inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association
inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association
inhoudsopgawe - Canning Fruit Producers Association
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
NR FEBRUARIE

NO 192 FEBRUARY 2010

INHOUDSOPGAWE - CONTENTS BLADSY / PAGE

FRUSTRASIE IN MOEILIKE TYE 2

OPSOMMING OOR DIE VERLOOP VAN DIE SEISOEN 3

GOVERNMENT’S SUPPORT TO INDUSTRIES IN DISTRESS 5

AANPLANTINGSTENDENSE VAN APPELKOSE, PERSKES EN PERE 6

WATTER PERSKE KULTIVARS WORD GEPLANT? 7

MAAK ‘N VERSKIL............. 8

VERBLYFREG OP PLASE 10

PITTE IN DIE BOS/ FRUIT BITS 12

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the

INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Hoofstraat 258 258 Main Street

Posbus 414 P O Box 414

PAARL 7620 PAARL 7620

TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401

FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675

Email: inmaak@mweb.co.za Web page: http://www.canningfruit.co.za

REDAKTEUR / EDITOR : WIEHAHN VICTOR

Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author.

Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

2.

FRUSTRASIE IN MOEILIKE TYE

Een van die moeilikste seisoene vir die inmaakbedryf is besig om einde se kant toe te

staan. In hierdie moeilike tye is die frustrasievlakke hoog en word daar geveg vir

oorlewing. Vir die produsent is dit ‘n geval van ‘n goeie oes met swakker pryse en

beperkings op die lewering van vrugte, terwyl dit vir die verwerker gaan oor uiters

stram toestande in die markplek.

Die ekonome, die slim mense en die voorspellers van wat in die ekonomie gebeur, praat

al van ligpuntjies of strooihalmpies van verbetering, maar die werklikheid vir die

inmaakbedryf is dat die ekonomie steeds druk. Met die ineenstorting van die

wêreldekonomie was Suid-Afrika, en dan ook die inmaakbedryf, aanvanklik nie so erg

geraak nie. Die werklikheid het die bedryf eers so nege tot twaalf maande later soos ‘n

voorhamer getref. Die wiele het stadiger begin loop en begin knars onder die

werklikhede van die wêreldwye ekonomiese krisis. Want, wat besef moet word, is dat

die inmaakbedryf vir 90% van sy mark van die buiteland afhanklik is.

In hierdie wêreldwye ekonomiese krisis het die wisselkoers die bedryf geensins bygestaan

nie. Inteendeel, die wisselkoers het die afgelope maande sy rug op die bedryf gedraai en

geweldig verstewig. Net die afgelope ses maande het die rand met 25% teen van die

groot geldeenhede verstewig en dit maak die winsgewendheid van uitvoere haas

onmoontlik. Frustrasie en druk op die bemarkers van ingemaakte vrugte.

Die wêreld ekonomiese krisis het verder veroorsaak dat ‘n ooraanbod van ingemaakte

vrugte en veral appelkoos- en perskepuree ontstaan het. Suid-Afrika se mededingers sit

met hoë voorraadvlakke van produk om in die mark te verkoop. In sommige gevalle is

die voorraadvlakke twee keer die totale jaarlikse Suid-Afrikaanse produksie. Die

Noordelike Halfrond lande, veral Griekeland en Spanje, het reeds in hul somer van 2009

(September) produksie en vrugtepryse drasties ingekort. Net Griekeland alleen het

6 miljoen basiese kartonne taaipitperskes minder ingemaak, terwyl Suid-Afrika se totale

taaipitperske verpakking ongeveer 4 miljoen basiese kartonne is. Die Suidelike Halfrond

lande, veral Chile en Argentinië, is tans besig met hul produksie en ondervind

soortgelyke toestande. Bekommernis en frustrasie oor die moeilike toestande bestaan

by alle produserende lande wat vrugte verwerk.

Suid-Afrika is tans geseënd met ‘n goeie produksiejaar. In die geval van Bulidaappelkose,

asook met taaipitperskes, gaan die oes met 5 000 ton elk toeneem teenoor

verlede jaar. Bon Chretien pere behoort min of meer dieselfde oes as verlede jaar te

gee. Hierdie groter oeste moet nou in ‘n oorvol mark, met ‘n sterk rand, verkoop word.

Frustrasie se voorland!

Dit is duidelik dat die druk in die drukpot hoog is. Druk op die boer,

druk op die verwerker, druk op die bemarker en aan die einde van die

dag wil en moet elkeen oorleef. Die rivier se oorsprong is ver in die berg

en die oorsprong van beter tye vir die bedryf begin by die verbruiker.

Die wêreld ekonomie sal eers moet verbeter om die verbruiker in staat

te stel om ingemaakte vrugte en sap te koop.

Ek lees van “moeg gepraat” en ek hoor van “moeg geboer” en ek het werklik begrip vir

die bekommernisse en frustrasie in die moeilike ekonomiese tye. Ek is egter oortuig

daarvan dat “reën in die berg” die rivier weer sal laat loop. - Wiehahn Victor
3.

OPSOMMIG OOR DIE VERLOOP VA DIE SEISOE

Die 2009/2010 seisoen se oesbedrywighede is oor die hond se rug en slegs die laaste +10% van die

oes moet nog ingesamel word. Die verwerkers sal vir nog ses tot agt weke besig wees in die

fabrieke om vrugte uit koelkamers te verwerk. Hieronder volg ‘n opsomming oor die verloop van

die seisoen:

BULIDA-APPELKOSE:

Die oestyd het op die normale tyd begin (+23 November)

Klein vrugte is gelewer – gemiddeld 36 gm – 15% kleiner as normaal

Klein vrugte was dan ook die grootste probleem van die seisoen

Snykoste en plukkoste hoër as gevolg van klein vrugte

Die appelkose relatief hoë Brix gehad

Min insekbesmetting het voorgekom

Deurmekaar rypheidsgraad per krat is ondervind

Gemiddelde gradering laer as normaal

Vrugte het redelik goed opgeberg/houvermoë goed

Pitbrandskade is nie noemenswaardig ondervind nie

Haelvrugte het voorgekom in die Ladismith area wat gekanaliseer is na sap/droog mark

Die droërs het baie meer Bulidas gedroog

Waar trosse uitgedun was, was vrugte gemiddeld groter

Snoei van bome word belangrik. Waar gesnoei is gee dit ‘n gebalanseerde oes oor tyd, lewer

kwaliteit en groter gemiddelde appelkose

Groeieenhede minder as gevolg van koel September/Oktober periode

Oktober 2009 Oesskatting: 49 000 ton

Geskatte totale oes: 49 500 ton

TAAIPITPERSKES

Die oestyd is baie normaal tot effens later

Vruggrootte van veral vroeë kultivars is kleiner, wat die grootste probleem was

Produsente pluk te groen vrugte by eerste lewerings

Perske eenhede aan die bome is baie, maar kleiner vrugte

Gemiddelde vruggewig: +141 gm, teenoor 143 gm lang termyn

Vrugtevliegskade kom algemeen voor, meer as in die verlede

Lokvalle toon lae getalle vrugtevlieë, terwyl vrugskade voorkom

Xanthamonas kom in sekere areas voor

Vals Kodlingmot: kom algemeen voor en is meer as in die verlede

Uitgerekte blom- en plukperiode
Die ontwikkelingsfase van vrugte was negatief beïnvloed deur koue weer

4.

Oorryp en groen vrugte word in dieselfde krat gelewer

Gehalte is gemiddeld met laer graderings

Nie ‘n skerp piek van lewerings gehad nie

Supreme en Cascade vrugte effens sag, goeie oes

Fantasy stewig met goeie houvermoë

Golden Pride uitstekende oes

Goeie Kakamas oes verwag

Klein en groen lewerings was die grootste probleem van die seisoen

Oktober 2009 Oesskatting: 161 000 ton

Geskatte totale oes: 160 000 ton

BO CHRETIE PERE

Die seisoen het effens later as normaal begin

Min en dowwe pitte in vrugte kom voor

Early BC pere was goed in gehalte en volume

Vruggrootte in die algemeen kleiner

Minder BC pere word vir die varsmark gepak

Die verwerkingsbedryf behoort genoeg te kry

Wolseley/Breërivier areas kleiner vrugte

Ceres area se vrugte het goeie grootte

Normale gemiddelde gradering

Houvermoë in koelkamers sal goed bestuur moet word

Oktober 2009 Oesskatting: 100 000 ton

Geskatte totale oes: 100 000 ton

- OESSKATTIGSKOMITEE

“I I learned learned that that courage courage was was not not the the absence absence of of fear,

fear,

but the triumph triumph over it.

The The brave man is is not he who does not feel afraid,

but ut he who who conquers that that fear.”

Quote Quot Quot Quote

e e by by by by Madiba

Madiba Madiba Madiba
5.

GOVERNMENT’S SUPPORT TO INDUSTRIES IN DISTRESS

CHILE’s Ministry of Agriculture has unveiled measures to support canned peach and

apricot producers in the Valparaiso region, who are having difficulty marketing their

produce following the economic crisis.

The measures, which will be subject to the usual regulations for economic incentives

used to boost production by the Institute for Agricultural Development (Indap), will mean

farmers who meet the requirements will receive a subsidy of US$542 per ha in

production. The giving of subsidies will take place as part of an investment plan to tackle

critical issues that are affecting the competitiveness of canned peach and apricot, in the

areas of quality, productivity and marketing. Plans can also be put in place to transform

production, such as that of dehydrated fruit, but also special regional products or

innovative and value-added products.

This programme hopes to support small-scale peach and apricot producers that meet the

Indap requirments, who have experienced difficulties in marketing their produce to the

puree and canning industries as a result of the global ecnomic crisis and who require

support in addressing critical issues which are affecting the competitiveness of their

product. Chile’s canned peach exports fell by around 11%.

GREECE’s canned peach industry may require direct assistance from the EU to help it

overcome the problems caused by the global economic downturn, as help from the

country’s government has not been forthcoming.

Peach farmers in Greece have been protesting along highways in recent months at the

lack of government support over the reduced prices and lower demand for their produce,

while the canning sector has had to contend with the strength of the euro against the US

dollar and increased competition from China which has dented exports.

The USDA said in a report in January that the Greek government may soon provide

around €10.0 million in income support to clingstone peach farmers through direct grants,

interest rate subsidies, loans and aid toward the payment of social security contributions

(Foodnews 29 January). Costas Apostolou of EKE, Greek Canners’ Association, said

that he has not heard of any deal being agreed. “Although we believe that in this crucial

period, it is the EU that has to take measures because the same problems that we are

facing are also being faced in Spain, Italy and France.”

Greece has seen its canned peach exports decline in the past 15 months or so. “It is a

fact that due to the economic crisis, consumption of our products is not satisfied”

Apostolou said.

Fortunately, in the last few months they have seen some kind of a recovery in the global

economy. In their case, there are some signals that exports are improving. But China

remains the major competitor for Greece in terms of canned peach exports, particularly to

the key US market.

- Foodnews
6.

AAPLATIGSTEDESE

VA APPELKOSE, PERE E PERSKES

Baie dankie aan almal wat die 2009 boomsensus statistiek inligting ingevul en terug besorg het.

Die inligting maak dit vir die bedryf moontlik om tendense waar te neem, beplanning te doen en

aanbevelings te maak. Die aanplantingstendense kan egter net so goed wees as wat die inligting is

wat verkry is.

Die totale hektare van 2009 van die onderskeie vrugsoorte word in die onderstaande tabel gegee in

vergelyking met die voorafgaande vier jaar. Die tendense is weer eens baie duidelik. Die totale

hektare Bon Chretien bome het veral baie vinnig afgeneem as gevolg van die uittrek van bome.

TOTALE HEKTARE ONDER SAGTEVRUGTEBOME

Vrugsoort 2005 2006 2007 2008 2009

Bulida appelkose

Bon Chretien pere

Vroeë Bon Chretien

Taaipitperskes

2293

2594

982

7305

2172

2326

1016

7038

2039

2147

1043

6862

1943

2062

1031

6675

1925

1951

1092

6513

Die 2009 aanplantings van inmaakvrugte bome word in die onderstaande tabel vergelyk met die

afgelope vier jaar aanplantings per jaar. Die aanplantingstendens van bome is in direkte korrelasie

met die pryse wat vir vrugte betaal is, dit wil sê die aanplantings loop saam met die pryse van

vrugte.

Bulida appelkose: Om slegs vir vervanging van ou bome voorsiening te maak, benodig die bedryf

+100 ha. Daar is ‘n drastiese afname in aanplantings in 2007 en 2008 en slegs 18 ha en 8 ha is

onderskeidelik aangeplant en slegs 31 ha in 2009.

By Bon Chretien pere word +75 ha benodig vir vervanging en is die tendens duidelik skerp

afwaarts. Verder het die aanplantings van Bon Chretien pere verskuif na aanplantings van Vroeë

Bon Chretien, waarop die inmaakbedryf veral moet ag slaan, aangesien die Vroeë Bon Chretien

hoofsaaklik vir die varsmark geplant word.

In die geval van Taaipitperskes benodig die bedryf +350 ha vir vervangingsdoeleindes. Uit die

statistiek is dit duidelik dat die afnemende aanplantings tekort skiet. Die enigste ligpunt is dat die

nuwe kultivars wat geplant word hoër produksie per hektaar lewer.

TOTALE HEKTARE GEPLANT PER JAAR

Vrugsoort 2005 2006 2007 2008 2009

Bulida appelkose

Bon Chretien pere

Vroeë Bon Chretien

Taaipitperskes

82

13

32

248

23

3

9

168

18

1

9

162

8

1

14

127

Bron: Inmaakvrugte Produsente Vereniging

31

1

8

136
7.

WATTER PERSKE KULTIVARS WORD GEPLANT?

In die onderstaande tabel verskyn die taaipitperske aanplantings per kultivar vir 2009 in

vergelyking met die twee voorafgaande jare. Ook word die totale hektare van die

betrokke kultivars gegee. Die kultivars word in volgorde van rypwording gegee.

Kultivars

TAAIPITPERSKE AANPLANTINGS PER KULTIVAR

Aanplantings per jaar (ha) Totale

2006 2007 2008 2009

Hektare

Oom Sarel 14 16 5 2 857

Prof Malherbe 3 1 1 - 285

Prof Black - - - - 72

Goudmyn - - - 2 128

Sandvliet 17 26 8 40 724

Keisie 57 29 26 18 1432

Western Sun 34 5 1 - 505

Prof Neethling 1 - - - 671

Fantasy 8 12 1 2 40

Cascade 6 19 27 47 101

Supreme 22 38 21 12 271

Keimoes - - - - 23

Woltemade - - - - 170

Kakamas 32 28 14 9 1207

Autumn Crunch - 7 14 4 27

Die drie belangrikste kultivars per totale hektaar geplant is Keisie, Kakamas en Oom Sarel,

terwyl geen aanplantings van Black, Goudmyn, Neethling, Keimoes en Woltemade

gemaak is nie. Van die nuwe reeks kultivars word Sandvliet, Keisie, Cascade en Supreme

steeds die meeste aangeplant.

Bron: Inmaakvrugte Produsente Vereniging
8.

Deidré Eigelaar, Achtervlei, Piketberg

Wagtend vir die einde van die skooldag, gaan sit ek by The Orange Mill in die Paarl en op die

muur voor my tafel staan geskryf ‘om jonk te bly vereis `n oneindige vermoë om ontslae te raak

van ou waarhede’ en op die anderkantse muur staan ‘verloor jou hart in die stofpad van die stilte

in klapperbosse en soet turksvye en horisonne van kaalvoet tye’. Die woorde het groot indruk by

my gelaat en ek weet nie eens wie dit uitgedink het nie

Op `n manier staan die twee indrukke nie net op `n muur oorkant mekaar nie, maar ook in ons

leefwêrelde: die lewe wat vorentoe beur soos `n meesleurende stroom, met doodgaan as die

uitklim kans, en die kaalvoettye en dit wat agter gelaat word, altyd onlosmaaklik deel van die pad

vorentoe. Dit geld ook in die leefwêreld van die eie persoonlike reis, die werklikheid van die

sakewêreld en die arena van die openbare lewe en veral die politiek.

Saterdag, 6 Februarie 2010 se Burger se Geestelike waardes lees: ‘Waarheid verskil weerskante

van die Pireneë, sê Pascal. Vandag weet ons dit beter as ooit. Ons wêreld is vol gebergtes,

skeidings tussen tradisies, gemeenskappe, kulture. Alkant van die berge verskil ons waarheid.

Die een se hartsog is soms die ander se vrees. Die een se sekerhede die ander se dwaasheid.

Soms verrys sulke gebergtes met tyd. Soms loop hulle – binne een gemeenskap, een tradisie,

een kultuur, een gesin – tussen vandag en gister, leef aan hul kant van die Pireneë’. Dan word

die Oxfordse historikus Felipé Ferandes-Armesto aangehaal waar hy navorsing doen oor die

relatiewe, perspektiwiese aard van ons sieninge en skryf hy die boek Truth en vertel van vier

soorte waarhede. Die eerste is die waarheid wat ons voel en net weet dit is so. ‘Dit is subjektief,

ja, ons eie waarheid van kleur en geur, smaak en skoonheid, blydskap, troos en liefde.’ Die

tweede is die waarheid van tradisie en gesag. Wat ons by ander hoor, wat ons glo en vertrou.’

Die derde is die waarheid wat ons self bedink, insien en verstaan, wéét. ‘Hoe meer daarvan –

kennis, logika, kritiese denke – hoe beter vir ons en andere.’ Die vierde waarheid is wat ons

waarneem, met ons sintuie, kan meet en weeg, toets en bewys – wetenskap en tegnologie,

wonderbaar. Dis diep tragies – sê hy – dat in ons tyd alle oortuiging by vele gesterf het, alle

sekerheid, vertroue en waarheid. Dat soveel ontnugter is en leef asof niks waarheid is nie – want

dit is nie waar nie! Die wêreld is vol waarheid! Trouens elke keer as ons notisie neem van

mekaar, gesels, luister, sê hy, kom ons bietjie nader daaraan.’ Met die lees van die gedeelte kom

die twee gedagtes aan beide kante van die muur by The Orange Mill bymekaar en ontmoet so

mekaar op die kruin van die Pireneë.

Na die nuwe insig (en `n begeerte om die boek Truth te lees) is dit met `n beter verstaan dat ek

weer na ons land kyk. Met al die polemiek oor President Zuma se bed-eskapades, die

korrupsievlakke wat wêreldrekords laat spat, die staatsinstellings wat een-vir-een inplonk, raak

waarhede, veral van tradisie en gesag, verlore in die meesleur van vorentoe en voel ek `n

hunkering na hoe dinge was (kan dalk ook die paar grys hare se skuld wees). Die waarheids-

analise van Felipé Ferandes-Armesto laat my ook dink aan `n Maslow hiëragie en dat jy van voel

en jou eie waarheid weet, aanbeweeg na die waarheid van tradisie en gesag. Binne dié

raamwerke van jou eie waarheid en die waarheid van tradisie en gesag kan `n persoon vorder na

die derde vlak van insien en verstaan, van kennis, logika en kritiese denke. Die laaste vlak is

waar wetenskap en tegnologie en die meet en weeg die mens neem tot op `n vlak waar die

waarhede nie net subjektief nie, maar werklike vooruitgang kan bring (ook nie sonder die morele

slaggate nie). Die verskil tussen Angola en Japan se geskiedkundige verloop tot op hede stel die

‘waarheids hiërargie’ bloot: Angola kon slegs beweeg tot by die tweede waarheid, terwyl Japan

as samelewing al vier vlakke bemeester het. Die uitkomste vir die twee lande se burgers verskil

dramaties!
9.

Ek verstaan nou dat nege-tiendes van ons Suid-Afrikaanse bevolking net `n waarheid beleef op

die eerste en tweede waarheidsvlak, ook baie van Suid-Afrika se leiers. Dit verduidelik ook

hoekom vier miljoen belastingsbetalers 60 miljoen burgers kan dra – die besigheidsgemeenskap

funksioneer uit noodweer en uit keuse vanuit al vier waarhede. Hoe lank laasgenoemde

volhoubaar is, sal net die tyd kan leer, maar beslis nie oor die langtermyn nie! Wat onomwonde

is, is `n fokus op onderwys, menslike- en vaardigheidsontwikkeling om die tydbom se ontploffing

af te weer!

Belangriker as die publieke- en besigheidsdomeine is elkeen se persoonlike reis. Die kwessie dat

die belangrikste verandering nie in die parlement begin nie, maar by ons elkeen se kombuistafel,

is `n waarheid op die hoogste vlak. Vir die manne en vroue van my geslag was voel en jou eie

waarheid ontdek, volksvreemd en worstel vele nou met hul eie waarhede en gevoelens. Die

persoonlike waarhede en gevoelens van ons geslag is oorheers en gedomineer deur tradisie en

gesag en het vele van ons nooit eens daarby gearriveer om krities te leer dink nie. Die tieners

van nou is in dié opsig, die tieners van die sewentigers en tagtigers, ligjare vooruit! Die ontdek

van jou eie waarheid bly egter die eerste stap tot ontwikkeling as volwaardige mens.

Die tweede waarheid, wat ons leer van tradisie en gesag, is binne die Suid-Afrikaanse

gemeenskap in `n krisis gedompel en die res van die wêreld vaar ook nie waffers nie! Wie glo en

vertrou ons? Hoe volgenswaardig, geloofwaardig en betroubaar is die politieke leiers, die sakeleiers

en selfs die familiehoofde. Die vakuum wat die eerste twee waarhede laat, veroorsaak in

vele gevalle die morele slaggate waarin die wetenskap, tegnologie en sakewêreld vasval.

Die vraag is wat gemaak en waar begin ons om ons eie en ook verder mekaar se waarhede te

ontdek in hierdie vinnig vloeiende rivier van tyd, beperkte hulpbronne en die onvermoeide aanslag

om waarheid tot niks te maak? Ek weet nie: die tyd voel te min, die aanslag te oorweldigend!

`n Waarheid is dat `n piepklein gaatjie in `n enorme groot wal, kan die wal laat breek.

Hoe doen ons dit? Hoe klim ons uit ons gemakssone uit? Lees wyer, lees die Mail en Guardian,

lees die hoofberig van die koerant (nie net die sportblad nie), raak betrokke by jou dorp se skole,

kerke, gemeenskaps organisasies en plaaslike rade, sluit aan by organisasies wat gaan help om

Tradisies en Gesag weer in plek te kry. Ontwikkel jouself (deur tyd en geld daaraan te spandeer),

leer elke jaar iets nuuts, ontwikkel jou kinders en werknemers se kritiese denke en hou net aan

groei as mens deur krities jouself en jou waarhede te analiseer. Wees onbeskaamd trots en luid

oor jou eie waarhede en anker dit in die tradisies en gesag waarin jy glo. Praat deurentyd met

mense oor die grense van kultuur, ras en gemeenskapsgroeperinge. Neem notisie van jou

landsgenote, luister met `n oop gemoed en daardeur kan ons bietjie nader aan mekaar kom.

Daardeur kan ons die wal van onwaarhede breek en in hierdie land mekaar ontmoet op die kruin

van wat lyk na die onoorkomelike. Hopelik sonder dat ons land verder `n morele bespotting word,

sonder armoede-oorloë, sonder grondonteiening, sonder nasionalisering en die skep van `n

welsynstaat met `n glybaan na Afrika hopeloosheid. Mag Suid-Afrika die verhaal voortsit op die

trant van Japan, waar al vier waarheidsvlakke deurleef word. Suid-Afrika kan nog ‘magic’ vir die

wêreld skep, soos wat die geskiedenis ons al `n paar keer gewys het.

Ek gaan begin by myself, ons kombuistafel, ons plaas, ons gemeenskap. As ons elkeen dit doen

kan ou waarhede herleef, deur kritiese denke kan ons van sommige onwaarhede ontslae raak en

kan die waardes van tradisie en gesag herleef. Dit met `n wete dat jy steeds jou hart in die

stofpad van die stilte, in klapperbosse en soet turksvye en horisonne

van kaalvoet tye kan verloor

Maak Maak `n `n gaatjie gaatjie in in die die wal wal net net daar daar waar waar jy jy is.. is..... is.. ... ..... ... .. ...

10.

VERBLYFREG OP PLASE

Inleiding

In die afgelope vier uitgawes van hierdie publikasie is daar gefokus op die kwessie van

verblyfreg op plase. Daar is veral klem gelê op die definisie asook regte van ‘n

“okkupeerder” in terme van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62

van 1997 (ESTA), asook die regte van die Grondeienaar in die verband. ‘n Voldonge feit

is dat geen okkupeerder sondermeer uit sy/haar woonhuis gesit mag word nie en dat

impulsiewe optrede deur enige Grondeienaar in die verband dikwels in die verlede

aanleiding gegee het tot onnodige frustrasie(s) asook groot regskoste. Dit is dus

raadsaam vir enige Grondeienaar – indien daar onsekerheid heers oor die korrete

uitsettingsprosedure asook regte van beide partye (d.i. grondeienaar en okkupeerder) –

om eers kundige advies in te win alvorens enige besluit gemaak word oor die uitsetting

van enige persoon op ‘n plaas.

Ek het in die vorige uitgawe kortliks gereflekteer oor die prosedure vir die uitsetting van ‘n

okkupeerder. Kortliks kom dit daarop neer dat:

- alvorens ‘n grondeienaar ‘n werknemer uit sy/haar huis op die plaas mag sit,

moet die betrokke werknemer/okkupeerder se verblyfreg eers beëindig word.

Met ander woorde, daar moet ‘n skriftelike kennisgewing aan die betrokke

individu uitgereik word waarin daar duidelik kennis gegee word dat hy/sy die

woonhuis moet ontruim; en

- dat die voorwaarde/bepaling waarop die Werkgewer die reg op verblyf

beëindig, billik moet wees.

Wat die uitsettingsprosedure verder betref, is dit belangrik dat daar verskillende

vereistes (in terme van ESTA) bestaan vir persone wat voor 4 Februarie 1997 as

okkupeerders geklassifiseer is en vir die wat daarna as okkupeerders

geklassifiseer is.

Die vereistes voor 4 Februarie 1997:

Indien ‘n persoon voor 4 Februarie 1997 as okkupeerder geklassifiseer is, mag die hof ‘n

uitsettingsbevel toestaan indien die “okkupeerder”:

- opsetlik en wederregtelik ‘n ander persoon wat op dieselfde grond bly, skade

aangedoen het;

- doelbewus die eiendom van ‘n boer beskadig het;

- ‘n bedreiging vir ander okkupeerders op die grong word; en

- hulp aan ander ongemagtigde persone verleen het om “nuwe” huise of

skuilings op ‘n plaas op te rig EN HIERDIE VERBREKINGS NIE DEUR ‘N

OKKUPEERDER REGGESTEL IS NA VERSOEK(E) NIE.

Die uitreik van ‘n uitsettingsbevel deur die Hof kan ook op die volgende gronde geskied:

- Indien die grondeienaar alle bepalings van ‘n ooreenkoms nagekom het, maar

die okkupeerder versuim en/of weier om dit te doen ten spyte daarvan dat

skriftelike kennis van 1 kalendermaand aan die okkupeerder gegee is om die

verbreking reg te stel. ‘n Tipiese voorbeeld wat sou geld in hierdie verband (en

wat redelik algemeen voorkom) is bv. waar ‘n okkupeerder onwettiglik handel

dryf vanuit sy/haar woonhuis op die Plaas, die okkupeerder met die

Boer/grondeienaar ooreengekom het om hierdie praktyk stop te sit en dan

versuim/weier om dit te wel te doen.

- Indien ‘n okkupeerder die grondeienaar/boer fisies sou aanrand en die

verhouding dus tussen die boer/grondeienaar en die okkupeerder in so ‘n mate

vertroebel het dat dit onmoontlik sou wees om hierdie verhouding weer te

herstel; en
11.

- Indien die okkupeerder as werknemer vrywilliglik uit die diens van ‘n

werkgewer/grondeienaar/boer bedank het en die okkupeerder dan sou weier

om sy woonhuis te ontruim.

Veronderstel geeneen van die bogenoemde omstandighede is van toepassing nie, WAT

DAN? Kan die Hof steeds ‘n bevel vir uitsetting van ‘n okkupeerder toestaan? Die

antwoord is “JA”, maar slegs indien die Hof daarvan oortuig is dat geskikte alternatiewe

akkommodasie vir die okkupeerder beskikbaar is. Derhalwe is dit raadsaam vir die

Grondeienaar/Boer om die betrokke okkupeerder behulpsaam te wees in die vind

van toepaslike alternatiewe akkommodasie aangesien dit die onaangename

situasie van uitsettings vir beide partye kan vergemaklik.

Indien die okkupeerder nie geskikte alternatiewe akkommodasie kon vind binne nege (9)

maande na die beëindiging van sy/haar verblyfreg nie, die grondeienaar die huis verskaf

het waarin die okkupeerder woon, of die werksaamhede van die grondeienaar ernstig

benadeel sal word as die huis nie beskikbaar gestel kan word aan ander persone wat in

diens geneem is nie, kan die Hof steeds ‘n uitsettingsbevel toestaan. Sodanige toestaan

van ‘n uitsettingsbevel sal opgeweeg en evalueer word teenoor die beginsels van

regverdigheid en billikheid daarvan, inaggenome die pogings wat beide partye (d.i.

Grondeienaar/Boer en die okkupeerder) geneem het om alternatiewe akkommodasie te

bekom. BAIE BELANGRIK: In laasgenoemde geval sal die belange van die twee partye

(d.i. Grondeienaar/Boer en okkupeerder) deeglik inaggeneem word met die toestaan van

‘n uitsettingsbevel (of nie), met spesifieke verwysing na hoeveel “swaarkry” so ‘n situasie

vir die Grondeienaar/Boer en die okkupeerder sal meebring.

Die gronde vir die uitsetting van ‘n persoon, Okkupeerder VOOR 4 Februarie 1997,

verskil wesentlik van die gronde vir uitsetting van ‘n persoon, Okkupeerder NA

4 Februarie 1997.

Alles overgeset synde, behuising op Plase het ‘n netelige kwessie geraak – beide vir die

Boer/Grondeienaar, maar ook vir die werknemer. Behuising is veral vir die werknemer

van uiterste belang veral in die lig van die groot tekort aan toepaslike behuising. Vir die

Grondeienaar/Boer is dit eweneens van groot belang, aangesien daar ‘n operasionele

behoefte bestaan om werknemers op die plaas in woonhuise te akkommodeer. Dit is dus

belangrik vir die twee Partye om voortdurend in gesprek te bly rondom

behuisingskwessies en ‘n gesonde vertrouensverhouding te vestig wat die

aangeleentheid aanbetref. Dit kan slegs in die beste belang van beide Partye wees

indien so ‘n verhouding gevestig en in stand gehou kan word.

In die volgende en laaste artikel oor ESTA sal daar gekyk word na die uitsetting van

‘n okkupeerder wat na 4 Februarie 1997 as ‘n okkupeerder geklassifiseer is.

Praktiese riglyne sal ook verskaf word vir die vestiging en instandhouding van ‘n

gesonde en konstruktiewe verhouding tussen die Grondeienaar/Boer en sy

werknemers wat betref behuising op plase.

VIR EIGE VERDERE ILIGTIG E/OF

HULP BETREFFEDE

ARBEIDSAAGELEETHEDE, SKAKEL:

DR. LEO BOSMA

(SELFOO: 083-414-5679)
USA PEACH TREE PULL PROGRAM

12.

The growers removed a total of 1 415 acres (573 ha) in the California Canning Peach

Association’s recently concluded Tree Pull Program. Following the acreage removals, the

industry’s 2010 bearing acreage will be approximately 23 000 bearing acres (9 311 ha),

which represent their lowest acreage figure in modern history. Using the 10 year average

yield of 17,1 tons/acre (38 ton/ha), the 2010 peach crop would amount to 393 000 short tons

wich represents a 16% decrease from last year’s 466 033 ton crop.

- Peach Fuzz (Feb. 2010)

VRUGTE OTLEDIGS

Tot op datum is meer as 2000 vrugte monsters vir chemiese spuitstowwe ontleed. Alhoewel

enkele besendings vrugte vir lewering afgekeur is, is die bedryf tevrede met die uitslae. Daar

word ook vanaf hierdie jaar vir die Dithiocarbamate, naamlik Mancozeb, Maneb, Propineb,

Thiram en Zineb getoets. Elke dertigste monster is ook vir swaarmetale getoets en is dit

veral Kadmium, wat vir die bedryf belangrik is, wat skoon toets.

ARGETIA’S CAED FRUIT PRODUCTIO

Argentina’s peach harvest has been substantially reduced by frosts and was delayed by more

than 10 days, with processors saying that the smaller harvest will affect pulp production this

year.

The total amount of peach going for processing is expected to be between 100 000 – 110 000

tons, much lower than the 180 000 tons. The bulk of the peach harvest will go for canning,

where canners expect similar figures to those in 2009, with some 4,2 million cartons of peach

and around 400 000 cartons of fruit cocktail. Pulp production is going to be about 50% less

than last year. Apricot production looks worse. Practically 75% of the harvest was lost and

almost no apricot puree was processed. - Foodnews

CHILEA PRODUCTIO

The peach production was 10 days later than last year and the volume of fruit expected is still

more than companies are prepared to process. They maintain their predictions that both

canners and processors of puree will consider producing less than the raw material available.

Puree production for 2010 is at around 40 000 to 45 000 tons of the finished product. A

Chilean processor believes that the outlook for peach puree has improved since the start of

the harvest due to less carry-over stocks and the loss of the peach harvest in Brazil.

- Foodnews