UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

DEPARTEMENT KRIMINOLOGIE

INLIGTING OOR DIE NAGRAADSE KURSUSSE IN

KRIMINOLOGIE

I N H O U D S O P G A W E

1 VERWELKOMING ................................................... 1

2 HONNEURSGRADE ................................................ 1

3 MA- EN DLitt et Phil-GRADE ................................... 6

4 DIE WAARDE VAN VAKTYDSKRIFTE VIR

NAGRAADSE STUDIE .......................................... 16

5 DIE WAARDE VAN DIE INTERNET VIR

NAGRAADSE STUDIE .......................................... 19

6 SLOTWOORD ....................................................... 20

7. DOSERENDE PERSONEEL.................................. 21
1 VERWELKOMING

Hartlik welkom as nagraadse student in die Departement

Kriminologie! Ons vertrou dat u studie-arbeid met sukses

bekroon sal word. Die Universiteit van Suid-Afrika stel

besonder hoë eise aan nagraadse studente. Daarom wil ons

dadelik die belangrikheid van selfstandige en nougesette

studie pertinent onder u aandag bring. Ons Departement is

besonder trots op die prestasies wat van ons nagraadse

studente reeds bereik het.

Ons verwag dat u erns met u studie sal maak. Dit beteken u

moet gedurig soek na nuwe feite, kennis en insig. Alles wat

u sien, hoor, lees en beleef, moet krities en geestelik verwerk

word. Studie is intellektuele skeppingswerk en dit is hierdie

geestesaktiwiteit waaraan u uself nou begin toewy.

Die dosente neem aan dat u die kursus gekies het omdat u

daarin belangstel en óf meer kennis daaroor wil bekom òf u

bestaande kennis daaroor wil uitbrei. Dit is ons strewe om by

sulke doelwitte aan te sluit en saam te werk. Ons land het

veral nou baie toegewyde wetenskaplikes nodig wat die

misdaadvraagstuk in al sy verskyningsvorme in diepte kan

bestudeer en beoordeel. Dit is waarby u as nagraadse

student betrokke raak. Dankie vir u belangstelling. Ons

vertrou dat u goed sal vaar en al die mense van die land deur

u pogings bevoordeel sal word. Sterkte!

2 HONNEURSGRADE

2.1 Werkswyse

U ontvang studiebriewe waarin werkopdragte gestel word.

Die werkopdragte moet direk aan die Registrateur:

Akademies gestuur word in die koeverte wat daarvoor

voorsien word.

1
Dit sal in u eie belang wees om twee werkopdragte

bevredigend uit te werk en in te stuur. Geen antwoorde op

werkopdragte wat na 30 September ingestuur word, sal egter

nagesien kan word nie. Ons is oortuig dat studente wat na

hierdie datum nog werkopdragte moet uitwerk, nie deeglik

genoeg vir die eksamens wat in Januarie-Februarie

afgeneem word, sal kan voorberei nie.

Ons verwag dat u, afgesien van die voorgeskrewe boeke,

ook ander naslaanwerke (wat u self moet opspoor) sal

raadpleeg. Ons is oortuig dat veral vaktydskrifte en data wat

op die Internet gepubliseer word, deesdae onontbeerlike

databronne is.

Vakliteratuur is vir nagraadse studente wat 'n ploeg of ander

stuk gereedskap vir 'n boer is --- onmisbaar. Mens kry dit

ook gedurig weer nodig, al is die eksamen ook agter die rug.

Daarom word u sterk aangeraai om die voorgeskrewe boeke

aan te koop. Afgesien daarvan dat 'n goeie biblioteek wat u

op hierdie wyse opbou vir u altyd van waarde sal wees, bied

eie handboeke ook die voordeel dat u kan onderstreep,

byvoegings en veranderings daarin kan aanbring --- iets wat

u nie in geleende boeke kan doen nie.

Ons sal die werkopdragte deeglik nasien en beoordeel en

met ons kommentaar so gou as moontlik aan u terug stuur.

Sorg asseblief dat u werkopdragte duidelik weerspieël dat u

die gedeelte van die werk deeglik onder die knie het.

Moenie gedeeltes woordeliks uit boeke oorskryf nie. Verwerk

die stof so dat dit 'n uitdrukking van u eie gedagtegang is. Dit

is 'n absolute vereiste op hierdie vlak van navorsing.

U moet ook die hele leerplan soos in die studiebriewe

uiteengesit, deurwerk. Die werkopdragte verteenwoordig

slegs dieptesnitte uit die leerplan.

2
2.2 Toelatingsvereistes

Benewens die formele toelatingsvereistes wat in Afdeling B

van Deel 1 van die Jaarboek gestel word, is die volgende

bepalings ook van toepassing:

* Studente wat 60% of meer behaal het in die finale

eksamen en die kursus minder as ses jaar gelede

geslaag het, registreer in die eerste studiejaar vir

hoogstens drie vraestelle. Slegs in hoogs uitsonderlike

gevalle sal die Departementshoof 'n gemotiveerde

versoek om vir meer as drie vraestelle gelyktydig te

registreer, oorweeg. Dan moet die motivering die

registrasievorm vergesel. Ten einde sulke aansoeke te

bespoedig, moet studente aandui vir watter drie

vraestelle hulle wil registreer indien hulle aansoek om vir

meer as drie vraestelle te registreer nie suksesvol is nie.

* Studente wat in die derdejaarkursus

(a) minder as 60% behaal het of

(b) 60% of meer behaal het maar die kursus ses jaar of

langer laas geslaag het, kan, indien hulle tot

honneursstudie toegelaat word, in die eerste

studiejaar vir hoogstens een vraestel registreer.

LW: Die kursuskodes --- wat uit sewe simbole bestaan --- en

tussen hakies na die name van die vraestelle verskyn,

moet op die registrasievorm ingevul word.

2.3 Honneurs BA in Kriminologie (graadkode: 04243)

A LEERGANG

Die leergang bestaan uit die volgende vyf vraestelle:

1 Fundamentele Kriminologie (HCRFUNG)

2 Metodologie (HCRMETB)

3
3 Kriminologiese evaluering en analise (HCREVAX)

4 Aktuele misdaadvraagstukke (HCRCONQ)

5 Forensiese Kriminologie (HCRFOR8)

LW: In die eerste studiejaar word studente sterk

aangeraai om vraestelle 1 en 2 te neem.

B LEERPLANNE

Vraestel 1: Fundamentele Kriminologie (HCRFUNG)

(Een vraestel van drie uur)

− Die ontstaan en ontwikkeling van die Kriminologie;

− die studieterrein van die Kriminologie;

− individugerigte benaderings tot misdadige gedrag;

− die maatskaplike en fisiese milieugerigte benaderings.

Vraestel 2: Metodologie (HCRMETB)

(Een vraestel van drie uur)

− Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing;

− navorsingsontwerp, probleemidentifisering, hipotese en

sentrale teoretiese stellings;

− insameling van gegewens;

− dataverwerking en interpretasie van gegewens;

− navorsingsetiek.

Vraestel 3: Kriminologiese evaluering en analise

(HCREVAX) (Een vraestel van drie uur)

− Die proses van observasie, profilering van oortreders,

verslagskrywing;

− korporatiewe misdaadrisikobepaling, die hantering van

risiko’s, faktore wat risiko beïnvloed, voorkoming van

4
isiko’s;

− misdaadvoorkomingsmodelle;

− die ontwikkeling van 'n nasionale misdaadvoorkomingsbeleid;

− die beplanning, implementering en evaluering van

misdaadvoorkomings-programme.

Vraestel 4: Aktuele misdaadvraagstukke (HCRCONQ)

(Een vraestel van drie uur)

− Die studieterrein van besondere tipes misdade;

− misdade teen die gemeenskapslewe (verkragting, kinder-

en vrouemishandeling, dwelmhandel);

− misdade teen persoonsverhoudings (moord);

− misdade teen eiendom (huisbraak, roof, bedrog,

winkeldiefstal);

− misdade teen die morele orde (dwelmmisbruik,

pornografie, prostitusie);

− misdade in die handel en nywerheid (korrupsie, sabotasie,

ens).

Vraestel 5 : Forensiese Kriminologie (HCRFOR8)

(Een vraestel van drie uur)

− Etiese gedrag en onderhoudvoering, insameling van

gegewens vir die evalueringsverslag;

− die voorvonnisondersoek, identifisering en ontleding van

faktore wat bygedra het tot die kriminele gebeure;

− die opstel van die voorvonnisevalueringsverslag;

− strafindividualisasie, tipes vonnisse;

− hofetiek en -prosedures, getuienislewering en

kruisondervraging.

LW: Voordat u vir hierdie kursus registreer, moet u

5
asseblief die volgende keuringskriteria in ag neem:

• Is u spraakvermoë sodanig dat u in 'n hof mondelinge

getuienis kan lewer?

• Beskik u oor goeie taal- en skryfvaardighede om 'n

logiese en duidelike verslag aan die hof te kan voorlê?

• Beskik u oor goeie navorsingsvaardighede om 'n

oortreder se agtergrond te kan navors?

• Beskik u oor die nodige interpersoonlike vaardighede om

onderhoude met oortreders, hul gesinne en werkgewers

empaties te kan voer sonder om persoonlik betrokke te

raak?

• Is u persoonlike omstandighede sodanig dat u die nodige

tyd het om die aansienlike praktiese werksessies te kan

doen wat die kursus vereis? Dit behels onder andere die

bywoning van ongeveer vier voorvonnisevalueringsessies

by u naaste

Gemeenskapskorreksieskantoor, die opstel van twee

voorvonnisevalueringsverslae en die bywoon van

minstens een hofsaak waartydens deskundige getuienis

gelewer word.

3 MA- EN DLitt et Phil-GRADE

3.1 Reëls en regulasies

Kandidate wat vir bogenoemde grade wil inskryf, moet

hulleself op hoogte bring van die reëls en regulasies wat

toegang tot hierdie kursusse bied. Die reëls en regulasies is

in Deel 6 van die Jaarboek. Die prosedure vir aansoek om

registrasie word ook in die handleiding Algemene Inligting;

studie vir Magisters- en Doktorsgrade, uiteengesit. Enige

navrae insake die voorwaardes vir registrasie moet aan die

Registrateur gerig word en nie aan die Departement

6
Kriminologie of aan individuele dosente nie.

3.2 Verkennende onderhandeling

1 Student registreer vir MA of DLitt et Phil.

2 Binne die eerste jaar van registrasie moet die student

aan die volgende vereistes voldoen:

(a) Voornemende kandidate moet direk met die

Departement Kriminologie se Nagraadse

Kursuskoördineerder kontak maak voor enige

stappe om te registreer, geneem word. Die

Departement sal nie ‘n onderwerp vir registrasie

aanvaar wat nie vooraf bespreek is nie.

(b) Die Nagraadse Kursuskoördineerder sal na die

verkennende gesprek (persoonlike of telefonies) die

dokument vir ‘n navorsingsvoorstel aan die

kandidaat oorhandig. In hierdie dokument - die

navorsingsvoorstel - moet die kandidaat oortuigend

argumenteer vir ‘n aanvaarbare titel, oor die

uitvoerbaarheid van die navorsing en die

moeilikheidsgraad moet in ooreenstemming met die

vlak waarop die studie onderneem word (MA of

DLitt et Phil), wees.

3.3 Toelatingsvereistes

Om tot die MA-kursus toegelaat te word, moet 'n kandidaat 'n

gemiddeld van 60 persent vir die honneurskursus verwerf.

Die Nagraadse Kursuskoördineerder kan tydens die

aanvanklike onderhandeling, individuele gevalle oorweeg wat

nie aan hierdie vereiste voldoen nie. Kandidate wat langer as

vyf jaar gelede die honneursgraad voltooi het, moet eers met

die Departement skakel voordat enige verdere stappe

gedoen word. Van sulke kandidate kan verwag word om

sekere van die honneursvraestelle te herhaal voordat

7
toelating oorweeg kan word.

Verder moet kandidate ook self seker maak dat hulle vorige

kwalifikasies deur UNISA erken word. Die inligting kan by die

Departement Studente Administrasie en Registrasies bekom

word.

3.4 Die aard van die MA-grade

Die MA-grade is navorsingsgrade. Dit beteken kandidate

moet bewys lewer dat hulle selfstandig (op hulle eie)

navorsing kan doen. Die studieleier se werk is om die

kandidaat te lei om die navorsing uit te voer. Kandidate kan

empiriese navorsing aanpak of projekte op ‘n teoretiese vlak

uitvoer, soos byvoorbeeld literatuurstudies. Die kernvereiste

is dat kandidate oortuigend moet aantoon dat hulle

selfstandige navorsing kan doen.

3.5 Die aard van DLitt et Phil-grade

Om hierdie grade te slaag, moet kandidate toon dat hulle die

bestaande navorsingsgebied van die veld waarin hulle

navorsing doen, uitbrei. Die kandidate moet dus iets nuuts

doen. Die doktorsgraad kan net toegeken word indien die

kandidaat die eksaminatore oortuig dat hy/sy ‘n

oorspronklike, nuwe bydrae tot die navorsingsveld gemaak

het.

3.6 Die keuse van ‘n onderwerp

Dit word aan die kandidaat self oorgelaat. Die Departement

Kriminologie sal help om die onderwerp in ‘n finale titel vir die

navorsing te formuleer.

Kandidate word aangeraai om navorsing te doen in velde

waarin hulle belangstel, wat aktueel is en wat aansluit by die

werk waarby hulle betrokke is en waarvan hulle dus reeds

8
asiese kennis het.

Die keuse van ‘n onderwerp word gewoonlik voorafgegaan

deur baie leeswerk in die ondersoekveld ten einde ‘n

toepaslike navorsingsprobleem te identifiseer.

Op grond van UNISA se nuwe onderrigbeleid, bevorder die

Departement Kriminologie ook eerder graag navorsing wat

eerstens tot voordeel van Suid-Afrika, dan tot voordeel van

Suider-Afrika en dan tot voordeel van Afrika kan wees.

3.7 Die registrasieprosedure

Die volgende stappe is ter sake: Die kandidaat moet eers

seker maak of UNISA sy/haar vorige kwalifikasies erken.

Indien wel, moet aan die vereiste vir 60 persent vir die MA

graad registrasie ook voldoen word. Hierna nader die

kandidaat die Departement en maak kontak met die

Nagraadse Kursuskoördineerder vir die verkennende

gesprek. Hierna wys die Nagraadse Kursuskoördineerder ‘n

kontakdosent aan. Die kontakdosent help die kandidaat om

die navorsingsvoorstel so onafhanklik as moontlik op te stel.

Die kandidaat het ses maande om dit te doen. Wanneer die

kontakdosent tevrede is, word die navorsingsvoorstel aan die

betrokke Vakbestuurskomitee vir evaluering voorgelê. Indien

die komitee die navorsingsvoorstel aanvaar, word ‘n

studieleier (vir die MA-graad) en/of ‘n promotor (vir die DLitt

et Phil-graad), aangewys.

3.8 Studieleiding

Die studieleier of promotor en kandidaat werk self ‘n

werksooreenkoms uit. Die studieleier lei die kandidaat om

aan die akademiese vereistes vir die navorsing op daardie

vlak te voldoen. Gewoonlik neem dit ‘n hele paar konsepte

van hoofstukke om by die verlangde standaard te kom.

Hierdie proses word ook verder gekompliseer wanneer

9
kandidate se onderwerp van so ‘n aard is dat ‘n

medestudieleier of -promotor uit ‘n ander dissipline benoem

moet word. Nietemin kan die kandidaat vryelik afsprake oor

enige aspek van die navorsing met die studieleier of promotor

aanvra. Die studieleier sal die kandidaat aanmoedig om die

navorsing so in te rig dat hy/sy teen 30 Junie of 30 November

van die kalenderjaar die finale konsep moet inhandig om te

sinkroniseer met UNISA se administrasie van die toekenning

van MA- en DLitt et Phil-grade.

3.9 Navorsingsvoorstel

U moet ‘n navorsingsvoorstel ooreenkomstig die formaat

soos aangetoon onder punt 3.10 hieronder voorlê. Dit word

gebruik om u aansoek om registrasie vir ‘n MA- of DLitt et

Phil-graad te beoordeel. Op grond van die inhoud daarvan

en die beskikbaarheid van dosente word vir u ‘n

kontakdosent aangewys. Die kontakdosent sal u bystaan

om dié dokument in finale formaat te voltooi. Die finale

dokument (ons noem dit die navorsingsvoorstel) word dan

aan die vak se bestuurskomitee voorgelê. Indien hulle dit

goedkeur, word u toegelaat om te registreer en ‘n studieleier

word vir u aangewys.

Tydens die voorbereiding van die navorsingsvoorstel is u

geregtig op die biblioteekfasiliteite van UNISA. Kontak

asseblief self die biblioteek in hierdie verband. U moet dit so

onafhanklik moontlik (dit wil sê, met so min moontlik hulp)

voltooi.

Verder moet u daarop let dat u aan die volgende vereistes

moet voldoen voordat u kan registreer: 'n gemiddeld van 60

persent vir die honneursgraad, en u moes die

honneursgraad nie langer as vyf (5) jaar gelede geslaag het

nie. Indien u by ‘n ander inrigting gestudeer het, moet u self

seker maak of UNISA daardie kwalifikasie erken. Hieroor

kan u meer inligting bekom van: Departement Studentet

10
Administrasie en Registrasies, Posbus 392, UNISA, 0003,

Suid-Afrika. Die e-pos adres vir hierdie inligting is:

postjus@unisa.ac.za

U kan enige tyd tussen die volgende datums registreer:

1 Julie tot 30 Maart. Dit wil sê, gedurende April, Mei en

Junie word u nie toegelaat om te registreer nie.

3.10 Navorsingsvoorstel vir MA of DLitt et Phil-grade in die

Departement Kriminologie

Die navorsingsvoorstel moet die onderstaande formaat

aanneem en gerig word aan:

Die Nagraadse Koördineerder

Departement Kriminologie

Posbus 392

UNISA

0003

1 Die projek

Titel

2 Die aansoeker

Van

Voorname

Titel

Adreslyn 1

Adreslyn 2

Adreslyn 3

Telefoon

11
Sellulêre foon

Faks

E-pos

3 Akademiese besonderhede

UNISA-studentenommer (indien wel)

Vorige kwalifikasies

Gemiddeld vir derdejaarsvakke

Gemiddeld vir honneursvraestelle

Simbolestaat aangeheg

Universiteit waar dit verwerf is

Wanneer (watter jaar)

Het enige ander universiteit al ‘n

soortgelyke aansoek om registrasie

van u geweier?

Gebruik soveel bladsye as wat u nodig vind en voorsien ook

die toepaslike inligting oor die volgende aspekte van die

voorgenome ondersoek volledig:

4 Doel van die navorsing

5 Rasionaal vir die navorsing

6 Aanleidende vrae

7 Hipoteses

8 Besonderhede van die loodsondersoek (indien van

toepassing)

9 Voorlopige hoofstukindeling

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

12
Hoofstuk 5

Hoofstuk 6*

* Meer of minder hoofstukke is toelaatbaar. Pas die vorm

dienooreenkomstig aan.

13
10 Voorgestelde tydskedule

Navorsingstaak Doeldatum*

Inlewering van voltooide verslag

* Watter jaar beplan u om dié gedeelte van die navorsing

af te handel?

11 Begroting

Begrotingsitem* Bedrag Hoe gaan u dit

bekostig?

Registrasiegeld

Druk, versprei en insamel

van vraelyste

Tikwerk

Bindwerk

Ander uitgawes (bv

reiskoste)

* Voeg nog by soos dit van toepassing op u navorsing mag

wees.

12 Literatuurstudie

Voorsien ‘n opsomming van ongeveer vyf bladsye (die

ekwivalent van 5 A4-bladsye wat in enkelspasiëring getik is)

van die jongste literatuur oor die navorsingsonderwerp

waaruit dit duidelik blyk dat die voorgestelde

hoofstukindeling toepaslik is.

14
13 Vraelys/Skedule

Voeg ‘n kopie van die beoogde vraelys of skedule in. Dit

kan die een wees wat u tydens die loodsstudie gebruik het,

of ‘n vraelys op bogenoemde literatuurstudie gebaseer.

14 Voorkeur vir 'n studieleier/promotor*

* U kan u voorkeur vir ‘n studieleier/promotor aandui. Daar

is egter geen waarborg dat die voorkeurdosent

aangewys kan word nie. Dit hang af van die werkslading

van die betrokke dosent, en of die kundigheid wat vir die

studie benodig word, wel in die Departement

teenwoordig is.

[Dit is die einde van die formaat van die navorsingsvoorstel.]

3.11 Naslaanbronne vir die voorbereiding van die

navorsingsvoorstel

Die volgende is nuttige bronne wat u kan help met die

voorbereiding van die navorsingsvoorstel:

Bak, N. 2004. Completing your thesis. A practical guide.

Pretoria: Van Schaik.

De Vos, AS; Strydom, H; Fouché, CB & Delport, CSL. 2005.

Research at grassroots. (3 rd edition). Pretoria: Van Schaik.

Terre Blanche, M; Durrheim, K & Painter, D. 2006. Research

in practice. Applied methods for the social sciences. (2 nd

edition). Cape Town: UCT.

15
4 DIE WAARDE VAN VAKTYDSKRIFTE VIR NAGRAADSE

STUDIE

Die noodsaaklikheid en waarde van gereelde en noukeurige

raadpleging van vaktydskrifliteratuur - veral by nagraadse

studie - word nie altyd voldoende deur studente besef nie.

Ons wil dit derhalwe hier kortliks, maar sterk beklemtoon.

Vaktydskrifliteratuur stel studente in staat om hulle op die

hoogte te hou van die jongste verwikkelinge en

ontwikkelinge op hulle betrokke vakgebied. So verskaf die

groot verskeidenheid artikels, die aankondiging en

resensering van nuwe vakliteratuur, die bekendstelling en

bespreking van navorsingsprojekte, ‘n goeie beeld van die

bedrywighede op die verskillende terreine van die vakgebied

en van die rigtings waarin die vak beweeg. Baie van die

jongste ontwikkelingstendense, teoretiese denkrigtings en -

skole, hipotetiese vrae en aanhalings word weergegee - ook

soos dit in verskillende lande voorkom.

Verder lê die waarde van vaktydskrifte in die interessante

moontlikhede wat dit skep vir interaktiwiteit,

gedagtewisseling, en die oop gesprek tussen beoefenaars

van ‘n bepaalde wetenskap of aanverwante wetenskappe en

dit open weer nuwe perspektiewe en stimuleer die soek na

kennis en waarheid.

In die lig van die dinamiese aard en die snelle ontwikkeling

van wetenskappe is dit soms waar dat van die jongste

handboekliteratuur al “oud” geword het. Daarenteen is die

jongste tydskrifliteratuur gewoonlik vars, dit hou tred met die

vak se ontwikkeling en, omdat dit met betreklike kort

tussenposes verskyn, maak dit ruimskoots voorsiening vir

sulke waardevolle funksies.

Die lewenskragtigheid, praktiese werking en vooruitgang van

16
‘n vakwetenskap word in geen geringe mate nie, deur

vaktydskrifliteratuur weerspieël.

Die UNISA Biblioteek (geleë in die Samuel Pauwgebou op

die hoofkampus) beskik oor baie bibliografieë, woordeboeke,

ensiklopedieë, gidse, handboeke, jaarboeke en vaktydskrifte

asook onderwerpindekse wat vir nagraadse studie belangrik

is. Die volgende is ‘n lys van die vaktydskrifte wat in die

biblioteek beskikbaar is:

The Australian and New Zealand Journal of Criminology

The British Journal of Criminology

Canadian Journal of Criminology

Canadian Society of Forensic Science Journal

Corrections Today

Crime and Delinquency

Crime, Law and Social Change

Criminal Justice Abstracts

Criminal Justice and Behaviour

The Criminologist

Criminology

Deviant Behaviour

Federal Probation

International Criminal Police Review

17
International Drug Report

International Journal of Offender Therapy and Comparative

Criminology

International Journal of the Sociology of Law

International Review of Criminal Policy

International Security Review

Journal of Criminal Justice

Journal of Drug Issues

Journal of Family Violence

Journal of Interpersonal Violence

Journal of Offender Rehabilitation

Journal of Quantitative Criminology

The Journal of Research in Crime and Delinquency

Journal of Security Administration

Kriminologisches Journal

Law and Order

Die Maatskaplikewerk-navorser-praktisyn

The Medico-legal Journal

Monatsschrift für Kriminologie und Strafrechtsreforum

Policing

The Prison Journal

18
Prison Service Journal

Probation Journal

Security Focus

Security for Buyers of Products, Systems and Services

Security Gazette

Security Journal

Security Management

Social Justice

Studies in Conflict and Terrorism

Terrorism and Political Violence

Tijdschrift voor Criminologie

Victimology

Victims Support

Violence and Victims

Women and Criminal Justice

5 DIE WAARDE VAN DIE INTERNET VIR NAGRAADSE

STUDIE

Die Internet bevat baie inligting wat van onskatbare waarde

vir nagraadse studente in Kriminologie is. Dit inligting kan

bekom word deur soektogte op die Internet te onderneem,

by gespreksgroepe aan te sluit of deur middel van

elektroniese korrespondensie met plaaslike en buitelandse

outeurs. Daar bestaan ook reeds etlike elektroniese

vaktydskrifte insake onderwerpe wat vir ons studente van

19
elang is. Dit word gewoonlik maklik opgespoor deur slegs

toepaslike soekwoorde op die Internet te aktiveer. U word

aangemoedig om van hierdie bron van kennis oor die

misdaadverskynsel gebruik te maak. Uit die aard van die

saak moet u natuurlik onthou dat, omdat ons met wetenskap

te doen het, sal u slegs van die wetenskaplik nagevorsde

artikels wat op die Internet geplaas word, gebruik kan maak.

U kan soos volg te werk gaan om sinvolle toegang tot die

Internet te kry:

Besoek die tuisblad van UNISA by .

Gaan na UNISA Biblioteek en op die tuisblad van die

biblioteek gaan u na Electronic Journals. Daar kan u bietjie

rondblaai!

U kan natuurlik ook met enige van die search engines ‘n

soektog na ‘n spesifieke onderwerp loods.

6 SLOTWOORD

Nagraadse studie verg baie tyd en baie deursettingsvermoë.

Die eindresultaat is egter die moeite werd. U is baie welkom

om enige verdere navrae aan die Nagraadse

Kursuskoördineerder vir die Departement Kriminologie

(adres elders verskaf) te rig.

20
7. DOSERENDE PERSONEEL

Departementshoof (Waarnemend):

Professor: JH Prinsloo MA, DLitt et Phil

Professor: H Conradie

(UNISA)

MA(Sos),

virCHO)

DPhil (PU

SJ Joubert MA, DLitt et Phil

JJ Neser

(UNISA)

MA (UOVS), DLitt et Phil

(UNISA), SPM

Medeprofessor: M Ovens MA (UP), DLitt et Phil

(UNISA)

Senior Lektor: DN Swart MA, DLitt et Phil

(UNISA)

FJW Herbig MA, DLitt et Phil

(UNISA)

A-M Hesselink MA, DLitt et Phil

E van der Merwe

(UNISA)

MA (UNISA)

Lektor: MJ Victor-Zietsman Hons BA, LLB (UP)

LR Morodi MA (UNISA)

VZ Mtshali Hons BA (Unisa)

ADMINISTRATIEWE PERSONEEL

Sekretaresses : JD Nienaber (Mev)

P Sibaya (Me)

21

UNISA