1 AFRIFORUM: KONFERENSIE OOR MUNISIPALE DIENSLEWERING EN BELASTING ...
1 AFRIFORUM: KONFERENSIE OOR MUNISIPALE DIENSLEWERING EN BELASTING ...
1 AFRIFORUM: KONFERENSIE OOR MUNISIPALE DIENSLEWERING EN BELASTING ...
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
AFRIFORUM: KONFERENSIE OOR MUNISIPALE DIENSLEWERING EN BELASTING

WATTER RUIMTE VIR DEELNAME AAN MUNISIPALE BESTUUR BIED DIE MUNISIPALE

BELEIDSRAAMWERK AAN DIE PUBLIEK?

Spreker: Frik Mulder 1

Plaaslike Regeerkunde Praktisyn

Sel: +27 (0)82 851 7113

Faks: +27 (0)86 684 7100

e-pos: pafrik@iafrica.com

Geagte Voorsitter, dames en here, baie dankie vir die uitnodiging om u oor hierdie fundamentele aspek

toe te spreek.

1. GRONDWETLIKE BEPALINGS

1.1. SA is 'n grondwetlike demokrasie waar die Grondwet die opperste wet in die land is wat op die

beginsels van 'n regstaat gebaseer is. 2

1.2. Die regering van die Republiek word saamgestel uit die nasionale, provinsiale en plaaslike sfere

van regering wat eiesoortig, interafhanklik en onderling verbonde is. Hierdie vorm van

samewerkende regering bied kenmerke van beide 'n uniale en 'n federale stelsel. 3

1.3 Die plaaslike sfeer van regering bestaan uit munisipaliteite waarby die uitvoerende en

wetgewende bevoegdheid in die munisipale raad gesetel is. 'n Munisipaliteit het die reg om op

eie inisiatief oor die plaaslike bestuursaangeleenthede van die gemeenskap te regeer

onderworpe aan nasionale en provinsiale wetgewing soos deur die Grondwet bepaal. Verder

mag die nasionale of provinsiale sfere van regering nie inbreuk maak of die plaaslike sfeer

verhinder om magte te uit te voer of om funksies te verrig nie. 4

1.4 Die grondwetlike doel van plaaslike regering is om:

Demokratiese en rekenpligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te vestig;

Dienste op 'n haalbare wyse aan plaaslike gemeenskappe te voorsien;

Maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder;

'n Veilige en gesonde omgewing te bevorder; en

Gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies aan te moedig om betrokke te raak by

plaaslike-bestuursaangeleenthede. 5

1.5 Spesifieke voorsiening word gemaak vir die ontwikkelingsmandaat van munisipaliteite waarby:

1 BA Staatswetenskappe, RAU, 1974, Nagraadse Diploma in Administratief - en Munisipalereg, RAU 1991 - cum

laude

2 Artikel 1 van die Grondwet

3 Artikel 40 van die Grondwet

4 Artikel 151 van die Grondwet

5 Artikel 152 van die Grondwet

1
Die munisipale administrasie, begrotings - en beplanningsprosesse so gestruktureer en

bestuur moet word om:

Prioriteit aan die bevrediging van die basiese behoeftes van die gemeenskap te

verleen; en

Die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap te bevorder;

en

Munisipaliteite aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme moet deelneem. 6

1.6 Artikel 195 van die Grondwet sit die basiese waardes en beginsels uiteen wat die publieke

administrasie reel. Hiervolgens moet:

'n Hoё standaard van professionele etiek bevorder en gehandhaaf word;

Doeltreffende, ekonomiese en doelmatige aanwending van bronne bevorder word;

Die publieke administrasie ontwikkelings-geöriёnteerd wees;

Dienste verskaf word op 'n onpartydige, billike en regverdige wyse sonder vooroordeel;

Op mense se behoeftes gereageer word en die publiek moet aangemoedig word om

deel te neem aan beleidbepaling;

Die publieke administrasie rekenpligtig wees;

Deursigtigheid gekoester word deur die publiek voortydig toegang tot akkurate inligting

te gee;

Gesonde menslike-hulpbronne bestuur en loopbaanontwikkeling praktyke

gekweek word om die menslike potensiaal te maksimaliseer; en

Die publieke administrasie breedweg verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse

gemeenskap wees en indiensnemingspraktyke en personeel bestuur moet gebaseer

wees op vermoёns, objektiwiteit, billikheid, en die noodsaaklikheid om onbillike

praktyke van die verlede aan te spreek om 'n breё verteenwoordiging te bereik.

2. MUNISIPALE STELSELSWET (WET 32 VAN 2000)

2.1 KONSIDERANS

Ter aanvang word aandag gevestig op sekere bepalings soos vervat in die konsiderans van die Wet:

Die plaaslike regeringstelsel onder apartheid het droewiglik (dismally 7 ) gefaal om die basiese

behoeftes van die meerderheid Suid-Afrikaners aan te spreek;

'n Fundamentele aspek van die nuwe plaaslike regeringstelsel is die aktiewe betrokkenheid van

gemeenskappe in die sake van plaaslike regering waarvan die gemeenskappe 'n integrale deel

vorm en veral ten opsigte van beplanning, dienslewering en prestasiebestuur;

Die nuwe stelsel van plaaslike regering vereis 'n doeltreffende, doelmatige en deursigtige

plaaslike publieke administrasie wat aan die grondwetlike beginsels voldoen; en

Daar is 'n behoefte om finansiёle en ekonomiese haalbare munisipaliteite te vestig; en

6 Artikel 153 van die Grondwet

7 Naar, aaklig, somber, droewig, treurig, trietsig, naargeestig, troosteloos

2
Daar is 'n behoefte om 'n meer harmonieuse verhouding tussen munisipale rade, munisipale

administrasies en die gemeenskap te skep waarby wederkerige regte en verpligtinge erken

word.

2.2 DEFINISIES 8

Verder moet daar kennis geneem word van die volgende definisies soos in die Wet vervat:

"belastingbetaler" met betrekking tot 'n munisipaliteit, beteken 'n persoon wat verantwoordelik is aan

die munisipaliteit vir die betaling van:

Eiendomsbelasting binne die munisipaliteit; of

Enige ander belasting of heffings wat deur die munisipaliteit ingestel is; of

Tariewe vir dienste gelewer deur die munisipaliteit of ingevolge 'n diensleweringsooreenkoms.

"inwoner" met betrekking tot 'n munisipaliteit, beteken 'n persoon wat gewoonweg in die munisipaliteit

woonagtig is.

"personeel" met betrekking tot 'n munisipaliteit, beteken die werknemers van die munisipaliteit

insluitend die munisipale bestuurder.

"plaaslike gemeenskap" of "gemeenskap", met betrekking tot 'n munisipaliteit, beteken daardie

liggaam van persone bestaande uit:

Die inwoners van die munisipaliteit;

Die belastingbetalers van die munisipaliteit;

Enige burgerlike organisasies en nie-regerings-, privaat sektor - of arbeidsorganisasies of liggame

wat betrokke is by plaaslike aangeleenthede binne die munisipaliteit; en

Besoekers en ander persone wat buite die munisipaliteit woon, maar as gevolg van hul

teenwoordigheid binne die munisipaliteit, gebruik maak van dienste of fasiliteite wat deur die

munisipaliteit voorsien word en sluit meer spesifiek, die armes en ander minderbevoorregte

dele van sulke liggame van persone in.

"politieke ampsdraer" beteken die speaker, uitvoerende burgemeester, adjunk uitvoerende

burgemeester, burgemeester, adjunk burgemeester of 'n lid van die uitvoerende komitee.

"politieke struktuur" met betrekking tot 'n munisipaliteit, beteken die raad van die munisipaliteit of

enige komitee of ander kollektiewe struktuur van die munisipaliteit wat verkies is, aangewys is of

aangestel is ingevolge 'n spesifieke bepaling van die Munisipale Strukture-wet

8 Artikel 1 van Wet 32 van 2000

3
2.3. REGSSTATUS VAN 'N MUNISIPALITEIT 9

'n Munisipaliteit:

Is 'n orgaan van die staat binne die plaaslike sfeer van regering wat wetgewende en uitvoerende

bevoegdheid uitoefen binne die regsgebied van die munisipaliteit;

Bestaan uit:

Die politieke strukture en die administrasie van die munisipaliteit; en

Die gemeenskap van die munisipaliteit;

Funksioneer binne die regsgebied in ooreenstemming met die politieke, statutêre en ander

verhoudings binne die politieke strukture, politieke ampsdraers en die administrasie en die

gemeenskap; en

Het 'n afsonderlike regspersoonlikheid wat aanspreeklikheid vir die gemeenskap uitsluit ten

opsigte van optredes van die munisipaliteit.

2.4 REGTE EN PLIGTE VAN MUNISIPALE RADE 10

'n Munisipale raad het die reg om:

Op eie inisiatief oor die plaaslike bestuursaangeleenthede van die plaaslike gemeenskap te

regeer;

Die munisipaliteit se uitvoerende en wetgewende bevoegdhede uit te oefen sonder

onbehoorlike inmenging; en

Die sake van die munisipaliteit te finansier deur:

Die heffing van tariewe vir dienste; en

Die instelling van 'n toeslag op fooie, eiendomsbelasting en in die mate daartoe deur

nasionale wetgewing gemagtig, ander belastings, heffings en tariewe

Die raad van 'n munisipaliteit het binne die munisipaliteit se finansiёle - en administratiewe kapasiteit

met inagneming van praktiese oorwegings, die plig om:

Die munisipaliteit se uitvoerende en wetgewende bevoegdheid en die gebruik van die bronne

van die munisipaliteit in die beste belang van die gemeenskap uit te oefen;

Om sonder guns of vooroordeel, demokratiese en rekenpligtige regering te verskaf;

Die plaaslike gemeenskap aan te moedig om aan prosesse deel te neem;

Daarna te strewe om munisipale dienste aan die plaaslike gemeenskap op 'n finansiёle - en

omgewingsvolhoubare wyse te verskaf;

Met die plaaslike gemeenskap oorleg te pleeg oor:

Die vlak, standaard, omvang en impak van munisipale dienste wat deur die

munisipaliteit of 'n dienste-verskaffer gelewer word; en

Die beskikbare opsies vir dienslewering;

Aan lede van die gemeenskap billike toegang tot munisipale dienste te verleen waarop hulle

geregtig is;

Ontwikkeling binne die munisipaliteit te onderneem en te bevorder;

9 Artikel 2 van Wet 32 van 2000

10 Artikel 4 van Wet 32 van 2000

4
Geslagsgelykheid met die uitoefening van die munisipaliteit se uitvoerende en wetgewende

gesag te bevorder;

'n Veilige en gesonde omgewing te bevorder; en

Gesamentlik met ander organe van die staat, die progressiewe realisering van die volgende

fundamentele regte soos vervat in die Grondwet:

Die Omgewing;

Eiendom;

Behuising;

Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid; en

Onderwys

Ten slotte moet 'n munisipaliteit met die uitoefening van die uitvoerende en wetgewende bevoegdhede,

die regte van burgers en ander persone soos vervat in die Handves van Menseregte, respekteer en

beskerm.

2.5 REGTE EN PLIGTE VAN LEDE VAN DIE GEMEENSKAP 11

Lede van die plaaslike gemeenskap het die reg:

Om deur middel van meganismes en ingevolge prosesse soos deur die Wet of ander wette

voorgeskryf;

Bydraes tot die besluitnemingsprosesse van die munisipaliteit te maak; en

Skriftelike of mondelingse aanbevelings, vertoë of klagtes aan die munisipale raad, enige

politieke struktuur of politieke ampsdraer of aan die administrasie van die munisipaliteit

te maak;

Op spoedige antwoorde op hul skriftelike of mondelingse kommunikasie insluitend klagtes;

Om ingelig te word van besluite van die munisipale raad of enige politieke struktuur of enige

politieke ampsdraer van die munisipale raad wat hul regte, eiendom en redelike verwagtings

kan raak;

Op gereelde bekendmaking van die stand van die sake van die munisipaliteit insluitend die

finansies van die munisipaliteit;

Om aan te dring dat verrigtinge van die munisipale raad en die komitees daarvan:

Toeganklik is vir die publiek behalwe in gevalle waar die inhoud en aard van die saak wat

oorweeg word, nie in die openbare belang is om bekend gemaak te word nie;

Op 'n beginsel van onpartydigheid en sonder vooroordeel moet geskied; en

Vry moet wees van persoonlike eie-belang;

Tot die gebruik en genieting van openbare fasiliteite; en

Om toegang te hê munisipale dienste wat die munisipaliteit verskaf op voorwaarde dat daar

stiptelike betaling sal wees van dienste-fooie, eiendomsbelasting en ander heffings deur die

munisipaliteit ingestel.

Lede van die gemeenskap het die plig:

11 Artikel 5 van Wet 32 van 2000

5
Om waar hulle hul regte uitoefen, die meganismes en prosedures van die munisipaliteit in

hierdie verband te eerbiedig;

Om, waar van toepassing, rekenings gelewer ten opsigte van dienste, eiendomsbelasting of

ander heffings, stiptelik te betaal;

Om die regte van die munisipaliteit en die van ander lede van die gemeenskap te respekteer;

Munisipale beamptes redelike toegang tot hul eiendomme te verleen met die uitvoering van hul

munisipale funksies.

2.6 PLIGTE VAN MUNISIPALE ADMINISTRASIES 12

Die administrasie van die munisipaliteit is onderworpe aan die demokratiese waardes en beginsel soos

vervat in Artikel 195(1) van die Grondwet - sien paragraaf 1.6 hierbo

Die administrasie van 'n munisipaliteit moet:

Simpatiek reageer op die behoeftes van die gemeenskap;

'n Kultuur van publieke dienslewering en rekenpligtigheid onder personeel fasiliteer;

Maatreёls instel om korrupsie te bekamp;

Oop verhoudings met die gemeenskap daarstel en samewerking en kommunikasie tussen die

administrasie en die gemeenskap fasiliteer;

Inligting oor die standaard en vlak van dienslewering waarop die gemeenskap geregtig is, ten

volle en akkuraat aan die gemeenskap deur gee; en

Die plaaslike gemeenskap inlig oor hoe die munisipaliteit bestuur word, die koste daaraan

verbonde asook die name van persone wat in beheer is.

2.7 ONTWIKKELING VAN 'N KULTUUR VAN PUBLIEKE DEELNAME 13

'n Munisipaliteit moet 'n kultuur van publieke deelname ontwikkel waarby die stelsel van formele

verteenwoordigende regering, aangevul word met 'n stelsel van deelnemende regering.

Vir hierdie doel:

Moet die munisipaliteit geleenthede skep vir die plaaslike bevolking om deel te neem aan die

sake van die munisipaliteit insluitend:

Die opstel, inwerkingstelling en hersiening van die munisipaliteit se Geïntegreerde

Ontwikkelingsplan;

Die opstel, inwerkingstelling en hersiening van die munisipaliteit se prestasie

bestuursplan;

Die monitering en hersiening van die prestasie bestuursplan insluitend die uitkomste en

impak van sodanige prestasies;

Die opstel van die begroting; en

Strategiese besluite rakende die lewering van munisipale dienste;

Bydra tot die skepping van kapasiteit:

12 Artikel 6 van Wet 32 van 2000

13 Artikel 16 van Wet 32 of 2000

6
Sodat die plaaslike gemeenskap kan deelneem aan die sake van die munisipaliteit; en

Sodat raadslede en amptenare publieke deelname kan koester;

Moet die munisipaliteit bronne aanwend en jaarliks fondse begroot soos wat benodig

mag word, om uitvoering aan die bevordering van publieke deelname te gee.

Artikel 16(2) bepaal egter dat die voorafgaande nie so geïnterpreteer moet word dat dit op inmenging

sou neerkom wat die munisipaliteit sou verhinder om die munisipaliteit se uitvoerende en wetgewende

bevoegdhede uit te oefen nie.

2.8 MEGANISMES, PROSESSE EN PROSEDURES VIR GEMEENSKAPSDEELNAME 14

Deelname van die plaaslike gemeenskap aan die sake van die munisipaliteit geskied deur:

Politieke strukture vir deelname soos bepaal deur die Munisipale Strukture-wet deur middel van

komitees waarop verteenwoordigers van die publiek gekoöpteer kan word;

Die meganismes, prosesse en prosedures vir deelname soos deur die Stelselswet voorgeskryf

word;

Ander toepaslike meganismes, prosesse en prosedures soos deur die munisipaliteit daargestel;

Raadslede; en

Die algemene toepassing van die bepalings vir deelname soos deur die Wet bepaal.

'n Munisipaliteit moet behoorlike meganismes, prosesse en prosedures vestig om die plaaslike

gemeenskap toe te laat om aan die sake van die munisipaliteit deel te neem en moet vir hierdie doel

voorsiening maak:

Vir die ontvangs, prosessering en oorweging van petisies en klagtes wat deur lede van die

plaaslike gemeenskap ingedien word;

Vir die gee van kennis waar publieke-kommentaarprosedures van toepassing is;

Vir openbare vergaderings en verhore deur die munisipale raad en ander politieke strukture en

politieke ampsdraers van die raad waar van toepassing;

Raadplegende sessies met erkende plaaslike gemeenskapsorganisasies en waar van toepassing,

tradisionele owerhede; en

Vir die gee van terugvoer aan die plaaslike gemeenskap

Met die vestiging van meganismes, prosesse en prosedures, moet die munisipaliteit die volgende in ag

neem en voorsiening maak vir:

Persone wat nie kan lees of skryf nie;

Persone met gebreke;

Vroue; en

Ander minder bevoorregte groepe.

14 Artikel 17 van Wet 32 of 2000

7
'n Munisipale raad kan ook een of meer adviserende komitees vestig wat bestaan uit lede wat nie

raadslede is nie om die raad oor enige aangeleentheid te adviseer binne die raad se bevoegdheid.

Wanneer sodanige komitees aangewys word, moet geslagsverteenwoordiging in ag geneem word.

2.9 BEKENDMAKING VAN INLIGTING RAKENDE PUBLIEKE DEELNAME 15

'n Munisipaliteit moet die volgende aan die gemeenskap bekend maak ten opsigte van publieke

deelname:

Die beskikbare meganismes, prosesse en prosedures om gemeenskapsdeelname aan te moedig

en te fasiliteer;

Aangeleenthede ten opsigte waarvan publieke deelname aangemoedig word;

Die regte en pligte van die lede van die gemeenskap; en

Munisipale regering, bestuur en ontwikkeling.

Wanneer inligting bekend gemaak word, moet die munisipaliteit die volgende in ag neem:

Taalvoorkeure en gebruik binne die munisipaliteit; en

Die besondere behoeftes van persone wat nie kan lees of skryf nie.

2.10 PUBLIEKE KENNISGEWING VAN MUNISPALE RAADSVERGADERINGS 16

Die munisipale bestuurder van die munisipaliteit moet, op 'n wyse soos deur die raad goedgekeur,

kennis aan die publiek gee van elke vergadering van die raad waarby die datum, aanvangstyd en plek

verstrek word. Indien tydbeperkings dit onmoontlik maak, kan daar in die geval van dringende of

spesiale vergaderings, van die kennisgewing afstand gedoen word.

2.11 TOELATING VAN DIE PUBLIEK BY VERGADERINGS 17

Vergaderings van 'n munisipale raad en van die komitees daarvan, is oop vir die publiek en die media

behalwe wanneer:

Dit redelik is om die publiek en die media uit te sluit vanweë die aard van die aangeleentheid

wat oorweeg word; of

Wanneer 'n verordening of besluit van die raad die omstandighede uiteensit wanneer 'n

munisipale raad die publieke en die media van verrigtinge mag uitsluit.

'n Munisipale raad of 'n komitee daarvan mag nie die publiek, insluitend die media uitsluit nie wanneer

daar oorweging gegee word of daar gestem word oor die volgende aangeleenthede:

15 Artikel 18 van Wet 32 of 2000

16 Artikel 19 van Wet 32 of 2000

17 Artikel 20 van Wet 32 of 2000

8
'n Konsep-verordening wat ter tafel gelê word;

Die begroting wat ter tafel gelê word;

Die munisipaliteit se konsep geïntegreerde ontwikkelingsplan of enige wysigings daarvan wat ter

tafel gelê word;

Die munisipaliteit se konsep prestasie bestuursplan of enige wysigings daarvan wat ter tafel gelê

word;

'n Besluit om 'n diensleweringsooreenkoms met 'n eksterne diensverskaffers te sluit; en

Enige ander aangeleentheid wat deur 'n regulasie voorgeskryf word.

Die uitvoerende komitee van 'n munisipale raad of die burgemeesters komitee kan alle of sommige van

die vergaderings vir die publiek of die media sluit. 'n Munisipale raad moet in der mate wat die

munisipaliteit se finansies dit toelaat:

Plek verskaf vir die publiek om vergaderings te kan bywoon; en

Stappe neem om publieke toegang tot raadsvergaderings te beheer

2.12 KOMMUNIKASIE AAN DIE PLAASLIKE GEMEENSKAP 18

Wanneer enige inligting aan die publiek oorgedra moet word deur die media ingevolge enige

wetgewing, moet aan die volgende voldoen word:

'n Kennisgewing in die plaaslike koerant(e);

'n Kennisgewing in 'n koerant of koerante wat in die munisipaliteit gesirkuleer word en deur die

raad as koerant as dokumentasieblad erken word; of

Deur middel van radio-uitsendings wat die gebied dek.

Alle kennisgewings moet in die amptelike taal wees soos deur die raad bepaal met inagneming van

taalvoorkeure en - gebruik in die munisipale gebied.

'n Afskrif van elke kennisgewing wat in die Provinsiale Koerant of in die media gepubliseer moet word

kragtens wetgewing, moet ook by die munisipale kantore vertoon word.

Wanneer 'n munisipaliteit die plaaslike gemeenskap uitnooi om skriftelike vertoë in te dien, moet in die

uitnodiging melding gemaak word dat persone wat nie kan skryf nie, gedurende kantoor-ure hulp kan

ontvang sodat die vertoë op skrif gestel kan word.

Waar 'n munisipaliteit verlang dat 'n vorm voltooi moet word, moet 'n amptenaar aangewys word wat

hulp sal verleen aan persone wat nie kan lees of skryf nie om die inhoud daarvan te verduidelik, die

vorm te voltooi en waar fooie betaalbaar is, ook die voorwaardes te verduidelik.

18 Artikel 21 van Wet 32 of 2000

9
2.13 DOKUMENTE WAT OPENBAAR GEMAAK MOET WORD 19

VERWYS ASB NA BYLAE 1 VIR 'N LYS VAN DOKUMENTE WAT OPENBAAR GEMAAK MOET WORD

Alle dokumente wat kragtens wetgewing bekend gemaak moet word, moet geskied deur:

Die aanbring daarvan by die munisipaliteit se hoofkantoor, satelliet kantore en biblioteke;

Die aanbring van die dokumente op die munisipaliteit se amptelike webwerf; en

Die gee van kennis aan die publiek van besonderhede van die plek en webwerfbesonderhede

waar die inligting verkry kan word.

Waar van toepassing moet in die kennisgewing gemeld word of die publiek geskrewe kommentaar of

vertoë kan lewer.

2.14 AMPTELIKE WEBWERF 20

Elke munisipaliteit is verplig om:

Indien bekostigbaar, 'n eie amptelike webwerf te vestig; en

Sodanige inligting op die webwerf te plaas as wat deur wetgewing voorgeskryf mag word.

Indien 'n munisipaliteit besluit dat die vestiging van 'n eie webwerf nie bekostigbaar is nie, moet die

nodige inligting aan 'n georganiseerde plaaslike regeringswebwerf verskaf word wat deur die Nasionale

Tesourie geborg of gefasiliteer word.

Die munisipale bestuurder moet toesien dat die amptelike munisipale webwerf gereeld opgedateer en

in stand gehou word of om toe te sien dat die inligting verstrek word.

2.15 REKENPLIGTIGHEID VAN RAADSLEDE

Die konsiderans tot die Gedragskode vir Munisipale Raadslede lui soos volg:

Raadslede word verkies om plaaslike gemeenskappe op munisipale rade te verteenwoordig om te

verseker dat:

Munisipaliteite gestruktureerde meganismes vir rekenpligtigheid teenoor die plaaslike

gemeenskap daarstel; en

Die prioriteitsbehoeftes van die gemeenskap aangespreek word deur die verskaffing van dienste

op 'n billike, doelmatige en haalbare wyse.

Raadslede is aan die plaaslike gemeenskap rekenpligtigheid verskuldig en moet ten minste kwartaalliks

aan die kiesers verslag doen oor die dienslewering van die raad aan die hand van gevestigde aanwysers.

Verder moet raadslede verseker dat daar voldoen word aan die volgende munisipale doelwitte 21 :

19 Artikel 21A van Wet 32 of 2000

20 Artikel 21B van Wet 32 of 2000

10
Die grondwetlike doelwitte 22 ;

Die jaarlikse hersiening van:

Die gemeenskap se behoeftes;

Die prioriteite om die behoeftes aan te spreek;

Die prosesse waarby die publiek betrek word; en

Die raad se organisatoriese en diensleweringsmeganisme om die behoeftes van die

gemeenskap aan te spreek; en

Die raad se algehele vermoë om die grondwetlike behoeftes aan te spreek; en

Die ontwikkeling van meganismes om die gemeenskap en gemeenskapsorganisasie te raadpleeg

in die uitvoering van funksies en die uitoefening van die raad se magte.

2.16 REGULASIES EN RIGLYNE 23

Die Minister mag regulasies uitvaardig of riglyne verskaf met die toepassing Hoofstuk 4 van die

Munisipale Stelselswet in verband met die deelname van die publiek in die sake van 'n munisipaliteit.

Die Minister het regulasies 24 in die verband afgekondig en Regulasie 15 handel pertinent oor publieke

deelname ten opsigte van die geïntegreerde ontwikkelingsplan en prestasie-bestuur.

In die geval waar daar nie 'n toepaslike munisipale struktuur bestaan vir publieke deelname nie, moet

die munisipaliteit 'n forum stig wat publieke deelname sal bevorder ten opsigte van:

Die opstel en inwerkingstelling van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan; en

Die monitering, meting en hersiening van die munisipale prestasies in verhouding met die

sleutel prestasie-aanwysers en prestasie-teikens soos deur die munisipaliteit bepaal.

Alvorens die forum gestig word, moet die munisipaliteit die plaaslike gemeenskap uitnooi om persone te

identifiseer om hulle te verteenwoordig insluitende lede van die wykskomitees. Die forum moet

verteenwoordigend van die plaaslike gemeenskap.

Verder moet 'n munisipaliteit:

Gereeld vergaderings van die forum byeen roep om:

Die proses wat gevolg moet word met die opstel van die munisipaliteit se geïntegreerde

ontwikkelingsplan, uiteen te sit;

Die forum raadpleeg oor die inhoud van die geïntegreerde ontwikkelingsplan;

Die inwerkingstelling van die geïntegreerde ontwikkelingsplan te moniteer;

Die ontwikkeling en inwerkingstelling van die munisipaliteit se prestasie bestuursplan

te bespreek;

Die prestasie bestuurplan te moniteer aan die hand van sleutel prestasie-aanwysers en

prestasie-teikens; en

21

Artikel 19 van die Munisipale Strukture-wet, Wet 117 van 1998

22

Sien paragraaf 1.4 hierbo

23

Artikel 22 van Wet 32 of 2000

24

Regulasie Gazette Nr. 7146 gedateer 24 Augustus 2001, Volume 434 Nr. 22605

11
Lede van die forum ten minste 14 dae te gun om met lede van die gemeenskap oorleg te pleeg

alvorens sake deur die forum oorweeg word.

'n Munisipaliteit moet die plaaslike gemeenskap ten minste 21 dae gun om kommentaar te lewer

alvorens die geïntegreerde ontwikkelingsplan aan die raad voorgelê word vir aanvaarding.

3. BEVORDERING VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID

3.1 GRONDWETLIKE BEPALINGS

Artikel 33 van die Grondwet maak voorsiening vir administratiewe geregtigheid:

Elkeen het die reg tot 'n administratiewe handeling wat volgens die wet is, redelik is en

prosedureel billik is;

Elkeen wie se regte nadelig beïnvloed word het die reg om vir skriftelike redes te vra;

Nasionale wetgewing moet aanvaar word om uitvoering aan hierdie regte te gee en moet:

Voorsiening maak vir die hersiening van 'n administratiewe handeling deur 'n hof of

waar paslik, deur 'n onafhanklike en onpartydige tribunaal;

Voorsiening maak vir 'n verpligting op die staat om uitvoering aan administratiewe

geregtigheid te gee; en

'n Doeltreffende administrasie bevorder.

3.2 WET OP DIE BEVORDERING VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID 25

Artikel 4 van die Wet maak voorsiening vir prosedurele billike administratiewe handelinge wat die

publiek raak. Voorsiening word gemaak dat 'n munisipaliteit kan besluit om:

'n Openbare verhoor te hou; of

'n Kennisgewing-en-kommentaar prosedure te volg; of

Beide 'n openbare verhoor en 'n kennisgewing-en-kommentaar prosedure te volg; of

Op 'n prosedure te besluit soos in magtigende wetgewing vervat as daardie prosedure billik sou

wees.

Waar 'n munisipaliteit op 'n openbare verhoor besluit, moet:

Die munisipaliteit die publieke verhoor hanteer of 'n behoorlik gekwalifiseerde persoon of

paneel aanwys om die verhoor te hanteer;

Die munisipaliteit, persoon of paneel:

Moet die prosedure vir die verhoor bepaal wat:

'n Openbare verhoor insluit; en

Voldoen aan prosedures wat voorgeskryf is met die hantering van openbare

verhore 26 ;

25 Wet 3 van 2000

26 Hoofstuk 1 van die Regulasies vir Billike Administratiewe Prosedures gepubliseer ingevolge die Wet op die

Bevordering van Administratiewe Geregtigheid: GK R1022 in SK 23674 van 31 Julie 2002 [met inwerkingtreding

vanaf 31 Julie 2002] soos gewysig deur GK R614 in GK 27719 van 27 Junie 2005

12
Die openbare verhoor volgens die voorgeskrewe prosedures hanteer;

'n Geskrewe verslag opstel oor die ondersoek en redes verstrek vir enige

administratiewe handelinge wat geneem is of wat aanbeveel word; en

So spoedig moontlik daarna:

'n Kennisgewing in Engels en ten minste in een ander ampstaal in die Gazette of

betrokke Provinsiale Koerant publiseer waarin 'n kort opsomming van die verslag gegee

word en besonderhede verstrek word waar die verslag beskikbaar is en kopieё gemaak

kan word; en

Op sodanige ander wyses waarop die munisipaliteit mag besluit om die inhoud van die

verslag aan die publiek bekend te maak

Indien die munisipaliteit besluit om 'n kennisgewing-en-kommentaar prosedure te volg, moet:

Nabehore stappe geneem word om die administratiewe handeling aan die persone wat

materieёl en nadelig deur die aksie geraak gaan word, bekend te maak en hul kommentaar

aanvra;

Die kommentaar wat ontvang word, oorweeg word;

Die munisipaliteit besluit om voort te gaan met die administratiewe handeling al dan nie, met of

sonder aanpassings; en

Voldoen word aan die voorgeskrewe prosedure 27 soos bepaal vir die kennisgewing-enkommentaar

prosedure

4. MUNISIPALE STRUKTURE-WET 28

4.1 WYKSKOMITEES

Artikels 72 tot 78 van die Wet handel oor wykskomitees wat as politieke strukture beskou word. Slegs

metropolitaanse en plaaslike rade hoef wykskomitees in te stel. Waar 'n raad besluit om wykskomitees

in te stel, moet vir elke wyk 'n komitee ingestel word wat bestaan uit:

Die wyksraadslid as voorsitter; en

Nie meer as tien ander persone nie.

'n Munisipaliteit moet reëls opstel betreffende die:

Prosedure vir die aanwysing van die tien lede met inagneming van:

'n Gelyke getal vroue verteenwoordiging;

Die diversiteit van die wyk wat in die samestelling van die komitee gereflekteer moet

word;

Die omstandighede waaronder lede hul amp moet ontruim; en

Die frekwensie van vergaderings.

27 Hoofstuk 2 van die Regulasies vir Billike Administratiewe Prosedures gepubliseer ingevolge die Wet op die

Bevordering van Administratiewe Geregtigheid: GK R1022 in SK 23674 van 31 Julie 2002 [met inwerkingtreding

vanaf 31 Julie 2002] soos gewysig deur GK R614 in GK 27719 van 27 Junie 2005

28 Wet 117 van 1998

13
Die funksie van 'n wykskomitee is om enige aanbeveling wat die wyk mag raak, aan die wyksraadslid te

maak of deur die wyksraadslid aan die burgemeester te maak. 'n Munisipale raad kan ook bevoegdhede

aan 'n wykskomitee delegeer.

Die wykskomitee-stelsel spruit klaarblyklik voort uit die straatkomitees wat gedurende die "struggle'

gebruik was in townships om inligting oor te dra en om mense te intimideer. Praktiese oorwegings maak

dit moeilik vir die stelsel om te funksioneer - dink aan 'n raad met 30 wyke waar daar vergaderings

gehou moet word met 30 stelle agendas en notules wat aan 300 wykskomitee-lede versprei moet word.

Die administrasie van wykskomitees is gewoonlik aan die kantoor van die speaker gekoppel en dikwels

bestaan die politieke wil of kapasiteit nie om die funksie na behore te verrig nie.

Landelike wyke beskik oor baie groot geografiese gebiede en met 'n raadslid wat nie oor eie vervoer

beskik nie, maak dit die stelsel net nie haalbaar nie. In "township" wyke bestaan die komitees

hoofsaaklik uit die van die ANC waar die beginsel van diversiteit glad nie in ag geneem word nie.

In die "Turn-Around-Strategy" van COGTA word voorsiening gemaak vir die versterking van die

wykskomitee-stelsel en is wetgewing onlangs gewysing om voorsiening te maak vir die delging van

redelike reiskostes van wykskomitee-lede.

4.2 ANDER KOMITEES

Artikel 79 van die Wet maak voorsiening vir die vesting van komitees wat noodsaaklik geag word vir die

doeltreffende en doelmatige verrigting van die funksies of die uitvoering van die magte van 'n

munisipaliteit. Vir die doel kan 'n munisipaliteit een of meer komitees vestig wat uit raadslede sal

bestaan.

Die raad:

Moet:

Die funksies van die komitee bepaal; en

Die voorsitter aanwys;

Kan:

Bevoegdhede aan die komitee delegeer;

Die komitee magtig om persone in 'n adviserende hoedanigheid te koöpteer wat nie

lede van die raad is nie;

'n Lid enige tyd verwyder; en

Die komitee se prosedures bepaal

5. GEMEENSKAPONTWIKKELINGSWERKERS (GOW)

Die Kabinet het op 19 November 2003 die inwerkingstelling van die GOW-stelsel goedgekeur wat gelei

het tot die aanstel van GOW's vir elke "township" wyk en wyke in landelike gebiede in die land. Die

14
ehoefte vir die stelsel het ontstaan na aanleiding van navorsing wat getoon het dat meer as 70% van

die armste van die bevolking, nie bewus was van enige nasionale en provinsiale programme wat daarop

gemik was om armoede te verlig nie. Die salarisse van die GOW's word deur Provinsiale COGTA's betaal

en die koördinering vind plaas tussen die provinsies en munisipale speakers wat op plaaslike vlak

daarmee belas is.

Die funksies van die GOW's met een jaar opleiding met 'n minimum van Graad 11 as vereiste, is om:

Binne die raamwerk van samewerkende regering te funksioneer;

Om saam met gemeenskapstrukture te werk en die strukture se belange te bevorder; en

Om diensleweringsblokkasies aan nasionale en provinsiale departemente te rapporteer.

In die meesterplan vir GOW's word gemeld wat hulle nie moet doen nie:

Nie deel te wees van die sekretariaat van wykskomitees nie;

Moet nie departemente-spesifieke projekte implementeer nie; en

Moet nie politici wees wat hul eie belange in die gemeenskap te probeer bevorder nie.

Die instelling van die GOW-stelsel kan gesien word as die eerste erkenning dat munisipale raadslede nie

hul pligte as publieke verteenwoordigers kan nakom nie - anders sou hierdie behoeftes in die onderskeie

geïntegreerde ontwikkelingsplanne aangespreek gewees het. Hierdie rol as "kommissaar" het uiteraard

'n kommunistiese inslag wat deel van 'n intelligensie netwerk vorm waar plaaslike inligting ingesamel

word en deur provinsiale kanale tot in die Presidensie beland - 'n soort van sekurokrasie.

Ervaring toon dat die aanstelling van GOW's op nepotisme en kader ontplooiing gebaseer is en dikwels

tot onmin op plaaslike vlak aanleiding gee omdat hulle direk aan die onderskeie provinsies rapporteer.

6. JAARLIKSE KAPASITEITSASSESSERING DEUR DIE MUNISIPALE AFBAKENINGSRAAD 29

Die Munisipale Afbakeningsraad onderneem jaarliks 'n assessering van die kapasiteit van plaaslike

munisipaliteite in verhouding met die betrokke distriksmunisipaliteit en formuleer dan aanbevelings

waar van toepassing na die betrokke LUK om 'n funksies aan te pas. Ongelukkig word die inligting wat

van munisipaliteite ontvang word, nie geverifieer en ook nie vir publieke kommentaar voorgelê nie.

7. STAND VAN DEELNEMENDE PLAASLIKE BESTUUR NA 10 JAAR

7.1 INLEIDENDE OPMERKINGS

Die voorafgaande ses hoofstukke sit die institusionele aspekte uiteen van publieke deelname aan die

sake van munisipaliteite. Ten spyte van die feit dat die "nuwe" SA plaaslike regeringstelsel nou tien jaar

oud is, word 'n legio van probleme ervaar wat deur die meeste analiste as 'n "gefaalde stelsel" beskryf

word en kan die vraag weer gevra word - het die nuwe plaaslike regeringstelsel ook soos sy voorganger,

droewiglik gefaal? 30

29 Web-adres: http://www.demarcation.org.za/pages/default_new.html

30 Sien paragraaf 2.1 hierbo

15
Die volgende statistiek sit die toestand uiteen:

67% van munisipale bestuurders se aanstellings is na afloop van hul vyf-jaar ampstermyne in

2006 nie hernieu nie;

50% van raadslede was in 2006 tot hul eerste ampstermyne verkies;

Gedurende 2006 het 30% van senior munisipale bestuurders minder as 5 jaar munisipale

ervaring gehad;

In 2008/09 het slegs vier munisipaliteite en twee munisipale entiteite skoon oudit verslae

ontvang - verwys na BYLAE 3 vir 'n opsomming van die Ouditeur-Generaal se verslag;

Daar was gedurende 2010 109 geweldadige protes-aksies oor swak dienslewering waartydens

geboue gebrand is selfs raadslede vermoor is.

Die nuwe SA plaaslike regeringstelsel is ontwikkel aan die hand van beste praktyke wat in lande soos

Duitsland, Australië en Kanada toegepas word. Ons moet onthou dat hierdie lande oor gesofistikeerde

stelsels, 'n professionele amptenary-korps, 'n moderne infrastruktuur beskik en 'n betalende

gemeenskappe beskik.

Daarenteen in SA:

Word 77% van stedelike huishoudings van gratis basiese water voorsien;

Word 69% van stedelike huishoudings van gratis basiese elektrisiteit voorsien;

Het alle munisipaliteite eers in 2008/09 oor geïntegreerde ontwikkelingsplanne beskik waarvan

64% oor medium kredietwaardigheid en 24% oor 'n hoë kredietwaardigheid beskik het;

Is daar 'n tekort van 2,1 miljoen formele behuisingseenhede met 2 700 informele vestigings

sonder water, elektrisiteit en sanitasie 31 ;

Word 'n verslag van die Nasionale Tesourie in Mei 2011 aan die Kabinet terug gehou waar daar

na bewering melding gemaak word dat 32 :

Ten minste 35% van munisipaliteite dringende intervensie benodig as gevolg van swak

finansiële bestuur, swak regering en die gebrek aan leierskap - dit beteken dat ongeveer

95 munisipaliteite uit 'n totaal van 270, intervensie benodig;

107 munisipaliteite en 2 munisipale entiteite ongemagtigde uitgawes van R 5 biljoen

aangegaan het waarvan sowat R 1,1 biljoen afgeskryf moes word; en

168 munisipaliteite en 22 munisipale entiteite onreëlmatige uitgawes van R 4,1 biljoen

aangegaan het

Verwys asb. na Bylae 4 vir remediërende stappe en programme wat sedert 2004 ingestel is in 'n poging

om munisipale regering reg te ruk.

7.2 INHOUD EN AARD VAN PUBLIEKE DEELNAME

Die gebruik by meeste munisipaliteite is om op Saterdae en/of Sondae publieke vergaderings te hou -

daar word aangevoer dat die meeste mense so laat van die werk kom dat daar nie gedurende week

vergaderings gehou kan word nie. Sondae word beskou as die tradisionele dag om vergaderings te hou

31 http://www.engineeringnews.co.za/article/sexwale-stresses-importance-of-property-ownership-2011-05-12

32 http://www.property24.com/articles/35-of-municipalities-are-failing/13521: 13 Mei 2011

16
en maak nie voorsiening vir diversiteit nie en lei tot 'n uitsluiting van gelowe wat Sondae as 'n rusdag

respekteer.

Die inhoud van publieke deelname word hoofsaaklik beperk tot die kennis-gee-en-kommentaar metode

sonder dat daar werklike interaksie plaasvind en vrae beantwoord kan word. Waar publieke

vergaderings gehou word, word dit bloot beperk tot inligtingsessies. Die taal wat gebesig word is swak

Engels en met vertalings in van die ander ampstale, word vergaderings lank uitgerek. Dikwels word baie

kort kennis van vergaderings gegee of die amptenare daag net nie op nie. Verder het dit al gebeur dat

die plaaslike bevolking die raadslid uit die vergadering gejaag het en is die vergadering eers na ses

maande hervat.

7.3 VOORVEREISTES VIR PUBLIEKE DEELNAME EN VOORTGESETTE DEELNAME

'n Opname wat deur die Australië-Suid-Afrika Plaaslike Regeerkunde Vennootskap gedurende 2004

onderneem is, het getoon dat suksesvolle publieke deelname deur die volgende voorwaardes

voorafgegaan moet word:

Die proses moet vir beide die munisipaliteit en die publiek van waarde wees - dit moet nie net 'n

gesprek tussen die twee partye wees nie - die partye moet ook na mekaar luister en daar moet

waarde-toevoeging wees;

Daar moet duidelikheid wees oor wie die finale besluit gaan neem - indien daar 'n verskil van

mening is, wie se siening sal voorgaan?

Daar moet genoegsame ondersteuningsbronne vir die proses wees - dit sluit toepaslike

tegnologie en ingeligte en professionele amptenare in;

Ten einde reg aan die proses te skep, moet gesprekke in die plaaslike tale wat gepraat word,

gevoer word;

Daar moet 'n duidelike onderskeid gemaak word tussen:

Die verstrekking van inligting;

Konsultasie; en

Deelname :-

En welke proses vir welke doeleindes gebruik word

Daar moet gereelde terugvoer gegee word oor die vordering wat gemaak word en wat die finale

besluit is;

Raadslede moet aktief aan die deelnameproses deelneem;

Die optrede van amptenare en die manier van deelname aan publieke deelnameprosesse moet

geskied aan die hand van beleid wat aan die publiek bekend is;

Deur te aanvaar dat algemene publieke vergaderings slegs een van vele wyses van publieke

deelname is om bevoordeling van luidrugtige en of geartikuleerde persone te voorkom.

7.4 WAT GEBEUR IN DIE PRAKTYK?

Dit blyk dat in meeste gevalle, raadslede die plaaslike verteenwoordiger van die politieke party

is in plaas daarvan om die plaaslike gemeenskap op die raad te verteenwoordig;

Plaaslike strydvrae is heel dikwels ondergeskik aan provinsiale of nasionale belange van die

verskeie politieke partye;

17
Sommige politieke partye word sentraal beheer wat nie net beleidsbesluite raak nie maar ook

die aanstelling en ontslag van personeel;

Plaaslike bestuur het onbekostigbaar geword waar 'n klein minderheid belasting - en

heffingpligtig is en die nie-betalende meerderheid, die meerderheid-inspraak het en die

voordele geniet;

Die inwerkingstelling van die drakoniese eiendomsbelastingwet 33 wat die waarde van

verbeterings insluit:

Maak eiendomsbesit veral vir bejaardes finansieel onmoontlik om in hul wonings aan te

bly;

Bring nou landbougrond in die belastingnetwerk sonder dat daar enige munisipale

dienste gelewer word terwyl die gebiedende rabatte wat ingestel moet word, in

sommige gevalle net geïgnoreer word; en

Kom neer op 'n welvaartbelasting en behoort grondwetlik hersien te word;

Aangesien basiese dienslewering die primêre funksie van plaaslike bestuur is, moet in sommige

gevalle die dele van die gemeenskap wat gewoond was aan hoër orde dienste, nou addisionele

belastings betaal om die dienste te laat voort te sit; en

'n Gebrek aan professionele etiek aan amptenaarskant veroorsaak dat kern-elemente van die

Grondwet en plaaslike regeringswetgewing nie verstaan word nie of deur politieke

moedswilligheid genegeer word;

Mnr Flip Buys 34 van Solidariteit het tydens 'n onlangse toespraak daarop gewys dat ANC ondersteuners

oor kanale beskik om hul griewe te hanteer terwyl minderheidsgroepe daarvan uitgesluit is. Hy gaan dan

verder en identifiseer die verskillende groepe:

Onttrekkers:

Hierdie mense het nie meer vertroue in die regering nie, en leef soos geprivatiseerde burgers

wat net na hulle eie belange omsien;

Landverlaters:

Van die broodnodige hoogs geskooldes wat alle vertroue in die staat verloor het

(vertrouensbreuk), en nie net in die regering nie;

Opstandiges:

Hulle kom byvoorbeeld in opstand teen swak dienslewering;

Oorlewendes:

Hulle dryf maar net saam met die stroom en fokus op oorlewing; en

Opbouers:

Hulle is lief vir die land, en al hou hulle nie van die regering nie, reageer hulle opbouend (praat

en doen) deur bv. selfdoeninstellings soos Solidariteit te skep.

Frustrasie-vlakke van belasting - en heffingpligtiges oor swak of geen dienslewering het sodanig gestyg

dat 'n nasionale belastingbetalers-unie tot stand gekom het en verskeie dorpe belastingweerhou-aksies

deur middel van dispuutverklarings van stapel gestuur het. In sommige gevalle is die weerhoude

33 Wet 6 van 2004

34 http://www.solidariteit.co.za/Tuis/tuis.php

18
elastings en tariewe in 'n trustfonds inbetaal en word dit aangewend om basiese dienste en

infrastruktuur in stand te hou - die NBU is die sambreel organisasie vir 210 opbetaalde

belastingbetalersverenigings en nog sowat 130 indiwiduele lede. Verder sluit die sirkulasie-lys van die

NBU 'n verdere 107 prominente persone in wat uit regters, advokate, professore, ingenieurs, joernaliste

en ander leiers in hul onderskeie professionele velde bestaan.

Die algemene munisipale verkiesings het op 18 Mei 2011 plaas gevind en met die finalisering van die

teks hiervan, was daar nog sowat 12 munisipaliteite waar die verskillende partye onderhandel om

koalisies te vorm om hopelik vir die volgende 5 jaar te regeer.

7.5 OPSOMMING

Daar is aangetoon dat:

SA oor gesofistikeerde munisipale wetgewing beskik;

Ruim voorsiening in wetgewing gemaak word vir die gemeenskap en gemeenskapsorganisasies

om aan die sake van munisipaliteite deel te neem;

Die munisipale regerings en administrasies nie daarin slaag om 'n kultuur van publieke deelname

te ontwikkel waarby die stelsel van formele verteenwoordigende regering, aangevul word met

'n stelsel van deelnemende regering nie;

Die gemeenskap en gemeenskapsorganisasies wat betrokke is, ook nie altyd oor die nodige

sofistikasie beskik om sinvol en volhoudbaar aan die prosesse deel te neem nie; en

Plaaslike regering in finansiële nood en leierskaps-, bestuurs- en administratiewe bankrotskap

verkeer.

8 WAT NOU?

8.1 DIS NOU DIE TYD VIR DIE OPBOUERS OM HUL LIG TE LAAT SKYN

Dis nou die tyd vir die Opbouers om meer kerse aan te steek. Ek beskou myself as 'n opbouer en het

aktief tot die stryd toegetree met die inwerkingstelling van die Munisipale Eiendomsbelastingwet.

Tydens 'n "toespreek" publieke deelname vergadering gehou op 24 Oktober 2008 te Magaliesburg, het

ek pertinente vrae gevra en is ek versoek om dit opskrif te stel. Tot datum het ek nog geen antwoord

van Mogale City ontvang nie. Tydens my vraestelling, het 'n grondeienaar my onderbreek en gevra of ek

nog lank gaan wees want hy wil huis toe gaan. Na afloop van die vergadering het ek by 'n ANC kennis

navrae gedoen oor hoe my vrae ontvang is. Ek is meegedeel dat omdat daar geen akklamasie was na my

vraestellery nie, ek nie veel kan verwag nie. Ek het by grondeienaars ook gaan verneem oor die vrae wat

gestel was en is ek mee gedeel dat hulle geen idee gehad het waaroor ek gepraat het nie. Dit het my

genoop om 'n artikel te skryf wat deur Agri-Wiki 35 gepubliseer is op 4 November 2008 en ek het slegs

twee telefoniese navrae daaroor ontvang - die eerste was in 2009 en die tweede gedurende April 2011.

Tot en met 24 Mei 2011 was die betrokke werf 1468 keer besoek.

35

http://www.agriwiki.co.za/index.php?title=High_level_overview_on_how_the_Municipal_Property_Rates_Act_wil

l_impact_on_landowners_in_rural_areas

19
Dit is vir my as plaaslike regeerkunde praktisyn uiters frustrerend om te sien hoe dinge ten gronde gaan

en in my individuele posisie kan ek net maar 'n stem roepende in die woestyn bly.

8.2 DIS NOU DIE TYD VIR OPBOUERS OM TE VERENIG

SA is 'n gemeenskap van gemeenskappe. Ons moet aanvaar dat munisipaliteite hul deelname-aksies op

die breë gemeenskap sal fokus en dan sal gemeenskapsorganisasies moet beding en kompeteer om

erkenning om deel te neem aan die prosesse.

Afriforum as opbouer, sal bereid moet wees om die lig ook te laat skyn op gemeenskappe wat nie

noodwendig lidmaatskap van Afriforum sal opneem nie en die geleentheid skep vir diesulkes om kers te

kan opsteek by Afriforum. My waarneming is dat die ware leiers van die verskillende gemeenskappe nie

noodwendig deur die raadslede-korps verteenwoordig word nie of dat die raadslede as spreekbuise vir

die gemeenskap optree en vir die gemeenskap beding nie - daarvoor is politieke partye se dissipline en

koukusbesluite net te oorheersend.

Die fokus behoort bemagtiging en onderlinge samewerking te wees waar daar gemeenskaplike

doelwitte gestel kan word om sorg te dra dat gemeenskappe die spelreëls bepaal waaraan raadslede as

verteenwoordigers van die gemeenskap aan moet voldoen in plaas daarvan dat politieke partye dit met

afstandbeheer doen.

Te veel energie is reeds op konflik in SA vermors en alle Suid Afrikaners verdien en is geregtig op beter

dienslewering en die afgelope 10 jaar het bewys dat plaaslike regering dit nie alleen kan doen nie - die

afwesigheid van aktiewe publieke deelname skep net 'n vakuum wat tot swak dienslewering,

magsmisbruik, wanaanwending van fondse en korrupsie lei.

Afriforum as burgerregte organisasie het reeds bewys waartoe dit in staat is en doen ek hiermee 'n

beroep op die lede om die onverskrokke stap te neem meer fokus op die terrein van plaaslike bestuur te

plaas. Afriforum het reeds die momentum en die kapasiteit om die belangrike aspek van groter plaaslike

bestuursdeelname verder te neem en te sorg dat die sofistikasie van die stelsel, uit gedra word en dat

die optredes van munisipaliteite op professionele vlak gemoniteer word.

8.3 AARD VAN DEELNAME

Wetgewing laat toe vir deelname aan wykskomitees asook vir die forums soos paragraaf 2.16 hierbo

uiteengesit. Die aard van deelname behoort bepaal te word aan die hand van plaaslike omstandighede

en dinamika. Die publieke deelname - en kommuniskasie planne van munisipaliteite behoort in die

formaat van verordeninge vervat te word. Sodanige verordeninge moet ook voorsiening maak vir die

vereistes waaraan gemeenskapsorganisasies moet voldoen om erkenning te verkry asook 'n bepaling dat

raadsagendas met verslae en notules voor vergaderings aan erkende gemeenskaporganisasies

beskikbaar gestel met 'n beperking op die publisering van verslae tot na die afloop daarvan.

Verder laat wetgewing toe vir lede van die publiek om in 'n adviserende hoedanigheid op die komitee te

dien. Verordeninge behoort te bepaal in welke omstandighede sulke deelname moet plaasvind en

waaruit die verteenwoordiging moet bestaan.

20
9 SLOT OPMERKINGS

Te veel Suid Afrikaners het opofferings gemaak dat ons kan toelaat dat dit wat oor eeue opgebou is,

verlore moet gaan. Ons as die OPBOUERS, moet die voortou neem en die klimaat skep sodat die energie

nie op konflik vermors word nie maar gefokus word op die heropbou van plaaslike regering, basiese

dienslewering vir almal en die beskerming van ons basiese regte - trouens, raadslede is in ons diens en

moet aan ons nabehore verantwoording doen.

Ek dank u vir die geleentheid.

BRONNELYS

1. Consolidated General Report on the Local Government Audit Outcomes for 2008-09: Auditor

General

2. National Capacity Building Framework for Local Government: Issued by DPLG and SALGA 2007

3. Ward Committee Handbook: Prepared by Idasa and Afesis-corplan, the dplg and GTZ South

Africa December 2005

4. JUTASTAT Publishers:

Constitution

Municipal Demarcation Act (Act 27 of 1998)

Municipal Structures Act (Act 117 of 1998)

Municipal Systems Act (Act 32 of 2000)

Promotion of Administrative Justice Act ( Act 3 of 2000)

21
BYLAE 1.1: DOKUMENTE WAT OP DIE MUNISIPALE WEBWERF KRAGTENS WETGEWING VERTOON

MOET WORD

ITEM ONDERWERP ARTIKEL WET

1 Jaarlikse en aangepaste begroting 75(1)(a) MFMA

2 Alle begrotingsverwante dokumente 75(1)(a) MFMA

3 Alle begrotingsverwante beleidsdokumente 75(1)(b) MFMA

4 Jaarverslag 75(1)(c) MFMA

5 Alle prestasie-ooreenkomste met senior amptenare 75(1)(d) MFMA

6 Alle diensleweringsooreenkomste 75(1)(e) MFMA

7 Alle langtermyn leningsooreenkomste 75(1)(f) MFMA

8 Alle verkrygingsooreenkomste bo 'n bepaalde waarde 75(1)(g) MFMA

9 Lys van bates wat van die hand gesit bo 'n bepaalde waarde 75(1)(h) MFMA

10 Alle ooreenkomste wat 'n invloed op toekomstige

begrotings kan hê 75(1)(i) MFMA

11 Alle privaat-openbare vennootskapsooreenkomste 75(1)(j) MFMA

12 Alle kwartaal verslae 75(1)(k) MFMA

13 Alle finansiële herstelplanne 143(3)(ċ) MFMA

14 Finansiële belange van raadslede: Gedragskode Item

9(4) MSYSA

15 Finansiële belange van sekere senior amptenare: Item

Gedragskode 5A(3) MSYSA

16 Geïntegreerde ontwikkelingsplan 25(4)(a)(ii) MSYSA

17 Prestasie-bestuursplan 41(1)(e) MSYSA

18 Sleutelprestasie-aanwysers en - teikens 44 MSYSA

19 Alle besluite rakende die bepaling van tariewe en heffings 75(3)(a) MSYSA

20 Alle verslae oor ondersoeke ingevolge die Gedragskode Item

vir Raadslede 13(2) MSYSA

21 Opstel van eiendomsbelastingbeleid 4(1) MPRA

22 Bekendmaking van eiendomsbelastingtariewe 14(3)(a) MPRA

23 Register van eiendomme 23(4) MPRA

24 Bekendmaking van die waardasielys 49(2) MPRA

22
BYLAE 1.2 INLIGTING WAT IN DIE JAARVERSLAG VERVAT MOET WORD 36

1 Die jaarlikse finansiële state en waar van toepassing, ook die gekonsolideerde jaarlikse state

soos aan die Ouditeur-Generaal voorgelê

2 Die verslag van die Ouditeur-Generaal oor die state

3 Die jaarlikse prestasie-verslag soos bepaal in Artikel 46 van die Munisipale Stelselswet

4 Die verslag van die Ouditeur-Generaal oor die prestasie bepaling

5 'n Waardebepaling deur die rekenpligtige beampte oor uitstaande munisipale belastings en

dienste-heffings

6 'n Waardebepaling deur die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit se prestasie teenoor

meetbare prestasie-doelwitte vir inkomste invordering van elke inkomstebron en vir elke

begrotingspos vir die betrokke finansiële jaar

7 Besonderhede van regstellende optrede wat geneem is of wat geneem gaan word in reaksie op

kwessies soos in ouditverslae uitgewys

8 Enige verduidelikings wat nodig is om kwessies in verband met die finansiële state op te klaar

9 Enige ander bykomstige inligting soos deur die raad bepaal

10 Enige aanbevelings van die raad se ouditkomitee; en

11 Enige ander inligting wat benodig mag word

36 Artikel 121(3) van die MFMA

23
BYLAE 2: MUNISIPALE KALENDER

MAAND AKTIWITEIT ARTIKEL WET

Julie Burgemeester: Kwartaallikse finansiёle verslag 52(d) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Oorweging van prestasie-evaluering van die munisipale

bestuurder en amptenare wat aan die persoon rapporteer 57(2)(a) MFMA

Augustus Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

September Burgemeester: Ter tafellegging van rooster en goedkeuring

van die begroting 21(1)(b)(i) MFMA

Hersiening van die geïntegreerde ontwikkelingsplan 21(1)(b)(ii) MFMA

Hersiening van die begrotingsbeleid 21(1)(b)(iii) MFMA

Ter tafellegging van die hersiene geïntegreerde

ontwikkelingsplan 21(1)(b)(iii) MFMA

Ter tafellegging van die hersiene begrotingsbeleid 21(1)(b)(iii) MFMA

Publieke deelname prosesse 21(1)(b)(iv) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Oktober Burgemeester se kwartaallikse finansiële verslag 52(d) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

November Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Desember Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Munisipale entiteite: Indiening van jaarverslag 127 MFMA

Januarie Kennisgewing van nasionale en provinsiale departemente

aan munisipaliteit van toekomste oordragte voor 20

Januarie van elke jaar 36(1) MFMA

24
Burgemeester se kwartaallikse finansiële verslag 52(d) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Middel-termyn begrotings- en prestasie aanslag 72(1) MFMA

Februarie Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Maart Burgemeester: ter tafellegging van begroting 16(2) MFMA

Kennisgewing in plaaslike koerante 22(a)(i) MFMA

Nooi publiek om kommentaar te lewer 22(a)(ii) MFMA

Indiening van Jaarverslag 121 MFMA

Kennisgewing van oordragte tussen munisipaliteite 37(2) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

April Burgemeester se kwartaallikse finansiële verslag 52(d) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Mei Raad oorweeg die begroting 24(1) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Junie Goedkeuring van diensleweringbegrotingsplan 53(1)(ċ)(ii) MFMA

Hersiening van jaarlikse prestasie ooreenkomste van

munisipale bestuurder en amptenare wat aan die persoon

verslag doen 53(1)(ċ)(iii) MFMA

Maandelikse finansiёle verslag 71(1) MFMA

Evaluering van jaarlikse prestasie ooreenkomste van

munisipale bestuurder en amptenare wat aan die persoon

verslag doen 57(2)(a) MFMA

25
BYLAE 3 OPSOMMING VAN OUDITEUR-GENERAAL SE VERSLAG VIR 2008/09 OOR DIE STAND

VAN MUNISIPALE FINANSIES

AARD VAN OUDIT OPMERKING ALLE MUNISIPALITEITE MUNISIPALE ENTITEITE

2008-09 2007-08 2008-09 2007-08

Afwysing 81 110 4 5

Ongunstig 8 11 0 1

Gekwalifiseerd 47 63 4 9

Finansieel ongekwalifiseerd met opmerkings 107 91 38 33

Finansieel ongekwalifiseerd - skoon oudit 4 4 2 3

Totaal waaroor verslag gedoen is 247 279 48 51

Totaal nie betyds voltooi nie 36 4 8 6

Totaal 283 283 56 57

26
BYLAE 4: REMEDIËRENDE STAPPE GENEEM SEDERT 2004 OM MUNISIPALE REGERING REG TE RUK

27