02.05.2013 Views

Die volledige Kruisgewys 8/4

Die volledige Kruisgewys 8/4

Die volledige Kruisgewys 8/4

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

uisgewys

MIV/Vigs

Uitgegee deur Bybel-Media

(in Vennootskap met GDN)

September 2008

Die kairos in die MIV/vigs-krisis

Die olifant in die kamer

Dis óns probleem

Vigs-vriendelike gemeentes

Op reis met MIV-positiewe

mense

Vigs op my drumpel

‘Ek is MIV-positief’

Die hande en voete van

Christus in die gemeenskap

Jou taal verraai jou hart

GDN

8/4

Wat het van ons

geestelike leiers

geword?

R139,95

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

In ’n wêreld waar die leiers kultuur gekenmerk

word deur bemarkings bemarkings potensiaal,

charisma en en self self verheerliking, bied

gees telike leierskap ons ’n prent van ’n

ander wêreld wêreld – een waarin integriteit,

integriteit,

spiritualiteit, verbeelding, beginsels en

waardes nood saaklik is. Dít het ons

wêreld wêreld juis nodig. nodig.

Christenleiers

God se mense vir nuwe werklikhede

JANNIE LE ROUX & BRAAM HANEKOM

(REDAKTEURS)

(REDAKTEURS)

Pieter Fourie

Van die redakteur

Die God van randfigure

Hierdie Kruisgewys moes oor randfigure handel.

Op die ou end het dit uitgeloop op ’n blad

wat fokus op MIV/vigs en mense wat MIVpositief

is, of reeds aan vigs ly.

Dalk bied hierdie onbedoelde uitloop weliswaar die

beste toets vir ons teologie oor randmense.

Vigs is ’n groot probleem in Suid-Afrika. Naweke in

baie gemeentes van die VGK en ander kerke in swart

gebiede is tot boordens toe gevul met begrafnisse – baie

daarvan vigssterftes, alhoewel dit nie op een sterf tesertifikaat

so sal staan nie.

Binne die geledere van die NG Kerk is dié ver skynsel

nie naasteby so erg nie, alhoewel daar ook al vigsbegrafnisse

was. Is dit dus geregverdig om nogtans ’n

he le Kruisgewys aan hierdie onderwerp te wy?

Vir inspirasie het ek my gewend tot Kosuke Koyama

se boek (reeds van 1984): Mount Fuji and Mount Sinai: A

pilgrimage in theology (London: SCM).

Periferie vs sentrum

Koyama vestig die aandag op die belang van die

periferie (van die buiterand) vir ’n kruisteologie.

Waar is die periferie? “The periphery is the place

without honour, prestige and power. In Jeremiah the

periphery is the place of widows, orphans and aliens.

The place where people are dying from starvation is the

periphery” (voeg by “vigs”).

Téénoor die periferie staan die sentrum. Hoe lyk

dit daar? “At the centre, in the place of honour, prestige

and power, people are nicely salaried and caloried. This

understanding of periphery is important – the theology

of the cross is fundamentally different from a theology

of honour, prestige and power...”

Eer, prestige en mag moet in die lig van dissipelskap

beoordeel word: “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand

agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy

kruis opneem en My volg” (Matt 16:24).

Die periferie is ’n plek van dissipelskap. As ons

Jesus volg, sal ons Hom aantref op die periferie van die

samelewing, tussen hulle wat nie prestige en geld en

1

mag en (selfs) gesondheid het nie. “The periphery is the

place of the cross. It is the place where we are asked to

save others and not ourselves. This description of the

periphery itself is a description of the gospel of Christ.”

Ons sê graag: Jesus Christus is die sentrum van ons

lewe. En inderdaad, Jesus is die sentrum. Daarom, waar

Hy ook al is, daar word dit die sentrum.

Maar hierdie sentrum is nie ’n gewone sentrum nie. In

dié sentrum word bevestig dat God se swakheid sterker

is as dié van mense, en sy dwaasheid wyser as mense

s’n. Dié vreemde sentrum is die kruis. En die kruis is

die plek van die aflegging van selfgesentreerdheid.

Ervaar kerklidmate nog die periferie te midde van

relatiewe gemak, loopbaanwedywering, prestige en

ekonomiese mag – binne die lewe van ’n verburgerlikte

Christendom in die voorstede van Bloemfontein, Pretoria

of Kaapstad? Is hulle in staat om ook die kruis te

leer ken op die periferie van daardie stede - in Heidedal,

Mamelodi en Khayelitsha? Vanuit die “middel” lyk

vigs na die straf op sonde en die verdiende loon vir

losbandige lewes. Vanuit die periferie van die kruis –

daar op ’n heuwel aan die buiterandjie van Jerusalem –

sien jy die Gekruisigde raak besig om siekes te vertroos

en wonde te genees.

God is eers die sentrum van godsdienstige lewe

waar daar dissipels is wat in selfopoffering Hom op

die periferie tussen die randfigure van die samelewing

raaksien en begin volg. Die God van die sentrum is

“.... op ’n besondere wyse die God van die noodlydende,

die arme en die veronregte ....”

Wat die Belhar-belydenis daarmee verwoord “... is

eenvoudig die basiese, oer-Bybelse en oer-Christelike

oortuiging dat God die hulp van die hulpelose is,” skryf

Dirkie Smit in Oomblik van Waarheid (1984) (en voeg

by: “... alhoewel dit meermale nie uitgeleef word nie of

geriefshalwe vergeestelik word”).

Nie net terloops nie

Dit lyk my in die teologie het die periferie nie maar

net terloops met die sentrum te make nie. Dit is die

hart daarvan. Sê Miroslav Volf (ten opsigte van Israel

se soort gelyke opdrag om ánders teenoor vreemdelinge

en slawe op te tree – Deut 24:17-18): “For the nation

to fail to imitate God would not simply be to disregard

wise counsel or disobey a moral command, but ... to

betray themselves, no less than the redeeming God, by

living in contradiction to their true identity”(The End of

Memory: Eerdmans 2006).

Mag dié Kruisgewys weer eens kerkmense wat soms so

sukkel om op die periferie te opereer, waarlik uitdaag!

Chris van Wyk

Maak ’n verskil!

Minister Trevor Manuel het in Februarie 2008 die

regering se MIV/vigs-program ’n hup stoot gegee

toe hy ’n bykomende R2,1 mil jard hiervoor

bewillig het weens die groeiende aanvraag na antiretrovirale

middels (ARM). Gevolglik sal ’n half miljoen méér mense

toegang hê tot dié omvattende be handelingsprogram.

Die geld is bykomend tot bestaande programme en sal

die aantal mense wat getoets word, verhoog en die reeks

voorkomingsprogramme uitbrei. Dit sal die re ge ring se

uitgawes op sy vigs-programme laat groei tot R9,8 miljard

oor die volgende drie jaar. ’n Baie tydige ak sie, want die

nuutste aktuariële beraming plaas die ge tal mense in die RSA

wat reeds MIV/vig het op 5.6 mil joen!

En die kerk?

Kerkspieël 2006 wys byvoorbeeld dat meer as die helf -

te van NG gemeentes geen aandag aan MIV/vigs spe s ifiek

gee nie. Die kerk is baie meer aktief by twee van die “Sewe

Reuse” wat die samelewing van Suid-Afri ka uitdaag (SACLA

2003), naamlik armoede en werk loos heid (80%) sowel as

gesinskrisisse (71%). By die ander vyf van die “Sewe Reuse”

is gemeentes minder ak tief, te wete misdaad en korrupsie

(42%), geweld (38%), MIV/vigs (35%), rassisme (33%) en

seksisme (14%).

’n Ander interessante feit is dat die grootte van ge meentes

en die spesifieke bedieningsmodel wat hulle volg ’n

beduidende rol in hierdie betrokkenheid speel. Stads- en

voorstedelike gemeentes (teenoor platte land se en grootdorp-gemeentes)

en gemeentes wat met ’n kleingroep-model

(teenoor ’n tradisionele wyks mo del) werk, is meer betrokke

by die “Sewe Reuse”, on der andere by MIV/vigs. Vier-enveertig

persent van klein g roepmodel-gemeentes is by MIV/

vigs betrokke, teen oor 29% van gemeentes wat die tradisionele

wyks model handhaaf. (Gemeentes wat ’n kombinasie van

wyke en kleingroepe het, doen ook beter met 42%).

’n Mens sou lank kon gesels oor die redes vir hierdie

oën skynlike “probleemstorie”. Jy kon wys op die gebrek

aan sigbaarheid van MIV/vigs in sommige gemeentes, die

terughoudendheid om oor seks en die dood te praat, en dat

gemeentes by soveel ander sake betrokke is dat hul le nie nog

ook hiervoor óók kans sien nie.

Ons wil egter in dié Kruisgewys ’n meer waarderende lig

laat val op wat wél op die gebied van MIV/vigs in die kerk

gebeur. Ons wil dat in dié stories leraars en gemeentes hoop

kan skep en kan onderskei waar op ’n praktiese manier

2

ingeskakel kan word.

Die storie van die arm Shiselweni-gemeente in Swa zi land

is so ’n pragtige “alternatiewe storie” wat ’n uit da ging aan die

gemeentes in die res van Suidelike Afrika rig om daadwerklik

iets aan dié reus van MIV/vigs te begin doen.

Willie van der Merwe skryf in Die kairos in die MIV/vigs-krisis

oor die wyse waarop die NG Kerk sedert die negentiger jare

na MIV- en vigs-mense uitreik en ver dui delik drie aspekte

van die huidige strategiese proses – bladsy 3.

Nelis du Toit skryf in Die olifant in die kamer oor sy per soonlike

reis met die MIV- en vigspandemie as ’n mo tivering vir

gemeentes om as liggaam van Christus by die werklikheid

daarvan betrokke te raak – bladsy 4.

Aneleh Fourie-le Roux skryf in Dis óns probleem oor die

mobilisering van gemeentes om doelbewus vigs-vrien delik

te raak en bied uitgebreide hulp aan deur mid del van CABSA

se “Kerke, Kanale van Hoop”-pro jek – bladsy 6.

Nelis du Toit skryf in Vigs-vriendelike gemeentes namens die

Vigsaksiegroep van die VGK Ring van Wynberg oor hulle vyf

jaar lange projek om ’n praktiese verskil in hul l e omgewing

aan MIV en vigs te maak – bladsy 7.

Aneleh Fourie-le Roux skryf in Op reis met MIV-po sitiewe

mense oor die intense emosies wat sy in haar be trokkenheid

by MIV-positiewe mense er vaar het. Dit wissel tussen die

Godverlate hartseer oor twee vriendinne wat dood is aan vigs

en die onverwagse inspirasie van MIV-positiewe mense wat

met oorgawe leef, ten spyte van die siekte – bladsy 10.

Lynette van Wyk vertel in Vigs op my drumpel die aan grypende

verhaal van Wiseman, die flinke werker by ’n weldoener se

strandhuis, en die tragiek van sy dood aan vigs – bladsy 12.

Aneleh Fourie-le Roux beskryf in “Ek is MIV-positief ”

meer volledig die verhaal van Cecelia Kruger, “iemand wat

moedig bly en altyd ’n glimlag het ten spyte van moeilike

omstandighede” – bladsy 13.

Chris van Wyk skryf in Die hande en voete van Christus in

die gemeenskap die verhaal van Arnau van Wyngaard en die

gemeente van Shiselweni in Swaziland, wat onlangs die

tweede prys in die Courageous Leadership Awards van Willow

Creek Community Church in Chicago vir hulle Home Based

Caregivers projek gekry het – bladsy 14.

In jou taal verraai jou hart help Nelis du Toit ons om sensitief

met MIV- en vigs-taal te werk – bl 16.

Daar is nóg stories en skakels by www.gemeentes.co.za na

meer MIV/vigs-inligting. Moenie dit net lees nie, maar stuur

vir ons alternatiewe stories van hoop. Neem deel aan die blog

– ons luister graag. Inspireer ons met julle stories dat ons saam ’n

verskil kan maak!

l Die foto op die voorblad is ’n 3-D kristallografiese beeld

van die antiliggaam b12 (groen strikkie) in kontak met ’n

kritiese teiken (geel) vir entstof-ontwikkelaars op MIV-1

gp120 (rooi). Deur die antiliggaam lyk die MIV-proteïen

kwesbaar, wat die hoop onder wetenskaplikes laat opvlam het

dat ’n entstof teen MIV/vigs tóg ontwikkel sal kan word. Ek

gebruik die foto om die hoop lewend te hou ...

(Foto vrygestel deur die National Institute of Allergy and Infectious

Diseases. [NIAID].)

Kairos in die MIV/vigs-krisis

Willie van der Merwe

Die NG Kerk het in 2002 ’n roepingsverklaring

aan vaar waarin die kerk hom verbind om saam

te werk aan oplossings vir die krisisse waarmee

die Suider-Afrikaanse samelewing worstel.

Dié krisisse sluit in alle vorms van geweld, die geweldige

omvang van armoede en hongersnood, die gevol

ge van die vigspandemie en die gebrek aan respek vir

mense, diere en die omgewing.

Een van die metafore waarmee die NG Kerk sy roeping

in Suider-Afrika definieer is genesing. In ’n streek

waar honderde mense daagliks as gevolg van vigs sterf

en duisende kinders jaarliks deur dié siekte wees gelaat

word, is dit uiteraard ’n heel gepaste metafoor.

In die roepingsverklaring verklaar die kerk sy begeerte

om ’n verskil te maak. Hierdie artikel wil help

na dink hoe die NG Kerk, en spesifiek gemeentes, hierdie

roeping ten opsigte van die MIV en vigs kan waar

maak.

Dit is egter eers nodig om kortliks ’n oorsig te gee

hoe die NG Kerk sy betrokkenheid by die MIV- en

vigs pandemie in Suider-Afrika die afgelope dekade verwoord

het. Vir die doeleindes van dié artikel word slegs

op die besluite van die Algemene Sinode gefokus.

Sinodebesluite

Reeds in 1994 roep die Algemene Sinode gemeentes

en gemeentelede op om met die grootste liefde en pas torale

bewoënheid na mense met MIV en vigs uit te reik.

Die sinode van 1998 boekstaaf opnuut sy kommer

oor die snelle verspreiding van MIV en vigs spreek die

oor tuiging uit dat ’n sterk voorkomingsaksie nodig is.

Ge meentes word versoek om openhartig met die jeug

gesprek te voer.

Die volgende sinode (2002) het verder gegaan en

’n verklaring uitgereik waarin die standpunt van die

NG Kerk verwoord is. Dié verklaring begin met ’n

belydenis waarin die kerk ’n houding van ontkenning,

vooroordeel en onkunde erken. Dit gaan voort met ’n

on derneming om deernis te betoon aan alle mense wat

met MIV en vigs leef, om die verspreiding van MIV

te bekamp deur die bou van Bybelse morele waardes,

3

om die omstandighede wat die vinnige verspreiding van

die MIV-infeksie aanwakker, teen te werk, en om met

ander rolspelers saam te werk.

Gedurende 2004 word dié verklaring opgevolg met ’n

omvattende strategie vir die NG Kerk, die Goeie Herderstrategie.

Gemeentes, ringe en sinodes word weer eens

opgeroep om hulle roeping ten opsigte van MIV en vigs

te aanvaar en uit te leef en sinodes versoek om eie strategieë

te ontwikkel en te implementeer.

Uit dié uiters kursoriese oorsig raak dit duidelik dat

die NG Kerk duidelik verstaan dat dit ’n roeping ten

op sigte van die MIV- en vigskrisis in Suider-Afrika het.

Die Kerk besef ook sy tekortkominge en vooroordeel

en wil daaraan werk.

Die kritiese vraag bly egter: Hoe betrokke is die NG

Kerk wel en wat is die impak van van hierdie be trokkenheid?

Die antwoord op die vraag is nie voor die hand liggend

nie. Uit navorsing van verlede jaar oor die persepsies

wat Suid-Afrikaners van die kerk se betrokkenheid by

MIV en vigs het, blyk dit dat die indruk steeds bestaan

dat die kerk nie genoeg daaroor doen nie (Van Dyk en

Van Dyk, 2007:693).

Hierdie tendens kom ook in die NG Kerk self voor.

Volgens Kerkspieël 2006, ’n ondersoek wat intern in die

NG Kerk gedoen is, rapporteer slegs 35% van die gemeentes

by wie navraag gedoen is dat hulle iets spesifieks

ten opsigte van vigs doen (Bisschoff, 2008).

Dit bring ons gevolglik by die spesifieke vraag: Wat

be hoort die NG Kerk te doen om ’n verskil te maak,

soos die verbintenis in die roepingsverklaring vra?

Luister na God, mekaar en ander

Die NG Kerk is in ’n luisterseisoen omdat ons graag wil

hoor wat God vir sy kerk in hierdie uitdagende tyd wil sê,

ook oor die vigskrisis. Die eintlike vraag is: Hoe sien God

mense wat ly en in nood is as gevolg van MIV en vigs?

Die antwoord lê wyer as net wat ons self in die Woord

hoor. Daarom is dit nodig dat ons ook na die storie van

ons broers en susters luister wat deur vigs geïnfekteer

en geaffekteer is.

Ons behoort ook te luister na wat in ander kerke aan

die gang is en moet deeglik kennis neem van die magdom

navorsingsresultate wat daagliks groei. Be trou bare

en volledige inligting is ’n belangrike kom po nent van

die kerk se respons op die vigskrisis.

Teologie van hoop, liefde en omgee

Van Wyngaard (2006:267) meen dat die krisis van MIV

en vigs so groot is dat hy en ander skrywers praat van

Na bl 5

Dis ’n voorreg om mense te ken wat met MIV leef.

My lewe is deur MIV verryk. Dis opwindend en

ook verootmoedigend om mense te ontmoet wat aktief

be trok ke is op die MIV-terrein. Die werklikheid van die MIV-

en vigs pandemie en kwessies wat dit aan die orde stel, het my

nuut na die Skrif laat kyk en my denke gestimuleer. Ek hoop

my sto rie sal jou bemoedig om self méér betrokke te raak.

Die werklikheid van MIV/vigs en God se liefde

Daar was ’n tyd dat ek byna oorweldig is deur die omvang

van die vigspandemie.

Die bekende gediggie oor die olifant in die kamer

ver tel dat almal in die kamer probeer voorgee dat daar

nie ’n olifant is nie. Ek het egter van die olifant bewus

ge word en begin om daarvan te praat. As ’n mens eers

die olifant gesíén het, kan jy nie langer swyg nie.

My eerste pogings om as gemeenteleraar iets oor MIV

te sê en daaromtrent te doen, het my met die volgende

werk likhede gekonfronteer:

Ek het ontdek dat wat jy oor MIV sê (of nie sê nie), soms

meer van jou Godsbeeld vertel as van jou kennis van die MIVpan

demie. Ek is gekonfronteer met vrae soos: Waar staan

God en waar staan Jesus in die MIV-pandemie? Die

ant woord het vir my gelê in God se onverdiende gena

de en Jesus se bemoeienis met siekes, randfigure en

so genaamde sondaars, sonder veroordeling

Die olifant in die kamer

Nelis du Toit

Ek het ontdek dat wanneer jy oor MIV praat, jy van men-

se praat. Dit is mense wat MIV-positief is en men se

wat MIV-negatief is. Dit is mense wat siek is en ondersteuning

nodig het. Met ander woorde, die “olifant”

van MIV en vigs is nie ’n “ding” nie, dis mense met hulle

nood. Maar ek het ook ontdek dat dit dikwels mense is

wat wegkruip vir MIV en vigs. Dis asof daar ’n muur is

waaragter ons mense wat met MIV leef wegsteek.

• Toe ek eers van hierdie muur bewus geraak het, is

ek gekonfronteer met die geweldige probleem van die stigma van

MIV en vigs. Stigma is natuurlik nie ’n nuwe verskynsel

nie; dis so oud soos Kain se vrees vir mense (Gen 4:14).

Die MIV-pandemie leer ons opnuut hóé liefdeloos en

Waarom by die MIV-pandemie betrokke wees?

4

son dig stigmatisering is.

Saam met hierdie gewaarwordings, het die besef ál

ster ker gegroei dat die kerk (die gemeente, ek) direk en

op sigtelik by die problematiek betrokke móét wees.

Nabyheid van MIV en die liggaam van Chris tus

Die kerk, die gemeente, is die liggaam van Christus.

In 1 Kor 12:12-31 word prakties en konkreet uitgespel

wat dit beteken. Ons houdings en optredes mag nie die

een heid bedreig nie. Daarom word minderwaardigheid

(verse 15 ev) sowel as meerderwaardigheid (verse 21

ev) afgewys. Almal word geraak deur die enkeles se

teen spoed of voorspoed (vers 26).

Wat MIV my in hierdie verband geleer het, is dat

Chri stene dikwels neig om houdings te openbaar wat

Chris tus se liggaam benadeel. Op verskeie maniere

kom ’n “ons-hulle” denkwyse na vore. Hier is “ons” die

ge sondes en diegene wat moreel reg lewe. “Hulle” is

dié wat MIV-positief is en immoreel leef. ’n Negatiewe

houding word teenoor “hulle” wat met MIV leef

openbaar.

Die omvang van die pandemie strek egter so wyd

dat geen gemeenskap in Suider-Afrika nie daardeur geraak

word nie. MIV is nie dáár ver nie, dis híér. Dit is

nie alleen ’n “jongmens-probleem” nie. Dit is nie alleen

’n “swartmens-probleem” nie. Dit is nie alleen ’n

“promiskuïteits-probleem” nie! Dis nie ander se probleem

nie – dis ons almal se probleem!

Daarom is dit nodig dat die gemeente erken dat lidma

te met MIV leef en geraak word deur dierbares wat

met MIV leef.

Watter gemeente kan met sekerheid sê daar is geen

MIV-positiewe persone in hulle midde nie? In kort:

Die kerk is MIV-positief. Die kerk het vigs. Die liggaam

van Christus leef met MIV.

Die eerste implikasie hiervan is dat ons ook ten

op sigte van MIV mede-verantwoordelik vir mekaar se

gees telike en liggaamlike ondersteuning is. Lees maar

ge rus weer 1 Kor 12:12-27 met MIV bewustelik in

ge da gte (vergelyk ook die “mekaar” in Kol 3:12-17).

Verder beteken dit dat ons saam mede-ver ant woor-

de lik is om verdere verspreiding van MIV te voorkom.

Voor koming is nie ’n program vir “hulle” nie, dis ’n

ver antwoordelikheid wat by “ons” begin.

“Die vigspandemie is ’n geleentheid vir die kerk”,

word dikwels gesê. En: “As die kerk die geleentheid nie

aan gryp nie, sal dit ’n verleentheid word.”

Daar kan maklik twee misverstande ontstaan as ons

aan die pandemie as net “’n geleentheid” dink. Ge leent-

heid bevestig die verkeerde idee dat die MIV-pan demie

iets buite die kerk of gemeente is. Verder kommunikeer

dit dat daar ’n vrywillige keuse gemaak kan word. Byvoorbeeld:

As iemand vir my sê daar is nou “’n goeie

ge leentheid” om geld op die aandelebeurs te maak, is ek

nie daardeur verplig om aandele te koop nie.

Die MIV-pandemie is veel meer as ’n geleentheid

vir die kerk – dis die kerk se uitdaging of toets (vergelyk

die Engels “challenge”). Dis ’n kairos-moment vir die

kerk – ’n oomblik van waarheid.

“Gaan vir ’n MIV-toets!” is ’n baie belangrike oproep

in hierdie tyd. “Maak seker wat jou MIV-status is!” Dis

reg, maar moenie vergeet dat MIV reeds vir jou en jou

g e meente toets nie. Die vraag is: Is jy/julle positief betrokke

by die pandemie?

Mense wat nie hoop het nie, loop ’n hoër risiko op

MIV-infeksie. MIV beroof mense wat met MIV lewe

van hulle hoop – met negatiewe gevolge vir hulle gesond

heid.

Petrus sê ons moet gereed wees om ’n antwoord te

gee oor die hoop wat in ons leef (vgl 1 Pet 3:15). Die

MIV-pandemie vra op verskeie maniere wat hierdie

hoop beteken:

• Mense wat met MIV leef en hulle wat aan vigs sterf,

vra: “Verduidelik asseblief die hoop waarvan julle so

Kairos in die MIV/vigs-krisis - Van bl 3

’n kairos-moment wat bereik is. Die kerk het nóú ’n

teologie nodig om sy respons op die krisis te rig en te

begelei.

So ’n teologiese besinning op hoop, liefde en omgee

sal minstens oor vier sake leiding moet gee.

Die siening dat vigs die straf op die sonde van

promiskuïteit is. Hierdie siening vorm dikwels die basis

vir die marginalisering en stigmatisering van mense wat

MIV-geaffekteer is of vigs het.

• Seks en seksualiteit is ’n gawe van God.

• Die posisie van vroue en kinders en die misbruik en

geweld teen hulle.

Die belydenis dat die kerk die een liggaam van

Christus is. Talle skrywers meen dat dit juis die

motivering is waarom die kerk solidêr behoort te wees

met ons broers en susters wat deur MIV geïnfekteer en

geaffekteer is en waarom die taal van “hulle” en “ons”

nie gebruik durf word nie.

Saam met ander

Volgens die roepingsverklaring glo die NG Kerk dat dit

nodig is om saam met alle ander Christene hande te vat

in die stryd teen MIV en vigs. Ek sou dit graag wyer wou

neem om ook samewerking met die owerhede en ander

organisasies in die samelewing in te sluit. Suid-Afrika

het in 2007 ’n vyf-jaar- strategiese plan vir die stryd teen

MIV en vigs aanvaar waarin daar spesifieke voorsiening

5

baie praat!”

• Mense wat kwesbaar is en hulle wat skynbaar hulleself

aan risiko blootstel, vra dit ook.

• Mense wat by die pandemie betrokke is, vra wat

hier die hoop beteken. Baie van hulle is vrywilligers wat

an der help terwyl hulle self hulp nodig het. Baie van

hul le is reeds uitgebrand ná jare se betrokkenheid by ’n

skynbaar uitsiglose situasie. Daarom verlang hulle na

le wende hoop.

• Mense wat onbetrokke is, vra ook wat hierdie hoop

beteken. Een van die baie redes waarom mense nie

betrokke raak nie, is omdat hulle self sonder hoop is.

“Hoekom sal ek betrokke raak by ’n situasie wat skynbaar

uitsigloos is?” vra hooplose mense.

As ons die lewende hoop het – wat ontspring uit die

opstanding van Jesus uit die graf (vgl 1 Pet 1:3) – hoef

ons nie daarvan weg te skram om positief betrokke te

wees by die MIV-pandemie nie.

Terwyl die liefde van Christus ons dring, en die wete

dat ons die liggaam van Christus is ons motiveer, gee

die hoop ons moed en wys dit die koers aan van hóé om

daadwerklik betrokke te wees.

l Nelis du Toit het sy loopbaan be gin as leraar van die

VGK Kaapland en is tans voltyds in diens van CABSA as

bestuurder.

gemaak word vir die rol van die godsdienssektor.

Samewerking met die staat en ander organisasies hoef

nie te beteken dat die kerk sy waardes en etos moet

prysgee nie; inteendeel, dit skep myns insiens nóg ’n

ruimte vir die kerk om diens te betoon.

Die roepingsverklaring word afgesluit met ’n oproep

aan gemeentes om opnuut “sout van die aarde” en “lig

van die wêreld” te wees. Schoeman (2002:479) meen dat

die kerk dit slegs kan doen as dit luister en luisterend die -

naar word in ’n wêreld wat ly aan die gevolge van vigs.

Bronnelys

1. Bisschoff, J. 2008. Sewe ’reuse’ en die NG Kerk: ’n turksvy…?

Kruisgewys, April 2008.

2. De Lange, F. 2006. Confessing and embodying justice: About being a

confessing church vis-a-vis HIV/Aids. NGTT. Jrg 47 (1&2).

3. Schoeman, LG, Verster, P en Kritzinger, JJ. 2002.

Die wit kerk

en swart nood: Is daar nog sout in die soutpot oor? Opmerkings oor die

betrokkenheid van die wit kerk by die MIV/vigs pandemie in Suid-Afrika.

VERBUM ET ECCLESIA Jrg23(2).

4. Van Dyk, PJ en Van Dyk, AC. 2007. Does the church deliver?

Perceptions amongst South Africans about the role of the church in the HIV/

AIDS field. VERBUM ET ECCLESIA Jrg 28 (2).

5. Van Wyngaard, A. 2006 Towards a Theology of HIV/AIDS.

VERBUM ET ECCLESIA Jrg 27(1).

l Willie van der Merwe het sy be die ning in die VGK Kaapland

begin, was die hoof van die MTR Smit Kin derhuis in

die Oos-Kaap, PSD in die Wes-en-Suid-Kaap en is tans die

sekretaris van die Algemene Diens groep Diens en Getuienis.

Aneleh Fourie-le Roux

Dis óns probleem

Christen Vigsburo (CABSA) gee gedagtes oor mobilisering

Dietrich Bonhoeffer het geskryf dat aksie nie die

ge volg van denke of idees is nie, maar spruit

uit ’n gereedheid om verantwoordelikheid te

neem.

Wanneer ons op MIV en vigs fokus, is dit duidelik dat

een van die sleutels tot mobilisering en betrokkenheid

lê in ons gereedheid om te identifiseer met die liggaam

van Christus. Dit dwing ons om verantwoordelikheid

vir onsself en mekaar te begin neem.

Wat dit beteken om ’n

gemobiliseerde gemeente te wees

Mobilisering kan baie dinge beteken. Dit kan beteken

om ’n groep mense tot aksie en beweging oor te haal,

of om van een situasie of plek na ’n ander, en meer gewenste,

plek te beweeg. CABSA verstaan mobilisering

só dat dit beteken om gemeentes en gemeenskappe te

mo tiveer en te bemagtig ten einde te identifiseer met die pyn

en lyding en uitdagings waarvoor MIV ons stel.

As Christene wil ons mekaar uitdaag en bemagtig om

verantwoordelikheid vir mekaar te neem en self daadwerklik

by mekaar betrokke te raak.

Om verantwoordelikheid te neem en betrokke te raak,

strek verder as uitreik-inisiatiewe na die fisiese nood wat

so dringend en konkreet in baie swart gemeenskappe

beleef word. Dit stel ons voor die moeiliker uitdaging

om in ons eie gemeentes na binne te fokus en onsself af

te vra, “Is my gemeente ’n MIV-vriendelike gemeente,

waar MIV-positiewe lidmate en hulle families veilig en

versorg sal voel?”

Hoe lyk ’n gemobiliseerde gemeente?

’n Gemobiliseerde gemeente is een wat in die diepe oortui

ging leef dat MIV ook ons probleem is. Of daar nou

vyf of vyftig MIV-positiewe lidmate in die gemeente is,

is nie ter sake nie. As ons wegbeweeg daarvan om die

beeld van die liggaam van Christus gerieflik net in terme

van ons eie denominasie en gemeente te vertaal, sal

ons ons roeping en verantwoordelikheid rondom MIV

6

beter begin verstaan. Ons sal weet: Omdat een lid ly,

ly die hele liggaam. Ons sal weet dat al die dele van die

lig gaam ewe belangrik is en mekaar nodig het – of ek

MIV-positief of -negatief is, of ek ’n man of ’n vrou is,

of ek ’n Anglikaan of NG-lidmaat is, of ek swart, wit of

bruin is …

Vanuit hierdie oortuiging sal dit natuurlik steeds

be langrik wees om uit te reik na die nood in die gemeenskap,

ander kerke en gemeenskapsorganisasies.

Só ’n uitreik sal egter spruit uit ’n eie gebrokenheid en

iden tifisering met ons identiteit as die gebroke liggaam

van Christus.

CABSA en mobilisering

Deur CABSA se Kerke, Kanale van Hoop-program en

die terugvoer wat ons van opgeleide fasiliteerders kry,

het ons oor die afgelope paar jaar belangrike lesse oor

die mobilisering van gemeentes ten opsigte van MIV en

vigs geleer.

• Om gemeentes te mobiliseer, vra harde werk en ’n

definitiewe verbintenis (toewyding). Dit gebeur nie oornag

nie. ’n Mens moet jou daarom tot ’n proses verbind en

weet dat daar geen kitsresepte is om ’n gemeente te

mo bi liseer nie.

Alhoewel ’n paar begeesterde gemeentelede wel ’n

im pak op hulle gemeente kan hê, is mobilisering eintlik

eers moontlik waar die leierskap inkoop in die proses en kies

om MIV ook ’n prioriteit maak. CABSA weet van baie

lid mate wat al pogings aangewend het, maar met min

suk ses en wat prontuit sê dat die gesindheid van hulle

pre dikante die grootste hindernis in die proses was.

Baie onbetrokke lidmate is wel besorg oor MIV,

maar word baie keer deur vrees en onkunde geïnhibeer om

ak tief betrokke te raak. Ander wil graag betrokke raak,

maar weet nie wát om te doen of wáár om te begin nie.

Die rol van leiers is van kardinale belang as dit kom

by die MIV-pandemie. Ons wys graag die vingers na ons

po litieke leiers se verwarrende en onverantwoordelike

uit latings oor MIV. In die tradisioneel wit gemeenskappe

ver geet ons egter soms dat gemeentelede veel eerder na

pre dikante en kerkleiers vir antwoorde en leiding kyk.

Ons predikante het nodig om hulleself af te vra watter

boodskap stuur hulle houding en opinies oor MIV en

vigs na gemeentelede uit. Selfs stilswye en onkunde is

ge laai met betekenis ...

Mobilisering gaan nie by uitstek net oor uitreik na

an der toe nie. Dit vra ook dat krities na binne gekyk

Na bl 11

VGK-ring beywer hom vir

vigs-vriendelike gemeentes

(Saamgestel uit inligting wat di Attie du Plessis en Averell Rust van die Verenigende Gereformeerde Kerk verskaf het.)

Ring van Wynberg betrokke by MIV

As kerk kan die nood en lyding wat vigs en MIV veroorsaak

nie geïgnoreer word nie. Die boodskap van die

By bel, en in besonder die voorbeeld van Jesus Christus,

roep ons op om in woord en in daad iets aan die

nood te doen.

In gehoorsaamheid aan die Here van die kerk het die

Ring van Wynberg in Kaapstad besluit om dit gesamentlik

te doen.

Die Diakonale Dienste van die ring het besluit om

op vier vlakke gelyk betrokke te raak:

• by mense wat vigs het;

• kommunikasie en bewusmaking binne kerkgemeen

skappe om die stigma rondom vigs af te breek en

só te help dat mense die nodige ondersteuning kry;

• voorkomingsprogramme, veral by die jeug; en

• vigsvriendelike eredienste.

Reeds by die eerste byeenkoms het ringslede besef al

is hulle bereid om betrokke te raak, daar ’n groot behoefte

aan opleiding is. Daarom is die vigsburo CABSA op

Wel lington genader om ’n werksessie te kom aanbied.

CABSA-werksessie bring seën

Reeds gedurende Augustus 2003 is ’n baie geseënde

werk sessie by die VGK gemeente Acacia Park in die

Ring van Wynberg aangebied.

Die feit dat een van die persone wat dit bygewoon het

aan die groep openbaar het dat hy MIV-positief is, getuig

van die besondere sensitiwiteit en empatie waar mee

die werksessie aangebied is. Die getuienis van ’n MIVpositiwe

persoon het die groeplede nie alleen laat be sef

wat in die hart van iemand met MIV leef aangaan nie,

maar ook dat hulle mekaar nodig het en moet versorg.

Ds Attie du Plessis van die VGK gemeente Parkwood

het later self een van CABSA se Train the Facilita tor-kursusse

bygewoon sodat hy ook as fasiliteerder be mag tig

kon word.

In Maart 2005 het CABSA wéér ’n werksessie in die

ring aangebied waar nuwe lede vir die Vigs-aksiegroep

ge werf is. Een-en-veertig deelnemers het ses van die

agt ge meentes uit die ring verteenwoordig.

Op die tweede dag van die program het bestaande

lede van die Vigs-aksiegroep hulle ook by die kursusgangers

aangesluit. Hulle het saam koppe bymekaargesit

om die aktiwiteite van die groep te evalueer en te

7

be plan vir die nuwe jaar.

Wat beteken die werksessies?

’n Paar aanhalings vertel die verhaal.

• “Ná afloop van die werksessie was ons almal daarvan

oortuig dat ons meer betrokke wil raak. Ons was

nou meer bewus en sensitief vir die implikasies en inpak

van MIV en vigs.”

• “Ons vooroordeel en onverskilligheid was aangeraak.

Ons het daar ’n dieper verstaan van die pandemie

en die behoeftes wat daarmee gepaard gaan,

ont wikkel.”

• “Ons was nou almal daarvan oortuig: Vigs is nie

’hul le’ probleem nie, dit is óns probleem, dit raak ons

al mal.”

• “Ons sal voortaan met nuwe oë kyk na mense wat

met die MIV-virus geïnfekteer is en hulle met liefde en

deer nis ondersteun. Ons vra nie meer hóé is iemand

geïn f ekteer nie, maar hoe ons mekaar kan hélp.”

Die Vigs-aksiekomitee wat ná die eerste werkwinkel

in 2003 gestig is, is steeds aktief. Ds du Plessis het die

fasilitering van die tweede werksessie grootliks self gedoen.

CABSA was by dié geleentheid amper net ’n toeskouer

in ’n ondersteunende hoedanigheid.

Maak Wynberg-ring prakties ’n verskil?

• In gemeentes is die ring besig met ’n bewusmakingsproses.

• In eredienste streef hulle daarna om die konsep van

’n vigs-vriendelike kerk te laat realiseer.

• As ring is hulle ook prakties betrokke met ondersteuning

by inrigtings en hospitale waar MIV-positiewe

men se behandel word.

• ’n Vigs­aksiegroep is ná afloop van die eerste werkses

sie gestig.

• Deur ’n Sondagmiddagete­groep probeer ’n aantal

lid mate om een keer per maand gesellig te kuier saam

met mense wat MIV-positief is, en om só te leer wat dit

prak ties beteken om met die infeksie te leef.

• Kospakkies word verskaf aan mense wat vigs het.

• Die Aksiegroep wend spesiale pogings aan om te

ver seker dat gemeentes effektiewe programme op Vigsher

denkingsondag (Mei-maand) en Wêreldvigsdag (in

De sember) hou en stel liturgiese materiaal vir dié doel

beskikbaar.

MIV en vigsbewusmakingsprojek

CHEWA

ENGELS

ZOELOE

Die MIV- en vigs-bewusmakingsprojek (Kruispad-projek)

se doel is om gedramatiseerde visue

le programme oor die MIV- en vigs -pro ble -

ma tiek te vervaardig wat toeganklik is vir baie men se

in Sui der-Afrika.

Die drama is al in sewe tale vervaardig

Die terugvoer oor die sukses en bruikbaarheid van

die dramareeks is verblydend. Kommentaar wat ons

telkens hoor is dat kykers baie dokumentêre pro -

gramme oor vigsbewusma king sien, maar nooit ge -

dramatiseerde programme nie. Daarom het die Kruis -

pad-projek besondere impak en is as drama waar devol

om gesprek onder jongmense aan te moe dig.

R120

PER DVD

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42

of 0860 BMEDIA

AFRIKAANS

TSWANA

SHONA

Die volgende getuienisse onderstreep die trefkrag

van die drama:

XHOSA

I have witnessed it being shown in

hospitals and at various HIV and AIDS testing

centers. Not only did it create an awareness

with the viewers, but the use of the dramatic

narrative led to serious discussions

as viewers identify with various characters

and debate the characters' treatment in the

drama and their future and fate.

I have witnessed how mainly illiterate

employees on farms were able to follow

the story of No More Tears and gain insight

into not only the facts of HIV and AIDS but

also experience something of the trauma, the

rejection and acceptance of the illness.

BYBEL-MEDIA

Vennoot in geloof en bediening

E-aankope:

www.bybelmedia.co.za

Bybel-Media ontwikkel produkte

met gemeentes in die oog om

sodoende ’n bydrae te lewer om

lidmate toe te rus en te bemagtig.

Dit is vir ons belangrik dat

gemeentes en predikante bewus

gemaak word van ons jongste

produkte. Vir dié doel het ons

’n DVD saamgestel met insetsels

oor ’n handvol produkte asook ’n

korporatiewe bekendstelling van

Bybel-Media.

Die insetsels is baie kort en

visueel en is ideaal om onder

andere tydens ’n erediens by die

aankondigings of tydens kollekte

deur middel van ’n dataprojektor

vertoon te word.

’n Diens deur die KERK vir die KERK

aanlyn-winkel: www.bybelmedia.co.za | e-posbestelling: bestel@bmedia.co.za | deeloproepnommer: 0860 26 33 42/0860 BMEDIA

aanllllynn-wi

w nkkkel:: wwww.

ww byb

y elmedddia.cc

’N DIVISIE VAN BYBEL-MEDIA ’N DIVISIE VAN BYBEL-MEDIA

Nuttige N insetsels vir gemeentegebruik k

PAS VRYGESTEL

R349,95

CHRISTELIKE KERNENSIKLOPEDIE

Dit is jou sleutel om God, sy Woord,

sy koninkryk, sy kerk, die wêreld,

die geskiedenis, jouself en jou

geloof beter te verstaan.

er: 00000866666000 266 333 422/08 860 B BMEDI

(Inligting oor hierdie

publikasie is ook

op die DVD).

DVD_insetsels (02).indd 1 8/21/08 10:24:49 AM

Op reis met MIV-

positiewe mense

Aneleh Fourie-le Roux

MIV leef in my hart, stap deur my huis, sit

vier kantig op my rekenaar, wag in stapels gelese

en ongelese boeke en e-posse. Dit deurdrenk

my teenwoordigheid by God en met ander. Dit

laat my dikwels met meer vrae as antwoorde en met

op standigheid. Nogtans beskou ek dit as ’n voorreg om

op hierdie reis te wees. Ek is dankbaar vir die manier

hoe God MIV, mense en ook MIV-positiewe mense

ge bruik om my geloof en die uitlewing daarvan soveel

meer konkreet te maak.

My reis

My reis met MIV het begin by ’n ontmoeting met

Christo Greyling, seker die bekendste MIV-positiewe

NG-predikant in ons land.

’n Paar jaar later ontmoet ek toe Toni Zimmerman, ’n

MIV-positiewe predikantsdogter uit KwaZulu-Natal,

wie se verhaal baie van julle ook diep geraak het tydens

haar praatjie by 2004 se sinodesitting in Hartenbos.

Die harde werklikheid van MIV en vigs het my egter

re gtig eers in 2001 getref terwyl ons VCSV Diensjaarspan

vry willigerswerk by ’n hospice in Khayelitsha gedoen

het. Hier het ons week na week teruggekom na beddens

wat intussen deur nuwe pasiënte gevul is. Hier was die

dood werklik en die pyn en lyding wat ons aanskou het,

só intens dat ek die eerste keer by God gepleit het om

iemand asseblief net te kom haal.

My betrokkenheid by MIV het bly groei. In die proses

het MIV vir my ’n ál groter werklikheid geword deur

die ontmoetings en verhale van ál meer en meer MIVpo

sitiewe mense – byna almal Christene, toegewyde

mense wat naby aan die Here lewe.

Een so ontmoeting wat my altyd bybly, was in 2005

met ’n NG-predikant wat my byna onkant betrap het

toe hy sy MIV-positiewe status in ’n vergadering bekendgemaak

het. Van sy woorde wat my steeds bybly,

was: “Julle weet, as kerk verkondig ons dat ons almal

son daars is wat deur God se genade gered is, ons praat

van liefde, aanvaarding en vergifnis, maar in die praktyk,

as ons wel struikel, wel ’n fout maak, is die kerk die eerste

om ons te veroordeel.”

Ek het met hartseer en skuld verneem dat hy intussen

die bediening verlaat het en kan nie help om te dink dat

10

ons as kerk, as liggaam van Christus, hierdie man en sy

ge sin diep gefaal het nie.

Tot op hede was die absolute laagtepunt in my reis met

MIV egter in 2006 toe twee van my vriendinne onder

uit eenlopende omstandighede beide aan vigsverwante

siek tes gesterf het.

Die een vriendin was bewus van haar man se positiewe

sta tus nog vóór hulle verlowing. Sy het nogtans die

keu se gemaak om haar liefde vir hom bo haar vrees vir

MIV-infeksie te plaas. Ek wil dit nie waag om namens

haar of haar naasbestaandes te praat nie. Maar die nuus

dat sy wel in hulle huwelik geïnfekteer geraak het, was

vir my ’n Godverlate oomblik vol seer, woede en opstan

digheid. Haar gesondheid het verskriklik vinnig agter

uitgegaan. Binne ’n jaar ná infeksie moes ons haar

groet.

Tydens haar begrafnis (in ’n NG Kerk in die Kaapse

Me tropool) is daar geen woord gerep oor haar tragiese

in feksie nie. Hierdie ontkenning van haar siekte was in

’n groot mate ook ’n miskenning van haar getuienis en

ly ding en het die skynbaar sinneloosheid van haar dood

ver der geaksentueer.

My ander vriendin was sedert die begin van 2006 siek

met ’n verskeidenheid vigsverwante siektes. Sy het nogtans

geweier om haarself te laat toets, tot ongeveer twee

we ke voor haar dood – toe dit reeds te laat was om veel

aan haar fisiese lyding te doen.

Stigma en vrees

Deur haar lyding en sterwe het iets van die intensiteit

van mense se vrees vir stigma en verwerping verder

tot my begin deurdring. Só sterk was hierdie vrees dat,

ten spyte van al die kennis wat sy oor MIV en die beskikbaarheid

van medikasie gehad het, ten spyte daarvan

dat sy self eerstehands mense sien herstel het wat

me dikasie gebruik het, ten spyte daarvan dat sy van haar

man geskei het juis as gevolg van sy ontrouheid (en hy

kort daarna gesterf het) – ten spyte van dit alles, was dit

vir haar skynbaar draagliker om in pyn te sterf as om te

leef met die wete dat sy vigs het.

Iewers tussen al die hartseer, gemis en vrae, stap

Cecelia Kruger in 2007 oor my pad – ’n MIV-positiewe

vrou en lidmaat van die NG Kerk Helderberg in Somerset-Wes.

Sy lewe byna sewe jaar reeds met MIV. Ná

’n lang donker tyd van verbittering en opstand teen oor

God, het sy intussen berusting gevind en ’n punt be-

eik waar sy haar status openlik met ander deel. In ’n

on derhoud in Lig sê sy: “My uitgangspunt is dat my

siek te aan my ’n tweede kans op die lewe gegee het.

Ek het besef waarom die lewe eintlik gaan. Ek was nog

altyd ’n Christen, maar nou het my verhouding met

God verdiep. Hy is daar vir my, elke minuut en elke

uur van elke dag.”

Meer as twintig jaar ná sy infeksie met MIV bly

Christo Grey ling en sy vrou, Liesl, vandag steeds ’n

inspirasie vir menige Christen en MIV-positiewe

mense. Ek sluit af met ’n kort boodskap van Christo:

“As ek oor vigs en die NG Kerk dink, dan is ek beide opgewonde

en teleurgesteld. Ek is opgewonde en dankbaar oor die hernude

be langstelling in die NGK om iets aan die impak van vigs te

doen. Dit kan gesien word in die onlangse NG Kerk-familie

vigs forum en aktiewe werk van die Wes-Kaapse vigstaakgroep.

Do kumente wat op skrif verskyn het soos die pamflet ’Veilig?’ is

uit stekend en kan met groot vrug gebruik word. Ek ervaar ook

Dis óns probleem - Van bl 6

word sodat ’n gemeente uiteindelik ook ’n veilige hawe

sal wees vir hulle eie MIV-positiewe lidmate en families,

vriende en kollegas. ’n Gemeente wat by hulleself

begin, is ook besorg oor die voorkoming van

moontlike infeksies, die afbreek van stigma, die be skikbaarheid

van medikasie en die vestiging van gesonde

ver houdings onder lidmate. In hierdie verband is dit

dus ook baie belangrik om jou eie MIV-status te ken en

met verantwoordelikheid daarmee om te gaan.

MIV kom plaas ’n vergrootglas op ’n verskeidenheid

van ander kwessies en uitdagings in ons gemeenskappe:

armoede, die posisie van die vrou, tienerswangerskappe,

werk loosheid en uitsigloosheid, gesinsgeweld, alkohol-

en dwelmmisbruik, die kwesbaarheid van kinders en

vroue, om maar net ’n paar te noem. Om MIV dus netjies

te probeer afbaken tot één projek of één be die ning,

is eintlik onmoontlik. Om doeltreffend met MIV en die

gepaardgaande uitdagings om te gaan, vra nie nood wendig

’n alles-omvattende MIV-program nie; dit vra ook

nie dat MIV noodwendig prioriteit bo alle an der kwessies

geniet nie. Dit vra wel ’n voortdurende be wust heid

van die moontlike impak wat MIV op elke be staande

bediening en projek van die gemeente mag hê. Dit vra

wel vir die sensitiwiteit om MIV al hoe meer te integreer

in dit wat reeds deur gemeentes gedoen word.

CABSA tot beskikking

Die missie van CABSA vir Suidelike Afrika is om

Chris tene en geloofsgemeenskappe by te staan in hulle

reak sie op MIV en vigs deur:

• die beskikbaarmaking van erediensriglyne;

deur ons webblad wat toegang bied tot ’n omvattende

MIV en vigsverwante elektroniese biblioteek: www.

cabsa.co.za;

11

dat gemeentelede wat lewe met MIV met die liefde van Christus

aanvaar word.

Wat my egter bekommer, is dat baie gemeentelede nog steeds

MIV sien as iets wat met ’ander’ mense gebeur. Dis nog steeds

nie ’ons’ probleem nie. MIV en vigs bied aan ons as kerk ’n uitstekende

geleentheid om geïntegreerde bediening ’n werk lik heid

te maak deur saam met gemeentes en gemeenskappe te werk wat

direk deur vigs geraak is. Dit vra meer as net ’n bydrae. Maak

dit deel van julle gemeenteplan.

Laat dit duidelik wees dat MIV nie net doer ver is nie, maar

dat dit ons almal raak. Gebruik die geleentheid om mense wat

met MIV lewe, of daardeur geraak is, in julle gemeentes te laat

getuig. Help jongmense om die vaardighede en waardes te hê om

keuses te maak wat in ooreenstemming is met die Skrif, maar

wat hulle ook beskerm teen MIV infeksies. Help ouers hoe om

met hulle kin ders te praat oor seksualiteit en hoe om waardes te

bou. Bou en versterk huwelike. Al hierdie dinge vorm deel van

’n geïn te greerde vigs-bediening. Sterkte!”

• die weeklikse e-posverspreiding van ’n Bybelboodskap

in ’n tyd van MIV, wat aansluit by die RCL Leesrooster

(uitgegee deur Communitas en Bybel-Media);

besoeke en optredes op aanvraag (waar dit nie prak-

ties is om die personeel te gebuik nie, sal CABSA gemeen

tes in kontak bring met opgeleide fasiliteerders);

en

intensiewe opleidingsprogramme.

Behalwe hierdie bestaande dienste besef ons ook dat

elke ge meente uniek is en eie behoeftes mag hê. Daarom

tree ons ook graag so ver moontlik in gesprek met

individue en kerke wat spesifieke leiding nodig het.

Een van ons programme, Kerke, Kanale van Hoop het

juis ten doel om gemeentes te mobiliseer tot groter verant

woordelikheid en betrokkenheid by MIV en vigs.

Kur susgangers word as fasiliteerders bemagtig wat as

ka nale van hoop ’n pad met hulle gemeentes, or ga nisa

sies en of gemeenskappe sal stap. Sedert 2003 het ons

400 fasiliteerders opgelei. Dit sluit 40 NG-lid ma te en

15 NG-predikante in. Hierdie kursus word min stens

drie maal ’n jaar in Suid-Afrika aangebied.

Ná die kursus in Julie vanjaar, skryf ds Hannes

The ron van Helderberg: “Dit was een van die sinvolste

kur sus se wat ek in jare bygewoon het.”

Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons dienste

of opleidingsprogramme!

l Aneleh Fourie-le Roux is die koördineerder van op leiding en

mentorskap by CABSA.

Vigs op my drumpel

Lynette van Wyk

Gedurende die somer van 2001 meld Wiseman

hom aan as handlanger by die aanbou van ’n

strandhuis in ’n vakansieoord so ’n uur se ry

van Port Elizabeth af. Dis uit die staanspoor duidelik

dat hy ’n uiters harde werker is. Taal is egter ’n pro -

bleem. Daarom praat Wiseman met handgebare, maar

hy weet van werk en werk.

Wiseman woon in ’n HOP-huisie met ’n vrou en vier

kin ders. Dis so ongeveer drie km vanwaar hy sy enigste

in komste verdien. Die familie vir wie hy werk, doen

wat hulle kan. Die kinders se skoolgeld word vooruit

be taal, beddegoed, meubels, fietse, gordyne, kos word

ruim uitgedeel, want Wiseman is getrou en Wiseman

wil werk. Besoekende Noorweërs koop splinternuwe

sit kamermeubels vir Wiseman. Aan die einde van elke

na week word die yskas leeg gemaak vir Wiseman se familie.

Wiseman se pa sterf. Die weldoener betaal die nodige

om, soos die Bybel sê, nie terug te verwag nie.

Wiseman se een kind sterf. Die weldoener betaal

weer vir die begrafnis.

Elke keer as proviand by die skamele huisie afgelaai

word, is dit opvallend dat daar geen spoor is van al die

meubels, gordyne en fietse nie – alleen

maar die mis troo stige arm gesinnetjie wat

geen woord Engels of Afri kaans verstaan

nie, en stukkies skamel beddegoed op

die grond. Die res is verkwansel vir geld.

Want bui ten Wiseman se naweekloon en

die toelaag per kind, het die gesin geen

inkomste nie.

Wiseman is jonk. Hy is ’n gesiene man

in sy ge meen skap, ’n getroue kerkganger

en ’n kranige sok ker speler. Hier voor rus

die weldoener hom gereeld uit. Wan neer

die weldoener saam met Wiseman vuilgoed

by die vullishope gaan aflaai, regeer hy

die bedelende ska re kindertjies met ’n

ysterhand terwyl alle beskikbare brons geld

onder hulle verdeel word. Diegene wat die

12

kleintjies intimideer, word ferm op hulle plek gesit.

Elke Saterdag en elke Sondag, sonder uitsondering,

wag Wiseman van douvoordag tot 10:00, 11:00-uur in

die hoop dat die familie uit die Baai sal opdaag sodat hy

die nodige geldjie kan verdien. As hulle nie kom nie,

stap hy weer die drie km huis toe.

Jaarliks, rondom Kersfees, daag die hele familietjie

op. Hulle wag op die hoek van die straat in afwagting

vir hulle “Krismis”. Die weldoener se vrou sorg dat

“Kris mis” die moeitewerd is, en kry altyd bederfpakkies

vir uit deel gereed.

Ten spyte van uitstekende sekuriteit word die wel doener

se huis herhaalde kere beroof. Elke keer is die bure

oortuig Wiseman is die skuldige. Maar die weldoener

ken vir Wiseman. Hy weet hoe nodig hy sy inkomste

het en hoe hy sy eer beskerm. Hy wéét Wiseman is nie

skuldig nie.

Die afgelope paar maande was Wiseman hoeserig. Hy

het minder en minder begin eet en stadiger en stadiger

gewerk. Sy vuur is geblus.

Die weldoener vermoed onraad. Sy vrou koop die

no dige medikasie by die apteek. Wiseman se eetlus tel

ef fens op, maar sy fut is uit – uiteindelik is sy bene net

soos die speke van ’n fiets.

Op ’n dag daag Wiseman net nie weer op nie. Sy

broer, Fire, rapporteer dat Wiseman in die hospitaal is.

Nog kos en pille word afgelewer. Sy vroutjie bly op ’n

afstand. ’n Verwer doen die nodige tolkwerk. Uiteindelik

bel Fire met die nuus: Wiseman is oorlede.

Die weldoener se vrou koop R600 se kruideniersware:

suiker, stampmielies, mieliemeel, waspoeier – die nodi

ge. Sonder emosie dra die vroutjie die voorraad die

ka le huisie binne. Toe alles afgelaai is, vra sy deur die

tolk: “Wat het julle gedoen om vir my en

die kinders voor siening te maak? Noudat

Wiseman dood is, gaan ons baie swaar kry.”

Wiseman het elke Saterdagoggend vroeg,

as die gesin nog slaap, kom blare vee. Met

die vee het hy altyd teen die huis gekap-kap

sodat die honde die gesin moes wak ker blaf

en die weldoener die stoorkamer kom oopsluit.

Nou lê die gesin Saterdae in afwagting

dat Wiseman moet kap-kap teen die huis.

Maar hy het verhuis. Die ge sin se wekker

het stil geraak ... En daar is ander gesin wat

baie swaar kry ...

l Lynette van Wyk is skrywer en regisseur van

’n reeks Bybelse dramas en bedryf tans ’n plek vir

peuters.

‘Ek is MIV-positief ’

Onderhoud met Cecelia Kruger (foto) deur Aneleh Fourie-le Roux

ek al die verskillende simptome hoor, het

ek onmiddellik geweet dat ek dit het, dat ek

‘Toe

vigs het.” So begin Cecelia Kruger haar getuie

nis oor MIV in haar lewe.

Dis ’n koue Sondagaand in die Helderberg-ge meente,

maar die kerk is gepak met lidmate, want dit is die

af skop van die Pinksterreeks. En op hierdie dag kies

Ce celia om die stigma wat aan MIV kleef in die oë te

kyk en haarself bloot te stel voor ons almal as sy vir die

gemeente vertel: “Ek is MIV-positief.”

Terwyl ons predikant, Paul Barnard, die gesprek lei,

vertel Cecelia hoe sy by die werk tydens ’n MIV- en

vigs inligtingsessie met ’n skok besef het dat die simptome

waarna verwys word, juis die simptome was wat

sy self die voorafgaande paar maande beleef het. Kort

daarna word haar vermoede bevestig deur ’n MIV-toets

wat positief terugkom.

Dit was in 2001 toe sy hierdie ontdekking gemaak het

en haar lewe tot stilstand geruk is. Ná ’n tyd van baie

vrae en worstel met God, die vrese en aftakeling wat

ge paardgaan met toenemende simptome en die neweeffekte

van anti-retrovirale medikasie, kan hierdie vrou

egter steeds die wêreld in die oë kyk. Sy bring die eer

aan God wat haar deur hierdie tyd gedra het. Sy sê dat sy

tans nader aan God is. Dis haar verhouding met Hom

en die ondersteuning van vriende en familie wat haar

bemoedig en deur elke dag dra.

Ná haar getuienis gaan sy terug na die kerkbank toe

en skuif tussen twee bekendes in. “Jy het darem onder

steuning gehad tydens die erediens?” sê-vra ek na

die tyd. “Ja,” glimlag sy, “almal was daar: vriendinne uit

my vorige gemeente het uit Bellville gekom, vriende

uit my omgeegroep, my Pa en Ma, my susters en ook

my seun.”

Witmense se persepsies

Intussen het Cecelia voortgegaan met haar besluit

om spesifiek witmense se persepsies oor MIV te help

ver ander. Sy het haar getuienis ook by die NGK La Rochelle

gelewer en in ’n onderhoud met Connette Hamman

van Lig meer oor haar lewe met MIV vertel.

Sy sê dat dit haar ’n hele paar jaar geneem het voordat

sy op hierdie punt gekom het waar sy met vrymoedigheid

oor haar positiewe MIV-status kon praat. Sy was baie

lank eenvoudig té bang om dit aan mense bekend te

maak. Gevolglik het sy jare lank die geheim net met

haar familie en ’n goeie vriendin gedeel.

Eers in 2005, ná sielkundige en pastorale berading,

het Cecelia so ver gekom om vir haar selgroep te vertel

13

dat sy MIV-positief is. Sy vertel: “Sommige was baie

ge skok, maar ander het dadelik gewys hulle gee om en

het my ondersteun.”

Cecelia bly moedig en het altyd ’n glimlag, ten

spyte van moeilike omstandighede. Sy moes reeds in

2006 anti-retrovirale medikasie begin gebruik. Dit is

’n kombinasie van medisyne wat gebruik word om die

vermeerdering van die virus in ’n mens se liggaam te

on derdruk. Hierdie medikasie word tipies eers begin

wan neer ’n mens se eie immuunstelsel nie meer sterk

ge noeg is om jou teen infeksies en siektes te beskerm

nie. Dit beteken reeds al ’n keerpunt in die lewe van ’n

MIV-positiewe persoon.

Eks-man betaal nie onderhoud

Cecelia se liggaam het egter moeilik aangepas by

hier die medikasie. Die newe-effekte was by tye vir haar

só erg dat sy eenvoudig saans in die bed moes klim net

nadat sy dit geneem het. Vandag gaan dit darem al beter,

maar die noodsaaklikheid om ’n mens se gesondheid op

te pas, sal altyd krities bly.

Cecelia sou baie dinge in haar lewe kon lys wat moeilik

is en selfs ook as onregverdig beskou kan word. Maar

sy doen dit nie. ’n Mens vind byna terloops uit dat sy

siek is, dat haar eks-man nie meer onderhoud kan betaal

nie, dat sy nooit naweke van diens af is nie, dat sy

baie hard werk en dat sy ook droom en hunker daarna

om weer ’n maat te hê.

Wat ’n mens wel sien, is ’n vrou wat besluit het

haar omstandighede sal haar nie onderkry nie, ie mand

wat glo dat MIV nie ’n doodsvonnis is nie; wat die

noodsaaklikheid van ondersteuning besef en ter selfdertyd

ook bereid is om ondersteuning te gee; ie mand

wat bereid is om haarself bloot te stel en broos te maak

voor ander in die hoop dat sy ’n verskil kan maak.

Artikel is verwerk uit ’n vorige publikasie wat in 2007 in Interaksie gepubliseer

is. Nuwe bronne: Hamman, Connette. ’Survivors van MIV/vigs’. Lig. Des

2007/Jan 2008 (Deel 73, nr 1).

Christus se hande en voete

in die gemeenskap

Die storie van Arnau van Wyngaard en die gemeente van Shiselweni in Swaziland

Chris van Wyk

MI-virus verwoes hele gemeenskappe

“Swaziland is dying of AIDS.” So begin Arnau van

Wyngaard se video op Youtube (http://www.youtube.

com/watch?v=91V99rv6BQM).

’n Paar jaar gelede het Swaziland nog byna 1.3 miljoen

mense gehad. Die nuutste sensus dui egter op ’n daling

in die bevolking na net 950 000 mense. Projeksies wys

dat teen 2015 die bevolking tot 800 000 kan daal.

Oral sien ’n mens die lyding en pyn wat die grootste

pan demie in die geskiedenis van die mensdom ver oorsaak.

Soos Arnau sê: “Die MI-virus breek nie net die

selle in mense se liggame af nie. Dit verwoes hele gemeen

skappe.”

Swaziland is tans die land in die wêreld met die hoogste

aantal MIV infeksies. In enige lukraak-gekose groep

mense sal almal op een of ander manier persoonlik deur

die virus geraak wees. En die ontstellende waarheid is dat

teen die huidige tempo van infeksie die hele bevolking

teen 2040 uitgewis kan wees.

Ná ’n lang tyd van worsteling met die Here oor wat

hulle kan doen aan die siekte, het die Here Arnau en

sy gemeente in 2005 oortuig dat die kerk in Swaziland

’n verskil kan maak. Sy gemeente, Shiselweni Reformed

Church, lê in ’n baie arm deel van Swaziland wat boonop

die ergste geraak is deur MIV en vigs. Hulle het sáám

die roeping aanvaar om mense te versorg wat siek en

ster wend is van MIV en vigs. Daardeur wil hulle hoop

bring aan ’n gemeenskap wat teen die grond is weens

die siekte.

Home-based Care

Hulle visie is om die hande en voete van Christus in die

ge meenskap te word. ’n Groep van 36 mense is in 2006

op gelei om tuisversorging te verleen. Die gemeente het

hulle gestuur om die liefde van Jesus Christus te gaan

be toon, meesal deur die siek en sterwende mense te

ver sorg.

Ná ’n jaar het die gemeente genoeg vertroue gehad

om meer werkers op te lei. Gedurende Januarie 2007

is nog 40 versorgers opgelei. Die opleiding het op vyf

14

ander plekke in Swaziland plaasgevind.

Sedertdien het die aanvanklike groep van 36 in net

meer as ’n jaar gegroei tot meer as 300 Home Based

Care Givers. Dit laat ’n mens dink aan die gelykenis van

die saaier: tienvoudige vrug! Teen die einde van 2008

behoort reeds meer as 400 mense by die projek betrokke

te wees.

Courageous Leadership Awards

Geen wonder dat die gemeente genomineer is vir die

jaarlikse “Courageous Leadership Awards” van Willow

Creek Community Church in Chicago nie, en so pas

die gesamentlike tweede plek behaal het – die enigste

so genaamde “front-line” gemeente wat dié prestasie

kon behaal.

In Arnau se toepraak by die geleentheid het hy onder

an dere gesê:

“To stand here today is certainly one of the greatest

honours I’ve ever had in my life. I’m just sad that you

will not be able to meet the real heroes of Shiselweni

Reformed Church Home-Based Care – the 350

volunteer care-givers, who give their time, their energy,

often even their own money and food, in order to help

the sick and the dying within their own communities in

Swaziland.

Working as a missionary in Swaziland since 1985,

I have spent a lot of my time doing research on AIDS.

And then, one day, God convinced me that I would

need to do more than merely researching the AIDS

problem if I wanted to make a difference in Swaziland.

I had to get out of my office and into the homesteads of

people living with HIV and AIDS and I would have

to do something practical. Not long after this, in July

2005, while travelling on a bus, God created a vision

in my mind for our church in Swaziland, the vision

that we had to become the hands and the feet of Christ

in each of the communities within which the church

was situated.

When I started sharing this vision with our church

members, a miracle happened. For the first time since

moving to Swaziland, I wasn’t challenged with the

question how this could be done without money. For

the first time nobody asked what salary they would

get. Somehow they realised that, in spite of their own

personal circumstances and their own poverty, they could

make a significant difference in other people’s lives.

I believe that God can create partnerships that could

eventually play a significant role in bringing hope to a

country in which hundreds of thousands of people have

already lost hope. God isn’t asking you or me to do

miracles. Doing miracles is God’s work. Becoming the

hands and feet of Christ in our various communities is

our work. What we need are people who can help us to

do this even more effectively in the future.”

Bemagtig vrywilligers

Arnau draai geen doekies om as hy sê dat die sukses van

die projek nie aan goeie leierskap te danke is nie, maar

aan ’n groep vrywilligers wat oortuig geraak het dat die

Here hulle kan gebruik ... en so die hande en voete van

Christus geraak het.

Die konsep is eenvoudig: Kry ’n groep mense wat

genoeg omgee vir die mense in hulle gemeenskap om

’n verskil te maak, lei hulle op en gee hulle die mees

basiese gereedskap vir die taak wat hulle moet doen,

soos kos en medisyne.

So word hulle bemagtig om die werk te doen

waar voor die Here hulle geroep het. Op ’n gereelde

basis kry die vrywilligers verdere toerusting om hulle

vaardighede in areas soos berading van getraumatiseerde

kinders, evangelisasie, MIV-terapie en ander mediese

hulp te verbeter. Hulle word ook gereeld ontlont om

te verseker hulle kan die stres van die daaglikse kontak

met siek mense hanteer.

Omdat vrywilligers die werk doen, is die admini strasie

koste minimaal. Elke sent wat vir die projek ont vang

word, word teruggeploeg in die hulp aan siek mense.

Selfs die Swaziland-regering begin belang stel in die

model van die gemeente om met vrywilligers te werk.

15

Leierskap

Arnau se leierskapsmodel is om ’n voorbeeld te stel met

die versorging, en daardeur ander aan te moedig om

die selfde te doen. Een van die merkwaardige stories wat

hy vertel, is van ’n groep vroue wat ’n hut gebou het

vir ’n siek man wat boonop ’n alkoholis was. Toe Arnau

hulle vra hoekom, was hulle antwoord: “Selfs ’n

dronkaard moet weet dat God hom liefhet!”

Swa ziland het ongeveer 95 000 weeskinders, tien persent

van die bevolking. ’n Grootskaalse voedselprojek is

nou in Dwaleni van stapel laat loop om hulle nood te

verlig. Die kinders van die omgewing kry daagliks twee

maaltye. Die geld wat die gemeente van die “Courageous

Lea dership Awards” ontvang het, sal gebruik word om

’n kombuis in ’n volgende dorp te bou en dié werk uit

te brei.

Die behoefte aan onderwys begin ook aandag kry. ’n

Kleuterskool is vir die kinders gestig met een on der wyser

en slegs basiese toerusting. Só ervaar die kin ders dat

daar wel mense is wat vir hulle omgee. En in die proses

kom hulle agter dat God hulle liefhet.

Enige gemeente kan ’n verskil maak

Die storie van die gemeente wys dat ’n mens nie ’n hele

klomp bronne nodig het om ’n verskil te maak nie. Die

gemeente, arm soos hulle is, maak op vrywillige basis

reeds ’n reuseverskil aan mense se lewe. Dit beteken dat

só ’n projek in enige gemeente en in enige gemeenskap

kan werk. Dit vra net mense wat ’n visie het om ’n

verskil te maak.

Die kerk het die mense. Die kerk het die boodskap.

Die kerk het die vermoë. Die kerk het die krag van die

Heilige Gees. Al wat dit kos, is die gewilligheid van gelo

wiges om ’n verskil te maak. Dan kán die reus van

MIV en vigspandemie oorwin word – in ons leeftyd!

Christelike Lektuurfonds (CLF) bied gratis leesstof

l Meer as 5 miljoen Suid-Afrikaners leef vandag met MIV.

l MIV kom voor in elke gemeenskap en onder alle etniese groepe van Suid-

Afrika. Juis daarom kom die kerk voor ’n toets en ’n uitdaging te staan. Die vraag is:

Rea geer ons op ’n verantwoordelike manier? Doen ons genoeg? En doen ons die

regte dinge?

l CLF, in samewerking met die Vigstaakgroep van die Wes-Kaap, het ’n nuwe

pamflet die lig laat sien. Die pamflet Ons gemeente en MIV en VIGS – maak

’n positiewe verskil in gemeenskappe. Dit is nou beskikbaar op Engels en Afrikaans – gratis by CLF. Dit voorsien

aan gemeentes die stappe om ’n verandering in elke gemeenskap teweeg te bring.

q Om jou eksemplaar te bestel en om inligting te kry van ander MIV- en vigsverwante publikasies, skryf

aan CLF by info@clf.co.za, of Privaatsak X19, Wellington. Jy kan ook ’n faks stuur na 021 864 3678 of

skakel 021 873 6964.

Jou taal verraai jou hart

Die taal wat jy gebruik verraai dikwels die dieper

nuanses van jou lewens-en-wêreldbeskouing.

Dis byvoorbeeld nie moontlik om

ge reeld rassistiese woorde te gebruik, en dan heftig te

ont ken dat daar geen sweem van rassisme in jou hart

is nie.

16

Dit is dus belangrik dat ons noukeurig sal let op ons

taal wanneer ons oor MIV/vigs en verwante aan geleenthede

praat en skryf. Wat ons sê word gehoor – juis

deur mense wat self met MIV leef of direk daar deur

geraak word. Ons kan nie beweer dat ons om gee as ons

“hulle” in negatiewe en afbrekende taal be skryf nie.

VERMY HOEKOM? ALTERNATIEWE

MIV/vigs MIV en vigs is nie sinoniem nie en moet met onderskeiding

gebruik word.

“Vigs” wanneer

eintlik na MIV

verwys word

Vigs is ’n bepaalde fase van MIV-infeksie. Iemand

wat MIV positief is, kan jare buite hierdie fase

leef.

“Full-blown Aids” Daar is net een “vigs-fase”.

Vigsdraer Om van iemand as ’n “vigsdraer” te praat, is stigmatiserende

taal.

Vigswesies “Vigswesies” word baie algemeen gebruik. Dit

impliseer egter dat hierdie kinders waarskynlik

MIV-positief is of vigs het.

Vigslyer Dis ’n negatiewe woord met negatiewe konnotasies.

“Besmet”: Vigs-

besmet of

MIV-besmet

Kry vigs, doen vigs

op of iemand kan

jou vigs gee, ens.

In Afrikaans is “besmet” voorheen alleen vir objekte

of diere gebruik, maar nie vir mense nie. Byvoorbeeld:

“’n Rivier is met riool besmet”. Ons sou tog

nie sê: “Mnr B... is besmet met griep”, nie. “Met

MIV/vigs besmet” word baie algemeen gebruik,

maar word baie negatief beleef deur mense wat

met MIV leef.

Vigs is nie ’n aansteeklike siekte soos griep en

verkoue nie. MIV kan onder bepaalde omstandighede

oorgedra word. Ná MIV-infeksie kan vigs

ontwikkel.

Vigs-toets Hoewel bepalings van viruslading en DC4-tellings

ge bruik word om die progressie van MIV-infeksie

te mo nitor, word met “toetsing” bedoel die bepaling

van die teen woordigheid van MIV. As ek dus by die

dokter of kli niek of patoloog getoets word, word ’n

MIV-toets ge doen.

“Onskuldig” teenoor

“het daarvoor gesoek”

Plaag, vloek,

oordeel van God,

ensovoorts

Hierdie woorde gaan uit van ’n houding van

oordeel.

Daar skuil dikwels ’n houding van veroordeling agter

hierdie woorde.

MIV, behalwe wanneer u spesifiek

na vigs wil verwys. Wanneer

na beide verwys word, gebruik

MIV en vigs.

MIV-infeksie of MIV-positief

Vigs

’‘n Persoon wat met MIV leef

Weeskinders of kinders wat

kwesbaar is binne die konteks

van die MIV-pandemie

’n Persoon wat met MIV leef

’n Persoon wat met MIV leef

Deur of met MIV geïnfekteer

MIV-toets

Vermy hierdie woorde

Siekte, epidemie, pandemie

wat behoort my finansiële

bydrae tot die werk van die

here te wees?

wat sê die bybel hieroor?

Vir individue en groepe

R54.50

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

In 40 Dae na ’n meer vrygewige

lewe lei Brian Kluth gelowiges om

hierdie aspek van van hulle geloofslewe

te te ondersoek. Deur 40 dagstukke,

geselekteerde geselekteerde gedeeltes uit die

Bybel, Bybel, artikels, artikels, praktiese praktiese werkblaaie werkblaaie

en besprekingsvrae, help die die skrywer

gelowiges om hulle huishoudelike

begroting só op te stel dat dat hulle ’n

meer vrygewige lewe lewe tot tot voordeel van

God God en sy werk kan kan hê.

40 Dae Dae na ’n ’n meer vrygewige lewe sal ’n

verdieping in jou geestelike lewe bring

en jou help om op God te te vertrou om in

jou behoeftes te voorsien.

BRIAN KLUTH is ’n predikant en

stigter van MAXIMUMgenerosity

(www.maximumgenerosity.org). Sy

materiaal oor ’n vrygewige lewe

word in meer as 100 lande onder

leraars, gemeenteleiers en lidmate

van duisende kerke versprei.

0860 26 33 42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!