Afrikaans LEESSTUKKE 2 Mites en Legendes.pdf - Think Online
Afrikaans LEESSTUKKE 2 Mites en Legendes.pdf - Think Online
Afrikaans LEESSTUKKE 2 Mites en Legendes.pdf - Think Online
Do you know the secret to free website traffic?
Use this trick to increase the number of new potential customers.
ites en legendes is vertellings uit die vroegste tye.
'Oorlewering' beteken die stories is mondelings van geslag na geslag
oorgedra. Die stories het deur die jare verander en baiekeer is daar
meer as een weergawe.
Mites het met gode te doen, terwyl legendes met mense te doen het.
Die Griekse mitologie het probeer om die wonders van die natuur te
verduidelik in ’n tyd voor dit wetenskaplik verklaar kon word. Só is
geglo dat donder en weerlig op die berg Olympus (die hoogste berg
in Griekeland) beteken dat hul groot en magtigste god, Zeus,
ontevrede is:
Pegasus was 'n pragtige perd met vlerke. Bellerophon het dit reggekry om
die perd te vang en het hom gebruik in sy avonture. Maar toe hy met
Pegasus na die berg Olympus wou vlieg, het Zeus hom van die perd afgegooi.
Pegasus word sedertdien deur Zeus gebruik om weerligstrale te dra.
Kyk jy saans na die sterre, kan jy Pegasus se sterrebeeld daar sien...
Net soos met ander bekende figure uit die mitologie, word Pegasus se
naam dikwels gebruik vandag, byvoorbeeld Pegasus-lugdiens en die e-posprogram,
Pegasus Mail.
Volgens die mites het Zeus gereeld mense gestraf as hulle hom kwaad maak, soos
wanneer hul nie respek betoon nie. 'n Voorbeeld hiervan is in die storie van Pandora se
kis.
Pandora se kis
Volgens die mite het
Atlas die fout gemaak
om sy broer se kant
te neem toe hul teen
Zeus geveg het. As
straf moes hy die
aarde op sy skouers
dra.
Vandag nog word 'n
boek met kaarte ’n
atlas genoem.
Was jy al ooit in die moeilikheid oor jou nuuskierigheid? Mense word dikwels gesê om iets nié te doen nie,
maar baiekeer is hul so nuuskierig dat hulle hul glad nie aan die waarskuwings steur nie. So 'n persoon was
Pandora. Haar storie is 'n mite uit antieke Griekeland en haar nuuskierigheid het 'n groot klomp verdriet
veroorsaak!
In antieke Griekeland was daar twee broers, Epimetheus en Prometheus. Hulle het die gode ontstel en het
veral vir die magtigste god, Zeus, kwaad gemaak. Dit was nie die eerste keer dat Zeus hom vir mense
vererg het nie en hy het reeds mense se vermoë om vuur te maak, van hulle weggeneem. Hul kon hulself dus
nie meer warm maak by 'n vuur nie, en kon ook nie meer hul vleis gaarmaak nie.
Prometheus was slim en het geweet 'n smid met die naam Hephaestos woon op die eiland Lemnos. Hy het 'n
brandende vuur gehad wat sy smeltoond warm hou. Prometheus het soontoe gereis en vuur by die smid gaan
steel.
Zeus was woedend en het besluit dat mense vir eens en altyd gestraf moet word vir hul disrespek. Hy het
met 'n slim plan vorendag gekom: Hy en Hephaestos het 'n vrou uit klei geskep en die godin Athene het
lewe in die kleifiguur geblaas. Aphrodite het haar lieflik gemaak en Hermes het haar geleer hoe om mense
te bekoor. Zeus het haar Pandora genoem en haar as geskenk na Epimetheus gestuur.
Hoewel sy broer, Prometheus, hom gewaarsku het om nooit geskenke van die gode te aanvaar nie, was
Epimetheus heeltemal betower deur Pandora. Hy het ingestem om met haar te trou, want hy het eenvoudig
nie geglo dat so 'n beeldskone meisie skade kon berokken nie.
Zeus was te bly dat sy plannetjie werk en gee toe vir Pandora 'n pragtige kis as trougeskenk. Daar was
egter 'n belangrike voorwaarde: sy mag nóóit die kis oopmaak nie. Pandora was bitter nuuskierig, maar tog
het sy belowe om dit nooit oop te maak nie.
Sy het egter gedurig gewonder wat in die kis kon wees en kon nie begryp waarom iemand vir haar 'n kis gee
wat sy nie mag oopmaak nie - dit het vir haar geen sin gemaak nie. Later kon sy aan niks anders dink as hoe
om die kis oop te maak nie. En dit was presies wat Zeus beplan het!
Uiteindelik kon Pandora dit nie meer hou nie. Eendag, toe Epimetheus uit die pad is, kruip sy na die kis, haal
die groot sleutel van die hoogste rak, pas dit versigtig in die slot en draai dit. Maar op die laaste oomblik
voel sy skuldig en stel haarself voor hoe kwaad haar man gaan wees. Toe
Pandora
sluit sy dit maar weer vinnig toe. Dit gebeur drie keer en elke keer
begewe haar moed haar.
Uiteindelik besluit sy: sy gaan mal word as sy nie binne-in kyk nie! Sy sluit
weer die kis oop, haal diep asem, maak haar oë toe en lig die deksel
versigtig op. Sy verwag om fyn sy, rokke, goue armbande of selfs goue
muntstukke daarin te sien.
Maar sy is teleurgesteld: daar is geen goud, skatte of armbande nie en
ook geen deftige rokke nie. Zeus het die kis volgepak met die
verskriklikste euwels. Uit die kis stroom siektes en armoede, ellende,
dood en hartseer - soos 'n klomp klein motjies.
Die kreatuurtjies steek Pandora oor en oor en sy klap die kis toe.
Epimetheus hardloop die kamer binne en sien haar huil van die pyn.
Hul hoor egter steeds 'n stemmetjie binne-in die kis wat smeek om losgelaat te word. Epimetheus stem toe
saam: niks daarbinne kon erger wees as die euwels wat reeds buite was nie. Saam het hulle die deksel weer
een keer opgelig. Al wat agtergebly het in die kis, was Hoop. Dit het gefladder soos 'n pragtige
naaldekoker, en die wonde aangeraak en genees wat die wrede kreature veroorsaak het.
Hoewel Pandora al die pyn en lyding losgelaat het in die wêreld, het sy ook Hoop toegelaat om dit te volg.
Hippokrates, die 'vader
van geneeskunde', het
wegbeweeg van die mites
dat die gode siektes
veroorsaak - hy het geglo
daar is natuurlike
oorsake. Hy het pasiënte
se simptome neergeskryf
en bestudeer.
Hippokrates se eed word
deur dokters regoor die
wêreld afgelê. Dit sluit
bv. in dat 'n dokter sy
pasiënt se privaatheid
moet beskerm, en dat
dokters 'n plig het om
mense te help, al kan hul
nie betaal nie.
Die volgende mite verduidelik hoe seisoene ontstaan het:
Die pragtige Persephone is deur Hades na die onderwêreld meegevoer.
Persephone se moeder, Demeter, was die godin van landbou en
vrugbaarheid. Sy was verbysterd omdat haar dogter nie meer daar was nie
en alle oeste het misluk.
Om die grond weer vrugbaar te maak, is Hades aangesê om Persephone aan
haar ma terug te besorg. Maar terwyl sy in die onderwêreld was, het
Persephone die pitte van die granaat geëet. Dit beteken sy het in die
huwelik getree en kon haar eggenoot nie verlaat nie.
Persephone is toe toegelaat om ’n deel van die jaar by haar ma te bly. In
hierdie tyd was dit somer en die gesaaides het mooi gegroei. Die res van
die jaar, in die winter, moes sy by Hades in die onderwêreld deurbring, en
dan was die aarde onvrugbaar.
Bronnelys: http://www.historylearningsite.co.uk http://ancienthistory.about.com http://myths.e2bn.org
http://www.mieliestronk.com http://en.wikipedia.org http://www.kidzworld.com
Prente: Microsoft Clipart Gallery Online
© Werkvelle & speletjies Web: www.thinkonline.co.za E -pos: thinkonline13@gmail.com
Illustrasie: Robert Uys
Naam en van: ______________________
Blokkiesraaisel: MITES
♦ Vul die antwoorde in potlood in en gebruik slegs hoofletters:
15
10
17
6
7
Zeus
1
8
4
3
11
13
Pegasus
DWARS AF
1. Hoop het gefladder soos 'n pragtige ___.
3. Hierdie tyd van die jaar was die aarde onvrugbaar.
4. die groot en magtigste god (volgens Griekse mites)
5. Mites het hiermee te doen.
7. die hoogste berg in Griekeland
9. Persephone het die pitte van hierdie vrug geëet.
10. Epimetheus wou nie glo 'n skone mens soos
Pandora kan ___berokken nie.
11. Hy moes die aarde op sy skouers dra.
13. Hephaestos het op die ___ Lemnos gewoon.
15. Pandora was 'n ___ van Zeus aan Epimetheus.
16. Die kis was vol hiervan.
17. Persephone was nie toegelaat om haar ___ te
verlaat nie.
18. Prometheus het dit by Hephaestos gesteel.
5
9
16
18
2
14
2. Wanneer stories mondelings van geslag na geslag
oorgedra is, sê ons: Volgens ___...
3. Pegasus word deur Zeus gebruik om ___te dra.
6. Hoop het die ___ genees wat die wrede kreature
veroorsaak het.
8. 'n pragtige perd met vlerke
10. Pandora en Epimetheus het 'n ___ gehoor uit die
binnekant van die kis.
12. Epimetheus en Prometheus was twee ___ uit
antieke Griekeland.
14. Sy was die godin van landbou en vrugbaarheid.
12
Aphrodite
Hoop
20
BEGRIPSLEES EN TAAL:
♦ Wenke:
♦ Gebruik punktuasie korrek (bv. hoofletters aan die begin van 'n sin).
♦ Spelling moet ook korrek wees.
Naam en van: ______________________
1. Kies elke keer die mees geskikte woord uit die lys en vul dit in:
ontevrede oorlewering vliegtuie atlas waar mites geskenke legendes
aardbol winter natuur seisoene e-pos verduidelik somer onwaar
a) _____________ beteken die stories is mondelings van geslag na geslag oorgedra.
b) _____________ het met gode te doen, terwyl _____________ met mense te doen het.
c) Die Griekse mitologie het probeer om wonders van die _____________ te verduidelik.
d) Donder en weerlig het glo beteken dat die magtigste god, Zeus, ________________ is.
e) Prometheus het sy broer gewaarsku om nie ______________ van die gode te aanvaar nie.
f) Die mite oor Persephone verduidelik hoe die ________________ ontstaan het.
g) In die _______________ het die gesaaides mooi gegroei.
h) 'n Boek met kaarte word 'n _______________ genoem.
i) Waar of onwaar: Hippokrates het geglo siektes word deur die gode veroorsaak. ____________
2. Woordsoorte-oefeninge:
a) Omkring die twee selfstandige naamwoorde:
Saans kyk ons na die sterre.
Sy mag nie die pragtige kis oopmaak nie.
b) Omkring die twee werkwoorde:
Pegasus dra weerligstrale van die berg.
Pandora klap die kis toe.
c) Omkring die twee byvoeglike naamwoorde:
♦ Wenk: Soek eers die selfstandige naamwoord.
Die rooi granaat was 'n simbool van die huwelik.
Pandora was 'n nuuskierige vrou.
d) Omkring die twee eiename:
Die pragtige Persephone is na die onderwêreld meegevoer.
Die godin Athene het lewe in die kleifiguur geblaas.
e) Omkring die twee abstrakte selfstandige naamwoorde:
'n Dokter moet sy pasiënt se privaatheid beskerm.
Zeus was moeg vir die mense wat nie respek betoon het nie.
Verdere take:
(10)
♦ Die opvoeder kies 20 woorde en lees dit - soek en onderstreep
hierdie woorde.
♦ Rangskik nou hierdie woorde in alfabetiese volgorde.
♦ Woordeboek-kompetisie: Die opvoeder lees 'n woord - wie
kan eerste hierdie woord in die woordeboek kry? Herhaal.
♦ Leesassessering: Berei die storie van Pandora tuis voor om
hardop in die klas te kom voorlees.
20
(10)
Selfstandige naamwoorde
is name van dinge wat ons
kan sien, hoor, ruik, proe of
voel.
As 'n mens die voor 'n woord
kan skryf, is dit 'n
selfstandige naamwoord.
Soorte selfstandige
naamwoorde:
♦ Eiename word gebruik
om aan 'n persoon of plek
of dier 'n naam te gee. Dit
word altyd met 'n
hoofletter geskryf.
♦ Abstrakte selfstandige
naamwoorde kan nie
gesien of met die sintuie
waargeneem word nie,
bv. die naam van 'n
gevoel.
'n Werkwoord vertel wat
gedoen word ('n handeling of
aksie).
♦ Hoofwerkwoorde staan
alleen, maar 'n
hulpwerkwoord word
saam met 'n
hoofwerkwoord gebruik.
'n Adjektief of 'n
byvoeglike naamwoord
vertel ons meer van 'n
selfstandige naamwoord.
© Werkvelle & speletjies Web: www.thinkonline.co.za E -pos: thinkonline13@gmail.com