02.05.2013 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1

Uitgawe 40 September & Oktober 2012 R7.50

In hierdie uitgawe

Dink anders oor vroue, sê

„Nelson se vrou‟

Party stel sy beleid oor

jeugloonsubsidie bekend

Noord-Kaap is nie ernstig oor die bekamping van

korrupsie nie

Development threatens SA frog

Haal sélf remskoen van apartheid af

„Bruin mense moet trek vir DKD-bevordering‟

As geweld jou enigste stem is….

By-elections

▲Oom Ysterman (Bergsig) Oud , maar nog nie koud nie!

Hy stel sy DVD bekend op Springbok Welsyns Gholfdag.

1

Burgemeester van Kaapstad ►

Patricia de Lille en Burgemeester

Nama Khoi: Schalk Lubbe, doen

verrassingsbesoek by Teen Choice

Awards 2012

In hierdie uitgawe

Kontakbesonderhede: houthoop@telkomsa.net / 0832362152 / 027 8211 669

Gholfdag

t.b.v welsyn

Patricia de Lille-burgemeester van Kaapstad, steun Springbok Welsyns

Gholfdag, t.b.v. rolstoelopritte

(Foto regs & inlas: Corlia Deminey)

2

2

Oordenking

Dr.Kobus Victor

Ons kan mekaar soms in die donkerste en diepste

depressie inpraat as ons eers na die omstandighede

rondom ons kyk en daaroor begin gesels. Dit sluit in die

ekonomie wat druk, die slaggate op die paaie en in die

strate, die korrupsie wat gepleeg word, swak

dienslewering en noem maar op. Maar wat bring dit ons

in die sak? Negatiwiteit wat depressie nog verder laat

floreer.

Vanoggend lees ek weer die gelykenis wat Jesus oor

die verlore skaap en geldstuk vertel het Lukas 15).

Daardie één skaap wat in die veld agtergebly het, was

vir daardie boer baie belangrik. Hy moet gevind word.

En die beste van alles, daardie boer gaan self om dit te

gaan haal.

Maar wat doen ons? Ja, ons kom dikwels tot oplossings,

maar oplossings wat die ander mense betrek en nie

onsself nie. Die regering moet sus en so doen. En ons

protesteer omdat hulle nie die slaggate toemaak of die

dienste verbeter nie. En dan verklaar ons dat ons mos

belasting betaal vir daardie dienste. Dis hulle werk. Ons

het deur die jare daardie mentaliteit ontwikkel dat ons

eerder betaal dat iets gedoen moet word in plaas

daarvan om self die moue op te rol om iets te doen.

Dit gaan in ons Christenwees ook so. As daar ‗n

probleemgeval in die gemeenskap is, dan moet die

ouderling of die dominee gebel word. Ons betaal hom of

haar mos om dit te doen.Dis mos sy werk. Intussen sit

ons rustig terug en kyk of hulle iets daaraan gaan doen.

Ons gaan ‗n fase in die geskiedenis binne waar ons al

hoe meer self ook iets sal moet doen om ons en ons

medemens se omstandighede te verbeter. Kruip uit jou

verskansde lewe uit en stap oor na daardie mense wat

broodsgebrek het en bring vir hulle iets om te eet of gee

hulle ‗n kombers om die winterkoue te verlig. Besoek

self daardie gesin wat ‗n geliefde aan die dood

afgestaan het en gaan wees net teenwoordig ter

ondersteuning en bied jou hulp aan. En neem ‗n sakkie

gruis en klei en baksteen en gaan vul self daardie

slaggat in die straat voor jou deur en stamp dit vas met

die baksteen.

Maar gaan dit ‗n verskil maak? Ja, want die volgende

storie van Joël Baker is selfverduidelikend: Een oggend,

baie vroeg, het 'n hooggeleerde professor langs die

strand gaan loop. Teen die oggendlig sien hy in die

verte 'n persoon wat tussen die strand en die see draf.

Hy sien, hoe nader hy kom, dat dit 'n jongman is wat op

die strand iets optel en dan tot langs die water draf en

dit wat hy opgetel het, in die see gooi.

Dit het die professor baie intereseer. Hy stap toe nader

en vra aan die jongman waarmee hy besig is. Die

antwoord hom toe dat dit die vorige nag springgety was

en dat duisende seesterre op die strand uitgespoel het.

Hulle lê nou bo die hoogwatermerk. En as hulle nie

terug gegooi word in die see nie, gaan hulle sterf.

Hierop antwoord die professor toe: Jongman, maar dit is

mos onmoontlik om almal terug te gooi. Buitendien, jy is

maar een. Dit sal tog nie help nie.

Die jongman het omgedraai, 'n seester opgetel en na

die kant van die water gedraf en dit oor die eerste

branders gegooi. Hy draf toe terug na die professor en

sê vir hom: Dit is waar wat u sê. Maar vir daardie één

het ek 'n verskil gemaak.

Kontak my gerus: kvictor@mweb.co.za

Net een stap in Sy

Naam is genoeg

Sekere dinge kan al die slim

mense vooruit skat — dinge

soos die weer, of die groei

van die ekonomie, maar die

toekoms is nie voorspelbaar

nie.

Slegs as toekoms die verlede

presies herhaal sou jy dit

akkuraat kon voorspel. Maar

die toekoms is nie in ons

hande nie. God het ons in elk

geval nie geskep om die

toekoms passief in te wag

nie. Dan mors ons kosbare

tyd. Ons is geroep om die

hede en die toekoms te help

vorm gee in Sy Naam.

Ons kan saam met al die

doemprofete op ‗n hoop sit

en dinge kwytraak soos:

―Hier kom groot moeilikheid,‖

of ons kan aan die werk

spring en elke dag ‗n paar

nuwe stene in plek sit op

God se nuwe pad. Hoe? Wel,

neem daagliks klein stappe

met dit wat jy ter hand het.

Neem ook slim stappe, soos

om elke dag voor sonsaktyd

vir drie nuwe persone te bid.

Of om elke dag een

deernisvolle daad in Christus

se Naam te verrig teenoor ‗n

onbekende. Doen dit elke

dag, want dinge verskuif in

die koninkryk van God elke

slag as jy iets tot Sy eer

doen. Soos wat Jesus in

Matteus 10 noem, gaan nie

eens ‗n beker koue water wat

jy hier weggee ongesiens by

die hemel verby nie.

Klein, maar aanhoudende

stappe is wat tel. Een

getuienis, een ontmoeting,

een omgee, een nuwe pad.

Dit gaan altyd oor daardie

een tree vir die Here.

En dan die volgende een...

"Life without God

is like an

unsharpened

pencil - it

has no

point."

“Memento mori.” In Afrikaans beteken dit iets soos:

―Onthou jy gaan sterf.‖ Sulke taal is gewild in

godsdienstige kringe. Mense word gereeld daaraan

herinner dat hulle uurglas leegloop. Tereg ook.

Maar as ons slegs besorgd is om mense aan die

anderkant te kry en vergeet om hulle ook te leer om

hier en nou vir die Here te leef, dan mis ons ‗n groot

deel van die punt. Dit herinner my aan Charles

Spurgeon wat een keer vertel het dat ‗n vrou wat

hom nie geken het nie hom voorgekeer het met die

vraag: ―Do you have the grace to die?‖ Hierop het

hy geantwoord: ―Madam, I have God‘s grace to

live!‖

Johannes die Doper se woorde in Lukas 3 bly my

altyd by. Wanneer mense vir hom vra hoe hulle kan

deel verkry aan die koninkryk van God, dan sê hy

nie vir hulle om iewers in ‗n geestelike lughawe te

gaan wag op die volgende vlug hemelwaarts nie.

Nee, hulle moet die hemel aarde toe bring. Selfs die

armstes onder hulle het een stel klere om in God se

Naam met ander te deel. Die rykes onder hulle

moet ophou om korrup te wees en onregverdige

wins te maak, en die soldate moet tevrede wees

met hulle salaris. Al die mense wat wil weet hoe

hulle moet deel verkry aan God se koninkryk hoor

nie by Johannes die Doper: “Memento mori,”

―Onthou jy gaan sterf‖ nie. Inteendeel. Hulle hoor

eerder: “Memento vivere” — Onthou om te leef... tot

eer van God!

Die koninkryk van God, waaroor Jesus die graagste

gepreek en gepraat het, gebeur hier en nou in die

regte lewe.

(S.Joubert)

Lukas 18 vers 27:

Wat vir die mense

onmoontlik is, is vir God

moontlik.

2

2 2

3

3

Algemene Pitkos

Hierdie mag dalk die grootste hamburger wees wat jy in Europa kan koop. Dit word in

`n restaurant in Walsall verkoop. Die hamburger het sowat 1.5kg se maalvleis op, 12

repies spek, `n dosyn skyfies kaas en 12 uieringe. Foto: Steve Leath/newsteam.co.uk

Man se bos is 'aanstootlik'

WARWICKSHIRE se polisie het Richard Jackson

ingelig dat sy parmantige tuinbos verander moet

word omdat dit as 'n openbare oortreding en

aanstootlik gesien word. Hy het dit as 'n

middelvinger gesnoei.

"Niemand het die afgelope agt jaar nog daaroor

gekla nie,"het Jackson gesê. Nou is daar glo een

klakous en skielik is dit 'n oortreding," het Jackson

gesê.

"Hulle kan loop doppies blaas. Niemand gaan vir

my vertel wat ek in my tuin mag doen of nie mag

doen nie."

Hy het gesê hy dink die polisieman het maar net sy

plig gedoen. Die polisie sê as hulle 'n direkte klag

oor die bos ontvang, sal hulle "proporsioneel"

optree.

Intussen het die man se bure in Tamworth begin

met 'n red-die-bos veldtog.

Rooi betaal –

maar net by

mans

DIT betaal om 'n skarlakenmeisie

te wees - veral by die

werk.

Kelnerinne wat rooi dra verdien

tot 26% meer fooitjies as

wanneer hulle enige ander kleur

dra, het navorsers gevind.

Maar dit geld net die manne -

vroue-kliente toon geen

voorkeur vir 'n kleur nie.

Of mans daarvan bewus is of

nie, hulle voeg van 11% tot 26%

by hul fooitjie vir

kelnerinne in rooi.

Die toets was eenvoudig. Elf

kelnerinne by vyf restaurante

het ses weke lank

aan die toets deelgeneem.

Hulle is gevra om dieselfde

soort T-hemp te dra,

maar die kleure te wissel.

You don't stop laughing

because you grow old;

you grow old because

you stop laughing!

Gedink jy weet alles?

* Babas word gebore sonder knieskywe.Dit ontwikkel

eers van ouderdom 2 tot 6 jaar.

(Ek ken mense wie se ruggrate nooit gaan ontwikkel

nie)

* In die afgelope 4000 jaar is geen nuwe dier as 'n

huisdier getem nie.

* As die Chinese bevolking in 'n enkel gelid verby jou

loop, sal die ry nooit ophou nie vanwee hul

aanwaskoers.

* Leonardo Da Vinci het die sker ontdek.

* 'n Mens se oe is van geboorte dieselfde grootte,

maar jou neus enore hou nooit op met groei nie.

(Piet Koornhof?)

Indien die gemiddelde mens vir langer as 11 dae

geen slaap inkry nie, sal so 'n mens letterlik vir

ewig slaap.

Never force children to pray

At dinner, a little boy was forced to lead the family into

prayer...

Little Boy: But I don't know how to pray

Dad: Just pray for your family members, friends and

neighbours, the poor, etc.

Little Boy: "Dear Lord" he started "Thank you for our

visitors and their children, who finished all my cookies

and ice cream. Bless them so they won't come again.

Forgive our neighbour's son, who removed my sister's

clothes and wrestled with her on her bed.

This coming Christmas, please send clothes to all

those poor naked ladies on my daddy's blackberry and

provide shelter for the homeless men who use mom's

room when daddy is at work. AMEN "

For some reason Mom and Dad did not have dinner

that evening......

Kenia se onderwatermuseum

'n eerste in Afrika

Kenia – Afrika se eerste onderwater-museum sal na

verwagting in 2014 sy deuere oopmaak en sal een van

die enigste museums van sy soort in die wêreld wees.

Dit gaan op Kenia se Indiese Oseaan-kus gebou word

en sal deel uitmaak van die Malindi Marine Nasionale

Park.

Die museum sal fokus op marinelewe soos

seeskilpaaie, die mantarog, walvishaaie, dolfyne en

skeepswrakke.

Sowat 35 skeepswrakke is in die omgewing van Lamu,

Mombasa, Malindi, Watamu en die suidkus versprei.

‗n Paar skeepswrakke in Fort Jesus en naby Nyali is

tot dusver geïdentifiseer om die eerste aantreklikhede

te word. Die skeepswrakke sal ontwikkel en voorberei

word om die ―uitstallings‖ te wees en sal toegerus word

met onderwaterkameras wat beelde aan besoekers bo

die watervlak sal stuur.

Die museum sal ook die verhouding tussen die

marinelewe en die skeepswrakke bestudeer. (Nuus 24)

Namaqualand-info/ of webblad

: www.namaqualand-info.co.za

: www.fisheagleproductions.co.za

33 3

Mini duurste om te diens

Die kleine Mini is die duurste motor om te diens

in Suid-Afrika, wys 4 navorsing van RGT Smart, 'n

navorsingsmaatskappy in die

motorvervaardigingsbedryf.

Die Audi is kort op die hakke van dié klein

motortjie.

Volgens die maatskappy se navorsing kan jy ‗n

Mini teen gemiddeld R602,27 per uur laat diens

en ‗n Audie teen sowat R583,62.

Die navorsing het na die arbeidskoste vir werk

aan passasiersvoertuie oor verskeie

handelsmerke, verskillende provinsies en

verskillende stede gekyk.

Die navorsing wys ook dat die Vrystaat die

goedkoopste provinsie is om jou motor te laat

diens.

Om ‗n BMW te laat diens sal jou gemiddeld

R580,13 per uur uit die sak jaag terwyl ‗n Lexus

jou gemiddeld R579,09 sal kos.

Die goedkoopste voertuig om te diens is ‗n

Chana, wat jou gemiddeld R342,52 per uur sal

kos, terwyl Mahindra die tweede goedkoopste is

teen R362,29 per uur.

Fiat se dienskostes het die meeste gestyg oor

die afgelope jaar, met 16,3%, terwyl die

dienskostes van Alfa Romeo (12,2%) en Citroën

(11%) ook aansienlik verhoog het.

Handelsmerke wie se dienskostes gedaal het

sluit in Changan (-10,5%), Subaru (-5,5%) en

Daihatsu (0,6%).

Did you know?

Porcupines are the largest African rodents,

weighing up to 27kg. Although they are

common in Kruger, they are rarely seen

because of their nocturnal habits. By day

they hide in their burrows and emerge after

dusk to forage, sometimes wandering up to

15km, seeking a variety of foods, including

roots, bulbs, bark and wild fruit.

3

4

Nasa-verkenningsvoertuig

op Mars

Nasa se Curiosity-verkenningsvoertuig het

Maandagoggend volgens CNN op die oppervlak van

Mars geland om vir tekens van mikrobiese lewe te

begin soek.Curiosity, die grootste en mees gevorderde

verkenningsvoertuig wat Nasa nóg Mars toe gestuur

het, het omstreeks 07:18 (SA tyd) reeds geland, maar

die amptelike landingstyd was omstreeks 07:32 omdat

radioseine van Mars 14 minute vat om by die aarde te

kom.

Nasa-wetenskaplikes het toe eers geweet dat hul

peperduur speelding - dit kos sowat R20 miljard - op die

Rooi Planeet is. Curiosity het kort daarna die eerste

swart en wit-foto na die aarde gestuur.

Die Mars Science Laboratory (MSL, gedoop Curiosity)

is in November gelanseer en het meer as agt maande

gereis om by Mars te kom. (Beeld)

Een van die eerste foto's wat die Curiosityverkenningstuig

Maandag van die oppervlak van Mars

na die aarde gestuur het. Regs onder is 'n wiel van die

tuig sigbaar. Foto: Reuters

If the world were 100

PEOPLE ...

50 would be female

50 would be male

26 would be children

There would be 74 adults,

8 of whom would be 65 and older

There would be:

60 Asians

15 Africans

14 people from the Americas

11 Europeans

33 Christians

22 Muslims

14 Hindus

7 Buddhists

12 people who practice other religions

12 people who would not be aligned

with a religion

12 would speak Chinese

5 would speak Spanish

5 would speak English

3 would speak Arabic

3 would speak Hindi

3 would speak Bengali

3 would speak Portuguese

2 would speak Russian

2 would speak Japanese

62 would speak other languages

83 would be able to read and write; 17

would not

7 would have a college degree

22 would own or share a computer

77 people would have a place to

shelter them

from the wind and the rain, but 23

would not

1 would be dying of starvation

15 would be undernourished

21 would be overweight

87 would have access to safe drinking

water

13 people would have no clean, safe

water to drink

Sources: 2012 - Fritz Erickson, Provost and

Vice President for Academic Affairs, Ferris

State University (and John A. Vonk, University

of Northern Colorado, 2006;

Deel van die geheel

Die ontdekking van ‘n ―Higgs-agtige‖ deeltjie is net so belangrik as toe Copernicus in die 1500‘s

bewys het die aarde is rond, sê opgewonde fisici. Anim van Wyk verduidelik wat dit inhou.

Vyftig jaar gelede het fisici ‘n gaping aangetref in hul standaardmodel, ‘n soort periodieke tabel vir

deeltjies wat kleiner as ‘n atoom is. Hulle het kopgekrap: waarom het sommige subatomiese

deeltjies (soos die fotone wat jou oog tref en ‘n mens laat sien) geen massa nie, maar ander

wel?Die Britse fisikus prof. Peter Higgs en ‘n groepie ander fisici het toe met ‘n teorie vorendag

gekom. Dit lui dat die heelal met ‘n veld gevul is wat uit ‘n spesifieke subatomiese deeltjie bestaan

en dan met ander sulke deeltjies in wisselwerking tree om dit massa te gee. Dis later die ―Higgsveld‖

genoem.

Toe was dit net ‘n teorie, want daar was destyds geen manier om dit te toets nie. Die wetenskaplikes

het bereken die mensdom sal eers teen 2010 oor die tegnologie beskik om die nodige eksperimente

uit te voer.

Só het die wêreld se grootste wetenskaplike eksperiment in die Europese Sentrum vir

Kernnavorsing (Cern) tot stand gekom.

Die syfers is duiselingwekkend: ‘n ringbaan van amper 27 km waar minuskule deeltjies in ‘n

temperatuur van -271,3°C teen 99,9999991% van die spoed van lig bots, élke 25 miljardste van ‘n

sekonde.

Courage is not the towering oak that sees

storms come and go; it is the fragile blossom

that opens in the snow.

3 4

4 4 4

5

Congratulations Chad le Clos taking

gold at the 200m butterfly at 2012

Olympic Games

Vetgesmeerde Bolt!

Usain Bolt is stééds die wêreld se vinnigste

man, soos hy gisteraand gewys het toe hy

sy Olimpiese 100 m-titel met ‟n blitsige tyd

van 9.63 sekondes behou het.

Caster Semenya met die SA vlag in die

Olimpiese stadion in Londen.Caster wen SA se

sesde medalje Caster Semenya het die

silwermedalje in die 800 m vir vroue op die

Olimpiese Spele gewen! Foto: AP

5

CAMERON IS TUIS:

Cameron van den Burgh het

ook vertel hoe hy amper flou

geword het met sy

opwarming vir die 100mborsslag

finaal. ―Ek was so

opgewerk dat ek duiselig

begin word het.‖ Hier spog

hy met sy goue medalje wat

hy in die 100m-borsslag

gewen het. Foto: Nelius Rademan

Dís wat

Cameron doen

as Moeder

Natuur roep

―Ek probeer om dit nie te doen

nie, maar dit is immers

waarvoor die chloor daar is.‖

Só het Olimpiese

gouemedaljewenner Cameron

van der Burgh gesê oor die

Amerikaanse swemmer

Michael Phelps se uitlatings

verlede week dat alle

professionele swemmers in die

swembad piepie.―Ek klim

meestal uit die swembad as ek

voel ek moet gaan, maar as dit

wel gebeur, is dit nie die ergste

ding nie,‖ het hy gesê.

Phelps het verlede week aan

die Wall Street Journal gesê

swemmers klim nie uit die

swembad om te urineer nie.

Cameron en sy medegouemedaljewenner

Chad le

Clos het eergister saam met

die res van die Suid-

Afrikaanse swemspan op die

O.R. Tambo-lughawe geland,

waar hulle albei op ‘n

nuuskonferensie die vraag of

hulle in die swembad piepie,

ontduik het.Cameron het egter

gister aan Volksblad gesê dat

dit wel van tyd tot tyd gebeur.

―Ek klim gewoonlik uit die

swembad, want dit is ook ‘n

blaaskans, maar daar is baie

ouens wat in die swembad

piepie.‖

Hy het ook gesê hy is baie bly

om terug te wees in Suid-

Afrika.

Durban gasheer vir Wêreldtoiletberaad

Die Wêreld-toiletberaad, wat in Desember in Durban gehou

word, sal poog om die probleme wat 'n tekort aan sanitasie

veroorsaak op te los.

Alfie Heeger, voorsitter van Suid-Afrika se toiletorganisasie, sê

in dié land alleen moet sowat 1,4 miljoen huishoudings,

oftewel vyf miljoen mense, sonder toilette klaarkom.

'n Verdere 3,6 miljoen huishoudings het swak of onvoldoende

fasiliteite wat opgegradeer of vervang moet word.

Sonder die nodige toiletgeriewe, sterf 'n kind elke 15

sekondes, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie

(WGO), weens diarree.

Daar is geen tekort aan toilet-vervaardigers nie, dit is eerder 'n

tekort aan politieke wilskrag wat die probleem is, het Heeger

gesê. Hy het gesê munisipaliteite in die Vrystaat en Limpopo

het die afgelope twee jaar geen tenders uitgegee vir die bou

van toiletgeriewe nie.

'n Ander probleem is die belofte van spoeltoilette in 'n land

waar water skaars is.

"Ons moet na alternatiewe kyk. Ons het nodig om die

bewaring van hulpbronne te bevorder," het Heeger gesê.

Die alternatief is om waterlose toilette, wat geen chemikalieë

bevat nie, te installeer om die afvalprodukte as bemesting in

landbou te gebruik.

Die beraad begin op 3 Desember en sal na verwagting deur

sowat 1 000 afgevaardiges bygewoon word.

Indiese treine wêreld se 'grootste

oop toilet'

Nieu-Delhi – ‗n Indiese minister het projekte van $130 miljoen

(R1,07 miljard) voorgestel om ontslae te raak van die

ontlasting op Indiese spoorlyne wat hy as die wêreld se

―grootste oop toilet‖ beskryf, is Vrydag berig.

Jairam Ramesh, minister van plattelandse ontwikkeling, het

Donderdag aan ‗n vergadering in Nieu-Delhi gesê dat Indië,

waar 130 miljoen huishoudings sonder toilette is,

verantwoordelik is vir 60% van die wêreld se volume van oop

ontlasting.

―Hierdie is ‗n kwessie van groot skande, hartseer en eintlik

woede,‖ het Ramesh, wat eintlik ook verantwoordelik is vir die

ministerie van drinkwater en sanitasie, gesê.

Die minister het ‗n voorstel aangekondig om 1,5 miljard rupees

(R231 miljoen) te spandeer om in die volgende twee jaar 100

000 bio-toilette aan dorpe in Indië te voorsien.

Hy het ook ‗n projek van 5 miljard rupees voorgestel om in die

volgende vyf jaar die oop toilette op die 50 000 strande langs

die land se groot spoornetwerk met bio-toilette te vervang.

Met 11 miljoen passasiers ‗n dag is die Indiese spoorweg

―eintlik die grootste oop toilet in die wêreld‖, het Ramesh gesê.

Slegs twee vlieë toegelaat in Beijingtoilette

Beijing – Beijing se openbare toilette mag nie meer as twee

vlieë hê nie, volgens nuwe standaarde wat goedgekeur is deur

ywerige amptenare wat strewe om China se berugte vuil

toilette skoon te hou.

Die ongewone reël het betrekking op toilette in parke,

treinstasies, lughawens, hospitale, winkelsentrums en

supermarkte in die hoofstad, het die Beijing News Woensdag

berig.Meer konvensionele vereistes van die munisipale

komitee wat in beheer is van die beeld van die stad, sluit in 'n

bevel dat daar nie 'n opeenhoping van urine of water in die

hoofstad se openbare toilette mag wees nie en dat asblikke

nie oorloop nie.

Dit is nie duidelik of badkamers wat nie aan die standaarde

voldoen nie gestraf sal word nie, en indien wel, wat die straf

sal wees nie.

Beijing het verskeie veldtogte in die verlede geloods om sy

openbare toilette te verbeter, veral voor die 2008 Olimpiese

Spele. – Volg Nuus24

5

SA glo nog, dog heelwat

minder

6

Suid-Afrika is een van die lande ter wêreld waar

godsdienstigheid die vinnigste afneem.

Dìt blyk uit ‘n meningsopname deur ‘n

gesaghebbende navorsingsliggaam waarvolgens

Só lyk die wêreld se duurste motor

die persentasie Suid-Afrikaners wat hulself as

meelewend godsdienstig beskryf sedert 2005 van

83% tot 64% afgeneem het.

Dit is ‘n afname van amper ‘n kwart.

WIN-Gallup International, ‘n wêreldwye netwerk

van onafhanklike navorsers, doen elke paar jaar

dié opname van die stand van godsdienstigheid in

verskeie lande.

In die peiling is meer as 50 000 mense gevra om

hulle as óf meelewend godsdienstig óf

godsdienstig onbetrokke óf ateïste te beskryf.

In 2005 het 83% van Suid-Afrikaners hulle nog in

die eerste van dié drie afdelings geplaas, maar dié

syfer het intussen heelwat afgeneem.

Op ‘n lys van die lande waar godsdienstigheid die

vinnigste afneem, is dit net Viëtnam, Ierland,

Switserland en Frankryk wat bokant Suid-Afrika

verskyn.

Desondanks maak die 64% van die Suid-

Afrikaanse bevolking wat hulself sterk

godsdienstig ag Suid-Afrika steeds een van die

meer gelowige lande op aarde. (Suid-Afrika

verskyn net bokant die VSA, waar 60% van die

bevolking meelewend godsdienstig is, en net

onder die Palestynse gebiede, waar die syfer 65%

is.)

Die getal Suid-Afrikaners wat hulself ateïste noem,

het sedert 2005 van 1% tot 4% gestyg.

Luidens die verslag, wat pas bekend gemaak is,

staan die meelewend godsdienstige deel van die

wêreldbevolking op 59%.

Altesame 23% van die wêreldbevolking is

godsdienstig onbetrokke en 13% is ateïste.

Die orige 5% is onseker.

Die mees godsdienstige land is Ghana (96%), met

Nigerië (93%) en Armenië (92%) kort op sy hakke.

Die land met die meeste ateïste is China (47%),

gevolg deur Japan (31%) en Tsjeggië (30%).

Volgens die navorsers is daar ‘n omgekeerde

verband tussen welvaart en godsdienstigheid.

Hoe ryker ‘n land is, hoe minder godsdienstig is

die mense oor die algemeen, terwyl mense in arm

lande weer meer geneig is om gelowig te wees.

Nog interessante bevindings uit hul peiling is dat

Afrika die mees godsdienstige vasteland is (89%,

teenoor Wes-Europa se 51% en Noord-Amerika

se 57%) en dat meer mans as vroue meelewend

gelowig is (60% van mans teenoor 57% van

vroue).

Mense met hoër geleerdheid is ook minder

godsdienstig as mense wat min of geen onderwys

nie agter die blad het.

Al hoe minder mense meelewend godsdienstig

* 64% van SA se bevolking is godsdienstig

* 96% van Ghana se mense is godsdienstig

* 13% van die wêreld se bevolking is ateïste

Johannes de Villiers

6

Christusbeeld in Rio

word 80

Die Christusbeeld in Rio de Janeiro (Vanderlei

Almeida, AFP)

Rio de Janeiro – Dié stad beplan ‗n reuse-partytjie

om die 80ste verjaardag van die Christusbeeld, ‗n

ikoon van die stad en die hele Brasilië, te vier.

Woensdag se viering gaan ‗n ―groot partytjie wees,

ek belowe,‖ het vader Omar Raposo, hoof van die

pelgrimsgebied, wat in 2006 die status van

Katolieke heiligdom gegee is, gesê.

Miljoene mense het al die standbeeld, wat 38

meter hoog op die 710 meter hoë Corcovado-berg

staan, besoek.

Wyle pous Johannes Paulus II het dit in 1980

besoek en sy opvolger, Pous Benedictus XVI, sal

na verwagting in 2013 daar besoek aflê.

Die beeld is ontwerp deur die plaaslike ingenieur

Heitor da Silva en die kunstenaar Carlos Oswald

en is gemaak deur Paul Landowski van Frankryk.

Tot 4 000 toeriste besoek die beeld daagliks.

―Christus maak sy arms oop. Hy staan vir lewe,

liefde, hoop. Hierdie monument is baie spesiaal,

met die horison as sy mure en die lug as sy dak,‖

het vader Raposo gesê.

Top-snorkelplekke

in SA

Omring deur ‗n wêreld van seelewe en

koraal bied snorkel vir jou die

geleentheid om ‗n wêreld te verken

wat miljoene ander nooit sal ervaar

nie.

As jy die beste snorkel-ervarings wil

geniet, sit hierdie vyf Suid-Afrikaanse

bestemmings op jou lysie.

1. Sodwanabaai

Sodwanabaai is een van die beste

plekke in die wêreld om te snorkel. Vir

‗n groot verskeidenheid van seelewe,

tropiese riwwe en skeepswrakke is dit

die plek waar jy wil wees,

2. Aliwalrif

Aliwalrif is aan die suidkus van

KwaZulu-Natal en is bekend vir sy

skeurtandhaaie, kouewater-vis en

warmwater-rifvisse.

Dit is ook die tuiste van sagte en

harde korale en geesdriftige duikers

kan ‗n interessante uitstappie na ‗n

skeepswrak maak.

3. Maputaland

In Maputaland in die noorde van

KwaZulu-Natal kan jy by Cape Vidal

naby St. Lucia tydens laagwater

snorkel.

Die Kosibaai-natuurreservaat by die

mond van die Kosi-mere op die

Mosambiekse grens is ‗n fantastiese

plek om te snorkel.

Die warm water oor die koraalrif maak

dit ‗n heerlike plek om te besoek.

4. Protea Banks

Protea Banks is naby Shelley Beach,

suid van Port Shepstone. Hier kan jy

‗n kykie kry van die Zambezi-haai en

hamerkophaaie in die somer, sowel as

skeurtandhaaie in die winter.

5. Knysna

Knysna is ‗n pragtige plek met

fantastiese plekke om te duik en

snorkel.

Coney Glen het rotspoele wat ideaal is

vir diegene wat op soek is na pret in

die son en ‗n ontspannende

snorkeluitstappie.

Knysna is ook die tuiste van die

Knysna-seeperdjie, ‗n skaars en

pragtige skepsel. Met ‗n bietjie geduld

en ‗n goeie oog mag jy dalk net een

raaksien.

– Discover Africa

6

Die vreemde gewoontes van internetbewoners

7

EK weet mense kan nie spel nie – ek sien dit elke dag op ons

sosialemediaplatforms. Ek weet mense se kennis van Afrikaans deesdae sou

veroorsaak het dat ons voorvaarders dalk sou omkom van skok.

Ek weet mense het nie meer grense nie en deel graag van eetgewoontes,

toiletgewoontes (ja, ek is ernstig) en persoonlike probleme met ander wat dit

nie noodwendig wou geweet het nie.

Maar hier is wat ek nie geweet het oor die internet en sosiale media nie:

Die gemiddelde Facebook-gebruiker het 130 vriende.

Brasilië het die hoogste gemiddeld wat betref Facebook-vriende – 481 per

gebruiker.

Japan het die laagste gemiddeld wat betref Facebook-vriende – 29 vriende

per gebruiker.

Meer as 350 miljoen gebruikers ly aan Facebook-verslawingsindroom.

56% van alle sosialemediagebruikers het erken dat hulle dit gebruik om op

hul wederhelfte te spioeneer.

25% van alle gebruikers pas geen privaatheidskontrole op hul Facebookprofiel

toe nie.

Een uit elke 7.7 mense het ‘n Facebook-profiel.

Skakels wat met seks verband hou, word 90% meer keer gedeel as enige

ander skakels.

56% van alle Facebook-gebruikers is vroue.

175 miljoen twiets word per dag gestuur.

40% van Twitter-gebruikers twiet nooit nie.

25% van Twitter-gebruikers het geen volgers nie.

Die gemiddelde gebruiker bestee 15 minute op YouTube.

247 miljard e-posse word per dag gestuur, waarvan 81% spam is.

18852 internetgebruikers kyk elke sekonde pornografie

12,2 miljard video‘s word elke maand gekyk.

300 miljoen foto‘s word elke dag op Facebook opgelaai.

20% van alle mense wat profiele het op die een of ander internet-datingwebwerwe

jok oor hul ouderdom. Vroue dui ook hul gewig as 4kg minder aan.

Volgens ‘n Pew-peiling glo 30% dat mense wat internet-afsprake oorweeg, is

desperaat en eensaam. Internet-ontmoetings het egter meer sosiaal

aanvaarbaar geword.

37% van ongetroude vroue in Rusland reken dat om ‘n buitelander deur die

internet te ontmoet en dan met hom te trou sal hul lewensgehalte verbeter.

25% van kinders is al blootgestel aan ongewenste pornografiese materiaal.

77% van kinders op wie aanlyn-pedofiele se teikens was, was 14 jaar en

ouer.

Die tyd wat die aanlyn-populasie elke maand aanlyn bestee, is gelykstaande

aan 4 miljoen jaar.

Daar is meer as 1 miljard soektogte elke dag op Google.

Chinese gebruikers bestee 5 uur per dag om aanlyn-inkopies te doen.

Wat ek nou weet, is dat jou brein enige oomblik kan ontplof van al die

statistieke en ja, dat die internet It is die wêreld vir ewig verander het.

• Bronne: Economist, Social Times, CNN, www.prdaily.com,

www.socialskinny.com, Crimes Against Children Research Centre,

Newsweek.-

Volksblad - Reza van Rooyen

Interessante website:

http://www.cjmgrowers.co.za/html/trees__a-g_.html

7

When the bread was

baked

Color of tags indicate when

bread was baked.Those

colors are in alphabetical order:

b, g, r, w, y.

Blue - Monday

Green - Tuesday

Red - Thursday

White - Friday

Yellow - Saturday

Pil bekamp Alzheimers en

ander breinsiektes

Verskeie breinkwale, waaronder Alzheimer- en Parkinson-siektes,

veelvuldige sklerose, motorneuronsiekte, beroerte en komplikasies

weens traumatiese breinbeserings kan in die toekoms dalk met die

sluk van ‘n pilletjie behandel word.

Wetenskaplikes van die Northwestern-universiteit in Chicago het ‘n

nuwe soort medisyne suksesvol op laboratoriummuise getoets en

gepatenteer.

Die uitslag is in die jongste Journal of Neuroscience bekend

gemaak.

Die medisyne, bekend as MW-151, voorkom die skadelike

uitwerking van inflammasie in die brein wat die ―bedrading‖ of

sinapse van die brein onderbreek en senuweeselle laat afsterf.

Muise wat geneties aangepas is om Alzheimer-siekte te ontwikkel is

van ses maande oud drie keer ‘n week die medisyne toegedien.

Teen 11 maande oud was daar geen teken van Alzheimer-siekte by

die muise nie en het hul sinapse normaal gewerk.

MW-151 sal pasiënte teen geheueverlies beskerm, veral as dit

toegedien word voordat geheueverandering in ‘n gevorderde

stadium is.

Omdat skadelike inflammasie ook ‘n rol in ander neurodegeneratiewe

kwale speel, kan dit dalk vir ‘n wye reeks toestande

help.

Alzheimer-siekte is die sesde grootste oorsaak van sterftes in die

VSA en tot dusver was daar geen voorkomende of genesende

behandeling of medisyne nie. Dit vernietig ‘n pasiënt se

breinfunksie, lei tot geheueverlies en bemoeilik spraak en

besluitneming. (Christine van der Westhuizen)

God's accuracy may be

observed in the hatching of

eggs. For example:

-the eggs of the potato bug hatch

in 7 days;

-those of the canary in 14 days;

-those of the barnyard hen in 21

days;

-the eggs of ducks and geese

hatch in 28 days;

-those of the mallard in 35 days;

-the eggs of the parrot and the

ostrich hatch in 42 days.

(Notice, they are all DIVISIBLE

BY SEVEN, the number of days in

a week!)

`n Werklik gelukkige persoon is

een wat die landskap kan geniet

God's wisdom is revealed in His

arrangement of sections and

segments, as well as in the

number of grains.

-Each watermelon has an even

number of stripes on the rind.

-Each orange has an even

number of segments.

-Each ear of corn has an even

number of rows.

-Each stalk of wheat has an

even number of grains.

-Every bunch of bananas has

on its lowest row an even

number of bananas, and each

row decreases by one, so that

one row has an even number

and the next row an odd

number.

tydens ‘n ompad. 7

8

Dink anders oor vroue,

sê „Nelson se vrou‟

Meisies word van jongs af geleer om minder belangrik

as seuns te voel, sê Graça Machel, vrou van oudpres.

Nelson Mandela.

―Vroue in Suid-Afrika word soos voorwerpe en in

sommige gevalle as kommoditeite behandel.‖Vroue se

identiteit word ook gereeld gedefinieer deur hul keuse

van eggenote, het sy op ‘n Vrouedag-geleentheid van

die Universiteit van Johannesburg gesê.―Mense ken my

net as Nelson Mandela se vrou en vroeër was ek maar

net Samora Machel (oudpresident van Mosambiek) se

vrou. ―Min mense weet dat ek minister van onderwys in

Mosambiek was toe ek met Samora getroud is en dat

ek reeds vir die VN gewerk het toe ek met Nelson

getroud is.‖Haar wêreldrekord as die enigste vrou wat

al met twee presidente getroud is, is al wat mense

soms oor haar kan sê, het sy gesê.―Met wie jy getroud

is, staan nie op jou CV nie.‖Daar moet ‘n kopskuif

gemaak word, meen Machel.Die probleem is ook

dikwels dat vroue nie saamwerk nie, het sy

gesê.―Vroue bereik magsposisies en dan vergeet hulle

om hul kennis en ervaring aan ander vroue oor te dra.

Ons moet bymekaar leer en mekaar aanmoedig.‖Mary

Robinson, voormalige hoë kommissaris vir menseregte

van die Verenigde Nasies en oudpresident van Ierland,

het gesê sy meen vroue in magsposisies moet meer

doen om ander vroue op te hef.Die feit dat Robinson

die enigste meisie van vier kinders was, het haar van

jongs af in menseregte laat belang stel, het sy

geskerts.Vrouwees kan baie voordelig wees, het sy

gesê.―Toe ek tot president van Ierland verkies is, het ek

bewustelik as ‘n vrou keuses gemaak en besluite

uitgevoer.‖Dit is soms moeilik om ‘n balans tussen

loopbaan en familie te tref, het sy gesê. ―My man het

my baie mooi bygestaan en my kinders het geweet

hulle is steeds my prioriteit.‖

Robinson meen 8 mans moet meer betrokke raak by die

grootmaak van kinders.―Dit is oukei vir mans om

minder as hul vrouens te verdien, of om die een te

wees wat by die huis saam met die kinders bly.‖-

Volksblad /Lourensa Eckard

Plaaslike Owerheid o.a.

Plattelandse vroue

trek swaarste

Vroue speel 'n belangrike rol in die

ondersteuning en onderhoud van hulle

huishoudings en gemeenskappe, het

Mathews Phosa, tesourier-generaal van die

ANC, Saterdag gesê.

"Tog het vroue in landelike gebiede swak

toegang tot infrastruktuur wat hulle die

geleentheid ontneem om armoede en

hongersnood te verlig," het hy gesê.

Die hartseer realiteit is dus dat vroue in

landelike gemeenskappe veel slegter

daaraan toe is as enige ander sektor van

die samelewing en dit is 'n klad op die naam

van die Suid-Afrikaanse en internasionale

gemeenskap," het hy gesê . (Nuus24)

ANDER SÊ: Ons

leiers beteken

niks

Ons word gelei deur mense wat in

leiersposisies sit, maar magteloos is. Mense

wat die voordele van hul posisies geniet,

maar die geleenthede wat dit bied om iets

aan die land se probleme te doen, verbrou.

Mense met ‘n slagoffermentaliteit wat nie

weet hoe om sélf die agente van

verandering te wees nie.

Hulle is nothing men. Hulle is mense vir die

verhoog: Mense wat baie praat, maar niks

doen nie, skryf Justice Malala Maandag in

The Times.

Hulle het niks bereik nie en gaan niks bereik

nie. Ons kinders is die slagoffers van hul

tekortkominge.

Ek verwys hier na die leiers van die ANC, ‘n

eens trotse beweging tot stand gebring deur

inspirerende mans en vroue.

Ons het nie meer sulke leiers nie. Pleks

daarvan het ons mense wat faal om enige

leierskap te toon. Hulle glo nie dat hulle iets

kan doen nie. In hul hart der harte glo hulle

dat hulle nie régtig in beheer van die land is

nie. Hulle is paranoïes en hulpeloos. Hulle

is hase in die hoofligte terwyl ‘n motor op

hulle afjaag. Hulle is magteloos, kaal en

bang. Dit is tyd om verby retoriek te kyk na

aksie. Ons kan nie bekostig om gelei te

word deur mense wat baie praat en niks

doen nie. Mense wat slagoffer speel en

hulpeloos optree ten spyte daarvan dat

hulle die sleutel van verandering in hul eie

hand hou nie.

Ons moet ophou om ons stemme vir hierdie

nothing men te gee.

Democracy does not guarantee

equality of conditions -

it only guarantees equality of

opportunity.

Druk enorm

op vroue, sê

kenners

PRETORIA. – Die enorme druk wat die

samelewing op vandag se vroue plaas,

maak hulle meer vatbaar vir geestelike en

liggaamlike siektes, meen verskeie

kenners.

Jorgan Harris, kliniese sielkundige van

Kaapstad, meen vroue is onder geweldige

druk, omdat hulle deesdae in dieselfde

mate as hul mans die broodwinner is en

steeds die tradisionele huishoudelike en

moederlike take moet verrig. ―Gevolglik het

sy druk by die werk én by die huis.―As ons

na die statistieke van geweld op vroue kyk

en die posisie van vroue binne die sosiale

en huwelikskonteks, het vroue beslis baie

uitdagings wat vrouwees as sodanig baie

moeilik maak,‖ het dr. Elize Morkel, kliniese

sielkundige en berader van Kaapstad,

gesê.Dié spanning lei gewoonlik tot

depressie. ―Sommige studies dui daarop

dat twee keer soveel vroue as mans

gedurende hul leeftyd met depressie

gediagnoseer word,‖ het Ester de Beer,

kliniese sielkundige van Bloemfontein,

gesê.

Volgens Morkel se ervaring meld baie meer

vroue met depressie hulle by sielkundiges

se spreekkamers aan. ―Wanneer ma‘s

depressief is, plaas dit enorme spanning op

die huishouding. Ma toon nie meer

belangstelling in haar kinders en gesin se

vordering nie. Sy is stadig of heeltyd

geïrriteerd en verskree haar kinders, indien

sy nog enigsins lus is om hulle te hanteer,‖

het Harris gesê. Daarby lei spanning en

hoë stresvlakke ook tot liggaamlike siektes.

Morkel sê dit is ‘n nagevorste feit dat die

immuunstelsel met depressie en hoë

spanning verswak.Volgens De Beer

veroorsaak spanning dat streshormone in

oormaat afgeskei word, wat die

immuunstelsel onderdruk en ‘n persoon

meer vatbaar maak vir siektes. ―Chroniese

spanning veroorsaak ook dikwels

gemoeds- en angsversteurings.‖ Harris

meen ook oormatige stres lei tot fisieke

siektes. ―Volgens navorsing is vroue met ‘n

hoë stresvlak meer geneig tot hoë

bloeddruk en diabetes. Daar is ook ‘n

groter verband tussen stres en

kardiovaskulêre siektes by vroue as by

mans.‖Vroue moet tyd maak vir

ontspanning en oefening, is Morkel se

raad. ―Gereelde hersiening van jou

program kan help dat jy beter prioritiseer

en jouself nie oorlaai nie. Medisyne en

gesprekke met sielkundiges is noodsaaklik.

Ons behoort nie hiervan weg te skram of

skaam te kry daaroor nie. Ma is en bly die

spilpunt waarom die hele gesin draai en

haar geestesgesondheid is daarom van

kardinale belang,‖ het Harris gesê. -

Volksblad /Elaine Swanepoel

7

8

Party stel sy beleid oor

jeugloonsubsidie bekend

9

Die DA het gister sy planne vir werkskepping vir jong mense bekend

gestel.―Hierdie is die alternatief tot die ANC se planne.

―Dit is die voorstel wat die DA vir bespreking en oorweging aan die

kiesers voorlê. Dit is die beleid wat ons sal toepas waar ons verkies

word. ―Die kiesers moet besluit,‖ het Helen Zille, DA-leier, op die

bekendstelling gesê.Die groot verskil tussen die DA-voorstel en die

voorstel uit die onlangse ANC-beleidskonferensie in Midrand, is dat

die DA ‘n subsidie vir die indiensneming van jong mense beoog,

terwyl die ANC ‘n toelae vir jong mense wat werk soek, voorstaan.Die

politieke temperatuur oor die kwessie het die afgelope paar maande

sterk toegeneem namate meningspeilings getoon het jong kiesers,

wat weens die Suid-Afrikaanse ouderdomspiramide ‘n

disproporsioneel groot deel van 2014 se kieserskorps sal wees, is

ontevrede met die huidige hantering van die werkloosheidkrisis, en is

oop vir voorstelle.

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het uitgewys dat die

debat oor ‘n subsidie of ‘n toelae die beste pad vorentoe is, die

inherente politieke beginselverskille tussen die DA en die ANC vasvat

op ‘n manier wat die alledaagse publiek lotsbepalend en prakties

raak. Die ANC-voorstel uit Midrand is dat die staat die leidende rol

moet speel deur ‘n toelae aan jong werksoekers te betaal, hoewel

nog nie aangedui is hoe dit in praktyk gaan werk nie. Zille het

uitgewys dit plaas verdere druk op die staatsfiskus, en kan trouens ‘n

aanmoediging wees om nie werk te vind nie en die toelae te bly

ontvang.Die DA-standpunt is dat ‘n loonsubsidie, betaalbaar aan

werkgewers, jong mense in staat sal stel om aangestel te word sodat

hulle werkondervinding kan kry en hulself prakties aan werkgewers

kan bewys.Hierdie voorstel van die DA strook met ‘n regeringsbeleid

waarvoor die nasionale tesourie reeds R5 miljard bewillig het, maar

weens teenstand deur Cosatu is die beleid nie uitgevoer nie en lê die

geld onbestee.

Cosatu se argument is dat ‘n jeugloonsubsidie huidige werkers van

poste kan beroof, en geen waarborg van voortgesette betrekkings

bevat vir jong mense nadat die subsidietydperk uitgeloop het en hulle

deur jonger mense vervang kan word nie.

Ter antwoord het Zille uitgewys ‘n program wat die DA-beheerde

Wes-Kaapse regering in hierdie verband ingestel het, het tot dusver ‘n

indiensnemingsyfer van 70% opgelewer by die aanvanklike

werkgewer, met die ander deelnemers wat byna almal in hul sektor

geholpe geraak het. (Jan-Jan Joubert – Volksblad)

“Get on board” op “Casual Day” saam met

die Suid-Afrikaanse Polisiediens

Die SAPD neem, soos jaarliks, deel aan Loslitdag op 7 September

2012. Hierdie jaar gaan die SAPD saam met Radio NFM en Trek

Nissan, Springbok saamspan om hierdie dag onvergeetlik te maak.

‗n Optog word beplan vir die dag en gaan hulle deur Springbok se

strate stap om die gemeenskap meer bewus te maak waaroor die dag

nou eintlik gaan.

Die optog begin om 09:30 voor ABSA en eindig by Trek Nissan.

Diegene wat sukkel om te stap, hoef nie bekommerd te wees nie,

want voertuie sal beskikbaar wees om dit gemakliker te maak.

Dit dien gemeld te word dat verlede jaar ‗n bedrag van R20,3 miljoen

ingesamel was en word daar beoog om die bedrag hierdie jaar te

oorskry. Die SAPD en personeel van EHW, Springbok wil alle polisie

personeel, ander staatsdepartemente, NGO‘s en alle ander

belangstellendes nooi om hierdie dag mee te maak. Almal wat aan

die optog gaan deelneem word versoek om volgens die tema aan te

trek : skeepskaptein, seerower of matroos, of iets blou.

Die plakkers vir Loslitdag is beskikbaar teen R10-00 elk. Vir verdere

besonderhede kan u Kapt(v) Stone skakel by tel nr 027 – 7128115.

“Get on board” op Loslitdag. Sien u daar!! (A/O Johann Farmer)

7 Working days till Casual Day - Do you

9 have your sticker!

Mary Robinson waarsku oor gevolge

van snoerwet

‘n Wet wat die werkinge van staatsrolspelers verbloem en by persvryheid

inmeng, sal korrupsievlakke ongetwyfeld die hoogte laat inskiet.

Robinson het gesê vir landsburgers om beskermers van die demokrasie te

bly is kwessies van deursigtigheid en verantwoordbaarheid baie belangrik.

Sy het met groot kommer kennis geneem van die Wetsontwerp op die

Beskerming van Staatsinligting, oftewel die inligtingswet.

―Dalk is dit nie my plek om my uit te laat oor die vlakke van korrupsie in Suid-

Afrika vandag nie.

―Met my ervaring as mensregteprokureur kan ek met sekerheid sê: As jy ‘n

wet skryf wat die werkinge van die staatsrolspelers verbloem, wat met

persvryheid inmeng om korrupsie te

ondersoek en wat pogings deur fluitjieblasers onderdruk om korrupsie bloot

te lê, sal die vlakke van korrupsie môre toeneem.

Die openbare belang vereis die waarheid om deursigtigheid en

verantwoordbaarheid in die regering te hê. Geheimhouding is die vyand van

die waarheid in dié verband,‖ het Robinson onder luide applous gesê. Sy het

die ANC se prestasies die afgelope eeu as merkbaar bestempel. ―Dit is egter

jammer dat ek die afgelope paar jare by my Suid-Afrikaanse vriende

verneem dat die ANC se morele gesag geërodeer het, gevlek deur

beweringe van korrupsie – ‘n tydelike verraad van sy geskiedenis.‖

Robinson het voorts gesê niemand kan ontken dat Suid-Afrika ernstige

probleme in die gesig staar nie. Een hiervan is armoede. ―Wanneer jy

uiterste welgesteldheid saam met uiterste armoede in dieselfde land sien, is

dit meer verdelend as ‘n algehele stand van armoede.‖

Robinson het ook verneem dat die misdaadvlakke in sommige gebiede soos

Lavender Hill en Khayelitsha baie hoog is. Dit skep traumatiese situasies

waaronder mense leef. Sy het egter toegegee die land se demokrasie is ná

18 jaar nog redelik jonk. ―Dit is moeilik om al die strukturele kwessies en

ongelykhede aandag te gee in so ‘n kort tydperk.‖

Moeilike vrae moet nietemin gestel word. ―Waarom onderpresteer die land se

onderwysstelsel? Waarom is die ongeletterdheidsvlakke so hoog? Hoe kan

ongelykhede uit die weg geruim word sodat elke kind gelyke toegang tot

gehalte-onderrig het? Die vrae moet aandag kry vir Suid-Afrika se

demokrasie om volhoubaar te wees vir toekomstige geslagte.‖

Philda Essop / Nuus24

An amazing fact

that South African

Breweries [SAB]

delivers liquor

successfully to

over 800,000

shebeens across

SA weekly, but SA

Government

cannot deliver

textbooks to

26,000 schools

once a year....

LIFE IS LIKE A

COIN, YOU CAN

CHOOSE TO

SPEND IT

ANYWAY YOU

WISH, BUT YOU

CAN ONLY

SPEND IT ONCE.

MAKE YOUR

CHOICES

WISELY.

Casual Day 2012 is on Friday, 7th September 2012. By now you

know the theme is ‗Get on Board‘ – and all it takes is your sticker

and you‘ll be on board.

A R10 donation for the official sticker goes a long way. 9

Noord-Kaap is nie ernstig oor

die bekamping van korrupsie nie

10

Die Demokratiese Alliansie is bekommerd dat Noord-Kaapse

departemente nie hulle verantwoordelikheid om korrupsie te

bekamp, ernstig op neem nie.

Volgens ‗n verslag deur die Kommissie van Openbare Dienste,

“Measuring the effectiveness of the Anti-Corruption Hotline: Third

Biennial Report”, is twee derdes van die sake van beweerde

korrupsie wat aan die nasionale korrupsie ―hotline‖ gerapporteer

word, steeds uitstaande. In die Noord-Kaap was 72 sake van

beweerde korrupsie na provinsiale departemente verwys

gedurende 1 September 2004 tot 31 Augustus 2010. Van dié, is

terugvoering vir slegs 17 ontvang terwyl net 16 sake gesluit was.

Dit is ten spyte daarvan dat bestaande protokol behels dat

terugvoering aan die kommissie moet geskiet binne 40 dae

nadat ‗n beweerde korrupsie saak na ‗n departement verwys is.

Die verslag toon aan dat hierdie probleme ‗n tekort aan

ondersoek kapasiteit behels. Departemente beskik ook nie oor

strukture of gespesialiseerde eenhede om beweerde sake van

korrupsie af te handel nie. Dit word uiteengesit in die minimale

teen-korrupsie vermoë soos vasgestel deur die kabinet. Die

kommissie het ook opgelet dat in sekere gevalle net die

bevestiging van departementele verslae benodig word, maar

departemente voorsien nie sulke terugvoering ten opsigte van

sake nie. Sake wat sisteem bevestiging benodig, sluit in

maatskaplike toelae bedrog, identiteitsdokument bedrog en HOP

huise bedrog.

Die DA bevind die kommissie se bevindings ontstellend. Elke

jaar verdwyn miljoene rande van belastingbetalers se geld as

gevolg van sistemiese korrupsie. Die verlore geld word verplaas

in verlore geleenthede vir dienslewering. Met ander woorde,

totdat die stryd teen korrupsie ‗n prioriteit vir die provinsiale

regering word, kan ons min van ons staats instansies verwag.

Die DA sal ‗n brief aan die Speaker van die wetgewer rig om te

versoek dat die kommissie se verslag op komitee vlak bespreek

word. Dit aangesien die kommissie aanbeveel dat departemente

gereeld prestasie oudits ten opsigte van die bestuur van sake

van beweerde korrupsie wat aan hulle verwys word, moet doen.

Die uitslae van sulke oudits moet aan die Uitvoerende Raad

asook die Wetgewer gerapporteer word.

ANDREW LOUW, LPW DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE LEIER

Die drie vroue van die DA-

Tak (Wyk3 Kamiesberg),

mev. Sanna Boois, mev.

Leentjie Davids en mev. Loen

10

Beukes het saam met Rld.

Hilgard Links verskeie vroue,

organisasies en instansies in

Wyk3 besoek, as deel van hul

Vrouedagvieringe.

Die Demokratiese Alliansie in

die Kamiesberg (Wyk3), het as

deel van hul uitgebreide

Vrouedagprogram, uitgereik na

die vroue-pasiënte in Joe Slovo

- Hospitaal, Garies.

Op die foto pryk antie Sanna

Boois, ouma Atta Watt (pasiënt)

en Rld. Hilgard Links.

The DA is fighting to

end youth

unemployment

and build an economy that

includes everyone. Where the

DA governs, a pilot version of

the subsidy (the Work & Skills

Programme) has provided

employment opportunities for

2966 participants and 70% of

participants have been

retained as permanent

employees. For more on the

DA's plans to end youth

unemployment, see

www.da.org.za/workingforjobs.htm

Sien

Facebook

DA

Namaqu

aland

Raadslid Wouter Jordaan ► (PR, Springbok)

en Kathleen Groenewald (DA wenwyk - Concordia)

neem saam met ander raadslede van die

DA deel aan die veldtog om werkskepping in

Namakwaland te promoveer.

T.s.v. negatiwiteit rondom begrotingsbedrae wat

amptenare ( betrokke by die begroting) nie ordentlik met

raadslede en die publiek in die NamaKhoi regsgebied

kommunikeer het, voordat dit in die nuwe begroting

aanvaar is, spoor dit die DA juis aan om met nuwe ywer

in te klim. Die bedrae op rekeninge het groot

ongelukkigheid onder die publiek veroorsaak .Inwoners

het gevoel inligting daaroor is nie voldoende oorgedra

nie. Veral belangrik, is dat sub-ekonomiese vebruikers

nie daardeur geraak word nie, alhoewel die opposisie

hulle anders wou wys maak en optogte gereël het.

Alhoewel die begroting by die munisipaliteit en ander

punte ter insae van die publiek beskikbaar was, het

niemand insette daaroor gelewer nie. Feit bly staan egter:

Die inligting is nie deursigtig kommunikeer nie.

◄Die Democratic

Alliance Women

Network (Kamiesberg Wyk3).

Tydens hul Vrouedagvieringe

het die vroue van die DAWN

Joe Slovo-Hospitaal in Garies

besoek.

Die vroue onder leiding van DA-

Raadslid Hilgard Links het

geskenkies aan die vroue

pasiënte en verpleegpersoneel

uitgdeel. Rld. Hilgard Links het

die Bybelvers, Spreuke 31:10 "n

Knap vrou is baie werd, baie

meer as edelstene." aan die

vroue voorgelees en in sy

gebed die HERE geloof, dat

mans en die samelewing as `n

geheel, se lewens aangeraak

en verryk word deur knap

vroue. Op die foto pryk mev.

Loen Beukes, Staf-verpleegster

Visser, mev. Sanna Beukes,

mev. Allen Maarman(pasiënt)

en mev. Leentjie Davids.

DA raadslede sê hulle wil graag `n verskil in Namakwaland maak -

sabbotasie op verskillende terreine, ten spyt.

Raak betrokke,

Wees deel van 10 die

oplossing.

10

Haal sélf remskoen van apartheid af

Die nalatenskap van kolonialisme en apartheid weier om te vervaag terwyl sommige swart politieke leiers,

kommentators en ander prominente figure die impak daarvan bevorder, beskerm en laat voortleef.

11

Apartheid is so diep ingebed in die denke van baie swart mense dat hulle hul balans, sin en relevansie sal

verloor as hulle dit uit hul koppe verban.

Te veel van hulle verkies om vas te klou aan die herkoms van kolonialisme en apartheid pleks om te fokus

op die vooruitgang wat die afgelope 18 jaar gemaak is.

Om die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, te parafraseer: Ons moet ophou om redes te gee

waarom dinge nie gedoen kan word nie sodat ons kan voortgaan om te werk aan die samelewing wat ons

graag wil hê.

Dit is tyd vir swart mense om wakker te word en vryheid en demokrasie te ruik.

Ja, swart mense moet self verantwoordelikheid aanvaar en verby ‘n voortdurende slagoffermentaliteit

beweeg wat hulle reduseer tot menslike robotte wat nie hul apartheidbagasie kan los waar dit hoort nie –

in die verlede.

Kom ons aanvaar dat apartheid ‘n gefaalde stelsel was en iets van die verlede is. Dit behoort tot die asblik

van die geskiedenis.

Tog, elke keer as ‘n intelligente en welsprekende swart mens aangaan oor apartheid beskou baie mede-

swart mense wat nie die apartheidsbagasie wil agterlaat nie hul sieninge en sentimente as akkuraat en

legitiem.

Miskien is dit tyd dat swart mense deur hul mede- swart landsburgers gevra word om op te hou om

apartheid of sy nalatenskap verantwoordelik te hou en as verskoning te gebruik vir alles wat in hul lewe

gebeur.

Hulle is nie net besig om hulself te na te kom deur hulself deur ‘n apartheidsprisma te beoordeel nie, maar

hulle gaan voort om hul eie sukses te saboteer en te ondermyn.

Hul gewoonte om alles teen apartheid te meet doen nie net afbreek aan die vooruitgang wat in die 22 jaar

sedert die vrylating van oudpres. Nelson Mandela gemaak is nie, maar erodeer ook hul eie beduidende rol

en prestasie om Afrika en die wêreld ‘n beter plek te maak.

Om ‘n voorbeeld te noem: Pleks daarvan dat hulle kla oor die swak behandeling en diskriminasie wat hulle

verduur aan die hand van groot maatskappye (à la apartheid), waarom besef hulle nie dat hul ekonomiese

mag in hul eie koopkrag lê nie? As swart mense ophou om maatskappye te ondersteun wat weier om te

transformeer en ‘n bydrae te lewer tot betekenisvolle sosiale verandering, sal sulke maatskappye in duie

stort.

Daar word baie gepraat oor swak opvoeding en korrupsie, maar niemand maak ‘n ophef van swart mense

wat onderskeidings behaal in vervalle skole of regeringsamptenare wat nie goeie regering ondermyn nie.

Daar word baie gepraat oor hoeveel beter bantoeonderwys kwansuis was en hoe die apartheidsburokrate

wel gesteel het, maar nie vergeet het om in infrastruktuur te belê nie.

As swart mense egter stilstaan en besin oor die hoeveelheid swart mense wat vandag in die media, die

gasvryheidsbedryf, op sportgebied, op universiteite, in ons howe en in raadsale van groot maatskappye

hul stempel afdruk, sal hulle groter waardering hê vir die vooruitgang wat wel gemaak is.

Die gaping tussen ryk en arm het dalk wyer geword, maar die ekonomiese rassegaping tussen swart en

wit het gekrimp as ons kyk na die hoeveelheid swart mense wat in die middelklas opgeneem is.

Daar is ‘n toenemende aantal swart mense wat nou dít het wat voorheen as die geboortereg van wit

mense beskou is.

Daarom moet ons die vraag vra waarom swart mense voortgaan om apartheid en sy nalatenskap aan die

groot klok te hang as hulle ‘n regering het wie se mandaat dit is om alles reg te stel wat kolonialisme en

apartheid veroorsaak het.

Hulle het die politieke wil om die land te rig op ‘n manier wat hul belange dien.

Ons kan nie saamstem met swart mense wat dink ons politieke leiers het nie die politieke wil om die land

te transformeer na die Afrikaparadys wat dit veronderstel is om te wees nie.

Sonder om ‘n apologeet vir apartheid te wees en alles op rassisme en ekonomiese ongelykheid te

blameer, kan ons saamstem dat dit nie die nodige nuwe denke stimuleer as apartheid voorop in swart

bewussyn gestel word nie.

Om die waarheid te sê, daar is geen rede vir swart mense om ‘n slagoffermentaliteit te bevorder nie,

omdat hulle reuse-treë geneem het, nie net om apartheid te oorkom nie, maar ook in die proses

wêreldleiers geword het in die vorming van ‘n samelewing met sosiale kohesie.

Die aanklag dat swart mense moet aanbeweeg en ophou om apartheid vir alles te blameer is nie nuut nie,

maar dit laat die wenkbroue lig as dit van binne die swart gemeenskap self kom.

In daardie lig is dit belangrik om ‘n belangrike onderskeid te tref.

Net soveel as ‘n mens nie die nalatenskap van apartheid kan ontken of daarteen stry nie, is dit ook ‘n

mors van tyd om te veel fokus daarop te plaas. Dit is hoog tyd dat ons die post-apartheid-kondisie as

halfvol eerder as halfleeg ervaar.

Ongelukkig kan baie van ons politici en kommentators eenvoudig nie uit die boks dink om swart mense te

laat glo in hul suksesse en prestasie nie.

As ons na die beloofde land wil kom waarvoor so baie opgeoffer het, is dit tyd dat ons ons denke en

houding moet verander om agente te word van die soort samelewing waarbinne ons graag wil bly: nierassig,

gelyk en regverdig.

Dié samelewing sal gebore word die dag as ons vergeet om apartheid die prioriteitspunt in ons nasionale

diskoers te maak.

Sandile Memela - hoofdirekteur vir sosiale kohesie in die departement van kuns en kultuur.

11

"Le present est gros de l'avenir.

(The present is big with the future.)"

ANC is 'besmette

regering van die

elite'

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier

van die DA, sê dit is ondenkbaar dat

pres. Jacob Zuma R1 miljard

opsygesit het om sy woning op sy

tuisdorp, Nklandla in KwaZulu-Natal,

uit te brei, terwyl baie burgers in

uiterste armoede leef.

Die dorp is ―Zumaville‖ gedoop.

Sy het inwoners van die Sisonkedistriksmunisipaliteit

in die suide van

KwaZulu-Natal toegespreek.

RSG berig Mazibuko het Zuma gevra

om eerder die geld te gebruik om arm

mense op te hef.

Sy sê Suid-Afrikaners behoort die DA

‗n kans te gee om die land te regeer

en ontslae te raak van wat sy genoem

het, die "besmette regering van die

elite.‖ ( Nuus.24)

DA kap 'Zumaville'planne

Die DA skep werksgeleenthede terwyl

die ANC slegs vir ―Zumaville‖ het, het

die party se parlementêre leier,

Lindiwe Mazibuko, Saterdag gesê.

"Hoe kan Zuma die besteding van

soveel geld op 'n enkele projek

regverdig terwyl daar mense van oor

die land is wat sonder basiese dienste

moet klaarkom," het sy gesê.

Mazibuko het Saterdag in Kokstad in

KwaZulu-Natal oor die DA se plan vir

groei en werkskepping gepraat.

Volgens berigte beplan die regering

om 'n nuwe R2 miljard-dorp in Zuma

se tuisdorp, Nkandla, te bou. Die dorp

is ―Zumaville‖ gedoop.

Die regering sal blykbaar meer as R1

miljard van belastingbetalers vir die

ontwikkeling gebruik, terwyl die ander

R1 miljard uit die privaatsektor sal

kom.

Mazibuko het gesê Zuma se Nkandlatuiste

word ook in 'n paleis met

ondergrondse tonnels omskep om sy

veiligheid te verseker.

"Die enigste ding wat Zuma moet

vrees is die hoë werkloosheidsyfer

wat so baie mense in KwaZulu-Natal

in armoede laat leef."

Mazibuko het gesê die departement

van publieke werke bestee meer as

R36 miljoen op Nkandla, maar is

"traag" om Kokstad se plaaslike

hospitaal te help.

SPYT KOM TE LAAT

Gatiep sit op die rusbank na 'n

video en kyk. Skielik skree hy vir

die man in die video: "Moenie innie

kerk gan nie! Bly byte! Djy ga spyt

wies!" Sy vrou vra waarna hy kyk.

"Ek sit en kyk wier na onse

trouvideo!"

7

11

Gee ons geld, vra mense van

Richtersveld

12

Die Richtersveldgemeenskap gaan miljoene van die regering vra om die

sosio-ekonomiese agteruitgang in dié droë streek te help stuit.

Op ‘n vergadering in Sanddrift is besluit om die regering en die

mynmaatskappy Alexkor te nader om sowat 40% van die R190 miljoen

wat nog in ‘n trust bewaar word, uit te betaal aan die Richtersveldgemeenskapseiendomsvereniging

(GEV).

Voorts is besluit om dele langs die Oranjerivier vir bewaringdoeleindes

opsy te sit en dat die ontwikkelingsplan, wat destyds deur die

gemeenskap opgestel is, uitgevoer moet word.

Die GEV en agt ander restitusie-groepe bestuur tans die bates en

ontwikkeling van die streek en die vier dorpies Kuboes, Lekkersing,

Sanddrift en Eksteenfontein. Een van die groepe, die Richtersveldlandboumaatskappy,

is intussen gelikwideer.

Die Richtersvelders was op 12 Oktober 2007 in die wolke toe ‘n

historiese en suksesvolle grondeis in ‘n skikkingsooreenkoms met die

Alexkor-mynmaatskappy en die regering bereik is. Toe is verskeie

plase, R190 miljoen, en R45 miljoen van Alexkor vir die huur van grond

aan die inwoners in ‘n trust geplaas.

Nou sê die inwoners hulle ontvang ‘n ―armsalige‖ R4 500 uit jaardividende.

Die GEV bly ‘n kookpot van ongelukkigheid en baie inwoners glo steeds

hul leiers het met die grondeis baie te min aanvaar.

* Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het

pas ‘n verslag voltooi oor die stand van sake in die Richtersveld se GEV

en die ander groepe.

Nomfundo Gobodo, hoof- grondeisekommissaris, sê slegs 30% (R63,3

miljoen) van die R190 miljoen is al uitbetaal. (Julian Jansen )

Richtersveld-dorpies soos Lekkersing is steeds verdeeld oor die vrugte

(dividende) van die historiese grondeis van 2007. | Foto: Fani Mahuntsi

Steinkopf

4-7 Oktober 2012

Kuier saam met Radio NFM98.1, gemeenskapsradio

op Steinkopf.

Musiek, Nama danse, speletjies, kompetisies, dans,

lekker eetgoed, potjiekos, roosterbrood,

Namakwalandse Gospel Vertoning- vele meer.

Ten bate van die tehuis vir bejaardes.

Verstewig familiebande; raak betrokke in jou

gemeenskap.

Ons word almal ouer…oud.

12

"A good example is the best sermon."

-- Benjamin Franklin (1706-1790), American statesman, writer,

scientist & printer

Nama Khoi

Verskeie vergaderings is die afgelope tyd gehou met inwoners van die

Nama Khoi se inwoners en die finansiële posisie waarin die

munisipaliteit staan.

Diensleweringkostes en die hoë eiendomsbelasting was by elke

vergadering die fokuspunte. Dit het ook aan die lig gekom, dat om in die

Nama Khoi regsgebied te bly duurder is as enige ander plek in die land.

Verder is die munisipaliteit diep in die skuld by Eskom en die

departement van Waterwese. Blykbaar skuld hulle astronomiese

bedrae en is daar op die hoogste vlak vergader en ooreengekom om nie

die elektriese- en watervoorsiening af te sny nie. Die agterstallige

betalings van hierdie dienste deur inwoners is blykbaar die

grootste oorsaak vir die dilemma waarin die munisipaliteit nou sit.

Verder word daar ook aangevoer dat die nuwe raad ʼn munisipaliteit

oorgeneem het na die vorige verkiesing, waarvan die bankrekening in

die rooi was. Vrae in die verskeie vergaderings is gevra oor wat geword

het van al die geld wat maandeliks ingevorder word. Daar is geen

verbeteringe wat in die dorpe plaasvind nie en inwoners oor die

algemeen, vermoed wanbestuur, of onregmatige spandering van

fondse.

Die huidige Burgermeester het wel bedank, maar nie oor die toestand

waarin die munisipaliteit se finansies is nie. Die Plattelander het

verskeie onderhoude met Raadslid Tommy Cloete gehad waar hy die

redes vir sy bedanking verduidelik het. Hierdie redes sal breedvoerig

bekend gemaak word binne die volgende paar weke aangesien daar ʼn

proses gevolg moet word voor hy kan uittree en ʼn nuwe burgermeester

sal oorneem.

Vrydag het ʼn hoëvlak afvaardiging van die Demokratiese Alliansie party

van die Noord-Kaap provinsie die sakesektor toegespreek en hul klagtes

en bekommernisse aangehoor.

Die meeste klagtes het gegaan oor die gebrekkige dienslewering en die

tekort aan kundigheid van die amptenare wat vir die munisipaliteit werk.

So byvoorbeeld neem dit in sekere gevalle langer as twee jaar om

bouplanne goed te keur. Verskeie ander kwessies is ook aangehaal en

die manier hoe diensverskaffers kontrakte bekom en die deursigtigheid

van die prosesse is ook bevraagteken.

Die leier van die afvaardiging, mnr. Andrew Louw, Provinsiale leier van

die DA, het tydens sy toespraak bekend gemaak dat mnr. Schalk Lubbe

die kandidaat is om die burgemeesterskap oor te neem. Hy het ook

gesê dat daar ʼn omdraaistrategie in plek geplaas gaan word en dat

korrupsie en bedrog hokgeslaan gaan word. ʼn Deeglike ondersoek

sowel as die evaluasie van die munisipaliteit se raad en personeel word

eersdaags gedoen. Verskeie maatskappye wil hier belê, sowel as

mense wat in Namakwaland wil kom aftree word afgeskrik oor die

dienslewering en hoë munisipale heffings.

Die DA afvaardiging het die hele naweek in die streek deurgebring en

verskeie gemeenskappe besoek om die inwoners se klagtes aangehoor.

Die aanstelling van die nuwe burgermeester is onderworpe aan sekere

prosesse wat gevolg moet word en die lesers sal op hoogte van sake

gehou word. (Phillip Bence)

Andrew Louw,

DA Provinsiale leier

Bo, links:Schalk Lubbe, nuwe

burge-meester NamaKhoi &

wykraadslid, Veronica van Dyk –

wyk4 (Springbok, Carolusberg en

Fonteintjie) 9

12

Sigaretadvertensies

ís taboe

Dit is Ika-bod 13

vir enige tabakof

sigaretadvertensies

in Suid-Afrika.

Tien van die 11 regters van die

grondwethof het gister ‘n bevel

uitgereik dat hulle nie daarin belang

stel om verdere betoë oor die

kwessie aan te hoor nie.

British American Tobacco South

Africa (Batsa), een van die grootste

tabakmaatskappye ter wêreld, het

die grondwethof versoek om appèl te

mag aanteken teen ‘n vroeëre bevel

van die appèlhof.

In die appèlhof is beveel dat die

publiek se belang om teen rook

beskerm te word, swaarder weeg as

tabakmaatskappye se reg om met

hul kliënte te kommunikeer.

Die appèlhof het die regering se

verbod op sulke advertensies

bekragtig.

In die grondwethof het Batsa ‘n sterk

pleidooi gelewer dat sy

appèlaansoek aangehoor moet

word, onder meer omdat die

maatskappye selfs verbied word om

die gevare van rook in advertensies

aan die publiek oor te dra.

Onder leiding van hoofregter

Mogoeng Mogoeng het die regters

van die grondwethof gister beveel

dat Batsa se aansoek om appèl

summier verwerp moet word omdat

dit geen vooruitsig op welslae het

nie. – Volksblad/ Philip de Bruin

JAPANNESE EGPAAR

GESELS

Hierdie is 'n baie sentimentele storie

van 'n Japannese egpaar wat weens

hul besige leefstyl verskeie

argumente gehad het. By een so 'n

geleentheid raak hulle aan die gesels.

Volg die gesprek en kyk wat aan die

einde gebeur:

Man: "Sukitaki."

Vrou: "Kowanini!"

Man: "Toka a anji rodi roumi yakoo!"

Vrou, pleitend op haar kniee:

"Mimi nakoundinda 13 tinkouji!!!"

Man, boos: "Na miaou kina tim kouji !"

En hier sit jy en lees al die snert, nes

een wat Japannees verstaan!

Springbok Welsyns

Gholfdag `n reuse

sukses!

Vrydagaand , 24 /08/2012 was daar `n heerlike saamtrek by die

Springbok Gholfklub. Radio NFM98.1 het gaste verwelkom en die

gebeure van die aand na die gemeenskappe uitgesaai.

Die naweek is aangebied ten einde fondse in te samel om

rolstoelopritte in Springbok aan te bring. Brunhild Strauss, self

rolstoelgebonde, het nie twee keer gedink en was onmiddelik

bereid om betrokke te wees by die fondsinsamelingsprojek.

Elke gas het met hul aankoms`n gelukpakkie van Springbok

Christian Academy in samewerking met Namakwaland Apteek en

Foto First, ontvang. Oom Ysterman het sy dvd, Bêrendjie,

vrygestel en gaste vermaak met sy uitstekende en unieke

verteltalent. Corné en Desmond het gesorg vir musiek tussendeur

en is later deur Kappie se musiekgroep afgelos.Springbok

Christian Academy het vir heerlike eetgoed tussendeur gesorg.

Wat die aand meer spesiaal gemaak het, was dat die provinsiale

leier van die DA, Andrew Louw, Harold Mgluwah (provinsiale

voorsitter ), dr. Grootboom en Willem Faber (NCOP) al die pad

van Kimberley af deurgery het om die welsynsprojek in

Namakwaland te kom ondersteun. Al is die dag a-polities

aangebied, het hul steeds gevoel, dat welsynprojekte in

Namakwaland steun verdien.

`n Gelukkig trekking het die lekker kuieraand goed afgesluit.

Saterdagoggend het reënweer inwoners van Springbok begroet,

maar dit het duidelik nie die gholfers afgeskrik nie.

Die burgemeester van Kaapstad, me.Patricia de Lille, wat

besoek afgelê het in Namakwaland, het om 8 uur haar balletjie

afgeslaan. Ten spyte van wind en weer het sy al 18 putjies

gespeel en daarna nog die inwoners van Namakwalnd op die

radio toegespreek. Na `n lang dag, het sy nie geskroom om

betrokke te wees en die opveilpryse uit te deel nie. Dankie, Gert

van Niekerk, vir die flink opveilwerk! En natuurlik die gaste wat so

goedgunstelik ondersteun het.

Vrydagaand se insameling sal, sodra die finansies agehandel is,

aan verskillende tehuise geskenk word. Die weer ten spyt, was

die gholfdag baie geslaagd en het heelwat gaste aangedui dat

hulle volgende jaar graag weer terug sal kom.

Die organiseerder wil graag alle borge bedank- sonder hulle en

die deelnemers, sou die dag beslis nie so suksesvol afgeloop het

nie. (p.29 & 30). Foto`s sal in volgende uitgawe van Namakwa

Kletz verskyn.

▲Willem Faber (NCOP)

◄me.Patricia de Lille,

burgemeester, stad

Kaapstad

Springbok

0822957451/0277123382

namaqua.signs@gmail.com

Borde, besigheidskaartjies,

plakkers-vele meer. Sonkrag.

Besoek ons!

Organ Donors in SA

There are around 45 000

Registered Organ Donors in SA.

That's less thatn 0.1% if the

population. Come on SA... register

TODAY. by OrganDonorSA

Try not to become a man of success but rather

try to become a man of value.

~ Albert Einstein

13

„Bruin mense moet

trek vir DKD-

14

bevordering‟

Kaapstad. – Bruin mense wat vir die

departement van korrektiewe dienste (DKD)

werk en nie vir bevorderings in die Wes-

Kaap in aanmerking kom nie, moet na ander

provinsies toe gaan as hulle bevorder wil

word, het die arbeidshof hier gister gehoor.

Adv. Bantubonke Tokota, die DKD se

regsverteenwoordiger, het dit aangevoer in

‘n aansoek van vyf werknemers teen die

departement.

Solidariteit, wat namens die vyf optree, vra

die hof om te beveel dat sy lede bevorder

moet word en dat die regstellende-aksie-plan

van die DKD in geheel ongeldig verklaar

word.Die vakbond wil ook ‘n hofbevel hê om

die DKD te dwing om die poste nie te vul nie.

Hulle is na bewering herhaaldelik oorgesien

vir bevordering op grond van hul ras of

geslag. Een van hulle, Christo February, was

gister ook in die hof.

Tokota het gesê daar is nooit op grond van

sy ras of geslag teen February

gediskrimineer nie.

―Dit is die departement se na-sionale

regstellende-aksie-plan wat maak dat hy nie

bevorder word nie,‖ het Tokota gesê.

Volgens hom word February se loopbaan nie

beperk nie.―Hy kan enige plek gaan waar hy

wil as die demografie hier (in die Wes-Kaap)

hom as gevolg van die plan nie bevoordeel

nie.‖

Tokota het gesê terwyl daar moontlik nie

geleenthede vir bruin mense in die Wes-

Kaap is nie omdat daar – volgens die DKD

se plan – te veel bruin mense in die provinsie

is, mag dié mense elders in die land wel

geleenthede kry.

―Kyk na Noordwes, daar is hoofsaaklik swart

mense daar en hulle het ‘n mengsel nodig;

hulle benodig swart, bruin en wit mense. Die

plan is (nodig) om die gapings reg te stel.‖

Volgens Tokota maak regstellende-aksiewetgewing

en die Grondwet albei

voorsiening vir die DKD se regstellendeaksie-plan.

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof

van Solidariteit, het in ‘n verklaring gesê wat

Tokota aan die hand doen, kom neer op ‘n

reuseprogram van sosiale manipulasie wat

aan die verskuiwings van mense tydens die

apartheidsjare herinner.

Koos Gerber, DKD-woordvoerder, het

gisteraand gesê die departement sal nie

kommentaar lewer nie omdat die regter nog

nie uitspraak gelewer het nie.

James-Brent Styan

A man is

known by the

company he

keeps, and

also by the

company

Die hof sal Vrydag

14

uitspraak lewer.

from which

he is kept

out.

NOG „N OUD-RAADSLID

BEGRAWE

Isaac Cloete

Die maand is ‗n alombekende Namakwalandse

politikus en oud-skoolhoof in Bergsig, buitekant

Springbok, te ruste gelê te midde van groot

belangstelling.

Wyle Hendrik (Hennie) Dirkse was die vierde

oud-raadslid van die Nama Khoi- munisipaliteit

op Springbok, wat die afgelope jaar gesterf het

nadat hulle die aktiewe politiek vaarwel geroep

het.

Hy het op 28 Julie in die Springbok

Staatshospitaal gesterf, weens ‗n hartaanval

nadat hy vir die afgelope jaar met nierprobleme

gesukkel het.

Hy moes verskeie kere Kaapstad toe reis en

het onlangs vir hom ‗n duur niermasjien, van

ongeveer R100 000 aangekoop om sy pyn en

ongemak te help verlig, het hy laas maand aan

die media vertel

Dirkse was sedert 1958, vir 35 jaar verbonde

aan die Sacred Heart Primêre skool op

Nababeep.In 1993 het hy hier afgetree as

skoolhoof. Hierna het hy in die politiek getree

en was hy van 1994-2004 LP vir die Nuwe

Nas.Party(NNP) in die Noord-Kaapse

Wetgewer. Vanaf 1996-2004 was hy die

hoofsweep van die NNP.

In 2009 het Dirkse by die ANC gaan aansluit en

was hy wyksraadslid vir Bergsig tot

2011.Weens sy siekte het hy hom nie weer as

wyksraadslid vir verlede jaar se munisipale

verkiesing beskikbaar gestel nie.

Een van sy oud-kollegas van die NNP, Pieter

Saaiman, het Dirkse as ‗n afgeronde en

hardgebakte gedissiplineerde politikus en

onderwysman bestempel.

―Oom Hennie was kleurvol, stiptelik en ‗n

pionier op vele terreine.Hy was ‗n meester en

nie ‗n meneer nie, soos so baie onderewysers

hulle vandag hou.Hy was ‗n taalman en het

veral uit Totius se gedig, Die wêreld is ons

woning nie, aangehaal,‖ het Saaiman tydens sy

huldeblyk vertel.

Sy begrafnis is veral deur opvoeders,

skoolhoofde en politici, soos, Charl de Beer en

Jan Brazelle(LP‘s), bygewoon.Hy was van die

eerste korrespondente van Die Burger vir die

Springbok-streek.Maar sal veral onthou word vir

sy jare lange bydrae tot die uitbreiding van die

destydse Namakwalandse Skole Kulturele

Unie(NSKU) vir laerskole.

Oom Hennie, wat op Vergenoeg in die Gariesomgewing

gebore was, laat sy vrou, Kate en

vyf kinders, Connie, Valerie, Lionel, Gail, en

Heinrich agter.

Klere word

uitgedeel in

Onseepkans

DA Rdsl. Stephanus April van Kheima/Pella,

deel klere uit in Onseepkans.

Dankie aan Valerie Strauss van Kleinzee en

Elizabeth Frylinck (Oranjemund) vir die

skenkings aan Kleinzee Primêre Skool .

Die kinders het dit in hul Ons gee om-uitreik

versamel en geskenk.

Ons sê baie dankie!

14 11

9

10 13

As geweld jou enigste stem is...

15

Soms wonder ek of ons as burgers en ons regering

werklik besef hoe naby aan die afgrond ons staan.

En ek sê dit nie ligtelik nie.

Ons het pas met die jongste groot, groot tragedie by

Lonmin se Marikana-platinummyn tussen Brits en

Rustenburg in Noordwes gesien hoe maklik protes

in geweld oorgaan, ongeag van wie uiteindelik daarvoor verantwoordelik is.

In die geval van Marikana kry die polisie die skuld vir die dood die afgelope

Donderdag van talle stakende mynwerkers, met syfers van by die 36 sterftes wat

reeds genoem is, toe hulle begin skiet het op stakers wat glo op hulle afgestorm het

gewapen met Verkragte onder meer pangas geestelike en assegaaie. siek Dit sluit man uit die 10 na mense, van wie

twee polisiemanne, wat in die aanloop tot hierdie slagting vroeër die week glo deur

die stakers vermoor Wes-Einde is. hospitaal oorgeplaas

Vanuit die buiteland kry ons land en regering groot slae oor die optrede van die

polisie, wat in Die grafiese Demokratiese besonderhede Alliansie op is webwerwe verlig dat die verskyn geestelike tesame siek met snydende

kommentaar man oor die wat gebeure onlangs en in die aanhouding-selle stand van ons demokrasie. van die Callvinia Dit word vergelyk

met geweld in polisiestasie die apartheidsera verkrag voor was, 1994. na die Wes-Einde Hospitaal in

Dis jammer dat Kimberley almal, veral oorgeplaas Suid-Afrikaners, is vir verdere so vinnig psigiatriese op die wa van veroordeling

spring sonder behandeling. dat ons al die feite tot ons beskikking het – of dit nou veroordeling van

die stakers of Die verdediging DA het verlede van die week polisieoptrede die hospitaal is, twee of omgekeerd. keer besoek.

Wat my opval, Ons is is die bly wyse dat die waarop man die goed bestuur vaar. van Die DA die gee myn onder die radar verdwyn

het en dat die voortdurende werkers se looneise ondersteuning verstrengel aan die geraak man het en sy met familie, die onmin wie tussen twee

wedywerende tans vakbonde. vir die uitslag van die polisie ondersoek wag. Hulle

Ons behoort beplan mos ook om die daarna lone en wetlike salarisse aksie (R4 te neem. 000 per maand word genoem) wat ‘n

sake-instansie met ‘n omset van miljarde en wins van miljoene dié werkers betaal

wat die gevaarlikste Intussen deel wag van die die DA mynproses nog vir ‗n antwoord uitvoer – van die die boorwerkers LUR van – onder die

vergrootglas Gesondheid, te sit. Mxolisa Sokatsha, ten opsigte van die saak.

Maar dit is nie Die waar DA het ons ‗n nabetragting brief aan die van LUR die op skietery 16de Augustus behoort te gerig, eindig nie. Die dood

van soveel mense waarin behoort ons gewaarsku ons ook het met dat nuwe sy departement aandag te laat meer kyk na die betogings

oor dienslewering betrokke wat raak verskillende as medepligte dele van ten die opsigte land van van tyd afstootlike tot tyd in vlamme laat

opgaan. Ons oortredings het dit die afgelope van die menslike week weer regte op van verskeie geestelike plekke siek gesien waar die

polisie die orde mense probeer in die herstel provinsie. het en waar dieselfde potensiaal vir ernstige botsings

met tragiese Die gevolge man van tussen Calvinia burgerlikes het in die en die verlede veiligheidsdienste behandeling vir bestaan. sy

‘n Betoging oor geestelike dienslewering siekte by is nie die iets plaaslike wat sommer kliniek ontvang. eensklaps Hy gebeur was nie. Sedert

kort ná 1994 gearresteer kla gemeenskappe nadat sy oor gedrag die gebrek by die aan huis dienste. wat hy met Die sy reëlmaat 86- waarmee

protesoptrede jarige in dieselfde ma deel, buurte buite beheer opvlam, was. dui daarop Hy kon dat nie min geskikte gedoen word om die

probleme te versorging ondersoek vir en sy op geestelike te los. siekte ontvang nie omdat daar

‗n tekort van geskikte fasiliteite in die Noord-Kaap is. Dít is

Voeg hierby as die gevolg nuus van daarvan ‘n week dat of die wat departement gelede dat versuim die meeste het munisipaliteite om

die

geld tot hul beskikking geskikte tydelike onderbestee voorsiening en jy het vir geestelike ‘n resep vir siek konflik. mense Dis te belangrik om

daarop te wys maak dat terwyl gelukkige die bouwerk burgers wat van voel die Kimberley hulle kry die Hospitaal dienste nog en aandag van

hul regeerders steeds waarop nie voltooi hulle geregtig is nie. Die is en vertragings wat deur die is as Grondwet gevolg van belowe ‗n word, nie

op sleeptou hofsaak geneem rondom kan word dié deur kontrak. opstokers Geestelike nie. Opstokers gestremdes word te dikwels die

skuld gegee regoor vir betogings die Noord-Kaap terwyl weinig bly tans gedoen by hulle word huise om die sonder onderliggende oorsake

daarvan te ondersoek. geskikte versorgings fasiliteite terwyl die meerderheid van

staatspasiënte in Kimberley in die gevangenis aangehou

‘n Mens sien word. ook nie dat iets daadwerklik gedoen word aan die grootskaalse

werkloosheid Die onder DA sal jong die mense situasie nie, monitor hoewel deur talle vrae beloftes te rig gedurig in die gemaak word.

Voorts is daar wetgewer ook die korrupsie en die kwessie op bykans op verskeie alle regeringsvlakke, platforms aan te die vermorsing van

belastinggeld spreek. en die wyse waarop sekere KAREN mense DE KOCK, die soustrein LPW, DA NOORD-KAAP van die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi

vir persoonlike gewin aangewend het ten koste van gewone

burgers (soos ons nou weer sien in Mbombela)...

Dis ‘n teelaarde vir ‘n ramp.

Hopelik sal ‘n deurtastende hoëvlak-ondersoek na die Marikana-skietery (en nié

noodwendig deur die polisie se Onafhanklike Klagtedirektoraat nie) so gou moontlik

begin. Dit is goed as die aanleidende oorsake van die ergste openbare treurspel in

post-1994-Suid-Afrika deeglik ondersoek word.

Maar ons sal met groter erns baie wyer en verder as Marikana moet kyk en tydig

onderliggende probleme en potensiële probleme in gemeenskappe moet identifiseer

en aanpak.

Wee Suid-Afrika as die aanwending van geweld die enigste manier word om gehoor

te word. Dán verloor ons almal. (Zelda Jongbloed- Rapport)

Sukses is 15 die vermoë om te gaan van

mislukking na mislukking sonder om jou

entoesiasme te verloor - Sir Winston Churchill.

Martini chooses 28 finalists for

Royale Casting

Martini chooses 28 finalists for Royale Casting

The winner will be following in the footsteps of South

African actress Charlize Theron (image via Facebook)

Some 28 women have been chosen for the next phase of the

Martini Royale Casting, all vying to become the new female

Martini star. The winner will receive €150,000, 12 pairs of

Christian Louboutin shoes and 12 outfits from mywardrobe.com.

From more than 3,500 applications, the 28 women from 23

countries were selected by an international judging panel

comprising iconic shoe designer Christian Louboutin,mywardrobe.com

founder Sarah Curran and Yuri Buzzi, the

winner of last year's Martini Kisser Casting.

Named after the Martini Royale drink, which is made by

mixing 50pc Martini Bianco and 50pc Martini Prosecco, the

Martini Royale Casting is a global search to find a woman

who personifies the philosophy of Martini, 'Luck is an

Attitude.'

The winner will follow in the footsteps of previous Martini

stars such as Charlize Theron and Monica Bellucci, and will

act as a spokesperson for the brand as well as star in Martini

advertising.

The finalists meet in Ibiza in August for one week for the final

stages of theMartini Royale Casting. All entrants will be

filmed carrying out three challenges which will be available to

view from 4 September

atWWW.FACEBOOK.COM/MARTINI. The public will then

vote globally for their favourite entrants and help MARTINI to

decide who should be become the next female Martini star.

Martini will announce seven finalists in October, when the

eventual winner will be revealed.

Finalists include:

South Africa - Dannalize Clarke

South Africa - Sibongile Zanele Mlambo

SKERP ANTWOORDE

Abraham Lincoln (regs) en Stephen

Douglas

Nadat Douglas hom 'n tweegesig

genoem het: "Ek sal die gehoor

daaroor laat besluit. Dink julle ek sal

hierdie gesig dra as ek 'n ander een

gehad het?"

Pierre Trudeaux en Richard Nixon

Toe hy hoor dat Nixon hom 'n

poephol genoem het:

"Ek is al erger dinge deur beter

mense genoem."

Vote

Dannalize

Clarke

(Kleinzee)

Vote

http://businessandleadership.com/marketing/item/36490martini-chooses-28/

Age is an issue of mind over matter. If you

don't mind, it doesn't matter.

11 10 14 15 15

10

16

End result

Stop die Moorde-veldtog

AfriForum het sy Stop die Moorde-veldtog, wat daarop gemik is om die

publiek by die stryd teen plaasmoorde te betrek, aangekondig. Verskeie

van die land se bekendste kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr,

Chris Chameleon, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Pieter

Koen en Gerrie Pretorius het die bekendstelling bygewoon en ook hulle

steun vir die veldtog verklaar.

16

Oorspandering binne ekonomiese

ontwikkeling kommerwekkend

Die Demokratiese Alliansie sal aanduidings van oorspandering binne

die Noord-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en

toerisme fyn dop hou. Dit volg na verlede week se portefuelje komitee

vergadering waar die departement hul eerste kwartaal verslag vir die

tydperk vanaf April – Junie 2012 voorgelê het.

Dit het gedurende die vergadering aan die lig gekom dat die

departement R22,969 miljoen op die toerisme program in die eerste

kwartaal spandeer het. Dit tenspyte daarvan dat die departement net

R11,124 miljoen vir toerisme vir die eerste kwartaal begroot het.

Terselfde tyd het die departement R27,293 miljoen op voorraad en

dienste in die eerste kwartaal spandeer. Net R12,519 miljoen was

hiervoor begroot vir die eerste kwartaal. Oorspandering bestaan dus

onderskeidlik uit 206% en 218% persent.

Terwyl die departement in die algemeen nog binne die begroting gebly

het en die oorspandering in opkomende kwartale nog kan reg stel, is

bogenoemde oorspandering nog steeds kommerwekkend. Dit is veral

omdat die departement gedurende die vergadering erken het dat die

―Maloof Money Cup‖ grootliks vir oorspandering verantwoordelik is.

Die DA bevraagteken die hele proses ten opsigte van hoe die provinsie

die besluit geneem het om die “Maloof Money Cup” aan te bied. Die

provinsiale regering het miljoene rande in dié internasionale skaats

geleentheid belê. Die regering is vinnig om die syfers ten opsigte van

die publisiteit wat die Noord-Kaap deur die geleentheid gekry het, voor

te lê, maar hulle is huiwerig om oor die betrokke finansiële implikasies

te praat.

Ons kan net verneem dat die departement se onbekwaamdheid om die

kostes wat aan die “Maloof Money Cup” gekoppel is, bloot te stel, as

gevolg daarvan is dat die departement versuim het om behoorlik

hiervoor te begroot. Verder glo ons dit is as gevolg daarvan dat

ondeurdagte besluite deur ‗n paar individue geneem was, wie van die

begin versuim het om die finansiële implikasies in ag te neem.

Dit is baie onrusbarend dat die departement as ‗n bodemlose put van

befondsing vir ‗n enkele geleentheid misbruik word. Die DA sal dié

oorspandering dophou deur parlementêre vrae te rig asook verdere

interaksie gedurende opkomende komitee vergaderings aan te gaan.

GERDA MOOLMAN, LPW, DA NOORD-KAAP:

WOORODVOEDER VAN OMGEWINGSAKE

Hugging

It transfers energy and gives

the person hugged an

emotional lift. Scientists say

that hugging

is a form of communication

because it can say things you

don‘t have the words for. And

the nicest thing about a hug is

that you usually can‘t

give one without getting one.

Die inherente voordeel van

kapitalisme is die oneweredige

verdeling van seëninge. Die

inherente waarde van sosialisme

is die eweredige verdeling van

ellende. ~ Winston Churchill.

Leadership is lifting a person’s vision " to high

sights, the raising of a person’s performance

to a higher standard, the building of a

personality beyond its normal limitations. 12

12 16 16

DIE WARE MOTIEF AGTER DIE ANC-

JEUGLIGA SE “ONREGEERBAARHEIDS”-

VELDTOG 17

Die ANC-Jeugliga (ANCJL) van die Wes-Kaap het die

afgelope naweek gebruik om te mobiliseer vir ‘n protesoptog

op Maandag hierdie week na die Provinsiale Parlement – die

tweede van sy soort in die liga se voortdurende veldtog om

die Wes-Kaap ―onregeerbaar‖ te maak. Verlede week het

hulle die dreigement herhaal om die Wes-Kaap op sy knieë

te dwing; iets wat hulle reeds voor die eerste optog op 27

Julie gemaak het. Hierdie keer het die ANCJL-voorsitter in

Kaapstad, Khaya Yozi, aangekondig: ―Op Maandag sal ons

mense ophou om slawe van die ekonomie te wees. Hulle

moet deel uitmaak van dié wat die provinsie onregeerbank

gaan maak.‖

Die polisie het die regering van die Wes-Kaap die

versekering gegee dat hulle gereed staan om ‘n herhaling

van die gewelddadige protesaksies te voorkom – vier mense

is reeds as gevolg van die onregeerbaarheidsveldtog tragies

oorlede, verskeie beseer en openbare eiendom ter waarde

van miljoene is verwoes.Mediadekking word tans oorheers

deur ‘n debat oor of die protesoptogte oor geldige

dienskwessies gaan en of dit eerder die gevolg is van ‘n

volgehoue en gekoördineerde veldtog deur die ANCJL om

die huidige ANC-leierskap tot ‘n val te bring en sodoende

mag in die Wes-Kaap te bekom.Laat ek dit duidelik stel: Baie

mense het rede tot grondige klagtes oor hul

lewenstoestande. (ANCJL-leier Khaya Yozi is egter nie een

van hulle nie, want hy bewoon ‘n HOP-huis wat deur Stad

Kaapstad gelewer is.) Dit is egter waar dat te veel mense in

baie benarde toestande in informele nedersettings woon. Die

meeste van hulle het Kaapstad toe getrek om werk te kom

soek.

Dit help nie om uit te wys dat die basiese dienste wat hulle in

die Wes-Kaap ontvang, betekenisvol beter is as dié wat in

informele nedersettings in ander provinsies verskaf word nie.

Soos wat verstedeliking versnel en grond in privaatbesit

(waarop die stad deur wetgewing verbied word om dienste te

lewer) toenemend vir besetting geteiken word, neem die

ontevredenheid toe; veral gedurende die nat, Kaapse

winters. Dit word nog verder vererger deur oormatige

rompslomp wat die nasionale Departement van Openbare

Werke se vermoë beperk om geskikte grond vir menslike

nedersetting vry te stel. Gemeenskapskonflik, binne

informele nedersettings, veroorsaak ook dat

opgraderingsprojekte oneindige vertraag word. Dit is in

hierdie konteks bykans onmoontlik om voor die golf van

verstedeliking te bly.Die provinsie se behuisingsdatabasis

bevat die name van ongeveer 500 000 mense wat ‘n huis wil

hê. In ag genome die mededingende aansprake op

beskikbare begrotings, sal dit dekades neem voordat dít sal

gebeur – ongeag die party aan bewind in dié provinsie.

Intussen doen munisipaliteite hul bes om aanvaarbare

basiese dienste te lewer. Water, elektrisiteit, riolering,

stormwater en vuilgoedverwydering (gewoonlik gratis) word

teen ‘n jaarlikse koste van R1-miljard gesubsidieer. Maar

geld wat vir dienste begroot is sou selfs nog verder kon strek

as Kaapstad nie R2 uit elke R3 van kapitaaluitgawes op

herstel van gevandaliseerde eiendom moes spandeer nie.

Aangesien mens maar te goed besef hoe moeilik dit moet

wees om in ‘n informele nedersetting te woon, probeer sowel

ek en Burgemeester Patricia de Lille om so dikwels as

moontlik beskikbaar te wees om met gemeenskappe te

vergader en hulle vertoë aan te hoor. Dan bespreek ons

eerlik met hulle wat binne die beperkings van ons

hulpbronne en bestaande waglyste gedoen kan word om

verligting te bring.Die ANCJL se protesaksies val egter in

heeltemal ‘n ander kategorie, want die Jeugliga stel nie

daarin belang om werklike gesprek te voer oor

17

diensleweringsprobleme nie – soos onlangs in Khayelitsha

duidelik geblyk het. Die jong manne (met die ANC-berets op)

het gewelddadige metodes gebruik om ‘n vergadering, wat

deur Burgemeester de Lille belê is om terugvoering oor

dienslewering te verskaf, op te breek.

Ironies genoeg het die beste

veduideliking oor die aard van sulke

voorvalle vanuit ANC-kringe gekom.

Tony Ehrenreich, ANC-leier in die

Stadsraad, was korrek in sy waarneming

dat onlangse oproer veroorsaak en

aangevuur word deur ―mense wat net vir

hulself naam wil maak‖.Dit is presies hoe

die ANCJL dit doen. Hulle rolmodel is

Julius Malema. Die DA is egter nie hul

primêre teiken nie. Net soos wat Malema

die ANC-leierskap nasionaal uitdaag,

teiken sy lojale ondersteuners die

huidige ANC provinsiale leierskap en ‘n

aantal sittende raadslede wat hul as

ondoeltreffend, onbekwaam en

gekompromiteerd wil uitbeeld. Hulle

doen dit (in verskeie provinsies) deur

populisme en gewelddadige protes te

kombineer om sodoende die ANChandelsmerk

vir hulself toe te eien en

ook sommige van die ANC se verkose

verteenwoordigers te verdryf. Een van

hul strategieë behels militante weerstand

teen die DA-geleide regering van die

Wes-Kaap.Die ANCJL se huidige rondte

oproerige betogings het verlede maand

begin toe hul ‘n optog gelei het en ‘n

memorandum met sekere eise oorhandig

het. Daarin was, onder andere, die eis

dat die Bus Rapid Transit-stelsel geskrap

word en private en korporatiewe

eiendom onteien moet word. Die

memorandum eindig met die volgende

dreigement: ―Ons dring daarop aan dat

daar binne 7 werksdae positief op

bogenoemde eise reageer sal word.

Indien daar in gebreke gebly word om dit

te doen, sal die jong mense en

bogenoemde aandeelhouers hierdie stad

en provinsie onregeerbaar maak!

Amandla!!‖

ANCJL-leiers het hierdie dreigement

gedurende media-onderhoude en op

televisie herhaal.

‘n Senior ANC-bron, wat anoniem wil bly,

word aangehaal as sou hy gesê het:

―Luister, natuurlik is ANC-mense in die

gemeenskappe aan die stuur van

betogings – hulle is raadslede,

gemeenskapsaktiviste, ens. wat op

plaaslike vlak organiseer deur SMS‘e te

gebruik; natuurlik...‖

Op daardie einste dag toe ANCJL-leiers

gedreig het om ‘n wegblyaksie ―af te

dwing‖ deur ―een en elke‖ Golden Arrowbus

―te verhoed‖ om te opereer, is ‘n bus

in Khayelitsha onder die klippe gesteek.

Die bestuurder en twee ander mense het

gevolglik tragies gesterf. Optoggangers

het paaie met brandende buitebande

afgesper, motoriste en ‘n trein met klippe

bestook en vuur op ‘n treinspoor

gemaak. Die Metro-polisie se voertuie

het onder klippe en petrolbomme

deurgeloop.

Verkeersligte is

gevandaliseer.Kringtelevisie-opnames

wys hoe berekend en goed

gekoördineerd sommige van hierdie

protesteerders optree. Die inhoud van

hierdie TV-opnames ondersteun die feite

wat in onderhoude met tien inwoners en

gemeenskapsleiers van Philippi, Nyanga

en Khayelitsha na vore gekom het.

Die koerant, City Press, het berig dat

hierdie mense beweer dat ANC-lede en

organisasies wat hulle bondgenote is,

insluitend die South African National

Civic Organisation (Sanco), agter die

gewelddadige protes sit. Inwoners

beweer gemeenskapslede word in die

middel van die nag met behulp van

SMS‘e en luidsprekers deur ANC-lede

gemobiliseer.Dit is betekenisvol dat

protesoptogte opgehou het nadat die

ANCJL daarop aangedring het dat dit

gestaak moet word.Maar ondanks

hierdie prima facie-bewyse, ontken die

ANCJL nou ten sterkste dat hulle agter

onlangse geweld sit.

Selfs meer verbasend is die feit dat

kommentators by herhaling daarop

aandring dat ek en die Burgemeester

moet ―bewys‖ dat die ANCJL betrokke

is.Hierdie versoek dui op ‘n

diepliggende wanbegrip van die

werkwyse van ons land se kriminele

regstelsel. Dit is nie die taak van die

Stad Kaapstad of die regering van die

Wes-Kaap om bewyse in te samel

nie.Konstitusioneel is dít die

verantwoordelikheid van die Suid-

Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Gebeure van die laaste paar weke toon

sterk ooreenkomste met ‘n reeks

voorvalle in 2010, toe ANCJL-lede

Andile Lili en Loyiso Nkohla ook

gedreig het om Kaapstad onregeerbaar

te maak. Kort daarna het

protesteerders paaie versper, bakstene

na motoriste geslinger en petrolbomme

na regeringsvoertuie en ‘n Dial-a-Ridebus,

wat gestremdes vervoer, gegooi.

Die dreigemente wat al herhaaldelik

deur die ANCJL gemaak is, is op

sigself ‘n misdaad. Dit is waarom ek en

die Burgemeester klagtes van

intimidasie gelê het teen al die

organisasies wat genoem word as

ondersteuners in die ANCJL se eisedokument.

Wanneer sulke dreigemente deur

kriminele optrede gevolg word wat tot

die dood van mense lei, is dit die polisie

se plig om ondersoek in te stel en die

daders en hulle aanstigters op te spoor.

As mense hulle bedoelings doodluiters

op TV bekendmaak, behoort dit nie te

moeilik te wees nie! Om die proses van

identifikasie te ondersteun, het ek en

die Burgemeester ‘n R50 000 beloning

uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die

skuldigbevinding van mense wat

verantwoordelik was vir die Golden

Arrow klipgooi-episode en die

gevolglike dood van drie mense.

de ‘n onlangse ontmoeting met die

Wes-Kaapse Kabinet, het Wes-Kaapse

onder-polisiekommisaris, Majoor-

Generaal Peter Jacobs, gemeld dat die

polisie ondersoek instel na die voorval.

Ek het ook aan die Polisiekommisaris

van die Wes-Kaap, Generaal Arno

Lamoer, geskryf om ‘n vorderingsverslag

oor die ondersoek te bekom.

Identifiseerbare ANCJL-lede het toe

ook op TV verskyn terwyl hulle besig

was om staatseiendom te vernietig.

17

Tog het die Wes-Kaapse Direkteur van

Openbare Vervolgings toentertyd verkies

om nie te vervolg nie.

18

Vanselfsprekend is die les wat die

ANCJL in 2010 geleer het, die een dat

hulle met geweld en vandalisme kan

wegkom – selfs wanneer hul lede op

nasionale TV betrap word terwyl hulle in

aksie is. So iets laat ernstige twyfel

ontstaan oor die stand van ons

regspleging.

Al hierdie dinge neem niks weg van die

feit dat die lewe wat baie van ons medelandsburgers

moet lei, uiters moeilik is

nie. Om die beskikbare infrastruktuur te

vernietig, maak alles net veel erger.

My belofte dat ek aan die ANCJL se

versoek sou voldoen en Maandag hul

memorandum persoonlik sou ontvang

(en dan ‘n konstruktiewe gesprek met

hulle sou hê oor ons

diensleweringsmandaat) was onderhewig

aan die terugtrekking van hul onwettige

dreigemente en die aanbied van ‘n

verskoning aan die mense van die Wes-

Kaap.

Die uwe

If you are

going to

achieve

excellence in

big things,

you develop

the habit in

little matters.

Excellence is

not an

exception, it

is a prevailing

attitude.

~Charles R. Swindoll

Dannalize (left), daughter of Dennis

en Liz Clarke from Kleinzee,

represented SA in the Martini

Royale competition in Ibiza, Spain.

Read p.25 18

TOBIE KOTZE PROKUREURS

KRY TWEE NUWE

KANDIDAATPROKUREURS

Tobie Kotze, Prokureur van Port Nolloth se dogter

Maxie en skoonseun C F Liebenberg het hulle as

kandidaat Prokureurs by hom aangesluit op 1

Augustus 2012. Cf en Maxie is albei boorlinge van

die Noord-Kaap en het gematrikuleer op Upington by

Upington Hoërskool en daarna te Potchefstroom

gaan studeer.

Hulle het die afgelope 4 jaar te Taiwan gewoon en

werk waar hulle Engelse klasse vir jong kinders op

skool en ook volwassenes na-ure gegee het. Hulle

het 2en ‗n half jaar gelede by Unisa ingeskryf vir die

Graad LLB en is tans in hulle 3de jaar van

Regstudies.

CF en Maxie het ‗n 4 jarige dogtertjie Nika en ‗n

babaseuntjie Dian wie op 20 Julie 2012 te Springbok

gebore is met die bekwame hulp van Dr Ettienne

Boer.

Hulle sien uit daarna om hulle in Namakwaland met

sy pragtige landskap en blommeprag en eiesoortige

mense te vestig en hulle as Prokureurs te bekwaam.

Tobie praktiseer reeds vir die afgelope 7 jaar as

Prokureur te Port Nolloth en het ook ‗n takkantoor te

Springbok wat weekliks besoek word vir hofwerk daar

en konsultasies. Die firma is ook in assosiasie met

Van Sitterts Prokureurs te Port Nolloth. Die firma

bied regsdienste oor ‗n wye spektrum en Tobie doen

hofwerk in die hele Noord Kaap en Namakwaland.

Tobie en Gesie, sy vrou wie ook by hom werk, sien uit

daarna om die kinders en kleinkinders nou na 4 langjare

weer by die huis te hê.

Development threatens SA

frog

Port Nolloth - Increased tourism and growing

residential developments may threaten the

survival of the Desert Rain frog (Breviceps

macrops) a herpetologist has said.

"They are already starting to build houses in

prime habitat, not just in habitat where they

might occur, but in places where they occur at

high density," Professor Alan Channing told

News24.

The Rain frog is one of the only frogs that have

the ability to live within 10m of the beachfront

areas. According to Channing the frog has a

unique set of characteristics that make them

successful in this habitat.

"They are well adapted for burrowing. They've

got flanges on their back feet which act like little

spades, so they can dig in backward into the

sand. They also have a belly patch which is an

area with lots of blood vessels and capillaries

through which they can take up water through

the soil," he said.

Channing said that the frogs form part of simple

ecosystem which may be sensitive.

Threat

"There are desert plants which are eaten by

beetles and the frogs eat the beetles, the frogs

are then fed on by birds, snakes, and small

mammals. So they are part of the energy flow

from plants through to larger mammals."

The initial threat to the frog populations was

Diamond mining at the coastal areas. Prior

studies have shown that the now declining

industry has caused extensive population

fragmentation.

Luxury housing developments like Kai Kai

coastal estate have now targeted the remaining

beachfront areas and represent a direct threat.

Kai Kai managing director, Jimmy du Toit, who

is in possession of the Environmental Impact

Assessment (EIA) said there is reference to the

existence of the frog in the dunes in the area.

"It wasn't dealt with in depth. It was considered

and certain recommendations were made.

Culverts were created for movement of animals

and roads were designed in accordance with

the assessment," he said.

From a conservation point of view, Channing

suggests that the population would survive if

development within 50m of the beachfront were

discontinued.

Channing's five year study, published in the

African Journal of Herpetology, found that the

Desert Rain frog should be able to recover

rapidly from disturbance.

18

Deur 'n orgaanskenker te word kan jy tot sewe

lewens red

19

Deur 'n orgaanskenker te word kan jy tot sewe lewens red. Jou hart, niere, pankreas, lewer

en longe kan gebruik word om persone wat ernstig siek is 'n tweede kans te gee om 'n

langer en gesonde lewe te lei. Jy kan ook addisioneel 50 ander help deur weefsel soos

korneas, hartkleppe, vel en been te skenk.

Orgaanoorplanting is vandag 'n baie suksesvolle prosedure en word as roetine gesien.

Altesaam 21 verskillende organe en weefsel word daagliks suksesvol oorgeplant. Orgaan

ontvangers kan verwag om jare by hul leeftyd te voeg nadat 'n orgaan ontvang is. Alhoewel

daar met rasse skrede vordering gemaak is met orgaan oorplanting, is organe steeds

skaars en mense skepties om orgaanskenkers te word.

Hoe word mens 'n orgaanskenker?

Die proses is baie eenvoudig. 'n Potensiële orgaanskenker registreer aanlyn op die

orgaanskenking se webtuiste, of op die tolvry nommer by 0800 22 66 11. Hierna sal die

organisasie jou kontak met die nodige dokumentasie om jou as orgaanskenker te

identifiseer in geval jy sou sterf.

Wie kan 'n orgaan of weefsel skenker word?

Enige persoon kan 'n orgaanskenker word mits hul gesond is en geen kroniese siektes wat

die pasiënt kan benadeel nie. Persone wat egter 'n mediese kondisie onder lede het kan wel

ook orgaan skenkers wees aangesien mediese doktors sal besluit of so 'n persoon se

organe wel oorgeplant kan word of nie.

Waarom moet jy orgaanskenking met jou familie bespreek?

Na jou dood kan jou organe nie verwyder word indien jou familie hul toestemming verleen

nie. Die verwydering van organe en weefsel word beskerm deur die "Menslike weefsel wet,

nr. 65 van 1983".

Watter organe kan oorgeplant word?

Hart, longe, niere, lewer en pankreas.

Watter weefsel kan oorgeplant word?

Korenea, hartkleppe, vel, been en beenmurg.

Kan ek instem om slegs sekere organe of weegsel te skenk, en nie ander nie?

Ja, maak net seker dat jou familie bewus is watter organe en weefsel wel geskenk mag

word.

Hoe lank na afsterwe moet die organe en weefsel verwyder word?

Om 'n suksesvolle oorplanting te verseker is dit noodsaaklik dat organe en weefstel so gou

as moontlik nadat die skenker breindood verklaar is, verwyder word. Twee onafhanklike

doktors moet ook sertifiseer dat die skenker wel breindood is.

Wat kos dit om 'n orgaan- of weefselskenker te word?

Daar is geen kostes vir jou of jou familie nie.

Betaal my familie vir die koste van die donasie?

Nee, die hospitaal of staat sal alle mediese kostes dek van die oomblik wat die onafhanklike

doktors jou breindood verklaar het en jou familie hul toestemming gegee het vir orgaan- en

weefsel verwydering.

Ontvang my familie vergoeding vir enige skenking van my organe- of weefsel?

Nee. Orgaan- en weefselskenking is 'n geskenk van jou.

Kan persone organe en weefsel koop of verkoop?

Nee, orgaanskenking is 'n geskenk van lewe van een familie aan 'n ander en die verkoop of

koop van organe en weefsel is onwettig.

Kan ek 'n orgaan of weefsel skenk terwyl ek nog lewe?

Ja, in sommige gevalle. Lewendige skenkings, soos niere en 'n gedeelte van jou lewer word

gereeld gedoen tussen familielede wie se bloedgroepe- en weefsel ooreenstem. Jy kan ook

beenmurg skenk terwyl jy nog lewe.

Word die liggaam geskend wanneer organe of weefsel verwyder word?

Nee, mediese personeel hanteer ten alle tye die skenker se liggaam met respek en

waardigheid. Chirurge en opgeleide personeel verwyder organe en weefsel met sorg en

verander die proses geensins hoe die liggaam daarna uitsien nie.

Weet die orgaan ontvanger wie die skenker was?

Nee, elke geval word as streng vertroulik hanteer buiten in lewendige skenkings wanneer

skenking binne dieselfde familie gedoen word. Ontvangers kan wel briewe van

dankbaarheid skryf wat dan aan die skenker se familie oorhandig word.

Kan ek van besluit verander?

Ja jy kan enige tyd jou besluit om 'n orgaan of weefselskenker te wees, verander. Verwittig

jou familie weereens van jou besluit. Meer inligting by www.odf.co.za.

Fanie du ToitDVD “I have a Dream”

“I HAVE A DREAM” is made up of 4 tracks about ‗my story‘; cochlear implants;

assistive devices and communication skills; and lastly establishing support structures for

19

persons with hearing loss through SA. I trust you will be able to identify with what you see

and hopefully something will touch your hearts. I hope my story is a mirror wherein

people can/will see something of themselves.

Die skakel na ‗n voorskou van die DVD is as volg:

http://www.youtube.com/watch?v=3od-G7ovOBU&feature=em-share_video_user

13

Ewan Opperman (liver recipient) reaching the peak

of Kilimanjaro, supporting the Organ Donor

Foundation.

You do not need to climb Kilimanjaro to make a

difference, but, if you would like to help the Organ

Donor Foundation please register as an organ

donar.

A blonde is on board a small two-seater airplane

when suddenly the pilot dies.

Not knowing how to fly a plane she grabs the radio.

"Mayday, mayday! My pilot just died!"

Ground control receive her call for help and

answers back: "Don't worry, madam.

I'll talk you down, just do as I say. First I need you to

give me your height and position."

"I'm 5"2' and sitting in the right front seat."

Ground control: "Repeat after me: Our Father.....

which art in Heaven....

Better to light a candle

than to curse the

darkness.

Chinese Proverb

13

14

15 17 19

16 17 18

20

Brunhild Strauss (Radio NFM98.1)

ontvang deernis-aksies prys,

ORDE VAN DIE KRUIK- toekenning

Cordis Trust is `n pivaat-befondsde NPO in Pretoria met

grondslag deernis-projekte, die bevordering van die Afrikaanse

taal op verskeie terreine en koninkryk-uitbreiding. Jaarliks is

daar op deernis gebied `n aantal ORDE VAN DIE KRUIKtoekennings

aan `n instansie of individu vir buitengewone

bydrae tot deernis-aksies aan die gemeenskap, ter waarde van

R5000.

Die bedrag kan deur `n individu aan tot twee deernis-instansies

toegewys word (Suid-Afrikaans en verkieslik plaaslik).

20

Jopie Koen van Pierneefteater en `n jarelange medewerker met

Cordis Trust het Brunhild Strauss aanbeveel vir die 2012toekenning.

Baie geluk.

Rolstoelskenking aan gestremde

Mnr. Robert Coleman

(regs) 'n gestremde persoon

van Okiep in die Namakwa

Distrik van die Noord

Kaap is duidelik baie

opgewonde oor sy nuwe

wiele wat hy ontvang het.

Links- Mnr. Brunhild Strauss

Mnr. Coleman 'n skrywer en

deeltydse joernalis het navraag

gedoen vir 'n nuwe rolstoel, aangesien sy huidige stoel se lewensduur al 'n

geruime tyd verstreke is weens slytasie en al vervang moes gewees het.

A.g.v. die onbegaanbare, rowwe terrein en die grondpaaie van Okiep hou

geen rolstoel lank nie. Mnr Coleman se rolstoel kon hy ook nie meer self

aanstoot nie omdat sommige parte nie meer aan die wiele was nie en

gevolglik beteken het dat hy altyd hulp nodig gehad het om hom van punt A

tot by B te kry.

Hy sê dat hy met die hulp van sy rolstoel weer ekonomies waarde kan

toevoeg met sy belangstelling en stokperdjies waarmee hy homself as 'n

gestremde persoon aktief besig hou.Hierdie skenking was moontlik gemaak

deur die verteenwoordiger van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese

Gestremdhede Suid Afrika se Besigheids Enterprise Ontwikkelings Afdeling,

Mnr. Brs Strauss van die NoorKaap in samewerking met QuadPara

Vereniging van Suid-Afrika (QASA) Ons bedank graag Quadpara Suid

Afrika vir hulle bydrae en skenking.

Wat is gestremdheid?

‟n Paar definisies:

*Persone met gestremdheid sluit diegene in wat langtermyn fisieke,

verstandelike, intellektuele of sintuiglike gestremdheid het . Talle

hindernisse kan hul volledige en doeltreffende deelname aan die

samelewing, op gelyke vlak met persone sonder gestremdheid, verhinder .

*VN Konvensie 2006- Gestremdheid is die benadeling en inperking van

aktiwiteit, veroorsaak deur ‘n gemeenskap wat min of geen begrip het vir die

behoeftes van persone met gestremdheid nie . Gevolglik word hulle van

hoofstroom-aktiwiteite uitgesluit

Het jy geweet ? Ongeveer 8% van Suid-Afrikaners is persone met

gestremdheid .

Die wyse waarop ‘n gestremde persoon sy of haar wêreld ervaar, kan vir

nie-gestremdes moeilik wees om te begryp .

Soms kry ons ‘n kykie in hulle wêreld as ons dalk krukke, of ‘n rolstoel moet

gebruik, ‘n oog- of oorbesering het of só oud is dat ons nie meer gemaklik

kan beweeg nie . Waarskynlik sal ons nie blootgestel word aan die

vooroordele wat gestremdes ervaar nie, maar ons sal tog ‘n mate van insig

verkry in sommige van hul alledaagse probleme.

Alledaagse aktiwiteite, soos inkopies doen of reis, is dikwels vir gestremde

persone moeilik.

Wat dikwels moeiliker is om te hanteer as die liggaamlike hindernisse, is die

samelewing se gebrek aan begrip . Dit is baie moeilik om gevestigde

persepsies en houdings te verander. Dit neem moontlik ‘n paar dae om ‘n

fisieke omgewing te verander om meer toeganklik te wees, maar in

sommige gevalle kan dit dekades neem om ‘n persoon se houding en

persepsies te verander .Die meeste mense het min dag tot dag ervaring met

persone met gestremdheid .

Ongelukkig en verkeerdelik, word persone met gestremdheid dikwels

beskou as:

• slagoffers wat bejammer moet word

• aaklig, of grotendeels

• ‘n las, óf op die samelewing óf op hulle gesinne en

versorgers

• persone wat niks kan doen nie

• persone met veelvuldige gestremdhede (bv . die

aanname dat iemand in ‘n rolstoel ook intellektueel

gestremd is)

• ―spesiaal‖ of ―anders‖

• agterlik

Die samelewing aanvaar dat rolstoelgebruikers altyd siek is en in hospitale

hoort . Die gestremdheidsektor is gretig om te oortuig en te demonstreer dat

gestremdheid nie net ‘n mediese kwessie is nie, maar veral ook ‘n sosiale

en omgewingskwessie.

20

19

By-elections

21

On Wednesday 1 August, the Party contested four by-elections

in the Western Cape, KwaZulu-Natal, the Free State and

Mpumalanga. the DA achieved significant successes in all four

by-elections it contested across the country. We retained all

three DA wards with increased majorities and tripled our share of

the vote in the ANC‘s Govan Mbeki stronghold in Mpumalanga.

This is a clear indication that our party continues to grow in all

communities across South Africa. In each of these wards, the

DA‘s proportion of the votes has grown with every election since

2009 as can be seen in the tables below.

Govan Mbeki

(Mpumalanga)

2009 National

Election:

2011 Local

Government Election:

21

DA ANC

0.76% 95.36%

10.81% 87.47%

2012 By-election: 30.55% 68.59%

Ngwathe (Free State) DA ANC

2009 National

Election:

2011 Local

Government Election:

55.67% 24.18%

82.98% 10.02%

2012 By-election: 89.7% 3.15%

Abaqulusi (Kwazulu-

Natal)

2009 National

Election:

2011 Local

Government Election:

DA ANC

56.7% 21.59%

57.25% 20.66%

2012 By-election: 72.75% 20.69%

Swartland (Western

Cape)

2009 National

Election:

2011 Local

Government Election

DA ANC

different ward

boundaries

68.4% 24.15%

2012 By-election 71.3% 27.53%

The result in Govan Mbeki is particularly significant. This ward

has always been a stronghold for the ANC, but as the statistics

indicate, the DA is steadily increasing its share of the vote at the

ANC‘s expense.

Congratulations to all the campaign managers and their

respective teams.

On 19 September, the Party will contest three by-elections,

Ward 13 in Polokwane, Ward 64 in Ekurhuleni and Ward 88 in

the City of Cape Town.

Finalisering van NK sake word

benadeel deur forensiese vertragings

Die Demokratiese Alliansie is baie bekommered dat vertragings ten opsigte

van die verkrygbaarheid van forensiese resultate en die finalisering van

kriminele sake die Noord-Kaap benadeel. Aangesien die Noord-Kaap van die

hoogste verkragting syfers in die land het, ondermyn dít pogings om seksuele

misdaad te bekamp.

Ek is persoonlik bewus van ‗n jong vrou wie verkrag en terselfdertyd ernstig

beseer was. As gevolg van probleme binne forensiese laboratoriums, het die

forensiese monsters verdwyn.

Volgens ‗n verslag van die Staatsdiens Kommissie, neem dit die Noord-Kaap

‗n baie lang tyd om uitslae vanaf instansies soos die ―Forensic Science

Laboratory” en die ―Local Criminal Record Centre‖ te verkry. Blykbaar neem dit

gemiddeld twee maande om die kriminele rekord van ‗n verdagte te verkry

terwyl dit sewe tot agt maande lank kan neem om die uitslae van bloed-alkohol

toetse en dwelm analise te ontvang. Sulke vertragings word as ‗n ernstige

uitdaging vir speurders beskou aangesien dit bydra tot die aantal sake wat nog

uitstaande is en nie hof toe gaan nie. Dìt het ‗n negatiewe impak op die

toepassing van geregtigheid.

Die DA is baie bekommerd dat forensiese laboratoriums tans dien as een van

die ergste bottelnekke in die sisteem. Dít belemmer die vervolging en

veroordeling van kriminele in die provinsie en die res van die land. As gevolg

van die vertragings ten opsigte van die prosessering van monsters, word sake

gereeld uit die hof onttrek. Terwyl forensiese kenners deur die jare al hulle

bekommernisse ten opsigte van hierdie kwessies verskeie kere gelig het,

reageer senior amptenary in die polisie stadig hierop.

Probleme wat forensiese laboratoriums in die gesig staar, kan opgelos word,

maar dit sal vereis dat daar politiese wil op ‗n provinsiale sowel as ‗n nasionale

vlak intree. Die DA stel voor dat die ―Forensic Science Laboratory” van die

polisie weggeneem word, en die “Forensic Chemstry Laboratory‖ van die

departement van gesondheid verwyder word, en dat hulle in ‗n forensiese

laboratorium diens, wat as ‗n private-publieke venootskap funksioneer, gedryf

word. Dié diens sal onafhanklik van die polisie en gesondheid wees en sal tot

streng bedryfstelsel voorwaardes en dienslewerings doeleindes verbind word.

Verder stel die DA voor dat meer laboratoriums gebou word, meer aandag aan

opleiding en kundigheid gegee word, vakature gevul word en

verantwoordelikheid verseker word.

Hoe vinniger die DA se voorstelle geïmplementeer word, hoe vinniger sal

kriminele hulself agter tralies bevind.

(ANDREW LOUW, LPW DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE LEIER)

Kleinzee Primêre Skool - Omgee uitreik

Kleinzee Primêre Skool met sakke klere wat hulle aan rdls. Van Dyk ( wyk 4)

oorhandig het. Hulle het dit ingesamel in hul ―Omgee-uitreik‖.

Ons sê BAIE dankie!

21

21

22

22

Rassisme lewend in Siyathemba

Munisipale Raad

Dit is ‗n algemene aanvaarde feit dat ―woorde wek maar

voorbeelde trek‖ met verwysing na die voorbeeld wat deur

die burgemeester van Siyathemba munisipaliteit tydens

die begrotingsrede te Marydale aan raadslede gestel is toe

hy gewag gemaak het van die feit dat dit die eerste keer is

dat die raad slegs uit sogenaamde ―voorheen

benadeeldes‖ bestaan en dat ―wit mense nie direkte

toegang tot die raad het nie‖.

Hierdie optrede van die burgemeester het skynbaar nou

tot gevolg dat die ander raadslede nou sy voorbeeld volg

deurdat raadslid Fytjie van Wyk tydens ‗n spesiale

raadsvergadering op 8 Augustus 2012 in die raad

aangedring het daarop dat grond wat deur die grootste

werkgewer in ons gemeenskap te wete GWK, vir

uitbreiding benodig word, nie aan hulle verkoop kan word

nie aangesien hulle ‗n ―wit maatskappy is‖. Sy het verder

aangedring dat daar voorwaardes aan GWK gestel word

om eers sekere ongespesifiseerde handelinge ter

ondersteuning van die ―voorheen benadeeldes‖ wat gelei

het onder GWK te verrig voordat grond aan hulle

beskikbaar gestel word.

Dit is kommerwekkend dat sodanige rassistiese uitlatings

deur die sogenaamde leiers in ons gemeenskap na agtien

jaar van demokrasie gemaak word. Waarom is dit nodig

om steeds na kleur te verwys? Is ons dan nie almal

burgers van ‗n bevryde Suid-Afrika nie? Is die optrede nie

gesetel in ‗n eie grootheidwaansin en arrogansie aan hulle

kant nie? Wat het geword van die nasionale beleid dat

munisipaliteite ingestel moet wees op ontwikkeling en

werkskepping binne hulle geografiese gebied? Wat het

geword van die beleid van ―vrye handel‖ en ―gelyke

geleenthede‖ vir almal?

Ek beveel dat raadslid Van Wyk na die samestelling van

die direksie van GWK sal gaan kyk waar sy sal sien dat

daar ‗n bruinman en ‗n swartman op die direksie is en dat

alle opkomende boere asook alle nie-wit boere wat

produkte aan die kooperasie lewer, aandeelhouers is.

GWK is seker die grootste private werkgewer wat die

beste salarisse aan hulle werkers betaal in ons

gemeenskap. Die beoogde uitbreiding sal ook nuwe

werksgeleenthede vir plaaslike innwoners tot gevolg hê.

Indien hierdie houding voortduur, sal ontwikkeling en

beleggings na ander dorpe in die streek geneem word en

ons gemeenskap benadeel word. As raadslede nie die

mandaat kan nakom wat deur die kiesers aan hulle gegee

is om tot voordeel van die gemeenskap die munisipaliteit

te bestuur nie, moet hulle eerder bedank en nie elke

maand ‗n salaristjek aanvaar nie.

Gregory Mackay, DA Raadslid, Siyathemba Munisipaliteit

The Billion Rand President –

President Jacob Zuma's perks and privileges cost more

than R103 million of taxpayers' money a year.

Zuma‘s total five year costs can be broken down roughly

as follows:

• Salary and Related Expenses: R25m

• Accommodation: R35m

• VIP Protection: R60m

• Spousal Support Unit: R77m

• Flights: R316m

Why should the tax payer be supporting his 6 wives and

27 children?!

Additional facts can be found here - http://insidepolitics.org/2012/08/20/the-billion-rand-president-factsand-figures/

20 16

21 22

23

Fokus op wat werk

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is,

alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak

daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Filippense 4:8).

Nou die aand vertel die oud-Springbokkaptein, Theuns Stofberg, interessant hoe hy

sy erge hakkelprobleem oorkom het.

As kind, en later op skool, kon hy nog gerieflik daaragter skuil. Dit het 'n verskoning

gebied om embarrasserende optredes, voordragte en mondelinge eksamens te

vermy.

Maar toe word hy kaptein van die Springbokspan en hy móét praat – in die

openbaar, oor die radio en selfs op TV. En die besef dring deur dat hy hulp nodig

het. Dié kry hy toe ook van 'n bekwame en erkende terapeut.

Die man se metode was eenvoudig, maar effektief. Die kaptein word sonder

voorafkennis by 'n vertrek vol vroue ingestoot – maatskaplike werkers en

sielkundiges – om 'n volbloedtoespraak (wat hyself woord-vir-woord moes uitwerk)

te hou. Dit word 'n skrikwekkende ervaring. Terugskouend het dit vir dié groot

rugbyspeler gevoel asof elke sin en woord 'n gestotter en 'n gesukkel was.

Totdat die terapeut hom agterna daarop wys dat tagtig persent van die toespraak

heel vlot verloop het. ―Dit is omdat jy oorfikseer het op die twintig persent waar jy

gehakkel het dat die hele toespraak vir jou later na 'n groot mislukking gevoel het.‖

Hierdie objektiewe inligting het Theuns Stofberg se hele perspektief oornag

verander. Hy het skielik besef hoe sy fiksasie op die negatiewe sy taal en hele

uitkyk negatief beïnvloed, en dat dit onnodig was.

Ná hierdie ontdekking, het hy doelbewus na die positiewe begin draai. En toe

Verander jou denke en jy verander jou wêreld.

gebeur die onverwagse: Sy hakkel begin verdwyn. Luister jy vandag na hom, is dit

duidelik.

Theuns Stofberg se verhaal bevat 'n belangrike lewensles. Wanneer probleme kom,

fokus op die positiewe, op wat werk, op wat ons wel kan regkry of vermag, op

kwaliteite wat sterker is.

So nie, val ons onnodig in die negatiewe vas en begin sukkel.

Hierdie siekte tref almal van ons:

OUDERDOM

Jy en jou tande nie meer saam slaap nie. Jy jou kouse probeer optrek omdat dit

kreukel, en dan besef jy het nie kouse aan nie. Jy word wakker en lyk soos die foto

op jou bestuurderslisensie. Dit neem twee probeerslae om van die bank af op te

staan. Om 'n "gelukkie op te tel" beteken jy kry jou kar in die parkeerarea.

Jou idee van 'n aandjie uit is om op die patio te sit. "Happy hour" beteken 'n slapie.

Wanneer jy op vakansie is en jou energie op is voor jou geld. Dit neem langer om te

rus as om moeg te word. Jou geheue is korter en jou klagtes is langer.

Jou adresboek het meestal name wat begin met Dr. Jy sit in jou wiegstoel en kan

dit nie aan die gang kry nie.Die apteker word jou nuwe beste vriend.Dit neem

dubbel so lank om die helfte so goed te lyk.Alles is seer, en dit wat nie seer is nie ..

werk nie.

Jy slaan jou tande in 'n steak in ... en hulle bly daar.

Jy doen afstand van al jou slegte gewoontes en jy voel nog steeds nie goed nie.

Jy het meer geduld, maar eintlik gee jy net nie meer om nie.Jy kry uiteindelik jou

kop reg ... en jou lyf begin uitmekaar val.

Jy wonder hoe jy oor die muur kan wees as jy nie eers kan onthou dat jy bo-op dit

was nie.

Sononder is die vervaldatum

Joseph Hunter se woorde: ―My life is in the hands of any fool who makes me lose my

temper,‖ boul my skoon. Ek besef die waarheid van hierdie woorde dikwels te laat.

Om met woede te leef, is nie gesond nie. Nog belangriker: dit is nie God se wil vir my

lewe nie. Woede maak dat ander mense my lewenskwaliteit bepaal. Hulle maak

droog en vergeet daarvan, maar ek loop lank na die tyd nog met woede hieroor in my

rond. Ek is dan die een wat die gif drink namens hulle wat droogmaak.

Om te praat terwyl ek kwaad is, is om op die terrein van die dwase rond te speel,

soos wat Spreuke sê. Die verloor van my humeur is altyd ‗n reuse verlies, want dit

beteken dat die Here se wysheid in my lewe dalk ook in die slag gebly het. Paulus se

lewensbelangrike raad in Efesiërs 4 is dat die son nooit oor my humeur moet sak nie.

Goeie raad, of wat! Ons woede mag op die heel langste net hou solank as wat die

son skyn. Sonsaktyd 23 is die vervaldatum op woede. Om kwaad te gaan slaap, is om

die gif van woede te laat versprei.

Verkry 'n Gebalanseerde

Persoonlikheid

Wat is 'n gebalanseerde persoonlikheid?

Dit is nie so 'n maklike vraag nie en kan uit verskillende

perspektiewe benader word. Maar, om dit eenvoudig te

stel: dit is om op 'n gesonde wyse balans te vind in jou

bestaan, handelinge en emosies.

Soms wonder 'n mens of alles wel is met jouself. Iemand

kritiseer jou en jy begin dink of daar nie dalk regtig fout

met jou is nie. Of omstandighede draai teen jou en jy begin

twyfel aan jouself. Dalk voel jy soos 'n mislukking, leeg en

moedeloos en uit balans met jou lewe.

Dit kan ook wees dat jy die mense in die wêreld rondom

jou bekyk en ongebalanseerde mense raaksien. So mag jy

dalk van die politici, wat leiers in ons samelewing moet

wees, as ongebalanseerde persoonlikhede identifiseer. Of

dalk meen jy die baas by die werk het iewers 'n skroef los.

Ja, soveel mense, soveel verskillende sieninge oor wat 'n

gebalanseerde persoonlikheid nou eintlik behoort te wees.

Iemand met 'n gebalanseerde persoonlikheid toon die

volgende kenmerke:

Jy streef volgens jou persoonlikheid, talente en oortuigings

na sinvolle doelwitte in jou lewe.

Jy het selfrespek. Jy is nie verleë oor jou handelinge en

woorde nie. Elke donker optrede in die geheim waarvoor jy

skaam is, breek 'n stukkie balans uit jou lewe.

Jy respekteer ander mense se sieninge en behandel hulle

met respek. Jy verval nie in treurmare, of in woedebuie

wanneer iemand nie met jou saamstem nie.

Jy maak jou eie keuses in die lewe. Wanneer iemand jou

dwing tot sekere keuses - soos 'n dominerende vriend of

eggenoot - ontneem dit jou groei tot selfstandigheid en

volwassenheid.

Jy handhaaf 'n gesonde lewenstyl en verval nie in

verslawing en ander ongure gewoontes wat jou liggaam,

siel en gees afbreek nie.

Jy pas jou liggaam op met oefening, gesonde kossoorte

en mediese sorg.

Jy lê selfbeheersing aan die dag. Jy verval nie in ekstreme

emosionele uitbarstings, ondeurdagte optrede en

onwelvoeglike taalgebruik nie.

Jy vind weer balans nadat jy van jou voete geruk is deur

omstandighede, persoonlike nood en swaarkry. Soos 'n

diepsee-duiker wat die borrelsiekte opdoen en in die

suurstoftenk weer balans herwin, so is jy instaat om aan te

pas en ewewig in jou lewe terug te kry.

Jy maak reg waar jy verbrou.

Jy leef sover moontlik in harmonie met die mense rondom

jou, met jou familie en geliefdes, en jou vriende.

Jy is sensitief teenoor ander se gevoelens. Jy breek nie

mense af nie, jy bou hulle op.

Jy vorm jou eie identiteit en het nie nodig om so

emosioneel afhanklik van iemand te raak dat dit jou eie

menswees beroof nie.

Jy het 'n belangstelling in die wêreld rondom jou en is

instaat om jou eie mening oor sake en gebeure te vorm.

Jy vind balans tussen opgewondenheid en kalmte, tussen

werk en rus, tussen intense fokus en om jou gedagtes vrye

vleuels te gee.

Jy geniet dit om sosiaal te verkeer, maar is ook tevrede en

gelukkig wanneer jy alleen is.

Jy leef in harmonie met jou geloofsoortuiging, jou waardes

en beginsels.

Sintese: Dit is egter eers wanneer jy jou eie gedagtes

rondom 'n gebalanseerde persoonlikheid formuleer en

toepas, dat jy die deur oopmaak vir persoonlike groei en

sukses. Niemand kan dit vir jou doen nie, jy moet dit self

doen.

A life spent making mistakes is not only more honorable but more useful than a life spent in

doing nothing. 17 23

22

24

NABABEEP RUGBYKLUB EN PORT NOLLOTH

RUGBYKAMPIOENE

Isaac Cloete

Saterdag het Nababeeep Rugbyklub en Young Stars van Port Nolloth gewys dat

hulle die beste rubgyspanne in die streek is deur hul onderskeie finale te wen.

Nababeep Rugbyklub het ook hul rugbyseisoen op ‗n hoë noot afgesluit deur die

span van Concordia, Desert Daisies, te verslaan in die finaal van die Tweede

Liga van die Namakwalandse Rugby Unie.

Nababeep Rugbyklub is sowat ‗n jaar oud en nog groentjies in die kompetisie,

maar het vriend en vyand verras met die tipe rugby wat hulle hier die jaar

gespeel het. Saterdag het hulle dit voortgesit en met vasberadenheid die

eindstryd teen Daisies van Concordia naelskraap met 21-18 gewen.

Aanvanklik het Nababeep, veral in die eerste helfte, al die speelwerk gedoen en

gereeld punte aangeteken. In die tweede helfte het Daisies die bordjies verhang

en meer in die spel gekom. Hulle het ook punte op die telbord geplaas en was

bestem om die trofee te wen.

Knap voor die einde was Daisies nog met 18-14 punte voor. Nababeep het egter

karakter getoon en in die doodsnikke die wendrie gaan aanteken. Om sout in die

wonde te vryf is die drie verdoel en wen Nababeep hul eerste finaal en die

trofee.

Toe die eindfluitjie blaas was die vreugde van die Nababeepnaars ongekend en

het hulle jubelend in die lug gespring en gedans asof ‗n ―Spokes‖ plaat gespeel

het.

Pietie Cloete, bestuurslid van Daisies, het die verloor soos ‗n man gevat en aan

Die Namakwalander gesê dat enige span kon gewen het.

―In ‗n finaal moet jy jou kanse gebruik en hier het my span ‗n bietjie kort geskiet.

Nababeep het hul kanse beter gebruik, maar volgende jaar is ons weer daar.‖

Young Stars van Port Nolloth is ook weer die kampioen van die Eerste Liga

nadat hulle vir Springbok in nog ‗n harde wedstryd met 21-14 gewen het.Die

rustydtelling was 14-6 in Stars se guns nadat Romano Cloete en die kaptein,

Jampies Brits, vir Stars gaan druk het. Mark Pieters het beide verdoel.

In die tweede helfte het Brits onderskep en onder die pale gaan druk. Pieters het

die drie verdoel en seker gemaak dat Stars as oorwinnaars van die veld stap.

Stars is die afgelope vier jaar die kampioenspan in Namakwaland en hulle gaan

van krag tot krag.

YOUNG STARS VAN PORT NOLLOTH

DOEN DIT WEER

Die Rugbyklub Young Stars van Port Nolloth het op Saterdag 18 Augustus 2012

vir Springbok Rugbyklub op Port Nolloth met 21 – 14 met die kous oor die kop

huis toe gestuur.

Dit was ‗n harde en aanskoulike wedstryd waarin geen genade gevras of betoon

is nie en die groot getal toeskouers het die naelbytstryd terdeë geniet.

Met hierdie oorwinning het Young Stars weer die Ligakampioen vir 2012 geword

en wat dit so besonders maak is dat dit die derde jaar in ‗n ry is wat die span die

Liga wen en boonop onoorwonne was.

Die inwoners en veral rugbyondersteuners van Port Nolloth is baie trots op

hierdie span wie telkens met hulle inspirerende spel en goeie gees beïndruk en

getuig dit van harde oefening en toegewydheid en dissipline waarna veral die

jeug van Port Nolloth kan opkyk.

Baie geluk Young Stars en weet ons dat julle sal voortgaan om Port

Nolloth se mense trots te maak

Tobie Kotze namens Young Stars Ondersteuners Port Nolloth

"Loop die pad met wysheid en teen 'n

24

langsame pas. Hulle wat vinnig hardloop,

struikel." - William Shakespeare -

GARIES HOËR MAAK DIT BYNA TEEN

CONCORDIA SEKONDÊR

Isaac Cloete

Die rugbyspanne van Garies Hoërskool het byna-byna laas

week daarin geslaag om Concordia Sekondêr ore aan te sit op

die rugbyveld.

Dinsdag het die 0/16- en 0/19 B-spanne van Concordia

Sekondêr en Garies Hoër op McCloud Park, te Nababeep,

kragte gemeet in die rugby-finale van Namakwalandse

Hoërskole.

Die 0/16 finaal was baie gelyk-op en Garies het eintlik die

wedstryd as‘t ware weggeggooi deur nie hulle strafskoppe oor

die pale te klits nie, volgens die skool se afrigter, Carl

Aweries.Ook het Garies teen rustyd met met 12-7 voorgeloop.

Concordia het egter akkurater geskop en die eindtelling was

12-13 in hul(Concordia) se guns.Garies kan hulle self skop oor

die uitslag, want hulle het twee drieë teenoor een aangeteken.

Die 0/19B het vir lekker hardlooprugby gesorg en hier was

Concordia beter daaraan toe.Veral hul agterlyn was lus vir

hardloop en Garies moes baie verdedig.Rustyd was Concordia

slegs met 7-3 voor en kon enige span die finaal wen.

Na rustyd het Concordia die krane oopgedraai en ‗n paar goeie

drieë gaan druk om met 23-13 te wen. Een van Garies se

vleuels het hom tydens die wedstryd lelik misgis en die bal

agter die vyf-treë merk gaan druk, in plaas van die doellyn.

Sou dit ‗n drie was, kon die verdere gang van die wedstryd

miskien anders wees. Nietemin, Concordia is weer die houers

van die 0/19B rugbytitel.

Dit was ‗n koue dag vir die toeskouers, maar vir die spelers

aangenamer, want hulle kon hulle geniet en aan die brand

speel.Die ligte windjie het soos die dag gevorder het, ook sy

teenwoordigheid laat geld.

Concordia Hoër(CH) het verlede jaar ook die 0/16 finaal teen

Steinkopf Hoër met 24-12 gewen. Die vorige week het CH ook

die 0/19(B) finaal teen Dinsdag se teenstaanders, Garies Hoër,

met 19-3 gewen.

*Die finaal van die 0/19A vind ook op Mc Cloud Park,

Nababeep plaas tussen Concordia Sekondêr en Hoërskool

Namakwaland(HSN). Dit word op Dinsdag(21.08.120) gespeel

en ‗n groot skare word op by die veld verwag.

Concordia is die huidige houer van die trofee nadat hulle

verlede jaar naelskraap met 16-13 teen HSN op Nababeep

gewen het.Rustyd was HSN nog met 8-6 voor.

‗ n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die

oggend deur 'n harde geklop aan die deur. Die man staan op

en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die gietende

reën staan. Die ou dronkie sê hy het iemand nodig om hom te

help stoot. "Dit sal die dag wees, daar is nie 'n manier nie," sê

die man. "Dit is drie uur in die oggend." En hy slaan die deur

toe en gaan terug bed toe. "Wie was dit?" vra sy vrou.

"Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help

stoot." antwoord hy. "Het jy hom gehelp?" vra sy. "Nee, dit is

drie uur en dit sous daar buite!"

―Wel jy het 'n kort geheue," sê sy... "Onthou jy drie maande

terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons gehelp

het ? Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te

skaam." Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar

aan. Hy gaan uit in die gietende reën en roep uit, "Hallo, is jy

nog daar?" "Ja." kom die antwoord terug. "Het jy nog iemand

nodig om jou te stoot?" vra hy. "Ja, asseblief." Kom die

antwoord uit die donkerte.

"Waar is jy?" vra die man.

"Hier op die swing." antwoord die dronkie.

19

18 20

24

22

23

WERKGEWER – WERKNEMER – WETGEWING

KONSTRUKTIEWE ONTSLAG

25

Ek ontvang gereeld navrae rakende konstruktiewe ontslag. Dit is nodig dat werknemers

besef dat konstruktiewe ontslag sonder enige twyfel een van die moeilikste tipes van

ontslag is om te bewys. Die blote feit dat ʼn werknemer voel dat hy/sy onregverdig

behandel of ʼn onredelike opdrag gekry het om uit te voer, of voel dat hy/sy blootgestel is

aan onregverdige druk, regverdig nie noodwendig ʼn konstruktiewe ontslag nie. Bewyslas

rus op werknemer en is 'n objektiewe waarneming!

Definisie

Die begrip word gedefinieer in Item 186 (e) van die LRA ct en beteken dat die

werknemer 'n Werkskontrak met of sonder kennis be-eindig het omdat die werkgewer

volhoubare emplojering na bewering, onmoontlik/onuithoudbaar gemaak

Volgens die―Pretoria Society for the retarded v Loots‖ toets, wat onder die ou 1956

Wet, geformuleer was, maar steeds vandag toegepas word, moet die volgende senario

bestaan :- (a) The employee had no other motive for resigning, in other words the

employee would have continued the employment relationship indefinitely had it not been

for the EMPLOYERS unacceptable conduct (b) When an employee claims constructive

dismissal he/she is in fact stating that under the intolerable situation created by the

employer, he/she can no longer continue to work (c) It is for the employee to prove that

the employer was responsible for introducing the intolerable conditions, and for the

employee to prove that there was no other way in resolving the issue than to resign (d) it

is not for the Employer to prove that he did not introduce such intolerable

conditions, it is for the Employee to show that he did.

Hierdie toets was in verskeie onlangse sake benadruk bv.:-― Murray v Minister of defence

2006, Value logistics v Basson & Others 2010 and Chabeli v CCMA and others 2008

Konstruktiewe ontslag sal ten alle tye deur ons howe objektief en nie subjektief

beoordeel word, m.a.w. die individu se eie seining van feite word ondergeskik gestel

aan die algemene bestaande feite . In ―Coetzer v The Citizen Newspaper and Kruger v

CCMA‖- het die Arbeidshof weereens benadruk ― that constructive dismissal is to be

determined objectively and that resignation must be the last resort‖ Hierdie sienning

was gespiëelbeeld in ― Watt v Honeydew Dairies Ltd (CCMA)

Konstruktiewe ontslag word deesdae baie as verweer aangevoer wanneer persone wat

bedank het na die Departement van Arbeid gaan om van die

werkloosheidsversekeringsfonds te eis. Hulle vind dan gou uit dat vrywillige bedanking

nie kwalifiseer vir enige toelaes nie (net Werkgewer aksie laat Werkloosheids versekering

eise toe!)

Desperaat omdat daar soms begroot word vir die meevaller, besluit dan daar en dan dat

hy konstruktief ontslaan is en voer aan dat hy geen ander keuse gehad het as om te

bedank nie en die saak beland by die KVBA.

Die werknemer beweer dan dat omstandighede – subjektief gesien – weens

onregverdige volgehoue druk, onredelike instruksies, of as gevolg van die onuithoudbare

gedrag van die werkgewer hom/haar gedwing het om te bedank. Soos gedefinieer in

(Wille`s Principles of SA law (7 th ed pp 33) “Undue influence exists when one of

the parties is rendered incapable of making an independent judgment by the

conduct of the other”)

Werknemers moet in gedagte hou dat hulle die werkgewer bewus moet maak van die

omstandighede wat volgens hulle ondraaglik is. Realiteit is dat indien die werkgewer nie

van die probleme in kennis gestel word nie, hy moontlik nie eens daarvan bewus is nie.

Daar word dus verkeerdelik aanvaar dat die werknemer tevrede is met die

werksomstandighede en met niemand 'n onuithoudbare probleem het.

Wanneer werknemers voel dat hulle onregverdig behandel word of dat die werkgewer die

werksomstandighede ondraaglik maak, moet hulle voordat die bedanking oorweeg word,

eers die werkgewer op skrif daarvan in kennis stel deur gebruik te maak van die griewe

prosedure, daar moet ook ʼn vergadering met die bestuur skeduleer word ten einde hom

te verwittig van die situasie, m.a.w. ALLE interne dispuut kanale moet eers uitgeput

word, voordat werknemer bedank (ArbeidsHof vereiste)

Die volgende is voorbeelde van wanneer konstruktiewe ontslag heel moontlik

geregverdig of van toepassing kan wees, met die voorbehoud weereens dat alle interne

kanale eers uitgeput was!

ʼn outokratiese aanbod van minderwaardige werk en die dreigement dat die werkgewer

ontslaan sal word indien hy/sy nie aan die versoek voldoen nie;

In gevalle waar werknemers bedank omdat hulle nie onregverdige en onwettige

aftrekkings op hulle salarisse aanvaar nie;

ʼn onwettige/imorele instruksie deur toesighouers wat ly tot ʼn gedwonge bedanking;

Volgehoue Seksuele teistering in die werksplek.

Volgende maand –DV- hanteer ons – ―Ontslag a.g.v. Beserings of ongeskiktheid‖

Partye kan my gerus kontak by wagnbietjiefne@gmail.com met arbeids / werksplek georienteerde

vrae/probleme, dan behartig ons gemeenskaplike antwoorde in opvolgende

Kletze – Groetnis 25 – Francois

"Life is short. Drink the good wine first."

Experiencing Ibiza

the Martini Way…

When I got the news that I will be representing South

Africa in the Martini Royale Casting in Ibiza, I literally

jumped up and down like a little girl on Christmas

morning. I just knew it would be an experience I would

never forget, and it truly was. From the moment we

stepped off the plane we got the Royale treatment.

After a 15 hour commute to beautiful Ibiza, we met up

with the rest of the girls at our amazing Villa, where we

spend most of our days doing our daily challenges. The

production team sat us down to go over our schedule

for the coming days and just as we thought the night

was over, we were ask to step outside where each of

us received a pair Christian Louboutin, Martini robe

with our names embroidered on then and a gift card

from my wardrobe .com. Could it get any better? It

certainly did…

Day one in paradise was spent doing a bikini photo

shoot with all 28 girls and our photographer was none

other than Bryan Adams. It was an absolutely amazing

experience. Bryan, yes we on first name basis now,

was fun to work with and a very humble and

approachable man.

Sarah Curran, owner and founder of my-wardrobe.com

was our stylist on the photo shoot and truly one of the

most amazing women I have ever met. She has a true

passion for what she does and was there to support

each and every contestant.

After a long day of work, dinner was prepared by our

private chef and we ended the day off with a glass of

Martini Royale…

The next couple of days we had our remaining

challenges which consist of a runway challenge, where

you had to put together an outfit for certain scenarios,

an commercial shoot challenge, where you had to

create your own commercial that expresses your

personality and a photography challenge, where you

were given a word and had to express it through a

photograph taken by you. All these challenges were

fun, very interesting and were chosen in order for the

judges and the voters to get to know each contestant.

We also got the chance to meet and work with Yuri

Buzzi, the previous male winner of the Martini Royale

Casting and also one of our judges, on our commercial

shoot.

It was great hearing how the competition has changed

his life and the amazing experiences he has had so far.

Everything was done in style, down to the smallest of

details. The only way Martini knows how.

The Martini Royale way…

Voting starts on 4 Sept and runs for a month.

To vote first like the Martini page on Facebook(

https://www.facebook.com/Martini ) and click on 7 my

name, Dannalize Clarke, to make sure that I represent

South Africa in Milan, Italy for the Final in October.

Links:

https://www.facebook.com/Martini

http://www.elle.co.za/martini/

http://businessandleadership.com/marketing/item/3

6490-martini-chooses-28/

http://www.elle.co.za/local-beauties-ibiza-shakenstirred/

http://www.youtube.com/watch?v=j3DFHv5nJJk&lis

t=PLC599565B0BD43E40

http://www.youtube.com/watch?v=2JOUlDZDLa0&f

eature=share

25 23 2 24

25

20 29

5

25

26

Die hektare veldblomme wat hul ware kleure wys nadat die eerste reën in

Namakwaland geval het, verwelkom jou eers met ope arms as jy die teerpad

agterlaat, skryf Eric Thorburn.

Dit moet iets in die gousblomme se stuifmeel wees wat volwasse mans daartoe dryf om op

hul knieë rond te kruip en hul neuse amper in dié natuurlike sonwysers te steek.Hier is ek,

op my hurke in die Goegap-natuurreservaat naby Springbok, besig om die natuur se Lotto

te slaan in die middel van ‘n veld vol bont lenteblomme: As ek enigsins nader aan dié

stinkafrikaner gaan kom, gaan die manne in die groen uniforms my dalk van vandalisme

begin verdink.Hoe het ek hier beland? Wel, ek is hier omdat ek gehoor gegee het aan die

belangrikste van die drie blomkykreëls: bly van die teerpad af.

Mik noord

Beplanning aan die hand van die ander twee reëls – ry van noord na suid terwyl die son

skyn, en wag tot die middel van die oggend voor jy begin blomme soek – beteken dat ons

eers redelik laat uit Okiep weg is.

Die blomme maak net hul gesiggies oop as die son skyn. Sodra hulle oop is, volg hulle die

pad van die son en kyk altyd in die rigting van die strale. Dus is dit sinvol om van noord na

suid te ry om die blomme op hul mooiste te kan sien.

Dis hoekom dit ook raad-saam is om jou eerste blyplek heel in die noorde van die

blomstreek te bespreek. Jy kan kies of jy in Springbok, die ―hoofstad‖ van die streek, wil

bly, of in een van die dorpies in die omgewing, byvoorbeeld Okiep.

Dus, as jy in Namakwaland is, maak nes die Namakwa-landse blomme: ontspan en slaap

‘n bietjie laat. Omdat die blomme soos staatsamptenare met ‘n effense babelas is – hulle

begin eers tienuur werk en maak rondom vieruur klaar − kan jy rustig ontbyt eet en in die

dorp rondstap voor jy verder ry.

Omdat die blomme in die hitte van die son floreer, is hulle eers teen die middel van die

oggend heeltemal oop. Teen die tyd dat hulle gereed maak vir die aand (kort ná 4 nm.), is

dit ‘n goeie tyd om die laatmiddaglig en veranderende skakerings van pers teen die

berghange vas te vang. (Wegry

NAMAQUA NATIONAL PARK

We are proud to announce that the Namakwa region is in bloom.

The spring flowers is out in various colours like the orange daisies, yellow piet snot and

white daisies. Our rainfall figures had also improved over the past weeks and we have

defnatly more flowers to

show tourists coming from all over South-Africa and even from abroad.

Flower routes can be explored in towns like Springbok, Nababeep, Okiep, Concordia,

Kamieskroon, Kharkams, Garies, on the road between Kleinzee and Port Nolloth,

Niewoudtville and Calvinia. Our Namakwa National Park near Kamieskroon and the

Goegap Nature Reserve near Springbok are also in bloom.

The game of life is like

the game of

boomerangs, deeds

and words return to us

sooner or later with

astounding accuracy.

26

15km buite Kleinzee

On suite / Hutte /

Piet Schoeman op die plaas Steenvlei, in die

Sandveld. Hier sit hy by `n rooijakkals.

Boere het groot probleme met ongediertes, veral

wanneer boerderye op buurplase gestaak word,

want dormante plase skep ideale broeiplekke.

Vanaf Oktober beskikbaar in die Sandveld.

Bestel vroegtydig.

Vir meer besonderhede,

skakel Izak Jonker: 0827667946

MOERE HELP NIE

Op RSG radio sê hulle op een van die oggendprogramme

- om te verhoed dat jy in die nag

krampe kry, moet jy aartapelmoere in jou bed

sit. Dit sal help, dat jy nie weer krampe kry nie

en lekker slaap. 'n Ou tannie bel in en sê:‖ Daai

raad help nie. Sy slaap al dertig jaar met 'n ou

moer in die bed en sy kry nogsteeds krampe.‖

Wat is die duie in die frase ―in duie stort‖?

Die ―duie‖ waarvan hier sprake is, is die

segmente van ‗n houtvaatjie wat deur hoepels

in posisie gehou word. As die hoepels losraak,

val die duie uitmekaar.

26

HOËRSKOOL NAMAKWALAND,

SPRINGBOK - EUROPATOER

27

– 25 JUNIE TOT 14 JULIE 2012 (8 Lande)

Vir die eerste keer in ons skool se geskiedenis, toer ons as ‗n skool na

Europa. Alhoewel daar al vroeër jare van ons kinders oorsee was, is

die die eerste keer dat so ‗n groot groep van die skool gaan.

19 Kinders in Grade 11 & 12 asook Juf. Betsie Stone en ekself. Ons

besoek 8 lande en baie stede nl. :

Parys en Versailles (Frankryk)

Reis oor Duitsland na Tsjeggië

Praag en Cesky Krumlof (Tsjeggië)

Wene (Oostenryk)

Budapest (Hongarye)

Ljubljana (Slovenië)

Venesië, Rome, Sienna, Florance en Pisa (Italië)

Luzern en Geneve (Switzerland)

Het begin in Parys. (Eiffel Toring, Arc De Triomf, Notre Dame, Champ

Eleyses, Louvre Meuseum met Mona Lize en Euro Disney)

Amper ‗n hartaanval gekry toe ek voor die Eiffeltoring staan – nie

gedink dit sal ooit gebeur nie. Die treine in Parys is ‗n nagmerrie, moet

verwoed klou aan jou besittings en inprop of agterbly (soos wat ‗n keer

toe gebeur het).

Praag in Tsjeggie. (Sint Vitus Katedraal, Praag Kasteel, Astronomiese

klok, Tynn Kerk en Powder Toring) Wat ‗n pragtige stad en jy moet ‗n

―puppet show‖ gaan kyk. Tradisioneel van hierdie fantastiese stad.

Wene in Oostenryk (Charles Brug, Stefansdom Kerk, Kartnerstrasse,

Hoffburg Paleis, Ringstrasse, Schonnburn Paleis) Musiekstad van die

wêreld - ai ek wil teruggaan – het ‗n musiek/ballet en opera-uitvoering

gaan kyk in die kasteel en saal waar Mozart sy eerste uitvoering gegee

het.

Budapest, Hongarye (Parlementsgebou, Fishermanns Bastion,

Matthias Kerk, Aandrit op Danau rivier) Alle geboue was verlig in die

aand, pragtig, net baie warm – 43°C.

Ljubljana, Slovenië (Middestad, Saterdagmark met bitter baie

stalletjies)

Ek dink ek het my hart daar gelos – pratige studentedorp en so skoon

en netjies.

Venesië, Italië (St Marks Square, Basilica, Kloktoring, Doges Paleis,

Rialto Brug, Gondelrit) Natuurlik het ons gondel gery, net jammer my

man was nie by nie (regtig romanties). Die lekkerste lasagne daar

geëet.

Sienna, Italië – ongelooflik mooi, ou dorp - en die Tuscany streek is

prentjiemooi.

Pisa, Italië (Tower of Pisa) Weer kry ek ampter ‗n hartaanval toe ek

voor hierdie skewe toring staan – was nog altyd ‗n droom om dit te sien.

Rome, Italië (Coloseum, Vatikaan museum, Sistine Chapel, St. Peters

Kerk, Trevi fontein, Novona Fontein, Spanish Steps en Piazza Popolo)

Sjoe, wat ‗n belewenis om Vatikaan museum en Colesseum te besoek

en al die pragtige fonteine.

Florance, Italië (Duomo, Baptistery, Ponto Veccdhio brug, Dawidbeeld

en buite markte)

Dawid beeld en leerwerke by markte net te mooi vir woorde.

Luzern, Switzerland (Kabelkar op na Mount Titilis, Kapelbrucke en

Leeumonument)

Sjoe, ek sal graag net hierdie land wil toer – natuur is pragtig, groen en

plekke is so skoon en netjies.

Europa is ongelooflik duur, maar as jy die geleentheid kry om te gaan,

besoek het bekende plekke maar maak ook tyd vir die minder bekende.

Dit is waar die skoonheid gewoonlik lê.

Ek is al reeds besig om te werk aan ons volgende skooltoer in Junie

2014 en weet dat dit vir die volgende toer net so opwindend sal wees

as hierdie eerste groep. Ons het hier en daar so bietjie probleme met

27

toerreëlings ondervind, maar onthou – die buitelanders dink nie soos

ons nie en hoe sê die spreekwoord ―As jy in Rome is maak jy soos die

Romeine.” (Suzette van Jaarsveld-regs bo)

28

27

27

27

28

Earthbag building

solutions

Hondeklipbaai will be in the history books as the first

town in the world to have two EarthbagBuild Homes.

Which is now recognised internationaly by the

CommonPitch and Design Indaba and an icon of

eccelarated social change.

EarthKaya is dedicated in providing low cost, low

impact, earth bag building solutions in South Africa.

Less time, less impact, less cost.

In a world where organic agriculture is more

expensive than traditional crops, solar panels are

often costly to install and electric cars are

inconvenient to run, many people may be reluctant to

‗go green‘ at home. However, imagine a process of

home building that is more economical than

traditional methods, equally as sound structurally,

well-insulated, sound-absorbent, releases less CO2

emissions than brick homes and reduces the carbon

footprint by 70%.EarthKaya does just that by creating

structures using locally produced earthbags which

are coated with small amounts of cement or with an

environmentally-friendly plaster such as adobe or

special lime after building.Earthbag homes are

resistant to wind, sun and water vapour, remain cool

in summer and warm in winter, are non-corrosive and

rot-free, meaning no pesky termite problems.

Contact: http://www.facebook.com/sandsakhuis

http://www.earthkaya.co.za/

adverteer in

Namakwa

Kletz?

houthoop@telkomsa.net

“The man who stops advertising

to save money, is like the man

who stops the clock to save time.”

"Problems in relationship occur

28

because each person is

concentrating on what is missing in

the other person."

We are hosting a social event second to none!

500-600 guests will be entertained with a five course

meal under the stars in Namaqualand.

The venue?

None other than Springbok‘s main road -

‗Voortrekkerstreet‘!

With our guests in formal attire, it will be an event to

look forward to and one that will not be forgotten soon.

The purpose of the event is to raise funds for children in

our community, where the need is great.

Ps.: More info on this event will be posted soon.

Kindly contact me for further details should you or your

organisation/company would like contribute/participate,

or donate to the event.

29

0829096609

19

23

21

19

Basaars; Trek Nissan Sringbok; OK Okiep; Radio Nfm Kantore; Absa Bank; Port Nolloth

Apteek.

27

25 17 20 22

Kom aan boord, wees deel van die optog en dra iets blou om U ondersteuning te 28 28

toon.

24 28

12

Springbok

Skenkings van toiletware soos

seep, tandepasta, skeermesse,

spray en roll on, room, poeier,

toiletpapier en sjampoe is baie

welkom.

Oorskiet wol en lappies is altyd

in aanvraag.

Ons bejaardes woeker vir ons

basaar in November.

Hulle brei en maak pragtige

laslappiekomberse.

Onthou om u naam

vroegtydig op ons waglys te

kry.

Mens moet vooruit dink omdat

iemand wat reeds op die waglys

is, voorkeur kry wanneer

iemand baie skielik of dringend

toegelaat moet word. U besluit

nog steeds wanneer u gereed is

om in te kom. Kontak ons gerus

vir meer inligting.

027 7122451

'N IETSIE

OP DIE KOLE:

Jan Scannell, beter

bekend as Jan Braai,

het ‘n bees of die

ekwivalent daarvan in

rooivleis aan Suid-Afrika se

gouemedalje-wenners

belowe. Cameron van der

Burgh, een van die

medaljewenners, het hom

uitgedaag om die vleis te

skenk om vir minder

bevoorregte kinders te braai.

(Foto24)

KOM AAN BOORD met Loslitdag 2012

Namakwaland se kommisie van die verkoop van plakkers gaan van hierdie jaar en

toekomstige Loslitdagprojekte in Namakwaland, teruggehou word om ook toe te sien, dat

hier 'n verskil gemaak kan word vir ons persone met gestremdhede en tehuise van die

aard.

Die boodskap vir 2012 word deur ‘n skeeps- en boottema geïnspireer en is ―Kom aan

boord‖. Hierdie jaar se projek vind op Vrydag 7 September 2012 plaas.

Die publiek word aangemoedig om soos ‘n kaptein, matroos of seerower aan te trek en

deur die plakker te dra wys dit jou verbintenis dat jy wel aan boord is met Loslitdag.

'n Optog ter bewusmaking word gehou op 7 Sept 2012 vanaf Titbits parkeerarea : 9h00

vir vertrek, tot by Trek Nissan vulstasie. Instansies, besighede, organisasies en die breë

Publiek, asook soveel as moontlik persone met gestremdhede, word uitgenooi om deel te

neem aan hierdie bewusmakings optog.

Die publiek word aangemoedig om soos ‘n kaptein, matroos, of seerower aan te trek en

die R10 plakker te dra.

Plakkers is beskikbaar @ R10.00 by: Spar Springbok; Framer Studios; Springbok

13

Classifieds / Klein Advertensies

29

“Caffe Bella”

Springbok

Snuisterye / geskenke

Lekker eetgoedjies.

Koffie / tee

Bederf jouself...of ander,

met `n geskenkbewys.

Eiendomme

June Klasse

0793568531

Madelein

Skilderklasse

083636137

7

Corné en

Desmond se

band-

vir musiek

Saterdagaand!

29

Eiendomme

Springbok

Elzette du Toit

027 712 3168 /

082 884 3377

www.namaquawines.com

Gerhard:

0837089337

Gelukpakkies! Dankie!

Sakpas kos :

vetkoeke, pannekoeke,

hotdogs, burgers, soetighede.

Om te bestel/ weekliks vir

funksies 0829096609

Up & Going Event

Springbok

Funksies / dekor ,

blomme

0277182438 /

0828076468

Barit Mining

Supplies (Pty) Ltd

AGGENEYS

054 983 2021

Vir professionele foto`s

vir enige geleentheid,

samestelling van

advertensiebladsye en

brosjures, skakel

0826772115

vir `n kwotasie, wat jou sak sal

pas.

29 31

29

Wow!

30

027 712 1141

info@kleinplasie.com

www.kleinplasie.com

30

NAMAQUA GARAGE (PTY) LTD

DERICK LOCHNER

Sales Executive

Since: 1949

(027) 2191033

Cell: 083 633 0600

derick@namaquagarage.co.za

Dankie vir

u steun!

Wen `n 32 cm

Plasma Skerm Hi

Sense TV @

R4500.00

t.b.v. rolstoelopritte

in Springbok

R10.00 / inskrywing

0832362152

Namakwaland

& Photo First

Hanlie Thiart Spyseniers

Dankie vir spesiale

kwotasie vir welsynsete !

Klipwerf

Boerdery

groente

Kappie se

band

Dankie

vir afslag!

Marietjie

Deminey

0784607733

0277121142

Dankie Corlia & Amanda vir die notas op

die tafels.

Karstens

Boerdery

Mostert

Begrafnisdienste

Springbok

Frank Petersen

Registered Financial Planner

Royal Financial Specialists

: 021 591 6226 Cell: 082 351 0740

Email: frank.petersen@royalfs.co.za

Bestellings

Oom

Ysterman

DVD:

Bêrendjie

0784721944

Volgende uitgawe foto`s en beriggewing

Namakwaland Oogkundiges -Springbok

Lekkerbek Resepte

Creamy Lemon 31 Bars

Vir bydraes:houthoop@telkomsa.net

Ek wil hierdie resep deel. Vreeslik lekker

en 'n goeie verduideliking vir 'n ekstra kilo

of twee om die heupe:

Makes 36 (yeah right!)

Onderlaag

halwe koppie versiersuiker

1.5 koppie koekmeel

knippie sout

driekwart koppie botter, blokkies gesny

Vir die topping:

4 eiers

1.5 koppie suiker

gerasperde suurlemoenskil van een

suurlemoen

½ koppie vars suurlemoensap

¾ koppie geklopte room

versiersuiker vir oorstrooi (dusting)

Metode

Verhit oond to 160 grade C. Sif

versiersuiker, meel en sout in 'n bak saam.

Vryf botter in. Druk mengsel vas op boom

van 33x23cm gesmeerde oondbak. Bak vir

omtrent 20 min en tot goudbruin.

Intussen, maak die bolaag aan.Klop die

eiers en suiker in 'n bak tot goed gemeng.

Voeg die suurlemoenskil en

suurlemoensap by. Vou geklopte room

liggies by die eiermengsel in. Gooi die

mengsel oor die gaar onderlaag en sit

terug in die oond. Bak vir omtrent 40 min

tot geset. Laat heeltemal afkoel in die

oondbak en sit op 'n draadrak voor dit in

skywe gesny word. Sprinkel met

versiersuiker. (René Mouton

Laan)

Japtrap Souttert

Bestanddele

250g spek

250g blokkies ham

640 g weense worsies

500g gerasperde kaas

2 eetlepels gekapte pietersielie

6 eetlepels meelblom

6 teelepels mostert

sout en peper na gelang

2 koppies melk

2 eiers

Metode:

Snipper kouevleis, spek en worsies. Voeg

kaas en pietersielie by. Meng meel en

mostert en gooi klein bietjie van jou melk

by sodat dit ‗n pasta maak. Gooi dan res

van die melk by. Sout en peper na gelang.

Klits die eiers en voeg by melkmengsel.

Meng met die res van die bestanddele.

Bak vir 30 minute teen 180°C.

Daar is geen wraak so

soet as vergifnis nie.

31

Hatched, matched and dispatched /

Geboortes, huwelike en sterfgevalle

Alwyn (15 jaar uit die skool), Nadia (10-jaar reünie en

Floris (20-jaar reünie) by Boishaai in die Paarl se

jaarlikse rugby kragmeting teen Gimnasium. Eva en

Floors Brand (vroeër Kleinzee) se kroos.

Oumagrootjie. Amy de Vries,

Springbok

Karli se doop: Jako en

Annelie Meyer, met ouma

Santa en oupa Vic Plaisier

Deon Erasmus

Geluk!

18/09/2012

Pieter

Wepener

Lekker

verjaar!

07/09/2012

Vir bydraes in die Namakwa Kletz

epos:houthoop@telkomsa.net / Veronica van Dyk 0832362152

Teresa & Kalla

van den Heever

– Springbok.

Baie geluk met

jou verjaarsdag

op die 12/08,

Teresa!

Oom Arno van Zyl, Dusty Dixon (heelbo) en

Johan Swanepoel van Tauren Restaurant.

Dusty het op 30/08/2012 in Tauren opgetree.

(Foto`s -Corlia Deminey)

Marietjie Deminey- (Springbok) ►

Baie geluk met verjaarsdag op

2/09/2012

Baie geluk

Alma Brand

Cartsens met

nog `n roman wat

die lig gesien het.

Sy het aan

Hoërskool

Springbok

matrikuleer.

*Such a wonderful issue. – To the point, topical and so

interesting. AND I just love the jokes – where on earth do

you find them?

*Each issue improves on the last one. You are setting such a

high standard!!! Love the article on Wallekraal. -Janet

Coleshill

*Baie dankie vir die lekker leesstof.- James Mapanka

31

32

Juniemaand was ons bevoorreg om dierbare vriende uit Springbok

met hulle kinders by ons aan huis in Apeldoorn te ontvang. Na al

die maande se beplan was dit een groot vreugde om hulle te

omhels op Schiphol Lughawe in Amsterdam en welkom te heet in

ons land. By die huis gekom is die tasse uitgepak en het ons in

totale verbasing gekyk na al die mooi en oulike goedjies wat

saamgebring is. Alles uit Suid-Afrika, met liefde vir ons bedoel. So

het ‘n heerlike vakansie begin, waarvan ek julle oor die komende

tyd meer van sal vertel. As mense kom kuier wil ons die meeste

van die aantal dae maak en sorg dat hul soveel as moontlik sien.

Vroeg die volgende oggend het ons reis begin. Marcel het die

stokke van die kar gevat, volgelaai met padkos en wat nog meer,

en ons het vertrek uit Apeldoorn rigting Maastricht na België rigting

die Champagne streek in Frankryk. Frankryk is alom bekend vir sy

heerlike wyne en ons moes darem die vrugte van die champagne

gaan proe het. Die grootste deel van ons reis het ons gery op die

snelweë waarvan ook ‘n deel ‘n tolpad was in Frankryk. Ons het

eers gery na 'n stad in die Champagne streek genaamd Reims.

Daar het ons die Katedraal van Reims besigtig. Dis een van die

belangrikste katedrale in Frankryk. Die koning van Frankryk is in

die verlede hier gekroon en die army gelei deur Joan of Arc het

ook Reims teruggewen in een veldslag.

Vanaf Reims het ons gery deur die wingerde na Epernay. Die

wingerde bestaan uit die Pinot Noir, Pinot Meunier en Chardonnay

druiwe wat gebruik word vir die maak van champagne. Epernay

word ook geag die hoofstad van die champagne streek. In Epernay

is "l‘avenue de Champagne". Op die straat is baie van die bekende

champagne huise, onder andere Moët et Chandon, Merciere en

Laurent-Perrier. Die huise is groot en imposant om by die

besoekers die indruk te skep van vroeer tye, veral vir die Franse

Koningshuis. Orals onder die paaie is tonnels waar die champagne

bottels opgeberg word en waar die champagne geryp word. Die

temparatuur in die tonnels word konstant gehou op 10 grade

celsius en daar is ‘n hoë lugvogtigheid.

Ons het die champagne huis van die bekende Moët en Chandon

besoek. Dit het in 1743 tot stand gekom en is die huis van die

wêreld se grootste champagne makers. Ons is op 'n begeleide toer

geneem deur die lang gange, waar derduisende bottels

champagne gestoor word. Ons het geleer dat die woord

champagne slegs gebruik mag word vir champagne wat gemaak

word in die champagne streek en van druiwe wat daarvandaan

kom. Dis waarom ons in Suid-Afrika praat van vonkelwyn. Verder

was dit interessant, of dalk ironies, dat Napoleon elke keer voor hy

begin het met ‘n veldslag eers by Moët ‘n ietsie gaan vat het. Die

een keer wat hy nie by Moët gestop het nie was voor die veldslag

by Waterloo. Almal weet die uiteinde daarvan. Ons het ook geleer

dat Dom Perignon die top champagne van Moët is. Die

champagne word nie elke jaar gemaak nie, slegs wanneer die

druiwe van die spesifieke jaar van hoogstaande gehalte is. Dom

Perignon is vernoem na ‘n monnik wat baie beteken het tydens die

ontwikkeling van champagne. 'n Bottel Dom Perignon is nog

duurder as 'n gewone bottel champagne, wat alreeds baie duur is.

Die lekkerste was om na die toer die produk te leer ken. Elkeen het

‘n glasie champagne gekry. Ek het dadelik gedink aan die man wat

na 'n sluk champagne vir my gese het: ―kom proe vinnig, ek drink

die sterre‖.

Na 'n heerlike dag in die champagne streek het ons die pad gevat,

deur die wingerde, rigting Disneyland Parys. Meer hieroor ‘n

volgende keer.

32

Marna van Zyl

23 26

27

31

27

27

32

Marna van Zyl is die dogter van welbekende prokureur / skrywer / vermaaklikheidspersoonlikheid, Arno van Zyl en sy vrou, Marietjie. Marna woon in

Apeldoorn, Nederland en skryf maandeliks `n rubriek oor haar wedervaringe in die vreemde.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!