Finaal Geskiedenis Vraestel 1 Ad... - sacai
Finaal Geskiedenis Vraestel 1 Ad... - sacai
Finaal Geskiedenis Vraestel 1 Ad... - sacai
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

VRAAG 1: HOEKOM WAS DIE KUBAANSE MISSIELE KRISIS SO `N

BELANGRIKE VRAAGSTUK TYDENS DIE KOUE OORLOG?

BRON 1A: Hierdie bron verduidelik hoe die VSA uitgevind het van die Sowjet

missiele in Kuba en verduidelik pres. J F Kennedy se reaksie op die ontdekking van

die missiele in Kuba.

In Oktober 1962 het die Amerikaanse spioenasie vliegtuig wat op `n geheime

sending oor die eiland Kuba was, `n missiel lanseringsterrein wat deur die Sowjet

Unie gebou word, afgeneem.

President Kennedy wou nie dat die Sowjet Unie en Kuba uitvind dat hy weet van die

missiel basis nie. Hy het in die geheim met sy advisears ontmoet en vir `n paar dae

die saak bespreek.

Na `n klomp moeilike en uitgerekte vergaderings, het Kennedy besluit om `n

blokkade van skepe rondom Kuba te vorm. Die doel van hierdie „kwarntyn‟ soos hy

dit genoem het, was om te verhoed dat die Sowjet Unie nog meer militêrere

voorrade en toerusting kan inbring.

Hy het daarop aangedring dat die missiele wat reeds in Kuba was, onttrek moes

word en dat die missiele terreine vernietig moet word.

Op 22 Oktober het president Kennedy in `n televisie uitsending die nasie ingelig oor

die krisis in Kuba.

Hierdie is geneem uit jfklibrary.org op (8/04/2012)

BRON 1B

Hierdie Bron verduidelik hoe pres. J F Kennedy Moskou gewaarsku het dat enige

lansering van kernmissiele van Kuba af, `n kernaanval sal veroorsaak.

Mnr. Kennedy het voortgegaan om Moskou te waarsku dat enige lansering van

kernmissiele van Kuba teen enige nasie in die Westelike Halfrond [ helfte van die

aarde] sal beskou word as `n Russiese aanval op die Verenigde State van Amerika

en sou Amerikaanse kern weerwraak teen die Sowjet Unie veroorsaak.

Geneem uit The Twentieth Century World deur W.R.Keynor (30/04/2012)

BRON 1C

Dit is `n vertaling van `n brief waarin Khrushchev president Kennedy beantwoord

nadat Khrushchev `n brief van president Kennedy ontvang het. Die gesprek handel

oor die Kubaanse Missiele Krisis.

Mnr, die President, u is nie besig om `n kwartyn te verklaar nie, maar u is eerder

besig om `n ultimatum uit te reik en u dreig ons verder dat as ons nie aan u bevele

gehoor gee nie, u mag sal gebruik! Dink oor wat u sê! Dan wil u nog hê dat ek

hiertoe instem.

Wat beteken dit om in te stem tot u bevele? Dit sal beteken dat ons, ons verhouding

met ander lande, nie op grond van rede kan bou nie, maar dat ons moet toegee aan

tirannie. U stel nie belang in rede nie, u wil ons intimideer.

Geneem van www.loc.gov.relevations van die Russiese argiewe.(8/04/2012)

1
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

VRAAG 2: HOEKOM HET JULIUS NYERERE DIE BELEID VAN UJAMAA

INGESTEL?

BRON 2A

Hierdie bron beklemtoon sosialisme en selfstandigheid in Tanzanië onder Julius

Nyerere se leierskap.

Nyerer se visie van `n toekomstige Tanzanië was die van `n vooruitstrewende,

selfstandige en klaslose samelewing. Hy het dit „Afrika-sosialisme‟

genoem...Sosialisme in Tanzanië moes op plaaslike hulpbronne eerder as op

ingevoerde, hoëtegnologie-industrialisasie gebaseer wees. Die land se grootste

banke en kapitalistiese maatskappye in buitelandse besit sou genasionaliseer word,

dit wil sê, deur die staat oorgeneem word in belang van die mense. `n Kode vir leiers

het politieke leiers verbied om private rykdom te vergader. Die hoofklem van die

regering was op landelike ontwikkeling wat tot selfstandigheid sou lei.

Nyerere het die bymekaarbring va Tanzanië se klomp klein, afgeleë landelike

nedersettings in grote, meer doeltreffende dorpies voorgestel. Dit sou dit vir die

regering makliker maak om beter paaie en landelike markte, gekombineer met

landbouadvies en verbeterde tegnologie, te verskaf. Beter water, gesondheid- en

onderwysfasiliteite kon ook meer effektief aan groter, gesentraliseerde dorpies

verskaf word. Die beleid het as „ujamaa‟ bekend gestaan. `n Belangrike aspek van

„ujamaa‟ was die bevordering van die „Afrika-sosialistiese‟ beginsels van kollektiewe

arbeid tot die voordeel van die gemeenskap. Nyerere het geglo dat as dit op die

groter dorpies toegepas sou word, dit landbouproduktiwiteit sou verhoog, wat

kollektief- bewerkte landerye in staat sou stel om oorskot vir verkoop aan dorpe of vir

uitvoer te produseer.

Geneem uit History of Africa deur K Shillington.

BRON 2B

Die bronne hieronder bestaan uit standpunte oor hoe Nyerere sy beleid

geïmplementeer het.

Standpunt 1: Sylvain Urfer, `n Franse skrywer, verduidelik hoe ujamaa

geïmplementeer is.

Tussen Augustus en November 1974 was dit asof `n getygolf oor die land gespoel

het, met miljoene mense wat op diktatoriale wyse, soms oornag, na onherbergsame

landstreke verskuif is wat hulle veronderstel was om in dorpies en landerye te

verander. In baie plekke is die weermag ingeroep om iemand wat huiwerig (nie

gewillig) was nie, gehoorsaam te maak en om hulle manu militari ( met gebruik van

militêre wapens) te verskuif. In Oktober het dit gelyk asof die land uit een of ander

nasionale ramp verrys, met hutte gemaak van takke en blare (struikgewasse) wat in

onnet rye langs die paaie gestaan het.

2
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

Standpunt 2: Martin Meredith gee sy opinie oor die uitkoms van die

hervestiging van mense in nuwe dorpe (‘villisation’) (groepslewenswyse/

plaasprogram).

Die ontwrigting wat deur die program van hervestiging van mense in nuwe dorpe

(„villagisation‟) veroorsaak is, het byna tot „n nasionale katastrofe (ramp) gelei.

Voedselproduksie het drasties afgeneem wat die skrikbeeld van hongersnood

opgeroep het ... Die tekort is deur voedselinvoere opgemaak, maar die land se

buitelandse valuta-reserwes was gou uitgeput. In 1975 moes die regering deur

subsidies, lenings en spesiale fasiliteite, wat met behulp van die Internasionale

Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreld gereël is, en deur meer as 200 000 ton

voedselhulp, gered word. In plaas daarvan dat Tanzanië meer selfonderhoudend

geword het en sy afhanklikheid van die internasionale markekonomie verklein het,

het Nyerere se ujamaa-program dit van buitelandse aalmoese afhanklik gemaak.

Beide hierdie standpunte is uit The State of Africa deur M Meredith geneem.

3
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERREGTE BEWEGING GELYKHEID IN DIE VSA

IN DIE 1960’s BEREIK?

BRON 3A

Die volgende bron kom uit African-American Civil Rights Movement(1955-1968) en

beskryf hoe die verset georganiseer is.

Die Amerikaanse Burgerregte beweging (1955-1968) verwys na

hervormingsbewegings in die Verenigde State met die doel om rassediskriminasie

teeen Afro-Amerikaners op te hef en om weer stemreg in die suidelike state in te

stel. Teen 1966 het die Swartmagbeweging ontstaaan, wat ongeveer vanaf 1966 tot

1975 bestaan het en die doelwitte van die Burgerregte beweging vergroot het deur

rassewaardigheid, ekonomiese- en politieke selfvoorsiening en vryheid van

onderdrukking deur blankes in te sluit.

Baie van die wat baie aktief aan die Burgerregte beweging deelgeneem het en in

organisasies soos SNCC, CORE en SCLC gedien het, het verkies om die term

“Southern Freedom Movement” (Suidelike Vryheidsbeweging) te gebruik omdat die

stryd oor veel meer as net burgerregte onder die wet gegaan het. Dit het ook oor

fundamentele kwessies soos vryheid, respek, waardigheid en ekonomiese en

maatskaplike gelykheid gegaan.

Geneem uit die webtuiste http://wikipedia.org/wiki/African American.

BRON 3B

Die volgende bron verwys na die Burgerregte beweging en die prosesse wat gevolg

is om burgerlike verset te toon.

Bekende strategieë wat voor die Burgerregtebeweging van 1955 tot 1968 gebruik is

om diskriminasie teen Afro-Amerikaners af te skaf, het aanvanklik litigasie en

stemwerwery ingesluit wat deur bekende organisasies soos die NAACP gebruik is.

Hierdie pogings was die werk van die Amerikaanse Burgerregtebeweging van 1896

tot 1954. Teen 1955 het private burgers egter gefrustreerd geraak met die stadige

pogings van federale en staatsregerings om desegregasie te implementeer en die

„massiewe weerstand’ van voorstaanders van rassesegregasie en

stemregonderdrukking.

Hierdie burgers het uitdagend `n gekombineerde strategie van direkte optrede met

geweldlose verset aangeneem, wat as burgerlike ongehoorsaamheid bekend

gestaan het. Die dade van burgerlike ongehoorsaamheid het tot krisissituasies

tussen die deelnemers en regeringsowerhede gelei. Federale- , staats- , en plaaslike

owerhede moes dikwels onmiddelik optree om die krisissituasies te ontlont en het

soms ten gunste van die deelnemers besluit. Sommige van die verskillende vorme

van burgerlike ongehoorsaamheid, het suksesvolle boikotte ingesluit soos die

Montgomery- busboikot, (1955-1956) in Alabama, sitbetogings soos die invloedryke

„Greensboro‟ sitbetogings in Noord-Carolina (1960) en massa-optogte soos die

4
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

Selma-na-Montgomery optogte in Alabama (1965). Bekende oorwinnings vir die

Burgerregtebeweging in hierdie gebied het die volgende ingesluit.:

Die regsoorwinning in die Brown v. Raad van Onderwys-saak wat die regsartikel

“afsonderlik, maar gelyk” ongeldig verklaar het en beslis het dat segregasie onwettig

was; die aanneming van die Wet op Burgerregte van 1964 wat diskriminasie in die

werksplek en in openbare blyplek verban het; die aanneming van die Wet op

stemreg van 1965 wat stemregherstel het; die aanneming van die Wet op

Burgerregte van 1968 wat diskriminasie by die verkoop of huur van behuising verban

het.

Geneem uit die webtuiste http://en.wikipedia.org.wiki/Civil Rights.

BRON 3C

Die foto hieronder toon die optog na Washington gedenkteken in 1963. Die fotograaf

is onbekend.

Die foto kom uit Free at last: A History of the Civil Rights Movement and those who

died in the Struggle, S. Bullard.

5
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWART BEWUSSYNSBEWEGING

VERANDERING IN SUID-AFRKA IN DIE 1970’s TEWEEG GEBRING?

BRON 4A

Die volgende uittreksel kom uit `n stelling deur Steve Biko uit BIKO, deur Donald

Woods (1987)

...wat ook al jy tot nou toe gedoen het, het jy probeer om die wit mense na te aap. Jy

het jou waardes verloor. Jy is ontwortel. Gaan nou terug na jou oorsprong en van

daar af kan jy as `n man uit eie reg ontwikkel. Swart Bewussyn ontwikkel in `n swart

solidariteit en swart mag.

Geneem van Biko deur Donald Woods (1987)

BRON 4B

Die bron hieronder verwys na die Swartbewussynbeweging (SBB).

Swart Bewussyn het die hele blanke magstruktuur in Suid-Afrika uitgedaag omdat dit

alternatiewe strukture voorsien het. Biko het gesê dat swart mense nooit hulle

vryheid sou wen voordat hulle en hulle gemeenskappe selfvertroue ontwikkel het nie.

En om hulle vertroue te herwin, moet hulle hulle self van blanke afhanklikheid

losmaak. Biko het saam met vriende Swart gemeenskapsprogramme begin, waar

swart mense mekaar sonder blanke bystand gehelp het. Die Swart

bewussynsbeweging het `n verskeidenheid programme gebruik om die massas te

bereik: klinieke, creches en opleiding in geletterdheid. Alhoewel die beweging

suksesvol was om omvattende plaaslike komitees op die been te bring om

weerstand te organiseer, is die Swart bewussynsbeweging egter self uitgewis deur

sekuriteitsoptrede teen sy leiers en maatskaplike programme. Teen 1976 is 123

sleutellede verban en beperk tot verafgeleë landelike distrikte. Teen 1977 was alle

SBB-verwante organisasies verban, baie van sy leiers in hegtenis geneem en hulle

maatskaplike programme ontbind.

Geneem uit We Write What We Like , deur Chris van Wyk.

6
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

BRON 4C

Die spotprent hieronder deur Zapiro, bring hulde aan Steve Biko- 25 jaar later.

Gepubliseer in Sowetan op 12 September 2002.

7
Geskiedenis Vr 1 2012 Kopiereg Voorbehou

ERKENNING

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Bronne is gebruik uit die Departement van Basiese Opvoeding November 2009

Vraestel 1.

Bullard,S.2000. Free at last: A History of the Civil Rights Movement and Those Who

Died in the Struggle (Oxford; Heinemann)

Internet: http://www.loc.gov.revelations

Internet: http://www.jfklibrary.org

Internet: http//Wikipedia.org/wiki/African American

Internet: http://www.en.wikipedia.org/wiki/Civil rights

Keynor,W.R. The Twentieth Century World

Meredith,M. 2005. State of Africa: History of Fifty Years of Independence(London;J

Ball)

Shillington, K.2005. History of Africa (Amazon)

Van Wyk, C. 2000. We Write What We Like (Oxford; Oxford University Press)

Woods,D. 2001. Nelson Mandela: The Illustrated Long Walk to Freedom (Little

Brown)

Zapiro cartoon pays tribute to Steve Biko, published in The Sowetan on 12

September 2002.

8