Staatsleer - Unisa
Staatsleer - Unisa
Staatsleer - Unisa
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
DEPARTEMENT POLITIEKE WETENSKAPPE

INHOUDSOPGAWE

1. INLIGTING AANGAANDE DIE HONNEURSGRAAD IN

STAATSLEER

2. GELYKTYDIGE REGISTRASIE VIR MODULE(S) VIR

NIE-GRAADDOELEINDES

3. NEEM VAN 'N HONNEURSVRAESTEL UIT 'N ANDER

VAK

4. TOELATINGSVEREISTES

5. AANTAL VRAESTELLE WAARVOOR STUDENTE IN HUL

EERSTE JAAR MAG REGISTREER

6. ONDERRIGMETODE

7. AANVANG VAN DIE STUDIE

8. LEERGANG

9. KEUSE VAN VRAESTEL

10. DUUR VAN DIE KURSUS, EKSAMENAFLEGGINGS EN

DIE TOELATINGSVEREISTES TOT DIE EKSAMEN

11. MAGISTERGRAAD (MA) EN DOKTORALE (DLITT ET

PHIL) STUDIES AAN DIE DEPARTEMENT POLITIEKE

WETENSKAPPE.

12. PERMANENTE DOSERENDE PERSONEEL
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

DEPARTEMENT POLITIEKE WETENSKAPPE

1. INLIGTING AANGAANDE DIE HONNEURSGRAAD IN

STAATSLEER

Raadpleeg Deel 1 van die Jaarboek en die Inligtingsbrosjure

ten opsigte van die algemene reglemente vir toelating tot

nagraadse studie, dokumente wat 'n aansoek om toelating

moet vergesel, herregistrasie, duur van studie, aansoeke

om kansellasies, ens.

2. GELYKTYDIGE REGISTRASIE VIR MODULE(S) VIR

NIE-GRAADDOELEINDES

Studente kan slegs met die spesiale toestemming van die

Senaat vir hoogstens twee modules op dieselfde vlak vir

niegraaddoeleindes (NGD) gelyktydig met 'n

Honneurskursus registreer, en op voorwaarde dat die

NGD-module(s) verband hou met hulle Honneursstudie, of

indien hul 'n skriftelike motivering wat vir die Universiteit

aanvaarbaar is, voorlê. Let asseblief daarop dat studente

voor die sluitingsdatum vir registrasie vir die module(s)

aansoek moet doen om toestemming vir gelyktydige

registrasie. Sien asb. die inligtingsbrosjure aangaande

registrasiedatums

3. NEEM VAN 'N HONNEURSVRAESTEL UIT 'N ANDER

VAK

In die Kollege vir Menswetenskappe mag studente een van

die vraestelle van hulle honneursgraad vervang met 'n

honneursvraestel uit 'n ander vak, indien die Hoofde van die

betrokke twee Departemente oordeel dat die studente oor
3

voldoende agtergrondkennis beskik om daardie vraestel te

kan neem en dit tot die studente se voordeel is.

4. TOELATINGSVEREISTES

Tensy die Senaat anders besluit moet studente geslaag het

in:

(1) 'n Voltooide Baccalareus graad of die ekwivalent

daarvan

(2) Hoofvak in Staatsleer

(3) 'n kursus(se) aan 'n ander Universiteit wat

gelykwaardig is aan (2) hierbo.

5. AANTAL VRAESTELLE WAARVOOR STUDENTE IN HUL

EERSTE JAAR MAG REGISTREER

Benewens die formele toelatingsvereistes wat in Afdeling B

van Deel 1 van die Jaarboek en in hierdie brosjure gestel

word, is die volgende bepalings ook van toepassing:

(1) Studente wat ‘n gemiddeld van 60% of meer behaal

het in die toepaslike hoofvak waarin hulle met hul

studie wil voortgaan en die kursus nie meer as vyf jaar

gelede afgelê het, registreer in hul eerste jaar van

studie vir hoogstens drie vraestelle. Studente word ten

sterkste afgeraai om vir meer as drie vraestelle te

registreer. In hoogs uitsonderlike omstandighede sal

die Hoof van die Departement 'n aansoek om vir meer

vraestelle te registreer, oorweeg mits 'n gemotiveerde

aansoek die registrasievorm vergesel.
4

Ten einde hulle studie nie te vertraag nie, moet

sodanige studente aandui vir watter drie vraestelle

hulle wil registreer indien hul aansoek om meer

vraestelle te mag neem, nie suksesvol is nie.

(2) Studente wat in die toepaslike hoofvak ‘n gemiddeld

tussen 55 - 59% behaal het, kan vir hoogstens twee

vraestelle registreer indien nie meer as vyf jaar

verloop het sedert die geslaag is nie.

(3) Studente wat in die toepaslike hoofvak ‘n gemiddeld

tussen 50 - 54% behaal het, kan vir hoogstens een

vraestel registreer indien nie meer as vyf jaar verloop

het sedert die kursus geslaag is nie. Studente wat die

kursus langer as vyf jaar gelede geslaag het, se

aansoek sal na die Hoof van die Departement

Politieke Wetenskappe verwys word, wat 'n

aanbeveling kan maak oor bykomende vereistes

waaraan studente moet voldoen, al dan nie.

6. ONDERRIGMETODE

Die vernaamste kenmerke van ons onderrigmetode vir

honneurs-studente kan soos volg saamgevat word:

(a) Volledig uitgewerkte studiegidse word nie verskaf nie,

maar studente word voorsien van 'n algemene

handleiding waarin die studieprogram en -vereistes

van die kursus uiteengesit word. Daarbenewens is

daar 'n kort handleiding vir elke vraestel waarin

oriënterende aantekeninge, werkopdragonderwerpe

en literatuurlyste verskyn.

(b) Daar word van studente verwag om 'n aantal

werkopdragte (in tweevoud) oor voorgeskrewe

onderwerpe in elke vraestel uit te werk.
5

(c) Van tyd tot tyd mag uittreksels uit boeke en tydskrifte

gemaak word en as 'addisionele studiestukke' aan

studente versend word. Hierdie stukke word in twee

groepe verdeel, te wete een groep wat bedoel is as 'n

integrerende deel van die studiemateriaal vir die

eksamen, en 'n ander groep wat as

agtergrondmateriaal gelees en by die uitwerk van

werkopdragte gebruik kan word.

(d) Studente word versoek om hul dosente so dikwels as

moontlik te spreek vir persoonlike leiding by die

uitwerk van werkopdragte en in verband met ander

studieprobleme.

(e) Die studiemateriaal vir die eksamen bestaan uit

studente se eie werkopdragte, handleidings, 'n

bepaalde getal voorgeskrewe boeke per vraestel en

addisionele studie-stukke in die vorm van

studiebriewe en uittreksels.

7. AANVANG VAN DIE STUDIE

Studente wat vroeg registreer, hoef nie te wag tot die

sluitingsdatums vir registrasie voor hulle begin werk nie.

Sien Inligtingbrosjure vir toepaslike registrasiedatums.

Sodanige studente kan dadelik met hulle studies begin

volgens die aanwysings in die algemene handleiding. Alle

studente word in elk geval aangeraai om die Departement

minstens een keer persoonlik te kom besoek voordat hulle

registreer of voordat hulle met hul studies begin.

8. LEERGANG (Graadkode:0435-9)

Die honneurskursus bestaan uit enige kombinasie van vyf

van die onderstaande vraestelle. Enige van die vraestelle

kan vervang word met 'n honneursvraestel uit 'n

aanverwante vak waarin kandidate oor voldoende
6

agtergrondkennis beskik, met die goedkeuring van die

betrokke Departementshoofde.

Vraestelle 1 tot 5 is skriftelike vraestelle van drie uur elk.

Dit is verkieslik dat Vraestel 1 voor of tesame met

Vraestel 6, indien Vraestel 6 gekies word, geneem word.

Registrasie vir Vraestel 6 is onderworpe aan die

goedkeuring van die Departementshoof.

Vraestel 1: Epistemologie, metodologie, beredeneerde

handeling en navorsingsmetodes

(HNPCS1-5)

Gevorderde studie van wetenskapsfilosofie, metodologie,

beredeneerde handeling en navorsingsmetodes.

Vraestel 2: Teorie, filosofie en ideologie (HNPCS2-6)

Gevorderde studie van geselekteerde kontemporêre

politieke filosofieë, politieke teorieë en politieke ideologieë.

Vraestel 3: Politieke dinamika (HNPCS3-8)

Gevorderde studie van die kernaspekte van en

determinante in politieke dinamika en politieke gedrag.

Vraestel 4: Vergelykende politiek (HNPCS4-9)

Gevorderde studie van benaderings, teorieë en metodes in

Vergelykende Politiek met 'n toepassing op Suidelike Afrika.

Vraestel 5: Suid-Afrikaanse politiek (HNPCS5-A)

Gevorderde studie van Suid-Afrikaanse politieke

vraagstukke soos politieke ontwikkeling, verandering en
7

konflik, regstellende aksie, die volkstaat, behuising,

misdaad, die wenslikste staatsvorm en privatisering teenoor

nasionalisering.

Vraestel 6: Navorsingsprojek (HNPCS6-B)

'n Selfstandige navorsingsprojek. Die onderwerp word

gekies in oorleg met die Departement en is onderworpe aan

die goedkeuring van die Departementshoof. Studente wat

vir hierdie vraestel wil registeer word aangeraai om vooraf,

of tesame met hierdie vraestel, Vraestel 1 hierbo te volg.

9. KEUSE VAN VRAESTELLLE

Ten einde u keuse van vraestelle te vergemaklik en ook om

u 'n bietjie meer inligting te gee oor die veld wat die

honneurskursus dek, word 'n kort samevatting van die

inhoud van die leerplan van elke vraestel hieronder verstrek.

Let asseblief daarop dat die vraestelle deur verskillende

dosente gedoseer word en dat die vraestelle wye

onderwerpe dek. Gevolglik is dit onmoontlik om die 'grense'

van elke vraestel presies af te baken. Dit is natuurlik ook

duidelik dat sommige vraestelle in 'n mate oorvleuel en dat

almal mekaar aanvul. Onderstaande inligting is dus slegs as

breë riglyne bedoel en ons kan u nie die versekering gee

dat die betrokke dosente hulle presies daaraan sal hou nie.

Vraestel 1: HNPCS1-5

Hierdie vraestel is 'n voortsetting van voorgraadse werk in

metodologie en epistomologie. Die vraestel bestaan uit drie

afdelings, waaruit studente twee opsies moet kies.

Afdeling A is 'n gevorderde studie van geselekteerde

onderwerpe uit die filosofie en metodologie van die politieke
8

wetenskap. 'n Studie word gemaak van geselekteerde

kwantitatiewe en kwalitatiewe paradigmas wat

wetenskaplike navorsing lei, insluitend Marxistiese

realisme, positivistiese empirisisme en konstruktivisme.

Epistemologiese en metodologiese vraagstukke wat

betrekking het op die tipe navorsing wat onderneem word,

word onder die loep geneem. Laastens word spesifieke

metodes wat van toepassing is op empiriese navorsing in

die politieke wetenskap bestudeer. Die klem val op nieeksperimentele

metodes soos die statistiese, vergelykende

en gevallestudie metodes.

Afdeling B van die vraestel fokus op die probleem van

menslike handeling in politieke verband en in die besonder,

die beredeneerde aanwending of gebruik van kennis,

afgesien daarvan of die kennis self wetenskaplik van aard

is. Omdat dataversamelings-, filosofiese en

aanwendingsprobleme van kennis in noue verband tot

elkaar staan, word die menslike handelingsprobleem in die

kursus vanuit 'n breë wetenskaplike perspektief benader.

Die kursus het twee oogmerke. Eerstens wil dit 'n

inleidende agtergrond bied waarteen die probleem van

menslike politieke handeling binne die tradisie van politieke

teorie benader en begryp kan word. Tweedens wil dit in die

besonder, die benadering van Eugene J Meehan met

betrekking tot die kennisprobleem onderliggend aan

menslike handeling bekendstel en in selektiewe gevalle

aanwend. Die besondere benadering kan beskou word as

'n poging om 'n beredeneerde en verdedigbare grondslag vir

die sistematiese kritiek van intellektuele aansprake te

ontwikkel, afgesien daarvan of sodanige aansprake

empiries of normatief van aard is. Hoewel die raamwerk

hoofsaaklik ontwikkel en geïllustreer word aan die hand van

die sosiale wetenskappe, is die raamwerk geskik vir

algemene aanwending en nie beperk tot terreine van

akademiese ondersoek nie.
9

Afdeling C van hierdie vraestel gee aandag aan

kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Die

hoofdoel van hierdie deel van die vraestel is om studente

vertroud te maak met die algemene beginsels en

prosedures wat van toepassing is by die ontwerp en

evaluering van navorsing oor politieke probleme.

Afdeling A = Opsie een ) Studente kan enige

Afdeling B = Opsie twee) twee van hierdie opsies

Afdeling C = Opsie drie) neem vir vraestel 1.

Vraestel 2: HNPCS2-6 - Kies EEN opsie.

Opsie (a)

In hierdie opsie word op die Empiriese Teorie

gekonsentreer. Die volgende gevorderde onderwerpe word

bestudeer; die toekoms van die post-behavioralistiese fase,

post modernisme, stelsel analise, die rasionele keuse teorie

en die feministiese teorie.

Opsie (b)

In hierdie opsie word 'n belangrike probleem in die politieke

filosofie bestudeer: die probleem van die oop samelewing.

Denkers wat hierdie probleem behandel soos Karl Popper,

Henri Bergson en Erik Voegelin word gebruik om lig te werp

op die vraagstuk.

Opsie (c)

In hierdie opsie word na die funksies, struktuur en teorieë

van ideologieë gekyk. Inleidend word gekyk na wat

ideologieë is en hoe hulle in die samelewing en die politiek
10

funksioneer. Nasionalisme word as 'n gevallestudie gebruik

om sommige punte te illustreer.
11

Die rol van ideologieë in die geskiedenis en veral die "einde

van ideologie" debat ontvang aandag. In hierdie geval word

gefokus op Francis Fukuyama se "the end of history".

In die werkopdragte word aandag geskenk aan

nasionalisme, "The Third Way", neo-liberalisme en

kontemporêre Marxistiese teorieë in die algemeen. Aandag

word ook aan post-modernisme se relevansie vir die

politieke wetenskap geskenk word. Studente word in

hierdie opsie die geleentheid gegee om self van die

onderwerpe te ontwikkel.

Vraestel 3: HNPCS3-8 - Kies EEN opsie.

Opsie (a)

In hierdie opsie word politieke dinamika en in die besonder

politieke partye, partystelsels, belangeorganisasies, en

stelsels van belange verteenwoordiging bestudeer.

Opsie (b)

Hierdie afdeling handel oor politieke besluitneming. In die

verlede is die rol van politieke partye in die konstitusionele

onderhandelingsproses behandel. In die lig daarvan dat dit

nou geskiedenis is, is ons in die proses om 'n nuwe

fokuspunt te ontwikkel. Gevolglik is hierdie opsie vir die

akademiese jaar 2007 OPGESKORT.

Opsie (c)

Hierdie opsie is gespesialiseerd in politieke dinamika en

fokus op geselekteerde probleme in die studie van politieke

gedrag. Die twee probleemareas wat ter sprake kom, is

politieke elites en gewelddadige politiek.
12

Die oogmerk van die opsie is om teorie en praktyk by

mekaar uit te bring. In die geval van politieke elites word

gekyk na verskillende elite-teorieë, onder andere dié van

Vilfredo Pareto, Gaetano Mosca en Robert Michels.

Daarteenoor word die idees van Nelson W Polsby en

Robert A Dahl gestel wat meer op gemeenskapsmag

("community power") konsentreer. Die bestudering en 'n

kennis van politieke elites is buitengewoon belangrik vir

enige student van die politiek omdat, soos Mosca dit stel "in

all societies - from societies that are very meagerly

developed ... to the most advanced and powerful societies -

two classes of people appear - a class that rules and a class

that is ruled". Veral die "class that rules" is bepalend in die

politiek.

Die tweede deel van die opsie handel oor gewelddadige

politiek. Weereens bestaan dit uit teoretiese en toegepaste

dele. In die teoretiese gedeelte word gekyk na teorieë oor

geweld beginnende by J C Davies se J-kurwehipotese, die

relatiewe ontberingskool van Ted Gurr, die Marxistiese

teorie en die vergelykend-historiese benadering waarby

veral Theda Skocpol belangrik is. Gewelddadige politiek

neem verskillende vorme aan, onder andere as 'n rebellie,

staatsgreep, massa-opstand of rewolusie. Hierdie

onderwerp is vir die studente in Suid-Afrika van groot

belang. Insidente soos Sharpville (1960), Soweto (1976),

Sebokeng (1984 en 1990) asook aspekte soos strukturele

geweld en die gewapende stryd is dikwels in die nuus.

Word die onderliggende redes daarvoor altyd verstaan? In

dié deel van die opsie word gepoog om groter duidelikheid

oor dié onderwerp te kry.
13

Vraestel 4: HNPCS4-9 - Albei afdelings is verpligtend.

Afdeling (a)

In hierdie opsie word 'n oorsig gegee van vergelykende

politiek wat sedert die Tweede Wêreldoorlog as 'n nuwe

onderafdeling van die Staatsleer beskou word. Die

totstandkoming van vele nuut-onafhanklike state in Afrika,

Asië, die Midde- en Verre Ooste, het die aandag gevestig

op die verskeidenheid vorme wat kulturele en politieke

strukture en ontwikkelingsprosesse aanneem. Daar is

bevind dat konsepte en teorieë, wat hoofsaaklik op die

staatkundige kennis van die Wes-Europese, die Britse en

die Amerikaanse politieke instellings berus het,

ontoereikend was om die nuwe instellings te verklaar en

sinvol met ander bekende verskynsels te vergelyk. 'n Nuwe

wyse van ontleding van politieke stelsels moes derhalwe

ontwikkel en toegepas word. Hierdie wyse van ontleding

staan as vergelykende politiek studie bekend.

Die doel van vergelykende studie is om die eenvormige

asook die uiteenlopende faktore, die veranderlike asook die

konstante faktore, die buitengewone asook die algemene

faktore van verskillende politieke stelsels te identifiseer en

te verklaar. Hieruit kan afgelei word dat die vergelykende

politiek 'n geweldige wye omvang het en dat nie slegs die

formele aspekte van politieke stelsels, naamlik die

organisatoriese struktuur, die prosedurereëls en die wetlike

verhoudinge tussen owerheidsinstellings bestudeer word

nie, maar ook daardie aspekte wat die dinamiese werking

binne die formele raamwerk van die stelsels beheer.

Benewens die ontwikkeling van hierdie onderafdeling binne

die Staatsleer, word die benaderingswyses en bydraes tot

vergelykende studie van verskeie vooraanstaande
14

staatkundiges in hierdie opsie ontleed en geëvalueer, terwyl

besondere aandag ook aan die aard van die vergelykende

metode verleen word.

Afdeling (b)

Die doel van hierdie afdeling is om die teoretiese kennis van

afdeling (a) op 'n praktiese situasie toe te pas - in hierdie

geval vergelykende studie van state in Suider-Afrika en van

Ronald Inglehart se studie van waardestelsels wêreldwyd.

Dit fokus op die boek State-building and democracy in

Southern Africa deur Pierre du Toit, waarin Botswana,

Suid-Afrika en Zimbabwe vergelyk word. Aspekte van

vergelyking sluit hulle konstitusies, staat-samelewing

verhoudings, staatbou en demokratiese lewensvatbaarheid

in. Publikasies deur Inglehart word ook gebruik.

Vraestel 5: HNPCS5-A - Kies EEN opsie.

Opsie (a)

Hierdie opsie behels 'n studie van "politieke ontwikkeling".

Die onderwerp word aangepak deur teoretiese oriëntasies

te bestudeer soos die teorieë oor politieke ontwikkelinge

naamlik die moderniserings en die afhanklikheidsteorieë,

asook die belangrike verwantskap tussen politieke en

ekonomiese ontwikkeling.

Opsie (b)

In hierdie opsie word Suid-Afrikaanse vraagstukke

bestudeer soos: privatisering teenoor nasionalisering;

regstellende aksie; behuising; die volkstaat; die wenslikste

staatsvorm: unie of federasie; misdaad en korrupsie;

makro-ekonomiese strategie; enkel-dominante party stelsel.
Vraestel 6: HNPCS6-B

15

Selfstandige navorsingsprojek

Kyk onder 8 Leergang vir besonderhede.

10. DUUR VAN DIE KURSUS, EKSAMENAFLEGGINGS EN

DIE TOELATINGSVEREISTES TOT DIE EKSAMEN

Kragtens die huidige regulasies mag studente na een jaar

van studie tot die honneurseksamen toegelaat word. Mits

studente voldoen het aan al die vereistes wat die Departement

gestel het, sal hulle toegelaat word.

Ons beveel egter aan dat studente 'n tydperk van minstens

twee jaar aan die kursus moet wy. U studeer deeltyds en die

hoeveelheid skriftelike werk wat u vir beoordeling moet

indien, is aansienlik.

Studente word slegs tot die eksamen toegelaat op aanbeveling

van die Departementsvoorsitter wat vir dié doel 'n

evaluering van studente se ingestuurde werk doen.

Normaalweg beteken dit dat u minstens die minimum

hoeveelheid werkopdragte wat elke dosent vir sy vraestel vir

insending voorgeskryf het, moes ingestuur het en 'n

slaagsyfer vir sodanige werkopdragte moes behaal het.
16

11. MAGISTERGRAAD (MA) EN DOKTORALE (DLITT ET

PHIL) STUDIES AAN DIE DEPARTEMENT POLITIEKE

WETENSKAPPE

Bykomend tot die Honneursgraad bied die Departement

Politieke Wetenskappe ook Magister- en Doktorsgrade in

Staatsleer, Afrika Politiek en Internasionale Politiek aan. Die

minimum toelatingsvereiste vir die Magistergraad is ‘n

Honneurs graad in die toepaslike vakrigting. Vir die

Doktorale studie is die vereiste ‘n voltooide Magistergraad in

die toepaslike vakrigting.

Die Magister- en Doktorsgrade bestaan onderskeidelik uit ‘n

verhandeling en ‘n proefskrif. Geen gedoseerde of

gestruktureerde MA of DLitt et Phil grade word deur die

Departement aangebied nie. Beide die verhandeling en die

proefskrif bestaan uit oorspronklike navorsingswerk. Die

Departement kan ook moontlik van ‘n voornemende

kandidaat verwag om ‘n leesprogram te volg, voordat

navorsing en die skryf van die verhandeling of proefskrif

toegelaat word.

Voornemende kandidate moet die Registrateur van die

Universiteit nader om tot die Magister- (MA) en Doktors-

(DLitt et Phil) graad toegelaat te word. Oorspronklike

akademiese rekords van vorige akademiese kwalifikasies

moet die aansoek vir toelating vergesel. Indien ‘n kandidaat

tot die studie toegelaat word, sal die Departement riglyne

verskaf waarvolgens die navorsingsvoorstel voorberei en

aan die Departement voorgelê moet word. (Riglyne kan ook

op die Departement se webtuiste gevind word

http://www.unisa.ac.za/dept/pol)

Daar word van die kandidate verwag om self hul

navorsingstemas te kies. Die lewensvatbaarheid van die

navorsingstemas kan ook voor of na die toelatingsproses
17

met die Departement uitgeklaar word. Wanneer die

navorsingstema aanvaar is sal die Departement ‘n

studieleier(s) of promotor(s) aanwys wat die student tydens

die studie sal bystaan. Voorgenome kandidate moet hul

vergewis van die Universiteit se regulasie oor o.a. die

tydsduur van die Magister-- en Doktorsgrade. Die inligting is

vervat in die amptelike jaarboek van die Universiteit.

Kontakbesonderhede vir voornemende studente:

Die Registrateur (Akademies)

Die Universiteit van Suid-Afrika

Posbus 392

UNISA 0003

Republiek van Suid-Afrika

Telefoon: 0861 670 411

Faks: 012 429 4150

E-pos (Honeursnavrae): artes@unisa.ac.za

E-pos (Magister- en

Doktorsnavrae): post-artes@unisa.ac.za

Moet asb. nie huiwer om die Departementshoof, Prof Murray

Faure, of individuele departementslede te kontak indien u verdere

inligting verlang nie.

PROF A M FAURE

POLITIEKE WETENSKAPPE
18

12. PERMANENTE DOSERENDE PERSONEEL

STAATSLEER

PROFESSOR: A M Faure MAdmin, DAdmin (Unisa)

P A H Labuschagne MA, DPhil (UVS)

LLB, LLM (Unisa)

MEDE-PROFESSOR

D J Kotzé MA (Stellenbosch),

MA (UP),

PhD (Witwatersrand)

SENIOR

LEKTRISE: S Botha MAdmin (UP),

DLitt et Phil (Unisa)

LEKTRISE: S L Kant MA (Unisa)

UNISA