03.05.2013 Views

Deel 4 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

Deel 4 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

Deel 4 - Nuweopenbaring::: Welkom by Die Nuwe Openbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Deel 4

Swak geloof - Ongelowigheid

8197 22 Junie 1962

Die geloof van die mense het baie swak geword. Die mense ken wel almal

die leerstellings van My, hul God en Skepper, hulle neem egter nie alles as

waarheid aan wat hul as sodanig uiteengesit word nie, hulle verwerp

dikwels die leerstellings wat volgens waarheid is, omdat hulself nie in staat

is om dit te ondersoek nie, oftewel nie die regte weg gaan om dit te kan

ondersoek nie: die direkte weg tot My, Wie hul waarlik ook insig in die

waarheid sal skenk.

Wat die mense geleer word van die kant van hulle wat hulself aangestel

voel maar meestal gespeen van die waarheid is. Dit is ‘n misvormde leer

wat nie ooreenkomstig die waarheid is nie, omdat dit sonder enige

ondersoek aangeneem word as Goddelike inspirasie en die

onvoorwaardelike aanname van hierdie leerstellings geëis word, sodat ook

die denkende mens dit nie waag om self te ondersoek nie, om die waarheid

van die dwaling te kan onderskei, dog hy sal dit moet en hy sal dit kan, as

hy ernstig na die suiwere waarheid verlang en homself tot My sou wend.

En so het die mensdom ongelowig geword, sodat hulle dikwels ook ‘n God

en Skepper nie meer wil erken nie en daardeur ook hul aardse weg nie kan

deurgrond nie en gevolglik die sin en die samehang van die mense met hul

God en Skepper hul ook nie duidelik te maak is nie. Hulle is daarom ook nie

op hoogte van My Wil, waarvan die vervulling hul ‘n groot helderheid sou

skenk.

En sodoende streef geen mens daarna om die weg terug tot My te gaan

nie, as hy in die mate ongelowig is dat hy selfs twyfel aan die bestaan van

‘n God en Skepper. En so moet die mens eers weer die geloof verwerf wat

hy ook kan verwerf, omdat hy kan dink en omdat hy ook gehelp word om

reg te dink as dit om sulke innerlike vrae gaan soos: in welke verhouding

hy as geskape wese staan tot die Mag wat hom geskape het.

En as die mens maar wil, kan hy ook tot geloof kom as hy hom besighou

met vrae in verband met sy bestaan op hierdie aarde. Want altyd sal

ligwesens hulle oor hom bekommer en hom d.m.v. gedagtes onderrig en dit

volgens die waarheid as dit sy verlange is om die waarheid te ontvang.

Maar dan sal hy ook spoedig weet dat dit die Wil van sy Skepper is dat die

mens ‘n lewe in liefde lei. Hy sal dit weet omdat hy self die gevoel in hom

het van wat goed en wat sleg is omdat hy in hom ‘n stille aanmanende

stem het wat hom Sy Wil bekend maak. En leef die mens nou volgens sy

innerlike gevoelens, dan sal ook die geloof in hom spoedig lewende wees.

Hy sal weet dat sy innerlik gevoelens waar is, dat daar ‘n Wese is uit Wie se

1

Mag hy voortgekom het en dat die Wese met Sy Liefde hom omhoog help.

Want hy besef vinnig die wyse weë waaroor hy gelei word en wat hom

duidelik die aanwesigheid van so’n Mag bewys aan wie hy sy bestaan te

danke het.

En het hy nou hierdie gedagtes verwerf, dan sal hy hom ook d.m.v. sy

gedagtes tot die Wese wend en omdat hy die se groot Mag insien, hom ook

vrywillig onder Hom plaas, hom laat lei en die magtige Wese om Sy

bystand vra. Want hy voel hom as mens swak, maar wil nie teen die Wil

van so'n Mag in handel nie.

Dan onderwerp hy sy wil aan My, die ewige Godheid en dan kan hy ook

seker daarvan wees dat hy deur My omvat word en dat Ek hom

nimmermeer opgee tot hy hom met My verenig het, tot hy sy aardse

opdrag vervul het, wat hom opgelê is vir sy aardse bestaan en wat altyd

alleen daarin bestaan dat die mens sy God en Vader erken en na My streef

en hom onderwerp aan My Wil.

Dat hy dus Hom weer erken as sy God en Vader van ewigheid, van wie hy

hom eens vrywillig afgewend het en daardeur in die diepte geval het,

waaruit hy onherroeplik weer na bo moet terugkeer, dat hy daarom vanweë

die doel oor die aarde gaan. Die mens moet leer glo en daarom moet hom

‘n kennis ooreenkomstig die waarheid uiteengesit word. Dan sal hy ook kan

glo, want dan sal hy My sy God herken as sy Vader en na My Liefde

verlang, wat Ek hom ook onbeperk skenk omdat hy eens uit My Liefde

voortgekom het.

Ek kan hom egter op geen enkele wyse tot geloof dwing in leerstellings van

die geesteryk, wat Myself as God en Skepper betref. Die mens moet self die

geloof verwerf en hy sal ook, as hy maar ‘n lewe in liefde lei as hy sy bes

doen om die eieliefde te oorwin en dit in onselfsugtige naasteliefde te

verander.

Hy word innerlik daartoe aangespoor, omdat My Goddelike liefdevonk dit

bewerkstellig, wat hom steeds daartoe probeer bring om goed te doen in

onbaatsugtigheid en hy hoef maar net toe te gee aan die aandrang

daarvan. Want alle liefdedade skenk hom lig en wat daar nou van hom

geëis word om te glo dit begryp hy steeds meer, hy neem dit aan en

daardeur word sy geloof lewende. Amen

"My God My God, waarom het U My verlaat?"

8201 27 Junie 1962

My lyding en sterwe aan die kruis was onuitspreeklik smartlik en alle

pogings om die lyding te beskryf sou maar ‘n swak vergelyking wees met

dit wat Ek gely het, want Ek het elke fase van My verlossingswerk voorsien.

Ek het geweet waaruit My laaste opdrag bestaan en Ek het nie die troos

gehad om die kwellinge vir Myself te verminder nie, want Ek moes die

laaste ure maar net as ‘n 'mens' deurstaan. Ek het wel alle krag besit,

omdat die liefdeskrag van God, My Vader van die Ewigheid, My deurstroom

2

het tot die laaste, maar Ek het self, deur My Wil, die Liefdeskrag nie meer

toegelaat nie. Ek het nie toegelaat dat Hy Homself in My laat voel nie, om

sodoende nie met Sy hulp die pyne te verminder of op te hef nie. Want in

die geval sou die verlossingswerk nie volledig gewees het nie, omdat hier

die grootste mate van lyding nodig was om die oorgrote skuld van die

oersonde van die mensdom te delg.

En die Godheid in My het My Wil geken en Hy het My daarin vry gelaat. Hy

het Hom teruggetrek omdat Ek dit so gewil het, om My liefde vir die mense

tot die hoogste graad uit te voer, wat tog alleen net My Vader betref, na

Wie Ek vurig verlang het in die grootste nood, in die swaarste lyding en in

die besonder, gedurende die laaste minute van My liggaamlike lewe. En die

verlange het gegroei, omdat Ek geen beroep meer op Sy hulp en op Sy

liefdeskrag kon doen nie. En in hierdie hunkering na Hom, My Vader van

die ewigheid, roep Ek die woorde uit: "My God, My God, waarom het Julle

My verlaat?" Ek self het dit gewil om die werk van erbarming vir die

sondige mensdom as mens tot ‘n einde te bring, omdat dit die grootste

liefde was wat Ek My Vader kon bewys. Dat Ek My in Sy plek aan die kruis

laat nael het,

want Hy self het tog na die aarde toe neergedaal en het in My Sy intrek

geneem, omdat Hy self die verlossingswerk vir Sy kinders wou

bewerkstellig, maar as God nie kon ly nie. En so het Ek vir Hom alle lyding

en smarte op My geneem en dit verdra tot die einde toe. Maar hoe dikwels

en hoe begryplik Ek dit ook vir julle probeer duidelik maak, julle sal dit tog

nooit ten volle kan begryp nie, totdat die geesteryk julle opgeneem het, die

Ryk van Lig en Saligheid. steeds bly die eenvoudigste verklaring die

woorde: "Die Vader en Ek is Een". Die volledige Eenwording. En daarom

kon Ek sê: "Dit is volbring!" Die mens Jesus het Sy lewe gegee en Hy het

as mens gely en ‘n ontsaglike smartlike dood gesterf. Maar Hy het Hom ook

met die Ewige Godheid verenig, want tot die einde toe was daar liefde in

die mens Jesus, anders sou Hy nie gesê het: "Vader vergeef hulle, want

hulle weet nie wat hulle doen nie"

Toe die liefde homself stilhou, was dit nodig om die verlossingswerk tot ‘n

einde te bring, sodat die dood ook nou deur alle mense in Sy omgewing

vasgestel kon word, sodat Sy liggaam in die graf gelê kon word, waaruit Hy

weer op die derde dag verrys het. Want elke uitspraak teen die Goddelike

Gees, wat die mense nog in vertwyfeling kon bring oor die kruisdood van

Jesus, nadat die mens Sy verbinding met My ingesien het en die geloof in

die verlossingswerk sou dan ‘n gedwonge gevolg gewees het, wat egter vir

die mens ‘n beslissing in vrye wil moet wees.

Ook dit sal julle nog nie korrek kan verstaan nie. Maar as julle, julle gees

met die Vadergees van die Ewigheid verenig, sal dit lig in julle word en julle

sal dan ook My Woord kan verstaan, wat altyd probeer om aan julle

opheldering te gee en dat julle dan ook volgens die graad van

volwassenheid, oftewel die graad van liefde van julle siele kan begryp.

3

Want in die besonder oor die verlossingswerk, moet aan julle die suiwer

waarheid en volledige begrip geskenk word, sodat julle die grootte van My

liefde kan omvat, wat vir julle mense, vir julle sondeskuld na die aarde

gekom het; wat die verlossingswerk volbring het om vir julle die weg weer

vry te maak tot die Vader, om julle groot sondeskuld te versoen, want dit

het vir julle ewiglik die weg na die Vaderhuis versper. Amen

Ongewone hulp in die tyd van ellende

8202 29 Junie 1962

Selfs die grootste ellende in die komende tyd mag julle nie laat skrik nie.

Want in dieselfde mate as wat My teenstander sal werk in die laaste tyd

voor die einde (en waarin sy aktiwiteit duidelik is) sal ook My stroom van

genade julle mense toevloei, sodat julle in staat sal wees om My

teenstander te weerstaan. Julle sal dus My bestuur en werk des te

duideliker ondervind hoe nader die einde is. Want Ek moet My op ‘n

besondere wyse openbaar sodat julle nie faal en weer aan My teenstander

verval nie. Hy sal vir geen lis en bedrog terugdeins nie en sal ‘n

buitengewone mag ontplooi. En daarom sal julle krag nodig hê om hom

weerstand te kan bied.

Maar Ek laat julle in die tyd van nood nie sonder hulp nie en julle sal dit ook

ondervind. En julle sal ook steeds weer hoor van die buitengewone hulp

wat ander mense mag ervaar, wat in geloof tot My roep. En julle sal ook

self dinge belewe wat My liefde vir julle bewys en julle geloof sal versterk,

want Ek sal My op ‘n buitengewone wyse openbaar as julle die verbinding

met My nie opgee nie. As julle steeds weer vol vertroue aan My vashou en

glo, dat Ek julle sal help uit alle ellende van die laaste tyd.

Julle sal dan ook (geestelik) My teenwoordigheid mag belewe, waar julle

liefde tot My dit toelaat. En Ek sal ook aan julle in ‘n droom verskyn en julle

troos gee en krag, as julle, julleself maar innig met My besig hou in

gedagtes en deur gebede uit die hart. En wanneer julle die verhouding

herstel van ‘n kind tot die Vader, dan sal julle My waarlik ook mag ervaar

as ‘n liefhebbende Vader. Want nie een van julle wil Ek verloor wat reeds

aan My behoort deur sy wil, wat tot My wil behoort en die saligheid

deelagtig wil word.

Julle almal het hierdie hulp nodig, want die tyd wat My teenstander nog ten

dienste staan loop ten einde. En omdat hy dit weet sal hy nog tekeergaan

soos ‘n besetene en probeer om julle te verdruk op elke moontlike manier.

Maar Ek sal julle krag gee en julle ook beskerm teen sy aanvalle. want Ek

weet dat julle wil My toegekeer is en daarom het Ek ook die reg om hom

van julle weg te dring.

Ook die arbeiders in My wingerd sal ywerig werksaam wees, want die

aktiwiteit van My teenstander is so duidelik dat hulle kan sien welke uur op

die wêreldklok geslaan het. Hulle weet ook dat die einde naby is en dat

daarmee die bedrywigheid van My teenstander ten einde loop. Dat hy weer

4

gekluister word vir ‘n lank tyd. Maar nog steeds raas hy maar voort en

daarom is ook My buitengewone genadetoevoer nodig om weerstand te kan

bied. Alleen is julle baie te swak, want vir My teenstander is elke middel

goed om julle in die verderf te stort. Sou Ek dus nie My krag en lig daar

teenoor stel nie, sou dit hom geluk.

Julle moet sonder vrees die tyd tegemoet gaan. En julle sal dit ook kan

deurstaan en oorwinnaar bly omdat Ek naas julle gaan en aan julle sy stry

teen die vyand van julle siele. Daarom beloof Ek julle alle moontlike

ondersteuning so gou julle aan My wil behoort. Ek sal dan steeds by julle

(geestelik) teenwoordig wees en slegs ‘n gedagte aan My roep My tot julle.

Want die liefde verbind My met julle omdat julle eens deur My liefde

voortgekom het. En hierdie liefde sal julle ook nooit verlaat nie maar steeds

beskerm in alle nood en elke gevaar, wanneer die tyd gekom het wat Ek

verkondig het. Amen

Slegte invloed van onvolwasse siele uit die

hiernamaals

8204 2 Julie 1962

Die deur na die ligryk is gesluit vir al diegene wat in My nog nie hul

Verlosser van sonde en dood gesien het nie, dws. wat die verlossingswerk

van Jesus Christus nie as sodanig erken en dus ook My menswording in

Jesus en gevolglik Myself nie erken nie. En so sal julle ook kan begryp dat

tallose siele die aarde verlaat en die ryk hierna ingaan, belas met hul

oerskuld, dat hulle in die duisternis of in die skemering ronddwaal en hulle

nog in die nabyheid van die aarde ophou, dat hulle dikwels nie weet dat

hulle nie meer op aarde lewe nie en hulle weer deur mense sou wil uiter en

daarom op allerlei maniere druk uitoefen. En so is julle ook ‘n verklaring

gegee vir die manier van handel van baie mense wat, beïnvloed deur sulke

siele, hulle laat saamsleep om die slegste dade te verrig.

En hoe nader die einde kom, des te sterker sal die invloed ook bemerkbaar

wees, want steeds gaan mense dood op die aarde wat sonder geloof aan

Jesus Christus lewe en sterwe en daarom ook nie vry van hul sondeskuld

by hul binnegaan in die ryk hierna, wat hul slegte gedagtes en hul wil wat

nog na die teenstander gekeer is, saamneem na die "anderkant" en ook

nog deur hierdie beïnvloed word om op die mense wat pas by hul wese

druk uit te oefen.

En so is die aarde omgewe deur ‘n eindelose skare van die slegste geeste

wat geen ander doel ken as om al hul ondeugde en begeertes op die mense

oor te dra en hulle wil te verswak en ook dmv. gedagtes op die mense in te

werk, sodat in hulle ook weer die weerstand teen die Goddelike Verlosser

sterker word en hulle almal in die grootste gevaar verkeer om alle geloof

wat nog aanwesig is, te verloor, wat nou twyfel en hulle afkeer van Jesus

5

Christus en daarom in die diepste duisternis bly en so binnegaan in die ryk

hierna.

Kan julle dit nou begryp waarom Ek steeds en steeds weer die mense

aanspoor om die weg na die kruis te gaan en hulle aan Jesus Christus oor

te gee en Hom te vra om versterking van hulle wil, om vergewing van skuld

en hulp in die stryd teen die teenstander om van hom vry te word? Ek wil

die mense alleen maar in kennis stel dat hulle geketting is deur hulle groot

skuld van die afval van My en dat hulle alleen hierdie kettings nie kan breek

nie, maar alleen met die hulp van die Goddelike Verlosser vry word uit sy

mag.

En dit is die doel van hul lewe op aarde, maar die mense weet weinig of

niks daarvan nie en omdat hulle kort voor die einde staan, verkeer hulle in

die grootste gevaar om onverlos van hierdie wêreld te vertrek en dus

onverlos die ryk hierna binne gaan, waar dit vir hulle baie moeilik sal wees

om Jesus Christus te vind, ofskoon dit dan nog moontlik is. Maar solank dit

moontlik is dat mense nog op die aarde die kennis oor die Goddelike

Verlosser te laat toekom, sal die hele ligwêreld hulle daarvoor beywer en in

My Wil, hul invloed uitoefen om die mense daaroor opheldering te verskaf

en Ek Self sal profete na die aarde stuur, sodat die mense in waarheid

opheldering ontvang oor Jesus Christus en Sy missie en hulle hul in vrye wil

na Hom toe keer. Want dan eers sal hulle in Hom Myself sien en My erken

en gevolglik ook bewus die weg terug na My gaan, wat huistoe lei , terug

na die Vaderhuis.

En daar sal ook baie siele in die ryk hierna die onderrigting volg wat Ek Self

die mense op aarde gee wat bereid is om vir My en My ryk te arbei. En

daardeur kan ook vir hierdie siele ‘n lig ontsteek word wat vir hulle ook die

weg omhoog kan verlig en makliker maak, sodat ook hulle die waarheid oor

Jesus Christus en Sy werk van erbarming hoor en hulle hulself nie meer

afwysend opstel nie, inteendeel uit die duisternis tot Hom roep om redding,

wat hul ook ten deel sal val.

En julle kan die werk van verlossing ondersteun, deurdat julle aan die

oorledenes dink en vir hulle bid en julleself hul die evangelie (van die

liefde) voorlê, deurdat julle hulle aanspreek en hul opheldering verskaf oor

Jesus en hulle na Hom verwys, wanneer hulle hulself in duisternis bevind of

in geestelike nood. En hulle sal julle gehoor skenk omdat alle moeite in

liefde gedoen word, wat deur hulle weldadig ervaar word. En hulle sal ook

hulle wil verander en hulle bewus tot Jesus wend, wie hulle nou ook herken

as Verlosser in Wie Ek Self My op aarde beliggaam het om deur julle mense

herken en erken te word. En julle sal nie verlore gaan nie, maar tot lewe

kom, die lewe wat ewig voortduurt. Amen

6

Beliggaamde ligwesens op aarde - Aktiwiteite van

die teenstander onder ‘n dekmantel

8207 5 Julie 1962

Ook die ligwesens wat self in die laaste tyd voor die einde op aarde

beliggaam is, is slegs volgens My wil werksaam sodra hulle, in ‘n innige

verbinding met My, hulle aardse lewe lei en daar dus van hulle kant af geen

weerstand teen My aanwesig is nie, dit wil sê, dat hulle hulself bewustelik

onder My wil stel, waartoe egter ‘n verbinding met My vereis word wat hulle

in vrye wil tot stand moet bring.

Daar is dus geen ligwese op die aarde as mens beliggaam ten behoewe van

‘n sending, wat deur My tot hierdie missie gedwing word nie, maar die

liefde in hom moet die rede wees om homself geheel en al aan My oor te

gee en dan sal hy hierdie missie ook waarlik volgens My wil uitvoer. En julle

mense mag gerus glo dat dit dan ook besig is om so te gebeur, dat dit julle

tot seën strek, maar steeds as mens wat sy afkoms nie ken nie. Want

hierdie kennis sou geen seën oplewer, nóg vir die ligwese as mens, nóg vir

die mensdom wat hy te hulp wil kom nie.

Hulle staan wel in die nouste kontak met My en vervul hulle aardse opdrag

met vreugde en oorgawe. Maar hierdie wesens wat My nou op aarde help,

is nie soos robotte wat van My moet getuig nie. Nee, in geheel vrye wil sal

so 'n mens, die beliggaamde ligwese, My Gees in homself laat werk. Hy sal

die waarheid verkondig omdat sy geesvonk self verbind is met die

VADERGEES van EWIGHEID en hy nou dus in My opdrag spreek, dit wil sê,

die medemens op hoogte bring van die geestelike Woord wat hy

voortdurend van My ontvang.

Maar laat julle nie mislei deur valse profete nie, want My teenstander sal

homself ook uitgee as verteenwoordiger van Christus om die mense op ‘n

dwaalspoor te bring, in die besonder in die tyd voor die einde. Hy sal

homself agter ‘n dekmantel verberg en ook nie daarvoor terugdeins om

goddelike woorde te gebruik wat hy ken, en op sy manier probeer uitlê nie.

Laat julle nie mislei deur valse christusse en profete nie, want My

teenstander soek vir homself ‘n dekmantel om toegang te verkry by die

mense wat aan My behoort en ernstig na My streef. En hy het daarmee

dikwels groot sukses en bedien homself dikwels van My Naam, omdat die

wil van die mens hom dit self toestaan. Die liggelowige mediamiek (‘n

geestelike wese wat homself deur middel van ‘n mens uiter) aangelegde

mens neem alles vir waarheid aan wat My teenstander hom, as sogenaamd

van My, vertel. Julle moet dus ‘n onderskeid maak tussen die werke van die

gees in die mens en wat mens deur die mediamiek ontvang, waarby die eie

wil uitgeskakel word en die aktiwiteit van My teenstander daardeur

moontlikhede gebied word, wat hy ook waarlik goed gebruik.

Wie egter reeds die lig van insig in homself ontsteek het, die sal ook sy

skandelike doen en late deursien en homself nie laat mislei nie. Want wie

7

egeer om in die waarheid te lewe, sal Ek ook die waarheid laat toekom, en

Ek gee hom ook die bekwaamheid om My tot die aarde gestuurde Woord te

beoordeel en as van My uitgaande te herken. Hy sal My teenstander geen

geloof skenk nie, al gaan hy hoe listig te werk om die mensdom te mislei.

Want die denke van die mens word goed gelei en daar word vir hom

opheldering gegee, sodra hy maar opreg na die waarheid verlang. Amen

Kritiek op die goddelike Woord, openbaar geestelike

hoogmoed

8208 7 Julie 1962

Tot welke geestelike hoogmoed verstout die mens homself wat My

barmhartigheidsgawes van bo wil kritiseer of om homself geroepe te voel

om daaroor te kan oordeel. Die goddelike Wysheid kan nie met die

verstand bevat word nie, hulle kan slegs die barmhartigheid om korrek te

dink afbid, wat hulle ook sal ontvang, sodat hulle dan met My in verbinding

kan tree. Wie egter slegs met sy verstand wil oordeel, wie werklik glo om

deur middel van sy gedagtes binne te kan dring in die waarheid en die

Oorsprong daarvan, is aanmatigend en sal steeds sy ontoereikendheid

moet toegee en hy sal ook moet insien dat hy geen reg het tot so ‘n

ondersoek nie, omdat die geestelike gebiede vir hom geslote is, wanneer

hy dit nie onder My begeleiding betree nie. Maar die mens matig homself

tog sulke dinge aan en hy kom dan met ‘n oordeel wat nooit korrek kan

wees nie, omdat die mens in duisternis verkeer solank as wat hy die

vereniging met My nog nie nagestreef het nie, maar wat slegs die diepste

deemoed en ‘n insien van die eie gebrekkigheid vereis, waarin die mens

homself dan deemoedig tot My kan wend en My om verligting van sy denke

vra.

Wie slegs sy aardse lewe leef, wie niks daaraan doen om sy innerlike lewe

in orde te bring nie, wie dus glo om alles met die menslike verstand te kan

deurdring en te motiveer, is waarlik nie daarvoor geroep om te oordeel oor

‘n goddelike barmhartigheidsgawe nie, want vir hom sal sowel die gebeure

van die oorbring as ook die ryk barmhartigheidstroom wat na die aarde

vloei, onbegryplik wees en bly, omdat hierdie mens alle insig verloor het

deur sy val in die diepte van weleer en wat daarom nog duister in hom is.

Hy moet eers ‘n lig in homself laat ontbrand wat tot stand gebring word

deur onbaatsugtige liefde, maar dan moet hy ook in deemoed die swakheid

van sy verstand besef en hy die geestelike gebiede nie meer kan betree om

dit met behulp van sy verstand te deurgrond nie; en tog matig baie mense

hulself ‘n oordeel aan wat nie in die minste hiertoe bevoeg is nie. En dit is

‘n teken van groot geestelike hoogmoed. En hulle sal steeds meer in die

duisternis beland, tot hulle hulself na My sal keer en dan ook deur My

ingelig kan word, wanneer hulle verlange na die waarheid ernstig is.

Maar julle sal dan deemoedig na My toe moet kom, want slegs aan die

deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En as julle hoogmoedig van gees

8

is, heers My teenstander nog oor julle, wat vol hoogmoed is en dit ook op

julle wil oordra. Baie mense is so oortuig van die skerpte van hulle

verstand, dat hulle geen onderrig wil aanneem nie en hulle sal ook nooit

met die reine waarheid bekend gemaak kan word nie, omdat waarheid

slegs deel van ‘n deemoedig mens kan wees, want dit gaan van My af uit

en maak steeds net indruk op die harte van diegene wat hulself in diepste

deemoed aan My oorgee.

Maar by wie hoogmoed is, ontbreek die liefde; want hy is nog heeltemal

gebonde aan hom wat sonder liefde is, wat homself egter bo alles stel en

wat My ook nie wil erken as sy Meester nie. Behoed julle daarom teen

geestelike hoogmoed, dit maak julle net volledig blind in die gees en nooit

sal julle dan My barmhartigheids gawe kan aanneem en vasgryp nie, want

dit sal vir julle slegs verwronge gedagtes wees en geen lig uitstraal nie,

omdat die teenstander dit verhinder, wat julle in diepste duisternis wil bly

hou om julle nie te verloor nie. Amen

Geestelike kennis toon die verbinding met God aan

8210 10 Julie 1962

As julle eenmaal as mens op hoogte sal wees van julle herkoms, sal julle

weet dat julle van My uitgegaan het en dat julle, julleself vrywillig van My

afgewend het, met die daaropvolgende val in die diepte. Dan sal julle gees

ook in julle tot lewe gewek word, want die kennis kan julle slegs ontvang

en begryp, as My Vadergees van ewigheid, die geestesvonk die kennis aan

julle laat toekom. Dus moet die gees in julle tot lewe gewek wees en dit

vereis ‘n lewe in liefde, volgens My Wil. Dit vereis dat julle aan die innerlike

aandrang van My geestesvonk in julle - wat ‘n deel van My is - gehoor

gegee het en dus in My Wil ingaan, wat van julle ‘n lewe in liefde verlang.

Die toestand van volledige onwetendheid van voorheen, waarin elke mens

homself bevind wanneer hy die aardse lewe begin, is ‘n bewys dat hy nog

geen verbinding van hierdie geestesvonk met My, die Vadergees gemaak

het nie. Dat hy nog heeltemal van My geskei is, dat hy nog steeds

geïsoleerd is, wat hy homself aangedoen het deur sy vroeëre verval van

My. Want die skeiding van My beteken ook ‘n totale liglose toestand, omdat

die krag van My Liefde, wat helder lig en insig aan hulle geskenk het, die

wesens nie meer kon deurstraal nie. Geen sprankie insig het vir julle

behoue gebly, toe julle vrywillig van My verval het nie. En in hierdie totaal

liglose toestand het julle die aarde as mens betree. Maar julle kan weer die

lig van die insig vir julleself verskaf. Julle kan uit eie beweging uit die

wetenskap put wat julle deur My, julle God en Vader aangebied word op

allerlei maniere, wanneer julle deur die aardse lewe gaan.

Net die verbinding van die geestesvonk in julle met die Vadergees van die

ewigheid moet tot stand gebring word, wat julle dan ook die toevoer van

lig, dit wil sê, ‘n onbegrensde mate van kennis sal verseker, wat die

nimmer eindigende Liefde julle sal laat toekom, as julle maar die

9

voorwaarde sal vervul wat Ek daaraan verbind het. En die mens in wie dit

helder word, wat aan insig toeneem wat die ryk betref wat nie van hierdie

wêreld is nie, kan homself gelukkig ag. Want hy het reeds op sy weg

omhoog begin, omdat hy altyd lig sal ontvang, as gevolg van ‘n lewe in

liefde en dat dit die sin en die doel is van die aardse lewe, want dit voer die

siel van die mens tot voltooiing.

Altyd is ‘n bietjie kennis wat volgens die waarheid is, ‘n teken van goddelike

verbondenheid, omdat die liefde die mens met My verbind en die liefde

weer ‘n waarheids getroue kennis waarborg. Daarom moet die mens al van

die begin van sy lewe af die gemeenskap met My soek, deur ‘n lewe in

liefde, dan sal sy wil sodoende ook goed gerig wees, die wil wat hy eens

verkeerd gerig het en daarom in duisternis geraak het. En ‘n goed gerigte

wil sal steeds op My afstuur, maar hy moet ag slaan op die "sagte stem'

wat as’t ware die uiting is van die geestesvonk in hom, wat poog om hom

in ‘n geregtelike lewenswandel voor My te laat gaan.

Hy word nie gedwing om die innerlike aansporing van hierdie geestesvonk

na te kom nie, want by die beliggaming as mens word die vrye wil aan die

siel teruggegee, wat egter nooit korrek, dit wil sê, vir My sou kan kies as Ek

hom nie met die geestesvonk ‘n klein helper ter beskikking sou gestel het

nie, wat hom van binne af probeer beïnvloed, om sy wil in die regte rigting

te stuur en daardeur in sy positiewe ontwikkeling omhoog te gaan, totdat

hy sy doel bereik het, naamlik die vereniging met My, wat juis steeds deur

die geestesvonk nagestreef sal word, omdat hy ‘n deel van My is.

En sodra daar nou ‘n bietjie lig aan die mens geskenk word, sodra daaraan

hom ‘n waarheidsgetroue kennis voorgehou word oor sy afkoms en sy doel,

sal hy ook die kennis op die korrekte manier gebruik. Hy sal sy lewe in

ooreenstemming daarmee lei, want hy herken die Wil van sy God en

Skepper, wat as Vader Homself weer met Sy kinders wil verenig, wat weer

die oorspronklike toestand aan sy skepsele wil gee, waarin hulle

onbegrensd geluksalig was. Solank die mens nog in totale duisternis van

gees voortleef, is sy aardse lewe nutteloos. Want hy besef nóg sy afkoms,

nóg ken hy sy eindpunt. Hy sien nóg sin en doel, nóg die oorsaak van sy

aardse lewe in. En hy sal dus ook sy wil nie korrek, volgens My Wil, rig nie,

omdat die kapasiteit daartoe hom eenvoudig ontbreek, omdat hy totaal

sonder kennis is en sy wil, wat deur My teenstander onderdruk word, ook

uiters verswak is. En slegs die krag van die liefde sal hom kan versterk, wat

die mens egter eers dan ontvang as hy homself oorgee aan My Gees, wat

hom My Wil te kenne gee, wat altyd slegs die werksaamheid in liefde van

julle verlang, sodat julle weer omhoog kan gaan.

En dus, probeer altyd My Wil te leer ken en vervul dit, en waarlik, dit sal lig

word in julle en julle krag sal toeneem. Julle sal dan ook aan My

teenstander weerstand kan bied, want julle geestesvonk gaan dan

onafgebroke die Vadergees van die Ewigheid tegemoet. En hy sal ook die

vereniging met Hom tot stand bring en dit vir ewig nie meer wil verbreek

10

nie, omdat lig en krag hom salig maak en die siel homself onverbreeklik

weer met My verbind, soos dit was in die allereerste begin. Amen

Die eenwording van kerke?

8212 12 Julie 1962

Daar is geen moontlikheid dat die verskillende kerke sal verenig nie, omdat

hulle vashou aan hulle bedorwe leerstellings en nie eers probeer om dit op

te gee nie. Hulle almal lê op uiterlike gebruike nadruk en verteenwoordig ‘n

Christelike geloof wat nie meer ooreenstem met die kerk wat Jesus beskryf

as “die kerk deur Hom gestig” nie. Hierdie kerk is ‘n geestelike eenheid! Sy

lede leef ‘n aktiewe Christelike lewe wat ‘n persoon van binne verander; Dit

kan nie met die Christendom vergelyk word wat deur die kerke bepleit word

nie, wat hoofsaaklik aan uiterlike gebruike vashou, wat tallose verrigtinge

en seremonies oorgeneem het, waaraan hulle meer belang heg as om die

menslike aard te verander na liefde. Gevolglik kan die mens nooit in ‘n

ware verhouding met God ingaan nie, nog geestelike wedergeboorte bereik

wat die essensie van die kerk is wat Jesus Christus self op aarde vestig het.

Nie een van die gelowe sal sy tradisies opgee nie. Nie een van hulle sal

terwille van die ander van iets afstand doen nie, wat slegs die werk van

mense is en in elk geval geen waarde vóór God het nie.

Die rusie van die kerke is oor die verskille wat deur hulle in die loop van tyd

geskep was, maar geen aandag word gegee aan die valse leerstellings wat

al die verwarring veroorsaak en wat ywerig as die oorspronklike godsdiens

verdedig word nie. Dit kan slegs in die waarheid gevind word wat deur

Jesus Self aan die mensdom gebring was wat intussen vervorm is en nie

meer deur enige van die bestaande kerke verteenwoordig word nie, en kan

ook nie verteenwoordig word nie, want dit vereis die werk van die Gees wat

slegs deur die vervulling van God se gebod van liefde verkry kan word.

Dit gebod word onderrig, maar die minste van almal onderhou, terwyl alle

later toegevoegde mens gemaakte gebooie baie meer aandag kry hoewel

hulle van geen waarde is nie aangesien dit nie uit God voortgekom het nie,

maar slegs die werk van mense is, daarom is dit onbelangrik en sonder

invloed vir die opwaartse ontwikkeling van die menslike siel, wat hier op

aarde moet volwasse word.

Die goddelike woord wat Jesus die mense op aarde gegee het, die volle

waarheid, word so verkeerd geïnterpreteer dat uit hierdie interpretasies

baie gebruike ontstaan het. Hier het die teenstander van God sy rol gespeel

deur die gees van mense te verwar wat in die vereistes van die verskillend

gelowe merkbaar is en hulle verdeling wat altyd plaasvind as die mense

hulle geskille oor die geestelike betekenis van die woorde van Jesus het.

Hulle veg oor sulke betwisbare vrae soos wat elkeen van hulle dit verstaan

volgens die graad van sy begrip of die geestelike staat van hulle wat glo om

geroepe te wees, maar hulle behoort nie aan die Kerk van Christus nie,

11

want dan sou hulle verlig gewees het en geskei het van die bestaande

gelowe en geestelike bewegings.

Sommige ywerige verteenwoordigers het geveg vir die kennis wat hulle

ontvang het toe hulle reeds meer gevorder het in die volwassenheid van

hulle siele en vooruitgang in hul volmaaktheid bereik het. Maar hulle kon

nie wen nie omdat hulle teenstanders nie bereid was om ‘n struktuur op te

gee wat uit onjuiste menslike verrigtinge bestaan wat nooit in

ooreenstemming met die goddelike wil kan wees nie omdat dit nie aan die

waarheid voldoen nie.

En selfs as daar op die eenwording van die kerke besluit word, sal hulle nie

hulle mens gemaakte gebruike opgee en poog om die ware Kerk van

Christus te bou wat van die mens ’n innerlike lewe verwag ooreenkomstig

die wil van God nie. Wat nie afhanklik is van enige uiterlike handelinge nie,

maar alleen op ‘n lewe in liefde. Dit sal ‘n eenheid met God tot stand bring,

die mense ‘n lewende geloof en ‘n volledige insig in die waarheid gee wat

deur die werking van die Gees in die mens bereik sal word, wat die enigste

kenmerk is van die kerk wat deur Jesus Christus op aarde gevestig is.

Maar solank die mense nie die formaliteite los waardeur baie hulle geloof

totaal verloor nie, solank hulle nie na die innerlike ontwaking strewe wat

deur die werking van die Gees en verligting gevolg word nie, sal

eenwording ‘n nuttelose inspanning wees, want hulle sal dan nie in die

waarheid verenig nie, maar by hulle verkeerde leerstellings bly wat nie

voordelig vir die siel is nie. Amen

Die verandering van die gevalle oergeeste tot

materiële skeppings

8216 16 Julie 1962

My woord sal julle opheldering gee, vrae beantwoord en probleme oplos

wat julleself met julle verstand nie kan oplos nie en julle sal insig ontvang,

as julle kennis begeer. Julle sal in die waarheid onderrig word, want Ek wil

julle “lig" skenk en julle verstand verlig, sodat julle nie in duisternis lewe en

julle siele skade ly nie, want Ek wil julle red vir alle ewigheid. My oorgrote

liefde wil altyd alleen maar die heil van julle sielee hê, want Ek verlang na

julle terugkeer en na die hereniging met julle, wat egter die vervolmaking

van julle sielee vereis.

Julle gaan eens van My uit in alle volmaaktheid, want Ek het julle as My

ewebeeld geskape. As hoogs volmaakte wesens, as miniature van Myself,

ook met dieselfde gesteldheid omdat julle oerelement liefde was, omdat

julle uit die Oerliefde voortgekom het wat opnamevate skep met die

bedoeling om Myself in hierdie vate te kan uit giet, om geleidelik

liefdeskrag te kan laat uitstroom, wat deur hierdie geskape wesens

opgeneem sou word.

En hierdie wesens, ewenbeelde van Myself, was suiwer liefde. Hulle was

deur My uitgestraalde liefdeskrag en tog wesens wat mekaar kan

12

waarneem en sien, wat egter Myself nie kan aanskou van Wie hulle

uitgegaan het nie, omdat Ek die Oervolheid van die liefdeskrag Self was en

hulle My nie kan aanskou sonder om te vergaan nie. Ek het hulle as klein

vonkies, as selfstandige wesens buite Myself geplaas, soos Ek dit al

verskeie maal uitgelê het, wat egter as ‘n suiwer geestelik proses vir julle

mense op die aarde nooit duidelik sal wees nie.

En omdat hierdie wesens selfstandige met vrye wil toegeruste skepsele

was, wat oor baie krag en lig beskik omdat hulle geleidelik deur My

liefdeskrag deurstroom word, kon Ek tog nie verhinder dat hulle hul vrye

wil misbruik in die sin dat hulle hul van My afwend nie. Dat hulle, toe hulle

die wilsproef gestel word om My as God en Skepper te erken, hulle My

hierdie erkenning geweier het. Hulle keer hulle tot die eersgeskape wese,

tot Lucifer, wie hulle kan sien en wie in alle skoonheid en in die helderste

lig straal. Hulle wys die uitstraling van My liefdeskrag af, wat die gestadige

verwydering van My as die Oerbron van lig en krag beteken.

Ook hierdie gebeurtenisse het Ek julle verklaar, in sovere julle verstandelik

dit uitgelê kan word. Maar weet nou dat hierdie buite My geplaaste

skepsele wel in hul wese heeltemal in die teendeel kan verander en dat

hulle nie kan vergaan nie, maar bly bestaan vir ewig.

Hierdie wesens was in hul oersubstansie liefde, dus krag wat volgens die

wet van ewigheid werksaam moet wees, wat nie ewig werkloos kan bly nie.

Deur die steeds groter wordende verwydering van My, wat die gevolg was

van die afwysing van My liefde deurstraling, verhard die geestelike

substasie van die deur My geskape oerwesens en hulle word onbekwaam

om te skep en te werk.

Daarom los Ek die oergeeste op. Die eens as wesens uitgestraalde krag

verander Ek en daaruit ontstaan die materiële skepping, waarin die krag

weer aktief, dus werksaam kon word na My wil.

En so kan julle met reg sê: die hele skepping bestaan uit die deur My wil

omvormde oergeeste, dieselfde krag wat Ek uitstraal in die vorm van ekbewuste

wesens, wat nou omvorm word tot ander vorms, tot

skeppingswerke van allerlei aard.

Elke skeppingswerk wys Ek nou sy bestemming toe. Sodoende gaan die

nou in partikeltjies opgeloste oergeeste deur alle skeppings heen, en dien

My volgens die wet van "jy moet". Daardeur word die krag aktief na My wil,

omdat die krag weer volgens die oerwet werksaam moet word.

Bedink altyd: die geestelike oerwesens was uitgestraalde krag van My. En

of hulle nou opgelos is en hulle eers weer aaneensluit na ‘n eindelose lang

tyd, die oerwese sal nie vergaan nie, maar keer onvermydelik eenmaal

weer na My terug.

Maar dan is dit weer dieselfde wese wat eens uit My voortgekom het. Dit

het dan deur alle skeppings heen gegaan oor die weg van terugkeer na My.

En ten laaste gaan dit in die gedaante as mens, as menslike siel, die laaste

13

kort weg waar hy weer die vereniging met My kan bereik, as hy bewus

weer My liefdestraling aanneem.

Die vrywillige terugkeer tot My bestaan daarin dat die oergees sy verweer

teen die straling van My liefdeskrag moet opgee. Dan is hy weer die God

gelyke skepsel: My ewebeeld, die eens gevalle oergees, die in alle

volmaaktheid geskape wese, wat nou egter in volkome vrye wil weer

volmaaktheid bereik het, en daarom hom nou weer met My kan verenig en

nou ewig met My verbind bly. Amen

Oordeel van die siele aan die einde

8219 21 Julie 1962

Die uur van vereffening kom waarin elke mens homself moet verantwoord

voor sy regter, want eens moet die orde weer herstel word en elke mens

wat hierdie ordening van ewigheid af oortree het, sal homself moet

verantwoord. Daar sal ‘n regverdige uitspraak gevel word en elke siel sal

die lot toebedeel kry wat hy vir Homself berei het. Die geestelike wat deur

hierdie vorm gegaan het, sal daarheen verplaas word waar hulle volgens

hulle graad van volwassenheid behoort.

Die ou skepping word opgelos, dit wil sê al sy vorms word verander in

skeppingswerke van ‘n heeltemal ander aard. Die onverloste geestelike

word in hierdie nuwe vorms geplaas om die weg van verlossing weer te

begin, of voort te sit volgens hulle graad van volwassenheid.

Nog sal julle besig wees om na eie begeerte en vreugde te handel en julle

sal nie daarin gehinder word nie, al is julle optrede hoe goddeloos. Maar

daar sal spoedig ‘n einde daar aan kom en julle sal nie meer na eie wil kan

optree nie, want die tyd sal dan verstreke wees waarin julle vir julle

sieleeheil besig kon wees. Julle het die tyd dus nie benut volgens die wil

van God nie, maar die omhulsel van die siel nog meer versterk, julle het vir

julleself hierdie lot berei omdat julle meer en meer in die materie verval

het. Daarom sal julle ook weer tot materie word, terwyl julle dit lank reeds

oorwin het.

Eenmaal moet die wet van die ewige ordening weer vervul word en al die

geestelike wat as mens oor die aarde sal gaan, moet opnuut gevorm word,

want die ontwikkeling na omhoog moet voortgaan van waar dit onderbreek

was. Ook moet die geestelike, wat as mens op aarde gefaal het, weer die

moontlikheid verkry om hulself aan te sluit by die terugvoeringsproses, en

ofskoon dit ‘n uiterste harde oordeel genoem kan word, is dit tog

ooreenkomstig die vrye wil van die mens. Sy vrye wil het hy op die aarde

misbruik, wat weer die hernieude kluistering van sy siel in die materie ten

gevolge het. hulle word weer opgelos en moet weer die eindeloos lang weg

deur die skepping aflê, totdat hy weer die stadium van menswees kan

ingaan.

Eenmaal sal julle die laaste doel bereik en elke uiterlike vorm kan verlaat,

maar julleself kan die tyd verleng of verkort totdat julle eindelik die ryk van

14

die lig verlos sal kan ingaan. En al is God onvoorstelbaar lankmoedig en

geduldig in Sy liefde en probeer HY steeds weer die mense oor te haal tot

‘n korrekte wilsbeslissing, tog sal die bepaalde tyd eenmaal verby wees.

Dan tree Sy regverdigheid na vore en HY sal die ou ordening weer instel

wat weer die “regstelling” van die geestelike sal beteken, naamlik ‘n

oorplasing in die uiterlike vorm wat beantwoord aan die graad van

volwassenheid.

So ‘n “in orde bring” is tegelykertyd die einde van ‘n aardse

verlossingsperiode, want dit vereis die vernietiging van die aardse

skeppingswerke wat nog onverloste geestelike berg wat in die “jy moet”

toestand is, en wat sy ontwikkelingsweg moet aflê. Dit vereis egter ook die

vernietiging van mense wat hulle bestaan op geen enkele manier benut het

om vooruit te kom met hulle ontwikkeling nie. Hulle word ook weer

“reggestel”, dit wil sê, weer in die harde materie gekluister. En die mense

staan nou voor die einde van die ou aarde, of hulle dit geloofwaardig vind

of nie. Julle word steeds daarop gewys dat julle julleself nog voor die einde

moet verander om aan die wet van die godelike ordening te voldoen,

waarvoor slegs ‘n lewe in liefde vereis word. Want die liefde is die

Goddelike prinsipe wat julle as Sy skepsele ook self julle eie moet maak,

sodat die Goddelike ordening nagekom word.

Julle sal steeds vermaan word deur sieners en profete wat aan julle die

naderende einde sal aankondig. Hulle sal julle laat nadink oor wat julle

eintlike lewensdoel hier op aarde is, sodat die einde nie vir julle as ‘n

verrassing sal kom nie. En sodat julle nie volledig skuldig voor God se

"regterstoel" moet verskyn, as julle niks gedoen het om julle in die laaste

vorm as mens te ontwikkel nie.

Veral as julle nog nie bevry is van julle oerskuld deur dit tot onder die kruis

te dra en vir Jesus om vergifnis te vra vir hierdie skuld nie. HY alleen kan

alle skuld van julle neem, en dan kan julle vry van skuld voor die

“regterstoel” van God staan en hoef julle die laaste gerig nie te vrees nie.

Julle kan dan ook julle verblyf op hierdie aarde verwissel met dit van die

geesteryk wat julle ware vaderland is. Julle sal dan die ryk van die salige

geeste kan ingaan en nóg die einde van die ou aarde, nóg die hernieude

kluistering hoef te vrees nie. Want die ewige God is geen wrede nie, maar

regverdige Regter, wat julle almal sal gee volgens julle eie wil. Amen

Die siele se kwellende lot in die hiernamaals

8224 26 Julie 1962

Elkeen wat hom aan die wêreld gewy het moet en sal die dood vrees, want

die mens verdwyn nie wanneer hy sterf nie, maar die siel wat nie kan sterf

nie verlaat hom en bly bestaan in die geestelike koninkryk in ‘n staat wat

aan sy aardse lewe beantwoord. Slegs nou sal die siel die ware lewe kan

ingaan, wat vir ewig duur en ‘n staat van geluksaligheid is, want in

volledige vryheid, in lig en krag sal hy in staat wees om enige iets te skep

15

wat hy wil, wat egter ook My wil is, omdat hy hom volledig aan My wil

ondergeskik gemaak het. Maar tog is dit ook moontlik dat hy in die

koninkryk van die hiernamaals in ‘n kwellende staat sal bly, in duisternis en

hulpeloosheid maar nog bewus van homself. In die geval kan mens

inderdaad van dood praat, maar nie van ‘n staat van volledige verdwyning

nie. En sy ondraaglike pyn bestaan presies uit die feit dat hy weet met

hoeveel oorvloed van krag hy op aarde geleef het en nou is hy hulpeloos en

onbekwaam vir enige aktiwiteit. Die feit dat hy bewus bly van homself is

die eintlike rede vir sy verhoogde kwelling, maar hy kan homself ook help

om uit hierdie staat van dood te kom, deur te luister na die helpers wat

hom tegemoet kom in die geestelike koninkryk en hulle instruksies te volg,

wat tot ‘n geringe verbetering vir die siel sal lei.

Maar dit is baie moeilike om die siele aan te moedig om ander ellendige

siele te versorg, omdat hulle altyd slegs met hulself besig is, net soos op

aarde is hulle liefdeloos en hul eieliefde is nog oorheersend. Maar slegs

liefde sal ontwikkeling van die siel in die hiernamaals toelaat. Hy moet

liefdevolle voorbidding ontvang wat hy as krag ervaar en dan is dit

moontlik dat hy sy wil sal verander. Hy moet liefde in homself opwek deur

aandag aan sy behoeftige broers in die hiernamaals te bestee deur gewillig

klein gebare van hulp aan te bied. Hierdie sal dan ook gevoel word deur die

siel as ‘n toevloei van krag en sal sy wil om lief te hê bevorder, wat alleen

die siel van sy kwellende situasie kan vrymaak.

As hy die koninkryk van die hiernamaals in uiterste geestelike duisternis

ingaan kan dit ‘n baie lang tyd neem alvorens hy van sy ellendige toestand

bewus word en verlang na verbetering. Maar sodra die begeerte hom

voordoen om sy staat van dood te verander, sodra hy besef dat hy nie

meer op aarde leef nie en ook nie opgehou het om te bestaan nie, sal hy

ook sy situasie oordink en probeer om daaruit te kom. En slegs dit sal hom

in kontak bring met helpers, ligwesens wat in vermomming kom en probeer

om te verduidelik hoe hy uit sy situasie kan kom as hy die wil het om dit te

doen. Veral ongelowige, oorledenes van die aarde vereis baie voorbidding

van die menslike kant wat hom sal help om die wil in die hiernamaals te

versamel om sy situasie te verbeter. Want elke gebed namens hierdie siele

vervoer ‘n stroom van krag aan hulle en hierdie krag sal nooit verlore gaan

nie, mits die siel mense agterlaat op aarde wat hom in gebed sal onthou.

Daarom kan julle mense tot ‘n groot mate bydra sodat hierdie siele ook die

dood sal oorwin, sodat hulle nog sal ontwaak tot die lewe aan die ander

kant. Want solank die siel nog self-bewus is sal Ek hom nie verlaat nie,

want dan kan hy nog sy wil verander, wat slegs na Jesus-Christus gerig

moet word en sy verlossing sal verseker wees. Maar as hy tot ‘n punt daal

waar geen vonk van lig hom meer sal kan bereik nie, dan sal hy aanhou om

na die diepte te streef en weer verhard en dit beteken ook desintegrasie en

die verlies van selfbewussyn, dit beteken hernude verbanning in materie en

die begin van ‘n nuwe periode van verlossing, omdat geen wese vir altyd

16

verlore sal gaan nie. Omdat geen wese vir altyd dood sal bly nie, maar een

dag weer sonder twyfel sal terugkom en vir ewig lewe.

Die siele wat nie meer deur hierdie nuwe verbanning moet gaan nie, sal

ook voor geveg word in die koninkryk van die hiernamaals en elke persoon

wat liefdevol aan hierdie siele dink neem aan die verlossingwerk deel en die

siele sal hom ewig dankbaar wees dat hy hulle gelei het uit die nag van

dood in die lig van die dag. Want wat eens uit My voortgekom het as ‘n

lewende wese kan nie ophou om te bestaan nie, maar slegs wanneer

hierdie siel in staat is om in vryheid, lig en krag te werk, sal hy weer

lewend wees en nooit weer verlore kan gaan nie. Amen

Ondersoek die leringe van geeste!

8228 30 Julie 1962

Julle kan glo dat Ek julle steeds weer die kennis oor Jesus Christus en Sy

verlossingswerk waarheidsgetrou laat toekom, want Hom, die Goddelike

Verlosser moet julle herken en erken as God’s Seun en Verlosser van die

wêreld, wat Myself in Hom dra. Dit kan julle egter nie bewys word welke

missie Hy op die aarde moes vervul nie. Maar Ek Self sal julle die ware

kennis oor Hom laat toekom deur My Gees en daarin kan julle tog ‘n bewys

sien, want wat histories nie bewys kan word nie, daaroor onderrig My Gees

julle.

En so weet julle ook dat dit Ek Self is wat julle dit openbaar en dat julle dus

gerus die geeste kan ondersoek. Want sodra julle oor Jesus Christus en Sy

verlossingswerk uitsluitsel gegee word, is dit die Gees uit God wat julle

alleen die suiwere waarheid kan oordra. Julle het die reg om te ondersoek

waar al die geestelik goed van afkomstig is en Ek Self het julle daartoe op

die toets gewys. Want nooit sal ‘n teenwerkende gees verkondig “dat God

in Jesus Christus in die vlees gekom het om julle te verlos” nie. En het hy

julle die bewys verskaf dat God’s Gees aan die werk is, dan kan julle ook

alles as waarheid aanneem wat hierdie Gees julle verkondig.

My werksaamheid in die mens wat op so'n duidelike wyse in die stuur van

My woord tot uitdrukking kom, kan nie as eie verstandelike denke uitgelê of

verklaar word nie. En dit kan nog minder as beïnvloeding deur My

teenstander gekenmerk word, want dan bewys die mense dat hulle die

stem van hul Vader nie herken nie, dat hulle nie behoort tot Myne, wat

hulle geheel aan My oorgee nie, baie meer, dat hulle nog te veel met hulle

verstand besig is, anders sou hulle hul aangespreek voel deur My hul Vader

van ewigheid. Want die stuur van My woord in ‘n mensehart, hetsy

regstreeks of deur My bodes sal sy uitwerking nie mis nie. Dit raak die hart

sodra hy hom open en bereid is om deur My aanspreek te word. Die

voorwaarde is dat die mens My aanhoor sonder voorbehoud, dus bereid is

om homself deur My Gees, deur My liefdeslig te laat deurstraal.

Pak die mens egter louter verstandelik 'n ondersoek aan van die geestelik

goed wat hom deur My gestuur is, dan sal hy nouliks in staat wees om die

17

stem van sy Vader te herken, want dit kan op die wyse nie sy hart raak nie

omdat alleen die hart in staat is om te ondersoek. Julle moet nie blind glo

en iets aanneem wat julle innerlike afwys nie, maar word julle My

openbaringe gestuur, dan sal julle nooit die gevoel van afweer kry nie, op

voorwaarde dat julle verlang om deur Myself aangespreek te word. Baie

eerder sal My woorde julle so raak dat julle dit nie meer wil mis nie en julle

sal ook geheel oortuig wees van die waarheid, omdat julle Myself bespeur.

Goddelike openbaringe sal steeds die menswording van God in Jesus en Sy

verlossingswerk tot inhoud hê en dit moet vir julle steeds die duidelikste

bewys vir die waarheid wees. Want nooit sal My teenstander julle daarvan

in kennis stel dat Jesus Christus Hom vir julle aan die kruis geoffer het, in

Wie Ek Self die verlossingswerk volbring het. Nooit sal My teenstander

probeer om julle daartoe te bring om in Jesus te glo nie en nooit sal hy julle

die liefde preek wat ook steeds die inhoud van My openbaringe is nie,

omdat alleen die liefde julle met My verbind; hy wil egter alles verhinder

wat die verbinding tot stand sou kan bring.

Julle moet dus op hoogte wees van sy wese, wat alleen uit haat bestaan en

julle wil verderf. En reeds daaraan kan julle sy aktiwiteite herken, dat hy

alles sal doen om My Goddelike openbaringe te verkleineer en julle gees te

verduister, sodat julle My nie sal herken nie. Maar julle hoef julle alleen

maar tot Myself te wend om verligting van julle gees, en waarlik, Ek sal

julle bystaan en alle onduidelikheid in julle omsit in die helderste insig as

julle werklik ernstig daarna verlang. My teenstander probeer altyd

verwarring te stig, maar hy sal alleen daar sukses hê waar die verlange na

die suiwere waarheid nog nie oorheers nie. Waar dit egter aanwesig is daar

het hy alle mag verloor, want Ek Self straal die lig uit en dit sal almal wat in

die lig wil staan weldadig aandoen. Amen

Die Voorloper van Jesus - Geloofstryd

8231 2 Augustus 1962

Myne sal die ‘roepende in die woestyn’ herken wat My verskyning sal

aankondig soos wat Ek dit voorspel het, want sy "lig" sal helder straal en sy

spraak sal geweldig wees. Hy sal nie bang wees in sy redevoering wat die

magtiges sal aanval nie, want hy is deur My na die aarde gestuur om sy

laaste missie te vervul. Om die einde van die aarde te predik en My Koms

te verkondig op die dag van die oordeel.

Die wat aan My behoort, sal deur die krag van sy taal geweldig onder die

indruk wees en hulle sal besef dat dit nie meer lank sal duur voordat Ek

Self sal kom om hulle te red uit hulle nood nie.

Van vroeg af egter sal julle mense, julle ook altyd weer in valse

veronderstellinge verloor en meen om hom in baie mense te herken, Ek sê

egter aan julle; dat julle nie sal hoef te vra nie, maar sal weet dat dit hy is

wat Ek self vooruit stuur. Want wanneer hy sal optree, is My teenstander

ook al aan die werk op so 'n wyse, dat hy homself sal beliggaam in ‘n

18

maghebber wat sal optree teen elke geestelike strewe en teen die geloof.

Hy sal Myne nou ook deur sy handlangers erg verdruk sodat hulle van My

afvallig sal word en hulself na hom sal wend.

Julle kan dan nagaan wanneer die geloofstryd sal begin en buitengewoon

baie troos ontvang deur My Voorloper, omdat julle dan ook weet dat die

einde nie meer ver is nie. Want sy missie op aarde is nie van lange duur

nie, en ook die Antichris sal maklik herkenbaar wees, want vir hom sal ook

nie ‘n lang lewensduur beskore wees nie. Die Voorloper sal kom en julle

geloof versterk. Hy sal met so 'n geweldige redevoering van My getuig en

My Koms aankondig, dat Myne krag uit sy woorde sal put en ook sal volhou

tot aan die einde. Want Ek Self sal hulle bystaan in hulle node wat die

geloofstryd met hom sal saambring.

Die ‘roepende in die woestyn’ sal homself nie laat teëhou nie en openlik

optree teen die mense wat Myne vyandelik gesind is. Hy sal hulle

handelinge as afskuwelik brandmerk en altyd sal hy My beskerming teenoor

hulle aanvalle geniet, totdat sy uur gekom het. Hy sal sy missie weer met

sy dood koop, maar dit mag julle nie laat skrik as julle van My is nie. Dit

moet julle slegs versterk, omdat julle in die Waarheid is en alles so kan

verwag, soos wat Ek dit vir julle deur My Gees verkondig het.

Dit tydperk wat vir julle mense gestel was om julle van die vormgodsdiens

te bevry, loop ten einde. Maar tot die laaste dag help Ek julle om tot ‘n

korrekte geloof in My te kom en ook die Voorloper is vir julle gestuur om

julle geloof te versterk. Wie hom wil herken, sal hom ook herken. Wie sy

woord egter afwys, is openlik ‘n aanhanger van My teenstander en wys My

Self ook af. Maar die lig uit die Hoogte wat helder straal sal nie oor die hoof

gesien word nie en sy woord sal nie te negeer wees nie. Sy lewenswandel

en arbeid op aarde in die laaste tyd sal so duidelik herkenbaar wees as

Goddelike werk, dat iedere mens hom kan herken en nie hoef te vra of dit

hy is nie.

My teenstander sal opnuut op dieselfde manier wil werk, deurdat hy

verwarring sal probeer saai en sy aanhangers beïnvloed, dat die Voorloper

daar en daar te sien is. Daarom is ‘n noue verbinding met My nodig om

korrek te kan onderskei en na waarheid te soek. En daarom vertel Ek julle

steeds weer dat hy eers dan sal verskyn wanneer My teenstander homself

ook met die regte uiterlike vorm gereed sou gemaak het, waarin hy dan

werk tot ontsetting van die gelowiges. Hy sal oor groot mag beskik en sal

dit nougeset in die geloofstryd gebruik. Maar dan sal hy, wat Ek self stuur,

ook optree, en hy sal die Antichris openlik aanval en hom nie vrees nie. En

daaraan kan julle hom herken, want ook hy beskik oor groot krag wat hy

egter in My Naam sal gebruik. Hy sal ook siekes genees en wonderwerke

doen en daarom sal hy heftiger bestry word deur die maghebbers wat hom

teenstaan, en hulle sal ook daarin slaag dat hy ‘n gewelddadige dood sal

sterf.

19

Maar die "lig" wat hy sal versprei onder Myne, sal hulle ongewoon versterk.

Hulle sal My Koms vol vertroue verwag en volhard tot aan die einde, want

hulle sal weet dat My Woord vervul sal word en dat alles sal gebeur soos

wat Ek dit laat verkondig het in woord en geskrif. Amen

Die teenstander in lig gewaad - Die paradys op die

nuwe aarde

8234 7 Augustus 1962

Dit mag julle nie verwonder dat My teenstander gedurende die eindtyd na

elke moontlike middel sal gryp om sy mag te versterk nie en om sy

aanhang te verhinder om hom te ontvlug en My te volg nie. Want daar

staan geskrywe dat hy ook groot wonders sal doen om die wat Myne is te

verlei tot afval van My, om hulle vir homself terug te wen. En hy sal ook nie

skroom om homself te kamoefleer as ‘n "lig engel" om self die woorde van

die Skrif te bedien nie.

Wie egter ernstig na die waarheid verlang, sal hy nie kan bedrieg nie, al

tree hy op in My naam. Want sodra daardie inhoud My in Jesus en My werk

van verlossing in alle erns bely, sal hy dit ontwyk en sy masker laat val.

Want die verlossingswerk sal hy nie aanvaar nie en sy strewe sal wees en

bly om die mense van die geloof in die verlossingswerk af te bring.(m.a.w.

die uitverkiesingsleer wat verlossing deur Jesus onnodig maak= uitg.) Hy

het aan die einde groot mag en sal dit ook gebruik en waar reeds duisternis

van gees is, sal hy nie herken word nie. Waar My lig egter reeds helder kan

skyn daar sal hy ook deursien word. En daarom hoef die wat Myne is, hom

ook nie te vrees nie, want hulle sal sy spel vol liste en intriges deursien en

sal teen hom weerstand bied. Want die hel het al sy bewoners uitgebraak

en na die aarde gestuur en deur hierdie demone word daar nou sterk op die

mense ingewerk.

Maar tog kan en sal Ek My teenstander nie verhinder nie, want dit is sy

laaste tyd. Want daarna word hy weer gekluister vir ‘n lang tyd en het geen

invloed meer op al wat geestelik is nie en wat nou weer oor die aarde gaan

in ‘n gekluisterde of in ‘n vrye toestand; in die skepping van die nuwe aarde

of in die mens. Dit sal dus ‘n tyd wees van vrede, waarin al wat geestelik is

hulself sneller kan ontwikkel, omdat die gekluisterde veel geleentheid

gebied word om te dien. Die mense sal in die begin ook geen geestelike

teenpool meer nodig hê nie, wat toegelaat is vir hulle wilsbeproewing. Hulle

het hulle wilsbeproewing op die ou aarde deurstaan en klim nou stewig

omhoog omdat hulle in voortdurende verbinding staan met My en die

ligvolle geestelike, wat nou onder die mense kan vertoef om hulle te

onderrig en te lei. En daarom woed Satan in die tyd soveel hewiger, want

hyself is ‘n verduisterde gees en weet nie dat sy aktiwiteite sonder effek is

nie. Die mense wie hy vir homself win word opnuut gekluister, en vir ‘n

lang tyd aan sy mag onttrek. En die ander het My ‘n bewys gegee van hulle

20

liefde tot My, en van hulle sterk geloof. En hierdie kan Ek nou ook beloon

met ‘n lewe in die paradys op die nuwe aarde, waar hulle as stamouers van

die nuwe mensegeslag weer hierdie aarde sal bewoon.

Eens moet die wetlike ordening weer op aarde herstel word en hierdie tyd

waarin geen verbetering van die mensegeslag meer te verwag is nie, het

nou gekom. Maar die opinies loop in hierdie eindtyd nog uiteen en Ek sal

daarom waarlik alles doen om te red wat nog nie geheel aan die

teenstander verval het nie. En slegs ‘n goeie wil is nodig om tot erkentenis

te kom of Ekself, of My teenstander aan die werk is. Veral, wanneer daar

dinge gaan gebeur wat ongewoon skyn te wees en ‘n "KRAG" vertoon sal

word wat bo die natuurlike krag van ‘n mens sal uitgaan.

Maar as julle vir My en die waarheid wil erken, dan sal julle ook van

misleiding behoed word. Is julle sin en julle strewe egter nog op die wêreld

gerig, dan sal julle ook deur die wêreld beïnvloed word en deur hom, wat

meester is van die wêreld en sy mag, ook wêrelds tot uitdrukking bring.

Dan het hy julle gewen om julle weer te verloor, want die wesenlike word

hom weer ontneem sodra die einde gekom het. Ek is waarlik Majesteit van

Hemel en aarde. Aan My is onderworpe die ryk van die lig en van die

duisternis en Ek weet wanneer My teenstander sy bevoegdheid oorskry. En

daarom stel Ek aan hom ‘n einde soos dit verkondig is in woord en geskrif,

omdat die tyd dan gekom het waarin alles volgens die ewige ordening weer

in die korrekte toestand gebring moet word. Amen

Het die mens ontwikkel, of is hy nuut geskape ?

8235 9 Augustus 1962

Daar kan geen teenspraak wees in die geestelike goed wat julle deur Myself

ontvang nie en wat My gees julle laat toekom deur hulle wat in My diens

staan nie. Julle het opdrag om die suiwer waarheid van My aan die

medemens deur te gee en My Woord uit te dra wat hulle opheldering moet

gee. Want Ek wil die geestelike duisternis waarin die mense wandel verlig,

veral, wanneer julleself na opheldering verlang.

Die skeppingswerk van die aarde het eindelose tye nodig gehad om te word

wat dit nou is, ‘n skeppingswerk wat vir die mensdom die laaste voltooiing

moet bring. Gedurende hierdie eindelose lang tyd, het die, in die kleinste

deeltjies opgeloste oergeeste, deur tallose skeppingswerke gegaan om

hulself steeds hoër te ontwikkel en die verstarde geestelike het langsaam

tot lewe gekom, soos Ek dit al dikwels aan julle geopenbaar het.

Hulle het die eindelose lang weg in die "jy moet toestand" afgelê, dit wil sê,

alle skeppingswerke het die bestemming volbring wat Ek hulle toegewys

het. Geeneen van die gekluisterde wesens kon oor homself beslis nie, hulle

ontwikkel hulself langsaam verder en hulle word steeds in nuwe vorme

geskape vir elke graad van volwassenheid vir die opwaarts strewende

geestelike. Die minerale-, plante- en dierewêreld was oneindig veelvoudig

in hul vorme, en alles was besield deur die partikeltjies van die gevalle

21

oergeeste wat hulself steeds meer aaneengesluit het. Wat ten slotte tot

kleiner en groter lewende wesens geword het wat hulself by die verlaat van

die vorme weer verenig en uiteindelik in vorme ingelyf was wat reeds meer

na die vorm van ‘n mens gelyk het.

Die hele lang weg van ontwikkeling staan onder My wet, dit wil sê, volgens

die wet van die natuur speel alle gebeurtenisse homself in hierdie skepping

af, wat deur My Wil ontstaan het. Die oergeeste het deur hulle val in die

diepte hulle "ek-bewussyn" verloor. Maar eenmaal sal hulle die ekbewussyn

terug ontvang om hulself in die laaste vorm, as mens, te kan

beliggaam om die weg van ontwikkeling te volbring.

Die laaste vorme in ‘n "jy moet toestand" was daarom steeds "mensliker",

maar hulle het hulself nog nie in die stadium van die ek-bewussyn bevind

nie. Hulle het instinktief volgens My Wil gehandel, ofskoon hulle reeds

funksies kon uitoefen wat op die van mense gelyk het. Maar hulle was nog

nie tot ‘n denke bekwaam nie, verstand en vrye wil het hulle ontbreek, en

so was hulle nie van verantwoordelikheid bewus nie. Hulle was tot hulle

handeling deur geestelike intelligensies gedrywe, soos alles wat ‘n vorm het

onder die gesag van geestelike versorgers staan wat My Wil, volgens die

wette van die natuur, op hierdie gekluisterde wesens oordra.

Hulle het die eindelose lang weg in die "jy moet toestand" afgelê, dit wil sê,

alle skeppingswerke het die bestemming wat Ek hulle toegewys het,

volbring. En die tyd het dan gekom waarin aan die volwasse geworde

geeste, die vrye wil teruggee kan word, waardeur hulle nou beproef kon

word of hulle weer tot My wou terugkeer of by My teenstander wou bly. En

vir hierdie oergeeste het Ek die vorm van die mens geskep.

My Wil het alle skeppingswerke en in die besonder die steeds groter

gevormde lewende wesens laat ontstaan deurdat My gedagtes tot vorm

geword het. Daarom was hierdie lewende wesens in die grootste

verskeidenheid van vorme aanwesig, maar elke vorm was anders. Daar

was die mees verskillende soorte van allerlei aard, wat geen ooreenkoms

met mekaar het nie en hulself steeds voortplant maar steeds dieselfde

skepsele bly.

Toe die vorm van die mens nodig word vir die eerste oergeeste wat so ver

tot volwassenheid gekom het, dat hulle ‘n liggaam nodig gehad het, het Ek

weer ‘n skeppingswerk geskep, wat waarlik ook ‘n wonderwerk in My

algehele skepping was. ‘n Wese, wat wonderbaarlik saamgestel was en

volgens My Wil geskape was om sy opdrag op aarde te kan vervul; wat Ek

geskape het en homself nie uit die reeds aanwesige skeppings ontwikkel

het nie.

Want hierdie vorm sou ‘n oergees berg, ‘n deur My eertydse voortgebringde

wese wat My "ewebeeld" was en dit nou weer moes word. En daarom moes

hy met verstand, vrye wil en ek-bewussyn toegerus word en dit het

homself nie langsaam uit die dierlike wesens ontwikkel nie, maar was aan

die vorm van die mens toegevoeg, toe die oergees besit geneem het van

22

die eerste vorm; en ook aan elke mens as behorend by sy siel, wanneer dit

as "Goddelike asem" die mens by sy geboorte laat lewe.

Die mense plant hulself dan wel voort volgens My wet van die natuur, maar

hulle sal steeds dieselfde skepsele bly soos die eerste werklike mens Adam

was. Hulle sal nie in ander skepsele verander nie, want hierdie verandering

sal steeds ‘n daad wees van die siel, wat My eens nog weerstrewend kan

wees, maar gedurende die tyd as die mens tot hoogste voltooiing kan kom.

Die menslike liggaam sal egter bly soos Ek dit geskape het, toe die siel van

Adam dit in besit geneem het.

Weliswaar het die skep van die aarde met alles wat in, op en bo die aarde

is en van alle dooie en lewende dinge ‘n eindelose lang tyd nodig gehad,

maar vir die gevalle geestelike het daar as’t ware aan die periode van

opwaartse ontwikkeling ‘n einde gekom, toe alle deeltjies van ‘n oergees

homself weer versamel het en die laaste proses van terugkeer tot My begin

het.

Want hierdie weg oor die aarde as mens vereis ook van My ‘n nuwe

skeppingswerk, ‘n vorm, wat aan alle eise voldoen om die laaste proef in

vrye wil te kan deurstaan. Die mens kan homself dus as ‘n besondere

skeppings werk van My beskou, want hy is die enigste wese op aarde wat

begaafd is met onderskeidingsvermoë en ‘n vrye wil as teken van sy

Goddelike afkoms. En daardeur is hy ook in staat om ‘n God en Skepper

bokant homself te erken wat hom die lewe gee. Juis daarom kan hy ook die

laaste voleinding op hierdie aarde bereik, as sy vrye wil dit ernstig nastreef.

Amen

Was Adam die enigste Mens, wat God geskep het?

8236 10 Augustus 1962

Nou sal in julle die vraag opkom, hoe het die bevolking van die hele aarde

tot stand gekom. En die vraag is tereg, want daar was baie oergeeste, toe

die eerste oergees hom in Adam beliggaam en al die oergeeste wil hul

ontwikkelingsgang voortsit en hulle as siel in die mens beliggaam, omdat

hulle wis, dat alleen so hul definitiewe terugkeer tot My kan plaasvind.

Ek het die oergeeste ook menslike omhulsels gegee, wat nou bewus die

gang oor die aarde wil gaan. Ek skep mense in groot getalle, want slegs ‘n

gedagte van My was genoeg en elkeen van die tot volwasse gekomde

oergeeste het sy uiterlike vorm en elke vorm was, wat die natuur betref, so

geskape, dat die voortplanting plaasvind na My wil, om die siele, wat

geleidelik ook hul volwassenheid bereik het, steeds weer ‘n moontlikheid

tot beliggaming te gee.

Maar Ek begrens die gebiede van die oervaders. Begryp My goed, Ek wys

die mense nie voorbereide land toe nie. Slegs die eerste mense. Adam en

Eva. wat die wilsproef moes aflê en deur hul val word die hele menslike

geslag verswak, die ongehoorsaamheid aan My goddelike gebod was as te

ware deur die inwerking van die gees wat vyandig teenoor My staan –

23

Lucifer - ook in die mense, in die oergeeste ontwaak en die erfsonde wat

bestaan uit die verandering van die suiwere goddelike liefde in eieliefde,

herhaal hom ook in die mense, want My teenstander bring alle mense in

versoeking en hy slaag in die verleiding, omdat die mense nog te weinig

kennis van hom het, wat hulle opnuut tot val wil bring.

En die mense versprei hulle oor die hele aarde, maar Adam was en bly tog

die stamvader van die menslike geslag en die mense word op hoogte

gebring van die voortplanting van sy stam en sy geslag word gevolg tot die

geboorte van Jesus, Wat terwille van die erfsonde op aarde neerdaal, om

die mensdom te verlos.

Omdat Adam na Lucifer die eersgevalle oergees was, is hy ook as die

eerste mens beliggaam en as hy hom aan My maklike gebod gehou het,

dan sou hy baie vinnig vry geword het van sy uiterlike vorm en ook alle

ander oergeeste sou vinnig hul weerstand opgee en hulle sou hul

onvoorwaardelik aan My oorgegee het en hul terugkeer tot My sou

gewaarborg wees.

Maar sy ongehoorsaamheid was ‘n hernude weerstand teen My, dit was ‘n

herhaling van die eerste sonde van verset teen My. Maar Lucifer het deur

die val van Adam weer die mag gewen en hy gebruik dit teenoor die hele

mensdom, wat nou in dieselfde swakheid as Adam geen weerstand bied nie

en swak bly, tot Jesus Christus kom, om hulle te help.

Julle mense moet weet, dat Ek die hele aarde bevolk het, omdat baie van

die volwasse oergeeste verlang na hul laaste beliggaming op die aarde en

omdat hulle ook die reg het om as mens die laaste wilsproef af te lê. En die

(mense) was in groot getale en elkeen het ’n groot aanhang, oergeeste,

wat hom gevolg het en hulle steeds weer by hom aansluit.

En vir al die (oergeeste) kies Ek die lewensvoorwaarde op aarde, wat

ooreenkom met hul verskillende aanleg en Ek plaas dus elke oergees daar

na toe in ‘n menslike gedaante, waar hulle dan weer vermenigvuldig

ooreenkomstig My wil en volgens My natuurwet.

Die wyse van voortplanting was ooral dieselfde, daarom voeg Ek steeds ‘n

tweede gees by die oergees. Dus die skeppingsdaad van die eerste mens

herhaal hulle steeds weer in gebiede, wat onbereikbaar was vir die

afsonderlike mense stamme, want My skepping van die Aarde was so

omvattend en ooral het die ontwikkelingsproses daarom gevra, dat die

oergeeste hulle nou beliggaam in mense en Ek daartoe die eerste

voorwaarde gestel het.

En eers weer na lang tye kom die verskillende stamme weer met mekaar in

verbinding. Die geestelike ontwikkeling was egter geheel verskillend. na

gelang die graad van liefde, wat al die mense vervul. Maar almal kan deur

Myself onderrig word, wanneer hul weerstand afneem en My gebooie dan

ook weer in ag geneem word en die mensesiel sal volwasse word, want die

goddelike verlosser Jesus Christus het die verlossingswerk vir alle mense

24

volbring en ook aan alle mense kan die kennis gebring word deur mense of

deur die werking van My Gees.

Maar die direkte nakomelinge van Adam sal die kennis makliker aanneem

en sal daarom ook tot die menslike geslag behoort, wat nog op die aarde

verlossing kan vind; wat die siele nog op aarde vry kan word, wanneer

hulle die verlossingswerk van Jesus Christus aanneem, wat naas die

oersonde die toenmalige sonde van Adam op hom geneem het en dus die

mensdom vry gekoop het van My teenstander deur Sy dood aan die kruis.

Amen

Was Adam die enigste Mens, wat God geskep het?

(Voortsetting van 8236)

8237 11 Augustus 1962

Julle is baie beslis werksaam na My wil, wanneer julle die geestelike goed

versprei, wat julle as My woord vanuit die hemel toegevoer word. Want dit

gaan daarom, om nog baie mense opheldering te gee, die wat ernstig wil.

Steeds weer sê Ek julle, dat die mense ver van die waarheid afgewyk het,

maar in hul verkeerde denke volhard, omdat ‘n ware opheldering ook nie

aanneemlik is nie. Dit is egter die tyd van die einde en die afstand van die

begin van die verlossings periode tot nou is te groot, om bewys te kan gee

van die gebeurtenisse, wat in die begin afspeel, toe die eerste mense besit

geneem het van die aarde.

Maar dit ontbreek die eerste mense self aan ware insig, omdat hulle met

die oersonde belas was, waarvan hulle vry kon word, as hulle hul wilsproef

deurstaan het. Hul gees was nog verduisterd en hulle wis niks oor die

verhouding van die geestelike en die aardse ryk nie, omdat hulle deur die

verleiding van Lucifer hulle liefde verander het, omdat die suiwere

liefdesvonk uit My vertroebel was deur hulle sondeval. Omdat dit anders

ook nie moontlik was, dat die mense steeds dieper sink en die menslike

geslag, die nakomelinge van Adam, hulle in ongeloof verloor, sodat die

sonde die oorhand kry.

Hulle herken die samehang nie en leef alleen ‘n aardse lewe. En hoewel ook

steeds weer ligwesens hulle op aarde beliggaam, om die mense te onderrig

en hulle die doel van hul bestaan begryplik te maak, bly hul denke beperk,

en beperkte kennis word nou ook deurgegee, omdat die voorwaarde nie

voorhande was vir diepere wysheid waartoe My heersing en werk in die

hele skepping behoort. Die beperkte denke van die mense laat ook nie

sulke opheldering toe nie, wat betrekking het op die wyer skeppingsruimte,

waarvan alleen die aarde blyk moes gee wat deur My mag en wysheid, deur

My liefde vir alle geskape wesens steeds en voortdurend bevolk word met

die destyds van My gevalle geestelike, wat die terugkeer tot My moes

realiseer met die skeppingswerk aarde.

En so, soos hul sigsveld nog beperk was, so ook berig hulle steeds alleen

oor die begrensde gebied, wat hulself bewoon. En daar word verslae

25

uitgebring van die aardse ontwikkelingsgang sedert Adam en Eva, die

stamouers, wat egter hulle uitsluit, wat dieselfde mee afspeel op andere

dele van die aarde, wat vir die eerste mense nog so ver uitmekaar geleë en

ten dele van mekaar geskei was deur groot waters, sodat elk ryk ‘n wêreld

op hulle eie was, waar die destydse gevalle geestelike volwasse kon word

en hulle in die mens kon beliggaam.

Elke volk het egter ‘n andere voorstelling van sy herkoms, sy ontstaan en

sy godsbesef. En dit ontbreek hul ook nie aan lerare, wat uit die hemel

afdaal, sodat die mense hul aardse opdrag daarin sien, om hul nog

onbekende godheid te leer ken, Hom aan te roep en moeite te doen om

goed en regverdig te lewe. En sodra hulle in hulself die goddelike liefde, die

onselfsugtige naasteliefde, tot ontplooiing laat kom, sal ook hul denke

nader aan die waarheid kom.

Maar dit moet steeds weer benadruk word, dat alle volkere verskillende

geestelike rigtinge verteenwoordig, maar daar moet ook aan elk volk die

kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk gebring word, omdat hul

bevryding uit die vorm nog op aarde voltooi kan word. En ofskoon die

verskillende geestelike rigtings en gelowe nie met mekaar ooreenkom nie,

sal die liefdesleer beslissend wees en wie die liefde ontplooi, waarvoor elke

volk ook die aanleg in hulle het, sal tot volmaaktheid kom.

Die verbinding tussen die verskillende volkere sal egter steeds meer tot

stand kom en onderhou word en dit beteken ook, dat hulle kennis kan

neem van Jesus Christus en Sy verlossingswerk, dat Hy erken word en

oorgawe aan Hom daarop volg, wat nou ook tot vereniging met My, tot

terugkeer na My, sal lei, en wat nou ook die bevryding uit die vorm

waarborg; wat die eens gevalle oergees sy doel bereik het en weer tuiskom

in sy Vaderhuis en geluksalig is, soos hy was in die begin. Amen

Kerklike organisasies

8238 12 Augustus 1962

Ek het nog baie vir julle te sê, want daar is nog baie dwalinge uit die weg te

ruim as julle in die waarheid wil wandel. My Gees kan egter in beperke

mate werk, volgens julle geestelike volwassenheid. Want om kennis wat vir

julle nog heeltemal vreemd is te kan ontvang, moet die oorgawe van die

ontvanger teenoor My so innig wees, dat die stroom van My Gees sonder

hindernis kan binnenvloei.

Julle mense sal vra waarom Ek so'n erge misvorming van die waarheid, wat

oorspronklike van My uitgegaan het, toegelaat het, sodat daar so'n diepe

geestelike duisternis op die mensdom kon kom? En steeds weer moet Ek

julle daarop wys, dat die vrye wil van die mense nie toelaat dat hy beperk

word wanneer die mens gebind is aan My teenstander en volgens sy wil ook

werksaam op aarde is nie.

En omdat dit vir My teenstander alleen daarom gaan dat die mense op

aarde nie tot die besef van hul God en Skepper kom nie, want dan is dit te

26

laat om al die lig wat van My uitgaan uit te doof of te vertroebel en hy

dieselfde reg het om op die wil van die mense in te werk, sal sodoende die

waarheid steeds weer verontreinig word. Want My teenstander wil My beeld

misvorm, hy wil My so aan die mense voorstel dat hulle geen liefde vir My

sal ervaar nie en daarvoor is vir hom elke middel goed.

Toe Ek My verlossingswerk op aarde volbring het, word My suiwer

evangelie deur My disipels uitgedra in die wêreld. Hulle het van My die

waarheid in die suiwer vorm in ontvangs geneem en gee dit net so suiwer

deur, omdat hulle deur die Gees vervul was. Die mense was egter

verskillend van natuur, want hul siele was nog belas met die oersonde en

behoort ook nog aan My teenstander, ofskoon hy hulle nie kon dwing om

hom te dien nie. Maar die erflike gebreke, soos hoogmoed en heerssug was

nog sterk in hulle aanwesig en dit benut hy om hulle te beïnvloed en ook

onder die aanhangers van My leer van die suiwer evangelie tweedrag te

saai.

En daar tree nou enkele van hulle in die besonder na vore en stig uit eie

beweging organisasies, verhef hulself tot bestuurders daarvan en skep ‘n

struktuur met baie aardse en wêreldse belange en dus het My teenstander

daar al ‘n aandeel aan en sy grootste strewe was om die waarheid van die

evangelie te ondermyn.

sodoende verduister die lig meer en meer en die vyandige invloed stel

ander leerstellings op, wat nie as dwaling herken word nie. En hierdie word

nou met groot ywer verdedig as sogenaamd deur My aan hierdie leiers

gegee. Hulle eis nou ook van hul lede om hierdie dwalinge te glo, en so brei

hul organisasie uit tot ‘n magstruktuur van die grootste omvang.

Elke mens egter kan en moet insien dat ‘n stelsel waarin mense verlang om

te heers nooit deur My gevestig kon wees nie, want My leer is; dien in

liefde. Die beïnvloeding van My teenstander werk egter heerssug en

begeerte na mag in die hand. En elkeen kan so heden ten dage nog self ‘n

oordeel vorm waar hierdie kenmerke nog duidelik te sien is.

Die mens het ‘n vrye wil en sou Ek nou deur My mag hierdie organisasies

vernietig het, dan sou dit ‘n ingrype gewees het in die wilsvryheid van die

mens, terwyl die volwassewording van die siel gedurende die aardse lewe

‘n volkom vrye daad van die wil moet wees, indien die mens tot voltooiing

wil kom.

My teenstander verblind weliswaar die mense met 'n uiterlike skyn wat baie

onheil veroorsaak het vir die siele van die mense, maar Ek het die mens die

verstand gegee en hy word ook ryklik met genadegawe gedek. Ek gee hom

die genade van die gebed en het Myself so naby die mense geplaas, dat

hulle tot My kan roep in gebed. En het hulle maar gebid vir waarheid en

beskerming teen dwaling, waarlik hul gees sou verlig word en hulle sou nie

in leuens en dwaling verstrik geraak het nie.

Want elke mens moet nadink, daar voor is hom die verstand gegee. Maar

laat hy dit agterweë, dan is dit ook sy eie skuld as hy ver van die waarheid

27

verwyderd is, as hy hom laat fasineer deur onware leerstellings. Elke mens

is My skepsel wat op aarde tot volwassenheid moet kom. Ek verlang na sy

terugkeer na My en sal hom waarlik daartoe alle moontlikhede ontsluit.

Maar hy moet dit gebruik uit vrye wil want Ek dwing hom nie, en ook My

teenstander kan hom nie dwing nie.

Wanneer julle dit alles besef, dan sal julle ook begryp dat Ek daarvoor sorg

dat die mense die suiwer waarheid ontvang, om dwaling te onthul, dit te

verklaar en te brandmerk, sodat dit wel moontlik is dat die mens wat

ernstig wil, in die waarheid kan wandel. Maar hy moet hom ook ernstig

probeer los maak van die netwerk van leuens van hom wat probeer om die

duisternis op aarde te vergroot en daarom met alle middele teen die lig sal

stry.

En daarom is dit moeilik om die waarheid ingang te laat vind, omdat die

denke van die mense reeds so misvorm is en hulle nie van vroëer

aangeneemde geestelike opvatinge kan vrymaak nie. En daarom sal die

ligdraers wat Ek die opdrag gee om My lig te verkondig, aangeval word.

Maar solank die mense nie totale opheldering gegee word nie, kan daar ook

geen helderheid wees nie, En daarom sal die mense mekaar bestry, solank

hulle nie tot My kom met ‘n ernstig verlang na die waarheid nie. Dan eers

sal dit lig in hulle word en dan sal hulle hul ook probeer los maak van

opvatinge wat hulle verdedig het as die waarheid, wat egter voortgekom

het van hom wat die vyand van die waarheid is, omdat hy vyandig teenoor

My staan. Amen

Die siel word ingelig oor sy aardse lewe

8243 17 Augustus 1962

Sodra julle My ‘n vraag stel sal Ek julle antwoord en onderrig, sodat julle

reg begryp en alle duisterheid opgehef word: Die aardse vordering van ‘n

mens se beliggaamde siel, van die eens gevalle oer gees. is ‘n moeilike

toets van sy wil wat so vry is as toe die oer gees uit My voortgekom het.

Want daar word oor hom geveg deur twee partye en hy alleen sal die

gevolg van hierdie stryd bepaal. Die geestelike beskermers sal altyd aan sy

kant staan maar hulle mag nie met sy vrye wil inmeng nie. En terselfdertyd

poog tallose ongunstige magte om die mens weer eens te laat val. Dit is

nietemin moontlik vir hom om die laasgenoemde te beheer deur sy wil

onwankelbaar na My te keer en daardeur voortdurend krag ontvang om

hom te verset en sy wils toets te slaag.

Maar omdat die oer gees nog tenvolle sonder kennis aan die begin van sy

inkarnasie as mens is; as gevolg van sy afval, as gevolg van sy verwerping

van My lig van liefde, het hy homself van sy lig, kennis en bewustheid

beroof, hy moet onderrig word en dit vind van buite en van binne af plaas

deur My geestelike vonk in hom wat hom voortdurend dring om goeie dade

te doen en dan ook ‘n innerlikelig aan hom gee. Verder lei Ek altyd ‘n mens

se omstandighede as sulks dat Hy van dit kan leer, want telkens sal die

28

geestelike beskermers sy gedagtes beïnvloed om die regte rigting te neem,

om die wil te versamel om na My te draai en dan kan Ek uitsonderlik in

hom werk. Dus neem Ek alle sorg dat die oer gees sy doelstelling as mens

tydens sy aardse bestaan sal kan bereik sodra hy sy wil uitgedruk het om

hierdie finale toets uit te voer as mens. Maar geen siel, geen oer gees wat

deur die skeppings in die staat van dwang gegaan het sal in hierdie finale

inkarnasie gedwing word nie. Die staat van dwang eindig die oomblik wat

alle klein deeltjies van ‘n oer gees weer saamgekom het en vanaf die

oomblik sal hierdie oer gees weer vry wees, sal hy nie aan dwang

onderworpe wees nie, nog van My nog van die kant van My teenstander.

Hy sal sy eie lot kan bepaal. Tydens die tyd van sy opwaartse ontwikkeling

uit die diepte sal sy weerstand teen My so verminder het dat hy dan

tenvolle gereed sal wees om op aarde as ‘n mens te lewe, nogtans moet hy

hierdie gawe van genade vrywillig aanvaar. En daarom sal hy ook ingelig

word oor sy aardse lot. As gevolg van My toestemming besef die oer gees

dat hy nog nie tuis is nie, waar heerlikhede op hom wag en hy dit wil hê.

Maar hy besef ook dat slegs die ontwikkeling as mens hom sal terug lei na

sy verlore tuiste. Hy weet ook dat hy weer ‘n vorm sal moet beset en

hierdie kennis kan sy lewe as mens nog vertraag. Nogtans, as ‘n reël sal hy

maklik die beliggaming as mens aanvaar en sterk genoeg voel om sy finale

wils toets te slaag.

Nietemin, moet hy ‘n vrye besluit neem en daarom word hy sy aardse

ontwikkeling getoon deur die verskillende situasies waar te neem en glo om

bekwaam te wees om hulle met gemak te oorwin en so ook bereid is om

die finale weg in die vorm te voltooi. Nietemin, ken Ek die graad van elke

oer gees se volwassenheid en Ek kan hom sy aardse ontwikkeling in ‘n visie

laat sien, Ek weet ook hoe hierdie droomgesig die individuele siel beïnvloed

en kan sy beliggaming in die mensevorm dienooreenkomstig laat geskied,

wat slegs ‘n lewende wese word wanneer die oer gees besit van dit geneem

het.

Julle mense moet glo dat alles met My moontlik is, dat Ek ‘n tenvolle blinde

gees met ‘n vonk van lig kan aanraak om sy visie vir ‘n paar oomblikke toe

te laat en dat hierdie oomblikke voldoende is om sy wil te aktiveer, wat die

oer gees weer kan gebruik sodra al sy substansies hulle herenig het. Julle

moet weet en glo dat Ek geen tydsduur vereis nie en dat My wil voort bring

wat Ek as noodsaaklik beskou. En hierdie vrye wils aanvaarding van die

menslike vorm deur ‘n oer gees is noodsaaklik, want hy het sy beperkte

staat verlaat en moet nou ook vrywillig besluit om sy aardse ontwikkeling

as mens op te neem. Maar die mens se fisiese liggaam word slegs

lewensvatbaar wanneer die oer gees dit as 'siel' beset. Slegs dan sal die

persoon begelei word deur sy beskerm engele, Hy sal geleidelik vertroud

gemaak word met kennis en sal dan eers as mens volwasse moet word

voor sy vrye wil en intellek hulle rasioneel kan uitdruk. Dit is die laaste

ontwikkelingsproses op hierdie aarde wat die oer gees volle verlossing kan

29

gee mits hy aandag gee aan die klein stemmetjie in hom, van die innerlike

drang wat die manifestasie is van die Goddelike vonk wat deur My in die

persoon geplaas is.

Nietemin, tydens sy aardse lewe het My teenstander dieselfde eis op hom

en hy sal probeer om hom te laat geld. Die mens is elke oomblik

onderworpe aan invloede van bo en onder, hy moet egter self besluit wie

mag oor hom sal kry. En dit is sy finale toets van wil, dat hy bewus na My

as sy God en Vader streef en niemand die vrye besluit vir hom kan neem

nie, Nietemin, hy word hulp gegee op elke manier omdat Ek ook verlang na

sy terugkeer en as ‘n waarlik goeie Vader, My kind aan die hand sal lei as

hy slegs sal uitreik en My hand sal neem en toelaat om deur My getrek te

word. Want Ek wil dat al My lewende skeppings salig gelukkig word en Ek

het waarlik alle moontlikhede in oorweging geneem om My doel te bereik.

Amen

Beliggaming van baie ligwesens in die eindtyd

8245 19 Augustus 1962

Dat daar in die eindtyd baie ligwesens op aarde beliggaam word, het

noodsaaklik geword, omdat die mense so weinig liefde aan die dag lê,

waardeur die geestelike duisternis ook so toegeneem het. Daarom moet

klaarheid nou aan die mense gebring word. Vanuit hulself ontsteek hulle nie

die vlam nie, wat hulle die nodige lig sou gee. Dus moet daar ‘n lig van

buite af tot hulle gebring word, dit wil sê, hulle moet onderrig word deur

mense wat self wetend is, dit wil sê, self lig besit.

Die beliggaamde ligwesens sal deur ‘n lewenswandel in liefde as mens

wetend word, want in die begin van hulle beliggaming is die kennis ook vir

hulle vreemd. Hulle moet, net soos elke ander mens, hulself tot ligdraers

ontwikkel. Maar hulle sal maklik slaag, omdat hulle bereid is om lief te hê

en die liefde wat lig is, sal hulle van binne verlig.

Deur hulle bring Ek dus My woord na die aarde. Ek skenk die mense

opheldering, sodat hulle ingelig kan word in die kennis oor hulle

oertoestand, hulle afvalligheid en hulle opdrag in hulle bestaan as mens.

Hulle is dus nie geheel onwetend nie, ofskoon hulle sonder liefde voortlewe,

maar daar word vir hulle opheldering verskaf en hulle hoef maar van goeie

wil te wees om nou ook die opheldering aan te neem en hulle lewe

ooreenkomstig daarmee te lei.

Maar juis die ligdraers, die beliggaamde wesens, word maar selde

aangehoor. Want hulle verlang ‘n lewe van liefde, terwyl hulle medemens

nie hierdie eise wil nakom nie. En so sal daar van die kant van die ligwêreld

nog baie geworstel word oor die siele van die mense, wat hulle oë en ore

sluit en liewer na die stem van die wêreld wil luister. Daar sal dus duidelik

twee rigtings te sien wees. In diepe geestelike duisternis sal die mense

deur die lewe gaan wat alle lig afwys. En ander mense sal weer lig uitstraal

en so invloed hê op hulle medemens, terwyl hulle ‘n lewe lei wat aan My

30

gebod beantwoord. By hulle sal die lig dan ook toeneem en hulle sal oor

kennis beskik wat hulle gelukkig maak, omdat hulle nou die doel van hulle

aardse bestaan insien.

Die mense het ondersteuning nodig, want hulle doen niks meer om self die

weg uit die geestelike duisternis te vind nie. Hulle wil is verswak omdat dit

gebind is deur God se teenstander, vir solank die mens geheel sonder liefde

leef. Want solank is hy ook nog ‘n deel van hom, wat hom in die duisternis

binnegetrek het. Juis daarom moet steeds weer aan die mens gepredik

word om die liefde te beoefen. En van die kant van die ligwêreld sal

bystand ook steeds aan hom verleen word, omdat dit in homself lig word

en hy nou insien om welke rede hy op die aarde is.

Daarom spreek God die mense aan deur tussenpersone, deur ligwesens wat

hulself op aarde laat beliggaam het en wat self die wil het om hulself hegter

te verbind met hulle God en Skepper van ewigheid. Hulle wil hulle

medemens verlossing bring en wil graag vir hulle Hemelse Vader Sy kinders

terugbring, as hulle hulself tenminste nie verset teen hulle pogings nie; as

hulle die lig aanneem, wanneer hulle die EWIGE Lig deur hulself heen laat

straal, wat steeds gebeur as die mense geneig is om God se Woord aan te

hoor en ook daarna lewe.

Dan sal die duisternis oorwin word. Die mense sal wetend word en tot insig

kom dat hulle ‘n Vader het, wat hulle wil help, sodat hulle tot Hom

terugkeer en daarom Sy bodes na hulle stuur, dat hulle die lig uitstraal wat

hulle van God Self gestuur word. Daar sal nog geworstel word oor alle siele

wat in geestelike duisternis verkeer, want die mense moet nog gered word

vóór die einde, sodat hulle die smartlike lot ontgaan om opnuut gekluister

te word in die skeppings van die nuwe aarde. Amen

Missie van die ligwesens die wek van die gees van

God - Die verlossingswerk van Jesus Christus

8246 20 Augustus 1962

Wanneer julle die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk gebring

word, wanneer julle die geestelike missie van die mens Jesus verklaar

word, dan moet My Gees in julle werksaam wees, dit maak nie saak of julle

die kennis regstreeks van My ontvang of dit aanneem van My bodes nie.

Want die Gees sal julle die begrip daarvoor ontsluit, en alleen deur die Gees

kan so'n onderrigting julle toekom van bo.

Die kennis is die vernaamste, want julle sal kennis moet neem van die

groot werk van erbarming, wat terwille van julle oersonde vir julle volbring

was en julle sal opheldering moet ontvang oor die geestelike saamhang,

oor die geestelike missie van die mens Jesus, omdat julle tot Hom sal moet

roep, omdat julle, julle sondeskuld tot onder Sy kruis sal moet dra, omdat

julle Hom sal moet erken as Verlosser van die wêreld.

En die kennis oor Jesus Christus sal waarlik van My uitgaan, want My

teenstander is gaie besig om juis die geloof in Jesus as Goddelike Verlosser

31

die mense te ontneem en hy sal daarom nooit getuig dat "Jesus Christus in

die vlees gekom het nie". En daar aan herken julle dus die "Goddelike"

Gees, wat steeds werksaam is wanneer julle met die waarheid bekend

gemaak word, wanneer die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk

julle voorgehou word. En My Gees werk ook waar die mense nog in die

duister verkeer, as Hy maar daar ‘n opnamevat vind waarin Hy Hom kan

uitstort.

Julle, mense sal wel baie daartoe kan bydra om julle medemens

opheldering te verskaf wat nog geheel blind van gees rondgaan en julle sal

waarlik geseënde arbeid verrig, omdat alle mense verlossing moet vind

deur Hom, omdat alle mense hul skuld tot onder die kruis van Christus

moet dra. Maar Ek sal ook deur My Gees werksaam wees, want oral sal

daar mense wees wat ‘n lewe in liefde lei, wat verlange het na die

waarheid, na ‘n diepe kennis en wat Ek deur My Gees nou ook vertroud

daarmee kan maak. Die bereidwilligheid moet slegs aanwesig wees om die

opheldering aan te neem, anders kan My Gees nie werk dat Hy ‘n mens van

binne af kan onderrig nie.

Daarom is daar ook in die tyd van die einde baie ligwesens op aarde

beliggaam, wat dit moontlik maak dat die stuur van My woord van bo kan

plaasvind, wat nou ook die kennis oor Jesus Christus kan oorbring aan

diegene wat nog volledig onwetend is en daarom ook die gevaar bestaan,

dat hulle siele nie verlossing vind in hul aardse lewe nie.

Die kennis wat van mens tot mens oorgedra word, bly meestal nie suiwer

bewaar nie, daarom is dit steeds weer nodig dat deur die werksaamheid

van die Gees die suiwere waarheid na die mense gebring word. Maar die

liefde en die geloof is baie gebrekkig en daarom bevind die mense hulle ook

in geestelike duisternis.

Maar kom daar van bo ‘n ligwese na die aarde vanweë ‘n missie wat

verlossing moet bring, dan neem hy ook ‘n graad van liefde saam wat

voortdurend verbinding soek met die Oorsprong van die Liefde, met My en

hy probeer sy graad van liefde te verhoog. En dus is dit vir My ook moontlik

om sy gees aan te spreek en die ligwese sal luister na sy gees en My dus as

tussenpersoon dien, sodat Ek die mense opheldering kan gee oor die missie

van die mens Jesus, oor die skuld van die oersonde en oor die verlossing

van hierdie skuld.

Dog alleen ‘n kennis wat volgens die waarheid is, is bevorderlik vir die

mense, omdat hulle anders afwysend daarteenoor staan en die gang na die

kruis nie gaan en dan ook die ligryk nie binne kan gaan nie, omdat die

verlossing deur Jesus Christus ‘n voorwaarde daarvoor is.

Geen mens kan die gang na die kruis gespaar bly nie, omdat hy anders

belas met die oerskuld oorgaan in die ryk hierna, waar hy weliswaar ook

nog die weg na Jesus Christus kan vind, maar nooit die graad bereik wat hy

op aarde sou kan bereik het deur die verlossingswerk, deur die ryke skat

aan genade wat hom ter beskikking staan en wat dan ook die bereik van sy

32

doel op aarde verseker, dat hy geheel vry van skuld hom verenig met My,

Wie in Jesus Christus Self die verlossingswerk vir die mensdom volbring

het. Amen

God en Jesus is één - Die menswording van Jesus

8250 24 Augustus 1962

Dat die geestestoestand van die mense steeds duisterder word, kom ook

daarvandaan, dat hulle nie in staat is om die "eenwording" van God met

Jesus te begryp nie en dat hulle derhalwe ook vir die "menswording" van

God nie die korrekte begrip het nie. Hulle het deur die leerstelling van die

Godheid in drie persone tot ‘n verkeerde denke gekom. Maar steeds moet

weer gesê word, dat die ewige Godheid nie voorgestel kan word as ‘n

persoon nie, dat Hy dus nie anders voor te stel is as Krag wat die hele

oneindigheid vul nie. Hierdie Krag is nie te begrens nie en kan dus ook nie

as "vorm" bedink word nie, maar kan ‘n vorm heeltemal deurstraal. En die

gebeurtenis van ‘n algehele deurstraling met goddelike Krag het by die

mens Jesus plaasgevind.

Hy was vol van liefde en Liefde is die Oersubstansie van die ewige Godheid,

wat onophoudelik uitgestraal word in die oneindigheid, wat alles laat

ontstaan en alles bewaar. En hierdie goddelike Liefdeskrag het dus die

menslike vorm Jesus deurstraal en dus manifesteer Hy Homself in Hom. Sy

Oerwese kies Self ‘n woning in die mens Jesus en dus word God "Mens" en

omdat Jesus heeltemal vervul was met die Oersubstansie van God, word Hy

"God". Want ook die menslike uiterlike omhulsel kon Self na Sy kruisdood

as heeltemal vergeestelikte met God verenig, sodat Jesus dus nou ‘n

Godheid geword het wat die mens vir homself kan voorstel, sodat die mens

God nie anders kan voorstel as in Jesus nie, sodat daar nooit van "twee

persone" sprake kan wees nie. Die mens Jesus het op aarde die doel

bereik, naamlik die volledige vergoddeliking, wat alle geskape wesens moet

bereik. Want God wil ewebeelde skep, wie se laaste voleinding egter deur

die vrye wil van die wese self bereik moet word. Die mens Jesus het nie net

hierdie vergoddeliking deur ‘n lewe in liefde bereik nie, maar deur die

verlossingswerk ook die sondeskuld van die mensdom gedelg, want Hy het

‘n beroep gedoen op die Krag van God se Liefde, omdat Hy andersins nie in

staat sou gewees het om die ontsettende leed en die kruisdood te verdra

nie en hierdie Liefdeskrag was die oerelement van God, dus was God Self in

alle volheid in die mens Jesus en het die verlossingswerk volbring.

Wanneer julle egter van een God in drie persone praat, is dit ‘n misleidende

begrip, want die ewige Godheid kan nie as persoon voorgestel word nie,

want Hy is slegs Liefde en hierdie Liefde manifesteer Homself in Jesus en

nou was die ewige goddelike Gees werksaam in Jesus en Hy is vir alle

wesens slegs in Jesus voor te stel. Omdat die wesens wat eens deur God

geskape was, van Hom afgeval het, omdat hulle Hom nie kon sien nie, het

Hy in Jesus vir hulle tot ‘n sigbare God geword.

33

Maar Jesus is geen tweede Wese wat naas God bedink moet word nie. Hy is

God, want God is Liefdeskrag, wat ‘n geheel vergeestelikte vorm deurstraal,

wat dus slegs nog goddelike Oersubstansie was en daarom ook alleen maar

te sien is vir die wesens wat self netso vergeestelik is om die geestelike te

kan sien. Wanneer van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gepraat

word, is dit wel geldig as aanduiding vir die Wese van God, wanneer die

Vader as Liefde, die Seun as Wysheid en die Heilige Gees as Krag, as Wil of

Mag van God erken word. Want die Wese van God is Liefde, Wysheid en

Mag. Maar die doel wat God Self stel met die skepping van die wesens, die

vergoddeliking van hierdie wesens in vrye wil, verklaar wanneer dit bereik

word ook die menswording van God in Jesus, die sigbare Godheid in Jesus,

terwyl die Godheid in drie persone glad geen korrekte verklaring, dit wil sê

‘n uitleg volgens die waarheid, toelaat nie.

Die mense het vir hulself begrippe gemaak wat die geestelike groei

versper, omdat daar slegs één God aangeroep kan word, maar dat daar nie

tot drie verskillende gode gebid mag word nie, inteendeel dat God Self

gesien wil word in Jesus en dat Hy daarom alleen aanbid kan word in Jesus.

En Hy eis van alle mense erkenning, omdat die erkenning van Hom eens

geweier was en omdat tegelykertyd ook Sy verlossingswerk erken moet

word. Want sonder Jesus Christus kan geen mens vergewing van sy

oerskuld verkry nie en daarom moet die mens homself vir Hom uitspreek,

hy moet glo dat God Self Hom oor die mensdom bekommer het en in Jesus

die verlossingswerk volbring het. Amen

Twyfel aan Goddelike openbaringe

8251 25 Augustus 1962

Steeds weer sal die mense My openbaringe in twyfel trek, omdat hulle nie

lewend in My glo nie, anders sou My werksaamheid in hierdie laaste tyd

voor die einde, vir hulle verstaanbaar gewees het. Maar ‘n lewende geloof

vra ook ‘n lewe in die liefde. En dit kan die meeste mense nie doen nie,

want hulle beoefen maar net eieliefde. In so ‘n verkeerde liefde kan hulle

My egter nie vind nie en ook nie herken as God en Skepper nie, wat ook

hulle Vader wil wees. Die meeste mense het nog net ‘n vormgeloof, ‘n

aangeleerde geloofskennis wat nog nie lewendig in hulle kon word nie.

Daarom het hulle ook geen begrip vir die uitgiet van My Gees nie, soos EK

aan almal beloof het wat in My glo en My gebooie onderhou, want aan hulle

sal EK My openbaar.

Hoe meer die mense nog in beslag geneem word deur ‘n vormgeloof, des te

vyandiger sal hulle hulself opstel teenoor My openbaringe. Tog sal EK

hierdie boodskappe steeds weer na die aarde stuur, omdat EK uit liefde vir

My kinders nie anders kan as om die mense die suiwer waarheid aan te

bied en hulle te behoed daarvan om die sin van die lewe te gaan soek in

heel verkeerde dogmas nie.

34

Die mense glo eerder in dit wat ver van die waarheid af staan, maar die

eenvoudige waarheid wat van My uitgaan, neem hulle nie aan nie. Daarom

is dit makliker om ‘n heel ongelowige mens met die suiwer waarheid

vertroud te maak, as om die mense te wil oortuig wat oorywerig besig is

met die bestudering van die "boek der boeke” wat met hulle verstand trag

om elke letter te verklaar, maar My eenvoudige inspraak afwys as werk van

demone.

My teenstander het reeds ‘n diepe geestelike duisternis oor die aarde

gesprei en hy bedien hulle daarby ook van die boek, deurdat hy die

verstandelike denke verwar en van elkeen van die mense hulle duidelike

insig ontneem. En dit geluk hom daarom, omdat die verbinding van die

mense met My nie meer so heg is dat die krag van My liefde die mensehart

kan deurstraal nie, d.w.s. om ‘n helder lig te ontvang om die waarheid van

die dwaling te kan onderskei nie. Hoe sleg sou die mensdom vergaan het,

as EK My nie oor hulle sou ontferm en sou probeer om hulle buitengewoon

te versterk nie? Wanneer EK hulle nie deur My direkte inspraak van My

teenwoordigheid en liefde sou bewys dat EK spreek tot My kinders as ‘n

Vader nie?

Julle soek My nog steeds in die verte en al glo julle ook in My, dan glo julle

tog nie dat EK tot My kinders spreek as ‘n Vader nie. Dat EK My tot julle

neerbuig en trag om julle te beweeg om julle vol vertroue aan My oor te

gee sodat julle vir My kan bid om julle deur die aardse lewe te lei. EK is vir

julle nog steeds die strenge God wat wette gee, wat gehoorsaamheid eis en

die mense straf wie Hom ongehoorsaam is. Julle moet egter weet dat EK

My skepsele nooit straf nie, dat hulle hulself in ‘n ellendige toestand bring

as hulle op die diepte afstuur. Dit is nie so dat EK hulle verdoem nie, want

EK trag om hulle voortdurend weer terug te bring. EK wil hulle vanuit die

diepte omhoog help en roep en lok hulle daarom steeds weer sodat hulle

nie verdwaal nie en My teenstander tot buit word nie.

Hoe kan EK My liefde duideliker aan My skepsele openbaar, as deur My

direkte inspraak, as deur die boodskappe wat My en My wese duideliker

maak? Wat ook deur die siel as buitengewone krag en as Goddelike

waarheid gevoel word, waardeur die siel versterk word vir Sy pelgrimstog

op aarde. Die liefde tot My skepsele wat as mense op aarde die terugweg

na My toe neem, roer My, want hulle kan dan alleen hulle doel bereik as EK

hulle die krag self daartoe gee. As EK hulle spysig met die "brood van die

Hemele" en hulle die suiwer "water van die lewe" te drinke gee.

Hierdie daad van liefde wil die mense egter nie aanvaar nie en daarom wys

hulle My kosbare barmhartigheidsgawe af. Hulle is self nog nie "lewend" nie

en bly daarom eerder trou aan ‘n "dooie "Christendom”. Die krag van die

geloof ontbreek hulle solank die liefde hulle ontbreek, want die liefde sou

vir hulle ‘n juiste beeld kon gee van My en My wese wat Liefde, Wysheid en

Mag is. Daarom sal My Liefde ook steeds en steeds meer gee en aan die

35

swak mense alles gee wat hulle nodig sal hê om hulle pelgrimstog op aarde

tot ‘n goeie einde te bring. Amen

Die begrip van tyd vir die ontwikkeling van die aarde

8252 26 Augustus 1962

Vir die ontwikkeling van die aarde is daar eindelose tye nodig gewees. En of

julle julleself ook ‘n begrip van tyd daarvoor sou wil skep, julle sal nie sover

kan terugdink nie, omdat dit julle begripsvermoë te bowe gaan. Maar julle

moet weet dat die afval van My wesens wat deur My geskape was, oor ‘n

nog langer tydperk uitstrek; waar die begrip tyd heeltemal nie bruikbaar is

vir die langdurige ontwikkelingsstadium van die aarde nie, omdat alleen die

ek-bewuste wese die begrip ken in die tydspanne van sy onvolmaaktheid,

want ook vir die volmaakte wese bestaan daar geen tydsbesef nie. Daarom

sal ook die mense die afsonderlike ontwikkelingsstadia van die

skeppingswerk “aarde” steeds alleen maar kan skat, maar nooit naby die

waarheid kom nie, of hulle moet die begrip “ewighede” aanvaar. Want die

afval van My het ewighede geduur en dieselfde tyd word vereis om die

geestelike wat My ontrou geword het terug te voer.

En as julle nou dink dat dit nie meer lank duur voordat julle julleself ook

weer heeltemal by My aansluit, as julle daar aan dink dat julleself hierdie

ewighede al agter julle het en julle ontwikkelingsgang omhoog spoedig sal

kan afsluit met as resultaat ‘n totale vryword uit die vorm, as julle dink dat

julle afval van My ewighede gelede plaasgevind het en julle nou hierdie

groot oerskuld sal kan aflos en bevry daarvan kan word met die hulp van

Jesus Christus, dan sou waarlik alleen maar hierdie een gedagte julle besig

moet hou: om julle innig aan die Goddelike Verlosser Jesus Christus oor te

gee en Hom te vra dat Hy julle met krag sal voorsien om die laaste

vereniging met julle God en Vader tot stand te bring, Wie julle nou ook in

Jesus Christus herken en daarom julle aan Hom oorgee in liefde en

deemoed om julle sonde van weleer van hoogmoed en liefdeloosheid

ongedaan te maak.

Julle denke kan julle slegs binne grense beweeg en daarom sal julle dit ook

nie kan begryp, welke eindelose lang tye agter julle lê nie, omdat julle

gekluister was deur My Wil, wat julle aan die mag van My teenstander

onttrek, sodat julle julleself positief kan ontwikkel. En dit kan julle ook nie

toegestaan word om terug te kyk op hierdie eindelose weg nie, omdat dit

vir julle dan nie meer moontlik sou wees om in vrye wil die weg oor die

aarde voort te sit nie, want die angs sou julle dryf om volgens My Wil te

lewe en dan sou julle nooit volmaak kan word nie, want hiertoe is die vrye

wil 'n vereiste.

Is julle egter op hoogte van die gang wat julle siele voor die beliggaming as

mens afgelê het, dan sal ook julle verantwoordelikheidsbesef sterker wees.

En dan het die ondersoek vir die mense waarde wat julle ‘n duisende jare

durende ontwikkeling van die aarde en die aardbewoners wil bewys en wat

36

julleself tot nadenke moet bring hoe lank julleself al oor die aarde gaan, al

is dit ook nie as selfbewuste wese nie. Maar julle weet dan ook dat die hele

skepping iets wesenlik geesteliks is en dit ook in hom dra, wat sy

ontwikkelingsgang na omhoog aflê om eens weer tot dit te word wat hy

was in die allereerste begin: vrye wesens met ek-bewussyn, wat in krag en

lig kan werk soos dit hul roeping was, toe Ek hulle uit die krag van My

Liefde geskape het.

Julle moet slegs verlang om hieraan te glo, want julle kan geen bewys

gegee word nie, maar die geloof kan tot ‘n oortuiging word, wanneer die

mens in sy laaste stadium op hierdie aarde hom aan die Wese van sy God

en Vader probeer gelyk maak, as hy hom tot liefde verander en hom

daardeur met My verbind. Want sodra Ek by hom aanwesig kan wees, sal

hy ook oortuig kan glo omdat Ek die Liefde Self is en dan ook weet dat hy

alleen om die rede oor die aarde gaan, om na sy eindelose gang, sy taak

ten einde te bring. En hy sal na My strewe met alle krag en sodoende ook

verenig word met My, sy Vader van ewigheid en onuitspreeklik gelukkig

wees. Amen

Satan geklee in lig – Die paradys op die nuwe aarde

8253 27 Augustus 1962

Moet nie verras wees dat My teenstander alles tot sy beskikking sal probeer

om sy krag te versterk om sy aanhangers te verhinder om hom te verlaat

en My te volg nie. Dit is geskryf dat hy groot wonderwerke sal doen om te

probeer om Myne te mislei en te probeer om hulle vir homself te hou. Hy

sal nie aarsel om hom as ‘n engel van lig te vermom en selfs die Woord van

God en geskrif te gebruik nie.

Maar hy kan hulle nie bedrieg wat ernstig na die Waarheid verlang nie, selfs

wanneer hy in My Naam verskyn. Want as hy My in Jesus Christus en My

werk van verlossing moet erken sal hy beslis sy masker laat val en sal dit

ten alle koste vermy. Hy sal nooit die verlossingswerk erken nie. Sy

inspanning sal altyd wees om mense van hulle geloof af te trek. Hy het

groot krag en sal dit beslis in die eindtyd gebruik. Waar daar geestelike

duisternis is sal hy nie herken word nie, maar hy sal deursigtig wees waar

My lig helder skyn. Myne moet Hom nie vrees nie want hulle sal deur sy

taktiek sien, sy planne begryp en hulle teen hom verset.

Hy sal selfs demone en bewoners van die hel na die aarde stuur om mense

te beïnvloed. Ek sal nie en kan ook nie My teenstander verhinder nie,

omdat dit sy laaste geleentheid is alvorens hy vir ‘n baie lang tyd gebind sal

word. Dan sal hy nie meer invloed op die geestelike hê wat die weg deur

die skeppings van die nuwe aarde in ‘n gebonde toestand gaan nie, of op

mense wat in vrye wil lewe nie.

So sal daar ‘n tyd van vrede wees wanneer die geestelike baie vinniger kan

vorder en alles wat gebonde is baie geleentheid sal hê om te dien. Eers sal

die mense nie geestelike opposisie nodig hê om hulle wil te toets nie,

37

omdat hulle die toets deurstaan het op die ou aarde en voortdurend groei.

Hulle sal altyd in kontak wees met My en ligwesens van die Koningkryk van

Lig, wat onder hulle sal woon om hulle te lei en te onderrig. Satan sal dan

woedend te kere gaan. Maar hyself is in geestelike duisternis en weet nie

dat sy werk geheel ondoeltreffend is nie, omdat die mense wat hy vir hom

gewen het opnuut geban en onttrek is van sy mag vir ‘n baie lang tyd.

Die ander het aan My bewys van hulle wil gegee, asook hulle liefde en

opregte geloof, sodat Ek aan hulle ‘n lewe in die paradys op die nuwe

aarde as hulle beloning kan gee. Hulle sal op hierdie aarde as die nuwe

geslag van die mensdom lewe.

Eendag sal die wettige orde op aarde herstel moet word. Dit sal plaasvind

wanneer geen verdere verbetering van die mensdom verwag kan word nie.

Tog sal die geestelike hulle in die eindtyd skei en Ek sal waarlik alles doen

om hulle te bewaar wat hul van My teenstander geskei het. Wanneer die

dinge gebeur wat bonatuurlik is, slegs die wil om die waarheid te ken word

vereis om te bepaal of dit Ek of My teenstander is wat werk.

As julle na die waarheid verlang en My erken sal julle teen sulke misleidings

beskerm word. Maar as julle wêrelds is kan julle deur hom beïnvloed word

wat die heerser van hierdie aarde is en mag oor hierdie aarde het. Nogtans,

selfs as hy julle terugwen sal hy julle uiteindelik verloor, omdat alle

geestelike van hom weggeruk sal word. Omdat Ek waarlik Heer van Hemel

en aarde is. Beide die Koningkryk van Lig as ook van duisternis is

onderworpe aan My en Ek weet wanneer My teenstander sy gesag oorskry.

Daarom sal Ek die tyd plaas soos in Woord en Geskrif aangekondig word.

Ek sal bepaal wanneer die tyd vir alles wat volgens die Ewige orde van God

geoordeel moet word gekom het. Amen

Die werksaamheid van die gees begryp

8254 27 Augustus 1962

Die kennis wat julle, oorgebring word deur My uitgekose “werktuig”, gaan

van My, as die ewige Waarheid uit en moet daarom ook waarheid wees.

Met ‘n goeie wil sal julle ook insien dat dit ‘n regstreekse openbaring van

My kant is, omdat die proses van oordrag van geestelike leringe van hierdie

omvang blyke gee van ‘n ongewone gawe, ‘n bekwaamheid wat die mens

hom nooit eie kan maak nie, maar die werksaamheid van ‘n Mag verraai,

Wie Self oor kennis beskik en hierdie die mense ook kan laat toekom.

Dit is die gees uit God, wat die mense aanspreek, d.w.s. die gees in die

mens wat altyd in verbinding staan met die Vadergees, onderrig die mens

van binne af. Dit is dus geen onderrig van mens tot mens nie, maar ‘n

openbaring van Myself, wat Ek die mense ook beloof het toe Ek op aarde

geleef het. Geen mens kan uit homself beweer om in die waarheid met sy

verstand te kan deurdring nie. En daarom word ook dikwels aan die

geestelike kennis getwyfel wat van My uitgegaan het, want solank die mens

geestelik nog nie ontwaak is nie kan hy ook geen begrip opbring vir so'n

38

“werksaamheid van die gees” wat Myself bewys nie: Ek, wat My aan die

mense openbaar om hul die suiwere waarheid te bring.

Alleen die ewige Waarheid Self kan die Gewer van die waarheid wees. Dit lê

alleen by julle, om alle geestelike leringe te ondersoek of dit die waarheid

uit God is. ‘n Geestelike kennis kan nooit bewys word nie, word egter ‘n

mens innerlik onderrig dan het hy geen hulpmiddele van buite af nodig nie,

hy hoef nie onderrig te word deur sy medemens nie, hy sal alleen deur die

innerlike onderrigting ‘n helder lig ontvang, hy sal die kennis wat hom

oorgebring word ook as waarheid herken omdat Ek alle "werktuie"

waardeur Ek die waarheid na die aarde wil bring ook die vermoë om te

oordeel skenk en die volste begrip van alles wat in die geestelike gebied

van belang is, wat aards nie verklaar of bewys kan word nie, wat dus geglo

moet en kan word, want dit straal wysheid uit en skenk gevolglik helder

insig en ‘n omvangryke kennis aan hom wat hierdie openbaringe aanneem.

As mense hul menings teenoor mekaar uitruil is hulle nie teen dwaling

gevrywaar nie. Want waar die menslike verstand aan die werk is kan deur

die invloed van die teenstander ook dwaling insluip. Aan hierdie mense sal

ook steeds die volle oortuiging van die waarheid ontbreek. Ek wil egter dat

die mense in die waarheid wandel omdat hulle alleen deur die waarheid

salig kan word. Maar die stuur van die waarheid kan alleen geskied deur

middel van ‘n mensekind wat My diensbaar is, wat My vrywillig dien as ‘n

“opnamevat” waarin My Gees Hom kan versprei. En julle, mense kan daar

nou ook seker van wees dat die ewige Waarheid Self tot julle spreek. Dat

Hy julle ‘n omvangryke wysheid verskaf wat julle nooit op ‘n ander wyse

kan ontvang as deur die werksaamheid van My Gees nie.

Dat daar steeds weer getwyfel word aan die feit dat Ek My aan julle

openbaar bewys, dat die mense hulle nog heel ver van My verwyder hou,

dat hulself nog geen verbinding met My het nie en dat daarom ook hul gees

nog verduister is, in ‘n toestand waarin My teenstander hulle wil hou sodat

hulle My nie herken en dan die weg na My gaan nie. Ek weet egter hoeseer

die mense die waarheid nodig het, Ek weet dat hulle op verkeerde weë

gaan solank hulle nie deur Myself onderrig word nie. Ek onderrig hulle in

alle waarheid en verklaar hul die sin en die doel van hul aardse lewe. En

omdat Ek erg verlang na hulle terugkeer tot My, wys Ek hulle die weg aan

wat tot My voer. Ek gee hulle kennis wat volgens die waarheid is, waardeur

hulle uit die donker van die nag weggelei word tot die lig van die dag.

Die waarheid kan alleen van My, julle God uitgaan en daarom moet julle,

My ook daarvoor vra. Julle vrye wil moet in aksie kom en verlang na die

waarheid, omdat die mens dan na Myself verlang. En Ek sal geen mens

afwys, geen mens sal Ek die waarheid onthou, aan niemand wat dit ernstig

begeer. Sodra die mense die duisternis wil verlaat, sodra hulle verlang om

hulle in die waarheid te bevind, sal hulle ook insien wanneer Ek Myself

openbaar. En dan sal hulle ook weet dat Ek julle mense niks anders laat

toekom as die suiwere waarheid as julle maar van goeie wil is. Amen

39

Die aanleiding tot die vernuwing van die aarde

8258 30 Augustus 1962

Die aarde moet vernuwe word omdat hy sy doel nie meer vervul nie,

naamlik om ‘n skool, vir die volwasse maak van die gees te wees. Elke

ordening is omvergegooi en die mense slaan geen ag meer op My wil nie.

Hulle lewe teen die wet, want die liefde is die suiwere uitdrukking van die

Goddelike ordening. Maar hierdie liefde het afgekoel onder die mense en

daarom is hulle aardse lewe vergeefs en lei nie meer omhoog nie, maar

onherroeplik na die diepte.

Die mens moet dien in liefde, maar sy strewe is heerskappy. En ook die

gekluisterde geestelike substansies word verhinder om te dien, omdat die

mense aardse materie ophoop en hulself van elke dienende funksie

ontneem. Daar is dus ‘n toestand onder die mense van volledige duisternis,

want sonder liefde kan daar ook geen "lig" wees nie en die mense bly

geestelik blind en erken nie hulle God en Skepper nie. Dus moet daar ‘n

einde aan hierdie toestand gemaak word en alles moet weer in die presiese

baan gebring word. Die mense wat val moet afgesonder word van diegene

wat aan My behoort. Die wat die moeite doen om in die goeie orde te lewe

en daarom deur hulle aangeval word. Die laagste peil is waarlik bereik en

dit vereis ‘n vernuwing van die aarde, sodat al die gekluisterde substansies

kan vrykom en in nuwe vorms geplaas kan word, waarin alles weer volgens

die graad van volwassenheid opgeneem kan word in nuwe skeppings van

verskillende aard. En dan sal ook die mens wat totaal in die materie verval

het, self weer tot materie word. Hy sal opnuut gekluister word in die

skepping van die nuwe aarde.

Dit is die ergste wat julle mense self aan kan dink. Dat julle eie "ek" weer

opgelos sal word in tallose deeltjies en opnuut die weg moet gaan deur die

skepping van die nuwe aarde om eenmaal weer die stadium van mens te

bereik, omdat dit ook weer ‘n eindelose lang tyd vereis. Julle mense kan

julleself nie so ‘n omvormingswerk voorstel nie en tog beteken dit die einde

van hierdie ou aarde, ook al bly die hemelliggaam as sodanig nog bestaan.

Maar deur My Mag en Wysheid sal dit aan ‘n totale omvorming onderwerp

word en word dit daardeur weer geskik gemaak vir sy bestemming, naamlik

om tot ontwikkeling te dien vir die gees.

Wat aan julle, oor die proses en die motivering daarvan, aan kennis gegee

word, dit moet julle aanneem en julleself intensief daarmee besig hou. Julle

moet weet dat juis vir julle mense, wie se lewenswandel nie volgens My

vaste ordening van ewigheid is nie, die vernietigingswerk besonder pynlik

sal tref, want julle is diegene wat daaronder sal ly. Julle moet weet dat Ek

My sal hou by die dag wat die einde van hierdie aarde sal bring, want My

plan, wat in My Liefde en Wysheid besluit is, is vasgelê sedert ewigheid. ‘n

Verlossingsperiode loop ten einde en ‘n nuwe begin waar die orde weer

herstel is en rus en vrede heers; waarin vir My teenstander elke aktiwiteit

onmoontlik is, omdat hyself gebind is vir ‘n lang tyd. Glo nie dat julle

40

verkeerd onderrig word wanneer julle steeds weer kennis kry oor die

ontbinding van die skepping, op, in en bo die aarde, wat op hande is nie.

Glo dat alles vir My moontlik is en dat Ek ook weet wanneer sulke

vernietigingswerk nodig is om die opwaarts strewende geestelike

substansies se ontwikkeling te waarborg. Maar julle mense wat heeltemal

sonder liefde is, julle aanvaar nie My woord nie en julle sal daarom hard

getref word wanneer die laaste dag gekom het.

Maar dit moet so wees, omdat My liefde al die ongeredde geestelike raak

wat nog gekluister is. En ook vir julle wat in julle vryheid as mens gefaal

het, skep Ek weer opnuut ‘n moontlikheid om eenmaal julle doel te bereik.

Maar dat julle die tyd van verwydering van My af weer eindeloos verleng,

dit is julle vrye wil. Dit is dus julle eie skuld, as julle weer met die hernude

kluistering in die skepping moet boet.

Want Ek wil julle waarlik nie onsalig hê nie, maar julle help tot die laaste

uur, sodat die hernude kluistering vir julle verbygaan en sodat julle My nog

sal vind en My aanroep om erbarming voordat die einde kom. Amen

"God stuur Sy Seun na die aarde"

8263 3 September 1962

Ek het My Seun na die aarde gestuur. ‘n Wese wat uit My ewige Oerliefde

voortgekom het, Wie Sy hele Liefde op My gerig het toe ‘n groot leër van

My oergeskape geeste van My afgeval het, Wie My as Sy Vader van

ewigheid erken het; ofskoon Hy My nie kon sien nie, wou Hy My Sy

oorgrote Liefde toon, deurdat Hy die ontrou geworde kinders vir My wou

terugbring deur ‘n daad van eenmalige aard. En omdat Sy liefde Hom

daartoe aangespoor het, het Ek dit toegelaat. Ek het My toestemming

gegee dat die Wese na die aarde afdaal, dat Hy vanuit die ryk van die Lig,

waarin Hy onmeetlik geluksalig was, Homself in ‘n duister gebied sal

begeef, in die ryk van die gees Lucifer wat My vyandig was, wat as eerste

van die gevalle wesens My teenpool geword het.

Ek het My Seun na die aarde gestuur, Wie Homself aangebied het om vir

Myself op aarde as omhulsel te dien, omdat Ek alle gevalle wesens te hulp

wou kom in hulle groot geestelike nood. Want die terugweg na My toe was

vir hulle afgesny, hulle sou vir ewig op ‘n oneindige afstand van My af moes

bly in ‘n toestand van eindelose kwelling en ellende. Maar almal was My

skepsele wat uit My Liefde en Mag ontstaan het deur die wil van die

eersgeskape Wese Lucifer, wat in die allereerste begin die grootste

geluksaligheid daarin gevind het om skepsele te verwek met gebruikmaking

van My Krag. Dat hierdie oergees, wat Ek as My Ewebeeld buite My geplaas

het, geval het, sou Ek wel kon verhinder, maar Ek het dit nie gedoen nie,

omdat Ek tog in My Liefde en Wysheid ‘n ontwikkelingsgang gesien het van

‘n volledige vergoddeliking van die gevalle wesens, met die einddoel van

kindskap van God, wat egter in vrye wil bereik moes word.

41

Die wil van die gevalle wesens was egter deur die invloed van die aan My

vyandiggesinde gees Lucifer in so ‘n mate verswak dat die wesens nie in

staat was om ooit vanuit die diepste diepte weer verhoog te word nie, as Ek

hulle geen hulp sou verleen het nie, wat nou ook van My kant af aan die

wat wil gegee was, deur die toestand van "jy moet" dus volgens My Wil die

afgelegde gang deur die materiële skepping.

Maar ook dan was die wesens nog totaal kragteloos, omdat hulle My

Liefdekrag eens afgewys het en hierdie Krag om opwaarts te gaan slegs

deur die liefde kon verkry. Maar hulle het onbekwaam geword om lief te hê.

In My oorgrote Erbarming het Ek wel ‘n liefdesvonkie in hulle gelê, op hulle

laaste stadium van hulle weg van terugkeer na My toe. Tog bly die

ontsaglike las van die oersonde, die opstand teen My as hulle God en

Vader, in die toestand van die helderste insig op elkeen van die gevalle

oergeeste druk, want hierdie las moes gedelg word volgens die wet van

Goddelike Geregtigheid, daar moes genoegdoening (skadeloosstelling)

verskaf word, wat hierdie gevalle wesens self nooit tot stand sou kon bring

nie.

En daarom het een Oergees wat by My gebly het, Homself aangebied om

die werk van boete op aarde te verrig, omdat Sy liefde vir My en vir die

gevalle broeders so geweldig was, dat Hy van voornemens was om alles op

Homself te neem wat die taak van die versoening in smart en lyding geverg

het. Want Hy wou as "mens" oor die aarde gaan, Hy wou Homself

beliggaam in die menslike omhulsel Jesus en ‘n lydensweg gaan wat die

hoogste liefde geverg het en wat dan ook die manifestering van die ewige

Godheid Self in Hom moontlik sou maak. Want Ek kon alleen maar wees

waar liefde is. Ek kon Myself slegs met die liefde verbind en vir My daarom

een opnamehouer kies om My intrek te neem, wat Homself geheel tot liefde

sou gevorm het

Die Siel van Jesus het waarlik die liefde vir My saamgebring na die aarde,

maar die gebied wat Hy by Sy geboorte betree het, was die ryk van Lucifer

en hierdie Siel was deur hom in die noute gebring. Alles wat Hom omgeef

het, was deel van Lucifer en omdat Hy dit op Homself geneem het om as

mens ‘n missie te volbring om Sy gevalle broeders te red, mog Hy ook nie

die Krag van die liefde, wat Hom as "My Seun" ter beskikking gestaan het,

gebruik het om Homself te verweer teen dit wat Hom bedreig het en dit van

Homself af te skud nie, maar Hy moes net soos Sy medemens worstel om

dit wat Hom bedreig het, te verlos deur ‘n lewenswandel in liefde wat

daarom nie so maklik was om te doen nie, omdat die vernietigende

geestelike Hom probeer verhinder het en Sy menslike buitekant net so

gereageer het op alle versoekings, dus moes Hy met Sy Siel daarteen

gestry het, totdat die liefde in Hom steeds sterker begin deurbreek het en

Hy daardeur ook Sy liggaamlike omhulsel vergeestelik het, dus die Lig van

Sy liefde steeds helderder gestraal het en Hy dit gedoen het wat die

teenstander Hom wou belet: Dat Hy ‘n bomenslike lyding en sterfte verdra

42

het uit liefde, dat Hy dus die liefde geplaas het teenoor My vyand en Hom

deur die liefde oorwin het, dat Hy My Geregtigheid voldoening verskaf het

en die koopprys betaal het vir die siele wat die teenstander nou nie meer

kon gevange hou nie.

Dus het die Liefde die werk van erbarming volbring, wat Hom heeltemal

vervul het en hierdie Liefde was Ek Self. Maar "My Seun" moes deur hierdie

duisternis, deur die ryk van Lucifer, heengaan en daarom Sy Lig en Sy

Krag, wat Hy as nie-gevalle Oergees besit het, agterlaat. Hy moes, netsoos

elke mens, in dieselfde swakheid die aardse lewe begin, want Hy moes die

mense die weg toon om weer na My toe terug te kom, die weg van liefde

en lyding, vir wie die mens Jesus sy medemens waarlik voorafgegaan het

en Ek daarom in Hom My intrek kon neem, omdat Sy Siel nie deur die

oersonde belas was nie en Sy liefde Hom die Krag gegee het om ook sy

menslike liggaam te vergeestelik, sodat Hy dus sonder enige sonde deur

die aardse lewe gegaan het. Want sonde is slegs dit wat strydig is met

die liefde. En omdat Ek in die hart van elke mens ‘n vonkie van My

goddelike Liefde gelê het, is elke mens ook in staat om die liefde te

ontsteek en aan te wakker tot die hoogste gloed.

Dus word daar niks onmoontlik van julle verlang nie, omdat slegs die

swakheid van wil julle kan hinder by die werksaam wees in liefde en julle te

alle tye vir Jesus om versterking van julle wil kan vra, omdat dit een van

die barmhartighede is wat Hy deur Sy dood aan die kruis vir julle verwerf

het. En hierdie barmhartighede van die verlossingswerk sal julle moet

gebruik, omdat Sy werk van erbarming nie tevergeefs vir julle gebring was

nie, omdat julle in Jesus Myself sal herken, wat My intrek in Sy omhulsel

geneem het, om julle van julle sondeskuld te verlos. Amen

Betreffende die vraag: Die inkarnasie van Jesus

8264 5 September 1962

My aardse missie was vervul met My dood aan die kruis, met My

opvaarding na die hemel. Die volle vergoddeliking van My siel, wat eens uit

die liefde van die Vader as geskape wese voortgekom het, het plaasgevind.

Dit moet een of ander tyd deur elke oer gees bereik word om met die Vader

te kan werk en skep, tenvolle volmaak in Sy beeld. Bowendien het My oer

siel die besondere taak gehad om die Vader toe te laat, die Ewige liefde

self, om op aarde as mens te verskyn, d.w.s. die 'Ewige liefde' verskyn Self

in My uiterlike dekking van die mens Jesus en so word die Vader ‘n sigbare

God vir al Sy vroeër geskape wesens wat die bepaalde graad van

volmaaktheid bereik het wat geestelike visie toelaat.

Die menslike verskyning van God in Jesus is so ‘n betekenisvolle

gebeurtenis dat julle dit nie sal kan begryp terwyl julle nog op aarde is nie.

Dit was en is ‘n daad wat nou verwant is aan die afval van die wesens van

hul God en Skepper. Maar een ding is verseker: My Jesus-Siel is so innig

verenig met die Vader dat Hy en Ek een is en dat Ek nie meer afsonderlik

43

van die Vader oorweeg kan word nie en dat Ek altyd Is en die sigbare God

in alle ewigheid sal wees. Ek kan inderdaad weer na die aarde in My

Goddelikheid afdaal, dus kan Ek as Jesus aan enige persoon verskyn wat

baie intiem met My verbind is sodat hy My sal herken as sy Redder en

Verlosser, maar slegs vir ‘n kort tydjie in ‘n sigbare staat wanneer bepaalde

gebeurtenisse sulke verskynings regverdig. Omdat Ek julle My

teenwoordigheid beloof het en hierdie teenwoordigheid sigbaar kan bewys.

En so ook sal Ek aan die einde in die wolke verskyn, d.w.s. onbetwisbaar in

My krag en glorie maar versluier, omdat selfs My eie nie sal kan verdra om

My in die helderste lig te sien nie.

Maar vir My Jesus-Siel om weer te inkarneer of geïnkarneer het op hierdie

aarde as mens na My kruisiging is onmoontlik, omdat Dit tenvolle met die

Vader se Ewige Gees saamgevoeg is en omdat ‘n inkarnasie van die Jesus-

Siel dieselfde is as ‘n inkarnasie van God in ‘n mens. Elke persoon moet

inderdaad ‘n vereniging met God deur middel van liefde vorm en dit is elke

mens se laaste doel, maar dit is geen inkarnasie van My Jesus-Siel nie,

soos julle dit sal begryp, in die sin dat Jesus weer op aarde as mens sal

lewe nie. My Jesus-Siel is en bly ewig verenig met God en regeer en werk

in die geestelike koninkryk, in die koninkryk van lig, sigbaar aan alle

ligwesens van aangesig tot aangesig ‘n konsepsie in die vlees sal daarom ‘n

herhaalde menslike verskyning van God wees, waarvoor daar geen

regverdiging is nie.

Hoë en verhewe ligwesens sal telkens weer na die aarde afdaal vir die doel

van ‘n missie, om die laaste graad van hul volmaaktheid te bereik deur die

wils toets op hierdie aarde te neem. En hierdie persone kan ook gewoonlik

deur hul opmerklike dade en opmerklike moeilike aardse lewe herken word.

Daarom moet julle groot versigtigheid beoefen wanneer julle van ‘n

inkarnasie van Jesus hoor, omdat hoewel hoë en verhewe ligwesens

inkarneer op hierdie aarde hulself sonder enige kennis van hul oorsprong is,

behalwe hy wat My koms sal aankondig. Hy sal weet wie hy is wanneer die

tyd gekom het om sy missie op aarde te begin. Maar julle sal dikwels

bedrieg word deur die dade van My teenstander as julle hierdie of daardie

beliggaming in ‘n persoon veronderstel selfs wanneer hy sy lewe in totale

ooreenstemming met My wil leef. Omdat die kennis van sy geïnkarneerde

gees julle volmaaktheid nie kan help nie en kan slegs altyd tot verkeerde

konklusies lei. Dit kan nooit vir julle geestelike voordeel inhou nie omdat dit

julle onderhewig maak aan ‘n bepaalde hoeveelheid gevorseerde geloof,

terwyl julle julle keuse tydens julle aardse lewe in volle vryheid moet maak.

Amen

Is God te bewys?

8265 6 September 1962

Aan julle, mense kan My bestaan nooit bewys word nie, want dan sou julle

‘n dwang opgelê word om te glo. Julle moet egter in die aardse lewe tot

44

opheldering en insig oor My kom in vrye wil, en dit is ook moontlik. Julle

hoef alleen maar na te dink, want alles wat julle omgeef, kan julle die

bestaan van ‘n God en Skepper bewys. En of julle vereers nog ‘n goddelike

Wese probeer ontken, dan moet julle tog ‘n Krag erken wat hom in die hele

skepping openbaar. Hierdie krag kan julle dus nie ontken nie, die

wetmatigheid egter, wat deur julle ook nie ontken kan word nie, die

doelgerigtheid van die skeppingswerke wat julle omgewe, bewys ook ‘n

Krag wat bestuur word deur ‘n Wil, wat ‘n denkend Wese besluit het.

Julle doel op hierdie aarde is om julleself in verbinding te stel met die

denkende Wese, want anders sou dit onbelangrik wees of julle My as

hierdie vir julle duidelik aanwesige Krag aansien. Maar ‘n krag sal julle nie

aanroep om julle daarmee in verbinding te stel nie. Sodra julle egter

ernstig nadink om met ‘n vaste wil die waarheid te wete te kom, openbaar

Ek My aan julle ook as ‘n wesenlike God en Skepper. Laat dit julle egter

onverskillig aan Wie julle, julle lewe as mens te danke het, dan ontbreek

julle ook die ernstige wil en julle sal daardeur nooit tot innerlike

opheldering kom nie.

Bowendien moet julle eie bestaan as mens julle laat dink. Want niemand is

in staat om self ‘n wese te skep met dinkvermoë, met ek-bewussyn en vrye

wil nie. Dus moet julle voortgekom het uit ‘n gelyke Wese, wat in

teenstelling tot julle op die hoogste trap van volmaaktheid staan. Maar ook

die Wese moet vervolgens ek-bewussyn, denkvermoë en ‘n vrye wil hê, en

die “Wese” is werksaam in Liefde, onoortreflike Wysheid en Mag.

Julle kan julleself dus nooit sien as ‘n toevalsproduk van ‘n krag nie. Want

as hierdie krag nie bestuur sou word deur ‘n wil nie, dan sou dit ‘n

onbeteulde uitwerking hê, d.w.s. 'n vernietigende uitwerking hê, nooit egter

'n opbouende, wat ook deur die wetmatigheid en doelgerigtheid in die

skepping weerlê word. My bestaan kan julle nie bewys word nie, maar vir

alle nadenkende mense is die skepping ‘n oortuigende bewys van die

bestaan van ‘n almagtige Wese, ook as die Wese vir hom onbegryplik is, as

hy hom geen duidelike begrip daarvan kan maak nie. Hy is nog sover van

My verwyder dat sy gees nog totaal verduisterd is, ‘n gevolg van sy val in

die diepte, wat hom van alle lig beroof het.

Word nou aan so'n mens kennis verskaf van My as die hoogste en

volmaakste Gees in die oneindigheid, dan breek sy weerstand teen My deur

en hy wil My dan verloon soos hy eens gedoen het, toe hy My Liefdeslig

afgewys het waardeur sy gees verduister geword het. Hy moet egter

probeer om in die aardse lewe die duisternis te ontvlug, hy moet wil dat

hom duidelikheid verskaf word oor homself en sy herkoms. En hy moet

gewillig wees om die waarheid te aanvaar, dus moet hy hom ook laat

onderrig deur hulle wat bekwaam is om hom ‘n lig te ontsteek.

Maar by ‘n mens met ‘n totaal verduisterde gees sal die wil ontbreek om die

waarheid te wete te kom en sal daarom alle opheldering afwys en wel altyd

vanuit die gevoel dat die kennis dat daar ‘n God en Skepper bestaan in

45

hom ‘n skuldgevoel laat op kom, waarteen hy hom verset. Daarom het dit

altyd slegs sin om iemand te wil oortuig van die bestaan van ‘n almagtige

God, as hyself verlang om iets daarvan te wete te kom. Terwyl ‘n mens wat

dit steeds ontken, ook nie vir rede vatbaar is nie en daar aan hom ook geen

moeite bestee moet word nie. Want sy wil is die beslissende faktor of hy

ooit die weg uit die duisternis sal vind.

Die mens moet ook sonder bewys tot die insig kom dat daar ‘n God en

Skepper is, wat ook sal gebeur as hy sy bes doen om ‘n lewe in liefde te lei,

omdat die verbinding met My dan al aangeknoop word, en dan in hom ook

die verlange na die waarheid op kom. Sy denke word dan gelei, d.w.s. hy

word dan deur gedagtes beïnvloed deur die ligwesens aan wie se sorg hy

toevertrou is en sy weerstand begin nou te verdwyn waartoe ook

voorbiding van mense help wat altyd tot gevolg sal hê dat die wilskrag

versterk word. Amen

God se hulp met julle ontwikkeling deurmiddel van

openbaringe

8268 9 September 1962

Al van ewigheid geld My liefdesorg vir julle, want julle was al vir ewig van

My verwyder en daarom nie salig nie. Tydens julle aardse lewe weet

julleself niks van die eindelose tyd voor julle beliggaming as mens nie, want

dit lê agter julle en is dus oorwin. En nou gaan julle, julle weg as mens oor

die aarde, onbewus van die lot wat julle tegemoet gaan, solank onbewus,

totdat julleself die weg na My vrywillig inslaan. Eers dan sal die gevaar

verby wees om terug te sink en hierdie eindeloos lange weg nog eens te

moet aflê. En waar My totale liefde julle geld, werk Ek onafgebroke op julle

in, om julle te beweeg om julle aan die MAG wat julle in die lewe geroep

het, oor te gee. Want tydens julle gang oor die aarde vereis dit slegs julle

eie wil en dit is vry. Dit kan julle na die hoogste saligheid terugvoer, maar

ook weer julle hernude val teweegbring, want slegs die vrye wil is

deurslaggewend vir julle lot in die ewigheid.

Solank hierdie wil gebonde was, solank julle siele in die "Jy moet" toestand

deur die skeppings van die aarde gegaan het, was daar geen gevaar om te

sink nie. My teenstander se mag oor julle was ontneem en My liefde het

julle onvermoeid omhoog getrek. Nou egter, as mens, is julle vry en My

teenstander het daarom ook weer die reg om julle te beïnvloed. Julle moet

dus in vrye wil teen Hom standhou en vrywillig die weg na My opgaan, eers

dan het julle, julle laaste wilsproef op aarde deurstaan en sal bevry kan

word van elke uiterlike vorm.

Omdat My liefde julle in die lewe geroep het en hierdie liefde nooit

verminder is nie en ook nie minder sal word nie, daarom sal Ek julle ook

onafgebroke bystaan en sal Ek net so oor julle wil stry, as My teenstander.

En Ek sal alle gebeurtenisse so vir julle laat gebeur, dat julle gedagtes na

46

My gelei sal word, want sodra Ek bereik het dat julle My erken as die

volmaakte Opperwese, Wie julle liefhet en slegs julle saligheid voor oë het,

het Ek julle ook vir My gewen. Dus moet Ek My ook aan julle openbaar, Ek

moet probeer om te bereik dat julle kennis sal neem van ‘n Mag wat julle

die lewe gegee het en ook moet Ek julle opheldering gee oor die aard van

hierdie Mag. Ek moet kennis aan julle laat toekom oor die bestuur en werke

van die Opperwese en oor die samehang tussen julle en My.

Aangesien julle met verstand begiftig is, met die vermoë tot denke, spoor

Ek julle steeds aan om na te dink. Ek voeg Myself in julle denke in en Ek lei

julle aardse wedervaaringe so dat julle aan My kan dink. En so probeer Ek

op elke manier op julle wil in te werk, sodat julle wil julleself na My sal

wend en aan My oorgee. Want dit alles word by My veroorsaak, deur My

groot Liefde vir julle, wat Hom weer met julle wil verbind, maar hiervoor is

ook julle vrye wil nodig.

Deur julle lang weg voor die beliggaming as mens, is julle dan nou ook in

so ‘n toestand van volwassenheid, dat julle slegs die barmhartigheid van

mens wees hoef te benut om julle doel te bereik. Want elke dag gee julle

geleenthede waardeur julle tot kennis oor julle God en Skepper kan kom,

waar elke dag julle kanse bied waardeur julle die liefde kan beoefen en julle

werke van liefde kan verrig sodat dit julle ook ‘n regte denke kan waarborg

en julle die insig sal skenk dat julle ‘n opdrag op aarde te vervul het. En

daar kan dan ‘n diep kennis vir julle ontsluit word oor die ware rede van

julle aardse bestaan en deur dit te weet, kan julle julleself ook gedronge

voel om na My toe te kom, Wie julleself die kennis laat toekom. Julle sal

dan ook steeds meer besef van My kry om so ook bewustelik na My te

strewe.

Alles doen My liefde, sodat julle nou die ontwikkelingsproses kan volbring

wat julle vir ewig na My sal terugvoer. Maar ook één ding kan My eindelose

liefde nie; julle wil dwing tot hierdie terugkeer nie. In alle vryheid moet

julle, julle weg gaan in die aardse lewe, maar julle sal onmeetlik salig wees

en bly wanneer julle wil vry vir My kies. Julle sal geen terugval meer hoef

te vrees nie, want wat Ek eenmaal vir Myself verwerf het, hou Ek vas en

staan dit vir ewig nie meer aan My teenstander af nie. Tydens die lewe op

aarde worstel hy netso om julle siele, en hierdie kennis sal julle ook kry,

sodat julle nou kan kies, sodat julle aan hom teëstand bied en die weg na

My opgaan sodat Ek julle kan help. En sodat julle ‘n beroep kan doen op die

barmhartigheid van die werk van verlossing deur Jesus Christus, in Wie Ek

Self op aarde gekom het om vir julle siele die losprys te betaal. Want julle

behoort ook aan My teenstander, omdat julle hom uit vrye wil gevolg het.

En julle moet dit weet; dat dit moontlik is om uit sy mag verlos te word as

julle die weg tot die Kruis neem en daardeur julle wil, wat dan vry vir My

gekies het, verseël. Daarom "openbaar Ek My ook steeds weer aan die

mense" en gee hulle kennis oor die ware rede van hulle gang oor die aarde.

47

En ook oor die moontlikheid, om ten laaste verlossing te vind deur Jesus

Christus, in Wie Ek julleself verlossing bring van sonde en dood. Amen

Herken Gods ware boodskappers

8272 14 September 1962

Die wil van ‘n mens om in die waarheid te wandel sal Ek seën, want as hy

die waarheid soek kan Ek Myself ook aan hom openbaar. Dan kan Ek hom

die waarheid laat toekom, of deur middel van gedagtes of persoonlik

deurdat Ek “tot hom spreek”, sodat hy My Woord verneem. Ek wil in geen

geval dat hy ’n ideë aanneem wat vir hom twyfelagtige lyk nie.

Want hierdie onsekerheid is dan ook geregverdig as hy ernstig oor die

waarheid is. Ja, dan is hierdie onsekerheid selfs al ‘n ligte afweer teen dit

wat nie met die waarheid ooreenkom nie.

Julle vra My dus waaraan julle die waarheid kan herken. Julle vra wie julle

as My boodskappers kan sien. As Ek julle ‘n openbaring na die aarde toe

stuur, dan kan julle hierdie steeds as van My uitgaande herken aan die

helder ligstraal wat julle harte verlig. Want ‘n Godelike openbaring moet

julle rykdom gee, julle moet iets ontvang wat julle verbly en wat julle nie

weer wil afstaan nie. Steeds egter op voorwaarde dat julle ernstig na die

waarheid verlang, want eers dan openbaar Ek die EWIGE WAARHEID

Myself.

Dan is dit ook dieselfde of julle die geskenk regstreeks van My ontvang of

deur My boodskappers, want ook dan sal julle dieselfde gevoel ondergaan,

omdat hulle dieselfde oorbring wat van My uitgaan. Laat die geestelike

gedagtes julle egter onberoerd of verweer julle julleselfs innerlik daarteen,

dan kan julle dit ook sonder beswaar afwys. Want dan sal dit nooit ‘n

Godelike openbaring wees nie, maar eie of oorgenome ideës wat heeltemal

kragteloos is. Julle hoef dan ook nie te vrees om iets verkeerds te doen nie,

want wie verlang om My te hoor, herken ook My Stem.

Word julle nou deur ander in kennis gestel van twee verskillende, van

mekaar afwykende leeringe wat beide van My afkomstig sou wees, dan kan

julle, julle innig met My in verbinding stel en My om ware insig vra. En

waarlik, julle sal dit dan ervaar welke leer van My uitgegaan het en dan

sonder beswaar die ander afwys.

Wie My gebooie hou, die is dit wie Ek liefhet en aan hom wil Ek My

openbaar. Dit beteken ook Ek sal Myself aan hom bekend maak. En die

mens sal My ken as hy opheldering ontvang oor My Wese. As hom kennis

gegee word oor dit wat vir hom tot nog toe verborge was. En vanuit hierdie

kennis sal hy Myself kan ken, want hierdie kennis is ‘n "lig wat julle van

binne verlig".

Nie elke mens hoor My Woord persoonlik nie, maar tog spreek Ek hom aan

as hy die regstreeks ontvange Woord verkondig word. En as Ek hom alleen

kan aanspreek deur My boodskappers wat dit direk van My ontvang het,

dan sal hyself hom deur My aangespreek voel. En dit is vir julle die sekerste

48

ewys dat julle die suiwer waarheid vertel word, want die gevoel lê Ek Self

in julle harte.

Verder het julle ‘n betroubare bewys van ‘n Godelike openbaring, wanneer

daardeur bestaande dwaalleer onthul word, as die inhoud van sulke

openbaringe ‘n kennelike suiwering van die evangelie, wat deur menslike

wil verwronge is, ten doel het. En ware boodskappers kan dan altyd alleen

die mense wees wat vir die waarheid van so'n openbaring instaan. Wat

daar voor sorg dra dat hierdie openbaringe aan die mense vertel word.

En omdat Ek die EWIGE WAARHEID Self is, sal Ek daar ook voor sorg dat

die mense in die waarheid kan wandel as hulle daar ernstig na verlang. En

‘n openbaring wat van My kom moet hul opheldering gee oor alles wat vir

die geestelike van belang is .

Ek betitel dus alleen die mense as My boodskappers wat My Woord, wat

regstreeks na die aarde gestuur word, probeer verkondig. Ek giet wel My

Gees uit op "alle vlees" soos Ek beloof het, maar daaronder is nie net 'n

duidelike en ongewone openbaring van My ontvang te verstaan nie, soos

julle dit nou ontvang nie, maar ook verligte denke, reg praat in geestelike

debatte, die herken van My goddelike Woord en ‘n volledige begrip van die

ongewone kennis wat die inhoud van My openbaringe van Bo is.

En die ontvangers van My Woord sal steeds dieselfde verkondig en

verdedig, as hulle regstreeks deur My aangespreek kan word. En daar aan

kan steeds ‘n ongewone openbaring as toetssteen vir die waarheid beskou

word, as dit in die eerste plek die kennis van My verlossingswerk in Jesus

Christus as inhoud het, dan is die Godelike oorsprong van die openbaringe

bewys en daarmee ook die volle waarheid gewaarborg. Amen

Motivering van misgeboorte

8273 15 September 1962

En elkeen is geseënd wat hulle aan My oorgee en My vra om My bystand.

Vir geen enkele versoek wat die heil van julle siele geld, sal Ek My afsluit

nie. En wat julle begeer om te weet, sal julle verneem: Julle mense sal die

leerskool van die gees moet deurloop, soos Ek dit bepaal het vir die

skeppingswerk aarde en elke mens sal op hom kan volwasse word, want vir

alle trappe van ontwikkeling bied hy geleentheid. Maar die siele, die eens

gevalle oergeeste, het so verskillend volwasse geword gedurende hul gang

oor die aarde in die "jy moet" toestand, dat hulle ook almal verskillende

lewensituasies nodig het, Hulle moet wel ‘n bepaalde graad van

volwassenheid bereik het om tot beliggaming as mens toegelaat te word,

maar hoe nader hulle aan hierdie laaste beliggaming kom, des te losser

word die kettings van die uiterlike vorm en die geestelike substansies wat

in die vorm gebind word, kon die losser wording daarvan benut, maar ook

onbenut laat.

En daar aan beantwoordend is nou ook die aard van die siel, wanneer hy

die weg as mens begin. Hierdie verskillende toestande van die siel het ook

49

verskillende weë op aarde nodig wat tot resultaat kan hê om heeltemal vry

te kom uit die vorm. Nog baie sterk belaste siele kan ook so ‘n resultaat

verwerf, wanneer hy uit vrye wil ‘n besonder swaar aardse lewe op homself

neem. En hy kan self besluit of hy hierdie weg wil gaan, omdat dit vóór sy

beliggaming aan hom getoon word.

Dit is ‘n verklaring vir mense wat met gebreke behep is, wie se swaar lot

julle dikwels na die rede van hul toestand laat vra. Maar daar is ook siele

beliggaam wat ‘n ekstra swaar gang oor die aarde vrywillig op hulle neem,

ofskoon hulle dit self nie nodig het nie, wat uit die ryk hierna na die aarde

wil gaan en My daarvoor vra, om ander siele daardeur te help, wat dus

geen missie het om te vervul nie, maar enkel en alleen self ‘n las vir die

medemens is, om hul geleentheid te gee om hulle te oefen in die liefde, in

geduld, barmhartigheid, sagmoedigheid, vredeliewendheid en regverdig

heid, wat hul eie toestand van volwassenheid daardeur verhoog, maar wat

al in die ryk hierna ‘n bepaalde staat van volwassenheid bereik het wat so

‘n nuwe beliggaming op die aarde toelaat, omdat ‘n sterk wil om lief te hê

en te help die rede van hul versoek is. Maar dan sal julle ook nie van ‘n

toestand van boete doening van die mense kan praat nie, want siele wat

nog nie volwasse is nie, word nie toegelaat om hulle nogmaals te

beliggaam met die doel om hul volwassenheid te verhoog nie. En nooit

moet julle vergeet dat geen enkele siel gedwing word om sy gang oor die

aarde te gaan nie, maar vrywillig ‘n lot op hom neem wat hom vooraf

getoon word.

Die "uitboet" van ‘n skuld op aarde is in soverre ‘n verkeerde mening,

omdat slegs Jesus hierdie skuld tot niet kan maak en die mens dus deur

Hom alleen vergewing verkry, want Hy het "geboet" vir alle sondes van die

mense. En hierdie vergewing deur Jesus moet eers verkry word, voordat ‘n

siel hom vrywillig weer op aarde kan beliggaam, vanweë ‘n missie of om

hulp te bied. Want ‘n siel wat die lig bereik het, is op hoogte van die

liefdelose staat van die mense op aarde, in die besonder in die eindtyd en

hulle is ook bereid om self daartoe by te dra dat die mense die liefde in

hulself laat ontbrand, wat hulle barmhartigheid die voorrang verleen, dat

hulle alle deugde kan ontplooi wanneer hulle in die omgewing van ‘n

mismaakte of ongelukkige mens lewe.

Want steeds weer lê Ek daar nadruk op dat daar wel terugplasing na die

aarde bestaan, maar dat hierdie almal hul besondere motivering het, maar

nooit sal ‘n nog onvolwasse siel deur My Wil na die aarde terugkeer om in

te haal wat hulle op aarde versuim het nie. Alleen vrywillige soenoffers kan

My daartoe beweeg om My toestemming te gee aan hulle aan wie egter

altyd die eie verlossing deur Jesus moes voorafgegaan het. Dat so ‘n siel

dan ook die moontlikheid gegee is om ‘n hoë graad van volwassenheid op

hierdie aarde te bereik, is te begrype, omdat elke vrywillige offer deur My

beoordeel word en geseënd is. Amen

50

God is ondeurgrondelik

8275 17 September 1962

Om My te deurgrond sal vir julle My skepsele nooit moontlik wees nie, selfs

nie wanneer julle as My kinders in hoogste volmaaktheid naas My kan skep

en werk nie. Want julle is voortbrengsels van My ewige Skeppersmag, Ek is

egter die Bron van hierdie krag Self, wat onuitputlik is, Wie geen

begrensing ken nie, Wie onophoudelik Sy kragstroom uitstort in die

oneindigheid. Ek is egter ook ‘n Wese, d.w.s. ‘n in hoogste wysheid

denkende Gees, Wie na Sy Wil in onvoorstelbare Liefde werksaam is en

alles wat Hy skep eindeloos gelukkig maak. Ek is dus ‘n denkende Wese

wat gedurig nuwe skeppings laat ontstaan, want die uit My stromende krag

kan nie werkloos bly nie, omdat dit lewe is en lewe voortbring.

Bereik julle, My skepsele in vrye wil die hoogste voltooiing, sodat julle as

My kinders naas My kan skep en werk, dan sal julle wel in die diepste

wysheid ingaan. Julle sal dan self oor lig en krag kan beskik wat julle

mateloos sal verbly en wat julle onbeperk kan gebruik om self skeppend

besig te wees, tot julle eie geluksaligheid.

Hierdie krag sal steeds na julle stroom uit die Oerbron van ewigheid, maar

Hyself sal vir julle ondeurgrondelik wees en bly. Maar om bewustelik deur

hierdie Bron geleidelik gevoed te word beteken vir julle die hoogste

saligheid. En daarom sal julle My liefhê en julle liefde tot My sal steeds

groter word. Julle sal na My verlang en My dan ook steeds in julle nabyheid

voel, en julle sal My ook kan aanskou in Jesus Christus.

En tog sal Ek vir julle steeds ‘n geheim bly. Want om die Wese, wat van

ewigheid is en tot in alle ewigheid bly, volkome te deurgrond, is vir ‘n

geskape wese nie moontlik nie, omdat dit slegs ‘n vonkie is, wat deur die

vuursee van My Liefde uitgestraal word. Maar dat die geskape wese weet

dat hy vir ewig deur die liefdeskrag uit My gevoed word, dat hy weet dat hy

met My verbind is, dat hy voortdurend as ‘n kind met sy Vader kan

omgaan, met My praat en in vreugdevolle gemeenskap met My kan werk,

dit verhoog sy geluksaligheid voortdurend en laat sy liefde tot My steeds

dieper word.

Liefde is saligheid, liefde is lig, liefde is krag, liefde is die Goddelike wat alle

wesens self tot ‘n god laat word, omdat liefde ‘n steeds hoër volmaaktheid

skenk. Maar dat daar geen grens of beperking is nie, dit is die ongekende

saligheid wat Ek My skepsele steeds weer berei en wat alleen te begrype is

in ‘n toestand van volmaaktheid, as ‘n deur My as skepsel uitgestraalde

wese hom vergoddelik het en My kind geword het. Die weet dan ook dat Ek

ewig ondeurgrondelik is, maar tog streef hulle onophoudelik na My, want

hulle voel die saligheid daarvan om steeds nader aan My te kom. Hulle vind

nou hul diepe vreugde in My Liefde wat Ek hul beantwoord, waarvoor julle,

mense ook nog die begrip makeer omdat julle nog onvolmaak is. Maar daar

moet aan julle ‘n idee van die ewigheid gegee word, wat eens vir julle almal

begryplik sal wees en julle daarom ook nou al moet weet, dat die hoogs

51

volmaakte Wese ook Sy doel sal bereik, nl. Om al die deur Hom geskape

wesens gelukkig te kan maak. Vir julleself moet dit nou ‘n aansporing wees

om onvermoeid te strewe na julle voltooiing, want dit sal julle salighede

berei in oorvloed.

En tog sal dit vir julle onbegryplik wees en ook bly dat Ek My tot julle, My

skepsele neerbuig en julle aanspreek, dat Ek vir julle ewig onbereikbaar is

en bly en tog in diepste Liefde elke afsonderlike skepsel omvat en na My

trek. Dat Ek Myself en My Wese vir julle probeer meer begrypliker maak om

julle liefde te wen, omdat Ek My alleen kan verbind met die liefde, dus is

die liefdeband noodsaaklik om julle eenmaal gelukkig te kan maak.

Die volmaakste Wese, die grootste Gees van die oneindigheid die ewige

Krag en Ligbron soek Self die verbinding met julle, Sy skepsele en Hy

spreek julle daarom aan. Hy buig Hom neer tot die geringste om hom te

help omhoog gaan. En hierdie groot Gees is niemand anders nie as Ek, julle

hemelse Vader. Kan julle nou My Liefde begryp? En nooit sal hierdie Liefde

minder word nie omdat die Liefde geen beperking ken nie en omdat Ek

alles salig wil maak wat eens uit My voortgekom het. Amen

Die tekens van die eindtyd

8277 20 September 1962

Julle kan seker daarvan wees dat alles vervul sal word wat Ek deur sieners

en profete verkondig het, want die einde kom steeds nader en julle sal deur

die tekens van die tyd herken in welke uur julle leef. Steeds sal die

teenwerping weer gemaak word dat ‘n einde altyd in moeilike tye gevrees

word en dat die aarde tog verder bly bestaan. Dat tot My dissipels gereken

het op ‘n spoedige wederkoms van Myself en dat ook hulle hulself vergis

het. Sodanig sal hulle ook nou geen gehoor en geen geloof aan My

aankondigings skenk nie, ofskoon Ek steeds daarop wys dat die toekoms

eenmaal teenswoordige tyd sal word. Omdat julle mense nou op so ‘n lae

geestelik peil is, maak dit ‘n einde van die aarde noodsaaklik, waaronder

egter slegs ‘n totale omvorming van die aardoppervlak te verstaan is, maar

geen vernietiging van die skeppingswerk aarde nie. Want die aarde moet

ook verder sy opdrag in die heelal vervul, hy sal verder mense dra met die

doel om hulle siele te laat volwasse word. Maar hierdie aarde moet weer

geskik gemaak word daarvoor.

My woord is die waarheid en wanneer Ek vir julle My woord van Bo laat

toekom en My verlossingsplan vir julle uiteensit en julle alle samehang laat

weet, dan wil Ek waarlik daarmee net bereik dat julle My waarskuwings en

vermanings gelowig sal aanneem en julle houding teenoor My in

ooreenstemming daarmee sal bring. Want julle moet verder kyk as net julle

daaglikse lewensloop, julle moet nadink oor wat voor julle lê. Want ten

eerste weet julle sekerlik dat julle moet sterwe en julle lewe self nie met

een dag kan verleng nie, ten tweede dat julle afhanklik is van die Mag wat

julle in die lewe geroep het.

52

Hierdie gedagtes moet julle ernstig in julle oorweeg en dit sal beslis nie tot

julle skade wees nie. Ek sal julle dan ook help om innerlik tot klaarheid te

kom en julle met die gedagte aan ‘n einde vertroud laat word, en met wat

die einde vir elkeen van julle persoonlik beteken.

Glo julle aan ‘n God en Skepper wie se liefde julle in die lewe geroep het,

dan sal dit julle nie verontrus wanneer julle op ‘n naderende einde gewys

word nie. Dan weet julle dat julle God en Skepper ook julle lot in Sy Hande

hou en julle julleself slegs in Sy liefde en barmhartigheid hoef aan te

beveel, om sonder gevaar deur hierdie tyd gelei te word. En die verwysing

daarna sal julle nie laat skrik nie, omdat julle julleself maar net nog nader

sal aansluit by julle God en Skepper, wat julle nou as Vader erken. Maar die

ongelowiges sal hard getref word en vir hulle geld steeds die wederkerende

voorspelling van ‘n naderende einde, want hulle kan nog verander in die

kort tydjie wat nog vir hulle oorbly.

Gee tog ag op die tekens van die tye, want My eerste dissipels het Ek

alreeds daarop attent gemaak. Julle staan egter reeds in die begin van ‘n

tyd vol droefnis. Julle hoor van oorloë en van aardbewings, die ongevalle

en katastrofes neem toe en julle kan in die kosmos veranderinge

waarneem. Julle sien ook die strewe van die mense wat ontaard het, wat

glo om in My skepping in te gryp, wat hulself deur eksperimente, wat teen

God is, laat saamsleep, wat geen goeie afloop sal hê nie.

Slaan ag op die gesindheid van die mense wat swelg in wêreldse genot, wat

hard en liefdeloos is en nie aan hulle naaste dink in hulle nood nie. Slaan ag

op die ongelowigheid, op hulle houding tot Jesus Christus en Sy

verlossingswerk en julle sal weet dat julle reeds in die tyd leef wat die

einde voorafgaan. Want ook die geloofstryd sal ontbrand met ‘n hardheid

wat julle nie as moontlik beskou nie. Die geestelike lae peil trek die einde

aan en het ook reeds die punt bereik dat My ingryping gegrond sou wees,

Ek bly egter by die dag wat in My verlossingsplan van die ewigheid vasgelê

is. Maar Ek sal die dag ook nie uitstel nie, want in My wysheid sien Ek ook

wanneer die tyd gekom het dat ‘n verandering moet plaasvind. Ek sal

daarom tot aan die einde toe My Stem laat hoor en die naderende einde

aankondig en gelukkig is hy wat ag gee op hierdie Stem en homself

voorberei, gelukkig is hy wat die verbinding met My herstel en in geloof aan

My en My beskerming alles oor homself heen laat kom. Gelukkig is hy wat

tot MYNE wil behoort en My sal trou bly tot die einde toe, want vir hom

voorsien Ek van ongewone krag en hy sal standhou en sal nie die dag van

die einde hoef te vrees nie. Amen

Die gevaar van verwaandheid

8281 24 September 1962

Wie My Woord ter harte neem: "julle is almal sondaars" sal voortdurend

diep deemoedig wees, hy sal nie aanmatigend wees en ook geen harde

53

oordeel vel nie, want hy wat die insig self nog nie volmaak het nie, sal

steeds daar aan dink dat hy ‘n swak mens is, wat My krag en versterking

nodig het en hy sal met ‘n deemoedige hart na My toe kom en daarom vra.

Wie daarenteen van sy eiewaarde oortuig is, sy wese sal hoogmoed verraai,

hy sal homself bo sy medemens verhewe voel en hierdie verwaandheid sal

homself uiter in ‘n geringskatting van die ander, in ‘n liefdelose oordeel en

in die mening om ‘n hoër kennis te besit en gevolglik ook geen onderrig

meer nodig te hê nie, of dit nou van aardse of geestelike aard is. Steeds sal

die arrogante mens glo dat hy die trap bereik het waar hy op die

medemens kan neersien. En die verwaandheid is waarlik die aandeel van

My teenstander, wat hom in die diepste diepte laat stort het, want hy

verhef homself bo My, sy God en Skepper en hy trek ‘n groot menigte van

die geskape wesens saam na benede die diepte in. Aan al hierdie gevalle

wesens kleef nog baie van die verwaande gees, wanneer hulle as mens

hulle laaste wilsproef moet aflê. En die hoogmoed is ‘n baie bedenklike

teken van onvolmaaktheid, waarteen die mens moet veg in sy aardse lewe,

totdat hy in die diepste deemoed teenoor My te staan kom en dan ook

teenoor die medemens nie meer sal opstaan nie, veeleer volledige begrip

hê vir sy swakhede, sodat hy sy eie gebrekkigheid self insien.

Maar daarvoor is die diepste deemoed nodig om met My ‘n ware verbintenis

te hê, sodra die mens sy sondigheid insien en beken, sal hy ook weer sy

toevlug tot Jesus neem en Hom vra om hom vry te maak. Die deemoed sal

hom innig laat roep na Hom en hy sal barmhartigheid vind voor Sy Oë,

want, "aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid". En geen mens

kan vanself aanneem om volmaak te wees, solank hy op aarde leef nie. Hy

kan slegs ‘n hoër graad aan insig besit, maar dit sal hom juis steeds

deemoediger laat word sodat hy die grootheid van sy God en Skepper

insien en die oneindige Liefde, wat hierdie God en Skepper Sy skepsele laat

toekom, wat die skepsel wel onuitspreeklik gelukkig maak, maar nie

verwaand sal laat word nie; Die verwaandheid is steeds nog ‘n teken van

gebrekkige insig, want die teenstander probeer om die lig te verduister, die

teenstander is nog steeds ‘n deelgenoot van die mens wanneer hy van

homself en sy eiewaarde oortuig is.

Julle almal moet nog erg teen die kwaad stry, want My teenstander sal

steeds weer vir julle ‘n verkeerde gevoel van hoogmoed inblaas, hy sal

steeds weer slaag om ‘n swak plek te vind waarin hy in julle “n eiedunk kan

opwek”. En julle almal sal daarom op julle hoede moet wees en elke gevoel

van aanmatiging in die kiem probeer smoor, want steeds sal julle daar aan

moet dink dat julle Heiland en Verlosser Jesus die weg van die diepste

deemoed gegaan het, om juis vir julle val deur hoogmoed boete te doen.

Julle moet aan Sy kwellinge en lyding dink wat die versoening van Hom

geverg het. En julle moet weet dat julle gang oor die aarde die gevolg is

van die val in die diepte wat die hoogmoed veroorsaak het.

54

Die terugkeer na My kan slegs met die weg van deemoed gebeur en tydens

die weg oor die aarde moet julle die insig bybring dat julle swak hulpelose

wesens is, wat My liefdevolle hulp nodig het om weer tot die hoogtes te

klim en wat My steeds maar om hulp moet vra wanneer hulle die weg oor

die aarde met sukses wil aflê. Maar wie nog verwaand van gees is, is nog

ver van My en hy sal My ook moeilik vind; want die ware liefde wat die

naaste omvou, kan nie in hom ontplooi nie, in sy hoogmoed sal hy homself

veeleer ver weg hou van diegene aan wie hy liefde moet skenk en omdat

die mens maar net volwasse kan word deur ‘n lewe in liefde, sal die

verwaande mens geen geestelike vooruitgang behaal nie, maar op dieselfde

trap bly staan, as hy nie heeltemal afsak nie, omdat My teenstander hom

nog gekluister hou.

Stry daarom teen die kwaad en oefen skerp kritiek uit op julleself, dan sal

julle foute ontdek wat julle klein laat word en julle sal van die troon

opstaan wat julle vir julleself opgerig het deur julle eiewaarde te oorskat.

Slegs die deemoed sal julle laat volmaak word en julle sal dan van My

barmhartigheid in oorvloed ontvang. Ek sal Myself oor julle bekommer,

want in die deemoed kom julle nader aan My en julle gebed tot My sal innig

en vol oorgawe wees en Ek sal tot julle versoek inwillig. Ek sal julle kom

haal as My kinders, want julle het julle dan definitief losgemaak van My

teenstander, wat daarom My teenstander geword het, omdat hy homself

geplaas het bo Hom, uit Wie se Krag hy voortgekom het.

Amen

Die verborgenheid van God se verskyning as mens

8282 25 September 1962

Telkens weer ontvang julle inligting oor Jesus Christus, die Seun van God

en Verlosser van die wêreld oor God se verskyning as mens in Jesus. Juis

hierdie verskyning van die grootste en mees volmaakte God Gees. van die

Vader, uit wie alles te voorskyn gekom het, in die mens Jesus kan nie

dikwels genoeg aan julle verklaar word nie, sodat julle nie onderworpe aan

vals geloof sal word nie en sal begryp waar die Gees van God Homself

uitdruk en waar die teenstander tussenbeide kom om die suiwer waarheid

met valsheid te infiltreer. Jesus se siel van lig een van die Oergeeste wat

voortgebring is deur Ewige Liefde, het Homself beliggaam op aarde vir ‘n

verhewe missie: om die Vader Sy tydelike dekking te bied as woonplek en

die ontsaglike oersonde van die vroeëre afval van God te verlos, wat tallose

wesens hulself mee belas het. Die Siel van Jesus het vrywillig aangebied

om die versoeningswerk op aarde te bewerkstellig en omdat Hy deur groter

as groot liefde vir sy gevalle broers beweeg was en omdat God nie liefde sal

afwys nie, staan Hy dit toe om te gebeur. Omdat slegs liefde so’n offer kon

maak. Die mens Jesus ontwikkel toe hierdie liefde op aarde tenvolle, wat

beteken dat die Ewige Liefde self tenvolle besit van die fisiese omhulsel van

Jesus neem, dat daarom God Self woning in die mens Jesus neem en dit

55

kon doen, omdat die mens Jesus suiwer en sonder sonde was en as gevolg

van liefde in voortdurend kontak met Sy ewige Vader was.

Julle mense sal nie hierdie geheimenis behoorlik kan begryp terwyl julle op

aarde leef nie. Maar die menslike verskyning van God in Jesus kan slegs as

sulks verklaar word, dat God liefde in Sy oer substansie is en dat Hy

tenvolle die mens Jesus deurdring het, dus word alles in Hom liefde. En

daarom het die liefde die verlossingswerk volbring, omdat slegs die liefde

die uiterlike mensvorm die nodige krag gee om sy lyding te verdra, tot die

einde, tot die pynlikste dood aan die kruis. En toe die verlossingswerk

volbring was, het die eens deur God 'geskape', wese Sy hoogste

volmaaktheid bereik, Hy het Homself vergoddelik, Hy het tenvolle een met

die Vader geword, uit wie Hy voortgekom het. Jesus het 'God' geword, net

soos God in Jesus tevore 'mens' gewees het tot die grootste daad van

genade op aarde volbring was.

Maar nou is en bly Jesus God, Wie geword het en Wie ewig ‘n sigbare God

vir alle geskape wesens sal bly. Elkeen wat dit nie erken of dit nie verklaar

nie, hierdie volle vergoddeliking van Jesus deur Sy eenwording met God,

ken nog nie die waarheid wat uit God, die Ewige Waarheid voortkom nie.

Omdat die Ewige Waarheid telkens weer mense deur Sy Gees van hierdie

grootste geheimenis onderrig, omdat dit noodsaaklik is vir die mense om

God Self in Jesus te erken en te herken, omdat die Verlossing van ‘n mens

nie sal plaasvind tot Hy as ‘n vroeëre gevalle oer gees wat God nie wou

herken nie, Hom nou uit sy eie herken en na Hom wil terugkeer. En daarom

alle soorte onderrig wat Jesus as ‘n afsonderlike entiteit afbeeld, vals is

ondanks of dit die hoogste strewe het. Omdat Hy nie meer buite God is nie,

Hy is God self.

Die Ewige Godheid mag nie verpersoonlik word nie, Dit is die Grootste Gees

van ewigheid wat alles deurdring, maar wat ‘n vorm vir Homself gekies het

om sigbaar vir Sy geskape wesens te wees. En hierdie vorm is Jesus,

gevolglik is Jesus God, maar nie ‘n tweede wese wat die mense na God lei

nie. Die teenstander van God probeer voortdurend om te verhoed dat die

mense ‘n helder lig ontvang en so probeer Hy veral om die verlossingswerk

ongeldig te maak en die verskyning van God in ‘n mens, probeer hy om die

konsep te verwar omdat hy die erkenning en die herkenning van God wil

verhinder, wat sy aanhangers van hom wegneem. En hy sal voortdurend

daarna streef om onder die vermomming van ‘n engel van lig te verskyn

wat bedrieglike onderrig onder mense versprei, wat egter weer en weer

deur die Ewige Waarheid reggestel sal word.

Die Verlossingswerk van Jesus Christus en die mens verskyning van God in

Jesus kan nie aan mense dikwels genoeg verduidelik word nie; maar die

persoon moet self ook bereid wees om die suiwer waarheid te ontvang, dan

hoef hy nie te vrees om ‘n prooi van valsheid te word nie. Hy sal dit as

sulks herken, hy sal innerlik weier om die verkeerde onderrig aan te neem

en hulle nie glo wie die teenstander gewen het as instrument vir homself

56

nie, maar wat deur elkeen herken kan word wie in waarheid wil lewe en

daarom God Self vra, as Ewige Waarheid. Daar sal heelwat misleiding

tydens die laaste periode voor die einde wees, maar God sal weet hoe om

die gevolg van dit te lei, omdat Hy die harte van hulle wat gewillig is ken,

wat nie ten prooi aan die teenstander se gedoentes wil val nie. en Hy hulle

inderdaad in waarheid sal lei. Amen

Beloftes betreffende Goddelike openbaringe

8284 26 September 1962

“Ek sal My aan julle openbaar”, dit is My belofte wat ook julle, wat sulke

openbaringe wil ontken, nie kan ontken nie. Maar hoe kan Ek Myself aan

julle openbaar as julle nie glo dat My Woord die waarheid is nie, wat Ek Self

tot julle gespreek het toe Ek op aarde was?

Ek wil Myself aan julle openbaar en My enigste vereiste is dat julle My

liefhet en My gebooie onderhou. Nietemin ignoreer julle My belofte, anders

sal julle trou luister en My openbaringe verwelkom. Julle leer uit die

Geskrifte, die Boek van boeke, maar glo nie wat daar geskryf staan nie,

want dit bevat baie meer beloftes wat My werking deur die Gees aankondig

waardeur Ek Myself wil openbaar.

Hoe verklaar julle dan My Woorde: "Ek sal julle die Trooster stuur"... "Ek

sal met julle wees tot die einde van die aarde"? En die woorde: "Van julle

lendene sal strome van lewende water vloei"? En, "Ek sal My Gees oor alle

vlees uitstort"? Waarom glo julle nie dat die Vader bly praat met sy kinders

nie? Waarom beperkt julle My aktiwiteit tot ‘n mate wat vir julle

aanneemlik is?

Julle moet besef dat met julle verstandelike denke julle baie kwaad kan

doen as julle, julle harte ignoreer, as julle nie julle harte toelaat om te

spreek en ‘n baie beter leraar vir julle te wees nie. Julle wil die direkte

kontak van My skepsele met My teenwerk en dink dat dit onmoontlik is dat

Ek Self met My kinders praat, hoewel Ek ook sê: "My skape ken My stem".

Daarom moet Ek met hulle praat; Ek doen dit en sal dit deur alle ewigheid

doen.

Slegs wat uit My mond kom is die Suiwer Waarheid, daarom moet julle dit

ook as die waarheid neem wat in die Skrif geskryf is en wat julle My Woord

noem.

Ek moet aanhou praat met die mense aangesien julle onvolmaak is en julle

My Suiwer Woord vervorm of verkeerd vertolk.

Daarom streef eers na die opwekking van julle gees, poog om My evangelie

van liefde wat Ek op aarde onderrig het uit te leef, dan sal julle denke

verlig word en helder wees, en julle sal verlang dat Ek My aan julle

openbaar. Julle sal om bewys van My aanwesigheid vra en julle sal dit

inderdaad ontvang, want julle geloof sal lewend word en ‘n lewendige

verbinding met My sal tot stand gebring wees. Wat julle eerder nie kon glo

nie sal nou duidelik vir julle wees. Naamlik dat die Ewige Vader, julle God

57

en Skepper Hom aan Sy skepsele openbaar omdat Hy deur hulle geken en

bemin wil word. Dit is hoekom hy Homself laat ken en Homself openbaar as

‘n God van liefde, Wysheid en Mag .

En as julle mense ernstig verlang om nader aan die Hoogste Volmaakte

Wese te kom, sal Hy julle lig gee sodat julle nie nodig het om meer in die

duisternis te wees as gevolge van julle afval van My nie. Selfs as julle die

Skrif gretig lees, as julle elke woord uit julle kop ken, is dit slegs julle

intellek wat die kennis verkry wat van weinig gebruik vir julle siele is. Slegs

‘n gewekte gees sal tenvolle verlig wees, d.w.s. die verandering van julle

hele wese na liefde; die vervulling van My Goddelike gebooie van liefde

alleen kan julle verligte kennis gee. Dan sal julle ook die Boek van boeke in

sy geestelike betekenis reg verstaan, terwyl tot julle dit bereik het, sal dit

vir julle niks meer as ‘n kennis van die letter bly nie, want dit is slegs die

Gees wat lewe aan die letter gee.

As julle mense My ernstig wil dien en goeie arbeiders in My wingerd wil

wees, dan moet julle eerstens ‘n hegte verhouding met My, julle Vader van

ewigheid tot stand bring en slegs dan sal julleself verlig word en julle sal

weet dat Ek My aan julle openbaar het soos Ek beloof het, want My Woord

is waarheid en moet vervul word. En dit word ook waar sodra die

noodsaaklike basis gegee is en julle ‘n lewe in liefde leef verlangend na My

aanwesigheid. Dan sal julle innerlik luister en sal nie meer die liefde van

julle Vader betwyfel nie, wat Hom deur Sy Gees aan julle openbaar. Amen

God eis geloof in Sy ontsaglike liefde

8289 2 Oktober 1962

Julle moet sterk geloof in My liefde hê om te begryp dat wat daar ook al

gebeur voordelig is vir julle en julle siele en dat julle nie verlore kan gaan

nie, as julle nederig aanvaar wat na julle kom. Ongeag hoe lasig dit vir julle

lyk. Ek weet wat julle kan verdra en Ek sal julle steun as julle gelowig op

My hulp vertrou. Die versekering dat julle al My liefde het moet maak dat

julle, julle aardse weg onbevrees gaan, want niks kan met enige een

gebeur wat veilig in My liefde voel nie, dit maak nie saak onder hoeveel

uiterlike druk hy is nie. Want Ek weet alles, Ek ken die krag van julle geloof

en dit alleen bepaal die omvang van julle ontbering.

Die feit dat julle dit nou kan weet, dat Ek julleself onderrig en julle oor My

aard inlig wat liefde, wysheid en mag is, moet reeds My liefde wys, want Ek

wil julle in diepgaand geloof begelei, omdat die krag van geloof alles sal

oorwin. Dan sal julle nie meer besorg wees nie, dan sal julle altyd julle

Vader in My herken, aan Wie julle julleself kan toevertrou soos kinders en

Wie se oneindige liefde alles vir Sy kinders sal doen om hulle te help op hul

aardse weg en hulle gelukkig maak in ewigheid. Dit is My liefde waarin julle

moet glo, want hierdie liefde sal julle nie laat val nie en dit lei en begelei

julle en lê ‘n aardse lot op julle wat julle volle verlossing kan teweeg bring

as julle dit wil. En hierdie liefde sterf vir julle aan die kruis, met Sy offer

58

aan die kruis koop hierdie liefde julle vryheid van die teenstander omdat hy

reg op julle het omdat julle hom eens vrywillig gevolg het. Die liefde van ‘n

Vader, sal egter nie sy kind aan die genade van sy vyand en teenstander

oorlaat nie; Hy sal eerder vir die kind veg en hom van sy beheer red.

Daarom is hierdie groot liefde julle’sn en so het julle ook die waarborg dat

julle een dag vry sal wees van die mag van die een wie vir julle val in die

diepte verantwoordelik was.

En nou dat julle lewe as ‘n mens op aarde moet julle ook weet dat die liefde

van die Vader Sy kinders volg en dat julle ook tot die behoort wie se

vryheid deur Sy liefde gekoop is en dat Hy julle wil herwin, julle moet ook

weet dat julle, julle liefde aan julle ewige Vader moet gee, sodat Hy julle

reeds op aarde oneindig gelukkig kan maak en een dag in die ewigheid. As

julle daarom in My oneindige liefde glo sal julle ook alle vrees, besorgdheid

en alle swakheid verloor, omdat julle altyd sal weet dat niks nadelig met

julle kan gebeur nie, omdat ‘n liefdevolle Vader sy kinders teen alles

beskerm wat hulle kan skade berokken. Die sekerheid dat julle die Vader se

liefde besit maak dat julle vry en vrolik voel, want julle vertrou alles aan

Hom toe en het geen twyfel dat Hy julle in alle teëspoed sal help nie.

‘n Persoon met so’n diepgaand geloof sal kragtens sy geloof, ook dig met

My verenig wees en sal merkwaardig met sy medemens kan werk deur

hulle van die soort hulp te voorsien wat ander mense se kapasiteit of krag

sal oorskry, want in digte eenheid met My sal hy My krag gebruik om mee

te werk en dus met My werk en Ek deur hom. Want My liefde ken geen

grense nie, nogtans rig julle geloof dikwels self grense op as dit nie sterk

genoeg is nie. En weer, die krag van geloof is die gevolg van ‘n lewe van

liefde, want slegs die liefde lei tot ‘n lewende geloof, d.w.s. ‘Wie in liefde

lewe, lewe in My en Ek in hom..’ en so kan daar geen twyfel in ‘n persoon

wees nie, hy is bewus van My teenwoordigheid en weet ook dat My liefde

onbegrensd is en onbeperkte krag aan die mens verleen, as hy dit vir dade

van liefde wil gebruik.

Elkeen wat in My oneindige liefde kan glo het dit slegs bereik omdat hyself

‘n lewe van liefde leef en hy ook die laaste wils toets op aarde geslaag het,

hy het bewustelik na sy ewige Vader teruggekeer, want hy wil die liefde

van die Vader hê wat hom na Homself trek. Nietemin, moet Ek dikwels die

mens groot beproewinge in sy aardse lewe gee sodat hy My sal soek, sodat

hy homself aan My sal toevertrou, om My hulp vra en wanneer hy dit

ontvang ook My liefde herken. Slegs dan sal Hy My die liefde gee wat Ek wil

hê, wat die kind weer met die Vader verenig. En dan het die aardse lewe

hom die sukses gebring wat die doel vir sy aardse weg was: dat hy vrywillig

hom weer met My verenig, van wie hy eens vrywillig geskei en ellendig

geword het. Maar My liefde wil ewige geluksaligheid vir hom voorberei en

vroeër of later sal dit hierdie doel bereik. Amen

59

Valse christusse en valse profete

8290 3 Oktober 1962

Toe Ek op aarde geleef het, het Ek julle gewaarsku teen valse christusse en

valse profete want Ek wis, hoe My teenstander teen My en teen die

waarheid uit My sou ageer. En steeds weer sal My waarskuwings vir julle

bly geld, sodat julle nie aan hierdie valse christusse en profete ten offer val

nie.

Dog wanneer van valse christusse en profete gepraat word dan moet daar

dus ook regtes wees. Daarom kan julle mense nie alles verwerp wat julle

deur My aangebied word nie. Ek, Wie My bekend maak deur die mond van

ware profete, want Ek ag dit nodig dat julle suiwere waarheid gestuur word.

Julle mag dus nie met die valse geestelike opvattinge ook die regte afwys

nie. Want tot aan die einde toe sal Ek My steeds weer deur sulke mense

openbaar wat die voorwaardes besit om deur Myself aangespreek te kan

word. Wat as My ware dienare hul amp uitoefen wanneer hulle die

geestelike Woord, wat hulle van Myself ontvang, in die wêreld uitdra.

Hoe anders sal die waarheid na die aarde gebring kan word, omdat Ek Self

die mense, vanweë hul vrye wil, tog nie duidelik verneembaar uit die Hoë

kan aanspreek nie? Julle almal het die reg, maar ook die plig om alles wat

julle as waarheid voorgelê word te beproef. En julle is ook daartoe in staat

as julle Myself as die EWIGE WAARHEID om ondersteuning aanroep. En as

julle maar van goeie wil is, sal julle ook seker die waarheid van die leuen

kan onderskei. Bowendien het Ek Self julle ‘n kenteken van die waarheid

gegee: Dat julle steeds opheldering gegee moet word oor Jesus Christus en

Sy verlossingswerk. En so kan julle dus alle geeste geloof skenk deur wie

julle hierdie boodskap ontvang: dat Ek in Jesus Christus julle Verlosser is.

Julle, mense mag nie by Jesus Christus verbygaan nie. Julle moet die

verlossingswerk leer begryp en alles weet wat daar aan die verlossingswerk

ten grondslag lê, dat Ek Self My in die mens Jesus beliggaam het. En juis

omdat hierdie kennis uitermate nodig is as die mense hul doel wil bereik,

daarom sal Ek Self hul ook waarheidsgetroue opheldering gee, wat deur My

openbaringe geskied, wat Ek deur geskikte werktuie na die aarde stuur.

My openbaringe is egter nooit gelyk te stel met boodskappe uit die

geesteryk wat op mediamieke wyse aan die mense oorgebring word nie.

Julle moet dus leer onderskei tussen My werksaamheid, die inwerk van God

in die mens deur die Gees en die werk van geeste, mededelinge wat julle

mense gegee word, waarvan julle egter die oorsprong nie kan vas stel nie.

Maar wie ernstig beproef, hom sal sy hart sê wie tot hom spreek. Julle

moet egter ‘n ernstig ondersoek doen voordat julle oordeel, want julle kan

My nie as leuenaar wegsit nie, omdat Ek Self julle gedurende My aardse

lewenswandel die werk van My Gees beloof het. Ek Myself het julle toe gesê

dat Ek julle die Trooster sal stuur, die GEES van die WAARHEID, wat julle in

alle waarheid sal lei. "Wie My gebooie onderhou, dit is hulle wie Ek liefhet,

aan hom wil Ek My openbaar". "Julle sal almal deur God onderrig wees".

60

"Wie in My glo, soos die Skrif sê, uit sy lendene sal strome van lewend

water vloei".

As Ek dit nodig ag dat die waarheid weer tot die mense gebring moet word

omdat hulle in duisternis van gees voortlewe, dan sal julle My dit waarlik

nie kan verhinder nie. En so sal Ek deur My openbaringe die soekende

mens oor alle samehang opheldering skenk. Ek sal julle onderrig oor My

heilsplan van ewigheid, oor die begin en einde van alles wat bestaan. Ek sal

julle egter ook kennis laat neem van die vele dwaallere wat My teenstander

in die wêreld gebring het om die mense in die duisternis van gees te hou.

Dog hierdie dwalinge sal Ek steeds weer deur My Woord regstel, want Ek

het ook gesê: "Hemel en aarde sal vergaan, maar My Woord bly bestaan

tot in alle ewigheid". Onder My Woord kan egter altyd alleen die suiwere

waarheid te verstaan wees. Omdat al die van My uitgaande suiwere

geestelike goedere egter steeds weer deur onvolmaakte mense misvormd

word, wat Ek vanweë hul vrye wil nie sal verhinder nie, Ek sal ook steeds

weer daarvoor sorg dat die mense die suiwere waarheid gebring word.

Ek Self spreek die Woorde: "My Gees sal julle in alle waarheid lei" maar Ek

het julle tog al die waarheid gebring! Sou dan “die lei in die waarheid” nog

nodig wees as Ek nie vooruit gesien het dat die waarheid nie suiwer sou bly

nie? Dus julle moet ook die regstreekse openbaringe van Bo geloof skenk,

aangeneem dat dit van My voortkom, wat julle egter weer daar aan kan

herken dat My menswording in Jesus Christus steeds weer vermeld sal

word.

En as julle oor My verlossingswerk ingelig is sal julle ook My Woorde begryp

: “Al is julle sonde so rooi soos bloed, Ek sal dit so wit was soos sneeu”.

Want daarvoor het Ek My lewe gegee aan die kruis. Daarvoor het Ek die

bitterste lyding en die ergste kwellinge op My geneem, omdat Ek die skuld

vir julle wil goedmaak, sodat julle daarvan bevry sou word sodra julle My

en My verlossingswerk erken en My om vergewing van julle skuld vra.

Aan My heilsplan van ewigheid lê nie die denke van die menslike verstand

nie, geen menslike logika ten grondslag nie, want Ek het oneindig baie

middele om die einddoel, die terugkeer na My van al die eens gevalle

wesens, te bereik. Maar nooit sal Ek afwyk van die wet van My ewige orde

nie, waarop ook My heilsplan gebou is. En was die verlossingswerk deur My

in Jesus Christus nie volbring nie, dan sou vir julle ook duisend maal die

aardse weg aflê nie voldoende wees om julle skuld van die vroeëre afval

van My te delg of uit te boet nie.

Daarom het Ek Self na die aarde neergedaal om julle mense die verlossing

te bring uit die mag van My teenstander. Maar wie geen beroep doen op die

genade van die verlossingswerk nie, vir wie sy aardse lewe nie die redding

uit die diepste geestelike nood bring nie, wie ook in die hiernamaals nie die

hulp wat hom aangebied word aanneem nie, hom dus nie tot My in Jesus

Christus laat lei nie, die sal die weg deur die gesamenlike skeppings heen

nogmaals moet gaan. Dan kan julle mense tereg spreek van ‘n reïnkarnasie

61

op die aarde, wat egter eers plaas sal vind wanneer ewige tye verby

gegaan het, dan sal die siel weer opnuut as mens op aarde sy wilsproef

moet aflê. Want die een is gewis, dat My geregtigheid ook ‘n

genoegdoening vir alle sonde teen My eis. Ek weet egter ook in welke vorm

hierdie genoegdoening tot stand gebring kan word, as die mens nie

vrywillig sy sondeskuld tot My onder die kruis gedra het nie. Amen

Herbeliggaming of besetenheid?

8291 4 Oktober 1962

Julle mag geen enkele geval van besetenheid as ‘n reïnkarnasie van die siel

aansien nie, wat ‘n terugplasing uit die ryk hierna na die aarde met as doel

‘n hernieude gang oor die aarde as mens het. Nog steeds hou onvolwasse

geeste hulself in die nabyheid van die aarde; siele, wat reeds die weg deur

die vlees gegaan het en in die diepste geestelike duisternis gesterwe het.

Die ligryk is vir hulle nog geslote en hulle storm dus uit in ‘n ryk van die

laagste geeste wat oral is waar hulle hulself ophou. Hulle kan hulself nie

losmaak van die plek op die aarde waar hulle werksaam was nie. Hulle val

die mense lastig op velerlei maniere, vernaamlik deur te trag om hulle

gedagtes, hulle bose neigings en hulle hartstogte oor te bring op mense

wat ‘n ingesteldheid het wat na hulle eie karakter neig. Want die mens is

maklik beïnvloedbaar en vervul gewilliglik die geeste se begeertes terwyl

hulle doen waartoe hulle deur die geeste aangespoor word. En hierdie

invloed is baie dikwels opmerkbaar as die mense hulself nie bewustelik

vrymaak nie, hulle luste nie bestry nie en My nie om hulp bid nie. Is hulle

egter ongelowig, dan het hierdie geestelike kragte ‘n vrye spel en sal

hulself steeds meer uitlewe en die mense tot goddelose handelinge dryf,

wat in die laaste tyd voor die einde besonder op die voorgrond sal tree.

Maar steeds is dit slegs ‘n beïnvloeding deur middel van gedagtes, dit is

geen geval van besetenheid nie. Ook die gevalle waar mense volledig

beheer word, sal in die eindtyd baie duidelik na vore kom, sodat dit vir

hulle medemens onbegryplik sal wees wat ‘n mens aan boosheid en

misdade van allerlei aard kan volbring. Hierdie mense het innerlik nie die

nodige krag om weerstand bied nie, want hulle het ‘n totaal verswakte wil

en dan slaag die bose geeste om heeltemal besit te neem van die liggaam

om homself in die liggaam uit te leef, alle slegte eienskappe bring hulle op

hulle oor en laat hulle handelinge uitvoer wat hulself as mens gedoen het.

Hulle slaag om die siel van die mens te verdring en hulle eie wil te laat

oorheers. Die bose gees neem onregmatig ‘n menslike liggaam in besit

waaruit hy egter ook altyd weer verdryf kan word as die siel self, of ‘n

mens in sy omgewing, slaag om homself innig aan My oor te gee en My om

hulp te bid. Want dan kan en sal Ek die bose gees gebied om die

liggaamlike omhulsel te verlaat. Maar die ongeloof en die liefdeloosheid van

die mense verhinder My dikwels om in te gryp. En so 'n inbesitneming is

ook dikwels deur My toegelaat tot loutering van die betrokke siel self en

62

ook van sy omgewing, soos wat dit ook moontlik is dat die bose gees, as hy

uitgewoed is, homself besin en homself verbeter, dat hy die verskriklike

uitwerking van sy bose wil insien.

Want soms word daar rekenskap van die mens vir sy onmenslike dade

gevra, en moet hy ‘n lang lydingsweg deurmaak. En dan word die bose

gees elke verdere moontlikheid ontneem om die mens aan te spoor tot

dade wat hyself sou doen, wanneer hy nog as mens op die aarde sou lewe.

Dan verlaat hy uit homrself die liggaam en die eintlike siel neem nou ook

die staat van lyding gewillig op homself. Maar ofskoon hy vry is van alle

skuld, dra hy tog die straf tot loutering. Hy kan daardeur vinniger volwasse

word as in ‘n lewe van onverskilligheid sonder ‘n besondere skuld.

En die onderskeid moet julle altyd maak, dat gevalle van besetenheid geen

herbeliggaming van vyandige siele is nie. Julle moet weet dat die hel alles

in die eindtyd uitgebraak het en die vors van die duisternis sy aanhang

aanspoor om tot die uiterste te gaan.

Julle moet weet dat ook hierdie bose geeste hulself nog kan red van die lot

van ‘n hernieude kluistering, as hulle dit self maar wil. Want spoedig kom

die dag van vereffening en elke wese moet dan rekenskap gee hoe hy die

tydjie benut het, wat hom ten behoewe van sy vrywording uit die mag van

My teenstander toegestaan is. Amen

Straf God die kinders vir die sonde van die vaders?

8296 11 Oktober 1962

Dit is My wil dat julle mense in waarheid moet lewe omdat die verkeerde

gedagtes julle volwasse wording sal belemmer en omdat een misleide

gedagte baie verkeerde gedagtes kan veroorsaak. En daarom sal julle ook

verduidelikings ontvang, op voorwaarde dat julle dit terwille van die suiwer

waarheid wil hê:

Hoewel julle gevra word om in My regverdigheid te glo, moet julle nietemin

geen valse indruk van My kry as gevolg van onderrig wat My as ‘n hartelose

God voorhou wat onregverdig straf. En hierdie valse indruk sal julle kry as

julle nie die betekenis van die woorde begryp ‘Ek sal die sonde van die

vaders straf tot die vierde geslag.’ Dit is nie die geval dat Ek genadeloos is

en dat die kinders en die kleinkinders moet boet vir die sondes van hul

vaders nie, want elke siel is verantwoordelik vir homself en moet

vergoeding doen vir sy eie skuld terwyl hy nog op aarde is, solank hy nie

Verlossing deur Jesus Christus aanvaar nie. Maar die kinders en die

kleinkinders sal nie verantwoordelik gehou word vir die sonde van hul

vaders nie. Maar dit kan ‘n natuurlike gevolg van sekere sondes wees wat

kinders en kleinkinders affekteer, sodat swakhede en onbekwaamhede van

‘n fisiese en geestelike aard voorkom wat deur die vaders se sondige lewe

veroorsaak word. En die gevolg is ook sigbaar aan ander mense, daarom

word die swakhede en die onbekwaamhede nou beskou as ‘n straf van My.

63

Terwyl die mense wat sondig geword het nog lewe, kan die bewustheid dat

hulle te blameer is vir die ellende van hul kinders vir hulle ook ‘n straf

wees, hulle kan as gevolg van hierdie bewustheid nou ook vergoeding doen

vir hul sonde, d.w.s. ‘n regverdige kompensasie vir hulle skuld gee, maar

hulle kan slegs vergiffenis vind wanneer hulle hul skuld na die kruis neem

en Jesus Christus om vergiffenis vra, Verlossing vra. Maar die 'gestrafte'

kinders is siele in hul eie reg wat bewustelik die moeilike lot van hul aardse

lewe aanvaar het om volwassenheid spoediger te bereik, omdat hulle

vooraf ingelig was daaroor en ook kon weier om die lot aan te neem. Dit is

altyd slegs ‘n saak van die volwasse wording van die siele.

Die fisiese bestaan as mens is nie onbelangrik nie. ‘n Moeilike aardse lewe

sal baie eerder tot volmaaktheid lei as ‘n vreedsame en plesierige aardse

bestaan. Julle mense wat egter nog onwetend is, ag julle lewe as mens te

hoog. En julle sal My altyd van onregverdigheid beskuldig wanneer julle

hard deur die noodlot geraak word, hoewel dit op My liefde vir julle

gebaseer is. Die proses van terugkeer bied baie opsies aan julle maar julle

herken hulle selde as sulks. Julle beskou slegs altyd die omstandighede van

teëspoed as harteloosheid en onregverdigheid van My kant, maar julle

herken nie die geleendhede in dit om volle volwassenheid te bereik nie.

Alles wat julle doen is onderhewig aan die wet, natuurlik as ook geestelik.

En so sal elke oortreding ‘n gevolg hê wat duidelik is maar soms nie, omdat

‘n oortreding teen My ewige orde altyd ‘n negatiewe effek sal hê, omdat My

geregtigheid alleen die mens van geleendhede vir kompensasie sal

voorsien, sodat Hy vergoeding kan doen vir sy skuld terwyl hy nog op

aarde is en nie die koninkryk aan die ander kant oormatig belas ingaan nie.

En selfs as hy onverlos oorgaan, as hy nog nie Verlossing deur Jesus

Christus gevind het nie, kan Hy nog deur die lot van hulle vir wie hy

omgegee het tydens sy aardse lewe beïnvloed word en selfverwyt voel. En

daardeur sal hy reeds ‘n stap voorentoe geneem het omdat, hoewel Hy ook

in die koninkryk aan die ander kant hulpeloos is wat toe te skryf is aan sy

sondigheid, Hy nietemin sal probeer om sy geliefdes te help. Hy het die wil

om dit te doen en dit tel in sy guns as liefde en nou sal hy ook gehelp word

deur die geestelike wêreld. Alternatiwelik egter, neem siele ook bewus ‘n

moeilik lewe aan om daarmee hulle te help wat hul lewe op aarde

vergemaklik het en omdat hulle dikwels dieselfde neiging opmerk en

daarom naby aan hulle voel.

Wanneer hulle sê dat die sonde van die vaders tot die vierde geslag gestraf

sal word, beteken dit slegs dat die ernstige oortredings teen die ewige orde

‘n natuurlike wettige gevolg veroorsaak, waartoe Ek toestemming gee

omdat dit ook die volwasse wording van ander siele kan help. Dit is ‘n

persoon se vrye wil hoe hy hom in die aardse lewe gedra, net soos dit die

tenvolle vrye wil van die siel is wat hom beliggaam.

Wanneer 'straf' deur My vermeld word moet dit nie verkeerd opgevat word

nie in so verre dat alles slegs tot voordeel van die siel is, wat hom ook al

64

opgelê word en wat daar ook al gebeur in sy aardse lewe. Omdat baie siele

slegs deur lyding volwasse kan word omdat hyself nie ‘n hoë graad van

liefde besit wat sou veroorsaak dat sy lyding verminder en sy lot op aarde

draagliker sou wees. Nietemin, as julle altyd slegs onregverdigheid aan My

kant soek met betrekking tot die lot van lang-lydende mense, toon julle

slegs julle gebrek aan kennis van My ewige plan van Verlossing; voorts is

julle onbewus van My groter as groot liefde vir julle, wat slegs altyd wil red

en nooit veroordeel nie. In vergelyking met die ewigheid is die tyd op aarde

baie kort, maar tydens hierdie uiterste kort tydsduur het julle mense die

geleentheid om baie skatte vir die ewigheid te versamel, julle kan

vergoeding doen vir baie onregverdighede en ingaan in die koninkryk van

lig, op voorwaarde dat julle Jesus Christus vind en hom om vergiffenis van

julle skuld vra. Amen

Die verandering van die aarde

8304 20 Oktober 1962

Dit is seker, dat My woord waarheid is en sal bly en dat julle nie hoef te

twyfel aan dit wat van My uitgegaan het nie. En omdat die tyd wat ‘n

verlossingsperiode beëindig, steeds naderby kom, sodat daar ‘n nuwe kan

begin, sal julle so ook My ophelderinge steeds meer onvervals toekom. Nog

voor die einde sal Ek julle inwy in My heilsplan van die ewigheid en julle in

kennis stel van sake wat tot nou toe vir julle verborge was, omdat die

kennis daarvan tot nou toe vir julle sieleeheil nie nodig was nie.

Nou het die tyd egter gekom waarin My heilsplan uitgevoer word, sover dit

die verandering betref van die aarde wat as skolingsplek vir die geestelike

ongeskik geword het en dit daarom hernu moet word om weer aan sy doel

te kan beantwoord.

Julle moet weet dat My Liefde ook die nog in die skeppingswerke gebonde

geestelike geld en dat Ek ook die geestelike nuwe vorms wil gee om

positiewe ontwikkeling daarvoor moontlik te maak. Want al eindelose lang

tye smag die gekluisterde geestelike in die harde materie waaruit die aarde

bestaan. En hierdie harde materie moet eers ontbind word, d.w.s. vry word

om in ‘n nuwe vorm oor te kan gaan.

Die gebeure, die werk van vernietiging, sal vir julle van onvoorstelbare

omvang wees en gevolglik kan daar van ‘n totale ontbinding van alle aardse

skeppings gepraat word. Waarby daar egter nie oor die hoof gesien mag

word dat die materiële bestandele behoue bly, slegs so lank in ‘n sekere sin

ongebonde, tot Ek dit weer tot vorm laat word wat die geestelike weer tot

omhulling dien. Die skeppingswerk aarde vergaan dus nie, omdat My Wil al

die ontbondene weer konsolideer en daaruit weer nuwe vorme skep, om

welke rede daar ook van ‘n 'nuwe aarde gepraat kan word. Die beëindiging

van hierdie verlossingsperiode is dus ‘n daad van die grootste

barmhartigheid vir al die geestelike wat hulle op die aarde bevind en in die

65

skeppingswerke gebonde is, dit beteken ‘n totale hervorming, maar nie die

vergaan van die hemelliggaam aarde nie.

Duidelik sigbaar sal hierdie hervorming egter alleen aan die aardoppervlak

wees, omdat die mense die proses van die verandering binne in nie kan

vaststel of nagaan nie, ook wanneer hulle die hervorming bewus sou

aanskou. Maar die laaste is nie die geval nie, want dit sal die werk van ‘n

oomblik wees, omdat elke voorwaarde aanwesig is om die nuwe skeppings

dadelik met iets geesteliks tot lewe te bring wat die graad van

volwassenheid daarvoor bereik het. Want al hierdie partikeltjies is

aanwesig, dit hoef dus alleen maar weer in die vir hulle dienstige uiterlike

vorm geplaas te word.

Julle, mense kan julle egter geen voorstelling maak van die laaste werk van

vernietiging nie, ofskoon julleself die aanleiding daartoe gee en deur

proefnemings in stryd met God's Wil, in die binneste van die aarde

binnedring en daar kragte in werking stel wat julle nie kan beheer en

waarvan julle die uitwerking nie ken nie. Ek hinder julle egter nie daarmee

nie, omdat die tyd verby is wat Ek vir hierdie verlossingsperiode gestel het.

En dit wil Ek steeds weer benadruk, dat Ek niks in die ou toestand laat en

dat geen lewende wese op die aarde bly bestaan nie. Ek sal egter ook al die

nog gebonde geestelike vir ‘n kort tyd vryheid gee, wat beteken dat ook die

hardste materie die geestelike moet vrylaat en vir die doel ontbind word,

om vervolgens weer duursaam gemaak te word om weer iets geesteliks op

te neem soos dit My Wil is.

Omdat die materie self nog die geestelike is wat aan die begin van sy

ontwikkeling staan, kan dit dus nie geheel vergaan nie. En so sal ook die

skeppingswerk 'aarde' nie vergaan nie, inteendeel alleen verander word.

Julle kan aan hierdie woorde geloof skenk, ook wanneer al die gebeure van

die einde van die ou aarde vir julle nog onbegryplik is. Vir My is alles

moontlik en alles het sy motivering in My eindelose Liefde.

Wanneer julle dus in die werk van vernietiging wat Ek toelaat, alleen maar

liefdeloosheid van My kant sien, is julle nog ver van die regte insig

verwyder. Julle wil steeds alleen die noodlot van die mense sien, julle dink

daarby egter nie aan die geestelike wat in die harde materie gekluister is

nie, waarvoor ook eens die tyd van bevryding uit die teenswoordige vorm

moet kom, sodat ook sy ontwikkeling opwaarts verder kan gaan, volgens

My plan van ewigheid.

En omdat die tyd van die einde steeds naderby kom, maak Ek julle daarom

ook bekend met My heilsplan, sodat julle julleself daarna kan rig en nou

met alle ywer My gebooie vervul, sodat julle dan nie tot diegene hoort wat

die genade van menswees op die aarde vir hulself verspeel en gevaar loop

om in die materie verban te word nie. Ek onderrig julle waarlik in alle

waarheid. Maar slegs hy sal hierdie aanneem wat vas wil staan in die

waarheid en wat die ernstige wil het om sy doel op hierdie aarde te bereik.

Amen

66

Bewyse van barmhartigheid van die Vader in die

laaste tyd

8305 21 Oktober 1962

Dit sal julle, in die laaste tyd voor die einde, nie aan bewyse van

barmhartigheid ontbreek nie, want julle het dit nodig om sterk te word en

te bly en om stand te hou teen die aanvalle van die teenstander. Maar Ek

sal My ook aan julle voelbaar bekendmaak en julle sal maar net op julle

daaglikse lewensloop hoef te let om My ook steeds by julle aanwesig te

voel. Want Ek wil julle ook laat blyk dat Ek van al julle nood en lyding op

hoogte is en Ek My oor julle bekommer. Weliswaar sal ‘n mate van leed

julle ook nie gespaar kan bly nie, Ek wil immers dat julle in die hoogste

moontlike volwassenheid van siel julle aardse lewe beëindig en dit sal slegs

‘n kort tydjie duur en al die leed sal verby wees, julle sal dankbaar dink aan

dit wat julle moes deurmaak, omdat julle ook die resultaat sal sien wat die

leed julle gebring het. Tog is Ek naby julle en dra sorg vir julle en lei julle

deur alles heen wat deur die lot bepaal, nog vir julle weggelê is. Dit is slegs

belangrik dat julle geloof sterker word, omdat julle dan tot alles in staat sal

wees en geen mislukking hoef te vrees nie.

Ek wil steeds weer met julle praat, julle alles duidelik maak wat vir julle

nodig is om te weet, Ek wil Myself in My Wese aan julle openbaar sodat

julle in volle vertroue My al julle nood sal voorlê en Myself om hulp vra, wat

Ek julle dan ook sekerlik sal verleen. En wat daar daagliks op julle afkom,

steeds weer sal julle My leiding daarin moet herken, julle moet weet dat Ek

Self alles bestuur en lei en dat geen gebeurtenis sommer op julle afkom

nie, maar alles in My Liefde en Wysheid oorweeg is, dat dit julle en julle

medemens tot seën sal strek.

Julle, wat ‘n duidelike taak op aarde het om te verrig, julle wat My

bewustelik dien uit vrye wil, julle staan onder My besondere beskerming en

julle hoef waarlik geen sorge te ondervind nie, want Ek sorg vir julle en Ek

help julle ook om julle taak te voleindig, want Ek weet hoe nodig dit is en

welke seën nog daaruit kan voortkom. En gee julle daarom alleen maar in

volle vertroue in My hande, want wie sou beter vir julle kan sorg, as julle

Vader, Wie Sy kinders liefhet en altyd net die beste vir hulle wil hê. Wees

steeds net bereid om My tot julle te laat spreek, want daar is nog vele

opheldering nodig, omdat die mensdom in dwaling en geestelike duisternis

voortgaan. Julle sal nog dikwels verwonderd wees oor My leiding en so sal

julle duidelike bewyse van barmhartigheid mag ervaar, dat julle liefde vir

My sal toeneem en julle steeds weer versterk sal word in julle geloof, wat

ook nodig is in die komende tyd. Want ook My teenstander probeer julle

steeds weer aan te gryp, want dit is altyddeur sy strewe, om julle van julle

geestelike missie, van al die geestelike strewes, af te bring. Hy versteur die

helder lig wat julle omstraal in die voortdurende verbinding met My en hy

67

wil dit uitdoof. Maar hy sal nie slaag nie, omdat dit My werksaamheid teen

hom is, nie alleen uwe nie. En hy sal waarlik nie My baas kan wees nie.

Maar julle staan onder My beskerming, julle behoort al aan My deur julle

bereidwillige medewerking en dus sal Ek ook weet hoe om julle teen sy

aktiwiteite te beskerm. Vrees daarom nie vir wat daar ook op julle afkom

van die kant van hulle wat sy meelopers is nie, wat julle op elke wyse sal

trag om te hinder in die voortsetting van My werk; wie twyfel sal saai in

julle harte om julle ongeskik te maak om verder vir My werksaam te wees.

Teen julle geloof en julle vaste verbintenis met My sal alles weerkaats en

steeds weer sal Ek My aan julle bewys en by julle aanwesig wees.

Maar weet dat julle ook alleen dan volledig in My besit is, wanneer julle

julleself geheel van die wêreld losgemaak het. En so sal julle ook begryp

waarom Ek Self julle help; dat julle vry sal word van al die wêreldse

verlange, julle sal begryp, waarom julle dikwels liggaamlik verhinder word,

om aan die wêreld ook maar die kleinste toegewing te maak. Maar glo dat

Ek julle leed sal seën en wat julle sal moet opgee, sal julle eens ryklik

vergeld word.

Maar Ek het julle dienste nog nodig, want die aarde bevind hom in die

ergste nood, die mense dink nie aan die einde nie, hulle lewe sorgloos van

die een dag tot die ander en maak hulle gladnie bekommerd oor dit wat

kom en gaan gebeur nie, oor hulle toestand na hul dood nie, omdat hulle

nie glo dat hul lewe op aarde van betekenis is nie, dat hulle ‘n taak te

vervul het, dat hulle self vir hulle die toestand na hul dood veroorsaak, wat

hulle egter nie meer kan afwend, wanneer hulle hulself nie ernstig besin en

hulself verander nie.

En daarom probeer Ek nog deur alles om die mense die doel van hul lewe

te laat begryp, om nog siele te red voor die einde, wat nie meer lank op

hom sal laat wag nie. Want die tyd is vervul, die einde is naby. Amen

Eindaankondiging en tekens van die tye

8310 25 Oktober 1962

Dit is die verwysing na ‘n naderende einde wat vir die mense ongelooflik

skyn te wees, wat dit daarom afwys en wat hulle laat twyfel aan die

korrektheid van alle boodskappe wat Ek na die aarde toe stuur. Tog sal dit

nie lank meer duur voordat die voorspellings vervul gaan word nie, want

My woord is die suiwerste waarheid: Die feit dat die mense nie baie tyd

meer oor het vir die verandering van hulle wese tot liefde nie, laat My

steeds weer wys op die einde en Ek vermaan hulle ernstig om na My woord

te luister en dit gee My aanleiding om julle ernstig aan te spoor om na My

woord te luister en daarmee ooreenstemmend julle lewe te lei.

Die mense wil egter nie glo nie en Ek mag geen dwang uitoefen op hulle

denke en wil nie. Ek kan aan hulle alleen bekend maak wat hulle te wagte

staan en moet hulle ‘n vrye wil laat hoedat hulle sulke bekendmakings sal

waardeer en benut. En omdat dit aan die einde oor ‘n gebeurtenis gaan wat

68

nog nie op die aarde plaasgevind het nie, omdat die mense niks van so-iets

dergeliks weet nie, vat hulle geloof ook moeilik daar aan, ofskoon Ek vanaf

die begin van die aardse periode steeds weer op die einde gewys het.

Maar hulle moet ook op die tekens ag gee wat Ek voorspel het, want hulle

sal sien dat die voortekens sal toeneem en dat daar ook suiwer wêreldlik

gesien ‘n verandering moet kom, omdat alles oortrokke word. Die mense

bevind hulself op so 'n vlak dat dit hulle tot nadenke moet stem. Daar

heers geen liefde meer nie en die mens oortref hulself in liefdeloosheid.

Daar is geen harmonie meer in die samelewing nie, hulle is vyande van

mekaar en laat onedele luste en hartstogte die vrye loop neem. Hulle jaag

materiële goedere na en strewe geen enkele geestelike binding na nie. Dit

is soos dit was in die tyd van die sondvloed, want die mense het slegs

wêreldse genot gesoek en het ook op onregmatige wyse materie aan

hulself verskaf, omdat die liefde heeltemal verkoel het.

Wie dus met oop oë om homself heen kyk, sal reeds die tekens van die

eindtyd kan herken. Hy sal weet dat die vereffening ook eenmaal moet kom

en dat die mag en regverdigheid van ‘n God eens tot uiting sal moet kom,

as daar tenminste nog aan ‘n God geglo word. Ontbreek die geloof, dan het

die mense waarlik op so 'n lae vlak gekom, dat dit ook ‘n einde van die

aarde oproep.

Maar daar kan van My kant niks anders gedoen word as om steeds weer te

wys op die einde nie; as om steeds weer die mense deur die mond van

sieners en profete aan te spreek en hulle voorligting te gee oor die oorsaak

en die gevolge van die menslike lewe. Maar Ek moet hulle steeds die

vryheid van hulle wil laat, om geloofwaardigheid aan die verkondigers van

My woord te skenk of nie.

Maar vinniger as wat julle dink sal die lot homself ontvou. Almal van julle,

wat nie vooraf die barmhartigheid opgeroep het nie, sal die tyd moet

belewe, want My verlossingsplan is vasgelê sedert die ewigheid en sal ook

ten uitvoer gebring word. Want die tyd is vervul wat aan die geestelike in

die verlossings-periode toegestaan word tot vrywording uit die gekluisterde

vorm. En selfs die baie kort tydjie wat vir julle nog tot die einde oorbly, kan

vir hulle vrywording voldoende wees, as julle dit maar ernstig te kenne wil

gee om julle aardse lewensdoel te vervul en bewustelik na My te strewe.

Wanneer julle tot My bid om hulp vir julle voleinding, sal julle bede sekerlik

beantwoord word. Ek sal julle help uit elke aardse nood en julle in diep

erbarming na My toe trek, sodat julle nie weer verlore sal gaan vir ‘n

eindelose lang tyd nie, wanneer die einde van die aarde gekom het. Amen

Ontketende Natuurelemente

8311 27 Oktober 1962

My sorg sal vir ewig uitgaan na julle wat nog op ‘n groot afstand van My bly

en wat julle daarteen verset om op die weg na My terug te kom. En EK kyk

69

vol erbarming af op die mensdom, wat geen aanstaltes maak om hulself na

My toe te keer nie en wat die afval van My teenstander ten uitvoer bring.

Die einde van hierdie aarde kom steeds nader, wat vir al sy bewoners

beslissend sal wees vir hulle verdere lot. Steeds dringender en

aanmanender laat EK My stem weerklink en daar kom ‘n groot mate van

lyding en nood oor die aarde, wat waarlik voldoende sou wees om ‘n

verandering in die gevoelens van die mense te bewerkstellig, maar die

meeste sal onaangeraak bly daardeur. Solank hulle self nie getref word nie,

word hulle eie liefde steeds sterker, sodat hulle hulself skadeloos stel deur

die genoegdoening van die wêreld en nouliks aan hul ongelukkige naaste

dink.

En al kom daar steeds meer ongelukke en katastrofes, hulle vergroot self

die nood en die lyding deur eie maaksels en hulle dryf daardeur die mense

in erge benoudheid, want sonde kry die oorhand en onverantwoordelik is

die handeling van die enkeling teenoor sy medemens. Hulle is so ver van

My af dat My stem hulle nouliks kan bereik en daarom dryf hulle My

daartoe om my stem luid te laat weerklink van bo-af sodat ook hulle nou in

uiterste nood sal raak deur die elemente van die natuur. Sodoende kan

hulle die medemens nie meer verantwoordelik hou vir dit wat daar oor hulle

gaan losbars nie, inteendeel die uiting van ‘n Mag moet erken aan Wie hulle

self nie in staat is om weerstand te bied nie.

EK moet hierdie laaste baie kragtige middel toepas, ofskoon ook so-iets nie

sommer geglo sal word nie, omdat die mense vir hulself alle ander

verklarings sal gee as die een: Naamlik dat hul God en Skepper Homself wil

uiter om deur die mense gehoor te word.

Die geloof in ‘n God is skaars merkbaar aanwesig en baie mense sal selfs

die geringe geloof verloor by die aanskouing van die vernietigingswerk wat

die ontketende natuur elemente tot stand gebring het. En tog pas EK die

laaste uitweg toe, omdat enkele mense My daardeur sal vind, wat in

uiterste nood die weg na My neem en ‘n gebed in gees en in waarheid na

My sal opstuur, Op wonderbare wyse sal hulle redding ondervind en sal

hulle My ook nie meer wil opgee nie, omdat hulle My hulp duidelik ervaar

het, wat egter alleen deel kan word van hulle wat My in gees en in

waarheid aanroep.

Tallose mense sal hulle lewens verloor in die verwisseling met die aarde en

die ryk hierna, maar daar is steeds nog die moontlikheid om opwaarts te

gaan, want die poorte van die geesteryk is nog nie gesluit nie en dit is vir

baie mense nog ‘n barmhartigheid om van die aarde af weggeroep te word.

En EK ken waarlik die gesteldheid van hulle siele in hoeverre hulle nog in

staat sal wees om in die geesteryk hierna onderrig te word.

Maar die oorlewendes op die aarde kan nog ‘n tyd van nood te wagte wees,

wat slegs verdra sal kan word as hulle gebruik maak van My krag en hulp.

Want daar sal ‘n onafwendbare chaos wees wat julle, mense, nie alleen sal

kan baasraak nie. Nou sal dit duidelik word dat Myne gelei word deur alle

70

nood, omdat My hulp aan hulle duidelik sigbaar sal wees. En hulle sal nou

ook nog hulle medemens troos en krag kan gee, deurdat hulle ook gewys

word op My, wat alleenlik hulle toestand kan verbeter, maar wat ook uit die

diepste van die hart aangeroep wil word.

Ook die laaste ingryping van My kant af voor die einde sal ‘n baie groot

barmhartigheid wees, ofskoon die meeste mense aan My Liefde sal twyfel,

ja wat selfs openlik ‘n God sal verloën wat so ‘n ongeluk oor die mense laat

kom. Maar dit sal nie meer lank duur tot die einde nie. En daarom moet

alles betyds probeer word om mense te red van die lot van die hernude

kluistering in die skepping van die nuwe aarde, omdat die lot so verskriklik

sal wees dat julle, mense, nie in staat is om dit vir julle voor te stel nie.

En EK wil julle daarteen beskerm, daarom wend EK dus nog hierdie middele

aan, wat ‘n klein resultaat beloof, ook wanneer julle daar aan twyfel dat dit

die werk is van ‘n lewende God, wat in Homself Liefde is.

Dit gaan vir My slegs daaroor dat die mense in hulle nood aan My dink, dat

hulle hulself opdra aan My, dat hulle My in hulle harte erken en dan ook nie

verlore gaan wanneer hulle weggeroep word van die aarde af nie, want dan

is hulle ook vir hulle vaart omhoog in die ryk hierna verseker.

En as hulle die gewelddadige natuurgebeure oorleef, dan sal hulle My ook

nie meer opgee nie en aan hulle almal is nog ‘n tyd van barmhartigheid

verleen tot aan die einde, waarin hulle ‘n beslissing ernstige kan neem,

terwyl hulle nog besluiteloos is.

Die tyd loop ten einde en daar wag nog baie probleme vir die mensdom.

Maar die wat in My glo, kan ook hierdie tyd met ‘n geruste hart tegemoet

gaan, want hulle sal steeds My hulp ondervind en hierdie nood sal ook

verbygaan, sodra die doelwit bereik is. Want spoedig kom EK Self en kom

haal die wat Myne is van hierdie aarde af, wanneer die laaste dag gekom

het, soos wat dit voorsien is in My plan van die ewigheid af. Amen

Gee aandag aan die boodskappers van God langs die

pad

8316 1 November 1962

Ek sal altyd My Wil in julle harte plaas, as julle My slegs om duidelikheid

vra oor wat om te doen. Dan weet Ek dat julle angstig is om My Wil te doen

en waarlik, julle sal geen verkeerde besluite neem nie. Ek sorg vir elke

individu, want elkeen benodig krag vir sy groei; maar wie bereid is om die

weg na bo te neem moet ook op alle tekens, asook boodskappers let wat

hulle langs die pad bevind, omdat daar altyd afdraai weë sal wees wat na

die diepte lei, waarteen dit noodsaaklik is om te waarsku.

En dit is juis hierdie verkeerde weë wat aanvanklik so verleidelik is, hulle is

so aansienlik vir die oog, so prikkelend dat ‘n mens geneig is om daarop te

gaan in die hoop om meer stimulasie te kry. Maar hulle lei na die donkerste

ruigtes, waarvan die reisiger homself nie kan bevry nie en om hulp moet

71

vra. Daarom sê Ek, gee aandag aan die boodskappers van God aan die kant

van die pad, wat die regte pad ken en wat Ek self stuur om die pelgrim te

ontmoet, dat hy nie sonder ‘n gids verdwaal nie. En moenie brom as julle

weg steiler of moeiliker word om te oorwin nie. Julle sal altyd met krag

voorsien wees en julle wil kan die krag enige tyd vergroot as julle My slegs

innig daarom vra.

En waarlik julle versoek sal toegestaan word, omdat Ek hunker na julle

terugkeer en alles van My kant sal doen om julle spoediger aan My hart te

druk, wat verlang na julle sedert julle afval van My. Julle aardse-gang is

gesaai met verleidings van alle soorte omdat My teenstander julle vir

homself wil hou en sal slegs die goed van hierdie aarde vóór julle oë hou.

Julle sal ‘n breë, begaanbare, besonder aantreklike weg voor julle sien wat

julle die mooiste bestemming belowe; waarop julle sonder enige twyfel sal

gaan as julle nie gereeld deur My boodskappers gewaarsku word nie, wat

My instruksie het om julle te begelei op die regte weg en die breë te

verlaat.

Weer en weer wys hierdie boodskappers julle die verkeerde weg uit en

maan julle om om te draai en die regte één te neem, mits dit julle wens is

om die regte bestemming te bereik, mits julle aan die einde van julle

pelgrimstog op hierdie aarde in julle Vader se Huis wil op eindig, waar

waarlik elke glorie sal ontvou en julle sal oor kompenseer vir al die vreugde

wat julle op aarde moes opgee, toe julle die smal weg gekies het wat na

so’n salige bestemming lei. Luister daarom na hierdie boodskappers, glo

dat hulle deur My gestuur word, julle Vader van ewigheid, om julle te

ontmoet, omdat Ek julle liefhet en julle wil help om vir ewig terug te keer

na My toe.

Moet nie afgesit word deur hindernisse nie, want hulle word maklik oorwin,

as julle slegs julleself aan julle leiers oorgee, wat julle verby rotse en klowe

sal lei, die weg word geleidelik makliker hoe nader julle aan julle

bestemming kom. Omdat Ek self julle wil lei en met My sal julle waarlik alle

hindernisse oorwin, met My sal selfs die steilste klim maklik lyk, aangesien

die krag ononderbroke na julle stroom sodra julle julleself aan My

toevertrou, waarna julle na liggewende hoogtes gaan en ophou om die

diepte te begeer. Maar julle sal nooit julle doel op die breë weg bereik wat

julle aan die begin geneem het nie en wat inderdaad baie beloof, maar

onherroeplik na die diepte lei, waarvandaan julle beslis julle weg na die

hoogte moet opwerk. En hoewel dit julle ‘n lang tyd kan neem om te besluit

om hierdie breë weg te verlaat, sal julle telkens weer op afdraai paaie kom;

en weer sal My boodskappers julle vermaan om nie op hierdie weë te gaan

nie, as julle, julle doel wil bereik waarvoor julle oor die aarde gaan.

Ek hou nie op om mee te ding vir julle nie en in hierdie boodskappers

ontmoet Ek julleself en spreek julle aan, omdat Ek julle nie wil verloor

weens onbelangrike vreugdes wat maak dat julle die ewige lewe verbeur

nie, wat slegs bereik kan word deur van die breë weg, weg te draai, wat My

72

teenstander besaai het met die mooiste scenario's, met glinster wat geen

lig versprei nie, omdat hy julle terug in die diepte wil lei waarvandaan My

liefde julle tot die menslike stadium gehelp het, wat julle slegs moet

aanneem. Amen

Die houding van die mense tot Maria, die moeder

van Jesus

8324 8 November 1962

Ek is steeds bereid om julle ‘n antwoord te gee as geestelike vrae julle

besighou. Want julle, wat die waarheid wat uit My kom, moet verkondig

moet ook self in die waarheid wandel. Julle moet in staat wees om die

waarheid van die dwaling te onderskei. En daarom moet daar vir julle ‘n lig

ontsteek word, waar dit in julle gees nog donker is, waar onduidelikheid

heers. Want dit moet julle goed onthou, dat ‘n verkeerde leer altyd weer

nuwe dwalinge tot gevolg het.

Op die houding van julle mense tot Maria, die aardse moeder van My

liggaam, het julle al uitlegging gekry in die betekenis dat sy wel die

vererens-waardigste wese in My ryk van die lig genoem kan word aan wie

julle mense ook julle liefde mag skenk, maar altyd met die voorbehoud dat

julle daar aan dink dat sy haar wel in My ryk bevind, maar dat sy haar daar

alleen as "kind van God" bevind, terwyl Ek Self daar as God en Skepper, as

Vader, as Oerbron van lig en krag, as hoogste en volmaaktste Gees in die

oneindigheid, heers. Sy is dus My skepsel as kind tot My teruggekeerd,

terwyl Ek die Skepper Self is en daarom van julle die onbegrensde liefde

sou wil ontvang, wat julle My ook sal skenk, as julle heeltemal My Wil

aanvaar het en nou uit julle harte baie na die vereniging met My verlang.

Hierdie onbeperke liefde van julle wil Ek besit. En alle wesens in My ligryk

wat My so innig liefhet, sal hulle steeds alleen inspan om op die mense in te

werk dat hulle hul tot My keer. Nooit egter sal hulle daar toe bydrae dat die

liefde van die mense ‘n ander doel nastreef as Myself nie, wat egter wel

gebeur as ‘n ligwese ‘n besondere verering van die kant van die mense

geniet wat egter alleen na My moet uitgaan.

Daarom sal ‘n ligwese hom nooit op so 'n wyse aan die mense openbaar dat

dit aanleiding gee tot ‘n verering van hom nie. Want so 'n verskyning sou

altyd slegs ‘n verkeerde leer bekragtig, net soos die verering van die

Moeder van God, Maria, soos hierdie by die mense ingang gevind het.

Ek Self en ook geen ligwese sal ooit deur sulke verskynings so iets in die

hand werk en daarmee dwaalleer begunstig nie. En omdat alle ligwesens

heeltemal My Wil aanvaar het en dit ook self weet van die skade wat sulke

dwaalleer die siele van die mense berokken, sal daar ook nooit van die kant

van die ligwesens so'n poging onderneem word nie. Wel egter bedien My

teenstander hom van so 'n geloof wat op die verkeerde weg is en hy

probeer dit te staaf met verskynings waarvan hyself die veroorsaker is.

73

Want as dit hom geluk om die aandag van die mense steeds meer op

"vreemde gode" naas My te rig, verdring hy Myself, Ek wat die enigste doel

en verlange van die mense wil wees. My teenstander probeer steeds weer

deur lis en bedrog die gedagtes van die mense op ‘n dwaalweg lei. En

begryplikerwys kan hy daar die beste werk, waar deur verkeerde leer die

grond reeds gereed gemaak is vir die opname van sy giftig saaigoed.

Steeds weer openbaar Ek My liefde en wysheid aan die mense deur die

verkondiging van My Woord, omdat hulle met die waarheid bekend gemaak

moet word. En so moet julle ook op hoogte wees van die aktiwiteit van My

teenstander, wat deur aankondiging van gebeurtenisse wat hy al baie goed

ken, die geloof van die mense probeer wen. En omdat Ek Self nie

regstreeks kan inwerk op die mense wat op sy fundament gebou het nie,

doen hy dit by hulle des te meer en wel deur verskynings. Maar die mense

besef nie dat hierdie verskynings misleiding van My teenstander is nie, wat

selfs nie bang is om in die gedaante van die hoogste ligwese op te tree nie,

omdat hy onder die masker baie mense kan bereik.

Wat ook geestelik volmaakte mensesiele in besonder geval, wat die gesig

nie kan bestry nie. Maar as dit om die oorbring gaan van dit wat vir die

mense van My kant, vir die heil van hul siele gedoen sal word, gebeur dit

op die manier van ‘n direkte openbaring deur die Gees. En die openbaring

gaan dan gepaard met die opdrag dat die mense hierdie openbaring moet

verkondig en dit nie geheim moet hou nie. Nooit egter word sulke

openbaringe deur middel van onmondige kinders gegee en dan nog met die

verbod om nie daar oor te praat nie. En reeds daaruit moet die mense al

weet wie die veroorsaker van sulke verskynings is.

In die tyd van die einde het My teenstander groot mag, en die benut hy

waarlik goed. En waar reeds dwaling is, daar sal ook sy aktiwiteite wortel

skiet en sal daardeur die dwaling steeds meer versterk word. En dat daar

dwaling aan julle mense aangebied word volg daaruit, dat daar ligwesens

op die voorgrond geplaas word, wat hul invloed moet aanwend om die

mense tot My, as die Godelike Verlosser, te lei, omdat hulle weet in welke

boeie hulle smag en dat hulle alleen verlossing kan vind deur My in Jesus

Christus. Sulke verskynings het egter steeds tot gevolg, dat die verering

van My liggaamlike moeder 'n ongewone oplewing ondergaan, wat egter

alleen die wens van My teenstander is, omdat die mense so vreemde gode

skep om die te aanbid.

Daar is ‘n uitgebreide stelsel van leuens opgebou wat steeds meer versterk

word, wat, egter alleen deur die suiwer waarheid, wat uit My na die aarde

gestuur word, kan vernietig word. En wie nou in die waarheid wil wandel,

die sal ook alles duidelik insien en in staat wees om die leuens van die

waarheid te onderskei. Hy sal van nou af aan Myself aanroep om

opheldering en Ek sal hom waarlik die waarheid nie weerhou nie. Amen

74

Ware dienaars van God – Die werking van die gees -

Inhuldigings woorde

8325 9 November 1962

Julle wat aan My glo en die werk van My Gees in julle, ontvang van My

buitengewone kennis. Dit maak dit julle plig om dit deur te gee aan julle

medemens. Julle ontvang dit nie vir julleself nie maar as bemiddelaars

tussen My en die mense met wie Ek nie direk kan praat nie, maar wat

dringend ware kennis nodig het om hulle te help om hulle taak op aarde

vervul .

Hulle wil om nader aan hulle God en Skepper te kom moet gestimuleer

word. En daarom moet hulle oor My en hulle verhouding met hulle God en

Skepper onderrig word. Hulle moet oor My wil en hulle taak op aarde leer.

Slegs dan kan van hulle verwag word om rekenskap te gee van hoe hulle

van hul lewe op aarde gebruik gemaak het. Hulle moet ook oor die proses

van evolusie leer waarin hulle hulself bevind en die oorsaak van dit alles.

Al hierdie kennis kan help om mense te maak dink oor hulself en hulle tot

dusver wêreldse neiging ‘n geestelike tendens te gee, sodat hulle

pelgrimstog op hierdie aarde nie tevergeefs is nie, maar kan hulle

terugkeer na My en ewige saligheid tot gevolg hê soos oorspronklik vir hulle

bedoel is.

Hierdie taak om die kennis uit te dra wat aan julle van bo gebring is, is julle

belangrikste werk, wat indien uitgevoer, julle ‘n baie groot seën sal bring.

Ek Self sal julle ondersteun in elke taak wat julle vir My onderneem, want

die resultaat kan tallose verloste siele wees wat Ek vir My terug wen, wat

My teenstander aan My moet terug gee, as hulself dit wens. Hierdie siele

sal dan ‘n evolusie voltooid het wat reeds eindelose tye geduur het en wat

vir nog eindelose tyd kan voortduur as ‘n mens op aarde faal.

Aan julle, My boodskappers van lig, gee Ek ‘n enorme kennis wat julle

waarlik sal toelaat om ‘n groot hoeveelheid lig in die geestelike duisternis te

dra. Julle medemens het slegs nodig om hulle harte en ore te open om te

deel in die groot skat van genade, wat julle kan opgrawe omdat julle bereid

is om My te dien. Julle moet altyd die brood van die hemel en die water van

die lewe uitdeel, wat met hul lewens krag ware wyn vir julle sielee is.

Dan is julle My ware dissipels wat Ek tot die bediening benoem soos Ek met

My eerste dissipels gedoen het toe Ek nagmaal met hulle gehou het.

Hoewel Ek aan hulle materieële voedsel uitgedeel het, het hulle geweet dat

dit My opdrag was om die lewende brood uit te deel. Hulle het geweet dat

Ek hulle na die onderrig bediennig roep, dat hulle My Evangelie in die

buiteland moes verprei en die siele van hul medemens moes voed met My

Woord wat hulle van My ontvang het en bly ontvang deur die werking van

My Gees in hulle. So het Ek hierdie dissipels na die bediening geroep en

aan hulle opgedra om uit te gaan in die wêreld.

75

Vir hierdie opdrag was dit belangrik dat hulle die 'brood van die hemel' en

die 'water van die lewe' van My persoonlik ontvang, want hulle moes die

'goddelike geskenke' deurgee, nie menslike leerstellings wat nie tot

voordeel vir die siel kan wees nie.

Terwyl die verkondigers van My Woord en hulle opvolgers na die bediening

deur die werking van die Gees in hulle geroep word, is hulle My

verteenwoordigers, My dissipels en daarom, aanhangers en opvolgers van

My eerste dissipels wat die ware evangelie van My Persoonlik ontvang het.

Ook nou kan elkeen homself as 'My dissipel’ (en ‘n opvolger van die eerste

dissipels) sien, wie Ek na die bediening roep, waarin My Gees aktief is deur

hom 'van binne' in ‘n enorme kennis in te lei wat 'intellektueel ' nie verkry

kan word nie.

Ook as geestelike kennis oorgeneem word deur tradisie, moet My Gees

eers in die verkondiger aktief word, sodat hy hierdie geestelike kennis ten

volle kan begryp en dit deurgee op so‘n manier, dat dit die mees gunstige

uitwerking op hulle het wat onderrig word.

Slegs ‘n verkondiger wie se Gees gewek is kan ‘n ware opvolger van My

dissipels wees, maar nie daardie predikers wat dit hulle loopbaan gemaak

het en glo dat hulle deur studies ‘n kennis kan verwerf waarmee hulle in My

wingerd kan werk nie.

Sulke arbeiders is ongeskik want hulle moet op hulle beroep van My

persoonlik wag. Hulle kan nie behoorlik in My wingerd werk nie omdat Ek

self deur My Gees in hulle wil werk wat vir My en My Koningkryk aktief is.

Hierdie beroep kan ook nie van ‘n medemens kom wat sy eie bediening

opgeneem het sonder ’n innerlike roeping nie, wat ook ‘n 'dienaar van God'

gemaak is deur sy medemens. Die bediening is so‘n verantwoordelikheid

dat daar ‘n spesiale geskiktheid vir dit moet wees en die menslike wil of die

menslike aksies is nooit genoeg om so‘n amp te beklee nie.

Ek daal Self af na die aarde om die mensdom My Woord te bring, die kennis

wat ooreenstem met die waarheid, verlig en bring die mens terug na die

staat van bewustheid soos dit was vóór sy afval van God.

Ek self bring die woord aan die mensdom en aangesien My verblyf op aarde

slegs beperk kon wees, kies Ek geskikte houers wat Ek met My Gees

vervul. Ek Self onderrig hulle en aangesien hulle ‘n lewe van aktiewe liefde

lei kon Ek hulle die werking van My Gees in hulle belowe in die uitvoering

van My opdrag.

Julle mense is bewus dat gesien die vryheid van wil, die suiwerste waarheid

uit My kan bederf as die voorwaarde nie meer bestaan wat die werking van

My Gees moontlik maak nie. Glo julle dat al die mense wat beweer om 'My

verteenwoordigers op aarde' te wees as opvolgers van My eerste dissipels

die vereistes besit om My gees toe te laat om in hulle te werk? daarom kon

die suiwer waarheid nie meer gewaarborg word nie. ‘n mens wat hom nie

as ‘n houer vir My Gees voorberei nie, kan maklik deur My teenstander

76

eïnvloed word wie se doel dit is om altyd die 'suiwer waarheid uit My' te

ondermyn.

Ten opsigte hiervan kon vele valse leerstellings ’n vastrap plek kry sonder

om blootgestel te word. Want waar My Gees nog nie kan werk nie, daar is

duisternis; slegs My Gees kan ‘n lig by die mens ontsteek. Die vonk van My

Gees is “liefde” en die liefde is lig en sterkte.

As die goddelike vonk in die mens se hart, die vonk van die Goddelike Gees

verenig met die Ewige Vader dan sal die resultaat ‘n helder lig moet wees

waarin geen fout kan bly nie omdat dit blootgestel en weerlê sal word deur

die waarheid in My aangesien Ek niks as die suiwer waarheid kan staan nie

en dit vir die mensdom toeganklik wil maak.

Julle sal moet begryp dat dit die ware betekenis van My laaste avondmaal

met My dissipels was, dat hulle eintlik die opdrag ontvang het om mense

die suiwer waarheid te bring en om terselfdetyd met hulle oor My

verlossingswerk en My inkarnasie in Jesus te praat, aangesien Ek aan hulle

sê: 'Doen dit in herinnering aan My', want slegs deur die verkondiging van

die suiwer evangelie sal die 'kennis oor My verlossingswerk' aan die

mensdom gebring kan word.

Aangesien hierdie kennis so belangrik is verwys Ek daarna met die woorde

aangesien elkeen, wie wens om geluksaligheid te bereik My sal moet

onthou. Nogtans, terwyl hierdie ‘inhuldigings woorde' verkeerd

geïnterpreteer en in ‘n heeltemal waardelose gebruik uitgeloop het is daar

nog groot duisternis onder mense.

En daarom dra Ek ook aan My laaste dissipels op om My Woord in die

wêreld uit te dra: die suiwer waarheid wat Ek aan hulle deur My Gees kon

bring wat effektief werk in julle wat glo. 1 Thes. 2:13."Amen

Die vereniging van die siel met sy gees

8327 12 November 1962

Op die eenvoudigste en begryplikste wyse openbaar Ek Myself aan julle

mense, want Ek spreek nie net tot die verstandsmense nie, maar tot almal

wat na die waarheid verlang, ook as hulle nie oor ‘n skerp verstand beskik

nie. Ek spreek hulle egter so aan, dat dit vir hulle ook begryplik sal wees en

daarom bedien Ek My daarvoor van ‘n mens wat self eenvoudig is in haar

manier van uitdrukking, wat elkeen ook sal kan begryp, as sy van mens tot

mens spreek, omdat Ek ook dan deur My Gees werk, wanneer sy aan

geestelike gesprekke deelneem. Word My Woord nou na die aarde gebring,

dan geskied dit ook op ‘n manier dat die inhoud van My openbaringe

duidelik en bevatlik is. Daarom sal elke mens ook kan begryp, dat die

gebeurtenis van die afvalligheid van die geeste daarin bestaan dat hulle die

aanstraling van My Liefde - My Liefdesgees - afgewys het. Dat die

terugkeer tot My dus weer daarin bestaan dat hulle die aanstraling van My

Liefde vrywillig sal aanneem, om hulself dus weer met My Gees te moet

verenig. En die vereniging met My Gees vind dan plaas wanneer die

77

goddelike liefdesvonk wat in elke mens lê en deel is van My, ontsteek word

tot ‘n vlam wat homself onafgebroke gedronge voel na My, om as die

Oervuur terug te keer.

Dan het die gevalle oergees weer tot sy oerelement geword en wel

bewustelik. Want krag uit My het hy gebly, ook na sy verval van My, omdat

hierdie Liefdeskrag wat van My uitstraal, nie kan vergaan nie. Die terugkeer

tot My kan dus slegs bewustelik geskied, waartoe die vrye wil nodig is, wat

die voorheen gekluisterde wese as mens weer terugkry en nou hierdie wil

op die korrekte manier moet gebruik. Wel het die oerwese onbewustelik op

die weg teruggegaan, opgelos in ontelbare partikeltjies, wanneer dit in die

skeppings van die aarde gekluister was. En hierdie terugkeer is ‘n daad van

barmhartigheid van My kant af, omdat Ek die allerdiepste gevalle wese wou

help, sodat hy weer die hoogte kan bereik waar die vrye wil weer aan hom

terug gegee sal word.

Dan egter moet die vereniging van die geestesvonk in hom met die

Vadergees van die Ewigheid plaasvind, as die uiteindelike terugkeer

gerealiseer moet word. Die oergees wat as siel van die mens nou die weg

oor die aarde aflê, is vir so lank nog van My verwyder, as wat hy sonder

liefde is. Want ofskoon Ek hom ‘n liefdesvonk gegee het, moet hy hierdie

liefdesvonk eers self laat opvlam, voordat hyself nou die vereniging met die

Vadergees kan voltrek. Want slegs die liefde bring hierdie vereniging tot

stand en die liefde moet vrywillig deur die mense beoefen word, wat dus

ook die aanstraling van My Liefdeskrag moontlik maak en sodoende weer

die wese word wat hy in die oerbegin was.

Die siel is ‘n gevalle oergees. As daar dus gesê word: Die siel verenig

homself met sy gees, dan is onder gees altyd slegs te verstaan die

Liefdesgees uit My, wat eens deur die oergees afgewys was en hy homself

afgesluit het vir elke Liefdestraal. As mens dra die siel die eens gevalle

oergees, ‘n goddelike geestesvonkie in homself, maar moet homself uit

vrye wil daarby aansluit, wat die siel nou bewustelik doen as hy homself

oopstel vir die aanstraling van My Liefde en daardeur self in liefde

werksaam is. Hy het dus die gees in homself en sy aardse opdrag is slegs

om homself deur hierdie gees te laat beïnvloed, wat steeds tot gevolg sal

hê, dat die mens die liefde beoefen en homself deur die liefde met My

verbind, wat die Ewige Liefde is. En dan verenig die siel homself dus weer

met sy gees. Die oergees sal homself nie meer afwysend teenoor My en die

aanstraling van My Liefde gedra nie, maar hy sal bewustelik na My toe

streef. Hy verlang na die straling van My Liefde en elke skeiding tussen My

en hom word opgehef. Hy is weer dieselfde goddelike oerwese wat van My

uitgegaan het en wat na sy vrywillige afvalligheid van My, ook weer

vrywillig na My teruggekeer het, maar nou tot My kind geword het, wat Ek

nie vir My kon skep nie, maar waarvoor die vrye wil van die geskape wese

nodig was om hoogs volmaak te word. Hy het homself dus vergoddelik uit

vrye wil en kan nou saam met My skep en werk in die hoogste saligheid in

78

vrye wil, wat egter ook Myne is, omdat ‘n volmaakte wese nie anders wil en

kan dink soos Ek nie, wat die mees volmaakte Gees in die Oneindigheid is.

Amen

Gods voortdurende hulp op die aardse weg

8328 13 November 1962

Deurlopend wil Ek aan julle skenk, want My liefde ken geen grense nie. En

laat ‘n mens My toe om regstreeks in hom werksaam te wees, dan is dit sy

wil wat deur My uitgevoer word, dan is daar geen sprake van geloofsdwang

nie, want hy open hom vir My gawe van genade, omdat hy in My glo, Maar

Ek kan nooit sigbaar werk waar die geloof ontbreek nie, waarom ook geen

enkele mens My stem sal hoor, wat nie deur sy geloof, wat lewend word

deur die liefde, bewus met My in verbinding tree nie.

Ek wil die mense alles gee, waaraan hulle gebrek het, of dit nou geestelike

of materiële goedere is, want solank My skepsele nog onvolmaak is, het

hulle voortdurende ondersteuning nodig, om tot voleinding te kom en

solank hulle as mens oor die aarde gaan, moet hulle ook in elk opsig aardse

versorging kry. Die ware maat egter weet Ek alleen. Ek ken die staat van

volwassenheid van die siel en weet dus ook wat hulle nodig het om

volwasse te word. Maar Ek ken ook sy aardse behoeftes. Ek weet, wat goed

vir hom is en wat hom skade doen en Ek bedeel een en elk ooreenkomstig

sy gesteldheid.

Want julle mense is nie almal eenders geaard nie, julle is deur julle vorige

lewens, deur julle gang deur die skepping, so verskillend na julle siele

gevorm, dat Ek My oor elkeen afsonderlik moet ontferm, om hom te gee,

wat hy nodig het. En ook aards moet Ek julle verskillend bedeel, omdat die

toestand van julle siele dit vereis. Julle het almal My besondere versorging

nodig en julle moet dit ook glo, dat die geestelike vooruitgang van elkeen

van julle, wat Ek probeer bevorder met die ware middele, My na aan die

hart lê.

Want dit is My liefde, wat julle na die hoogste graad van volwassenheid wil

lei, sodat Ek julle dan in My Ryk eindeloos gelukkig wil en kan maak.

Omdat julle, julle eertyds vrywillig van My afgekeer het en dus self skuld

het aan julle onvolmaakte toestand, julle het nou weer middele van

genade, wat julle onophoudelik toestroom en My liefde sal nooit ophou, tot

julle weer met My verenig is nie, want julle het uit My liefde voortgekom en

keer ook onherroeplik eenmaal weer na My terug.

Maar al kan julle verseker daarvan wees, dat my middele van genade

suksesvol is, julle mag julle nie daarteen verset nie, julle mag julle nie vir

My liefde afsluit, deur My teë te werk nie, deur julle aan My teenstander oor

te gee, wat alles sal doen, om die terugkeer na My te verhinder. Ek verlang

van julle dat julle julleself bewus tot My wend, wat dieselfde tyd ‘n

afwending van My teenstander beteken. Want dan omvat My liefde julle en

laat julle vir ewig nie weer val nie.

79

Is daar egter in julle harte geen plek vir gedagtes aan My nie, dan is julle

harte in besit van My teenstander en dan sal dit slegs gevul wees met

wêreldse gedagtes, met aardse verlange, met begeertes van allerlei aard,

en het hy volledig besit geneem van julle siele en laat hy hom moeilik

daaruit verdryf. Dan sal My liefde weliswaar steeds weer probeer, om ‘n

verandering van julle wil te bewerkstellig deur slae van die noodlot van

allerlei aard, maar julle sal julleself steeds weer moet oorwin en die rigting

van julle gedagtes moet verander.

En daartoe kan julle nie gedwing word nie, waarom Ek ook nie regstreeks

tot julle kan praat nie, omdat ‘n derglike aanspreeking ‘n dwinging van julle

geloof en wil sou wees. Julle moet die weg tot My vrywillig betree en julle

sal waaragtig ooral steun vind, wat die weg vir julle ligter maak en dit as ‘n

lig vir julle skyn, omdat julle die weg waarop julle gaan herken. En dan sal

Ek Self julle begelei, Ek sal My aan julle as Leier aanbied, en geseënd is

julle, wanneer julle My leiding aanneem en julleself volledig aan My oorgee.

Ek lei julle weliswaar weg uit die wêreld, maar julle sal dan ook nie meer

agtertoe kyk nie, julle sal dan nie meer verlang na die ryk, wat julle nou

vrywillig verlaat het nie, maar julle blik sal opwaarts gerig wees en slegs

een doel nastreef, Myself. En julle aardebewoners kan van My aanneem,

dat Ek om julle sielee worstel en julle volg met steeds dieselfde sorg, dat

Ek steeds weer op julle weg sal kom, want Ek wil julle nie verloor nie, Ek

wil julle aandag vestig op geestelike goedere, wat onverganklik is, en Ek wil

julle daarom die verganklikheid van die wêreld voorhou.

Want nog is julle weinig tyd gegee, waarin My liefde en genade julle volg en

waarin julle julleself nie teen My mag verset nie, om ook deelgenoot te

word van die liefde en genade. En Ek wil julle steeds weer aanspreek deur

My dienare, Ek wil julle ‘n genademiddel gee wat uiters werksaam is, as

julle nie teenstribbel en bewus My genade in ontvang neem. Amen

Groot geestelike nood gedurende die eindtyd

8329 14/16 November 1962

Julle sal julle nie mag verwonder oor die verwarde opvattings van die

mense in die laaste tyd voor die einde nie, dit maak nie saak op watter

gebied nie. Oral heers My teenstander en hy beïnvloed die denke van

diegene wat nie heeltemal vas met My verbind is nie. Maar Myne sal hulle

afvra hoe dit moontlik is dat so ‘n verkeerde denke onder die mensdom

ingetree het, want hulle is deur Myself in hulle denke gelei en kan daarom

nie begryp in welke denkrigting die mensdom verkeer nie; omdat hulle

weinig geloof het en hulle weg alleen gaan sonder My en My teenstander

hom derhalwe by hulle kan aansluit. Aards en geestelik het die mense hulle

van die waarheid afgekeer, van natuurlike gevoelens en van al die goeie en

mooie. Daarenteen is hulle die wêreld in die mees krasste vorm toegedaan,

dit wil sê hulle vervorm alles en het alle gevoel vir die regte en goeie

verloor. En geestelik bevind hulle hulself in die diepste duisternis, hulle

80

weet niks oor geestelike samehang nie, oor hulle God en Skepper en die

doel van hulle lewe op aarde en wens ook om niks daaroor te wete te kom

nie. Hulle lewe in ‘n heeltemal verkeerde wilsrigting en gee daarom

onbeperkte mag aan My teenstander, wat hy gebruik op die mees boosste

wyse.

En hulp is onmoontlik, solank die verlange nie self in hulle opkom om

duidelikheid te verkry in alle sake nie. Die verlange moet uit hulself opkom,

vanuit die insig dat die wêreld en sy goedere verganklik is en dat hulle lewe

nie alleen die doel op sigself kan wees nie, inteendeel ‘n middel tot ‘n doel

moet wees. Die insig kan hulle verkry, sodra hulle hulle lewenslus laat

vaar; sodra hulle die aardse genot van wat vir hulle begeringswaardig

voorkom, laat vaar. Daar kan ure van innerlike besinning kom, wat hulle

die lewe wat hulle tot nou toe geleef het, onnosel en onsinnig laat voorkom

en dan is dit moontlik dat hulle planne sal maak om te verander; dat hulle

toeganklik sal wees vir die aanspreek van die medemens wat op die regte

weg wandel en poog om hulle te oortuig dat hulle weg die regte is. En

mense sou erbarming moet hê met die geestelike nood van ‘n medemens

en daar aan dink, deur ten gunste vir hom te bid. Want sulke gebede bly

nie onverhoord nie. Maar meestal behou die teenstander sy mag oor sulke

mense en die geestelike nood word steeds dreigender en is ook die oorsaak

van die verandering van hierdie aarde. Want sodra die geestelike

dieptepunt bereik is, is ook die verwoesting van die ou aarde met al sy

skeppings gemotiveerd, ‘n totale verandering van al dit wat die onvolwasse

geestelike bevat met as doel die positiewe ontwikkeling.

Steeds sal daar voor die einde van ‘n verlossingsperiode hierdie op die

materie gerigte toestand onder die mense wees, waarin die geestelike

besef onder die mense verlore gegaan het, omdat daar in hierdie tyd baie

mense op aarde is wat nog baie onvolwasse geestelikheid in hulle dra, wie

se tyd egter uitgeloop is, wat aan hulle toegeken was om vry te raak uit die

vorm. Hierdie mense kan volwasse word gedurende die tyd tot aan die

einde, maar hulle moet hulle weerstand teen My opgee, hulle moet hulle wil

verander en op My rig. Maar die geloof in My as God en Skepper ontbreek

by hulle, Wie hulle krag kan en wil laat toekom. Daarsonder is hulle egter

te swak. Maar hulle word voortdurend gewys op die Mag Wie aan hulle die

lewe gee, sowel deur My woord, wat hierdie mense ook soms bereik, asook

deur dit wat hulle deurmaak, die eie lot en dit van hulle medemens. Want

Ek maak My aan alle mense bekend wat maar daaroor nadink wat die

aardse lewe hulle ten deel laat val. Die denke staan die mens volledig vry,

hy word wel beïnvloed deur My teenstander of ook deur die kragte van die

lig, maar nie gedwing om in dieselfde rigting te dink as hulle nie. Maar

solank die mens deur My ‘n denkvermoë besit, moet hy dit ook

verantwoord oor hoe hy sy aardse lewe gebruik het, want deur My word

alles gedoen om sy denke te stimuleer.

81

En daarom is dit vir die mense wie hierdie aarde in ‘n nog baie onvolwasse

toestand betree ook moontlik om op aarde volwasse te word, wat hulle die

ingaan in die ligryk sal verseker. Hulle mag geaard wees hoe hulle wil, dit is

vir hulle nie onmoontlik om hulself te verander en die voltooiing te bereik

nie, omdat My barmhartigheid almal op buitengewone wyse toevloei en dit

alleen maar benut hoef te word. En selfs met ‘n baie swak wil, hou Ek

rekening, deurdat Ek sulke mense in situasies laat kom waar hulle

weerstand afneem en dit vir hulle maklik sou wees om hulle op My te rig.

Ek wend elke middel aan wat nog sukses beloof, sodat die siel nie ten prooi

val aan die lot van die hernieude kluistering nie. Maar die laaste vryheid

moet Ek aan hulle oorlaat.

Dit is ‘n groot barmhartigheid wanneer hulle vroegtydig uit die aardse lewe

weggeroep word, omdat hulle dan op aarde nie meer dieper kan val nie en

in die ryk hierna waarlik alles probeer word om hulle van ‘n verdere val in

die diepte in te behoed. Maar dan hou hulle hulself nog in die nabyheid van

die aarde op en hulle kan ook die lot van baie mense, wat noue bande met

hulle gehad het in die lewe op aarde, op die voet volg. Ook in die geestelike

wêreld kan hulle nog dink, ofskoon dikwels verward, maar daar word

steeds weer bystand aan hulle verleen van die kant van die ligwesens, wat

hulle onherkenbaar vermom in dieselfde gewaad, hulself by hulle voeg en

met hulle praat. Alles word probeer om die siele op die weg na die hoogte

te bring, steeds sonder dwang van hulle wil, maar in liefdevolle sorg, wat

ook soms herken word en in dank aangeneem word. Sodra hierdie

verlossingsperiode egter ten einde loop, word die poorte van die geesteryk

ook gesluit, dit wil sê, dan is die skeiding van die bokke en die skape op

aarde alreeds voltrek. Alleen die mense wat aan My trou is, sal nog oorbly

en sal oorgeplaas word op die nuwe aarde. Maar die ander is die aanhang

van My teenstander en hulle deel ook die lot van My teenstander. Hulle

word weer gekluister vir ‘n eindelose lang tyd.

En daarom moet julle die mense nie betreur wat uit die lewe weggeroep

word nie, want by hulle is daar steeds nog ‘n verbetering te behaal, hulle

het nie heeltemal ten prooi geval aan My teenstander nie, ofskoon hulle ook

nog in die ryk hierna kan wegsink, terwyl die agtergeblewenes wel nog tot

aan die einde die moontlikheid het om te bekeer en dan ook gered kan

word van die ondergang, maar hierdie moontlikheid weinig benut en

daarom sal ‘n vreeslike lot tegemoet gegaan word. Julle sal ook die vroeë

afsterwe van julle geliefdes as ‘n daad van barmhartigheid van My kant

mag beskou en sodra julle, julle liefdevolle gedagtes en voorspraak laat

volg, hoef julle ook nie meer bang te wees dat hulle verlore sal gaan nie.

Hierdie toeseggings van My kant moet julle altyd met troos vervul en die

verklaring gee van alle slae van die noodlot, ongevalle en katastrofes

waarby soveel mense hulle lewe verloor. Want Ek wil die aantal

ongelukkiges wat ‘n hernieude kluistering sal ondergaan, verminder vir

sover dit moontlik is.

82

Want dit sal erg wees, want My teenstander is aan die einde op so ‘n wyse

besig, dat hy groot aanhang het en behou. Maar dit staan vas, dat sowel op

aarde, asook in die geesteryk, geworstel word om elke afsonderlike siel, dat

alles daar aan gedoen word om die mense op die regte weg te lei en om die

siele, van hulle wat gesterf het, behulpsaam te wees. Want almal moet

eens die geluksaligheid bereik. Amen

Die opdrag om die woord te versprei

8333 20 November 1962

Dra dus My Woord uit in die wêreld. As Ek hierdie opdrag Self vir julle gee,

dan kan julle ook seker wees daarvan dat Ek alles sal doen om julle die

moontlikheid te verskaf om dit uit te voer. Ek sal julle lewenslot Self so lei

dat julle My versoek sal kan nakom. En Ek sal Self die weë bepaal wat julle

in julle aardse lewe moet gaan.

Niks kom sommer op julle af nie, alles is so beskik dat dit die verspreiding

van My woord ten goede kom. En ook die medemens sal julle lewensweg so

kruis soos wat Ek dit as suksesvol sien, dat ook hulle tot ‘n volwasse

wording van hulle siel kom, as hulle wil homself nie daarteen verset nie. En

al lyk dit vir julle nou asof die geleenthede julle ontneem is om vir My en

My Ryk te werk, Ek sal steeds weer moontlikhede skep, omdat Ek weet hoe

nodig dit is dat die mense My Woord hoor, wat Ek julle regstreeks van bo

kan toestuur.

My teenstander sal egter netso ywerig sy bes doen om julle te verhinder

om My opdrag te vervul. Maar hy sal die oorwinning nie behaal nie, want

My woord is die lig wat in die donker van die nag moet uitstraal, wat van

Myself uitgaan en julle ook deurstraal. En die lig sal by die teenstander

verbygaan, omdat dit reeds te helder straal en hy dit nie meer kan doof

nie.

Daarom, verlaat julle steeds op My hulp, wat nie sal uitbly nie en weet, dat

Ek My werk nie in gevaar laat bring nie, dat Ek steeds weer ligbodes na die

aarde stuur, wat in My opdrag werksaam is, al herken julle hulle ook nie as

bodes van die lig nie. Van ewigheid af ken Ek al die wil van die mense en so

weet Ek ook of en wanneer dit nodig sal wees dat Ek bereidwillige dienare

na julle toe stuur, wat hulself daarvoor instel om My Woord van bo te

versprei, sodra My teenstander slaag om hindernisse op te werp, of die

arbeid in die wingerd deur sy invloed in gevaar te bring.

Ek sal julle steeds weer aanspreek, julle wat julle oopstel as opnamehouer

van My Gees en julle hoef ook nie te vrees, dat die stroom van My

barmhartigheid minder sal vloei nie. Want solank julle julleself aan My

oorgee, kan Ek in en deur julle werk en solank sal My Wil ook aan julle

aardse lewe vorm gee, soos wat dit vir die verspreiding van My Woord

dienstig is. Ek sal egter nooit ‘n mens dwing om My te dien nie, wanneer sy

wil homself daarteen verset, as hy homself deur My teenstander laat

beïnvloed, want slegs die vrye wil kan ‘n geseënde arbeid vir My en My Ryk

83

tot stand bring. En steeds weer sal daar mense te vinde wees wat vir My

hulle dienste uit vrye wil sal aanbied, omdat die ligwêreld die groot nood op

aarde ken en ligwesens hulself vrywillig aangebied het om in hierdie

eindtyd na die aarde te kom, en nou as mense ‘n geestelike sending op

hulself neem. Die Woord wat van My uitgaan moet versprei word, want dit

is die enigste middel om die mense te help om hulle siele te red, omdat dit

hulle tegelykertyd lig en krag skenk en omdat ‘n direkte hulp van My kant

nodig geword het. Dus sal Ek ook daarvoor sorg dat My Woord versprei kan

word. Ek sal alles so beskik, sodat dit suksesvol sal wees en ook die

geskikste dienare kies, wat dan in My opdrag werksaam sal wees.

Want My mag is groot en My liefde vir julle is die rede waarom My mag

homself ook uiter en dat julle daarom dinge meemaak, waardeur Ek blyke

wil gee van My eindelose liefde vir julle. Julle kan daarom julle arbeid

onbesorg in My wingerd uitvoer, omdat Ek Self daaroor waak en die werk

van My liefde vir julle nie in gevaar laat bring nie. Want julle mense het My

Woord nodig, julle het ‘n lewende kontak van My kant af nodig, sodat dit lig

kan word vir alle siele wat nog in die duisternis ronddwaal. Amen

Die ondersoek van geestelike "ontvangste"

8337 24 November 1962

Oral wil Ek My woord heen stuur, Ek wil dat alle mense die kennis kry en lei

julle ook almal op julle weg na hulle wie julle My woord moet oorbring. Ek

stort My Gees uit oor alle vlees en kies vir My in elke plek ware vate

(harte=uitg.), wat Ek dmv. gedagtes of ook deur die innerlike woord kan

onderrig, omdat dit noodsaaklik is dat die mense op hoogte is van My Wil

en van hul taak op aarde. En so is Ek oral werksaam, omdat die laaste tyd

voor die einde ongewone hulpverlening vereis.

En steeds weer sê Ek julle, dat Ek julle direk of indirek aanspreek deur My

ligbodes, wat van My, My woord ontvang en dit deurgee aan julle wat die

stroom van die Gees in julle laat binnekom. In die laaste geval sal My

woord dan deur My aan hierdie ligbodes gegee, ook herkenbaar wees aan

die vorm van die woord. Maar altyd sal dit suiwere waarheid wees uit My,

omdat die ligbodes alleen My Wil volbring en niks anders as waarheid aan

julle, wat die waarheid opreg begeer, sal oorbring nie. Tog moet julle

steeds ondersoek en altyd in gedagte hou dat ook My teenstander hom in

die laaste tyd wil uiter, dat hy hom sal uitgee as ‘n engel van die lig. Julle

moet altyd daar aan dink dat Ek julle gewaarsku het teen valse christusse

en valse profete. Want ook hierdie is aktief op die aarde en wil die mense in

die war bring.

En steeds sal julle die ondersoek kan uitvoer met die inroep van My

bystand en met inagneming van My woord, dat alle geeste wat belei dat

Jesus Christus in die vlees gekom het, ook gesien kan word as daartoe deur

My aangestel. Maar daar moet daarby steeds op gelet word, dat julle oor

hierdie verwekking in die vlees uitsluitsel gegee moet word. Want ook ‘n

84

slegte gees kan, om julle te mislei, dieselfde woorde gebruik, wat wel aan

hom bekend is, maar tot uitleg gee is hy nie instaat nie. Ook kan

onvolwasse geeste wat hulle nog nie in die lig bevind nie, maar geen slegte

bedoelings het, hulle wil uiter en hulle gee nou dit deur wat hul bekend is

uit die aardse lewe. Hierdie onderwysende kragte is nie te aanvaar nie. En

weer is die instelling van die ontvanger deurslaggewend, of sulke

onvolwasse wesens hulle kan uiter of deur die ernstige wil om die waarheid

te weet verhinder word met hul voornemens.

Soos daar op aarde predikers is wat alleen dit as inhoud van hul predikinge

gebruik wat hul bekend is, sonder om deur die gees verlig te wees en tog

nie sleg hoef te wees nie, so uiter ook die wesens hulle uit die hiernamaals

wat ook op aarde die amp vervul het en hulle sit nou in die hiernamaals hul

onderrigting voort. En solank hulle hul uitgee as lerare uit die hiernamaals,

word hulle aangehoor of afgewys al nagelang die volwassenheid van die

mens wat hulle probeer onderrig. Omdat hierdie wesens uit die hiernamaals

self nie weet dat God en Jesus een is nie, inteendeel steeds slegs die

"mens" in Jesus sien, wat op aarde volmaaktheid bereik het, hulle weet ook

nie wat onder hierdie "volmaaktheid" te verstaan is nie, gebruik hulle Sy

menslike naam om hul onderrigting geloofwaardig te maak.

Want die volledige insig in hierdie groot sonde ontbreek hul, anders sou

hulle dit waarlik nie begaan nie. Want steeds het hulle die bedoeling om

die mense na die "hemelryk" te lei, soos hulle dit op aarde wou doen in hul

funksie as prediker. Daarom sal ook hul onderrig uit die geesteryk op die

mense die indruk maak om van ‘n onberispelike geestelike inhoud te wees,

afkomstig uit hoër sfere.

Maar hy wat geestelik ontwaak is bemerk, dat nie Ek die bron van die

geestelike lering is en kan wees nie, omdat My Godheid in Jesus nie

duidelik na vore gebring word nie, maar dit julle steeds deur My woord

begryplik gemaak moet word, omdat eers dan die verlossingswerk van

Jesus Christus begryp en aanvaar word, wanneer julle, mense

ooreenkomstig die waarheid uitsluitsel daaroor kry.

Daar kan julle nie genoeg op gewys word om julle voortdurend met My te

verbind en in gees en in waarheid tot My te bid, sodat alles eenkant geskuif

word wat onwaar of onbegryplik is vir julle, wat julle siele geen nut, veeleer

skade oplewer. Want My teenstander span hom ywerig in om oral deur

skadu die lig te verduister, wat helder straal by hulle wat die waarheid wil

weet en waar hy daarom self die mense nie op ‘n dwaalspoor kan bring nie.

Vra My waaroor julleself nog onseker is en Ek sal julle steeds opheldering

skenk en julle steeds weer die bewys van My liefde, wat julle almal na die

lig wil lei, lewer, sodat julle salig kan word. Amen

85

God bring Sy heilsplan ten uitvoer

8338 25 November 1962

Niks kan My verhinder om My heilsplan van ewigheid te verwesenlik nie,

want My liefde en wysheid weet al van ewigheid af in watter tyd dit nodig is

om My almag te openbaar en uit hoofde van My gesag die skeppingswerk

aarde te verander.

Hierdie tyd gaan nou in vervulling, want wat Ek eens vir noodsaaklik ag sal

Ek ook verwesenlik. Die lae geestelike peil van die mense vereis ook hierdie

verandering, want dit kan byna nie meer oortref word nie. Daarom is die

dag wat voorbestem is van ewigheid af nie meer ver nie en dit is alleen nog

nodig om die mense op aarde so veel moontlik te hulp te kom, sodat hulle,

wat hierdie hulp aanvaar, nog gered kan word.

Maar niemand mag glo om My daartoe te kan beweeg om van My heilsplan

af te sien nie, ofskoon Ek beloof het om innige aanbidding uit die hart te

verhoor. Maar om die afkeer van die laaste gerig moet julle nie voor bid nie

want dit is ‘n daad van My liefde en julle mag My nie hinder om liefdadig te

wees nie. Ek weet dat ‘n totale verandering nodig is sowel vir julle mense

as ook vir die nog in die skeppings gekluisterde geestelike, wat opwaarts

moet strewe. Wanneer julle dus bid om afwending van die einde doen julle

dit uit eieliefde, want julle wil nog julle liggaamlike lewe, nog julle

besittings verloor.

Is julle liefde egter so dat dit alleen My geld en julle naaste, dan is julle

gees reeds verlig en sal ook in die laaste gerig ‘n daad van My liefde erken.

En dan erken julle ook self die lae geestelike peil van die mensdom en sien

in, dat Ek ‘n verandering moet skep om te red wat nog te redde is.

Steeds het Ek op die einde gewys, maar nooit ‘n bepaal tyd aangee nie. En

ook nou gee Ek julle nie die regte tyd aan nie. Maar julle kan seker daarvan

wees dat My aankondiging spoedig in vervulling sal gaan, dat julle nie baie

tyd meer het tot die einde van hierdie aarde nie en dat julle kort voor dit

staan.

As julle dus bid, bid dan alleen daarom dat nog baie mense tot insig mag

kom. Dat hulle die weg mag neem tot die kruis, sodat vir hulle die uur van

die einde nie verderf beteken nie maar saligheid. En probeer elke mens die

gebooie van die liefde duidelik te maak, sodat hulle hul eieliefde kan

verander in onbaatsugtige naasteliefde. Dit sal waarlik ‘n ware gebed wees,

as julle bid vir die naaste wat self nog nie tot insig gekom het nie. Maar glo

nie dat julle deur sogenaamde “gebedsaksies" My kan beweeg om My

heilsplan op te gee nie.

Dit sou waarlik geen daad van barmhartigheid wees nie, want My

teenstander sou sy aanhang daardeur nog kan vergroot. Ook Myne sou

gevaar loop om deur hom in die verderf gestort te word. Glo dus ernstig

dat My liefde en wysheid te alle tye die beste wil doen vir My skepsele, en

dat ook die laaste gerig geen straffende daad is nie, maar ‘n regstel van

alles wat uit My orde gegaan het. Ek wil die orde weer herstel wat deur die

86

menslike wil en deur invloed van My teenstander omver gegooi is. Want

daardeur word die terugvoeringsproses van al My skepsele bedreig, omdat

My heilsplan altyd ten doel het om die eens gevalle geeste weer tot My

terug te bring.

Maar julle mense ontbreek die oorsig en die regte insig; en julle weet ook

nie hoe diep die mensdom al geestelik verval het nie. Julle weet ook nie dat

die tyd gekom het dat hul val teengehou moet word en die siele aan My

teenstander ontruk en weer opnuut gekluister moet word. Want daardeur

kry hulle weer ‘n kans om die weg tot My te neem, wat hulle in die lewe op

aarde verspeel het. Hulle het hul aardselewe nie uitgebuit nie en is daarom

deur eie skuld vir ‘n eindelose lang tyd onsalig. Maar My teenstander behou

nie die mag oor hulle nie en dit is reeds van voordeel vir die gevalle geeste,

wat weer in partikels opgelos deur die skeppings van die nuwe aarde moet

gaan.

Julle mense begryp nie dat My liefde die aanleiding is vir My handel nie,

want julle almal moet eens Myne word. Julle sien meestal in My die

straffende God, ofskoon julle die "straf” vir julleself geskape het. Julle het

vir julleself die lot gekies deur julle gehegtheid aan die wêreld en dit het

julle tot verderf geword, want My ryk is nie van hierdie wêreld nie. Die

wêreld behoort aan My teenstander en julle stel julleself geheel vrywillig

onder sy heerskappy. En hy sal julle solank vashou tot Ek self julle van

hom sal ontruk, wat geskied deur die hernieude kluistering in die hardste

materie van die nuwe aarde. Maar dit is dan gelyktydig weer die begin van

julle opstyg uit die diepte na die Hoogte.

Dit alles word julle steeds weer verkondig, berei julleself daarom voor op

die einde van hierdie aarde en doen alles om los te kom van hom wat julle

wil verderf. Kom tot My en Ek sal julle waarlik help en bystaan in die

weerstand bied teen hom. Want dan hoef julle die einde nie te vrees nie,

wat onherroeplik sal kom soos Ek dit steeds weer verkondig het. Amen

Stroom van krag deur verbinding met die ligwêreld

8340 27 November 1962

Elke geestelik kontak, d.w.s. elke verbintenis met Myself asook met die

goeie geestelike wêreld, laat ‘n oordra van krag toe, wat vir julle van die

grootste nut is, want om geestelike krag te ontvang, beteken dat die siel

weer tot lewe kom, ‘n lewe wat ewig duur. Hy tree uit sy toestand van dood

deur sy vrywillige toekeer na die ligwêreld, na My, Wie in hierdie wêreld vol

van lig regeer en hy kan nou ook die lewensstroom in ontvangs neem wat

van My uitgaan en ook deur die ligwêreld na hom gebring word. Julle weet

nie hoe seënryk dit is, wanneer julle julleself daagliks in gedagtes in hierdie

ligwêreld verplaas nie, wanneer julle almal nader roep wat julle welsyn op

die hart dra, wanneer julle al die goeie geestelike wat julle omring, om

ondersteuning vra in al julle aardse aangeleendhede, wanneer julle julleself

vol vertrou aan die ligbodes oorgee wat in My opdrag aan julle sy geplaas

87

is, om julle te lei en wat steeds alleen My Wil uitvoer as julle ook innig aan

My dink en daardeur die kontak tot stand bring van julle tot My, wat die

voorwaarde is vir die oordrag van krag. En laat julle nie in die war bring

wanneer julle liggaam die toestuur van krag nie bemerk nie, want die siel

ontvang dit en waarlik, hy word gesond en volwasse tot so ‘n mate dat julle

met vreugde en hoop deur die lewe op aarde sal kan gaan, want julle

bereik waarlik julle doel: die vereniging met My.

Dit is vir julle nog ‘n onwerklike wêreld waarin julle julleself d.m.v.

gedagtes verplaas, sodra julle verbinding soek met My en al die ligwesens

en tog is dit die regte vaderland van julle siele en hy herken sy vaderland

ook en stuur bewus daarop af. Maar hy kan die liggaam nie die indrukke

oorbring nie, omdat hy dit nie sal kan verdra nie en nie in staat sal wees

om sy lewenswandel op hierdie aarde voort te sit nie, maar die siel self is in

staat deur die toevoer van die krag van My Liefde om die geesteryk te

aanskou en hy is gelukkig om eens die ryk binne te mag gaan. En steeds

wanneer julle innig aan My dink, kan Ek julle hierdie krag laat toestroom,

want die kontak tussen julle en My het die stroom as gevolg, want Ek straal

onophoudelik die stroom van krag van My Liefde uit en waar dit geen

weerstand ondervind, kan dit werksaam word.

Maar wanneer die gedagtes van ‘n mens hom nooit met die ligryk besighou

nie, d.w.s. Myself soek nie, daar is ook die stroom van krag onmoontlik en

die siel bly in sy skynbare dooie toestand en kan ook in dieselfde toestand

oorgaan in die ryk hierna. Bring daarom dikwels hierdie innige verbintenis

met My tot stand en ontvang van My onbeperk die krag van My Liefde en

glo My, dat julle niks beters sal kan doen as steeds weer julle gedagtes na

My te stuur en julle toe te vertrou aan die ligwesens nie, want waarlik julle

sal beskermend gelei word as kinders wat steeds behoefte het aan die

liefdevolle leiding.

Maar julle sal ook sorgeloos voort kan gaan en geen enkel gebrek hoef te

vrees nie, want die siel en die liggaam sal ontvang wat hy nodig het, omdat

julleself dit moontlik maak, dat Ek julle geestelik en aards kan seën deur

julle bewuste toewyding aan My. Glo dit dat Ek julle voortdurend geskenke

wil gee, maar geopende hande daarvoor nodig het, wat My genadegawe in

ontvangs kan neem, dat julle hartee hul moet open om die aanstraling van

die krag van My Liefde in ontvangs te neem.

En dit gebeur, wanneer julle gedagtes hul na My keer en steeds weer by My

en in die geesteryk vertoef. Dan is julle nie meer verwyder van My nie,

want dan sal ook julle wese vol liefde wees, omdat julle My anders nie as

die ewige Liefde sou soek nie.

En so sal julle ook begryp waarom Ek julle steeds weer waarsku teen die

wêreld, waarom Ek julle daarvan weerhou en vra dat julle in die stilte moet

gaan. Want in die wêreld is Ek nie te vinde nie en deur die wêreld word

julle verhinder om ‘n innige verbintenis met My te hê, daarom sal julle ook

weinig krag besit, solank die wêreld nog tussen ons staan. Skynbaar

88

ontvang julle ook net weldoende goedere vir julle liggaam, maar nooit dit

wat die siel nodig het om hom te vervolmaak nie. Want dit kan alleen Ek

hom gee en hy ontvang dit ook sodra hy homself met My verbind en die

stroom van krag moontlik maak wat hom die lewe besorg wat ewig duur.

Amen

Inleiding in geestelike kennis

8341 28 November 1962

Ek wil die mense ‘n maklik te begrype onderrigting gee. Ek wil hulle op die

eenvoudigste wyse opheldering verskaf sodra hulle wat nog geheel sonder

kennis is ‘n ware verklaring sal aanneem. Julle, mense sal julle kan voorstel

dat Ek julle nie geskape het soos wat julle nou is nie, want julle kan baie

onvolmaaktheid by die mense waarneem. En as julle hieroor nadink, sal dit

julle twyfelagtig voorkom dat ‘n hoogs volmaake Wese, wie julle God noem,

so ‘n onvolmaakte mensdom sou geskape het. Omdat julle egter julleself,

asook al wat vir julle sigbare skeppingswerke is, nie hulself kan laat

ontstaan het nie, moet daar dus ‘n "krag" aan die werk gewees het

waaraan julle glo.

Daar moet ‘n God bestaan, ‘n Skepper van alles wat julle sien en Wie ook

julle geskape het. Hierdie Skepper is hoogs volmaak, waarvan julle julleself

tydens julle aardse lewe baie bewyse sal kan verskaf. Hy het ook die mense

geskape, egter nie in die toestand waarin julle julleself tans bevind nie.

Veeleer het julle hoogs volmaak uit Hom voortgekom, julle het voortgekom

deur die hoogste volmaakte krag van ‘n Skepper, WIE ‘n Wese is wat in

staat is om te dink net soos julle, slegs in die hoogste perfeksie. Julle was

dus volmaak geskape maar julle bly nie volmaak nie omdat julle ‘n vrye wil

het, wat julle kon ontplooi in alle rigtings en dit daarom ook alle

volmaaktheid kon opgee en julle verander het in die teendeel.

En dit het julle gedoen! Julle verlaat julle vaderhuis, julle verwyder julle

van My, julle God en Skepper. Julle wys My Vaderliefde af en word

daardeur ongelukkige skepsele, omdat by saligheid My onbegrensde liefde

behoort.

My Liefde is egter oneindig en Ek volg julle ook in die diepte wat julle in

vrye wil gesoek het. My Liefde wil eenmaal weer julle terugkeer na My

bewerkstellig en Ek laat julle daarom nie in julle onsalige toestand nie maar

help julle, dat julle uit die diepte weer omhoog klim, dat julle uit die ryk

van die duisternis weer terugkeer in die ryk van die lig en julle vroeëre

saligheid weer bereik. Want die liefde wil altyd gelukkig maak en daarom

sal My Liefde ook nie verswak tot julle die weg terug na My voltooi het nie.

Julle menswees op hierdie aarde is slegs ‘n baie klein stappie op die weg

wat terugvoer na My. Julle is met rede begaaf en julle besit ‘n vrye wil en

verstand. Julle kan dink, voel en wil en ook daarna handel. as julle denke

en wil waar is, dan beweeg julle denke en wil steeds in die liefde. Dan sal

die liefde julle denke en wil bepaal, omdat die waarheid gerigte wil hom

89

deur My laat lei om te werk in naasteliefde. En omdat die werksaamheid in

liefde gelyk staan aan die nader kom tot My, WIE die EWIGE LIEFDE is,

omdat dit gelyk staan met die verandering van julle verkeerde wese in die

oerwese, wat in alle volmaaktheid eens van My uitgegaan het.

Dus het julle, mense op aarde ‘n taak, nl. om in liefde te leef. En daarmee

vervul julle, julle aardse lewensdoel om julle weer aan te sluit by die ewige

Liefde. En gevolglik kan die ewige Liefde julle weer oorgelukkig maak en is

julle nou weer salig soos julle dit was in die allereerste begin. Dit is die

enigste doel waarna julle moet strewe op aarde. En sodat julle dit doen,

word julle deur Myself onderrig, deur die stem van die gewete, deur die

stem van die gees, wat as ‘n vonk gloei in alle menseharte en wat alleen

maar ontsteek hoef te word deur werke van naasteliefde, om julle nou alles

te sê wat julle moet doen of moet laat en dit julle steeds weer sal

aanspoor tot verdere werksaamheid in liefde.

Die liefde is die oersubstansie van julle wese en maak dat julle volmaak is

en bly, as die liefde julle heeltemal vervul. Laat julle egter die liefde na dan

bly julle onvolmaakte wesens en julle behoort dan tot dieselfde geslag as

hulle wat julle in hierdie tyd oral om julle heen sien: liefdelose, egoïstise

mense wat altyd alleen aan hulself dink en hulle nooit oor hul naaste

bekommer wat in nood naas hulle leef nie.

Gebrek aan liefde beteken ook gebrek aan saligheid, dit beteken duisternis

van die gees, gebrek aan insig, gevoelens van swakheid en onvryheid.

Want dan het die mens ook geen besef van My, sy God en Skepper nie en

hy neem dan ook nie die weg na My nie. Tog kan alleen die vereniging met

My die wese weer saligheid besorg. En vir hierdie vereniging met My is julle

op aarde. Julle moet weer julle volmaaktheid bereik wat julle eens vrywillig

verwerp het, julle moet julleself weer verander tot liefde wat julle

oersubstansie was en met hierdie ommekeer sal julle ook weer die

vereniging met My tot stand bring. Julle sal dan self liefde gee en

onbegrensde liefde mag ontvang. Julle sal tot die ware lewe kan ingaan wat

ewig duur en julle sal dan volmaak wees en daarom ook onbegrens salig.

Amen

Nuwe verlossingsperiode

8345 2 Desember 1962

Geen belangrike geestelike vordering kan meer op hierdie aarde verwag

word nie, slegs ‘n paar mense sal nog die regte weg vind en loop wat na My

in die huis van die Vader lei. Daar sal sekerlik mense ooral wees wat baie

inspanning lewer om vir My en My koninkryk te werk, wat die leerstellings

van die verskillende geestelike organisasies ondersteun met opregte

toewyding vir My. Hulle sal die goeiewil hê om die mense in waarheid te lei

en sal ook suksesvol wees as My Gees deur hulle kan werk as hulle vir My

en My koninkryk preek.

90

Maar slegs weinig mense neem die ontwikkeling van hul siele ernstig, wie

se geloof in My ook die oortuiging insluit dat hulle ‘n verantwoordelikheid

teenoor My het en hulle daarom hul aardse lewe bewustelik lewe. Maar die

meeste mense is en bly onverskillig, selfs as hulle deur die kragtigste

spreker gekonfronteer word. Hulle verwerp eenvoudig alles wat geestelik is

met ‘n superieure glimlag, omdat die mense dit as ‘n fantasie en onwerklik

beskou en daarom ook nie daardeur geboei word nie. Maar terwille van die

weiniges sal die werk nog gretig gedoen word, want om slegs een siel van

sy val te red, om ‘n herhaalde ontwikkeling deur die aarde se skeppings te

verhinder, is so’n enorme daad dat geen inspanning gespaar moet word

nie, want elke siel sal ewig sy redder dank wat hom op die regte weg gelei

het.

Baie mense keer blykbaar terug na die geloof. Maar groter nog is die aantal

van hulle wat wegval en sorgloos hul geloof in My opoffer en ook nie die

daad van Verlossing van Jesus Christus as ‘n daad van versoening vir die

hele mensdom erken nie. En juis omdat die geloof in Jesus Christus meer

en meer verminder, word die geestelike ontbering progressief erger. Dit sal

definitief tot die ontbinding van die aarde lei om ‘n nog diepere afdaling in

duisternis te verhinder, dit sal volbring word deur die geeste vry te maak

wat aan My teenstander behoort en weer te bind in die materiële

skeppings.

Telkens weer vertel Ek julle dat hierdie aarde nie ‘n geestelike verandering

ten goede kan verwag nie, dat ‘n nuwe periode van verlossing sal begin en

dit, terselfdertyd ‘n geestelike as ook aardse keerpunt sal wees, omdat niks

wat leef en bestaan op, in en bo die aarde sal bly nie, maar alles sal

omskep word, ‘n nuwe aarde sal te voorskyn kom en hierdie nuwe aarde

sal weer in wettige orde begin, sodat die ontwikkeling van alle geestelike

substansies daarop beskerm sal word en die proses van terugkeer in

hierdie wettige orde sal verdergaan.

My ewige plan hang nie daarvan af of julle mense dit glo of nie, maar die

van julle wat My verklarings nie glo nie sal verras wees hoe spoedig die dag

sal kom wanneer die eerste openbarings hulself vervul: wanneer julle nog

getuie sal wees van ‘n laaste teken van My wat alle openbarings van hierdie

aard sal bevestig. Veral die mense wat hulself intellektueel hoër ag as hul

medemens ontken sulke laaste dae openbarings en betwyfel so ook die

waarheid van My Woord, wat direk van hierbo na die aarde gestuur word.

Maar tog, wie anders kan so’n spesifieke voorspelling maak as Hy wat alle

mag tot Sy beskikking het en die Heer van alle kragte van Hemel en aarde

is.

Julle kan My Woord inderdaad as waar en seker aanvaar, want Ek spreek

nie net nie maar bevestig ook elke gebeurtenis wat julle opgelê word deur

My liefde, wysheid en mag, omdat dit vir julle sielee noodsaaklik is om My

nog in die laaste uur voor die einde aan te roep. My voorspellings is nie

bedoel om enige iets anders te bereik as om julle verantwoordelikheid te

91

evorder nie, deur te glo dat julle spoedig die einde sal bereik en julleself

af te vra of en hoe julle voor die oë van julle God en Skepper kan staan.

Julle moet hulle nie glo wat ‘n einde ontken nie, wat in julle mense die

verwagting wil wek van ‘n verandering ten goede. Omdat ‘n geestelike

herlewing op hierdie aarde ‘n ander mense geslag vereis wat My wil

onderhou. Op hierdie aarde sal nie so’n mense geslag gevind word nie,

omdat die geestelike verval aangaan en dit alleen die einde van hierdie era

van die aarde sal veroorsaak.

Want die aarde is bedoel om ‘n skool vir die gees te wees, maar die

gedagtes van mense word oorheers deur materie en daarom sal hulself ook

weer materie word, wat hulle veral begeer. Deur dit te doen vergeet hulle

hul God heeltemal, wat hulle hul aardse lewe terwille van ‘n spesifieke doel

gegee het. En die mense vervul nie hierdie doel nie, die aarde self vervul

ook nie meer hierdie doel nie, omdat die Goddelike orde tenvolle omgekeer

is, die aarde het meer die koninkryk van My teenstander geword wat die

hoër ontwikkeling van alle geestelike substansies wil verhinder.

En julle, wat nog in ‘n geestelike draai punt van die mensdom op hierdie

aarde glo, word geestelike mislei, julle het geen innerlike lig nie, julle word

slegs deur julle menslike intellek gelei om beskuldigs te maak en Goddelike

openbaringe te ontken en dit voor te hou as ‘n uitdrukking van die

teenstander se Gees. Anders sal julleself weet op welke vlak die mensdom

gekom het en julle sal beter doen om stil te bly, as julleself nie in ‘n einde

glo nie, as om julle gebrek aan bewustheid deur bewerings bloot te stel wat

My voorspellings weerspreek. Omdat julle ook julleself sal moet

verantwoord daarvoor, omdat julle die mense verhinder om hulle mislikte

lewens te evalueer en terug te keer na My, wat voor die einde sal moet

plaasvind as die siel van die verskriklike lot van herhaalde gevangenskap in

die materie van die aarde gered moet word. Amen

God wil nie gevrees, maar bemin word

8348 5 Desember 1962

Ek wil nie as ‘n wrekende, straffende God deur julle gesien word nie. Wat

meedoënloos verdoem en die hardste straf oplê aan hulle wat in stryd met

My wil handel. Ek wil nie as ‘n streng Regter julle vrees inboesem nie, want

Ek wil slegs julle liefde hê. Ek wil julle liefde ontvang en daarom moet julle

ook ‘n duidelike voorstelling kry van My en My hele Wese. Julle moet hulle

nie glo wat aan My ‘n valse beeld gee wat nooit geskik is om liefde tot My

op te wek nie. Liefde tot julle God en Skepper, tot My, Wie ook julle Vader

is en ook as Vader gesien wil word. Elke leer wat My as ‘n wrekende God en

as ‘n EWIGE toornige regter voorstel is verkeerd. Want hierdie dwalinge sal

altyd alleen maar die verwydering tussen julle en My vergroot, want solank

die liefde tot My nie in julle is nie, is daar ook geen toenadering tot My nie.

My oerwese is liefde en uit hierdie liefde het julle voortgekom. Hierdie liefde

bly egter onveranderlik en verlang steeds maar weer na wederliefde. Dit

92

kan nie verander en ook nie vergaan nie en daarom sal My liefde tot in alle

ewigheid na julle uitgaan. Dit sal julle volg in die diepste diepte om julle

ook daar uit te bevry. Nooit sal Ek julle in hierdie diepte stort nie, nooit sal

Ek vir ewige verdoem wat uit My voortgekom het nie, selfs as julle, julle

teen My verset en My liefde afwys. Maar My liefde sal niks onaangeroer laat

om julle My skepsele aan te spoor om weer nader te kom tot My. En My

liefde sal julle liefde probeer wen, tot julle so in vurige liefde tot My

ontbrand en die verbinding met My soek. En dan sal ook weer onbegrensde

saligheid julle lot wees, soos dit in die begin van die tyd was, toe julle, julle

nog nie teen die aanstraling van My liefde verweer het nie.

Aan julle mense op aarde is My Wese verkeerd voorgestel. In die beste

geval vrees julle My as julle My as ‘n Mag erken, wat alles laat ontstaan

Maar julle waag dit nie om as kinders na My te kom en My om iets te vra

nie, omdat julle My oorgrote liefde nie ken wat Hom aan julle wil skenk nie,

maar daartoe julle vrywillige tegemoet komendheid verlang. Ek wil egter

nie alleen as ‘n God van Mag erken word nie maar te-reg as ‘n God van

Liefde, en daarom openbaar Ek My steeds weer aan die mense wat

ontelbare male in die aardse lewe deur nood of smartlike gebeurtenisse

heen gaan, maar steeds word hulle weer daar uit bevry.

En hulle kon My dan as ‘n God van liefde sien, wat alles weet en steeds

weer tot hulp bereid is. Want Ek benader elke mens in die aardse lewe

meermale. En as hy maar oplet, dan sal hy ook ‘n hoër leiding kan herken

in sy aardse lewensloop, in sy noodlot en in alle gebeurtenisse wat hom

oorkom.

Maar Ek openbaar My ook aan die mense deur die Woord. Ek spreek hulle

aan en gee hul daarmee ook ‘n teken van My groot liefde, deurdat Ek hulle

vermaan en waarsku, deurdat Ek hul raad en troos gee, deurdat Ek

heeltemal begryplik die doel van hul aardse lewe uitlê en hul krag en hulp

beloof vir hul aardse lewe, omdat dit tot die doel, nl. die vereniging met

My, moet lei. Want die Vader verlang vurig na sy kinders uit Wie se liefde

hulle voortgekom het en die Liefde sal nooit sy kinders opgee nie.

Maar solank die mens God’s liefde nie insien nie omdat hy deur verkeerde

leerstellings alleen geleer het om God te vrees, solank sal die kind ook nie

die ware verstandhouding met die Vader tot stand bring nie en sodoende

word die terugkeer tot My in gevaar gebring. Julle sal daarom elke leer wat

julle vrees inboesem vir julle God en Skepper as dwaalleer kan afwys, want

Ek het ontferming met die grootste sondaar en probeer hom te help, maar

dit is nie so dat Ek sy ellendige toestand wat hy oor homself gebring het,

nog vererger nie.

Ek verdoem nie maar verhef al die gevallenes na bo. Ek straf nie maar die

mense straf hulself deur hul sondeskuld, Ek probeer hulle verlossing bring.

En wat julle as ‘n strafgerig aansien is slegs ‘n regverdige vereffening en ‘n

daad van hulp van My kant, omdat ooreenkomstig die wet elke vergryp

teen My orde van ewigheid sy uitwerking moet hê. Alles wat deur hierdie

93

ordening geraak is help Ek weer terug, omdat My liefde en wysheid dit as

heilsaam insien. Want Ek wil Myself skenk en kan dit alleen doen in

ooreenstemming met My ordening van ewigheid. En wat julle mense as

smartlike aansien, dien daar altyd alleen toe dat julle eens weer inpas in My

wet van die Ewige orde, omdat Ek julle dan ook weer kan gee, omdat Ek

julle met My eindelose liefde gelukkig kan maak, soos dit was in die begin

van tyd. Amen

Delging van die sondeskuld deur Jesus se bloed

8349 6 Desember 1962

Julle mense moet almal kennis neem van die werk van die verlossing wat

die Mens Jesus op aarde volbring het, om vir My versoening te bring vir die

oorgrote sondeskuld, toe julle destyds as geskape geeste van My afvallig

geraak het, en om te voldoen aan My regverdigheid.

Daarom het Ek My dissipels in die wêreld uitgestuur, sodat hulle van My en

My liefde kon getuig, wat Homself gemanifesteer het in die Mens Jesus,

want die Liefde het die werk van erbarming volbring en die Liefde is Ek

Self. Aldus moes My dissipels by die verkondiging van My Evangelie steeds

weer van My melding maak, hulle moes die mense eers kennis gee van My

goddelike gebooie van Liefde en hulle ook ‘n uitleg gee oor die

verlossingswerk van Jesus, hulle moes Hom steeds gedenk het wat hulle

uitgestuur het in die wêreld met die opdrag om die mense te voed met My

Woord en ter gedagtenis aan Myself kon hulle toe spreek oor die kruisoffer,

wat die Mens Jesus gebring het.

Die kennis van die kruisoffer moet alle mense toekom en hierdie kennis sal

ook nie verlore gaan nie, solank daar nog iets geestelik bestaan wat nie

bevry is nie, wat homself as mens op die aarde bevind. Alle mense moet

ervaar dat Jesus Sy Bloed in suiwer, onselfsugtige liefde vergiet het, om

hulle skuld te delg, wat ‘n baie groot soenoffer vereis het, om as ‘n ware

vereffening teenoor hulle God en Vader te geld.

Maar steeds weer word aan julle gesê dat julle as mens nie die omvang van

die kruisoffer kan begryp nie, maar dit moet genoeg wees, dat julle weet,

dat Jesus erken moet word as God se Seun en Verlosser van die wêreld, in

Wie die Ewige Liefde Homself beliggaam het, om die mense te verlos van

sonde en dood. En die kennis moet julle aanspoor, om die weg na die kruis

te neem, dit wil sê, julle skuld uit vrye wil te erken, julle skuld aan Hom oor

te gee, en berouvol om vergewing te bid, vir reiniging, om weer voor God

se aangesig te kan tree, vir Wie julle mense nou kan aanskou in Jesus Self.

Weet dat Ek steeds maar net moeite doen om julle die weg na die kruis te

laat vind, dat Ek alles doen om julle deur My boodskappers, deur My

dissipels, wat Ek self uitkies, die probleem van My Menswording in Jesus en

My offerdood aan die kruis begryplik te maak, omdat daar geen ander

redding vir julle bestaan om vry te word van die skuld van die toenmalige

ontrouheid aan God nie, omdat slegs die goddelike Verlosser Jesus hierdie

94

skuld gedelg het en julle daarom Sy verlossingswerk erken en ook die

barmhartigheid van Sy verlossingswerk moet aanneem, omdat julle

andersins vir ewig nie tot My as julle Vader kan terugkeer nie, omdat Ek

geen wese in My Ryk van Lig en Saligheid kan opneem, wat met sonde

belaai is nie.

Maar julle moet skoon gewas wees deur Sy bloed, wat Hy vir julle aan die

kruis gestort het. Sy dood was ‘n offerdood, want Hy het dit vrywillig op

Homself geneem, Hy het vrywillig ‘n onnoemlike swaar lydingsweg gegaan,

bekroon met die dood, wat die mensdom verlossing gebring het van sonde

en dood.

Maar julle kan ook seker daarvan wees, dat die skuld vir elke mens gedelg

word deur Sy werk van erbarming, wat Hy vir alle mense van die verlede,

die hede en van die toekoms deur Sy Bloed vergiet het en dat slegs julle

vrye wil daarvoor nodig is, om die werk van erbarming aan te neem; julle

moet dus tot hulle wil behoort, wat Sy bloed skoon gewas het van alle

skuld. Hy het Sy lewe aan die kruis gegee. Hy het die laaste weg

bewustelik gegaan, omdat Hy Homself opgeoffer het vir die sonde van die

mensdom, en so moet julle ook die weg bewustelik neem tot Hom, onder

Sy kruis.

Die verlossing kan nie vir julle teen julle wil geskenk word nie. Een Mens

het die uiterste sware offer gebring en omdat Ek as God nie kon ly nie en

My daarom ook op die laaste oomblik teruggetrek het, ofskoon Ek Hom

volledig vervul het van My liefdeskrag, het die Mens Jesus nie meer hierdie

ongewone krag benut om Homself te bevry van alle nood en kwelling nie,

wat vir Hom wel moontlik was, maar Hy het as mens alleen gely en het as

mens alleen gesterf aan die kruis.

Hy het die mensdom met Sy Bloed vrygekoop van My teenstander, wat nog

‘n reg op die siele het, wanneer hulle geen aanspraak maak op die

verlossingswerk van Jesus en die skat van barmhartigheid nie. Maar wie

verlos wil word, die moet My teenstander vry laat, omdat die groot offer

daarvoor gebring is aan die kruis. En soos Ek julle mense steeds weer die

kennis daarvan laat toekom, so moet ook julle dit deurgee, julle moet My

Naam verkondig in die wêreld, in Wie alleen die heil te vind is.

Julle moet My leer van liefde uitdra en steeds weer melding maak van Hom,

Wie Self die gebooie van liefde gegee het, Wie Self op aarde ‘n lewe in

liefde gelei het en ten slotte deur Sy dood aan die kruis die grootste werk

van liefde volbring het, omdat Hy julle van die sonde wou verlos het, wat

julle al eeue lank van Hom geskei gehou het en wat julle ook ewig nie kon

aflos nie.

Julle lewens as mense op aarde sal egter tevergeefs wees, wanneer dit nie

lei na die kruis van Golgota nie. Want op hierdie weg kan en sal My

teenstander julle nie volg nie, hy sal julle moet vrylaat, want hy het dan

alle aanspraak op julle verloor en julle toenmalige afvalligheid van My is

versoen deur die liefde. Amen

95

Paradysagtige toestand op die nuwe aarde

8352 10 Desember 1962

Ek wil die aarde weer tot ‘n plek van vrede maak waar die liefde alleen sal

regeer; waar geen vyandskap sal bestaan nie en al die geskapenes met

mekaar in harmonie en geluksaligheid sal leef. Waar die uitstraling van die

liefde, die mense wat nog geestelik gebonde is, weldadigheid betoon en

waar elkeen moeite doen om sy medemens geestelik en liggaamlik by te

staan. Waar Ek Self as Die EWIGE LIEFDE onder die mense kan vertoef,

omdat niks negatief My teenwoordigheid sal verhinder nie. Ek wil dat die

aarde weer dien om die mensegeslag tot die hoogste volwassenheid te

bring, sodat baie mense hierdie aarde as volmaak kan verlaat, omdat hulle

innig met My verbind is, sodat die uitwerking van die eertydse oersonde,

die mense nie meer beswaar nie. Want hulle is almal reeds verlos deur

Jesus en kan daarom ook op die nuwe aarde geplaas word. En hierdie

wegneming van die ou aarde vir die dag van die oordeel, is ook die bewys

van hulle samehorigheid met My. Dit is ‘n bewys dat hulle die verbinding

met My op die ou aarde gevind het en dat hulle vry is van alle ondeugde en

begeertes; sodat Ek hulle daarom ook op die nuwe aarde kan plaas.

En weer sal daar ‘n verlossingsperiode begin wat aanvanklik baie

mensesiele tot volwassewording sal bring, omdat My teenstander gekluister

is. Hy kan hierdie siele nie meer lastig val nie, omdat hulle alle weerstand

vrywilliglik opgegee het, dus reeds Myne geword het en alleen ter wille van

die navolgende geslagte, nog op aarde lewe. Want hulle moet getuig van

My mag en heerlikheid. Hulle moet uit eie ervaring kan praat oor die

toestand op die ou aarde en ook aan hulle nakomelinge die liefde tot My

predik. En ook hulle kinders en kindskinders sal vervul wees met liefde en

hulle siele sal nie meer ver van hulle oertoestand wees nie. Want in reine

onselfsugtige liefde sal hulle verwek wees, omdat My teenstander geen

invloed het op die mense wat die nuwe aarde bewoon nie.

Die liefde is egter ‘n krag wat waarlik die volmaakwording van die siele kan

bespoedig. Dit mag ook die geestelike wat nog gebonde is help met die

verlaat van die vorm en ook dit sal hulle weerstand verswak en hulself

opwaarts volgens My wil ontwikkel. Hierdie toestand sal ‘n lang tyd duur,

en in die tyd sal baie van die eens gevalle geestelike as voltooides na My

toe terugkeer. En in die tyd sal Ek baie "kinders" wen en hulle, asook My

saligheid, sal dan geen grense ken nie. Want Ek weet dat al die gevallenes

na My toe sal terugkeer en dat My heilsplan van ewigheid nie sonder sukses

sal wees nie.

Maar tog sal ook hierdie toestand op die nuwe aarde weer verander, want

steeds meer en meer siele wat deur die aardse skeppings gegaan het, sal

hulself weer beliggaam. Die lus na die materie sal weer te voorskyn kom,

eers sporadies en dan meer dikwels. Die verlange van die mense na

materiële goedere sal ook weer die kettings van My teenstander ontbind,

want die vrye wil van die mense stel die norm en kan nou ook deur My

96

teenstander beïnvloed word, omdat die mense hulself nie meer teen hom

verweer nie. Maar steeds weer sal My liefde ook die geestelike te hulp kom,

en daar sal weer geworstel word vir hierdie siele. Maar die wil van die

mense self sal beslissend wees welke meester die oorwinning sal behaal.

Want ook aan hierdie nuwe generasies, sal die kennis van Jesus, die

Goddelike Verlosser gebring word. Daardeur sal hulle nie magteloos aan My

teenstander oorgelewer word nie en sal ook vinniger hulle weerstand

opgee, want hulle geloof in My as God en Skepper sal nog sterk genoeg

wees en dus het My invloed, deur middel van die "stem van die gewete",

nog effek.

Maar dit sal nie meer die paradysagtige lewe wees soos in die begin nie.

Daar sal innerlike gevegte vir die mense aan die kom wees en die

versoekinge van My teenstander sal nie wegbly nie. Die stryd om die

bestaan sal moeiliker word, maar maklik te verdra wees vir hulle wat aan

My trou sal bly en die liefde in hulself tot ontplooiing bring.

En ook dan sal My ligbodes die mense bystaan. Gedeeltelik tussen hulle as

mense beliggaam, deels ook deur die mense geestelik te beïnvloed, hulle

wat hulself aan hom oorgee en steeds voortdurend met My in verbinding

bly. En solank die liefde nog regeer, sal die mense ook vooruitgaan in hulle

ontwikkeling. Solank die liefde regeer is My invloed ook sterk op die mense

en is daar geen terugval in die diepte te vrese nie, want My teenstander

veg vergeefs teen die liefde. Amen

Messias, Verlosser van die mensdom

8353 12 Desember 1962

Van die liggewende hoogtes het Ek afgedaal na die aarde, om My Lig in die

duisternis in te dra, omdat die son van die gees onder gegaan het, geen

ligstraal verlig die donkere nag en die mensdom bevind hulself in die

grootste nood. En hulle wat hulle benarde toestand erken roep tot My om

hulp, hulle roep na ‘n Verlosser om hulle te verlos, want hierdie klein

groepie was nog nie ten volle gevang deur My teenstander nie, hulle leef ’n

lewe van liefde en het hog nie hulle verbinding met My verloor nie en

daarom na My gekeer in hulle nood, dat Ek hulle ’n verlosser sal stuur.

En so stuur Ek My Seun na die aarde. ‘n Gees van Lig wat uit My liefde

voortgekom het en wat aan My trou gebly het toe die menigte oergeeste

van My afgeval het. Hy het Homself aangebied vir die uitsonderlike daad,

wat verlossing aan die mensdom gebring het. Hy daal af na die aarde om

tussen die mense te kom woon. Hy begin met Sy gang oor die aarde soos

enige andere mens, maar het ‘n groot Opdrag op Homself geneem: Om

Homself voor te berei d.w.s. Sy aardse kleed, sodat dit My as woonplek kon

dien, omdat Ek verlang het om Self na My wesens om te sien, Ek wou Self

boete doen vir hulle groot sonde, wat hulle vrywillig deur hulle afval van My

op hulle geneem het.

97

Hierdie ligwese, ‘n kind van My liefde, bied Homself aan vir die werk van

verlossing en as siel neem hy verblyf in die suigeling Jesus en begin met Sy

aardse-gang wat so ongewoon treurig was omdat Sy aards liggaam ook

vergeestelik moes word, om My te dien, die Liefde van ewigheid, as ‘n

woning. Met Sy geboorte kon die wêreld om Hom reeds herken dat die Kind

die beloofde Messias was, omdat Sy intense Lig deur gebreek het van tyd

tot tyd in die buitengewone wyse uitlatings van die suigeling. Maar Sy siel

was sigbaar gekwel deur My teenstander, wat nog elke geesdeeltjie

betreffende hom oproep om besit van Sy liggaam te neem, sodat deur

hierdie invloed die liggaam aan kragtige verleidings onderwerp was, wat die

mens Jesus moes bestry om nie te beswyk nie. Die liefde in Hom gee Hom

die krag daarvoor, maar hy moes ongewoon veg en Sy hele aardse-gang

was waarlik ‘n weg van die kruis, wat hy, nietemin, vrywillig op Homself

geneem het, uit liefde vir Sy gevalle broers, met wie se groot benarde

toestand hy op hoogte was.

Sy lewe was inderdaad één van voortdurende diens uit liefde en aangesien

Ek Self Liefde is, kon Ek altyd in Hom wees, kon Ek Hom voorsien van krag

om Sy opdrag te vervul: Om die werk van versoening te doen vir die som

van die groot sondeskuld van die mensdom. Hy was My Seun, Hy was ‘n

siel van Lig wat volle eenheid met My gevind het, wat die werk van

vergoddeliking verwesenlik het. Die doel van elke wese wat deur My geskep

is: om van ’n wese tot My kind te word, om geheel in My wil in te gaan uit

vrye wil en daardeur die hoogste graad van volmaaktheid te bereik.

Jesus was ’n ongevalle oer gees, maar die vergoddeliking het nietemin in

vrye wil plaas gevind, wat die gang deur die aardse-lewe, ‘n gang deur die

dieptes bewerkstellig het. En omdat Sy siel aan elke beproewing deur My

teenstander blootgestel was, omdat My teenstander ook hierdie siel wou

besit, Wie se val hy nie kon bewerkstellig nie. En aangesien die aarde sy

Koningkryk was, die Koningkryk van die gevalle geeste, was die siel van

Jesus blootgestel aan alle luciferise instinkte en kwellinge en die Mens Jesus

moes dit weerstaan, Hy het, in aanwesigheid van alle verleidinge, aan My

Sy Vader van ewigheid vas gehou. Hy moes My Sy strydgenoot maak en Hy

het dit gedoen deur My liefde voortdurend te eis en ook, met Sy werke van

liefde, dit ontvang, want liefde weier Homself nie en die groot Liefde van

die Mens Jesus trek My kragtig. En deur die krag van hierdie liefde,

aangesien die liefde op sigself krag is, kon hy weerstand bied en die werk

van verlossing deurvoer tot die einde.

‘n Verlosser was in waarheid gestuur na die mensdom; Messias het gekom,

soos lank voorheen beloof was. Die Lig het na die aarde neer gedaal, om

die harte van die mense wat Hom aangeneem en My in Hom erken het te

verlig. Die Een wie hulle verlossing van sonde en dood wou bring. En die lig

breek deur die duisternis, hier staan in Jesus ’n vegter op teen My

teenstander wat hom oorwin het, omdat Sy wapen liefde was, waarteen My

teenstander vergeefs veg; hy sal altyd deur liefde oorwin word, want Ek

98

Self is Liefde en waarlik, Ek is kragtiger as hy die een wat julle in die diepte

gestort het. Amen

Dit is julle plig om geestelike goed te ondersoek

8364 28 Desember 1962

Julle sal julle nie kan verontskuldig weens verkeerde onderrig nie, omdat

julle deur My in die geleentheid gestel is, om julle verstand te gebruik, dus

het julle ook ‘n plig om dit te ondersoek wat julle geleer word. En sodra

julle kennis neem van ‘n God en Skepper, Wie alles laat ontstaan en Wie

alles wat julle om julle heen sien en ook julleself, bewaar, hoef julle julleself

slegs in gedagtes tot hierdie Skepper te wend en waarlik, Ek sal dan julle

gedagtes stuur sodat julle insig kry as julle dit begeer.

En daar sal uit die geesteryk steeds die gedagtes tot julle kom, wat gaan

oor Myself en julle. Wat julle vrae laat in welke verhouding julle tot My,

julle God en Skepper staan. En sulke gedagtes moet julle opneem en in

julle oorweeg. Altyd moet julle bewus wees dat elke mens, wat slegs op sy

verstand vertrou, homself kan vergis.

Ook moet julle julleself afvra of die mense wat julle onderrig, sonder

dwaling is; of hulle wat julle kennis ter oorweging aanbied, dit self weer

van hulle medemens ontvang het, of deur middel van studie verwerf het.

Want dan sal daar sekerlik twyfel in julle opkom en dan doen julle goed

daar aan om daaroor na te dink. Slegs julle wil is egter beslissend of

julleself die waarheid verlang, want slegs hierdie wil sorg daarvoor dat julle

suiwer waarheid geskenk word. Want neem julle gedagteloos aan wat julle

opgedis word, dan sal julle nooit die weg tot My vind nie. Julle besit dan net

suiwer verstandskennis, wat nooit die hart kan beroer nie, julle siele sal nie

die geringste voordeel daarvan hê nie, omdat dit nòg tot ware kennis lei,

nòg julleself daartoe bring om ernstig aan julleself te werk. Dit is en bly ook

net wêreldse kennis, selfs as dit oor geestelike probleme gaan. Want slegs

julle verstand word aangespreek, maar nooit word daarvan geëis dat hy

hom intensief daarmee moet besighou nie, want eers dan kan hy begryp

wat hy aangebied is. En as julle nou deur (kerklike) gebooie verhinder word

om daaroor na te dink, sal julle ook die onsinnigheid van so 'n verbod

insien en agterdogtig word en net daaroor al aan die waarheid twyfel van

wat julle aangebied word om te leer. Alles hoef nie dwaling te wees nie,

maar julle moet vir julleself duidelikheid hieroor verskaf, deurdat julle by

julleself gaan nadink en julle tot Hom wend, Wie julle God en Skepper is,

want slegs Hy kan opheldering aan julle verskaf.

Sodoende moet julle probeer om lewende kennis te verkry en julle nie met

dooie kennis tevrede te stel nie; wat net vir so lank dood is wanneer dit

geen invloed op die menslike siel uitoefen nie, totdat dit julle siele opwek

tot ware ywerige arbeid wat vernaamlik uit werke van liefde bestaan. Want

so gou as wat ‘n mens ‘n lewe in liefde lei, sal ook sy denke verlig word en

dan het hy geen vrede meer met 'n leer wat nie heeltemal met die

99

waarheid ooreenstem nie. Die lig van die liefde in hom laat hom dan ook

nie meer alles sonder bedenking aanneem wat hom aangebied word nie,

maar noodsaak hom tot ondersoek waar die liefde die goddelike

grondbeginsel is en nooit dwaling of leuen naas homself kan duld nie.

Dan begin daar ook ‘n lewendige verlange na waarheid te groei, waardeur

die waarheid ook na die mens toe gelei word. Want wie die waarheid

begeer, die verlang ook na Myself, Ek Wie die ewige waarheid is. En aan

hom sal Ek My ook openbaar, dit wil sê, die waarheid op een of ander

manier aan hom laat toekom, sodat hy dit ook sonder bedenking sal

aanneem en verwerk.

Elkeen moet self na sy eie voltooiing strewe en is dan ook in staat daartoe,

want dit is waarlik voldoende om verbinding met My te soek deur ‘n gebed

in gees en waarheid, om met My hulp sy weg oor die aarde met goeie

gevolg af te lê. En die gebed sal verhoor word, hy sal steeds van binne uit

aangespoor word tot werke van liefde en daardeur sal hy ook tot die lig

kom en die weg gaan wat tot volmaaktheid lei. Amen

Die aanvalle van die teenstander in die eindtyd

8365 29 Desember 1962

Julle sal julleself nog dikwels moet waardig maak, want My teenstander sal

julle aanval waar dit maar moontlik is. Hy sal tweedrag saai en die mense

teen mekaar aanhits, hy sal alles doen om julle te verontrus en tot ‘n val te

bring. En steeds sal julle moet bid vir krag om sy versoekings te kan

weerstaan.

Daarom moet julle voortdurend julle toevlug tot My neem, voordat hy julle

kan aanval. Julle moet My daagliks en elke uur om beskerming teen hom

bid, omdat Ek dan aan julle sy kan staan en hom afweer. Dit sal ‘n swaar

stryd tot die einde toe teen hom wees, want hy sal julle nie sonder stryd

oorgee aan My nie, julle God en Vader van Ewigheid af. Maar Ek het ook

reg op julle en daarom hoef julle julleself maar net na My toe te wend, en

Ek sal altyd gereed staan vir julle, omdat Ek julle liefhet. En Ek wil die

vyand van julle siele verdring, sodat julle nie in versoeking sal kom nie.

Waar My teenstander ‘n geestelike strewe herken, is Hy besonder heftig

aan die werk en probeer hy om dit te verhinder. En daarom moet julle

julleself waardig maak en ernstig teen hom weerstand bied. Julle mag hom

geen aanvalspunte bied, deur julle te laat meesleep deur ongeduld, wrewel

of liefdeloosheid nie, want daarom word dit steeds moeiliker om van hom

los te kom, ofskoon Ek voortdurend bereid sal wees om te help. Maar julle

gedagtes sal daarom nie meer so gou die weg na My toe vind nie, en slegs

die innige verbinding met My, behoed julle teen sy aanvalle en versoekings.

En solank dit vir hom nog moontlik is om julle onrustig te maak, ongeduldig

en toornig te laat word, solank is julle nog swak en sal hy sy mag benut.

Daarom moet julle standvastig arbei aan julle siele en probeer om al julle

gebreke af te lê. Julle moet steeds alleen tot My bid om die nodige krag en

100

waarlik, julle wil daartoe sal julle alreeds die krag gee en julle sal as

oorwinnaar te voorskyn tree.

In die tyd van die einde sal sy aktiwiteit oorduidelik wees, want Hy sal geen

vrede, geen harmonie en geen eendrag onder die mense duld nie. Hy

probeer steeds om te versteur en die onus lê by julleself of hy sukses sal

hê al dan nie. Want slegs ‘n beroep op Jesus, julle Redder en Verlosser, sal

julle kan versterk en julle sal teen hom kan weerstand bied.

Jesus het hom oorwin deur Sy dood aan die kruis en roep julle My aan in

Jesus, moet Hy julle vry laat. Maar julle vergeet dikwels juis in sulke

versoekings om aan julle Redder en Verlosser te dink. En dit is juis die werk

van die teenstander om julle gedagtes te verwar, sodat julle op sy aanvalle

ingaan en julle as mens probeer verweer, waar slegs Ek kan help, omdat

julleself te min krag besit.

Daarom moet julle julleself in elke versoeking waardig maak, dit wil sê die

weg neem na My toe in Jesus, want daarom moet hy hom terugtrek, omdat

My krag waarlik sterker is as syne en Ek geen mens in nood sal laat wat sy

toevlug tot My sal neem nie. Uit eie krag sal julle niks vermag nie, maar

met My krag alles. En hierdie krag sal Ek julle steeds weer gee sodra julle

daarvoor vra, want daarom is julle gedagtes na My toe gewend. Dan kan Ek

My reg laat geld en julle behoed in elke nood en elke gevaar.

Vergeet dit nie, want nog dikwels sal hy julle in die noute bring, nog

dikwels sal hy hom aan julle opdring en nog dikwels sal julle die gevaar

loop om voor sy versoekings te beswyk. Maar julle hoef My slegs aan te

roep in gees en waarheid, en Ek sal hom van julle afweer en julle nie aan

hom oorlaat nie. Maar Ek sal julle steeds help in elke nood en in elke

gevaar. Amen

God pas smartlike middele toe

8366 30 Desember 1962

Julle sal nooit aan My Liefde mag twyfel nie, wat daar ook mag gebeur in

die wêreld, of in julle omgewing. Ek weet waarom Ek dit toelaat, selfs

wanneer dit nie My Wil is nie, maar die wil van die mens self wat werksaam

is en sy medemens leed aandoen. Ek weet wat weer vir die afsonderlike

mens bevorderlik is om volwasse te word en daarom moet Ek ook dikwels

Self ingryp en deur harde slae van die noodlot trag om op hulle in te werk,

dat julle tot self besinning sal kom, wanneer julle in gevaar is om julleself

te verloor aan My teenstander. Maar meen nie dat Ek liefdeloos en

ongegrond leed oor julle laat kom nie, want alleen My Liefde bring My

daartoe om in te gryp op die mees uiteenlopende maniere.

Die gevaar dat julle weer vir ‘n eindelose lang tyd verlore sou kan gaan, is

te groot en Ek wil julle nie onverskillig aan julle lot oorlaat nie en daarom

pas Ek nog alle middele toe om die gevaar van julle af te wend. In die

laaste tyd sal die aantal gebeurtenisse groter word wat julle aan My Liefde

sal laat twyfel, daar sal katastrofes en ongelukke van die mees verskillende

101

aard wees, swaar slae van die noodlot, nood en ellende sal steeds meer

dikwels voorkom en die mense sal hulself afvra hoe ‘n God van Liefde so

iets kan toelaat. Maar glo My, Ek moet hierdie middele toepas, omdat Ek

die vrye wil nie kan aantas nie en omdat hierdie gebeurtenisse julle wil in

die korrekte rigting kan dring. Glo in My, dat Ek egter ook ag slaan op elke

geroep wat julle in hierdie nood na My opstuur en julle die hulp ten deel sal

laat val om Myself aan julle te bewys en julle sal dan ook My eindelose

Liefde vir julle leer insien, Wie julle nie ten gronde wil rig nie, inteendeel

alleen maar wil red. Sou julle mense almal alle samehang weet wat die

rede is van julle bestaan op aarde as mens, dan sou julle seker ook so lewe

dat swaar slae van die noodlot julle nie heeltemal hoef te tref nie, dog

wanneer julle opheldering verkry deur My bodes, glo julle dit nie en leef

onverantwoordelik in die wilde weg en is julle in groot gevaar om weer

verlore te gaan vir ‘n eindelose lang tyd.

Wat dit inhou om die gang oor die aarde deur al die skeppingswerke nog

eens te moet aflê, kan julle nie besef nie, maar julle sou met ontsetting

geslaan word en sou uit vrees daarvoor nou ‘n ander lewenswandel lei,

maar Ek kan julle nie die herinnering aan vroeër gee van die

ontwikkelingsgang wat julle al afgelê het terwille van julleself nie. Maar

steeds weer laat Ek julle waarsku en vermaan deur My bodes en as julle

hulle maar wil glo, sou julleself die gevaar insien en julle bes doen om ‘n

ander lewenswandel te voer. En daarom word julle telkens weer opgewek

uit die doodseslaap waarin julle julleself bevind, want julle moet ontwaak

en die roep van My om julle wakker te skud, sal steeds luider klink.

Maar My Liefde vir julle sal nie minder word nie, ook indien julle dit self nie

meer kan sien nie. Maar eens sal julle weet dat alles wat geskied, slegs vir

julle beswil moes dien, maar dat Ek julle vrye wil nie kan dwing nie en

daarom ook alle smartlike gebeurtenisse aan julle sal kan laat verbygaan

sonder om ‘n enkele resultaat vir julle siele te behaal nie.

Steeds weer roep Ek julle mense toe: "Glo in My eindelose Liefde" wat vir

julle geld tot in alle Ewigheid en glo dat Ek slegs julle geluksaligheid wil

bewerk, dat Ek julle tot ‘n lewe sou wil wek wat ewig duur en lig en krag en

vryheid beteken. En wanneer julle in staat is om in My Liefde te glo, neem

julle ook alles met berusting uit My Hand aan en Ek Self kan julle ook weer

uit alle nood uithelp, sodra dit daartoe bygedra het dat julleself verander

het. Dat julle julleself aan My toevertrou en My om hulp vra, want sodra

Julle My as julle God en Skepper erken, is die groot gevaar ook verby om

opnuut gekluister te word in die materie en julle gaan dan nie verlore nie,

veeleer sal julle verder volwasse kan word op aarde of in die ryk hierna.

Amen

102

Kindskap van God - Doel van die lewe op aarde

8367 31 Desember 1961

Die gang oor die aarde as mens is ‘n oorgroot genadegeskenk van My, want

dit bied julle die moontlikheid, om julle tot My kinders te vorm, want eens

het julle uit My voortgekom as skepsele van My Wil, My Liefde en My Krag.

Julle het julle in die hoogste volmaaktheid bevind, omdat uit My niks

onvolmaaks kan voortkom nie, maar nogtans was julle alleen maar ‘n werk

van My Wil, wat nie anders kon wees as wat EK geskep het nie. EK wil

ewenwel kinders hê wat met My sou skep en werk in hoogste

geluksaligheid.

En die kindskap moes julle in vrye wil self nastreef en vir julle verwerf het

deurdat julle julleself geheel aan My Wil onderwerp, ofskoon julle die

vryheid besit het om ook eiemagtig en teenoorgesteld aan My Wil te dink

en te handel. Julle moes dus op die proef gestel word, julle moes julle liefde

vir My bewys het, deurdat julle geen ander wil laat geld as Myne nie. En die

wilsproef word van julle gevra, en julle het dit nie deurstaan nie. Julle gaan

julle eie weg, ofskoon julle in die helderste lig van insig gestaan het. Dog

julle was nie gedwing om te dink en te handel net soos EK nie. En die

vryheid van wil het julle misbruik.

Eens was julle ek-bewuste wesens, dog na die verkeerde wilsbeslissing

raak julle die ek-bewusyn kwyt, omdat dit My plan van ewigheid was dat

julle eens weer in gelyke wil met My sou skep en werk in hoogste

geluksaligheid. Julle moes julle tot My kinders kan vorm en hiervoor was ‘n

eindeloos lang gang van positiewe ontwikkeling nodig, vanuit die diepste

diepte waar julle in vrye wil op aangestuur het, tot die hoogste hoogte. In

die gang lê julle, opgelos in die kleinste partikeltjies, deur alle skeppinge

van die aarde - sonder ek-bewusyn - tot julle ‘n graad van ontwikkeling

bereik wat julle die ek-bewusyn weer teruggee, daar julle as mens op die

aarde gaan om nou opnuut in vrye wil die ware wilsproef af te lê, wat julle

dan egter ook die kindskap van God oplewer, wat julle die hoogste

geluksaligheid verseker.

Die ware beslissing in julle lewe op aarde word vir julle as mens waarlik nie

te moeilik gemaak nie, want omdat EK Self vurig verlang na die terugkeer

van My skepsele as My kinders, help EK julle ook op elke denkbare manier

dat julle die doel bereik. EK moet steeds julle vrye wil eer, wat die

verandering tot ‘n kind van God tot stand moet bring. Maar EK doen alles

sodat julle vrye wil hom reg rig. EK spreek Self tot julle en die aanspreek

het waarlik ‘n groot uitwerking van krag, hiervoor is alleen maar julle vrye

wil nodig dat julle My aanhoor.

My woord is die grootste genadegeskenk wat julle van My in ontvangs mag

neem, want die woord het julle eens afgewys toe julle julleself vrywillig van

My geskei het, en dit sal eers in die staat van volmaaktheid tot julle kan

kom. EK skenk dit egter aan julle, EK laat julle ‘n onverdiende genadegawe

toekom en vra alleen julle bereidwilligheid om dit aan te neem. Dan kan

103

julle daar ook seker van wees dat julle die doel, die kindskap van God

bereik het, want as julle gewillig is en My tot julle laat spreek, bewerk My

woord ook dat julle bereid is om My Wil te vervul en julle probeer dit, selfs

wanneer julle nog moet worstel en stry, omdat julle swakke skepsele is

solank julle nog onvolmaak deur die aardse lewe gaan. Maar daaruit kan

julle My oorgrote Liefde vir julle opmerk, wat niks onbeproef laat om julle

terug te wen as ware kinders, om julle nou ook onbegrensde salighede te

kan berei. En wanneer My Liefde vir julle so sterk is, dan sal julle ook elke

skepsel apart bystaan. Julle sal hulle nie aan hulself oorlaat nie.

Almal het hulle nie teen My verset soos van te vore nie, maar dit gebeur as

hulle My Woord nie aanhoor nie, as hulle My bode afwys of geheel

onverskillig by die grootste genadegawe verby gaan, wat julle op aarde

gebied kan word. Want dan ontbreek dit die wese aan krag vir sy laaste

klim na bo en dan is ook sy gang as mens op die aarde sonder betekenis en

kan hom weer na die diepte voer wanneer die mens hom nie nog verander

voor sy dood nie. Wat egter van My kant kan gebeur om sulke siele te red,

word ook gedoen, want waarlik, EK wil nie dat julle ondergaan nie, EK wil

dat almal salig word. Amen

God se besluit is onafwendbaar

8370 2 Januarie 1963

Dat julle voor ‘n keerpunt staan wat homself aards en ook geestelik sal

voltrek, is verseker. En sodra julle maar net die gebeure in die wêreld,

asook die lae geestelike vlak bekyk, moet dit ook vir julle begryplik wees

dat die lae vlak slegs verhelp kan word as ‘n hele nuwe ordening ingevoer

word en dat hierdie orde die wet van die ewigheid is wat weer herstel moet

word.

Die mense het die Goddelike ordening omvergestoot en die beliggaamde

geestelike in die mens, wat sy ontwikkeling ten hoogste moes voltooi en

ook kon, het totaal gefaal. En juis daarom moet nuwe moontlikhede geskep

word om die ontwikkeling voort te sit, of om selfs die hele ontwikkeling van

voor af aan te begin.

Vir die aarde is ‘n chaos vasgestel, want die mense het deur hulle

begeertes na die wêreld geheel en al uit die ordening getree. Hulle staan

geheel en al onder die invloed van hom aan wie die wêreld behoort, en

hulle het daarom so ‘n lae geestelike vlak bereik dat hulle aardse lewe

nutteloos geword het.

Die tyd, wat as ‘n aardse en geestelike keerpunt beskou moet word, het

daarom onherroeplik gekom. Want op aarde sal alles anders word, omdat

die ou aarde ‘n algehele omvorming sal ondergaan en daar ook ‘n totale

skeiding van die geestelike sal plaasvind, sodat die mense wat gefaal het,

weer in die materie gekluister kan word, en dit wat nog in die harde

materie gebonde is, vrygestel kan word om die weg van ontwikkeling voort

te sit in die skepping van die nuwe aarde. Die ou toestand op aarde kan

104

onmoontlik bly bestaan, aangesien daar andersins geen moontlikheid meer

sou wees vir ‘n verdere ontwikkeling van die geestelike nie.

Eers moet alles weer opnuut in orde gebring word, al die geestelike moet

verplaas word na waar dit volgens sy volwassenheid hoort. Daarom moet

ook die mens, wat na die materie verlang, in die toestand terugkeer wat hy

reeds lankal oorwin het, maar sy bereikte vryheid misbruik het en daardeur

weer weggesink het na die diepte. Dan sal daar weer Goddelike orde op die

nuwe aarde heers en die mense sal hulself binne die Goddelike ordening

beweeg, omdat die nuwe aarde bevolk sal word deur diegene wat op die ou

aarde ‘n toestand van volwassenheid bereik het wat ‘n oorplasing na die

nuwe aarde regverdig. Maar nie net die aarde sal geheel hernu word nie,

maar ook die mensdom wat in geestelike volwassenheid ‘n nuwe,

aardtydperk sal begin, net soos al die geestelike, wat in die skeppings

gekluister is, hulp sal ontvang by die opwaartse ontwikkeling wat hulself

weer in die wetlike orde sal voltrek.

Julle moet nie glo dat daar op die aarde ‘n ommekeer sal plaasvind wat die

mense sal verander nie, dit wil sê laat beter word en daardeur ‘n

verandering sal ontstaan nie. Hierdie moontlikheid is uitgesluit, want slegs

‘n daad van geweld kan die reiniging nog teweegbring. Die bokke moet van

die skape geskei word en daar moet van God uit ‘n verandering veroorsaak

word, want die mense is self nie meer daartoe in staat om in goeie

vaarwater reg te kom nie. Hulle sink steeds verder af hoe langer die tyd

duur. Daarom is die tyd ook vasgestel in God se verlossings plan en word

ook hieraan vasgehou. Want wat Hy in Sy wysheid as nodig ingesien en

besluit het, staan vas en sal nooit verander word nie, omdat Sy Wysheid

onoortreflik en Sy besluit onveranderlik is.

Daarom kan al die gebeure, wat met die omvorming in verband staan, van

Sy kant af aan die mense geopenbaar word, en kan geloof geskenk word

aan die profesieë wat steeds weer deur sieners en profete verkondig word

aan die mense.

Dat die laaste oordeel en die hervorming van die aarde geen parallel sal

vind in die gebeurtenisse wat tot dusver deur mense beleef is nie, gee julle

nie die reg om aan te neem dat die profesieë verkeerd is nie. Maar die

mense moet rekening hou met wat aan hulle verkondig word en wat hulle

te wagte staan en hulself daarop voorberei. Want daar is nog ‘n kort

barmhartigheidstyd wat nog benut kan word en as die wil van die mens op

aarde maar daarna streef om aan sy opdrag te beantwoord, dan hoef hy

die einde ook nie te vrees nie. Want God sal elkeen help wat Hom aanroep

en Hy gee dit steeds deur Sy woord aan die mense te kenne. Hy kondig wel

die gebeurtenisse aan, maar Hy gee aan elke mens sy vrye wil, sodat hy

ook sy eie lot in sy hande het. Amen

105

Verduideliking van tradisionele leerstellings

8371 3 Januarie 1963

Julle het herhaaldelik die verskering ontvang dat julle alles as suiwer

waarheid kan verdedig, wat julle van My deur die werk van die Gees in julle

ontvang. Ek sal julle nie verkeerd lei as dit julle ernstige wil is om in die

waarheid en in korrekte denke te leef nie en as julle in liefde My vra om die

waarheid aan julle te bring.

Dikwels is die mense nie bereid om die onware denke te los nie omdat hulle

‘n verstandelike produk aanvaar wat hulle as onbetwisbare waarheid sien,

wat hulle dikwels aanvaar en aan ander oorgedra het vir ’n lang tyd. En

aangesien sekere kennis nie nodig was vir die ontwikkeling van hulle siele

nie, maar eerder hulle in hul denke sou verwar, was dit nie nodig om

daaroor onderrig te word nie.

Maar soos die begeerte na inligting in ‘n persoon sterk word, sal dit ook

ontvang word. Ek alleen kan lig gee en hom reg onderrig as hy die werking

van My Gees in hom toelaat. Wanneer die mense My Woord ontvang word

elke dwaling onmoontlik; maar ‘n mens wat My Woord ontvang moet

homself bevry van alle leerstellings wat uit andere bronne ontvang word.

Die waarheid kan ingaan slegs waar die hart vry van dwaling is: Ek kan

slegs wees waar My teenstander gewyk het.

Julle mense vertrou op die ‘Boek van Boeke' en glo dat sy inhoud nie

vervals is nie, maar Ek vertel julle dat niks suiwer kan bly wanneer dit deur

onvolmaakte mense beheer word nie. Daar sal altyd ‘n neiging wees na dit

wat van My kom, maar daar is geen waarborg van ‘n onbeskadigde leer nie,

selfs minder so hoe verder julle terug kyk na die vroeëre tye van die

mensdom op hierdie aarde.

Wat julle nou oor daardie tye onderrig word is slegs gedeeltelik waar, want

suiwer waarheid is ‘n eienskap van volmaaktheid en die mense is nie

volmaak nie. Daarom moet julle nie julle denke op dit baseer wat aan julle

oorgegee is van die ou tyd nie en wat julle nog glo om die enigste waarheid

te wees nie. Die waarheid sal nooit deur geslagte suiwer bly nie, maar die

dwaling sal. ‘n Valse leer word verdedig as waarheid met hardnekkigheid en

sal vir ‘n lang tyd onveranderd bly.

Die mense bou hulle lewens op sulke valse leerstellings en is nie bereid om

anders onderrig te word nie, tot ‘n geleentheid hom voordoen om aan

mense die suiwer waarheid van bo te bring. Dit word nietemin ook nie

aangeneem as dit van die ou tradisionele leerstellings afwyk nie en slegs

hulle wat verlang na die waarheid uit die diepte van hulle hart sal deur dit

aangeraak word en sal dit aanneem selfs as dit die tradisionele leerstellings

teenspreek.

My Gees is nooit verkeerd nie. Nogtans kan dit nie altyd in ‘n persoon aktief

wees as hy wêreldse neiginge het of as hy dinge wil weet wat nie geestelike

kennis is nie en van geen voordeel vir die ontwikkeling van die siel is nie.

Dikwels het die mense reeds sulke vrae vir hulself beantwoord, maar sy eie

106

gedagtes belemmer net die werking van My Gees. Dit is ‘n probleem wat

slegs deur ’n liefdes verhouding met My en herhaalde gebed vir beskerming

teen dwaling geëlimineer kan word.

As ‘n leer betrokke is wat van ouds nooit betwyfel is nie, wat deur elkeen

aanvaar is omdat geen ander verklaring moontlik skyn te wees nie, kan

so’n opinie nie weerlê word nie, omdat Ek nie gebruik maak van dwang

waar die denke van ‘n persoon betrokke is nie. Maar hy wat na die suiwer

waarheid verlang sal dit ook ontvang en sal innerlik oortuig wees dat dit die

waarheid is.

Die idee is om aan mense in die eindtyd kennis van My bestuur en werking

in die heelal te bring om hulle toe te laat om die regte verklaring vir alles te

vind, omdat hierdie suiwer waarheid na die nuwe aarde oorgedra sal word.

Daarom moet die valse leerstellings met die suiwer waarheid blootgestel en

gekonfronteer word. Dit is slegs moontlik as Ek, as gewer van waarheid,

in ‘n persoon kan werk wat so aan My toegewy is dat hy onvoorwaardelik

dit sal aanvaar wat Ek hom aanbied en alles moontlik doen om dit te

versprei wat hy ontvang het.

In die besonder tydens die tyd van die godsdiens stryd, sal dit belangrik

wees om hierdie waarheid te aanvaar het, want hy wat dit gedoen het sal

alle aanvalle kan weerstaan, omdat die waarheid hom die noodsaaklike

krag gee om dit te verdedig.

Nie dat die mense alles moet weet nie, maar genoeg om die valse

leerstellings te bestry wat deur mense geglo word wat deur My teenstander

versprei is om alle geloof te vernietig en te erken dat hulle onbetroubare

leerstellings verdedig het, sodat, nadat hulle deur hulle vyande

gekonfronteer is met daardie leerstellings, hulle gedwing sal wees om dit

op te gee.

Julle Ken nie sy sluheid en boosaardigheid nie, maar Ek weet hoe hy te

werk gaan teen julle wat wil glo. Daarom gee Ek julle lig waar moontlik en

julle wat My Woord ontvang sal spoedig gekonfronteer word met vrae wat

julle nie sal kan beantwoord nie, was dit nie vir die verklarings van bo

ontvang nie. Dan sal julle verstaan waarom Ek julle hierdie kennis gegee

het, wat voorkom as of dit die 'Boek van die Vaders' wat veronderstel is om

die suiwer waarheid te wees teen spreek; waarvan julle nie meer die

integriteit van oorsprong kan ondersoek nie.

Wanneer Ek self julle aanspreek, is Ek die oorsprong van die kennis wat

julle ontvang en julle het nie nodig om foute te vrees nie. Want Ek is die

Ewige Waarheid en Ek stuur dit aan hulle wat daarna verlang. Van die

begin af word die mense deur My onderrig. Die eerste mense het My Woord

binne in hulle gehoor, maar hulle het slegs ‘n sekere graad van kennis

besit, genoeg om My te erken en om My wil te vervul .

Deur die invloed van My teenstander, het die lig van bewustheid stadig

vervaag aangesien hulle begin het om My Gebooie te ignoreer. Onder die

eerste mense was daar ook ligwesens geinkarneer wie hulle lig onder die

107

mense versprei het, maar soos die liefdeloosheid toegeneem het, het die

geestelike duisternis ook toegeneem.

Weer en weer spreek Ek met die mense deur profete om hulle in te lig. Toe

Jesus na die aarde afgedaal het, omdat die duisternis byna

ondeurdringbaar geword het, skyn ‘n helder lig weer eens in die geestelike

nag van die mensdom.

Julle moet weet dat in sulke tye van geestelike duisternis die dwaling altyd

‘n steunpunt kon kry en so ook kon die mense wat dit hulle taak gemaak

het om die gebeurtenisse in die 'Boek van Boeke' op te skryf.

Neem in oorweging die tyd wat sederdien verby gegaan het en moenie dink

dat hierdie geskrifte by die feite gebly het nie. Maar deur ingeligte mense

het Ek julle altyd laat vertel wat julle vir die ontwikkeling van julle siele

nodig het. Hierdie boodskappe het altyd dieselfde gebly en is altyd aan die

mense as My Woord deurgegee. en Ek sal aanhou om My Woord na die

aarde te stuur, sodat die mense die suiwer waarheid kan ontvang.

Historiese verslae kan nie as My Woord beskou word nie tensy dit die

geestelike gebeurtenisse verhaal wat plaasgevind het tydens en na die

skepping van die wesens wat geskep was deur My liefde.

Hierdie gebeurtenisse moet julle weet omdat julle oor die strewe en doel

van julle lewe op aarde moet leer. Daarom gee Ek julle die volle waarheid

oor die proses van terugwinning van dit wat afvallig van My geword het en

nou na My moet terug keer.

Dus is die tot bestaan kom van die skepping vir julle verklaar asook die

evolusie van die totale geestelike wat afvallig geword het, deur die

werksaamheid van die skepping tot by die staat van die mens, oor wie se

tot bestaan kom julle ook geleer het.

Nietemin het elk proses van skepping tallose kere plaasgevind aangesien

Ek geen beperking het en My mag onophoudelik gewerk het. Bovendien

tallose geestelike wesens, wie se aantal die mens selfs nie kan voorstel nie,

het behoefte aan die werksaamheid van die skepping. Die mens plaas vir

homself grense, in die besonder in sy denke en daarom is hy onderworpe

aan verkeerde konklusies wat reggestel kan word deur My as My Gees

toegelaat word om in hom te werk. Dan kan opheldering gegee word, maar

slegs indien dit verlang word, want dit het niks te doen met die geestelike

volwasse wording van ‘n persoon nie; dit word gegee omdat dit gevra was

en ‘n gebed word so vervul. Amen

'Wie se sonde julle vergewe'

8373 6 Januarie 1963

Baie foute het reeds voortgevloei uit die verkeerde interpretasie van My

Woord en is verprei en dit is moeilike om sulke foute te verwyder en dit te

vervang met die suiwer waarheid omdat die mense eerder ‘n fout aanvaar

en dit dan as die suiwer waarheid versprei. As om toe te laat om onderrig

te word in die suiwer waarheid en dit te aanvaar. En dit kon altyd gebeur

108

toe My Woord letterlik geïnterpreteer was, omdat die geestelike betekenis

van die Woord nooit begryp was nie. Dat die mense deur sonde belas is, is

die resultaat van hul vroeëre afval van My, die resultaat van die oersonde

wat die eens tenvolle bewuste en volledig verligte wesens met duisternis

oorspoel het. Daarom is die mense nog onderworpe aan hierdie sonde as

hulle nie deur Jesus Christus verlos word nie. En terwille van hierdie

ellendige mense daal Ek Self af na die aarde en as die mens Jesus bring Ek

die offer aan die kruis vir die verlossing van hierdie enorme skuld. Maar

aangesien die mense die vryheid het om Jesus as Goddelike Verlosser te

beskou, in wie EK self ‘n mens word, moet hulle ook voorgestel word aan

kennis oor Hom en die rede waarom hulle mense is en aan die

Verlossingsdaad. Met hierdie bedoeling stuur Ek My dissipels die wêreld in,

wie EK Self vooraf oor dit onderrig het en hulle daarom die Evangelie as My

verteenwoordigers aan alle nasies kon verkondig. Dit is nou baie maklik om

te begryp dat die mense wat die seën van die Verlossingsdaad aangeneem

het van hul enorme sondeskuld bevry is, dat hul sonde van hulle

weggeneem is toe hulle hul sondigheid beken het en na die kruis draai, na

die Goddelike Verlosser, as hulle toevlugsoord.

So het My dissipels van My en My Verlossingsdaad getuig aan die mense en

elkeen wat hul onderrig aanvaar word ook verseker deur hulle dat hul

sonde vergewe is, omdat Ek hulle die taak gegee het om aan die mense te

verduidelik waarom hulle ellendig en belas was. Daarom kon hulle hul in My

naam verseker dat hulle van alle skuld bevry word as hulle My erken en My

om vergiffenis vra. Want hulle het die wêreld in gegaan om die Woord van

die kruis namens My te preek, dus kon hulle ook die sonde van mense

namens My vergewe. Terwyl hulle die Evangelie aan die mense as My

verteenwoordigers gebring het, was hulle verlig deur My Gees en herken

die sondige staat van die mense. Hulle herken ook die bereidheid van die

mense om te bekeer, wat hulle die reg gee om hulle van al hul skuld in My

naam te onthef. Hulle het slegs gedoen wat Ek Self sou gedoen het toe Ek

op aarde geleef het. Aldus die Woorde 'wie se sondes julle vergewe, vir

hulle is dit vergewe.' Is geregverdig en moet ook in hierdie konteks begryp

word.

Maar die vraag is: wie tree op as My ware verteenwoordigers op aarde?

aangesien dit alleen hievan afhang of dit vir ‘n persoon moontlik is om

sonde te vergewe, d.w.s. of dit deur My wil goedgekeur is. Omdat nie

elkeen wat hom as My verteenwoordiger beskou deur My Gees verlig word

en die staat van ‘n persoon se siel kan herken wie se 'sonde' hy wil

vergewe nie. Nie elkeen wie hom My verteenwoordiger noem kan My

Evangelie aan sy medemens preek nie. Slegs die mense wat deur My Gees

verlig is oor die Reddings daad van Jesus, van die geestelike rede en die

enorme oersonde. Daarom moet die werking van My Gees absoluut

moontlik wees, maar dit is nie merkbaar in hulle wat beweer om My

dienaars te wees nie, My verteenwoordigers op aarde. Gevolglik is hulle nie

109

geregtig nog in staat om hul medemens se siel te beoordeel en hul sonde

te vergewe nie. En as hulle dit doen, word die persoon nie verlos van sy

enorme oerskuld nie tensy hyself die weg na Jesus Christus neem en Hom

direk om vergiffenis van sy skuld vra.

Om hierdie rede moet mense nie vertrou op die versekering deur hulle wat

self onbekwaam is om sonde te vergewe, omdat Ek nie hierdie amp aan

hulle toegewys het nie. Daarom kan ‘n misleide onderrig soos dit ‘n baie

skadelike effek op siele hê wat glo dat hul sonde deur spesifieke gebruike

vergewe is en dit dan nie aan Jesus Christus oorhandig en opreg op hom

om vergiffenis van hul skuld ‘n beroep doen nie. Vir die verlossing van die

oersonde kan mense slegs deur Jesus Christus vergewe word en dit vereis

kennis wat slegs deur die suiwer waarheid bereik kan word. Maar terwyl die

mense, wat nie deur Myself benoem is nie, die reg voel om sonde te

vergewe sal dit slegs tot ‘n half-hartige houding lei, aangesien die mens

dan glo om van sy verantwoordelikheid verlos te wees sodra sy medemens

hom die vergiffenis van sy sonde verseker met die verwysing dat EK Self

hierdie belofte gegee het.

Ek het hierdie Woorde aan My dissipels gespreek 'wie se sonde julle

vergewe vir hulle is dit vergewe.' En hierdie Woorde sal altyd geregverdig

word met hulle wie EK self as My ware dissipels kies. Maar dieselfde

Woorde kan nooit op hulle van toepassing wees wie hulself verklaar of wat

deur hul medemens verklaar word as My opvolgers nie. Slegs Ek weet wie

My op die regte manier dien en wie die noodsaaklike kwalifikasies daarvoor

het. En so nogmaals kies Ek My ware verteenwoordigers op aarde wat My

Evangelie in alle noukeurigheid sal verkondig en ook falsheid duidelik sal

blootstel en beveg. Want slegs waarheid kan die regte lig vir mense wees

waardeur hulle die weg na bo, na My in die huis van hul Vader vind. Amen

Die kerk van Christus in die begin

8375 8 Januarie 1963

My disipels neem die evangelie van die liefde van Myself aan toe Ek op

aarde geleef het. Hulle kon dit dus ook suiwer en onvervals in die wêreld

uitdra toe My verlossingswerk volbring was en Ek weer in My ryk van lig en

saligheid was. En van die kant van hierdie disipels het My leer ook suiwer

gebly en die mense verneem oor My, dat Ek hulle Verlosser was van sonde

en dood. Hulle word deur My apostels onderrig dat hulle die weg tot die

kruis moet gaan en ‘n lewe in liefde lei, om die doel van hul aardse lewe te

vervul en om na hul dood My ryk binne te kan gaan. My disipels word dus

deur My met die waarheid vertroud gemaak en hulle gee ook dieselfde

waarheid verder, omdat My Gees in hulle kon werk. Aanvanklik neem die

mense My suiwer evangelie aan en was ywerig om ‘n lewe in liefde te lei.

En daardeur wek ook hulle die gees in hul tot lewe en Ek Self kon dan in

hulle werk.

110

So word My leer ook ‘n bepaaldie tyd suiwer gehou. My disipels gee die

leeramp deur, aangesien hulle die geestelike toestand sien van die wat

hulle as hul opvolgers aanwys. Maar dit duur nie lank nie, of die mense eien

vir hulself so'n leeramp toe. Gedeeltelik uit ‘n sekere eieliefde, gedeeltelik

uit ‘n te groot ywer om My wil te doen, sonder om die innerlike roeping

daartoe af te wag. En so kom dit dat die leeramp dan willekeurig toegeken

word. Dat nie meer die innerlike begaafdheid of die geestestoestand van ‘n

mens maatgewend is nie, maar uiterlike omstandighede met die ‘n rol speel

en nou ook steeds meer die suiwer waarheid in gevaar bring, wat egter nie

ingesien word nie, vanweë die on-ontwaakte gees van die leerkragte wat

hulself so benoem het.

Maar die mense aan wie die evangelie verkondig moet word, word die reg

ontsê om ‘n eie oordeel te vorm en hul onsekerheid uit te praat oor die

onvoorwaardelike waarheid van dit, wat hulle geleer word. Die wat hulself

as geestelike leiers beskou was van hul missie en die waarde daarvan

oortuig en verdra geen teenspraak nie. En diegene wat onderrig word, word

verplig om onbeproef alles as waarheid te aanvaar wat hul aangebied word.

Die waarheid kon dus alleen solank suiwer behoue bly, solank die

behoeders self ‘n ontwaakte gees gehad het. Maar spoedig was die aantal

van hulle wat in “amp en waardigheid” aangestel was, sonder om deur My

Gees verlig te wees oorwegend groter. En elke teenwerping van ‘n

geestelike gewekte mens word verwerp. Die mag van hulle wat onverlig

was styg onophoudelik, die suiwer waarheid word vermeng met dwalinge,

met opvatinge wat die resultaat was van menselike denke en deur hulle as

“Godelike waarheid” voorgestaan word. En as geestelike ontwaakte mense

probeer het om die dwaling te verwyder het dit My teenstander geluk om

dit so te hou, want die mag van sy aanhangers was reeds te groot en die

suiwer waarheid word nie meer as sodanig herken nie. En so kan julle dit

so indink dat in die loop van die tyd iets anders as die kerk van Christus

ontwikkel het as dit, wat deur My op aarde gegrondves was.

Alleen so is dit te verklaar dat ‘n organisasie tot mag kom en dat daar

binne in hierdie organisasie steeds weer skeuringe ontstaan, terwyl Ek die

deur My gestigte kerk steeds alleen as ‘n geestelike gebou beskou wil hê,

wat alle mense bevat wat in die waarheid lewe as gevolg van ‘n lewe in

liefde en wat ’n lewende geloof en ‘n ontwaakte gees het. En hierdie

innerlike kerk bestaan nou nog, want My Gees word nog steeds uitgestort

op mense wat hulle bes doen om in die liefde te lewe en My wil te vervul.

En so kan aan hulle steeds weer die suiwer waarheid geopenbaar en alle

dwalinge onthul word. En elke mens wat ernstig na die waarheid verlang

sal ook opheldering gegee word; hoe dit kom dat die mensdom in ‘n

verwarde denke kon kom en ook nie bereid is om daarvan vry te raak nie.

Nou sal dit vir elkeen begryplik wees dat die massa nooit vir die waarheid

ontvanklik is nie, maar met die dwaling bereidwillig saam stem. Daarom

moet elkeen afsonderlike hom probeer losmaak van verkeerde opvatinge,

111

sodat hy die genade kan ontvang wat hom van My af die suiwer waarheid

aanbied. Want as hy maar ernstig daarna verlang, sal hy ook die waarheid

van dwaling kan onderskei en hy sal dan ook behoort tot die kerk wat Ek

Self op aarde gestig het. Amen

"Die kragte van die hemele sal geskud word "

8379 13 Januarie 1963

EK het ook aan julle voorspel dat julle aan die tekens van die tye sal insien

dat die einde naby is. En hierdie tekens sal so duidelik wees dat julle nie

meer hoef te twyfel nie, en hoef te wonder hoe laat dit is nie.

Die kragte van die hemele sal geskud word, julle sal kosmiese veranderinge

kan vasstel, natuurverskynsels wat julle te wagte is, sal julle kan

waarneem en ook die wetmatige geordende lig omvergewerp sien in die

natuur. Tog regeer ‘n Goddelike wet daaroor, want alles wat kom en

gebeur, word deur My Wil teweeggebring.

Maar aan julle, moet die waarheid net duidelik word deur dit wat aan julle

verkondig word deur sieners en profete en wat EK Self vir julle voorspel het

oor die einde. Want in die laaste tyd sal alles uit sy ordening tree om julle,

te laat oplet. Omdat julle geen geloof meer in ‘n God en Skepper wil

aanvaar nie, omdat julle glo dat julleself op My skeppingswerke ‘n invloed

uitoefen, omdat julle julleself as magtig en buiten gewoon wys beskou,

moet teenbewyse vir julle gegee word. Julle sal julle magteloosheid moet

insien teenoor verskynsels wat nie deur julle wil gekeer of verander kan

word nie. Verder sal julle moet besef dat sulke voorspellings, wat julle nie

kan verloën nie, al lankal bestaan het, en dat dit nou die tyd is wat gekom

het en waarin vervul sal word wat geskrywe staan en wat steeds weer aan

die mense deur My woord verkondig word.

Maar die mense sal ook kosmiese veranderinge as die gevolge van hulle eie

maaksels aansien en hulself as meester beskou wat ook vir sulke kosmiese

veranderinge die bevoegdheid het en gevolglik sal hulle Jesus uit volle

oortuiging verloën. Want dit is die werksaamhede van My teenstander in

die eindtyd, dat hy trag om Myself te onttroon en daarom ook weer

gekluister sal word.

Maar die mense sal ook die tyd herken en My en My ryk teenoor die wêreld

verdedig, teenoor diegene wat totaal ongelowig is. Want hulle weet dat die

laaste uur spoedig sal slaan en hulle hou ook die kosmiese veranderinge as

‘n bewys, omdat EK dit Self voorspel het toe EK oor die aarde gegaan het.

"Die kragte van die hemele sal geskud word", ook die woord het ‘n

geestelike betekenis, wat julle, mense, nog nie begryp nie. Alles wat van

My uitgaan, wat My Wil as oorsprong het, sal lewend wees, elke sterrevorm

sal tot lewe gebring word, omdat My Krag homself sal uiter, wat steeds

lewe voortbring.

En My Krag sal in alle volheid uitstraal in die laaste tyd voor die einde, dit

sal oral alles losser maak, ‘n verslapping tevoorskyn roep, d.w.s. die Son

112

van My Gees sal deur die donkerste nag waarin die aarde lê, heen breek.

Die Son van My Gees sal helder verlig en Sy skyning sal alles tot lewe

bring, dit sal al die slapendes wakker skud en die tot nou toe dooies wat

deur hierdie straal getref sal word, sal lewend word. Dus sal die kragte van

die hemele homself uiter, wat julle, mense, nie kan teëhou nie.

Ten slotte sal ook, suiwer natuurlik, ‘n uiting van My Mag voltrek word wat

geen mens vir homself sal kan verklaar nie. Want EK het vir die einde

buitengewone tekens voorspel wat hulself sal voordoen in ‘n vorm

waardeur die mense met ontsetting al die gebeurtenisse in die natuur kan

volg, wat hulle nie kan keer deur eie teenaksies nie, maar hulle sal self nog

daartoe bydra dat kragte in werking tree waarvan hulle die uitwerking nog

nie deurgrond het nie. En daarom sal dit alles vernietigende gevolge

meebring en die einde bespoedig, wat weliswaar in My verlossingsplan van

die ewigheid voorsien is, omdat EK ook sedert ewigheid op hoogte is van

die wil van die mense en die verlossingsplan hiervoor opgestel het, wat

egter tog deur die mense self, wat dink dat hulle My kan troef, ten uitvoer

gebring sal word. Hulle staan dus duidelik onder die invloed van die

teenstander, wie se verwoestende werksaamheid nou duidelik sal word.

Dit sal gebeur soos dit verkondig is en wie opmerksaam is, herken ook al

die tekens van die tyd. Wie opmerksaam is, besef ook dat My woord

waarheid is wat die mense van bo toekom as ‘n buitengewone

barmhartigheidsgeskenk vir alle mense wat die geskenk maar wil aanneem.

Want EK het die mensdom nooit ongewaarsku gelaat wanneer daar

gebeurtenisse te wagte was, wat EK oor die mense moes laat kom, sodra

hulle in gevaar was om volkome deur My teenstander opgeneem te word.

Steeds gaan My oordele en ook My waarskuwings en aanmanings vooruit,

want steeds wil EK aan die mense die moontlikheid bied om self te besin en

nog die kort tydjie voor dit te benut, sodat hulle siele ongedeerd uit al die

dergelike oordele te voorskyn kan kom. Ook mag hierdie ernstige

aanmaninge en waarskuwings nooit gedwonge wees om te glo nie en

daarom sal My aankondigings ook weinig geloof vind, al is die tekens van

die tye so duidelik sigbaar. Die mense soek oral ‘n verklaring wat hulle

beter geval en daarom sal hulle onvoorbereid deur die einde verras word,

want die tyd is vervul, die einde staan voor die deur. Amen

Spysiging van die siel voor alles - Avondmaal

8385 19 Januarie 1963

Ek moet julle steeds weer voorhou in welke noodtoestand julle siele hom

bevind, wanneer julle hom nie die ware voeding aanbied nie, terwyl dit in

die aardse lewe die belangrikste is, dat julle, julle siele versorg met alles,

wat julle siele nodig het, om sy doel te bereik, waarvoor julle op aarde leef.

Hy moet ontwikkel word en het die ware voeding nodig; julle het spys en

drank nodig, wat daarvoor geskik is, om die siel die weg te wys na ‘n lewe,

wat hom die grootste geluksaligheid waarborg.

113

‘n Onvolwasse siel kan nie in My Ryk van Lig ingaan nie, hy moet eers op

aarde volmaak word en is met die doel op aarde. Julle stoflike omhulsel, die

menslike liggaam, word deur julle met die beste sorg in die lewe gehou,

daar word alles vir hom gedoen, sodat dit behoue bly en julle daarby so

lekker moontlik voel. Maar aan die siel dink julle weinig, terwyl hy baie

meer goeie, heilsame voeding nodig het, omdat dit gaan om sy ewige

bestaan, terwyl die liggaam verganklik is en sy leeftyd baie kort kan wees.

Die siel is meestal by aanvang van sy beliggaming as mens swak en siek,

en hy moet voor alles gehelp word, sodat hy kan los kom uit sy kragtelose

toestand. Hy moet deur ware spys en ware drank krag toegevoer kry, sodat

hy hom suiwer tydens die aardse lewe en hy moet goeie medisyne kry,

sodat hy gesond en volwasse word om die aardse liggaam te kan verlaat,

wanneer die uur gekom het, waarin hy die lewe op aarde verwissel vir die

geesteryk, om nou ook grensloos salig te kan wees.

En die ware voedsel kan julle alleen gebied word in die vorm van My woord,

want dan ontvang die siel krag en versterking van Myself en Ek sal julle

waarlik alleen dit bied, wat bydra tot julle voleinding. Maar daartoe het Ek

julle vrye wil nodig, dus julle moet self by My aan tafel kom en die ware

voeding vir julle siele regstreeks van My aanneem. En Ek nooi julle steeds

opnuut uit, om My gas te wees, om julle te lawe en te versterk aan My tafel

en die ware spys en die ware drank van My in ontvangs te neem, wat vir

julle siele noodsaaklik is, sodat julle gang oor die aarde suksesvol kan

wees.

Want alleen vanweë die volwasse wording van die siel gaan die mens oor

die aarde. Sy liggaam is slegs die stoflike omhulsel, wat die siel herberg,

wat die proses van terugkeer byna volbring het en slegs nog die wilsproef

moet aflê, om vir goed in die geesteryk opgeneem te word. En die siel het

die liggaam nodig om te kan bestaan en om sy taak te vervul. Maar bowe

al moet vir die siel gesorg word en alles moet hom gegee word, wat hy

nodig het om volmaak te word.

En omdat die siel die geestelike in die mens is, kan hy alleen maar van

geestelike spys en drank voorsien word en die ware voeding vir hom is en

bly steeds My woord, wat Ek julle in oorvloed aanbied, as julle My maar die

moontlikheid gee, om julle aan te spreek en julle ook My woord naleef. Dan

bestaan daar vir die siel geen mislukking meer nie, dan sal hy hom

onherroeplik sodanig vorm, dat hy steeds nader aan My kom, omdat alle

kragtoevoer uit My, wat in die vorm van My woord tot hom kom, hom help

met die omvorming na sy oorspronklike toestand, sodat hy hom suiwer en

dan steeds sterker met die lig van My liefde deurstraal kan word.

Steeds weer moet julle mense My woord hoor, dan verskaf dit julle siele die

nodige bruikbare voedsel, wat nie sonder uitwerking sal bly nie en daarom

moet julle voortdurend by My aan tafel kom en met My die avondmaal

gebruik en waarlik, julle siele sal dankbaar wees, as julle hom voor alles

versorg, sodat sy gang oor die aarde as mens nie tevergeefs is nie; sodat

114

hy steeds nader aan My kan kom, totdat eenmaal die weg na die

definitiewe hereniging gevind is en die siel weer in krag en lig en vryheid

kan skep en werk met My in My Ryk. Amen

Baie teëspoed voor die einde

8387 20 Januarie 1963

Die aarde sal nog baie teëspoed ervaar, maar slegs die mense wat direk

beïnvloed word sal ‘n geestelike voordeel daaruit kry, as hulle nie tenvolle

verhard is nie. Maar hul medemens word nie vir lank daardeur beïndruk nie

en daarom sal hulle ook op ander maniere beïnvloed word, want Ek het

waarlik baie onderwysmetodes tot My beskikking wat Ek moet gebruik as

Ek nie die mense wil verlore laat gaan en hulle aan My teenstander afstaan

nie. Want dit is soos ‘n siekte dat hulle eerder aan sy wil voldoen wie hulle

wil ruïneer, as aan Myne, wat hulle slegs wil help om geluksaligheid te

bereik.

My Woorde en waarskuwings dra weinig vrugte en hulle moet strenger

behandel word as hulle denke moet verander en na My draai. Slegs

teëspoed wat hulle nie self kan beheer nie kan hulle na My dryf. Slegs die

soort wanhopige situasies wat lyk of daar geen hulp moontlik is nie kan

hulle beweeg om te bid, om My aan te roep in Gees en in waarheid. En as

hulle nie tenvolle verhard is nie, as hulle nog ‘n skynsel van geloof in ‘n

almagtige en liefdevolle God en Skepper in hulle het, dan sal hulle

inderdaad My aanroep en Ek sal bewys van My aan hulle gee, omdat Ek

slegs geinteresseerd is dat hulle in My met ‘n lewende geloof glo. Want

slegs ‘n lewende geloof sal hulle die krag vir weerstand tydens elke aardse

beproewing gee. Omdat dit die tyd van die einde is, die tyd van kwelling sal

ook nie ophou nie en telkens weer die mense op verskillend maniere

beïnvloed en dan sal ‘n lewende geloof van groot hulp wees, want hulle

vertroue in My laat mense alles makliker dra en vol vertroue op hulp wag.

En uit alle rigtings sal julle van allerlei ongevalle en rampe hoor en dan

moet julle altyd onthou dat Ek daardeur slegs die harte van mense wil

verander, dat niks met mense sonder rede en doel gebeur nie, wat dit ook

al mag wees. En Ek moet dikwels middele gebruik wat nie deur mense

veroorsaak kan word nie, of aan menslike mislukking verwant is nie, want

hulle moet nie die tekortkominge of sondigheid van hul medemens daarin

herken nie maar My as Skepper van die omstandighede identifiseer wat

hulle in die hopelose situasie gelpaas het. Want hulle moet My aanroep en

nie hulp van hul medemens verwag wat dit nie kan gee nie. Die mense het

slegs een manier van verlossing en dit is dat hulle ‘n verbintenis met Myself

tot stand bring, want die einde sal onherroeplik kom en die voorafgaande

tyd van teëspoed kan slegs deur mense verdra word wat hulle dig met My

verenig en daarom ook altyd van My hulp verseker kan wees. Want Ek het

julle lief en wil julle help. Ek het die mag om dit te doen en kan julle dus

help. Ek wil slegs dat julleself My aanroep en die weg na My neem, sodat

115

julle gered kan word en nie nodig het om die finale einde te vrees nie. Want

julle sal baie krag nodig hê om alle aanslae deur My teenstander te

weerstaan en julle moet voortdurend hierdie krag van My aanvaar. Maar

tog verg dit ‘n opregte verbintenis met My wat julle ‘n voldoende stroom

van krag verseker en julle toelaat om aan alle uitdagings oorwinnend die

hoof te bied.

En hoe nader dit aan die einde kom hoe meer sal julle onderwerp word aan

teëspoed en verdriet, omdat daar nie baie tyd is nie en My duidelike

inmenging noodsaaklik is waardeur julle die slegste lot kan ontsnap, die

verbanning in materie, in die nuwe skeppingswerke op die nuwe aarde. Die

lot is so verskriklik dat alle aardse teëspoed in vergelyking daarmee klein

lyk as julle die hele omvang van die eersgenoemde kon beoordeel. Maar

julle kan nie besluit om te verander as gevolg van vrees en angs nie en kan

dus nie ‘n volle oorsig ontvang nie, julle kan slegs altyd oor julle lot vertel

word, wat julle kan glo of nie. Nietemin, een dag sal julle My dankbaar

wees wanneer julle, as gevolg van groot aardse rampe, die verskriklike lot

gespaar word.

Die tyd vir die mense van hierdie aarde eindig onherroeplik en dit verklaar

ook die harde slae van die noodlot wat hulle sal ly. Maar as die liefde onder

mense koud geword het is hulle simpatie ook nie verreikend nie. Slegs

wanneer mense self beïnvloed word deur sulke rampe en ellende

veroorsaak dit dat hulle stop en dink en vir een keer hul gedagtes geestelik

draai na die Een wat Heer is oor lewe en dood, oor Hemel en aarde, wat die

Skepper van alle skeppings is, vir Wie alles moontlik is, Wie julle mense

slegs met volle vertroue moet aanroep om verseker hulp te ontvang en

daardeur ook die bewys van Homself, sodat julle geloof ‘n lewende een sal

word. Julle kan die omvang van julle lyding verminder as julle slegs

terugkeer na die geloof wat julle mense verloor het, want die

vermeerdering van rampe is toe te skryf aan die feit dat ‘n geestelike lae

vlak bereik is, dat die mense nie geloof het nie en nie in liefde leef nie maar

in volle duisternis. Maar hulle moet leer om ‘n God en ‘n Skepper te herken,

hulle moet in Hom en Sy oneindige liefde glo en dan sal hulle ook toegelaat

word om hierdie liefde te ervaar in elke aardse en geestelike teëspoed .

Maar tog sal selfs die hardste slae van die noodlot dikwels nie daarin slaag

om mense te verander nie en daarom veroorsaak hulle self die val, hulle

self dra by tot die feit dat die aarde vernietig sal word en ‘n nuwe berei

word, want dit is bedoel om die siele te dien vir hoër ontwikkeling. En

hierdie geestelike taak is onmoontlik as die mense slegter word en daarom

moet alles weer nuut rankskik word, alles wat uit orde gegaan het moet

terug in wettige orde gebring word, dus moet die werk van transformasie

op aarde ooreenkomstig die plan van ewigheid uitgevoer word.

Maar tog sal My liefdevolle sorg nog van toepassing bly op alle mens tot die

einde. Ek sal nog elke metode gebruik wat sukses beloof om die aantal te

verminder wat in materie verban moet word, wat hul ontwikkelingsproses

116

van die diepte na bo moet herhaal, wat hoewel vreeslik kwellend, nietemin

die geestelike wese uit die hande van My teenstander ontruk of dit sal nooit

na My kan terugkeer nie. Amen

Geestestoestand van die mense voor die kruisdood -

Boek der boeke

8397 30 Januarie 1963

Julle, mense vra waarom in die boek der boeke nie helder en duidelik oor

My heilsplan van ewigheid melding gemaak word nie, sodat die mense kan

weet wat aan hul menswees ten grondslag lê. En julle trek daarom ook die

openbaringe in twyfel wat julle daaroor ‘n diepgaand kennis gee. Julle moet

dit egter besef dat die geestestoestand van die mense met My geboorte

so’n kennis nie toelaat nie, omdat voor My kruisdood My teenstander nog

die heerskappy besit het en nooit lig sou toelaat nie, veeleer dat die

duisternis steeds dieper word omdat weinig mense ‘n lig in hulle ontsteek

het deur in liefde te lewe. Weliswaar wis hulle dat daar ‘n God is, Wie hulle

geskape het, maar elke dieper insig ontbreek hulle en ook watter verband

daar was tussen hulself en hul God en Skepper. hulle weet wel dat EK van

hul gehoorsaamheid vra teenoor My gebooie, wat hul ook deur verligte

mense, wat EK na die aarde stuur met die doel om te onderrig. En hulle sou

ook, as hulle volgens My gebooie gelewe het, tot ‘n lae graad van insig kon

kom. Nooit egter kon ‘n kennis oor alles wat hul nog verborge was, skools

aangeleer word nie, want hulle verstand sou dit nie kon bevat nie en hul

siele besit, as gevolg van hul nog ongedelgde oersonde geen groot

volwassenheid nie. Daarom word ook die profete meestal met teënsin

aangehoor, omdat die mense hulle in die genoë van hul lewens sou moes

beperk, as hulle die profete gehoorsaam moes wees.

Dit was altyd alleen maar uitsonderinge wat verlang het, om gehoorsaam

te wees aan hul God en Skepper en Hom te dien. En in enkele gevalle is

aan hulle ook ‘n kennis geskenk, wat ook opgeteken was, maar nie bewaar

gebly het toe My teenstander steeds sterker op die mense inwerk, dat hulle

kort voor My geboorte hulle in ‘n ongewone lae geestelike dieptepunt

bevind en daarom ook nie meer in staat was om so'n kennis op te neem

nie.

Toe kom EK Self na die aarde en bring ‘n lig in die ongewone duisternis.

Maar ook slegs daar kon My lig skyn waar My teenstander hom nie kon

handhaaf nie, waar die verlange om in die deur God gewilde ordening te

lewe, die mense ook daartoe aanspoor om ‘n lewe in liefde te lei. Hulle kon

EK al ‘n klein lig skenk en hulle oor hul verhouding tot hul God en Skepper

uitsluitsel gee. Tog vind ook die lering slegs van mens tot mens plaas,

omdat EK die graad van volwassenheidheid van elkeen afsonderlik ken en

verhinder dat ook daaruit ‘n skoolse kennis gemaak word, wat wel d.m.v.

117

tradisie oorgedra kon word, wat egter onbegryplik sou bly vir elkeen wat in

homself geen lig ontsteek deur die liefde nie.

Deur My werk van verlossing was nou die oersonde gedelg en nou kon dus

ook My Gees werksaam wees in die mens wat dit toelaat deur werke van

liefde. Want ook nou leer EK dat liefde die vernaamste is. Wie die gebod

nakom, word ook deur My Gees onderrig en hy verkry die kennis wat vir

hom nodig was om die doel van sy aardse lewe te vervul. En daar gaan dit

om, wat julle nodig het, dat julle siele tot volledige ontwikkeling kom. Die

arbeid aan die siel is die vernaamste en alles wat julle daartoe aansit, sal

die Gees uit My julle laat toekom. En wie ‘n groot verlange het om in

diepere wyshede deur te dring, hom sal ook die verwesenliking daarvan ten

deel val. Daar is egter weinig mense wat die gees in hul tot lewe wek, so ‘n

tradisioneel oorgedrae kennis sal diegene alleen maar in verwarring bring

solank hul gees nog nie gewek is nie. En daarom is so 'n kennis ook nie

opgeteken in opdrag van My nie, want iedereen sou daar aan kon kom wat

nie ernstig sou wees om My heilsplan binne te dring nie. Maar vir die

meeste mense wat onverskillig deur die lewe gaan en genoë neem met die

geestelike kennis wat hul skools geleer word, sou dit nooit ‘n seën wees

wanneer alle samehang duidelik verklaar sou word nie, want dit het sulke

diepe geestelike beweegredes, wat self die verstand nie kan bevat nie, ‘n

gewekte gees word vereis om dit te begryp.

Geen mens word die waarheid geweier wat ernstig daarna streef nie, wat

dit ook naleef en van My vra, Dit word aan hulle geopenbaar waarvan ook

alle mense op hoogte moet wees, omdat hul ook die innerlike stem, die

stem van die gewete het. En daar het My teenstander steeds reg om sy

duisternis te versprei en teen elk lig te stry en sal hy ook steeds die mense

so probeer beïnvloed om elke innerlike helderheid te verhinder en hy sal

ook die waarheid misvormd aan die mense voorstel, sodat hulle die begrip

ontbreek vir ‘n kennis wat tot diep in My skeppingsplan reik en dit reg

begryp, wat ‘n gewekte gees vereis.

Wat die Bybel bevat is voldoende om die siel van die mens te voltooi, as

alles maar ter harte geneem word. Maar ook die inhoud is vir die meeste

mense onbegryplik, want steeds bly die letters dood solank dit nie met ‘n

gewekte gees gelees word nie. En so gaan dit ook met elke kennis wat deur

openbaringe steeds weer na die aarde gebring word en suiwere waarheid

is. Dit sal ook alleen deur ‘n mens wat bereid is om liefde te gee, wie se

gees gewek is, reg begryp en in praktyk gebring word en hy sal dan ook

kan in die diepste geheime indring en ook My heilsplan van ewigheid

begryp. Amen

Wat was die mens in die allereerste begin?

8399 3 Februarie 1963

Ek wil julle steeds net dit in oorweging gee, dat julle van Goddelike

oorsprong is en dat julle julleself daarom moet beskou as ‘n vonkie wat

118

deur Myself uitgestraal is, wat ewig bly wat hulle was, naamlik goddelike

skepsele van dieselfde oersubstansie as wat Ek Self is. Nadat julle totaal

verander was tot wesens is julle van alle goddelike eienskappe ontneem.

Dog hierdie toestand duur nie vir ewig nie, maar verander ook weer, sodat

hulle oorspronklike natuur weer tevoorskyn kom, sodat hulle weer skep en

werk in alle volmaaktheid soos Ek, dat hulle weer tot My ewebeeld word en

dan ook sal bly tot in alle ewigheid.

As julle daaroor nadink dat julle van Myself uitgegaan het, dat die hoogste,

volmaakte Wese julle geskape het vanuit Sy liefde, dan moet julle

heeltemal opbloei en geen ander verlange meer hê as om weer te wees wat

julle in die begin was nie. En julle gebrekkigheid en swakheid, wat julle nou

insien, moet julle baie nederig laat word en julle tot innige gebed aanspoor

dat Ek julle mag help om weer so te word, dat julle julleself met My kan

verenig. En waarlik, julle sal barmhartigheid ontvang in oorvloed, want

hierdie wil open vir My julle harte en Ek kan dit nou ook vul met My

liefdeskrag, wat dit nou vir julle moontlik maak om julle te verander en

weer julle oerwese aan te neem.

En daar aan moet julle altyd weer dink dat julle van Myself uitgegaan het.

Dat julle Myne is en ook sal bly, omdat Ek niks opgee wat aan My behoort

nie. En al het julle julleself ook vrywillig van My afgewend en volhard het in

julle weerstand teen My; julle is en bly deur My eens uitgestraalde

liefdeskrag wat onherroeplik ook eens weer na My toe terugstroom, omdat

dit ‘n wet is van die ewigheid.

Maar die eie besef van julle herkoms sou vir julle die terugweg verkort,

want dan besef julle dat julle goddelike skepsele is, dan is dit reeds die

eerste tree op die terugweg na My. Want eens wou julle My nie erken as

julle God en Skepper van die Ewigheid nie en dit was julle val. Dit was

hoogmoed wat julle laat meen het om die toevoer van My krag te ontbeer,

en wat sodoende julle ellendige toestand veroorsaak het.

Was julle egter in die aardse lewe van julle goddelike afkoms bewus, dan

weet julle ook dat julle slegs in verbinding met My, weer lig en krag kan

ontvang; dat julle slegs wanneer My liefdeslig helder deur julle straal, julle

goddelike eienskappe weer kan terugwen en dat dit nie onmoontlik is om

weer in julle oertoestand binne te gaan nie. Dat julle waarlik tot God kan

word, soos dit in die allereerste begin julle bestemming was. Beskou julle

julleself egter as swerwers op aarde sonder doel, as kreature wat net soos

ander skeppings die wêreld bevolk en verganklik is; dan is julle gees totaal

verduister en die weg is nog eindeloos lank tot julle uiteindelike terugkeer,

tot vanwaar julle uitgegaan het, tot julle God en Vader van die Ewigheid.

Dan sal julle ook in die doel van julle lewe op aarde geen sin of bedoeling

sien nie. Julle gedagtes is slegs op die aardse gerig en julle gee self

uitdrukking aan julle totaal veranderde wese, deur julle verkeerde houding

teenoor My - julle God en Skepper.

119

Beskou slegs julleself en vra julleself dikwels af wat die rede van julle

menswees wel mag wees. Dink daaroor na wat julle is en waar julle

vandaan gekom het. Beskou julleself nie as so minderwaardig deur te dink

dat julle met julle liggaamlike dood weer vergaan in 'n niks nie. Want dan

stel julle julleself nog onder ‘n dier wat nie kan dink nie, want julle gebruik

nie julle verstand wat aan julle gegee word nie. Reeds julle vrye wil en julle

verstand moes ‘n bewys vir julle wees van ‘n Mag wat julle geskep het en

Wie se skeppings van die grootste wysheid blyke gee. Hierdie "Mag" het

beslis niks gebrekkig buite Hom geplaas nie, maar wesens in hoogste

volmaaktheid. Maar julle mense, weet nie dat julle die wesens is wat van

My afvallig geword het nie. Daarom wys Ek julle steeds weer op julle

vrywillige verval en ook op My liefdevolle sorg, om julle tot ‘n vrywillige

terugkeer te beweeg.

En daarom probeer Ek slegs om julle tot nadenke aan te spoor oor julleself,

wat julle is en om welke rede julle op die aarde leef. Julle moet daar aan

dink watter wonderwerk van die skepping julleself is, hoe kunstig julle

liggaam geskape is en hoe al sy funksies uitermatig knap ingerig is. Daar

aan sou julle al moet sien dat julle van Goddelike oorsprong is en dat julle

Skepper ‘n hoogs volmaakte Wese moet wees, wat hierdie skepsele buite

Hom laat ontstaan het, wat kan dink en wil en daarom tot iets anders

bestem moet wees, as maar net julle weg oor die aarde te gaan en die

aardse verpligtinge na te kom en dan weer te vergaan. En kon julle maar

tot die insig kom dat julle aardse lewe ‘n sin en ‘n doel moet hê, dan sou

julle ook moeite doen om dit te deurgrond en dan sou die weg omhoog ook

vir julle verseker wees. Want dan was julleself bewus van julle

verantwoordelikheid en die een goddelike eienskap na die ander sou weer

in julle tevoorskyn kom, omdat julle oersubstansie Goddelike krag is. Dan

sal julle ook die verbinding met My soek en My dus ook die moontlikheid

gee om julle weer met My liefdeskrag te deurstraal en dan sal julle weer

wees wat julle was vanaf die begin van die tye. Amen

Die ingang van die siel in die koninkryk van lig

8400 2 Februarie 1963

Elke geestelike versoek sal aan julle toegestaan word. Ek het julle hierdie

belofte gegee omdat My liefde alles sal vervul wat goed is vir julle siele. En

so kan julle ook verseker wees dat julle die koninkryk van lig en

geluksaligheid na julle fisiese dood sal ingaan as julle, julle lewe op aarde

ooreenkomstig My wil geleef het, as julle, julle liefde vir My deur julle dade

van onselfsugtige naaste liefde gewys het en as julle, julle lewe op aarde

met My geleef het deur My toe te laat om julle voortdurende metgesel te

wees.

“Hy wat in My glo het die ewige lewe.” En elkeen wat ‘n lewe van liefde leef

glo in My met ‘n ware lewende geloof en hy sal daarom ‘n salig lewe in die

geesteryk toegestaan word. En die besef sal inderdaad na hom in ‘n flits

120

kom, sy denke sal waarheids gerig wees en sy geluk is as sulks dat die siel

met sy lig, waardeur hy deurdring word, ook ander siele sal kan verbly wat

nog in duisternis is en verlang na lig. deur ander gelukkig te maak sal hy sy

eie geluk vind en daarom moet hy eers ‘n helder lig hê wat in homself skyn.

Julle mense kan nie hierdie geluksaligheid voorstel nie, nog die aard van

die aktiwiteite, maar julle kan goed glo dat hierdie siele nie meer na die

aarde sal wil terug keer nie. Veral as hulle weet dat daar geen mens op

aarde sal oorbly nie en elke siel spoedig sy geliefdes weer sal ontmoet.

Daarom moet hulle ook nie treur nie maar slegs altyd daarna streef om ‘n

hoë graad van liefde te bereik wat hul geestelike visie sal vergemaklik,

omdat hierdie graad vir die siele noodsaaklik is om mekaar weer te

ontmoet onmiddelik na hul oorgaan vanaf hierdie wêreld, anders sal die

siele eers moet streef om hierdie graad in die hiernamaals te bereik.

Tog is die feit dat die mense weer eendag sal ontmoet ‘n absolute waarheid

en dit sal ‘n uitsonderlike vreugdevolle oomblik wees wanneer die

vereniging in die geesteryk plaasvind. Julle mense wat deur harde slae van

die noodlot beïnvloed word, moet altyd in gedagte hou dat wat daar ook al

met julle in die aardse lewe gebeur slegs op My liefde en wysheid gebaseer

word. Hou die feit in gedagte dat Ek julle nie wil laat ly nie maar groter

geluksalighede aan julle wil gee, wat julle dikwels deur lyding bereik. En

julle moet dit nie betwyfel nie maar nederig alles aanvaar en waarlik, die

seën sal materialiseer. En as julle een dag terug kyk op julle aardse lewe,

sal julle gevul word deur diepe dankbaarheid en liefde vir My Wie julle as

julle Vader erken Wie slegs Sy kinders se lot op Sy hart dra en op hulle wag

in die koninkryk van die hiernamaals.

Wees bewus van die feit dat julle nie baie langer op hierdie aarde sal bly

nie en dat julle daarom ‘n groter hoeveelheid lyding sal moet aanvaar om

die doel te bereik om vrywillig met My te verenig en elke gebed wat julle na

My stuur sal uit die diepte van julle harte kom en sal daarom ook deur My

beantwoord word. Julle sal dikwels julle gedagtes na die koninkryk stuur

waar julle huis is en ook toegelaat word om strome van lig en krag uit

hierdie gebied te ontvang, julle sal in voortdurende kontak met julle

geliefdes wees wie julle vooruit gegaan het en wie, as julle ‘n hoë graad

van volwassenheid en lig besit julle sal ondersteun om julle doel ook te

bereik terwyl julle nog op aarde is. Want ‘n siel wat reeds toegelaat word

om lig te versprei sal ook die lig na julle kan stuur en dit beteken dat julle

dan in uiterste waarheid sal lewe, want waar lig is kan geen valsheid

bestaan nie omdat dit as sulks herken sal word en die weg van elkeen wat

in waarheid leef onfeilbaar tot die doel moet lei.

En glo dat Ek elke gedagte in julle harte ken en so weet Ek ook wat julle

nodig het en neem sorg dat dit aan julle gegee word. En selfs as Ek nou en

dan pynlike middele gebruik sal dit nietemin die siele van hul fisiese

beperkinge bevry en hulle sal slegs die aardse lewe vir ‘n baie mooier lewe

in die geesteryk ruil, waar hulle liefde diens vir My sal doen en daarom ook

121

salighede sal geniet wat die aardse lewe nie kan aanbied nie. Want hulle

het die ewige waarheid ingegaan van waar hulle eens gekom het. Amen

Beproef die geestelike leringe

8401 6 Februarie 1963

Daar sal nog baie geestelike leringe vertel word wat sogenaamd van My

afkomstig sou wees. Julle moet daarom ernstig ondersoek of die geestelik

goed van My af gekom het en julle sal dit ook kan as dit by julle daarom

gaan om alleen die suiwere waarheid aan te neem, as julle My om bystand

vra.

My Gees werk wel oral, omdat dit nodig is dat vir die mensdom in hul

geestelike duisternis ‘n lig ontsteek word. Maar ook My teenstander maak

gebruik daarvan deur hom te kamoefleer as ‘n liggees, om die mense in

verwarring te bring. Dog die regte lig gee kan hy nie en daarom sal dit

altyd slegs valslig wees wat hy vir julle ontsteek. Deur hierdie

begoogellende ligte moet julle oë verswak word, sodat julle slegs nog

moeilik die sagte skynsel van die ware lig herken. My teenstander verskuil

hom daarby agter groot name en veroorsaak daarmee verwarring, want die

mense waag dit nie om die mededelinge te verwerp nie. Maar hulle word

gevolglik slegs op ‘n dwaalspoor gelei deur diegene wat aan hulle

manifesteer. En julle sal skrik, as julle kon sien tot welke omvang satan sy

teenaksie uitgevoer het en nog verder sal uitbrei tot die einde.

Die mense het ‘n verlange na ongewone kennis en die verlange maak vir

hom sy inwerking moontlik deur hul voor te hou om hul geestelike kennis

by te bring. Maar hy verskaf alleen die kennis wat nie die geringste waarde

het vir die ontwikkeling van die siel van die mens nie, wat egter die doel is

waarvoor hulle oor die aarde gaan. Hierdie "lerare" sal ook woorde gebruik

wat bedrieglik is, maar wie oplettend kontroleer sal moet toegee dat hy

deur die soort informasie niks wen nie, dat vir hom geen lig skyn nie,

omdat My teenstander self geen lig besit nie, dus dit ook nie kan uitdeel

nie. Steeds weer kan Ek julle daarom slegs aanraai om My innig om

verligting van julle gees te vra, dan sal dit ook helder in julle word en julle

dit herken en afwys wat nie van My afkomstig is nie.

Daar sal julle dus van baie kante altyd weer dieselfde aangebied word,

want My teenstander besit geen wysheid en kan dit daarom ook nie oordra

nie. Alleen ‘n ware kennis ooreenkomstig die waarheid kan lig skenk aan

hom wat dit ernstig begeer.

Wat dus waarlik lig vir julle is, neem dit ook aan. Wat julle die ware kennis

gee oor My en My heilsplan van ewigheid, sodat julle helder en duidelik

julle eie aardse opdrag insien, dit is ‘n lig wat Ek Self vir julle aangesteek

het. Word julle egter leë woorde ten deel wat julle geen dieper insig gee in

dit wat julle was, wat julle is en wat julle weer moet word, of as julle

dringend versoek word om te werk vir die ryk van God, maar julle geen

verklaring gegee word waaruit hierdie arbeid bestaan en waarom dit verrig

122

moet word nie, dan kan julle die mededelinge tereg afwys as holle frases

wat julle alleen moes oorbluf.

Julle moet julleself dus steeds afvra of julle wel voordeel daaruit sou behaal

as julle hoegenaamd niks van sou weet, wanneer julle, as totaal

onwetende, alleen uit hierdie informasie opheldering sou moet ontvang.

Julle sou waarlik geen enkel voordeel kan behaal omdat alles alleen maar

leë woorde is, wat van My teenstander uitgaan om julle in die war te bring

en die suiwere waarheid ver van julle te hou.

Steeds weer sal hy probeer om ook in My geledere verwarring te stig, sodat

ook onder Myne verskillende menings duidelik te merk is en hulle daardeur

vir die geestelike strewe moeg word, as hul geen volkome opheldering

gegee word nie. Maar julle besit reeds soveel lig dat julle ook sy aktiwiteite

kan herken, sodra julle dit sonder vooroordeel ondersoek.

Daarom, neem steeds die weg tot My en vra om opheldering en julle sal dit

in julle harte voel wat julle kan aanneem of moet afwys. Want die mag van

My teenstander is gebreek sodra hy die mag wil aanwend by hulle wat

reeds aan My behoort deur hulle eie wil. Want hulle sal Ek teen dwaling

beskerm omdat hulle die waarheid begeer. Amen

Ongelyksoortige skeppings beantwoord aan die val

van die wesens

8405 7 Februarie 1963

Julle bewoners van die aarde is daartoe bestem om kinders van God te

word en daarom sal julle die diepste dieptes moet oorwin om die hoogste

hoogte te kan bereik. Dit sal julle ook eers begryp wanneer julle op hoogte

is daarvan dat die val van die wesens heel verskillend was in soverre, dat

ook die teenstand teen My, nie ewe groot was nie, dat ook julleself volgens

die wil van julle verwekker geaard was, wat maar net die graad van julle

weerstand betref, toe julle vry moes beslis vir My of vir My teenstander.

Die lig van die insig het julle almal deurstraal en tog het julle die weg

geneem wat van My wegvoer en het julle by My teenstander aangesluit,

omdat julle hom kon sien in alle skoonheid, terwyl Ek nie vir julle sigbaar

was nie. Dus was julle weerstand meer of minder groot en dit het tot

gevolg gehad dat die verskillende skeppings ook aan julle toegewys was,

waarop julle ook, die weg om na My terug te keer, sou moet gaan, maar

nie onder dieselfde voorwaardes as wat dit aan die bewoners van die aarde

gestel is nie.

Die aarde is die skeppingswerk wat in ‘n sekere sin die moeilikste eise aan

die gevalle wese stel, sodat hy weer tot die hoogtes kan kom, terwyl die

ander hemelliggame hulle bewoners ligter moontlikhede bied, ook met die

einddoel, die kindskap van God wat ook net op die aarde bereik kan word,

ofskoon ook die wesens van ander hemelliggame ongekende salighede

123

eskore is wanneer hulle, hulle positiewe ontwikkeling afgelê het en hulle

wil nou eweneens korrek gerig is.

Om die kindskap van God egter te bereik,moet die weg oor die aarde afgelê

word en dit kan ‘n siel wat die geesteryk vanaf ander hemelliggame ingaan

en ‘n bepaalde graad van volwassenheid bereik het, ook op eie versoek

gaan doen; sodat die gang oor die aarde nou aan hom toegestaan word,

met die doel om 'n taak te vervul. Die siele bevind hulself dan ook al in die

lig, maar hulle is nie gevalle wesens nie, maar siele van ander sterre, wie

se weerstand tot My nie so groot was nie, dat hulle dus eerder hulle

teenstand opgee en weer op My afstuur. En sodra hulle hulself weer in die

lig bevind, sien hulle ook die betekenis van die skeppingswerk aarde in en

baie siele het die verlange om ook die graad van kindskap van God te

bereik en neem die uitermatige swaar voorwaardes op hulself, omdat die

liefde vir My en die liefde vir die mense, hulle aanspoor om verlossend

werksaam te wees.

En so kan ook siele wat nie in die aardse lewe die graad van volwassenheid

bereik het nie, hulle ontwikkeling in die ryk hierna voortsit en

beantwoordend aan hulle graad van volwassenheid, word die gepaste

skoolgeboue hulle weer toegewys, waar hulle voortdurend hoër kan klim.

Want oral is skeppings gereedgemaak vir siele van elke graad van

volwassenheid en omdat alle skeppings anders gevorm is en ander

lewensvoorwaardes het, kan dit ook vir die siele wat daarheen geplaas is,

al ‘n toestand van gelukkig wees beteken, omdat dit heelwat

wonderbaarliker gevorm is as die aarde, omdat dit weer skeppings te siene

gee wat die siele gelukkig maak en aanleiding gee tot ‘n verhoogde

geestelike strewe, want dit getuig so duidelik van My liefde en Mag en

Wysheid, dat ook die liefde van die wesens vir My toeneem.

Want toe die afvalligheid van die wesens plaasgevind het, ‘n ondenkbare

lang tyd gelede, wat vir julle al as ewig kan deurgaan, het al die wesens

wel die weg geneem wat van My weggedryf het, maar baie gou na hul

afvalligheid, het daar ook weer ontelbare geskei van My teenstander; en

hulle het hom nie in die diepste dieptes gevolg nie, maar het hulself

afgesonder van die groot skare. En My Wil het vir hulle dieselfde gedoen as

vir hulle wat in die dieptes geval het: Hy (My Wil) het uit die krag, wat as

wesens van My uitgestroom het, skeppingswerke gevorm van ‘n ander aard

as die aarde, en die gang deur hierdie skeppingswerke was vir die gevalle

geestelike heelwat ligter en het vinniger plaasgevind, sodat die wesens ook

vinniger na My teruggekeer het, aangesien die verlossingswerk deur Jesus

Christus ook vir hierdie wesens volbring was en hulle oersonde tot niet

gedoen kon word, volgens die ingesteldheid van elke afsonderlike wese tot

sy God en Skepper, Wie dit ook in Jesus herken het. Want ook aan hulle

was en word die kennis oor die verlossingswerk deur ligbodes gebring wat

onder hulle werk, wat Ek aan alle wesens as leraars ter beskikking stel,

sodat hulle die weg na My kan vind en gaan.

124

Daarom is daar ontelbare moontlikhede vir ‘n siel wat nog onvoltooid van

die aarde heengaan om geestelik volwasser te word en My Liefde en

Wysheid sien waarlik vir iedere siel afsonderlik die moontlikheid wat die

mees bevorderlikste is om volwasser te word. En so is alle skeppings in die

heelal bewoon deur geestelike wesens met die mees verskillende grade van

volwassenheid en dit bied salighede en heerlikhede van onvergeetlike aard

aan hulle wat al ‘n hoër graad van lig het, maar steeds sal dit - ook vir

minder volwasse wesens - beter en makliker lewensvoorwaardes te siene

gee as op die aarde. Want die aarde is waarlik die armsaligste

skeppingswerk, wat baie selfoorwinning kos en groot eise stel aan die

gevalle wesens tot en met die mens, maar vir hom ook die wonderlikste

doel kan oplewer, naamlik die kindskap van God, wat duisendvoudig

opweeg teen alle probleme en die wese tot die geluksaligste kind sal laat

word, wat met My skep en kan werk in die hele oneindigheid.

Tot op welke hoogte die skeppings in die heelal nou geestelike of nog

materiële skeppings is, sal julle mense eers by ‘n bepaalde graad van

volwassenheid of lig kan herken, maar soveel staan vas, dat dit al die eens

gevalle wesenlike tot verblyfplek dien en dus na gelang die toestand van

volmaaktheid daarvan, ook gevorm is en dat julle derhalwe in alle

hemelliggame skoolgeboue moet sien wat Ek self gestig het om eendag

weer al My skepsele die geluksaligheid te kan skenk wat hulle eens vrywillig

prysgegee het en wat hulle nou ook weer vrywillig moet verwerf. Amen

Natuur katastrofes

8406 8 Februarie 1963

Julle moet nie dink dat julle niks uit eie krag kan verrig nie, wanneer dit

daarom gaan om onheil van julle af te wend wanneer julle deur ontketende

natuurgeweld bedreig word nie. Al is julle ook in besit van ‘n groot

lewenskrag, sodat julle meen om die aardse lewe se baas te wees, julle is

volkome onmagtig teenoor die gebeurtenisse of kragte wat deur die geweld

van die natuur teweeggebring sal word. Julle is daar aan oorgelewer en sal

die geweld daarvan slegs kan keer deur ‘n sterk geloof in My en innige

gebed. En tog lyk dit vir julle onmoontlik dat julleself getref kan word deur

natuur katastrofes, ofskoon voortdurende berigte van sulke katastrofes wat

op die aarde plaasvind, julle bereik.

Maar dit raak julle nie in die besonder nie, solank julle nie self daardeur

getref word nie. Julle sal nie iets as waarheid wil laat geld nie, omdat dit

nie vir julle welkom is nie, maar julle sal dit meemaak en dan sal hy

geseënd wees wat in ‘n God en Skepper glo, want aan Hom is alle Mag

gegee in die hemel en op aarde, want tot Hom sal hy roep om hulp wat

hom menslikerwys nie verleen kan word nie.

Of julle aards hoe ryk geseënd is en of julle liggaamlik teen alle eise

opgewasse is, julle sal julle swakheid en kragteloosheid besef in die

aangesig van die dreigende onheil wat oor julle sal kom Want dit is die

125

laaste middel, die laaste waarskuwing voor die einde, wat julle tot

besinning moet bring, wat in die besonder vir diegene geld wat hulle weg in

onnadenkendheid en louheid gaan en nie die regte instelling teenoor My,

hulle God en Skepper, gevind het nie.

EK wil deur die elemente van die natuur die mense wat geen ag slaan op

My sagte aanspreekvorm nie, met ‘n harde stem aanspreek. EK moet hulle

deur kosmiese gebeurtenisse daartoe dwing om anders te dink, omdat

onderrig deur My woord selde deur hulle aangeneem word en hulle geen

waarde hieraan heg nie.

En so sal die aarde geteister word deur ‘n natuurgebeurtenis van so ‘n

geweldige omvang, dat julle nie in staat sal wees om dit te glo nie, omdat

julleself van niks soortgelyk in die verlede bewus was nie. Maar ook dit het

EK reeds lank tevore aan julle voorspel, julle skuif alles uit na die verre

toekoms, wat egter teenswoordige tyd moet wees.

Tallose mense sal daardeur omkom, dog diegene word in die ryk hierna nog

die moontlikheid gebied om hulself positief te ontwikkel. Maar aan die

oorlewendes word ook nog ‘n kort tyd ter beskikking toegestaan, wat egter

voldoende sal wees sodat hulle volkome volmaak sal word, as die tyd

korrek gebruik gaan word. Steeds weer moet EK aan julle, die

natuurgebeurtenis aankondig, sodat julle, wat daar aan glo, julleself kan

voorberei en sodat die ongelowiges ‘n bewys van die waarheid van My

woord kan ervaar, sodat hulle deur julle op hoogte gebring kan word van

dit wat die mense van die aarde te wagte staan.

Nooit het EK ‘n oordeel oor die aarde laat kom, sonder om eers aan die

mense op ‘n dergelik gebeurtenis te gewys het nie. En dit sal vir baie

mense, wat heeltemal sonder geloof sterwe, ‘n oordeel wees wat hy aan

homself sal moet verantwoord en die lot op homself sal moet neem oor wat

hy aan homself besorg het op aarde.

Julle sou almal met ontsetting geslaan wees, as julle sou weet hoe naby die

tyd is. Maar nooit word ‘n presiese tyd gegee nie, omdat so-iets nie vir julle

uithoubaar sou wees nie. Maar wanneer EK julle regstreeks kan aanspreek

en My woord laat inkom, dan sal julle waarlik aan hierdie woorde van My

aandag skenk en alles as waarheid aanneem, ook wanneer dit vir julle

suiwer verstandelik nie aanneembaar of geloofwaardig sal wees nie. Hou

julle nogtans besig met sulke gedagtes en dit sal julle alleenlik tot seën

strek.

Daarom laat EK julle, ook ‘n kykie neem in My verlossingsplan van die

ewigheid, sodat julle kan begryp wanneer en waarom julle ‘n totale

verandering van hierdie aarde te wagte kan wees, omdat dit nie slegs om

julle, mense, gaan nie, maar ook om die geestelike wat nog in die skepping

gekluister is, wat vry moet word en hulle verdere ontwikkeling moet

voortsit. En dan sal julle ook begryp dat EK vir julle, nou nog ‘n laaste

waarskuwing laat weerklink deur ‘n geweldige natuurgebeurtenis, sodat

126

julle nie verlore moet gaan en die lot van die hernude kluistering weer op

julle moet neem nie.

Want EK probeer nog voor die einde, om elke middel aan te wend wat kan

help vir die mense wat nog nie heeltemal ‘n prooi is van My teenstander

nie. Dog My verlossingsplan van die ewigheid is vasgelê en sal vervul word

sodra die tyd gekom het. Amen

Die proef van geestelike leringe

8407 9 Februarie 1963

Daar sal nog vreeslik baie geestelike leringe aan julle vertel word, wat

sogenaamd van My moes uitgegaan het en julle sal dit steeds sorgvuldig

moet beproef of hierdie geestelike leringe ook hulle oorsprong in My het.

Julle sal dit ook kan doen, sodra dit julle wil is om die egte suiwer Waarheid

in ontvangs te neem en julle My vra om bystand. My Gees is waarlik oral

werksaam, omdat dit noodsaaklik is dat daar vir die mensdom in hulle

geestelike duisternis ‘n lig aangesteek word. Maar hiervan maak My

teenstander ook gebruik, deurdat hy om die mense in die war te bring,

homself kamoefleer, want hy is nie in staat om ‘n ware lig te gee nie, dit sal

steeds skynligte wees wat hy vir julle aansteek en julle oë sal deur die vals

lig verswak word, sodat hulle dan ook moeilik die sagte skynsel van ‘n ware

lig sal herken. Want hy verberg homself agter groot (belangrike) name en

skep daardeur verwarring. Die mense durf dit nie afwys nie en tog word

hulle op ‘n dwaalspoor gelei deur diegene wat dit aan hulle meedeel. En

julle sal skrik as julle sou weet in welke mate sy teenwerking in die stryd

gewerp is en wat hy sal bly insit tot die einde toe.

Die mense verlang ongewone kennis en hierdie begeerte maak sy

werksaamheid moontlik, deurdat hy met die kennis wat hy bekend maak,

valse hoop opwek, wat egter nie die geringste waarde het vir die siel van

die mens nie, wat slegs oor die aarde gaan met die doel om volwasse te

word. Hierdie "leraars" sal bedrieglike woorde spreek en net hulle wie dit

opmerksaam beproef, sal moet toegee dat daar geen wins te behaal is uit

sulke onderrig nie, omdat My teenstander self geen lig besit nie, het hy nie

die vermoë om dit te kan uitdeel nie, dus gaan daar vir hom geen "lig op

nie". En steeds kan Ek julle slegs daartoe aanspoor om My innig om

verligting van die gees te vra, dan sal dit in julle ook helder en duidelik

word en julle sal dit afwys wat nie van My uitgegaan het nie.

Van baie kante sal julle steeds dieselfde woorde aangebied word, want My

teenstander besit geen kennis nie en kan daarom ook geen kennis oordra

nie. En net ‘n ware kennis ooreenkomstig die waarheid skenk aan diegene

wat dit ernstig begeer, ‘n lig. Wat julle dus in werklikheid lig gee, neem dit

aan wat julle ware kennis gee oor My en My Wese en oor My heilsplan van

ewigheid, sodat julle nou ook helder en duidelik julle eie gegewens

verstaan, is ‘n lig wat Ek Self vir julle aansteek. Maar word julle met leë

woorde betrek wat geen dieper kennis skenk oor dit wat julle was, wat julle

127

is en weer moet word nie, wanneer julle opgeroep word om te werk vir die

Ryk van Jesus, maar julle geen uitleg gegee word waaruit hierdie arbeid

bestaan en waarom dit verrig moet word nie, dan sal julle dit tereg kan

afwys as hol frases wat julle maar net moet oorbluf maak. En julle sal julle

moet afvra of julle waarlik wins sou kan bekom wanneer glad niks anders

aan julle bekend sou wees nie, as wanneer julle, as totaal onwetend, slegs

uit sulke mededelinge duidelikheid sou moes verkry het. Julle sou waarlik

geen enkele wins kan behaal nie, omdat alles slegs leë woorde is, wat

alleenlik van My teenstander uitgaan om julle in die war te bring en die

suiwer waarheid van julle verwyderd te hou.

Steeds weer sal hy probeer om ook in My geledere verwarring te saai,

omdat ook onder Myne verskillende menings bestaan en die mense vir die

geestelike strewe moeg word, wanneer daar nie vir hulle volledige

duidelikheid geskenk word nie. Maar julle besit al soveel lig, dat julle ook sy

aktiwiteite, sodra julle dit onbevooroordeeld sou ondersoek, sal herken.

Neem daarom steeds slegs die weg na My en wens vir duidelikheid en julle

sal dit in die hart voel wat julle sal kan aanneem en wat julle sal moet

verwerp. Want die mag van My teenstander is gebreek sodra hy dit by

diegene wil gebruik wat deur hulle wil al aan My behoort, want hulle sal Ek

beskerm teen dwaling, omdat hulle die waarheid begeer. Amen

Verlossend saamwerk in die eindtyd

8411 14 Februarie 1963

Wanneer julle julleself vir My ter beskikking stel, dat julle My medewerkers

wil wees in die laaste tyd voor die einde, dan hoef julle ook nie bang te

wees dat julle nie opgewasse sal wees vir hierdie arbeid nie, want Ek weet

waar Ek julle kan gebruik, sodat julle suksesvol besig sal wees. Die

kapasiteit van elke mens is anders en na gelang van hierdie kapasiteit sal

Ek julle ook die arbeid toewys en is julle bereid om My te dien, dan sal

hierdie arbeid ook goed afgaan. En omdat daar in die eindtyd, voor alles sal

gebeur, ‘n lig aan die mensdom gebring sal word, kies Ek vir My ook die

ware ligdraers uit. Mense in wie Ek ‘n ware lig kan ontsteek en wat nou ook

dienswillig is om die lig te versprei, wat self in die lig van hulle insig op

hoogte is van die liglose toestand van die medemens en al hulle kragte

inspan om hierdie toestand te verander.

Die uitstraling van die lig, die verspreiding van My Woord, is ‘n belangrike

werk, wat ’n verlossende gevolg kan hê en ook sal hê, omdat My woord

krag in homself is en sy uitwerking nie mis nie. Maar die taak vereis

deursettingsvermoë, wilskrag en ‘n liefdevolle hart wat tot hulp bereid is,

dit vra ‘n voortdurende verbintenis met My, voortdurende bereidheid om

die ligstrale van My in ontvangs te neem, dus onvermoeibare geestelike

aktiwiteit, wat nie baie mense wil verrig nie: Maar in volkome vrye wil moet

hierdie arbeid vir My verrig word, dan eers sal hy die sukses hê dat die

128

ligstrale deur die duisternis heen dring. Want hierdie vrye wil word deur die

liefde bepaal en slegs liefde het ‘n verlossende uitwerking.

En julle, My medewerkers, gee Ek altyd die versekering dat julle gestuur en

gelei sal word, dat Ek julle denke korrek rig, dat Ek julle steeds van krag

voorsien en julle sal beskerm teen alle vyandelikhede, omdat hierdie arbeid

van julle so dringend en vernaam is, dat Ek waarlik alles sal doen om My

medewerkers, wat in My Naam werksaam is en deur wie Ek Self kan werk

tot seën van die mensdom, vir My te behou; Julle sal julle slegs heeltemal

aan My moet toevertrou, julle moet julle arbeid in die grootste vertroue

verrig en steeds weet dat Ek julle nodig het, in die besonder dan, wanneer

Ek julle met ‘n ongewone missie sou kan belas, waarvan die sieleheil van

ontelbare mense afhanklik is. Julle almal weet nie hoe dringend die toevoer

van die suiwer waarheid nodig is nie, omdat julle ook nie weet in welke

mate die dwaling al ingang gevind het en dat die mensdom met baie

verkeerde denkbeelde verder leef.

Die wêreld, dit wil sê, die ryk van My teenstander, van die vors van die

duisternis, dring homself oral op die voorgrond en neem die denke van die

mense heeltemal in besit: Maar van My ryk, wat nie van hierdie wêreld is

nie, begryp hulle niks en daarom moet Ek steeds weer probeer om dit

nader aan hulle te bring, My ryk moet weer tot die mense kom en salig is

hy wat homself na My ryk wend, wat ‘n duidelike blik hierin kan werp,

wanneer hy die suiwer waarheid gebring word.

Besef julle My dienare op aarde, hoe kort die tyd op aarde is en welke

hersenskimme die mense najaag. Maar julle sal vir hulle duidelikheid

daaroor kan verskaf, omdat julleself My ryk al in besit geneem het deur

julle verbintenis met My en die regstreekse toestroming van My krag wat

van die geesteryk uitgaan. Julle is dus maar net die tussenpersone tussen

My en die mense wat nog nie die weg na My gevind het nie. En van julle

bedien Ek My, omdat Ek nie regstreeks tot die mense kan spreek nie, wat

hulle My deur hulle geestestoestand belet. Maar Ek het al My skepsele lief

en wil daarom ook My barmhartigheidsgawes vir die ander laat toestroom,

wat nou ook gebeur.

Die stroom van My Liefde vloei onophoudelik na die aarde en help om die

mense uit die donker van die nag weg te voer na die lig van die dag. En wie

My daarmee behulpsaam is, wil Ek ook waarlik seën en hom alle

beskerming en hulp ten deel laat val. Want die eindtyd vereis ononderbroke

arbeid vir My en My ryk, die eindtyd vereis daadkragtige arbeid, teen die

werksaamheid van My teenstander wat eweso trag om die duisternis te

vergroot en juis in die laaste tyd baie onheil en verwarring aanrig, wat

slegs deur die suiwere waarheid verhinder en bestry kan word. My mag is

wel groter as syne, maar die vrye wil van die mens beslis, en dit moet

daarom ook deur die waarheid korrek gerig word. Die mense wat dit ernstig

begeer, moet tot die lig kom. En die lig sal julle wat vrywillig vir My

werksaam is, aan hulle moet besorg. Amen

129

Die belang van die aardse lewe as mens

8414 17 Februarie 1963

Julle bestaan as mens is die laaste tree op die ontwikkelingstrap van die

eens gevalle wese, wat as siel in julle beliggaam is en nog deur ‘n stoflike

uiterlike vorm omhul is, met die doel om dit nou te oorwin en as geestelike

wese die omhulsel te kan verlaat, om die geesteryk binne te gaan. In die

aardse bestaan kan die laaste verandering tot die oerwese weer plaasvind,

as die vrye wil korrek gerig is, dus weer bewustelik na My strewe, van wie

julle julleself eertyds vrywillig verwyder het. En hierdie verandering is wel

baie moontlik, omdat ‘n oorvloed van barmhartigheid aan die mens

geskenk word. En met die korrekte benutting van die barmhartigheid ook

oor die krag beskik om homself van al die onsuiwere te reinig en heeltemal

in die Goddelike ordening te lewe. Om dus ‘n lewe in liefde te lei, waardeur

hy siel en liggaam kan vergeestelik en gevolglik die terugkeer tot My

voltrek. Die mens kan egter ook alle barmhartigheid, wat tot sy beskikking

staan, verontagsaam en in plaas om opwaarts te gaan op die diepte

afstuur. Hierby sal hy nie gehinder word nie, omdat hy ‘n vrye wil het as

teken van sy goddelike herkoms. Maar hy berei vir homself dan weer ‘n

verskriklike lot van kluistering voor, wat weer eindelose tye sal duur totdat

hy weer bevry word.

Julle wil nie glo hoe belangrik die bestaan op die aarde vir julle mense is

nie, en daarom is julle so lou, met betrekking tot julle aardse opdrag. Maar

dit gaan uiteindelik om julle eie lot en julle moet self die gevolge dra. En

julle lot wat julle julleself berei het, kan nie van julle afgeneem word nie.

Julle het die keuse tussen ‘n ewigdurende saligheid of ‘n eindelose lang

smartlike toestand. Maar julle laat daar slegs weinig oor om eersgenoemde

vir julle te verwerf, eerder volg julle onverskillig julle aardse weg. En as

julle daaroor opmerksaam gemaak word, deur julle medemens wat die

groot gebeurtenis van die aardse lewe ken dan hoor julle hom ongelowig

aan. Julle laat julle nie beïnvloed nie, maar beskou julle medemens as

fantaseerders, in plaas van om self na te dink wat die rede van julle aardse

lewe wel kan wees En steeds weer sal daar in julle lewe dinge gebeur wat

julle tot nadenke kan aanspoor. Steeds weer word julle gedagtes deur

gesprekke, deur die lees van boeke of eie ervaringe in die rigting gelei,

sodat julleself nou gaan nadink en julle besighou met vrae wat julleself en

julle bestaan op aarde betref. As julle maar wil glo dat die aardse lewe as

mens ‘n groot barmhartigheidsgeskenk is en dat dit vir julle deur die regte

gebruik daarvan, onvermoede saligheid kan oplewer. As julle maar wil glo

dat daar ‘n sin en doel aan julle aardse lewe ten grondslag lê. Dat julle

geen "toevalsprodukte" is, wat geen verantwoording dra vir die weg oor die

aarde nie en waarmee dit met die dood van die liggaam afgeloop is. Dit is

die siel, die eens gevalle oergees wat tot uiteindelike bevryding uit alle

stoflike uiterlike vorms moet kom. En die lewe op aarde as mens is die

laaste stappe van ‘n eindelose lang ontwikkelingsgang.

130

Julle, mense, is “ek-bewuste” wesens. En julle is slegs daarom ek-bewus,

omdat julle liggaamlike omhulsel ‘n oergees in homself dra wat as ‘n ek-

bewuste wese eens uit My voortgekom het. Dus nie julle liggaam, julle

verstand, veroorsaak by julle die “ek-bewussyn” nie. Dit is die siel wat julle

eintlike lewe is en wat ook die mens eers tot ‘n “ek-bewuste” wese laat

word. Want sonder hierdie siel is die mens slegs ‘n stoflike uiterlike sonder

lewe, ook al is alle organe aanwesig, wat egter sonder die siel geen enkele

funksie kan uitoefen nie. Hierdie uiterlike vorm, die liggaam, het die siel

nodig om te kan lewe: ‘n Oergees, wat die liggaam eers lewend kan laat

word en hom tot elke werksaamheid in staat stel. Julle, mense moet julle

steeds voor oë hou dat julle met ‘n bepaalde doel oor die aarde gaan en

julle sodoende die beweegredes en die doel daarvan moet probeer

deurgrond. Dan sal julle ook uitsluitsel gegee word deur gedagtes wat Ek

julleself sal ingee, sodat julle tot insig kan kom. Steeds weer sal Ek My

bodes aan julle stuur en deur hulle probeer om julle daartoe te bring om na

te dink. Dit sal julle waarlik maar net tot seën wees as julle nie onverskillig

deur die lewe gaan nie, maar ook die gawe van die verstand benut, wat

julle tot die korrekte houding teenoor julle God en Skepper kan voer en

julle dan ook verseker tot die korrekte insig sal laat kom. Want Ek dra

waarlik sorg vir elke mens afsonderlik, sodat hy die kort barmhartigheids

tyd as mens goed gebruik en sy einddoel bereik, dat sy siel weer terugkeer

tot My, van Wie hulle eens as geskape geeste uitgegaan het. Amen

Onderskeid in "die werksaamheid van die gees" en

"die ontvang op mediumieke wyse"

(Mediumiek = ‘n geestelike wese Wat hom uiter deur die mond

van ’n mens(medium) wat homself ontdoen het van sy eie wil)

8416 19 Februarie 1963

Julle moet altyd besef dat die waarheid oral verspreiding moet vind, dus

moet Ek dit ook oral na die aarde stuur en dit is altyd moontlik, sodra ‘n

mens die voorwaardes vervul wat aan die werksaamheid van My Gees in ‘n

mens verbonde is. As eerste moet die bereidwilligheid om My te dien ‘n

mens aanspoor om homself met My in innige verbinding te stel en hy sal

ook aangeneem word as kneg in My wingerd. Hy sal dan ook ‘n lewe in

liefde lei, waar hy homself nie andersins aan My as medewerker sou

aanbied nie. Die liefde is dus eweneens ‘n voorwaarde dat Ek hom kan

uitkies as ‘n bruikbare houer, waarin Ek My Gees uitstort. ‘n Verdere

voorwaarde is die sterk lewende geloof dat Ek as Vader spreek tot My kind,

as hy My aanspreking verlang. En weer ‘n onvermydelike voorwaarde is,

dat sy verlange om in die volle waarheid onderrig te word hom vervul en hy

homself daarom tot die Ewige Waarheid Self wend om dit te ontvang.

Nou sal julle wel sê dat al hierdie eise deur baie mense vervul word en Ek

daarom My regstreekse aanspreking tot baie mense sou kan rig. En

gevolglik sal julle ook mededelinge uit die geestelike wêreld liggelowig

131

aanneem, wat egter nie as "werksaamheid van die goddelike Gees"

aangesien kan word nie. Want daar bestaan ‘n oorgrote drang in baie

mense om ‘n verbinding tot stand te bring met die bonatuurlike wêreld en

omdat julle mense almal omgewe is deur bewoners van die wêreld hierna,

sal dit vir julle ook begryplik wees dat hulle elke geleentheid sal benut om

ook met julle in verbinding te tree, om hulself teenoor julle mense te uiter.

Dit is dan vir julle moeilik om die onderskeid te sien tussen sulke uitinge

van die Geestes wêreld en ‘n "werksaamheid van My Gees". Dog ‘n gedagte

wil Ek julle in oorweging gee, dat Ek enkel en alleen julle siele behulpsaam

wil wees, om julleself te voltooi op die aarde en dat die evangelie van die

liefde daarom die inhoud van die geestelike leer sal wees wat deur die

werke van die Gees aan julle oorgebring sal word. En verder, dat julle, om

op die aarde verlossing te vind, van julle oerskuld op hoogte gebring moet

word, van Jesus Christus en Sy verlossingswerk, van die aanleiding en die

rede van Sy missie en van My menswording in Hom. Ook moet julle van My

‘n lig ontvang oor julle afval en die doel van My ewige heilsplan, waardeur

Ek eenmaal die doel sal bereik wat Ek vir My gestel het, toe Ek julle

geskape het.

Die omvangryke kennis kom slegs tot julle deur die "werksaamheid van My

Gees" in julle en slegs die mens wat Ek Self met die waarheid vertroud

gemaak het, kan hulself as ware ontvangers van die woord uitgee,

regstreeks of deur My ligbodes, volmaakte wesens uit die geesteryk, wat

die ligstraal van My liefde opvang en dit verder lei in My opdrag. En so

moet elkeen wat glo om My Woord te ontvang, homself in die eerste plek

ernstig afvra, of hy die kennis van My aangeneem het, of hy met oortuiging

kan sê dat hy deur "My" bekend gemaak word met die waarheid, met ‘n

kennis wat vir hom vroeër nog onbekend was. Slegs aan die wat op hoogte

is van My heilsplan kan dit alleen, deur My, regstreeks aan die mense

stuur. Want wie dit slegs met die verstand aanneem van sy medemens, die

sal dit nie aanvaar nie, ook al stem dit met die waarheid ooreen, want om

dit te kan begryp, word die verligting deur die Gees vereis.

En die kennis bring Ek na die aarde op duidelike, goed begrepe wyse in alle

lande van die aarde en dit sal heeltemal met mekaar ooreenkom, omdat uit

My slegs die suiwer waarheid kan uitgaan en dit self nooit sal teenspreek

nie. En vir so 'n omvangryke kennis moet julle julleself nou ook as die

ontvangers met alle krag inspan en dit probeer versprei. En hieraan kan

steeds die maatstaf aangelê word vir boodskappe uit die bonatuurlike

wêreld, want sodra dit die mense nie ook die diep kennis van My heilsplan

van ewigheid oorbring nie, het dit nie van My uitgegaan nie, maar is dit

uitinge van die Geeste wat nog nie toegelaat is om te onderrig nie, omdat

hulleself nog nie met die lig deurstroom is wat hulle verder moet lei in My

opdrag nie. En dit is besonder belangrik om te weet op welke wyse sulke

mededelinge ‘n mens bereik. Of hy by sy volle bewussyn duidelike woorde

deur middel van gedagtes of hoorbaar verneem, of dat ‘n geestelike wese

132

homself in mediumieke staat deur die mond van ‘n mens uiter, wat

derhalwe nie gekontroleer kan word deur welke Gees hy in besit geneem is

nie. ‘n Ondersoek moet altyd eers ingestel word, want hoewel

waarheidsgetroue mededelinge ook in ‘n mediumieke toestand na die aarde

kan kom, sal so ‘n geweldige omvangryke kennis tog nooit op hierdie wyse

tot die mens kom wat volledige opheldering gee oor My Ewige heilsplan van

ewigheid nie.

Daar kan dan wel gedeeltelike waarhede oorgebring word, maar daar kan

in dieselfde mate ook verkeerde leringe binnestroom, soos die van die valse

voorstellinge van die Godheid in Jesus, waarvan ‘n korrekte opvatting egter

van die grootste belang is. En sodra die mense, juis in die opsig, verkeerd

onderrig word, verkeer hulle steeds nog in dwaling en elke dwaling het ‘n

noodlottige uitwerking op die siel van die mens. Nie sonder rede nie gee Ek

juis daaroor steeds weer opheldering, omdat die verlossingswerk van Jesus

Christus en My menswording volledig begryp moet word deur julle. Want

dit is die doel van julle aardse bestaan, dat julle vry van skuld is wanneer

julle die ryk hierna ingaan.

En slegs wanneer julle ‘n waarheidsgetroue opheldering oor die

verlossingswerk van Jesus Christus besit, sal julle bewustelik die weg na

die kruis gaan. Julle wat julle erkenning eertyds van My weerhou het, sal

My weer bewustelik erken in vrye wil. Solank die probleem van die

menswording egter nog nie vir julle korrek opgelos is nie, dwaal julle nog

rond in die duisternis van Gees.

En word julle nou vanuit die geesteryk onderrig deur hulle wat van My die

opdrag gekry het om julle te onderrig en julle My Woord laat toekom, dan

sal hierdie ligwesens julle in die eerste plek die belangrike kennis bring.

Daar aan herken julle dan die "werksaamheid van My Gees" in julle. Dan

hoef julle nie te vrees om deur ander geestelike kragte gebruik te word,

wat hulself ook goed vermom en beweer om julle leiers te wees nie en tog

self nie die kennis besit dat hulle julle kan onderrig nie.

Dog, julle mense weet nie hoe My teenstander op die mense sowel as op

die nog onvolwasse wesens in die hiernamaals inwerk nie. Julle weet nie

dat hy alles probeer om die suiwer waarheid te ondermyn, en die mense te

laat glo dat hulle in die waarheid wandel nie. Hulle handige vermomming

sal baie onheil aanrig, omdat die mense hulself laat gebruik en hulself te

liggelowig is, want dit ontbreek hulle aan ‘n korrekte oordeelsvermoë. Hulle

verwar die uitstraling uit die bonatuurlike sfere met "die werksaamheid van

My Gees" wat onweerlegbare waarheid skenk aan hulle wat van My af die

opdrag het om die waarheid uit te dra in die wêreld. En hierdie waarheid

moet julle aanneem en My Wil vervul. Julle moet nie slegs “na My Woord”

luister nie, maar ook daarvolgens handel en julle sal dan ook self toelaat

dat My Gees in julle werk. Julle sal dan ook nie meer hoef te twyfel en te

vra nie, maar weet dat julle in die waarheid vasstaan. Amen

133

Die siel is onverganklik - Toestand van die

ek-bewussyn

8417 20 Februarie 1963

Dink daar aan dat daar vir julle geen dood bestaan nie, dat julle bly

bestaan tot in alle ewigheid. En hierdie gedagte sal julle gelukkig maak, as

julle weet dat julle tot in alle ewigheid geluksalig sal wees, ofskoon julle

julleself van hierdie geluksaligheid geen voorstelling kan maak nie. Maar dit

kan ook ‘n onverdraaglike gedagte vir julle wees, as daar op julle 'n

ellendige toestand wag wat geen einde het nie, omdat julle onverganklik is.

Dat julle bestaan en julleself nou ook julle lot gestalte gee, is ‘n waarheid

wat nie bestry kan word nie en omdat geen bewys daarvan gelewer kan

word nie, so sal julle ook die teendeel nie kan bewys nie en daarom moet

julle ook die moontlikheid oorweeg en daar aan beantwoordend dus, self

julle lot vorm gee. Julle moet julle in geen geval vlei met die hoop, dat met

die dood van julle liggaam alles verby is en dat julle dan niks word nie,

want toe julle eens deur My as wesenlike krag uitgestraal was, kan hierdie

krag ook nie meer vergaan nie. Maar eens keer hy weer na My as die

Oerbron terug. En daarom kan ook die ellendige toestand, wat julle vir

julleself berei, nie ewig duur nie maar moet hy onherroeplik eens weer

omkeer in die teendeel. Maar dit is belangrik hoe lank die wese hom in

hierdie ellendige toestand bevind, want hy is nie gevoelloos nie. hy is in

vryheid, lig en krag eens buite My geplaas, wat dus geluksaligheid beteken.

Die ellendige toestand is kluistering, duisternis en onmag en dus ‘n

toestand van onuitspreeklike kwelling, wat die wese self nie kan verander

as hy nie hulp verleen word nie. Maar My eindelose Liefde behoort ook aan

die wesens en Ek ontferm My oor al die ongelukkiges. Ek vind ook steeds

weer middele en weë om die kluistering van die wesens te versag en hul lig

en krag toe te straal, wat die wese uit die diepste duisternis omhoog help,

sodat eens weer die moontlikheid bestaan om homself ook te sien as dit

wat hy is en hy dan vrywillig die weg omhoog kan voortsit wat hy met My

hulp geneem het.

En al gaan daar ewighede verby, die wese bly egter bestaan, selfs wanneer

dit, opgelos in ontelbare sielepartikeltjies in die skeppings werke gebonde

is. Maar daar gaan geen partikeltjie verlore nie, hulle kom almal weer

byeen en gaan eens weer die toestand van die ek-bewussyn binne, wat hy

verloor het deur eie skuld. Dus beteken die ontbreek van die ek-bewussyn

nie ‘n vergaan in ’n niks nie, maar dit is slegs ‘n tydelike toestand van

totale kragteloosheid en geheel sonder lig, wat ook die besef van homself

as wese uitsluit. Vir julle, mense is dit nou heel seker troosvol dat ook julle

wat nog heeltemal weerspannig teen My is, eens weer met My verenigd sal

wees en die hoogste geluksaligheid sal kan geniet.

Maar hierdie sekerheid mag julle nie louw in julle strewe of onverskillig en

sonder verantwoordelikheid teenoor die aardse lewe laat word nie, want die

134

tye wat julle van My verwyder is, is vir julle ewighede, waarin julle julleself

vervloek, waarin julle ‘n lot sal moet dra, wat julle nie swart genoeg

geskilder kan word nie en julle, as mens nie sal kan deursien in al sy

kwellinge nie. Maar julle sal alle waarskuwings en vermaninge moet

aanneem en nie alle gedagte daar aan afwys nie, want in die tyd van julle

menswees is dit moontlik om te strewe na die diepste vereniging met My,

wat die hoogste geluksaligheid waarborg tot in alle ewigheid. En dit is

waarlik nie baie wat julle hoef te doen nie, want Ek verlang alleen van julle

‘n lewe waarin julle onbaatsugtig werksaam is in die liefde. En wanneer

julle die wil het om nader aan My te kom, sal julle ook die krag ontvang om

in liefde te werk. Dus moet julle alleen julle wil reg rig, julle moet julle na

My as julle Skepper wend en julle moet alleen maar wil om die doel van

julle aardse lewe in te sien en dit te vervul. En julle hoef dan nooit meer te

vrees om die lewe hierna in so'n ellendige toestand te moet deurbring nie,

want My Liefde, wat aan julle behoort tot in alle ewigheid, wil julle alleen

maar geluksalighede berei en julle moet daarvoor slegs julle vroeëre

weerstand opgee, wat nie met geweld gebreek kan word nie. Julle moet,

wat julle aan leerstellings oor julle onsterflikheid vertel word glo, sonder

bewys en dan sal julle ook bewus strewe na ‘n geluksalig lewe en weer

word wat julle was in die allereerste begin, wesens wat in lig en krag en

vryheid onmeetlik gelukkig is. Amen

Genade van die verlossingswerk, ‘n versterkte wil

8418 21 Februarie 1963

Julle het steeds weer aanwysings nodig, My vermanings en waarskuwings,

My onderrigting, om ‘n lewenswandel te lei wat julle siele die volwassenheid

oplewer om die ligryk binne te kan gaan. En Ek sal dit ook nie daar aan laat

ontbreek om julle deur My woord hierdie onderrigting te laat toekom nie.

Ek sal julle op elke manier hulp verleen en ook julle lewenslot so lei, dat

julle wil julle reg kan rig, dat julle in My Wil binnegaan en julle voortdurend

omhoog gaan in julle geestelike ontwikkeling. Maar steeds bly die

vernaamste, die nakoming van My gebooie van die liefde tot God en die

naaste, omdat dan eers ook julle eie denke reg gerig is en julle dan die

regte weg gaan, die weg na die Kruis.

Uit eie krag sal dit vir julle nie moontlik wees om heeltemal My Wil binne te

gaan nie, omdat julle wil verswak is, omdat hy nog bepaal word deur My

teenstander, solank julle nog nie van hom vry geword het nie, solank hy

julle nog geketting hou. En hierdie ketting kan Jesus Christus alleen

verbreek, wat vir julle vryheid die dood aan die kruis gesterf het en

daardeur ook die genade van ‘n versterkte wil vir julle verwerf het. Hy het

deur Sy kruisdood die groot skuld, waarvan julle gebonde en swakke wil die

gevolg is, tot niet gemaak. Word julle nou vry van die skuld, dan is ook die

swakte van julle wil oorwin en julle besit nou deur die verlossing deur Jesus

die krag om julle lewenswandel vanuit My Wil te lei.

135

Julle hele weg op aarde is nutteloos, solank julle nie die Een gevind het wat

julle verlos uit die mag van die teenstander nie, solank julle Hom nie erken

as die verlosser van die wêreld nie, as die Seun van God, in Wie Ek Self

mens geword het, solank julle Hom nie aanroep om hulp nie. Want deur die

aanroep aanvaar julle weer Myself, Wie julle eens julle erkenning geweier

het en waardeur julle in die diepte, in julle armsalige staat, geval het.

Sonder Jesus Christus kan julle nooit terugkeer na My nie, sonder Hom is

julle gang oor die aarde sonder resultaat, want solank die oerskuld nie van

julle afgeneem is nie, bly julle van My verwyder. En julle kan dan ook nie

salig wees nie, julle bly verswakte wesens sonder lig, wie se toestand vol

kwelling is, omdat julle eens in lig en krag en vryheid van My uitgegaan het

en daardeur lig, krag en vryheid verloor het deur julle afval van weleer van

My.

As mens moet julle weer blyk gee van julle doel om te strewe na My en na

julle oerstaat. Maar dit sal alleen vir julle moontlik wees as julle wil

versterking ondervind deur die verlossing van Jesus Christus, wanneer julle

julleself na Hom keer en Hom smeek om vergewing van julle skuld,

wanneer julle wil dat Hy Sy Bloed ook vir julle vergiet het.

Julle weet nie hoe buitengewoon belangrik die aanvaarding van Jesus en Sy

verlossingswerk vir julle is nie, want julle weet nie, dat julle in Jesus

Christus Myself aanroep en daarmee al getuig van julle wil om na My terug

te keer, want Ek en Jesus is Dieselfde, Ons is een. In Jesus het Hom die

ewige Gees van God gemanifesteer, vir julle, wie My skepsele is, sodat julle

My kan sien as die hele oneindigheid deurdringende Gees, Wie vir julle nie

sigbaar was nie en daarom ‘n vorm heeltemal deurstraal, sodat die, deur

My geskape wesens My nou kan sien van aangesig tot aangesig.

Julle sal die misterie nooit kan begryp nie, maar julle moet weet dat julle

nie by Jesus Christus verby kan gaan nie en julle sal begryp dat Ek steeds

en steeds weer julle deur My woord daarvan in kennis stel, dat hierdie

menswording van My in Jesus die grootste bewys van Liefde is van julle

God en Vader, wat Ek My skepsele gegee het en dat ‘n geloof aan God nooit

‘n geloof aan Jesus kan uitsluit nie, omdat Ek alleen in Jesus vir julle voor

te stel is. En omdat Ek tydens julle lewe op aarde weer van julle die

erkenning verlang, omdat hierdie erkenning trouens die sin en doel van

julle hele gang oor die aarde is, moet julle so dus Jesus Christus erken, wat

die beliggaamde Godheid Self is Wie julle oerskuld tot niet maak, om julle

terugkeer na My moontlik te maak.

Daarom is daar niks so vernaam as om die mense hiervan op die hoogte te

bring en hulle aan te spoor tot liefde, sodat dit lig in hulle word en hulle

nou ook die sin van hul aardse lewe vervul. En om die kennis in alle

waarheid vir die mense toeganklik te maak, lei Ek My woord regstreeks na

die aarde, want die waarheid is die lig, wat in julle hartee binnestraal en

ook julle omvorming terug tot julle oerwese tot stand sal bring, want alleen

deur die waarheid sal julle My herken en leer liefhê, alleen die waarheid sal

136

julle die weg wat na die Kruis voer verlig en daar sal julle verlossing vind

van sonde en dood. Amen

Jesus is God

8422 25 Februarie 1963

Daar kan julle die diepste wysheid ontsluit word sodra julle daarvoor

ontvanklik is en julle sal dan ook kan deurdring in ‘n kennis wat alleen ‘n

gees wat gewek is, sal begryp in sy volle diepte. Maar steeds sal Ek julle

help om te begryp, wanneer daar ‘n verlange in julle is na die waarheid,

wanneer julle uitsluitsel begeer, indien julle denke nog nie heeltemal helder

is nie. En Ek wil so tot julle spreek dat julle My sal kan begryp. Ek wil met

die Stem van die Vader My kinders aanspreek volgens die vlak van hul

insig. My Wese is ondeurgrondelik en al word julle steeds volmaakter, Dit

sal vir julle ondeurgrondelik bly tot in alle ewigheid.

Tog sal julle die hoogste volmaaktheid moet nastreef en daardeur

uiteindelik ook die vereniging vind met My. Julle sal volledig in My Wese

ingaan, julle sal as eens uitgestraalde vonke lig, julle weer laat versmelt

met die ewige vuur van My Liefde en tog wesens bly met julle eie

bewussyn. Dit sal julle nooit kan begryp solank julle as mens op die aarde

leef nie, omdat solank ook julle denke begrens is, maar die proses van

versmelting met My is alleen so te verklaar, dat al die volmaakte geen

begrensing ken nie, dat die vereniging met My ‘n volledige deurstrooming

van die krag van My Liefde beteken, maar dat Ek Self vir julle ewig

onbereikbaar sal wees, dat Ek dus by julle is en julle My tog nooit sal kan

bereik nie.

Want julle mag julle van My geen begrensde voorstelling van ‘n wese maak

nie, omdat Ek nie aan tyd en ruimte gebonde is nie. Julle sal vir ewig die

bewussyn van julle eie ek nie verloor nie, al is julle nog so innig met My

versmelt, omdat julle geheel en al deur My deurstraal word met My krag.

Maar julle werk in die oneindigheid as wesens met ‘n eie bewussyn en dit is

waar julle geluksalig is. Julle het dan dus julle vergoddeliking bereik, die

doel wat Ek My gestel het toe Ek julle geskep het, julle het tot My

ewebeelde geword, julle is dieselfde as Ek in julle oersubstansie en julle sal

in die helderste lig van die wysheid, in die besit van onbeperkte krag en

volledige vrye wil, skep en werk en uit julle, nuwe lewe buite julle laat

ontstaan. Julle is miniature van Myself, omdat julle volmaak geword het

soos julle Vader in die hemel volmaak is.

Ook die siel van Jesus val onder dieselfde wet, toe Hy, as ‘n deur My

uitgestraal Wese, die wilsproef moes aflê, wat Hy deurstaan het en dus by

My bly, toe die leër van oergeskape geeste afgeval het van My.

Die Wese was My so in liefde toegedaan dat Hy Hom vrywillig aanbied vir

die missie op aarde, om vir sy gevalle broeders te ly en te sterwe as mens,

om hulle te verlos en vir My, My kinders weer terug te bring. En die mens

Jesus volbring die werk wat hom maar een maal voordoen, wat nooit tevore

137

en ook nooit daarna ‘n mens volbring het of sal volbring nie, deur al op

aarde Hom geheel met My te verenig en die totale vergeesteliking van siel

en liggaam tot stand te bring, so dat die hele Wese volledig deurstraal kan

word, wat Sy hemelvaart duidelik tot uitdrukking bring. In Hom kon Ek Self

My kenbaar maak, d.w.s. Ek Self as die ewige Godheid, as die alles

vervullende en deurdringende Krag, kan nooit as persoon voorgestel word

nie. Maar Ek kon ‘n vorm heeltemal deurstraal en daar bly by hierdie vorm

niks menslikes meer oor nie, ook die uiterlike vorm was Gees van My Gees,

die Siel gaan volledig in My op en “Jesus" word in letterlike sin “God”. Sy

wil, Sy denke en Sy handel was My Wil, My denke en My handel. Daar kan

nie meer van twee Wesens gepraat word nie. Die vereniging met My was

totaal, Jesus was, is en bly Die, vir alle deur My geskape wesens, sigbare

God. Jesus se siel het met Sy eie-bewussyn in Sy Oerwese teruggekeer,

want Hy was dieselfde uitgestraalde Liefdeskrag, wat Hom enkel met die

Oerkrag verenig en so volledig in Hom opgaan, sodat nou alleen nog van

die Oerkrag, van God Self, die alles vervullende Oergees, gepraat kan word

wanneer oor Jesus gepraat word.

Sy, Jesus se siel keer nie as volmaakte gees van die aarde af terug nie,

maar Hy gee Homself, nog op aarde, geheel en al as geskenk aan die ewige

Godheid, Hy gee Homself prys terwille van die grootste misterie: die

menswording van God en Sy sigbaar word vir alle wesens wat eens uit Hom

voortgekom het.

God en Jesus is een, Jesus is geen tweede Wese met eie-bewussyn nie,

inteendeel, Sy weg oor die aarde het Hom die hoogste en laaste opgelewer:

die totale versmelting met My, sodat My Wil en My denke enkel en alleen

die Wese beheers, wat as sigbare God heers en regeer in die geesteryk.

Maar om dit te begryp sal vir julle eers moontlik wees, wanneer daar vir

julle geen afgebakende voorstellinge meer bestaan nie en ook dan nog sal

My Wese vir julle ondeurgrondelik wees en bly, maar julle sal julle God en

Skepper, die volmaakte Wese in die oneindigheid mag sien van aangesig

tot Aangesig en dan sal julle ook weet, dat daar buiten Hom, Wie vir julle in

Jesus sigbaar is, geen ander God bestaan nie.

En julle sal in liefde ontbrand en na Hom toe snel altyd en ewig en Hy sal

julle liefde beantwoord en julle bomate gelukkig maak. Want My Liefde ken

geen grense en so sal ook die geluksaligheid nie begrens wees nie, maar

ewig duur. Amen

Die lae geestelike peil van die mense vereis ‘n einde

van die aarde

8427 3 Maart 1963

Wie eenmaal deurdronge is in geestelike kennis kan hom ook ‘n oordeel

veroorloof oor die geestestoestand van die mensdom; en hy sal insien dat

daar ook geen geestelike vooruitgang op hierdie aarde meer moontlik is

138

nie. Hy sal kan nagaan dat die gebod van die liefde tot God en die naaste

maar nog net selde in ag geneem word en dat die minagting van hierdie

gebod ‘n steeds groter duisternis tot gevolg het. En hy weet ook dat die

vrye wil van die mense self deurslaggewend is en dat ook hierdie wil

misbruik word, omdat hulle hulself in toenemende mate na die teenstander

van God keer en dat die mense daarom ook in sy mag is.

Redding sou waarlik moontlik gewees het as die mense maar bereid was

om God se woord aan te neem wat Hyself na die aarde stuur en wat ook

waarlik die krag het om ‘n verandering van die menslike denke teweeg te

bring. Maar juis hierdie bereidwilligheid ontbreek en so gaan die mensdom

onherroeplik die einde tegemoet, omdat daar aan die toestand van

ontgeesteliking ‘n einde gemaak word. Omdat ‘n nuwe verlossings periode

begin, kan dit die eindelose val in die diepte teenhou en waarin die wese

wat as mens gefaal het, weer daar ingepas word in die terugvoeringsproses

na die Goddelike wil.

Wie dus deurdronge is in geestelike kennis begryp ook alles wat daar sal

gebeur. Hy weet dat ‘n verlossingsperiode ten einde loop en dat daar ‘n

nuwe begin is, want hy ken die toestand van die ontgeesteliking van die

mense. Maar hy weet ook dat die liefde van God steeds weer nuwe

moontlikhede skep vir die wesens, wat eertyds uit Hom voortgekom het,

om hulle na hulle doel te voer. En alleen deur die mense wat al deur

geestelike kennis deurdring is, kan ietwat hulp verleen word, omdat hulle

ook hulle medemens in kennis stel van wat hulle weet. Maar ook daarom

moet die vrye wil weer bereid wees om die kennis aan te neem.

Die wil van die mense is egter in ‘n hoë mate verswak. Die mense sou hulle

weliswaar altyd in ‘n toestand van krag kan verplaas en sou ook tot ‘n

versterkte wil kan kom, maar daartoe is nodig dat hyself in liefde leef en

die weg opgaan na Jesus Christus wat deur Sy kruisdood onmeetlike

barmhartigheid verwerf het, dus ook versterking van die wil. Werke van

liefde sal die mens altyd krag oplewer en ‘n roepe tot Jesus sal versterking

van die wil gee, want dan is die wil ook nie meer heeltemal van God

afgewend nie. Wie in liefde besig is, herstel ook die verbinding met God as

die Ewige Liefde. Wie Jesus Christus aanroep, erken Hom as die Verlosser

van die wêreld en daarmee ook God self wat in Jesus Christus mens

geword het.

Julle sou dus almal aan julle toestand van swakte kan ontkom. Julle is nie

aan julleself oorgelaat in julle kragteloosheid nie, maar te alle tye staan

krag vir julle ter beskikking, as julle dit maar begeer. Julle sal hieroor

steeds opheldering ontvang deur hulle wat al hierdie kennis besit, maar

solank julle, julle harte en oor sluit, gaan die woorde sonder uitwerking by

julle verby. Julle bly in julle swakte en duisternis van gees en julle vervul

nie julle aardse lewensdoel nie. Dwang word egter nie van die kant van God

uitgeoefen nie, dit is volledig aan julle vrye wil oorgelaat hoe julle reageer

139

op die onderwysing van julle medemens. Maar dit word na julle toe

gebring, sodat julle ook self ‘n beslissing kan neem.

Maar wanneer julle eie wil hom daarteen verset en julle uit die toestand

van geestelike duisternis geen uitweg meer weet nie, dan is julle in ‘n net

van leuens en dwaling verstrik wat julleself nie meer kan verskeur nie

omdat dit julle geketting hou en deur God se teenstander self oor julle heen

gewerp word. En daar bly daarom alleen nog die enigste moontlikheid oor,

naamlik om die mag van die teenstander te breek, dit wil sê om hom die

moontlikheid te ontneem om die mense op aarde te bewerk. Dit beteken

egter die ontbinding van die aarde met al Sy skeppings, soos ook van alle

lewende wesens tot die mens toe. Dit beteken dus vir julle mense ‘n einde

met die daaropvolgende kluistering in die harde materie en ‘n omvorming

van al die materiële skeppings, met die doel om die nog gebonde geestelike

op te neem wat hulle ewe-eens op hierdie aarde opwaarts moet ontwikkel.

‘n Geestelike ommekeer op hierdie aarde het onmoontlik geword, omdat

die mense nie die wil daartoe wil voortbring nie. Maar wat daarna kom, sal

hulle waarlik as ‘n geestelike ommekeer herken, want daar sal na die

ondergang van die ou aarde ‘n nuwe aarde ontstaan met onvergelyklike

pragtige skeppings. Met geestelike volmaakte mense wat hulle geloofs- en

wilsproef deurstaan het op hierdie aarde, wat as stamouers van die nuwe

mensegeslag op die nuwe aarde geplaas sal word. Want hulle gees sal

verlig wees en hulle sal lewe vanuit die kennis oor God se liefde en Sy

bestuur en werk in die heelal. En hulle sal ook weet dat alle skeppings slegs

dien om die eens gevalle geestelike tot voltooiing te bring. Hulle sal weet

dat aan die Goddelike orde vasgehou moet word en dat alles wat buite die

ordening tree, weer eindelose lang tye nodig sal hê om eenmaal weer tot

die doel te kom, naamlik om hulle in die wet van die ewige ordening in te

voeg en ‘n lewe te lei in onselfsugtige liefde.

Maar aan die einde van hierdie aardse periode het die liefde onder die

mense volledig afgekoel en is daar dus ook die diepste geestelike duisternis

op die aarde. Slegs die liefde is die “lig” wat hierdie duisternis deurdring,

slegs wie in die liefde leef sal ook in geestelik kennis deurdring. Hy sal

daardie lig daarom in homself ontsteek en daarom is alle verskrikkings van

die duisternis vir hom verby. Die helder lig van die waarheid sal die nuwe

aarde verlig en alle mense sal in dié lig wandel, want hulle sal dan in die

liefde lewe en wandel met God wie Self die liefde en die lig is van ewigheid.

Amen

Harmoniese lewe op die nuwe aarde

8429 4 Maart 1963

Watter voorstellinge julle ook al vir julleself maak van die nuwe aarde, dit

sal ver oortref word. Want ‘n salige tyd sal aanbreek vir die wat Myne is, vir

die mense wat standhou tot die einde en weggeneem word vir die nuwe

aarde. In volle harmonie en vrede sal die mense met mekaar lewe,

140

omgewe deur skeppingswerke van onvergelyklike aard. En ook die

dierewêreld sal in vrede met mekaar lewe en daar sal geen stryd wees

tussen hierdie skepsele nie. Want ook hulle sielsubstansies staan kort voor

die beliggaming as mens en al die geestelike wat in die skepping gekluister

is, sien die harmonie om hulle heen en dan verander die weerstand heel

duidelik, wat ook uit die gewillige diening van hierdie skeppingswerke ten

goede te sien is, omdat ook hierdié geestelike haastig is en by hulle laaste

rondte op hierdie aarde wil kom.

En die mense sal hulself kan verheug oor baie heerlikhede. Die wat tot

hulle volwassenheid gekom het sal hulle lewe in saligheid geniet in die

hiernamaals, maar baie sal verder lewe op die nuwe aarde, omdat die nuwe

mensegeslag uit hulle moet voortkom. En die siele, wat deur die grote

verandering, deur die bomate droewige eindtyd en deur die groot

verwoesting ‘n hoër graad van volwassenheid bereik het, sal beliggaam

word op die nuwe aarde. Wat nou deur die liefdevolle lewe van die mense

op die nuwe aarde in versterkte mate bereid is om die laaste dienende

funksies in die materiële vorm te vervul, wat in die begin van die

beliggaming as mens ook nie geheel sonder liefde is nie en hulself daardeur

vinniger hoër ontwikkel. En veral omdat die bedreiging van die teenstander

wegval, omdat die liefde hulle die beskerming en hulp van die ligwesens

verseker, sodat hulle van hulle slegte hoedanighede en begeertes, wat nog

aan hulle vaskleef, maklik kan ontslae raak. Want hulle wil sal na My toe

gewend wees en hulle sal heeltemal bewustelik werk aan hulle

wilsbeproewing tydens hulle bestaan as mens op aarde, omdat My

teenstander hulle nie meer van die weg kan bring nie en die liefde in die

mense die verbinding met My sal herstel.

Die voordeel van ‘n ligter gang oor die aarde, het die wat Myne is vir hulle

nakomelinge verwerf deur hulle standvastigheid in die eindtyd, waarvoor

waarlik ‘n sterk wil en ‘n groot liefde vir My nodig was en daarom sal Ek

hulle ook op vele maniere beloon. En buitendien ken Ek die wilsverandering

van die geestelike in die vorm en hiermee ooreenstemmend kan Ek dit dan

weer inlyf in uiterlike vorme op die nuwe aarde, wat ‘n gewillige dien van

die geestelike waarborg.

Op die nuwe aarde sal die mense nie meer deur leed en sorge gekwel word

nie. Hulle sal sowel liggaamlik as ook geestelik geen nood ondervind nie en

mag hulle hulself sorgeloos in die heerlike skepping verheug. Daar sal hulle

mekaar in so ‘n liefde toegedaan wees, dat hulle alles uit die weg sal wil

ruim wat die ander ongelukkig sou maak. En hierdie liefde sal My aanleiding

gee om in die midde van die wat Myne is, te wees, hulle te onderrig en met

My aanwesigheid te verbly.

‘n Waarlik Goddelike vrede sal vanself oor al die geskapenes ontvou wat ‘n

lang tyd sal bly bestaan, omdat liefde die beweegrede is van alles wat

gedoen word. En so sal ook die navolgende geslag My teenwoordigheid

onder hulle toelaat, terwyl die teenstander heeltemal uitgeskakel is. En hy

141

kan nie wees waar Ek is nie, want hierdie mense is slegs waarlik verlos en

lewe onder die teken van die kruis. Hulle sal ten duidelikste oor die

verlossingswerk van Jesus onderrig wees en sal My liefhê in Hom met die

totale gloed van hulle hart.

Dit is waarlik ‘n paradysagtige toestand, wat ‘n lang tyd sal duur, maar tog

nie so onbegrens sal bly nie. Want steeds meer geestelike, wat deur die

skepping gegaan het, waarvan die teenstand nog nie heeltemal gebreek is

nie, sal tot hulle laaste beliggaming kom. En dan sal ook die begeerte na

die stoflike weer begin oorheers en as’t ware die kettings van My

teenstander verbreek. Die mense sal dan ook weer begeer wat aan hom

behoort en so bewys hulle dat hulle nog met hom verbind is en sal

daardeur weer in sy mag kom. En dan het die teenstander ook weer die reg

om die wil van die mens te beïnvloed en dit sal hy gebruik om die mense te

oorreed tot dade wat teen My ingaan en wat die gebied van die liefde

oortree. Sodoende verdring hulle MYSELF uit hulle aandag, terwyl My

teenstander daarin na vore kom.

En weer sal die stryd begin tussen lig en duisternis en die aarde sal weer

dien as stasie vir rypmaking. Want nog eindeloos baie van die gekluisterde

geestelike sal die weg van opwaartse ontwikkeling gaan en vir alles is ‘n

tyd bepaal. Ook sal steeds weer verloste siele van die aarde heengaan na

die geesteryk, want die verlossingswerk van Jesus sal nooit sonder effek

bly nie. Steeds word daar deur My gesorg dat die mense kennis daaroor

ontvang, want Jesus sal altyd die Teenstander bly van die vors van die

duisternis. Maar Hy sal die oorwinning behaal in langer of korter tyd,

volgens die wil van die mense wat vry is en sal bly. En die menslike wil sal

ook die laaste voleinding van die aardse lewe tot stand bring, omdat hulle

hulself heeltemal vir My sal oopmaak en heeltemal in My wil opgeneem wil

word. Amen

Nuwe verbanning onvermydelik vir die aanhangers

van die teenstander.

8430 5 Maart 1963

My oë rus vol medelye op die ontaarde menselike geslag wat deur My

teenstander beheer word en onwillig is om van hom af weg te trek. Hulle

het hulself gewillig aan hom oorgegee en ontsê My daardeur die reg om

effektief tussenbeide te kom, want Ek sal nie teen My teenstander werk, as

julle self aan hom wil behoort nie. Nogtans trek hy julle steeds verder af,

hy berei julle val voor, want julle sal terugval in die diepte waarvandaan

julle, julle ontwikkelingsproses oor die aarde begin het en deur alle

skeppings moes gaan om een dag uiteindelik as mens te kon bestaan. En

nou sal dieselfde lot weer aan julle gegee word, as dit is wat julle wil en

julle niks doen om van sy mag te ontsnap nie. En alhoewel hierdie inligting

aan julle gegee word, wil julle dit nie glo nie en daar is byna geen ander

142

manier om julle denke te verander nie, tensy die enorme beproewing wat

die hele aarde voor die einde sal oorkom, dit nog kan bereik. Terwyl julle

nog kan dink is daar nog die moontlikheid dat julle van julle gedagtes aan

julleself sal bestee, dat julle die dood van julle liggaam sal oorweeg en sal

wonder wat daarna met julle gaan gebeur. Maar tog sal julle oor die

algemeen sulke gedagtes verwerp, julle glo nie in enige iets nie en neem

aan dat julle sal ophou om te bestaan wanneer julle liggaam sterf.

Maar julle is enorm verkeerd en sal swaar vir hierdie fout moet betaal, hoe

ook al, julle weier om ‘n getroue verklaring aan te neem en kan nie

geforseer word nie. En wanneer julle in ‘n ernstige krisis kom verset julle

julleself slegs teen die mag wat dit oor julle bring, want sodra julle in ‘n

ernstig probleem kom blameer julle graag iemand anders daarvoor, selfs as

julle ‘n God en Skepper ontken, Maar tog kan julle nie self die teëspoed

weghou nie en het geen keuse om ‘n mag te erken wat sterker as julle is

nie. Derhalwe is sulke slae van die noodlot en buitengewone strenge

teëspoed die enigste middele oor wat nog julle manier van dink kan

verander en Ek moet hulle gebruik gesien die nabye einde en die lot wat Ek

van julle wil weghou. Moet nie jammer voel vir mense wat skielik van die

lewe moet vertrek nie, want hulle kan nog lig in die hiernamaals vind, as

hulle nie reeds tenvolle deur My teenstander verslaaf is nie en dan ook in

die diepte afdaal om nogmaals geban te word in materie. Maar wee hulle

wat die einde tegemoet gaan sonder om hul lewens gedrag te verander het,

hulle denke en hulle ongeloof. Hulle kan nie meer gered word nie en selfs

die grootste genade aan My kant, My oneindige liefde vir al My lewende

skeppings, kan nie die lot van ‘n nuwe verbanning vir hulle voorkom nie,

omdat dit die enigste opsie vir die siel is om volmaaktheid te bereik een

dag wanneer, na ‘n oneindige lang tyd, hy weer op aarde as mens leef en

bewus die weg na My gaan om verlos te word van elke vorm.

En hierdie nuwe verbanning is ‘n daad van liefde aan My kant, omdat Ek

hierdie siel van die mag van My teenstander ontruk en weer ondergeskik

maak aan My wil. En as ‘n mens hom slegs van hom wil vrymaak as hy

bewustelik Jesus Christus aanroep om verlos te word. Maar omdat die

mense op aarde nie meer in Hom glo en op Hom ‘n beroep om hulp doen

nie, kan hulle nie verlos word van die beheer van die teenstander nie en hy

sal hulle onvermydelik aftrek in sy domein. Maar julle mense het ‘n vrye wil

en is dus net so bekwaam om dit na die Goddelike Verlosser te lei as na

hom en julle sal gered wees vir alle ewigheid. Maar omdat julle dit nie doen

nie sal julle gevolglik ook die resultate moet aanvaar van julle wils verset

teen My.

Maar Ek sal telkens die relevante inligting aan hom gee, Ek sal met elke

een van julle deur die stem van julle gewete praat en Ek sal julle maak die

verganklike aard van alle wêreldse genoeë en goedere besef, Ek sal julle

persoonlik lyding en teëspoed laat ervaar. En definitief sal Ek met hom

deur die elemente van die natuur praat. Maar tog sal Ek sy wil nie dwing

143

nie en daarom moet hy net homself beskuldig vir die lot wat hy benader. Ek

sal daarvan hou om hom onbeperkte geluk te gee. Maar hyself kies egter

die staat van ellende, die staat van uiterste kwelling om gebind te wees. En

so sal hy kry wat hy begeer, want sy neiging na aardse materie sal

veroorsaak dat hy weer verban word in die hardste materie. Want hoewel

Ek alle mag tot My beskikking het, sal Ek nie die wil van ‘n bewuste wese

forseer nie of Ek moet My wet van orde breek, wat nie moontlik is nie. Maar

tog sal Ek met die mense tot die einde praat en elkeen wat aandag aan My

Woorde gee sal van die lot van ‘n nuwe verbanning gered word en hy sal

My ewig dank dat My liefde hom gevolg het tot hy homself verander het.

Amen

Vermoë om te oordeel – Waarskuwing teen die

werksaamheid van die teenstander

8432 7 Maart 1963

Steeds sal julle krag toegestuur word om vir My te werk, wanneer dit julle

wil is. Julle sal daarvan seker kan wees dat Ek julle denke korrek sal lei en

julle daarom korrek en regverdig sal oordeel wanneer julle wil. Want Ek ken

julle harte, Ek is op hoogte van julle gedagtes en wanneer Ek dit Self wil

dat julle die waarheid van My in ontvangs moet neem en versprei, dan

moet Ek in julle ook die sekerheid lê, om in die waarheid te wandel en Ek

moet julle die vermoë gee om korrek te oordeel aangesien julle andersins

nie geskik sou wees om die waarheid te versprei nie. Daar is baie

geestelike leringe wat as waar beskou word, as uitgaande van My en wat

tog nie hulle oorsprong by My het nie, maar by My teenstander. Besef dat

die lig van bo, wat alles stralend helder verlig en deur die duisternis heen

breek, My teenstander baie van sy aanhang ontneem en dat hy daarom

alles doen om dit te verhinder, om die lig te vertroebel, omdat hy nie meer

in staat is om dit te doof nie.

En so sal hy homself vertoon met ‘n masker op, hy sal dieselfde wil doen as

Ek. Hy vind genoeg opnamehouers wat hom nie kan deursien nie en

daarom gewillige dienaars vir hom is. En deur hulle sal hy homself ook te

kenne gee, egter nie deur die werksaamheid van My Gees nie, Wie hy nooit

aanleiding kan gee om Homself te uiter nie. Maar die eie denke van ‘n

mens met die verstand, probeer hy op so 'n manier te beïnvloed, dat die

resultate van die denke opgemerk word as "oorgebringde geestelike lering"

deur mense wat op die voorgrond wil tree, waar die ware deemoedige

ingesteldheid tot My nog ontbreek en wat ook nie hulle praktyke wil opgee

nie, omdat die verlange na die waarheid hulle nie so vervul, dat Ek hulle

sou kan beskerm van verkeerd denke nie.

Netso is die werksaamheid vanuit die geesteswêreld in die laaste tyd

besonder duidelik, want My teenstander beïnvloed ook die siele wat hulself

in duisternis bevind, om die mense, deur middel van gedagtes, dwaallere te

144

laat toekom en omdat geestelike kontakte met hierdie wêreld, wat nog deel

uitmaak van die teenstander, dikwels deur die mense nagestreef word, is

ook die voorwaarde vir onderrigting van geestelike aard gegee wat geen

aanspraak kan maak op waarheid nie.

Maar dit alles is slegs die gevolg van die verkeerde lewenswandel van die

mense wat nie lewe ooreenkomstig My Wil nie en daarom in die besonder in

die eindtyd aan sulke misleiding blootgestel is. En Ek kan maar net steeds

daarteen waarsku om nie alles te glo wat julle aan geestelike leringe

aangebied word nie, maar Ek kan julle nie dwing nie, nog om die verkeerde

af te wys, nóg om die ware aan te neem. Ek moet dit aan julle oorlaat,

maar gee in elke mensehart ‘n fyngevoelige speursin, sodat die na die

suiwer waarheid verlang.

Dat die mense in die eindtyd egter uitermate in die noute gedryf sal word

deur My teenstander, is voortdurend aan julle bekend gemaak en dit is

begryplik, dat hy alles sal probeer om teen My en die suiwer waarheid in te

gaan. En sy truuk is om skynbaar dieselfde te gee en tog die mense totaal

verkeerd te onderrig, omdat hy weet, dat deur dwaling, die doel nie bereik

word wat die mens op aarde moet bereik nie en waartoe Ek hom deur die

toestuur van My woord wil help. Sy voortdurende strewe is om verwarring

aan te rig, waar slegs die liefde in die mens ‘n helder lig ontsteek, wat ook

die dwaling blootlê; maar waar die mense weinig liefde het, sal ook die

dwaling angs aanjaend om hulself heen gryp.

Maar julle wat julle in vrye wil vir My aangebied het om My en die suiwere

waarheid te dien, moet op hoogte wees daarvan. Julle moet nie deur hom

mislei word nie en daarom lê Ek julle die wil om weerstand te bied in die

hart en Ek sal My ook aan julle bekend maak daar, waar Ek Self aan die

werk is en die suiwer waarheid na die aarde lei. Want Ek giet My Gees uit

oor alle vlees, wat egter ook inhou, dat die denke van die mense korrek

gelei word en wat daarom die uiting van My Gees ook sal verneem en in

gesprekke in woorde kan bring.

Julle sal die ooreenstemming kan vasstel en dan ook weet dat My Gees

werk in diegene wat julle weg kruis en ook dadelik die waarde insien van

dit wat Ek julleself van bo laat toekom. En glo dat Ek die denke van elke

mens verlig wat ernstig na die waarheid streef en die weg na My gaan, Wie

hom die suiwere waarheid alleen kan skenk.

En wat julle mense vertel word, ondersoek dit steeds met ernstige verlange

om net vir My en die suiwer waarheid te dien en julle sal dan verseker

herken waarvan die geestelike lering uitgegaan het, want op die einde sal

daar baie valse Christusse en baie valse profete optree, teen wie Ek julle

voortdurend gewaarsku het.

Maar ook ware profete sal julle moet herken, deur wie Ek Self, Wie die

ewige Waarheid is, My aan die mense bekend maak. Amen

145

Belofte om teen verwarring en vyandigheid beskerm

te word

8434 9 Maart 1963

Wie homself tot die taak gestel het om in die eindtyd verlossend werksaam

te wees, sal van die kant van My teenstander steeds weer probleme kan

verwag, omdat hy homself met alle middele daarteen verset dat die

mensdom lig gebring word in die donkerste nag wat oor die aarde verspreid

lê. Dit sal daarom ook buitengewoon moeilik wees om die suiwer waarheid,

My woord wat uit die hoogte na julle mense gestraal word, te versprei,

omdat dit van alle kante verhinder sal word, want die mense weet nie hoe

ver hulle al ‘n prooi van My teenstander is nie, wanneer hulle die woord

afwys en hulself verset teen die verkondiging daarvan. Maar dit is ‘n

ernstige verskynsel in die eindtyd waarin die metodes van My teenstander

onthul sal word en hyself alle middele aanwend om dit te verhinder. En hoe

verder die tyd voortgaan, des te duideliker sal hierdie stryd van die

duisternis teen die lig ook sigbaar word en daar sal ‘n verwarring van die

menslike denke te sien wees, wat waarlik as geestelike chaos te beskou is:

Want ook die welwillende mense sal dit moeilik vind om die korrekte besluit

te neem.

Maar die straal wat na onder op hulle neerstraal, het die helderste ligkrag

en hy sal die harte van diegene weldadig aanraak wat maar net verlang na

die waarheid, na regverdige denke, na die Woord van God, na die ware

spys vir hulle siele; en hulle sal hulself nie om die bos laat lei nie, hoeseer

My teenstander ook probeer om julle storm te loop teen die muur van julle

geloof. Want Ek Self is met diegene wat My ten volle bewus dien en wat My

laaste dissipels genoem kan word, wat Ek weer Self onderrig en hulle die

opdrag gee om uit te gaan in die wêreld, dit wil sê, My woord te versprei

wat Ek Self na die aarde sal lei, omdat die mense die waarheid absoluut

nodig het. En hulle kan ook seker wees van My beskerming en My leiding.

Ek sal steeds alles so op hulle laat afkom soos dit dienstig is vir hulle taak

wat hulle moet vervul en ook kan vervul met My hulp. En aan hulle

innerlike vrede sal hulleself kan vasstel dat Ek met hulle is, want Ek gee dit

aan almal wat My Wil vervul, sodat julle daaruit ook sal kan sien of julle

doen en late geseënd is, of dit volgens My Wil is. Want Ek het julle My

vrede beloof sodat julle My en My aanwesigheid sal herken, want waar Ek

Self is, daar moet ook My vrede julle vervul en daar is ook die moontlikheid

gegee om die suiwere waarheid na die aarde te stuur wat eweneens My

aanwesigheid aantoon. Wat nou daar op julle afkom, neem dit dan aan

soos dit deur My gewil of toegelaat is. Slaan so ook steeds ag op julle

innerlike gevoelens en julle sal die ware aanneem en al die verkeerde

afwys, hoewel My teenstander homself teenoor julle op die voorgrond sal

probeer plaas.

146

Van My beskerming sal julle steeds seker kan wees en dit bestaan

vernaamlik hierin dat Ek julle denke korrek rig, dat Ek julle beskerm teen

alle verwarring wat My teenstander in julle wil aanrig. Wie My dien, kan

homself ook beskerm met die wete dat die teenstander hom nie veel kan

aandoen nie, maar hy sal steeds weer probeer binnedring om die suiwer

waarheid te ondergrawe. Die sterk geloof in My en My Liefde is vir julle

egter die grootste selfbeskerming, want Ek sal so ‘n geloof waarlik nie tot

skande laat maak nie en julle sal onbesorg kan opkom vir die geestelike

goed wat julle sal ontvang en dit verder as die suiwerste waarheid deurgee.

Geen teenwerping sal julle aan die wankel bring in die geloof nie en dan is

julle vir My ook die ware dienare deur wie Ek Self werksaam kan wees in

die laaste tyd voor die einde.

Die stryd teen die duisternis sal nie makliker word nie, die vors van die

duisternis sal steeds meer verwarring stig, hy sal julle vyandig bejeën en

daar sal valse Messiasse en profete opstaan wat teen julle ten stryde sal

trek. Julle sal rekening moet hou met openlike aanvalle en vervolgings,

maar julle sal My beskerming nie hoef te ontbeer nie, want Ek weet tog hoe

noodsaaklik julle arbeid is vir My en My Ryk en wie daartoe geskik is: Julle

sal slegs julle ganse wil aan My moet skenk, die arbeid in My wingerd moet

vir julle die belangrikste en noodsaaklikste wees en al die ander moet na

die tweede plek geskuif word. En julle sal ook alles, waardeur julle gehinder

sal word om nog die wêreld te dien, as My Wil moet beskou.

Ek weet welke middele Ek moet aanwend om julle heeltemal vir My te wen

en daarom sonder Ek julle en die geestelike werksaamheid af van die

wêreld, terwyl julle van My My Woord ontvang, weg van die wêreld, omdat

elke wêreldse gedagte ‘n hindernis kan wees en omdat daar nie veel tyd

meer is tot aan die einde nie en Ek in hierdie tyd nog baie mense ‘n ware

insig sou wil verskaf. So, vrees nie My teenstander en sy metodes nie, want

die sorg van My Liefde sal julle wat My uit vrye wil sal dien, wat as My

laaste dissipels bereid is om die evangelie (van die liefde) te versprei, My

Liefde ondervind tot aan die einde toe. Amen

Die regte lewenswyse is nie genoeg om volwasse te

word nie

8436 11 Maart 1963

As julle weet dat slegs dade van liefde effek op julle siele het na die dood

van julle liggaam en dat alle aardse bedoelinge, gedagtes en dade nie enige

voordeel vir julle siele in die geesteryk sal gee nie, sal julle waarlik nie julle

aardse lewe so onverskillig leef nie. En selfs as julle trou die eise van julle

aardse pligte vervul, selfs as julle alles in julle daaglikse lewe doen om reg

te lewe in teenwoordigheid van mense, is elke daad sonder waarde vir julle

siele. Omdat hy nie aardse besittings kan saam neem nie, alle aardse

kennis bly agter, alle aardse skatte en elke persoon se reputasie is

147

waardeloos as die siel in die koninkryk van die hiernamaals arm aan

geestelike besit ingaan. Slegs geestelike strewe en dade van liefde lewer

ewige geestelike skatte vir die siel op.

En die mense is so dikwels bewus van hul eie belangrikheid slegs omdat

hulle ‘n regte leefwyse het alhoewel hulle slegs hul aardse werke of ‘n

bepaalde hoeveelheid orde in hul lewensomstandighede in gedagte het en

nie daarin slaag om van mening te wees dat die doel van die lewe op aarde

‘n ander een is as die verbetering van hul fisiese welsyn nie. Hulle besef nie

dat elke aktiwiteit deur liefde gesteun moet word nie, dat dit deur liefde

gemotiveer moet word as dit van waarde vir die siel na die dood van die

liggaam moet wees. En as julle nou alle dinge waarneem wat gedoen en

deur julle of in julle omgewing gesê word en hoe selde dit deur liefde

veroorsaak word, dan moet julle toegee dat alles vergeefs is en slegs die

bereiking van julle aardse doeleindes dien.

Julle sal geskok wees as julle die ontbering van julle siele kon voel as ‘n

fisiese ongemak, want dan sal julle nooit weer julle lewe kan geniet nie.

Maar julle siele kan hom nie so duidelik openbaar nie omdat julle dan slegs

sal streef om ‘n ander soort lewe te leef as gevolg van selfsugtigheid so dat

julle nie die ongemak van julle siele daagliks en uurliks voel nie en dan is

so’n strewe ook waardeloos. Maar julle moet oorweeg welke waarde elke

aardse bereiking vir julle het, omdat julle weet, dat julle verblyf op hierdie

aarde nie vir ewig sal duur nie. Maar julle glo nie in die voortsetting van die

lewe van die siel na die dood nie en dit is waarom julle so half-hartig is en

julle siele ignoreer. Julle glo dat julle by die oomblik van dood sal ophou

bestaan en een dag sal julle dit bitter betreur dat julle nie beter gebruik

gemaak het van die tyd op aarde nie, julle sal dit betreur dat julle nie meer

lief gehad het nie, wat elke een van julle kan doen, omdat ‘n klein vonkie

van liefde in julle smeul wat julle slegs moet ontsteek. Elke mens kan ook

self die voordeel van ‘n daad van liefde ervaar wat aan hom deur ‘n

medemens gedoen word. En so kan hy ook aan sy naaste doen, dit sal

sekerlik nie tot sy nadeel wees nie, want die innerlike tevredenheid van sy

daad sal hom aanspoor om meer liefdesdade te doen en sy eie liefde sal

verminder met dieselfde mate as wat sy liefde vir sy naaste groei.

Geen mens ly ‘n verlies nie, want wat hy uit liefde gee sal hy duisend

voudig op aarde of een dag in die geesteryk ontvang en dan besonder

geseënd wees, omdat die tyd op aarde wanneer hy bo homself moet

uitgroei slegs baie kort is, terwyl die siel in die geesteryk die rykdom wat

hy op aarde verwerf het vir ewig kan geniet. Die mense lewe onverskillig en

onderneem gretig aardse werk, gretig verhoog hulle hul aardse besit,

gebruik al hul energie van die lewe vir tenvolle negatiewe dade, omdat hy

altyd slegs verganklike goed bymekaar maak. Die onverganklikheid van sy

siel word nie in ag geneem nie, hy neem nie liefdevolle sorg van hom nie,

hy moet gebrek ly en die koninkryk van die hiernamaals in ‘n miserabele

staat van verhongering ingaan waar hy slegs vind wat sy liefde as mens op

148

aarde voorsien het. En as sy lewe sonder liefde was sal die siel sonder lig

en krag wees en moet ‘n pynlike lot tegemoet gaan, want slegs deur dade

van liefde kan hy op aarde volwasse word.

En daarom moet die mense nie sê “tog doen ek niks wat boos is nie.” Die

mens moet goeie dade doen gebore uit liefde in die aardse lewe, slegs dan

sal hy die koninkryk van die hiernamaals kan ingaan sonder selfverwyt,

selfs as hy nog nie ‘n hoë graad van liefde bereik het nie, sal hy dit sekerlik

in die hiernamaals bereik op voorwaarde dat sy lig aangesteek is sodat die

siel nie die geesteryk in volle duisternis ingaan nie. Amen

Die skep van die nuwe aarde in ‘n oomblik

8440 16 Maart 1963

Om alle dinge in ‘n oomblik te skep is vir My moontlik, want daar is maar

één gedagte nodig om dit deur My wil en My krag te laat ontstaan. Ek kan

dus in één oomblik skep en het geen tyd daarvoor nodig nie. Werk Ek egter

so dat die mense dit kan sien en wat elke skeppingswerk om julle heen

bewys, dan gaan alles volgens die wetlike orde, sodat julle mense ook die

verloop van die skepping kan volg en My Liefde, Wysheid en Mag daarin

kan erken. Want Ek het dieselfde bekwaamheid in julle gelê, al is dit in

minimale mate, want julle kan ook skep en vorm gee, maar het meer tyd

daarvoor nodig waarvoor julle, in die toestand van onvolmaaktheid waarin

julle mense op aarde julleself nog bevind, ook die wet van tyd en ruimte

wat bestaan, moet verstaan. Hierdie wet val egter vir die volmaakte wese

weg omdat, betreffende tyd, sowel as ruimte, daar dan geen begrensing

meer is nie.

My bestuur en werke word altyd aangepas volgens die toestand van

volwassenheid van die bestaande, sodat dit bestuur en werke mag

ondervind, wat egter nie My onbegrensde mag uitsluit om alle dinge in één

oomblik te skep nie. Ek het geen tyd nodig nie, want Ek staan buite die wet

van tyd of ruimte.

Toe die ontstaan van die skepping plaasgevind het, het Ek ook tydens die

ontstaan, net een doel voor oë gehad, naamlik om die gevalle geestelike

die moontlikheid te gee om stadigaan volwasse te word. Om stadigaan die

weg uit die diepte terug te vind en om aan hulle steeds weer nuwe

moontlikhede te verskaf waarin hulle op die een of andere wyse diensbaar

kon wees. Die beplanning van elke skepping word so deur My wil bestuur,

dat steeds groter skeppings op dié manier te voorskyn sou kom, met

steeds weer nuwe doeleindes, sodat ‘n stadige opwaartse ontwikkeling kan

plaasvind. En daarom het die ontstaan van die skepping ‘n bepaalde tyd

nodig, want juis die tyd moes hierdie ontwikkeling teweegbring. Want

eindeloos diep was die val gewees en dieselfde afstand moet weer terug

afgelê word, sodat alles weer volgens die wetlike orde, wat die voorwaarde

is vir al die volmaakte, kan verloop.

149

Word daar nou egter aan die einde van ‘n verlossingsperiode ‘n

skeppingswerk deur My wil totaal verander, om weer nuwe moontlikhede

tot opwaartse ontwikkeling te kan verskaf, dan kan daar ook weer

skeppingswerk ontstaan wat in ‘n oomblik deur My geskep word. Want ook

dit is in My heilsplan vanaf ewigheid voorsien, sonder om die wet van die

ordening daarmee omver te gooi. Want die geestelike, wat homself op die

terugweg bevind, is in alle grade van volwassenheid aanwesig, juis deur die

eindeloos lang pad van ontwikkeling voorheen op die ou aarde.

Alles is reeds aanwesig en word alleenlik verander in die harde materie of

in die reeds sagtere vorm van die plante en dierewêreld. Deur die

geweldige verwoesting sal alles vryraak, maar kan tog nie in sy nog

onvolwassee toestand vrygelaat word nie. Dit wat met die bestaande graad

van volwassenheid ooreenstem, moet opnuut in die materiële vorm ingelyf

word. Steeds weer sal ook die, tot nou toe verharde geestelike substansie,

die ontwikkelingspad kan begin in die binneste van die aarde wat ook totaal

in opstand kom en geestelike substansies vrylaat en daardeur die verharde

geestelike ruimte verskaf, as in die geval al van ruimte gepraat kan word.

Maar alle skeppingswerk staan as’t ware ter beskikking vir die opneem van

die tot in die diepste gevalle geestelike, wat sy ontwikkelingsweg moet

begin. Maar hierdie geestelike substansies het weer ‘n ewige lange tyd

nodig, totdat dit eenmaal na die aardoppervlakte kom om hulle

ontwikkeling te kan voortsit.

En al is die omvormingswerk op hierdie aarde die werk van ‘n oomblik, tog

gaan alles volgens die wetlike orde. En omdat sulke werk, wat in ‘n oomblik

plaasvind, nie voor die oog van die mense kan plaasvind nie, (waar julle

nog nie die hoogste graad van voleinding bereik het om sulke verandering

deur My mag en krag te kan begryp nie), word die mense wat aan My trou

bly tot aan die einde, weggeneem. Hulle belewe wel die vernietigingswerk

waarvoor Ek hulle oë sal open, maar hulle sal nie die ontstaan van die

nuwe aarde sien nie, elke tydsbegrip sal hulle ontneem word totdat hulle op

die nuwe aarde geplaas sal word, tot hulle die voltooide nuwe skepping in

alle heerlikheid kan aanskou en dit in besit mag neem.

Dit is ook onbelangrik in welke tempo die nuwe aarde ontstaan het. Maar

omdat Ek My heilsplan van ewigheid af aan julle openbaar, daarom laat Ek

julle ook weet dat dit vir My geen tyd sal kos nie. Want My wil kan elke

gedagte van My op dieselfde oomblik verwesenlik. En My liefde en wysheid

sien ook wat goed en geskik is vir die uiteindelike terugkeer van die

geestelike wat eens in vrye wil van My afgedwaal het.

Daar sal altyd ‘n klein deeltjie van die geestelik ontwaak om dit, My

verlossingsplan, te kan verstaan. Maar vir hulle wil Ek die "lig" laat skyn oor

die skeppingsgeheime om sodoende hulle liefde tot My steeds warmer te

laat ontvlam. Want juis My heilsplan van ewigheid af is die mees

verblydende vir alle wesens, want daarin is My Liefde, Wysheid en Mag

geopenbaar.

150

En wie hierdie kennis reeds op aarde verkry, kan waarlik salig genoem

word, want hy staan kort voor sy voleinding, hy staan kort voor sy

uiteindelike terugkeer tot My, sy God en Skepper van ewigheid, Wat

Homself aan Hom as Vader geopenbaar het en Wie se liefde oneindig is.

Amen

Arbeid in die Wingerd volgens Goddelike wil

8442 18 Maart 1963

Ek wil elke inspanning wat gerig is op die verspreiding van My woord seën.

Want julle kan nie besef hoe noodsaaklik dit is dat die mense kennis moet

opdoen oor die doel van hulle lewe op aarde nie, omdat hulle dit slegs sien

as die versorging van hulle liggaam en ‘n lewe lei wat allesbehalwe

geestelik genoem kan word.

Oral is dit donker nag en daar is geen ander hulp as om vonke lig rond te

sprei nie, wat die duisternis oplos en vir die mense ‘n impuls kan wees om

op die korrekte weg te gaan, die weg wat hulle in die skynsel van dié lig

kan sien en Ek sal waarlik alles so reël dat die straling van die lig versterk

word. Ek sal My woord, wat julle van bo-af kry, vir diegene toeganklik

maak by wie dit nog ‘n uitwerking kan hê, dat hulle na Hom luister Wie

hulle aanspreek en Sy vermanings aanneem, dat hulle, hulle ten slotte sal

laat lei en sodoende nie verlore kan gaan nie.

Ek ken die middele en die weë en Ek wend dit ook waarlik aan. Ek laat geen

moontlikheid onbenut nie en julle, My dienare, moet maar net dit steeds

gewillig uitvoer waartoe julle van binne genoodsaak voel. Want die

aandring kom daarom van My aan Wie julle, julle dienste aangebied het.

Onthou dus goed dat julle ook nie bang hoef te wees vir die gebreke van

julle liggaam nie, dat Ek julle krag sal gee om vir My te werk, omdat Ek

vlytige arbeiders in My wingerd nodig het en baie goed sien wie My met alle

oorgawe dien. Maar vermors nie julle kragte nie deurdat julle oorywerig

sake aanpak wat Ek julle nie opgedra het nie. Julle moet altyd maar net let

op My instruksies en dit doen wat Ek julle dringend vra. Want julle sal My

kan glo dat die korrekte resultaat, deur in die stille werksaam te wees,

behaal word, dat Ek Myself daarom eers mag openbaar, as daar andersins

geen resultaat meer blyk behaal te wees nie en dit na die einde toe loop.

Maar as julle die "wêreld" wil wen, as julle die massas wil onderrig, dan sal

daar baie arbeid tevergeefs verrig word, want daar is nog maar enkeles en

julle sal dit nie regkry om die "mensdom" te verander nie, julle sal dit nie

regkry om baie mense tot besinning te bring nie, slegs enkeles sal vir sulke

oorywerige inspanning beloon word. En julle het daarom julle krag

tevergeefs gebruik, want hierdie enkelinge sal, omdat hulle van goeie wil is,

ook nog gewen kan word deur werk in stilte, omdat Ek hulle ken en ook My

woord vir hulle toeganklik sal maak.

Maar My weë is anders as julle s’n en daarom sal julle op die innerlike stem

moet let en dit as My instruksie opvolg. En hierdie innerlike stem sal julle

151

nooit daartoe dwing om op ‘n besondere manier na buite te tree en

opvallend te wees, of groot aksies te onderneem, waarvan Ek weet dat dit

nie baie suksesvol sal wees nie.

Weer sonder Ek steeds daarom My medewerkers af van die wêreld, omdat

hulle werksaamheid dan vir My en My ryk intensiewer uitgevoer kan word,

en omdat My arbeiders in die wingerd, ook hulself steeds meer sal

vervolmaak, wat deur innige oorgawe aan My bereik word, wat baie eerder

in stilte as in die drukte van die wêreld sal plaasvind. Want alles wat julle ‘n

groot sukses van verwag, vra wêreldse voorbereidings wat nie geskik is dat

die mense hulle vergeestelik nie. Daarom druk Ek julle dit steeds weer op

die hart om vlytig en stil te werk in die wingerd, om in alle liefde, invloed

op julle medemens uit te oefen, sodat hulle hul tot liefde sal ontwikkel, om

hulle in kennis te stel van My woord, om met die belangrikste werk, by te

dra tot die verkondiging van My woord wat regstreeks uit die hoë na julle

gestuur word.

Glo My dat die werking van My woord nog die grootste seën en geestelike

vooruitgang sal bewerk. Glo My dat julle vir julleself buitengewone

verdienste kan verwerf wanneer julle alle moontlikhede gebruik om aan

julle medemens kennis van My woord te gee. Want hulle wat nog van goeie

wil is, sal aangeraak word daardeur, terwyl die mense, wat al die ander

inspan om hul geestelike sienings by te bring, dit weer alleenlik met die

verstand aanneem en hulle harte onaangeroer bly op enkeles na, wat Ek

egter ook nog op ander maniere vir My sal wen, omdat Ek die harte van die

mense ken.

Dink daar aan, dat by die verstandelike denke weereens My goddelike

openbarings hoort, om sodanig aan die mense weer te gee, dat hulle

daardeur gefassineer word, dat slegs die verstand egter dan weer

aangespreek word en ‘n geestelike resultaat nouliks te behaal is. Dat die

direkte oorbring van My woord of die deurgee van My regstreekse

openbaring egter ‘n heelwat groter sukses sal hê, omdat My woord met My

krag geseënd is en omdat die mense alreeds ‘n bepaalde staat van

volwassenheid moet besit, wat ‘n bydrae moet lewer om die geestelike

ontwikkeling onder die mense te bewerkstellig.

Glo dat Ek elke arbeider in stilte vir My en My ryk sal seën en doen julle bes

om bekwame arbeiders vir My te wees, hulle wat steeds net die instruksies

van hul Meester en Vader van die huis opvolg en hulle hul in liefde oor hulle

medemens bekommer. Al die ander sal Ek vir julle doen en ook julleself lei

sodat julle My woord aan hulle kan verkondig, die wat dit dankbaar in

ontvangs neem as ‘n buitengewone barmhartigheidsgeskenk, wat ook

waarlik nie sy uitwerking sal mis nie. Amen

152

Niks sal vir ewig onverlos bly nie – Veranderinge

aan die Woord

8443 20 Maart 1963

Elke mens is self verantwoordelik vir die staat van volwassenheid van sy

siel, gevolglik bepaal die mens ook hoe lank hy ver van My af sal bly, nl.

elke oergees, die beliggaamde siel in ‘n persoon. Sal verseker na My

terugkeer, maar die tydsduur wat dit sal neem om hierdie terugkeer te

bereik hang van die vrye wil af en so kan dit ewighede neem tot die siel

geword het wat hy in die begin was: ‘n volmaakte wese wat dig verenig is

met My, wat dan naas My in lig en krag en vryheid sal kan werk. Die feit

dat hierdie terugkeer na My vroeër of later sal gebeur is seker, omdat dit

die oerwet van ewigheid is dat alles wat deur My as krag uitgestraal is weer

na My sal terugkeer. Maar tog kan die duur van terugkeer na My oor

ewighede uitgerek word en julle mense is onbekwaam om hierdie tydsduur

te begryp, want julle denke is beperk.

Niettemin, daar is nie so’n ding soos “ewige dood” nie, as dit begryp word

om ewigdurend ver van My af te bly. Julle kan inderdaad van ewighede

praat maar nie van ‘n staat wat vir ewig sal duur nie, wat dus sonder einde

is. Want so’n konsep is nie verenigbaar met My Aard nie, wat liefde,

wysheid en mag is. Dink julle werklik dat My wysheid en mag nie die

middele ter beskikking het om enige iets te bereik nie, selfs die definitiewe

terugkeer van die gevalle geeste wat eens van My af geval het? Of dink

julle dat My liefde so beperk is dat dit selfs net een wese wat in ‘n staat van

ewige dood verkeer sal verlaat?.

Julle weet dat selfs My teenstander een dag sal terugkeer na die Vader se

huis en dat hy aanvaar sal word deur sy Vader as die seun wat huistoe

gekom het, selfs as oneindige tye nog moet verby gaan. Niettemin, hy sal

nie vir ewig van My aangesig verban word nie, hy sal ook een dag verlang

na My liefde en vrywillig terugkeer na My. En niks sal in ‘n onverloste staat

bly nie, want selfs die hardste materie sal een dag oplos, dit sal die

gevange geestelike substansie vrymaak en dit sal bietjie vir bietjie dit self

vergeestelik, want alles wat bestaan in die hele heelal is geestelike krag,

waarvan Ek die Bron was en is, die effek vertoon dit slegs deur verskillende

grade van hardheid, dus verhard of reeds versag nader dit vergeesteliking.

Maar vergeesteliking van alle materie sal verseker plaasvind en niks sal

oorbly om My te weerstaan nie. Hierdie verkeerde veronderstelling is ook ‘n

produk van menslike intellektuele gedagtes wat deur My direkte onderrig

van bo reggestel moet word, want sulke onderrig was nooit deur My aan

julle mense gestuur nie.

My teenstander sal telkens indring en mense beïnvloed om geestelike

kennis te verander met die bedoeling om julle te mislei en twyfel te wek in

My Aard, sodat julle glo dat die onverloste geeste in hul staat bly vir ewig,

dan bevraag julle ook My oneindige liefde. As of dit beperk is, wat

153

onmoontlik is by ‘n Wese wat hoogs volmaak is en sal bly vir alle ewigheid.

My teenstander het waarlik baie geleendhede om in te glip en verwarring te

veroorsaak en Hy sal altyd dit doen wanneer die aktiwiteit van My Gees

deur intellektuele gedagte verdring word, wat slegs moontlik is wanneer die

mense nie tevrede is met ‘n eenvoudige verklaring nie en verplig voel om

iets by te voeg of weg te laat. As hulle hul egter sal weerhou om

veranderinge aan te bring, kan sulke foute nie insluip nie, want dan sal

hulle hul streng by My Woord hou en kan nie ‘n prooi word van valsheid

nie.

En daarom moet Ek aanhou om foute van vooraf bloot te stel, Ek moet My

suiwer Woord aan julle stuur, Ek moet alles verbeter sodat julle geen

geestelike informasie sal ontvang wat nie uit My voortgekom het nie maar

wat gretig as My Woord onderskryf word. Dit was na die aarde gestuur in

alle suiwerheid en waarheid, maar as ‘n persoon dit op homself neem om

veranderinge aan te bring sal hy nie deur My verhinder kan word nie, maar

Ek sal daarvoor sorg dat julle mense altyd in besit van die suiwer waarheid

sal kom, weer en weer. En as julle begeer om die waarheid te ken dan sal

julle ook elke misleide onderrig bevraag en sal nie in staat wees om dit met

die hoogs volmaakte aard van julle God en Vader van ewigheid te kan in

ooreenstemming bring nie.

En die beste en veiligste toets wat julle kan maak is om julleself te vra of

die liefde en die wysheid van julle God die onderrig regverdig, want sodra

een kwaliteit nie daar is nie kan julle dit ook verwerp as vals. En waarlik, Ek

sal ook bewys waarom die onderrig van ewige veroordeling misleiding is.

Sodat julle dit kan glo en seker wees dat julle in die waarheid leef, wat Ek

sal aanhou stuur aan mense omdat die waarheid alleen die lig is wat die

weg na bo verlig. Amen

God se menswording in Jesus

8445 22 Maart 1963

Die grootste misterie, My menswording in Jesus, met die doel om al die

eens gevalle geestelike te verlos en die onmeetlike oerskuld te delg;

veroorsaak deur die afvalligheid van die wesens van My, sal vir die mense

ook ‘n geheim bly solank hulle nie in alle waarheid onderrig word en ook nie

verlang om die waarheid daaroor te verneem nie.

Julle mense wil nie glo dat julle julleself in die diepste duisternis bevind nie,

juis as gevolg van die oerskuld wat eerste gedelg moet word, alvorens dit

lig in julle kan word. Dan sal alles vir julle egter onherroeplik duidelik word

en julle sal nie meer twyfel nie. Die suiwer waarheid daaroor kan julle egter

slegs gegee word deur die Ewige Waarheid Self, wat julle ook wil onderrig

omdat dit Self die lig van die Ewigheid is en ook wil dat My skepsele in

daardie lig wandel.

Maar julle vrye wil beslis of julle die waarheid wil aanneem en julle is ook in

staat om uit te maak of julle volgens waarheid onderrig word. Slegs ‘n

voorwaarde bestaan daar: Dat julle in die liefde leef, want die liefde is die

154

vuur wat die lig van die wysheid uitstraal. ‘n Liefdesvonkie is in julle gelê as

Goddelike deeltjie wat met My, die Ewige Liefde in verbinding staan. En

sodra julle in vrye wil hierdie vonk in julleself laat ontbrand, streef dit na

die Oerlig en vandaar uit straal die lig in die vorm van ‘n diep wysheid

terug. Julle word wetend, deur die "lig van die insig" verlig en julle denke is

korrek en bevind homself in die waarheid.

En hierdie waarheid wil Ek julle laat toekom, sodat julle, julle opdrag op

aarde kan insien en vervul. En dus moet julle kennis hê van julle oerskuld

en van My heilsplan van die Ewigheid. En die belangrikste wat julle moet

weet is die verlossing deur Jesus Christus, My menswording in Hom en dat

julle oor alles onderrig moet word, dat julle nie by Jesus Christus mag

verbygaan as julle eendag die Ewige Lewe wil verwerf nie. Hy het op die

aarde gekom om die Evangelie van die Liefde aan die mense te predik, om

aan hulle die korrekte lewenswandel voor te stel en die korrekte weg te

wys wat tot die Ewige Lewe voer.

Maar die mense, belas met die oersonde, sou nie hulle doel kon bereik het,

solank hierdie oersonde nie van hulle weggeneem was nie. En die

verlossingswerk van Jesus, met Sy dood aan die kruis het dit eers tot stand

gebring. Hy het die werk van versoening vir hierdie skuld volbring en kon

dit as mens alleen volbring, omdat Ek self in Hom was, want My wese is

liefde. Die liefde is nie net ‘n eienskap van My wese nie, maar Ek is die

liefde Self. Dit sal julle nie kan begryp solank julle op die aarde leef nie, en

tog kan My menswording in Jesus slegs op hierdie manier vir julle begryplik

gemaak word, sodat die Eenwording vir julle nie meer twyfelagtig sal lyk

nie.

My wese kan nie as persoon voorgestel word nie, maar in Jesus vorm My

alles omvattende Gees homself tot iets wat julle vir julleself kan voorstel.

Die totale versmelting van Jesus met My het egter eers plaasgevind nadat

die verlossingswerk volbring was, om welke rede Jesus gedurende Sy lewe

op aarde soms ook gespreek het oor die Vader as oor "Iemand buite

Homself”, wat tog nog steeds op die Eenheid dui. Die mense het hulself in

die tyd van Sy lewe op aarde in ‘n verduisterde toestand bevind en ‘n lig,

dit wil sê, ‘n duidelike insig in die verlossingswerk kon slegs vir weiniges

gegee word wat hulself bewustelik onder die kruis geplaas het; wat verlang

het om verlos te word en hulself so in vrye wil oorgegee het aan Jesus, en

om vergewing van hulle sondeskuld gebid het.

Daarom bly die geestestoestand van die mense duister. En op die

verlossingswerk, die grootste daad van ontferming van die Goddelike liefde,

word geen ag geslaan nie en Jesus sal slegs as mens ‘n begrip bly; Sy

verlossingswerk word egter afgewys. Die mensdom bly daarom ook met die

oerskuld belas, hulle bly geestelik in die duisternis en besef ook nie die lig

as dit by wyle uitstraal nie; want hulle sluit die oë om dit nie te sien nie.

Maar die lig van Bo laat homself nie meer uitdoof nie. Want steeds sal daar

mense wees wat die geestesvonk in hulself sal laat ontbrand en nou ook

155

egstreekse onderrigting deur hulle Vadergees van die Ewigheid kan

aanneem.

Eendag sal die Lig ook helder skyn en dit sal die duisternis heeltemal

verdryf, as My Wil die tyd daarvoor bepaal het. Want julle mense staan

voor die einde van ‘n verlossings periode en daar begin ‘n nuwe, waarin

helder lig egter sal skyn, omdat hy wat die duisternis in die wêreld gebring

het, vir ‘n lang tyd verban sal wees en omdat die mense in hierdie

komende tyd hulself deur Jesus Christus sal laat verlos, waardeur die

oerskuld van hulle weggeneem sal word.

Die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk en My menswording in

Hom is van so ‘n groot betekenis, dat Ek waarlik alles sal doen om die

mense dit te laat toekom. Maar dit moet aan hulle vrye wil oorgelaat word

of hulle dit wil aanneem of nie; of hulle nou die weg tot die kruis gaan en of

hulle nou hulle sondeskuld sal wil oordra aan Die Een, wat hulle alleen kan

bevry as hulle bevry wil word; as hy daarom gebid het. Want Hy het

gesterwe aan die kruis vir die sondeskuld van die mense. Hy het die groot

skuld versoen en die geregtigheid van God was daardeur genoegdoening

gegee. Want God se Liefde erbarm Homself oor hulle wat eens van Hom

afgeval het en die Liefde Self bring die offer. God het in Jesus die mense

van die sonde verlos en die weg weer geopen na die Ryk van Lig en

Saligheid. Amen

Verbeteringe aan die Woord van God - Misvorming

van die Waarheid

8448 25 Maart 1963

My Evangelie kan nog so suiwer as moontlik van Bo aan julle gestuur word

maar julle mense sal dit nie lank onveranderd laat nie en daar sal steeds

weer dwalinge binnesluip wat deur die verstand van die mens uitgedink is,

maar daarom moet dit steeds weer reggestel word as die mense, wat dit

ernstig verlang, in die waarheid wil verkeer. Wanneer gedagtes eenmaal

ingesink het in ‘n mens, sal hy nie maklik geneig wees om daarvan los te

raak nie en dit is ook die rede dat My teenstander die verstand van die

mens betrek om hom in sy verkeerde opvatting te versterk. Steeds

verdedig julle die mening dat Ek die waarheid beskerm. Maar die vrye wil

van die mens maak dit vir julle duidelik dat elke misvorming van die

waarheid moontlik is. Maar ewe goed sal julle in vrye wil die suiwer

waarheid kan begeer en dan sal dit julle ook te beurt val.

My woord van bo is waarlik ‘n barmhartigheidsgeskenk van My, wat vir julle

gewyd behoort te wees, dat julle nie sou durf waag om die Woord te

misvorm (verdraai) nie. Maar juis omdat die mens onvolmaak is en hulself

nog in duistere sfere ophou, sien hulle die groot waarde van My woord nie

in nie en deins hulle nie daarvoor terug om die eie gedagtes van hulle

verstand daar aan toe te voeg nie en gevolglik die waarde daarvan te

156

verlaag wat Ek hulle uit die hoogte laat toekom het. En dan sal daar met

verloop van tyd verkeerde opvattings ontstaan, die lig sal vertroebel word

en sy intensiteit verloor, omdat slegs die suiwere waarheid, wat van Myself

uitgaan, helder lig kan skenk.

Dink julle tog eens in, mense, julle wat julleself aanmatig, wanneer julle die

Woord van Jesus verbeter, wanneer julle geloof die mens ‘n beter

verteerbare spys kan aanbied, deurdat julle veranderinge daarin aanbring,

waartoe julle waarlik nie die reg het nie. Daar sou op aarde nie ‘n

sonsverduistering kon gewees het as My lig van bo nie steeds weer van sy

ligkrag verloor het nie, want al dikwels gee Ek van bo ‘n helder lig aan

diegene wat My daarom vra. En wie dit aanvaar, bevind homself ewe-eens

in die lig van die waarheid en hy kan ook die waarheid deurgee; Dog steeds

weer kom die menslike verstand tussenbeide, steeds weer het die eieliefde,

die geldingsdrang van die mens en sy materiële instelling daartoe

aanleiding gegee, om homself van My Woord, wat van bo na die aarde

gestuur was, te bedien om, in die ware sin van die woord, uit te buit

terwille van aardse sukses. Die geestelike sukses sal dan slegs karig wees,

dit sal slegs daar wees waar weer diepe verlange na die Waarheid oorweeg

word, sodat Ek Self werksaam kan wees in ‘n mens en hom dit duidelik laat

insien, wat ooreenstem met die waarheid, terwyl Ek hom ‘n wil om

weerstand te bied teen valse geestelike leringe in die hart lê. En daarom

kan Ek julle maar net steeds attent maak op die Bron, neem dit aan wat

regstreeks van My af uitgegaan het en wat onveranderd na julle gestuur

word.

Julle sal steeds moet ondersoek en nie alles aanneem wat na julle toe

gebring word nie, maar julle sal ook in staat moet wees om die ware bron

te onderskei, wanneer julle dit ernstig sal wil. En hou julle dan aan dit wat

julle sal ontvang, want julle sal dan put uit die "water van die lewe", wat

waarlik ‘n genesende werking het, wat aan krag nie oortref kan word nie,

want dit gaan regstreeks van My uit en straal binne-in julle harte, dit raak

julle siele en is vir julle spys en drank wat aan julle die ewige lewe besorg;

Daarom sal julle mense julle waarlik gelukkig kan ag wanneer daar onder

julle ‘n mens is wat Ek as opnamehouer vir die instroming van My Gees kan

uitkies, sy(BD) wat vir julle ‘n bron geword het waaruit die lewende water

stroom. Julle sal julle gelukkig kan ag om te weet dat die lewens water wat

julle so suiwer en helder aangebied word so is soos dit uit die bron vloei

wat Ek Self vir julle ontsluit het. Kniel neer en put daaruit en waarlik, julle

sal gelaaf en kragtig gemaak word om julle weg oor die aarde te kan

voortsit. Julle sal in die lig van die waarheid wandel en dan ook op julle

medemens so kan inwerk, dat ook hulle die weg neem na die bron, as hulle

slegs van goeie wil is.

Maar die misvormde woord sal steeds meer aan waarde verloor en dit sal

ook slegs deur diegene uitgedra word by wie die verlange na die waarheid

ontbreek, wat hulself daarom ook nie aan die veranderinge of dwaallere

157

steur nie, maar sonder beswaar alles as waarheid verdedig, ofskoon dit nie

in hierdie vorm eens van My uitgegaan het nie. Niks sal lank suiwer bly

bestaan wat die onvolmaakte mens in besit neem nie, maar steeds sorg Ek

weer daarvoor dat die suiwere waarheid na die aarde gebring word en julle

hoef dit slegs ernstig te begeer en dit sal julle toekom. Amen

Die hernieude kluistering is onafwendbaar vir die

aanhangers van Jesus se Teenstander

8450 5 Maart 1963

Vol erbarming rus My Oog op die ontaarde mensdom, wat hulle in die mag

van My teenstander bevind en selfs nie bereid is om hulle aan hom te

ontworstel nie.

Hulle het hulle vrywillig aan hom oorgegee en daardeur ontneem hulle My

die reg om self kragtig in te gryp. Ek gaan nie teen die wil van My

teenstander in nie, omdat julle julleself aan hom gegee het, maar hy trek

julle steeds dieper na benede en veroorsaak julle verderf. Julle val in die

diepte terug van waaruit julle eens julle ontwikkelingsweg oor die aarde

begin het en vanwaar julle deur alle skeppings heen moes gaan om eindelik

julle bestaan as mens te bereik. En nou sal julle dieselfde lot ten deel val,

omdat julle dit self wil en niks doen om as mens van sy mag te ontvlug nie.

En wanneer julle hierdie kennis ter oorweging gegee word, wil julle nie

daarin glo nie en daar is byna geen middel meer om julle denke te

verander nie, slegs groot rampspoed wat oor die aarde sal kom, bring dit

nog teweeg voordat die einde kom. Solank julle nog kan dink, is daar altyd

nog die moontlikheid dat julle ‘n keer oor julleself sal nadink, dat julle, julle

met julle liggaamlike dood besig sal hou en julleself afvra wat hierna sal

wees. Maar sulke gedagtes hou julle meestal ver van julle. Julle glo

heeltemal niks nie en meen dat alles met die dood van die liggaam verby

is.

Maar julle vergis julle geweldig en julle moet swaar vir hierdie dwaling

boet. Julle neem egter ook geen waarheidsgetroue uitleg aan nie en deur

dwang mag julle nie beïnvloed word nie. En kom ‘n groot nood oor julle,

dan kom julle ook maar net in opstand teen die "MAG" wat dit oor julle laat

kom. Want sodra julle in groot verdrukking kom, wil julle graag iemand

daarvoor verantwoordelik hou, selfs as julle ‘n God en Skepper loën. Maar

teen die slae van die noodlot sal julle niks kan uitrig nie en daarom sal julle

ook ‘n "MAG" moet erken wat sterker is as julle.

Daarom is sulke slae van die noodlot en ‘n ongewone groot ellende nog die

enigste middele wat julle denke kan verander. Ek moet dit aanwend met

die oog op die einde en in verband met die lot wat Ek nog van julle sou wou

afwend.

Betreur nie die mense wat plotseling uit die lewe weggeroep word nie; want

hulle kan nog in die hiernamaals tot voltooiing kom, as hulle nog nie geheel

158

en al aan My teenstander ten prooi geval het nie en dan ook nog in die

diepte wegsink om opnuut in die materie gekluister te word. Maar wee hulle

wat die einde belewe sonder om hulle lewenswandel, hulle denke en hulle

ongelowigheid te verander. Vir hulle is daar geen redding meer nie. En ook

die grootste erbarming van My kant af, My oneindige liefde vir al My

skepsele, kan daardie lot van ‘n hernieude kluistering nie van hulle afwend

nie. Dit is die enigste moontlikheid dat die siel ooit tot voleinding kan kom,

dat hy na ‘n oneindige lang tyd weer as mens die weg oor die aarde sal

gaan en bewustelik die weg na My toe sal gaan om vry te word van elke

uiterlike vorm.

Hierdie hernieude kluistering is dus ‘n daad van My liefde omdat Ek sulke

siele aan die mag van My teenstander onttrek en weer aan My wil

onderwerp. Want die siel kan hom as mens alleen van hom bevry as hy

bewustelik vir Jesus Christus aanroep om verlossing. Maar omdat die

mense op aarde nou nie meer in Hom glo en Hom om hulp bid nie, kan

hulle ook nie bevry word uit die mag van die teenstander wat hulle

onherroeplik na benede trek in sy ryk in nie. Maar julle het ‘n vrye wil en

julle kan om hierdie rede julleself waarlik tot die Goddelike Verlosser wend

en julle sal gered wees vir tyd en ewigheid.

Julle doen dit egter nie en julle moet die gevolge van julle weerspannige wil

daarom ook op julle neem. Maar altyd weer sal Ek julle die kennis daaroor

laat toekom en Ek sal elkeen persoonlik deur die "stem van die gewete"

aanspreek. Ek sal hom die verganklikheid van alle wêreldse vreugde en

goedere laat insien en homself deur nood en leed laat gaan, ten slotte sal

Ek nog deur die elemente van die natuur tot hom spreek. Maar sy wil dwing

Ek nie en daarom het hyself ook skuld aan die lot wat hy tegemoet gaan.

Ek sou hom onbegrensde saligheid wil skenk, maar hyself kies die toestand

van onsaligheid, die toestand van die grootste kwellings en om geketting te

wees. Daarom sal hy kry wat hy begeer, want sy afhanklikheid van die

materie veroorsaak vir hom weer die hernieude kluistering in die hardste

materie. Want al staan daar vir My ook alle mag tot beskikking; Ek sal nie

dwangmatig op die wil van ‘n ‘ek bewuste wese’ inwerk nie, omdat Ek

anders teen My wet van ordening sou ingaan wat nooit as te nimmer kan

wees nie.

Maar tot aan die einde sal Ek tot die mense spreek en wie op My Woorde

sal ag gee, sal gered word van die lot van die hernieude kluistering. Hy sal

My ewig dankbaar wees dat My liefde hom agtervolg het totdat hy hom

verander het. Amen

Waarom is dit noodsaaklik om Jesus te erken?

8453 30 Maart 1963

Steeds dringender sal julle mense gewys moet word op die goddelike

Verlosser Jesus Christus , omdat die tyd ten einde loop wat aan julle sielee

toegeken is om vry te word uit die vorm. Julle sal egter nie die volledige

159

vryheid kan verwerf, alvorens die delging van julle oerskuld nie eers

geskied het nie, wat alleen deur die erkenning van Jesus as Verlosser van

die wêreld verkry kan word.

Om vry te kom van skuld, moet dit ingesien word as skuld en die

vergewing daarvan moet bewustelik afgebid word. En dit sal julle mense

alleen bereik, wanneer julle in Jesus as God se Seun en aan Sy verlossings-

werk glo. Wanneer julleself weet dat julle die aanleiding van Sy bittere

lyding en sterwe was, omdat julle eens skuldig was en eers van julle skuld

bevry sal moet word, alvorens julle weer in die ryk van lig en geluksaligheid

sal kan ingaan.

Dat Jesus Sy weg oor die aarde, wat geëindig het met die dood aan die

kruis, waarlik gegaan het, word ook nog deur baie mense bestry, maar –

terwille van die vrye geloof – geen bewyse vir hulself daarvoor laat lewer

nie. Maar steeds weer sal die mense die kennis gegee word, dat God Self

Sy Seun na die aarde gestuur het, dat ‘n deur Hom in die lewe geroepe

ligwese homself aangebied het, om die weg oor die aarde as mens te gaan,

om vir die groot skuld van die afval van weleer van baie wesens, boete te

doen.

Dit word ook aan die mense, waarin die afval bestaan, met rede omklee en

waarom die beloning gegee moes word. Die mense word helder en duidelik

in kennis gestel van wat self in die allereerste begin afgespeel het in die ryk

van die geeste, om dit vir die mense maklik te maak om te glo aan die

verlossingswerk van Jesus. En alle mense sal die geloof kan verkry

wanneer hulle hulself deur ‘n lewe in liefde sou gereedmaak, sodat die Gees

uit God in hulle kan werk. Tog, juis daar aan ontbreek dit die mense en so

wys hulle alles af wat ook aan hulle vertel word, op weinig mense na, wat

nou weer van hulle kant af hulle beste doen, om die medemens te wys op

Jesus Christus, sodat hulle verlos kan word uit hulle toestand waarin hulle

geraak het, juis deur die oerskuld wat op hulle druk en nog nie tot niet

gemaak is nie.

En die einde kom nader. ‘n Eindeloos lange tyd van positiewe ontwikkeling

moes gedurende die lewe as mens op aarde tot ‘n einde kom, maar die

aardse lewe word nie meer op so ‘n manier benut, dat die mens homself

bewustelik tot die Een wend, Wie Hom kan vry maak vir alle ewigheid nie.

‘n Baie belangrike geleentheid laat hy verbygaan, wanneer hy sy bestaan

op aarde leef sonder Jesus Christus, wanneer hy homself nie in gedagtes

verbind met Hom in Wie God Homself aan alle mense en alle wesens

voorstelbaar gemaak het nie.

En sy berou sal eendag baie smartlik wees, wanneer hy in die ryk hierna sal

besef wat hy op aarde versuim het. Want hy sal ook daar die weg na Hom

moet vind, alvorens dit lig om hom sal word, en die sondeskuld sal so lank

op hom druk, totdat hy tot Jesus sal bid om vergewing. Dog dan het hy nie

meer die moontlikheid om te ontwikkel tot ‘n "kind" van God nie, wat wel

op aarde vir hom moontlik was.

160

Dit is ‘n volledige nuwe geestelike periode waarin die siel gaan, wanneer hy

verlos word deur Hom, Wie sy oerskuld reg gemaak het aan die kruis; dan

het die duisternis, waarin die siel was sedert sy afval van God, van hom

afgeval en die lig wat hom nou bestraal, maak hom buitengewoon gelukkig

en hy herken homself nou ook as ‘n goddelike wese, omdat elke

onvolmaaktheid van hom gewyk het, sodra hy vry geword het van sonde

en die gevolge daarvan. Dat God regverdig moet handel en dus

genoegdoening eis, vind Sy oorsaak in Sy volmaaktheid en die goddelike

ordeningswet en so moet ook die mens in die aardse lewe vir alles boet,

wat hom as sonde, as oortreding teen die goddelike ordening belas, of dit

in die ryk hierna doen.

Maar om die groot oersonde uit te boet, is nie, nóg op aarde, nóg in die ryk

hierna vir hom moontlik nie, omdat hierdie skuld te groot was en ‘n

versoening vereis het wat ‘n mens nooit in staat sou gewees het om te

volbring nie. Daarom het Jesus hierdie skuld vir die mense op Homself

geneem en dit deur Sy dood aan die kruis tot niet gemaak. Maar Hy eis dat

die mens ook self vry sal wil word van sy skuld en homself dus bewustelik

onder die kruis plaas, Hom die skuld bewustelik oordra en vergewing vra.

En as hierdie vergewing hom ten deel geval het, sodat hy verlos is van

hierdie groot oerskuld, dan het hy daarby ook vergewing van alle ander

sonde verkry, wat hy in die lewe op aarde begaan het, want die mens Jesus

het gesterf vir alle sonde, wat begaan was, in die verlede, die hede en die

toekoms. Hy het alle sondeskuld uitgewis, tog moet die wat daarvan verlos

wil word, bewustelik vra, aangesien al die gevalle geeste andersins dadelik

weer in hulle oertoestand teruggeplaas sou gewees het, maar dat daar dan

geen voltooiing, waarvoor die vrye wil ‘n vereiste is, van die wesens tot

sogenaamde gode moontlik sou gewees het nie.

Wanneer ‘n mens egter die goddelike Verlosser Jesus Christus bewustelik

erken as God se Seun, in Wie God Homself beliggaam het, dan vertrou hy

homself ook in alle deemoed aan Hom toe en vra Hom om hulp, waar hy

slegs uit eie krag, geen weerstand kan bied teen die teenstander van God

nie en Jesus nodig het, Wie hierdie vyand oorwin het, Wie aan Sy

teenstander die koopprys betaal het vir alle siele wat hulself wil laat verlos.

Dit is en bly ‘n aangeleentheid van die vrye wil, om vry te word van die

groot skuld, van alle sonde wat die mens in die vlees begaan het. Maar hy

kan volle vergewing vind, hy kan vry word van alle skuld, omdat Een die

skuld op Homself geneem het uit liefde en barmhartigheid, omdat Hy

onuitspreeklik gely het en die smartlikste dood gesterf het om die mense

hierdie ontsettende lyding te bespaar wat hulle op hulself sou moes

geneem het om ‘n geregverdigde versoening tot stand te bring.

Julle sal van elke skuld kan vryword, maar dit lê by julleself of julle die

onmeetlike barmhartigheid wil aanneem, of julle julleself wil laat verlos,

want daartoe word julle nie gedwing nie en die verlossingswerk kan ook,

161

teen julle wil, geen uitwerking op julle hê nie en julle nie die volledige

vryheid skenk wat julle begeer nie.

Daarom sal julle daar ook steeds maar net daarop gewys kan word, om

julle tot die goddelike Verlosser Jesus Christus te wend. Julle sal steeds

maar net aangespoor kan word, om Hom nie verby te gaan nie. Daarom sal

daar slegs volgens waarheid opheldering aan julle verskaf kan word oor

Jesus en Sy verlossingswerk. Dog die weg na die kruis sal julleself in vrye

wil moet gaan. En julle sal waarlik geen spyt daaroor hê, wanneer julle

diegene aanhoor wat julle op julle weg help om julle as bode van God

opheldering te verskaf. Dan is julle gang oor die aarde nie ‘n nuttelose

gang nie, want dan sal julle heel seker ook die doel bereik, om vry van

sonde binne te gaan in die ryk van lig en geluksaligheid. Amen

Slegs God is gebieder van die heelal

8457 3 April 1963

Ook dit wys julle op die einde wat naby is, naamlik, dat die mense steeds

nuwe pogings aanwend om tot die geheime van die skepping deur te dring,

maar nooit op geestelike wyse, waardeur hulle slegs opheldering kan

ontvang nie. Hulle probeer met hulle verstand te deurgrond wat vir hulle

nog verborge is. Hulle onderneem pogings om na te vors wat daar buite die

aarde is, hulle wil natuurwette deurgrond en dit benut, weer ter wille van

aardse gewin. Hulle skakel Myself as Skepper en Behouer, as Gebieder van

die heelal uit en glo om eiemagtig ondersoeke te kan onderneem

betreffende die skeppings wat buite die aarde bestaan.

Hulle sal ook hulle pogings voortsit, ofskoon dit steeds weer sal misluk,

omdat dit nooit as te nimmer kan gebeur dat mense van die aarde kan bly

op ander hemelliggame, sonder om hulle lewe te verloor nie.

Maar selfs dan nog laat Ek hulle die vrye wil toe. Ek hinder hulle nie, sodat

hulle die nutteloosheid van hulle voornemens self insien. En of hulle nou al

glo om te kan ingryp in My skepping of nie, hulle verloor die maatstaf vir

dit waar die grense lê vir hul eie verstand. Onbeperkte ervaringe sou hulle

op geestelike manier kon versamel. Maar daarvan sou die siele slegs

voordeel hê, die mense soek egter voordele vir aardse doeleindes en

daarom kies hulle nie die weg wat hulle tot die korrekte insig sou kan bring

nie. Maar al hulle pogings sal skipbreuk ly en steeds maar net 'n skadelike

uitwerking hê op die mense wat hulself as "proefkonyne" aanbied.

Die gebied vir die mense is en bly die aarde, soos wat ook ander

hemelliggame as sodanig weer afgesonderd is vir die wesens wat op elke

hemelliggaam woon, hetsy die aarde of elke andere sterrewêreld, is

onderworpe aan die natuurwette wat deur My aan elke hemelliggaam gegee

word. En geeneen van hierdie natuurwette sal dit kan uitskakel, of homself

met wesens van ander hemelliggame kan verbind nie en hulle sal met

hierdie pogings met hul lewe betaal, omdat dit ‘n vermetelheid is om My

162

wette te minag, wat hulle deur hulle verstand al moes weerhou om

ondersoeke van die aard te onderneem.

En dit is al ‘n teken van die naderende einde, dit is ‘n teken van ‘n totale

ongeloof in ‘n God en Skepper. Want anders sou hulle dit nie gewaag het

om versteurend in My skeppings in te gryp nie, met die idee, om

skeppingswerke te laat ontstaan wat die heelal kan deurkruis. Dit is dooie

dinge sonder sin of doel wat bewys, hoe vermetel die mense op die aarde is

en hoe verduister hulle gees is, ondanks hulle mees verbasing wekkende

berekeninge, wat egter nie klop nie soos wat hulle steeds weer moet

ondervind.

In alle bestaande natuurwette gryp die mense reeds in, nooit egter tot seën

van hulle medemens nie, maar steeds tot skade, liggaamlik en geestelik.

Want hulle verander deur hulle proefnemings ook suiwer natuurlik gesien,

hulle lewensmoontlikhede. Hulle vergiftig die lug, die water en dus die

lewensvoorwaardes slegs net liggaamlik gesien, soos wat dit egter ook deur

hulle goddelose handeling groot skade aan die siele berokken, wat hulself

nooit kan voltooi op aarde op so 'n groot afstand van My, hul God en

Skepper nie.

Hierdie verre verwydering word deur hulle bewys, want slegs sataniese

invloed beweeg hulle denke en handelinge. Slegs die Satan gee hulle

hierdie gedagtes in, omdat hyself probeer om My uit te skakel en hy die

mense in totaal negatiewe sin beïnvloed.

Nooit sal en kan so 'n poging om op ander hemelliggame te kom, wat buite

die aarde lê, deur My geseën wees nie, tog laat Ek tot op die laaste

erbarming geld vir hulle wie se siele nog nie geheel aan My teenstander ten

prooi geval het nie, omdat elke poging andersins vinnig tot mislukking

veroordeel sou gewees het. Maar Ek worstel oor elke afsonderlike siel en

sodra hulle hulself in innige gebed tot My wend in oomblikke van aardse

nood, staan Ek hulle ook by en laat dinge skynbaar slaag, dog altyd slegs

met die doel dat hulle die weg tot My terugvind en hulle hulle voornemens

opgee, dat hulle moet insien dat hulle afhanklik is van ‘n sterker Mag wat

hulle nooit met hulle verstand sal kan deursien nie, maar wat die hart tog

kan begryp.

Julle sal nog baie hoor en verbaas staan oor die prestasies wat mense kan

volbring. Maar weet, dat hulle die krag gegee word deur My teenstander.

Dat hy, net soos Ek, probeer om dinge te laat ontstaan te midde van My

skepping waartoe hyself nie in staat is nie en homself daarom bedien van

die wil van die mense, wat hy maklik kan beïnvloed, omdat hulle min of

geen geloof het nie. Maar dit is sy laaste poging, want sy tyd is uitgeloop

en hy trek self sy val in die diepte na hom toe. Want as hy die grootste

verwarring onder die mense teweeggebring het, sal Ek ‘n einde maak aan

sy aktiwiteite en daar sal ook niks bly bestaan van die dinge, wat deur

mense onder sy invloed ontstaan het nie. Alles sal vergaan en Ek sal die

163

ordening weer herstel op die aarde, sodat hy verder sy doel as "skool van

die gees" kan vervul volgens My Wil. Amen

Opheldering oor die oergees en sy afvalligheid

8458 5 April 1963

Al My sorg gaan uit na julle toe wat My Wil dien in die laaste tyd voor die

einde, want julle moet nog baie dwalinge regstel wat Ek aan julle blootlê en

julle daarom die middele in die hand gee om teen dit in te gaan; wat julle

nooit sou kon doen sonder die stuur van My Woord uit die hoogte nie. Ek

weet waar die denke van die mense nog verward is. Ek weet, waar hulle vir

hulself opvattinge in hulle vasgemaak het wat hulle nie graag wil opgee nie,

wat egter nie volgens die waarheid is nie. Ek wil almal opheldering gee, Ek

wil die denke verlig van hulle wat van My uit die opdrag het om die

waarheid te versprei. Ek kan julle altyd net weer dieselfde uitleg gee, dat

julle wesens is wat eens deur My uitgestraal is, wat hulle einddoel nie

nagekom het nie, omdat hulle teen My in opstand gekom het. Wat Ek nou

uitgestraal het as krag, was “Ek-bewuste” skepsele, in staat om na te dink

en met ‘n vrye wil begunstig; dus geen dooie meganismes nie. Hulle het

lewe in hulself, want My krag, wat hulle oersubstansie was, is en bly iets

lewend, wat aanspoor tot gestadige werksaamheid. Ek gee hierdie krag dus

die vorm van wesens, wat egter geestelik te verstaan is. Hulle kon mekaar

wedersyds aanskou as skitterende skepsele in die stralendste lig, elke

uitgestraalde skepsel was ook ‘n wese in homself. Hulle was as onafhanklik

voort gebring en was voortdurend met My liefdeskrag deurstraal. Hulle was

ewebeelde van Myself. Hulle was miniature van My eie Wese, wat

selfstandig in krag en lig kon werk en hoogs volmaak was, omdat slegs die

volmaakte uit My kan voortkom.

Hierdie wesens het aan My ontrou geword en verander dus deur hulle vrye

wil in die teendeel. Hulle het hulle volmaaktheid verloor, gebrekkig en

ellendig geword, want die Goddelike liefdeslig wat hulle deurstraal het, het

hulle afgewys en as gevolg daarvan ontdoen hulle hulself van die goddelike.

Die wesens het egter bly bestaan, slegs die Liefde het hulle prysgegee. En

dit was moontlik, omdat hulle as bewys van hulle goddelike oorsprong, ook

‘n vrye wil besit het, wat homself na alle rigtings kon ontplooi en wat

homself vir die teenoorgestelde rigting kan uitspreek. Die wese het dus die

liefdeskrag van God - My voortdurende liefde aanstraling afgewys en dit

verklaar hulle val in die diepste diepte, omdat hulle onbekwaam geword het

om werksaam te wees en in hulle substansie verhard het. Die deur My in

alle volmaaktheid geskape wese het homself dus vrywillig van My verwyder

en het homself steeds meer na die diepte begewe.

Hierdie afvalligheid van die geeste van My was reeds aan julle duidelik

gemaak en julle weet waarin hierdie afvalligheid van My bestaan; wat My

liefde afgewys het. Die wesens het daardeur onbekwaam geword om te

werk. Omdat die wese egter in homself My uitgestraalde krag was en nie

164

passief kan bly nie, moes die krag hom op ‘n ander manier laat voel. En dit

het dus moontlik geword, deurdat hierdie krag omvorm was tot skepping

en nou volgens My Wil werksaam is, dus verrig die gevalle wese ‘n

dienende funksie in 'n ander vorm onderhewig aan die wet van "jy moet";

wat gekluister deur die skeppingswerke gaan, met die doel van ‘n langsame

opwaartse ontwikkeling, dit is die gevalle geestelike skepsele wat eens uit

My voortgekom het. Dit is die wesens wat Ek as hoogs volmaak geskep het,

wat Ek as selfstandig buite My geplaas het as My ewebeeld en wat hulself

nou op ‘n smartlike weg bevind om terug te keer, hulle weer moet omvorm

tot wat hulle oorspronklik was. En daar kan aan julle geen duideliker

antwoord gegee word wanneer julle vra waar die gees gebly het, toe die

wesens geval het.

Van watter gees praat julle? Ek het geestelike wesens geskape en hulle het

van My afvallig geword. Die siel is dus nie die siel van ‘n gees nie, nee, die

siel self is die eens gevalle oergees, wat homself, met die doel van

uiteindelike voltooiing, in die mens beliggaam. En beliggaam ‘n nie-gevalle

oergees homself, dan is die se siel gewoonweg hierdie oergees, en nie slegs

‘n deel daarvan nie. Dat alle gevalle geeste nou ook steeds met sorg

omring word gedurende die hele proses van terugkeer deur wesens van die

lig, wat heeltemal ingegaan het op My Wil tydens hulle beproewing, sal vir

julle steeds weer duidelik word. Want hierdie ligwesens vind hulle geluk

daarin, om by te dra tot die uiteindelike terugkeer van die gevallenes. Hulle

oorgrote liefde dra steeds sorg vir alle skepsele. Hulle sorg steeds vir nuwe

omhullings wat die gevalle geeste ‘n opwaarts gang moontlik maak. Want

die liefde sal altyd volgens My Wil werksaam wees en daarom ook

voortdurend toestroom na wat nog onvolmaak is, sodat hy homself

bewustelik verander tydens die lewe op aarde en weer dit word wat hy in

die allereerste begin was. En hierdie ommekeer word daarom ook slegs

deur die liefde tot stand gebring wat die wese as mens nouself moet

ontsteek om weer die vereniging met My te vind, wat hom tot ‘n

geluksalige wese sal maak, tot in alle ewigheid. Amen

Daar bestaan nie twee soorte openbaringe nie

8460 6 April 1963

Ek kan geen toegewings maak waar dit gaan om die stuur van die suiwer

waarheid nie. Verstaan dat daar slegs één waarheid is en kan wees en dat

dit van My uitgaan, omdat Ek alleen alles weet en ook Ek slegs die kennis

kan laat toekom aan hulle, wat ‘n diep verlange na die waarheid het en

hulself innig met My verbind, dus hulself waardig en geskik maak om helder

lig te ontvang. En Ek sal ook nie met twee monde praat tot die mense nie,

deur die een dit en die ander iets anders te leer nie. Want die waarheid is

ewig onveranderlik en laat homself ook geen beperkinge oplê deur

menslike denke wat vroeër mislei was nie.

165

Ek sal steeds aan julle, mense duidelikheid verskaf as julle aan sulke

dwalinge ten prooi geval het. En sodoende moet Ek ook sake aan die kaak

stel waar My teenstander reeds terrein gewen het, en Ek verkeerde

opvattinge openlik moet laat uitkom. En dit sal Ek ook doen sodra

goddelike openbaringe na die aarde gestuur word. Want aan die volledige

ooreenstemming kan julleself nou die herkoms van sulke openbaringe

toets. Dit sou egter My Wysheid volkome teenspreek as Ek mense iets wat

verkeerd is, wil leer, dus My onderrig wil aanpas aan hulle tot dusver

gebruiklike denke, wat verkeerd is.

Die Waarheid moet meedoënloos die dwaling blootlê, omdat slegs die

waarheid die siel tot heil strek, omdat slegs die waarheid die weg is wat na

My lei. En die mense wat innig met My verbind is, sal ook altyd slegs deur

die suiwer waarheid gelukkig wees en die dwaling bereidwillig opgee. En

dus sal ‘n mens wat in die liefde leef, homself geïmponeer voel deur die

waarheid en ook insien dat hy tot nou toe verkeerd onderrig is. Want die

dwaling, of ook My teenstander, kan hom nie bind aan die wat homself aan

My oorgegee het nie. Hy sal homself sodoende kan losmaak van verkeerde

opvattinge en die waarheid sonder beswaar aanneem.

Wat moet mens egter van openbaringe dink wat kennelik binne sulke deur

mense bepaalde grense voorkom? Ek wil waarlik My Woord oral heen lei, Ek

wil My aan alle mense openbaar, dog daarvoor het Ek leë opnamehouers

nodig, mense wat nie so aan verkeerde opvattinge veranker is, dat hulle dit

nie vrywillig sal opgee of in twyfel sal trek nie. Wil Ek My aan ‘n mens

openbaar, dan moet hy, deur te twyfel aan die waarheid wat hy besit, na

My toe gedryf word, sodat Ek aan hom die Lig van die Gees kan skenk.

Eers dan kan Ek aan hom duidelikheid verskaf, maar egter nooit solank hy

nog gebonde is en homself innerlik nie wil vrymaak van dwaalleringe nie.

My openbaringe vereis ‘n leë opnamehouer wat Ek nou kan vul. En dan sal

Ek ook duidelik uiteensit wat nie ooreenkom met die suiwer waarheid uit

My nie. Want Ek kan nie twee verskillende geestelike leringe vanuit My

verkondig nie en Ek sal ook niks versluier nie, maar alles onthul, omdat

julle lig nodig het om die ware weg te vind en terug te keer na My in die

Vaderhuis. Wat dus ooreenstem is ook deur My aan julle gestuur, sodra die

voorwaardes aanwesig is wat My openbaringe toelaat. Is daar egter

teenstrydighede, dan sal julle moet oplet en ‘n ernstige ondersoek instel,

want Ek Self kan geen toegewings toelaat wat die waarheid weerspreek nie.

Maar Ek wil alle mense nog voor die einde wen en daarom wil Ek ook vir

hulle wat nog op ‘n dwaalspoor gelei word, die goeie weg wys en waarlik,

wie homself geheel en al aan My oorgee, hy sal ook deur ‘n ware Lig verlig

word en hy sal ‘n uitweg vind uit die verwarring, wat vir die lou en

onverskillige mens nie verwarrend is nie.

My teenstander het die mense so in sy mag, dat hy hulle tot fanatici

gemaak het wat niks anders meer wil laat geld; of dit nou lede is van ‘n

kerklike organisasie of sektes, of van die mees verskillende geestelike

166

igtings nie Dit is begryplik dat hulle nie vir rede vatbaar is wanneer My

boodskappers aan hulle die suiwer waarheid wil bring nie. Dit bewys hulle

verbinding met hom wat in hulle geen helder gedagtes laat opkom nie,

maar hulle aansit om alle fanatiese dwaallere uit te dra en te verdedig. En

dit sal moeilik wees om hulle dan vir die suiwer waarheid te wen; selfs die

wat van goeie wil is laat hulself verblind, omdat die teenstander op

dieselfde wyse optree om die mense te laat beweeg om valse opvattings as

goddelike werk te versprei.

Maar steeds sal Ek die mense wat hulself volkome en heeltemal bewustelik

aan My oorgee en van My altyd slegs die Waarheid afsmeek, behoed om

valse lering aan te neem.

Maar julle moet almal opmerksaam wees, want die teenstander beskik oor

baie truuks om sy aanhang vir homself te behou. En hy sal teen die

waarheid ingaan tot aan die einde, tot Ek Self aan sy aktiwiteite ‘n einde sal

maak en hom opnuut in kettings bind, omdat die uur van die einde gekom

het. Amen

Jesus het onmeetlik gely

8463 9 April 1963

Julle moet steeds daar aan dink wat die mens Jesus vir julle gely het,

omdat Sy liefde julle wil help om vry te kom van die kettings van Satan. Al

julle skuld het Hy op Hom geneem en bomenslik gely vir die versoening van

hierdie skuld en ten slotte hierdie skuld betaal met die smartlikste dood aan

die kruis. En al word die grootte van Sy offer en die maat van Sy lyding

weer altyd vir julle voorgehou, tog is dit vir julle gevoelsmatig nie moontlik

om met die lyding saam te voel nie en tog moet julle baie dikwels hieraan

dink, om ook Sy oorgrote liefde wat Hom beweeg het om julle te verlos, tot

julle te kan laat deurdring.

Sy siel was rein en vlekkeloos. Hy het uit die hoogste ligsfere gekom na die

duister sondige wêreld. Hy het na ‘n mensdom toe gekom, wat sondig was

deur die vroeëre afvalligheid van God en wat ook weer in die aardse lewe

gesondig het, omdat hulle onder die invloed staan van die teenstander wat

die mense aanpor tot liefdeloosheid. Maar hulle kon hom nie weerstaan nie,

omdat hulle heeltemal verswak was deur die las van die oersonde. Die

mense het hulself in ‘n diep geestelike duisternis bevind en kon daarom ook

nie die vyand van hulle siel herken nie en sodoende het hulle hulself in diep

geestelike nood bevind en kon deur eie krag ook nooit vry word daarvan

nie.

En Jesus het Hom oor hierdie mensdom ontferm, want dit was Sy gevalle

broeders wat vir ewig van die Vader geskei sou bly en wat Hy daarom wou

help, wat hy weer die weg wou toon wat na die Vaderhuis terugvoer. Jesus

het Hom vrywillig aangebied vir ‘n werk van versoening, wat julle mense

nie kan besef nie. Hy het liggaamlik en geestelik gely, want wat die mense

Hom kon aandoen om Hom te pynig, wat mense Hom aan lyding en pyn

167

kon berokken, dit het die mense gedoen, wat aanhangers was van die

teenstander, wat die verlossingswerk uit alle mag wou verhinder.

Wat Sy siel egter deurstaan het in die ryk van die vors van die duisternis,

uitgelewer aan sy knegte en handlangers, is vir julle mense onbegryplik.

Want die Siel het uit ‘n Goddelike ligsfeer gekom en het afgedaal in die hel,

in die gebied van God se teenstander, waar dit duister was en waar die Siel

onbeskryflike pyne moes verduur, omdat al die sondige, duisternis Hom

smartlik aangeraak het; omdat al die nie-geestelike hulself aan die Siel

vasgeklem het en probeer het om Hom saam met hulle in die eindelose

dieptes in te sleur.

Hy het egter weerstand gebied, Hy het homself bedien van die krag uit

God. Want die Siel van Jesus was vol van liefde en hierdie liefde was Sy

krag wat vir Hom die verlossingswerk moontlik gemaak het. Jesus het die

rampsalige toestand van die mense op aarde gesien. Hy het hulle onmag

en hulle blindheid gesien en Hy het in Sy liefde die stryd opgeneem met

hom, wat die mense in sy mag gehad het, wat hulle in die ongeluk gestort

het en wil verhinder dat hulle ‘n uitweg hieruit kon vind. Jesus het Sy liefde

gestel teenoor sy haat en sy bose werke en hierdie Liefde was sterker as

die haat, dit het die teenstander oorwin. Hierdie Liefde het Hom opgeoffer

vir die medemens en die Liefde het deur Sy dood aan die kruis die mense

vrygekoop van hom wat hulle gevange gehou het.

Die prys was baie hoog. Jesus het alles gegee vir die sondeskuld van die

mense. Hy het Homself geoffer. Hy het Sy teenstander bewys dat die liefde

sterker is as haat, dat die liefde alles volbring, dat Hyselfs nie vir die dood

wegdeins as dit daardeur die onvrye die vryheid sou besorg nie. As Hy

daardeur die dooie weer tot lewe kon bring en die gevangenes van hulle

tronkbewaarder kon ontruk. Geen smart en lyding vir die mense was te

groot, sodat Jesus die verlossingswerk sou opgee nie; want Sy Goddelike

erbarming met die sondige mensdom was so groot dat niks hom meer teë

gehou het nie. Hy het gelate en gewillig die dood ingegaan, terwyl Hy

vooraf al bomenslike lyding verdra het, terwille van die sonde van die

mensdom. En as julle hieraan dink dan moet julle tog sonder om te draal in

vurige liefde tot Hom gaan. Julle moet julleself onder die kruis haas om aan

hulle te behoort vir wie Jesus Sy bloed vergiet het.

Julle moet so van die krag van Sy liefde deurdring wees, dat julle hierdie

liefde uit die diepste van julle harte beantwoord en julleself heeltemal aan

Hom oorgee, om aan Hom te behoort en Syne te bly tot in alle ewigheid.

Julle kan julleself nie dikwels genoeg Sy lyding en sterwe voor oë hou nie,

en julle sal dan steeds nader aan Hom kom as julle daar aan dink dat

julleself al die lyding wat Hy verdra het, sou moes dra om die groot skuld te

versoen en dat Hy julle daarvan verlos het. Dit was slegs moontlik deur die

liefde wat in Hom woon. En hierdie Liefde was God Self, wat die mens Jesus

heeltemal deurstraal het en Hom die krag gegee het om die werk van

erbarming te volbring en die teenstander te oorwin. Want die liefde is die

168

krag waarvoor selfs die teenstander van God moes beswyk, sodat hy die

siele moet laat gaan wat die weg tot die kruis neem en vir Jesus Christus

erken as die Goddelike Verlosser en tot Hom bid dat Hy hulle skuld mag

vergewe. Amen

Waarom is kennis van die terugvoeringsproses nie

algemeen bekend nie?

8465 12 April 1963

Wanneer julle steeds alleen die weg na My gaan, dan sal julle ook gehelp

word in alle nood en alle benarde toestande, hetsy dit geestelik of aards is.

Want julle sal gehelp word met wat die beste is vir julle siele is, omdat

alleen die suiwere waarheid heilsaam is. Ek het julle geen grense gestel nie

en wanneer julle, julle geestelike kennis wil uitbrei sal Ek altyd bereid wees

om julle te onderrig. Julle vra waarom julle nou kennis ontsluit word

waarvan julle tot nog toe weinig of niks wis nie en Ek wil julle die rede

daarvoor uiteen sit.

Omdat daar altyd mense is wie se geestestoestand toelaat om in die

diepste skeppingsgeheime ingewy te word. Wat daarom die kennis besit oor

die oorsprong van al die geskapenis, oor die afval van My en ook oor My

heilsplan van ewigheid. Hulle kan egter hierdie kennis nooit oordra aan hul

medemens, solank hierdie hulself nog op ‘n laer geestelike vlak bevind as

diegene wat hierdie kennis van My ontvang het. Hulle sou dit nooit in

diepte begryp nie. En sou die mense dit slegs letterlik aanneem, dan sou

hul verstand hulle daartoe bring om dit as hersenspinsels van ‘n fantasie af

te wys, want ‘n nog on-ontwaakte gees sou dit nie kon begryp nie.

En so bevind die mensdom hom uit die tyd van My aardse lewe nog op ‘n

baie lae geestelike peil omdat hulle nog geheel onder die mag van My

teenstander staan, wat ook die oorsaak was van die groot geestelike

duisternis. Daar was derhalwe maar baie weinig mense wat Ek oor sulke

skeppingsgeheime kon onderrig.

En selfs hierdie begryp dit nog heel moeilik omdat hulle ook self nog met

die oersonde belas was, wat ook ‘n tekort aan insig beteken. Hulle vra My

wel telkens weer, maar Ek kon hulle alleen maar verwys op die verligting

van hul gees na My kruisdood, na die volbringde verlossingswerk, wat vir

hulle wie My in liefde toegedaan was die digte duisternis wegneem. Hierdie

kom dus langsaam tot insig van dit wat Ek hul geleer het. Maar hulle sou

die kennis nie net kon deurgee nie, omdat die mense wat nog ‘n onontwaakte

gees gehad het dit nie sou begryp nie.

En hierdie kennis vereis ‘n ontwaakte gees, wat die gevolg van ‘n ware

lewenswandel was, die resultaat van die liefdesleer wat Ek Self die mense

dringend verkondig het, die mense moes eers daartoe aangespoor word om

My gebooie van die liefde te vervul.

169

En verder moet julle weet dat My disipels, op My wens vir die nageslag

slegs neerskryf wat Ek hul opdrag gee, dog ook hulself kan hierdie diepe

wysheid nog nie begryp nie. Daarom hou hulle hulself aan My opdrag, om

alleen dit te vertel wat Ek tot die mense spreek wat My gevolg het. Wat in

My ‘n profeet sien en van My wondere verwag het, of genesing van al hul

gebreke. Wat uit My woorde troos en krag skep en in wie Ek die geloof in

die enige God kon versterk, omdat hulle van goeie wil was. Dog van

diegene wat dieper wou deurdring was daar maar baie weinig. En hulle

verstand beweeg hulle ook meer as hul hart, om na dinge te vra wat alleen

Ek hulle kon beantwoord. Hulle neem nou wel die opheldering aan maar

word nie ontroer nie, behalwe enkeles wie se harte tot liefde bereid was en

wat My ook sien as hul God en Skepper. En dat hierdie deur My voorgelig

word en baie bly was met so'n kennis, hoef nie spesiaal vermeld te word

nie. Maar hierdie kennis bly altyd ‘n gelukkig makende geestelik besit vir

My aanhangers, wat Ek Self daaroor onderrig. Hulle gee dit egter nie deur

aan hul medemens of nakomelinge nie, omdat hierdie dit nie kan begryp

nie en gevolglik word sulke onderrigting ook nie vermeld deur My disipels

nie.

Bowendien was hierdie kennis oor die oorsprong en einddoel van al die

geskapenes vir die toenmalige mense nie noodsaaklik nie, ja dikwels nie

bevorderlik nie. Want was dit hulle as ‘n leerstelling meegedeel, dan het dit

ook in ‘n sekere opsig dwingend op die wil van die mense inwerk wat dan,

wanneer hulle glo, met huiwering aan hul ontwikkeling tot mens, sou die

gedagte hulle nie meer vry laat voel nie. Of hulle sou geen liefde kon vind

vir ‘n God, Wie se plan vir hulle volkome onbegryplik sou wees nie. Kon Ek

egter Goddelike openbaringe na die aarde stuur, dan was hierdie kennis

ook vir die mense ontsluit.

Die nabyheid van die einde maak dit begryplik dat daaroor steeds

duideliker informasie gegee word, omdat die mense nou hul

verantwoordelikheid nie nadruklik genoeg voorgehou kan word nie. Want

dit gaan nou oor die hernieude kluistering, ‘n gebeure wat alleen aan die

einde van ‘n verlossingsperiode voorkom en vir alle siele wat besig is om

opwaarts te gaan buitengewoon belangrik is. Van tevore sou die siele wat

hul volwassenheid op aarde nie bereik nie, nog die moontlikheid in die ryk

hierna hê om tot voltooiing te kom. Maar aan die einde van ‘n

verlossingsperiode bestaan hierdie kans nie meer nie, want dan oorkom ‘n

verskriklike lot al die siele wat tydens hul proef op aarde faal, dat hulle

opnuut ontbind en weer in afsonderlike deeltjies in die harde materie

gekluister word.

Wat lê nou meer voor die hand as dat Ek julle mense laat weet wat julle te

wagte staan as julle faal? Julle kan ook sonder die kennis julle aardse

lewensproef slaag, maar alleen as julle in die liefde leef. Wanneer die liefde

egter verkoel, is die val onvermydelik. En die siel se lot beseël met die

hernieude kluistering, daarom wend Ek vooraf nog alle middele aan om die

170

mensdom wakker te skud en dan sorg Ek ook daarvoor, dat die mense

opheldering gegee word oor My groot skeppingsplan. Ofskoon die resultaat

tog weer nie baie anders sal wees as dat die mense sulke kennis ongelowig

aanhoor en hulle dit baie eerder afwys as aanneem.

Maar Ek ken ook die wil van elke mens afsonderlik en Ek weet derhalwe

ook wie hom vir hierdie kennis nie afsluit nie en voordeel daaruit trek. En

waarlik, hulle laat Ek dit toekom soos Ek hulle ook altyd in die waarheid

gelei het, in die diepste geestelike kennis. Wie in hul harte na opheldering

verlang en deur ‘n lewe in liefde ook in staat is om hierdie kennis te

ontvang. Want julle moet ‘n God van liefde, wysheid en mag bemerk en wel

in alle gebeure wat julle sal belewe. Julle moet My vertrou en steeds

aanspraak maak op My hulp, want die nood sal nog groot word voor die

einde. Maar wie op My vertrou en volhard tot die einde, die sal salig word.

Amen

Waarvandaan is verleiding afkomstig?

8467 14 April 1963

Daar word baie vir julle gegee, omdat My liefde vir julle onbegrens is en glo

julle dan dat Ek ‘n versoek van julle onvervuld sou laat as dit die welsyn

van julle sielee betref?

Die siel sal egter die grootste voordeel daaruit trek, as Ek hom volgens

waarheid onderrig, want dan leer hy My ken en liefhê en dan is sy doel ook

seker, dat hy homself deur die liefde met My verenig. Baie sal julle mense

nog te wete kom deur My onderrig, steeds dieper sal julle binnedring in ‘n

gebied wat vir julle maar net op geestelike manier ontsluit kan word, en

daarom sal Ek My steeds weer aan julle openbaar, Ek sal julle deur My

Gees ‘n kennis laat toekom, wat julle sal verbly en moet help om julle te

voltooi.

En dit is belangrik dat julle weet, hoe julle eie aard is en waarom julle so

geaard is soos wat julle as mens oor die aarde gaan. Dit gaan daarom om

julle laaste wilsproef op hierdie aarde af te lê, dit gaan daarom dat julle

volbring, om julle opnuut te vorm soos wat julle as oerwese was, wat

soveel wil sê as, dat julle al die negatiewe wat nog aan julle kleef, moet

verander in die positiewe en weer die volmaakte wese word wat julle in die

allereerste begin was.

Julle onvolmaaktheid bestaan daarin, dat julle vrye wil, wat homself in alle

rigtings kan ontplooi, heeltemal omkeer; dat hy dus die teenoorgestelde

nastreef van dit wat met My Wil ooreenkom, wat dus wetlike ordening was.

Die (oerwese) het uit die wet van die ewige ordening gestap, hy het sy wil

misbruik en het so sy wese tot die teendeel laat word. Nou egter is dit deur

‘n eindelose lange tyd durende proses wat hom terug moet bring waar hy

weer in staat gestel word om opnuut met sy wil ‘n beslissing te neem, wat

hy tevore, in die toestand van ‘n gebonde wil, nie kon nie. Hierdie

ontwikkelingsgang is al breedvoerig vir julle uitgelê. Nou is die wese egter

171

y die begin van sy beliggaming as mens nog ver van die volmaaktheid

verwyder omdat hy nog eintlik baie negatiewe dinge besit, wat hy nog

moet oorwin in die aardse lewe. Want die wese bevind homself nog

heeltemal in die mag van hom, wat aanleiding gegee het tot sy val in die

diepte. En omdat die wesens hom eens vrywillig in die diepte gevolg het,

het hy ook nog ‘n sekere reg op die siele.

Maar Ek het ook ‘n reg op hulle, omdat al My skepsele uit My Krag

voortgekom het. Die siel moet nouself die beslissing neem aan watter

meester hy ondergeskik wil wees en om sy wil stry sowel Ek, asook My

teenstander gedurende die aardse lewe. Dus het ook My teenstander die

reg om op die wil van die mens in te werk en hy doen daarom ook alles,

om hom vir homself te wen.

Daar moet die mens, die eens gevalle skepsel wat nou beliggaam is, wat

baie negatiewe dinge in homself verberg, dus eienskappe en begeertes wat

kenbaar maak dat hy by My teenstander hoort, nou stryd voer teen die

eienskappe en begeertes. Hy moet homself oorwin, al die negatiewe afstoot

en sy wese weer verander, deurdat hy goddelike eienskappe aanneem,

deurdat hy ‘n passende maat vind vir alle neigings wat hom volgens sy

natuur as mens toegevoeg is, omdat hy homself kan toets en stryd voer

teen homself, dit wil sê, teen die gedagtes wat deur die teenstander in

wanorde gebring word, handelinge en geestesvermoëns, wat juis as gevolg

van die val van weleer die wese totaal verander het, dit wil sê, om te

sondig teen die wet van die ewige ordening.

Die stryd tussen My en My teenstander, om die wil van die mens, vind

voortdurend plaas gedurende die aardse lewe en die teenstander sal sy

verleidingskunste te alle tye aanwend, hy sal die mens steeds daartoe

aanspoor om teen die wet in te handel, dus om teen My ordening van

ewigheid te sondig. En steeds opnuut sal die mens self die wil moet

voortbring om hierdie versoekings te weerstaan, maar ook altyd die krag

daarvoor kry, wanneer hy My maar daarom vra.

Die verleidinge kom altyd van My teenstander, terwyl Ek maar net

aangeroep wil word om die mens teen afvalligheid te behoed. Wat die wese

nou ook mag, op welke wyse die mens in versoeking raak, dit is steeds die

werksaamheid van My teenstander. Nooit is so 'n verleiding van My

afkomstig nie, steeds is Ek egter bereid om julle mense te help om die

versoekings te weerstaan.

Dit gaan daaroor dat julle mense julleself van My teenstander, wat vir julle

veg, losmaak, terwyl hy steeds weer probeer om julle aan homself te bind

en tot ‘n val te bring. Nooit sou Ek julle op dieselfde manier in sulke

bekoringe lei nie, inteendeel probeer Ek om julle daarvan te bevry. Maar Ek

kan My teenstander nie sy reg ontsê om vir julle, wie in vrye wil by hom wil

bly, te stry nie. En netso het Ek nie hierdie verkeerde neigings in julle gelê

nie, dat dit julle dus volgens die wette van die natuur na benede sou kan

172

trek nie, veeleer moet julle vrye wil self die grense trek, julle sal die

korrekte maat moet vind, dan sal julle nooit sondig nie.

My teenstander sal egter steeds probeer om julle daartoe te bring om die

korrekte maat te oortree, dus al die goeie in die teendeel te doen, om alle

aandrifte, wat julle volgens die natuur in julle het, te misbruik en julle

daardeur tot sonde te bring. Hy sal nooit ophou om julle in die versoeking

te bring tot aan die einde van julle lewe nie, maar julle sal hom kan oorwin

met My barmhartigheid en My krag. Dat Ek al hierdie versoekings toelaat,

beteken egter nie dat Ek julleself in die versoeking lei nie, maar Ek lei julle

uit die versoeking en verlos julle van alle boosheid, wanneer julle My

daarom vra.

Van My kan daar niks negatief beweer word nie, Ek Self kan ook niks

negatief in ‘n mens gelê het nie, inteendeel, Ek kan steeds maar net die

volmaakte skep, wat die wese egter in vrye wil deur die invloed van My

teenstander kan verander in die teendeel. Maar in die aardse lewe moet

julle die proef aflê of julle bereid is om te stry teen al die nie-goddelike in

julle en met die doel sal Ek julle op elke wyse help. Want Ek wil dat julle

volmaaktheid bereik, maar Ek Self sal julle geestelike nood nie vergroot,

deur die moontlikheid van ‘n nederlaag vir julle te vermeerder nie. Want Ek

bemin julle en wil julle geluksalig maak vir ewig. Amen

Verduideliking oor voorbidding

8470 17 April 1963

Die ware doel van julle aardse bestaan is reeds dikwels aan julle gegee, dat

dit slegs ‘n saak van julle verhouding met My is, wat julle eens vrywillig

verbreek het omdat julle My nie wou erken nie. Want julle kon My nie sien

nie en daarom aanvaar julle die een wat julle kon sien as julle heer en

skepper: My eers geskape gees van lig, Lucifer. Tydens julle huidig bestaan

moet julle slegs een doel nastreef: om die verhouding met My te herstel en

daardeur weer My te erken as julle God en Skepper, uit Wie se liefde julle

eens voorgekom het. Geen ander wese kan hierdie verhouding vir julle tot

stand bring nie, dit kan slegs deur julle gedoen word en vereis julle wil, wat

vry is en sal bly, selfs as julle, julle besluit vir die oomblik uitstel. Kan julle

nie vermy om dit te neem as julle een dag julle doel wil bereik om

geluksalig te word, soos julle in die begin was nie. En hierdie finale

vereniging kan slegs deur liefde bewerkstellig word, dus moet julle bereid

wees om met liefde te lewe, nietemin, julle sal nie gedwing word om dit te

doen nie. Maar as gevolg van die oersonde is julle wil baie swak en verg

versterking. En hierdie versterking van wil is die groot seën wat die mens

Jesus vir julle deur Sy verlossingswerk verwerf het. Derhalwe as julle

julleself aan Hom kan gee en Hom vra om julle wil te versterk sal julle

verseker julle doel bereik. Nietemin, kan julle wil nie beslissend deur die

koninkryk van lig beïnvloed word nie, slegs julle medemens kan liefdevolle

voorbidding vir julle doen, as julleself te swak is om die weg na die kruis te

173

gaan. Dan kan die liefde van ‘n medemens vir julle bid en Ek sal waarlik

so’n gebed verhoor deur krag aan die persoon te gee vir wie dit in liefde

gevra word. Want liefde is krag en as julle dit bewustelik aan ‘n geestelik

verontruste mens gee sal dit hom as krag beïnvloed en hy neem dan self

die weg na die kruis of handel self met liefde en word verlig. Liefdevolle

voorbidding vir ander mense is te alle tye ‘n hulp om vergissende siele te

red, wat nie onderskat moet word nie.

Maar dit is ‘n heeltemal misleide idee om ligwesens om voorbidding te vra.

In ag genome dat hierdie wesens volkome deur liefde deurdring is vir alle

ellendige wesens. En dat geen wese oorgeslaan sal word van hul bereidheid

om te help nie en dat geen onverloste wesens meer sou bestaan nie as die

ligwesens nie deur Goddelike wette beperk word wat hulle nie kan oortree

nie. Hierdie wesens, weet egter van die finale doel van ‘n persoon op aarde.

Hulle weet dat die erkenning van hul God en Skepper slegs in vrye wil kan

plaasvind en dat hierdie erkenning die geslaagde wils toets is, wat die doel

van ‘n persoon se lewe op aarde is. Hulle weet dat die verbintenis met My

weer gevestig moet word, waarna elke wese moet streef en self in alle

vryheid sonder enige dwang moet verwesenlik. Maar die liefde van die lig

wesens is so diepgaande dat hulle waarlik elke wese onmiddelik wil verlos,

juis omdat dit krag is wat nooit faal om sy gewenste effek te hê nie. Dus

moet hierdie liefde deur My beperk word, d.w.s. selfs die ligwesens moet

aan wette onderworpe wees, wat hulle egter eerbiedig omdat hulle tenvolle

met My wil verenig is en daarom ook weet wat die mens help om sy laaste

doel te bereik, die vereniging met My. Nietemin, kan die ligwesens

geestelike invloed gebruik en ander mense motiveer om voorbidding te

doen en dit sal verseker daarin slaag om effek te hê. Ek wil dat die mense

die direkte weg na My neem en nie probeer om hulle doel op ‘n omweg te

bereik nie, wat onbereikbaar is op die manier en julle sal begryp as julle die

hoogsontwikkelde graad van liefde van alle ligwesens ken. As julle hierdie

wesens om voorbidding benader wat moet hulle van My vra namens julle?

Dat Ek teen My wet van orde moet handel en mense bevry van die

omstandighede wat ‘n terugkeer na My onmoontlik maak, ‘n verandering

van hulle aard vergemaklik? Elkeen wat opreg op die ligwesens ‘n beroep

om hulp doen sal ook gelei word om reg te dink deur hulle en dan sal hy

doen wat aan My wil beantwoord, omdat die ligwesens deur dieselfde wil as

Myne geïnspireer word en daarom slegs probeer om julle

dienooreenkomstig te beïnvloed. Maar dan sal julle ook julle doel op aarde

met sekerheid bereik, want hulle poog slegs altyd om julle na My te lei, om

julle te herinner aan die Verlossings daad van Jesus. Hulle sal julle die weg

aanwys wat julle veronderstel is om te gaan, maar hulle kan dit nie vir julle

loop nie.

En dink daar aan dat ‘n gebed aan My reeds ‘n verbintenis met My beteken,

wat die doel van die aardse lewe is, dat julle as julle die ligwesens om

voorbidding vra. Dus ‘n direkte verhouding met My verbygaan en wat

174

verwag julle van die voorbidding, wat moet hierdie wesens My vra?

Telkens weer vertel Ek julle dat julle die ligwesens sekerlik om hulp kan

vra, as julle reeds julle wil aan My bewys het sal hulle julle help, omdat

hulle slegs die beheerders van My wil is en daarin hul geluksaligheid vind.

Maar hulle sal nooit in staat wees om julle verbintenis met My namens julle

deur voorbidding tot stand te bring nie, omdat hulle altyd aan My verbind is

en sal slegs dat julle ook hierdie verbintenis vrywillig met My tot stand

bring, omdat dit die ware doel van julle aardse lewe is. Solank julle nog op

die ligwesens ‘n beroep doen om voorbidding word julle gedagtes nog nie

gelei deur hierdie ligwesens nie, maar My teenstander probeer om julle so

te beïnvloed dat julle slegs die weg na My sal verleng, omdat hy julle finale

terugkeer na My wil verhinder. Voorbidding kan slegs deur mense vir

mekaar gedoen word of vir nog onvolwasse siele in die koninkryk van die

hiernamaals. Dan beïnvloed die voorbidder se graad van liefde die persoon

vir wie gebid word as ‘n krag en Ek dan terwille van die onselfsugtige liefde,

krag aan hulle sal gee wat dit nodig het en wat liefdevol deur ander onthou

word. Maar die konsep “voorbidding” is nie van toepassing op die koninkryk

van lig nie. Die gedagtes van mense wat vertrou op voorbidding is mislei en

verleng slegs hul terugkeer na My, wat die enigste bedoeling van My

teenstander deur die misleide onderrig is. Amen

Die kennis word gegee volgens die volwassenheid

van die siel

8474 21 April 1963

Vir julle mense sal die kennis wat julle nodig sal hê vir die volmaakwording

van julle sielee, steeds ontsluit word. Want julle leef in die tyd van die

einde en julle is in groot gevaar om verlore te gaan, as julle geen

opheldering ontvang oor welke verantwoording julle te dra het teenoor

julleself nie, dit wil sê, teenoor die onverganklike in julle naamlik teenoor

julle siele. In hierdie eindtyd leef julle mense roekeloos verder, omdat julle

maar net ag slaan op wat vir die liggaam, wat vergaan, van nut is en nie op

die onverganklike in julle nie.

Julle is ook ongevoelig teenoor al die geestelike onderrig, sowel van die

kant van kerklike organisasies as van die kant van hulle wat geestelik

strewe en daarom in kontak staan met die geesteryk, wat nie van hierdie

wêreld is nie. Julle glo hulle nie en julle is daarom ook nie ontvanklik vir

goddelike openbaringe nie; wanneer dit aan julle vertel word deur mense

wat as knegte werk in die wingerd van die Meester. Julle het egter dringend

hulp nodig in die verstokte toestand van julle sielee, julle het ‘n

waarheidsgetroue opheldering nodig oor julleself, oor die sin en die doel

van julle bestaan en oor julle eintlike aardse opdrag. Julle het hierdie

opheldering nodig, omdat daar vir julle nog maar weinig tyd oorbly tot die

einde. En julle word van die kant van God af ook waarlik in ag geneem,

175

want alles wat vir die heil van julle sielee nodig is, word vir julle gegee,

solank julle julleself nie afsluit wanneer God se barmhartigheid julle duidelik

toestroom nie.

Sulke geestelike kennis mag nie vir julle maar net wêreldse kennis bly, wat

julle weer in wêreldse sin benut nie. Dit moet enkel en alleen voeding word

vir julle siele, sodat hy homself kan voltooi en sy doel in die aardse lewe

kan bereik; om homself ewig by God aan te sluit, waarvan die Ewige Lewe

in saligheid ook afhanklik is. En steeds moet julle daaroor bid, dat julle

korrek insien wat julle siele tot heil strek en waarlik, so'n versoek sal julle

ingewillig word. Want sodra julle, julle geestelike welsyn as baie dringend

beskou, word julle ook op elke wyse bystand verleen, sodat julle julleself

ook by toenemende volwassenheid afwend van die wêreld en geen ag slaan

op sy eise nie.

En daarvan kan julle verseker wees, dat ‘n mens wat ernstig na die

geestelike streef, ook self tot ‘n helder denke kom, omdat die gees homself

in hom kan uiter, sodra hy maar leef volgens God se Wil, wat ook aan elke

mens uiteengesit word. Want elke mens word die geleentheid gebied om

die woord van God te hoor, ongeag of dit regstreeks geskied deur Sy

aanbieding, of op tradisionele wyse in die kerke. Die gebooie van die liefde

sal aan hom onderrig word en as hy dit opvolg, dan sal sy denke ook helder

word en hy sal toeneem in kennis, omdat ook hy die direkte openbaring

deur sy hart mag opneem in die vorm van gedagtes, wat nou van die kant

van die ligwêreld aan hom gestuur word. En die ligwesens ken, aangesien

hulle slegs God se Wil uitvoer, ook die toestand van die siel van die mens

wat aan hulle toevertrou word en dus weet hulle ook wat hy nodig het vir

sy sieleheil en hy sal dit verseker ook ontvang. Want, wat die siel verlang,

word hom ook aangebied.

Maar wat die verstand aan kennis begeer, behoort nie tot die voedsel vir

die siel nie, maar sal altyd net bevorderlik wees vir die verstand wat dit dan

aards gerig uitbuit, maar egter geen besonderse gewin vir die siel beteken

nie. Julle moet daarom tevrede wees met die geestelike goed wat julle

gegee word, maar egter nie vra vir kennis wat tot nou toe nog nie vir julle

gestuur is nie, wat slegs suiwer verstandelike kennis bly, solank julle nog

nie so ver vergeestelik is, sodat julle gees self kan binnedring nie. Dat niks

meer dan vir julle onbekend sal wees nie, omdat julleself, dit wil sê, julle

gees, alles deurdring en ook julleself opheldering gee, omdat die kennis

dan geen gevaar meer vir julle siele sal wees nie. Leef slegs ‘n lewe in

liefde, dan sal julle skielik in helder lig geplaas word by julle ingaan in die

ryk hierna en daar sal vir julle dan geen onopgeloste probleme meer wees

nie. En probeer voor alles self die sielerypheid te verkry wat die werking

van die goddelike gees in julle toelaat. Dan eers het julle die graad van

voleinding bereik, sodat julle oor alles opheldering sal ontvang. Dog is so 'n

graad van volwassenheid eerstens ‘n voorwaarde, sodat kennis vir julle

176

ontsluit kan word oor die diepste skeppingsgeheime en sal sulke kennis ook

op die korrekte wyse deur julle gebruik word.

Solank hierdie sielerypheid egter ontbreek, kan slegs van weetgierigheid,

maar nie van ‘n verlange na geestelike insigte gepraat word nie, wat julle

die Wese van julle God en Skepper onthul en die liefde tot Hom laat

ontbrand. Wie ernstig streef na die geestelike, kan ook vir homself

opheldering verskaf, omdat sy gedagtegang gelei word deur kenniskragte

en die gedagtes sal steeds duideliker word, hoe meer hy in God se Wil

ingaan en homself heeltemal plaas onder Sy Wil. Dan hoef hy slegs vir Hom

om opheldering te vra en hy sal dit ontvang as dit vir sy voleindiging nuttig

is. Amen

Daar is geen toeval nie - Niks gebeur willekeurig nie

8477 24 April 1963

Glo My, daar is geen toeval nie, maar alles is Goddelike voorsienigheid en

elke mens se lewensweg gaan ooreenkomstig Goddelik wil. Want wat nie

aan My wil beantwoord nie het nietemin My toestemming sodat julle

geestelike voordeel uit dit kan kry as julle reg gebruik maak van alles.

Nietemin, julle is nie aan die genade van ‘n blinde mag oorgelaat nie, elke

ervaring tydens julle lewe het ‘n rede en dien ‘n doel. Maar hoe julle dit

gebruik is julle keuse, omdat wat in die aardse lewe van belang is, is die

toets van julle wil. En om elke gebeurtenis behoorlik te evaluer moet julle

My altyd om hulp vra en waarlik, julle sal reg dink en handel, omdat Ek

julle nie verkeer sal lei as julle julleself vrywillig aan My toevertrou nie. En

dus is alles wat met julle gebeur deur My bepaal of word toegelaat vir julle

volmaakwording.

Wanneer julle in voortdurend kontak met My is deur werke van liefde,

opregte gebed of in gedagtes wat op My betrekking het, kan julle ook

verseker wees dat julle nie teen My wil sal handel nie, omdat Ek dan elke

handeling sal seën en julle siele sal volwasse word. Daarom moet julle alles

wat elke dag met julle gebeur as My direkte handeling sien, omdat Ek alle

drade lei, Ek begin verhoudings, Ek bring hulle bymekaar wie My sal dien

en neem elke geleentheid om julle mense in waarheid te lei, wie dit opreg

verlang. Dit is die belangrikste in die laaste dae, omdat die slaag van die

wils toets, wat julle toekomstig lot sal bepaal, tenvolle van die waarheid

afhang. Vonke van lig sal op aarde opvlam en sal die donkere nag oop

skeur, maar daar sal altyd slegs weinig mense daarna streef, die

meerderheid is tevrede met die nag en vlug vir die lig. Maar daar sal ook

bedrieglike ligte wees wat verwarring veroorsaak omdat hul lig kortstondig

is en mense in nog diepere duisternis as voorheen werp. Maar waar daar

begeerte na lig is sal die duisternis opgehef word en die mense sal hul weg

in dag lig vind.

Julle, wat daarom vra, sal verlig word en hoef slegs altyd aandag te neem

van waar die lig vandaan kom. As sy uitstraling helder is sal dit julle laat

177

goed voel, julle sal in staat wees om die duisternis te kan deurdring en

gelukkig wees met die lig wat vir julle skyn. Die bedrieglike lig sal julle

egter verwar, julle sal dit nie tenvolle kan verstaan nie en daarom

ongemaklik voel, as julle in die suiwer waarheid geinteresseerd is. As julle

waarlik slegs die suiwer waarheid wil hê. Maar Ek ken Myne en so kan Ek

met hulle praat en hulle sal hul Vader se stem herken en sodra Ek Self met

hulle kan praat sal hulle vir tyd en ewigheid gered wees. En so is dit slegs

belangrik dat julle mense geen weg alleen begaan sonder om eers te bid vir

My begeleiding nie. Omdat die gebed My beskerming en My hulp waarborg

wanneer julle swak en nog te onervare is om self tussen ware en vals lig te

onderskei. Maar Ek sal die regte gedagtes in julle harte plaas en dan sal

julle altyd in waarheid lewe, omdat julle daarna streef.

Ek kan ooral vir My houers voorberei, wat alle vereistes vervul en so die

werk van My Gees in hulle toelaat. En elkeen met ‘n gewekte gees weet of

en ook wanneer Ek praat, omdat My skape My stem ken. En wanneer Ek

openbaringe na die aarde kan stuur sal Ek ook sorg neem vir hul

verspreiding. Maar My teenstander sal dieselfde doen deur ook met mense

te probeer kommunikeer wat liggelowig is en sy werk vergemaklik en hy sal

ook probeer om valsheid te versprei en mense te vind om hom te help om

dit te doen. Nietemin, sal die waarheid as ‘n helder stralend lig skyn, terwyl

die teenstander slegs bedrieglike ligte sal kan aansteek wat slegs die

duisternis sal verhoog en nie verdryf nie. Maar die mense se vrye wil moet

gerespekteer word en hierdie vrye wil moet die waarheid opreg wil hê en

dit van Myself vra.

Amen

Die proses van die ontvangs van die Woord

8482 29 April 1963

Julle mag nie moeg word om vir die waarheid op te kom nie. Dit sê Ek

steeds weer aan hulle wat die suiwer waarheid van My in ontvangs mag

neem, wat Ek Self daartoe uitkies om My as opnamehouer te dien waarin

Ek die stroom van My Gees kan laat invloei. Hulle word ook gekenmerk

deur ‘n sober, eenvoudige lewenswyse, van ‘n natuurlike aard en ‘n

ootmoedige instelling teenoor die groot barmhartigheidsgeskenk wat hulle

ontvang. Want die suiwer waarheid verdra geen ongewone begeleidende

verskynsels nie. So suiwer en helder as wat waarheid self is, wat van My

uitgaan, so rein en klaar sal die ontvanger van die waarheid ook uit My

wees, hoewel hy geen heilige hoef te wees om My as opnamevat te dien

nie. Want slegs selde bereik ‘n mens op aarde die volmaaktheid dat hy

heilig genoem sou kan word. Maar hy sal 'n bepaalde basis moet besit wat

My ongewone werksaamheid in en by hom toelaat.

En so sal die ontvangs van die Woord altyd op die natuurlikste wyse

plaasvind, sonder ongewone tekens of gebeurtenisse en die mens self sal

met beide voete stewig op die grond staan, hy sal van geen ekstase of

178

Geestesvervoering blyke gee nie. Hy sal eenvoudig net My Woord hoor en

dit neerskryf omdat dit vir die nageslag behoue moet bly.

Almal wat voor die oë van die medemens hulself nugter en duidelik

openbaar, is ook geskik daarvoor om die mense aan te spreek, wat nog te

midde van die wêreld staan en juis hulle moet sover gebring word dat hulle

hulle blik geestelik rig. Hulle wys graag alles wat bonatuurlik is af, maar

moet egter teenoor dit wat hulle op die wyse aangebied word, tog stelling

inneem, omdat hulle ‘n ongewone krag moet erken vanweë die resultate

wat teen ‘n streng ondersoek bestand is. En wie bereid is om ernstig te

ondersoek, die sal waarlik ‘n groot geestelike seën bemerk, want hy kom

nouself in besit van die kosbaarste wat hom op die wêreld aangebied kan

word; hy kom in die besit van die waarheid, wat slegs van My as die Ewige

Waarheid kan uitgaan.

Dat die natuurlike proses nou ondanks sy verklaring maar min geloof vind,

sluit egter nie uit dat baie mense hulle aandag rig op sodanige dinge wat

geestelik oorgebring word en ongewone begeleidingsverskynsels met hom

saambring, dus laat hulle hulself verblind deur uiterlike gebeure waarvan

die skittering die armsaligheid van die inhoud moet verdoesel.

Die inhoud is egter die enigste belangrike en om nou die suiwer waarheid,

wat die kosbaarste inhoud van ‘n opnamehouer is, na die aarde te kan

bring, soek Ek vir My die mees onopvallende houers uit daarvoor. Dog één

voorwaarde moet aanwesig wees: ‘n Sterk wil, want hulle moet die

geestelike goed verdedig teen alle aanvalle van My teenstander en My

daarom so toegeneë wees dat hulle voortdurend krag van My ontvang om

vir hulle opdragte opgewasse te wees. En omdat hulle tegelykertyd met die

waarheid, die vermoë om te oordeel toegestuur word, sal hulle ook steeds

in staat wees om dwaallere te onderskei en om die suiwer waarheid

daarteenoor te stel. En slegs so kan ware geestelike goed op aarde

verspreiding vind wat regstreeks van My uitgegaan het.

Dat My teenstander nou op gelyke wyse probeer om in die laaste tyd voor

die einde aktief te wees, het tot gevolg dat hy ook self houers vorm,

deurdat hy mense daartoe bring om na geestelike invloede te luister wat uit

die bosinlike wêreld na hulle toe kom en dat hy hierdie mense probeer wen,

deurdat hy homself vir eers as ‘n ligengel kamoefleer, terwyl hy die mense

in die waan bring dat hulle uit die hoogste geestelike sfere aangespreek

word. En daar sou solank ook geen gevaar wees vir die mens wat vanuit ‘n

goeie wil bereid is om goeie onderrig aan te neem nie. Dog hy het slegs

hierdie een bedoeling, om die mense te weerhou om hulself oor te gee aan

Jesus Christus, Hy wat alleen die heil vir hulle siele kan bring.

Satan wil die mense verhinder om van hulle groot sondeskuld bevry te

word en vir die bereiking van daardie doel is geen middel vir hom te sleg

nie. En hy bedien homself ook van My woorde om die mense te mislei en by

hulle geloof te vind. Hy deins vir niks terug nie en sodat sy aktiwiteite

179

sonder invloed op die mense kan bly, is ‘n groot liefde tot My en tot die

naaste nodig.

En weer moet My teenreaksie nou plaasvind, deurdat Ek My ligdraers

daartoe aansê om duidelik met die suiwer waarheid op die voorgrond te

tree en opheldering te gee waar dit maar moontlik is, sodat die mense nie

in dwaling verval nie en sodat hulle nie in die vangnette van die

teenstander kom nie, sodat hulle nie by Jesus Christus verbygaan nie, wat

alleenlik die Redder en Verlosser van die mensdom is en wat aangeroep

moet word om vergewing van hulle skuld, sodat hulle aardse lewe nie

vergeefs geleef is nie en die mens nog sy verlossing op aarde kan vind.

Hoe belangrik die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk is, moet

steeds weer aan julle voorgehou word en dit kan dus maar net deur die

suiwer waarheid geskied, wat regstreeks deur My na die aarde gebring

word. En dit is waarlik die vernaamste opdrag van ‘n ligdraer, om die

mensdom daarvan in kennis te stel en alles te doen om die waarheid te

versprei. En van My kant sal alles gedoen word om julle arbeid vir My en

My ryk te ondersteun, want die mensdom verkeer nog in die diepste

duisternis en daar sal aan hulle ‘n helder lig geskenk word wat dit begeer,

wat na My en die waarheid verlang. Amen

Die aktiwiteite van demoniese kragte, gekamoefleer

as engele van lig

8484 2 Mei 1963

Stryders moet julle wees vir My en My ryk en dus moet julle ook standhou

teen alle aanvalle van die kant van My teenstander. Maar julle stry nie

alleen nie, julle het My as leëraanvoerder en waarlik, Ek sal julle na die

oorwinning voer, want hy sal julle nie tot ‘n val kan bring nie, omdat julle ‘n

stryd voer met My krag en as My afgesante. En My mag is waarlik groter,

maar julle moet julle geheel en al aan My toevertrou, dat julle dus ook in

die volle besit van krag kan wees, as dit daarom gaan om teen hom

weerstand te bied.

Ongeag in welke vorm of gestalte hy julle ook tegemoet tree, julle hoef

hom dus geheel en al nie te vrees nie. Hy het baie gewade waarin hy

homself hul en steeds probeer hy om by Myne vrees aan te jaag, maar hy

sal nie slaag waar Ek om beskerming gevra word nie. Maar dit moet julle

weet, dat Ek geen twee soorte waarhede spreek nie. Dat nie die een dit en

die ander een die leer en opheldering ontvang nie en dat daar dus twee

meesters aan die werk moet wees waar verskillende geestelike

onderwysings plaasvind nie.

Ek ken die hart van elke mens, Ek ken sy ingesteldheid teenoor My, sy God

en Skepper van ewigheid en daarom neem Ek ook besit van die hart wat

homself geheel aan My toevertrou en Ek lei die mens op al sy weë. En as

julle nou sou kon sien hoe die ryk van My teenstander homself uitgebrei het

180

en met welke middele hy stry om nog die opperheerskappy in die eindtyd

te behaal, dan sou julle julleself nie verwonder dat soveel destruktiewe

geeste hulself manifesteer en dat die suiwer waarheid op alle moontlike

maniere van die kant van die duistere wêreld bestry word nie.

En steeds weer moet Ek vir julle sê: Vertrou op My deur julleself geheel en

al aan My oor te gee en My vir julle te laat sorg. Laat julle nie in die war

bring deur sataniese aktiwiteite nie. Want Ek sal julle die bewys lewer dat

My mag sterker is en ook hom teregwys, as die tyd gekom het. Glo dit dat

daar van die geesteryk ook sterk bande bestaan met die aarde en dat die

teenstander besonder hard aan die werk is en homself kamoefleer as die

helderste ligwese en hy kan, omdat die toestand van die siel van die mens

self hom die mag daartoe verleen het. Julle het geen idee van hierdie

demoniese kragte, wat in die eindtyd alles op die spel plaas om die mense

in die verderf te stort nie. Wie homself dig by My aansluit, het hierdie

kragte waarlik nie te vrees nie, al probeer hulle ook om alles te doen om

die siel, wat homself aan My toevertrou het, te verontrus.

Daar is in die eindtyd ook baie slegte geeste op aarde beliggaam, wat as

afgesante van die hel hulle meester dien en baie geestelike onheil aanrig.

Ook hulle is die vryheid gegee, want ook hulle sou verlossing kan vind van

‘n ewigdurende toestand van ellende, as hulle in die aardse lewe die

verlossing deur Jesus Christus sou wil aanneem.

Dit is deur demoon besete siele wie se tyd van beliggaming as mens gekom

het, wat egter nog geheel satanies ingestel is en hulle weerstand nie opgee

nie, wat nog geheel onder die invloed van die teenstander staan en vir hom

goeie handlangers is. In hulle gedagtes waan hulle om lig te versprei,

terwyl hulle maar steeds probeer om die lig uit te doof.

Hulle bevind hulself in die diepste nag en vind hulle weg nie uit die

duisternis nie. Tog moet hulle hulle weg op aarde in vryheid van wil aflê,

wat hulle ewe goed ook verlossing kan bring. En hierdie demoniese geeste

sal ook probeer om iedereen in versoeking te bring wat deur sy wil aan My

behoort. Maar altyd sal Ek Self tussen hulle en julle staan en hulle vrees My

en vlug vir die lig. Daarom, vrees hulle nie, solank julle julleself aan My

toevertrou kan julle niks oorkom nie en My vergrote toevoer van krag sal

julle iedere aanval laat afweer.

Julle mag nie deur hulle aangetas word nie, omdat Ek julleself sal beskerm

in alle nood en elke gevaar en omdat julle werksaam is vir My en daarom

ook altyd van My hulp verseker kan wees. Amen

Valse Christusse en profete

8487 4 Mei 1963

Pasop van valse Christusse en valse profete. Ek het julle oor hulle

gewaarsku toe Ek op aarde geleef het omdat Ek van die aktiwiteite van My

teenstander geweet het, van sy strikke en gewetenlose konkelary waardeur

hy probeer om julle mense in die verderf te trek. Hy gebruik alle middele

181

en dit veral tydens die laaste dae om die duisternis te verhoog waarin die

mensdom smag. Daar sal ooral mense wees wat beweer dat hulle die

geheime van die skepping ken en daarin ingewy is, wat aandring op

erkenning en geloof van mense in hul geestelike ervaringe en wat maar net

hulpmiddele van My teenstander is, omdat hulle geestelike kennis

ondersteun en versprei wat die waarheid heeltemal teenspreek. Valse

Christusse en valse profete sal in groot getalle verskyn. Hulle sal almal die

mantel van Goddelike boodskappers dra, hulle sal almal voorgee om kennis

te besit en in kontak te wees met die hoogste verteenwoordigers. Hulle sal

beweer dat hulle boodskappers van lig is en tog self in die diepste

duisternis wees en daarom sal hulle slegs altyd duisternis onder hul

medemens versprei. Hulle kan nie lig uitstraal nie omdat hulle self nie lig

het nie, hulle optrede is so self-versekerd dat mense nie durf hul goddelike

missie betwyfel nie, maar nietemin, in werkelikheid vir My teenstander

werk. Maar slegs die mense wat self in waarheid leef sal dit kan herken en

weer deur hulle as valse profete uitgemaak word. En dit sal moeilik wees

om julleself van die ware profete se Goddelike missie te oortuig, maar dit is

nie onmoontlik nie. Die feit dat daar ware profete bestaan word bewys deur

My waarskuwing teen valse profete.

Nietemin, julle moet slegs altyd ernstig begeer om nie die prooi te word

van laasgenoemde nie en waarlik, julle sal ook weet na Wie om te draai.

Want My boodskappers sal aan julle ‘n boodskap bring wat julle siele op ‘n

vertroostende en nuttige wyse sal aanraak, wat julle soos ‘n voedende

maaltyd en ‘n verfrissende drank sal beïnvloed, waarna julle sal bly verlang

en julle merkbare versterking vir julle aardse lewensweg sal bring. Terwyl

die sogenaamde kennis wat na julle deur die verkeerde onderrig gebring

word julle nie van die waarheid kan oortuig nie en nie enige lig of

stimulasie vir julle siele het nie. Dit is en bly onvrugbare kennis wat julle

nouliks geloofwaardig sal vind en van geen nut vir julle is nie. Dit sal eerder

vir julle angs en vrees veroorsaak omdat julle nie ‘n liefdevolle God daarin

kan ontdek, wat Hom soos ‘n Vader teenoor Sy kind gedra nie.

Valse profete sal nooit vir die mense suiwer waarheid kan aanbied nie en

die enigste bedoeling van die teenstander is om die waarheid te ondermyn,

om mense met valsheid te verwar. Sy grootste ywer bestaan uit die

weerhouding van die waarheid van Jesus Christus en Sy verlossingswerk en

oor die mens wording van God in Jesus, of om hul gedagtes so te verwar

dat hulle nie die weg na die kruis neem nie en daardeur hul aardse weg vir

hul siele nie suksesvol is nie. En geen middel is te boos vir hom om te

gebruik nie, omdat Jesus hom deur Sy kruisiging oorwin het en hy probeer

om die vrugte van Jsus se oorwinning weer te herwin. Die siele wat na

Jesus draai, is verlore vir hom, gevolglik sal hy probeer om ‘n heel

verkeerde beskrywing van Jesus te gee sodat die mense geen rede sien

waarom hulle die weg na die kruis moet neem nie. Die ware weergawe van

die Verlossingswerk het ook ‘n verlossende effek en dit beteken dat My

182

teenstander sy aanhangers sal verloor, wat hy probeer om deur sluheid en

bedrog te verhinder. En julle mense kan elke valse profeet self maklik

herken as hy die kennis van die Verlossing deur Jesus Christus van julle

weerhou en daarom het julle die reg om hom as ‘n “valse profeet” te

verwerp.

En veral tydens die laaste dae sal julle meer dikwels opmerk dat die mees

verskillende beskrywings van geestelike onderwerpe deur hulle gegee word

wat hulle as profete van waarheid voorstel. Maar tog op een punt stem

hulle almal saam, dat die Verlossing deur Jesus Christus, die offer aan die

kruis deur die mens Jesus om die ontsaglike sondeskuld te verlos,

twyfelagtig is, omdat die geloof in dit ‘n verlies van aanhangers vir My

teenstander beteken en hy hulle nie wil verloor nie.

Daar word reeds eeue oor Jesus Christus geargumenteer, omdat daar

telkens weer valse profete opstaan wat deur My teenstander beïnvloed

word om teen Jesus op te tree, wat hulle verbinding met hom bewys.

Hoewel hulle nie die aardse lewe van die mens Jesus tenvolle kan betwis

om daardeur alle kennis van hom te verwyder nie, was die ware doel van

Sy aardse bestaan. Sy Verlossings missie herhaaldelik voorgehou as ‘n

misleide onderrig wat die hoop van mense wegneem om ooit van hul

sondeskuld vergewe te word, tensy hulself vergoeding doen en hulle hierdie

valse profete glo. Maar tog kan geen mens ooit van sy ontsaglike

sondeskuld sonder die hulp van Jesus Christus verlos word nie; geen mens

sal ooit slaag om deur sy eie krag sonder Jesus Christus volmaak te word

nie, omdat die oersonde dit absoluut verhinder. Daarom is “self-verlossing”

onmoontlik, ongeag hoe opreg dit na gestreef word, omdat die mens se wil

te swak is en telkens sal faal. Ongeag hoe julle onderrig word, as Jesus

Christus nie as die Seun van God en Verlosser van die wêreld voorgehou

word nie, in wie Ek Myself beliggaam het, word julle nie in die volle

waarheid onderrig nie en julle sal nie ewig vry word nie, omdat slegs die

waarheid julle sal vrymaak.

Ek self stuur hierdie waarheid aan julle, Ek Self, julle God en Skepper van

ewigheid, die grootste en mees volmaakste Gees in die oneindigheid. Ek

stuur die openbaringe direk aan julle en lei julle in waarheid, omdat Ek julle

weer die lig van bewustheid wil gee, wat julle eens vrywillig weggegee het

en wat weer aan julle teruggegee sal word mits julle dit vrywillig aanvaar,

mits julle julleself deur My laat onderrig en julleself met liefde oorgee aan

My, dus ook My wil vervul. Mits julle julleself na liefde verander en julle

oeraard weer aanneem waarin julle onbeskryflik gelukkig was. Slegs Een

kan dit alles aan julle belowe en slegs Een kan julle help om dit te bereik en

die een is Jesus, wat tenvolle met My saamgevoeg is, dus Hy en Ek is een

God van ewigheid tot ewigheid. Amen

183

Die mens is geen "toevalsproduk" van ‘n skeppende

mag nie

8493 25 Februarie 1965

Die mens met al sy ondeugde, foute en gebreke is geneig om te dink dat

hy van Gods weë so geskape word, as hy tenminste daar aan glo om deur

Hom geskape te wees. Maar hierdie Skepper sou alle liefde en wysheid

ontsê moet word, wat Hom daartoe bring om wesens te skep en alle mense

slegs die produk is van ‘n wese wat self onvolmaak is; wat by wyse van ‘n

gril wesens skep maar aan wie nooit die hoogste volmaaktheid sou kan

toegeken word nie. Wie dus ooit so'n gedagte kan koester, die is verhard

teen alle lig, hy vorm hom van sy Skepper ‘n totale vals beeld. Want die

bestaan as “mens" is die finale stadium van ‘n ontwikkelingsproses van

oneindig lang tyd, maar tegelykertyd is dit die vernaamste stadium, want

die wese lê nou as mens gedurende hierdie tyd die laaste wilsproef af,

waarin sy wil beslis, om dan ook weer sy oorspronklike staat te kan bereik

waarin hy eens geskape is.

Julle almal moet weet dat julle uitgaan uit die hoogs volmaakte Wese ook ‘n

staat van die hoogste volmaaktheid was en dat julle nou in ‘n toestand is

wat julle julleself geskep het, wat dus nie die werk van julle Skepper van

ewigheid is nie. Julle almal moet weet dat dit slegs ‘n tussentydse toestand

is, wat julleself veroorsaak deur die omdraai van julle wil, wat julle egter

weer sou kan verander in julle oorspronklike staat, wanneer julle wil ook

daartoe bereid is. En daarom sal julle stryd moet voer teen al julle

ondeugde en foute en julle moet probeer om julle te verander en in julle ‘n

toestand te skep waarin julle alle foute tot deugde omvorm, waarin julle

vanuit ‘n geheel teen God gerigte houding ‘n verandering voltrek, wat julle

in Sy nabyheid plaas en julle weer nader aan die oerstaat kom waarin julle

eens uit Hom voortgekom het.

Julle sal julle menswees nooit as ‘n geïsoleerd lewe kan sien nie, julle moet

steeds weet dat daar ‘n “voordeel” gewees het en dat daar ook ‘n "nadeel”

is, dat julle egter in julle bestaan as mens ‘n besluit sal moet neem of julle

vry wil wees van alle vorme, of ook weer terugval in ‘n stadium wat julle al

lank reeds oorwin het.

Glo egter nie dat julle ‘n toevalsproduk is van ‘n skeppende mag, wat uit

willekeur wesens buite Hom plaas wat met meer of minder foute en

ondeugde van allerlei aard behep is. Glo dat aan hierdie skeppende Mag,

Liefde en Wysheid in die hoogste volmaaktheid toegeken moet word en dat

Hy julle skep ter wille van ‘n doel. Om Homself, d.w.s. Sy Liefde in die

geskape wesens binne te kan laat straal, wat die wesens egter self

verhinderd het en hulle dus hierdie Liefde afwys en daardeur geheel

verander het in die teendeel, in die wesens wat julle nou as mens is, maar

steeds met die doel om weer julle vroeëre hoedanigheid terug te kry.

184

En sien dus julle tyd op aarde slegs as ‘n deurtog, beskou dit as ‘n in die

goddelike plan voorsiene terugvoering na julle eintlike staat, omdat julle

hoogs volmaak uit die skeppende Krag voortgekom het. En weet, dat julle

julleself in die aardse lewe moet inspan om teen alle ondeugde te stry, wat

julle belet om weer te verenig met julle Skepper van ewigheid, Wie julle

Vader wil wees. Dat julle egter oneindig salig sal wees as hierdie

verandering julle geluk, as julle die ommekeer tot liefde moontlik maak en

julle daardeur die Liefdestraal van julle Vader weer sal mag opvang, wat

julle die geluk berei. Want dit alleen is julle doel, om weer te word wat julle

was in die allereerste begin: wesens wat hoogs volmaak is soos hulle uit

God voortgekom het. Amen

Barmhartigheidsgeskenk voor die einde

8494 12 Mei 1963

‘n Oorvloed van barmhartigheid sal Ek uitstort in die laaste tyd voor die

einde, want die mense het dit nodig. Hulle het baie ondersteuning nodig om

die laaste treë van hulle aardse weg met goeie gevolg af te lê. Maar daar

moet eers nog baie mense op die korrekte weg gelei word en ook hulle het

nog baie hulp daartoe nodig. Want hulle bevind hulself op pad na die

afgrond en moet daarvan teruggehou en na die goeie rigting gelei word.

Alle middele wat Ek toepas vir die einde is barmhartigheidsmiddele, want

die mense trek niks vir hulself aan nie en gaan onverskillig hulle gang.

Hulle verdien daarom eintlik geen hulp nie, temeer waar hulle hulself nog

eerder verset as hulp aanneem. Ek het al My skepsele lief en wil nie een

van hulle verloor nie. Ek wil nie dat hulle weer ‘n eindelose lang tyd in ‘n

ellendige toestand moet smag nie, daarom laat Ek barmhartigheid na reg

geld en laat niks onbeproef om hulle nog te red voor die einde nie.

Maar Ek weet ook wat goed is vir elke wese en wat geskik is om hulle nog

op die korrekte weg te lei. En dit pas Ek ook toe, sonder om egter dwang

op sy wil uit te oefen, want die wil moet vry beslis. Dit word egter vir hom

maklik gemaak, omdat hy die barmhartigheids middele so duidelik

aangegee kry, dat hy hulle ook as sodanig kan herken.

Steeds weer word die mens gewys op die geesteryk en steeds weer kom hy

op die een of ander manier met die dood in aanraking; hy beleef dit in sy

omgewing, hy sien mense heengaan wat vir hom lief en dierbaar was, of hy

ondervind sterfgevalle van allerlei aard. Steeds weer word hy gewys op sy

verganklikheid en kan hy homself besighou met die gedagte, wat kom daar

na die dood? Sy denke word dan gelei na die geesteryk, want sy gedagtes

dwaal dan dikwels af na die gestorwenes en die vraag kom in hom op, waar

vertoef hulle nou? Het hulle totaal vergaan of bestaan daar die vooruitsig

op ‘n weersiens? En dan skakel hyself by die leidende geeste in, aan wie se

beskerming die mense toevertrou is. Hulle probeer hulle gedagtes te

beïnvloed en hulle opheldering te gee en maak dit moontlik, dat elke mens

wat kennis toekom van My woord, dat dit na die aarde gebring word. Of,

185

hulle laat boeke en geskrifte in julle hande kom (net soos nou) wat julle

opheldering gee oor My woord. Hulle doen dus alles om julle gedagtes te

rig tot die ryk wat julle ware vaderland is en wat julle ook sal betree by die

verlating van hierdie wêreld. En ook die gestorwenes werk vanuit die

hiernamaals op julle in, deurdat hulle hulself gedurig invoeg in julle

gedagtes en daardeur word in ‘n sekere sin ‘n verbinding tot stand gebring

van die geesteryk na die aardse wêreld.

My mate van barmhartigheid is onuitputlik en elkeen sou dit kan benut as

sy wil daartoe bereid was. Daarom laat Ek steeds weer My woord

weerklink, want elke mens wat die woord hoor en aanneem, maak waarlik

gebruik van die groot barmhartigheidsgeskenk wat hom ‘n goeie sukses sal

oplewer en hom help met die volmaakwording van sy siel. Daardeur kan hy

nog sy doel op hierdie aarde bereik, want dan kan hy My vind en die

verbinding met My herstel, wat hom dan ook sy voltooiing verseker. Dit is

baie belangrik dat die mens nog die verbinding met My herstel, voordat sy

siel die liggaam verlaat, voor die uur van afskeid van hierdie aarde gekom

het.

Sodra hyself bewus is van My en My dan erken, sal hy nie meer verlore

gaan nie. Want dan sal hy ook die weg neem tot die kruis en tot die

goddelike Verlosser Jesus Christus. Hy sal My in Hom erken en dan ook die

weg geneem het tot My en dan is hy vir ewig aan My teenstander ontruk,

omdat Jesus hom verlos uit Sy boeie. Jesus wat sy skuld op Homself

geneem het en vir hom die weg vrygemaak het tot die Vader.

Jesus en Ek is Een. Om dit in te sien, is ‘n voorwaarde vir die terugkeer van

die eens gevalle wese tot My, en daarom sal Ek die mense steeds weer

opheldering gee deur My woord. Juis daarom is ook My woord die grootste

en doeltreffendste barmhartigheids gawe wat Ek nog voor die einde vir die

mense kan aanbied, en salig is hulle te noem wat dit nog aanneem, want

hulle sal waarlik nie meer verlore gaan nie.

Die tyd is nog maar kort en die stryd om die siele word van die kant van

die duisternis steeds hewiger gevoer. Maar ook Ek veg vir julle, My

skepsele en Ek staan julle by, sodat julle wat hierdie stryd moet uitveg, ook

die korrekte beslissing sal neem. Sodat julle die weg sal neem tot Jesus

Christus in Wie Ek Self mens geword het om julle te verlos. Doen dus ‘n

beroep op die groot barmhartigheidswerk van verlossing deur Jesus

Christus en waarlik, julle sal die oorwinning behaal en vry word van hom

wat julle te gronde wil rig.

Amen

(SO SPREEK DIE MEESTER) Uit Jakob Lorber "Die Huishouding van God ". Deel l,

hfst. 1) Wie met My wil spreek, dié hoef maar net na My toe te kom en Ek sal hom die

antwoord in sy hart lê. Maar slegs die reine, wie se hart vol deemoed is, sal die klank

van My stem verneem. En wie My bo alles van die wêreld stel, My liefhet net soos ‘n

teer bruid haar bruidegom, met hom wil Ek wandel, hand in hand. - Hy sal My altyd sien

net soos een broer die ander en net soos Ek hom reeds sien in ewigheid, nog voordat hy

was. Wie My soek, vir hulle sê Ek: Ek is waarlik oral en nêrens! - Oral is Ek waar mense

186

My bemin en My gebooie onderhou, egter nêrens waar mense My net aanbid en vereer

nie. Is die liefde dan nie meer as die gebed en die onderhouding van die gebooie nie

meer as die verering nie? Waarlik, waarlik sê Ek vir julle; wie My liefhet, hulle aanbid My

in die gees en wie My gebooie onderhou, hulle is dié wat My in waarheid vereer. My

gebooie kan niemand egter onderhou nie as net diegene wat My bemin nie. Maar wie My

liefhet, het geen ander gebod meer as dit nie, dat hy volkome leef volgens My lewende

woord wat die ware, ewige lewe is. Amen

Opheldering oor reïnkarnasie

8495 13 Mei 1963

Dit is volkome foutief om te veronderstel dat deur ‘n terugkeer na die aarde

is, om vir die sondeskuld te kan betaal, of dat dit afgelos is, ofskoon die

wet van die goddelike geregtigheid ‘n vereffening van alle skuld vereis.

Vir My staan daartoe egter baie moontlikhede tot beskikking, sodat alle

skuld ook eens verseker gedelg sal wees. Die wese sal weer opgeneem kan

word in die ryk van Lig en Saligheid, wat vir hom in ‘n skuldige sondige

toestand geslote was. Die ryk hierna, waarin die siel na die dood van die

liggaam ingaan; beantwoord aan sy staat van volwassenheid. Hy kan

homself, sowel in die diepste duisternis, asook in die helderste Lig bevind,

waardeur sy lot of smartlik of heerlik kan wees. En beide die kwellinge,

asook die heerlikhede is nie te beskrywe nie en kan ook nie aan julle mense

beskrywe word nie. En so kan ook die kwellinge - dus die lot van die

onverloste siele - ontsettend wees en die siel ly dus onvoorstelbaar vir sy

skuld of terwille van die skuld en hy betaal dus ook deur die lyding baie van

sy skuld. Dog sy smartlike toestand kan nog wel ewige lang tye duur as hy

onverbeterlik is en nie die raadgewinge van sy geestelike leiers wil

aanneem nie, wat hom uit hierdie ellende wil bevry. Want hy kan die ligryk

nie ingaan, alvorens hy nie sy skuld gedelg het nie, in soverre dit gaan om

sonde wat hy op aarde begaan het. Omdat die oerskuld van sy vroeëre

afval van God egter baie groter is en hierdie skuld nooit deur die siel self

gedelg kan word nie, moet die mens op aarde, of sy siel in die hiernamaals,

onherroeplik die weg tot Jesus gaan. Want slegs Hy kan hom vrymaak van

hierdie skuld waarvoor Hy aan die kruis gesterwe het.

Sonder Jesus, kom die siel nooit vry van sy skuld nie, al smag hy nog

ewighede lank in die duisternis in die hiernamaals. Die siel moet dus vir

Jesus aanroep om erbarming en om vergewing van sy skuld. En sy

geestelike helpers sal steeds weer probeer om hom daartoe te beweeg dat

hy verlossing soek by Hom, wat Sy lewe vir hierdie skuld gegee het.

En gee die siel homself nou heeltemal oor aan Hom, word sowel die

oerskuld, asook die skuld wat hy op aarde self opgelaai het, gedelg. Dan sal

hy vry wees van alle skuld en terwille van die bloed van Jesus word hy

opgeneem in die ryk van Lig en Saligheid. Is die siel egter so verstok dat hy

homself nie tot Hom wil wend nie, ondanks alle teregwysings van die

ligwesens wat hom wil help, sink hy steeds dieper. Sy kwellinge is

onbeskryflik en hy slaag nie om uit die hel omhoog te kom nie; wat ook

187

nog moontlik is met die hulp van die ligwesens; dan moet hy weer die gang

deur die skeppingswerke gaan om eendag tog die uiteindelike doel te

bereik.

Maar hierdie terugkeer na die aarde is geen reïnkarnasie van die siel soos

wat julle mense dit vir julleself voorstel nie en dit is ook verseker alles

behalwe wenslik. Want dit is vir die siel wat in partikeltjies ontbind is, weer

‘n eindelose lang toestand van ellende, totdat hy weer die stadium van

mens bereik.

Dit moet steeds weer aan julle gesê word, dat julle nooit van julle skuld kan

vrykom sonder Jesus nie. Daarom is die Verlossingswerk van Jesus so

belangrik, want slegs Hy is die "Deur tot die ligryk" Want al sou julle deur

groot kwellinge in die hiernamaals boet vir die sonde wat julle op aarde op

julle gelaai het; sou julle tog nie die ligryk kan ingaan as julle nie deur

Jesus van julle oerskuld verlos geword het nie. En netso sou ook ‘n lewe

nogmaals op die aarde, vir julle van geen nut wees waarin julle weer nuwe

skuld kan toevoeg, terwyl julle Jesus eers moet vind; wat julle egter ook in

die hiernamaals kan vind. Om die redes is dit dus nie nodig om na die

aarde terug te keer nie.

Ek maak julle mense steeds weer op hierdie dwaalleer opmerksaam, omdat

ook die Verlossingswerk van Jesus deur hierdie dwaalleer vir julle van geen

waarde skyn te wees nie. Omdat julle deur hierdie dwaalleer julle

medemens laat glo dat julleself julle skuld kan aflaat en dat julle dan

vanselfsprekend by Jesus kan verbygaan, waarsonder julle nooit vry kan

word van julle oerskuld nie, wat nooit deur hoe groot kwellings op aarde, of

in die hiernamaals, tot niet gemaak kan word nie. Laat julle tog oortuig van

die belang dat julle die "weg tot die kruis" moet gaan. Bedrieg julleself nie

met valse verwagtinge, waardeur julle, julle onverloste toestand verleng en

eindelose lang tye in die duisternis moet smag nie. Want slegs Hy is die Lig

wat op die aarde gekom het, wat julle redding gebring het van sonde en

dood, as julle Hom maar vrywillig om vergewing gaan vra van julle skuld.

As julle julleself maar nie daarop verlaat, om julleself in ‘n volgende lewe

van julle skuld te kan bevry en deur so 'n geloof julle toestand van

duisternis en ellende steeds meer verleng nie. Want sonder Jesus en Sy

Verlossingswerk sal julle vir ewig nie tot die Lig kom nie, tot vryheid en

saligheid nie. Sonder Jesus kan julle nie vry kom van julle skuld nie. Amen

Deur Sy aanspreking onthul God ons Sy Wese

8498 16 Mei 1963

Ofskoon julle ook My en My Wese tot in alle ewigheid nie sal kan deurgrond

nie, moet julle tog ‘n duidelik beeld gegee word van julle God en Skepper

en moet julle nie in 'n verkeerd denke gelaat word nie. Julle moet weet dat

Ek die hoogste en volmaakste Wese is, wat ewig nie in Sy volmaaktheid

bereik kan word nie, maar wat julle tog moet probeer om te bereik, omdat

188

julle eens as Sy ewebeelde uit Hom voortgekom het in alle volmaaktheid en

ook weer volmaak moet word.

En julle geluksaligheid bestaan hierin dat julle onafgebroke op My aanstuur,

en hierdie geluksaligheid het geen einde nie omdat die strewe om by My te

wees nooit sal ophou nie, want in die staat van volmaaktheid is alles

onbegrens, sowel vir My as ook vir julle. Julle sal die begrip "volmaaktheid"

ook nie kan begryp nie, omdat julle denke nog begrens is solank julle op

aarde vertoef.

En hoe onvolmaakter julle na julle wese nou nog is, des te minder is julle in

staat om Myself en My Wese te begryp en dit is dan ook vir My teenstander

nie moeilik om vir julle ‘n vals beeld van My te gee nie, dat Ek voorgestel

word as ‘n hoogs onvolmaakte wese wat behep is met eienskappe wat nie

goddelik is nie, soos regterlike onbarmhartigheid en liefdeloosheid, wat

ewig verdoem en onedele gevoelens, soos wraaksug, wat vergeldings-

maatreëls tref vir oortredinge. Maar Ek veroordeel nooit, inteendeel, Ek is

in Liefde steeds bereid om julle te help.

My teenstander probeer My aan julle voor te stel as ‘n onvolmaakte wese

sodat julle My julle liefde weerhou. En die valse beeld van My sal Ek steeds

weer blootlê as ‘n leunveldtog van My teenstander en julle steeds weer

verduidelik dat julle in My ‘n God van Liefde, Wysheid en Mag sal kan sien.

Dat julle ‘n volmaakte Wese kan herken aan Wie julle, julle liefde sal kan

skenk, waarna Ek vurig verlang, omdat julle My kinders is, wat My Liefde

nie meer sal verloor nie, selfs wanneer hulle hul in vrye wil van My afkeer.

Want ‘n Wese wat volmaak is, kan nie haat en verdoem nie, Hy sal Hom

alleen steeds inspan om Sy skepsele uit die toestand van onvolmaaktheid

te bevry, sodat hulle hul weer met die Wese kan verbind vir ewig.

En daarom onthul Ek julle ‘n duidelik beeld van My, van die alles

vervullende krag van My Liefde, wat in Wysheid werksaam is en ook julle

geskape het. Ek ontsluier julle die doel wat Ek My gestel het by die skep

van alle wesens en ook die heilsplan wat lei tot vergoddeliking van die

wesens.

Ek omklee julle alles met rede, sodat julle waarlik My Liefde, Wysheid en

Mag sal kan insien, want sodra julle dit alles in waarheid voorgehou word,

skyn vir julle weer swak die lig van insig, al is dit nog in geringe mate en

julle begin julleself te sien as My, deur My in die lewe geroepte, skepsele.

Die waarheid sal ook in julle ‘n vonkie liefde ontsteek en julle sal dan

steeds dieper daarin deurdring, julle sal weet dat julle julleself bevind op

die weg wat terugvoer na My, van Wie julle julleself eens vrywillig verwyder

het en daardeur julle volmaakte wese totaal verander en onvolmaak

geword het. Wat julle egter weer met My moet verenig, moet volmaak

wees en dit moet vrywillig My Wil binnegaan, waarteen dit eens gesondig

het. Dog sodra julle My Wese, wat in Homself Liefde, Wysheid en Mag is

herken het, sal julle julleself ook weer vrywillig aan My Wil onderwerp. En

daarom onthul Ek julle My Wese, wat alleen weer kan gebeur deur My

189

aanspreking, deur My woord wat Ek die mense laat toekom en die helder lig

sal skenk aan hom wat My aanspreking aanneem. Want slegs Ek alleen kan

die suiwere waarheid na die aarde stuur, slegs Ek alleen is die Lig, wat in

julle hartee wil straal.

Ek alleen is die Liefde, Wie julle nie verlore wil laat gaan nie. Ek is die

Wysheid, Wie alle middele en weë ken om julle na die Lig te lei en Ek het

ook die Mag om julle uit die hande van My teenstander te ontruk, as

julleself My geen teenstand bied nie.

Tog julle vrye wil bepaal alles. En hierdie sal eers dan na My gekeer wees,

wanneer julle My herken as ‘n hoogs volmaakte Wese, wat julle sal kan

bemin. En wat vereis dat julle in die waarheid verkeer, dat julle vry word

van verkeerde idees, van opvattinge wat My teenstander julle voorgelê het

om te verhinder dat julle die weg na My neem. En daarom spreek Ek Self

tot julle uit die hoogte. Ek stuur My woorde na die aarde, sodat julle vry sal

kan word van onware opvattinge, wat julle verhinder om My reg te sien;

Wie as hoogs volmaak, julle liefhet en julle ewig na My toe wil trek. Amen

Die dag wat voorbestem is vir die einde, sal nie

verskuif word nie

8500 18 Mei 1963

Die dag is nie meer ver wat My Wysheid vasgestel het om ‘n verandering

tot stand te bring op die aarde nie, wat alleen nog maar dien as woonplek

vir ‘n materiële mensdom, waarop egter geen aanspraak gemaak word as

geestelike skolingsoord nie. Die dag is nie meer ver, waarop My Wil ‘n werk

sal verwesenlik, wat ‘n volledige verandering van die skeppingswerk aarde

in sy uiterlike vorm ten doel het, wat ‘n vernietiging van alle lewe in, op en

bo die aarde en ook van alle bestaande skeppingswerke beteken. Want My

heilsplan is van ewigheid af voorsien en Ek hou My aan die tyd wat Ek in My

Wysheid as noodsaaklik insien om vir die geestelike weer nuwe

moontlikhede te skep om volwasse te word. En julle, mense sal My nie kan

oorhaal om van die plan af te sien of ‘n tydelike uitstel te verleen nie, want

Ek weet en wis sedert ewigheid in welke geestelike gemoeds-gesteldheid

die mensdom hulle in hierdie tyd bevind, wat juis ook ‘n totale verandering,

‘n gee van ‘n nuwe vorm vereis aan al die geestelike wat hulle op die

terugweg na My bevind.

En daarom moet My voorspellings ook letterlik opgeneem word, dat julle

nie meer mag reken op ‘n lang tyd nie, dat julle die aangekondigde einde

nie in die toekoms sal plaas nie, want eendag word ook die toekoms

teenswoordige tyd en hierdie tyd het gekom.

Julle, mense sal ook self aan alle gebeurtenisse in die wêreld en om julle

heen kan sien dat die geestelike lae vlak van die mense byna nie meer

erger kan word nie en ook daarin sal julle die rede van ‘n naderende einde

moet insien, want alles het buite die ordening getree, daar het so ‘n

190

stilstand in die ontwikkeling van die geestelike ingetree, dat daar al amper

van ‘n agteruitgang sprake is.

Daarom is dit ook ‘n valse hoop, wanneer julle glo om My deur gebed tot

ander insigte te kan bring, selfs al sê Ek julle steeds weer dat gebede groot

krag besit. Maar wat julle vra, is steeds maar net ‘n gebed uit eie liefde,

omdat julle nie bereid is, om die lewe op aarde prys te gee en julle alleen

daarom bid, dat Ek die aarde moet laat bestaan om nie ook ‘n slagoffer van

die einde te moet wees nie. Julle gebed moet alleen bedoel wees vir die

toestand van die siele van julle medemens, julle moet alleen vir die

geestelike volmaakwording sorg dra en vir mekaar bid, maar My nie

daarom vra om van ‘n definitiewe verwoesting af te sien nie, want dit is

nodig vir die geestelike wat nog in die skeppings gekluister is, wat net soos

julle mense die reg het om opwaarts te gaan, sodat hulle eendag ook

toegelaat kan word om die menslike vorm aan te neem.

Maar die mense verspeel vir hulself die reg om op die aarde beliggaam te

wees, omdat hulself geen stap meer omhoog aflê nie, maar veeleer weer

op die diepte afstuur. En hierdie siele sou ook geen enkele voordeel hê van

‘n verlenging van hul bestaan op hierdie aarde nie, inteendeel sal hulle

alleen nog dieper wegsink en dit moet gekeer word, wat deur ‘n hernieude

kluistering kan gebeur, dat hulle weer ontruk word aan My teenstander,

wat hulle in die aardse lewe as mens te veel in sy mag gehad het.

Julle, mense moet slegs vir mekaar bid dat die siele hulle nog voor die

einde sal bevry uit sy mag. So ‘n gebed wat in liefde ten gunste van julle

medemens verrig word, sal ook My oor bereik en sal verhoor word, maar

om My daartoe te wil bring om My heilsplan van ewigheid te verander, sal

julle nie bereik nie, want Ek weet tog wat dienstig is vir al My skepsele en

Ek wil hulle help om vooruit te gaan.

Wie dus vir My in My wingerd aktief wil wees, moet op ‘n spoedige einde as

‘n sekere feit reken en nou daarmee in ooreenstemming op aarde

werksaam wees, deurdat hy die liefde preek en ook alle mense wys op die

Verkondiger van hierdie goddelike liefdesleer, op Jesus, sodat hulle die weg

gaan na Hom onder Sy kruis en hulle dus verlos word van sonde en dood,

wanneer die einde gekom het. Dan is daar vir hulle, óf ‘n ingaan in die

ligryk óf ‘n terugplasing op die nuwe aarde, waar hul ‘n paradysagtige

verblyf verseker is, wat al gelyk te stel is met die ingaan in die ligryk,

omdat die mense dan die proef van hul aardse lewe deurstaan het en vry is

van hulle skuld. En sodat die doel nog deur baie mense bereik kan word,

spreek Ek hulle steeds weer aan deur julle, My bodes op aarde, julle wat My

aanspreking direk in ontvangs neem en dit aan hulle deurgee, waar dit

gelowig opgeneem word. Die aanspreking sal nie ophou voor die einde nie,

want Ek weet wie daarvoor geskik is, om My Woord te hoor, dit ook korrek

te gebruik om My Liefdestraal in die hart te laat binnestroom. En dit sal

steeds weer opnuut getuig dat die einde nie meer ver is nie, hulle sal nooit

191

ophou om melding te maak van My heilsplan nie en onophoudelik wys op

Jesus en Sy verlossingswerk.

Ek sal steeds weer die grote betekenis hiervan ook na vore bring en die

mense na Hom, Wie alleen hul redding is, verwys, om nie in die diepste

dieptes neer te stort nie. En wie aan ‘n einde kan glo, sal dit ook nie vrees

nie, want sy geloof word deur die liefde lewend en ‘n mens wat in die liefde

leef, sal ook steeds die krag besit, om alle stormaanvalle die hoof te bied

wat die laaste tyd nog sal oplewer. Want die suiwer liefde self is krag,

omdat deur die liefde die mens met My as die ewige Liefde verbind is en

omdat aan hulle vanuit My voortdurend krag toegestroom word. En julle

almal hoef waarlik die einde nie te vrees nie, as julle maar julle beste sou

wil doen om in die liefde te lewe. Maar dit ontbreek die mensdom aan liefde

en daarom sink hulle voortdurend dieper weg en bring hulself die einde na

hulle toe, soos Ek dit sedert ewigheid sê en daarom word My heilsplan ook

uitgevoer, soos dit aangekondig word deur woord en geskrif. Amen

Doel van die tyd (Vervolg van 8500)

8501 19 Mei 1963

Daar sal nooit vir julle ‘n tydsaanduiding toekom nie, omdat dit vir julle

siele slegs ‘n skadelike uitwerking sou kan hê om presies op hoogte te wees

van die tot werklikheid wording van dit wat aan julle voorspel is. Julle sal

wel kennis daarvan moet neem, omdat Ek wil dat julle julleself voorberei,

omdat Ek julle wil aanmaan en waarsku; aanspoor om ywerig te werk aan

julle siele en waarsku teen onverskilligheid, wat julle eendag bitter sal

berou. En daarom maak Ek julle bekend met dit wat na julle toe kom en

het die mense ook gewys vanaf die begin van hierdie verlossingsperiode op

dit wat gaan kom, want die gedagte dat julle vlak daarvoor staan, moet

julle aanspoor om te lewe in ooreenstemming met My Wil en dus te

beantwoord aan die doel van julle lewe op aarde. Maar nooit word die tyd

vir julle gegee nie, sodat julle met dit wat aangekondig is, moet rekening

hou en nie lou word nie.

Steeds verwag julle die vervulling van My voorspellings in die verre

toekoms. Maar julle dink nie daar aan dat die tyd voortdurend verby gaan

nie en die toekomstige steeds nader kom en dat die toekoms ook eens

teenswoordige tyd sal word. So ook sê Ek julle nou weer vooraf, dat die

einde van hierdie aarde vlak voor julle staan, die beëindiging van ‘n

verlossingsperiode. En Ek wys steeds dringender daarop, omdat dit vir julle

ongeloofwaardig voorkom dat julle in hierdie eindtyd sal beland. Daarom

gee Ek julle geen presiese tyd nie en sal dit nie doen tot aan die einde nie,

om julle vrye wil nie te dwing nie. Dog dit sê Ek julle, dat julle nie veel tyd

meer het nie, dat die tyd baie vinnig gekom het, waarin al My voorspellings

vervul sal word en dat julle julleself nie daarop sal mag verlaat dat vir My ‘n

dag soos duisend jaar is nie.

192

Ook duisend jaar gaan eens verby en so ook sal die verlossingsperiode

waarin julle julleself bevind, eens sy einde vind, want eens moet ‘n nuwe

tyd begin, al is dit ter wille van die baie geestelike wat in die

skeppingswerke gekluister is, wat moet deurgaan in hulle ontwikkeling. En

weer sê Ek julle maar net, julle staan naby daar aan.

Maar Ek herhaal hierdie woorde steeds weer met so ‘n aandrang, dat julle

tog agterdogtig sou moet word. Ek trag altyd maar weer om arbeiders te

wen in die laaste tyd voor die einde, omdat Ek hulle dringend nodig het met

die oog op wat gaan kom, Ek laat julle mense ‘n kennis toekom wat

ongewoon is, sodat julle ook My voorspellings leer begryp, sodat julle sal

weet welke beweegredes die aankondigings ten grondslag lê.

En daarom laat Ek dit na julle toe kom, omdat die einde baie naby is en

omdat julle daardeur sal mag glo dat My woorde in vervulling gegaan het.

Maar ook nou kan Ek nie die tyd vermeld as Ek nie ‘n eindelose chaos oor

julle wil laat losbars nie. Want ‘n presiese kennis van die dag en die uur sou

julle in ‘n ontsettende verwarring stort, maar geen groei vir julle oplewer

nie. Ek kan julle steeds weer en steeds dringender daarop wys dat julle met

die vervulling van alle voorspellings rekening sal moet hou, dat julle

julleself nie daarop sal mag verlaat dat julle dit self nie meer sal meemaak

nie.

Geen mens weet die uur van sy dood nie en so ook weet geen mens of

hyself deur dit wat aangekondig is, deur die grote vernietigings werk en sy

voorbodes, die ongewone natuur gebeure, verras sal word en hy alles moet

meemaak wat hom in die eindtyd sal afspeel nie, want Ek sê julle steeds

weer: Julle staan vlak daarvoor en julle het nie veel tyd meer nie en sal

elke dag en elke uur daarop moet reken, dat Ek deur die elemente van die

natuur My op ‘n ongewone wyse sal openbaar, en dan sal julle ook weet dat

die einde nie meer ver is nie.

Daarom moet julle lewe volgens My Wil. Julle sal al die gebeure sonder

vrees tegemoet kan gaan. Julle sal julle slegs moet verbind met My deur

werke van liefde, gebed en deur veelvuldige denke aan My en waarlik, julle

sal geen skade ly aan julle siele nie, selfs wanneer Ek julle vroegtydig

wegroep.

Maar Ek sal julle ook liggaamlik beskerm, wanneer dit My Wil is dat julle My

nog moet dien tot die einde. Maar reken nooit daarop dat Ek julle inwy met

betrekking tot die tyd nie, want op geen enkele manier sou dit vir julle wat

My dien, van nut wees nie, maar ook nie vir julle medemens nie, wie se

toestand van volwassenheid so ‘n kennis gladnie verdra nie. Maar wat vir

julle maar moontlik is, om die medemens in kennis te stel van dit wat kom,

van My heilsplan van ewigheid en te vertel van die oneindige Liefde van die

Vader, Wie al Sy kinders sou wou red voor die einde, doen dit en verrig so

vir My ‘n baie vrugbare werk in die wingerd nog tot aan die einde. Want

elke siel wat nog gered word, is wins vir My, wat Ek waarlik sal beloon.

Amen

193

God vereis ‘n lewende geloof

8503 20 Mei 1963

Glo altyd slegs in My met ‘n lewende geloof, d.w.s. moet nie tevrede wees

met woorde of versekeringe van ander mense nie maar verenig dig met My

in gedagte en praat met My soos ‘n kind met sy vader, reguit en eenvoudig

en vol kinderlike vertroue; laat My altyd naas julle as julle vriend en broer

loop en vertel My alles wat julle innerlik hinder, altyd versoekend om My

hulp om julle te help om volmaaktheid te bereik terwyl julle nog op aarde

is. Julle moet nie meer ‘n enkel lewe leef nie, julle moet altyd om My

teenwoordigheid vra en dit ook voel, want elke opregte gedagte trek My na

julle toe en as julle hierdie verbintenis met Myself gevestig het sal krag ook

altyd na julle stroom, wat julle weer vir dade van liefde kan gebruik. Dus

deur liefde julle steeds nader aan My aansluit. Daarom elkeen wat nie sy

God en Skepper uit sy gedagtes uitsluit nie is ook daagliks en uurliks onder

Sy Vaderlike sorg en sy aardse lewe sal altyd tot voordeel van sy siel

bestuur word. Want elkeen wat met My verbind is in gedagte lei reeds ‘n

geestelike lewe en sy siel sal voortdurend groei.

Maar hoeveel mense gaan deur hul lewe sonder om hul God en Skepper te

oorweeg, hulle dink slegs altyd aardse gedagtes en bekommer hulle slegs

oor hul fisiese welsyn. En hoewel hulle hulself Christene noem omdat hulle

aan ‘n godsdienstige organisasie behoort het hulle slegs nou en dan ‘n

verhouding met My en dit is nie voldoende lewend om in hierdie lewe

geestelike volwassenheid te bereik nie. Baie het ‘n formaliteit geword wat

egter net van waarde is as dit met ‘n lewende geloof uitgevoer word, net

soos gebed nie is wat dit moet wees nie, ‘n kind se innige dialoog met die

Vader; in plek daarvan is die mense tevrede met leë woorde wat nie uit die

hart kom nie en slegs met die mond gesê word.

Ek is egter ‘n lewende God, alles moet waar wees vir My en daarom wil Ek

dat julle ‘n lewende kontak met My vestig, maar dit waarborg ook hoër

ontwikkeling en lei die siel tot sy doel. Want sal Ek ‘n kind verlaat of hom

karig oorweeg, het sy geestelik of selfs aards, as hy innige kontak met My

gemaak het, wie se Vader Ek waarlik is, wat hy kan vertrou? Maar waar

hierdie vertroulike verbintenis nie bestaan nie is daar ‘n groot kloof, die

mens soek My op ‘n afstand, hy praat van My as ‘n Wese wat vir hom

onbereikbaar is en Wie hy inderdaad erken as gevolg van Sy mag wat hy

nie kan ontken nie gesien die skepping, wat ook Sy wysheid erken wat aan

hom deur die wesens getoon word, maar wat niks weet oor die liefde van ‘n

God wat ‘n Vader wil wees vir al Sy lewende skeppings nie, omdat hy geen

ernstige gedagte bestee aan Wie hom in bestaan gebring het nie. En terwyl

Ek slegs die verre God vir mense is sal hulle hul aardse lewe sonder

geestelike prestasies lewe, want hulle het nie die stroom van krag om die

weg van volwasse wording te gaan nie, wat egter innige lewende

verbinding van die mens met My vereis om hom te verlig.

194

Dit is waarom elke mens sy doel sal bereik as hy hierdie nabye verhouding

met My tot stand kan bring, as hy ‘n lewende geloof in My deur ‘n

voortdurende verlange vir My teenwoordigheid openbaar. En so’n wens sal

deur My toegestaan word en daarvan af sal die persoon nêrens meer alleen

gaan nie, Ek sal hom altyd begelei, Ek sal altyd sy gedagtes lei en omdat

Ek nie meer enige weerstand kry nie sal hy ook tenvolle in My wil ingaan en

homself steeds meer verbeter. Waar Ek ingang in ‘n mens se hart gevind

het sal My teenstander sy mag verloor, alhoewel hy nog alles sal probeer

om hom weer vir homself oor te wen, maar My krag, wat die mens

voortdurend as gevolg van My teenwoordigheid ontvang, sal hom teëstaan.

Laat slegs julle siele tot lewe kom, wat altyd sal gebeur wanneer Ek Self

effek op hom kan neem, wanneer Ek hom met My krag van liefde kan verlig

en julle laat My altyd toe om dit te doen deur ‘n innige verbintenis met My

te hê. Dan sal julle na My vra en die gevaar sal verby wees dat die

teenstander besit van julle kan neem, wat weg vlug van My en julle nie kan

versoek nie mits Ek in julle teenwoordig is. En julle sal spoedig niks

onderneem nie of êrens heengaan, sonder om My seën te vra nie en dan

kan julle ook verseker wees dat Ek aan julle sy sal wees waar julle ook al

gaan, dan sal Ek julle geestelik onderrig en My krag en lig na julle in

oorvloed laat stroom. Maar dit alles is nie moontlik wanneer ‘n persoon sy

God en Skepper slegs met sy mond bely sonder om deur ‘n innerlike drang

aangespoor te word om kontak met hierdie God tot stand te bring nie. Sy

aardse lewe sal hom nie baie geestelike sukses bring nie, tensy hy sy

gedagtes en dade verander, sodat hy sal leer om My te herken en dan in

My te glo met ‘n lewende geloof. Amen

God's geregtigheid eis versoening vir die skuld

8504 21 Mei 1963

Ek is ‘n goeie en regverdige God. My Liefde vir My skepsele is onmeetlik en

Ek sou hulle almal gelukkig wil maak en hul die hoogste geluk wil berei,

omdat die Liefde My daartoe dring. Maar omdat Ek hoogs volmaak is, moet

Ek Self ook in My orde van ewigheid verkeer, alle tekens van My

volmaaktheid moet te herken wees en dus moet ook My geregtigheid My

volmaaktheid bewys, wat daarom ook aan My oorgrote Liefde, wat Ek aan

al My skepsele sou wil betoon, grense stel.

Ek kan geen wese gelukkig maak wat sondig geword het nie, omdat dit My

geregtigheid sou weerspreek. Daarom is My Liefde dus gebonde aan My

ewige wet. Ek kan alleen die volmaakte gelukkig maak in die mate soos Ek

sou wil dat die wese onbeskryflik geluksalig is. Ek kan wel genade vir reg

laat geld, deurdat Ek die sondig geworde wese help dat hy vry van sy

sonde word. Maar die wil daartoe moet van die wese self uitgaan, hy moet

homself van sy sondeskuld bewus wees en verlang om daarvan vry te word

en hy moet daarvoor om hulp vra.

195

Dus kan Ek die wese nie van sy skuld bevry teen sy wil nie en Ek kan hom

ook solank nie met My Liefde gelukkig maak tot My geregtigheid

genoegdoening gegee is nie, waartoe die wese self bereid moet wees. Vele

van die deur My in die lewe geroepte geestelike wesens het teen My

gesondig. Hulle het sondig geword en aan My eindelose Liefde word

beperkinge opgelê, omdat My geregtigheid nie toelaat dat die Liefde

werksaam kan wees soos vroeër nie, dat Ek dus die wesens onmeetlik

gelukkig maak.

En daarom sou hierdie wesens vir ewig verban gewees het uit die

stroomkring van My Liefde, as daar nie aan My geregtigheid sou voldoen

word nie, wat egter die wesens self nie kan doen nie, waartoe hulle totaal

nie by magte was deur hul afwering van die krag van My Liefde, waaruit hul

groot sonde bestaan. Tog moes genoegdoening gegee word volgens die wet

van die Goddelike orde, as die wese ooit opnuut deur My Liefde deurstraal,

dus gelukkig gemaak, sou kan word.

En die werk van versoening volbring die mens Jesus uit liefde vir My en vir

die mensdom, waarvan Hy die rampsalige toestand insien en dit wil ophef

op grond van Sy Liefde. Daardeur word daar aan My geregtigheid voldoen

en My Liefde kon nou op die voorgrond tree en Hom keer na die wesens

wat eens van My uitgegaan het en hul weer ‘n saligheid berei wat alleen Ek

Self as die ewige Liefde hul ten deel kan laat val, wat egter ook elke wese

onmeetlik gelukkig maak.

Deur die vroeëre sonde van die afval van My word My van die kant van

hulle wat sondig geword het, ‘n beperking van My Liefde opgelê, omdat Ek

nie teen die wil van ‘n wese in, hom die krag van My Liefde kan laat toekom

nie. En selfs wanneer hy sy weerstand opgee, moet die wese eers vry wees

van sy sondeskuld om My Liefde weer te kan ontvang, omdat die

geregtigheid dit eis, wat tot My volmaakte Wese behoort en omdat Ek ewig

nie die wet van orde ongedaan kan maak nie, wat gegrondves is in My

volmaaktheid.

Die mens Jesus vervul die wet. Hy leef heeltemal in die Goddelike orde, Hy

sien egter ook die lewenswandel van sy medemens, wat geheel teen die

wet van die Goddelike orde in gerig was en Hy neem al hul sondeskuld op

Sy skouers en bring My ‘n ontsettende groot offer om die sondeskuld van al

die eens gevallenes te delg. En Ek neem die offer aan en vir My volstaan dit

as kompensasie vir die onmeetlike sondeskuld wat die van My afgevalle

wesens en dan ook die mense op hulle gelaai het. Ek neem die offer van

die mens Jesus aan, wat alle mense wil verlos van die sonde. Want die

Liefde in Hom bring die offer, die LIEFDE was egter Ek Self.

Dus het die Liefde die skuld tot niet gemaak, wat egter nie moontlik sou

gewees het sonder ‘n boetedoening wat Ek alleen maar kon volbring in die

omhulsel van ‘n mens wat in staat en gewillig was om te ly nie, Wie self

onmeetlik gely het as kompensasie vir die sondeskuld van die gevallenes.

En gevolglik is die geregtigheid nie omseil nie, dit word genoegdoening

196

gebring en nou kon My Liefde weer aktief word, Ek kon dit wegskenk en die

skepsele onmeetlik gelukkig maak, want hulle was weer sonder skuld en

daarom ook kan hulle hulself weer met My verenig en heeltemal met My

Liefde deurstraal word, soos dit was in die allereerste begin.

En My Liefde word nie minder nie en Ek sal almal wat eens sondig geword

het help, dat hulle hul skuld vrywillig onder die kruis dra, hulle aan Jesus

oorgee en so dus My geregtigheid nie omseil nie en tog die wese vry word

van sy skuld, omdat die Liefde Self Hom geoffer het, omdat Hy Homself in

die mens Jesus bereid verklaar om te ly en te sterwe, sodat die mense die

eens gevalle wesens, nie hoef te ly vir hul onmeetlike sondeskuld nie, daar

hulle ewig nie by magte sou wees om hul sonde te delg en teenoor My

boete te doen nie, wat Ek as regverdige God moes eis om die wesens weer

die geluksaligheid te skenk, wat My onmeetlike Liefde vir hulle wil berei.

Die vereffening van die groot skuld moet eers tot stand gebring word, want

My volmaaktheid kan nie teen die wettelike orde ingaan nie, alle skuld

moet uitgewis wees, omdat My geregtigheid dit eis. Amen

Hemelvaart van Jesus

8506 23 Mei 1963

Die tyd van My sigbare bestaan vir die mense op aarde het geeïndig toe Ek

na die hemel opgevaar het. Want Ek het My missie as mens vervul en

laastens aan My disipels en hulle wat in My geglo het as die Seun van God

‘n laaste teken gegee wat hulle geloof moes versterk. Ek het Myself weer

eens aan hulle vertoon en My Goddelikheid gedemonstreer deur sigbaar op

te vaar na die hemel wat hulle slegs toegestaan was om waar te neem as

gevolg van die krag van hulle geloof en wat hulle weer van groter krag vir

hul verdere missie moes voorsien: om My en My Evangelie te verkondig oor

die hele wêreld. Geen bewys kan vir My hemelvaart gegee word nie en tog

vind dit voor die oë van hulle plaas wat tenvolle toegewy was aan My. Want

My hemelvaart sou hulle nie meer kon dwing om te glo nie, hulle het My

herken en nie meer enige iets betwyfel nie, maar hulle was ook ingelyf in

die diepste kennis deur My en daarom kon Ek voor hulle oë opvaar as ‘n

laaste teken van My mag en glorie, wat gebeur het en sigbaar kon gebeur

omdat Ek My Eie uitsonderlike krag vir hierdie ervaring gegee het.

Nietemin, dit was slegs ‘n proses wat deur elke siel ervaar sal word wat

hulself op aarde vervolmaak het, sodra hy sy liggaam verlaat en die

geestelike gebied in stralend lig ingaan, wat egter vir die mense oog

verborge sal bly. Maar hy sweef omhoog in die koninkryk wat sy ware huis

is. Bewys daarvan moet ook aan die mense gegee word alhoewel dit nie

deur nog onvolwasse mense erken sal word wat nog geen vergeesteliking

bereik het nie.

Die hemelvaart van Jesus sal ‘n miete vir die mense bly solank hulle geen

geestelike kennis deurdring het nie, omdat iets ongewoons plaasgevind het

wat slegs My aanhangers toegelaat was om te ervaar. Nietemin, sal dit nie

197

meer betwyfel word sodra die mens se siel ‘n bepaalde graad van

volwassenheid bereik het waar geen ongeloof meer is nie as gevolg van die

besef dat niks vir God onmoontlik is nie. Met die hemelvaart van Jesus

word die verlossingswerk afgesluit. Ek het na die aarde afgedaal en weer

teruggekeer na My koninkryk, wat Ek nietemin nooit verlaat het nie, want

Ek was en is ooral, maar Ek het sigbaar woning in ‘n mense vorm geneem

om vir julle mense sigbaar te wees en daarom styg Ek ook sigbaar weer op

om vir altyd en ewig sigbaar te bly aan alles wat Ek geskape het terwille

van hulle geluksaligheid.

Myne bly agter en voel eensaam en verlate terwyl Ek uit hulle sig verdwyn,

maar hulle word deurdring deur My Gees en herken nou duidelik hul missie

en hulle voel aangespoor deur die Gees om die taak uit te voer waarmee Ek

hulle na alle nasies op aarde gestuur het. Om hierdie rede laat Ek hulle die

buitengewone gebeurtenis ervaar wat die finale wonderwerk op aarde was

wat My aardse weg voltooi het. want hulle het baie versterking van geloof

nodig gehad omdat hul kontak met My ‘n sekere mate van afhanklikheid tot

gevolg gehad het wat hulle nog moes oorwin en so kon elke een van My

disipels telkens weer vir hom die finale gebeurtenis in herinnering roep om

My wil met heelhartige entoesiasme te doen. Maar tog bly Ek met hulle in

Gees en deur hul aktiwiteit vir My word hulle dikwels toegelaat om My

Woorde te hoor wat My teenwoordigheid aan hulle openbaar het, sodat hul

liefde vir My steeds dieper groei en so ook hul kennis in dieselfde mate en

met dit hul vermoë om vir My te werk.

Ek het die ontsaglike sondeskuld van die mense verlos deur My

verlossingswerk en die mensdom moes daaroor ingelig word wat slegs weer

deur mense kon gebeur wat self My en My kruisiging ervaar het. Nou kon

hulle die suiwerste waarheid verkondig oor hierdie groot daad van

meegevoel en so word veral My eerste disipels buitengewoon versterk en

toegerus vir hulle missie, Ek was persoonlik in staat om hulle vooraf te

onderrig en voor te berei op hulle taak en Ek het hulle geloof buitengewoon

versterk, hoewel hulle hul vryheid van wil behou het. Nietemin, laat hul

liefde vir My en hul manier van lewe My ekstra gawe vir hulle amp toe,

want die hele mensdom moes oor die gebeure ingelig word wat voortgekom

het uit die Goddelike gebied terwille van mense en so vereis Ek geskikte

dienare en boodskappers om hierdie inligting te versprei. En hulle moes

met volle oortuiging kon steun wat hulle onderrig. Hulle liefde het hulle

toegelaat om aan ongewone ervaringe die hoof te bied en gretig van alles

aan hul medemens te getuig. Maar hierdie kennis van My verlossingswerk

sal altyd ‘n bepaalde graad van liefde verg om aanvaar en geglo te word.

Maar tog sal ‘n liefdevolle persoon deur My Gees gevul word en in alle

waarheid gelei word, soos Ek Self dit verkondig het. Amen

198

Die dra van leed vir julle medemens

8508 25 Mei 1963

Ook daaroor sal julle uitsluitsel gegee word, of julle vir julle medemens leed

kan dra of dat elkeen self die maat op homself moet neem wat hom vir die

heil van sy siel opgelê is. Julle mense moet in ag neem dat julle siele

tydens die aardse lewe moet volwasse word, dat die nog onvolwasse

substansies hulle moet vergeestelik. Maar dit geskied alleen deur liefde of

leed, want alleen daardeur word die omhulsel opgelos wat belet dat My

liefdeslig die siel kan binne straal.

En tegelykertyd besorg ook die substansies van die liggaam nog dikwels

moeilikhede, wat in hul ontwikkeling nog agter is en siekte van allerlei aard

veroorsaak. Wat egter deur geduld, liefde en berusting in My wil versag en

daardeur vergeestelik moet word, wat tog julle eintlike opdrag is op aarde

sodat julle, julle siele die hoogs moontlike volmaaktheid besorg.

Hierdie vergeesteliking van siel en liggaam moet elke mens by homself tot

stand bring. Die werk kan nooit deur ‘n medemens uit julle hande geneem

word nie, elke mens sal My ook eens dankbaar wees dat Ek hom deur

lyding help om volmaak te word. Daarom moet julle begryp dat julle eintlik

niks moet onderneem teen dit wat die siel van julle medemens tot heil kan

strek nie.

Wanneer die liefde julle egter dryf om julleself tot My aan te bied om die

leed vir ‘n medemens te dra, dan sal Ek julle in julle liefde nie hinder nie.

Die leed word dan van die mens vir wie julle wil ly tydelik weggeneem en

julle word daarmee in sy plek belas. Daardeur verhoog julle dan die

volwassenheid van julle siele, omdat julle gewillig is om meer leed op julle

te neem en omdat die liefde julle daartoe aanspoor.

Julle volg Hom dan na Wie vir julle almal gely het om julle van die

onmeetlike lyding te bevry, wat julleself op julle moes neem as versoening

vir julle sondeskuld, wat die aanleiding was dat die aarde vir julle mense ‘n

dal van ellende en lyding is. Maar julle mense het nou almal Hierdie Een,

Wie ook nou nog julle leed op Sy skouers neem en dit help dra. Die boete

wat Hy vir julle in julle plek gedoen het, het Ek aangeneem, en daarom

moet julle tot Hom gaan as leed julle druk. Hy sal julle dan help dra of dit

van julle wegneem, na gelang wat die beste vir julle is.

Die liefde van ‘n mens wat vir ander wil ly word baie hoog gewaardeer.

Hulle sal die lydende ‘n groter toevoer van krag verseker omdat liefde ‘n

krag is, wat ‘n duidelike merkbare uitwerking op die lydende mens het.

Wanneer ‘n mens dus aan julle die lyding met ‘n liefdevolle voorspraak laat

toekom, kan die krag van die liefde julle so vervul dat julle die swaarte van

julle leed nie meer so erg voel nie. Dat dus die smart en kwellinge tydelik

by julle verby gaan omdat die krag van die liefde julle siele ten goede kom,

dat hy dus volwasse word en bowendien minder gevoelig is vir pyn.

199

Maar altyd is die graad van liefde bepalend welke voordeel die lydende by

so'n bewys van liefde het. En omdat dit in die aardse lewe alleen om die

volwasse word van die siel gaan en omdat daartoe baie moontlikhede

bestaan, moet die volwasse word as die vernaamste beskou word en

derhalwe nie verhinder word nie. Ware liefde weet ook waarom ‘n mens

moet ly, dit help hom dus om die lyding te verdra en dit sal dit vir hom

daarmee makliker maak om hom in oorgawe na My wil te voeg. En dan

neem Ekself die kruis van hom, maar sy siel het dan weer ‘n stap verder

gekom, want liefde en leed help hom om die doel te bereik.

Is die liefdegraad van ‘n mens nog gering dan sal die leed dikwels sterker

te voorskyn kom, om die loutering van sy siel te bespoedig. Nooit egter kan

die volledige loutering van ‘n siel bereik word deurdat ‘n ander mens vir

hierdie siel ly nie. Elke siel is vir homself verantwoordelik en elke siel moet

homself tot volwassenheid bring, wat egter altyd alleen maar deur liefde en

leed kan geskied. Dog die mate van die lyding hang altyd af van die graad

van die liefde.

Ek verhoor wel die gebed van hom wat homself aanbied om leed vir sy

medemens te dra, omdat hy dit uit liefde doen. En so laat Ek hom ook

deelneem aan hul smarte, maar hy verdra die lyding alleen maar vir die

loutering van sy eie siel. Hy neem wel uit liefde die ander se smarte weg,

maar dit dien hom alleen tot voltooiing, terwyl sy medemens egter vir

homself en die volwasse word van sy siel sorg moet dra, ook al is hy tydelik

van sy smart bevry.

Geen liefdewerk bly dus sonder uitwerking nie, dog waar en hoe die

uitwerking daarvan is word alleen deur My voorbehou, omdat Ek die staat

van volwassenheid van elke mens ken en Ek ook elkeen na die toestand

van sy volwassenheid sal gee. Ek lê elke mens op wat vir hom draaglik is,

en as dit vir hom te swaar lyk is dit voldoende dat hy alleen maar die

Kruisdraer Jesus Christus aanroep en waarlik, Hy sal hom bystaan. Hy sal

die kruis op Sy skouers neem wanneer hy dreig om daaronder te beswyk.

Maar elkeen moet self die weg na My in Jesus Christus vind, want Hy is

julle Verlosser. Hy sal julle verlos van sonde en dood, van siekte en leed,

sodra julle Hom in vaste geloof om Sy hulp aanroep. En solank julle nog op

aarde leef het julle ook die moontlikheid om Jesus na te volg en deur liefde

en leed julle doel te bereik en julle te voltooi. Amen

Kan die geestelike partikels ly gedurende die

hernieude kluistering?

8511 28 Mei 1963

Elke wese verloor weer sy ‘ek bewussyn’ wanneer hy as mens volledig

tekort geskiet het en die lot van die hernieude kluistering nie meer kan

misloop nie. En dit is die verskriklikste wat dit kan oorkom. Want ofskoon

die wese dan, deurdat dit opgelos is in ontelbare deeltjies, nie meer as ‘n

200

volledige wese gevoelens kan ervaar soos wat julle dit waarneem nie, so is

dit tog onvoorstelbare kwellings, omdat die wese eertyds in vryheid

geskape was en ook as mens al ‘n deel van sy vryheid teruggewen het,

terwyl dit nou ‘n geestelike is en hierdie kluistering as ‘n ontsettende

kwelling ondergaan.

Want ‘ek’ bewuste wesens was eens deel van My uitgestraalde krag, hulle

was in die hoogste graad lewensvatbaar, dus nie slegs dooie vorms nie.

Maar dit het hulle toe geword toe hulle van My afvallig geraak het. Want

toe die geestelike substansies verhard het, het die eintlike lewe daaruit

ontvlug, anders gesê, My krag het hierdie vorms nie meer met straling, wat

eers aan alles die lewe gegee het, vervul nie. En die opgeloste dele sal ook

weer solank sonder lewe wees, solank hulle nie deur My liefdeskrag

bestraal kan word nie.

Maar dat hierdie "dooie" deeltjies desondanks nog gevoelig kan wees, is vir

julle mense onbegryplik. Anders sou hulle egter nooit gereageer het

wanneer die mag van My liefde hulle gesoek het om te vang en te omsluit

nie, sodat die gevalle geestelike tot materie omvorm kan word. Want ook

sy weerstand is ‘n reaksie wat bewys dat die geestelike bepaalde kwellings

ondergaan en hom daarteen verset. En in hierdie toestand van kwelling

bevind die hele skepping homself, want dit is onderworpe aan ‘n wet

waarvan Ek self die Maker is. Hulle is gevange en moet hulle plaas onder

My wet van Ewigheid, wat vir die eertydse in vryheid geskape geestelike

besonder kwellend was. Maar as dit nie van hierdie kwelling kan bewus

word nie, dan sou daar ewiglik geen ommekeer meer vanuit die dooie

toestand moontlik gewees het nie.

Julle mense sal dit waarlik nooit kan begryp nie, maar julle moet dit glo.

Anders sou julle nooit ‘n afdaling in die diepte hoef te vrees nie en julle sou

totaal onverskillig wees oor wat daar met julle na die dood van julle

liggaam sal gebeur. Op aarde het julle weer die ‘ek’ bewussyn en julle is tot

op ‘n sekere hoogte vry en tog is julle nie heeltemal gelukkig nie, solank

julle nog nie deur ‘n volledige oorgawe die verbinding met My gevind het

nie. Solank julle leef, kan julle hierdie verbinding nog bereik, verloor julle

egter weer julle ‘ek’ bewussyn, dan is alle vryheid ook verlore. Julle

werksaamheid word dan weer volgens My wil bepaal en julle kan glad geen

eie wil gebruik nie. Julle sal dan geestelik in die diepste duisternis wees,

want julle sal niks weet oor julle bestaan nie, omdat julle opgelos is, en

moet altyd maar net die funksies uitoefen waarvoor julle God en Skepper

julle bestem het.

En as julle eenmaal in ‘n toestand van sielerypheid hierdie lang tyd in die

"jy moet toestand" kan deurkyk, dan sal julle ook van die onmeetlike

kwellings weet waardeur julle siele in ontelbare, telkens ander vorms moes

heengaan. En dan sal julle ook begryp waarom My liefde julle voortdurend

aanspoor en waarsku om dié ontsettende lot te ontglip. Want julle kan nie

meer tot "niet" gaan nie, omdat julle onverganklik is, julle kan slegs

201

eenvoudig opgelos word en sal bly bestaan en sal ook nooit sonder

gevoelens wees nie. Die mense moet altyd net aanvaar wat Ek hulle as

waarheid laat toekom. Want Ek wil onware veronderstellings regstel, soos

ook die dat die opgeloste geestelike geen vermoë tot gewaarwording het

nie, dus dat sy toestand een is van "nie wees nie." Dan sou die

ontwikkelingsgang tog geen volwassewording wees tot by die staat waar hy

weer as mens sy ‘ek’ bewussyn verkry nie. Want slegs deur lyding en diens

word die wesenlike, sowel vir sy beliggaming as mens, asook gedurende die

menswees verlos. Dit mag nie vergeet word watter verskriklike skuld die

wese op hom gelaai het deur sy afval van weleer nie en hoe hy hierdie

skuld nou weer vergroot as hy die laaste barmhartigheidstyd as mens

onbenut laat en weer in die diepte wegsink.

En ofskoon ‘n totale delging van sy skuld, deur die wese self, nie moontlik

is nie, moet hy tog boet en ly solank hy nie van die skuld bevry is deur die

Verlossingswerk van Jesus Christus nie. Om die werk van barmhartigheid

en ontferming van Jesus aan te neem in die aardse lewe, is die opdrag van

die mens, want daardeur sal hy maklik opwaarts kan gaan. Maar as hy nou

weer faal en geen hulp van Bo wil aanneem nie, as hy weer afgly na die

diepte, dan is dit ook begryplik dat sy lydensweg opnuut begin wanneer sy

siel weer opgelos word en weer die weg deur die skepping begin.

Ook aan die leed sal geen einde kom nie, totdat die groot skuld eenmaal

gedelg word deur Jesus Christus, as die wil van die mens nie berei word om

die weg te gaan na die kruis en van Hom vergewing van sy skuld afsmeek

nie. Hierdie groot barmhartigheid staan julle mense op aarde ter

beskikking. Maar as julle dit nie benut nie en daarby verbygaan, sal julle

leed ook geen einde kry nie, want julle bevind julle dan op ‘n groot afstand

van My, julle God en Skepper, en dit beteken onvryheid, ligloosheid en

kragteloosheid en sodoende sal julle ook nie salig word nie. Amen

Uitstorting van die Gees

8516 2 Junie 1963

Slegs na My kruisiging was dit moontlik vir My om My Gees uit te stort,

want voor dit was geen mens in staat om enige iets Goddelik in homself te

hê nie, omdat die mensdom nog deur die oersonde van verset teen God

belas was. My Gees is egter ‘n uitstraling van Myself en geen mens belas

deur skuld kan ‘n ontvanger van hierdie uitstraling wees nie, want die kloof

wat tussen ons bestaan was te diep.

Maar Ek, in die mens Jesus, het versoenning vir hierdie skuld gedoen en

elkeen wat My verlossingswerk aanvaar kan hom nou ook so voorberei dat

hy My uitstraling van liefde weer kan ontvang en dit beteken dat Ek Self in

die persoon kan woon en as bewys van My teenwoordigheid hom met My

Gees deurdring. Dan sal sy gedagtes en bedoelinge deur die krag van die

Gees bepaal word, Hy kan nie iets verkeerds dink en wil terwyl My Gees in

hom werk nie. Want hy laat My tenvolle bewus toe om in hom te werk, hy

202

maak homself oop deur sy intieme vereniging met My en laat My toe om

die lig straal van My liefde af te bring in sy hart wat alles verlig, wat hom

die helderste en duidelikste kennis gee, sodat die mens te voorskyn sal

kom uit sy huidige duisternis en in alle waarheid deur My Gees gelei word,

soos Ek dit beloof het.

Hierdie daad van die uitstorting van die Gees, wat in My disipels in volle sig

van alle mense plaasgevind het, moes deur My kruisiging voorafgegaan

word, My teenstander moes eers verslaan word, sodat hy nie meer in staat

was om die mense in duisternis te hou nie maar moes hulle vrylaat wat na

My gedraai het, wat hulle deur My laat verlos het, d.w.s. wat bewus My

groot daad van genade erken en deel wil wees daarvan. Dus die dood, die

ontsaglike geestelike duisternis, was oorwin vir hulle, hulle was in staat om

hulle voor te berei as houers vir die uitstorting van My Gees. Nou ervaar

hulle nie meer verkeerde gedagtes nie, hulle herken die waarheid en streef

ook tenvolle bewus daarna, hulle kom uit die staat van volle onwetendheid

te voorskyn, hulle word verlig. My Gees deurdring hulle en nou kom hulle

ook weer nader aan My, die klein vonkie van Gees, wat as deel van My

sluimerend in hulle gerus het, streef na die ewige vader-Gees waarmee hy

onafskeidelik verbind is. Baie eenvoudig gestel; die verbinding met My wat

eens vrywillig deur die wesens beëindig is, word weer herstel en ‘n wese

wat weer eens in kontak met My kom, die Ewige Lig, moet ook deur My lig

deurdring word en al sy gedagte sal dan slegs reg wees. Hy moet die

waarheid herken en dan moet die mens ook hierdie waarheid bevestig,

omdat hy deur My Gees aangespoor word om die waarheid aan al sy

medemense te verkondig. En dit was ook die missie van My eerste disipels,

wat die uitstorting van My Gees in staat gestel het om in die wêreld uit te

gaan en die Evangelie te verkondig aan alle nasies. Hulle moes self die

waarheid besit om dit deur te gee en alhoewel tydens My jare van onderrig

hulle in die waarheid deur My onderrig was, moes die uitstorting van My

Gees nietemin eers plaasvind sodat hulle dan helder en duidelik hul taak

kan herken en nie meer deur onwetendheid belas word nie, want hulle

word deur die Gees deur Myself onderrig, Wie met hulle bly soos Ek beloof

het.

En so sal Ek telkens weer My Gees op mense uitstort wat My wil dien, wat

hulle as houers voorberei waarin My Gees kan stroom en wie, soos My

eerste disipels, die waarheid aan mense wil bring wetende dat slegs die

suiwer waarheid mense in hul ontsaglike geestelike teëspoed kan help. En

My Gees sal in hulle effektief wees sodat die duisternis verdryf sal word en

die mense wat begeer om My te dien deur te help met die verlossing van

dwalende siele, weer reg sal dink. Geen persoon kan gee wat hy nie het

nie.

Nietemin, aan julle My dienare wil Ek oorvloedig gee, sodat julle dit weer

aan julle medemens kan gee wat dringend julle hulp benodig, omdat hulle

nie ‘n verhouding met My op hul eie tot stand kan bring nie. Maar julle wat

203

die samehang ken, kan hulle inlig en selfs hulle nou oorreed om hulle wil te

verander. En julle sal altyd geestelike kennis in oorvloed kan ontvang en

altyd wanneer julle vrae stel, sal dit beantwoord word sodat julle ook die

gewer sal kan herken, wat julle dan moet aan stuur, want baie mense en

die tallose siele in die koninkryk van die hiernamaals vra en verlang

betroubare antwoorde, wat hulle van julle sal kan ontvang, want Ek ken

alle gedagtes wat uit die hart kom en sal aan elke persoon gee volgens sy

taak.

En dit is My werking in julle die werking van My Gees, wat die eerste

disipels self ervaar het na My hemelvaart. Hulle moes ook telkens deur My

liefde bygestaan word, want om hulle taak uit te voer wat aan hulle deur

My gegee is vereis uitgebreide kennis en sonder My duidelike steun sou

hulle nie hierdie taak kon verwesenlik nie, want Ek onderrig hulle

voortdurend deur die Gees. Dus was dit nie nodig om bang te wees om as

lerare te werk of om vals geestelike kennis te versprei nie en hulle kon hul

amp goed uitvoer. Hulle was in staat om die Evangelie ooreenkomstig My

wil te verkondig.

En vandag gee Ek ook aan My laaste disipels op hierdie aarde dieselfde

taak om die waarheid na mense te neem, wat slegs direk uit My kan kom.

Want die aarde word oorspoel deur diepgaande duisternis, valsheid en

leuns is so wydverspreid dat die mense ‘n volkome opregte wil moet hê om

die waarheid te vind en dit dan ook as sulks te herken. Maar slegs deur

waarheid kan hulle geseënd word, omdat hulle slegs kan leer om My te ken

en lief te hê wanneer die suiwer waarheid oor My en My aard aan hulle

meegedeel word. En hierdie kennis, die suiwer waarheid, kan slegs aan

hulle deur My Gees gegee word, maar dit sal ook aan julle verduidelik

word, omdat Ek julle liefhet en julle slegs ‘n innige verbintenis met My deur

gelyke liefde tot stand moet bring om die geestelike vonk in julle te wek,

wat onafskeidelik met die ewige vader-Gees verbind is, om homself uit te

druk. Dan kan Ek Self met julle praat en julle in ‘n staat van bewustheid

plaas en dan sal julle ook weet wat julle moet doen om julle doel te bereik,

die eenwording met My terwyl julle nog op aarde is. Want wanneer Ek

julleself onderrig sal julle waarlik korek onderrig wees en sal julle sonder

twyfel julle taak op aarde verwesenlik en julleself in liefde verander, julle

sal weer julle oeraard aanvaar en sal geluksalig wees, soos julle in die

begin was. Amen

Waarheid is lig, duisternis is die gevolg van

liefdeloosheid

8519 5 Junie 1963

Wie soek, dié sal ook vind, dog nooit sal slegs die verstand kan beoordeel

wat waarheid en wat dwaling is nie. Sy wil om vas te staan in die suiwer

waarheid moet uit die diepste van die hart kom, dan sal ook die hart in

204

staat wees om waarheid van dwaling te onderskei. En daar is baie dwaling

in die wêreld versprei, sodat daar wel van ‘n digte duisternis gepraat kan

word, want slegs die waarheid is lig. En byna lyk dit asof die waarheid geen

ingang meer kan vind nie en deur die duisternis verslind word. Tog sal dit

steeds weer soos ‘n ligstraal deurbreek en opheldering bring aan die mens

wat vurig na die waarheid verlang. Dog suiwer verstandelik sal dit nie

verwerf kan word nie, anders sou intelligente mense ook altyd die waarheid

moes besit het en vir ‘n minder begaafde mens sou elke lig dan ‘n

verborgenheid wees. ‘n Ander faktor is egter beslissend om in die besit van

die suiwer waarheid te kom, naamlik: Die hart moet in staat en bereid wees

om lief te hê, dan word die lig in die mens self ontsteek en hy sal dan

waarheid van dwaling kan onderskei. Hy sal die waarheid begerig aanneem

en elke dwaling afwys. Dat die aarde nou in die diepste duisternis lê, is

gegrond in die liefdelose lewenswyse van die mens. Die liefdeloosheid is

sinoniem met die verduistering van die gees. Liefde alleen is die lig wat die

helderste insig skenk. Liefde wek die geestesvonk in die mens tot lewe en

liefde straal die lig van die wysheid uit. Wie dus ‘n hart het wat bereid is om

liefde te skenk, sal ook nie ten prooi val aan dwaling nie. Sy denke sal na

die waarheid wees, want hy is reeds deur die liefde met My verbonde en

dan kan My ligstraal in sy hart val en hom insig verskaf oor alles wat hy

begeer wat kennis betref.

Ook sal alleen ‘n liefdevolle mens daaroor nadink of hy reg dink, of hy die

waarheid besit of in dwaling verval het, wanneer geestelike leringe vir hom

aangebied word. Want dit laat ‘n liefdelose mens onverskillig of sy denke

korrek gelei word of nie. Dog gelukkig sal alleen die mens wees, wat die

waarheid herken en aanneem, want die waarheid sal hom vrymaak en sal

ook aan sy aardse lewe die egte inhoud gee. Slegs die waarheid sal hom

opheldering gee oor die sin en die doel van sy aardse bestaan. Die

waarheid sal altyd innerlike vrede besorg en hy sal die doel dat hy in die

waarheid glo en dit erken, waardig vind om na te strewe.

Deur die waarheid sal die mens ook nader aan My kom, hy sal My herken

en nastrewe en hy sal elke dwaling as teen My gerig beskou en afwys of

bestry. Ook sy aardse lewe sal vir hom dan waarde verkry; as kennis

volgens die waarheid aan hom gebring word oor elke samehang en die

korrekte verhouding van die mens tot God, sy Skepper en Bewaarder. En

hy sal op Hom afpyl in die besef, om die geluksaligheid te bereik wat hy

nog nie as mens vermag het om te ervaar nie. Die aardse lewe sal vir hom

dan eers sinvol voorkom, wanneer hy oor alles volgens waarheid onderrig

is.

Die duisternis daarenteen kan ‘n mens nie gelukkig maak nie en elke

dwaalleer is geestelike duisternis wat nooit ‘n mens kan verbly nie, maar

wat deurbreek moet word deur ‘n ligstraal, wat ‘n waarheidsgetroue kennis

beteken.

205

Hoe ryk is ‘n mens wat na die waarheid verlang, want hy sal dit ook

onherroeplik ontvang; omdat Ek die Waarheid self is en elke verlange na

My vervul sal word.

Maar dit is baie moeilik om in die diepte van die geestelike duisternis

waarin die mense momenteel verkeer, ‘n lig na binne te bring; juis omdat

die mense blind is en ook nie meer in staat is om ‘n ligstraal te sien nie.

Hulle oë is deur verblindende ligte verswak en kan nie meer ‘n sagte

ligstraal onderskei nie. En hierdie skynligte jaag hulle na en hulle beland in

steeds dieper duisternis. Hulle kan egter nie gedwing word om ‘n egte lig

aan te neem nie. Hulle moet in die duisternis met hulle hele hart na ‘n

ligstraal verlang, dan sal dit ook in hulle ontbrand en hulle so weldadig

maak dat hulle die duisternis sal wil ontvlug. Ek laat steeds weer die lig na

die aarde straal en Ek ken die wat na die waarheid verlang. En waarlik, hy

sal dit ontvang, maar ‘n ernstige verlange daarna moet dit voorafgaan. Die

wil van elke mens is egter vry, en wend hy homself na die lig, dan sal hy

dit waarlik nie hoef te betreur nie. Soek hy egter die duisternis, dan sal hy

in die duisternis omkom, want dit sal hom altyd maar net binne bereik van

My teenstander plaas; terwyl die waarheid na My lei, wat slegs deur die

waarheid te bereik is. Want die waarheid gee julle ‘n duidelike beeld wat

julle nodig het vir julle siele, sodoende is die waarheid die weg wat na My

en na die Ewige Lewe lei. Die waarheid is die lig wat van My uitstraal in

elke mensehart wat in liefde leef en homself by My; as die ewige Liefde, wil

aansluit. Hy sal sy doel bereik en met lig deurstraal terugkeer in sy

Vaderhuis. Amen

Die voorwaarde om volmaaktheid op aarde te bereik

8520 6 Junie 1963

Julle mense moet weet dat julle swak is terwyl julle siele nog op aarde in

die vlees wandel en dat julle My om krag moet vra te alle tye, as julle, julle

doel wil bereik, volmaaktheid terwyl julle nog op aarde is. Omdat slegs die

krag uit My julle wil sal versterk, wat swak is solank die teenstander mense

kan beïnvloed, omdat hulle nog nie volmaak is nie. Dit is presies julle wil

wat hy altyd sal verswak en dit was vir die versterking van julle wil dat Ek

op die kruis gesterf het; dit is waarom julle die genade moet benut wat vir

julle verkry is; krag en versterking van julle wil. En julle swakheid van wil

sal altyd hierin tot uiting kom, dat julle nog nie geheel van die wêreld kan

skei nie. Julle bevind julleself inderdaad nog te midde van die wêreld en

moet daarom aan alle eise voldoen. Maar daar is ‘n verskil tussen of julle

slegs julle verantwoordelikhede uitvoer of, of julle nog van die wêreldse

plesier wil geniet, of julle harte hom volledig van wêreldse verlange bevry

het, of nog na wêreldse genietinge hunker, want dan is julle strewe na

geestelike volmaaktheid nog swak, julle doel na My en begeerte om met My

te verenig nog nie onverdeeld nie. Julle maak nog toegewings, maar julle

moet krag aanwend. Julle moet ernstig strewe na verbreking met die

206

wêreld, waarvoor julle krag nodig het, wat julle telkens weer moet vra en

wat julle ook altyd sal ontvang.

Julle ernstig wil, of dit na die Koningkryk van die teenstander leuen, is

daarom beslissend. En daar weer is dit julle graad van liefde wat die rigting

bepaal wat julle wil op besluit, omdat waar die liefde die harte vul, daar sal

Ek en My Koningkryk altyd wensenliker wees as die wêreld met sy

wêreldsheid. Ondersoek julleself daarom oor hoe ver julle, julle eieliefde

oorwin het, in welke mate julle met onselfsugtige liefde vervul is teenoor

julle naaste, want dit is gelyk aan julle liefde vir My. Slegs hierdie liefde

vestig ’n eenheid met My, nie slegs ‘n verlange na My nie, wat ook ‘n vorm

van eieliefde kan wees, om die hoogste verrukkinge van salige eenheid met

My te wen. Die regte liefde vir My word gedemonstreer slegs deur

onselfsugtige liefde vir julle naaste en dit alleen verhoog die graad van

liefde.

solank julle nog na klein plesiertjies vir julleself hunker, sal julle ook moet

strewe om klein plesiertjies vir julle naaste te bewerk, sonder om wêreldse

of geestelike beloning te verwag, maar innerlik gedryf deur die wens om

plesier en geluk te bewerk. Sulke demonstrasies van onselfsugtig liefde sal

julle wese veredel, julle sal julle eie geluk vind om ander geluk te bring,

omdat julle liefde voortdurend sterker sal groei en in dieselfde mate sal

julle liefde vir die wêreld verminder. En dit is waarom julle ernstig sal moet

werk maak om julle naaste lief te hê soos julleself.

Julle volmaaktheid is afhanklik slegs van die graad van liefde wat julle op

aarde bereik. Julle kan "Kinders van God" genoem word slegs wanneer

julle, julle medemense sien as uit die Vader voortgekom en daarom hulle

ook die liefde wys, wat één broer vir ‘n ander voel en alles aan hom doen

wat julleself wens om te ontvang. Onderwerp altyd julle naasteliefde aan

ernstige kritiek en werk aan julleself. Eis die krag van My en julle sal julle

doel bereik, maar uit julle eie krag sal julle nie in staat wees om enige iets

te doen nie.

Maar Ek wil dat julle op aarde volmaak word, daarom sal Ek julle op elke

manier help sodra julle wil ernstig is. Maar julle sal altyd krag moet toepas,

solank die aarde julle gebonde hou. Maar as julle van die wêreld kan skei,

word die bereiking van julle doel reëlmatig makliker en julle kan dan tereg

sê: "My juk is sag en my las is lig". Dan sal julle nie meer krag hoef toe te

pas nie, aangesien julle dan met krag gevul word en julle slegs na My

streef; omdat die liefde in julle die krag is wat ook alles bereik.

En julle sal dan ook begryp dat ‘n liefdevolle mens vol nederigheid is, wat

tot uitdrukking kom in die gedrag teenoor julle medemens, aan wie julle

wys dat julle op dieselfe vlak is. Vergeet nooit dat die liefde aan julle

naaste die maat van onselfsugtig liefde is waarmee julle, julle graad van

liefde vir My moet bewys. Want, "hoe kan julle Iemand liefhê Wie julle nie

kan sien nie, as julle nie julle broer liefhet wat julle kan sien nie"? En so

kan julle wel na My oorleun, wat ook waarborg dat Ek julle sal gryp en julle

207

ook nooit weer laat val nie; maar julleself bepaal die graad van julle

volmaaktheid en dit slegs deur die graad van liefde vir julle naaste.

Maar julle kan dit bereik as julle ernstig julle wil ondergeskik maak aan

Myne, dan sal julle altyd handel, dink en wil soos Ek en julle sal beslis julle

doel bereik op aarde, om met My te verenig en vir alle ewigheid salig te

wees. Amen

Kenmerk van valse christusse en profete -

die Verlossing

8521 7 Junie 1963

Waar baie lig is, is ook baie skadu. En so sal daar, waar My suiwere woord

neerstraal na die aarde, ook baie dwaling heengelei word, want My

teenstander probeer die lig uit die hoë te verdoof of te vertroebel sodat dit

sy intensiteit sal verloor. En so ook is dit te verklaar dat hy die mense

probeer mislei met skynbaar dieselfde gawe, dat hy die mense bedrieg met

die stuur van boodskappe uit die duistere wêreld, wat hy in dieselfde vorm

probeer aan bied, wat egter duidelik sy teenstrydige werksaamheid verraai,

want dit lei die mense weg van die vernaamste: van die suiwere waarheid

oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk. Want die verlossing van die siele

deur Jesus Christus wil hy verhinder, sodat hy sy aanhang behou in wie hy

sy mag sien.

Daar sal baie geestelike leringe aangebied word en almal sal hul daarop

beroep om “van bo” ontvang te wees. Want My teenstander is nie sku om

hom as ‘n ligengel te vermom om die denke van die mense in verwarring te

bring nie. En Ek kan sy handelinge nie teengaan nie, want dit is tog die

mense self wat hom die reg verleen. Want meestal is dit hulle verlange na

ongewone belewenisse wat My teenstander die geleentheid bied om self in

te gryp en hul geestelike leerstellings te laat toekom wat waardeloos, so nie

baie gevaarlik is vir die siel van die mens. Die verlange na ongewone

belewenisse is by baie mense sterk en daarom is hulle nie krities genoeg

teenoor hulself. Wanneer hulle hul in ernstige wil, tot Myself wend om

beskerming teen valse denke nie, wanneer dit vir hulle werklik gaan om die

suiwere waarheid, dan word hulle waarlik ook beskerm en My teenstander

sal hulle nie kan beïnvloed nie, omdat die innerlike afweering van hom deur

Myself in die hart gelê word.

Maar meestal het hulle die weg gebaan vir die verkeer met die wêreld

hierna en self is hulle nie in staat om te ondersoek of hul waarheid of

dwaling gestuur word nie. En hierdie instelling van die mense maak die

geestelike wesens hulle tot nut, deurdat hulle die mense mededelinge gee

wat hulle sonder ondersoek as waarheid aanneem en daarom kan My

teenstander voortdurend ingryp. En dat dit hom slegs daar aan geleë is om

die duisternis digter te maak en die mense die weg na My te versper. Dat

208

hy alles sal doen om die mense van die verlossing deur Jesus Christus af te

hou, dit is maklik te begryp omdat die einde naby is.

Oral word sulke verbindinge met die geestelike wêreld tot stand gebring en

die mense sal liewer hierdie geestelike leringe aanneem as die suiwer

waarheid, wat hul van My kant gestuur word. Maar die vrye wil van die

mens sal Ek nie beïnvloed nie, Ek sal egter weer opheldering gee en almal

wat ernstig na die suiwer waarheid streef, sal hierdie ook herken en die

dwaling afwys.

En steeds weer sal Ek julle die kenmerke aangee. Ek sal julle. wat My wil

dien ‘n helder onderskeidings vermoë gee, sodat julleself sal kan ondersoek

en julle ook weer julle medemens duidelike sal kan onderrigting gee,

waardeur ook hulleself in staat is om die dwaling te herken en hulle

daarvan te bevry. Julle sal seker daarvan kan wees dat geen enkele mens

wat ernstig na die waarheid streef, verstrik raak in die warboel van leuens

en dwalinge nie, wat My teenstander goed kan produseer. Wie egter sonder

om te ondersoek aanneem, het geen sterk verlange na die waarheid nie en

daarom kan hy ook nie deur My beskerm word nie, want ook My

teenstander het die reg om te stry vir alle siele, sodat hy hulle nie verloor

nie, omdat hulle hom eens vrywillig gevolg het en hy gedurende sy bestaan

hom die reg gee om hom te gebruik en alleen die wil van die mens self die

teenstander sonder verset aanvaar.

Julle sal nog baie hoor oor sy handel en julle sal steeds opmerksamer moet

wees op alles wat om julle gebeur. En julle moet alleen na My en My

beskerming verlang, wat Ek julle waarlik nie sal onthou nie. Ek het julle

voortdurend gewaarsku teen valse christusse en valse profete. En hoe

dikwels nog sal die mense julle op ‘n dwaalspoor probeer bring en hoe

dikwels hulle bedien van die heiligste name om vir julle die dwaling en die

leuen aantreklik te maak. Maar julle moet, sodra dit julle erns is om die

waarheid te weet, op julle innerlike gevoel let wat steeds die dwaling sal

afwys. En vertrou julle ten alle tye toe aan My en My genade, want sodra

julle wil na My gekeer is, het My teenstander alle mag oor julle verloor.

Valse christusse en valse profete sal julle altyd in versoeking bring tot aan

die einde, julle sal hulle egter kan herken, want hulle sal die

verlossingswerk van Jesus nie na vore bring en nie probeer om julle,

daartoe te bring om die weg na kruis te neem om vry te word van julle

sondeskuld nie. En julle sal dan ook weet dat julle nie na waarheid onderrig

word nie en julle sal sonder beswaar alles kan afwys wat julle van die kant

aangebied word. Waar daar onbekendheid met die betekenis van die

verlossingswerk is, die geestelike duisternis moet deur die lig van die

suiwere waarheid deurbreek word.

Oral moet van Jesus en Sy verlossingswerk melding gemaak word deur

daarop te wys dat die verlossing – die vergewing van sonde deur Jesus

Christus - die vernaamste is wat in die aardse lewe bereik moet word om

binne te kan gaan in die ryk van lig en geluksaligheid. En die kennis word

209

julle steeds weer van bo gestuur deur My woord. Nooit egter klink My

woord daar waar daaroor geen uitsluitsel gegee word of Sy groot werk van

erbarming geloon of verkleineer word nie. Daarom, waak teen valse

christusse en valse profete, want hulle maak die duisternis wat oor die

aarde gesprei lê alleen maar groter, maar hulle skenk geen lig nie. Amen

Ewig weerklink die Woord van God

8522 8 Junie 1963

Ek het beloof om by julle te bly tot aan die einde van die wêreld, daarom

sal My woord vir ewig weerklink vir julle My geskapenes, as ‘n teken van

My teenwoordigheid. Vir ewig sal die verbinding weer herstel wees tussen

julle God en Skepper van ewigheid en Sy wesens wat deur Hom

voortgebring is. Vir ewig sal My Liefde Homself toon deurdat Hy julle sal

aanspreek, omdat Hy in die begin die grootste saligheid daarin gevind het

om met Sy geskapenes deur die woord gemeenskap te hê. Want die

saligheid van alle wesens bestaan vir ewig daarin om My liefdeskrag sonder

ophou te ontvang en hierdie groot kraguitstraling kom tot uitdrukking deur

My toespreking.

Ek openbaar My dus Self deur die "woord". Ek bring My gedagtes na julle

oor en vind My saligheid weer daarin om julle tot ‘n wederwoord aan te

spoor, waardeur ‘n gesprek kan plaasvind tussen Vader en kind, wat reeds

saligheid beteken. En hoe volmaakter die toestand van die wese is, des te

duideliker weerklink My stem in die hart, wat geestelik so te sien is dat die

wese verkeer in die suiwerste erkentenis en in gelyke wil en gedagtes soos

Ek. Hy is dan deur sy volmaaktheid ook innig met My verbind.

Maar ook in ‘n laer toestand van volwassenheid kan die wese My waarneem

wanneer hy, bewus van homself, die verbinding met My herstel, maar dan

is ook die graad van saligheid laer. Sodra die wese egter weer ‘n verbinding

het met My, het hy ook weer tot "lewe" gekom en die toestand van "dood"

waarin My woord uitgesluit word, is oorwin .

Baie min mense weet dat hulle God en Skepper tot hulle wil spreek en dat

hulle Hom sou kon hoor as hulle sou lewe volgens Sy wil. Heel weinig

mense ervaar die geluk van ‘n direkte aanspreking en die ingaan in ‘n

innige verhouding met Hom. En as hulle medemens hiervan hoor, is dit vir

hulle ongeloofwaardig en hulle maak diegene wat hulle hiervan vertel,

belaglik. Maar My woord sal bly bestaan, al sal ook Hemel en aarde ophou

om te bestaan. Ook hierdie belofte word meestal verkeerd deur julle mense

uitgelê, want julle glo dat die geskrewe woord onveranderd behoue gebly

het. Juis daarom is dit nodig dat My woord steeds weer opnuut na die aarde

gebring word, omdat die wil van die mense niks onveranderd laat nie en die

suiwerheid van die eens gesproke woord nie gewaarborg bly nie.

Maar tog het My belofte, dat My woord sal bly bestaan nog ‘n diepere

betekenis. Steeds en ewig sal My woord die verbinding verseker van al die

geskapenes met My. Steeds en ewig sal My skepsele My mag verneem,

210

want dit is hulle saligheid, want daardeur word hulle direk of in gedagtes

deur My aangespreek en hulle weet wat My wil is en dra dieselfde wil nou

ook in hulleself. Hulle mag nou ook met hul God en Skepper omgaan net

soos kinders omgaan met hulle Vader. En dan vervul hulle die diepste

erkenning en die hoogste wysheid, en ‘n waarheidsgetroue kennis maak

hulle dan grensloos gelukkig. Al dié gebeure is die resultaat van die

uitwisseling met My deur die woord. Kon My woord nie weerklink in die hart

van alle wesens nie, dan kon daar ook geen ware lewe wees nie, want net

My woord is die lewe, die krag en ook die geluksaligheid. Anders sou Ek vir

My geskapenes ‘n ewige ver verwyderde God wees, dus onbereikbaar. Daar

sou dan geen verbinding met My bestaan het nie en My woord sou dus ook

geen uitwerking hê nie.

Daarom spreek Ek: "Ek bly by julle tot aan die einde". Sonder My en My

teenwoordigheid sou julle nie meer daar gewees het nie, tensy julle nog

moes behoort aan My teenstander, in wie se gebied Ek nie sal binnedring

nie, omdat julle terugkeer tot My, vrywillig moet gebeur. Sodra julle

julleself van hom losgemaak het en ernstig na My sal streef, sal My woord

ook in julle weerklink. Eers baie sag deur die "stem van die gewete', maar

dan steeds duideliker sal julle My stem kan verneem, soos wat julle julleself

meer en meer aan My oorgee. Want daardeur sal julle die innerlike drang

bespeur om met My in julle gedagtes te spreek. En dan sal daar ook een

antwoord kom wat julle egter in die begin nie as My antwoord besef nie,

maar as julle eie gedagtes se resultaat aansien. Maar hoe meer julle

julleself terugtrek van die wêreld en net vir My soek, des te luider sal My

stem in julle harte weerklink en die geloof in My aanspreek wat julle

daartoe bekwaam maak om My stem bewustelik te verwag.

En julle sal My kan verneem, want dit lê slegs by die graad van

volwassenheid van julle sielee. Dit lê in die graad van liefde tot My en julle

naaste, op welke wyse julle My en My woord sal verneem. En omdat julle,

as toebehorend aan My, ook stadig opwaarts styg, daarom sal My woord

julle ook nie meer verlaat nie. Ek sal by julle wees en bly en julle steeds en

ewig aanspreek en Ek sal julle saligheid gedurig verhoog deur ‘n blywende

uitwisseling met My, deur My woord. Amen

Julle sal deur genade salig moet word

8527 13 Junie 1963

Bly met My ten seerste verbind en Ek sal My genade onbeperk oor julle

uitstort. Julle moet dit alleen dankbaar in ontvangs neem, en julle sal ook

My liefdegawe nie afwys wanneer julle julleself by My aansluit, wanneer

julle bid of liefdewerke verrig en daardeur met My verbind is. Alles wat julle

help om opwaarts te gaan, gee Ek julle en dit is genade, omdat dit

geskenke van My Liefde is, wat nie julle eie verdienste is nie, omdat julle

eens My Liefde afgewys het en dus ook geen reg meer daarop het nie.

211

Maar My Liefde is baie groot en Ek wil dit weg gee, daarom volg Ek julle en

bied julle My genadegawe aan wat vir julle waarlik van betekenis is, want

dit is die middele wat julle volwasse word moontlik maak. En julle

lewensloop word deur My so gestuur dat alle gebeurtenisse vir julle beswil

kan wees. Dus alles is genade wat julle in die lewe oorkom, want dit kan

julle positiewe ontwikkeling in die hand werk. Maar hoe julle al hierdie

genade benut, bly aan julleself oorgelaat, want dwang kom van My kant nie

in aanmerking nie. Ek gee julle geskenke, maar dwing julle nie om dit aan

te neem nie, daaroor moet julle vrye wil beslis.

Maar sonder My hulp sou julle totaal nie by magte wees om nog op aarde

volwasse te word nie, soek julle egter uit julleself kontak met My, dan

benut julle ook stellig die genadegawe wat Ek julle aanbied, want die

verbinding met My bewys dat julle wil na My toe gekeer is en sal julle dan

ook aan My wil ondergeskik maak en dus ook My Liefde herken in alles wat

julle oorkom. En julle sal vanuit genade salig word.

Die hele lewe op aarde as mens is ‘n genade omdat Ek julle die laaste

moontlikheid ontsluit om weer as ‘n volmaakte geestelike wese terug te

keer in die ryk wat julle eens vrywillig verlaat het. En wat van My kant af

kan gebeur, om die mens tydens die aardse lewe te help om hom te

vervolmaak, geskied ook. Dit alles is genade wat My Liefde aan My

skepsele laat toekom, waarop geen wese aanspraak kan maak nie, omdat

hulle My eens vrywillig verlaat het, maar dit My groot Liefde laat sien, wat

Ek as Vader vir My kinders voel. Die groot swakheid van die mense, hul

gebrekkigheid, wil Ek verhelp en hulle soveel genade en krag laat toekom,

dat hulself die terugkeer na My kan realiseer, ook wil Ek hulle wil versterk,

wat self ‘n begin moet maak met die werk om hom te omvorm. Ek sal niks

agterweë laat wat daartoe sou kan bydra dat die siel na My opklim nie,

slegs eending kan Ek nie: om julle wil onvry te maak en julle met geweld

omhoog trek.

Daarom stel julleself ook aan die toevoer van My genade grense, want as

julle nie vrywillig daarvan gebruik maak nie bly dit ook sonder resultaat, al

sou My diepe Liefde julle heel graag vir My wil wen. Dog Ek sal die vrye nie

onvry maak nie, Ek sal geen mens se vrye wil beperk nie. En dit is die

verklaring vir die lae geestelike vlak van die mense, wat almal My

genadegawes onbenut laat en geen aandag daar aan bestee nie en daarom

geen stap verder kom in hul ontwikkeling nie en daarom ook nog eenmaal

voor ‘n finale beslissing geplaas word in die laaste geloofstryd, waarin hulle

verantwoordelikheid hul onder oë gebring sal word. Want dit hang ook dan

weer van hulself af, hoe hulle instelling is teenoor My, teenoor hul God en

Skepper, Wie hulle eens nie wou erken nie en daarom ongelukkig geword

het.

Ook nou is alleen die ware wilsbeslissing nodig, dat die mens in groot mate

hulp gebied word, wat hom ook nou weer genade sonder mate ter

beskikking staan en dat hy waarlik ook die doel kan bereik om die

212

definitiewe vereniging met My tot stand te bring, wat hom weer tot My kind

maak, tot die oerwese wat hy was in die allereerste begin.

Op alle maniere probeer Ek die mens se wil wat nog teen My gerig is, te

verander, op alle maniere bied Ek die mens My Liefde aan en hy hoef hom

alleen maar daar deur aangeraak te voel om dan ook My sy hele wil te

skenk. Maar alles moet vrywillig gebeur. En daartoe moet My woord help,

wat uit die hoë na benede na die aarde klink. My woord moet die mense

aanspoor om die gebooie van My Liefde ten volle te ontplooi en waarlik die

mens sal hom nou vrywillig na My keer, omdat hy met alle werk van liefde

ook die verbintenis met My tot stand bring en Ek hom nou ook vashou en

ewig nie meer laat los nie.

Daarom is My woord van bo die grootste en doeltreffendste genadegawe

wat julle almal moet ontvang, en julle alleen maar julle harte hoef te open

wanneer julle deur My aangespreek word, want dan skenk julle My julle wil

en Ek laat julle nie meer van My weggaan nie. Ek begelei julle op al julle

weë en julle sal steeds dikwels die verbinding met My tot stand bring,

omdat julle My nie meer uit julle gedagtes sal loslaat nie.

Dan benut julle ook alle genade reg, julle neem alle geleendhede ten baat,

waar julle werk van liefde sal kan verrig, want die toevoer van My genade

beteken ook toevoer van krag wat julle steeds kan benut om werk van

liefde te verrig. En dan het julle waarlik vanuit genade salig geword en julle

sal as My kinders terugkeer in julle Vaderhuis. Amen

Die Openbaring van Johannes

8535 20 Junie 1963

Alles wat met My Woord ooreenstem kan deur julle aanvaar en bevestig

word. En so sal julle ook weet hoe om geestelike konsepte te beoordeel wat

julle aangebied word. Want dit is wat julle, wat direk deur My onderrig

word, in staat moet wees om te doen. Want dit word van julle verwag om

alles te verwerp wat verkeerd is en julle medemens te adviseer om dit nie

te aanvaar nie.

‘n deel van die verspreiding van die suiwer waarheid van My sluit in om ook

foute aan die kaak te stel as komende van die teenstander en om julleself

en ook julle medemens teen sy invloed te beskerm. Hy maak ook gebruik

van menselike houers om die suiwer waarheid te ondermyn, want hy

veroorsaak verwarring onder die mense wat nie meer weet wat om aan te

neem nie. Maar sodra julle herken dat My teenstander aan die werk is, is

dit ook julle plig om aksie teen dit te neem. En daarom wil Ek julle ‘n

verduideliking gee wat nogmaals slegs aan julle gegee kan word deur die

Een wat alles weet, aan wie niks verborge is nie en Wie hierdie kennis deur

die Gees kan meedeel:

Baie dinge is vir julle mense verborge wat slegs Ek aan julle kan openbaar.

En Ek het altyd sieners en profete oor gebeurtenisse ingelig wat nog in die

verre toekoms was. Nogtans, as gevolg van die staat van die mense se

213

volwassenheid was My voorspellings of visies gewoonlik versluierd en vereis

altyd ‘n gewekte gees om dit reg te verstaan. En aangesien baie profesië op

die laatste dae voor die einde betrekking het bly hulle ook onbegryplik vir

die mense, omdat Ek Self die sluier wil lig wanneer die tyd reg is. Die visies

wat hulle gesien het was selfs vir My profete verborge, want hulle beskryf

dit gedeeltelik aangespoor en gedeeltelik ingelig deur My Gees, wat hulle

ook dinge in die verre toekoms laat sien en dit aankondig. En so ontstaan

die geskrifte en tot nou toe bewaar, wat die visies van My dissipel Johannes

beskryf. Geskrifte, wat in die laatste dae voor die einde verklaar sal word

en wat voor die tyd sonder betekenis vir die mense was en gevolglik nie

begryp was deur hulle nie. Maar tog het dit ‘n diepgaande betekenis, dit

beeld slegs uit wat My dissipel wat die geestelike visie ontvang het, gesien

het, maar nie sy visies self kon interpreteer nie omdat dit nie vir hom of sy

medemens voordelig sou wees nie, aangesien die hele ontwikkelings tyd

nog voor hulle was, wat vir die Verlossings werk van Jesus Christus gebruik

moes word, maar kennis van die betekenis van die visies sou alle geestelike

krag smoor en dus die vrye wil beperk het. Want Ek het geweet dat my

teenstander se aktiwiteite enorme afmetings sou aanneem aan die einde

van die verlossingsperiode en dat die lae vlak van die mensdom se

geestelikheid aan die einde so wydverspreid sal wees dat die ware kennis

van dit die mense sou beskadig.

Maar Ek laat My dissipel toe om al hierdie manifestasies van die einde

geestelik te sien, maar in ‘n gewekte staat. Toe hy sy visies opteken, het

hy slegs beelde gesien wat hyself nie verstaan het nie, wat volgens My wil

was.

Julle kan nie anders as om die aktiwiteite van satan in die laatste dae te

herken nie, maar julle mense het geen idee van die enorme geestelike

ramp wat sy aktiwiteite oor alle mense sal bring nie. My dissipel het die

duidelik stand van sake in die laatste dae gesien en ook die aktiwiteite van

My teenstander wat die oorsaak vir die verskriklike visie was, wat sy

aktiwiteit figuurlik toon en wat slegs vir mense versluierd bly omdat hulle

hul geestelike inspanning sou opgee; gesien die mislukking en die opperste

beheer van My teenstander.

Maar Johannes sien ook die val in die diepte en My teenstander se

gevangenskap en om die rede was die visie van die dissipel bedoel om

bewaar te bly, een dag sal hulle alles verstaan, al is dit eers in die

geestelike koninkryk wanneer hul geestelike staat sal veroorsaak dat hulle

verstaan. En so weet julle hoe om boodskappe te evalueer wat na bewering

van bo kom en tog voortkom van onder. Julle weet dat alles wat My Woord

teenspreek verkeerde geestelike kennis is en in die besonder die aktiwiteit

van My teenstander in die laatste dae uitlig, wat verwarring wil veroorsaak

waar moontlik en wat My naam gebruik as vermomming om geglo te word.

Wees waaksaam en moet nie toelaat om in die duisternis gedryf te word

nie.

214

Wanneer ‘n helder lig vir julle skyn wat duidelik die weg na My wys, Wie

nog al die mense voor die einde wil red wat die wil het om gered te word.

Soek My in alle opregtheid en waarlik, Ek sal julle nie in die hande van My

teenstander laat val nie, Ek sal julle gedagtes verlig as julle slegs My opreg

om die suiwer waarheid vra. Maar julle sal dit dan deur julle harte ontvang,

sodat julle intellek nie betrokke is nie, want My teenstander maak gebruik

van die intellek solank die hart hom nie verwerp nie.

Julle moet tenvolle bewustelik julle verbinding met hom breek wat die

wêreld wil bederf. Julle moet dig met My verenig en julle op My beroep vir

My beskerming teen sy invloed. En waarlik, julle gebed sal verhoor word

sodra dit tot My in gees en in waarheid gestuur word. Amen

God wil ons vrae beantwoord - Dwaling

8536 21 Junie 1963

Glo, en laat geen twyfel in julle opkom nie, want My woord wat vir julle uit

die hoogte weerklink is waarheid en alles sal gebeur soos wat dit aan julle

verkondig word. Glo dat daar wel baie vir julle onbegryplik sal wees, solank

julle nog nie in alle dieptes van die wysheid kan binnedring nie, maar wat

Ek julle leer, sal vir julle nog begryplik word, as die tyd daarvoor gekom

het.

Steeds weer sê Ek dat Ek julle onderrig na die maat van julle graad van

volwassenheid, wat julle te alle tye kan verhoog en dat daar ook antwoorde

tot julle sal kom op vrae wat die mense op aarde, of die wesens in die

hiernamaals sal stel en wat Ek aan hulle deur julle beantwoord. Die diepste

insig in My skeppings en heilsplan sal julle egter eers dan besit in die

stadium van hoë sielevolmaaktheid, dan sal alles vir julle duidelik wees,

ook dit, wat julle nou nog aanleiding tot twyfel gee.

Van My af kan slegs die suiwerste waarheid uitgaan en dat Ek Self deur My

Gees in julle werk, sal aanvaar moet word, omdat Ek Self op hierdie gang

van sake gewys het toe Ek op die aarde geleef het. En julle kan My nie as

leuenaar uitmaak nie, want Ek is die Waarheid Self. Oor die

ontwikkelingsgang van die skepping kan julle eers grondig onderrig word,

as julleself julle voltooiing bereik het en word julle vooraf reeds ietwat

kennis bygebring, dan sal julle steeds weer vrae stel en dit wil Ek bereik,

omdat Ek julle steeds meer kan laat weet, hoe meer julle julleself met

gedagtes sal besighou met vrae wat steeds net Ek Self vir julle sal kan

beantwoord.

Ek wil ook altyd weer julle gedagtes opwek, as julle dieper in die geheime

van die skepping probeer binnedring, omdat Ek julle wil onderrig. Ek wil

julle die waarheid gee, maar daarvoor is julle verlange nodig om julle

sonder beperking te kan verryk met kennis, wat reik tot in gebiede wat nie

met die verstand deurgrond kan word nie. Want hoe dieper julle kennis is,

des te meer staan julle in die lig. En dan kan die duisternis julle vir ewig nie

meer bang maak nie.

215

Ek spoor julle ook steeds weer aan om vrae te stel, omdat julle aan die

antwoord ook My liefde tot julle besef, Wie elke versoek van julle wil

vervul. Want sodra julle vra en ‘n antwoord verwag, open julle, julle harte

vir My en dit beteken ook dat julle My by julle laat binnekom, dat julle met

My verbonde wil wees. En slegs daarop wag Ek, om My barmhartigheids-

gawes onbeperk te kan uitdeel.

En so sal Ek julle ook steeds oor dwaling opheldering gee, want dit stort die

siele in die verderf. Ek sal julle denke Self verlig, sodat julle na My wil sal

handel en teen die dwaling sal stry. Want die dwaling rig in die eindtyd

groot verwarring aan, omdat die mense veel eerder die dwaling vir die

waarheid aanneem, as om hulself te laat oortuig deur die suiwer waarheid.

En daardeur bly hulle binne die bereik van My teenstander in die duisternis

en vind nie meer die weg terug nie. Aan julle wat My Woord ontvang, is die

opdrag gestel om teen die dwaling te stry en steeds weer die waarheid

daarteenoor te stel, wat vir elke mens met ‘n goeie wil ook aanneembaar

sal wees. En steeds sal Ek julle ook bystaan sodat julle korrek sal dink en

handel en dat julle sal praat indien Ek dit van julle verlang, want julle het

julleself vrywillig aangebied om My te dien en Ek het julle diens

aangeneem. Julle sal nou ook in My wil werksaam wees en Ek kan daarom

ook ‘n opdrag aan julle toevertrou wat steeds maar weer die verspreiding

van die waarheid is en wat die stryd teen die dwaling raak. En daarom sal

alles ook so op julle afkom, dat julle volgens julle gevoel daarop sal

reageer, omdat Ek Self die gevoel in julle opwek, dus julle gedagtes ook so

sal lei, soos wat dit vir julle opdrag dienstig is.

My teenstander werk met lis en bedrog. Ek sal egter teen hom ingaan en sy

dryfveer aan die lig bring. Maar dit lê aan die mense self of hulle na My sal

luister en My woorde glo. Maar slegs liefde kan die suiwer waarheid herken

waar die liefde ontbreek, is weinig resultaat te verwag. Tog moet die

waarheid aan die mense onthul word, oor My teenstander, wat homself ook

as ‘n ligengel kamoefleer en nie daarvoor terugdeins om homself van My

Naam te bedien nie, om hulle te mislei en op ‘n weg te trek wat gevaarlik

is, omdat hy na die afgrond voer, as die mense nie betyds hulle manier van

doen insien en die korrekte weg kies nie. En Ek wil julle daarmee help, as

julle julleself maar tot My sal wend en My om die suiwer waarheid bid.

Amen

Die Heer sorg vir Sy dienaars

8540 25 Junie 1963

Ek is altyd bereid om julle van wêreldse sorge te verlos as julle as My

dienaars in My wingert wil werk. Sonder My kan julle niks doen nie! So

moet My seën met julle werk wees as dit suksesvol moet wees. En

aangesien julle slegs na geestelike sukses streef, aangesien julle bereid is

om My in julle liefde vir My en julle medemense te dien, kan julle van My

seën en My steun verseker wees. Julle sal altyd gelei word op so’n manier

216

as wat Ek as goed en suksesvol vir julle eie siel asook vir die siele van julle

medemens beskou. En Ek sal aanhou om julle gedagtes te lei sodat dit

volgens My Wil sal wees en sodat julle altyd My Wil sal vervul. Wat julle ook

al wil doen, dit sal volgens My Wil wees, omdat deur julleself aan My oor te

gee, het julle My as julle toevlug gekies en sal altyd My beskerming hê.

As julle wêreldse moeilikhede ondervind en dink dat julle nie meer vir My

en My Koningkryk kan werk nie, plaas dan julle vertroue in My, omdat niks

vir My onmoontlik is nie. Daar is niks wat julle nie van My kan vra nie, My

mag is onbeperk en My liefde is grensloos.

My wysheid ken al die voor- en nadele en sal met alles wegdoen sodat dit

vir julle tot voordeel is. Julle besef nie hoeveel Ek julle mense nodig het om

vir My en My Koningkryk te werk nie; julle weet nie hoe uiters waardevol

julle werk is nie, aangesien dit die verlossing van sondige siele betref! Ek

sal geen dienaar van My van die aarde wegneem alvorens hy sy taak

voltooi het nie, wat deur My gestel is volgens sy besluit, om op aarde vir

My en My Koningkryk te werk.

En wanneer julle sendingswerk op aarde vervul is, kan julle die res aan My

oorlaat. Ek sal alle leemtes vul omdat Ek weet wie se liefde vir My en sy

medemens sterk genoeg is om hom toe te laat om julle plek te neem. In

alles wat met julle gebeur, sal julle My hand en My begeleiding erken en dit

sal julle baie gelukkig maak. Nogtans werk Ek nie dikwels op ‘n ongewone

manier nie omdat Ek nie wil inmeng in julle vryheid van wil nie.

Ten opsigte hiervan is julle onvoorwaardelike onderwerping aan My die

belangrikste en die enigste ding wat Ek van julle vereis, hoewel Ek op ‘n

ongewone manier kan werk, binne grense van die natuurlike, mag julle nie

gedwing word nie.

Waar dit noodsaaklik is, bring Ek Myne bymekaar om mekaar te help en

saam te werk vir My en My Koningkryk. Ek verwag slegs dat julle vertroue

in My begeleiding sal hê dan sal julle dit nadruklik ervaar. Hou in gedagte

dat julle nog as mense onder mense leef en dat Ek nie openlik kan getuig

hoe ingenome Ek met julle geestelike begeerte is nie, aangesien Ek dan

julle medemense sal dwing om in wonderwerke te glo. Ten opsigte hiervan

gebeur die dinge stil met julle volgens My wil en julle het geen sorg oor dit

nodig nie, behalwe dat julle My elke oggend vir krag en seën vir die dag

moet vra.

En julle sal beslis oorvloedig ontvang, want Ek is ‘n goeie gesinshoof wat

baie liefdevol vir al sy dienaars sorg en hulle gee wat hulle vir liggaam en

siel nodig het. Maar Ek is ook ‘n vader wat poog om sy kind nader aan

Hom te trek en Ek bly My Vaderlike Liefde aan julle bewys, wat maak dat

julle liefde opvlam sodat julle meer en meer My nabyheid en die

beskerming van My Vaderlike arms soek. Laat dinge julle benader en moet

julle nie bekommer nie want Ek sorg vir julle en Ek weet wat julle nodig het

om My ooreenkomstig My wil te dien. Amen

217

Die geloof aan God in Jesus Christus

8541 26 Junie 1963

Dit is alleen nodig dat julle glo in My en die weg na My neem as julle in

nood verkeer, dat julle dan as kinders na die Vader vlug, Wie julle sal

versorg in alle geestelike en aardse nood omdat julle julleself aan Hom

toevertrou. Steeds weer lê Ek daar nadruk op, dat julle julleself alleen met

My moet verbind in gedagtes, deur werksaamheid in liefde en deur gebed,

en waarlik, julle kan dan nie meer verlore gaan nie omdat die verbintenis

met My julle ook My hulp verseker om vry te word van My teenstander en

weer terug te keer tot My, van Wie julle eens uitgegaan het.

Weliswaar kan julle ‘n God en Skepper nie bewys word nie, julle moet in

Hom glo, maar is julle daartoe gewillig, dan sien julle in alles wat julle

omgeef vanself die bewys wat van My getuig. Dan kan julle deur nadenke

tot geloof aan My kom. Ek wil dat julle nie onnadenked deur die lewe gaan

nie, dat julle nie alleen aandag skenk aan die wêreld en glo dat julle aardse

lewe julle doel in sigself is nie. Julle moet julleself steeds weer die vraag

stel, waarom en waartoe julle op die wêreld is, om dan ook die gedagtes

aan ‘n God en Skepper op te neem wat as golwe om julle sirkel. Want dit is

die sin en die doel van julle aardse lewe, dat julle insien dat daar ‘n God en

Skepper is en verlang om julleself met Hom in verbinding te stel.

Dan sal hierdie God en Skepper julle ook omvat en ewig nie meer laat los

nie. Hy sal julle ook die kennis laat toekom oor Jesus Christus, julle

verlosser. Want tot Hom moet julle gaan sodat julle, julle swakhede

verloor, sodat julle weg omhoog verseker is. Want al erken julle My wel,

julle sal tog te weinig wilskrag hê om ernstig na My te strewe, omdat julle

daartoe te swak is as gevolg van julle sonde van die afval van My van

weleer. En sodat julle wil versterking vind het die mens Jesus aan die kruis

gesterf, om vir julle die genade van ‘n versterkte wil te verwerf.

Ek Self kom julle te hulp in julle groot geestelike nood wat die gevolg is van

julle oersonde. Ek Self volbring in die mens Jesus die verlossingswerk om

julle skuld te delg. Nou het ook vir julle die terugkeer tot My moontlik

geword as julle tot Jesus Christus bid om krag, as julle, julle sondeskuld

aan Sy voete lê en ‘n ernstige wil toon om terug te keer tot die Vader, Wie

in Jesus Christus Sy intrek geneem het, Wie Hom met Hom verenig het tot

in alle ewigheid. En of julle nou glo in God as Skepper of as Verlosser, nooit

sal julle aan hierdie God geskei van Jesus Christus kan dink nie, want God

en Jesus is een, God bedien Hom van ‘n menslike liggaam wat deur die

mense “Jesus” genoem word, wat egter My in alle volheid in Hom dra. Ek

het alles geskape, uit My kom ook die menslike vorm Jesus voort wat Ek

Self tot omhulsel kies om onder die mense te kan vertoef. Julle, mense het

ook uit My Wil voortgekom maar julle skei julle eens vrywillig van My, want

die verbintenis met My word alleen deur die liefde tot stand gebring, maar

julle gee dit eens vrywillig prys. Daarenteen was die mens Jesus met liefde

deurstraal en het dus My Oersubstansie in Hom, want dit is Liefde. Dus

218

moes Hyself na Sy wese God wees, alleen Sy uiterlike omhulsel was

menslik tot Hy ook dit vergeestelik het, sodat dit hom met Sy Goddelike

siel kon verbind en sodat daar niks mensliks meer oorbly toe Jesus die

verlossingswerk volbring het nie. Wie daarom My in Jesus herken, die het

ook die duisternis ontvlug, want dan trek die Lig Self hom omhoog, want Ek

Self is die Lig en deur Jesus straal die Lig na die aarde omdat dit Hom

geheel en al vervul. Ek wil hierdie lig vir julle almal stuur, maar eers moet

julle, julle harte vir My open, julle moet julle gedagtes rig tot Hom, Wie

julle geskape het. Die wil daartoe moet julle vry uit julleself laat opkom,

dan egter sal julle ook gegryp word deur My barmhartige liefde en dan

word alles gedoen om julle die ware insig te laat toekom oor Jesus Christus.

En erken julle Hom dan as God’s Seun en Verlosser van die wêreld, Wie Een

geword het met My, dan kan julle vir ewig nie meer verlore gaan nie. Amen

Wat is die waarborg vir ‘n waarheidsgertoue

ontvangs?

8546 2 Julie 1963

Julle vra waarom dit moontlik is dat My teenstander homself dikwels

inmeng in die gedagtes van die mens, ook al is hulle bereid om My te dien.

Weet dat julle, mense, onvolmaak is, dat julle almal nog baie onverloste

geestelike partikels in julle verberg, wat op die inwerking van My

teenstander reageer, as julle julleself nie so innig met My verbind dat daar

‘n verskansing opgerig word waaroor My teenstander nie kan en sal kom

nie, omdat hy weet dat Ek Self daar staan. Dink verder, dat julle julleself

dikwels vergis as julle glo om My stem te verneem, dat julle dikwels julle

eie gedagtes in woorde saamvat en weergee, of ook deur kragte uit die

hiernamaals wat aangespoor word om sulke woorde uit te spreek, wanneer

julle wil swak is en julle julleself deur hulle in besit laat neem, wie hulself

as "geestelike leiers" uitgee.

Julle bring self die verbinding met die hiernamaals tot stand, deur julle wil

om van daar iets te wete te kom en julle wens wel dat Ek die Gewer mag

wees. Dog ontbreek die voorwaardes meestal, wat ‘n regstreekse

aanspreking van My kant moontlik maak. Wie gee julle die reg en die

sekerheid om te veronderstel dat Ek Self, julle Goeie Vader, My hoorbaar

sou uiter? Glo julle nie dat daar groot misbruik gemaak word van die idee:

"Die hoorbare aanspreking van die Vader", nie? Wel spreek ek tot alle

mense wat My aanspreking begeer, maar ‘n persoon sal ook van die

toespreking in homself gewaar word. Dit is die stem van die gewete wat

hom voortdurend raad gee, wat hom vermaan en waarsku om My Wil wat

aan hom bekend is, te vervul en alles wat teen God is, agterweë te laat. Ek

spreek ook wel ‘n mens regstreeks aan as hy ‘n groot missie te vervul het,

dan kan hy My direk hoor. Maar dan verlang Ek ook van hierdie mens dat

hy alle voorwaardes vervul, wat hom die hoorbare klank van My Woord

219

waarborg. Want deur die vervulling van hierdie voorwaardes word dan ook

die muur opgebou, waar My teenstander nie kan oorklim nie. Dan kan hy

nie tussenbeide kom nie en dan is die suiwerste waarheid uit My verseker,

wat nou ook versprei moet word, want dit is die groot opdrag wat met die

ontvangs van die waarheid verbonde is.

Ek wil steeds die suiwer waarheid na die aarde stuur, dog die mense self

verhinder die stuur van die suiwer waarheid, solank hulle nie heeltemal

deurdrenk is van die verlange daarna nie; solank hulle hulself nie vrymaak

van opvattinge wat hulle reeds besit nie, maar wat vir hulle die

binnestroming van die suiwer waarheid uit My belet.

Ek kan My nooit deur My Gees openbaar, daar waar ‘n hart nie heeltemal

leeg is nie, sodat Ek dit dus Self kan vul. Dog sal My teenstander juis daar

sy invloed uitoefen en onder die masker van ‘n ligengel, homself laat hoor,

en dit sal vir julle mense moeilik wees om die geestelike leringe te

ondersoek, die wat julle nou aangebied word.

Julle vra julle af, waarom My teenstander tussenbeide kom waar Ek spreek.

En Ek sê vir julle: "Ek spreek nie daar waar My Teenstander ‘n moontlikheid

het om binne te sluip en homself te uiter nie". Dit is ‘n foutiewe mening om

te veronderstel dat hy homself kan inmeng in My werksaamhede. Waar Ek

werk is die muur opgerig, want waar Ek werk is die voorwaardes aanwesig

wat ook die oprigting van ‘n verskansing regverdig en daarteen sal My

teenstander homself tevergeefs stormloop. Daar staan tallose beskerm-

geeste gereed wat hom die toegang belet en hom met hulle helder lig

terugdring, sodat hy steeds net sulke plekke sal opsoek vir sy aktiwiteite,

waar die toegang hom nie belet word nie. Waar hy die reg het om binne te

dring deur die gelyksoortige aanleg van hulle in wie se sfeer hy probeer

binnesluip. Negatiewe gedagtes is slegs voldoende om hom ook tot onware

gedagtes aan te hits, wat hy probeer om oor te dra op diegene wat bereid

is om geestelik binne vloeiende strome op te neem. En dit sal steeds die

geval wees, as mense saamkom wat nie almal in dieselfde geestelike

gesteldheid verkeer om geestelike uitstraling in ontvangs te neem nie en ‘n

afwering van onsuiwer kragte nie gewaarborg is nie.

As Ek steeds weer sê: "Ek spreek tot alle mense wat My aanspreking

begeer", dan moet julle nie daaruit tot die slotsom kom dat julle My

goddelike stem hoorbaar verneem nie, maar dat Ek die hart van elke mens

aanspreek en dat hy slegs in sy innerlike hoef te luister, om My ook te kan

verstaan. Om My woord hardop te verneem, vereis ‘n baie hoë graad van

volwassenheid, sodat dit dus maar baie selde die geval is, dan is daar egter

ook ‘n groot geestelike missie daar aan verbonde. Wanneer julle dus ‘n

mens hoor praat en glo om My, dit wil sê, My stem regstreeks te verneem -

dan sal julle julleself meestal vergis, ofskoon so iets wel moontlik is. Maar

dan sal en kan dit nooit in breë kringe gebeur nie, omdat almal nie ‘n

gelyke graad van volwassenheid het nie, wat ‘n weerklank van My Woord

vereis. En julle kan dit glo dat elkeen ook verskillend aangeraak moet word,

220

as dit vir hom tot seën sal wees vir sy siel en weet, dat waar twee of drie

saam is en Ek in hulle midde kan vertoef, dat Ek dan ook Myself sal uiter

deur hom wat egter dan sal spreek op sy manier, maar egter in die

suiwerste waarheid soos wat Ek dit beloof het. Amen

Versamel krag vir die chaos

8549 5 Julie 1963

Bly krag trek uit My Woord want julle sal hierdie vesting nodig hê in die

komende tyd en julle moet nou krag versamel, want julle sal nie julle

gedagtes in gebed kan bymekaar hou wanneer My lang-aangekondigde

ingryping plaasvind nie. Wat daar ook deur My wysheid en liefde besluit is

sal uitgevoer word en elke voorspelling wat Ek na julle gestuur het sodat

die gebeurtenis julle nie onverhoeds vang nie en sonder waarskuwing

vervul word.

Julle moet dit altyd onthou en probeer om julle harte van alle aardse

verlanges los te maak. Julle moet probeer om die materie te laat los, want

een dag sal julle dit moet opgee en hoe minder julle harte daar aan vashou

hoe makliker sal julle verlies wees, hoe minder sal julle deur My ingryping

belas word. Weer en weer vertel Ek julle om julle voor te berei op hierdie

tyd van ‘n ongekende chaos wanneer slegs julle innige verbintenis met My

julle die steun sal gee om gereed te wees vir alles wat van julle vereis sal

word. Want elkeen wat nie direk beïnvloed word deur die ramp, deur sy

lewe te verloor nie, sal ‘n moeilik bestaan lei, omdat daar geen geordende

lewensomstandighede sal wees nie en julle deur aardse teëspoed belas sal

word wat julle nie op julle eie kan hanteer sonder My hulp nie.

Telkens weer sal julle My Woord in julle hartee neem en krag daaruit trek,

julle sal so’n sterk geloof deur My direkte Woord bereik dat niks julle van

stryk sal bring in die komende tyd nie, sodat julle tenvolle op My sal

vertrou en altyd slegs sal wag op My hulp. En glo dat Ek julle sal help, dat

slegs die innige verbintenis met My tot stand gebring moet word, wat egter

slegs deur ‘n persoon bereik kan word wat tenvolle aan My toegewy is en

wat slegs die vervulling van My voorspellings in die reusagtige ramp sal

herken en so toegewyd sal wag op My hulp, wat inderdaad aan hom gegee

sal word. Dan sal Ek die skynbaar onmoontlike doen vir hulle wat hulle

volle vertroue in My plaas.

En elke mens moet gewoond word aan die idee dat die ordelikheid wat hom

omring nie sal voort gaan nie, hy moet glo dat die aarde deur ‘n

ondenkbare reusagtige skudding getref sal word en dat tallose mense

slagoffer van die natuurramp sal wees. Die oorlewendes sal egter uiters

moeilike lewensomstandighede ervaar wat baie krag en vertroue in My hulp

vereis om daar aan die hoof te bied. Dan sal dit duidelik wees waar naaste

liefde beoefen word, want slegs daar sal My hulp ook duidelik word. En

elkeen wie slegs angstig besorgd oor homself en sy welsyn is ook vir

homself sal moet werk en tog nie sy situasie kan beheer nie. Want julle

221

mense moet leer dat die liefde krag is en dat julle baie sal kan bereik as

julle dade deur naaste liefde gemotiveer word.

Telkens weer verwys Ek na die tyd wanneer die groot chaos julle sal oorval,

veroorsaak deur ‘n reusagtige natuurramp. Omdat Ek julle mense nog ‘n

laaste teken wil gee van die Mag wat in beheer van julle is. Maar julle wat

My Woord direk of deur My boodskappers ontvang, moet voortdurend na

My waarskuwing luister, verdiep julleself so dikwels moontlik in My Woord

en julle krag sal groei, selfs in tye van die grootste teëspoed sal julle nie

julle verbinding met My verloor nie en dan sal julle ook altyd van My hulp

verseker wees, want Ek wil Myne duidelik help om hul geloof as ook die van

hul medemens te versterk sodat hulle ‘n lewende verbintenis met My tot

stand sal bring en dit nooit weer verbreek nie.

En moenie reken om gespaar te word nie, glo nie dat slegs ander verre

gebiede getref sal word nie. Hierdie ramp sal verreikend wees en sal ‘n

groot gebied insluit, alhoewel dit nie die hele aarde sal beïnvloed nie.

Derhalwe sal die ontsaglike teëspoed nie ooral sonder ‘n teken sal wees

nie, wat julle slegs sal begryp nadat dit gebeur het, wanneer My stem

weerklink in die wêreld en julle die vreeslike gevolge besef, waarvan die

volle omvang ‘n lang tyd sal neem om beoordeel te word.

Tot hiertoe leef julle nog in vrede en kan julle nie so’n chaos voorstel nie.

Maar Ek vestig julle aandag op die feit dat alles sal gebeur soos wat dit

vooraf verkondig is, Ek wil julle slegs in soverre beïnvloed dat julle alles sal

doen om julle die krag te gee om dit te verdra. Want Ek sal julle nie verlaat

wat julleself aan My gegee het en aan My wil behoort nie en Ek sal julle

altyd van krag voorsien. Laat My telkens met julle praat en trek krag uit My

Woord en waarlik, julle sal Myselfs in die uiterste lyding kan vind en Ek sal

altyd bereid wees om te help, Ek sal altyd aan julle sy staan en deur julle

ook hulp gee aan hulle vir wie julle liefdevol probeer versorg. Amen

Die plig van die arbeiders in die wingerd om op

dwalinge te wys

8553 9 Julie 1963

Alles, wat die liefde as grondslag het is vir My welgevallig. En as julle in die

liefde leef, sal ook alles wat julle wil doen of agterweë laat, volgens My Wil

wees. Julle moet julleself egter rekenskap gee welke motiewe julle beweeg

by julle handeling, wat dit ook al is.

Wil julle ‘n mens help of die gemeenskap van nut wees? Wil julle help en

julle naaste te beskerm teen skade en gebrek van allerlei aard? Wil julle

skenk en opheldering verskaf? In een woord: Wil julle gee - of wil julle

neem, verniel, onrus skep, julle medemens belas?

Wil julle teen die dwaling ingaan en in plaas daarvan julle medemens die

waarheid bring? Dit alles moet julle bekyk in die lig van die liefde wat julle

ook moet vervul, dan sal dit wat julle doen, met My Wil ooreenstem. Ek wil

222

julle egter ook daarop wys dat Ek dit so wil dat die dwaling reggestel word,

dat Ek van julle verlang om die waarheid te versprei en dat hierdie opdrag

baie dringend is. Want Ek bring daarom die suiwer waarheid na die aarde,

sodat dit as lig uitstraal in die duisternis.

En die geestelike leer wat van My uitgaan sal homself nooit teenspreek nie,

anders sou Ek Self nie die Bron wees waaruit die geestelike stroom

ontspring nie. Dwaallere kan nie uit My voortgekom het nie, en dus moet

julle, wat die suiwer waarheid van My ontvang, daarteen ingaan. Maar julle

moet altyd daarop let dat julle die gebod van die liefde nakom, dat julle as

bringers van die heil, hulle tegemoet tree wie in die dwaling voortlewe.

Sodra julle hulle leerstellinge met My Woord uit die hoogte kan weerlê, die

wie hulle denke van My ontvang het, kan hulle met ‘n goeie wil insien WIE

deur julle tot hulle spreek. Want altyd sal Ek gefundeerd teen die dwaling

ingaan, sodat dit dan as sodanig herken word. En Ek sal dit kan doen deur

‘n "opnamehouer" wat geskik is om die geestelike stroom uit My op te

neem.

Elkeen sal die reg vir homself opeis om ‘n opnamehouer van God te wees.

Maar wie ernstig ondersoek, sal My stem herken en ‘n korrekte oordeel sal

vir hom nie moeilik wees nie. Want die dwaling word op sodanige manier

blootgelê, soos dit slegs van die kant van hulle wat weet, kan gebeur.

Maar een ding is seker, dat alle geestelike onderrig wat van My uitgaan,

hulle laat insien dat Ek Self ook die Gewer daarvan is, in soverre as dat dit

in vorm en inhoud van ‘n volmaakte Gewer blyk uit te gaan, Wie in alle

duidelikheid en baie begryplik sulke probleme oplos wat nie met die

verstand deurgrond kan word nie. Gebrekkigheid en onwetendheid wys dit

af. Aan die laaste herken julle mense by wie die inwerking van kragte nog

nie volmaak is nie - wat in die lig staan - om nou in My opdrag geestelike

leringe na die aarde te kan stuur. Maar as die mens in sy aanmatiging so

'n tekortkoming nie insien nie, dan sal ook die bring van die suiwer

waarheid deur My bodes hom ook geen eie klaarheid skenk nie. Want aan

hom ontbreek dan die innerlike ootmoed, wat hom die begrip van die ewige

waarheid waarborg.

En julle sal daarom steeds weer teen weerstand stuit, waar My teenstander

homself al gevestig het deur die toestuur van dwaling en die mense nie

bereid is om die dwaling op te gee nie, in die vaste oortuiging om van

Myself hierdie mededelinge te ontvang het. Ek laat egter elke mens sy

vryheid van wil toe. Ek sal hom steeds net weer aanraak en probeer om

hom oplettend te maak. Maar slegs sy wil beslis. Amen

Aanvaarding van die waarheid lê verpligting op

8555 11 Julie 1963

Julle is veronderstel om die waarheid te versprei. Dit is die taak wat julle

vrywillig aanvaar het en wat julle nou in praktyk moet bring as julle My as

My disipels in die laaste dae wil dien. Maar die waarheid versprei omvat ook

223

om die valsheid te beveg sodra ‘n valsheid aan julle duidelik word. Ek bly

julle vertel dat julle nie verdraagsaam kan wees waar dit die suiwer

waarheid van My betref nie, dat julle dit sterk moet ondersteun en nie as

gevolg van sogenaamde verdraagsaamheid die voort bestaan van valsheid

toelaat nie. Julle moet dit aan die kaak stel as valsheid en nie wegskram

om dit teë te gaan nie, omdat dit die werk van My teenstander is en nie

dien om voordeel vir die mens se siel te lewer nie.

En veral julle, wat die valsheid herken omdat julle in die waarheid deur

Myself onderrig is, moet nie vir dit wegskram nie, omdat julle die reg het

om dit te beveg. Julle word gestuur deur My onder die mense as draers van

lig met ‘n ruim voorraad van geestelike kennis wat julle dade teen valsheid

regverdig omdat julle dit kan weerlê en kan verkleineer as werk van My

teenstander. Hy is aan die werk waar valsheid bestaan omdat slegs die

suiwerste waarheid uit My voortkom, maar hy probeer voortdurend om die

suiwer waarheid te ondermyn.

Die mens het ‘n vrye wil wat deur die rigting van sy keuse gedwing word.

As hy kontak met My soek sal hy inderdaad die suiwer waarheid gegee

word en hy moet ook daarmee werk, d.w.s. hy moet dit aan sy medemens

deurgee wie se gedagtes mislei bly terwyl hulle nie deur Myself as ewige

waarheid opgelei word nie.

My teenstander sal probeer om op dieselfde manier te werk en sal ook

suksesvol wees met mense wat nie bewus is van hulle groot

verantwoordelikheid nie, wat nie verstaan wat dit beteken om die suiwerste

waarheid te ontvang en dit deur te gee nie. Wat nie die valsheid vrees soos

dit gevrees moet word nie en daarom hulle nie innerlike verset wanneer My

teenstander probeer om valsheid aan hulle te gee nie. My teenstander sal

hom ook soos ‘n engel van lig vermom maar hy sal nie julle, My draers van

lig kan bedrieg nie. Julle sal sy aktiwiteit herken en moet dan aksie teen dit

neem, want dit is die taak wat julle aangebied het om vir My te doen.

Waar julle ook al verkeerde gedagtes herken moet julle, julle medemens

oor die suiwer waarheid inlig, julle moet hulle help om die valsheid te los en

te besef wat reg is. Wys hulle duidelik en openlik hul verkeerde opinie,

sodat hulle, ook, by die waarheid kan uitkom en hulle van My teenstander

losmaak, wat hulle nog kan beïnvloed omdat hy nog op die een of ander

manier ‘n houvas op hulle het wat hy in valsheid gedompel het as gevolg

van hul gelykaardige neigings. Dit is nie raadsaam om so’n misleide

persoon te verlaat nie, hy moet eerder gehelp word om sy valsheid te

herken en saamstem om die waarheid aan te neem, slegs dan sal hy ‘n

voordeel daaruit kry vir homself en slegs dan sal hy ook ‘n ware wingerd

arbeider vir My wees.

‘n Draer van die waarheid kan nie verdraagsaam wees en sy medemens in

valsheid verlaat deur vriendelikheid nie. Hy moet duidelik daarop wys dat

die ander persoon verkeerd dink, dat hy deur My teenstander beïnvloed

was ongeag hoe die valsheid aan hom gegee was. Want die teenstander sal

224

altyd in die gedagtes van ‘n persoon kan inmeng wat nie so intiem in

kontak met My is dat Ek hom kan beskerm nie. Maar dit is seker dat Ek Self

geen geestelike kennis aan ‘n persoon stuur wat nie met die waarheid

ooreenkom nie en dit moet vir die persoon duidelik wees, anders sal My

liefde, wysheid en mag betwyfel kan word. Dit volg dat ‘n direkte

transmissie van My Woord na ‘n persoon nie kon plaasvind as dit met

valsheid geassocieer kan word nie.

Julle mense kan nie versigtig genoeg wees nie en moet altyd die invloed

van die teenstander vrees terwyl julle julleself nie tenvolle aan My gee nie

en om My beskerming vra, wat Ek waarlik aan elkeen sal gee wie opreg in

uiterste waarheid wil lewe en dit weer deurgee aan sy medemens, as hulle

deur My bestem is vir hierdie waarheid. Die valsheid is ware gif vir die

mens se siel, gevolglik moet julle aksie neem teen dit en dit herhaaldelik

teenstaan met die waarheid, omdat julle dit van My ontvang het omdat dit

noodsaaklik is dat die lig in die duisternis moet skyn. Julle vrye wil laat die

toevloei van misleide gedagtes toe, want as julle, julle innerlik teen dit

verset met die bewustheid om die suiwer waarheid te dien, kan misleidde

geestelike konsepte nie in julle gevestig word nie. Maar Ek kan nooit erken

dat iets wat die suiwer waarheid teenspreek uit My voortgekom het nie.

Julle moet daarom slegs altyd daarvoor sorg om die suiwerste waarheid te

versprei en ontoegeeflik oorlog verklaar teen valsheid en julle sal

ooreenkomstig My wil en in My naam handel. Amen

Die proses van terugbring

8564 20 Julie 1963

Niks kan vir ewig verlore gaan, wat eens deur My en My krag ontstaan het

nie. Dit bly bestaan omdat dit onverganklik is en keer ook onherroeplik na

My toe terug, as die Kragbron van die Ewigheid, omdat dit in die wet van

My ewige ordening gegrondves is. Tog kan die wesens, wat uit My

voortgekom het, as volmaakte, goddelike skepsel, uit vrye wil omslaan in

die teendeel. Hy kan sy volmaaktheid prysgee en homself vorm tot ‘n wese

wat homself verset teen God. En dit het hulle gedoen en was nie deur My

gehinder nie, omdat Ek ‘n plan nagestreef het. Want Ek het vir al My

geskape wesens ‘n doel gestel: Dat hulle tot My "kinders" sou word, wat Ek

Self nie kon skep nie, maar wat hulle in vrye wil self daartoe moet vorm. En

dus het Ek nie verhinder dat hulle van My afval nie, maar het vir al hierdie

wesens ‘n proses voorberei om hulle terug te bring. Ek het die eens van My

as wesens uitgestraalde krag omvorm tot skeppingswerke van allerlei

soorte. Ek laat die wesens uiteenval in ontelbare partikeltjies waardeur ook

skeppingswerke tot lewe gebring was. En sodoende het die krag nou

werksaam geword volgens My Wil, dit wil sê, gehoorsaam aan die

natuurwet het elke skeppingswerk die toegewysde opdrag verrig, want niks

het Ek laat ontstaan sonder sin of doel nie.

225

Elke skeppingswerk het sy bestemming en My Liefde, Wysheid en Mag het

dus ‘n aardse wêreld laat ontstaan wat al die gevalle sielspartikeltjies

omsluit, wat hulself nou langsaam positief ontwikkel, omdat hulle hulself

eens weer as ‘n afsonderlike individu sou aaneensluit. Omdat hulle weer

hulself as die eens gevalle oergees in ‘n mens sou beliggaam, om dan die

laaste wilsproef te deurstaan, naamlik om homself vrywillig na My te keer

soos wat hy homself eertyds vrywillig van My afgekeer het. Hierdie

eindelose lang ontwikkelingsgang beteken nou vir dié oerwese wat in

partikeltjies opgelos is, ‘n weg van dien in teenstelling tot die val, wat

veroorsaak was deur die arrogansie en die heerssug van die wese. Die

terugkeer kan slegs plaasvind deur onafgebroke diensbaar te wees, wat

nou in die "jy moet toestand" geskied en dat die wese tydens sy menswees,

vrywillig moet dien, aangespoor deur die liefde, wat dan ook 'n sekere

voltooiing op hierdie aarde waarborg. Dit is ‘n eindelose lang weg wat die

eens gevalle wese moet aflê, totdat hy in die toestand van wilsvryheid as

mens, sy laaste beslissing kan neem. En hierdie weg is so ontsettend

smartlik, dat die mens die herinnering daarvan ontneem word want hy

moet vry beslis. Om te weet van die lyding en die ellende in die

gekluisterde toestand, sou hom onvry maak in sy denke en wil as mens.

Want die angs sou hom dryf tot die korrekte beslissing, wat egter vir die

siel en sy voltooiing heeltemal waardeloos sou wees. Die mens moet vry en

uit liefde dien en homself daardeur tot voltooiing bring en daarom gaan hy

sy weg oor die aarde.

Want die mens is die eens gevalle oergees, vir wie deur My eindelose liefde

alle moontlikhede ontsluit is om weer te word wat hy eertyds was: ‘n Hoogs

volmaakte wese, wat nou egter in vrye wil die volmaaktheid kan bereik wat

Ek hom nie kon gee nie en nou is "die werk van My Hande" voltooi tot My

ewebeeld en het hy My kind geword.

Dit is die doel wat Ek My gestel het vanaf die allereerste begin, waar ‘n

eindelose lang weg van ontwikkeling egter voor nodig was en as My

heilsplan van die ewigheid opgeneem moet word. En so weet julle mense,

dat julle die gevalle geestelike is wat julleself vlak voor die einddoel bevind,

wat daarin bestaan dat julle julleself uit vrye wil met My moet verbind, wat

weer beteken dat julle julleself moet omvorm tot liefde om julle met My as

die Ewige Liefde te kan verenig.

Julle weet nou dat julle bestaan nie nou eers as mens begin het nie, maar

dat julle al ewige tye bestaan. Julle moet nie glo dat julle uit My

voortgekom het in ‘n toestand wat nie volmaak genoem kan word nie, want

julle het swakhede en gebreke. Julle is geen volmaakte skepsel nie en kan

dus ook nooit as te nimmer in hierdie toestand uit My voortgekom het, Wie

slegs die volmaakte kan skep nie.

En hierdie kennis moes julle al laat dink het en julle tot die insig gebring

het dat julle aardse lewe ook ‘n doel moet hê, naamlik om weer die

volmaaktheid te bereik waarin julle julleself eertyds bevind het en wat

226

julleself vrywillig prysgegee het. Dus ken julle dan ook julle opdrag wat

daarin bestaan om julleself tot liefde te verander, wat julle oerelement is.

Want julle is in julle diepste wese dieselfde as Ek. Julle is nou as mens

weliswaar nog ver van julle volmaaktheid verwyder. Julle is en bly egter

goddelike skepsele, wat nooit meer kan vergaan nie en vir wie se voltooiing

Ek altyd weer sorg sal dra, wat Ek nooit sal loslaat en wat eenmaal vas en

verseker die laaste doel sal bereik: Om met My in die innigste wyse verenig

te wees en te bly tot in alle ewigheid. Dat julle as mens weinig daarvan af

weet, lê slegs aan julle swak graad van liefde, anders sou julle die volste

insig besit het, maar dan sou julle voltooiing ook al naby gewees het.

Hierdie kennis word daaroor aan julle deur My gegee, sodra julle bereid is

om dit aan te neem. As julle maar verlang om iets te wete te kom oor die

samehang wat julleself, julle God en Skepper van die Ewigheid en die hele

skepping betref, dan sal julle waarlik in alle waarheid daaroor onderrig

word. Julle sal dan julle weg bewustelik oor die aarde gaan, met as doel die

uiteindelike vereniging met My. Julle sal die volmaaktheid bereik en ‘n lewe

in saligheid wat ewig voortduur. Amen

Die rede vir die skepping van die wesens - Die afval

van God

8566 22 Julie 1963

Glo dat Ek julle graag wil onderrig, wanneer Ek ‘n verlange in julle bemerk

na die suiwer waarheid. Van My gaan slegs "lig" uit, en die lig deurstraal

die duisternis. Julle is egter nog in ‘n gebied sonder lig, waar die lig na julle

gebring moet word, tot julle daarmee vervul is dat julle weer self die lig kan

laat uitstraal. Julle is egter bereid om My ligstrale te ontvang wanneer julle

opheldering begeer oor gebiede wat nog vir julle donker is. Want dan kan

Ek julle ook opheldering gee en Ek kan julle weer langsaam in ‘n toestand

van insig verplaas en julle kennis besorg wat julle salig sal maak. Dit moet

helder in julle word en julle moet weet vanwaar julle kom en wat julle

einddoel is. Maar hierdie kennis kan slegs Ek Self aan julle gee, want Ek het

julle tot My eie vreugde geskape.

Julle het uit Myself voortgekom, want My liefdeskrag het skepsele buite My

geplaas, volgens My ewebeeld wat as wesens selfstandig was, dit wil sê, Ek

het hulle as ‘n miniatuur van Myself geskep. Ek het hierdie skepsele lewe

gegee, dit wil sê, hulle kon skep en werk net soos Ek. Hulle kon ook My

stem verneem en het My dus ook as hulle God en Skepper geken en was

My toegewyd en buitengewoon salig. Maar van die voormalige ryk van die

salige geeste weet julle mense weinig of niks. Die ryk was egter in die

eerste plek geskape omdat Ek Myself in ewebeelde wou terug ken,

aangesien Ek vir My houers geskep het waarin Ek My liefde kon uitgiet.

Want dit was die aanleiding tot die skep van die geestelike wesens, wat

deur My eindelose liefde Homself wil skenk en Homself wou uitstort in

227

gelykgesinde wesens, wat in hulle volmaaktheid My onvoorstelbare

saligheid sou berei.

Ek het tot My vreugde ‘n geestelike wêreld met geestelike bewoners geskep

en Ek het dit met skeppings van die wonderbaarlikste soort verlewendig en

het My verheug in die saligheid van hierdie wesens. Ek het vir hulle so ‘n

saligheid berei, omdat die liefde, wat My oerelement was en is, My daartoe

gedryf het. En eindelose lang tye het hierdie geestelike wêreld in harmonie

bestaan en in innige verbinding van alle wesens met My, hulle Skepper en

Behouer.

Eindelose tye was hierdie wesens deur hulle wil en in hulle liefde met My

verbonde, want ook die eerste geskape wese wat Ek self in alle

volmaaktheid uit My voortgebring het, (Lucifer) was My in diepe liefde

toegedaan. En hy het onbegrensde saligheid in die skepping van steeds

nuwe wesens gevind, wat deur sy wil, maar deur die gebruikmaking van My

krag ontstaan het, wat ook volgens My Wil was. Want die liefde wat die

wese vir My gevoel het, het ook ‘n gelyk gerigte wil as gevolg en sodoende

was daar dus in die geestelike wêreld niks onharmonieus nie. Daar was niks

wat teenstrydig was aan My Wil nie, dit was ‘n geestelike wêreld van

onbegrensde saligheid, omdat alle wesens vervul was met lig en krag, en

kon skep volgens eie wil. En dit was ook volgens My Wil, solank My

liefdeskrag al My skepsele deurstraal het.

Maar hierdie volmaakte toestand het nie bly bestaan nie, want Ek het

hierdie wesens nie deur My Wil gebind nie. Ek het inteendeel elke wese ‘n

vrye wil gegee, as ‘n teken van hulle goddelikheid. Lucifer, die eerste

geskape wese het ook die vrye wil gekry en hy het hierdie vrye wil

misbruik. Hy kon dus in vrye wil dieselfde wil as Ek Self kies en hy sou

onbegrens salig gewees het en ook ewig so gebly het. Maar hy het die

vryheid van sy wil misbruik en hom verkeerd gerig, wat ‘n geestelike

revolusie tot gevolg gehad het met ‘n omvang waarvan julle mense julleself

geen begrip van kan maak nie.

En julle mense op aarde is die produkte van hierdie eertydse geestelike

revolusie. Die eerste geskape wese Lucifer, met wie Ek konstant deur die

woord kontak gehad het, het net soos alle geskape wesens, die vermoë

besit om te dink en was dus ook in staat om ‘n verkeerde betekenis aan My

Woord te gee. Hy het ‘n vrye wil besit en kon dus ook sy denke en

gevoelens verander. Hy kon uit die wet van die ewige ordening tree en

heeltemal verkeerde opvattinge opstel en daardeur sowel in homself as ook

in die wesens, wat by hom aangesluit het, ‘n gedagte verwarring aanrig,

wat buitengewone swaar gevolge gehad het.

Hy bring dus sy verkeerde denke oor op die wesens wat deur sy wil, maar

met die gebruik van My krag, voortgebring was. Daar het ‘n algemene

verset teen My ontstaan en die wesens het in opstand gekom teen My.

Hulle het My liefdestraling nie meer sonder weerstand aangeneem nie en

het daardeur verswak en ligloos geword. Hulle het hulself teen die wet van

228

die ewige ordening verset en hulle gedagtes het sy eie weë gegaan. En

daar het ‘n ongelooflike chaos in die leër van die oergeskape geeste

ontstaan, wie nou ook moes beslis aan wie hulle wil behoort, wat ‘n

afvalligheid van talle wesens van My tot gevolg gehad het. Maar Ek het dit

nie verhinder nie, want Ek het daarin die weg tot ‘n nog groter saligheid

gesien, wat Ek vir die geskape wesens kon berei. Hulle het wel in alle

volmaaktheid uit My voortgekom en was egter tog nog steeds net My

werk.

Nou egter, na hulle afvalligheid van My, het hulle die moontlikheid om as

"kinders" tot My terug te keer waardeur hulle ‘n saligheid verkry wat hulle

oorspronklike saligheid vèr oortref. Maar die vrye wil moet hierdie

terugkeer tot stand bring, want eers dan het die wese heeltemal

onafhanklik van My, van My mag en My Wil geword. En tog kan hy homself

aan My Wil oorgee, omdat hy nou deur die bereikte volmaaktheid heeltemal

in My Wil opgegaan het. Op hierdie weg terug tot My bevind julle mense

julleself nou, wanneer julle oor hierdie aarde gaan. En wanneer julle van

goeie wil is, kan My liefdeslig julle weer deurstraal. Julle kan dan die insig

weer terugwin wat julle eens besit het, maar vrywillig opgegee het.

Ek ken geen groter saligheid as om julle hierdie kennis te laat toekom nie,

as om julle steeds weer My groot liefde aan te bied en julle toestand,

sonder lig en kennis te verander, sodat julle weer tot onbegrensde saligheid

kan kom. Sodat julle, julle doel kan bereik en terugkeer as kinders na My

toe, julle Vader van die ewigheid, Wie se liefde oor julle besorg is en vir

ewig besorg sal wees, omdat julle eens uit Sy liefde voortgekom het. Amen

Waarom spreek God die mense aan?

8568 24 Julie 1963

Mense, dink julle net in wat dit beteken wanneer julle God en Skepper Self

tot julle neerbuig om julle aan te spreek, want Hy het een doel voor oë

daarmee, wat julle nie kan verstaan of deurgrond nie. Ek self buig My na

julle toe oor om julle aan te spreek en dus moet dit baie belangrik wees dat

julle My aanspreking verneem, sodat ‘n bepaalde kennis deur My aan julle

gebring kan word waar Ek dit die nodigste ag. Dit is nie net vermanings en

waarskuwings wat Ek julle laat toekom nie, maar Ek probeer om julle vlak

van insig te verhoog en gee julle aanwysings op welke manier dit moontlik

is. Vir eers wil Ek die duisternis, waarin julle mense julleself bevind, van

julle af wegneem en daarom wil Ek julle ook die rede van hierdie erge

duisternis vertel en hoe julle dit kan ophef. Ek wil lig aan julle skenk, omdat

duisternis ‘n onsalige toestand vir julle is en julle in die duister nie die ware

weg na die lig van die dag sal vind nie.

Julle het die lig en insig prysgegee, want julle ken My nie meer nie, julle

God en Skepper, Wie julle Vader wil wees. Julle weet niks meer van julleself

nie, want dit was by die begin van die tye waar julle julleself afgewend het

en waarom julle op aarde is. En dit is hierdie toestand sonder insig, wat nie

229

goddelik genoem kan word nie. Julle is egter van Goddelike oorsprong, julle

was eens volmaak en het julleself dus ook in die lig bevind. Julle het alles

geken, julle het My oorgrote liefde geken wat steeds deur julle heen

gestraal het en juis die duisternis teëgehou het, waardeur julle helder en

klaar elke samehang begryp het en kennis gehad het wat maar net ‘n

Goddelike wese kan besit.

Julle het egter hierdie kennis vrywillig verwerp, die lig en die insig en julle

het in ‘n toestand sonder lig verval. Julle begrippe het julleself verwar en

julle kon niks meer verstaan nie. Julle het nòg julleself en die doel van julle

bestaan begryp, nòg die samehang met My, uit Wie se liefdeskrag julle

voortgekom het. Julle het in duisternis geval en die duisternis het julle

solank gevange gehou, totdat julle vrywillig weer verlang het na My

liefdestraling, wat julle dan ook weer die lig van die kennis sal skenk.

En dwarsdeur hierdie duisternis heen het My woord van bo weerklink. Kan

julle die diepte van My liefde peil wat julle alles, wat julle eens vrywillig

opgegee het, weer sou wil skenk? Sou julle gevolglik My woord, in Sy

oorgrote waarde, kan erken as die grootste barmhartigheids geskenk van

My kant, wat Ek die mense laat toekom het om hulle terugkeer tot die

liefde maklik en moontlik te maak? Ek spreek regstreeks tot julle, Ek

oorbrug die breë kloof wat nog tussen ons bestaan en laat uit die ligryk ‘n

barmhartigheidstroom na die aarde vloei, wat hierdie groot geestelike

dorheid sal benat, en opnuut sal laat herlewe.

Ek wil die ellendige toestand waarin die mense hulself bevind, verander en

aan hulle hulp bied, sodat hulle vanuit die toestand van duisternis ontdek

dat daar ‘n lig teen hulle straal. Hulle moet bereid wees om die lig aan te

neem en hulle verdere lewensweg op aarde daardeur te laat verlig, sodat

hulle ook seker sal wees om die weg na hulle bestemming te volg wat in die

lig loop en nooit deur duisternis sal gaan nie.

Dit is ‘n oorgrote daad van barmhartigheid wat Ek die mensdom bewys het,

dat Ek hulle, wat eens die liefdeslig afgewys het, weer dieselfde liefdeslig

aanbied. Dat Ek dit na die aarde gestuur het, ofskoon die mense nie laat

blyk dat hulle ‘n verlange daarna het nie, op ‘n paar na wat Ek nou as

tussenpersone gebruik, sodat hulle die lig daar kan bring waar daar nog

duisternis is.

Maar alle mense moet deel daar aan kan hê, want Ek wil My

barmhartigheidsgeskenk van niemand weerhou nie. Ek wil elkeen in My

ligkring voer en probeer om hom met My lig te bestraal, sodat hy dan gelei

kan word, vanuit die kant van die ligwêreld, wat altyd maar net daarop wag

dat ‘n mens homself oopstel vir sy liefderyke sorg. En steeds opnuut sal Ek

die aarde deur ‘n lig bestraal, want die duisternis sal steeds nog dieper

word. Vir hom wat egter na die lig verlang, sal dit skyn. Hy sal weer ‘n

toestand van insig ingaan waar hy deur Myself binne gevoer word in ‘n

diepe kennis wat hom nie van buiteaf gegee kan word nie, of hy neem dit

230

van die kant van My boodskappers aan, aan wie Ek Self die kennis

meegedeel het.

En Ek sal My barmhartigheidsgawe nog vir baie mense aanbied en vir hom

wat slegs na ‘n ligpunt verlang, sal dit straal. Dit sal hom lei in ‘n kennis in

waarheid wat hom ook gelukkig sal maak. Want Ek sal die gawe van My

liefde nog ryklik uitstort, voordat die einde kom en elkeen wat van goeie wil

is, kan sy gebrekkige toestand nog tot aan die einde verander. Hy kan die

lig aanneem en dit self vermeerder deur ‘n lewe in liefde en hy hoef die

einde nie te vrees nie, sodra hy eenmaal die doel en die bestemming van

sy lewe op aarde ken en die bestemming ook bewustelik nastreef. Want sy

wil het dan die korrekte beslissing geneem, hy verlang om na My terug te

gaan en sal dan ook sekerlik sy doel bereik. Amen

Die doel van die bestaan op aarde as mens

8571 27 Julie 1963

Beskou julle bestaan as mens slegs as ‘n kort fase van ‘n eindelose lang

ontwikkelings periode, wat egter van ontsaglike betekenis is, omdat julle in

die kort tyd ‘n wilsbeslissing sal moet neem wat julle lot in die ewigheid

bepaal. Want julle sal die ontwikkelingsgang tot ‘n goeie einde kan bring of

dit ook weer eindeloos verleng, wat vir julle siele, die eintlike Ek van die

mens geluksaligheid of kwelling beteken en julle dit self, as mens, beslis.

Julle mense dink daar weinig oor na, maar die tyd van die lewe op aarde

gaan vinnig verby en die uitslag van bostaande sal hom nou laat voel.

Steeds weer word julle daarvan in kennis gestel en tog skenk julle maar

weinig aandag aan wat julle gesê word, anders sou julle bewus lewe en

julle bes doen om die ware doel na te strewe. Julle sal dan egter ook moet

glo aan ‘n God en Skepper, aan Wie julle, julle bestaan te danke het en

julle sal met Hom ‘n verbinding tot stand moet bring, dan sal julle ook die

krag gegee word vir ‘n lewe op aarde volgens Sy Wil.

Julle sal op hoogte moet wees van die God en Skepper om julle onder Hom

en Sy Wil te stel. En julle sal moet weet hoe dit met julle bestaan as mens

gesteld is om nou ook in ooreenstemming met julle doel op aarde te lewe

d.w.s. die doel te bereik waarvoor julle op aarde is. En julle word daaroor

nie in onwetendheid gelaat nie, steeds weer word julle die Wil van God

bekend gemaak, dit maak nie saak op welke manier dit gebeur nie. Want

God spreek tot die mense, Hy spreek hulle regstreeks aan, sodra daar die

voorwaarde voor gegee is. Of Hy gee die mense opheldering deur

bemiddelaars. Maar nooit laat Hy die mense sonder kennis van Sy Wil

omdat hulle deur die kennis hul lewe op aarde op ‘n goeie manier lei en dus

hul ontwikkeling kan voltooi, solank hulle op aarde vertoef.

Maar hulle kan ook niks wil weet van welke opheldering dan ook, hulle kan

hulself verwyder van God, ongelowige word en geen diepere motivering van

die lewe op aarde aanneem nie. Hulle kan meen om self enkel en alleen

bewoners van ‘n skepping te wees, waar die lewe alleen maar die doel op

231

homself is en hulle slegs vanuit die gesigspunt met hul lewe besig is. En

hulle sal dan ook nie die Wil van God laat geld nie, Wie ‘n lewe in liefde

verlang, inteendeel sal hul eie wil, wat alleen op eieliefde berus, dit vir hulle

gesê het, wat enkel vir homself die grootste moontlike genot sou wil berei

en steeds alleen aan homself, maar nooit aan sy medemens sal dink nie.

So'n mens dink heeltemal verkeerd en hy sal ook nooit as te nimmer sy

doel op aarde bereik, as hy nie verander nie. Hy sal sy aardse lewe

tevergeefs aflê en sy siel ‘n verskriklike lot berei. Dit kan hom egter ook nie

verhinderd word nie, omdat hy ‘n vrye wil het, maar hy word op geen

enkele wyse benadeel, wat die insien van die waarheid betref nie, want op

een of ander manier word dit hom altyd gebring en hy hoef alleen maar die

regte standpunt daartoe in te neem en sy siel sal dan ook die ware

voordeel daaruit trek. Maar juis die inneem van ‘n standpunt sal hy

agterweë laat en hy sal homself tevrede laat stel met dit wat hy met sy

aardse sinne kan bevat, met die wêreld en sy goedere en hy sal hom daar

deur gevange laat neem en geen stap vooruit gaan in sy ontwikkeling nie,

omdat elke voorwaarde daarvoor ontbreek, soos liefde en ‘n innig

verbintenis met God, waardeur hy tot innerlike insig sou kon kom en

waarvan sy opregte wil sou getuig.

Maar die wil van die mens is vry en moet ook vry wees tydens die lewe op

aarde, omdat hy kan kies en eens weer die moontlikheid het om sy

oorspronklike staat binne te gaan en weer te word wat hy was in die

allereerste begin. Want hy sou ewig nie die hoogste geluksaligheid bereik

as hy ‘n onvry wese sou bly en nie vanuit homself die weg na God sou kon

opgaan nie, wat hom die hoogste geluksaligheid waarborg. Alles wat uit

Hom vry voortgekom het, moet in die vryheid bly en na My verlang, dan sal

hy ook grensloos geluksalig wees en bly.

Die deur God geskape wesens het eens die vryheid weggee en hulle was

gedurende ewighede ongelukkig. Maar eens gee God hul die vryheid terug,

maar alleen met die doel om definitief na Hom terug te keer, met die doel

om vry te kies vir of teen Hom. Daarom is die lewe op aarde as mens so

buitengewoon belangrik en tog word dit nie werkelik besef nie. Van die kant

van die teenstander word die mens nog baie te siene gegee as vernaam en

waardig om na te strewe, omdat die denke van die mens in verwarring raak

en hy nou alleen probeer sorg vir sy liggaamlike welbehae en die siel egter

heeltemal buite beskouing laat en daardeur die doel van sy lewe op aarde

nie bereik nie.

Maar hy word ook steeds weer opmerksaam gemaak op die betekenis en

die doel van sy aardse bestaan. En eens sal hy hom moet verantwoord,

omdat elke mens eens daarop gewys word dat hy vanweë ‘n doel op aarde

is. En wie die doel ernstig probeer deurgrond, die sal daaroor ook

opheldering verskaf word, hy sal in alles wat hom oorkom ‘n wyse leiding

kan herken en gee hy aandag hieraan, dan sal hy ook waarlik tot insig kom

omtrent die doel van sy lewe op aarde en hy sal sy bes doen om dit te

232

vervul, hy sal, bewus van sy verantwoordelikheid, sy lewe lei en ook

spoedig sy God en Skepper erken en leer liefhê.

En dan leef hy sy aardse lewe nie tevergeefs nie, hy sal innerlik volwasse

word en ook spoedig die ware doel bereik: die vereniging met God deur die

liefde. En hy sal die betekenis van die lewe op aarde insien en alles doen

om ‘n ontwikkelings-periode af te sluit, sodat hy vry word van elke vorm,

van elke ketting en binne kan gaan in die ryk van lig en geluksaligheid,

wanneer sy uur gekom het. Amen

God stel misleide onderrig reg

8572 28 Julie 1963

Ek wil slegs altyd julle misverstand ophelder en julle die suiwerste waarheid

in plek daarvan aanbied, om die rede praat Ek telkens weer met julle. En al

wat Ek van julle vra is die ernstige begeerte vir waarheid en die wil om reg

te dink en tussen waarheid en valsheid te kan onderskei. Dan kan die

komunikasie van hierbo gebeur en dan sal julle ook in die lig lewe.

Nietemin, daar is nie baie begeerte na waarheid nie, dus het My

teenstander groot mag, hy kan onwaarheid aanbied wat nie as as sulks

herken sal word nie. Later sal die mens se wil self besluit tot watter mate

hy die regte gedagtes ervaar, die waarheid, Hy moet Myself altyd benader

om die suiwerste waarheid te ontvang, want selfs as hy nog nie in staat is

om My Woorde te kan hoor nie, Ek nietemin hulle direk aan hom deur My

boodskappers sal stuur wanneer Ek sy opregte wil en begeerte vir die

suiwer waarheid herken. Omdat die teenstander voortdurend onwaarhede

sal wil insit en ook die mense bedrieg wat dink dat hulle ware geestelike

kennis het, wat hy weer en weer sal bederf tensy ernstig sorg geneem

word om dit te verhinder. Daarom kan julle nie versigtig genoeg wees nie,

julle kan My nie dikwels genoeg om die waarheid vra nie. Omdat Ek altyd

bereid is om die suiwerste geestelike kennis aan julle oor te bring. Om ‘n

lewende waterstroom na julle te laat vloei, wat nog onbesmet is van enige

byvoegings en wat gevolglik ook help om julle siele te genees.

Daarom moet julle van die bron trek en selfs dan moet julle daarvoor sorg

dat die suiwer, gesonde lewende water nie verontreinig word en na julle in

‘n ander toestand kom as wat dit uit die bron gekom het nie. My

teenstander gebruik baie metodes om My suiwer Woord te besmet en die

mense merk dit nie op nie. Hulle voldoen sonder aarseling aan hom

wanneer hy probeer om hulle te beweeg om veranderinge of sogenaamde

verbeteringe aan te bring, waarmee hom die geleentheid gebied word om

dit met valse saad te besmet wat sal groei en dan sy waarde aansienlik sal

verminder, indien valsheid nie herken en betyds reggestel word nie. Dit is

daarom baie belangrik dat My Woord telkens weer van bo afgekondig word,

omdat onvolmaakte mense niks onveranderd sal laat nie. Daarom sal hulle

ook altyd menslike kennis by ‘n hoogs volmaakte geestelike skat voeg,

hulle sal ook intellektueel in die verkeerde rigting beweeg en

233

verduidelikings gee wat nie met die waarheid ooreenkom nie. En dit kan

slegs deur die suiwer waarheid gekonfronteer word, wat regstreeks van My

weer na die aarde stroom wanneer Ek dit as noodsaaklik beskou om

valsheid reg te stel en die dade van die teenstander uit te wys.

En afhangend van die individu se begeerte vir waarheid sal hy ook daarop

reageer, hy sal die suiwer waarheid aanvaar as hy dit waarlik wil hê, of hy

sal onverskillig aan sy verkeerde gedagtes vashou, maar tot sy eie nadeel.

Maar sodra die skadu insluip sal Ek altyd lig bring en sal daarom nie ophou

om direk van bo te praat nie. Want mense sal ook nie ophou om hulle deur

My teenstander te laat beïnvloed om veranderinge aan te bring aan die

geestelike waarheid wat aanvanklik uit Myself kom nie. Telkens weer sal

hulle hul eie gedagtes gebruik, hul intellektuele redenasie en dit kan deur

My teenstander beheer word, sodat foute insluip in geestelike waarheid wat

voortgekom het uit My. En terwille van die mensdom se vrye wil verhinder

Ek dit nie maar Ek sal altyd seker maak dat hulle wat waarheid wil hê dit

ook weer in sy suiwerste vorm sal ontvang. Daarom moet julle nooit

geestelike feite verwerp wat uit My voortgekom het nie, maar julle moet

eerder daarvoor sorg dat dit onveranderd bly en vergelyk dit met My

boodskappe, wat weer direk na julle sal kom.

Ek weet waarom Ek telkens weer met julle praat, Ek weet wanneer dit vir

My noodsaaklik is om tussenbeide te kom om misverstande op te helder,

wat al is dit net ‘n bietjie, nuwe valsheid sal veroorsaak en so, omdat dit uit

hom voortkom, moet die teenstander bestry word. Die mens sal self altyd

valsheid verwerp sodra sy gees ontwaak is, maar hulle wat nog nie in

geestelike kennis gedelf het om elke valsheid te onderskei nie sal dit

aanvaar en dit is vergelykbaar met ‘n put waar die water, pleks van julle

dors les, julle skade doen. Valsheid kom uit die teenstander voort en kan

nie ‘n hellende effek vir die siel hê nie. Nietemin, as julle die lewende water

direk uit die bron kan ontvang is julle beskerm teen slegte invloed, dan sal

My Woord na julle in al sy krag kom en sal julle die suiwerste waarheid

waarborg en dan kan julle alles inderdaad glo omdat julle waarlik niks

onwaar van My kan ontvang nie. Maar julle moet altyd waaksaam wees en

besef dat My teenstander elke geleentheid sal gebruik om in te glip waar hy

ook al kan om mense te verwar. En selfs as hy net slaag om mense in ‘n

ander gedagte rigting te dring, wat veroorsaak dat hulle valse

veronderstellings maak wat nie met die waarheid ooreenstem nie en so

duisternis veroorsaak. As ‘n ontwikkeling van gedagte wat nie deur lig

deurdring kan word nie. vra My dan vir lig, vir opheldering en waarlik, Ek

sal dit doen, want Ek wil dat julle in waarheid lewe, want slegs waarheid is

lig en slegs deur waarheid kan julle geseën word. Amen

234

Die vergeesteliking van siel en liggaam – Wat is die

materiële liggaam?

8573 28 Julie 1963

Elke vraag wil Ek julle beantwoord op ‘n manier wat vir julle begryplik is,

selfs wanneer die diepste samehang nog nie vir julle begryplik is vanweë

julle lae sielerypheid nie. Tog sal julle oor vraagstukke wat julle besig hou

en waarin julle nie slaag om dit op te los nie, in onsekerheid gelaat word.

Dit sal net so lig in julle word as wat julle lig begeer. Die samestelling van

die siel van die mens het op dieselfde wyse geskied as die uiteenvalling van

die wese en het plaasgevind volgens sy afvalligheid van My, volgens die

verharding van sy substansie. Die afsonderlike partikeltjies wat deur die

skeppingswerke heen gegaan het met die doel om volwasse te word, word

weer versamel: Die mineraleryk of gesteentes, die plante- en diereryk laat

alle partikeltjies wat tot ‘n gevalle wese behoort, weer vry, en hulle sluit

hulself ten slotte weer aaneen en vorm dan die siel van die mens. Dus is

hierdie siel die eens gevalle oergees wat moet terugkeer na My, van Wie hy

uitgegaan het, as hy sy laaste wilsproef in die aardse lewe wil deurstaan,

waarvoor sy vrye wil noodsaaklik is. Hierdie siel beliggaam homself in ‘n

omhulsel van vlees, in ‘n stoflike liggaam en hy bestaan uit ontelbare

geestelike substansies wat nog in die begin van hulle positiewe

ontwikkeling staan. Want alle materie is die geestelike wat aan die begin

van sy ontwikkeling staan wat reeds die meer vowasse geestelike in

homself berg, wat daarin moet dien en so tot ontwikkeling moet kom. Die

"materie" het dus ‘n baie lang weg vir homself totdat hy ook homself as

"siel" kan beliggaam. Tog kan die weg van elke geestelike substansie van

verskillende duurte wees. Die geestelike in die materie kan vinniger

volwasse word, ook kan die materie egter self vinniger tot 'n uiteenval kom

as sy dienende funksie sonder weerstand vervul word; as die teenstand van

die geestelike wat nog gekluister is in die materie vinniger afneem en

diensbaar is.

Dit sal steeds dan die geval wees as hy homself in ‘n omgewing bevind

waarin ‘n bewustelike strewe na My te bemerk is, wat al die geestelike as ‘n

weldaad ondervind en waarvan die ontwikkelingsweg ook afgekort word,

omdat hy dikwels die moontlikheid kry om te dien. (Onder "dien" is te

verstaan dat die partikeltjies hulle hoogmoedige weerstand opgee en

hulself diensbaar stel teenoor die volg van die natuurwette, die verrig van

funksies of die voldoen aan die lewensdoel = opm. v.d.Hollandse uitgewer).

Julle moet dit so verstaan: Waar nog ‘n verlange na die materie is, waar

geen geestelike strewe te bemerk is nie, daar word die materie "opgepot".

Aan hom word weinig geleentheid gegee om te dien en die gekluisterde

toestand in hierdie materie word verleng, soos dit egter ook baie verkort

kan word as die mens geen vermeerdering van aardse goedere nastreef nie

en die weinige wat hy besit, steeds geleentheid gee om te dien.

235

Dan dra die mens self deur sy ingesteldheid teenoor My en die materie by

tot ‘n vinniger uiteenval daarvan en die daarin gebonde geestelike sal heel

dikwels sy uiterlike gedaante kan verwissel en vinniger tot volwassenheid

kom en ook in minder tyd die stadium bereik waarin alle partikeltjies hulself

versamel het en waarin nou die beliggaming as siel in die mens kan

plaasvind. So ook is die aardse liggaamlike omhulling van die siel nog

gekonsolideerde materie, waarvan die substansies tot ‘n eertyds gevalle

oergees behoort; wat eweneens ook self as siel die wilsproef op aarde moet

aflê. Geluk dit nou ‘n mens tydens sy lewe op die aarde om tegelyk met sy

siel ook sy vleeslike liggaam te vergeestelik, wat weliswaar selde voorkom

maar tog moontlik is, dan sal die geestelike substansies daarvan homself

by die siel aansluit en ‘n bepaalde geestelike volwasse toestand bereik.

Gevolglik sal van die kant van die ligwesens, aan wie se sorg die gevalle

geeste toevertrou is, ook nou op die nog in die uiterlike vorm gekluisterde

wesenlike, so ingewerk word dat hy vinnig tot volwassenheid kom, omdat

‘n siel wat so 'n vergeesteliking tegelyk met die liggaam tot stand sou

bring, oral baie krag uitstraal op alle substansies van die siel, wat nog die

ontwikkelingsgang moet aflê. Die siel neem dus sy vergeestelikte liggaam

met homself saam in die geesteryk en hy straal hierdie vergeestelikte

substansies dan weer as krag na die oerwese, aan wie dit behoort. Die

wese lê dan sy ontwikkelingsweg in ‘n baie korter tyd af, omdat die

volmaakte geestelike ook ‘n terugval 'verhinder’, wanneer die siel as mens

oor die aarde gaan. Want die substansies van die liggaam is verlos deur dié

in die liggaam inwonende siel en kan nou nooit meer ‘n terugval ondervind

nie.

Bowendien sal dit ook in die vorm en krag op die siel inwerk en hom tot ‘n

verhoogde strewe aanpor, om welke rede die mens ‘n baie groot opdrag

daarin moet sien dat sy liggaam eweneens vergeestelik sal word. Daarom

moet die mens alles doen om hierdie vergeesteliking te bereik, om nie

slegs sy eie siel nie, maar ook die siel van wie die substansies hom as

stoflike omhulsel dien tydens sy aardse lewe, te help.

Die aardse materie vergaan wanneer die uur van die dood gekom het. Maar

‘n vergeestelike liggaam sluit homself aan by die siel en stroom dan weer

as krag na die oergees toe aan wie hy behoort; sodat hy ‘n merkbare hulp

bespeur en nooit meer na die diepte kan afgly nie, omdat die reeds

vergeestelike substansie dit verhinder. En julle kan deur lyding en smarte

van die liggaam die nog baie onvolwassee substansies daarvan help om

hulself te ontwikkel. Julle kan vir hierdie geestelike wesensdeeltjies klein

soenoffers bring deur in bewustelike oorgawe julle lyding te dra, wat die

onvolwasse substansies van die liggaam weliswaar veroorsaak en wat egter

deur julle liefde die nog onverlostes sal help dra tot vergeesteliking van die

liggaam.

Julle bring in julle aardse lewe nie slegs julle eie siel tot volmaaktheid nie,

maar julle help ook ‘n ander oergees om homself vinniger te ontwikkel as

236

julle al die lae geestelikheid in julle, wat nog aan My teenstander behoort,

verlos deur julle liefde en julle wil om te help, waar dit maar moontlik is.

Vind hierdie verlossing nie plaas nie, dan gaan die liggaam ook sy

natuurlike weg: Dit los homself op en vergaan en dien weer vir ontelbare

klein en kleinste wesens tot opbou. Sy weg is dan baie langer, maar

eenmaal sal ook hierdie substansies almal byeenkom en sal ook die laaste

beliggaming in die vorm plaasvind op hierdie aarde. Besef altyd dat die

materie wat in die begin van sy ontwikkeling staan, geestelik is, wat reeds

die meer volwasse geestelike bevat om die diening moontlik te maak,

waardeur die geestelike homself positief ontwikkel. En die skeiding van

liggaam en siel moet julle altyd maak. Dan sal julle ook makliker begryp

welke bedoeling en beweegredes die lyding en die smarte van die liggaam

het en waarom die kruisweg van Jesus altyd weer aan julle mense

voorgehou word en dit moet julle navolg. Want Hy het die sonde vir julle

gedra.

Sy Siel was heeltemal sonder skuld en tog het Hy onuitspreeklik gely! En

wanneer julle ly, besef dan dat julle ook vir die geestelike wat julle as

uiterlike vorm diensbaar is, tot ‘n boetedoening bereid moet wees, sodat

julle die volmaaktheid kan bereik. Want julle kan die lydingsweg daarvan

ook belangrik verkort. En daarom moet julle liefde julle daartoe bring om

almal wat sondig geword het, te help verlos. Amen

Opheldering oor die materie en sy doel

8575 30 Julie 1963

Alle materie is verdigte gees. En so is die hele aardse stoflike wêreld eens

deur My uitgestraalde krag wat in die allereerste begin sy bestemming nie

nagekom het nie, omdat hulle nie daartoe gedwing was nie; wat egter

volgens die wet van die ewigheid werksaam moet wees en daarom omvorm

was tot skeppings van allerlei aard, waarvan die funksionering bepaal word

deur natuurwette en dit onder die dwang van "jy moet".

Deur die wetlike vervulling van hulle taak tree die geestelike ‘n steeds hoër

stadium van ontwikkeling binne en sodanig is die skepping in die grond van

die saak geestelik op die mees uiteenlopende vlakke van ontwikkeling.

Vanaf die hardste gesteente, of as plant of dier op tot by die mens, gaan

die ontwikkeling opwaarts, wat gewaarborg is deur ‘n voortdurende

dienende werksaamheid van elke afsonderlike skeppingswerk. Die materie

val steeds weer uiteen, dit wil sê, al die geestelike wissel gestadig van die

buitekant en neem ‘n nuwe hoër vorm aan en ontwikkel homself op die

manier tot by die stadium, waarin hy homself as mens mag beliggaam om

ook nou weer, deur dienend werksaam te wees, homself te bevry uit die

laaste omhulsel op hierdie aarde. Steeds sal materiële omhulsels of

uiterlike vorme die ryper geestelike bevat en dit dien om homself verder te

voltooi. Die omhulsels self word weer opgelos en die daarin geborge

geestelike substansies sal homself eweneens verenig met substansies van

237

dieselfde volwassenheid en hulle naas volgende vorm aanneem, solank tot

alle krag homself weer versamel het, wat in die oerbegin as "wesens"

uitgestraal was en nou as wese weer bestaan in sy vroeëre hoedanigheid,

egter sonder enige liefde, wat hy eertyds nie meer van My wou aanneem

nie.

Hierdie liefde word nou as ‘n vonkie aan die mensesiel op aarde as lewende

oergees toegevoeg, as ‘n barmhartigheidsgeskenk van My. En nou kan die

mens weer sy voltooiing bereik, hy kan weer volmaak word soos wat hy

eens uit My voortgekom het. En dan sal die uiteindelike doel bereik wees,

wat Ek My voorgeneem het by die skep van die wesens.

Vandaar dat, vanaf die vroeëre wese die weg deur die skeppings van die

aarde heengegaan het, daar eindelose tye verbygegaan het. Want wat as

materie vir julle sigbaar is, het lang periodes nodig vir sy omsetting. Want

die eerste harde materie, die gesteentes, gee nie so gou die geestelike vry

nie. En as daar nie onder invloed van natuurwette ‘n uiteenval van die

harde buitekant plaasvind nie, kan ewighede verbygaan totdat daar ‘n

verlosser intree; totdat hierdie wêreld van gesteentes ‘n ligter vorm van

lewe laat sien in die sin, dat hulle heeltemal verander, of ook wel uiteenval,

om die gekluisterde geestelike, wat nou in ‘n minder vaste vorm opnuut

gebondel word, vry te laat. En so sal die nuwere vorm steeds makliker

oplosbaar word en al die skeppingswerke gee die geestelike die

moontlikheid daarin om verder volwasse te word. En so kom die

aanvanklike heeltemal verharde dooie geestelike langsaam tot lewe. Die

wisseling van die uiterlike vorm vind steeds vinniger plaas en is daar in die

hele skepping ‘n voortdurende lewe en sterwe, ‘n wording en

verganklikheid te sien.

Maar die geestelike het eindelose tye nodig vir sy ontwikkelingsgang, wat

as mens op die aarde beëindig word. En steeds moet onderskei word, dat

elke uiterlike vorm uit geestelike substansies bestaan wat in die begin van

hulle ontwikkeling staan en wat alle uiterlike vorms weer geestelike

substansies bevat wat reeds ‘n hoër graad van volwassenheid bereik het en

in die vorm nog verder volwassewording moet ondergaan. En daarom hoef

die uiterlike omhulsel nie steeds so gewaardeer te word as dat dit die

geestelike in homself bevat nie. Die uiteenval van die buitekant sal altyd ‘n

daad van bevryding wees vir die gekluisterde geestelike en tewens ook ‘n

stap omhoog in die positiewe ontwikkeling beteken vir die materie self, wat

as uiterlike vorm die sielesubstansies omhul.

Hierdie omhulling het nog ‘n lang tyd nodig totdat ook hulle, as bestanddeel

van ‘n siel, hulle laaste weg oor die aarde sal aflê. En hoe gewilliger ‘n

omhulsel sy diens verrig, hoe vinniger gaan dit vooruit in sy ontwikkeling,

egter steeds volgens die wetlike ordening. En so ook het die laaste uiterlike

omhulling, die menslike liggaam, ‘n baie groot opdrag, waarvan die

nakoming daarvan, die geestelike substansies waaruit die liggaam opgebou

is, ook ‘n vinnige vooruitgang van sy ontwikkeling bring, sou die liggaam

238

homself heeltemal volgens die eise van die siel voeg en dus saam

vergeestelik kan word tydens die aardse lewe, wat vir die ander gevalle

oergeeste ‘n verkorte aardse weg kan beteken. Want, wat deel van hom

uitmaak, dra deur buitengewone diening en lyding by tot ‘n veel vinniger

terugkeer van die oergees tot My, wanneer hy as mens sy gang oor die

aarde gaan en nie meer die terugval in die diepte hoef te vrees nie, omdat

hierdie substansies wat al volmaak is, hom ‘n sekere voltooiing verseker.

Die kennis hieroor kan julle daartoe aanspoor, om heeltemal bewustelik die

vergeesteliking van die liggaam gedurende die aardse lewe na te strewe en

dus ‘n lewenswandel te lei heeltemal volgens die gebooie van die liefde,

omdat die liefde die weg is wat tot die totale vergeesteliking van die

liggaam voer. Amen

Die betekenis van die aardse lewe - werksaamheid

in liefde

8576 31 Julie 1963

Steeds weer wil Ek julle opheldering gee hoe dit met die loop van die

aardse lewe as mens gestel is, omdat die kennis daaroor, sodra julle daar

aan glo, julle dan julle lewenswandel met verantwoordelikheidsbesef laat

lei. Dit kan julle ook uitgelê word en tog sal julle dit nie glo nie, maar

steeds weer sal julle in die aardse lewe in omstandighede kom waarin julle

nadink oor die doel van julle bestaan en dan sal ook steeds weer hierdie

gedagtes in julle opkom en julle sal aan die gesprekke terugdink wat julle

opheldering moet gee. En elke denkend mens sal daaroor nadink en na

gelang sy wil, tot die regte insig kom.

Ek wil steeds maar dat die gedagtes van die mens hom nie alleen met

wêreldse sake besig hou nie, maar in die gebied dwaal wat wel nie

bewysbaar is nie, maar tog nie te ontken is nie, as ernstig daaroor

nagedink word. Eers dan, as die mens hierdie weg al denkende begaan, is

sy aardse lewe tot voordeel van sy siel, wie se volwasse word die sin en

doel van die aardse lewe is. Daarom is dit nodig dat die mens steeds weer

daarop gewys word dat hy nie alleen op aarde leef om ‘n uiterlike goeie

lewetjie en rykdomme te verwerf nie. Hy sal wel meestal nie wil glo en hy

kan ook nie gedwing word om te glo nie, maar hy sal af en toe daaroor

nadink en kan daardeur ook tot ander gedagtes kom, sodat hy hom in sy

gedagtes meer besighou met die ryk wat hom nie bewys kan word nie. Dit

sal nou aan sy lewenswandel lê of hy gelowige word, want as hy die

werksaamheid in liefde nie uit die oog verloor nie, as hy van goeie wil en

tot hulp bereid is, sal hy ook leer glo en in sy ontwikkeling opwaarts gaan.

Daarom moet die mense steeds tot liefdewerke aangespoor word, wat

dikwels al deur ‘n goeie voorbeeld bereik kan word. Dan sal ook die

ongeloof wyk, want die liefde wek onherroeplik die geloof tot lewe. Dus is ‘n

liefdevolle lewe absoluut nodig om ook tot geloof te kom. Die liefde het

egter verkoel onder die mense en daarom moet die harte aangeraak word,

239

sodat hulle gewillig word om lief te hê, want die vermoë om lief te hê het

alle mense, omdat hulle deur My ‘n klein vonkie van My Gees toegevoeg is

vir sy lewe op die aarde.

En die bereidheid tot liefde kan ook weer alleen deur groot nood opgewek

word, dat moeilike slae van die noodlot die mense tref waarby hulle dan op

mekaar aangewys is en juis dan die wil om te help tevoorskyn kom as 'n

mens nie geheel verhard is en dus ‘n aanhanger van My teenstander is, wat

dan egter ook reddeloos verlore is as die tyd wat hom gestel is om sy siel

tot voltooiing te laat kom verby is. Sonder liefde is die aardse lewe

nutteloos, die siel wen niks nie en bly in sy ou toestand, as hy nie nog

verder afsink in die diepte waaruit hy hom al omhoog gewerk het en slegs

die laaste klim omhoog moes doen. Sonder liefde kom hulle geen stap

verder nie, en tot liefhê kan geen mens gedwing word nie. Dit is ‘n

aangeleendheid van die vrye wil, maar dit is die enigste moontlikheid om

die doel op aarde te bereik, dat die siel tot voltooiing kom en hom weer in

sy oerwese verander.

En dus moet steeds maar weer die Goddelike leer van die liefde verkondig

word, die mense moet steeds weer gewys word op die gebooie van die

liefde tot God en die naaste, steeds weer moet hulle deur nood en ellende

getref word, sodat die liefdevonk in hulle ontvlam en tot ‘n heldere vlam

word. En daarom lei Ek vir My op aarde weer lerare op, wat aan hul

medemens die liefde preek en hulle My Wil verkondig en hulle probeer in

lei, in die kennis wat alleen deur ‘n lewe in liefde verkry kan word.

Daarom stuur Ek ook nou weer My disipels van die eindtyd uit in die wêreld

om My evangelie te verkondig wat Ekself na die aarde stuur. Steeds weer

werk Ek duidelik sigbaar en op ‘n ongewone manier om geloof te vind,

omdat die mense hulle al te ver van die geloof afgekeer het, omdat hulle

die plek nie meer opsoek waar My Woord verkondig word nie en ook omdat

My Woord al krag verloor het terwyl die verkondigers van My Woord

geestelik nie ontwaak is nie.

Die mense moet tot lewe kom. Hulle moet leer om lewend te glo, omdat

hulle dan eers na My strewe en leer liefhê en dan ook opwaarts gaan in hul

ontwikkeling. Maar sonder liefde sal hulle op aarde niks bereik nie. Wat

daar ook gedoen word, steeds moet die liefde daar aan ten grondslag lê,

anders is dit dooie werk. Julle, mense moet dit alles weet en julleself dan

afvra wat julle beweeg tot al julle woorde, dade en gedagtes. En alleen as

die liefde julle daartoe aansit sal alles wat julle dink, spreek en doen, goed

wees in My Oë en julle ‘n hoër graad van volwassenheid oplewer. Waar

egter die liefde ontbreek daar is alles nutteloos. Want alleen vir die omkeer

van julle lewe tot liefde is julle op aarde en alleen dit is en bly julle doel,

dat julle julleself deur die liefde verbind met My, wie die “Ewige Liefde” Self

is. Amen

240

Wat was die mens en wat is sy aardse taak?

8582 7 Augustus 1963

As mens word julle weer ‘n ek-bewuste wese en herken julleself as ‘n

geestelike tasbare iets, maar julle is nie bewus van die opperste

volmaaktheid wat julle eens besit het nie en dat julle bestaan as mens aan

die begin van julle beliggaming slegs ‘n bleke refleksie van julle vroeëre self

is. Julle is inderdaad weer dieselfde wese wat homself sien as ‘n ekbewuste

wese met intelligensie en vrye wil, maar julle mis ‘n spesifieke

graad van volmaaktheid wat julle as ‘n goddelike wese kenmerk; julle het

onvolmaak geword as gevolg van julle vroeëre afval van God en moet eers

julle oer volmaaktheid weer bereik. Nietemin, julle is ‘n ek-bewuste wesens

wat kan dink en in besit van vrye wil is en wat nou hul intellek sal gebruik

om hul finale volle volwassenheid op hierdie aarde te bereik. En om die

volwassewording tenvolle bewus aan te pak moet julle weet welke soort

verhouding julle met Hom gehad het Wie julle geskape het. Julle moet weet

dat julle eens ‘n intieme digte verbintenis met julle God en Skepper gehad

het en dat julle julleself vrywillig van Hom gedistansieer het, maar om weer

volmaak te word, om weer julle oeraard aan te neem, julle weer eens met

Hom moet verenig, of julle sal sonder krag en lig bly, omdat Hy alleen die

ewige Bron van krag en lig is, waaruit alle geskape wesens krag en lig moet

ontvang om weer te word wat hulle aan die begin was, hoogs volmaakte

wesens, beelde van God, ware kinders van die Vader, wat hulle lewe gegee

het.

Die volwassewording tot volmaakte wesens is die mens se taak op aarde,

wat daarom ook die kapasiteit het om kennis aan te neem en dit te

verwerk, om hierdie kennis geestelik te aanvaar en dit te gebruik om

volmaak te word. Want tydens sy bestaan as mens word hy die

moontlikheid gegee om verstandelik ‘n opinie oor die kennis te vorm wat

aan hom namens God gebring word, wat uiterlik aan hom deur

boodskappers as ook innerlik deur die stem van die gewete gegee kan

word, want hy kan en is veronderstel om die gawe van sy intellek te

gebruik en met goeiewil kan hy dan ook tot diepgaande kennis deurdring.

As hy altyd toegee aan die innerlike invloed van sy gewete en aktief begin

om dade van liefde te doen. Dan sal hy met die weg van terugkeer na God

begin, dan sal hy weer kontak begin soek met die Een Wie sy Vader van

ewigheid is. Dan sal hy ook stadig begin om tenvolle volwasse te word en

sal die top kan bereik waar hy eens gewees het en weer bereik moet word

as hy weer in besit van lig en krag en vryheid wil kom, wat hom in die

allereerste begin onbeskryflik gelukkig gemaak het.

Oorweeg welke taak julle in julle aardse lewe moet vervul, wat julle sal laat

styg uit ‘n staat van swakheid en duisternis en julle pad op werk tot helder

lig en uiterste krag, dat julle dit gewis kan doen as julle van goeiewil is en

aan die Goddelik wil voldoen om ‘n lewe van liefde te leef. Julle is in staat

om God se vereiste te vervul om volmaak te word, want Hy gee julle krag

241

en genade in oorvloed, Hy is altyd gereed om julle met Sy hulp te

ondersteun en Hy plaas ook Sy wil in julle harte, sodat julle slegs oplettend

moet wees en die gevoel aanvaar wat julle dring om goeie dade te doen,

om vriendelik te praat en reg te dink as julle slegs gewillig is om julle

aardse taak te vervul. Want in die staat van ek-bewussyn as mens sal julle

ook altyd ingelig word oor God’s Woord, in watter vorm dit ook al mag

wees. Julle sal kennis oor julle God en Skepper ontvang en dan sal julle dit

ook self kan oordink en geestelik verduidelikings uit die geesteryk ontvang.

Die moontlikheid om julleself op aarde te vervolmaak word aan elkeen van

julle gegee. Want julle is nie meer in die vorm gebind nie, julle gaan deur

julle finale beliggaming op hierdie aarde en besit alle vermoë om julle

ontwikkeling te waarborg, maar julle het ook ‘n vrye wil, wat alleen sal

bepaal hoe julle, julle vermoë sal gebruik. En julle moet self julle wil in die

regte rigting draai, daarom sal julle herhaaldelik ingelig word oor die

belangrikheid van julle aardse lewe. Julle intellek kan ‘n opinie oor dit vorm

en julle wil bepaal. Maar die vrye besluit sal altyd julle sin wees en dit is

julle verantwoordelikheid, want julle toekomstige lot in ewigheid sal

dienooreenkomstig wees. Want hoewel julle nie vir altyd verlore sal gaan

nie, sal die staat van swakheid en duisternis van julle siele nietemin vir ‘n

oneindig tyd aanhou in hernude ondraaglike pyn in plaas van geluk. Maar

tog moet julleself die finale besluit tydens julle aardse lewe in volle vryheid

van wil neem. En goed vir hom, wat na God sal draai en weer met Hom op

aarde sal verenig. Amen

Die liefde tot God word bewys deur die liefde tot die

naaste

8584 10 Augustus 1963

Steeds weer sê Ek julle dieselfde: Bekommer julle oor julle naaste in sy

nood, help hom, sonder om in ag te neem of hy hom in geestelike of in

liggaamlike nood bevind. Betoon hom onbaatsugtige naasteliefde en julle

vervul julle aardse doel. Want eers daardeur bewys julle My julle liefde as

julle, julle liefde aan die naaste gee, wat julle broer of suster is. Ek is die

Vader van julle almal, Ek verlang na julle liefde, wat na al My skepsele, wat

uit My voortgekom het, moet uitgaan. En julle naaste bevind hom heel

dikwels in nood en oorwegend sal dit geestelike nood wees waarmee julle

hom moet help, want aardse nood gaan verby, die geestelike nood bly

egter bestaan en sal steeds weer hulp verg, of op aarde of in die ryk

hierna.

Die geestelike nood bestaan hoofsaaklik in liefdeloosheid en daardeur in ‘n

gebrekkige gesteldheid van die siel, wat volwasse moet word in die aardse

lewe deur liefde. As julle nou julle naaste liefde gee, kan dit wederliefde

opwek en die medemens daartoe bring om sy wese te verander, sodat hy

dit wil nadoen wanneer julle hom as voorbeeld die regte lewe in die liefde

242

voorleef. Hierdie hulp is die vernaamste, dat julle liefde skenk en ook julle

naaste die evangelie voorhou, dws. hom ook sy Skepper en Behouer as ‘n

God van Liefde voorstel, wat die Vader van alle mense is en as Vader

aangeroep wil word.

Julle moet steeds julle medemens geestelike kennis probeer verskaf en

julle sal hom daardeur help om hom te voltooi, as alles wat julle hom

aanbied in liefde geskied. Maar ook in aardse nood moet julle julleself oor

julle medemens bekommer en julle sal daardeur tegelykertyd wederliefde

opwek. Want die liefde is krag en sal nooit sonder uitwerking bly nie, tensy

dat julle naaste nog geheel onder die invloed van My teenstander staan dan

sal hy julle afwys en ook geen uitwerking van die liefde ondervind nie.

En julleself sal deur liefdadigheid julle siele steeds meer tot volwassenheid

bring. Daarom moet alle geleentheid benut word waar julle in liefde

werksaam kan wees. En aan alle nood waarin julle medemens hom bevind,

moet aandag geskenk word. Julle mag nie ongeag by hom verby gaan en

hom in benarde omstandighede alleen laat nie. Want dan is julleself

liefdeloos en vul julle nie julle aardse lewensdoel nie, wat alleen daarin

bestaan dat julle weer julle oerwese aanneem, dat julle tot liefde word wat

julle was in die allereerste begin.

Altyd sal die gebod van die liefde die eerste en vernaamste wees en steeds

moet die evangelie aan die mense verkondig word, wat die liefde leer tot

God en die naaste. Julle sal egter Myself nooit liefde kan skenk as julle

geen oog het vir julle naaste nie, al is julle ook vervul van hewige emosies.

Die regte liefde tot My kan alleen tot uitdrukking kom deur vir julle naaste

in liefde werksaam te wees en hierdeur bewys julle ook julle liefde vir My.

Wie egter in die liefde tot die naaste lou en ongeag is sal ook nooit regte

liefde vir My voel nie, want hoe kan ‘n mens My liefhê, Wie hy nie sien nie,

as hy nie aan sy broers en susters dink wat hy wel sien nie?

In die eindtyd is die liefde onder die mense verkoel en daarom is hulle ook

ver van My verwyder, Want Ek, as die ewige Liefde kan My alleen deur die

liefde met ‘n mens verbind. En daarom is ook die geestelike nood so groot,

want liefdeloos wees beteken ook om ongelowig, onwetend en kragteloos te

wees. Dit beteken verder, om julleself nog in die mag te bevind van hom

wie sonder enige liefde is en ook die mense steeds wil verhinder om te

werk in liefde, wie julle wil verderf, deurdat hy julle ver hou van My: En

hom moet julle weerstaan, julle moet probeer om tot My te kom en julle sal

dit alleen bereik deur werksaam te wees in liefde. En daarom sê Ek: “Wat

julle vir die geringste van My broers of susters doen dit het julle vir My

gedoen” Ekself waardeer julle liefde tot die naaste as liefde tot My.

Hoe sou julle anders julle liefde tot My kan bewys? As julle glo dat Ek as

Vader al My kinders My Liefde skenk, dan moet julle My ook as My kinders

met liefde beantwoord en dan weet julle ook dat julle almal deur My as

kinders aangesien word, dat julle almal dieselfde is, van My uitgegane

skepsele en julle moet mekaar liefhê en saam julle bes doen om nader aan

243

My te kom. Julle moet egter ook sorg dra vir mekaar, julle moet verhoed

dat die ander skade ly, julle moet hom help in moeilikhede van allerlei

aard, julle moet hom bystaan en gewoon ‘n goeie verstandhouding van

broer tot broer tot stand bring en dan gesamentlik strewe na julle Vader

van ewigheid.

Dan eers het julle die liefde vir mekaar wat Ek van julle verlang, omdat

julle dieselfde is in julle oersubstansie, omdat julle uit die Goddelike

Liefdeskrag voortgekom het. En sodra eenmaal die verhouding onder julle

anders geword het, sodra by al julle denke en handel die liefde beslissend

is, sal julle ook toeneem in volmaaktheid. Julle sal weer word wat julle eens

gewees het; met liefde deurstraalde skepsele wat steeds alleen werk vir

mekaar se geluksaligheid. Want waar liefde is moet ook ‘n ontvangs stasie

vir hierdie uitgestraalde liefde wees, ongeag of Ek self as Oerbron, of julle,

as senders van My liefdeskrag die liefde verder straal.

Steeds moet daar ‘n vat wees waarin julle, julle liefde kan stort en so sal op

aarde julle medemens die vat wees, julle naaste, aan wie julle die liefde

gee wat julle van My ontvang. Want julle kan niks gee wat julle nie reeds

van My ontvang het nie. Die liefdevonk in julle voed Ek deurdat in julle My

Liefde steeds meer tot die doen van liefdewerke aansit en die

werksaamheid sal weer geskied ten gunste van julle naaste, want julle

word aangespoor om onafgebroke aktief te wees in die liefde, sodra My

Liefde eens in julle kan binnestraal.

En julle liefdadigheid teenoor julle naaste bewys My, dat julle My Liefde in

julle laat binnestraal, dat julle, julle hartee open en My en My Liefde

toegang verleen. Dit bewys My dat julle My weer in liefde toegedaan is,

anders hou julle julle hartee vir My gesluit en sou Ek nie kan werk in julle

nie. En altyd sal julle alleen dan tot voltooiing kom as julle, julle eie lewe

nie vir julleself lei nie maar steeds aan julle medemens dink, as julle hom

sy liggaamlike en geestelik lot ter harte neem, as julle probeer om hom op

die weg na My te bring en julle hom ook bystaan in aardse nood, as hy na

julle toe kom en julle om hulp vra.

Julle leef tesame met die doel om wedersyds volwasse te word en steeds

sal julle geleentheid gegee word waar julle in dienende liefde werksaam

kan wees. Julle moet slegs van goeie wil wees en julle laat lei steeds met

toewyding aan My, julle God en Skepper, Wie deur julle as Vader erken

word en aan Wie julle die liefde van ‘n kind gee. Dan sal julle mekaar liefhê

soos broers en susters en goed wees vir mekaar. Dan word julle siele

volwasse op aarde en julle sal julle doel bereik. Julle sal julleself deur die

liefde verenig met My die ewige Liefde en nou vir ewig salig wees. Amen

244

Gebed om Krag en Barmhartigheid – Hoogmoed –

Deemoed

8589 18 Augustus 1963

Julle moet daarvan bewus word dat julle My barmhartigheid voortdurend

sal kan vra, sowel vir julleself, asook vir julle medemens en vir alle siele in

die geesteryk. Die vraag om barmhartigheid te stuur is altyd ‘n daad van

deemoed wanneer julle dit vir julleself vra, want julle beken daardeur julle

swakheid en kom in hierdie swakheid na My toe, sodat Ek julle kan

versterk. En die mens wat homself swak voel sal My ook steeds deemoedig

tegemoet gaan en aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid. En vra

julle barmhartigheid vir andere, vir die medemens of vir die siele in die

hiernamaals, dan is dit ‘n daad van onbaatsugtige liefde, want julle sal

diegene wil help wat swak van gees is; julle smeek krag af vir hierdie

eweneens swak siele en Ek kan dit terwille van julle liefde hulle ook laat

toekom. Maar steeds is dit ‘n geestelike bede wat julle tot My rig en

waarlik, dit sal ook altyd aan julle vervul word. En steeds sal julle My slegs

met ‘n deemoedige hart daarna kan vra, as julle voor My beken dat julle

swak is en weet dat krag en barmhartigheid slegs van My kan uitgaan en so

gee julle ook julle gebrekkigheid toe en verlang om volmaak te word

waartoe julle My ondersteuning vir julle afbid.

En wanneer julle insien dat julle eens van My afvallig geraak het, omdat

julle gemeen het dat julle sterk is en geglo het dat julle My en My krag nie

meer nodig het nie; dan sal dit vir julle ook begryplik wees dat julle

vrywillig julle volmaaktheid omvergegooi het. Maar julle is op aarde as

mens beliggaam met die doel om na My terug te keer en hierdie terugkeer

moet op ‘n teenoorgestelde wyse plaasvind as die afvalligheid van My. Julle

was hoogmoedig en het geglo dat julle in besit was van krag in oorvloed.

Maar nou sal julle in die diepste deemoed julle swakheid moet insien en

beken deur My te vra om julle krag te skenk. Omdat julle julleself eens

vrywillig van My afgewend het, sal julle My om barmhartigheid moet vra,

om ‘n geskenk wat julle nie verdien het nie, wat julle vir julleself verspeel

het in hoogmoed. Maar glo My dat Ek so ‘n versoek om krag en

barmhartigheid baie graag vervul omdat Ek tog Self wil hê dat julle weer

volmaaktheid sal bereik en julle julleself weer by My sal kan aansluit om

hemelse vreugde te ontvang, wat slegs die vereniging met My vir julle kan

berei. Slegs die erkenning van julle onwaardigheid en die toegee van julle

swakheid bring My daartoe, om julle in die rykste mate te bedien.

Daarom sal julle My steeds weer om die skenking van krag en

barmhartigheid kan vra. Dit is ‘n geestelike versoek wat Ek onherroeplik

aan julle sal vervul, want My geluksaligheid bestaan daarin, om My

skepsele ononderbroke die krag van My Liefde toe te voer, sodat hulle

opwaarts kan gaan en so steeds nader aan My kom. Want uit eie krag is

julle nie daartoe in staat nie, solank julle nie buitengewoon werksaam is in

245

liefde en vir julleself krag verwerf nie. Maar ‘n gebed in gees en in waarheid

vir die stuur van barmhartigheid en krag is ‘n baie sekere waarborg vir die

ontvangs daarvan, want steeds benadruk Ek dit weer: Aan die deemoedige

skenk Ek My barmhartigheid en slegs ‘n deemoedige hart rig die versoek

aan My. En steeds maar weer gee Ek julle die versekering dat dit wat julle

versoek, vervul sal word, want daardeur beken julle aan My tog net julle

wens om nader aan My te kom en julle deurstaan daarmee die wilsproef op

aarde, wat homself vrywillig na My toe keer van Wie julle julleself eens

afgewend het in hoogmoed en heerssug.

Maar wie vra, is nóg hoogmoedig nóg heerssugtig, hy onderwerp homself

aan My en weens sy deemoed kan Ek nou ook in onmeetlike mate uitdeel,

en waarlik, niemand, wat die versoek tot My rig, sal leeg weggaan nie,

omdat Ek julle baie graag hoor en ook vervul wanneer hierdie gedagte eers

opnuut in julle tot lewe kom om van My krag en barmhartigheid vir julleself

te vra; dan erken julle My ook as julle God en Skepper, wat julle Vader wil

wees, julle staan al in verbinding met My, wat steeds deur ‘n innige gebed

bewys word en dit maak nie saak waarvoor julle vra nie.

Maar krag en barmhartigheid is geestelike goedere, wat Ek nooit van

iemand sal weerhou wat daarna vra nie, omdat dit sy deemoed bewys en

altyd sal Ek aan die deemoedige My barmhartigheid skenk, soos wat Ek dit

beloof het. Amen

Leed dien tot vergeesteliking van siel en liggaam

8593 21 Augustus 1963

Julle hoef julleself slegs in My kragstroom te begewe, dws. julle geheel

bewus aan My oor te gee en julle harte te open vir die straling van My

liefde, dan sal ook My liefdeskrag by julle werksaam word.

En tog sal julle siele meer as julle liggaam hierdie toevoer van krag

bespeur, wat dan weer ‘n geestelike vooruitgang kan toon. Dink daar aan

dat die liggaam julle daarmee moet help, dat daar in julleself egter ook

onvolwasse geestelike is, want julle is nog nie volmaak nie. En die

onvolwasse geestelike het julle hulp nodig om ook nog op aarde volwasse

te word.

En die hulp bestaan hierin dat julle die geestelike tot My aanbeveel, dat Ek

dit ook krag laat toekom wat julle die geestelike deur stil daarvoor te bid,

sou wil besorg. My teenstander probeer julle dikwels te hinder met julle

geestelike arbeid en hy gebruik daarvoor die nog lae geestelike, wat julle

dan liggaamlik of geestelik bedruk maak. Maar julle moet dan ook weet dat

julle gebed vir die nog onvolwasse geestelike in julle, altyd sukses sal hê.

En daarom moet julle julleself tot My wend om My bystand en beskerming

teen alle aanvalle van My teenstander.

Geloof maak dat niks onmoontlik is nie en Ek ook op ongewone wyse kan

werk, as julle ‘n sterk geloof besit. Want dan moet die verderflike geeste

van julle wyk, as hulle hul nie deur julle laat kalmeer en vergeestelik nie.

246

Dog hulself verspeel vir hulle ‘n groot genade wat hul gebied word, om

hulle by julle te mag aansluit om in julle materiele buitenkant, julle

liggaam, ‘n guns te ervaar, nl. ook tot volwassenheid te kan kom. Hou hul

altyd hierdie genade voor en probeer hulle te beweeg om hulle by julle wil

aan te sluit, en saam met julle siele tot volwassenheid te kom, sodat hulself

hul ontwikkelingsgang kan verkort as hulle julle raad ter harte neem.

Maar wat julle aan leed sal kan dra neem dit berustend en geduldig op

julle, want dit sal julle tot volwassenheid bring en julle sal My eens dank

ook vir die leed wat julle moes verdra. As egter die onvolwasse geestelike

deur julle berusting en geduld ook tot volwasse wording kom, dan bereik

julle hier op aarde ‘n hoë graad van volwassenheid, sodat julle voltooiing

naby is as julle van die aardse lewe skei. My krag staan julle egter altyd ter

beskikking en is waarlik voldoende ook vir die vergeesteliking van die

substansies wat nog in die begin van hul ontwikkeling staan. Maar julle

moet My bewustelik om krag vra en dit in julle harte in laat straal.

Julle moet bid tot My, julle gedagtes moet My soek en steeds My

aanwesigheid verlang. Daar moet ‘n verlange in julle wees na My

liefdestraal wat Ek graag wil vervul. Julle moet julleself alleen aan My

oorgee en bereid wees om die kragstroom van My liefde in julle op te

neem, wat steeds ‘n innig kontak met My vereis. Wanneer julle julleself

verdiep in gedagtes wat alleen die geestelike betref, My, julle God en

Skepper, dan is julle ook gereed om My kragstroom op te neem. Dan open

julle, julle harte en Ek kan julle weer met My straal verlig soos in die begin,

toe julle nog in vurige liefde tot My meer as salig was.

My liefde tot julle het dieselfde gebly, slegs julle liefde het afgeneem. Maar

julle moet egter weer dieselfde graad bereik wat julle in die allereerste

begin so onuitspreeklik gelukkig gemaak het. Daarom moet julle self tot My

kom en Ek sal altyd vir julle gereed staan. Ek sal julle skenk wat julle

gelukkig maak en liggaam en siel met My liefdeskrag deurstroom, wat julle

dan tot volle volwassenheid, tot die uiterste voltooiing sal voer. In

verbinding met My kan julle ook nie meer ly nie, ook al lyk dit so vir julle

medemens. En ‘n innige verbintenis met My maak julle ongevoelig vir

smart. Dan is My krag sterker en sal julle deurstroom, of tot volledig

herstel van die liggaam, of ook as julle uur gekom het tot ‘n pynlose

oorgang in die geesteryk. Want as julle met My ten nouste verbind is het

julle, julle doel op aarde bereik. Amen

Pynlike middele kan help om te glo

8594 23 Augustus 1963

As die mense tog maar wil glo in ‘n God van Liefde, wat hul hemelse

vreugde wil berei. Dog gesien die groot nood waardeur die mense steeds

weer getref word, en die rampspoed en katastrofes van allerlei aard, kan

hulle die geloof nie opbring dat ook alle nood alleen ‘n werk van Liefde van

247

My is, omdat Ek weet waardeur die mense nog gered kan word en tot

saligheid kan kom.

Die middele wat minder smartlike is, mis by julle sy uitwerking en sou Ek

sagsinnig tot julle spreek, dan luister julle nie na My nie. Tog moet julle

daartoe gebring word om julle na My te wend. En as alle ligtere middele

vergeefs is, moet Ek smartlike middele aanwend sodat julle aan My dink en

My om hulp vra en dit dan ook mag kry, sodat julle My as ‘n God van Liefde

kan herken.

Julle sou waarlik almal My liefdevolle Vaderlike aangespreeking kan hoor,

wat julle alleen My Wil bekend maak. En sodra julle hierdie Wil vervul, kan

ook julle lewe rustig en suksesvol verloop. Slaan julle egter geen ag op My

sagmoedige woorde nie, dan moet Ek Myself duideliker bekend maak

omdat My Liefde julle nie opgee nie, omdat Ek alles probeer om julle vir My

te wen om julle tot die lewe te wek wat ewig duur. Want julle hoor My maar

hou julleself verwyder van My. Ek wil egter dat julle uit eie beweging weer

tot My terugkeer.

En wat julle nou oorkom aan leed en moeilike beproewinge, is middele wat

Ek insien wat as dit aangewend word, sukses belowe, omdat Ek julle liefhet

en julle nooit sal opgee nie, al sou julle julle nog so lank teen My Liefde

verset.

Daarom, verwonder julle nie wanneer die nood en ellende hul vermeerder

nie, want die einde kom nader en Ek wil steeds nog siele red van die lot om

opnuut verban te word, wat egter alleen moontlik is as Ek deur julle erken

word as God en Skepper. As julle My in julle nood aanroep, gelowend dat

daar ‘n Mag is wat julle kan en wil help, omdat julle uit My voortgekom het.

En julle glo dat julle nood sal afneem, dat julle My hulp duidelik sal bemerk

En dan sal julle My ook as ‘n God van Liefde kan herken, want julle

verbintenis met My gee julle ook ‘n innerlik lig oor Myself.

In die komende tyd egter sal daar nog baie onheil oor die aarde kom en

alleen hulle wat My reeds gevind het sien daarin hulpmiddele om die mense

uit hul geestelike nood te help wat ander egter sal betwyfel, of ‘n God van

Liefde geheel verloon, want hulle is so aan die wêreld gebonde dat hulle

geen enkele verbinding het met die geesteryk nie, die ryk wat nie van

hierdie wêreld is nie. Hul denke en strewe is louter wêrelds gerig en alle

verwysing na ‘n God slaan hulle spottend af, tot hulle eens in nood raak

waaruit hulle geen uitweg sien nie. Dan kom Ek weer baie naby aan hulle,

Ek laat gedagtes aan ‘n God, wat kan help in hulle opkom en die groot nood

kan hulle dan ook verlaat, deur hulle tot hierdie God te wend.

Sodoende sal vir julle almal smartlike gebeurtenisse, alle katastrofes en alle

andere slae van die noodlot begryplik wees, want dit is geen toeval nie,

inteendeel is alles deur My beskik of toegelaat sodat die siele die

hulpmiddele geskenk word, wat hulle My moet laat vind.

Wanneer die harte egter verhard bly kan alleen nog maar ‘n

natuurkatastrofe die mense tot besinning bring. Maar ook dit dwing nie om

248

te glo nie, want die totaal verstokte mense sal ook daarin geen hoër Mag

wil sien en erken nie. Dan is hulle egter geheel ‘n prooi van My teenstander

en die lot van ‘n hernieude kluistering is vir hul siele ‘n sekerheid.

Solank die aarde egter nog in sy ou vorm bestaan probeer Ek die mense te

beweeg om hul wil te verander en Ek wend nog baie middele aan wat julle

nie met die Liefde van ‘n God verenigbaar vind nie, dog Ek weet wat vir

elkeen persoonlik van nut is. Ek ken die geaardheid van sy siel en daar aan

beantwoordend werk Ek op hom in.

Maar julle is gelukkig te noem as julle oortuig is van ‘n liefhebbende God en

Vader. Dan sal julle alles wat julle oorkom, al tref dit julle nog so hard, met

gelatenheid dra en steeds alleen tot My julle toevlug neem. En Ek sal julle

waarlik nie teleurstel nie, want ‘n gelowige mens sal Ek altyd hulp verleen,

omdat sy geloof ook ‘n ongewone inwerking toelaat.

Die regte geloof kom egter voort uit die liefde en die liefde snel ook op My

as die ewige Liefde toe. Die mens knoop deur sy liefde ‘n hegte verbintenis

aan met My en hy sal hom nimmermeer van My verwyder nie. Hy het dan

op aarde die laaste wilsproef afgelê, hy het uit vrye wil vir My gekies en

hom definitief van My teenstander los gemaak. En dit alleen probeer Ek te

bereik solank die mens nog op aarde vertoef, want Ek wil dat hy weer sy

regte vaderland kan binnegaan, dat hy die ryk betree waar geluk en

saligheid is, waar al die leed verby is en hy dan die lewe vind wat ewig

duur. Amen

Die mens mag nie deur bewys gedwing word om te

glo nie

8598 27 Augustus 1963

Ek wil julle geen dwang oplê nie en daarom moet julle vry kan glo. Julle

mag nie deur bewyse gedwing word om te glo nie. Nogtans is dit vir julle

maklik met ‘n goeie wil om julleself ‘n bewys te verskaf, as julle ook julle

harte laat spreek en nie alleen julle verstand nie. Dan as, volgens julle

gevoel, My Woord julle weldadig aandoen, het julle daarin al ‘n bewys en

laat dan ook julle harte spreek. Weet dat Ek My altyd alleen uiter deur die

hart en dan kan julle ook daarvan oortuig wees om My te hoor en so sal dit

vir julle makliker wees om te glo.

Ek moet julle egter hierdie vryheid laat, en daarom sal julle nooit volledige

bewys kan lewer dat julle deur My, julle Vader, regstreeks aangespreek

word nie en tog sal julleself die bewys in julle binneste weet en innerlik

oortuig wees, as julle maar van goeie wil is.

Julle moet dus geheel vry bly in julle wil om julle met My in verbinding te

stel, wat egter nie die geval sou wees as julle deur ‘n bewys gedwing

hierdie verbintenis alleen uit vrees tot stand sou bring nie, as julle dan wel

aan My sou dink maar nie in liefde nie omdat so'n verstandelike verbinding

waardeloos sou wees vir julle siele.

249

En daarom moet dit vir julle moontlik wees om My Woord ook af te wys

omdat julle daar aan twyfel of dit wel My woord is, want die aanneem van

My Woord hang van ‘n bepaalde graad van liefde af, wat dan ook die mens

in staat stel, om dit as My Woord te herken. En daarom sal My Woord

alleen daar begryp word, in ‘n mensehart, waar die liefde reeds ontvlam

het. Dan kan daar egter ook nie meer van ‘n geestelike dwang deur die

Woord gepraat word nie. Waar die liefde egter ontbreek, daar het My

Woord nie die bewyskrag om aangeneem te word nie.

So is dus alle mense die keuse oopgelaat hoe hulle hul instel teenoor My

Woord. Maar dit bly tog ‘n groot hulp dat die mense reeds die regte

houding teenoor My aanneem, wanneer hulle die Woord verstandelik

grondig oordink, as hulle hul tenminste eers met sulke gedagtes besighou,

waartoe My Woord hulle kan aansit. Wanneer die mense dit as menslike

opvattinge sien en welwillend ondersoek welke waarde dit as sodanig het,

dan begin hulle na te dink en dan kan hulle ook daardeur die regte

instelling teenoor My ontvang. Dog altyd alleen, as hulle ‘n God bo hul ken

en hulle dan in gedagtes met My verbind, waartoe egter altyd ‘n goeie wil

vereis word, omdat anders ook alle ondersoeke agterweë bly en dan My

Woord sonder effek by die ore van die mense verby gaan.

Dit verklaar dus ook waarom dit slegs op so min mense indruk maak, as

hulle deur dienare My Woord van bo ontvang, omdat nie baie mense die wil

en die verlange na My het nie en omdat maar weinig mense ‘n lewe van

liefde lei. Vir die mense bly dus My Woord meestal ‘n hol klank waaraan

hulle geen enkele aandag skenk nie, ook as dit aan hulle gebring word.

Maar dit moet nie rede wees vir My arbeiders in die wingerd om moedeloos

te word in hul arbeid vir My en My ryk nie, want steeds weer sal enkeles

hulle deur My aangespreek voel en hierdie weiniges is dan ook nog gered

van die ondergang.

En terwille van hierdie weiniges vertraag Ek nog My gerig, dat gesien die

geestestoestand van die mense reeds lankal sou moes plaasgevind het. Ek

wyk egter nie af van die dag wat Ek bepaal het vir die einde sedert

ewigheid nie. En steeds weer sal daar tot aan die einde toe siele te vinde

wees wat hulle losmaak uit die kettings van My teenstander, wat Ek nog in

die laaste uur kan aanspreek en wat deur My Woord ook aangeraak word,

sodat hulle nog verander en My hulle wil skenk.

Maar dit sal altyd geskied sonder enige geloofsdwang, want selfs wat as

bewys sou kan geld sal deur hulle nie as sodanig gesien word nie. En alleen

die liefdevolle, geestelik ontwaakte mens kan nie meer twyfel nie, omdat

aan hom die werksaamheid van die gees alleen bewys genoeg is vir die

waarheid van dit wat Ek die mense laat toekom. Omdat dit hul heel

vanselfsprekend voorkom dat die Vader tot Sy kinders spreek, sodat hulle

geen bewys meer nodig het om oortuig te kan glo nie.

So sal die geestelik ontwaakte en liefdevolle mense ook alle dwaling as

sodanig herken, want die lig is binne in hulle en dit verlig hul denke. Hulle

250

sal hul ook nie deur verkeerde geestelike opvattinge laat verblind wat as

bedrieglike helderligte van My teenstander uitgaan, wat steeds vanuit

dieselfde opset werksaam sou wil wees en ook diegene weer verblind wat

geen regte verbintenis met My het nie en die daarom maklik aan My

teenstander ten prooi val, as hulle hul nie verweer teen sy invloed deur ‘n

sterk verlange na die waarheid nie. Hierdie sal hy nie kan bedrieg nie, want

die verlange na die waarheid is gelyk aan die verlange na My en Ek sal

hulle waarlik nie ‘n prooi laat word van die dwaling nie, want Ek wil lig

bring, oral waar nog geestelike duisternis is. Ek wil die duisternis deurbreek

maar nie versterk nie en dit sal My ook geluk daar waar die mense na lig

verlang. Amen

Die Verlossingswerk van Jesus - begin ‘n nuwe fase

8600 29 Augustus 1963

Toe die mens Jesus aan die kruis sterf begin ‘n nuwe fase in die werk van

die terugkeer van My lewende wesens, want tot toe het alle mense nog in

geestelike duisternis geleef wat My teenstander oor alle gevalle geeste

uitgesprei het. Alle mense was nog geafekteer deur die oersonde en

niemand kon My benader nie, omdat My regverdigheid dit nie toegelaat het

tot die oersonde verlos was nie. Nietemin, het tallose mense reeds oor die

aarde gegaan en onder hulle ook enkeles van goeie wil maar sonder

genoeg krag in hulself gewees om hulself van My teenstander los te maak,

omdat hulle almal nie die regte soort kontak met My tot stand kon bring

nie, toe te skryf aan hul gebrek aan liefde.

Hulle was beheer deur eie liefde as teken van hul aansluiting met My

teenstander. En weet ook nie die oorsaak vir hul aardse bestaan nie, hulle

afval van My, hulle was geestelike volkome onwetend, maar in die wêreldse

uiters besig en daarom poog hulle altyd om voordeel ten koste van ander

mense te verkry. Hulle het geen onselfsugtige liefde nie, waardeur hulle ‘n

hoër staat van volwassenheid kon bereik het. Hoewel weinige uitsonderinge

in der waarheid hul geestelike ontbering ontdek en ook ‘n God en Skepper

bo hulself erken, maar My nie as ‘n God van liefde herken nie, maar slegs

as ‘n God van wraak en toorn. Die mense sou nooit in hul geestelike

ontwikkeling kon vorder nie; hulle sou vir altyd en ewig dieselfde

selfsugtige generasie bly wat nie hoër ontwikkeling kon bereik solank die

las van die oersonde hulle onderduk nie. My teenstander sou die mense vir

altyd vasgehou het as ‘n Verlosser nie terwille van die weiniges gekom het

wie ellendig gevoel het en in hul nood ‘n Verlosser gevra het.

En ‘n moontlikheid om ‘n verbinding met My tot stand te bring moes

inderdaad weer een dag geskep word, wat nou egter op die Vader van

toepassing is. Die mense moet as kinders na die Vader kan roep, terwyl te

vore hulle slegs in hul God en Skepper ‘n Mag herken het waarvoor hulle

geweier het om te buig, omdat hulle nog hierdie teëkanting teen My hou as

gevolg van hulle oersonde. ‘n Verhouding van liefde moet weer moontlik

251

word tussen die lewende wesens en Myself, wat egter deur die mense self

deur hul bereidheid om lief te hê gevestig moes word. Maar voor die

kruisiging van Jesus was ‘n mens slegs baie selde bereid om lief te hê. En

toe was Jesus bomatig gemartel deur My teenstander, sodat Hy byna

gewanhoop het oor My bestaan. Maar omdat Ek Sy wil geken het help Ek

Hom en neem Hom van die aarde af.

Die Verlossings werk van Jesus Christus bring ‘n era van die mense se

grootste afstand van My tot ‘n einde. Sy kruisiging versoen die oersonde

van alle gevalle wesens en nou, in die staat van mens, kan hulle weer ‘n

ware verhouding met My tot stand bring, as hulle met behulp van Jesus

Christus, ‘n lewe van liefde lewe, as hulle hulself van die boeie van die

teenstander losmaak deur die bloed wat Hy vir hulle aan die kruis gestort

het en dus in My die Vader sien en deur liefde aangespoor word na My, na

die verhouding wat hulle eens vrywillig gebreek het en daardeur ellendig

geword het. Jesus se dood aan die kruis bring die hopelose staat van die

mensdom tot ‘n einde. ‘n Nuwe era begin waar die mens slegs die weg na

Jesus moet neem om uit die donkere domein van My teenstander gelei te

word, waar die poort na die koninkryk van lig ook weer geopen word. Dit

was nou weer vir die mens moontlik om homself te kon verander, sodat hy

sy aard in liefde kon vorm, sodat hy weer kon word wat hy voor sy afval

van My gewees het.

Die eerste verlore siele het na My teruggekeer en Ek kon hulle in My

koninkryk van lig en geluksaligheid toelaat, wat nie moontlik sou wees as

Jesus nie die oersonde deur Sy dood aan die kruis verlos het nie. Want Ek

Is, as hoogs volmaakte ook regverdig en daarom kon geen onverloste skuld

gekanselleer word nie. Baie tyd het verbygegaan toe die mense byna onder

die las van sonde gebreek het en nie hulle skuld herken het nie en daarom

herhaaldelik in opstand teen My gekom het, Wie hulle nie as 'n Mag kon

ontken nie maar aan Wie hulle hul nie met liefde wou oorgee nie. Want

hulle het eens liefde verwerp en al wat hulle oorgehad het was net

eieliefde. Die verkeerd gerigte liefde wat deur die teenstander aan hulle

oorgedra was. Daarom, in hulle aard behoort hulle nog tenvolle aan hom.

En hierdie aard moes eers verander, wat slegs na die kruisiging van Jesus

moontlik was, wat vir hulle die wil en die krag verwerf het om te groei en

hul eie liefde op te gee. Dit was alles suiwer geestelike prosesse, want as

aardse-mens het hulle verseker ‘n plesierige en goeie lewe gehad, maar

niemand het enige konsiderasie vir sy medemens gehad nie, in plek

daarvan het elkeen slegs aan homself gedink en die sterke het die swake

wat hom nie kon verdedig nie oorheers, omdat dit My teenstander genot

verskaf om die ellendige staat van die siele te sien wat hy in die diepte

gewerp het, omdat hyself tenvolle sonder liefde is maar die hoogtepunt van

haat en verbittering is. En sy aard reflekteer ook in die aard van die mense.

Elkeen wat sterk was onderdruk ander mense en ken geen genade nie want

252

hy het geen liefde nie, net soos sy heer, die heer van duisternis sonder

liefde is.

Jesus het egter probeer om mense op die regte weg te lei deur liefde. Jesus

het liefde geleef en geleer en toon aan hulle dat die liefde ‘n krag was wat

selfs die teenstander oorwin het en dat die mense slegs deur liefde van

hom kan loskom. Dus het die mens Jesus eers ‘n lewe van liefde vir die

mense gewys en toe verwesenlik Hy die grootste werk van liefde en genade

deur Homself aan die kruis vir die sonde van die mensdom te offer, sodat

hulle verlos kan word en deur die regte soort lewe weer krag en lig kan

bereik om die laaste weg na hul ware huis te reis, wat Jesus vooruit gegaan

het deur Sy dood aan die kruis. Wat hulle nou slegs moes volg om My

koninkryk in ‘n bevryde staat in te gaan en terugkom na My in die huis van

die Vader, na die Vader uit Wie se liefde hulle te voorskyn gekom het en in

Wie se liefde hulle nou vir altyd sal bly. Amen

Die Lot van die godloënaars

8603 1 September 1963

Dit is die grootste triomf van die teenstander wanneer hy ‘n mens van die

geloof in een God afgebring het, Wie die wêreld laat ontstaan het en

homself ook geskape het. Dan het hy bereik wat hy wil bereik, naamlik om

Jesus volledig te verdring uit die gedagtes van die mens. Dan hoef hy nie

meer bang te wees om hom te verloor nie. Maar die mens wat ‘n God

heeltemal verloën is in sy lewe ook ‘n liefdelose mens. Daarom het die

teenstander invloed op hom, terwyl ‘n mens wat nog ‘n vonkie liefde in hom

het, tog nog tot insigte kan kom dat daar ‘n werklike Mag bestaan, Wie sy

lewenslot bepaal en van Wie hyself afhanklik is. Die eersgenoemde egter is

met al sy sintuie aan die wêreld geheg. Vir hom bestaan daar buite hierdie

wêreld niks, hy dink dat alles verby is en hy na die "niks" sal terugkeer na

sy liggaamlike dood en daarom geniet hy soveel as moontlik van wat die

aardse lewe hom bied.

So ‘n mens kan ook oor ‘n skerp verstand beskik, hy word egter deur Jesus

se teenstander mislei en sal homselfs aanmatig om "bewyse" te kan

aanvoer wat die geloof in Jesus tot niet sou moet maak. Alle skeppings trag

hy om te verklaar as dat dit uit ‘n natuurkrag ontstaan het, dat hierdie

natuurkrag egter ‘n Wese moet wees wat moet kan dink en ‘n Wil het, wil

hy nie toegee nie. En sy denke sal ook net solank foutief en verward wees

totdat hy ‘n klein liggie in hom ontsteek deur dade van liefde, waaroor alle

kennis hom egter ontbreek. Hy is dus nog geheel en al in die boeie van die

teenstander.

En daarom gaan so ‘n Godloënaar met groot sekerheid ‘n hernieude

kluistering tegemoet, want hy faal volkome met sy laaste keuse op aarde.

Hy is nog net so weerspannig teen God soos wat hy vroeër was met sy

afvalligheid van God; hy behoort by die teenstander en moet uiteindelik

ook sy lot met hom deel.

253

So ‘n mens kan deur verstandelike redenering ook geen opheldering gegee

word nie, hy wil nie glo nie en hy sal daarom ook alle geestelike kennis

verwerp as verbeelding en fantasie. Om nou aan so ‘n mens geestelike

kennis te wil bybring, sal volkome tevergeefs wees, want Jesus se

teenstander is sy heer en die sal nooit duld dat iets vir hom duidelik word

nie. Hy sal hom in steeds dieper duisternis dompel en die verblindende lig

van die wêreld des te feller vir hom laat voorkom, sodat hierdie mens totaal

onbekwaam sal word om geestelike dinge te glo. Die teenstander het hom

heeltemal in besit geneem en laat hom ook nie meer los nie.

Dit gaan in die aardse lewe egter slegs daaroor dat die eertyds geestelike

oergees nou in die stadium as mens vir Jesus erken, sodat sy oerskuld van

hom afgeneem kan word, wat slegs deur Jesus Christus kan gebeur. Hom

moet hy erken en Sy Verlossings werk aanneem, want daarmee neem hy

ook God Self aan wat in Jesus die werk van versoening vir sy oerskuld

volbring het.

Maar solank die mens volkome ongelowig deur die aardse lewe gaan, bly hy

belas met sy skuld en kan hy die geesteryk nooit ingaan nie, maar hy moet

opnuut die ontwikkelingsgang deur die skeppings van die aarde aflê in

ontsettende kwelling en weer eindelose lang tye. Want ook in die ryk hierna

sal dit nie slaag om ‘n Godloënaar van mening te laat verander en hom te

beweeg om sy weerstand teen Jesus op te gee nie, want hy sluit hom net

soos op die aarde af van alle leringe, en teen sy wil kan geen lig in hom

aangesteek word nie.

Maar as ‘n mens op aarde, wat dink dat hy nie kan glo nie, iets ernstig

doen om die waarheid te wete te kom of daar werklik ‘n God en Skepper

bestaan, dan sou die moeite waarlik nie sonder sukses wees nie. Dan sal hy

altyd weer daaroor nadink en ook verstandelik tot ‘n ander gevolgtrekking

kom, want daar is genoeg bewyse in die skepping wat hom tot ander

gedagtes sou kan bring. Die wil om die suiwer waarheid te wete te kom

moet slegs aanwesig wees. Maar hierdie wil ontbreek by die mense wat

hulle in die mag van die teenstander bevind en hulle gaan daarom in

volledige geestelike duisternis deur die aardse lewe. Maar ook sulke mense

word steeds weer gekonfronteer met barmhartigheid, altyd word hulle weer

onopvallend gehelp, want Jesus se Liefde agtervolg ook sulke mense en

soek om hulle vir Hom te wen. Hy reik hulle altyd weer Sy Hand, wat hulle

alleen maar net hoef te gryp om hulle daarom ook uit die mag van die

teenstander te kan bevry. Maar nooit word hulle wil gedwing nie. En

daarom bepaal die mens self sy lot en moet hy weer in ‘n gekluisterde

toestand sy weg oor die aarde gaan, ooreenkomstig die wet van die ewige

ordening. Amen

254

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (1)

8611 9 September 1963

Steeds weer lê Ek daar nadruk op dat julle mense nog te veel in duister

verkeer en dat julle daarom ‘n lig ontsteek moet word. Want baie word vir

lig aangesien, wat eerder die duisternis nog dieper maak. Met ‘n

verblindende lig, afkomstig van My teenstander en na die mense gebring

deur kragte wat nie die bevoegdheid het om onderrig te gee nie. Wat hulle

egter daar openbaar waar verbinding gemaak word met die geestelike

wêreld, waar onvolwasse geeste tussenbeide kan kom omdat sekere

vereistes nog nie aanwesig is nie, wat die ontvangs van suiwer waarheid

waarborg nie.

Steeds is My teenstander daar op uit om sy aanhang nie te verloor nie. En

probeer hy die mense terug hou om in liefde te werk, ongeag op welke

manier so iets plaasvind. Voor alles probeer hy te verhinder dat die siele uit

die diepte opstyg, dat hulle uit die donker van die nag tot die lig van die

dag kom. sodoende sal hy ook alles doen om die verlossing van die siele uit

die diepte te verhinder, wat die ryk hierna ingaan en die geloof in Jesus

Christus nog nie gevind het nie.

Sulke siele is alleen deur liefdevolle voorspraak te help, want dit beteken

vir hulle die sekerste behoud teen die val in die diepte van die ergste

duisternis. Van hierdie liefdevolle voorspraak wil hy egter die mense

weghou, omdat dit die enigste middel is wat die wil van die ongelukkige

siele versterk, omdat hulle oopmaak vir die onderrigting wat hulle ook in

die ryk hierna deur geestelike leiers gegee word.

Dit ontbreek alle onverloste siele aan krag om vir hulself hul toestand te

verbeter. Hulle is van die liefdevolle voorspraak van die mense afhanklik,

wat weer as krag sy uitwerking op hierdie siele het sonder om hulle egter

te dwing. Op die lange duur kan geen wese die liefde weerstaan nie en dit

is wat die teenstander wil teëgaan.

Kan die mens nou deur sy gees so onderrig word, dan sal hy steeds

waarheidsgetroue opheldering ontvang. Word die werk van die gees in die

mens egter in twyfel getrek, laat hy hom nie deur Myself maar deur wesens

uit die geesteryk leer, wat hyself nie kan kontroleer nie, dan moet hy

versigtig dit ernstig ondersoek of die ontvangde lesse volgens die waarheid

is. Want dan word hyself maklik ‘n helper van satan, as hy geestelike goed

versprei wat in teenspraak is met die waarheid en dit is maklik te

kontroleer as mens die maatstaf van die liefde gebruik.

Stem dit met My liefde en wysheid ooreen, dat ‘n wese wat so ongelukkig

voel nie gehelp word nie? Sal Ek dit toelaat dat ‘n wese deur die kloue van

satan vasgehou word, as hulle na verlossing en liefde verlang? Altyd is die

wil van die wese deurslaggewend of hulle hulp aanneem. Nooit word hulle

hulp geweier nie, nooit word die teenstander mag verleen nie, want Ek

verdoem nie, maar probeer steeds slegs die siele uit die diepte te red. En

hierdie redding kan as die siel self te swak is alleen deur die krag van die

255

liefde geskied, wat van die kant van die mense of van die ligwesens vir die

arme siele gebring kan word.

Die liefdevolle voorspraak van ‘n mens op aarde werk as krag op die die

wese in die hiernamaals ten goede in en versterk sy wil, aan die wil van die

siel word gevolg gegee.

Dat My verlossingswerk ook in die ryk hierna voortgesit word vind sy

oorsprong in My oorgrote liefde, wat al My skepsele betref. Steeds en

steeds weer sal Ek die gevallene na bo help, hoewel Ek sy vrye wil

eerbiedig. Maar ook die liefde van ‘n mens op aarde wat uitgaan na sulke

onverloste siele is ‘n kragstroom, wat hierdie siele beroer en dus hul wil

kan aanspoor om hierdie leering aan te neem, wat hulle ook in die

geesteryk kan ontvang. Wat hul eers ‘n swak lig skenk, wat egter sterker

sal word hoe gewilliger hulle hierdie onderrigting aanneem.

My liefde hou nooit op nie, dit geld ook vir die arme siele. Nooit sal Ek

toelaat dat die teenstander hulle hinder as hulle die weg soek na die lig nie.

Die mense bind Ek egter steeds die liefde vir hierdie siele op die hart, sodat

hulle hul gedenk in stille voorspraak. En waarlik, daar sal geen siel verlore

gaan aan wie in liefdevolle voorbede gedink word nie.

Dit is werklik ‘n sataniese leer om die mense die nutteloosheid van

voorspraak te verkondig. Sulke leerstellings kan nooit uit My sy oorsprong

hê nie, want dit is totaal in teenspraak met My plan van verlossing wat ook

in die ryk hierna geld en waaraan elke mens op aarde kan deelneem deur

julle liefdevolle voorspraak.

Steeds weer sê Ek julle: Julle sou waarlik al die bewoners van die hel kan

verlos op grond van julle voorbede. Want teenoor die liefde is My

teenstander magteloos. Die liefde ontruk hom alle siele wat hy wil vashou.

Teenoor die liefde het hy geen mag nie en daarom wil hy die mense

verhinder om liefdewerk te verrig. En dit doen hy deur die mense die

nutteloosheid van 'n liefdevolle voorspraak voor te hou en hy vind ook

gewillige mense wat so'n dwaling aanneem en as waarheid ywerig

verdedig. As hierdie mense maar wil oorweeg dat hul leerstellings My liefde

en wysheid geheel en al teenspreek, dan sou hulleself ook hul dwaling

insien. Want altyd sal Ek probeer om te verlos, nooit egter verdoem nie.

En elke mens wat bereid is om lief te hê sal My ook ondersteun in die werk

van verlossing, omdat Ek terwille van hulle liefde My krag kan uitdeel en

tog nie teen die wetlike orde van ewigheid ingaan nie. Amen

Die skepping is die werk van God

8613 11 September 1963

Al My skeppingswerke bewys My eindelose liefde vir julle en My

onoortreflike wysheid en almag, want dit het enkel en alleen ontstaan vir

die redding en terugvoering van die eens gevalle geestelike. Daarom is die

hele skeppingswerk ‘n uitdrukking van My oorgrote liefde, want dit betrek

regstreeks die geestelike wesens wat hulself teen My verset het, My liefde

256

afgewys en daardeur My liefde nie meer waardig is nie. En nogtans het juis

die weerspannige geestelike My daartoe beweeg om skeppingswerke te laat

ontstaan, wat ten doel het dat die geestelike sy weerstand sou opgee en

weer na My toe sou terugkeer.

Die liefde het dus nie op die weerstand gelet nie, maar het hierdie gevalle

wesens gevange geneem, dit wil sê, My Wysheid en Mag het die wese in

ontelbare deeltjies opgelos. My liefdeskrag het hulle omhul en vorm die,

eens as wesens uitgestraalde krag om tot skeppingswerke; wat My Wysheid

weer hulle bestemming toewys. Liefde, Wysheid en Mag was onophoudelik

besig om skeppingswerke te laat ontstaan, sodoende was en is die

skepping in die ware sin van die woord ‘n Goddelike werk wat van My en

My Wese getuig. En wat vir julle mense as die grootste wonder sal

voorkom, wanneer julle net ernstig daaroor nadink.

En hierdie skepping sal ook steeds ‘n wonder bly, want die dinge is nie

sonder lewe nie, maar is in voortdurende verandering. Die funksies van die

afsonderlike skeppingswerke bewys vir elke nadenkende mens ‘n lewende

God, vol van wysheid en krag, Wie se liefde onuitputlik en Wie se mag

onbegrens is. En wat sonder ophou vorme laat ontstaan, wat die eens

gevalle deeltjies wat in ‘n "jy moet toestand" in die skeppingswerke dien,

berg. Want Ek het die gevalle geestelike uit die mag van My teenstander

onttrek, wat mag het en eens die geestelike tot val gebring het, toe hy

vrywillig gevolg is. Dit was as gevolg van hom, omdat hulle hom vrywillig

gevolg het en tog was van hom alle mag oor die geestelike, wat My

liefdeskrag tot materie laat word het, ontneem. Die geestelike is dus

sodoende aan die invloed van My teenstander onttrek en staan nou onder

My wet. Hulle was nie meer vry nie, want hulle het vir hulself hul vryheid

verspeel. Maar vir hulle beswil stel Ek hulle nou onder My wet, sodat hulle

moet dien in ‘n gekluisterde toestand.

Die algehele skepping is dus ‘n werk van My liefde vir die gevalle

ongelukkige geestelike, wat die weg deur die materie moet aflê in groot

ellende.

As die eens gevalle geestelike egter die weg deur die skepping afgelê het

en dan as mens oor die aarde gegaan het, dan is die skeppingswerk ook vir

hom begryplik, hy kan homself daaroor verheug omdat die toestand van

ellende agter hom lê. Sien hyself die skepping in al sy heerlikheid, dit

getuig ook van die liefde, wysheid en mag van die Skepper, wanneer hy die

laaste weerstand teen My opgee. Die mens is dan in ‘n sekere sin al vry,

maar tog nog blootgestel aan die invloed van My teenstander, wat

voorheen geen mag oor die geestelike gehad het nie. Die mens is dus

steeds nog solank sy aandeel, totdat hy homself in vrye wil van hom

losgemaak het.

En aldus moet julle goed begryp: Die skepping kan en sal julle mense

gelukkig maak, omdat dit My werk is, maar dat Ek voor sy ontstaan gebruik

gemaak het van die eens deur My as gees uitgestraalde krag, wat Ek

257

omvorm het tot die mees verskillende werke van My oneindige liefde en

wysheid. Dat dit in wese die gevalle geestelike is en sodoende aan My

teenstander behoort, totdat hulle heeltemal verlos weer na My sal

terugkeer. Julle mense sien nie die gevallenes in die skeppings nie, julle

sien slegs die uitwerking van My liefde en mag julleself daaroor verheug.

Julle mag Myself daarin herken en julle mag julleself gelukkig ag dat julle

die weg deur die skepping afgelê het en kort voor julle voleinding staan.

Julle moet egter ook daar aan dink dat die werklike wêreld ‘n geestelike

wêreld is, wat slegs sigbaar is vir hom wat met geestelike oë kyk en dat

alles wat vir julle sigbaar is, slegs ‘n weerkaatsing is van hierdie werklike

geestelike wêreld. Julle moet daar aan dink dat alle materie bestaan uit

verharde geestelike substansie en dat hierdie verharding weer slegs die

gevolg was van die weerstand teen My en die afwysing van My liefdeskrag.

Want dan sal dit vir julle ook begryplik wees dat die aardse materie, wat My

wederstrewende geestelike is, wat My liefde en wysheid slegs tot ‘n

dienende funksie aanspoor om sy weerstand te breek en eenmaal weer tot

sy oertoestand terug te voer.

Die afvalligheid van die wesens van My, het dus die verharding van die

geestelike substansie te weeg gebring. Dus behoort die verharde geestelike

solank nog aan My teenstander totdat hierdie substansie weer vergeestelik

is, wat My egter nie hinder om hom die mag oor daardie geestelike te

ontruk en dit tot skeppings van allerlei aard te omvorm met die doel om die

geestelike definitief tot ‘n vrywillige afkeer van hom en ‘n vrywillige

terugkeer tot My te beweeg nie. En so bly die skepping ook steeds ‘n

Goddelike werk van My eindelose Liefde en Wysheid wat slegs Ek self kon

laat ontstaan, Ek wat alle mag en krag besit en wat alles tot uitvoering kan

bring wat My Liefde en Wysheid wil en as suksesvol insien. Amen

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (2)

8616 14 September 1963

Steeds weer leer Ek julle die evangelie van die liefde, want as julle dit

aanneem en die gebod van die liefde tot God en julle naaste volbring,

vervul julle, julle aardse opdrag. En julle moet julle daarom steeds afvra of

alles in julle gedagtes, woorde en werke, volgens My gebod van die liefde

is. Maar steeds is alleen die liefde van belang wat diep in die hart opvlam,

want met lose woorde en gebare kan julle My nie tevrede stel nie.

En so moet ook alle werk uit onselfsugtige liefde gedoen word, want die

verwagting op loon doen afbreuk aan die liefde en sulke dade word dan ook

slegs aards beoordeel. Altyd sal die innerlikste gevoel om te help en te wil

verbly maatgewend wees. Altyd sal die onselfsugtige dienende liefde bedoel

word as Ek van julle ‘n lewe in liefde vra, dit alleen bring julle tot

voltooiing. Hierdie reine Godelike onselfsugtige liefde verbind julle met My,

en wat julle in so’n liefde vir julle naaste versoek, dit sal hy ook ontvang.

258

Hetsy sy aardse nood verlig word, of hom geestelike krag gegee word.

Altyd sal julle liefde wat julle naaste betref dit bewerkstellig.

Wat sonder liefde gebeur, gebede wat slegs die mond uitspreek maar nie

uit die diepte van die hart kom nie, is asof nie gepraat nie, want dit bereik

My Oor nie en dus kan sulke gebede nie verhoor word nie. Omdat die werke

in liefde in alle opsigte die doel is van julle aardse bestaan, sal Ek ook nie

ophou om die liefde te preek nie. En Ek sal ook My arbeiders in My wingerd

steeds opdra om die evangelie van die liefde verder te versprei, elke

mensehart aan te spreek en aan te spoor tot die onselfsugtige doen van

liefdesdade. Maar nooit sal Ek ‘n mens verhinder om in liefde te werk nie,

dit spreek vanself. Dit gaan alleen daarom dat julle lewend is en by alles

deur die liefde aangespoor word, want Ek het vir geen enkele uiterlike vorm

waardering nie, omdat dit waadeloos is vir die siel van die mens. Ek Self

beoordeel alleen die wil van die mens en Ek alleen weet of by alles wat julle

dink, spreek en doen julle harte by betrokke is of nie.

En julle mense moet altyd alleen die liefde preek, julle mag egter nooit die

mense belet om dade van liefde te verrig waartoe ook die gebed vir die

oorledenes behoort. Want ken julle die graad van volwassenheid van

diegene vir wie julle bid? En maak julle die mense wie julle waarsku teen

so’n gebed nie onseker nie? Glo dit maar dat hulleself kan beoordeel of hul

gebede deur My aangeneem word. Wil julle ook diegene weerhou om te bid

wat deur besorgdheid vir hul oorledenes gedryf word om hulle te wil help,

daar hulle anders nie sou bid nie? Julle sal twyfel saai in hulle harte, want

‘n ootmoedig mens is nie oortuig van sy volwassenheid wat hom alleen die

reg sou gee om vir hierdie siele te bid nie. En wie van julle kan sê dat julle

al so vas geanker staan in die geloof, dat alleen julle gebede van waarde

is?

Die oordeel van die waarde van ‘n gebed moet alleen aan My oorgelaat bly,

want Ek waardeer reeds die wil van elke siel om te help en waarlik, Ek sal

elkeen wat bid beskerm teen die mag van My teenstander. Alleen

niksseggende mondgebede het geen waarde nie. Sulke bidders bevind hulle

nog steeds in die mag van My teenstander, anders sou hul geloof meer

lewend wees en hul gebede uit die hart opwaarts gaan. Dus waarsku teen

gebede vir oorledenes mag julle nie, omdat dit verkeerd is om te dink dat

iemand wat so bid, hom in die mag van My teenstander begeef deur sy

gebed. Slegs ‘n gebed wat met die mond uitgespreek word kan deur My nie

aangeneem word nie. En sulke gebede ontruk waarlik nie die siele van My

teenstander nie. Sulke bidders het sy wraak nie te vrees omdat hulle hom

geen siele laat verloor nie.

Laat dit aan julle gesê wees, dat Ek alleen julle denke wat verkeerd gelei

word wil verbeter, want van My kant af het so’n leerstelling nie tot julle

gekom nie omdat hierdie die waarheid teenspreek wat Ek na die aarde

stuur, sodat ‘n lig skyn in die duisternis wat My teenstander op die aarde

uitgesprei het. Waar slegs ‘n vonkie van liefde opgloei daar kom die mens

259

nader aan My en alleen so’n liefdesvonk sal ‘n mens daartoe bring om vir

die siele in die hiernamaals te bid. En so’n mens is ook nie ongelowig nie,

anders sou hy elke gedagte aan ‘n lewe na die dood loën en nooit die siele

‘n gebed agterna stuur nie. Amen

Geestelike kennis is hoër te waardeer as die van die

verstand

8617 15 September 1963

Julle kan oor alles waarmee julle, julle gedagtes besig hou, opheldering

ontvang, as julle julleself tot My sal wend en My vir die waarheid vra. Ek

deel nie uit in beperkte mate nie, maar altyd in ooreenstemming met die

graad van volwassenheid, sodat wat julle ontvang, ook altyd begryplik vir

julle sal wees, wat daar deur middel van gedagtes of in direkte vorm deur

My aanspreking van bo na julle toe kom. Dit sal egter altyd dieselfde

waarheid wees. En selfs as Ek die mens nog nie vertroud kan maak met die

diepste kennis nie, sal sy vrae tog altyd volgens waarheid beantwoord

word, maar steeds so dat hy dit kan begryp. En so moet alle onderrig wat

sy oorsprong in My het, steeds met mekaar ooreenkom, anders sou julle

aan die Bron daarvan kan twyfel. Elke mens kan egter sy graad van

volwassenheid verhoog, dus kan hy ook steeds dieper ingelei word in

geestelike kennis. En hy sal dan seënryk besig wees op aarde, omdat

geestelike kennis hom steeds sal aanspoor om dit deur te gee.

‘n Mens wat eens My onderrig aangeneem het, sal nie meer kan swyg nie.

En dan sal die ooreenstemming ook aan die dag kom tussen mense wat

hulself tot My wend om die korrekte denke en waarheidsgetroue kennis. En

mense wat vas staan in die korrekte denke sal ook altyd bereid wees om

arbeid in die wingerd te verrig, want hulle word innerlik deur hulle gees

daartoe aangespoor om die medemens opheldering te verskaf.

Word ‘n mens egter regstreeks deur Myself onderrig deur sy gees, sodat

kennis aan hom oorgebring word wat skriftelik vasgelê kan word, dan is hy

ook gekenmerk as arbeider in die wingerd, want dan het hy ook die opdrag

om die beskikbare geestelike goed te versprei, aangesien Ek alle mense wil

aanspreek en dat Ek ‘n kontakpersoon wat vir so 'n missie bekwaam is,

daartoe opwek. En dan is sy opdrag ook duidelik, want ‘n omvangryke

geestelik kennis is nou nie te ontken nie en kan ook nie sonder doel na die

aarde gestuur word nie.

Hoewel ‘n sekere graad van volwassenheid nou ook weer eers nodig is dat

sulke geestelike goedere opgeneem en begryp kan word, so kan dit tog

daartoe bydra om die mense aan te spoor tot ‘n bewustelike lewenswandel,

wanneer hulle eers eenmaal kennis geneem het van so 'n ongewone

kennis. Altyd sal die wil van die mens beslissend wees en die verlange om

kennis oor die waarheid te ontvang, want vrae kom wel in elke mens op oor

gebiede wat nie vir die verstand toeganklik is nie, wat die gees in die mens

260

egter kan deurgrond. En na gelang van die volwassenheid van die siel van

‘n mens, word die suiwer waarheid nou ook aan hom geskenk, tot heil van

sy siel.

Nimmer mag die mens egter die resultate van sy verstandelike denke hoër

aanslaan as die kennis wat die gees in die mens openbaar, want die gees

staan bo die verstand, vir die gees wat ‘n deel van My is, is niks onbekend

nie. Hy kan die mens oor alles opheldering gee, terwyl die gebied wat die

verstand kan deurgrond, begrens is en nooit in die geesteryk kan

binnedring nie. Goddelike openbaringe is daarom nie te onderskat nie,

inteendeel, geen skerp verstandelike denke lewer nog sulke resultate op

wat daarmee te vergelyk is nie.

En so sal julle ook die groot betekenis daarvan ten volle kan besef wanneer

Ek ‘n omvangryke kennis deur ‘n mens na die aarde stuur en julle sal dit

begryp dat dit My Wil is dat die kennis versprei word en dat Ek daarom alle

pogings sal ondersteun wat van die kant van My ligdraers onderneem word,

om aan hulle medemens lig te bring. Julle sal dit begryp dat Ek die mense

seën wat My as knegte wil dien in My wingerd. Wat is daar wel belangriker

in die aardse lewe as om in die waarheid vas te staan, dus om die

medemens die waarheid te bring wat Ek van bo na die aarde stuur? Die

mense kan hulself gelukkig ag aan wie opheldering geskenk word, terwyl

hulleself nog verkeerd dink, want slegs die waarheid skenk hulle die lig wat

die weg verlig wat na My voer.

Wie self die waarheid innig begeer, die staan ook vas in die korrekte denke,

omdat Ek homself verlig en hy sal homself verheug om die bevestiging van

sy denke in My Woord te vind. Dog moet die weg eers vir baie mense

gewys word. Hulle moet eers My Wil ken en aangespoor word om volgens

My Wil te lewe. Dan eers begin die tweede lewe ook in hulle, sodat hulle

naas hulle aardse lewe ‘n geestelike lewe lei. En dan sal die verlange na die

waarheid ook in hulle ontwaak en volgens hulle verlange kan dit geskenk

word. Daarom, probeer almal om julle graad van volwassenheid te

verhoog, dan kan julle ook steeds dieper in die waarheid binnegelei word.

Daar sal die diepste wyshede ook aan julle onthul kan word, wat vir julle

terwille van julle lae sielerypheid onbegryplik was. Maar Ek deel nooit in

beperkte mate uit as julle My liefdesgawes begeer nie. Ek sal geestelik en

ook aards aan julle dink, want wat julle vir siel en liggaam nodig het, sal

julle ontvang sodra, alleen geestelike goedere vir julle die vernaamste is.

Want julle liggaam sal vergaan, die siel bly egter bestaan en hy moet in

die eerste plek versorg word en sy verlange sal te alle tye vervul word.

Amen

261

Die geloof in Jesus Christus is in gevaar, daarom die

openbaringe

8618 16 September 1963

Die geloof in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld sal steeds meer

afneem, want van die kant van die teenstander word alles onderneem om

in die harte van die mense vertwyfeling en verwerping te saai, en omdat

daar geen regstreekse bewyse gelewer kan word nie, sal die geloof juis

sterk in Hom moet wees, sodat die mense Hom nie heeltemal uit hulle

gedagtes verwyder nie, wat ewenwel groot geestelike duisternis sal

veroorsaak, wat die gevaar om terug te stort in die dieptes sal beteken.

Maar dit is die plan van die teenstander, sodat hy sy aanhang nie verloor

nie, wat alleen deur Jesus Christus met Sy kruisdood van hom kan ontruk,

wanneer die mens aan die werk van verlossing deur Hom glo. Daarom word

daar die ongelooflikste beweringe opgestel wat alles daarop neerkom om

die bestaan van Jesus heeltemal te verloën, of Hom dan as mens voor te

stel, net soos elke ander mens, al Sy wonderdade tot en met Sy opstanding

uit die dode as leuens af te maak, of 'n ongeloofwaardige verhaal te versin

en gevolglik die hele verlossingswerk te verloën en kragteloos te maak.

En die teenstander vind baie ontvanklike ore vir sy leuens, die wat hom al

te graag glo, omdat hulle nie in Jesus Christus en Sy verlossingswerk wil

glo nie, soos hy egter ook die geloof van diegene aan die wankel bring wat

onverskillig is en nie geheel oortuig van die leerstellings van Jesus Christus

is nie.

En ook hulle maak hulself maklik los van hulle menings en opvattings tot

nou toe. En slegs by hom wat ernstig na die waarheid soek, kan die geloof

opnuut versterk word, want dit word vir hom duidelik in sy gedagtes

ingebeeld, hoe dit met die verlossingswerk van Jesus Christus gesteld is, of

anders sal hy deur My Woord ‘n noukeurige kennis verkry, want dit is die

vernaamste rede van die stuur van My Woord na die aarde, dat die mense

oor die verlossingswerk volgens die waarheid onderrig word, sodat hulle die

weg na die kruis kan neem en hulle vernaamste taak op aarde vervul: om

vergifnis van hulle oerskuld te vind by Hom, die goddelike Verlosser Jesus

Christus .

Want julle sal slegs dan van ‘n resultaat kan praat van die lewe op aarde,

wanneer julle hier vry word van julle oerskuld en daarvoor is slegs die

erkenning van Jesus nodig en die innige bede tot Hom om vergewing van

alle skuld. Dan was julle bestaan as mens waarlik nie tevergeefs nie, dan is

die doel deur julle bereik, wat ewenwel sonder Jesus Christus nooit bereik

kan word nie. Verlossing deur Jesus Christus beteken in sigself ‘n algehele

losmaking en vrywording van die vyand van julle siele, wat dan alle mag

oor julle verloor het.

Dat hy dit egter met alle middele en op elke manier wil verhinder is

begryplik en daarom neem hy ook sy toevlug tot alle bedenklike planne om

262

alle geloof in Jesus Christus van die mense weg te neem. En omdat die

mense in die laaste tyd voor die einde ook heeltemal sonder liefde sal

wees, besit hulle ook geen lewende geloof wat teen die stormaanval van

die teenstander sou kan standhou nie, veeleer gee hulle vrywillig ook hulle

swak geloof op, sonder om na te dink, neem hulle verkeerde lering aan om

sodoende ook alle verantwoording van hulself af te skud, omdat hulle dan

ook nouliks in ‘n God glo, Wie eendag rekenskap van hulle gaan vra vir

hulle lewenswandel.

Maar My werksaamheid word daarteenoor geplaas en werk in ‘n groter

mate en wat aan die mense deur bewyse nie geloofwaardig gemaak kan

word nie, word deur die "werksaamheid van My Gees" bewys en die mense

word daardeur ‘n helder insig verskaf en ook die verlossingswerk van Jesus

word volgens die waarheid begryplik gemaak en gemotiveer. Hierdie

duidelikheid van My gee so 'n begryplike beeld van die missie van die mens

Jesus, dat die mens wat ernstig is, sal vasstaan in die waarheid en tot ‘n

oortuigende geloof kom.

En hoewel daar slegs weiniges is; kom hulle egter ook uit vir hulle kennis

en die teenstander sal nie meer in staat wees om hulle geloof aan die

wankel te bring nie Want hulle hoef geen bewyse te hê nie, omdat slegs die

"werksaamheid van die Gees" die bewys is, wat ook eers deur die

kruisdood van Jesus moontlik geword het en dat aan die mens steeds slegs

suiwer waarheid oorgebring word en alle geestelike samehang duidelik

gemaak word, sodat die mens nie meer kan twyfel nie.

Maar hy het ‘n vrye wil en hy kan homself van die invloed van My

teenstander onttrek, soos hy egter ook hom terwille kan wees en homself

vir die suiwer waarheid afsluit. En steeds duideliker sal die werksaamheid

van die teenstander op die voorgrond tree, tot hy ten slotte ook Myself sal

wil uitskakel en die mense ook van die geloof in ‘n God en Skepper sal wil

ontneem, in ‘n oorheersende en werksame Mag. En dan het sy uur ook

gekom; dan gaan hy sy bevoegdheid te buite en beëindig daardeur self die

tyd van sy werksaamheid op hierdie aarde. Dan word hy weer vir ‘n lang

tyd gekluister, soos dit verkondig is in woord en geskrif. Amen

Chaos deur die natuurgebeure

8619 17 September 1963

Steeds weer maak Ek julle oplettend dat julle in ‘n ongelooflike chaos sal

raak deur My ingryp. Die kragte van die natuur sal hul bevry van hul

kluistering en julle sal nie in staat wees om reg na te dink nie. Alleen Myne

sal nog tot My kan bid in gees en waarheid. Dit sal wel slegs skietgebede

wees en kort smekende gedagtes wat hulle tot My opstuur, maar Ek sal

hulle hoor en hulle beskerm teen die ergste. Alles sal strydig wees met

mekaar en die mense in die bitterste noodtoestand bring en vir vele is dit al

die einde. Hulle verloor hul liggaamlike lewe, ofskoon die einde van hierdie

aarde nog nie gekom het nie.

263

Maar Ek probeer voor die einde nog te red wie hulle wil laat red. Ek wil My

nog laat ken aan die swakgelowiges, sodat hulle in hul nood tot My roep en

dan ook duidelik My hulp ervaar. Daardeur word hul geloof versterk en

hulle kan vir My nog tot ‘n steun word as die laaste periode op hierdie

aarde aanbreek. Ek sê julle steeds weer: Dit sal byna bo almal se krag

wees, en alleen Een sal julle krag kan gee en julle hulp stuur as julle in die

grootste nood ook die Een aanroep, nl. Myself in Jesus Christus.

Maar My ingryp kan julle mense nie gespaar bly nie, want dit is ‘n laaste

poging om nog siele te red wat sonder geloof of swak van geloof is. En as

hulle geen uitweg meer sien nie, kan hierdie mense tog nog dink aan ‘n

God en Skepper en aan ‘n Mag wat bo hulle staan en Wie alleen kan help.

Want as die groot natuurkatastrofe oor is, sal die nood nog steeds nie

ophou nie, maar die chaos sal nog groter word. En dan sal dit blyk waar

nog ‘n lewend geloof te vinde is, want dit alleen sal elke nood se meester

wees.

Wie dus ‘n lewend geloof het sal hom sonder beperking aan My toevertrou

en sy geloof sal Ek nie tot skande maak nie. Hy sal gehelp word en hy sal

selfs probeer om sy medemens tot geloof te bring. En na mate van hul wil

en hulpvaardigheid sal hulle ook hulp gegee word, want as die nood tot

liefdadigheid aanspoor het dit sy doel bereik omdat dit daarmee die

onbaatsugtige naasteliefde opwek. En dit is weer die waarborg dat Ek

hierdie mense My liefde skenk en hulle die krag gee om hul noodtoestand

te bemeester.

Julle hoef dus waarlik hierdie noodtyd nie te vrees as julle tot Myne behoort

nie, as julle My wil vervul en My wil dien. Die voortdurende verbinding met

My verseker julle ook van My beskerming en van toevoer van krag in hoë

mate. En bowendien het Ek julle nodig vir die verspreiding van My

evangelie, wat in die tyd besonder nodig sal wees. Want daardeur sal die

mense hul regte wese laat sien en slegs weiniges sal bereid wees om te

help en die naaste by te staan. Hulle word egter steeds gehelp, daar kan

julle seker van wees. Maar meestal sal die eieliefde te voorskyn kom en

meedoenloos sal die mense hul toe-eien wat nie aan hulle behoort nie, om

hul eie lewenspeil te verbeter. Die sterkes sal hulle laat geld en probeer om

die swakkes ten gronde te rig, en dit sal hierdie noodtyd in die besonder

karakteriseer en sal duidelik maak dat die mensdom ryp is vir sy

ondergang.

Tog moet Myne hulle steeds daarop verlaat dat Ek al hul nood ken en kan

afkeer, want vir My is niks onmoontlik nie. Ek sal julle ook liggaamlik

versorg en julle sal op die wonderbaarlikste wyse hulp ervaar, sodat julle

geloof nog lewendiger sal word. En met die krag van die geloof sal julle ook

alles deurstaan sodat julle vyande julle nie sal oorwin nie.

Maar dat hierdie tyd aan die kom is kan julle met sekerheid glo en Ek sal

nog alle hulpmiddele aanwend om die siele te red wat nog nie geheel aan

My teenstander verval het nie. Ook aan hulle wil Ek My openbaar in My

264

liefde en mag, sodra hul geloof lewend geword het. Die sogenaamde

vormgeloof sal die mense totaal opgee, want dit is nie ‘n oortuigde geloof

wat stand kan hou in sulke aardse nood nie.

En hierdie nood sal almal bitter tref wat hulle voor die tyd bomate verswelg

in aardse goedere en aan wie nou die verganklikheid van die wêreld

duidelik voor oë gestel sal word. En al na gelang hul sielevolwassenheid sal

hulle of weer tot My, hul God, hul toevlug neem en My om hulp bid, of

probeer om hierdie tyd op eie krag te deurstaan ten koste van die naaste.

Want hulle is sonder liefde, anders sou hulle die weg tot My neem.

Hierdie tyd van nood sal aan julle groot eise stel en tog kan julle dit met My

hulp deurstaan. Vra daarom om hierdie hulp en versoek My nog voor die

tyd om krag, sodat julle kan stand hou wanneer die chaos begin. Julle is tot

alles in staat in verbinding met My, maar swak en hulpeloos as julle

julleself verlaat op julle eie krag en glo dat julle geen Goddelike hulp nodig

het nie. Dink steeds daar aan dat Ek elke mens sal bystaan wat tot My roep

in sy nood. Amen

God’s Wese

8622 21 September 1963

Julle, mense moet glo, dat julle My Wese vir ewig nie sal kan deurgrond

nie. Wat Ek in My diepste Self is, is julle nie begryplik te maak nie, want

julle denke is begrensd en so kan julle die onbegrensde nie begryp nie.

Onbegrensd egter is die Gees vir Wie julle julleself die begrip God skep.

Wat hierdie Gees in Sigself is dit is julle nie duidelik te maak nie omdat Hy

geen vorm het en julle julleself alles wat bestaan steeds alleen maar as

vorm voorstel, vir al as dit wesenlik is, dus ‘n wil met denkkrag besit.

Ek as Oegees bestaan egter wel, maar in geen enkele vorm voor te stel nie.

Ek is ‘n Krag, wat onbegrensd is en onbegrensd werk. En hierdie Krag vul

die ganse heelal, dit vul alle materiële en geestelike skeppings en dit werk

altyd en ewig in wetlike orde. Want ‘n denkende Wil bestuur hierdie

geestelike Krag wel oorwoë in liefde en wysheid.

Hierdie "denkende Wil” gee julle die reg dat julle julleself ‘n wese voorstel,

slegs mag julle die Wese geen vorm gee nie, maar julle moet julleself alles

wat sigbaar is en ook alle geestelike skeppings voorstel, vervul van My

Liefdeskrag, van My Gees, met Wie julle julleself ook kan verbind deur julle

gedagtes, omdat Ek Self ‘n denkend Wese is.

My Wese, My Gees, My Liefde, My Krag dit Alles kom op dieselfde neer. Die

alles vervullende Krag is God, die Liefde op sigself beskou is God, die Gees

is God. En tog is hierdie God ‘n Wese, want ‘n denkende Wil bepaal hoe die

Liefde, die Krag, die Gees Hom uiter, Hy lei al My bestuur en werk. En of

nou ook die Liefdeskrag Hom in tallose vonkies versprei, elke vonkie is

weer dieselfde as wat Ek Self is: ‘n gees in dieselfde hoedanigheid as Ek,

alleen in die allerkleinste verkleining. En nogtans geweldig, want hy is ook

265

self draer van die ewige Godheid, omdat hy anders nie sou kan bestaan as

hy nie met My Liefdeskrag deurstroom sou wees nie.

En so kan die mens hom, Myself voorstel as sy gelyke omdat julle almal

ewebeelde is van My. Maar tog is julle beperkte wesens, julle is slegs ‘n

deel van My wat solank as beperk beskou moet word as wat julle nog

onvolmaak is. Word julle weer volkome soos julle dit was in die allereerste

begin, dan vind ook weer die samensmelting met My plaas. En dan sal julle

julleself ook eerder ‘n begrip kan vorm van die Godheid, ofskoon Ek vir julle

in My diepste Wese ondeurgrondelik is en sal bly. Maar dan lê julle ook

geen beperkte maatstaaf meer aan nie, soos julle dit as mens doen en

waardeur julle denke ook dikwels verkeerd is.

Ek is ‘n Gees, d.w.s. vir julle menslike sintuie ‘n nie waarneembare Wese,

wat egter tog bestaan en daarom ‘n Wese is, omdat julle in alles wat Ek

laat ontstaan ‘n sin en ‘n bestemming kan sien, dus tot ‘n denkende en

willende Mag kan besluit. En daarom moet julle julleself ook met hierdie

Mag, wat deur julle nie ontken kan word nie, verbind. Want hierdie

verbinding, die vereniging, laat julle eers insien dat julle in julle

oorspronklike substansie dieselfde is. Wanneer hierdie Mag julle dus

aanspreek, dan spreek Ek nie julle uiterlike omhulsel, julle liggaam aan nie,

maar hom wat homself in die omhulsel bevind, wat julle as goddelike

ewebeeld kenmerk: julle gees, wat julle deur My toegevoeg word en deel is

van My, wat julle eens afwys, wat egter weer as nietige vonkie in julle gelê

word t.b.v. julle bestaan as mens. Of met andere woorde: Ek spreek tot die

ewig onverganklike in julle, Ek spreek tot dit wat aan Myself behoort, wat

egter nou as vonkies deur My uitgestraal, hom in julle menslike liggaam

bevind.

En dit is weer ‘n bewys dat Ek Self My in julle, My skepsele wil terugvind,

en julle daarom ook onskeibaar met My bly verbind, omdat My Gees

ondeelbaar is, omdat My Liefdeskrag julle die bestaan verseker, omdat julle

vir ewig nie kan vergaan nie, want julle is deur My uitgestraalde krag wat

volgens die wet van ewigheid ook weer moet terugkeer na die Bron van

Krag. Eers in ‘n toestand van volmaaktheid, begryp julle dit alles, julle sal

dan nie meer baie begrensd dink nie en julle sal dan ook weet dat Ek ‘n

Wese is aan Wie dan al julle liefde behoort. Julle sal dan ook weet dat Ek

Self die Liefde is en julle sal dan begryp waarom julle as mens nie in staat

was om dit alles te begryp nie.

Want solank Ek Self; My Gees en My Liefde nie geheel besit van julle kan

neem nie, omdat julle nog nie volmaak is nie, solank kan Ek julle ook nie

deurstroom dat die helderste lig in julle is nie. Maar Ek werk in julle sover

dit moontlik is, sover julle staat van volwassenheid dit toelaat, om julle

steeds meer lig te skenk, sodat julle eenmaal tot voltooiing kom. Amen

266

Ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe(UFO’s) -

Begogeling deur die teenstander

8623 22 September 1963

Julle sal nog dikwels in groot twyfel gedompel word en daartoe gebring

word om vrae te stel, want in die eindtyd moet julle nog bedag wees op

groot verrassings wat vir julle van die kant van My teenstander berei word.

Hy sal vir geen middel terugdeins, om julle mense in die war te bring en

julle van die waarheid af weg te hou nie, hy sal alles doen om julle

gedagtes af te lei van julle eintlike siele-arbeid en hy sal daarby listig te

werk gaan, sodat dit moeilik sal wees om sy aktiwiteite te herken as

satanies, want steeds sal hy homself met ‘n liggewaad kamoefleer. Hy sal

aan julle voorgee dat julle beskerm word, dat daar vir julle hulp in aardse

nood kom van "bo" in die gedaante van ligwesens, van bewoners van ander

hemelliggame, wie hulself oor die mense ontferm. Want hy sien die chaos

wat daar op die aarde heers baie goed in en benut dit ook nog vir sy eie

doeleindes, om die verwarring nog groter te maak.

Daar is egter in My opdrag, tallose ligwesens bereid om julle mense wat

hulp wil hê, dit dan ook te verleen, sowel geestelik asook aardse, maar hul

werksaamheid sal slegs suiwer geestelik wees. Hulle sal op die denke van

julle inwerk, hulle sal julle met sagte drang na My in Jesus Christus lei,

hulle sal julle lotgevalle lei sodat julle siele voordeel daaruit kan trek. Hulle

sal julle deur middel van gedagtes goeie raad gee en julle kan hulle ook in

al julle nood om hulp aanroep, sodra julle met My verbonde is, sodat Ek

dus die ligwesens die opdrag kan gee om julle by te staan.

Maar vir al hierdie hulpverlening is daar waarlik geen dinge nodig wat vir

julle sigbaar sal wees nie. Die ligwesens sal julle nie benader deur hulself te

laat manifesteer, of hulself van sulke voorwerpe te bedien wat julle met

julle oë sou kan waarneem nie. Want die bewoners van die ligwêreld, die

bewoners van My ryk, wat Ek die opdrag gee om julle hulp te verleen, het

geen omhulsel wat vir julle sigbaar is, nodig om hulle wil ‘n werklikheid te

laat word nie. Dit is geestelike wesens wat altyd net geestelik op julle

inwerk.

My teenstander werk egter anders op julle in, hy probeer julle verblind, hy

wil die mense laat glo dat boaardse wesens hulself die lot van die bewoners

van die aarde aantrek en hy dra sy aanhangers op om skynligte te laat

opflikker, want dit is sy doel om die mense van ‘n oorgawe aan hulle God

en Skepper te laat afsien, dat hulle hulself na hierdie wesens wend, hulself

aan hulle toevertrou en daardeur onder sy heerskappy kom. En hy het teen

die einde groot mag wat hy waarlik goed vir homself sal benut.

Ek kan julle mense steeds maar net waarsku teen liggelowigheid. As julle

glo dat wesens van ander hemelliggame die aarde nader om julle die een of

ander hulp te verleen, dan moet julle eers nadink dat alle sigbare

hemelliggame bewoon is deur wesens wat tot volle ontwikkeling moet kom,

267

en wat hulle toegewese hemelliggaam ook nie kan verlaat nie, vanweë die

wet van ewigheid, dat daar wel ‘n geestelike verbinding kan bestaan, maar

dat so 'n verbinding deur bewoners van die aarde nie met bewoners van

ander hemelliggame gesoek mag word nie, omdat julle niks weet van die

ontwikkelingsgraad van hierdie wesens, wat hulself geestelik aan julle te

kenne wil gee nie.

Hierdie wesens kan julle wel op ‘n mediumieke manier geestelike

boodskappe laat toekom, wat julle egter nie vir waarheidsgehalte kan toets

nie. En sulke boodskappe moet julle daarom as twyfelagtigheid afwys; want

as julle van My af onderrig moet word, geskied dit regstreeks, of deur

ligwesens uit My ryk, wie die leerstof direk van My ontvang wat dit vir julle

moet bring. Solank julle nie geleer het om die geeste te onderskei nie,

moet julle julleself ver weg hou van ‘n omgang met hulle. My teenstander

sal egter altyd daar tussenbeide kom waar die mense hulself bereidwillig

oopstel vir mededelinge uit die ryk van die geeste. Die verlange na die

bonatuurlike gee My teenstander reeds ‘n houvas en hy sal vir hulle wat dit

verlang, steeds van diens wees, maar nooit tot heil van hulle siele nie.

In die eindtyd sal hy ook die mense probeer mislei, deurdat hyself sy

toevlug sal neem tot materialisasie, deurdat hy voor die oë van

afsonderlike mense voorwerpe sal laat verskyn wat nie materieel bestaan

nie, maar homself as ‘n skim vir hulle aanbied wie die abnormale wil belewe

en daarom ook maklik deur My teenstander beïnvloed kan word. En daarby

kom nog die probleem, dat die mense ook proefobjekte die heelal instuur,

wat as materiële voorwerpe te sien is. Daarom kan die mense ook geen

onderskeid meer maak tussen skyn en werklikheid nie. Maar beide is van

sataniese oorsprong, of dit van mense uitgaan, of van die geestelike

wêreld, wat tog altyd die ryk van die duisternis is, soos wat die mense ook

by hulle pogings deur die vors van die duisternis aangehits word.

Dit loop ten einde en dit is ook die rede vir die ongewone aktiwiteit van

Satan. Maar Ek Self werk ook op ongewone wyse, deurdat Ek die mense die

suiwer waarheid laat toekom en Ek sou waarlik aan julle mense ook berig

laat toekom, as hierdie bewoners van ander hemelliggame handelend in My

opdrag moes optree, Ek sou julle nie in die onsekerheid daaroor laat nie.

Desondanks sê Ek steeds weer aan julle: Laat julle nie deur sulke

betowerende ligte van styk bring nie. Want hy van wie dit uitgaan, wil julle

nie red nie maar julle verderf. En julle sal voor die einde nog baie belewe

en sy aktiwiteite duidelik kan nagaan, as julle maar opmerksaam sal wees

en met My verbonde bly, sodat Ek Self julle denke steeds kan verlig en julle

ook vir hom en sy optredes in die lig van die waarheid herken. Amen

268

Die vernietiging van die aarde is die gevolg van

eksperimente

8624 23 September 1963

Die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde sal die mense self

teweegbring, maar EK sal hulle nie verhinder nie, omdat EK ook dink aan

die geestelike substansies wat daardeur uit die materie bevry sal word.

Hulle kan dan weer op die nuwe aarde hulle ontwikkeling voortsit in ‘n

nuwe vorm. Dit is al dikwels vir julle gesê, maar nog steeds is julle geloof

daarin baie gering, want die hele gebeure is vir julle gewoonweg

onvoorstelbaar. Dit vorm egter die afsluiting van ‘n ontwikkelingsperiode

waarop ‘n nuwe sal volg, sodat die werk van die teruggebring weer in die

wetlike orde voltrek kan word en daar weer ‘n sukses geboekstaaf kan word

wat voor die vernietiging van die ou aarde nie meer te siene was nie.

My teenstander doen sy laaste duiwelse werk, deurdat hy die mense verlei

om te doen waartoe hyself nie die mag het nie, naamlik om

skeppingswerke te vernietig. Hy doen dit met die gedagte om die

gekluisterde substansies daardeur te bevry en in sy mag te kry. Daarom

verlei hy die mense tot eksperimente van allerlei aard, wat egter deur die

onwetendheid oor die uitwerking daarvan misluk en daardeur gevolge

teweegbring wat vernietigend sal inwerk.

Die mense waag hulself aan eksperimente waarvan hulle die gevolge nie

ken nie. Hulle sit sataniese kragte in werking wat hulle nie kan beheer nie

en is daardeur tot ondergang gedoem. Daardeur word die hele

skeppingswerk van die aarde ook aan vernietiging blootgestel, want die

hele aardoppervlak sal geheel en al verander. Alle skeppingswerke op die

aarde sal aan die vernietigingswerk ten offer val en die uitwerking sal tot in

die binneste van die aarde gevoel word, sodat daar van ‘n verwoesting van

buitengewone omvang gepraat kan word. Die meeste mense sal dit egter

self nie meer kan nagaan nie, behalwe die klein kudde van hulle wat EK

vooraf van die aarde af sal wegneem.

EK self sou so ‘n vernietiging nooit toegelaat het nie, as EK daardeur nie

nuwe verlossings moontlikhede sou verkry het vir die geestelike wat nog

gekluister is en wat reeds eindelose tye in die hardste materie smag. Maar

ook sonder die volledige verwoesting van die aardoppervlak sou ‘n verdere

ontwikkeling vir die geestelike substansies moontlik gewees het, wanneer

die mense die wetlike orde nie omver sou werp nie, maar hulle dienende

opdrag op aarde sou vervul.

Die mense lewe egter nie meer volgens My Goddelike ordening nie en

daardeur het My teenstander ook groot invloed op hulle. Hy hits hulle aan

tot eksperimente waarvan hy ‘n sekere wins verwag en op die terugkeer

van al die gebonde geestelike hoop. Maar EK sal hom nie daarvan terughou

nie, want uiteindelik lê dit alleen by die vrye wil van die mense of hulle dit

wat My teenstander hulle wil laat doen, self wil uitvoer.

269

Wat die mense ook al sal doen, steeds sal EK weet om die gevolge van

hulle handelinge ten goede te gebruik want ook die duistere wêreld is

onderworpe aan My en My Mag. Ook hulle moet My dien en tegelykertyd

saamwerk aan My werk van die terugvoering, al is dit ook onbewustelik. EK

weet egter al van ewigheid af van die wilsrigting van die mense, en

ooreenkomstig hierdie wil kon EK dus ook My verlossingsplan opbou.

Daarom weet EK ook wanneer daar geen geestelike vooruitgang meer te

verwag is nie, wanneer die tyd vir bevryding van die gebonde geestelike

moontlik sal wees. Daarom staan EK die handelinge van die mense ook nie

teë, as hulle die enorme vernietigingswerk deur ‘n verkeerde wilsrigting

teweegbring nie. Deur hierdie verkeerde wil is hulle vir Satan ‘n gewillige

werktuig, want hy kan geen skeppingswerk vernietig en geen materie oplos

nie, omdat al die gebonde geestelike se mag onttrek is. Maar hy probeer

die gebonde geestelike terug te wen en die mense is hom daarmee

behulpsaam omdat hulself bydra tot die ontbinding van die materie.

Ten eerste deur alle moontlike kleinere proefnemings wat egter later so

buitensporig sal word dat geen materie hierteen sal kan standhou nie. EK

laat dit toe, sodat die substansies wat in die materie gekluister is, vry kan

word, ook al is dit ten koste van die hele mensegeslag wat op so ‘n lae

geestelike vlak gekom het, wat ‘n hernieude kluistering in die materie nodig

maak. Wat My teenstander en die mense wat hom nou onderdanig is, ook

al sal doen, hulle sal uiteindelik tog weer sorg dat die ontwikkeling van die

geestelike ten goede kom, wat ook eendag tot voltooiing moet kom. En

daarom sal My verlossingsplan van ewigheid af uitgevoer word soos wat

aan julle verkondig is. Amen

Dit ontbreek die mense aan liefde en geloof

8626 25 September 1963

Steeds verder verwyder die mense hul van My en steeds minder wil hulle

glo, omdat hulle nie in die liefde lewe nie kom hulle ook nie tot ‘n lewend

geloof nie en ‘n dooie geloof is geheel waardeloos, omdat dit maklik

opgegee word as hulle hul moet uitspreek, vir of teen My. Want voor

hierdie beslissing sal die mense onherroeplik geplaas word, ongeag of dit

verlang word deur aardse maghebbers of slegs deur moeilike slae van die

noodlot, waarin alleen die regte beslissing hulp kan bring in aardse nood.

Sonder geloof is hulle verlore, want hulle is dan onderdane van My

teenstander, wat alle geloof aan ‘n God en Skepper onder die mense wil

vernietig.

Slegs ‘n lewe in liefde sal die geloof lewend maak en dan is alle gevaar om

in die hande van My teenstander te val oor. Want ‘n lewend geloof bring die

verbinding met My tot stand en dan kan alle nood opgehef word omdat die

mense dan glo dat Ek die mag daartoe het en hulle ook daarvan oortuig is

dat My Liefde My tot hulpverlening aanspoor. Maar arm en ongelukkig is die

mense te noem by wie alle geloof ontbreek aan ‘n Wese, Wat vol van

270

Liefde, Wysheid en Mag is. En al word hulle ook in aardse nood deur My

teenstander gehelp, dan gaan hul siele onherroeplik verlore, want dit het

alle verbinding met My opgegee en het hom daardeur reddeloos ten prooi

geval.

En die lot sal baie mense te wagte staan, omdat My teenstander hulle

geheel in sy mag het en hulle daarom ook sy lot moet deel aan die einde

van die aarde, dat hulle soos hy in kettings gekluister word, weer opnuut

geban word in die skeppings van die aarde en weer die gang deur die nuwe

skepping moet deurloop. Maar alle siele verkry wat hulle verlang en vir hul

redding kan niks anders gedoen word as dat aan die mense steeds weer die

evangelie van die liefde uiteengesit word. Dat hul gesê word wat hulle te

wagte staan as hulle sonder liefde lewe en daardeur ook sonder geloof.

Steeds weer moet die mense opgeroep word, steeds weer moet hulle

aangemaan word om die wêreld die rug toe te keer en hulle op geestelik

gebied te begewe. Steeds weer moet hul die doel van hul aardse lewe

voorgehou word, sodat hulle nie kan sê dat hulle dit nie geweet het nie.

Hulle sal wel aan julle woorde geen geloof skenk nie, maar hulle mag ook

nie ongewaarsku bly nie, want ook Ek sal hulle steeds weer die weg versper

en deur slae van die noodlot probeer om hul denke te verander, omdat tot

met die dood altyd nog die moontlikheid bestaan dat hulle sal verander,

omdat geen geleentheid onbenut sal bly nie.

En so sal daar ‘n onophoudelike worsteling wees om die siele wat My

teenstander nog wil vashou. En as dit julle My dienare op aarde geluk om

julle medemens tot geloof te beweeg aan ‘n God en Skepper uit Wie se Mag

hulle voortgekom het, as dit julle slegs geluk om hulle tot liefdewerke aan

te spoor, dan bestaan ook die moontlikheid dat hulle sal glo as hulle ernstig

nadink, in die besonder as hulle die verganklikheid van die aardse insien en

na onverganklike goedere begin te verlang. Elke verandering van opvatting

kan vir hierdie mense redding beteken en die mens kan sy denke nog

verander tot by sy dood.

Daarom moet ook julle My medewerkers niks agterweë laat om in die

mense die geloof op te wek in ‘n liefdevolle Mag, Wie alle mense vir Hom

wil terug wen. Julle moet hul ook laat weet dat julleself in regstreekse

verbinding staan met hierdie Mag en dat die julle ‘n omvangryke geestelike

kennis laat toekom wat opheldering gee oor die eintlike doel van die

menslike bestaan. Steeds weer bestaan die moontlikheid dat ‘n mens hom

aangespreek voel en julle gehoor skenk en dan is hy ook al met sekerheid

gered. Want sodra Ekself hom kan aanspreek deur julle, sal hy hom ook

aangeraak voel en ‘n standpunt daaroor inneem.

Daarom gaan steeds weer die oproep na julle uit om onvermoeid besig te

wees, daarom laat Ek nie na om te probeer om die liefde van alle siele te

wen wat nog ver van My afstaan nie. Daarom kom daar dikwels groot

aardse nood oor die mense, sodat hulle tot liefdewerke vir hul medemens

aangespoor word. En dan is dit ook nie hopeloos nie, want elke daad van

271

liefde verbind die mens met My en bring tegelykertyd verlossing van My

teenstander.

As die mense tog maar wil glo dat alleen die liefde hulle verlossing kan

bring van die vyand van hul siele. Dat die liefde hul ook insig sal skenk en

hulle daardeur ook ‘n lewend geloof kan ontvang in die Verlosser Jesus

Christus. En ‘n lewend geloof in Hom beteken ‘n sekere redding van sonde

en dood.

Die liefde het egter verkoel en daarom het ook die geloof verlore gegaan en

sonder liefde en geloof kan geen mens salig word nie, sonder liefde en

geloof het My teenstander nog die heerskappy oor hulle siele en hulle kan

dan nie tot lewe kom nie, ‘n lewe wat ewig duur. Amen

Die mense ken hulle groot geestelike nood nie

8633 2 Oktober 1963

Julle mense is nie daarvan bewus in watter nood julle julleself bevind nie,

maar hierdie nood kan nie donker genoeg aan julle voorgestel word nie,

sodat julleself julle beste gaan doen om dit op te hef, want julle kan dit

doen, wanneer julle maar die vaste wil voortbring. Maar eerstens sal

julleself hierdie nood moet insien. Julle sal moet weet dat julle gekom het

aan die einde van ‘n ewige tyd durende ontwikkelingsgang deur die aardse

skepping, dat julle in hierdie tyd onbeskryflike kwellinge moes deurstaan en

dat julle nou as mens hierdie toestand van kwelling sal kan beëindig en as

vrye ligwesens sal kan ingaan in die geesteryk. Julle sal moet weet dat dit

vir julle die laaste moontlikheid is dat julle vrykom uit elke materiële vorm,

maar dat julle nou in ooreenstemming daarmee, ook julle lewenswandel as

mens sal moet lei, omdat as julle andersins sou faal, die hele eindelose

lang gang daarvoor, tevergeefs was. Julle sal moet weet dat julle dan terug

sal val in die diepste diepte en opnuut die gang deur die skepping sal moet

aflê onder vreeslike kwellinge, gekluister in die materie.

Julle mense leef onverantwoordelik verder, julle dink nie daar aan dat julle

terwille van ‘n doel op aarde is nie, julle hou julle op geen enkele wyse met

sulke gedagtes besig nie en sien geen geestelike doel in julle bestaan nie,

julle vra nie na ‘n God en Skepper nie, uit Wie sowel die skepping, asook

julleself voortgekom het, julle leef onverskillig verder en wat die deurslag

gewendste is: Julle leef sonder liefde. En slegs die liefde kan julle na die

laaste voltooiing bring, slegs die liefde waarborg julle daardie geluksalige

lot in die ewigheid, want slegs die liefde is noodsaaklik sodat julle die laaste

doel kan bereik: Die uiteindelike vrywording uit die vorm.

Want al gaan julle ook na die dood van julle liggaam in die ryk hierna, dan

sal julle tog nie in staat wees om julle van die aarde los te maak nie en

julle sal ook dan nog dieper kan wegsink en weer opnuut gekluister word in

die materie. Maar die einde kan julle nog op hierdie aarde ook verras en

dan keer julle onherroeplik weer na die diepte terug waaruit julle julleself

so ver omhoog gewerk het. En julle sal daardie vreeslike lot nogeens moet

272

dra, want Ek kan nie van die wet van die ewige ordening afsien nie, al

behoort julle ook aan My Liefde, Wie julle nooit sal opgee nie. Maar Ek kan

die geregtigheid nie omseil nie, wat ook by My volmaaktheid hoort.

Steeds weer roep Ek tot julle: Besin julle, Dit is die laaste kort stadium wat

julle aflê. Gaan nie ‘n verkeerde weg wat julle onherroeplik na die afgrond

sal voer nie, sluit julle veeleer by My aan en lê aan My Hand julle weg oor

die aarde af. Dink goed daaroor na wat die aanleiding en die doel van julle

bestaan op aarde sou kan wees en waarlik, Ek sal julle opheldering daaroor

gee, omdat Ek wil dat julle die weg na die vaderhuis inslaan, omdat Ek baie

verlang na julle terugkeer na My en julle die vreeslike lot van ‘n hernieude

kluistering kan bespaar. Stel dit duidelik vir julleself voor oë dat julle

julleself in groot geestelike nood bevind en sal poog om dit te ontgaan,

want dit lê maar net by julle wil, om die doel te vervul ten behoewe

waarvan julle julleself as mens beliggaam het.

Julle sal julleself net moet bevry van wêreldse verlange, julle sal julle lewe

op aarde nie as doel op sigself kan beskou nie, dit inteendeel steeds as

middel tot die doel moet insien. En dit sal vir julle ook moontlik wees om

julle lewenswandel doeltreffend te lei, as julle maar julle beste sal doen om

‘n lewe in liefde te lei. Dan sal julle die gevaar van ‘n mislukking aan die

einde ontkom; dan sal julle steeds duideliker insien waarom julle op die

aarde is en julle sal julle steeds inspan om die Wil van julle God en Skepper

te vervul, julle sal die verhouding van ‘n kind tot die Vader ingaan en dan

sal die Vader julle vasgryp en julle na Hom toe trek en julle nooit meer in

die diepte laat wegsink nie. Luister na My aansporings en waarskuwings,

verander julle lewenswandel, streef daarna om die ewige lang gang oor die

aarde te beëindig, om na die dood van julle liggaam in te gaan in die ryk

van lig en geluksaligheid. En wanneer julle hierdie wil het, sal julle ook

waarlik die krag daarvoor ontvang, want Ek sal julle tot aan die einde help

sodat julle tot lewe sal kom en nie weer gedoem word om te sterwe nie.

Amen

Ek-bewussyn - krag - Denkvermoë - Wil

8637 6 Oktober 1963

Julle mense sou nie kan bestaan as My Krag julle nie deurstroom nie, of

anders gesê, julle sou nie meer lewe as die siel uit julle onttrek sou word,

wat die eens deur My uitgestraalde krag is en die eintlike lewe in julle is.

Dus is julle deur Goddelike krag tot lewe gewek wat van My as die Oerbron

van krag, uitgestroom het.

Vir julle, wat nie glo aan ‘n God en Skepper nie, is julle liggaamlike lewe

maar ‘n natuurlike proses, waarvoor julle vir julleself ook geen verklaring

kan vind nie, maar wat ook julle gedagtes nie soseer besig hou nie, dat

julle veelmeer ongeërg is om julle in soverre tot nadenke te kan bring,

deurdat ook julle eenmaal julle aardse lewe sal verloor, dat julle verganklik

is as julle nie aan ‘n ewigelewe glo nie.

273

Dat egter die Krag uit My, wat as siel in julle is, die basis is van die eintlike

ek-bewussyn van die mens, kan julle nie begryp nie. En dat julle eintlik in

julle oersubstansie dieselfde is as julle God en Skepper, daaroor dink julle

nie na nie en daarom benut julle ook julle aardse lewe nie, omdat julle nie

van die eintlike doel van julle lewe bewus is nie.

Elke mens is oorspronklik ‘n goddelike skepsel, want die menswees is nie

die begin van sy bestaan nie maar die gevolg van ‘n grenselose dwaling

van die deur My eens in alle volmaaktheid geskape wesens. Dit is altyd

egter dieselfde krag wat sowel die eersgeskape wesens, asook die mense

deurstroom en hulle in staat stel om te lewe. Dit is alleen dat die krag in

verskillende grade in die wesens van weleer, asook in die mense werksaam

is, dat dus eens dieselfde krag tot onbegrensde skeppende aktiwiteit in

staat was, terwyl dit in die mens vanweë sy weerstand deur die vroeëre

afval van My, slegs tot uiterste geringe werksaamheid kom.

Maar deur die wil van die mens self kan hierdie krag altyd vermeerder

word, tot dit weer geheel na My Wil aktief sal wees, as die mens hom op

aarde voltooi. Daarvan weet die mense niks en hulle beskou hulself nie baie

anders as die skeppingswerke om hulle heen nie, wat wel ook krag uit My

is, omdat dit anders nie sou kan bestaan nie. Want daar is niks wat nie

deur My krag deurstroom word nie, die skeppingswerke is egter sonder ekbewussyn,

tot die afsonderlike kragvonkies saam ‘n menslike siel gevorm

het en dan ook weer die ek-bewussyn besit soos voorheen.

Tegelyk met die ek-bewussyn egter het die mens die denkvermoë

teruggekry en dit gee hom ook weer die moontlikheid, om met ‘n goeie wil,

die in hom opkomende gedagtes teenoor mekaar op te weeg. Maar daar is

ook ‘n heel klein liefdesvonkie in hom wat ook ‘n klein liggie kan ontsteek.

En so kan weer Goddelike kragte in hom gewek word wat hy eens besit het

en deur sy afval van My verloor het. Want hierdie krag wat elke mens, as

goddelik skepsel, deurstroom, het op die een of andere wyse ook sy

uitwerking. Die wil van die mens beslis egter of die krag na Goddelike Wil

aangewend word en daardeur voortdurende vermeerdering van die

Goddelike krag tengevolge het, of, dat alleen die versorging van sy liggaam

beoog word en dan weer misbruik word soos eens, toe die afval van die

wesens van My plaatsgevind het, omdat hierdie wesens nie ooreenkomstig

My Wil werksaam was nie, maar hul eie verkeerde wil daar teenoor stel.

Eers as die mens hom ten volle bewus is dat hy ‘n skepsel van God is en

dat sy bestaan alleen deur die deurstroom van Goddelike Krag versekerd is,

eers dan sal hy moeite doen om hierdie krag ook goed te gebruik en dan

ook daarop bedag wees, om die stroom van Goddelike Krag voortdurend te

vermeerder. Want dan sal hy ook Myself leer liefhê hy sal in liefde werk en

hoe liefdadiger hy is, des te meer sal hy met krag vervul word.

Alles is krag uit My, alles wat julle om julle heen sien, dus kan ook julle in

julle oersubstansie alleen uit My uitgestraalde krag wees. En julle moet dit

ernstig bedink, dat julle Skepper, Wie vol van waarheid is, julle terwille van

274

‘n doel die lewe gegee het. Maar dat die doel nie alleen uit aardse

prestasies en sukses bestaan nie moet julle verstand julle al sê, en daarom

moet julle sonder ophou vra en die doel van julle aards bestaan probeer

deurgrond. Hierdie gedagtes is te belangrik dat dit onderdruk mag word, as

dit in julle opduik. En wie dit ernstig in hom oorweeg, die sal seker nie

sonder antwoord gelaat word wat vir hom ook aanneemlik sal wees nie,

selfs as dit enkel weer d.m.v. gedagtes tot hom kom.

Wie homself egter as so gering sien dat hy hom vir ‘n toevalsproduk van

natuurkragte hou, die sal ook op die einde van sy aardse lewe geen

geestelik sukses hê nie, hy sal in dieselfde toestand wees as in die begin

van sy beliggaming as mens, of nog dieper afgesink het, want in hom is

nog dieselfde weerstand teen My wat hom eertyds daartoe gebring het om

van My af te val. En hierdie weerstand breek Ek nie met geweld nie, maar

hy sal nog eindelose tye moet ly, tot hy eenmaal uit homself hierdie

weerstand opgee en tot My sal terugkeer. Amen

Uitleg oor die waterdoop

8643 13 Oktober 1963

Julle begryp nog steeds die geestelike betekenis van My Woord nie. Julle lê

die woorde uit volgens julle verstand, daarom is julle nie in staat om die

Bybel te verstaan nie. Julle kan nie begryp wat Ek julle wil sê toe Ek tot

julle spreek: “Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die

Heilige Gees!”

Onder “doop” verstaan julle steeds maar die onderdompeling in water. ‘n

Uiterlike vorm wat die mense gebruik om hul gehoorsaamheid teenoor die

gebod van die doop te kenne te gee, terwyl hierdie vorm eenvoudig net ‘n

uiterlike begeleidingsvorm was, maar nooit die eintlike kern van My gebod

raak nie. Want die waterdoop bring tog seker geen enkele verandering in

die mens teweeg nie, wat julle tog wel sal moet toegee. Eers die ontvangs,

van die gawe, wat van die Vader, van die Seun en van die Gees uitgaan,

wat bewys gee van die liefde van die Vader, die wysheid van die Seun en

die krag van die Heilige Gees, wat ‘n verandering in die mens kan teweeg

bring. En dit is eers die ware doop wat elke mens moet ontvang om sy doel

op aarde te bereik, nl. Om hom te vervolmaak, om so vir ewige met My te

kan verenig.

Die Vader = die Liefde - is ‘n ewige vuur waarvan die Lig van die wysheid

= die Seun - uitgaan en die Krag van die Gees so openbaar. Die mens as

swak skepsel moet hom met liefde en wysheid vervul dat hyself weer tot

krag en vryheid kan kom. Hy moet vol wees van My Gees, dus liefde,

wysheid en geesteskrag moet hom kenmerk as Godelike skepsel, wat tot

die volmaaktheid teruggekeer het. Die mens moet gedoop word in die see

van My Ewige Liefde. Hy moet gelei word in alle waarheid, wat sal gebeur

deur My Wil, My Krag en My oorgrote Liefde.

275

Doop hulle in die Naam van die Vader = bied hul My Woord, wat wysheid in

hom dra, in liefde aan en maak daardeur die werk van die Gees in die mens

moontlik, wat egter werk in liefde vereis omdat die uiting van My Gees die

uitstort van My liefde is, wat deur die toevoer van wysheid, van

waarheidsgetroue kennis, tot uitdrukking kom.

Liefde, Wysheid en Krag - daaroor moet julle mense na waarheid ingelig

word. En hierdie opheldering is ‘n “ware geestelike doop”, wat egter nie

deur onderdompeling in water vervang kan word nie. Begryp dit tog, julle

mense, dat julle, julle nie aan uiterlike vorme moet bind nie. Begryp dat Ek

waarlik geen uiterlikhede van julle verlang nie maar dat Ek altyd alleen dit

waardeer wat in gees en waarheid gedoen word.

En as julle nou as bewys van julle ware denke, My doop deur Johannes in

die Jordaan aanvoer, dan moet julle daar aan dink dat die mense destyds

nog baie min van My geweet het en in die tyd baie waarde geheg het aan

uiterlike handelinge en daar eers ‘n bepaale graad van volwassenheid by

iemand nodig was om die geestelike betekenis van die doop duidelik te kan

maak. Bowendien bewys die mense, deur hulle deur Johannes te laat doop

hul liefde tot hom en daarmee ook die verlange om met hul God en

Skepper meer vertroud te word.

En in die tyd was dit reeds ‘n belangrike geestelike sukses en so onderwerp

Ek Myself ook aan hierdie handeling om die werk van My voorloper

Johannes te wettig. Want die sou in die tyd geen betekenis gehad het om

die mense hierdie uiterlike handeling as onbelangrik uit te lê nie, omdat

hulle van die suiwer geestelike waarheid nog geen begrip gehad het nie.

Die waterdoop doen hulle geen skade nie, maar was dan eers nuttig as

hulle die Woord van God, dus My Woord wat Johannes hul gebring het,

aanneem.

En so sal ook nou elke mens die doop ontvang, as hy My Woord wat My

eindelose Vaderliefde hom laat toekom, aanneem, daarna leef en daardeur

tot wysheid kom, wat van die liefde uitgaan. Dat nou ook My Gees in hom

gewek word, wat Lig en Krag is en in die mens werk. Die waterdoop kan nie

die plek inneem nie en sal altyd slegs ‘n symbool bly, ‘n uiterlike vorm waar

die mense egter nie van wil afwyk nie omdat hulle alles na buite toe

aanskoulik probeer maak en hulle nie tevrede stel met die waarde van ‘n

suiwer geestelike belewing nie.

Ek kan julle slegs weer sê dat alle uiterlike handelinge en gewoontes geen

waarde het nie. Dat Ek nooit ‘n mens beoordeel na wat hy na buite toe

doen nie, maar dat alleen die innerlike houding tot My en My Woord

deurslaggewend is. Want as die mens My Woord aanneem, dit aanvaar en

dan sy lewenswandel daar volgens lei, sal hy ook op hierdie aarde nog sy

voltooiing bereik.

Want My Woord is “die water van die lewe” wat uit die Oer bron stroom. En

in die water moet julle gedoop word. En dan sal ook die water uit julle

liggaam stroom. Julle sal dan die doop van julle gees belewe as die gees in

276

julle tot lewe ontwaak. As Liefde, Wysheid en Krag julle deurdring en julle

weer tot dit wat julle oerwese was, word, wat julle van die begin van tyd af

was. As julle deur die “water van die lewe” die EWIGE LEWE bereik, wat

julle dan vir ewige nie meer sal verloor. Amen

Waarom val mense so maklik ten prooi aan dwaling?

8644 14 Oktober 1963

Dit is baie moeilik vir julle My dienare op aarde om julle te handhaaf

teenoor dwalinge, want alles wat van My teenstander kom, word ook deur

hom ondersteun en die mense wat hom dien word deur hom op alle

moontlike wyse bygestaan, sodat hulle die dwaling verbrei en die mense in

steeds diepere duisternis lei. Die ergste van sy planne is egter, dat hy die

mense laat glo dat hulle vir My werksaam is.

En nou sal julle dit ook begryp as daar gesê word; hy sal in die gewaad van

‘n "ligengel" verskyn en julle sal nou ook begryp dat daarom die waarheid

en die dwaling dikwels naby aan mekaar lê. wat skynbaar dieselfde lyk en

dat dit tog geheel teenoorgesteld is, wat sowel die inhoud as ook sy

uitwerking betref. En julle sal daarom die vraag stel: Waarom laat Ek dit

toe, omdat Ek tog My skepsele liefhet en hulle tot saligheid wil bring?

Julle sal die beswaar opper dat alle mense na saligheid strewe en tog deur

My teenstander en vyand van hul siel, mislei kan word. En weer is daar

maar net een antwoord, dat elke mens self die innige verhouding met My

tot stand moet bring en slegs ‘n innige bede tot My hoef te rig sodat Ek

hulle teen dwaling beskerm en dan sal hul dit ook helder en duidelik insien.

Waaraan lê dit egter dat My teenstander so'n groot aanhang het, dat die

mense hulle sonder weerstand in dwaling laat verstrik? Dit kom alleen

omdat hulle ongeërg teenoor die waarheid staan. Hulle hou hulle te min

besig met dink oor dit wat hulle deur hul medemens meegedeel word. Daar

is in hulle geen verlange dat in hulle ‘n helder lig van insig ontsteek word

nie. En wel daarom, omdat die liefde hul wese nog nie beheers nie, omdat

hulle nog steeds te veel aan die wêreld geheg is en daarom ook nie lewe

volgens My gebooie van die liefde tot God en die naaste nie. Want sou hulle

in die liefde lewe dan sou na hulle ook ‘n helder lig straal en hulle sou dan

ook deurdring wees van ‘n verlange na die waarheid.

Hulle erken wel dat van die mense gevra word om ‘n geestelike lewe te lei

en sluit hulle daarom aan by die een of ander geestesrigting en laat hulle

ook deur die leier daarvan in die een of andere denkrigting dwing, maar

hulle neem self haas geen standpunt in nie, omdat hulle nog nie die innige

verbinding met My gevind het nie, wat die gevolg is van ‘n lewe in liefde.

Die hele verklaring of en waarom die mens ten prooi val aan dwaling lê

alleen aan die graad van liefde van elke mens persoonlik. Maar ook seker

sal ‘n mens in die waarheid vasstaan wie se lewenswandel ‘n lewe in

onbaatsugtige liefde is. Dit is vir My alleen maar moontlik om die suiwere

waarheid na die aarde te lei deur mense wat aktief is in die liefde. Maar

277

daarom is dit alle mense moontlik om te alle tye in die besit van die

waarheid te kom, omdat die liefde in sy hart hom dit waarborg.

Dog ook dit weet My teenstander en hy probeer daarom die begrip liefde te

misvorm. Hy hinder die mense om tot die regte insig te kom met dit, wat

hulle moet doen om My wederliefde te verwerf. Hy maak dit vir hulle

moeilik om werke van onbaatsugtige liefde te verrig en verhinder hulle

daardeur om innerlike lig te ontvang. Hy weet baie goed om die valse

liefde, die eieliefde van ‘n mens te voed. En solank die regte liefde in die

mens nog nie ontwaak het nie, solank is ook sy gees in hom nog verduister

en sy denke verkeerd en hy sal dan baie gedagtestrome opneem wat van

die teenstander uitgaan.

Die mens het egter ‘n vrye wil en is dit sy opregte wil om in die waarheid te

wandel dan word dit hom gestuur. Verlaat ‘n mens hom egter alleen op dit

wat hom van die kant van sy medemens meegedeel word, sonder om egter

self die vurig verlange te hê om deur My, sy God en Skepper die suiwere

waarheid te wete te kom, dan sal hy nog die dwaling herken nog hom

daarteen verweer. Dan is dit My teenstander se geluk om die duisternis te

vergroot, wat altyd op die einde van ‘n aardse periode sal val, sodat hy sy

aanhang nie sal verloor, wie egter deur die suiwere waarheid sy ware wese

sou herken en met hom sou breek.

Maar iedereen wat sy hande smekend na My uitstrek om die waarheid aan

te neem sal dit ook in alle volheid kan ontvang en dit sal hom gelukkig

maak. Dog Ek kan My teenstander nie in sy aktiwiteite hinder nie omdat

hom die reg toekom om vir sy aanhang te veg. En al is sy middele so

skandelik, die mens hoef desondanks nie vir hom te swig nie omdat My

krag hom altyd tot beskikking staan. Hy hoef hom alleen maar ernstig tot

My te wend om beskerm te word teen sy invloed.

En waarlik, My Woord word as ‘n helder skynende lig na die aarde gestuur,

so dat dit deur alle mens as waarheid herken kan word. Wie egter nog diep

in die eieliefde verstrik is, hom sal My teenstander laat glo dat hy as hoë

gees op die aarde is en die resultaat van hierdie verkeerde opvatting is dat

hy hom afsluit van alle straling van lig wat direk van My uitgaan. En tog glo

so’n mens dat hy My dien. Maar hy is hom egter nog nie van My Wil bewus,

wat van hom vra om hom geheel aan My oor te gee, om dan deur My

deurstraal te kan word met die lig van die waarheid, om deur Myself

aangespreek te kan word omdat Ek dringend dienare op aarde nodig het,

dog alleen diegene wat geheel My Wil aanvaar het sal dan vir My op aarde

werk. Amen

Vergewing deur Jesus - Verhoging van die graad

van Liefde

8647 17 Oktober 1963

278

Bely My openlik in Jesus, dan behoort julle ook tot Myne, oor wie Ek waak

en wie Ek beskerm op al hul weë. As julle Jesus as goddelike Verlosser

aangeneem het, dan het julle julleself, deur middel van julle wil, ook weer

na Myself gekeer, Wie in Jesus mens geword het. En omdat Jesus deur Sy

kruisdood julle oersonde gedelg het en julle My weer erken as julle God en

Skepper, keer julle nou ook weer na My toe terug, julle vrye wil, wat hom

geheel en al aan My oorgegee het, het werksaam geword en het hom aan

Myne onderwerp. En julle behoort aan My, die losmaking van My

teenstander is voltrek, omdat Jesus julle van hom vrygekoop het met Sy

lewe, omdat Hy julle sondeskuld tot niet gemaak het met Sy bloed.

En wie Myne geword het, kan nou ook sy aardse lewe sonder vrees

volbring, hy sal nie meer aan My teenstander ten prooi val nie, want sy

mag is gebreek deur die kruisdood van Jesus. Ek Self het hom oorwin in ‘n

mens, wat so van Liefde vervul was, dat Hy die oorwinning behaal het oor

die teenstander, wat teen die Liefde magteloos is. Wat die mens nou op

aarde hoef te verdra, is maar net middele om sy siel te suiwer, wat homself

van sy slakke moet bevry, sodat hy in hoë mate met lig deurstraal kan

word, wanneer hy in die ryk hierna ingaan. Die oerskuld is dus gedelg deur

die erkenning van Jesus en die vra om vergewing.

Maar die siel moet nog aan homself werk om tot die hoogste vervolmaking

te kom, want deur die eindelose lang skeiding van My, sy God en Skepper,

het hy uit sy toestand van volmaaktheid getree, hy het ‘n geheel liefdelose

wese geword, wat weer, deur te dien, in die "jy moet" toestand, tot ‘n

sekere graad van volwassenheid kan raak, maar in die aardse lewe weer

bewustelik die aanstraling van My Liefde moet verwerf, wat bewustelik sy

graad van liefde moet verhoog deur self werksaam te wees in liefde. En

hierdie graad van liefde kan nog gering wees en dit is die arbeid van ‘n

mens aan sy siel, wat hierdie graad verhoog, waardeur die siel kristalhelder

word en nou steeds met sterker ligstrale vervul kan word.

Dus sal julle ‘n onderskeid moet maak tussen: "Vergewing van julle

sondeskuld" en "vervolmaking van julle siele", wat ‘n mens op aarde self

kan bereik, juis deur bewustelik werksaam te wees in liefde. Die vergifnis

van die sondes word julle geskenk deur die werking van erbarming van

Jesus, maar die liefde moet die mens self ontsteek en tot die helderste

vlam laat oplaai en daarom kan ‘n siel, wat die weg na Jesus gevind het,

wel in die ryk van die lig ingaan, omdat Hy sy sondeskuld tot niet gemaak

het, maar die graad van lig kan heeltemal verskillend wees. En daarom

moet die mens sy aardse lewe goed benut met die doen van liefdeswerke,

om die graad van sy liefde te verhoog en des te geluksaliger sal hy wees na

sy liggaamlike dood;

Liefde en leed bring die loutering van ‘n siel tot stand, liefde en leed lewer

hom ‘n steeds hoër graad van lig op en daarom moet julle ook die leed

seën, omdat dit ‘n doeltreffende hulpmiddel is, wat julle bring tot volle

ontwikkeling. Mense wat Jesus nog nie gevind het nie, moet ook dikwels ly

279

en dan moet hulle blik gerig word op Hom Wie die grootste lyding op Hom

geneem het, vrywillig en uit liefde vir die mense, van wie Hy geweet het

dat hulle in die grootste geestelike nood was en wie Hy wou help. Want

eens sal die gedagte aan Hom in ieder mens opduik wie van Hom gehoor of

gelees het, in die besonder in groot leed, maar of die gedagtes aangeneem

sal word, bepaal weer die vrye wil van die mens en daarom kan sulke

gedagtegolwe ook afgewys word.

En die siel bly verder in die grootste nood. En daarom sal mense wat die

goddelike Verlosser Jesus afwys, ook weinig werke van liefde verrig, omdat

die liefde hul al ‘n helderder graad van insig sou opgelewer het en hulle dan

geen openlike teenstander van die goddelike Verlosser sou wees nie. Want

die teenstander beïnvloed sulke mense en verhinder hulle ook om werke

van liefde te doen. En tog word daar aan almal genoeg geleentheid gebied

waarin hulle die liefde sou kan beoefen. Maar die erkenning van Jesus en

daardeur ook die erkenning van Myself verskaf elke mens vergrote krag,

want Ek neem al diegene aan wat na My wil terugkeer, wat getoon word

deur die erkenning van Myself in Jesus.

Ek laat waarlik geen mens sonder hulp, sonder beskerming en sonder krag

nie, want daar is vir My oneindig veel geleë aan die terugkeer van iedere

siel afsonderlik en wat gedoen kan word om hom te red uit die boeie van

die duistere mag, word waarlik nie nagelaat nie. Want My Liefde hou al My

skepsele wat eens vrywillig van My weggegaan het, in die oog en My Liefde

was vir My die rede, dat Ek Self in die mens Jesus die verlossingswerk

volbring het, want hierdie Liefde was in die mens Jesus beliggaam.

Die ewige Godheid Self het na die aarde gekom, Hy vervul die mens Jesus

geheel en al en volbring in Hom die grootste werk van erbarming, terwille

van die mense, die wat in die kluistering van die teenstander se mag was

en hulle nie van hom kon bevry nie. Hy het hierdie kluistering verbreek, Hy

het Sy lewe gegee om aan die gevallenes, hulle wat (geestelik) doodgegaan

het – weer die lewe terug te gee. Hy het die groot skuld tot niet gemaak

wat die rede was (en is) van julle bestaan op hierdie aarde. En Hy het vir

julle die weg weer vrygemaak na julle God en Skepper, na julle Vader van

ewigheid. Amen

Die Bron van alle krag is God

8649 19 Oktober 1963

As Kragbron van ewigheid stroom slegs van My alleen krag uit in die

oneindigheid. Daar bestaan geen ander wese wat eiemagtig oor krag beskik

nie, tensy dit hom van My af toegestroom word. En geen wese sal My kan

uitskakel in alle ewigheid nie, want alle wesens het voortgekom deur My

krag en is deur My Wil buite My geplaas. En al word hulle ook volmaak

geskape, al vorm hulle hulself in vrye wil tot die hoogste volmaaktheid en

word My kinders, hulle sal nooit Myself as die Bron van krag kan oortref

280

nie, hulle sal nooit in staat wees om Myself met die uitvoer van My Wil te

hinder nie, omdat My die krag daarvoor altyd ter beskikking staan.

En dus sal Ek altyd en ewig bly die Heer van die Hemel en die aarde, die

Heer van die heelal, aan Wie alles wat bestaan onderworpe is. En al is dit

ook die hel, die mees duistere mag, hulle sal hulle na My Wil en My krag

moet voeg, hulle sal My nooit kan uitskakel nie, want ook die vors van die

duisternis het uit My krag voortgekom en hy sou al lank nie meer bestaan

het nie as Ek My krag volledig aan hom onttrek het, want ook hy is

onverganklik, dus word hy deur My krag behou anders sal hy vergaan.

En so verseker My krag ook die bestaan van alles wat uit My voortkom, of

dit geestelike of aardse skeppings is, want ook die aardse skeppings is

draers van My krag en al lyk dit vir julle, ook verganklik en is dit ook na hul

uiterlike vorm verganklik, tog bly die geestelike krag bestaan waaruit dit

gevorm is, want alle materie is krag verdig tot vorm.

En so is Ek Alles in alles. En sal wees tot in alle ewigheid. Die krag sal nooit

verbruik word nie, dit sal nie afneem nie. Uit Myself as die ewige Kragbron

stroom voortdurend krag na buite wat die hele geestelike en materiele

skeppings lewe gee en dit behou, dit sal nooit minder word nie en sal

voortdurend nuwe skeppings laat ontstaan.

Die aantal eersgeskape wesens wat van My afgeval het is eindeloos groot

en daar is ewighede voor nodig om hierdie wesens, wat in die diepte geval

het, weer tot My terug te voer. Dus is daar ook ontelbare

verlossingsperiodes, ontelbare skeppings van geestelike en materiële aard

voor nodig, wat weer 'n voortdurende uitstraling van krag uit My vereis.

Alle skeppings hoort egter by My geluksaligheid en dit moet ook die

geluksaligheid van alle geskape wesens vergroot wat die graad van

volmaaktheid weer bereik het, dat hulleself kan skep en vorm gee in vrye

wil. Al hierdie wesens onttrek krag van My en die stroom van krag is hul

geluksaligheid, wat deur die gebruik maak van die krag vanuit 'n ware wil,

voortdurend vergroot word. En die deurstroom van die wesens met My krag

sal geen einde hê nie, dus sal ook die skep en vorm gee geen einde hê nie,

maar steeds sal My eindelose Liefde en Wysheid ook vanuit die wet van die

ewige orde die skeppende werksaamheid bepaal en die volmaakte wesens

sal ook steeds volgens hierdie orde aktief wees.

En al probeer My teenstander, wat uit hierdie ewige orde getree het, die

krag wat ook deur hom stroom verkeerd te stuur en daardeur chaotiese

toestande te skep, sal dit hom steeds net tot op ‘n bepaalde hoogte geluk.

Nooit egter sal hy My kan verhinder om voortdurend nuwe skeppings te

laat ontstaan nie, wat as enigste doel het om sy negatiewe aktiwiteite

kragteloos te maak in soverre, as wat hierdie skeppings die bogenoemde

geval geestelike bevat wat hy, die teenstander, eens daartoe probeer bring

het om die krag wat van My uitstroom te misbruik. Hierdie verkeerd

gebruikte krag is nou in die skeppings gebonde en kan nie meer teen My

werk nie, hulle is ook aan die invloed van My teenstander onttrek en word

281

nou onder dwang daartoe gebring om dienend te funksioneer, sodat dit

weer volgens die Goddelike orde werksaam kan wees.

Elke krag wat van My uitgaan, stroom onherroeplik weer na die Bron van

krag terug en hierdie wet verseker ook die spoedige terugkeer van al die

gevalle geestelike na My en selfs My teenstander sal eens weer die weg na

My neem. Die krag wat hom eens vrywillig van My verwyder het en nie

meer volgens die ewige orde werksaam wil wees nie, sal ook weer na sy

Uitgangspunt terugkeer. Want alhoewel My teenstander as teenpool te

bestempel is en dus die teenkrag beliggaam, is hierdie krag nie sterker as

Ek nie, want ook dit het eens van Myself uitgegaan as die ewige Kragbron,

alleen Ek laat elke, as skepsel, uitgestraalde krag, elke geskape wese, die

vryheid toe om sy krag te gebruik soos hy wil. En is hierdie wil verkeerd

gerig, dan sal hy tog nie meer teen kan werk as wat Ek dit toelaat nie,

want Ek alleen is die Heer en aan My is al die geskapenes onderwerp, al

word hulle so volmaak buite My geplaas. ‘n stryd teen My is tevergeefs en

dra alleen maar by tot eie verswakking van hulle wat teen My stry. Dit gee

My egter aanleiding om voortdurend te werk en te skep, want My krag kan

nie rus nie maar wil steeds werk op ‘n manier wat gelukkig maak en

daarom al die skepsele so vorm dat ook hierdie skepsele in die regte

gebruik van die krag wat hul voortdurend toestroom hul geluksaligheid

vind. Amen

Die ware kerk van Jesus

8651 21 Oktober 1963

Wie tot My kerk behoort, wat EK self op aarde gestig het, moet ook ‘n

lewende geloof hê. ‘n geloof, wat deur die liefde lewend geword het en

waardeur die werk van die Gees in die mens moontlik word, wat slegs die

liefde teweeg bring.

My kerk sal steeds alleen die mense as lede bevat, wat hulle so innig met

My verbind het dat hulle My teenwoordigheid bespeur. Hul geloof is dan ook

onwrikbaar en kan nie aan die wankel gebring word nie, en sal soos ‘n rots

teen alle aanvalle van buitaf standhou. Daarom spreek EK die Woorde tot

Petrus: “Op jou wil EK My kerk bou". Want Petrus het ‘n sterk en

onwankelbare geloof, ofskoon hy op ‘n sekere oomblik die beproewing nie

kon deurstaan nie, omdat die gebeurtenisse mekaar so snel opgevolg het,

dat hy sy sekerheid verloor het.

Dit was egter meer sy verstand wat geen uitweg kon sien, uit die grootste

gevaar nie, terwyl sy siel verdring word en hom verlate voel. Maar na die

geloofsbeproewing word sy liefde tot My steeds dieper en sy geloof

bevestig. En so'n geloof vra EK van al diegene wat tot My kerk wil behoort.

Hulle sal dan ook nie meer My teenstander, wat ook hul vyand is, ten offer

val nie.

Wie aan My kerk behoort sal ook steeds die waarheid insien en hom van

elke dwaling los maak. Want in hom werk My Gees, as teken dat hy lid is

282

van die deur My gestigte kerk. En waar My Gees werk, daar is geen

onduidelikhede, geen twyfel en geen verwarde begrippe. Want dit sal lig

wees en hul dink reg, hulle wat aan My kerk behoort.

Die kerk het geen uiterlike kenteken nodig nie. Hulle het geen

organisasievorm nodig nie, want in alle kerklike gemeenskappe is mense

wat ‘n lewende geloof het, in liefde lewe en daardeur die gees in hom wek.

Hulle almal sluit hulle aan by die kerk van Jesus, wat in waarheid ‘n suiwer

geestelike verbinding is van hulle wat hul deur die liefde met My verenig.

Wat alles wat hulle doen bewus doen, nie as uiterlike handelinge wat geen

betekenis het omdat hulle suiwer meganies uitgevoer word.

Julle moet lewende christene wees wat altyd bewus hul aardse lewensdoel

vervul, steeds met ywer daarna strewe om julle doel te bereik en steeds

aan My toegewy, omdat EK self die leiding oor julle kan oorneem en julle

dan waarlik ook die doel sal bereik.

Want EK kan daar geen genoë mee neem as julle alleen die deur mense

uitgevaardigde gebooie vervul wat julle deur julle opvoeding bygebring

word, wat sinloos is en julle geen geestelike volwassenheid oplewer nie. As

lede van die deur My gestigte kerk moet julle ook steeds My ware navolgers

wees. Julle moet alles wat julle oorkom aan leed en moeilikhede berustend

op julle neem, sodat julle dit sien as 'n beproewing van julle geloof wat julle

moet deurstaan, as hulpmiddel om die volwassenheid van julle siele te

verhoog. Want dit sê My Gees in julle en julle sien ook die rede in van dit

wat EK op julle laat kom.

Julle sal ‘n tweede lewe lei naas julle aardse lewe, ‘n lewe in verbinding met

My, julle God en Vader van ewigheid en so'n lewe het ook verseker julle

volmaaktheid tot gevolg. Elkeen kan daarom voltooiing bereik, ongeag tot

welke geestesrigting hy behoort, as hy maar steeds in lewende verbinding

met My staan en daardeur met die waarheid bekend gemaak kan word. Dit

vra egter steeds ‘n lewe in liefde en daardeur ‘n vaste lewende geloof.

En solank dit julle mense aan beide ontbreek, is julle slegs dooie vorme op

die aarde wat ook ewig nie tot lewe kan kom nie. Want wat julle ook na

buite toe doen, bring geen innerlike verandering teweeg nie, wat egter die

betekenis en doel van die aardse lewe as mens is.

Daarom, sluit julle aan by die kerk wat EK self op aarde gestig het.

Ontwaak uit julle doodse-slaap, wek die gees in julle tot lewe deurdat julle

onbaatsugtig liefdevol werksaam is. Julle sal daardeur ook tot ‘n geloof kom

wat onwrikbaar is wat die hel nie aan die wankel sal kan bring nie. En

wanneer julle so'n geloof besit, dan is julle waarlik naby aan My, dan

bemerk julle My teenwoordigheid, dan sal julle ook weer die vermoë terug

kry wat julle besit het voor julle afval van My. Julle sal weer volmaak word

soos julle dit van die begin van die tye af was, en julle lewe sal dan salig

wees tot in alle ewigheid. Amen

283

Die grootte van die oerskuld vereis verlossing deur

Jesus Christus

8652 22 Oktober 1963

Wanneer julle die kennis gegee word oor die eindelose lang

ontwikkelingsgang, wat julle moes aflê voor julle laaste beliggaming as

mens en julle daaroor nadink, dan sal julle ook moet insien, hoe groot die

skuld gewees het, waarmee julle, julle opgesaal het deur julle toenmalige

afval van My. Want My geregtigheid sal julle waarlik nie ‘n oormaat aan

kwellinge laat verduur, as julle dit nie self verskuldig was nie.

En daarom is dit geen strafmaatreël van My nie, maar slegs ‘n werk van My

eindelose liefde, omdat Ek julle gelukkig wil maak, maar julle nie teen My

wet van ewige ordening ‘n salig lewe kan berei, solank julle, julle in ‘n teen

My weerspannige toestand bevind nie, wat egter die geval is deur julle

toenmalige verset teen My. Julle kan as mens egter nie die grootte van julle

skuld bepaal nie, want julle denke is beperk.

Die kennis van die wesens, wat eens geval het, was onbeperk, nie soos die

van julle nou as mens nie, dit was volmaakte skepsele, wat in die helderste

lig van insig gestaan het. En daarom is hul skuld so onmeetlik groot, wat ‘n

soenoffer vereis, wat selfs nie deur die eindelose lang gang deur die

skepping gebring kan word nie, dog eers moes die grootste werk van liefde

en erbarming volbring word deur die Mens Jesus, om vir goed die delging

van die groot skuld moontlik te maak, wat egter ook die erkenning van

Jesus as God se Seun en Verlosser van die wêreld vereis.

As julle weer terugkeer in die Ligryk, waaruit julle gekom het, dan sal julle

die grootte van die skuld kan bepaal, wat ‘n opstand teen My beteken. En

julle sal ook begryp, dat julle slegs op die manier deur die skepping weer

die graad van volwassenheid kon bereik, waarin julle dan ook die

verlossingswerk van Jesus sal kan begryp en aanneem.

As mens egter kan julle nie insien, welke groot betekenis die

verlossingswerk vir julle, vir elke siel afsonderlik het nie en daarom moet

julle glo wat julle daaroor voorgehou word en sonder bewys die Goddelike

Verlosser Jesus Christus erken, dan bevry julle, julle daardeur ook van julle

voormalige skuld, julle vertrou julle weer aan My toe, Wie in Jesus

beliggaam was en keer as te ware vrywillig terug tot Hom, Wie julle

destyds nie wou erken nie en teen Wie julle in opstand gekom het. Julle

kan as Mens weliswaar oor alles die mees volledige opheldering gegee

word, maar julle is nie in staat om alles in te neem in julle nog onvolmaak

toestand nie. Daarom sal dit steeds ‘n daad van geloof vir julle wees, as

julle die weg na die kruis neem, wat egter ook julle enigste en sekerste

redding is, want Jesus neem dan die skuld van julle oor, want Hy het

vanweë die sondeskuld, terwille van die mense gesterf aan die kruis, Hy

het dit op Hom geneem en deur Sy bloed tot niet gemaak, sodat julle

daarvan verlos kan word.

284

En tog kan aan julle die grootste en belangrikste doel van die

verlossingswerk nie bewys word nie. Julle moet vrywillig glo sonder enige

dwang. Maar julle kan dit ook, omdat Ek nooit iets van julle verlang, wat

onmoontlik sou wees nie en omdat Ek julle steeds help om ware insig te

verkry. Maar julle mag niks oorslaan of uitskakel nie: dat julle ‘n lewe in

liefde sal moet lei, omdat die liefde die krag is, wat julle tot alles in staat

stel, sodat julle deur die liefde die innerlike lig van insig bereik en sodat

julle julleself deur die liefde ook weer met My in verbinding stel en die

toestand herstel, wat daar voor julle sondeval was, toe Ek julle voortdurend

deurstraal het. So ook kan Ek julle as mens deurstraal, as julle daartoe

bereid is, as julle die liefde beoefen en julle vrywillig tot My wend en julle

nie meer verset teen die toestraling van my liefde nie, soos destyds, maar

julle oopmaak vir My en Ek onbeperk die stroom van My liefde in julle kan

uitstort.

Maar steeds sal dit eers moontlik wees, wanneer julle vooraf die weg na die

kruis geneem het, dat julle bevry word van julle sondeskuld, omdat julle

anders nog in die boeie van die teenstander smag, wat julle sal hinder met

julle liefdewerk en dit julle daarom ook in geestelike duisternis gevange

hou, omdat hy julle nie wil verloor nie. Julle skuld was baie groot gewees,

maar dit is gedelg deur Jesus, Wat vir julle mense nou ‘n sigbare God

geword het, op voorwaarde, dat julle, julle deur Hom laat verlos, want julle

kan in ewigheid nie self die skuld aflos nie; Ek kan julle egter ook nie met

julle skuld opneem in My Ryk nie, want Ek is weliswaar ‘n God van liefde,

maar ook ‘n God van regverdigheid. En die regverdigheid vereis totale

vergewing van julle skuld, wat julle alleen by Jesus Christus kan vind, in

Wie Ek Self die verlossingswerk volbring. Amen

Siekte en genesing

8653 23 Oktober 1963

As julle weet wat ‘n seën siekte is, as julle weet dat die siekte daar toe

bydra dat die siel hom louter van afvalsubstansies, dat siekte julle help, om

geduldig en berustend My wil op julle te neem en julle julleself dan nie

meer teen My verset nie, as julle alles aanvaar soos dit oor julle kom soos

dit deur My as goed vir julle ingesien word, dan sal julle ook weet dat Ek

ook die tydstip van julle genesing weet.

Maar julle onmiddelik gesond laat word sal Ek vanweë julle wilsvryheid nie

doen nie, want dan sou julle gedwing wees om aan My en My mag te glo,

julle moet egter sonder dwang tot die geloof kom. Bowendien weet julle dat

die doel van die aardse lewe van alle mense daarin bestaan om in liefde te

dien. So sal dus altyd die een vir die ander werksaam moet wees as hy sy

aardse opdrag wil nakom.

Ek sal dus in die besonder die mense seën wat altyd bereid is om by

liggaamlike siekte en klagtes te help. Hierdie mense sal deur die insig wat

uit hul liefde voortkom, ook die oorsaak van ‘n siekte insien en ook die

285

egte middel tot genesing weet. En ooreenkomstig hul bereidheid om te

help en hul liefde tot die swakke en lydende medemens, sal hul genesings

ook slaag.

Dog uiteindelik is My wil beslissend vir elke genesing en dit stel daarom ook

‘n grens aan die werk van ‘n mens, as Ek die effek van ‘n langdurige siekte

vir die siel van die sieke as waardevol insien. My wil is dit wat die lot van ‘n

mens bepaal, waartoe ook siekte behoort, waarby die menslike wil ondanks

alle middele wat aangewend word niks kan bereik nie. Dog Ek sal dit nie

veroordeel as die mense middele probeer vind wat die lyding sal verminder

nie, want solank die liefdevolle wil om te help aanleiding is tot hierdie

ondersoeke solank sal ook My seën daarop rus.

Is egter die verwerf van aardse goedere die dryfveer om sulke middele te

vervaardig, dan sal dit meestal sonder effek wees, of selfs skadelik vir die

menslike liggaam ondanks skynbare beterskap. Dog omgekeerd kan die

onskuldigste middele voldoende wees om ‘n genesing te veroorsaak as dit

My wil is en Ek die tydstip van genesing, as gekom ag.

‘n siekte moet vir al die verbinding met My in die hand werk. Die mens

moet sy toevlug tot My neem, hy moet My om genesing vra, dan sal Ek

hom die mense laat tee kom wat hul bes wil doen om die sieke te genees,

wie se gedagtes Ek kan lei omdat hulle met My verbind is deur ‘n lewe in

liefde volgens My wil.

Sulke deur My begenadigde genesers is egter maar selde te vind en meer

as ooit gryp die mense daarom na sulke middele wat deur die werk wat nie

geseën is geproduseer word. Dog dan sal nog die liggaam nog die siel

genesing kan boek omdat Ek dit deur sulke middele nie toelaat nie. Dit kom

by My daarop aan dat die siel gehelp word soos nodig, ook sonder die wil

van ‘n mens. Ek wil dat hy hom deur die siekte van die wêreld afwend, wat

baie makliker gaan as hy geen gevolg meer kan gee aan die wense van die

wêreld nie.

Julle mense kan dus altyd die hulp van ‘n arts inroep, maar die genesing

bepaal Ek. En sy poging sal slegs dan deur My geseën wees as die dryfveer

tot sy arbeid in die eerste plek liefde tot die naaste is. En ook alleen dan sal

julle genesing vind as julle uit julle siekte voordeel getrek het vir julle siele.

Dat julle julleself oorgee aan My en My wil, wat julle met geduld julle lyding

dra en My daarvoor bedank dat julle siele groot wins behaal het, as julle in

julle siekte die proef deurstaan het.

Julle kan egter ook deur ‘n rotsvaste geloof in My en My liefde van elke

siekte bevry word, soos Ek in My aardse lewenswandel die mense kon

genees "wie se geloof hulle gehelp het". Want vir My is niks onmoontlik nie,

en as julle liefde so diep is dat dit ‘n lewende en sterk geloof voortbring dan

sal julle ook geen sekonde aan My liefde en mag twyfel nie. En dan kan

julle ook onmiddelik gesond word, omdat die genesing dan geen

geloofsdwang vir julle is omdat julle dan al ‘n rotsvaste geloof besit.

286

Wie van julle bring egter so’n sterk geloof op dat hy hom sonder om te

twyfel van My mag bedien? Dat hy hom geheel aan My toevertrou met die

bede om hom te genees en dat hy ook oortuig is dat sy bede verhoor word?

Dan kan waarlik elke wonder geskied aan julleself of aan julle medemens

vir wie julle hierdie bede vanuit ‘n vaste geloof uitspreek.

Maar wie heel innig met My verbind is leef ook reeds geheel volgens My wil,

en hy laat dan die bestuur aan My oor en loop nie My wil vooruit nie. Hy

dra dan ook die swaarste leed met oorgawe aan My wil en bewys so sy siel

‘n baie grotere diens, as met die genesing van sy liggaam. Ek wil dit altyd

so by julle bewerkstellig dat julle lot draaglik is. En indien ‘n mens deur

groot leed en smart moet gaan, kom ook My liefde vir sy siel tot

uitdrukking, wat My eens in die geesteryk sal dank dat hulle op aarde reeds

soveel afvalstof kon kwyt raak. Hulle sal My dank dat hulle deur die lyding

ook skuld mag afdra en nou baie minder belas, die geesteryk kan ingaan,

wat hom egter met ‘n gesonde liggaam nie so maklik moontlik sou wees

nie. Amen

Jesus voer Sy Verlossingsplan deur

8656 26 Oktober 1963

Julle sal nooit in staat wees om My teen te hou by die uitvoering van My

Verlossingsplan van die ewigheid nie. Ek het wel gesê dat julle deur innige

gebed baie van julle sal kan afwend, maar My Verlossingsplan is gebaseer

op die wil van die mense, wat Ek van ewigheid deursien. Dus kon Ek ook

dienooreenkomstig die tye bepaal waarin daar groot omwentelinge afspeel,

en Ek sal My ook aan hierdie tye hou. Ek kan vir elkeen op grond van sy

innige gebed voorvalle afwend. Ek kan elkeen so lei dat hy nie getref word

deur gebeurtenisse wat Ek oor die mense laat kom en waarmee Ek My doel

wil bereik nie, naamlik om die tot stilstand gekome terugvoeringsproses

voort te sit. Maar ongewone gebeurtenisse het Ek julle steeds vooraf

verkondig en hierdie voorspellings sal ook vervul word omdat hulle vervul

moet word, as die Goddelike ordening weer herstel moet word.

Ek weet waarlik sedert die ewigheid wanneer daar nie meer volgens die

Goddelike orde geleef sal word nie en kon daarom ook op hierdie tyd wys

en die groot omwentelinge vermeld, wat onherroeplik sal plaasvind volgens

My aankondigings. Die mense sal egter nooit sonder om te twyfel hierdie

aankondigings glo nie, want dit wat voorspel is, wat hulle binnekort te

wagte sal wees, gaan die menslike begrip te bowe. Hulle sal wel aan die

verloop van die wêreldgebeure kan sien dat ‘n verandering moet intree,

omdat die mense op ‘n lae geestelike vlak beland het, wat duidelik te

herken is aan die genotsug en die groot verlange na aardse welsyn, aardse

goedere, eer en mag. Hulle sou dus deur die tekens van die tye kon insien,

dat sulke aankondigings ten volste geregverdig was, sodat dit ernstig

opgeneem moet word en hulle hulle eie lewenswandel nou in

ooreenstemming daarmee moet lei. Maar die ongelowigheid is heeltemal te

287

groot, dat van die mense aan sulke aanwysings gehoor sal skenk. Hulle

lewe ongeremd ‘n suiwer aardse lewe en wys alle gedagtes aan ‘n

ingrypende verandering, van hulle af weg. En daarom sal die mensdom

oorrompel word deur ‘n natuurgebeurtenis van katastrofiese aard, wat van

so‘n omvang sal wees soos wat die aarde nog nooit beleef het nie. Dit sal

ook vir baie mense die einde van hulle lewens bring en sal lei tot chaos van

die grootste omvang, wat ‘n groot ellende vir die mense sal inhou.

En dit is ‘n laaste teken van vermaning en sal ook steeds weer aan die

mense verkondig word. My bodes moet die mense daarop wys, sodat hulle

die waarheid herken wanneer hierdie gebeurtenis plaasvind en hulle die

laaste tyd tot aan die kort daaropvolgende einde nog goed kan benut vir

die voltooiing van hulle siele.

My bodes sal egter maar weinig of geen geloof vind nie, maar tog gee Ek

hulle die opdrag om altyd te spreek waar die geleentheid daar is. Die

mense wil nie gesteur word in hulle genotslewe nie, maar hulle sal

plotseling wakker skrik en die komende gebeurtenis kan vir elke

afsonderlike mens die einde beteken en hy sal niks van al sy aardse

goedere kan saamneem na die hiernamaals nie. En daar aan moet hy altyd

dink, want of hy verder ook nie gewillig is om te glo nie, weet hy tog dat hy

sy aardse lewe nie met ‘n dag kan verleng nie, omdat die uur van sy dood

vasstaan. Hy weet dat die einde ook eenmaal vir hom sal kom en dat dit

enige dag kan wees, dat hy daarom alles moet agterlaat wat sy

lewensinhoud uitmaak. Daarom mag hy die aardse goedere nie so hoog

aanslaan nie, maar moet vir hom geestelike goedere verwerf vir die

ewigheid. Dan sou hy eers wys handel, terwyl ‘n suiwer aardse lewe geen

teken van wysheid is nie, maar ‘n verwarde denke.

My Verlossingsplan van die ewigheid word uitgevoer en by hierdie dag wat

Ek My gestel het, sal ook gehou word, omdat die mensegeslag nie meer sy

aardse roeping vervul nie en daarom deur die aarde verswelg sal word; met

uitsondering van hulle wat My herken het, wat in My glo en My trou sal bly

tot aan die einde, want die aarde moet verder sy doel vervul as

skolingsplek vir die geestelike wat hulle op die weg van hulle terugkeer na

My toe bevind.

Daarom kan die groot omvormingswerk ook nie agterweë bly nie en dit sal

alles so gebeur soos wat Ek dit altyd weer voorspel het, omdat Ek die

mense nie ongewaarsku laat nie. Ek bied vir elkeen nog genoeg geleentheid

om die weg na My toe te vind, om in geloof en liefde tot My, die verbinding

te soek.

En waarlik, hulle sal nog gered word voor die einde, want Ek sal hulle al

vroeër laat sterf, sodat hulle nie in gevaar kom om heeltemal af te sink nie,

maar in die hiernamaals nog tot volle ontwikkeling kan kom. Of, Ek sal

hulle aan die einde van die aarde wegneem en bring na ‘n oord van vrede,

omdat hulle weer die nuwe aarde moet bewoon as stamouers van die nuwe

mensegeslag. Glo dit tog, mense, dit wat Ek julle altyd weer aankondig,

288

want daar is nie meer baie tyd nie en elkeen wat van goeie wil is kan nog

gered word, sodat daardie verskriklike lot van die hernieude kluistering

hulle nie tref nie. Amen

Dit moet lig word onder die mense

8658 29 Januarie 1963

‘n Groot geestelike gebied word vir julle mense ontsluit, julle, wat julleself

deur My laat onderrig. Want deur My en tussenpersone kan Ek hierdie

kennis aan almal laat toekom wat alleen daarna verlang en deur ‘n lewe

van liefde ook in staat sal wees om dit te begryp. Dit behels ‘n gebied wat

‘n mens nie met die verstand kan navors nie, wat vir julle mense, ook

onbewysbaar is en bly totdat julle innerlik deur die gees ‘n helder lig

geskenk word, wat vir julle die bewyskrag sal hê dat julle julleself in die

ware kennis bevind.

Die geestelike gebied is onuitputlik. Julle God en Skepper sal julle

voortdurend onderrig en julle steeds insig besorg, as julle ten minste die

voorwaardes nakom wat van julle gevra word, dat julle julleself innig met

My verbind in gebed of deur dade van liefde, want die verbinding met My

moet aanwesig wees, omdat julle andersins in ‘n ewige geestelike blindheid

sal bly. Want Ek Self is die Lig. Ek is Waarheid Ek is die Bron waaruit

Liefde, Lig en die diepste Wysheid stroom. En hierdie stroom kan slegs

vloei as die kontak tot stand gebring is wat julleself moet doen, want julle

het dit vrywillig verbreek.

Dan word daar egter vir julle ‘n gebied ontsluit wat julle nie as mens kan

betree, as die kontak met My nie bestaan nie. Alles lê dan duidelik voor

julle. Julle deursien die geestelike samehang, julle begryp My bestuur en

My werksaamheid. My heilsplan van die Ewigheid word aan julle onthul en

is vir julle begryplik. Julle verneem oor geestelike gebeurtenisse wat julle

bestaan as mens ten grondslag lê. Julle begryp ook die verskynsels in die

natuur en kan wat daar om julle heen gebeur, verklaar. My Wese word aan

julle onthul en baie sluiers wat nog voor julle oë hang, trek weg. Julle kan

ook insae kry in geestelike wêrelde, al is dit vereers slegs in gedagtes wat

julle daaroor ingelig word. Want julle moet eers ‘n bepaalde graad van

volwassenheid bereik het, voordat julle geestelike oog homself open en ‘n

geestelike aanskouing toelaat. Kennis wat julle as mens volledig ontbreek,

sal deur My Vaderliefde aan julle geskenk word, wat julle weer in die staat

wil sien soos eertyds voor julle afvalligheid van My, toe julle julleself bevind

het in die helderste lig van insig en om salig te wees. Julle moet weer tot

die toestand terugkeer en kan dit ook tydens julle aardse lewe as mens

bereik. Julle moet egter daarna strewe, dit kan julle nie geskenk word nie.

Julle moet julleself bewustelik met My verbind, My erken as julle God en

Skepper, as julle Vader. Julle moet vurig na My teenwoordigheid verlang,

wat julle dan ook barmhartigheidgawes verseker van die hoogste waarde.

Want My eindelose liefde wil Ek aan julle skenk en Ek wil julle ook weer die

289

helder lig van die insig teruggee, wat julleself vertroebel het en toe

heeltemal verloor het.

Besef slegs in welke geestelike duisternis die mensdom ronddwaal, besef

dat maar weiniges ‘n sfeer van lig om hulself heen skep. Dat dus as gevolg

van slegs "ligvonkies" se opflits op die aarde, wat weliswaar elke mens sou

kan opvang en dit dan voldoende sou wees om weer ‘n lig te ontsteek in die

hart van ‘n mens wat die duisternis sou wil ontvlug. Bedink hoeveel

gelukkiger die mense sou wees as hulle maar ‘n klein mate aan insig sou

besit, wat hulself weer telkens kon vergroot. Dan sal daar reeds ‘n lig in

julle ontsteek het; begryp dat Ek alles sal bevorder wat daartoe bydra dat

dit lig word onder die mense. Julle sal begryp dat Ek Self vir My ook

ligdraers oplei wat Ek met ‘n ryke kennis uitrus, wat Ek steeds dieper in die

waarheid lei, wat slegs uit My kan voortkom. En dat Ek hierdie ligdraers

weer opdra om hulle lig te laat uitstraal, sodat die duisternis wat op die

mensdom druk, deurbreek kan word.

Ek wil nie dat julle mense in dieselfde duisternis die aardse lewe verlaat as

waarin julle dit betree het nie. Ek wil dat julle in die lewe as mens weer na

lig verlang en julle verlange sal ook waarlik vervul word. En reeds op die

aarde sal dit julle gelukkig maak as dit helder in julle word, as julle leer

begryp waarom julle op aarde is en wat julle eintlike lewensopdrag is. Want

slegs Ek weet dat hierdie gees dan eers weer salig kan wees, as hy homself

in die stroomkring van My liefdesuitstraling sal bevind. En in hierdie

stroomkring wil Ek hom reeds as mens op aarde binnetrek en stuur hom

daarom steeds weer strale toe wat in hom ‘n lig sal ontsteek, wat dan

vanself soos die Oerlig van die Ewigheid lyk. Dit wil dus sê, Ek skenk elke

mens vereers ‘n bietjie kennis wat reik tot in die geestelike gebied, wat die

mens uit eie wil kan vergroot. Hy kan gedurig aanspraak maak op die

kragstroom van My liefde. Hy kan homself in besit stel van geestelike

rykdomme as hy hierdie kragstroom gebruik om te werk in liefde en dan

ontsteek die liefde in hom ‘n steeds groter lig.

En lig beteken kennis, insig en die diepste wysheid, steeds egter op

geestelike gebied, wat nie vir die verstand toeganklik is nie. Want Ek Self

sal dit op My neem om die mense te onderrig wat hulself aan My toevertrou

en My om verligting van hulle gees bid. Hulle sal ‘n omvangryke kennis in

ontvangs mag neem en so dus langsaam die toestand van insig ingaan,

waarin hulle hulself eertyds bevind het. Die duisternis wat My teenstander

oor hulle uitgesprei het, sal van hulle wyk.

Hulle sal weer tot die lig kom, omdat hulle bewustelik die verbinding met

My, die Oerlig van die Ewigheid tot stand gebring het en hulself weer deur

My laat aanstraal soos eens, toe hulle in alle volmaaktheid van My

uitgegaan het. Amen

290

Die misbruike van goddelike gawes (talente)

8660 31 Oktober 1963

Moenie glo dat julle My ordening van ewigheid af, ongestraf sal kan

omverwerp nie, moenie glo dat daar vir julle ‘n seën sal voortvloei deur te

doen wat teen My wetlike ordening ingaan nie. En dit sal steeds die geval

wees, wanneer julle die gawes misbruik wat julle as mens ontvang het, wat

julle funksies in werking sit, wat julle wil aanleiding gee om werksaam te

wees.

Die mens is vernuftig geaard, hy is ‘n skeppingswerk wat My liefde,

Wysheid en Mag toon, al sy funksies is sinvol en kon alleen maar deur ‘n

Skepper uitgedink word, Wie se Wysheid onoortreflik is, dit is alleen so dat

die liggaamlike geaardhede verskillend is, dat alle mense nie oor dieselfde

kapasiteite beskik nie en ook die wil wat hulle benut, swakker of sterker is.

Dus is die mense verskillend van aanleg in hulle “kan” en “wil”, hulle word

ook nie ewe sterk deur My Krag deurstroom nie, omdat dit ook van die wil

van die mens afhanklik is of hy vir My Krag vra, wat hom altyd ter

beskikking staan, of dat hy alleen maar sy (eie) lewenskrag gebruik wat

hom natuurlikerwyse ook swakker of sterker toestroom. Dus kan een mens

wat liggaamlik heeltemal gesond is, oor meer lewenskrag beskik as ‘n mens

wat ‘n verswakte liggaam het; maar laasgenoemde kan weer deur

regstreeks om My Krag te vra, sy eie krag merkbaar vergroot en daarom

ook prestasies volbring wat die van sy medemens oortref.

En so het die mens ook talente gekry om homself ook op verskillende

maniere te openbaar. Al hierdie talente is gawes van My kant af,

barmhartigheidsgawes, wat die mens in die aardse lewe korrek moet

gebruik, deurdat hy weer sy medemens volgens sy kragte van diens moet

wees, wat alle talente saam wil ontwikkel en daardeur tot seën of tot

vreugde werksaam wees, met voorbehoud dat die mens steeds in die

goddelike ordening verkeer. Maar al die goddelike kan ook deur die

inwerking van My teenstander vervorm word. Want wat hy kan doen om

die goddelike ordening omver te werp, sal hy nie onbeproef laat nie. Hoe

meer die mens nou van hom afhanklik raak, hoe meer sal die teenstander

die geloof aan Jesus by hom in die grond kan boor, sal hy hom ook kan

beïnvloed om die vermoëns wat in hom aanwesig is, die talente, verkeerd

te ontwikkel.

Hy sal hom die gevoel, die ontvanklikheid, ontneem vir al wat in

ooreenstemming met die goddelike ordening is, hy sal die "natuurlike

harmonie" wil vernietig. Hy sal altyd so dink, wil en optree dat dit teen

hierdie ordening, hierdie harmonie, sal indruis. Die denke en gevoel van die

mens word dan in die war gebring deur die invloed van die teenstander. En

daar ontstaan dan verwronge beelde, karikature, dit maak nie saak op

watter gebied die mens besig is nie.

Die mense sal verkeerd dink en hulle gedagtes neerskryf, sodat daar

geskrifte sal ontstaan wat nie tot seën van die medemens is nie, hulle sal

291

totaal verkeerde gevolgtrekkings postuleer (veronderstel) wat die leser,

wat nog in die goddelike ordening verkeer, geen voldoening kan gee nie. En

slegs die aanhangers van die teenstander sal dit staaf en aanneem. Tog sal

hulle siele niks daarby wen nie, inteendeel sal hulle dit wat hulle nog besit,

verloor.

En so sal die mees verskillende talente misbruik word op aandrang van die

teenstander. Wat hulle nou in die lewe roep, sal steeds verwronge beelde

wees van dit wat Ek aan die mense gegee het om hulle gelukkig te maak.

Hande, oë en ore word in hulle funksies misbruik, die uitwerking daarvan

sal disharmonies en vervorm wees, want hulle word gelei deur hom wat

teen die goddelike ordening is, teen die volmaakte is en wat die mense ook

tot hulle werksaamhede aanspoor om hulself teen My te draai, deurdat

hulle werke tot stand bring wat alles bewys, behalwe goddelike gawes wat

die mens ontvang het, wat veelmeer hulle oorsprong het in ‘n gebied

waarin alles buite die ordening getree het.

En dat hierdie voortbrengsels van sataniese werksaamheid ook weer hulle

instemming vind, dui die geestestoestand van die mense aan, want hulle is

nie van nature so geskape nie en dit ontbreek hulle om iets korrek te

beoordeel, veeleer verwar hulle ongelowigheid hulle sinne, hulle kan nie

helder dink nie, selfs wanneer hulle verstand, aards gesien, skerp is, maar

hulle geestelike blindheid kom in hulle foutiewe oordeel tot uitdrukking,

hulle het nie meer die vermoë om harmonie en disharmonie te onderskei

nie en steeds meer mense, met dieselfde geestelike gesindheid, sluit hulself

by hulle en hulle oordeel aan.

En hierdie misvorming van kreatiewe voortbrengsels is maar net ‘n teken

van die groot geestelike verwarring, ‘n teken van die openlike

werksaamheid van My teenstander en daardeur ook ‘n teken van die nabye

einde, want ‘n volwassewording van die siel is nie meer gewaarborg nie,

omdat hy homself spoedig nie meer in die goddelike ordening sal bevind

nie. Al My skeppings getuig van Wysheid, Liefde en Almag en Hulle moet

ook te sien wees in die menslike skepsele en werksaam wees, alles moet

harmonie uitstraal en die mens se siel wat op My gerig is, weldadig wees.

Wie egter deur sy verkeerde instelling teenoor My, nog van My verwyderd

is, deur ongeloof of ‘n lewe in dwaling, mis ook die gevoel vir welke

harmonie dan ook, omdat sy siel nog behoort aan hom wat My teenstander

is. Amen

Hulpvaardigheid van die beliggaamde ligwesens

8664 5 November 1963

Julle kan dit gerus glo dat dit sleg met die mense gesteld sou wees in die

laaste tyd voor die einde, as Ek nie steeds weer ligbodes na die aarde sou

stuur nie, wat aan hulle lig en krag regstreeks vanuit My bring. Wat so

daartoe bydra, dat tenminste nog van die mense gered word, wat nog nie

geheel aan My teenstander ten prooi geval het nie.

292

Hierdie ligbodes stry dus teen die vors van die duisternis, deurdat hulle die

dwaling onthul waarin die mense verkeer, deurdat hulle dus die lig van die

waarheid bring en sodoende ook die weg verlig wat na My voer, terug na

hulle Vaderhuis. Daar moet in hierdie tyd sterk positiewe kragte aan die

werk wees, want die mag van die teenstander is groot, omdat die mense

self hom die mag gee deur hul verkeerde houding teenoor My, hulle God

en Skepper van ewigheid. Hy vertoef in sy ryk en lewe gedurig verder in

die duisternis van Gees. My Ryk is egter die ryk van lig en saligheid, en

vanuit die ryk bied My wesens vol van lig hulself aan wat tot hulp bereid is;

wat gedrewe word deur hul liefde tot die ongelukkiges, wat na die aarde wil

kom om hulle te help, sodat hulle tog nog vóór die einde die weg terug kan

gaan.

En omdat slegs die liefde hulle aanspoor tot die reddingswerk, neem Ek dit

ook aan en skakel hulle daar in waar uitsig op sukses bestaan, waar hulle

dan in liefde werk, aards asook geestelik. Hulle lewe dan as mense te

midde van mense en moet hulself dus ook by die mense aanpas, ofskoon

hulle siele reeds voltooi is. Hulle onderskei hulself daarom nie as abnormaal

van ander nie, maar lewe op dieselfde manier dikwels in armsalige

omstandighede. Tog hoef hulle nooit armoede te ly nie, omdat hulle op

aarde as My knegte werk en Ek dan as ‘n goeie Huisvader alle wêreldlike

sorg van hulle op My neem.

Tog tree hulle nie opvallend op die voorgrond in hul omgewing nie, maar vir

elke gelowige mens is hulle te herken aan hulle buitengewone missie. Hulle

dien My as draers van die lig, as draers van die waarheid, wat dit direk van

My ontvang en verder aan hulle medemens deurgee.

Want slegs die suiwer waarheid kan die mense, wat nog in geestelike

duisternis lewe en in die allergrootste gevaar is om verlore te gaan, nog

redding bring. Want julle mense, kan nie begryp aan welke gevaar die

mensdom in hierdie laaste tydjie voor die einde blootgestel is nie. En dit is

ook die rede waarom Ek ligbodes na die aarde stuur wat dan as mens nou

nog doen wat vir hulle moontlik is, wat in My plek arbei op die aarde,

omdat die mense geen dwang tot geloof opgelê moet word nie.

Hierdie ligdraers sal self wel vermoed vanwaar hulle kom, sodra hulle as

mens openbaringe van My ontvang om hulle missie te kan uitvoer. Want

hulle sal spoedig die lae geestelike peil van die medemens besef en die

groot hopeloosheid dat hulle ooit tot die lig van die waarheid sal kom, as

hulle nie op buitengewone wyse hulp gebring word nie. En omdat hulleself

deur My vertroud gemaak word met die kennis oor die hele samehang

deurdat Ek hulle My Woord laat toekom, so weet hulle ook dat hulle uit ‘n

ander sfeer kom om ‘n missie te vervul.

Tog hou Ek dit vir hulle verborge vanwaar hulle kom totdat hulle ‘n

bepaalde graad van volwassenheid verkry het, wat egter eers kort vóór die

einde van hulle liggaamlike lewe bereik word. Want dit is onbelangrik vir

die missie van die mens welke gees in hom beliggaam word, omdat al die

293

ligwesens wat tot redding van die mense hulself vir hierdie gang oor die

aarde aangebied het, liefdesgeeste is wat My na aan die Hart lê en My

liefde tot al My skepsele so eindeloos diep is dat Ek van My kant af geen

indeling in groepe voor oë het, soos wat ‘n beperkte denke altyd sou doen

nie.

By julle mense is hierdie wens egter te bemerk om oor julle vorige lewe iets

te wete te kom en dan kan julle liefde tot My soms die aanleiding wees om

julle ‘n klein toeligting te gee, aangeneem dat julle dit op die korrekte wyse

uitlê. Want in My Ryk is eindeloos baie wesens, wat in dieselfde graad van

liefde staan, wat, ofskoon elke wese ek-bewus is, weer aan die gesteldheid

van ‘n groot oergees beantwoord, juis deur hulle oorgrote liefde.

En hulle omvat Ek ook weer met My liefde en is by hulle ook op aarde

aanwesig om hulle by te staan in hulle missie, want dit is dringend nodig

omdat die mense op so 'n lae geestelik vlak aangeland het, dat slegs die

suiwer waarheid hulle weer omhoog kan voer, wat julle, My bodes,

regstreeks van My kan aanneem en moet deurgee, sodat die dwaling

ingesien kan word op aarde, sodat Ek Self deur die mense in My hele Wese

herken word.

Juis die insig probeer My teenstander steeds teengaan om die mense te

verhinder om die weg tot My te soek en te vind. Want wie My herken in My

eindelose liefde, onoortreflike wysheid en oorgrote mag, sal ook na My

strewe en hy sal ook gered word van ‘n herhaalde val in die diepte. Amen

Jesus as mens het geweet wat Sy missie is

8667 8 November 1963

Die aardse weg van die mens Jesus was besonder treurig. Sy suiwer siel

bevind Hom in ‘n onsuiwer en donker omgewing en ondervind die

omgewing as kwelling, weens dit kon die kind Jesus nie vrolijk wees nie,

hoewel Hy nog nie bewus van die missie was wat die siel self aangebied het

om uit te voer nie. Van tyd tot tyd het die lig van die ware aard van Sy siel

inderdaad deur gebreek, dan het My Gees Homself deur Hom uitgedruk,

sodat Hy reeds wonderwerke as kind gedoen het, wat slegs gedoen kon

word deur ‘n wese van die suiwerste lig in besit van oorvloedige krag en lig.

Maar dit gebeur slegs nou en dan sodat die mense in Sy omgewing in Sy

missie moes glo.

En selfs hierdie buitengewonee uitdrukking van krag het die kind Jesus

verontrus sodra Hy Sy natuurlike menslike gemoedstemming herwin het,

maar dit spoor Hom ook aan om steeds meer innige kontak met My, Sy

ewige God en Vader te hê, Wie Hy met Sy hele hart liefhet en daarom Hom

steeds meer by My aansluit sodat My liefde Hom ook steeds meer deurdring

tot die oomblik kom toe Hy, in die helderste lig van liefde, Sy taak herken

tot Hy besef dat Hy Sy gevalle broers moet verlos, tot Hy van die volle

verlossingswerk bewus word en Hy voor hom die moeilike weg na die kruis

sien wat Hy moes neem as Hy wou, Sy weg van lyding word aan Hom

294

getoon in elke detail, die kennis het Sy siel verdonker en Hom met vrees

vervul waarvan slegs Sy brandende liefde vir die ellendige lewende

skepsels hom help om weer te ontsnap. Maar tog moes Hy met die besluit

worstel om die weg na die kruis vrywillig te neem, Hy moes gewillig wees

om die mensdom se sondeskuld op Sy skouers te neem en so’n smartlike

daad van versoening doen dat dit alle menslike verbeelding oortref.

Jesus was nie deur My wil bestem gewees om die offer aan die kruis te

bring nie, eerder, het Sy siel Hom vrywillig aangebied om die verlore

kinders terug te bring na My. Met hierdie bedoeling leef Hy as mens op

aarde en moes toe worstel om die besluit as mens weer te neem, omdat

vrye wil bepalend was want Ek sal nie ‘n mens bestem het om so’n offer

van versoening teen sy wil te bring nie, omdat slegs ‘n offer wat deur liefde

gemaak word die oersonde van die gevalle wesens kon verlos. En die offer

het nie alleen die kruisiging ingesluit nie, maar ook die tyd van die bitterste

fisiese lyding en vernedering wat op die mens Jesus deur dienare van My

teenstander opgelê word, maar Sy hele aardse lewe was ‘n weg na die

kruis, omdat Sy siel onbeskryflik gely het, omdat Hy uit die koninkryk van

lig afgedaal het in die koninkryk van duisternis.

En Jesus het baie spoedig geweet wat die oorsaak en die doel van sy

afdaling na die aarde was en hierdie kennis belas die mens Jesus bo alle

mate, sodat Hy onbetwisbaar die weg oor die aarde gaan as ‘n mens, maar

die plesier van die aardse lewe was hom ontsê, wat elke mens wat sy

aardse lewe geniet gewoonlik toegestaan word om genoë te neem binne die

wet. Want Sy lewe word voortdurend oorskadu deur die gebeurtenis wat vir

Hom wag, omdat Hy slegs ‘n mens is, het dit Hom voortdurend bang

gemaak en Hom weerhou om vrolik te wees. Slegs in sy toevlug na My het

Hy vrede en krag gevind en as gevolg van sy steeds groter wordende

liefde, het Sy wil om die offer te bring voortdurend sterker geword en Hy

dra die sware las van die aardse lewe bewus en poog slegs altyd om My wil

te doen en Sy medemens te help. En dit het ook stadig Sy krag

vermeerder, wat Hom in staat gestel het om wonderwerke te doen en

daardeur sy medemens wat Sy hulp nodig gehad het te help. Maar Sy

missie voor die daadwerklike verlossingswerk bestaan uit die verkondiging

van die Evangelie aan mense, deur My wil aan hulle te verkondig en deur

hulle te waarsku en aan te moedig om ‘n liefdevolle en regverdige lewe te

lei. Hy bring mense die waarheid wat nie vir ‘n lang tyd meer herken was

nie en weer aan die mense in alle suiwerheid gegee moes word om hulle

oor te haal om reg te lewe, sodat Sy verlossingswerk dan ook reg verstaan

sal word en deur mense aanvaar word wat hulle inspan om ‘n lewe van

liefde te leef.

Hy lei die weg wat almal moet volg as hulle wil terugkeer na die koninkryk

van lig, na My en wat in staat sal wees om dit te doen nadat Jesus die

oersonde deur Sy dood aan die kruis verlos het. Hierdie daad van genade

deur Jesus het sulke enorme gevolge dat julle nie genoeg verduideliking

295

daaroor kan ontvang nie. Telkens weer sal die kennis waarheidsgetrou aan

julle gestuur word, want julle moet nie net in Jesus die mens sien Wie se

lewe te vroeg deur ander mense beëindig is nie, maar julle moet Sy groot

missie herken, want Jesus se verlossingswerk is van so’n ontsaglike

betekenis vir julle mense dat dit vir julle noodsaaklik is om dit aan te neem

as julle ooit die koninkryk van duisternis wil ontvlug en in die koninkryk van

lig toegelaat wil word. En julle sal dit slegs aanvaar as julle daarvan

absoluut waarheidsgetrou onderrig word, wat altyd deur My Gees gebeur

wat julle slegs in alle waarheid lei. Amen

Oorsaak van Lucifer se val

8672 13 November 1963

Toe Ek miniature van Myself tot lewe geroep het was Ek gemotiveer om dit

te doen deur My oneindige liefde wat dit self wil weggee, wat houers wil

skep vir Homself om in te stroom. My liefde vertoon dit as ‘n krag en

hierdie krag wil skepend aktief wees en so ontstaan My skeppings, omdat

My krag in hierdie houers stroom moes hulle ook weer skepend aktief wees,

want hierdie wesens as ewebeelde van My, het dieselfde inherente

kreatiewe drang wat die voortdurend instroming van krag weer tot

aktiwiteit aanspoor, omdat die krag wat voortdurend uit My as Oer bron

van krag afkomstig was konstant lewe skep. En so sal julle begryp dat alle

wesens wat uit My voortgekom het in ‘n staat was waar hulle geen

beperking in die skeppings van die verskillende werke ken nie, wat hulle

geluksalig maak. Want hulle, soos Ek, was ook nie aan enige beperkings

onderworpe nie, want My liefde was oneindig en so stroom My krag van

liefde in alle wesens om hulle genot te gee.

Ook het die wesens se skeppings aktiwiteit nooit tot stilstand gekom nie,

omdat My krag geen beperking het nie, dit sal nooit mors nie, dit sal altyd

en vir ewig stroom en so sal nuwe skeppings ewiglik bly ontstaan, net soos

al My eens uitgestraalde wesens My onbeperkte krag sal ontvang om te

skep en te vorm solank hulle hulself vir My oopmaak, d.w.s. solank hulle

hulself nie teen My uitstraling van liefde verset nie. En hierdie salige staat

moes waarlik nie eindig nie omdat Ek, wat My betref, nie ‘n beperking aan

die wesens sou oplê nie en dus het hulle ook nie nodig gehad om ‘n

vermindering van krag te vrees nie. En tog het ‘n verandering gekom in die

wesens se groter as salige staat, veroorsaak deur ‘n situasie wat die

wesens sien as onvolmaak: Die feit dat Ek Self, hul God en Skepper, nie

sigbaar vir hulle was as ‘n wese soos hulself nie, wat hulle inderdaad ken as

hul Vader uit wie hulle voortgekom het, maar omdat Ek My nie sigbaar aan

hulle vertoon het nie sien hulle dit as ‘n beperking van My volmaaktheid.

Hulle begin verkeerde gedagtes kry omdat hulle nie openlik hierdie vraag

aan Myself stel nie, wat Ek sou beantwoord sodat hulle dit kon begryp en

hulle verkeerde idees regstel.

296

Maar hulle glo dat hulle hierdie innerlike twyfel oor My volmaaktheid kon

verberg en tog weet Ek daarvan. Nietemin, gebruik Ek geen dwang nie

maar gee hul gedagtes vrye teuels wat hulle nietemin verkeerd gebruik.

Want hulle herken ook dieselfde twyfel oor My volmaaktheid in die eerste

wese wat Ek geskep het en wie se skoonheid uitstraal in die hoogste glans.

Vir ewighede het hierdie wese My inderdaad al sy liefde gegee en in hierdie

liefde was hy besonder gelukkig en deel My wil, alhoewel sy wil ook vry

was.

Maar tog nou en dan het ‘n bietjie twyfel opgekom in hierdie helder

stralende wese want hy kon My ook nie sien nie. Nietemin, telkens weer

onderdruk sy groot liefde vir My die nuwe twyfel en gee homself aan My en

vind sy geluksaligheid in die voortdurend skepping van wesens soos hy

deur middel van sy wil en die gebruik van My krag. Maar tog hierdie twyfel

oor My bly te voorskyn kom en Hy stel dit ook nie aan My nie, wat Hy kon

gedoen het. Hy voed egter die twyfel sodat dit sterker word en sy liefde vir

My verminder. Maar daardeur verswak hy homself omdat sy verminderde

liefde vir My, ook My stroom van liefde verminder en so ook sy skeppings

aktiwiteit.

As hy My kon sien sou dit nie moontlik gewees het vir hom om weg te draai

van My af nie, maar die vuur van My liefde sou hom vernietig het, want

geen geskape wese kan in die oer vuur van My liefde kyk sonder om op te

hou bestaan nie. Hy weet dit ook, omdat hy ‘n hoogs verligte bewustheid

besit, maar hy speel met die gedagte om groter as Ek te wees omdat hy

straal in die helderste lig en die hoogste volmaakte skoonheid. Hy kon geen

wese voorstel wat sy lig en skoonheid oorskry nie en daarom maak hy ook

aanspraak op die reg om oor alle geskape wesens te heers, wat hy

ongetwyfeld geskape het maar die krag om dit te doen het hy van My

ontvang. Hy sien nou sy mag in die menigte van geestelike wesens en glo

homself daarom bekwaam om sonder My krag te doen, Hy glo dat hy dit

van My onttrek het deur die skepping van die tallose wesens en die feit dat

Ek My nie sigbaar aan hom vertoon nie, deur hom as bewys van My

magteloosheid beskou word.

En Ek het hom nie ontnugter nie omdat Ek hom as ‘n tenvolle vrye wese

geskape het wat Ek nooit in ewigheid sal dwing om sy wil en denke te

verander nie, selfs as hy sy afstand van My vir ewighede hou. Nou word My

krag ontmoet met opposisie en weerstand en gevolglik word dit tenvolle

ondoeltreffend. En nou is My eers-geskape wese, nie meer in staat om

enige skeppings werk te doen nie, maar glo dat hy groot en magtig is

omdat hy die ontsaglike aantal geestelike wesens as sy besit sien, wie soos

hy, teen My in opstand gekom het en My uitstraling van liefde verwerp.

Hulle word ook onbekwaam vir enige aktiwiteit, omdat hulle ook oneindig

ver van My af beweeg het. Maar dit was hul vrye wil, wat Ek eerbiedig en

so sal hulle ver van My af bly tot hulle My vrywillig benader en ‘n beroep op

My doen vir My lig van liefde. Selfs die eers-geskape wese. My huidige

297

teenstander sal die weg van terugkeer na My neem, een dag, vroeër of

later, sal hy ook verlang na My lig van liefde en My weer vrywillig aanvaar,

omdat hy sy weerstand eendag sal opgee, selfs as dit ‘n ewigheid neem.

Maar tog sal alles wat eens deur My as krag uitgestraal was onvermydelik

weer terugkom na die ewige Bron van krag. Amen

Die verhouding van kind tot Vader waarborg ‘n

lewende godsdiens

8673 14 November 1963

Baie mense meen om godsdienstig te handel, maar hulle mis die ware

gesindheid teenoor My, hulle beskou My wel as hul God en Skepper, maar

nie as hul Vader nie en bring daarom ook die verhouding van kind tot Vader

nie tot stand nie. En hulle sal daarom ook nie vertroulik tot My bid nie,

hulle sien in My alleen die verre God, wat almagtig is en aan Wie hulle ook

self as mens onderworpe is en daarom sal hulle My eerder vrees as liefhê

omdat hulle nog nie reg insien hoe My Wese is nie. En weer moet ter

verklaring gesê word dat die graad van liefde van die mens

deurslaggewend is vir die ware gesindheid teenoor My, dat die liefde ook

die Vader herken, wat SELF die LIEFDE is en die mens dan ook in liefde na

My streef en as My kind tot My roep. Dan eers kan van ‘n 'godsdienstige'

lewenswandel gespraat word, want dan voer die lewenswandel ook

gewaarborg terug na My.

Solank EK egter vir 'n mens nog die ‘verre’ God en Skepper is, wat

weliswaar gevrees moet word vanweë Sy Mag, is daar weinig vooruitsig dat

hulle in liefde met My kontak soek, hulle sal alles alleen vir die vorm uitvoer

wat die kerk waaraan hulle behoort, van hulle verlang. Hulle word daar

alleen deur opvoeding of vorming toe gedryf, wat hulle daartoe bring om

hul hieraan beantwoordend te gedra, wat egter geen verandering van sy

wese waarborg nie, wat die betekenis en doel van die lewe op aarde is.

En wanneer julle mense nou deur slae van die noodlot getref word, alleen

met die doel dat julle lewend word, dat julle van die loutere vorm loskom,

dat julle julleself in gedagte besighou met Hom, wat julle geskape het, dat

julle nadink: waarom julle op aarde leef en julle julleself dan in vrye wil aan

die Mag oorgee aan Wie julle, julle lewe te danke het. Want die

onverskillige houding teenoor My lewer julle geen geestelike vooruitgang op

nie. Wil julle egter opregte opheldering hê oor wat julle God en Skepper

van julle verlang tydens julle lewe op aarde, dan sal julle dit ook verseker

kry.

En daarom moet julle julleself in die eerste plek in gedagte met die Wese

van julle God en Skepper besighou en julle sal dan innerlike tot

werksaamheid in liefde aangedrewe word, omdat dit My stem is waarmee

EK julle deur julle gewete onderrig en My voorlopig aan julle te kenne gee.

Gee julle nou gehoor aan wat die stem van julle gewete julle aandui, dan

298

soek julle kontak met My en bring dan ook die verbinding met My tot stand

wat ooreenkom met die verhouding van kind tot Vader, Want My sagte

stem sal julle steeds vermaan om werksaam te wees in liefde, waarvan die

nalewe julle ook seker die lig van insig sal gee, omdat My Wese, wat Self

die LIEFDE is, julle ook al begryplik word. Dan laat julle die leë vorm agter

julle en word lewend in julle wese en handel. Julle verrig geen formele

handelinge meer nie, veeleer lei julle nouself ‘n tweede lewe naas julle

aardse lewe. Julle het dan die geestelike weg betree, omdat daar in julle ‘n

innerlike strewe is na My as gevolg van julle teenwoordige lewenswandel in

liefde.

En so weet julle nou dat alles goed is en My toestemming het wat na liefde

verwys, wat liefde bybring en werke van liefde is. Want die liefde is die

graadmeter van die waarheid, en ook die graadmeter van die

sielevolwassenheid van diegene wat weer as My verteenwoordigers op

aarde sy medemens tot My wil bring. Solank hy egter self nog sonder liefde

is, sal ook sy 'verkondiging' kragteloos wees. Dit sal ‘n formele lewenlose

godsdiens wees, wat geen mens seën kan bring nie, omdat EK Self vir hom

nog geestelike vreemd is, omdat daar slegs woorde sonder klank deur hom

uitgespreek word, wat My oor nooit kan bereik nie. Eers die innige

verhouding tot My wat in liefde tot stand gebring word, sal julle ook lewend

maak in julle denke, wil en handel. Want eers dan kom julleself tot lewe,

wat tevore nog dood was solank die liefde julle ontbreek het.

En so is ook die besoek aan ‘n 'diens vir God' steeds alleen maar ‘n uiterlike

formaliteit en daar kan nie van My aanwesigheid gepraat word solank julle

mense wel ‘n God en Skepper erken, maar nie die ware houding teenoor My

vind nie. Julle moet eers as 'kinders' tot die Vader kom en met My

vertroulike samespreking hou, dan eers kan julle daarvan seker wees dat

EK by julle aanwesig is. En dan is ook julle geloof lewend. Want ‘n 'kind' sal

steeds sy bes doen om die Wil van sy Vader te vervul en sal nou nie meer

alleen met die uiterlike vorm genoë neem nie, veeleer met heel sy hart

vurig verlang na My teenwoordigheid, wat julle nou ook seker ten deel sal

val.

EK wil alleen dat julle tot lewe kom, dat julle julleself nie aan geheel

nuttelose gewoontes en gebruike verloor, wat julle geen enkele gewin bring

nie, wat egter totaal waardeloos is en bly vir julle siele. Eers wanneer julle

My sien as julle Vader, sal julle ook instaat wees om My lief te hê en dan

eers sal julle die doel van julle aardse lewe vervul. Dan eers sal julle

julleself vervolmaak, wat egter steeds alleen deur die liefde tot stand

gebring word. Amen

Die aanroep van die "Heilige Gees"

8674 15 November 1963

Julle, mense roep dikwels die "Heilige Gees" aan, dat Hy na julle toe moet

kom en julle weet nie dat Hy in julle is en slegs julle vrye wil nodig het om

299

Homself ook teenoor julle te openbaar nie. Die Gees is deel van My, Hy is

onlosmaaklik met die Vadergees verbonde, dus ‘n goddelike Vonk wat aan

julle siele toegevoeg was toe julleself as mens op hierdie aarde beliggaam

was, oftewel; Eens het julle as ‘n uitstraling van My Liefde van My

uitgegaan en dus van dieselfde Oersubstansie as Ek Self. Weliswaar het

hierdie substansie homself verhard na julle afval van weleer van My en so

het julle dooie wesens geword, wat eens vol van lewe was. Want die Krag

van My Liefde het julle deurstraal en hierdie Krag kan nie anders as om

onophoudelik werksaam te wees nie. Omdat julle nou die Krag van My

Liefde afgeweer het, was julle ook nie meer in staat tot enige

werksaamheid nie. En in hierdie kragtelose toestand bevind julle julleself

nog wanneer julle die aarde as mens betree.

Sodat julle nou die taak wat julle vir die lewe op aarde daargestel is, kan

vervul, straal Ek in die hart van elke mens ‘n Vonk van My ewige

Liefdeskrag na binne, wat dus weer ‘n deeltjie van My is. Julle word besiel

met Krag wat julle eens as wese uitgestraal het en dit beteken dat julle

lewenskrag besit, dat julle aards werksaam sal kan wees en gevolglik ook

julle taak as mens sal kan vervul. Maar die eintlike taak is en bly julle

vergeesteliking, die hernieude vorming van julle wese weer na sy

oertoestand. En hierdie taak sal julle slegs kan vervul wanneer julle

heeltemal tot liefde verander. En om dit te kan doen, moet daar eers weer

‘n vonkie Liefde in julle binnegestraal word, omdat julle deur julle vroeëre

afval van My, heeltemal sonder enige liefde was. Hierdie Liefdesvonk is dus

die uitstraling van Myself, die uitstraling van My Gees in julle siele, wat

egter net deur julle wil, tot lewe kom.

Julle almal besit die Geestesvonk, wat ‘n deeltjie van Myself is. Hy hoef dus

nie eers na julle toe te kom nie, hy is in julle, maar kan homself net

openbaar, wanneer julle hom deur ‘n lewe in liefde die moontlikheid

daartoe gee, omdat hy homself nie opdring nie en julle teen julle wil op een

of ander manier beïnvloed nie. Julle kan dus te alle tye die Gees in julle tot

lewe wek, maar word nie daartoe gedwing nie. Deur julle gebed dat die

Heilige Gees na julle toe mag kom, bewys julle, julle onwetendheid oor die

korrekte samehang en julle bewys verder dat julle vir julleself ‘n verkeerde

beeld gevorm het, omdat julle Hom as gevolg daarvan as persoon voorstel

en Hom as Wese aanroep. Hy is egter My "Uitstraling", want Ek Self is die

Heilige Gees van ewigheid en Ek is ook by elkeen wat My aanroep.

Maar nooit is die Gees wat julle roep, geskei te dink van My nie en Hy sal

en kan ook nie gevolg gee aan julle roep nie, solank julle julleself nog nie

tot liefde gevorm het nie, want ofskoon die Krag van My Liefde wat van My

uitgaan geen beperking ken nie, kan dit tog nooit ‘n geslote hart

binnestraal nie en geslote bly ‘n hart solank as wat julle nie gewillig is om

liefde te gee nie want die toestand van liefde is juis die daaraan

toegevoegde Geestesvonkie of Liefdesvonkie uit My. Maar die

bereidwilligheid om liefde te gee beweeg die gees om homself in julle te

300

openbaar, ook wanneer julle hom nie roep nie. Hy is in julle, maar hy sal

homself solank stil hou, solank as wat julle die liefde buite beskouing laat,

omdat Hyself Liefde is en daarom homself maar net teenoor die liefde kan

uiter. En Hy is onskeibaar met die Vadergees van ewigheid verbonde, en

daarom kan 'My Gees' oftewel die goddelike Liefdesvuur, in alle volheid in

julle binnestroom en so die Geestesvonk daartoe bring om julle

onophoudelik innerlik te onderrig, want die goddelike Liefdeslig moet nou

ook julle hartee verlig en dit beteken die helderste insig, dit beteken die

verkryging van kennis wat volgens die waarheid is, omdat My Gees van

alles op die hoogte is en daarom slegs suiwer waarheid aan julle kan

oorbring.

Julle sal dus altyd net kan vra dat Ek Self by julle aanwesig moet wees, wat

egter ook vereis dat julle julleself tot liefde vorm, omdat die ewige Liefde

andersins nie by julle aanwesig kan wees nie. Julle sal dus slegs kan bid vir

Krag om My gebooie te onderhou en dan sal julle ook self bewus word van

My aanwesigheid, want met elke werk van liefde trek julle My na julle toe,

omdat Ek Self die Liefde is. En dan sal Ek ook deur My Gees werksaam

wees in julle, netsoos wat Ek dit beloof het. Amen

Vraag: Wat as Adam nie sou geval het nie ?

8675 16 November 1963

EK wil dat julle vrae stel sodat EK julle ooreenkomstig die waarheid kan

onderrig, want EK lê julle die vrae in die hart, omdat EK weet waar julle

nog aan ontbreek en EK julle die lig wil skenk. Om alle geestelike

samehang tot in die kleinste besonderheid te begryp sal vir julle, mense nie

moontlik wees solank julle nog nie volmaak is sodat EK julle geheel kan

deurstroom met die lig van My Liefde nie, wat julle dan ook die helderste

insig verseker. Maar ook al kan EK julle uitsluitsel gee na die mate van julle

begrips vermoë, sodat julle nie in verkeerde denkwyse hoef te kom en

toeganklik is vir dwaalleer nie.

Die skuld van die van My afgevalle wesens was onmeetlik groot. Dit

bestaan egter hoofsaaklik daarin dat die wesens My nie meer wou erken

nie, ondanks hulle staat van lig, wat hul ook duidelik maak waar hul

herkoms is. Hulle sondig teen My, ondanks beter insig, tog was My Liefde

vir hulle so groot dat EK die terugkeer van hulle na My afhanklik maak van

die volledige erkenning van Myself en van die erkenning van hulle skuld

omdat hulle teen My as hul God en Vader gesondig het.

Steeds egter moet benadruk word dat My teenstander die wesens as

gevolge van hul afval, in besit geneem het en hulle te swak was om hulle

uit eie krag te bevry. Alleen die liefde kan hul die krag gee om hulle van

hom te bevry, liefde is die enigste waarteen die teenstander magteloos is,

alleen liefde kan hom oorwin.

Van die liefde het die wesens vrywillig afstand gedoen, hulle weer die

aanstraling van My Liefde af en was daarom geheel aan die teenstander

301

oorgelewer. EK gee egter die eerste mense die moontlikheid om weer

Liefde van My aan te neem. EK voorsien hulle van alle talente en

vermoëens en hulle kon die hele wêreld onderdanig maak. EK bied hul ‘n

onbeperkte mate van Liefde aan, wat hulle alleen maar hoef te beantwoord

deur My nie sware gebod te vervul. Die beantwoording van hulle kant van

My Liefde sou hul ‘n hoeveelheid krag opgelewer het, sodat hulle teen die

teenstander weerstand kon bied, om hulle uit sy kettings te bevry. Hulle

sou ook deur die vervulling van My Wil die gevolge gedra het van hul

vroëere sonde, hulle sou weer in My Wil geleef het en elke wese wat na

hulle as mens oor die aarde gaan, sou ook so gehandel het.

En so sou die mensdom in ’n kort tyd berouvol na My teruggekeer het,

want die krag wat in Adam deur sy ware liefde aanwesig was, sou hy

oorgedra het op al sy nakomelinge en die volledige vergeesteliking van die

eens gevalle wesens sou vinnig verloop het, omdat die eerste mense hul

groot oerskuld sou ingesien het en dit deur innige liefde tot My vinnig sou

afgelos het.

Want ‘n sonde teen die Liefde, is ‘n sonde teen Myself en kan alleen weer

deur liefde uitgewis word. En waarlik, wat EK die eerste mense skenk toe

hulle die aarde in besit neem, sou hul liefde moes laat opbou tot die mees

helle gloed, EK verlang as dank slegs liefde tot My, omdat Adam en die

menslike geslag gefaal het, het Jesus getoon dat Hy daardeur die groot

skuld vernietig het. Alleen die liefde kon van die skuld bevry.

Die eerste mense sou die liefde waarlik in hulle kon opbring, want die

skepping wat hulle omring het bied hul onvergelyklike heerlikhede, wat na

die smartelike toestand van gebondenheid as geluksaligheid ondervind

word en die geluksaligheid sou in hulle ook ‘n goddelike liefde kon

teweegbring, ‘n liefde wat met dank en lof tot inniger oorgawe aan My

aanspoor. Maar EK moes om hul wil te beproef, wat eens verkeerd gebruik

was, ook My teenstander die reg toestaan om vir sy aanhang te stry

gedurende hulle lewe op aarde. En om die mense die groot gevaar van ‘n

hernude oortreding teen My te wys, gegee EK hul slegs ’n ligte gebod wat

hulle kon nakom en moes nakom, as hul liefde tot My inderdaad die graad

bereik sou hê wat die volledige oorgawe aan My waarborg, wat die

teenstander geheel van sy mag sou beroof. Ook hy probeer alles om die

eerste mense tot val te bring en so stel hy teenoor My ligte gebod ‘n

toesegging wat egter, omdat hy My teenstander was, uit ‘n leuen bestaan

en hy die mense tot ‘n verkeerde liefde aanhits.

Hy beloof hulle dat hulle “aan God gelyk” sou wees, as hulle My gebod

oortree. Hy stel My dus as ‘n leuenaar voor, wat hulle die dood voorhou op

oortreding van My gebod. En die mense glo hom. En dit was die groot

sonde wat opnuut begaan word, wat ook alle nakomelinge in ‘n staat van

swakte plaas, sodat hulle, hulle nie meer uit eie krag kon vrymaak van die

teenstander nie en dit vereis dan die verlossingswerk van Jesus Christus,

wat die mens eens redding gebring het uit die diepste nood.

302

Steeds weer lê EK nadruk op die Een, wat alleen met liefde van die groot

skuld kon bevry. Wat nie deur Adam moontlik was om My die liefde te

bewys nie, dat egter deur sy val en na sy val geen wese in staat was om

sodanige liefde op te bring wat die delging van die groot oerskuld waarborg

nie en daarom die werk van die liefde van verlossing deur Myself gebring

moes word, Wat in die mens Jesus sigbaar word. Die mens Jesus was dus

vol van goddelike Liefde en Hy ondergaan in Sy Liefde die offerdood aan die

kruis, omdat sonder die werk van verlossing geen mens meer na My sou

kon terugkeer nie, omdat My teenstander geen siel vrylaat en hulself te

swak is om hulle van hom te bevry. En omdat EK ook van ewigheid af op

hoogte was van die val van die eerste mense, het Jesus, die eniggebore

Seun van God, Hom ook vir die werk van verlossing aangebied en HY het

dit volbring, omdat Sy Liefde vir My en vir alle ongelukkiges baie groot was.

Amen

Reiniging van die misvormde leer van Christus

8676 17 November 1963

Die ontvangs van die woord op die wyse soos dit nou plaasvind, deurdat Ek

die suiwer waarheid na die aarde bring, is hoofsaaklik na aanleiding van die

grootse verontreinigde leer wat as die “leer van Christus” op aarde

verkondig word. Dit is nie meer die suiwer evangelie, soos die van My wat

deur Jesus aan die mense op aarde gebring was nie. SY woorde is aan baie

veranderinge blootgestel, baie word nie meer reg begryp nie en ook baie

verkeerd uitgelê.

Met die loop van tyd het die woord wat as “My Woord" bestempel was,

verkeerde menings na vore gebring en daardeur ontstaan weer skeuring

onder hulle wat slegs die waarheid volgens hul eie opvatinge verstaan.

Woorde met geestelike betekenis word aards uitgelê en daaraan hou die

mense nou met hardnekkigheid vas, omdat hulle eenvoudig nie die

geestelike bedoeling daarvan meer kan begryp nie. Daardeur word ‘n

bouwerk van geloofstellings opgerig, wat in sy leringe geheel afwyk van dit,

wat Ek Self aan die mense gebring het toe Ek op aarde geleef het. Die

gevolg is, dat geweldig baie mense heeltemaal nie meer geestelik

aanspreekbaar is omdat hul verstand weier om leerstellings aan te neem

wat dit as misvatting aansien, wat ook in die waarheid ingesluip het en

alleen maar deur fanatici as waarheid verdedig word.

En so ‘n misvormde leer moet gereinig word, as daar vir die mense nut vir

hul siele uit moet voortkom. En hierdie bedoeling lê dus My hernude

regstreekse openbaring ten grondslag, wat deur elke bereidwillig mens as

Godelike openbaring herken kan word. Maar ook alleen die bereidwillige

mens sal dit aanneem en so weer in besit van die suiwer waarheid kom en

hy sal dan ook kan insien hoe en waar die mense tot nou toe hulle vergis.

Die proses van die verkondiging van die suiwer waarheid en die regstelling

van onware leerstellings kan egter ook weer alleen op natuurlike wyse

303

plaasvind. Ongewone tekens daarby mag beslissend of dwingend op die

geloof van mense inwerk. Daarom is hierdie opdrag ook nie met seldsame

verskynsels verbind nie. Op die mees natuurlike wyse vind die oorbring van

Bo plaas, deurdat ‘n mens met haar “geestelike oor” verneem wat Ek Self

tot haar spreek. En sy skryf slegs My Woord neer soos sy dit van My

ontvang.

sodoende is daar nou ook bewys voorhande en kan dus niemand verwar

nie, sodat verbeelding of bewuste skryfkuns toegedig word, waarmee sy die

mense probeer mislei of verbluf nie. Dat die ontvangs van geestelike

boodskappe voorkom kan nie geloon word nie, omdat daarvoor die

skriftelike bewys voorhande is. En tog het elkeen die moontlikheid om

hierdie openbaringe as geloofwaardig aan te neem of af te wys, omdat hy

sy geloofsvryheid behou. Maar dit is dringend nodig dat onware geestelike

opvatinge wat ingesluip het in die denke van die mense, belig en as vals,

vir die ontwikkeling van die siel as nutteloos en gevaarlik uiteengesit word.

Want nooit kan dwaling tot My lei nie, want Ek is DIE EWIGE WAARHEID.

Dus bevind die meerderheid van die mense hulle op die weg wat van My

weglei en hulle moet opheldering ontvang, op voorwaarde dat hulle bereid

is om dit aan te neem.

Ek sal die taak van diegene wat Ek daarvoor uitgekies het ook op iediere

wyse ondersteun. Want dit is ‘n noodsaaklike teen aktiwiteit teen die

werksaamheid van My teenstander, wat steeds teen die waarheid sal stry

en dit met dwaling probeer vermeng, om die mense te verhinder om tot die

lig van die insig te kom.

Daarom sal Ek ook iediereen seën wat in die opsig besig bly met die

gewigtige taak, dat hy die geestelike goed wat Ek na die aarde stuur,

probeer om te verkondig onder sy mense. Want die waarheid is ‘n 'LIG’ wat

almal sal verlig wat die ware weg wil gaan tot My, tot hul Vader van die

ewigheid, WIE egter nooit deur onware leerstellings gevind kan word nie.

Daarom moet teen die dwaling gestry word, ook teen hom, wat alle

dwalinge in die wêreld gebring het. Daarom sal die waarheid veld wen,

waar in die harte van mense die verlange na aanwesig is. Want die

verlange bewys dat hulle ook verlange na Myself het en vry wil word van

hom wat hulle in die duisternis van gees wil hou. Aan hulle moet die suiwer

waarheid gebring word en die leer van Christus soos dit nou aan die mense

gepreek word, moet daarom gereinig word en My Woord moet weer in alle

suiwerheid vir mense toeganklik gemaak word, omdat hulle deur die

waarheid salig kan word, want alleen uit My is die waarheid en alleen die

waarheid lei weer tot My terug. Amen

Die vernaamste gebod moet vervul word: Die liefde!

8678 19 November 1963

Steeds weer word julle wat My wil dien, gewys op die groot geestelike

duisternis, wat dit nodig maak dat My evangelie uitgedra word. Want dit

304

alleen is die ware lig wat die duisternis kan deurbreek, aangeneem dat dit

in alle suiwerheid aangebied word, soos wat dit eens van My uitgegaan het

en nou weer van bo na die aarde gestuur word. Want alleen die waarheid is

‘n egte lig, dit wat egter misvorm word sal altyd slegs die duisternis

versterk. Daarom is die donkerte so groot, omdat daar baie leuens en

dwaling ingebring word in die geestelik goed wat stralende lig gewaarborg

het toe dit van My uitgegaan het. Daarom is dit nodig dat die mense in

waarheid onderrig word, dat hul opheldering gegee word oor gebiede wat

vir hulle tot nog toe gesluit was, of nie na waarheid duidelik gemaak is nie.

Slegs een ding is van belang, dat die mense hul wese omvorm tot liefde,

dat hulle die eieliefde oorwin en verander in onbaatsugtige naasteliefde. En

hierdie vername leer, die vervulling van My gebod van die liefde, is in die

skadu gestel, terwyl ander leringe op die voorgrond tree en daardeur die

strewe van die mense in ‘n verkeerde rigting gedryf word. Daar word

gebooie in ag geneem en nageleef wat geheel bykomstig is en geen enkele

vooruitgang vir die siel oplewer nie. Die liefde word eenkant gestoot, wat

beteken dat die lig nie helder kan skyn nie, dat dit maar swak skyn, dat die

mense dus arm is aan insig en aan kennis ooreenkomstig die waarheid. Dat

hulle voortgaan in duisternis van gees, dat hulle ‘n geheel verkeerde

lewensopvatting het, dat hulle altyd alleen maar strewe na aardse goedere,

omdat daar vir hulle geen innerlik lig skyn nie, omdat alleen die liefde dit in

hulle kan laat ontvlam.

Word daar deur alle predikers alleen die liefde gepreek, word die mense

steeds alleen voorgehou om die eieliefde op te gee en onbaatsugtige

naasteliefde te beoefen, waarlik, hulle sou dan ook in die lig van insig

wandel. Hulle sou die waardeloosheid van aardse goedere insien en hulle

sou hul God as Vader leer sien, Wie se Wese alleen maar Liefde is. Hulle

sou dan ook nader tot Hom kom, hulle sou die regte verhouding van ‘n kind

tot die Vader tot stand bring, want dit alles is ‘n gevolg van die Goddelike

Liefde.

So egter word die mense dwaallere gegee. Hulle word daartoe gebring om

gewoontes en gebruike aan te neem wat alleen as uiterlike vorm

gewaardeer kan word en nooit ‘n verandering tot gevolg het in die toestand

van die siel nie. Want vir My het alleen dit waarde wat die lewende

verbinding met My as resultaat het, terwyl die lewende verbintenis met My

alleen deur liefdewerke tot stand gebring kan word. Daarom sal Ek steeds

weer My bodes uitstuur wat die mense die evangelie van die liefde moet

verkondig.

En steeds sal Ekself julle die suiwere evangelie laat toekom, aan julle wat

dit wil aanneem en deurgee. Want deur die Goddelike Liefde wat julle moet

beoefen kom julle tot ‘n lewend geloof, julle kom tot die innerlike sekerheid

dat Ek julle naby is en dat julle met My regstreeks omgang kan hê. En julle

verwerf vir julle deur die lig wat die liefde in julle laat ontvlam ook kennis

wat ooreenstem met die waarheid. Julle gaan dan nie meer blind deur die

305

aardse lewe nie, maar julle weet nou na waarheid die rede van julle

bestaan op aarde en die doel wat julle moet bereik, dus ook julle aardse

opdrag wat julle moet vervul.

En sodra julle in die waarheid wandel, sal julle ook geestelike vooruitgang

maak. Julle aardse lewe sal dan nie vergeefs wees nie, julle sal meer en

meer tot voltooiing kom, wat egter alleen die gevolg is van die gawe van

die suiwere waarheid uit My. En hierdie moet julle soek en verlang, dan sal

julle dit ook deelagtig word. Ek sorg dan steeds vir julle en My teenstander

het dan ook alle aanspraak op julle verloor, sodra julle wese hom weer tot

die liefde verander het, soos dit was in die allereerste begin. Amen

Volg Jesus en erken Hom as God, anders is die

aardse lewe waardeloos

8680 21 November 1963

Julle sal altyd die brug na die geesteryk oorgaan as julle Jesus die

Goddelike Verlosser volg, wat hierdie brug vir julle mense gebou het en die

weg voor julle gegaan het. Hyself oorbrug hierdie breë kloof tussen die

aarde en die geesteryk deur Sy verlossingswerk, Hy het die moeilike en

pynlike weg na die kruis gegaan en bou daardeur die brug na die koninkryk

van lig, wat deur elke mens begaan kan word en altyd na die ware doel sal

lei.

Die weg om Jesus te volg moet geneem word, d.w.s. net soos Hy al die

lyding aanvaar het uit liefde vir die mensdom wat in ellende was, so moet

die mens ook die weg van liefde en lyding neem, hy moet poog om hom te

volg om sy siel te suiwer, alhoewel die mens Jesus alle skuld van Sy gevalle

broers op Hom geneem het en so die ontsaglike oersonde deur die

kruisiging, deur die verlossingswerk verlos het. Kan die siel slegs deur

liefde en lyding gereinig en gesuiwer word en hy moet hierdie suiwering

verwesenlik terwyl hy nog op aarde is as hy die graad van lig wil bereik wat

sy geluk waarborg. Want die mens leef op aarde om sy siel van alle

onsuiwerhede te bevry, van alle ondeugde en verlanges, swakhede en

slegte gewoontes, wat nog aan julle vassit as gevolg van julle afval in die

verlede, wat hy moet en sal kan afwerp as hy geduldig die aardse weg in

lyding gaan en homself inspan om ‘n lewe van liefde te leef. Omdat die

liefde die mees versekerde middel van reiniging is, die liefde los alle

onsuiwerhede en lae om die siel op wat die siel nog belas. En lyding wat

nederig verdra word, is ook geskik om die siel kristal helder te maak, wat

dan ontvanklik vir lig sal word en deursigtig wanneer hy die koninkryk van

die hiernamaals ingaan.

Om hierdie rede het Jesus gesê “ Wie My wil volg moet sy kruis opneem.”

Geen mens sal tenvolle gespaar word teen lyding nie, selfs as die las vir

elke persoon verskil. Die aardse lewe is nie die uiteindelike vervulling nie,

dit is slegs ‘n voorbereidende fase vir die ware lewe in die geesteryk. En

306

elke las waarmee die siel op aarde belas word kan slegs sy geluksaligheid

in die hiernamaals verhoog, op voorwaarde dat dit nederig as die wil van

God verdra word. So sal die mens die weg van Jesus vrywillig neem. Hyself

moet wil dat sy siel groter volwassenheid op aarde sal bereik, Hy moet

bewustelik besluit om Jesus te volg, hy moet ook Sy Verlossingswerk

herken en daarvan gebruik maak. Want geen aardse bestaan, dit maak nie

saak hoe treurig, sal ooit die siel help om volmaaktheid te bereik as die

mens Jesus nie erken nie, as hy nie van Sy Verlossingswerk en sy seën

gebruik maak nie, as hy nie in Hom glo en die feit dat dit God Self was wat

die verlossingswerk in die mens Jesus verwesenlik het nie. Dan kan sy

aardse weg so ellendige as moontlik wees, maar hy sal geen voordeel uit

dit vir sy siel kry nie, want Hy het Jesus nie vrywillig gevolg nie.

Nietemin, hoe meer julle mense met liefde gevul is hoe minder sal julle

onder lyding gebuk gaan, want liefde is die beste middel vir verlossing, die

vuur van die liefde sal alle lae om die siel oplos, dit sal alles wat vuil en

verhard is weg smelt, liefde sal die reiniging van die siel in ‘n kort tyd

bereik en die omvang van lyding kan verminder word waar die liefde reeds

besig is met die reinigingsproses van die siel.

En daarom moet die mens tot ‘n groot mate van diens wees om sy liefde uit

te druk, want liefde spoor mense aan om aktief te wees en sodra dit

onselfsugtig op ‘n ander persoon van toepassing is sal die mens

voortdurend werke van liefde doen en dan sal hy die weg om Jesus te volg

gaan, Wie telkens ook deur liefde aangespoor was om hulp te verleen en

gepoog het om sy medemens se lyding en nood te verminder en

buitengewone krag gebruik het om sy medemens te help.

En so sal ‘n voortdurende bereidheid om te help die weg wees om Jesus te

volg, omdat dit liefde toon, wat altyd ‘n gunstig effek sal hê, sowel vir die

gewer as ook vir wie die hulp aanvaar. Want liefde is die mees kragtigste,

die Goddelike, wat tot die volmaaktheid van die siel sonder versuim lei, wat

‘n siel sal suiwer en ontvanklik maak vir lig. Liefde is die finale doelstelling

op aarde, omdat dit tot eenmaking met die Ewige Liefde lei, omdat dit die

oerstaat van die geskape wese herstel en daarom ook opperste

geluksaligheid waarborg, wat die wese dan in hegte eenheid met sy God en

Vader van ewigheid vind, uit Wie se liefde hy eens te voorskyn gekom het.

Amen

Verskillende geloofsrigtings - Skyngodsdiens

8686 27 November 1963

Die is net soos ten tye van die koms van Jesus op die aarde. Die mense

dink nog net so verward, hulle staan dieselfde dwaallere voor, hulle glo om

die enigste waarheid te besit en bevind hulself tog in die middel van

onwaarheid. Hulle plaas hulself, net soos toe, in niksseggende geloofs-

rigtings en tog wyk hulle almal van mekaar af, elke rigting kom op vir sy

eie opvattings en elke geloof maak aanspraak op die waarheid van sy

307

lering. En die aantal geestesrigtinge het aansienlik toegeneem, dat daar nie

slegs ‘n paar teenoor mekaar staan nie, inteendeel het die velerlei menings

tot velerlei geloofs gemeentes gelei, wat alle aanhangers probeer wen en

fanatiek vashou aan die geestelike opvattinge wat hulle voorstaan.

En dit is so nodig dat die waarheid na die mense gebring word, dat hulle

eenmaal te wete kan kom wat God van die mense verlang. Dit is nodig dat

die Wil van God aan hulle bekend gemaak word, dat hulle Sy leer kan

insien en wat die vervulling van Sy Wil en die doel van die aardse lewe is.

Elke kerk of geloofsrigting leer dat die Wil van God deur hulle verkondig

word en tog stem die verskillende geloofsrigtinge nie met mekaar ooreen

nie. Ten tye van die koms van Jesus op aarde, net soos nou, het die mense

behae geskep in die uitoefening van velerlei gebruike, daar was fanatieke

godsdiens bedryf, waaraan alle lewe ontbreek het, sodat die mense geen

innige kontak met hulle God en Skepper tot stand kon bring nie.

En tans is dieselfde op te merk: ‘n formele godsdiens waar met alle

gewoontes en gebruike rekening gehou moet word, wat vir die wêreld die

verbintenis met God demonstreer, sodat die hart van die enkeling ver

verwyderd is van hierdie innige verbintenis met Hom. Dit is alles skyn en

bedrog en daar is geen waaragtigheid meer in die lewenswandel van die

mense nie. Hulle behoort nog maar net aan die aardse wêreld en selfs

wanneer hulle die skyn wil wek dat hulle met God verbind is, is dit dooie

vorme wat hulle in ag neem, maar hulle siele bly onaangeraak. En teen

hierdie skyngodsdiens sal julle moet stry, julle wat die waarheid van God

ontvang en daar aan dink dat ook Jesus Homself tydens Sy lewe op aarde

nie ingehou het vir diegene wat die dwaalleringe voorgestaan het en

probeer het om hulle skyngodsdiens te regverdig as "die alleen aan God

welgevallige" nie en wat alles verdoem het wat in stryd was met hulle

leerstellings.

En die mense sal hulle geestelike opvattings, wat hulle van die mense

oorgeneem het, nou ook nie wil opgee nie en hulle sal daarom steeds in

dwaling verkeer, omdat hulle weier om die suiwere waarheid aan te neem,

wat hulle slegs van bo - deur die ewige Waarheid –geskenk kan word. Maar

om so ‘n barmhartigheidsgeskenk aan te neem, vereis die vrye wil. Die

waarheid kan nie onder dwang aan die mense gestuur word, wat nie bereid

is om dit aan te neem nie. En daarom is dit moeilik om die dwaalleringe uit

te roei, selfs wanneer die verkeerdheid daarvan aan hulle met redes

omklee en reggestel word. Daar sal maar steeds weinig wees wat oopstaan

vir dit wat God Self na die mense toe stuur, omdat hulle so ‘n openlike

werksaamheid van God nie wil aanvaar nie, omdat hulle heeltemal niks

daarvan wil weet dat God Sy Gees uitstort oor diegene wat hulself

bereidwillig vir Hom oopstel om die suiwere waarheid uit God te ontvang.

Voor die koms van Jesus op aarde, voor Sy kruisdood, was die uitstorting

van die Gees in ‘n mens nie moontlik nie en daarom het die wêreld Homself

in die grootste dwaling bevind. Na Sy kruisdood egter, kon die Waarheid by

308

die mense inkom en sodoende was dit moontlik dat die mense algehele

opheldering gegee kon word oor: Of en wanneer hulle denke verkeerd was,

hulle kon deur die Gees onderrig word en hulle van elke dwaling vrymaak.

Tog was die mense nie gedwing nie en daarom het die dwaling steeds weer

binnegesluip, wat as waarheid verdedig was en oorgelewer was met ‘n

hardnekkigheid wat dit moeilik maak om die mense van hulle foutiewe

denkbeelde te oortuig en hulle hulself daarom ook steeds sal verset om die

suiwere Waarheid uit God aan te neem en die dwaling op te gee.

En tog moet daar terwille van die Waarheid self, alles probeer word om die

mense in hulle opvattinge te laat wankel, daar moet gepoog word om hulle

tot nadenke te bring, daar moet alles gedoen word om hulle die suiwere

Waarheid te laat toekom, want hulle kan maar net die einddoel bereik op

die weg van die Waarheid. Solank hulle nog verkeerd dink, sal hulle in die

ryk hierna die geluksaligheid, wat steeds net deur ‘n helder lig gewaarborg

kan word, nie deelagtig word nie. Slegs die Waarheid skenk lig, daarom

bring slegs die Waarheid die geluksaligheid, omdat ontelbare wesens weer

daarmee gelukkig gemaak kan word en die geluksaligheid in die geesteryk

in die deurstuur van lig bestaan.

Daarom kan julle nie in ‘n verkeerde denke beland nie, daarom word die

Waarheid steeds weer vir julle aangebied, daarom word alles van die kant

van God gedoen sodat julle denke korrek gerig is, maar julle moet self die

wil hê om in die Waarheid te wandel. Want in die geesteryk is dit nog

belangriker dat julle in die Waarheid wandel as op aarde, want daar sal

julle nie sonder Waarheid salig kan wees nie. En wanneer julle al op aarde

geen aandag geskenk het aan julle duistere toestand nie, sal dit julle in die

geestelike kwel, omdat slegs lig alleen geluksaligheid is en lig steeds maar

net van die Waarheid uitstraal, van God Self, Wie die Oerlig van ewigheid

is. Amen

Kan die christelikekerkgenootskappe één word? -

Die misvormde leer

8687 28 November 1963

Solank die mense nie kan besluit om die christelike leer te suiwer van alle

menslike bysake, solank elke kerkgenootskap nie die ernstige wil het om

heeltemal in die waarheid te wandel en elke dwaling uit die weg te ruim

nie, solank sal die eenwording van die kerke ook nie tot stand kom nie.

Want alleen in die suiwer waarheid kan die verskillende gelowe mekaar

ontmoet en dan sal hulle één wees.

Maar tog is geen enkele rigting bereid om van sy leerstellings iets prys te

gee nie. Meestal volhard hulle in die valse leerstellings. En solank hulle

alleen maar hul verstand laat praat en hulle vanuit hulself nie in staat is om

onderskeid te maak nie. En die opvallende is, dat daar geen geestesrigting

is wat die werk van die Gees is nie, wat die werk van God in die mens bely

309

en slegs kennis op hierdie wyse verkry erken nie. Die mense aanvaar slegs

wat na waarde lyk, wat uit die verstand voortkom en waarvan hulle, hulle

nou nie meer kan losmaak nie.

Dus is die kenmerk van die kerk wat Ek Self op aarde gestig het slegs selde

te vind as bewys van die geloofwaardigheid en die waarheid wat verkondig

word. Die waarheid ontbreek verseker by kerklike organisasies, want

anders sou hulle almal te vind wees by dieselfde waarheid en alle

onenigheid sou uitgeskakel wees.

En so moet daar, tot 'n mense se grootste smart, vasgestel word dat die

suiwer waarheid nêrens meer te vinde is waar mense na geestelike kennis

soek nie. Dit moet gesê word dat daar orals slegs nog maar ‘n dun draad

deur loop, wanneer die gebooie van die liefde tot God en die naaste

aangeleer word, wat hierdie swak skynsel van onderrig egter ruimskoots

voldoende sou wees om die waarheid vir die mens toeganklik te maak,

omdat die nakom van hierdie gebooie van die liefde ook die inwerking van

God in die mens waarborg, om dan die mens van binne te onderrig en hy

dan baie goed in staat is om te onderskei wat waarheid en wat dwaling is.

Maar tog sal die suiwer leer van die liefde bly bestaan as Godelike leer en

daardeur het nog elke mens die moontlikheid om in die waarheid te lewe as

hy maar hierdie leer volg. Dan sal hy ook weet dat al die ander mensewerk

is en slegs tot verkeerde veronderstellings lei, dat dit alleen maar aardse

uiterlike vorme is van dit wat geestelik van die kant van God van die mens

verlang word.

Die mense is egter nie van plan om ‘n algehele suiwering van die bouwerk

te maak, wat hulle vir hulself in ‘n toestand van geestelike blindheid

opgerig het. Geen geestesrigting laat sy leerstellings en voorskrifte los nie

en so bly elke geloofsgemeenskap ‘n suiwer wêreldlike organisasie solank

hulle uiterlike gebruike en gewoontes voorstaan, wat alleen as sinnebeeld

beskou kan word waaraan die ware verklaring ontbreek.

En tog is almal heeltemal oortuig van hul eie geestesrigting. En dit is die

onheil, want hulle beken daardeur hul liefdelose gesindheid wat hulle

verhinder om die waarheid in te sien, asook hulle onverskilligheid en

onverantwoordelikheid teenoor die siele van hul mede gelowiges. Want elke

mens wat in die liefde leef sal die waarheid so hoog aanslaan, dat hy hom

daar ook ernstig van sou wil oortuig of hy in die waarheid is. En ernstig vra

en bid om die waarheid sal hom die lig van die insig oplewer.

Waar egter twyfel is aan die waarheid in die kring wat hulself as leiers by

die mense gevoeg het, hulle wat self ‘n leeramp aanvaar en uitoefen? Waar

is eintlik nog die ernstige verlang na die waarheid te vind? waarom stel

byna geen mens meer die belangrikste vrae; wat is waarheid en is ekself in

besit van die waarheid?

Elkeen verdedig met onversetlikheid dit wat hyself aangeneem het en hy

neem daaroor standpunt in. Hy glo egter om “vroom” te wees as hy sonder

teenspraak alles aanneem wat hom deur mense geleer word. Elke eie

310

verantwoordelikheid skud hy van hom af. Hy laat nog sy eie verstand, nog

sy hart aktief word om die waaragtigheid te beproef van dit waarvoor hy

moet instaan.

Hy sondig selfs teen die gees. Want hierdie is in hom en hy wil alleen

gewek word deur die liefde om so dan helder en duidelik in hom te word,

sodat hy nareg wys word omdat hy die lig van Myself mag aanneem wat

hom die suiwer insig skenk. Waarom egter bevind so min mense hulle in

hierdie helder lig van insig? Waarom verdedig die meeste mense geestelike

goed wat ongeloofwaardig is as dit aan ‘n ernstige proef onderwerp word?

Waarom neem die mense genoë met leerstellings wat waarlik nie van My

uitgegaan het nie en waarom neem hulle nie die kosbare geestelike kennis

uit My hand aan nie, wat elkeen kan vra en ontvang, vir wie dit ernstig om

die besit van die suiwer waarheid gaan? en deur ‘n lewe in liefde na My wil,

so ook direk met My in verbinding kan kom, om deur My regstreeks

onderrig te word.!

Dit is omdat julle almal die kennis oor die “werking van My Gees in die

mens” ontbreek. En wat bewys dat julle nie reg onderrig word nie. Deur

hulle wat die kennis ontbreek en hulle derhalwe in hul amp as leraar nie

deur My aangestel is nie. Want wie Ek die opdrag gee om ‘n leraar vir die

mense te wees, die voorsien Ek ook van die ware leering. Dit egter

ontbreek julle wat so bevoegd voel om aan die hoof te staan van ‘n

geestelike rigting of konferensie en as "leier" aangesien wil word.

Julle is nie deur My aangestel nie en julle sal nooit julle mense vertroud kan

maak met die waarheid nie omdat julle dit self nie besit nie en julle ook nie

oopmaak om dit in besit te kry nie.

En daarom let op wat Ek julle sê: Alleen waar die werk van My Gees in ‘n

mens sigbaar is, alleen daar is die ware kerk, wat Ek Self op aarde gestig

het en hierdie is nie aan die buitenkant te herken nie. Maar dit bevat lede

uit alle verskillende kerklike gemeenskappe, uit verskillende geestes-

rigtings. Want hulle het ‘n lewende geloof wat hulle deur ‘n lewe in die

liefde verkry het.

Hierdie kennis dat My kerk nie na buite toe presenteer nie, maar daarteen

die innigste verbintenis met Myself waarborg, wat Ek dan ook die waarheid

gee, nl. ’n helder insig in geestelike gebied. Wat almal ontbreek wat nie aan

hierdie kerk behoort nie en nie kan losmaak van 'n geestelike leer, wat

nooit van My afkomstig kan wees nie, maar menslike toevoeging is van My

teenstander self uitgaande, wat altyd teen die waarheid sal ingaan, maar

nooit erken sal word deur hulle wat hulle in liefde en geloof aan My

toevertrou nie.

En so sal julle ook kan begryp dat die éénwording van christelike

geloofsgemeenskappe nooit tot stand sal kom nie, omdat elkeen by sy eie

leering wil bly wat hulle tot nou toe verstaan. Die stryd van al hierdie

gelowe gaan altyd alleen oor verkeerde geestelike opvatings en elkeen is

311

angsvallig besig om hierdie verkeerde meninge te verdedig omdat hulle dit

nie wil op gee nie.

Dog alleen die waarheid kan tot saligheid lei en alleen hulle wie hierdie

waarheid ernstig begeer sal dit ook ontvang, as hy die weg inslaan

regstreeks na My en My daar ernstig om bid. Amen

Verkeerde uitleg van die woorde van Jesus

8688 28 November 1963

Die denke van die mense is aards gerig en so lê hulle ook alles wêrelds uit

wat ‘n diepe geestelike sin het, wat hullle as geestelike lering van My af

gestuur is, Ek wat altyd regstreeks of deur gebed tot die mense gepraat

het. Die rede van My leer egter was steeds alleen die heil van die siel. En

as Ek die mense aanspreek, sowel in vroeëre as in huidige tyd het Ek altyd

‘n geestelike sin in My woorde gelê wat in die begin ook reg begryp was.

Maar dit duur nie lank of hierdie geestelike sin(betekenis) word met die

wêreldse vermeng en later byna alleen op aardse wyse uitgelê.

En sodoende het My woord nie suiwer bewaar gebly nie. Daar het

handelinge en gebruike uit voortgekom wat nie meer aan die geestelike sin

daarvan beantwoord nie. My woord het daardeur sy genesende krag verloor

omdat dit nie meer My suiwer woord was nie. Wat geestelik van julle

verlang word, omdat Ek deur die vervulling daarvan vir julle seën vir julle

sielee gee, dit het julle in aardse handelinge verander. Julle het julle vir

elke vereiste wat Ek aan julle sielee stel ‘n wêreldlike gebeurtenis bedink en

gerealiseer. Julle het hierdie seremonies dan sakramente genoem en daar

’n oordrewe betekenis aan toegeken. Sodat nou tallose mense met die

grootste noukeurigheid, die eise nakom en glo vir hul siele ‘n skat aan

genade te vergaar, deur die nakoming van hierdie mensgemaakte gebooie.

Maar dit alles is slegs vorm en skyn en derhalwe heeltemal sonder

betekenis vir die voltooiing van die siel. Maar julle hou met uiterste

volharding vas aan sulke vorme wat julleself geskep het, wat egter nooit

wat My betref van julle verlang is nie. Want al My woorde wat Ek gespreek

het toe Ek Self as mens op aarde geleef het, het diepe geestelike betekenis

en kan nooit deur uiterlike handelinge vervang word nie. Julle het egter die

diepe betekenis nie begryp nie en julle laat julle ook tevrede stel met

hierdie uiterlike gebruike, wat egter nooit enige voordeel vir julle siele kan

oplewer nie.

Bedink eers welke waarde julle al aan die doop heg. Dink daaraan dat julle

‘n eenvoudige uiterlike handeling uitvoer en dan van die geestelike gevolge

oortuig is hetsy die vrywording van die erfsonde, of die opname in My kerk,

die opname in ‘n godsdienstige gemeenskap. Maar dit alles moet die mens

self kry gedurendie sy aardse lewe. Hy moet hom uit vrye wil deur Jesus

Christus laat verlos van sy sonde.

Dus behoort daar meer aan as slegs die handeling van die doop wat aan ‘n

kind voltrek word. En so kan die mens hom ook alleen in vrye wil weer by

312

My “kerk" aansluit deur bewus My na te volg in sy lewe, sodat hy deur die

liefde tot ‘n lewend geloof kom, die merkteken van die deur My gestigte

kerk.

Dink aan die sakrament van die bieg en wat van die altaar, wat julle daaruit

gemaak het en deur welke uiterlikhede julle die vergewing van die sondes

verwag. Dink daar oor na hoe Ek dit wil opgevat hê : dat julle My binne

moet laat kom sodat Ek nagmaal met julle kan hou en julle met My. En hoe

julle My woorde: doen dit tot Julle gedagtenis, tot ‘n holle frase laat word

wat ook weer geen uitwerking op julle siele kan hê, as julle nie so'n

besielde lewe in die liefde lei dat julle deur die liefde innig met My verbind

is en dat Ek dan ook Self in julle teenwoordig kan wees.

Alles wat geestelik van julle verlang word, wat alleen julle siele moet

vervolmaak, het julle met die wêreldse vermeng en derhalwe iets vir

julleself saamgestel wat julle nou ywerig naleef, ofskoon dit slegs deur

mense verlang word wat dit probeer motiveer as synde My wil.

Steeds weer moet julle daaroor opheldering gegee word, maar hierdie

verduideliking neem julle meestal nie aan nie. Steeds yweriger kom julle

die gebooie na wat julle deur mense gegee is, terwyl julle op My gebooie

van die liefde tot God en die naaste geen ag slaan nie. En daardeur

verduister julle julle gees nog meer, sodat daar tenslotte geen moontlikheid

meer bestaan dat julle die verkeerdheid van julle denke en handel kan

insien nie.

Julle het julleself dus gebind deurdat julle sonder teenspraak alles as

waarheid aanneem wat julle as My "woord" gegee word. Al My woorde lê

julle suiwer aards uit maar die geestelike sin daarvan gaan by julle verby.

En daarom het daar dwalinge ontstaan wat alleen uit die weg geruimd kan

word as julle met liefde vervul is. Want dan word dit in julleself lig en julle

sien wanneer julle dwalende is.

Dan sal alle gebooie en sakramentele seremonies deur mense gegee, deur

julle ingesien word as misleiding, wat alleen ‘n verduisterde gees kon laat

voortkom, as "Godelike wil". En julle moet julle dan ook probeer los maak

van elke dwaling, vanuit die insig van die suiwer waarheid, wat alleen die

siel tot heil kan strek en wat alleen die mens as waarheid sal erken wat in

liefde leef, wat dus in die eerste plek My gebooie van liefde vervul en denke

wat reg sal wees. Amen

Die teenstander sal nie verhinder word in sy werk

nie

8691 3 Desember 1963

Hoewel Ek inderdaad heerser oor hemel en aarde is en geen wese in staat

is om My te opponeer nie, tog betwis Ek nie die reg van My teenstander in

die ryk wat sy koningkryk is nie: die aarde wat alles betreffende Hom

herberg en waar hy sy invloed kan uitoefen wanneer die ontwikkellende

313

geestelike die stadium van die mens bereik het. Dan sal hy hierdie

geestelike, mens, op elke moontlike manier kwel om sy ontwikkeling te

verhinder en hom weer af te sleep na die diepte, waarvandaan hy sy weg

deur ‘n eindelose lang weg gebaan het. Daarom is hy heer oor hierdie

aarde.

Dit verklaar waarom Ek so baie rampe toelaat, waarom Ek nie tussenbeide

kom waar die teenstander so duidelik besig is nie. Hy het ‘n reg op julle

mense omdat julle hom eens vrywillig na die diepte gevolg het en hy oefen

ook sy reg uit om heerskappy oor julle te behou. Maar julle kan julleself

teen Hom verset omdat julle ‘n vrye wil besit. En julle het ook nie ‘n tekort

aan krag, as julle slegs My daarom vra nie. Maar My teenstander sal nie

verhinder word van My kant af nie.

Die materiële aarde is sy eiendom, selfs alle materie, waaroor hy nogtans

geen mag het nie, omdat dit die gevalle geestelik herberg, wat slegs tydelik

van sy mag onttrek is. Maar sodra dit die aarde as mens bewandel kan hy

sy krag oor hulle uitoefen sonder om verhinder te word deur My en dit buit

hy uit. Maar in Jesus Christus, die Goddelike Verlosser, het hy ‘n nogal

magtige teenstander. Alle mense kan hulle na Hom keer om van die vyand

van siele bevry te word. Aangesien Jesus sterker is as hy en elke siel deur

sy krag terugkoop, wie Hom eenvoudig vra en deur gebed sy geloof in

Hom bewys en daarmee ook in Sy werk van Verlossing Myself erken Wie in

Jesus Christus geinkarneer het om die gevalle geestelike tenvolle terug te

koop. Die krag van die teenstander op aarde is inderdaad groot. Maar in

Jesus Christus vind hy sy Meester. En ongeag sy groot krag oor die mense,

het hulle nietemin ‘n Verlosser van sy mag.

Die mens kan daarom nie verwag dat Ek, sy God en Skepper van ewigheid,

die mag van My teenstander inkort om sy skadelike werk uit te voer nie,

omdat Ek nie sy reg wegneem om op die mens op elke manier in te werk

om hom te behou nie. Die mens self hoef dit egter nie te verdra nie, omdat

hy hom na Jesus Christus kan keer om hom van sy gevangehouer te bevry,

dat hy hom van ‘n krag sal bevry waaraan hy sonder die hulp van Jesus

Christus sal beswyk.

Hoe dikwels sê julle mense: "Waarom laat God dit toe?" Ek hinder nie My

teenstander in sy werk nie, omdat julle julleself eens onder sy beheer

geplaas het en hy vandag nog julle heer is as julle nie julleself van hom wil

bevry nie en Jesus Christus vra om julle te verlos van hom nie. Verder weet

Ek wat die beste vir julle en elke individuele siel is. Ek weet ook hoe elke

siel gevorm word en wat volmaaktheid bring; en die donker wêreld moet

My ook dien, omdat Ek sal weet hoe om die werke van die wêreld van

duisternis en sy gevolge so te kontroleer dat dit tot die bevordering van die

siele van mense is, wat baie ywerig is om van hierdie mag te ontsnap en

My te benader.

Maar tog sal die wil van die mens altyd die bepalende faktor wees, omdat

hy vry is. Terwyl die geestelike in die werksaamheid van die skepping nog

314

gebonde is, kan My teenstander dit nie beïnvloed nie, maar met die mens

het hy die reg, omdat die vrye besluit van die wese betrokke is wat die

teenstander vir hom wil wen. Daarom buit hy elke geleentheid uit en die

mens is aan sy genade oorgelaat hoe verder hy van My verwyder is, hoe

swakker die verbinding met My is, of solank hy nie Jesus Christus erken nie

en skuiling by Hom soek in sy nood nie, is hy in die genade van die

teenstander se mag, wat nietemin sy vrye wil’s besluit is.

Ek het inderdaad krag vir alles, ook vir die voorkoming van die werke van

My teenstander, maar dan sal die mens se gang op aarde nutteloos wees,

waar hy vry tussen My en hom moet kies. Maar julle mense moet ook

begryp waarom die moeilike toetse julle gegee word, dat hy julle dikwels

opstel vir die grootste uiterstes, sonder dat Ek hom verhinder omdat julle

nie na My kom vir hulp nie, wat die ware rede vir alle probleme is, wat Ek

toelaat sodat julle, julle weg na My kan vind.

Maar tog kan julle verseker wees dat Ek julle nie sal verlaat nie en julle sal

help waneer julle verlang om julleself los te maak van hom en gelowig na

My te vlug en My dan ook as julle God en Vader erken; wanneer julle Jesus

om vergiffenis van julle skuld en bevryding van die vyand vra, wat ook veg

om julle nie te verloor nie. Maar tog waarlik, My mag is groter en as julle

My in gees en in Waarheid roep, sal julle ook bevry word van hom en julle

aardse-lewe sal nie vergeefs gewees het nie. Amen

Opheldering oor sakramente (Ordineering van

Predikante)

8692 4 Desember 1963

Ek wil julle verder leer met die doel dat julle, julle van die dwaling moet

losmaak, as julle opheldering ontvang oor die feit dat julle tot nog toe My

Woord alleen wêrelds begryp, maar nie geestelik nie. Julle moet weet dat

uiterlike seremonies nie voldoende is om My Gees te openbaar nie en dat

ewemin deur uiterlike seremonies iemand aangestel kan word in ‘n amp om

te leer, of in die amp as leier of hoof van ‘n gemeente nie.

Baie is geroep maar min uitverkies. En hierdie min gee Ek Self die opdrag

vir die amp. Ek Self plaas hulle in die posisie waar hulle kan werk vir My en

My ryk. Maar Ek stel ook voorwaardes aan so'n persoon wat Ek uitkies,

omdat hy geskik is as leraar en leier om mense te dien. My Gees moet in

hom kan werk omdat hyself in die waarheid wandel, waardeur hy My

plaasvervanger op aarde sal wees, wat in My Naam, volgens My Wil en deur

Myself gelei, sy amp beoefen.

Die is nie te ontken nie, dat daar ook onder hulle wat hulle My

"plaasvervangers” op aarde noem, enkeles is wat ooreenkomstig My wens

lewe en My wil dien. Maar ook hulle is deur Myself in hul amp aangestel,

maar hulle het nie My dienare geword deur uiterlike handelinge deur ander

uitgevoer nie. Want hul roeping is ‘n innerlike aangeleendheid van die vrye

315

wil wat hulle heeltemal aan My oorgee, sodat hierdie mens nou innig met

My verbind is deur die liefde sodat Ek Self hom nou die amp kan opdra wat

hy moet beklee.

Hierdie innige oorgawe en hul lewe in liefde verseker dan ook in hulle die

ontwaking van die gees en dan dring hulle ook in die waarheid in. Hulle

verset hulle dan teen elke dwaling, teen die misvorming van dit wat van My

uitgegaan het. En ten laaste sal hulle hul losmaak van hulle wat in die

dwaling volhard. Dit sal vir julle nou begryplik wees dat julle My ware

verteenwoordigers nie by die wêreldse sal vind nie. Want hierdie deur die

wêreld erkende verteenwoordigers sluit hulself van My diens uit, omdat

hulle die dwaling verdedig en die waarheid nie ernstig soek nie. Hulle kan

My dienare en plaasvervangers nie wees nie, omdat hulle in dwaling

verkeer en nie probeer om in besit van die waarheid te kom nie.

sodoende sal julle nou ook weet wat julle van die sakrament van die

priesterwyding (predikants inhuldiging) moet dink. Want al is ‘n mens van

goeie wil, dan moet hy dit ook bewys, dat hy My sy bereidwilligheid toon

om heeltemal in My Wil op te gaan. En dit beteken om die, in hom

opduikende twyfel te ondersoek, wat Ek Self in sy hart lê, sodat hy nader

aan My en die waarheid kom. Skrik hy egter daarvoor om hierdie twyfel te

oordink, dan hou hy homself vir die gek. Hy sou tot die lig kon kom maar

hy sluit sy oë daarvoor, en so is sy hart nie vir My geopen nie, sodat Ek

daar ‘n ligstraal kan laat inskyn.

Die mense kan nie beweer dat dit selfs vir ‘n mens wat ernstig na My

verlang, nie moontlik is om hom van dwaling los te maak nie. Want julle

almal ken My mag en liefde, wat waarlik elkeen bystaan wat ’n drang voel

om My, die EWIGE WAARHEID te soek, maar eers moet julle, julle laat leer.

Julle moet op hoogte gestel word van die suiwer waarheid, van die

aktiwiteite van My teenstander en van die dwaling waarin hy julle verstrik

het. Julle moet dus die ernstige wil hê om van hom vry te kom, en daartoe

moet julle My om bystand bid.

Glo julle nie dat Ek julle die bystand sal gee, terwyl dit tog altyd My strewe

is om julle uit die duisternis van gees te verlos en julle lig te gee nie? En as

julle vanuit ‘n goeie wil julle verstand laat werk, dan moet julle tog wel die

ongeloofwaardigheid insien van wat van julle geëis word om te glo.

Julle het egter verstand verkry, anders sou julle, julle nie kan onderskei

van ‘n dier wat nie vir sy handelinge verantwoordelik gestel kan word nie.

Maar julle moet eens rekenskap gee, of en hoe julle, julle verstand gebruik

het. Want die verstand kan julle help om tot ware insig te kom, aangeneem

dat julle wil goed is en julle na die ware lig verlang. Ek lê daar weer nadruk

op dat twyfel aan die waarheid orals is, waar uiterlike handelinge ‘n

geestelike resultaat moet verseker.

Dus sal julle siele ook nooit 'n resultaat kan wys, op aarde of in die

hiernamaals, van sulke uiterlike seremonies wat die mens ondergaan voor

316

sy heengaan nie, wat niks anders is as seremonies en gebruike, maar

sonder enige waarde vir die siel.

Ek Self ken elke siel afsonderlik en waardeer dit na die graad van sy liefde.

Want alleen die liefde is deurslaggewend vir die graad van lig waarin die

siel ingaan na sy liggaamlike dood, as hulle nie in die ryk van duisternis

ingaan, omdat hulle heeltemal sonder liefde is en daardeur aan hom

behoort wat die ryk van duisternis beheer. Amen

Die uitwerking van valse leer in die hiernamaals

8693 5 Desember 1963

Daar sal nog baie dwaling deur My moet reggestel word, veral voor die

mense hulleself in die waarheid sal beweeg. Die denke van die mense is

volledig op ‘n dwaalspoor gebring, ‘n onware leer het baie ander verkeerde

leerstellings tot gevolg en die mense is daar nie van af te bring nie, hulle

hang as waarheid aan wat hul gebring word deur mense wat self nie in die

waarheid kan wandel nie, omdat hul gees nie gewek is nie.

En tallose siele gaan in hierdie toestand sonder lig in die ryk hierna, hulle

verdedig ook dan nog hulle leerstellings en laat hulle nie oortuig dat hul

denke verkeerd was en is nie, solank hulle geen lig aanvaar wat vir hulle

ook daar bo skyn nie, maar hul vrye wil het nodig om dit aan te neem. Ook

in die ryk hierna is daar ‘n stryd tussen lig en duisternis, want steeds

probeer ligwesens ‘n lig te ontsteek vir hulle wat nog ‘n verduisterde gees

het, maar baie dikwels is hul moeite vrugteloos omdat die siele in hul

dwaling volhard.

Hierdie laaste kan ook nie begryp dat hulle geen geluksaligheid ervaar nie,

ofskoon hulle meen dat hulle op aarde alles gedoen het om die hemelse

geluksaligheid te verwerf. En nie voordat dit hul heeltemal duidelik is, dat

My Wil waarlik ‘n andere is as wat dit hulle op aarde voorgestel was nie,

voordat hulle die waardeloosheid insien van dit wat van hulle verlang word,

nie voordat hulle insien dat Ek ander eise aan ‘n mens stel as om kerklike

gebruike en uiterlikhede na te kom nie, dat Ek alleen liefde vra van die

mense en ‘n mens alleen beoordeel na die graad van sy liefde en

ooreenkomstig die graad van sy liefde ook sy geluksaligheid sal wees, het

al hierdie siele nie ‘n benydenswaardig lot nie, selfs wanneer hulle hul nie in

uiterste duisternis bevind nie.

Maar hulle maak rusie en begryp nie hulle ongelukkige toestand nie, ja,

hulle verwyt hulself dikwels omdat hulle hierdie uiterlikhede en gebooie

deur mense uitgevaardig, nie voldoende nagekome het nie en daarom nog

nie toegelaat word tot die geluksaligheid nie. En dit sal in ‘n kort tyd hul

deel kan word as hulle maar die onderrigting van die ligwesens sou

aanneem, of hulself daar ‘n bietjie lig verskaf waar die straal van die liefde

na die aarde gestuur word, waar die suiwerste waarheid uitgedeel word en

deur elke hongerige siel gretig in ontvangs geneem word. Maar net soos op

aarde, is hulle ook in die ryk hierna halsstarrig en wys alles af, wat hulle

317

opvatting weerspreek en waarlik by hierdie fanatici het die teenstander nog

steeds groot mag.

Want ook in die ryk hierna versuim hulle een ding, om mekaar helpend by

te staan, waardeur die graad van hulle liefde vergroot sou word en hul

weerstand teen die lig verswak. Hulle kan in die geesteryk geen stap verder

kom nie, omdat ook daar die liefde die krag is wat die siel help om

opwaarts te gaan. Maar die liefde is ook die lig en liefde kan hulle ook aan

mekaar in die ryk hierna skenk, want waar nog geen geluksaligheid is nie,

is daar nood en ellende en steeds sal ‘n siel die ander kan bystaan. Maar

dan sal ook die denke van die siele steeds helderder word en hulle sal ook

vrae vra en die antwoord sal hul seker toe kom. Maar steeds is die liefde

die eerste. En die grootste geestelike dwaling by die siele bestaan daarin,

dat hulle dit wat die menslike verstand tot ‘n "Goddelike leer" verhef het,

bo die liefde stel en dat hulle steeds eers dit navolg wat mense eis en geen

ag slaan op Goddelike eise nie. En daar is ewig geen verandering in hulle

toestand as hulle die liefde nie in die eerste plek stel en dus deur ‘n

liefdevolle wil teenoor ander siele om te help, ook tot die insig van die

suiwere waarheid kom nie, wat hul dan ook onbeperkte hemelse vreugde

sal berei.

Daarom sal elke mens wie se denke op ‘n dwaalspoor gebring word op

aarde, maar wie se wil om lief te hê en in liefde te werk ‘n hoë graad bereik

en skielik in die ryk hierna tot insig kom dan sal hy die dwaling bereidwillig

laat vaar. Hy sal sy bes doen om sy kennis ook aan ander siele oor te dra,

omdat hy die groot onheil besef wat dwaling stig, omdat hy die geestelike

blindheid sou mag ophef, want die liefde dryf hom ook om te help. En sy

invloed kan daarom buitengewoon seënryk wees, omdat hyself op aarde

net so gedink het maar wat hy hul nou as foutief kan uitwys en daarom ook

sukses kan boek by die siele wat hom nou gehoor skenk.

Die dwaling is die ergste gif vir die siele van mense en die stryd van die lig

teen die duisternis word daarom onverbiddelik gevoer en ook eens sal die

lig seëvier. Maar dit staan die mens vry of hy die lig kies of die duisternis,

hy word nie gedwing nie en kan vry sy keuse maak, maar daar word alles

moonlik gedoen dat hy nog op aarde tot insig van die waarheid kom. Maar

ook in die hiernamaals verminder die ligwesens hul inspanning nie, want

alleen die siel wat vas staan in die waarheid kan salig word. Amen

Kenmerk van Goddelike onderrig - Die menslike

verskyning van God

8694 6 Desember 1963

Ek benadruk herhaaldelik dat dit noodsaaklik is vir julle om ingelig te wees

oor My menslike verskyning in Jesus Christus. Want julle volwasse wording

hang alleen van die feit af of julle in waarheid onderrig is oor die

belangrikheid van Jesus en Sy verlossingswerk vir julle mense. Want

318

hoewel Hy op aarde as mens geleef het en as mens Sy lewe met Sy

kruisiging afgesluit het, was Hy nietemin slegs die houer van die Ewige

Goddelike Gees en dien Hy My slegs Self as ‘n houer, omdat Ek in Hom

sigbaar wou word, omdat geen wese My in My volle oorvloed van krag en

lig kan aanskou sonder om op te hou bestaan nie.

En die groot verborgenheid van My menslike verskyning kan slegs aan julle

deur My geopenbaar word, alhoewel julle mense dit nie tenvolle sal kan

begryp terwyl julle nog nie volmaak is nie. As julle egter in waarheid oor

hierdie probleem van My menslike verskyning in Jesus onderrig word sal

julle nie meer in gevaar wees om ‘n verkeerde weg te neem nie, want

sodra julle hierdie kennis het, het julle reeds ‘n sekere graad van

volwassenheid bereik en dan sal julle altyd net na My draai, Wie julle in

Jesus herken het. Maar dit is wat My teenstander wil stop of verhinder en

daarom sal hy die mense lei in valsheid en veral probeer om ‘n ware

verklaring oor die verskyning van God in Jesus te verhinder. Deur middel

van voortdurende nuwe formulerings en verkeerde voorstellings sal hy

geen duidelikheid in mense bring nie en dan sal hy geslaagd wees sodat

nog Ek nog die mens Jesus duidelik herken kan word, want hy sal altyd

twee konsepte tot stand wil bring God en Jesus, hoewel daar slegs een God

bestaan, wat te alle tye toeganklik in Jesus is.

Enige een wat die waarheid ken sal hom nie hierdeur laat ontstel nie en hy

sal ook elke onderrig wat verskil identifiseer as vals. En tog sal die

teenstander baie aanhangers met sy voorstelling van Jesus hê, wat ‘n hoë

graad van volwassenheid as mens bereik het, maar wat altyd aan die

mense as ‘n wese wat buite God bestaan verduidelik sal word, wanneer hy

homself as ‘n gees van lig vermom vir hulle wat Jesus nie tenvolle verwerp

nie. En julle kan altyd die maatstaf van waarheid in die besonder aanwend

wanneer die menslike verskyning van God in Jesus as waar benadruk word.

Dit sal altyd ‘n ware kenmerk van ‘n Goddelike onderrig wees. Want slegs

Ek kan die verborgenheid van My menslike verskyning aan julle openbaar

en julle kan alles met reg verwerp wat My informasie teenspreek. Elke

enkele rigting van gedagte onderskryf sy geestelike kennis as waarheid,

maar terwyl hulle nog van mekaar verskil moet groot sorg geneem word en

veral ‘n ernstige verlange na waarheid word vereis om dit as sulks te

herken. Nietemin, is dit elke persoon se keuse of hy opreg die waarheid

begeer, hy alleen moet die besluit neem en so bepaal hy ook die leraar wat

hom sal onderrig. Hy kan geen misleide geestelike kennis aangebied word

as hy hom opreg aan My toevertrou en op My vir waarheid ‘n beroep doen.

‘n Opregte beroep word vereis deur My en dit sal verseker toegestaan

word.

Maar elkeen wat My direk gestuurde Woord na die aarde ken en dit nie

gebruik as ‘n maatstaf nie het nog nie sy hart vir die waarheid geopen nie,

anders sal hy voel dat geen ander geestelike kennis met dit vergelyk kan

word nie as dit ander konsepte en begrippe bevat wat die waarheid van My

319

weerspreek. Derhalwe as ‘n persoon nie die suiwer waarheid herken nie is

sy graad van volwassenheid nog so laag dat My teenstander hom as ‘n

houer kan gebruik om tallose mense weer te bedrieg deur hom en hulle in

valsheid te lok. Die waarheid sal vir altyd en ewig dieselfde bly, dit

verander nie en kan nie aan een persoon as dit en aan ‘n ander as dat

aangebied word, wat sy oer wese betref nie.

Julle mense sal altyd waaksaam moet wees as julle die suiwer waarheid wil

besit, sodat julle nie verstrik word deur die teenstander wat altyd ywerig op

dieselfde manier te werk gaan en hy ook suksesvol sal wees as die persoon

onverskillig is of sensasie wil hê, wat hy verwag deur kontak met die

bonatuurlike wêreld. Wat Ek die mense aanbied sal altyd in die raamwerk

van die natuurlike wet plaasvind en die inhoud sal ‘n ware soeker die

sekerheid gee dat Ek Self die Bron is en hy sal met blydskap die geestelike

inligting aanvaar, dit sal sy kennis verhoog, sy innerlike lig en dan sal geen

valsheid hom meer kan verwar nie want hy sal dit identifiseer en dit

teëstaan. Maar tog sal die aktiwiteit van My teenstander nie verminder nie

en die mense gee hom die reg daartoe. As hulle altyd slegs die suiwer

waarheid verlang sal hy nie kan inmeng nie, in die geval sal slegs My

boodskappers van lig aan die werk wees, wat alle onsuiwer sal afweer en

die mense beskerm teen sy invloed. En julle maatstaf vir waarheid kan

altyd toegepas word deur hoe Jesus en Sy verlossingswerk en My menslike

verskyning in Hom aan julle beskryf word. Slegs deugsame, verligte

geestelike wesens, bestaan in uiterste waarheid en gee dit ook aan mense

op My instruksie deur.

Sodra die Godheid en Jesus aan julle as twee wesens beskryf word, word

julle nie in waarheid onderrig nie, want Ek en Hy is een. Ek Self, die

hoogste en mees volmaakte Gees in ewigheid, openbaar Myself in die mens

Jesus, in Sy menslike omhulsel, om ‘n sigbare God vir julle, My geskape

wesens te word, Wie julle met julle hele hart kan liefhe en wat ook deur

julle bemin wil word. En julle moet die Gees glo wat dit aan julle bring.

Amen

Die geloofwaardigheid van mediumieke

ontvangstes

8695 7 Desember 1963

Julle wat van My die opdrag het om die suiwer waarheid te versprei, moet

ook self oor alles onderrig wees om vir julle ‘n helder oordeel te kan vorm

oor die waarde van geestelike resultate wat deur julle medemens as

waarheid uitgedra word. Julle moet weet, dat waardevolle sowel as

waardelose verbindinge met die geestelike wêreld tot stand gebring word.

Dat uit alle sfere van die geesteryk wesens hulself aan julle wil laat hoor,

dat hulle hulle gedagtes op julle probeer oorbring en die mens kan nouself

bepaal, welke wesens hom kan benader.

320

En steeds is die verlange na die waarheid deurslaggewend, wat egter

dikwels deur ‘n verlange na die ongewone verdring word. Die begeerte om

iets onbekend uit die bonatuurlike wêreld te wete te kom, het meestal

voorrang, om ook vanuit die beste wil korrek en goed te handel en te dink.

Van sulke moontlikhede word ook deur die bewoners van die ligvolle

geestelike wêreld gebruik gemaak, wat die mense op die regte pad wil

bring en hulle dan ook probeer beïnvloed om hulle houding teenoor die

geesteryk te verdiep en hulle voor alles daarop te wys dat die liefde die

eerste en vernaamste gebod is.

Dus kan elke verwysing na die liefde ook as in ooreenstemming met My Wil

beskou word. Die suiwerheid en die wil van diegene wat in ‘n mediumieke

toestand boodskappe ontvang, bepaal ook die waarde van hierdie

boodskappe. Maar dit kom ook nog aan op die kring van toehoorders, in

welke geestelike gesteldheid hulle is, welke geestelike volwassenheid hulle

kan laat sien. En één mens wie se staat van volwassenheid gebrekkig is,

kan reeds die insluiping van onrein Geeste moontlik maak deur sy

gedagtes, wat homself eweneens van ‘n medium in onbewustelike toestand

bedien en wat dan dikwels die ligbodes terugdring, omdat die kragte van

die duisternis daar verskyn, waar die moontlikheid homself voordoen deur

met ‘n mens te spreek wat homself ontdoen het van sy eie wil en wat dus

in ‘n mediumieke toestand spreek.

Hoe helderder die kring is en hoe meer ooreenstemming daarin heers en

die verlange maar net daar is om waarheidsgetrou onderrig te word, des te

geloofwaardiger is die resultate. En dit sal dan egter ook met wat julle

regstreeks van bo gestuur word, ooreenstem, dus heeltemal geen twyfel

ooplaat oor hulle egtheid nie. Want tallose ligwesens probeer om vanuit die

anderkantste wêreld toegang by die mense te verkry om hulle in My opdrag

die waarheid te bring.

Dog hierdie ligwesens sal altyd weer probeer om die mense te beweeg, om

‘n verbinding met die geestelike wêreld in ‘n helder, bewustelike staat tot

stand te bring. Hulle sal hulle oor "die werksaamheid van die Gees" in die

mens opheldering verskaf en hulle probeer aanspoor om met Myself in

innige kontak te tree, om dan ‘n diepe kennis in ontvangs te kan neem, wat

op mediumieke manier, in onbewustelike toestand, nie na die aarde gebring

kan word nie. Want Ek Self het julle mense die werksaamheid van My Gees

beloof en aan My woorde kan en moet julle geloof skenk.

Dat die aktiwiteite van My teenstander nou egter ook aan die lig kom, kan

nie ontken word nie, en hy sal die begrippe steeds probeer verwar. Hy sal

op gelyke wyse mediumiek aangelegde mense gebruik om deur hulle te

spreek, maar tog altyd slegs woorde wat geen samehang het nie, woorde

wat wysheid moet uitstraal en wat tog klinkklare onsin is. En julle mense

kan dit self ondersoek as julle julleself afvra welke gewin vir die siel julle

wel uit sulke mededelinge kan kry, wat ook by noukeurige ondersoek op die

basis van My Woord, die waarheid heeltemal teenspreek. Daar meld dan

321

selfs Geeste aan wat self nog onwetend is, wat nog ‘n sekere wêreldkennis

het en omdat hulle dit op die aarde ywerig uitgedra het, ook nou aan die

mense probeer oorbring.

En daarom het Ek dan ook herkenningstekens vir die waarheid van wat

geestelik ontvang word, ingestel. Ek het Self die merktekens aangegee,

naamlik, dat julle moet ondersoek of die misterie van My menswording in

Jesus vir julle onthul word, soos wat Ek julleself opheldering daaroor gegee

het deur My Woord, deur die werke van My Gees in julle. Wat met My

Woord, wat regstreeks van bo tot julle kom, nie ooreenstem nie, moet julle

afwys, selfs as hulle dit in sulke mooi woorde uit ‘n goddelike bron vir julle

wil bewys.

Ook My teenstander bedien homself van sulke woorde, want hy deins vir

niks terug nie, omdat hy die mense in duisternis wil hou, omdat hy weet

dat die waarheid ‘n lig is wat hom en sy dryfveer en kruipery ontmasker. En

die lig sal hy ook steeds probeer uitdoof of vertroebel. Amen

Kennis oor Jesus Christus is van die uiterste belang

8696 10 Desember 1963

Die feit dat julle herhaaldelik verduidelikings oor die daad van Jesus

Christus se Verlossings werk ontvang is omdat mense slegs min of selde

meer daarin glo, want hulle gedagtes word gekonsentreer op wêreldse sake

en die Verlossingswerk is ‘n geestelike gebeurtenis wat nie deur ‘n wêreldse

gerigte bewussyn begryp kan word nie. Maar tog is die mense slegs op

aarde vir ‘n geestelike doel en as die geestelike doel nie deur die mens

volbring word nie was sy lewe vergeefs geleef en die siel val weer terug in

die diepte van waar hy sy weg oor ‘n oneindige lang periode van tyd met

die hulp van God opgewerk het. As dit moontlik is om mense te laat begryp

wat die geestelike rede vir die Verlossingswerk en die missie van Jesus

was, sal baie bereik word, want dan sal hulle Hom nie meer verwerp nie,

maar hulle sal probeer om geestelik meegevoel te betoon en sal Sy manier

van lewe op aarde begryp.

nietemin, is die mensdom nie baie bereid en geneig om geestelike onderrig

te ontvang nie, tensy hulle ru van hul normale lewe deur oorweldigende

gebeurtenisse en pynlike insidente gewek word en begin om te dink. En om

hierdie rede kan sulke noodlotige gebeure ook nie ophou nie. Maar hulle sal

dan inderdaad hul God en Skepper onthou en ‘n beroep doen op Hom as

hulle hulp nodig het. En die feit dat hulle Hom daardeur as die Mag herken

wat hulle geskep het en ook hulle lot as mens bepaal is op sigself voordelig

vir die siel.

En tog is dit van die uiterste belang om die regte kennis oor Jesus Christus

en Sy verlossingswerk te bereik, omdat die mens altyd te swak sal bly om

ooreenkomstig die wil van God te lewe as hy nie van die stroom van krag

gebruik maak wat Jesus deur Sy dood aan die kruis verwerf het en wat nou

as genade toeganklik is vir elke mens. Slegs wanneer ‘n mens sy geloof in

322

God baie sterk laat herlewe sal hy die stroom van krag van God Self kan

ontvang, maar hierdie persoon sal dan ook sonder twyfel na Jesus draai, hy

sal oop wees vir alle onderrig wat hy ontvang oor Hom en Sy

Verlossingswerk en hy sal hom laat verlos deur op Hom ‘n beroep te doen

om vergiffenis van sy skuld.

Nietemin, tydens die laaste dae voor die einde sal hierdie kennis oor Jesus

stadig verdwyn, die mense sal slegs van die suiwer menslike gebeurtenisse

weet en sal dit nie anders beoordeel as die van enige ander mense wat

dieselfde lot gehad het nie, want in hul verduisterde geestelike staat sal

hulle nie kennis oor die verbintenis hê nie, hulle sal nie in staat wees om dit

aan hulself behoorlik te verklaar nie en so sal hulle alles wat hulle oor Jesus

en Sy Verlossingswerk gehoor het as ‘n miete verwerp.

Hulle sal nie weet dat dit ‘n hoogs betekenisvolle geestelike verborgenheid

is nie, ‘n daad wat ‘n diepgaande geestelike rede het, wat van ontsaglike

waarde vir die verlossing van die mens se siel is, vir sy geluksaligheid in die

geesteryk wat ewig sal duur en daarom sal hulle ook nie die moeite doen

om die waarheid daaroor te soek nie, maar eerder alles verwerp en nie in

Jesus se bestaan glo nie, of hulle sal alle kennis wat hulle oor Hom het uit

hulle gedagtes uitsluit, om nie daardeur gehinder te word nie. Daarom sal

hulle die doel van hul lewe mis, hulle sal slegs vir aardse doelstellings lewe

en sal nie poog om terug te keer na God wat slegs deur Jesus moontlik is

en hulle aardse lewe sal vergeefs geleef word en kan tot ‘n herhaalde

verbanning in die skeppings van die aarde lei.

En die teenstander van God sal altyd hierdie houding van die mense

bevorder, hy sal alles doen om die kennis oor Jesus en Sy Verlossingswerk

tenvolle te verhinder, of hy sal sulke valse onderrig in die opsig versprei dat

die mense daardeur sal wegval en hul weg na Hom sal kwyt raak. Maar

hulle lewe as mense op die aarde as gevolge van hul ontsaglike oersonde

toe te skryf aan hul afval van God en tot hierdie oersonde nie verlos is nie

kan hulle nie na God terugkeer nie, omdat die regverdigheid van God

versoening eis wat deur die mens Jesus gedoen was en daarom moet Hy as

Seun van God en Verlosser op aarde herken word. Wie dit vir die Ewige

Godheid Self moontlik maak om in die menslike omhulsel van Jesus te ly

en vir die sonde van die mensdom te sterf. Amen

Opheldering oor O.V.V.’S (ufo)

8698 13 Desember 1963

Deur My goddelike openbaringe word daar vir julle op alle gebiede

opheldering geskenk. Daar sal vir julle geen vraag onbeantwoord bly wat

julle in die volste vertroue aan My voorlê nie, omdat Ek julle opheldering

daaroor sal gee. En daarom hoef daar vir julle niks onopgehelder te bly nie,

julle hoef maar net self te vra om ook volgens waarheid antwoord te

ontvang.

323

Steeds weer kom daar twyfel in julle op of daar geen bewyse te lewer is

van die bestaan van sogenaamde ruimteskepe, wat van ander

hemelliggame na die aarde kom nie. Gaan julle egter in erns hierdie

sogenaamde verskynsels na, dan sal julle besef dat gissinge of selfs

suggesties altyd die rede van sulke beweringe is, waarvoor geen bewys te

gee is nie. En dit kom daarvandaan, dat die mense nou eenmaal aan die

aktiwiteite van die teenstander ten prooi geval het, wat veral in die laaste

tyd na leuens en bedrieglike middele gryp en dit ook kan doen, omdat die

mense self iets sensasioneel wil belewe en daar vir hulle niks fantasties

genoeg kan wees nie en omdat hulle denke totaal verward is.

Sou die mense geestelike insig besit het, dan sou hulle ook geweet het dat

daar geen verbindingsmoonlikhede tussen die afsonderlike hemelliggame

bestaan nie, dat dit vir die bewoners van ander hemelliggame nooit

moontlik sal wees om hulle sfere te verlaat en kontak te soek met ander

hemelliggame nie. Dit is volkome uit die lug gegrypte beweringe wat die

mense aanbied en geen mens kan vir sy bewering, om met bewoners van

ander hemelliggame in kontak te gekom het, ‘n bewys lewer nie. Maar die

mense kan aan die begogeling van die teenstander ten prooi val. Hulle kan

self deur hulle fantasie ontvanklik wees vir illusies wat afkomstig is van My

teenstander, maar wat nooit 'n materiële bestaan kan hê nie, omdat die

mag by die teenstander ontbreek om materiële voorwerpe te laat ontstaan.

As dit nou egter werklik oor materiële dinge gaan wat deur die mense

gesien is, dan het dit ook op hierdie stoflike wêreld ontstaan. Dit is proefobjekte

van wetenskaplikes op die gebied waarvoor alle inspanning in

toenemende mate gelewer word, om die ruimte buite die aarde aan hulself

te onderwerp. Dit wat oor boaardse wesens, wat van ander hemelliggame

moes gekom het, versprei word, is bewustelike leuens, want daarvan sal

geen mens ‘n bewys kan lewer om met sulke sogenaamde bewoners van

ander hemelliggame in gesprek te gewees het nie. En die kring van hulle

wat hulself positief instel teenoor sulke verskynsels, sal nooit die geestelik

ontwaakte mense insluit nie, want hulle is uitgesproke dienare van My

teenstander wat hy vir sy eie doeleindes kan gebruik. Altyd aangenome,

dat dit oor aardse proef-objekte gaan wat elke mens sou kan sien. Wat dan

wel deur geestelik on-ontwaakte mense, of deur aanhangers van die

teenstander voorgestel word as voorwerpe, afkomstig van andere

hemelliggame.

Steeds weer lê Ek nadruk daarop dat daar geen verbinding bestaan tussen

die afsonderlike hemelliggame nie en dat dit ook sy redes het. En as julle

mense nou ook nog hierdie sogenaamde bodes van boaardse hemelliggame

toedig dat hulle na die aarde wil kom om julle te help, dan sou hulle, in die

hoedanigheid in My opdrag vir julle mense werksaam moet wees. Derhalwe

sou hulle steeds die verbinding tot stand moet bring en onderhou met hulle

wat aan My behoort, wie Ek dus teen die einde sou wegneem, as Ek hulle

hierdie funksie toegewys het. Dan sou die wat Myne is, egter ook hierdie

324

voorwerpe en hulle insittendes kon sien, wat egter nooit die geval sal wees

nie, want aan hulle gee Ek opheldering oor die dwaling en onderrig hulle in

die suiwer waarheid. Hulle wat egter sulke beweringe glo en opstel, kan nie

in hulle gees verlig wees nie, hulle jaag steeds net suiwer aardse

doeleindes na en glo die beloftes van hom, wat die mense wil weghou van

die innige verbinding met My, wat die enigste waarborg is vir ‘n redding

aan die einde van hierdie aarde, wat julle te wagte staan.

Glo dit tog, dat dit vir My waarlik moontlik is om elkeen persoonlik

beskerming te gee en hom ook aan die einde van hierdie aarde weg te

neem, want die ondergang van die aarde, in die toestand waarin hy

homself nou bevind, is onvermydelik. En glo dat Ek ontelbaar baie engele

daar het wat gereed is; dat hulle hulself egter nooit vooraf aan die mense

sal vertoon as bewoners van ander hemelliggame nie. En as Ek die suiwer

waarheid na die aarde stuur, omdat die mense dit dringend nodig het, dan

sou Ek julle waarlik ook daarvan in kennis stel as dit met die waarheid sou

ooreenkom. Maar Ek waarsku julle steeds teen bedrieglike kunste van My

teenstander in die laaste tyd voor die einde, wat homself sowel van aardse

aktiwiteite bedien om die mense te mislei, asook van die in verwarring

bring van hulle denke, omdat hy aan hulle kan suggereer sodat die mense

blindelings glo wat hulle voorgesit word, solank hulle nog nie vervul is van

'n waarheidsdrang nie, wat hulle dan egter ook steeds die suiwer waarheid

sal oplewer. Amen

Van God Self gaan die waarheid uit

8700 15 Desember 1963

Verlang na die waarheid en waarlik, hierdie geestelike bede sal vervul

word. Soek hierdie waarheid egter nie in boeke wat op menslike verstand

gebaseer is nie, wat suiwer verstandelike veronderstellings is, waarvoor

geen bewys gegee kan word nie. Want sodra julle veronderstel dat mense

uit hulself in staat is om die waarheid te deurgrond vergis julle julleself,

omdat die suiwer waarheid alleen in My sy oorsprong het, omdat Ek, Die

die EWIGE WAARHEID Self is.

Wat Ek onder die waarheid wat julle van Myself moet afsmeek verstaan wil

hê, is gedagtes met geestelike inhoud. Dit is ‘n verhewe kennis op

geestelike gebied wat nie bewys kan word nie. Dit is die kennis oor julle

bestaan se motivering en doel. Dit is die kennis van die Mag wat alles laat

ontstaan en oor die samenhang tussen julle mense en die Mag. Dit is die

kennis oor die Wese, die bestuur en werksaamheid van hierdie Mag, Wat

alles wat bestaan geskep het.

Om daaroor na waarheid opheldering te gee kan geen mens vanuit sy

verstand doen nie. Enkel alleen die EWIGE WAARHEID Self is bevoeg om

hierdie opheldering te gee en daarom moet julle julleself tot My wend. Ek

Self sal julle antwoord kan en ook wil gee, omdat Ek die hoogste Mag en

ook die Liefde is, wat julle as My skepsele met hierdie kennis wil verbly.

325

Maar Ek kan My slegs openbaar aan hulle wat ernstig na die waarheid

verlang, hulle sal My nie tevergeefs om die verspreiding van die waarheid

vra nie. Tog is daar maar weinig mense wat ernstige daarna verlang.

Meestal lewe hulle onverskillig of hulle neem sonder nadenke aan wat

mense hul vertel. Mense, wat alleen maar hul verstand laat werk, maar

geen waarborg kan gee vir ‘n reg gerigte verstandelike denke nie. Daar is

egter nie baie wat hulle besighou met die grondvraag van hul bestaan as

mens nie en steeds is die geloof in ‘n God van Liefde, Wysheid en Mag nie

so sterk dat hulle Hom sou vra om opheldering nie. Maar alleen van My kan

die suiwer waarheid uitgaan. En in die verkeerde instelling tot My, hul God

en Skepper, lê die oorsaak dat die mense in dwaling en sonder enige ware

kennis voortlewe en gevolglik ook nie hul aardse lewe goed gebruik nie,

wat hulle tot voltooiing sou kon bring. Die onverskilligheid teenoor die

waarheid is ‘n verskynsel wat ‘n gevolg is van die groot onvolwasseheid van

die menslike siel. Want die is nog in die mag van My teenstander wat alles

waardeur die mense lig gegee kan word, probeer verhinder omdat hy hulle

nie wil verloor nie en hy hulle alleen in sy mag kan hou solank hulle ‘n

verduisterde gees het, dus hulle van die waarheid weg hou. Die waarheid

alleen bring die mens tot voltooiing, die waarheid alleen is saligheid. ‘n Lig

wat helder skyn in die donker nag wat oor die aarde uitgesprei is. Die

waarheid is Ek Self en wie dus in die waarheid leef, die is ook innig met My

verbind.

As julle mense nie volgens die waarheid onderrig is nie, ontbreek julle ook

die lig vir julle aardse lewensweg. Julle is wel op weg, maar waarheen lei

hierdie weg sonder waarheid? Dit kan alleen na die diepte voer, terwyl as

julle die weg van die waarheid volg dit julle onherroepelik omhoog lei. Want

die weg is helder verlig en bring julle tot die doel, tot My, Ek wat die EWIGE

WAARHEID Self is. En Ek is waarlik altyd bereid om julle in die waarheid te

lei, soos Ek dit beloof het toe Ek op aarde geleef het. Aan iedere mens wil

Ek My openbaar in My Liefde, Wysheid en Mag wat slegs in sy hart verlang

om My te hoor en deur My vertroud gemaak wil word met die waarheid. Dit

is die vernaamste bede wat julle tot My kan opstuur, want dit bewys aan

My julle ernstige wil om na My terug te keer. Dit bewys ook aan My dat

julle Myself erken as julle God en Vader en dit is ‘n geestelike bede, wat

verhoor sal word. Want sodra Ek julle die suiwer waarheid kan laat toekom,

leer julle My in My Wese ken en ook liefhê. En na julle liefde verlang Ek, Ek

verlang vurig na julle liefde, wat eg en diep en rein is as julle deur die

verkondiging van die suiwer waarheid alles weet oor julle ontstaan en julle

vroeëre houding teenoor My en die doel (van julle lewe) dat julle weer met

My moet verenig.

Die liefde word dan in julle ontsteek en julle sal My steeds inniger nader. En

julle sal ook daardeur in diepte binnengelei kan word in ‘n kennis wat julle

bomatig salig maak. Julle sal dan My heilsplan van ewigheid ken, die liefde

van die Vader vir SY kinders en ook die groot werk van die terugvoering,

326

waartoe elke afsonderlike mens My ook sy diens kan aanbied. Julle sal My

leer liefhê en hierdie liefde sal julle salig maak, want dit lei tot die

uiteindelike vereniging met My tot die ewige lewe. Slegs die waarheid lei na

die doel en dit moet julle mense nastreef. Julle moet julleself innig aan My

oorgee en julle deur Myself laat leer en julle sal dan ook onderrig word deur

My, julle God en Vader, wat alles weet en julle daarom oor alles kan en wil

leer, omdat Hy julle bemin. Amen

Vrede aan hulle wat van goeie wil is

8704 20 Desember 1963

Vrede wou Ek bring aan die mense op aarde toe Ek Self neergedaal en op

die aarde gewandel het. En ook nou wil Ek diegene wat van goeie wil is

vrede bring. Want waarlik, wanneer hulle My binnelaat in hul hart, sal ook

‘n vrede die hart vervul wat Ek alleen hulle kan gee, want hulle sal My

aanwesigheid bemerk en hul gelukkig en veilig voel, hulle sal geen vyand

vrees wat van buite op hulle afkom nie, want hulle is op hoogte van My

Liefde en Mag wat al die onheil kan en sal afweer wat hulle bedreig.

Alleen in My sal julle die ware vrede vind, want as julle innig met My

verbind is, word julle ook bewus van die Vader Liefde en julle weet dat ‘n

vader sy kinders beskerm en met sorg omring en hulle nie in nood sal laat

kom nie. Ek wil julle die vrede van die siel bring, dat julle seker daarvan is

dat julle die ware weg gaan, wat weglei van My teenstander, van wie julle

wil ontsnap na My toe, julle God en Skepper, na Wie julle as kinders vlug,

dat My Vaderarms julle omhels en julle lei op die weg na bo.

Maar solank julle My nog nie gevind het nie, dwaal julle rusteloos verder,

julle ken nie ware vrede nie, want julle word innerlik nog te veel in die

noute gedryf deur My teenstander, wat julle nie laat rus nie, wat slegs

daarop bedag is om onrus, ongeduld en opwinding in julle teweeg te bring,

wat julle ophits en opjaag, wat julle in die aardse gewoel verplaas, sodat

julle geen innerlike vrede kan vind nie, omdat elke kontak dan ook met My

verhinder word en julle sonder My nie tot ‘n ware innerlike vrede sal kan

kom nie. Maar Ek kom omlaag na die aarde om vrede te bring aan hulle

wat van goeie wil is, want Ek versamel hulle om My heen en maak My aan

hulle bekend as Redder uit die diepste sielenood.

Slegs weiniges glo in My en My Missie, maar hierdie vind ook die vrede deur

My, hulle vind die weg na My, hul God en Skepper en gaan hierdie weg

bewus deurdat hulle My belei in Jesus en ook die genade van My

verlossingswerk aanneem, sodat hulle as verlostes weer in hul ewige

Vaderland kan ingaan na hul liggaamlike dood. Ek bring hul in waarheid die

vrede vir hul siele, wat ‘n eindelose lang stryd sedert hul afval deurstaan

het en dit eindig met ‘n sege oor die teenstander, omdat hulle hul bewus na

My wend en hulle deur My laat verlos deur My bloed, wat Ek aan die kruis

vir alle mense gestort het.

327

Ek het dus My teenstander oorwin en almal wat hulle nou by My aansluit,

hoef ook My teenstander nie meer te vrees nie, hy sal in innerlike vrede

deur die aardse lewe gaan en na sy dood ook kan binnegaan in die ryk

hierna, omdat Ek hierdie vrede tyd vir hom gekoop het met My kruisdood.

Maar hy moet van goeie wil wees, omdat hy anders nog steeds aan My

teenstander gebonde bly, omdat hy My werk van verlossing en dus ook

Myself nie erken en hy solank in die kettings van My teenstander ‘n

rustelose lewe sal lei, hetsy op aarde of ook in die hiernamaals, tot hy hom

vrymaak van hom, tot hy die weg neem na My en vir hom van My

verlossing, dus ook innerlike vrede, afsmeek, wat hom gelukkig maak.

Steeds was die aardse wêreld ‘n gebied van stryd gewees, waar die mense

moet veg teen hom wat hulle gevange hou en hulle kan nie die ware vrede

bereik tot hulle hom oorwin en die weg gevind het na My, Wie hulle alleen

vrede kan gee. Maar julle, mense sal ook dan eers gelukkig wees wanneer

hierdie vrede julle harte vul, want dan het julle die weg huistoe gevind, ook

as julle nog op aarde leef en julle het die ware weg na My gegaan, julle het

julle innig met My verbind, die krag van My Liefde ontvang en met My ook

vrede vir julle siele gevind. Dan het julle deel van My geword en vir ewig

hom ontvlug wat julle eens na benede in die diepte gestort het. Dan het

julle die weg uit die diepte na bo met sukses afgelê en is die poort na die

ewige Vaderland vir julle nie meer gesluit nie. Ek Self ontvang julle en lei

julle in My ryk in, waar lig en geluksaligheid en vrede is tot in alle ewigheid.

Amen

God is die Heer oor lewe en dood

8709 27 Desember 1963

Julle weet dat My teenstander in die einde groot mag het en dat hy dit ook

op elke manier ten volle benut. En sy mag is so groot, omdat julle julleself

aan hom gee, omdat julle sy wil vervul en julle nie in die minste teen sy

versoekinge verweer of teenstand bied nie.

Julleself laat hom sulke aktiwiteite toe dat hy ongelooflike verwarring onder

die mense kan aanrig, want hy het julle heeltemal in sy mag, omdat julle

sonder liefde is. Die liefde sou hom ver van julle hou, omdat hyself totaal

sonder liefde is, kan hyself nie teen die liefde ingaan nie en sal die liefde

hom onvoorwaardelik stuit. Maar julle pas dit nie toe nie, maar het

dieselfde aard as hy, julle is sonder liefde en daarom ook sonder krag om

hom te weerstaan. En daarom is dit vir hom moontlik om heeltemal in julle

denke in te gryp, julle op dwaalweë te lei en julle te beïnvloed dat julle

altyd alleen maar doen wat sy wil is.

Sy wil is egter om julle te verhinder om die weg na My te vind, dit is sy wil

om julle in sy mag te hou, julle aan te hits tot handelinge van die slegste

soort, om julle gedurig te prikkel om te sondig en teen al My gebooie van

die liefde te handel. Verder is sy wil om oral die lig te verdoof waar dit

begin te straal en deur die donker te dring. En waar hy dit nie kan verdoof

328

nie, probeer hy dit te vertroebel, deur verblindende ligte naas dit te stel,

wat so skerp straal dat die ware lig nie herken kan word deur die mense

wie se geestelik oog verblind word nie.

Hy doen alles om nie sy aanhang te verloor nie en om diegene terug te wen

wat hulle al aan hom onttrek het en hulle na My gekeer het. En met hierdie

pogings sal hy volhou tot die einde toe en steeds gewilliger sal die mense

aan sy wense voldoen en in sonde lewe soos dit sy bedoeling is.

En so sal hy ook menselewens probeer vernietig om die ontwikkeling

daarvan heeltemal af te breek. Hy sal mense probeer aan hits om op

allerlei maniere verwoestend besig te wees omdat hy die mag oor alle

skeppings werke ontneem is, ook die geestelike wat nog by hom hoort.

Maar die skeppings werk kan hy nie vernietig nie en hy kan ook die lewe

van ‘n mens nie beëindig nie, maar wel mense met dieselfde wil daartoe

aan hits. En Ek belet hom nie omdat elke mens ‘n vrye wil het en nie hoef

te doen wat hy hom influister nie. Doen hy dit, dan sal hy hom ook te

verantwoord hê, vanweë sy vrye wil. Hoe staan Ek egter Self teenoor sulke

dade wat teen die lewe van ‘n mens gerig is? Weer laat Ek die vrye wil van

die mens geld, wat hy ook al van plan is.

Maar steeds beslis Ek nog oor lewe en dood. Want Ek kan heel goed ook ‘n

kwaade plan verydel, Ek kan elke mens daarvan behoed om aan aanvalle

van slegte mense ten offer te val en Ek weet of en wanneer Ek ‘n mens

hierdie beskerming moet gee. Ek weet ook wanneer die laaste uur van ‘n

mens geslaan het wat Ek vir sy aardse lewe vasgestel het. Want dan roep

Ek die siel van die mens weg vir sy beswil, om hom te beskerm teen ‘n

terugval in die diepte, as hulle al ‘n sekere volwassenheid bereik het, of ook

om ‘n siel verder te gebruik in die geesteryk, dat hulle aan die

verlossingswerk deelneem vanuit die ligryk. Soos Ek ook die lewe van

diegene beëindig wat geen vooruitgang op aarde meer laat sien nie, wie se

doel op aarde Ek dan beëindig.

Dit alles bepaal Ek, want Ek is die Heer oor lewe en dood. En al gaan My

teenstander ook so duiwels te werk, al sit hy ook die mense wat aan hom

gebonde is aan tot dade van haat en liefdeloosheid, hy besit nie die mag

om ‘n einde aan die lewe van ‘n mens te maak nie.

Hy kan alleen ‘n mens as tussenpersoon gebruik, maar hoe die uitwerking

van so slegte daad is, sal steeds aan My Wil oorgelaat wees. Maar vir die

wil van ‘n daad moet alle siele hul verantwoord en ook word My

teenstander die kluistering nie gespaar nie op grond van sy aktiwiteite in

die laaste tyd voor die einde.

Ek sal dus die mens wat hom aan die wil van My teenstander oorgegee het,

sy vrye wil laat, Ek sal hom nie verhinder om sy voornemen uit te voer nie

al is dit sleg, maar Ek Self bepaal die uitwerking of laat dit toe. En verloor

‘n mens sy lewe deur 'n duiwelse aanslag, dan het My Wil die einde vir hom

bestem, want Ek Self roep ‘n mens weg, omdat Ek insien wanneer die uur

daarvoor gekom het.

329

En al seëvier My teenstander nou ook, hy is ook slegs ‘n werktuig in My

heilsplan van ewigheid, hy het eers die vrye wil van die mens nodig om sy

skandelike planne uit te kan voer.

Maar met alles wat gebeur, is in My heilsplan van ewigheid rekening gehou

en ook My teenstander dra daartoe by deur sy wil om die heilsplan te

ondersteun en die mense tot ‘n besluit te bring, omdat elke mens sy vrye

wil moet bewys, of hy kies vir My of vir hom en daar aan beantwoordend,

ook al die wêreldgebeure afspeel, waarby hy wel nou betrokke is, maar

uiteindelik beslis My Wil tot hoe ver Ek sy aktiwiteite duld, steeds met die

vooruitsiende blik op die afloop wat My alleen bekend is. Amen

Joh. 14:15-26

8710 29 Desember 1963

“Wie My gebooie het en dit bewaar, dit is hy wat My liefhet; en Ek sal Hom

liefhê en My aan hom openbaar,” Hierdie belofte van My wys duidelik na die

feit dat Ek My aan hulle openbaar wat volgens My wense lewe omdat hulle

My liefhet. Met hierdie belofte wys Ek na die werk van My Gees in julle

tydens My lewe op aarde. Dit is hierdie Gees wat Hom in julle wil openbaar

en julle duidelikheid gee oor My, My aard en My werk. Ek wil Myself aan

julle openbaar, om aan julle die waarheid te bring oor alles wat uit My

voortkom. Nogtans, slegs baie weiniges heg enige waarde aan sulke

Goddelike openbaringe. Gewoonlik word alles wat ’n innerlike kontak met

My bewys verwerp. Ek eis niks anders van julle as die vervulling van My

gebooie van liefde nie, want sodra julle ‘n lewe in ware liefde lei, verenig

julle met My, Wie ware liefde is en hy wat in die liefde bly, bly in My en Ek

in hom. Dit sal maklik wees vir julle om te begryp, dat as Ek met of in julle

bly Ek My ook aan julle sal openbaar en elke manifestasie van My kant is ‘n

openbaring. En dit moet die waarheid vir julle waarborg, want niks behalwe

waarheid kan uit My kom nie. Daarom kan julle met sekerheid alles

aanvaar wat na julle in die vorm van sulke openbaringe kom, wat uit My

kom kan slegs die waarheid wees. Julle mense sal baie meer moet nadink

wat die geestelike betekenis is van die woorde wat deur My gespreek was

toe Ek op aarde was. En as julle dit nie heeltemal begryp nie of slegs ‘n

aardse betekenis kan herken, dan kan julle tot My in gees en in waarheid

bid en My om lig vra wat julle ook sal ontvang, want dit is My wil dat julle

denke reg moet wees.

Maar veral julle, wat glo dat julle geregtig en geroepe is om My Woord te

preek, wat nie begrip vir My Woord verkondig nie. Julle oordink nie die

betekenis nie en ignoreer eenvoudig dit wat julle nie met julle intellek kan

verklaar nie. Nogtans, My Woord is gespreek en bly geldig. Ek het beloof

om Myself aan julle te openbaar en julle kan My nie tot leuenaar maak nie.

Julle moet glo in goddelike openbaringe en sorgvuldig ondersoek oor die

vraag of iets as goddelike openbaring aanvaar kan word. En gesien die feit

dat Ek die belofte gemaak het, julle nie elke openbaring op aarde ontvang

330

as die werk van ‘n ongunstige mag moet verwerp nie. Toets die geeste of

hulle van God is. Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom

het is van God. Daarom moet goddelike openbaringe ook getuig van die

verlossingswerk van Jesus en My inkarnasie in Hom! Julle kan ook sonder

twyfel glo, veral as die onderwerp van ’n openbaring wat ‘n persoon beweer

om van My te ontvang het, die reddingswerk van Jesus is. Julle moet nie

alles onmiddelik aanvaar nie, dit is julle plig om alle openbaringe sorgvuldig

te ondersoek, of daar sal nie gesê wees: toets die geeste of hulle van God

is. Elkeen moet ‘n opinie vorm oor dit wat hy ontvang en moet dit

ondersoek deur tot My te bid. So kan hy ‘n lewende geloof kry, wat nie

moontlik is as hy alles sonder beswaar aanvaar wat aan hom as geestelike

leer voorgestel word nie. Want My teenstander is altyd besig en wil ook die

waarheid besoedel!

En dit is elke mens se plig om ‘n opinie te vorm om waarheid te kan

onderskei van valsheid en dan so veel as moontlik te hou aan goddelike

openbaringe. Want sodra hy na die waarheid verlang, sal Ek dit op een of

ander manier aan hom stuur en hy sal hom nie teen dit verset nie. hy sal

dit as lig en krag aanvoel, want niks wat van My uitgaan bly oneffektief nie.

As ‘n persoon ernstig strewe om die waarheid van My te ontvang, sal Ek

absoluut sy denke lei en die regte idees in sy hart plaas omdat hy My om

die waarheid gevra het, dan kan hy ook van goddelike openbaringe praat.

Hy kan dan op My beloftes vertrou: “Ek sal My aan hom openbaar”. Hy sal

die waarheid in sy hart opneem en ook sal sy intellek dit herken. Gevolglik

sal sy denke in die regte rigting gelei word en hy sal alle verkeerde

konsepte verwerp. Nogtans, moet hy die noodsaaklike vereiste vervul: Hy

moet aan My gebooie van die liefde voldoen waaraan Ek My goddelike

openbaringe afhanklik gemaak het. Want Ek Self is Liefde en as Ek Myself

moet openbaar, dan moet die mens met My deur liefde verenig, sodat Ek in

hom aanwesig kan wees en hy homself in die ryk van ewige waarheid kan

bevind en natuurlik kan hy nie meer valsheid in hom hê nie. As ‘n persoon

‘n lewe van liefde lei en ernstig na die waarheid verlang is hy ook verseker

om in die waarheid te wandel.

Maar selfs as ’n mens se hart met liefde gevul is, het hy gewoonlik nie die

verlange na waarheid nie. Die rede vir dit is dat hy glo hy besit reeds die

waarheid daarom kan hy nie lig ontvang nie, omdat hy dink hy het dit

reeds en nie daarna vra nie! Daarom is dit goed as die mens begin om te

twyfel want dan stel hy vrae wat Ek Hom in sy gedagte beantwoord, want

Ek openbaar My aan hom wie My liefhet en My gebooie onderhou. Dikwels

sit Ek self sulke twyfel in ’n mens se hart, want Ek wil slegs één ding hê:

dat die mense in die waarheid moet lewe. En Ek sal elkeen wat opreg is

help om dit te bereik. Amen

331

Hoe om volmaaktheid te bereik

8711 30 Desember 1963

Slegs liefde sal julle altyd en ewig tot volmaaktheid lei. En hierdie liefde

moet opvlam diep in julle harte, dit moet julle hele wese vul en elke

bedoeling en daad motiveer, dan sal julle steeds nader aan volmaaktheid

kom, dan kan julle sê dat julle wedergebore is, want julle sal julleself weer

na julle oeraard verander het. Maar slegs weinig mense bereik hierdie hoë

graad van liefde terwyl hulle nog op aarde is, maar Ek neem reeds hulle wil

as bewys van liefde. Die wil om My te bereik, bewys hulle begeerte vir My

teenwoordigheid en dit bewys alreeds hulle liefde vir My.

Julle mense kan nie hierdie vurige liefde vir My en alle geskape wesens op

aarde kry nie, wat julle reeds op aarde vergoddelik, julle lewe in ‘n wêreld

sonder liefde en dit het ook ‘n effek op hulle wat self bereid is om lief te hê,

maar wat, as gevolg van herhalende onvriendelikheid, innerlik verhinder

word tot dade van liefde, wat egter wederkerige liefde sal wek. En tog moet

julle hierdie werk aan julle siele uitvoer, julle moet selfs liefhê wanneer julle

gehaat word en julle sal bo julleself uitstyg en geskik wees om steeds meer

liefde te gee. En julle mag dit maar glo, want dit is moontlik vir julle om te

doen as julle slegs ‘n beroep op My doen vir krag wanneer julleself te swak

is.

Daar is geen spesiale verdienste om iets lief te hê wat goed en mooi is nie.

Maar om liefde aan ‘n persoon te gee wat julle sleg behandel of baie

tekortkominge en foute het is baie moeiliker, maar ook baie meer

prysenswaardig en dan sal julle graad van liefde inderdaad toeneem en

julle sal steeds nader aan My, die Ewige Liefde kom. Om dit te kan doen

moet julle julleself vir My straal van lig oopmaak en My vra om julle hartee

sag te maak, sodat Ek Self in julle kan werk as julle die weg van mense

kruis wat nie goeie bedoelings het nie of wat nie vir julle vriendelik lyk nie.

Oorweeg die feit dat alle mense My lewende wesens is, dat Ek alle mense

as My kinders wil terugwen, die julle almal dieselfde Vader het, maar dat

nie alle mense dieselfde graad van volwassenheid bereik het wat hulle

moes en op aarde kan bereik nie. Maar die liefdesband moet julle almal

verbind, want slegs deur liefde kan julle hierdie minder volwasse mense

ook help om ‘n hoër graad van volmaaktheid te bereik, want geen straal

van liefde wat deur julle uitgestuur word sal sonder effek wees nie, dit sal

altyd ‘n gunstige effek hê op die siel wat nog deur digte lae omring word.

Julle kan liefde aan sulke persone gee as julle slegs die arm kwaliteit van

hul siele oorweeg, wat nog vir ‘n lang tyd moet worstel en veg tot hulle

geestelik tenvolle volwasse is. En as julle, sodra julle deur so’n persoon

gekonfronteer word julleself onmiddelik herinner aan My en My uitstraling

van liefde, wat elke oomblik beskikbaar is en slegs deur julle hartee gegryp

wil word, is slegs ‘n klein roep aan My in Jesus genoeg vir My om julle te

verlig en te help om aan julle medemens liefde te gee, wat Ek nie sonder

332

ede stuur om julle weg te kruis nie, want hy moet ook self soos julle deur

sulke ontmoetings waarvan julle innerlik nie hou nie, volwasse word.

Julle moet nooit julle eie belange eerste sit nie, julle moet nooit vra of sulke

ontmoetings voordelig vir julleself is nie, maar altyd aandag neem van die

situasie van die ander persoon en probeer om hom te help, want sal Ek iets

met julle laat gebeur wat vir julle siele skadelike is? Die liefde moet steeds

helderder in julle skyn en My straal van liefde sal altyd na julle stroom.

Maar as julle enige ontmoetings met mense oorweeg en evalueer en aardse

reëlings tref om dit te vermy, dan is julle dade op daardie oomblik nie in

kontak met My nie en kan julle nie enige hulp van My verwag nie.

Alles wat julle in die aardse lewe ondervind gebeur slegs met julle terwille

van die volwasse wording van julle siele en julle moet dit nie vermy nie

maar die uitdaging aan neem deur My krag te gebruik en julle sal ryke seën

vir julleself as ook vir julle medemens kan kry. Julle kan waarlik ‘n hoë

graad van liefde in julle ontwikkel as julle My geestelik aanroep en om krag

vra, dus om My lig van liefde versoek en julleself oopmaak om dit te

ontvang. En daarom vereis dit ook dat julle My nie uit julle gedagtes uitsluit

nie. En dit is die sleutel, dit is die enigste verduideliking wat julle nodig

het om ‘n staat van volmaaktheid te bereik terwyl julle nog op aarde is.

Want sodra julle gedagtes My voortdurend omhels sal die stroom van My

krag van liefde julle ook voortdurend beïnvloed en dan kan Ek ook altyd by

julle teenwoordig wees. My teenwoordigheid gee julle egter die bewys van

julle vereniging met My, wat slegs deur liefde bereik kan word. Daarom kan

die liefde julle reeds op aarde totaal vergoddelik, maar omdat julle selde in

staat is om dit na ‘n hoë graad te kan ophef moet julle ook ly en deur die

lyding die lae om die siel oplos. Maar dit maak nie saak wat met julle

gebeur nie, alles word goed oorweeg en sal slegs altyd in julle beste belang

wees terwyl julle bereid is om na My terug te keer en in ‘n finale vereniging

met My in te gaan, wat julle die ewige lewe in salige geluk sal waarborg.

Amen

Geestelike lae vlak - Liefdeloosheid - Eie liefde

8712 31 Desember 1963

Die grootste bewys van die geestelike lae vlak van die mensdom is

liefdeloosheid, wat ooral onder mense duidelik te sien is. Die eie liefde het

toegeneem en nouliks enigeen beoefen meer naaste liefde nie, daarom

moet daar ook ‘n goddelose staat op aarde wees, ‘n staat van aktiwiteit

deur bose magte, waar die teenstander van God altyd die hoër hand het en

die mense sy gewillige onderdane is. Die geestelike duisternis word meer

en meer slegter, die strale van lig is slegs selde herkenbaar en selfs dikwels

vervals deur bedrieglike lig sonder uitstralings krag. Te oordeel aan die

graad van liefde van die mense het die tyd van die einde duidelik

aangekom.

333

‘n duidelike verval kan gesien word, die mense is stewig verbind aan

materie, hulle heg slegs waarde aan hul liggaam en sy gerief, aardse

sukses en ‘n vermeerdering van aardse goedere. Hulle glo nie die feit dat

hul siele bomatig ontbering ly omdat hulle nie in ‘n lewe van die siel na die

dood glo nie, inderdaad, ontken hulle dikwels selfs om ‘n siel te hê. Hulle

kan nie gedwing word om anders te dink nie, hul vrye wil moet

gerespekteer word, maar hulle berei dienooreenkomstig ook hul eie lot na

hul dood voor.

En elkeen wat waarneem wat in die wêreld gebeur, in sy direkte omgewing,

weet ook dat hierdie staat nie vir altyd kan voortgaan nie omdat dit van

dag tot dag slegter word, omdat die hebsug van mense vir materie bly

groei, omdat geen geestelike begeerte meer opgemerk kan word nie en

omdat elke situasie uiteindelik eindig as dit nie met die Goddelike orde

ooreenstem nie.

Die mense dien mekaar nie meer nie, elkeen wil eerder heers en

terselfdertyd bedien word, elkeen wil van die ander hê wat hy geniet maar

niemand is bereid om dieselfde in ruil daarvoor te doen nie. Daar is geen

liefde nie, die harte van mense is verhard en daar is slegs ‘n paar mense

wat bereid is om te help in tye van nood. En dit is die klein kudde, want

sodra die wil om lief te hê tot stand gebring word sal die verbintenis met

die Ewige Liefde aktief word. En dit sal ‘n persoon nie weer verlaat wat

vrywillig werke van liefde doen nie.

Julle mense ken nie die seën van liefdewerke nie, julle weet nie hoeveel

makliker julle, julle aardse weg kan gaan as julle slegs liefde beoefen en

daardeur voortdurend meer vir julle siele ontvang, maar ook ontvang wat

julle vir julle aardse lewe nodig het. Maar die hartelose mensdom het nie

hierdie kennis nie, elkeen sorg slegs vir homself en elkeen probeer om uit

die lewe te kry wat hy kan en vergeet dat sy uur van dood aan hom

onbekend is, dat hy enige oomblik kan heengaan en niks wat hy besit kan

saam neem na die hiernamaals nie, maar dat hy naak en miserabel aan die

ander kant sal aankom. Want hy het niks wat hy vir sy siel kan wys wat hy

gedurende sy aardse lewe verhonger het en al is wat hy nou het en wat die

geesteryk in wanhopige armoede ingaan. En hierdie hartelose staat van

mense kan nie die geringste geestelike ontwikkeling veroorsaak nie.

Nietemin, omdat die siel slegs op aarde as mens leef vir sy volwasse

wording, maar die doel nie vervul word nie, moet ‘n kragtige inmenging

deur God plaasvind, ‘n harde berisping en ‘n herinnering, sodat ‘n paar

mense die doel van hul aardse lewe weer in oorweging sal neem en hulself

sal verander voor die laaste fase van die aarde begin wat nie lank sal duur

tot die einde nie.

Die mense neem geen aandag van die sagte stem van God, deur slae van

die noodlot, rampe en allerlei ongelukke, deur die Woord van God van bo

en dus moet hulle met ‘n harder stem aangespreek word en geseënd is die

wat die stem van God wil hoor en ter harte neem, selfs dan sal daar baie

334

mense wees wat Hom nie wil herken wanneer Hy met hulle deur die

elemente van aarde met enorme krag spreek nie. Hulle sal ook nie gedwing

word nie maar is bekwaam om vrywillig ‘n besluit te neem, Nietemin hulle

sal die ergste gespaar bly, die herhaalde verbanning in harde materie

gespaar word, as hulle nog die weg na God vind en neem, as hulle Hom

nog erken en vra om genade.

Maar dan sal die einde gekom het, want die aarde sal nie meer sy doel

vervul nie, dit sal nie meer gebruik word deur die siele as ‘n plek om

volwasse te word nie, dit sal slegs vir die liggaam gebruik word en elkeen

sal homself verhoog as ‘n heerser op aarde en self die grootste vernietiging

veroorsaak in die geloof dat hy alle wette van die natuur kan beheer en so

ongestraf te eksperimenteer, wat dan sal lei tot die finale vernietiging van

die aarde.

Maar dit is wat die mense self wil hê en so sal dit gebeur soos dit in Woord

en Skriftuur aangekondig is: ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde sal ontstaan

en Goddelike orde sal weer gevestig word, sodat die terugkeer van die siele

na God kan verdergaan, soos dit in Sy ewige plan van Verlossing bedoel is.

Amen

Gereelde vraag: Waarom laat die God van liefde ‘n

mens so ly?

8715 4 Januarie 1964

Julle mense kan julle nie die gevolg van julle oersonde voorstel as julle nie

verlos was nie. Ek bly julle vertel dat julle slegs beperkte konsepte kan

begryp, terwyl die gevolg van die oersonde onbegrensd was omdat My

wette nooit herroep kan word nie. En ‘n sonde begaan teen My wat so

enorm en so ernstig was soos die afval van My teen julle beter wete, moes

ooreenkomstig Goddelike regverdigheid, dieselfde verskriklike gevolge

veroorsaak het, wat vir hierdie wesens ewige ellende moes bring, ‘n staat

van ewige kwellinge en duisternis.

Dus moes die ontelbare wesens hierdie staat verwag het omdat My

geregtigheid geen onverloste skuld eenvoudig kan afskryf nie. Maar hierdie

wesens kon nie self versoenning doen nie, want dit was nie net ‘n saak van

die wesens wat ‘n bepaalde hoeveelheid straf moes verdra en daardeur van

die sondeskuld verlos was nie. Die punt was dat die wesens gesondig het

teen Liefde Self en dat versoening van skuld daarom slegs weer ‘n daad

van liefde kon wees.

Die punt was dat die wesens hulle liefde innerlik in hulself moes ontsteek,

dan die enormiteit van hulle skuld herken en met innige liefde My moes

aanroep om vergiffenis. Maar die gevalle wesens kon dit nie meer doen nie

omdat hulle totaal sonder liefde was. En net so onbekwaam om hierdie

onmeetlike skuld af te los en later deurdat hulle tenvolle verhard het ook

hulle selfbewussyn verloor het en dus kon geen bewuste kontak meer met

335

My bestaan nie. Iets wat geskape was om te lewe het gesterf en was

onbekwaam om deur hul eie inspanning terug te keer na My.

As gevolg van My liefde, wysheid en krag kon Ek hierdie dooie wesens

inderdaad weer in brose lewe wek. Maar die ontsaglike oersonde bly en hou

die wesens oneindig ver van My af en tot hierdie skuld verlos is was ‘n volle

terugkeer na My onmoontlik. En dan weer, geen gevalle wese was geskik

daarvoor nie omdat hulle tenvolle sonder liefde was. Ek voorsien dit alles

sedert ewigheid en kon die val van die wesens nie vermy het sonder om hul

vryheid van wil weg te neem nie. Maar Ek voorsien sedert ewigheid ook ‘n

weg van terugkeer na My vir hierdie gevalle wesens en Ek ontwerp ‘n plan

van terugkeer en voer dit uit.

En alle wesens wat by My gebly het neem deel aan die implimentering van

die ewige plan van Verlossing en vind opperste geluk om dit te doen. Hulle

word voortdurend deurdring deur My liefde en is in volle besit van lig en

krag. En hul liefde spoor hulle voortdurend aan om die gevalle geestelike

substansie by te staan wat die weg deur die skeppingswerke neem wat te

voorskyn gekom het met die doel vir hulle terugkeer. Hul liefde spoor hulle

aan om die vorm vir die gevalle geestelike substansie aktief tot stand te

bring en te ontwerp wat die weg deur die skeppings neem. En so bereik hy

die graad van volwassenheid wanneer hy sy eie vrye besluit weer kan

neem. En tog is sy ontsaglike oersonde nie en sal in ewigheid nie verlos

wees nie, omdat die wese eens vrywillig die liefde verlaat het, nog sonder

liefde is. En om hierdie rede bied ‘n wese van lig vrywillig aan om hierdie

sonde te verlos omdat Hy vol liefde was en liefde sal alles doen om te help

waar dit ellende en lyding sien.

As julle mense die omvang van die oersonde kon bepaal sou julle ook

begryp waarom die omvang van lyding, wat die krag van die mens ver

oortref, vir die verlossing van hierdie sonde verdra moes word, wat ‘n

menslike wese nooit sou kon dra nie, as liefde Hom nie die krag gegee het

nie, want liefde is krag en slegs liefde kon die pyn en lyding verdra wat die

mens Jesus vrywillig op Hom geneem het.

Hy het dit alles geweet en so weet Hy ook dat daar geen hoop vir die

gevalle geeste was om ooit na God terug te keer en gelukkig te word as die

sonde nie verlos word nie. Hy bied Homself aan as ‘n wese van lig om die

Verlossingswerk te doen, want as ‘n ligwese het Hy besef wat op Hom wag,

maar die liefde was groter as die lot wat Hy as mens tegemoet gaan. Want

die ligwese weet dat Hy in voortdurend kontak met My sou wees en Hy wis

ook dat Ek Hom voortdurend van krag sal voorsien, omdat My oeraard

liefde is en daarom was Ek teenwoordig in die mens Jesus met My oeraard.

Die mens Jesus het verseker ‘n ondenkbare mate van lyding en pyn

aanvaar, maar gesien die omvang van die oersonde van ontelbare wesens

was so’n bomatige mate van lyding noodsaaklik om My regverdigheid

tevrede te stel wat nie vermy kon word nie. Of Ek sou genadiglik die skuld

terwille van die groter as groot liefde uitgewis het.

336

Die ellendige staat van die gevalle wesens sou ewige duur sonder die

versoenings offer. Die lyding van Jesus het egter vir ‘n beperkte tyd geduur

en Jesus het graag die offer vir My aan gebied, omdat Hy daardeur die hele

wêreld van die oersonde verlos, alhoewel elkeen die oomblik van sy

Verlossing self deur sy wil bepaal. Jesus het aan die kruis namens alle

mense van die verlede, hede en toekoms gesterf en Sy onmeetlike lyding

voorsien alle gevalle wesens van vergiffenis van hul oersonde. Die weg van

terugkeer na My is begaanbaar gemaak vir elke enkele wese en as gevolg

van Sy groter as groot liefde word mense die geleentheid gebied om weer

liefde in hulself te ontsteek, sodat hulle hul aard kan verander en die

eenheid weer kan plaasvind, wat sonder die verlossing van die oersonde

onmoontlik sou gewees het. Amen

Die ware verteenwoordigers van God word deur

Homself aangestel

8716 5 Januarie 1964

Wie hom vrywillig aanbied om My te dien, die het al ‘n sekere graad van

liefde bereik, wat die voorwaarde is om bruikbaar te wees vir diens in My

wingerd. En so kan julle almal, wat ernstig is om vir My en My ryk

werksaam te wees, ook daarvan oortuig wees dat Ek julle diens aanneem.

Nou gee baie mense hulle egter uit as “dienare van God”, maar dit is hulle

tog nie, omdat die voorwaarde ontbreek wat hulle waarborg om saam met

My te werk. Maar vir julle is dit nie altyd maklik om onderskeid te maak

nie, dit is nie altyd maklik om My ware dienare te herken nie, want ook die

ander praat met mooi woorde.

Maar hulle het geen persoonlike opdrag van My nie. Hulle gee hulle wel as

My dienare uit, maar is tog nie deur Myself in My diens aangestel nie. En

alleen die ware dienaar wat Ek Self in sy amp aangestel het, sal insien wie

in My Naam spreek, wie in waarheid werksaam is vir My en My ryk. Hy

herken elkeen wat My dien daaraan, dat hulle ook ‘n lewende verbinding

met My tot stand gebring het. Dat hy My as ’n God van liefde, as Vader

sien, met Wie hy as kind regstreeks in verbinding kan tree.

Maar meestal soek die mense en ook hulle wat meen aangestel te wees om

mense te lei, My nog baie in die verte. Hulle staan dus self nog ver van My

af en die innige vertroulike verbinding met My bring hulle nie tot stand nie.

En daarom kan dit nie gebeur soos met ’n ware, deur Myself aangestelde

dienaar, Dat hy regstreeks deur My onderrig word, dat hy elke opdrag direk

van My ontvang, dat hy vanuit ‘n innige verbintenis na My onderrig verlang

en dan ook die suiwer waarheid van My ontvang.

Wat nou nog in die wêreld bestaan, alle geestesstrominge, kerklike

instansies en organisasies, dit alles kan alleen nog maar as ‘n dop beskou

word waarvan die harde kern ontbreek, nl. die suiwer waarheid. Tog is daar

orals in en buite hierdie organisasies mense wat hierdie innige verhouding

337

met My tot stand bring en daardeur in ‘n regstreeks kontak deur My kan

ingelig word. Maar hulle sal geen sukses hê by hul medemens nie, want die

sal of nog te veel aan hul geestesrigting gebind wees en te min

weerstandsvermoë hê om hulle openlik uit te spreek as hulle die waarheid

ingesien het, of hulle word vervolg en hul werk vir My en My ryk word

belemmer. Want die mag van hom wat My teenstander en vyand is, is

groot, maar dit is hom deur die mense self gegee omdat hulle almal blinde

meelopers is, wat sonder om na te dink gedagteloos alles aanneem wat hul

voorgesit word en dit dan nie meer wil laat los nie. Daarom is die aantal

van My ware verteenwoordigers op aarde nie baie groot nie, maar hulle

alleen wandel in die waarheid en kan dit daarom ook deurgee.

As die mense hulle maar eens sou afvra of hulle werklik in die waarheid

wandel en as hulle dan met verlange na die waarheid My innig sou bid om

verliging van hul gees! Maar hulle is meestal onverskillig en hulle neem ook

geen standpunt in teenoor die geestelike leering wat hul gebring word. En

hulle weet nie wat die uitwerking van die onverskilligheid op hul siele is nie,

wat die gevolge moet dra as hulle die ryk hierna ingaan.

Daar is maar min wat vir My en My Naam werk, maar deur hulle bring Ek

die suiwer waarheid na die aarde en maak dit toeganklik vir elke mens wat

ernstig na die waarheid soek. Maar Ek dwing niemand om dit aan te neem

nie, soos Ek ook geen mens onvermydelik daartoe bring om die suiwer

waarheid regstreeks van My aan te neem nie. Die vrye wil beslis alles en

die tas Ek nooit aan nie. Hierdie vrye wil gee julle ook die verklaring waar

julle om vra, nl. waarom Ek so'n misvorming van die waarheid toegelaat

het.

Elke mens kan die liefde in hom laat ontvlam en dit steeds helderder laat

skyn. En hierdie liefde sal dan ook die lig van insig uitstraal. En het hy nou

die wil om in die waarheid te wandel, dan sal hy ook die knoeiwerk van My

teenstander, wat altyd probeer om die waarheid te ondermyn, herken. Hy

sal dan tot Myself kom en van My opheldering verlang, wat Ek hom dan ook

seker laat toekom.

En so sal die mense wat bereid is tot liefde en in die liefde werksaam is, die

misvormde leer teen die bors stuit en die waarheid met verlange aanneem.

En ‘n liefdevole mens sal altyd Myself voor alle kerklike organisasies plaas,

ongeag welke geestelike rigting hulle verteenwoordig. Hy sal altyd eers die

weg tot My neem en so dus aansluit by die kerk wat Ek Self op aarde gestig

het, op’n lewend geloof, wat afhang van ‘n lewe in liefde.

Tot hierdie kerk moet julle almal behoort, want hierdie kerk is die eenigste

saligmakende kerk. Hierdie kerk is ‘n geestelike gemeenskap van alle

gelowe en sy lede kan uit alle geestelike rigtings kom. Hulle moet alleen die

gebooie na kom wat Ek Self op die aarde gegee het, nl. die gebooie om God

lief te het en die naaste. En dan sal hulle ook tot ‘n lewend geloof kom en

dit sal die werk van My Gees in hulle moontlik maak, wat die kenmerk is

van die kerk wat Ek op aarde gestig het.

338

Glo dit tog mense, dat Ek julle alleen beoordeel na die graad van julle

liefde, glo dit, dat die liefde julle ook verseker van wysheid, insig, en kennis

wat met die waarheid ooreenstem. En waar die werk van die gees nie te

vind is nie, daar bevind ook My ware verteenwoordigers hulle nie, daar is

geen dienare wat Ek Self aangestel en geïnstalleer het in hul leeramp nie.

Want hulle besit geen gees om te leer omdat hulle dit nie regstreeks van

My kan ontvang nie. Hulle bedien hulle alleen van dit wat My teenstander

met dwaling vermeng het, wat nou nie meer as suiwer waarheid te

bestempel is nie.

Want weet dat Ek Self julle die belofte gee om julle bekend te maak met

die waarheid, deur My Gees. En vra julle af waarom Ek die belofte gegee

het, daar Ek Self julle tog die waarheid gebring het toe Ek as die mens

Jesus op aarde geleef het: Uit hierdie woorde sal julle reeds kan maak dat

Ek wis dat die waarheid nie lank suiwer sou bly onder die mense en dat Ek

dit nie kon verhinder nie, as Ek die wil van die mense nie onvry wil maak

nie.

Maar Ek het julle ook beloof om die suiwer waarheid te stuur omdat Ek

weet, dat julle alleen deur die waarheid salig kan word en omdat Ek ook die

toestand ken van diegene wat met onware ideës in die geesteryk hierna

ingaan. Want om salig te kan wees moet julleself waarheid kan uitdeel aan

hulle wat hulle nog in die duisternis van gees bevind. Daarom moet julle

eers self die waarheid besit en julleself heeltemal vrymaak van verkeerde

opvatinge oor die geestelike.

Want eens sal julle begryp dat in hierdie stoflike wêreld die toestande nooit

so verward sou wees, as die lig van die waarheid die menseharte en

daarmee ook harte van die christene sou vervul. En uit hierdie toestand op

aarde kan julle die lae geestelike peil van die mense begryp, wat alleen in

die liefdeloosheid en as gevolg daarvan in die geestelike blindheid, sy

oorsaak het. Wie dus die lig wil bereik, vir die sal dit ook skyn. Wie egter in

die duisternis wil bly, sy wil sal ook geëer word, maar sy lot sal dan later

smartlike wees. Amen

Hernude verwysings na katastrofes en oorlog

8717 6 Januarie 1964

Die komende tyd sal julle buitengewoon belas; want met die wêreldgebeure

sal ‘n nuwe fase intree. Die onrus onder die volke sal toeneem, elkeen sal

in die ander ‘n vyand sien en daar sal niks ernstigs onderneem word om

vrede te stig nie, ofskoon alle mense daarna sal verlang.

Maar die materialisme sal die dryfkrag vir alle planne en voornemens wees,

want elkeen probeer om die grootste voordeel te behaal. Maar geen mens

sal regverdig in sy denke en gesindheid en deur goeie gevoelens gedrywe

wees nie en die slae van hulle lot sal die angs en onrus versterk.

339

Want op hierdie manier probeer God Homself nog aan die mense kenbaar

te maak, omdat alleen die geloof in Hom en Sy mag die ware teenwig is vir

alle nood en lyding wat julle tegemoet gaan.

Daarom sal die katastrofes ook toeneem, sodat ‘n hoër Mag erken kan

word, want wat van mense uitgaan, sal steeds die haat teenmekaar

versterk, maar nie tot ‘n geestelike besinning lei nie.

Die liefdeloosheid sal ‘n vorm aanneem wat spoedig nie oortref sal kan

word nie en die toestand van onderlingestryd tussen die mense sal

gevolglik steeds ‘n vaster voet kry. Daar sal alles behalwe vrede onder die

mense wees, ofskoon die groot brand nog nie ontsteek het nie, wat egter

nie sal uitbly nie. Die mense sal deur die lewe gaan en slegs weiniges sal

daaroor nadink dat die toestand nie vir lank so sal kan bestaan nie.

Maar meestal het hulle die verantwoordelikheid van ‘n verblinde gees. Daar

word wel baie gepraat, maar tog is dit slegs leë woorde, waarop geen dade

volg nie en die nood op aarde word nie afgewend waar dit duidelik sigbaar

is nie. En omdat die gebod van die naasteliefde onvervuld bly, kan die

geestelike toestand ook nie goed wees nie, ofskoon die mense in aardse

welstand lewe en skynbaar niks hoef te ontbeer nie.

Maar die siele ly gebrek, want die mense is nie ontvanklik vir geestelike

onderrig wat die siel tot ware voeding sou dien nie. Die mense moet met

geopende oë om hulself heen kyk en hulle eie lewe kritiseer, dan sou hulle

ook dit wat nog moet kom, begryp het en ook die gebeurtenisse met die

regte insig volg wat altyd aangekondig word; wat egter nou eers

betekenisvol word in die aangesig van die swaar noodtoestand van hulle

wat direk daardeur getref word.

Maar dit is die tyd van die einde en omdat die mense geen geloof meer het

nie, is die grootste beproewinge nodig om hulle nog wakker te skud.

Daardeur kan enkeles nog die geloof terugwen in ‘n God en Skepper aan

WIE hulle hul bestaan te danke het en tot nadenke aangespoor kan word

oor wat sy God en Skepper daartoe beweeg het en welke doel Hy voor oë

gehad het om hom te skep?

Vir julle gaan dit oor lewe of dood, oor groot saligheid of ellende en pyn,

oor die hoogste "lig" of oor die diepste duisternis. Wie dus wil lewe, wie

salig wil wees en vir ewig in die lig wil staan, moet ook die wil vervul van sy

God en Skepper.

Hy moet trag om Sy wil te aanvaar en ‘n lewe te lei in liefde tot God en sy

naaste. Maar glo hy nie in ‘n God nie, dan is sy hele lewe nutteloos, hy

oortree voortdurend die wet van die Goddelike ordening. En om die wette

van die Goddelike ordening omver te werp, het altyd chaos tot gevolg en

julle gaan ‘n chaos nou onherroeplik tegemoet.

Dit sal nie net ‘n geestelike uitwerking op julle hê nie, maar ook die wêreld

sal in al sy voeë kraak. Steeds sal berigte julle bereik van katastrofes,

ongelukke en ander onheil, want daar sal geen rus en vrede meer wees in

‘n wêreld wat ontbloot is van alle liefde en geloof nie.

340

Wie van die mense egter die weg tot God gevind het, wie sy bes sal doen

om Sy gebod te hou en homself aan Hom oor te gee volgens gees en

waarheid, wie tot hom sal bid en om Sy beskerming sal vra, dit sal hy ook

sekerlik ervaar. Want die mense behoort aan Sy klein kudde wat sal

volhard tot die einde toe. Hulle wat nie in die geloof sal wankel nie en wat

mekaar trou sal bly en God diep in hulle hart sal dra en daarom teen die

einde weggeneem sal word as hulle nie al vooraf opgeroep was na Sy ryk,

as dit volgens Sy wil is.

Julle word steeds weer opmerksaam gemaak wat voor julle lê en wat

steeds nader kom. En al is julle ook kleingelowig, julle sal dit nie kan

afwend nie en julle kan met volste sekerheid glo wat aan julle verkondig

word. Want die bedoeling is dat die mense moet ervaar dat alles in God se

verlossingsplan vanaf die ewigheid voorsien is, dat alles afhanklik is van Sy

wil. Waardeur Hy, vanuit Sy Liefde en Wysheid, handelend werksaam is om

die werk van terugkeer na Hom toe te verwesenlik en dat Hy die doel ook

eenmaal sal bereik. Amen

Ongeloof word aangespreek deur God

8722 11 Januarie 1964

Julle sal in die waarheid wandel, as julle, julle deur My laat onderrig. Julle,

mense weet egter meestal niks van sulke gebeure nie, wat tog so begryplik

is omdat Ek as Vader steeds sal spreek tot My kinders, as hulle maar

gewillig is om na My te luister. En julle sal dan ook nooit hoef te vrees dat

julle dwaling gestuur word nie, want Ek is Self die Waarheid. Julle moet

so'n groot genade geskenk van My ook dankbaar aanneem en gebruik

daarvan maak, omdat julle anders nie met ‘n kennis bedeel kan word wat

julle ‘n insig verleen in alle gebiede nie.

Daarom kan Ek altyd ook alleen die mense met My gawe seën wat My die

sekerheid gee dat hulle die geestelike leringe op die regte wyse benut, dat

hulle dit in hul hart opneem en dan ook sorg dra vir die verbreiding

daarvan, na hul beste wil en vermoë. Daarom verplig die in ontvangs neem

van My Woord van bo die ontvanger tot die deurgee van dit wat hom van

My gestuurd word en wat die medemens nodig het vir die volwasse wording

van sy siel. Die ontvanger van My Woord kan dan ook seker daarvan wees

dat hy op alle moontlike wyse My steun sal ondervind, wie waarlik weet hoe

dringend nodig dit is dat die mense kennis neem van My Woord, omdat

hulle sowel krag as ook lig nodig het en beide hul in die vorm van My

Woord aangebied word.

Dog ook moet die medemens bereid wees om My kosbare geestelike gawe

wat julle hom aanbied, aan te neem. En so is dit ook van hom afhanklik

van die vrye wil of ook vir hom seën daaruit voortvloei, of ook hy lig en

krag ontvang en opwaarts gaan in sy ontwikkeling.

Menig mense met ware honger sal die geestelike brood geniet en hul laaf

aan die lewend water en hierdie sal waarlik ook die krag aan die Woord

341

ontleen en hul siele sal volwasse word. Vir ander sal dit slegs lektuur wees

wat meer met die verstand as met die hart opgeneem word. Maar aan

hierdie kan dan nie dieselfde graad van lig en krag stroom nie, omdat hul

wil nie wens om die kennis hul eie te maak nie, wat dan egter net so goed

wêreldse kennis genoem kan word, selfs al het dit ‘n geestelike inhoud. Dog

die siel gebruik hierdie nie tot sy heil nie omdat alleen die menslike

verstand hom daarmee besig hou, dit kies weliswaar geestelike tema's,

omdat dit deur die siel innerlik daartoe aangespoor word, maar dit besorg

die siel nie dit wat hy aan geestelike spys nodig het nie.

Ek weet egter in welke nood die siele wat op aarde lewe hulle bevind, as

hulle nie duidelik bystand van My kant verleen word nie. En juis daarom

probeer Ek die siele aan te spreek op Vaderlike wyse, sodat hulle hul as

kinders voel en My dan ook vertroulik tegemoet kom. Dan kan Ek hulle ook

spysig met die brood van die hemel en Ek kan hulle na die Bron lei waar

hulle die lewende water kan put.

Die onwetendheid van die mense waarvoor Goddelike openbaringe moet

plaasvind, is reeds ‘n bewys hoe ver hulle nog van My, hul Vader verwyder

is en dat hulle nog nie die regte verhouding, soos van ‘n kind tot My, tot

stand gebring het nie. Want deur die regte verhouding met My lyk dit vir

hulle heel vanselfsprekend dat hulle met My, die Vader, kan praat. En My

kinders luister na wat Ek hulle vertel. Altyd is die wil maatgewend om dig

met My verbind te wees en deur My aangeneem te word as kind, wat deur

die Vader altyd gelukkig gemaak wil word.

Maar daartoe behoort die vaste geloof in My as sy God en Skepper, Wie as

Vader Sy kinders met Sy Liefde gelukkig wil maak. Dan sal die gedagte

aanneemlik voorkom dat die Vader gedagtes wissel met Sy kind, en dan sal

hulle begrip hê vir Goddelike openbaringe en dit ter harte neem as die

enigste waarheid.

Dit is die eenvoudigste weg om tot My terug te keer as mens in die aardse

lewe, want word hierdie weg ingeslaan, dat die mens hom met My verbind,

dan neem ook Ek, die Vader, geheel besit van hom en staan hom nooit

meer af aan die teenstander nie. Want dan het Ek reg op die eens deur My

geskape wese omdat hy hom weer by My wil aansluit en My weer as sy God

en Vader erken.

Omdat die einde egter naby is, glo byna geen mens daaraan dat God Self

Hom openbaar nie, hy sien My as ‘n heel verafstaande Wese, as hy

tenminste nog glo aan ‘n Mag, Wie hom die lewe gee. En tog probeer Ek die

vertroue te wen van die eens deur My geskape wese, dat hy hom “as kind

aan My oorgee” en so die verbinding tot stand bring wat nodig is om My

liefdevolle woorde te hoor. Dan hang dit alleen van die mens self af hoe hy

My Goddelike openbaringe opneem en benut. Maar omdat hy dit ontvang,

verseker dit hom ook lig en krag, wat nooit sonder uitwerking sal wees nie.

Dat Ek tot hom kan spreek bestem hom ook as ‘n dienaar in My wingerd,

en dan sal hy ook elke opdrag wat Ek hom nou opdra nougeset uitvoer. Hy

342

sal dan nie meer geskei van My op aarde lewe nie maar met My as My kneg

werksaam wees en steeds as My kind aangespreek word, wat deur die

Vader innig bemin word en wat ook Sy Liefde beantwoord. Dan kan niks

meer die kind van sy Vader skei nie, want dan het die mens die doel bereik

waarvoor hy op aarde leef hy is en bly dan met My, die Vader, verbind tot

in alle ewigheid. Amen

Die taak van die ontvangers van die Woord: Reinig

die (bedorwe) onderrig van Christus

8726 15 Januarie 1964

Julle mense kan na My kom met elke probleem, Ek sal julle op ‘n wêreldse

en geestelike vlak help sodat julle nie eensaam en verlate sal voel nie,

maar altyd die sorg van My liefde voel wat elkeen omhels wat poog om My

wil te vervul. En julle sal My reaksie in julle harte voel, julle sal My raad as

gedagtes ervaar waarmee julle innerlik saamstem, waarvan julle sal hou en

kan uitvoer omdat dit My innerlike instruksies aan julle is. En Ek sal ook ‘n

gevoel van weerstand in julle harte sit as iets nie aan My wil voldoen nie,

altyd op voorwaarde dat julle innerlik met My verbind is en My om leiding

en hulp vra. Want Ek wil gevra word vir My seën en hulp in al julle

ondernemings, dan sal dit ook aan julle gegee word.

‘n Ongewone taak was julle gegee in julle aardse lewe: om die suiwer

waarheid van My te ontvang en dit waarheids getrou deur te gee en

daardeur misverstande bloot te stel wat ingesluip het deur My teenstander

se invloed en te doen wat ook al nodig is om tot die reiniging van My reeds

tenvolle bedorwe onderrig by te dra. Hierdie taak vereis ‘n wil wat altyd

gereed en standvastig is, omdat ‘n dienaar wat vrywillig so’n taak aanvaar

het deur die grootste hindernisse en moeilikhede gekonfronteer sal word,

omdat dit ‘n byna onmoontlike onderneming is om aksie te neem teen die

ontsaglike valsheid waaraan die grootste deel van die bevolking reeds

onderwerp is en wat hulle ook beskerm en ondersteun as God’s waarheid.

Glo My dat julle lig helder moet skyn as hy deur sulke duisternis moet

breek soos wat tans die aarde oorspoel. Daarom moet die helderste lig van

aansienlike uitstralende krag uit My kom, ‘n lig wat elke valsheid sal

blootstel en wat so helder skyn dat dit nie uitgedoof kan word nie. Maar die

draer van My lig moet homself teen alle bedrieglike lig van kunstmatige

uiterlike uitstralings beskerm, hy moet nie toelaat dat enige valsheid naby

hom kom wat die uitstraling van My ewige lig van waarheid kan verminder

nie. Hy moet die geestelike kennis wat as ware lig van bo na die aarde

uitgestraal was versigtig beskerm teen elke toevoeging wat deur ‘n ander

bron uitgestraal word.

Omdat julle moet weet dat daar telkens inderdaad houers van goeiewil

gewees het wat gepoog het om die waarheid te ontdek en dit gevolglik as

waarheid aan hul medemens verkondig het, maar deur dit te doen gebruik

343

hulle ook hul intellek en laat nie die suiwer werking van die Gees toe nie en

so word nuwe rigtings van gedagte voortdurend gevorm, wat in der

waarheid almal aanspraak kan maak op ‘n ons van waarheid en tog nie as

suiwer waarheid aangeneem kan word nie. Om hierdie rede openbaar Ek

My voortdurend, omdat Ek die duisternis ken wat die aarde oordek. Slegs

deur My direkte openbaringe, slegs deur die werk van My Gees, kan die

suiwer waarheid aan julle gestuur word. Nietemin, moet julle dit ook

ondersteun en beskerm teen infiltrasie deur ander geestelike kennis. Maar

elkeen wat My Woord van Myself ontvang moet dit ook opreg ondersteun

wetende dat hy die suiwerste geestelike kennis slegs van My kan ontvang.

Dan moet hy ook gretig namens My werk deur hierdie onveranderde

geestelike kennis aan sy medemens deur te gee en so ver as moontlik

sonder enige kommentaar, omdat sy intellektuele aktiwiteit weer ‘n

verandering kan veroorsaak wat nie ooreenkomstig My openbaring is nie,

tensy die persoon in My naam vir My en My koninkryk spreek, in welke

geval Ek die woorde in sy mond sit. Dan moet hy nie vrees dat hy sy eie

gedagtes sal byvoeg wat My openbaringe weerspreek nie.

En so word al My arbeiders ‘n taak gegee wat hulle aangewys word om te

vervul. Ek plaas elkeen in die plek waar hy vir My kan werk. Nietemin,

verskil die graad van volwassenheid van My dienare op aarde en daarom is

My openbaringe ook van verskillende aard maar met betrekking tot hul

inhoud van waarheid nie van mekaar af wyk nie. Net so, bepaal hul staat

van volwassenheid die aktiwiteit van die verskillende ontvangers. Hulle sal

altyd hul omgewing gunstig kan beïnvloed en selfs van hul eie geestelike

kennis gebruik maak om ander mense te help, dus sal hulle ook lig

uitstraal.

Maar op ‘n ander manier is dit julle taak: om die bestaande onderrig te

suiwer wat genoem geword die “leerstelling van Christus”, van alle leuns en

misleiding, van alle valsheid wat ingesluip het en ontsaglike geestelike

ontbering veroorsaak, waaraan die mensdom in die laaste dae ly. Omdat

daar geen ware lig meer vir mense skyn om die weg na My te vind nie,

hulle gaan op donker weë wat na die afgrond lei, wat ‘n helder stralend lig

vereis om in die duisternis te skyn. Dit is ‘n ontsaglike en gedugte taak wat

al My steun sal ontvang solank My wil vervul word, solank die

omstandighede wat Ek voortdurend verwag, wat die ware lig waarborg,

waargeneem word: dat My dienaar self die suiwer waarheid wil hê. En dit

sluit ook die voorwaarde in dat hy dit beskerm teen enige toevoeging wat

nie direk afkomstig was van My na hom nie.

Julle mense moet begryp dat, hoewel Ek julle oordeels vermoë kan

verskerp, julle nietemin nie op hoogte kan bly van die gedrag van My

teenstander nie, dat hy julle dikwels in die vermomming van ‘n engel van

lig benader en julle weer sy geestelike waarde aanbied, omdat hy altyd die

waarheid wil ondermyn en sy mag in die laaste dae besonder dwingend is.

En omdat julle nie tenvolle veilig teen sy aanvalle is terwyl julle op aarde as

344

mense leef nie, moet julle julleself verset teen alle verleiding om My suiwer

geestelike kennis met julle eie toevoeginge te meng, wees tevrede met wat

Ek Self julle kan aanbied en moenie by ‘n gemeente aansluit wat poog om

hulle saam te voeg met ander geestelike kennis nie, selfs as julle dit ag om

nie teen die waarheid te wees nie. En dink altyd daaraan dat Ek Self julle

alles sal gee wat julle nodig het en dat julle nie nodig het wat Ek julle nie

gee nie. Onthou dat dit vir My teenstander maklik is om verwarring te

veroorsaak deur slegs ‘n misleidende woord by die suiwer waarheid te

voeg. Omdat ‘n woeste stryd gevoer word tussen die koninkryk van lig en

die van duisternis. Nietemin, kom die suiwer waarheid slegs uit My en julle

moet julle uiterste doen om dit suiwer te hou en gee julle wil alleen aan My,

dan sal julle doen wat met My wil ooreenstem. Amen

Openlike getuienis in die geloofstryd

8727 16 Januarie 1964

Julle almal wat die tyd van die geloofstryd meemaak, sal deur wetgewing

blootgestel wees, wanneer dit daarom gaan om te beslis of julle vir of teen

My is. Want julle sal ‘n openlike getuienis moet aflê en dit beteken dat julle

My, of heeltemal sal moet verloën, of My met oortuiging belei. En mense

sal julle met harde middele wat julle sal vrees, dwing om My te verloën,

wanneer julle nie so ‘n sterk geloof in My besit nie, moet julle vol vertroue

slegs aan My vashou en Ek sal julle geloof nie beskaam nie.

Juis hierdie geloofstryd moet nog uitgeveg word voor die einde, omdat die

skeiding van die "bokke en die skape” dan eers plaasvind, omdat My skape

dan eers tevoorskyn tree, wat My teenstander nie aan die wankel sal bring

nie, omdat hulle die lewende geloof besit en nie slegs vormchristene is wat

in die laaste stryd te kort sal skiet nie.

Die dwangmaatreëls van die vyand sal sulke vorme aanneem, dat die

mense meen hulle moet toegee as hulle verder wil lewe. Maar wie ‘n

lewende geloof het, weet dat alles vir My moontlik is, dat Ek bonatuurlik,

vir die mense kan sorg, omdat niks vir My onmoontlik is nie en omdat Ek

ook daardeur geen geloofsdwang teenoor die gelowige gebruik nie.

Maar julle sal geen kompromie mag sluit nie, dat julle glo om My in julle

harte vas te hou en My na buite te verloën nie, want Ek het van julle die

getuienis voor die wêreld geëis om julle dan ook te erken in die ryk hierna.

Dit sal van My teenstander ‘n ongewone handelswyse wees om My uit te

skakel, soos hy dink en dit is dan ook die tyd waarin alle mag van hom

weer ontruk sal word, omdat hy dit slegs gebruik om teen My werksaam te

wees en hy dan sy bevoegdheid oorskry omdat hy My eenkant toe wil

skuif.

Julle sal baie krag nodig hê, slegs aan Myne sal hierdie krag toestroom,

hulle sal die krag aan hulle sterk geloof onttrek, hulle weet dat Ek Self by

hulle aanwesig is en hierdie sekerheid stel hulle ook in staat om openlik vir

My en My Naam op te kom. En of die aanvalle nog so heftig is of die

345

maatreëls nog so meedoënloos, alles sal julle kan verdra met My bystand,

want Ek verlaat julle nie, julle wat slegs die wil het om vol te hou tot aan

die einde. Ek weet hoeveel julle kan verdra en daarmee in ooreenstemming

sal julle ook deur My engele, wat julle beskerm in hierdie laaste stryd;

omgewe word. Slegs aan selfmisleiding sal julle julleself nie mag oorgee

nie, om te dink dat dit vir My voldoende sou wees wanneer julle My in julle

harte sal bely, want julle sal die bewys moet lewer van julle lewende geloof

in My, wat steeds slegs Myne sal kan genereer wie se geloof deur ‘n lewe in

liefde lewend geword het.

Maar wie slegs ‘n vormchristen is, wie sonder liefde voortleef, ofskoon hy

aan ‘n kerklike organisasie behoort, sal deur twyfel oorval word oor die

waarheid van sy denke en geloof tot nou toe en hy sal vinnig bereid wees,

terwille van aardse voordele, om sy geloof op te offer. En dit sal die

grootste versoeking wees wat die mense ooit sal moet deurstaan, dat aan

hulle alles weerhou word wat nodig is om te lewe, as hulle aan My getrou

bly; dat hulle andersyds alles toegestaan word en hulle aardse voordele

verwerf, wanneer hulle My verloën, wat vir die meeste ook nie moeilik sal

wees nie, omdat hulle geloof nog nie lewend was nie en alles nou vir hulle

twyfelagtig voorkom.

Want My teenstander verstaan die kuns om alle geestelike samehang

deurmekaar te maak en dat die ontbrekende liefde ook geen insig beteken.

En die mense gee, sonder om te dink, dit prys wat hulle tot nou toe besit

het, ‘n “dooie Christendom” en keer hulself meer as ooit na die wêreld wat

hulle totaal skadeloos stel vir wat hulle weggee. En dan is die skeiding ook

voltrek, want dan sal daar slegs twee kampe wees: die mense wat My

geheel en al toegedaan is, wat ook sigbaar My beskerming geniet en ‘n leër

van ongelowiges, mense wat behoort aan My teenstander, wat ook spoedig

die laaste oordeel sal meemaak wat ‘n einde sal maak aan die geloofstryd.

Want Ek Self sal kom om Myne op te neem en die omvorming van die

oppervlakte van die aarde te verwesenlik, wat die hernieude kluistering

beteken van die mense wat faal in die laaste stryd op hierdie aarde. Amen

Verduideliking van “seën”

8728 17 Januarie 1964

Alles lei tot die Verlossing van julle siele sodra julle julleself aan My en My

genade toevertrou. Dan sal julle ook duidelik My genade voel as Ek altyd

aan julle sy as julle gids sal wees en julle sal verlos word van julle eie

verantwoordelikheid. Terwyl julle nie volmaak is nie, terwyl julle nog op

aarde leef, sal julle swak wees en ondersteuning nodig hê om julle doel te

bereik, julle sal die Een wat elke oomblik aan julle sy is nodig hê, Wie julle

beskerm en op elke tree van julle let sodat julle nie val wanneer die weg

smal en gevaarlik is nie. Dus moet julle julleself altyd aan Hom toevertrou,

julle moet Hom vra om julle te help en te beskerm. Julle moet Hom vra om

al julle gedagtes, bedoelings en dade te seën, julle moet hom vra om julle

346

hulp te wees, aan Wie julle julleself kan toevertrou om julle aardse weg

veilig te begaan.

Julle moet hierdie versoek om My seën nooit vergeet nie, julle moet nie

julle dag begin sonder om julle eers aan My en My sorg toe te vertrou nie,

want dan kan julle verseker wees dat elke weg reg is en elke daad wat julle

doen goed is. Dan sal julle lewe ook die volwasse wording van julle siele

waarborg omdat julle julleself tenvolle aan My sal toevertrou, omdat julle

julleself aan My oorhandig het en nie meer julle lewe sonder My wil leef nie.

Daarom is My seën ‘n baie belangrike faktor wat nie verontagsaam kan

word nie, omdat ‘n lewenswyse wat deur My geseën word slegs tot die ware

doel kan lei, na die finale vereniging met My en Ek sal My seën nie van

enige een weerhou wat daarom vra nie, wat My bewustelik om My seën

vra. Omdat My seën die stroom van My krag van liefde beteken, beteken

dit die begeleiding van die Vader, Wie Sy kind na die ware doel wil lei. En

waarlik, julle kan om niks beter vra as My seën nie, dit maak nie saak wat

julle onderneem nie. Ek sal julle, julle versoek inwillig geestelik en aards,

Ek sal julle gedagtes in die regte rigting lei geestelik en aards en geestelik

en aards sal julle My duidelike hulp ervaar. Want dan sal julle aan My

bewys dat julle My en My liefde begeer en dat julle My ook liefhet of julle

sou nie My teenwoordigheid vra nie, wat julle altyd deur My seën

gewaarborg is.

Maar julle moet weet dat ‘n ware seën slegs deur My gegee kan word,

omdat ‘n seën ‘n straal van genade is wat die Liefde aan die voorwerp van

sy liefde wil gee en hierdie straal van genade kan slegs uit Myself

voortkom, dus slegs Ek Self kan ‘n seën gee. Julle mense kan inderdaad bid

en My vra om hierdie straal van genade aan ‘n ander persoon te stuur,

maar julle kan self nie ‘n “seën” gee nie, omdat julle nog nie krag kan

uitstraal as julleself weinig het nie. Julle kan slegs namens iemand bid wie

swak en magteloos is dat Ek hom krag moet stuur. Julle kan op My ‘n

beroep doen om hom ‘n seën te gee, d.w.s. om hom met My straal van

genade aan te raak. En so sal ‘n stil gebed altyd as julle ‘n medemens wil

help voldoende wees, dan vertrou julle sy swakhede en foute terselfdertyd

aan My toe en julle smeek My om ‘n stroom van genade na hierdie persoon

te stuur, wat Ek verseker sal doen as die liefde julle tot so’n gebed

aanspoor en as die wil van die verswakte persoon hom nie teen My openlik

verset nie. Dit hang altyd van julle liefde af wat medelye neem met hulle

wat swak, kwesbaar en sondig is in julle omgewing en so’n stil gebed sal

daarin slaag om die verlangde effek te hê. Maar groot skaalse seën verloor

sy waarde sodra dit in ‘n uiterlike sigbare formaliteit verander word deur

mense wat glo om My seën te gee en tog slegs gebare maak. ‘n innige

verhouding en ‘n opregte gebed vir My seën is buite die kwessie gesien die

baie mense wat baie voordeel vir die Verlossing van hul siele verwag en

geen toevloei van Goddelike krag van liefde voel nie nog innerlike saligheid

omdat My teenwoordigheid nie verwag kan word waar gedagtes slegs aards

347

georiënteerd is nie, waar slegs die uiterlike gebruike waargeneem word en

‘n diepgaande innerlike eenheid met My tydens sulke massa ontmoetings

onmoontlik is.

Die mees diepgaande innerlike eenheid met My verseker die persoon van

die reg om My stroom van genade aan sy medemens te gee, as die

persoon My opreg daarom vra. Maar tog bestaan hierdie innerlike eenheid

grotendeels nie in hulle wat die handeling van seën uitvoer nie en daardeur

glo om van diens aan My te wees of hul medemens te help. Doen ware

voorbidding namens julle medemens en steun hulle met vriendelike

gedagtes maar glo nie dat julle hulle My uitstraling van genade kan gee nie,

self deur ‘n gebaar van seën te maak. Selfs die woord 'seën' het

grotendeels reeds ‘n konsep van formaliteit geword, maar dit beteken niks

anders as om goedgunstig namens ‘n medemens te bemiddel en dit moet

van diep uit die hart kom en geen sigbare gebaar wees nie. Want julle weet

dat Ek geen genoë in enige uiterlike formaliteit het nie, dat elke uitgaande

aksie spoedig sy diepere geestelike betekenis verloor, maar dat Ek met elke

innige gedagte baie tevrede is en dat ‘n beroep om ‘n medemens van krag

te voorsien altyd My hart met vreugde vul. En dit kan die geval ooral wees

en sonder om uiterlik herkenbaar te wees wanneer die liefdevolle mense

poog om geestelike en aardse teëspoed te verlig.

Nietemin, het alle mense ‘n voorraad genade nodig en die wil om te help is

reeds ‘n gedagte van seën wat Ek graag vervul en Ek My beskerming en My

genade aan elkeen gee wie aan My toevertrou word deur die liefde van ‘n

medemens. Omdat geen persoon sy doel sonder My hulp kan bereik nie. En

julle moet om hierdie hulp vir julleself vra, maar ook vir hulle bid wat te

min krag van hul eie het om direkte kontak met My op te neem, wie nog

baie krag en genade nodig het voordat hulle so dig verbind met My is dat

Ek hulle met die uitstraling van My ewige liefde van genade kan deurdring.

Julle het My seën nodig en moet elke dag weer daarom vra deur My te vra

om altyd vir julle te sorg, julle altyd te deurdring met krag en julle My

genade te gee. En julle moet dieselfde vir My in liefde vra deur voorbidding

vir julle naaste. Dan vra julle My ook om My seën in sy naam. En julle moet

al sulke gebede in die privaatheid van julle kamer doen, niemand moet die

uiterlike kenmerke sien dat julle My kontak nie. Want alles wat duidelik

herkenbaar is kan maklik ‘n formaliteit word en meer en meer sy ware

betekenis verloor. Julle gebed moet innige en kort wees. sodat dit nie ‘n

meganise aksie word wat spoedig sy waarde verloor en julle aftrek van

ware inspanning om volwasse te word nie. Amen

Die ware beskrywing van die verlossingswerk

8731 20 Januarie 1964

Ek wil altyd net dat julle weet dat julle slegs na My kan terugkeer op die

weg van waarheid en daarom dit van My moet aanvaar, omdat Ek die

Ewige Waarheid is. En dan sal julle voortdurend die weg volg wat aan julle

348

getoon sal word sodat julle sal begryp waarom julle op aarde leef en waar

julle ware huis is. Wanneer julle in die waarheid onderrig word sal julle ook

oor julle oorsprong leer en alle vorige gebeurtenisse in die geesteryk wat

dan julle aardse lewe verklaarbaar sal maak, julle sal die betekenis en doel

herken en sal dan probeer om dit te bereik. Maar as julle verkeerde

inligting gegee word sal alles onbegryplik vir julle wees en sal tot allerlei

vrae lei wat dan weer verkeerd beantwoord sal word. En dan sal julle

aardse lewe meestal vergeefs geleef word omdat My teenstander julle in

die duister sal hou en altyd julle soeke na waarheid sal verhinder of dat

julle dit opreg vra.

Die wese van wat julle moet weet is en bly die Verlossings daad van Jesus

Christus. As julle waarlik verlig is, is julle volmaaktheid en julle terugkeer

na My gewaarborg, omdat julle dan van die seën gebruik sal maak wat die

mens Jesus deur Sy kruisiging verwerf het. Alle swakheid van wil sal

verdwyn, julle sal ernstig na volmaaktheid streef en van die las van die

oersonde verlos word wat julle so na onder gedwing het dat julle nie self

kon opstaan nie. En Ek sal altyd poog om die waarheid na julle te stuur oor

die verlossingswerk, omdat julle dit moet weet as dit vir julle tot voordeel

moet wees, as Christus ook vir julle Sy bloed moes gestort het, wat vir julle

groot sondeskuld moes kompenseer. Omdat julle bewus op die seën moet

aanspraak maak, julle moet Hom bewustelik aanvaar as julle Goddelike

Verlosser en julle skuld aan Hom oorgee en Hom om vergiffenis vra, omdat

Hy en Ek een is. Omdat julle teen My gerebelleer het, julle het geweier om

My te herken en nou moet julle Myself in Jesus weer as julle God en Vader

herken en verlang na eenwording met My.

Daar is geen ander weg om na My terug te keer as die weg na die kruis nie

en net hierdie suiwer waarheid sal julle daarheen lei, slegs die waarheid

kan julle die kennis gee hoe belangrik die Verlossings daad van Jesus

Christus vir julle is en waarom julle aandag daar aan moet skenk. En as,

deur die invloed van My teenstander, hierdie waarheid met foutiewe

geestelike kennis gemeng word, sal die Verlossings daad van Jesus Christus

verkeerd voorgestel word, dit sal minderwaardig word juis omdat dit

verkeerd begryp word, wat My teenstander se doel is. Hy sal altyd daarna

streef om mense in geestelike duisternis te hou en so sorg hy daarvoor dat

die waarheid deur valsheid geïnfiltreer word om die mense te verhinder om

verlig te word en die regte pad te herken en te loop in hierdie lig.

Dit is sy bedoeling om die verlossingswerk tenvolle ondoeltreffend te maak,

om alle relevante kennis van die mense weg te neem, om Jesus as ‘n

opstandige mens in ‘n wêreldlike sin uit te beeld, wat daarom die kruis

dood moes ly. Dit is sy bedoeling om elke geestelike beweegrede te betoog

en so die geloof van mense in Jesus se missie te vernietig sodat hulle nie

die weg na Hom onder Sy kruis sal neem nie en in plek daarvan Hom as

Verlosser van die mensdom wat deur God gestuur is ontken. En so ly die

349

mensdom ‘n ondenkbare nadeel, want slegs Hy kan hulle in hul groot

geestelike nood help.

Deur Jesus Christus en Sy verlossingswerk uit te sluit sal die mense hul

aardse lewe vergeefs lewe, hulle sal in geestelike duisternis bly en daarom

ook ‘n deel van hom bly wie My teenstander en My vyand is. Maar waar hy

werk is Ek ook altyd aktief en waar hy die waarheid bederf bly Ek dit

voortdurend na die aarde stuur. En die suiwer waarheid sal altyd sy weg

vind na waar dit begeer word. Die teenstander sal dit nie kan verhinder nie

omdat die wens vir waarheid tot My gerig is en so het die mens reeds sy

finale wilstoets geslaag, hy het My gekies en sal daarom ook van My

ontvang en wat Ek gee sal altyd van uiterste waarde wees en daarom ook

die mens help om sy doel te bereik.

Maar julle mense moet nie vergeet dat slegs die waarheid voordelige

gevolge kan hê omdat verkeerde geestelike kennis nie Verlossing vir die

mens se siel kan bring nie. Daarom moet julle slegs altyd die waarheid

begeer, julle moet nie met geestelike kennis tevrede wees waarvan die

eindgevolg aan julle onbekend is nie en daarom moet julle altyd Myself vra

om julle in staat te stel om die wettige en die ware te herken en te

beskerm teen misleide geestelike kennis. En waarlik. Ek sal altyd hierdie

versoek vervul, want Ek wil dat julle na My terugkeer en daarom sal Ek

julle ook die ware weg wys om te loop. En dan sal julle ook julle doel veilig

bereik. Amen

God Self is die bron van die openbaringe

8733 23 Januarie 1964

Telkens weer ontvang julle die versekering van My dat julle in besit van die

suiwer waarheid sal kan kom mits dit julle opregte wil is. Want julle kan

verseker wees dat dit inderdaad moontlik is vir My om die waarheid na die

aarde te stuur, omdat Ek die mag het om dit te doen. Julle kan ook glo dat

Ek deur My groter as groot liefde gemotiveer word om aan julle die suiwer

waarheid te gee omdat julle die ewige lewe slegs deur die waarheid kan

bereik. En hoewel Ek bepaal welke omstandighede vervul moet word om

die waarheid te ontvang sal Ek ook verseker weet watter mens hierdie

omstandighede wil en kan vervul. En so sal Ek ook die ware houer vir My

kies deur wie Ek die suiwer waarheid na die aarde kan oorbring. Daarom

het julle nie nodig om te twyfel aan elke mededeling van die geesteryk en

te veronderstel dat dit met valsheid gemeng is nie en julle ook elke een

met My hulp sal kan ondersoek, d.w.s. deur Myself te vra om julle Gees te

verlig as julle die ondersoek wil doen.

Maar wat sal met julle mense gebeur as daar geen moontlikheid is om die

suiwer onvervalste waarheid na die aarde te kry nie?. Solank julle ‘n God

erken Wie die waarheids Self is kan julle ook vra en verwag om die

waarheid van hierdie God te ontvang, omdat Hy ‘n God van liefde, wysheid

en mag is. Wie julle wil terugwen en ook alle middele sal gebruik om sy

350

doel te bereik en Wie ook die bevoegdheid het om te verwesenlik wat Sy

liefde en wysheid besluit. Maar julle mense moet in My, julle God en

Skepper glo, Wie as Vader, julle alles wil gee wat julle nodig het om

volwasse te word en salig gelukkig te wees.

En die belangrikste ding is die waarheid, wat elke mens kan en sal ontvang

as hy dit opreg begeer. Maar as julle twyfel of die suiwer waarheid aan julle

gegee kan word, as julle altyd die invloed van teenstaande kragte vrees,

dan ontken julle waarlik ook My liefde, wysheid en mag en gee opperste

beheer aan My teenstander, wat hy inderdaad het oor mense wat nie opreg

na My streef nie, wat hom daarom mag oor hulle gee. En dit moet vir julle

duidelik wees of julle verlange na die suiwer waarheid opreg en innig is.

julle moet ook weet dat julle intellek alleen dit nie in detail kan ondersoek

nie. Julle moet julle harte laat spreek en hy sal duidelik aan julle vertel wat

julle kan aanvaar as die waarheid, want julle intellek kan nog vol van

verkeerde idees wees wat julle nie wil opgee nie. In die geval kan julle

egter nie van ‘n opregte begeerte na waarheid praat nie. Julle moet julleself

tenvolle bevry van julle vorige sosiaal verwerfde kennis en slegs die suiwer

waarheid van My begeer en dan sal julle waarlik alles terugkry wat met die

waarheid ooreenstem. Julle sal besonder duidelik bewus word van alle

ververbintenisse en slegs dan sal julle gelukkig voel dat julle in besit van

die waarheid is.

Baie geestelike inligting word versprei as waarheid wat nie aanspraak

daarop kan maak nie en daarom moet alles ondersoek word. Julle intellek

alleen is egter nie in staat om dit te kan doen nie, maar sodra julle in innige

kontak met My is en die waarheid begeer sal Ek julle intellek kan inlig en

dan sal julle ook ooreenkomstig die waarheid dink en self ‘n korekte

oordeel kan maak. Maar hoe sal dit op aarde lyk as die transmissie van

suiwer waarheid van bo nie moontlik was nie?. In daardie geval kan Ek nie

verantwoordelikheid van enigeen van julle vereis nie, dan moet die

teenstander in volle beheer oor julle wees en julle sal nie die geleentheid hê

om My te vind nie, om My lief te hê en met My te verenig nie, want dit sal

alles verhinder word deur die prins van duisternis. My lig deurdring egter

ook die duisternis, My lig skyn van bo af neer op die aarde en waarlik, elke

persoon kan in hierdie lig ingaan.

Maar lig kan slegs deur waarheid versprei word en daarom kan julle altyd

verseker wees dat Ek Wie die Ewige Lig self is dit sal uitstraal in die vorm

van My Woord, wat die suiwerste waarheid is en gestuur word aan hulle

wat die waarheid opreg begeer. Dit is die voorwaarde wat Ek maak want

wie ook al die waarheid begeer, begeer Myself, hy laat My toe om in hom

teenwoordig te wees, want dan is hy ook vol liefde vir My omdat sy wil op

My van toepassing is. Hy probeer om van die teenstander, die prins van

duisternis te ontvlug en daarmee ook van alle valsheid wat hy as die werk

van die teenstander herken. Ek sal waarlik nie die waarheid van enigeen

weerhou nie, want die mens moet weer na die lig terugkom, na die

351

helderste besef en sal so sy oerstaat weer ingaan waarin hy in die begin

geweldig gelukkig was. Amen

Die verskyning van die Antichris

8734 24 Januarie 1964

Dit sal nie lank meer duur voordat My teenstander sy laaste heerskappy op

die aarde sal aanvaar nie. Maar voor dit sal Ek self nog met ‘n "donderende

stem" spreek, sodat sommiges nog die weg na My kan vind in hulle uiterste

nood. Diesulkes sal My ook trou bly omdat hulle My sigbare hulp herken het

en nou ook hulle geloof in My nie meer sal opgee nie. Maar dit sal slegs min

wees en My teenstander sal groot mag hê, want deur die groot natuurramp

sal die mense in so ‘n groot nood raak, dat hulle hulself sal aansluit by

almal wat hulle uit hulle nood sal haal.

En daar is iemand wat dit sal doen, want hy sal almal wat hulself nie aan

My toevertrou het nie, vir homself wen. Want die wat Myne is sal hulself

van hom afsydig hou, omdat hulle hulself herinner aan My aanmaninge en

waarskuwings dat hulle die groot geloofstryd te wagte staan, wat deur My

teenstander ontbrand sal word. Maar die wêreldse mense sal hom toejuig,

want hy sal weet hoe om hulle te mislei. Hy sal dinge volbring waardeur

hulle bereid sal wees om aan ‘n bonatuurlike mag te glo en die feit dat alle

ongelowige mense hom as heerser en redder uit hulle aardse nood sal

aanvaar, bewys dat My teenstander self daaragter sal sit en dat hy homself

van ‘n aardse omhulsel bedien het om nou vrylik heer en meester te kan

wees. En julle wat aan My behoort, sal julleself afvra waarom Ek sy

heerskappy duld en hom nie tot ‘n val bring nie.

Dit is sy laaste groot aksie op die aarde wat ook die einde veroorsaak. Hy

laat die stryd ontbrand wat julle sal moet deurstaan om die laaste

beslissing te neem, voordat Ek self sal kom om Myne te red.

Die voorafgaande natuurkatastrofe sal in die mense ‘n verhoogde lewenswil

opwek en wie die katastrofe sal oorleef, sal trag om weer met alle

moontlike middele aardse goedere te verkry om tot ‘n aardse welsyn te

kom. En My teenstander sal hulle pogings ondersteun en sal daarom baie

aanhangers vind, want hy verstaan dit ook om die mense oor sy ware

identiteit te mislei. Hulle sien hom as ‘n mens, toegerus met buitengewone

krag vir wie hulle vertrou en blindelings gehoorsaam en hulle gee hom

sonder bedenkinge die reg om maatreëls te tref.

Sy aanhang sal so groot wees, dat die klein skare van gelowiges wat hom

herken en sy ware identiteit sal insien, hulself nie teen sy aanvalle sal kan

verweer nie. Maar juis daar aan herken hulle hom, naamlik dat hy die

mense van die geloof in Jesus Christus wil beroof. Hy sal homself op die

allerhoogste troon wil plaas en sal wil hê dat die mense hom moet aanbid,

en hulle sal dit ook doen, omdat hy wonderbaarlike dinge sal volbring

vanuit die mag wat in hom gehuisves is.

352

Wanneer hy sal optree, sal julle hom ook herken, maar eers sal die wêreld

in vrees gedompel word, deur die omvang van ‘n natuurkatastrofe

waardeur Ek Myself aan die mense laat toon. Dadelik daarna sal hy op die

voorgrond tree en hulp en redding uit die chaos belowe. Daarom sal hy baie

aanhang vind, want die mense sal al ryp wees vir ondergang, andersins sou

hulle hom herken het en My versoek het vir beskerming teen hom en sy

intriges.

Dit sal nie meer lank duur nie, of hy sal aandag trek. Hy sal eers onder die

"dekmantel van vroomheid" optree, maar tog spoedig sy ware gesig laat

sien, maar die mense sal so verblind wees dat hy weinig moeite met hulle

sal hê. Hulle geloof in ‘n God sal hulle maklik prysgee, omdat hulle hard

deur die natuurkatastrofe getref sal word en hulle bereid sal wees om hom

op die troon te plaas wat hulle alles beloof, maar wat egter My grootste

vyand en teenstander is. Hy wat homself met sy bose wese in ‘n mens

beliggaam het, om die laaste handeling op aarde te volvoer, naamlik om

openlik stryd te voer teen My en hulle wat Myne is, teen elke geloof en teen

alle geregtigheid. Want van hom af word slegs sy eie aanhang die

moontlikheid tot lewe gegee, terwyl die wat Myne is, die dood aangesê

word.

Hy vind egter in My sy Meester sodra sy tyd om is, want ter wille van die

wat Myne is, sal Ek die dae verkort. Ek sal Self kom om hulle te red uit die

grootste nood en aan sy heerskappy sal ‘n einde kom, want hy sal gebind

word saam met sy aanhang, weer vir ‘n lang tyd. En daar sal weer ‘n tyd

van vrede en eendrag kom waarin die liefde regeer en waarin My

teenstander sy aktiwiteite belet sal word, soos wat dit verkondig is in woord

en geskrif. Amen

Die verbintenis met God - Teëspoed en lyding

8737 27 Januarie 1964

En as julle daarin slaag om in gedagte dig met My te verenig deur na My te

verlang met ‘n liefdevolle hart, dan sal Ek ook by julle teenwoordig wees,

omdat julle liefde vir My, My geweldig aantrek en Ek nie liefde ontken nie.

My teenwoordigheid verseker julle egter altyd ‘n toevloei van krag,

alhoewel dit slegs deur die siel gevoel word, maar dit sal stadig volwasse

word en ook meer volmaak, omdat julle my nie meer uitsluit nie. Dan het

julle gewys dat julle vrywillig weer aan My wil behoort, dan het julle, julle

toets geslaag, wat die rede is waarom julle op aarde as mens leef.

Maar tog hou slegs weinig mense hulself in hul gedagte met My besig en as

hulle dit wel doen, dan slegs op bepaalde tye en ‘n proses wat diep innerlik

moet wees om geestelik suksesvol te wees, word ‘n uiterlike formaliteit.

Slegs weinig mense dink dikwels deur die dag aan hul God en Skepper Wie

deur hulle erken en as Vader aangeroep wil word. Die wêreld en sy eise laat

mense byna nie meer tyd toe vir innerlikebesinning nie, hulle gedagtes

word besig gehou deur wêreldse sake en sorge wat volkome nutteloos is en

353

sonder waarde en hulle sluit enige geestelike gedagtes heeltemal uit.

Daarom kan hulle nie die Goddelike seën opmerk wat op hul daaglikse

aktiwiteite rus nie. Slegs wanneer hulle deur sorge verontrus word dink

hulle nou en dan aan die Een wat Magtig is en kan help en dan is dit reeds

‘n aansienlike prestasie as hulle na die Een met ‘n stille beroep draai, want

dan moet hulle kontak met My tot stand bring sodra hulle ‘n gebed in Gees

en in waarheid na My omhoog kan stuur. Maar suiwer lip-gebede sal My oor

nie bereik nie, want dit ontbreek die innige kontak wat daarvoor sorg dat

hul gebed beantwoord word. En tog teëspoed en lyding is die enigste

middele om die gedagtes van mense na My te keer, teëspoed en lyding kan

ure van innerlike verbinding met My veroorsaak en dan sal hulle altyd

voordeel vir hul siele bereik, omdat geen verbinding sonder ‘n toevloei van

krag sal bly nie en hierdie toevloei van krag sal altyd ‘n geestelike effek hê.

Geseënd is die mense wat dikwels hul gedagtes na My ophef, wat nie eers

aangehits moet word om dit te doen deur teëspoed en lyding nie, maar wat

deur liefde aangespoor word om met My te verenig, wat slegs ware troos

en geluk in hul hart vind deur ‘n innige verhouding met My. Geseënd is

hulle wat hulle reeds losgemaak het van die wêreld tot so’n mate dat hulle

tyd vir geestelike gedagtes vind, wat hulle met My kommunikeer omdat

hulle die drang voel om kontak met My te maak. Want hulle sal

voortdurend deur My aangetrek word en die volwassewording van hul siele

sal verseker wees. Die skeiding tussen die wesens en Myself, wat hulle

eens vrywillig onderneem het, sal dan opgehef word deur ‘n vrywillige

verbintenis met My deur elke innige gedagte, elke gebed en elke daad van

liefde, want nou, in die menslike staat, het die wese homself weer terug

verander na sy oer staat, wat ook ‘n innige verbintenis met My beteken en

Ek sal alles probeer om die verlange na ‘n verbintenis met My te wek in

mense, Ek sal Self in die weg van elke persoon kom, of Ek sal hulle wat ly

se gebed om hulp beantwoord om bewys van My en My liefde te gee. Ek

kom elke persoon self met My liefde ontmoet maar Ek kan hom nie dwing

om dit aan te neem nie. Hulle moet die terugkeer na My tenvolle vrywillig

verwesenlik en tenvolle vrywillig op My ‘n beroep doen om krag en liefde en

My teenwoordigheid. Maar dan sal Ek hulle nooit weer verlaat nie. Dan sal

hul aardse weg waarlik nie vergeefs wees nie, want My krag sal

voortdurend na hulle stroom sodat die siel ‘n graad van volwassenheid sal

bereik wat hom ‘n salige lewe in die geesteryk sal waarborg. En dit is

waarlik maklik om die sekerheid van ‘n salige lot na die dood te bereik,

want ‘n innige verbintenis met My is die regte verhouding wat Ek wil hê My

kind met My tot stand moet bring en ‘n Vader wil altyd Sy kind gelukkig

maak. Hy sal voortdurend aan die kind gee wat hy nodig het en so sal Hy

ook aan die siel stuur wat hy nodig het om volwasse te word: lig en krag en

genade. Maar die kontak moet eers gevestig wees wat daarvoor sal sorg

dat My uitstraling van lig en genade kan stroom na die siel. Dan sal die

354

mens veilig sy doel op aarde bereik. Hy sal vir homself die ewige lewe in

absolute geluksaligheid verwerf. Amen

Hoe moet die gebed wees wat verhoor word?

8738 28 Januarie 1964

Ek is daar vir julle wanneer julle My ook maar roep. Elke innige gedagte

wat iets afsmeek, dring tot My deur, elke geluid wat die hart uitspreek,

hoor Ek en steeds wend Ek My na julle toe, want die stem van die kind

dring deur en sal steeds die oor van die Vader bereik. En dan is Ek ook

steeds bereid om te help, wanneer julle hulp nodig het, of voorsien Ek julle

van geestelike krag wanneer julle dit afsmeek. Ek buig My na julle toe oor

en laat julle versoek aan My voorlê, omdat Ek My vreugde daarin vind om

My skepsele gelukkig te maak, My kinders te gee wat hulle nodig het en

wat dit van My vra. Nooit sal ‘n roep wat in gees en in waarheid tot My

opgestuur word, aan My oor wegsterf en onverhoord bly nie. Steeds sal

elke innige gebed tot My vir julle seën oplewer en sal julle siele meer

volwasse word.

Julle roep mag net nie ‘n gebed met die lippe wees nie. En juis aan hierdie

vereiste word gereeld nie voldoen nie, want die mense is ‘n manier van bid

aangeleer wat nooit tot My oor kan deurdring nie. Hulle bid gereeld

gemeenskaplik en spreek woorde vir hulself uit wat hulle aangeleer het en

wat nooit die gevoelens van die hart openbaar nie, maar leë woorde is en

bly beter om onuitgespreek te bly.

‘n Innige gebed moet uit die hart omhoog styg en die resultaat moet ‘n

innige verhouding met My wees, sodat die kind dan met My praat soos met

sy Vader. En wanneer hy ook net stamel en homself van geen welgekose

bewoordings bedien nie, dan sal Ek tog dié stamel verstaan en dit beskou

as ‘n liefdevolle roep van die kind tot die Vader en Ek sal daarna luister en

daarop antwoord.

Die gebed tot My is ‘n brug wat julle steeds sal kan betree, maar hierdie

weg word min gebruik, omdat die gebed, tot ‘n suiwer vorm geword het, ‘n

praat van woorde waarvan die betekenis nie deurdink word nie en wat ook

die meeste van die tyd ‘n innige aandag, ‘n innig gedagte aan My moeiliker

maak. En dan beroof die mens homself van groot barmhartigheid, omdat

hy nie die krag van die gebed benut nie, omdat geen krag hom kan

toestroom, wanneer hy nie die innige kontak met My vind nie, wat egter nie

baie woorde nodig het nie, maar net ‘n hart wat heeltemal vir My

oopstaan.

Tydens die gebed moet die deur van die hart wyd geopen wees, sodat Ek

Self daarin kan ingaan, sodat Ek julle met lig en barmhartigheid kan vervul.

En daarom moet julle gedagtes met alle liefde by My wees. Die hart moet

vry wees van ander gedagtes en dan moet julle stilletjies saam met My

praat en My met al julle sorge en wense toevertrou, of, wanneer julle nie

met sorge na My toe kom nie, moet julle My julle liefde betuig. En daarby

355

het julle waarlik geen gebedsmanifestasies nodig nie, geen algemene

aksies, geen massagebede nie, tensy meerdere mense vir ‘n besondere

aangeleentheid daartoe gebring word om My gesamentlik om hulp te vra.

Maar dit moet dan ook stil en in hulself gekeer gebeur, want elke luide

uiting verstoor die innige verbintenis en kan die mens nie so diep in

homself wegsink, dat hy My heeltemal by homself teenwoordig voel nie.

Ek moet julle steeds weer daarop wys dat julle met julle gebruiklike gebed

nie baie by My sal bereik nie, omdat Ek maar net ag slaan op dit wat die

hart voel, egter nie wat die mond uitspreek nie, al neem hoeveel mense

aan so ‘n gebed deel. Dit sal vir My altyd ‘n gruwel wees, omdat dit slegs ‘n

bewys is hoe weinig ernstig julle dit meen om met julle Vader van ewigheid

te praat en omdat julle ook nog hulp van sulke gebede verwag, wat julle

tog nooit sal ondervind nie. En julle sal daardeur weer maar net begin te

twyfel aan die Liefde en Mag van ‘n God, omdat julle geen hulp bemerk nie.

En julle sou so veel kon bereik het deur ‘n stil, ernstige gebed wat uit die

hart opstyg, omdat Ek so-iets nooit ignoreer nie, maar My veeleer daaroor

verheug en steeds bereid sal wees om daarop in te gaan en julle blyke te

gee van die Liefde en Mag van ‘n Vader, Wie julle gelukkig wil maak. Die

innige oorgawe aan My sal julle nie beter kan betoon nie as deur stilletjies

met My te praat vanuit julle harte, want dit sal julle nie gedagteloos, net as

vorm, kan doen nie. En dan sal elke woord wat julle tot My rig kinderlik en

vol vertroue klink. In der waarheid sal die verhouding van kind tot Vader

deur julle tot stand gebring wees, en die kind sal alles bereik, omdat die

Liefde van die Vader, altyd vir hom gereedstaan en onophoudelik die kind

wil gelukkig maak.

Solank die mense egter dink dat hulle My deur vormgebede daartoe sal

bring om hulle te help, sal hulle weinig sukses hê en sal daarom ook altyd

weer twyfel aan ‘n God, Wie in sy Liefde steeds bereid is om te help en wat

ook kan, op grond van Sy Mag. Dié geloof is egter ‘n voorwaarde dat Ek My

oorvloed aan barmhartigheid sal uitstort oor alle mense. En so ‘n geloof

vereis ook ‘n lewende verbinding met My, wat steeds slegs deur die liefde

aangegaan kan word en daarom bereik die liefhebbende mens alles by My.

Amen

Sterk pilare van die kerk wat deur Jesus gestig is

8742 2 Februarie 1964

Ek wil julle die krag gee om met oortuiging vir My en My Ryk op te staan,

wanneer julle tot verantwoording geroep word en julle sal dit moet

regverdig aan mense wat julle aanval. Dan sal julle nie hoef te oorweeg wat

julle sal sê nie, want Ek sal vir julle die woorde in die mond lê en dit sal

groot oortuigingskrag hê. En ofskoon die mense julle sal bestry; so sal hulle

tog ook tot nadenke gedwing word deur dit wat julle vertel en weer kom dit

slegs op die wil neer, of hulle hulself innerlik sal laat oortuig of die gedagte

verwerp, waarvoor ook van hulle eendag verantwoording gevra sal word.

356

Wie die stryd teen die vyand sal opneem, aan sy kant sal Ek Self stry en

steeds verhinder dat hy skade ly, liggaamlik en geestelik; want My Hand

reik waarlik ver en dit kan alles van julle afweer. Maar dat die stryd sal

ontbrand teen alle gelowiges, teen Myne wat aan My getrou bly, is seker,

sodat dit die laaste skeiding sal bring, omdat dit nog die laaste geleentheid

is vir die swakkes in die geloof, wat van julle geloof krag en sterkte kan

opdoen en dan tog nog na die kamp van Myne kan oorloop. Want My

werksaamheid by julle sal duidelik te onderskei wees.

Ek sal julle deur elke nood heen lei, Ek sal julle beskerm teen die

teenstander en sy meelopers, want tot op die einde toe sal julle vir My nog

sterke steunpilare van die geloof moet wees, pilare van My “kerk” wat Ek

Self op aarde gegrondves het. Tot op die einde toe sal julle getuienis moet

aflê van ‘n lewende geloof en ‘n innerlike verbintenis met My, wat ook na

buite toe sy uitwerking sal hê, sodat geen aardse nood Myne sal tref nie,

want Ek Self sal hulle bewaar en dit dikwels op bonatuurlike wyse; want vir

My is waarlik alles moontlik. Hy, wat die hele skepping laat ontstaan, sal

ook Syne kan behoed wanneer die mens hulle alles sal weerhou en hulle

hulself nie kan verweer teen die geweld van die mense nie. Dan sal My

Krag en Sterkte en My Liefde duidelik te sien wees, Wie julle alles laat

toekom wat julle nodig het. Want dit sal slegs ‘n kort tydjie duur tot Ek Self

aan die skandelike praktyke van My teenstander ‘n einde sal maak, totdat

Ek diegene wat vir My teenstander werk hulle verdiende loon sal gee en vir

geen erge daad terugdeins nie.

En julle sal ook duidelik ‘n getuienis moet aflê vir My en My Naam en dan

sal julle nie swak mag word of terugdeins nie, want Ek gee julle die krag

om te weerstaan, sodat julle My met vreugde sal bely voor die wêreld,

omdat julle volkome vervul is met My Gees en nou ook met die volste

oortuiging spreek volgens My opdrag. Maar voordat julle nog nie

gekonfronteer word met hierdie tyd nie, is die einde nog nie daar nie, dog

die geloofstryd sal met die einde eindig. Want Ek Self sal kom om Myne uit

die groot nood te bevry, omdat vir My teenstander geen maatreëls te

skandelik is om Myself te onttroon en te verdring uit die harte van die

mense nie. En daarom beveel Ek homself om te staak. Ek sal kom in die

wolke en Myne haal na ‘n ryk van vrede en geluksaligheid.

Ek sal die mense nie verhinder om allerlei proefnemings te verrig, waardeur

hulle die bestaan van die aarde in gevaar sal bring nie. Ek sal hulself die

gevolge laat voel, of hulle nog kort voor die einde wegroep, wat nog as ‘n

besondere barmhartigheid aan te merke is, wat Ek vir hulle, wat nog nie

geheel ‘n prooi geword het van My teenstander nie, ten deel sal laat val, óf

dan die aanhang van My teenstander saam met hom in boeie slaan, sodat

hulle opnuut, in die skepping van die aarde verban word en dus geen skade

meer kan aanrig onder die bewoners van die nuwe aarde nie en hulle

daarom ‘n lewe sal lei in vrede en geluksaligheid, as beloning vir hulle trou

wat hulle My tot op die einde toe betoon het.

357

Julle sal julle nou nog nie die rampspoed kan voorstel waardeur die aarde

getref sal word deur die laaste geloofstryd nie, slegs dat dit onherroeplik

sal plaasvind, want dit is die laaste skandelike werk van My teenstander

wat hy nog wil uitvoer in die geloof, om My heeltemal te kan onttroon en

homself te handhaaf. En die voorneme besleg ook sy lot, want sy openlike

stryd teen My kom daardeur tot uitdrukking, waaruit Ek as Oorwinnaar te

voorskyn sal kom, deurdat Ek hom alle mag ontneem vir ‘n lang tyd en

daardeur ook die mense op die nuwe aarde beveilig teen sy werksaamheid

en is ‘n terugkeer na My in ‘n groot mate moontlik, omdat die mense al

hulle wilsbeproewing wat hulle deurstaan het op hierdie aarde afgelê het en

ook nog die volgende generasies in die liefde en in 'n lewende geloof in My

sal lewe, sodat Ek Self onder hulle kan vertoef tot hulle aller geluksaligheid.

En met die vooruitsig op die vrede en vreugdevolle lewe op die nuwe aarde

moet julle gewapend ook die tyd van die geloofstryd tegemoet gaan, julle

moet weet dat vir julle krag ter beskikking sal staan wat julle nodig het om

weerstand te bied in die geloofstryd en dit te deurstaan ‘n feit is en julle

moet steeds net bereid wees om My te dien, die medemens te help, ‘n

sterk geloof te verkry en aan almal die waarheid te laat toekom wat dit van

julle bereidwillig in ontvangs neem: Julle sal My moet dien tot aan die

einde, sodat nog gered word wie homself sal laat red en na My sal

terugkeer voor die einde. Amen

Opheldering oor die koms van Jesus

8743 3 Februarie 1964

Ek wil vir julle geestelike inligting, wat vir julle siele tot heil sal wees gee en

Ek wil aan julle ‘n gebied openbaar wat julle nooit sonder die werke van My

Gees sou kon verstaan nie. Ek wil julle in ‘n wêreld binnevoer waarin

alleenlik die geestelik ontwaakte mens insae sal kan hê, omdat ‘n sekere

kennis oor feite, wat vir die ander mense volledig onbekend is, ’n

voorwaarde is.

Ek het julle beloof om na die aarde terug te keer wanneer die dag van die

einde gekom het, maar hierdie belofte het in die mense baie verskillende

opvattings laat ontstaan. Die ware verklaring vind julle nie, want My

wederkoms word so verskillend voorgestel, net soos die wegneming van

Myne, wat die tyd betref, wat verskillend aangeneem word, waardeur daar

totaal verkeerde opvattings ontstaan het, wat Ek dus wil regstel.

My wederkoms na die aarde sal nie liggaamlik plaasvind nie, My voet sal

hierdie aarde nie betree nie, maar in ‘n Geestelike Liggaam sal Ek met My

gevolg van Hoogste Ligwesens in ‘n Geestelike Liggaam verskyn en sal deur

almal, wat van My is, te siene wees. Want nooit kan die mense, wat hulself

aan My teenstander verkoop het, My in alle Heerlikheid aanskou nie, want

die duisternis kan die LIG nie sien nie, omdat die mense, daardie LIG wat

uit My straal, nie kan verdra nie en heeltemal sou vergaan. Ek sal dus na

die aarde kom, verskuil in die wolke, vir Myne. Maar hulle sal ‘n oorvloed

358

van lig kan verdra en My baie gelukkig toejuig as hulle My saam met die

groot leërskare van Engele aanskou, want daarvoor sal Ek hulle oë open.

Dit is dus verkeerd om te sê dat almal My sal sien wanneer Ek kom om die

lewende en die dode te oordeel, want daardie oordeel sal op ‘n ander

manier plaasvind as dat elkeen persoonlik voor My verantwoording sal

moet doen. Ek ken elke siel afsonderlik en Ek weet aan wie hulle behoort.

En omdat die laaste oordeel daaruit bestaan dat die hele aarde omvorm en

opgelos sal word in sy afsonderlike skeppings, sodat al die geeste bevry

word om tot nuwe omvormings te kom, beteken hierdie oplossing ook die

dood van die mense wat in hulle laaste beproewing sal faal en hulself aan

My teenstander as eiendom gee.

Hulle sien dus die dood voor oë en kan dit nie ontvlug nie, dus sal daar ‘n

groot ontsteltenis losbars onder die mense. Maar voordat die laaste

vernietigingswerk sal plaasvind, sal Myne weggeneem word en Ek self sal

kom om hulle te haal. Hulle sal My mag aanskou wanneer Ek van Omhoog

na hulle toe sal neerdaal, hulle sal hulle hande verlangend na My uitstrek in

jubeling en in vurige liefde tot My en Ek sal hulle na My toe trek. Ek sal

hulle wegneem en hulle ten Hoë hef en hulle sal gebeure, wat geheel en al

teen die wette van die natuur spreek, ervaar.

En hierdie gejubel van Myne sal deur hulle medemens gesien word.

Laasgenoemde, wat hulle eers nie kan verklaar nie, omdat hulself niks kan

sien nie en daarom deur ‘n sekere bangheid gegryp word, lei dus tot die

grootste angs en ontsetting wanneer hulle die skielike verdwyning van

Myne sien en hulle geen verklaring daarvoor kan gee anders as om te besef

dat Myne onbereikbaar is nie. Daar sal wel ‘n stralende helderheid te sien

wees wat egter deur hierdie mense as ondraaglik ervaar sal word, maar

hulle sal geen lang tyd meer tot oordenking hê nie, omdat die einde

spoedig sal volg. Want die stralende helderheid sal wyk voor ‘n

ondeurdringbare duisternis wat die mense tot vertwyfeling sal bring. En dan

sal uitbarstings plaasvind, brande sal uitbreek en die aarde sal skeur sodat

geen mens gered kan word nie en dan sal hulle deur die aarde verslind

word.

Daar is nie veel tyd tussen die wegneem van diegene wat Myne is en die

laaste vernietigings werk nie, want die wegneming sou vir die agtergeblewe

mense ‘n geloofsdwang beteken en sou heeltemal geen waarde gehad het

nie, want ‘n vrye beslissing was dan uitgesluit. Daarvoor het die mense

voorheen genoeg tyd gehad, hulle was voortdurend vermaan en gewaarsku

en elkeen, wat voorheen nog tot besinning wou kom, kon nog aangeneem

word en voor die ondergang van die aarde opgeroep word, sodat aan hom

in die hiernamaals nog hulp aangebied kon word.

Hierdie daad van die wegneming is ‘n heeltemal onnatuurlike gebeurtenis,

maar Ek kan die wette van die natuur ophef omdat hulle geen mens meer

vir sy siel tot nadeel sal wees nie. My koms in die wolke beteken dus geen

geloofsdwang nie, omdat elke mens wat My sal aanskou, reeds die

359

volwassenheid van siel verkry het, sodat hy slegs die vervulling sal beleef

van dit wat hy vas glo en My daarom elke dag verwag.

Dit was selde moontlik om vir die mense ‘n ware verklaring te gee oor

hierdie gebeurtenis, omdat hulle almal alreeds vir hulle ‘n voorstelling

daarvan gemaak het en nie van hulle voorstellings wil afwyk nie. Maar die

wegneming kan onmoontlik reeds ‘n lang tyd vooraf plaasvind, omdat sulke

voorvalle buite die wet die mense tot ander denke sou dwing, wat die einde

van hierdie aarde en ook die einde vir alle mense wat nog lewe sou

beteken. Ook Myne sal dit belewe, maar in ‘n toestand waarin hulle alle

leed gespaar sal bly, ofskoon hulle die gebeure sal kan volg, omdat dit My

Wil is. Want omdat hulle gelowig is, kan hulle ook My Mag en Heerlikheid

belewe.

En hulle sal ook die groot leërskare van My Engele om My heen mag sien

en daardeur nou ook geskik wees om die nuwe aarde as stamouers te

bevolk, wat vir My ook maar die werk van ‘n oomblik sal wees wanneer Ek

al die vry geworde geestelikes weer ‘n uiterlike vorm wil gee tot verdere

opgroei. Maar die mense word self van alle tydsbegrip ontneem totdat hulle

weer na die nuwe aarde gebring word, ofskoon hulle nog hulle ou vleeslike

liggaam sal besit, wat egter al baie vergeestelik sal wees. Dit moet ook

vermeld word, om die verkeerde opvatting te weerlê dat die nuwe aarde

slegs deur geheel vergeestelike wesens bewoon sal wees, want die nuwe

aarde sal opnuut weer as verblyfplek van die verhoogde geestelike,

ontwikkeling dien, daarom sal die ou wette ook weer vir die nuwe aarde

geld.

Die opwaartse weg van die gevallene deur die skepping sal verder gaan en

die geestelike sal weer as mens die laaste wilsbeproewing moet aflê. Wat

aanvanklik ook tot ‘n goeie resultaat sal lei, omdat die verleiding van die

kant van die teenstander wegval, aangesien hy vir ‘n lang tyd gebind sal

wees en omdat die mense met liefde vervul is. Daarom sal hulle die direkte

verbinding met My tot stand kan bring en daardeur ook baie vinnig tot ‘n

volmaakte ontwikkeling kom.

Julle moet julleself dus nie deur verkeerde opvattings laat mislei nie, om

die arbeid aan julle siele te verontagsaam of uit te stel nie, want daar word

aan die dag vasgehou waarop Ek sal kom in die wolke en met hierdie dag

ook die laaste oordeel op hierdie aarde. Amen

Die lot van siele na die dood verskil

8745 5 Februarie 1964

Ek is Self teenwoordig by julle wanneer julle My Woord hoor en My

teenwoordigheid sal julle met lig en krag vul omdat Ek Self die Oer bron

van lig en krag is. Die feit dat julle dit nie op ‘n suiwer fisiese manier kan

voel nie kan nie gehelp word in julle eie belang nie, omdat My uitstraling

van lig julle swak liggaam sal vernietig as Ek dit nie net aan die siel verleen

360

wat reeds ‘n groter mate van lig en krag kan verdra en gelukkig in hierdie

staat is.

Daarom moet julle dit glo, want Ek kan julle van geen ander bewys

voorsien as slegs die feit dat julle My Woord hoor en dat die Woord ook

julle siele baie gelukkig maak, dit toon darem My direkte kontak, omdat My

Woord krag en lig is en dit is waaraan julle vashou, dit kan nie meer

verdwyn nie, dit is ‘n duidelike teken van My teenwoordigheid wat aanhou

om julle te verbly selfs as julle, julle van hierdie innige verbintenis moet

losmaak om weer na die wêreld en sy vereistes om te sien. Maar julle het

‘n oorvloed van lig en krag en kan julleself teen alle verleidinge van die

wêreld verset, julle kyk voortdurend in My rigting en julle sal My nie meer

verlaat nie, net soos Ek julle nie sal laat gaan, wat Myne geword het deur

julle innige verbintenis met My nie.

En telkens weer wil Ek julle verbly deur julle opnuut kennis te gee in

diepgaande geheime, in kennis wat slegs Ek aan julle kan gee, omdat dit

op geestelike gebied betrekking het wat aan julle as mense nog geslote is

as Ek Self hulle nie vir julle ontsluit nie. En sulke kennis sal julle altyd

genoë verskaf en My grenselose liefde vir julle wys:

Die oorgang van die aardse bestaan na die geesteryk stem altyd tenvolle

ooreen met die staat van ‘n persoon se volwassenheid en verskil aansienlik.

‘n Nog gebrekkig gevormde siel wat weinig liefde besit weet gewoonlik nie

dat hy fisies dood is nie, hy beweeg nog in dieselfde omgewing en kan

homself nie mooi begryp nie, want hy bly voor hindernisse kom as gevolg

van die feit dat hy glo dat hy nog lewe en tog luister niemand na hom nie

en hy kan ook nie die dinge doen wat hy gewoonlik gedoen het nie. En

sulke siele is ook in duisternis wat ooreenkom met hulle lae graad van

liefde en ondeurdringbaar is of nou en dan in ‘n vae toestand van skemerte

verander. ‘n Siel soos dit is nie geseënd nie, hy swerf rond, hy klou vas aan

soortgelyke siele op aarde, hy probeer om sy gedagtes aan hulle op te

dring en verset hom teen alle wesens wat sy posisie probeer verbeter, wat

kan aanhou, of selfs slegter word, solank hy hom nie terugtrek en sy

toestand oordink nie.

As ‘n siel egter van die aarde vertrek wat nie ‘n slegte lewe geleef het nie,

wat selfs klein verdienste verkry het deur dade van liefde maar wat weinig

geloof gehad het en nie daarin geslaag het om My in Jesus op aarde te vind

nie, sal hy ook dikwels onbewus wees dat hy nie meer fisies op aarde lewe

nie, hy sal deur ‘n enorme verlate gebied swerf, in skemerte en

onbekwaam om enige iets waar te neem, hy sal geen ander wesens

ontmoet nie en sal alleen met sy gedagtes wees. En hy sal nog bly stilstaan

by baie wêreldse gedagtes en hunker na baie verskillende dinge en sy

gebrek aan besittings betreur, wat hy nie kan begryp nie en daarom glo dat

hy in ‘n onvrugbare deel van die land as gevolg van rampe of deur mense

met siek-bedoelings geplaas is en sal dan na maniere soek om uit te kom.

361

En dit is moontlik dat hy deur sulke gebiede sal dwaal vir ‘n oneindig lang

tyd tot, as gevolg van onherbergsaamheid, hy geleidelike sy gewoonte

verander en begin dink en gevolglik ook soortgelyke wesens later ontmoet,

wat dan ‘n klein volwasse wording sal beteken. Sodra hy met ander kan

kommunikeer is dit moontlik om sulke siele te onderrig, want hulle word

gewoonlik deur ligwesens onder dieselfde dekking genader om hulle van

hulself bewus te maak. En dan sal hierdie siele ook geleidelike met hul

volwasse wording begin.

En ‘n siel wat sy aardse liggaam verlaat wat My op aarde herken het, wat ‘n

lewe van liefde geleef het, wat in My in Jesus geglo het en van sy oersonde

verlos is, sal ingaan in die koninkryk van lig, d.w.s. hy sal homself in ‘n

verruklike gebied bevind waar hy hoogs gelukkig sal voel, waar hy wesens

sal ontmoet wat, soos hy, deur lig deurdring word. Hy sal sy geliefdes weer

ontmoet, hy sal alle aardse swaarkry afwerp. Hy sal homself kan verplaas

na waar hy ook al begeer om te wees, waar hy ook al wil bly, het sal ‘n

soort van geluksaligheid ervaar wat hy geen idee van gehad het op aarde

nie. Hy sal gloeiend met vuur van liefde na My kom, Wie sulke prag vir hom

voorberei het. hy sal ook in ‘n oomblik weet wat hy nie voorheen geweet

het nie, het sy ‘n bewustheid van diepgaande wysheid hê, in die geestelike

gebied wat nie naastenby vir julle op aarde beskryf kan word nie, waar hy

oorlopend met liefde sy hulp aanbied waar dit nodig is, het sy op aarde of

ook in die koninkryk van die hiernamaals. Hy sal My wil dien in uiterste

toewyding en met soortgelyke volwasse wesens verenig vir die grootste

aktivering van krag om reddings missies uit te voer wat ontsaglike mag

verg. Die oorgang van die aarde na die geesteryk is slegs die wek van ‘n tot

nou toe dooie staat tot lewe vir hierdie siele. Want nou dat hy ware lewe

gekry het, sien hy die staat as mens slegs as ‘n staat van dood en met ‘n

oorvloed van milde liefde sal hy hom aan die ‘nog dooie’ wy om hulle te

help om ook tot lewe te kom. Want ‘die oog het nie gesien, nog die oor

gehoor’, die dinge wat Ek voorberei vir hulle wat My liefhet.

As julle mense op aarde net ‘n idee kon kry van watter lot op julle aan die

ander kant mag wag, sal julle waarlik daarna streef om hierdie lot vir

julleself tot stand te bring; maar tog kan hierdie kennis nie aan julle vooraf

gegee word nie, dit kan wel aan julle voorgestel word, maar terwyl julle

geen bewys daarvan het nie sal die kennis ook weinig vir julle beteken om

nareg daarvan gebruik te maak.

Nietemin, is dit absoluut wonderlik vir ‘n siel as hy sy lewe op aarde na die

dood ruil met die ligryk, as hy nie deur die moeilike proses moet gaan om

in die hiernamaals volwasse te word nie, want dit kan dikwels ‘n oneindige

lang tyd neem as hy nie liefdevolle voorbidding van mense ontvang nie,

slegs hulle sal die voorbidding ervaar as liefdevolle gedagtes wat hulle volg

en dit kan slegs deur ‘n persoon ervaar word wat self dade van liefde

gedoen het. In die geval sal sy verdere ontwikkeling makliker gaan en die

verlange om sy geliefdes weer te ontmoet kan ook ‘n groot aansporing

362

wees, net soos elke onderrigtende geestelike vriend hom sal help om

volwassenheid vinniger te bereik, as sy onderrig deur die siel aanvaar

word. Maar terwyl julle mense op aarde lewe kan julle nie die regte konsep

vorm nie, net soos die verskillende gebiede waarin die siele kan bly slegs

vaag aan julle beskryf kan word. En elke mens moet dankbaar wees vir

kwale en kwellinge wat ‘n beter lot vir die siel waarborg, ongeag sy aard,

dan sal hy van die aarde sonder lyding vertrek, mits sy graad van liefde en

geloof die siel die koninkryk van lig verseker.

Maar die meerderheid mense is sonder liefde en geloof in Jesus Christus.

En hul oorgang van die lewe na die dood sal nie aangenaam wees nie, want

hulle kry aan die ander kant wat hulle op aarde nagejaag het. Die verlange

na die wêreld sal baie sterk wees in wêreldse mense en tog nie meer vervul

kan word nie, die siel sal vir homself ‘n wêreld van illusie skep, hy sal egter

spoedig besef dat dit slegs geestelike beelde is, tot hy uiteindelik

belangstelling verloor en besef dat hy in ‘n miserabele staat is en verlang

om sy situasie te verander. Dan sal hy hulp ontvang.

Maar ook hulle wat nie ‘n goeie nog ‘n slegte lewe op aarde gelei het kan

nie ‘n benydingswaardige lot in die koninkryk van die hiernamaals verwag

nie. Hulle sal wel nie bedruk word deur ‘n diepe duisternis nie maar hul

gebrek aan kennis sal hulle nog kwel, want hulle sal nie kan begryp

waarom hulle niks kan sien nie en met niemand kan praat nie en tog

bestaan. Hulle sal weinig krag hê en slegs wanneer hulle aan My dink sal

dit ‘n weinig ligter word en slegs dan sal My boodskappers van lig hulle weg

kan kruis en hulle help om hul situasie te verbeter, mits hulle toelaat om

onderrig te word en hulle vorige houding te laat vaar. Maar geseënd is hulle

wat al hierdie moeilike ervaringe in die koninkryk van die hiernamaals nie

sal hê nie, vir wie die koninkryk van lig oop is en wat besit van alle

heerlikhede kan neem wat die Vader vir Sy kinders in oorvloed aanbied

omdat Ek hulle liefhet en hulle nou ook op My liefde reageer. Amen

Die einde van ‘n verlossingsperiode

8748 9 Februarie 1964

Om julle te voltooi is aan julle ‘n bepaalde tyd toegeken en dit beteken dat

die afsonderlike ontwikkelingsperiodes in My heilsplan van ewigheid

reëlmatig terugkerend vasgelê word, dit beteken ook dat Ek so'n

ontwikkelingsperiode beëindig wanneer sy tyd verby is. Want al My bestuur

en werksaamheid gaan volgens ‘n wetmatige orde, soos My Wysheid van

ewigheid dit vir reg en suksesvol ingesien het. En daarom is Ek in My

besluit ook onveranderlik, want diepste Wysheid en eindelose Liefde het al

wat gebeur gelei en My staan onbegrensde Mag tot beskikking om ook alles

te kan uitvoer wat Ek as doelmatig sien.

Die begin en die einde van ‘n ontwikkelingsperiode lê egter so ver uit

mekaar, dat mense die begin nie meer kan bewys nie en daarom ook ‘n

einde vir onmoontlik hou, gevolglik bly dit suiwer ‘n saak van geloof om

363

so'n onderrigting aan te neem. Die mens moet egter nie deur wat se bewys

ook al, gedwing word om sy wil te wysig nie en daarom moet daar ‘n sluier

oor die diepste geheime van die skepping gesprei bly. Tog kom eens die

oomblik waarin ‘n verlossingsperiode afloop en die mense word ook altyd

weer deur sieners en profete gewys op so'n einde. Hulle word steeds deur

My bodes, wat Ek vir My op aarde opwek om deur hulle oor dinge te spreek

wat die menslike verstand alleen nie kan deurvors nie, daarop attent

gemaak.

Van die begin van hierdie periode af is daarop gewys dat dit ook eens

beëindig sal word, maar sulke aanwysings vind nouliks geloof en die mense

laat hulle nie daardeur oorreed om hul lewenswandel te verander om te

strook met My Wil nie. Sulke profesieë was vir hulle steeds ongeloofwaardig

en om sulke leerstellings aan te neem kan hulle nie gedwing word nie. Maar

al verloop daar nog lang tye, eenmaal word al hierdie verwysings na die

einde van die ontwikkelingstydvak tog vervul en dan moet die mense daar

rekening mee hou dat daar weer ‘n nuwe tydperk begin, dat die oue

vergaan en daar iets nuuts ontstaan, ook as hulle nie by magte is om

hulself so'n vergaan en nuwe ontstaan voor te stel nie.

Heel weinig mense dink egter daaroor na, dog hierdie weiniges sal ook

verder in My heilsplan deurdring, hulle sal daaroor van My kant opheldering

ontvang en daarom ook van die beëindiging van ‘n periode op aarde oortuig

wees, omdat hulle deur hulle wil, wat na My toe gekeer is ook in die

samehang van dit alles deurdring.

Daar is julle, mense ‘n bepaal tyd toegeken om julle te verander, om terug

te keer na My. Hierdie terugweg was eindelose lank en in die hoedanigheid

van ander skeppingswerke ervaar julle die ou aarde reeds voor julle

bestaan as mens, tog eers in die laaste stadium as mens word julle julleself

bewus van julle lewe. Eers as mens is julle ek-bewuste wesens, terwyl julle

voorheen die ek-bewussyn mis en daarom niks weet van die tyd voor julle

menswees nie.

Die tyd wat julle verleen is sou egter heeltemal voldoende wees om julle

weer te laat word tot die wese soos julle eens van My uitgegaan het. Het

julle evenwel julle doel nie bereik nie, dan is dit alleen julle eie fout en

daarom moet julle ook die gevolge dra. Want met ‘n onvermoeibare geduld

en in oorgrote Liefde het Ek julle gehelp om stap vir stap omhoog te kom

en slegs ‘n heel kort tydjie laat Ek julle, julle gang gaan, sodat julle vanuit

hierdie vryheid self die weg na My neem, dat julle uit eie beweging - uit

liefde - na My toe kom, om dan as My kinders altyd en ewig by My te bly.

Maar hierdie vryheid moes Ek julle gee, want dit was die hoofvoorwaarde

om van skepsele tot kinders te word. En julle kon ook hierdie laaste

wilsproef maklik deurstaan, omdat julle genade op genade ontvang, omdat

Ek julle met My Liefde agtervolg en alles aanwend om julle daartoe te bring

om definitief na My terug te keer.

364

Nou egter is hierdie tyd wat julle verleen is verby en moet die wet van My

orde in vervulling gaan. En ofskoon julle, mense dit nie wil glo nie, sal die

einde van hierdie ontwikkelingsperiode heel seker kom. Met 'n goeie wil sal

julle dit alles kan insien, maar dit in sy volle betekenis begryp, sal alleen

diegene wat Ek op die laaste dag sal onttrek, omdat hulle al op aarde Myne

geword het, as geestelik gewekte ook elke saamhang begryp. Die ander

wat egter nie aan My glo nie sien hulself plotseling teenoor die dood staan.

Hulle kan dan egter nie insien wat daar rondom hulle afspeel nie, omdat die

gebeure alleen begryplik is vir hom wat geestelik gewek is, maar in hul

hoogmoed het hulle nog ‘n besef van hul verkeerde lewe, nog van My, hul

God en Skepper en daarom bly hulle geestelik blind, hulle is dus soos

'lewelose' skepsels voordat hulle aan die liggaamlike dood ten prooi val. Die

tyd is nou beëindigd wat Ek vir die aarde en sy bewoners vooraf bepaal het,

en alleen hulle sal oorbly, die wat Myne geword het en die sal Ek ontruk,

sodat hulle hierna die nuwe aarde bewoon. Met hulle sal My heilsplan van

ewigheid die terugvoer van al die eens gevalle geestelike, deur My groot

skepping voortgesit kan word, sodat daar weer ‘n deel van die gevalle

geestelike definitief na My terugkom.

Dog steeds sal ‘n onmeetlik leed en allergrootste ellende aan die einde van

‘n ontwikkelingsperiode dit voorafgaan en juis deur daarop te wys, moet dit

die mense te dinke gee wat aandag skenk aan wêreldgebeure. Maar elke

mense wat My nog weerstand bied, sien die ellende nie, inteendeel alleen

die aardse genoës, ‘n goeie lewetjie, die ekonomiese opbou, daardeur

strewe hulle ook alleen maar na aardse goedere. En om die rede kan hulle

ook alleen nog deur die natuur katastrofes wat die grootste onheil aanrig

en die mense hul aardse goedere en besittings ontneem, wakker geskud en

tot besinning gebring word.

Verwonder julle daarom nie wanneer daar nog baie onheil oor julle kom nie,

want dit is die laaste middele om diegene nog wakker te skud wat in hul

wêreldse geborgenheid en in 'n goeie lewetjie traag voort vegeteer. Hulle

gaan ‘n vreeslike einde tegemoet as hulle nie betyds totaal verander nie,

wat alleen nog maar deur ‘n groot natuur katastrofe tot stand gebring kan

word, wat nie deur menslike wil veroorsaak word nie, veeleer duidelik die

bewys is van ‘n Mag, Wie hulle maar net hoef te aanvaar om vir ewig gered

te wees. Amen

’n Leraar word deur God Self onderrig

8749 10 Februarie 1964

Ek sal alle leemtes in julle kennis invul vir sover julle kennis nodig het. As

mens is julle nog onbekwaam om in die diepste diepte van wysheid deur te

dring waarvoor ‘n hoë graad van volmaaktheid nodig is, wat ‘n wese

gewoonlik slegs in die geestelike Koningkryk bereik waar hy ten volle deur

My liefde ingelig kan word.

365

Waar Ek op aarde ’n persoon met My bediening toevertrou moet hy met

voldoende geestelike kennis toegerus wees wat geen leemtes laat nie,

sodat hy instaat sal wees om enige vrae te kan beantwoord wat aan hom

gestel mag word.

Wat ‘n mens ook al wil weet, hy sal altyd ‘n antwoord kan kry by hulle wie

Ek direk deur die Gees onderrig en wat al die nodige kennis sal hê.

Nietemin sal hulle ook stadig aan dit voorgestel word en Ek is altyd bewus

wanneer hulle bepaalde kennis nodig het om vrae te beantwoord.

En so berei Ek hulle mettertyd voor, of Ek beantwoord direk vrae soos Ek

julle uitgenooi het om My te vra wanneer één of andere vraag julle hinder.

Maar julle wat verlang om dinge te weet sal altyd na die bron moet gaan

waar julle die waarborg het dat julle die waarheid van My ontvang. Moet

nie toelaat dat ‘n oningeligte mens julle onderrig nie, hulle wat nie na die

bediening geroep is deur My nie.

Elkeen wat My wil dien is welkom as arbeider in My wingerd. Maar Ek wys

hom die bepaalde plek aan waar hy die meeste geskik is om vir My te werk

en so het elkeen van My dienaars ‘n ander taak.

Nie elke arbeider in My wingerd kan ‘n leraar wees nie, maar hy kan help

om die waarheid te versprei deur die regte leerstellings deur te gee en te

sien dat die waarheid uit My versprei word.

Hy kan ook, om hierdie leer deur te gee, My direk oorgedraagde Woord,

mondeling voorlees vir sy medemens, wat dienooreenkomstig krag sal

uitstraal en mense sal beïndruk soos My direkte aanspreking.

Maar nie elkeen moet dink dat hy My wil vervul wanneer hy gebruik maak

van ‘n kennis wat hy deur My Woord ontvang het en dink dat hy die reg en

die bekwaamheid besit om te onderrig nie, hy moet eers uit die diepte van

sy hart vir verligting van sy gees vra, sodat Ek Self deur hom kan praat,

selfs as hy sy eie woorde gebruik.

Dan sal sy toespraak eenvoudig en duidelik wees en sal die hart van elkeen

wat van goeie will is raak. Maar sodra die mens begin intellektuele

interpretasies te gee, gee hy nie meer “My Woord” deur nie en sal nie baie

sukses hê nie. Dan werk hy nie in My wingerd nie omdat hyself nog teveel

in die voorhoede is wanneer hy die werk aan My moet oorlaat.

‘n bediening vereis konstante direkte onderrig deur My wat die leraar van

begrip en ‘n ware oordeel voorsien wat hom toelaat om te onderrig.

Wanneer Ek My Woord direk na die aarde stuur sodat dit neergeskryf kan

word, dan moet dit wat geskryf is ook deurgegee word aan julle

medemens. Vir die taak benodig Ek gelowige dienaars wat alles sal doen

om My Woord te versprei en Ek sal hulle vir dit seën, omdat die

verspreiding van “My Woord” tydens die finale tyd vóór die einde die mees

effektiewe teenmaatreël is om die aktiwiteit van My teenstander in

bedwang te hou, wat bly poog om die mense in uiterste duisternis te hou

deur valsheid en dwaling.

366

Julle sal help om die lig te versprei sodat baie mense kan krag kry deur My

Woord om hulle te help om hulle weg uit die duisternis te vind. En waarlik,

Ek kies die regte dienaars wat die taak sal vervul wat Ek aan hulle

toevertrou, elkeen volgens sy vermoë en gewilligheid.

Maar as ‘n mens My uit die diepte van sy hart vra kan Ek Hom ook die

vermoë gee om vir My en My Koningkryk te spreek. Dan sal hy op ‘n reguit

en eenvoudige manier van My getuig en sal poog om sy medemense na

geloof en liefde te lei. Hyself sal ‘n lewe van liefde leef en as gevolg

daarvan sal sy gees gewek word, sodat Ek hom as mondstuk kan gebruik

en hy praat in sy eie woorde wat Ek Hom voorsê.

Hierdie toesprake sal nie geleerd klink nie; hulle sal nie uit die verstand

kom nie, maar uit die hart, want Ek spreek slegs deur die hart.

Wanneer Ek, nietemin, My Woord direk na die aarde stuur lei Ek Self ‘n

geskikte leraar op wat Ek met ‘n kennis toerus wat hy kan begryp en self

deurgee aan sy medemense. Dan is hy die regte houer waarin My Gees

kan stroom. As mens het hy ook die geskenk om sy medemens in te lig,

wat na lig streef. Ek het hom hierdie taak toevertrou en hy sal

ooreenkomstig My wil werk en sal gevolglik elke vraag eerlik kan

beantwoord wat aan hom gestel word omdat die nodige kennis hom nie

ontbreek nie.

Elkeen wat ernstig wens om My te dien sal Ek op die regte plek plaas en sy

besondere taak aan hom toewys wat hy moet uitvoer na die beste van sy

vermoë en My seën sal altyd met hom en sy werk wees. Amen

Was die siel van Jesus reeds geïnkarneer voor die

menslike verskyning van God? ( Jesus eersgebore)

8750 11 Februarie 1964

Telkens weer wil Ek My liefde vir julle openbaar deur julle aan kennis

bekend te stel wat julle baie gelukkig sal maak, want dit sal soos ‘n helder

lig dinge aan julle onthul wat voorheen deur duisternis bedek was en omdat

julle graad van bewustheid weer verhoog sal word en dit ook die volwasse

wording van die siel beteken. Want liefde sal en moet altyd die basis wees

vir die stuur van My Woord, Ek kan julle nie aanspreek as ‘n bepaalde

graad van liefde nie teenwoordig is nie en so sal hierdie liefde die lig van

besef steeds helderder in julle laat skyn. Julle het nog vrae wat net Ek kan

beantwoord, omdat net Ek die gebiede ken wat julle begeer om beter te

begryp:

Alle hoë, nie voorheen gevalle geeste inkarneer ook op aarde om die weg

deur die diepte te neem om die hoogste doel ‘die kindskap van God’ te

bereik. En vir hierdie doel moet hulle op aarde in die vlees lewe, hulle

beliggaam hulself as mense op aarde en lewe hul aardse lewe soos elke

eens gevalle oer gees. Hulle moet ook worstel en hulle verset teen alle

verleidinge waarmee hulle van My teenstander se kant gekonfronteer word.

367

Dus moet hulle in der waarheid deur die diepte gegaan het om wanneer

hulle teruggeroep word, terug te keer as kinders van God, na My hul ewige

Vader. En die ligwesens het nog altyd neer gedaal om mense te help, wat

as gevalle wesens, hul terugkeer na My moet bereik. Die liefde van die lig

wesens is baie sterk en diepgaande sodat hulle altyd nuttig is en slegs altyd

probeer om My verlore kinders na My terug te bring en Ek hulle nie teëhou

as hulle na die aarde wil kom om hulp te bring nie, wat altyd nodig is. Maar

die wesens het altyd uit My gekom deurdring deur My lig van liefde, hulle

was lewende wesens wat uiters volmaak was, wat met dieselfde wil as

Myne, met My in die geesteryk as ook op aarde werk wanneer hulle vir ‘n

missie aarde toe kom. Geen ligwese sal homself ooit uitsluit van ‘n missie

om lig te bring na die aardse inwoners nie.

En so was die siel, wat as die mens Jesus die verlossingswerk op aarde

gedoen het ook so’n Gees van lig wat aanvanklik te voorskyn gekom het uit

My as ‘n lig straal van liefde waaraan Ek ‘n onafhankelike lewe gegee het.

Hierdie Gees het ‘n unieke missie aanvaar omdat Hy van die begin af besef

het dat die gevalle wesens hom hodig sal kry, omdat Hy van die begin af

besef het dat die eerste mens sal faal en dat Hy, daarom, as ‘die mens

Jesus’ die mensdom wil help. Hy was van die begin af ook inderdaad aktief

betrokke by die skepping van die materiële wêreld, want My wil en krag

stroom in alle wesens wat loyaal aan My gebly het en wat daarom as

onafhankelike wesens in oneindigheid aktief was. Hierdie Siel het ook na

die aarde afgedaal (hierdie Siel, het ook reeds vantevore My as Gees van

lig gedien) en Hy vestig ‘n verbinding tussen die mense en God, d.w.s. Hy

kom oor die mense as ‘n Gees van lig en laat My so Self toe om hoorbaar

met mense deur hierdie Siel te praat. Daarom dien hierdie Gees van lig My

as dekking, nietemin nie fisies nie, alhoewel tydelik sigbaar aan mense

maar nie permanent nie, in soverre dat Hy nie op aarde as 'mens' geleef

het nie maar slegs gewerk het onder mense wat blykbaar dieselfde fisiese

substansie het en tog was en bly Hy ‘n geestelike wese wat weer uit sig

verdwyn van die wat Hy gehelp het deur instruksies en gesprekke.

Hoë ligwesens het hulself inderdaad fisies op aarde beliggaam en as

verteenwoordigers van My ook altyd My wil verkondig aan mense, want dit

was noodsaaklik om hulle van inligting te voorsien waarom en vir welke

doel hulle op aarde in geestelike ontbering leef. Nietemin, ‘n onderskeid

moet gemaak word tussen die aardse lewe van ‘n ligwese as mens en die

verskyning van ‘n Gees van lig deur Wie Ek gekommunikeer het. In die

geval was so’n Gees van lig nie My sigbare uiterlike dekking soos die geval

met die mens Jesus nie, maar het Hy My slegs gedien om My Woord aan

die mense op ‘n natuurlike manier te verkondig, want Ek kon ook die

mense van bo af toegespreek het maar dan sou hulle hul vryheid van wil

verloor het. Dus gebruik Ek altyd ‘n uiterlike vorm wat of ‘n fisiese of ‘n

geestelike mens kon wees. Nietemin, leef die eersgenoemde Sy lewe op

368

aarde as mens, terwyl die laasgenoemde slegs tydelik aan mense sigbaar

was omdat hulle dringend My Woord benodig het.

Derhalwe as dit gesê word dat die siel van Jesus herhaaldelik geïnkarneer

het voor My menslike verskyning, moet julle slegs altyd ‘n geestelike

verskyning veronderstel toe die Liefde, Ek Self, My wou openbaar aan die

mense en so het Ek ‘n geestelike dekking vir My gekies om My aan mense

te vertoon. Terwyl ‘n beliggaming van die Siel van Jesus in die vlees voor

My menslike verskyning nie plaasgevind het nie, hoewel Ek My deur die

Woord in ‘n mens kon openbaar as hy uit die koninkryk van lig na die aarde

afgedaal het. Die Siel van Jesus word gekies om My menslike verskyning op

aarde toe te laat en hierdie Siel was waarlik die aller hoogste Gees van lig,

wat as die eersgebore Seun te voorskyn gekom het uit My d.w.s. uit My

krag en die wil van hom wie My groter as groot liefde as eerste-geskape

wese buite Myself geplaas het. Ek Self, as die Ewige God Gees openbaar

Myself slegs in Jesus, in hierdie hoogste siel van lig. Maar Hy het My reeds

vantevore as Gees van lig gedien om My toe te laat om met die mense te

praat, wat nietemin ‘n hoë graad van volwassenheid gehad het wat My

toelaat om aan hulle sulke ligwesens te stuur deur wie Ek Self hulle direk

kon toespreek.

Maar die feit dat ontelbare ligwesens voor dit ook as mense beliggaam was

wat ook die kontak van mense met My instand gehou het, wat My Woord

aan hulle bring, wat by wyse van spreek, op aarde geleef het as mondstuk

vir My, moet as waarheid aanvaar word, maar moet nie tot ‘n misverstand

lei nie, omdat die Siel van Jesus vir My menslike verskyning gekies was,

omdat Hy Homself vanaf die begin vir hierdie daad van medelye in die

bewustheid van die mislukking van die eerste mens aangebied het.

Dit is verkeerd om te sê dat Ek as God reeds verskeie kere geïnkarneer het.

Want My menslike verskyning in Jesus is en bly ‘n unieke daad, wat die

mensdom nie kan begryp nie en selfs die wêreld van lig nouliks kan begryp,

‘n sootgelyke daad het nie voor en sal ook nie daarna weer kan gebeur nie.

Want Jesus is nie een van baie nie, maar Hy is Die Een wat vir julle mense

en vir alle wesens in die koninkryk van lig ‘n sigbare God is, wat Ek vir My

as dekking gekies het en wat ewig sigbaar sal bly.

En hierdie Wese het ‘n uitsonderlike status, want Sy liefde. As die eerste

Gees wat deur My en Lucifer se liefde uitgestraal is, was so onmeetlike

diepgaand dat slegs Hy vir My menslike verskyning oorweeg kon word en

so was ‘n vorige proses as ‘n mens op hierdie aarde buite die kwessie, wat

egter nie uitsluit dat Hy ook aan die skepping van die materiële wêreld

deelgeneem het nie, omdat Hy van My plan van terugkeer op hoogte was

en Hy altyd My wil sonder voorbehoud aanvaar en as ‘n wese met oorvloed

van lig en krag dit ook kon verwesenlik. Hierdie wese was so toegewy aan

My dat dit die volle samesmelting met My toelaat, dat Hy en Ek een moes

wees, omdat Ek in Hom en Hy in My mekaar geabsorbeer het en dit daarom

tenvolle die verborgenheid van My menslike verskyning in Jesus sal onthul

369

die oomblik wat die wese weer die graad van lig bereik wat hom die

helderste besef gee. Amen

Die teengaan van misleide menings oor die

inkarnasie van Jesus

8751 12 Februarie 1964

Ek wil slegs altyd ‘n einde maak aan twyfel wat in julle hartee inglip maar

dit is goed, want slegs dan kan julle ‘n verduideliking ontvang, omdat ‘n

persoon wat dink dat hy die waarheid weet en nie daarvoor vra, nie

onderrig kan word nie. As gevolg van My wil sal iets altyd weer gebeur wat

julle sal laat twyfel en so sal julle innerlik aangespoor voel om dit te vra. En

die baie misleide menings is oorwegend gedeeltelik toe te skryf aan

verkeerde onderrig en gedeeltelik toe te skryf aan gebrek aan begrip en dit

is die wat Ek wil regstel. Een van hulle is die populêre opinie dat die Siel

van Jesus verskeie kere geïnkarneer het voor My menslike verskyning in

Hom, omdat die mense nie die werking van die ligryk op aarde en in die

geesteryk weet nie. Tot hulle nie die verbintenis begryp nie, sal hulle

onverskillig teenoor sulke onderrig bly en dit verwerp in die geloof dat hulle

die ware kennis het. Derhalwe moet hierdie verbintenis telkens weer aan

mense verduidelik word, wat presies is wat Ek altyd doen. Omdat Ek, die

ewige Waarheid, die waarheid na mense sal stuur en altyd elke misleide

onderrig sal weerlê en dit sal bewys.

Die ligwesens wat aan My gertou gebly het toe Lucifer en sy aanhangers My

verlaat het, werk permanent met My en binne My wil. Hulle aktiwiteit in die

geesteryk kan nie aan julle verklaar word nie, maar hulle neem deel aan

die vorming van nuwe wesens van die mees diverse soorte, omdat hulle

onophoudelik poog om die gevalle substansies van elke geleentheid te

voorsien om volwasse te word, omdat hulle diepe liefde hulle voortdurend

aanspoor om verlossings dade te doen. Hulle sal ook self na die aarde af

daal as die geestelike ontbering van mense dit vereis. Dit is alles reeds

verskeie keer aan julle verduidelik. Maar julle leef in ‘n tydperk wat reeds

deur baie fases van ontwikkeling voorafgegaan is. En die wêreld van lig is

altyd instrumenteel in die bevordering van die ontwikkeling van mense.

En daar was ook tye toe Ek Self, die ewige Liefde, mense wat die liefde in

hulle harte self aangesteek het, waarvan hul aard dus op die weg van

terugkeer na My was, Self versorg het, maar as gevolg van hul las van die

oersonde daar nog ‘n lang afstand was wat slegs deur die daad van Jesus

se Verlossing oorbrug kon word. Nietemin, My liefde was besorg dat hulle

nie aan die verleidinge van My teenstander moet beswyk nie, wat hy

voortdurend gebruik het om hulle aan hom te bind. En so openbaar Ek My

aan hulle deur My Woord. Ek kom na die mense op aarde in My Woord en

My Woord word gespreek deur ‘n Gees van lig wat na die aarde vir hiedie

doel afgedaal het sodat die mense die Woord van die Vader kon hoor omdat

370

Ek Self nie sigbaar vir die mense was nie, maar self bly hierdie Gees van lig

slegs sigbaar vir die mense terwyl Ek deur hom wil praat. Dus was die

ligwese nie beliggaam in ‘n mens nie, in der waarheid was dit ‘n oer gees

wat nie geval het nie, maar hierdie oer gees kom nie na die aarde om

kindskap van God te kry nie, wat met ‘n missie geassosieer word, maar vir

mense was dit suiwer ‘n sigbare uiterlike vorm vir 'My Woord', wat

veronderstel was om gehoor te word soos ‘n gesprek tussen een persoon

met ‘n ander, maar sonder om ‘n dwingende effek op hulle te hê.

Omdat Ek Self die 'Woord' is, kom Ek Self na die aarde na hulle waarvan

die harte met liefde gevul is. En nou neem Ek die vorm van ‘n Gees van lig

aan, Hy was egter nie fisies geïnkarneer as mens op aarde nie maar was

slegs aktief as ‘n suiwer gees wat die bevoegdheid gehad het om aan

mense sigbaar te wees of sy vorm op te los volgens sy wil. En op hierdie

wyse bly Ek verskeie kere by mense.

En die Siel van Jesus, die mees liefdevolle Gees wat uit My voort gekom

het, was ook van diens vir My sodat My Woord deur Hom gespreek kon

word, dat Hy so ‘n mens onder mense bly, op gesig waarde. Maar die daad

van My menslike verskyning in Jesus was ‘n ongewone uitstaande proses

wat ook verklaar moet word. Ek kies die hoogste en mees volmaakte Gees

van lig vir My, van wie se groter as groot liefde hierdie belangrikste posisie

regverdig en daarom was dit die eerste keer wat Hy as ‘n mens beliggaam

word toe Hy My, die Hoogste en mees Volmaakte Gees van ewigheid, as

dekking, moes dien omdat My menslike verskyning in Hom ‘n unieke

gebeurtenis was en sal bly. ‘n Vorige inkarnasie as mens kon nie moontlik

wees nie omdat so’n bestaan as ‘n mens vereis om in die gebied van My

teenstander te moet bly, wat nog uiters kragtig was omdat die oersonde

nog nie verlos was nie en die kragte van duisternis aan Sy siel sou vasklou,

wat Hy verseker kon afskud maar Hy kon hulle nie verlos het nie, omdat

die verlossingswerk noodsaaklik vir dit was. Maar waar Ek Myself wil

vertoon was geen duister magte toegelaat om dit van te vore te versoek

het nie en geen daad van onvriendelikheid moes van te vore plaasgevind

het nie, selfs nie die verdediging teen die nie-geestelike wat egter nie

verhinder kon word nie, omdat ‘n beliggaamde ligwese homself nie aan die

duisternis kan oorhandig nie.

Al hierdie gebeure is begryplik wanneer die Verlossingsdaad van Jesus

Christus in ag geneem word, wat eers die gevalle oersonde van die wesens

moes verlos. Maar ‘n inkarnasie as mens sal altyd die Verlossing van ‘n

gevalle oer gees beteken of ‘n nie-gevalle oer gees toelaat om die weg deur

die diepte te neem om ‘n kind van God te word. Nietemin, word die siel van

Jesus die lasigste missie vir sy aardse ontwikkeling gegee, Hy neem

vrywillig die uiterste lyding op Homself, maar die liefde wat Sy siel in

oorvloed vul gee Hom die krag om dit te doen. Selfs voor sy afdaling na die

aarde het Hy reeds bestaan uit die uiterste oorvloed van lig en was in

waarheid ‘My Seun in wie Ek ‘n wel behae het'. Ek kon Myself slegs in so‘n

371

siel beliggaam, hierdie 'menslike verskyning van God' was slegs moontlik in

Hom slegs Hy kon tenvolle met My integreer, dus een word met My. Amen

Die vrye wil moet geestelik kennis aanneem

8753 14 Februarie 1964

Waar daar aan julle ‘n geleentheid voordoen, om ophelderend werksaam te

wees op geestelik gebied, daar moet julle gebruik maak daarvan en van My

bystand sal julle altyd verseker kan wees. Want niks kom toevallig op julle

weg nie, alles word deur My beskik, soos Ek dit as nuttig en seënryk vir die

siele van die mense insien. Want daar is nog baie dwaling om uit die weg te

ruim en Ek ken die mense, wat van goeie wil is. En hierdie probeer Ek die

waarheid te laat toekom sodat hulle tot insig kom en hul dwaling nie verder

deurgee tot skade van hul medemens nie.

Ek kan egter alleen daar werk waar die wil My betref, waar dus geen

weerstand teen My as God en Skepper meer bestaan nie, want so iets

maak alle weë onmoontlik en verhinder as gevolg daarvan die mense om

dit aan te neem wat hulle as die waarheid vertel word.

Ek is ‘n God van Liefde, Wysheid en Mag en tog gebonde aan My wet van

ewige orde. Self kan Ek nie in stryd handel met hierdie wet nie, omdat Ek

‘n hoogs volmaakte Wese is en hierdie ewige wet ook beantwoordend aan

My volmaaktheid opgestel word. En so kan Ek nie op grond van My Mag ‘n

geskape wese wat vry is, onvry maak nie, deurdat Ek die wese My Wil oplê.

Dog kragtens die vrye wil kan die mens in die waarheid, maar ook in die

mees krasse dwaling verkeer sonder om deur My daarin verhinder te word.

Maar die kleinste bietjie wil om in die waarheid te wandel, verseker hom dit

ook omdat Ek daartoe die mag het en omdat Ek die wil sien en alles so

beskik, dat die mens in die waarheid gelei word.

Maar iedereen wat bereid is om My te dien, wat dus besig is, in die sin van,

sy medemens opheldering te skenk, moet self ‘n gewekte gees hê, dws.

deur middel van gedagtes in innige verbinding met My staan en deur werk

van liefde hierdie innige verbintenis te versterk sodat hy dus die kontak tot

stand bring tussen hom en My, wat vir hom die stroom van My Liefde

moontlik maak en wat in die vorm van die deurgee van waarheid bewys

word. Want eers wanneer hyself die waarheid besit kan hy dit ook aan sy

medemens deurgee en dan sal Ek hom seën en hom waarlik ryk voorsien

van geestelike kennis. En hy sal sy verstand minder nodig hê wanneer hy

luister na dit wat die stem van sy hart hom sê.

Hy sal hom, meer deur die gevoel laat lei en tog heel suksesvol arbeid kan

verrig, omdat hy altyd seker kan wees van My ondersteuning wanneer dit

daarom gaan dat die lig onder die mense gebring word. Julle moet julleself

egter sonder teenstand laat lei, dws. aan elke innerlike opdrag gevolg gee

wat julle weliswaar as self gewil sal voel, wat egter steeds My Wil as

beweegrede het, Wie julle die regte gedagtes in gee.

372

Elkeen wat die innerlike drang voel om die waarheid te besit en deur te

gee, kan Ek ook as goeie knegte vir My wingerd gebruik. En hulle sal steeds

alleen vanuit My Wil besig wil wees, wat hy in hom voel, as ‘n eie verlange

wat hy sou wil vervul. En die se weë sal Ek gelyk maak en ook sy gedagtes

reg lei. Maar dit is maar weinig wat na die lig soek en tot die Bron van die

lig gaan, dit is omdat maar weinig genoë neem met geestelike leringe wat

hulle van buite af gebring word, dit is omdat maar weinig die waarheid

probeer soek en so met My in innig kontak staan.

En daarom kan daar van My af maar selde waarheid na die aarde gestuur

word, maar dit sal verbrei word omdat die lig ingang sal vind en steeds

weer diegene sal toestraal wat hulle uit die duisternis wil bevry. En hoe

dieper hulself die waarheid binnedring, des te sterker is in hulle ook die

drang om hul medemens opheldering te gee. En elkeen van hulle is vir My

dan ook ‘n ware medewerker in My wingerd, omdat hy dan in My plek praat

wat die mense alles moet weet en ook sou kan weet as hulle hul harte

maar sou wil open sodat helder lig by hulle binne kan straal.

En of daar maar weinig is wat My dien, hulle sal tog nie sonder resultaat

werksaam wees nie, want die lig het ‘n kragtige werking wat nie onderskat

mag word nie. Daarom, let alleen op My leiding en neem ook alles wat

gebeur as Goddelike beskikking aan, want Ek alleen ken die harte van die

mense en Ek alleen weet wat vir hulle siele dienstig is om volwasse te

word. Amen

Weer net soos voor die tyd van die sondvloed

8754 16 Februarie 1964

Dit sal weer ‘n tyd wees soos voor die sondvloed. Weer sal die mense

oorloop van vreugde en hulle aardse lewe geniet. Weer sal hulle strewe na

meer en die hoogste doeleindes wil bereik, hulle denke sal egter slegs

aards-materieel gerig wees. Weer sal die sonde die oorhand kry en die

mense sal duidelik dienare van Satan wees; die waarheid sal uitgelag en

die dwaling aanbid word. Na God se stem sal nie geluister word nie, maar

vir die stem van Satan sal die menseharte geopen wees. En so sal hulle

steeds net die bose doen en voortdurend die ewige orde oortree. Hulle sal

sonder liefde wees en in plaas daarvan ‘n vergrote eieliefde besit. Hulle sal

altyd vir hulself werk en sorg en by die nood van die medemens sonder

erbarming verbygaan.

Maar ook dié tyd is vooruit verkondig en dit sal kom soos wat die een dag

op die ander volg, want eenmaal word die toekoms teenwoordige tyd en

eendag word alle voorspellings vervul. Julle staan voor die einde en daar

sal geen langdurige tyd meer verbygaan nie.

En daarom moet julle almal nog ywerig besig wees, julle, wat julleself

aangebied het vir die arbeid in die wingerd van Jesus. Julle moet alles doen

wat moontlik is om julle medemens in te lig, en vir daardie doel word julle

van Bo geestelik goed toegerus wat waarlik geskik is om die tot besinning

373

te bring as hulle maar ernstig daaroor wil nadink. En God kan alle

menseharte deurgrond en ook sien wie nog te red is. En vir daardie

weiniges stuur Hy Sy bodes uit wat hulle die woord moet bring wat hulle

volle opheldering skenk en hulle ook die riglyne vir ‘n korrekte

lewenswandel aangee. En om Sy woord aan te neem, beteken reeds

redding uit die duisternis en redding van ondergang, want wie die woord

van God aanneem sal seker daarmee ook alles ontvang wat hy nodig het.

Hy sal vol wees van lig en krag en niks kan hom dus meer verskrik wat van

die kant van die vyandige geestelike op hom sal afstorm nie.

En julle twyfel nie meer daar aan nie wanneer julle rondkyk in die wêreld,

wanneer julle die dryfveer van die kinders van die wêreld en al die

wêreldgebeure kan nagaan, wat waarlik sulke afmetings aangeneem het

dat slegs ‘n geweldige vernietigingswerk van God die mense nog sal kan

wakker skud.

Kan julle glo dat die aktiwiteit van die teenstander sal afneem, dat hy die

heerskappy wat hy eens by die mense verkry het, weer sal opgee? Kan

julle glo dat die mense van hierdie tyd hulle egoïsme sal bestry en hulself

as hulp bereid sal stel en hul tot hul medemens sal wend, dat hulle die

liefde in hulself sal ontsteek en hulself met God in verbinding sal stel?

Daarmee sal maar weiniges slaag en hulle behoort tot Syne wat Hy aan die

einde van die dae sal wegneem, om as stamouers van die nuwe

mensegeslag die nuwe aarde te bewoon, soos wat dit steeds nog verkondig

was.

Maar die getal van hulle sal gering wees en die doel van die arbeiders in die

wingerd van Jesus moet wees om die aantal te vergroot en om al die

bekwame mense nog tot verandering aan te spoor, sodat die oes in die

einde nie te gering sal wees nie. Maar die einde kom onherroeplik, al is die

tyd en die uur nog onbekend vir die mense. En al is die korrekte tyd nooit

deur God aan julle gegee nie, so kom dit tog met groot snelheid nader,

want dit is sedert die ewigheid vasgestel.

Steeds dringender sal julle vermaan word om julleself op die einde voor te

berei, omdat julle nog die moontlikheid het om julleself te verander en julle

by julle God en Skepper aan te sluit, wat vir julle as Vader wil verbly met ‘n

ewige lewe. Julle moet natuurlik julle daaglikse werk verrig, omdat julle nie

die dag en die uur van die einde weet nie, maar julle moet rekening

daarmee hou dat daar vir julle nog maar weinig tyd oorbly aangesien julle

andersins nie so dringend op die einde gewys sou word nie.

Gee slegs ag op al die voortekens, want dit sal wees net soos voor die

sondvloed. Die mense sal gier na genoegdoening en voortdurend deur die

teenstander aangespoor word tot ‘n tugtelose lewe, tot sonde en misdade

van allerlei aard. En die mense sal hom geheel terwille wees, omdat hulself

nie die krag sal hê om hulself teen hom te verset nie en omdat hulle geen

beroep doen op die barmhartigheid van die Verlossingswerk van Jesus

Christus nie, wie vir hulle ‘n versterkte wil verwerf het deur Sy dood aan

374

die kruis. Skynbaar sal die mag van God se teenstander groter wees as die

mag van God, wanneer die sataniese vlak van die mense en hulle doen en

late as maatstaf geneem word. En tog is die vrye wil van die mense alleen

maar die aanleiding van sy groot mag. Maar God self gebied hom om te

stop wanneer hy sy mag oorskry, wanneer hy teen God Self optree en Hom

in Jesus en Sy Verlossingswerk heeltemal probeer uitroei. Want dan sal die

lig van die ewigheid SELF die duisternis deurbreek, dan sal Jesus Self kom

in die wolke en die skare van gelowiges wat Hom trou gebly het tot die

einde van die aarde, wegneem.

Hy sal hulle wegneem voor die oë van die mense wat deur Satan regeer

word en hierdie mense sal aan ‘n sekerlike dood oorgelewer wees. Want

dan sal die aarde oopskeur en almal opneem wat gefaal het in hulle laaste

lewensproef op aarde en sal daarom opnuut gekluister word in die skepping

van die nuwe aarde.

Hoe ongelooflik dit vir julle ook al mag wees, julle moet dit as waarheid

aanneem en julle mag nie glo dat julle nog baie langer op die aarde gaan

bly nie. Vinniger as wat julle dink, sal die dag kom en geseënd is hy wat die

waarheid vroeër aangeneem het as wanneer dit hom aangebied was deur

julle, wat as troue arbeiders dien in die wingerd van Jesus.

Geseënd is hy wie sy lewe bewustelik op aarde lei, bewustelik homself na

God toe keer en wat trag om sy doel op aarde te bereik. Hy sal deur alle

versoekinge gelei word en ook teen die aanvegtinge van God se

teenstander weerstand kan bied, want hy het slegs mag oor die mens

wanneer hyself vir hom die mag gee. Nooit sal hy die mens kan dwing om

van hom afhanklik te wees wie se wil aan sy God en Skepper toebehoort

nie, wat hy as sy Vader erken het en slegs na Hom toe streef. Omdat die

mensdom God se teenstander verhef het op die troon, sal hulle ook

deelneem aan sy lot wanneer hy in kettings geslaan en in die duisternis

gewerp word.

Ook sy aanhang sal weer gekluister word in die materie en nog eenmaal die

weg van ontwikkeling moet aflê. En dit sal dus ook ‘n verandering van die

hele aardoppervlak vereis, ‘n vernietiging van die skeppingswerk sodat die

geestelike daarin weer kan vry word en opnuut gevorm kan word in die

skepping van die nuwe aarde. Want nooit staan God se ontwikkeling stil

nie, steeds word nuwe moontlikhede geskape wanneer die geestelike as

mens faal. Eenmaal moet elke siel die doel bereik, eenmaal sal elke siel tot

lewe kom en die lewe vir ewig nie meer verloor nie. Amen

Jesus se liggaam was hard gemaakte substansie

ooreenkomstig die wil van God.

8756 18 Februarie 1964

Aanvaar My onderrig en vra My wat julle wil weet, omdat Ek die waarheid

aan julle wil verklaar, sodat julle dit kan deurgee aan die wat julle vra.

375

Hoewel julle slegs ‘n geskikte verduideliking ooreenkomstig julle begrip kan

ontvang sal Ek julle intellek ook die kapasiteit gee om geestelike kennis te

herken en so sal julle in staat wees om vas te staan teenoor ‘n verstandige

persoon waar nodig. In ooreenstemming met die fisiese digtheid van die

mens Jesus met die opperste Gees van lig, wat na die aarde afgedaal het

om My as dekking vir My menslike verskyning te dien, is moeilik vir julle

om te begryp. Die gevalle as ook nie-gevalle oergeeste lewe op aarde in ‘n

fisiese uiterlike vorm wat uit onsuiwer substansies van ander oergeeste

bestaan, dus is hulle nog in die begin van hul ontwikkeling.

Daarom moet die siel homself vervolmaak tydens sy lewe op aarde, hy

moet alles wat ongeestelik in homself is verwyder, hy moet hom verset

teen alle verleidings, alle onsuiwer afval verwyder, alle onsuiwer instinkte

en begeertes beveg, alle ondeugde in deugde verander, dus sy hele wese in

liefde verander. En die siel word voortdurend gekwel deur die onvolwasse

substansie wat die siel weer wil aftrek en wat voortdurend gedryf word om

dit te doen deur My teenstander. Derhalwe is die mens se lewe op aarde

die laaste proses van reiniging in die fisiese uiterlike vorm en kan tenvolle

suksesvol in die totale vergeesteliking van die siel wees. Terselfdertyd kan

die siel die liggaam ook vergeestelik en verlos, as hy probeer om hierdie

onvolwasse substansie met baie liefde te beïnvloed. as hy alle wêreldse

verlange onderdruk en meer en meer probeer om die liggaam te oorreed

om hom tenvolle van die wêreld los te maak. En dan, die siel en liggaam

gesamentlik die innerlike gees volg en in ‘n diepe verbinding met My

ingaan.

Elke mens moet hierdie konflik in homself bestry, omdat elke fisiese

uiterlike vorm ‘n onvolwasse geestelike substansie is wat nog aan die

teenstander behoort, dit kan net nie direk deur hom beheer word tydens

die periode van beperking nie, terwyl die siel aan die verleidinge van die

teenstander tydens sy aardse lewe blootgestel word en moet hom ferm

verset en die liggaam as gevolg van sy onvolwassenheid, sal altyd die

strewe van die siel treiter, omdat die onontwikkelde geestelike substansie

nog baie op die donkerder gebied gerig is. Nietemin, kan dit lig ontvang as

dit dade van liefde uitvoer en dan sal die liggaam altyd deelneem aan alles

wat die siel wil doen.

Hoewel die siel van Jesus tog ‘n fisiese liggaam gehad het was daar

nietemin ‘n verskil, omdat Sy liggaam, Sy fisiese dekking, nie aan eensgevalle

oergeeste behoort het nie, ondanks dit fisies was, d.w.s.

ooreenkomstig My wil hard gemaakte geestelike substansie, wat nie werklik

deur My teenstander beïnvloed kon word nie, omdat dit nie aan hom

behoort nie want hy het geen gesag oor enige gees wat nie geval het nie.

Maar Jesus moes ‘n missie vervul, om Sy eie vergeesteliking op aarde te

bereik deur liefde en die verskriklike dood aan die kruis, deur die

verlossings daad. Toe Sy siel na die aarde afgedaal en in ‘n fisiese dekking

in gegaan het was dit betrek en behou deur talryke onvolwasse substansies

376

wat deur die lig aangetrek was, maar het die lig as kwelling ervaar en

probeer om dit uit te doof. Die Siel van lig het die koninkryk van duisternis

ingegaan en moes deur die gebied gaan en alles ontbind en verlos wat Sy

gebied en Sy lig inkom. Hy moes in liefde ly en probeer om alle onverloste

substansies te help wat by Hom aangesluit het, omdat Sy ontsaglike liefde

veroorsaak het dat Jesus na die aarde afdaal en Sy siel het nie hierdie

liefde opgegee nie, maar gebruik dit as krag vir die swak en ellendige

substansies wat aan Hom vasklou en Hy dit nie kragtig kan verwyder nie,

omdat Sy liefde dit nie toelaat nie.

En so word die liggaam gekwel deur bogenoemde onvolwasse geestelike

substansie wat alle instinkte wil oorbring wat inherent is aan elke mens na

die liggaam. En uiterlik, van ander mense, word die siel ook verontrus deur

baie verskillend verleidinge wat die natuurlike instinkte in die liggaam van

Jesus stimuleer, omdat Sy liggaam nie anders as die van ander mense

geskape was nie, maar bevat geen sataniese bestandele nie, aangesien

volgens My wil Hy sonder sonde voortgebring is en so ‘n suiwer houer is vir

My menslike verskyning daarin. Maar vir die doel van Sy verlossingswerk

reageer die liggaam op alle aanvalle deur My teenstander, aan alle

verleidings van buite, aan alle menslike verleidings soos enige ander

liggaam en Jesus moes al hierdie instinkte innerlike Self oorwin, omdat Hy

vir die mense as voorbeeld vir die regte soort lewe moes dien. En so moes

Hy elke menslike instink en elke begeerte na die wêreld oorwin, alle

verlanges moes Hy weerstaan, alle verleidings afweer sonder om die liefde

te oortree sodat Hy Sy liggaam kon vergeestelik soos elke ander mens

moet doen en Hy slaag om dit te doen, deur die krag wat die liefde Hom

gee om ook uiteindelik die verlossingswerk te doen. En tog weer moes die

mens Jesus alle menslike swakhede ken en oorwin, omdat Hy bedoel was

om ‘n skitterende voorbeeld te word vir die mensdom, omdat alle mense

die doel moet en kan bereik.

Die werk van vergeesteliking was in geen geval maklik vir Hom nie, omdat

die verleidings vir Hom besonder kragtig was, want die teenstander het self

teen Hom geveg om nie sy aanhangers te verloor nie. Andersins, egter,

moes die menslike uiterlike vorm wat My moes beskut suiwer en sonder

sonde wees, omdat Ek Myself nie in ‘n liggaam kan vertoon waarvan die

substansies aan ‘n gevalle oer gees behoort nie. Julle moet dit duidelik

begryp. Omdat juis hierdie uiterlike vorm vir ewig sigbaar moet wees en

bly.

Die eenwording van My en die opperste Ligwese, My ‘enig geskape Seun’.

en ‘n deel van ‘n gevalle gees sou nooit ooit moontlik wees nie. maar

sedert die Verlossingswerk deur Jesus kan elke gevalle wese hierdie

eenwording met My verwesenlik. Maar voor die kruisiging van Jesus het die

Verlossing nog nie plaasvind nie, dus sou die fisiese uiterlike vorm ook nie

bewaar kon word nie wat wel noodsaaklik was en daarom sou Ek Self nie

op aarde deur die mens Jesus kon gewerk het nie, wat egter die geval was,

377

omdat My Gees in Hom was en Hom met wonderwerke en deur My Woord

openbaar. So moet nie mislei word as julle kennis gegee word wat nie

ooreenstem met dit nie maar glo dat julle die suiwer waarheid van Myself

ontvang omdat Ek weet hoe mislei die gedagtes van baie mense nog is en

Ek elke valsheid sal regstel sodra julle My om dit vra. Amen

Slegs God kan die waarheid na die mense bring

8757 19 Februarie 1964

Laat My tot julle spreek en neem My leringe aan. Glo dat die reine waarheid

julle gebring word en gee dit daarom ook met oortuiging deur aan julle

medemens, want eers dan is julle ware dienaars in My wingerd. Die groot

geestelike nood van die mense vra dat hulle die suiwere waarheid

oorgebring word, want solank die mense nie goed besef Wie Ek is en geen

ware kennis besit oor hulle God en Skepper en oor Sy wese nie, solank sal

hulle ook nie probeer om My te benader nie. En solank is Ek nog nie

begerenswaardig vir hulle nie, omdat hulle nie weet dat My wese liefde is

en Ek steeds liefde wil gee en liefde ontvang nie.

Maar om My te kan liefhê moet My wese as hoogs volmaak erken word en

moet ook My liefde ervaar kan word. Maar dit is slegs moontlik as My

skepsele hulself vir My oopstel en hulself vrywillig aan My oorgee. Want dan

kan My liefde hulle weer bestraal en gelukkig maak. Daarom moet julle ook

weet dat julle skepsele is wat My oorgrote liefde laat ontstaan het en julle

moet weet dat julle voortgebring is deur My liefdeswil en liefdeskrag; dat

dus ook julle eintlike wese, liefde is

Sulke kennis kan alleen Ek julleself laat toekom, omdat My kennis alles

oortref. En daarom moet julle julleself deur My laat onderrig en dan ook die

kennis deurgee aan hulle wat nie met My in verbinding staan nie. Want alle

mense moet weet wat hulle in diepste wese was en almal moet weer strewe

na wat hulle in hulle oerbegin was, omdat hulle eers dan onmeetlik salig sal

wees. Eerstens wanneer Ek erken word as die hoogste volmaakte WESE in

die oneindigheid, sal die liefde ook in die harte van die mense tot My

ontbrand. Want eers dan sal hulle besef dat Ek dieselfde liefde is en dan sal

liefde tot liefde aanmoedig.

Solank as wat die mense nie ‘n korrekte opheldering gegee word oor My

wese nie, en solank Ek voorgestel word as ‘n wrede en toornige God,

solank sal hulle My ook nie vertroulik as kinders tegemoet kom nie en kan

hulle dan ook niks van My liefde bemerk nie. En nog minder sal hulle hulle

liefde self aan My skenk, maar veel eerder vrees en nooit die verhouding

van kind tot Vader herstel nie. Maar dit verlang Ek juis van julle om julle

ook bomate met My liefde gelukkig te kan maak.

Deur invloed van My teenstander word My beeld egter verwronge. En deur

sy inwerking word ook die waarheid ondermyn en met dwaling vermeng of

van julle weerhou. Terwyl weer, mense wat volgens hulle wil aan My

teenstander behoort, teen die waarheid veg, maar daarenteen ‘n

378

verstandelik wêreldse idee as waarheid verdedig, wat geen enkele

aanspraak daarop kan maak nie.

Maar julle, wie soek om My wil te vervul, moet teen hulle ingaan as julle in

My wingerd wil dien. Julle wat van Myself die suiwere waarheid as die

"goeie saad" ontvang en julle moet dit ook weer in die harte saai van

mense wat dit bereidwillig open, want gedwonge kan geen mens die

waarheid gebring word nie. Dit moet in liefde aangebied en in vryheid van

wil aangeneem word.

Maar dan sal die waarheid ook ‘n seënryke uitwerking hê deurdat die

mense, wat eers nog deur donker gebiede gaan omdat nog geen lig hulle

daar verlig nie, nou wandel in die lig. Ek voorsien julle mense ryklik van die

"goeie saad" waarmee julle die akkers (die harte) kan verbou, sodat dit

goeie vrug kan voortbring. Maar alleen deur My kan die 'kosbare saaigoed"

vir julle geskenk word, Ek alleen kan dit aan julle besorg en Ek alleen is die

bron waaruit die lewenswater ontspring, slegs by My kan julle die korrekte

voeding bekom.

En as julle gewillig is, kan julle die "voedsel" ook aan julle medemens

uitdeel, want hulle het netso versterkende voeding en verfrissende drank

nodig om ook moedig en kragtig hulle pelgrimsweg op aarde te kan

voortsit. Want julle weg op aarde moet julle aflê vir die volwassewording

van julle sielee en julle moet in die aardse lewe probeer om julle God en

Skepper te soek en te vind. En as Vader van My ware kinders sal Ek My ook

laat vind deur elkeen wat in erns na My streef.

En as julle My gevind het, dan sal My liefde julle gedurig versorg met

geestelike en ook aardse goedere. Die geestelike goedere bestaan egter uit

kennis oor alle geestelike gebeurtenisse wat julle bestaan as mens

voorafgegaan het en oor hoe My liefdevolle sorg julle tot die hoogste

volmaaktheid bring. Die geestelike goedere bestaan in ‘n groot mate van

insig. Daar sal in julle ‘n lig ontsteek word wat ver bo alles sal uitstraal en

julle weer ‘n insig gee in gebiede, wat slegs met geestelike oë aanskou kan

word.

Wie dus die groot barmhartigheid ontvang om in hierdie omvangryke

kennis ingelei te word, moet ook hierdie barmhartigheidsgawe in

dankbaarheid deurgee. Hy moet steeds weer dink aan die groot geestelike

nood van sy medemens wat meestal nog sonder enige liefde is. Maar eers

moet hulle aangemaan word tot liefdadigheid, want eers dan sal hulle ook

ontvanklik wees vir die geestesgawe wat julle hulle bring.

Daarom is julle groot taak om die mense steeds weer My gebooie van die

liefde in herinnering te bring, want alleen ‘n lewe in liefde kan die mense

die suiwere waarheid bring. Alleen deur ‘n lewe in ware naasteliefde sal

julle tot die besef kom van hierdie diepe kennis en alleen die liefde kan die

mens die insig bring wat die aanleiding en die doel van sy aardse bestaan

is. En eers dan sal hy ook ernstig probeer om die doel te bereik. Amen

379

Wie het die reg om te onderrig?

8758 20 Februarie 1964

‘n enorme kennis kan onregstreeks aan julle gegee word, maar julle sal dit

slegs volgens julle graad van liefde kan begryp, want julle Gees moet

gewek wees om te kan begryp wat julle ontvang. Daarvoor is ‘n aktiewe

lewe in liefde die basis, wat julle ontvanklik en geskik sal maak om te

begryp.

Daarom kan die geestelike kennis nie aan elkeen op ‘n akademiese manier

gebring word nie, dit hang alles af van die vlak van die individuele persoon

se erkenning en die omvang waarop hy bereid is om lief te hê, want elk

menslike wese kan liefhê.

As geestelike kennis direk aan iemand gestuur word, het hierdie persoon

die vlak bereik wat hom toelaat om te begryp wat hy ontvang. ‘n dergelike

begrip is ‘n voor vereiste as hy ook moet onderrig waarvoor Ek Self deur

My direkte aanspreek voorbereiding tref.

Die verklarings van so‘n persoon kan julle mense sonder twyfel aanvaar,

want as houer wat My Goddelike liefdelig ontvang moet hyself verlig wees.

In so‘n houer kan geen fout ’n vashou plek kry nie aangesien dit spoedig

geopenbaar sal word en verwerp word deur hom wat niks anders wil as om

My te dien nie, deur die waarheid van My deur te gee.

Julle moet besef dat Ek altyd Self ‘n houer kies vir die ontvangs van die

geestelike stroom van My af, want Ek weet wie waardig is om die suiwer

waarheid te ontvang en te verdedig. Die intellek van so‘n persoon sal goed

kan erken wat nie in belang van die suiwer waarheid is nie en dit waarvoor

hy as menslike wese kan opkom. Sy taak is en sal ‘n verbinding bly tussen

My en die mense wat deur die lewe in duisternis gaan, maar nie die

waarheid wil vind nie. Maar weet, dat slegs mense wat die waarheid ernstig

begeer, dit sal ontvang.

Nie elkeen kan die waarheid direk van My ontvang nie, want Ek verwag van

sulke direkte ontvangers van My Woord wat nie elkeen sal kan vervul nie.

Maar wanneer ‘n persoon na die waarheid streef sal hy dit ook deur sulke

bemiddelaars kan ontvang na wie Ek dit direk kan bring.

die laasgenoemdes sal altyd die ware interpretasie kan gee, want om as

My dienaar aktief te wees vir My en My Koningkryk, sal hy te alle tye

onderrig word deur die Gees in hom, wat in konstante verbinding met My

is, wanneer hy oor geestelike onderwerpe moet debateer of onderrig.

As hy nie die versekering het dat Ek Hom teen dwaling beskerm nie, sal die

resultaat ‘n vreeslike verwarring wees vir sy menslike wese en hy sal deur

die verteenwoordigers van dwaalleer wat ‘n skerp redenerings krag en ‘n

groot redenaars gawe besit verslaan word.

‘n Persoon wat direk deur My Gees onderrig kan word, word bekragtig as

My dienaar en verteenwoordiger op aarde en hoef nie te vrees vir enige

argumente nie, want terwyl hy My en My Woord teen sy medemens

verdedig, word sy denke gelei deur My.

380

Dit kan nie anders wees nie aangesien daar nie ruimte vir dwaling in ’n

houer wat deur My gekies is kan wees nie. Daarom sal hy hom verset om

dwaling aan te neem van sy medemens en poog om hulle te bewys hoe

verkeerd hulle denke is. En hy het waarlik ‘n enorme kennis tot sy

beskikking en as sy teenstanders ernstig na waarheid soek, sal hy as

oorwinnaar uit elke soortgelyke debat te voorskyn kom.

Die direkte oordrag van My Woord is ‘n stadige proses van onderrig vir My

dienaar. Ek stel hom bekend aan ‘n kennis wat hy sal begryp, omdat dit in

alle wysheid aangebied word en verdiep die omvang van sy begrip. Te

danke aan die ontvangs van My Woord bereik hy ‘n diepe kennis, groeiend

in ‘n goed toegeruste leraar om sy medemens in waarheid te lei.

En slegs hulle wat self waarheid soek en poog om ‘n lewe van liefde te leef

kan so’n kennis begryp, terwyl die liefdelose mense alles sal verwerp en

alleen op hulle intellek staat maak, wat nietemin, nie vir geestelike kennis

voldoende is nie.

As julle mense maar wil glo dat Ek met elkeen wil praat en ook dit doen as

julle slegs na My dienaars sal luister wat julle My Woord bring wat direk na

die aarde gestuur word. Julle sal dit dan sonder twyfel aanneem en baie

voordeel behaal, selfs as julle manier van lewe nog ver is van wat dit moet

wees. Nogtans, sal julle herhaaldelik van die krag van liefde hoor en sal dit

ervaar soos wat julle werke van liefde doen. En julle begrip van geestelike

kennis sal groei; dit sal julle baie gelukkig maak en sal uiteindelik betekenis

aan julle lewe gee. Dan kan Ek self met julle praat, omdat julle bewus julle

hartee vir My open en My in nooi. Dan kan Ek met julle kommunikeer en

julle met My, Ek kan julle direk die brood van die lewe gee en julle siele gee

om te eet en te drink en julle sal die doel van julle lewe vervul. Amen

Kennis oor die heilsplan van God

8760 22 februari 1964

Ek wil dat julle insig kry in My heilsplan van ewigheid en daarom probeer Ek

na die graad van julle volwassenheid julle daaroor kennis te gee. Hierdie

kennis probeer Ek julle deur My Gees mee te deel, sodat julle in die volle

waarheid wandel en ook self van hierdie waarheid seker sal wees. Want

alleen op geestelike wyse is dit moontlik om julle die suiwere waarheid te

laat toekom. Julle moet dit alles egter weet om teen dwaallere te kan

optree, wat die terugkeer na My wat deur My heilsplan eenmaal bereik

moet word, moeiliker maak.

Julle moet dus weet vanwaar julle kom en wat die oorsaak was van die

afkeer deur julle van My. Julle moet weet oor die lot wat julle vir julleself

veroorsaak het deur die afval van My en julle moet weet wat en waarom Ek

vir julle ‘n plan gereed maak wat weer die langsame terugkeer na My

verseker.

Van die plan moet julle kennis ontvang, want eers dan sal julle, julle

menswees op aarde begryp en ook volgens die doel ontplooi. Julle sal dan

381

Hom herken en liefhê Wie ter wille van julle saligheid die hele skepping laat

ontstaan het. Wie in onmeetlike liefde en wysheid Sy mag aangewend het

om die heerlikste skeppings in die lewe te roep, wat almal beantwoord aan

hul gestelde doel en wat alleen daartoe dien om die eertyds gevalle

geestelike op te neem, om dit eens tot uiteindelike voltooiing te bring,

sodat dit weer na My terugkeer. Na My waaruit hulle bestaan voortgekom

het en Wie met Sy geskape wesens vir ewig verbind sal bly, omdat Hy hulle

lief het.

Die mense moet My eindelose liefde ken omdat dit die verklaring is vir

alles, omdat Ek anders ook weer alles sou moes vernietig wat Ek geskep

het, toe hulle hul teen My verset het. Maar My liefde verhinder My dit en wil

ook die geskapene salig maak, omdat die liefde nie anders kan as om

geluksaligheid te berei nie. Daarom moet ‘n terugkeer van die van My

afgevalle onvermydelik plaasvind, want My heilsplan van ewigheid is alleen

op die doel gerig, nl. die uiteindelike terugkeer van al die gevalle

geestelike.

Dat Ek julle dit nou so uitvoerig laat weet, kom deur die eindtyd wat vir

julle mense ‘n laaste houvas nodig maak. Julle moet weet waaroor dit gaan

en dat julle nie baie tyd meer oor het om hierdie terugkeer tot My te

volbring nie. Julle mag nie gedagteloos van die een dag na die ander lewe

nie, maar julle moet probeer om ‘n noue verbintenis met My aan te knoop.

Want daardeur kan julle deur My deur die chaos gelei word wat nog oor

julle mense sal kom voor die einde en waaroor julle dan ook ‘n

waarheidsgetroue verklaring gegee sal word.

Word julle egter daaroor in dwaling gelaat en hoop julle steeds daarop dat

daar weer ‘n aardse oplewing en ‘n aardse opbloei vir almal sal kom omdat

julle die sin en die doel van al die gebeure om julle heen nie ken nie, dan

sal julle lewe op aarde vir niks geleef wees, sonder voordeel vir julle sielee,

wat julle eintlike ek is en nie vergaan met julle liggaamlike dood nie. En vir

die lot wat dan op julle sielee wag sou Ek julle wil bewaar. Ek sou julle

geluksalighede wil berei omdat Ek julle liefhet. Daarom stuur Ek steeds

weer die waarheid na die aarde wat julle alleen hoef te aanvaar, om dan

ook gered te wees van die verskriklike lot van die hernieude kluistering in

die skeppings van die nuwe aarde.

Wie My ewige heilsplan ken gaan nou reeds met ‘n sekere geluksaligheid

deur die aardse lewe, want hy het die doel en die sin daarvan ingesien en

beleef dit nou ook bewus en probeer ook altyd My wil te vervul. Maar vir

wie hierdie kennis vreemd is ken ook die doel van die aardse bestaan nie.

Hy sal maar steeds al die gebeure na wêreldse maatstaf waardeer en

geestelike doeleindes nooit laat geld nie, want die geestelike is vir hom

vreemd. En daarom sal alleen die mens My heilsplan van ewigheid begryp

wat self reeds die verbinding met My, deur te werk in liefde herstel het. Die

se gees is reeds tot lewe ontwaak, terwyl die mens sonder enige geloof in

My, liefdeloos sal dink en handel en daarom nooit oop staan vir sulke

382

kennis nie. Hy gaan deur die lewe in digte geestelike duisternis en kan deur

sy blindheid ook die ware weg nie vind nie. Ek wil egter alle mense ter

oorweging gee dat hulle eertyds van My uitgegaan het. Dat hulle hul

vrywillig van My afgewend het en in die diepte geval het, dat hulle nou deur

My liefde weer uit hierdie diepte omhoog gehelp word omdat My liefde vir al

die deur My geskape onmeetlik groot is en dat hierdie liefde ook nooit sal

verander nie.

Daarom sal Ek nie rus tot Ek die van My afgevalle weer terug gewen het,

tot hulle vrywillig weer na My streef. En vir die doel gaan hulle deur die

skeppings wat Ek eertyds laat ontstaan het, vir hierdie terugkeer na My.

Steeds weer sal Ek hierdie kennis aan die mense verskaf wat hulle met My

wil verbind en die waarheid wil weet oor die oorsaak, die sin en die doel

van hul bestaan op hierdie aarde. En julle sal in alle waarheid daaroor

onderrig word omdat alleen die suiwere waarheid julle vrymaak en

uiteindelik weer terugvoer na My. Amen

Geestelike verbindinge?

8762 25 Februarie 1964

Ek kan julle altyd alleen maar sê, dat julle Myself tot julle sal moet laat

spreek, dat julle alleen na Myself sal moet luister en waarlik julle sal nie

spyt wees nie, want alles wat vir julle nodig is om te weet, sal julle gestuur

word, julle sal nie in die donker voort hoef te gaan nie, maar helder lig sal

julle weg verlig waarvan aan die einde Ek Self julle sal ontvang.

Julle sal julle daarom regstreeks tot My moet wend sodat Ek julle die lig

ontsteek, julle moet dit nie van iemand anders verwag nie. Want lig kan

alleen van My uitgaan, wat die Lig is van ewigheid.

Ek stuur wel die ligstroom van My Liefde deur tallose ligwesens oral heen in

die oneindigheid, steeds het dit sy oorsprong in My en bly daarom steeds

dieselfde lig. Maar julle weet dat daar ook verblindende ligte bestaan, julle

weet dat dit julle oë kan verblind en hulle ongeskik maak vir die ware lig

wat ‘n sagte skynsel afgee en tog alles helder verlig, wat op julle ‘n

weldadige invloed sal uitoefen, maar nie fel vir julle opflits en julle oë

verswak nie.

En sulke verblindende ligte is die werk van My teenstander, wat hom ook

bedien van diegene wat oopstaan vir hom, om sy verblindende ligte verder

te lei deur mense wat vir hom werk. Mense wat self verwarring wil stig of

ook wel die beste bedoeling het maar nie regstreeks die weg na My neem

om ‘n lig vir hulself te laat ontsteek nie.

Julle, mense sal moet weet dat daar ontelbare geeste is wat self nog aan

die lig van insig ontbreek, wat egter alle geleentheid aangryp om

verbinding met die mense op aarde tot stand te bring en wat hulle teenoor

hierdie uitspreek, wat dus dit probeer oorbring wat hulleself besit, ofskoon

dit nie ooreenstem met die waarheid nie. Verder sal julle moet weet dat die

geesteswêreld voortdurend met julle in verbinding staan en al na julle eie

383

graad van volwassenheid, julle ook deur geestelike wesens omring is wat

julle nou seën met die binne straal van hul kennis op julle gedagtes.

En alle gedagtes het hul oorsprong in die geestelike wêreld en dit raak julle,

steeds in ooreenstemming met julle eie volwassenheid en julle wil en

verlange na waarheid. Die proses wat onophoudelik plaasvind deur die

werking van die denke van die mens, neem duidelike vorm aan wanneer dit

hom bewus afspeel, wanneer dus die mense bewus die verbinding tot stand

bring met die geestelike en van daaruit geestelike leringe opneem, wat dan

min of meer ooreenstem met die waarheid omdat die mense op heel

verskillende vlakke van volwassenheid staan en ook die sin en die doel van

bewuste verbinding met die geesteswêreld verskillend is. Maar deur die

geeste word alle geleentheid aangegryp, omdat hulle hul wil laat hoor.

Ek het julle ‘n vrye wil gegee en dit alleen bepaal of julle positief of negatief

beïnvloed word deur die wesens van die geesteryk, want beantwoordend

aan julle wil, kom die geeste wat onderrig na julle, wat of lig bring of julle

in steeds grotere duisternis laat beland. Want julle vrye wil bepaal julle

lewenswandel, dit sit julle aan of hinder julle om liefdewerk te doen. Julle

vrye wil verlang ernstig na waarheid of stel hom met alle geestelike leringe

wat julle aangebied word tevrede. Julle vrye wil is intens ernstig op My

gerig of sluit hom aan by My teenstander. En dus bepaal julle vrye wil ook

die leerkragte wat julle vanuit die geestelike probeer onderrig.

Maar alleen wesens van die lig is geregtig om te onderrig en hierdie sal

julle ook gewaarborgde waarheid oorbring, want hulle gee alleen deur wat

hulle regstreeks van My ontvang. Maar hoe sal julle herken of julle deur die

ligwêreld onderrig word of deur sulke wesens wat self nog nie in die

waarheid wandel nie?

Julle sal die weg na My moet neem, julle totaal aan My oorgee en My vra

om die toestuur van die waarheid. En gee Ek julle nou antwoord deur My

ligbodes uit die geesteryk, dan kan julle daar verseker van wees dat Ek

julle in die eerste plek sal aanspoor om met Myself in regstreekse

verbinding te tree, sodat Ek julle opheldering gee oor die werksaamheid

van My Gees in die mens en dat Ek julle dus ‘n waarborg gee dat julle dan

die suiwerste waarheid van My in ontvangs neem omdat My Gees hom nie

kan vergis nie. Dan werk Ek ook wel deur ligbodes in julle, dws. die

ligstraal van My Liefde word gelei deur die hoë geeste wat toestemming het

om te onderrig, wat niks anders as die krag van My Liefde verder stuur nie,

wat "My Woord" wat regstreeks van My uitgaan na die aarde straal.

Begryp dit: mense wat intens ernstig die waarheid begeer en hulle met My

so innig moontlik verbind, kan ook wel volgens die waarheid onderrig word

op geestelike wyse, omdat hul suiwerheid waarborg daarvoor bied, maar dit

is van die seldsame uitsonderinge en tog bring hulle die medemens daartoe

om op dieselfde manier die waarheid te soek en hierdie neem ‘n groot

risiko, omdat hulleself alle geeste wat hulle teenoor hulle uiter, nie kan

kontroleer nie, omdat ook onwetende geeste opduik wat gehoor wil word

384

en daarom nooit die sekerheid kan bestaan om suiwer waarheid te ontvang

nie.

Maar alle ligwesens wat van My die stroom van liefdeslig in ontvangs neem

en verder lei, sal nou van hulle kant probeer om die mens te beïnvloed wat

regstreekse verbinding met My steeds inniger tot stand wil bring en dus

"die werksaamheid van die Gees" moontlik maak. Die (ligwesens) sal die

mens daaroor opheldering gee dat die waarheid alleen van My uitgaan en

ook regstreeks van My ontvang kan word. Want die ligwese is van alle

gevare van ‘n spirituele omgang met die geesteswêreld op hoogte en weet

dat die mens van uit hulself die gevare maar selde die hoof kan bied,

omdat ‘n voorwaarde daarvoor ‘n heel suiwer, volwasse sielelewe van die

mens is en so iets egter ook die proses van regstreekse oorbring deur My

Gees sou toestaan, wat verreweg seënryker vir homself en sy volgelinge is.

Die staat van volwassenheid van die deursnee mens is nog te laag dat dit

die verbinding met die hoë ligwêreld sou kan waarborg en daarom is die

gevaar te groot dat dwaling as waarheid verdedig word, alleen maar omdat

hulle uit die "geesteryk" afkomstig is, dus deur media aan die mense

oorgebring word. ‘n medium sal hom ook nie teen ‘n onreine gees kan

verweer nie, wat maklik kan binnesluip waar nog aards gerigte wense of

onsuiwer neigings aanwesig is by een van die deelnemers van so'n kring

wat hom met die geesteryk in verbinding probeer stel. So'n verbinding is en

bly ‘n gevaar vir die siele van die mense, omdat maar heel selde die sfeer

so suiwer is, dat geen vyandige gees toegang kan kry nie en dan ook as

alleen suiwere waarheid aan die mense oorgebring kan word.

Maar alle sodanige gunstige geleentheid sal ook deur hierdie ligwesens

opgemerk word en trag om in die sin benut te word om die mense die

"werksaamheid van die Gees" in die mens begryplik te maak sodat dan die

ontvangs van die waarheid gewaarborg is en ‘n groot seën ook vir die

medemens daaruit voortvloei. Maar dan sal dit julle ook begryplik wees dat

daar maar een waarheid bestaan wat alleen van My uitgaan, Wie die ewige

Waarheid is.

En daar moet Ek steeds weer die nadruk op lê dat julle dan ook vir die

suiwere waarheid sal kan opkom, wanneer Ek Self die oorsprong is van ‘n

geestelike lering, wat deur My regstreekse Werksaamheid in julle tot julle

kom of toegekom het. Dat julle egter nooit dieselfde sekerheid sal hê, as

julle op ‘n andere manier onderrig word nie, ofskoon ook dan stukkies

waarheid julle toekom, maar omdat ook ‘n groot gevaar bestaan dat julle

mislei word.

Want My teenstander is werksaam op aarde en ook in die geesteryk en sy

doel is om die geestelike duisternis dieper te maak en alle lig te verdoof of

te vertroebel. Maar Ek is die Lig van ewigheid en Ek sal steeds lig uitstraal

in die duisternis, sodat julle, My skepsele die weg kan vind wat terugvoer

na My en die ewige lewe. Amen

385

Verbinding met die wêreld aan die anderkant? -

Waarborg vir die waarheid

8765 28 Februarie 1964

Steeds sal Ek alle ondernemings seën wat vanuit die mees opregte

bedoeling om My te dien kom, Ek ken alle beweegredes wat ‘n mens

daartoe bring om ‘n verbintenis met die geestelike wêreld tot stand te

bring. Ek weet of slegs weetgierigheid na verborge sake, of ‘n werklike

verlange om die waarheid te wete te kom, ‘n mens aansit om te probeer ‘n

blik werp in die geesteryk en hiermee in ooreenstemming sal Ek sy

verlange vervul.

Diegene wat waarheid verlang, sal Ek die weg gelyk maak en hom ook in

die besit van die waarheid laat kom, maar Ek sal dit ook nie verhinder

wanneer wêreldse weetgierigheid hom teleurstelling oplewer, as hy deur

geestelike wesens vals onderrig word, omdat hierdie alle mense kan nader

wat hulle deur hul eie instelling teenoor die waarheid die reg daartoe gee.

Soos julle verlange is, so sal dit geskied omdat julle volkome vry is in julle

denke en wil, maar hierdie vryheid ook reg sal moet gebruik.

En so moet julle steeds weer gesê word dat julle alleen maar ernstig sal

moet verlang na die waarheid om dit ook in besit te mag neem, dat dit julle

egter nie kan geskenk word, as julle dit nie begeer nie. Want die oordrag

van die waarheid uit My is ‘n genadegeskenk wat gebruik moet word en van

die wil eis om dit aan te neem.

Die verlange na die waarheid is maar selde by die mense aan te tref,

daarom sal Ek almal help om tot die waarheid te kom, wat alleen deur hulle

verlange daarna aangedryf word, selfs wanneer hy ‘n verkeerde weg gaan,

wanneer hy hom tot onbekende kragte wend en hulle om opheldering

versoek. Die kragte sal dan ook kontak soek met diegene wat ernstig

verlang om die waarheid te weet, wat aan sy verlange gevolg kan gee, wat

van My af die opdrag het om die waarheid verder te lei wat hulle regstreeks

van My ontvang.

As julle dit tog wil glo dat die verlange na die waarheid die waarborg is om

dit te ontvang. En al gaan julle dan ook verkeerde weë, julle sal op die

ware weg gelei word en steeds sal Ek Self daarvoor sorg dat julle wat

begeer om in die suiwere waarheid onderrig te word, nie op ‘n dwaalspoor

gelei word nie.

Solank die mense egter nog vassit aan die aardse is hulle min of meer

onverskillig vir die waarheid, dan sal hulle ook wel so nou en dan iets wil

weet oor dit wat vir hulle nog onbekende gebiede is, oor die geestelike

wêreld. Maar die ernstige wil ontbreek hulle om alleen die suiwer waarheid

te ontvang en daarom kan hulle ook deur geestelike kragte benader word

wat hulle dmv. gedagtes verkeerd onderrig, dus die mens self sal verkeerde

gevolgtrekkings maak, sy denke sal nie deur Myself gelei kan word deur sy

gees nie, omdat hy nie ernstig genoeg is Om in die waarheid vas te staan

386

nie. Maar sodra ‘n mens hom inspan om ‘n lewe in liefde te lei, sal ook die

verlange na die waarheid gewek word en voortdurend groter word en dan

kan hy ook met sekerheid aanneem dat sy denke waar is, hy sal in sy hart

oortuig wees, omdat die liefde in hom al ‘n lig ontsteek het en sy denke nou

verlig kan word. En so behoort liefde en verlange na die waarheid

onherroeplik by mekaar om die waarheid in besit te kry, dan is die mens

ryk te noem, ofskoon dit nie aardse goedere is wat hy besit nie, maar die

geestelike besit weeg teen alle aardse rykdom op omdat hierdie verganklik

is op die oomblik van die dood en op die aarde agterbly, terwyl geestelike

goedere die mens volg in die ewigheid, die siel met dit geestelike besit kan

nou werk en dit voortdurend vermeerder en dit nooit meer verloor nie.

Uitermate ryk is die mens te noem wat ‘n kennis besit oor homself, sy

oorsprong, sy bestemming, sy lewensdoel op aarde en sy samenhang met

My as Sy God en Skepper van ewigheid. Die kennis is deur niks te vervang

nie omdat dit ‘n goddelike kennis is, ’n geestelike rykdom wat onverganklik

is.

En steeds gaan dit alleen daarom, dat die mens hom tot geestelike lerare

wend, dat hy sy verstand nie so hoog skat, dat dit hom ontoeganklike

gebiede sou kan laat deurgrond nie. Want dan sal hy nooit ‘n waarheids

getroue kennis ontvang nie, terwyl die geestelike lerare steeds bereid is om

die mense ware kennis te gee in soverre hulle die vereiste vervul: ‘n diep

verlange na die waarheid en ‘n lewe in liefde, wat die wesens in die

geleentheid stel om vir hulle te sorg en hul as bemiddelaars die waarheid

uit My te bring. En dan kan dit op die mees verskillende maniere gebeur.

Maar steeds moet daar aan gedink word, dat die mens hom moet afsluit vir

die invloed van onvolwasse wesens, wat dikwels moeilik is wanneer hy

saam met ander mense probeer om geestelike gebiede te betree en hy

nooit kan instaan vir hul sielevolwassenheid nie. En daarom moet hy die

regstreekse verbinding met My tot stand bring en die gees in homself laat

ontwaak, dat Ek nou Myself deur die gees kan uiter. Dan kan hy daar seker

van wees dat daar geen dwaling na hom sal kom nie, terwyl hy nie hierdie

waarborg het, waar die moontlikheid vir onvolwasse geeste om binne te

sluip gegee is, omdat daar altyd onvolwasse geeste tussen in kan dring,

deur onvolwasseheid, foute en swakhede van die medemens wat hom by

so'n kring aansluit, waardeur verkeer met die geesteswêreld moet

plaasvind.

Alle mense wat ernstig na die waarheid verlang sal Ek beskerm teen

dwaling, maar sodra hy hom verbind met mense wat nie heeltemal

dieselfde gees en wil het soos hy nie, kan hy hom nie vas en seker verlaat

op die suiwer waarheid nie, want ook hierdie trek ‘n aanhang tot hulle wat

egter nie die waarheid besit nie en daarom ook nie kan uitdeel nie. Steeds

sal julle moet weet dat Ek nie teen My wet van orde kan ingaan nie, julle

sal moet weet dat daar steeds sekere voorwaardes vervul moet word om ‘n

regstreeks werksaamheid by julle toe te laat en dat Ek van My wet van die

387

ewige orde ook nie sal afsien nie, omdat Ek anders wisselvallig, dus nie

volmaak genoem kan word nie.

Maar alle mense kan ook hiervan seker wees, dat die suiwer waarheid vir

hom toeganklik is omdat alle mense My Goddelike geesvonk in hulle het,

wat in voortdurende verbinding met My staan en wat Ek ook steeds die

suiwer waarheid kan laat toekom. Verbind julle daarom met My en Ek Self

sal julle lei in alle waarheid. Amen

Die onmeetlike grootte en mag van God

8767 1 Maart 1964

Vir julle is slegs ‘n nietige fraksie van My skepping sigbaar, selfs wanneer

julle die sterrehemel beskou so ver julle oog kan sien. Die hele

oneindigheid is vervul met My skeppings en daaruit kan julle ook die

ontsettende groot aantal geestelike wesens voorstel deur wie al hierdie

skeppings bewoon word, wat self bestaan uit die geestelike wat gevorm is

(tot materie) en die geestelike wat verder ontwikkeld is en tot

volwassenheid moet kom. Daar is ‘n onmeetlik groot leër van geestelike

wesens, eens gevalle oergeeste, in hierdie skeppings gebonde met die doel

om terug te keer na sy Uitgangspunt na My.

En daaruit sal julle ook moet aflei dat daar sprake is van eindelose lang tye,

wat julle met die woord "ewighede" kan aandui, wat daarvoor nodig is om

al die eens gevallenes te vergeestelik, uit die harde materie te bevry en

weer te laat word wat hulle was in die allereerste begin. En dan sal julle

ook die ewige Godheid julle anders voor die gees stel, want My grootte en

mag is onmeetlik.

Alles is onbegrens wat met My in verband gebring kan word, hetsy My

Wese, hetsy My regering en werksaamheid in die oneindigheid. En dan sal

dit julle heeltemal onbegryplik voorkom dat Ek My tot elkeen van My

geskape wesens oor buig en hulle aanspreek.

Julle sal julle egter as mens ook geen voorstelling kan maak van My Wese,

wat alles oortref wat julle vir julleself kan voorstel, wat nie in ‘n vorm

gegiet kan word nie, aan Wie die hele oneindigheid, wat geregeer word

deur Sy Wil en Sy Mag, onderworpe is. Want julle denke is begrens en kan

die Onbegrensde nie begryp, voordat julle nie self ‘n graad van

volmaaktheid bereik het wat dit vir julle moontlik maak om dieper deur te

kan dring in die geheim van die Wese van julle God en Skepper nie.

Ewighede bestaan die skeppings al in die heelal en ewighede sal nog

verbygaan tot alles vergeestelik is. Want vir My bestaan tyd nog ruimte nie.

Ek beheer die hele oneindigheid en vir My is verlede, hede en toekoms een.

Maar Ek vind My geluksaligheid in die voortdurende skep en uitstraal van

My Krag in die oneindigheid en Ek skep niks sonder om My Liefde en

Wysheid werksaam te laat wees en daarom dien alle skeppings ‘n doel,

maar julle kan daar geen algehele duidelikheid oor gegee word nie, want

julle kan alleen dit begryp wat in julle gesigsveld bestaan. En ook hierdie

388

opheldering gaan julle begripsvermoë te bowe solank julle nog nie volmaak

is nie.

Die ontsaglike wêrelde wat aan julle totaal onbekend is, sal julle eers kan

aanskou wanneer julleself in die geesteryk julle in ‘n hoë graad van lig

bevind. Want ook die hoor van die dinge wat julle gelukkig maak en op julle

wag, omdat die skeppings van onvoorstelbare aard is, wat julle dan in

oënskou sal mag neem omdat julle in staat is om geestelik te sien en dan

ook die doel waarvoor dit bestem is, insien.

Ek is die grootste en volmaakste Wese, wat vir julle ewig onbereikbaar bly

omdat die geskape wesens My Oerkrag nie sou kan verdra nie. En tog is Ek

julle liefdevolste Vader, wat probeer om elke skepsel afsonderlik bomate

gelukkig te maak en hou daarvoor alle vreugde en heerlikhede voorberei in

die geesteryk. Maar omdat Ek hoogs volmaak is, moet ook die geskape

wese ‘n (bepaalde) graad van volmaaktheid bereik om met My in innige

verbinding geluksalig te kan wees. En hierdie volmaaktheid kan alleen maar

bereik word deur die ommekeer van die wese tot liefde, wat eens sy

oerwese was, wat My Liefde uitgestraal het as selfstandige wese en so was

dit in sy oorspronklike substansie gewoonweg die krag van My uitgestraalde

Liefde. En hy moet sy wese, wat in vrye wil verander is weer opnuut vorm

tot liefde, dan sal hy ook alle heerlikhede mag geniet wat Ek vir al My

kinders berei het. En My geluksaligheid bestaan daarin om alle wesens wat

eens van My afgeval het, weer terug te bring, hulle solank met My Liefde te

agtervolg tot hulle geen weerstand meer bied nie en hulle aan My en My

Liefde heeltemal oorgee.

En al My skeppings in die oneindigheid staan in diens van die laaste doel,

alle hemelliggame met al hul bewoners het hul besondere taak en almal

help die geskapenes om uiteindelik voltooi te word.

En al die geskapenes moet op hoogte wees van hul God en Skepper sodra

hulle hul in die stadium van ek-bewussyn bevind. En hy moet in vrye wil

die vereniging met hierdie God en Skepper van hom nastreef om dit eens

tot stand te bring om met Hom te wees, Wie hom dan die hoogste

geluksaligheid verseker.

Ek laat julle, dit weer toekom om julle ‘n kykie te gee in die eindelose

skepping, wat alleen vir julle vir die eens gevalle oergeeste tot ontstaan

gekom het en wat My eindelose Liefde alleen vir julle laat ontstaan het,

sodat dit vir julle die weg sal wees waarop julle weer na My terugkeer, van

Wie julle eens in alle volmaaktheid uitgegaan het.

Slegs ‘n klein liggie wil Ek vir julle aansteek, wie Ek is en welke onmeetlike

Liefde My beweeg het om die skeppings te laat ontstaan en dat Ek uit die

hoogste hoogte My oor buig na julle, My skepsele om Self julle aan te

spreek en julle My Wese te onthul vir sover julle in staat is om dit te

begryp. En dat Ek julle steeds My Liefde laat toekom. Wat altyd en ewig

julle geld en dit seker ook eens sal bereik, dat julle My vrywillig beantwoord

en dan die verandering van julleself tot julle oorspronklike wese voltrek. En

389

eers dan sal julle My Liefde, Wysheid en Mag insien, want julle sal die hele

skepping kan sien en onmeetlik geluksalig wees, want aan die heerlikhede

sal geen einde kom wat Ek vir hulle berei, wat My hul liefde skenk. Amen

Welke kennis is beperk?

8769 3 Maart 1964

Julle, wat wil opkom vir My en My Woord, julle moet ook self reg onderrig

wees. Julle moet alle kennis wat nodig is hê om onderrigtend werksaam te

wees, om alle vrae te kan beantwoord en om elke teenwerping die hoof te

kan bied. En julle kennis is nie beperk nie, selfs as dit julle nie tot in alle

detail aangebied word nie, omdat julle nog nie in staat is om die diepste

wyshede te vat nie.

Maar julle word vertroud gemaak met alle samehang. Julle word steeds

weer opheldering gegee oor dit waarvan julle nie heeltemal op hoogte is

nie. Maar dit alles met die beperking dat Ek julle gee wat julle werklik nodig

het; wat Ek egter ook weet welke kennis vir julle bestaan op aarde geen

doel of betekenis het nie en Ek julle hierdie daarom weerhou, mense van

hierdie wêreld, gebruik graag ‘n algemene segswyse as dit julle aan iets

ontbreek, in plek van wat dit betref, julle in te span en dit wat julle

ontbreek van My te vra. Daarom gebruik julle altyd die gesegde: “Onse

kennis is beperk”, wat wel waar is as julle die mensdom in die algemeen

beskou en ook die mense wat met ‘n skerp verstand begaafd is, maar

alleen aardse probleme probeer op los. Want dit sal hulle nog aan baie

kennis ontbreek, solank hulle nie deur die gees in hulself onderrig word nie.

Gaan dit egter oor die verkondiging van geestelike kennis deur diegene wat

van My die opdrag het om die waarheid te verkondig, dan is hulle ook seker

dat hulle deur My op hul missie voorberei is, dus opgelei word. En dan sal

Ek hulle ook laat toekom wat hulle vir hul amp nodig het.

En dan is julle beswaar waarlik onregverdig, want julle sal hulle op alle vrae

‘n antwoord kan gee, tensy, julle ‘n dwaling verdedig teenoor hulle, met die

bewering om so deur My onderrig te wees. Maar dan sal Ek seker tussen

beide kom en die waarheid aan My dienare laat toekom. Want daar is niks

waaroor julle nie om duidelikheid mag vra nie, want Ek wil dat julle mense

in die waarheid wandel en daarom sal Ek ‘n volledige geestelike insig gee

aan hulle wat vir My werksaam is en die waarheid moet versprei.

Die teenwerping dat in die bybel nie alles staan wat Ek julle voorlê nie, is

alleen maar in soverre reg, dat dit ook nie alles kan bevat nie, omdat die

boek wel vir alle mense toeganklik moet wees, maar nie elkeen vir diepere

waarhede ontvanklik is of in staat is om dit aan te neem nie. Maar die

lewens wandel van elkeen persoonlik bepaal ook die graad van sy insig in

die Heilige Skrif en daarom sal dit steeds so gestel wees dat die

bereidwillige meer volwasse mens ook uit die Skrif kan lees wat die ander

daar nie kan uithaal nie omdat sy gees nog nie ontwaak is nie.

390

En omdat die “boek van die vaders” vir die mense nie meer dit is wat die

moet wees nie, nl. My Woord, daarom laat Ek Myself steeds weer opnuut

hoor en wel aan hulle wat My inwerking in hulle toelaat. Ek gee hulle dus

opheldering oor dinge wat nie in die boek geskryf is nie, wat elkeen egter

te wete sou kan kom as hy volgens die Skrif heeltemal My wil sou aanvaar

en ‘n lewe in liefde lei.

Daarom bly julle kennis ook gedeeltelik, solank julle laasgenoemde nie

toelaat nie en dus alleen maar My Woord lees maar nie daarna leef nie. En

solank sal julle ook met ‘n gedeeltelike kennis genoë moet neem wat

julleself egter altyd kan vermeerder as julle dit ernstig nastreef. Want Ek

wil dat julle in die lig wandel en die duisternis ontvlug. Lig is kennis en

waarheid. En wat Ek gee, gee Ek ook onbeperk, maar steeds na die mate

van julle volwassenheid en julle wil om dit te ontvang.

En as Ek hierdie belofte reeds gee aan elkeen wat alleen My wil vervul en in

die liefde leef, hoeveel te meer sal Ek hom ‘n omvangryke kennis laat

toekom wat in My opdrag die mense moet leer en wat Ek Self dus bekwaam

maak vir sy onderwysende arbeid. Want ‘n leraar moet elke vraag wat aan

hom gestel word kan beantwoord. Hy moet vir alles ‘n verklaring kan gee.

Hy moet en sal ook in sy denke steeds reg gelei word, daar hy anders nie in

My opdrag sou kan werk as My verteenwoordiger op aarde nie, wat in My

plek die mense onderrig, maar altyd met My geestelike leiding. Want as hy

nou leer, spreek hy nie meer self nie maar bedien hulle van My Woorde wat

Ek hom in die mond lê. En Ek Self kan tog waarlik nie as onwetend

gekenmerk word nie. Dus moet ook My verteenwoordiger op aarde die

wysheid van My ontvang, as hy in My opdrag en in My plek spreek.

Dit kom slegs daarop aan wie as My ware verteenwoordigers op aarde te

aanvaar is. En dit sal julle ook spoedig kan insien, want waar diepe wysheid

te vinde is kan die kennis alleen deur My Gees in gegee word. Waar My

Gees egter werk sodat Ek ‘n mens direk kan aanspreek, daar is ook die

sekerheid gegee vir sendings arbeid waarvoor Ek Self My kneg uitgekies

het en wat Ek dus ook in staat sal stel om sy sending te vervul. Julle sal by

hom ook steeds uitsluitsel kan bekom, want julle wend julle dan direk tot

My as julle hom as My verteenwoordiger op aarde erken en Ek Self kan

julle dan leer as julle maar self in staat is om My opheldering aan te neem.

Amen

Daar was ewighede nodig vir die skeppingsproses

8770 4 Maart 1964

Die skeppingsproses was nie ‘n daad van ‘n oomblik nie, ofskoon My

waarlik die Mag daartoe nie ontbreek nie. Die doel van die skepping sou

egter nie bereik kon word nie, omdat die proses ‘n langsame ontwikkeling

vanuit die diepte na omhoog moes waarborg en hom daarom oor eindelose

tye uitstrek. En dit moet vir julle daarom ook begryplik wees, dat die

uitbeelding daarvan in die skrif, in die boek van die vaders, julle hierdie

391

skeppingsdaad aanskoulik voorstel, omdat mense wat dit nog aan dieper

insig ontbreek, nie in staat sou wees om die regte ontwikkelingsgang te

begryp en hulle alleen daaroor onderrig moet word dat die skepping eens

uit My Hand voortgekom het, dat dit die werk van My Wil en My Mag was

en is.

Wie probeer dieper deur te dring, sal ook tot ‘n dieper insig kom en dit is

voorlopig alleen nodig om te weet dat daar ‘n Mag is wat alles laat ontstaan

wat die mens om hom heen sien en ook skeppings wat hy nie kan sien nie.

Want voordat hom die diepere samehang verklaar kan word, moet hy ook

op hoogte wees van die allereerste begin van diegene, wat uit My as

liefdeskrag uitgestraal was as selfstandige wesens. En hy moet kennis hê

van die afval van hierdie wesens en die groot oersonde waarmee hierdie

wesens belas was. Dan eers kan hom ook die ontstaan van die skepping en

die terugvoeringsproses deur hierdie skepping verklaar word. Wie egter nou

nog ‘n on-ontwaakte gees het, die hou aan dooie letters vas en hy sal nooit

duidelikheid ontvang nie, omdat hy ook nie vir onderrigting deur geestelik

ontwaakte mense toeganklik is nie.

Alle skeppingswerke het eindelose lang tye nodig vir die eerste inleidende

ontwikkeling, wat egter steeds die geestelike betref wat in ‘n

skeppingswerk ‘n hoër trap moet bereik. Hulle het so diep geval dat hulle

ook ewighede nodig het om weer hoër op te kom in die skeppings van die

mees uiteenlopende aard, vanuit die primitiefste vorm na pragtig gevormde

werke, ontstaan deur My Wil om die geestelike op te neem en hul die weg

omhoog moontlik te maak. En so was ook die skeppingswerk “aarde” aan

die begin slegs ‘n opeenhoping van die mees onvolwasse geeste, van wie

hul substansies hul langsaam verdig tot ‘n vorm, ‘n massa wat nog geen

vaste materie genoem kon word nie, maar as basiselement te beskou was,

sonder vorm, maar met ‘n enorme werking van krag, want dit bevat die

geheelongetemde geestelike.

Maar My Wysheid verdeel alles in 'n passende maat en gebruik alle

elemente vir My skeppings werk, sodat daar afsonderlike vorme tevoorskyn

kom wat hul bestemming, gebonde aan die doel, moet nakom en dus so die

langsame opbou van sigbare skeppingswerke begin wat hulle oor eindelose

lang tye uitstrek, tot dat die aarde ‘n plantegroei kon laat sien en daar

steeds meer volwasse geworde geestelikes in die skeppings kon bly, wat

die positiewe ontwikkelingsgang nou afgelê het in die planteryk.

En hierna kom nou die eerste lewende wesens, skeppings wat al ‘n

aktiwiteit, al is dit ook nog so gering, kan verrig, wat hulle volgens die

natuurwet opgedra was. En weer verloop daar eindelose tye vanaf die

ontwikkeling van hierdie nietige lewende wesentjies tot die diereryk, wat

steeds groter en sterker vorms behels, waarin reeds baie van die

byeengebringde geestelike hul verenig het om weer die taak te vervul, om

die aarde bruikbaar te maak vir die kroon op die werk van die Goddelike

skepping, vir die mens, wat al die voorstadia moes deurloop en waarvan sy

392

siel saamgestel uit al die partikeltjies wat eens deel uitgemaak het van ‘n

gevalle oergees en opgelos deur alle skeppingswerke moet gaan om hom

op hierdie manier weer langsaam positief te ontwikkel. En gevolglik kon die

mens nie geskep word by die "skepping van die aarde" nie, soos alle

skeppingswerke nie die werk van ‘n oomblik was nie, omdat die langsame

opwaartse ontwikkeling dit vooraf moes gaan, omdat anders die hele

skeppingswerk sinloos en doelloos sou wees. Want dit het nie terwille van

Myself, maar ter wille van My gevalle skepsele ontstaan en dit moes dus

ook ‘n doel vervul, om die gevallenes na My terug te voer.

En tog was alle skeppingswerke My gedagte wat Ek buite My plaas, wat

steeds dan waar word wanneer daar ‘n nuwe vorm vir die geestelike nodig

was wat ‘n bepaalde graad van volwassenheid bereik het, om die

ontwikkelingsgang voort te kan sit. En so het die verskillende skeppings

dus periodiek-gewys ontstaan. Die planteryk was eers dan nodig, toe die

wêreld van die gesteentes wat van die geestelike vrygee wat nou ‘n ander

vorm nodig het in ‘n minder moeilike omhulling. En ook ontstaan die klein

en kleinste lewende wesens aansluitend op die skepping van die plantenryk

en Ek alleen wis wanneer die een na die ander nodig was en Ek wis ook hoe

lank die grotere lewende wesens, die diere, van laag tot aan die vlak van

die preadamiete, tyd nodig het om die sielesubstansies wat in hulle

beliggaam was, volwasse te laat word.

En so weet Ek ook as die tyd gekom het wat van, die geestelik wese sy

aparte deeltjies byeengekom het om hom as siel in die laaste vorm te kan

beliggaam. En toe sit Ek gevolglik weer ‘n skeppingswerk buite My, die

mens, wat so vernuftig van aard is, dat volmaakwording tot aan sy laaste

voltooiing in hierdie uiterlike vorm moontlik is.

En ook hierdie skepping van die mens lê eindelose tye agter julle, wat julle,

mense nie kan vermag om vas te stel nie, want julle begrip van tyd is nog

begrens, My werk om die gevalle geestelike terug te voer duur egter al

ewighede. En ofskoon daar vir die mens ewige tye verloop het, voordat die

aarde so ver was met al sy skeppingswerke dat die mens hom nou in besit

kon neem ten dienste van sy volwasse wording, is tog ook die tydstip al

lank gelede omdat hulle steeds weer periodegewys groot omwentelinge en

veranderinge op die aarde voltrek, wat ‘n berekening van die tyd van die

bestaan van die aarde, vir die mense onmoontlik maak.

Maar soveel is seker dat julle in My heilsplan van ewigheid eers dan ‘n ware

insig sal kan ontvang, as julleself die daarby behorende graad van lig

bereik het. Want eerder kan julle julleself nie bo julle verstandelike denke

uit, tye voorstel waarop die begrip “ewighede" kan toegepas word nie. En

solank as julle gees nog nie gewek is nie, moet julle d.m.v. beelde iets

begryplik gemaak word. Eers vir die ontwaakte gees is dit moontlik om

dieper te sien, maar ook die laaste wysheid sal hy eers kan bevat, as hy die

ligryk betree het, dan word hom alles onthul, omdat alles vir hom dan ook

begryplik sal wees. Amen

393

Die vroeë dood van kinders (antwoord op vrae)

8772 6 Maart 1964

Ek sal julle van krag voorsien omdat Ek julle medewerking op aarde nodig

het, waarvoor julle vrye wil egter vereis word. Ek kan waarlik vir Myself ook

houers kies en hulle bestem om vir My werksaam te wees, maar dit is nie

met My ewige wet van orde in ooreenstemming nie. Want alleen die vrye

wil moet en kan beslissend wees wat dan ook die sekerheid om te slaag

bied. Daar is wel mense wat ook bereid is om vir My te werk, maar

ontbreek die voorwaarde om hulle verlossing op aarde te bewerkstellig.

Daarom weet Ek wie hierdie arbeid vrywillig op hom sal neem en My as ‘n

geskikte houer sal dien. En so'n vat sal Ek dan ook kennis gee en deur alle

noodsituasies heen lei, in die besonder as die verlange na die wêreldse ‘n

mens nie meer vervul nie. As hy aardse verlangens heeltemal opsy sit

terwille van geestelike arbeid wat hy as bomate belangrik insien. En

daarom sal die arbeid in My wingerd kan aangaan en julle moeite sal altyd

deur My geseënd wees, want dit gaan daarom om nog baie opheldering te

gee aan die mense wat daar ‘n oor voor het. Wat hulself met My verbind en

vrae stel wat Ek hulle deur My dienare op aarde beantwoord.

Dit word julle steeds weer gesê dat Ek baie skole het in die geesteryk en

dat die hele heelal skeppinge bevat wat alleen vir die volwasse word van

die gevalle engele moet dien. En elke skeppingswerk het sy eie

bestemming, wat steeds ten dienste staan vir die opwaartse ontwikkeling

van die wesens wie se toestand beantwoord aan die lewensvoorwaarde van

die skepping.

En so kan siele wat die gang deur die skeppinge van die aarde afgelê het

hulle ook op ander hemel-liggame beliggaam terwille van bepaalde

kapasiteite, wat alleen Ek weet, dat hulle volwasse sal word op ander

hemelliggame en dan kan die siele ook nog die beliggaming as mens op

aarde kry en met ‘n bepaalde missie belas word.

En dit verklaar dan ook die dood van kinders en babas, wie se siele nie

opgewasse is vir hul gang op hierdie aarde nie. Wie egter nie as aan My

heeltemal weerspannig bestempel kan word nie, sodat Ek hulle ‘n ander

moontlikheid tot verdere ontwikkeling gee in een van die tallose skole, wat

ook meestal aan hul taak voldoen en die wese ‘n sekere volwassenheid

oplewer.

Dit is vir hierdie wesens weliswaar nie moontlik om kindskap van God te

bereik nie, waarvoor ‘n deur hulle goed volbringde lewe op aarde ’n

voorwaarde is. Tog kan hulle ook eenmaal weer as hulle al ‘n hoë liggraad

bereik het na die aarde kom ten behoewe van ‘n missie en so dan ook die

kindskap van God kry.

Daar werk by die beliggaming van die siele as mense soveel

omstandighede, begaafdhede en ook die graad van volwassenheid mee,

wat hulle in hul voorstadia reeds bereik het en dit nie deur ‘n aards lewe

mag afneem nie, maar deur die swakheid van die liggaam kan verminder

394

as die siel hom beliggaam in ‘n vir sy toestand nie geskikte moederliggaam,

sodat die moontlikheid om nie volwasse te word nie dan groter is en ‘n

totale mislukking ten gevolg kan hê.

Maar dan bevry Ek die siel weer van sy omhulsel en plaas hom daarheen

waar vir hom ‘n hoëre ontwikkeling gemakliker en seker is, omdat die siel

My nie sterk weerstand bied nie.

sodoende is daar baie moontlikhede om die eens gevallene te help om tot

My terug te keer. Wel is die aarde die geringste en ook armsaligste

skeppingswerk, maar kan egter die hoogste geestelike sukses oplewer,

wanneer die wese bereid is om hierdie weg te gaan. En tog sien Ek vooruit

of die vrye wil of ook ander redes ‘n verder volwasse word van die siel

onmoontlik maak en steeds sal Ek daar helpend ingryp waar die

hulpeloosheid van die siel dit vereis, wat sy opgelegde lot nie kan hanteer

nie en My nie met opset weerstaan nie.

Julle mense kan dit nie beoordeel nie, maar alles vind sy rede in My liefde

en wysheid. En so ook moet julle ook in die vroeë dood van kinders ‘n

beweegrede van My kant aanneem, want niks gebeur sonder betekenis of

doel nie. Alles gebeur alleen vir die welsyn van die geestelike dat hy eens

weer tot My moet terugkeer.

En Ek het oneindig baie moontlikhede om My doel eenmaal te bereik en

eens sal julleself ook alles weet en insien wat die aanleiding was van My

bestuur en die uitvoer daarvan. Steeds egter is Ek besorg vir die swakke en

Ek sal hulle op elke wys bystaan. Want Ek ken ook die mate van weerstand

van ‘n siel, hoever hy verswak is en of en hoe hy nog verder sal verslap. En

daaraan beantwoordend plaas Ek die siel daarheen waar hy die vinnigste sy

doel bereik.

(7 Maart) Die gang op aarde is die enigste moontlikheid om kindskap van God

te bereik, maar Ek weet ook dat en in welke mate, ‘n siel in gevaar is om

die reeds bereikte graad te verloor en af te gly. En dan verhinder Ek dit

met die oog op die nog geringe weerstand teen My, maar so, dat die vrye

wil nie daardeur beinvloed word nie en dit ook ‘n terugval nie uitskakel nie.

Die siel kan egter al vóór sy beliggaming as mens besluit of hy die gang op

die aarde wil gaan en sy vrye wil word gerespekteer. En so kan ook die lot

uitgelê word van kinders wat deur geweld die dood gevind het, wat so die

geleentheid gebied word om op ’n ander hemelliggaam hul

ontwikkelingsgang voort te sit en ook volwasse te word, al is dit ook onder

ander voorwaardes.

Die mense kan egter nie alles insien nie, My bestuur en My werksaamheid

sal deur julle nooit ten volle begryp word nie. Maar Ek ken tallose weë om

My skepsele opwaarts te help en Ek ken ook die verloop en die afloop van

elkeen se aardse bestaan.

Elke siel kan as hulle dit ernstig wil weer as mens op die aarde kom, met

die doel om kindskap van God te bereik, wanneer hulle, in ‘n bepaalde

395

liggraad staan en vrywillig ‘n missie op hom neem wat dan groot eise aan

so'n siel stel.

En tog gryp Ek dan in en bring Self ‘n verandering in die gebruiklike verloop

aan as ‘n gewillige siel daarmee gehelp kan word, wat egter Ek alleen weet.

Die gang op die aarde as mens is moeilik, en daar is krag voor nodig en die

wil om dit met geestelike sukses af te lê. Die swakke help Ek altyd as hulle

My nie sterk teenstand bied nie. Op welke wyse My hulp tot uitdrukking

kom, moet julle aan My liefde en wysheid oorlaat. Maar steeds sal Ek

moeite bly doen om My skepsele tot die uiterste voltooiing te bring en

steeds sal Ek die middel aanwend wat My sukses verseker. Want Ek verlang

na My kinders en nie een sal in die verderf stort wat volgens My op weg is,

wat Ek sien en waarna Ek dan ook handel. Amen

Gods volmaaktheid ken geen beperking in tyd en

ruimte nie

8777 12 Maart 1964

Ewidhede het al vergaan en ewighede sal nog vergaan, maar altyd sal daar

skeppings wees in die heelal omdat van die eens gevalle geestelike daar

nog oneindig baie wag op verlossing, omdat nog ontelbare geestelike

wesens, verhard in hul substansies, verlangend wag op hul verandering tot

lewende materie. Die positiewe ontwikkeling van al die geestelike vereis

ewighede tot dit weer tot ek-bewuste wesens geword het, wat nou hul

ontwikkeling tot ‘n einde kan bring, maar moontlik ook kan faal en dan verg

dit weer eindelose tye om definitief te vergeestelik.

Julle sal julle nou afvra, waarom Ek dan die ewige Goddelike Gees, as

Skepper en Heer van alles wat bestaan, My eintlik so'n werksaamheid in die

oneindigheid voorgeneem het, waarom Ek geeste skep en dit nie verhinder

dat hulle in die diepte stort nie, dat hulle teen My opstaan en My vyandig

gesind word en waarom Ek die gesindheid van al hierdie geeste weer op My

wil rig. En julle sal julle ook afvra wat My daartoe beweeg het om tallose

skeppings te laat ontstaan, wat, inderdaad, die gevalle geeste is.

En steeds weer sal Ek julle moet antwoord, dat My eindelose diepe Liefde

My beweeg om volmaakte geeste te skep asook om die onvolmaak geworde

geeste weer terug te wen en dat My onoortrefflike Wysheid ook ‘n plan

ontwerp het waardeur Ek My doel eenmaal sal bereik, dat My onbegrensde

Mag alles kon laat ontstaan, wat Ek maar wil en dat My daarom geen

grense gestel is en die bewussyn My hele geluksaligheid is, waaraan Ek

egter ook ander wesens sou wil laat deelneem, maar dat hierdie dan ook

net so geaard moet wees soos Ek Self.

En al My bestuur en werksaamheid in die oneindigheid dien alleen maar die

een doel, om uit die deur My eens geskape wesens regte gode te vorm,

wesens in die hoogste staat van volmaaktheid, wat nou as My kinders kan

skep en werk met My en vanuit dieselfde Wil.

396

Omdat Ek volmaak is, bestaan daar vir My geen beperking en daarin is ook

die eindelose aantal geskape en gevalle geeste en is ook die ewigdurende

tye gegrondves, wat die geeste nodig het, om tot dit te word wat Ek Self

nie vir My kan skep nie, ware kinders, My ewebeelde, wat in onvoorstelbare

saligheid aktief kan wees in die geesteryk.

Wanneer julle, mense julle ‘n ware denkbeeld vorm van My en My Wese,

moet dit julle in die eerste plek ook duidelik wees dat daar vir My geen

beperking kan bestaan nie, anders sou Ek nie hoogs volmaak genoem kan

word nie, want beperking is altyd die kenmerk van die onvolmaakte. Vir My

is tyd nog ruimte begrens, nog Liefde, Wysheid en Mag en gevolglik werk

Ek altyd en ewig en het tog ‘n doel: die totale vergoddeliking van elke deur

My in die lewe geroepte geestelike wese.

En hierdie vergoddeliking vereis die vrye wil van die geskape wese en hy

kan hom aansluit by My en My Wil, maar hom ook teen My kan verset,

waar die wese nie mee verhinder word nie. Want die vrye wil is die ware

lewe, sonder hierdie wil sou alles slegs ‘n dooie werkstuk wees, wat dan

weliswaar ook uit My Mag tevoorskyn kom, maar waarby My liefde en

Wysheid nie betrokken sou wees nie. Want My Liefde skep wesens wat Ek

gelukkig wil maak en My Wysheid ontwerp ‘n plan om die geskapene te

verGoddelik.

Die Liefde gee die wese die ‘lewe, want die vrye wil beteken lewe, terwyl

die wese wat onder dwang My Wil sou moet vervul, ‘n dooie' wese sou

wees en bly, ‘n werkstuk wat weliswaar hoogs volkome geskape was, maar

met hierdie volmaaktheid niks sou kan doen nie, as dit aan My Wil gebonde

sou wees. Dan sou ook alle geskape wesens slegs afsplitsings van My

gewees het, maar niks wat selfstandig uit My, buite My geplaas was nie,

wat ook vry sou kan wil en handel soos Ek Self En wat weer aan My Liefde

en Wysheid kon laat twyfel, wat egter die wesenlike van My Wese, die alles

omvattende begrip van die hoogste volmaaktheid is.

Om op hoogte te wees van My skeppingsdaad, vereis al ‘n sekere graad

van volwassenheid van die siel, wat anders nog nie in staat sou wees om

so'n kennis op te neem nie, want dit gaan nie alleen om die kennis daarvan

nie, maar oor die begrip van die proses wat die ontstaan van die hele

skepping betref, as ook van die eindelose tye wat nodig is om die werk van

terugvoer ten einde te bring.

En omdat julle, julle geen voorstelling kan maak van eindelose tye en

onbegrensde ruimte nie, kan julle so daaroor ook indirek uitsluitsel gegee

word. Julle moet egter nogtans weet dat vir My duisend jaar soos een dag

is en dat eens vir elke wese wat van My uitgegaan het, die dag kom om

terug te keer in die Vaderhuis en of daar ondertussen nog ewighede

verbygaan, wat die saligheid dan duisendvoudig opweeg teen elke daar aan

voorafgegane toestand van kwelling en ook hierdie saligheid geen einde sal

kry nie, wat julle, mense egter ook nog nie kan begryp nie, omdat julle

alleen in staat is om beperk te dink, dat julle dan egter ook Myself, julle

397

God en Skepper, julle Vader van ewigheid sal liefhê uit heel julle harte, met

alle innigheid waartoe julle wese in staat is en dat julle aan die verlossing,

ofwel die salig word van elke wesens wat die laaste doel nog nie bereik het

nie, met totale ywer sal deelneem. Want die liefde dryf julle daartoe, wat

dan ook ‘n sodanige graad bereik sal hê, dat dit vir julle moontlik sal wees

om alles te realiseer wat julle wil. Want dan het julle wil geheel in Myne

ingegaan en het julle dus gode geword, tot My kinders, wat Ek ewig nie

meer sal verloor nie. Amen

Veranderinge in die kosmos

8780 15 Maart 1964

Steeds dieper wil Ek julle in die waarheid lei, sodat julle kan standhou teen

elke aanvegting van My teenstander. Hy sal niks onbeproef laat om julle

werk vir My en My ryk teen te hou nie. En hoe meer julle weet en deurdring

is van die waarheid, des te beter kan julle ook standhou. Julle sal alle

teenwerpings en teenstrydige menings herken as dwaas en ongegrond,

want dit is altyd slegs leë woorde sonder diepere betekenis en sonder

waarde. Maar Ek wil dat die lig in julle sterker word. Dat julle met ‘n steeds

meer heldere gees die verband leer insien van alles wat daar gebeur, sodat

geen teenwerping julle meer kan ontstel nie.

En Ek wil natuurlik ook dat die dwaling gekorrigeer word waar dit julle

verkondig word. Ek wil verder dat julle ernstige stryders vir My wees en dat

julle met die “swaard van die mond" sal stry waar julle teenoor dwaling te

staan kom. Want julle is deur My gekies as ligdraers, om die waarheid te

bring waar nog ‘n verlange is na die waarheid.

Juis die sogenaamde einde van hierdie aarde sal ‘n strydobjek wees omdat

weinig mense daarin wil glo. Maar die verwoesting aan die einde is so

ontsettend, dat dit vir die mense ongelooflik lyk. Want so ver hulle kan

terugdink het daar niks voorgeval wat daarmee te vergelyk is nie.

Maar tog sal dit gebeur en iedereen verras behalwe die klein kudde, wat

deur ‘n lewe in die liefde ‘n innerlik lig ontvang het en daarom ook die einde

bewus verwag. Waar egter nog die geringste begeerte na die wêreld is en

waar die mense hul nog nie geheel losgemaak het van die verlange na

aardse goedere nie, daar sal die geloof in ‘n einde van hierdie aarde maar

swak wees, of in die geheel nie aanwesig wees nie. Die soort mense sal

elke voorspelling as vals in die wind slaan en hulle altyd probeer teen

spreek. En daar sal ook geen redenering van nut wees nie, omdat hulle

eenvoudig nie wil glo nie. Die liefde tot die wêreld is sterker as die liefde tot

die naaste, anders was hul gees ontwaak en hulle sou nie die geringste

twyfel hê oor wat Ek deur My gees steeds aan die mense verkondig het. En

steeds met die bedoeling, dat hulle hulself betyds voorberei op die nabye

einde.

Julle egter, My ligdraers, julle sal steeds meer versterk word in julle geloof

en in alles wat Ek Self julle verkondig. Julle sal My liefde mag ervaar en ook

398

My voortdurende teenwoordigheid. En julle sal ook liefdevol en dankbaar

die groot genadegawe aanvaar en My trou bly en stry vir My naam uit liefde

vir My en julle naaste.

En daarom wil Ek julle ook ‘n besondere boodskap laat toekom wat alleen

weer die diepgelowige sal aanneem, waarmee hy egter ook spoedig die

twyfelaars kan oortuig. Want dit sal nie lank meer duur voor die eerste

tekens van ‘n groot kosmiese verandering merkbaar sal wees nie. En geen

wetenskaplike en geen baie skerp verstand kan dit verklaar nie en daarom

gee dit aanleiding tot heel groot besorgdheid.

En julle sal ook geen moontlikheid hê om julleself te beskerm teen die

dreigende onheil nie, julle kan alleen afwag en daardeur in groot opwinding

kom. Deur hierdie kosmiese verskyning sal die geweldige natuurgebeure

begin, want die heelal staan op teen al die nie geestelike wat hulle ophou in

die nabyheid van die aarde en in die tyd ongewoon inwerk op die na

omhoog strewende geestelike van die aarde.

Daar het ‘n geweldige stryd ontbrand tussen die ligvolle en die donkere

geestelike, want die geestelike weet dat ‘n ommekeer op hande is en

daarom word die laaste tyd daarvoor deur beide kante nog in buitengewone

mate uitgebuit. En hierdie geestelike stryd om die siele van die mense op

aarde het ook sy uitwerking op die heelal, in die besonder op verskillende

hemelliggame wat met die aarde in ‘n sekere geestelike verbinding staan.

Met My toestemming neem hierdie hemelliggame met hul bewoners ook

deel aan hierdie laaste stryd op julle aarde, wat hom sal uiter deur groot

beïnvloedinge wat die mense ook vanaf die aarde kan bevestig. En dit sal

by die mense, wat die loop van die hemelliggame dophou, seker ‘n heel

groot onrus teweeg bring. Want hulle kan nou die veranderinge van hul

baan volg, wat na menslike berekening nie sonder gevolge vir die aarde sal

verby gaan nie.

Dus kan in die tyd alleen nog van die kant van die wetenskap op die

mensdom ingewerk word want aan geestelike vermaninge skenk hulle geen

gehoor meer nie, terwyl hulle wetenskappelike waarnemings nie kan

verloon nie. En as hulle hulself in gedagtes daarmee besig hou, dan kan

hulle wat goeie wil het ook daardeur nog op die regte weg kom.

Op die aarde kan die grootste profete opstaan, maar die mense glo hulle

nie. Ook Ek kan die mense nie op ‘n dwingende manier aanspreek, om hulle

van die gevaar waarin hulle verkeer bewus te maak nie. Maar Ek kan die

ongewone in My skepping laat gebeur deurdat Ek skynbaar die orde

omvergooi. En tog behoort ook dit weer tot My wet in sovere, dat dit om

sekere redes al sedert ewigheid vasgestel is. Tog sal daar steeds mense

wees wat ook hierdeur nie onder die indruk kom. En hul sondige lewe

verder lewe en daarom die afgrond tegemoet gaan sonder om hulle te laat

teehou. Maar enkeles sal ontsteld staan en ‘n oop oor hê vir die verklaring

wat My ligbodes hul gee.

399

Die geloof van hulle wat My trou wil bly sal versterk word, want hulle erken

die waarheid van My woord. Hulle houvas aan My belofte dat Ek almal sal

versorg en huistoe sal bring op die dag van die gerig, wat in My woorde glo

en My trou bly tot die einde. Amen

Veranderinge in die Kosmos

8781 16 Maart 1964

Dit is ‘n ongewone gebeurtenis wat EK vir julle aankondig, julle sal dink dat

julle julleself vergis en steeds weer sal julle dieselfde belewe. Aardskokke

wat nie van uitbarstings afkomstig is nie, maar steeds aanhou, wanneer die

aarde in ‘n bepaalde stand tot die sterre staan, sodat die skokke reëlmatig

verwag kan word en nie sal wegbly nie.

Dit sal nouliks waarneembaar wees en daarom ook maar weinig mense

verontrus, maar eers by die ondersoek van die wetenskaplikes sal daar

redes gegee word om die ergste te vrees. Mettertyd sal die verskynsels

sterker word en gevolglik ook die onverskillige mense verontrus, omdat

hulle ‘n bedreiging van die hemelliggaam aarde herken deur ander

hemelliggame, want die hemelliggaam wat uit sy baan getree het, beweeg

self na die aarde toe en kom steeds weer opnuut in ‘n samehangende stand

wat juis die gevolge in werking sal stel.

Met die oog op die nabye einde moet die mense nog wakker geskud word

uit hulle rus, hulle moet aan hulle Skepper dink en hulself besig hou met

gedagtes van hulle eie verganklikheid en ook daarmee saam dat daar ook

vir hulle geen waarborg bestaan dat hulle nie heeltemal met die dood van

hulle liggame sal vergaan nie, hulle moet herinner word aan die einde van

hulle lewens en ook aan die lot wat op hulle wag, wanneer hulle glo aan ‘n

verdere lewe van die siel. Die eindtyd sal soveel onnatuurlik toon, en tog is

dit slegs die doen en denke van die mense wat onnatuurlik is en sal die

ergste gevolge hê. Die mense matig hulself aan om buite hulle bevoegdheid

ondersoeke in die ruimte te onderneem, hulle hou hulself nie by die wette

van die natuur nie en word nogtans nie in hulle dade en wil gehinder nie,

maar die gevolge sal hulself tref.

Maar die einde kom steeds nader en as die mense nog gehelp wil word, wat

tot selfbesinning wil kom en hulself bewus word van hulle groot

verantwoordelikheid, dan moet daar ook van die kant van God af ‘n

ongewone werksaamheid aan hulle getoon word en staan dit hulle nog

steeds vry om daarop ag te slaan en hulself beantwoordend daarmee in te

stel.

En so ‘n ongewone werksaamheid sal die mensdom belewe in die komende

tyd, wat nie deur mense veroorsaak sal word nie, maar wat homself in die

kosmos sal afspeel, in ‘n gebied wat alleen aan die Skepper Self

onderworpe is en wat nou skynbaar in stryd met die normale wetmatigheid

geraak het. Tog is die gebeure ook opgeneem in die plan om die geestelike

terug te voer, want dit kan ‘n ommekeer by baie mense teweegbring,

400

omdat dit te ongewoon is, sonder om die geloof van die mense egter te

dwing, want die ongelowige mens doen nie eers die moeite om ‘n

verklaring te vind nie, omdat hy heeltemal verder leef sonder om homself

te verantwoord.

En die geestestoestand van die mense in die eindtyd is al so diep versonke,

dat hulle hulself ook nie deur ongewone natuurgebeurtenisse sal laat

oorhaal om te glo nie en daarom kan sulke middele ook nog aanwend word

wat nog vir die besluitelose mense van nut kan wees, wat ‘n hewige skok

nodig het om ernstig na te dink en hulle wil dan korrek te rig. Want wat

nog gedoen kan word om siele teen die lot van die hernude kluistering te

behoed, word ook gedoen van die kant van God af, wat die mense liefhet

en hulle nie verlore wil laat gaan nie.

Maar telkens wanneer Hy Homself op die aangekondigde manier sal uiter,

sal daar slagoffers val, omdat die mense nie andersins beïndruk sal word

nie en mekaar van selfmisleiding sal beskuldig. Want die gevolge sal op

verskillende plekke ook verskillend wees en dit sal ‘n bepaalde tyd nodig

hê, voordat die wetenskap daarin sal slaag om die korrekte uitleg te vind,

maar dan sal hierdie tekens hulself ook voortdurend meer dikwels herhaal

en aan die mense die bewys lewer dat daar in die kosmos iets gaande is

waaraan hulself niks kan doen nie. En so is hulle dus ook aan die gevolge

blootgestel wat steeds periodiek voorkom, totdat daar ten slotte groot

natuurgebeurtenisse sal plaasvind, wat die Mag en die grootte van God sal

bewys aan die mense wat in Hom glo en wat ook beskerm sal word in elke

nood.

Maar of daar ook nou steeds weer ‘n nabye einde aan die mense

aangekondig word, of hulle steeds weer gewys word op die natuurkatastrofes

wat dit sal voorafgaan, hulle glo nie en verander hulle

lewenswandel nie in die minste nie. Hulle doen niks om hulself voor te berei

nie, hulle gaan op in die wêreld en hou daarvan en sien in die wêreld hulle

god... En daarom sal hulle ook verbonde bly met die materie wanneer die

einde gekom het. Maar alles is vasgelê in die Goddelike verlossingsplan en

daar gebeur niks wat nie al lankal voorsien is van die ewigheid af nie.

En so sal alle gebeure wat teen die natuur ingaan, hulself afspeel volgens

die Goddelike Wil en daarom is ook die dag voorbestem en sal ook so

gehou word. Maar julle moet vooraf in kennis gestel word, sodat julle

geloof versterk kan word, omdat alles so sal gebeur soos wat dit voorspel is

en omdat julle die waarheid daarvan steeds meer sal insien, wat regstreeks

van bo gestuur word. Want julle sal die verbinding tot stand moet bring

tussen Jesus en die wêreld, met julle medemens wat ongelowig en sonder

nadenke voortgaan. Julle sal weliswaar eers dan daaroor kan praat,

wanneer die eerste gebeurtenisse plaasgevind het, want voor dit sal geen

mens julle waarskuwing wil aanhoor nie, eers dan sal julle oop ore en harte

vind; wanneer daar ‘n skok voorafgegaan het wat die mense vrae sal laat

401

stel en dan eers moet julle spreek. En dit sal van die gewilligheid van die

mense afhang of hulle hulle voordeel uit die gebeure sal wil trek. Amen

Selfondersoek van ‘n tussenpersoon

8783 18 Maart 1964

Ook dit sal julle eens tot seën strek, dat julle die verleidinge weerstaan het,

dat julle, julle toevlug tot My geneem het in alle nood en innerlike

benoudheid en dat julle weer ‘n wilsproef mag aflê, oor dit wat die

heerskappy oor julle verkry het.

Ek moet alle versoekings toelaat, want slegs deur stryd kom julle tot die

oorwinning en elke versoeking is ‘n beproewing van die sterkte van julle

wil, om daarvoor uit te kom wat julle as die waarheid insien. Verblindende

skynligte sal steeds weer julle oë verswak. Weer word julle in innerlike

twyfel gedompel of duik daar vrae op, maar aan julleself lê dit nou tot wie

julle julleself wend om alle twyfel op te los en op alle vrae ‘n antwoord te

ontvang. En geseënd is julle as julle julleself dan altyd slegs tot My wend,

julle God en Vader van die Ewigheid, wat die Waarheid is en hierdie

waarheid wil Ek skenk aan elkeen wat die waarheid begeer.

En weer moet Ek vir julle sê dat die vrye wil van die mens die verklaring vir

alles is. Hy word nie verhinder om ‘n rigting in te gaan wat van die

waarheid afwyk nie; en elke mens word vanuit die geesteryk beïnvloed,

ooreenkomstig sy geestestoestand. En so sal sy denke ook min of meer

volgens die waarheid wees. En op sy gedagtes bou hy vir homself nou ‘n

sienswyse op, maar hy is nie daarvan seker of dit uit die Ewige waarheid

afkomstig is nie.

En daarom word die wil van elke mens afsonderlik beoordeel of hy sy

medemens iets wil skenk, of hy hulle wil help en of die motivering van sy

algehele doen en late goed is, of hyself dus liefdevol is en sy medemens

gelukkig sou wil maak. En ooreenkomstig daarmee sal hy ook korrek dink.

Hy mag egter nie reeds self ‘n basis geskep het waarvan hy nou uitgaan

nie.

En daar moet julle besonder baie belang aan heg, dat die oorsprong van sy

opvattings vasgestel word. Want 'n hele berekening kan nie klop as daar

reeds in die begin ‘n berekeningsfout ingesluip het nie. Daarom is slegs die

suiwer waarheid steeds gewaarborg, wanneer dit homself in ‘n leë houer

kan uitstort, wanneer Ek Self die Bron is en die kragstroom van My liefde

kan laat binnevloei in ‘n houer wat totaal geledig is. Dan kan Ek ‘n mens

van die grond af onderrig en dan is sy verkeerde gedagtes uitgesluit, want

dit kan nie naas die suiwer waarheid uit My bestaan nie, dit word

onmiddellik as vals herken en dit word daarom nie aangeneem nie. En so 'n

selfondersoek moet elke mens in homself verrig wat as tussenpersoon

tussen My en die mensdom werksaam wil wees en hom die waarheid wil

laat toekom.

402

Vir die geesteswêreld staan alle moontlikhede oop om hulself van ‘n mens

meester te maak en hulle te onderwerp en dan deur die mens te werk, of

dit nou in ‘n goeie of in slegte sin is, dit beslis die mens self wat homself

aan geestelike kragte oorlewer, dat hulle hulself deur hom kan uiter.

Daar bestaan in die geestelike wêreld soveel verskillende grade van

ontwikkeling, dat die mededelinge daaruit ook heeltemal verskillend is. En

julle, mense, het nie altyd die gawe van onderskeiding wat nodig is om

seker te wees van die waarheid nie. Daarom sal julle steeds van die kant

van die ligwêreld daarop gewys word om julleself so te omvorm, dat die

werksaamheid van die Gees in die mens moontlik is. Dat Ek Self, as die

Geestesgees van ewigheid, deur die geesvonk in julle, My kan uiter. Dan

kan julle daarvan verseker wees dat die suiwer waarheid vir julle gestuur

word.

Ek Self dui julle steeds die kenteken van die werksaamheid van die

goddelike Gees aan, dat julle opheldering gegee word oor Jesus Christus

en Sy verlossingswerk. Want julle, mense, leef almal vergeefs julle aardse

lewe as julle die weg nie na Hom gaan vind nie, Wie julle alleen kan bevry

uit die mag van My teenstander, Wie alleen die oersonde kan delg wat

bestaan uit die afval van weleer van My en wat alleen die krag om vry te

word, kan skenk deur Sy, aan die kruis verworwe barmhartigheid om julle

wil te versterk. Eén bring julle tot ‘n val en Een kan en sal julle verlos en

weer tot Homself ophef. Hierdie Een moet herken en erken word as

Verlosser van die wêreld in Wie Ek Self My beliggaam het en die

verlossingswerk vir die mense volbring het. As die kennis daaroor nog nie

helder en duidelik vir julle ontsluit word nie, is julle ook nie deur Myself

onderrig nie en julle dwaal solank in die duisternis van Gees tot julle die lig

gevind het, wat regstreeks van My uitstraal en elkeen word vervul wie sy

hart maar open en aanneem wat Ek self aan hom probeer oordra direk of

indirek. Maar hy moet ook uit die diepste van sy hart na die waarheid

verlang, dan sal hy dit ontvang en ook die volle insig verkry vir dit wat hom

uit die geesteryk aangebied word.

Ek kan nie anders as om My woord, wat die suiwer waarheid is, direk aan

julle te laat toekom nie. Dit staan julle vry om dit aan te neem of om

vreemde geestelike leringe julle eie te maak, wat julle waarlik ook sal

aanspreek, maar altyd verblindende ligte sal bly wat geen effek sal hê op

julle siele nie. Sodra julle julleself egter opreg tot My wend, dat Ek julle

gees kan verlig en julle die korrekte gevoel kan gee vir wat waar en wat

vals is, sal julle hierdie bede nie vergeefs uitgespreek het nie, want Ek

behoed elkeen teen dwaling wat ernstig na die waarheid verlang. Maar Ek

hinder ook nie My teenstander nie, wat alles sal probeer om julle denke te

verwar en julle idees en opvattinge in oorweging te gee wat teenoorgesteld

is van die waarheid. Want tot die einde toe sal hy teen die waarheid veg.

Aan die einde egter, sal Ek julle ook ‘n lig stuur wat julle geloof bevestig en

julle salig sal maak. Amen

403

Die mate wat julle gebruik sal vir julle gebruik word

8786 21 Maart 1964

En ongeag hoe onmoontlik dit vir julle lyk, sal Ek tussenbeide kom (julle

buitengewoon affekteer) wanneer die tyd reg is, want niks is vir My

onmoontlik nie. Probeer slegs om julle graad van liefde te verhoog, wend ‘n

poging aan om ooreenkomstig My wil te lewe, deur sorg van julle

medemens in sy teëspoed te neem en julle liefde vir My te wys deur ‘n

broer in julle medemens te sien, wat ook uit My voortgekom het sodat hy

ook eendag geluksaligheid kan beërwe. Glo dat die liefde alleen genoeg is

om die grootste wonderwerke te verwesenlik om dinge te maak gebeur wat

julle menslik onmoontlik vind. Want Ek is ‘n God van liefde, wysheid en

mag. Ek kan enige iets doen, maar wanneer My mag Hom sal sal openbaar

word altyd deur My liefde en wysheid bepaal. En waarlik, met julle wil, met

julle liefde kan julle My wil bepaal en My liefde, julle kan dwang op My

toepas wat Ek baie graag sal aanvaar, omdat die liefde nooit ‘n las is nie

maar altyd blydskap gee.

En as julle My julle liefde gee, sal My liefde Hom ook so openbaar dat dit

julle gelukkig sal maak. Ek sal julle mense die mees diverse take gee, want

Ek weet hoe en op welke manier elke persoon kan help en Ek weet ook, of

en wanneer hy bereid is om te help en Ek sal mense na hom stuur wat hy

met sy behulpsaamheid kan gelukkig maak, aan wie hy kan gee wat hulle

dringend nodig het, hetsy aardse of geestelike besit. Deur aardse besittings

te gee toon julle altyd julle liefde aan My, want wat julle aan die minste van

My broers doen, doen julle aan My. Voorts bewys julle ook aan My dat julle

reeds die materie oorwin het en geestelik gevorder het. Maar as julle

geestelike besit deurgee is dit My werk dat Ek mense na julle stuur wat

julle geestelik moet versorg, wie se siele honger gaan en ‘n dringende

behoefte aan julle hulp het om hulle te voed, sodat hul siele sal versterk en

herstel. Hierdie behulpsaamheid sal besonderlik deur My beloon word, want

dit beteken ‘n verspreiding van geestelike besit wat lewe aan ‘n siel sal gee.

En wie so van die diens aan My is deur aan te gee wat hy van My direk

ontvang het, wie die verlossing van sy medemens se siel op sy hart dra,

kan absoluut seker wees van My ondersteuning, want hy doen ‘n liefdes

werk wat baie hoër waardeer word, omdat hy eers opregte liefde vir My en

vir sy medemens moet voel om die besit van hierdie geestelike waarde te

verwerf wat hy weer sal uitdeel. En dan sal Ek ook altyd My aan hom

openbaar as ‘n liefdevolle Vader, Ek sal hom op aarde begelei en al sy weë

seën. En My beloftes sal hulself vervul as sulks dat Ek ook sal werk op ‘n

ongewone wyse wanneer die tyd reg is.

Alle mense in geestelike en aardse teëspoed is julle naaste en julle moet

aan hulle gee wat hulle nodig het. Julle moet ‘n opregte wil hê om hulle te

help en waarlik, julle sal dan ook altyd die middele hê wat julle weer moet

uitdeel, of dit van ‘n geestelike of materiële aard is. Daarom bereken nie

angstig nie maar wees grootmoedig, want die mate wat julle gebruik sal die

404

mate wees wat julle ontvang, wat julle met liefde gee sal duisendvoudig

aan julle vergoed word, altyd afhangende van die graad van liefde wat julle

aanspoor om te help. So moet julle nie bekommer nie, want Ek sal altyd vir

julle sorg, werk net om julleself te verbeter, sodat julle alle verleidings sal

weerstaan, sodat julle nie harteloos sal word en julle graad van

volwassenheid op die spel plaas nie en dan sal julle altyd My liefde tot so ‘n

mate voel dat julle My teenwoordigheid voel en gelukkig sal wees. Ek het

julle lief en Ek is almagtig, Ek wil julle gelukkig maak en Ek kan dit ook

doen. Nietemin, weet(herken) My liefde wanneer die tyd reg is dat Ek julle

op ‘n ongewone manier kan aanraak, dat julle duidelik My liefde sal ervaar

en Ek julle van alle teëspoed van liggaam en siel kan bevry. Want My

bereidheid om te help is baie groter as julle’sn en My gawes van genade is

onmeetlik, wat Ek kan en aan elkeen wil gee wie My liefhet en My gebooie

onderhou. Amen

Die teenstander van God vermom as ‘n engel van lig

8788 23 Maart 1964

Baie dikwels sal die teenstander nog in julle pad kom wanneer julle My wil

bereik en hy sal probeer om julle van die regte weg af te lei deur alle

middele te gebruik om hierdie doel te bereik. Maar glo dat Ek niemand sal

verlaat wie sy oë vas op My gevestig hou sonder om hom te verset nie.

Maar hy sal baie valsheid versprei en sal ook nie verslap om die suiwer

waarheid te ondermyn nie. En hy sal altyd probeer om hom op dieselfde

manier uit te druk soos My boodskappers op aarde doen. Hy sal homself in

‘n kleed van ‘n engel van lig verberg om mense van die regte spoor af te

trek, hoewel hy skynbaar in My naam spreek, spreek hy nie My Woord nie

maar beïnvloed die mense wat hom volg om hul eie gedagtes as My Woord

te preek, wat hy egter verdraai het om mense te verwar en dit vir

noukeurige ondersoek ongeskik gemaak.

Julle ken sy sluheid en bedrog nie; julle weet nie hoe hy te werk gaan om

die mense verkeerd te lei nie. En tog sal hy baie aanhangers hê, omdat die

mense die ongewone wil ervaar en daarom nie ontvanklik is vir die

eenvoudige en duidelike Woord wat uit My voortkom nie en ‘n element van

eie liefde is ook nog te sterk onder hulle wat My wil dien en hierdie eie

liefde laat My teenstander toe om in te meng, Hy stel homself voor as here

en word daarom deur hulle erken, omdat eie liefde duisternis van gees

beteken, sodat hulle nie tussen waarheid en valsheid kan onderskei nie. En

hy slaag dikwels in die versorging en verslawing van lewende skeppings en

die indoktrinering van hulle met baie valsheid wat dan sonder aarseling as

waarheid aanvaar word.

En tog hoef julle mense nie aan hom ten prooi te val as julle ‘n sterk

verlange na waarheid het nie. As julle alles met ‘n opregte wens dat Ek julle

gees sal verlig ondersoek om leuns te skei van waarheid en te leer om

tussen hulle te onderskei. Dan sal die besef julle skielik tref en julle sal

405

alles wat vals is sonder aarseling verwerp. Julle sal die teenstander herken

en sal by My ‘n toevlugsoord soek om julle krag te gee en julle te help om

julleself teen hom te verset. Julle moet slegs baie opreg in die enigste

waarheid wil lewe en waarlik, My teenstander sal julle nie meer kan bedrieg

nie. Julle sal deur hom sien en ook sy instrumente herken, ongeag hoe

goed hulle hulself as boodskappers van lig wil vermom. Die ware lig skyn

slegs uit My vir hulle wat die ware lig begeer die suiwer waarheid.

Nietemin, die valse profeet sal altyd naby aan die ware profeet loop, die

valsheid sal altyd sy aan sy met die waarheid gaan en die duisternis sal

probeer om die lig te oorweldig of te verdof en daardeur sal julle ook die

bron herken van dit wat julle deur 'n profeet gegee word. Wanneer Ek My

Woord na die aarde stuur sal elkeen wat gebruik maak daarvan dit as die

Vader se stem herken omdat sy gees gewek is. Elkeen wat dit as My Woord

erken sal dit nie met minderwaardige dinge meng nie. En as hy dit doen,

toon hy aan dat hy My Woord nie erken nie, dat hy die stem van die Vader

nie kan herken nie en dit toon ook sy staat van gees aan. Kan daar enige

iets meer verruklik wees as die feit dat Ek Self met julle mense praat en as

julle voel dat julle deur die Vader aangespreek word, dan sal julle nie

hierdie Woorde van Hom meer wil mis nie, maar dan sal julle ook in staat

wees om te kan onderskei wanneer blykbaar dieselfde julle aangebied

word. Julle sal die krag mis wat uit My Woord stroom, omdat Ek julle

mense die hoogs benodigde krag wil gee.

En daarom sal Ek julle van die regte voeding vir julle sielee voorsien, Ek sal

die regte medisyne toedien wat julle nodig het om te herstel en elkeen sal

homself daar aan help wat die genade het om My direk gesproke Woord

deur boodskappers te ontvang. Maar hy sal verlig word en elke verkeerde

stroom ontdek wat hom beïnvloed, omdat dit uit die teenstander kom wat

nie meer sy meester is nie, omdat Ek reeds die brood van die Hemel en die

water van die lewe, aan die persoon kan gee.

Maar tog sal My teenstander julle ook nie uitsluit nie en hy sal nie ophou

om te veg vir die wat hy vrees om te verloor nie, hy sal hemel en aarde

beweeg om homself te vermom as ‘n engel van lig om mense terug in sy

domein te trek wat dit reeds verlaat het. Daarom pasop en doen altyd ‘n

beroep op My om julle die krag te gee om julleself los te maak van die een

wat My teenstander en julle vyand is en nog lank sal bly. Amen

Die onverganklikheid van die menslike siel

8790 25 Maart 1965

Dit mag julle as heel verseker aanneem, dat ‘n verganklikheid van julle

siele nie meer moontlik is nie, omdat My Krag ewig onverwoesbaar is en

julle tog die uitstraling van Myself is. En as julle dit weet, dan sou julle ook

alles moet doen om vir die onverganklike ook ‘n heerlike lot te berei, want

dit lê alleen in julle mag en hang van julle wil af. Want julle is wesenlike

skepsele wat gevoelig is en daarom sowel kwellinge asook salighede sal

406

ervaar, wat egter verminder en verhoog kan word, wat julle eie saak is

tydens julle lewe op aarde.

Omdat julle geen presiese kennis besit oor die toestand na julle liggaamlike

dood nie, omdat julle nie eens oortuig is van ‘n voortlewe van julle siele

nie, laat julle die vernaamste in julle aardse lewe agterweë en julle dink nie

aan dit wat verder leef, naamlik julle siele nie. Wat julle dus in ‘n salige

staat sou kan en moet bring, as julle aan die doel van julle lewe op aarde

sou wil beantwoord. Die feit van ‘n verdere lewe na die dood, kan nie aan

julle bewys word nie, om julle nie tot ‘n gedwonge manier van lewe aan te

por nie. En tog sou julle met die korrekte wil, die innerlike oortuiging aan

julleself kan verskaf dat julle onverganklik is, maar dit slegs as julle in ‘n

God en Skepper glo, wat alles laat ontstaan het wat vir julle waarneembaar

is.

Want beskou julle elke afsonderlike skeppings werk van naderby, vanuit ‘n

ontvanklike gemoed, kan julle reeds daarin klein wonderwerke ontdek, wat

‘n uitermatig wyse Skeppersmag laat ontstaan het. En julle sou ook

meestal hulle doelmatigheid insien, wat weer Sy Liefde en Wysheid

aantoon. En sodoende moet julle tot die gevolgtrekking kom dat Hy ‘n

volmaakte Godheid is uit Wie alle skeppings werke voortgekom het. Daar is

aan die volmaaktheid, sowel wat plek as tyd betref, geen grense gestel nie,

dus is ook die voortbrengsels van die Wil van die hoogs volmaakte mag van

die Skepper om vorm te gee, in ooreenstemming met Sy goddelike wet. Dit

sal ook onbegrens wees, dit sal nie ophou om te bestaan nie, wat egter

altyd slegs die geestelike skeppings betref waartoe ook die siel van die

mens te reken is. Ook alle skeppings is geestelike substansies, wat maar

net tydelik sigbaar bly, maar ook na hulle ontbinding geestelik verder

bestaan, behalwe dat die uiterlike vorm deur My Wil vergaan, juis om dit

wat homself daarin bevind, vry te laat.

En so moet julle ook julleself, julle aardse liggaam beskou as slegs ‘n

uiterlike vorm, wat maar tydelik bestaan, wat die geestelike, julle eintlike

Ek bevat, tot die dood die uiterlike omhulsel ontbind en die geestelike

daarin, wat egter onverganklik is en bly, vry laat.

Reeds in die aardse lewe kan julle mense geleidelike veranderinge by die

skeppings werke waarneem en nagaan en steeds sal uit die een die ander

ontstaan en alles wat julle sien, het geestelike lewe in hulself. Dit bevat ‘n

partikeltjie geestelike substansie, wat homself geleidelik vergroot en dus

steeds groter skeppingswerke bewoon, totdat al hierdie partikeltjies hulself

ten slotte versamel het in die menslike siel. Hy was eens as ‘n “Ekbewuste”

wese deur My geskape en is daarom ook ewig onverganklik.

As julle mense dit oortuigend glo, aan die onsterflikheid van julle siele, aan

‘n voortlewe na die dood en dit sou kan verwerf, dan sal julle ook verseker

julle lewenswandel verander. Dan sal julle julle siele ‘n draaglike of selfs ‘n

salige lot wil berei en nie sonder verantwoording deur die lewe gaan nie.

Maar die mense is in die eindtyd totaal onverskillig. Wat hulle nie weet nie,

407

wens hulle ook om nie te weet nie en neem genoegdoening met wêreldse

genietinge. Hulle gee slegs aandag aan wêreldse dinge en strewe nie na

geestelike kennis nie. En dan kan die siel homself na die dood van die

liggaam maar net in ‘n deerniswekkende toestand bevind en moet hy groot

ellende deurstaan in die ryk hierna. Hierdie kwellinge sou Ek julle mense wil

bespaar. Ek wil julle steeds weer opheldering gee oor julle onverganklikheid

wat alles verklaar wat julle oorkom. Want Ek wil julle daartoe bring om na

te dink oor vanwaar julle kom en waarheen julle gaan. En as julle die aarde

skielik moet verlaat, as julle siele onverwags van julle liggaam geskei word,

dan sal dit nouliks tot hom deurdring dat hy die hiernamaals binnegegaan

het, want hy bevind homself slegs in ‘n ander omgewing en weet nie dat hy

oorlede is nie. En sy geestestoestand sal soveel meer verduister wees hoe

onverantwoordeliker hy sy lewe gelei het op aarde. Maar tog bestaan hy en

kan vir ewig nie meer vergaan nie Die weg sal eindeloos wees wat hy dan

nog moet gaan om slegs ‘n bietjie geestelik verlig te word sodat hy ‘n

sprankie insig kry, na gelang sy houding in die ryk hierna teenoor die

Goddelike gebod van die liefde is, wat ook nagekom moet word in die

hiernamaals; voordat aan hom ‘n ligte verbetering en ‘n klein bietjie insig

geskenk kan word. Het hy egter reeds op die aarde die geloof in die

voortbestaan van die siel na die dood van die liggaam verwerf, dan sal hy

ook sy lewe op aarde met meer verantwoordelikheidsbesef lei en sy weg

omhoog in die ryk hierna kan vinniger en gemakliker verloop. Amen

‘n Goeie Landman saai goeie Saad

8792 28 Maart 1964

Baie geestelike leringe word julle aangebied en julle word ryklik voorsien

van saaigoed, julle moet steeds net die akkers bewerk, dit is die

menseharte waaraan julle My woord moet bring. Dit is die arbeid wat julle

moet verrig in My wingerd, waarvoor julle as My knegte, aangebied het om

My te dien. Slegs goeie saad kan goeie vrugte voortbring en daarom

voorsien Ek julle van saaigoed wat deur geen ander geëwenaar word nie.

Ek laat julle die waarheid toekom van bo en vir dit alles kan julle nou ook

opkom vir die wêreld, omdat daar niks is wat hierdie geestelike leringe sou

kan oortref nie, want dit gaan van My uit.

Dink oor hierdie woorde na: Ek Self spreek tot julle en besorg julle die

kennis wat aan die waarheid beantwoord, wat geen ander as Ek julle kan

gee nie. En tog is die mensdom lou teenoor dié woord van My, hulle is

blykbaar nie sigbaar onder die indruk van hulle ongewone herkoms nie, op

weinig mense na wat die waarde insien en bomate gelukkig is om die

barmhartigheid deelagtig te wees, om dié woord van My te mag ontvang.

Hulle sal egter ook groot voordeel daaruit trek, hulle sal geestelike

suksesse kan behaal omdat My woord die krag in hulle berg, wat die siel

van die mens help wanneer hy omhoog gaan.

408

Julle het ‘n taak op aarde om te vervul: om weer die volwassenheid aan

julle siele te verskaf wat julle in die begin gehad het, toe julle as volmaakte

wesens van My uitgegaan het. En terwille van hierdie taak, lê julle die weg

oor die aarde as mens af. Julle kan dink en handel in vrye wil, julle kan

derhalwe julle doel bereik om volmaak te word. Julle kan egter ook julle

denke, wil en handeling verkeerd rig en op My teenstander aanstuur, dan

het julle nie julle lewensdoel op aarde bereik nie.

En omdat julle duidelik die korrekte weg aangewys word, stuur Ek My

woord na die aarde en spreek julle direk of indirek aan en dit staan julle

nou vry om My woord aan te neem en My Wil, wat in My woord tot

uitdrukking kom, te vervul, of My woord af te wys. Dan bereik julle egter

nie julle doel nie. Dan is julle soos die braaklêende akkers wat geen vrugte

kan dra nie, omdat die goeie saad by hulle ontbreek, omdat hulle slegs

klippe, puin en onkruid besit, waar niks kan gedy as die akkers nie vooraf

gereinig en ontgin en gereedgemaak word om goeie saaigoed op te neem

nie.

Ek is ‘n goeie Landbouer. Ek begin oral ploeg en woel die bodem om. Ek

reinig dit van al die onkruid, om dan My saad uit te strooi, om eendag ‘n

goeie oes te kan inhaal. Word die onkruid egter nie vooraf verwyder nie,

dan verwaarloos die goeie saad en word dit waardeloos, dan kan dit nie

ontwikkel nie en die onkruid verdring dit. Ek wil daarmee sê dat die suiwer

waarheid, wat julle deur My woord van bo aangebied word, dit ook nie

verdra, dat verkeerde leringe daarmee saamgaan nie, want dwaallere sal

spoedig die Waarheid oorskadu en wie hulle nie van die dwaling kan

losmaak nie, wie dit nie eers uit sy hart verwyder nie, sal ook nie die suiwer

waarheid as sodanig herken nie en dit sal daarom ook geen indruk op sy

siel maak en hom tot voltooiing bring nie.

Julle moet altyd dink aan die werk van ‘n landbouer en daar aan

beantwoordend moet julle ook handel. Julle moet julle bevry van alle

verkeerde denke, julle moet julle reinig van al die valse saad wat in julle

geplant word deur onkundige mense, wat hulle ook as arbeiders in die

wingerd voordoen, wat egter nie vir hulle diens deur My aangestel is nie.

Julle moet die goeie saad dankbaar aanneem, dit in julle hartee koester en

dan laat rypword en waarlik, daar sal goeie vrugte geoes word, want die

saad wat julle van Myself ontvang, is die suiwer waarheid en die waarheid

voer julle ook na die doel, na My Wie Self die Waarheid is.

Hy, wie aan My sy dienste aangebied het, sal ook deur My vertroud gemaak

word met sy arbeid. Ek sal hom daar plaas waar sy werk suksesvol sal

wees, Ek sal aan hom die taak volgens sy geskiktheid toevertrou en hy sal

dit daarom ook volgens My Wil uitvoer.

En laat dit altyd weer aan julle gesê wees, dat dit julle nooit sal ontbreek

aan die korrekte leerstof nie, sodat julle dit voortdurend van My in

ontvangs kan neem, want omdat Ek Self ‘n goeie oes wil inbring, sal Ek ook

409

altyd baie geneë wees om aan julle alles, wat ‘n goeie oes sal waarborg, te

gee.

Maar julle moet ook alle foute en gebreke uit julle probeer verwyder, julle

moet julle hartee gereed maak om die barmhartigheidsgawes op te neem

wat Ek ryklik uitdeel. En julle moet weet dat slegs die suiwer waarheid

julle, na die uiteindelike voltooiing kan lei en dat hierdie waarheid slegs van

My kan uitgaan. Ek het julle egter lief en sal julle ook altyd gee wat julle

nodig het om julle siele tot volle ontwikkeling te bring. Amen

Bereik die nie gevalle oergeeste die kindskap van

God ?

8793 29 Maart 1964

Julle sal op elke vraag ‘n antwoord kry, sodat elke verkeerde opvatting julle

weerlê word, sodat julle nie onwetend is nie, as julle na die waarheid

verlang.

Die vergoddeliking van die wesens wat deur My geskape is, is My doel, wat

EK My met die skepping gestel het en ook eens sal bereik. Alles wat uit My

voortgekom het, was hoogs volmaak. Dit was wesens wat heeltemal aan

My gelyk was, hulle was My ewebeelde, wat EK buite My geplaas het as

selfstandige wesens, maar dit was steeds alleen My werk, wat nie anders

kon wees as wat EK hulle geskape het nie, hulle was My skepsele.

EK wil egter kinders naas My hê. En daarom laat My Wil hulle vry, toe hulle

teenoor My die wilsproef moes aflê, of hulle hul volmaaktheid behou

ondanks die moontlikheid dat hulle sal omslaan in die teendeel. Die

wilsproef vereis dat die wese ook aan alle versoekings blootgestel was, wat

hulle moes weerstaan, want elke krag het weerstand nodig, waardeur hulle

hul kon bewys. Dus begryp dit goed, elke wese word gekonfronteer met

versoekings omdat hulle ‘n vrye wil besit wat enige rigting kon kies.

Die eerste wese Lucifer die ligdraer wat My oorgrote Liefde buite My

geplaas het, moes as eerste My ook die bewys lewer, wat die aan hom

geskenkte, hoogste volmaaktheid wil behou. Hy word so oormatig met die

krag van My Liefde deurstraal dat hy swem in hoogste geluksaligheid en sy

krag wat hom van My uit voortdurend toestroom, gebruik om geheel gelyke

wesens te skep, sodat hy in sy volmaaktheid net soos EK skeppend

werksaam kon wees. En die skepping van die wesens duur ewighede, maar

dit was steeds skepsele wat egter ook nie anders as hoogs volmaak kon

wees nie.

Nou verlang EK van My eersgeskape wese, Lucifer, alleen maar die

erkenning van Myself as Bron van Krag, dus eis EK alleen maar van hom

dat hy My ook teenoor die wesens wat hy geskape het as God bekend sou

maak uit WIE hyself ook voortgekom het, Omdat sy wil heeltemal vry was,

kon hy ook My Wil minag, wat hy ook gedoen het deurdat hy teenoor die

wesens voorgee om self die hoogste wese te wees, omdat hulle My nie kon

410

aanskou nie, terwyl hy vir hulle in alle heerlikheid sigbaar was. Daarmee

deurstaan hy die wilsproef nie en gedra hom nou teenoor die geskape

wesens as verleier. Hy probeer hulle wil eweneens te beweeg, om van My

af te keer en hy het daar baie sukses mee. Want ook vele van die wesens

erken hom, ondanks 'n oorgrote volheid van lig, ondanks die helderste

insig, as 'heer der ewigheid’ en breek met My omdat Ek gewoonweg nie vir

hulle sigbaar was nie.

En die afvallig geworde wesens moet nou uit die diepste diepte, waar hulle

hulself in gestort het, weer ten hoogte kom. Hulle moet nou uit vrye wil

probeer om hulle te vergoddelik, wat vir hulle ook met My steun moontlik

is. En het hulle die doel bereik dan word hulle kinders van God, My kinders,

volmaakte wesens wat self die volmaaktheid nagestreef en bereik het. Dan

het EK ook die doel bereik wat EK My by die skep van die wesens gestel

het.

Daar bly My egter ook ‘n groot deel van die oorspronklike geskape geeste

trou, hulle bied weerstand teen Lucifer se versoekings, hulle deurstaan dus

die wilsproef toe hulle moes besluit Wie hulle tot hul God kies. Hoe staan

dit nou egter met hul kindskap van God? Julle moet weet dat die nie

gevalle wesens die hoogste geluksaligheid geniet, want hulle het van hul

volmaaktheid niks ingeboet nie en voortdurend word hulle nog deur die

krag van My Liefde deurstraal, wat hul onvoorstelbare saligheid berei. Deur

hul volmaaktheid is hulle egter ook wetend, My heilsplan is aan hul bekend,

hulle sien die onsalige staat van die gevale oergeeste en hul liefde vir hulle

is so groot dat hulle deel wil hê aan My verlossingswerk om die terugkeer

van die eens gevale geeste te bevorder. Vir die werk om hulle terug te

bring is egter ewighede nodig, wat julle mense nie kan bedink nie. En

steeds weer het die gevale oergeeste in die stadium as mens daadkragtige

hulp nodig, want hulle het wel die godelike liefdesvonk in hulle wat vir hul

die terugkeer moontlik maak, maar hulle is so kragteloos dat hulle hulp

nodig het. En die hulp word hul nou deur die nie gevalle ligwesens verleen,

wat hulle met die doel as mense op aarde beliggaam en sodoende

eweneens die gang deur die diepte gaan, waar hulself aan alle versoekings

blootgesteld is en nou ook bewus die wilsproef aflê. Die wilsproef laat hulle

tot My kinders word, wat na die deurstane beproewing nou heeltemal vry

naas My skep en werk en alleen volgens My Wil werksaam is, ofskoon ook

die nie gevale oergeeste al eerder ‘n onbegrensde saligheid beskore was.

En dit kom, deur die baie groot aantal van die gevale wesens, dat daar

ewighede nodig is, voor die doel van die vergoddeliking van alle wesens

bereik sal wees. Daarom bestaan daar ook eindeloos baie moontlikhede vir

die ligwesens wat My trou gegbly het, om in vrye wil by te dra met die

redding van die gevale oergeeste. En deurdat hulle deur die oorwining van

die diepte probeer om kindskap van God te bereik, verhoog hulle steeds

meer die graad van hul geluksaligheid. En so bestaan daar vir My geen

beperking nie en kan en sal EK so ook My kinders ewig gelukkig maak in

411

onvoorstelbare mate. En ontelbaar baie oergeeste het hulle al vir die gang

oor die aarde aangebied, by wie dit in die eerste plek in hul harte gaan oor

die redding van hulle gevalle broeders en susters en dus nie uit selfsugtige

beweegredes die beliggaming op die aarde op hulle neem nie, wat nie

vanweë die kindskap van God die diepte oorwin nie, maar tog die kindskap

van God bereik en as My ware kinders nou na My sy terugkeer. Alleen dit

het die wesens wat My trou gebly het vir hul gevale broeders, dat hulle

nooit die gang deur die skeppinge van die aarde hoef te gaan nie, dat hulle

ook nooit faal in die lewe op aarde nie, dat hulle wel in vrye wil alle

versoekings moet weerstaan, maar hul steeds baie krag ter beskikking

staan, omdat hulle die liefde in hulle het en die ook nie opgee tydens hul

aardse lewe nie.

Dog die mense in wie sulke nie gevalle oergeeste beliggaam is, weet dit

nie. Hulle lê ‘n baie moeilike weg op aarde af, hulle stry en dien en bereik

met sekerheid hul doel: die volledige aaneensluiting met My op aarde, wat

by hulle weliswaar nie onderbroke was nie, wat egter deur elke mens

ernstig nagestreef moet word omdat dit die doel is en sal bly omdat dit van

elke wese die ware wilsbeslissing is om vry My kant te kies.

En alle wesens wat deur My geskape is, sal eens My kinders wees, want vir

My bestaan daar geen tydsbesef nie; en al gaan daar ook ewighede mee

verby, want wat EK My ten doel gestel het, bereik EK ook. Maar julle mense

moet nie glo dat die wesens wat by My gebly het en die kindskap van God

nog nie bereik het nie, minder geluksalig te noem is nie, want hulle wil is al

so gerig dat hul liefde vir My bomate magtig is en voortdurend toeneem en

in ooreenstemming daarmee beloon EK hul trou jeens My maar sal hulle

ook nie die geluksaligheid verlore laat gaan wat die kindskap van God hulle

waarborg nie.

Die hele verloop vanaf die allereerste begin tot in alle ewigheid is

ooreenkomstig die wet en teen My ordening van ewigheid, kan EK nie

werksaam wees nie en het EK eenmaal ‘n plan ontwerp, dan word dit ook

uitgevoer omdat My Wil onveranderlik is. Amen

Opstanding tot lewe

8794 30 Maart 1964

Die wesens wat eens deur My uitgestraal was, dra My Wil in hulle, solank

hulle in innige liefde met My verbind was, toe EK hulle kon deurstraal met

My Liefde en daar in hulle geen ander wil kon wees as Myne nie, anders

gesê: dat hulle wil en denke voortdurend in ooreenstemming was met My

wil en denke. En tog was die wil van die wesens vry, omdat hulle nou

eenmaal deur My geskape, hoogs volmaakte wesens was en dieselfde wil in

hulle het as EK, sonder om egter onder enige dwang te staan. Dus hul wil

was vry vanaf die begin, maar nie anders as Myne nie en die gelykheid van

wil was so vir ewighede, want die gelyksoortigheid van hul wil met Myne

412

kon nie verstoor word solank die stroom van My Liefde al die wesens

deurstraal het.

Eers toe die eersgeskape oergees, Lucifer, sy denkvermoë verkeerd

gebruik, toe hy die woord wat hom uit My toestroom nie meer verlang en in

liefde aanneem nie en daardeur die krag van My Liefde wat hom toestroom

‘n ligte verswakking ondergaan, begin die eie wil in hom, wat vry was, hom

te uiter sonder dat EK hom daarmee hinder. En eers toe hy hom steeds

sterker begin te verset teen die krag van My Liefde, kon van ‘n uiting van

sy vrye wil gespreek word, wat egter tot nou toe geheel in My Wil opgaan,

ofskoon hy vry was. En nou het die tyd gekom waarin My eersgeskape

ewebeeld vry moes besluit, omdat EK eers die wilsproef van hom verlang,

toe sy wil begin afwyk van Myne, deur die afwysing van die kragtstroom

van My Liefde.

En so was dit ook gestel met alle deur ons beide liefdeskrag geskape

wesens, wat nou weer deur Lucifer daartoe gebring word om aan hulle wil

uiting te gee, wat net so vry was en ook net so lank geheel in My Wil

opgaan as hulle sonder remming die stroom van My Liefde ontvang. Ook

hulle begin hul denkvermoë verkeerd te gebruik en hulle meer by die wil

van Lucifer aan te sluit en EK hinder hul vrye wil nie, want EK wil dat hulle

nou openlik die wilsproef aflê by wie hulle wil bly.

Dus kom die vrye wil eers in aksie, toe die wesens hulle afsluit vir My

Liefde, want tevore betref hulle wil, ofskoon vry, heeltemal Hom, van Wie

hulle uitgegaan het. Die wese bewys dus eers dan die vryheid van sy wil,

toe hulle teen My in opstand kom, want tevore het sy groot liefde hom

verhinder, om sy wil teen My te keer; want die liefde sal steeds met My een

van wil wees. Hou dit dus vir gesê dat elke skepsel as wesenlike godelike

kenmerk, die vrye wil gehad het, omdat hulle My ewebeeld was, maar hulle

het ewighede lank van die vrye wil nie gebruik gemaak nie, omdat hulle

geheel een was met My en hulle ononderbroke in die stroomkring van My

Liefde bevind, wat soveel beteken, dat hulle nie uit die ewige ordening tree

nie.

Eers met die verandering in die denke van Lucifer bring ook ‘n verandering

van hulle wil teweeg en EK laat sowel sy verkeerd denke, asook sy

verkeerd wil die vrye loop neem, wat dan weer na eindelose tye ook steeds

meer op die deur hom geskape wesens oorgaan en die wil hom dus nou

verdeel en van nou af aan die 'vrye wil' openbaar. Wanneer daar dus gesê

word: die wesens kon nie anders wil as soos dit My Wil was nie, dan wys dit

op die toestand in die begin, toe hulle alleen My Wil laat geld uit oorgrote

liefde vir My en as gevolg van die deurstraling met My allesoorheersende

Liefde. In die toestand was ‘n ander wil as Myne nie moontlik nie, dit was

ewenwel geen toestand van dwang waarin die wesens hulle in die begin

bevind het nie, veeleer alleen die bewys van hoogste volmaaktheid waarin

EK elke wese buite My geplaas het.

413

Dat Lucifer en ‘n groot deel van sy aanhang geval het deur die verkeerde

wilsbeslissing en so in die grootste ellende geraak het, maak egter die

‘word tot ‘n kind van God' moontlik, maar die wese moes deur die diepste

diepte gaan en ‘n groot stryd voer op sy terugweg na My, dat dit hulle

daardeur ook die reg van ‘n kind verwerf. Maar die nie gevalle wesens egter

geniet ononderbroke hemelse salighede en hulle is daar nie van uitgesluit

om nog die kindskap van God na te strewe en te bereik nie. Dog EK weet

waarlik hoe EK My skepsele met gawes bedeel en welke weg hulle moet

gaan om die hoogste doel te bereik. Maar steeds is dit die aaneensluiting

met My wat hul die hoogste geluksaligheid oplewer. En EK is alle kinders so

naby dat hulle My kan gewaar en ook so ver weg, dat hulle onophoudelik

na My sal strewe en steeds weer die aanstraling van My Liefde as bewys

van My aanwesigheid mag ontvang. Amen

Elkeen moet die gevolge van sy kennis aanvaar

8796 2 April 1964

Onthou goed dat by My niks uiterliks geld, dat Ek alleen waarde heg aan dit

wat uit die diepte van die hart kom. As julle glo om My te vereer deur

formele handelinge, bou julle daar’n soort afgodsdiens op waarvan julle,

julle los moet maak, om julle dan des te inniger met My te verenig, om My

aanwesigheid in julle harte moontlik te maak, wat geheel onafhankelik is

van uiterlike vorme en gebruike en daarom slegs daar kan plaasvind, waar

alleen die hart spreek.

Steeds sê Ek julle weer dat julle die suiwer leer van Jesus misvorm het, dat

julle dit vermeng het met mensewerk en aan die mensewerk nou groter

betekenis heg as aan My evangelie, wat alleen maar die twee gebooie van

die liefde omvat. Want alleen hy wat in die liefde leef staan ook in vir My

leer. Julle kan dus alle menslike verpliginge wat julle aan My evangelie

bygevoeg het nougeset nakom, maar as My liefde nie daarin is nie, dan is

die handelinge heeltemal waadeloos. Dit bring julle siele nie die geringste

voordeel nie, maar dit bring julle so in die war dat julle glo, dat julle, julle

plig gedoen het.

Maar elke pligsgetroue handeling is waadeloos, omdat dit die menslike wil

uitsluit. En al word die menslike verpliginge vrywillig gedoen, dan kan dit

tog nie die seën dra wat ‘n enkele werk van liefde het nie. Wie My innig

liefhet, die bied My ook al sy gedagtes aan, hy hou innige samespreking

met My en hy kan dit ook altyd en orals doen, want hy het geen bepaalde

plek daarvoor nodig nie, omdat dit hom baie eerder van sy innige gedagtes

tot My afhou.

Wie onwetend is die handel ook daarna, maar hy is dan ook te

verontskuldig deur sy onwetendheid. Wie egter in die besit van die

waarheid is en weet hoe waadeloos uiterlike handelinge en gebruik vir My

is, in die besonder as dit die die mense in hul denke op ‘n dwaalspoor

bring, die moet ook sy bes doen om hom daarvan vry te maak. Hy moet

414

alles innerlik belewe en alle insig benut om in die liefde te werk en

daardeur word sy verbintenis met My, wat alleen in die hart tot stand

gebring kan word, steeds inniger.

Ek Self het wel op aarde My kerk gestig, wat op die rots van die geloof

opgerig is, maar Ek het geen uiterlike organisasies gestig nie. En dat

hierdie organisasies nie in ‘n ware verhouding tot My staan nie, kan julle

sien deurdat dit alleen na die buitenkant toe, uiterlik is, dat dit egter die

innerlike van die mens totaal onberoerd en onbevredig laat as die mense

op soek is na My en die suiwer waarheid. My Woord alleen moet die inhoud

uitmaak van 'n preek en vanuit My Woord moet die mense die gebooie van

die liefde vervul. En deur die liefde kom hulle dan ook tot ‘n lewende geloof

en daardeur dus tot die innigste verbintenis met My. Dan is hulle lede van

die kerk wat Ek Self op aarde gegrondves het.

Ek probeer nou aan alle mense die waarheid te laat toekom maar slegs

weiniges neem dit aan. Maar wie dit aanneem kom ook gou tot ‘n diepe

kennis en hieruit moet hy sy afleidings maak, want niemand kan twee here

dien nie. Maar as daar nou ‘n organisasie opgerig is wat met die kennis in

teenspraak is, dan het hierdie ook duidelik onder die invloed van My

teenstander ontstaan; wat duidelik aangetoon word deur elke uiterlike

vertoon daarvan. Want dit leen hom daartoe om ‘n verkeerde voorstelling

van My eintlike Wil te laat ontstaan en daarom moet ook elkeen wat die

kennis gekry het hom van die werk van My teenstander losmaak.

Wie die waarheid wat Ek hom laat toekom nie kan aanneem vanweë sy eie

liefdeloosheid of sy geringe graad van volwassenheid nie, die sal

begryplikerwys ook sy dwaling nie wil opgee nie. Vir die wat weet egter is

die dwaling in te sien en dwaling is dwaalleer, dus die werk van My

teenstander. En wanneer hulle wat weet tog hierdie wêreldse eise nakom

dan is dit geen "godsdiens" nie, maar alleen ‘n suiwer wêreldse

aangeleendheid, julle moet rekening hou met die mense wat ook tot die

waarheid gebring moet word en nie in hul dwalinge gesterk moet word nie.

Dit is moeilik om teen ‘n tradisie in te gaan en dit sal julle ook nouliks

geluk, want min waarvan die verlang na die waarheid nog ongewoon sterk

is, sal hulle vrymaak. Ek Self kan egter geen kompromis aangaan nie. Ek

kan julle alleen duidelik uitsluitsel gee oor dwaling en waarheid en julleself

moet dan besluit en julle beslissing dan wys.

Besef steeds dat dit ‘n buitengewone genadegawe is om julle met die

suiwer waarheid bekend te maak en dat elkeen van die genadegawe

gebruik kan maak, dat dit egter daarom ‘n groot daad van liefde van My

kant is as My Gees so luid in ‘n mens spreek dat hy tot insig kom, dat Ek,

ooreenkomstig sy wil, hom ook die waarheid kan laat toekom. En die

genadegawe moet ook benut word deurdat die mens die waarheid aanneem

en dit ook verkondig aan hulle, wat nog gebind is aan tradisionele of

organisatoriese voorskrifte. Eers wanneer julle daarvan vry is, is julle ook

vry van My teenstander, maar die gevaar bestaan dat die teenstander hom

415

sal probeer terug wen, dat hy sy wil verswak, Ek sal geen mens meer aan

hom oorlaat wat hom eenmaal aan My oorgegee het nie. Want Ek staan

geen mens wat eenmaal ernstig vir My gekies het meer af aan My

teenstander nie. Amen

Antwoord op ‘n vraag oor Jogi’s

8800 6 April 1964

Julle beroep aan My sal nie vergeefs wees wanneer julle na My in geestelike

nood kom en julle is in geestelike nood wanneer julle deur vrae beweeg

word wat julle nie self kan beantwoord nie en wanneer antwoorde van julle

wat as My boodskappers op aarde werk geëis word. Daar is geen vraag wat

Ek nie kan beantwoord nie omdat geen ander wese bestaan wat alles weet

nie en daarom julle ook behoorlik kan onderrig nie. Nietemin, verg dit ook

‘n bepaalde graad van volwassenheid om te begryp wat Ek aan julle wil

verduidelik, omdat julle reeds ‘n klein hoeveelheid geestelike kennis nodig

het, julle moet die rede en die doel van julle bestaan as mense op hierdie

aarde ken. Dus moes julle reeds die eerste deel van die inligting ontvang

het, dan sal julle ook verstaan wat volg.

Julle weet dat ligwesens, nie-gevalle wesens, ook te alle tye op aarde leef.

Hulle het die voortdurende missie om hul medemens van ‘n God en ‘n

Skepper in te lig en hulle Sy wil te leer ken. Omdat dieselfde ooral op aarde

gebeur, die mense het inderdaad ‘n geestelike konsep maar hulle lewe

selde in die waarheid en sal altyd menslike wette gehoorsaam omdat hulle

‘n bepaalde hoeveelheid vrees het vir die mag wat figuurlik aan hulle

voorgestel word. Hulle word nouliks indien ooit onderrig in die suiwer

waarheid omdat die valsheid orals op aarde oorheers. En daarom sal

geestelike raadgewers oral onder die mensdom opstaan, wat deur My die

taak gegee is om die geloof in ‘n God aan hul medemens oor te dra en om

hulle in te lig oor My, sodat elke mens sy lewe so kan lei dat dit sy siel sal

help om volle volwassenheid te bereik. En hoe meer primitief die mense is,

hoe sterker die ligwesens wat onder hulle beliggaam. Maar hierdie wesens

leef ook op aarde as mense, hulle moet ook eers worstel om begrip te kry,

hulle moet ‘n lewe van liefde leef, omdat liefde die enigste krag is wat hulle

moet hê om ware leiers van hul medemens te word. Betreffende die vraag:

ontvang die mense bonatuurlike krag, wat hulle gebruik om buitengewone

dade mee te doen, van My of van My teenstander? Liefde verseker hulle ‘n

stroom van krag van My af, want sodra hulle in liefde lewe is hulle ook

nader met My verenig en dan sal hulle kan verwesenlik wat hulle wil. Maar

hulle kan ook krag van onder kry, hulle word in gelyke mate deur My

teenstander gesteun wat hulle van krag sal voorsien as hulle nie suiwer

geeste van liefde is nie, dus uit My voortgekom het om hul missie op aarde

te verwesenlik.

As hulle egter liefde het sal hulle ook verlig word, hulle sal van die staat

van lyding van hul medemens bewus wees, maar hulle sal ook die

416

verbintenis tussen die mens en die hele skepping, met My, die God en

Skepper van ewigheid ken. Hulle kan nou My krag hul eie maak en Ek sal

dit nie van hulle weerhou nie, omdat Ek ‘n opregte inspanning vir

volmaaktheid in hierdie mense sien en omdat hulle nie meer deur die

oersonde belas word nie en daarom nie meer ‘n beperking van mag van My

kant vrees nie. Derhalwe vereis hulle geen Verlossing deur Jesus nie,

omdat hulle reeds ligwesens is. Maar al hul medemense het dit nodig en

hulle moet hul ook inlig oor Hom in wie Ek My as mens openbaar om die

oersonde van alle wesens te versoen. Dit is nie dat hulle nie hierdie kennis

het nie maar hulself, as verteenwoordigers van ander godsdienste, sprei ‘n

sluier oor een van die belangrikste probleme, hulle lig nie hul medemens in

nie omdat hulle nie die spesiale posisie van Jesus wil erken nie. Hulle

beskou hom as een van hulle en nie as die Een wat die uiterlike dekking vir

die ewige Godheid Self was en Wie is en ewig ‘n sigbare Heer en God vir

alle wesens sal bly.

Dit is nouliks begryplik dat mense wat in ‘n innige kontak met hul God en

Skepper is, die probleem ignoreer dat hulle, op aarde en later ook uit die

geesteryk, ontelbare mense sal onderrig en hulle sal bekendstel as wesens

van superieure en verhewe status en tog nie die Een nadruklik noem wie

eintlik en absoluut God is nie: 'Jesus'. Hierdie geeste van lig het ook eens

die weg oor die aarde gegaan, hulle het My herken en erken en hulle wils

toets geslaag, maar hulle bereik nie die hoogste graad van kindskap van

God nie. Wat volle aanvaarding van My wil vereis, want hulle het nie

tenvolle onderdanig aan Jesus se wil geword nie. Wie is en ewig God sal

bly. Hulle bereik onbetwisbaar die hoogste graad van volwassenheid op

aarde, hulle het My krag gebruik en wonderwerke daarmee verwesenlik,

maar die offer van Jesus aan die kruis was nie die beslissende faktor vir

hulle nie. Derhalwe beskryf hulle Jesus slegs altyd aan hul medemens as

die mees volmaakte mens, as ‘n meester soos hulself en nie as iemand in

wie Ek Myself openbaar en werk nie, in wie Ek Self die sondeskuld met die

dood aan die kruis verlos het nie. Maar wanneer een van die verhewe

geestelike leiers op aarde My in die Verlosser Jesus Christus herken en

erken het, het hy ook sy medemens in hierdie geloof gelei.

En so sal baie mense wat aan heel verskillende gelowe behoort nie Jesus

vind tot hulle eers in die hiernamaals is nie en eers dan van die oersonde

verlos word, omdat hierdie sonde nie deur ‘n ander mens namens hulle

versoen kan word nie. Die oersonde kan slegs deur Jesus Christus verlos

word, deur God self en daarom moet Hy ook as die Goddelike Verlosser

erken word. En niemand sal ooit geluksaligheid sonder verlossing van sy

oersonde bereik nie, wat slegs deur Jesus Christus kan gebeur, Wie die

uiterlike omhulsel van die Ewige Godheid self was. Daar is verseker baie

mense wat ‘n heilige lewe leef, wat streef om die hoogste volmaaktheid op

aarde te bereik. En tog is daar ‘n verskil tussen hulle en Jesus omdat Hy

van Sy missie sedert die begin van die ewigheid geweet het, het Hy ook

417

geweet van die verskriklike dood wat Hy moes ly, maar Hy weet ook van

die oersonde wat die mensdom belas. Sy siel daal af na die aarde en gaan

die weg as mens om hierdie oersonde te versoen. En Hy nooi alle mense uit

om Hom te volg, Hy oorbrug die enorme kloof wat deur alle mense begaan

kon word, want tot die tyd was daar geen manier om uit die koninkryk van

duisternis na die koninkryk van lig te gaan nie. Die ligwesens wat na die

aarde as profete gestuur was voor hierdie tyd, verkondig Hom as die

Messias wat die Verlossing na die mense moes bring. En slegs deur opregte

navolging kon die mense weer die volmaaktheid van die oer toestand

bereik. God’s wil word eers verkondig aan mense deur profete en later deur

Jesus Self, omdat hulle dit nie meer geweet het nie, toe te skryf aan die

oersonde waardeur hulle belas was. Dus kon die mense, wat deur die

oersonde belas word, nie ‘n hoë graad van volwassenheid op aarde bereik

nie omdat hulle wil tenvolle verswak was. Nietemin, hulle wat

buitengewone dade op aarde gedoen het, wat hoogs geestelike kragte

ontwikkel het en reeds volmaakte meesters vir hul medemens was, sou

nooit hierdie hoë posisie kon bereik het as hulle onderworpe was aan die

beperking van die oersonde nie.

Maar hulle het van bo af gekom om die mense te help. Hulle was nie

gevalle oergeeste nie maar het altyd lojaal aan My gebly, maar hulle kon

enige tyd die aardse weg gaan om hulself vrywillig tot gode te vorm. Wat

Ek nie Self kon skep nie en wat deur die wese se vrye wil self bereik moes

word. En weer moet Ek benadruk dat dit slegs ‘n lewe van liefde vereis, dat

daardie wesens alle Goddelike vermoë in hulle as mense kon ontwikkel en

dat elke mens dit kan bereik as hy waarlik na die hoogste volmaaktheid

streef, wat gestaaf word deur My Woorde ‘wees volmaak soos julle Vader in

die Hemel volmaak is.’ Dus kan hierdie hoë graad van volmaaktheid ook

deur mense bereik word wat van hul oersonde deur Jesus Christus verlos

is.

Maar as ‘n mens ‘n beliggaamde ligwese is, wat nie deur die oersonde belas

word nie, kan hy meer as ooit hierdie vergoddeliking op aarde bereik en

gesien sy verhewe volwassenheid van siel sal hy ook die werk van Jesus en

Sy spesiale missie kan herken, maar hy sal altyd slegs probeer om mense

te motiveer om ook die hoogste volmaaktheid te bereik. Maar tog self sal

so’n verhewe gees nie die mense van die las van die oersonde kan verlos

nie, omdat slegs die Verlossingsdaad van Jesus dit kan volbring.

Hy kan slegs die sonde versoen 'in die naam' van iemand wat dit begaan

het, as hy groter as groot liefde het en hy sy medemens wil help. Maar

versoening vir die oersonde word slegs bereik deur een mens: Jesus, die

enige geskape Seun van God, in wie God Homself as mens openbaar,

omdat liefde hierdie sonde verlos en Ek Self liefde is. Selfs die mees

verhewe ligwesens in die geesteryk erken My in Jesus, omdat Ek ook ‘n

sigbare God in Jesus vir hierdie wesens geword het.

418

En hierdie menslike verskyning van My in Jesus is die verskil tussen Hom

en die verhewe, volmaakte geeste en hierdie menslike verskyning moet

deur elke een erken word wat begeer om My een dag te sien, anders sal

selfs die mees verhewe ligwesens My nie van aangesig tot aangesig kan

sien waarin uiterste geluksaligheid is.

Dus kan dit tereg verklaar word dat geen mens geseënd kan wees sonder

Jesus Christus nie en die finale doel sal altyd die volle vereniging met My

wees. Nietemin behou elke wese sy eie bewussyn. Jesus het My egter

tenvolle ontvang. Hy en Ek is dieselfde. Maar julle sal dit slegs tenvolle kan

begryp wanneer julle in die koninkryk van lig gekom het. Amen

Kennis van die oerskuld is nodig om die

verlossingswerk te begryp

8806 26 Mei 1964

Julle mense ontbreek die kennis oor die oersonde daarom beskou julle die

verlossingswerk van Jesus Christus ook alleen maar as ‘n versoeningswerk

vir julle menslike skuld. Ja, julle betwis Homselfs die werk van verlossing

omdat, soos julle glo, almal hul skuld tot die laaste sent moet betaal. Asof

dit alleen die skuld is wat julle as mens op julle gelaai het, dan sou hierdie

mening te begrype wees. Maar dit gaan oor die groot oerskuld en die afval

van die geeste van My. ‘n Skuld wat julleself nooit sou kon versoen nie en

wat ook nie ontken kan word nie, wat die aanleiding was van die ontstaan

van die hele materiele skepping en die oorsaak is van My menswording in

Jesus Christus.

Die aanleiding tot hierdie afval van My was dat die geskape wesens My nie

kon sien nie en daarom maak Ek My sigbaar in Jesus. Wie alleen die

vroeëre sondeval voor die eerste mense geld, vir julle sal dit ongelooflik

bleik dat vir hierdie sonde ‘n Verlosser nodig is. Dit sal altyd stand hou dat

die mensdom nie gestraf kan word vir ‘n sonde wat hulle nie begaan het

nie. Sodoende sou ook die sonde wat die mens as sodanig begaan wel ‘n

vergryp teen My liefde wees, wat hulle egter nie besef in die toestand van

hul ligloosheid nie, wat egter wel die gevolg is van hierdie groot oersonde.

Hierdie sonde verklaar egter alles, maar solank die mense nie kennis het

oor die afval van die oergeskape geeste nie, is dit vir hulle ook moeilik om

in ‘n Goddelike Verlosser te glo, Wie ter wille van hierdie skuld wat Hyself

op Hom geneem het, aan die kruis gesterf het onder groot smarte en pyn

om My die versoeningsoffer aan te bied.

En daarom moet ook alle leerstellings wat die Goddelike Verlosser ontken,

wat dus die verlossingsprinsipe verloon, afgewys word as dwaalleer. Ook

moet die werk van Jesus as Verbreider van die Goddelike liefdesleer

benadruk word. Want dit gaan om die verlossing van die oerskuld wat enkel

en alleen Ek Self in die mens Jesus kon volbring, wat vir julle die verklaring

419

is van My menswording. Want Ek Self is ‘n Wese wat nie deur een van My

skepsele aanskou kan word, sonder om te vergaan nie.

Wil Ek Myself dus vir julle sigbaar maak, dan moes dit in die vorm van ‘n

aan julle gelyke wese geskied, wat vir julle die mens Jesus was. Dit is dus

in die eerste plek nodig om die verloop te ken van die afval van die wesens

van My, om dan ook die verloop van die skepping van die sigbare wêreld te

begryp. Dan is ook die verdere stryd tussen lig en duisternis en die optrede

van ‘n Redder van die mensdom in Jesus Christus, ‘n nie gevalle oergees,

te begryp in Wie Ek Myself beliggaam het omdat julle julleself van die alles

voortbringende KRAG geen enkele voorstelling kon maak nie.

En daarom kan en moet julle ‘n Verlosser erken Wie ter wille van die skuld

van almal aan die kruis gesterf het en vir julle mense die vergewing van

julle skuld afgesmeek het. Die vergewing kan julle egter nie sommer toeval

nie, maar julle moet Homself daarom vra, omdat die val in vrye wil geskied

het en die terugkeer tot Hom ook in vrye wil moet plaas vind. Dat nou ‘n

ernstige na volmaaktheid strewend mens, naas die oerskuld, ook die sonde

as mens vergewe word, hoef nie betwyfel te word nie, want alle skuld moet

gedelg word en die vergewing is sodoende verseker.

Omdat Jesus egter selde as Verlosser erken word omdat baie dwaallere

Hom alleen as verhewe mens en as ‘n selfgemaakte meester sien en nie My

menswording in Hom wil erken nie, bid hulle Hom ook nie om vergewing

van al hul sonde nie. Daar is egter maar een Wie hulle kan bevry van hul

groot skuld, slegs een kom die mag toe om alle skuld in die sand te skryf

en dit is Jesus Christus, in Wie Ek Self mens geword het. Amen

Die onthulling van dwaalleer is God se wil - Dogma's

8814 18 Junie 1964

Dat julle die waarheid moet verkondig is My wil en daartoe behoort ook die

onthulling van dwaalleer wat in My woord ingesluip het, wat egter nie

anders geskei kan word as om teenoor dit, die suiwer waarheid te stel nie.

Julle moet julleself steeds afvra, wie die waarheid waarborg van diegene

wat julle My leer aanbied.

Julle kan nie net woorde van mense as waarheid aanneem nie, des te meer

omdat julle weet dat My teenstander daarop kan inwerk. En hy is steeds

daarop uit om die mensdom in verwarring te bring. Julle sal die ware

antwoord ontvang as julle die waarheid soek, as julle nie in dwaling wil

lewe nie en My om 'n antwoord vra, wat Ek julle dan seker sal gee.

In die eerste plek gaan Ek julle vertel dat julle ‘n vrye wil besit waar nooit

of te nimmer dwang op uitgeoefen mag word nie. En Ek sal julle

opmerksaam daarop maak dat daar deur geen enkele invloed, dwang op

julle uitgeoefen kan word nie, nog deur goeie nog deur bose invloede maar

ook, dat julle, julle moet verantwoord hoe julle hierdie wil gebruik het.

Gevolglik is ook elke leer wat julle onder dwang verplig, tot die aanneem

daarvan as dogma, teen My wil. Julle het die vryheid om self te besluit wat

420

julle wil glo en geen mens kan julle hierdie geloofsvryheid ontneem nie.

Julle besit ook die reg, om die mees uiteenlopende geloofrigtings teen

mekaar af te weeg, sodat julle uit alle geestelike rigtings dit kan aanneem

wat julle goeddink.

Steeds sal Ek dus die mense aanspreek wat na die suiwer waarheid

verlang. Want al die ander is nie geïnteresseerd nie. Hulle is onverskillig of

hul die suiwer waarheid aangebied word of nie. Hulle neem genoë met die

leerstellings wat deur mense aan My evangelie toegevoeg word. Wat egter

as totaal onsinnig herken kan word, as die mense dit sal ondesoek.

My teenstander het ‘n baie stewige net geknoop deurdat hy die mense tot

gehoorsaamheid dwing, wat eie mening oor die geloof uitsluit, deurdat

niemand dit mag waag om ‘n eie mening te hê nie, anders is hy aan ‘n

groot sonde skuldig. En dit gaan nou hier om My wil eerste te stel en

daarom vestig Ek julle aandag op julle vrye wil, wat julle gevolglik moet

opgee as julle, julle aan menslike gebooie wil onderwerp.

So is ook die werking van die Gees in die mens aan julle onbekend, die

enigst middel om julle in besit van waarheid te stel. Julle glo nie dat Ek Self

julle in die waarheid wil lei nie en al die kennis deur die Gees verkry wys

julle af. En tog is hierdie kennis die waarheid en ontbloot elke dwaalleer.

Maar solank julle, julle nog aan ‘n gebod wat ooreenkom met satan se wens

onderwerp, sodat julle nie vry mag kies vir ‘n deur julle as reg ingesiene

leerstelling nie, solank julle, julle nie vry kan maak van iets wat Ek Self

nooit van julle sou eis nie, solank is julle ’n slaaf en dus ook geheel onvry.

Want selfs Ek sal geen mens dwing om die waarheid aan te neem nie, wat

dit as sodanig nie herken nie, omdat Ek die mens ‘n vrye wil gegee het.

Julle bring nou die argument dat mense in ‘n bepaale gedagterigting

opgevoed moet word, hou julle, julle dan aan die twee gebooie wat Ek Self

die mense op aarde geleer het. Probeer hulle alleen in die gebooie van die

liefde te leer, dan doen julle alles wat die mens nodig het vir die voltooiing

van sy siel. Want eers dan sal bleik wie ernstig in die liefde wil lewe. En hy

sal dan ook die werk van My Gees in hom ervaar. Hy sal dan self met die

waarheid bekend gemaak word, met die kennis van die rede en die doel

van die skepping, met die rede en die bedoeling van die aardse bestaan en

vir al met die rede en die betekenis van die verlossingswerk van Jesus

Christus, sonder WIE geen mens salig kan word nie.

Julle is nie christene met ‘n lewende geloof nie, wat lewe in navolging van

Jesus en wat ten volle oortuig is van die krag van Sy verlossingswerk nie.

Christene wat Ek tot My kerk kan reken nie, waarvan Ek Self die Stigter is.

Anders sou julle waarlik ook die stem van My Gees kan verneem wat julle

opheldering kan gee oor die baie dwaallere wat daar in die wêreld te vinde

is en waarteen Ek steeds ten stryde trek.

Want alleen die waarheid lei tot My en alleen deur die waarheid kan julle

salig word. Daarom sal Ek steeds weer My aanhangers op aarde die

waarheid laat toekom en hul gelyktydig die opdrag gee om dit in die wêreld

421

uit te dra, want die mens moet in die waarheid wandel as hy salig wil word.

Amen

Die Voorloper

8815 19 Junie 1964

Ook op dié vraag wil Ek julle ‘n antwoord gee, want dit is baie gewigtig,

sodat julle wat My Woord ontvang, nie tot ‘n verkeerde denke verval nie.

Daar is baie wat glo om self die lang verwagte Voorloper te wees wat My

Koms moet aankondig. Maar altyd sê Ek weer aan julle, dat hy in die tyd

van die Antichris sal kom, dat sy optrede met die verskyning van die

Antichris sal saamval en dat julle hom dan ook sal herken. Sy optrede sal

maar van korte duur wees en hy sal dan verskyn wanneer die mense hom

nodig sal hê, hy sal julle troos en hulp verskaf. En so sal julle hom eers dan

kan verwag wanneer die laaste fase aangebreek het, wanneer die

natuurkatastrofe verby is. Wanneer daar ‘n heerser homself op die troon

geplaas het wat julle duidelik as die Antichris kan herken en wat die

geloofstryd sal laat ontbrand.

Eers dan sal My roepingsdienaar na vore tree en openlik getuig van My en

My Ryk. Maar verwag hom nie nou al nie want hy is nog self nie van sy

missie bewus nie, wanneer hy egter sal optree, sal elke mens hom herken

aan die krag van sy stem en sy spraak. Hyself het geen verlange om

herken te word as ‘roepende in die wêreld woestyn’ nie en tog is hy dit. Hy

sal spreek, gedryf deur die gees in hom omdat sy verlange so sterk in hom

is om vir My te getuig, om My Koms te verkondig en die mense tot

ommekeer te beweeg, dat hy elke oorweging buite beskouing sal laat,

sodat hy sal spreek te midde van vyande wat soek om hom onskadelik te

maak.

Maar weet dat die tyd van die einde nog nie gekom het nie,

(geopenbaar:1964) dat daar nog altyd ‘n tyd van vryheid van spraak is

wat egter vinnig sal verander wanneer My ingryping deur die

natuurkatastrofe plaasgevind het. Wanneer die nood onder die mensdom so

groot sal wees dat niemand homself bereid sal verklaar om die groot nood

te stuit nie. Dan het die tyd egter ook gekom, want hy is die laaste van die

profete en wie hom sal aanhoor, sal groot krag ontvang.

Dit word steeds weer aan julle gesê dat hy ‘n onopvallende mens sal wees

in wie julle so 'n krag van spraak al die tyd nog nie vermoed het toe hyself

in alle deemoed sy weg gegaan het nie, maar plotseling sal dit in hom

deurbreek. Hy sal sy missie baie plotseling insien en hy sal ‘n redenaar

word wat geweldig vir Jesus spreek; wat aan elkeen My Naam sal verkondig

en nie daarvoor sal terugdeins om vir My Naam te stry nie. Hy sal duidelik

maak dat Ek die Verlosser van die wêreld is en stry vir My en My Ryk.

En daar aan sal julle hom kan herken, dat hy Myself erken as die Woord

"wat vlees geword het" en dat hy My menswording in Jesus duidelik

422

uiteensit. Dat hy geen onderskeid maak tussen My en Jesus nie, dat hy

Jesus as God erken.

Sy redevoering sal ooreenstem met My leer wat van bo tot julle gekom het,

en dit is die teken dat hy Johannes die Doper is, die een ‘roepende in die

woestyn’, My Voorloper, wat weer gekom het om My Koms aan te kondig.

Nie lank daarna nie sal Ek Self kom om Myne weg te neem, wanneer hulle

hulself in die grootste sielenood sal bevind.

Daar sal altyd weer mense wees wat hulself inbeeld om die beliggaming

van Johannes te wees. Altyd weer sal Ek hulle inlig en aan hulle sê dat hy

homself sal laat herken op ongewone wyse, dat hy nie gesoek kan word in

kringe wat hulself daartoe geroepe voel nie. Vanwaar julle hom nie sal

verwag nie, sal hy kom en dit moet vir julle, wat hom vroeër verwag,

voldoende wees, omdat die tyd nog nie gekom het nie. Maar dit sal nie lank

meer op hom laat wag nie en dan volg alles mekaar vinnig op, want vir

hom is daar geen lang lewensduur nie. Hy sal sy missie op aarde met sy

dood betaal soos wat dit verkondig is in woord en geskrif. Amen

Die krag van geloof in die laaste stryd

8816 21 Junie 1964

Ek kan julle net vertel dat slegs deur ‘n lewe van liefde julle ‘n sterk,

onwankelbare geloof sal bereik, want liefde verenig julle met My. Dan sal

julle ook van My krag oortuig wees wat tot julle beskikking sal wees

wanneer julle dit wil gebruik. Daarom bly Ek julle versoek om julle te

vervolmaak in die liefde, sodat julle by My kan aanpas. Dan sal alle krag

wat nou in julle begrawe is, weer eens deur breek, afhangende van die

graad van liefde wat julle ontwikkel.

En wanneer julle van My krag gebruik maak, oortuig dat julle alles met My

krag kan oorwin, dan het julle siele reeds ’n hoë graad van volwassenheid.

En dan sal dit duidelik word wat julle kan bereik, want Ek ontsê julle nie My

krag nie, aangesien Ek julle alles wil gee om julle tot volmaaktheid te help,

want Ek is baie jammer vir julle in julle staat van swakheid.

Nogtans, kan Ek nie aan julle werk stydig met My ewige orde nie,

aangesien My werk onderhewig is aan ‘n lewende geloof in julle wat slegs

deur liefde gewek kan word. Julle moet hierdie geloof hê om julle teen die

aanslae te verset in die laaste stryd, want slegs dan sal dit duidelik word of

julle My belei of verloën, wanneer julle onder druk is. Maar Ek sal daarna

omsien dat Myne op My kan vertrou, dat hulle geloofskrag bly groei en dat

hulle krag van My kan trek, aan wie Ek is so naby is dat hulle My sal

aanvoel en niks doen sonder My aanwysing nie.

Dan sal die krag van geloof duidelik word; hulle sal ontvang wat hulle nodig

het, het sy aardse voedsel, wat hulle deur die vyand ontsê sal word, het sy

My Woord wat hulle van oorvloedige krag sal voorsien. Dan sal hulle geloof

sterk genoeg wees om My voor die wêreld te bely en so vas te staan in die

laaste godsdienstige konflik, sodat hulle kan behoort tot diegene wat

423

gehaal word, wat glo dat alles vir My moontlik is. Daarom is hulle nie

verbaas met die proses van wegneming nie, want hulle geloof aanvaar alles

wat buite die wette van die natuur is en ‘n wonderwerk is, dus ook die

nuwe aarde met al sy skeppings wat nie op die ou aarde bestaan het nie,

wat in hulle prag en grootsheid onvergelyklik is. Daarom plaas Ek groot

verwagtinge in almal wat Myne wil wees; hulle moet nog hulle geloof

versterk en Ek wil hulle met My Vaderlike Liefde help om dit te bereik, dat

hulle hul beter kan verset, want daar was nog nooit voorheen so‘n stryd op

aarde gewees soos die een wat nou sal plaasvind nie en dit sal groot krag

verg om daarin staande te bly. Maar Ek wil julle help deur Persoonlik met

julle te praat en My eindelose liefde te openbaar wat beantwoord wil wees,

sodat dit julle met krag kan voorsien om standvastig te bly.

En die beloning wat Ek julle beloof het sal ‘n lewe wees in die paradys van

die nuwe aarde. ‘n Lewe met My, wat altyd kan wees waar daar liefde is,

en slegs liefde kan die basis wees van ’n lewende geloof. Daarom sal die

eerste en laaste gebod altyd wees: Hê God lief bo alles en julle naaste

soos julleself. Dan vervul julle, julle taak op aarde en kan julle die

Koningkryk van lig en geluksaligheid eens ingaan en God sien. Amen

Die stryd teen dwaling

8818 22 Junie 1964

Julle sal hard moet veg teen die dwaling want dit het al oor die hele wêreld

ingang gevind, dit kan ook nie anders wees nie, omdat die teenstander van

God die bewind voer en die verstand deur hom bedag word volgens die wil

van die mens. Maar omdat sy denke al van God afgekeer is, kan hy hulle

beïnvloed en hy sal dit steeds doen om duisternis onder die mense te bring,

om die lig van die waarheid te verdoof waar dit hom geluk.

Dit sou so maklik wees om in die suiwere waarheid te wandel, as die mense

hulle almal deur God Self laat onderrig, wanneer Hy toegang het tot almal,

en dan sou ook die denke van die mense ooreenstem, maar heidig is daar

‘n groot verwarring te bevestig. Die mense is nie van die doel van hul

aardse lewe bewus nie, dat dit gaan oor die volwasse word van die siel. En

alle begrippe is deur mekaar gevleg. Omdat daar maar weinig is aan wie

God die waarheid Self kan aanbied, sodat hulle reg dink en op hoogte is

van die doel van die aardse lewe. Maar hierdie is nie by magte om by hul

medemens ingang te vind en hul opheldering te verskaf nie, om hul die

suiwere waarheid uit God aan te bied en die vele dwalinge bloot te lê, wat

hul gees verduister.

En nie alleen omdat die waarheid nie meer te herken is nie. Ook in die

kringe van hulle wat God wil dien, hou hy lelik huis, waar hom dit deur

mense moontlik is in wie nog ‘n aan hom gelyke aard te vind is. Al hierdie

strewe ook na die waarheid, maar hulle gaan nie regstreeks tot God nie,

hulle probeer die waarheid deur omweë te kry, hulle verbind hul met

wesens uit die heelal wat ook nog aan die teenstander behoort en hulle wys

424

die mense weer die verkeerde weg. Sodra God Self die waarheid na die

aarde stuur, wat ook wel deur die ligwesens kan plaasvind, wat egter ‘n

volledig kennis besit en van God toestemming het om te onderrig, so lank

kan hul die suiwere waarheid nie gegee word nie en sal die mense hul

steeds weer met dwaallere besig hou.

Die duisternis stry teen die lig en in die geestelik dieptepunt van die mense

sal ook die duisternis die oorwinning behaal en die einde sal die hernieude

kluistering wees. Maar solank God Self nog tot die mense spreek, gee Hy

ook aan hulle wie sy woord ontvang, die opdrag om vir Hom en die

verbreiding van die waarheid werksaam te wees en Sy woord oral heen te

bring waar dit maar aangeneem word. Julle hoef nie bang te wees nie, ook

wanneer julle vyandig bejeen word, want Hyself is met julle, Hyself sal julle

so lei dat julle al diegene die lig bring wat dringend behoefte daaraan het,

wat ook daarna strewe om in die suiwere waarheid te wandel. Julle, wat

regstreeks deur God onderrig word of deur Sy bodes die geestelike leringe

ontvang, is tenvolle op hoogte oor die misvormde leer, wat nie meer

ooreenstem met die woorde van Jesus Christus nie. Julle is die rede gegee

waarom verkeerde opvattings binnegesluip het. Julle sal nou ook die

suiwere leer moet deurgee soos dit aan julle oorgebring is.

Want die waarheid moet baan breek, wie dit ontvang moet dit ook verbrei

en alles doen om die dwaling te ontmasker as werk van die teenstander

van God. En julle sal ook op elke manier ondersteuning vind, want omdat

dit Sy Wil is, sal Hy ook julle gedagtes so stuur, dat al diegene dit

aangereik kry wat hulle tot heil van hul siel dien.

Want dwaling lei nie na Hom nie, en of die mense al goed is en bewus geen

kwaad doen nie, hulle sal, wanneer hulle onware gedagtes het, ook in die

hiernamaals nie salig word nie, tot hulle die suiwere waarheid ingesien het

en hulle vry gemaak het van dwaling en leuen, want alleen God is ewige

Waarheid en Hy kan alleen gevind word deur die waarheid. Maar nooit as te

nimmer kan dwaling en leuen ‘n mens na die doel lei nie, na die vereniging

met Hom, na die ewige lewe in heerlikheid. Amen

Wie sal glo aan die lang ontwikkelingsgang

8819 24 Junie 1964

Sedert julle afval van My het ontelbare jare verbygegaan, ’n tydsbegrip wat

vir julle onvoorstelbaar is, wat julle egter nou sal kan beëindig, as julle die

wil het, om uiteindelik by My aan te kom. In allerkleinste partikeltjies

opgelos, lê julle hierdie weg af en al die skeppings moes vir julle ontstaan

waarvoor oneindige tye nodig was, tot die voormalige oergees weer

saamgevoeg was soos hy van My uitgegaan het. Alle fases van julle

ontwikkeling bring weer ontelbare voorstadia met hul mee, daar kon geen

fase oorgeslaan word nie, elke blom, elke dier, moes deurloop word, want

julle sou niks kan sien wat nie in julle siele al gestalte gekry het nie.

425

Maar wie glo dit? Wie glo dat julle ‘n eindelose lang tyd voor julle bestaan

as mens afgelê het en wie maak daaruit die afleiding: om op die laaste stap

van julle terugkeer na die Vaderhuis te wees en om My julle hele wil te

offer en eindelik die lang tyd van julle ontwikkeling te beëindig? Wel sou

julle dit alles kan glo, julle sal egter alles moet doen om nou die afsluiting,

die vry word uit die vorm, te bereik. Dog wie kan julle die teendeel

daarvan bewys? van dit, wat julle regstreeks van My verneem? Wie kan die

sin en die doel van die aardse lewe anders verklaar? En waarom glo julle

hom, wat die lewe as doel in sigself laat voorkom?

Omdat ‘n geestelike duisternis julle omhul, wat die werk is van My

teenstander, wat julle van My wil afrokkel. En hierdie geestelike duisternis

kan alleen opgehef word deurdat Ek julle die regte verklaring gee, maar dit

aan julle moet oorlaat of julle dit aanneem om julle vrye wil te eerbiedig.

En as Ek julle voor die gees stel dat julle weer gekluister word in die vaste

materie, as Ek julle daarteen waarsku, julle aanspoor, julle wil bevry uit die

laaste ketting, dan moet dit tog My Liefde vir julle bewys, Wie julle wil

terug wen. Julle glo dit egter nie. Julle glo veeleeder aan ‘n totale vergaan

na julle liggaamlike dood. Julle sal vergaan, maar nie julle geestelike nie,

maar alle bewussyn word weer van julle afgeneem, julleself egter gaan

weer die smartlike weg van ontwikkeling na omhoog.

O, as julle tog sou wil glo, as julle tog sou wil insien dat julle onverganklik

is en alles weer daarheen geplaas word, waar dit volgens die toestand van

volwassenheid behoort te wees; dat julle julleself kan vrymaak van die

materiele vorm en eindelik, na ‘n eindelose lang tyd, weer terug sal kan

keer in julle Vaderhuis; dat julle almal in die kort tydjie van julle aardse

lewe die wil sal moet op bring om die laaste afvalstof van julle siele kwyt te

raak. Dan sal julle waarlik niks onbeproef laat nie, want die heerlikhede wat

vir julle wag in die ryk hierna is onvergelyklik.

Waar haal julle egter die sekerheid vandaan dat na die lewe alles verby is?

Wie kan julle daarvoor ‘n bewys lewer? Julle plaas verstandelik denke

teenoor My openbaringe. Julle verstand is egter aan die invloed van My

teenstander onderworpe as julle wil nie op My gerig is nie. En vandaar ook

die groot geestelike duisternis, want hy wil julle in geestelike duisternis hou

om julle die weg na My nie te laat vind nie.

En Ek kan alleen deur ongewone gebeurtenisse indruk op julle maak,

waardeur julle mede skade berokken word. En geseënd is hy wat dan tot

geloof aan My kom, geseënd is hy wat daarna verlang om in die waarheid

onderrig te word. Ek sal My aan hom openbaar en hom help om tot insig te

kom. Want Ek het medelye met al My skepsele en wil hulle bevry van hul

kettings wat die teenstander nog nie loslaat nie, omdat hulle ‘n te swak wil

het om hulself te kan bevry sonder die toevoer van krag uit My, wat Ek hul

egter nie kan laat toekom solank hulle wil nog van My afgewend is nie.

Amen

426

Die korrigeer van dwaallere

8822 27 Junie 1964

Die waarheid bly nie bestaan sodra dit onder die onvolmaakte mensdom

uitgedra word, wat Ek telkens sien en daarom ook die woorde spreek: "Ek

wil julle lei in die waarheid!", ofskoon alleen die vaste wil nodig sou wees

om hierdie te behou. Maar hierdie wil bring die mense nie op nie. En in die

besonder word die waarde van Goddelike gawes deur die invloed van die

teenstander verminder. En so kan steeds met sekerheid aangeneem word,

dat ook My openbaringe nie onverander behou sal bly nie, veral as, daar

wêreldse belange mee verbind word, wanneer die mense nie uitsluitend

hierdie openbaring dien met die vaste wil om dit te beskerm teen vyandige

invloed nie. En al kan steeds weer My suiwer woord na die aarde gelei word

dit sal nie suiwer bewaar bly nie, want daar is te weinig geestelike

medewerkers en kom My goddelik woord in die hande van wêrelds gesinde

mense dan is daar ook weer ‘n verontreiniging te verwag, om welke rede

dit steeds weer noodsaaklik is dat Ek die suiwere waarheid na die aarde

stuur.

En Ek soek vir My daarvoor die regte opnamevate uit. Mense wat hulle

gereed maak om die stroom van My Gees op te neem, maar wat My ook

weer die waarborg gee dat hulle die waarheid sonder weerstand aanneem,

wat daar geen eie mening teenoor stel en hul taak reg vervul, wat ook die

verbreiders is van hierdie Goddelike waarheid uit My. Hierdie sal egter ook

die gawe hê om dwaling te herken, wat as die werk van My teenstander op

dieselfde manier onder die dekmantel van vroomheid aan die mense as

waarheid bedien word.

Ek kan Myself nie teenspreek nie, Ek kan My ook nie van ‘n mens bedien

wat My verlossingswerk en My menswording in Jesus loon nie, dus

sogenaamd as "Jesus" tot ‘n mens spreek as "opgeklomme meester". Want

in al hierdie mense word alleen maar ‘n dwaalleer gekoester wat nooit met

My Goddelike leer ooreenstem nie. Maar die dienaar wat Ek vir My uitgekies

het, herken elke samehang en sal nie mislei kan word nie. En omdat die

ligwesens, wat in My opdrag besig is, julle nie anders wil leer as wat My Wil

is nie, omdat hulle dieselfde stroom van krag en lig uitdeel wat van Myself

uitgaan, moet ook die geestelike onderrigting by hulle dieselfde inhoud hê,

omdat julle anders sou moes twyfel aan die egtheid daarvan.

Ek sal altyd en ewig die Goddelike leer van die liefde na vore bring soos Ek

dit op aarde gedoen het en die mense die gevolge van ‘n lewe in liefde

asook die nadele van die nie nakoming van My gebooie bekend maak,

omdat dit die sin en die doel van die hele bestaan op aarde is. En steeds

weer moet julle weet wat die aanleiding van julle aardse lewe gewees het.

Die ken van elke verband is so omvattend en verklaar julle alles, julle

herken daarin My liefde, Wysheid en Almag en julle sal daarna kan strewe

om julle met My te verenig. Dit is al wat Ek verlang.

427

Maar nou dat My suiwer woord weer misvorm word, dwing dit My ook weer

daartoe om My Wil te kenne te gee. Maar die waarheid daarvan is

gewaarborg solank Ek van ‘n opnamevat, wat My in vrye wil dien, nog

gebruik kan maak en solank dienare My behulpsaam is om die suiwere

waarheid te verbrei. En solank kan ook dwaallere steeds weerlê word, wat

steeds daarnaas sit en die suiwere in gevaar bring.

Ek sal steeds die wil van diegene seën wat strewe na die suiwere waarheid.

Ek sal in hul gedagtes ingryp sodat hulle insien wat die waarheid is, maar

hulle moet onvoorwaardelik ook die weg na My inslaan. Hulle mag hulle nie

aan die wesens toevertrou wie hulle aanroep om hul by te staan nie, want

hulle weet nie of hierdie van My die opdrag het om hulle te onderrig nie. En

dus weet hulle ook nie, of hulle in die waarheid onderrig word nie.

Die verlossingswerk en die motiveering is die teken daarvan dat julle die

regte gevind het, maar waar dit slegs terloops vermeld word, waar dit nie

die inhoud van ‘n boodskap van bo is nie, daar moet julle twyfel, want

Ekself het julle die toetssteen aangedui: "Ondersoek of die geeste van God

is; ‘n gees wat belei dat Jesus in die vlees gekom het, is van God!". En

hierdie leer is die belangrikste, dit is dit waar dit op aankom, dat julle

verlossing vind deur Jesus Christus, alleen Hy kan die oerskuld van julle

afneem. Want Hy en Ek is een; Hy is dit Wie julle as julle God en Skepper

moet erken om julle vir ewig met My te kan verenig. Amen

Die houding van ander godsdienste ten opsigte van

Jesus Christus.

8824 1 Julie 1964

Julle sal julleself telkens vra waarom Ek nie die kennis van Jesus en Sy

verlossingswerk aan hulle stuur wat opreg streef na volmaaktheid maar aan

ander gedagte rigtings behoort? Waarom hulle nie die geloof kan aanvaar

in Sy missie nie en hulle strewe om volmaaktheid reeds in die lewe te

bereik, nie ontken kan word nie. Hulle erken ‘n hoogs wyse, liefdevolle en

magtige entiteit bo hulself en wil Sy genade deur selfontkenning en

selfkastyding bereik en deur werke van liefde vir hul medemens; hulle is

ook bereid om ‘n moeilike aardse lewe te ly terwille van hul volmaaktheid,

maar oor die algemeen isoleer hulle hulself van mense. Hulle het ook

kennis van Jesus, aanvanklik slegs van die mens Jesus wat Sy lewe aan die

kruis geoffer het, daarom is dit nie ‘n saak van gebrek aan kennis nie. Dit

moet hul plig wees om Hom te ondersoek, veral as hulle hulself as

onderwysers van ander mense wil uitgee omdat hulle as gevolg van hul

kennis, ‘n posisie van superioriteit beklee. Want hulle ken ook die proses

wat die mens Jesus Christus suiwer as mens moes verdra.

Wanneer ‘n ligwese sonder oersonde inkarneer op aarde vir ‘n missie. Sal

hy Hom ook ken. Mense wat in self-verlossing geïnteresseerd is moet ook

‘n opregte gedagte aan die probleem gee. Ek sal hulle altyd in dit steun as

428

hulle reeds alle opposisie teen My opgegee het. Hulle oersonde kan slegs

deur Jesus Christus verlos word, maar elkeen met ‘n ware verlange na My

sal dit nie moeilik vind om tot hierdie besef te kom nie, omdat Ek, in elk

geval alleen betrokke is met die stuur van die suiwerste waarheid na die

mense.

Dus spreek Ek van die met ‘n reputasie van wysheid en wie die mense

moet gebruik as ‘n voorbeeld. wat heldersiende kan wees as hulle wil en

die gawe het om buite hul liggaam te beweeg, maar wat die missie van die

mens Jesus Christus ook kan herken as hulle wil, want Ek sal altyd dat hulle

bewus word van die waarheid. Maar ondanks hul verlange om die uiterste

volmaaktheid te bereik wil hulle nie hierdie bepaalde waarheid aanvaar nie.

Derhalwe sal die Christendom weinig steun daar vind en My menslike

verskyning in Jesus sal ook nie erken word nie: Nietemin, word die

ligwesens ook ooral beliggaam, veral tydens die laaste dae voor die einde.

En hulle kan deur My Gees oor die betekenis van die daad van Verlossing

van Jesus Christus verlig word. Want hulle bring die Evangelie aan die

mense en maak hulle bewus van die krag van liefde, die ware opvolging

van Jesus, wat deur liefde en lyding moes gaan voordat Hy die

verlossingswerk verwesenlik het. En volgens hulle liefde sal die mense

beoordeel word. En die mense wat in liefde lewe sal maklik vir die waarheid

ontwaak en hulle sal My in die koninkryk van die hiernamaals erken,

wanneer hulle die vallei van die aarde verlaat het en dan ‘n beroep op My

doen om vergiffenis van hul oersonde. Amen

Toevoeging tot Jogi - aandag

8825 4 Julie 1964

Dit is onbegrylik vir julle dat ‘n ligwese wat op aarde beliggaamde het nie

sy missie mag vervul waarvoor hy na die aarde gekom het nie. Elke wese

het sy eie vrye wil wat Ek op geen manier dwing nie. En so sal die ligwese

ook die leerstellings van sy godsdiens kan bestudeer selfs as dit grootliks

die waarheid teenspreek, wat hy deur sy eie lig ontvang hoewel hy in geen

geval gedwing word om die insig aan te neem nie. Die ligwese het na die

aarde gekom as mens en as ‘n mens moet hy ook met die bestaande

misleide onderrig worstel, wat hy verseker as sulks kan herken, maar sy

vrye wil moet geëerbiedig word as hy weier om dit te doen. Want juis

omdat hierdie mense hoogs opgelei is, omdat hulselfs die geheime van die

skepping ken maar glo dat hulle hul kennis self verwerf het, voel hulle

geregtig op die onbetwisbare erkenning deur die wat deur hulle onderrig wil

word.

Nietemin, as hulle ‘n tenvolle verskillend gedagte rigting verteenwoordig

wat die geloof in Jesus Christus verwerp, is dit nie ongewoon vir hierdie

ligwesens om op die spesifieke punt te faal nie, hulle kan inderdaad hul

studente in alles inwy wat hulself aanvaar, maar hulle vervul nie die taak

om die Verlossings daad van Jesus Christus te verkondig nie. Behalwe ‘n

429

paar wat hulle tenvolle losmaak van hul gedagte rigting en deur innerlike

ervaringe dan die genade ontvang om tenvolle oortuig te word van die

Goddelikheid van Jesus. Die aardse ontwikkeling van daardie ligwesens het

nie die uiteindelike volmaaktheid tot gevolg nie, nietemin, ‘n ligwese kan

nie weer val nie maar hy kan aanbied om die aardse weg telkens weer te

herhaal. Bowendien is geïnkarneerde ligwesens op aarde sonder ‘n

herinnering aan die verlede, dus glo hulle om vir die eerste keer op aarde

te wees, of hulle aanvaar ‘n herhaalde beliggaming as gevolg van hul

godsdiens, wat wel geregverdig kan wees, maar hulle verwerp kragtig die

gedagte van Verlossing, hulle glo in self-verlossing deur hul eie wil en krag.

Hierdie houding verhinder hulle om namens Jesus Christus te praat en My

menslike verskyning in Hom. Nietemin, is hul wil vry en met die geestelike

kennis wat hulle deurgee wat die mense se eie inspanning aanmoedig as

ook sy self-ontkenning en sy stryd teen homself. kan dit ook voordelig

wees, maar dit ignoreer die belangrikste probleem, die verlossing deur

Jesus Christus.

Nietemin, is daar ‘n gevaar dat die mense met kennis van Jesus Christus

hulle idees aanvaar, dat hulle hul eie kennis opoffer ten gunste van

leermeesters van ander lande, dat hulle verbeur wat hulle reeds besit, dat

hulle toelaat om deur geesgidse onderrig te word wie in die hiernamaals in

onwetendheid oorgegaan het. Want selfs in die hiernamaals bly hulle wil

vry, terwyl hulle innerlik die gedagte verwerp dat Jesus ‘n spesiale posisie

besit, dat Hy Myself in Hom beskut. Maar dit gebeur baie selde, omdat die

ligwesens eerder vinnig die ware kennis bereik.

Nietemin, elkeen wat homself as ‘n 'neergedaalde meester' bekend maak

gebruik slegs hierdie naam om julle te bedrieg, omdat Ek julle slegs deur

die Gees sal onderrig wat die suiwerste waarheid na julle bring. Die lerare

wat julle in My naam onderrig word nie gemagtig deur My om hul name aan

julle te gee nie, die ander gee egter slegs hul kennis aan die mense in ‘n

staat sonder wilskrag, in die staat van ‘n medium, wat geen waarborg

aanbied dat julle deur goeie geeste gekontroleer word nie. Telkens weer

word julle aandag gevestig op die feit dat slegs My Gees die waarheid

onderrig en dat Hy julle nie sal laat verlore gaan nie en die bewys daarvoor

is die Verlossingdaad van Jesus en My menslike verskyning in Hom. Slegs

dit is julle waarborg vir waarheid.

Daarom waarsku Ek julle teen die aanvaarding van inligting van hulle wat

onbetwisbaar uiterste intellektuele kennis het en julle oor die geheime van

die skeppings kan inlig, as hulle nie kennis oor Jesus en Sy verlossingswerk

het nie. Dan sal julle, wat kennis het en dit opgee as gevolg van hulle,

agteruitgaan. Hulle word te geabsorbeer in hul godsdiens maar hulle wil is

vry en Ek dwing hulle ook nie, hoewel hulle na die aarde vir die doel van ‘n

missie gekom het: om die waarheid te versprei. Nietemin, hulle sal hierdie

waarheid ontdek sodra hulle van hierdie af aarde oorgaan en dan sal hulle

dit ook van bo kan bring. Amen

430

Geestelike boodskappe moet getuig van Jesus

Christus as Verlosser

8826 6 Julie 1964

Glo My, dat Ek julle nie in dwaling laat ronddwaal nie, as julle bereid is om

alleen die suiwere waarheid aan te neem. Dit is juis nou van groot

betekenis, omdat byna geen mens meer reg dink nie, omdat alles wat die

mense leer afwyk van die waarheid. En al is dit ook nog maar weiniges aan

wie julle My geestelik Woord kan oorbring, moet dit julle nie verdrietig stem

nie, want My Woord sal soos ‘n lig in die donker nag straal en in sy skynsel

sal die mense ‘n gevoel van welbehae hê wat Ek direk of deur julle My

dienare, kan aanspreking.

Daar wandel dus maar weinig mense in die suiwer waarheid en net hulle sal

julle ook geloof skenk. Hulle sal weet dat die waarheid alleen deur die

werking van die Gees ontvang kan word, dat daar dus ‘n direkte verbinding

bestaan tussen My en My werktuig en dat hulle daarom vir die resultate

volledig kan uitkom. Daar bestaan egter ook verbindings met die

geesteswêreld waarvoor julle versigtig moet wees. Want die wil van baie

mense om hulle met bonatuurlike dinge besig te hou bring hulle dikwels in

gevaar dat hulle "iets" uit hierdie bonatuurlike wêreld ontvang, ofskoon

hulle nog nie in staat is om die waarheid van dwaling te onderskei nie.

Daarom sê Ek julle steeds weer: As julleself nog nie deur My Gees, Wie

julle in alle waarheid lei, onderrig word nie, glo dan nie elke gees wat aan

julle manifesteer nie. In die boek van die boeke (die bybel) het Ek julle

daarop gewys dat Ek Myself aan julle sal openbaar. (Joh.14.21) Ek het julle

gesê dat julle almal deur God onderrig moet wees, Wie julle dan die

suiwere waarheid waarborg. Waar staan geskrywe dat Ek ander weë kies

om julle mense die kennis van die suiwere waarheid te laat toekom?

Selfs al laat Ek julle die weg verlig via geestelike wesens wat julle van die

onsterflikheid van julle siele sal oortuig, dan sal ook hierdie steeds weer op

die werk van My Gees in die mens wys en probeer om julle te beweeg om

in die eerste plek die innige verbinding met My tot stand te bring, sodat Ek

as julle God en Vader julle kan onderrig.

My Gees sal julle die volle waarheid invoer. Of dit nou regstreeks of deur

My ligbodes geskied, verander niks aan die kennis wat Ekself julle laat

toekom nie. Dog daar bestaan altyd gevaar wanneer julle onderrigting uit

die hiernamaals gegee word wat vir julle onkontroleerbaar is. Want in

hierdie wêreld regeer My teenstander, wat altyd dwaling probeer verbrei

waar dit hom maar moontlik is.

Dog julle kan elke mededeling beproef, maar julle moet as maatstaf

gebruik die standpunt wat die gees inneem teenoor Jesus Christus. Julle

kan hul geloof skenk wat Jesus Christus as Verlosser van die wêreld belei in

Wie Ek Myself beliggaam het, want dan spreek ‘n deur My aangestelde

dienaar uit die hiernamaals, uit die geesteryk tot julle, wie Ek aan julle

431

stuur as julle van die werking van My Gees in die mens nog niks weet nie.

Hy sal julle heel seker daaroor opheldering verskaf sodat julleself geestelik

ontwaak en met My in verbinding kan tree om dan deur My verder onderrig

te word. Is daar dan ‘n groep tesame wat ernstig oor die waarheid is, dan

word hulle ook deur leiers uit die hiernamaals onderrig, maar steeds word

hul in die eerste plek die verlossingswerk van Jesus Christus bekend

gemaak. Hyself word dan as God van ewigheid aangedui, want Hy en Ek is

Een. Dan herken julle ook hierdie gees as draer van die waarheid en dan

kan julle ook sy aanwysings opvolg en met My ‘n bewuste kontak tot stand

bring.

Ek wil julle wat Myne wil wees op die hart druk om nie afwysend te staan

teenoor genoemde 'geestelike leiers', wanneer hulle volgens My Wil sou

werk, wanneer hulle geen dwaling verbrei nie. Daar is dus ‘n geweldige

teenaksie te bevestig, wat egter alleen diegene tref wat geen sterk

verlange na die waarheid het nie, wat met elke mededeling uit die

geesteswêreld genoë neem en nie aan Hom dink, Wie vir julle die

verlossingsoffer gebring het en die derhalwe ook mislei kan word. Sou julle

almal in Hom glo, in Sy kruisdood en My Menswording in Hom, dan sou ook

julle denke verlig wees en uit die ander wêreld sou niks wat vals is julle kan

bereik nie. So egter neem die mense genoë met vals berigte wat vir hulle

geen waarde het nie.

Wat Ek van die mense verlang is slegs in weinig woorde gesê: Liefde tot My

en tot die naaste, want dan wek hulle hul gees tot lewe, dan verbind hulle

hul innig met My en dan kan Ek hulle ook met ‘n dieper kennis vertroud

maak, met die kennis wat uit My voortgekom het, die kennis van hul afval

van My en in die ken van My plan van terugvoering. En ook dit alles sal hul

meegedeel word, wat vir hulle aan insig verlore gegaan het deur die sonde

van die afval. Hulle sal ervaar welke groot dwaling in die wêreld verbrei is

en hoe Ek dit wil reg stel, wat egter alleen moontlik is as Ek Myself kan

uiter deur die gees in die mens.

Dus, probeer in die eerste plek die gees in julle tot lewe te wek, hy sal julle

dan in die volle waarheid lei. “Uit julle lendene sal dan strome lewend water

vloei”. Julle sal dan almal deur God onderrig wees en elke belofte sal vervul

word, wat vir julle nog solank onbegryplik is tot julle geestelik ontwaak is.

Amen

Skyngodsdiens

8829 13 Julie 1964

Hoe nodig dit is, om julle opheldering te gee oor die misvorming van die

leer wat oorspronklike van My is, volg hieruit dat die mense vir die grootste

deel alleen ag slaan op wat van die kant van die mense toegevoeg word,

terwyl hulle aan My leer geen aandag gee nie. En steeds moet Ek weer daar

op nadruk lê, dat alleen die leer van die liefde die inhoud van My evangelie

uitmaak. Want sodra julle weet dat die hele doel van julle lewe die

432

omvorming tot liefde is, sal julle ook die betekenis van My liefdesleer

begryp en julle los maak van alle seremonie, wat in My Oë slegs maar

seremonie is - uiterlikhede, waar geen waarde aan gegee kan word nie.

Hoeveel tyd mors die mense nie met ‘n skyngodsdiens, waarin hulle alles

slegs uit gewoonte verrig en waar die totale geestelike vervlakking nie

meer laer kan nie, terwyl hulle heeltemal geen aanstaltes maak om die

ware liefde te beoefen nie, die enigste gebod wat Ek die mense geleer het

toe Ek op die aarde geleef het. En dat dit so is sien mens aan die feit dat

die liefde onder die mense verkoel is.

Watter nut het so'n godsdiens vir julle, as julle alleen maar gebooie uit plig

nakom wat Ek nie waardeer nie. Bowendien glo julle nog allerlei liefdelose

handelinge goed te kan maak deur ‘n des te yweriger kerkbesoek.

Julle glo dat julle reg dink en handel en is tog in ’n dwaling, omdat daar

geen mens onder julle te vind is wat na die stem van die gees luister nie.

Want julle staan onder vyandelike invloed wat probeer om julle af te hou

van eie nadenke, waarsonder julle nie tot die waarheid kan deurdring nie,

terwyl hulle, hulle voorgee om leiers van mense te wees, maar hulle

verhinder om in die Gees werksaam te wees. Want wat ‘n mens wat aan My

oorgee sou leer, spreek julle bestel heeltemal teen. En julle veroordeel dan

so'n mens as ketter wat egter in werklikheid My dissipel is, wie geroep is

om die waarheid onder die mense te bring en wie Ek as houer uitkies om

julle die waarheid te verkondig.

Julle mense moet julle alleen tot liefde omvorm, julle moet die eieliefde

bestry en steeds naaste liefde beoefen. Julle sal dan ‘n seën ondervind wat

alles oortref en julle denke sal reg wees. Julle gees sal julle van binne leer

en julle sal julle dan vanself losmaak van alle foutiewe opvatinge. Julle sal

julle dan des te meer in die stilte terugtrek en daar meer seën van

ondervind as van ‘n diens, soos julle die nou verrig.

Wie egter in die liefde leef die sien ook die dwaling as mense werk in.

Tensy hy daar so sterk en lewendig in glo, dat Ek sy 'geloof.' nie tot niet

laat gaan nie, omdat sulke mense deur hul geloof so diep met My verbind is

en van daaruit alles wil wat hulle dink wat goed is voor My Oë. Dan

beoordeel Ek hulle na die graad van hul liefde en skenk hul bliksemsnel die

insig, by hul afskeid van hierdie aarde.

Dog sulke mense is daar maar selde, die meeste hou aan hulle geloof vas

deur gewoonte, maar hul geloof is dood. Die kan ook nie tot lewe kom

omdat die liefde hul ontbreek, wat die geloof lewend maak, En of Ek van Bo

af steeds alleen die liefde preek, die mensdom is sonder geestelike insig en

dus hoor hulle ook nie wat Ek aan hulle sê nie. Daarom sal hulle ook onder

gaan op die dag van die gerig, omdat sonder liefde geen mens salig kan

word nie. Amen

433

Jesus wil dat Sy Woord anders opgeneem word

8830 16 Julie 1964

Wanneer julle die suiwer waarheid wat van Bo na julle gestuur word,

teenoor die leerstellings stel wat tot nou toe as My Woord gegeld het, dan

sal julle die groot dwaling opmerk waarin julle verkeer. En dit is julle plig

om openlik daarteenoor stelling in te neem. Julle sal julle nie eens daarmee

kan verklaar dat mens op die een of ander manier ‘n saak kan beskou nie,

inteendeel sal My Woord steeds dieselfde betekenis hê en ook ooreenstem

met die woord wat van bo kom, wat egter anders deur die menslike

verstand uitgelê word. En die menslike verstand het My teenstander sy eie

gemaak en verwarring gebring; want verstandelik was alle uitleggings

moontlik. Maar Ek het vir julle ‘n geestelike uitleg gegee en Ek kon dit slegs

aan ‘n geestelike opgewekte persoon, wat nou egter geheel en al op hoogte

is van hoe My Woord begryp moet word, gee en sy sal haarself ook moet

verset om teen verkeerde uitleggings in te gaan Sy moet die mense

opmerksaam maak en hulle daarin onderrig, soos Ek dit gedoen het en nog

voortdurend doen; omdat hulle in die waarheid wandel wat alleen tot

geluksaligheid lei.

Hulle moet daarop gewys word dat Ek alles anders begryp wil hê, dat die

mense My woord geestelik moet begryp en dus ook geestelik moet nakom.

Met My regstreekse aanspreking, het Ek al aan hulle die uitleg van die

Avondmaal gegee. Hulle moet hulself laat voed en te drinke laat gee deur

Myself en daartoe is die liefde vir My en vir die naaste onvoorwaardelik

noodsaaklik, omdat hulle andersins nie van die barmhartigheid van My

aanspreking kan gewaarword nie; omdat hulle anders nie, as teken van My

aanwesigheid, My Woord kan verneem nie. Uiterlike tekens en gebruike om

seker te wees van My teenwoordigheid in julle, baat julle dus nie. Dit is

alleen die liefde wat in julle moet wees, want slegs deur die liefde is My

teenwoordigheid verseker. Maar dan sal julle ook My woord ontvang en dus

gevoed word met My hemelse brood, met die water van die lewe, met My

vlees en My bloed. En as julle dan julleself met hierdie uitleg grondig sal

besighou, sal julle ook geen teenstrydigheid vind met My Woord wat Ek

gespreek het toe Ek op aarde geleef het nie.

Ek het die brood en die wyn aan My dissipels uitgedeel, maar ook hulle het

geweet dat Ek daarmee My Woord bedoel het, dat hulle dit aan hulle

medemens moes uitdra. Maar My teenstander poog toe om die mense so in

die war te bring, deurdat hy aan hulle ‘n ander uitleg toedig, wat hulle

egter ywerig opgevolg het en geleidelik van die eintlike betekenis van My

Woord afgedwaal het. En so sal julle vir julleself al My woorde geestelik

moet probeer verduidelik. Daar is geen enkele woord wat julle so begryp

soos wat Ek dit sou begryp wil hê nie, omdat My teenstander dit heeltemal

teen elkeen het, dat hy die gees van die mense in verwarring bring, maar

Myne word egter telkens deur My onderrig en verkeer steeds in die

Waarheid. En wie dit navolg, behoort tot die deur My gestigte kerk.

434

Die uitleg van My woorde het gelei tot die mees verskillende

"heiligingsmiddele" tot die sakramente wat alle heiliging moet bring vir die

mense. Maar hoe kan so-iets geskied, wanneer die liefde by die mense

ontbreek? Die mens is maar net op aarde met die doel om homself te vorm

tot liefde. Hoe kan ‘n mens, slegs deur die daad van die doop, vry word van

die erfsonde, waartoe ‘n in liefde geleefde lewe op aarde nodig is. Hoe kan

‘n mens deur ‘n uiterlike bekentenis met die mond, vry word van allerlei

sonde, wanneer die diepste liefde tot Jesus hom nie hierdie bekentenis kan

laat afdwing nie? En hoe kan ‘n mens wat slegs beoordeel word volgens die

graad van sy liefde, deur sulke "heiligingsmiddele", bevry word van sy

skuld, en die ryk hierna ingaan?

Deur My woord, deur die onderrigting van Bo, word aan julle alle verkeerde

leerstellings onthul en julleself sal ‘n standpunt daarteenoor kan inneem.

Want hierdie sekerheid sal julle moet hê, dat julle van bo, die suiwerste

waarheid gestuur word en dat Ek Self hierdie Bron van Waarheid is, dat Ek

julle ook duidelikheid kan gee, hoe Ek My Woord begryp wil hê, maar dat

Ek ook elke geleentheid aangryp waar dit moontlik is, want My teenstander

weet goed hoe hy julle almal met sy kennis fassineer. En julle verweer julle

nie deur self die waarheid te wil weet nie, julle neem sonder nadenke aan

wat julle voorgelê word en wend julle nie een keer tot Hom Wat Die

Oorsprong van alle kennis is nie, julle rig julle nie eenmaal tot die hoogste

Instansie nie, vraend om die waarheid wat julle sekerlik nie geweier sal

word nie, want Ek wag slegs op die roep, sodat Ek die waarheid in die

suiwerste vorm kan uitdeel en die mense uit die net van dwaling lei in die

waarheid. Want die mense het ‘n vrye wil, wat Ek nie sal aantas nie, maar

met die hulp kan hulle ook die teenstander verdring, wanneer hulle maar

die suiwere waarheid begeer. Amen

Opdrag om teen dwaalleer op te tree

8832 19 Julie 1964

Dit is julle opdrag om teen dwaalleer te stry dit sê Ek julle sodat dit vir alle

mense duidelik te begryp is, sodat hulleself die dwaasheid insien van dit

wat hulle geleer is, as hulle daartoe bereid is. My sorg geld almal wat al 'n

bietjie twyfel. En daar is My baie aan geleë om hulle in die waarheid te

bring. Aan hulle wat hulle egter nie wil losmaak van die dwaalleer van hul

kerk nie, kan ook die suiwer waarheid nie gebring word nie, want hulle sien

dit nie in nie, omdat hulle geen verlange na die waarheid het nie.

Maar tog is dit goed as hulle julle opvatinge leer ken en daardeur te wete

kom wat nie tot die volwassewording van hul siel bydra nie, wat die liefde

nie as prinsiep het nie. En solank julle nog heeltemal vry kan praat moet

julle daarvan gebruik maak en ook heeltemal openlik praat. Julle moet julle

standpunt stel teenoor die dwaalleer en steeds vas glo en benadruk, dat Ek

Self die Gewer van die waarheid is, dat julle met My gawe werk, wat julle

ook die reg gee om daarvoor op te kom. Want dit is ‘n gawe van Bo

435

waarmee julle werk en wat in homself al "die krag” het wat mense insig

skenk, wat hulle nie daarteen verset nie.

En as dit julle geluk om die mense in kennis te stel van hulle dwaling, dan

is ‘n begin gemaak om dwaling te oorwin, want die kennis daaroor sal hulle

tot twyfel aanspoor en as hulle geloof daardeur geskok is, dan is al baie

vermag. Die suiwer waarheid skenk die suiwer lig aan hom maar ook alleen

aan hom wat dit ernstig begeer en hy sal hom ook nie vir hierdie uitleg

afsluit nie. Daarom is dit My bedoeling om hulle te help, wat daarvoor oop

is.

Daar is nog baie mense wat hulle nie tevrede stel met die tradisionele

geestelike opvatinge wat hulle aangebied word, wat glo dat daar ‘n Godheid

bestaan, wat hulle die lewe gee, wat daar ook voor sorg dat die mense die

doel kan bereik wat hulle vir die aardse lewe gestel is. Wat ook oortuig is

dat daar ‘n waarheid is, wat van Hom moet uitgaan wat die EWIGE

waarheid Self is.

As hulle dus insig het, sal dit ook maklik wees om hul kennis te laat

toekom. Want hulle verset hul nie lank om die waarheid aan te neem as

hulle besef dat dit kom van Hom, wat daartoe geregtig is. Daarom moet

julle meedoënloos elke dwaling aan die lig bring, want dit is nie geskik om

mense tot saligheid te bring nie. Hulle sal daar inteendeel geen seën van

kry nie, sodat as hul die moontlikheid gebied word, die dwaling, deur

suiwer waarheid afwys.

Wat dus uit My julle aangebied word, dit is ook bestem om versprei te

word. Maar dit sal aan julle oorgelaat word hoe en in welke vorm julle die

mense die geestelike goed aanbied, want elke mens reageer anders. Maar

wat julle sal doen om die mense met die waarheid bekend te maak, sal

deur My geseënd word. Amen

Oor die spreek in tale

8835 2 Augustus 1964

Julle moet julle medemens in alle waarheid onderrig en daarom, moet julle

die waarheid eers van My ontvang en Ek herhaal dat julle ‘n helder lig sal

ontvang dat daar geen duisternis in julle sal wees nie en julle alles sal kan

verklaar. Dus sal julle ook van die verskillende "gawes van die Gees "

bewus wees wat sommige mense besit.

As ‘n persoon die gawe van genesing het sal julle sy ongewone vermoë

moet erken. Dus sal julle nie die gawe van profesie of vreemde kennis kan

ontken wat duidelik is nie. Al hierdie dinge is ongewoon by die mens,

kragte wat tot uiting kom in ‘n persoon wat onbetwisbaar goddelike werk is

tot voordeel van die siele.

Maar julle vra My oor die gawe van "die spreek in ander tale". Julle het

reeds van My ‘n eenvoudige verklaring ontvang, naamlik dat hierdie gawe

‘n spesiale teken van ‘n baie nabye kontak met My is. In die geval spreek

Ek deur ‘n mens wat mense toespreek van ander nationaliteite en hulle

436

hoor dit in hulle eie taal d.w.s. elkeen dink dat sy taal gespreek word.

Hierdie gawe is ‘n baie duidelike teken van My werking, net soos dit die

geval met die uitstorting van die Gees oor My dissipels was toe almal

aanwesig hulle hoor spreek het in hul eie taal. (Handelinge 2:8)

Hulle het gespreek in "ander tale", maar dit verwys nie na ‘n persoon wat

aangaan in ’n onverstaanbare taal en glo om met "My Gees" gevul te wees

nie. Dit is ‘n totale verkeerde interpretasie van die Skrif wat praat van die

salige gevoel van ‘n innigeband met My wat veroorsaak dat mense My prys,

maar net in ‘n stil gebed wat deur die tong, nie deur die mond geuiter word

nie.

Ek vra julle in alle Erns: welke betekenis kan daar in so’n gebed wees wat

in één of ander duistere taal geuiter word wat vertaling verg? Kan Ek Self

nie op ‘n duidelik begryplike wyse met julle spreek nie? Ek wil julle lig gee.

Waarom sal Ek van ‘n tolk gebruik maak, wat ook eers deur My Gees verlig

moet word om julle lig te kan gee? Ek is ’n God wat verstaanbaar spreek en

het geen rede om julle eers ‘n verwarring van woorde aan te bied wat deur

‘n tolk aan julle vertaal moet word nie.

In die besonder het hierdie verklaring van "die spreek in ander tale" die

mense beweeg om hierdie gawe waansinnig te soek en die resultaat was

die stigting van ’n sekte waarvan die lede as Pinkster gemeentes bymekaar

kom en hulle beywer om hierdie gawe te ontvang, wat op ‘n vals begrip

gebaseer is. Wanneer Ek tot die mense spreek gee Ek hulle lig en Ek maak

nie gebruik van hulle wat hulle verwarrend uitdruk en ‘n tolk nodig het wat

net so onbekwaam is om lig te versprei nie.

Wat sal maak dat Ek tot julle spreek in ’n taal wat julle nie begryp nie? Julle

vertolk die tekste van die Skrif verkeerd, selfs die wat nog as My Woord

beskou kan word. In hierdie "brief" wat by My Evangelie bygevoeg is, is

daar ook foute, woorde is bygevoeg wat nie "My Woord" is nie en boonop

vertolk julle dit ook nog verkeerd. Julle is verstrik in al die foute en

onbekwaam om julleself te bevry, omdat hierdie woorde die basis vorm van

die leerstelling van hulle wat veronderstel is om die Pinkster gees in hulle

te hê. Nogtans verwar hulle slegs die mense, omdat hulle hul nie op die

Suiwer Waarheid baseer wat Ek self na die wêreld stuur nie, maar in

teendeel, dit vyandig is.

Slegs die feit dat hulle My Suiwer leer nie erken nie is genoeg bewys vir

julle dat hulle op verkeerde beginsels gebou het. Hy wat glo om so met My

Gees gevul te wees dat hy in "ander tale" spreek moet dit self kan vertaal

in "Gees en in waarheid", want dit is nie My Wil om mense geestelik te

verwar nie, maar om hulle gees te verlig. En hierdie vertaling moet aan die

geestelike leerstellings, wat Ek aan die wêreld van bo stuur voldoen, anders

kan julle dit as foutief verwerp. Ek gee lig aan elkeen en julle moet nie

julleself teen die lig verset nie. Die gawe van genade wat aan julle van bo

aangebied word is grensloos, maar ook is die dwaling aansienlik, sodat Ek

437

Self aktief moet wees om julle terug na verligting te help. Geseënd is hy

wat die Lig aanvaar wat vir hom skyn. Amen

Handelinge 7: 55-56

8836 4 Augustus 1964

Waarom bly julle nie by My eenvoudige verduideliking dat Ek nie sigbaar vir

julle mense in My oeraard is nie, wat julle sal verteer as Ek julle met die

oorvloed van My liefdes krag moes verlig? Waarom is julle nie tevrede met

die verduideliking dat Ek ‘n vorm vir Myself in Jesus geskep het om aan

julle sigbaar te wees nie? Julle sal egter vergeefs veg teen hulle wat wil glo

dat Jesus en Ek afsonderlike wesens is, wat vertrou op inligting wat hulle

nie verstaan nie as gevolg van hul onverligte gees. niemand kan God sien

sonder om op te hou om te bestaan nie. In Jesus is Ek sigbaar vir ‘n

persoon. Waar mense My en Jesus na beweering gesien het, is die valsheid

ook duidelik, omdat dit nooit ooit moontlik sal wees nie. Selfs die disipels

kon nie die raaisel begryp nie, behalwe vir ‘n paar en so verskyn die

geskrifte wat nie met die waarheid ooreenstem nie, wat altyd bevraag moet

word wanneer mense van ‘n Godheid apart van Jesus praat.

Stephanus het verseker die hemel geopen gesien en hy het ook Jesus in

stralende helderheid gesien, hy het Hom as God gesien, maar die mense by

hom assosiëer sy visie met suiwer menslike konsepte. Die sin “en Jesus wat

staan aan die regterhand van God” word bygevoeg deur mense, omdat dit

nie moontlik is nie omdat Jesus en God dieselfde is. Ek is ‘n geweldige

heldere vuur wat nie aan julle sigbaar kan word nie, wat julle in julle

onvolmaaktheid nie kan sien nie en wat selfs in die staat van volmaaktheid

julle sodanig sal beïnvloed dat julle sal wil sterf. Dus is elkeen wat verklaar

dat hy 'My sien en Jesus aan My regterkant' nog verbind aan die Skrif, wat

hyself nie kan begryp nie, wat met hom in beelde spreek, maar die woorde

van die Skrif verwys nie na dit wat Stephanus tydens sy geestelike visie

uitgeroep het nie.

En dieselfde is op die basiese leerstelling van die kerk van toepassing wat

verklaar dat 'Jesus aan die regterhand van God staan'. Hierdie het

ontwikkel as gevolg van ‘n misleide waarneming. Die rede vir die afval van

God was dat die wesens Hom nie kon sien nie, Hy het Homself nie

openbaar as ‘n Entiteit nie en daarom skep Hy ‘n vorm vir Homself waarin

Hy Homself uitstraal.

Dus word Ek Een met die vorm Jesus. Dit is ook op die onderrig van die

Mormone van toepassing wat ook nie die menslike verskyning van God in

Jesus kan begryp nie en daarom die leerstelling van drie Gode onderskryf.

En dit is wat Ek aan hulle wil sê: Julle glo dat julle nie hierdie leerstelling

kan los nie, maar julle moet weet dat dit nie meer aan julle onderrig word

soos dit eens uit My te voorskyn gekom het nie. Omdat julle ook My Woord

in alle waarheid ontvang het, maar wat het julle met dit gedoen?

438

Alles wat uit My voortkom is die suiwerste waarheid, maar dit is nie meer

bekend aan julle nie. Julle het dit in misleide onderrig verander wat in

menig opsigte van die waarheid afwyk en nou probeer julle om die misleide

onderrig oor te gee aan hulle wie Ek Self onderrig.

Maar tog sal Ek telkens weer ‘n geskikte houer vir My kies in wie Ek My

Gees kan stort en dit kan ‘n helder lig in die duisternis van gees dra. Dit

kan julle oor die probleme inlig wat die gevolg is van betwisbare sake. En

dit sal julle bevoordeel, omdat slegs die waarheid julle na die doel neem. Ek

wil voortdurend dit na die aarde oorbring, sodat niemand wat die waarheid

begeer kan sê dat hy nie deur My benader was nie Julle moet dit slegs

opreg begeer, anders kan dit nie aan julle gegee word nie, omdat dit My

voorwaarde is wat Ek nie kan herroep nie. Dan sal die waarheid verseker

aan julle gegee word en julle sal ook julle doel met sekerheid bereik, julle

sal vir ewig geseën word. Amen

Is die skepping van geestelike of materiële aard? –

Diversiteit van hemelliggame

8838 7 en 8 Augustus1964

Oor die skeppings in die heelal verlang julle opheldering en Ek wil dit ook

aan julle gee, vir sover julle in staat is om dit op te neem. Daar is

skeppings wat deels van geestelike en deels van materiële aard is, hulle

kan egter nie as aards-materieël beskou word nie, want My Wil om te skep

is van ‘n dergelike veelsydigheid, en julle sal nooit dieselfde gesteldheid op

ander hemelliggame kan aanneem soos wat die aarde dit vertoon nie.

Julle moet egter weet dat nie slegs die aarde geestelike het wat

gekonsolideer is as materie wat in homself vervat is nie, maar al die tallose

hemelliggame wat vir julle oë sigbaar is, deur My in die lewe geroep was;

dat hulle almal help om mensesiele, wat nog nie die graad van

volwassenheid bereik het om hulself in die skeppings in die hiernamaals

verder te ontwikkel nie, opwaarts te laat gaan. Die totale skepping is krag

wat uit My uitstraal en die aarde is die armsaligste skepping, omdat dit uit

grof stoflike materie bestaan.

Wie dus die gang deur sy skeppings aflê, kan dit tot volledige

vergeesteliking bring van dit wat die mens as siel die lewe gee. Maar die

grade van volwassenheid, waarin die siel by die dood van sy liggaam, die

aarde verlaat, is baie verskillend. En so word hy deur ander skeppings

opgeneem, wat homself volgens sy begrippe dus wel in die hiernamaals

bevind, maar wat volstrek nie maar net geestelike skeppings genoem kan

word nie, omdat ook die substansies daarvan, bestaan uit die geestelike

wat gekonsolideer is, naamlik Krag uit My, eens voortgekom as wesens,

wat buite My Wil in aksie kom. Hierdie materie is egter baie soepeler en

meer aanpasbaar, sodat die siele wat hulself daarin bevind, aangespoor

439

word om ywerig besig te wees en mekaar te dien, dus steeds verder

volwasse word.

(8 Aug.) Daar kan dus van materie gepraat word wat maklik oplosbaar is,

maar wat tog ook die geestelike in homself berg wat My eens ontrou

geword het, maar wat nie in so 'n mate ly as wat op die aarde die geval is

nie, dat dit graag diensbaar is om vir die siele hulle verdere ontwikkeling

moontlik te maak. Hierdie materie vergaan sodra hulle hierdie taak vervul

het. Die skeppings op hierdie hemelliggame word bewoon deur wesens wat

dus ook as mense te bestempel is, wat eweneens die taak het om die siele

te help om self verder te ontwikkel en daarom moet daar ook materiële

skeppings bestaan, maar hierdie moet mens homself nie so voorstel as die

op die aarde nie. Die wesens bevind hulself te midde van ‘n wêreld wat

hulle iets ongelooflik bied en wat tog ‘n reële wêreld is, omdat die krag van

My Gees alle wesens deurstraal en hierdie wêreld solank ‘n werklikheid sal

bly tot die algehele vergeesteliking van alle wesens bewerkstellig is, wat

dan nie meer ‘n materiële wêreld nodig sal hê nie.

Omdat dit egter nog ewighede sal verg en die hemelliggame dus vir julle

mense aan die uitspansel te sien sal wees, word julle so met die doel

onderrig dat al hierdie wêrelde My Wil is wat tot vorm geword het, dat Ek

krag uitgestraal het wat die meer of minder diep gevalle geestelike was,

dat hierdie krag homself gemanifesteer het, dus sigbaar is en bly vir die

bewoners van hierdie hemelliggame, wat nou op verskillende hoë vlakke

van insig staan en dus ook bewoners van die aarde kan opneem om hulle

te help om hulself verder te ontwikkel. Julle mense bevind julle dan "aan

die ander kant" van die aarde en tog in My ryk, na gelang van julle

volwassenheid sal julle van verblyfplek verwissel om in skeppings, wat al

vergeestelik is, binne te gaan.

Maar wat julle oë as hemelliggame sien aan die uitspansel, is almal

skeppings wat My Wil laat ontstaan het en hierdie skeppings is die

oergeeste wat van My afvallig geword het, aan wie Ek ‘n doel gestel het,

wat dit nou ook vervul, wat My ook weer meer of minder erken, wat dus nie

so diep gesink het nie, maar tog materiële skeppings nodig het om hulle

taak daarin te vervul. Maar daar kan nie van aardse materie gepraat word

nie, aangesien dit die mees diep gesonke geestelike is wat deur die mens

op aarde in eindelose lang tye oorwin moet word; terwyl die eersgenoemde

materiële skeppings aan die mens ter beskikking gestel word om hulle

gelukkig te maak, sodat hulle daarvan kan geniet. Want ‘n sigbare

hemelliggaam moet ook sigbare skeppings besit, wat die al meer volwasse

geeste die grootte en mag van hulle Skepper aanskoulik moet maak en

tewens aan hulle, wat hulself nog moet ontwikkel, die geleentheid gee om

te dien. Die probleem is vir julle nie so maklik op te los nie, want julle

begryp slegs wat daar op julle aarde is en ook daaroor is julle kennis

begrens. Hoe die uitwerking van andere hemelliggame egter op julle

gedagtes is, sal vir julle verborge bly, solank julle nie in staat is om

440

geestelik ‘n opname te maak nie. Dan is die ryk egter ook vir julle ontsluit

en julle sal van die een verbasing in die ander val oor wat elke

hemelliggaam afsonderlik as skeppings bevat.

Maar al My werke het hul motivering en dit bewys My liefde en Wysheid en

Mag. En wat vir julle ondeurgrondelik voorkom, sal julle te wete kom, hoe

verder julle vooruitgaan in julle sieleevolmaaktheid, dan sal daar vir julle

geen vrae meer wees wat nie vir julle beantwoord sal word nie. En julle sal

verruk wees weens die ryklike kennis, ook wanneer dit tans nog vir julle

verborge is. Amen

O.V.V.’s (ufo’s)

8840 16 Augustus 1964

Wat julle vertel word oor "onbekende vlieënde voorwerpe" kan julle

gewoonweg verwerp as leuens, want dit is niks anders as fantastiese

wensdrome van hulle, wat hulself daarvoor in die hande van die

teenstander begewe, omdat hulle geen verbinding met My het nie, Wie

hulle dan ook opheldering sou kon gee. Die verlange van wêreldse mense is

te groot, wat nie aan ‘n komende einde as ‘n sekerheid wil toegee nie en

daarom na uitweë soek om die einde te ontgaan. En dit alles behoort tot

die tekens van die eindtyd, dat hulle hoop op redding van ander wêrelde,

sonder om daarby te besef dat daar geen verbinding bestaan tussen die

aarde en die bewoners van ander wêrelde nie.

Soveel is seker, dat mense wat beweer om sulke voorwerpe te gesien het,

hulself in ‘n sekere sin met die kragte van die onderwêreld verbind het, wat

hulle nog deur die mag van die vors van duisternis gekry het en wat hy in

die laaste tyd besonder gebruik en hulle in die duister gehou word wat hulle

sinne na hom toe wend. Hy openbaar homself in die vorm van verskynsels

wat ten slotte tot in detail beskryf kan word, wat ook weer ‘n teken is van

die houding van die mense teenoor My. Diep gelowige mense sal sulke

verskynsels nie belewe nie, want vir hulle geld die wegneming van Myne

voor die einde, wat egter nie op die manier sal plaasvind dat Ek My dienare

na die aarde sal stuur nie, maar Self kom in die wolke, soos wat Ek dit aan

julle gesê het.

Die sogenaamde afgesante is kragte van die duisternis, wat teen die einde

wel ‘n groot mag sal hê wat deur hulle tot stand gekom het van sigbare

drogbeelde, wat egter ook net so sal vergaan soos wat dit verskyn het, wat

egter slegs gesien kan word deur die mense wat, óf alreeds ten prooi geval

het aan die teenstander, óf deur hulle, wat nog nie die korrekte houding

teenoor My gevind het nie. Want wie homself aan My vashou, hy word deur

My gees onderrig en dit waarlik in alle waarheid.

Wat verwag julle mense egter van die verskynsels? Julle glo tegelyk die

beloftes wat julle op mediumieke wyse oorgebring word en daardeur

wandel julle meer as ooit in die duisternis. Wat julle meen te sien is geen

441

sigbare skeppings van My nie, maar bedrieglike beelde van hom wat self

die wense en die verlange van hulle ten nut maak wie die lewe wil behou

en sy mag deur hierdie verlange versterk. En ook die insittendes van sulke

"sigbare" voorwerpe kom uit sy wêreld wat hulself vir ‘n kort tydjie

materialiseer, maar dan ook weer vergaan. Die teenstander het aan die

einde groot mag, dit word julle steeds weer deur Myself vertel. En met die

oog op die einde gebruik hy die mag, om hulle te verlei wat nie vas staan

teenoor My nie en maklik deur hulle wil beïnvloed word. Maar uit die sfere

wat aan My behoort, sal julle geen boodskap van die aard gestuur word nie,

want waar Ek My lig Self laat straal, daar het die teenstander geen toegang

nie. Wie homself egter reeds op sy terrein bevind, die sal steeds weer

bewyse kan aanvoer, wat egter nie anders te beoordeel is as skyn en

bedrog nie.

Houvas aan My Woord, dat daar geen verbinding bestaan tussen die

bewoners van die verskillende hemelliggame nie en dat wanneer die einde

nader, niemand die einde sal kan ontgaan nie, maar deur My weggeneem

sal word in lewende lywe, of aan die hernieude kluistering ten prooi sal val.

Maar daarvoor het Ek waarlik geen bodes uit ‘n ander wêreld nodig nie,

anders sou ook aan julle uitsluitsel daaroor gegee word, julle, wat die

waarheid moet uitdra in die wêreld. Daarom, hou julle vas aan dit wat Ek

vir julle sê en laat julle nie in die war bring nie, want My teenstander is ook

julle vyand en hy probeer julle in die verderf stort, wat hy egter nie kan

doen met hulle wat My trou toegedaan is nie, wie Ek sal red uit alle nood op

die jongste dag. Amen

Studie is geen waarborg vir geestelike kennis nie

8842 21 Augustus 1964

Dit is ‘n wye gebied wat julle ontsluit word deur My spreke tot julle uit die

hoogte. Julle dring daardeur in vir julle nog onbekende gebied, julle neem

‘n besondere en omvangryke kennis in ontvangs en julle kan julle

buitengewoon verryk aan geestelike goed. Maar dit verplig julle ook tot

deurgee, want hierdie geestelike goed moet orals helder straal waar harte

is wat dit gewillig tot hulle neem. Want wat julle ontvang, dit is waarheid

en bly waarheid, ook al wek hulle altyd weer ergenis op by hulle wat hul

verstand hoër ag as geestelike openbaringe. Maar solank hierdie mense

hulle nie vry kan maak van tradisioneel oorgenome opvatinge, solank is

hulle ook nie in staat om die suiwer waarheid te begryp nie. Want wat deur

studie verkry word is dooie kennis, as die gees van hulle wat studeer nie

ontwaak is nie.

Daarom sal julle daar die grootste afwysing ondervind waar alleen die

verstand werksaam is, waar Ek Self nie kan praat nie omdat Ek tot die gees

van ‘n mens spreek. Maar dit vra ‘n lewe in liefde, omdat die gees alleen so

die verbintenis met My die Vadergees in stand hou. Slegs selde sal julle

daarom by verstandsmense begrip vind, wat julle egter nie mag verhinder

442

om vir die enigste waarheid op te kom nie. Want geen mens sal in staat

wees om julle dit te weerlê nie, wat Ek Self as waarheid na die aarde stuur

en teen My argumente kan waarlik niks ingebring word nie.

Dat hierdie mense stukke uit die bybel na eie goeddinke uitlê laat duidelik

hul dwaling sien, wat hulle egter nie wil toegee op grond van hul jarelange

studie nie. Maar watter nut het dit as die gees nie tot lewe gewek word nie?

En hoeveel dwaling het dit nie al tot stand gebring nie! Julle opdrag is egter

om daarteen in te gaan en alle dwaling aan die lig te bring. Julle moet die

mense die onveranderde waarheid aanbied, wat hulle dan ook baie eerder

sal aanneem as die opvating, wat aanspraak wil maak op die “waarheid”.

Wat julle op julle neem om die kennis uit die hoogte tot die mense te bring

het My seën en julle inspanning sal daarom sy doel nie mis nie. Want daar

is baie mense wat aan die misvormde leer aanstoot neem en wat gelukkig

sal wees as hulle ’n aanneembare verklaring gevind het.

Maar julle sal julleself tot ’n groot vyand maak van die wat in hul deur

studie verkrye kennis volhard, omdat hulle die ontwaaking van die gees

ontbreek. Dit mag julle egter nie ontstel nie, want julle werk in My opdrag

en julle verkondig die waarheid wat alleen uit My voortkom. En daardeur

oortref julle hulle in kennis, want julle kan uitleg gee oor alles wat vir die

skepping van die wêreld en mense van toepassing is.

En dit is waarlik van groot betekenis en kan julle nie weerlê word nie. hulle

kan dit alleen afwys as ongeloofwaardig, maar tog kan hulle geen betere

verklaring en motivering gee van hulle bestaan op hierdie aarde nie. Hulle

sal moet toegee dat hulle deur studie ook niks daarvan verneem het nie,

wat egter deur Myself aan die mense bekend gemaak is.

Julle mense wat ‘n groot verstandelike kennis besit kan tog nie dink dat

julle begunstig is teenoor mense met minder verstand, as dit om die

bereiking van sielsvolmaaktheid gaan nie. Julle kan tog nie die

sielsvolmaaktheid afhanklik maak van die skerpte van julle verstand omdat

julle kon studeer nie, tensy julle vooraf al julle gees gewek het, anders sou

julle sonder studie al in dwaling gewees het.

Daarteen kan selfs ‘n mens met ‘n swak verstand die ontwaaking van die

gees bereik, omdat daar alleen die liefde voor nodig is. Die liefde moet reg

beoefen word, om die gees tot lewe te bring. Wie dus vanuit die liefde leef,

kan nie met dwaalleer saam stem nie. Hy weet presies waar die dwaling

ingesluip het en sal alles insit om hierdie dwaalleer uit te roei.

En of julle nou aan die een of ander geestelike rigting behoort, die dwaling

sal julle nie bemerk nie: totdat julle die gees in julle tot lewe gewek het,

bly julle kennis ‘n dooie kennis wat geen krag kan uit straal op julle

toehoorders nie. Dit is in die besonder gesê tot almal wat My openbaringe

afwys op grond van hul aardse kennis, wat Ek daarom geen ander naam

kan gee as dwaling, omdat dit deur studie verkry word, wat geen waarborg

is vir die waarheid nie. Want die waarheid kan alleen van My die OER bron

van die waarheid, verkry word. Amen

443

Rekenskap aflê - Die verspreiding is ‘n dringende

noodsaak

8843 22 Augustus 1964

Ek kan altyd almal vermaan om standvastig te wees, as julle tot

verantwoording geroep word terwille van My leer. En julle sal nog erg

aangeval word, want niemand wil die suiwer waarheid hoor nie. Daarom

vra van My nou, reeds baie krag vir julleself, sodat julle alle benoudhede

die hoof kan bied. Teenargumente kan julle nie van stryk bring nie, want

julle is van die waarheid oortuig van dit wat julle ontvang. Maar julle

teenstanders is spitsvondig. Hulle probeer om julle te laat wankel en om

teen hulle opgewasse te wees, is daar waarlik ‘n vaste geloof en ‘n sterk

vertroue op My Krag voor nodig.

Berei julleself daarom voor dat daar van julle verantwoording geëis gaan

word en spreek daarom vrymoedig wat Ek julle in die mond lê, want julle is

daarom nie meer die een wat spreek nie, maar Ek spreek deur julle. Want

Ek sal ook dan nog enigiemand, wat die suiwer waarheid meer geval as die

misvormde leerstellings, wat julle aan die kaak moet stel, vir My wen.

Slegs My woord van bo is suiwer waarheid en dit kan julle ook as sodanig

verkondig sonder om te vrees dat julle teen My Wil sal handel, as julle ook

aan julle medemens duidelikheid gee daaroor wat Ek Self van hulle eis om

te glo. Die kennis daaroor sal Ek altyd weer die mense laat toekom. Maar

sodra hulle hul nog verbind voel met ‘n geestesrigting, is die opvattings nog

te diep in hulle gewortel en die aanneem van hierdie leringe wat in krasse

teenstelling staan met hul opvattings, stuit op weerstand. Nou is, deur ‘n

werktuig wat heeltemal vry is van eie menings, egter vir My die

moontlikheid gegee om My Gees te laat binnestroom en Hy onderrig haar

waarlik korrek. En ook is die dringende noodsaaklikheid van die

verkondiging van My leer so duidelik, want die mense is lou en op geen

enkele manier kom hulle My goddelike gebooie van die liefde na nie, op

enkele uitsonderings na, wat in ooreenstemming met hul graad van liefde

beoordeel sal word. Dit sal egter nie volgens uiterlike wees nie, want dit is

‘n gruwel voor My Oë.

Dit is die tyd van die einde en dit alleen sou julle die belangrikheid van die

stuur van die suiwer waarheid laat insien, want niemand mag sê dat hulle

nie oor die waarheid ingelig is nie. Ek sal almal, wat ontvanklik is vir die

waarheid, wakker skud en tot nadenke bring. Of hulle egter bereid is om

die waarheid aan te neem, dit bepaal hulleself, hulle sal egter

verantwoording moet doen vir hulle wil. Daarom het Ek dus gewys op die

tyd waarin My evangelie ‘n suiwering nodig het, waarvoor daar ook nou

eenmaal ‘n opnamehouer (suiwer hart) nodig is, sodat hulle hul vir My,

sonder om weerstand te bied, kan oopstel om ‘n magtige Lig te laat

binnestroom, wat geen teenstand sal bied nie en My so die moontlikheid

444

gee om Myself te verduidelik en My leer te verkondig soos Ek wil hê dat dit

verstaan moet word.

As julle maar net dit, dat Ek slegs die graad van liefde beoordeel, sou glo,

dan sou julle almal julle slegs beywer het om beide gebiede te vervul, julle

sou daardeur alles ontvang wat Ek julle belowe het toe Ek op aarde geleef

het. Julle sou in oorvloed lig en krag en barmhartigheid ontvang, julle sou

geen aardse sorge hê nie, want julle sou dan waarlik alleen vir julle siele

sorg en ‘n lewe lei wat aan My Wil beantwoord.

Julle sou Jesus Christus ken en erken as God se Seun en Verlosser van die

wêreld. Julle sou Myself in Hom herken, want ‘n lewe in liefde, wat in julle

die gees tot lewe wek, verskaf al dié kennis aan julle. Julle wat My wil dien,

julle moet standvastig bly en uit die ryke kennis julle krag put, krag wat

julle altyd sal toestroom as julle julleself met My verbind deur werk van

liefde en innige gebed. Amen

Die kwessie van rasse diskriminasie – Onderrig oor

reïnkarnasie

8844 22 Augustus 1964

Hierdie vrae is nie maklik te beantwoord nie, omdat julle mense dinge

vanuit ‘n gesigspunt beskou dat dit slegs op hierdie aarde moontlik is om

geestelik volwasse te word. Julle word weer en weer gesê dat hierdie aarde

die enigste plek is waar kindskap van God verkry kan word en met goeie

will kan dit bereik word. Maar dit is slegs moontlik vir baie min mense,

veral in hierdie eindtyd waar die liefde totaal koud is.

Julle verpoos nie vir ‘n wyle om te dink dat die ontwikkeling in die

hiernamaals voortgaan nie, dat Ek baie skole het waar weer met goeie will,

mense kan verdergaan met dit wat hulle op aarde verontagsaam het.

Hoewel die doel, die kindskap van God, nie meer bereik kan word nie en

waar die siel weer in die diepte kan afdaal en waar My Genadige liefde,

versoek deur julle gebede, hulle tot hulp sal kom. Julle moet in terme van

die ewigheid dink, dat die verlossing deur Jesus Christus kan plaasvind.

Maar vir My is ‘n duisend jaar soos één dag. En nou wanneer julle die vraag

ter sprake bring of verlossing vir hulle moontlik is wie My wil as ‘n swarte

beliggaam het, vra Ek julle: weet julle of ‘n blanke persoon sy of haar

beliggaming met ongoddelike dade nie verkeerd gebruik nie? Watter

voordeel het hulle as hulle hul in kennis ver bo die swarte bevind, maar

hulle in totale ongeloof en sonder liefde lewe, terwyl die swarte uiters

goedhartig kan wees en so ver bo die ander staan?

Ongeloof is die grootste kwaad wat ‘n persoon kan oorkom, want dan is hy

nog geketting aan dit wat hom na benede trek. Sulke mense kan nie

tydens één aardse-periode gered word nie, maar hulle keer ook nie terug

na hierdie aarde as mense nie, maar as gebonde materie, soos diegene in

die hiernamaals wat in die diepte afdaal en waar die werk van verlossing

445

nie geslaag het nie. Dus is één verlossings periode nie genoeg nie, so ook

met die inboorlinge wat hulle eerste inkarnasie op hierdie aarde ervaar, en

wat ook, as hulle hul ontwikkeling in die hiernamaals nie voortsit nie,

agteruitgaan en weer gebind word. Hierdie binding vind altyd plaas

wanneer die aarde opgelos word met die doel om die Goddelike Orde weer

te vestig. Maar dit is geen reïnkarnasie soos wat julle mense dink nie. Julle

verbeelding is so beperk met betrekking tot die tyd asook die plek waar

julle weggeneem word. Julle dink nie aan ‘n onbegrensde tydkonsep wat vir

julle almal so belangrik is. En julle bevind julleself vóór so’n konsep van

onbegrensde tyd wanneer die herstrukturering van die aarde plaasvind.

Dan sal alle mense met hulle evolusie van vooraf moet begin, maar nie op

die manier wat julle wens, deur na die aarde terug te keer as wenses om

julle ontwikkeling voort te sit nie. Om op hierdie aarde volmaak te word is

moontlik, maar vereis julle volledig wil en julle totale toewyding. Die rede

waarom nie meer daarna gestreef word nie word deur die mensdom self

gegee, wat geen liefde het nie en totaal sonder geloof is.

Maar, waar Jesus Christus in alle erns in gees en in waarheid versoek word,

waar Hy nog as die Verlosser erken en as sodanig aanvaar word, is daar

ook liefde en dit waarborg dat die siel volmaak sal word, aangesien die

Vader in die Hemel volmaak is.

Daar is baie helpers byderhand wanneer ‘n onvolwasse siel in die

hiernamaals aankom om hom by te staan en na omhoog te Lei. As die siel

onwillig is, daal dit die diepte in, maar kan nog gered word. Maar as alle

pogings van geen waarde is nie, dan sal dit weer in die aarde gebind word.

Nou dat julle weet dat die graad van liefde die graad van kennis bepaal wat

die siel het wanneer hy hierdie aarde verlaat, sal julle begryp dat elke

geestelike rigting, wat die ontwikkeling van liefde onderrig, die erkenning

van Jesus Christus of hier of in die hiernamaals sal veroorsaak. En hy wat

Hom erken sal Verlossing vind. Dus is dit nie noodsaaklik om weer na die

aarde terug te keer om Hom te vind nie. Maar die één ding om te oorweeg

is dat hierdie geestelike rigtings ‘n vroeëre kennis van die Goddelike

Verlosser het en dat dit vir hulle is om My om hulp te vra om die regte

antwoorde te vind. Hierdie versoek van My is geldig dat Ek Self gevra word

om probleme te verklaar, waar slegs Ek die regte verklaring kan gee, sodat

Ek hulle onderrig wat opreg die Waarheid wil ken. En as hulle dit nie

verontagsaam nie, sal hulle ook in lyn vir kindskap van God wees,

aangesien hulle hulle kennis waar moontlik sal versprei. Daarom is dit nie

nodig om te reïnkarneer nie. Andersyds word na ‘n inkarnasie op hierdie

aarde gestreef deur die Lig wêreld vir ‘n missie wat slegs ’n Ligwese kan

vervul. Dit kan ook tot kindskap van God lei, maar die wese self het geen

kennis daarvan nie, slegs ‘n bewustheid weens die opdrag wat aan hom

toevertrou is. Amen

446

Die interpretasie van die Goddelike Woord

8845 26 Augustus 1964

Die “Goddelike woord” was onderworpe aan baie veranderinge en dit gaan

nog aan, sodat My woorde nie futiel was toe Ek sê: “Ek sal julle in alle

waarheid lei”. Ek wis dat My Woord nie onveranderd sal bly nie en daarom

beloof Ek om My Gees aan hulle te stuur wat aanhou streef na die “suiwer

waarheid” en dit vir My moontlik maak om Myself aan hulle te openbaar. Vir

sover moontlik het Ek My Woord teen vervorming beskerm sodat My

onderrig sy diepe betekenis kon behou. Nogtans, is My Woord altyd

verkeerd geïnterpreteer en die gevolg is valse leerstellings waarteen Ek bly

worstel en aan mense die korrekte verklaring stuur. En so sal dit nie meer

van belang wees of en in welke mate, die skrywers van die evangelies

opgedra was deur My nie, maar alleen wat julle mense gemaak het met die

woorde wat daar geskryf is met die beste bedoelings en met die wil om My

te dien.

Selfs My skrywer Johannes, kon nie daarvoor sorg dat die oorspronklike

teks nie deur mense verander word en dat die vertalings nie sonder foute

was nie, gevolglik word dit op verskillende maniere geïnterpreteer. Dit is

die rede waarom My woorde, wat in die oorspronklike tekst bewaar was,

heel ander interpretasies kry; hulle was gewoonlik deur My disipels

gespreek en was bedoel om so deurgegee te word. Hulle het egter die

geestelike betekenis van My Woord begryp, maar na tyd word dit bedek

deur wêreldse konsepte.

Daarom gesien die vele vertalings wat tydens die tyd gemaak word, kon die

evangelies onmoontlik in hulle oorspronklike vorm bewaar word. En as ‘n

geestelik gewekte mens op die foute gewys het toe hy hulle herken, sou hy

aan die kaak gestel wees as 'n afvallige. As My teenstander selfs die gebed

wat Ek julle geleer het kon bederf tot so ’n mate dat dit My aard verkeerd

voorstel en die mense dit nie self ontdek het nie, wys slegs hoe goed hy

van hulle geestelike onwetendheid en blindheid gebruik gemaak het. En so

vandag, selfs die woorde “die werk van My Gees in die mens” word nie

voldoende verduidelik nie. My verteenwoordigers op aarde debateer nog

oor die vraag of die woorde wat Ek tot My dissipels gespreek het slegs vir

hulle of vir alle mense bedoel was en of elkeen daar aan moet aandag gee.

Maar Ek bly die suiwer waarheid na die aarde stuur, sodat dit nie belangrik

is of die oorspronklike teks bewaar gebly het nie, want Ek wis watter

veranderinge sou insluip en Ek bly lig gee waar dit noodsaaklik was en die

kerke word met skeuring gekonfronteer wat op verskil van mening

gebaseer word.

Sulke skeurings het altyd plaasgevind toe My verteenwoordigers op aarde

nie kon ooreenstem nie, toe elkeen geglo het om die regte interpretasie

van My Woord te hê en rusie het ontstaan. Hulle kon nie My Woord

verander nie, maar slaag om die betekenis te verander. ‘n Aantal van My

fundamentele woorde word verkeerd geïnterpreteer en dit veroorsaak die

447

één skeuring na die ander en die stigting van vele sektes, elkeen met ander

probleme. Maar nie een van hulle aanhangers ken die werking van My Gees

nie, anders sou hy ongetwyfeld na My gekom het vir inligting.

As Ek weer duidelikheid wil gee en mense meedeel oor My wil, moet Ek ‘n

houer vind wat homself tot My beskikking stel waarmee Ek kan praat en

deur wie Ek die mense kan vertel hoe My Woord verstaan moet word.

Vandag is die verwarring groter as ooit en elkeen interpreteer My Woord

soos dit hom pas. As die mense lig gegee moet word, dan kan dit slegs

deur innerlike verligting gedoen word, sodat die mense direk deur My

geleer kan word en hulle kennis teen hulle medemens met oortuiging kan

verdedig. Dan word elke vraag beantwoord en elke probleem opgelos en

julle sal “gelei word in waarheid” soos Ek beloof het. Amen

Die heiliges van die laaste dae

8849 2 September 1964

Hoe dikwels het Ek Myself aan mense openbaar voor nou en hulle My wil

vertel, as die mense hulle slegs aan My Woord gehou het sou al die daar op

volgende misleidende onderrig onmiddelik herken gewees het as teen My

wil. Maar elke gedagte rigting het sy aanhangers en so het gemeenskappe

ontstaan wat die waarheid volgens hul onderrig steun, wat hulself as “die

heiliges van die laaste dae” beskou en hul geloof so kragtig verdedig dat

bykans geen een teen hulle kan opstaan nie. Maar nou openbaar Ek My

duidelik deur alle onderrig aan die kaak te stel wat My Woord teenspreek

wat aan julle van bo gegee was en daar is heelwat hiervan. Dit is van so’n

groot waarde vir julle dat daar direk met julle van bo gepraat word en My

Woord te hoor dat, gesien dit, alle misleide onderrig waarlik moet verdwyn

in die lug, dat dit geen verdere reg het om as waarheid verder te bestaan

nie. Omdat Ek Self die bron van waarheid, die ewige waarheid is, wat julle

nooit in valsheid sal lei nie, wat geen misleide leerstelling aan julle sal gee

nie, wat ewig suiwer en opreg is en sal bly. Gevolglik kan daar slegs altyd

een waarheid wees en mag dit self nie weerspreek nie.

Terwyl julle mense nog by formaliteite bly, terwyl julle op dit vertrou om

geestelike volwassenheid te bereik, het julle nie die basis van waarheid nie.

En solank julle nie die rede vir julle beliggaming op hierdie aarde weet nie,

sal julle nie die regte weg neem wat julle na die doel lei wat julle moet

bereik nie. Julle mense moet opreg oorweeg in welke mate elke gedagte

rigting wat deur julle gesteun word met My Woord ooreenstem wat van bo

af aan julle gestuur word. En probeer om ‘n persoon onder julle te vind wat

die genade en volwassenheid het om My as houer te dien. In die geval sal

julle nouliks ‘n onderrig vind wat mekaar teenspreek, want dit word alles

deur die Gees onderrig, dit word alles deur My onderrig en dit inderdaad in

alle waarheid. En My Woord sal oral deurdring. Selfs die wat nog in valsheid

lewe sal aangespreek word, maar hulle moet My gawes van genade

vrywillig aanneem, hulle kan nie gedwing word om dit te doen nie. Daarom

448

moet daar telkens weer mense wees wat deur My boodskappers onderrig is

en nou in die wingerd werk deur dit deur te gee.

Nietemin, niks gebeur sonder ‘n stryd nie, niemand is bereid om sy valsheid

te los nie, julle sal as My arbeiders moet praat en My om genade moet vra

daarvoor. Maar wees bewus daarvan dat om die suiwer waarheid aan

mense te bring wat reeds aan valsheid verslaaf is, is geen maklike taak nie.

Omdat elke gedagte rigting op sy geestelike kennis aandring en kan slegs

oortuig word as die mens baie liefde het. Dan word die gees gewek en

verlig hom innerlik. Dan aanvaar hy wat julle hom ook al vertel en is

dankbaar vir die lig waardeur hy die samehang nou herken en kan begryp.

Alle gedagte rigtings dit maak nie saak wat hulle hulself noem nie, moet

slegs altyd die vraag vra of My Gees in hul groep mense werk, wat Hom

dan op so‘n manier uitdruk dat ‘n persoon belangrike kennis sonder sy eie

toedoen ontvang, wat hom oor sy oorsprong en sy definitiewe doel inlig. Dit

is wat die suiwer waarheid van My sal doen, omdat Ek altyd dieselfde sê,

omdat die ewige waarheid nie verander nie en so vir ewig sal bly bestaan.

As die mense net die regte weg wil neem, die weg na My en My om

verligting vra. En waarlik hulle sal almal gevul word deur die Gees en geen

persoon sal verslaaf kan word deur misleide onderrig nie. Maar dit is ‘n

saak van vrye wil en die mense gebruik nie hul wil nie maar luister eerder

na wat ander net so onverligte mense hulle vertel. En om die rede groei die

valsheid geweldig, om die rede sal dit nie herken word nie en vir die rede

word misleide onderrig deur tallose mense gesteun, wat hulle egter as

valsheid kon herken as hulle hul wil toepas om dit te doen. En dit is die

groot geestelike ontbering waarom Ek baie arbeiders in My wingerd nodig

het. Maar slegs enkeles sal hulle deur hom laat onderrig, slegs enkeles

aanvaar dit as waarheid wat hulle van bo aangebied word. Maar Ek sal

elkeen seën wie My in My werk ondersteun, wat mense inlig en so help om

die groot geestelike ontbering te verminder. Amen

Kan die mens, vir ‘n ander in sy plek ly?

8852 12 en 13 September 1964

Die krag van die gebed ten gunste van ‘n ander is geweldig. Julle sal veel

leed van die medemens kan afwend, julle sal hul die krag laat toekom wat

hulle ontbreek, hulle wat in volledige kragteloosheid moet bly, tot julle hulle

deur julle voorbidding ‘n kragstroom toestuur, dat julle hulle help, egter nie

direk nie, maar indirek deur My, omdat Ek julle liefde sien wat julle in so ‘n

voorbidding vir die naaste voel. Hierdie stroom van krag dwing egter nie

hulle wil nie, dit is vry, maar die teenstand neem vanself af en die siel voel

die krag as weldadig. Dus sal julle steeds net vir My kan vra om die

toestuur van krag vir die mense, wat self nie meer in staat is om dit te vra

nie. En omdat julle liefde beslissend is daarby, vervul Ek graag die versoek,

want julle begeer niks vir julleself nie, julle soek geen eie voordeel nie,

maar is besorg oor die sieleheil van die naaste.

449

Julle sal nou egter ‘n onderskeid moet maak tussen ‘n gebed vir hierdie

mense en julle oorgawe aan Myself, deurdat julle My julle hele liefde skenk.

En hierdie graad van liefde kan in julle aangroei en dit ten slotte ook na

julle medemens uitbrei, dat julle almal met julle liefde omvat, wat nie

moontlik is as julle vervul is met liefde nie. En hierdie graad wil Ek dat julle

bereik, dat julle geheel opgaan in die liefde tot My en die naaste, sodat

julleself die leed op julle wil neem, dat julle die straf op julle sou wil neem

wat hulle verdien.

Maar dit druis in teen My Regverdigheid, omdat elkeen vir homself

verantwoordelik is en dat elkeen ook moet goedmaak waaraan hy homself

skuldig gemaak het.

Dit is egter in teenspraak met die verlossings werk van Jesus, Wie as

waaragtige onskuldige mens, alle sondes van die mensdom op Hom

geneem het uit Liefde vir hulle; Wie dus op vervangende wyse ‘n

sondeskuld uitboet, wat so groot was, dat alleen maar ‘n Gees wat ‘n engel

is, in Wie Ek Myself kon beliggaam, hierdie boete kon doen, dat Ek dus Self

die skuld tot niet gemaak het deur My dood aan die kruis. Maar hierdie

daad was iets eenmalig en sal dit ook bly.

Maar die skuld van ‘n mens kan gedelg word deur die werk van verlossing

van Jesus, wanneer hy Hom erken en dit behoort dan tot die sondelas wat

die mens onder die kruis dra. Maar dit is ‘n aangeleentheid van die vrye wil

van elke mens en kan nie afgedwing word nie. Dus moet dit ook afgelos

word, nog op aarde of in die hiernamaals, wanneer die mens hom afwysend

opstel teenoor die verlossingswerk. Vir sulke mense kan voorspraak verrig

word, dat hulle hul skuld insien en die weg na Jesus vind en hierdie

voorspraak nou eenmaal ‘n groot uitwerking van krag hê. Die mens kom

dan vanself tot die ware insig van sy skuld en hy sal hom volgens sy krag

weer goedmaak, of dan wel die Een aanroep wat hom die vergewing

verseker.

Maar die skuld kan hom onmoontlik kwyt geskeld word op grond van die

liefde van ‘n mens wat hom wil goedmaak. Dit sou geen regverdigheid

wees nie, ofskoon die liefde daartoe bereid is, want slegs Een kan dit skrap,

en hierdie Een wil aangeroep word. Maar die liefde van ‘n mens wat bereid

is om vir sy medemens boete te doen, word deur My as buitengewoon

welgevallig aangesien. Dit is ‘n liefde wat heeltemal vry is van egosentriese

liefde, wat niks vir homself verlang nie, maar bereid is om die leed op hom

te neem, wat daarom ‘n groot pluspunt vir die siel beteken, wat ook as

krag sy uitwerking op die medemens het, want dit kan nie sonder ‘n

geestelike resultaat bly nie, sowel vir homself, asook vir die siel wat in die

besit van ‘n barmhartigheid kom, wat hom allerweë ook moet tref as ‘n

sterk wil om hom te verbeter. Hy sal self sy gebrekkige toestand insien en

ook bereid wees om boete vir die skuld te doen, maar die sal hy tog self

moet dra. Dit kan hom nie afgeneem word terwille van regverdigheid nie.

450

Julle sal steeds daar aan moet dink dat die weg na Jesus julle nie gespaar

kan bly nie, dat Ek in Hom My erkenning vra, dat dus dan ook ieder mens

self die weg na My moet gaan, nie menende dat ‘n "uit Liefde vir julle"

gedelgde skuld die mens daarvan sou onthef nie, te meer omdat daar op

aarde vele ligwesens beliggaam is, wie se liefde so sterk is, dat hulle graag

die leed van ander op hulle sou wil neem.

Maar julle liefde het ‘n gunstige uitwerking op diegene wat julle die

genoegdoening van hul skuld sou wil bespaar. En daarom kan geen enkele

liefdevolle opwelling van julle harte sonder uitwerking bly nie, omdat liefde

‘n krag is wat sy straal altyd sal uitstuur, omdat geen liefdevolle gedagte

vervlieg en sonder uitwerking bly nie. Dog elke oorvloed van liefde kom die

mens self ten goede, want sy liggaam vergeestelik hom tegelykertyd met

sy siel en hierdie vergeesteliking, wat ook ‘n groot liggaamlike lyding vra,

sal julle almal moet nastreef om ‘n oergees, wie se partikeltjies julle

liggaam vorm, te help om sneller volwasse te word. Amen

’n Groot dwaling word reggestel (na die lees van: Die val van

Lucifer)( Lorber – Lutz)

8858 23 September 1964

In die begin van die tye kom slegs die volmaakte uit My voort, dus kan julle

dit aanveg wanneer Ek aan julle voorgestel word as ‘n Skepper, wat nie

suiwer geeste geskape het nie. Ek Self is die Skepper van die wesenlike,

want buiten My is daar geen krag wat kon skep nie. En die liggees wat

eerste deur My buite My geplaas was, was dus deur My krag deurstraal en

sodoende kon slegs die volmaakte uit ons beide se liefdeswil en krag

voortkom.

En ook dit moet julle begryp; dat Ek niks teen My ordening van die

ewigheid kan doen nie, dat Ek ook geen onvolmaakte wesens buite My kon

plaas nie, wat self vrywillig eers na ‘n eindelose lang tyd besluit om hulself

van My af te keer, wat egter op geen enkele wyse deur My beïnvloed word

om te handel in stryd met die Goddelike orde nie, veeleer handel hulle in

heeltemal vrye wil. So sal julle eers My plan van die ewigheid begryp: Dat

Ek hulle vergoddeliking vir My as doel gestel het en so ook sal julle begryp

waarom Lucifer, die ligdraer, My teenpool geword het.

As aan julle ‘n voorstelling van die skepping van die wesens so gegee word

dat dit totaal onmoontlik is, dan twyfel julle aan My volmaaktheid en dan

twyfel julle ook aan My Liefde vir al die geskapenes, wat ooreenkomstig My

Wil gebrekkig gevorm moes gewees het vanaf die begin. Julle kan dan ook

nie die gebeure begryp wat geleë was in die afwysing van die krag van My

Liefde nie en Ek moet julle almal die waarheid daaroor laat toekom, want

uit die een dwaling vloei die ander voort. Dat so 'n dwaling egter kon

binnesluip in goddelike openbaringe, is altyd die gevolg van verstandelike

denke, wat gebruik word deur My teenstander, wat trag om verwarring te

stig, wat ook weer ‘n rede is dat Ek My steeds weer opnuut moet openbaar

451

en die waarheid aan julle in alle suiwerheid bekend moet maak. Die afval

van My af het op ‘n manier tot stand gekom, dat daar eers ewighede

verstryk het voordat dit plaasgevind het, sodat My Liefde dus die wesens

voortdurend kon deurstraal en dat hulle voortdurend bomatig geluksalig

was. En ook die wese wat Ek vir My as eerste opnamehouer geskep het om

My Liefde hierin binne te kan straal, was vir ewighede die ontvanger van

hierdie kragstroom van liefde, totdat hy homself toe losgemaak het van My

in vrye wil, wat hy as goddelike skepsel besit het. As Ek egter ‘n skepsel

geskape het, wat "nie" suiwer was nie, dan sou Ek Self My met ‘n verwyt

getref het om so 'n wese die lewe te gegee het, wat egter ewig nie die

geval kan wees nie, want Ek is Self die volmaaktheid. Ek het geen

tekortkominge nie, Ek is suiwer LIEFDE en skep niks onsuiwer nie, maar Ek

doen alles om dit wat onsuiwer geword het, weer tot loutering te bring. Dog

hoe onwaar word die skeppingsdaad aan julle voorgestel en tot welke

gevolge lei dit. Steeds weer bring Ek julle die suiwer waarheid, omdat julle

Myself, sonder die waarheid, nie korrek kan sien nie, omdat julle julleself ‘n

voorstelling maak van My, Wie se volmaaktheid in twyfel getrek word en

omdat julle daarom ook die Wese nie sou kan liefhê, aan Wie se

volmaaktheid julle twyfel nie. Want ook julle het in alle volmaaktheid uit My

voortgekom, hoewel julle nou die weg deur die diepte gegaan het om weer

tot dit te word wat julle was in die allereerste begin. Dat Ek nie alle

geestelike gronde vir julle kan duidelik maak nie, sal julle begryp, vanweë

die geringe graad van insig wat julle nou het as gevolg van die sonde om

teen My op te staan. Maar tog moet alles ooreenkom wat julle daaroor

meegedeel word. En wanneer daar ‘n kras teenstrydigheid bestaan, dan

kan julle dit sonder beswaar afwys en dit vir julleself so verklaar dat die

verstand van die mens daarby betrokke was, wat deur die teenstander

beïnvloed kon wees. Slegs die plan om My geskape wesens te vergoddelik,

het My daartoe gebring om die verval van die wesens nie in die weg te

staan nie, maar dit het plaasgevind in vrye wil, van die hoogste vlak van

volmaaktheid omlaag na die diepste dieptes. En slegs die sekerheid dat Ek

hierdie wesens almal weer wou terugwen, het My belet om in te gryp, maar

het nie verloën dat hulle in die hoogste volmaaktheid geskape was nie, net

soos hulle meester, wat as ligdraer as eerste die val voltrek het, wat Ek

egter nie so geformeer het dat hy dit moes doen nie, inteendeel: die vrye

wil was die beweegrede gewees om te val, soos ook die vrye wil weer

omhoog moet strewe, om dit te word wat hy was in die allereerste begin.

Amen

Voortsetting van 8858. (Het God die val

veroorsaak?)

8859 24 September 1964

As die geloof in My volmaaktheid julle ontneem word, as julle daar aan

twyfel, dan het julle ten prooi geval aan ‘n dwaalleer wat julle ook alle

452

geloof kan ontneem. Want dit is julle dan geensins gewaarborg dat Ek in

volle waarheid tot julle spreek nie, wat slegs ‘n hoogs volmaakte Wese julle

kan aanbied. En julle vroeëre wil sou dan nie so swaar geweeg het nie,

omdat julle dan net so "onvolmaak geskape" daarin ‘n rede sou kan sien

dat julle geval het. En hierdie dwaling moet baie beslis weerlê word, julle

moet weet dat julle in die "helderste lig" gestaan het, toe julle geval het,

dat nie die geringste skemering of duisternis julle omgewe het op die

oomblik van julle afval van My nie en dat julle net soos Ek, hoogs volmaak

was, dit wil sê, ligwesens was wie se val eenvoudig onbegryplik sou gewees

het as die vrye wil julle nie vervul het as teken van julle goddelikheid nie;

dat ook die eerste geskape oergees met dieselfde volheid van lig uitgerus

was en nie hoef te geval het nie, dat hy egter self in vrye wil heeltemal

verander het in die teendeel, was nie My Wil nie, dit was nie My werk nie,

dit was slegs die gevolg van sy vrye wil, wat egter nie My volmaaktheid in

twyfel kon trek nie. Dit was ook nie van die ewigheid af bestem dat die

eerste geskape oergees moes val nie, ofskoon Ek van die ewigheid af

gesien het hoe hy sy wil sou rig. Dog, as hy moes val, soos julle ten

onregte aanneem, dan sou hy geen vrye wil gehad het nie en Ek sou geen

volmaakte Wese wees nie, as Ek My Wil op hom sou oorgebring het. Dit

alles moet vir julle, wat My volmaaktheid betwis, tog duidelik wees, julle,

wat julleself laat beïnvloed deur voorstellings wat die menslike verstand

julle voorlê om My en die suiwer waarheid te ondermyn. Ek kan nie dikwels

genoeg die foute weerlê wat steeds weer binnesluip in My Woord nie,

hoewel Ek My bodes, wat dit regstreeks van My ontvang, beskerm. Dog

sodra die verlange na die suiwer waarheid nie oorheers nie, kon My

teenstander ook ingryp en verwarring stig, deurdat hy in die eerste plek My

volmaaktheid betwyfel en dat dwaallere daaruit voortkom wat Ek steeds

weer uit die weg moet ruim, as Ek wil hê dat die waarheid aan die mense

gebring moet word. En dit is vir die einde baie belangrik, omdat My Wese

juis voorgestel moet word, om die liefde tot My te kan opwek wat Ek van

My skepsele verlang. En hierdie liefde kan slegs aan ‘n hoogs volmaakte

Wese geskenk word, wat nie die geringste onvolmaaktheid in Hom het nie.

Dit en waarom My eerste geskape gees geval het, is slegs aan My bekend,

maar dit is ook aan julle, sover julle in staat is om dit te begryp, duidelik

gemaak. Maar as julle My Wil daarmee in verbinding bring, wat elkeen die

hoogste geluksaligheid wil besorg, dan is dit van so 'n kras genre, (soort)

dat slegs ‘n on-ontwaakte gees, ‘n suiwer verstandelike denke kon versin.

Want My Wil is goed en sal nimmer iets teenoorgesteld teweegbring nie, Hy

sal homself steeds net volgens My Liefde kan uiter, dus in geen geval die

val van die eerste wese Self bestem het nie, maar egter elke wese ook met

sy vrye wil gelaat het hoe hy dit dan ook gebruik.

Omdat Ek van die ewigheid af op hoogte was daarvan en nou ook My

heilsplan daarop kon opbou, omdat Ek gesien het met welke haat hy My

nou sou weerstaan, het hy nou My teenpool geword, maar wat My nogtans

453

help met die verlossing van die enorme groot aantal van My wesens, al is

dit ook teen sy wil. Want een ding kon Ek nie doen nie: Om kinders vir My

te skep, omdat die vrye wil van die wese self daartoe werksaam moet

word. En dit was vanaf die begin My plan gewees, waarvoor die val van My

eerste wese in die diepte egter nie noodsaaklik was nie, want waarlik, Ek

het nog baie moontlikhede gehad om die doel wat Ek Myself gestel het, te

bereik. En gevolglik sou Ek nie Self iets gewil het wat ‘n sonde sou wees

teen Myself nie, waarvoor Ek dan die wesens ‘n eindelose lang gang in

ellende sou laat gaan het om weer dit te word wat hulle in die allereerste

begin was.

So 'n voorstelling van My Oerwese, wat slegs in die hoogste volmaaktheid

kan skep en vorm, is vals en sal steeds weer as vals gebrandmerk moet

word. Want in die diepste Liefde, in onoortreflike wysheid, het Ek vanuit My

Mag alles geskape wat is. En dit alles bewys ook My volmaaktheid, want Ek

skep niks sonder sin en doel nie en wil daarom ook as hoogs volmaak

gesien en bemin word. Amen

Voortsetting van 8859. (’n Groot dwaling word

reggestel)

8860 25 September 1964

Ek kan julle nie in die dwaling laat voortgaan nie; julle wat die opdrag

aanvaar het om die waarheid te verbrei en julle hiervoor in te stel, moet

daarom in die eerste plek weet waar dwaling binnegesluip het. Julle sal

ondervind dat mens alle geloofspunte sal ontsenu en dat julle dan sal moet

vasstaan, wat julle ook kan doen as julleself in die besit van die waarheid

is. Dan sal julle ook slaag om elke teenwerping te weerlê, want Ek Self sal

julle die woorde in die mond lê, wat Ek egter slegs dan kan doen wanneer

Ek in julle die wil sien om slegs die suiwerste waarheid te verdedig en julle

sal dan ook geen mens hoef te vrees wat julle geloof aan die wankel wil

bring nie. Daarom onderrig Ek julle tot in die kleinste en maak julle

opmerksaam waar die dwaling binnegesluip het, steeds hiermee

rekeninghoudend, dat julle eens julle standpunt daarteenoor moet bepaal,

maar julle sal ook kan standhou. Julle sal julle nie laat bangmaak nie, maar

steeds met My Woord die teenstander verslaan, wanneer julle op

teenspraak stuit. Want Ek sal julle nie sonder hulp laat nie. Ek ken elke

vraag en Ek sal dit vir julle beantwoord, sodat julle nooit verleë sal wees

om ‘n antwoord te gee nie. Steeds moet julle die mense vra of hulle niks

anders as die suiwer waarheid begeer nie, want slegs dit is maatgewend.

Die verlange na die waarheid is nog te min onder die mense aan te tref,

hulle vra nie innig genoeg om beskerming teen elke dwaling nie, om welke

rede hy ook dus kan ingryp vir wie hy homself in ag moet neem. Die mense

dink egter almal dat hulle die waarheid begeer, maar dan sou daar egter

geen dwaling by hulle kan binnesluip nie, want Ek behoed waarlik elkeen

454

wat My Wil dien in die verbreiding van die waarheid. Julle egter, wat die

egte waarheidsverlange besit, sal agterdogtig word sodra julle ‘n dwaalleer

ontdek en dan hoef julle slegs met My in verbinding te tree en Ek sal julle

altyd opheldering gee hoe so 'n dwaalleer kon ontstaan het en waaruit dit

bestaan. Daarom is die gebeure van die skepping op so 'n manier aan julle

duidelik gemaak, dat julle die Liefde, Wysheid en Mag van julle God en

Skepper as grond daarvan getoon word, sodat julle nou ook nie meer aan

Sy volmaaktheid sal kan twyfel nie. Amen

Voortsetting van 8860. (Het God die val

veroorsaak?)

8861 26 September 1964

Alles is aan julle duidelik gemaak met oorgrote Liefde, wat onbegrens is en

Homself aan elke skepsel skenk, ook aan die eens van My afgevalle

skepsele, want Liefde kan nie vergaan nie, Ek volg die verlorenes in die

diepte en poog om hulle weer te beweeg om terug te keer. Daarom het Ek

julle ook die skeppingswerk so beskryf, dat Ek ook die eerste wese met

grenslose Liefde omvou het, dat Ek My verheug het in sy geluksaligheid en

aan wie Ek nimmermeer My Liefde sou onttrek het as hy dit nie vrywillig

sou afgewys het nie. Maar Ek het julle ook duidelik gemaak waarin die vrye

wil bestaan, dat die wese homself kon verander en uit die ewige ordening

kon stap, en dat dit nie verhinder kon word nie, omdat hy ‘n vrye wil gehad

het, om homself uit My wet van die ewige ordening te verwyder. Die uitstap

uit My wet was die sonde, waartoe Ek egter nimmer ‘n wese gebring het

nie, aangesien dit in stryd is met My Liefde. Ek Self is in My diepste Wese

goed, in My is daar niks wat teen die wet gerig is nie. Ek kan ook geen

enkele wese haat nie, Ek sal hom voortdurend met My Liefde volg, maar Ek

kan nie die wese wat teen My gesondig het, geluksaligheid besorg nie. Ek

sou dit ook nie kan beweer dat dit My Wil was dat die eerste wese geval het

nie. Julle ken My nie in My oorgrote Liefde en Barmhartigheid nie, wat geen

harde woord spreek nie, ook al is julle skuld hoe groot. Ek konstateer slegs

wat in ooreenstemming is met die feite, sonder om egter toornig te word,

want My Liefde is groter as My "toorn" en wat Ek doen volgens My heilsplan

van die ewigheid, geskied altyd net uit Liefde wat tot in alle ewigheid na

julle toe uitgaan. Wie derhalwe van mening is dat Lucifer moes val om dan

vir My ‘n welkome werktuig te wees, om vir My as teenpool te dien, wat My

sedert die ewigheid bekend was met die voorbeskikking van die wese, want

hierdie wil was, omdat hy vry was, teen My gerig, sodat Ek gevolglik My

heilsplan op hierdie wil kon opbou. Dat ‘n wese so totaal kon verander wat

volmaak geskape was, dat hy ‘n haat teen My kon opbou wat onmeetlik

diep was, dit is nie aan My, wat die LIEFDE Self is, toe te skryf nie. Ek het

ook nie My Liefde aan die wese onttrek nie, omdat haat ‘n nie-goddelike

eienskap is, wat nooit ‘n plek in My kan vind nie, wat as gevolg van die

vrye wil, homself eindeloos ver van My kon verwyder, ook tot die diepste

455

haat kon omslaan. Dit beteken dus nie dat die haat in My aanwesig is nie,

dat Ek alles, sowel die goeie as die bose in My het nie. Alles wat in My is,

bevind homself in die goddelike orde, slegs hy wat homself van My

verwyder het, bevind homself ook buite die ewige orde.

Julle, mense moet begryp dat dit onwaar is om te dink om in My ook maar

die geringste verkeerde ordening te kan ontdek, want dan is Ek nie

volmaak nie, wat nou eenmaal slegs die goeie in die hoogste volmaaktheid

kan wees. Dat met My oneindige Liefde ook die geregtigheid saamgaan, is

wel die aanleiding tot allerlei nood en lyding wat julle mense aanbetref, wat

Ek egter baie graag ver van julle verwyderd sou wil hou, wanneer julle dit

sal toelaat deur die korrekte rig van julle wil.

En so ook het die verwydering van My eersgeskape wese mateloos

toegeneem en moet sodoende die afstand van My af aan homself toeskryf,

wat Ek terwille van die geregtigheid nie na goeddunke kan verminder nie,

maar hy sal vir My en My heilsplan die teenpool bly totdat sy uiteindelike

verlossing ook kan plaasvind. Daarom het Ek julle die skeppingsdaad so

verklaar, sodat julle nie in ‘n verkeerde gedagtegang beland nie, wat julle

sal laat twyfel aan My hoogs volmaakte Wese, wat alles buite Hom geplaas

het in die diepste Liefde. En waar liefde is, kan ‘n slegte gedagte nooit ‘n

wese voorbestem om te val nie, ‘n gedagte wat nooit van My kon uitgegaan

het nie, omdat Ek hoogs volmaak is. Amen

Voortsetting van 8861. (’n Groot dwaling word

reggestel)

8862 28 September 1964

Alles wat julle terneerdruk, moet julle aan My oorgee en Ek sal julle troos

en innerlike rus besorg, want vir My is niks onmoontlik nie. Dit is vir My ook

nie onmoontlik om julle die korrekte verklaring te gee waarom Ek dit nie

verhinder het dat vergissinge in sulke gewigtige vrae binnegesluip het nie,

soos hierdie van die "val van die geeste", wat My en My skeppingsdaad op

‘n ander wyse weergee as wat Ek dit vir julle duidelik gemaak het.

Steeds word die vraag gestel waarin die "bose" sy oorsprong vind en of Ek

alle goeie en slegte eienskappe in My het. Met hierdie vraag was al te veel

menslike dinkwerk verbonde gewees, aangesien die mense, steeds

uitgaande van hulself, ‘n gevolgtrekking oor My Wese gemaak het, daarby

egter nie oor die stuur van die suiwer waarheid nie, inteendeel om homself

‘n uitleg oor My Wese te gee en toe al het die inwerking van My

teenstander begin. So het julle reeds die rede dat ‘n dwaling in die

goddelike openbaringe ingang gevind het.

Sodra die beskerming teen verkeerde denke afgesmeek word, kan dit nie

gebeur dat so 'n dwaling binnesluip nie omdat Ek tot geen leuen in staat is

nie; maar die leuengees beantwoord eerder aan die menslike denke, want

456

hy het dadelik toegang tot die verstand van die mens, Ek kan My egter nie

teenspreek nie.

En omdat Ek nou die waarborg het dat die, bede om beskerming teen

dwaling, steeds hierdie “opskrywing” voorafgegaan het, aangesien dit

nou ook die tyd van die einde is waarin Ek ‘n liggees na die aarde

gestuur het, wat My bestuur en werksaamheid in alle waarheid aan

die mense moet verkondig; so bly dit nou slegs oor, om "hierdie

geskrifte" as teenoorgesteld synde aan die onware voorstelling (oor My) te

verwerp, of dit volledig te erken.

Julle, mense kan na eie goeddunke beslis of julle My as hoogs volmaak wil

erken, of dat julle My vir julleself voorstel met tekortkominge en dus ook

met die slegte eienskappe behep is. Dit staan julle mense vry wat julle wil

aanvaar, want ‘n misvatting is slegs in weinige gevalle reg te stel.

Daarom sê Ek: beproef alles en behou die beste. Maar dat daar dwaling

binnegesluip het, is verseker en daarom sal daar weer ‘n groot verlange na

die waarheid onder mense moet oorheers om in te sien wat volgens die

reine waarheid is. En weer is daar maar ‘n klein aantal wat die suiwerste

waarheid begeer, wat dan egter ook sal weet waar die menslike verstand

by betrokke was, sodat die innerlike stem oorstem word. Daarby kom dan

nog die menslike verwesenliking, waar die verstandelike denke weer daar

tussenbeide kom en die goddelike openbaring gedeeltelik waardeloos maak.

Om as dwaling herken te kan word, stel dan egter steeds net die verlange

na die waarheid voorop. Daarom het Ek My profesieë waar gemaak om dit

in elke eeu steeds weer te reinig wat opheldering nodig het. Daarom sal

daar ook nou weer twee rigtings ontwikkel en weer sal dit gaan oor

"meelopers" of dit vir hulle oor die suiwer waarheid gaan.

Dit gaan vir hulle steeds daaroor dat alles wat uit My ewige orde tree, nie

meer ooreenstem met My Wese nie, dat alles in sigself verander in die

teendeel, dat slegs Ek Self My egter in die ewige orde kan beweeg, dat

daarom ook die mens wat homself egter slegs deur sy verstand laat

beheers, homself reeds buite My wet bevind en hom invloed verleen wat

eweneens buite die ewige orde staan. En daarom weet julle nie hoe hoog

Ek julle versoek ag om te bid om julleself teen dwaling te laat behoed nie,

want hierdie bede waarborg ook waarlik die beste resultaat. En ook die

probleem moes eens ter sprake kom en daarom is "niks toeval" nie. Alles is

voorbestem om daaroor opheldering te kan gee, wat noodsaaklik is omdat

elke dwaling ‘n gevaar is vir die geestestoestand van die mens. Dog wie ‘n

verlange na die waarheid het, die neem ook aanstoot aan die (dwaal) leer.

Hy sal dit verwerp as ‘n onwaarheid, hy sal dit ondersoek en die beste

behou. Maar Ek kan geen mens met dwang daartoe bring om te vra nie,

want die versoek om beskerming teen dwaling moet hyself van binne-af na

My omhoog stuur. Waar die verlange na die waarheid egter so in die hart

veranker lê, daar is ook die waarborg vir die waarheid gegee. En hierdie

waarheid moet verbreiding vind, omdat die einde naby is. Amen

457

Die innerlike woord - Hoe ontstaan die bose?

8863 2 Oktober 1964

Sodra julle mense julle God en Skepper in My sien, sodra julle die korrekte

verhouding met My tot stand gebring het, naamlik die van ‘n kind met sy

Vader, staan julle ook in die korrekte verhouding tot My, dit wil sê, julle sal

vervul wees met diepe deemoed en julle sal wag om deur My aangespreek

te word, wat Ek niemand van julle sal weier wat op die korrekte wyse tot

My bid nie waarvoor die diepste ootmoed onherroeplik nodig is, want aan

die ootmoedige skenk Ek My barmhartigheid.

Julle mense moet julle egter vir My aanspreking oopstel, julle moet elke

gedagte wat in julle opkom, na ‘n innige gebed, as ‘n antwoord van My

sien. Want julle kan dan onmoontlik iets anders dink as wat dit My Wil is,

omdat Ek julle belowe het dat julle maar net op die goeie manier, dit wil sê,

in gees en in waarheid tot My moet bid, sodat Ek julle gebed kan hoor en

verhoor.

Tog hoef julle nie op ongewone resultate te reken, dat julle My nou

hoorbaar verneem nie, maar elke gedagte wat na innige gebed in julle

opkom, is My antwoord. En julle sal dan waarlik maar net goeie gedagtes

hê, wat nie uit ‘n ander bron kan ontspring as uit Myne nie. Julle moet

steeds weet dat Ek weet wanneer julle gedagtes op My gerig is en dat geen

gedagtes van die vyand julle dan kan tref nie. Julle moet weet dat Ek vir

julle lief is wanneer julle hierdie houding tot My het en nou kan Ek julle

gee na die mate van volwassenheid van julle siele, of Ek My hoorbaar kan

uiter, wat tog in ‘n heel enkele geval moontlik is. Wanneer Ek My egter

hoorbaar kan uiter, is elke dwaling uitgesluit. Want dan klink dit in julle

soos ‘n helder klokkie, julle word oorgelukkig wanneer julle My Stem so

verneem. En Ek kan julle dan openbaringe laat toekom van die diepste

wysheid en julle kan sulke openbaringe sonder beswaar glo en dit sal julle

geloof besorg.

Nou moet dit egter net in die oog gehou word, dat die mens homself

verstandelik besig hou met probleme en dat sy verstand ‘n verkeerde weg

kan gaan, waardeur die teenstander die moontlikheid gegee word om

tussenbeide te kom en die mens dan ook wel ‘n stem hoor, wat hom egter

nie gelukkig maak nie, maar ‘n ligte onbehae in hom opwek. En hierdie

stem los dan die probleem so op, soos wat dit met die wil van die mens

ooreenkom. Daarom is dit reg en nodig om by sulke vrae dringend te bid en

dat julle die versoek om beskerm te word teen dwaling, vroeër na My

opstuur, omdat hierdie bede julle teen die werksaamheid van die

teenstander behoed. Dan maak die mens homself gereed vir die antwoord

wat hy dan ook van Myself kry, aangesien die versoek die teenstander

wegdring.

En juis die vraag: Of die bose ook van My uitgegaan het, hou julle mense

ook vandag nog besig, net soos in die tyd van die openbaringe daaroor. Ek

kan julle egter steeds maar net sê dat Ek geen slegte gedagtes in My kan

458

oorweeg nie, dat alles slegs goed kan wees wat van My uitgegaan het. Hoe

het die bose dan in die wêreld gekom? In die denkvermoë van die wese het

julle die verklaring. Want hy was vry, en kon dus die goeie gedagtes wat

van My die wese toegestraal het, in vrye wil verander. En vrye wil beteken

om homself na alle rigtings te kan ontplooi. Dus is die bose gebore in die

vrye wil. Hulle was nie voorheen so nie! Dit is ‘n produk van die vrye wil.

Dit is omdat die denkvermoë van die wese hom geen beperking opgelê het

nie, ‘n skepping van hom, wat van sy mag blyke gegee het teenoor My en

My Wil, wat dus aangesien hy die gawe gehad het om te kan skep, nou ook

die "bose" skep, dat dit aan hom te wyte was, wat hy in die wêreld gebring

het en daardeur dus ‘n onrein wese geword het.

Steeds wil julle My, as die volmaakste Wese, die bose ten laste lê, wat

nooit in My ‘n plek sou kon vind nie. Dat My teenstander egter self sy

herkoms in die bose gevind het, dat hy sy denkvermoë binne homself tot

boos laat word het, omdat hy homself verwyder het uit die stroomkring van

My Liefde en wat as ‘n "uittrede" uit My ordening van die ewigheid was, dit

kan julle nie vir julleself voorstel nie. Dat hy, wat presies soos Ek, ‘n

selfstandige wese was en wat hom van My uit die toegestraalde goeie

gedagtes uit eie vrye wil verander en dit wel verander het, kan beskou

word as die begin van die sonde teen My. Want Ek het alle wesens die vrye

wil gegee, Ek het alle wesens met ‘n denkvermoë toegerus.

Hoe het dit dan gebeur dat nie alle wesens hulle vrye wil en hulle

denkvermoë op dieselfde wyse gebruik het nie? Hyself was die een wat die

bose uit homself voortgebring het, wat daarmee begin het, dat hy in

homself ‘n verkeerde liefde gevoel het, dat hy My die krag misgun het en

daaruit het dan al die bose voortgekom, maar wat die oorsprong in homself

het, omdat hy sy denkvermoë verkeerd gebruik het, wat Ek egter vanweë

die wilsvryheid nie kon verander nie, maar van My uit het daar geen

verkeerde gedagtes na hom toe gegaan nie.

Julle moet steeds besef dat die wese "Lucifer" iets anders was as die

wesens, voortgebring deur die wil en die krag van ons beide, maar dat Ek

vir My ‘n ewebeeld in hom geskape het, ‘n wese, wat presies so was soos

Ek Self en dat Ek ook die groot skeppingsmag aan hom gegee het en dat

dit derhalwe ook uitermate goed was. Maar die enorme aantal van die uit

ons voortgekome wesens het hom arrogant gemaak en hierdie

verwaandheid het sy denkvermoë tydelik vertroebel en dit was al ‘n geringe

opwelling van eieliefde wat teen My Wese gerig was. Daarom sê Ek: Wie sy

eie weg gaan buite My, hy verkeer nie meer in My orde nie. Die wese

Lucifer het met My gebreek en alles in hom verander tot "om in die grond

sleg te wees."

Hy het uit homself alle slegte eienskappe laat ontstaan en het hulle te

voorskyn gebring. Julle kan steeds maar net sê: Hy, as ook ‘n mag gelyk

aan My, het die bose in die wêreld gebring, egter nie dat Ek ook die bose in

My sou gehad het en op die wesens sou oorgedra het nie. Want die feit dat

459

daar ook nie-gevalle wesens was, moes julle oortuig het dat hierdie

denkvermoë nie tot die val sou hoef te gelei het nie, maar dat daar egter

vir My teenstander baie middele ter beskikking gestaan het om sy aanhang

netso tot ‘n val te bring.

Reeds die feit dat Ek, as die hoogste Wese, nie vir hulle sigbaar was nie,

maar hy egter, wat in alle volheid van lig gestraal het en hulle hom as hulle

God erken het, nieteenstaande die helderste lig, was ‘n rede tot verval, en

dit het homself oor ewige lang tye uitgestrek. Dus kon hy nie as "onsuiwer"

gees deur My geskape gewees het nie en kon die slegte eienskappe

homself langsaam ontwikkel maar nooit het dit sy oorsprong in My gehad

nie, daarenteen in hom, wat net soos Ek, magtig was, maar dat hy wel ‘n

begin gehad het wat hy baie goed geweet het. En so het die bose toe ook

begin toe die verval van die geeste van My begin het. Tot dan was alles

egter volmaak en dus het ook hy in alle volmaaktheid uit My voortgekom,

wat egter nie uitgesluit het dat hy sy begaafdheid anders kon gebruik het

as wat My bedoeling was nie.

En dit het dus sy "denkvermoë" tot stand gebring, wat Ek egter nie beskik

het nie, omdat daar van My af na hom toe altyd maar net goeie gedagtes

toegestroom het. En steeds weer wys Ek julle op die ontsettende groot

aantal van nie-gevalle wesens, wat eweneens ‘n denkvermoë gehad het,

maar wat egter in Lucifer die misbruik van kragte ontdek het. Hy, wat die

bose na die wêreld gebring het en Myself aan hulle as verantwoordelik

voorstel omdat Ek die bose in My sou gehad het en hy dan so ook die

mense wat daarvoor ontvanklik is, altyd op ‘n dwaalspoor kan bring. Amen

Troosryke woorde van die Vader

8865 10 Oktober 1964

As julle My maar onvoorwaardelik sou wil vertrou, dan sou daar niks in julle

lewe wees wat julle kon verontrus nie, want Ek het julle lot in My Hande. En

na gelang van julle vertroue in My kan julle dan gegee word. ‘n Swak geloof

verhinder My egter om julle so te bedien soos Ek dit graag sou wil doen.

Julle moet daarom alles na julle toe laat kom en nie eiemagtig iets doen

nie, want juis julle wat My wil dien, kan verseker wees daarvan dat Ek al

julle weë gelyk sal maak, as julle julleself maar altyd aan My Liefde en

Barmhartigheid toevertrou. Want vir My staan waarlik alle middele ter

beskikking en Ek lei julle lot soos dit goed is vir julle en vir die arbeid in die

wingerd wat julle nog vir My moet verrig, want julle kan dit tog wel vir julle

indink dat Ek dit Self wil dat julle nie die werk onderbreek nie.

Ook sal julle dit kan voorstel dat niks vir My onbekend is van wat goed is

vir julle nie en daarom sal julle ook gelei word waarheen en hoe dit My Wil

is. Ek sal die besluit vir julle maklik maak, want julle sal almal van die

korrekte denke wees. Dan weet julle ook dat Ek die spel in My Hande het,

dat julle moet meehelp en glo dat Ek julle ook verder sal bystaan. Want Ek

wil dat daar nog baie arbeid verrig word en julle moet julle kragte tot My

460

eskikking stel, want dit gaan dan om nog meer dwaling op te helder en te

bestry, wat julle egter slegs kan doen met My ondersteuning.

En sodoende het Ek ook getroue knegte nodig, wat ten eerste gewillig is

om geestelike leringe aan te neem en ten tweede om dit te versprei, want

die geestelike nood word steeds erger en die mense het dringend

opheldering nodig, sodat hulle instinktief die dwaallere kan afkeur en

tegelykertyd daarmee ook die waarheid kan aanneem en daarom nie

sonder enige geloof sal wees nie. Dat Ek julle nodig het vir hierdie diens,

moet vir julle al voldoende wees om ook My sorg vir julle en julle aardse

behoeftes begryplik te maak. Want eenmaal sal julle ervaar hoe geseënd

hierdie arbeid van julle was, ofskoon dit hulle nie dwing om te glo nie, maar

dat alles vir hulle vrystaan. Maar in die hiernamaals sal julle werksaamheid

duidelik sigbaar wees deur strale van lig. Dus kan elkeen wat op die “lig”

afgaan tot die insig van die waarheid kom en daar is min wat aan hulle krag

en lig verskaf, selfs wanneer julle moeite op aarde dikwels sonder resultaat

skyn te wees.

Daarom, glo dat Ek My dienaars op aarde deur alle gevare van liggaam en

siel heen lei en My Hande nooit van hulle afhou nie en maar net begeer dat

julle aan My sal vashou en My vertrou. Dan word elke knoop ontknoop, en

elke haglike situasie vir julle asof vanself opgelos, dat julle steeds weer My

welwillende Vaderhand herken, Wie merkbaar beskermend oor julle waak

en julle lei en julle geen skade laat ondervind nie. En hoe meer julle op My

vertrou, hoe meer sigbaar sal My hulp word, waaraan geen beperkinge

opgelê word nie. Amen

Die erkenning van Jesus – Laaste geloofs besluit

8866 11 Oktober 1964

Of na die dood van julle liggaam die poorte na die salige ewigheid vir julle

oop sal wees hang van die besluit van julle vrye wil af, of julle so’n noue

verbintenis met My het dat julle in My julle God en Verlosser erken, dat

julle My as Verlosser van sonde en dood erken en julleself volledig aan My

oorgee, naamlik dat julle nie meer My van Jesus kan skei nie en al julle

skuld na My onder die kruis bring en My om vergiffenis vra.

Ek vra werklik nie baie van julle om julle in die Koningkryk van glansende

lig te ontvang nie. Ek wil slegs dat julle My in Jesus erken, wat na die aarde

as die Seun van God afgedaal het om My as houer te dien, sodat Ek vir julle

sigbaar kon wees. Ek vra nie baie nie en tog vind julle dit so moeilik om die

Koningkryk van die hemel te wen, omdat julle trots en eie liefde moet

beveg en alle slegte gewoontes wat aantoon dat julle nog aan My

teenstander behoort, wat al hierdie ondeugde en slegte gewoontes aan julle

oorgedra het, met dit was julle so-te-sê, in ooreenstemming met hom en

die verste verwyder van My af en vir die grootste deel bestaan hierdie

slegte gewoontes nog in julle wanneer julle as mense op aarde leef; maar

met behulp van Jesus kan julle julleself maklik van dit bevry, want hy het

461

versterking van wil vir julle gewen. Dus is dit nie onmoontlik vir julle om

julleself van hierdie slegte gewoontes te bevry nie, maar dit hang af na wie

julle, julle wil stuur en dit alleen sal julle lot in die ewigheid bepaal.

Die kennis oor die verlossing deur Jesus Christus is huidiglik baie swak,

slegs weiniges glo in die werk van verlossing, gee volledig oor aan My en

maak gebruik van die genade verdien aan die kruis en verlang om hulself

van alle skuld te bevry. Hulle is verseker om verlossing te vind en kan deur

die poorte in My Koningkryk van glansende lig binnegaan.

Weer en weer spreek Ek met die mense en verduidelik aan hulle wat die

belangrikste is wat hulle moet weet van die werk van verlossing deur Jesus

Christus. Maar dat die meeste mense nie luister nie, dat nouliks één enkele

geestelike woord met hulle gespreek kan word, dit is die werk van My

teenstander, wat in die eindtyd alles inspan om hulle te verlei wie se geloof

swak is, deur alles aan hulle as ‘n legende voor te stel wat nie meer geglo

word nie. Ek kan My waarskuwing slegs herhaal, om ‘n stewige verbintenis

met My, julle God en Skepper te vestig en na die lig te strewe wat Ek in

elkeen van julle sal ontsteek, as julle slegs die ernstige verlange het om die

waarheid te vind. Dan sal julle ook lig oor Jesus en Sy werk van verlossing

ontvang en julle sal nie meer ongelowig wees nie.

Maar probeer om die lig te ontvang voor die godsdiens konflik begin, want

dan sal julle ‘n besluit vir of teen My moet neem. Dan sal julle moet vas

staan en julle sal voldoende kennis moet besit, dat julle geen teenspraak

hoef te vrees nie, dat julle Hom en Sy verlossingswerk oortuigend kan

belei. Maar hulle wie se geloof swak is en wat onder die minste druk sal

swig sal alle rede hê om die tyd te vrees. Want dit sal die laaste besluit

wees wat hulle betreffende hulle geloof voor die einde sal moet neem. En

dan sal dit duidelik word, hoeveel mense hulle geloof sal opgee en hoeveel

mense verlore sal gaan en gekonfronteer word met her-verbanning omdat

daar geen ander uitweg is nie.

Daarom kan Ek slegs bly praat met julle en alle mense vermaan om ‘n

stewige verbintenis met My te vestig, die wat My nog nie opgegee het nie

en nog op hoogte is van die Goddelike Verlosser, selfs as hulle geloof swak

is. Want dit is My ernstige strewe om hulle na geloof te lei, om hulle die

genade te toon van die werk van verlossing en hulle te vermaan om na die

ware lig te strewe, wat Ek graag in hulle wil ontsteek, dat hulle verlossing

van sonde en dood kan vind. Amen

Verskille in status van die geskape wesens

8868 14 Oktober 1964

Glo My dat Ek nog baie misverstand moet opklaar as julle in waarheid moet

lewe en dit verdedig. Julle het ‘n tenvolle verkeerde konsep van My

skeppings krag, wat onbeperk is en die geskape wesens met oneindige

oorvloed van krag toerus. Dus was hulle, soos Ek ook bekwaam om

voortdurend en sonder kennis van beperking skeppings in die heelal te

462

skep. Daarom is daar geen verskille in die graad van skeppings mag by die

wesens wat aan My getrou gebly het nie, wat nie vrywillig na ‘n ander

gebied as Myne beweeg het nie, waar Ek Self saam My skare die domein

van My skeppingskrag het. Alle wesens was volmaak geskape en dit

beteken dat nie een aan enige beperking onderworpe is nie, maar dat elke

wese ‘n taak gegee word wat hy bewus vervul. Maar een taak is nie meer

belangrik as ‘n ander nie en so is daar geen verskil van status nie. Al die

wesens se liefde bereik hul hoogtepunt in My en hulle streef inderdaad

altyd na My om selfs nog meer salig gelukkig te word deur die reaksie van

My liefde, wat julle mense nie deur enige norm kan meet nie. Slegs die

graad van liefde kan by wesens verskil wat die kloof oorkom sonder om

kindskap van God op aarde te bereik het, maar wat nietemin ‘n graad van

liefde bereik het en dit voortdurend wil verhoog. Hulle geluk, dat hulle uit

die diepte ontsnap het en die weg van evolusie moes loop, ken geen grense

nie. Hulle is bewus van hul huidige geluksaligheid en hul ewige lewe is die

voortdurende sing van lof en dankbaarheid. Hulle word ook toegelaat om te

skep en lewe te gee aan die heelal maar altyd ooreenkomstig hul oorvloed

van lig, wat voortdurend vermeerder.

Dus alles wat volmaak is ken geen grense nie, gevolglik kan daar geen

wesens wees wat voorrang neem nie en julle idee om hierdie wesens in

groep te verdeel volgens bekwaamheid is verkeerd, omdat die

volmaaktheid dit ongeldig maak. Dit is altyd menslike konsepte, omdat julle

min of meer onvolmaak gevorm is en dan hierdie eienskappe wil oordra aan

die absoluut volmaak gevormde wesens. Of die kleinste of die grootste

wese geskep word, dit neem dieselfde skeppings krag, omdat dit dieselfde

wonderwerk in My skeppings is. En die opperste volmaaktheid van die

wesens is die feit dat die een die ander help, dat nie een voorkeur bo ‘n

ander wil neem nie en daarom is die uitdrukking ‘engel’ of ‘argengel’ nie

geregverdig nie, maar alle wesens behoort aan My enorme skare van

geskape oergeeste, slegs julle mense dink dat die wêreld van geeste status

georiënteer is, omdat julle verskillende posisies vir julleself op aarde skep.

Terwyl julle nog ‘n lae graad van volwassenheid het sal die graad van liefde

ook verskil en julle kan nie in krag en mag skep nie. Julle moet poog om

hierdie graad van liefde te verhoog totdat julle, julle oer toestand weer

bereik, waarvandaan julle val in die diepte plaasgevind het. Bowendien

moet julle ook kindskap van God op aarde verwerf en vir hierdie doel kan ‘n

ligwese na die aarde kom vir ‘n missie, as hy voorheen op aarde gevaal het

maar ‘n graad van lig in die hiernamaals bereik het wat ‘n herhaalde

beliggaming regverdig. Slegs as elke nie-gevalle gees hierdie weg deur die

diepte sal neem om sy vrye wil te toets, hoewel hy nooit verder kan val nie,

eerder word die drang van die oer gees om te skep steeds kragtiger. Dan

sal hy voortdurend meer aandring op My krag van liefde en na My streef en

sal so met My krag skep, wat hierdie gees tenvolle deurdring. Die

volmaaktheid is egter onbeperk, of wat volmaak is ken geen grense nie. Dit

463

is so kragtig soos Ek Self en kan die grootste as ook die kleinste wesens

maak en vorm, want dit sal altyd die ellendiges help en bystaan om

geluksaligheid te bereik.

Julle kan dit slegs begryp wanneer julle weet wat die ‘liefde’ in sy oer wese

is en daarom beoordeel Ek alles deur die graad van liefde. Maar hierdie

beoordeling eindig sodra die wese volmaak is, want om volmaak te wees

beteken om oneindig geseënd te wees, dan is elke wese se liefde slegs vir

My bedoel as die uiterste volmaakste Wese, wat altyd sy verlange na liefde

wil bevredig en dit sal nooit eindig nie. Amen

Die weg deur die wêreld van Satan

8869 17 Oktober 1964

Die wêreld is die ryk van Satan, tog moet julle deur dit gaan omdat julle

almal nog min of meer verbind is aan die heer van hierdie wêreld,

aangesien julle nog nie die laaste taak voltooi het om op aarde te

vergeestelik nie. Julle is nog nie volmaak nie en daarom nog nie vry van sy

oorheersing nie. Nogtans, is julle almal bewus van My wil wat julle uitnooi

om julle naaste onselfsugtig lief te hê. Dus weet julle wat julle nader aan

volmaaktheid sal bring en daarom moet julle na een ding streef, om

julleself te bevry van selfsugtigheid en dit te verander in naaste liefde.

Op hierdie manier sal julle meer en meer afstand doen van sy wêreld, julle

sal deur hierdie wêreld gaan en dit sal geen houvas op julle hê nie, maar

moet julle bevry as julle julleself ernstig inspan om My wil te vervul. Dan

sal die lewe op aarde slegs ‘n kort fase wees op weg na julle ewige tuiste,

julle sal julleself bevry van alle kettings met My hulp, want dan is julle wil

na My gerig en waar julle doel is, daar is ook julle harte. Julle verlange is

na My en die aarde het niks meer om julle aan te bied nie en kan julle nie

meer terug hou op julle weg na omhoog nie.

Maar as julle nie hierdie verandering van eieliefde na onselfsugtige naaste

liefde uitvoer nie, dan is julle laaste kort reis oor die aarde nutteloos, dan

bly julle verbind aan hom wat julle terug na die diepte wil sleep. Maar Ek

kan julle wil nie dwing nie, julle moet self na hierdie verandering streef uit

eie wil, om onmeetlike geluk te bereik. Om hierdie rede kan julle nie bewys

gegee word van dit wat op julle in die ewige lewe wag as julle na My streef

nie, ook nie wat op julle wag as julle julleself aan My teenstander oorgee

nie, anders sal julle gedwing word om te glo, wat nie as “geloof” aanvaar

word nie.

Deur My openbaringe word alles egter verklaar aan julle en bowendien,

julle het in julle die sagte stem van julle gewete wat julle vermaan en

waarsku. Maar julle verdring hierdie stem in julle deur die wêreld en

ignoreer dit. Daar is geen enkele menslike wese waarvan die aandag nie op

die een of ander manier gevestig word op die gevolge van sy manier van

lewe nie en daarom kan niemand die verantwoordelikheid van hom afskud

wanneer hy by die ingang van die ewigheid staan nie. Weer en weer het Ek

464

die mense benader om hulle oor My wil in te lig wat niks meer vra as dat ’n

persoon hom vervolmaak in die liefde nie. Ek probeer om Myself onder die

aandag van mense te bring deur slae van die noodlot om hulle te forseer

om My in hulle nood aan te roep en Ek absoluut bereid sal wees om te help.

Nogtans, kan Ek Myself nie duideliker openbaar as deur My direkte

aanspreking van bo nie, sonder om enigeen se wil te dwing nie. Maar julle

glo nie en waardeer My Woord van bo nie as ‘n waarlike groot genade gawe

wat julle moet help om ’n besluit te neem nie. As julle julleself slegs met

die gedagte vertroud kan maak, dat My Woord waar is, sodat julle, julle

lewe dan dienooreenkomstig kan skik, sal baie bereik wees, want Ek let

selfs op die kleinste bietjie wil wat na My gelei word en help julle om julle

weg na My ten volle te vind, sodat julle nie meer te veel belang aan die

wêreld heg nie, dat julle die bande met die wêreld losmaak en so ook met

sy meester.

Ek beskou reeds die wil om julle los te maak van sy kettings as die eerste

stap op julle weg terug na My en sal elke verdere poging seën en sal julle

krag gee om julle totale verlossing van hom te verwesenlik. Nogtans, moet

julle die weg deur die wêreld gaan, want dit is julle laaste geleentheid om

julle van die heer van hierdie wêreld te bevry en julle moet hierdie laaste

wilstoets ondergaan as julle die geseënde Koningkryk wil ingaan. Amen

Ek wil julle lei in die waarheid – Die Bybel

8872 23 Oktober 1964

Die waarheid bly nie lank so suiwer soos dit van My uitgegaan het nie.

Daarom spreek Ek reeds tydens My lewe op aarde die Woorde: “Ek wil julle

in die waarheid lei” Want Ek wis dat ook My Woord wat Ek Self julle gebring

het, nie suiwer bewaar sal bly nie. En dit sal steeds die geval wees, sodra

menslike onvolmaaktheid hom daarmee besighou, sodra die suiwer Woord

in hande kom van onvolmaakte mense en hulle suiwer verstandelik ‘n

standpunt daaroor inneem. Steeds weer het Ek daarom My suiwer Woord

van Bo na die aarde gebring, maar ook steeds weer is My Woord misvorm.

Julle mense het dus geen waarborg dat die “boek van boeke" (die bybel)

gevrywaar is teen veranderinge nie, want Ek tas die vrye wil van die mense

nie aan nie. Ek kan alleen ‘n verkondiger van My Woord beskerm, as hy

homself onder My hoede stel en My om beskerming teen dwaling vra.

Julle mense is egter nie in gevaar om verkeerd te dink nie, wanneer julle in

gees en waarheid bid dat Ek julle gees mag verlig. Dan sal julle ook kan

insien waar dwaling ingesluip het. Dit is egter verkeerd om te beweer dat

Ek Self My suiwer Woord beskerm teen verontreiniging, omdat die vrye wil

van die mense dan in twyfel getrek sou kan word, wat egter met My

geestelike goed kan doen wat hulle wil.

En So moet julle ook by die "boek van boeke" besef dat daar deur die loop

van tyd veranderinge aangebring is en dat Ek dit nie kon verhinder nie,

vanweë die vrye wil van die mense. En daarom bleik ook steeds weer die

465

noodsaaklikheid van ‘n nuwe openbaring, wat die bestaande dwaling moet

uitwis.

Dus is dit alleen vir julle mense nodig om in die waarheid te wil lewe. Maar

julle moet julle nie vlei met die gedagte dat julle die waarheid met

sekerheid besit omdat julle dit uit die “boek van boeke" kan put nie: Anders

sou Ek nie helder en duidelik die Woorde gesê het: “Ek wil julle lei in die

waarheid !”

Julle moet egter ook weet dat die werk van My Gees altyd alleen ‘n

geestelike betekenis het. Dat dit vir My om die heil van die siel gaan, dat

Ek julle wat Ek aanspreek vir My wil wen. Dat alles wat Ek gesê het enkel

en alleen dus julle geestelike vervolmaking in die oog het.

Maar My geestelike aanwysings word kragteloos deur menslike

toevoegings, wat dan vals bleik te wees en aanleiding gee tot twyfel, soos

ook My Godelike woorde van liefde kragteloos word met menslike

aanvullings. En nou hou die mense so aan dit vas en wil dit nie meer opgee

nie.

Sodoende is dit te verstane dat die mense van toendertyd ook betrokke

geraak het by My Godelike woord, soos byvoorbeeld: dat vroue nie mag

onderrig nie. Dit was in geen geval My gebod nie, maar dit word in die tyd,

rekening mee gehou. Daar is egter geen enkele grond vir dit in die Godelike

woord nie, omdat uit My woorde tog duidelik te begryp is dat “Ek My Gees

sal uitgiet op alle vlees en knegte en diensmaagde sal profeteer”. Wat Ek

dus nodig vind om te verbeter, doen Ek deur My nuwe openbaringe. Maar

ook die het hul suiwerheid nie behou nie en moet weer gereinig word. Dog

Ek het julle die belofte gegee om aan julle die waarheid bekend te maak.

En daarom kan julle daarvan seker wees dat elkeen wat innig verlang na

die waarheid, dit ook sal ontvang. Want Ek laat niemand in dwaling

heengaan om My teenstander ten prooi te val, wat van ganser harte die

suiwer waarheid begeer nie.

Maar anders as deur nuwe openbaringe is dit vir My nie moontlik nie,

omdat vanweë die wilsvryheid van die mense, Ek hulle nie kan verhinder

om die oorspronklike Woord wat van My uitgegaan het, te misvorm nie. En

dat dit gebeur het is die oorsaak van die lae geestestoestand van die

mense, wat teen die invloed van die teenstander geen weerstand bied nie.

Maar Ek sal steeds sorg dat die “lig van waarheid julle bestraal, wat daarna

verlang”. Amen

‘n Hernieude verwysing na die einde

8876 29 Oktober 1964

Hoe dikwels was julle al gewys op die nabye einde, hoe gereeld word julle

aangespoor om nie onverskillig deur julle aardse lewe te gaan nie en ywerig

arbeid aan julle siele te verrig, maar julle doen niks om die vreeslike lot van

‘n hernieude kluistering, te ontgaan nie. Julle glo nie in hierdie aanwysings

nie, totdat dit julle dan met geweld sal oorval en julle dan nie meer in staat

466

sal wees om julle denke en wil te verander nie. Want die tyd wat Ek

daarvoor vasgestel het, word bewaar en die laaste dag sal kom soos ‘n dief

in die nag.

Tog sal julle nog voor dit flink uit die slaap wakker geskud word. Want elke

groot gebeurtenis werp sy skaduwee vooruit. En ook dit sal vir julle

onbegryplik voorkom, want die elemente van die natuur sal hulself op so’n

geweldige manier uiter, dat baie mense weggeruk sal word en daar ‘n groot

weeklaag sal opstyg. En tog sal hierdie natuurgebeure slegs tot gevolg hê

dat die mense minder as ooit die werksaamhede van ‘n hoogste Mag sal

aanvaar, dat hulle twyfel aan hierdie Mag groter sal word, omdat ‘n God

van Liefde nie daarin herken kan word nie, terwyl ontelbare mense hulle

lewe moet gee.

Maar hoe moet Ek julle ‘n teken gee van My Mag en Krag? Julle wat nie by

magte is om te glo aan hierdie Mag waaraan julle tog almal oorgelewer is

nie.

Spreek Ek julle aan met ‘n sagte stem, dan hoor julle My nie, want julle

sluit julle ore en oë en kan die sagte lig nie sien wat na julle toe straal nie.

En waar julle geen ag slaan op My sagte aanspreek nie, moet Ek harder tot

julle spreek, so hard dat niemand hierdie Stem meer kan ontken nie. Maar

vir julleself sal julle alle verskonings versin om maar nie toe te gee dat julle

deur God aangespreek word tot julle eie heil nie. Dog, diegene wat hierdie

waarskuwende stem herken, wat Myself sien in die woede van die

natuurelemente en hulle toevlug na My toe sal neem, sal ook gered word,

want al verloor hulle ook die liggaamlike lewe, gaan hulle tog met ‘n besef

van God oor in die ewigheid in en daar kan hulle weg omhoog voortgesit

word. Maar nie lank na hierdie ingrype nie, sal die einde kom, al klink dit

vir julle nog so onwaarskynlik.

Die einde is voorsien sedert ewigheid en niks kan My beweeg om daarvan

af te sien nie, want Ek dink daarby nie net aan die mens wat in sy laaste

wilsproef faal nie, maar alle skeppings lê My na aan die hart, wat in hulle

ontwikkeling nog onder die mens staan, maar wat ook My wesens is aan

wie Ek My medelye wil skenk en hulle opwaarts wil lei. En vir die doel moet

die aarde hernu word, die oppervlak van die aarde moet ‘n totale

verandering ondergaan en die dag hiervoor is definitief vasgestel. En julle

moet gesê word dat julle moet let op die tekens van die tyd, dat Ek julle

gesê het: "dit sal wees soos ten tye van die sondvloed". Met volle teue sal

die mense geniet, hulle sal geen uitweg meer vind uit hulle sondes nie,

want hulle hou maar net van hulself en hierdie verkeerde liefde veroorloof

hulle alles.

En daar sal ‘n verwarde denke plaasvind, omdat niemand meer sal ag slaan

op die goddelike woord wat aan hulle Sy Wil duidelik te kenne wil gee nie.

En dan kan julle nog ‘n kort tyd van geloofstryd verwag en dit is die laaste

fase voor die ondergang, dit is die tyd waarin myne hulself sal moet bewys,

waarin hulle My moet bely as hulle Meester en God, as hulle Verlosser, om

467

dan gered te word, om binne te kan gaan in die paradys van die nuwe

aarde.

Die uur van die oordeel is baie naby en tog wil die mense niks daarvan hoor

nie en hulle aardse lewe verder in onverskilligheid en gewetenloosheid leef,

en al maak hulle hiervan ook hoe baie ophef, die geloof daaraan ontbreek

hulle en sonder geloof sal hulle nie hulle lewenswandel verander nie. Maar

die dag sal kom soos ‘n dief in die nag en diegene kan homself gelukkig ag

wat My woorde geglo het en so sal lewe dat die dag hulle geen skrik sal

aanjaag nie, wie daarom ook sal standhou tot aan die einde. Amen

Misvormde leerstellings moet gekorrigeer word

8877 30 en 31 Oktober 1964

Dit sal julle, mense nie geluk om die suiwere waarheid te weerlê nie, julle

sal julle steeds daaraan kan hou wat deur My Gees tot julle gekom het.

Want al het die woord julle d.m.v. gedagtes toegestroom, dit is en bly altyd

My woord, wat julle nie sal kan hoor, as julle julleself nie reeds so gevorm

het dat "My Gees" Hom in julle kan uitstort nie. Want julle gedagtes is dan

m.a.w. deur My gelei, julle sal niks verkeerds kan dink, as julle julleself

tevore reeds aan My oorgee het en My vra om julle die waarheid te stuur.

Maar dit is anders, as ‘n mens die voorwaardes nie vervul wat die

werksaamheid van My Gees in hom toelaat nie. Dan kan hy ook nie seker

daarvan wees of sy denke verkeerd is nie, dus die denke onware weë gaan.

So is dus allereerste nodig dat julle moet ondersoek of en in hoeverre van

geestelik werksaamheid gepraat kan word, wat maklik vas te stel is,

wanneer die mens in hom tot nou toe onbekende kennis toegestuur word,

‘n kennis wat hom die geheime van die skepping onthul en hom uitsluitsel

gee oor die sin en die doel van sy bestaan op aarde. Wanneer die kennis

egter uit boeke gehaal word, wanneer ‘n mens hom met die beskikbare

geestelike leringe besighou, kan hy van homself nie sê dat hy deur My

Gees vervul is nie. Weliswaar kan sy denke ook waar wees as hy (die

vervulling van) die nodige voorwaardes kan laat sien. maar dan sal ook die

geestelike leringe wat deur My werking na die aarde gekom het, geen

omvorming ondergaan nie. Wanneer egter sulke veranderinge hul tog

voordoen en Ek hierdie Self korrigeer, dan moet steeds die vraag gestel

word: "Wie is deur die Gees van God verlig?".

Ek lei vir My geen draers van die waarheid op sonder om hul die suiwere

waarheid oor te bring nie. En wie Ek daartoe aangestel het om vir die

waarheid op te kom, die het Ek opnuut die taak toegewys, om kennis van

My in ontvangs te neem en dit te beskou as ontvangs van die suiwere

waarheid. Want Ek weet waarlik waar die dwaling binnegesluip het en

steeds sal Ek ‘n foutiewe leer korrigeer. Maar dit staan vas: dat My

teenstander die kuns verstaan om julle weer in die duisternis te stort, as dit

hom geluk om julle geloof in die waarheid te laat wankel, sodat julle as ‘n

dienaar wat My toegewyd is wat dit in ontvangs neem te mislei en julle sy

468

eie ideës voor te spieël, wat julle nou ywerig verdedig en dit vir My

daardeur moeilik maak, om julle weer die suiwere waarheid te bring. Want

die dwaling lei julle nie na die doel nie.

(31 okt.) En as julle nie in die diepste van julle harte vervul is met verlange

na die suiwer waarheid nie, dan sal julle ook nie in staat wees om julle van

onware opvattings te bevry nie. Julle blik is vertroebel, dit het nie by die

eenvoudige verbreiding van My woord, wat julle gegee is deur ‘n dienaar

wie se gees gewek is, gebly nie, omdat daar soveel medewerkers, wie se

gees nie gewek was, daarby betrokke gewees het. Hulle gee eiemagtig

verklarings daaroor of verander die oorspronklike teks, maar hulle het die

werk nie gehelp nie maar geskaad. En Ek kon hul dit nie verhinder nie

vanweë hul vrye wil. Die eenvoudige, duidelike woord wat die mense

gelukkig moes maak, het aan waarde verloor, sodra die mense hulle

daarmee besighou, om die oorspronklike tekste te verbeter en dit te vorm

na die gebruiklike spraakgebruik.

Julle, mense dink aan die lang tyd en dat die werksaamheid van die

teenstander in die eindtyd steeds meer die verandering van My woord

betref. Bedink dat hy hom van die wêreldgeeste bedien om die mense te

fasineer, bedink dat alleen hulle wie se gees gewek is, vir die goed sorg kan

dra en dat alleen dan ‘n beskerming van bo vir hierdie dienare gewaarborg

was dat hulle dan ook by die waarheid sou gebly het, maar dat daar geen

waarborg gegee was by wêreldse medewerkers wat nie vry was van

wêreldse belange nie, wat ook van sulke nuwe openbaringe ‘n wêreldse

aangeleendheid maak.

Daarom kies Ek vir My steeds mense wat van die wêreld afgekeer is. Aan

wie Ek My kan openbaar, omdat die oorwinning van die wêreld die hoof

voorwaarde is om My openbaringe na die aarde te kan stuur. En hulle hoef

hulself heeltemal geen sorge te maak oor hul aardse behoeftes nie. Is ‘n

mens My so toegedaan dat hy alleen vir die verbreiding van hierdie

openbaringe opkom, dan sal hy op die laaste plek ‘n bron van inkomste

daarin soek, omdat hy weet dat Ekself vir hom sorg. En solank ‘n

"opnamevat van My Gees" hierdie instelling het sal hy ook die suiwere

waarheid verbrei, want omdat die gees in hom gewek is, sal hy ook elke

verkeerde leer afwys.

Maar hoe lank bly ‘n geestelike leer suiwer, wanneer dit weer deur mense

onderhande geneem word wat nie net so suiwer is en nie bereidwillig My

dien nie? En daarom moet Ek steeds weer My Gees uitstort in ‘n rein

opnamevat, sodat dwalinge aan die lig kom, wat Ek nou weer moet

korrigeer. En as Ek julle nou sê dat selfs die boek van die boeke nie meer

suiwer en onvervals is nie, dan sal julle ook rekening daarmee kan hou, dat

die nuwe openbaringe ook nie so suiwer bewaar word, dat dit geen

korreksie sou benodig nie. En wanneer die dwaling daarin bestaan dat My

volmaaktheid in twyfel getrek word, dan is duidelik die inwerking van My

teenstander te herken, wat in die laaste tyd alles probeer om die liefde tot

469

My, wat alleen julle met My verbind in tyd en ewigheid, in julle te verstik.

Amen

Oor die vraag: Waarvandaan het die bose uitgegaan?

8882 14 November 1964

Ek wil julle help in alle geestelike nood, want julle bevind julleself in

geestelike nood as julle die suiwer waarheid moet verdedig en self nie weet

of julle denke korrek is nie. Net soos julle, het My kneg* homself eens met

hierdie vraag so tot My gewend. Dog ‘n lang debat het die probleem

voorafgegaan waarby bostaande gedagte oorweeg was. Dus het die mens

vir homself vooraf al ‘n mening gevorm voordat hy hierdie vraag aan My

voorgelê het. En hierdie vraag was so beantwoord soos wat die menslike

verstand dit uitgedink het. En omdat hierdie vraag hoogs belangrik was en

van die beantwoording daarvan ook die laaste diepste geheim afhanklik

was, naamlik My Volmaaktheid, het My teenstander ‘n maklike spel gehad

om die antwoord op sy manier aan hulle te gee. *(Jakob Lorber.)

Hy kon telkens tussenbeide kom, sodra hierdie vraag opgebring word, want

dan spreek Ek nie meer Self deur My kneg nie, maar hy leen vrywillig sy

oor vir die teenstander, waarteen Ek niks kon doen nie, omdat dit die vrye

wil was wat aan My teenstander voorrang verleen. Hierdie voorstelling is

moeilik te glo, aangesien My kneg homself heeltemal aan My ter beskikking

gestel het. Hy moes egter nie vooraf ‘n kwessie, wat suiwer menslik

beantwoord was, bespreek het met sulke gespreksgenote by wie My

teenstander nog kon binnekom nie.

Die antwoord was dus al deur die ander gegee, terwyl My antwoord sag in

sy hart weerklink het, wat hy ewenwel nie aangeneem het nie. Want die

gedagte dat die bose ook van My “uitgegaan het" lê by hom veel eerder

voor die hand, as die gedagte dat die teenstander self die bose in die

wêreld gebring het. En wanneer ‘n mens die ware verlange na die waarheid

het, sou hy onmiddellik die ongeloofwaardigheid ingesien het van wat as

geestesproduk aan My kneg toeskyn. Want die absurditeit dat leuen en

waarheid, haat en liefde, dus alle teenstellinge hulle oorsprong in My het,

wat vir elke denkende mens aanleiding moes gewees het om die goddelike

oorsprong van hierdie openbaringe in twyfel te trek. Dit geld slegs vir die

openbaringe oor die "oorsprong van die bose".

Dit moet steeds met die gedagtegang van die mens in verbinding gebring

word, wat hierdie probleme oordink. Dat daar egter met verloop van tyd

ook baie veranderinge ontstaan het, kan ook nie ontken word nie; om

welke rede Ek steeds weer ‘n suiwering moet aanbring, omdat deur sulke

wysiginge, ook ‘n verandering van die sin ontstaan het. Hierdie wysiginge

kan egter nooit aan My kneg ten laste gelê word nie, maar het in die loop

van tyd tot stand gekom. En soos Ek julle steeds weer sê dat die doel van

My teenstander is en bly om julle in My Volmaaktheid te laat twyfel, om

julle te verhinder om My julle volkome liefde te besorg, dan sal julle ook

470

egryp dat hy homself van elke mens, wat lou en onverskillig is en wat dus

nie so heg met die waarheid omgaan nie, bedien om die doel te bereik. En

steeds weer is daar mense te vind wat wil saamwerk, wat nie geskik is

daarvoor nie.

Wanneer dit egter om sodanige vrae gaan waarby julle mense op ‘n

dwaalspoor gebring word, dan moet Ek ingryp en weer mense kies wat My

in getrouheid en nougesetheid sal dien. Ek moet dan My Wese so aan hulle

voorstel soos wat dit is, sodat hulle My ook kan liefhê uit heel hulle hart en

met heel hulle siel. Dan moet Ek ook dwalinge regstel wat ‘n gevaar inhou,

want geen dwaling bly sonder gevolge nie. En wie in ‘n dwaling verstrik

raak, sal moeilik wys kan word daaruit en hy sal nie kennis aanvaar wat hy

moet glo nie en uiteindelik sy geloof heeltemal verloor.

Ek het julle egter die belofte gegee dat Ek julle sal binnelei in alle waarheid

in. En so ook sal julle opheldering ontvang, wanneer julle ernstig daarvoor

vra en die weg neem na My, wie alleen vir julle die waarheid kan gee, wat

julle met My verbind in alle ewigheid. Amen

Voortsetting van 8882. (Hoe ontstaan die bose)

8883 18 November 1964

Wat julle ook al mag terneerdruk, kom met al julle sorge na My toe; want

slegs Ek kan julle help en Ek sal julle ook help sodra julle julleself aan My

toevertrou. Maar Ek verlang van julle ‘n vaste geloof in die waarheid van dit

wat julle deur My Gees verneem het. Want slegs die sterkte van julle geloof

stel julle in staat om My onvoorwaardelik te vertrou, sodat Ek julle niks

anders as die suiwer waarheid kan aanbied nie. Maar as julle die waarheid

ingesien het, is dit ook julle plig om dit uit te brei. Want niks is gevaarliker

as om ‘n dwaling te duld, wat onvermydelik ‘n groter dwaling tot gevolg sal

hê nie.

Want die dwaling is die middel van die teenstander om julle na benede in

die duisternis te trek. Ek wil egter dat die suiwer waarheid ingang vind, en

het My dienare die opdrag gegee om vir hierdie, deur hulle ingesiene

waarheid, op te kom, om dus elke dwaling uit te roei, want slegs die

waarheid lei na die voleinding. En die waarheid is en bly vir ewig: Dat julle

almal uit My Liefde voortgekom het en daarom ook in alle volmaaktheid,

dat julleself egter uit die ordening getree het en gevolglik sondig geword

het.

Steeds weer sê Ek vir julle dat My teenstander, wat eens as My ewebeeld

geplaas was as hoogste liggees, deur sy verval van My, eerste die sonde in

die wêreld gebring het; dat Lucifer dus, wat as My ewebeeld met gelyke

skeppingsmag toegerus was, op grond van hierdie mag die sonde uit

homself voortgebring het; dat die sonde vooraf in geen enkele wese

aanwesig was nie en dit daarom absoluut foutief is dat Ek Self in My die

suiwer teenstellinge sou hê. Dan sou Ek nie volmaak gewees het nie en sou

ook nimmer die volmaakte kon geskep het nie. Juis soos wat Ek slegs die

471

goeie, die goddelike in My het, net soos wat die Liefde die vernaamste

beginsel was, het Lucifer presies net so, na sy sondeval, die bose in

homself. Alles in sy wese het totaal verander, hy het aartsboos geword, hy

was deur sy haat gedrywe en sy wese was maar net leuens en heeltemal

van die waarheid afgewend.

Maar nooit as te nimmer kan julle in My leuens en waarheid, duisternis en

lig, haat en liefde, dus al die teenoorgesteldes aanneem nie, want dit sou

nie ooreenstem met ‘n volmaakte Wese, Wie se oersubstansie LIEFDE is. Al

hierdie eienskappe kleef wel die mense aan en dit is die gevolge van die

afwysing van die krag van My Liefde. Wanneer Ek ‘n wese volmaak geskape

het, dan beteken dit dat hy geheel en al in My ewige ordening verkeer en

hy sou hierdie ordening vir ewig nie omver hoef te werp nie.

Maar daar was ‘n tweede mag aan die werk, wat in dieselfde mate haar

krag negatief gebruik het en hierdie negatiewe krag ook op wesens

oorgedra het wat afgeval het, wat dus die aanstraling van My Liefde

afgewys het en hulself daardeur by die mag geskaar het wat alle slegte

eienskappe oorgedra het op hierdie wesens. Dit alles was die gevolg van

die afval van My, wat Lucifer ten laste gelê moet word, want in My is

waarlik niks teenstrydig aanwesig nie, aangesien Ek andersins geen God

van Liefde genoem kan word nie, as haat reeds in My veranker sou wees;

en ook sou Ek geen God van waarheid gewees het, as leuens homself

tegelykertyd in My bevind het nie.

Julle, mense moet tog helder dink, julle spreek iets uit wat nie met die

beeld van God ooreenkom nie, wat Ek van die ewigheid af is en sal bly: ‘n

Hoogs volmaakte Wese, wat in alle volmaaktheid werk en kon skep, wat

geen onvolmaakthede in Hom het nie, Wie se Liefde geen einde het en ook

na die gevalle wesens sal uitgaan tot in alle ewigheid. Dat My teenstander,

wat eweneens magtig was, sy mag so sou misbruik het om sodoende ‘n

wêreld te skep wat teenstrydig was aan die wêreld van suiwer geeste, dit

kon hy wel doen, omdat sy vrye wil alle eienskappe nagestreef het wat in

stryd was met My volmaakte Wese en hy het dan al hierdie eienskappe

oorgedra op die leër van afgevalle geeste.

Waar Ek Self dus suiwer Waarheid is, daarteenoor het hy die leuen geplaas.

Waar Ek Liefde skenk, daar bring hy haat voort. Waar Ek lig gee, daar

versprei hy duisternis. Hy plaas alle goeie eienskappe, wat in die goddelike

veranker was, om in die bose en sy invloed het sterker geword, hoe meer

die wesens hulself teen die straling van My Liefde verset het. Uit hom het al

die bose voortgekom en die mense is min of meer met sy erflike kwale

belas. Die hele aardse wêreld is ‘n wêreld van weerstand teen My, maar

wat My oneindige Liefde eenmaal sal breek.

Want dit moet julle weet, dat Lucifer eens die geluksaligste wese was, in

alle volmaaktheid geskape en ook eindelose tye in hierdie geluksaligheid

gebly het. Dat hy egter toe hy My Liefdeskrag afgewys het en die bose uit

eie beweging geskape het, as gevolg van sy mag en hy nou My teenpool

472

geword het. En almal wat hom gevolg het, het sy slegte eienskappe

oorgeneem en My teenstand gebied. En die afwysing van die krag van My

Liefde het tot gevolg gehad dat hulle hulself verhard het, tot materiële

skepping omvorm was en ‘n eindelose lang gang deur die skepping sou

moes gaan om nou, as mens, te stry teen alle nie-goddelike eienskappe,

wat deur Lucifer op die gevalle wesens oorgedra was.

En nou kom dit daarop neer of hulle die aanstraling van Liefde weer

vrywillig sal aanneem, want My Liefde is almagtig en Ek sal eenmaal bereik

dat elke wese homself sal oopstel en My Liefde sal begeer, wat egter ook

aan die geluksaligste wesens behoort wat nou ook hulle doel bereik het,

naamlik om My kind te geword het wat nooit meer van My af sal weggaan

nie, wat hulself weer met My verenig het en weer volmaak is, soos wat dit

van die allereerste begin was. Amen

Voortsetting van 8883. (Waarvandaan die bose

uitgegaan het)

8884 11 November 1964

Ek kan geen dwaling duld nie, maar steeds moet julle julleself as ‘n

geskikte opnamehouer vir My beskikbaar stel, waardeur Ek die suiwer

waarheid na die aarde kan lei. Daarom is Ek ook aan wette gebonde, want

My teenstander eis dieselfde reg op. Dog slegs met die onderskeid om julle

mense, in die dwaling te verstrik. En alhoewel Ek mag oor hom het, wend

Ek dit tog nie aan nie. Ek laat dit aan die mens self oor hoe hy homself

teenoor die dwaling instel. Maar steeds sal Ek hom daartoe beweeg om

homself grondig besig te hou met die dwaling. Want hy moet elke opvatting

ondersoek, hy moet oor alles nadink, maar nie blindelings aanneem wat

hom as "waarheid van My" aangebied word nie; want steeds weer kom My

teenstander tussenbeide waar daar maar geleentheid vir hom gebied word.

Dit is nie Ek wat julle ‘n verkeerde denke binnelei nie, Ek sal elkeen wat

ernstig die waarheid begeer, dit ook besorg, maar Ek kan dit nie verhinder

wanneer julle aan sy influisterings gehoor skenk nie.

En so ook kon Ek hom nie belet om ‘n totaal valse voorstelling te gee oor

My eintlike Wese nie. Julle het dit ook aangeneem, omdat julle hierdie

vraag al dikwels self aan hom gestel het en hy dit dus vir julleself in julle

gedagte beantwoord het om julle op ‘n dwaalspoor te lei en dit is juis

hierdie belangrikste vraag: "Van waar het die bose uitgegaan" sal hy dit vir

julle so beantwoord soos julle dit self sou wil hoor, maar baie afwykend van

die waarheid. En Ek moes eers ‘n suiwer opnamehouer vul om julle alle

gebeurtenisse van die skepping uitvoerig te verklaar. Ek moes trag om dit

vir julle te motiveer, dat Ek as hoogs volmaak gesien wil word. Ek moes

aan julle mense bewys dat Ek julle weer Self aanspreek om nou ook hierdie

dwaling reg te stel, wat van My ‘n valse beeld gegee het, ‘n beeld, wat

menslik gesproke, My Wese met menslike swakhede en gebreke laat sien,

dus om onvolmaak te wees.

473

Maar ook nou weer sal slegs die mens hierdie regstelling aanneem, wie se

wil ernstig na die waarheid verlang. Meestal hou die mens egter ‘n

vergissing as uitgesluit, omdat My kneg (Jakob Lorber) My heeltemal

toegewyd was. En tog het My teenstander nog ‘n maklike spel gehad,

deurdat hy die misverstand beïnvloed het, wat hom vooraf al ‘n verklaring

gegee het en My nie ernstig om beantwoording van juis hierdie vraag

versoek het nie, wat buitengewoon belangrik was en van die begrip van die

Wese van die Godheid ‘n sodanige valse beeld gegee het, dat dit toe

moeilik was om aan My volmaaktheid te glo. En dit is ook aan elke mens

afsonderlik oorgelaat om vir homself ‘n beeld van My te vorm volgens sy

eie wil. Maar hy moet opmerksaam gemaak word op ‘n dwaling wat hom

totaal verkeerd laat dink. Hy kan nie vir ‘n bewys vra nie, maar hy sal dit

glo as hy My trou toegedaan is en steeds net na die waarheid streef. Amen

Die duisternis word groter

8889 29 November 1964

Al julle denke moet ooreenstem met die Waarheid wanneer julle julleself

tenvolle tot My beskikking stel, wanneer julle alleen My wil dien en julle

heeltemal aan My oorgee, sodat Ek julle kan stuur en lei. Dan het julle nie

meer nodig om julle te bekommer dat julle in die hande van My

teenstander kan val nie, dat hy julle vir sy eie doel gebruik nie, want dan

staan Ek Self tussen julle en hom, Ek die Oer Lig van ewigheid en dan is

julle My ware dienaars wat in My Naam spreek en opstaan vir die waarheid.

Maar dit moet julle weet, dat daar nog baie foute onder die mense is, dat

verkeerde idees hulle vir dekades en eeue handhaaf, wat eenvoudig nie

verwyder kan word nie, omdat hulle so stewig geanker is en wat slegs

deur My direkte openbaringe van bo reggestel kan word, wat geglo moet

word. Dit kan Ek nietemin nie doen nie weens die vryheid van wil van die

mense en die hulpmiddele wat Ek gebruik word veroordeel as dienaars van

Satan, want hooggeplaasdes van die kerk het hulle met probleme besig

gehou en hulle advies kon nie teengespreek word sonder om ’n persoon se

eie lewe in gevaar te bring nie. En as hulle volhou dat Ek Self beslis wie

geluksaligheid sal bereik en wie veroordeel word, sal ‘n gewone persoon

deur wie My gees kon werk nie na geluister word nie omdat hulle niks weet

oor die werking van My Gees in die mens nie. Want as ‘n mens dergelike

vals dogma kon belei, moet sy denke volledig verwronge wees, hy sou

geen liefde besit wat sy gees kon verlig nie.

En dit is ook hulle wat die mense ‘n heel verwronge beeld van My en My

aard gee, sodat dit vir mense onmoontlik was om My lief te hê, hulle kon

My en My Mag slegs vrees. Dus trek die mense hulle verder weg van My,

aangesien hulle geen liefdevolle Vader in My herken nie en hulle nie

toegelaat was om self na die waarheid te soek nie, anders kon hulle op My

vertrou het en Ek kon My aan hulle geopenbaar het. Nogtans het Ek altyd

met hulle gespreek wie deur hulle gees My wou hoor en Ek het aan hulle

474

geheime van die skepping geopenbaar wat Ek alleen, aangesien Ek die

Ewige Skepper is aan hulle kon openbaar en Ek het hulle inligting gegee

aangaande die betekenis en doel van die skepping en oor hulle verganklike

lewe.

Maar daar was altyd slegs weiniges wat hierdie kennis aanvaar het omdat

dit as valse leer belaster was en hulle wou nie die Goddelike invloed daarin

erken nie. En soveel valse leerstellings was versprei dat elke denkende

persoon sy geloof sodanig verloor het dat hulle saam met die valse

leerstellings ook die waarheid verwerp het en spoedig elke godsdienstige

verbintenis verloor het, tensy hy ‘n denker was, wat oor homself en sy

bestaan nagedink het, waarby Ek sy denke kon verlig.

Maar deur die invloed van My teenstander het die aantal van hulle wat na

lig verlang het gedaal, sodat daar altyd weinig individue was aan wie Ek

Myself kon openbaar en hierdie sal groot moeite hê met die regstelling van

die wydverspreide dwalinge wat deur die massa’s aanvaar is. As die

mensdom in waarheid geleef het, sou die toestand op die aarde nooit wees

wat dit nou is nie, harmonie en vrede sou regeer aangesien dit die resultate

van waarheid is. Nogtans forseer die lig nie sy weg nie en die idee dat die

lig skielik sal deurbreek en alle duisternis verdryf is ook verkeerd, want die

duisternis sal groei tot die einde en slegs geïsoleerde ligvonkies sal skyn en

die harte van hulle verlig wat lig verlang, tot aan die einde wanneer die

EWIGE LIG SELF op die aarde sal skyn, maar slegs sigbaar vir hulle wat

verlang om by My te bly, terwyl ander in die duisternis sal afdaal. Want die

lig kan nie wees waar dit weerstaan word nie. Die wêreld, nietemin, is vol

weerstand en daarom in uiterste duisternis.

Op die nuwe aarde sal die lig egter helder skyn; dan sal die teenstander se

mag verpletter wees, hy sal weer gebind word vir ‘n lang tyd, en gedurende

die tyd sal daar weer eens waarheid op aarde wees, wat deur My engele

aangebied sal word wat in konstante kommunikasie met mense oor die

nuwe aarde sal wees. Dan sal die lig deurgebreek het en die skadu verdryf

wees, wat nooit op hierdie aarde kan gebeur terwyl die teenstander nog

aktief is en die mense hulle nie teen hom verset nie.

Maar hy wat reeds hier op aarde hom in die lig bevind sal dit ook behou,

want die lig van bo kan nooit geblus word as dit êrens deurgebreek het nie.

Daarom vermaan Ek alle lig-draers om die gewilliges nog in hulle range in

te trek, die wat hulle nie verset wanneer ‘n lig na hulle skyn nie. want die

tyd nader nou die einde en hulle wat hulle weg hier, nie na die lig vind nie,

sal deur die duisternis ingesluk word. Hulle lot sal dieselfde wees as die van

My teenstander, hulle sal weer vir ‘n eindelose lang tyd gebind word. Amen

Hoe lank het die leer van Christus suiwer gebly?

8890 5 Desember 1964

Ek neig Myself tot julle wat deur My aangespreek wil word, met vrae wat

julle oordink wat alleen Ek julle kan beantwoord. Die vraag is al baie na

475

vore gebring, hoe lank die leer van Christus suiwer gebly het en deur welke

oorsake dit verontreinig is? En Ek het julle steeds so ingelig, dat dit suiwer

gebly het solank ‘n direkte inwerking op die gees van My kant moontlik

was. Dit moet dus begryplikerwys verander het toe mense met ‘n

onverligte gees die leiding oorgeneem het. Mense, wat nie regstreeks deur

My onderrig kon word nie, in wie My Gees nie kon werk nie. Die eerste

disipels en ook hul opvolgers was innig met My verbind, hulle was dus nog

onder die indruk van My kruisdood. Want, al vervlou dit daarna met die

tyd, My kruisdood was so'n geweldig gebeurtenis waarvan die eerste

disipels getuig, dat hulle daardeur ook baie aanhangers vind wat die

Godelike liefdesleer aanneem en hulle inspan om in liefde te lewe. Hulle

neem daardeur ook die geloof in die Godelike Verlosser aan en bereik so

die opwekking van hul gees.

En solank bly ook My leer suiwer, solank hul geloof lewend was en kon My

eerste disipels ook steeds weer apostels oplei en hulle met die opdrag die

wêreld instuur om die evangelie van die liefde te verkondig. En elkeen van

hierdie afgesante staan onder My direkte invloed. Hy gee steeds alleen

maar deur wat hy deur die stem van die gees in hom hoor, wat hy moet sê,

omdat hy met die Gees van God vervul was. Die verwatering van My leer

het nie plotseling gebeur nie, die een kom uit die ander voort wat later nie

meer geskik was vir die amp nie, maar hulself daartoe verhef of deur

diegene daarvoor gekies word wat onverlig van gees was. Want mettertyd

ontstaan uit die aanvanklike gemeente groter afdelings, wat weer

ondergeskik was aan ‘n hoof, wat self onverlig daartoe aangestel was,

omdat hy oor ‘n kennis beskik wat die ander broeders ontbreek, maar wat

nie aanspraak kon maak op ‘n geestelike kennis nie. En so word ‘n gebou

opgerig wat aanvanklik nog deur goeie mense gelei word,

maar steeds meer wêreldse vorm aanneem, omdat hierdie mense hul

opdrag wel in die verkondiging van die evangelie sien, maar ook wêreldse

doeleindes nastreef. Hulle besit nie meer die “kenteken van My kerk” nie,

nl. die innerlike verliging deur die Gees, sodat hulle tenslotte slegs die

dooie letter in ag neem, maar nie meer ‘n lewend geloof het nie.

Die kerk (Kir-ka d.w.s. die innerlike geestelike krag in die hart = opm. v/d

uitg.) wat Ek Self op aarde gestig het is nie verander nie. Dit bestaan

vandag nog uit hulle wat 'n lewend geloof in My het en in wie My Gees kan

werk. Vir hulle kan Ek sodoende hul gedagtes rig, hulle dink reg omdat

hulle ‘n lewende verbintenis met My het. En hierdie kerk het so deur alle

tyd heen staande gebly. Hulle het temidde van groot organisasies bly

bestaan omdat hulle lede van alle gelowe omvat wat lewend in hulle dink,

wil en handel.

Dus kan daar nie ‘n bepaalde tyd gegee word, hoelank dit suiwer gebly het

nie. En steeds weer sê Ek vir julle dat Ek alleen die mense beskou as

behorende tot My kerk, wat hulle met My verbind deur kennis en in

voortdurende gemeenskap met My lewe. Wat in My glo en met wie Ek dus

476

ook kan praat deur die gees. En oral en in alle gelowe is daar mense met

wie Ek in 'n innige gemeenskap staan, oral kan Ek My openbaar en hulle

intrek in diep kennis. Maar of hulle erken word as ware opnemers vir

Godelike openbaringe, dit bepaal die geestestoestand van die mense wat

al heel ver van die waarheid verwyderd was.

Die getal van My ware disipels het bedenklik klein geword. Maar ook nou

nog stuur Ek hulle uit om die volke die evangelie te verkondig, die

evangelie van die liefde, omdat alleen deur die liefde kan mense aan My

bewys dat hulle aan My "kerk" behoort, omdat My Gees dan in die mens

kan werk wat die sekerste teken is van die lidmaatskap van My kerk. Alleen

hulle wat in die liefde lewe, slegs hulle, sal die Hemelryk verwerf. Slegs

hulle kan Ek die waarheid laat toekom en hulle inwy in My plan vir die

ewigheid. Want dit gaan om baie gewigtiger sake as slegs die in ag neem

van kerklike gebruike en handelinge, wat die menslike siel geen enkele

vooruitgang oplewer nie. Dit gaan om die lewe van die siel, wat hy alleen

kan bereik deur werke van liefde en ‘n lewend geloof. En slegs dit het Ek

My eerste apostels opgedra om aan die mense te verkondig en Ek het

elkeen in My kerk opgeneem wat hierdie gebooie gehou het. En ook nou

nog geld dieselfde gebod: “Hê God lief Bo alles en julle naaste soos

julleself” Amen

Die druk en verspreiding van die openbaringe

8899 24 Desember 1964

Dat die verspreiding van die waarheid buitengewoon belangrik is, was al

voorheen vir julle gesê. Immers, van die houding wat mense teenoor die

waarheid het, is hulle lewe tot in die ewigheid afhanklik. Daarom moet alles

gedoen word om die waarheid onder die mense te versprei. Elke mensehart

is aan My bekend en EK weet wie nog ontvanklik is vir die waarheid, EK ken

dus ook die weë om die mense te bereik wat nog in staat is om My woord

op te neem. Hy wat oor ‘n liefhebbende hart beskik en daarom begrip vir

My woord het, sal dit van bo aangereik word.

Alleen die wat na My en My woord hunker, laat EK kennis neem van My

boodskappe, dikwels, deurdat EK vir mense die mees sonderlinge drade

aaneenknoop en My woord daarheen lei waar dit nog met ‘n dankbare hart

aangeneem word. Vandaar sal My woord weer verder versprei word, al is

dit maar langsaam, want die mense van hierdie wêreld het geen verlange

na My woord nie, sodat daar steeds maar enkeles is wat aangespreek kan

word.

Maar één ding mag nie vergeet word nie, dat My woord steeds in liefde

aangebied moet word om werksaam te kan wees. Slegs ‘n liefhebbende

hart sal My en My woord aanneem, daarom is alle arbeid wat vanuit hierdie

oogpunt uitgevoer word, ook geseënd. Julle sal nou kan verstaan dat vir

elke klein werk van My liefde, waardeur julle dit moontlik maak dat EK die

harte van die mense met My woord kan aanspreek, EK ook elke

477

medewerker sal seën wat homself onselfsugtig uitsit vir die verspreiding

van My woord.

EK sorg vir elke mens wat My as ‘n kneg dien en sorg ook vir hom soos ‘n

goeie huisvader, sodat hy My woord aan elkeen kan oorbring as ‘n gawe

van die liefde, net soos wat hy dit self van My ontvang het. My woord is

geen "handelsartikel" nie, maar sal dit steeds word wanneer onverligte

mense hulle daarmee sal besighou. Dit is mense wat nóg My woord na

waarde kan skat, nóg kennis daarvan, nóg die regte insig het. Hulle sou

slegs ‘n massa-artikel daarvan maak, wat My woord in waarde sou

verminder het, want in dié vorm sou dit dan weer aan vele versprei word

wat My inspraak nie sou waardeer nie.

Die kring van hulle op wie My woord indruk sou kan maak, is maar baie

klein, maar hulle word deur My met sekerheid omvat. Julle sal steeds weer

enkele siele ontmoet wat My woord met vreugde sal aanneem en dan ook

heeltemal oortuig word van My liefde en barmhartigheid. Maar om die

massas met My woord te wil aanspreek, is vergeefse liefdesmoeite, want

die mense word steeds meer deur die wêreld in beslag geneem en luister

veel eerder na sy stem as na My Stem. Elke mens wie se Gees ontwaak is,

weet hoe moeilik dit is om mense te wen vir woorde van bo. Hy weet ook

dat die aktiwiteit van My teenstander so duidelik verleidelik is, dat die

meeste mense geen behoefte het aan ‘n gawe van liefde wat hulle uit My

liefdevolle Hand aangebied word nie.

En dit kan julle vir julleself goed indink, dat die vele geskrifte wat aan julle

as geestesgoed aangebied word, maar wat nie van My af uitgegaan het nie,

slegs met één sou vermeerder het, as My woord ook in massa-oplae

versprei was. Om My openbaringe egter te kan herken as My woord, is die

geestelike "opwekking" noodsaaklik, maar so ‘n ontwaking is nouliks meer

by die mense te vinde. Maar EK ken alle siele waarna EK nog met My woord

kan kom en hulle sal dit ook ontvang sonder dat groot oplae daarvoor nodig

sal wees.

Ook die kennis om te weet hoeveel tyd julle nog tot julle beskikking het om

My woord te versprei, is vir julle siele nie van belang nie. Maar julle sou

verbaas wees as julle geweet het hoe naby die einde is. Daarom spoor EK

My wingerd arbeiders aan tot ywerige werksaamheid, want elkeen moet

doen wat in sy vermoë lê. Hy mag nie moeg word om dit te doen nie, want

alles wat aan die mense gestuur word en nog gestuur sal word, sal hulle

eendag as ‘n kosbare skat na die ewigheid volg, of hulle troos en krag gee

in die nood wat nog voor julle lê. EK self sal by almal wees wat My wil dien.

EK sal hulle werk seën, want dit is buitengewoon belangrik en moet almal

bereik wat nog verstrik is in die dwaling, maar wat tog met hulle ganse hart

die waarheid begeer. Amen

478

Daar is nog maar min mense waarop greep gekry

kan word

8902 27/29 Desember 1964

Wat julle ook al sal wil onderneem, raadpleeg My, verlaat julle op My in

vaste vertroue, dat Ek My oor al julle sorge bekommer. Want Ek ken julle

mees geheime gedagtes, maar tog wil Ek, in ‘n vertroulike gesprek, gevra

word om My bystand. Steeds moet Ek weer vir julle die versekering gee dat

Ek Self die mense na julle toe stuur aan wie julle My woord moet bring. Dit

is waarlik geen leë woorde wat Ek sommer uitspreek nie, veeleer sal julle

daaroor, hoe en op watter manier, self moet nadink. Dat Ek vir julle deure

geopen het, dat daar by My ook geen afstand bestaan nie, dat Ek elkeen

kan bereik en dat hulle, wat hulle by die hand wil laat neem, My woord laat

toekom.

En aangesien die aantal klein blyk te wees, weet julle nie wat die

uitwerking van My woord is nie en hoe dit krag gee aan die aangespreekte

mense en ook aan die siele in die hiernamaals, wie se aantal geweldig groot

is, dus die reddingswerk in die ryk hierna, is nog baie groter as op die

aarde. En julle moet julle daarom tevrede stel en ook weet dat Ek steeds

nuwe siele sal bereik aan wie julle My gawes van bo moet aanbied. Maar

glo nie dat julle groter resultate sal bereik indien julle liefdevol aan die

werk is nie, dat julle met julle hele hart en siel julleself insit vir die

verbreiding van My woord nie.

Net soos die mense van die wêreld nou is, is hulle nie meer te wen nie,

hulle sal steeds ‘n afkeurende houding aanneem en almal wat hulle inspan

om die woord wat hulle ontvang, verder te verkondig, sal weerstand

ervaar. Dus slegs nog ‘n werk wat in suiwer liefde verrig word, beloof

sukses, want op so ‘n werk rus My seën. Sodra mense, met ‘n nie-gewekte

gees, hulle aan dié werk wy, verloor My woord krag, want liefde moet dit

uitdeel en liefde moet dit ontvang. Juis die onselfsugtigheid van die

medewerkers gee julle die waarborg dat Ek Self met hulle is en dat Ek ook

geen dwaling toelaat nie, omdat dit die werk van die teenstander is. Die

teenstander kan egter nie daar wees waar geen selfsugtige gedagte is nie,

en wat dus die binnesluip van hom onmoontlik maak.

(29 Desember) En so word die teenstander uitgeskakel, want die mens stry

met die wapen van die liefde sodra hy homself onbaatsugtig vir sy naaste

instel en teen liefde is hy magteloos. Julle kan dus maklik die oorhand kry

as julle steeds maar daar aan dink, wanneer julle altyd met onbaatsugtige

naasteliefde vervul is, dat dit vir julleself ‘n krag is, en julle sal ook geen

swakheid meer hoef te vrees nie, want alles wat julle onderneem, is dan

goed, dus vervul julle dan My Wil en kan julle slegs tot seën van julle

medemens werksaam wees. Amen

479

Die verlies van volgelinge

8906 4 Januarie 1965

In die komende tyd sal julle nog baie verleidings moet weerstaan, want die

aktiwiteite van My teenstander neem toe, hy sit alle kragte in werking wat

julle, die arbeiders in My wingerd, moet verhinder. Maar My krag is steeds

tot julle beskikking en julle wil sal ook daarom vra, julle sal teen hom

weerstand kan bied omdat dié werk vir julle die belangrikste is en omdat Ek

aan elkeen van julle beskerming verleen.

En dit sal opvallend wees dat baie van hulle, wat julle gedink het julle al

gewen het, hulle sal afwend. ‘n Versplintering sal juis in hierdie kringe

begin, by hulle wat Julle as Julle getroue volgelinge beskou het. Maar dit is

die werk van die teenstander, wat julle egter geen aanleiding moet gee om

die arbeid in die wingerd te laat verslap nie. Want hulle almal moet ‘n

geloofsproef aflê en hulle faal dikwels.

En so ‘n geloofsproef bestaan daarin dat wanneer ‘n duidelike dwaling as

sodanig verstaanbaar gemaak word en met rede omklee word, moet hulle

besluit waaraan hulle wil glo. Waar die teenstander ook maar kan

binnesluip, daar doen hy dit en slegs die diep verlange na die ware en die

korrekte kan julle daarvan beskerm om in sy vangnette te beland.

Maar Ek sê dit reeds vooraf aan julle, sodat julle daarop voorbereid sal

wees en julle geen ontnugtering sal ondervind nie. Laat julleself nie wankel

in die geloof nie, maar weet dat dit slegs diegene oorkom wat nog lou is in

die geloof, hulle wat geen ernstige verlange het om die enigste waarheid te

wete te kom nie, wat die werksaamheid van die teenstander nie herken nie,

want elke mens moet die geestelike leringe ondersoek en hy kan dit met

My hulp doen. Hy kan nie onvoorwaardelik iets as waarheid aanneem wat

duidelik die werk van My teenstander is nie.

Want of die waarheid nou steeds weer na die aarde straal, kan en sal Ek, as

hy die geleentheid kry om sy wil te uiter, dit nie verhinder nie. Want dit,

om ook om julle sielee te stry, is sy goeie reg. Daarom hoef elkeen vir My

maar net te vra vir die verligting van julle gees, dan sal julle ook sien

wanneer die vyandige gees tussenbeide gekom het, want Ek laat julle

waarlik nie op dwaalweë nie. Almal hoef alleenlik, in alle erns, maar net die

waarheid te begeer om dit dan ook sekerlik te kan ontvang. En julle sal

dankbaar wees as Ek aan julle ‘n dwaling, wat aan julle ‘n veranderde beeld

gee van My en My hoogs volkome Wese, openbaar. Dit gaan vir julle tog

om die waarheid en of julle in die dwaling wil voortgaan? Die teenstander lê

baie sterk boeie om julle, maar julleself kan hulle losmaak, deurdat julle

met My die innigste verbintenis tot stand bring en My vra om verligting van

julle gees. En as julle dié versoek uit die diepste van julle harte na My

opstuur, dan sal julle ook baie maklik en duidelik My Wese kan sien en elke

verandering van My beeld, afkeur.

Maar julle, My dienaars op aarde, moet julle nie daaraan steur nie, selfs

ook wanneer julle aanhang verloor, want julle spreek slegs in opdrag van

480

My, julle gee die suiwerste waarheid deur wat julle van Myself ontvang en

wat Ek ook kan beskerm teen dwaling, omdat julle My daarom vra. Ek weet

dat dit vir julle wat in hierdie dwaalleer staan, ‘n moeilike geloofsproef sal

wees, wat julle sal moet deurstaan. Maar Ek moes eers aan julle ‘n bewys

van die geloofwaardigheid van My openbarings lewer, voordat Ek dié

probleem ter sprake kon bring. Maar julle kan ook hierdie openbaring

aanneem as suiwer waarheid. En wanneer julle slegs in alle nugterheid

daaroor nadink, dan moet hierdie oplossing vir julle waarskynliker voorkom

en dit gebeur sodra julle begeer om in My die volmaakte Wese, wat nie

meer oortref kan word nie, sal sien.

Die teenstander sal nog baie dwalinge rondstrooi om die mense daarmee te

vang en steeds minder dikwels sal hy herken word, omdat die aantal van

hulle, wat slegs na die suiwer waarheid streef, baie gering is. Daarom is dit

ook moeilik om die waarheid ingang te laat vind. En slegs diegene wat hulle

in innige gebed met Myself verbind en wie se gees Ek daardeur kan verlig,

sal ook bereid wees om dit aan te neem. Hulle sal die waarheid egter

verdedig en ‘n teenstander wees vir hom wat eens My woord ontvang het.

Maar julle sal dit ook op julle moet neem as julle My getrou wil dien, want

Ek alleen kan julle in die waarheid lei soos wat Ek dit belowe het. Ek alleen

kan valse leerstellings, wat steeds deur My teenstander in omloop gebring

word om die mense in die war te bring, regstel. Amen

Opdrag

8908 9 Januarie 1965

Julle het nog ‘n groot opdrag om te vervul, voordat My ingryping plaasvind,

waardeur julle dan in baie ander omstandighede sal beland, wat julle

werksaamheid vir My ryk moeiliker sal maak. Maar eers moet die siele

bereik word wat hulself nie afwysend teenoor My Woord opgestel het nie,

hulle moet te wete kom wat die mense te wagte staan en al twyfel hulle

ook: Die groot gebeure sal hulle baie vinnig oortuig dat julle die waarheid

gespreek het; Maak dit daarom aan almal bekend, wys die mense op

hierdie ingryping, wat steeds vinnig nader kom en dat dit hulle almal sal

tref, ofskoon die lande wat getref sal word, nog vir julle verborge sal bly.

Ek druk dit op julle harte, deur te wys op die geweldige natuurgebeure, om

alle mense aan te spreek, wat julle My Woord laat toekom Dit sal nodig

wees, dat hulle hulself eers daarmee besig hou, dat hulle ook self daartoe

voel om aangespreek te word en na gelang van hulle ingesteldheid, troos

en krag kan put in die tyd van die nood wat kom. Oral waar My Woord

gebring word, moet daarvan kennis gegee word, oral moet die mense

verneem wat hulle te wagte staan, al vind hulle dit ook moeilik om te glo.

Maar dan sal hulle ook glo aan die einde wat spoedig hierna sal volg,

wanneer eersgenoemde gebeurtenis werklikheid word, wat van bo, uit die

kosmos kom, wat dus nie deur menslike wil veroorsaak is nie. Want deur

die gebeure wil Ek nog eenmaal die mense aanspreek, Ek wil hulle wek uit

481

hulle doodse slaap en hulle blik op My rig; op Hom wie hulle deur innige

gebed (uit die hart) kan bereik; Ek wil met ‘n luide stem spreek, omdat

hulle geen ag op My sagte aanspreking slaan nie Maar Ek wil My ook

ontferm oor diegene wat dan nog die weg na My vind. En al is hulle direk

slagoffers van die katastrofe, hulle siele is tog gered, wanneer hulle voor

die tyd nog tot My roep en My erken as die Mag aan Wie hulle onderworpe

is en voor Wie hulle moet buig.

Ek roep julle almal op om van hierdie woorde van My melding te maak en

om geen vrees te hê dat julle die mense sou kan verontrus nie, want dit

het geen enkele sin wanneer hulle met hulle oë gesluit die ongeluk

tegemoet gaan nie, dat hulle dan verras sal word en hulle vir hulself geen

verklaring daarvoor kan gee nie. Maar wanneer julle dit wat Ek daarmee wil

bereik, vooraf aan hulle gesê het, wanneer julle dit vir hulle as waar

aangekondig het, dan sal baie van hulle tog self daardeur aangeraak voel.

En selfs wanneer hulle nie daarin sal glo nie, sal hulle dit nie uit hulle

gedagtes verloor nie. En dan weet hulle al dat dit ‘n gebeurtenis is, wat

deur My Wil oor die mense gestuur word en hulle sal weet dat My woord die

waarheid is en ook aan die einde glo. Alle pogings moet gedoen word om

die mense tot geloof te bring. En ook die geweldige natuurgebeure kan

mense nog wakker maak om te glo, wat andersins nie meer aan te spreek

is nie en wat Ek tog nog sou wil wen, selfs as daar ‘n groot onheil daarmee

verbonde is.

Maar die gevaar van ‘n hernieude kluistering lê voor julle en wanneer Ek

nog siele hiervan sal ontruk, sal hulle My ewig daarvoor bedank, want die

lot van ‘n hernieude kluistering is baie verskrikliker, dit duur ewighede,

terwyl die natuurgebeure in ‘n nag verby sal wees, weliswaar sal daar dan

‘n onmeetlike ellende begin, wat julle egter, elkeen vir homself, tot ‘n

draaglike toestand sal kan verander, as julle maar die geloof in My sal

opwek. Want Ek is ‘n Meester oor lewe en dood; Ek kan ook vir julle gee

wat julle nodig het, soos Ek egter ook kan afneem wat julle nie vrywillig

bereid is om af te gee nie.

En daarom, versuim nie om die medemens in kennis te stel van wat daar

gaan gebeur nie, want niemand moet kan sê dat hulle niks daarvan geweet

het nie; Die mense glo net nie dat hulle hulself al so naby die einde bevind

nie, omdat hulle andersins ook uit die Skrif die gevolgtrekking sou kon

maak dat daar ‘n rampspoedige gebeurtenis oor die mense gaan losbreek.

Maar hulle glo dat die tyd nog nie gekom het waarin vervul sal word wat

geskrywe staan nie; Dog eens sal die toekoms teenwoordige tyd word,

eenmaal word die aankondiging bewaarheid en hierdie tyd staan vlak voor

die deur. Amen

482

God se Woord is die waarheid (Jacob Lorber)

8909 10 Januarie 1965

Julle hoef nie te twyfel aan die geestelike leringe wat julle van My ontvang

nie, want Ek laat dit nie by eenvoudige beweringe nie, maar Ek motiveer

alles en dit moet julle die oortuiging gee dat julle in die waarheid onderrig

word. Maar Ek weet dat julle teen weerstand stuit en dit sal My aanleiding

gee om julle ‘n bewys te besorg soos wat Ek dit al eenmaal gedoen het,

deurdat Ek julle op ‘n ander verklaring (deur Gottfried Mayerhofer) gewys

het, wat dieselfde probleem aangeroer het. En deur hom, My skryfkneg, sal

julle ‘n lig ontvang. (Schopfungsgeheimnisse blz 91).

Omdat julle julleself in die laaste tyd bevind, gee Ek julle daarom die volle

waarheid, wat julle sonder beswaar sou kan verbrei, met die wenk dat niks

onveranderd bly, sodra dit onder die mensdom kom nie, wat self nog

onvoltooid is.

En julle kan glo dat ook die werk van Jakob Lorber ‘n verandering

ondergaan het en daarom nie meer suiwer bewaar gebly het nie.

Bowendien was My kneg ook maar ‘n mens, wat homself vergis het en ook

gedwaal het, toe alleen sy verstand ‘n probleem probeer oplos het, omdat

My teenstander toe sy verstand kon beïnvloed het. Hy het wel onder My

beskerming gestaan en hy het waarlik vir die wêreld kennis nagelaat, sodat

hy wel die grootste siener en profeet genoem kan word. Maar sy vrye wil

moes Ek hom laat, wat slegs die aanleiding was dat die teenstander

tussenbeide kon kom, anders sou hy nie so 'n duidelike teenspraak, kon

laat ontstaan soos wat hom by die beskrywing van My Wese voorgedoen

het nie, naamlik dat alle teenstellinge in My aanwesig sou wees. Maar Ek

sal My beskerming van geen enkele ontvanger van My Woord weerhou nie,

wat waarlik worstel oor die korrekte insig, wat steeds net die suiwer

waarheid te wete wil kom en verbrei nie. En dit moet vir julle voldoende

wees en julle versterk in die stryd teen die dwaling, want Ek sal met julle

gaan en julle ook nog die bewys van julle korrekte denke laat vind. Amen

Goed en boos - Die ewige wet

8910 12 Januarie 1965

Ook daaroor wil Ek julle ‘n verklaring gee, want selfs die geringste twyfel

verhinder julle om die volgende opvatting reg te stel: Dat die bose van My

af in die wesens gelê was. Ek het nimmer die bose geskape nie, maar Ek

het sedert die ewigheid geweet dat die bose in die wêreld van die afgevalle

geeste ingang sou vind.

Ek het van ewigheid af geweet dat Ek ook as die herkoms van die bose

aangesien sou word, omdat Ek van die ewigheid af weet met welke leuens

My teenstander teen My sou stry om die terugkeer na My teen te gaan.

Maar Ek stuur die mense steeds weer ‘n Lig wat hulle opheldering oor My

Wese moet gee. En daar sal ook steeds weer ligdraers van bo na die aarde

483

kom om juis hierdie opvatting reg te stel. My Wese is van die ewigheid

goed en is nie in staat om ooit ‘n bose gedagte op My voortgebringde

skepsele oor te bring nie. Dit moet eerstens vir julle gesê word, sodat

julleself nie aanneem dat julle met alle slegte eienskappe en begeertes

deur My geskape was nie, want ewige tye was julle so innig met My

verbonde en julle het in hierdie toestand niks geken wat teen die goddelike

kon ingaan nie. Julle was van gelyke wil as Ek, sodat julle die krag van My

Liefde onbelemmerd kon ontvang en daardeur onbegrensd geluksalig wees.

Toe My eersgeskape gees Lucifer of ligdraer nou egter van My verval het en

julle almal dus die wilsproef moes aflê aan welke meester julle die voorkeur

sou gee; toe julle julleself egter in vrye wil moes uitgespreek het, moes

julle ook self kon kies tussen goed en kwaad. Julle moet weet dat die bose

van My teenstander uitgegaan het, terwyl van My maar net goeie gedagtes

na julle toe kon stroom. Dus het Ek julle die Lig gegee: Die vermoë om

tussen goed en kwaad te onderskei. En in die helder lig sou julle dit kon

insien waar die bose vanaf uitgegaan het. Ek het wel die bose geduld,

omdat dit nodig was vir die beslissing van julle wil, maar het die bose nooit

goed genoem nie. En so moes die wese ook ‘n begeerte kon bevredig,

wanneer hy daarna verlang het, selfs al was hierdie begeerte boos. Netso

moes die verlange om goed te wees, ook in die wese aanwesig gewees het

en dit moet dus so begryp word dat elke verlange homself kan ontplooi,

aangesien ‘n beslissing andersins nie moontlik is nie.

Dat die gevalle wesens slegs ‘n bose verlange wil bevredig, kom egter nie

daaruit voort dat die verlange vanaf die begin uit hulself kom nie, veeleer

het My teenswoordige teenstander eers die verlange op sy aanhang

oorgedra. Sodoende moes alle gevoelens vir die wese moontlik wees, hy

moes begeertes in homself kan opwek. Tog hoef hierdie begeertes nie van

My afkomstig te wees nie, wat altyd dan die geval is as hierdie begeertes

sleg is, soos wat elke nie-gevalle wese egter ook ‘n verlange het, wat

homself slegs op die goeie rig. Stel gevolglik die woord "verlange" in die

plek van "begeerte" - wat eintlik dieselfde beteken - en dit sal vir julle

begryplik wees dat alle gevoelens uit hierdie wese van My uitgegaan het,

maar dat elke wese die rigting daarvan bepaal. Daarom moet julle met alle

vertwyfeling, met alle vrae na My toe kom en Ek sal julle nie in sielenood

agterlaat nie. Ek sal julle opheldering gee wat julle van bo aangebied word,

sodat julle ook self van die waarheid oortuig is. Want dit gaan daaroor om

nog baie dwalinge reg te stel, ook as julle glo dat julle die waarheid besit.

Niks bly onveranderd wat uit onvolmaakte mense kom nie, al het dit hoe

suiwer van bo uitgegaan.

Daarom openbaar Ek My steeds weer opnuut, om weer die suiwer waarheid

na die aarde te stuur. daarom kan julle dit ook sonder bedenkinge

aanneem, wanneer julle alles ernstig ondersoek. Want die suiwer waarheid

van My moet die uitwerking hê dat dit herken word deur hulle, wat met ‘n

ernstige verlange na die waarheid, dit aanvaar. Amen

484

Die oorsprong van die bose

8913 16 Januarie 1965

As julle innig om die waarheid vra, sal julle tog nie glo dat Ek julle verkeerd

sal onderrig nie. Gedenk My Woorde: "As jy, wat sleg is, goeie gawes aan

jou kinders gee, hoeveel te meer sal Ek dan, as julle Vader in die Hemel,

aan hulle My Gees gee wat My daarom vra!" Dit is dus nie julle eie

gedagtes wat julle neerskryf nie, maar My Gees gee dit vir julle in en altyd

so, dat julle die betekenis kan begryp, dat julle nie hoef te vrees om mislei

te word nie. Wat van bo tot julle kom, moet duidelik en vir iedereen

begryplik wees, moet in sigself geen teenstrydighede bevat nie en My Wese

heeltemal onbevange aan julle beskryf, sodat julle nie die geringste twyfel

in julle sal voel opkom nie.

Julle, wat as mens op die aarde vertoef, julle is die geestelike wesens wat

eens van My afgeval het. Deur julle afvalligheid van My, het julle denke

verward geraak. Julle het al My teenstander se slegte eienskappe

aangeneem, wat nie van Myself uitgegaan het nie, maar van My

teenstander. Julle wese het nie goddelik gebly nie, dus het julle teenoor My

te staan gekom. Hierdie nie-goddelike eienskappe moes uit julle verwyder

word, waarvoor die eindelose lang gang deur die skeppings moes dien.

Julle het al ‘n sekere volwassenheid bereik toe julle julleself op die aarde

kon beliggaam. Maar nou, in bewustelike staat, besef julle met ‘n goeie wil,

die groot afstand na My en dus moet julle al julle slegte eienskappe self

oorwin, wat Ek Self egter nie in julle gelê het nie, maar wat as gevolg van

julle afvalligheid van My, deur die inwerking van My teenstander, nog in

julle was. Julle moet self die gevolge daarvan dra, omdat julle die kwaad

van My teenstander, self vrywillig aangeneem het.

Hierdie waarheid bly onherroeplik bestaan. Ek Self het julle wel so geskape

dat julle kon ervaar wat goed en wat sleg was. Ek Self het julle so geskape

dat julle, beide na die goeie, asook na die bose, kon verlang. Ek het julle

egter nie daartoe gebring dat julle die bose in julle moes opneem nie. Maar

julle verlange was daarop gerig en die gevolge daarvan is dat julle al die

slegte neigings in die aardse lewe, wat My teenstander eens op julle

oorgedra het, nog in julle het en dat julle hierteen moet stry en dit ten

laaste sal moet oorwin.

Julle kan nie aanneem dat die bose van My uitgegaan het nie, aangesien

julle andersins die hele skeppingsplan as knoeiwerk sou moet beskou, wat

egter ‘n werk van die hoogste volmaaktheid was.

Nooit kan iets sy oorsprong in My hê, wat Ek as "sonde teen My" bestempel

nie. As julle dus gesondig het, dan moet julle ook in stryd met My wet van

die ewige orde gehandel het en julle moet julle sondeskuld, so ver dit vir

julle moontlik is, self aflos in die aardse lewe. Maar julle kan nooit sê dat Ek

julleself so geskape het soos wat julle nou as mens is nie, as julle daarmee

die foute en gebreke bedoel waarmee julle te kampe het.

485

Hierdie teenspraak is so opvallend dat julle dit as sodanig moet insien en

afwys. Ek het wel die mens geskep, maar die eintlike is die siel, wat al baie

van die nie-geestelike kon afskud tydens die eindelose gang van vroeër.

Hulle is die oergeeste wat eens geval het en wat nog die gevolge van hulle

verval moet dra, totdat hulle verlos sal wees van hulle oerskuld, maar tog

nog met die begeertes wat My ‘teenstander' in hulle gelê het, moet

afreken, om hulself heeltemal te kan verenig met My, hulle Vader van die

ewigheid, uit Wie hulle hoogs volmaak voortgekom het.

My Woord van bo word julle waarlik so gegee dat dit vir julle begryplik sal

wees, en daar word van julle niks anders verlang as dat julle dit as

waarheid aanneem nie. Dog het Ek wyslik vir die skrywer die kennis van die

geskrifte in verborgenheid gehou, om haar blik nie te vertroebel nie en

slegs dit neer te skrywe wat Ek as baie belangrik beskou, oplettend op die

einde, omdat juis hierdie vrae aanleiding sal gee tot heftige debatte. Dog

een ding kan nie misken word nie, dat die mense liewer daartoe oorgaan

om in ‘n God te glo wat hoogs volmaak is en wat elke goeie mens voel dat

dit hom teen die bors stuit om homself in God ook die draer van die bose

voor te stel. En dit gaan daaroor dat Ek nie die wêreldwyses wil wen nie,

maar slegs hulle wat van goeie wil is.

Hoe is die baie Bybelskrifte egter te verklaar, waaruit die leser aflei om

Myself met die bose te kan konfronteer? By hierdie duiwelse geleentheid

kan hy die beste binnesluip en al te graag gaan die menslike wil hier op sy

wil in. Niemand verkeer in die posisie om hom die waarheid te sê soos My

Johannes dit gedoen het, toe Satan hom dieselfde vraag gestel het.* So is

My Johannes ook nou aan die werk om vir julle mense ‘n helder lig te

ontsteek, wat niemand kan uitdoof nie, hy sal vir julle ook nou die

teenstrydigheid ophelder wat egter geen teenstrydigheid is nie.

*(Jakob Lorber/Bisschop Martinus 197,198) [Vanuit God het al Sy wesens

voortgekom, dus ook hy, die grootste en magtigste gees, (Lucifer) wat

Hyself vir Hom geskep het om in hom ‘n afspieëling van Homself te hê, in

wie Hy onophoudelik die krag van Sy Liefde kon straal, en van wie Hy ook

hierdie liefdeskrag kon terug ontvang. Hy het dus vir Hom ‘n ewebeeld

geskep wat Hy presies so uitgerus het met alle vermoëns, sodat geen

onderskeid tussen Hom en die skeppingswerk was nie, as dat Hyself die

Bron van Krag was en Sy skepsel egter die ontvanger van die Krag was.

Sodoende was die eerste geskape Gees, Lucifer of te wel Ligdraer, ook

"uitgestraalde Krag" wat as die eerste sigbare wese deur God buite God

Self geplaas was en dat hy dan vir alle daarna opvolgende wesens ook

sigbaar sal bly totdat hulle val. Maar die wese was toe nog geen teenpool

van God nie, want hy het nóg aan God teenstrydige eienskappe, nóg aan

God teenstrydige gevoelens gehad nie. Inteendeel: Daar het ‘n vurige

liefde tot Hom ontvlam en sy wil was net so gerig soos God se Wil. Ook hier

is weer die duiwelse lis onmiskenbaar: Dat hy die tydstip van die verval van

God verplaas na die skeppingsdaad, om juis God as die verantwoordelike

486

en hy homself as "so geskape" voor te stel. Want dink ernstig hieroor na:

Hoe kan ‘n "geregverdigde teenstelling" van God, wat dus anders is as God

Self, "nie ongoddelik" wees nie? Hy het eers tot Sy teenoorgestelde geword

na ondenkbare lang tye, nadat hy, deur die leër van eerste geskapene

oergeeste aangespoor, sy wil en denkvermoë begin te verander het. Maar

ewigdurende tye van geluksalig wees het sy val voorafgegaan en hierdie

ongoddelike eienskappe het daarna uit hom voortgekom, maar nie, omdat

God dit in die geskape wese sou gelê het nie; wat juis maar net as God se

ewebeeld geskape kon gewees het.]

Ook hierdie vingerwysing was nodig om volledige duidelikheid daaroor te

verskaf; dat nie God die veroorsaker van die sonde was nie en Sy

(skeppings) werk sonder enige twyfel vanuit Sy Liefde voortgebring het en

daarom nie anders as volkome, dit wil sê, goed in die hoogste

volmaaktheid, moes gewees het nie.

Julle moet die openbaringe van bo kan begryp, aangesien julle andersins

wel ‘n vreemde invloed sal moet aanneem wanneer iets onbegryplik vir

julle aangebied word. Want daarom het God Sy woord na die aarde gestuur

om julle ‘n lig te gee en slegs indien julle werklik lig ontvang, sal julle ook

God Self as die Gewer kan herken. Maar dan weet julle ook dat julle baie

verseker in die waarheid wandel, omdat Hy hom nie in die duisternis van

gees laat, wat homself aan Hom toevertrou het en Hom vra om die

waarheid te stuur nie. Amen

Die arbeiders in die wingerd het ‘n plig om teen

dwaling op te tree – Herken die valse

8915 22 Januarie 1965

Julle taak is om op te kom vir die waarheid wat julle van My ontvang. As Ek

julle in kennis stel van dinge wat andersins onwaar voorgestel word, dan

het julle ‘n plig om julle teen die oorgebringde geestelike lering teen te sit

en dit nie stilswyend te duld as julle met dwaling gekonfronteer word nie.

Want daarom straal Ek die lig van die waarheid na die aarde om juis die

leuen en dwaling te weerlê, omdat die dwaling vir die mense ‘n gevaar is,

as die lig van die waarheid nie daarop val nie en die dwaling sodoende

gepaardgaan met die waarheid.

Verstaan dit tog dat dit nie dieselfde is of julle die waarheid geskenk word

of nie. Verstaan dit dat julle deur te dwaal die weg na My nie sal vind nie

en dat julle julleself daarvan moet reinig, as dit nie op aarde is nie, dan is

dit wel in die ryk hierna. En voordat julle nie in die algehele waarheid

vasstaan nie, kan daar vir julle geen geluksaligheid wees nie. Daarom het

Ek ook stryders nodig wat steeds die waarheid na vore bring, wat nie

wegskram om hulle kennis aan die medemens mee te deel nie, sodat

elkeen kan kies tussen dwaling en waarheid.

487

Julle weet nie hoeveel dwaling daar in die wêreld is nie, Ek weet dit egter

wel en kan dit daarom nie stilswyend duld nie. Omdat Ek egter geen mens

dwing om die waarheid aan te neem nie, kan Ek slegs dit doen, om stryders

vir Myself op te lei, wat in My plek praat en ook die dwaling aanvat as dit

duidelik sigbaar word. Want meestal is dit verskuil agter ‘n masker wat My

teenstander verberg.

En dit is die grootste kwaad, dat hy met dieselfde middele werk om My en

My lig uit die doof: Daarom kan nie streng genoeg daarteen opgetree word

nie en hy wat weet dat hy in besit is van die suiwere waarheid, hy sal

steeds daarvoor opkom, omdat hy ‘n barmhartigheidsgeskenk van groot

betekenis ontvang het, wat die stryd vir hom baie verlig, want hy kan alles

met rede omklee en hy hoef nie te vrees dat My teenstander sy baas is nie,

want hy sal altyd die wapens voor die lig neerlê. En lig gee Ek julle in

oorvloed, sodat dit vir julle baie maklik is om in te sien wat die herkoms

van die geestelike lering is, wat teenoorgesteld gerig is aan die lig van bo.

En sodoende sal julle dit nie stilswyend mag duld nie, want wat teen die

waarheid gerig is, is ‘n leuen en teen die leuen trek Ek ten stryde.

Die mense weet nie in welke warboel van onware leerstellinge hulle hulself

bevind nie. En wie homself nie daarvan kan vrymaak op grond van die

toegekende suiwer waarheid aan hom nie, sal daarmee belas die ryk hierna

ingaan as die graad van sy liefde nie ‘n bliksemsnelle insig verseker nie,

maar dan sal hy ook al in sy aardse lewe die dwaling kan insien en hy sal

alles afwys wat nie met die waarheid ooreenkom nie. Want die liefde verlig

hom en hy sal onwillekeurig ‘n weerstand voel teen valse leringe.

Hoe meer dit na die einde se kant staan soveel te meer sal daar

sogenaamde "ontvangers van die woord" op die voorgrond tree en hulle sal

hulle valse boodskappe wil versprei en dan gaan dit daarom, om ‘n

onderskeid te maak tussen die geeste; want waarlik sataniese bodes sal

daar onder hulle wees, wat in opdrag van hom aktief is, wat die wêreld ten

gronde wil rig, wat die mense die terugweg na My heeltemal onmoontlik

probeer maak.

Julle wat My egter wil dien, julle sal hom herken en weet wat julle van die

boodskappe moet dink. En nooit mag julle uit verdraagsaamheid een van

hierdie boodskappe aanvaar nie, want wie die leuen nie bestry nie, die laat

homself deur hom gevange neem en dan raak sy denke in verwarring en hy

sal die suiwer waarheid nie meer kan ondersoek nie. En dit is sy doelwit,

om ook die gees van hulle wat hulself van hom wil skei, in verwarring te

bring, om hulle weer in sy mag te kry; Want geen middel is vir hom te

minderwaardig en geen lis te gemeen, as hy maar net sy doel kan bereik

nie. Amen

488

God probeer deur Sy aanspreking om die liefde van

die mense te wen

8917 24 Januarie 1965

Watter rykdom kan julle, wat voortdurend My barmhartigheidsgawe

ontvang en daardeur steeds ‘n bewys van My aanwesigheid besit, julle

eiendom noem, wat julle nooit meer afgeneem kan word nie. Julle word

buitengewone kennis meegedeel wat niemand julle kan weerlê nie, want so

'n kennis kan slegs Die Een vir julle gee, Wie se kennis alles te bowe gaan,

WIE dit egter aan elkeen wil oordra wat ‘n ernstig verlange daarna het en

My ernstig daarom vra.

En dat Ek baie meer weet as wat dit vir julle moontlik is om op te neem,

moet julle maar net aanspoor tot steeds groter sielevolmaaktheid. Julle sal

onmeetlik salig wees, hoe verder julle in My ewige heilsplan deurdring, hoe

meer opheldering aan julle oor My bestuur en werke gegee word. Want dan

sal alle goedere van hierdie wêreld nie in staat wees om julle te bekoor nie,

sodra julle agter die geheim van die skepping gekom het en al die gebeure

kan begryp.

Want dan is julle weer in ‘n toestand van insig en julle staan dan in die lig

en benader weer die oertoestand, toe julle bomate salig was. En dan het

julle ook julle bestaan as mens voltooi en julle kan ook julle liggaamlike

omhulsel aflê en na My ryk teruggekeer, wat julle ware tuisland is.

Strewe daarom na groter sielevolmaaktheid en word in hierdie strewe nie

moeg nie, glo dat julle nooit julleself kan indink in die heerlikhede wat wag

in My ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Julle strewe moet wees om julle

steeds digter by My aan te sluit, My nie meer uit julle gedagtes te laat nie.

Ek wil by julle wees en weer My liefdeslig in julle laat straal, wat dan ook

tot gevolg sal hê dat dit in julleself lig sal word en julle My stem so helder

en duidelik sal kan verneem, dat julle nie meer daar aan sal twyfel dat dit

Ek Self is wat julle toespreek en onderrig nie. En julle moet hieraan sien dat

My liefde ewig vir julle sal geld, dat Ek julle liefde wil wen. Ek het julle tot

in die diepte gevolg en help julle hier weer daaruit om omhoog te styg,

totdat julle julleself as mens kan beliggaam. En ook dan hou My liefde nie

op nie, dit skenk julle barmhartigheid op barmhartigheid en is tot alle hulp

bereid. Dit probeer julle liefde te verwerf deur julle aan te spreek en julle

krag te verleen, wat julle maar net op die korrekte manier hoef aan te

wend om hoër op te klim na die Hoogte om uiteindelik My ryk binne te kan

gaan, want My liefde wil julle as My kinders ontvang, Ek wil die hoogste

salighede vir julle berei, waarvan julle geen voorstelling vir julleself kan

maak nie.

En dit is wat Ek deur My aanspreking tot julle wil bereik; dat julle van My

teenwoordigheid oortuig word en dan ook My liefde beantwoord. Dat julle,

julle hartee sal open om My liefde in julle te laat straal, waarna die

eenwording met My in liefde kan plaasvind, wat julle geluksaligheid

489

uitmaak. Julle sal My dan ewig prys, lof en dank besing, want julle sal dan

weer volmaak wees, net soos julle dit was in die eerste begin, net soos julle

Vader in die hemel. Amen

Wat is die wêreld?

8919 28 Januarie 1965

Die wêreld met al sy skeppings kan julle sien as die ryk wat aan My

teenstander behoort, want hy bevat al die gevallens, slegs die geestelike is

hom ontruk in die tyd, omdat dit die een vorm na die ander betrek. En tog

is die wêreld deur My Liefde, Wysheid en Mag geskape en My teenstander

het geen deel daaraan gehad nie. Alle mag oor sy wêreld is hom ontneem

ofskoon dit aan hom behoort. En die wêreld het in alle skoonheid ontstaan,

hy dra die wonderlikste skeppings van allerlei soort in hom, My Liefde,

Wysheid en Mag is oral te herken. En ofskoon Ek die geestelike wat aan My

weerspannig is, in hierdie skeppings gekluister het, was die skepping vir My

tog ‘n daad wat gelukkig maak, omdat dit die werksaam word van die eens

deur My uitgestraalde krag weer moontlik maak, want die “as wesens buite

My geplaaste krag” het hulle werksaamheid geweier, deur die krag van die

Liefde af te wys was hulle ook nie tot liefde instaat nie. En hierdie krag gee

Ek nou weer ‘n bestemming. Ek laat ‘n wêreld ontstaan met al sy

skeppings, wat ontelbaar is waaraan ook die wesens wie My trou gebly het,

deelgeneem het. Want ook hulle het skeppingsmag. Hulle ken My gedagtes

en My heilsplan en ervaar die werk met My as oorgrote geluksaligheid. En

hul liefde gaan uit na hul gevalle broeders, wie hulle wou help om op te

styg uit die diepte.

Dat daar vir die proses eindelose tye nodig was as dit met menslike oë

bekyk word, steur hulle nie want hulle was volmaak en daarom ontbreek

hul alle besef van tyd. En ook voor die stadium van die mens, bestaan daar

geen besef van tyd nie. Dit begin eers toe die mens as wese met

selfbewussyn die skepping binnetree en die tyds en ruimtebesef nie meer

sal verloor tot hy weer volmaak geword het.

En die idee van tyd is in alle skeppings te herken, alle vorme, sowel in die

wêreld van die gesteentes as in die plante en diereryk, staan steeds ‘n

vastgestelde tydsduur ter beskikking en daardeur is dus die positiewe

ontwikkeling steeds van bepaalde periodes afhanklik, wat dus ook die

voortdurende verandering verklaar wat in die natuur altyd weer te sien is

en wat dan ook die steeds weer voorkomende terugkeer van die jaargetye

bepaal van lente, somer, herfs en winter. Alles het in onoortreflike wysheid

aan die werk gegaan, wat altyd en ewig onveranderd bly solank die

skepping bestaan, want alles voltrek hom volgens Goddelike wet. En

daarom geld vir die verskillende wêrelde en wesens ook verskillende wette,

maar alles daarvan begunstig die positiewe ontwikkeling en alles hou ook

rekening met die reeds bereikte graad van volwassenheid. Daarom sien Ek

My skepping met welgevalle omdat Ek daarin nie die gevallenes sien nie,

490

maar die middele om die gevallenes te help opstyg en Ek al hierdie middele

as vol van liefde en wysheid insien, wat eens die terugkeer van die

gevallenes na My sal bewerkstellig.

En julle mense kan julle in My skepping verbly, want dit bied julle

wonderwerke wat julleself nie in staat is om tot stand te bring nie. Julle kan

dit steeds weer opmerk en in verwondering staan, maar julle gaan agteloos

verby dit wat vir julle getuig van die Wysheld, Liefde en Mag van julle

Skepper. En tog het hierdie hele wêreld alleen ter wille van julle almal

ontstaan en julle is die kroon daarvan, julle is die eens gevallenes wat hulle

bevind op die laaste kort stukkie van die terugweg. Alles wat julle om julle

heen sien, was julle behulpsaam om hierdie graad te bereik, julle het al

hierdie vorme al oorwin. Maar in die laaste stadium as mens het ook My

teenstander weer mag oor julle, wat Ek hom nie kan afneem nie, maar wat

julle homself kan ontruk as julle wil op My gerig is. En weer staan alle

ligwesens julle by om julle te ondersteun in die stryd teen hom, want hulle

almal wil dat julle vry word van hom wie alleen die aanleiding was dat die

aardse wêreld ontstaan het, omdat hy julle na benede, die diepte in, getrek

het. Julle moet egter self kies by welke heer julle julleself wil aansluit en

hierdie beslissing alleen bepaal julle lot in die ewigheid. Amen

God herstel ‘n groot fout

8923 1 Februarie 1965

Ek wil julle ‘n baie belangrike verduideliking gee wat die van julle moet inlig

wat nog oortuig is dat die bose ook inherent in My is en dat Ek daarom

vermoedelik wesens met al hul slegte instinkte en eienskappe geskep het.

Julle wat teen al hierdie instinkte moet veg om julle oertoestand te herwin,

het nie uit My so te voorskyn gekom nie, want as dit die geval was het Ek

‘n geestewêreld geskep wat nie as My beeld geag kan word nie. Alles kom

uit My te voorskyn in absolute volmaaktheid en het volmaak gebly vir ‘n

oneindigheid. Daarom, as hulle in My beeld geskep was, het Ek Self allerlei

bose eienskappe in My volgens julle opinie, daarom moet Ek ‘n God van

tweeledigheid wees, wat goed en kwaad gelyktydig skep. In die geval, kon

die wesens egter nie beskou word as skuldig nie, omdat hulle hulself van

My sou losmaak as gevolg van hul neiging. En dan sou die Verlossingsdaad

deur Jesus-Christus ook nie noodsaaklik gewees het nie, omdat 'sonde' ‘n

oortreding teen My is wat die wese egter nie kon begaan nie aangesien hy

nie op ‘n andere manier geskep was nie, daarom sou Ek Self die oorsaak

van hierdie sogenaamde sonde wees.

As julle glo dat alle teenoorgesteldes inherent aan die mees volmaakte

wese is dan weerspreek julle julleself, omdat volmaaktheid goed moet

wees, dit kan nie met bose eienskappe geassosieer word nie omdat dit dan

nie meer volmaak is nie. Maar elke gevalle gees word met die oersonde

belas wat hyself vir ewig nie kan verlos nie. Daardeur kan julle die

enormiteit en die erns van hierdie sonde teen My sien, so Ek is veronderstel

491

om Self die oorsaak te wees? Van ‘n sonde wat ‘n daad van genade vereis

soos die wat die mens Jesus volbring het? Wie besef het dat hierdie sonde

een dag terwille van geregtigheid verlos moes word.

Een van die suiwerste engelewesens aanvaar om hierdie daad van

verlossing te doen, wetende dat die sonde van afval van God die grootste

oortreding teen Sy liefde was. En was Ek veronderstel om hierdie sonde te

ondersteun deur wesens met 'alle teenoorgesteldes' te skep? Sodat deur

My ingeskape sonde, hulle ‘n martelende pynlike weg deur die materie

moet gaan, wat so nogmaals ‘n volkome bose wese impliseer en nie die

grenselose liefde van ‘n hoogs volmaakte God en Skepper wat ‘n Vader vir

julle almal wil wees nie.

Alles wat gebeur het deur die oersonde is as gevolg van die werk van My

teenstander, wat self die oorsaak gewees het, wat julle met alle kwade

instinkte ingeprent het en wat dit kon doen die oomblik toe julle My

uitstraling van liefde verwerp en so nie meer krag gehad het om julleself

teen hom te verset nie. Solank julle hierdie misleide onderrig steun, het

julle nog ‘n baie verduisterde konsep van My. Solank julle die oorsprong

van kwaad in My soek begryp julle nog nie die daad van Christus se

verlossing reg nie. Omdat julle slegs van die oersonde kan praat as julle

tenvolle verantwoordelik daarvoor is en dit kan nie die geval wees as Ek

julle reeds met ‘n tendens van sonde in julleself geskep het nie. nogtans,

aangesien julle met die oersonde belas word, waarvan julle slegs deur

Jesus-Christus verlos kan word, maar My nie van enige onregverdigheid

kan beskuldig nie, is dit duidelik dat die sonde teen My deur julleself

begaan was, dat My teenstander julle beweeg het om hierdie sonde te

begaan, wat julle vrywillig begaan het en daarom julle ook tenvolle

verantwoordelik daarvoor is dat julleself alle kwellinge en lyding van die

verlede veroorsaak het en Jesus-Christus sal julle help om vry te word van

hierdie skuld.

Aan julle, wat My wil dien deur die waarheid te versprei, is die

skeppingsdaad omvattend verklaar, vir sover julle dit kan begryp. En van

dit alles volg dat die geestewêreld oorspronkelik in volledige volmaaktheid

geskep was en dat Ek met die menigte van die eersgeskape geeste vir ‘n

ewigheid uiters gelukkig was. Maar Ek was ook vir ‘n ewigheid op hoogte

gewees van die verset van My eerste geskape gees, Ek was op hoogte

gewees van sy opposisie en die verwarring wat hy onder My vroegste

geeste veroorsaak het. Ek weet van hul afval van My, maar Ek het hom

gaskape as My beeld met dieselfde skeppings mag en skeppings krag en Ek

het hom nie gestop toe hy hierdie mag verkeerd gebruik en al sy slegte

eienskappe op hulle oordra wat hom vrywillig gevolg het nie, omdat Ek

toegelaat het dat die wil van alle wesens vry moet wees. En dit verklaar die

val in die diepte, dit het vrywillig gebeur en was besonder ernstig omdat

die wesens nog in die lig van bewustheid was en tog het hulle alle bose

492

eienskappe aanvaar wat My teenstander hulle mee deurdring het, maar

waarvoor Ek Self nie verantwoordelik gehou kan word nie. Amen

In die staat van dwang is die ontwikkeling

gewaarborg, maar as mens?

8936 16 Februarie 1965

In al My skeppings, wat dit ook al mag wees, vind die ontwikkelings

vooruitgang plaas, selfs as julle mense dit nie kan waarneem nie. Maar julle

moet My Woord glo dat niks weer sal terugval in ‘n staat wat reeds oorwin

was nie. Dit kan slegs in die menslike staat voorkom omdat die mens die

vryheid het om die weg van volwasse wording te gaan of weer in die diepte

af te gly. En as julle daar aan dink dat dit ‘n ewigheid geneem het om julle

as mens te mag beliggaam, as julle die oneindig lang weg oorweeg wat

julle een dag tot hierdie inkarnasie moes lei, moet julle ook verantwoordelik

voel tydens julle tyd op aarde, wat waarlik slegs ‘n kort tyd is in

vergelyking met die tydsduur van vorige beliggamings deur die diversste

wesens.

En tog is juis hierdie tyd as mens beslissend vir julle latere lot. Want voor

dit het julle die weg oor die aarde in ‘n staat van dwang gegaan, julle kon

niks anders doen as om te leef volgens My wil nie en moes vorder sonder

versuim. Maar nou is julle lewens wyse ‘n saak van julle eie vrye wil. Wat

julle tydens julle inleidende stadia moes doen om van diens te wees, is nou

in julle hande, julle word nie meer gedwing nie maar die liefde moet julle

nou motiveer om dit te doen, maar julle moet self hierdie liefde ontsteek,

dan sal julle diens maklik wees en julle weg deur die lewe sal lei tot verdere

ontwikkeling. Daarom is dit uiters belangrik dat julle in julle aardse lewe

oor die betekenis van ‘n lewe van liefde ingelig is, dat julle die effek en die

gevaar aan ‘n gebrek van liefde weet, wat ‘n terugslag kan veroorsaak en

vreeslik vir julle sal wees. In die verlede het Ek Self julle op gehelp omdat

julle deur My liefde gevolg was wat telkens tot geleendhede lei sodat julle

een dag as mens kon beliggaam. Maar nou moet Ek My wil van julle

terugtrek, Ek moet dit aan julleself oorlaat om na verdere ontwikkeling te

streef. Hoewel Ek julle die pragtige gawe van genade vir julle aardse lewe

as mens gegee het. deur ‘n klein vonkie van My Goddelike Gees in julle te

plaas, ‘n deel van Myself wat julleself moet aansteek, wat julle taak in die

lewe is. Ek moes julle hierdie vonkie van liefde gee of julle sou weer

tenvolle ten prooi geval het aan My teenstander wie nou ook weer die reg

het om vir julle siele te veg, wat voorheen nie moontlik vir hom was nie. En

so aan die eenkant moet julle inderdaad sy aanvalle verwag maar julle het

nietemin ‘n teenkrag. My Goddelike vonk van liefde waarmee julle hom kan

weghou, waarteen hy altyd magteloos is, mits julleself dan hierdie vonk in

julle koester, dat julle tenvolle gebruik van My gawe van genade maak,

493

want dan sal julle die doel wat vir julle gegee was vir julle aardse lewe

veilig bereik.

Nietemin, as julle hierdie vonk van liefde ignoreer sal julle aan sy beheer

onderworpe wees, hy sal julle altyd verder af trek en sal julle weer kan

oorheers as julleself hom hierdie mag gee. In hierdie geval was julle hele

vorige aardse ontwikkeling egter vergeefs gewees en Ek sal nie in staat

wees om julle van ‘n hernude val in die diepte te red nie.

Om hierdie rede is dit enorm belangrik dat alle mense van die Evangelie

van die liefde weet, dat elkeen weet welke gevolge ‘n lewe van liefde met

hom meebring en ook weet dat julle vir julle aardse lewe self

verantwoordelik is. Want Ek kan alles doen, Ek kan julle van alle

geleendhede voorsien, Ek kan julle lot as sulks lei dat julle My sal kan vind,

maar Ek kan julle vrye wil nie dwing nie. Julle moet die finale besluit self

neem en alle seën is tot julle beskikking vir julle om te gebruik. Nietemin is

dit in julle hande of en wanneer julle die top bereik van waar julle nie meer

in die diepte sal kan val nie. Amen

Die siele in die hiernamaals neem aan onderrig deel

8942 23 Februarie 1965

Julle moet altyd My onderrig aanvaar omat slegs Ek julle die waarheid kan

aanbied, net Ek kan julle van die voedsel en drank voorsien wat julle siele

vereis om homself te vervolmaak. Hoewel die tyd tot die einde kort is kan

julle nog baie werk in My wingerd doen, omdat slegs een enkele geestelike

gedagte ontelbare siele in die hiernamaals sal aantrek wat hulle om julle

versamel, wat almal behoefte het om voedsel en drank te ontvang en wat

Ek op elke denkbare manier sal ondersteun. Hierdie siele sal deelneem in

wat Ek aan julle gee en daarmee werk en so word geen wingerdwerk van

enige aard vergeefs gedoen nie. Hulle stel dikwels vrae wat Ek deur julle

sal antwoord, omdat hulle ‘n groot verlange na kennis het, veral as hulle

nie die regte verduideliking op aarde ontvang het nie. as hulle verkeerd

onderrig was en nou besef dat hulle misleide kennis vir hulle nutteloos is.

Hul belangrikste vraag betref ‘n getroue verduideliking oor Jesus Christus

en Sy verlossingswerk en hulle kan nie dikwels genoeg oor die feit ingelig

word dat hulle op Hom vir hul vergiffenis van sonde ‘n beroep moet doen

nie. Slegs wanneer hulle die weg na Hom neem, wanneer hulle hul volle

skuld onder Sy kruis dra kan hulle genoë in die lig neem. Dan sal hulle My

uitstraling van genade terselfdertyd ontvang dan kan hulle die lig van My

direk ontvang. Sodra hulle om julle versamel, het hulle reeds die wil om lig

te ontvang en dan moet hulle slegs ‘n klein stappie neem om Jesus Christus

te vind en hulself aan Hom toe te vertrou. Die werk is so noodsaaklik vir die

siele in die hiernamaals omdat dit ‘n geweldige effek het en ‘n teenmaatreël

is teen die een wat reeds sy hand uitgesteek het om hulle in die afgrond te

trek. Sodra die siele hul weg na julle gevind het sal hulle in kontak met

julle bly, omdat My liefde hulle gegryp het en hulle nie sal uitsluit nie.

494

Maar al hierdie siele moet oor die waarheid ingelig word, omdat elke

valsheid soos ‘n skaduwee is wat hulle gevoelens verwar en die siele aan

baie valsheid onderworpe was tydens hul aardse lewe, wat hulle geleidelike

moet verloor en daarom die waarheid moet leer ken. Om hierdie rede word

die getroue inligting aan julle mense op aarde gestuur of julle sal aan

dieselfde probleme in die hiernamaals die hoof moet bied, maar julle het

die groot seën om deur die Ewige Waarheid self onderrig te word. Want

elke verkeerde konsep wat julle ten tye van julle heengaan hou, julle in

ewigheid sal volg en kan julle verhinder om die waarheid aan te neem

wanneer dit julle aangebied word.

Die rede waarom Ek julle aandag vestig op so baie misleide onderrig is toe

te skryf aan die feit dat julle nie die koninkryk van die hiernamaals ook in

hierdie staat moet ingaan nie, dat julle die suiwer waarheid vooraf reeds

moet ken en dit aan hulle kan deurgee wat ook verlang om die waarheid te

ken. Die wesens van die hiernamaals het toegang tot hulle almal, elke

ontvanger van die waarheid word omring deur tallose wesens wat ook

behoefte het om die voordelige voeding van hulle te ontvang. Daarom is die

studiegroep enorm en word ook deur die ligwesens ondersteun, wat slegs

na geluister sal word wanneer die siele in die hiernamaals reeds ‘n klein

hoeveelheid kennis deur aardse inwoners bereik het. Dan sal hulle ook vir

hul onderrig oop wees en met hul hoër ontwikkeling voortgaan. Die van

julle wat die waarheid direk van My ontvang moet slegs altyd poog om die

waarheid oor die hele wêreld te versprei. Gebruik elke moontlike weg wat

kan dien om My Woord uit te dra en julle sal nie vergeefs gewerk het nie.

Want die einde kan nie vertraag word nie, dit kom met absolute sekerheid

vinniger nader as wat julle dink. Dit sal alle mense verras en geseënd is die

persoon wat die waarheid weet, wat julle slegs deur My Woord kan bereik.

Amen

Die mens is geen "toevalsproduk" van ‘n skeppende

mag nie.

8943 25 Februarie 1965

Die mens met al sy ondeugde, foute en gebreke is maklik geneig om te glo

dat hy so deur God geskape is, tenminste, as hy nog glo om uit Hom voor

te kom. Maar die Skepper sou alle liefde en wysheid ontsê moet word by Sy

beweegrede om sulke wesens te skep, want dan sou elke mens slegs ‘n

produk wees van ‘n wese wat dus self onvolmaak was, wat vanuit ‘n gril die

mens skep, maar aan wie nooit die hoogste volmaaktheid toegeken sou kon

word nie.

Wie dus ooit so'n gedagtes kan koester, hy is nog heeltemal sonder lig. Hy

vorm van die Skepper vir homself ‘n totaal vals begrip, want die bestaan as

mens is maar ‘n stadium van ‘n oneindig lang ontwikkelingsproses. Dit is

egter dieselfde tyd ook die vernaamste stadium, want gedurende die tyd

495

neem die wese nou as mens die laaste wilsbeslissing om daardeur ook weer

sy oertoestand, waarin hy eens geskape is, te kan bereik.

Julle moet weet, dat julle herkoms uit die hoogs volmaakte WESE ‘n staat

was van hoogste volmaaktheid en dat julle nou in ‘n toestand is wat julle

julleself geskep het en dus nie die werk van julle Skepper van ewigheid is

nie. Julle mense moet weet dat dit nie maar ‘n tussentydse situasie is wat

julleself veroorsaak het deur verkeerde denke nie. Die toestand sou julle

egter weer kon verander in julle oorspronklike staat, as julle wil daartoe

bereid sou wees.

Daarom moet julle stry teen al julle ondeugde en foute. Julle moet probeer

om julleself te verander en ‘n toestand skep waarin julle alle foute in

deugde omsit, waarin julle, vanuit ‘n houding wat heeltemal teen God gerig

is, ‘n verandering realiseer wat julle in Sy nabyheid plaas en julle weer die

oorspronklike staat nader waarin julle eens uit Hom voortgekom het.

Julle kan nooit die "daar is hy" as mens as ‘n aparte lewe beskou nie. Julle

sou altyd moet weet dat daar ‘n "eerder" gewees het en dat daar ook ‘n

"hierna" is. Dat julle egter in julle bestaan as mens ‘n besluit moet neem of

julle vry wil wees van elke vorm, of wil julle weer terugval in ‘n stadium wat

julle al lank reeds oorwin het. Maar as julle glo dat julle’n "toevalsproduk"

is van ‘n skeppende mag, wat uit willekeur wesens buite hom plaas wat min

of meer met gebreke en ondeugde van allerlei aard gepla is.

Glo dat aan die Skeppingsmag Liefde en Wysheid toegeken moet word en

dat Hy julle skep met die bedoeling om HOMSELF, d.w.s. Sy Liefde in die

geskape wesens te kan laat binnenstraal. Wat die wesens self verhinder,

wat Hom - die Liefde - afwys en daardeur in die teendeel verander, in die

wesens wat julle nou as mens is maar altyd met die doel om weer julle

vroëere hoedanigheid te verwerf.

Beskou dus julle tyd op aarde alleen maar as ‘n deurtog. Beskou dit as ‘n in

die Goddelike plan voorsiene terugvoering tot julle eintlike staat, waar julle

eens hoogs volmaak uit die Skeppingsmag voortgekom het. En weet dat

julle in die aardse lewe alle moeite moet doen om teen alle ondeugde te

veg wat julle belet om weer die vereniging met julle Skepper van ewigheid,

Wat julle Vader wil wees, aan te gaan, dat julle egter oneindig salig sal

wees as die omkeer julle geluk. As julle die verandering tot liefde moontlik

maak en julle daardeur die liefdestraal van julle Vader weer mag opvang

wat julle die saligheid berei. Want dit is julle doel, om weer te word wat

julle in die allereerste begin was, ‘n in hoogste volmaaktheid staande wese,

soos julle eens uit God voortgekom het. Amen

Na die lees van ‘n boek oor Indiese godsdiens

8944 26 Februarie 1965

Julle het die belangrike taak op julle geneem om die suiwer waarheid te

versprei wat van bo aan julle gestuur is, wat veral belangrik is omdat dit

oral deur My teenstander teengestaan word. En julle sal besef dat hy

496

oorheersend is omdat die aard van die mense hulle in sy slawe verander,

as hulle alles aanvaar wat hulle aangebied word maar nie kan onderskei

waar dit vandaan kom nie. En tog kan dit maklik vas gestel word, want as

dit waarheid is, moet die daad van Jesus Christus se Verlossing sonder

versuim vermeld word. Hierdie daad van genade moet as kern van die

suiwer waarheid benadruk word. En dan sal julle maklik kan sien wat met

die waarheid ooreenstem. Want Ek het uitdruklik daarop gewys dat elke

Gees wat bely dat Jesus Christus vlees geword het om die wêreld te verlos

julle nie verkeerd sal onderrig nie. Tog raak dit darem die feit dat Jesus

Christus die Verlosser van sonde en dood is.

Julle mense word belas deur die oersonde en julle kan slegs van dit bevry

word deur dit na die kruis te dra. En julle moet dit glo. Want absolute

bewys kan julle nie gegee word nie omdat julle die weg na die kruis

vrywillig moet neem. Slegs dit sal ‘n lewe van geluksaligheid veroorsaak

wanneer julle, julle aardse liggaam moet verlaat en die koninkryk van die

hiernamaals ingaan, julle ware huis, wat julle dan ook julle lot sal aanbied

waarna julle op aarde gestreef het. Julle mense moet glo dat julle die

gevalle oergeeste is, dat die weg oor hierdie aarde van verbygaande aard is

en slegs die wilstoets vereis om julle ware aard te herwin, om weer eens in

My koninkryk te skep en te werk as geseënde geeste, op voorwaarde dat

julle nie faal nie en weer die ontwikkeling deur alle skeppings moet herhaal.

En dit is die suiwer waarheid wat julle moet ondersteun omdat die omvang

van valsheid groter word, omdat die mense die laaste dae beleef en My

teenstander slaag daarin om hulle te bedrieg. Hy is so knap dat hy baie

liggelowige aanhangers gekry het wat slagoffer geword het van mediums,

van hipnose, van self-misleiding deur suggestie, alles wat dieselfde doel

dien om die Goddelike ‘Verlosser’ te verwerp of Hom voor te stel as 'n

gewone mens, wat sekerlik die hoogste doel nagestreef het maar nie as ‘n

'beliggaamde Godheid’ nie. Nietemin, sal elkeen met ‘n opregte begeerte

om die waarheid te ken en wat deur ‘n lewe van liefde homself so vorm dat

My Gees in hom kan stroom, ook die kennis gegee word van Jesus Christus

en Sy verlossingswerk. As hy dit nie tydens sy aardse lewe ontvang nie,

dan is sy graad van liefde beslissend om hierdie kennis aan hom in ‘n flits

te gee wanneer hy die koninkryk van die hiernamaals ingaan. Dan sal hy

ook die seën van die verlossingswerk gebruik, hy sal hom in die Goddelike

Verlosser se arms haas en sal ook verlossing van alle skuld vind. Daarom is

slegs ‘n lewe van liefde noodsaaklik om hierdie kennis te ontvang, wat

egter altyd dieselfde sal wees, omdat die waarheid slegs kan wees wat Ek

Self aan die mense gee wat hulself as houers vir die Gees voorberei.

Die feit, dat ligwesens telkens weer bereid is om na die aarde te kom om

die regte kennis aan mense te bring kan nie ontken word nie en nog word

hulle gekonfronteer met moeilike omstandighede met betrekking tot vooraf

aanvaarde opinies. Omdat hulle aan verskillende godsdiens rigtings

behoort. Dit maak nie saak hoe hard mense probeer om self volmaak te

497

word nie, hulle kan dit slegs bereik deur ‘n lewe van liefde te leef. Maar dan

sal hulle ook oop wees vir die regte onderrig met betrekking tot die

Goddelike Verlosser.

Maar waar hele volke vir die waarheid ontoeganklik is, waar slegs die

enkeling bereid is om dit aan te neem, kan My liefde nie krag uitoefen nie

en Ek sal met ‘n eerbare lewenswyse tevrede wees wat ook vrugte sal dra.

Maar Ek sal nie van die waarheid afwyk insoverre dat Ek verskillend wette

op ander mense sal toepas nie, selfs as Ek erken dat mense met ‘n hoë

graad van volwassenheid dade kan doen bo hul menslike kapasiteit. Maar

dan het hulle ook die innerlike bewustheid van Jesus Christus as Goddelike

Verlosser, Wie deur elkeen benader moet word om van hul oersonde bevry

te word. Want slegs hierdie kennis sal veroorsaak dat julle ‘n salige lewe in

die geesteryk sal hê, wat julle na die dood van julle liggaam kan verwag.

Omdat julle bestaan op aarde van verbygaande aard is, is die geesteryk

julle ware huis waar julle weer sal lewe wanneer julle Verlossing deur Jesus

Christus gevind het. in julle ware staat, soos dit in die begin was. Amen

Uitleg oor die bestaan van die mens

8945 27 Februarie 1965

Julle is reeds ‘n eindelose lang tyd op die aarde, wat julle waarlik ewighede

sal kan noem. Weliswaar nie as die “ek-bewuste” oergees nie, maar in die

nietigste partikeltjies het julle hierdie lang weg afgelê, wat julle weer na die

oertoestand moet verplaas, waarin julle julleself in die allereerste begin

bevind het. As julle dit besef dat julle deur alle skeppings gegaan het

omdat in alles wat julle sien, wat om julle heen as skeppingswerk te beskou

is, ‘n kragvonk uit My moet wees, omdat julle andersins nie sou kon

bestaan nie. Dan sal julle ook al hierdie skeppings leer bekyk as eens deur

My uitgestraalde geestelike, wat die verbinding met My uit eie wil verbreek

het, dat omdat hulle egter onverganklik is, hulle ook weer eenmaal met My

in verbinding moet tree, omdat dit wet is en bly, dat die uitgestraalde krag

weer na My toe moet terugkeer.

Dan eers sal julle werklik die stadium as mens waardeer, deurdat julle weer

hierdie bewustelike verbinding met My tot stand moet bring. Alle skeppings

om julle heen sal julle daar aan herinner dat dit die laaste doel is om na te

strewe, as julle nie opnuut die weg deur die materie wil aflê nie, waaraan

julle nou met My hulp ontsnap het. Dat dit so is moet julle glo, want dit

kom tot julle deur die Gees uit My. Dog alleen so kan die hele skepping aan

julle verklaar word. En Ek doen dit met die oog op die naderende einde, om

mense opheldering te gee oor dit wat julle en die hele skepping, in die

diepste grond, is. Want die weiniges wat hiervoor oopstaan, sien daarin die

enigste verklaring.

Hulle sien daarin My oneindige liefde, die nie oortrefbare wysheid en

eindelose mag, en hulle twyfel ook nie daaraan dat dit so is nie. Maar veel

meer mense dwaal rond in duisternis van gees en om aan hulle die groot

498

verantwoordelikheid van die aardse lewe duidelik te maak, sal ‘n moeilike

taak wees en meestal ook tevergeefs bly. En hulle kan ook die hernude

gang deur die skepping van die nuwe aarde verwag, as Ek hulle nie reeds

voortydig oproep van die aarde nie. As die mense hulself maar eens ernstig

besig wil hou met die vraag wát hulle is, vanwaar hulle kom en wat hulle

eintlike opdrag op die aarde is, dan sou tallose ligwesens vir hulle hierdie

vrae kom beantwoord. Op hierdie vrae sou die een na die ander helder

gedagte volg en die duisternis sal verdwyn.

Solank julle egter nie ‘n bietjie lig daaroor ontsteek word nie, dat die gang

oor die aarde die laaste stadium is van ‘n ontwikkelings proses na ‘n

eindelose lang weg van voorontwikkeling, solank sal julle ook nie bewus

wees om met verantwoordelikheid deur die aardse lewe te gaan nie. En die

groot gevaar bestaan; as julle nie ‘n lewe in liefde lei nie, dat julle lewe op

aarde nutteloos is.

Sodra julle egter in liefde leef, kan julle tog julle doel bereik ook sonder om

iets te weet van julle verlede. Want slegs die liefde, wat julle laat volwasse

word op aarde, is nodig. Omdat die liefde egter afgekoel is in die laaste tyd

vóór die einde, probeer Ek julle verstand aan te spreek, deurdat Ek julle die

lang weg oor die aarde voorhou en julle eens suiwer verstandelik die

langsame ontwikkeling van alle skeppings uitlê, sodat julle daaroor kan

gaan nadink wat julle God en Skepper daarmee wil bereik. Ek probeer julle

slegs aan te spoor om na te dink, want dan kan die ligwesens ook

tussenbeide kom en julle vrae deur gedagtes beantwoord.

As daar egter heeltemal geen liefde meer onder die mense is nie en hulle

weier ook om ernstig na te dink, dan is daar geen hoop meer op redding

nie. Dan tree die wet onherroeplik in werking, wat die opnuut inpas,

naamlik die hernude kluistering in die materie bepaal. Maar My worsteling

oor die siele sal nie verminder tot die einde nie. En waar die moontlikheid

tot ‘n verandering van wil nog bestaan, daar lei Ek My

barmhartigheidstroom heen om steeds weer ‘n keer die aantal te

vermeerder van hulle wat self besef dat hulle uit My voortgekom het. Hulle

wat weer tot My wil terugkeer, wat in die ryk van die lig ingaan en hulle

aardse lewensdoel bereik het, wat Myne is en dit sal bly. Amen

Slegs gebed beskerm ons teen die aktiwiteite van

die teenstander

8955 15 Maart 1965

Hoe meer dit na die einde toe gaan, des te hewiger sal die aktiwiteit van

My teenstander wees. En julle almal sal dit gewaarword, want daar sal geen

dag verbygaan waarin julle nie verontrus word, of op ‘n ander manier sy

boosaardigheid sal bespeur nie. En niks sal help, as dat julle bid, en

julleself met Hom verbind, Wie gebieder is, ook oor hom Wie Hy oorwin

het, deur Sy dood aan die kruis. ‘n Innige gebed gee julle weer vrede, wat

499

hy van julle wil roof. Want as julle julleself na My keer, is sy mag gebreek,

al span hy homself hoe ywerig in om julle in onrus te stort.

Die gevegte met hom sal steeds hewiger word, want hy laat nie na om julle

in die noute te bring nie, en steeds weer moet Ek julle sê dat slegs gebed

julle beskerm teen sy aktiwiteite. Want dan gee julle blyke daarvan dat

julle My soek en van hom bevry wil word, dan kan Ek ook My Mag teen

hom gebruik, Ek kan hom verhinder om met sy kwellings aan te gaan, want

julle gee My dan self, deur julle wil, die reg bo hom.

Maar in die eindtyd sal sy woede steeds sterker word en tog sal hy geen

sukses hê met Myne nie, met hulle, wat met alle innigheid na My verlang

en My aanroep om My beskerming. En wie sou Ek tog eerder wil beskerm,

as Myne, wat altyd met My verbonde wil wees en wat hulle dienste vir My

aangebied het. Julle moet slegs glo dat Ek ook Mag oor hom het, dat julle

nie weerloos aan hom oorgelewer is nie en dat julle die krag sal hê om elke

aanval van hom af te weer.

En hierdie krag moet julle uit My Woord haal, julle moet julle altyd

verdiep in dié Woord en dit sal lig om julle wees, en hy sal vlug en julle

sal van hom bevry wees. Laat julle nie gevange neem deur die wêreld nie,

want dan vind hy ‘n opening om binne te sluip en lok julle met sy goedere.

Dan het hy ook ‘n sekere mag oor julle en julle besef dit nie, omdat hy julle

kan mislei. Ek kan julle egter dan nie te hulp kom nie, want julle het julle

oorgegee in sy hande en My vergeet, dan sal julle moet worstel vir julle

innerlike verbintenis met My, dan sal julle eers ondervind wat dit beteken

om julleself van My losgemaak te hê, want hy hou dit vas wat hy eenmaal

besit. Dog laat Ek niemand val wat ernstig na My verlang nie, hy sal slegs

erg moet worstel om weer die trap te bereik waarop hy eers gestaan het.

Sorg daarvoor dat die teenstander nie Mag oor julle verkry nie, en roep My

aan in julle nood, want Ek is altyd bereid om te help, wanneer hierdie roep

uit die hart kom. Laat die wêreld net nie die oorhand oor julle kry nie, want

dan sal die een julle van diens wees wat god van hierdie wêreld is en dan

kan Ek maar net wag totdat julle die weg na My toe sal terugvind. Amen

’n Skerp verstand is geen waarborg vir die insien

van die waarheid nie

8959 4 April 1965

Dit is nie ‘n goeie teken as die mense in ongelowigheid verdwaal raak nie,

want dan staan hulle buite alle verbinding met hulle God en Skepper. Hulle

dink slegs suiwer wêrelds en alles wat hulle onderneem, dien slegs tot die

onderhoud en welsyn van die liggaam, wat egter vergaan as die laaste uur

van die mens geslaan het.

En waar slegs die aardse wêreld die inhoud van die lewe is, daar bly die

aardse lewe nutteloos, die siel verlaat die liggaam presies soos sy toestand

was by die begin van die beliggaming en hy het geen stap verder gekom

500

nie. Die mens het sy aardse lewensdoel gemis, selfs al was hy verstandelik

hoe hoog ontwikkel.

Juis die skerp verstand hinder hulle om ‘n geestelike wêreld te sien, as

hulle heeltemal sonder liefde is. Dan sal hulle ‘n God en Skepper ronduit

verloën en alle skeppings slegs volgens die wette van die natuur aanvaar,

sonder dat hulle daaroor sal nadink, dat daar ‘n Wetgewer moet wees aan

Wie se Wil alles onderworpe is. Sodoende is dan die "hoëre

ontwikkelingstrap” van die mens reeds bereik vanuit suiwer menslike

oogpunt. Die mens glo dat hy deur sy verstand aan die top staan en kan

byna nie meer oortref word nie. Maar in die ontwikkeling van sy siel het hy

nie die geringste vooruitgang gemaak nie en hy kan van ‘n mens, wat

verstandelik ver onder hom staan, tog die mindere wees, omdat hy deur

God gewaardeer word volgens sy liefde, wat in hom ook ‘n geloof aan ‘n

Godheid tot gevolg het, ongeag hoe hy dit ook noem.

En as hierdie mens nou deur sy liefde ook die werksaamheid van die gees

in homself toelaat, dan sal sy denke steeds nader aan die waarheid kom en

dan is hy gered vir tyd en ewigheid. En so bestaan nou ook die gevaar dat

selfs die mense by wie ‘n versekerde geloof aan God nie ontken kan word

nie, homself aansluit by onware geestelike rigtings, waaraan hy met

hardnekkigheid vashou, wat Jesus Christus nie as Verlosser van die

wêreld wil aanneem nie, en wat daarom, as hulle nie voor die tyd die

korrekte inligting kry nie, sonder Hom by hulle dood die ryk hierna ingaan

en ook daar niks daaroor wil aanneem om Hom ten laaste te vind nie. En

die getal van diegene is baie groot.

En daarom sal steeds weer die lig van die waarheid verlig, want slegs die

waarheid maak vry. Maar juis die waarheid word nie deur mense met ‘n

ongewone skerp verstand aangeneem nie, behalwe die paar wat dan ook

korrek dink en hulself afhanklik voel van ‘n alles oorheersende Mag. Hierdie

weiniges sal ook hulle kennis van wêreldse dinge saamneem na die

hiernamaals en ook weer van daar af die mense opheldering kan gee oor

vrae betreffende die wêreld, wat nou presies so dink sodat hulle God erken,

wat egter maar selde die geval sal wees.

Die ander gaan egter totaal sonder enige kennis die hiernamaals in. Hulle

staan heeltemal leeg en arm aan die poort van die ryk hierna en ‘n groot

donkerheid omring hulle, wat ook nie sal verdwyn, alvorens hulle nie

langsaam deur ligwesens tot ‘n verandering van hulle denke kom nie. Maar

die gevaar bestaan ook dat hulle nog verder sal wegsink in die duisternis en

dat hulle weer opnuut gekluister gaan word, wat aan die einde van ‘n

aardse tydperk maklik die geval kan wees, omdat daar vir hulle nie meer

veel tyd oorbly om van gedagtes te verander nie.

Hulle het dus van hulle ontwikkeling, wat vooruitstrewend moes wees, geen

enkele nut nie. Hulle staan geestelik nog ver onder ‘n mens wat vanweë sy

ras geminag word, en wat tog in die hart die liefde kan laat ontbrand, wat

501

nog in ‘n God glo, ongeag hoe hy Hom voorstel, maar hy voel en glo dat hy

uit die Mag voortgekom het.

En wanneer so 'n mens nog in die kennis gebring word oor die goddelike

Verlosser Jesus Christus, dan sal hy ook tot die verlostes behoort. Want juis

hierdie mense neem dit veel ernstiger en lewe hulle aardse lewe meer

bewustelik in hulle verantwoording. Want hier geld ook weer: "Die laastes

sal die eerstes wees". Daarom lê daar ‘n groot seën op die werk van die

"predikers" wat hulself oor sulke mense bekommer, deur hulle die Woord

van God te bring, wat teen geen moeite opsien nie en homself onbaatsugtig

instel vir die verspreiding van die leer van die Verlossing deur Jesus

Christus, want dit is die vernaamste waarvan die mense kennis moet neem.

Wie egter glo dat die lewe met die aardse dood ten einde is, die het sy

skerpsinnigheid sleg benut, want daar is genoeg bewys dat daar geen

verganklikheid bestaan nie maar dat alles verander. Daar is niks wat ophou

om te bestaan nie, maar alles verander maar net sy uiterlike vorm. En so is

ook die siel van die mens onverganklik, maar na die dood kom hy weer in

die vorm voor wat ooreenkom met sy aardse lewe. Hy keer dus weer terug

in ‘n toestand van die dood, omdat hy op aarde versuim het om homself die

lewe te gee. En hierdie toestand is buitengewoon kwellend, maar kan altyd

nog ‘n verbetering ondervind deur die hulp van die ligwesens, wat geen siel

aan homself sal oorlaat as hy homself nie weer in sy substansie sal verhard

nie en die gang oor die aarde opnuut moet aflê.

Want God is regverdig en die aardse lewe is ‘n barmhartigheidsgeskenk,

wat die mens ook moet benut. Want dit is vir hom moontlik om die lewe vir

homself te verwerf wat hom vir ewig tot ‘n geluksalige wese sal maak.

Maar teen sy wil in kan die saligheid nie aan hom geskenk word nie, want

God eerbiedig die vrye wil van die mens. Amen

Liefde herken valsheid in die hiernamaals -

Voorbidding

8960 7 April 1965

Alles wat nog is en verborge moet bly van julle op aarde, omdat julle staat

van volwassenheid dit nie sal begryp nie, sal aan julle geopenbaar word.

Sodra julle (die koninkryk van die hiernamaals) met slegs ‘n klein

hoeveelheid kennis binne gaan sal julle weet dat julle, julle bewustheid

enige oomblik kan vergroot. Julle sal weet dat julle slegs aktief moet liefhê

om sonder mate te ontvang. Maar julle moet hierdie klein skynsel van lig

hê, dan sal julle automaties by die plek kom waar die verdere kennis

beskikbaar is en julle hoër ontwikkeling sal verdergaan. En julle verlange

om meer en meer te hoor word meer intens, hoe meer kennis julle gegee

word, omdat My gawes onbeperk is maar dit moet altyd van ganser harte

begeer word. En so, weet elke mens wat lewe met liefde op aarde ook dat

hy ‘n lig het wat die weg verlig wat hy moet gaan. Slegs liefde sal in ag

502

geneem word en so stem die staat van die siel ooreen met sy graad van

liefde wanneer hy die geesteryk ingaan. Maar dan sal hy ook die valsheid

as sulks herken en sal hom van dit losmaak, want geen geluksaligheid kan

van valsheid verwag word nie. Misverstand verwar die gedagtes en moet

deur ‘n lang stryd voorafgegaan word om die siel daarvan te bevry.

Die feit dat die meeste mense sterf met misverstande het weinig gevolge

mits die persoon sy selfsugtigheid oorwin het en geleef het in onselfsugtige

naaste liefde. Dan sal hy automaties in plekke aankom waar ‘n lig skyn,

waar dit of na die aarde uitgestraal word of na hom deur die boodskappers

van lig gebring word. Daarom hang sy lot van die graad van sy liefde af en

slegs Ek kan dit herken omdat geen gedagte vir My verborge is nie. As ‘n

mens poog om My te bereik as hy slegs geïntereseerd is om dit te doen wat

My tevredestel, het hy bewys dat hy sy taak op aarde wil vervul. As hy dan

die verkeerde weg neem, wat dit moeilik maak om My te vind, dan word sy

wil vir My in ag geneem en Ek sal hom help om volmaaktheid te bereik.

Maar slegs ‘n persoon wat sy naaste as sy broer aanvaar kan My liefhê,

omdat onselfsugtige naaste liefde altyd bewys van liefde vir My is, gesien

dat Ek slegs woorde sonder ‘n lewende geloof ignoreer. In dat geval sal die

siel egter nie van valsheid skei nie, omdat slegs die liefde die lig is wat die

siel van ‘n skynsel van kennis voorsien. Dan is die ingang van die persoon

in die koninkryk van die hiernamaals slegs ‘n voortsetting van dit wat

belangriker vir hom was as sy liefde vir My, dan bly hy onderworpe aan

valsheid totdat hy homself daarvan kan bevry. Maar as julle mense op

aarde nie weet in welke staat ‘n persoon die aardse lewe verlaat nie en julle

nie direk oor dit ingelig kan word nie, moet julle intredende gebede vir alle

siele stuur, dit is inderdaad noodsaaklik as julle elke siel teen ‘n potensieel

baie lang tyd wil beskerm voor hy homself van valsheid kan bevry. Julle

kan slegs seker wees dat siele met volkome liefde die gebied van lig sal

ingaan, alle ander siele vereis julle voorbidding. En hulle sal julle waarlik

dankbaar wees, op die ou end sal slegs ‘n liefdevolle gebed wat aan My

gestuur word van nut wees en nie die gebede van gemeentes, wat bedoel is

om die siel na geluksaligheid te help nie.

Onthou die oorledenes en laat hulle weet dat julle hulle My Woord wil gee

om hulle in te lig, wat voedsel en drank vir die siele is, voeding om hulle te

versterk, omdat baie siele nog groot ontbering ly deur in skemerte te lewe,

as hulle nie tenvolle deur diepgaande duisternis oorspoel is nie. Selfs dan

kan julle hierdie siele deur innige gebed vry maak, hulle sal salige verligting

voel en sal geleidelik hul opposisie teen My laat los. Ek wil dat alle siele

verlossing vind selfs nou, Ek wil nie dat hulle weer deur die afgrond verslind

word nie. Ek wil dat die Verlossings daad van Jesus Christus telkens weer

aan hulle gebring word, dat hulle steeds beter sal begryp hoe meer lig hulle

gegee word. Want liefdevolle voorbidding is krag wat elke siel sal help vir

wie julle bid. Alle siele doen ‘n beroep op julle hiervoor omdat hulle

503

ongelukkig is terwyl hulle nie Verlossing deur Jesus Christus gevind het nie,

wie aan die kruis vir alle sonde gesterf het. Amen

Materie is verdigte geestelike krag

8961 10 April 1965

Al My skeppings is die gevalle geeste, oerwesens wat eens hulle

werksaamheid geweier het en daarom omvorm was tot al die skeppings

wat julle sien en ook sulkes wat vir julle oë verborge is, maar die gevalle

geeste, wat deels as uiterlike omhulling dien of self nog gebonde is, is in

allerlei skeppings. Julle sal moet weet dat Ek die skepping laat ontstaan het

juis omrede van die geeste, dat daar egter ook geestelike skeppings

ontstaan en sal ontstaan, wat My Wil maar net vir die wêreld skep wat

homself in die lig bevind en dat hierdie skeppings egter nie vir julle

voorstelbaar is nie, omdat dit tot die heerlikhede behoort wat Ek berei het

vir hulle wat My liefhet.

So is dus al dit wat vir julle sigbaar is ook die verste sterre wat vir julle as

ligpuntjies te sien is vanaf die wêreld, wat My grenslose Liefde vir die

gevalle geestelike geskape het, tog in hulle aard so veelsydig dat hulle ook

die geestelike in alle grade van volwassenheid kan opneem, maar wat nie

vir julle verstaanbaar sal wees nie. Wat vir julle egter nie sigbaar is nie, is

die geestelike skeppings wat My Wil, om voortdurend vorm te gee, buite

Homself plaas, wat dus slegs deur julle gesien kan word, wanneer julleself

‘n graad van volwassenheid bereik het, wat vir julle die geestelike

aanskouing daarvan moontlik maak.

Die getal van die gevalle wesens is vir julle onbegryplik groot en dit vra

weer om eindeloos baie skoolgeboue. Julle moet nie net die skeppings van

die aarde as sodanig beskou nie, ook wanneer daar van "aardse" materie

gepraat word, veeleer is al hierdie skeppings meer of minder vaste

substansie, wat volgens die graad van hulle afvalligheid, hulself verder of

minder ver van My verwyder het, of ook geestelike wesens wat al die

afstand tot My verklein het maar tog nog nie die hoogste volheid van lig

bereik het nie. Dog het al hierdie wesens eens My teenstander gevolg toe

hy afvallig geraak het van My, maar hy kon hulle nie teëhou, toe hulle

hulself van hom skei en nie tot in die uiterste diepte weggesink het nie.

Hulle substansies gebruik Ek by die skeppings wat baie makliker

lewensvoorwaardes besit, waarvoor dus nie sulke armsalige en skamele

skeppings vereis was soos wat die aarde dit te siene gee nie, omdat die

hardste substansies nog op hom tot ontwikkeling moet kom, maar dat

hierdie volwassewording slegs op hierdie aarde voltooi kan word, met die

bereiking van die kindskap van God.

My veelsydigheid ken geen grense nie en julle sal ook steeds weer nuwe

skeppings kan aanskou tydens julle volwassewording, wanneer die aardse

lewe julle nie die resultaat opgelewer het wat julle heeltemal vergeestelik

het om die ligryk te kan ingaan nie, waar wonderlike geestelike skeppings

op julle wag, wat julle onmeetlik gelukkig sal maak. Dat Ek nou egter ook

504

materie kan laat ontstaan uit iets geestelik wat nie gevalle is nie, hoef nie

betwyfel te word nie, want vir My is niks onmoontlik nie en alle materie is

verdigte geestelike krag, wat homself dus verdig het tot vorm. Maar so 'n

proses vind slegs plaas wanneer Ek Self ‘n bepaalde doel voor oë het

daarmee, soos wat dit gebeur het, toe Ek vir ‘n suiwere Liggees ‘n uiterlike

omhulsel geskep het waarin Ek Myself wou beliggaam het en dit ewiglik nie

moontlik kon gewees het in die materie van ‘n siel wat eens geval het nie.

Want ook ‘n nie-gevalle gees wat oor die aarde gaan, met die doel om

kindskap van God te bereik, moet deur die diepte heengaan en sal

derhalwe ‘n aardse liggaam nodig hê, wat egter heelwat vinniger tot

volwassenheid kan kom, omdat die weerstand teen My makliker verbreek

kan word en wat met sekerheid ook sy doel in ‘n aardse lewe sal bereik.

Maar Ek is op hoogte van die toestand van iedere siel afsonderlik, en dit is

My strewe om My teenstander se siele in so ’n kort moontlike tyd af te pers

en om die oergees Lucifer dus die een siel na die ander afhandig te maak,

sodat daar op die laatste slegs nog die verlore seun agterbly, wat homself

weer aan My sal oorgee, wat Ek weer sal opneem, omdat hy teruggekeer

het na sy vaderhuis. Amen

"Beproef die geeste of hulle van God is" Eerste brief

van Johannes: Hoofstuk 4 vers 1-3

8962 14 April 1965

Die wil van die mens moet vry bly, hy kan nóg tot aanneming nóg tot

verwerping gedwing word, want dit is die wet van die goddelike ordening.

Maar die erkenning van dit wat julle deur My groot Liefde en

barmhartigheid aangebied word, sal vir julle steeds moontlik wees en

daarom sou julle nie voorbarig aan iets moet verbygaan en dit prysgee

maar net omdat die bestaande dwaling blootgelê is en aan julle ‘n

waarheidsgetroue duidelikheid verskaf is nie. Oorweeg dit eers: dat aan

julle maar net iets beters gebied word, dat julle negatiewe gedagtes sal

moet laat vaar wat julle ‘n verkeerde beeld van My gegee het, dink daar

aan dat dit steeds maar net iets is wat gekorrigeer moet word wat homself

nie met My Volmaaktheid in ooreenstemming laat bring het nie, oorweeg

verder dat geen slegte gees aan die werk kan wees wat julle oor Jesus en

Sy verlossingswerk uitsluitsel kan verskaf nie, wees ook daarop bedag dat

daar niks onveranderd bly nie, soos dit eens van My uitgegaan het, omdat

daar geen mens bestaan wat volmaak is nie en daarom elke mens ook kan

dwaal of homself vergis, maar dat Ek, wanneer daar ‘n dwaling

binnegesluip het, dit steeds weer moet regstel om julle weer in die suiwer

Waarheid te lei.

Wanneer julle, mense dus aan die opheldering oor Jesus Christus en Sy

verlossingswerk sien dat daar slegs ‘n goeie gees aan die werk kan wees en

wanneer julle nou onophoudelik daarvan in kennis gestel sal word dat Ek

505

julle vanaf die heel begin in alle volmaaktheid buite Myself geplaas het,

wanneer Ek julle die skeppingsdaad steeds slegs so voor oë stel dat julle

nie aan My Volmaaktheid hoef te twyfel nie, dan het Ek ook My redes

daarvoor gehad wat die groot dwaling die hoof moes bied, wat al heeltemal

teveel mense aangeneem het. Dus moes Ek dit weerlê en vir My ‘n

opnamehouer kies (B.D.) wat julle te alle tye sal kan beproef op haar

geloofwaardigheid, deur die duidelikheid oor Jesus en Sy verlossingswerk,

oor die motivering en die betekenis daarvan. En waarlik, slegs Ek Self kon

julle aanspreek, slegs Ek Self kon aan julle alle samehang duidelik maak en

aan julle die bewys gee dat julle deur My aangespreek word.

Maar waarom sou julle nou die duidelikheid oor die dwaling nie wil

aanneem nie, wat tog duidelik voor die hand liggend is? Want Ek spreek

Myself nie teë nie, maar duidelike teenspraak is vir elkeen in te sien wat

ernstig nadink oor My Wese. Maar wanneer julle die suiwer Waarheid

aangebied word, dan word vir julle ook ander vrae opgelos wat

noodgedwonge op ‘n verkeerde gedagte moes volg, soos hierdie: Waarom

gee Ek Myself soveel moeite om die (sogenaamde) deur "Myself in die

sonde gestorte" geestelike uit die ongelukkige staat te help? En waarom wil

Ek julle dus na volmaaktheid lei, wanneer Ek Self nie volmaak is nie, wat

hieruit volg is dat julle My beskou met menslike swakhede, ‘n weerlegging

wat nooit van My uitgegaan het nie en dit is daarom op te merk as

sataniese invloed.

Ek kan nie dikwels genoeg teen hierdie dwaalleer, dat daar in My

teenstellinge bestaan, beswaar maak nie, maar wat julle as

vanselfsprekend aangeneem het, juis omdat julle as mens niks volmaak vir

julle kan voorstel nie. Die hele skeppingsdaad sou homself sonder Liefde en

Wysheid afgespeel het en tog was Liefde en Wysheid bepalend: Maar met

My Liefde en Wysheid is dit nie in ooreenstemming te bring nie, dat Ek My

skepsele geskape het met bose begeertes omdat dan nie van ‘n "sonde

teen My" gespreek kan word nie, maar hierdie sonde het plaasgevind en

bestaan slegs in die "afwysing van die Krag van My Liefde". Vanweë hierdie

sonde gaan die wese die verskriklike weg deur die skepping en hierdie

sonde word weer slegs daardeur ongedaan gemaak, deurdat die mens in

vrye wil weer die liefdestrale vanuit My begeer. Hierdie sonde van die

afwysing van die Krag van My Liefde, het ook die verduistering van die

gees tot gevolg gehad, waarin die wese vir die slegte eienskappe, wat nou

uit My teenstander voortgekom het, ontvanklik was. Sy wese was dus

verander in die teenoorgestelde en moet al hierdie bose eienskappe

gedurende sy gang oor die aarde kwytraak, waarby Ek hom behulpsaam is

op elke manier.

Dog vir die delg van die groot sonde van die afwysing van die Krag van My

Liefde is die verlossingswerk van Jesus Christus ‘n vereiste. Dit kan nie

deur die wese self afgelos word nie, omdat dit plaasgevind het in die

toestand van die helderste insig, in die toestand van volmaaktheid, wat die

506

wese sou moes weerhou van sonde wat egter die inwerking van die

teenstander was, wat as eerste My Liefde afgewys het en nou in hierdie

gesteldheid al die bose uit homself na buite voortbring en op die wesens

wat hulself vrywillig aan hom oorgee, oordra, en dus saam met hom

neerstort in die dieptes.

Wat het julle daarteen wanneer Ek julle voortdurend oor My eindelose

Liefde aanspreek, Wat dit eens "aan Homself te danke sou hê" dat julle

geval het? Hierdie grenslose Liefde kan maar net ‘n hoogs volmaakte Wese

hê en Ek probeer om ook daarvoor te sorg, om aan julle die vroeëre

volmaaktheid weer terug te gee, wat julle vrywillig weggegee het. So sal Ek

steeds en altyd weer teen verkeerde leerstellings opkom, om aan julle die

geloof terug te gee in My Volmaaktheid, totdat Ek ook julle volle liefde

verwerf het, wat die oertoestand weer tot stand moet bring hoe julle uit My

voortgekom het. Amen

Geloofstryd - Antichris

8970 3 Mei 1965

Ek wil julle seën, sodat julle vir My vaste pilare kan wees wanneer daar

geskud word aan die geloofsgebou wat vir hulle wat Myne is, die wese van

die kerk van Jesus is, as daar geskud word aan wat Ek self opgebou het en

waaroor Ek steeds weer die mense deur My woord onderrig.

Die tyd lê vir julle voor waarin nie net die aanhangers van dwaalleringe

julle sal aanval nie, maar waarin die mens elke geloof sal wil uitroei, wat óf

onverskillig, óf onwaar óf volgens die waarheid is. My teenstander is van

vroeg af besig om nou die skerpste wapens te gebruik, naamlik om alle

kennis en alle geloof in My en My Verlossingswerk te verdring en te

vervang met aardse sienswyses en planne.

En daar sal ‘n tyd aanbreek wat julle nou nog as onmoontlik beskou, want

My teenstander sal homself in ‘n aardse maghebber beliggaam en so slu

aan die werk gaan, dat hy in die begin slegs deur weiniges herken sal word

vir dit wat hy in werklikheid is. Sodoende sal hy meer vir homself wen, wat

hom blindelings sal volg en hom sal gehoorsaam, wanneer hy sy planne

onopvallend sal wysig. Want in die begin pak hy slegs enkele

geloofsrigtings aan en hy kry daarom die ander aan sy kant, wat hom al te

gewillig behulpsaam sal wees wanneer dit daarom gaan om hulle

teenstanders uit die weg te ruim.

Daarom sal julle in die begin blootgestel word aan die aanslag van hulle

wat die suiwer waarheid bestry, omdat hulself aanhangers is van dwaling

en bedrog. Maar julle moet versigtig wees en julleself nie moedswillig in

gevaar stel nie, want nie lank daarna nie sal hulleself aangeval word en sal

die optrede van die Antichris duidelik wees. Baie sal hom volg omdat hulle

reeds onder sy invloed staan en hy sal ‘n maklike spel met hulle hê.

Dit sal nie lank meer duur voordat die eerste tekens merkbaar word nie. Dit

sal geen gewelddaad wees wat die geloofstryd inlui nie, want My

507

teenstander gaan met lis te werk en mislei selfs baie gelowiges, wat hom

volg en wat gewillige dienare vir hom in sy latere tyd sal wees. Maar julle

wat geestelik ontwaak het, sal hy nie kan bedrieg nie, want Ek sal julle oë

open en julle gedagtes korrek lei. Want nou kom dit daarop neer dat julle

julleself moet bewapen vir die laaste stryd wat met ‘n brutaliteit gevoer sal

word, waarvan julle geen vermoede het nie.

Ek wil julle egter seën, Ek self sal met julle wees en niemand onbeskermd

laat wat vir My en My Naam sal opkom nie. Want die stryd bring die

beslissing, dit sal die bokke van die skape skei en dit sal die laaste werk

wees van My teenstander wat homself veroordeel.

Want sodra hy teen Myself opstaan en die kennis oor My en My

Verlossingswerk van die mense wil weerhou, het hy die vonnis oor homself

gevel en hy word gebind en van al sy mag beroof. Hy trag om in die

beliggaming van ‘n mens die ergste plan teen My ten uitvoer te bring en

daar sal nie baie wees wat sal standhou en hom sal weerstaan nie, moet

jouself nie deur hom laat mislei nie, omdat julle van My is en vir ewig sal

bly.

Maar daar moet ook ‘n duidelike skeiding plaasvind, want baie mense is

"nog vis - nog vlees " omdat baie hulself gelowig waan. Maar wanneer hulle

‘n proef moet aflê, faal hulle jammerlik, want hulle is nie in die waarheid

nie, omdat hulle te min liefde het en daarom nog die waarheid kan ontvang

nie en dit te kan herken as die waarheid.

Daarom moet julle as My dienare nog besonder aktief wees, want daar sal

nog baie geleenthede hulself voordoen waarin julle duidelikheid sal kan

verskaf aan die wat gaan twyfel en self nie meer kan oordeel nie en dan na

raad verlang.

En julle sal ook slaag om swak gelowiges tot ‘n sterk geloof te bring, julle

sal slaag om ‘n paar van hulle aan julle kant te kry. Duidelik en

verstaanbaar sal julle vir hulle opheldering kan gee en My aan hulle as ‘n

liefhebbende God en Vader voorstel, wat slegs ‘n vaste geloof verlang om

hulle ook te kan bystaan in hulle grootste nood en om krag aan hulle te

skenk om te volhard tot aan die einde. Amen

Geloof en liefde lei tot die vereniging met Jesus

8973 9 Mei 1965

Wanneer julle My eindelose Liefde vir julleself voor oë hou, wat die bitterste

lyding en sterwe vir julle sonde op Homself geneem het om weer vir julle

die poort na die ligryk te open, dan sou die werk van versoening julle alleen

al moet aanspoor om My weer lief te hê met alle innigheid waartoe julle in

staat sou wees. Maar juis daaraan ontbreek dit julle, julle sal so 'n liefde

nie meer kan opbring nie, omdat My teenstander julle nog gevange hou en

hy alles sal doen om julle te verhinder in die werksaamheid in liefde.

Maar dat julle heeltemal tot niks in staat sou wees nie, is nie die geval nie,

omdat julle ‘n klein Vonkie van My Liefde in julle dra, wat julle maar hoef te

508

voed dat dit tot ‘n helder vlam in julle sal groei. Maar daarvoor is julle wil,

wat vry is nodig en wat nóg deur My, nóg deur My teenstander gedwing

word. En hierdie vrye wil maak alles moontlik. Hy kan die innigste

verbintenis met My tot stand bring, maar hy kan homself ook heeltemal

aan My teenstander oorgee tog is net die geringste wil na My toe al

voldoende, sodat Ek vir julle Krag sal skenk en My eindelose Liefde

voortdurend vir julle sal bewys. En wanneer julle nou vir Myself in Jesus

aanroep vir hulp teen hom sal julle wil versterk word en julle sal ontsnap

van My teenstander, want julle streef na die Lig, julle leef julle aardse lewe

doelbewus en bereik ook die laaste doel, naamlik die vereniging met My.

Maar wat moet julle nou alles eers doen sodat julle lewe nie nutteloos is

nie? Vir eers sal julle moet glo in ‘n Mag Wie julle geskape het. Wanneer

julle hierdie Mag erken, sal dit vir julle maklik wees om met Hom deur

middel van gedagtes in verbinding te tree, want die geloof in My is al ‘n

bewys dat julle julleself wil losmaak van julle huidige heer, want hy sal

probeer om elke geloof wat in julle is aan die wankel te bring. Maar julle

het julle vanself na My gekeer en Ek sal julle help om die korrekte weg te

gaan wat na My lei. Voor alles sal Ek julle die kennis gee oor die goddelike

Verlosser Jesus Christus, in Wie Ek mens geword het en sal julle uitsluitsel

gee oor dit wat Hy vir julle beteken. En sodra julle van Hom weet sodat

julle julleself te alle tye na Hom toe sal kan wend, dat Hy en Ek één is, sal

julle ook julle skuld aan Hom oordra wat die aanleiding was van julle

menswees op hierdie aarde. En dan sal dit ook vir julle moontlik wees om

die groot liefde te voel, wat Ek van julle verlang, wat nodig is om die

vereniging met My binne te kan gaan.

Dus sal julle almal tot so 'n geloof kan kom in ‘n Wese wat bomate magtig,

wys en liefdevol is. En dan sal julle Hom ook kan liefhê, wanneer julle die

Wese as uitermate volmaak sien. Dan sal julle ook weet dat julle moet

streef na vereniging met hierdie Wese, dat julle nog van Hom verwyder is

deur die vroeë sonde van afval, dat Hy julle weer wil terugwen en dring na

julle liefde toe wat die oersonde slegs kan ophef wanneer julle aan Jesus

Christus oorgegee is, wat die sondeskuld aan die kruis tot niet gemaak het.

Slegs die liefde kan julle weer na My toe terugbring, slegs liefde is nodig

om weer die ligryk te kan ingaan, slegs liefde gee julle weer alle vermoëns

terug wat julle in die rykste mate besit en afgestaan het. Slegs liefde is die

verbintenis tussen My en julle, want dit is julle oerelement, netsoos Ek Self

Liefde is. As julle dus in My glo, dan is dit al die tot lewe gewekte Vonk

wat die geloof voortbring en hy sal voortdurend meer opvlam en ten slotte

lei na die vereniging. Glo daarom in My, dat Ek Is, dat Ek julle geskape het

netsoos alles wat julle om julle heen sien en julle sal nie anders kan as om

julle in gedagte met My te verbind nie, julle sal daardeur Krag ontvang,

julle sal kennis kry, dit wil sê die korrekte gedagtes sal deur julle stroom,

sodat julle julleself ook in die waarheid sal bevind; want dit is die oorbring

509

van die Krag van My Liefde dat julle ook een kykie mag neem in gebiede

wat tevore vir julle geslote was.

Maar steeds is dit afhanklik van julle graad van liefde. Laat die liefde

daarom in julle werksaam word, want die liefde is alles, dit gee julle

helderheid van denke en ook die Krag om dit uit te voer wat vir julle tot heil

van julle siele strek. Die Liefde sal julle na Jesus Christus toe lei en as julle

My nou in Jesus Christus herken het, dan sal julle ook verseker die weg na

voltooiing gaan, julle sal terugkeer in julle Vaderhuis, waaruit julle eens

vrywillig heengegaan het. Amen

Swaar leed kan die kindskap van God oplewer

8980 23 Mei 1965

Dikwels is dit al aan julle gesê dat julle die kindskap van God alleen kan

bereik, wanneer julle julleself aan My oorgee en ook die leed wat julle

daarheen geduldig moet dra om alle afvalstowwe van die siel kwyt te kan

raak, sodat julle by die ingaan in die ryk hierna volledig deurstraal kan

word deur die lig van My Liefde. Want elke siekte, elke leed wat die

menslike siel op aarde nog het om te verdra, los die omhulsel op en nou

kan die ligtstraal van My Liefde in alle oorvloed die siel aanraak, omdat hy

alle weerstand opgee het.

Daarom moet julle in julle aardse lewe die moeilikste voorwaarde aanvaar,

julle sal deur en deur beproef word en julle moet standhou ook in die

grootste leed en steeds weet dat alleen groot liefde vir My en vir die naaste

julle leed kan verminder, dat julle egter nie tot so'n liefde in staat is wat die

leed heeltemal sou kan uitsakel nie en julle daarom dankbaar moet wees,

wanneer julle ook leed moet dra, want dit dien alleen vir julle voltooiing.

Laat julle daarom deur ‘n moeilik lewe op aarde geen skrik aanjaag nie. Glo

dat julle daar die seën van sal ondervind, wat teen al die leed opweeg. Hou

daarom geduldig vol, want julle loon is baie groot en die tyd wat die mens

op aarde ly is kort in vergeleke met die heerlike lot wat op die siel wag en

wat die hele ewigheid omvat. Daarom moet julle met graagte ‘n lewe vol

van lyding op julle neem. Julle moet weet dat My oorgrote Liefde julle so'n

lewe op aarde oplê, om julle in ‘n kort tyd die doel te laat bereik wat EK My

sedert ewigheid gestel het.

Want wat nou na julle aardse lewe kom, is julle nie begryplik te maak nie.

Dit is die heerlikste lot wat nou eenmaal alleen My ‘kinders’ beskore is wat

in alle reg van die Vader aangestel word, wat dan ook in staat is om

dieselfde te doen, waar geen onderskeid is omdat hulle die hoogste doel

bereik het. Maar ook vir die kinders van My is EK ondeurgrondelik, d.w.s.

hul strewe gaan onafgebroke na My uit, hulle verlang na My en hul

verlange word steeds vervul. En dit is die toppunt van hul geluksaligheid,

dat hulle nooit sal ophou om vurig na My te verlang nie, dat hulle dus nooit

volledig versadig kan word nie, omdat EK ewig nie te deurgrond is nie en so

sal bly.

510

En nie verniet het EK julle gesê: “Neem julle kruis op en volg My na” Want

EK weet dat alleen die swaarste leed julle die kindskap oplewer, omdat julle

as mens nie in staat is tot die liefde wat eweneens sonder leed na die

kindskap voer en ook omdat die aardse lewe te kort is as julle nie dieselfde

tyd ook leed op julle neem nie. Vra daarom nie waarom EK ‘n mens laat ly

nie, dink baie meer aan die resultaat van die lyding. Dink daaraan dat alle

slakke (afvalsubstanties) opgelos word, wat die siel nog die volledige

aanstraling van Liefde belet en dat dit steeds alleen maar ‘n toestand is wat

verbygaan, wat dan deur ‘n ewige geluk opgevolg word, waarvoor julle dan

nog baie meer leed op die koop toe sou geneem het, as dit julle liggaamlike

kragte nie te bowe sou gaan nie. Dus julle wat buitengewoon moet ly, dink

daaraan dat dit My vurig verlang na My kinders is, wat My beweeg om julle

in so'n toestand te plaas en dat julle eens self My dankbaar sal wees vir alle

teenspoed wat julle in die aardse lewe getref het. Maar steeds vereis dit

ook die volste geloof in My, die geloof aan ‘n lewe na die dood en die geloof

in My eindelose Liefde, waaruit julle dan al wat gebeur, beskou as ‘n

terugbringer van die eens gevallene na My toe, met as doel, die kindskap

van God, wat EK nie anders kan bewerkstellig as op die weg oor die aarde

nie. En wanneer julle die geloof besit, sal julle ook alle leed geduldig

verdra. Julle sal daar steeds alleen ‘n bedoeling in sien en alles op julle

neem wat julle as mens tog nie kan verander nie. Maar julle sal dit gelate

dra, as deur My Wysheid en liefde opgelê, om julle na die hoogste doel te

bring.

Dog slegs weinig bereik die hoogste doel. Maar ook kan die mense gelukkig

wees wat nie heeltemal sonder lig die ryk hierna ingaan; want ook daar is

dit vir hulle nog moontlik, om hul graad van lig te verhoog. Ook daar kan

hulle steeds hoër klim en verkeer in ‘n onmeetlike saligheid, maar hulle kan

die kindskap van God nie meer bereik nie; hiervoor word ‘n gang oor die

aarde vereis.

Hulle kan ewenwel nog ‘n keer die gang aflê om ‘n 'missie' te vervul en sal

dan egter ook nie van gelyke lyding verskoond bly nie, om die hoogste

volwassenheid te bereik, om dan eweneens binne te kan gaan in die

geesteryk as ware kinders van die Vader, om nou ewig te kan skep en werk

aan My Sy, in My Wil en tog in alle vryheid, soos dit hul bestemming is

vanaf die allereerste begin. Amen

Die grootte van die natuurgebeure voor die einde

8982 25 Mei 1965

Julle almal moet julleself voorberei op die einde, om ten minste met ‘n

sprankie van insig die Ryk hierna in te kan gaan. Want daar is nog maar

weinig tyd, maar wat egter voldoende sal wees wanneer dit goed benut sal

word. As julle van goeie wil is en julle verandering tot liefde volbring.

Genoeg geleenthede word julle daartoe gebied, sodra My ingryping sal

plaasvind, sodra julle deur ‘n natuurramp getref sal word, wat alles wat

511

voorheen gebeur het, in die skadu sal stel. Julle kan geen voorstelling vir

julleself maak wat daar sal gebeur nie, en tog moet julle glo dat My stem

geweldig sal weerklink, waarmee Ek julle mense, nog eenmaal sal

aanspreek voordat die finale einde sal kom. Dit sal vir julle almal ‘n

ontsaglike belewenis wees, wat Myne egter nie so swaar sal tref nie, omdat

hulle geloof so sterk sal wees dat hulle hulself geheel en al aan My sal

toevertrou en daarom ook die hulp wat hulle verwag, sal ervaar.

En dan sal elke mens die geleentheid hê om onselfsugtige liefde te beoefen

om nog tot volwassenheid te kom, want daar sal baie ellende wees. En

elkeen sal kan help, al is dit net deur trooswoorde. Deur die mense te wys

op ‘n God van Liefde, sal Hy slegs die wat deur ‘n vertrouensvolle gebed

verlang, Sy hulp sigbaar bewys. Want wat julle nog geestelik vir die mense

kan bybring, sal hulle siele help en hulle bewaar vir die verskriklike lot van

die hernieude kluistering.

Maar ook aards sal julle hulle kan help, want om te wil help sal julle ook in

die geleentheid stel om te kan help. Want waar geen menslike hulp meer

moontlik is nie, staan vir My nog steeds tallose helpers tot beskikking en

hulle sal vir julle op ongewone wyse sorg.

Ek verlang slegs ‘n vaste geloof van julle en dit sal in julle aanwesig wees

wanneer julle sal sien hoe alles vervul sal word wat Ek voorspel het. Julle

sal julle daarom met liggaam en siel moet oorgee en maar net vir My en My

Ryk besig wees. Julle almal moet hierdie tyd goed benut, julle moet

voortdurend liefde betoon wat julleself steeds weer krag sal gee. Julle moet

slegs aan julle sielee dink, omdat julle nie sal weet hoe lank julle nog op die

aarde mag vertoef nie. Want dit kan nog maar ‘n kort tydjie wees wat julle

op aarde sal bly, veral as julle nie die sterkte van geloof kan bereik wat ‘n

volharding tot die einde moontlik sal maak nie. Want daarom is My

erbarming groter, wanneer Ek julle reeds voor die tyd oproep vanaf hierdie

wêreld, omdat julle nog sal kan ingaan in die Ryk hierna, waar vooruitgang

nog vir julle moontlik sal wees en die gevaar nie bestaan dat julle aan die

einde weer sal afsink in die diepte nie. Want Ek worstel oor elke siel en

weet wat Sy wil is, dus weet Ek ook waar nog ‘n kans bestaan op redding,

en dit benut Ek ook. Slegs dit kan Ek nie doen nie, naamlik om julle met

dwang te bevry uit die hande van My teenstander. Want Hy besit dieselfde

reg op julle, omdat julle hom eertyds vrywillig gevolg het.

Dus kan Ek steeds net aan hulle hulp verleen wat hulself uit sy geweld wil

bevry. En dit doen Ek waarlik op elke wyse, want net die feit dat julle al

kennis ontvang oor die komende groot nood en dat julle deur gebed julle

krag sal kan versterk as julle daarin glo, is al ‘n besondere hulp.

Want daartoe is julle almal geskik, naamlik om julleself in gebed met My te

verbind en tot julle Vader te bid dat Hy dit in barmhartigheid mag beskik,

dat die natuurgebeure nie so ‘n erge uitwerking op julle mag hê nie, wat

sekerlik te alle tye in My mag lê. Daarom sal Ek elke gebed wat in gees en

waarheid tot My gerig is, verhoor. Daarom sal alle mense nie gelyk getref

512

word nie. Openlik sal My wil hom openbaar en ook die geloof versterk van

hulle wat nog twyfel. Maar ook die ongelowiges sal verstom staan en hulle

verwonder. Hulle haat teen die gelowiges sal toeneem, wat in

vyandelikhede getoon sal word waardeur Myne sal ly. Maar tog is My

beskerming vir hulle seker, want solank hulle vir My en My Ryk besig sal

wees, sal Ek hulle skrede so lei dat dit nie sonder resultaat sal bly nie. En

die siele aan wie hulle redding gebring het in geestelike en aardse nood, sal

hulle dank.

Amen

En My krag sal julle ontvang as julle dit slegs sal begeer.

Amen

Verskeidenheid van die hemelliggame

8987 31 Mei 1965

Die gebied wat nie deur julle verstand deurgrond kan word nie, sal julle

egter tog kan betree, sodra My Gees in julle kan werk. Dan bestaan daar

vir julle geen grense nie, want My Gees is ‘n deel van My en Ek Self weet

alles, vir My is niks onbekend nie en dus kan Ek deur My Gees dieselfde aan

julle oorbring, Ek kan vir julle alle gebiede ontsluit. Maar dit hang af van die

graad van julle volwassenheid, hoe ver julle insig sal kan verkry in die

skepping en na gelang van die graad van julle volwassenheid, kan Ek julle

onderrig, ofskoon ook die kleinste bietjie kennis ten volle moet beantwoord

aan die waarheid.

Maar dit lê by julle om die graad van volwassenheid te verhoog, om steeds

dieper te kan deurdring, kan steeds maar net die liefde tot stand bring.

Want die liefde verbind homself innig met My en dan sal julle ook met My

Gees vervul wees, julle sal in staat wees om die totale skepping helder en

duidelik te aanskou en alles logies te begryp. Julle sal ook op hoogte wees

van die aard van die skeppings, van hulle doel en hulle bestemming van

daardie oomblik af. Julle sal ook op hoogte wees van die verskeidenheid

van die hemelliggame, wat so veelsydig is, omdat hulle almal ook

verskillende volmaakgeworde siele herberg en aangesien Ek ontelbare idees

gehad het en dit kon uitvoer om ook elke hemelliggaam te vorm volgens

ander gedagtes, wat egter almal die terugbring van die eens gevalle

geestelike moet bevorder.

Ek is geen Wese wat onderworpe is aan beperkinge nie, wat ooit sy uiterste

gee of sy krag geheel verbruik nie. Ek skep onophoudelik en steeds kom

daar weer nuwe gedagtes uit My tevoorskyn en neem vorm aan. So het Ek

velerlei wonings waarin die verdergaande ontwikkeling van die wesens, wat

hulself op die terugweg na My bevind, homself afspeel. My skeppings is

ontelbaar en steeds meer skeppings ontstaan daar buite uit My liefde,

omdat Ek ook steeds weer nuwe vreugde berei vir al My wesens, want

steeds styg al hierdie wesens verder na die hoogte, sodra hulle hulself

eenmaal op hierdie weg bevind.

513

En so sal ook die mense van die aarde, wanneer hulle eens in die

hiernamaals tot ‘n glimpsie insig gekom het, nou ook opwaarts klim en ‘n

terugval in die diepte is uitgesluit. Vir hierdie siele staan daar weer

ontelbare hemelliggame gereed om hulle op te neem, steeds in

ooreenstemming met die graad van hulle volwassenheid, wat steeds

toeneem en dus ook steeds weer ‘n wisseling vereis van hulle verblyfplek.

Julle mense kan tallose hemelliggame vanaf die aarde waarneem wat vir

julle - al is dit te sien - tog ontelbaar word. En in die totale skepping is daar

nog tallose hemelliggame wat vir julle onsigbaar is, sodat hulle aantal ook

julle menslike vermoë om te skat, ver te bowe gaan. Julle sal dus die totale

skepping slegs in die helderste lig kan sien, omdat julle dan eweneens geen

begrensing meer sal ken nie. Maar dan ken julle geluksaligheid ook geen

grense meer nie, want julle sal die bestemming van elke hemelliggaam ken

en ook die staat van volwassenheid van sy bewoners en julle sal steeds

probeer om dit te vergroot om almal in dieselfde staat te verplaas waarin

julle julleself bevind, naamlik in ‘n innige verbintenis met Myself en

onophoudelik deurstraal met liefde. Maar ‘n voorwaarde vir julle opwaartse

gaan is dat julle ‘n sprankie insig besit. En dit beteken dat die waarheid al

in julle moes binnegedring het, omdat julle julleself voorheen nog in

duisternis bevind het of in half skemering voortgaan, dat julle julleself nie

van dwaallere kon losmaak nie. En hulle aantal is groot. Die ligwesens

probeer wel om hierdie toestand te verander, maar solank hulle afgewys

word, is daar geen hoop nie en ‘n terugsinking in die diepte is steeds nog te

vrese. Sodra daar egter maar ‘n bietjie liefde in hulle is, sal hulle hulself

ook nie afsluit vir die denkbeelde van die ligwesens nie, wat hulle steeds

weer op Jesus Christus wys, dan sal hulle ook hulle dwaling opgee en die

waarheid aanneem en sal die weg wat omhoog lei, vir hulle verseker wees.

Vir hierdie mense kon die kennis egter al op aarde ontsluit gewees het, as

hulle na die stem van die gees in hulself sou geluister het, want om al op

aarde tot insig te kom, open vir die mens ook die deur na die Ligryk en

hulle vind met sekerheid die weg terug na hulle Vaderhuis om hulself vir

ewig met My te verenig. Amen

Verskillende Geestesrigtings - Daar is slegs één

Waarheid

8990 6 Junie 1965

Julle sal in elke geestesrigting iets vind wat met die Waarheid ooreenstem,

maar julle sal heelwat meer verkeerde opvattings aantref en daarom moet

alles aan ‘n ondersoek onderwerp word, die oorsprong moet vasgestel word

en daarom kan alles nie as waarheid aangeneem word nie. Want daar

bestaan enorme hoeveelhede verskillende geestesrigtings wat almal van

mekaar verskil. En dit sou julle al te denke moet gee, want daar is slegs

één waarheid en dit gaan van Myself uit. Maar die suiwerste waarheid sal

514

steeds deur die werksaamheid van My Gees in die mens verkry word en

daarom gaan dit allereers daaroor om vas te stel waar My Gees werksaam

kon wees en dus ook gewerk het. En dan moet die inhoud ooreenstem met

My regstreekse boodskap van Bo.

Maar wie kan vanuit homself beweer dat My Gees in hom werk? Wie het die

waarborg dat die suiwer waarheid aan hom gestuur en gebring is? Op

hierdie vraag word julle ‘n duidelike antwoord gegee: Wie sonder enige

voorkennis van binne kennis verkry van My heilsplan van ewigheid, van die

sin en die doel van sy bestaan, van My bestuur en werksaamheid in die

hele oneindigheid, wie alles kan motiveer en van elke samehang op hoogte

is, is deur My Gees verlig en sy kennis stem ooreen met die volledige

waarheid, waaraan die inhoud van elke geestesrigting beproef moet word

en elke leerstelling wat in teenspraak is met die kennis, afgewys kan word.

Julle het dus wel ‘n moontlikheid om julle huidige kennis aan so ‘n

ondersoek te onderwerp, maar wie maak van hierdie aanwysing gebruik om

self in die besit van die suiwer waarheid te kom? Niemand wyk af van sy

eie opvatting nie en so het daar deur die inwerking van My teenstander ‘n

enorme hoeveelheid verkeerde leerstellings binnegesluip, ofskoon elke

geestesrigting in sigself ook ‘n korreltjie waarheid bevat. Maar daarin is

hulle almal dieselfde: om niks aan te neem van dit wat werklik waarheid is

nie. Want juis die gebeure van die "werksaamheid van My Gees in die

mens" is vreemd aan al die geestesrigtings en daarom glo mense selde

daarin, dat Ek Myself uiter teenoor diegene wat die voorwaardes vervul wat

Ek daaraan verbind het: En hierdie voorwaarde is, dat die mens in liefde sal

leef, omdat die liefde hom met My verbind en Ek Myself dan ook kan uiter.

Hierdie voorwaarde sou elke mens kan vervul en hy sou ook in die

waarheid, in die ware denke verkeer. En al diegene wat die maklike gebod

van My vervul, sal ook daarvan oortuig wees dat waarheid aan hulle

gebring word, wanneer hulle so ‘n, “deur die werksaamheid van die Gees"

verkreë kennis ontvang. Maar hulle is min, juis omdat dit die mense aan

liefde ontbreek.

So het dit dus vir julle heeltemal geen nut, wanneer julle ‘n aanhanger is

van ‘n geestes rigting, wat julle nie toelaat wanneer julle ywerig vir die

waarheid wil opkom nie, julle is dan dood in die gees, want julle misken die

waarheid wat julle alleen verder kan bring op die weg omhoog. En solank

julle nie op hoogte is van die eintlike doel van julle aardse lewe nie, is ook

die kennis wat julle besit verkeerd en kan julle nooit opwaarts gelei word

nie. Steeds kan net die liefde dit bewerkstellig, wat julle almal sal kan

beoefen, maar wat julle nie van plan is om te doen nie, want julle eieliefde

is nog te groot en daarom is die waarheid vir julle nog verborge, dit wil sê,

julle sien dit dan nie as sodanig in nie. En julle sal in dwaling verkeer, soos

julle ook in hierdie dwaling ingaan in die ryk hierna, waarin dit heelwat

moeiliker is om julleself daarvan vry te maak, want ook daar anderkant

neem julle die waarheid nie aan wanneer dit julle aangebied word nie. En

515

so hang dit dus steeds van die graad van julle liefde af of julle gedagtes

naby die waarheid kom, daarom kan julle steeds maar net die leer van die

liefde gebring word, omdat julle denke korrek is, omdat My Gees Hom in

julle uiter, omdat julle dan die suiwer waarheid sal herken en in ontvangs

neem, wat julle met sekerheid opwaarts lei, die volmaaktheid tegemoet.

Want steeds sal die duisternis die lig bestry, maar hierdie wêreld behoort

aan die vors van die duisternis en net hy wat homself van hom losmaak,

kan My Ryk binnekom; En daartoe help Ek waarlik ieder en elk dat hy My

en die Waarheid herken. Amen

Die leer van die slaap van die siel

8991 7 Junie 1965

Julle gewilligheid om vir My woord wat van Bo aan julle gegee is op te

staan, gee My aanleiding om julle ook kennis te ontsluit met betrekking tot

‘n dwaling wat julle tot nog toe aanhang.

Die is die leer van die slaap van die siel, die sogenaamdie sieleslaap, wat

julle ’n totale vals beeld gee van die siel en sy staat wanneer hulle die

geesteryk betree. Hierdie leer word gemotiveer met die bewering dat daar

in die Skrif nerens gepraat word van ‘n onsterflike siel, wat egter weerlê

kan word met die stelling : "Wie in My glo sal lewe in ewigheid!"

Die slaap is ‘n broeder van die dood, dus sal ‘n slapende nie lewe nie, maar

dood wees. Hy sal die diepe duisternis ten prooi val in ’n toestand van ‘n

doodseslaap, dus kan van ‘n lewe in ewigheid geen sprake wees nie.

En die ergste vir julle almal is as julle met die dwaling van die aarde skei,

want dit ontbreek julle waarlik aan alle kennis en dit sal baie lank duur

voordat julle tot ’n geringe insig kom. Want waarlik, julle gaan heeltemal

blind van hierdie aarde weg en julle sal slegs in die hiernamaals ‘n geringe

lig ontvang, as julle aardse lewenswandel ‘n lewe in liefde was.

Maar nie voordat julle, julle van hierdie dwaalleer losmaak, sal julle weet

dat julle oorlede is, omdat julle, julle nog in ‘n staat van die Ek-bewussyn

bevind wat vir julle ook die bewussyn in die verdere lewe is. Julle dink slegs

dat julle in ’n ander omgewing geplaas is, maar sal ewige nie tot rus kom

nie as dit vir julle die slaaptoestand beteken.

Julle sal wel lewe, maar nie in ‘n staat van saligheid nie, maar in ‘n

verwarde denke wat volgens die leer is, wat julle as mens op aarde geglo

het.

Alles wat uit My voortgekom het bly bestaan tot in alle ewigheid, maar kan

in ‘n staat van dood die ryk hierna ingaan. En hierdie dooie staat kies julle

almal as julle hierdie dwaalleer glo. En nie streef na die lewe nie, wat julle

lot sal wees wanneer julle die geesteryk ingaan. Want dan eers begin julle

lewe, op voorwaarde dat julle ‘n lewe van liefde lei en julle van hierdie

dwaalleer los maak. Want al glo julle ook opreg aan ‘n opstanding op die

jongste dag, waarop almal wat in hul graf slaap tot die lewe gewek word,

sal dit julle lot wees, dat julle nie eerder tot lewe kom, totdat julle die

516

dwaasheid van hierdie leer insien nie. En julle sal in die hiernamaals in ‘n

toestand van niksdoen wees, in ‘n toestand van slaap, vir ‘n ewige lang tyd,

of dat julle julleself in ‘n wêreld bevind wat julle nog steeds as die aarde

sien, wat julle egter lank reeds verlaat het. Waarlik, julle mense wat hierdie

dwaalleer aanhang, julle weet nie aan welke verderflike gees julle ten prooi

geval het nie. Julle sal ’n oormaat van liefde moet voortbring, omdat julle

skielik besef hoe dit in werklikheid is. En julle kan van geluk spreek as julle

op aarde iemand agter laat wat vir julle bid, wat julle help om tot die ware

insig te kom. Maar steeds is die graad van julle liefde beslissend wanneer

julle die aarde verlaat, dat die kennis julle soos die flits van ‘n weerligstraal

tref.

Omdat julle nie aan die onsterflikheid van die siel glo nie, glo julle ook nie

aan ‘n bemiddeling uit die geesteryk wat julle hierdie kennis kan gee nie en

dit is tot julle nadeel. Want dit sou julle opheldering gegee het oor die

konstante opwaarts gaan van die siele wat die ryk hierna binne gaan. Julle

sou hierdie dwaalleer verwerp as duiwels, want dit het alleen die bedoeling

om julle van ‘n vooruitgang in die hiernamaals af te hou, wat julle spoedig

die ware lewe sou oplewer wat julle almal eens sal bereik. Amen

God se beskutting vir die draers van die lig

8994 13 Junie 1965

Met die steun van alle goeie kragte het die werk ontstaan en ook voortaan

sal die ligwêreld deel daaraan hê, want dit gaan vir julle mense om die

belangrikste, om die waarheid, wat maar net van bo, uit die ryk van die

waarheid kan kom.

Die ligwêreld doen ywerig hul bes om die duisternis, wat oor die aarde

verspreid lê, te deurbreek en die mense van kennis in te lig wat slegs Ek

alleen deur hulle na die aarde kan stuur, wat dit ononderbroke van Myself

ontvang en deurgee aan liefdevolle mense wat hulself vrywillig vir hierdie

stroom van barmhartigheid oopstel. Die laaste gebeure, die totale

omvorming van die aardoppervlak, staan kort voor die deur en dit gee alle

ligwesens aanleiding om ywerig werksaam te wees, sodat die waarheid

ingang vind, sodat die waarheid aan hulle gebring kan word wat ernstig

daarna verlang en dat almal wat dit ontvang, hulself ook daarvoor instel en

steeds weer probeer om aanhangers te wen. En al is hulle kring ook baie

klein, hulle gaan egter almal ryklik geseënd met geestelike goedere die Ryk

hierna binne en kan van daar uit weer die mense deur middel van gedagtes

onderrig, want wie eenmaal die waarheid besit, sy strewe sal altyd wees

om dit ook aan hulle mee te deel wat nog in die duisternis van die gees

voortlewe.

Julle almal wat My woord van bo ontvang, staan onder die besondere

beskerming van die ligwesens, sodat julle onbesorg julle missie sal kan

uitvoer, want julle sal geen dag vroeër die tranedal verlaat voordat julle,

julle missie vervul het nie, ten behoewe waarvan julle hierdie aarde mag

517

etree het, ook al kom dit vir julle onwaarskynlik voor. Die groot geestelike

nood in aanmerking geneem, hoef julle nie bang te wees om te faal nie, al

stel hulle My maar slegs selde ter beskikking, maar die wat hulle egter

vrywillig daarvoor aanbied om die waarheid deur te gee, sal deur My

geseën wees, want ook op aarde het Ek bereidwillige kragte nodig wat vir

My besig moet wees. Want al probeer My teenstander om hulle te

verhinder, hy het geen mag oor diegene wat hulle wil heeltemal aan My

gegee het nie, die wat bereid is om in My Wil werksaam te wees. Want

hulle almal het weer sterk liggeeste om hulself, wat hulle lei in hulle

gedagtes en hulle ook steeds weer krag toevoer, want dit kom daarop aan

om nog baie mense wakker te maak en geestelike brood aan hulle te bied,

en saam ‘n suiwer, onbedorwe drank wat hulle lewe moet gee.

Waar Ek ‘n bron ontsluit het, daar moet julle julleself altyd lawe, waar Ek so

duidelik werksaam is, sal julle elke sorg kan laat vaar, want wie het sekerlik

die mag daartoe om julle lewe te verleng as net Ek, Wie julle die lewe

gegee het? En so moet julle julleself ook geen sorg maak om julle mede

arbeiders, wat solank hulle vir My werk, waarlik niks beter kan doen as om

saam te help aan die verspreiding van die waarheid nie. Hulle volle

oortuiging, dat hulle maar net die waarheid versprei, maak hulle tot die

bruikbaarste kragte, wat Ek waarlik nie vroeër van die aarde sal wegneem

tot hulle, hulle opgelegde arbeid volbring het nie.

En dit verseker Ek julle steeds weer, dat julle lewe in My Hand lê en dat

julleself ook sal kan weet dat julle deur alle ligwesens beskerm word, want

hulle voer slegs My Wil uit en hulle is steeds maar net daarop bedag, dat Ek

die mense nog van die ondergang sal red, hulle wie hulself wil laat red.

Elk menselewe lê in My Hand. En wanneer Ek die mense vooraf wegroep

deur ongevalle en katastrofes van allerlei aard, weet Ek presies wie daar

nog in die hiernamaals tot voltooiing kan kom en wie die toets nie

deurstaan het in die lewe op aarde nie en vir hulle almal het Ek verdere

skole gereedgemaak om hulle tog eens vir My te wen, al kan daar nog

ewige tye vergaan. Maar dit alles moet julle mense maar net daar aan laat

dink dat daar ‘n Mag bestaan aan Wie julle willoos oorgelewer is en julle

sou moet probeer om die verbinding met Hom tot stand te bring, want

slegs in verbinding met My sal julle volwasse word op aarde en dan ook

ontvanklik wees vir die suiwer waarheid, wat julle almal moet aanneem, as

julle eens vir ewig salig wil wees en bly. Amen

God se beskerming vir Sy medewerkers

8998 18 Junie 1965

Wat daar ook al mag gebeur, vertrou julle heeltemal toe aan My leiding,

wat altyd sorg dra vir julle, dat julle My trou bly. Wat daar ook op julle

afkom, Ek weet dit en Ek weet ook oral van ‘n uitweg daarvoor, want daar

is vir My baie geleë aan julle medewerking, omdat die arbeid wat julle

518

verrig, maar net deur mense uitgevoer kan word wat My heeltemal

toegedaan is.

Vir My is niks verborge nie, Ek stuur die gang van sake en wat julle nie as

moontlik beskou nie, dit volbring Ek maklik en steeds weer sal julle My

leiding ondervind, julle sal steeds weer ervaar dat daar vir My niks

onmoontlik bestaan wanneer dit daarom gaan, om aan die mense die Lig

van die Waarheid te besorg nie. En solank julle hierdie taak beskou as die

vernaamste, sal julle julleself ook onder My besondere beskerming bevind

en alles sal self so ontwikkel dat julle My leiding duidelik sal ondervind.

Want slegs een ding is noodsaaklik: Dat die mense op hoogte sal wees van

hulle taak in die aardse lewe, van hulle toestand en van hulle doel. En alles

wat daarby help om hulle dit te wete te bring, sal Ek ondersteun, op elke

manier en julle sal julle op hierdie toesegging kan verlaat; dat Ek altyd

daarvoor sal sorg om vir julle die geleentheid te skep dat julle hierdie

arbeid sal kan uitvoer, dat daar maar weinig mense is wie My ernstig wil

dien en Ek hierdie mense ook nie in die steek sal laat nie.

Maar laat dit aan My oor hoe Ek julle sal help, want ook dit is betrokke in

My ewige heilsplan, omdat alles homself in ‘n wetmatige ordening voltrek,

waarby Ek steeds rekening moet hou met die wil, wat volkome vry moet

bly, dus dat elkeen homself vrywillig tot My beskikking moet stel om dan in

My Wil werksaam te wees. Maar julle sal verbaas staan welke weë Ek kies

en daaruit ook kan agterkom hoe ontsaglik belangrik julle arbeid vir My en

My ryk is, want Ek wil nie dat die werk uitgestel moet word nie, omdat die

tyd tot aan die einde nog maar baie kort is en elke geleentheid benut moet

word, waar die mense My Woord gebring moet word, want dit is die enigste

redding vir hulle wat dit wil aanneem. En daartoe moet hulle geleentheid

gebied word, omdat niemand sal kan sê dat hy nie deur My aangespreek

was nie, ofskoon Ek baie maniere het om die mense aan te spreek, maar

dit hoort nie tot julle toepassingsgebied nie, julle moet slegs daarna vir die

moontlikheid sorg dat hulle ‘n verklaring het vir die rede van hulle

menswees op hierdie aarde, dat julle hulle in kennis stel van hulle

oertoestand, van hulle huidige menswees en van die doel wat hulle moet

bereik.

Julle moet die gebod van die liefde baie nadruklik aan hulle bekendmaak,

dat dit die vernaamste is wat hulle in ag moet neem, om die doel van hulle

bestaan na te kom. Julle moet hulle maar net inwy in die werk dat “die

gevallenes” teruggebring moet word, dat hulle My eindelose liefde moet

bewys en julle moet hulle kennis gee oor My Wese. Want hulle het geen

geloof meer nie en daarom het hulle kragtige blyke van My werksaamheid

nodig, wat julle hulle sal kan gee vanuit julle kennis. En daarom sal Ek

geeneen van My medewerkers ongeskik “vir sy werk” laat word nie, veeleer

alles doen om hulle die arbeid vir My en My ryk te verlig.

En steeds weer sal julle My duidelike leiding insien wat julle toon hoeveel

dit vir My aan julle medewerking geleë is. Want Ek kan alles doen, maar nie

519

die wil van ‘n mens so bestem om My te dien nie. En daar is maar weiniges

te vinde wat die wil voortbring, wie Ek dan ook kan aanstel as troue knegte

in My wingerd. Daarom sal Ek hulle steeds My besondere beskerming

belowe en Ek sal hulle lei en aan hulle kant gaan staan, sodat hulle, hulle

taak kan vervul. Amen

Jesus het afgedaal in die doderyk en na die hel

na Sy kruisiging

8999 20 Junie 1965

Toe Ek op aarde geleef het was dit altyd My bedoeling om mense te red van

die afdaling in uiterste duisternis sodat hulle nie in die voorportaal van die

hel ingaan nie, as gevolg waarvan Ek onophoudelik die leer van die liefde

verkondig het om dit vir hulle makliker te maak om in My verlossingswerk

te glo en daardeur reeds die werk van verlossing by hierdie mense bereik

het. Maar tog was die mense nog te veel betrokke by die aardse wêreld,

slegs enkeles glo in ‘n lewe na die dood en hulle was ontvanklik vir My

onderrig van liefde en hulle herken My met gemak omdat Ek hulle ook kon

onderrig en hulle aanvaar alles as die waarheid. Dus kon ‘n groot deel van

die wat My ervaar het My koninkryk in ‘n 'verloste' staat ingaan, maar baie

meer het My onderrig verwerp, hulle bly harteloos en moes hul lot in die

hiernamaals verdra.

na My kruisiging het Ek in hierdie koninkryk afgedaal en Ek was in staat om

al diegene te bevry wat in die voorportaal van hel was. Alle mense wat ‘n

God-welgevallige lewe gelei het, maar vir wie die koninkryk van lig nog

gesluit was omdat hulle nog belas word deur die oersonde, omdat My

verlossingswerk nog nie volbring was nie. Ek benader hulle as 'die mens

Jesus' want hulle mag ook nie gedwing word om te glo nie, Ek sluit by hulle

aan in My gedaante van lyding wat vele die vraag laat stel: As u die

Messias is wat aan ons beloof was, waarom verhinder U mag dit nie dat U

hierdie verskriklike dood aan die kruis moes ly nie? Want hulle het op My

gewag, vir die Een wat aan hulle as Verlosser beloof was. Hulle moes My

ook tenvolle vrywillig volg en dit was nie moeilik om hulle te oortuig dat Ek

die beloofde Messias was nie.

Toe, egter, volg My afdaling in die hel, in die gebied waar Ek ook Verlossing

van die oersonde wou bring. Daar was Ek minder suksesvol om die siele te

oortuig, juis omdat Ek in dieselfde gedaante en sigbaar aan hulle as die

'geslaande Jesus' was, aan Wie hulle alle mag ontsê en My nie wou erken

nie. Nietemin, elkeen wat wou kon My volg en Ek bevry hom van sy

gevangenskap. En telkens weer daal Ek in die diepte af om ‘n klein liggie vir

elkeen aan te steek, sodat hulle enige tyd die Een kan onthou wat eens na

hulle gekom het en dit geleidelik hul weerstand sal verminder, sodat hulle,

wat voorheen koppig was en slegs woorde van haat en minagting vir Hom

gehad het, hulle ook deur Sy liefde sal laat verlos. Maar tog sal My liefde

520

niks teen hulle hou nie, My liefde is voortdurend besorg dat elkeen gered

moet word, dat niemand weer sal terugkeer in gevangenskap van die een

wat hulle vir so lank besit het en dat My verlossingswerk vir hierdie ook nie

vergeefs gemaak was nie. Maar Ek kan dit nie verhinder as hul weerstand

teen My so sterk is dat alle moeite van My kant af vergeefs is nie, want Ek

sal nooit iemand dwing om My te erken nie, Ek sal elkeen slegs die beste

moontlike geleendhede bied om hul weg na die lig te vind.

En so doen julle mense My ‘n groot diens deur vir hierdie siele te bid, want

daar sal altyd enkeles wees wat sal laat los, wat deur die mag van gebed

geraak sal word en dan na die lig gelei kan word. En in opregte

dankbaarheid sal hierdie siele dieselfde doen en sal ander siele uit die

afgrond lei omdat hulle mekaar ken en begryp en probeer om die besware

op te los, wat hulle nog oorheers.

Sodra dit moontlik is dat hulle minstens aandag van My grootste daad van

genade neem sal hulle dit ook oordink en probeer om kontak met My te

maak en dan is die vergiffenis van hul ontsaglike sonde verseker, dan sal

die poort na die koninkryk van lig vir hulle geopen word en ‘n lang toestand

van kwelling sal begeëindig word. Maar wie onwillig is sal aan ‘n hernude

verbanning aan die einde onderworpe wees, want een dag sal hulle

hulselfbewussyn as mense moet herwin en weer eens besluit. En so kan die

proses oor die aarde inderdaad meer as eenkeer gebeur en vroeër of later

sal selfs die wil van hierdie wesens ook na My keer, een dag sal die uur van

Verlossing ook vir hulle aanbreek. Amen

God ken die wil –Natuurkatastrofe - Beskerming van

die Dienare

9000 22 Junie 1965

Alles is in die skeppingsplan opgeneem en so vloei daaruit voort dat Ek ook

op hoogte is van die wil van elke mens en hierdie wil sal My allerweë

aanleiding gee, om sy lewenslot so vorm te gee, dat dit die mens niks

anders as wins sal kan oplewer nie, op voorwaarde natuurlik dat so iets van

die kant van die mens nagestreef word.

En dit sal julle sekerlik moet glo dat Ek goed weet hoe die wil van die

enkeling hom rig, maar dat Ek ook niks kan doen om hom te verander of

hom na My toe te lei nie. Maar Ek kan die mense nog vele weë laat gaan

om ‘n verandering van die wil te bereik. Hierdie verandering van die wil het

Ek in die oog deur My ingryping, waaraan ontelbare mense ten offer sal val,

maar vir wie die poorte van die ryk nog steeds hierna geopen is om nog

daarin volwasse te kan word. Maar die mense wat in die lewe bly is nog ‘n

uitermate grote barmhartigheid verleen, om hierdie verandering van die wil

nog op hierdie aarde te kan realiseer om dan vir ewig gered te wees.

Steeds weer wys Ek julle mense op die gebeure, maar Ek vind geen geloof

nie. Daar is maar baie min wat hulle ernstig met dit wat kom, besig hou,

521

maar ook hulle kan hulself geen voorstelling vorm van die omvang van die

katastrofe nie, omdat dit alles sal oortref wat ooit op hierdie aarde

voorgekom het. En ook die enkeling kan hom geen begrip daarvan vorm

nie, omdat die mense van alle kontak afgesny sal wees, omdat daar geen

samehang meer sal bestaan tussen die plekke en ook tussen die lande wat

daardeur getref sal word nie. Daar sal streke wees wat volledig uitgesterf

sal lyk, waar maar enkele mense te vinde sal wees om nou die lewe voort

te sit. Elkeen sal deur ontsetting gegryp wees; hulle wat nie aan My

vasgehou en geheel op My vertrou het nie. En dan kan die wil ‘n beslissing

neem. Elke mens kan ook die weg na My neem en hy sal verseker deur die

chaos heen gelei word.

Maar hy kan ook net so goed die Wese, Wie so iets laat gebeur vervloek en

die vloek sal homself tref. En juis omdat Ek die wil van die mense in die

eindtyd ken, is dit My laaste poging om die mense die verskriklike lot van

die hernieude kluistering te bespaar.

En daarom sal julle vra, waarom Ek so ‘n verwoesting oor die mense laat

kom, wat slegs maar deur die katastrofe op die einde oortref sal word,

omdat in julle almal geen geloof meer te vinde is in ‘n ewige God nie, in ‘n

Skepper van hemel en aarde, in Hom Wie julle ook laat ontstaan het nie.

Daar kom steeds minder mense wat die geloof nog besit en dit nog nie

verloor het nie en hulle sal ook nie in hul geloof verswak of vroeër

weggeroep word nie, sodat hulle die leed nie meer hoef deur te maak nie.

En julle hoef met geen mens medelye te hê wat tevore al uit die lewe

heengegaan het nie, want vir hom bestaan die moontlikheid nog om in die

hiernamaals heeltemal volwasse te word.

Wanneer die dag egter gekom het, dan sal dit niks baat of hy ook vlug nie,

want My Hand reik oral en so hou Ek ook My beskermende Hand bo elkeen

wat aan My behoort. En by hulle sal Ek duidelik sigbaar wees, want hulle is

in die grootste nood en in hierdie nood kom Ek hulle tot hulp. En dan sal dit

blyk waartoe die krag van die geloof in staat is. Want wie maar My

nabyheid soek, sal ook ‘n bewys hê van My teenwoordigheid en sy geloof

sal steeds sterker word. En die tydstip van die gebeure sal nie lank meer op

hom laat wag nie, al is ‘n duisend jaar vir My soos één dag.

Maar Ek het julle gesê, julle sal dit meemaak. En dit beteken dat ‘n groot

deel van hulle wat My woord aanneem, dit alles self sal ondervind, dat Ek

aan al diegene nog groot eise sal stel, dat as die tyd van die werksaamheid

gekom het, dat julle vir My nog ywerige knegte sal moet wees en dat Ek

julle nie vroeër van die aarde sal wegneem, alvorens julle julleself van

hierdie taak gekwyt het nie.

Julle almal wat werksaam is vir My en My Ryk sal julle aangespreek moet

voel. Want Ek sê julle steeds weer dat Ek nie baie arbeiders in My wingerd

het nie en dat Ek daarom elkeen sal beskerm wat homself aan My ter

beskikking stel. Hieruit sal julle ook al kan aflei dat daar nie veel tyd meer

sal verloop tot die katastrofe, wat julle, julle nie kan voorstel nie, sowel wat

522

die omvang betref asook in leed en ellende wat dit vir die oorlewendes sal

beteken. En daarom moet Ek die mense met grote krag uitrus sodat hulle

My tot steun kan wees in hierdie tyd van rampspoed. En Ek sal ook aan

julle, wat volgens die natuurwet deur groot swakte aangetas is, die krag

gee, omdat Ek julle in hierdie tyd nodig het en maar alle middele wat

bedink kan word, aanwend om die getal van Myne te vergroot, om hulle ‘n

vaste geloof te gee en nog so in te werk op hulle wat sonder geloof is in ‘n

God en Skepper, Wie alle Mag het oor hemel en aarde en dus ook diegene

se lewe kan verleng wat hulle wil help om te glo.

En dink daaraan dat die einde van ‘n verlossingsperiode gekom het, dat

hierdie tyd tog op ‘n ongewone wyse benut moet word en dat Ek daarom

ook ongewone middele sal aanwend om maar ‘n vonkie geloof te ontsteek

in die mens voor hy sy lewe moet gee. Want as hy maar die klein vonkie in

hom het, dan is die opgaan in die geesteryk ook vir hom verseker.

Maar wie heeltemal sonder geloof van die aarde skei, is sonder hoop en

eindig met die hernieude kluistering, omdat die hiernamaals die poorte

gesluit het, op die oomblik toe die ou aarde ontbind word. Daarom sal Ek

ook op die einde nog alles doen om die mense te beweeg om hulle wil te

verander en omdat My sagte aanspreking nie deur hulle gehoor word nie,

spreek Ek hulle luider toe, so luid, dat hulle hierdie stem goed moet hoor.

Maar of hulle Myself daarin sal herken, staan hulle ook dan nog vry, maar

dit verseël hul verdere lot.

Maar julle wat van My is, julle is verseker van My beskerming en seën in

geestelike en aardse nood, want Ek het julle nodig. En al gaan julle ook

sware tye tegemoet, julle is tog onder My hoede en julle sal niks hoef te

vrees nie. Amen

Waarom steeds weer nuwe openbaringe?

9002 25 Junie 1965

Omdat die woord van God nie altyd beskerm kon word teen veranderings

nie en omdat die vertalings nie altyd deur geestelik verligte mense gedoen

is nie en hulle dus vergissings kon gemaak het, moes nuwe openbarings

ook steeds weer die ou foute verbeter, as die woord van God aanspraak wil

maak op die suiwere waarheid. Sonder nuwe openbarings sou die uitroei

van dwalinge onmoontlik gewees het en veral dan, wanneer die mense

daarop vertrou dat Ek self My woord sal beskerm teen elke verandering.

Julle moet begryp dat die vrye wil van die mens dit vir My onmoontlik

maak, want Ek sal die vrye wil nooit onvry maak nie, al gaan dit oor die

suiwer waarheid. Maar Ek het die mens die belofte gegee dat hy die

waarheid sal ontvang as hy dit sou begeer. En so kan julle ook nooit daarop

vertrou dat julle geestesgoed onveranderd ontvang, wanneer die woord van

God aan julle gepredik word nie. Maar julle het die versekering dat julle die

waarheid sal ontvang as julle dit begeer, want dan sal die gees van die

prediker (selfs wanneer dié geen verligte gees het nie) so gelei word dat hy

523

dikwels sal spreek wat hy nie vir homself voorgeneem het nie. Aan hom

word dan woorde, deur My, in die mond gelê, juis omdat een mens daarna

verlang om in waarheid onderrig te word.

Sou in baie mense die verlange opkom om net die waarheid te verneem,

dan sou ook spoedig van die kant van die predikers die dwaling erken word

waarin hulle hulself bevind. En hulle sou dan ook meer moeite doen om na

hulle innerlike stem te luister, wat hulle anders sou onderrig.

Maar alle mense het die moontlikheid om die verkeerde in die woord van

My te herken, want die Liefde verlig hulle gees en neem slegs die rein

onvervalste waarheid aan. ‘n Mens kan dan nie meer verkeerd dink as hy

deur die innerlike lig van die Liefde verlig is nie. Eers dan ontdek hy waar

die dwaling oral ingesluip het en waar die teenstander kon werk, omdat die

lig van die liefde by die mense ontbreek. Dan weet hy ook dat die mens

met sy verstand geen geestelike probleme kan oplos, wanneer sy gees hom

nie ondersteun nie. En hy weet dan ook waarom steeds weer verbeteringe

nodig is in vorm van nuwe openbaringe, wat Ek die mense altyd weer

opnuut laat toekom. Ek sal My altyd weer aan die mense openbaar wat My

liefhet en My gebooie onderhou, want dit het Ek beloof.

Want op één verkeerde gedagte volg tallose ander en ten slotte bly ‘n

verwronge beeld van My oor, teenoorgesteld van ‘n goeie, bomate

liefdevolle God Wie julle aller Vader wil wees. En omdat julle al baie

verkeerde leerstellinge aangeneem het, is ‘n God van liefde vir julle

vreemd. Hy is nog ver van julle verwyder en julle herken Hom nie as Vader

nie. Daarom sal julle ook geen moeite doen om nader aan Hom te kom nie

en wat julle van Hom verneem, laat julleself eerder van Hom vervreem.

Maar Ek wil julle liefde wen en benut daarom elke geleentheid om tot julle

te spreek. En as dit nie op ‘n direkte manier kan gebeur nie, dan probeer

Ek dit deur mense, wat My gees in hulself werksaam laat word het om julle

My woord regstreeks te laat toekom, of self in ‘n suiwer denke verkeer, om

julle volgens die waarheid te onderrig. Want dit is van die grootste belang

dat julle tot die regte denke gelei word, sodat julle sal weet wat julle kan

aanneem of moet afwys.

Maar glo nie dat julle die waarborg het van ‘n suiwer denke wanneer julle,

julle kennis skep uit die "boek der boeke" (die Bybel) nie. Waar Ek die wil

van die mens nie onvry kan maak nie, kan Ek ook nie verhinder as hy na

eie goeddunke die gedagtes wat hy uit die boek put, probeer verwerk en

meestal verkeerd uitlê nie.

Want in alles wat Ek gespreek het, is altyd ‘n geestelike sin verborge, maar

hierdie sin kan slegs ingesien word deur die gees in die mens en dit word

egter alleen tot lewe gewek deur die liefde. En eers dan word die mens

gelei in alle waarheid, net soos Ek dit steeds weer beloof het. Amen

524

Hoe is die sondeval van die eerste mense te begryp

9005 30 Junie 1965

Alle geestelike vrae wat julle My stel beantwoord Ek, maar julle moet veral

nog die een weet, dat dit nie My wil was om julle so ‘n besonder swaar

aardse lewe te laat deurstaan nie. Die tyd wat julle in gebonde wil, d.w.s.

onder die wet van "jy moet" deurgebring het sou waarlik vir My voldoende

wees, want die tyd was so ontsettend lank, dat dit inderdaad voldoende

gewees het dat julleself weer met My kon verenig het. Maar Ek moes van

julle egter die laaste beproewing van julle wil verlang, wat julle nou as ekbewuste

wesens, as mens, sou moet aflê.

Julle moes julleself slegs vrywillig weer aan My gee, dan het julle daardeur

die groot sonde van julle vroeëre afval van My opgehef. Julle moes julle

liefde tot My bewys omdat julle julleself eens verweer het teen My

liefdestraling. Daarom was die eerste mense goed geskape en hulle was My

in liefde toegewy, want Ek het hulle in alles voorsien. Ek gee hul die aarde

as geskenk, Ek maak alles diensbaar aan hulle en hulle sien My as hul God

en Skepper. Hulle was omgewe deur heerlike werke van My skeppingsmag.

Hulle kon hulle daaroor verheug en alles was alleen maar daarop gerig dat

hulle My kan loof en dank sing en dat hulle My vurig kan liefhê.

En hulle het ook geen slegte gedagtes vanuit hulself nie. Maar die vrye wil

moes Ek die eerste mense ook skenk soos Ek gedoen het toe hulle as

oergeeste van My uitgegaan het, hulle was dus sonder vrye wil nie

denkbaar nie. En omdat hulle hulself eertyds afgewend het van My en

vrywillig My teenstander in die diepte gevolg het, het hy ook dieselfde reg

om op die eerste mense in te werk, omdat hulle weer moet kies of hulle My

of hom wil volg.

En hierdie wilsproef waaraan hulle maklik kon voldoen het hulle nie

deurstaan nie. Daardeur word weer alle bose neigings gewek wat hulle

reeds in die tyd voor die beliggaming as mens oorwin het. Hierdie

stamouers dra nou hul aard op die komende geslag oor en dit word steeds

moeiliker vir hulle om hulle van die kettings van die teenstander los te

maak. Het die eerste mense egter die wilsproef deurstaan, wat nie te swaar

vir hulle gewees het nie, dan was die eindelose lang weg van voorheen vir

My voldoende gewees en hulle nageslag sou My ook vrywillig weer hul

liefde skenk. Hulle sou dan alleen maar oor die aarde gaan om van sy

skeppings te geniet en hulle sou op alle skeppings ‘n goeie invloed uitoefen,

sodat ook die hulle gouer as mens kan beliggaam. En die lewe op aarde sou

dan slegs ‘n voorstadium wees tot die ewige lewe. Die mag van die

teenstander sou dan gebreek wees omdat die eerste mense hulle geheel

bewus aan My oorgegee het en die teenstander volledig uitgeskakel het,

wat nou sy mag nie meer kon aanwend nie en dan homself ook spoedig aan

My liefde sou oorgee.

Daar word dus alleen van die eerste mense verlang dat hulle hulself weer

vrywillig deur My lig sou laat bestraal en die oersonde sou dan opgehef

525

word, want alleen liefde kon hierdie sonde versoen. Dog nou word hierdie

sonde herhaal en wat voorheen alleen op die in die skepping gekluisterde

geestelike wêreld betrekking gehad het, dit tref nou die hele mensdom.

Wat die eerste mense maklik kon bereik as hulle hul wil reg gerig het word

nou eindeloos swaar, omdat alle sataniese eienskappe hom in die mens

vasheg en om daarteen te stry het groot krag vereis wat die wil van die

mens nie kon voortbring nie. Gevolglik word die verlossingswerk van Jesus

Christus noodsaaklik. Van die Liggees, wat Hom vrywillig daarvoor

aangebied het toe Hy insien dat die eerste mense faal. Wie Hom aan My

aanbied uit liefde om te ly en te sterwe aan die kruis, om hierdie dubbele

sonde te versoen.

Vanaf die allereerste begin af weet Ek al dat hierdie tweede sondeval kan

plaas vind maar Ek wil nie dat die mense so’n pynlike weg moet gaan nie.

Ek kon egter die wil van die mense nie onvry maak nie. En omdat Ek weet

dat Ek eenmaal alle wesens terug sal wen omdat vir My ‘n duisend jaar is

soos ‘n dag, omdat dit gaan om die ewige lewe in saligheid, dat julle dit ook

eenmaal sal insien hoef julle ook geen bedenkinge oor te hê nie. En as julle

eenmaal vry sal wees van hierdie kwellinge, het julle dan ook hoogs

volmaak geword en julle sal dan ook kan geniet van al die heerlikhede wat

teen al die leed van die tyd opweeg en nie met aardse begrippe gemeet

kan word nie.

Julle moet weet dat Ek nie die ontsaglike leed veroorsaak het wat die

mense sedert die sondeval van die eerste mense hulself aangedoen het.

Dat Ek waarlik die eerste mense alle moontlikhede verskaf het om vir hulle

die vrye wilsbeslissing maklik te maak. Dat Ek hulle slegs ‘n ligte gebod

gegee het wat hulle kon vervul, as die liefde in hulle so sterk gewees het

dat dit hulle daartoe bring om hulle geheel aan My oor te gee. Dat dan alle

nageslagte hierdie innige liefde bevat het en hulle daardeur ook My

teenstander kan weerstaan in alle versoekinge.

Die tweede val het egter plaasgevind en dit het alle nakomelinge opnuut

belas, tot die Goddelike Verlosser Jesus Christus op aarde neerdaal om met

My teenstander ‘n openlike stryd te voer. Want hy misbruik sy mag deurdat

hy die mense tot steeds groter liefdeloosheid aanpor en hulle wil steeds

meer verswak, sodat hulle sonder die werk van verlossing nie meer vry kan

kom nie, maar steeds dieper in die duisternis wegsink.

En aan hierdie aktiwiteite het Ek Self ‘n grens gestel. Ek stuur My "Seun"

na die aarde om die mense te red wie gered wou word. Want die vrye wil

moet daartoe bereid wees om die genade van die verlossingswerk aan te

neem, omdat ook die reddingswerk nie teen die wil van die mens volbring

kan word nie.

Oorspronklik sou die gang deur die skeppings van die aarde voldoende

gewees het om die wilsproef as mens nou te kan aflê, want alle siele het

deur die kwellinge in die "jy moet” toestand reeds so ver volwasse geword

dat hulle maklik die versoekinge kon weerstaan. Maar die val van die eerste

526

mense gee die teenstander weer mag oor alle siele en dit het hy ook

uitgebuit op ‘n verskriklike manier.

Daarom was as eerste mens ‘n oergees gekies wat alle bekwaamhede besit

om die teenstander te kan weerstaan, maar hy kon nie gedwing word tot sy

keuse nie. Hy moes volkome vry bly in sy denke en handel. En nou sorg My

teenstander daarvoor om hierdie vrye wil na hom toe te wend, met die

nuwe val as gevolg, waardeur die sonde van die afval van My van die

geeste herhaal word. Maar die reg kon My teenstander nie geweier word

omdat die val van weleer in vrye wil gebeur het en hulle hom in die diepte

gevolg het.

Julle kan dus nie sê dat Ek die tweede val gewil het om julle weer in ‘n

toestand van die grootste kwellinge te plaas nie, maar Ek kon die val nie

verhinder nie omdat dit ook weer uit vrye wil gebeur en hierdie vrye wil

hom ook eenmaal weer na My toe sal keer en julle dus eens ‘n uitweg uit

hierdie ellendige toestand sal vind omdat My liefde julle verlos het. Want

hierdie liefde was in Jesus Christus beliggaam om die teenstander te bestry

en hom alle siele te ontruk wat weer tot My terug wil keer in hul Vaderhuis

in hul ware Vaderland wat hulle eens vrywillig verlaat het. My liefde behoort

aan julle soos voorheen en alle leed sal ophou so gou julle vry wil word van

hom wat julle nog geketting hou. So gou julle weer na My verlang en My so

die reg gee dat Ek julle weer in besit neem, sodat Ek julle ewig nie meer

hoef op te gee nie. Amen

Waarom moet ons boet vir die sonde van Adam?

9006 2 Julie 1965

Al julle vrae is onnodig, sodra julle die suiwere waarheid gegee word, want

dit is baie maklik te begryp wanneer dit julle op die regte wyse aangebied

word. Julle weet dat die afval van My plaasvind in ‘n staat van helderste

insig. Dus was ook alle wesens verantwoordelik vir hul afval. hulle was nie

deur die wil van die teenstander gedwing om teen My in opstand te kom nie,

veeleer was dit ‘n persoonlike aangeleendheid. Dit was die vrye wil, wat

hulle sondig laat word het, die wat ten tyde van die afval nog nie verswak

was deur My teenstander nie, omdat hulle selfbeskikingsreg besit het en

vry kon beslis en dus bewus vir die teenstander kies.

Nou egter het hy mag oor sy aanhang en die mag ontruk EK hom deurdat

EK die skepping laat ontstaan, om daarvoor te sorg dat die krag wat deur

die afval nie meer in staat was om werksaam te wees, op ‘n ander manier

kan werk. Dus het die teenstander niks gewen deur sy aanhang nie, hy mag

egter weer sy mag laat geld, as die wese in die stadium as mens die Ekbewussyn

weer verkry het. En die reg moes EK hom laat, om welke rede hy

dit nou op die wesens kon beproef.

En hy het dit ook gedoen met alle lis en gemeenheid. Hy verstaan die kuns

om die eerste mense weer die geloof in My woord te ontneem, wat hul ‘n

ewig lewe beloof wanneer hulle aan My ligte gebod gevolg gee. In die mens

527

Adam was ‘n buitengewoon sterk gees beliggaam, wie se val die

teenstander met gemak weer bewerkstellig. Is dit nou voor die hand liggend

dat geen gees hom sal kan weerstaan nie in dieselfde verleidingskuns van

My teenstander sou hulle beland?

Dus gaan dit nie daarom dat die nakomelinge vir die sonde van die eerste

mense moet boet nie, maar dit gaan daarom dat EK, as die eerste mens uit

liefde vir My, die versoeking sou weerstaan, uit barmhartigheid dieselfde sou

gedoen het wat die mens Jesus later gedoen het, want Hy het die werk van

versoening volbring uit liefde. Dat EK genoë sou neem met die sterkte van

die weerstand van die mens wat hom aan My oorgee en die aanstraling van

My uit weer moontlik maak. En terwille van sy liefde sou EK die skuld in die

sand geskryf het en vir almal sou die weg oor die aarde as mens alleen

gedien het om die liefde tot My, tot die hoogste gloed te ontplooi. So egter

het My teenstander sy mag oor die eerste mense bewys en hom dus ook nie

die reg ontneem om nou by elke mens sy verleidingskunste aan te wend,

wat EK hom ook nie kan ontneem nie, as gevolg van die feit, dat die wesens

hom eens vrywillig in die diepte gevolg het.

Julle kan dus nie sê, dat die mense nou moet boet vir die sonde van hul

voorvader nie, veeleer staan dit elke mens steeds vry, om hom sterk te

maak teen versoekings. En hy sal daartoe ook van My die krag ontvang,

want die wil seën EK en EK sal so iemand nooit aan My teenstander oorlaat

nie. Maar die eerste mense kon hul nakomelinge ‘n makliker weg oor die

aarde gee. Dog omdat hulle gevaal het, was dit ook nie meer moontlik om

hulle teen die versoekings van die teenstander te beskerm nie, tensy hulle

My daarom gevra het dat EK Self hulle onder My hoede kan neem en dan

sou hul weg oor die aarde ligter gewees het, wat ook die geval was by die

oergeeste wat hulle oopstel vir onderrig deur die ligwêreld en oor wie My

teenstander nie meer volle mag het nie. Wat dus die mense steeds ‘n ligter

weg oor die aarde gee, dat hulle nie aan die versoekings van My

teenstander ten prooi val nie en hy hulle nie geheel in sy mag hou nie, is ‘n

teken daarvan, dat EK elke siel gehelp het en steeds nog help, hoe minder

belas word die aardse lewe vir wie sy wil al aan My oorgegee het, dat EK

dus nie sonder onderskeid die siele seën met genade en krag, om die weg

wat hulle terugvoer, te voleindig.

Steeds egter moet EK sê dat die eerste mense deur hul val die weg wat

hulle terugvoer, verswaar het, dit sou heelwat ligter gewees het as die

sterkste eens gevalle gees hom sou verweer het en My ligte gebod vervul

het, as hy My woorde meer geglo het, wat hom ‘n ewige lewe beloof het en

hy deur sy weerstand die mag gebreek sou hê, wat die teenstander dan ook

nie meer op sy aanhang sou kon uitoefen nie, want die oorwinning sou sy

uitwerking gehad het op alle gevalle geeste. Amen

528

Die Voorloper van Jesus

9007 3 Julie 1965

So baie mense glo dat die inkarnasie van die ‘roepende in die woestyn’ ook

‘n teken van geestelike dwaling is. Maar dit staan vas dat hy ‘n groot

redenaar sal wees wat egter tot by sy optrede nie sal weet welke gawe aan

hom toebedeel is nie, naamlik dat hy sy woord met ‘n geweldige stem sal

laat weerklink, dat My en My spoedige koms aan die einde van die dae

aangekondig word.

Hy sal weer voor My uitgaan en aangeval word deur diegene wat niks van

‘n einde wil hoor nie. Hulle sal hom bespot en hoon, omdat hy vir hulle

dinge aankondig wat vir hulle ongelooflik voorkom en hy sal daarom

deurgaan as ‘n fantaseerder. Hy sal in dieselfde tyd optree as die Antichris,

wat die geloofstryd sal laat ontbrand. Hy sal die Antichris heftig bestry en

Myne sal by hom krag en troos kry. Hy werk maar ‘n kort tydjie op aarde,

maar hy benut dit goed om My Woord te bring aan almal wat dit sal

aanneem. My teenstanders sal hom vervolg en ter verantwoording wil roep,

maar hy sal homself steeds meer aan hulle onttrek totdat sy uur gekom het

waarin hy sy lewe vir My sal laat.

Dit is al meermale aan julle gesê dat hyself geen idee van sy missie het nie,

dat dit plotseling oor hom sal kom en dat hy dan deur iedereen herken sal

word. Dan sal hy dit self ook weet waarom hy met so 'n geweldige stem

toegerus is en waarom hy My moet aankondig. Dan sal hy weet dat die

einde gekom het waarin Ek in die wolke sal kom om Myne weg te neem.

En dan sal die Antichris self probeer om hom in sy mag te kry, want die

Voorloper pak hom in die besonder aan en bring sy skanddade aan die lig.

Hy skrik nie daarvoor terug om hom openlik aan te val nie en sal daarom

deur sy vyand vervolg word.

Maar dié wat onder die heerskappy van die Antichris moet ly, sal hy

vertroos. Hy sal hulle op My Koms wys en elk en iedereen sal hom glo,

omdat hulle hulself deur sy woord aangesproke voel, asof Ek dit self tot

Hulle gespreek het. Sy woorde sal soos balsem wees vir julle wat in angs

en bekommernis wag op die dinge wat sal kom. Julle sal uit sy woorde

troos en nuwe krag put en julle altyd weer versterk voel, omdat hy bewys

dat julle Vader julleself aangespreek het; dat julle dus sy woorde kan glo,

kan hy julle op My spoedige koms in die wolke wys.

Derhalwe sal julle op alle waarskuwings en vermaninge ag gee wat julle

van sy kant af sal bereik, want hy sal ook in die gees by hulle wees wat Ek

vir hom te kenne gee as behorende aan My. Hy sal die bekwaamheid besit

dat hy homself in julle nabyheid sal begeef, terwyl sy liggaam êrens anders

is, want die roep om hulp tot My sal Ek deurgee en hy sal dan ook tot hulp

bereid wees.

Daarom: Sal julle hom eers herken wanneer sy missie sal begin, maar

verwag hom nie nou al nie, Eers sal My ingryping moet voorafgaan, voordat

hy sal verskyn.

529

Dan sal die tyd egter spoedig verbygaan, want terwille van Myne sal Ek die

dae verkort sodat My teenstander hulle nie nog van My kan afvallig maak

nie. Want dan sal die nood groot wees en daarom sal Ek ook sterk liggeeste

aan hulle stuur, wat hulle sal beskerm tydens elke aardse en geestelike

nood.

Maar wanneer My ‘roepende in die woestyn’ sy lewe sal moet gee, dan kan

julle ook elke dag My Koms verwag. Dan sal Ek julle bring na ‘n Ryk van

vrede en alle nood sal ten einde wees. Amen

Die einde kom vas en seker

9008 4 Julie 1965

My aankondigings sal ook elke groot katastrofe voorafgaan. Ek sal die

mense waarsku en vermaan, daarvoor het Ek ook sieners en profete nodig

om die voorspellings onder die mense te versprei. Daarom is dit verkeerd

om alle voorspellings af te wys of as onwaar voor te stel wanneer dit nie

dadelik in vervulling gaan nie, want alles het sy tyd nodig en reeds dikwels

het Ek lank tevore gewys op die komende dinge, maar die mense skenk

geen geloof aan My woorde nie.

En so kondig Ek julle nou die naderende einde van ‘n aardse periode aan en

Ek het dit alreeds gedoen, sodat selfs My dissipels nog die einde gedurende

hulle aardse lewe verwag het. Steeds was My profesieë so gegee dat geen

noukeurige tyd vir die mense aangegee was nie, sodat hulle voortdurend

daarop kon reken. Want dit was altyd My bedoeling gewees dat die mense

‘n naderende einde voor oë moes hou. Maar die tyd staan nie stil nie en

omdat My woord onherroeplik vervul word, moet die aangekondigde einde

ook eenmaal kom.

En wie in My verlossingsplan van die ewigheid ingewy is, erken ook die

noodsaaklikheid van ‘n einde vir al die geestelike wat nog in die skepping

gekluister is. En omdat hy weet van die gestadige opwaartse ontwikkeling

van die geestelike, daarom is dit vir hom ook begryplik dat daar van tyd tot

tyd (wat vir julle eindeloos lank is) ‘n totale verandering van die

aardoppervlakte moet plaasvind waardeur ook aan die geestelike wat in die

harde materie gekluister is, die moontlikheid gegee word van ‘n opwaartse

ontwikkeling.

Wanneer so ‘n geweldige vernietiging van die aardoppervlakte dus vir die

mense twyfelagtig lyk, dan is hulle bewustelik in onwetendheid gelaat deur

die kennisgewende geesteswêreld, dan moet Ek weer sulke dwalinge

regstel omdat die aanstaande einde van die aarde in sy huidige vorm, vir

die hele mensdom uiters belangrik is. Want hulle loop die gevaar om

heeltemal in hulle laaste wilsbeproewing te faal en moet dan weer ‘n

ontsettende lot op hulself neem.

Juis daarom ontvang My dienare die opdrag om die einde aan te kondig.

Maar hulle moet nie alleen oor die feit van die einde berig nie, maar ook

oor My rede vir alles, sodat die mense nie blindelings hoef te glo nie, maar

530

vir alles die korrekte verklaring, volgens die waarheid ontvang. Want My

liefde behoort ook aan al die gevalle geestelike en nie net aan julle mense

nie, want vir die geestelike wat nog in die harde materie gekluister is, moet

die uur van vrywording uit die hardste kettings ook eenmaal kom. Hulle het

reeds eindeloos lank gesmag om ook eenmaal na ‘n sagter vorm verplaas

te word, waar die diens makliker sal wees.

En wanneer julle dit alles weet en die Vader Self vir julle uit die Hoogte

onderrig, dan hoef julle waarlik nie te twyfel nie. Julle kan alles as die

suiwerste waarheid aanneem ook wanneer Ek steeds nog wag met My aksie

van vernietiging van die ou aarde, want die dag kom onherroeplik.

Jammer genoeg is daar te veel mense wat nie glo aan ‘n totale verandering

van die aardoppervlakte nie. Wat baie eerder geloof skenk aan berigte wat

van die soort mense of geestelike wesens uitgaan waarvan alle kennis oor

My wyse verlossingsplan ontbreek. Maar Ek kan nie meer nalaat as om Self

uit die Hoogste tot julle te spreek en julle alles te verklaar wat My tot My

bestuur en werke aanleiding gegee het nie en Ek moet dit aan julle oorlaat

hoe julle julleself teenoor My woord gaan opstel. Dit is vir My dienare nie

maklik om die woord as My woord aan te bied nie, veral as dit daarom gaan

om teen dwalings op te tree, as elke geloof sogenaamd in die waarheid

staan en My woord niks meer vir hulle beteken as ‘n woord van mense nie,

of woorde uit die geesteswêreld wat ook onkontroleerbaar is, totdat Ek self

aangeroep word vir bystand. Totdat julle deur ligwesens onderrig sal word,

deur wie My Geestestroom heen kan vloei, want dan sal die resultate ook

saam ooreenstem en julle sal die waarheid voel, aangenome dat julle

ernstig na die waarheid verlang. Amen

Die ware vaderland van die mens

9009 6 Julie 1965

Laat julle nie irriteer wanneer My Woord as vals verwerp word nie, want

slegs van Myself kan die suiwer waarheid voortkom. En dat julle deur

Myself onderrig word, kan maklik vasgestel word, wanneer mense van

goeie wil hulself met die ondersoek van die geestelike goed, wat aan hulle

deur julle gebring word, gaan besig hou. Hulle sal egter geen bewys gegee

kan word nie, omdat die mense deur hul eie skuld nie die geestelike

openbaringe ken nie en met betrekking tot die geloofsvryheid kan dit nie

deur bewyse aan hulle bevestig word nie. Maar elkeen wat van goeie wil is,

sal in homself die oortuiging hê om op die korrekte weg te wees, dus kan

hy ook sonder bewys glo en tog weet dat dit korrek is wat hy glo. Maar die

wêreld en die geesteryk is twee heeltemal verskillende ryke wat slegs deur

die geloof met mekaar verband hou.

Wanneer julle nou kennis ontvang uit die geesteryk wat nie deur

verstandelike denke verkry kan word nie, dan kan julle mense dit tog

sonder beswaar aanneem as teken van die realiteit van die ryk, omdat daar

531

vir julle gebiede ontsluit word waarvan slegs Ek Self julle volgens waarheid

opheldering kan gee.

Daarom is dit geen teken van ‘n skerp verstand wanneer ‘n mens die ryk

wil verloën nie, maar slegs omdat hyself nie op hoogte is daarvan nie. Elke

mens sou hierdie bewys van ‘n geestelike wêreld aan homself kan verskaf,

as hy My daaroor sou raadpleeg, maar meestal word dit hom deur sy

verstand belet om maar net dit te begryp wat te bewys is.

Daarom kan hy nie oor die grense van sy verstand heen kom nie, omdat hy

homself grense gestel het deur sy ongeloof, wat hom verhinder om oor

sulke probleme na te dink wat vir hom onoplosbaar is, omdat hy nie tot die

Skepper Self vir opheldering bid nie. Omdat hy egter eers aan ‘n Skepper

moet glo, kan ook slegs die gelowige mens die verbinding met Hom herstel.

Die ongelowige mens neem genoegdoening met die wêreld wat hy met sy

oë sien en dit beteken vir hom die realiteit.

Watter resultate sou die mens egter kan bereik, wat naas sy skerp

verstand, ook diep gelowig is, wat homself met alle vrae tot My wend en

wat Ek hom dan ook sou beantwoord. Maar hiervan is daar maar enkeles,

want meestal vermy die mense om so 'n verbinding met die geesteryk te

hê, omdat dit deur hulle medemens as bonatuurlik aangesien word, wat in

die samestelling van hierdie wêreld nie pas nie. Maar omdat julle weet hoe

seënryk sulke mense kan werk en hoe belangrik die kennis is wat hulle van

Bo ontvang, dan sou julle alles in werking stel om julleself met hierdie

kennis te verryk. Want dit is vir julle mense die weg om van die aardse tot

die geesteryk te kom wat elkeen se ware vaderland is en almal sal dit

eendag opneem, ongeag of hulle volmaak is of nie.

Ek Self bied julle ‘n geweldige barmhartigheid aan deurdat Ek met julle

praat om hierdie twee ryke met mekaar te verbind, om daardeur alle

mense die moontlikheid te gee om die stap uit die aardse na die geesteryk

te doen. Maar julle wys hierdie barmhartigheid af, omdat julle verstand

homself daarteen verset en julle nie julle harte laat spreek nie. En die hart

kan nie tot julle spreek nie, omdat die liefde julle ontbreek, sodat julle

onafgebroke tot liefde gemaan moet word. Want slegs die liefde tot My kan

julle harte sag stem en julle is dan ook meer bereid om My aan te hoor.

Steeds verlang Ek slegs liefde van julle om julle ‘n kennis te kan gee wat

julle begrip te bowe gaan en wat julle waarlik gelukkig sal maak. Want om

insig te verkry in gebiede wat andersins vir die sterflike oog gesluit is, sal

elke mens salig maak, omdat dit hom die stille vreugde kan gee van ‘n

wetende, wat nie meer in die donker wandel en vir wie nou alles helder en

duidelik is.

En die omstandigheid om met sy gedagtes in ‘n tot nou toe onbekende

gebied te kan ingaan, moes julle al van die waarheid van so ‘n kennis

oortuig. Julle moet dus ook self probeer om hierdie kennis te verkry, maar

altyd met die gedagte dat julle ook die ryk eens sal bewoon, dat julle maar

verbygaande op die aarde is en eenmaal julle ware vaderland sal ingaan.

532

Want dan herstel julle weer die verbinding met My, wat julle in die diepte

gevolg het, waarvoor Ek solank gewag het, tot julle julleself as mens weer

bewustelik met My kon verbind. En om julle dan ook weer die kennis te laat

toekom van wat julle eertyds in so ‘n hoë mate besit het, om julle gelukkig

te maak. Dan sal julle egter nie meer ver weg wees van julle uiteindelike

terugkeer na julle vaderhuis nie, wat julle eens vrywillig verlaat het. Amen

Watter boodskappe waarborg die waarheid?

9013 12 Julie 1965

Solank julle julleself teen die verlossingswerk van Jesus Christus verset,

kan Ek, ondanks My oorgrote Liefde, julle nog nie in My Ryk opneem nie,

want daardeur sluit julle direk vir julleself die poort na die ligryk; waarvan

alleen Jesus Christus die toegang is. Want julle wys dan met Hom ook

Myself af, want Hy en Ek is Een. Eers wanneer julle dit begryp, sal Ek, die

oneindige Gees van ewigheid, in Hom vir julle sigbaar word en sal My Liefde

julle weer kan gelukkig maak. Want dan eers sal julle My in Hom herken en

die eertydse sonde van julle afval deur My kan julle nou vergewe word en

julle sal julleself dan ook weer deur My Liefdeskrag - soos voorheen - laat

bestraal.

Dat juis die begrip van die groot werk van erbarming deur Jesus Christus,

vir julle ontbreek, is ook ‘n teken van die aanstaande einde, want wat dit

betref het die teenstander deeglike werk verrig. Dit het hom geluk om juis

oor My menswording ‘n ondeursigtige sluier te versprei, want hy wil

verhinder dat julle verlos word. Daarom het ook die tyd gekom waarin aan

sy aktiwiteite ‘n einde gemaak sal word.

Oral in die wêreld is geestelike strominge wat ver van die waarheid af

staan, waar te neem, want My teenstander beïnvloed die mense vanuit die

hiernamaals om hulle op ‘n dwaalspoor te bring. En daar is baie mense wat

glo aan die boodskappe wat vanuit die geesteryk kom. My teenstander kan

egter ook nog baie wesens in die geesteryk beïnvloed, as hy poog om die

onwaarheid te versprei en aan die mense oor te dra. En dat hy dikwels die

geleentheid het om die mense van stryk te bring is die gevolg daarvan, dat

die mense hulself nie direk tot Myself wend om duidelikheid en waarheids-

getroue opheldering te kry nie. Daarom kan Ek steeds net sê: Glo nie aan

boodskappe waar die verlossingswerk van Jesus Christus nie die hoofsaak

is nie, hulle is verkeerd; ook al bevat hulle die waarheid ten dele. Want die

verlossingswerk van Jesus Christus is van so 'n groot betekenis dat julle

daaraan die geloofwaardigheid van wat julle ontvang, kan nagaan en

julleself nie tevrede mag stel met kennis waarvan julle nie geheel oortuig is

nie, omdat julle dan oor die mees belangrike, oor dit wat julle die toegang

in die lig ryk waarborg, in onwetendheid uitgelaat word.

Hoe wil julle nou weet en verstaan wat waarheid en wat dwaling is, as Hy

julle nie onderrig nie Hy wat alles weet en julle ook oor die waarheid kan

inlig nie? Ook die inwerking vanuit die hiernamaals op die mense van

533

hierdie aarde, kan Ek vanweë die vrye wil van die mense nie verhinder nie.

Dog steeds dui Ek Self die mense die korrekte weg aan, hoe hulle tot die

suiwer waarheid kan kom. Maar ook die werk van My Gees in die mens is

eerstens die gevolg van die voorafgegane verlossing deur Jesus Christus.

Daarom het My teenstander vanuit die hiernamaals groot mag daar hy

steeds weer hierdie verlossing teenwerk en die mense oor die ware Wese

van Jesus in onwetendheid laat, omdat hy met alle moontlike middele wil

verhinder dat hulle die verlossing deur Hom nog op aarde vind. Daarom

beïnvloed hy ook die wesens wat hulself alreeds verset het teen die

verlossing deur Jesus Christus, sodat hulle ook sy valse leer na die aarde

stuur.

En omdat Ek nou ten alle tye besig is om ook hierdie verkeerde opvatting

deur ligwesens aan die lig te bring, dus ook aan die mense die suiwer

waarheid te laat toekom, gee dit vir julle aanleiding om waarheids-

getroue openbarings met valse boodskappe te vermeng, dit wil sê, dat

ware en valse boodskappe ewe belangrik is vir julle. En omdit dit julle

ontbreek aan die gawe van onderskeiding, is dit dikwels moontlik dat

korrekte boodskappe uit die ligryk hulself te midde van dwaallere bevind,

wat daarom baie hoorders en lesers laat twyfel aan die geloofwaardigheid

van alle boodskappe.

Maar dié een is ‘n sekere teken van valse boodskappe: Dat My

menswording in Jesus Christus en My verlossingswerk nie genoem word

nie, of selfs heeltemal bestry word. Daar aan kan julle altyd die waarheid

toets en ‘n ware geestelike ontwaakte mens weet ook hoe hy sulke

boodskappe kan beskou. Want juis deur sulke verwarrende boodskappe

word die mense bewustelik op ‘n dwaalspoor gelei en dan het die waarde

van My ligwesens se boodskappe ook gedaal, wat derhalwe geen ingang

kan vind nie, omdat daar by die mense geen verlange meer na die suiwer

waarheid is nie, want anders sou die verlossingswerk van Jesus Christus

vir hulle waarlik ook begryplik wees en dan sou die onderkruipery van My

teenstander nutteloos wees.

Die fout lê dus by die mense self, omdat hulle geloof skenk aan alle

boodskappe uit die geesteryk, omdat dit van daar af uitgegaan het. Daar

hulle egter nie weet dat die teenstander ook van daar sy mag kan ontplooi

nie en dat slegs die wil van die mens, om teen dwaling behoed te word,

hom teenwerk. In die geval kan hy geen valse boodskappe verkondig nie,

want hulle wat verlang na die suiwer waarheid, word ook gewaarborg om

dit te ontvang.

Dit alles moet julle weet, dan kan julle julleself met ‘n geruste hart aan die

woorde oorgee wat die Gees uit My aan julle verkondig. Want Ek is die

ewige Waarheid en van My kan dus slegs die suiwer waarheid uitgaan. Dit

is egter deur die kenmerk van die verlossingswerk van Jesus Christus

gekarakteriseer en slegs wie daarin glo, sal homself vir ewig nie meer kan

vergis nie. Want vir hulle het die EWIGE WAARHEID SELF homself ontsluit.

534

Hy het Hom aan hulle geopenbaar en hulle in die Waarheid binnegelei, soos

dit aan julle beloof is. Amen

Vra ‘n gawe van krag vir die siele van oorledenes

9014 13 Julie 1965

Wanneer julle nie kan help om aan ‘n oorlede persoon te dink nie moet julle

weet dat dit altyd ‘n beroep om hulp is wat julle moet gee as niemand

anders hulle versorg nie. En wanneer hulle julle lig sien sal hulle ook om

julle wil versamel om krag van die lig te kry, want hulle ken dikwels nie die

betekenis van die lig nie, veral as hulle tot nou toe in valsheid vasgevang

was. Dan sal dit voldoende wees om slegs een gedagte aan die siel te stuur

om hom uit te nooi om hom by julle aan te sluit en ‘n les te ontvang. Want

veral die siele wat nie deur liefdevolle voorbidding gevolg word nie ly baie

ontbering en hulle moet ook gehelp word om in besit van waarheid te kom.

Slegs een bewuste uitnodiging om aan julle onderrig deel te neem is reeds

genoeg om die siele permanent aan te trek, met die gevolg dat hulle julle

nie meer sal verlaat nie, dat hulle sal aansluit by die groot groep wat Ek

dan Self sal kan aanspreek. En julle sal voortdurend deur siele omring word

wat hul kennis wil verhoog om dit na hulle deur te gee wat minder goed

verlig is en wie hulle ook wil help. En dan sal dit noodsaaklik wees dat julle

hulle oor My Verlossingswerk inlig, want slegs wanneer hulle Hom gevind

het en verlossing van hul skuld gekry het sal hulle diepgaande kennis

aanvaar. Dit verg eers hul aktiwiteit van liefde, omdat hulle slegs dit sal

kan begryp as hulle hul wil aanwend om weer lief te hê om siele te help wat

aan dieselfde ontbering ly. Slegs dan sal hulself die waarheid steeds meer

deurdring en hulle sal dit maklik vind om hulself aan die Goddelike

Verlosser te oorhandig en op Hom ‘n beroep te doen om vergiffenis van hul

skuld. Dan, egter, sal die Goddelike Woord voortdurend na hulle stroom en

sal hulle dit ook aanvaar ongeag waar en hoe dit aan hulle aangebied word.

Maar tog is die eerste stap veral baie moeilik vir die siel tot hy die krag van

voorbidding ervaar het, wat dit sal openbaar as ‘n verandering van wil en

dit so makliker is om hom te beïnvloed, sodat die siel ook sal gehoor gee

wanneer hy sy oproep ontvang.

Bestee daarom aandag aan elke so’n versoek en bied hulp aan die siele wat

hulp verlang, wat inderdaad baie mense op aarde aan hulle herhinder,

maar slegs voorbidding by hulle sal vind wat hulle geestelik kan help omdat

hulle in bewuste kontak met My is en Ek Myself aan hulle kan openbaar. En

die feit dat die krag van My Woord enorm effektief is kan deur elke siel

ondervind word sodra hy homself by julle aangesluit het, want sy

ontwikkeling sal gewaarborg wees.

Sodra Ek die geleentheid gebied word om My aan ‘n persoon te openbaar

deur die werking van My Gees, sal hierdie persoon temidde van ‘n ligstraal

staan wat baie siele sal aantrek wat bereid is om dieselfde aan te neem as

wat julle aangebied word en as gevolg van julle sal alle siele wat julle in

535

julle voorbidding insluit nie meer verlore kan gaan nie. Want dan sal julle

slegs gemotiveer word deur liefde vir hierdie siele en terwille van hierdie

liefde sal Ek ook krag aan die siele gee vir wie julle bid. Ek moet ook die

wette in die hiernamaals toepas en hierdie omvat veral die wese se vrye wil

waarop nie inbreuk gemaak mag word deur Myself nog deur My

teenstander nie.

Daarom is dit belangrik dat julle ook hulle vrye wil moet eerbiedig, onthou

in liefde die siele wat nog swak van wil is maar hulle nie teen die krag van

voorbidding kan verset nie en waarvan julle daarom die wil kan beïnvloed.

Omdat hulle voordelig beïnvloed is deur die krag van liefde kan hulle hul

nie meer verset nie en sal onversetlik na julle getrek word, sodat julle dan

ook die Evangelie van liefde aan hulle kan bring.

As julle slegs weet hoe geesdriftig julle aanhangers (die siele) My Woord

aanvaar, hoe hulle altyd van mening is dat hulle vorder en hoe dankbaar

hulle aan julle is dat julle, as gevolg van julle voorbidding, hulle help om

aan julle onderrig deel te neem, sal julle nie ophou om te bid vir sulke siele

nie en moet selfs tevrede met hul ontwikkeling wees, want hulle, sal julle

ook beskerm wanneer moontlik, om te verhinder dat die ontvangs van die

Woord onderbreek word en ook julle omgewing sal suiwer, sodat niemand

aan die verleidings van die teenstander onderwerp sal word wanneer hulle

julle omring nie. Juis dit maak julle aktiwiteit so belangrik, omdat julle

bydra tot die verlossing van baie siele deur hulle brood en wyn aan te bied,

dus die verruklike lewegewende drank en die mees effektiewe voeding en

eendag sal julle die innerlike vreugde voel om tot die volwasse wording van

hulle te kon by dra, wat sonder julle hulp, nog in duisternis vir ‘n baie lang

tyd sou gesmag het.

Neem daarom aandag van elke gedagte wat julle aan iemand wat oorlede is

herinner, beskou dit as ‘n roep om hulp wat julle nie moet verwerp nie en

roep hom dan bewustelik nader aan julle en die eerste tree sal geneem

wees, want sodra ‘n persoon namens so’n siel voorbidding doen, sal Ek ook

krag aan die siel gee terwille van die persoon, wat andersinds nie vir My

moontlik sou wees nie omdat dit die wet van ewigheid teenspreek, want

slegs vrye wil kan om krag vra, wat Ek nou in die liefde van voorbidding

herken en so My genade aan hierdie siel gee en dan ook die genade van My

Woord deur julle skenk.

Die mense kan alle siele deur liefdevolle voorbidding verlos, maar hoe

weinig is bewus hiervan en hoe groot daarom die mag van My teenstander

wat enige iets sal probeer om sulke kontak van die geestelike wêreld na die

aarde te onderbreek, maar wat geen effek het as ‘n mens hom aan My met

liefde oorhandig en Ek hom ook sal beskerm veral as Ek deur hom met die

siele in die hiernamaals wil praat, wat My teenstander My nie sal kan

verhinder om te doen nie. Want waar die wil vir verlossing bestaan sal die

mense van hom verlos word wie hulle lank genoeg gevange gehou het en

536

liefde die enigste wapen is wat hom sal verslaan en waarvan hy weg vlug

omdat dit My deel is en vir ewigheid sal bly. Amen

Die Preadamiete

9015 14 Julie 1965

Lank voordat die eerste mense op aarde geleef het, wat deur God met vrye

wil en verstand toegerus was, bestaan daar al skepsele wat soos mense

lyk, wie se taak dit was om die aarde geskik te maak vir die mensdom wat

na hulle kom. Hulle leef op instink, d.w.s. deur die natuurwet gedryf werk

hulle om hulself aan die lewe te hou. Hulle versamel vrugte, oes die

voortbrengsel van die land en bou wonings vir hulself. Hulle doen alles wat

hul instinkmatig voordeel oplewer. Maar hulle kan vir hul doen en late nie

tot verantwoording geroep word nie, omdat hulle nog nie in ‘n wese

beliggaam was wat alle partikeltjies van ‘n gevalle oergeest bevat nie.

Hierdie wesens het al ‘n groot ooreenkoms met die mens, liggaamlik was

hulle van gelyke gestalte, maar hulle was nog nie ek-bewus nie en kon

hulle nie aan mekaar verstaanbaar maak nie. Slegs die drang om te oorleef

was sterk en hulle bereik dikwels ‘n hoë leeftyd. Hulle was by wyse van

spreke in diens van die skepping, deurdat hulle daartoe bydra om die

aardoppervlak ‘n andere vorm te gee, wat steeds meer voorberei word om

die mense ‘n woonplek te bied wat aan hul behoeftes beantwoord.

Maar daar was vir die wesens nog geen taak gegee nie. Hulle dien slegs die

nog nie heeltemal voltooide oergeeste as laaste moontlikheid om volwasse

te word, voor hulle as mens met vrye wil en verstand moet deur gaan.

Hierdie voormense, die preadamiete, kan dus nie as egte mense beskou

word nie, want hul aard, hul voorkoms en al hul doen en late beantwoord

meer aan ‘n dier wat nog ver agter is met sy ontwikkeling. Slegs die vorm

lyk op die van ‘n mens en so kom dit dat die mense later hierdie skepsele

oermense noem, wat egter heeltemal nie die vergelyking met die egte

mens kan deurstaan nie, wat in besit van 'n vrye wil en insig was, wat hy

verstandelik ook reg moes gebruik. Dit kan nie gesê word dat die mens

hulle uit hierdie preadamiete ontwikkel het nie, omdat daar ‘n nuwe

skepping gewees het wat God eers realiseer, toe baie van die eerste

oergeeste vurig na hul beliggaming verlang. Die voormens is een van die

vele skeppings gewees wat slegs hul doel moes vervul om die later daarna

komende mense ‘n heenkome te berei, wat hul ‘n sorgelose lewe op aarde

waarborg.

Die preadamiete was wesens wat soos mense lyk, wat nie tot

verantwoording geroep kan word nie, omdat hulle soos diere lewe waarby

alle instinkte na vore kom, wat lank voor die mens op aarde geleef het, wat

geen ek-bewussyn het nie en alleen in groepsverband kan lewe. Wat

sodoende alleen daar te vind was, waar later mense sou woon, vir wie hulle

die gebied voorberei deur gereelde werksaamheid want hulle was geskep

om hulle te uiter in die ontginning van uitgestrekte velde, in die

537

sistematiese verspreiding van lewens noodsaaklike substansies en het ook

geoes op hierdie stukke land. Hulle doen dit alles onbewus vanuit ‘n

natuurlike aandrang om hulself in stand te hou. Hulle beveg mekaar en die

sterkste seevier. En so dra hulle daartoe by dat hulle steeds weer nuwe

geestelike wesens inkarneer, al was dit maar vir ‘n kort tyd waarin hulle hul

krag bewys, waarin meer of minder sterk drifte hulle laat geld, wat steeds

swakker word hoe langer hulle leef en hulle dan ook die volwassenheid

bereik om nou die laaste beliggaming as mens te kan ingaan.

Daar bestaan dus al lank voor die eerste mense wesens wat soos mense

lyk, wat egter nie in verband gebring kan word met die regte mense nie. In

hul uiterlike vorm was hulle wel met hulle vergelykbaar, maar hulle gaan

tekere soos diere, sowel in hul drifte as ook in hul manier van voortplant.

Hulle ontwikkel hulle steeds verder al na gelang die substasie van hul siel

en behoort ook tot die vele skeppingswerke wat weer verdwyn toe hulle hul

taak op aarde vervul het, dus die (geestelike) wesens het sulke skeppings

nie meer nodig gehad nie en dit het nou totaal uitgesterf, soos vele

skeppings wat deur die aarde ‘n tydlank gedra word om dan weer vir nuwe

skeppings plek te maak.

Daar kan dus nie gesê word dat die mens in sy huidige vorm, hom uit

hierdie voormenslike skeppings ontwikkeld het nie, inteendeel, hy is en was

‘n nuwe skepping soos hy nou is, met vrye wil en verstand begaafd wat

hom moes waardig maak, dus ook die ek-bewussyn in toom hou. Tot op

welke hoogte die preadamiete ook oor ‘n sekere intelligensie kon beskik

was uitsluitend afhanklik van die graad van volwassenheid van die

sielepartikeltjies wat hulle in hul het. Hierdie preadamiete was egter nie in

staat om te dink nie en hul intelligensie kom alleen in die werksame

aktiwiteite tot uitdrukking, wat dus onbewus verrig word.

Hierdie aktiwiteite het egter ook die grootste wonderwerke voortgebring,

soos dit dikwels in die natuur te sien is, dat hulle weë bou waaroor hierdie

wesens mekaar kan bereik, dat hulle klowe en onderaardse gange grou en

so dus vir die mense die kondisie skep dat hulle ‘n goeie lewe kan lei, toe

die tyd gekom het, waarin die eerste oergeeste hulle as mens kon

beliggaam. Hoe meer oergeeste nou verlang na die beliggaming, des te

meer gaan die voormense agteruit, wat hom steeds trapsgewys voltrek, tot

die menslike geslag die aarde bevolk en vir hulle die proeftyd begin waarin

alle eens gevalle oergeeste hulle moes waardig maak, waarom die mens

ook met ek-bewussyn verstand en vrye wil toegerus moes wees, om die

weg oor hierdie aarde te gaan wat hom weer terugvoer na die Vader, van

Wie hy eens uitgegaan het. Amen

538

Die skatting van die tyd wat die oermense geleef het

is nie moontlik nie

9016 16 Julie 1965

Ek sal steeds weet om daarvoor te sorg dat julle julleself nie verlaat voel

deur My nie, want julle moet julle in alle nood en sorge tot My wend en

julle sal altyd antwoorde kry, omdat Ek weet wat julle sorge gee. Ek is

egter steeds bereid om hierdie van julle weg te neem as julle, julle maar

vol vertroue aan My oorlaat. Julle hoef julle nie ongerus te maak nie, want

Ek dink aan julle, Ek weet ook wat julle beswaar en welke vrae julle besig

hou. Omdat eindelose lang tye verby gegaan het, waarin daar al mense op

die aarde geleef het, want die skatting van die tyd wat julle ontleen aan die

boek van die vaders, het slegs in soverre sy regverdiging, dat die

toenmalige geestestoestand van die mense daaruit op te maak is, dat egter

die menslike geslag al baie lang tye die aarde bevolk en dat alleen net die

gebeurtenisse vasgelê word om hulle te oriënteer wat vir die ontwikkeling

van die mense van belang was, dat dit egter nie meer moontlik is om die

tydsduur daarvan te bepaal nie. Julle sal nooit tot ‘n ware resultaat kom

nie.

Soveel egter is seker, dat daar al baie periodes agter julle lê op aarde en

die mens steeds dieselfde skeppingswerk gebly het wat hy nou nog is. Dat

hy ook sy verstand van die begin af aan kon gebruik en hom steeds met

dieselfde probleme besig gehou het wat ook vandag nog die mense hande

vol werk besorg, sover dit gaan om die rede vir die mens se hier wees en

sy doelgerigtheid. En die gawe om daaroor na te dink, het Ek die mense al

van die begin af gegee.

Al in die tyd ontdek die mense spore van die prehistorise skepsele, wat

hulle egter nie as gelyk aan hulle wou erken nie, omdat die aansienlik van

hul eie wese afwyk en omdat die eerste mense wis dat daar voor hulle nog

geen identiese mense was nie, want hulle sien hulself as ‘n nuwe skepping.

Hulle weet self dat met hul bestaan ‘n skeppingsdaad begin wat daar tevore

nog nie gewees het nie. Hulle weet dit omdat hulle met mekaar gedagtes

kan wissel en dit vir alle geskape mens moontlik was. Bowendien was sulke

oermense onbekend, soos hulle ook nie alle eerdere skeppings ken wat

hulself moes deurgaan nie, tot hulle hul as mens mag beliggaam.

Maar nooit het tydens dieselfde tyd die preadamiete met die mense op die

aarde geleef nie want die was uitgestorwe toe die mense op die aarde

verskyn. Daar kon dus nooit ‘n saamlewe plaasgevind het omdat so iets nie

beantwoord aan My plan van ewigheid nie, wat niks gebrekkigs sou laat

ontstaan in ‘n tyd waarin die volkome mens hom as kroon van die skepping

moes bewys nie. Want van alle skeppings voor hom was hierdie mens nie

bewus nie. Hy ken sy lang gang deur die skeppingswerke van hierdie aarde

nie, hy moes ‘n volkome nuwe skepping wees waardeur ‘n siel kon

opgeneem word, omdat nou vir die mens ‘n heel nuwe gang oor die aarde

539

egin met as doel die uiteindelike vereniging met My. Dat die mens hierdie

laaste vereniging deur sy eie val nie bereik het nie, het niks te maak met

sy gang deur die voorstadia nie, want alle siele wat hulle eenmaal as mens

mag beliggaam, het ook die graad van volwassenheid bereik wat so'n

beliggaming toelaat.

Dit is egter vir die mens onmoontlik om die presiese tyd van sy verblyf op

aarde vas te stel en hy sal daaroor ook geen opheldering ontvang nie,

omdat dit van geen belang is hoe lank hy al op die aarde leef nie. En so ook

kan die tye waarin hierdie voormense geleef het. Maar dit staan vas dat

hulle die mens voorafgegaan het dat hulle hul in die oertyd oral opgehou

het, ook as ‘n skepping wat moes dien om die eindelose vele

sielepartikeltjies meervolwasse te laat word en hulle sodoende ook daartoe

bydra dat hierdie partikeltjies hulle positief ontwikkel, wat hulle dan weer in

die mens mag beliggaam.

Julle mense kan dit nie d.m.v. tyd vaststel nie en dit sal ook nie moontlik

wees nie. Julle kan slegs na skatting ‘n tyd aanneem, maar weet nooit of

dit waar is nie, want die lewe van alle mense is begrens. My skepping

bestaan egter al ewighede, wat vir julle ook ewighede sal bly, tot julle eens

die lig bereik. Dan sal julle ook weet dat die besef van ewigheid vir My soos

‘n vlugtige oomblik is. Amen

Die Liefde en die Verlossing deur Jesus Christus

ontsluit die kennis oor alle dinge

9017 17 Julie 1965

Dit is vir julle mense van die grootste belang om te weet welke groot

betekenis die aardse lewe vir julleself het, welke opdrag elkeen van julle

het, dat julle die kort tydjie, wat julle nog op aarde vertoef, goed sal

gebruik, want daarvoor moet julle julleself eens verantwoord. Julle heg dan

nie te veel betekenis aan die kennis van dinge wat nog nie aan die orde is

nie, want daaroor sal julle kennis verkry op die oomblik, wanneer julle

graad van liefde eers die hoogte bereik het, wat julle oor alles ‘n korrekte

kennis waarborg. En so moet julle steeds maar die graad van julle liefde

verhoog, sodat die helderste insig julle kan omvou by julle ingaan in die

hiernamaals.

Dan sal julle ook die ontwikkelingsgang van die skepping kan nagaan, want

dan is daar vir julle geen wet meer van ruimte en tyd nie. Julle sal alles kan

nagaan wat ooit terwille van die terugkeer van My skepsele geskied het.

Julle sal dan egter ook die hele sin en die doel van al My skeppings ken en

niks sal meer vir julle verborge wees nie. Dan sal julle ook weet dat die

mees belangrikste vir julle mense was dat Ek Self na die aarde neergedaal

het om in die gestalte van die mens Jesus vir julle die werk van erbarming

te volbring, waarsonder al julle kennis waardeloos sou gewees het, want

julle sou vir ewig verlore gewees het; of julle nou alles sou geweet het of

540

nie. Want dit is slegs nodig vir julle om op hoogte te wees van My

neerdaling na die aarde, van My Kruisweg en die Soenoffer vir julle, om vry

te raak van die groot oerskuld, om welke rede Ek die hele skepping laat

ontstaan het. En as julle nou hierdie verlossingsgedagte op aarde beskou

met alle innigheid, sal julle, julle weg na My in Jesus gaan, dan word die

groot oerskuld ook vir julle kwytgeskeld en My skeppingswerk sal julle ook

helder en duidelik voor oë staan. Wat nog vir julle as mens raaiselagtig is,

sal op ‘n heel wonderbaarlike wyse opgelos word. Ek verlang slegs julle

innige verbinding met My, om julle dan weer met die aanstraling van My

Liefde gelukkig te kan maak, wat ook algehele opheldering waarborg oor

alle vrae, al gaan dit nog so ver terug in die verlede. Want niks in My

skepping is sonder sin en doel nie. Julle kan egter nie altyd die sin en die

doel ken nie, in die besonder as dit gaan om skeppings wat vir julle

onbegryplik is, omdat julle nie hulle eintlike bestemming ken nie. Dat elke

skeppingswerk egter ‘n bepaalde bedoeling het, aangesien dit andersins nie

deur My geskape sou gewees het nie, moet vir julle ook duidelik wees.

Slegs van die taak van elke afsonderlike skeppingswerk, is julle nie op

hoogte nie, maar eens sal dit vir julle heeltemal duidelik wees.

Daarom, probeer allereers julle ware kennis oor die groot Werk van

Erbarming, wat Ek Self in die mens Jesus volbring het, julle eie te maak en

probeer julleself deelagtig te maak aan die barmhartigheidskat wat Ek as

die mens Jesus vir julle verwerf het. Julle sal dan verseker ‘n heelwat

dieper kykie mag neem in al die geheime wat My skepping nog vir julle in

homself berg, as wat julle deur suiwer kennis oor al My skeppings kan

verkry. Want slegs van julle oerskuld moet julle vry wees om alles dan ook

helder en duidelik te kan insien, om julle terugblikkend in al die skeppings

te kan verplaas, wat wel vir julle in ‘n toestand van volmaaktheid moontlik

is, dog slegs om julle insig in die bedoeling van elke uiterlike vorm te

verdiep.

En julle sal al die skeppings oorgelukkig aanskou wat julle behulpsaam was

om julle positiewe ontwikkeling te bevorder. En eens sal dit vir julle ook

duidelik wees dat elke skeppingswerk altyd net getuig van My oneindige

Liefde vir die gevalle geeste, omdat slegs Ek weet in welke uiterlike vorm

die siel tot volwassenheid kan kom. Eenmaal sal julle dit ook kan begryp en

daarom moet julle, julle bes op aarde doen om vir julle ‘n hoë graad van

liefde te verwerf - dat julle minder verlang na kennis - want verstandelike

kennis vervang nie die liefde van die hart nie. Omgekeerd egter sal die

liefde vir julle die volledige kennis ontsluit, wanneer julle in die Ryk van die

Lig sal ingaan en dit vir julle geen onopgeloste probleem meer sal wees nie.

Amen

541

Meer oor die oermens

9022 22 Julie 1965

Julle hoef julle maar net tot My te wend met die versoek, om julle

opheldering te gee en Ek sal nie aarsel om julle dit te gee nie. Julle weet

nie dat daar vir die skeppingsdaad eindelose tye nodig was nie, want julle

meet met julle huidig begrip van tyd, terwyl die skeppingsdaad ewighede

vereis, wat julle verstandelik nie kan voorstel nie. En daarom is julle ook

meegedeel dan julle die lewe van die preadamiete aanneem as ver voor die

mens, wat as eg mens erken word deur die ek-bewussyn, die verstand en

die vrye wil. Maar dit sluit nie uit dat hierdie mense op hoogte was van die

voormense, dat hulle dus van hul bestaan weet, maar dit as lank

voorafgaande aandui.

Maar dit was eers na die sondeval, toe Ek ligwesens van bo tussen die

mense in stuur, wat hul ook opheldering gee oor die weg tevore deur alle

skeppings heen. Voor dit egter was hul alle kennis daaroor vreemd en dus

het hulle ook geen kennis van die op mens lykende wesens, omdat, waar

daar ook mense geskape word, hierdie wesens reeds uitgesterf was en die

bevolking met mense slegs langsaam gebeur, beantwoordend aan die

voltooide oergeeste, strek die skeppingsproses hom uit oor eindelose tye.

En so was ook die aarde nie tegelykertyd oral bevolk deur mense nie,

daarenteen sterf die preadamiete eers uit toe die skeppingswerk “mens”

tevoorskyn tree.

Die voormense het dus nie met die mense saam geleef nie, want eers op ‘n

ander tydstip is die mens geskape, want ook die aarde was heel verskillend

gevorm en dit was ook nodig omdat die oergeeste hulle verskillend

ontwikkel het, wat vir julle, mense nog nie baie duidelik is nie. Dit is nie so,

dat daar ineens mense op die aarde geskape word nie, maar dit het op so'n

manier gebeur, dat die mense van ‘n skepping in periodes kan praat. En

alle periodes het sulke wesens voorgekom, voor as laaste skeppingswerk

die mens met ek-bewussyn, verstand en vrye wil in die lewe tree.

Wanneer Ek nou die uitdrukking "terselfde tyd" gebruik, wil Ek daarmee sê

in dieselfde skeppingsperiode, wat egter so lank is dat dit nie met getalle

weer te gee is nie, dat egter die oermense die eintlike mense voorafgegaan

het omdat by My geen tydsbegrip is en vir My duisend jaar is soos een dag.

Die hele skeppingsdaad het so'n lang tyd geverg, dat die mense die

tydsduur nie kan bepaal nie, maar die een kan nie geloon word, dat dit

alles van die materie af aan, deur die klippe en planteryk, deur die diereryk

tot by die mens ontwikkeld het, dat Ek egter steeds weer vir die

sieledeeltjies wat verder ontwikkeld was, ook ‘n nuwe uiterlike vorm

geskape het. Die uitdrukking: hulle het hulself ontwikkel tot die volgende

wese, betref dus alleen die ontwikkeling van die siel, maar alle uiterlike

vorm was ‘n nuwe skepping, wat steeds vergaan as dit aan sy doel geheel

en al beantwoord het, om welke rede dus ook weer baie wesens verdwyn

542

het, toe tenslotte die mense die lewe binnetee wat self skep en vorm gee

volgens hul wil.

Derhalwe, die mense leef nie in dieselfde tyd saam met die oermense nie,

wat egter nie uitsluit dat hulle in dieselfde tyd op aarde leef nie, alleen wat

hul plek betref, was hulle so ver uit mekaar, dat hulle niks van hulle af

weet nie, omdat die tyd nog nie ryp was dat die mens daar die regte

lewensvoorwaardes aantref wat hy nodig het nie. Alleen die een moet

duidelik gemaak word, dat die aarde nie in dieselfde tyd bewoon word deur

mense met 'n volle verantwoordelikheid nie, maar hierdie eers ‘n lang tyd

later kom, terwyl die oermense daar voorkom waar nog ontwikkeling van

die aarde nodig was.

Dit is moeilik om vir julle ‘n beeld uiteen te sit hoe die hele skeppingsproses

hom afgespeel het, want enersyds kan julle julleself nog die tydsduur

voorstel waarin die werk plaasvind en andersyds kan julle julleself nie die

onmeetlike ruimte voorstel wat bevolk moes word met die sielepartikeltjies

van die gevalle oergeeste nie. En daar was so'n groot verskeidenheid voor

nodig, wat alleen My denke tot stand bring, sodat Ek alles as die kleinste

skeppingswerk voor My sien en tegelykertyd ook as ‘n volbringde werk

ontstaan, dat die skeppings steeds groter vorme aanneem waarin die

sielspartikeltjies meer volwasse moet word, sodat dit wemel van skeppings

van allerlei aard waarvan Ek alles daar plaas waar dit moontlikhede om

volwasse te word gegee word.

En so was die oermens ‘n skepping wat Ek steeds daar insit waar die nog te

kom menslike geslag te verwag was, wat eens die aarde in besit sou neem

om sy voltooiingproses te beëindig. Dat nou die aarde wat die tyd betref

oral dieselfde omstandighede kon aantoon, word deur My veelsydige Wil

om te vorm tersyde gestel. En omdat hy ook nou nog uitgestrekte

landstreke het, waar geen mens kan bestaan nie, omdat hom die

voorwaarde om in lewe te bly makeer, waarvoor Ek ook My rede het. Maar

die een staan vas, dat die uiterlike vorm van die mens ‘n daad van My

Liefde gewees het, dat Ek die mens as My ewebeeld geskape het en dat hy

ook na sy siel tot My ewebeeld moet word, wat egter by die oermense nie

die geval was nie, hulle kan dus ook nie tot die mens ontwikkel wat hy nou

is nie, om te ewe of hy die volwassenheid van siel bereik of nie.

Vervolg van 9022

En nou, die gedagte wat hom van julle meester maak, dat Ek julle in

dwaling laat verdergaan, dan moet julle steeds sien dat julle julleself deur

julle verstand ‘n verkeerde voorstelling maak omdat die verstand maklik

kan ingryp as die verbinding met My nie vas tot stand gebring is nie. Ek

probeer steeds ook skynbare teenstrydighede op te helder, want julle moet

so onderrig word soos dit met die waarheid ooreenkom.

Die langsame positiewe ontwikkeling gee die mense dikwels die idee dat

hierdie ontwikkeling suiwer liggaamlik was, dus die uiterlike vorm

543

etreffend te verstaan was. Tog was steeds alleen die ontwikkeling van die

siel bedoel, wat opstyg van die sielesubstansies in alle aparte skeppings-

werke. En so het My skeppingswerke ontelbare uiterlike vorme bevat, wat

wel groepsgewys as dieselfde skeppings te beskou was, maar ook dan nog

uit so oneindig baie afdelings bestaan, waarin almal weer van die mekaar

afwyk, maar hulle steeds op dieselfde manier herhaal, sodat van ‘n verdere

ontwikkeling vanuit homself geen sprake kon wees nie.

Dog met die toenemende volwassenheid van die sielesubstansies ontstaan

steeds weer nuwe uiterlike vorme, wat eers met het skeppingswerk "mens"

afgesluit word, wie egter nou die laaste doel op aarde te vervul het, om

homself te vergeestelik, hom te vorm tot die skepsel wat hy was in die

allereerste begin om dan die gang oor die aarde af te kan sluit en weer

terug te keer na My van Wie hy uitgegaan het. Dat al die eerdere skeppings

tot hierdie verandering moet bydra, was vir My ‘n bomate gelukkig

makende proses, wat eens tot sukses moes lei.

Maar om ‘n mens, wat slegs in staat is om te dink binne sekere grense,

daarvan in kennis te stel, is alleen maar in ‘n beperkte mate moontlik,

ofskoon hy dit in die staat van lig ineens kan begryp hoe alles saamhang,

welke doel alle uiterlike vorme het. Maar vir die aardse lewe is dit

voldoende as hy soveel lig verkry om die terugvoeringsproses slegs by

benadering te begryp, sodat hy ook sy medemens ‘n swak beeld kan uiteen

sit oor die sin en die doel van die skepping. En die wil van elkeen

afsonderlik is beslissend hoe hierdie self in My ewige heilsplan binnedring,

wat steeds alleen die geluksalig wording van My skepsele ten doel het.

Amen

Wêreldoorlog - Natuur katastrofe

9025 1 Augustus 1965

Niks sal verborge bly vir hulle wat hulself in My diens aangebied het nie,

want die laaste gebeurtenisse is so geweldig dat julle nie in onwetendheid

daarvan gelaat kan word nie. Spesiaal nie wanneer EK deur julle tot alle

mense wil spreek nie. Julle moet daarom ook verneem dat daar maar ‘n

onbeduidende aanvoor nodig is om ‘n katastrofe te weeg te bring wat eers

geheel wêrelds gesien kan word, maar egter die teken is vir die volgende

natuurkatastrofe. En ofskoon dit nie deur die menslike wil veroorsaak word

nie, is dit tog die gevolg van die menslike wil en wel in soverre, dat hulle ‘n

wêreldoorlog sal veroorsaak wat slegs deur My wil beëindig kan word.

Omdat die mense slegs aandag skenk aan wat daar in die wêreld gebeur,

moet daar iets gebeur wat vir hulle onverklaarbaar is. Die oog van die

wêreldsgesinde mens moet duidelik gerig word op My ingrypinge. Alle

menslike voornemens moet wegval by die ontdekking dat daar in die

kosmos iets gaan gebeur waardeur elke mens uiteindelik pynlik getref kan

word. Die mense moet leer om God te "vrees" en nie hulle menslike

teenstanders nie.

544

En al is dit vir elke mens ‘n persoonlike saak om in ‘n God te glo of nie, die

kosmiese gebeure is groter en lewensbedreigender as die wêreldoorlog wat

nou op die agtergrond raak. Want nou beslis die geestelike houding tot die

Skepper en Behouer van alle dinge, of en hoe hulself die natuurkatastrofe

aan elkeen sal voel. En of julle dit glo of nie, hierdie gebeurtenis kom met

rasse skrede op julle af en julle is nog maar ‘n kort tyd daarvan verwyder.

Julle, wat hiervan weet, moet ook julle medemens opmerksaam daarop

maak wat hulle te wagte moet wees, selfs as julle geen geloof vind nie.

Maar die komende gebeurtenisse sal die bewyse wees, want ook die einde

kom steeds nader en hierdie geweldige natuurkatastrofe is slegs ‘n laaste

teken daarvan.

Maar wie sal hulself nog daardeur laat beïnvloed? Die mense sal slegs ‘n

natuur katastrofe daarin sien en geen samehang erken met die

geestestoestand van die mense nie, behalwe die weinige wie se gees

ontwaak is. Maar ook hulle sal met hulle vermanings nie tot die mense

deurdring nie, hulle sal meestal tevergeefs praat as hulle die mense

waarsku oor die einde wat hulle met sekerheid tegemoet sal kom.

Laat die tekens daarom nie by julle verbygaan sonder om daarop ag te

slaan nie, want dit waarsku julle dat julle in die tyd van die einde leef. Dink

daar aan dat daar vir julle nog maar ‘n kort tyd oorbly waarin julle kan

beslis om julle lewensweg met My te gaan. Met My, wat julle wil red uit alle

nood en wat ook kan, óf om weer die weg van My teenstander te gaan wat

julle weer wil verderwe vir ‘n eindeloos lange tyd. Weens die vryheid van

wil kan julle die dag en die uur nie weet nie, maar EK kan julle met

sekerheid sê dat julle nie veel tyd meer het nie. Maar al die wêreldgebeure

interesseer julle so veel, dat julle geen ag slaan op alles wat EK vir julle te

sê het nie. Daarom sal wat geskied oor julle uitbreek in alle krag sodat julle

nie sal weet hoe julle julleself sal kan beskut nie. Maar julle moet ook weet

dat net EK self vir julle sal kan beskerm, sodat julle, julle toevlug tot My

moet neem om deur alle gevare na liggaam en siel veilig gelei te word. As

julle maar net daarin wil sien dat ‘n hoër Mag aan die werk is. Dat julle

hierdie hoër Mag moet aanroep, anders bly julle reddeloos ver daarvan.

Amen

Algehele oorgawe en totale onderwerping van die

wil aan God

9026 3 Augustus 1965

Gedurende die gang oor die aarde lê daar ‘n groot verantwoording op julle,

waarmee julle egter Myself kan belas, wanneer julle besluit om julle aan My

oor te gee met al julle kragte en met geheel julle sielee. Dan sal julle vry

wees van elke verantwoording, omdat Ek dan die leiding van julle

lewenswandel oorneem en al julle skrede so rig dat dit onvermydelik by My

tereg kom. Dit beteken dat julle dus julle wil heeltemal vry aan My

545

onderwerp en julle nou ook die wilsproef deurstaan het, wat die sin en doel

van julle lewe op aarde is.

Om geheel en al in My Wil in te gaan, onthef julle van alle verantwoording,

want julle kan dan nie anders as om in My Wil te lewe nie. Julle sal dan

goed en reg handel, julle sal die gebooie van die liefde tot My en tot julle

naaste vrywillig nalewe en die teenstander sal julle nie meer kan skaad nie.

Julle weg oor die aarde sal dan geheel in My Wil verloop, sodat daar geen

enkele gevaar bestaan dat julle, julle lewe sonder sukses sou af lê nie.

Plaas julleself geheel in My Hande en julle het dan deur julle oorgawe

volledig Myne geword. Julle sal dan ook nie meer die wêreld hoef te vrees

nie, die aardse materie sal julle nie raak nie, julle sal dit slegs gebruik

volgens My Wil, julle sal dit daartoe bring om julle te dien en gelyktydig dit

die geleentheid gee om positief te ontwikkel.

En hierdie eenvoudige weg moet julle almal gaan, die weg van oorgawe

aan My,wat dan bereid is om julle boeie te verbreek. Want sodra julle

julleself aan My oorgee in volle geloof en uit liefde tot My, sal die

verlossingswerk van Jesus Christus vir julle ook begryplik wees. Julle neem

dan die weg na Hom en julle erken daardeur Myself as julle God en

Skepper, as die Verlosser uit elke gebondenheid.

Maar dan hoef julle nie te vrees om ooit weer in die mag van julle

teenstander te kom nie, want sy mag oor julle is gebreek op die oomblik

van volledige oorgawe aan My. Dan is ook julle keuse uitgeoefen ten gunste

van My, want julle wend julle nou van hom af en streef bewus na My. Ek

het dan reg op julle, wat die teenstander nie meer van My kan afneem nie,

want nou gaan julle hele liefde uit na My en dit gee My ewig nie meer op

nie.

Wanneer julle hierdie weg op aarde na My neem, wanneer julle weet, dat

julle in Jesus julle God en Vader aanroep, wat Homself vir julle aan die

kruis geoffer het om julle groot sonde van weleer tot niet te maak en

wanneer julle nou vry is van My teenstander, dan het julle ook die regte

besluit geneem. Julle het dan weer die uitstraling van Liefde aangeneem

waar sonder daar geen saligheid bestaan nie.

Julle lot sal dan heelwat beter wees as voorheen, toe julle hoogs volkome

van My uitgegaan het maar dit alleen My werk was, terwyl julle nou

volgroeid geraak het om My kinders te wees, wat Ek Myself nie kon skep

nie, maar die vermoë vir julle gegee het, om dit self uit eie beweging te

doen.

En Ek wil dit graag vir julle maklik maak en daartoe het Ek slegs julle

algehele oorgawe aan My nodig, dat Ek dan al julle weë gelyk maak, dat

julle geen enkele verantwoording hoef te dra nie, dat julle steeds alleen

maar hoef te dink en te handel soos Ek dit vir julle in julle harte laat voel,

sodat julle dan geluksalig is omdat Ek Self julle lei en julle gedagtes stuur.

Dan handel julle wel vanuit ‘n volledige vrye wil, maar hierdie wil laat My

546

heel duidelik die leiding neem en so kan julle nie anders as om reg te wil en

te handel nie.

Julle het dan vir ‘n tweede maal uit My Hand voortgekom, maar so, soos

julle dit self wil en nou het julle vrye wil gehelp om dit te word, wat in die

begin nie uit My kon voortkom nie. Daardeur sal julle en My geluksaligheid

steeds groter word, want My ryk sal julle heerlikhede bied, waarvan julle

julleself in julle gedagtes geen voorstelling kan maak nie want wat geen

menslike oog ooit gesien het nie en geen menslike oor ooit gehoor het nie,

dit het Ek diegene berei wat My liefhet. Amen

Die sterwe van arbeiders in die wingerd - Verdere

ywerige werksaamheid

9028 10 Augustus 1965

En wanneer My planne nou ‘n ander wending neem, dan moet julle julleself

ook daarvolgens skik en weet dat dit nie anders as goed kan wees nie.

Want julle kan wat dienstig is vir die hele mensdom, nie insien nie en vir

My speel dit geen rol of julle vanaf die oorkant op die mense inwerk of, nog

hier op aarde aktief is nie, want in My Heilsplan is alles alreeds van vroeg

voorsien en is slegs die vrye wil belangrik, naamlik hoe julle beslis.

Julle kan julle dus gerus aan My en My beskikking toevertrou, solank julle

dit net self wil dat julle My dien en julle julleself sonder beperking aan My

oorgee; want dan werk Ek Self deur julle en dat Ek in My Wysheid alles

oorsien en elke moontlikheid benut om dwalende siele te red is seker,

omdat My Liefde vir julle onuitputlik is. Hoe vinniger dit nou na die einde

loop, hoe duideliker sal Ek invloed op julle uitoefen, dat julle My getrou bly

en julle nie aan hom, wat My teenstander is en wat julle ook weer wil terug

wen, oorgee nie. Maar Ek laat dit nooit meer toe nie, omdat julle wil

heeltemal na My uitgaan en dit alleen My die reg gee, om teen hom op te

tree.

Dog die engel van die dood sal ook onder Myne huishou, maar dan weet

julle ook dat dit My Wil is, dat Ek elkeen egter ook beskerm wat nog die

taak sal hê, om My tot die einde toe te dien. Bly daarom verder onbesorg

en wy julle, meer as ooit, aan die arbeid vir My en My Ryk en wees vlytig in

julle werk, want almal van julle weet nie wie Ek nog voor die tyd terugroep

nie. En julle moet ook nie daaroor kwel nie, maar elke dag met ‘n

opgewekte hart ingaan, omdat alles wat julle oorkom, goed is en deur My

Liefde vasgestel word. En wie Ek onder “Myne” reken, ook dit wil Ek aan

julle duidelik maak sodat julle julleself nie ongerus moet maak nie, want

baie het al so ‘n noue verbintenis met My, dat hulle die aardse liggaam met

reg kan verlaat om binne te gaan in die ryk van lig en saligheid.

Maar dit weet net Ek en vir hulle wil Ek die tyd van die laaste stryd op

aarde bespaar. Ek bring hulle hierheen van waaruit hulle ook op die

bewoners van die aarde kan inwerk. Maar julle moet hierdie laaste tyd nie

547

vrees nie, want Ek voorsien julle van bonatuurlike krag sodat julle die werk

suksesvol kan voltooi, waarvoor julle julleself bewustelik ingestem het en

My daarom tot ‘n groot hulp geword het: So, aanvaar alles soos dit kom en

dink nie dat die Vader julle verlaat het nie, want Ek het vir alles ‘n uitweg

en Ek is waarlik bereid om julle hierdie uitweg te laat vind; ook as julle

julleself tydelik in julle arbeid afgerem voel. Want Ek is in staat om alle

drade aanmekaar te knoop. Ek ken Myne en sal hulle saambring en vir

hulle hulle arbeid toewys. Maar glo steeds daaraan dat julle arbeid vir My

welgevallig is, dat Ek julle ook eens sal beloon, óf in die paradys van die

nuwe aarde óf ook wel in die ryk hierna. Amen

Slegs die waarheid voer na die lig

9029 11 Augustus 1965

Julle kan ‘n lang weg op aarde gaan en tog nie by die doel aankom nie, as

hierdie weg julle op ‘n dwaalspoor bring. Daarom laat Ek julle op hierdie

weg voortdurend ligbodes teëkom, vir wie julle weliswaar ook sou kan

afwys, deur nie na hulle aanwysings oor die korrekte weg te wil luister nie.

Ek sal hulle steeds weer stuur, omdat My Liefde julle nie wil laat verdwaal

nie. As julle tog maar aandag daaraan wil gee dat julle nooit ongewaarsku

julle weg gaan nie; dat julle altyd van ‘n kant af advies gegee word om

goed en liefdevol te handel. Want dan sou julle altyd lig ontvang, julle sal

dit insien as julle in dwaling ronddwaal en dan sal die gevaar oor wees, dat

julle vir julleself die weg onnodig verleng. Dan sal Ek julle voortdurend krag

kan laat toekom om steeds opnuut werke van liefde te doen. En spoedig sal

dit helder en lig in julle wees, sodat julle die aardse weg sonder angs kan

aflê om die ware doel te bereik.

Want alleen die dwaling is ‘n hindernis vir julle versekerde vooruitgang,

omdat die dwaling die werk van My teenstander is, wat alles doen om die

waarheid teen te gaan. En solank julle onder sy heerskappy staan, sal julle

julleself ook teen die waarheid verset. Ek gee julle egter die verstand wat

julle nou ook op die korrekte manier moet gebruik, deurdat julle sal nadink

wat wel die rede sou kan wees van julle gebrekkigheid, wat julle sou moet

insien. En sodra hierdie gedagte in julle erns is, sal daar ook ‘n

bevredigende antwoord tot julle kom, wat julle weliswaar ook slegs as

resultaat van die denke sal beoordeel, maar wat julle nie deur deurslaande

teenbewyse sal kan weerlê nie, sodat julle nou ten volle hiervan oortuig sal

wees.

Want in julle is ‘n sagte stem wat julle aanspoor en wat julle ekstra gegee

is en dit, as julle eerlik teenoor julleself is, as My Stem herken kan word.

Alles sal vir julle maklik wees as julle maar insien dat daar bo julle ‘n God

en Skepper is en julle julleself gewillig aan Hom onderwerp. Dan lei Ek

julleself en waarlik oor ‘n weg wat vir julle nie moeilik sal voorkom nie,

want Ek is Self die Steun aan Wie julle julleself moet vasanker, wat julle nie

meer sal verloor nie, want Ek lei julle totdat julle, julle doel bereik het.

548

Slegs die geloof vra Ek van julle, omdat julle andersins eensaam en verlate

deur die aardse lewe rondgedwaal het en ‘n speelbal geword het van hom,

wat julle na die afgrond wil voer. En net die waarheid moet vir julle

aangebied word, wat soos ‘n helder lig straal en julle sal verbly. En die

waarheid gaan van My uit en dit word eendag vir elke mens aangebied,

maar dit moet uit vrye wil aangeneem word, want dit kan nie gedwonge

gegee word nie.

Ook My teenstander kan julle nie daartoe dwing om die waarheid af te wys

nie. Dit bly slegs aan julleself oorgelaat welke houding julle inneem teenoor

die waarheid en daardeur ook teenoor My. Maar eenmaal sal julle oor hom

seëvier, wat julle op ‘n dwaalspoor wou bring, wanneer julle die waarheid

teenoor hom sal kan stel.

En dan sal julle weer in die lig staan, soos in die allereerste begin, toe julle

die helderste insig gehad het en salig was. Daarom let op My bodes wat op

julle weg staan en vir iedereen nog ‘n klein liggie wil aansteek, hoor hulle

aan sonder beswaar, al is julle nie dadelik eens met die inhoud van hulle

woorde nie. Maar dink daaroor na en laat My, as julle God en Skepper

daarby aanwesig wees. En Ek sal waarlik julle gedagtes goed lei en julle

ook steeds op die dwaling opmerksaam maak, sodat julle dit nie sonder

ondersoek aanneem nie. Dan toon julle reeds ‘n verlange om in die

waarheid te wandel en daarmee sal rekening gehou word.

Want dit is die grootste boosheid, dat die aardse wêreld alleen gebaseer is

op dwaling, omdat dit die eens van My afgevalle geeste herberg, wat My

teenstander in ‘n verkeerde denke laat verstrik het en dat hulle nie vroeër

daarvan kan vry kom, totdat die suiwer waarheid ingang gevind het, wat

egter die mens self deur sy vrye wil moet doen. Daarom is daar so weinig

lig onder die mense. Maar een en elk wat die ernstige wil het en homself in

volle vertroue aan My oorgee, kan tot die lig kom, omdat Ek hom in die

waarheid sal lei sodat dan ook aan hom gegee word, volgens sy wil. Amen

Waarskuwing om God se Woord nie te verander nie

9030 17 en 23 Augustus 1965

Dat julle julleself tog steeds weer aanstoot neem aan die vorm, soos wat

My Woord uit die hoogte tot julle kom. Dit is so eenvoudig om uit te lê,

omdat Ek My van die begripsvermoë van ‘n mens bedien, maar dit nie met

algemene ontwikkeling mag verwissel nie, want Ek vind maar selde ‘n mens

vir wie dit moontlik is om My Woord in diktaat op te neem, omdat ‘n

bekwaamheid daarby hoort, om ‘n gedagte wat hom tref, bliksemsnel vas

te gryp en dit dan as diktaat op te skrywe, wat egter nie te verwissel is met

eie, in die verstand gebore, gedagtes nie. Dit sou tot die verkeerde

aanname kan lei, dat dit eie gedagtes sou wees, wat die mens nou as

geestelik ontvang en poog om dit so voor te stel. Die verstand van die

mens werk dan nie, hy hoor slegs innerlik wat die Gees uit God tot hom

spreek.

549

Nooit sal dit wat julle as My Woord ontvang, onbegryplik vir julle wees

wanneer julle dit met die nodige opmerksaamheid, waarvoor begrip vereis

word, lees nie. En ‘n wysiging is in soverre misplaas omdat julle mense ook

voortdurend van uitdrukking verander, dus moet My Woord so gehandhaaf

bly soos dit ontvang is. Want die inhoud getuig van die goddelike oorsprong

en volgens sy opnemingsvermoë behoort dit nou tot die ontvanger van My

Woord, ook wanneer dit deur ‘n liggees na die aarde gestraal word, want hy

kan nie anders as om My Woord uit te straal nie. Die diktaat kom des te

helderder tot stand, namate die mens die verbinding met My inniger tot

stand bring, maar hy sal nooit foute maak nie, want waar ‘n fout deur

steurings binnesluip, sal die ontvanger ook spoedig daarop gewys word,

sodat hy dit self kan regstel.

(23 Augustus 1965) Want die gevaar lê juis daarin, dat My Woord baie maklik

aan sulke veranderinge blootgestel sal word, omdat die mense dit na

gelang van hulle "graad van ontwikkeling" ‘n vorm wil gee wat ewenwel

absoluut misplaas is, want Ek weet hoe Ek elke mens kan aanspreek om

deur hom begryp te word. En die sin van My spraak is steeds te begrype,

as daar deur die liefde slegs ‘n sekere graad van volwassenheid bereik is,

wat egter nie deur so ‘n verstandelike formulering te vervang is nie. En op

so iets sal julle steeds bedag moet wees, dat met die oog op die naderende

einde, julle mense My woord waarlik op so ‘n wyse aanbied dat hulle dit

sonder twyfel sal kan aanneem as waarheid, omdat Ek weet dat slegs die

waarheid vir julle mense redding beteken en dat Ek alles doen om julle die

Waarheid te laat toekom, maar julle ook steeds daarteen sal waarsku, om

nie self veranderinge aan te bring nie, ook wanneer dit met die beste

bedoelinge gebeur. Amen

(Hierdie boodskap ontvang Bertha Dudde enkele weke voor haar sterfdag

op 18 Sept, 1965. Haar missie was vervul en sy kon terugkeer na die

geesteryk.)

550

Inhoud

Swak geloof - Ongelowigheid................................................................................ 1

"My God My God, waarom het U My verlaat?" ......................................................... 2

Ongewone hulp in die tyd van ellende .................................................................... 4

Slegte invloed van onvolwasse siele uit die hiernamaals ........................................... 5

Beliggaamde ligwesens op aarde - Aktiwiteite van die teenstander onder ‘n dekmantel . 7

Kritiek op die goddelike Woord, openbaar geestelike hoogmoed ................................ 8

Geestelike kennis toon die verbinding met God aan ................................................. 9

Die eenwording van kerke? ................................................................................. 11

Die verandering van die gevalle oergeeste tot materiële skeppings ........................... 12

Oordeel van die siele aan die einde ...................................................................... 14

Ondersoek die leringe van geeste! ....................................................................... 17

Die Voorloper van Jesus - Geloofstryd.................................................................. 18

Die teenstander in lig gewaad - Die paradys op die nuwe aarde ............................... 20

Het die mens ontwikkel, of is hy nuut geskape ? .................................................... 21

Was Adam die enigste Mens, wat God geskep het? ................................................. 23

Was Adam die enigste Mens, wat God geskep het? (Voortsetting van 8236) ............. 25

Kerklike organisasies .......................................................................................... 26

Beliggaming van baie ligwesens in die eindtyd ....................................................... 30

Missie van die ligwesens die wek van die gees van God - Die verlossingswerk van Jesus

Christus ........................................................................................................... 31

God en Jesus is één - Die menswording van Jesus ................................................. 33

Twyfel aan Goddelike openbaringe ....................................................................... 34

Die begrip van tyd vir die ontwikkeling van die aarde .............................................. 36

Satan geklee in lig – Die paradys op die nuwe aarde ............................................... 37

Die werksaamheid van die gees begryp ................................................................ 38

Die aanleiding tot die vernuwing van die aarde ...................................................... 40

"God stuur Sy Seun na die aarde" ........................................................................ 41

Is God te bewys? ............................................................................................... 44

God se hulp met julle ontwikkeling deurmiddel van openbaringe .............................. 46

Herken Gods ware boodskappers ......................................................................... 48

Motivering van misgeboorte ................................................................................ 49

God is ondeurgrondelik ....................................................................................... 51

Die tekens van die eindtyd .................................................................................. 52

Die gevaar van verwaandheid .............................................................................. 53

Beloftes betreffende Goddelike openbaringe .......................................................... 57

Valse christusse en valse profete ......................................................................... 60

Herbeliggaming of besetenheid? .......................................................................... 62

Die verandering van die aarde ............................................................................. 65

Bewyse van barmhartigheid van die Vader in die laaste tyd ..................................... 67

Eindaankondiging en tekens van die tye ................................................................ 68

Ontketende Natuurelemente ............................................................................... 69

Gee aandag aan die boodskappers van God langs die pad ....................................... 71

Die houding van die mense tot Maria, die moeder van Jesus .................................... 73

Ware dienaars van God – Die werking van die gees - Inhuldigings woorde ................. 75

Die vereniging van die siel met sy gees ............................................................... 77

Gods voortdurende hulp op die aardse weg ........................................................... 79

Groot geestelike nood gedurende die eindtyd ........................................................ 80

Die opdrag om die woord te versprei .................................................................... 83

Die ondersoek van geestelike "ontvangste" ........................................................... 84

551

God bring Sy heilsplan ten uitvoer ....................................................................... 86

Stroom van krag deur verbinding met die ligwêreld ................................................ 87

Inleiding in geestelike kennis ............................................................................... 89

God wil nie gevrees, maar bemin word ................................................................. 92

Delging van die sondeskuld deur Jesus se bloed ..................................................... 94

Paradysagtige toestand op die nuwe aarde ............................................................ 96

Messias, Verlosser van die mensdom .................................................................... 97

Dit is julle plig om geestelike goed te ondersoek .................................................... 99

Die aanvalle van die teenstander in die eindtyd .................................................... 100

God pas smartlike middele toe .......................................................................... 101

Kindskap van God - Doel van die lewe op aarde ................................................... 103

God se besluit is onafwendbaar ......................................................................... 104

Verduideliking van tradisionele leerstellings ......................................................... 106

Die kerk van Christus in die begin ...................................................................... 110

"Die kragte van die hemele sal geskud word " ..................................................... 112

Spysiging van die siel voor alles - Avondmaal ...................................................... 113

Geestestoestand van die mense voor die kruisdood - Boek der boeke ..................... 117

Wat was die mens in die allereerste begin? ......................................................... 118

Beproef die geestelike leringe ............................................................................ 122

Ongelyksoortige skeppings beantwoord aan die val van die wesens ........................ 123

Natuur katastrofes ........................................................................................... 125

Die proef van geestelike leringe ......................................................................... 127

Verlossend saamwerk in die eindtyd ................................................................... 128

Die belang van die aardse lewe as mens ............................................................. 130

Onderskeid in "die werksaamheid van die gees" en "die ontvang op mediumieke wyse"

..................................................................................................................... 131

Die siel is onverganklik - Toestand van die .......................................................... 134

ek-bewussyn ................................................................................................... 134

Genade van die verlossingswerk, ‘n versterkte wil ................................................ 135

Jesus is God.................................................................................................... 137

Die lae geestelike peil van die mense vereis ‘n einde van die aarde ......................... 138

Harmoniese lewe op die nuwe aarde ................................................................... 140

Vermoë om te oordeel – Waarskuwing teen die werksaamheid van die teenstander .. 144

Belofte om teen verwarring en vyandigheid beskerm te word ................................. 146

Die skep van die nuwe aarde in ‘n oomblik .......................................................... 149

Arbeid in die Wingerd volgens Goddelike wil ........................................................ 151

God se menswording in Jesus ............................................................................ 154

Verbeteringe aan die Woord van God - Misvorming van die Waarheid ...................... 156

Die hernieude kluistering is onafwendbaar vir die aanhangers van Jesus se Teenstander

..................................................................................................................... 158

Waarom is dit noodsaaklik om Jesus te erken? ..................................................... 159

Slegs God is gebieder van die heelal ................................................................... 162

Opheldering oor die oergees en sy afvalligheid ..................................................... 164

Daar bestaan nie twee soorte openbaringe nie ..................................................... 165

Jesus het onmeetlik gely ................................................................................... 167

Waarom is kennis van die terugvoeringsproses nie algemeen bekend nie? ............... 169

Waarvandaan is verleiding afkomstig? ................................................................ 171

Die kennis word gegee volgens die volwassenheid van die siel ............................... 175

Die proses van die ontvangs van die Woord ......................................................... 178

Die aktiwiteite van demoniese kragte, gekamoefleer as engele van lig .................... 180

Die mens is geen "toevalsproduk" van ‘n skeppende mag nie ................................. 184

552

Barmhartigheidsgeskenk voor die einde .............................................................. 185

Opheldering oor reïnkarnasie ............................................................................. 187

Deur Sy aanspreking onthul God ons Sy Wese ..................................................... 188

Die dag wat voorbestem is vir die einde, sal nie verskuif word nie .......................... 190

Doel van die tyd (Vervolg van 8500) ................................................................. 192

God's geregtigheid eis versoening vir die skuld .................................................... 195

Die dra van leed vir julle medemens ................................................................... 199

Kan die geestelike partikels ly gedurende die hernieude kluistering? ....................... 200

Waarheid is lig, duisternis is die gevolg van liefdeloosheid ..................................... 204

Die voorwaarde om volmaaktheid op aarde te bereik ............................................ 206

Kenmerk van valse christusse en profete - .......................................................... 208

die Verlossing ................................................................................................. 208

Ewig weerklink die Woord van God ..................................................................... 210

Julle sal deur genade salig moet word ................................................................ 211

God wil ons vrae beantwoord - Dwaling .............................................................. 215

Die Heer sorg vir Sy dienaars ............................................................................ 216

Die geloof aan God in Jesus Christus .................................................................. 218

Wat is die waarborg vir ‘n waarheidsgertoue ontvangs? ........................................ 219

Die plig van die arbeiders in die wingerd om op dwalinge te wys ............................ 222

Die proses van terugbring ................................................................................. 225

Die rede vir die skepping van die wesens - Die afval van God ................................ 227

Waarom spreek God die mense aan? .................................................................. 229

Die doel van die bestaan op aarde as mens ......................................................... 231

Die vergeesteliking van siel en liggaam – Wat is die materiële liggaam? .................. 235

Opheldering oor die materie en sy doel ............................................................... 237

Die betekenis van die aardse lewe - werksaamheid in liefde ................................... 239

Die liefde tot God word bewys deur die liefde tot die naaste .................................. 242

Gebed om Krag en Barmhartigheid – Hoogmoed – Deemoed ................................. 245

Leed dien tot vergeesteliking van siel en liggaam ................................................. 246

Pynlike middele kan help om te glo .................................................................... 247

Die mens mag nie deur bewys gedwing word om te glo nie ................................... 249

Die Lot van die godloënaars .............................................................................. 253

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (1) .......................................................... 255

Die skepping is die werk van God ....................................................................... 256

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (2) .......................................................... 258

Geestelike kennis is hoër te waardeer as die van die verstand ................................ 260

Die geloof in Jesus Christus is in gevaar, daarom die openbaringe ......................... 262

Chaos deur die natuurgebeure ........................................................................... 263

God’s Wese ..................................................................................................... 265

Ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe(UFO’s) - .................................................. 267

Begogeling deur die teenstander ........................................................................ 267

Die vernietiging van die aarde is die gevolg van eksperimente ............................... 269

Dit ontbreek die mense aan liefde en geloof ........................................................ 270

Die mense ken hulle groot geestelike nood nie ..................................................... 272

Ek-bewussyn - krag - Denkvermoë - Wil ............................................................. 273

Uitleg oor die waterdoop ................................................................................... 275

Waarom val mense so maklik ten prooi aan dwaling? ............................................ 277

Vergewing deur Jesus - Verhoging van die graad van Liefde ................................. 278

Die Bron van alle krag is God ............................................................................ 280

Die ware kerk van Jesus ................................................................................... 282

Die grootte van die oerskuld vereis verlossing deur Jesus Christus .......................... 284

553

Siekte en genesing .......................................................................................... 285

Jesus voer Sy Verlossingsplan deur ................................................................... 287

Dit moet lig word onder die mense ..................................................................... 289

Die misbruike van goddelike gawes (talente) ....................................................... 291

Hulpvaardigheid van die beliggaamde ligwesens .................................................. 292

Die verhouding van kind tot Vader waarborg ‘n lewende godsdiens ......................... 298

Die aanroep van die "Heilige Gees" .................................................................... 299

Vraag: Wat as Adam nie sou geval het nie ? ........................................................ 301

Reiniging van die misvormde leer van Christus .................................................... 303

Die vernaamste gebod moet vervul word: Die liefde! ............................................ 304

Verskillende geloofsrigtings - Skyngodsdiens ....................................................... 307

Kan die christelikekerkgenootskappe één word? - ................................................. 309

Die misvormde leer .......................................................................................... 309

Verkeerde uitleg van die woorde van Jesus ......................................................... 312

Die teenstander sal nie verhinder word in sy werk nie ........................................... 313

Opheldering oor sakramente (Ordineering van Predikante) .................................... 315

Die uitwerking van valse leer in die hiernamaals .................................................. 317

Die geloofwaardigheid van mediumieke .............................................................. 320

ontvangstes .................................................................................................... 320

Opheldering oor O.V.V.’S (ufo) .......................................................................... 323

Van God Self gaan die waarheid uit .................................................................... 325

Vrede aan hulle wat van goeie wil is ................................................................... 327

God is die Heer oor lewe en dood ....................................................................... 328

Joh. 14:15-26 ................................................................................................. 330

Die ware verteenwoordigers van God word deur Homself aangestel ........................ 337

Hernude verwysings na katastrofes en oorlog ...................................................... 339

Ongeloof word aangespreek deur God ................................................................ 341

Openlike getuienis in die geloofstryd .................................................................. 345

Die verskyning van die Antichris ........................................................................ 352

Hoe moet die gebed wees wat verhoor word? ...................................................... 355

Sterk pilare van die kerk wat deur Jesus gestig is ................................................. 356

Opheldering oor die koms van Jesus ................................................................... 358

Die einde van ‘n verlossingsperiode .................................................................... 363

’n Leraar word deur God Self onderrig ................................................................ 365

Die vrye wil moet geestelik kennis aanneem ........................................................ 372

Weer net soos voor die tyd van die sondvloed ..................................................... 373

Slegs God kan die waarheid na die mense bring ................................................... 378

Wie het die reg om te onderrig? ......................................................................... 380

Kennis oor die heilsplan van God ....................................................................... 381

Geestelike verbindinge? .................................................................................... 383

Verbinding met die wêreld aan die anderkant? - ................................................... 386

Waarborg vir die waarheid ................................................................................ 386

Die onmeetlike grootte en mag van God ............................................................. 388

Welke kennis is beperk? ................................................................................... 390

Daar was ewighede nodig vir die skeppingsproses ................................................ 391

Die vroeë dood van kinders (antwoord op vrae) ................................................... 394

Gods volmaaktheid ken geen beperking in tyd en ruimte nie .................................. 396

Veranderinge in die kosmos .............................................................................. 398

Veranderinge in die Kosmos .............................................................................. 400

Selfondersoek van ‘n tussenpersoon ................................................................... 402

Die onverganklikheid van die menslike siel .......................................................... 406

554

‘n Goeie Landman saai goeie Saad ..................................................................... 408

Bereik die nie gevalle oergeeste die kindskap van God ? ....................................... 410

Opstanding tot lewe ......................................................................................... 412

Elkeen moet die gevolge van sy kennis aanvaar ................................................... 414

Kennis van die oerskuld is nodig om die verlossingswerk te begryp ......................... 419

Die onthulling van dwaalleer is God se wil - Dogma's ............................................ 420

Die Voorloper .................................................................................................. 422

Die krag van geloof in die laaste stryd ................................................................ 423

Die stryd teen dwaling ...................................................................................... 424

Wie sal glo aan die lang ontwikkelingsgang ......................................................... 425

Die korrigeer van dwaallere............................................................................... 427

Geestelike boodskappe moet getuig van Jesus Christus as Verlosser ....................... 431

Skyngodsdiens ................................................................................................ 432

Jesus wil dat Sy Woord anders opgeneem word ................................................... 434

Opdrag om teen dwaalleer op te tree .................................................................. 435

Oor die spreek in tale ....................................................................................... 436

Is die skepping van geestelike of materiële aard? – Diversiteit van hemelliggame ..... 439

O.V.V.’s (ufo’s) ................................................................................................ 441

8840 16 Augustus 1964 .................................................................................. 441

Studie is geen waarborg vir geestelike kennis nie ................................................. 442

Rekenskap aflê - Die verspreiding is ‘n dringende noodsaak ................................... 444

Die kwessie van rasse diskriminasie – Onderrig oor reïnkarnasie ........................... 445

Die interpretasie van die Goddelike Woord .......................................................... 447

Kan die mens, vir ‘n ander in sy plek ly? ............................................................. 449

’n Groot dwaling word reggestel (na die lees van: Die val van Lucifer)( Lorber – Lutz)

..................................................................................................................... 451

Voortsetting van 8858. (Het God die val veroorsaak?) .......................................... 452

Voortsetting van 8859. (’n Groot dwaling word reggestel) ..................................... 454

Voortsetting van 8860. (Het God die val veroorsaak?) .......................................... 455

Voortsetting van 8861. (’n Groot dwaling word reggestel) ..................................... 456

Die innerlike woord - Hoe ontstaan die bose?....................................................... 458

Troosryke woorde van die Vader ........................................................................ 460

Die erkenning van Jesus – Laaste geloofs besluit .................................................. 461

Die weg deur die wêreld van Satan .................................................................... 464

Ek wil julle lei in die waarheid – Die Bybel ........................................................... 465

‘n Hernieude verwysing na die einde .................................................................. 466

Misvormde leerstellings moet gekorrigeer word .................................................... 468

Oor die vraag: Waarvandaan het die bose uitgegaan? ........................................... 470

Voortsetting van 8882. (Hoe ontstaan die bose) ................................................... 471

Voortsetting van 8883. (Waarvandaan die bose uitgegaan het) .............................. 473

Die duisternis word groter ................................................................................. 474

Hoe lank het die leer van Christus suiwer gebly? .................................................. 475

Die druk en verspreiding van die openbaringe ...................................................... 477

Daar is nog maar min mense waarop greep gekry kan word .................................. 479

Die verlies van volgelinge ................................................................................. 480

Opdrag .......................................................................................................... 481

God se Woord is die waarheid (Jacob Lorber) ....................................................... 483

Goed en boos - Die ewige wet ........................................................................... 483

Die oorsprong van die bose ............................................................................... 485

Die arbeiders in die wingerd het ‘n plig om teen dwaling op te tree – Herken die valse

..................................................................................................................... 487

555

God probeer deur Sy aanspreking om die liefde van die mense te wen .................... 489

Wat is die wêreld? ........................................................................................... 490

Die mens is geen "toevalsproduk" van ‘n skeppende mag nie. ................................ 495

Uitleg oor die bestaan van die mens ................................................................... 498

Slegs gebed beskerm ons teen die aktiwiteite van die teenstander ......................... 499

’n Skerp verstand is geen waarborg vir die insien van die waarheid nie ................... 500

Materie is verdigte geestelike krag ..................................................................... 504

"Beproef die geeste of hulle van God is" Eerste brief van Johannes: Hoofstuk 4 vers 1-3

..................................................................................................................... 505

Geloofstryd - Antichris ...................................................................................... 507

Geloof en liefde lei tot die vereniging met Jesus ................................................... 508

Swaar leed kan die kindskap van God oplewer ..................................................... 510

Die grootte van die natuurgebeure voor die einde ................................................ 511

Verskeidenheid van die hemelliggame ................................................................ 513

Verskillende Geestesrigtings - Daar is slegs één Waarheid ..................................... 514

Die leer van die slaap van die siel ...................................................................... 516

God se beskutting vir die draers van die lig ......................................................... 517

God se beskerming vir Sy medewerkers .............................................................. 518

God ken die wil –Natuurkatastrofe - Beskerming van die Dienare ........................... 521

Waarom steeds weer nuwe openbaringe? ............................................................ 523

Hoe is die sondeval van die eerste mense te begryp ............................................. 525

Waarom moet ons boet vir die sonde van Adam? ................................................. 527

Die Voorloper van Jesus ................................................................................... 529

Die einde kom vas en seker .............................................................................. 530

Die ware vaderland van die mens ...................................................................... 531

Watter boodskappe waarborg die waarheid? ........................................................ 533

Die Preadamiete .............................................................................................. 537

Die Liefde en die Verlossing deur Jesus Christus ontsluit die kennis oor alle dinge ..... 540

Meer oor die oermens ...................................................................................... 542

Vervolg van 9022 ............................................................................................ 543

Wêreldoorlog - Natuur katastrofe ....................................................................... 544

Algehele oorgawe en totale onderwerping van die wil aan God ............................... 545

Die sterwe van arbeiders in die wingerd - Verdere ywerige werksaamheid ............... 547

Slegs die waarheid voer na die lig ...................................................................... 548

Waarskuwing om God se Woord nie te verander nie ............................................. 549

556

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!