03.05.2013 Views

April 2009 REDES VIR REELS EN REGULASIES - Oev.co.za

April 2009 REDES VIR REELS EN REGULASIES - Oev.co.za

April 2009 REDES VIR REELS EN REGULASIES - Oev.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

REDES VIR REELS EN REGULASIES

1. Om te verseker dat ‘n hoe standaard van Handeldryf te

alle tye gehandhaaf word.

2. Om aan elke/ alle Entrepreneurs ‘n billike, Redelike en

Regverdige kans te gee om Handel te dryf.

3. Om te voorkom dat staanplekke onnodig leeg staan, terwyl

dit deur ander stalletjiehouers benut kan word.

4. Om te verseker dat daar ‘n verskeidenheid van produkte

beskikbaar is by die stalletjies en sodoende veelvuldige

duplisering van produkte te beperk.

REELS, REGULASIES EN UITSTALPROSEDURES VIR

STALLETJIEHOUERS

1. Stalletjiehouers moet teen 09h00 hul stalletjies beset en nie

later as 10h00 begin Handeldryf nie. Stalletjiehouer moet

tot 17h00 sy stalletjie beman maar nie later as 20h00

waarna skriftelike toestemming verkry moet word. Sondae

en Publieke vakansiedae 10h00 – 15h00. Niemand mag

later as 22:00 op enige dag by enige oord handel dryf nie.

Elke stalletjie perseel moet teen 23:00 totaal ontruim wees

– Geen voorraad, voertuie ens. Elektrisiteitverbruikers sal

na 20:00 daagliks vir ‘n additionele bedrag soos van tyd tot

tyd deur die O.E.V bestuur bepaal verantwoordelik wees.

Indien nie gehoor gegee word aan bogenoemde nie kan

betrokke uitstal ruimte na ‘n ondersoek onmiddelik

gekanselleer word. Die Dagbestuur soos van toepassing

se besluit in die verband sal finaal wees

AANDMARKTE begin om 17h30

Handelsure gedurende die AANDMARKTE sal wees bokant die spoor

tot en met 18h00 die aand en onder die spoor tot 17h00.

Indien enige uitstaller na die bogenoemde tyd steeds op sy stalletjie

teenwoordig is sal aanvaar word dat hy deel is van die Aandmark en

betrokke Aandmark gelde sal onmiddelik aan die O.E.V betaalbaar

word. Weiering om in so geval te betaal sal in ‘n ernstige lig beskou

word.

2. Indien u stalletjie nie teen 09h00 beman is nie kan u

stalletjie aan ‘n ander uitstaller gegee word vir die dag.

(Sondae / Publieke Vakansiedae – 10:00) Die uitstaller

onderneem om by die voorgeskrewe handelsure soos

neergele te hou en om nie sonder rede vroeg op te pak nie.

Niemand word gedwing om in reen of sterk wind handel te

dryf nie. Dit is die uitstaller se uitsluitlike keuse om op

Sondae of Publieke Vakansiedae handel te dryf of nie.

Die O.E.V beampte moet vooraf in kennis gestel word van

dae waarop u nie staan nie.

3. Indien u laat arriveer (na 09h00) en u stalletjie aan iemand

anders gegee is sal ‘n ander stalletjie aan u gegee word,

indien een beskikbaar is.

4. Indien u laat gaan wees, of nie die betrokke dag kan staan

nie, sal dit u verantwoordelikheid wees om die O.E.V

beampte in kennis te stel. Indien u staanplek vir meer as

twee agtereenvolgende dae leeg staan sonder die

medewete van die O.E.V beampte, verbeur u die staanplek

vir die res van die seisoen al het u reeds betaal.

April 2009

5. Aansoekvorms moet die O.E.V bereik voor of op 31

Augustus van ‘n jaar vir die Des/Jan seisoen en 15

Februarie vir die April seisoen. Indien die volle bedrag nie

op die betrokke datum soos deur die O.E.V Bestuur

vasgestel is, betaal is nie, sal die oorspronklike aansoek

kanselleer en uitstalruimte reeds toegeken hertoegeken

word.

6. Aansoekvorms moet, verkieslik per geregistreerde pos

gestuur word aan: Die Sekretaresse, Posbus 784,

Hartenbos, 6520. Aansoekvorms kan ook by die O.E.V

kantoor ingehandig word .O.E.V Kantoor Adres: Voorbaai

Singel no. 9, Voorbaai. Kantoor ure Woensdae vanaf

08h00 - 14h00. Vakansietye (April en Des/Jan) sal die

kantoor gesluit wees en die O.E.V Beampte sal aan diens

wees in die Mobiele O.E.V kantoor. Die sekretaresse sal

ook met reelings in plek by tye in die mobiele kantoor

aanwesig wees.

Indien u aansoekvorm persoonlik aan die Sekretaris van

die O.E.V ,of die O.E.V beampte oorhandig word, moet u ‘n

bewys van ontvangs aanvra.

Aansoekvorms word nie outomaties uitgestuur nie. Die

onus is op ‘n voornemende stalletjiehouer om dit aan te

vra. Aansoekvorms kan ook van die O.E.V webwerf

(www.oev.co.za) verkry word.

7. Geen lid of nie-lid van die O.E.V mag aansoek doen vir ‘n

stalletjie op ‘n ander persoon se naam of adres nie. Die

aansoeker se eie handtekening moet op die aansoekvorm

verskyn. Indien onreelmatighede opgemerk word, sal

streng teen die persoon wat valslik aansoek doen, opgetree

word. Die O.E.V waarborg hoegenaamd nie kwaliteit van

enige staanplek toegeken nie. Die onus berus totaal op die

voornemende stalletjiehouer om homself voor die aanvang

van die seisoen presies te vergewis waar sy stalletjie

toegeken, gelee is. Die O.E.V aanvaar hoegenaamd geen

verantwoordelikheid indien produkte op toegekende

stalletjie ruimte uitgestal, nie verkoop nie.

8. Stalletjiehouers moet enige onreelmatighede of oortreding

van reels, binne 48 uur by die O.E.V Beampte aanmeld. ‘n

Amptelike klagtevorm kan by die O.E.V mobiele kantoor

verkry en ingedien word. Die O.E.V. sal poog om die klagte

binne 36 uur op te volg en op te los.

9. Enige klagtes of onreelmatighede moet skriftelik en binne

48 uur aan die O.E.V Beampte aan diens oorhandig word.

10. Elke uitstaller is vir die higiene en netheid van sy eie

staanplek verantwoordelik. u Uitstalruimte moet elke dag

skoon agtergelaat word.

11. Die uitstaller onderneem om streng by die toegelate spasie

van sy stalletjie te hou. Oorskreiding sal in ‘n ernstige lig

beskou word.

12. Geen troeteldiere word op ‘n staanplek toegelaat nie.

13. Terugbetaalbare Deposito’s moet na die afloop van die

seisoen op ‘n datum soos deur die O.E.V Bestuur vasgestel

by die O.E.V Beampte se Mobiele Kantoor afgehaal word.

Verbeuring van Deposito’s is as volg:

• Vroeer loop as Ooreengekom of Besluit

• Oortree reels en of regulasies

• By gebrek aan enige bedrag aan die O.E.V

of Munisipaliteit verskuldig.

• Beskadiging van stalletjiegebied of O.E.V

Eiendom

• Indien Kontrakbreuk op enige stadium sou

plaasvind

• Daag later op as vasgestelde begindatum.

Die onus berus op elke stalletjiehouer om self aan die

einde van ‘n betrokke seisoen voor hy die mark verlaat by

die O.E.V se Mobiele Kantoor te rapporteer en sy deposito

aan te vra. Die datum waarop deposito’s terugbetaal sal

word, sal by die O.E.V se Mobiele Kantoor vertoon word.

Deposito’s nie sodoende aangevra nie, sal verbeur word.

Geen deposito sal na ‘n betrokke vakansieseisoen gepos of

terugbetaal word nie. Verpligte staantydreelings vir

depositodoeleindes is absoluut van toepassing.

14. STAANPLEK, ADMINISTRASIE FOOIE, LEDEGELD,

TARIEWE-ELEKTRISITEIT

Tariewe word elke seisoen hersien en is aan verandering

onderworpe.

15. Staanplekfooie word van tyd tot tyd deur die Munisipalitiet

van Mosselbaai bepaal.

16. Elke stalletjiehouer moet elke dag die volgende kan toon:

• O.E.V Id – kaart (Permanente lede)

• Deposito-strokie van inbetaling

• Dagstaanders – daaglikse kwitansie

• Kosstalletjies – Geskiktheidsertifikaar vir

voedselperseel, LP Gas installasie

sertifikaat asook 2,5kg Brandblusser

(Jaarliks getoets)

17. Onderverhuring van u stalletjie is ontoelaatbaar.

18. Indien u nie meer kan of wil handeldryf nie, gaan die

stalletjie terug na die O.E.V.

19. Indien u die reels verontagsaam mag die O.E.V u reg om

handel te dryf staak, ongeag of u ten volle betaal het.

20. Neem kennis dat u op eie verantwoordelikheid handeldryf.

Die O.E.V kan nie verantwoordelik gehou word vir enige

verliese, swak verkope van u produkte of ongure

weersomstandighede nie. Slegs produkte wat soos per

aansoek of per spesiale toestemming van die O.E.V

goedgekeur is, mag uitgestal of van u stalletjie verkoop of

afgelewer word. Geen ander items/produkte nie

goedgekeur mag verkoop of van u stalletjie aan ander

stalletjiehouers of die publiek afgelewer of verkoop word

nie. Geen bestellings vir produkte nie goedgekeur mag ook

van u stalletjie van enigiemand geneem word nie en die

O.E.V behou die reg voor om enige produk, volgens die

O.E.V se diskresie, waarvoor nie keuring toegestaan is nie,

te verwyder.

21. Geen persoon word verplig om in stormwind of reen handel

te dryf nie. Die weer in die Mosselbaai-gebied is

onvoorspelbaar. Geen terugbetaling van enige gelde sal

a.g.v. weersomstandighede oorweeg word nie.

22. Geen lid van die Vereniging of hul personeel sal ten enige

tyd vuil taal teenoor ‘n medestalletjiehouer of teen enige lid

van die publiek gebruik nie. Dissiplinere aksies sal

onmiddellik toegepas word.

23. Enige geweldpleging bv. Bakleiery, gebruik van wapens of

intimidasie teenoor mede stalletjiehouers of enige lid van

die publiek, is heeltemal ontoelaatbaar. Indien sulke

gevalle voorkom sal u onmiddellik uit die Vereninging

geskors word. Die O.E.V behou die reg voor om ‘n uitstaller

as gevolg van wangedrag of verontagsaming van reels en

regulasies, na verweer van ‘n uitstaller aangehoor is te

skors, in welke geval so ‘n stalletjie onmiddellik sonder

terugbetaling van enige gelde ontruim sal word en die

stalletjie na die O.E.V sal terugval.

24. Geen lid van die O.E.V / Personeel / Dagstaaner mag hom

skuldig maak aan die gebruik van alkoholiese drank by sy

stalletjie nie.

25. Alle strukture / waentjies moet elke aand verwyder word.

Geen uitstaller mag hoegenaamd op sy stalletjie kampeer,

slaap of oornag nie.

26. Die uitstaller of sy/ haar personeel (die uitstaller is

verantwoordelik vir die optrede van sy personeel) mag nie

‘n voertuig of voertuie voor sy stalletjie of voor ‘n ander s’n

te parkeer nie.

27. In geval van ‘n dispuut sal ‘n O.E.V Komitteebesluit of ‘n

besluit van die aangewese dagbestuur finaal wees.

28. Indien ‘n uitstaller ‘n staanplek gekry het en dit na 9

NOVEMBER 2009 kanseleer, terwyl hy alreeds daarvan in

kennis gestel is, sal hy tydens die volgende dieselfde

vakansietydperk dadelik tydens keuring laaste op die

waglys geplaas word.

29. Uitstalling by enige goedgekeurde perseel in die

Mosselbaai Munisipale distrik geskied te enige tyd op eie

risiko en nie die O.E.V of Mosselbaai Munisipaliteit aanvaar

enige verantwoordelikheid vir enige beserings, verlies of

skade nie. Die O.E.V en Mosselbaai Munisipaliteit word van

enige eise van watter aard ookal gevrywaar.

30. Elektrisiteitsvoorsiening – Elektrisiteit beskikbaar is beperk

en word nie outomaties beskikbaar gestel nie. Gebruik van

kragopwekkers is verbode. Onderverhuring van elektrisiteit

word nie toegelaat nie. Tariewe vir elektrisiteitgebruik is van

toepassing soos van tyd tot tyd deur die O.E.V Bestuur

bepaal. Die volle daaglikse tarief is van die begin tot die

einde van u staantydperk betaalbaar indien

elektrisiteitvoorsiening verlang word. Krediet sal nie vir dae

tussenin waartydens elektrisiteit nie gebruik word nie,

toegestaan word nie.

31. Geen stalletjiehouer mag buite die grense van sy stalletjie

aan hom toegeken van sy goedgekeurde produkte

verhandel nie. Niemand mag mense (personeel) uitstuur

om rond te loop om hul produkte te verhandel nie. Alle

handeldryf mag net van ‘n goedgekeurde stalletjieperseel

geskied.

32. Niemand mag ‘n voertuig op sy stalletjie (koswaentjies) of

sy stalletjie vir ‘n lang tydperk sonder toesig laat sonder dat

die O.E.V beampte nie daarvan in kennis gestel is en hy/sy

dit goedgekeur het nie. Die O.E.V beampte kan beslis

wanneer ‘n stalletjie nie gebruik word nie of in onbruik

verval het. In so geval kan die O.E.V beampte die stalletjie

terugneem en dit aan ‘n ander goedgekeurde

belangstellende verhuur.

33. Elkeen moet te alle tye op sy goedgekeurde stalletjieruimte

bly. Niemand mag sonder toestemming van die O.E.V

beampte na ‘n ander stalletjie skuif of stalletjieruimte met ‘n

ander stalletjiehouer ruil nie.

34. Die O.E.V beampte in plek vir ‘n sekere tydperk is die

O.E.V se Bestuurder vir die tydperk. Hy bestuur die mark.

Sy opdragte moet uitgevoer en gerespekteur word.

35. Kosstalletjies (roomys ens.) moet verseker dat al die

nodige geldige sertifikate, brandblusser ens. in plek is

anders mag ‘n stalletjie nie beset word nie.

36. Slegs die goedgekeurde aansoeker / stalletjiehouer en / of

sy personeel mag ‘n stalletjie beset.

37. Buite seisoen: Stalletjieruimte beskikbaar word deur

Mosselbaai Munisipaliteit se Verteenwoordiger toegeken,

hanteer, gekontrolleer en bestuur. Alle reelings behalwe

elektrisiteitvoorsiening moet met Mosselbaai Munisipaliteit

getref word. Besluite deur die Munisipaliteit is finaal.

Elektrisiteitvoorsiening indien van toepassing word deur die

O.E.V bestuur.

Aansluitend en addisioneel tot bogenoemde Reels en

Regulasies – Veral ten opsigte van alle tipe

kosstalletjies, roomysverkooppunte ens.

GESONDHEIDS EN BRANDWEERREGULASIES ASOOK

HIGIENE

1. Die voorbereider, voedselhanteerder moet poog om

oorklere, ‘n hoofbedekking en handskoene te dra.

Aangesien dit nie altyd prakties is nie, sal skoon klere

aanvaar word.

2. ‘n Waskom of emmer met skoon seperige water moet altyd

byderhand en op hande wees.

3. ‘n Houer vir die wegdoen van vuil water is noodsaaklik (bv.

25 liter olie kan). Moet beskikbaar wees.

4. Wegdoenbare handdoeke of skoon vadoeke moet gebruik

word.

5. Vullishouers moet gebruik word. Swart sakke is altyd by die

O.E.V. mobiele kantoor beskikbaar.

6. Verkoeling vir bederfbare voedsel (cool box) moet

beskikbaar wees.

7. Stofdigtehouers vir voedsel moet beskikbaar wees.

8. ‘n Ondeurdringbare werksoppervlakte, bv. vlekvrye staal

moet beskikbaar wees.

9. ‘n Sambreel Gazebo om son weg te hou moet beskikbaar

wees.

10. Moet naby publieke/privaat toiletgeriewe wees.

11. Handel mag net gedryf word op spesifieke terreine wat

deur die Munisipaliteit van Mosselbaai goedgekeur en

geindentifiseer is. Alle sypaadjies in die sentrale sakesone

is uitgesluit.

12. Terrein - verkieslik geplavei, geteer op grasoppervlakte.

Daar kan partykeer net grond of ‘n gruisoppervlakte wees.

Daar moet dan sorgvuldige maatreels teen stof geneem

word. As daar olie gemors word, moet die gebied so gou as

moontlik behoorlik skoongemaak word.

13. Bakteriologiese standaarde van nie meer as 100 000 org

vir voedsel moet gehandhaaf word.

14. Werksoppervlakte 100 per cm2.

15. Geen beskadigde hande (Snye), werksoppervlakte of

voedsel mag van toepassing wees nie. Siek persone

(Hoes/Nies/Neusloop ens.) mag nie voedsel voorberei of in

‘n kosstalletjie (Roomys ens.) aanwesig wees nie.

16. Lisensie sal onvoorwaardelik ingetrek word by die tweede

agtereenvolgende monsters wat nie aan die genoemde

standaarde voldoen nie.

17. Soveel voorbereiding moontlik moet by die stalletjieperseel

onderneem word. Dit kan ook by 'n privaatwoning

plaasvind.

18. Souse moet in toe houers wees.

19. Hoogs bederfbare produkte soos room is nie sonder

koelkasfasiliteite op hande toelaatbaar nie.

20. Geen oop vure van enige aard word by enige

goedgekeurde handelsgebied toegelaat nie. Geen

uitsonderings.

21. Bereiding van voedsel op gastoestelle bv. braaiskottels, is

nie buite die koswaentjie toelaatbaar nie. Geen kos mag in

‘n gazebo gaargemaak word nie.

22. Geen troeteldiere word in koswaentjies of waar kos

voorberei word, toegelaat nie.

23. 'n Geldige lisensie om besigheid te bedryf moet te alle tye

op die stalletjieperseel byderhand wees. Hierdie lisensie

moet vir die Mosselbaai Munisipale gebied geld.

24. Die Gesondheidsdepartement en Brandweer kan te enige

tyd ‘n onverwagte inspeksie uitvoer.

25. Daar sal aan die begin van elke vakansietydperk 'n

inspeksie deur die Brandweer en Gesondheidsdepartement

gedoen word.

26. Brandblussers. Minstens 'n 2,5kg koolsuurgas of 'n droe

chemikalie-tipe moet te alle tye op die stalletjie byderhand

wees. Die Brandweer beveel ‘n koolsuurgas brandblusser

aan maar aanvaar enige van die twee tipes.

27. Alle gasbottels moet na donker buite sig gebêre word. Een

by 19 kg. of twee 9 kg gasbottels word toegelaat.

28. Geen kragopwekkers van enige aard word by enige

handelsgebied toegelaat nie.

29. Elke stalletjiehouer moet reuke van sy stalletjie afkomstig

onder beheer hou. Dit mag nie steurend vir bure wees nie.

30. Vuil skottelgoed mag onder geen omstandighede in ATKV

badkamers gewas word nie. Water mag ook nie by hulle

badkamers gehaal word nie. Daar moet verantwoordelik

van vuil water ontslae geraak word.

31. Kos mag nie buite die goedgekeurde handelsgebied

voorberei word nie.

32. Koswaentjies (Roomys ingesluit) met alle toebehore daarin

(ook werkoppervlaktes) moet gereeld ontsmet en

skoongemaak word. In belang van die ondersteunende

publiek kan enige kosstalletjiie (roomys ens.) deur die

Gesondheidsdepartement vir besigheid gesluit word: indien

onhigieniese toestande teenwoordig is.

33. Die gebied om u stalletjie of waentjie moet na elke

handelsdag skoon agtergelaat word. Enige gemorsde kos,

papiere, blikke, sigaretstompies, ens. moet opgetel en

weggegooi word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!