02.05.2013 Views

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1 VERWELKOMING

Hartlik welkom as nagraadse student in die Departement

Kriminologie! Ons vertrou dat u studie-arbeid met sukses

bekroon sal word. Die Universiteit van Suid-Afrika stel

besonder hoë eise aan nagraadse studente. Daarom wil ons

dadelik die belangrikheid van selfstandige en nougesette

studie pertinent onder u aandag bring. Ons Departement is

besonder trots op die prestasies wat van ons nagraadse

studente reeds bereik het.

Ons verwag dat u erns met u studie sal maak. Dit beteken u

moet gedurig soek na nuwe feite, kennis en insig. Alles wat

u sien, hoor, lees en beleef, moet krities en geestelik verwerk

word. Studie is intellektuele skeppingswerk en dit is hierdie

geestesaktiwiteit waaraan u uself nou begin toewy.

Die dosente neem aan dat u die kursus gekies het omdat u

daarin belangstel en óf meer kennis daaroor wil bekom òf u

bestaande kennis daaroor wil uitbrei. Dit is ons strewe om by

sulke doelwitte aan te sluit en saam te werk. Ons land het

veral nou baie toegewyde wetenskaplikes nodig wat die

misdaadvraagstuk in al sy verskyningsvorme in diepte kan

bestudeer en beoordeel. Dit is waarby u as nagraadse

student betrokke raak. Dankie vir u belangstelling. Ons

vertrou dat u goed sal vaar en al die mense van die land deur

u pogings bevoordeel sal word. Sterkte!

2 HONNEURSGRADE

2.1 Werkswyse

U ontvang studiebriewe waarin werkopdragte gestel word.

Die werkopdragte moet direk aan die Registrateur:

Akademies gestuur word in die koeverte wat daarvoor

voorsien word.

1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!