03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

graag so dapper soos hy wees. Ek wou net soos hy wees. Ek het altyd as op my hare gesit sodat

ek so grys soos hy kon wees. Ek was baie lief vir my pa.

Een nag, toe ek nege jaar oud was, hoor ek ’n rumoer in die huis. Toe ek gaan kyk wat aangaan,

kry ek my pa op sy rug, op die vloer van my ma se hut, in die middel van wat vir my gelyk het

soos ’n eindelose hoesbui. Hy was siek van die een of ander soort longkwaal. Kort daarna is

my pa dood en het my lewe heeltemal verander. Ek moes by my oom gaan woon. Hy kon vir my

sorg en my laat skoolgaan. Ek het my paar besittings ingepak en saam met my ma na my nuwe

huis toe gestap.

Dit was pynlik vir my om Qunu te verlaat. Ek het omgedraai om te kyk na die huis en gedink aan

die geluk wat ek moes agterlaat. Ek het gekyk na die hutte en die mense wat met hulle dagtake

voortgegaan het. Ek het na die stroompie gekyk waar ek en die ander seuns geplas en gespeel

het. My oë het tot rus gekom op die drie hutte waaruit ons

tuiste bestaan het – ek kon my die toekoms glad nie

voorstel nie.

Ek het by my oom Jongi in Mqhekezweni,

’n dorpie daar naby, gaan woon. Hy

was my pa se beste vriend. Ek het

Qunu en my familie gemis, maar

my lewe by oom Jongi was goed.

Ek het met sy seun, Justice,

gespeel en ons het baie pret

saam gehad. My oom het my

soos sy eie kind behandel. Ek het

’n nabygeleë eenvertrekskooltjie

bygewoon en het Engels, Xhosa,

geskiedenis en aardrykskunde geleer.

Ek het goed gevaar op skool, omdat ek

baie hard gewerk het en my oom saans my

huiswerk nagegaan het.

Ons praat

Wat beteken die uitdrukkings in vet gedrukte letters? Bespreek dit met ’n maat.

Maak jou eie sinne met elkeen om te wys dat jy die betekenis verstaan.

Skryf jou sinne hier neer.

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!