02.05.2013 Views

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4 DIE WAARDE VAN VAKTYDSKRIFTE VIR NAGRAADSE

STUDIE

Die noodsaaklikheid en waarde van gereelde en noukeurige

raadpleging van vaktydskrifliteratuur - veral by nagraadse

studie - word nie altyd voldoende deur studente besef nie.

Ons wil dit derhalwe hier kortliks, maar sterk beklemtoon.

Vaktydskrifliteratuur stel studente in staat om hulle op die

hoogte te hou van die jongste verwikkelinge en

ontwikkelinge op hulle betrokke vakgebied. So verskaf die

groot verskeidenheid artikels, die aankondiging en

resensering van nuwe vakliteratuur, die bekendstelling en

bespreking van navorsingsprojekte, ‘n goeie beeld van die

bedrywighede op die verskillende terreine van die vakgebied

en van die rigtings waarin die vak beweeg. Baie van die

jongste ontwikkelingstendense, teoretiese denkrigtings en -

skole, hipotetiese vrae en aanhalings word weergegee - ook

soos dit in verskillende lande voorkom.

Verder lê die waarde van vaktydskrifte in die interessante

moontlikhede wat dit skep vir interaktiwiteit,

gedagtewisseling, en die oop gesprek tussen beoefenaars

van ‘n bepaalde wetenskap of aanverwante wetenskappe en

dit open weer nuwe perspektiewe en stimuleer die soek na

kennis en waarheid.

In die lig van die dinamiese aard en die snelle ontwikkeling

van wetenskappe is dit soms waar dat van die jongste

handboekliteratuur al “oud” geword het. Daarenteen is die

jongste tydskrifliteratuur gewoonlik vars, dit hou tred met die

vak se ontwikkeling en, omdat dit met betreklike kort

tussenposes verskyn, maak dit ruimskoots voorsiening vir

sulke waardevolle funksies.

Die lewenskragtigheid, praktiese werking en vooruitgang van

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!