert W. Armstrong College,”

aanvaar slegs daardie jongmense, as studente, wie ‘n diepe besef

het dat mnr. Armstrong, ons geestelike vader was en steeds is.

God se leiers word vanuit hierdie groep gekies. Dit is so omdat

ons binnekort daardie les aan die hele wêreld moet leer. Dit is

waarom ons hier is! God het ten doel om die hele mensdom in

sy familie in te bring. Die uitverkorenes bly op God die Vader

en die familie visie gefokus. Dit is ware opvoeding. Dit is die

strydwa wat ons in die glorieryke ewigheid van God sal

indra!

Dié profeet is die enigste leier wat daardie les vandag leer.

m y Va D e r , m y Va D e r

Elísa moes wonderlike werk verrig het in die vervulling van sy

opdrag, want teen die einde het hy dieselfde lof as Elía, sy vader,

ontvang—wat van die koning van Israel gekom het! “En toe

Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die

koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê:

My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters” (2 Konings 13:14).

Waarom sou God dat die koning van Israel voor Elísa kom en

sê: “My vader, my vader?” Ons, moet onthou dat 2 Konings deel

is van die voormalige profete en sluit profesie vir ons, vandag, in.

God het dieselfde wonderwerke wat Hy deur Elía gedoen het

ook deur Elísa gedoen. Dit is omdat Elísa die groot vraag, “Waar
76

Wie Is “Dié Profeet ”?

is die God van Elía?” korrek beantwoord het en het hy dieselfde

God as Elía gevolg.

Vandag, volg ons dieselfde God wat die eindtyd Elía, mnr.

Herbert W. Armstrong, gevolg het en doen God vir ons dieselfde

wonderwerke.

Elísa het Elía sy vader genoem, want beide van hulle het op

God die Vader en Sy familie gefokus. Die Vader is die Hoof.

Ons roeping het alles met die Godfamilie visie te doen. U moet

hierdie visie in die kern van u denke inbou. Vandag, word die les

vir ons in God se Kerk geleer. Dan, in die Wêreld van Môre, sal

ons Jesus Christus, ons Eggenoot, help om die hele wêreld in die

Vader se familie in te lei.

Dan sal die mensdom in geheel “vader vader” aan God

die vader sê! Dit is waaroor die hele familie visie gaan.

Dit is so manjifiek dat ons dit nie durf verloor nie!

Koning Joas was ‘n geringe insig gegee in dit, wat al die

konings en priesters in die Wêreld van Môre sal sien. Ons word

deur Christus in die familie van sy Vader ingelei. Hierdie begrip

sal binnekort die aarde vul.

Ek is die enigste leier van die Kerk van God wat na mnr.

Armstrong as ons geestelike vader opsien. Dit vorm die kern van

hoe ons vandag die werk van Elía, voortsit en openbaar ook dat

ons, ons visie oor God die Vader en sy familie behou het.

God moet vandag ‘n man hê wat die Elísa rol vervul. Sy pro‑

fesie oor die visie van die Vader sal die uitverkorenes in hul

Godfamilie toekoms, gegrond hou.

Hy sal ‘n geïnspireerde profeet wees—meer spesfifiek, dié

profeet, die amp wat ek tans vervul.

God is ‘n familie. Fisiese families is ‘n tipe van God se fa milie.

Familie verhoudings is God‑vlak verhoudings. Dit is alles so

eenvoudig indien ons die familie visie behou.

Hierdie visie sal die hele wêreld totaal verander!

Die mense wat voor die wederkoms van Christus oor hierdie

begrip beskik, sal die konings en priesters van God wees wat

hierdie aarde regeer. Daardie tyd is uiters naby.

Ons is hier om adellikes, konings en priesters, vir God te

wees, en daardie vroeëre profete wys ons hoe om dit te doen.

Ons moet soos ons Vader en Jesus Christus, optree indien ons,

adellik gaan word en hulle in elke opsig weerspieël.
Die Elísa Werk 77

D i é P r o f e e t e n G e e s t e L i k e

s t ry D G e V e G t e

Aldus die “Anchor Bible” word “Elísa uitgebeeld as meer aktief

betrokke in militêre aangeleenthede as wat Elía was” en word

2 Konings 3:11‑19 en 6:13‑17 as voorbeeld aangehaal. Elísa was in

‘n oorlog betrokke. Eweneens, kan ons werk binnekort in die

kollig gedryf word. Ons sal meer intense geestelike gevegte hê

as wat die volgelinge van Elía in die Filadelfia era verduur het.

Is ons gereed vir militêre aanvalle—geestelik?

In 2 Konings 8 het die koning van Aram, siek geword en het

hy sy militêre leier, Hásael, na Elísa gestuur om hom te vra of hy

van sy siekte sou herstel.

In vers 11 wys dit dat toe Hásael na Elísa gekom het, dié pro‑

feet geween het. “Toe sê Hásael: Waarom ween my heer? En hy

antwoord: Omdat ek weet watter kwaad jy die kinders van Israel

sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle

jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders ver‑

pletter en hulle swanger vroue oopsny” (vers 12).

Elísa was ‘n visie gegee oor wat hierdie bose man aan Israel

sou doen. Dit was ‘n visie wat op daardie stadium nie deel van

die Bybel was nie. Elísa het duidelik gesien dat hierdie man

koning sou word en dorpe sou verbrand, Israeliete vermoor,

kinders te pletter slaan en swanger vroue oopsny.

Daardie gebeurtenis was slegs ‘n tipe van die afgryslike

dade wat binnekort oor die nasies van Israel sal kom. God sal

hoofsaaklik Amerika, Brittanje en die Jode van die Midde‑

Ooste, beproef deur die krag van die dier wat vinnig besig is om

op te staan. Hierdie mag se opgang kan vandag maklik in die

wêreld gesien word. Daardie gebeurtenis was slegs ‘n tipe van

die afgryslike dade wat binnekort oor die nasies van Israel sal

kom. God sal hoofsaaklik Amerika, Brittanje en die Jode van

die Midde‑Ooste, beproef deur die krag van die dier wat vinnig

besig is om op te staan. Hierdie mag se opgang kan vandag

maklik in die wêreld gesien word.

Ook, was Elísa besig om te profeteer wat met God se Kerk

gedurende die era van die Laodicense sou gebeur.

Is hierdie visie werklik genoeg om u te laat ween?

Kan ons duidelik sien hoe ons eie mense se kinders dood
78

geslaan en swanger vroue by die miljoene uitmekaar

geskeur word? hoe vurig dringend is hierdie werk nie!

Slegs lede van die fkg sal hierdie menseslagting wat sonder

weerga sal wees, vryspring!

Elísa het gehuil oor dit wat sou gebeur. Dit is ook die liefde

wat ons vir die nasies van Israel behoort te hê. Dit behoort ons

aan te spoor om alles in ons vermoë te doen om hierdie bood‑

skap oor te dra, want al hierdie moeilikheid gaan met ons eie

mense gebeur. Ons behoort veral oor die Laodiceërs te huil.

Die pot is aan die kook en dinge is besig om baie vinnig te

versleg. Ons moet alles moontlik doen om mense van die Groot

Verdrukking te red.

“Maar Hásael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie

groot ding sou doen?…” (Vers 13). Hy het nie gedink dat hy in

staat sou wees om sulke monsteragtige dade te pleeg nie, maar

later het sy gedagtes verander. Satan het hom in sy mag gekry,

net soos hy ‘n ander man in hierdie eindtyd in sy mag sal kry

(Jesaja 10:7; Hábakuk 1:11).

Somtyds word ons televisieprogram, gekritiseer omdat daar

oor politiek gepraat word. Elía en Elísa moes met politiek en

politici, handel. In die geskiedenis van God se werk was daar

ernstige konfrontasies met konings en politici!

Ons werk vandag is geen uitsondering nie. Ons is die opdrag

gegee om oor internasionale politiek te profeteer.

In 2 Konings 9 het Elísa een van sy studente na ‘n koning

ge stuur om hom te salf, en moes die student so vinnig as wat hy

kon na die koning en terughardloop, juis omdat dit in daardie

gebied so gevaarlik was. Elísa was in ‘n baie gevaarlike oorlog

betrokke, en sy studente moes taamlik dapper wees, om hom te

dien. Hule moes op God vertrou, want hulle kon hulle lewens

verloor. Sou u 2 Konings 9 lees, sal u sien hoe hierdie jongman

deur sy optrede die verloop van die geskiedenis verander het.

a m o s e n D i é P r o f e e t

Wie Is “Dié Profeet ”?

“En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs

verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die Here.

Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete

bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!” (Amos 2:11‑12).
Die Elísa Werk 79

Mense wat deur God self opgerig is, sê aan die Elísa werk om nie

te profeteer soos wat Herbert Armstrong geprofeteer het nie. Tog

volhard ons om terug te kyk na die eindtyd Elía en presies net

soos hy te profeteer.

“hoor hierdie woord wat die Here oor julle gespreek het, o

kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat

optrek het …” (Amos 3:1). Waar kan u die woord “hoor” wat God

“teen Israel gespreek het?” Het u God se stem vanuit die hemel

gehoor? Nee, maar u het toegang tot ons boekies oor Amos

en “The Former Prophets.” U hoor ook, hoe ons oor daardie

boodskap op ons televisieprogram praat en in die literatuur wat

ons te boek stel.

U kan God se stem, deur ‘n man hoor praat—dié profeet.

“Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde;

dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?”

(Verse 2‑3). ‘n Kerkstryd oor Bybel profesie, is waaroor

hierdie verse handel. Diegene, in God se kerk is die enigte

mense wat God in hierdie eindtyd geken het. Die Filadelfia Kerk

profeteer en die Laodicense Kerk sê “moenie profeteer nie.”

“Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan

sy knegte, die profete, geopenbaar het nie. Die leeu het gebrul,

wie sal nie vrees nie? Die Here Here het gespreek, wie sal nie

profeteer nie?” (Verse 7‑8). Waar is daardie geheim? Waar is

dié profeet wie vasbeslote is om te profeteer? God het alreeds

gebrul! En Hy het deur Sy profeet gespreek! Dié profeet luister

nie na die Laodiceërs nie. Hy profeteer soos Elía gedoen het,

want God het gebrul! Hy sien die kokende pot. Hy ween oor

Israel, want hy sien dat die lyding veel erger sal wees as wat

Hásael veroorsaak het.

Dit verg moed om te profeteer. Dit verg u gebede vir my om

die werk wat God wil hê ons moet doen, te lei. “Wie sal nie pro‑

feteer nie?” Ek het geen keuse nie. Ek moet profeteer!

Die Here Here het deur sy profeet gespreek. ‘n Ware profeet

moet waarsku! Valse profete praat van “Vrede, vrede!—terwyl

daar geen vrede is nie” (Jeremia 6:14). God se ware profeet

waarsku oor oorlog!

Hierdie is ‘n kragtige boodskap. Selfs die meeste van God se

eie mense verwerp dit.
80

Wie Is “Dié Profeet ”?

“Wee die gerustes in Sion.” (Amos 6:1). Verskriklike dinge

is oppad en die Laodiceërs is gerus. Hulle het geen nooddwang

oor die werk wat gedoen moet word nie! Hulle stort nie trane

oor Israel nie, want hulle dink dat die verwoesting daarvan, nog

in die verre toekoms lê. Groot weë sal in u lewe inkom indien u

in hierdie kategorie val.

Die leeu het gebrul en is gereed om te spring! Kan enigie‑

mand dit bekostig om “gerus te wees in Sion?” Die Groot

Verdrukking is gevaarlik naby!

Word deel van God se werk! Moenie gerus wees nie. Satan

val die wat gerus is, aan. Indien u nie dringend is oor God se

werk nie, sal Satan jou inhaal. “Julle wat die dag van onheil veraf

stel en die setel van geweld naderskuiwe!” (Vers 3). In u gedagtes,

plaas u die komende lyding nog ver in die toekoms? En pleeg

sodoende geestelike geweld teen die regering van God, waarvan

deur dié profeet gespreek word?

Amos was taamlik betrokke in die politiek van sy tyd.

Amos 7:10 verklaar: “Toe het Amásia, die priester van Bet‑el

[God se huis], Jeróbeam, die koning van Israel, laat weet: Amos

het sameswering gesmee teen u midde‑in die huis van Israel;

die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou

nie.” Amos was van sameswering teen sy eie nasie aangekla. Sy

profesie was slegs ‘n tipe van ons werk. Dit is ‘n profesie oor wat

ons vandag kan verwag! Hy is voor die koning van die land en

die hoëpriester (wat die leier van die Laodicense Kerk uitbeeld).

Ek was alreeds in die hof voor hom! En Amos sê dat “die land sal

dit nie onder al sy woorde kan uithou nie.” Dit is verseker nie ‘n

tipe van mnr. Armstrong se werk nie. Dit verwys na dié profeet

se werk! Hierdie profesieë dui daarop dat ons werk ‘n groot

uitwerking op hierdie land sal hê. Dit sal baie vinnig gebeur!

Selfs in vers 13 staan daar, “Maar te Bet‑el mag jy nie meer

profeteer nie …” Hulle wil nie hê dat ons op dieselfde wyse

weer profeteer, soos Elía gedoen het nie! profeteer nie …” Hulle

wil nie hê dat ons op dieselfde wyse weer profeteer, soos Elía

gedoen het nie!

Derhalwe word ‘n profeet deur God gestuur. Hy word “dié

profeet” genoem omdat hy nuwe profesie vanuit elke profetiese

boek in die Bybel gee! Ook, omdat God die klem op sy eindtyd

Elía wil lê. Laat ons hom nie met Elía verwar nie. Dit is die
Die Elísa Werk 81

Elía werk waarmee ons voortgaan. Ek is nie Elísa nie, maar my

amp is ’n tipe van Elísa se amp. En ek is die kanaal waardeur

openbaring vanuit al die vername en minder vername profete,

Kolossense, Klaagliedere, Daniël, Openbaring, die vroeëre

profete en ander boeke gegee is. Al hierdie profetiese openbaring

het vanaf God, deur dié profeet gekom.
6

Eindtyd Éljakim

In die verlede het ons aangevoer dat die eindtyd

Éljakim waarna in Jesaja 22:20 verwys word, na Herbert W.

Armstrong verwys en het selfs ‘n verduideliking van daardie

leerstelling in ons boekie oor Jesaja gemaak. Ek het onlangs

begin om ‘n preek voor te berei, om sodoende dié punt verder te

verduidelik en aan te dui hoe die gedeelte na die Filadelfia era van

God se Kerk verwys (Openbaring 3:7‑13).

Die dag voor die Sabbat waarop ek sou preek het ek die nuwe

Anchor Bible Commentary oor Jesaja ontvang. Ek het gedink dat

dit my meer insig oor die onderwerp sou gee en het ek besluit

om dit dié aand te bestudeer. Maar toe ek dit begin bestudeer

het, was ek ontsteld omdat ek iets gesien het wat ek nog nie

voorheen opgelet het nie—iets wat nie met dit wat ons voorheen,

oor ‘n gedeelte van Jesaja 22 geleer het, ooreengestem het nie.

“En in dié dag sal Ek my kneg Éljakim, die seun van Hilkía,

roep: en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met

jou gordel en jou mag sal ek in sy hande lê, en hy sal vir die

inwoners van Jerusalem en vir die huis van Israel ‘n vader wees”

(Jesaja 22:20‑21). Dit is God wat praat. Maar met wie praat Hy?

Die “Anchor Bible Commentary” het oor die verse die

volgende geskryf: “Let op dat, die begin van die Éljakim gedeelte

steeds na Sebna terugverwys” (sien vers 15). Met ander woorde,

in vers 21 word na Sebna se gewaad, Sebna se gordel en gesag

verwys. So, Sebna se amp en gesag was aan Éljakim gegee. Dit
Eindtyd Éljakim 83

verskil van hoe ek, hierdie gedeelte, in die verlede verstaan het.

Dit is een man wat die priesterlike kleed van ‘n ander man gegee

word. Wanneer het dit in die eindtyd Kerk van God gebeur?

Die uitdrukking “in die dag” (verse 20, 25) verwys altyd na

die eindtyd. So hoe vind al hierdie dinge vandag, in God se Kerk

plaas?

Na verdere studie het ek besef dat dit nie na die Filadelfia

era nie, maar na die era van die Laodicense verwys. In Jesaja 22

word na drie individue, Éljakim, Sebna en Hilkía verwys. Ons

het nog altyd geleer dat Sebna ‘n tipe van die teenswoordige leier

van die “Worldwide Church of God” is; en dat die stigter van

die kerk, mnr. Armstrong, ‘n tipe Éljakim was. Wat ek egter in

hierdie hoofstuk sal verduidelik is dat Éljakim eintlik tiperend

van my amp en Hilkía tiperend van mnr. Armstrong se amp, is.

a a n s Lu i t i n G By H o f G e D i n G

Dit is interessant dat ek hierdie waarheid begin verstaan het op

dieselfde dag dat die Hooggeregshof ons appèl van die hand

gewys het in die saak oor ons stryd, om die boek van mnr.

Armstrong, Geheimenis Van die Eeue, te herdruk.

Die joernalis van die “Wall Street Journal,” wat oor die saak

verslag gedoen het en wie baie tyd saam met die Laodicese

kerkgroepe deurgebring het, het ons vertel dat die ander kerke

hierdie saak noukeurig gevolg het. Die “Journal,” ‘n nuusblad

wat deur die splintergroepe van die Kerk van God, geproduseer

word, het addisioneel tot die herdruk van die “Wall Street

Journal” storie, ‘n verdere vyf artikels in een uitgawe oor dié

storie gehad. Een van ons lede van Tyler, Texas (waar baie van

die splintergroepe gesetel is), het gesê dat sy nie een van daardie

“Wall Street Journal” uitgawes in die dorp, in die hande kon kry

nie—al die kopieë was uitverkoop. Toe sy later die Hoofkantoor

van die “Wall Street Journal”geskakel het om ‘n kopie te bestel

het hulle haar ingelig dat hulle ook geen kopieë oorgehad het nie.

Mense is baie geïnteresseerd in ons stryd oor die Geheimenis

Van die Eeue, dit is nie net kerklidmate nie.

Die Laodiceërs ontvang vanweë die hofsaak, sterk waarsku‑

wing—selfs vanaf eksterne bronne. Waarom sou hulle ons so

fyn dophou? Nadat hulle jare in God se Kerk deurgebring het,
84

Wie Is “Dié Profeet ”?

onthou hulle steeds vir mnr. Armstrong en bietjie van dit wat hy

geleer het en hierdie werk van ons maak seker dat hulle nie ver‑

geet nie.

Op ‘n manier is ons soos die Israeliete in Josua 24:32—hulle

het Josef se oorskot al die pad van Egipte tot by Sigem gedra,

want hulle wou hierdie groot man van God onthou. So volhard

ons ook in ons pogings om mnr. Armstrong in die publiek se

gewete in te dryf, om sodoende sy werk aan die lewe te hou.

s e B n a Wo r D H e e n e n W e e r G e s L i n G e r

“So sê die Here, die Here van die leërskare: Kom, gaan in by

daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is,

en sê:” (Jesaja 22:15). Hier is ‘n man wat oor God se huis is, wie

ook tesourier is. In hierdie eindtyd is daar ‘n Laodicense Kerk

wat “ryk en verryk geword het” (Openbaring 3:17) en deur Satan

gemotiveer word. Hulle het die rykdom van die wêreld lief.

God sê aan iemand: “gaan in by daardie bestuurder.” God

is in ‘n groot dispuut met hierdie tesourier gewikkel. Op

‘n ander plek word hy die “seun van die verderf” genoem

(2 Thessalonicense 2:3‑4).

Hierdie gedeelte noem nooit enigiets van Satan nie maar

ons weet egter dat Judas, die seun van die verderf in die eerste

eeu, en die enigste ander persoon wat in die Nuwe Testament

(Johannes 17:12) so genoem word, van die duiwel besete was

(Johannes 13:26‑27). Hy was ook ‘n tesourier, oorbesorg oor

fisiese rykdom (Matthéüs 26:14‑16; Johannes 12:4‑6).

Hierdie eindtyd Sebna of seun van die verderf word met ‘n

tesourier vergelyk, want hy het God se Kerk gelei om “ryk en

verryk” te word. Hy het geld en dinge voor God geplaas. Hy is

die primêre tesourier en word deur boosheid gemotiveer.

Judas en Sebna was tesouriers wat God se geld misbruik het.

Hierdie eindtyd seun van die verderf het dieselfde pad gevolg.

Wie in hierdie eindtyd het al die geld en goedere? Die

Wêreldwye Kerk van God beskuldig ons daarvan dat ons

Geheimenis van die Eeue, gesteel het, maar kyk net na al die

goedere wat hulle van mnr. Armstrong se werk geërf het! Tog,

weier hulle steeds om God se geopenbaarde waarheid te leer en

Sy werk te doen. Wie doen die steelwerk?
Eindtyd Éljakim 85

God beveel iemand om na hierdie tesourier te gaan en hierdie

boodskap aan hom oor te dra: “Wat het jy hier, en wie het jy

hier, dat jy vir jou hier ‘n graf uitgekap het soos een wat in die

hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom ‘n woning uithol?”

(Jesaja 22:16). God wil hê dat een man na ‘n ander gaan en sê, Ek

weet jy het grootse idees, maar jy is slegs besig om vir jou ‘n ewige

graf uit te grawe! God wil hê dat hierdie eindtyd Sebna presies

moet weet wat hy besig is om te doen. Soos mnr. Armstrong altyd

gesê het, hierdie is gevaarlike kennis—ewige lewe is op die spel!

Ons het ‘n groot verantwoordelikheid: Ons praat namens

God! Dit is nie ‘n maklike boodskap om oor te dra nie, maar

God beveel dat dit gedoen word en ons moet getrou in geloof

gehoorsaam wees en nie terugstaan nie.

Die boodskap aan Sebna vervolg: “Kyk, die Here sal jou

wegslinger, soos ‘n man iets wegslinger, en jou vas inme‑

kaar rol” (Jesaja 22:17). Die King James verwysing dui aan dat

hierdie “wegslinger,” “die gevangeneskap van ‘n man” is. God

skerp hierdie punt by Sebna in, wie blykbaar so verstandelik en

geestelik afgedwaal het dat hy homself nie eens as ‘n man beskou

nie! Dit is presies wat 2 Thessalonicense 2:4 verklaar. Hy tree

op asof hy God is! Is hy besete? In die geskrifte word duidelik

aangedui dat hy besete is. God sê: teen die tyd wat ek met jou

klaar is sal jy weet dat jy maar net ‘n misrabele man is!

“Jou vas inmekaar draai soos ‘n tol garing, jou soos ‘n bal

wegslinger na ‘n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe,

en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van

jou heer!” (Jesaja 22:18). Hierdie man sal die Groot Verdrukking

ervaar. Van hierdie vers sê “Barnes’ Commentary,” “Lowth het

die begrip van die vers goed uitgedruk: Hy sal u om en om slinger,

en u weggooi. Dit verwys hier na die aksie om ‘n klip met ‘n

‘slingervel’ te gooi, wanneer die slingervel ‘n paar keer al in die

rondte geswaai word, sodat die snelheid van die klip verhoog

word, voordat dit gelos word. Die idéé is hier dat God beplan het

om hom na ‘n ver land weg te gooi en dat Hy hom met soveel

‘dryfkrag’ sou gooi dat hy ver weggeslinger sou word, so ver

dat hy nie in staat sal wees om terug te kom nie.” En oor die

“land wat alkante toe wyd is,” sê Barnes, “waarskynlik Assirië.”

Vir kommentaar, is dit baie goeie insig en is dit waarskynlik,

waarheen hierdie man sal gaan.
86

Die laaste gedeelte van vers 18, word as volg deur die

“Hebrew-Chaldee Lexicon” verduidelik, “En daar sal die waens

van u glorie in skande verander word, want u het nie die glorie

van die huis van u heer bewaar nie.” Dit is waaroor ons werklik

praat: om die glorie van die huis van God te bewaar! Kyk wat

het Satan aan die huis van God gedoen. Selfs terwyl mnr.

Armstrong nog gelewe het, het hy ‘n baie sterk vesting binne die

Kerk gehad (Openbaring 3:9). Ons moet onsettend hard werk om

die glorie van God se huis in hierdie kerk te bewaar!

“En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou

wegruk” (Jesaja 22:19). God sal hierdie eindtyd Sebna met geweld

uit sy amp verwyder.

In die hele boek van Jesaja is daar niemand anders Sebna wat

vir soveel straf uitgesonder word nie. God neem sy sondes nie

ligtelik op nie!

é LJa k i m

Wie Is “Dié Profeet ”?

Dit is in die konteks van hierdie boodskap aan Sebna, die

waarskuwing oor die Groot Verdrukking en ontheffing van sy

amp, dat God sê, “En in dié dag sal Ek my kneg Éljakim, die

seun van Hilkía, roep; en Ek sal hom JOU (Sebna se) gewaad

aantrek en hom gord met JOU gordel, en JOU mag sal Ek in sy

hand lê,en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis

van Israel ‘n vader wees (verse 20‑21).

Hierdie profesie was drie millennia terug, oorgedra; en tog,

let op die haarfyn besonderhede! Daar word hier oor drie spesi‑

fieke persoonlikhede geprofeteer, almal hou baie nou verband

met God se Kerk in hierdie tyd van die einde.

Éljakim beteken “God vestig” en sou ons werklik vir

God ken, behoort ons God te kan sien en hoe Hy vestig. ‘n

Verantwoordelikheid word op my, sowel as u skouers geplaas,

om te verseker dat ons God toelaat om Homself in ons lewens te

vestig. Hy wil ons regeer en ons Vader wees.

Dit is die teenoorgestelde van wat met die Laodiceërs gebeur! Hulle

word heen en weer, in verwarring en ellende, rondgeslinger. Hulle

weet hulle is verkeerd, en hou hulle net God se uitverkorenes dop om

te sien wat gebeur. Hulle voel aan dat God besig is om Sy werk te vestig

en dat ons die waarheid het wat hulle veronderstel is om te onderhou.
Eindtyd Éljakim 87

Wanneer het God hierdie eindtyd Sebna van sy gewaad,

gordel en amp ontneem? In Openbaring 11:1‑2 word ‘n Binneste

voorhof en ‘n Buitenste Voorhof bespreek. Daardie profesie is

vinnig vervul toe ek en John Amos uit die wcg ontslaan is. Die

Binneste voorhof is waar God woon. God het Sy Kerk gevestig

en waar Hy woon, sal ‘n een man‑regering , opwindende werk

en toegewyde mense, gevind word. Hierdie mense sal nuwe

profesieë van Jesaja en al die groot‑ en kleiner profete hê. Die

profesie sal deur Éljakim, of dié profeet gegee word. Daar sal

vervolging wees—Satan sal daardie groep aanval—maar u sal

ook mense vind wat so dapper soos ‘n leeu is! U sal ook, waar

God woon, die Sleutel van Dawid visie vind.

D i e o o r D r aG Va n G e s aG

Toe ek en John Amos oor Maleági Se Boodskap, na Pasadena

Hoofkwartier ontbied is, was Joseph Tkach Junior, die een wie

ons te woord gestaan het. Alhoewel sy vader in die dorp was, het

hy nooit opgedaag nie.

Op daardie stadium het ek nie geweet wat presies God sou

doen nie, maar ek het geweet dat Hy aan my kant was. Ek het

gedink dat God dalk hierdie vergadering sou gebruik om die

Kerk te help om weer op die regte pad te kom. Maar toe ek die

rigting sien waarin alles beweeg het, het ek geweet dat dit nie

sou gebeur nie. Dit het my ontsettend ontmoedig.

Op 7 Desember 1989, was Joseph Tkach Junior, reeds

geestelik in beheer van die wkg gewees. Twee leraars was besig

om ontslaan te word en sou later van hul lidmaatskap ontneem

word en die hoofleier van die wkg (Joseph Tkach Senior) het

nie eens opgedaag nie! Ek glo dit was ‘n aanduiding dat hy reeds

beheer verloor het. Ons was besig met Sebna.

Ek het reeds Jesaja 22:15‑16 gedeeltelik vervul—om ‘n

waarskuwing aan die eindtyd Sebna oor te dra. Terwyl ons

vertrek het, het ek aan mnr. Tkach Junior. gesê: “Dit is slegs

die eerste sluk van ‘n baie bitter beker, wat jy gaan drink.” Ek

kon net sowel aan hom gesê het dat hy besig is om vir homself

‘n ewige graf uit te grawe! Maar die waarskuwing het nie daar

opgehou nie: Tkach Junior was een van die eerstes wat ‘n kopie

van Maleági Se Boodskap, ontvang het, waarin daar ‘n hoofstuk
88

Wie Is “Dié Profeet ”?

is wat handel oor ‘n man van sonde wat binne die Kerk van God

is en wat optree asof hy God, self is! (2 Thessalonicense 2:3‑4).

Daar was iets wat ek nie toe verstaan het nie, maar, wat ek

nou verstaan. Volgens hierdie verse is ek Sebna se gesag—sy

priesterlike kleed—gegee en wanneer het dit gebeur? Dit moes

op dieselfde aand toe ek ontslaan is, 7 Desember 1989, gebeur

het. Joe Tkach Junior was ‘n finale geleentheid gegun om hom

te bekeer. Hy het nie, en toe het God hom van sy gesag onthef.

Sedert daardie tyd tot op hede het God my gebruik om sy werk

te laat herrys en dit te doen! Hierdie stelling word absoluut deur

die vrugte bewys.

In teenstelling hiermee, kyk na die vryval wat die wkg sedert

daardie aand beleef het! Ek glo nie dat daardie Kerk nog oor

tien jaar, sal bestaan nie! Dit is slegs die logiese gevolg van die

dwaalweg,waarop hulle sedert daardie gebeurtenisvolle aand is.

Toe God die fkg laat ontstaan het, het hy Sebna se priesterlike

kleed en God se regering na Éljakim oorgedra. God se regering

is hier! Dit is nie net ‘n terloopse stelling nie. Sou jy God se

regering, wegneem van die Kerk, sal dit die Kerk verwoes! Dit

is presies wat met die wcg gebeur het. Na afloop van daardie

aand, het hulle nie verder toegang tot God se regering gehad nie.

John Amos het daardie regering van die begin af gevolg.

Ons was twee nulliteite, in die bediening en tog, het hy nooit

argumenteer oor wie in beheer was nie. Hy was ‘n nulliteit wat

hom aan ‘n ander nulliteit onderwerp het! Dit strek tot sy ewige

krediet en wys dat ons die regering van God van die begin af,

gehad het. Kyk na die konteks van hierdie verse in Jesaja 22: Dit

spreek van “in dié dag” en die Groot Verdrukking. Dit plaas dit

regstreeks, in die eindtyd.

Om Éljakim te verstaan, beteken nie dat ‘n man gevolg word

nie. Dit beteken om dit wat “God vestig” te volg! Ons durf nie

‘n man volg nie. Maar u weet dat indien ek werklik toelaat dat

God my regeer en die besluite maak, wat Christus wil hê ek moet

maak, daar, ‘n paar besluite sal wees waarmee u nie sal saamstem

nie. Aanvanklik sal selfs ek nie van al die besluite hou nie. Maar

indien ons ooit in hierdie toets misluk, sal ons net soos Sebna,

slegs besig wees om vir ons ‘n ewige graf uit te grawe!

Hierdie is ook vir my ‘n vername boodskap. Wanneer God sê

dat Hy sy regering gegee het, beteken dit dat ek beter dit gebruik!
Eindtyd Éljakim 89

God behoede my, dat ek ooit sy familie misbruik. Dinge, sal net

werk, indien sy regering gebruik word. Kan ons bewys watter

man op hierdie aarde waarlik, God se regering gebruik—die

regering wat eendag die wêreld en die heelal sal regeer?

In Openbaring 3:8, prys God die Filadelfiërs omdat hulle God

se naam—sy gesag en regering—nie ontken nie. Dink hieroor na.

Die Filadelfiërs vestig dit nie weer nie. Hulle onderhou die

regering wat God deur mnr. Armstrong gevestig het.

Indien u profesie verstaan—ware profesie soos deur

God onthul word—word u deur God regeer. U moet

natuurlik versigtig wees aangesien Satan altyd probeer om God

se regering na te maak. Die Laodiceërs verstaan egter nie God

se profesieë nie, omdat hulle eenvoudig God se outoriteit ontken

het.

Wanneer u God se regering het, sal die deure vir u oopswaai.

Watter deure gaan vir die Laodiceërs oop? Die meeste van hulle

oop deure is reeds toegemaak. Hulle verwyl hulle tyd deur te

kyk hoe die deure vir ons oopswaai!

Ek glo dat ons nie die hofgeding sal verloor nie. Ja, ons

kanse om te wen is baie skraal, maar dit maak God se kanse,

verreweg die beste. Hy is soos die Hooggeregshof, aangesien

Hy net sekere sake aanhoor. Maar Hy hoor die sake gewoonlik

eers aan wanneer jy reeds in die vurige smeltoond beland het!

Geheimenis Van die Eeue, was vir ons ‘n oop deur. God het dit

tydelike op ys geplaas. Maar Jesaja 22:22 sê, wanneer Éljakim

‘n deur open, niemand dit kan toemaak nie. Ons moet

hierin, geloof hê.

‘ n Va D e r

Éljakim is ‘n vader “vir die inwoners van Jerusalem” en

Jerusalem is ‘n tipe van Israel en Juda. Kyk ons geestelik daarna,

handel dit oor die Kerk van God (geestelike Israel) en die

uitverkorenes—die geestelike Jode van Openbaring 3:9.

Ek het al vele male geskryf dat mnr. Armstrong ‘n geeste‑

like vader vir ons in die Kerk is, soos ek ook in die vorige

hoofstuk aangedui het. Dit is één rede waarom ek aanvanklik

gesukkel het, om dié waarheid in te sien. Hy het beslis daardie

amp vervul.
90

Wie Is “Dié Profeet ”?

Maar is dit die einde van die storie? Mnr. Armstrong

het die werk van ‘n era van God se Kerk, reeds ‘n dekade

en ‘n half gelede voltooi. Sou u vandag, selfs al sou u al die

materiaal van mnr. Armstrong gehad het, slegs met daardie

begrip, na God kon kom en die werk doen? Sommige vandag,

sê ja. Maar die antwoord is nee. U benodig ook Maleági Se

Boodskap en die ander nuwe openbaring wat God aan my

gegee het, om in die ware Kerk van God te kan inkom. In

daardie sin, is ek ‘n vader.

Gegewe die klem wat God op die vader in die visie oor die

Godfamilie plaas, dink u nie dit is logies dat Hy vir ons ook ‘n

vader‑tipe, vandag sou gee nie?

Ons moet ook baie versigtig wees om die gesindheid te

onthou, wat Elísa teenoor Elía gehad het, toe hy “My vader, my

vader” gesê het (2 Konings 2:12). Ons moet ook daardie gesind‑

heid behou. Elísa het werklik die diepte van die God familie ver‑

staan. Ons moet onthou dat ons in God se familie is en dat ons

hemelse Vader somtyds iemand opdrag gee om mense, direk of

indirek, na Hom te bring en daardie werk maak daardie man ‘n

vader vir daardie mense.

Hoe goed verstaan ons, ons geestelike Vader? “Wees julle dan

volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is” (Matthéüs

5:48). Wat beteken dit? Baie meer, as net om na Christus te kyk.

God wil hê dat ons alles deur sy gedagtes—die gedagtes van ‘n

vader, moet sien. Hy is ‘n Vader met ‘n familie; Christus sal

die Eggenoot wees, ons sal die bruid wees en ons sal help om

biljoene mense in die familie van die Vader in te bring.

Indien u God die Vader verstaan, sal u geen probleem

hê om te verstaan wie Hy gebruik nie. Maar, om die Vader

te verstaan, verg innige gebede en diepe studie.

Dink daaroor na: Hoe lief het u, u kinders in u hoedanigheid

as ‘n fisiese ouer of grootouer, nie? Soos ek ouer word voel ek

dat ek kinders meer en meer liefhet. Hoe kan ‘n vader nie sy

kinders liefhê nie? Hulle bring soveel vreugde in jou lewe. Kyk

net hoe vreeslik nodig het kinders, hulle ouers. Dit is ‘n wrede

wêreld daar buite—mense is gewillig om hulle kinders te

verlaat ten einde die arbeidsmark te betree en sodoende hulle te

verwaarloos en hulle alleen te laat groot word. Daardeur word

afgryslike probleme in hierdie wêreld veroorsaak!
Eindtyd Éljakim 91

Soos ek uitgaan en hierdie wêreld in die gesig staar, wil ek

weet dat ek ‘n Vader by my het wat my rigting gee, my aan‑

moedig, wat my help! Ek weet dat God altyd daar sal wees,

want Hy is ‘n vader! Sou Hy nie ‘n Vader gewees het nie, sou

Hy waarskynlik daar buite in die heelal, met iets anders, besig

gewees het. Maar omdat Hy kinders het, sien Hy om na hulle.

Ja, Christus is die hoof van die Kerk, maar deurlopend wys Hy

ons in die rigting van die Vader. Ons moet hierdie ontsaglike

familie visie vaslê!

D i e s L e u t e L Va n DaW i D

“En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê;

en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en

niemand sal oopmaak nie” (Jesaja 22:22). Mnr. Armstrong het

die sleutel van Dawid van Christus ontvang. Dit praat hier van

“die sleutel van die huis van Dawid,” wat Dawid se koninklike

paleis, beteken. Deur hierdie vers word meer klem op die

koninklike aspek van die visie geplaas. Hoe baie word daar nie

van koninklikheid in hierdie Kerk, gepraat nie!

Die Laodiceërs is vandag skandelik verdeeld. Hulle wil nie

Die Verenigde State en Brittanje in Profesie, wat die sleutel van

Dawid openbaar, hê nie. Dit sou hulle verenig. In 1987, omtrent

‘n jaar na mnr. Armstrong se afsterwe, het hulle 70% van

daardie boek uitgesny. ‘n Jaar later het hulle dit heeltemal op

die rak geplaas terwyl hulle amptelik gesê het dat hulle dit net

“hersien.” Dit was ‘n leuen! Ewemin wil hulle Die Geheimenis

Van die Eeue hê, wat ook van die sleutel van Dawid praat. Die

werklike rede is dat hulle nie deur God regeer wil word nie!

God sê hulle is soos ‘n hond wat na sy eie uitbraaksel terugkeer

(Spreuke 26:11).

Sommige van hulle vra, waarom, kan ons nie almal saamkom

nie? Die enigste manier hoe dit moontlik sou wees is, indien ons

almal onder die troon van die sleutel van Dawid, verenig sou

word. Dit is die visie wat hierdie wêreld sal verenig! Dit

sal Amerika en China, Arabier en Jood verenig.

Satan word waarlik kwaad wanneer ons van Dawid se troon

praat. Hy besef dat sy heerskappy, amper verby is. Hy het niks

om te verloor nie, hy bestaan uit pure haat. Hy is besig om haat
92

aan te blaas in hierdie wêreld—rassehaat en ander probleme wat

net deur die sleutel van Dawid opgelos kan word. Hoe stywer

ons aan daardie visie vashou, hoe kwater word hy—maar al hoe

minder, kan hy ons bykom.

“En Ek sal hom inslaan soos ‘n pen in ‘n vaste plek; en hy sal

‘n eretroon wees vir die huis van sy vader” (Jesaja 22:23). U praat

van God se regering, wanneer u van hierdie troon praat.

God sal hierdie Éljakim soos “‘n pen in ‘n vaste plek” maak.

In beginsel, is dit wat God met almal van ons doen, wanneer

ons Éljakim ondersteun! Mense kyk na ons en sê, daardie

Kerk—hulle gee eenvoudig nie op nie! Wanneer ons in groter

moeilikheid beland, sal hulle regtig dink ons is gek! Maar ons

is eenvoudig besig om onsself passievol aan God te gee en is ons

dankbaar om deur God geëer te word. Ons sien uit daarna om

in die hoofkantoor geplaas te word, om langs Jesus Christus vir

ewig te regeer. Hierdie Koninkryk sal tot in die heelal uitbrei!

Dit is omtrent ‘n toekoms. Geen wonder ons kan so sterk en

toegewyd wees nie—soos ‘n pen in ‘n vaste plek.

a L D i e G L o r i e

Wie Is “Dié Profeet ”?

“En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis

van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad,

van komme af tot allerhande kruike toe” (vers 24).

“Barnes’ Commentary” sê oor die woord spruite: “Almal

wat uit die familie is; almal wat daaraan verbonde was.

Kimchi en Aben Ezra verklaar dit, ‘seuns en dogters’…‘The

Chaldee,’ ‘Seuns en kleinseuns, jeug en kinders.’” God is besig

om van familie te praat. Die “Jamieson, Fausset and Brown

Commentary” sê, “Liewer, ‘die uitspruitsel van die familie, hoog

en laag.’ Die Hebreeus vir ‘lote’ […om voort te bring, veral

immorele dinge, soos byvoorbeeld, nuttelose spruite, ekskre‑

ment, Eksodus 4:15].”

Die “spruite en die lote” verwys na twee groepe: die

Jakobitiese Laodiceërs (lees Maleági 1:1‑3; bestel ons “Obadiah”

boekie vir ‘n omvattende verduideliking). Beide groepe is besig

om te rebelleer. Die een word ‘n ‘spruit’ genoem. Hierdie groep

sal hulle in die Groot Verdrukking bekeer en in die familie van

God gebore word. Maar die ander—die ‘wilde lote’—is so ver
Eindtyd Éljakim 93

heen dat God hulle geestelike ekskrement noem! Dit is al

wat hulle nou vir God is en hulle het geen toekoms nie!

Wat is “al die klein huisraad, van komme af tot allerhande

kruike toe?” In die Ou Testamentiese tyd was dit artikels wat

in die tempeldiens gebruik was. Wat gebruik ons vandag in

die tempeldiens? Dit moet na al ons boeke en boekies verwys.

Al die glorie, hang aan Éljakim—al die openbaring van mnr.

Armstrong, plus al die nuwe openbaring wat God aan dié profeet

gegee het. Dit is taamlik baie glorie! Ons het dit alles!

Die wkg het eiendom ter waarde van $200 miljoen gehad;

en tog, as dit vergelyk word met dit wat ons geestelik het, is

dit net só baie mis! Bates ter waarde van $200 miljoen is niks

meer werd as ‘n eenvoudige kommetjie sop—waarvoor Esau sy

geboortereg, opgegee het. Die Edomitiese Laodiceërs het hulle

ewige glorie, vir mis opgegee!

Dit vereis aansienlik baie geloof om hierdie waarheid te glo.

Ek glo dat hierdie verse wys dat ons Geheimenis van die Eeue en

daardie ander werke sal terugkry. Indien ek verkeerd is, sal ek

my mening, ooreenkomstig God se leiding verander. Ek volg die

pilaar van vuur, net soos die Israeliete gedoen het en indien dit

rigting sou verander, sal ek steeds volg. Miskien is daar dinge

wat ek op hierdie stadium nie verstaan nie. Maar ek weet ook dit:

Dit sê ook dat al die glorie aan die amp van een man hang. Ons

moet seker maak dat God daardie man gevestig het. Indien Hy

dit gedoen het, is daar baie glorie daar.

Skenk oorweging daaraan hoe belangrik dit is dat ons God se

openbaring oor dié profeet diep verstaan.

Ons moet hierdie onderwerp vasgespyker hê, want ek kan

u verseker dat ek gedemoniseer sal word, oor wat ek nou hier

skrywe.

Hoe kan God se mense van die euwels van een man‑

regering praat? Dit is uit die verstand van die Duiwel!

Dit is nie wat u in Jesaja 22 lees nie—u sal net die teenoorgestelde

lees! Dit is die redenasie wat hulle gebruik om God se regering te

verwerp. Ons moet volg waar God sy regering gevestig het!

Soos ons moeiliker tye binnegaan, sal dit krag en dapper‑

heid en moed verg om te oorleef. Ek benodig u gebede, want

sonder God se krag is ek net so swak en lafhartig soos enigie‑

mand. Ons is saam in hierdie saak. Ons moet almal so dapper
94

Wie Is “Dié Profeet ”?

soos leeus wees ten einde dit, wat God ons gegee het om te doen,

te bereik!

Dit is nie ‘n maklike taak nie. Hoe langer ons met hierdie

werk voortgaan, hoe meer intens sal ons beproewinge word.

En tog, vermeerder ons seëninge nog vinniger. Om hierdie

openbaring, op dieselfde dag te ontvang, as die weiering van

die Hooggeregshof (ek glo dit is net tydelik), help my om dieper

te besef dat God leef en dat Hy ons waarlik lief het.

Christus is op die punt om terug te keer en al sy Heiliges saam

met Hom te bring.

Maar ten einde effektief te wees en God werklik agter ons te

hê, moet ons rein bly. “Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan,

raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit,

reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die Here”

(Jesaja 52:11).

Toe Salomo se tempel vernietig is, het heidene die tempel

voorwerpe gesteel. In Esra 1:5‑7, toe die Jode die tempel

herbou het, het God daardie mans, die tempel voorwerpe laat

terugbring! Daardie voorwerpe is ‘n tipe van die boeke en

boekies van mnr. Armstrong. Esra is ‘n profetiese boek, want

dit handel oor ‘n tempel wat gebou word. Die karakters in Esra

word ook in die minder vername profete bespreek. Ek glo

dat ons verseker daardie gesteelde voorwerpe gaan

terugkry.

Onthou egter, in watter stryd daardie Jode gewikkel was om

daardie tempel te herbou! Hulle het met een hand gebou terwyl

hulle ‘n wapen in die ander hand vasgehou het! (Nehemia 4:17).

Hierdie werk, sal ons eenvoudig nie sonder ‘n oorlog voltooi

nie. Eertyds het die bou van die tempel werklik gestop, maar

hulle het nie op daardie tydstip moed opgegee nie. Net omdat

Geheimenis Van die Eeue, nie nou hier is nie, meen nie dat God

wil hê dat ons moet ophou veg nie. Ons moet veg en veg en veg,

totdat ons weet dat God die een is wat dit gestop het. Hy wil

nie hê dat ons moet toelaat dat Satan‑geïnspireerde mense, sy

waarheid stop nie! Hy wil mense hê wat sal opstaan en veg om

aan hierdie wêreld die waarheid, wat hulle so desperaat nodig

het, te gee!

Sommige Laodiceërs bel ons en sê: “Ons hoop regtig dat julle

hierdie hofsaak sal wen.” Ek moet wonder, of hulle dit regtig
Eindtyd Éljakim 95

bedoel? Hulle is draadsitters wat niks doen nie. Hulle het nie

die moed om aan die geveg vir God deel te neem nie. Sal God

nie meer verwag nie? Hy wil dade hê. Hoe kan ons in tye soos

hierdie neutraal bly?

Onthou Amos 9:11: “In dié dag sal Ek die vervalle hut van

Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope

herstel en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd.” Indien jy die

tabernakel gaan opbou “soos in die ou tyd,” gaan jy die boeke

en boekies wat jy voorheen gehad het, moet hê. “Sodat hulle in

besit kan neem die oorblyfsel van Edom…” (vers 12). Dit moet

Geheimenis Van die Eeue en die ander boeke en boekies van mnr.

Armstrong insluit. Dit is wat ek glo en geloof dikteer ferm, dat ek

dit sal aanhou glo, totdat God anders sê.

H o n G e r s n o o D Va n D i e Wo o r D

“In dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal die pen padgee

wat in die vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en

die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die Here

het dit gespreek” (Jesaja 22:25). Ek glo hierdie gedeelte verwys

na die hongersnood van die woord (Amos 8:11), wanneer God se

deurlopende werk na ‘n plek van veiligheid geneem word. Indien

meer as dit impliseer word, moet God dit nog aan my wys.

Wanneer ek die hofuitspraak beskou, kry ek ‘n voorsmaak

van hoe die hongersnood van die woord sal wees. Sommige

mense skakel in en is opreg ontsteld, omdat hulle nie mnr.

Armstrong se boeke kan ontvang nie. Jy bedoel, ek kan nie eens

‘n afskrif daarvan kry om te lees nie? vra hulle. In ‘n mate is hulle

alreeds besig om ‘n hongersnood van die woord te ervaar.

Ek glo vas dat ons in die toekoms ‘n selfs meer beduidende

stryd met hierdie eindtyd Sebna in die gesig sal staar. Amos

7:10‑11 wys daarop dat ‘n priester van God na ‘n leier van die

land gaan, in ‘n poging om die werk van God stop te sit. In verse

12‑13 praat hy direk met God se profeet—dié profeet—en sê hy

aan hom om nie te profeteer nie. Ons het ‘n werk om te profeteer

en ons probeer nie om dit weg te steek nie. Ons praat van die

dier wat besig is om te verrys en ons waarsku dat die nasies van

Israel vinnig besig is om hulle mag te verloor. Ons maak onsself

die teiken van intense vervolging.
96

Wie Is “Dié Profeet ”?

Ek was verkeerd omtrent twee persoonlikhede en watter era

Jesaja 22 na verwys. Maar weereens vra ek, Waarom sou God my

hierdie begrip gee op dieselfde dag wat ons deur die Hoogeregshof

geweier word?

Onthou die voorbeeld van Sadrag, Mesag en Abednégo. Hulle

is in ‘n vuuroond gegooi, wat so warm was dat die wagte wat

hulle daarheen gebring het lewendig verbrand is. Die drie moes

geglo het dat hulle sou sterf. En toe is hulle werklik ingegooi.

Sekerlik moes dit na die einde gelyk het. Maar Nebukadnésar en

die ander het in die vuuroond ingekyk en hulle steeds lewendig

sien rondloop binne‑in die vuur. Maar selfs meer verbasend

was dat hulle ‘n vierde figuur saam met die drie wat hulle so

pas ingegooi het, sien rondloop het. Jesus Christus was reg daar

saam met hulle in die vuuroond! (Daniël 3:23‑25).

Christus wil hê dat ons weet dat ons sy familie is. Wanneer

ons op Hom vertrou, sal Hy saam met ons in die vuuroond

ingaan. Ons moet sien waar Hy is. Hierdie is ‘n toets vir ons

geloof, toetse wat ons nodig het. Hulle wys hoe waarlik kosbaar

ons vir God is. Hy sê, Dit is reg—Ek is net hier saam met julle in

die vuuroond. Wat anders maak saak?

Hierdie woorde staan op die grafsteen van mnr. Amos

geskryf: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te

sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader

op sy troon gaan sit het” (Openbaring 3:21). Ek weet dat mnr.

Amos saam met Christus op daardie troon gaan wees. Sal ons

saam met hom daar wees?
Die Ouderling 97

Die Ouderling

Ek het reeds verskeie kere gepraat oor die ooreenkomste

tussen die eerste era van God se Kerk en die laaste era

(Éfese en Laodicéa waarvan in Openbaring 2:1‑7 en

Openbaring 3:14‑22 gepraat word). Die apostel Johannes, die

laaste oorlewende van die 12 oorspronklike apostels, het ‘n

verskriklike afvalligheid in die Kerk beleef, net soos ons, in

hierdie eindtyd. Sy drie briewe weerspieël sy pogings om die

Kerk bymekaar te hou en om die broeders te bereik wat besig

was om onder misleiding te swig.

Johannes het sy tweede en derde briewe op dieselfde wyse

begin: “Die ouderling.” “Die ouderling aan die uitverkore vrou

en aan haar kinders, wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen

nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het” (2 Johannes 1).

“Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet”

(3 Johannes 1). Daar is ‘n rede waarom Johannes hierdie uitdruk‑

king gebruik het.

Oral in hierdie briewe is Johannes besig om oor God se

liefde te praat. Mense was erg verward daaroor en het Johannes

probeer om die verwarring op te klaar. Let op hoe Johannes in

beide van hierdie verse verduidelik dat hy “in waarheid” liefhet.

Baie was in ‘n baie oppervlakkige “liefde” betrokke, wat ‘n

gevaarlike bedrogspul was. God se liefde is “liefde in waarheid.”

Dit is op God se wet gegrond (1 Johannes 5:3).

Maar indien ons daardie liefde wil verstaan, sal ons ook die

ander gedeelte van wat Johannes hier sê, moet verstaan: Ons

moet “die ouderling” ken.

Johannes het homself “die ouderling” genoem. Hoekom?

Hy het beklemtoon dat hy die enigste oorblywende apostel

was, en dat hy die mees senior amp op daardie tydstip beklee

het. Wanneer daar onrus in God se Kerk ontstaan, is die mees

waarskynlike oorsaak daarvan, ‘n ineenstorting van regering.

Johannes het probeer om hulle terug te bring na die regte

fokus. Waarom was hulle besig om hulle eerste liefde te verloor?

(Openbaring 2:4). Omdat hulle nie na God se apostel opgesien

het nie.
98

Wie Is “Dié Profeet ”?

Regdeur die Bybel werk God deur “die ouderling.” Dit is

eenvoudig die manier waarop God werk en maak Hy dit baie

prakties. Johannes was besig om ‘n nuwe uitdrukking bekend

te stel om sodoende die boodskap oor die regering van God

daardeur te kommunikeer. Ten einde standvastig te bly en

misleiding te voorkom, moet God se mense altyd weet waar “die

ouderling is”—die een man wat God gebruik.

Waar is “die ouderling” in hierdie eindtyd? Natuurlik sal daar

vandag ‘n “ouderling” wees wat God se Kerk lei.

Johannes het hierdie woorde vir die “laaste uur” geskrywe—

of vir die laaste flentertjie tyd van die mens se bestaan, voor die

Wederkoms van Jesus Christus. Waarom is die Kerk van God

besig om in hierdie eindtyd te disintegreer? Eenvoudig omdat

God se mense nie “die ouderling” wil hoor, aan wie God sy

waarheid openbaar nie!

Indien u van God se liefde te wete wil kom, vind uit waar

“die ouderling” is, waar die regering van God is. Dit is waar God

sy liefde, sy Gees en sy Openbaring uitstort!

Ons kan nooit ‘n onverskillige houding hê, teenoor dit wat

God deur “sy ouderling” doen nie, nie op die manier soos hulle

gedurende die eerste eeu en ook soos God se mense in hierdie

laaste eeu, gedoen het nie.

Johannes was besig om met mense wat afvallig geword het,

te praat en ek moet dieselfde doen. Ek is seker dat Diótrefes,

‘n bedrieglike en rang‑behepte leraar (3 Johannes 9‑10), met

Johannes die spot gedryf het, omdat hy homself “die ouderling”

genoem het en het hy seker die mense teen die euwels van een

man‑regering gewaarsku. Ongelukkig blyk dit dat die meeste

mense hom geglo het.

Ek glo dat hierdie ‘n profesie is van dit wat ons grootste

probleem BINNE DIE FILADELFIA KERK gedurende die

“laaste uur” sal wees. Dit is iets waaroor ons almal baie ernstig

moet nadink!

Dit sou so maklik wees om hierdie lering eenkant toe te stoot.

Dit is wat die Laodiceërs besig is om te doen. Dit is ons natuur‑

like menslike neiging—om regering te haat!

Ek weet, dat ek aangeval sal word oor dit wat ek in hierdie

boekie sê. En, gegrond op Johannes se briewe, weet ek ook

waarvandaan die meeste van die aanvalle sal kom. Soos
Die Ouderling 99

Johannes ervaar het, soos Herbert Armstrong ervaar het, sal

sommige mense alles in hul vermoë doen om my af te breek en

te diskrediteer.

Die geveg sal in die laaste uur, geweldig wees. Daar sal tye

wees wat ek nie tyd sal hê om te sê: “Kom laat ons onderhandel”

nie. Daar sal besluite geneem word waar ons sal moet weet dat

God “die ouderling” gebruik. Ons moet hierdie les leer anders

sal ons nie tot aan die einde van die laaste uur kan volhard nie.

Johannes het dit verstaan en die wat hom gevolg het, het ook ver‑

staan. Johannes was verheug te midde van die oorlog waarin hy

gewikkel was.

Alhoewel ek sekerlik nie op Johannes of mnr. Armstrong se

vlak is nie, is ek in hierdie eindtyd “die ouderling.”

Hoeveel sal jy op “die ouderling” staatmaak? Hoe naby is u

aan die leraars, aan die regering wat God in Sy Kerk daargestel

het? Dikwels sien ek broeders—en selfs leraars—wat te veel op

hulself staatmaak. Daar is sommige wat dink dat hulle in hierdie

Kerk kan bly en net hulself op ‘n afstand hou. Maar watter soort

familie is dit waar die kinders probeer om hulself op ‘n afstand

van hul ouers te hou? Indien dit die geval is, is daar gewoonlik

een of ander sonde op hul gewete. Wat is verkeerd met mense

wat nie werklik naby aan God en Sy leraars wil wees nie. Hoe sal

hulle u kan help om lojaal en liefdevol teenoor die regering van

God te bly, indien u nie naby hulle is nie?

Ek het al mense hoor sê: “Ek staan ‘n 100% agter jou” net om

‘n week later die kerk te verlaat!

Kan u sien waarom Johannes, nadat hy so baie oor die liefde

in sy eerste brief gepraat het, hy so spesifiek in sy tweede en

derde briewe word? Waarvan praat ons as ons God se liefde

bespreek? In baie opsigte is ons besig om van “die ouderling” te

praat!

Johannes se briewe is profesie vir die laaste uur. Daardie

profesie was aan “dié profeet” openbaar en deur hom oorgedra.
7

Profeteer Weer

Die klein boekie van Openbaring 10, handel oor

profesie. En God wil hê dat daardie boodskap en meer aan

die Kerk en die wêreld oorgedra word. Nadat ons Maleági

Se Boodskap, soos aan dié profeet geopenbaar, klaar geëet en

verwerk het, veroorsaak dit, dat ons weer wil profeteer! Ons sien

dat daar ‘n skouspelagtige en beslissende werk is wat nog gedoen

moet word. “En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor

baie volke en nasies en tale en konings” (Openbaring 10:11).

Johannes het hierdie boodskap nie persoonlik oorgedra nie

maar hy het van ‘n individu geprofeteer wat God in hierdie

eindtyd sou gebruik—nou. “God het vir my gesê, jy moet weer

profeteer”—gerig tot ‘n man in hierdie eindtyd. En aangesien die

onderwerp oor profesie handel, sal jy verwag dat hy ‘n profeet is!

Die Griekse woord is korrek in die Afrikaans na ‘oor’ ver‑

taal in plaas van ‘voor’ wat in sommige vertalings gebruik word

(sien die RSV en “Lange’s Commentary”). Die Moffatt Bybel,

vertaal dit as ‘van.’ Die punt is dat ons nie soos mnr. Armstrong

persoonlik voor konings hoef te verskyn nie. God sê slegs dat ons

‘n boodskap van profesie, wat handel oor “baie volke en nasies en

tale en konings,” moet verkondig.

So ons het ‘n groot taak om te verrig. Ons moet God se

Laodicense Kerk en Israel (selfs die wêreld) oor dit wat aan die

kom is, waarsku. Nietemin, kan die werk steeds in ‘n baie kort

tyd verrig word, maar ons bepaal nie datums nie.
Profeteer Weer 101

Ons het briewe van duisende mense ontvang wat Maleági Se

Boodskap gelees en gesê het, dat dit hulle vanuit die Laodicese

Kerk in die Filadelfia Kerk van God, ingebring het. Daardie

klein boekie bevat ‘n donderende, leeu‑brullende boodskap! Vers

11, is hoofsaaklik op die fkg, na mnr. Armstrong se dood, van

toepassing. (Vir meer inligting oor hierdie onderwerp kan u vir

‘n gratis kopie van “The Little Book” skryf).

D i e B i n n e s t e Vo o r H o f

In 1992, het God sekere inspirerende nuwe waarheid aan my

openbaar. Dit is baie diep en verdien ons mees noukeurige

Bybelstudie. Hierdie waarheid maak ‘n duidelike skeiding tussen

God se uitverkorenes—sy voortreflike koninklikes—en die

louwarm Laodiceërs.

Daardie heiliges wat God se nuwe openbaring volg, is

Filadelfiërs. Die lede wat nalaat om dit te doen is die Laodiceërs.

“En ‘n riet [enkelvoud] soos ‘n stok is aan my gegee, en die

engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van

God en die altaar en die wat daarin aanbid” (Openbaring 11:1).

Staan op, beteken wederopstanding. Dit beteken ook letterlik

om wakker te word uit die slaap. Dit impliseer dat die Kerk, na

mnr. Armstrong se dood, aan die slaap geraak het—òf van

God weggedraai het—hulle het opgehou profeteer!

Dié profeet en sy volgelinge wat in Openbaring 11 bespreek

word, word aangesê om op te staan en die tempel te meet. Die

“Companion Bible” sê dat hy ‘n meetriet (of meetstok) het. Die

“Anchor Bible Commentary” sê dat die stok as landmeter liniaal

gedien het. Hierdie Kerk het ‘n meetapparaat soos die skietlood

van Serubbábel gehad (Sagaría 4:9‑10). Dit is ‘n meetapparaat

wat deur God gegee is, om Sy Woord te meet en te vestig met

regering en gesag!

Hierdie stok, of gesag, moes aan God se profeet gegee word

alvorens die Kerk gemeet kon word. Daar is geen manier waarop

God se mense ooit gemeet of bestraf kan word, sonder God se

regering nie.

Hier is die rede waarom die Laodiceërs nie vandag na

God se nuwe openbaring sal soek nie—want hulle het God

se regering verwerp! Hulle weier om gemeet te word! God sal nie
102

Wie Is “Dié Profeet ”?

aan rebelle nuwe waarheid openbaar nie. Ons moet soos kindertjies

wees en vir God se woord bewe (Jesaja 66:2; Matthéüs 18:1‑3).

Die regering van God, soos deur mnr. Armstrong (een man)

geleer, is deur elke Laodiceër, verwerp en die meeste van hulle

erken dit!

Slegs die uitverkorenes hou aan God se regering vas en laat

toe dat Christus hulle meet. Hulle kyk na Christus en sy regering

en word daardeur gemeet. Dit is die enigste rede waarom God

hulle kan beveel om “op te staan.” Dié profeet en die Filadelfiërs

staan op soos Christus hulle beveel. Die Laodiceërs is blind en

bly voort slaap.

Die Filadelfiërs gaan en “profeteer weer.” Hulle gaan voort

om soos in die verlede, te profeteer—met ou en nuwe open‑

baring en volhard met dieselfde regering. Hulle weet dat

hulle werk met die werk van mnr. Armstrong gekoppel is en

slegs hulle verstaan regtig en doen vandag die werk van God.

Die woord tempel kom van die Griekse woord naos, wat

binne tempel of binneste voorhof, beteken. Die “Anchor Bible

Commentary” sê die binneste voorhof is waar God woon!

Salomo se tempel het ‘n binneste voorhof ingesluit

(1 Konings 6:36). Die binneste voorhof het die Heilige

en Allerheiligste plek waar God woon, ingesluit. God se

teenwoordigheid was in die binneste voorhof. Dan, aangeheg maar

in teenstelling met die res van die tempel, was die buitenste voorhof

(Eségiël 10:4‑5; 40:17‑19).

Die kerk is vandag die tempel en God behoort ten eerste, in al

sy mense te woon. Let egter op wat in Openbaring 11:1 staan: “En

‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en

gesê: Staan op en meet die tempel [naos in Grieks—die binneste

voorhof] van God en die altaar en die wat daarin aanbid.” Die

binneste voorhof en die altaar, wat die leraars simboliseer,

moet gemeet of bestraf word!

“Maar die voorhof [buitekant die tempel] moet jy uitlaat en

dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal

die Heilige stad twee‑en‑veertig maande lank vertrap” (vers 2).

Wanneer God dié profeet gebruik om die binneste voorhof te

meet, eindig baie leraars en mense in die buitenste voorhof—

daar waar God nie woon nie! Ons moet onthou, dat God in

die binneste voorhof is.
Profeteer Weer 103

In die 70 ’s , het lede van die wcg gesien hoe mnr. Armstrong, die

Kerk gemeet het. ‘n Klein persentasie was uit die kerk gesit, maar die

meeste lede het gebly “waar God gewoon het.” Dit is nie nou die geval

nie omdat ‘n Kerkskeuring plaasgevind het. God het sy kandelaar, of

lamp (Openbaring 2:5) na die fkg geskuif. Die Laodiceërs is nou

in die buitenste voorhof waar God nie woon nie!

Daar is ‘n groot verskil tussen die wcg van die 70 ’s en

vandag. In die 70 ’s toe mnr. Armstrong in beheer was, het die

meeste mense in die wcg geweet wat God gedoen het. Dit is nie

nou die geval nie. Die wcg en ander Laodicese groepe weet nie

wat God vandag doen nie, want hulle is in die buitenste voorhof.

God lei nie hulle kerk nie, want hulle het van dit wat mnr.

Armstrong geleer het, wegbeweeg en hulle weier om “gemeet” òf

gekorrigeer te word.

D i e B u i t e n s t e Vo o r H o f

Dié profeet Maleági het profesie vir vandag geskryf. Hy was ‘n

tipe van ons werk vandag. Hy het aangedui dat daar leraars en

lede in God se eie Kerk is wat sonde bedryf en na die buitenste

voorhof afgedwaal het.

In Openbaring 11:2, soos in baie ander skrifgedeeltes

(Daniël 12:1, 7; Maleági 3:17; Matthéüs 24:41; Openbaring 12:17; 3:10, 19)

word aangedui dat die Laodiceërs die Groot Verdrukking sal

binnegaan. Maar neem kennis hiervan: Voor die Groot

Verdrukking bestaan die Laodiceërs as ‘n aparte entiteit

van die Filadelfiërs, want hulle weier om deur God se

regering gemeet te word.

Die een groep is gewillig om gemeet te word, terwyl die

ander groep weier. Die Laodiceërs het hulle era “werke” voor die

Verdrukking (Openbaring 3:15).

Terwyl die meting aan die gang is, bestaan die buitenste

voorhof—maar is teen God in opstand.

God sê dat die voorhof buitekant die tempel “uitgelaat” moet

word. Dit moet dus iets wees wat mense kan sien! Indien ons

aangesê word dat hulle uitgelaat moet word, moet ons in staat

wees om hulle te kan waarneem. Het ‘n binneste‑ en buitenste

buitekant, duidelik sigbaar geword na Mnr. Armstrong se

afsterwe? Natuurlik! As die binne‑en buite voorhof saam gelaat
104

Wie Is “Dié Profeet ”?

was, sou net God die skeidslyn kon sien. Maar nou kan almal die

binne‑en buite voorhof, waarneem.

Hier is ‘n baie belangrike punt! Daar is nie eens van ‘n

sigbare buitenste voorhof in die boek van Openbaring

melding gemaak nie, totdat dié profeet en die fkg

heiliges ontwaak is nie! God se Filadelfiërs moes aangepor

word oor die wcg se opstandigheid, teen dit wat God deur mnr.

Armstrong geleer het. Dit is hoe die skeuring veroorsaak is.

Hierdie profesie, is tans steeds in die proses om vervul te

word! U is deel van ‘n verbysterende profesie wat op hierdie

oomblik vervul word! Wat op die spel is, is enorm. Deur nie

op te staan nie, wys die Laodiceërs aan God, dat Hy hulle in

die Groot Verdrukking moet instuur—50 persent van hulle sal

hulle saligheid verloor (Matthéüs 25:1‑13). Die Filadelfiërs, aan

die anderkant, sal na ‘n plek van veiligheid gaan en hulle sal vir

ewig die troon van Christus met Hom deel (Openbaring 3:21).

Indien ons God se mense is, maak nie saak wat ons ookal

doen nie, ons kan nie een van die twee keuses, vryspring nie!

God dwing ons om te kies, wat dan ook die enigste manier is om

karakter te bou!

God is diep besorg oor hierdie klein Filadelfia groep. Ons is

die vervulling van ernstige profesieë in u Bybel—nou!

Een leraar van die wcg het Maleági Se Boodskap, noukeurig

gelees en die waarheid daarin vervat, verwerp. Hy het ‘n tiran in

sy kerkgebied en vir diegene rondom hom, geword.

Dit was deur een van sy intieme familielede aan ons oorgedra.

Dit is egter ‘n algemene storie. Dit is hoekom, wanneer ons God

se waarheid verwerp, ons ‘n verskriklike straf betaal. Gewoonlik,

wanneer God se eie mense sy waarheid verwerp, ontstaan bitter‑

heid. Dan ontrek God sy seëninge en word hulle ander mense—

veel meer vleeslik ingestel!

As mense teen God se profeet baklei, eindig hulle in ‘n

situasie waar hulle teen God self baklei (Handelinge 5:38‑39).

Indien die wkg lede van ons wegdraai, word hulle ook deur

die Maleági boek gewaarsku dat hulle op die punt staan om die

“tye van die heidene” in te gaan!

God bulder aan individue om “op te staan”—wakker

te word en in die binneste voorhof te bly—daar waar

God woon!
Profeteer Weer 105

God is besig om ons te toets en te kyk of ons as individue “sal

opstaan” en uit die Laodicese toestand sal kom! In terme van

getalle mag dit die mees belangrikste toets in 2,000 jaar wees!

God sal nooit weer die wkg gebruik nie. Hy sê dat daardie

organisasie “uitgelaat” moet word. Hy het alreeds die fkg

daargestel om sy lamp te wees en sy werk te doen.

Die “opstaan” van dié profeet en die Fildalfiërs het ‘n

skeuring in die kerk veroorsaak! Die profesie sê dat een

groep in die Groot Verdrukking ingaan wat impliseer dat die

ander groep beskerm word (Openbaring 12:14).

Toe mnr. Armstrong geleef het, was daar slegs ‘n binneste

voorhof (ten minste vir ons oë). Daar was slegs een Kerk van

God. Nou is daar twee kerke van God—maar net een word deur

God gelei.

Selfs al word ons versprei, moet ons deur God gemeet

of of bestraf word. Dit is wat ons Filadelfiërs maak, wat

ons in die binneste voorhof—waar God woon, plaas!

God het sy mense die meetinstrument deur mnr. Armstrong

gegee. Tans gee Hy dit deur dié profeet en die fkg. Dit is

ons verantwoordelikheid om ons samewerking aan God en

sy regering te gee terwyl Hy ons meet. Ons moet geestelik

waaksaam wees sodat ons hierdie geestelike proses kan onderskei.

Die buitenste voorhof word aan “die Heidene gegee.” Soos

wat hierdie Kerkskeuring plaasvind is die Heidense magte besig

om op te staan. Die Verdrukking is baie vinnig oppad!

Die voorhangsel by die ingang van die Allerheiligste word

deur God gebruik om die heelal uit te beeld! In Salomo se

tempel was die Allerheiligste agter die wierrook altaar wat van

wit marmer gemaak en met goud oorgetrek was. Dit wat nie met

suiwer goud bedek was nie, was van die suiwerste wit—wat die

geregtigheid van die Heiliges uitbeeld. God het die hele heelal

aan sy familie belowe! (Lees Hebreërs 1).

Hierdie voorhangsel word net vir die binneste voorhof, of

die Filadelfiërs, in hierdie eindtyd, oopgemaak. Diegene in

die buitenste voorhof, die Laodiceërs, moet hulle eers bekeer,

voordat die heelal vir hulle geopen sal word.

Besef ons wat God ons aanbied? begeer ons hierdie

asemrowende glorie? God is besig om Sy wonderlike bood‑

skap deur dié profeet te verklaar.
8

Die Stem van die

Dag van die Here

Die boodskap van die Filadelfia Kerk van God is

beide verskriklik en wonderlik: Alhoewel dit vir ‘n kort

tydjie verskriklik is, word dit vir ewig wonderlik!

Openbaring 10:6 praat van ‘n tyd waar daar geen vertraging

meer sal wees nie (“dat daar geen tyd meer sal wees nie.”) Dit

word in die konteks van ‘n boekie gesê. In die tyd van hierdie

boekie sal gebeure al hoe vinniger versnel.

Openbaring 11:1‑2 dui aan hoe God se Kerk net voor die

Groot Verdukking deur ‘n man gemeet word en is daar slegs ‘n

baie kort tydsduur tussen hierdie gebeure.

Dit blyk duidelik dat Satan ten tye van mnr. Armstrong se

dood neergewerp was (Openbaring 12:9). Openbaring 12:12 dui

daarop dat Satan ons met groot woede aanval. Hy weet dat

daar geen verdere vertragings is nie en dat sy tyd so te sê op

is en daarom is daar ‘n dringendheid in sy bose pogings. Sy

woede neem toe wanneer hy sien dat sy tyd om te regeer, so te

sê verstreke is. Dit beteken, dat ons hom in die gesig staar ten

tye van sy ergste wraak in mense heugenis. Ons moet besef

hoe hy die bietjie tyd tot sy beskikking tot sy voordeel sal benut.

Daar is niks anders in sy gedagtes, behalwe verwoesting

nie, veral die geestelike verwoesting van God se mense.

Hierdie is gevaarlike en dringende tye. Besef ons werklik

wat ‘n teiken ons vir Satan se woede is? Ek glo dat God se

mense op hierdie gebied ‘n gebrek aan begrip het. En wat ons
Die Stem van die Dag van die Here 107

nou aanskou is slegs die begin; die aanvalle sal toeneem. Per slot

van sake is dit ons wat Satan, vir dit wat hy is, aan die wêreld

ontbloot. Hy haat dit, want hy stem nie saam met God se eva‑

luasie van hom nie. Maar, terwyl daar nog tyd is, moet ons die

wêreld van hom vertel.

Ons moet bewus wees van tyd—op dieselfde manier as

Satan.

D i e s t e m Va n D i e DaG Va n D i e H e r e

“Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig,

Hoor! die dag van die Here! Bitterlik skreeu die held daar”

(Sefánja 1:14). Hierdie vreesaanjaende tyd kom haastig, spoedig,

skielik! Daardie woorde kan selfs terstond beteken. Groot

beteken baie buitengewoon of dubbele klem. Natuurlik bereken

God die tyd verskillend van hoe ons dit doen, maar maak geen

fout nie: Daardie dag is baie naby!

“Naby is die groot dag van die Here, naby.” Vir dubbele klem,

word die uitdrukking herhaal. En dan, om nog verder tot die

dringendheid by te dra, is dit “baie haastig!” Die klem is op die

gebeure wat met die spoed van weerlig die donkerste tyd ooit in

die geskiedenis van die mens, inlei.

Let op, die vers verwys na: “hoor! die dag van die Here!”

Daar is ‘n stem, ‘n stem van waarskuwing, ‘n stem wat weer pro‑

feteer, ‘n stem wat die trompet teen die mond plaas en dit nie

verwyder nie. Dit is die stem van die Dag van die Here. Vandag,

terwyl die wêreld op die drumpel van Christus se wederkoms

staan, is daardie stem op die toneel! Herken u waar daardie

stem is?

Ons moet in die gees van Sefánja dink. Hierdie boek het ‘n baie

somber tema. Dit versterk Openbaring 10:6—nie alleen is ons in

‘n tyd van geen vertraging nie, maar is die Dag van die Here naby,

dit is naby en kom baie haastig nader. Daar gaan beswaarlik ‘n

week verby, waar daar nie een of ander groot profesie, vervul word

nie. Daar was nog nooit ‘n tyd soos hierdie nie en die pas van

gebeure, sal nooit weer dieselfde wees nie!

Wanneer ek die boek van Sefánja lees en dit noukeurig

be studeer, besef ek dat ek nie so dringend soos die gees van

hierdie boodskap is nie. Ek dink nie ek is so dringend soos ek
108

behoort te wees nie, ek dink nie ons leraars, of God se mense

is dringend genoeg nie! Ons moet besef presies waar ons in

profesie is!

“Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam

word nie! Voordat die besluit baar—soos kaf gaan die dag verby—

voordat daar oor julle kom die toorngloed van die Here, voordat

oor julle die dag kom van die toorn van die Here” (Sefánja 2:1‑2).

Nou is die venster van geleentheid oop, vir God se mense, om tot

dade oor te gaan! Nou is dit wanneer ons saam moet optree—voor,

voor, voor, voor die Verdrukking en die Dag van die Here begin!

Die woord voor, word vier keer in een vers gebruik om ons sover te

kry om op te tree voordat dit te laat is! Ons moet nou optree!

“Wee die opstandige en die besoedelde, die onderdrukkende

stad. Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan

nie; op die Here vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader

nie” (Sefánja 3:1‑2). Sy, God se Kerk, “het nie die stem (enkelvoud)

gehoorsaam nie.” Sy wou nie die korreksie van die stem, dié

profeet, soos deur God gebruik om haar te waarsku, aanvaar nie.

“Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters veront‑

reinig wat heilig is, hulle verkrag die wet” (vers 4). Hierdie

Laodicese leraars het God se heiligdom, of Kerk, besoedel. Hulle

het God se wet verkrag. Slegs God se mense het God se wet om

te kan besoedel in hierdie Laodicense era. Dit is wanneer die

stem hulle vanuit die boek van Sefánja waarsku.

In vers 6 word ook stede sonder inwoner bespreek. Daardie

donkerste van alle profesieë gee aan die stem die uiterste

dringendheid!

H o o r n o u

Wie Is “Dié Profeet ”?

In Sagaría 3, praat God met Josua (wat ook die teken is waarvan

in 2 Thessalonisense 2 gepraat word): “Luister tog, o Josua, jy

wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit—ja,

wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die SPRUIT,

laat kom [wat na Christus se Wederkoms vewys]” (Sagaría 3:8).

Waarom sê dit nie slegs “Hoor o Josua,” soos dit verkeerd

in Lange’s Commentary” en ander vertalings aangedui word

nie? Waarom is daar, in werklikheid, twee woorde in die

Hebreeus—hoor en tog? Want dit is ‘n dringende boodskap aan
Die Stem van die Dag van die Here 109

Josua! God sê, Jy beter NOU DADELIK hoor, Josua! Jy het nie

baie tyd nie. Jy is aan die hoof van die regering en jy word meer as

ander verantwoordelik gehou. Hoor NOU! Geskiedenis het bewys

dat hierdie eindtyd Josua, werklik nie veel tyd gehad het nie.

God het hierdie waarskuwing nie persoonlik aan Josua

oorgedra nie. Hy het gesê, “Hoor nou, o Josua” deur ‘n Sagaría‑

tipe profeet—dié profeet.

Laat ons nie vergeet dat hierdie waarskuwing ook op ons

almal van toepassing is nie. God pleit met en waarsku, almal van

ons om nou te hoor! Daar is geen vertraging meer—nou is die

tyd om te luister. Die tyd snel voort. Binnekort sal dit te laat wees.

Na Josua, spreek God sy vriende aan:”…en jou vriende wat

voor jou sit …” Ek kan nie help om te wonder of Josua se vriende

net tot sy dood kans gehad het om te kwalifiseer, òf dit alles

te verloor nie. Waarom anders sou God dit op hierdie manier

uitdruk? “Luister tog, O Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en

jou vriende wat voor jou sit!” Per slot van sake was hulle besig

om ‘n man wat in Satan se mag is, te volg! God het almal van

hulle deur Maleági Se Boodskap en ander media gewaarsku

om onmiddellik te luister. Nie Josua of enige van hulle het op

daardie waarskuwing ag geslaan nie. Ten minste, niemand van

hulle het, tot dusver nie. Nou is daardie “vriende” besig om

kragtig teen die fkg te veg, net soos die duiwel doen. Miskien

is dit waarom hulle so hewig baklei—omdat hulle weet dat, soos

Satan, hulle niks meer het om te verloor nie!

God laat hulle toe om so te doen, want Hy wil ons toets om te

sien hoe dringend ons is om vir Hom te veg.

Wanneer God sê “Luister tog” beter ons “nou” luister! Dit is

God wat praat! Kan dit enigsins ernstiger wees? Ons het so

baie waarheid gehoor en God gee ons nie meer veel tyd om te

luister nie. Hierdie manne op die toneel is “wondertekens”—‘n

teken dat “die spruit,” Jesus Christus, se wederkoms baie naby

is! Dit is vir God se mense ‘n tyd van uiterste dringendheid.

Hierdie uiterste slegte nuus is ‘n teken van die beste nuus, wat

ons ooit kon hoor! In hierdie opsig, is selfs slegte nuus, goeie nuus!
110

B L a a s D i e B a s u i n

Wie Is “Dié Profeet ”?

Kom ons kyk na wat dié profeet Joël oor die onderwerp te sê

het. “Die woord van die Here wat tot Joël, die seun van Pétuel,

gekom het” (Joël 1:1). Die woord het na Joël gekom, soos die vertolking

vandag na my toe kom. “Hoor dit, o oudstes, en luister,

alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die

dae van julle vaders plaasgevind?” (vers 2). God gebruik vandag

‘n tipe van Joël om te sê “hoor dit.” Mense het ‘n geleentheid om

Joël se profesie vir die eindtyd te hoor. In hierdie vers gebruik

God ‘n profeet om geskiedenis te bespreek en profesie wat hierdie

ou manne nog nooit vantevore gesien het nie—afgryslike tye—

tye wat baie vinnig versleg. Sommige van hulle het selfs die

menseslagting van die Tweede Wêreldoorlog beleef. Veel erger

dinge is egter aan die kom.

“Blaas die basuin op Sion, en blaas die alarm op my heilige

berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die

Here kom, want hy is naby—” (Joël 2:1). God bly ons herinner: Die

Dag van die Here is naby. In hierdie vers vertel Hy ons weer om

hierdie alarm in God se eie heilige berg te blaas—tot dieselfde mense

wat self hierdie boodskap moes uitbulder, maar misluk het. Ja, ons

moet “al die inwoners van die land” waarsku, maar ons moet

hierdie alarm eerste in God se heilige berg, dié Kerk, blaas. Daardie

mense was vir ‘n taak afgesonder, maar hulle het dit nie gedoen nie,

daarom stuur God dié profeet en ‘n groep ondersteuners om die

basuin te blaas en Joël se boodskap aan hulle uit te basuin!

Hierdie werk was nooit deur mnr. Armstrong gedoen nie.

Waar is die Joël‑tipe profeet wat “hoor dit” verkondig? Wie

is besig om die boodskap van Joël deur middel van televisie,

deur ‘n boekie oor Joël en ander literatuur oor te dra? Wie blaas

die basuin in Sion, of God se Kerk? Wie is besig om in God se

heilige berg die alarm te blaas?

Die woord heilig verwys nie na ‘n morele kwaliteit nie.

Dit beteken dat hulle vir God afgesonder is. Afgesonder vir

watter rede? Die Laodiceërs en Filadelfiërs is deur God

afgesonder om God se boodskap oor te dra—om God se

basuin te blaas!

Die meeste van God se mense, het selfs vergeet waarom hulle

geroep is!
Die Stem van die Dag van die Here 111

Deur wie word “alle inwoners van die land” gewaarsku? Ek

het boekies oor al die vername en die minder vername profete

geskryf en die sterk waarskuwing in al die boekies is, “Hoor dit.”

Die eindtyd Josua is in die meeste van dié, gewaarsku. God

gee ons altyd die geleentheid om ons te bekeer.

“’n Dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en

wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom

‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het

nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte

nie” (vers 2). Hierdie vers dui daarop dat jy in staat sal wees om

gebeure, tot die dag van die Here te sien opbou, soos Churchill

kon sien wat in Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog aan die

gebeur was. Jy sal die wolke donkerheid en die somberheid kan

sien voordat hulle werklik op die toneel verskyn. ‘n Ware wag kan

dit sien en hy weet dat dit vinnig aan die kom is.

“Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam;

voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit

‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie” (vers 3).

Voor dit was ‘n tuin van Eden. En toe kom die verterende vuur

en word dit as verwoeste wildernis agtergelaat. Van die uiterste

prag tot ‘n total verlate landskap—deur vuur en vlam. Nie eers ‘n

halmpie gras bly oor nie. Hoe erg is ‘n kernkragaanval werklik?

‘n Kernkragwinter? “Vir hom bewe die volke van angs, alle

aangesigte verbleek” (vers 6).

By vers 10 is ons te midde van die Dag van die Here: “Voor

hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word

swart, en die sterre trek hulle glans in.” Die kernkragwinter en

ander probleme sal die lig van die sterre verduister. Die Tweede

Wêreldoorlog was onbeduidend in vergelyking met dit!

Wat kan ons hieromtrent doen? “Blaas die basuin op Sion,

heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!” (Vers 15). Ek moet

die basuin blaas!—Selfs in Sion, God se eie Kerk. U taak is om

my in daardie gewigtige verantwoordelikheid te ondersteun.

Wanneer God beveel, “heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering,”

is Hy besig om met ons ook te praat. Hoe, kan ons ons sinlikheid

oorwin en tot God deurdring? Hoe kan God se mense, hulle

lewens omkeer? Deur nederig voor God te word. Kyk ook na

verse 12 en 13—God is baie begerig om in barmhartigheid na sy

mense uit te reik.
112

B ru L Va n u i t s i o n

Wie Is “Dié Profeet ”?

Dieselfde storie word in hoofstuk 3 vertel. Dit is duidelik profesie,

en nie geskiedenis nie: “Sal Ek al die nasies versamel en hulle na

die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle strafgerig te

hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die

nasies verstrooi het en my land wat hulle verdeel het” (Joël 3:2).

In daardie vallei sal die bloed tot so hoog as die perde se

teuels vloei (Openbaring 14:19‑20). Dit is hoe God pleit as

mense weier om sy profeet te hoor. Die oorlogvoering sal so

wreed wees dat menselewens waardeloos geag sal word.

“Roep dit uit onder die nasies, heilig ’n oorlog! Wek die helde

op, laat al die krygsmanne naderkom, opruk!” (Joël 3:9), is die

boodskap wat God se profeet moet oordra. Hy moet “vir oorlog

voorberei en magtige manne opwek.” Dit is nie, ‘n tyd vir gemak

en gerief nie. Ons gaan die ergste wêreldwye oorlog in die

ganse geskiedenis binne. God het Israel nog altyd voor rampe

gewaarsku. Hy sal dit verseker voor die donker en afgryslike

Dag van die Here doen!

“Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van

Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou met al die nasies

rondom. Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want

die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is

groot (verse 12‑13). Die aarde word as ‘n parskuip vol bloed

uitgebeeld. Mense by die miljoene, sal deur mensebloed

loop.

Dit is egter nie die ergste krisis nie. Binnekort sal die lewe

vir 50 persent van God se mense, vir ewig ophou. Hoeveel

is hulle saligheid van ons werk afhanklik. Hoe lief het ons,

ons geestelike familie? Ons liefde vir hulle word in die

vurigheid waarmee ons God se werk doen, gereflekteer!

Dit is ‘n werk van liefde (Openbaring 3:19).

Maar let op wat God, in die konteks van al hierdie

vreesaanjaende profesieë oor die Dag van die Here, doen. Vers

16 van Joël 3 lees as volg: “En die Here brul uit Sion, en uit

Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar

die Here sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir

die kinders van Israel.” Die Dag van die Here sal intens wees.

Daarom moet God se waarskuwing net so intens wees! God sê
Die Stem van die Dag van die Here 113

ook dat Hy vanuit Sion sal brul voor sy Wederkoms! Hierdie

is nie die miaau van ‘n klein katjie nie. Deur sy mense, deur

een man gelei, sal God ‘n kragtige boodskap oordra. Hy sal Sy

stem—enkelvoud—vanaf geestelike Jerusalem, verhef.

Daar moet ‘n profeet wees wie die stem van die Dag van die

Here is, voordat Christus terugkeer. En om hom in staat te stel

om werklik te brul, moet hy baie ondersteuning hê!

Begryp dat daar mense daar buite is wie se redding van

daardie stem afhang—mense wie, wanneer hulle dit hoor, sal

omdraai en na God terugkeer. Wat sal God sê, indien ons nie uit

Sion brul nie? Ek kan hierdie boodskap nie op my eie oordra

nie—ek het die ondersteuning van God se mense nodig. Daar is

nie veel tyd meer oor nie, en God wil hê dat ons werklik brul!

‘ n L e r a a r Va n G e r e G t i G H e i D

Joël 2 verduidelik selfs meer van hierdie stem, hierdie een man, wat

net voor die Dag van die Here kom. “En julle, kinders van Sion,

juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar

tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns

en die laat reëns, soos voorheen” (Joël 2:23). Dit is ‘n wonderlike

vertaling indien jy die betekenis van daardie vers wil verberg!

“Kinders van Sion” moet as “seuns van Sion” vertaal wees.

Hierdie vers word aan God se eie familie geadresseer.

Soos ek in ons Joël boekie verduidelik het, word “die vroeë

reëns” in die kantruimte van die King James Version as “’n leraar

tot geregtigheid” verklaar. Die Hebreeuse term kan vroeë of

vorige reën, of een wat leer, beteken.

Die vroeë reëns in die laaste gedeelte van die vers, word in

verband met die “laat reëns” gebruik. God vergelyk ‘n geeste‑

like oes met die vroeë en laat reëns van die oeste in Juda. Beide

die April en Oktober reëns was nodig vir goeie oeste. In hierdie

geval is die vroeë reën ‘n gepaste vertaling. “Soos voorheen” is die

korrekte vertaling, nie soos sekere vertalings wat “In die eerste

maand,” gebruik nie. So God sê dat Hy, soos voorheen, reën sal

stuur, tiperend van Sy Heilige Gees.

Met ander woorde, God se geestelike oes was onderbreek! Sy

Heilige Gees was grootliks verminder. Die ergste ramp het Sy

Kerk getref.
114

In vers 25 beloof God om “julle te vergoed vir die jare wat

die treksprinkaan verslind het.” ‘n Oorblyfsel van God se

Kerk sal nie afgesny word nie. Hulle sal die vroeë en laat reëns

ontvang. Soos in hulle glorieryke verlede, onder mnr. Herbert W.

Armstrong, sal hulle geestelik gevoed word.

Die geestelike onderrig sal deur ‘n “leraar van

geregtigheid” kom. Nie alleen sal hy vashou aan die onderrig,

van die verlede nie, maar meer geestelike reën—openbaring—

sal oorvloediglik vir hom en sy volgelinge val. Die laat reëns

sal kom, juis vanweë die feit dat hy aan die vorige opdragte, die

vroeë reën, vashou.

Is ons dankbaar vir die geestelike reën wat ons so oorvloed‑

iglik in hierdie Kerk ontvang? Wat ‘n wonderlike geskenk! Te

midde van die grootste krisis wat die wêreld nog ooit aanskou

het, kom daar, net voor die Dag van die Here, oorvloedige reën

van die leraar van geregtigheid—of dié profeet. Die boek Joël

handel oor die Dag van die Here, die swartste dag in die gesk‑

iedenis van die mens. Hierdie leraar van geregtigheid sal sekerlik

‘n profeet wees. Hy sal oor hierdie boek en baie ander profesieë,

leer.

Ons moet aan God die krediet gee vir al hierdie reën

vanuit die hemel. Hy stuur dit vandag selfs vinniger as wat Hy

dit aan mnr. Armstrong gestuur het! (Ek glo dit is vergelykbaar

met die feit dat Elísa meer wonderwerke as Elía gedoen het, selfs

al het hy ‘n laer amp as Elía beklee. Die erns van die tye vereis dit

en God doen wat die tye vereis.) Kyk rond in hierdie wêreld en u

sien niks anders as geestelike droogte nie. Maar daar is een plek

met voortdurende geestelike reën. Vir die wat die reën ontvang,

is dit opvallend duidelik waar God werk.

Dat H y D i t m aG V e r k L a a r

Wie Is “Dié Profeet ”?

Jeremia vul ook sekere van die nadere besonderhede van hierdie

prent in. In Jeremia 9:6 praat hy van die Laodiceërs se opstand:

“Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier

hulle om my te ken, spreek die Here.” Dit is so maklik vir

mense om hulself te mislei. Maar God weet en Hy sê dat hulle

weier om Hom te ken. Hulle het ruim geleenthede gehad om die

waarheid te weet.
Die Stem van die Dag van die Here 115

“Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die

mond van die Here gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom

het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn,

sodat niemand daar deurtrek nie?” (Vers 12). Hier is weereens ‘n

prent van ‘n verwoeste land, so deurtrek van radioaktiwiteit dat

niemand eens daardeur wil gaan nie—duidelik ‘n eindtyd profesie.

En God sê daar is ‘n man met wie Hy gepraat het, vir wie Hy hierdie

sterk boodskap gegee het, wie sal omdraai en dit verklaar!

Verklaar wat? Dat die nasies van Israel op die punt staan

om soos ‘n verwoeste wildernis verbrand te word—so erg dat

niemand eens daar wil deurtrek nie. Niks! Niemand! Die land

is so vol radioaktiwiteit dat nie een persoon daar deurtrek nie.

Die hele land is soos die Chernobyl kernkrag ongeluk in

Rusland—net 10,000 maal erger!

Kernwapens word vandag regdeur die wêreld vermeerder.

Al die tekens wys na ‘n kernkrag verwoesting. Honderde van

God, se profesieë dui op dieselfde en steeds verwerp mense

God se waarheid, wat hierdie tyd van ongeëwenaarde lyding

onvermydelik maak.

Waarom wil hulle nie nou na dié profeet luister soos hy God

se boodskap aan die wêreld oordra nie? God het geen behae in

die dood van die goddelose nie. Waarom moet dié profeet ‘n

stem wees wat in die wildernis van godsdienstige, politiese en

opvoedkundige verwarring, uitroep?

Dit sê dat God met hierdie man gepraat het. Dit plaas my

in ‘n ander kategorie. Daar word ook ‘n groot verantwoordelik‑

heid op my skouers geplaas: “dat hy [‘n man] dit kan verkondig,”

sê Jeremia. Indien u dit wat hier gebeur het begryp, weet u dat u

hierdie boodskap moet ondersteun. U word indirek en ek word

direk, aangespreek.

God is nie net besig om voor te stel dat ons die boodskap

oordra nie. Dit is ‘n opdrag direk van God—aan my persoonlik.

Die mense wat God se openbaring het is die enigste mense wat

die boodskap kan verklaar. Ek moet dit doen en so moet die

uitverkorenes ook indien hulle die swartste van alle dae wil

vryspring en die Godfamilie, wil binnegaan. En ons het baie

min tyd om die werk gedoen te kry.

God vra, “Wie is die wyse man wat dit kan verstaan?” Wyse

manne en vroue sal van dié profeet verstaan. Hulle sal weet dat
116

God die werk om hom laat wentel. Die wat nalaat om te verstaan

is onwys, en sal die ergste moontlike prys daarvoor betaal.

God is nou besig om te bepaal wie is wys en wie nie. In watter

kategorie sal u wees?

W e e s L i e f V i r D i e W e t

Wie Is “Dié Profeet ”?

“En die Here het gesê: Omdat julle my wet wat Ek julle

voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin

gewandel het nie” (Jeremia 9:13). Jy kan nie God se wet verlaat,

indien, jy dit nooit gehad het nie. Hierdie wet was aan daardie

mense deur ‘n eindtyd Elía gegee en dit word nou deur hulle

verwerp. Hierdie waarskuwing word dus eerstens aan God se eie

Kerk gerig.

Daar is baie probleme in die land en oplossings word deur

menige mense voorgestel. Maar geeneen van hulle is bereid om

op te staan en te sê dat ons god se wet moet begin onderhou

nie! Mense hou daarvan om te veralgemeen, maar deur dinge op

so ‘n wyse aan te spreek, sal nooit enigiets oplos nie.

So byvoorbeeld sê sommige mense dat ons strenger vuur‑

wapen beheer nodig het. Dit is hoe hulle die skietvoorvalle by

skole en ander soortgelyke probleme wil beheer. Maar dit is nie

‘n oplossing nie. Ons moet ons samelewing volkome verander.

Ons moet van ‘n wettelose samelewing na ‘n wetsonder‑

houdende samelewing verander.

Ander mense sê dat ons ons morele waardes moet verander,

wat waar is. Maar in hierdie geval word steeds deur veralge‑

mening gespreek. Dieselfde, mense sal nie sê dat ons God se wet,

die Tien Gebooie, moet onderhou nie!

Hulle verwerp ook die een man en God se regering wat nodig

is om God se wet toe te pas. Dit is die enigste oplossing. Nie een

of ander vae abstraktheid of veralgemening nie. Mense hou aan

om God se oplossing te vermy, terwyl ons samelewing in duie

stort.

Hierdie profesie verklaar herhaaldelik dat hulle God se wet

verwerp. Hulle weier dat God hulle onvoorwaardelik regeer.

Hulle verwerp die Elía wat God gestuur het, en die men‑

seslagtings hou aan kom. Hulle verwerp dié profeet, en die men‑

seslagtings hou aan kom. Die volgende menseslagting sal so erg
Die Stem van die Dag van die Here 117

wees dat Christus dit moet stop anders sal geen vlees lewendig

gered word nie (Matthéüs 24:21‑22).

Die oplossing lê in ‘n spesifieke wet—God se Tien Gebooie—

en ‘n spesifieke regering, wat vandag slegs deur dié profeet geleer

en administreer word.

Dit is nie ‘n kwessie dat die mens nie kan verstaan nie. hy

weier om te verstaan! Binnekort sal dit fisies te laat wees. Vir

sommige sal dit ook geestelik te laat wees.

“Waarom wil julle sterwe o huis van Israel?” (Eségiel 18:31).

Wat van jou? Het jy God se wet en regering lief? Wil jy hê dat

God jou onvoorwaardelik regeer? Slegs dié wat wil, kan God se

werk uitvoer. Is jy 100% ten gunste van dit wat God doen? God

weet. En Hy sal volhard om Sy Kerk te meet.

V e r o o r s a a k Dat D i e n a s i e s D r i n k

“En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die

stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem

van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die

lamp” (Jeremia 25:10). Dit beskryf ook die verskriklike donker

tye van die Dag van die Here.

“En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor

gespreek het—alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat

Jeremia geprofeteer het oor al die nasies” (vers 13). God het veel

meer van die boek van Jeremia aan die fkg openbaar. Alles

wat God aan my vanuit Jeremia openbaar het, is op die punt om

vervul te word!

Mnr. Armstrong het nie “alles wat geskrywe is in hierdie

boek,” verstaan nie. Hy het hierdie profesieë slegs in ‘n algemene

manier verstaan. Die meeste profesieë wat in die Laodicense

era vervul moet word, is aan my geopenbaar. Ons het nou die

volledige prent.

Jeremia het die boodskap geskryf. Nou moet ek dit “aan al

die nasies” verklaar.

Hier is weereens ‘n spesifieke opdrag aan my en aan almal

wat my ondersteun: “Want so het die Here, die God van Israel,

vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid

uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie

Ek jou stuur” (vers 15). Dit is ‘n streng opdrag. ‘n Man moet die
118

Wie Is “Dié Profeet ”?

boodskap oordra en veroorsaak dat al die nasies daaruit drink.

Laat ons onthou dat Jeremia slegs na Juda gegaan het. Maar nou

moet hierdie boodskap na die hele Israel en die hele wêreld gaan.

En dié profeet moet dit oordra, en op die fondament wat deur

mnr. Armstrong gelê is, voortbou. Ek moet veroorsaak dat al die

nasies hierdie boodskap drink. En ons sukses in hierdie opdrag

is verseker, want al die krag van God is agter ons boodskap.

Wat ‘n opdrag vir dié profeet en God se uitverkorenes! Besef

ons hoe onsettend belangrik hierdie boodskap is?

“Dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die

swaard wat Ek onder hulle stuur. En ek het die beker uit die

hand van die Here geneem en al die volke laat drink na wie die

Here my gestuur het” (verse 16‑17). Die militêre aanval sal baie

mense rasend maak! Waarom wil ons mense nie ag slaan op

hierdie boodskap en daardie ongeëwenaarde ramp, vermy nie?

“En die wat deur die Here verslaan is, sal dié dag lê van die

een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle

sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis

op die aarde wees” (vers 33). Die “Gesenius Hebrew and Chaldee

Lexicon,” sê dat hierdie na “hoë hope dooie liggame” verwys.

Hoë hope dooie liggame regoor die aarde! Daar sal geen

begrafnisse en roubedryf wees nie. Daar sal te veel liggame

vir die mense wees om te begrawe! Hulle sal nie eens probeer

nie. Dit sal gebeur van die een punt van die aarde tot

by die ander! Die wêreld sal een groot begrafplaas wees, maar

sonder begrafnisse en roubedryf.

Waarom sal dit gebeur? Waarom sal hierdie onbeskryflike

nagmerrie plaasvind? Omdat die mensdom nie na die

waarskuwingsboodskap van dié profeet wou luister nie!

Begryp ons werklik die betekenis van hierdie profesieë?

Indien wel, kan ek nie insien dat dit sal faal, om ons ‘n bietjie

siek—òf selfs baie siek, te maak nie!

Die droewige waarheid is dat die meeste van God se eie

Laodiceërs, hulle harte gesit het op die versameling van goedere

vir hulleself. Watter groteske verdraaiing van prioriteite! Geen

wonder dat God hulle uit sy mond sal spuug nie (Openbaring 3:16).

Dink na oor hierdie verse, en jy sal begin besef hoe moeilik

ons taak werklik is. Ons het ‘n vreesaanjaende sterk boodskap

vir hierdie wêreld. Om dit oor te dra sal ontsaglike geloof
Die Stem van die Dag van die Here 119

en vasberadenheid verg. Elkeen van ons moet arbei en alles

moontlik doen om tot God se groot werk by te dra. Raak soveel

as moontlik, betrokke. Maak finansieel en op enige ander

wyse, ‘n bydrae. Soek met wysheid ‘n beter werk indien nodig.

Ons behoort almal meer verantwoordelikheid te wil hê, om tot

hierdie grootste werk op aarde by te dra.

s ta a n o P i n G e V e G !

Obadja verwys na dieselfde eindtyd amp. “Die gesig van Obadja.

So sê die Here Here aangaande Edom: Ons het ‘n tyding van die

Here gehoor, en ‘n boodskapper is uitgestuur onder die nasies

om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!”

(Obadja 1). Mense het ‘n eindtyd Obadja “gehoor.” Hy het ‘n

“visioen,” of openbaring van God.

God stuur ‘n boodskapper. Hierdie man is ook ‘n krygsman

vir God.

In die oorspronklike geskrifte is dit die enigste plek in die

Bybel waar daar na Edom as “haar” verwys word. Hoekom?

Want sy verteenwoordig God se Kerk—spesifiek die Laodiceërs

wat weier om hulle te bekeer, selfs in die Verdrukking. Vyftig

persent van God se mense sal hulle geboortereg of saligheid

verloor (Matthéüs 25:1‑13). Dit is die pynlikste boodskap wat

ons kon oordra. (In ons gratis “Obadiah” boekie word hierdie

skrifgedeeltes deeglik verduidelik).

Die boodskap is teen “haar”—geestelike Edom. Ons veg teen

die moeder van die Laodiceërs.

Wanneer jy ‘n boodskapper van God sien wat na die

Laodiceërs gestuur word om teen hulle te veg, is dit jou teken

om op te staan en die oorlog te betree! Dit is waar die

“skape onder die wolwe” ingestuur word (Matthéüs 10:16). Ons

moet met geestelike Edom die stryd voer, wie vandag al God se

mense nadelig beïnvloed.

Eers is ek deur hulle afgedank. Toe het God Maleági se

Boodskap in hulle midde geslinger. Nou is ons besig om teen

hulle in die hof te baklei Ons veg ook teen hulle deur middel van

ons literatuur en selfs in die wêreld pers.

Let egter op, ons inisieer die stryd spesifiek teen edom!

Hulle het God se waardevolle openbaring gesteel en veg om God
120

Wie Is “Dié Profeet ”?

se werk vir altyd te stop. God lei ons om met al ons mag te veg.

Ons veg spesifiek om Geheimenis van die Eeue te druk.

Die hofinterdik teen ons het ons tydelik gestop om die boek te

druk. Maar nie voordat ons 117,000 kopieë gepos het nie! En ons

verwag ten volle dat ons in die hof die reg sal wen om dit weer

te kan pos. Daar is nog meer van mnr. Armstrong se literatuur

wat ons moet druk. Dit behoort aan God se mense. Ons moet

‘n geweldige geestelike geveg veg, of die wêreld sal in

duisternis wees! God se werk kan nie gedoen word indien

ons nie veg nie!

Ons wys die diepte van ons liefde vir God se waarheid deur

die kragtigheid van ons geveg. Ons moet die inisiatief aangryp!

Jy moet God ken om die boodskapper wat Hy stuur te herken,

en om in hom te glo. Want dit vereis diepe ootuiging om op

te staan en te veg! Jy moet weet dat dit die man is wat God

gestuur het! ‘n Paar mense het op hul persoonlike begrip van die

kopiereg wet gefokus en is daardeur oortuig dat ons verkeerd

was om Geheimenis van die Eeue te druk, en het die Kerk ver‑

laat. Maar wag ‘n bietjie! Wat van die boodskapper wat God met

‘n verslag gestuur het? God het sy mense aangesê om op te staan

en te veg! Ons moet dinge geestelik insien! Dit vereis ‘n ander

ingesteldheid as wat ons in die verlede gehad het. Ons moet die

oorsig van God se gevegsplan insien.

Kan jy sien waarom hierdie amp so belangrik is? Jy sal nie langs

iemand baklei wat sê dat hy ‘n boodskap van God het, indien jy

God nie werklik ken en weet dat Hy daardie man gestuur het nie.

Jy moet weet waar God is, en jy moet weet dat jy God se man

volg! In sommige vertalings word ambassadeur gebruik, maar dit

is nie ‘n goeie vertaling nie, want dit handel hier oor iemand met

‘n boodskap van oorlogvoering! Jy sal nie geneig wees om ‘n

“ambassadeur” in ‘n oorlog in te volg nie. Wanneer God iemand

stuur, weet jy daar is ‘n werk om te doen, ‘n stryd om te stry.

Soos Esau, het die Laodiceërs hul geboortereg vir ‘n bord sop

verkoop. Hulle het alles vir ‘n bord sop, opgegee! (Genesis 25:29‑34).

Hulle is nie oor Obadja besorg nie—hulle wil net dié bord sop,

fisiese dinge, hê. Die hele wêreld staan op die punt om verwoes te

word en al waaroor hulle besorg is, is ‘n salaris en aftreevoordele

en ‘n godsdiens wat deur Satan geïnspireer word.

Mense begeer en moor vir fisiese dinge. Wat sal ons vir
Die Stem van die Dag van die Here 121

ewige glorie doen? Watter waarde plaas ons op ons geestelike

geboortereg?

Daar is geen manier waarop ons, sonder straf, ons verant‑

woordelikheid kan ontduik nie. In Obadja 21 word ons selfs verlossers

deur God genoem. Dit is wat ons is: verlossers vir God!

Ons help om mense vir God te red.

D i e Vo e t e Va n H o m

Daar is ‘n sekere mate van swaarkry betrokke wanneer ons God

se werk doen, maar ons moet verby dit sien.

“Godspraak oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum,

die Elkosiet“ (Nahum 1:1). Vanuit ‘n menslike oogpunt gesien,

is die swaarkry al wat ons sien. Die woord ‘Godspraak’ beteken

“swaar en gewigtig.” Nahum is ‘n boek oor Duitsland en die

verskriklike dade wat hulle in hierdie eindtyd op die aarde sal

verrig. Maar God wil hê dat ons op die visie fokus! Daardie groot

gewig is op die punt om van hierdie wêreld verwyder te word.

Hierdie is ‘n boek van “visie”—of openbaring, van God. Wie,

is vandag besig om openbaring van die boek van Nahum oor te

dra? Dié profeet is besig om slegte nuus te bespreek. Maar die

goeie nuus is dat die slegte nuus op die punt staan om vir ewig

tot ‘n einde te kom!

Let op vers 15: “kyk, op die berge die voete van hom wat

die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou

feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard [ver‑

drukker] sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal

uitgeroei!” God sê, Kyk! Neem kennis! Rig jou gedagtes hierop!

Dink aan “die voete van hom”—‘n sekere man wat goeie tyding

bring en wat vrede verklaar. Kyk goed na hierdie boodskapper,

en hierdie wonderlike boodskap van hoop.

Ek verklaar ‘n boodskap dat hierdie wêreld op die punt staan

om niks meer van die Heilige Romeinse Ryk te sien nie. Jy sal dit

nooit weer deur Israel sien marsjeer nie! Dit is goeie nuus. Dit is

die boodskap wat ons vir hierdie wêreld het. Elke ontmoediging

en depressie en ongelukkigheid, elke stukkie slegte nuus op die

langtermyn, word deur hierdie wonderlike nuus uitgekanselleer.

Ons moet die pragtige voete van “hom” sien—die een wat

openbaring uit die boek Nahum na die wêreld bring. Ek het ‘n
122

boekie oor Nahum geskryf, en ons verstaan hierdie boodskap

nog dieper as wat mnr. Armstrong dit verstaan het. God wil

regtig hê dat ons op hierdie “hom,” die boodskapper en sy bood‑

skap fokus.

“Kyk” plaas ‘n spesiale klem op wat daarna volg. Nie alleen

moet ons die man wat goeie tyding bring en ewige vrede ver‑

klaar sien nie, maar moet ons ook van sy voete kennis neem. Hy

is ‘n boodskapper wat, figuurlik gesproke, met God se bood‑

skap regoor die wêreld hardloop. Vanaf die berge roep hy—die

hoogste televisie torings en sateliete.

Die man is slegs ‘n boodskapper. God se uitverkorenes is op

God gefokus, wie die boodskap stuur. Daarom word ons ver‑

maan om na die voete op te let, want alles word daardeur in per‑

spektief geplaas. Die goeie tyding kom nie van ‘n man nie, maar

van God! Die man het die eer om die boodskap van God oor te

dra. En die uitverkorenes word ook geëer om so ‘n “wonderlike

werk” te kan ondersteun.

Nahum handel oor Duitsland, ‘n nasie wat ‘n voortdurende

vloek vir die mensdom was. Satan het die Duitsers gekies om

‘n stroom van ellende en verwoesting oor die mensdom te

bring, “oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan

nie?” (Nahum 3:19). Maar jy is besig om die laaste van hierdie

magtige dier te sien—vir ewig. Dit is die finale hoofstuk. Die

weermagte van Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk

sal nie weer marsjeer nie! So ‘n wonderlike toekoms kan nie

met woorde beskryf word nie.

God staan op die punt om die aarde met waarheid en

blydskap te vul. Kyk na die pragtige voete van hom wat vooruit

jaag om hierdie boodskap van ‘n nuwe beskawing oor te dra, ‘n

beskawing wat deur ons Skepper regeer sal word.

G o D s e G e ko s e L e i e r

Wie Is “Dié Profeet ”?

Ten einde hierdie uitgebreide studie oor “dié profeet” af te sluit,

wil ek u aandag vestig op ‘n stelling wat mnr. Armstrong gemaak

het. Dit was in ‘n “Good News” persoonlike brief, in Augustus

1979: “Hierdie gedagte het by my opgekom vanoggend terwyl

ek besig was om ontbyt te nuttig: In die geskiedenis van die

hele wêreld, het God nog nooit ‘n belangrike werk of ‘n spesiale
Die Stem van die Dag van die Here 123

aktiwiteit deur ‘n gekose mens begin en dan, nadat die spesiale

aktiwiteit ver gevorderd was, toegelaat dat sy gekose menslike

leier deur Satan omvergewerp word—of dat hy op enige manier

vals uitdraai nie.

“En tog, diegene wat hoog bevorder was binne daardie werk

of spesiale aktiwiteit vir God, was toegelaat om vals teen God se

gekose leier uit te draai.”

Mnr. Armstrong het toe die voorbeelde van Moses, Josua,

Paulus, Petrus en natuurlik homself, aangehaal. “Hierdie Kerk

was besig om in die Laodicese toestand in te dryf. Toevallig was

beide die Sardis en die Laodicense Kerk eras God se kerke—nie

die van Satan nie.

“Iemand het die valse gerug versprei dat ek gesê het dat

hierdie ander Satan se kerke was of sou wees…Die Laodicese

Kerk sal deur geestelike louheid, gekarakteriseer word—die

helfte van sy lidmaatskap (Matthéüs 25:1‑13) sal uit God se

Koninkryk uitgesluit word.” Een helfte sal vir ewig uitgesluit

word! Mense, wat baie van ons ken, sal binnekort vir ewig uit

God se Koninkryk uitgesluit word, tot soveel as 50 persent! Is dit

belangrik dat ons hierdie boodskap verklaar?

Mnr. Armstrong het voortgegaan, “Maar soos dit vandag

blyk my geliefdes broeders, is die slegte nuus dat ons, van die

Filadelfia era ongetwyfeld—desnieteenstaande my seun se

bespotting—in ernstige gevaar staan om ook die Laodicense era

te word.” Hulle was inderdaad. Dit was in 1979. Hy het gesê: “Ek

persoonlik is baie besorg hieroor. Indien u nie besorg is nie, dan

is u inderdaad in dodelike gevaar.” Is jy diep besorg oor hierdie

waarheid? Indien nie, is jy in dodelike gevaar. Mnr. Armstrong

was besig om oor jou ewige lewe—of ewige dood, te praat!

“Satan doen nou alles in sy vermoë om hierdie Kerk van

God te vernietig,” het mnr. Armstrong voortgegaan. En hy

is besig om alles in sy vermoë te doen om die fkg te vernietig!

“Maar wat Jesus Christus opgerig het, is die Kerk van God.

Vandag omring dit die aarde daarom word dit deur ons die

“World Wide Church of God” genoem. Garner Ted het by

my gespog dat dit hy was wat hierdie Kerk gebou het. Dit was

gebou toe hy 3 jaar oud was!”

God het ook die Filadelfia Kerk van God gebou. As dit nie

so was nie, behoort ons nie hier te wees nie. God het hierdie
124

Wie Is “Dié Profeet ”?

Kerk gebou en dit groei aanhoudend. En tog, dink mense soms

dat hulle dit gebou het. Ek het nie enigiets gebou nie; u het nie

enigiets gebou nie, behalwe dat ons in staat is om die grootte

God te help om dit te bou.

Mnr. Armstrong het afgesluit, “Maar wat Christus deur sy

[Garner Ted] vader gebou het, het daardie mikrofone voor hom

geplaas. Hy het niks begin nie. Hy het geen baanbrekerswerk

gedoen nie …

“God het nog nooit, een deur wie Hy ‘n groot projek begin

het, verkeerd laat uitdraai nie—en Hy het nog nooit so ‘n aan‑

gestelde leier van Hom laat sterf totdat sy werk voltooi was nie.”

Hoe inspirerend om daaraan te dink! God sal met sy werk

voortgaan en werklik alles doen om daardie leier te help. Sy

sukses was deur die eeue ‘n 100 persent gewees.

Daarom is dit baie belangrik dat ons almal dié profeet, ten

volle ondersteun. Terselfdertyd moet ons egter ‘n diepe begrip

hê, dat ons God volg, en nie ‘n man nie.
ADDISIONELE LEESSTOF

Die Filadelfia Kerk van God produseer baie insiggewende en

interessante publikasies wat u moontlik sal wil bestel.

Die volgende is slegs ‘n paar om te oorweeg:

MALEágI SE BOODSkAp

Dit is die aangrypende storie oor die kerk van god wat in hierdie

eindtyd afgewaal het en wat god gedoen het om die tragedie te

korrigeer. Dit dokumenteer wat met die Wêreldwye kerk van god

gebeur het nadat sy stigter, Herbert W Armstrong, in 1986 gesterf

het. Die Bybel het in detail profeteer dat god se kerk sou afdwaal

van dit wat Mnr. Armstrong geleer het, en dat god Sy werk opnuut

met die getroue oorblyfsel van Sy kerk, sou begin. Maleági Se

Boodskap was die rudimentêre uitgawe van die Filadelfia kerk van

god, en bly die middelpunt van ons literatuur.

Bestel skriftelik u gratis kopieë van die literatuur wat hierbo gelys

is. Dit word gratis as opvoedkundIge diens in die publIeke belang

voorsien. Bepaal die adres van die naaste kantoor op die volgende

bladsy en skryf nog vandag om u gratis kopieë te ontvang!
KONTAK INLIGTING

Om die Filadelfia Kerk van God te bereik vir die bestelling van

literatuur, sowel as ‘n besoek deur ‘n leraar aan te vra:

Besoek ons webwerf: www.pcog.org

In Noord-Amerika, kan u ons tolvry skakel:

1-800-772-8577

POSADRESSE WÊRELDWYD

Verenigde State: Philadelphia Church of God, P.O. Box

3700, Edmond, OK 73083

Kanada: Philadelphia Church of God, P.O. Box 315, Milton,

ON L9T 4Y9

Karibiese Eilande: Philadelphia Church of God, P.O. Box

2237, Chaguanas, Trinidad, W.I.

Brittanje, Europa en Midde Ooste: Philadelphia Church of

God, P.O. Box 900, Northampton, NN5 9AL,

United Kingdom

Afrika: Philadelphia Church of God, P.O. Box 2969,

Durbanville 7551, South Africa

Australië, die Pasifiese Eilande, Indië en Sri Lanka:

Philadelphia Church of God, P.O. Box 375,

Narellan N.S.W. 2567, Australia

Nieu-Seeland: Philadelphia Church of God, P.O. Box 6088,

Glenview, Hamilton 3246

Fillipyne: Philadelphia Church of God, P.O. Box 52143,

Angeles City Post Office, 2009 Pampanga

Latyns-Amerika: Philadelphia Church of God, Attn: Spanish

Department, P.O. Box 3700, Edmond, OK 73083, United

States
GERALD FLURRY is pastor‑generaal van die Filadelfia Kerk van

God. Hy is onder meer skrywer van oor die 35 boeke en boekies,

hoofredakteur van die “Philadelphia Trumpet” bylae en aanbieder van

die “Key of David” televisieprogram. In die lente van 2001, het hy die

Herbert W. Armstrong Kollege in Edmond, Oklahoma gestig. Deur

die skryf van, uitsaai en openbare optredes, verkondig mnr. Flurry

die wonderlike nuus dat Jesus Christus binnekort sal ingryp om die

mensdom in hierdie generasie te red, sowel as ‘n waarskuwingsboodskap

dat baie van God se eie mense afvallig word, in hierdie eindtyd.

afrikaans—Who is "That Prophet"?