Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
VADERLIEFDE

WORD

SIGBAAR IN

DIE SEUN

In (v) Vaderarms

JUNIE 2012

~ Aardse vaderskap

gespieël in die Woord

~ ’n Pa soos die Here

wil hê
VADERLIEFDE

WORD

SIGBAAR IN

DIE SEUN

In (v) Vaderarms

10

2 VROUEBLAD Junie 2012

JUNIE 2012

~ Aardse vaderskap

gespieël in die Woord

~ ’n Pa soos die Here

wil hê

Junie

GEREELD

3 Redakteursbrief

4 Briewe

5 Ds. Sê my

IN-DIEPTE

6 “Ek glo in God die

Vader”

8 Vaderliefde word

sigbaar in die Seun

10 Aardse vaderskap

gespieël in die

Woord

JAARGANG 67 NOMMER 1

LEEFDINGE

12 In (v) Vaderarms

14 ’n Pa soos die Here

wil hê

16 Soos ’n vader hom

ontferm oor sy

kinders

18 Sonder ’n pa

20 Spieëls of

vensters?

21 Boekeblad

22 Hartskatte

23 Lees in Julie 2012

24 Kaleidoskoop

Redaksionele Inligting

Redaksiekommissie:

Cobie Steyn (redaktrise)

Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)

Marlette van Rooyen (sekretaresse)

Karien Brink (bladuitleg)

Prof. Jacques van der Elst

Ds. Nico Botha

Annatjie du Plessis

Posadres:

Die Redakteur: Die Vroueblad

Posbus 178, Lydenburg 1120

Faks: Die Vroueblad 086 714 6157

E-pos adres: Cobie Steyn, cobiesteyn@live.com

Internetadres: http://www.gksa.org.za/vroueblad.htm.

Navrae:

Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:

Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, tydskrifte@gksa.co.za

Advertensies: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987

Eienaars en uitgewers:

Deputate Kerklike Tydskrifte GKSA

Intekengeld:

Self afhaal by Administratiewe Buro: R104.00 per jaar

Elektroniese intekening: R104.00 per jaar

Groepintekeninge: R163.00 per jaar

Individuele intekeninge: R178.00 per jaar

(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word

nie.)

Drukkers:

V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié

van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing

asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van

bydraes voor.
“Soos ’n vader

hom ontferm oor sy

kinders, so ontferm

die Here Hom oor

dié wat Hom dien”

(Psalm 103: 13).

(Die redaksie vra vriendelik dat

hierdie selfoonnommer en adresse

nie vir administratiewe sake

soos inskrywings of kansellasies

gebruik sal word nie – skakel

die verantwoordelike persone

by die Administratiewe Buro in

Potchefstroom: Sien die inligting

op die skutblad.)

REDAKTEURSBRIEF

VADERSKAP

Dit was atletiek by die Laerskool Skukuza. Gewoonlik het ons ouers in hordes

opgetrek, want op daardie dag het die betrokke gesinne gratis toegang gehad tot die

Wildtuin (dit was nog voor die tyd van die Wild Card). Na die atletiekbyeenkoms

het man en muis eers gaan diere kyk. Ons jongste was in graad 1. Oudergewoonte

het pa, ma, ouboet en ousus hom ingewag by die wenpaal, al roepende sodat hy

kan sien sy gesin wag vir hom by die eindstreep. Skuins langs ons het ʼn pa gestaan

met styfgespande lippe en ʼn vasberade kyk in die oog. Ons jongste het iewers in die

bondel geëindig, maar hierde pa se seun het tweede geëindig, ogies blink en met sy

asem wat nog hyg het hy in afwagting opgekyk na sy pa. En toe die verpletterende

woorde: “Dis nie goed genoeg nie. Jy’t nie gewen nie!” waarmee die pa omgedraai

en weggestap het.

’n Enkele sin uit ds. Hennie Briel se artikel: “ʼn Pa wat daar is wanneer jou kind

huil en wanneer hy laaste kom met atletiek, en weet pa sal nie in my teleurgestel

wees nie”, het weer hierdie toneeltjie helder voor my geestesoog laat afspeel.

Hoe anders is ons hemelse Vader nie: genadig, liefdevol, regverdig, barmhartig!

Hy het ons so lief dat Hy sy enigste Seun vir ons laat kruisig het. Watter groot troos

is dit vir elke kind van Hom om te weet: Al het my aardse pa baie foute en is hy

onvolmaak, het ek ʼn hemelse Vader wat volmaak is en wat vir my sorg. Hierdie Pa

is ten volle in beheer van my lewe en Hy weet elke minuut wat in my hart en in my

lewe aangaan. Hy weet van my vreugde en my swaarkry – trouens Hy beskik álles

oor my in hierdie lewe. Tog weet ons dat “Hy alles ten goede laat meewerk vir dié

wat Hom liefhet” (Rom. 8:28).

Watter groot troos is die nie om te weet dat die kinders wat sonder pa’s grootgeword

het, ook ten volle kan reken en vertrou op hulle hemelse Vader nie. In sy

artikel “Sonder ʼn pa” maak ʼn jong man vir ons sy hart oop om te vertel hoe hy dit

beleef het om sedert vyfjarige ouderdom sonder ʼn pa te wees.

Net soos Meimaand se uitgawe ’n Bybelse perspektief op moederskap gewerp het

terwyl die wêreld Moedersdag vier, fokus ons hierdie maand op vaderskap uit ’n

Bybelse perspektief, terwyl die wêreld vadersdag vier.

Hoop julle lees lekker aan die artikels oor ons hemelse Vader en die hart-oopmaak

van ons skrywers oor hulle aardse pa’s.

Ek loof God omdat Hy Jesus Christus aarde toe gestuur het, sodat ons kan bid:

“Ons Vader wat in die hemel is.”

Liefdegroete in Christus

Cobie Steyn

NS: BRIEWEBLAD: Stuur ‘n SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos

jou brief aan cobiesteyn@live.com of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178

Lydenburg 1120. In Juliemaand verskyn ons jaarlikse Saamtrekbylaag. Ons het besluit

om van die sprekers te nader om hulle boodskappe wat hulle tydens die Saamtrek

gelewer het tot artikels te verwerk vir die Julie-uitgawe. Ons hoop om volgende jaar

al die sprekers se boodskappe so te gebruik. Skryf vir ons ‘n KORT BRIEF (200-250

woorde) of stuur ‘n SMS oor hoe jy hierdie jaar se Saamtrek beleef het. Ons publiseer

graag jou SMS of brief in Juliemaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 15

Junie 2012 bereik.

VROUEBLAD Junie 2012

3
iewe

“Hallo Pa!”

Ek stap by die poskantoor verby die

telefoonhokkie en hoor die jongerige

vroutjie daarbinne sê: “Hallo Pa!”

Doodgewoon. Sy bel haar Pa, groet hom.

Duisende mense doen dit duisende male

daagliks. Hoe baie male het ek dit nie self

ook gesê nie…vir langer as vyftig jaar kon ek

“Hallo Pa!” sê – ‘n lekker ding om te sê.

“Hallo Pa!” toe hy my in my Laerskooldae teen skemeraand,

as hy moeg gewerk was op die lande, met ‘n lekker Pa-druk

groet… as ‘n Hoërskoolkind smiddae saam met hom in sy blou

Datsunbakkie wanneer hy gaan beeste koop het en hy my

terselfdertyd leer bestuur het. Toe ek na die derde probeerslag

die bakkie weer laat vrek met die wegtrek, sê my altydgeduldige

Pa: “Jakob kan dit beter doen!”

Woorde wat my vir die res van my lewe genees het van ‘n

gevrekkery en agterna het ek besef hoe ‘n goeie leermeester

hy was!

Toe ek op Heidelbergse Onderwyskollege was en naweke

kastig wou laat slaap, het hy vroeg-vroeg vir my koffie in

die bed gebring: “Môre my ou Doggie!”… toe ek later op

Barberton begin skoolhou het en soms met die trein huistoe

gekom het, het ek hom in die donker ure van die oggend as

die winterwasem voor ons monde staan, op Bronkies se stasie

gesoengroet waar hy getrou in die koue vir my gewag het…

toe ek later in Natal gaan bly het kon ek hom net vakansies

sien of wanneer hy en Ma kom kuier het. Dae voor die tyd het

ek en die kinders die slapies getel.

“Hallo Pa!” toe ons later in Bronkhorstspruit kom bly het en

hy soggens vroeg vir ons melk bring en ek sommer saam met

hom skool toe ry om die Graad Eens te gaan leer; toe ek en my

skoolgaande kinders op die plot gaan kuier waar hy en Ma so

lekker gewerk het om ons met mandjies vol groente en vrugte

te bederf.

“Hallo Pa!” toe hy na my ma se dood alleen en verlangend

in sy woonstel sit en ek hom probeer troos; “Hallo Pa!” ‘n paar

jaar gelede in die Ouetehuis se siekeboeg. Die dag voor sy

dood, toe hy nie meer kon praat nie, toe druk hy my hand.

Dwarsdeur my hele lewe is my groet met warme wederliefde

begroet: “Hallo, my kind!” of “Hallo my Doggie!”

Toe ek die sleutel in die posbus druk, breek die damwal

en die wêreld word wasig. Elke keer as iemand mooi

onthoudinge van hom vertel, weet ek hoe bevoorreg, hoe

geseënd ek was.

Eendag sal ek weer “Hallo Pa!” kan sê.

Elizabeth Kendall

(Brief verkort – Red.)

Die wenboek, geborg deur Cum-boeke, is God het my gekies (’n Bybelstudie

oor Efesiërs) deur Ben de Klerk.

4 VROUEBLAD Junie 2012

IS JY GEREED OM DOOD TE GAAN?

Dis sekerlik ‘n vraag waarop ons almal wat

glo twyfelagtig “ja”(?) sal antwoord, maar

is jy regtig reg? Met hierdie vraag is ek op

6 Januarie gekonfronteer, maar eintlik by

nabaat!

Ek en my dogter ry na Soekmekaar om

vir haar ‘n afspraak vir haar lisensie te gaan

maak. Sy bestuur terwyl ek op die kaartjie

op my selfoon seker maak dat ons die regte

pad ry. Toe ek opkyk, niks meer as 50m

voor ons nie, besluit die aankomende die

persoon om ‘n ander motor verby te steek,

reg voor ons in. Skietgebed? Jou lewe wat

voor jou verbyflits?

Nee, daar was nie eers tyd om opdragte

te gee oor haar reaksie nie, dit was doodeenvoudig

‘n kop-aan-kop botsing en van

100 tot 0km in ‘n breukdeel van ‘n sekonde!

As ons nie die dood wonderbaarlik ontkom

het nie, was ek reg daarvoor? Want daar

was in daardie oomblik geen meer tyd vir

regmaak nie.

Karien Van der Merwe

Liewe Susters

My drie kinders is groot en werk al. Ek kyk

terug na ’n besluit waarin die Here ons

gelei het…

My oudste, ‘n seun, was op skool baie

stil. Praat, praat hy nie baie nie. Die ander

twee kwetter altyd soos voëls. Op skool in

Welkom het hy ‘n goeie vriend gehad, maar

hy was nie baie sosiaal nie. Toe adverteer

ons gemeente daar die skoolverlaterskamp

te Nooitgedacht. Ons besluit hy moet

gaan.

Dit was die beste ding wat ons kon doen!

Hy het teruggekom en kon nie ophou

praat nie. Hy het groot geloofsgroei beleef

en bande gebou met geloofsvriende wat

twaalf jaar later nog hou. Sy broer en suster

het aan sy lippe gehang toe hy vertel

van al die pret en kaperjolle. Weg was

al sy vrese vir die groot verandering van

nes-verlaat, hy ken mos nou maats wat

ook die groot stap gaan neem. Hulle het

mekaar in die matriekeksamen en regdeur

universiteit ondersteun. ‘n Paar jaar later

het hy selfs die voorsitter van die kamp

geword.

Dit is regtig dié een kamp wat jou kind nie

mag mis nie.

Nou is ons al agt jaar in Cachet gemeente,

wat weereens vanjaar die kamp

(8-13 Julie) in opdrag van Streeksinode

Noordwes aanbied. Graad 10 tot 12

leerders is welkom. Die tema is: Die Here

ken my persoonlik. Hoe kan ek Hom

persoonlik ken? (Ons adverteer ook in Die

Kerkblad; op Facebook: Nooitgedacht

skoolverlaterskamp, of skakel vir Paul:

0844401299)

Ons gaan weer die koue trotseer, want dis

mos ‘n fees om met die Here se kinders

besig te wees!

Groete, Isabel Vogel

(Brief verkort – Red.)
Ons verhouding met God

bepaal alle verhoudings

“HOE HANTEER ONS ‘N LIEFDES-

VERHOUDING MET IEMAND VAN ‘N

ANDER RAS ?”

Ons leser vra: “Wat leer die Bybel ons, hoe hanteer

‘n mens dit as een van my seuns ‘n verhouding met

‘n swart vrou het?” Dis nie maklik vir hulle as gesin

nie, want “die twee bly ook saam”. Dit is vir ons

almal ‘n groot verleentheid, en die res van ons gesin

distansieer hulle van hulle broer, maar ek het hom nog

steeds baie lief en wil nie graag van hom vervreemd

raak nie.”

BEGRIP VIR ONTSTELTENIS

Baie mense in ons land sal ontsteld wees oor ‘n

liefdesverhouding tussen mense van verskillende

rasse. Die feit dat die “swart vrou” van ‘n ander land

is, verander ook niks daaraan nie. Die natuurlike en

normaalweg “die aanvaarbare” is, dat mense binne

hulle eie kultuurgroep ernstige verhoudings aangaan

en met iemand uit hulle eie kultuur in die huwelik tree.

Ontsteltenis oor so ‘n verhouding oor rasseverskille

heen moet ons nie verbaas nie.

So ken ons uit Numeri 12 Mirjam en Aäron se klag

teen Moses oor sy huwelik met Sippora, ‘n Kussitiese

vrou uit Afrika.

Ons het in ons land dan ook lank wetgewing gehad

wat verbied het dat ‘n blanke met ‘n “nie-blanke” ‘n

intieme verhouding mag hê of in die huwelik mag

tree. Daar was selfs ‘n Sinodebesluit van ons kerke dat

‘n blanke wat met ‘n nie-blanke trou se lidmaatskap

verval, maar dit is lank gelede al op Bybelse gronde

herroep.

Ons het begrip vir die ontsteltenis in ons leser se

familie, maar ons het sekerlik ook begrip vir ‘n ma se

behoefte om haar band met haar seun te behou en

om te wil weet wat die Here hieroor in sy Woord sê.

VROUEBLAD Junie 2012

lesers vra

WAT SÊ DIE HERE IN SY WOORD?

Uit alles wat ons Here Jesus oor die huwelik

sê en wat ons lees in byvoorbeeld Spreuke en

die briewe van die apostels, is dit duidelik dat

‘n huwelik (en ook enige ernstige verhouding)

groot eise stel aan man en vrou. Die huwelik

van twee mense uit dieselfde kultuurgroep is

reeds al nie elke dag maklik nie, want dit vra

selfverloëning en onbaatsugtige liefde, en dit vra

onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God. Hy

het die huwelik ingestel en het daarom die reg

om te eis dat ons “nie mag egbreuk pleeg nie”,

met ander woorde dat ons in die egverbintenis

(die huwelik), en in al die verhoudings tussen

mans en vroue, aan Hom gehoorsaam moet

wees.

Hy eis van getroudes dat hulle getrou sal

wees aan mekaar, mekaar sal liefhê, en mekaar

“Hy spreek Hom nie

uit teen verhoudings

of ‘n huwelik tussen

mense van

verskillende kulture

of rasse nie,

maar dan moet so

‘n huwelik nie gelowiges

verhinder om

Hom met oorgawe te

dien nie!”

sal respekteer,

sodat hulle

huwelik ‘n

afbeelding sal

wees van die

verhouding

tussen Christus

en sy gemeente.

Daarom

veroordeel

die Here

huwelike tussen

gelowiges en

ongelowiges.

Lees gerus

hieroor weer gedeeltes soos Esra 9 en 10 en

Nehemia 13: 23-31.

So ‘n gemengde huwelik tussen ‘n Christen en

‘n ongelowige is vir die Here ‘n gruwel.

VERHOUDINGS TUSSEN

VERSKILLENDE RASSE?

Die Here verwag van ons om ook in ons

liefdesverhoudings Hom te dien. Hy spreek Hom

nie uit teen verhoudings of ‘n huwelik tussen

mense van verskillende kulture of rasse nie, maar

dan moet so ‘n huwelik nie gelowiges verhinder

om Hom met oorgawe te dien nie. Sulke

kultuurverskille maak ‘n huwelik dikwels nog

moeiliker, maar as albei kinders van God is wat

by Hom hulle raad en hulp soek en Hom wil eer

met hulle verhouding, kan ons dit nie op Bybelse

gronde veroordeel nie.

Die Here vra dat ons Hom meer gehoorsaam

moet wees as vir mense, en daarom moet

ons ons ook nie deur sondige menslike

vooroordele laat beheers nie. Net so mag ons

ook nie eiewillig besluit dat die saambly van

ongetroudes maar reg is nie.

Vir die hantering hiervan, alles binne ‘n familie

van Christene, sal die Here leiding en wysheid

gee!

Stuur asseblief u vrae aan:

nico@gkrandburg.org.za, of Posbus 436,

Randparkrif 2156 of sms na 083 629 8740.

5
in diepte

6

Ek glo in God

die Vader

Ons Vader in die hemel, is alles wat aardse, sondige vaders so graag sou wou

wees, en nog soveel meer!

Aardse vaders sou so graag vir altyd wou sorg, maar sterf een of ander tyd…

Aardse vaders sou so graag verlossing vir hulle gesinne wou bewerk, maar kan

helaas nie eers hulle eie sonde systap nie…

Aardse vaders sou so graag so sterk en onoorwinlik wou wees soos hulle klein

kindertjies dikwels dink hulle is, maar kan sy swakheid as mens nie vir altyd

wegsteek nie…

VROUEBLAD Junie 2012

DEUR DS. LOURENS DU PLESSIS – GK GROBLERSDAL
Ons Vader wat in die

hemel is, is EWIG

In God, ons Vader, beleef ons nooit

die teleurstelling van tydelikheid nie.

Ewigheid kan nooit in terme van tyd

uitgedruk word nie. Ewig beteken: daar

is nie ʼn begin of ʼn einde nie.

Vir ons, mense wat vasgevang is in

tyd, is veral die feit dat ons Vader nie ʼn

einde het nie, so oneindig vertroostend.

Ons hoef nooit te vrees dat ons skielik

op ʼn dag, van Hom afskeid sal moet

neem nie.

Meeste van ons het al op een of ander

tyd self, of by ander, besef hoeveel

leemtes gelaat word wanneer ʼn aardse

pa sterf, veral wanneer hy nog jonk is,

en dit skielik en onverwags gebeur.

Ons hemelse Vader laat egter nooit

leemtes nie – inteendeel! Hy is altyd

daar vir ons.

Ons Vader betoon in

ons Here, Jesus Christus,

onvergelyklike liefde

Van ewigheid af is Hy allereers die

Vader van ons Here, Jesus Christus,

sy eniggebore Seun. Hierdie Seun

word die bewys van grenslose liefde

vir sondaars: Die Vader stuur sy Seun

met ʼn ongehoorde opdrag – om vir ons

te sterf toe ons nog sy vyande was. In

Christus word ons, heenkomeloos in

ons sonde, deel van ʼn Vaderhuis. Ons

word duur gekoop, en aangeneem deur

ʼn Vader met onvergelyklike liefde in sy

hart.

In vergelyking hiermee, is aardse

vaders se liefde so beperk, so

onvolmaak, so selfsugtig, selfs so

sondig. So graag sou aardse vaders in

hulle kinders se plek wou staan, maar

helaas…

Daarom sing ons uit volle bors: “Ek

het u hartlik lief, o Heer”.

Ons Vader is Skepper

en Onderhouer van alle

dinge

God se ewige krag en goddelikheid kan

in die skepping duidelik gesien word.

Hierdie ewige krag en goddelikheid

is onmeetlik, onbeperk en onbegrens.

Sou iets vir Hom wat hemel en aarde

uit niks gemaak het, ooit onmoontlik

wees?

Klein kindertjies bewonder die krag

van hulle aardse vaders. Tog, soos hulle

groter word, ontdek hulle hoe swak en

feilbaar aardse vaders eintlik is. Aardse

vaders vrees maar ook, faal dikwels,

stel hoeveel keer teleur. Verder haal die

verswakking wat met die ouderdom

gepaard gaan, almal in, en word die

eens sterkes, later so swak, nie alleen

fisiek nie, maar ook geestelik.

“Ek roem, o God, u alvermoë…”

Ons Vader is ons

Versorger

Ons Vader se ewigheid, onbeskryflike

liefde en almag, ontneem ons as sy

kinders al ons twyfel. Waar ons baie

keer, selfs pynlik, bewus is van die

gebreke van aardse vaders, ruim ons

hemelse Vader al ons twyfel uit die weg.

Ons aardse behoeftes is legio. Op

liggaamlike vlak, noem ons maar net

die algemene behoeftes, soos kos, water,

suurstof, lewenskrag, werksgeleenthede,

ons lewensmaats en ons kinders,

medegelowiges…

Ons geestelike behoeftes is egter veel,

veel groter. Dink maar aan die impak

van ons sonde, ons verlange na vrede

in die hart, ons intense behoefte om

ons Regter onbevrees tegemoet te gaan.

Wat ons behoefte egter ook al mag wees

– ons hemelse Vader versorg ons met

alles wat ons nodig het.

VROUEBLAD Junie 2012

in diepte

Watter genade het ons as Christene nie, om tog te mag bely: EK GLO IN GOD

DIE VADER! In Hom ontvang ons al die genade van volmaakte Vaderskap!

Terwyl ons nog in hierdie jammerdal

van ʼn sondeurdrenkte aarde is, beskik

Hy, in sy versorging, ook soms dié

dinge oor my lewe wat ons as verkeerd,

onaangenaam en selfs as kwadelik mag

beskou. Soms voel ons beproewinge vir

ons heeltemal te swaar om te kan dra…

Hy verander hierdie dinge egter

tot ons beswil, al voel dit dalk nie op

daardie oomblik so nie. Op ʼn dag kyk

ek oor my skouer, en sien ook raak dat

daar op ʼn stadium net een ry spore was.

Dié wete oorweldig my: nie alleen KAN

my hemelse Vader (in sy onbegrensde

almag) selfs die kwade tot my beswil

beskik nie, maar ook WIL Hy (in sy

onvergelyklike liefde) juis dit doen.

My verhouding met my

Vader in die hemel

Ek is nie ʼn bedelaar nie.

Ek is nie ʼn vreemdeling nie

Ek is nie die minderwaardige vennoot

in ʼn transaksie nie.

Ek is sy kind!

My hemelse Vader sal nie vir my ʼn

klip gee, as ek brood vra nie.

Soms, toe ons nog kinders was, het

ons gewens ons kon die grenslyne

bietjie verlê… En wee ons as ons

uitgevang was!

Maar, uit dankbaarheid teenoor

ons volmaakte hemelse Vader, uit

dankbaarheid vir sy onverbeterlike

versorging, sal ons nie dan met

dankbare harte so náby as moontlik aan

Hom wil leef nie?

Ja, uit dankbaarheid bid ons selfs vir

die groot en heerlike dag, wanneer

Jesus kom, en ons as kinders, ook

ons voorbereide plek in die ewige

Vaderhuis kan inneem.

Ek is nie ‘n bedelaar nie.

Ek is nie ‘n vreemdeling nie

Ek is nie die minderwaardige vennoot in ‘n transaksie nie.

Ek is sy kind!

My hemelse Vader sal nie vir my ‘n klip gee, as ek brood vra nie.

7
in diepte

8

‘n Pa wat sy kinders liefhet openbaar sy liefde in sy optrede teenoor

hulle en veral in die offers wat hy bereid is om vir hulle te bring.

Hy sal sy hande stukkend werk as dit moet. Hy sal homself te kort

doen om in hulle behoeftes te kan voorsien. Hy sal sy lewe gee om

hulle te red as dit van hom gevra word.

Waaraan of waarin kan ons die liefde van ons hemelse Vader sien?

Ons ervaring in hierdie stukkende

wêreld waarin ons leef, is dikwels

dat dit ʼn plek van trane is. Daar is

hartverskeurende siektes en lyding wat

ʼn mens nie kan beskryf nie. Daar is

verskriklike armoede en hemeltergende

onreg en lewens wat verwoes is en

baie ander ellendes. En dan is daar

die wreedheid, die seer van die dood

wat ʼn mens soos niks anders nie laat

besef dat die gevolge van die sondeval

skrikwekkend is. En al hierdie dinge

laat die vraag by ʼn mens wakker word:

Waar is die liefde van ons hemelse

Vader? Waarin word dit sigbaar?

Die grootste offer ooit

Die antwoord staan in 1 Joh. 4: “Hiérin

is God se liefde vir ons geopenbaar: sy

enigste Seun het Hy na die wêreld toe

gestuur sodat ons deur Hom die lewe

kan hê” (vs. 9). En dan word daar nog

bygevoeg: “Werklike liefde is dít: nie die

liefde wat ons vir God het nie, maar die

liefde wat Hy aan ons bewys het deur

sy Seun te stuur as versoening vir ons

sondes” (vs. 10).

Dit is die onberekenbare groot

offer wat Hy bereid was om te bring

en inderdaad gebring het. Dit laat ʼn

mens verwonderd en verstom staan. ʼn

Groter bewys van egte Vaderliefde kan

daar nie wees nie. Ons hemelse Vader

het immers niks teruggehou om ons te

red nie, geen grense of perke gestel nie.

Dit het Hom sy geliefde Seun gekos, sy

enigste Seun.

Genade bewys aan

opstandelinge

ʼn Mens kan seker hier eindig, maar

dit is nog nie die volle diepte van sy

liefdesopenbaring nie. Want God

het nie sy Seun gestuur om goeie

mense, sondelose, verdienstelike

VROUEBLAD Junie 2012

mense, onskuldige slagoffers van

omstandighede te red nie. Nee, die

Bybel maak dit baie duidelik dat dit oor

onheilige mense gaan, oor ondankbare,

opstandige mense wat willens en

wetens die rug op ons hemelse Vader

gedraai het en sy vyande geword het

deur die Satan te dien. Of, soos wat

dit in Rom 5: 7b-8 gestel word: “ ...vir

ʼn goeie mens sal iemand miskien nog

die moed hê om te sterwe. Maar God

bewys sy liefde vir ons juis hierin dat

Christus vir ons gesterf het toe ons nog

sondaars was.”

Kan daar ʼn groter liefde wees as

dit? Dit gaan ʼn mens se verstand

alreeds te bowe dat die heilige en

grote God bereid was om sy enigste

Seun te gee om ter-dood-veroordeelde

mense te red, maar dit is heeltemal

ondenkbaar dat Hy dit vir vyandige

mense gedoen het, vir mense wat

met Hom niks te doen wou hê nie en

by wie daar net ondankbaarheid en

opstand was. Trouens, ʼn mens wil

vra: Hoe is dit moontlik dat God wat

heilig is, ʼn verterende vuur oor die

sonde, die mens nie al lankal uitgewis

het nie? Hoe is dit moontlik dat die

Vader wat alwetend is, wat die mens

se hart en gedagtes ken en wat elke

dag moet aanskou hoe boos hy is, die

mens nog verdra? Hoe is dit moontlik

dat ons hemelse Vader die opstandige,

ongehoorsame en uitdagende mens nie

in die verlorenheid waarin hy homself

gestort het, laat bly het nie, maar sy

enigste Seun tot in die verskrikking van

die kruis vir hom gegee het?

Onbegryplike liefde

Die antwoord op al hierdie vrae

is doodeenvoudig: God se groot,

onbegryplike liefde. Daarom kan ʼn

mens nie anders as om saam met die

apostel Paulus in Ef. 1 (vgl. verse 3-6) te

jubel nie: “Aan God, die Vader van ons

Here Jesus Christus, kom al die lof toe!

Hy het ons in Christus geseën… So

het hy, nog voordat die wêreld geskep

is, ons in Christus uitverkies… In sy

liefde het hy ons, volgens sy genadige

beskikking, toe ook al daarvoor bestem

om deur Jesus Christus sy kinders te

wees. Daarom moet ons God prys vir

sy wonderlike genade wat Hy in die

Geliefde vrylik aan ons geskenk het.”

Kan dit duideliker gestel word? Die

liefde van ons hemelse Vader word

sigbaar in die Seun. Dit het al voor die

skepping van die wêreld begin toe ons

in Christus uitverkies is en daarvoor

bestem is om deur Christus kinders

van God te wees. Daarom bely ons:

“God het Christus ook van ewigheid

af… tot fondament van die saligheid

gestel. So het Hy ook besluit om die

uitverkorenes aan Christus te gee om

hulle salig te maak” (Dordtse Leerreëls

1:7).

Juig in God, jou Redder!

Ons lewe in hierdie stukkende wêreld

is dikwels ʼn hartseer ervaring. Maar

in die bekende woorde van Hab. 3, sê

ons: “Al sou die vyeboom nie bot nie

en daar geen druiwe aan die wingerde

wees nie, al sou die olyfoes misluk en

die lande geen oes lewer nie, al sou

daar geen kleinvee in die kampe meer

wees nie en die beeskrale sonder beeste

wees, nogtans sal ek in die Here jubel,

sal ek juig in God, my Redder” (verse

17-18)... want “hiérin is God se liefde

vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het

Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons

deur Hom die lewe kan hê” (1 Joh. 4:9).
DS. CASPER BREED – GK SECUNDA

VROUEBLAD Junie 2012

in diepte

VADERLIEFDE

WORD

SIGBAAR

IN DIE SEUN

9
in diepte

DEUR DS. HENNIE BRIEL –

GK PETRUSBURG/BOSHOF

Om ʼn pa te wees, is mos nie moeilik

nie? Die meeste mans is mos al vir

eeue ʼn pa. Tog weet ons dikwels so

min hoe om pa te wees. Ons leer hard

om belydenis van geloof af te lê en die

predikant roep ons in om sessies by

te woon voordat ons trou. Maar om ʼn

pa te wees laat ons maar oor aan die

gang van die natuur en aan die besige

tydskedule en gemoedstoestand van

meestal stresvolle pa’s.

Daarom is dit so belangrik om

toegerus te wees oor vaderskap. Daar

is oor die duisend verse in die Bybel

wat na vaderskap of die gebrek daaraan

verwys. Om ʼn vader vir jou kind te kan

wees, moet jy bo alles leef met die besef

dat jy ook ʼn hemelse Vader het. Jou

band met jou hemelse Vader, moet vir

elke pa die spieël wees vir die band wat

jy met jou kind het. Hoe ons hemelse

Vader met ons werk, leer ons ook hoe

om met ons kinders te werk. Hoe lyk

hierdie spieël van vaderskap dan?

10 VROUEBLAD Junie 2012

Aardse va

in

Kinders is ‘n besondere gawe van God. Om ‘n pa of ‘n ma te

kan wees, is ook ‘n gawe en ‘n besondere voorreg. Kom ons

praat ‘n keer met ons pa’s! Wat ‘n vreugde om te kan sê jy is

die pa van jou kind. Maar is jy werklik ‘n pa vir jou kind?

‘N VEILIGE TOEVLUG

Ps. 90: 2 sê: “U is my toevlug en my

veilige vesting”. Gal. 4: 6-7: “En omdat

ons sy kinders is, het God die Gees van

sy Seun in ons harte gestuur, en in ons

roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader!

Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is

nou ’n kind van God.” Voel ʼn mens nie

veilig en geborge wanneer jy kan roep

“Vader” nie? Daar is Iemand aan Wie jy

behoort, wat sorg en omgee, iemand na

Wie toe jy kan vlug. Wat ʼn onbeskryflike

vreugde en ʼn vaste fondament!

Mag hierdie vredevolle ervaring vir

ons so vol en ryk en werklik wees dat

iets daarvan vanuit ons lewens oorspoel

na die lewens van ons kinders. Mag

ons ook pa’s wees by wie ons kinders ʼn

geborgenheid, ʼn veilige vesting ervaar.

Mag ons sulke vaders wees dat jou kind

jou eerste opsoek as hy of sy in die

nood is. Mag jou vader-omgee só wees

dat jou kind tot ver in sy of haar jare

nog wil huis toe kom omdat die huis

iets bied wat nêrens anders in hierdie

wêreld te vinde is nie. Die plek waar jou

kinders voel hulle behoort aan iemand

wat omgee. ʼn Plek van vrede en rus.

Hierdie vaste fondament kan elke pa

alleen lê deur elke dag daaraan te bou.

Jy bou hierdie fondament nie met rand

en sent nie, maar met liefde. Jy bou

dit deur self jou geborgenheid in jou

hemelse Vader te beleef en uit te leef.

VOORSIEN NIE ALLES NIE –

MAAR IN ALLES

Ons hemelse Vader is die Een wat voorsien.

Hy sorg vir ons, Hy voorsien kos

en klere en werk en in al ons behoeftes

van elke dag. Ons lees in Sondag 9 van

die Heidelbergse Kategismus: “Op Hom

(my Vader) vertrou ek so dat ek nie

daaraan twyfel dat Hy my met alles wat

vir liggaam en siel nodig is sal versorg

nie”.

En tog voorsien ons hemelse Vader

nie in alles wat ons hart begeer nie. Hy

gee nie alles wat ons graag sou wou hê
nie. Soms vat Hy die ernstige siekte nie

weg nie. Hy vat die droogte nie altyd

weg nie. Hy bring ook teëspoede oor

ons. Sondag 10 sê: Uit sy Vaderhand

kom reën en droogte, gesondheid en

siekte, rykdom en armoede ons toe.

Ons hemelse Vader gee nie alles nie

– maar Hy gee in alles. Job kon ook

uitroep: “Die Here het gegee, en die

Here het geneem” (Job 1: 21). Maar in

alles, soos die Here ook op ʼn keer vir

Paulus gesê het, is sy genade vir ons

genoeg. Want – Hy is as ʼn Vader by

ons! Hy dra ons deur die siekte, deur

die droogte, deur ons pyn en smart – ja,

Hy dra ons dan selfs deur die dood! Hy

loop nie ompaaie nie, Hy loop met ons

dwarsdeur hierdie dinge.

ʼn Pa is ook nie ʼn sorgsame pa deur

vir sy kind alles te gee wat sy hart

begeer nie. Die beursie maak nie verhoudinge

reg nie; die beursie gee ook

nie ʼn staanplek in die lewe nie. Mag ons

kinders eerder ervaar my pa is in alles

daar as my pa – die een vir wie ek lief is

en wat werklik omgee.

Mag ons die kuns aanleer om ons

kinders van kleins af te leer dat waardes

en godsdiens die duurste skatte is wat

ons hulle kan gee. ʼn Duur rekenaar is

nie altyd wat my kind nodig het nie,

maar hy of sy het ʼn pa nodig. ʼn Pa wat

daar is wanneer jou kind huil en wanneer

hy laaste kom met atletiek, en weet

pa sal nie in my teleurgestel wees nie.

MY KIND IS NIE EK NIE

God is groot en almagtig. Ons is klein

en nietig. Nogtans is Hy ons Vader wat

ons verdra en liefhet en bereid is om sy

Seun vir ons te gee. Ons hemelse Vader

sien ons aan soos wat ons gemaak is,

deur die dood en opstanding van ons

Here Jesus.

VROUEBLAD Junie 2012

in diepte

derskap gespieël

God seWoord

Jou kind is nie jy nie. Hy hoef nie

jou prestasies in die lewe te mimiek

of te herhaal nie. Hy of sy hoef ook

nie alles te doen soos wat jy dit sal

doen nie. Hulle hoef ook nie oor alles

presies soos jy te dink nie. Elke kind is

ʼn individu in eie reg. Boonop gaan elke

kind deur fases van groei en ontwikkeling.

Mag ons daarom nie onrealistiese

verwagtinge van hulle koester en ons

nie-bereikte ideale op hulle afdruk nie.

Laat ons eerder wys ons is daar in hulle

mislukkings, en ons verstaan hulle

anders-wees en hulle ander belange.

God het ons lief net soos ons is.

Wat ʼn voorreg om kind te wees van

ons hemelse Vader. Mag dit vir ons

kinders ʼn voorreg wees om pa’s hê.

Wees werklik ʼn pa vir jou kind!

11
leefdinge

In (v)Vaderarms

12 VROUEBLAD Junie 2012

DEUR JOHANNA DREYER

Dis Juniemaand en bitter koud in hierdie klein ure van die nag. Ek sit langs

my pa se hospitaalbed. Die lugversorger dreun eentonig. Af en toe kom

haastige voetstappe in die gang verby. Verder af in die gang hoes iemand

aanhoudend. Soms hoor ek die gedempte stemme van die nagpersoneel

wat by die diensstasie gesels. Die lang moeë ure gaan traag verby.
Die afgelope maande was uitmergelend.

Dan is my pa in die hospitaal en dan

weer tuis. Ons moes magteloos toekyk

hoe hy onder al ons liefde en sorg

daagliks wegkwyn! Die dokter het

bevestig wat ons toe reeds vermoed het:

maagkanker. Nou lê my pa se groot,

sterk lyf al vir weke stil onder die wit

hopitaaldeken – ʼn vervalle murasie.

Ek en my broer bly dag en nag om die

beurt by hom.

Die voornag was hy redelik rustig,

maar nou is hy rusteloos en baie

deurmekaar. Hy lê teen die kussings

gestut. In die flou nagliggie lyk sy gesig

vir my onnatuurlik geelbleek en sy oë

is diep in hul kasse. Hy haal hortend

en onegalig asem en sy hande vroetel

onrustig met die beddegoed. Ek vou

sy maer, benerige hand in albei my

hande toe – die vingers voel soos droë

fynhouttakkies wat in my greep kan

splinter en breek. Hy maak sy oë oop

en daar is ʼn beduidenis van ʼn glimlag

om sy mond as hy my herken.

“Is Pappie dors?” vra ek.

Hy knik. Ek steek my arm onder sy

uitgeteerde bolyf in, help hom om orent

te beur en hou die waterglas teen sy

lippe.

Die nagsuster kom ʼn rukkie later die

kamer binne met my pa se medikasie

en ʼn pyninspuiting.

“Mevrou,” sê sy, “jou pa sal nou rustig

raak. Wil jy nie maar huis toe gaan en

bietjie slaap nie? Jy moet teen hierdie

tyd uitgeput wees, dis nou al weke dat

jy elke nag hier is.”

“Nee, dankie,” sê ek beslis, “ek bly

totdat dit lig word en my broer by my

kom oorneem.”

Dis my pá, wil ek vir haar sê, nie ʼn

kennis of ʼn vriend nie. Hy was altyd

daar vir my. Altyd gerusstellend naby

as ek snags siek of bang was en na hom

geroep het. Sal ék hom nou alleen laat?

Toe my pa slaap, gaan staan ek

voor die kamervenster wat uitkyk op

die parkeerterrein. Dis doodstil en

verlate hierdie tyd van die nag. Die

sipresse tussen die parkeerterrein en

die straat roer rusteloos in die nagwind

wat ’n rukkie gelede begin waai het.

Die nagwind en die bome neem my

gedagtes terug na my kinderjare, na my

ouerhuis…

Ons slaap buite. Dis windstil. Die sterre

is so helder en naby dat jy net jou hand

kan uitsteek en hulle pluk. Draai jy jou

kop effens, staan die laning populiere

soos soldate op wag. Jy tuimel in die

slaap onder die sagter gemurmel van Pa

en Ma se stemme…

-o0oʼn

Sterk stroom water spuit uit by ons

dam se uitloop. My pa spring flink oor

ʼn watervoor met die graaf in sy hand.

Dis inkeer en uitkeer by die beddings,

behendig toegooi en oopsteek. Ek ruik

die aardse geur van water en grond en

nat gras. Ek en my broer loop met ons

voete in die vore en skop skuimboë voor

ons uit terwyl ons lag van vreugde…

-o0o-

Ek is my pa se handlanger. Ons bewerk

die groot tuin soos die eerste mensepaar.

Ons spit en trek vore. Ons plant en saai

en gooi nat. Ons erd aartappels op, ons

bind tamaties op en rank boontjies aan

riete. My pa gesels met my oor alles en

nog wat soos met ʼn vertroude vriend.

-o0o-

Ek kom vir ʼn universiteitsvakansie huis

toe, en op die perron wag my pa my

met oop arms in. Ek hardloop in sy

omhelsing soos toe ek `ʼn klein dogtertjie

was. Hy hou my styf vas en streel oor

my hare. Ek is tuis…

-o0oʼn

Week later word my pa se aardse

tentwoning een môre afgebreek en

VROUEBLAD Junie 2012

leefdinge

vertrek hy stilweg tussen ons uit – huis

toe.

Skemeraand toe al die familie en

vriende wat begrafnis toe gekom het,

weg is, pak ons ʼn vuur in die kaggel

aan. My gemmerkat kom lê op my

skoot en rol hom in ʼn bondeltjie. Ons

praat nie veel nie; die wisselende

emosies van die afgelope paar dae eis

nou hulle tol.

Lank nadat almal bed toe is, bly ek

in die gloeiende kole staar. My pa is

weg. My pa wat vir ʼn hele leeftyd op ʼn

besondere wyse deel van my lewe was.

Kalm en bedaard was hy, geduldig en

baie wys, kinderlik gelowig en liefdevol,

so líéfdevol. Die warm trane loop

ongehinderd oor my gesig en mors op

my hande wat oor my kat se pels streel.

ʼn Gevoel van onbeskryflike verlies

neem van my besit. Ek het my pa, my

lewenslange vertroueling, my beste

vriend verloor. Hy sal nooit weer sy

arms beskermend om my vou nie. Ek

sal nooit weer kan opkyk in sy liewe

gesig nie.

A thousand times must we deplore

The lost will never come to life again;

Even as flowing water runs away,

Returning never more.

In die nanag toe ek uitgeput van

hartseer onder die duvet inkruip, hoor

ek die woorde so duidelik in my kop

asof iemand dit hardop vir my sê: Is

dit my pa wat dit by huisgodsdiens uit

die Bybel voorlees of is dit die sagte

influistering van die Heilige Gees wat

my vannag in my oewerlose verdriet

kom troos?

“Die ewige God is ʼn skuilplek

sy arms is altyd onder jou.”

Deut. 33:27

13
leefdinge

‘n Pa soos die

Here wil hê

Elke pa is ‘n bouer. Hy laat monumente na, wat lank na sy afsterwe

voortleef in gedagtes, woorde en die gedrag van sy nasate. Eienskappe en

gewoontes wat so ingebrand is in sy kinders se mens-wees dat hulle dit weer,

onbewustelik, vir hulle kinders as monumente nalaat.

PA VERSORG ONS

My pa was ʼn versorger by uitstek ... ʼn

stil man. Nie spandabelrig nie, maar

baie verantwoordelik teenoor sy gesin.

Ons was redelik arm, altans so het ek

gedink. As ek vandag terugkyk (self

nou met die oë van ʼn verantwoordelike

ouer), sien ek dat ons waarskynlik

meer geld as meeste ander mense gehad

14 VROUEBLAD Junie 2012

het, maar dalk minder middele as die

gemiddelde mens. Die beskikbare geld

is net meer verantwoordelik bestuur

is. Daar was nooit geld vir partytjies of

selfs luukse vakansies nie. Daar was nie

geld vir gekoopte klere en kompetisie

met die bure nie. Ons het ons vakansies

op die plaas omgespeel en ons gate uit

geniet. Ons het die lewe en die natuur

leer ken.

ANONIEM

PA GEE WAT HY KAN, EN VAT

NIE NET WAT HY KAN KRY NIE

Tog, wanneer die skooltandarts omgekom

het om na almal se tande om te

sien, het Pa laat weet: “Baie dankie,

maar ek sal my kinders sélf na ʼn

tandarts neem.” Ma het later verduidelik

dat Pa soveel waardering vir hierdie

dienste gehad het, maar dat hy geweet
het dis deur die staat daargestel om

seker te maak diegene wat dit nie kan

bekostig nie, ook versorg sou word. Hy

kon dit bekostig en daarom het ons die

beste gekry – betaal deur sy hardverdiende

mielieoes. Van al hierdie goed

het ons kinders min verstaan. Ons het

maar net geweet die skooltandarts wil

ons nie sien nie.

En God het altyd voorsien, daar was

altyd geld vir die nodige dinge “Watter

mens onder julle sal vir sy seun ʼn klip

gee as hy brood vra of ʼn slang as hy ʼn

vis vra? As julle wat slegs is, dan weet

om vir julle kinders goeie dinge te gee,

hoeveel meer sal julle Vader wat in die

hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit

van Hom vra?” (Matt. 7: 9-11). En God

hét voorsien in my pa se lewe.

PA SORG OOK VIR ANDER

Ons skoolgeld en skoolbusgeld was altyd

vooruitbetaal en ons is nie toegelaat

om vir beurse aansoek te doen toe ons

wou gaan studeer nie. Daardeur sou

ons minderbevoorregte kinders die

geleentheid ontneem. Pa het verduidelik

dat subsidies en beurse daar is om

seker te maak diegene wat dit nie self

kan bekostig nie, kry ook die geleentheid

tot opvoeding.

Hy het ons studies self betaal – al het

ons dikwels tweedehandse klere gedra

en ek my eerste “gekoopte” rok in standerd

nege gekry het. Omdat ons nooit

verjaarsdagpartytjies en vakansies kon

bekostig nie, het ons maar aanvaar die

geld is min.

PA HET ONS GELEER OM NIE

NEER TE SIEN OP ANDER NIE

Ek onthou hoe ek een aand by ʼn

maatjie gaan slaap het en geskok by die

huis gekom het: “Mamma, hulle het nie

lakens nie, jy slaap net onder ʼn kombers!”

“Alle mense doen nie dinge dieselfde

nie,” was Pa se kort verduideliking,

“party mense verkies dit so en dan is

daar niks mee verkeerd nie. Julle het

mos nie koud gekry nie, of het julle?”

Ja Pa, jy het my geleer: “…al het ek al

die geloof om berge te versit, maar ek het

geen liefde nie, dan is ek niks” (1 Kor.

13:2).

JY KAN JOUSELF TEKORT

DOEN, TER WILLE VAN ANDER

Toe die hoërskool nuwe skooldrag

stadig begin infasseer, het die “ryk”

kinders natuurlik almal dadelik nuwe

donkergroen rokke gekry en die

minderbevoorregtes moes maar skaamskaam

die ou liggroen rokkies klaar

dra.

Pa het besluit dat ons die ou rokke

sou dra “totdat die laaste kind ʼn nuwe

rok het, want jou selfbeeld, my kind,

hang nie van jou klere af nie. Daar mag

dalk minderbevoorregte kinders wees

wat selfbewus is oor hulle ou rokke.

‘N KIND SAL

BESWAARLIK GOD

AS SY VADER

ERVAAR, AS HY NIE

IETS VAN GOD IN

SY VADER BELEEF

NIE

– AUSTIN L.

SÖRENSON

As julle, wat bevoorreg is om leiers te

wees en te presteer, nou ook nog ʼn ou

rok dra, maak ons dit dalk makliker vir

ander kinders.”

HOU JOU OË OOP VIR DIE

BEHOEFTIGES EN HELP WAAR

JY KAN

Naweke het my Pa-hulle ons met Ma

se ou Cortina stasiewaentjie by die

koshuis kom haal. Pa wou nooit hê dat

ons saam met iemand anders ʼn “geleentheid”

huis toe kry nie, maar hy het

altyd baie vinnig aangebied dat kinders

wie se ouers nie vir hulle vervoer gehad

het nie kosteloos saam met die Cortinatjie

kon ry.

BLY NEDERIG EN BESKEIE

Pa se duur, mooi Mercedes was onopsigtelik

weggebêre vir Pa se ampswerk

as grootkop in die staatsdiens. Ons het

nie eers geweet dat Pa voorsitter van

die skoolraad en Direkteur van Beplanning

in die staatsdiens, Raadgewer vir

Beplanning van dr. Verwoerd en later

op die Presidentsraad was nie. Ons het

leefdinge briewe

gedink Pa boer en gaan soms in die

week ook in die stad een of ander werk

doen.

Ons is geleer: Jy ry nie op ʼn ander

mens se golf nie, jy skep jou eie of jy bly

daarsonder. En nooit, maar nooit, het jy

enige rede om te dink jy is beter, ryker

as enige iemand anders nie, want voor

God is ons almal eenders: “Geseënd is

die wat arm van gees is” (Matt. 5: 3a).

GEE JOU TIENDE AAN DIE

HERE: EINTLIK IS ELKE SENT

NET GENADE UIT GOD SE

HAND

Pa was ʼn gelowige man. Saans wanneer

ons aandgodsdiens gehou het, was Pa

se gunsteling die Aandgesang: “Aan u

o God, my dankgesange, U wil ek in my

aandlied prys…”

Pa was nie aktief betrokke by die

kerkraad of basaars nie, maar hy het

sy volle tiende getrou gegee, plus nog

een volle tiende namens Ma en nog ʼn

tiende ingeval daar iewers ʼn oumens

is wat dit nie kan bekostig om by te

dra nie. Hy het geglo: “Ek was jonk en

ek het oud geword, maar nooit het ek ʼn

regverdige verlate gesien of dat sy nageslag

brood soek nie” (Psalm 37: 25).

OUDERDOM ’N SIERLIKE

KROON

Pa het oud geword: 89! Hy was ’n

geseënde met ʼn lang lewe, maar was

nooit verlate nie, ʼn regverdige man.

Nooit het ons nodig gehad om vir kos

te bedel of op ʼn straathoek te staan nie.

“Ouderdom is ʼn sierlike kroon: Dit

word bereik deur dié wat reg lewe” (Spr.

16: 31).

In sy boedel het hy vir ons kinders

twee groot waarhede nagelaat: Deernis

vir ander en mededeelsaamheid omdat

dit wat jy het, nie joune is nie, maar

Godgegewe genadegawes wat jy met

ander móét deel. Hy het ons geleer om

die finansiële en emosionele nood van

ander raak te sien en te help verlig.

Sy lewe weerklink in die woorde van

Koos du Plessis se lied: “Wat ek is, is

net genade, wat ek het, is net geleen…”

VROUEBLAD Junie 2012

15
Soos ‘n

vader hom

ontferm oor

sy kinders

briewe leefdinge

Om’n liefdevolle aardse vader te hê, het vir my die venster na

die hemel en die ewigheid oopgemaak.

Ek het nooit getwyfel nie.

My pa se betrokkenheid by ons ses

dogters se lewens, sy ondersteuning,

liefde en onbaatsugtige diens was

hemelse geskenke wat ons deur die res

van ons lewens kon saamdra.

Pa het ons geleer dat ons maar hier

op aarde in ʼn tent woon. Daarom kon

hy so graag uitdeel. Só het ons geleer

dat ons aan ʼn hemelse koninkryk

behoort. Die manier waarop hy met

soveel mededoë met sy plaaswerkers

saam geleef het, was vir ons almal ook

ʼn belangrike lewensles. Hy was ook ʼn

evangelis. Iemand onder sy dak, of vir

wie hy verantwoordelik was, sou nooit

honger en dors gaan slaap het nie.

My kinderdae was nie gejaagd nie.

Daar was altyd baie tyd. Tyd vir kuier.

Tyd vir droom. Tyd om te wag vir ʼn

brood wat uit die oond moet kom,

tyd om te wag vir die reën. Tyd vir

16 VROUEBLAD Junie 2012

huisgodsdiens. Tyd om te bid. Tyd om

radio te luister. Tyd om die blydskap

oor die drie van Mannetjies Roux op

Pa se gesig te sien. Tyd om vir mekaar

applous te gee.

“Maar bo ons skyn die

helder sterrewagte van U

verbond, waarop ons voor U

pleit” (Ps. 74: 15).

My pa se gunstelingpsalm wat hy

steeds só uit sy hart kan sing. My

pa kan mooi sing en hy kan op die

noot insit. Hy het ook ʼn baie unieke

emosionele toon in sy stem as hy

sing. Jy hoor die geloofsvertroue in sy

oorgawe soos hy die note vir jou plant.

Ek kon van kleins af hoor die woorde

kom uit sy hart, dit is nie net ter wille

van plig of tradisie nie. Hy het ook die

gawe om sy eie musikale swaai te gee

DEUR GRIET SWANEPOEL

aan die melodie. ʼn Entjie weg van die

Geneefse wysie se vinnige pas gee hy

eers sy eie unieke klem op die woorde

waarmee hy sy blydskap, vreugde,

hartseer en stryd op aarde kan uitstraal.

Dit is daardie ekstra swaai wat ek

sommer so op my eie sing as ek na my

pa verlang. Dan gly ek saam met my

pa se note deur my daaglikse stryd om

uiteindelik weer hoop en vertroue in

die woorde van ʼn psalm te vind.

My pa hou van stories vertel en kan

lekker lag vir snaakse situasies uit sy

kinderdae: Soos die dag wat sy pa (my

oupa) ʼn bees geskop het en die bees

toe sy skoen onder die stert vasknyp

het en daarmee weggehardloop het, of

van die dag wat my oupa ʼn koeël in sy

twaksak gehad het en dit saam met die

twak later in sy pyp aan die brand steek

terwyl hy op ʼn perdekar op pad dorp
toe was. ʼn Groot slag en konsternasie

het gevolg. Niemand het ernstig seer

gekry nie, maar hy het ʼn gaatjie in die

rand van sy hoed gehad wat hy later

aan my ouma moes verduidelik.

My pa was ʼn naweekboer, ʼn student

met ʼn voldagwerk, maar hy het altyd

tyd gehad om saans nog vir ons ʼn

Jakkals en Wolfstorie te vertel, of om

teen ons almal sokker te speel op die

grasperk. Hy het ons geleer fietsry,

skaakspeel en swem in die rivier en

later kon ons elke somer die plaasdam

skoonmaak vir die vakansie se lekker

swem. Hy was lief vir beeste, gehou

van sy eie skape en het sy eie hoenders

grootgemaak en sy eie groente geplant.

Sy grootste vreugde was om te kon

sê: “Alles op die etenstafel kom uit die

tuin!” Die grootste fees was vakansies

see toe – al singende – in die kombi.

Op ʼn keer het my sus vergeet van ʼn

taak wat sy moes maak oor plaasdiere.

Dit was ʼn Sondagaand (lank voor

die internet) en daar moes flitskaarte

gemaak word met elke dier se prentjie

en dan ook ʼn klankopname op ʼn

bandjie waarop elke dier se geluid

dan opgeneem word. Pa was die

gelukkige pryswenner om te sorg vir

die diergeluide. Ons het ons verstom,

hoe hy alles kon namaak… Van

die hartseer donkie, tot die vrolike

hoenderhaan! My pa het later gehoor

hy het 80% vir sy plaasgeluide gekry.

Niemand in die klas kon raai dit was

mensgemaak nie.

My pa het ʼn paar slagspreuke gehad

toe ons in die huis was… Die eerste

een was altyd dat ons “egalig” moet

lewe. Ons was ses dogters en my ma,

só saam met sewe vroue, was dit seker

nie maklik nie. Om die sewe vroue op

koers en kalm te hou, moes ons “egalig”

bly. Dan was sy enigste voorligting

as jy ʼn kêrel by die huis aanbring:

“Moenie die pap te dik aanmaak nie!”

As my ma en ons dogters kla of kerm

oor iets het hy net gesê: “ Die honde

blaf en die karavaan gaan voort!” Pa

het ons geleer dat jou goeie naam baie

belangrik is en dat ʼn mens se woord jou

eer moet wees.

Pa is taakgedrewe. Hy kan nie wag

vir goed wat moet gebeur nie. Hy

wil dit láát gebeur. Hy is die enigste

mens wat ek ken wat jou nooi vir ʼn

braai en as jy daar kom, is alles klaar

gebraai. Alles is reg, want dit was ʼn

taak wat moes klaar. En hy kan nie wag

VROUEBLAD Junie 2012

leefdinge

nie. Hy kan soms nie eers wag tot jou

verjaardag nie en bel jou sommer al die

aand voor die tyd. “Môre bel daar te

veel ander mense,” sê hy dan.

My pa word volgende jaar tagtig.

Hulle moes so ’n ruk gelede ʼn

predikantspaar ontvang. Hy besluit

toe om vir hulle besoek pienk-enwit

marshmallows te koop om ʼn

spesiale koffie na ete vir hulle te

bedien. (Toe ons studente was, het ons

baie marshmallow-koffie gedrink).

Toe hulle die spesiale koffie vir die

gaste wil maak, ontdek my ma die

marshmallows is toe al die tyd pienk en

wit watteballetjies. Gelukkig is daar by

die ouderdom en die kwale nog altyd

daardie spesiale humor. Ook om vir

jouself te lag.

My pa se afhanklikheid van sy

Hemelse Vader het ons leer ken in sy

gebede. My pa se gebede het ons saans

toegemaak in ʼn hemelse kombers van

bewaring. Ons kinders kon rustig slaap

want…

“Soos ‘n vader hom ontferm oor sy

kinders, so ontferm die Here Hom oor

dié wat Hom dien” (Ps. 103: 13).

17
leefdinge leefdinge

Sonder

‘n pa

18 VROUEBLAD Junie 2012

DeuR Nikki PRiNSloo

Om sonder ‘n pa groot te word,

is nie maklik nie, maar deur die krag

wat die Here vir ‘n mens gee is dit

ook nie onmoontlik nie.
leefdinge

EK WAS MAAR NET VYF

Ek was vyf jaar oud toe my pa aan ʼn

hartaanval oorlede is. Dit was ʼn baie

hartseer dag in ons familie. Ek onthou

nog hoe my ma met trane in haar oë by

die deur instap saam met ons dominee

om aan my en my sussies die tragiese

gebeurtenis bekend te maak.

Dit was ʼn baie swaar tyd en die

atmosfeer binne ons huisgesin was

swart. Ek onthou nog hoe ek vir my

ma bly vra het: “Waar is Pa?” en sy

het geantwoord: “Hy slaap, ons sal

hom volgende week by die kerk sien.”

By die begrafnis, toe ek die kis sien

afsak het binne in die graf in, het skok

harde realiteit geword en ek het begin

verstaan dat ek nooit weer in hierdie

leeftyd my pa sal sien nie.

Ons familie kon toe nie langer alleen

op die plaas bly nie, omdat dit gevaarlik

was, en daar was reeds ʼn plaasaanval

wat plaasgevind het so paar kilometers

weg van ons af. Ons het na Nylstroom

verhuis waar beide my susters hulle

hoërskoolloopbaan voortgesit het en ek

vir die eerste keer skool toe is.

LAERSKOOLDAE

SONDER PA

Daar was baie hartseer dinge wat

afgespeel het tydens my laerskooldae,

soos wanneer kinders of juffrouens

gevra het watter werk my pa doen. Dit

was elke keer ʼn emosionele ervaring

om die storie vir almal oor te vertel.

Later het dit beter geword, want dit was

soos ʼn rympie wat ek kon opsê. Die

ergste was wanneer ons kaartjies moes

maak vir Vadersdag, of as daar ʼn Pa-enseun

kamp was.

Ek onthou selfs toe my vriend wat

langs ons gebly het my saamgenooi het

om die volgende dag saam met hom

en sy pa te gaan visvang. Ek was só

opgewonde, want my pa was ʼn groot

en formidabele visserman gewees

(so het sy vriende vir my vertel). Die

afgespreekte oggend het hulle om een

of ander rede vir my weggery en ek

het geskreeu dat hulle moet stop, want

hulle vergeet my. Ek het toe daar in die

pad met my visstok en kassie gestaan

en uiteindelik maar weer teruggeloop

na my huis toe. Ek was regtig hartseer

en het baie kere kwaad geword omdat

ek nie ʼn pa gehad het nie.

GOEIE HERINNERINGE HET

MY GEDRA

Deur al die hartseer het ek besef hoeveel

die vyf jaar saam met my pa vir my

beteken het. Hy het my geleer hoe om

met die windbuks te skiet en ek kon op

sy skoot sit wanneer ons ʼn plaaspad ry,

sodat ek kon leer bestuur.

Ek onthou ook hoe hy vir my en hom

skelm sjokolade koop (nog dié met die

goue papiertjie om), en ons dit dan

onder die kussing wegsteek sodat die

res van die gesin nie daarvan mag kry

nie.

My pa wou nog altyd so graag ʼn seun

hê en toe my ma se dokter aanvanklik

dink die baba wat op pad is, is weer ʼn

dogter, was my pa baie bly, maar ook

teleurgesteld. ʼn Paar weke daarna het

die dokter gesê dit is beslis ʼn seun en

my ma het altyd vertel dat sy hom nog

nooit weer so gelukkig gesien het as die

dag wat hy dié nuus gekry het nie.

Ek het later besef dat ek myself moet

leer wat ander pa’s vir hulle seuns deur

die lewe geleer het. Ek het later deur die

jare myself leer visvang en gereeld vir

my vriende op plase gaan kuier waar ek

leefdinge

baie met motorenjins te doen gekry het.

Later het ek saam vriende gaan jag en

toe alles ingehaal wat ek gevoel het ek

dalk gemis het.

Elke keer wanneer ek ʼn rugbywedstryd

moet speel, sê ek altyd hiérdie

een is vir my pa. Ek glo en vertrou dat

die Here ʼn plan het met my en dat ek

weer eendag my pa sal sien. My ma en

my susters het my altyd ondersteun in

alles wat ek doen en ons is baie na aan

mekaar. Ek dink familietyd is kosbaar

en ons moet elke oomblik saam met

ons naaste familielede koester.

MY PA SE DOOD HET MY DIE

ERGSTE GETREF TOE EK 21

WORD

Ek is nou drie en twintig en my pa se

dood het my ewe skielik op een en

twintig weer begin vang. Ek mis die

geleentheid om vir hom te wys wat ek

alles behaal het en wonder soms wat hy

sou sê oor die rigting waarin ek beweeg

het.

Die Here het regtig ʼn plan met elkeen

van ons. Al voel dit soms asof jy alleen

is, moet jy weet dat die Here vir jou die

krag sal gee om daarmee saam te kan

lewe. Die pyn word nie altyd beter nie,

maar die vrede binne-in jou maak jou

hart weer gesond.

Ek sal vir elke seun aanraai om sy pa

te waardeer – elke familielid behoort

hulle pa te waardeer.

My grootste droom is om eendag vir

my kind die pa te kan wees soos wat

my pa vir my was in die vyf jaar wat ek

hom geken het. Ek is ook baie dankbaar

dat ek nog ander familielede het wat

my ondersteun en vir my lief is.

VROUEBLAD Junie 2012

19
leefdinge

Spieëls of vensters?

DEUR JOHANNA DREYER

Om ‘n vol, bevredigende lewe te lei is nogal baie soos om ‘n toring

te klim. Halfpad is die uitsig beter as onder aan die voet en hoe verder

jy klim, hoe wyer en mooier word die uitsig - William Lyon Phelps.

“As ʼn mens die voorreg het om twee

dae lank by so ʼn besondere mens deur

te bring voel jy asof jy ʼn lang vakansie

gehad het,” sê my man toe ons tuis

kom na ʼn naweek by ons swaer op sy

Bosveldplaas.

Ek kan nie anders as om elke woord

te beaam nie. Die kuier was ʼn fees. Ons

het tot laatnag voor die kaggel gesit en

gesels en na musiek geluister. Terwyl

Manus vir ons biltong gekerf het, het

ons ook saam aan talle kosbare herinneringe

gekerf. Ons het baie gelag,

maar ook weer saam met hom die skok

en hartseer van ons sus en haar seun

se tragedie-dood in ʼn motorongeluk

belewe.

Vanoggend terwyl ek dooie rose

in my tuin uitknip, bly my gedagtes

besig met hierdie uitsonderlike man.

Ek verwonder my weer opnuut dat ʼn

mens wat soveel terugslae in die lewe

ondervind het en sy dae in ʼn rolstoel

moet deurbring, só ʼn afgeronde, só ʼn

ryk geskakeerde persoonlikheid kon hê.

Hy kan onderhoudend gesels, hy stel

20 VROUEBLAD Junie 2012

lewendig belang in land- en wêreldsake,

en hy kan selfs die paar honderd treë na

sy groentetuin, interessant en leersaam

maak: Hy merk ʼn toktokkie op wat sy

gaatjie skop, hy vestig ons aandag op

die uitsonderlike mooi wolkformasies

teen die helderblou lug en hy ken elke

voëltjie wat wurmpies op die grasperk

oppik se naam. Sy bene mag dalk verlam

wees, maar sy gees het vlerke.

Ek dink hoe maklik ʼn mens, veral as

jy ouer word en jou wêreld noodwendig

krimp, in die slaggat trap om net altyd

met jouself en jou eie belange besig te

wees, sodat niks of niemand anders

vir jou saak maak nie. Jou innerlike is

dan soos ʼn kamer vol spieëls: Waar jy

beweeg of wat jy doen, jy weerkaats net

altyd jouself. Oor en oor. Tot vervelens

toe.

ʼn Mens se gees moet vensters hê sodat

jy vêr en wyd kan kyk. Jongmense

moet hierdie kans vroeg reeds aanleer,

en ouer mense moet dit nie verleer

nie. Jy moet jou óópstel vir mense en

gebeure rondom jou. Jy moet voort-

durend jou persoonlikheid verryk met

boeke, met musiek, met interessante en

positiewe gedagtes; jou sover as moontlik

omring met blymoedige mense.

Ons moet ʼn hele lewe lank met onsself

saamleef, en wat is dan nou lekkerder

as om saam met ʼn interessante mens te

leef? Nee wat, om net altyd in ʼn spieël

na jouself te kyk is maar ʼn leë, onbevredigende,

vervelige bestaan.

Al my filosofiese gedagtes vanmôre

hier in die tuin, kom maar net neer op

dít wat Paulus soveel eeue tevore in sy

brief van blydskap aan die Filippense

geskryf het:

“…alles wat waar is, alles wat edel is,

alles wat reg is, alles wat rein is, alles

wat mooi is, alles wat prysenswaardig is

– watter deug of lofwaardige saak daar

ook mag wees – daarop moet julle julle

gedagtes rig.”

Wie sê Paulus se siel het nie vensters

gehad nie? En wie sê hulle was nie wyd

oop nie?
Boekeblad

LIGLOPERS

deur Maretha Maartens

Resensent: Annamie Odendaal

Maretha Maartens het die gawe

om jou in ‘n ander mens se siel te

laat inkyk. Hier skryf sy ‘n hartseer

verhaal oor ‘n verfynde, treurige

seuntjie wat verwyderd van die

mense om hom voel: ‘n tipe kind

wat min mense empatie voor voel.

Vroeg al word Andries Hendrik

‘n slagoffer van ander se selfsug

en sonde, en sy lewe loop op ‘n

afgrond af. Hy is kwaad vir die Here,

en soek op al die verkeerde plekke

vir geluk: in die uitspattigheid van

die vermaaklikheidswêreld, gay

verhoudings en dwelms. Hy word

tot ‘n dwelmhandelaar.

Uiteindelik draai die verlore seun

terug na sy Vader, en sy lewenspad

bevestig weer: maak nie saak

hoe ver ‘n kind van die Here van

Hom af wegdwaal nie, Hy hou aan

iSBN: 978-1-4316-0342-8

Prys: R99,95

Vrystellingsdatum: Maart 2012

kategorie: Biografie

Teikenmark: Algemeen

Formaat: 140 x 208 mm

Bladsye: 160

omslag: Sagteband

roep na jou en sal jou nooit uit sy

hand laat val nie. As jy na sy lig

kom, sál jy gered én herstel word.

Andries Hendrik beleef terdeë dat

omdraai van verkeerde paaie af

nie naastenby maklik is nie, maar

dis tog duisend keer makliker

as enige verkeerde pad. Die

hartstogtelike en openlike gesprek

wat ‘n gelowige in diepe nood met

sy Vader het, is vir my een van die

hoogtepunte van die boek.

Liglopers spreek die aktuele

probleem van homoseksualiteit

op ‘n baie persoonlike manier

aan. Die hartseer en skade wat

elke gesinslid van ‘n gay persoon

ly, word sonder doekies omdraai

geskets. Die Here se genade is

so groot dat Hy Andries Hendrik

selfs lei in ‘n baie mooi verhouding

leefdinge: boeke

met ‘n pragtige jong vrou wat hom

beter verstaan en ondersteun as

enigiemand voorheen in sy lewe.

Andries Hendrik en Sya is bekendes

en leef en werk hier tussen ons –

elke dag ‘n herinnering aan God se

groot liefde en herskeppingswerk.

Die spanningslyn word deurgaans

behou. Die vertelling is altyd

in goeie smaak en niks word

sensasioneel aangebied nie. Elke

mens se stryd teen sonde en

minderwaardigheid bly maar in

wese eenders.

Ek beveel die boek aan vir elkeen

wat omgee vir al God se kinders.

Dit sal jou lewe verryk en jou moed

gee vir elke dag se klein en groot

omdraai terug na Hom toe.

VROUEBLAD Junie 2012

21
Pappa, Pa, Vader!

22 VROUEBLAD Junie 2012

EK WENS PA KON MY PRONK-

ERTJIES SIEN. HOEVEEL KERE AS

DIE DORHEID VAN DIE WINTER

BEGIN PLEK MAAK VIR ‘N LAWWE

LENTETUIN HET EK NIE AL

GEWENS MY PA, WAT SO LIEF

WAS VIR TUINMAAK, KON ‘N

DRAAI KOM MAAK NIE.

Hy moet kom kyk dat sy liefde vir die grond,

die stiggies en saadjies wat hy in my geplant

het, groei en voortleef. Sy sweet peas en

leeubekkies was sy trots en niemand se

lupins was ooit weer vir my so mooi of so

blou nie.

My Pa het my geleer: Jy ry nie toeoog

trein nie! Jy sien elke bees en elke

oorlogsgrafsteen raak. Jy ruik die Karoo,

sien hoe lê die ryp in die laagtetjies en op

die swart gebrande gras en jy sien hoe die

rooi son agter die berg uitkruip. Elke stasie

word deur ‘n oop treinvenster bekyk – selfs

in die nag as die gewone mense al slaap.

Nagwandelaars, wildvreemde reisgenote

op stasietjies word soos ou kennisse vrolik

slotwoord

gegroet. Hy het geglo daar is goed in

alle mense: selfs in die mees verlore

boemelaar. Met sy skrefies-oë laggie

het hy niemand veroordeel nie.

“Mý Pa…!” woorde wat so baie

gebruik word of dit nou ‘n seuntjie is

wat spog met sy pa se krag, slimheid

of sy blink motor of ‘n dogtertjie wat

sonder twyfel wéét haar pa is die

slimste, sterkste, mooiste en beste Pa

ooit.

Hoe hy ook al genoem word: Dié pading

is spesiaal. Pa is die anker, die spil

waarom die gesin draai, van sy huistoe-kom-tyd

na werk tot “vra vir Pa”

as ‘n versoek te gewigtig is vir Ma om

alleen te hanteer. Hy word lief gehê,

gerespekteer, ‘n klein bietjie gevrees en

baie aangehaal.

Hoe jammer is dit nie dat daar mense

is wat nie hierdie heerlike Pa-figuur in

hulle lewens het nie.

Vir die pa-loses, maar ook vir elkeen

van ons wat glo is dit wonderlik om te

weet ons Vader wat in die hemel is, is

altyd daar vir ons. Hy het sy eie Seun

gegee sodat ons, sy dwaal-kinders,

kinders in sonde gebore, kinders wat so

baie maal val, Hom Vader mag noem.

Dat ons verseker weet dat Hy ons lief

het en eendag in sy huis sal inneem. Hy

raak nie “op” soos my aardse Pa nie.

Ons Vader is, was en sal vir ewig daar

wees.

Dankie Vader vir my vader en vir die pa

van my kinders en kleinkinders.

Dankie Vader dat U Vader is vir dié wat

nie ‘n Pa het nie.

Dankie Vader dat U my Vader is en ek

u kind.
Julie 2012 in

Die Gereformeerde

Vroueblad

In die hande van

dié Pottebakker

• Gelowig vrou in

die hande van dié

Pottebakker

• Groete aan

Trifena en Trifosa

• Tema: BRIEWE

Saamtrek 2013

• Saamtrekbylaag

Skryf ’n brief (SLEGS 200-250

woorde) aan

Die Gereformeerde

Vroueblad. Briewe hoef nie

by enige tema in te pas nie

– vertel ons wat leef in jou

hart; wat gebeur in jou

gemeente!

Adresse waarheen briewe

gestuur kan word, verskyn

op p. 3.

ANDER PUBLIKASIES

VAN DIE GKSA

• Die Kerkblad

• Die Slingervel (vir ons

Laerskoolkinders)

• Die Kruispad (vir ons

tieners en jongmense)

Bied ook verrykende

geestelike leesstof en kan

bestel word by die Administratiewe

Buro:

(018) 297 3986.

Werf asseblief vir ons nuwe intekenare.

Verras jou ma, dogter of vriendin met ‘n geskenk

wat die heel jaar hou en teken vir haar in.

VROUEBLAD Junie 2012

23
JUNIE 2012 ~ DS. CHRISTO SwANEPOEL (GK LyTTELTON)

Juniemaand gee ons aandag aan pa-wees. Om ‘n pa te hê of ‘n

pa te wees bly ‘n voorreg en ‘n genadegawe. Mag ons hierdie

gawe weer ontdek en dit nooit as vanselfsprekend aanvaar nie.

Die heel beste ding wat ‘n pa vir sy

kinders kan doen, is om hulle ma lief

te hê – Theodor Hesburgh.

Dit is baie makliker vir ‘n pa om

kinders te hê, as vir kinders om ‘n

ware pa te hê – Pous Johannes XXIII.

‘n Kind sal beswaarlik God as sy

Vader ervaar, as hy nie iets van sy

God in sy vader beleef nie – Austin L.

Sörenson.

Teen dié tyd dat ‘n pa ontdek dat sy

eie pa dalk reg was, het hy gewoonlik

‘n seun wat dink dat hy verkeerd is

– Anoniem.

Om kinders groot te maak is

gedeeltelik vreugde en gedeeltelik ‘n

guerrilla-oorlog – Ed Asner.

Niks wat ek ooit gedoen het, het my

soveel bevrediging verskaf as om ‘n

pa vir my kinders te wees nie – Bill

Cosby.

Jou kinders het jou teenwoordigheid

nodiger as jou geskenke – Jesse

Jackson.

Ek hoop dat my seun my eendag sal

onthou, nie omdat ek veldslae gewen

24 VROUEBLAD Junie 2012

het nie, maar omdat ek saans saam

met hom gebid het – Genl. Douglas

MacArthur.

‘n Baba het die manier om ‘n man

van sy pa te maak en ‘n seun van sy

oupa – Angie Papadakis.

‘n Werklik gelukkige pa is die man

wie se kinders in sy arms inhardloop

al is sy hande leeg – Anoniem.

Prys jou kind in die openbaar en wys

hom tereg wanneer julle alleen is

– W. Cecil.

Om ‘n volmaakte pa te wees, is nie

belangrik nie. Om ‘n biddende pa te

wees, is wel – S. Omartian.

Moenie jou daaroor bekommer as

jou kinders nie altyd na jou luister nie.

Bekommer jou daaroor dat hulle jou

altyd dophou – Robert Fulghum.

Wyse pa’s weet hul waarde lê nie in

die dinge wat hulle vir hulle kinders

doen nie, maar in wat hulle hulle

kinders leer om self te doen – Billy

Graham.

Babatjies het pa’s nie so nodig nie,

dit is die ma’s wat die pa’s nodig

het! Iemand wat dag en nag ‘n

baba versorg het self ook daardie

vertroeteling nodig – Bill Cosby.

Pa’s moet gesien en nie net gehoor

word nie – Oscar Wild.

Alleen daar kan liefde leven, alleen

daar is het leven goed, waar pa stil en

ongedwongen, de aardappels schilt

en de afwas doet – Nederlandse

spreekwoord.

As jy nie jou kinders tuis kan beheer

nie, gaan dit vir die regering baie

moeilik wees om dit te doen,

wanneer hulle eendag grootmense

is – J.M. Braude.

Jy moet jou kind liefhê, vir wie hy

is, nie vir wat hy doen nie – David

Jeremiah.

Voor my troue het ek ses teorieë oor

die opvoeding van my kinders gehad.

Nou het ek ses kinders en geen

teorieë meer nie – Anoniem.

Wat ‘n pa vir sy kinders sê, word nie

deur die wêreld gehoor nie, maar wel

deur sy nageslag – J.P. Richter.