02.05.2013 Views

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

Gemeente Sake - Gereformeerde Kerk Rietvallei

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Vandag

4 Maart

Maandag

5 Maart

Woensdag

7 Maart

Donderdag

8 Maart

Sondag

11 Maart

Gemeente

Sake

Deurkollekte: Studentkas

Gasvryheid: wyke C05 en C06

19:00 : Gemeente bybelstudie

18:45 : Nuwe intrekkers

14:30: Bybelstudie senior

lidmate

Deurkollekte : Franse radio

bediening

Gasvryheid: wyke A08 en C23

Baie dankie!

Wanneer ons trauma in die lewe ervaar

word Psalm 23 gewoonlik aangehaal, maar

kyk ook wat is geskrywe in Psalm 24, Vers

1: “Die aarde en alles wat daarop is, die

wêreld en dié wat daar woon, alles behoort

aan die Here, ….” Ons behoort aan die

Here en ek wil Hom loof en prys dat dat Hy

die mediese behandeling wat ek die

afgelope tyd in die Kloof Hospitaal ontvang

het geseën het en dat ek besig is om te

herstel. Verder wil ek vir Ds Werner, Ds

Naas, die krisante en ander gemeentelede

bedank vir hulle besoeke en ondersteuning

in die hospitaal. Dankie aan almal wat vir

Elsie geskakel het en ons in hul gebede

aan die Here opgedra het, dit word opreg

waardeer.

Dolf en Elsie van der Walt.

Engelse erediens

Die tweede erediens om 10:15 op DV

Sondag 18 Maart 2012, in die kerkgebou,

sal ʼn erediens in Engels wees. Ds. Arthur

Miskin sal die erediens waarneem. Lidmate

word versoek om familie en vriende, wat

Engelssprekend is, na die erediens te nooi.

Senior Bybelstudie op Donderdag

08/03/2012 om 14:30 in die kerkgebou

Liewe Gemeente

Met hierdie kort skrywe wil ons as Diakonie

ons opregte dank uitspreek teenoor elke

lidmaat vir elke finansiële bydrae wat u

gemaak het die afgelope finansiële jaar.

Ons as Diakonie kan nie ons mede

gelowiges ondersteun indien u nie so „n

mildelike bydrae lewer nie. Die betalings wat

direk aan die diakonie gemaak word, gee

ons ook kapasiteit om instansies soos bv.

die Kinderhuise op „n voortdurende basis te

kan ondersteun. Ons opregte dank aan u

en aan ons Hemelse Vader vir „n gemeente

soos Rietvallei.

Diakonie Rietvallei

RIETVALLEI LAERSKOOLKINDERS

Baie dankie aan die persone wat laas

Sondag na vore gekom het om hierdie

jaar te help met die reel van aksies vir die

laerskoolkinders!

Ons hou vandag tussen die twee

eredienste 'n kort vergadering om ons

aksieplan vir die jaar uit te werk, datums vas

te maak en ligweg beplanning

te doen. Indien jy hierby betrokke wil raak,

ontmoet ons jou graag na die eerste

erediens by die amfiteater. Ons is veral

steeds op soek na 'n paar hoërskoolkinders

om ook betrokke te raak.

Selfs al voel jy dat jy nie self een van die

aksies op jou eie wil behartig nie, maar

goeie idees het, sluit asseblief by ons aan.

Goeie idees is altyd welkom! Indien jy nie

vanoggend se vergadering kan bywoon nie,

skakel asb steeds met Lynelle Steyn

(082 410 9923) sodat jy ook in die res

van die jaar se beplanning kan deel.

Jaargang 27, Nommer 7 1

4 Maart 2012

Uitreik

BERIG OOR FRANSE RADIOBEDIENING

„n TV program oor Mali op SABC 2 die

afgelope week het die geleentheid aan

toeskouers gegee om Sahel landskappe

asook ou moskeë uit modder gebou (uit die

12de of 13de eeu) te ontdek. Kindertjies wat

die Koran in Arabies uit die kop moet leer is

ook aan ons gewys. In hierdie Koraniese

skole leer hulle allerhande rituele van

uitwendige reiniging (bv. hoe om hulle gesig

3 keer met „n bepaalde gebaar van die regte

hand te was, hoe om water in hulle neus in

te asem om dit dan uit te blaas, sodat hulle

voor Allah as reinige skepsels kan verskyn).

Die aanbieders van die program het veral op

die hitte en op die mooiheid van die

argitektuur van die moskeë toegespits. Die

een se kommentaar oor die verskrikike

armoede wat daar heers is deur „n ander

een afgemaak met die woorde (vrylik

aangehaal): Ja maar ‘n mens moet sekerlik

dit verbykyk om die mooiheid van die groter

prentjie te kan waardeer… Hierdie

toeristiese invalshoek t.w.v. SABC 2 se

toeskouers is in skerp kontras met dit wat

die Franse Radiobediening en die

Christelike radios in Mali poog om te doen:

deur effektief saam te werk t.w.v. die

verkondiging van die Evangelie wil ons juis

breek met die slawerny van „ n eeueoue

kultuur wat die bevolking so arm en

agtergeblewe gelos het, hoe mooi ookal

sommige toeriste dit mag ervaar. Dit gaan

nie oor boendoe bashing en eksotiese

ervarings nie, maar oor die herstel van die

beeld van God in elk mens wat na Christus

met geloof kyk en in sy liggaam ingeënt

word. Weliswaar „n program van algehele

genesing en reformasie vir die lewe in sy

totaliteit, tot eer van die Drie-Enige God.

„n Onlangse telefoniese gesprek met br.

Abdoulaye Cissé van Radio Tahanint in

Timboektoe bevestig die groot nood om die

personeel van Christelike radios beter op te

lei vir meer effektiwiteit in die aanwending

van die middele wat reeds daar bestaan

danksy die wonderlike voorsienigheid van

die Here. Ek vertrek volgende Sondagaand

Abidjan toe met „n klomp idees en gedagtes

oor hoe so„n opleiding in Mali aangebied

sou kon word. Dit is te wyte aan die

gesamentlike visie van bekwame

medewerkers wat vanaf Suid-Afrika ook met

Christelike radios werk en hulle ryke

ervaring met radios in Mali graag wil deel.

Intussen is die eerste drie programme met

die titel “Frans deur die Bybel” die afgelope

week opgeneem. „n Ander reeks sal DV na

my terugkoms begin voorberei word, ook

t.w.v. gemeenskapsontwikkeling vanuit „n

Christelike perspektief: dié keer gaan dit oor

omgewingsbewaring veral in Afrika konteks.

Hierdie reeks sal die vrug wees van „n

samewerking met prof Kobus der Walt van

die NWU, wat ook die bekende aanbieder is

van die radioprogram“Omgewingpraatjie” op

RSG, elke Saterdagoggend tussen 6:45 en

7:00. Hy is „n uitgesproke Christen en het

die materiaal van al sy radioprogramme vir

my beskikbaar gestel om dit te kan aanpas

en aanwend vir radioprogramme in Frans

wat DV binnekort oor die hele

Franssprekende Afrika uitgesaai gaan word.

Bid asb. dat al hierdie pogings ryklik

geseënd sal word en dat hulle mense na

God-Drie-Enig sal lei in die wete dat Hy

alleen die Verlosser en die Bevryder is van

sy skepping (beide mense en die aarde).

Ds Eric

Jaargang 27, Nommer 7 2

4 Maart 2012

Uitreikstoor

Dankie vir al die skenkings wat so mildelik

vir uitreik aksies gegee word.Klere en

skenkings kan afgedra word na die lokaal

aan die agterkant van die preekstoel met

buite deur, op die volgende tye:

Woensdae: 9:00 - 10:00

Sondae: 7:30 - 11:30

1 Maart 2012

Dagsê Almal

Boekenhoutkloofstraat 949,

Claremont.

012 377 0503 /

072 855 8289

eljadahuis@mweb.co.za

ABSA BANK – Woodlands,

Die dae vlieg verby en ons is al in die derde

maand van die jaar. Selfs die weer begin

draai en begin al koeler word maar steeds

reen die seeninge en genade van die Vader

oor hierdie huis, Ek wil graag aan een en

almal wat kruideniersware, klere en meubels

geskenk en aangery het sê BAIE BAIE

dankie. Die kruideniers hou ons daagliks,

bykans 30, aan die gang en ek bekommer

my geensins meer daaroor nie want dit kom

baie getrou in en dit is maar net die werking

van die Gees wat almal bewus hou van die

nood. Maandag het ons vir 60 mense kos

gemaak want die opleiding en

koningskinders was ook hier. Die kombuis

sammajoor(Rosa) het haar goed van haar

taak gekwyt want dit was haar week vir

kombuisdiens. Die ander(Magda en Corlia)

het ook hulle volle kant gebring ter

ondersteuning nadat hulle ook hulle

dienspunte naamlik die badkamers, gang en

opleidingslokaal versorg het. Die roterings

stelsel werk baie goed en hulle deel die

laste. Die twee mans sorg dat dit netjies is

om die huis en versorg die lapa en tuin.

Ons is al besig met die tweede groep

tuisversorgers en die volgende groep begin

die 2de April.

Ons het egter nog steeds nie voldoende

fondse vir 2 studente nie naamlik 2 x R1500.

Hulle presteer baie goed en Helga en

Annamarie is baie tevrede. Dankie ook vir

julle twee se geduld en liefde met ons

mense.

„n Middeljarige vrou stap by die hek in en

vra om my te sien. Haar gesprek begin

sommer dadelik met “Ek en my vriend BLY

SAAM en hy het darem „n werkie maar dis

nie genoeg vir die huur en vir kos nie”. My

antwoord aan haar was “Watter pad stap jy

saam met die Here en saambly is sonde”

waarop sy, soos meeste maar reageer,

wegkyk en sê ek was laas in – dan dink sy

eers bietjie – daardie kerk en beduie in „n

rigting. Ek het haar egter moes wegstuur

met die boodskap dat as sy regtig hulp

nodig het, die Here wil leer ken en haar

saambly in oënskou wil neem sy welkom sal

wees om in te val. Ek probeer om

konsekwent te wees met die

geloofswaardes wat ek hier probeer

onderhou. Dit is nie aldag maklik nie maar

dit is egter die norm van die meeste mense

hier want blyplek is byna onverkrygbaar en

selfs die “missions” is almal oorvol. Dus is

saambly die oplossing en as een dan werk

sorg hy vir die ander. Ek is maar baie kwaai

wanneer dit kom by die voorbeeld van

mamma en vriend wat saamslaap terwyl

mamma vir sussie preek en sê sy moet dit

nie doen nie. Ek leer soms op „n kwaai

manier dat die ouers se voorbeeld is wat

ons kinders aanspoor.

Ek wil graag ook „n regstelling maak van my

berig van verlede week rondom die baba

wat vroeg gebore is en wie se mamma

oorlede is. Dit is die waarheid, maar toe ek

Jaargang 27, Nommer 7 3

4 Maart 2012

uiteindelik die pappa opspoor en met hom

gesels sê hy dat dit baie goed gaan met

hom(onder die omstandighede), sy ander

drie kinders en die baba wat ook al tuis is.

Sy suster het daar kom bly om te help en sy

ouers het van die Kaap af gekom om hom

ook by te staan, sy skoonouers bly net „n

blok van hom af en dat hy „n goeie werk het

– dus is dit weer „n voorbeeld van iemand

wat „n storie gehoor en sommer „n paar

stertjies aangelas het om persoonlike wins

daaruit te maak want daar het blykbaar wyd

en syd skenkings ingekom. Ek probeer altyd

om by die persoon wat hulp nodig het uit te

kom en nie hulp deur ander te gee nie. Baie

baie dankie egter vir diegene wat onmiddelik

hul hulp aangebied het. Die ander

vroeggebore babaseuntjie is reeds 3

maande oud en die vrou is in die GK

Andeon. Ek het hom gesien en hy is pragtig

gesond en mamma was baie dankbaar vir

die kleertjies wat ek vir haar kon gee.

Weereens was hierdie „n produk van

saambly en die pa is in die Kaap. Die derde

outjie is „n dogtertjie wat ook vroeggebore is

waarvan die pappie blykbaar doodgery was

toe mamma 6 maande swanger was. Sy bly

nou haar ma maar dit gaan maar baie

beroerd. Ek wag nog vir „n kontak nommer

om meer uit te vind.

Wat „n wonderlike ervaring het ek Saterdag

gehad. Die studentejeug en jong werkendes

van die GK Brooklyn gemeente het elkeen

gewapen met „n verfkwas die oggend hier

aangekom. Duidelik het hulle elkeen „n liter

rooi koeldrank gedrink want die energie het

uit hulle gestraal en die vraag “Tannie waar

is die verf en die heining wat gedoen moet

word” het uitgeborrel. Met my tong in my

kies het ek hulle mooi verduidelik van die

nuwe palisade heining wat wit geverf moet

word en die betonheining wat „n ander kleur

kry. Met groot ywer het hulle ingespring en

met die belofte van toebroodjies vir etenstyd

hulle gelos om aan te gaan. Etenstyd het

ons in die lapa bymekaargekom en wat „n

gesig – verf van hul kroontjies tot hul

toontjies maar die heining is darem ook

geverf. BAIE DANKIE julle jongklomp en ek

glo julle het dit baie geniet ten spyt van die

opmerking – sjoe ek het nie gedink dit is so

moeilik om „n palisade heining te verf nie, en

ek wil nooit weer een sien nie – sal julle dit

weer doen. Tydens die ete het ek hulle

bietjie vertel wat hier gedoen word en is ek

verras met die opmerking dat hulle die erns

van die sinodale opdrag van die “Omkeer

Strategie” hule eie gemaak het as

jeuggroep. Hulle het die kans dus

onmiddelik aangegryp om iewers uitreikwerk

te gaan doen waar hulle werklik „n verskil

kan maak en hulle het dus besluit dat Eljada

Huis een van hul langtermyn projekte sal

wees. Na die ander weg is het ek met twee

van hulle verder gesels wat dan sommer

van môre af tweeweekliks gaan begin om vir

ons kinders rekenaar klasse te kom gee.

Hendri is „n onderwyser en het groot planne

en ek is die Here (on)gelooflik dankbaar dat

Hy hom hierheen gelei het en ook sy

vriendin Anemie wat die kinders met

wiskunde gaan help. Die kinders is baie

opgewonde en sien baie uit daarna.

Soos dit maar in enige huishouding gaan bly

die daaglikse behoefte aan koffie,

margarine, broodjiesmere, ontbytkosse,

suiker, melk, kookolie, blikkieskosse van

enige aard, kerse, altyd groot en hierdie

huishouding is nou 30 sterk.

Eljada Huis groete aan almal.

Annatjie

Jaargang 27, Nommer 7 4

4 Maart 2012

Ander

sake

Sustersaamtrek 2012 -

Gereformeerde Kerke Andeon,

Bergsig en Pretoria-Meintjeskop

Skenkings/Donasies vir die Paul Kruger

Kinderhuis en Eljada-huis (Daspoort)

Skenkings/Donasies kan op die dag van die

Saamtrek ingehanding word by GK Andeon

se konsistorie.

Registrasie

Slegs een persoon per gemeente moet

aanmeld by die registrasie-punt by die

ingang van die kerkgebou.

Koffie en tee

Koffie, tee en muffins word vanaf 08:00

bedien. Die program begin stiptelik om

09:00.

Kollekte

„n Kollekte sal tydens die verrigtinge gehou

word ten bate van Bybelverspreiding en Die

Vroueblad.

Uitstallers

Daar sal Boeke-uitstallers wees.

PADAANWYSINGS NA GK ANDEON

Adres: H/v Fred Messenger- en Eldorette

straat, Andeon.

GPS Koördinate: S 25.42.35.45.5

E 28.06.05.96

Padaanwysings:

Ry in Van der Hoffweg in „n westelike rigting

(pad wat loop na Hartbeespoortdam). Van

der Hoffweg kan bereik word via

Bremerstraat (die Daspoorttonnel), of uit DF

Malanrylaan. By die laaste robot in Van der

Hoffweg, by die groot Micahardewarewinkel,

draai regs op die

Hornsnekpad. Draai weer in die derde straat

(Fred Messenger straat) regs. Die

kerkgebou is op regterhand.

Parkering:

Daar sal beperkte parkeerplek wees voor

die kerk op die kerkterrein. Die ander

parkeerplek is op die agterste deel van die

kerkterrein. Die parkeerarea word met „n

ompad bereik en sal deur pyle aangedui

word. Hiermee rig ons „n versoek dat

susters sover moontlik saamrygeleenthede

reël om die aantal voertuie wat moet

parkeer te verminder.

Kontakpersoon

Hanlie Steyn

Sel: 083 654 8652

Huis: 012 379 2654 (na 15:00)

pretoriasustersaamtrek2012@gmail.com

Toer saam na Turkye

Ds. Malan van Rhyn van die GK Pretoria-

Noord beplan om ʼn toergroepe na Turkye te

neem vanaf DV 22 Junie 2012 tot 4 Julie

2012. Indien u belang stel kan u met ds.

Malan in verbinding tree by tel 012 546-

5177 OF sel 082 858-0538 OF per e-pos

mvanrhyn@telkomsa.net

Kerknuus

Wil u vars kerknuus van die GKSA per epos

ontvang? Kerknuus en inligting kan

direk aan u gestuur word. Stuur u e-pos

adres na: wymiedup@gksa.co.za.

Jaargang 27, Nommer 7 5

4 Maart 2012

Sang

Verlede week is berig dat 21 Skrifgetroue

liedere uit die Liedboek by die Algemene

Sinode van 2012 goedgekeur is om in

eredienste te sing. Die kerkraad van GK

Rietvallei het besluit dat ons in GK Rietvallei

die liedere gaan sing. Die 21 liedere is die

volgende: (geneem uit ʼn verslag aan die

Kerkraad)

6.1 163 – Soos ʼn wildsbok

6.2 169 – Heilig, heilig, heilig

6.3 190 – Grote God aan U die eer

6.4 334 – “God is liefde” juig ons

harte

6.5 348 – Stille nag, heilige nag

6.6 353 – Die Heiland is gebore

6.7 380 – Jesus, Lam gelei ter

slagting

6.8 422 – Die Heer, die Heer het

opgestaan

6.9 525 – Here, hoe blymoedig

6.10 151 – Skenk ons, Here, u

beskerming

6.11 184 – Lofsing die Here

6.12 241 – Troue Here van my lewe

6.13 335 – Die Heiland is gebore

6.14 292 – My enigste troos

6.15 386 – Jesus, dit wat U moes ly

6.16 168 – Heilige Jesus

6.17 428 – Loof Christus, roem sy

wonderdade

6.18 588 – O God van hoop, gee

ons vrede

6.19 203 – loof die Here al wat lewe

6.20 530 – Praat ek mense-,

eng‟letale

6.21 577 – Die Heer, my herder,

sorg vir my

Die woorde van die nuwe Skrifberymings is

by die skriba beskikbaar.

Parkinsons vereninging

ondersteuningsgroep van Pretoria

Bogenoemde organisasie se maandelikse

byeenkomste word weer hierdie jaar elke

eerste Woensdag van die maand vanaf

10:00 tot 12:00 in ons kerksaal gehou. Die

eerste byeenkoms vir 2012 is komende

Woensdag, 7 Maart vanaf 10:00.

Hierdie eerste geleentheid gaan „n groot

inligtingsessie wees wat deur Karin

Willemse en Gisela Stanek van die

Parkinson‟s vereniging van Suid-Afrika gelei

gaan word. Ek het self vir Karin hoor praat

in 2010 – dit was voorwaar „n belewenis en

oog-oopmaker gebeurtenis en ek kan dit

aan enigiemand aanbeveel! Aangesien sy

die voorsitster van die vereniging is het sy

ongelooflike waardevolle kennis, raad en

belangrike inligting om oor hierdie siekte oor

te dra.

Indien u „n familielid of vriend het wat aan

hierdie siekte ly of self „n Parkinson‟s lyer is

of selfs net „n belangstellende is, is u

welkom om hierdie geleenthede by te woon.

Indien u ook dalk van iemand anders weet,

gee assseblief aan hulle hierdie inligting

deur. Dit is oop vir enige iemand (lyers,

versorgers en familie) uit enige kerkverband

en die doel hiermee is om mekaar te

ondersteun, gedagtes uit te ruil en kennis en

inligting te kry.

Indien u graag die byeenkomste wil bywoon

of meer inligting verlang, kontak gerus vir

Lynelle Steyn by 082 410 9923 of Annatjie

Greeff by 076 822 6598.

Jaargang 27, Nommer 7 6

4 Maart 2012

Eredienste

Oggenddiens (8:00 en 10:15)

Skriflesing: Nehemia 3

Sang: Psalm 116: 1, 2 en 3; Psalm 116: 5, 7

en 10 (Na Geloofsbelydenis); Psalm 119: 1 en

2 (Na die Wet); Skrifberyming 3-3: 1-6; Psalm

111: 1, 4 en 5

Hierdie Skrifgedeelte met sy baie name word

gewoonlik oorgeslaan. Wat kan „n klomp

name ons tog leer? Maar wag „n bietjie. Jy sal

verras wees om te sien dat hierdie name

elkeen van ons persoonlik gaan raak.

Onthou jy wat ons alles sover in Nehemia

geleer het? Jerusalem was in „n krisis (die

mure was in puin). Die Here het Nehemia uit

die vreemde geroep om iets aan die probleem

te kom doen. Die onmoontlike het moontlik

geword toe hy beskikbaar en bereid was om

deur die Here gebruik te word. Die Almagtige

God het, ter wille van die eer van Sy Naam,

vir Nehemia alles voorspoedig laat verloop,

sodat hy alles ontvang het wat nodig was, om

hierdie noodsituasie aan te spreek. Behalwe

vir Nehemia het God ook sorg gedra dat daar

mense was wat bereid was om aan te meld en

in die opbouwerk wat gedoen moes word,

hulle kragte aan te wend.

Wat „n kragtige en besielende boodskap vir

ons eie tyd. Hopelik is jy ook (reeds) bewus

van die nood van ons eie tyd. As jy bewus is

daarvan – raak dit jou regtig in die hart? Die

Here wil jou ook gebruik om iets aan die saak

te doen. Is jy gereed om gebruik te word?

Enige gelowige – maak nie saak wie jy is en

wat jy is nie … God het „n plek vir jou in Sy

bouwerk. In hierdie Skrifgedeelte leer ons die

praktiese sy van kerkwees.

1. Wie het gebou?

Wanneer ons hierdie lys name sorgvuldig

deurlees dan is dit duidelik wie almal

aangemeld het. Die mense wat ons sou

verwag het … en ook die verrassende. Die

timmermanne, klipkappers en messelaars;

ook die leiers het hulle deel gedoen. Maar ook

die goudsmede en die salfmengers; die

koopmanne, die sakemanne, die Leviete en

die priesters. Selfs „n pa met sy dogters en „n

alleenloper (vers 30). Is dit nie wonderlik nie.

Toe daar gewerk moes word is daar nie „n

klomp verskonings uitgedink nie, maar het

honderde begeesterde mense hulleself

aangemeld. Behalwe – vers 5. Die

vooraanstaandes van Tekoa wou nie swaar

werk vir die Here doen nie. Ook vandag is

daar diegene wat hulle neuse optrek vir die

werk van die Here.

2. Waar het hulle gebou?

Hulle het volgens „n plan gebou. Hulle het by

die een kant van die stadsmuur begin en het

regdeur gegaan na die ander kant. Van die

Skaappoort, kloksgewys, tot weer by die

Skaappoort. En dan klink dit soos „n refrein: -

Elkeen teenoor sy eie huis. Daar waar dit hom

persoonlik raak. Daar waar elkeen die

beskerming van die muur die nodigste gehad

het. Daar waar hy nie kon bekostig om

brouwerk te doen nie. Elkeen het sy eie lewe

opgeruim. Sommige het selfs gehelp om „n

tweede deel te bou.

3. Hoe het hulle gebou?

Langs mekaar! (Naas hom/ langs hom -

refrein OV) Mense van alle vlakke van die

samelewing in Jerusalem het langs mekaar

gebuk en skouer aan skouer die

gemeenskaplike werk aangepak en voltooi.

Ongeag die onderskeidinge tussen hulle, het

hulle op hulle gemeenskaplikheid gefokus.

Gesamentlike nood vereis gesamentlike

roepingsbesef en gesamentlike

verantwoordelikheid.

Hierdie boodskap is tog duidelik, nie waar

nie? Elke gelowige is „n bouer. Elke gelowige

het sy eie besondere bydrae om te lewer in

die geestelike bouwerk aan God se koninkryk.

Jaargang 27, Nommer 7 7

4 Maart 2012

Eredienste

Aanddiens (18:30)

LITURGIE NEHEMIA 8:1-13

Groetseën: 1 Petrus 1:1-2

Samesang: Ps. 135, vers 1, 2, 3 & 11

1ste gebed

Skriflesing: Nehemia 8:1-13.

Prediking. Tema: Die Heilige Gees werk in

die hart van God se volk deur sy Woord.

Samesang: Ps. 119, vers 11 & 20

Bevestiging van ouderlinge.

Gemeentesang: Ps. 128 vers 4.

Offergawes

Slotsang en uitspreek van die seën: Ps. 134

(gemeente v. 1 & 2, liturg v. 3).

PREEKSKETS

In 445 voor Christus het „n besondere

volksvergadering in Jerusalem

plaasgevind. Die volk self het gevra

aan Esra en die priesters om die Wet

aan hulle voor te lees.

Die priesters het die Wet duidelik

gelees en dit ook aan die hele volk

verduidelik. Die volk het dit goed

verstaan en berou getoon. Getroue

Woordbediening bly by uitstek die

ware profetiese stem van die Kerk

wat vrugte in „n mens se hart laat

voortspring.

Die werking van die Gees in die volk

se hart bring vertroosting en vreugde

na die nodige berou: want God

vergewe en verlos! Die Kerk moet tot

die einde van die tyd die Evangelie

verkondig om haar profetiese stem te

laat uitgaan!

Jaargang 27, Nommer 7 8

4 Maart 2012

Kontakinligting

PREDIKANTE

Ds. Naas Ferreira 012-345 2049

naas@gkrietvallei.co.za

Ds. Werner van den Heever

(082 4121415) werner@gkrietvallei.co.za

Ds. Gerhard van Rhyn 071 6133160,

gerhard@gkrietvallei.co.za

English Service : Rev. Arthur Miskin

(083 657 4980) agmiskin@gmail.com

Jannie Earle ( 012 997 4228 of 083 457 8075)

FRANSE RADIOBEDIENING:

Ds. Eric Kayayan (012 345-3495) Kantoor Carlien

Visser (012 347 1312) foietvie@absamail.co.za

TOPIA (Toerusting vir predikante in Afrika):

Ds. Johannes Aucamp (072 815 7375)

johannes.aucamp@gmail.com

Ds. Rajesh Kumar (Bediening In Indië)

rajesh_kumarza@yahoo.com

SKRIBA

Hennie Steenkamp

(012-345 5381), (082 783 6130)

Faks (012-345 2365) skriba@gkrietvallei.co.za

KOSTER

Pieter Hoffman (012-345 2249) (082 898 2330)

ORRELIS

Willem Luitingh

(012 807 5952), (082 8400 644)

wluitingh@hotmail.com

KERKKANTOOR

FINANSIËLE AANGELEENTHEDE

Titus Van Aswegen Tel: 012-347 7362

E-pos: gerfriet@absamail.co.za

Faks: 086 537 7392

ATTESTATE EN ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE

Karen de Lange Tel: 012-347 7362

E-pos: admin@gkrietvallei.co.za

Faks: 086 537 7392

Posadres: Posbus 914-1095, Wingatepark, 0153

ELJADA Mariana Steyn

(082 805 8306) eljada@gkrietvallei.co.za

ELJADI

Deleen Kornelius (012-993 4211) deleenk@gmail.com

Lynelle Steyn (drsweers@gmail.com)

DIE RIETFLUIT

Johanna Hellberg (073 295 5848)

johanna.hellberg@up.ac.za

BIBLIOTEEK

Jannie Earle (012 997 4228 of 083 457 8075)

GEELBLADSYE

Trina du Plessis (082 322 53435343)

trinaduplessis@gmail.com

DIAKONIE

Johan De Bruin (082 820 6669)

HOPE COMMUNITY CHURCH

Gerrit Kornelius 082 925 9569

PAUL JUNGNICKELHUIS

Rina Steenkamp (012-345 2365)

ELJADA HUIS - DASPOORT

Annatjie van Schalkwyk (012 377 0503/ 072 855

8289)

DOMUS JUVENTUS TRUST (REDDERSBURG)

Johan Beumer (083 285 5511)

KONINGSKINDERS

Jacoba Kotzee (012-993 5560)

BERADINGSPAN

Elsie Ferreira (072 449 1982) :

Eferreira@medihelp.co.za

BANKBESONDERHEDE

Gereformeerde Kerk Rietvallei

Absa Menlyn (Takkode: 355 645)

Lopende Rekeningnommer: 3490 144 306

DIAKONIE

Lopende Rekeningnommer: 4051138620

FRANSE RADIOBEDIENING

Reformed Faith and Life; ABSA Menlyn;

Lopende Rekeningnommer: 40-4878 6755

HOPE COMMUNITY CHURCH

King’s Hope Foundation

Lopende Rekeningnommer: 4054747436

ELJADA HUIS

Lopende Rekeningnommer: 923 572 8935

Absa Tak 632005 (Merk: Eljada Huis)

DOMUS JUVENTUS TRUST

Lopende Rekeningnommer: 4059 8178 66

JEUG

Sameroeper: Ds. Werner vd Heever (082 4121415)

werner@gkrietvallei.co.za

Jaargang 27, Nommer 7 9

4 Maart 2012

Jaargang 26 , Nommer 24 10 21 Augustus 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!