UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Dit sal in u eie belang wees om twee werkopdragte

bevredigend uit te werk en in te stuur. Geen antwoorde op

werkopdragte wat na 30 September ingestuur word, sal egter

nagesien kan word nie. Ons is oortuig dat studente wat na

hierdie datum nog werkopdragte moet uitwerk, nie deeglik

genoeg vir die eksamens wat in Januarie-Februarie

afgeneem word, sal kan voorberei nie.

Ons verwag dat u, afgesien van die voorgeskrewe boeke,

ook ander naslaanwerke (wat u self moet opspoor) sal

raadpleeg. Ons is oortuig dat veral vaktydskrifte en data wat

op die Internet gepubliseer word, deesdae onontbeerlike

databronne is.

Vakliteratuur is vir nagraadse studente wat 'n ploeg of ander

stuk gereedskap vir 'n boer is --- onmisbaar. Mens kry dit

ook gedurig weer nodig, al is die eksamen ook agter die rug.

Daarom word u sterk aangeraai om die voorgeskrewe boeke

aan te koop. Afgesien daarvan dat 'n goeie biblioteek wat u

op hierdie wyse opbou vir u altyd van waarde sal wees, bied

eie handboeke ook die voordeel dat u kan onderstreep,

byvoegings en veranderings daarin kan aanbring --- iets wat

u nie in geleende boeke kan doen nie.

Ons sal die werkopdragte deeglik nasien en beoordeel en

met ons kommentaar so gou as moontlik aan u terug stuur.

Sorg asseblief dat u werkopdragte duidelik weerspieël dat u

die gedeelte van die werk deeglik onder die knie het.

Moenie gedeeltes woordeliks uit boeke oorskryf nie. Verwerk

die stof so dat dit 'n uitdrukking van u eie gedagtegang is. Dit

is 'n absolute vereiste op hierdie vlak van navorsing.

U moet ook die hele leerplan soos in die studiebriewe

uiteengesit, deurwerk. Die werkopdragte verteenwoordig

slegs dieptesnitte uit die leerplan.

2