02.05.2013 Views

GRONDBEWERKING - AFGRI

GRONDBEWERKING - AFGRI

GRONDBEWERKING - AFGRI

SHOW MORE
SHOW LESS

Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!

Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.

Mei/Junie 2005 Vol 49 No 3 RSA R15.24 (BTW ing)

GRONDBEWERKING

Boere gelukkig met

Santa Gertrudis

GRONDHERVORMING

Mielies: ‘n Oorhoofse kyk

AFGRI Saad – Wat jy

kry is soveel meer

WAARBY INGELYF:

OTKaner LK Nuus Natalagri Nuus/News AFGRI Trader

A new meaning

to tough

4

KORTLIKS

Bl 16

Bl 32

AFGRI LOGISTIEK

VERBREED DIENSTE

AFGRI Logistiek

gaan in 2005 sy

aanbod aan die

landbou vergroot

deur sy dienste in die

vrugtebedryf uit te

brei.

Grondhervorming

Waarvandaan en

waarheen?

Die wortels van die Suid-Afrikaanse

reg lê in die Romeins-Hollandse reg.

Grondbewerking

Gister, vandag... en more?

Tegnologie is die boer se grootste

vennoot in die stryd teen die

natuurkragte van droogte, hitte en

gronduitputting.

Bl 10

GRONDBEWERKING

Die rol van grondtipe

en klimaat in die

keuse van

implemente en

produksiestelsels

Bl 20

Bl 40

REËLINGS VIR DIE

2005/2006 SOMER-

GRAANSEISOEN

Die 2005/2006somergraanseisoen

het

op 1 Maart 2005 ‘n

aanvang geneem.

Produsente gaan ’n

leweringseisoen

tegemoet met goeie

opbrengste aan die een

kant maar met

kommoditeitspryse wat

buitensporig laag is.

Bl 21

A new meaning to

tough

The new John Deere utility vehicle,

the high performance Gator (HPX),

is set to take the SA market by

storm.

Wat jy kry is soveel

meer

AFGRI is, sedert sy OTK-dae, al

vir meer as veertig jaar in die

saadbedryf betrokke, via sy

verbintenis met Sensako en die

SNK-handelsmerk.

Bl 34

Bl 44

DIPSTOFDOELTREFFEND-

HEID IN PERSPEKTIEF

Daar is rede tot kommer by

boere oor die doeltreffendheid

van dipmiddels wat in

die agri-handel verkrygbaar

is. Nie alle middels gaan

dieselfde doeltreffendheid

behaal op ‘n spesifieke

plaas nie.

MEI/JUNIE 2005

Die kleur-, diepte- en kleiverskille van grond veroorsaak 'n verskil in opbrengspotensiaal. Dit is verder noodsaaklik dat opeenvolgende grondlae

volgens grondeienskappe soos kleur, tekstuur, struktuur, gevlektheid en diepte beskryf word.

I N H O U D

Veilingsadvertensies en

geklassifiseerde advertensies

(slegs groter goedere en plase)

sal voortaan in die AFGRI Trader

gepubliseer word.

Vir besprekings en tariewe skakel

Lorna, Germa of Marelize by

012 362 1385 gedurende

kantoorure.

Bl 28

Boere gelukkig met

Santa Gertrudis

Die Santa Gertrudis-telers

het beesboere genooi om ‘n

dag saam met hulle deur te

bring, om aan kommersiële

telers die geleentheid te gee

om inligting in te win en

ook te sê wat hulle van ‘n

goeie bul verwag.

REDAKSIE

Uitgewer: Big Door Brand Design

and Communication

Posbus 2779 Brooklyn Square 0075

Brooksstraat 258 Brooklyn 0181

Tel: 012 362 1385

Faks: 012 362 0113

Redakteur: Lorna Hamman

Produksie: Lorna Venter

Advertensies Afgriland: Lorna Hamman,

Marelize van Zyl, Germa Oeschger

Advertensies AFGRI Trader: Lorna Venter

Kopiereg: Alle regte voorbehou.

Disclaimer

AFGRI Operations and/or AFGRILAND nor any of its

officials, members, employees, agents, representatives,

shareholders or directors shall be liable for any loss, damage

or any liability of whatsoever nature which may arise to the

reader as a consequence of this publication of any article

or advertisement in this publication or as a result of the

reader or any other person acting on the strength, accuracy

or correctness of the content provided in this publication.

AFGRILAND makes no representation, furnish no warranty

or guarantee, actual or implied or otherwise that the content,

information or data in this publication are free from errors,

omissions or inaccuracies. No information, ideas, opinions,

views or other data available in this publication should be

regarded as professional advice or the professional opinion

of AFGRILAND or any of its members, employees, agents,

representatives, or shareholders and all readers are informed

to obtain professional advice before taking any course of

action relating to anything contained in this publication.

Afstanddoening

AFGRI Bedryfs BPK en/of Afgriland of enige van sy

beamptes, lede, werknemers, agente, verteenwoordigers,

aandeelhouers of direkteure sal nie aanspreeklik wees vir

enige verlies, skade of verpligting hoegenaamd uit hoofde

van die publikasie en wat mag ontstaan vir enige leser van

die publikasie uit enige advertensie of die plasing van enige

artikel in die publikasie of as gevolg van ‘n leser of enige

ander persoon wat reageer of optree op sterkte van die

akkuraatheid of korrektheid van die inhoud vervat in die

publikasie.

AFGRILAND maak geen voorstelling, lewer geen waarborg

of vrywaring, hetsy direk of indirek dat die inhoud, inligting

of data in hierdie publikasie foutloos,vry van onjuisthede,

of sonder weglatings is nie. Geen inligting, idees, opinies,

standpunte of enige inligting beskikbaar in hierdie publikasie

moet as professionele advies of die professionele opinie

van Afgriland of enige van sy beamptes, lede, werknemers,

agente, verteenwoordigers, aandeelhouers of direkteure

beskou word nie en die lesers moet hul eie professionele

advies inwin voordat enige aksie in verband met enige

inligting in hierdie publikasie geneem word.

6

8

10

12

15

16

20

21

22

23

24

32

32

34

36

38

40

44

47

48

50

Swart ekonomiese bemagtigingstransaksie

Mielies - ‘n oorhoofse kyk

Grondbewerking Die rol van grondtipe en klimaat

Dieselkontaminasie ‘n Wesentlike gevaar vir enjins

Turbo diesel

Grondhervorming Waarvandaan en waarheen?

Grondbewerking Gister, vandag... en more?

A new meaning to tough

Fotonuus

John Deere on top again

Streeksnuus

AFGRI Logistiek verbreed dienste

Zinc coated fencing survey results

AFGRI Saad Wat jy kry is soveel meer

BVP of ‘n mokerhou?

Benut mielies maksimaal in dierevoeding

Reëlings vir die 2005/2006 somergraanseisoen

Dipstofdoeltreffendheid in perspektief

Nuwe beginsels in lekaanvulling

Vaardigheidsontwikkeling in die landbou

John Deere en AFGRI maak dit makliker – 6003-reeks

BRIEWEKOLOM

Ons wil baie graag van u hoor! Skryf gerus aan ons en lug u opinie oor die artikels of oor die blad self, as daar spesifieke onderwerpe

is wat ons moet aanspreek, indien u enige vrae het, ens. Enige bydrae/terugvoer is welkom en ons sal graag die briewe publiseer.

Die kontakadresse is as volg:

E-pos: afgriland@bigdoor.co.za of skryf aan Die Redakteur, Afgriland, Posbus 2779, Brooklyn Square, 0075.

Sluit asb u naam en adres, sowel as ‘n faksnommer of e-posadres in. Die redaksie behou die reg voor om briewe te redigeer ter

wille van duidelikheid of spasiebeperkinge.

Afgriland Mei/Jun 2005

5

KORPORATIEF

SWART EKONOMIESE

BEMAGTIGINGSTRANSAKSIE

BREEK NUWE GROND

IN DIE LANDBOUBEDRYF

6

AFGRI se besluit om ‘n

bemagtigingsvennoot

aan te stel is

voorafgegaan deur

maande se deeglike

besinning deur die

topbestuur oor die

doelwitte en vereistes

waaraan so ’n

aanstelling moet

voldoen.

Van die belangrikste beginsels wat as maatstawwe neergelê is,

is dat dit enersyds tot voordeel van die maatskappy en sy

aandeelhouers moes wees en andersyds ‘n uitgebreide basis

van voorheen-benadeelde persone moet verteenwoordig. Hier

kon dus geen sprake van kosmetiese veranderinge wees nie. ‘n

Bemagtigingsvennoot moes gevind word wat teen markverwante

pryse ‘n aandeel sou bekom, deeglike verteenwoordiging in

die dag-tot-dag-bedryfaspekte sou hê en terselfdertyd ervaring

en ekspertise in die groep inbring, wat bykomende waarde

en besigheidsvooruitsigte vir beide groepe betrokkenes sou

ontsluit.

Beslis nie ‘n maklike taak gemeet aan enige soortgelyke

ooreenkoms nie. Daarom word die ooreenkoms, wat in

November 2004 met die Agri Sizwe Empowerment Trust

aangekondig is, allerweë as ‘n baken in die bemagtigingslandskap

gesien.

Met Dominic Sewela, huidiglik Adjunk-hoofuitvoerende

Beampte van AFGRI Finansies en Logistiek, en Moses Moloele,

as Voorsitter van Agri Sizwe, aan die stuur, is die nuwe-era

bemagtigingstransaksie uiteindelik beklink met ‘n R502 miljoen

lening van die Landbank, waarmee ‘n 26,77% in die bedryfsbeen

van die AFGRI-groep verkry is.

Breë verteenwoordiging is verkry deur deelnemers in ‘n trust

byeen te bring wat bestaan uit ‘n kombinasie van swart

esigheidsmense en verskeie bemagtigingsentitiete wat belang

het in die landboubedryf. Dit sluit volgende in: Bunang (wat

‘n groep plattelandse vroue van Mpumalanga verteenwoordig

wat betrokke is in die produksie van braaihoenders, vars vrugte

en groente ens), die National African Farmers’ Union, die

National Emergent Red Meat Producers’ Organisation (swart

boere wat betrokke is in die rooivleisbedryf) en ook die South

African Agricultural, Plantation and Allied Workers Union

(SAAPAWU – wat verteenwoordig word deur Basebenzi

Investments).

Vanuit die trust is twee verteenwoordigers aangewys tot die

AFGRI direksie (Moses Moloeloe en Khomotso Thoka) en

twee verdere verteenwoordigers, nl Moji Mogari en Dominic

Sewela) tot die uitvoerende komitee, waar hulle betrokke sal

Afgriland Mei/Jun 2005

KORPORATIEF

wees by transformasie-inisiatiewe en die identifikasie van

nuwe besigheidsgeleenthede wat ontstaan weens die nuwe

strukture.

Volgens Sewela voorsien hy uiteindelik ‘n scenario waar blanke

kommersiële boere die nuwe vennote sal sien as ‘n waardevolle

toevoeging, eerder as ‘n bedreiging tot die huidige stand van

sake. “Boere sal hopelik sien dat ons kapitaal so wel as spesifieke

vaardighede na die tafel bring wat nie voorheen daar was nie”.

Die uiteindelike doelwit en voordeel van die nuwe inisiatiewe

wat aangepak gaan word is om nasionale inkomstemoontlikhede,

wat daarsonder nie sou realiseer nie, na die maatskappy toe

te herlei; om ‘n nuwe kultuur en nuwe idees te vestig wat

die winsmarges van die maatskappy en sy aandeelhouers sal

uitbrei.

From left to right: Mosidi Mpahlele, Moses Moloele, Mabel Mathlare, Dominic Sewela, Khomotso Thoka and Dr Moji Mogari.

7

8

AFGRI FOKUS

MIELIES

‘n Oorhoofse kyk

Hoe lyk die wêreldsituasie?

Met die skryf van hierdie artikel (einde Maart 2005) was die mieliebedryf in

‘n beermark. Wêreldmielieproduksie vir 2004/2005 was die grootste ooit –

706 miljoen ton – met ‘n verwagte oordragvoorraad van 122 miljoen ton,

gelykstaande aan 17,9% van wêreldverbruik. Die VSA mielieproduksie was

300 miljoen ton en die verwagte oordrag (teen einde Augustus/begin September

2005) 52 miljoen ton (19,2% van verbruik). Verder word verwag dat die mielieaanplantings

vir 2005/2006 in die VSA groter gaan wees as in 2004/2005, hoewel

die amptelike syfers eers op 31 Maart deur die VSA Dept van Landbou (USDA)

gepubliseer gaan word. As die moontlikheid van ernstige weerprobleme tydens

die komende plant- en groeiseisoen in die VSA buite rekening gelaat word, blyk

daar geen probleme met die algehele beskikbaarheid van mielies in die wêreld

te wees nie.

Hoe lyk die situasie ter plaatse?

Die afgelope tyd is daar baie gesê en geskryf oor die Suid-Afrikaanse

mieliesituasie. Hier volg ‘n opsomming van ons waarneming van die huidige

situasie:

Die oordragvoorraad teen einde April 2005 word konserwatief tussen 3,8 en

3,9 miljoen ton geskat, gelykstaande aan 49% van jaarlikse verbruik.

Die huidige oes, wat eersdaags gestroop word, is op 21 Februarie deur die

Nasionale Oesskattings-komitee (NOK) op 10,258 miljoen ton geskat, wat ‘n

oordragvoorraad teen April 2006 van 4,84 miljoen ton tot gevolg sal hê (62,6%

van verbruik). Dit is onwaarskynlik dat uitvoere deur Suid-Afrikaanse hawens

800 000 ton sal oorskry (al sou plaaslike pryse tot so laag of selfs onder

uitvoerpariteit daal) a g v logistiese beperkinge om graan deur hawefasiliteite

te beweeg. Hou ook in gedagte dat SA meer as 1 miljoen ton koring en ongeveer

600 000 ton oliekoek ingevoer het. Verder word verwag dat uitvoere oor die

grens ongeveer 700 000 ton sal beloop (met ‘n potensiële tekort in Zambië).

Indien die huidige oes, soos baie verwag, meer as 11,5 miljoen ton oplewer

sal die oordragvoorraad teen April 2006 toeneem na 5,9 – 6,0 miljoen ton,

gelykstaande aan 76,5% van verbruik, of anders gestel: voorraad wat sal hou

tot Januarie 2007.

Tot tyd en wyl daar dus nie ‘n dramatiese afname in mielie-aanplantings

plaasvind nie sal huidige lae pryse voortduur. Dit is gevolglik noodsaaklik dat

mielie-aanplantings in 2005 beduidend verminder moet word.

Wat was die tendense in die verlede? Hier volg ‘n bietjie historiese data:

Die data vanaf Mei 1999 toon dat wit- en geelmielies op ‘n

laagtepunt is met die rand op sy sterkste teenoor die Amerikaanse

dollar. Vir die huidige maand van April 2005 is

uitvoerpariteitvlakke op SAFEX (Randfontein)-vlakke van

R470 per metrieke ton.

Aanduidings van wanneer produsente prysskommelinge

te wagte kan wees

Plant China

& VSA

China/

VSA

Bestuiwing

SA plant

H/A

SA

Bestuiwing

Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov

Maande

Des

Soos uitgewys tydens verskeie van ons boeredae glo ons dat

dit belangrik is om op die bogenoemde tydlyn te let. Hierdie

datums is ‘n breë aanduiding van wanneer daar verandering in

prysbeweging kan plaasvind:

April 05 – Mei 05: Moontlike prysveranderings a g v

aanplantings in die noordelike halfrond. Sou daar

Afgriland Mei/Jun 2005

AFGRI FOKUS

Rooi lyn – Rand/$-wisselkoers

Blou lyn – Witmielie-prys

Geel lyn – Geelmielie-prys

Groen lyn – CBOT-prys

aanplantingsprobleme in China of die VSA voorkom kan ons

die mark sien opbeweeg, wat dus die uitvoerpariteitvlakke van

Suid-Afrikaanse mielies kan laat beweeg.

Jul 05 – Aug 05: Prysveranderinge ten tye van bestuiwing in

die noordelike halfrond.

Sep 05 – Des 05: Suid-Afrikaanse intensies om te plant. Teen

die huidige mieliepryse word ‘n afname in aanplantings verwag

agv finansieringsprobleme, asook die feit dat boere nie teen

huidige prysvlakke kan produseer nie, al sou ‘n rekord-oes

gestroop word.

‘n Afname in aanplanting, tesame met die heersende

weerstoestande, kan gedurende Okt 05 tot Mar 06 weer

prysbewegings veroorsaak.

Daar bestaan ook die moontlikheid dat die rand kan verswak,

wat opwaartse druk op mieliepryse kan plaas. Die wisselkoers

is ‘n element in ons prysbepaling wat deurentyd met ons sal

bly.

Vir verdere op-datum-inligting skakel AFGRI Verhandeling

by 012 663 1312.

9

LANDBOUFOKUS

J P le Roux Pr Ing

In Suid-Afrika se

saaigebiede kom 'n wye

verskeidenheid van

gronde voor, elk met sy

eie spesifieke

eienskappe. Dit

bemoeilik standaard

voorskrifte vir

grondbewerking, veral

weens wisselende

hoeveelhede vog in die

grond en wisselende

reënneerslae.

Arcadia

10

Grondbewerking

Die rol van grondtipe en klimaat

in die keuse van implemente en

produksiestelsels

VERSKILLENDE TIPES GROND

Die kleur-, diepte- en kleiverskille van grond veroorsaak 'n verskil in opbrengspotensiaal.

Dit is verder noodsaaklik dat opeenvolgende grondlae volgens grondeienskappe soos

kleur, tekstuur, struktuur, gevlektheid en diepte beskryf word. Al die eienskappe kan

herlei word tot grondkwaliteite soos deurdringbaarheid, voghouvermoë en vrugbaarheid,

wat op hul beurt weer 'n weerspieëling is van die grondpotensiaal en opbrengsvermoë.

Oor die jare is dié kwaliteite gekwantifiseer. Indien dit saam met heersende klimaattoestande

en langtermyn gemiddelde oesopbrengste in verband gebring word kan aanbevelings

vir grondbewerking gedoen word.

GRONDGROEPE

Tabel 1: Indeling van grondgroepe

Eienskappe van grondprofiel Klei %

Tipiese grondvorms in

hierdie groepe

Bruin en vaal ligte sandgronde

Rooi, bruin en vaal ligte sanderige

Onder 15% Longlands, Wasbank

gronde wat op normale ploegdiepte

nie veel swaarder word as in die

bogrond nie

Rooi, bruin en vaal medium

15 – 20%

Avalon, Hutton, Longlands,

Westleigh, Wasbank

leemgronde wat op ploegdiepte

geneig is om effens swaarder te

word as in die bogrond

Swaar rooi kleigronde wat

20 – 30% Hutton, Avalon, Clovelly

swaarder word op ploegdiepte

en swaarder kleigronde met

geel klei in die ondergrond

30 – 45% Hutton, Pinedene

Vaal gebroke kleigronde met

potklei in die ondergrond

30 – 45% Bonheim, Swartland, Valsrivier

Swaar turfgronde Meer as 45% Arcadia, Rensburg

In sekere gebiede soos die Vrystaat kan die verdeling nog verder verfyn word deur nog

'n groep in te bring, nl grond met minder as 10% klei-inhoud.

DIEPTE VAN BEWERKING

Die diepte van grondbewerking op verskillende gronde staan in direkte verband met die

grondsoort en klei-persentasie daarvan. Indien nie ag gegee word op dié verband nie of

verkeerde implemente aangewend word, kan opbrengsverliese gely word.

Hutton

Longlands

Avalon

LANDBOUFOKUS

Die skrywer en kollegas het oor ‘n periode van vier jaar verskeie dieptebewerkingsproewe

uitgevoer op twee grondsoorte, nl ‘n sandgrond van 10 – 15% klei en ‘n sand/leem van

15 – 20% klei. Hoewel verskillende klimaatstoestande gedurende die vier seisoene

ondervind is, het die resultate duidelike tendense getoon. Uit die proefwerk het twee

feite duidelik na vore gekom:

• Elke grondsoort het ‘n optimum bewerkingsdiepte en

• Te aggressiewe bewerkings kan net so nadelig wees as te vlak bewerkings.

Die vier jaar se gemiddelde resultate word as volg opgesom:

• Vir die grondgroep waarvan die kleipersentasie tussen 10 – 15% wissel, was die

gemiddelde opbrengste oor die algemeen ± 0,45 ton/ha beter as by die hoër

kleipersentasie grond. Dit dui op ‘n beter vogstoor- en vogleweringvermoë van dié

gronde vir benutting deur die oes in kritiese fases.

• Soos die kleipersentasie van die gronde daal, so vermeerder die behoefte aan ‘n dieper

bewerking om maksimum opbrengste te bereik. Die resultaat was baie duidelik deurdat

by die 10 – 15% kleipersele die optimum diepte van bewerking en opbrengs eers

tussen 350 – 400 mm bereik word, terwyl die ooreenstemmende optimum op die

15 – 20% kleipersele reeds op 275 – 325 mm diepte bereik word.

• Baie aggressiewe bewerkings soos wat verkry is met die rippertand toegerus met ‘n

groot vlerkskaar (Deltaskaar) het opbrengste laat daal, veral op die laer kleipersentasie

gronde. ‘n Moontlike verklaring is die volgende: die plantontwikkeling op die persele

was baie gestimuleer en het hoë plante met groot blaaroppervlaktes en groot

wortelstelsels ontwikkel wat baie rojaal vog verbruik het. Tydens die kritiese fase

van bestuiwing en pitvul en ‘n gesamentlike afname in reënval, was die persele se

vogreserwe gevolglik reeds so uitgeput dat stremmings ontstaan het wat in die

opbrengste weerspieël word.

• Dieselfde tendens is verkry met bewerkings wat dieper as die optimum uitgevoer is

en waar laer of dieselfde opbrengste verkry is. Die addisionele koste wat aangegaan

is om sulke aggressiewe, of dieper-as-optimumbewerkings uit te voer is nie in

verhoogde opbrengste verhaal nie; dit het inteendeel laer inkomste tot gevolg gehad.

Met hierdie resultate as grondslag, is daar oor ‘n periode van ‘n aantal jare verskillende

grondbewerkingstelsels ook op ander gronde met klei-inhoude van 20% en hoër getoets.

Met die bostaande resultate asook die wat met die aanvullende proewe verkry is, is

grondbewerkingsriglyne vir die verskillende grondsoorte opgestel.

In Tabel 2 word hierdie riglyne saamgevat. Let veral op na die aanbevelings vir

bewerkingsdiepte en ander waarskuwings oor die toepassing van sekere praktyke.

Tabel 2: Grondbewerkingsriglyne

Somerploeg en plant

Diepte

(mm)

250-300

Onder 15%

Spoorverkeer*

(Vermy disbewerking)**

(Maak seker van verdigte lae)***

300-400

Grondgroepe Klei % Bewerkingsmetode

Bruin en vaal ligte

sandgronde

Rooi, bruin en vaal

ligte sanderige gronde

wat op normale

ploegdiepte nie veel

swaarder word as in

die bogrond nie

15 – 20%

Rooi, bruin en vaal Deklaag/Krap 150-200

medium leemgronde Somerploeg en plant 150-200

wat op ploegdiepte

geneig is om effens

20 – 30%

Swaar disbewerking

Spoorverkeer*

100-150

200-250

swaarder te word as (Vermy winterploeg in droë

in die bogrond grond)****

Swaar rooi kleigronde

wat swaarder word

op ploegdiepte en

swaarder kleigronde

met geel klei in die

ondergrond

30 – 45%

Somerploeg en plant 200-250

Deklaag/Krap 200-300

Spoorverkeer* 250-300

(Vermy disbewerking)**

(Maak seker van verdigte lae)***

Deklaag/Krap 150-200

Swaar disbewerking 100-120

Spoorverkeer* 200-250

(Vermy winterploeg in droë

grond)****

Afgriland Mei/Jun 2005

Na bl 18

11

TEGNIES

12

Prof PL de Vaal, Hoof: Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria

Diesel is diesel is diesel? Nee, gewis nie! Vir so lank

as wat daar ‘n ekstra profyt êrens gemaak kan word,

is daar genoeg gewetenloses daar buite wat

vindingryke metodes sal uitdink om ‘n groter sny van

die koek te kry – met katastrofiese gevolge vir die

kliënt. Prof de Vaal bekyk die probleem van naderby.

WATTER VORME VAN DIESELKONTAMINASIE KOM VOOR?

Kontaminasie van diesel deur (onwettige) byvoeging van paraffien (IP)

Dit vind plaas omdat daar 'n aksynsheffing op dieselbrandstof is, wat nie op paraffien wat vir

verligtingsdoeleindes gebruik word gehef word nie. As iemand dus paraffien koop, is dit per

liter goedkoper as diesel, weens die heffing op diesel. Die aksynsheffing word op die volle

volume gehef, terwyl dit net van toepassing is op die werklike diesel en nie op die bygevoegde

paraffien nie. Dit is geheel onwettig, maar dit gebeur beslis.

Die byvoeging van paraffien by diesel is katastrofies vir 'n moderne dieselenjin. Omdat die

dieselinspuitsisteem by baie hoër druk werk as tevore is alle toleransies tussen komponente

baie kleiner as voorheen en slytasie tussen bewegende komponente kan dus nou baie makliker

plaasvind. Die diesel van ouds se smeringseienskappe is gevolglik nie meer voldoende om

beskerming teen slytasie te bied nie. Dieselvervaardigers spreek die probleem aan deur geskikte

bymiddels by te voeg om die weerstand van die diesel teen slytasie te verbeter, maar as paraffien

by diesel gevoeg word, verlaag die slytasieweerstand en ernstige slytasie vind plaas – weereens

met katastrofiese gevolge vir die enjin (en die eienaar van die enjin!).

Kontaminasie van diesel deur partikels

Moderne dieselenjins (veral die sg Common Rail-enjins) se inspuitsisteme (die dieselpomp en

inspuiters) word vervaardig teen baie fyner toleransies as tevore. Die speling tussen die

inspuitnaald en die huls is tans in die orde van 1 mikrometer. Indien diesel met partikels (sand,

stof, graanresidue, ens) gekontamineer is en nie deur die normale filters in die dieselvoersisteem

Dit is dus uiters belangrik om

sorg te dra dat diesel so min

moontlik vry water bevat. Alle

stoortenks moet dus voorsien

word van filters en sisteme om

te verseker dat bv warm diesel

wat afkoel nie lug (met vog) uit

die atmosfeer insuig nie.

vir enjins

van die enjin opgevang word voordat dit by die inspuiter

uitkom nie, kan sodanige partikels tussen die twee komponente

inkom en fisiese skade veroorsaak aan die oppervlak. Dit kan

verder ook veroorsaak dat die komponente vassit, met

katastrofiese gevolge.

Die filters wat tans om nuwe enjins gebruik word, filter meestal

nominaal partikels uit wat 2 mikron en groter is. Die werklike

gevaarlike partikels word dus deurgelaat. (Net interessant om

te onthou dat die menslike oog niks kleiner as 40 mikrometer

kan sien nie. Diesel wat op die oog af skoon lyk, mag dus

beslis skadelike partikels bevat.)

Kontaminasie van diesel deur water

Diesel het 'n baie beperkte vermoë om water op te los. Sodra

meer water in die diesel teenwoordig is, skei dit uit en is

sigbaar as 'n tweede fase onderin die houer. Water se digtheid

is hoër as die van diesel, daarom sak dit uit.

Of die water in oplossing enige skade aan die enjin veroorsaak

is op hierdie stadium onseker. Wat egter van belang is, is dat

water onderin stoortenks die broeiplek is vir bakteriologiese

groei en dat hierdie organismes ook aanleiding kan gee tot

verstoppings – ook van filtermedia.

Dit is dus uiters belangrik om sorg te dra dat diesel so min

moontlik vry water bevat. Alle stoortenks moet dus voorsien

word van filters en sisteme om te verseker dat bv warm diesel

wat afkoel nie lug (met vog) uit die atmosfeer insuig nie.

Kontaminasie van diesel met swael

Daar bestaan baie miskonsepsies oor die swaelinhoud van

diesel en die effek wat dit op die smeringsgedrag van diesel het.

Die huidige SANS 342-spesifikasie vir diesel in Suid-Afrika

maak voorsiening vir twee vlakke: normale diesel, met 'n

maksimumvlak van 3 000 mg/ liter swael (0,3%) en die sg

lae-swael diesel, wat 'n maksimumvlak van 500 mg/ liter

(0,05%) swael bevat.

Afgriland Mei/Jun 2005

TEGNIES

In Europa is 50 mg/ liter (0,005%) swael tans die norm en

lande soos Swede gebruik al vir etlike jare diesel met 'n

swaelinhoud van 10 mg/ liter (0,001%). Gemeet teen hierdie

norme, is die swaelinhoud van Suid-Afrikaanse diesel dus

steeds baie hoog. Die rede hiervoor is dat swael primêr uit

diesel verwyder word vir besoedelingsredes en ons het nog

nie dieselfde besoedelingsprobleem nie.

Die uitlaatgasse van dieselenjins blaas die swael wat in die

diesel was in die atmosfeer in as swaeldioksied. Verwydering

van swael uit diesel is dus 'n proses wat tydens raffinering

van die ru-olie, waaruit diesel vervaardig word, voortspruit.

Hoe meer swael verwyder moet word, hoe meer moet die ruolie

geraffineer word. Hoe meer die ru-olie geraffineer word,

hoe meer verander die struktuur van die koolwaterstowwe,

wat die mengsel vorm wat ons diesel noem. Die hoogsgeraffineerde

diesel (met min swael) het ongelukkig nou

minder goeie slytasiewerende eienskappe as die minder

geraffineerde produk van voorheen. Hiervoor moet ook

voorsiening gemaak word deur 'n geskikte bymiddel by die

diesel te voeg om te verseker dat die smeringsgedrag van die

dieselproduk voldoende is.

Die swakker smeringsgedrag is dus nie a g v die minder swael

nie, maar weens die struktuurverandering van die

koolwaterstowwe tydens die addisionele raffinering, om die

swael te verwyder.

Op hierdie stadium is die SANS 342-spesifikasie vir diesel

ontoereikend aangesien 'n aanduiding van slytasiebestandheid

eers baie onlangs bygevoeg is. Verder is 'n beperking op

maksimum toelaatbare partikelkontaminasie ook onlangs

bygevoeg – die bepaling is 'n maksimum van 24 mg/ liter

partikels, maar geen beperking word geplaas op die

grootteverdeling van die partikels nie. Die grootteverdeling

is beslis 'n belangrike faktor, maar wêreldwyd begin mense

nou eers daarna kyk. Die goue reël is egter dat mens die

skoonste moontlike praktyke moet volg met die hantering van

diesel.

HOE NOU GEMAAK?

Johan Wolvaardt, bestuurder: Tegniese Dienste van AFGRI

Toerusting bevestig dat enjins se brandstofstelselleeftyd verleng

kan word deur voorsorg te tref en te verseker dat die diesel

wat gebruik word aan die hoogste moontlike standaarde

voldoen. Hy stel die volgende riglyne daar:

• Alle klante en dieselgebruikers moet kwaliteit diesel aankoop

en seker maak dat die opberg, hantering en aanvulprosedures

korrek is.

• Brandstof moet in skoon houers gestoor word en moet

toegerus wees met die regte filters om seker te maak dat

kontaminasie, water en partikels uitgehou word.

• Hantering en aanvulproses: alle mobiele dieselhouers moet

ook toegerus wees met die regte filters en pype en

hervulpunte moet beskerm word.

• Filters vir stoor- en mobiele tenks kan van AFGRI gekoop

word.

• Brandstofbymiddel om die smering van diesel te verbeter

kan by AFGRI aangekoop word onder die partnommer

TY16233.

• Filters op masjiene moet met die Vervaardigerspesifikasiefilters

vervang word om te verseker dat die regte beskerming

gehandhaaf word.

Skakel Johan Wolvaardt vir verdere navrae by

012 452 0314 of 082 809 8450.

13

TEGNIES

TURBO-

DIESEL

AFGRI stel die veilige

alternatief beskikbaar

Kundiges in die meganisasie-bedryf het deeglik ondersoek

ingestel na die verskillende gehaltevlakke van diesel

vanaf beskikbare bronne, aangesien die beste gehalte

skoon diesel onteenseglike voordele inhou in terme van

enjinwerkverrigting, die verlaging van onderhoudskoste

en die verlenging van die lewensduur van enjins weens

verminderde verwering (afgesien van die omgewingsvoordele

daarvan).

Daarom is daar besluit om Sasol turbodiesel aan boere

beskikbaar te stel. AFGRI is die eerste Landboumaatskappy

wat hierdie produk vir boere aanbied en aangesien

dit direk van die vervaardiger by die boer afgelewer

word, word kontaminasiemoontlikhede tot die absolute

minimum beperk.

Waarom word die produk ondersteun?

In pas met internasionale, sowel as die Suid-Afrikaanse

Nasionale Standaard (SANS)- riglyne vir die bemarking

van lae-swael standaardgraaddiesel, is Sasol turbodiesel

in 2002 aan die mark bekendgestel. Die produk is met

verloop van tyd verander en verfyn, deur die verdere

beperking van die swaelinhoud (die wetlike vereistes van

0,3% is verbeter tot ‘n swaelinhoud van minder as 0,05%).

Nog ‘n belangrike ontwikkeling was die byvoeging van

voorpunttegnologie multifunksionele bymiddels, wat alle

internasionale smeringstandaarde oortref, werking verder

bevorder en skoner brandstofstelsels en vinniger brandstofinname

tot gevolg het.

Wat is die voordele van die laer swaelvlakke in die

produk?

Verbeterde werkverrigting weens skoner en meer

effektiewe ontbranding; skoner brandstofinspuiting;

verlengde enjinlewe a g v verminderde verwering;

verlenging van olieaftapintervalle, omdat dit roetvorming

verminder en die vorming van sulfaatpartikulate (klein

partikels wat die bymiddels in enjinolie uitput en die olie

laat verdik) beperk.

Hoe voel motorvervaardigers oor die gebruik van laeswael

diesel?

Moderne dieselvoertuie word sodanig ontwerp dat dit

lae-swael diesel vereis, vandaar die sterk ondersteuning

deur die Suid-Afrikaanse voertuigvervaardigersliggaam,

NAAMSA, vir die algemene beskikbaarmaking van die

lae-swael diesel. Ons haal aan: ‘We strongly support this

initiative to make cleaner, top performance diesel

available. It enables users to achieve better performance

from the advanced vehicles that our members market.’

Die tydskrif FLEETWATCH skryf: ‘Recent rapid

advances in diesel engine design that give higher output,

improved fuel economy, improved durability and reduced

maintenance can only be fully realized when using fuels

and lubricants of high quality.’

Kan turbodiesel met ander diesel gemeng word?

Ja, dit is volkome verenigbaar met alle ander diesel. Deur

die byvoeging van Sasol turbodiesel word die gehalte

van standaardgraaddiesel verhoog.

15

ARBEIDSWETGEWING

Grondhervorming

WAARVANDAAN EN

WAARHEEN?

M Jacobs, Direkteur, MacRobert Prokureurs Ing

Daar is egter groot verskille in die

beskouing van eiendomsreg en grond

tussen die Romeins-Hollandse reg en die

inheemse reg. Eiendomsreg in die ou

Europese tradisie was ‘n baie sterk reg en

die regte van grondeienaars het ‘n groot

mate van beskerming geniet. Die beginsel

van privaatbesit is sterk gevestig binne

hierdie stelsel. In die tradisionele inheemse

regstelsels wat in Afrika gegeld het, is die

beginsel van kommunale eiendomsreg en

gebruik vasgelê. Grond het gewoonlik aan

die stamkaptein “behoort”, maar kon deur

almal in die stam gebruik word. Individuele

areas vir bewoningsdoeleindes is dikwels

aan families toegeken, maar die konsep

van eiendomsreg op grond was vreemd.

Die verskil in benadering tot grond en

eiendomsreg het amper onafwendbaar gelei

tot konflik. Selfs in Van Riebeeck se tyd

was daar al konflik oor grond in Suid-

Afrika. In 1913 is die Swart Grond Wet

op die wetboeke geplaas,wat die konsep

van sogenaamde “geskeduleerde areas”

ingebring het. Swartmense kon nie grond

buite die geskeduleerde areas koop,

behalwe van ‘n ander swart persoon nie.

Die wet is in 1936 opgevolg met die Swart

Trust en Grond Wet. Die wet het ‘n

maksimum aantal hektare per provinsie

vasgestel wat vir die gebruik deur

swartmense bekom kon word. Na 1948 is

‘n beleid van “swartkol-opruiming” gevolg

en is mense ook in terme van die

Groepsgebiedewet van 1966 verskuif.

Sedert 1990 het die politieke bedeling in

Suid-Afrika begin verander en moes die

Suid-Afrikaanse gemeenskap poog om ‘n

oplossing te vind vir die baie komplekse

en emosioneel-belaaide grondkwessie.

Sekere kompromieë is in die verband

aangegaan en die tussentydse Grondwet

16

Die wortels van die Suid-Afrikaanse reg lê in die

Romeins-Hollandse reg, m a w die reg van die ou

Romeine soos oorgeneem en aangepas deur die

Nederlanders. Mettertyd het ander regstelsels

ook ingewerk op die Suid-Afrikaanse reg, soos

die Engelse reg en ook die inheemse reg.

van 1993 het voorsiening gemaak vir die

beskerming van eiendomsreg, maar ook

vir restitusie, m a w die herstel van

grondregte wat sedert 1913 in terme van

rassediskriminerende wetgewing en

praktyke van mense ontneem is. Die Wet

op die Herstel van Grondregte is in 1994

gepromulgeer om uitvoering te gee aan

die grondwetlike opdrag tot restitusie. Die

1996-Grondwet het verder gegaan en ook

voorsiening gemaak vir besitsreghervorming

en die herverdeling van grond.

Die Grondwet het dus ‘n totaal nuwe

bedeling rondom grond in Suid-Afrika

gebring. Dit is belangrik om daarop te let

dat die Grondwet die oppergesag in die

land is. Alle ander wette moet in lyn met

die Grondwet wees. Die Konstitusionele

Hof is die bewaker van die Grondwet en

kan ander wette en optredes hersien indien

dit nie in ooreenstemming met die

bepalings van die Grondwet is nie. Die

Grondwet kan slegs deur ‘n twee-derde

meerderheid in die Parlement gewysig

word.

Die Grondwet bevat ‘n Menseregtehandves,

wat onder andere beskerming

verleen aan eiendomsreg. Die eiendomsklousule

in die Suid-Afrikaanse Grondwet

is redelik uniek in die sin dat dit voorsiening

maak vir die beskerming van eiendomsreg,

maar terselfdertyd ook ‘n mandaat gee vir

grondhervorming. Die Grondwet maak

ook voorsiening vir vergoeding by

onteiening en bepaal watter faktore in ag

geneem moet word by die bepaling van

sodanige vergoeding.

Die grondhervormingsprogram, soos vervat

in die Witskrif op Grondhervorming staan

dus op drie bene, te wete restitusie,

besitsreghervorming en die herverdeling

van grond. Elkeen van hierdie programme word ondersteun

deur spesifieke wetgewing. Restitusie geskied in terme van

die Wet op die Herstel van Grondregte van 1994. Die Wet

op Grondhervorming (Huurarbeiders) van 1995, die Wet op

die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg van 1997 en

die Wet op Kommunale Grondregte van 2004 is hoofsaaklik

gemik op besitreghervorming, maar bevat ook elemente van

herverdeling. Die herverdeling van grond geskied in terme

van die sogenaamde LRAD (Land Redistribution and

Agricultural Development)-program en die Wet op die

Voorsiening van Grond en Bystand, nr 126 van 1993, word

hier as ‘n instrument aangewend. Elkeen van bogenoemde

programme en wette sal in ‘n toekomstige artikel in

besonderhede behandel word.

Die basiese beginsels van die grondhervormingsprogram,

wat vervat is in die Witskrif op Grondhervorming en telkens

deur die regering bevestig is, is dat dit ‘n ordelike proses

moet wees, dat dit sosiale geregtigheid in die hand moet

werk, dat dit regsgedrewe is (m a w dat die howe toesig hou

oor die proses), dat herverdeling moet geskied op die basis

van gewillige koper en gewillige verkoper en dat dit

ekonomies- en omgewingsvolhoubaar moet wees.

Daar is egter ‘n lewendige openbare debat aan die gang oor

hierdie uitgangspunte en die regering is onder baie druk om

weg te beweeg van die beginsels van vrywillige koper en

verkoper en die betaling van markverwante vergoeding aan

huidige grondeienaars. Instrumente soos onteiening,

grondbelastings en plafonne op grondbesit word deur

drukgroepe voorgestel om grondhervorming te probeer versnel.

Daar is ook tans ‘n ondersoek aan die gang oor buitelandse

grondbesit en die impak wat dit op veral eiendomspryse het.

Wat die vordering met die grondhervormingsproses aanbetref,

is daar tot op datum ongeveer 57 000 restitusie-eise afgehandel,

uit ‘n totaal van ongeveer 68 000 eise. 3,4 Miljoen hektaar

grond is reeds onder staatsprogramme aan swartmense

oorgedra.

Grondhervorming het ook en is steeds besig om plaas te vind

in lande soos Australië, Kanada, Mexico, Brasilië, Indië,

Thailand, Indonesië, Namibië en Zimbabwe. Elke land se

situasie verskil natuurlik, maar daar is waarskynlik lesse te

leer uit ander lande se ervarings. ‘n Oorsig oor die verloop

van grondhervorming in sommige van hierdie lande sal in

‘n toekomstige artikel gegee word.

Dit is ook van belang vir grondeienaars om te weet watter

beskermingsmaatreëls tot hul beskikking is in die geval waar

grond onwettiglik beset word en waar persone buite die

ordelike grondhervormingsproses optree. Meer inligting in

hierdie verband sal in ‘n toekomstige artikel verskaf word.

Die opspraakwekkende Modderklip-saak, waar die uitspraak

van die Konstitusionele Hof tans afgewag word, sal

waarskynlik aanduidend wees van presies wat die rol van die

staat in so geval is. Die uitspraak sal ook in besonderhede in

die Afgriland behandel word wanneer dit beskikbaar is.

AFSTANDDOENING

Die inhoud van hierdie artikel stel nie regs- of ander advies daar nie. Elke

situasie verskil en word bepaal deur die betrokke omstandighede. Ten einde

regsadvies oor ‘n betrokke geval te bekom moet professionele advies

persoonlik ingewin word. MacRobert Ingelyf en die skrywer hiervan is nie

aanspreeklik vir enige onjuistheid, foute of weglatings nie.

17

LANDBOUFOKUS

Saadbed-implemente lewer ‘n goeie

oppervlakte waarin saad goed kan ontkiem.

18

Van bl 11

Deklaag/Krap

Diepte

(mm)

150-200

Swaar disbewerking 100-120

30 – 45% Spoorverkeer*

(Vermy winterploeg in droë

grond)****

200-250

Grondgroepe Klei % Bewerkingsmetode

Vaal gebroke

kleigronde met

potklei in die

ondergrond

Deklaag/Krap of dis in droë grond 100-150

opgevolg met plant in droë grond.

Indien voldoende lentereëns 120-150

voorkom kan vlak lenteploeg

toegepas word opgevolg met

krapbewerkings met plant.

Swaar turfgronde Meer as 45% Dieselfde as 1 maar saadbedding

bewerk met tandimplemente in

nat grond en daarna plant.

Spoorverkeer*

(Vermy winterploeg in droë 150-200

grond)****

* Spoorverkeer beteken rip op die ry en pas beter by 1,5 meter rye.

** Hierdie gronde is geneig om baie fyn te werk en is dan onderhewig aan wind-

en watererosie. Net een disbewerking gedurende die wintermaande om stronke

te sny, word aanbeveel. Waar EPTC op somergeploegde gronde toegedien word,

word ‘n tandimplement aanbeveel.

*** Verdigting kom veral op sanderige gronde voor. Profielgate behoort gegrawe te

word om verdigting te identifiseer.

**** Waar voldoende vog in die winter of lente teenwoordig is, kan ‘n ploegbewerking

op hierdie gronde uitgevoer word.

AANBEVELING

Om die gevolgtrekking te maak dat een bewerking (wat reg uitgevoer is) beter is as ‘n

ander bewerking (wat ook reg uitgevoer is) is nie moontlik nie.

Ander faktore speel ook ‘n rol in die keuse van ‘n spesifieke grondbewerkingstelsel. ‘n

Paar van hierdie faktore word hier genoem, maar dis nie noodwendig ‘n volledige lys

nie:

• Spesifieke voorkeur van die boer

• Die koste van ‘n stelsel

• Die invloed wat die stelsel het op die totale kapitale belegging in masjienerie (sommige

stelsels benodig beslis minder trekkers)

• Faktore soos grond- en winderosie kan ‘n bydrae lewer tot ‘n sekere keuse

• Kontoerwalle en veral die spasiëring van die walle speel ‘n rol

• Ander faktore.

Die aanbeveling is gevolglik dat, indien u op ‘n sekere grondbewerkingstelsel besluit,

u seker moet maak dat dit reg uitgevoer word. Die grondbewerkingsdiepte speel ‘n

belangrike rol in die sukses van die stelsel en spesiale aandag moet hieraan gegee word.

Wanneer u dit oorweeg om na ‘n ander bewerkingstelsel oor te skakel, moet u seker

maak dat u dit vir die regte redes doen. Ontleed eers alle faktore voordat u ‘n besluit

neem.

Tandimplemente kan dieper werk as ploeë. Maak seker dat die tand-ondersteuning voldoende is.

LANDBOUFOKUS

Grondbewerking

GISTER, VANDAG…...EN MORE?

diepte geplant is. Profielgate is gemaak

Nie so lank gelede in ons landbouverlede

nie was landbougrond oorvloedig.

Weliswaar nie orals ewe vrugbaar nie,

maar gelukkig heeltemal voldoende

oppervlakgewys om marginale gronde

grootliks te vermy en net die vrugbare

gedeeltes te benut. Arbeid was volop en

dit was nie vreemd om landerye met die

hand om te dolwe en te bewerk nie. Om

die waarheid te sê is die grond eintlik baie

deeglik op die manier bewerk, omdat daar

weinig kompaktering was en die manier

van bewerking die grond diep en deeglik

vermeng het. Van gronduitputting was

daar nie sprake nie, die organiese inhoud

was hoog en die opbrengste voldoende

om in die behoeftes te voorsien.

Maar die bevolking groei daagliks

wêreldwyd en produksiedruk neem toe.

Dit gee aanleiding tot die era van

chemikalieë en implemente: trekkers,

dolploeë, stootskrapers, skottelploeë,

beitelploeë en dies meer word jaar vir jaar

in landerye ingestoot om die grond te

bewerk. Alles moontlik word bygevoeg

en ingewerk om gronde, wat met tyd steriel

en uitgeput geraak het, te regenereer sodat

maksimumopbrengste gelewer word.

Vyftig, sestig jaar lank, seisoen in en

seisoen uit. Dit word al hoe meer algemene

praktyk om grond met gebreke te omskep

tot bruikbare landbougrond.

Tegnologie word die boer se grootste

vennoot in die stryd teen die natuurkragte

van droogte, hitte en gronduitputting:

Spilpunte word aangelê of pulserende

drup benat die plante elke twee uur en

voer sommer voedingstowwe ook

(hidroponika). Kalk, fosfate en organiese

materiaal word in die grond ingewerk om

die ideale groeimedium vir wortelstelsels

te bewerkstellig.

Maar die natuur gaan sy eie

onverbiddellike gang. Alles moontlik word

gedoen, maar die vraag na voedsel neem

wêreldwyd toe terwyl bewerkbare

oppervlaktes en opbrengste begin afplat.

Waarheen nou? Genetiese manipulasie.

Fnuik die peste wat oesskade veroorsaak.

Bou tonnels wat die natuur op sy plek

hou. Verwerk en verpak en vervoer sodat

vermorsing tot die absolute minimum

beperk word. Gebruik satelliete om die

grondpotensiaal en probleemareas te

identifiseer om dit maksimaal te kan benut.

Omtrent alles op dees aarde word of is

reeds gedoen. Waarheen nou?

Laterale denkers sê: kyk onder die grond!

Hulle sê: wat bo die grond aangaan is ‘n

20

spieël van wat onder die grond aangaan.

Die nuwe denkers sê: ‘n mens kan nie in

20cm grond suksesvol en standhoudend

boer nie, omdat, ongeag die digtheid van

die wortelstelsel, die risiko vir uitdroging

te groot is. Die plante het diepte ook nodig.

Dit is ‘n bekende feit dat ‘n plant se fyn

worteltjies afsterf binne 24-48 uur nadat

die voedingstof- en wateropname gestaak

is. Aan die ander kant weerstaan ‘n

goedontwikkelde wortelvolume voedingstof-

en watertekorte baie beter, weens

die verhoogde houvermoë daarvan, alias

‘n grondkundige konsultant van Stellenbosch,

Tienie du Preez.

Onder die grond heers ‘n lieflike klimaat,

waar die mikroflora in organiese materiaal

baie langer in stand gehou word en waar

die grondwater, mits die plante se wortels

dit kan bereik, baie langer tot die plant se

beskikking is. Met ‘n vlak wortelstelsel

is dieper grondvog ontoeganklik vir die

plant en dus nutteloos. Uitdroging begin

van bo af en hoe dieper die wortelstelsel,

hoe meer sal die plant teen droogte bestand

wees en dit sal ook in staat wees om goed

te reageer op enige reën gedurende die

groeiseisoen.

Die probleem is dat alle grond gelaagd

is en plantwortels nie van een laag na die

volgende groei nie. Deur dieper te rip sal

nie die probleem oplos nie. Dit maak wel

die grond dieper los, maar vermeng nie

die grond homogeen nie en plantwortels

sal nie noodwendig hierop reageer nie.

As die grond egter een keer deeglik

homogeen vermeng is sal wortelgroei die

hele grondvolume vul. Hoe beter die

grondvermenging dus, hoe groter die

worteldigtheid.

Dan is daar ook ‘n verdere probleem:

kompaktering. Ploeg (tot op enige diepte)

beperk plante se wortelstelsels tot op

daardie ploegdiepte. Daar vorm ‘n

verdigtingslaag op die ploegdiepte en

wortels groei nie dieper as die laag nie.

Twee grondkundiges, dr JAJ van Vuuren,

van SGS Laboratoriums en prof AS

Claassens, van die Universiteit van

Pretoria, is deur Soilmix genader om

wortelstudies met diepgrondvermenging

op mielies te doen.

Die algemene opvatting is dat mielies ‘n

oppervlakkige wortelstelsel het. In die

proef is mielies geplant in grond wat diep

en homogeen vermeng is (sonder enige

bykomende byvoegings of bemesting) en

is vergelyk met mielies wat op normale

nadat die mielies alreeds droog was. Slegs

die primêre wortels was nog sigbaar. Hulle

bevinding was as volg: “It was very clear

that no root growth could be found

underneath the layer that's been ploughed.

The reason for that is that the conventionally

ploughed areas had an oversupply

of soil acidity and had also densified in

the conventionally ploughed areas. In

contradiction to this, roots were found up

to a depth of 1,2 m in areas where Soilmix

soil preparation methods had been

implemented.” (Foto’s ter stawing van

hierdie bevindinge kan op die internet by

www.soilmix.biz gesien word.)

Net soos met mielies, is ook gevind dat

ander plante wat oppervlakkige

wortelstelsels het, se wortels veel dieper

groei indien die wortelomstandighede

korrek is. ‘n Voorbeeld is sitrusbome.

Tydens proewe, na grondvermenging, is

wortels gekry van tot 4,5 meter diep.

By die Willem Prinsloomuseum, oos van

Pretoria, is daar in 2003 stroke in ‘n

mielieland aan dié soort bewerking

onderwerp. Daar is niks by die grond

gevoeg nie en die mielies is tussen ander

mielies geplant. Die mielies wat in die

bewerkte grond geplant is was byna

dubbeld so hoog, met koppe byna twee

keer so lank en dik as die in die

kontrolegroep. Die Universiteit van

Pretoria het wortelstudies gedoen en

gevind dat die proefplante se wortels areas

van 1 – 2 meter gekoloniseer het.

Die korrekte manier is egter om

presisieboerdery in kombinasie met

grondhomogenisering toe te pas. So word

verseker dat daar waar te diep

bewerking nadelig vir die oes sal wees

(bv in kleigronde) die bewerkingsdiepte

aangepas word na die optimale toe en dat

die korrekte voedingstowwe en

chemikalieë tot op maksimumdiepte

vermeng word vir optimale benutting.

Net soos daar baie weerstand bestaan teen

enige nuwe tegnologiese ontwikkelinge

(GM-plante is ‘n sprekende voorbeeld)

druis die benadering van diep-bewerking

van grond in teen alles waaraan ons al

geslagte glo en gewoond is en word daar

heftig gereageer oor die meriete van die

nuwe benadering. Ruimte laat nie toe dat

die tegnieke en ondersteunende metodes

ook hier bespreek word nie, maar gaan

loer gerus in by die webblad van Soilmix

vir verdere inligting (HYPERLINK

http://www.soilmix.biz) of e-pos:

soilmix@mweb.co.za.

The new John Deere utility vehicle, the high performance

Gator (HPX), is set to take the SA market by storm.

Less than 2,5 metres long and just over 1,2 metres wide, the

Gator is no ordinary utility vehicle. It's ideal for rough terrain,

heavy duty hauling or medium commercial work.

David Kelder, territory manager for John Deere SA's

commercial and consumer equipment (C&CE) division says,

"The Gator is a fast, convenient and hassle free alternative to

a conventional utility vehicle.”

"It's perfect for farmers, builders, gardeners, hunting lodges,

construction worksites and golf course owners,” he maintains.

The HPX Gator comes in a 4x2 or 4x4 model with a high

torque 784 cc (20 hp) diesel engine. Despite its compact size,

it's remarkably tough and can haul up to 590 kgs (with a driver,

passenger and maximum box capacity) while travelling at

40 km/h.

Another outstanding feature is its heavy duty hydroformed

steel frame. John Deere is the industry pioneer in this 21st

century hydroforming technology.

Hydroforming expands raw steel inside a mould by using high

pressure water. Because the pressure is applied uniformly,

every hydroformed frame ends up with identical thickness

and therefore high tolerance for bending, twisting and heavy

loads.

"Frames made by welding or stamping just can't compare to

our technology," Kelder says.

John Deere first launched the Gator in South Africa in 1999

with the 4x2 Turf Gator and the 6x4 diesel Gator. John Deere

has now decided to increase the range of Gators available with

the introduction of the CX Compact Gator and the HPX Gator.

"The response to the Gator has been phenomenal and we

expect enormous demand during 2005 for the HPX," Kelder

adds.

Some of the HPX Gator features are:

Fuel system: 20,1 litres capacity

Towing capacity

and payload

capacity: 590 kg

Weight: 4x4 = 636 kg

4x2 = 614 kg

Depth: 229 mm

Full vehicle suspension

The Gator comes with a number of easily attached accessories.

These include a utility cart, front blade, canopy, winch and

rotary broom.

“It's perfect for

farmers, builders,

gardeners, hunting

lodges, construction

worksites and golf

course owners.”

A new

meaning

to tough

John Deere high performance Gator (HPX) in action.

Afgriland Mei/Jun 2005

TEGNIES

21

FOTONUUS

AFGRI MPUMALANGA-OOS

DRA BY TOT INTERHOëR-

ATLETIEK 2005

Interhoër 2005 met Hoërskool Lydenburg as gasheer, was voorwaar

‘n hoogtepunt vir sportliefhebbers wat die dag bygewoon het.

AFGRI Mpumalanga-Oos het die medaljes geborg.

BOEREDAG OP

BRONKHORSTSPRUIT

Op Woensdag 9 Maart 2005 het ‘n groot groep boere van

die Bronkhorstspruitomgewing van tien-uur die oggend af

die geniepsige hoëveldsonnetjie ontsnap en in die pragtige

stoorgebou van Hans van Rensburg van Arbor bymekaargekom.

Ferdi Louw, Hoofbestuurder: AFGRI Toerusting,

het in sy toespraak o a die boere verseker dat die maatskappy

en verskaffers indringend kyk na maniere om hulle in

moeilike tye te ondersteun (die bemarking van die nuwe

John Deere 6003-trekker is ‘n voorbeeld hiervan – sien

berig hieroor op bl 50). Mnr van Rensburg het die kwessie

van etielalkoholproduksie (etanol) as moontlike langtermynoplossing

vir die mieliebedryf aangeraak. Jackie Pretorius

het ‘n baie interessante video vertoon oor die geskiedenis,

bedryf en produksiefasiliteite van John Deere en Gerrie

Jordaan het die nuwelinge uit die John Deere-stal bekendgestel

en daar is ook gepraat oor finansiering, versekering

en AFGRI Saad. Die spot-pryse wat uitgedeel is (pette,

baadjies, koopbewyse, ens) het bygedra tot die gesellige

atmosfeer en dit was gou reeds duidelik dat die dag ‘n groot

sukses gaan wees.

Na ‘n besoek aan die saadproewe is almal na die landerye

waar die groot groen luukse John Deere-modelle een na

die ander met groot grasie die ryk grond diep omgeploeg

het, terwyl boere geïnteresseerd al die detail bekyk en

beluister het.

Daarna het Manie van Brakel en sy personeel toegesien dat

almal lekker eet en kuier en so die kersie op nog ‘n

suksesvolle boeredag geplaas. Die volgende persone van AFGRI het saam met die borg, John Deere,

meegehelp om van die dag 'n groot sukses te maak: Dries Roedolf

(meganisasiebemarking), Bresler Wilmans (besigheidsontwikkeling),

Ferdi Louw (Hoofbestuurder: AFGRI Toerusting), Hans van Rensburg

(boer en eienaar van die plaas), Gerrie Jordaan (werkwinkelstreeksbestuurder),

Marius Cornelius (saadbemarking), Manie van Brakel

(gasheer en organiseerder van die boeredag) en Norman Miller van die

Cullinantak.

22

REGIONAL NEWS

RESTRUCTURING OF AFGRI PRODUCERS

SERVICES IN NATAL AGRI

After AFGRI’s acquisition of Natalagri it was necessary to

restructure the company to utilize the synergies of an acquisition

of this kind. The aim of the restructuring is to cut costs, become

more competitive and effective and ultimately to benefit the

farmer.

Regionalized strategy

AFGRI acknowledges the uniqueness of each region and

therefore has a strong regionalized approach. By becoming

part of AFGRI the Natalagri service region was incorporated

into the group as the “AFGRI KwaZulu-Natal Province”.

The status quo will be maintained and the province will consist

of three regions with knowledgeable and dedicated regional

managers, namely:

North Region Pieter Pienaar 082 329 5275 Vryheid

Midlands Bryan Genlloud 082 873 8698 Mooirivier

South Region Ron Edwards 082 925 6616 Kokstad

All the branch managers in the different regions will report

directly to the regional managers, who in turn will report

directly to the CEO of Producers Services, Louis Smit. This

flat structure shortens the chain of command, is more effective

and obviously costs a lot less.

Farmers’ Advisory Forum

A Farmers’ Forum, consisting of six members, has also been

established in the province to assist senior management in

strategic decisions in the region. The forum meets on a bimonthly

basis to discuss issues of importance to farmers in

the region and to get feedback from activities within AFGRI.

Mark Stockil, previous chairman of the board of Natalagri,

chairs this meeting.

The other farmer members are: Ferdi Brecher, Mike Heyns,

Cippie Bryden, Mike Wilment and Charlie MacGillivray

Farmers are welcome to contact these members regarding any

inputs.

Head Office

All support services rendered by the head office of Natalagri

RON EDWARDS

Ron grew up in Margate

and completed his B

Compt Hons (Business

Science) through

UNISA while doing his

articles in Pietermaritzburg.

He started his

commercial career in the forestry industry

before spending time at Tiger Milling.

In 1999 he joined NCD as business

manager in Kokstad. At Natalagri he was

appointed regional manager: Southern

Natal and Eastern Cape.

Ron enjoys spending time outdoors. Over

weekends and during the holidays he will

most likely be found fly fishing in pursuit

of trout, mountain biking, camping or

4x4-ing in the mountains of Lesotho with

his wife and two sons.

24

BRYAN GENLLOUD

Bryan is, even though it

sounds highly unlikely,

somebody that braved

the Afrikaans waters of

Pretoria University to

complete his BSc Agric

Hons, after finishing his

undergraduate studies at the

Pietermaritzburg campus of the

University of Natal.

He started off with the Dept of Agriculture

as an agriculture extension officer before

venturing into the world of fertilizers

with Omnia in Dundee and Hectorspruit,

where he was 2 IC at a liquid fertilizer

manufacturer. He then joined NCD as

branch manager and later as regional

manager.

Bryan and his wife have kennels and a

pet parlour on their 2ha plot, and he

recently started breeding parrots, so

there’s definitely not much quiet time

around their house.

can now be shared with the existing structures of AFGRI and

therefore could be scaled down quite dramatically. A decision

was also taken to dispose of the old Natalagri head office

building. Remaining support services personnel, as well as the

regional Producers Services and Financial Services personnel

will be accommodated in offices that will be rented in the

ABSA building in Dundee. The regional Producers Services

personnel will be accommodated in the current Pietermaritzburg

premises.

Centralized services

The real benefit of the acquisition is the synergy which will

be derived from central buying, increased volumes and general

economies of scale. The buying department of Natalagri has

been incorporated into AFGRI to achieve just that, and farmers

should see the benefits coming through in time to come. This

is obviously very important to lower input costs at a time

where commodity prices in Agriculture are under extreme

pressure.

Mechanization

AFGRI has catered for the different needs of the very diverse

farming operations of Natal by opening a used whole goods

centre in Dundee with access to all areas and to supply the

spares outlets of Greytown, Bergville and Vryheid with grey

spare parts which we import through Partmaster, a full subsidiary

of AFGRI.

The Claas agency will be rolled out into two towns, namely

Winterton and Pongola where a fully equipped workshop and

spares department will be available to farmers.

Three tractor salesmen will work in the Province to sell the

new and the used whole good stock. They are:

André van den Heever Howick 084 582 4376

Frans du Plessis Bergville 083 335 7589

Michael Visagie Dundee 083 308 9895

AFGRI Producers Services is committed to the KwaZulu-

Natal farmers and the community per se and with the new

structure we are positive that we will be able to serve the

farming community well.

PIETER PIENAAR

Pieter Pienaar is a born

entrepeneur: he started

and managed a tuck

shop at school, tried his

hand (successfully) at

pig farming at ‘varsity

and, after completing

his B Comm Hons Business

Management, jetted off to England for

three years where he started a business

supporting South Africans there with

work, accommodation, etc.

Back home he did a stint at ABSA

Investments before he joined Clover as

Training Manager and became a manager

at Natalagri, after the NCD years.

Pieter is a keen sportsman but his current

MBA studies leaves him little free time

to enjoy these pastimes.

STREEKSNUUS

AFGRI NELSPRUIT IS NOU DIE LAEVELD

SE NUWE JOHN DEERE-AGENTE

Hierdie aankondiging beëindig maande se bespiegelinge oor die toekoms van John Deere,

nadat hul voormalige agente, Mascor, aangedui het dat hulle die Mascor Nelspruit-tak gaan

sluit. Dit sou beteken dat John Deere die landbougemeenskap in die Laeveld vanaf hul nuwe

hoofkantoor in Komatipoort moes bedien, wat logistieke probleme kon veroorsaak.

Na uitgebreide onderhandelinge tussen die drie partye is besluit dat AFGRI voortaan die eksklusiewe verskaffers van John

Deere in die Laeveld sal wees. Volgens Pieter Nel, Besturende Direkteur van John Deere Suid-Afrika en Willie Robberts,

Provinsiale Bestuurder van AFGRI Mpumalanga-Oos, het beide John Deere en AFGRI reeds ‘n gevestigde kliëntebasis in

die Laeveld en is dit vir beide partye voordelig om op die manier saam te werk.

Robberts het aangedui dat hulle ‘n meganisasie-tak in die Onderberg by AFGRI se Malelanetak sal hê en een in Nelspruit,

wat die sentrale areas sal bedien. Die bestaande Mascor-personeel sal by AFGRI geïnkorporeer word.

Robberts het gesê dat hy nie voorsien dat diens aan bestaande John Deere-kliënte enigsins deur hierdie oorname geraak sal

word nie. Hy het benadruk dat kliënte kan staatmaak op dieselfde hoë kwaliteit diens wat reeds’n kenmerk is by soortgelyke

agentskappe in ander streke van die land.

26

Vonkelwyn en flink

verkope by die

Westelike streek se

Meganisasiedag

Die proppe het vrolik geklap toe om en by sestig boere,

besighede en voornemende kliënte in die Wes-Vrystaat

en Noordwes in Februarie vanjaar ‘n spoggerige

sjampanje-ontbyt by die NAMPO-oesplaas bygewoon

het. Tydens die gesellige kopersontbyt het Louis Smit

(Hoof-uitvoerende Beampte: AFGRI Produsentedienste)

as hoofspreker opgetree en AFGRI se toekomstrategie

uiteengesit. Bertus van Heerden was aan die woord oor

die nuwe maniere waarop die kredietverleningsproses

vergemaklik gaan word deur bedryfspunte in spesifieke

omgewings te vestig, sodat die dienste by boere op hulle

plase gelewer kan word.

Na besoeke aan die statiese uitstallings en flinke

verkoopstransaksies (13 trekkers, 2 stropers en 2 balers)

en ‘n middagete, is ‘n trekking gehou om die wenner

van ‘n 440 Massey Ferguson aan te wys. Chris Conradie,

van die plaas Maatskappy, by Hennenman, was nie

bietjie in sy skik met die meevaller nie, veral omdat hy

‘n ou Massey-boer is en die 440 MF verlede jaar die

gewildste verkoper in Suid-Afrika was.

Volgens Douw Brink, gaan die geleentheid ‘n jaarlikse

instelling word en beplan hulle om al hoe meer boere

te betrek en te leer ken, o a deur gereelde kontakbesoeke

op plase, om te bepaal op watter maniere boere op die

beste moontlike maniere gediens kan word.

'n Massey Ferguson trekker, die MF 440 wat verlede jaar die gewildste

trekker in Suid-Afrika was, is uitgeloot onder boere wat produkte gekoop

het. Dis gewen deur 'n ou Massey boer, Chris Conradie van die plaas

Maatskappy by Hennenman. Hier word hy gelukgewens deur Douw

Brink. Gerrie Wagenaar van Barloworld Equipment Agriculture en

Christo Bamberger van AFGRI kyk toe.

Agter: Louis Smit, Hoof-

Uitvoerende Beampte,

AFGRI Produsentedienste

Voor, van links: Barend Keet

van Goeiehoek, wat 'n Claas

Mega 350 stroper gekoop

het; Godfried Heydenrych,

operasionele bestuurder van

Barloworld Equipment

Agriculture; Douw Brink

van AFGRI en Bertus van

Heerden, Provinsiale

Bestuurder van AFGRI se

Westelike Streek. Hulle staan

by 'n Challenger MT865

trekker van 420kW, Suid-

Afrika se grootste

landboutrekker.

Matthys de Vries van

Paardeplaas by

Hartbeesfontein het sy

CLAAS Dominator 98

stroper vervang met 'n

CLAAS Mega 350. Hier

staan hy (regs) by Rudi

Barnard, takbestuurder van

AFGRI op Hartbeesfontein.

STREEKSNUUS

Met 'n uitstekende uitsig op die kudde kon boere na kenners se advies luister.

BOERE

GELUKKIG

MET SANTA

GERTRUDIS

SANSA JL 284 is 'n pragtige voorbeeld van die stoetbulle van

Koos Louwrens se Santa-teelkudde.

Kruiskoeie met kalwers van Santa Gertrudisbulle.

28

Die Santa Gertrudis-telers het

beesboere genooi om ‘n dag saam

met hulle op die plaas Leeuwpan

van die Louwrens-familie, in die

Leslie-omgewing, deur te bring. Die

doel van die geleentheid was om

aan kommersiële telers die

geleentheid te gee om inligting in

te win en ook te sê wat hulle van ‘n

goeie bul verwag.

Agt en sestig boere vanoor ‘n wye gebied (Lydenburg, Piet Retief,

Volksrust, Vereniging, Balfour, Delmas) het die geleentheid bygewoon.

Met trekkers en sleepwaens is boere na die beestroppe in die veld

geneem. Die eerste besoekpunt was by ‘n trop dertigmaande-oue

dragtige Santa Gertrudisverse.

Hier het Hendrik van Pletzen (van Voermol en ‘Hendrik gee Raad’faam)

met boere gesels oor kalfpersentasie. Hoewel die huidige

gemiddelde kalfpersentasie in Suid-Afrika 56% is, is baie hoër

persentasies moontlik. Ter bevestiging hiervan het Voermol 15 top

beesboere, wat o a 9 verskillende rasse verteenwoordig, genader om

te bepaal watter boer die hoogste kalfpersentasie behaal het. In die

beoordeling van die prestasie het verskeie gemeenskaplike bestuurspraktyke

aan die lig gekom, o a kennis van weiding, kalfseisoene, regte

aanvullings op die regte tye, effektiewe parasietbeheer, deurlopende

samewerking met ‘n veearts, bulle wat getoets word vir vrugbaarheid

voor dektyd en kalwers wat nie later as op 7 maande gespeen word nie.

Jan Venter, met ‘n kalfpersentasie van bo 95%, was vanjaar se wenner.

Hy het vertel dat hulle lank reeds besef het dat noukeurige seleksie vir

vrugbaarheid, goeie bestuur t o v vrugbare bulle, die regte lekke, ens,

uiters belangrik is. Vandag is sy kudde op een dekseisoen van net 60

dae. Die verse word ‘n hele ruk vroeër by die bulle gesit as die koeie.

Sodra hulle ‘n ruskans na die eerste kalf gekry het, skakel hulle by die

teelseisoen van die kudde in.

Hierna is die toer na ‘n trop Santa Gertrudiskoeie met kalwers wat

gespeen moet word. Joop Viljoen van Lydenburg, wat al tien jaar lank

Bonsmaras kruis met Santa-bulle, was hier aan die woord om sy

teelervaring met die gaste te deel. Hy hou van rooi beeste en daarom

gebruik hy Santas en Bonsmaras. Miskien sal dit aanleiding gee tot ‘n

rooi ras met ‘n naam soos Bonsanta of Sanbonsma, omdat die rasse

mekaar goed aanvul en sulke kruisings met sukses met ander rasse

gedoen word. Verder glo hy ook daaraan om op ‘n veiling eers ‘n paar

bulle met die oog uit te soek en om daarna na die Blup- en fase C- en

D-syfers te kyk om die bestes van die oog-uitgesoektes te bepaal – op

syfers alleen beroep hy hom nie.

Die volgende stop was by ‘n trop gekruisde teelkoeie van verskeie

rasse, wat deur Santa-bulle gedek is en kalwers het wat gespeen moet

word. Suiwer stoetkoeie en kommersiële koeie word op die plaas presies

dieselfde behandel t o v dekseisoen, weiding, lekke, parasietbeheer,

ens. Arthur de Villiers van Vrede het hier die woord gevoer. Volgens

sy ervaring moet ‘n kalf se speengewig ± 50% van die moeder se gewig

wees en is ‘n baie goeie bul die goedkoopste uitgawe in beesboerdery.

Frik Verster van Van Wyk Lewendehawe, wat saam met Vleissentraal,

Ermelo, die borge van die dag was, het ‘n kykie op vleisprystendense

gegee. Martin Seyferdt, direkteur van die Santa Gertrudis-ras, het die

middag en ook die volgende dag ‘n beoordelingskursus aangebied, wat

deur 14 jongboere bygewoon is.

Vraelyste oor boere se probleme en vereistes is voltooi en daar is nog

vir lank rondom die braaivleisvure menings uitgeruil en gekuier. Vir

die Santa-telers was dit ‘n baie ‘vrugbare’ dag wat waardevolle inligting

tov die behoeftes van kommersiële telers opgelewer het.

STREEKSNUUS

BIELIE-MIELIEFEES OP REITZ

Soos altyd is daar vir die Bielie-mieliefees (11 en 12 Feb) ookDaar

was so veel om te doen, uitstekende kunstenaars wat

lank vooraf beplan en hard gewerk, maar dit het almal net opgetree het en so 'n gesellige atmosfeer dat die gekuier tot

meer entoesiasties gemaak.

laat geduur het. Hoop ons sien baie van die lesers volgende

jaar daar!

Die mieliefees het begin met ‘n beoordeling van die verskillende

uitstallers se stalletjies. Die afgelope tien jaar of selfs langer

het die beker elke keer dieselfde eienaar gekry en was die

verbasing groot toe AFGRI vanjaar wegstap met die trofee vir

die beste stalletjie! Almal behalwe die AFGRI Reitz-personeel

natuurlik.

Die eerste aand het elke industriële - en landbou-uitstaller die

geleentheid gehad om 'n item bekend te stel. AFGRI het met

die John Deere 8520-trekker die mense omtrent laat regop sit!

Die sitplek het die funksie dat dit oplig of aftrek as jy deur 'n

sloot of oor 'n hobbel ry. Die spreker vra toe so tong in die

kies vir die trekker of dit lus het vir baie harde werk, waarop

die trekkers se neus op en af beweeg asof dit 'Ja!' antwoord,

tot groot vermaak van die gehoor. Die truuk het soveel aftrek

gekry dat dit weer die volgende dag herhaal moes word!

OPENING VAN AFGRI-CLOCOLAN

Natalagri was ‘n gevestigde besigheid in Clocolan. Vir 100 jaar het die besigheid bekendgestaan

as NCD (Clover). Toe is dit oorgeneem deur Natalagri en het vir twee jaar onder die naam

geopereer, tot die oorname deur OTK, en so het dit uiteindelik deel van AFGRI geword.

As julle weer ‘n draai gooi op Clocolan, kom loer gerus in. Wat ons kortkom in omvang

maak ons voor op in hartlikheid en goeie diens.

30

Twee dae se skoffel, grassny en reparasies aan die uitstalruimte is beloon

toe AFGRI Reitz se stalletjie as die beste op die Mieliefees aangewys is

en is tekenend van die AFGRI-manier om in alles uitnemendheid na te

streef.

In 2001 het die Meganisasie-afdeling op die been

gekom en ‘n winkelgedeelte is ook later op die

perseel van Meganisasie gevestig. Op 1 Desember

2004 het AFGRI Clocolan formeel sy deure geopen

vir besigheid. Van toe af was daar elke maand ‘n

verbetering in omset en die personeel is positief

en gemotiveerd om van die Clocolantak ‘n

winsgewende tak te maak.

Die jaar se aktiwiteite is afgeskop met ‘n

openingsdag in Februarie om bande met kliënte

te bevestig en om hulle weer bewus te maak van

alles wat AFGRI Clocolan bied. Die

openingsfunksie was ‘n groot sukses.

STREEKSNUUS

KIEPERSOL-BOERE

EN AFGRI KUIER

SAAM

Die Kiepersoltak van AFGRI Mpumalanga-Oos het op 25

Februarie hulle “Afskopfunksie 2005” gehou waartydens boere

van die omgewing en hul gades, verskaffers en personeel saam

gekuier het.

Hierdie informele geleentheid is bygewoon deur ongeveer 150

gaste en is aangebied om boere op hoogte te bring van die nuutste

produkte tot hul beskikking, wat kan bydra tot effektiwiteit en

ook in hulle spesifieke behoeftes voorsien.

Willie Robberts (Provinsiale Bestuurder: Mpumalanga-Oos) het

inligting verskaf oor hulle verbintenis tot Tsunami, AFGRI se eie

chemiese maatskappy. Die Kiepersoltak se nuwe bestuurspan, o

l v Christo du Plessis en Kiepersol-personeel, o l v Bennie Joubert

(Veldbemarker: Kiepersol) het hard gewerk om van die geleentheid

‘n sukses te maak, terwyl ‘n groot aantal verskaffers bygedra het

deur as borge op te tree.

AFGRI borg

Top 10-atletiek

op Bethal

Op 2 Februarie 2005 het Hoërskool Hoogenhout, Bethal, hul jaarlikse Top 10-Atletiekbyeenkoms aangebied met finansiële steun

van AFGRI.

Hierdie byeenkoms het die afgelope 8 jaar gegroei tot een van die gewildstes op die Mpumalanga hoërskole atletiekkalender.

Dertig spanne het vanjaar deelgeneem aan die byeenkoms. Benewens die Mpumalanga-skole wat vanoor die hele provinsie kom

deelneem het, het skole van so ver as Reitz, Brits, Phalaborwa, Kemptonpark en Pretoria ook hul staal kom wys.

Groot getalle toeskouers het atletiek van hoogstaande gehalte gesien. Die reëls van die kompetisie bepaal dat ‘n span uit tien

lede moet bestaan wat meeding in die O/15, O/17 en O/19-ouderdomsgroepe. ABSA-punte word dan gebruik om ‘n wenspan

te bepaal. Elke skool word dus verteenwoordig deur net hul héél beste atlete. Die Hoër Tegniese Skool Middelburg het vir die

derde agtereenvolgende jaar as wenners uit die stryd getree. Zwartkop Hoër van Pretoria het die tweede plek behaal en HTS

Witbank was derde.

Die trofee vir die beste baan- en veldatleet het gegaan aan twee atlete van HTS Middelburg – H le Grange (O/15) en Erika

Kleynhans O/17.

Die aanbieding van ‘n byeenkoms van hierdie aard het groot finansiële implikasies, wat nie sonder die ondersteuning van

goedgesinde borge kan geskied nie. AFGRI se betrokkenheid skep ‘n geleentheid vir die room van ons jong atlete om aan ‘n

prestige-byeenkoms deel te neem en ook beloon te word vir harde werk. Hoërskool Hoogenhout en die atlete is baie dankbaar

dat ‘n instansie soos AFGRI bereid is om so by die gemeenskap betrokke te raak en ‘n belegging in die jeug maak.

Hoërskool Hoogenhout en die atlete is baie dankbaar dat ‘n instansie soos AFGRI bereid is om so by die gemeenskap

betrokke te raak en ‘n belegging in die jeug maak.

Daar is gesellig verkeer om die spitbraai met iets

koud in die hand.

Verskaffers en personeel van die AFGRI-groep wat die Kiepersol Afskopfunksie

2005 bygewoon het.

Afgriland Mei/Jun 2005

31

ALGEMEEN

AFGRI Logistiek gaan in 2005 sy aanbod aan die landbou

vergroot deur sy dienste in die vrugtebedryf uit te brei.

AFGRI het ‘n ‘National Fruit Hub’ tot stand gebring. Hierdie

diens gaan vrugte (voorlopig) van die ooste van die land op

die hub plaas en deur

Deur die Sizanani graan-

‘hub’-sagteware aan te

pas kan AFGRI nou ‘n

soortgelyke diens aan die

produsente en uitvoerders

van vrugte lewer.

Hoewel daar aanvanklik

op sitrus gekonsentreer

word, sal die diens later

na ander gewasse en

gebiede uitgebrei word.

32

middel van vryemarkprysbepaling

die

vervoerkontrakteurs

selekteer om die vrugte

hawe toe te vervoer.

Die stelsel word van die

produsent se rekenaar af

bedryf, wat gekoppel is aan

die hub. Die kliënt kan

elektronies en met

onmiddellike effek sien

watter vervoerkontrakteurs

op die stelsel is en wie

beskikbaar is. Op die

Sizanani-hub is daar meer

as 2 000 vragmotors wat

benut kan word. Dit gee aan die produsent sterk bedingingsmag,

sonder dat hy sy identiteit prysgee.

AFGRI Logistiek se span doen al die administrasie:

afleweringsnotas, transito-versekering en papierwerk en alles

deur een kontakpunt. Die produsent kan selfs besluit of die

AFGRI-span namens hom al die koördinering met die

kontrakteurs moet doen. AFGRI sal verder ook die produsent

finansier ten opsigte van sy vervoerkostes indien nodig.

Hierdie fasiliteit moet nie verwar word met die dienste van

‘n vervoerversekeraar nie. Inkomste word slegs verdien indien

die prys van die vervoer die basisprys wat deur partye

ooreengekom is, verbeter.

Die proses werk as volg: die produsent registreer gratis op die

hub en voltooi ‘n kredietaansoek. Weeklikse vooruitskattings

kan eenmalig vir die seisoen op die hub geplaas word en alle

administrasie word verder deur die AFGRI Logistiekkantoor

gedoen. Op Donderdae word u vervoerbehoefte vir die week

per e-pos, faks of SMS bevestig. Die syfers word op die hub

geplaas, daar word daarop gebie en die werk word op Vrydae

toegeken.

Die ‘National Fruit Hub’ het ‘n kliëntenavraekantoor wat die

proses bestuur. Johan Joubert (projekleier) en Jacey Strauss

(bemarkings-ontwikkelaar) het die projek saam ontwikkel.

Angelique van Niekerk en Denise Carstens beman die

kliëntenavraekantoor as deel van die span.

Vir meer inligting kontak gerus een van die genoemde persone:

Jacey Strauss: 082 572 0819

Johan Joubert: 084 602 5685

Denise Carstens: 012 643 2770

Angelique van Niekerk: 012 643 2770.

ALGEMEEN

34

AFGRI

SAAD

WAT JY KRY IS

SOVEEL MEER

Dr Chris Laubscher,

Bestuurder: Genetika en Produksie

AFGRI is, sedert sy OTK-dae, al vir meer as veertig jaar in die

saadbedryf betrokke, via sy verbintenis met Sensako en die SNKhandelsmerk.

Sensako was vroeër die navorsings- en

ontwikkelingsafdeling van die koöperasies, terwyl OTK

verantwoordelik was vir die vermeerdering, verwerking,

finansiering en distribusie van die saad.

Met die oorname van Sensako deur Monsanto in die laat negentigerjare, het AFGRI die

reg behou om die SNK-handelsmerk in sy tradisionele gebiede te verkoop. Hoewel

AFGRI steeds toegelaat is om koringsaad te vermeerder, het Monsanto die funksie van

saadvermeerdering by somergewasse grootliks oorgeneem.

Die uitbreiding van AFGRI na die res van Suid-Afrika en Afrika het die behoefte laat

ontstaan vir die ontwikkeling van kultivars vir ander gebiede. AFGRI Saad het in 2002

besluit om sy eie navorsingsafdeling te begin en om die saadvermeerderingsafdeling uit

te brei.

Vir navorsing word drie komponente benodig, nl genetika (kiemplasma), ervare planttelers

wat oor die vermoë beskik om produkte te ontwikkel, en fasiliteite. Dr Chris

Laubscher, ‘n ervare mielieteler, en dr Jorrie Jordaan, ‘n ervare koringteler is in 2002

aangestel. A g v hulle internasionale kennis en verbintenisse kon AFGRI die beste

basissaad-maatskappye in die VSA, Suid-Amerika en plaaslik nader en genetikaooreenkomste

sluit. Dit was veral moontlik danksy die feit dat maatskappye bereid is

om hulle intellektuele kapitaal aan ‘n maatskappy soos AFGRI toe te vertrou en veral

ook omdat Suid-Afrika wetgewing in plek het wat intellektuele kapitaal beskerm (soos

die plantverbeteringswet, Wet 53 van 1976).

Die uitgangspunt was van meet af aan om internasionale blootstelling te diversifiseer

en risiko’s te verminder deur nie slegs met ‘n enkele maatskappy besigheid te doen nie,

aangesien ‘n enkele multi-nasionale maatskappy ter eniger tyd uit Suid-Afrika kan onttrek

of sy pryse drasties kan lig en dit kan jou en jou klante in ‘n lelike verknorsing laat.

Mettertyd is die saadproduksiespan versterk met ervare

bestuurders soos Frikkie Schnetler, wat verantwoordelik is

vir die produksie van somergewassaad en Hennie

Bezuidenhout, verantwoordelik vir weidingsaad.

AFGRI doen tans navorsing met al die belangrikste akkerbougewasse

in Suid-Afrika, nl geel- en witmielies, koring,

sonneblom, sojabone en sommige weidings. Die fokus is om

met behulp van gesofistikeerde plantteeltegnieke tegnologiesgevorderde

produkte te ontwikkel en hierdie produkte met

GM-tegnologie te versterk waar nodig. Bewys van die sukses

van hierdie benadering lê in sy huidige pakket mieliebasters.

Voorbeelde hiervan is basters soos AFG4244, ‘n ultra-vinnige

mieliebaster wat tans in die proses van registrasie is, AFG4410,

‘n medium-vinnige groeiseisoen mieliebaster, en AFG4520,

‘n medium-groeiseisoen mieliebaster. Al drie hierdie mieliebasters

is hoogs kompeterend, met moderne eienskappe soos

staanvermoë (stamsterkte), siekteverdraagsaamheid, stuifmeelen

baardsinchronisasie en die vermoë om hoër plantpopulasies

(± 25% hoër as normaal) en dus ook stremming, te hanteer.

Die teel van mieliebasters wat oor die vermoë beskik om hoër

plantpopulasies te hanteer, was die grootste enkele bydraende

faktor tot opbrengsverhoging in die VSA die afgelope 70 jaar

en in Suid-Amerika die afgelope 20 jaar. Waar die VSA in

die laat 1930’s mielies teen ongeveer 30 000 plante per hektaar

geplant het, word mielies vandag gemiddeld teen meer as

70 000 plante per hektaar geplant. Daarmee saam het ‘n

stelselmatige verhoging in die gemiddelde nasionale opbrengs

per hektaar voorgekom.

Mieliesaadpryse in Suid-Afrika het die afgelope dekade gestyg

van ongeveer R250 (42 VSA$) per 25kg sakkie nie-GMmieliesaad

tot die huidige meer as R680 (113 VSA$) per

25kg sakkie mieliesaad. Vergelykend kos saad internasionaal

ongeveer 70 tot 80 VSA$ per sakkie. Een van die redes vir

plaaslike hoë pryse is die neiging om weg te beweeg van

dubbelbasters, met hulle hoogs produserende saadouers wat

saadopbrengste van 5 tot 7 ton per hektaar gelewer het, na

meer tegnologies-gevorderde enkelkruise, met saadopbrengste

van 1,5 tot 3 ton per hektaar.

Waar produsente vroeër gesê het dat saadpryse nie ‘n wesenlike

bydrae tot insetkoste maak nie, voel hulle vandag anders.

Daarom het AFGRI se produksiespan, tesame met die

plantetelers, opdrag om voldoende saad van die regte kwaliteit,

betyds teen die laagste moontlike pryse te produseer.

AFGRI Saad is dus verbind daartoe om tegnologiesgevorderde

produkte teen ‘n bekostigbare prys aan sy

klante te voorsien.

Vir enige navrae kontak:

Marius Cornelius 082 803 3993

Fanie le Roux 082 463 0457

35

FINANSIES

BVP OF ‘N

MOKERHOU?

Joubert Strydom

Suid-Afrikaanse sportspanne wat nie elke naweek na verwagting

presteer nie skep ‘n wonderlike geleentheid vir rusbankkritici

om met hulle meerdere kennis al die foute uit te wys

en hul eie spankeuses uit te werk. Ongelukkig word hierdie

duisende persoonlike spanne nooit op die speelveld getoets

nie. Dus kan die rusbankkeurders nooit verkeerd wees nie!

Tussen 1998 en 2003 het dieselfde tendens ook kop uitgesteek

toe sukkelende Suid-Afrikaanse beleggingsmarkte en ons

verswakkende wisselkoers meegebring het dat Jan Alleman

homself as ‘n uitsonderlike fondsbestuurder en bate-allokeerder

gesien het. Die opmerking word gereeld gemaak dat hierdie

selfverklaarde ekonomiese guru’s vergelyk kan word met die

‘wenner-dobbelaars’: mens hoor net van die suksesse, nooit

van die foute nie!

Maar hoe dan gemaak met mens se finansiële beplanning om

te verseker dat mens ‘n wenspan op die veld het?

Vergun my die geleentheid om krieket as voorbeeld te gebruik

as dit by spankeuses kom. (Ons weerhou onsself maar van

die rugbyvoorbeeld, omdat die 2005 Super 12-poging tot

dusver min kredietwaardigheid aan die argument sal verleen!)

In die samestelling van ‘n krieketspan word verskeie spelers

– kolwers, boulers en ‘n paaltjiewagter – ingespan om die

balans van die span gesond en aan die wenkant te hou. Onder

kolwers is daar nog openingskolwers, middelorde-kolwers en

dan natuurlik die manne aan die einde wat die stertkant

verteenwoordig. Net so ook in die boulwerk-afdeling is daar

aanvangsboulers, snelboulers, swaaibalboulers en draaibalboulers.

En natuurlik is dit ‘n groot voordeel indien jy ‘n

veelsydige speler of twee in jou geledere het om na beide

dissiplines om te sien.

Net so is daar verskillende bateklasse en tipes fondsbestuurders

wat in jou finansiële beleggingsprofiel die mees gebalanseerde

span sal verteenwoordig. Natuurlik is daar faktore wat in

gedagte gehou moet word, soos wat die ekonomiese omstandighede

is waarin jy blootstelling geniet, wat jou persoonlike

behoeftes, verwagtinge en vereistes is, en natuurlik of jy glo

dat jy die wedstryd kan wen deur ‘n sekere spelpatroon te

speel.

In die samestelling van jou beleggingsspan sal jou twee

aanvangskolwers, asook dalk die kolwer op nommer 3,

verteenwoordig word deur jou kontantblootstelling. Hier word

‘n kolwer verwag wat nie onnodige kanse waag nie. Net so

behoort daar met kontant nie onnodige kanse gewaag word

nie, maar moet jou beleggingsbeurt eerder met versigtigheid

36

aan die gang gekry word. Daarna is dit natuurlik die beurt van

die langertermyn-groeibates wat op nommer 4 en 5 kom kolf,

om seker te maak dat genoegsame lopies ingesamel word.

Hierdie kolwers moet hulle ook kan aanpas indien die ekonomie

skielike veranderinge ondergaan en ander bateklasse onder

druk sou verkeer, net soos wanneer daar vinnig ‘n paar paaltjies

verloor word. Ek sou graag wou gehad het dat eiendom en

alternatiewe beleggings, wat ‘n meer reëlmatige, absolute

opbrengs lewer, vir my in hierdie posisies sou kolf.

Op nommers 6 en 7 kan ek ‘n bietjie meer waagmoed aan die

dag lê met my middelorde en daar oorweeg ek graag ‘n bateklas

wat onder-geëvalueer is, of ‘n fondsbestuurder met ‘n unieke

filosofie en bestuurstyl. Hierdie twee posisies sal die span se

vermoëns onder bepaalde omstandighede versterk, net soos

wat ‘n oorgewigposisie aan ‘n spesifieke bateklas of

fondsbestuurder jou opbrengs kan verhoog. Op nommer 8

word daar gewoonlik na die paaltjiewagter gekyk en hier,

veral met die buitelandse blootstelling wat in elke portefeulje

‘n vereiste is, word na geografiese - en streeksverteenwoordiging

gekyk. Die doel hiervan is om, indien die bateklasse

in jou eie ekonomie jou beleggingsopbrengste onder druk sou

plaas, die moontlikheid te hê dat buitelandse blootstelling vir

jou die teenoorgestelde opbrengs en risikoprofiel sal lewer.

Daarna kom ons natuurlik by die boulers en in krieketterme

is hulle die persone wat vir jou wedstryde wen! Vir nommers

9, 10 en 11 sou ek na ‘n waardefondsbestuurder, ‘n groeifondsbestuurder

en ‘n aanpasbare/veelsydige fondsbestuurder kyk

wat tussen die twee bestuurstyle van waarde en groei kan

beweeg en sy vernuf kan kanaliseer volgens die ekonomiese

omstandighede. Die aandele-komponent van elke portefeulje

is van kritiese belang om doelwitte te bereik en dit sal verseker

dat finansiële wedstryde ook oor die langtermyn gewen word.

Hier mag draaiers, swaaibalboulers en snelboulers ingespan

word, want uit die fluktureerende opbrengste van aandele

word maksimale groei verseker.

Net soos ‘n krieketspan se teoretiese samestelling aangepas

word by die omstandighede en gebaseer word op prestasie,

filosofie, mondering en tegniek, behoort fondsbestuurders en

bateklasse op dieselfde wyse geselekteer te word om te verseker

dat daar aan verwagtinge voldoen word.

Geen enkele indiwidu het as keurder of as speler die alleenreg

op die wenformule nie en die impak van gebalanseerde en

verantwoordelike spanwerk is deurslaggewend. Ek vertrou

dat jy en jou mede-adviseurs ‘n span sal kan saamstel waarmee

jy jou eie lewensdoelwitte kan bereik soos deur die finansiële

speelveld bepaal!

HENDRIK GEE RAAD

VAN DIE VELD TOT IN DIE VOERKRAAL

Hendrik van Pletzen ~ Tegniese Bestuurder, Voermol Voere

38

In die vorige

uitgawe van die

Afgriland

(Mrt/Apr 2005)

is die geleenthede

en slaggate

om goedkoop

mielies deur vee

te bemark,

bespreek.

BBenut

mielies

maksimaal in

dierevoeding

Teen die huidige prys per kostestrukture kan ’n ‘mielieprys’ van R1 100 – R1 200 per

ton realiseer indien dit deur speenkalwers bemark word. Die benutting van weimielies

deur skape is ook ’n moontlikheid en ’n ‘mielieprys’ van R1 500 – R2 000 per ton is

haalbaar. Neem ook deeglik kennis van die risiko’s wat bestaan, veral ten opsigte van

die bemarking van markgereed-diere en algemene bestuurspraktyke.

’n Verdere benuttingsmetode van mielies is om sjokolademielies te maak met Voermol

Korn Kandy (V1551). Hierdie benuttingsmetode, wat ook bekend staan as die laekoste

voerpil, maak maksimum-gebruik van mielies. As energiebron het mielies sekerlik nie

sy gelyke as dit by dierevoeding kom nie, maar ons weet dat die proteïen- en mineraleinhoud

van mielies gebrekkig is, veral vir produserende diere. Voermol Korn Kandy is

’n konsentraat in vloeistofvorm wat spesiaal geformuleer is om die tekorte en wanbalanse

in mielies en kleingrane reg te stel. ’n Baie groot voordeel van Korn Kandy is

dat mielies (en ander grane) nie gemaal hoef te word nie. Maal- en hanteringskoste word

dus gespaar en voerverliese wat met die maalproses gepaard gaan, word uitgeskakel.

Omdat Korn Kandy taai is, kleef dit aan die graan vas en dit kan net so op harde

oppervlaktes gevoer word. Geen bakke is dus nodig waar sjokoladegraan op die veld

gevoer word nie.

Die mengverhouding van Korn Kandy met mielies en Korn Kandy met kleingrane verskil

en die menginstruksies is as volg:

Bestanddeel Mengsel 1 (kg) Mengsel 2 (kg)

Voermol Korn Kandy 25 25

Mielies 200 -

Kleingraan - 250

Voerkalk 3 4

TOTAAL 228 279

Sjokoladegraan kan vir skape en bokke met verskillende

produksiedoelwitte gebruik word. Die gebruiksaanwysings

vir verskillende doelwitte is as volg:

Afronding vir die slagmark:

Sjokoladegraan kan met sukses vir afronding in voerkrale

of op weidings gebruik word.

Skape benut heelmielies meer doeltreffend as mieliemeel

en die voeromsetverhouding (VOV) van heelmielies is

ongeveer 8% beter as dié van mieliemeel. Lammers wat

ligter as 26 kg weeg sukkel aanvanklik om heel pitte te benut

en dit is beter om mielies vir ligte lammers te maal. Korn

Kandy bevat buffers asook medikamente om suurpens te

beperk, maar beter resultate word verkry deur skape geleidelik

oor die eerste 14 dae aan te pas. Begin met 200 g

sjokoladegraan per skaap per dag vir twee dae en verhoog

die hoeveelheid elke tweede dag met 100 g per dag tot by

ad lib-voeding na ongeveer 14 dae.

Voldoende hoeveelhede weiding of ruvoer moet ten alle tye

beskikbaar wees. Verskaf genoeg kripspasie in die voerkraal

sodat alle diere gelyktydig kan vreet.

Gebruik ook sjokolademielies vir speenkalwers, maar breek

of maal die mielies vir ouer beeste.

Vir teelramme voor die teelseisoen:

Voer aan teelramme vanaf twee tot drie maande voor die

teelseisoen en ook tydens die teelseisoen. Waar ramme langer

as 6 weke gevoer word, moet 2,5 kg ammoniumchloried by

elk van Mengsels 1 en 2 ingesluit word om nierstene te

voorkom. Vir maksimum testisgroei en spermproduksie moet

15 – 25 kg Voermol HPK 36 (V8097) by Mengsels 1 en 2

ingesluit word. Die aanbevole inname is 300 – 500 g

sjokoladegraan per ram per dag. Die hoeveelheid byvoeding

moet aangepas word na gelang van die kondisie van die

ramme en die kwaliteit van die weiding of ruvoer. Voldoende

hoeveelhede ruvoer moet ten alle tye beskikbaar wees.

Byvoeding vir laat-dragtige en lakterende ooie op weiding:

Sjokoladegraan moet met Voermol HPK 36 verryk word om

aan die hoër deurvloeiproteïenbehoefte van hierdie klas diere

te voorsien. Meng 15-25 kg HPK 36 by Mengsels 1 en 2 en

voer teen 250 – 500 g per ooi per dag om uierontwikkeling,

bies- en melkproduksie te stimuleer.

Vir droogte– of onderhoudsvoeding:

Sjokoladegraan kan met welslae as energie- aanvulling

tydens droogtetoestande gebruik word. Voer die behandelde

graan op harde grondoppervlaktes en die beste resultate met

droogtevoeding word verkry deur diere elke tweede of derde

dag te voer, in plaas van daagliks. Die aanbevole inname is

200 – 300g per skaap per dag, maar pas die hoeveelheid aan

na gelang van die kondisie van die dier asook die gehalte

en beskikbaarheid van die weiding.

Mieliemeel kan ook met groot sukses in bees- en skaaplekke

gebruik word. Die Voermol Dundeelekkonsentraat (V10737)

vir beeste is by uitstek geskik vir selfmeng van laekoste

onderhouds- en produksielekke. Voermol Premix 450 (V4676),

Hoëveldlek (V16150) of Suurveldlek (V10265) kan in gelyke

dele met mieliemeel gemeng word vir ’n produksielek vir

beeste. Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985) of Winslekkonsentraat

(V17865) is konsentrate vir selfmeng met mieliemeel

vir skape en bokke. Voermol beskik oor ’n wye reeks lekke

en konsentrate wat by uitstek geskik is om saam met mielies

te gebruik vir verskillende produksiedoelwitte.

Vir meer inligting ivm Voermolprodukte en rantsoensamestellings,

kontak u naaste Voermol-agent of skryf aan:Voermol

Voere, Posbus 13, Maidstone 4380. U kan ook telefonies

kontak maak by 032 439 5599 of stuur ‘n e-pos aan:

info@voermol.co.za

39

ALGEMEEN

Reëlings vir die 2005/2006

somergraanseisoen

Die 2005/2006-somergraanseisoen het op

1 Maart 2005 ‘n aanvang geneem.

Produsente gaan ’n leweringseisoen

tegemoet met goeie opbrengste aan die een

kant maar met kommoditeitspryse wat

buitensporig laag is. Met dit as agtergrond

het AFGRI se Hantering en Bergingsdivisie

besluit om vanjaar ’n ekstra myl

saam met sy produsente te loop.

Afgesien van die normale dienste wat jaarliks aan produsente gebied word,

wys ons graag op die volgende:

BESKIKBARE KAPASITEIT

Goeie opbrengste en ’n groot oordragvoorraad het tot gevolg dat beskikbare

kapasiteit onder druk kom. Ten spyte van die verwagte groot oes is daar

in totaliteit genoegsame kapasiteit in die silo’s beskikbaar om die totale

oes in AFGRI se produksiegebied te hanteer. Hoewel daar silo’s in sekere

streke is wat nie die huidige oes ten volle sal kan hanteer nie is daar

insgelyks sekere streke wat onbenutte kapasiteit het. AFGRI is tans met

verskeie aksies besig om die druk op daardie silo’s waar kapasiteitsprobleme

verwag word, te verlig. Enkele van hierdie inisiatiewe is soos volg:

• Skep van kapasiteit binne AFGRI silo’s deur uitlaai-aksies na kopers

en optimum-benutting van onderbenutte AFGRI silo’s

• Skep van addisionele tydelike opbergkapasiteit by sekere silo’s

• Kommunikasie met kopers en

• Opgradering van onbenutte buise met die doel om operasioneel te

wees vir die komende someroes.

’n Beroep word op produsente gedoen om korrekte oesskattings aan die

silo’s deur te gee. Hierdie inligting is krities belangrik in die kapasiteitsbeplanning

soos hierbo verduidelik. Produsente kan deurentyd met hul

betrokke leweringsilo's kontak om hierdie situasie te monitor.

40

Na bl 42

Kontakpersone vir REËLINGS

vir die 2005/2006 somergraanseisoen

Streeksbestuurder Telefoon

HANNES PRINSLOO 017 624 1217

082 568 9770

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Devon Daan Badenhorst 017 688 0109

Harvard Koos Coetzee 017 712 4616

Hawerklip Johan Naude 013 665 3426

Holmdene Manie Gouws 017 701 3005

Kinross Jaco Naude 017 687 1522

Ogies Kallie van Staden 013 643 1611

Platrand Antoon Jacobs 017 785 1405

Standerton Kobus Swart 017 712 6181

Trichardt Chris Siemens 017 638 0313

Val Hennie Oosthuyzen 017 702 3023

Streeksbestuurder Telefoon

BERTO PIETERSE 017 624 1196

083 652 8900

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Amersfoort Frikkie Fourie 017 753 1601

Badplaas Brandt Ehlers 017 844 1114

Bethal Arrie Greyling 017 624 1380

Carolina Brandt Ehlers 017 843 1408

Davel Cobus Lundall 017 629 3016

Driefontein Floors Conradie 013 293 7414

Ermelo Hennie Swart 017 811 6528

Estancia Ina vd Westhuizen 013 293 8024

Lothair Gerhard Reyneke 017 845 3026

Maizefield Willie Scheepers 017 647 0423

Morgenzon De Wet vd Berg 017 793 3222

Overvaal Hennie Swart 017 819 2123

Silobestuurder Telefoon

ATTIE CLAASSENS 082 325 7693

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Balfour Dennis Kümm 017 773 0002

Bloekomspruit Louis Putter 016 342 1702

Leslie Hans Kotzè 017 683 0052

Eloff Piet Swanepoel 013 667 9298

Endicott Jacques McPherson 011 730 1706

Glenroy Stephan van Staden 082 783 6894

Goeiehoek Carel Heyns 016 424 3612

Greylingstad Johan du Preez 017 778 0021

Kaalfontein Pieter vd Berg 011 972 2717

Leeuspruit Hannes Duvenhage 017 779 8061

Nigel Braam Bosse 011 814 7219

Silobestuurder Telefoon

LIAM KUHN 082 783 6199

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Argent Eniël Botha 013 665 3901

Arnot Thys Swart 013 246 7500

Bronkhorstspruit Willie Pieters 013 932 0342

Dryden Gerhard v Niekerk 013 665 4061

Kendal Johan Swart 013 648 1116

Lydenburg Peet Gerber 013 235 1136

Marble Hall Barry Smith 013 261 1147

Middelburg Jan de Souza 013 282 7215

Pan Thys Swart 013 246 7610

Stoffberg George Venter 013 271 0018

Wonderfontein Gerhard de Witt 013 246 7300

Silobestuurder Telefoon

HENRY GALE 082 921 9611

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Bergville Willie Davel 036 448 1050

Bloedrivier Joe Stander 034 922 1732

Dannhauser Vish Surajbali 034 621 2554

Dundee Johan vd Walt 034 212 1541

Greytown Hennie Brink 033 413 2051

Paulpietersburg Flip vd Merwe 034 995 1174

Vryheid Louis vd Wath 034 982 2941

Winterton Div de Villiers 036 488 1151

New Amalfi Gabriël Pepler 039 757 5843

Silobestuurder Telefoon

HERMAN OELLERMAN 058 303 5757

083 388 0313

Silo’s Silobestuurder Telefoon

Afrikaskop Wenzel Sonnekus 058 653 1230

Bethlehem Karel Bruwer 058 303 5757

Eeram Frans Heymans 058 622 2844

Harrismith Johan Kriek 058 623 0922

Kaallaagte Chris du Toit 058 471 0511

Kransfontein Hendrik Lottering 058 304 2870

Libertas Theuns Goosen 058 481 2709

Marquard Stoffel Henning 051 991 0393

Meets Hannes Heymans 058 303 3929

Monte Video Liebies Liebetrau 058 481 2230

Senekal Calvyn Schoeman 058 481 2151

Slabberts Peter Draper 058 303 4549

HANTERING &

BERGING

Tel +27 17 624 1000

41

Van bl 40

AFLAAI VAN VRAGMOTORS

AFGRI het dit goedgedink om vanjaar personeel beskikbaar

te stel om met die aflaai van vragte by silo’s behulpsaam te

wees. Ons glo dat hierdie diens vir produsente van groot waarde

sal wees.

SILOSERTIFIKATE

Produsente moet daarop let dat silosertifikate verskeie voordele

inhou wat produsente in hul bemarkingstrategie kan aanwend.

Wanneer ’n sertifikaat uitgereik word, sal geen opbergkoste

verder teen die klant se rekening gedebiteer word nie omdat

die houer van die sertifikaat vir die silokoste aanspreeklik is.

Die opgelope silokoste op die sertifikaat moet egter in ag

geneem word wanneer sertifikate verhandel word.

Wanneer sertifikate teen kontrakte aangebied word, geld die

volgende:

• Wanneer sertifikate teen opbergkontrakte aangebied word,

sal die klant teen wie se opbergkontrak die sertifikaat

aangebied word se rekening met die opgelope silokoste

gedebiteer word.

• Wanneer sertifikate teen ’n ander kontrak as ’n opbergkontrak

aangebied word, sal die klant wat die sertifikaat

aanbied met die opgelope silokoste gedebiteer word.

SILOTARIEWE

Produsente se silokoste sal vanjaar per produk tot ’n sekere

maksimum-tarief beperk word. Dit is ’n groot voordeel wat

vir produsente gebied word. Produsente het dus die voordeel

dat graan enersyds op ’n dagtarief bemark kan word en

andersyds vir ’n lang periode opgeberg kan word sonder om

die volle dagtarief te betaal.

In hierdie opsig word produsente aangeraai om as volg met

sertifikate te handel:

• Sertifikate moet so gou moontlik nadat die graan in die

silo gelewer is, aangevra word.

• Wanneer sertifikate verhandel word kan dit eers ingedien

word om gekanselleer te word. Die rede hiervoor is dat die

produsent se opbergrekening dan met die opgelope silokoste

op die sertifikaat gedebiteer sal word, waarna ’n nuwe

sertifikaat onmiddellik aangevra kan word. Geen addisionele

sertifikaatkoste sal in hierdie geval verhaal word nie en

indien die produsent se silokoste meer as die beperkte

silokoste is, sal krediete in so ‘n geval uitgereik word. Dit

het die verdere voordeel dat daar nie opgelope opbergkoste

(c/t/d) op sertifikate is wat kopers van produsente kan

verhaal nie.

Indien u produkte vir lang periodes op u opbergkontrak geberg

word sal u ook nie meer silokoste betaal as die maksimum

tarief wat vir produsente daargestel is nie. Indien daar enige

onduidelikheid hieromtrent is moet produsente nie huiwer om

met die kontakpersone in verbinding te tree nie (sien bladsy

41 vir kontakinligting).

42

Bemarkingsperiode waarop tariewe van toepassing is:

Sonneblom 1 Maart tot 28 Februarie

Sojabone 1 Maart tot 28 Februarie

Droëbone 1 Maart tot 28 Februarie

Mielies 1 Mei tot 30 April

Graansorghum 1 Mei tot 30 April

WERKSURE

AFGRI is verbind tot goeie klantediens en sal tydens die

ontvangseisoen verlengde ure werk. Silobestuurders sal met

produsente hieromtrent in verbinding tree.

AGRIBONUS

Produsente word daarop gewys dat Agribonuspunte verdien

word op elke ton graan wat in AFGRI se silo’s gelewer word,

ongeag of dit op opberg of op kontrakte gelewer word.

DROGING VAN GRAAN

Graansilo’s wat oor droërs beskik sal graan tot en met 16%

kan droog. In gevalle waar die vog tussen 16% en 17% is kan

’n spesiale reëling met die betrokke silobestuurder getref word

indien omstandighede dit toelaat. Die drogingstariewe is by

elke silo beskikbaar.

Die volgende vogbasisse is van toepassing:

Vogbasis Maksimum vog

Mielies 12,5% 14,0%

Sorghum 12,5% 14,0%

Droëbone 12,5% 14,0%

Sonneblom 9,0% 10,0%

Sojabone 12,0% 13,0%

SKOONMAAK VAN GRAAN

Indien produsente ’n behoefte het om graan skoon te maak

kan daar met die betrokke silo in verbinding getree word.

Tariewe is op aanvraag by die silo beskikbaar.

GRAANLEWERINGSOPDRAG

Ten einde enige dispute te verhoed moet produsente met elke

vrag aandui op watter leweringskontrak die vrag gelewer moet

word. Die betrokke graanleweringsopdrag is by elke silo

beskikbaar.

OPBERGOOREENKOMS

Dit is belangrik dat produsente daarop moet let dat daar vooraf

by die betrokke silo waar die graan opgeberg word, ’n

opbergooreenkoms geteken moet word.

GRADERING VAN GRAAN

Geen wysigings het die afgelope jaar in die graderingregulasies

van graan en oliesade voorgekom nie.

AFGRI wens produsente ’n voorspoedige oesseisoen toe

en daar word vertrou dat die dienste wat aan produsente

gelewer word van hoogstaande gehalte sal wees.

ALGEMEEN

44

Dipstofdoeltreffendheid

in perspektief

Dr Pamela Hunter, Afrivet

Daar is rede tot kommer by boere oor die doeltreffendheid

van dipmiddels wat in die agri-handel verkrygbaar is. Nie

alle middels gaan dieselfde doeltreffendheid behaal op ‘n

spesifieke plaas nie. Waarom dan nie? Faktore wat probleme

kan veroorsaak moet te alle tye in ag geneem word.

Dieregesondheid-maatskappye word dikwels gekonfronteer met die aantyging: “Julle

dipstof is niks werd nie, daar is steeds bosluise op my diere na ek hulle gedip het”.

Met nadere ondersoek word gewoonlik gevind dat die spesifieke middel wat so

afgemaak word tog doeltreffend werk teen teiken uitwendige parasiete op die spesifieke

plaas, maar daar is talle faktore wat daartoe kan lei dat ‘n produk as oneffektief gesien

word.

Toediening speel ‘n kritiese rol in doeltreffendheid

Dipstowwe se doeltreffendheid word benadeel indien dit nie reg toegedien word nie.

Van die belangrikste redes hiervoor is die volgende:

• Die dipmengsel in ‘n dipbak is nie op sterkte nie, agv die foutiewe aanmaak of

aanvulling van die diptenk. Elke dipmiddel het sy eie tempo van verdunning –

maak seker die korrekte verhouding word gebruik. Soms word die werklike volume

van ‘n dipbak foutief bepaal of onderskat. Gereelde toetsing van dipmonsters sal

bevestig of die dipmengselkonsentrasie voldoende is al dan nie.

• Aansameling van sand en vastestowwe op die bodem van ‘n diptenk mag die diepte

van die dipmengselvlak ontoereikend maak om diere behoorlik te benat.

ALGEMEEN

• Swak benatting in ‘n spuitgang kan voorkom weens

strukturele probleme, lae pompdruk of die verstopping van

spuitkoppe of die suigpypklep.

• Met handbespuiting is die volume dipmengsel wat per dier

toegedien word dikwels te laag. ‘n Minimum van 5 liter

per volwasse bees word benodig om suksesvolle beheer

met handbespuiting te verkry.

• In die geval van opgietmiddels is, anders as by dompel- of

spuitdip, die korrekte bepaling van die dier se massa

belangrik om die korrekte dosis toe te dien. Toedieningsapparaat

moet ook gereeld getoets word vir korrekte

kalibrasie en funksionaliteit.

Dipmiddelkeuse is van kardinale belang

Die keuse van dipmiddel speel ‘n groot rol in doeltreffende

beheer van uitwendige parasiete. Dit is ook belangrik om in

gedagte te hou dat die werking van middels verskil en daarom

sal die waarnemings van doeltreffendheid ook verskil.

• Die spektrum van parasietdoeltreffendheid kan op die

produk-etiket gevind word. Maak seker die regte middel

word vir die teikenparasiet aangekoop.

• Met inspuitbare makro-sikliese laktone (bv ivermektien,

doramektien en moksidektien) moet die parasiete eers van

die dier se bloed inneem voor die middel ‘n uitwerking op

hulle het. Siekteoordraging is dus, ten spyte van behandeling,

nog moontlik. In die geval van bosluise beheer hierdie

middels die een-gasheer bloubosluise (Boophilus spp.)

doeltreffend maar nie ander bosluise nie.

• In die geval van peritroïed-dipstowwe kan dit twee dae

duur voor parasiete vrek. Dit gebeur ook soms dat mannetjiebosluise

steeds aan die dier vassit, al is hulle dood.

• Dit neem tot drie dae vir opgietmiddels om oor die hele

dier te versprei en dit kan tot vier dae na toediening

Behoorlike benatting van die hele dier is noodsaaklik vir doeltreffende uitwendige parasietbeheer.

eers op parasiete aan die laer gedeeltes van die lyf

begin werk.

• Sommige dipstowwe het kort residuele werkings en kan

diere na 3 dae herbesmetting van bosluise opdoen onder

strawwe bosluisuitdaging. Dit gebeur veral wanneer diere

na nuwe weidings verskuif word waar duisende honger

bosluise op hulle wag.

Omgewingstoestande en goeie bestuur bepaal ook

sukses

• Reën of nat toestande en gras kan die dipmiddel “afwas”.

Dit geld veral die kop, onderlyn, bene en hoewe van

diere.

• Spesifieke klimaatstoestande gee aanleiding daartoe dat

sommige uitwendige parasiete (bv Karooverlammingsbosluise)

meer aktief word en boere moet bedag wees op

sulke aanslae.

• Een van die faktore wat baie kommer wek is die toename

in weerstandbiedende parasietstamme weens onoordeelkundige

gebruik van beskikbare middels. Tuisgemaakte

opgietbrousels is ‘n groot sondebok in die verband. Chemiese

groepe van middels behoort ook strategies volgens ‘n

geskikte weerstandsbestuurprogram afgewissel te word om

langtermyndoeltreffendheid van middels te bestuur.

Vir die doeltreffende beheer van uitwendige parasiete is ‘n

grondige kennis van die omgewingsfaktore, die teikenparasiet

en die dipmiddels noodsaaklik. Daarbenewens is geskikte en

doelgemaakte toerusting en fasiliteite vir die korrekte toediening

van dipmiddels net so belangrik.

Vir verdere inligting skakel die Afrivet-hulplyn

0860VEEARTS of (012) 807 6591 of besoek Afrivet se

webwerf www.afrivet.co.za

Afgriland Mei/Jun 2005

45

Die winsgewendheid van enige koei/kalf

onderneming ALGEMEEN word beïnvloed deur die

persentasie koeie wat elke 12 maande

kalf. Koeie wat dus nie kalf nie, of langer

as 12 maande neem om ‘n kalf te speen

en weer te kalf, verhoog die koste per

kilogram vleis geproduseer vir die kudde.

Om aan al haar produksievereistes te

voldoen moet die teelkoei in optimale

kondisie wees tydens die dekseisoen.

Navorsing toon duidelik dat liggaamskondisie

tydens kalwing sterk korreleer

met die tydperk tussen kalwing en

herkonsepsie, lewenskragtigheid van die

kalf en opvolgende laktasieprestasie. Die

droë, dragtige periode word in die meeste

vleisbeesondernemings afgeskeep en lei

dit meesal daartoe dat die liggaamskondisie

aan die einde van die winter, wanneer

koeie gewoonlik kalf, in meeste

koeikuddes laer as optimaal is.

In 1993 is die eerste van ‘n reeks studies

deur Köster et al by die Kansas State

University in die VSA gedoen, om die

ideale vlakke van rumen-degradeerbare

proteïen (RDP) te bepaal wat benodig

word deur vleisbeeste om hul inname,

verteerbaarheid en diereprestasie op lae

kwaliteit weidings (soortgelyk aan die

winterweidings in Suid-Afrika) te

optimaliseer. Rumen-degradeerbare

proteïen is die gedeelte van die totale

proteïne in ‘n voer of lek wat in die rumen

(grootpens) afgebreek kan word. Die

afbraakprodukte van RDP (peptiede,

aminosure, ammoniak) word dan deur die

mikrobes as ‘n noodsaaklike voedingstof

benut in hul funksie om onder andere gras

te verteer en dus die goedkoop energie in

gras vir die dier beskikbaar te stel.

Figuur 1: Bepaling van RDP-behoeftes

deur die “One slope, broken-line

model”

Totale VOMI, g/kg LM .75

40

35

30

25

20

15

10

5

0

Breekpunt = 4

0 1 2 3 4 5 6 7

Totale RDP Inname, g/kg LM .75

Hooi RDP= Hooi RP x 0.53

Totale RDP-behoeftes vir ‘n 450 kg koei

= 450 .75 x 4

= 97.7 x 4

= 391 g totale RDP/dag (gras + lek)

Met die ‘broken-line’- model (Figuur 1)

is bepaal dat ongeveer 4 gram totale RDP/

kg LM0.75 (wat die RDP vanaf die gras

en die aanvulling insluit) benodig word

vir optimum verteerbare organiese

materiaal inname of benutbare energieinname

van lae-kwaliteit weidings. Vir ‘n

450-kg koei met ‘n metaboliese

liggaamsmassa (LM0.75) van 97,7 kg is

die totale RDP-behoeftes dus 391 gram

per dag (sien Figuur 1). In bg studie is

ook vasgestel dat die degradeerbare fraksie

van proteïne in lae-kwaliteit weidings

ongeveer 50-55% is. Dié gedeelte van die

RDP vanuit die weidings (± 170 gram

NUWE BEGINSELS IN

LEKAANVULLING OP LAE-

KWALITEIT WEIDINGS

Verhoog reproduksie en winsmarges

van die totale vleisbeesonderneming

Dr Hinner Köster – Besturende Direkteur: Scinetic (AFGRI se nuwe sentrum vir tegnologie)

RDP/ 450 kg koei) moet dus ook in ag

geneem word wanneer RDP aangevul

word en kan dus afgetrek word van die

totale behoeftes (391 gram vir ‘n 450-kg

koei op weiding met ‘n proteïeninhoud

van 3,5 %) van diere op spesifieke

weidings, om te bepaal hoeveel uiteindelik

deur ‘n lek aangevul moet word.

In die tweede van die reeks studies toon

Köster et al verder dat nie meer as 75%

van die RDP-aanvulling van ureum

afkomstig moet wees nie, weens ‘n

drastiese daling in verteerbaarheid van

lae-kwaliteit grasse - en gevolglik

verteerbare organiese materiaal inname -

indien meer RDP in die vorm van ureum

in winterlekke voorsien word. Volgens

hierdie navorsing is die aanbeveling van

meeste huidige kommersiële Suid-

Afrikaanse winteronderhoudslekke vir

vleisbeeste ten opsigte van daaglikse

proteïenhoeveelhede te min vir optimale

benutting van tipiese Suid-Afrikaanse

winterweidings. Die nuwe navorsing toon

dat, vir optimale benutting van Suid-

Afrikaanse

winterweidings deur droë,

dragtige vleisbeeskoeie,

vlakke van 60 – 70 gram

ureum tesame met 40 – 60

gram RDP afkomstig

vanaf ware proteïenbronne,

eerder aangevul

behoort te word om ‘n

gewenste liggaamskondisie

gedurende die

winter en goeie

reproduksieresultate

daarna te handhaaf.

Dieselfde navorsing op

skape wys soortgelyke RDP-behoeftes

per kg LM0.75 as beeste aan, maar wys

ook uit dat wanneer meer as 25% van die

RDP in die vorm van ureum voorsien is,

is die verteerbaarheid van die gras, en

gevolglik ook verteerbare organiese

materiaal-inname, negatief beïnvloed.

Onderhouds-lekke vir skape behoort dus

meer natuurlike proteïenbronne te bevat

weens die groter sensitiwiteit van skape

teenoor ureum. Navorsing op skape wys

verder ook duidelik ‘n positiewe respons

(veral op die prestasie van laat-dragtige

en lakterende ooie) indien ‘n redelike

persentasie van die proteïne in winterlekke

in die vorm van verbyvloeiproteïne

voorsien word.

Studies, om die effek van energiebronne

en enegiehoeveelhede in winterlekke vas

te stel, toon verder dat stysel-gebasseerde

energieprodukte soos mielies, chop en

kleingrane konstant swakker presteer in

onderhoudslekke as suikers, soos melasse

en hoogs verteerbare veselenergieprodukte

soos koringsemels, mieliesemels

en sojadoppe. Verder toon hierdie studies

ook dat, indien maksimum benutting van

lae-kwaliteit weidings deur voldoende

RDP- aanvulling bewerkstellig word, die

gras voldoende energie behoort te voorsien

om droë, dragtige koeie se liggaamskondisie

suksesvol in die winter te onderhou

en reproduksie in die daaropvolgende

laktasieperiode te optimaliseer. Enige

energie-aanvulling (bv melasse) in

winteronderhoudslekke sou dus slegs ‘n

baie klein (soms selfs geen) bydrae tot

verbeterde benutting van lae-kwaliteit

ruvoerbronne lewer, maar kan wel bydra

om moontlike tekorte in die weidings vir

hoër diereprestasie aan te vul.

Tesame met ander noodsaaklike

voedingstowwe sal geen lek optimaal

presteer indien dit nie volledig vir die

tekorte in mikro- en makrominerale (veral

fosfor) gebalanseer word nie. Makro- en

mikrominerale speel ‘n belangrike rol in

fisiologiese en metaboliese prosesse van

die dier. Indien die dier se minerale status

nie voldoende is nie, sal veral reproduksie

daaronder lei, maar ook sekere produksiefunksies.

Daarom moet winteronderhoudslekke

ook voldoende (en ‘n goeie balans)

minerale bevat om beide die tekorte in

winterweidings en die diere se reserwes

weer aan te vul.

Ter samevatting kan bogenoemde

beginsels en tegnologie as volg beskryf

word:

Korrekte aanvulling van beperkte

voedingstowwe vervang nie grasinname

nie, maar stimuleer eerder die inname en

verteerbaarheid van lae-kwaliteit

weidings. Korrekte aanvulling verseker

dat die ‘goedkoop energie’ wat in

winterveld teenwoordig is wel maksimaal

deur die dier benut kan word en sodoende

verbeterde en meer ekonomiese produksie

tot gevolg het.

Afgriland Mei/Jun 2005

47

ALGEMEEN

VAARDIGHEIDSONTWIKKELING

IN DIE LANDBOU

Patrick Nelissen, Mannekragbestuurder, AFGRI Produsentedienste

Daar bestaan

huidiglik ‘n

verskeidenheid van

wetgewing wat die

hele proses van

vaardigheidsontwikkeling

in die land

bestuur. Die een

waaroor baie

onduidelikheid heers

is die Vaardigheidsontwikkelingswet

Nr 55 van 1995, wat

die hele proses van

vaardigheidsheffings

bestuur.

Indien u enige vrae rondom die aspekte of

enige ander opleidingsaangeleentheid het,

nooi ek u uit om dit aan my te e-pos by

pnelissen@afgri.co.za.

48

Daarom is dit goed om die detail van die

wet deeglik onder oë te neem:

Op wie is die wet van toepassing?

Op alle werkgewers, behalwe:

• Die staatsdiens

• Geestelike - en liefdadigheidsorganisasies

• Openbare instellings wat meer as 80%

van hulle befondsing van die parlement

ontvang

• Werkgewers van wie die totale

salarisbetalings aan werknemers

minder as R250 000 per jaar beloop

en wat dus nie as sodanig te hoef

registreer nie.

Registrasie: Alle werkgewers wat verplig

is om die Vaardigheidsheffing te betaal

moet by die Ontvanger van Inkomste

registreer.

Heffingsbedrag: Werkgewers word

verplig om 1% van alle werknemers se

totale salaris te betaal as ‘n Vaardigheidsheffing.

Die bedrag mag nie van die

werknemers verhaal word nie.

Betaling: Die heffing moet maandeliks

aan die Ontvanger van Inkomste oorbetaal

word en nie later as die 7de van ‘n maand

nie.

Nie-betaling: Werknemers wat nie

heffings oorbetaal nie, sal verplig word

om rente op die uitstaande bedrag te betaal

en mag ook ‘n boete opgelê word.

Distribusie van die fondse:

• Die SETA’s kry 80% van die geld.

• Die Vaardigheidsontwikkelingsfonds

kry 20% van die geld.

Werkgewers kan van die geld terugeis

indien hulle werknemers oplei.

Wat is ‘n “SETA”? Die akroniem staan

vir Sector Education and Training

Authority. Tans bestaan daar 25 SETA’s

wat elkeen ‘n spesifieke industrie van ons

ekonomie verteenwoordig.

Wat is die funksie van die onderskeie

SETA’s?

• Hulle moet toesien dat geld uitbetaal

word aan deelnemende werkgewers

vir opleiding wat die werkgewers

gedoen het;

• Hulle moet opleidingsprogramme

ontwikkel wat spesifiek gerig is op

hulle industrie;

• Hulle moet kwaliteitstandaarde

implimenteer en handhaaf vir all

opleiding binne die industrie.

Watter SETA is op die landbou van

toepassing?

Huidiglik bestaan daar twee SETA’s in

die landbou, nl PAETA (Primêre landbou)

en SETASA (Sekondêre landbou). Die

beplanning is dat die twee SETA’s in Junie

2005 sal saamsmelt en dan as AGRISETA

bekend sal staan. Die kontak-details vir

PAETA & SETASA is soos volg:

PAETA

Tel: (012) 325 1655

Faks: (012) 325 1677

Posbus 26024 Arcadia 0007

SETASA

Tel: (011) 803 6010

Faks: (011) 803 6702

Posbus 2176 Brooklyn 0075

Hoe kan ek van my geld terugeis?

• Jy moet eerstens registreer by jou

relevante SETA.

• Jy moet dan jaarliks twee verslae

indien met die volgende inligting:

- Watter opleiding jy beplan vir die

- komende jaar (die verslag moet

- gewoonlik Maart/April ingehandig

word);

- Watter opleiding jy wel gedoen het

i t v die plan wat jy ingedien het

(gewoonlik April/Mei) van die

daaropvolgende jaar)

Die formaat van die verslae is by die

relevante SETA beskikbaar en kan

gewoonlik redelik vinnig voltooi word.

TEGNIES

John Deere en AFGRI maak dit

makliker met die 6003-reeks

50

AFGRI se beleid is om boere se belange onder alle omstandighede op die hart

te dra. Daarom word die nuwe John Deere 6003-trekkerreeks ingevoer, wat ‘n

bekostigbare opsie bied aan boere wat die aankoop van trekkers oorweeg. Hierdie

trekkerreeks sal in die 70kw tot 90kw-klas meeding en is kompeterend geprys

teenoor ander vervaardigers se sg ‘waardereeks’-trekkers. Dit is perfek vir basiese

take soos sny- en baalwerk en kom in ‘n 74- en 83-kilowatt enjins. Ander

eienskappe sluit in: maklik-om-te-gebruik-kontroles, ‘n netjiese, gestroopte

operateursplatform, en 9 vorentoe en 3 truratte, wat geskakel kan word terwyl

die trekker in beweging is.

Soos alle ander John Deere-produkte van hoogstaande kwaliteit sal hierdie reeks

ook die waarborg van 2 jaar of 2 000 uur geniet.

Hierdie nuwe reeks is reeds op verskeie boeredae bekendgestel en het groot

belangstelling ontlok, en verskeie bestellings is reeds geplaas. AFGRI is trots

daarop om as verspreider die produkte aan u as klant aan te bied, met volle

ondersteuning t o v waarborge, na-verkopediens en onderdele.

Die volgende modelle sal binnekort beskikbaar wees:

6403 twd 74kw

6403 mfwd 74kw

6603 mfwd 83kw

In die lig van ‘n baie mededingende meganisasiemark sal hierdie reeks verseker

die keuse van die boer wees.

Skakel u naaste AFGRI-tak of meganisasiebemarker vir verdere inligting.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!