Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
2 UIT DIE WOORD

God praat deur sy Woord ... en ons

antwoord met dade

4 REDAKSIONEEL

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi

6 HOOFARTIKEL

Foutvinderige vittery

7 HOOFARTIKEL

Geestelike onderskeidingsvermoë

9 BRANDPUNT

Die denkende mens

FOKUSARTIKELS

12 Beginsels ... paaie in die hart

14 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... probleemoplossings

16 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... negatiewe emosies

18 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... geestelike groei

20 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... ’n sinvolle lewe

22 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... die soeke na God se wil

vir my lewe

24 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... lewensleed en

beproewing

inhoud

inhoud

26 God se Woord is my antwoord ten

opsigte van ... depressie

DISKUSSIE

28 Erfsonde ... weer onder die soeklig

GEMEENTEBEELD

30 Geref. Kerk Burgersdorp 150 jaar

SKRIFSTUDIE

34 Die genade van Jesus gee inhoud aan

ons lewe

BESINNING

36 ’n Gerehabiliteerde Fariseër!

ANDER

37 Persone met besondere bande met die

PU word bekroon

Nylstroom gee erkenning aan lidmaat

38 Deur die oë van ’n besoeker (1)

40 ... om die gelowiges toe te rus vir hulle

dienswerk ...

41 Argiefskatte ... Olivier-geslagsregister

42 Rietvallei besoek Indië

44 In dankbare herinnering - Ds. WL

Kuperus

46 Personalia

Wel en wee

48 Lief en Leed

Op die Kerkwerf

49 Kleinadvertensies

• Die Kerkblad Junie 2010 • 3
- uit die Woord - Ds. Dirk Laufs (emeritus, Thabazimbi)

God praat deur sy Woord ...

en ons antwoord met dade

Lees: Psalm 119:105-112

Teks: Psalm 119:105, 111

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad ... U verordeninge maak ek

altyd my eie, want hulle is vir my ’n vreugde.”

Van wanneer af die Here reeds met

ons praat

Ons God praat reeds vanaf die

vroegste tye met ons: “In die

begin was die Woord daar, en

die Woord was by God, en die Woord

was self God. Hy was reeds in die begin

by God. Alles het deur Hom tot

stand gekom” (Joh 1:1). God se hele

skepping ontstaan dus deur “praat”:

“God het gesê: Laat daar lig wees.

En daar was lig” (Gen 1:3). En God

bly die pratende (Woord) God tot aan

die einde van sy skepping: “Die Gees

en die bruid sê: Kom” (Openb 22:17).

Hoekom die Here met ons praat

Die Here God is ’n lewende God wat

lewende verlostes verwek en met sy

lewende verlostes tot in ewigheid

deur middel van die Woord in gesprek

bly. Vir ons Vader is om met

ons te praat, dus ’n aanhoudende

proses. Wat ’n besondere voorreg is

dit nie! Sê nou Hy het geswyg en ons

in ons dodelike (sonde)stilte gelos?

Genadiglik doen Hy dit nie – inteendeel,

Hy bly oomblik na oomblik en

dag na dag en jaar na jaar met ons

deur sy Woord kommunikeer. Dit is

binne ons bereik en vermoë om elke

sekonde van ons lewens Hom met

ons te hoor praat ... deur middel van

sy Woord.

Hoe die Here met ons praat

Die Here praat met ons op sy tyd en

sy manier. Gedeeltes uit die Bybel

wat jare gelede reeds gememoriseer

is, kom skielik na vore terwyl ons op siekbeddens lê of onder welke uitdaging

of beproewing ons ook al bevind. Hoe dikwels is dit nie Psalmversies of

Skrifberymings nie wat sagkens ons gemoedere kalmeer of versterk wanneer

ons dit glad nie eers verwag nie.

Waarvandaan kom dit? Dit is die Here wat deur sy Woord met ons praat.

Elke keer wat ons die Woord lees of dit hoor, persoonlik of saam met ander,

praat die Here weer en weer met ons.

Wat die Here deur sy Woord vir ons wil sê

Kernagtig saamgetrek, wil die Here in en deur sy Woord ons leer WIE Hy is

en WAT Hy van ons as verlostes eis/verwag. Daarom leer ons Hom ken as

die liefdevolle Vader wat ons, sy kinders, oneindig liefhet. Só lief “... dat Hy

sy enigste Seun gegee het ...” (Joh 3:16). Hy het tewens nog altyd gegee en

Hy bly steeds gee: sy Seun, sy Gees, sy vergiffenis, sy antwoorde op al ons

lewensvrae (lees gerus maar die antwoorde op enkele van ons lewensvrae

soos wat dit in die artikels verder in hierdie uitgawe bespreek word).

Hy stel egter ook baie duidelik sy eise aan ons as sy verloste kinders, naamlik

dat ons Hom bo alles moet liefhê en die mense rondom ons ook moet liefhê.

Sy deurpriemende geregtigheid word duidelik as hy hieroor sê: “As ons die

gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand

wat sê: ‘Ek ken Hom’, maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ’n leuenaar

en die waarheid is nie in hom nie” (1 Joh 2:3, 4).

Hoekom die Woord van die Here geglo kan en moet word

Kort en klaar: Omdat dit die Woord van God is – “Die woord van die Here is

volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee

wysheid ...” (Ps 19:8). Die Woord is die betroubare verklaring van die enigste

God van hemel en aarde wat nie net sy skepping nuut maak nie, maar ook

ons: sy skepsele.

God se Gees leer hierdie heilige ontsag vir sy gesag aan elke verloste reeds

vanaf moedersknie, totdat dit die persoonlike belydenis van elke volwasse

gelowige word. So gaan die enigste lewensweg oop wat uitloop op die ewigheid

... sinvol, heerlik en vol vreugde tot aan die einde van hierdie aardse

lewe. Wanneer ons onder die leiding van die Gees só na God in sy Woord bly

luister, sal ons – soos Timoteus – “.. in die waarheid onderrig (word), dwaling

bestry, verkeerdhede regstel en ’n regte lewenswyse kweek” (2 Tim 3:16).

4 • Die Kerkblad Junie 2010 •
God se Woord dra meer gesag as wat ons dink of voel

● Hoeveel sinnelose argumente word nie gevoer om die eenvoudige rede

dat ons nie net gewoon luister na wat God sê en dit kinderlik so aanvaar

nie, maar telkens ons eie “interpretasie” aan uitsprake heg en dan in

ons eie onvermoë en dwaasheid vasval?

● God se Woord as die betroubare getuienis van die waarheid (Joh 17:17)

dra meer gesag as ons gewoontes of as tydgiere. Al sou “almal deesdae

saamwoon sonder om te trou”, maak hierdie dwaling nie God se Woord

ongedaan nie, naamlik dat vir verloste gelowiges daar slegs in die huwelik

as man en vrou saamgewoon mag word. Is dit te moeilik om te begryp,

of is dit telkens die geval dat nie begryp wil word nie?

● Die Bybel as God se Woord dra ook meer gesag as ons hardvogtige

weierings somtyds ten opsigte van middelmatige sake, omdat ons uitdagend

en “beskuldigend teenoor almal wat nie met my saamstem nie”

voorgee dat ons die ewige en onveranderlike antwoorde op alles het,

“omdat ons nog altyd so gedoen het”. Intussen veroorsaak dit dat ons in

kleinlike “kerkbewaring-argumente” verstrik raak, terwyl die breë massa

water van God se koninkryk by ons verbyvloei en ons dan as opdrifsels

aan die kant van die hoofstroom agterlaat – vol onnodige, maar dodelike

verbittering en opgekropte woede. Hierdie gesindheid raak só erg dat

mens vir jouself ’n probleem word en vir almal rondom jou. Die vreugde

van die verlossingslewe is weg, en jy sien net die duisternis en die slegte

raak. Dit word ’n hopelose toestand.

● God se Woord het ook meer gesag as “net dit wat ek met my verstand

kan verklaar”: “Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom ...?” (Job 38:32).

Ten spyte van die ontsaglike massa kennis wat ons besit, weet ons eintlik

nog so min.

● Ook ons argumente somtyds van “dit voel vir my reg”, kan nie bly staan

voor die gesag van God se Woord nie.

Nooit ophou om opnuut te luister nie ... gevaar!

Ons mag nooit so “gemaklik” raak met God se Woord dat ons nie elke oggend

opnuut luister en bid dat Hy sy lig en waarheid stuur om ons te lei nie (Ps

43:3). Wie daagliks met biddende ontsag na God in sy Woord luister, sal

- uit die Woord -

kan deurbreek deur die dag se kwota

“probleme”, soos konflik, negatiewe

emosies, lewensleed en beproewing

en ... noem maar op.

Hoekom? Omdat God se Gees jou die

krag verleen en die moed om daadwerklik

elke dag weer en weer los te

ruk uit die knellende kettings van

hierdie gebroke wêreld. Jou dade sal

bewys lewe van oorwinning op oorwinning

teenoor die aanslae uit hierdie

stukkende wêreld. Die opstandingskrag

van Christus se oorwinning

oor die dood van sonde sal jou lewe

bly kenmerk.

Wanneer jy egter strompelend en

koponderstebo in “probleme” bly

ploeter en weinig of geen vreugde en

oorwinningskrag meer ervaar nie,

moet jy dringend die gevaarligte

raaksien wat die Here deur hierdie

Woord voor jou oë laat flikker: die Bybel

is dalk nog op die rak of in die

sak, maar nie meer in die hart en die

hande nie.

God hou nooit op om deur sy Woord

met ons te praat sodat ons as verloste

oorwinnaars kan bly lewe nie.

Wie luister, sal lewe, maar wie nie

luister nie ... sal al verder agterraak

en stadig maar seker op die ou end

sterf. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 5
- redaksioneel -

Die Wêreldbeker-

Na jare se beplanning, bouwerk aan stadions,

optrek van skedules met sperdatums,

vergaderings te veel om op te noem, staan Suid-

Afrika in die maand waarin die Wêreldbeker-Sokkertoernooi

’n werklikheid gaan word. Ingepas tussen 11 Junie

2010 en 11 Julie 2010 gaan die wêreld se beste sokkerspanne

uit 32 lande kragte teen mekaar meet.

Die miljarde rande vir die oprigting van stadions en ander

benodighede laat mens na jou asem snak. Terselfdertyd

moet Suid-Afrika hom gereed maak vir die miljoene besoekers

wat verwag word, en volgens berekening gaan

meer as 3 biljoen mense die eindstryd oor die TV kyk.

Die belangrikste vraag

Die belangrikste vraag om te vra, is: Wat het dit met die

kerk te doen? Het dit enige betekenis om in Die Kerkblad

spasie daarvoor af te staan? Sport is immers net 'n spel

tussen individue en spanne wat volgens vaste reëls plaasvind.

Dit is mededinging tussen mense.

God is die Gewer van al die talente en gawes waaroor

die mens beskik en waarvan hy in dankbaarheid gebruik

moet maak. Sport is kompetisie met mekaar en die strewe

na oorwinning.

Oor die waarde van sport hoef ons in die moderne tyd

nie eens te praat nie. Verantwoordelike sportbeoefening

sokkertoernooi

bevorder gesondheid, dissipline, uithouvermoë,

selfbeheersing, ’n sin vir regverdigheid, kameraadskap

en nog baie meer goeie eienskappe.

Sport is ook ’n kultuurakker waar God se kultuuropdrag

aan die mens (Gen 1:28) nagekom kan word. Sportbeoefening

kan ook gebruik word in diens van die koninkryk

van God. Die Christen kan God dien deur sy sportbeoefening.

Sport is ’n faset van ons omvattende diens aan

God. Net soos alle dinge sit daar in sport die positiewe

en die negatiewe fasette.

In hierdie sin is dit van toepassing om in Die Kerkblad

oor die Wêreldbeker-Sokkertoernooi te skryf. Om aan

die eenkant die negatiewe in die oë te sien, en aan die

anderkant te let op die positiewe.

Negatiewe resultate

Saam met sokkerliefhebbers kom daar ook negatiewe

dinge na ons land toe. ’n Verslaggewer het geskryf dat

die Wêreldbeker-Sokkertoernooi vir die seksbedryf in

Suid-Afrika beteken wat die skoolvakansie vir die toerismebedryf

beteken. Daar word voorsien dat 40 000 prostitute

van lande so ver as Oos-Europa, Rusland, die Kongo

en Nigerië vir die tydperk van die toernooi in Suid-Afrika

sal wees ten dienste van 400 000 manlike besoekers.

Brittanje het 42 miljoen kondome verskaf vir die duur

van die toernooi, en die verspreiding daarvan word deur

Suid-Afrika se regering ondersteun.

Is dit ’n wêreldwye uitnodiging vir wat besoekers in Suid-

Afrika te wagte kan wees? Genoeg prostitute en meer

as genoeg kondome. Watter klad is hierdie saak op die

uitnodiging na die toernooi?

’n Ander donker kant van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi

is die moontlikheid van handel in mense. Vroue en

kinders uit veral agtergeblewe gemeenskappe word glo

volgens besorgdes gewerf om “dienste” aan buitelandse

besoekers teen betaling te verskaf. Van Suid-Afrika word

6 • Die Kerkblad Junie 2010 •
daar reeds spottenderwys gepraat van die land met die

groot vyf: moord, verkragting, roof, diefstal en kapings.

Daarom was dit skokkend om te hoor dat die voormalige

Nasionale Polisiekommissaris, Jackie Selebe, in ’n toespraak

aan die Parlement gevra het dat prostitusie en

publieke drinkery gewettig moet word vir die tydperk van

die 2010 Wêreldbeker-Sokkertoernooi.

Dokters vir Lewe Internasionaal het in ’n verklaring

gemeld hoe ontsteld hulle is oor die feit dat Suid-Afrika

dit kan oorweeg om die verwelkomingsmat uit te rol vir

georganiseerde misdaadsindikate wat in menslike

lewens onderhandel, en sodoende die armes en wanhopiges

uitbuit en hulle in die sekshandel inforseer

Vroue en kinders word as koopware gebruik om die sakke

van die bordeelhouers, sindikate, smokkelaars en

dwelmhandelaars vol te maak.

Hieroor kan die kerke nie swyg nie, want morele verval

in watter vorm ook al moet bestry word! Daar sal ’n getuienis

móét kom as antwoord op hierdie kwaad.

Positiewe beplanning

Uit ’n internetsoektog blyk dit dat daar ook inderdaad

positiewe aspekte van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi

is. Die Wêreldbeker-Sokkertoernooi bied die geleentheid

aan kerke om ’n impak met die evangelie maak.

Dit is ’n aangename en inspirerende ontdekking dat

verskillende gemeentes van die Afrikaanse en Engelse

kerke met die evangelie uitreike beplan om plaas te vind

by die nege sentra waar die verskillende sokkerwedstryde

gaan plaasvind. Daar word gepraat van “sokkerevangelisasie”.

Daar gaan ook verskillende gebedsgeleenthede wees

waar gelowiges “prayer walking” gaan doen. Daar gaan

vooraf gereeld by die stadions gebid word, en tydens

wedstryde gaan daar in Pretoria by Doxa Deo, die Central

Baptist Church en Universiteitsoord gebedsgeleenthede

wees, soos moontlik ook op vele ander plekke.

RBC Ministries het ’n boekie in Engels uitgegee, The Final

Goal, met kort oordenkings uit die Woord vir elke

dag van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi van 11 Junie

tot 11 Julie 2010.

“Transforming lives and communities” het ’n boekie

gepubliseer, Sithandaza, met voorligting vir gebede

tydens die Wêreldbeker-Sokkertoernooi vir 32 dae.

Positiewe optrede

- redaksioneel -

Gereformeerde lidmate moet weet dat hulle ’n verantwoordelikheid

het ten opsigte van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi.

Omdat die saak bo en behalwe die sportfaset

ook ’n verwoestende effek sal hê op die moraliteit in

Suid-Afrika, sal in opdrag van God opgetree moet word:

“Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin

die kwaad deur die goeie” (Rom 12:21; vgl. ook 1

Pet 3:9).

Stel eerstens vas watter aksies vanuit jou eie gemeente

beplan en geloods word met die oog op die Wêreldbeker-

Sokkertoernooi. Voorbidding is seker die vernaamste

“middel” in die gelowige se hand om te gebruik tydens

die Wêreldbeker-Sokkertoernooi. Dit kan jy doen vir die

volle duur van die toernooi.

Bid dat God al die inisiatiewe sal seën en dat Hy die krag

en middele sal gee om die kwaad teen te staan. CNM

• Die Kerkblad Junie 2010 • 7
- hoofartikel -

Foutvinderige vittery

Die mens kan in sy sonde só laag daal om selfs met God se optrede

fout te vind. Dit is wat met Jesus gebeur het toe Hy ná die begin van

sy openbare optrede vir die eerste keer terugkom in Nasaret, waar

Hy as kind grootgeword het. Jesus het veel gely onder die skimpe, aanmerkings,

kritiek en foutvindery van die inwoners van Nasaret.

Jesus is gekritiseer

Toe Jesus in Nasaret kom, het Hy “soos sy gewoonte was op die Sabbatdag

na die sinagoge toe gegaan” (Luk 4:16). Jesus se “intreepreek” was uit Jesaja

61. Toe kom daar twee reaksies: eers is die mense verwonderd oor die aangename

woorde uit sy mond. Toe hulle daaraan dink dat Hy maar soos een

van hulle is wat in Nasaret opgegroei en gewerk het, begin hulle foute soek.

Hulle het soveel kritiek teen Hom dat hulle Hom uit Nasaret verdryf het en

Hom wou doodmaak (Luk 4:29). Selfs Jesus se familie het op ’n stadium

gesê: “Hy het van sy kop af geraak” (Mark 3:21), en die Jode het sommer

reguit gesê: “Hy is mal!” (Joh 10:20). Op ’n ander keer het die mense van

Jesus gesê: “Kyk daar, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en

sondaars” (Matt 11:19). Van foutvinderige vittery sê Jesus: “Waarom sien jy

die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk

jy nie op nie?” (Matt 7:3).

’n Slegte gewoonte

Die vitters, die foutsoekers sal altyd by ons wees om die lewe vir ander

mense moeilik te maak. Ons vind hulle in elke lewenskring, hoe groot of

hoe klein ook al. In elke afdeling van die samelewing is kleingeestige kritiek

deel van die lewe. Dit versuur die verhouding tussen medemense, en dit

word so maklik ’n slegte gewoonte. Dan is dit so maklik en gerieflik om die

euwels en die gebreke by jou naaste te sien en uit te snuffel, maar terselfdertyd

troetel jy die sonde in eie boesem (Rom 2:1). Voordat jy ander kritiseer,

moet jy eers seker maak dat jou feite reg is. Wanneer jy net ’n gedeeltetjie

van iemand weet of sien, of nie die motiewe ken vir iemand se optrede nie,

is jy in geen posisie om ’n oordeel uit te spreek nie.

Die seuntjie en die sleutelgat

Ds. Den Boer vertel in ’n artikel van hom van ’n seuntjie wat deur die

sleutelgat van ’n operasiekamer geloer het, en ’n dokter gesien het wat op

’n pasiënt geopereer het. Toe sê die seuntjie vir die dokter se seun: “Jou pa

is ’n slegte man. Ek het gesien hoe hy mense aan stukke sny.”

• Sommige mense is deur ander beskuldig van vrekkigheid terwyl hulle in

die geheim ’n ou moeder of ’n gebreklike broer tuis moes onderhou en versorg.

• Iemand anders is weer van luiheid beskuldig terwyl hy in werklikheid

gebuk gaan onder besondere liggaamlike tekortkominge.

Dit sal goed wees as jy jou eie motiewe eers goed onder die vergrootglas

plaas. Waarom probeer jy om die balk by die ander op te merk?

Die oorsaak van foutvinderige vittery

Daar is redes waarom mense foutvinderige vitters word:

• Iemand wat op ’n bepaalde punt sy eie minderwaardigheid vir homself

(bewus of onbewus) moet erken, sal fout vind wat die ander wél het. Hy voel

hom bedreig en daarom moet hy ’n

ander verneder om te “bewys” dat hy

op hierdie punt jou meerdere is. Vittery

word ’n soort verdedigingsmeganisme

– heel dikwels onbewustelik.

• Jy kan ’n ander ook kritiseer en

by hom fout vind, omdat jy jaloers is.

Dit is ’n vorm van vyandskap teenoor

iemand van wie jy nie hou nie – of

iemand wat op jou tone getrap het.

’n Mens vorder nie op die lewensweg

deur op ander te trap nie. ’n Mens

sal in die lewe van iemand anders

dit vind waarna jy op soek is, watter

metode jy ook al toepas. As jy iets

goeds wil soek, sal jy dit kry, en as jy

iets slegs soek, sal jy dit ook kry, al

is dit net by wyse van suggestie.

• As ’n meisie verlief is op ’n jongman,

is haar oë vir sy foute gesluit.

Waar die liefde ontbreek, is dit baie

maklik om by iemand anders fout te

vind.

Hoeveel foutvinderige vitters sit

Sondae in die erediens en verklaar:

die musiek was irriterend; die preek

was te lank; die Skriflesing was nie

van toepassing nie; die mense met

klein kindertjies het jou erg gesteur;

die gemeentesang was pateties?

Die geheim

Wat is die geheim? Die geheim

is dat daar ’n balk in jou eie oog was,

en jy nie goed kon sien nie. ’n Noukeurige

ondersoek sal bewys dat die

liefde in jou ontbreek. Jy het jou medemense

nie lief genoeg om iets

goeds van hulle te sê of in hulle te

sien nie. Om agter iemand se rug te

praat, verbeter nie jou saak nie. Wanneer

die vlam van die liefde al laer

brand, word die vuur van kritiek al

groter (Lev 19:18; Matt 22:39; Gal

5:14).

Jy sal vind jy is ’n foutvinderige vitter

namate jy van Jesus Christus af

Na bl. 8

8 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Die probleem

Een van die probleme van ons tyd binne die Chris

tendom is dat die gelowiges nie almal en altyd in

staat is om geestelik fyn en reg te kan onderskei

tussen reg en verkeerd nie. Baie lidmate getuig dat hulle

in ’n meerdere of mindere mate met die probleem worstel.

Antwoord eerlik op die volgende vrae:

• Is die oordeel van die kerk oor sekere sake in die

lewe van elke dag vir jou belaglik en kortsigtig?

• Vind jy soms dat jy jou vererg oor die standpunte van

Christene ten opsigte van besondere sake waarmee jy

te doen kry?

• Kom jy soms in groot verleentheid omdat jy nie goed

geoordeel het toe jy met sekere sake te doen gekry het

nie?

Ons kon hierdie voorbeelde verdrievoudig het ... dit

onderstreep die werklikheid dat sommige gelowiges aan

’n gebrek of afwesigheid van geestelike onderskeidingsvermoë

ly, wat soms groot verleentheid bring.

As lidmate van die kerk van ons Here Jesus Christus

leef elkeen van ons, elke dag, op elke terrein van die

lewe onder die verpligting om te antwoord en te reageer

op idees, standpunte, opinies waarmee ons te doen kry.

’n Groot klomp (dalk die meeste) van hierdie idees, standpunte

en opinies waarmee ons te doen kry, is nie Christelik

van aard of Bybels gegrond nie. En daaroor moet

die gelowige kan oordeel, of dit oorspoel hom.

Om elke dag in staat te kan wees om geestelik goed

oor dinge te kan oordeel, kom nie vanself nie. God het

aan sy kinders sy Woord gegee en ook die leiding van

die Heilige Gees, sodat dit moontlik is om met persoonlike

inspanning aan te leer hoe om geestelik gebalanseerd

te kan oordeel oor dinge.

Lastige uitgangspunt

Om dinge voortdurend geestelik te moet onderskei,

is lastig. Dit is so asof jy altyd op jou tone moet wees. Dit

is lastig om voortdurend dinge op te weeg en te beoordeel

of dit reg of verkeerd is. ’n Mens word moeg daarvoor.

Dit is tog baie makliker om die dinge van die lewe

te neem en te deurleef soos wat dit kom. Hoekom moet

’n mens altyd eers besin of ’n saak reg en verdienstelik

is of nie?

Jesus het gewaarsku dat vals profete in skaapsklere

(maar in werklikheid verskeurende wolwe) sal kom om

Geestelike

- hoofartikel -

onderskeidingsvermoë

die gelowiges tot ’n val te bring (1 Pet 5:8). Gelowiges

met min of ’n swak geestelike onderskeidingsvermoë

ignoreer hierdie vermaning van die Here Jesus! Waarom?

Die rede is dalk omdat hulle nie geleer het om geestelik

te onderskei tussen waar en vals, reg en verkeerd nie.

Tydens sy tweede sendingreis kom Paulus in Berea

in Masedonië aan waar hy die Woord van die Here verkondig.

Van die mense van Berea word getuig: “Hulle het

met groot belangstelling na die woord geluister en elke

dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus

sê” (Hand 17:11). Dit is duidelik dat hulle nie alles wat

hulle gehoor het en alles wat aan hulle verkondig is, vir

soetkoek opgeëet het nie. Hulle het dinge eers getoets

en aan die Skrif gemeet.

Dit is wat van elke gelowige verwag word, elke dag

van sy lewe! Die tydskrif wat jy lees of die musiek wat jy

luister of die ontspanning wat jy geniet – wat sit daarin?

Wat put jy daaruit? In watter mate gaan dit bydra tot

bouwerk in jou lewe en persoonlikheid, jou verhouding

met God?

As dit by sake kom soos dobbelmasjiene, lotery met

asembenemende prysgeld, aborsie, genadedood, vrye

liefde, sondagsport, rolprente, video’s ensovoorts – hoe

beoordeel jy dit? Vra jy jouself vooraf af na die reg of

verkeerd daarvan, of volg jy die stroom van die wêreld

na en neem deel aan alles wat aangebied word? Dit vra

van jou ’n goeie geestelike onderskeidingsvermoë om

’n verantwoordelike besluit te kan neem, sodat jou optrede

in en deelname aan die wêreld tot eer van God mag

wees (Pred 12:13; 1 Kor 10:31; Kol 3:17; 1 Pet 4:11).

’n Christen met ’n aktiewe geestelike onderskeidingsvermoë

sal waaksaam wees dat hy nie uitsprake maak

en standpunte inneem oor ’n saak, en dat dit dan op ’n

ander terrein van die lewe botsings en kortsluitings veroorsaak

nie.

Bybelse uitgangspunt

Die vernaamste rede waarom die gelowige alle dinge

geestelik moet onderskei en beoordeel, is omdat die

Bybel die voorbeeld stel. Dink maar aan die “rein/onrein”bepalings

van die Ou Testament. Die Here het dit aan

die Israeliete opgedra om voortdurend op hulle hoede

te wees ten opsigte van hulle daaglikse optrede, of dit

rein is of onrein. Nie alleen net hulle optrede nie, maar

hulle moes ook geestelik onderskei ten opsigte van hulle

• Die Kerkblad Junie 2010 • 9
- hoofartikel -

kos en kleredrag. Israel kon nie eet

en aantrek wat hulle wou nie. Van

hulle is verwag om nougeset op hierdie

dinge te let, wat volgens God se

wil is en wat nie. In hulle daaglikse

lewe moes hulle voortdurend onderskei

wat God se wil is en wat nie.

Direkte kontras

Vandag is die standpunt van baie

gelowiges net die teenoorgestelde.

Die Bybelse uitgangspunt van voortdurende

geestelike onderskeiding is

met ’n gees van verdraagsaamheid

vervang. Daar word van die standpunt

uitgegaan dat ’n saak nie altyd

reg of verkeerd hoef te wees nie. Iets

hoef nie swart of wit te wees nie, dit

kan grys ook wees. Dit is nie nodig

om voortdurend te vra na die reg of

verkeerd, die sleg of goed van dinge

nie. Standpunte hieroor is volop!

• Om te dobbel en aan loterye deel

te neem, hoef nie kwansuis reg of

verkeerd te wees nie, jy kan maar

sonder onderskeiding daaraan meedoen.

• As dit kom by die naaktheid van

’n mens se liggaam, en die vertoning

of uitbeelding daarvan, of pornografie

of vrye liefde of saamwoon en

saamslaap voor die huwelik, dan

Van bl. 8 - Foutvinderige vittery

doen jy maar daaraan mee sonder om eers te gaan vra of dit mag of nie

mag nie. Dit hoef moes nie óf reg óf verkeerd te wees nie, sê baie.

• Sondagviering word vandag net so beskou. Die uitgangspunt is dat jy op

Sondae maar doen wat jou hand vind om te doen, en waarvoor jy lus is,

want sport, rolprente, video’s, piekniek, tuinwerk of wat ook al hoef nie juis

reg of verkeerd te wees op ’n Sondag nie.

• Ook die keuse van rolprente wat jy gaan sien, of video’s en DVD’s waarna

jy kyk, of boeke wat jy lees, of tydskrifte wat jy aankoop ... die algemene

standpunt is dat jy dit maar voor die voet volgens jou eie begeertes bekom,

sonder om te oordeel of die inhoud daarvan tot eer van God is of nie.

Jay E Adams, ’n Amerikaanse teoloog, skryf: Om vandag te luister hoe

Christene praat, of hoe hulle aankope doen in boekwinkels, of om hulle

kommentaar te hoor oor preke en radio-uitsendings is om ’n kleurblinde

skilder dop te hou wat sy bes probeer om te onderskei tussen die verwe op

sy palet.

Skei die kaf van die koring

Die Bybel gebruik ’n baie mooi voorbeeld vir ons in hierdie opsig: Jy moet

so baie kaf weggooi voordat jy by die koring uitkom (Matt 3:12). Die

Spreukeskrywer gee die volgende tydige raad: “Met baie praat bly die sonde

nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig” (10:19). In die gedagte “wie sy

woorde tel” sit die uitgangspunt dat jy voortdurend moet vra na die reg of

verkeerd van ’n saak.

Om dit te kan doen, vra ’n skerp geestelike onderskeidingsvermoë. Indien

jy jouself nie oefen om altyd fyn te onderskei wat vir ’n Christen kan en mag,

en wat nie kan en mag nie, sal jy later só verdraagsaam, inskiklik en toegeeflik

word dat alles onder die son toelaatbaar gaan wees, en jy glad nie

meer in staat sal wees om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is

nie. Die Franse praat van ’n “laissez-faire”-benadering. Dit is ’n laat-maarloop-beleid,

of ’n laat-maar-gaan-uitgangspunt.

So kan ’n verloste kind van die Here nooit wees nie. Dit druis in teen alle

fasette van die geloof. CNM

wegdryf. Dan begin jy die foute in ander se lewe sien en beterweterig daaroor praat.

Wanneer jy digby God leef en met sy liefde vervul is, dan dek die liefde ’n menigte tekortkominge en gebreke.

Dan wil jy in die liefde jou naaste help om sy tekortkominge en gebreke te oorkom. CNM

10 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Prof. FW (Fritz) de Wet (Teologiese Skool)

Dit is opvallend hoe gereeld daar in onlangse

teologiese brandpuntartikels in die openbare

pers na die sogenaamde “denkende mens” verwys

word. Een onlangse voorbeeld hiervan kan in ’n artikel

van Julian Müller met die titel “Dit wat ons nie dink”

(Beeld, 6 Maart 2010) gevind word: “Met die ontwikkeling

van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer

’n bo en ’n onder in die heelal is nie, en waar daar bewyse

is van ’n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare,

word dit vir die denkende mens toenemend moeilik om

aan ’n teïstiese God te glo.”

In ’n teïstiese beskouing word God volgens Müller buite

die wêreld gestel. Hy voer iewers eenkant sy eie bestaan.

Vanuit sy hemelse domein maak Hy met ons kontak, en

onderhandel Hy met ons oor ons saligheid of verdoemenis.

Hierdie beskouing berus dan op die antieke siening,

gebore uit die konstellasie-wêreldbeeld, dat die ganse

heelal in drie verdiepings opgedeel is – met God op die

boonste, hemelse verdieping; ons op die middelste, aardse

verdieping; en die bose in die dieptes onder die aarde.

Die denkende mens is dan een wat hom laat lei deur die

wetenskaplike wêreldbeeld waarin die werklikheid uit

evolusionistiese ontwikkeling verklaar word. Aansluiting

by die hierdie wetenskaplike wêreldbeeld behels dat God

gesien word vanuit sy ineengeweefdheid in die werklikheid.

’n Beeld word gevorm van ’n God wat om elke hoek

of draai kan verskyn, in enige gedaante of gebeure, maar

wat nooit voorspel en vasgevang kan word in ons gedagtes

of formuleringe nie.

In die wegbeweeg van die teïstiese beskouing word daar

oor God in terme van post-teïsme of selfs a-teïsme gedink.

Hier kan verwys word na die uitsprake van ds. Klaas

Hendrikse wat bekendstaan as die ateïstiese dominee

van Nederland. Sy standpunt is dat God nie ’n wese is

nie, maar ’n woord vir wat tussen mense kan gebeur.

Die implikasie van die weg wat die denkende mens opgaan,

is dat die Skrif geherinterpreteer moet word, aangesien

die antieke wêreldbeeld wat daarin vervat is, nie

meer versoenbaar is met die wetenskaplike wêreldbeeld

wat besig is om uit te kristalliseer nie.

’n Ander voorbeeld van die weg wat deur die sogenaamde

denkende mens opgegaan word, en die implikasies

daarvan vir Skrifgebruik, kan gevind word in die onlangse

- brandpunt -

Die denkende mens

debatte oor die huweliksbeskouing en die problematiek

rondom saamwoon voor die huwelik. Die denkende mens

neem sy vertrekpunt vanuit die ingewikkeldheid van die

wêreld waarin ons leef. Volgens hierdie benadering maak

sosiale en ekonomiese realiteite dat mense in sekere

gevalle nie anders kan as om eerder saam te woon nie,

in plaas van om ’n wettige huwelikskontrak te sluit. Daarom

is dit noodsaaklik dat die oorvereenvoudigde, naïewe

antwoorde wat in die Skrif gegee word, geherinterpreteer

word.

Dit kom daarop neer dat die Skrif slegs ’n relatiewe betekenis

het vir die antwoorde wat ons moet vind in die komplekse

realiteit waarmee ons elke dag te doen het.

Die denkende mens sal homself egter moet verantwoord

of hy nie besig is om homself en sy denke op die troon te

plaas, en besig is om homself te verhef bo die Skrif nie.

Net soos daar in ’n fundamentalistiese gebruik van die

Skrif die gevaar geleë is om die eiebelange op die troon

te plaas en dit manipulerend en verengend af te dwing,

is dit moontlik dat in reaksie teen fundamentalisme die

Skrif gerelativeer word om by die reikwydte van die eie

denke aan te pas.

Wat nodig is vir die denkende mens, is om in die geloof

tot Christus te nader, waar Hy aan die regterhand van

die Vader oor alle dinge regeer. Waar Christus deur sy

Woord en Gees regeer, word die mens wat homself gewillig

onder die regering van Christus stel, se denke nuutgemaak

en verruim – hy sien die lewe in ’n gans ander lig.

Waar Christus deur sy Woord en Gees regeer, word

ons denke met helderheid gevul

Waar Christus deur sy Woord en Gees regeer, is daar

helderheid. In die Skrif openbaar God Hom as die Een

wat lig is. Daar is geen duisternis in Hom nie. Onder leiding

van die Gees word die denke verruim om te sien

waar die ontsaglik heilige God teenwoordig is, daar is lig

en lewe. Dit word volkome duidelik dat hierdie wêreld

waarin ons woon die skeppingswerk van God is, dat Hy

dit onderhou, dat Hy dit deur die koms van sy Seun gered

het van verlorenheid, en dat Hy dit tot ’n voleindiging

van oorvloedige lewe sal bring.

In die helder openbaringslig word ons lewe geanker in

• Die Kerkblad Junie 2010 • 11
- brandpunt -

troosryke sekerheid, en nie in die onsekerheid

van onvoorspelbaarheid

en misterie nie. Dit word vir ons volkome

duidelik waar ons vandaan kom

en waarheen ons op pad is. Alles wat

ons moet weet om tot eer van God

en tot ons saligheid te lewe, word in

die Skrif volkome duidelik deur God

geopenbaar.

Deur die helderheid van die openbaringslig

word die klein kringetjie van

ons eie denkvermoë verruim om die

sigbare werklikheid waarin ons verkeer,

te sien in die ingebed-wees

daarvan in die hande van God wat sy

ganse skepping omvou. Ons word in

staat gestel om verby die beperkte

reikwydte van wetenskaplike teorieë

oor die ontstaan, ontwikkeling en

toekoms van die kosmos te kyk. Alle

inperkende denkkategorieë word

deur die helderheid van dié lig weggesmelt.

Waar die Skrif hanteer word onder

leiding van die Gees van Christus,

verdwyn die grys gebiede en donker

skaduwees van die komplekse

vraagstukke waarmee die hedendaagse

mens worstel, op die agtergrond.

Dit wat die voorgrond van ons

denke bepaal oor byvoorbeeld die

huwelik en die kwessie van saamwoon,

is die helder lig van God se

openbaring oor die wese en doel van

die huwelik.

Onder leiding van die Gees van Christus

word daar nie primêr beweeg vanuit

die probleme wat ons in ons samelewing

met die huwelik het, asof

die ingewikkeldheid van ons probleme

’n element van ontoereikendheid

ten opsigte van die Skrif kan blootlê

nie.

Die primêre beweging vind nie van

situasie na Skrif plaas nie, maar van

Skrif na situasie. Die helderheid van

die Skrifopenbaring oor hoe lieflik die

huwelik as instelling van God is, en

oor hoe dit ’n doel het wat ver bo ’n blote aardse kontraktuele verbintenis

uitgaan, ontbloot tot ons eie skaamte die eiewillige, selfgesentreerde en

duister motiewe waarmee ons dikwels ons problematiek formuleer.

Waar Christus deur sy Woord en Gees regeer, word ons denke tot

nederigheid gebring

Waar Christus regeer, besef ons die beperktheid van ons eie denke. Ons

weet nie alles nie. Ons kan nie alles verklaar nie. Ons word tot die besef

gebring dat ons nog in ’n dowwe spieël kyk en ’n raaiselagtige beeld sien,

en eers eendag alles sal sien soos dit werklik is.

Die huidige toestand waarin ons menswees verkeer, is vergelykbaar met ’n

smeltdraad wat nie die volle stroom van Goddelike kennis kan verwerk

sonder om uit te brand nie. Geen mens kan die lewende God sien en bly leef

nie. Al weet ons dat ons nou reeds kinders van God is, is dit nog nie geopenbaar

wat ons sal wees nie. Ons verkeer in die spanningsveld tussen die

“reeds” en die “nog nie”. Maar ons weet wel dat wanneer Jesus weer kom,

ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is.

Ons verkeer in ’n posisie waarin ons met nederigheid kan kennis neem van

wetenskaplike pogings om dieper in die geheimenisse van die heelal te delf.

Ons weet dat ons nie finale antwoorde kan gee en alle dinge tot in die fynste

detail kan verklaar nie, maar hoef ook nie bedreig te voel deur wetenskaplike

teorieë asof dit die gesagvolheid en die waarheid van die Skrif in gedrang

kan bring nie. Die wetenskaplike meetinstrumente waarmee gewerk word,

is immers begrens tot waarnemings ten opsigte van die sigbare en tasbare

dimensie van die werklikheid waarin ons leef.

Niemand van ons – hetsy in die geloof, hetsy bloot in die lig van natuurwetenskaplike

ondersoek na die lewe gekyk word – het finale, volmaakte

antwoorde nie. Dit is eers eendag dat ons almal alles sal sien soos dit is.

Waar Christus deur sy Woord en Gees regeer, breek ons denke in

verwondering oop

In die hart waarin kinderlike geloof opgewek word, kan daar nie by eendimensionele

denke oor God en sy betrokkenheid by ons lewe gebly word

nie. Ons word met verwondering vervul wanneer ons besef dat die liefde

van God baie wyer en verder en hoër en dieper strek as wat ons ooit sou kon

dink of dit vir onsself sou kon voorstel. Ons sien dit, maar deurgrond dit nie.

Verwondering kan nie anders as om die gerigtheid van ons denke op die

uiting van lof te laat uitloop nie. Wie deur kinderlike geloof in onderdanigheid

aan Christus na die Skrif gaan, sal nooit teleurgesteld staan omdat hy minder

gevind het as wat hy verwag het nie.

Saam met ons Here sal ons altyd met ’n loflied in ons hart kan sê: Ek loof U,

Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir

wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het! DK

12 • Die Kerkblad Junie 2010 •
• Die Kerkblad Junie 2010 • 13
- fokusartikel -

Beeldtaal

Dr. PP (Paul) Kruger (emeritus, Meyerspark)

Beginsels ...

paaie in die hart

Paaie in die hart, of gebaande weë in die hart,

soos ons Ouer Afrikaanse Vertaling die

uitdrukking in Psalm 84:6 vertaal – sou dít nie

’n gepaste metafoor of beeld wees waarin die

nadenke oor “ons beginsels” in die lig van die Skrif kan

saamtrek nie? Natuurlik: dit is nie ’n “definisie” in

terme van die menslike rede soos deur voorstanders

van ’n humanistiese Verligtingsdenke vereis sou word

nie. Daarteenoor: Het die groot Christendenker en –

wetenskaplike Blaise Pascal dan verniet, in die 17de

eeu al, gesê: “Die hart het sy redes waarvan die rede

nie weet nie”?

Kom ons kyk met redes van die hart – wat vanselfsprekend

nie gelowige denke uitsluit nie! – na ons lewensbeginsels,

in soverre hulle gebaande weë in die hart

vorm. Watter soort hart is dit hierdie? Watter soort

paaie word hier bedoel? In watter lig word hulle

gebaan?

Hartpaaie

Mooier as wat ’n bekende reformatoriese teoloog,

meer as ’n eeu gelede, die diep betekenis van ons

harte in ons lewens as gelowiges beskryf het, kan dit

nouliks gedoen word:

“Ons hart is die brandpunt waarbinne al die strale van

die geskape dinge saamgetrek word; die spieël waarin

alles weerkaats word. Indrukke, gewaarwordinge,

aandoeninge, stroom van alle kante op ons aan. Ons is

toeganklik vir sowel die melodieë van die engele as vir

die gehuil van die duiwels; sowel vir die lied van die

skepping as vir die sugte van die skepsels. Daar is

geen taal wat nie deur die menslike hart begryp word

nie; geen stem wat nie weerklank vind in ons siel nie”

(H Bavinck).

In híérdie harte is daar paaie uitgekerf wat van die

eerste Christene “Mense van die Pad” gemaak het,

soos die boek Handelinge hulle op meer as een plek

noem. Ménse was hulle wat van harte deur die Heilige

Gees volgelinge, navolgers, geword het van Hóm wat

gesê het: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe.”

Iets soos ingeboude horlosies en radarstelsels in die

hart gee God vandag nog vir sy kinders in die vorm van

hartpaaie of lewensbeginsels. Maar hierdie beginsels

moet daadwerklik funksioneer – soos die ingeboude

“tydtafels” van die voëlsoorte waarvan Jeremia praat

(7:7) – “Die trekooievaar ken sy tye van kom en gaan,

die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvoël kom op ’n

vaste tyd terug, maar my volk wil nie weet wat die

Here vir hulle vasgestel het nie.”

Pelgrimspaaie

Iets soos ingeboude horlosies en

radarstelsels in die hart gee God vandag nog

vir sy kinders in die vorm van hartpaaie of

lewensbeginsels.

Waar sulke swaeltjies, soos die profeet besing,

instinktief die pad na God se altare ken, ken die digter

van Psalm 84 die roete daarheen as gebaande weë in

sy hart.

Op goeie gronde kan hierdie woorde ook vertaal word

pelgrimspaaie in die hart. Dwarsdeur alle roepstemme

vanuit die “tente van goddeloosheid” rondom hom,

dwarsdeur al die moeites van sy eie lewe heen, trek

die gebaande weë in die hart van

hierdie pelgrim hom “na Sion heen”.

Pelgrims is mense wat beweeg,

reisigers. Hulle kan nie te lank op een

plek bly nie. Hulle weet hulle is

bywoners en vreemdelinge in hierdie

wêreld. Hulle harte word telkens weer

onhoog gehef na Jesus Christus toe,

aan die regterhand van sy Hemelse

14 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Vader – soos dit by die sursum

corda weerklink, daardie

ondeurgrondelike hartsverheffing,

een van die sentrale handelinge van

die Heilige Nagmaal!

Ons lewensbeginsels – ook soos

hulle in besonderhede binne die

talryke etiese en ander vrae van ons

tyd toegepas moet word – bly beginsels of hartpaaie

van pelgrims. Die gearriveerde manier waarop ons, en

ander kinders van die 16de-eeuse Reformasie, soms

ons beginsels gehanteer het – en miskien nog sou

wou hanteer! – stry met ons posisie as

geloofspelgrims. Ons het beslis nie al die antwoorde

nie! Ons ken immers nog ten dele. Ons loop nog die

pad sáám met ál die worstelende, soekende mense

van ons tyd – al het ons die pelgrimspaaie in ons harte

ontvang. Ons weet dat daar in hierdie eerste dekade

van die 21ste eeu talle paaie is wat ons “gister en

eergister” nie geloop het nie (Jos 3:4). Nuwe

struikelblokke in die Droë Laagtes bring nuwe

uitdagings vir ons pelgrimspaaie na ’n nuwe hemel en

’n nuwe aarde toe.

Al kan ons dan, mét al ons beginsels, vandag dikwels

nie redelik deursigtige antwoorde vir mense gee nie,

mag ons maar soms, soos die apostel Paulus, “oor

raad verleë” wees – solank ons net nie “radeloos” (dit

wil sê: sonder uitweë in ons hart) word nie (2 Kor 4:8)!

Was dit nie die kerkvader Augustinus wat eenkeer

erken het dat ons nie altyd antwoorde op soekende

mense se moeilike geloofsvrae het nie – en toe die

volgende wonderlike woorde bygevoeg het: “Dit is tog

vir hulle beter om U te vind, terwyl die vraag

onbeantwoord is, as dat hulle die antwoord vind en nie

by U uitkom nie”?

Dit geld natuurlik vir onsself vandag ook. Belangriker

as om ons beginselantwoorde tot in die fynste

besonderhede met ons verstand – en dan nog

verkieslik sistematies, op papier! – te probeer

formuleer, is om “te wandel in die lig wat van U

afstraal, voort”.

Ligpaaie

Pelgrimspaaie van die hart, ons lewensbeginsels, word

“in U lig” gebaan. Hierdie belydenis kán egter, dalk

onbewustelik, ’n maklik hanteerbare en bloot uiterlike

leuse word. Dán kan dit die pelgrimspaaie van ons

hart nie meer daadwerklik báán nie. Dán kan dít

In hoeverre word ons beginsels gebore in

die lig van die lewende God se aangesig

en nie maar net as produk van ons

“denksisteem” vervaardig nie?

- fokusartikel -

gebeur waarteen Calvyn al so indringend gewaarsku

het: “Die leer bevries wanneer dit nie deur God

werksaam gemaak word nie.” Die Amerikaanse

teoloog Leonard Sweet beweer in 2009 nog dat die

kerk vanaf die Hervormingstyd geleidelik, maar

gedurende die afgelope 30 jaar rasend-snel, ’n

“beginselfabriek” geword het. Hy het ongetwyfeld in

die eerste plek die Amerikaanse politiek-gerigte

“Evangelicals”, met hulle dikwels slagkreet-agtige

teologie, in gedagte.

Tog daag hy ons ook hiermee uit om onsself af te vra:

In hoeverre word ons beginsels gebore in die lig van

die lewende God se aangesig en nie maar net as

produk van ons “denksisteem” vervaardig nie?

“Ontvriesing” van ons beginsels is alleen moontlik

wanneer daardie beginsels voortdurend in die lig van

die lewende God se stralende aangesig opgehou en

deurlig word! Dáárop dui die aangrypende woorde van

Psalm 36:10 tog: “Want by U is die fontein van die

lewe; in u lig sien ons die lig.” Dorstige mense hunker

daarna om van die lewenswater uit God self, die

Fontein van die lewe, te drink.

Vanuit die Nuwe Testament is dit duidelik dat die

Heilige Gees die Lewenswater is wat uit ons, dorstiges

na Christus, se binneste vloei (Joh 7). Christus kom na

ons toe “as ’t ware bekleed” met die Heilige Skrif

(Calvyn). So laat God deur sy Woord in ons harte ’n lig

skyn om ons deur die verligting van die Heilige Gees

die heerlikheid te laat ken wat van die aangesig van

Jesus Christus uitstraal (2 Kor 4:6). Alleen binne

hierdie konteks van lewende woorde (Hand 7:38), soos

dit uit die Skrif en deur die Gees kom, mag ons werklik

lewensbeginsels “in u lig” handhaaf en telkens opnuut

vorm.

Wanneer die aangesig van Jesus Christus só deur sy

Woord en Gees in ons harte inskyn, word ons

lewensbeginsels meer en meer pelgrimspaaie in ons

harte. Dán sal ons ook meer en meer midde-in die

warboel vrae vandag dié lig sien! DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 15
- fokusartikel - Dr. GJ (Gerrie) van Wyk (Rustenburg)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

probleemoplossings

Elke mens, elke gelowige het probleme.

Sommige probleme is groter en ernstiger as

ander. Die vraag is: Hoe hanteer jy jou

probleme? Waar soek jy antwoorde en waar

vind jy oplossings vir jou probleme? Vir ons as

gelowiges is dit belangrik om ’n Bybelse

antwoord op elke probleem te vind.

Jesus stel sy dissipels voor ’n gevaarlike probleemsituasie. In hierdie

probleemsituasie wil Jesus nie net ’n antwoord op hulle krisis gee nie,

maar ook vir hulle wys wie Hy werklik is (Mark 4:41). Hy bring sy

dissipels tot die besef dat Hy die Seun van God en hulle Verlosser in die

nood is. In Markus 4:35-41 word ’n sewevoudige antwoord op die dissipels

se situasie en hulle probleme gegee.

Kom ons vaar oorkant toe

Laat daardie middag, na ’n vermoeiende dag tussen soveel mense, sê

Jesus vir sy dissipels: Kom ons vaar oorkant toe (vs 35). Jesus se woorde

is weldeurdag. Jesus werk met ’n plan. Hy lei hulle in en deur ’n probleemen

krisissituasie. Hy leer hulle om hulleself, hulle probleme, maar ook vir

God en vir Jesus en sy antwoord op hulle probleme raak te sien.

’n Groot storm het losgebars

Om laatmiddag in ’n skuit te klim en

oor die see te vaar na die ander kant,

was dikwels ’n riskante onderneming.

Baie gou kon die wind opkom

en reuse golwe veroorsaak wat elke

visserman van angs laat bewe het.

So was dit dan ook daardie middag.

Skielik het ’n groot storm losgebars.

Die golwe het in die skuit geslaan,

sodat die skuit begin vol word het.

Jesus bring die wind en golwe in

beweging. Hy is saam met hulle,

maar ook bokant die situasie

verhewe. Deur hierdie storm,

hierdie probleemsituasie, lei Hy

hulle na Hom as Verlosser.

Jesus lê en slaap

Jesus het op die bank in die

agterstewe van die skuit gelê en

slaap. Dit het die dissipels baie

ontstel. Vir die dissipels het dit

gevoel of Jesus salig onbewus was

van die gevaar. Hy het hulle

aangesê om oor te vaar na die

ander kant, maar nou moet hulle

die probleem self oplos. Hulle weet

nie wat om te doen nie. Iets moet

gedoen word, anders verdrink hulle

en Jesus. Hulle vrees vir hulle lewe,

maar Jesus slaap.

Wat hulle nie geweet het nie, was

dat die moeë, slapende mens

Jesus allesbehalwe afwesig was. Hy

is nie net die slapende Jesus nie,

maar ook die Seun van God wat nie

slaap nie. Hy weet alles: van die

Ons is geneig om in tye van krisis vrye

teuels aan ons vrese, ons bekommernis te

gee, om selfs aan die Here te twyfel, om sy

wyse beskikking te bevraagteken, om soos

die dissipels te dink dat die Here nie sien,

nie omgee wat van ons word nie, nie help

wanneer dinge handuitruk en ons ons

vasloop teen ons probleme nie.

16 • Die Kerkblad Junie 2010 •
verskriklike wind en die gevaarlike

golwe, ook van hulle angs, hulle

groot probleem. Hy weet ook van

jou probleme, Hy ken jou angs en

bekommernis.

Die dissipels soek dringend Jesus

se hulp

Die dissipels staan voor ’n skynbaar

onoplosbare probleem van

lewe en dood. Inderhaas maak

hulle Jesus wakker. Hulle soek

uitkoms by Jesus in die storm.

Geen probleem kan sonder God en

Jesus se reddende genade opgelos

word nie. Jesus en God moet

biddend gesmeek word vir redding

in ’n noodsituasie. Hy het immers

die mense uitgenooi met die

woorde: “Kom na My toe, almal wat

uitgeput en oorlaai is, en Ek sal

julle rus gee” (Matt 11:28).

Jesus maak die storm stil

Jesus ignoreer nie die noodgeroep

van sy dissipels nie. Hy luister en

tree dadelik op. Hy red hulle in

gevaar. Jesus staan op, bestraf die

wind en sê vir die see: “Hou op!

Bedaar!” Jesus openbaar sy almag.

Deur Hom het die Vader alles

gemaak. Die hele skepping, ook

die wind, die see en die golwe

luister soos in die begin na sy

bevel. “Die wind het gaan lê en

daar het ’n groot stilte gekom.” Die

een oomblik was die dissipels nog

beangs, het hulle hul blindgestaar

teen die storm, en die volgende

oomblik beleef hulle deur Jesus se

toedoen ’n doodse stilte en

uitkoms.

Die dissipels se vrees word

aangespreek

Jesus praat met hulle. Jesus

- fokusartikel -

openbaar Homself in sy almag en majesteit, maar Hy spreek ook hulle

vrees aan. Hy vra twee vrae wat hulle tot die besef van hulle eie swakheid

en diepe afhanklikheid van Hom bring: “Waarom is julle bang? Het julle

dan nie geloof nie?”

Jesus leer sy dissipels, maar ook elke gelowige, om in ’n krisissituasie

soos dié van die dissipels na Hom toe te gaan en sy hulp te soek. Dis nie

nodig om te vrees nie. Hy wil hê dat ons hulp, leiding en uitkoms vir ons

probleme by Hom moet soek. Ons is geneig om in tye van krisis vrye

teuels aan ons vrese, ons bekommernis te gee, om selfs aan die Here te

twyfel, om sy wyse beskikking te bevraagteken, om soos die dissipels te

dink dat die Here nie sien, nie omgee wat van ons word nie, nie help

wanneer dinge handuitruk en ons ons vasloop teen ons probleme nie. Dis

egter nie waar nie. Hy is ons Helper en Verlosser in die nood.

Die dissipels word met ontsag vervul en vra wie Hy tog kan wees

Direk na die stilmaak van die storm op see is die dissipels met groot

ontsag vervul. Onbegryplik groot is die weë van Jesus en God. Waar hulle

aanvanklik ná hierdie groot wonderwerk gevra het: “Wie kan Hy tog wees

dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”, het hulle ná sy kruisiging

en opstanding verstaan dat Jesus die mens ook die almagtige en

alwyse Verlosser en die Seun van God is. Nie alleen het Hy die mag om

hulle lewe en selfs hulle probleme in sy raadsplan in te sluit, of om die

natuur te beheers nie, maar hulle te red van die sonde en die dood. Hulle

grootste probleem, naamlik hulle sonde, het Hy weggeneem aan die kruis

en daarna teen alle menslike verwagting in opgestaan uit die dood. Nou

tree Hy vir ons in aan die regterhand van sy Vader.

Waar vind ons ’n antwoord op ons probleme?

Uit Markus 4:35-41 word dit duidelik dat Jesus en God in sy Woord die

pad aandui wat ons ten opsigte van ons probleme behoort te loop. Ons

probleme is in sy raadsplan ingesluit. Al voel dit vir ons of die Here nie

sien of hoor nie, asof Hy slaap, leer Hy ons dat Hy alles weet. In ons angs

en onmag leer ons sy almag ken. Hy luister en help elkeen van ons wat

biddend na Hom toe kom met groot en klein probleme. Hy antwoord ons

en gee oplossings vir ons probleme. Hy gee ons sy wonderlike vrede.

Al voel jou probleme onoplosbaar groot, vertrou op Hom en soek leiding

by Hom in gebed en in sy Woord. Telkens wanneer Hy uitkoms gee in die

nood en ons deur sy Woord en Gees ’n oplossing vir ons probleme en ons

sonde bied, bring dit verwondering en aanbidding. So bring Hy ons tot die

besef van ons eie nietigheid en onmag, maar ook van sy almag en liefde

as die Seun van God.

In ons probleme is daar net een pad om te loop, naamlik die pad van

biddende soeke na sy leiding en sy wil volgens sy Woord. In antwoord op

ons soeke vind ons oplossings en antwoorde in sy Woord, vind ons Hom

dié antwoord en Verlosser van ons lewe. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 17
- fokusartikel - Ds. SFF (Steve) van der Walt (Kathu/Olifantshoek)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

negatiewe emosies

Gaan kyk na jouself. Gaan

kyk na jou uitkyk op die

lewe. Deur watter bril kyk jy

na die werklikheid rondom jou?

Negatiewe emosies

Emosies hou verband met jou

gevoelens: vreugde, vrees of

hartseer ... Dit beïnvloed jou

manier van optrede, veral wanneer

jy toelaat dat dit jou beheer – veral

wanneer jy altyd die donker en

moeilike kant van die lewe

raaksien, en toelaat dat jou lewe

vanuit jou negatiewe emosies

beheer word.

Negatiewe dinge soos stakings,

korrupsie, geweldspraatjies en

onsekerhede kan jou beïnvloed om

alles rondom jou negatief te beleef.

So kan jy heeltemal eensydig raak

en met ’n tonnelvisie na alles

rondom jou kyk en dit so beleef.

Hoe werk negatiewe emosies op

mense in?

’n Goeie voorbeeld van ’n Bybelfiguur

wat homself deur sy negatiewe

emosies laat beheer het, was

Jona. Hy sit buite die stad onder ’n

skermpie wat hy vir homself

gemaak het. Hy hou die stad dop

om te kyk wat daarvan sal word.

Terwyl hy daar sit, is hy baie

negatief. Hy is eintlik baie kwaad

vir die Here. Hy het klaar teen wil

en dank die Nineviete gewaarsku

om hulle te bekeer. “Nog net

veertig dae en Ninevé word

verwoes.”

Ons sê teen wil en dank, omdat hy

– net soos baie van die Jode –

negatief oor die mense van Ninevé

gevoel het. Hy sou eerder wou dat

die Here hierdie stad sonder

waarskuwing en kennisgewing

moes verwoes. Israel was – so het

hy gevoel – tog die uitverkore volk

van God. Die profeet Nahum het

dan die oordeel van die Here teen

Ninevé (Assirië) aangekondig. Maar

nou moet hy, Jona, hulle oproep om

hulle te bekeer en hulle lewens te

verander! Daarby het hy geweet (en

was bevrees) dat die Here die

Nineviete sou vergewe indien hulle

met berou en bekering op die

prediking sou reageer.

Negatiewe gevoelens dryf jou om

jou verantwoordelikhede te

ontduik!

Jy is moontlik al betrap dat jy met

negatiewe emosies ’n sekere

prentjie in jou kop het hoe die Here

moet optree. As dit nie realiseer

nie, laat ons toe dat ons negatiewe

emosies met ons weghardloop.

Dan sit ons voet neer en weier om

die pad te loop waarop die Here

ons wil laat loop.

So besluit Jona om liewer na Tarsis

te vlug! So ver moontlik van Ninevé

af – asof hy op hierdie manier van

sy opdrag kan loskom! Selfs

wanneer sy ongehoorsaamheid op

die lappe kom, gryp hy nie die

geleentheid aan om God te verkondig

as die goeie, geduldige God wat

bereid is om op bekering sy oordeel

op te hef nie. Inteendeel, sy gedrag

en gevoelens beeld God negatief

uit. God is volgens hom in die storm

nie die God wat in liefde sy drostende

dienaar opsoek nie, maar

veroordeel.

Hy sien die storm nie as ’n geleentheid

om hom te bekeer en terug te

gaan om sy opdrag uit te voer nie –

om iets te gaan doen wat ’n verskil

in God se Koninkryk sal maak nie.

Hy sal homself liewer met sy

negatiewe emosies sonder hoop

verdrink as om homself nuut vanuit

God se Woord te spieël en na nuwe

geleenthede van diens te gryp.

God se Woord ons antwoord op

ons negatiewe emosies – God

laat Hom nie in sy werk keer nie!

God gee vir Jona soveel geleenthede

om tot inkeer te kom! Hy beskik

’n storm op die see. God bring die

kajuitpersoneel tot die insig dat

Jona die oorsaak van die storm is.

Hy laat Jona met hulle toestemming

in die see spring. Hy beskik ’n

groot vis wat vir Jona insluk. Binnein

die ingewande van die vis gee Hy

vir Jona ’n uitstekende geleentheid

om hom van sy negatiewe uitkyk

op ander te bekeer.

Daarvoor moes Jona geestelik

afsterf van homself sodat hy deur

hierdie oefenskool kan opstaan tot

’n nuwe lewe, gevul met positiewe,

koninkryksgerigte insigte.

Ook nou, wanneer Jona onder sy

skerm sit en negatief afwag of God

nie miskien tog Ninevé wil verwoes

nie, skep God ’n geleentheid om

eers deur ’n negatiewe ervaring te

18 • Die Kerkblad Junie 2010 •
kom tot ’n positiewe belydenis. Hy laat ’n komkommerplant in een nag

opkom en groei tot so ’n hoogte dat die skaduwee van die plant se blare

Jona nie net van die hitte afkoel nie, maar ook van sy eie negatiewe

gevoelens – en dit terwyl hy negatief wag op die vernietiging van Ninevé.

Met die skielike opskiet van die komkommerplant laat Hy vir Jona sien

wat Hy positief kan doen. Hy kan in ’n oogwink, sonder dat ’n mens ’n

vinger verroer, ’n komkommerplant laat opkom om vir Jona koelte te gee.

Maar Hy kan ook binne ’n oogwink ’n wurm stuur om die wortel van die

wonderboom af te vreet sodat die boom doodgaan.

Hiermee onderrig Hy die steeds negatiewe Jona dat net so kosbaar as wat

die wonderboom vir Jona is, net so kosbaar is die Nineviete vir God. Hy wil

Ninevé ten alle koste red – net soos Jona die komkommerplant wou red.

En tog laat Jona hom nie tot positiewe denke beweeg nie!

Dan hang daar ’n stilte in die lug. Die boek Jona gee geen antwoord op

wat verder sou gebeur nie! Dit is ook ’n antwoord van God vir hulle wat

hardnekkig weier om God se pogings om mense tot positiwiteit te

beweeg, te aanvaar.

God bring ’n positiewe antwoord vir gelowige aanvaarding van sy positiewe

boodskap!

Jona se verblyf in die maag van die vis word ’n profesie van Jesus Christus

wat werklik vir drie dae en drie nagte in die graf lê om daarna op te staan

(Opstanding). Met Jesus Christus se oorwinning oor die negatiewe magte

van die duiwel en die sonde breek sy nuwe, positiewe regering deur.

So kom God se positiewe antwoord op negatiewe emosies

• Toe Elia negatief gevoel het dat daar nie ’n enkele knie is wat nie voor

Baäl gebuig het nie, versterk die Here hom eers vir sy roeping vorentoe.

Daarna gee Hy vir hom hulp!

• Ook met die gelykenis van die verlore seun antwoord Hy die

gevestigde kerke op hulle klagte teen die afvalliges dat Hy die liefdevolle,

opsoekende Vader van almal is – nie net van die afvalliges nie, maar ook

van die gearriveerde kinders van God.

• Vir kleingelowige, feit-georiënteerde

mense soos Tomas, wat net die swart

kant sien, roep Hy om Hom aan te raak

en die positiewe beloftes met hulle eie

oë te sien, te ervaar en hulle eie te

maak.

God se antwoord op ons negatiewe

gevoelens is die positiewe beloftes van

Christus se oorwinning aan die kruis. Hy

gee ons deur sy Woord en Gees nuwe

geloofsoë om anders na ons

- fokusartikel -

omstandighede te kyk (Ef 4:17 vv).

Die sonde en die sondige lewenstyl

kort ons insig op die lewe en op

God se bestuur van die wêreld in.

Ons het nodig om nuutgemaak te

word. Ons moet die sonde en ons

sondige ou mens soos ’n vuil

kledingstuk uittrek en die nuwe

mens ons eie maak.

Dan begin ons as mense mekaar

ook anders sien en besef dat ons

lede van dieselfde liggaam is. Ons

behoort bymekaar en het elkeen sy

eie unieke plek binne die liggaam

van Christus, sy kerk, ongeag die

rol wat ons in sy Koninkryk vervul.

Vernuwe jou gedagtes deur God se

Woord en Gees en begin nuut oor

mekaar, jou omstandighede en

ander mense dink.

Kyk deur Jesus Christus se oë en

sien geleenthede binne elke

situasie raak. Besef dat God deur

Jesus Christus ook die negatiewe

oorwin het en nou oor alles regeer.

Fokus op Hom! Jy sal verseker met

’n gees van optimisme selfs in die

mees uitdagende omstandighede

leef, en roepingsgetrou ’n verskil

maak waar die Here jou ook al

plaas. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 19
- fokusartikel - Ds. MP Fourie (Aliwal-Noord)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

geestelike groei

In Romeine 12:1-2 lees ons die volgende: En nou

doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die

groot ontferming van God: Gee julleself aan God as

lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.

Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet

beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk

word nie, maar laat God julle verander deur julle denke

te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil

van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en

volmaak is.

Omdat God ons uitverkies het in Jesus

Christus, word ons – as sy kinders –

opgeroep (beveel) om onsself aan

Hom te gee. Hierdie “gee” is nie maar

iets waaroor ons rustig sit en besluit

oor wat en hoe ons sal gee nie.

Dit wat gegee moet word, moet

onsself wees, maar ook baie meer as

dit, naamlik ons moet lewende, heilige

en vir God aanneemlike offers wees.

Hoe lyk “lewend, heilig en vir God aanneemlik”?

In Romeine 8:29 staan: Dié wat Hy lank tevore verkies

het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die

beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê

van wie Hy die eerste is. God het besluit dat dié wat Hy

uitverkies het, ook bestem is om gelykvormig te wees

aan die beeld van sy Seun.

Geestelike groei is daardie proses waardeur dié wat

deur God uitverkies is, voortdurend meer soos Jesus

Christus word. Die diepste grond vir die proses van

groei lê dus baie ver terug in God se ewige uitverkiesing

in Christus. Die leer van die uitverkiesing maak dit

vir ons duidelik dat ons deur God verkies is sodat en

nie omdat nie.

God het ons verkies sodat ons tot geloof kan kom en

sodat ons geestelik kan groei om gelykvormig te wees

aan die beeld van sy Seun. Geestelik groei sodat ons

net so lewend, heilig en vir God aanneemlik sal wees

soos wat Christus is.

Wie bewerk die groei?

God het ons uitverkies sodat ons kan groei. As dit ’n

geval was dat God ons uitverkies het omdat ons groei,

dan sou ons dalk kon redeneer dat ons die krag en

vermoëns het om self te groei. As groei uit onsself

was, sou die argumente wat opgaan dat ons

As nuwe mense in Christus is ons anders as

die wêreld, en in die proses om gelykvormig te

wees aan die beeld van Christus, moet ons nie

aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie.

Word soos Christus – moenie word soos die

wêreld nie!

verantwoordelik is om te groei na God en ons naaste

toe, dalk waar kon wees. Dit is egter glad nie so nie,

want niks en niemand kan self groei nie.

Ons moet onsself as lewende offers gee. Kan jy jouself

lewend maak? Nee, dit is God wat die lewe gee en

deur sy Heilige Gees laat Hy ons weer gebore word om

in Christus nuwe mense te wees. Nuwe mense wat

lewe in Christus, omdat God ons tot hierdie nuwe lewe

verkies het.

God maak ons lewend om onsself aan Hom as offer te

gee. ’n Lewende offer wat elke dag geestelik moet

groei om gelykvormig te wees aan die beeld van sy

Seun.

Ons moet onsself as heilige offers gee. Kan jy jouself

heilig maak? Nee, dit is God wat ons heilig maak, en in

ons uitverkiesing sonder Hy ons af vir Hom sodat ons

nie deel van die wêreld is nie, maar anders as die

wêreld sal wees. Nuwe mense wat heilig is in Christus,

20 • Die Kerkblad Junie 2010 •
omdat God ons verkies het tot hierdie

heiligheid

God maak ons heilig om onsself aan

Hom as offer te gee. ’n Heilige offer

wat elke dag geestelik moet groei om

gelykvormig te wees aan die beeld van

sy Seun.

Ons moet onsself gee as offers wat vir

God aanneemlik is. Die voorstanders van die teorie dat

geestelike groei ’n proses is waaraan die mens self

moet meewerk, wil graag hierdie gedeelte aangryp om

aan te toon dat hoewel dit God is wat lewend en heilig

maak, dit tog die mens se eie verantwoordelikheid is

om te besluit wat vir God aanneemlik is.

God het ons uitverkies om ons te verander om

gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat

ons onsself as offer kan gee wat vir Hom aanneemlik

is. ’n Aanneemlike offer wat elke dag geestelik moet

groei om gelykvormig te wees aan die beeld van sy

Seun.

In Romeine 12:2 word dit uitgespel hoe ons kan weet

wat vir God aanneemlik is, wanneer die Here vir ons

sê: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word

nie, maar laat God julle verander deur julle denke te

vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil

van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en

volmaak is.

As nuwe mense in Christus is ons anders as die

wêreld, en in die proses om gelykvormig te wees aan

die beeld van Christus, moet ons nie aan hierdie

sondige wêreld gelyk word nie. Word soos Christus –

moenie word soos die wêreld nie!

Dan word dit vir ons verduidelik hoe hierdie groei moet

geskied, naamlik: laat God julle verander. God bewerk

die groei. Hy verander ons. Hy maak ons nuut. Hy stel

ons in staat om te kan onderskei wat sy wil is en wat

vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Effek van die groei?

Die effek van die geestelike groei in ons lewens word

onder andere in Romeine 12:3-8 beskryf. Vers 3(a) stel

dit baie duidelik dat wanneer ons na die effek van

geestelike groei in ons lewens kyk, ons baie versigtig

moet wees dat ons nie ons eie meetinstrument moet

gebruik nie. Moenie van jouself meer dink as wat jy

behoort te dink nie.

- fokusartikel -

Geestelike groei is daardie proses waardeur

dié wat deur God uitverkies is, voortdurend

meer soos Jesus Christus word. ... Die leer van

die uitverkiesing maak dit vir ons duidelik dat

ons deur God verkies is sodat en nie omdat nie.

Dit was deel van die probleem wat Paulus, onder

leiding van die Heilige Gees, in die gemeente in

Korinte waargeneem het. Die gemeente dáár het

gedink dat hulle geestelik al baie volwasse was. 1

Korintiërs 3:1-3: Broers, ek kon met julle nie praat soos

met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie;

ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met

kindertjies in die geloof in Christus. Ek het julle met

melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit

nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie

verteer nie, want julle is nog wêreldse mense. Daar kom

jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle

nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie?

Die geestelike groei wat nog nie in die gemeente van

Korinte sigbaar nie. Terwyl die gelykvormigheid aan die

wêreld nog hulle lewens beheers het, het hulle daarop

aanspraak gemaak dat hulle reeds geestelik baie

volwasse is. Hulle was onder die indruk dat hulle

lewens deur die Gees van God beheers was. Hulle het

gedink dat as hulle kan tale praat en al dergelike

doen, was hulle geestelik volwasse.

Hierdie mistasting het daartoe gelei dat hulle meer

van hulleself gedink het as wat hulle behoort te dink,

en hulle optrede teenoor mekaar was vol van haat,

nyd, afguns en twis. Wêreldgelykvormigheid was al

wat sigbaar was, en die ware effek van geestelike

groei het ontbreek.

Romeine 12:3(b) stel dan verder die positiewe effek

van geestelike groei in die volgende woorde: ... lê jou

liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming

met die maat van geloof wat God aan elkeen

toebedeel het.

Wat is God se antwoord ten opsigte van geestelike

groei? God het ons uitverkies sodat ons geestelik kan

groei om gelykvormig te wees aan die beeld van sy

Seun. Hy maak ons lewend. Hy maak ons heilig.

Hy verander ons en vernuwe ons denke. Hy laat ons

groei sodat ons vir Hom lewende en heilige offers kan

wees wat vir Hom aanneemlik is. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 21
- fokusartikel - Ds. AJ Myburgh (Springs)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

As ek na die lewe kyk,

die sondige en gebroke

werklikheid van my

bestaan, het dit

oënskynlik geen sin en

betekenis nie.

Alles kom – soos die

Prediker sê – tot niks,

dis ’n gejaag na wind.

God se Woord bied my

egter ’n ander

perspektief;

dit leer my dat om met

Hom te lewe, Hom te

dien en sy gebooie te

gehoorsaam, my lewe

sinvol maak ...

’n sinvolle lewe

Wat is die sin en doel van my lewe?

Dis ’n vraag wat dikwels gevra word, en waarmee baie van ons ook

worstel. My lewe hier op aarde voel en lyk immers soms maar

baie saai en leeg, sinneloos en sonder enige betekenis. Soos die

Prediker van ouds, vra ons ook: Waarvoor leef ek? Waarvoor sloof ek my

af? Wat baat al my geswoeg en gesweet my? Wat bring dit my op die ou

end in die sak?

As ek na die lewe kyk, na die sondige en gebroke werklikheid van my

bestaan, kan dit eintlik nie anders nie as om soos hy te sê dat alles

tevergeefs is, dat dit ’n dolle gejaag na wind is – sinloos en leeg.

Soos in die boek Prediker lees, het hy hom daarop toegelê om alles wat in

hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink. Hy het alles

bekyk, sy eie lewe wat veel ryker en voller was as waarvan die meeste van

ons ooit kon droom, en dié van een en almal om hom. Hy het alles wat as

waardevol beskou kon word en dalk sin aan die lewe kon gee, op die

proef gestel. Hy het wysheid en kennis op die proef gestel, rykdom, mag

en roem. Hy het hom alles veroorloof en alles gedoen wat ’n mens kan

doen om plesier en genot uit die lewe te put.

Hy het alles op die proef gestel en gevind: Alles kom tot niks, dis ’n gejaag

na wind. Die lewe – sê hy – is en bly nou maar eenmaal ’n raaisel – dis

doodeenvoudig onmoontlik om alles wat gebeur, te verstaan of te probeer

verklaar. Daarby is die lewe nie altyd regverdig nie en gebeur dinge nie

noodwendig soos jy verwag nie.

Sommige dinge, soos wysheid, selfbeheersing, gehoorsaamheid en

liefdevolle gemeenskap, het wel waarde en kan moontlik vir jou voordeel

inhou. Maar niks in hierdie lewe het werklik blywende waarde nie. Op die

ou end vergaan alles en is dit vergete. Die lewe loop immers onvermydelik

As jy ’n lewende en persoonlike verhouding met

God het en in gemeenskap met Hom lewe, as jy

Hom in opregte geloof dien en sy gebooie

gehoorsaam in die wete dat Hy eendag van jou

rekenskap sal vra oor alles, dan ís jou lewe nie

meer leeg en sinloos nie, maar sinvol. Hý, jou

Skepper en Here, gee sin aan jou lewe!

22 • Die Kerkblad Junie 2010 •
As jy soek of vra na die sin van die lewe, dan

moet jy begin by sy Woord. Jy moet dit

aandagtig lees, bepeins en oordink, en bid dat

die Here jou deur sy Gees die insig en wysheid

sal skenk om die raaisels van die lewe te

verstaan.

uit op die dood! Keer op keer hoor ons hom daarom sê: Alles kom tot niks,

dis ’n gejaag na wind.

As jy uit frustrasie of moedelose verslaenheid of om watter rede ook al

van harte hierop “Amen” wil sê, wil ek jou verseker: Jy is beslis nie die

enigste een nie! Maar wil ek ook dringend by jou pleit: Moet asseblief nie

hier ophou lees nie, want daar wag ’n heerlike verrassing op jou ...

Teen alle verwagting in roep die Prediker ons herhaaldelik op om die lewe

as ’n gawe uit God se hand te sien en om daarom voluit te lewe, en die

lewe – met alles wat dit ons bied – uit dankbaarheid te geniet. Hy raai

ons aan en beveel ons om met oorgawe en vreugde te lewe. Jy moet jou

brood met vreugde eet, jou wyn met ’n bly gemoed drink, altyd wit klere

(feesklere) dra, jou hare met olie versorg, en die lewe geniet met jou

huweliksmaat wat jy liefhet.

Jy moet alles wat jou hand vind om te doen, met toewyding doen. Jy moet

doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, sonder om te vergeet dat God

van jou rekenskap oor alles sal eis. Jy moet voluit lewe en jou lewe geniet,

nie op ’n roekelose en onverskillige wyse nie, maar in verantwoordelikheid

aan God en in gehoorsaamheid aan sy gebooie.

Die Prediker kom, ten spyte van alles wat hy oor die sinloosheid van die

lewe gesê het, tot die heerlike en troosryke slotsom dat jou lewe tog

sinvol kan wees. As jy ’n lewende en persoonlike verhouding met God het

en in gemeenskap met Hom lewe, as jy Hom in opregte geloof dien en sy

gebooie gehoorsaam in die wete dat Hy eendag van jou rekenskap sal vra

oor alles, dan ís jou lewe nie meer leeg en sinloos nie, maar sinvol. Hý, jou

Skepper en Here, gee sin aan jou lewe!

Dit leer jy nie deur na die lewe, die harde en wrede werklikheid van jou

sondige en gebroke bestaan, te kyk nie. Jy kan dit nie ontdek deur net te

kyk na alles wat in hierdie wêreld gebeur nie. As jy bloot net daarna bly

kyk, sal jy soos iemand wat in ’n doolhof verdwaal het, altyd op soek bly

en nooit tot rus kom nie. God maak dit deur sy Gees aan jou bekend. Hy

openbaar dit vir jou in sy Woord.

Al was die Prediker ’n man met wysheid wat die volk onderrig het, al het

hy diep nagedink en deeglik nagevors om hom raak uit te druk en die

waarheid getrou op te teken, is ook sy wyse woorde deur een Herder

gegee. Hy het nie self tot die ontdekking gekom wat die lewe sinvol maak

nie. God het hierdie wyse woorde, dié heerlike waarheid, aan hom

- fokusartikel -

bekendgemaak, sodat hy dit tot

ons troos en bemoediging getrou

kon opteken en dit gedurig by ons

ingeskerp kan word.

As jy soek of vra na die sin van die

lewe, dan moet jy hier begin, by sy

Woord. Jy moet dit aandagtig lees,

bepeins en oordink, en bid dat die

Here jou deur sy Gees die insig en

wysheid sal skenk om die raaisels

van die lewe te verstaan.

As jy dit doen, sal jy soos die

Prediker besef dat die lewe ’n

kosbare gawe is wat God aan jou

geskenk het, en dat Hy wil hê dat jy

voluit sal lewe en die lewe in

verantwoordelikheid teenoor Hom

sal geniet.

• Hy het jou geskep, as sy verteenwoordiger

en beeld, en as

kroon van sy skepping, as man of

vrou, met ’n eie, unieke persoonlikheid,

gawes en talente ...

• Hy het jou geseën en jou geroep

om met jou hele lewe in sy diens te

staan. Hy het vir jou ’n roeping en

’n taak gegee ...

• Al het jy jou lewe en sy gawes

deur die sonde verbeur, het Hy jou

in sy oneindige groot liefde en

genade in Christus gered, en aan

jou ’n nuwe lewe gegee – die ewige

lewe. Jy is sy kind, sy erfgenaam ...

Koester jou lewe daarom soos ’n

kosbare skat, en loof en dank Hom

elke dag van jou lewe vir die

voorreg om te mag lewe, Hom te

ken en te dien.

Kyk in biddende afhanklikheid op

na Hom wat in sy liefde en trou vir

jou wil sorg, en verwag alles wat jy

nodig het uit sy Vaderhand.

Dien en gehoorsaam Hom, jou

Skepper en Here, met oorgawe en

blydskap. Dan sál – soos die

Prediker ons leer – jou lewe sinvol

wees! DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 23
- fokusartikel - Ds. JH (Hans) Grobler (Louis Trichardt)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

die soeke na

God se wil vir my lewe

In hierdie artikel gaan jy nie ’n antwoord kry oor wat jy volgende jaar moet gaan studeer, of

’n antwoord op die vraag of jy ’n nuwe werk moet aanvaar nie. Dit alles het natuurlik te

doen met God se wil vir jou lewe (HK So 49). Nee, hierdie artikel wil eerder help om

rigtingwysers te gee vir die verstaan en uitvoering van wat ons Here Jesus in sy Bergrede

geleer het: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan

sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Matt 6:33). Ons let eerstens op wat God se wil behels,

en dan verder hoe sy wil in ons lewens grondvat.

God het ’n reddende wil

Wat mens aangryp van

God se wil teenoor ons

lewe, is dat Hy ons wil

red. Daar word in die Skrif baie

aspekte geopenbaar oor God se

wil, maar die oorheersende is dat

God ’n reddende wil het. Ek kan

seker wees dit is wat God wil vir my

lewe: Hy wil ons red. Daaroor hoef

ons nooit te twyfel nie. God het ’n

welbehae in jou (Ps 37:23; Luk

2:14). Hy wil my en jou na Hom toe

bring (Eks 19:4; 1 Pet 3:18) om

deel van sy nuwe volk te wees.

’n Mens dink hier veral aan die

woorde van Jeremia 9:23 – “Laat

hom wat wil roem, daarin roem dat

hy insig het en my ken. Ek is die

Here. Ek bewys liefde, reg en

geregtigheid op die aarde, want dit

is wat Ek wil hê, sê die Here.”

God openbaar sy reddende wil

deur sy Dienaar

Die volgende wat mens aangryp

van God se wil, is dat Hy sy reddende

wil deur sy enigste Seun Jesus

Christus aan die lig laat kom het.

Daar is ’n Hebreeuse woord wat die

diepe gevoel van God se hart

beskryf. In Afrikaans sê ons God

het behae in iemand, of God het ’n

welgevalle aan iemand.

Nou is daar ’n reël in Psalm 37 dat

God hulle red in wie Hy ’n welgevalle

het. Jesaja 53 beskryf egter

iets abnormaals, en dit is dat God

die Een in Wie Hy ’n welgevalle het,

nie gered het nie, maar verbrysel

het (53:10). Dit is natuurlik ons

Here Jesus Christus. Deur hierdie

oënskynlike onreg voer God sy

reddende wil uit. Christus het God

se reddende wil tot uitvoering

gebring.

Deur Jesus, wat ter wille van ons

misdade verbrysel is, wys God dat

Hy vir ons ’n diep en ’n warm

gevoel het. Hy het ook ’n welgevalle

in jou.

Moenie dink ons word nou verlos

deur die lewe van iemand wat ’n

slagoffer van onreg was nie. Nee,

Jesus was nie ’n blote slagoffer van

’n onregverdige kruisdood nie. Hy

het Homself vir ons oorgegee aan

Geloofsgehoorsaamheid aan die evangelie van

God se Seun beteken dat jy deel word van God

se kerk, en wie deel is van Christus se kerk,

deel ook in God se Gees wat in ons woon (Rom

8; 1 Kor 12:13). Dit is absoluut onmoontlik vir

iemand om die wil van God te kan ken sonder

dat die Gees van Christus in jou woon.

24 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Dit is God se wil vir jou lewe dat jy sal glo in God

se Seun, Jesus Christus. Wie in Jesus Christus glo,

kan deur die geloof God se glimlag oor sy lewe

sien straal.

die kruis in die mees volmaakte

liefde, omdat die reddende wil van

God op my en jou gefokus was en

steeds is (Gal 1:4).

Ons moet glo in God se Dienaar en

sy evangelie

Die volgende wat opval van God se

wil, is nie in die eerste plek hierdie

gebod en daardie gebod wat ons

moet gehoorsaam nie. God se wil is

dat ek en jy sal glo in Hom wat Hy

gestuur het (Joh 6:28, 29). Selfs al

leer Jesus ons bid: Laat u wil

geskied, dan beteken dit eerste:

Vader, gee dat ons in U en u Seun

sal glo.

Dit is God se wil vir jou lewe dat jy

sal glo in God se Seun, Jesus

Christus. Wie in Jesus Christus glo,

kan deur die geloof God se glimlag

oor sy lewe sien straal.

Die apostel Paulus is ’n apostel

deur die wil van God. Dit is God se

reddende wil. Sy taak as apostel is

om “tot eer van sy Naam mense tot

geloof en so tot gehoorsaamheid te

bring” (Rom 1:5). Die 1933-vertaling

het vertaal met “geloofsgehoorsaamheid”.

Dit is God se wil

vir ons dat ek en jy gehoorsaam sal

word aan sy opdrag om die evangelie

van sy Seun te glo.

Die evangelie van sy Seun behels

vryheid vir jou (Rom 8:1) en vrede

(Rom 5:1) met God deur Jesus

Christus. Dit is die krag van God tot

redding vir jou wat glo. Dit is God se

wil vir jou lewe.

- fokusartikel -

God maak jou nou ook ’n dienaar

Geloofsgehoorsaamheid aan die

evangelie van God se Seun beteken

dat jy deel word van God se kerk, en

wie deel is van Christus se kerk, deel

ook in God se Gees wat in ons woon

(Rom 8; 1 Kor 12:13). Dit is absoluut

onmoontlik vir iemand om die wil van God te kan ken sonder dat die Gees

van Christus in jou woon.

Die probleem is egter baie keer dat ons soms die Gees van die Here Jesus

nie in die kerk soek nie, maar op ander plekke. Ons kan die Gees van die

Here Jesus teenstaan deur nie te besef dat God sy Gees aan ons meedeel

in die prediking van die Bybel in die erediens en deur die gebruik van die

Here se sakramente nie (1 Tess 5:12, 19; HK So 25).

Deur God wat ons gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Fil

2:13, 14), gee ons nou uitvoering aan sy opdrag: “Ek is God die Almagtige.

Lewe naby My en wees opreg” (Gen 17:1). God wil hê jy moet naby Hom

leef.

Christus leer ons nie om die koninkryk van God te soek omdat dit weggesteek

is nie. Nee, in Jesus wat mens geword het, het God nou naby aan

ons gekom. Selfs ná sy hemelvaart sal ek Jesus steeds vind, want deur sy

Heilige Gees en sy Bybel is Hy naby my, en ek is naby Hom deurdat ek in

Hom glo. Laat Jesus jou dan nou nader bring na God toe, die oorsprong

van jou lewe.

Verder: God wil hê jy moet opreg wees. Dit beteken: God wil hê dat jy Hom

en sy Seun sal liefhê bo alles, en jou naaste soos jouself. Die woorde van

God aan Abraham beteken dieselfde, net in ander woorde: om op God se

pad te bly deur te doen wat goed en reg is (Gen 18:19). “En nou Israel, die

Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom

moet liefhê en dien met hart en siel” (Deut 10:12).

Noag het deur God se genade so geleef, en hy het die oordeel van die

sondvloed vrygespring. En is die sondvloed nie ’n voorbeeld van die

oordeel van God wat besig is om te kom nie?

Slot

Ek glo nie soos baie Amerikaanse TV- en DVD-kursuspredikers dat God

sommer so direk met ’n mens praat en sy wil aan jou bekendmaak nie.

Ek bely dat God met ons praat deur sy Seun, deur sy Bybel (Heb 1:1).

Daarin het Hy reeds sy volle raad van ons verlossing bekendgemaak, en

ons mag weet en glo ons is ook daarby ingesluit van ewigheid af (HK So

12).

Wie in Jesus Christus glo en sy wil soek, vir hom word alles bygevoeg, ook

wat jy volgende jaar sal studeer en of jy die nuwe werk moet aanvaar. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 25
- fokusartikel - Ds. JH (Johan) Jordaan (Vereeniging ’95)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

lewensleed en

Ons beleef teëspoed en swaarkry. Ons en die

mense wat ons liefhet, word siek. Ons staan

geliefdes aan die dood af (soms weens ’n geweldsmisdaad).

Leed is deel van ons lewe.

Hierdie artikel handel oor leed en beproewing. Volgens

die Verklarende Woordeboek het hierdie twee woorde

naastenby dieselfde betekenis, naamlik verdriet, smart,

of teëspoed. In die geval van beproewing kan daar ’n

element van loutering bykom. ’n Mens kan ook in jou

swaarkry een of ander toets ondergaan. So lees ons dat

die Here Abraham op die proef gestel het met die bevel

om Isak te gaan offer (Gen 22:1 ev). Satan beweer dat

beproewing

Job ’n mooiweersgelowige is. God laat hom toe om Job

se vroomheid en opregtheid te toets (Job 1:9; 2:4). Hy

maak ook deeglik van die geleentheid gebruik!

Ons het ’n probleem om sin te maak van ons eie en ander

se leed. Die vraag kan ontstaan:

Wie is verantwoordelik vir leed en beproewing?

Sommige antwoord: Satan veroorsaak alle leed. In Job

se geval het Satan wel ’n rol gespeel. Dit blyk egter dat

hy allermins kon doen wat hy wou. God het paal en perk

aan hom gestel. Hy moes ook by God se perke hou. Satan

is dus allermins ’n tweede mag wat homself teen

God kan handhaaf en na willekeur leed en verdriet saai.

As gelowiges weet ons: God lewer ons nooit as te nimmer

aan Satan se willekeur uit nie.

Daar is nog ’n perspektief in God se Woord. Die man na

God se hart, Dawid, beskryf sy intense leed in Psalm

39:5. Hy sê dat hy dit as ’n brandpyn in sy binneste ervaar.

Hy sê vir die Here: U het dit oor my gebring (vs 10). By

monde van sy profeet sê die Here vir die heidenkoning

Kores, wat hy sy gesalfde noem: Ek gee voorspoed en

skep rampspoed (Jes 45:7). In die Nuwe Testament hoor

ons ook dat God die skepping ná die sondeval aan

verganklikheid en verydeling onderwerp het (Rom 8:20).

Die vraag: Waar kom leed en beproewing vandaan? het

dus nie ’n eenvoudige antwoord nie. Ná die sondeval leef

ons in ’n gebroke werklikheid. Ja, Satan kan ’n rol speel

in die leed en beproewing wat ons ervaar. God wat die

skepping aan verganklikheid en verydeling onderwerp

het, bly egter selfs dan in volle beheer. Alles wat ons

beleef, kom by wyse van spreke deur die sif van die troue

Vaderhande waarmee die Here ons van alle kante insluit

(Ps 139:5) by ons uit. Vandaar dan ook ons belydenis op

grond van die Woord dat beide voorspoed en teenspoed

ons uit God se Vaderhand toekom (HK, antw 27).

Anders as vir ons wat sy verhaal lees, het God Job nooit

ingelig dat Hy Satan toegelaat het om sy vroomheid en

26 • Die Kerkblad Junie 2010 •
- fokusartikel -

Die vraag: Waar kom leed en beproewing vandaan? het nie ’n eenvoudige

antwoord nie. Ná die sondeval leef ons in ’n gebroke werklikheid. Ja, Satan kan

’n rol speel in die leed en beproewing wat ons ervaar. God wat die skepping

aan verganklikheid en verydeling onderwerp het, bly egter selfs dan in volle

beheer.

opregtheid te toets nie. Uiteindelik moes Job rus vind in

die feit dat God vrymagtig handel. As ek en jy ook moet

aanvaar dat God in die uitdeel van voorspoed en teenspoed

vrymagtig handel, beteken dit allermins dat ons

daarin moet berus dat God wispelturig is. Ons kan daarop

reken: Hy bly altyd getrou – selfs al is ons ook ontrou (2

Tim 2:13).

Die Here gee in sy trou spesifieke versekerings

waarop ons kan reken

Die Here is aan ons kant (Rom 8:31). Hy is by sy volk en

sekerlik ook by sy kind wanneer ons deur diep water gaan

(Jes 43:2a). Ons het nie nodig om in ons nood na Hom te

soek of te soebat dat Hy ons bystaan nie. Hy is in ons

leed en beproewing by ons. Hy gee sy woord daarvoor.

Ons vergeet so maklik hierdie belofte. Selfs Elia het vergeet

toe koningin Isebel dreig om hom dood te maak,

en dit nogal pas na sy triomf op Karmel (1 Kon 18). Hy

slaan op die vlug Berseba toe, daarna’n dagreis die

woestyn in en uiteindelik tot by Horeb, die berg waar die

Here aan Moses en sy volk verskyn het. Daar by Horeb

roep die Here hom uit die grot. Na drie indrukwekkende

natuurverskynsels praat Hy in ’n fluistering in die aandwindjie

met hom (1 Kon 19). Al het Elia anders gedink,

was die Here altyd en heelpad by hom.

As ons hoor dat God by ons is, dink ons onwillekeurig

aan die Immanuelteken (Jes 7:14). Immanuel beteken

immers: God by ons. Uit liefde vir die wêreld het God sy

Seun gegee sodat dié wat glo, die ewige lewe kan hê

(Joh 3:16). Hy kon geen groter gawe aan ons gee nie. Hy

verseker ons: saam met sy Seun gee Hy ons uit genade

alles wat ons nodig het (Rom 8:32).

As ons leed en beproewing so intens beleef dat ons bang

word dat dit ons kan verswelg, kan ons die belofte onthou

dat die riviere ons nie sal wegspoel, die vuur ons skroei,

of die vlam ons brand nie (Jes 43:2b). Nooit is die omvang

en intensiteit van ons leed groter as die genade wat Hy

gee om dit te kan hanteer nie. Selfs al sit Hy aan die

regterhand van die Vader, laat die Seun ons nie los nie.

Hy pleit vir ons (Rom 8:34). Die Here verseker ons: niks

en niemand kan ons skei van sy liefde in Christus Jesus

ons Here nie (Rom 8:39).

Ons leed kan só intens raak dat ons wil bid, maar dat

ons nie aan woorde kan dink nie. Dan pleit die Heilige

Gees met onuitspreeklike versugtinge ooreenkomstig die

wil van God vir ons (Rom 8:26).

As ons beleef dat ons leed tot ’n brandpunt saamtrek,

gebeur ’n wonder. Soos wat die lens die ligstraal by die

brandpunt omkeer, keer die Here in sy almag ons leed

om; Hy laat dit vir ons ten goede afloop (Rom 8:28). As

almagtige God kan Hy, en as ons getroue Vader wil Hy

dit ook doen (HK, antw 26).

Wat kan ek in leed en beproewing doen?

Ons hoef gelukkig nie uit te maak of dit wat ons deurmaak

eenvoudig leed is, en of die Here ons beproef

(soos met Abraham) en of Satan dit doen (soos met

Job) nie. Ons kan eenvoudig erken: Ons kan nie leed

en beproewing verstaan nie.

Die profeet sê vir die stad van God nadat die tempel

vernietig is: ... stort voor die Here jou hart uit soos

water ... (Klaagl 2:19). Gaan lees maar hoedat die

Psalmdigters dit doen. Neem eenvoudig in jou leed

en beproewing jou toevlug na die Here. Sê vir Hom in

gebed wat jy beleef en hoe jy voel. Doen dit in die

wete: Hy beloof dat Hy by jou is en vir jou bly sorg.

Doen dit terwyl jy tog Dawid se gebed jou eie maak:

U is my enigste hoop (Ps 39:8).

Moenie die Here se versekerings vergeet nie. Vertrou

dat Hy woord hou. Steun op sy bystand en genade. Jy

sal ontdek dat dit vir jou genoeg is. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 27
- fokusartikel - Dr. De Wet Saaiman (Durban-Noord)

God se Woord is my antwoord ten opsigte van ...

depressie

(Die artikelskrywer het nie opdrag gehad om op ’n gespesialiseerde, wetenskaplike wyse oor

depressie te skryf nie. Dit gaan slegs om die begrip van depressie vanuit God se Woord. Sielkundige

en mediese aspekte van depressie word nie in diepte bespreek nie. Lesers moet dit in gedagte

hou – Waarnemende redakteur)

’n Definisie van depressie

Dit is goed om te weet dat die term “depressie” nie in die Bybel

voorkom nie. Dit is ’n kliniese term wat eers later geskep is om dié

toestand ’n naam te gee.

Maar wat is depressie? Depressie word soms beskryf as die gewone

verkoue van emosionele siektes (vgl. William Ezell). Dit is ’n gevoel van

totale hulpeloosheid. ’n Gevoel wat hom uitdruk in: Ek sien nie meer kans

nie. Depressie laat jou moedeloos voel – sonder hoop en sonder geloof.

Soos wat die Prediker sê: “Alles, alles is tevergeefs. As jy so voel, beteken

dit nie noodwendig dat jy aan depressie ly nie.

God se Woord en depressie

Die Bybel skets vir ons ’n baie realistiese prentjie oor ons menswees,

kompleet met sy vreugde en pyn, sy hoop en wanhoop. Telkens word die

wanhoop wat ons almal ken, vergelyk met die hoop wat in elke mens se

lewe kán wees.

Ons sien daarom hoe gelowiges anderkant uitkom nadat hulle vir ’n tyd in

die donker vallei van wanhoop was – en elkeen as ryper mense met meer

lewenservaring en ’n nuwe en blywende vreugde in God.

Die Bybel plaas méér klem op geloof in God en op die lewe van oorvloed

in Hom as op menslike lyding en wanhoop. Wat sê God dan in sy Woord

oor depressie?

Daar is baie soorte depressie en vorms van depressie. As daar in God se

Woord verwys word na persone wat in ’n toestand van wanhoop verkeer,

dan is dit eerder ’n geestelike depressie wat onderskei moet word van

kliniese depressie, waarvan die oorsaak geneties-biologies of sielkundigkognitief

kan wees.

Die fokus van hierdie artikel is om vas te stel wat God se antwoord is ten

opsigte van depressie. Enkele voorbeelde van geestelike depressie is:

Jona wat ’n wonderbaarlike redding uit ’n vis se maag beleef het.

Maar met sy eerste teleurstelling

daarna bid hy: “Dit is vir my

beter om te sterf as om te

lewe.”

Daar is ook die Psalms –

Psalms 42-43, 69, 88 en 102

is byvoorbeeld liedere van

wanhoop, maar wat telkens in

die konteks van hoop geplaas

is.

Dawid verval in ’n geestelike

depressie na sy owerspel met

Batseba. Hy het geestelik

depressief geword omdat hy

sonde gedoen het. Dit beteken

egter nie dat sondeskuld of ’n

gebrek aan geloof in God

noodwendig die oorsaak van

depressie is nie.

In die Nuwe Testament lees

ons in Lukas 18:1 dat Jesus ’n

gelykenis vertel het om mense

te help om nie moedeloos te

word nie, maar aan te hou bid.

In Efesiërs 3:3 sê Paulus dat

die gemeente nie moedeloos

moet word omdat hy in die

tronk is en ly om hulle ontwil

nie. In Hebreërs 12:5 hoor ons

dat God ons aanmoediging gee

en sê: “My kind ... moenie

mismoedig word as Hy jou

teregwys nie.” Dan word daar

verduidelik hoe die HERE

moeilike dinge in ons lewe

toelaat om ons te tugtig, en dat

Hy ’n goeie doel daarmee het.

En in vers 12 kry ons die

gevolgtrekking: “Versterk

28 • Die Kerkblad Junie 2010 •
daarom die slap hande en die

lam knieë en loop die reguit

pad.”

Hoe moet ons geestelike

depressie hanteer in die lig van

God se Woord?

Elia onder die besembos is vir ons

’n goeie voorbeeld van hóé God Elia

uit sy geestelike depressie help –

en vir ons ook kan help. Ons lees in

1 Konings 18 hoe Elia ’n absolute

wonderwerk van God beleef het

nadat hy die Baälprofete uitgedaag

het. Ondanks al hierdie valse

profete se smeekroepe is daar

geen god wat hulle antwoord nie.

Maar toe Elia bid, kom daar vuur

van die HERE af en verbrand die

offer. Die hele volk kon net aanmekaar

roep: “Die HERE is God! Die

HERE is God!”

In die volgende hoofstuk lees ons

egter hoe Elia die woestyn in vlug.

Hy verval in ’n geestelike depressie,

gaan sit onder ’n besembos en

wens dat hy kan doodgaan. Hier

bid Elia: “Nou is dit genoeg, HERE!

Neem my lewe, want ek is niks

beter as my voorvaders nie.” En

wat gee die HERE in sy Woord as

oplossing?

Herstel jou liggaamskragte –

God herstel heel eerste Elia se

liggaamskragte deur vir hom

kos voor te sit. ’n Goeie tonikum

vir iemand wat geestelik

depressief is, is ’n vol bord kos

en ’n sluk yskoue water. Dit

versterk jou liggaamskragte. ’n

Gesonde liggaam huisves ’n

gesonde gees!

Versterk jou gees – Die HERE

laat Elia sy gevoelens lug en

vra hom uit na waarom hy daar

is. Hy laat hom al sy frustrasies

uitpraat. Want uitpraat op

sigself is dikwels net die doepa

- fokusartikel -

wat mens nodig het, veral as jy die saak met God uitklaar.

Bly in God se teenwoordigheid – Nadat die HERE Elia se liggaam en

gees versterk het, steek Hy hom aan die werk en maak hom akuut

bewus van sy teenwoordigheid (1 Kon 19:11). Depressie kan weer

gesonde rigting kry deur in God se teenwoordigheid te bly, die Bybel te

bestudeer, insig en uitkoms daarin te soek en te bid, terwyl jy wag op

die leiding van die Heilige Gees.

Herorganiseer jou lewe – Herorganiseer jou lewe en slaan ’n ander

rigting in. Die HERE laat Elia onmiddellik iets doen (1 Kon 19:15). Hy

moet Gasael gaan salf tot koning van Aram, Jehu tot koning van Israel

en vir Elisa tot profeet in sy plek. So maak die HERE met ons. Hy gee

aan ons werk. Een van die vinnigste maniere om van geestelike

depressie ontslae te raak, is om op te hou om jouself in selfbejammering

te bly dompel, en te laat verdrink. Bestee minder tyd aan introspeksie,

wees minder behep met jouself. Gaan help ander mense.

Wat van ’n nuwe projek, ’n betrokkenheid by ander mense se nood?

Kry ondersteuning – Hernuwe ou vriendskappe en kweek nuwe

vriendskappe. In 1 Konings 19:19 ontmoet Elia vir Elisa, en skielik is

sy las ligter. Gedeelde smart is halwe smart, sê die spreekwoord. Dit

trek ook weer die aandag van jou eie probleme af en lig die sluier

voor jou oë om weer die son, die reënboog, die lewe in al sy volheid te

ervaar. Steek jou hand na mense uit wat dalk nog dieper in die put sit

as jy, om vir hulle in die Naam van die HERE iets te beteken.

Vertrou op God

Die heel beste raad is: Vertrou op God! Paulus skryf uit die tronk dat hy

geleer het om in alle omstandighede tevrede te wees. Hy het geweet dat

ons krag van God af kom en dat Hy in al ons behoeftes kan voorsien;

daarom het hy in tye van voorspoed en teenspoed blymoedig en vol

lewensvreugde gebly. Sy kennis van die Bybel, asook sy ervaring, het hom

geleer om te alle tye op God te vertrou, en dit het hom teen moontlike

geestelike depressie beskerm.

Dra al jou probleme en spanning in die gebed aan jou hemelse Vader op.

Glo soos Paulus dat God groter is as jou omstandighede en probleme, en

aanvaar die oorwinning in sy Naam (Rom 12). Net so kan die wete dat

God lewe en in beheer is, ons vandag nog bemoedig en vir ons hoop gee.

Jesus is ons Hoop, ook in geestelike depressie

Ons identiteit as gelowiges word nie deur depressie bepaal nie, maar deur

Jesus Christus. In Hom is ek ’n nuwe mens (2 Kor 5:17), en niks – nie eens

depressie – kan ons skei van God se liefde nie (Rom 8:38-39). Ter wille

van Jesus Christus is Hy by ons, al voel ons nie altyd dat dit so is nie. Hy

wil hê dat ons in ’n intieme verhouding met Hom sal lewe (2 Kor 6:18).

Miskien, my liewe leser, ly jy aan geestelike depressie en jy beleef op

hierdie stadium ’n gevoel van totale hopeloosheid. Jy mag weet: Jesus is

ons Hoop, ook in ons geestelike depressie! DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 29
- diskussie - Ds. PA (Peet) Coetzee (Potchefstroom)

Erfsonde ...

Pelagius

Omstreeks die begin van die

vyfde eeu het die Ierse

monnik Pelagius te velde

getrek teen die erfsonde. Hy

verwerp die gedagte dat daar ’n

erfsonde bestaan wat alle mense

van Adam af by wyse van voortplanting

geërf het. Volgens Pelagius

het die val van Adam geen

konsekwensie vir sy nageslag

gehad nie. Elke mens word weer in

Adam se geskape toestand gebore.

Dat die mens, wat sondeloos

gebore word, wel sondig, is nie aan

erfsonde te wyte nie, maar aan

navolging van verkeerde voorbeelde,

aldus Pelagius. Hierdie verwerping

van die erfsonde het dan ook

konsekwensies gehad vir die leer

oor die vrye wil van die mens.

Volgens Pelagius was Adam nie

heilig nie, maar neutraal met die

wil om te kan kies vir die goeie of

die kwaad, en hy het die kwaad

gekies. Elke mens word dan gebore

om net soos die eerste mens te

wees, naamlik neutraal met ’n vrye

wil, daarom kan daar sondelose

mense wees.

Augustinus

Augustinus, wat in 386 nC tot

bekering gekom het, het baie skerp

verskil van Pelagius. Hy het op

grond van die Skrif geleer dat die

mens aan Adam verbind is, dus

erfsonde. Wat met die mens

gebeur, is die volgende:

Hy is geskape met die vermoë

om nie te sondig en nie te sterf

nie.

weer onder die soeklig

Dit raak al hoe duideliker dat die leer oor die erfsonde weer

onder die soeklig kom. Vanuit die humanisme word die klem

gelê op die vryheid van die wil, wat dan sou beteken dat die

sonde nie in die natuur van die mens is nie, maar alleen uit

dade bestaan. Die mens kan deur ’n aantal goeie dade die

lelike (sondige) dade neutraliseer en weer in onskuld lewe.

Daar is diegene wat die gedagte verwerp dat ons almal deur

afstamming betrokke is en geraak word deur die sonde van

Adam. Hierdie kritiek word wel vandag gehoor, maar is al meer

as 16 eeue oud.

Met hierdie artikel wil ek geensins aanspraak maak dat ek die

saak volledig behandel en op alle aspekte van die saak ingaan

nie.

Hy sou toe gekom het in die staat van die

onvermoë om te sondig te sterf.

Maar nou het die mens gesondig, en toe

kom hy in die staat van die onvermoë om

nie te sondig en nie te sterf nie.

Augustinus

Sinode van Karthago

Op die Sinode van Karthago in 418 word

Pelagius se leer veroordeel. Sy leer leef egter

nog steeds voort in die gedagte van die semi-

Pelagiane, dat die mens nie dood is in die

sonde nie, maar siek. Nou moet die mens uit hierdie siektetoestand gered

word, en dit gebeur deur samewerking tussen God en die mens met sy

vrye wil.

Hierdie leer word dikwels gehoor in uitsprake soos dat die mens sy hart

vir die Here moet oopmaak, as voorwaarde vir die Here om in jou lewe te

kom. Die implikasie is dat die saligheid tog op die ou end in die hande van

die mens is.

Wat leer die Woord van God en ons belydenisskrifte oor die saak?

WAT LEER DIE WOORD?

Ten eerste is die mens dood in die sonde:

30 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Efesiërs 2:1 – “Julle was dood as gevolg van julle oortredings en

sondes.” Hiermee word bedoel dat die mens geestelik dood is. ’n

Geestelik dooie mens het nie ’n vrye wil nie, hy kan nie sy hart vir die

Here gee nie.

Eksodus 20:5, 6 – “... want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God

wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die

derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys

barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie

onderhou.”

Job 14:3 – “Wie kan rein uit onrein laat voorkom? Niemand nie!”

Psalm 51:7 – “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai

toe my moeder swanger geword het.”

Jesaja 32:18 – “U bewys u troue liefde aan duisende geslagte, maar U

straf kinders vir die sondes van hulle ouers.”

Psalm 14:3 – “Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar

is niemand wat goed doen nie, selfs nie een nie.”

Romeine 3:23 – “Almal het gesondig en is ver van God af.”

Romeine 5:12 ev – “Daarom, soos deur een mens die sonde in die

wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot

alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het ...”

WAT LEER DIE BELYDENISSKRIFTE?

Die Heidelbergse Kategismus leer in Sondag 3, vraag 7: “Waar kom

hierdie verdorwe natuur van die mens dan vandaan? Antwoord: Van

die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in

die paradys. Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in

sonde ontvang en gebore word.”

Die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 15, leer: “Ons glo dat die

erfsonde deur die ongehoorsaamheid van Adam oor die hele menslike

geslag uitgebrei het. Dit is ’n verdorwenheid van die hele natuur

en ’n oorgeërfde gebrek waarmee selfs die klein kindertjies in die

moederskoot besmet is.” Erfsonde is dus ’n oorgeërfde gebrek. Die

konklusie uit Artikel 15 NGB is dus dat die verdorwenheid van die

hele menslike natuur van geslag tot geslag oorgedra word.

Die Dordtse Leerreëls, hoofstuk 3 en 4:2 leer: “Net soos die mense na

die val was, so was ook die kinders wat hy voortgebring het. As

verdorwene het hy verdorwe kinders voortgebring. Dit hou in dat die

verdorwenheid, volgens die regverdige oordeel van God, van Adam af

op al sy nakomelinge oorgegaan het. Net Christus is hierin ’n uitsondering.

Die verdorwenheid van die mens ontstaan dus nie deur

navolging, soos die Pelagiane vroeër beweer het nie, maar deur die

voortplanting van die bedorwe natuur.”

Die mens bring dus as verdorwene verdorwe kinders voort (voortplanting),

onbekwaam tot enige goed en geneig tot alle kwaad.

Hoe moet ons leer oor die erfsonde verstaan?

Om hierdie leer beter te verstaan, is daar in die Dogmatiek ’n onderskeiding

gemaak tussen erfskuld en erfsmet.

ERFSKULD dui op die feit dat Adam se skuld vir sy oortreding ook ons

skuld geword het, deurdat God ons dit toereken. “Adam se oortreding

- diskussie -

word deur God self aan die ganse

menslike geslag toegereken en wel

op grond van die organiese samehang

van die menslike geslag met

Adam” (Heyns, 1978).

ERFSMET is die aangebore verdorwenheid

van die ganse menslike

natuur. Hierdie verdorwenheid toon

twee aspekte:

Dit wat die mens verloor het:

die mens het al die goeie

gawes wat die geskape mens

oorspronklik gehad het, verloor.

Hy besit nie meer die goeie

gawes nie. Hy het nou ’n

bedorwe natuur.

Dit wat bygekom het: die mens

het egter iets bygekry wat hy

nie gehad het nie, en wat God

nie gegee het nie, naamlik dat

hy as mens deur die verkeerde

en slegte begeerlikheid as

heersende en rigtinggewende

mag in sy lewe oorheers word.

Hy het nou geword onbekwaam

tot enige goed en geneig tot

alle kwaad.

Erfskuld en erfsmet sê dus dat alle

mense by Adam gereken word. Ons

het almal deel aan ’n menslike

natuur waarop daar nie net skuld

rus nie, maar wat ook bedorwe is

tot in sy diepste wese (Heyns,

1978).

Ons dank God dat Hy wat die skuld

van die eerste Adam ons toegereken

het, ons ook die genoegdoening, geregtigheid

en heiligheid van Christus

wil toereken. Daarom doen ons belydenis,

nie alleen van ons daadsondes

nie, maar ook van ons sondige bestaan

(erfsmet en erfskuld).

So bely ons dan ook in die Heidelbergse

Kategismus, So. 14, v/a 36:

“Watter nut verkry jy uit die heilige

ontvangenis en geboorte van Christus?

Antwoord: Dat Hy ons Middelaar

is en met sy onskuld en volkome heiligheid

my sonde waarin ek ontvang

en gebore is, voor God bedek.” DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 31
- gemeentebeeld - Ds. Jan Malan (Burgersdorp)

Geref. Kerk Burgersdorp

Die naam Burgersdorp roep herinneringe op van

ou Doppers met groot ywer, kerkstryd wat

uitgeloop het op die stigting van die Gereformeerde

Kerk, die begin van die Teologiese Skool en

die PUK, asook name van persone wat veral hier hulle

stempel afgedruk het, soos ou Vader Postma, Jan Lion-

Cachet en ander.

Bring jy besoek, praat die bergagtige wêreld van Burgersdorp

saam met die stemme uit die verlede – hier op die

plato agter die eskarp van die Stormberg, aan die randjie

van die Karoo. ’n Wêreld wat goed was vir sy mense onder

die genade van die Here. Met mense wat, dankbaar vir

genade, standpunt ingeneem het vir die beginsels van

die Woord, vir wat reg is in kultuur en politiek. Die taalmonument

op die dorpsplein getuig van die oortuiging en

oorwinning dat Hollands – die taal van die inwoners –

haar regmatige plek in die parlement moet inneem

(1893); die burgermonument vir die gesneuweldes by

die Slag van Stormberg, en vir burger Klopper wat as

rebel tereggestel is, prof. Cachet se seun Salmon wat

gesneuwel het en hyself wat in die tronk aangehou en

verhoor is op ’n klag van hoogverraad; teologiese studente

wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het. Op alle

terreine is voortdurend verantwoording gevra – roepingsvervulling

kon nie uitbly nie.

• 150 jaar •

Die bakermat

Die Albert-distrik was die bakermat van die Doppers.

Dit was mense wat opvallend van die Engelse

kultuur en die 19de-eeuse modernisme verskil het.

Aanvanklik was Graaff-Reinet hulle kerklike bedieningsentrum.

Dit maak die afsondering waarin hulle

gewoon het, duidelik. Hulle was streng godsdienstig

en, ondanks weinig kerklike kontak, het hulle geleef

met die Statebybel met sy kanttekeninge, belydenisskrifte

en werke van die oude skrywers soos Comrie,

Smytegeld en A’Brakel.

Hierdie gemeente se geskiedenis is nou verbonde

aan die kerklike stryd wat reeds in die 1830’s in die

ring van Graaff-Reinet ontstaan het oor die Skriftuurlikheid

van die gesangebundel. Die populêre opvatting

is dat die Dopperkwessie net oor die gesange gegaan

het, maar die klagtes het aangegroei oor preke wat nie

Skrifgebonde was nie, predikante wat hulle nie aan die

gereformeerde belydenisskrifte wou onderwerp nie, en

dat die gesangekwessie met kerklike gesag en nie op

grond van die Skrif opgelos is nie.

Op ’n stadium in hierdie tydvak was meer as die

helfte van die Hollandssprekende kerk in die Kaapkolonie

se predikante Engelssprekend. Onder hulle

leiding het die kerke piëtisties en met metodistiese

32 • Die Kerkblad Junie 2010 •
trekke gereageer op die tydsgees

van die Franse Revolusie, en die

rasionalisme en liberalisme wat

vanuit Nederland ook hier posgevat

het. Dit word in bogenoemde

klagtes weerspieël.

Kerkstigting

Van hulle het met die Groot Trek

noord getrek, en vind in die Hervormde

Kerk in Transvaal dieselfde

liberalisme en dwang in die kerklike

lewe. In 1859 is die Gereformeerde

Kerk Rustenburg gestig.

Waar die wortels in die Oos-Kaap

se agter-Sneeubergstreke gelê het,

is die eerste gemeente van die

kerkverband in die noorde.

Maar wat vir ons van belang is,

is dat vandaar reeds in 1859 na die

suide uitbeweeg is om in die

Vrystaat te Reddersburg ’n Gereformeerde

kerk te stig, en van daar af

kontak met die Doppers in die

Albert-distrik gesoek is. Ds. Postma

preek reeds in 1859 in Burgersdorp.

Met die stigting van die

Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie

op die plaas Roosterhoek

in die Albert-distrik word die sirkel

voltooi.

Vandag kan ’n mens in terugskouing

waardeer dat onder hierdie

afgesonderde mense sedert die

1830’s dieselfde proses, op

dieselfde beginselgronde, voltrek

as in Nederland, Skotland en

Staande: Ds. Frikkie Greeff van

die NG Kerk Burgersdorp en sy

vrou Marlene, dr. Jan en Dicky

Venter, ds. Jannie en Marthie

van der Schyff, Marja en ds.

Dirk Pansegrouw, Anél en ds.

Dreyer Potgieter, ds. Jan en

Helena (Krummel) Malan, Elna

Potgieter, André Aucamp en

ds. Theuns Potgieter.

Sittend: Dr. en mev. Petrus en

Etta Kruger, prof. Amie van

Wyk en Ina, ds. Roelie

Aucamp.

Prof. Letsosa en sy vrou moes

vroeg vertrek en is afwesig op

die foto.

- gemeentebeeld -

Amerika – sonder dat hulle aanvanklik geweet het van die ander. Dit

behoort ’n aanduiding te wees dat die dryfveer ter plaatse nie sektaries

was nie, maar gedra deur die strewe na ’n vrye gereformeerde kerk.

Teen die gees van hulle tyd in het die Gereformeerdgesindes ’n fyn

aanvoeling gehad vir die verbondsprediking en die voortdurende verankering

in God se uitverkiesing, soos in die belydenisskrifte uiteengesit. Die

ywer vir ’n vrye kerk het mense ondanks smaad en groot opofferings laat

volhard in die vestiging en uitbou van ’n kerk en Gereformeerde gemeenskap.

Verdere nalatenskap hiervan is onder meer die Teologiese Skool en

die latere PU vir CHO.

Ook opofferings vir sake wat nie die tyd oorleef het nie, soos die oprig

van ’n vrye Christelike skool deur die gemeente van Burgersdorp, getuig

van die besieling wat hierdie mense gedryf het.

Feite uit sinodehandelinge 1869

Teen 1869 kom ’n paar interessante feite uit die sinodehandelinge na

vore. Toe was, volgens die statistiek in die Handelinge, die lidmatetal van

die Gereformeerde Kerk:

Die 5 gemeentes van die Zuid-Afrikaansche Republiek 1 397

Die 4 gemeentes van die Oranje Vrijstaat 985

Die 6 gemeentes van die Kaap Kolonie * 1 980

TOTAAL: 4 362

Lidmatetal van Burgersdorp: 922

(* spelling soos in die Handelinge van die sinode.)

Burgersdorp maak toe 21% van die totaal uit, en 46,5% van die

Kaapkolonie se totale lidmatetal, byna dieselfde as die vier gemeentes

van die Vrystaat saam. Dit is ook die grootste gemeente in die drie state,

met die naasgrootste Reddersburg met 651, en Rustenburg met 603. Dit

wys dat byna die helfte van al die Gereformeerdes toe nog in die Noordoos-Kaap

was – 1 980 van die 4 362.

Hierdie Sinode besluit om die teologiese skool op te rig op Burgersdorp,

deur die bestaande inrigting wat die kerkraad self onder leiding van

hulle leraar daargestel het, uit te brei – Burgersdorp het dus reeds begin

met predikante-opleiding!

Net die volgende dag besluit die Sinode ook om die skool só in te rig

dat ook onderwysers daar opgelei kan word, asook om jongelinge wat nie

met ’n bepaalde doel studeer nie, geleentheid te gee om “na hulle

• Die Kerkblad Junie 2010 • 33
Bo: Dr. Jan Venter lewer sy feesrede in

die kerkgebou.

Onder regs: Br. Willie Henning kon nie

die versoeking weerstaan om sy oupa

se manel en klei aan te pas nie ...

vatbaarheid” gebruik van die skool

te maak.

Herdenking

In die lig van al bogenoemde

gebeure was dit ’n groot voorreg

dat die Teologiese Skool sy viserektor,

prof. Rantoa Letšosa, gestuur

het om die herdenking met die

gemeente mee te maak en die

geluk- en seënwense van die Skool

oor te dra. Op sigself was die feit

dat die viserektor uit die voormalige

Sinode Middellande kom,

tekenend van hoe die geskiedenis

van ons kerk gaan oor Skrifbeginsels

wat voortgedra word, en nie

bloot oor die oorspronklike stigters

nie.

Die herdenking van al hierdie

gebeure het op die naweek van 13-

14 Maart 2010 saamgetrek. Vooraf

is tydens aandbyeenkomste besin

oor die grondlegging van die kerke

se fondament en oor die belewing

van ons jongmense van die Gereformeerde

Kerke en hulle waardering

van dit waarvoor die kerk

staan in die lig van haar geskiedenis.

Die statistiek toon ’n anomalie:

Lê dit by jongmense se gebrek aan

waardering, of het die kerk sy

grondbeginsels verduister dat die

statistiek oor jongmense in ons

kerk so treurig lyk? Baie interessante

waarnemings en bruikbare

perspektiewe vir die pad vorentoe is geopper. Ons onderlinge meelewing,

liefdesbetoon en uitleef van waarvoor ons staan, is sake waaraan ernstig

gewerk sal moet word.

Hoogtepunt

Die herdenkingsnaweek self was ’n reuse hoogtepunt. Dit het

afgeskop met die sustersaamtrek vir die Oos-Kaap, met ’n rekordbywoning.

Prof. Amie van Wyk was die spreker, met die tema: Die vrou –

diensbaar vir God. Daarmee is die naweek sommer ingelui met die

boodskap dat dit in ons waardasie nie gaan oor hoe trots ons kan wees op

wat ons bereik het nie, maar oor die vraag of ons diensbaar aan God is in

die lig van Matteus 5:13-16: Sout vir die aarde en ons lig laat skyn.

Die middag is die museum besoek waar prof. Postma se studeerkamer

besigtig kan word, en die buitegeboue waar die klaskamers vir die

eerste teologiese skool ingerig was. Wanneer ons, gewoond aan vandag

se geriewe, die losiesgeriewe – duiwehokke, soos die studente dit

genoem het – beskou, besef ’n mens hoeveel opofferings ook die jongmanne

van daardie tyd bereid was om te maak vir die beginsel.

As ’n mens dink aan die manne vir wie hierdie karige geriewe die

afspringplek was vir ’n lewe wat baie tot stand gebring en baie ander se

lewens verryk het, stem dit tot diepe nadenke. Predikante soos Totius,

Petrus en Dirk Postma, en Ferdinand Postma wat die “vader” van die PUK

was. Nie hulle nie, maar die nalatenskap van hulle gawes, is iets om

oneindig dankbaar oor te wees.

Daarna was dit tyd vir besinning: Onder die vertoon van historiese

foto’s en die geklank van gewyde orrelspel het ’n bo-verwagte groot

aantal belangstellendes in die kerkgebou byeengekom. Groetes, geluk- en

seënwense is oorgedra, daar is lustig saamgesing aan Psalms en Skrifberymings.

Toe het die hoofitem aangebreek: dr. JL Venter se feesrede. Hy is

’n gewaardeerde oudleraar van die gemeente, tans emeritus van Pretoria-

Annlin.

Dr. Venter het die gemeente se geskiedenis

vanuit drie tydperke beskou: ’n Nederige begin

(1860-1910), geseënde groei (1910-1960) en

kerklike verskuiwinge (1960-2010).

Die nederige begin was prinsipieel veranker,

en veral die teologiese skool het getoon hoedat

dit nie soos ’n tolbos teen die grensdrade

vasgewaai het nie, maar soos pluimsaad wyd

gesaai is. Onderwys was van primêre belang en

dan geanker in ’n bepaalde lewens- en wêreldbeskouing.

Hierdie dinge het identiteit aan die

gemeente verleen.

Gedurende die tweede tydperk het ds. Dirk

Postma (M sn.) ’n bepalende rol gespeel. Hy het

’n vingerafdruk van konserwatisme op die

gemeente gelaat in sy 35-jaarlange bediening.

In hierdie tydperk het onderverdeling van grond,

droogtes en verstedeliking die gemeente se

lidmaatgetalle aansienlik laat krimp.

Die derde tydperk is dié van kerklike verskuiwinge

wat die gemeente nie onaangeraak

gelaat het nie. Ons verkeer in ’n totaal ander

kerklike milieu as 150 jaar gelede. Gereformeerdes

het geen bepalende inspraak meer in

34 • Die Kerkblad Junie 2010 •
landsake nie, ons mense word spesifiek met

betrekking tot taal, kultuur en godsdiens gemarginaliseer.

Wat dit opmerklik maak dat die

taalvegters nie meer soos 150 jaar gelede uit

kerklike geledere kom nie, maar uit oorde soos

die ATKV, Solidariteit en Afri-Forum. En al hierdie

dinge plaas ons eintlik terug in dieselfde stryd as

wat ons voorvaders 100 jaar gelede hier in

Burgersdorp beleef het.

Die toekoms

Vir die toekoms van Burgersdorp se gemeente

sluit dr. Venter aan by ds. Marthinus Postma

se gedenkrede 100 jaar gelede, toe hy teruggedink

het aan die woorde van Sagaria 4:10 wat

dikwels deur hulle “geliefde en onvergeetlike” vader Postma gebruik is:

“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.” Sy toekomsperspektief

aan Burgersdorp is dat ons identiteit geleë is in ons kleinheid voor

God, ons vertroue in God, ons dankbaarheid, ons handhawing van die

waarheid, ons aanpassingsvermoë en ons roepingsvervulling na buite.

In beide dr. Venter se rede as die preek Sondagoggend het die

duidelike verwysing na die ooreenkomste tussen die tyd van die ou

Doppers se stryd en ons tyd, na vore gekom. Die boodskap van ’n Enige

God, absolute waarhede en belydenis op die Skrif gegrond, is weer in

gedrang. Die uitdagings is nie kleiner nie, maar die omstandighede

verskil hemelsbreed. Vandaar die eis om aanpasbaarheid om ons

identiteit te handhaaf en uit te dra.

Die toets gaan wees of ons in tye wat kom al minder in ons eie oë

sal word, al kleiner voor God sodat Hy sy grootheid in ons gemeente kan

openbaar, en of ons bereid is om ons werkskoene aan te trek as ons ’n

duidelike spoor vir ons nageslag wil nalaat.

Pitkos, soos u kan sien, was daar genoeg. Dit moet oor tyd verteer

en in werking gestel word! Die Saterdagaand het almal heerlik saamgekuier

met die vyf lammers wat gespitbraai is. Sondag ná die erediens is

tee gedrink, vir oulaas gekuier, en het almal gegroet.

Waar staan ons oor nog 50 jaar? DK

Bo:

Die spitbraaiers is Tjokkie Marx en sy

seun Abraham.

Onder links:

Burgersdorp se WOELIGE TOEKOMS!

(Hulle was glad nie gediend met die

fotograaf nie.)

Onder regs:

Die katkisasiekinders is ’n paar van

ons 2010-groep.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 35
- Skrifstudie - Ds. DHP (Dirk) Wijnbeek (Steynsburg)

Geloof en finansies

Die genade van Jesus gee inhoud

Lees: Romeine 15:25 – 31; 1 Korintiërs 16:1-4; 2

Korintiërs 8:1-15

Fokus:2 Korintiërs 8:8-9

As daar iemand was op wie die genade van die

Here Jesus ’n groot impak gemaak het, was dit

Saggeus, die hooftollenaar van Jerigo. Hy wou

baie graag vir Jesus sien, maar weens die skare kon hy

nie, omdat hy te kort was. Hy het toe vooruit gehardloop

en in ’n wildevyeboom geklim sodat hy Jesus kon sien,

want Hy sou daarlangs verbygaan. Toe Jesus vir hom sê

om af te klim omdat Hy in sy huis wou tuisgaan, het hy

gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Hoor dan

wat sê Saggeus: “Here, ek gaan die helfte van my goed

vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers

het, gee ek dit vierdubbel terug.”

In die Bergpredikasie het Jesus gesê: “Moenie vir julle

skatte op die aarde bymekaar maak waar mot en roes dit

verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir

julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit

nie verniel nie, en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Hy het ook

gesê dat ’n mens nie vir twee base tegelyk kan werk nie,

omdat ’n mens noodwendig aan die een meer aandag

sal gee as die ander, met die praktiese toepassing: “Julle

kan nie God én Mammon dien nie.”

Johannes het weer geskryf: “Moenie die sondige wêreld

en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die

wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die

wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles

wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom

nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld

met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil

van God doen, bly ewig lewe.” Daarom moet ons kies, en

dié keuse sny deur ons hele lewe en die manier waarop

ons met ons geld en aardse goed werk! Só het dit ook

skielik vir die skatryk tollenaar Saggeus duidelik geword.

Paulus se projek om geld in te samel vir die verarmde

Christene in Jerusalem is ’n praktiese voorbeeld van die

geweldige impak wat die genade van die Here Jesus

maak op die manier waarop ons as gelowiges met ons

geld en aardse goed werk. Die Jerusalem van Paulus se

tyd was nie ’n ryk en welvarende stad nie. Vanweë die

Romeinse oorheersing was die land ook lankal nie meer

aan ons lewe

die land wat oorloop van melk en heuning nie, en die

goue tyd van Salomo nog net ’n vae herinnering. Finansieel

het dit met die eerste Christelike gemeente wel

aanvanklik goed gegaan, omdat dié wat grond of huise

besit het, dit verkoop en die geld vir die apostels gegee

het om uit te deel waar daar behoefte was. Toe dié bron

egter op is, was daar nie meer om in die armes se behoeftes

te voorsien nie. Verder het baie lidmate vanweë die

vervolging van die Christene uit Jerusalem gevlug en elders

gaan bly. Dít het die gemeente nog meer verarm

en in die nood gedompel.

Die enigste plek waar Paulus vir hulp kon aanklop,

was in die buiteland, by die gemeentes wat hy op sy sendingreise

gestig het en waarvan baie lidmate oorspronklik

heidene was. As Paulus vir die Korintiërs skryf dat

hulle ’n jaar gelede nie alleen die eerste was wat iets in

hierdie verband gedoen het nie, maar ook die eerste was

wat gewillig was om iets te doen, lyk dit of die plan van

’n fondsinsameling vir die medegelowiges in Jerusalem

baie goed in Korinte ontvang is. As hulle bydrae egter na

dié jaar nog steeds nie gereed is nie, en dit nadat hy in

’n vorige brief al die voorstel gemaak het dat elkeen

weekliks na sy vermoë tuis iets opsy moet sit en dit so

moet opspaar, is daar êrens met die Korintiërs ’n fout.

Dieselfde probleem het hy ook al beleef toe hy nog hulle

predikant was. Toe het hy uit sy pad gegaan om selfversorgend

te wees en af te sien van sy reg op versorging.

Hy sê hiervan in 1 Korintiërs 9:12 – “Ons dra al die koste

self sodat ons geen hindernis in die weg van die evangelie

van Christus sou lê nie.” Om dié diepgewortelde probleem

van die Korintiërs uit te wys en aan te spreek, wys hy

hulle op die voorbeeld van die gemeentes van Masedonië.

So skryf hy in 2 Korintiërs 8:8 – “Ek gee nie ’n opdrag

nie, maar ek wys julle op die ywer van ander om daardeur

die opregtheid van julle liefde te toets.”

Die gemeentes van Masedonië was die gemeentes

van Filippi, Tessalonika en Berea. Waar die Korintiërs self

baie genade van die Here ontvang het, en ook baie goed

daarvan bewus was hoe geseënd hulle was, sal dit hulle

goed doen as hulle ook kennis neem van die genade

wat die gemeentes van Masedonië ontvang het, en hoe

dié genade by hulle grondgevat het! Húlle het spontaan

en ruim bygedra, en as jy kyk na die omstandighede waarin

hulle hul bevind het, is dit duidelik dat die Here werklik

deur sy Gees in hulle gewerk en hulle lewens regeer het.

36 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Hulle het iets daarvan verstaan om skatte in die hemel

bymekaar te maak, en hoe dit rigting gee aan hoe ’n

mens voel oor geld en wat jy met jou geld maak!

Kyk net wat sê Paulus dan nog verder van dié gemeentes

se geestelike lewe. Dis eerstens hulle vreugde ten

spyte van die verdrukking wat hulle so swaar beproef

het. Dié vreugde is die allesoorheersende vreugde dat

God hulle verlos het. Tweedens hulle besondere vrygewigheid

ten spyte van hulle armoede – 2 Korintiërs 8:2

sê dat hulle ryk was in hulle oorvloedige vrygewigheid.

Só het hulle na vermoë, en selfs bó hulle vermoë bygedra!

Nog belangriker as die werklike geldwaarde van hulle

bydrae was die gesindheid waarmee hulle gegee het. 2

Korintiërs 8:4 sê dat hulle uit eie beweging bygedra het,

sonder dat daar enigsins druk op hulle toegepas is. Dit

was ook nie maar net ’n blote gee om te gee, en daarmee

is die saak afgehandel nie. Nee, hulle het daarop aangedring

om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening

aan die gelowiges in Judea. Dit wys dat hulle harte in

hierdie saak was. Verder het hulle hul hierin tot beskikking

van Paulus gestel as mense wat hulle aan die Here

oorgegee het.

So het die bydrae van die Masedoniese gemeentes

baie dinge aan die lig gebring en daadwerklik gewys dat

die genade van die Here nie net hulle siele geraak het

nie, maar inderdaad ’n geweldige impak gehad het op

hulle hele lewe. Dán sien jy wat Jesus bedoel het toe Hy

tydens die Loofhuttefees in Jerusalem gesê het: “As iemand

dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die

een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Str tr trome trome

ome le lewende le ende ende

wat at ater at er sal uit sy binneste vloei.”

Vir die Korintiërs, wat self so baie geestelike gawes

van die Here ontvang het – 2 Korintiërs 8:7 sê: “Aangesien

julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle

woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons

liefde vir julle ...” – moes hierdie voorbeeld van die Masedoniese

gemeentes hulle diep laat nadink het! En dan

gee Paulus ook vir hulle die sleutel om te kan nadink

wanneer hy sê: “Julle ken die genade van ons Here Jesus

Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm

geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.” Dis

dié genade dat Hy Homself verneder en die gestalte van

’n slaaf aangeneem en aan die mense gelyk geword het

en gehoorsaam was tot in die dood aan die kruis.

Só het Hy ter wille van ons arm geword, sodat ons

deur sy uiterste armoede ryk kan word. Wat ’n genade!

Dáárdie genade laat ’n mens nie onaangeraak wanneer

jy bewus word van andere se nood en armoede nie, maar

bring jou juis in beweging, soos wat dit die gemeentes

van Masedonië in beweging gebring het. Dan is dit ook

nie meer nodig om nog bepaalde voorskrifte te gee en

presies te sê hoeveel elkeen moet bydra nie. 2 Korintiërs

8:12 sê: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens

wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van

- Skrifstudie -

hom wat hy nie het nie.”

So kan ons sien hoe radikaal anders ’n mens oor geld

en die hantering van geld en aardse goed dink en daarmee

werk as jy begin by die genade wat jy in Christus

ontvang het. Hieruit kon die Korintiërs ook sien waar hulle

fout was en wat die rede was waarom die fondsinsameling

nie by hulle van die grond af kon kom nie.

Dit het ook nie net betrekking op fondsinsamelings

vir verdienstelike sake nie. Luister maar net na die vermaning

wat Timoteus in 1 Timoteus 6 aan die rykes moet

gee: “Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om

nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op

die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat

alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om

goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en

mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n

goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe

sal verkry.”

Dit bring ons terug by Jesus se woorde dat ons nie vir

God én Mammon kan dien nie, en dat ons vir ons skatte

bymekaar moet maak in die hemel. Want die impak wat

die genade van ons Here Jesus Christus op ons het, verander

ons hele lewe – kyk maar net weer na die gemeentes

van Masedonië! As jy egter dink dat die genade van die

Here Jesus net met die saligheid van jou siel en die toekoms

van jou siel te doen het, maar jy ’n groot fout! Dit

het ons by die Korintiërs gesien!

Daarom het ons vandag ’n groot roeping in ’n wêreld

wat vasgevang is en al meer vasgetrek word in die greep

van materialisme en die verregaande beheptheid met

aardse goed. Eerstens moet ons wys dat ’n mens nie vir

God en Mammon tegelyk kan dien nie, en dat ’n mens

duidelik moet kies. Tweedens moet ons die kommer en

sorge van die lewe hanteer soos wat Jesus dit vir ons in

die Bergpredikasie geleer het: “Julle moet julle dus nie

bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons

aantrek?’ nie. Dis alles dinge waaroor die ongelo ongelowiges

ongelo ongelo wiges

begaan is. Julle Julle hemelse hemelse V VVader

V ader w wwee

w wee

ee eet ee t t ttog

t og dat julle dit alles

nodig het.” Hy weet, want dis sy Seun wat ter wille van

ons arm geword het, sodat ons deur sy armoede ryk kan

word. Deel van hierdie rykdom is dat ons juis ten volle

kan reken op die Vader in die hemel wat vir die trekvoëls

jaar na jaar sorg, en wat die lelies van die veld met groter

prag klee as al die spoggerige klere wat Salomo met sy

baie geld vir homself kon aanskaf.

Daarom is dit ten slotte óf God óf Mammon. Ons moet

kies, omdat ons die genade van die Here Jesus Christus

ken. Kies, soos wat Saggeus gekies het, en die gemeentes

van Masedonië. Natuurlik leef ons nog in die wêreld,

en natuurlik moet ons ook gebruik maak van die banke

van die wêreld, maar as dit die enigste banke is wat ons

ken, is daar fout! Die impak van die genade van ons Here

Jesus Christus laat ons besef dat daar ook nog ’n bank

in die hemel is! DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 37
- besinning -

’n Gerehabiliteerde

Fariseër!

As Paulus homself aan die gelowiges in Rome voorstel, dan wys hy

hulle daarop dat God hom “afgesonder het vir die evangelie” (Rom

1:1). Die woordjie in die Griekse taal vir “afgesonder” (aforismenos)

het dieselfde stam as die woord vir “fariseër” (farisaios).

Nou kan ons onthou dat Paulus reeds voor sy bekering homself afgesonder

het vir die wet en dus aan die party van die Fariseërs in Jerusalem

behoort het (Hand 23:6; Fil 3:5). Die Fariseërs was destyds die godsdienstige

party wat hulle beywer het dat Israel die wet van Moses nakom. Hulle

was vroom en godvresend en vir ander ’n goeie voorbeeld in hulle lewenswandel.

Hulle was egter slawe van die wet!

Paulus noem homself in Romeine 1:1 nie meer ’n slaaf van die wet nie,

maar wel ’n slaaf (Grieks: doulos) van Christus. Die woord “slaaf/dienskneg”

dui dan op ’n galeislaaf wat in die onderdek die roeiwerk moes

doen terwyl hulle aan die romp van die skip vasgeketting was. So sien ons

nou, na sy bekering vir Paulus, onder-roeier op die skip waarvan Jesus die

Stuurman is, en die gemeente die soldate wat op die skip reis om in die

volgende geveg betrokke te raak. ’n Nederige werk, maar tog so belangrik.

God het Paulus reeds voor sy geboorte (Gal 1:15) vir hierdie dienswerk

afgesonder, maar wanneer hy dan bekeer raak, word hy ook spesiaal

“afgesonder as apostel vir die heidene”. Hy was verslaaf (bv. soos ’n

alkoholis of dwelmslaaf) aan die wet waarvoor hy homself as Fariseër

afgesonder het, kom tot bekering as Christus hom soos ’n brandhout uit

die vuur ruk, en so word hy van sy slawerny aan die wet gerehabiliteer!

Nou word Paulus ’n slaaf van Christus, verbonde aan Christus nie uit

dwang nie, maar deur die roeping van die Gees, en dus gewilig om selfs

die swaarste lyding vir Christus deur te gaan (lees gerus weer Fil 3). Ons

lees in byna al sy briewe van sy passie vir die kerke onder die heidense

nasies. Daar is ’n vuur in Paulus. Die vuur van die Gees van Christus! Die

Heilige Gees dryf hom. Die passie vir die wet (as Fariseër) word nou herlei

na die vurigheid om die evangelie (nie die wet nie) aan die heidennasies

te verkondig. Afgesonder vir die evangelie is hy dus nou ’n gerehabiliteerde

Fariseër!

Die hele Romeine-boek handel juis oor hierdie feit: Ons wat gedink het

dat ons onsself kan red, ons wat probeer om met ’n voorbeeldige lewe in

die hemel te kom, ons wat niks anders as wettiese Fariseërs was nie, ons

het nou deur die geloof ’n verhouding met Christus. Ons is nou slawe,

Ds. Maarten van Helden (Centurion)

maar nie van goeie werke nie, wel

van die Here Jesus. Deur ons geloof

kry ons deel aan (verhouding met)

Jesus Christus, en ontvang ons dus

ook alles wat Hy vir ons gedoen

het: Hy het in ons plek die skuld

van ons sonde voor die hemelse

Regter gedra! Ons word vrygespreek

en ons mag lewe – nou die

nuwe lewe in Christus, en daarby

die ewige lewe tot in ewigheid

saam met Christus.

Ons moet egter nooit verwaand

word nie, want enige gerehabiliteerde

mens (bv. ’n gewese alkoholis)

moet onthou waarvandaan hy/

sy gekom het. Hy en sy moet weet

dat hulle die res van hulle lewe

nooit weer hulle mond aan drank

kan of mag sit nie. En elke versoeking

in dié verband sal ’n heftige

stryd tussen vlees en gees wees.

So ook met die sogenaamde

gerehabiliteerde Fariseërs, soos ek

en jy. Ons mag bekeerd wees en in

Christus glo, en ons mag dus

heerlik op pad wees na die ewige

lewe, MAAR ... die stryd is nie verby

totdat ons voete in Sion staan nie.

Eers dan, as ons deur die krag van

Christus en sy Gees volhard het, sal

ons ook soos Paulus kan sê: Ek het

die goeie stryd gestry, ek het die

wedloop voltooi, ek het die geloof

behou (2 Tim 4:7).

Aangename kennis ... ek is ook ’n

gerehabiliteerde Fariseër! En jy? DK

38 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Die Stalsprys vir Geesteswetenskappe word jaarliks toegeken vir ’n hoogstaande

publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies, by voorkeur – maar nie

uitsluitlik nie – in Afrikaans. Verder word dit toegeken vir individuele of gesamentlike

wetenskapsbeoefening en/of die lewering van individuele of gesamentlike produkte

van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening

gemaak word. Spanprestasie of bydrae tot spanprestasie, multi- en interdissiplinêre navorsing,

goeie implementerings- of evalueringsnavorsing kan ook in berekening gebring word.

- van oraloor -

Persone met besondere bande

met die PU word bekroon

Stalsprys vir Filosofie

Die Stalsprys vir Filosofie is aan PROF. BJ (BENNIE) VAN DER WALT, verbonde aan

die Skool vir Filosofie aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Prof. Van

der Walt werk vanuit die kringe van die Reformatoriese filosofie wat sy swaartepunt in

Nederland en Noord-Amerika het. In hierdie kringe het prof. Van der Walt bekend geword

as Afrikakenner en iemand wat worstel met die problematiek van Afrika en die wêreldbeskouings en ideologieë

aan die wortel van hierdie probleme.

Ds. Pieter van Drimmelenmedalje

In die geval van die Ds. Pieter van Drimmelenmedalje kom aktiwiteite in aanmerking

soos Bybelvertaling, teologiese handboeke in Afrikaans vir gebruik deur universiteitstudente,

gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en

verbetering van Afrikaanse Psalms en Gesange.

Hierdie prys is vanjaar toegeken aan PROF. JL (JAAP) HELBERG, emeritusprofessor in

Teologie aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Prof. Helberg het onder andere

’n leemte gevul deur ’n sistematiese Ou-Testamentiese Teologie (Openbaringsgeskiedenis

van die Ou Testament) te ontwikkel. Hy het ’n besondere rol as Ou-Testamentikus gespeel

met die Afrikaanse Bybelvertaling van 1983.

Nylstroom gee erkenning aan

lidmaat

Meegedeel deur Jan Boot

Op Sondag 7 Maart 2010 is daar in die Geref. Kerk Nylstroom

erkenning verleen aan die groot bydrae wat br. Kobus Viljoen oor

meer as 35 jaar gemaak het in die hantering van die finansies van

verskillende gemeentes, naamlik Pretoria-Annlin, Pretoria-Magalieskruin,

Waterberg en Nylstroom. Hy was ook kassier van die sendingwerk

van Innesdal-gemeente en vir hospitaalbearbeiding in Pretoria.

Hy en sy eggenote Annatjie woon in Kokanje Aftreeoord in Nylstroom.

Hy is op gepaste wyse bedank en die Here se seën toegebid vir mooi,

rustige jare in die pragtige Bosveldomgewing. Op die foto verskyn br.

en sr. Viljoen saam met oudl. Jan Boot (links) wat die dankwoord gerig

het, en ds. Innes Nagel, predikant van Nylstroom.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 39
- van oraloor - Jacomien Zwemstra en Chris van der Walt

Deur die oë van ’n besoeker

Wanneer ’n mens ’n vreemde plek besoek, sien jy soveel interessante dinge,

en as die plek jou regtig aanraak, kan jy ook nie ophou om vir ander

daarvan te vertel nie. Die “besoekplek” van een is egter die “blyplek” van ’n

ander. As jy die inwoner is, is dit wat vir die besoeker vreemd is, vir jouself

alledaagse dinge.

Daarom het ek as “blyer” by Covenant College in Zambië hierdie stuk

geskryf, omdat ons soms na ons lewe en werk deur die oë van ’n besoeker

moet kyk. Hierdie stuk is ’n verwerking van die briewe wat dr. dr. Chris Chris van

van

der der Walt Walt van Pietersburg van hier af vir sy gesin geskryf het toe hy vir

twee weke hier kom klas gee het. En dit is wat hy van ons en ons blyplek

beleef het:

Ek word wakker en hoor geen skreeuende bande, loeiende sirenes of

geweerskote nie. Dit is egter glad nie stil nie! In die groot

verskeidenheid van bome hoor ek ’n simfonie van voëlsang. Elke

voëltjie is besig met sy eie liedjie, en tog maak dit alles saam ’n pragtige

geluid. Buite kan jy die son sien opkom en regte vars lug inasem.

Van Dinsdag tot Vrydag is die studente hier, en dan word daar hard

gewerk aan studies. Om vir hulle klas te gee, is ’n voorreg: die studente is

baie gedissiplineerd en dankbaar. Dit is sigbaar in die feit dat hulle voor

en na elke klas bid – selfs al was daar net ’n 5 minute-breuk tussenin.

Hierdie totale afhanklikheid van God “smeer af” op ’n mens, want

wanneer jy so baie moet bid, begin jy meer en meer dinge raaksien

waarvoor jy kan bid.

Klasgee is ook ’n uitdaging: die studente leer maklik die antwoorde op

vrae, maar verstaan nie altyd die antwoorde nie. Daarom is dit nodig om

beter te verduidelik. Hiervoor is beelde uit hulle alledaagse lewe nodig, en

daarom moet ons hulle en hulle omstandighede goed leer ken. Hulle is

egter baie gretig om te leer, en vertel gereeld vir ons hoeveel hulle die

klasse geniet en hoe dankbaar hulle is oor alles wat hulle kan leer.

Tussen die klasse gebeur daar ook ander dinge: Woensdag eet ons

saam met die studente. Hier moes ek leer om nshima (mieliepap), eiers/

vleis en groente met my hand uit ’n blikbordjie te eet. Tot baie mense se

verbasing is dit baie lekker! Die kos word deur die kok, Nelson Banda,

voorberei en dit kom meestal vars van Covenant College se eie plaas af.

Indien die hande-etery jou afskrik: Cobus (ons gasheer se 5-jarige seun) is

altyd bereid om lesse te gee ...

Hierdie week moes Heinrich ’n student (John) met ’n vreeslike pyn in

die sy na die kliniek neem. Ons vermoed dit is sy blindederm. By die

kliniek staan daar egter ’n vreeslike ry mense, en hulle besluit om direk

hospitaal toe te gaan. Hiervoor moes hulle toe betaal, want “this is no

emergency, he is still on his feet ...” Hulle trek egter bloed en die dokter sê

hy dink ook dit is sy blindederm, maar John moet die volgende dag

terugkom om ’n ander dokter te sien. Die volgende oggend vroeg neem

Heinrich hom weer na die hospitaal. Ons verwag dat hy geopereer sal

word, maar eenuur kry Heinrich ’n

sms dat hy hom moet kom haal, hy

is klaar! Heinrich ry vir die derde

keer die 16 km dorp toe en terug.

John het ’n sak vol pille gekry en hy

moet volgende week teruggaan.

Daar is gelukkig ook tyd vir

stokperdjies, en ons begin ’n

byekorf bou. Dit vra natuurlik baie

kreatiwiteit en improvisasie. In

Suid-Afrika sou jy byvoorbeeld die

korf met reguit planke van ’n

goedkoop houtsoort gebou het.

Hier bou jy dit met die krom planke

van die hout wat beskikbaar is,

soos kiaat.

Vrydagmiddag vertrek meeste

studente op hulle fietse terug huis

toe. Hulle gaan in hulle gemeentes

werk en aan hulle gesinne en

landerye aandag gee. Hulle ry met

sterk, swaar fietse sonder verstelbare

ratte of enige ander spesiale

aanpassings op paaie wat jy

versigtig met ’n 4x4 sal aandurf.

John (met sy blindederm) moet 40

km fietsry. Hierdie keer hoef hy

darem nie sy eie tas te dra nie,

want James sal dit op sy fiets laai.

In James se andersins rustiger

liggaamstaal is daar ’n dringendheid

wanneer hy sy fiets bestyg. Hy

moet 80 km ver ry om voor donker

tuis te wees, want in sy omgewing

is daar olifante en ander gediertes

wat jy liewer nie in die donker wil

raakloop nie. Hy vertel dat baie van

hulle mense al deur olifante getrap

is ...!

Op ’n Vrydag lê daar ook ’n

ander takie vir ons voor: INKOPIES!

Dit moet op ’n Vrydag gebeur, want

dit is die enigste dag waarop ons

vars melk en bruin brood in een

van die winkels (Zambeef) kan kry.

Zambeef is stampvol, en dit vat jou

’n rukkie om te besef dat die klomp

mense daarbinne eintlik in twee

40 • Die Kerkblad Junie 2010 •
ye staan. Een ry is vir melk en een vir brood, ek kon egter nog nie presies

vasstel of jy die vleis in die melk- of in die broodry moet koop nie. Moet

ook nie dink jy kan sommer voor in die chaotiese rye indruk nie! Elkeen

ken sy plekkie en jy sal hard en duidelik aangespreek word as jy die

“orde” wil verbreek, soos wat die enkele dronk man wat daar aangekom

het, gou agtergekom het.

Daarna wou ons na ’n paar ander winkels gaan, maar hulle is nog nie

oop nie, want op ’n Vrydag is hulle tussen 1 en 2 gesluit. Daarom is ons

eers mark toe ...

Eers dog ek dat Heinrich dit maar net vir my kom wys, maar hy ry deur

’n nou straatjie met winkelname soos God bless, New Happy, Come and

See, ensovoorts. Toe is ons op ’n plein, so groot soos ’n rugbyveld. Heinrich

klim uit en stuur vir Nelson in een rigting, en hy begin aanstap. Ek dog:

Wat maak hy nou? Hy koop droë bone by ’n tafel. Dit word in “small”,

“medium” en “large” blikkies afgemeet.

Langsaan is ’n tafel met ’n HOOP kapente (vissies so groot soos die

blink deel van ’n kar se sleutel). Daar is aartappels en uie en kool en ’n

Russiese Veghoender. Daar is hope mooi tamaties en slaai en kool en

vruggies wat ek nie ken nie. Ek vra ook nie wat dit is nie, want dan gee

hulle vir jou om te proe. Heinrich koop aartappels, en raai wat lê op die

punt van die tafel?? ’n Halfdosyn muise! Hulle borskassies is netjies

oopgesny soos wanneer jy ’n skaap slag. Al hulle binnegoed is uitgehaal,

gereed vir die pot. Ek vra vir Nelson, en hy sê jaaa hulle eet dit, maar net

bosmuise (en hy is nogal ’n goeie kok?!). Ek vra weer en Nelson trek ’n

gesig, neee sê hy, hulle eet nie die soort goed wat jy in huise kry nie!

Tussen die DVD’s, fietse, fietsonderdele, houtskool (van kiaat, eina!),

osploë, plastiekskottels, boute en moere in stapels, sokkerballe en rye

klere gaan soek Nelson ’n fietspomp vir die College en kry sommer vinnig

’n goeie een.

Nou is dit terug na die Indiërwinkels: hier sien ons mense wat sinkplate

gekoop het, en dit nou op hulle fietse laai om huis toe te vat. Hulle rol

dit op soos ’n koerant waarmee jy ’n vlieg wil slaan, en maak dit dan

(regop!) agterop die fiets se raam vas, een aan elke kant, ter wille van

balans.

Voor die bankgebou sien ons ’n vrou wat besig is om op ’n klein

grasperkie ’n groot hoop note te tel, ten aanskoue van almal! Toe sy

daarmee klaar is, word dit voor in haar rok se “beursie” gedruk, en sy stap

straaf-af sonder om om te kyk, sonder om bekommerd te lyk, en sonder

’n sekuriteitswag in sig. Hoe bevrydend is dit nie!

Terug by die huis vind ons uit dat die krag steeds af is. Hulle is besig

om van die kragpale te vervang wat deur ’n brand vernietig is, en dit sal

dus nog ’n rukkie duur. Ons moet die kragopwekker aansit, want daar

moet water gepomp word, en die yskaste moet aan. Ek en Heinrich

sukkel daarmee, want elke keer as ons die masjien aanskakel, vrek dit.

En ons is seker: daar IS diesel in. Dit is te laat om verder te sukkel, en

daarom gaan ons na plan B – die ou petrolmasjien word aangeskakel.

Saterdag takel ons weer die kragopwekker-probleem. Alles word

losgemaak sodat ons die verstopping kan uitblaas, maar al wat ons

uitblaas, is lug! Hoekom? Daar is toe NIE diesel in nie. Die probleem is die

siffie in die bek van die tenk wat só fyn is dat dit lyk of die tenk vol is.

Gelukkig kan ons nou die res van die dag gebruik om die korf klaar te

bou.

(Lees in die volgende uitgawe verder aan dié reisverhaal!)

- van oraloor -

Die plaaslike mall waar tamaties tot bosmuise

beskikbaar is.

In Zambië maak ander dinge mense gelukkig ...

Middagete van eiers, pap en boontjies, netjies

voorgesit.

Sinkplate op ’n fiets.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 41
- van oraloor - Ds. Carel Jansen (Secunda)

... om die gelowiges toe te rus vir

hulle dienswerk ...

Hierdie doelstelling uit Efesiërs 4 het ’n besondere

begin: Christus gee gawes in sy kerk aan sy kerk

(Ef 4:11). Die kerke het saam besluit dat die gawes

in die Administratiewe Buro tot diens van die kerke

moet wees (Acta 2009:273-274, punte 1.2.14, 1.2.17,

1.2.18), en het in samewerking met die Buro skakeldeputate

aangewys (Acta 2009:285-289). Hierdie besluite

het min, selfs geen, waarde indien die kerke nie hiermee

bedien word nie.

Op Maandag en Dinsdag 3 en 4 Mei 2010 het ’n aantal

predikante en kerkraadslede uit die swart kerke, 103 in

getal, ’n werkswinkel bygewoon met die oog op toerusting

om plaaslik beter diensbaar te kan wees. Hiervoor

het die volgende sake aandag gekry: kerklike kommunikasie,

administrasie, finansiële bestuur, ramings, sustentasie,

fondse, geboue en eiendomme, versorging van

emeriti, kerklike publikasies, Teologiese Skool en Fakulteit

Teologie, sending en evangelisasie.

Die aanslag van die werkswinkel was om die teenwoordiges

soveel moontlik te betrek. Daarom het elke saak

ook ruim geleentheid gebied vir vrae en bespreking. Vir

die dagbestuur van die Skakeldeputate was dit nogal ’n

oefening om vanuit ons moedertaal (Afrikaans) funksio-

neel te kommunikeer met medegelowiges wat in ’n ander

moedertaal opgevoed is. Woordeboeke moes hulle kant

bring. Tydens die gesprekke was die Engelse taalgebruik

by tye hakkelend en stotterend, met verkeerde mengsels

van enkelvoud en meervoud, en het die “tenses” by tye

die verlede na die toekoms verskuif. Die Here het gesorg

dat ons mekaar kon hoor.

Tydens die werkswinkel het ’n paar interessante, en daarom

belangrike, punte na vore gekom:

KERKLIKE KOMMUNIKASIE – kommunikasie tussen

die Administratiewe Buro en plaaslike kerke ly skade

omdat kerke se kontakbesonderhede nie op datum

is nie. Een maklike werkswyse om hierdie inligting

op te dateer is deur middel van die GKSA-webwerf

(www.gksa.org.za). Hierdie opgedateerde inligting

kan ook per e-pos aan Wymie du Plessis gestuur

word (wymiedup@gksa.co.za) of deurgefaks word na

018 293 1042.

PUBLIKASIES – daar is ’n aantal lidmate uit die swart

kerke wat die Almanak (met Bybelse dagstukkies)

lees. Maar dit is vir ’n groot getal lidmate ontoeganklik,

en daarom is een van die planne om die Almanak

ook in Engels uit te gee (dit skep ook die potensiaal

42 • Die Kerkblad Junie 2010 •
vir ’n lesersmark buite die GKSA). Hiermee saam is

die Deputate Kerklike Tydskrifte besig met navorsing

oor die formaat van die tydskrifte met die doel om

dit lesersvriendelik en bekostigbaar te maak, en dat

dit steeds die geloofsopbou van lidmate dien.

Alhoewel die evangelie die hoofinhoud en hooftaak

van die kerk is, leef ons met een werklikheid saam:

FINANSIES. Finansies is soos ’n turksvry: ’n lekker

smaak, maar steekseltjies waarvan sommige betyds

raakgesien word en ander, in die miskyk daarvan,

net pynlik raakgevoel word. Dan is die turksvy nie

meer lekker nie. Heelwat inligting is hieroor deurgegee

en voorbeelde gewys om ook aan te toon dat

eenvoudige werkswyses en stelsels baie doeltreffend

is. Die turksvy, te midde van die steeksels, is eintlik

baie lekker.

Die kennis oor die werking van en moontlikhede deur

die TEOLOGIESE SKOOL EN DIE FAKULTEIT TEOLOGIE

is binne die GKSA gebrekkig. Daarom dat die inligting

hieroor heelwat harte verheug het, omdat beide uit

die GKSA kom en daarom vir die GKSA tot diens is.

Heelwat besonderhede sou gegee kon word met betrekking

tot fondse, sustentasie, ramings en sending en evangelisasie.

Wat egter uit al die sake duidelik na vore kom,

is ’n tekort van inligting. Inligting bemagtig. Inligting en

toerusting bring aksie. Daarom was die versoek uit die

Olivier-

geslagsregister

Meegedeel deur prof. Rikus Fick

’n Interessante geslagsregister (“slag-register”) van ’n

Gereformeerde gesin wat toentertyd lidmate van die Geref.

Kerk Reddersburg was, het onlangs sy weg na die kerkargief

gevind.

Daar kon reeds vasgestel word dat die ma van die gesin, Anna

Aletta Rensche Petronella du Plooy (hier “Deplooy” gespel) die

suster van prof. Dries du Plooy se oupagrootjie was.

As daar Oliviers is wat name op hierdie register herken en

meer besonderhede of ’n foto daarvan wil bekom, kan hulle

gerus met prof. Rikus Fick skakel by Rikus.Fick@nwu.ac.za, of

Posbus 19117, Noordbrug 2522.

- van oraloor -

vergadering dat hierdie toerusting in alle klassisse aangebied

word. Nee, nie in die formele vergaderings van klassisse

nie, maar dat oorweeg word dat kerke in klassis ’n

geleentheid skep waarby soveel moontlik kerke (en dit

sluit die kerkrade en lidmate in) by toerusting betrek

word.

Net kerke onder die swart Doppers? Nee, die herhaalde

navrae na die Administratiewe Buro bewys oor en oor

dat al die kerke hierdie toerusting benodig. Daarom word

’n verslag voorberei vir die Bestuur van die Administratiewe

Buro, sodat ’n sinvolle beplanning gedoen kan word

om uiteindelik alle kerke (in Suidelike Afrika) tot diens

te wees.

Wat nou as ’n nagedagte mag voorkom, is bedoel om

iets van die ligamente uit te lig (dikwels geïgnoreer, tog

wesenlik belangrik):

Die sang van ons broers en susters uit die swart kerke

gee jou rillings van opgewondenheid, verwondering

en dankbaarheid oor die magtige werke van die

Here.

Die bontstaan van Cachet se susters in die ete en

drinke het op die oog af die leë mae gevoed, maar

ook – dieper as wat die oog sien – mense bymekaar

gebring om as geloofsgenote mekaar op te bou. DK

Argiefskatte

• Die Kerkblad Junie 2010 • 43
- van oraloor - Titus van Aswegen (GK Rietvallei, Pretoria)

Rietvallei besoek Indië

Die Geref. Kerk Rietvallei is in die bevoorregte posisie om ’n

sendingpredikant, ds. Rajesh Kumar, in Indië te hê. (Ds. Rajesh is

uit die Hindoegeloof bekeer, en ná voltooiing van sy teologiese studies

aan Potchefstroom en beroepbaarstelling, in 2008 deur Rietvallei beroep

met opdrag sending in Indië.)

Gevolglik het die kerkraad besluit om ’n afvaardiging na Indië te stuur om

eerstehands te sien wat daar gebeur, en om ds. Rajesh waar moontlik te

ondersteun. Ds. Werner van den Heever, oudl. Titus van Aswegen en sr. Magda

van Aswegen is vir hierdie doel afgevaardig. Gedagtig aan die naderende

somer in Indië is toe besluit om die besoek vanaf 19 Februarie tot 2 Maart

vanjaar te onderneem. Ons het gedurende hierdie tydperk Varanasi (waar

ds. Rajesh werksaam is) en Vyera (in die provinsie Gujurat) besoek.

Dit is onmoontlik om in die bestek van ’n artikel soos hierdie ’n volledige

beskrywing van al ons wedervaringe te gee, en derhalwe wil ek net graag ’n

paar hoogte- en laagtepunte uitlig.

Bywoning van erediens

Die gebeurtenis wat bo alles uitstaan, is ongetwyfeld die bywoning van die

erediens saam met mede-Gereformeerdes op Sondagoggend 21 Februarie!

Daar is vooraf ooreengekom dat ds. Werner sou preek en ds. Rajesh sou

tolk. Ongelukkig het ds. Werner juis daardie oggend deurgeloop onder ’n

erge maagaandoening. (Indië doen sulke dinge aan ’n mens!) Hy het nogtans

Ds. Rajesh Kumar, sy vrou Mamta, en Philo.

deurgedruk en die erediens kon

voortgaan soos beplan.

Die “gemeente” bestaan tans uit ongeveer

150 gelowiges, en dit was

werklik ’n belewenis om te sien hoe

honger die Christene is vir die Woord

van die Here. Te danke aan ’n skenking

deur ’n gemeente in Suid-Afrika

was dit moontlik vir ds. Rajesh om

Bybels in Hindi aan te skaf en aan

die gelowiges te voorsien. Daar is gedurende

die erediens geleentheid gegee

aan van die gelowiges om voorafgekose

gedeeltes uit die Bybel voor

te lees. Die sang was spontaan en

duidelik tot eer van die Here, hoewel

dit nou nie die Totiusberymings was

nie!

Na afloop van die erediens het sr.

Magda met die vroue gepraat oor die

posisie van die vrou in die oë van God.

Dit was ook ’n voorreg om die drie

ouderlinge (helpers) – Brigesh, Rakesh

en Raj – te ontmoet. (Voor ons

vertrek uit Varanasi was daar ’n kort

geleentheid vir ds. Werner om saam

met hulle Bybelstudie te doen, en vir

my om enkele gedagtes met hulle te

deel oor die taak van die ouderling.)

Om ds. Rajesh se familie te ontmoet,

was ook vir ons ’n verrykende ervaring.

Ons is met Christelike gasvryheid

ontvang, en selfs getrakteer op

joghurt wat van buffelmelk gemaak

is! Die mense, in die gehuggie waar

hulle woon, het ons aangegaap, en

ons het die indruk gekry dat baie van

hulle nog nooit ’n blanke gesien het

nie. Dit was met hartseer dat ons later

van al die Kumars afskeid geneem

het.

Die volgende Sondag bevind ons ons

in die dorpie Vyera, ongeveer 1 200

km vanaf Varanasi. Ds. Rajesh het

44 • Die Kerkblad Junie 2010 •
daar in ’n “charismatiese” kerk gepreek.

Die harde en ritmiese sang sowel

as die emosionele opwelling wat

ons daar gesien het, is moeilik “verteerbaar”

vir Gereformeerdes, maar

ds. Rajesh se standpunt is dat hy die

gereformeerde boodskap sal uitdra

waar hy ook al die geleentheid kry.

Hierdie keer het ds. Rajesh in Engels

gepreek en het een van die vroue getolk.

Ná afloop van die diens het ons

gesellig verkeer saam met die pastoor

van die kerk en sy gesin.

Laagtepunte

Tussen hierdie twee Sondae het ons

egter baie geestelike laagtepunte beleef,

hoewel dit ons oë weer eens

oopgemaak het vir die mag wat die

duiwel oor baie mense het. Een daarvan

was ’n bootvaart op die rivier

Ganges – ’n heilige rivier vir die Hindoes.

Hulle glo dat die Ganges self

’n god is, en daarom is dit elke Hindoe

se begeerte om minstens een

keer in sy/haar lewe hom/haar in die

Ganges te was.

In die water het karkasse van dooie

diere gedryf, sowel as ’n menslike

lyk. Langs die rivier was brandstapels

waar lyke verbrand word en die oorskot

dan in die rivier gegooi word.

(Die geloof is dat in so ’n geval die

persoon nie na ’n volgende lewe terugkeer

nie, maar direk hemel toe

gaan. Indien die persoon egter aan

slangbyt of tuberkulose sou sterf,

word die lyk in die water gegooi sonder

om dit vooraf te verbrand.) Die

walglike reuk van brandende mensvleis

kan nie beskryf word nie. Daarbenewens

vloei riool vryelik in die rivier.

Tussen dit alles deur het ons gesien

hoe mense hulleself onderdompel,

in die geloof dat die rivier hulle

reinig.

Nog ’n geestelike laagtepunt was ’n

besoek aan ’n Boeddhistiese tempel.

Daar het ons gesien hoe mense voor

beelde buig en eer betoon. Toe ons

- van oraloor -

foto’s wou neem, is ons vinnig aangesê om ons skoene te verwyder. Dit wou

ons nie doen nie, want die gedagte om sonder skoene in daardie gemors te

loop, was te erg. As Christen slaan jy jou hande saam as jy sien dat opgevoede

en geleerde mense Satan toelaat om hulle só te verblind dat hulle werklik

glo dooie beelde kan hulle heil bewerkstellig.

Die strate is vuil en kosstalletjies lok jou nie juis nader nie. Die meeste mense

is arm en voer ’n sukkelbestaan. Verkeersreëls bestaan blykbaar nie en die

polisie is korrup en omkoopbaar. (Een van die taxibestuurders het lakonies

opgemerk: “To drive in Varanasi you need good brakes, good horn en good

luck.”) Diere, soos beeste, bokke, honde en varke loop oral in die strate

rond en niemand jaag hulle uit die pad nie. Niemand sorg ook vir die diere

nie en elkeen moet maar self kos soek. Die huise lyk asof hulle laas in die

koloniale tydperk verf gehad het. Die mense is stug en groet jou nie eintlik

terug nie. (Met die Christene was dit anders. Hulle is vriendelik en spontaan,

en die liefde van Christus op hulle gesigte is opvallend!)

Uitverkore kinders van die Here

Wat hou ’n mens oor vir jouself na ’n besoek aan Indië? Jy kan maklik vasgevang

word in jou afsku vir die vuil, onordelike, lawaaierige en bygelowige

beelde wat in jou gedagtes opkom. Maar dan besef jy dat daar selfs in daardie

uitsiglose en morbiede heidense land uitverkore kinders van die Here is, en

dat ons getrou aan ons opdrag in Matteus 28 en Handelinge 1 ook die Blye

Boodskap aan hulle moet bring.

Ds. Rajesh verrig skitterende werk onder uiters moeilike omstandighede,

en ons vra dat u hom, Mamta en Philo gedurig in u gebede sal opdra. Indien

u finansieel wil bydra, sal dit waardeer word, en u kan met Rietvallei se

kerkkantoor in verbinding tree vir nadere besonderhede.

Ons wil ook graag baie dankie sê aan al die gemeentes en individue wat

met hulle bydraes dit vir ons moontlik gemaak het om hierdie besoek te

bring. Ons kom terug met nuwe perspektiewe, en sal onder die leiding van

die Gees saam met almal wat betrokke is, wil kyk na die pad vorentoe –

sodat die evangelie in Indië doeltreffend verkondig kan word. Aan God al

die eer! DK

Ds. Kumar saam met die ouderlinge Raj, Rakesh en Brigesh.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 45
- in dankbare herinnering -

Ds. WL (Willie) Kuperus

• 10 Oktober 1932 - 3 September

2009 •

Willem Leendert (Willie) Kuperus is op 10 Oktober 1932 in Pretoria

gebore – die jongste van ses kinders. Sy pa, Willem Kuperus, het sy

eerste vrou verloor met die geboorte van hulle derde kind, en hy is

’n jaar of wat daarna met sy tweede vrou, Cornelia Adriana van der Berg,

Willie se ma, getroud.

Willie het in ’n Christelike huis grootgeword, met ’n streng pa en ’n saggeaarde

ma. Omdat hy heelwat jonger as sy broers en susters was, was hy

meestal op homself vir vermaak aangewese. Sy beste maat was ’n swart

basterhondjie, Snippie. Hy het ’n houtkarretjie gehad en Snippie is dikwels

voor die kar ingespan soos ’n wafferse karperd.

In sy hoërskooljare was sy neef Louis (wyle ds. Louis Aucamp sr) ook sy beste

vriend. Met tuisgemaakte kaskarre het hulle teen ’n gevaarlik hoë spoed langs

die steil strate by die Uniegebou afgejaag, net om weer met moeite bo te kom

en weer af te jaag.

Willie is na die Pretoria Tegniese Kollege omdat hy graag ’n metallurgiese

ingenieur wou word. In sy matriekjaar het die Here hom egter geroep om

predikant te word. Hy slaag matriek met twee onderskeidings en skryf in by

die Universiteit van Pretoria. Hy voltooi sy BA- en honneursgraad sowel as

MA in Grieks.

In 1957 skryf hy in by die Gereformeerde Teologiese Skool – die “Skooltjie”

– in Potchefstroom. Hy onderskei homself en word in sy finale jaar as voorsitter

van die Skooltjie se studenteraad verkies. Hy was ook ’n tyd lank redakteur

van Die Besembos, die Puk se studentejaarblad.

Gedurende sy tyd op Potchefstroom ontmoet hy sy toekomstige lewensmaat,

Rina, amptelik. Hoewel hulle as kinders saam in Pretoria-Oosgemeente was,

het hulle mekaar nie toe geken nie, omdat hy sewe jaar ouer as sy was. Na ’n

warrelwindromanse van ses maande is die twee gekys, verloof en op 14

Januarie 1961 in die Geref. Kerk Pretoria-Oos getroud. Hulle liefde vir

mekaar was ooglopend dwarsdeur hulle huwelik. Na Rina se heengaan in

2007 het Willie net een “aardse” wens gehad – om saam met haar begrawe

te word sodat hulle saam kan wees met die opstanding.

In 1961 begin Willie en Rina se vuurdoop as predikantspaar in Ventersdorp.

Die plattelandse gemeente met sy warmte en gasvryheid, hardkoppigheid en

beginselvastheid het gou ’n besondere plek in hulle harte verower. Tydens

(Saamgestel deur die Kuperus-kinders)

huisbesoek by die boere in die

omgewing is hulle ryklik oorlaai met

wat ook al beskikbaar was – vleis,

pampoene, mielies, vrugte ... Daar

het Willie en Rina hard met die aarde

kennis gemaak, maar ook geweldig

baie geleer en gegroei. In dié tyd

koop hulle ’n stukkie grond op Paul

Kruger se plaas naby Rustenburg –

Boekenhoutfontein, en hulle plasie –

Kom-’n-bietjie – word ’n toevlugsoord

waar hulle elke nou en dan God

se skepping gaan geniet het en weer

bietjie rus vir liggaam en siel gaan

soek en vind het. Meer as een kamp

vir belydeniskatkisante is ook hier

gehou.

Aan die einde van 1964 word Willie

beroep na die sendingstasie Siloam

in Venda. Daar het hy die Woord

verkondig in die bergagtige wêreld

op ’n spoggerige veldmotorfiets, en

later ook te perd. Sondae het hy in ’n

klein wit kerkie deur middel van ’n

tolk gepreek. Rina het onder andere

naaldwerkklasse onder die vroue

aangebied. Hulle was geliefd onder

die plaaslike Vendagemeenskap.

In 1970 ontvang hy ’n beroep na

Springs en verlaat hulle die sendingveld.

Dit was ’n reuse aanpassing om

in ’n gemeente te staan waar ’n

ander kultuur gegeld het. Hulle het

in dié gemeente, waar hulle bykans

sewe jaar werksaam was, ook hegte

bande gesmee.

Uit hulle huwelik is geen kinders

46 • Die Kerkblad Junie 2010 •
gebore nie. Uit die hand van die

Here is vier kinders aan hulle toevertrou:

Riki en Nelia (1966), Willem

(1969) en Wynand (1971).

Gedurende die Springsjare was Willie

kapelaan van Regiment Springs. In

1976 is hy vir die eerste keer vir drie

maande grens toe. Hy was die eerste

kapelaan van die Suid-Afrikaanse

Weermag wat oor die grens Angola

in is. In Oktober 1976 aanvaar Willie

die beroep Edenvale toe. Hy het

egter aangebly as kapelaan by

Regiment Springs en is in 1978 weer

vir drie maande grens toe. Die

gemeente in Edenvale was die laaste

gemeente waar hy voltyds in die

bediening gestaan het. Die nuwe

gemeente was meer van ’n stadsgemeente

as Springs en redelik klein as

gevolg van die verengelsing van

Edenvale. Dit is ook hier waar nuwe

idees en invloede die kerk binnegesypel

het. Willie het egter altyd

daarna gestrewe om die Woord van

God suiwer te verkondig.

In 1985 is hy deur die regering

gevra om, in sy hoedanigheid as

kapelaan, die Suid-Afrikaanse

ambassades en konsulate in Suid-

Amerika – Peru, Chili en Argentinië

– te gaan besoek. ’n Jaar later is hy

op ’n soortgelyke sending na die

VSA gestuur.

In 1997 emeriteer Willie en hulle

gaan woon aan die kus – aanvanklik

in Margate en later in Ramsgate.

Selfs as emerituspredikant het Willie

nooit opgehou om gehoor te gee aan

sy roeping as God se herder nie. In

Suidkusgemeente is hy nog dikwels

gevra om eredienste waar te neem

voor sy gesondheid in so ’n mate

agteruitgegaan het dat hy nie meer

kon preek nie. Hulle het by Laer-

Suidkus se Bybelstudiegroep aangesluit

en hy het dadelik leiding

geneem. Die Bybelstudiegroep was

besonder aktief en almal het daarna

uitgesien om elke tweede Dinsdag by

- in dankbare herinnering -

Dominee Willie te kom leer, onder andere oor die betekenis van die Dordtse

Leerreëls, die kinderdoop en ander vraagstukke. Hy was deel van die Bybelstudiegroep

totdat hy vertrek het Pretoria toe.

Rina is op 28 April 2007 oorlede, na 46 gelukkige huweliksjare. Willie se

gesondheid het drasties agteruitgegaan na haar afsterwe. In 2008 het hy by

sy dogter Nelia en haar gesin ingetrek. Alhoewel hy bedlêend was, was hy

steeds besig met sy roeping. Selfs heel aan die einde, toe sy lyding al baie

swaar was, was hy ’n voorbeeld vir almal. Hy het dikwels gesê dat hy geduldig

wag op die Here en, terwyl hy so rustig in die bed kan lê en rus, hy oorgenoeg

tyd het om te luister na wat die Here hom nog wil leer en om vir almal

voorbidding te doen.

Willie Kuperus was ’n diep gelowige – ’n Godsman. Hy was ’n gesinsman en

toegewyde, liefdevolle lewensmaat, betroubare vriend en ware sielsgenoot vir

Rina. Hy was ’n trotse oupa, begaafde storieverteller, lief vir die natuur, het

oor ’n besondere kennis beskik van die geskiedenis van die wêreld en sy eie

land. Ons sal hom veral onthou as die nederige, opregte, bedagsame man

wat altyd tyd gehad het vir ander en probleme op ’n kalm en rustige manier

kon uitpluis en oplos. Hier volg ’n uittreksel uit ’n joernaal wat hy geskryf het

kort nadat hy in Pretoria aangekom het:

Maar jy verstaan dat die reis nie hier eindig nie. Die reis gaan voort na die

hoofstad – die Nuwe Jerusalem wat van God af neerdaal, die stad nie met hande

gemaak nie, die hoofstad van God se Koninkryk. Tussen dié kant en die ander

kant is daar ook nie ’n drif waardeur ’n mens kan loop nie, maar ’n rivier waardeur

niemand kan swem nie – hy sal verdrink. Nog ’n eienaardigheid is dat ’n mens

oorgedra moet word. Daar is geen ander moontlikheid om by die Nuwe Jerusalem

uit te kom nie … Die enigste betaalmiddel is die bloed van ons Here Jesus

wat Hy aan die kruis gestort het vir sondaars. En dit is is nie te koop nie. Dit kan

alleen verniet gekry word uit genade.

Daarom, as my voorbidding vir ander mense klaar is, het ek vir myself net

een gebed: “Here, wees my, arme sondaar, genadig.” Nou moet jy nie dink dat

ek bang is vir die dood of onseker oor my eindbestemming nie. Ek het ook die

belofte en waarborg ontvang: My genade is vir jou genoeg.

Ek weet nie hoe ver jy al gevorder het op jou reis nie, maar ek hoop dat jy net

soveel genade op jou pad ontvang het as ek op myne. Want dit is genade en

genade en weer genade alleen. Ek wag dus rustig vir die tyd waarop die Here my

sal kom haal. As my werk hier afgehandel sal wees, sal dit waarskynlik Sy tyd

wees.

... Die laaste inskrywing sal in die Nuwe Jerusalem wees, in die Boek van die

Lewe. Hoe dit presies sal wees weet ek natuurlik nie, maar ek stel my voor dat

daar ’n lang kolom sal wees van almal wat deur die bloed van die Here Jesus

verlos en veilig oorgebring is na die ewige lewe by Hom. Daarin sal in vet letters

die name van Abraham en Isak en Jakob verskyn, asook baie onbekendes en

Petrus en Johannes en Paulus. Daar sal ’n ontelbare ry name wees van mense

uit alle nasies en volke en tale. En aan die einde van ’n bladsy, in heel klein

lettertjiies, so klein dat ’n mens dit byna nie sal kan lees nie: Willie Kuperus en

daaragter ’n regmerkie. Dan is die reis voltooi en die lewensdoel bereik.

Op 3 September 2009 het die Here vir Willie kom haal. Na sy lewe in diens

van God is hy nou tuis. Sy liggaam is op 18 September 2009 begrawe in

Izotsha, Place of Remembrance, by sy geliefde vrou, Rina. DK

• Die Kerkblad Junie 2010 • 47
Personalia

Soos dit Die Kerkblad se voorneme is, wil ons weer broeders en

susters emeriti gelukwens met hulle verjaardae. God sê: “Die

getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80.” Totius het dit

in Psalm 90 berym: “Die sterkste klim ten hoogste tot die top van sewentig of tagtig jare op.” Ons wil in Junie die

volgende broeders en susters gelukwens

❏ DS. GHJ (GERRIT) KRUGER (Winklespruit) is op

17 Junie 87 jaar oud en het die volgende gemeentes

bedien: Barkly-Oos (1949-1951), Laeveld (1951-

1958), Benoni (1958-1069), Benoni-Noord (1969-

1977), Durban (1977-1989).

❏ MEV. SH MALAN (Silverton) vier op 5 Junie haar

83ste verjaarsdag. Sy was getroud met wyle ds. NJ

Malan en hulle het in die volgende gemeentes gewerk:

Lydenburg (1955-1963), Standerton (1963-

1967), Eikenhof (1967-1976), Beestekraal (1976-

1985).

❏ DR. M (MECHIÉL) VENTER (Faerie Glen) is op 5

Junie 83 jaar oud en het die volgende gemeentes

bedien: Port Elizabeth (1954-1958), Johannesburg-

Suid (1958-1961), Randburg (1961-1978), Pretoria-

Brooklyn (1978-1994).

❏ MEV. EC (ENGELA) JANSE VAN VUUREN (Kiblerpark)

vier op 8 Junie haar 81ste verjaarsdag. Sy is

getroud met ds. CMJ (Fires) van Vuuren en hulle het

Wel en wee

in die volgende gemeentes gewerk: Randfontein

(1952-1954), Carletonville (1954-1964), Bethal

(1964-1991).

❏ PROF. DR. MA KRUGER (Lyttelton) is op 9 Junie

80 jaar oud en het die volgende gemeentes bedien:

Aranos-Ghanzi (1963-1968), Gobabis – sending onder

die Boesmans (1963-1966), Swartruggens

(1968-1971), Johannesburg-Wes (1971-1974), van

die Christelijke Gereformeerde Kerk Leeuwarden as

sendeling te Sibasa (1974-1977), Kuruman as sendeling

(1977-1978), professor Hammanskraal Teologiese

Skool (1978-1994).

❏ MEV. SP (PETRA) LIGTHELM (Aerorand) is op 17

Junie 80 jaar oud. Sy is die weduwee van ds. Johan

Ligthelm en hulle het in die volgende gemeentes

gedien: Postmasburg (1954-1958), Ermelo (1958-

1966), Pretoria-Noord (1966-1970), Witbank-Suid

(1970-1981), Hendrina (1981-1993).

Die Kerkbladlesers wens u hartlik geluk met u besondere verjaardae. Saam met u loof en prys ons die Here in

dankbaarheid vir u gespaarde lewens. Mag God, ons Vader, u in hierdie nuwe lewensjaar besonderlik seën en aan

u gesondheid en voorspoed skenk en lydsaamheid waar dit nodig mag wees

Die Kerkblad wil graag as instrument dien om enige wel en wee van predikante en hulle gesinne en families by

wyse van 'n beriggie bekend te maak. So kan die groot “Gereformeerde familie” in Suid-Afrika van mekaar te

wete kom. Baie lidmate sal wil hoor van vorige predikante en gesinne vir wie voorbidding gedoen kan word in tyd

van teenspoed maar ook in tye van voorspoed

❏ MEV. CF (CATHRINA) DE BRUIN (Sinoville), weduwee

van ds. JL de Bruin, is op 3 Mei 2010 oorlede in die

ouderdom van 81 jaar. Saam met haar man het hulle in

die volgende gemeentes gewerk: Vryburg-kombinasie

(1935-1943), Bethlehem (1943-1949), Innesdal (1949-

1971), Koffiefontein (1971-1977). Hiermee betuig Die

Kerkblad simpatie met die treurende familie.

❏ Met leedwese het ons verneem van die afsterwe van

MEV. ALL (ANNATJIE) LOUW (Bronkhorstspruit), eggenote

van ds. Manie Louw, op 18 Mei 2010 in die ouder-

dom van 82 jaar. Die lesers van Die Kerkblad betuig innige

meegevoel met ds. Manie en hulle familie.

❏ Daar word in vele gebede aan DS. CASSIE AUCAMP

gedink wat in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem

en geopereer is. Die are om sy hart het vernou en

vier veertjies is ingeplant om die are oop te hou, en hy

het ook ’n pasaangeër ontvang. Daar is ook drie aneurismes

in sy brein ontdek waarvan een al begin lek het. Dit

is deur ’n mediese prosedure herstel, en hy sterk tans

tuis aan. Beterskap en herstel word jou toegebid.

Die redaksie van Die Kerkblad sal dit waardeer indien persoonlike nuus wat van belang is in die GKSA aan ons

bekendgemaak word deur vriende en kennisse en lidmate. Stuur berigte aan dr. Nico van der Merwe, 018

468 1782 of e-pos: nico.vandermerwe@telkomsa.net; of Posbus 6433, Flamwood 2572.

48 • Die Kerkblad Junie 2010 •
BR BROEDERS BR OEDERS PREDIKANTE PREDIKANTE PREDIKANTE 1 110

1 0 JJ

JAAR J AAR IN IN DIE

DIE

BEDIENING

BEDIENING

’n Aantal broeders predikante kan vanjaar dankbaar

terugkyk op 20 jaar in die bediening. Dit is die predikante

wat in 2000 bevestig is. Hulle is:

• DS. JG (HANNES) NOËTH, tans van Kimberley. Hy

het ook die volgende gemeentes bedien: Wolmaransstad

(2000-2006), Naboomspruit (2006-2009).

• DS. ASA (STEFAANS) DE BRUYN, tans van Wilropark.

Hy het Barkly-Oos/Maclear (2000-2005) ook

bedien.

• PROF. DR. RS (RANTOA) LETŠOSA bedien tans die

Geref. Kerk Boskop/Kokosi vanaf 2000, en hy is ook

professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom.

• DR. N (NICO) VORSTER van Pretoria-Annlin. Hy het

ook Bultfontein (2000-2009) bedien.

• DS. D (DONGOH) SHIN van Makolokwe. Hy was ook

verbonde aan Potchefstroom-Noord/Potchefstroom-

Suid/Potchefstroom-Mooirivier/Ikageng/Bophirima

(2000-2008).

• DS. MJJ (BOETA) ERASMUS, nou te Standerton, was

ook herder en leraar te Lyttelton (2000-2003) en Koedoesrand

(2003-2008).

• DS. MH (HEZEKIEL) NXUMALO is sedert 2000 predikant

van Makolokwe-gemeente.

• DS. JP DU P. AUCAMP dien as sendeling van die

Geref. Kerk Rietvallei waar hy in 2000 bevestig is.

• DS. PIET BOY MQOKELO is sedert 2000 verbonde

aan Tshing-gemeente.

• DR. JA (JANNIE) ERASMUS van Odendaalsrus was

ook predikant van Windhoek-Suid (2000-2003) en

Germiston (2003-2008).

• DS. W (WERNER) VAN DEN HEEVER van Rietvallei

het ook Mariental (2000-2002) en Randfontein-Noord

(2002-2005) bedien.

Broeders, saam met julle kan die Kerkbladlesers dankbaar

terugdink aan die 10 bedieningsjare waartoe God

julle geroep het. Elkeen van u het met sy eie besondere

gawes in die verskillende Gereformeerde Kerke as instrumente

van God opgetree om sy wil te verkondig. Die

gemeentes waar julle tans werksaam is en die gemeentes

wat julle voorheen gedien het, sal kan getuig van

julle bekwaamhede en die wyse waarop julle gawes in

die gemeentes gebruik is. Nogmaals van harte geluk en

die seën van die Here toegebid vir julle bedieningsjare

wat kom.

BR BR BROEDERS BR BR OEDERS EMERITI EMERITI 52 52 J JJAAR

J AAR IN IN DIE DIE BEDIENING BEDIENING

BEDIENING

Daar is van die geëmeriteerde predikante wat vanjaar

kan terugdink aan hulle bevestiging in hulle eerste gemeente

in die jare 1958. Hulle is:

• DS. A (ARIE) VAN DER WALT is vanjaar 52 jaar in

die bediening. Hy is as proponent in 1958 in die gemeente

Belfast-kombinasie bevestig. Daarna het hy

ook die gemeentes Schweizer-Reneke (1962-1965),

Heilbron/Koppies (1965-1967), Bergsig (1967-

1984), Stoffberg (1984-1993) en Stoffberg/Belfast

(1993-1996) bedien voordat hy in 1996 geëmeriteer

het.

• DS. G (GIDEON) VAN DER WALT is ook vanjaar 52

jaar predikant. Hy is in 1958 in die gemeente Roodepoort

as herder en leraar bevestig. Vervolgens het

hy die gemeentes Germiston (1966-1973), Witpoortjie

(1973-1981), Wilropark (1981-1997) bedien. Hy

het in 1997 emeritaat aanvaar.

• DS. AZ (ABIE) PELSER is vanjaar 52 jaar herder en

leraar. As proponent is hy in 1958 in Bethulie bevestig.

Daarna was hy predikant te Phalaborwa (1964-1970)

en Oos-Moot (1970-1999) waar hy in 1999 emeriteer.

• DS. JM (JAPIE) GERBER kan vanjaar terugkyk na ’n

diensperiode van 52 jaar. Hy is in 1958 in Tarkastad

as herder en leraar bevestig. Daarna bedien hy ook

Stilfontein-Sentraal (1961-1967), Welkom (1967-

1972), Bethlehem-Oos (1972-1975), Direkteur Vereniging

vir Christelike Hoër Onderwys, Bloemfontein

(1976-1985), Coligny-Oos (1984-1994) en emeriteer

in 1994.

• DS. AJ (ALWYN) DU PLESSIS is 52 jaar gelede,

1958, as predikant in die Geref. Kerk Steynsburg bevestig.

Hy bedien ook die gemeentes Virginia (1961-

1964), Bellville (1964-1974), Potchefstroom-Noord

(1974-1987) en Stellenbosch (1987-1997). In 1997

aanvaar hy sy emeritaat.

• DR. J VAN V (JANSIE) DU PLESSIS is vanjaar 52

jaar predikant. Hy is in 1958 in die Vaalharts-kombinasie

as proponent bevestig. Daarna bedien hy die

volgende gemeentes: Beestekraal (1962-1965),

Edenvale (1965-1970), Welkom-Noord (1970-1999).

Hy emeriteer in 1999.

U word deur al die Kerkbladlesers van harte gelukgewens.

God het besluit waar en hoe lank u as bedienaars

van die Woord aktief in God se kerke dien. Met groot

dankbaarheid kan lidmate saam met u terugkyk op u

bedieningsjare en God saam met u loof en prys.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 49
LIEF en LEED

HUWELIKSHERDENKING

Van Heyningen, Piet en Rina (Strand): Op 9 April 2010 kon ons saam, rustig en dankbaar, dink en praat oor 50 jaar se

getroude lewe.

- ’n Lewe op gelyke lewenspaaie, maar ook op paaie met baie slaggate.

- ’n Lewe vol dankbaarheid vir ’n dogter en twee seuns (Marina, Cornelis en Johan); later twee skoondogters (Jealine en Urna);

en nog later vier kleinkinders (Cornelis en Jealine se Jaden en Hymne; Johan en Urna se Hanru en Anrien).

- ’n Lewe waartydens ons en ons kinders dikwels op Oupa en Ouma Schutte se plaas in die Ottosdal-distrik kon kuier.

- ’n Lewe nie altyd blakend gesond nie, maar ook nie so dat ons versorg moes word nie.

- ’n Lewe wat ons nie skatryk gemaak het nie, maar ook nie brandarm nie – altyd genoeg om van te leef.

- ’n Lewe waar ons ons meeste jare in Potchefstroom gewoon en gewerk het, maar ook in Randburg en Heilbron.

Ons kan alleen maar getuig van God se liefde en genade.

op die KERKWERF

BEROEPE

Beroepe ontvang

• Ds. JC Aucamp van Kuruman na Noord-Oosrand.

• Dr. J Pretorius van Linden na Krugersdorp-Oos.

• Ds. P Cilliers van Daniëlskuil/Delportshoop na Brakpan-

Suid.

• Ds. LJ Erasmus van Schweizer-Reneke na Naboomspruit.

• Ds. LP van Jaarsveld van Uitschot/Sannieshof/Delareyvillekombinasie

na Brakpan-Suid.

• Dr. HM Zwemstra van Vereeniging ’95 na Amanzimtoti.

• Ds. TJ van Vuuren van Heilbron na Klerksdorp-Noord.

Beroepe aanvaar

• Ds. DP Prinsloo van Outjo/Otjiwarongo/Biermanskoolkombinasie

na Innesdal.

• Ds. LJ Erasmus van Schweizer-Reneke na Naboomspruit.

Beroepe bedank

• Ds. HV Venter van Bellville-Oos na Amanzimtoti.

• Dr. JH Howell van Heidelberg na Pretoria-Meintjeskop.

• Ds. P Cilliers van Daniëlskuil/Delportshoop na Brakpan-

Suid.

• Dr. HM Zwemstra van Vereeniging ’95 na Amanzimtoti.

BEVESTIGING

Die kerkraad van die Geref. Kerk Barkly-Oos het op 1 Mei

2010 saam met deputate van Klassis Burgersdorp vergader,

en verklaar hiermee dat ds. Wilhan Jobse behoorlik volgens

die formulier wat daarvoor vasgestel is, as bedienaar van die

Woord in hierdie kerk bevestig is, en dat die daarby behorende

stukke onderteken is. Ons bede is dat die Drie-enige Verbondsgod

hierdie broeder tot ’n groot seën sal maak in die diens waarin

Hy hom gestel het.

ADRES- EN TELEFOONNOMMERVERANDERINGS

• Die Argief van die GKSA (Potchefstroom):

Argivaris – Carmie Huisman; tel. 018 294 8952 / 082 335

5397; e-pos 155864@nwu.ac.za

KOMMENTAAR: HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE

TEKS VAN DIE TOTIUSBERYMING

Aan die begin van 2009 het ’n hersiene uitgawe van die

Totiusteks in druk verskyn. Die publikasie is by die Administratiewe

Buro beskikbaar.

Die Deputate wag steeds kommentaar van enige belanghebbende

op die hersiende teks af. Die Deputate het reeds kommentaar

bekom wat deeglik verwerk kon word.

Hiermee versoek ons andermaal aan enigiemand wat kommentaar

wil lewer, om dit asseblief aan die Deputate deur te

stuur vir oorweging. – Ds. SD de Kock

PROPONENTE WAT BEROEPBAAR IS

• HM (Herens) Nkoana. Sel. 083 765 1354.

E-pos: nkoana@gmail.com

Gee asseblief alle inligting in verband met beroepe deur aan:

Wymie du Plessis, Administratiewe Buro, tel. 018 297 3986,

faks 018 293 1042 of e-pos wymiedup@gksa.co.za.

50 • Die Kerkblad Junie 2010 •
Die Bemarkingsafdeling, DIE KERKBLAD,

Posbus 20004, Noordbrug 2522.

Tel: 018 297-3989. Faks: 018 293-1042.

E-pos: wymiedup@gksa.co.za

TARIEWE:

Advertensies en kleinadvertensies:

Op aanvraag beskikbaar.

Berigte: R0,20 per woord (min. R5,00)

plus R2,20 per sentimeterkolom vir ’n foto.

BTW is ingesluit. Volledige besonderhede is by

bostaande adres beskikbaar.

VAKANSIE EN VERBLYF

NATALSE SUIDKUS

UVONGO: 12-bed vakansiehuis. Mooi see-uitsig, loopafstand van strand. Alle geriewe.

3 Badkamers, ruim balkon, 9 X 5 meter. TV, mikrogolfoond, ruim ys- en

vriesgeriewe. Tel. 013 932 2433 of sel 083 944 5935; faks: 013 932 0581.

UVONGO: LA CRETE SANDS NO. 1. 6-Bed luukse en moderne vakansiewoonstel

met ’n 180º see-uitsig en brandersig. Slaap 6 persone; ’n braai-area op jou eie

balkon; Toesluitmotorhuise; swembad; TV, DSTV en beddegoed ingesluit by prys.

Skakel Luzelle by 011 678 5440 of sel 083 326 6329; www.uvongoholidays.co.za

MARGATE: MARLICHT VAKANSIEWOONSTELLE. Aangename, see-uitsig verblyf

in goed toegeruste 2-, 3- en 4-slaapkamer selfsorgwoonstelle. TV met M-Net en

linne ingesluit. Gesellige braai-area. Onderdakparkering. Perseel omhein met veiligheidshekke.

Slegs 50 m vanaf seefront.

Skakel Boet en Marie Grobler gedurende kantoorure vir verdere besonderhede of

kleurbrosjure. Tel. 039 312 1052 of faks 039 317 1870.

E-pos: marlicht@uasa-ops.org.za Webbladsy: wheretostay.co.za/marlicht

MANABA-MARGATE: Gerieflike 4-slaapkamer, selfsorgwoning. Slaap tot 10 persone.

Mooi see-uitsig. Braaigeriewe, ens. Skakel Nita by 039 317 4146.

SCOTTBURGH: Woonstel, heeltemal privaat, slaapplek vir 3, badkamer, yskas, mikrogolfoond

ens. TV, onderdak braaigeriewe. Billike binne- en buiteseisoentariewe.

Naby strand. Tel. 039 976 0288 of 076 578 6346.

AMANZIMTOTI DROMEDARIS 503: 2-Slaapkamerwoonstel op strand. Toegerus

vir 6 persone. Skakel 031 903 8227.

AMANZIMTOTI – STELLA MARIS: Pragtig, strandfront, luuks, veilig. 2 Slaapkamer,

2/6 persone, TV, swembad, braaigeriewe. Spesiale aanbiedinge, buiteseisoen. Tel.

031 903 5477. Faks 031 903 5479.

AMANZIMTOTI – AFSAAL 602: Ruim 2-slaapkamerwoonstel met see-uitsig. Toegerus

vir 6/7 persone. Spesiale aanbiedinge buiteseisoen.

Tel. 011 954 5288 of 082 335 7101.

AMANZIMTOTI – ALBATROS 303: 2-Slaapkamerwoonstel op strand met seeuitsig.

Toegerus vir 6 persone. Persoonlike aandag. Skakel Marie 072 347 7534 of

031 904 2100.

DOONSIDE (SHANGRI LA): (Twee km suid vanaf Amanzimtoti.) Twee- en drieslaapkamer

vakansiewoonstelle vir tot 9 persone teen die strand. Rustige omgewing,

vriendelike kompleks, see-uitsig, beveiligde onderdakparkering, kleur-TV, ens.

Braaiplek en swembad op perseel. Privaatbesit, billike tariewe. Skakel asseblief

012 567 3933.

GLENMORE – MUNSTER (naby Margate): 3-Slaapkamer meenthuis in veilige,

omheinde gebied. Naby strand. Groot balkon, 2 badkamers. Pragtige see-uitsig.

Buiteseisoen: R350 per dag (minimum 5 dae). Skakel 018 290 5670 of 084 504

6640.

ELYSIUM: Het die Wêreldbeker julle vakansieplek gevat, kom bespreek by ons.

Akkommodasie beskikbaar. Billike prys. Ten volle toegeruste 8-slaapplek huis en

ten volle toegeruste 6-slaapplek huis. Kan apart of saam vir groepe gehuur word.

Skakel Dinie by 082 336 9326.

NATALSE NOORDKUS

kleinADVERTENSIES

LICORNA BEACH, UMHLANGA ROCKS, NOORDKUS: Volledig gemeubileerde

luukse vakansiewoonstelle te huur. Skakel Durban 031 561 2344 of 031 561 2986.

Onmiddellik beskikbaar.

WESKAAP / TUINROETE

KAAPSTAD/BELLVILLE: Naby Tygervalleisentrum en N1 hoofroetes, 6 minute

vanaf Kaapstad. Akkommodeer tot 8 persone. Luuks en billik. Skakel Lou 083 234

5250 of 021 919 4358.

BELLVILLE/WELGEDACHT: Volledig toegeruste selfsorgeenheid in sekuriteitswoonbuurt.

Onderdakparkering, pragtige uitsig. Luuks en billik. Skakel Elza Beekman

082 372 2647.

BELLVILLE/OAK GLEN: DISA Selfsorg. Luukse, ruim, volledig toegeruste 1-slaapkamer

selfsorgeenheid in rustige woonbuurt. Slaap 2-3, linne ingesluit. Sentraal

geleë vir die Kaapse toeriste-attraksies, besigheidsentrums, hospitale en winkelsentrums.

Sien www.wheretostay.co.za/disa of skakel Fenny van der Hout by 021

910 0561 of 084 771 0312 of e-pos: dvanderhout@gmail.com

BLOUBERGSTRAND: Luukse tweeslaapkamerwoonstel, selfsorg, seefront. Verhitte

swembad. Tel/faks: 051 654 0504. E-pos: blouwberg@mweb.co.za

Webadres: http://mysite.mweb.co.za/residents/blouwberg

SOMERSET-WES: Groot 4-slaapkamerhuis, 2-sl- en 1-sl-woonstel. Volledig en luuks

toegerus. DSTV, ens. Ideaal geleë naby N2 en op wynroete. Billike tariewe. Chrisna

Aucamp 072 139 0000.

STRAND/BLOUBERG/GORDONSBAAI/STELLENBOSCH/BETTIESBAAI/WA-

TERFRONT/BELLVILLE/KAAPSTAD: Vakansieverhuring van woonstelle, huise

heeljaar en Desember! Kontak 083 313 4215 of cosybeach@absamail.co.za

STELLENBOSCH: KIERIE KWAAK selfhelpeenhede en gastehuis (2, 3 en 10 persone)

geleë op ’n plaas buite Stellenbosch. Skakel Sonja of Koos van Zyl: faks/tel 021

883 3163 / 082 551 4784 of www.kieriekwaak.co.za vir verdere inligting.

STELLENBOSCH / DIE BOORD: Netjiese, goedversorgde selfsorgeenheid (115

m²) in sekuriteitskompleks, 2 slaapkamers vir 4 tot 5 persone. Beskikbaar vakansies,

Mrt/April, Junie/Julie en Nov tot begin Feb.

Skakel Margaret 084 466 7121 of e-pos rkhoving@mweb.co.za

GORDONSBAAI: Gesellige, luukse vakansiehuis teen die hange van die Hottentots-

Hollandberge met asemrowende uitsigte oor die berge en baai, in rustige omgewing,

naby alle Kaapse toeriste-attraksies. 6 Persone, 2 badkamers, sondek, patio

met braaigeriewe, dubbelgarage. Tel. 012 329 2395 (w) of 012 332 2828 (h).

Website: www.capetownadventure.com

GORDONSBAAI: BERG EN SEE. Ten volle toegeruste vakansiehuis (6 persone)

enig in sy soort. Geleë teen berghange met 180º see-uitsig oor Valsbaai en Hottentots-Hollandberge.

In veilige, rustige woongebied, loopafstand vanaf Bikini-swemstrand

en dorpsentrum. 3 Slaapkamers, 2 badkamers, aparte stort, groot sondek,

braai-patio, toesluitmotorhuis en DSTV. Vir meer besonderhede skakel Jonker 083

325 4369.

GORDONSBAAI: HOOGGENOEG. Selfsorg,

3-slaapkamer vakansiehuis. Slaap

5. Uitsig op see en berge. Veilige parkering.

Foto’s op aanvraag.

Tel. 021 856 0736 of 082 320 6577.

GORDONSBAAI: Kom geniet die lieflike

Kaap vanaf ’n nuwe, luukse, volledig toegeruste

2-slaapkamer, 2-badkamerwoonstel.

Goeie sekuriteit, parkering in

kelder. See- en berguitsig, 50 m vanaf

hoofstrand en restaurante. Slaap 4, geen

kinders onder 12 jaar. Tariewe: R300 –

R500 per dag.

Skakel Marianne by 082 325 2699.

DANABAAI: Net 7 km buite Mosselbaai

en naby alles. Stil, rustig met natuurskoon,

strand en see-uitsig (180º) uit alle

vertrekke en braai-area. Ruim, netjies,

skoon woonstel met 2 slaapkamers en

• Die Kerkblad Junie 2010 • 51
kleinADVERTENSIES

dubbelslaapbank in leefarea. Volledig toegerus met badkamer, stort, kleur-TV, privaat

buitebraai en toesluitmotorhuis. Slaap vir maksimum 6 persone wat kinders

insluit. Binneseisoen @ R750 per dag vir woonstel. Buiteseisoen @ R280 per dag.

Naweektariewe beskikbaar @ R750 per naweek (net buiteseisoen). Skakel nou

Gerrit Badenhorst 083 274 6493 (sel); e-pos: gerrit@gerritbadenhorst.co.za

HARTENBOS: Vakansiehuis te Hartenbos. R570 per dag. Goedkoper en onderhandelbaar

buiteseisoen. Skakel 053 631 1623 of 083 288 6973.

HARTENBOS: VILLA RIVIERA. Voor op lagoon. Stapafstand na see. Skakel 082

780 3407.

JONGENSFONTEIN: Ten volle toegeruste 3-slaapkamereenhede (6 slaap). Handdoeke

en beddegoed ingesluit. Onbelemmerde see-uitsig. Kontak Jan of Marlene tel. en

faks 028 755 8119 of sel 072 460 4508.

GOURITSMOND: 3-Slaapkamerhuis met 2 badkamers (slaap 6). Slegs vir volwassenes.

Laaste twee weke van Desember nie beskikbaar nie. Tarief R200 per dag.

Mooi see-uitsig. 400 meter vanaf strand. Skakel 018 294 6197 of 082 556 8308.

GOURITSMOND: Dubbelverdieping, 3-slaapkamerhuis met 2 badkamers en groot

woonkamer met 2 ekstra beddens vir kinders. Huis geleë op rivier met pragtige

see-uitsig. Loopafstand van swemstrand en riviermond. Minimum 5 dae. Tariewe

April en Desemberskoolvakansies: R900 per dag. Buiteseisoen: R600 per dag.

Skakel 082 322 5352.

GLENTANA: Een selfsorgeenheid, slaap 2. Heeljaar spesiale tarief. Uitloop op strand.

Kontak 082 346 5886.

GLENTANA: Ruim selfsorgwoonstel, baie netjies en volledig toegerus, TV, ens. Slaap

4/6; 80 m vanaf see. Skakel 044 879 1381 of 082 871 5859.

GLENTANA: Strandhuis met 4 slaapkamers, 4 badkamers. Lieflike omgewing. Toegerus

vir 9 persone. Loopafstand vanaf swemstrand. Fantastiese uitsig oor die see

en swemplek. Buiteseisoen: R350 per dag (minimum 5 dae). Skakel 018 290 5670

of 084 504 6640.

STILBAAI: Gerieflike huis op rivier, alle geriewe, slaap 8. Billike tariewe. Sel 082

800 2039 of e-pos: nanno@etime.co.za

SWELLENDAM: Gerieflike bed- en ontbytverblyf by GRACE WALK in ’n prentjiemooi

omgewing. Beskikbaar 4 dubbelkamers en-suite met privaat ingang en ’n

mooi uitsig op die berg. Kom geniet ware gasvryheid en ’n heerlike ontbyt. Skakel

my by 028 514 3432 of 082 458 8224.

OUDTSHOORN: LAVENDER HOUSE. AA en 3-ster gradering. Statige Karoojuweel

in stil omgewing, stapafstand vanaf restaurante en winkels. 4 Luukse lugversorgde

en-suite kamers beskikbaar, B&B of selfsorg, asook ’n selfsorg tuinkothuis wat tot

6 persone kan akkommodeer. Kom verlustig u in die skoonheid van die Klein Karoo

en sy mense en geniet die lieflike tuin, swembad,braaigeriewe en veilige onderdakparkering.

Besoek ons webblad gerus by www.lavenderhouse.co.za Billike tariewe en vriendelike

diens, skakel Rita by 044 272 0579 of 083 543 9493.

PLETTENBERGBAAI: Strandhuis, 5 min. se stap na hoofstrand. Slaap 9. Minimum

2 nagte. Skakel 021 913 5552 of 084 503 5552.

HERMANUS/VERMONT: Gesellige, ten volle toegeruste 2-slaapkamer vakansiehuis.

Slaap 4-6.

Tel. 028 316 3904 of 072 386 3904 of epos:

knersis@itec.co.za

HERMANUS/ONRUSRIVIER: Netjiese

vakansiehuis, loopafstand na swemstrand.

Slaap 6 persone. Beskikbaar regdeur die

jaar. Toesluitmotorhuis.

Tel. 021 979 0563 (h) of 084 751 5018.

HERMANUS [SANDBAAI]: Volledig toegeruste

2-slaapkamerhuis (slaap 5), 10

min vanaf see. R600 per nag. Beskikbaar

Nov, Des en Jan. Skakel 028 316 1035 of

083 488 3010.

HERMANUS [SANDBAAI]: Volledig toegeruste

2-slaapkamerhuis (slaap 5), 10

min vanaf see. R600 per nag. Beskikbaar

Septemberskoolvakansie en walvisfees.

Skakel 028 316 1035 of 083 488 3010.

OOSKAAP

GRAAFF-REINET: KADASH GASTEHUIS op die plaas Damesfontein. Moeg van die

gejaag? Ons bied u: rus en vrede, ’n gerieflike gastehuis, kaggelvuur-aande, plaasmuseum,

fossiele, bossiepad, wandelpaaie ... Karoostilte. U is baie welkom!

Kontak Marguerite by tel/faks 049 845 0253, sel 082 4130 579.

Webbladsy: www:kadash.co.za

GRAAFF-REINET: BUITEN VERWAGTEN GASTEHUIS: Twee selfsorgeenhede asook

luukse kamers in pragtige omgewing. Swembad & braaigeriewe. Drie restaurante

binne loopafstand. E-pos: info@buitenverwagten.co.za of skakel Peet/Cheré

by 082 819 4488 of 049 892 4504.

JEFFREYSBAAI: Woonstel en huis by die see. Sel 082 828 4344.

JEFFREYSBAAI: Dubbelverdieping-, drieslaapkamerhuis met pragtige see-uitsig,

ten volle toegerus, loopafstand van see. Huis bestaan uit 3 slk, 2 badk, 2 ruim

leefvertrekke, ten volle toegeruste kombuis, 2 TV’s, videomasjien, DVD-speler.

Slaapplek vir 8 persone. Foto’s van huis en uitsig per e-pos beskikbaar. Dwarsdeur

die jaar beskikbaar, skakel vir tariewe.

Tel/faks: 016 428 1495 of sel 082 374 2700. E-pos: j.dutoit3@absamail.co.za

JEFFREYSBAAI: Twee (2)slaapkamer s/s vakansiewoonstel te huur. Skakel 042

296 0290 of 083 408 7811.

ASTONBAAI (NABY JEFFREYSBAAI): Strandhuis te huur. Pragtige see-uitsig. 300

meter vanaf strand. Woonkamer, sitkamer, 4 slaapkamers, 3 badkamers, kombuis,

waskamer, balkon, TV, skottel en videomasjien, mikrogolfoond, ys- en vrieskas,

buite braaiplek, 1 motorhuis. Minimum tydperk: 7 dae. Skakel Ansie du Plessis by

073 166 8166. Faks 086 219 2193. E-pos: jakduplessis@absamail.co.za

BOKNESSTRAND: DOPPERSNES op Boknesstrand. 2-slaapkamerhuis met 2 badkamers

asook ’n 2-slpk woonstel met 1 badk. 8 minute se loop vanaf swemstrand.

Verhuring regdeur die jaar. 50% afslag vir senior burgers (buiteseisoen).

Kontak Callie van der Merwe by 082 784 4519.

52 • Die Kerkblad Junie 2010 •

KAROO

BEAUFORT-WES: RUSTHUIZ GASTEVERBLYF. Veilige, stil woonbuurt met binneparkering.

Weg van hoofstraat. Besondere gehalte en atmosfeer. Vullende ontbyt.

Skakel 023 414 3516 of 082 829 4591.

COLESBERG: KAROO HUISE. Oornag in gerestoureerde dorpshuise, nasionale gedenkwaardighede

met antieke meubels. Die gerieflike huisies is selfsorgeenhede,

geleë in ’n stil straat. TV, braaigeriewe en veilige parkering. Restaurante binne

loopafstand.

Kontak T Vorster 051 753 0582; e-pos: hvzvorster@absamail.co.za

Web: www.karoohuise.co.za

COLESBERG: Rustige oornagakkommodasie, veilige parkering. HERBERG 051 753

0147.

COLESBERG: ONZE RUST GASTEHUIS EN KARAVAANPARK (ook vir tente). Rustige

oornagakkommodasie met eie badkamer (koffie, tee, handdoeke, seep, beddegoed)

sekuriteitsparkering, nagwag, weg van hoofstraat, buitedeure, selfsorg. Chalets

en gastekamers vanaf R100 tot R150 p/p (kinders by Chalets R55; gastekamers

R65) en tentakkommodasie R60 p/p. Karavaanpark rolstoelvriendelik – tente en

karavane. Beskikbaar: toesluitparkering, braaigeriewe. Alle etes. TV, DSTV asook

kitskombuisie. Earl Haigstraat 18.

Skakel Rina van Jaarsveld by 051 753 0249 of 082 768 0616.

E-pos: prvj1@xsinet.co.za

COLESBERG: OUDE HOSTEL. Luukse kamers met privaat badkamer en TV. Billike

prys, veilige parkering, swembad. Tel. 051 753 0131.

COLESBERG: GUINEA-FOWL GASTEHUIS. Geleë in stil omgewing, weg van hoofstraat,

veilige parkering op die erf. Alle kamers het eie buitedeur en eie badkamer.

TV in gesamentlike sitkamer vir gaste. Billike tariewe. Stapafstand van eetplekke.

Koffie- en teegeriewe in elke kamer.

Skakel Jan en Louise Augustyn by tel/faks 051 753 0197 of 082 899 3964.

DRIE SUSTERS: RONDAWEL GASTEPLAAS 300 meter vanaf N1-roete tussen Richmond

en Drie Susters. Kom geniet ons veilige Karooplaas vanuit die gerief van u

eie kliprondawel. Braaipakke, ligte aandetes en vol ontbyt beskikbaar.

Skakel Tereza van der Merwe, sel 082 442 1567.

DRIE SUSTERS: Selfsorg oornagakkommodasie op rustige, privaat en baie veilige

Karooplaas beskikbaar. Ten volle toegerus, baie naby N1 roete, tussen Richmond

en Drie Susters.

Skakel Retief 049 851 9222, sel 083 406 6236.
MPUMALANGA

SABAAN VAKANSIE-OORD: Volledig toegeruste woonstelle. Geleë tussen Sabie

en Hazyview. Goed geleë vir dagritte na Wildtuin en ander besienswaardighede.

Vir bespreking, skakel 013 737 8114.

DULLSTROOM: Volledig toegeruste 5-slaapkamerhuis op ’n plaas, 10 km vanaf

Dullstroom. Ontbyt op aanvraag. Visvang, stap, ens. Skakel Sarie 082 550 1126.

GRASKOP: Sentraal geleë buite malariagebied. Binne ’n uur vanaf talle toeristeaantreklikhede,

insl. Kruger Wildtuin. Naby Fanie Botha-staproete. Volledig toegeruste

selfsorgvakansiehuis met drie slaapkamers vir tot 7 of 8 persone.

Skakel Seakle of Elsa 012 335 4810, 082 395 7582 of e-pos godschal@mweb.co.za

MARLOTH PARK: Langs Kruger Wildtuin. Slaap 8. Tariewe vanaf R1 000 naweke

of mid-week. Skakel Rika 082 434 7313; www.toevallig.co.za

NELSPRUIT: Selfsorg verblyf, slaap 4, toegerus. R400 per nag, eie beddegoed, en

handdoeke. R460 per nag beddegoed en handdoeke voorsien. Tel 013 741 2386,

faks 013 741 2801. E-pos: creature@absamail.co.za

NOORDWES

POTCHEFSTROOM: BEUKES GASTEHUIS: Luukse kamers in stil woonbuurt. Eie

badkamer, TV met DSTV-kanale. Elke kamer het eie yskas asook koffie/teegeriewe.

Sel. 082 852 2426. Faks 018 297 1348.

VRYSTAAT

BLOEMFONTEIN OORNAG: Luukse oornagwoonstel met veilige parkering, TV.

Skoon en netjies. Gasvrye en rustige atmosfeer. Skakel 051 522 6035 of 082 726

9959.

BLOEMFONTEIN: KOMWEER B+B vir billike, huislike en gasvrye oornagverblyf.

Naby N1 en hospitale. Veilige onderdakparkering.

Navrae: tel. 051 522 3778, faks 086 670 8251 of 083 709 0684.

E-pos: ventersg@mweb.co.za Webbladsy: www.komweer.za.net

BLOEMFONTEIN: Selfsorg oornagkamers. Slaap 1-4 persone. Eie badkamer, TV.

Veilige onderdakparkering. Maklik bereikbaar vanaf N1. Skakel Piet of Belie by

051 433 2635 of 072 342 7530.

MIDDENDEEL GASTEPLAAS: Middendeel Gasteplaas, 100 km vanaf Bloemfontein

en 75 km vanaf Kimberley. Geskik vir kerkkampe en familiebyeenkomste. Slaap

30 persone. Kontak Callie van der Merwe by 082 784 4519.

LIMPOPO

POLOKWANE/PIETERSBURG: COME-A-LONG AKKOMMODASIE. Oornag- en

langtermyn akkommodasie. Netjiese, toegeruste selfsorgeenhede.

Met bespreking meld verwysing “Kerkblad” vir u 10%-afslag.

Sel 082 776 7760. E-pos: comealongaccom@gmail.com

GAUTENG

PRETORIA: Selfsorgwoonstelle in ooste van Pretoria. Naby Wilgers Hospitaal en

Menlyn. Slaap tot 6 persone. Navrae: Sarie 082 550 1126 of Grizelda 082 923

2554.

JEUGHUISE: Gereformeerde Kerk Meyerspark. Aangename verblyf vir jongmense

in rustige woonbuurt. Twintig ruim slaapkamers, woonkamer, kombuis en waskamer

met alle geriewe, swembad, braai-area, veilige parkeerafdakke en pragtige

tuin. Skakel Elsje 082 940 5804 of Liza 083 309 1340.

SKEERPOORT: Billike, huislike oornagverblyf op hoewe, naby Hartbeespoortdam,

in radius van 60 km vanaf Pretoria en Johannesburg. Privaat badkamer, gesamentlike

TV. Beskuit en koffie (ontbyt indien verlang).

Skakel Pienaar by 012 207 1117 of 012 207 1941 of 082 859 4655.

ALLERLEI

BOEKE VAN MARNIX

Deur prof. V.E. d’Assonville. Pryse sluit posgeld en verpakking in.

Bestel by: MARNIX, Posbus 38174, Faerie Glen, 0043. Tel en faks: 012 991 2009.

E-pos: marnix@absamail.co.za

SJ du Toit van die Paarl (biografie, hardeband, 450pp, 50 foto’s) R175; (genommerde

eksemplaar: R225).

Dit is Totius (biografie, hardeband, 284pp, 50 foto’s) R83; (genommerde eksemplaar

R108).

Die boek Openbaring (Lig van God se Woord op die wêreldgebeure. Sagteband,

tweede nuutverwerkte uitgawe, 250pp), R98.

Kerk op die Wit Hooglande (’n Gedenkboek oor die Gereformeerde Kerke in

Kenia met volledige doopregisters. Hardeband, 128pp, foto’s) R58.

Gereformeerde Doopsformulier (God se beloftes en eise aan ons. Hardeband,

114pp) R18.

kleinADVERTENSIES

Gids vir Kerkgeskiedenis (’n Omvattende oorsig oor die kerkgeskiedenis vanaf

die eerste eeu nC. Sagteband, 245pp) R38.

Kerkgeskiedenis in 30 lesse (’n Katkisasie-handboek. Ook baie geskik vir nuwe

lidmate wat in die gemeente verwelkom word. Hardeband, 117pp) R20.

Dogmageskiedenis (Gids vir die Gereformeerde leer. Sagteband, 83pp) R15.

Calvyn verdedig sy stad (Die dramatiese geskiedenis rondom een van Calvyn se

belangrikste geskrifte tydens sy ballingskap. Sagteband, 16pp) R7.

Majuba (Ongelooflike Boere-oorwinning oor Groot-Brittanje op 27 Feb. 1881.

Sagteband, 75pp met foto’s) R45.

Majuba (Engelse uitgawe. Sagteband, 82pp) R45.

Kruger en Rhodes (Die berugte Jameson-inval in 1896 en die aanslag van Milner

teen Transvaal in 1899. Sagteband , 82pp) R45.

Bloedrivier (Een van die grootste dramas in Afrika – keerpunt van ’n beskawing.

Sagteband, 70pp met foto’s) R65.

Blood River (’n Engelse weergawe van bogenoemde boek. Sagteband, 71pp met

foto’s) R65.

Totius se oorlogsdagboek (Die digter Totius se ervarings as Kaapse rebel 1899

– 1900. Sagteband, 72pp met foto’s) R45.

Op die bodem van die Vaaldam (Dramatiese geskiedenis van ’n Boereplaas wat

in 1936 deur die Vaaldam se waters toegestoot is. Die aangrypende episodes van

hierdie mense in die Anglo-Boereoorlog, die krygsgevangene- en konsentrasiekampe

en die Rebellie van 1914 saam met genl. De Wet. Sagteband, 211pp, 55

foto’s) R108.

Die Psalms sing van Christus (’n Dagboek oor die Psalms wat ons van God se

beloftes verseker. Sagteband, 194pp) R98.

Die koms van Christus en die Antichris (Die kerk wag elke dag op die koms van

Jesus Christus. Die Antichris is egter alreeds daar, maar word tans nog teëgehou

totdat die Evangelie eers klaar verkondig is. Kardinale vrae word beantwoord.

Sagteband, 104pp) R65.

Die Van der Merwes van Middendeel VE d’Assonville en Nico van der Merwe.

R158 posgeld ingesluit.

Eugène Marais en die Waterberge (ook in Engels) R108.

Generaal De Wet in die Vredefortkoepel R158.

OPMETINGSINSTRUMENTE: Bukswaterpasse (dumpy levels), teodoliete, meetwiele,

laser vir konstruksie. Protea Opmetings Instrumente.

Tel. 011 976 2070. Sel 083 259 8931 of 083 265 7272. E-pos: sales@protsurv.co.za

BINDWERK: Flinke bindwerk van hoogstaande gehalte. Dienste sluit in die:

• Inbind van proefskrifte en verhandelinge

• Herstel van ou of beskadigde boeke

• Inbind van tydskrifte, sowel as

• Gespesialiseerde binddienste

Kontak Lukas van Vuuren, tel. 011 477 4183.

ONTHAALBENODIGDHEDE

KRANENBURG VERHURINGS. Vir al u onthaalbenodigdhede (linne, breekware,

eetgerei, kerse, servette, draperings) skakel Hilje by 012 332 3878 of 082 817

7387.

OUTYDSE TRAPORRELS: Vir herstel en/of restourasie van outydse traporrels,

skakel mnr. Jan Zielman.

Tel. 012 330 3087 / 083 338 3240 of e-pos: janzielman@mweb.co.za

DIE UITTOG: Bybelstudie-werkboek deur Edmund de Beer en Anneke Botha. Die

betekenis van hierdie groot gebeurtenis vir ons vandag. Vir enkelinge of groepe.

Foto’s en kaarte. R40 (posgeld ingesluit). Bestel by Hester 082 857 7347.

Riaan the Magic man: Riaan kan u funksie, klein of groot, ophelder met sy kulkunsies.

Ry ook ’n eenwielfiets, is ’n ballon-vou spesialis, en doen ongelooflike

(close-up) kulkunsies. Baie goedkoop met sy tariewe.

Skakel 012 329 0444 of sel 084 582 9063.

King Louis Musikale Instrumente waar u al u musiekinstrumente en toebehore

kan aankoop teen groot afslagpryse. Skakel vir Riaan of Louis van der Walt 012

329 0444 of sel 084 582 9063. E-pos: kinglouis@telkomsa.net

MEUBELS TE KOOP:

Een 10-sitplek (gestoffeerde stoele) eetkamerstel met buffet van swarthou. Puik

toestand. R39 000.

Een 3-stuk Victoriaanse sitkamerstel van Engelse eikehout. Mooi erfstuk. Geregistreer

ouer as 100 jaar. R19 000.

Vir navraag, skakel 082 649 4385.

EIENDOMME

BLOEMFONTEIN: Vir al u eiendomsbehoeftes. Woonhuise, meenthuise, studenteverblyf,

hoewes en plase beskikbaar.

Besoek gerus ons webtuiste: www.cheetahprop.co.za vir foto’s & inligting.

Skakel Dirk Coetzee, 082 784 1993. Cheetah Eiendomme.

AKKOMMODASIE POTCHEFSTROOM: Ruim slaapkamers te huur, met ingeboude

kaste. Gebruik van alle huishoudelike fasiliteite ingesluit. Vir navraag, skakel 082

649 4385.

• Die Kerkblad Junie 2010 • 53
Die Almanak van die

Gereformeerde Kerke in Suid-

Afrika

Met Bybeldagstukkies

Beskikbaar by die Admin Buro

teen R45 per eksemplaar

(posgeld uitgesluit)

Tel. 018 297 3986

Faks 018 293 1042

E-pos: bestellings@gksa.co.za

54 • Die Kerkblad Junie 2010 •