02.05.2013 Views

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

Tydskrif April 2010.p65 - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die uiterste beproef word, maar Satan gryp die geleentheid

aan om ons te verlei tot bitterheid, twyfel en

verwyte teen God.

Daarom gebeur dit dat wedergebore, vroom, gelowige

kinders van God in krisistye nie slegs beleef hoe Hy deur

die beproewing ons oë wil oopmaak vir die gebreke in

ons verhouding met Hom en in ons oorgawe aan Hom

nie, maar ook dat Satan besig is om ons te versoek. Ons

voel nie slegs hoe die Here in liefde ons inniger aan

Hom wil bind nie , maar voel terselfdertyd ook hoe die

versoeking ons van God wil wegtrek en teen Hom in

opstand wil laat kom.

Die wedergeboorte beteken immers dat die heerskappy

van die sonde wel in 'n mens se lewe tot niet gemaak

word, maar beteken nie dat daar in die mens geen sonde

meer is nie, soos ook duidelik blyk uit Romeine 7:17-25.

Ons begeertes maak ons ontvanklik

Die Here leer ons dat 'n mens verlei word “deur sy eie

begeertes wat hom aanlok en saamsleep” (Jak 1:14).

As ons eerlik is met onsself, sal ons weet dis waar dat

ons soos 'n magneet versoekings na ons toe aantrek, nie

slegs seksuele versoekings nie, maar ook die versoeking

om God se Woord te verdraai of met gedagtes van

wraak en haat en hoogmoed te lewe. Daar is steeds by

ons 'n hunkering daarna soos 'n ontugtige wat enige

seksuele toenadering verwelkom.

Daarom vergelyk die apostel Jakobus dit dan ook

verder met 'n geboorteproses wat volg: ons begeerte

word deur die versoeking bevrug, en al begin dit ook

klein soos 'n embrio, groei dit uit tot sonde wat nie tot

'n nuwe lewe lei nie, maar die dood tot gevolg het. Dit

vernietig die lewe! Jou eie lewe en dikwels ook ander

s'n.

Ons kan die skuld vir ons sonde en die vernietigende

gevolge daarvan op niemand anders plaas nie. Ons eie

begeertes en Satan se versoekings moet saam ouerskap

vir ons sonde aanvaar!

Daarom leer die Here ons om die sonde te haat en te

ontvlug! Hy vra ons hart, want by ons eie begeertes

begin die versoeking.

Die Here gee die oorwinning!

Terwyl hierdie bose geboorteproses van sonde en

- fokus: versoekings -

opstand teen God gereeld plaasvind, verseker Hy ons dat

Hy gee wat nodig is om staande te kan bly en te kan

oorwin. Hy sal doen wat Hy belowe het, Hy verander nie,

Hy hou ons vas!

Dis ons heerlike belydenis dat niks ons uit God se hand

sal ruk nie. Saam met Jesus sal ons meer as oorwinnaars

wees - ook oor ons eie sondige begeertes.

Die pad na oorwinning sluit ook die heiliging van ons

begeertes in: “Net om U wil te doen ... dit wil ek Heer

van ganser harte soek” (Ps 40:4 berymd).

Daarom kan ons in krisistye biddend in God se Woord

die versekering soek dat niks ons van sy liefde sal skei

nie, en kan ons opnuut ons toevlug tot Hom neem,

terwyl ons onsself versterk en beskerm met die wapenrusting

wat Hy ons bied vir die stryd teen die bose

magte wat ons wil verlei (Ef 6:10-20). DK

• Die Kerkblad April 2010 • 19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!