03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy

koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die

ongeregtigheid doen,

42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en

gekners van die tande.

43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van

hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.”

Nou vers 49 en 50 van daardie selfde hoofstuk:

49 “So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal

uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei

50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners

van die tande.”

U kan uself voorstel watter geweldige skouspelagtige tonele daar vir ons

wag. As u nie die HERE vra om u verstand en u gees te verruim nie sal u

hierdie dinge nie insien nie. Nou waarvoor staan dit dan in die Bybel? Dis

of waar of dis nie waar nie. En daarom moet ons versigtig wees dat ons nie

aan die een kant onverskillig is en nou maar sommer net oor die Bybel lees

nie en dit beteken vir ons niks nie of aan die ander kant dat ons die HERE

beperk en sê: ‘ag, dit kan nie waar wees nie’. As u hieroor gaan dink:

hoeveel goddeloses is daar nie op die aarde nie? Kyk net hoe gaan dit in

die wêreld vandag. Kyk net vandag die bedreiging van die Christendom

deur al die barbare en al die terroriste en al hierdie nasies wat vandag

saamdrom om die Christendom uit te roei, ook ons eie blanke nasies in

Suider Afrika wat Christen nasies is en wat een van dié is wat nog staan vir

die Christendom.

As die engele kom en hulle almal moet kom verwyder; watter geweldige

taak! Hoe gaan hulle getransporteer word? Onthou hulle het niks met God

en sy gebod te doen sover as dit hulle geloof betref nie. Dus, daar gaan nie

vir hulle ‘n verheerlikte liggaam wees of iets van die aard wat hulle nou

maar self mee in die lug in sweef of verdwyn nie. Hulle sal moet

getransporteer word en dit is engele wat dit gaan doen! Wat ‘n magtige

gebeurtenis gaan daar nie plaasvind nie. U sien, as u na hierdie dinge

begin kyk en die HERE se Woord begin letterlik neem, dan begin daar ‘n

heeltemal ander aspek al klaar vir u oopgaan. Nou, U sal sien die Bybel sal

vir u lewendig begin word en daar sal baie, baie ander dinge vir u oopgaan.

Terwyl ek nou so daaroor praat het ek daaraan gedink en vir die HERE

gevra wat die HERE van my wil hê; wat ek vir u ná hierdie moet neem. En

terwyl ek so praat - ek weet u het al seker baie na die bandjie geluister oor

Vlieënde Pierings - maar ek sal graag dit as ‘n Bybelstudie wil aanbeveel

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!