03.05.2013 Views

Part 01 - Voorwerke - The Simbra Cattle Breeders

Part 01 - Voorwerke - The Simbra Cattle Breeders

Part 01 - Voorwerke - The Simbra Cattle Breeders

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SIMBRA JOERNAAL/JOURNAL 2012

Artikels mag slegs met die Redakteur se goedkeuring

gereproduseer word.

Articles may only be reproduced with

the approval of the Editor.

PUBLISHERS • SIMBRA SOCIETY

Posbus/PO Box 3868 • Bloemfontein 9300

Tel: (051) 446 0580/2 • Faks/Fax: (051) 446 0455

Epos/Email: admin@simbra.org

Webblad/Web address: www.simbra.org

Die menings wat in hierdie joernaal uitgespreek word,

is nie noodwendig die sienswyse van die Raad van dié

Beestelersgenootskap nie. Dié Genootskap aanvaar nie

verantwoordelikheid vir enige aansprake wat in advertensies gemaak

word nie.

The opinions expressed in this journal are not necessarily the

view of the council of this Breeders’ Society. This Society accepts

no responsibility for claims made in advertisements.

KOPIEREG VOORBEHOU © COPYRIGHT RESERVED

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig

in artikels, rubrieke en advertensies

Simbra Co-worker: Belinda Putter

PRODUKSIE VAN 2012 PUBLIKASIE

Ontwerp: Chrysalis Advertising & Publishing

051 522 1695 • www.chrysalis-advertising.co.za

VOORBLAD:

Nuwe Simbra Logo

Simbra – The Complete All-Rounder

Inhoud • Content

Oorsig • Overview

From the Editor 6

Adverteerders 7

Raadslede 9

Basiese beginsels maak Simbra ’n top ras 10

Boodskap van die President 12

Simbra Raad - Verslag 16

Namibië Raad 20

Personeel 20

Join a Circle of Friends 85

Simbra:

Die Begin... The Start... Der Anfang

’n Ware suksesverhaal... 23

Makam Simbra 36

SIMBRA-pioniers 40

Prof JC Steenekamp, Fiducia Simbra 48

22 54

Artikels • Articles

South African Simbra producers MUST use 56

the correct selection criteria for fertility

Presisie beesboerdery met Simbra 62

Recapitilation and Development Program 72

Simbra – The Complete All-Rounder 78

Stud breeding is not just about breeding… 82

it is also about TRADING

Collecting “Effective” Performance 88

for BREEDPLAN

’n Bydrae tot voedselsekuriteit deur 92

volhoubare beesboerdery

4

Simbra 2012

98

120

162

Boere Handleiding •

Farmers Guide

Wat is artrose? Vrae oor artrose: 99

Arthrosis with lameness in cattle 101

Livestock and climate change 105

Getting to the tender cuts 108

Leë plaagdoderhouers en ou gif: Wat nou? 112

Is voerkrale die gemeste kalf? 113

’n Telingskalender vir 2012 116

Voeding van Bulle 118

Gesondheidskalender vir beeste 119

Skoue • Shows

Inhoud • Content

Grootfontein Skou 121

Frankfort Skou 122

Windhoek Skou 128

SIMBRA Beoordelaars 131

Nampo 2011 134

Simbra SA International Festival Week 138

Vryburg Skou 140

Royal Show 145

Jong Teler verkoop eerste bul 147

Prestasies • Achievements

Simbra – The Complete All-Rounder

SAMIC Pryswenners 150

Ster Koeie 151

Bulpryse 151

Algemene Jaarvergardering Toekennings 152

Elite Dams 154

Simbra Vital Signs 156

TOP 10 • Simbradex Herds 158

Meeste kalwers 160

Grootste Telers 2012 161

Brokkies • Snippets

Simbra Opleidingskursus 163

Namibië Algemene Jaarvergadering 166

Telersdag - Namibië 168

Jy is dalk ’n boer as... 170

Sim Veiling Parys 171

Simbra Joernaal 2011: Wen Joernaal 172

Golfdag te Parys 174

Dierbare Liewe Jesus 175

6

Simbra 2012

Redakteur / Editor

This year marks the 25 year

birthday celebration of the

Simbra Society

It forces us to pause for a moment in time and reflect on all the

great things accomplished as well as lessons learnt from the

past. It also sets a good foundation for future endeavors.

It makes me inevitably turn to the question as to how these

accomplishments was achieved? It is clear that 25 years of

greatness can only be achieved through a consistent strive for

excellence, perseverance and teamwork.

“If you don’t have time to do it right, when will you have

time to do it over?” - John Wooden

In ’n wêreld wat gekenmerk word deur konstante verandering en

’n snel toenemende pas is dit belangrik om dinge reg te doen,

goed te doen vanuit die staanspoor. Daar is nie tyd vir oordoen,

regmaak, of uitstel nie. By Simbra glo ons aan bevoegde personeel

wat aanpasbaar is om hieraan gestand te doen.

“It is better to look ahead and prepare than to look back

and regret” - Jackie Joyner-Kerse

Beplanning is die sleutel tot enige sukses. Môre se oorwinnings

begin reeds by die beplanning wat ons vandag doen. Simbra se

visie en missie word baie duidelik uiteengesit en nagestreef. Ons

glo aan beplanning en ook om voortdurend ons vordering te meet

op pad na die wenstreep.

You can’t make the same mistake twice, the second time, it’s not a

mistake, it’s a choice.

Ons leer uit ons foute van die verlede, maar meer belangrik, ons

bou op die lesse wat ons leer om ’n sterker fondasie daar te stel vir

die suksesse van die toekoms.

Petro Ferreira

Redakteur / Editor

In hierdie feesjaar het Simbra dan ook besluit om sy potlood nog

skerper te maak.

Dit is geen geheim dat die wêreld soos ons dit ken in ’n

voortdurende toestand van verandering verkeer nie. Dit is dan ook

van toepassing op die veebedryf. Een van die uitdagings in hierdie

groeiende en voortdurend veranderende wêreld waarin ons leef, is

dat die meeste van ons voortdurend op soek is na “die volgende

groot ding”. As ’n leidende Genootskap en Ras kan hierdie soms

vertolk word as ’n vraag na “hoe behou ons ons lede/kliënte se fokus

en belangstelling?” Die antwoord hierop behels “rebranding”.

Die ras het in gewildheid geweldig toegeneem vanaf sy stigting as

’n ontwikkelende ras 25 jaar gelede, soos wat gesien kan word in

die jaarlikse groei in ledegetalle en diere getalle.

Simbra – The Complete All-Rounder

Simbra – The Complete All-Rounder

Adverteerders Bladsy

3 Star Simbra, S Robertson 57

Aanwo Simbras, A & B Olivier 65

Abenco, A Pelser 51

Asmer, N van der Merwe 73

BEE-ES Simbra, A Bagot Smith 133

Biandi Simbras, J v Deventer 34-35

Biggersgat, CA Froneman 5

Blasing Ahead 139

Bleka Trust, B de Klerk 125

Brasim, Wilie Lubbe 95

Circle J Stud, Hein Strydom 143

Adverteerders • Advertisers

Adverteerders Bladsy

Clive Gardner 96-97

Corzel, C Derksen 123

Danubé Simbra, ED Köhler 159

Delft Simbra, T Vorster 176

Excelsus Trust, H de Lange 79

Exito, KH Heimstadt 69

Expectra, 1 & Outside back cover

J v Jaarsveld

Farmers City, Front inside cover

Fiducia, Prof Steenekamp 52-53

Groenkol Bdy, W Engelbrecht 60-61

Adverteerders Bladsy

Happy Venture, F Louwrens 49

Hartklop Simbra, D van Vuuren 137

HeardMaster 75

Hatagob, C Urib 149

Jacobs Bdy, De Wet Jacobs 127

Kamab, D Metzger 141

Kiriakè, C Coreejes 93

Kleine Monde Simbra, F v Rooyen 91

Lila Simbras, F Erasmus 135

Lovedale Boerdery, Thys Meyer 89

Malley Simbra Bdy, JC vd Merwe 19

Adverteerders Bladsy

Marichelle Simbra, M Potgieter 77

Mica Simbra, Mike Wiechmann 47

Molatek 71

Ondeka Simbra, W Wilckens 165

ProAgri 117

R2K Simbra Stud, R Dell 87

Richter Simbras, C Richter 11

Rumba Simbra, H Breedt 129

Sanleo Simbra, L Becker 55

SHM 81

Smaldeel Simbr’s, C Bouwer 3

Adverteerders Bladsy

SSS, H Steenekamp 43

Stefmar & JacMar, F en J Maré 33

Steinfurt Simbras, Ekkehard Pape 39

Talerman, Oosie Strydom 45

Unistel 63

Vleisberg Simbras, K Bester 41

Voermol 83

Wisp-Will PTY Ltd, L Anugs 13

Zarissa Simbra, J van Niekerk 111

7

Simbra 2012

8

Simbra 2012

Redakteur / Editor

The Complete All-Rounder

Daar is besluit om die Simbra handelsmerk en identiteit ’n bietjie blink te poets en te

herposisioneer. Wanneer ’n sterk brand/identiteit soos die Simbra beeld/logo verander

word, is volhoubaarheid van sleutelbelang en wanneer sulke veranderinge dan gemaak

word, mag ’n subtiele benadering dalk net ons beste opsie wees. Dit is dan ook presies

wat ons gedoen het met die nuwe logo/identiteit.

Die nuwe logo verteenwoordig hernuwing, dinamika en dra die boodskap dat die

ras ’n veelsydige, totale Suid-Afrikaanse vleisras is. Die bruin van die Simbra bul het

betrekking op die posisioneringstrategie en handelsmerk waardes, die geel, integriteit

en ambisie, asook die handelsmerkpersoonlikheid. Die geel sirkels verteenwoordig die

veeldoeligheids kenmerke van die Simbra, voorspoed en ewigdurende samewerking

tussen die lede. Die blou het betrekking op ons Skepper, intelligensie, wetenskap en

tegnologie, selfvertroue, vertroue, verantwoordelikheid, lojaliteit, rustigheid en vrede.

’n Onvergeetlike feesweek (1-7 September 2012) word beplan te Parys, in die Afridome

wat afsluit met ’n Mega-veiling van Simbras. As ons almal hande vat verseker ons

Simbra se toekoms vir die volgende 25 jaar.

A breed society is the sum total of all the people and cattle that are, have been, will be or

would like to be associated with it. Behind the story of Simbra and beef cattle breeding

are the rich stories of the individuals who have been part of the big picture at various

stages; individuals whose actions put us where we are today and will surely take us to

tomorrow.

This Simbra Journal is dedicated to all scientists, researchers, breeders and personnel

of the Society, past and present. We proudly dedicate the Journal to the men and

women who loyally served the Society through prosperous and turbulent times.

These unsung heroes and heroines – without fame and fuss – are the true role-players

in our history.

Simbra – The Complete All-Rounder

Simbra – The Complete

Raadslede

All-Rounder

• Council Members

“Die lewe is ’n geleentheid, baat daarby;

Die lewe is mooi, bewonder dit;

Die lewe is ’n droom, bewaarheid dit;

Die lewe is ’n uitdaging, aanvaar dit;

Die lewe is ’n opdrag, voltooi dit;

Die lewe is ’n spel, speel dit;

Die lewe is ’n belofte, kom dit na;

Die lewe is hartseer, oorkom dit;

Die lewe is ’n lied, sing dit;

Die lewe is ’n stryd, veg dit;

Die lewe is ’n tragedie, hanteer dit;

Die lewe is ’n avontuur, waag dit;

Die lewe is geluk, laat dit gebeur;

Die lewe is te kosbaar,

moenie dit verwoes nie;

Lewe is lewe, baklei daarvoor! “

- Moeder Teresa

Agter • Back

Herman van der Merwe, Bothaville • Eties, Jong, Telers, Skoue en Nampo • 073 436 8962 • verma@telkomsa.net

Kobus Bester, Krugersdorp • 083 303 4422, • kobus@atmei.co.za

Stephan Voigts, Namibië • 09264-62-540419 / 009264-811244430 • stephanv@iway.na

Voor • Front:

Dr Johan Kluyts, Oberholzer • President • 082 956 7485 • jfk@simmentaler.org

André Ellis, Klerksdorp • Vise-President, Dienste aan Lede, Klubs en Veilings • 018-62 3549 / 083 284 9209

Chris Oelofse, Lichtenburg • 082 568 3360 • cjpo@xsinet.co.za

Reini Rusch

Ere-Lewens President

Windhoek

Roe Wiid

Ere-Lewens President

Hopetown

9

Simbra 2012

10

Simbra 2012

Basiese beginsels

Johan Potgieter

Vir die Simbra-ras om suksesvol te wees in die volgende

25 jaar moet die volgende basiese beginsels ingedagte

gehou word:

• Handhaaf volgehoue basterkrag – hou die basis van

die Simbra-ras oop en so groot as moontlik

• Pas streng seleksie toe by die keuring van Simbra bulle

• Luister na die behoeftes van die kommersiële mark

• Fokus op die eienskappe wat winsgewendheid

beïnvloed

• Neem deel aan prestasiemeting en gebruik nuwe

tegnologie

We live in an age of accelerated scientific discovery,

which leads to new technologies that must be

understood by members of the production sector of

maak Simbra ’n top ras

Die groei en gewildheid van die Simbra-ras het baie van die kritici verkeerd bewys.

Binne 25 jaar het die Simbra-ras tot een van die gewildste rasse in Suidelike

Afrika gegroei. Hoekom? Met die ontwikkeling van die ras is die basiese

beginsels vir die ontwikkeling van ’n komposiet-ras in gedagte gehou en toegepas. ’n

Praktiese en verbruikersvriendelike ras/teelstruktuur maak dit vir bestaande Simbra telers

en ook nuwe toetreders maklik om met Simbras te teel en te boer.

the beef industry to assure that technology is applied

appropriately. Today, producers face the challenges of

learning about Genomics (DNA) and its application to

selection programs. However, one very appropriate use

of any new technology is to synchronize it with tried and

tested programs. The beef industry still must use tools

like Estimated Breeding Values (EBV’s) and programs

such as crossbreeding and/or composite breeding.

The Simbra Journal 2012 is meant to be a reference to

help producers understand the important genetic and

management concepts that are the tools for profitable

beef cattle breeding. Knowledge is a powerful asset

for any undertaking, and profitable beef production

is an endeavour Simbra members are committed to

support.

Simbra – The Complete All-Rounder

May the road rise to meet you;

May the wind be always at your back

May the sun shine warm upon your face;

the rains fall soft upon your fields

and until we meet again,

may God hold you in the palm of His Hand

– Anonymous

Johan Potgieter

12

Simbra 2012

President

Inleiding

Simbra – The Complete All-Rounder

Simbra en Etiese Vegetariërs

Simbra and Ethical Vegetarians

Simbra is vanjaar 25 jaar jonk en moet, soos enige ander instelling wat hierdie

belangrike mylpaal bereik, met trots daaroor terugkyk. Hierdie 25 jaar kan egter

bloot beskou word as die fondament wat vir die toekoms gelê is. Dit is daarom

ook belangrik dat Simbra ’n strategie sal opstel om sukses in die volgende 25 jaar

te verseker. Hierdie strategie sal die ras se sterkpunte moet ontgin, die swakpunte

aanspreek, geleenthede identifiseer en benut, en voorbereid wees op enige

bedreiging wat nou en in die toekoms kan bestaan. Die doel van hierdie voorwoord

is egter nie om al hierdie aspekte aan te spreek nie, maar om slegs een spesifieke

bedreiging kortliks te ondersoek. Hierdie bedreiging hou egter nie net vir Simbra

’n bedreiging in nie, maar wel vir vleisproduksie en die vleisbeesindustrie in sy

geheel. Hierdie bedreiging is die voortdurende aanvalle wat diereregte-aktiviste

teen die produksie en eet van vleis maak, asook die dwingende beroep dat mense

’n vegetariese dieet moet volg. Die sogenaamde ‘Vleislose Maandae’ is maar ’n

enkele simptoom hiervan.

Redes vir ’n vegetariese dieet

Die redes wat gewoonlik aangevoer word om ’n vegetariese dieet te regverdig

kan, in die breë gesien, as etiese redes, gesondheidsredes of omgewingsredes

geklassifiseer word. Die etiese redes, wat in 50% van gevalle as rede vir ’n

Dr Johan Kluyts

President Simbra/Simmentaler

Beestelersgenootskap van

Suidelike Afrika

President Simbra/Simmentaler Cattle

Breeders’ Society of Southern Africa

Introduction

Simbra is 25 years young this year. We should look back on these years with pride,

as should any other institution that reaches this important milestone. However, the

past 25 years should only be viewed as the foundation that was laid for the future.

It is important that Simbra develops a strategy to ensure success over the next 25

years. This strategy should cultivate the strong points of the breed, address the

weak points, identify and utilise opportunities and prepare for any threats now and

in the future. The purpose of this preface, however, is not to address all of these

aspects, but to briefly examine one specific threat. This threat not only concerns

Simbra, but also meat production and the bovine industry in general. This threat is

the continued attacks of animal rights activists against the production and eating

of meat, as well as the call on society to follow a vegetarian diet. The so-called

“Meat-free Mondays” is just one of the symptoms thereof.

Reasons for a vegetarian diet

The reasons given for following a vegetarian diet can broadly be divided into

ethical, health or environmental reasons. The ethical reasons for following a

vegetarian diet, which are given in 50% of cases, have to do with how the animals

are kept and treated (especially in intensive production systems), as well as the

fact that animals are killed before humans can eat them. Activists also maintain

14

Simbra 2012

President

vegetariese dieet aangebied word, handel oor die manier hoe diere (veral in

intensiewe produksiestelsels) aangehou en behandel word, asook die feit dat diere

doodgemaak word voordat ons hulle eet. Aktiviste voer ook aan dat ’n vegetariese

dieet meer gesond is, weens die veronderstelde hoë vet- en cholesterol inhoud

van vleis en, derdens, word beweer dat vleisproduksie ’n negatiewe impak op die

omgewing het en gevolglik tot klimaatverandering bydra. Ek sal nie hier in detail

op al hierdie, hoofsaaklik eensydige en verdraaide aanklagte, ingaan nie, maar

bloot bewys dat aktiviste se beroep op ’n vegetariese dieet om verskeie ander

redes misluk.

Vleisloos, moedeloos, nutteloos

Statistiek (van ’n 2005 CBS News ondersoek) bewys dat 75% van mense wat

voorheen ’n vegetariese dieet gevolg het, teruggekeer het na ’n dieet wat vleis

bevat. Die belangrikste rede wat deur hierdie voormalige vegetariërs aangegee

word, is dat hulle siek en ongesond was of gevoel het (35%). Ongeveer 25% van

die voormalige vegetariërs het gesê dit is te veel moeite om ’n vegetariese dieet

te volg, en hulle het moeg geword vir die leefwyse asook die sosiale stigmas

wat daaraan kleef. Nog 20% het beweer dat om ’n vegetariese dieet te volg

hulle sosiale lewe ontwrig en ondermyn het. ’n Verdere 18% het gesê dat hulle ’n

onbeheerbare behoefte aan vleis en vir die smaak van vleis ontwikkel het. Slegs

2% het beweer dat hulle morele oortuigings verander het.

Afleidings

’n Aantal belangrike afleidings kan vanuit hierdie statistiek gemaak word, en

dit bevat ook ’n belangrike boodskap wat verbruikers aan vleisprodusente

deurgee. In die eerste plek kan ons sekerlik aflei dat die mens (soos enige ander

omnivoor) vleis moet eet, en dat vleis ’ n belangrike deel van die mens se dieet

moet uitmaak. Hierdie afleiding word gemaak uit die feit dat 53% van voormalige

vegetariërs beweer het dat hulle nie sonder vleis kon leef en oorleef nie, ten spyte

daarvan dat hulle ’n goeie ‘gebalanseerde’ plantaardige dieet gevolg het, en ten

duurste chemiese aanvullings, om tekorte aan te vul, ingeneem het. Ons kan

dus, eerstens, met redelike sekerheid aanvaar dat die mens ‘altyd’ vleis sal eet.

Tweedens is dit insiggewend om te sien dat 45% van die voormalige vegetariërs

’n sosiale rede (gemak, leefwyse, stigma) aangevoer het. Vir beesvleisprodusente

is die belangrike boodskap die volgende: Die vleis wat wel geëet gaan word,

sal daardie vleis wees wat inpas by die mens se gemaksugtigheid en gejaagde

leefwyse. Met ander woorde, vleis wat reeds voorberei is of maklik, vinnig en

goedkoop voorberei kan word, asook op-’n-drafstap geëet kan word (vandaar

waarskynlik die relatiewe gewildheid van hoender en hamburger).

Statistiek bewys dat

75% van mense wat

voorheen ’n vegetariese

dieet gevolg het,

teruggekeer het na ’n

dieet wat vleis bevat

50% of vegetarians

said ethical issues were

originally the reason

for changing to a

vegetarian diet

Simbra – The Complete All-Rounder

that a vegetarian diet is healthier, due to the supposed high fat and cholesterol

content of meat. Thirdly, it is claimed that meat production has a negative impact

on the environment and as a result contributes to climate change. I will not discuss

these mainly one-sided and misrepresented accusations in detail, but would like

to prove that activists’ appeal for a vegetarian diet fails due to many other reasons.

Animal, vegetable, miserable

Statistics (from a 2005 CBS News investigation) prove that 75% of people, who

followed a vegetarian diet at some point in the past, return to a diet containing

meat. The most important reason given by these former vegetarians is that they

felt ill or unhealthy (35%). Around 25% of former vegetarians said following a

vegetarian diet was too much of an effort and they became disillusioned with the

lifestyle as well as the social stigma associated with it. Another 20% claimed that

following a vegetarian diet disrupted and undermined their social life. A further

18% said that they developed an uncontrollable craving for meat and the taste of

meat. Only 2% claimed that their moral beliefs changed.

Inferences

A number of important inferences can be drawn from these statistics. It also

contains an important message from consumers to meat producers. In the first

place, we can conclude that man (like any other omnivore) must eat meat and that

meat should be an important part of any human diet. This conclusion arises from

the fact that 53% of former vegetarians claimed that they could not survive without

meat, regardless of the fact that they followed a “well-balanced” plant-based diet

and took expensive chemical supplements to address any deficiencies. We can

thus assume with reasonable certainty that man will “always” eat meat. Secondly,

it should be noted that 45% of former vegetarians claim social reasons (comfort,

lifestyle, stigma) for the change in diet. The important message for beef producers

is the following: Meat that will be consumed must fit in with man’s laziness and

rushed lifestyle. In other words, focus on meat that is pre-prepared or easy, quick

and cheap to prepare and can be eaten on the run (hence the relative popularity of

chicken and the hamburger).

What should be worrying farmers though, is the fact that only 2% of former

vegetarians claimed that their moral beliefs changed, while 50% of vegetarians

said ethical issues were originally the reason for changing to a vegetarian

diet. This means that there will always be people who consider changing to a

vegetarian diet, that many former vegetarians will reluctantly eat meat, that they

most probably will choose the so-called green, organic and/or humane option

Simbra – The Complete All-Rounder

Wat egter vir boere kommerwekkend behoort te wees is die feit dat slegs

2% van die voormalige vegetariërs beweer het dat hulle morele oortuigings

verander het, terwyl etiese redes deur 50% aangegee is as die oorspronklike

rede vir hulle oorskakeling na ’n vegetariese dieet. Dit beteken dat daar

altyd mense sal wees wat ’n vegetariese dieet sal oorweeg, dat baie

van die voormalige vegetariërs met ’n swaar gemoed vleis eet, dat hulle

heelwaarskynlik die sogenaamde groen, organiese en/of humane opsie in die

supermark sal verkies, en dat hulle steeds nie tevrede is met die behandeling

wat diere ontvang nie. Hierdie persone sal dus aanhou om druk uit te oefen op

boere en die manier hoe vleis geproduseer word voortdurend bevraagteken.

Hierin lê een van die grootste bedreigings, nie net vir vleisproduksie nie maar

ook vir Simbra telers.

Belangrik ook is dat net 75% van vegetariërs weer vleis begin eet het. Dit

beteken dat 25% van die persone wat met ’n vegetariese dieet begin daarmee

volhou; of ten minste langer daarmee aanhou as die gemiddelde nege jaar.

Wat presies die redes hiervoor is weet ons nie, maar ons kan sekerlik aanvaar

dat dié persone heel waarskynlik die radikale aktiviste sal ondersteun om druk

op vleisproduksie te plaas.

Ten slotte

Simbra telers en boere moet dus die manier hoe hulle diere behandel word,

en die manier hoe vleis geproduseer en bemark word, teen die agtergrond

van hierdie bedreiging ondersoek. Ons moet egter nie net bewus wees van

hierdie bedreiging nie, maar dit probeer verstaan en besef dat dit ook negatiewe

ekonomiese gevolge vir boere inhou. Telers moet ook besef dat verbruikers al

hoe meer onkundig raak, veral ten opsigte van die hantering van diere en die

produksie van dierlike produkte, en gevolglik ook al hoe verder van die werklikheid

verwyder word. (Melk word byvoorbeeld nou, volgens ’n TV advertensie, in die

Melkweg gefabriseer en nie meer deur koeie geproduseer nie.) ’n Persepsie

word dus deurgaans geskep wat geen verband met die werklikheid het nie. Dit

skep ’n toestand waarin negatiewe en verdraaide propaganda tot groot nadeel

van boere misbruik kan word; veral omdat verbruikers nie meer die waarheid kan

erken nie. Hiermee saam word antropomorfismes, wat die toeken van menslike

emosies aan diere is, ook deur aktiviste misbruik om veral stedelike verbruikers

te mislei en te beïnvloed.

Telers en vleisprodusente moet beslis nie hierdie bedreiging as irrelevant, of

as van bloot tydelike aard afmaak nie, maar die erns van die saak besef en

daadwerklik iets daaromtrent doen.

Breeders and meat producers must not trivialise

this threat as irrelevant or of a passing nature.

They should realise the seriousness of the matter

and actively do something about it

Telers en vleisprodusente moet beslis nie hierdie

bedreiging as irrelevant, of as van bloot tydelike

aard afmaak nie, maar die erns van die saak besef

en daadwerklik iets daaromtrent doen

in the supermarket, and that they will never be satisfied

with the way in which animals are treated. These people

will continue to put pressure on farmers and will always

question the way in which meat is produced. This is one

of the biggest threats, not only for meat production, but

also for Simbra breeders.

It is important to note that only 75% of vegetarians went

back to eating meat. This means that 25% of the people

that start a vegetarian diet perservere with it, or at least

keep at it for longer than the average nine years. We

probably will not understand the reasons for it, but we can

accept that these people will probably support the radical

activists who put pressure on meat production.

In conclusion

Simbra breeders and farmers must look at the way they

treat their animals, as well as the way they produce and

market meat with this threat in mind. We should not only

be aware of this threat, but also try to understand it and

realise that it can have a negative economic impact on

farmers. Breeders should realise that consumers are

becoming more and more ignorant, especially with regards

to how animals are treated and animal products produced,

and as a result become more and more removed from

reality. (For example, according to a recent television

advertisement, milk is now produced by the Milky Way

and not by cows anymore.) A perception is created that

has nothing to do with reality. It creates a situation in

which negative and twisted propaganda can be abused

to the detriment of farmers, especially in view of the fact

that consumers cannot recognise the truth anymore. In

addition, anthropomorphisms, which is confering human

emotions on animals, are used by activists to deceive and

influence urban consumers in particular.

Breeders and meat producers must not trivialise this

threat as irrelevant or of a passing nature. They should

realise the seriousness of the matter and actively do

something about it.

Simbra 2012

15

16

Simbra 2012

Simbra Raad / Council

Kobus Bester

Simbra Raad

Simbra, 25 jaar agter die rug

– nou vir die volgende 25

Die Simbras in Suidelike Afrika het ’n nuwe era betree,

en het ’n wonderlike basis om op voort te bou met die

oog op die toekoms. In wat ’n bevoorregte posisie

bevind die Simbra-teler homself nie! Ons leef en boer in ’n

snel-veranderende wêreld, ’n wêreld wat geweldige eise aan

ons stel. In lyn met die res van die wêreld, en soos wat sekere

ontwikkelende lande ontwikkel het, is daar dan ook in Suid-Afrika

’n toename in die spandeerbare hoeveelheid geld by sekere

vlakke van die samelewing. Soos meer geld beskikbaar raak vir

spandering, raak die kompetisie onder ekonomiese rolspelers

vir daardie geld ook groter.

Dit is ’n wêreldwye tendens dat wanneer daar meer geld is,

daar meer spandeer gaan word op luukse goedere. Vleis word

beskou as een van daardie luukse kommoditeite waarom daar

nou meegeding kan word. Dit klink aanvanklik na goeie nuus,

maar ongelukkig is dit ook so dat privaat vervoer nou ook een

van hierdie haalbare kommoditeite is. Dit het meegebring

dat al hoe minder mense steun op openbare vervoer en al

hoe meer mense op hul eie vervoer aangewese is. En dit

het natuurlik op sy beurt ’n direkte toename in die vraag na

brandstof laat ontstaan.

Ontgin nuwe markte

Soos wat talle hulpbronne onder druk kom weens die

geweldige toename in die vraag daarna, het die vraag

na brandstof ook toegeneem. Dit het weer die vraag na

mielies laat toeneem, omdat dit gebruik kan word in die

vervaardiging van sekere middels wat benut kan word

as toevoegings of vervangings van sekere stowwe in

die vervaardiging van brandstof in binnebrand-enjins. ’n

Aansienlike deel van die wêreld se graanproduksie word

aangewend in die produksie van vleis. In baie gevalle

is vleis niks anders nie as graan waartoe daar waarde

toegevoeg is. Baie mense huldig egter die siening dat

ons nie werklik ons vleis kan uitvoer nie, omdat markte

soos dié van Europa vir ons geslote is, en dat dit dus nie

so ’n groot impak op ons sal hê nie.

Ons moet egter gaan kyk na wat lande soos Namibië

doen en seker maak dat ons met ons vleis ook kan deel

in die markte waar daar ’n groter vraag is, want waar

vraag die aanbod oorskry, is daar beter pryse vir die

produsent. Gevolglik moet ons ’n ingesteldheid ontwikkel

om nuwe markte te identifiseer en ’n markaandeel daarin

te bekom. Sodoende word ons dan ’n rolspeler wat

ekonomies sinvol met ander rolspelers kan meeding.

Suid-Afrika is egter ’n netto invoerder van vleis, en dit

dui tog vir ons daarop dat ons ’n mark het wat ons nie

voldoende kan bedien nie.

Kobus Bester

Simbra – The Complete All-Rounder

Simbra Raad

Rant-en-dal

083 303 4422 • kobus@atmei.co.za

Die alternatief vir graan

Wat almal van ons egter wel direk raak, is die feit dat ons

in die huidige beesvleisproduksiestelsel gaan meeding

met die verskaffers van brandstof om mielies te bekom.

Ons gebruik tans hoofsaaklik graan om ons produk

markgereed te kry en teen ’n vinnige tempo te bemark.

Die effek hiervan kan wees dat ons ons produk teen ’n

onaanvaarbare verbruikersprys sal moet bemark ten

einde die verhoogde insetkoste weens die toename in

die prys van mielies, te verhaal.

Dit kan meebring dat daar afwaartse druk gaan wees

op die prys wat voerkrale bereid sal wees om vir

speenkalwers te betaal. Dit behoort geabsorbeer te

word deur die toename in spandeerbare inkomste,

maar soos dit toeneem is daar ongelukkig ook meer

aanspraakmakers op daardie geld (soos die verhoogde

brandstofprys, die toename in die prys van elektrisiteit,

verhoogde belastings en heffings, en talle ander faktore).

Simbra – The Complete All-Rounder

Thys Meyer

Ge-koöpteer op Simbra Raad

Dit is dus noodsaaklik om die natuurlike hulpbronne, wat

teen huidige grondpryse baie duur is, so doeltreffend

as moontlik te benut. Dit is juis hier waar die Simbra tot

sy reg kom as die boer se alternatief om winsgewende

beesvleisproduksie volhoubaar te kan handhaaf. Simbra – en

juis omdat die produsent die Simbra met die mees geskikte

bloedsamestelling en ander eienskappe kan kies om by

sy omgewing en behoeftes aan te pas – maak dit ’n puik

raskeuse om winsgewend op natuurlike hulpbronne te

boer. Vir wins uit gras is Simbra net die ras!

’n Nuwe era en werkswyse

Ten einde uitvoering te gee aan bogenoemde uitdagings,

en te verseker dat die Simbra gerat is om die

hedendaagse eise in terme van vleisproduksie beter

te hanteer, is daar besluit om die strukture waarbinne

die Simbra-ras se sake behartig word, aan te pas. Vir

baie jare is die Simbra se belange bevorder deur die

Simbra Advies komitee (SAK). Ek wil dan ook graag my

dank en waardering uitspreek teenoor almal wie op die

vorige SAK’s gedien het vir hulle bydraes en vir die puik

grondslag wat deur hulle insette bewerkstellig is. Dit

het dit moontlik gemaak vir die volgende generasie

rol spelers om met vertroue voort te bou op dit wat

reeds op ’n sterk soliede fondasie staan.

Die SAK het gefokus op die belange van die Simbra as

sulks en was nie betrokke by die oorkoepelende sake

van belang vir die Simmentaler/Simbra Bees telersgenoot

skap nie, maar was op rasspesifieke aan geleent

hede ingestel. Dit is ’n stelsel wat in baie opsigte

uit stekend gewerk het, en hoewel die oorkoepelende

Raad van die Genootskap gewoonlik enige aan bevelings

en versoeke van die SAK goedgunstiglik oorweeg

het, het daar ’n behoefte ontstaan waarbinne

die SAK uitvoerende magte sou hê om tydig oor

rasspesifieke aangeleenthede besluite te neem.

Hierdie behoefte het uiteindelik daartoe aanleiding

gegee dat die konstitusie van die Genootskap gewysig

is om voorsiening te maak vir ’n genootskapsraad

bestaande uit drie Simmentaler-verteenwoordigers,

drie Simbra-verteenwoordigers en ’n onafhanklike

voorsitter/president wat op die algemene jaarvergadering

van die genootskap verkies word. Ons vriende uit

Namibië kan dan ook ’n verteenwoordiger aanwys om op

hierdie genootskapsraad te dien.

Die nuwe Simbra Raad

Op 20 Januarie hierdie jaar het die nuwe ‘uitgebreide’

Simbra Raad die eerste keer vergader te Lovedale,

Lindley. Hierdie is ’n uitgebreide raad, waar dit nie

daaroor gaan om verantwoordelikhede te verdeel nie,

maar met die fokus op insette vanaf soveel lede as

moontlik. Hoe meer mense, hoe meer menings. Die doel

is nie om ’n lomp struktuur daar te stel nie, maar om

inklusiwiteit so ver as moontlik te bevorder met betrekking

tot besluitneming aangaande rasspesifieke sake.

Die huidige samestelling berus daarop dat die president

en hoofbestuurder van die genootskap, die drie gekose

Simbra-raadslede, ander gekoöpteerde lede asook ’n

Simbra-verteenwoordiger van elke Sim-klub en Namibië,

deel vorm van die nuwe Simbra Raad. Wat van groot

Simbra 2012

17

18

Simbra 2012

Simbra Raad / Council

belang is, is dat die samestelling verteenwoordigend

moet wees – dit gaan nie hier oor die teenwoordigheid

van kundigheid en vaardighede nie, maar dat alle telers

die geleentheid moet hê om op ’n geordende wyse sy

stem ook hier kan laat hoor.

Dit is waarom dit so belangrik is vir elke lid van die

Genootskap om in te skakel by ’n studiegroep of klub,

want dit is die aanbevole geleibuis om jou stem te

laat hoor tot op hierdie vlak. Die aktiewe, doelgerigte,

suksesvolle bevordering van die Simbra gaan nie van die

verteenwoordigers op hierdie Simbra Raad afhang nie,

maar eerder van die aktiewe deelname van alle lede, vanaf

klubvlak en verder, tot daar waar die kommersiële boer

bereik word en sy behoeftes ook aangespreek kan word.

Wat van groot belang is, is die feit dat die Simbratelers

’n struktuur binne die Genootskap wou hê wat

outonoom met gesag kan handel oor rasspesifieke

aangeleenthede. Dit is dan ook waarom die Simbra

Raad tot stand gekom het.

Neem eienaarskap en

verantwoordelikheid

Ons genootskap is ’n lede-gedrewe organisasie . Dit is

ons genootskap. Ons as lede het dikwels verwagtinge

waaraan voldoen moet word. Om dit egter te laat gebeur,

moet hierdie verwagtinge realisties wees, en moet dit

gekommunikeer word aan die kantoor. ’n Baie belangrike

aspek is dat ons as lede moet voel dat ons waarde vir ons

geld kry, en om daarin te slaag moet ons aktief deelneem

aan die aktiwiteite wat ons ras sal bevorder en uitbou.

’n Inisiatief wat natuurlik uitstekend werk is die “Simbra

Cattle South Africa” bakkiesblad-groep op Facebook. Op

hierdie wyse vind daar interaksie tussen lede en ander

belangstellendes plaas, en is dit ook ’n aangename

intydse manier om met mekaar te kommunikeer.

Die Simbra-stand na 25 jaar

Sedert die eerste Simbras amptelik in 1987 geteel is, het die

ras die afgelope 25 jaar gegroei om as volg daaruit te sien:

Getal aktiewe Simbra telers: 223

Aantal vroulike diere: 34 423

Aantal manlike diere: 12 552

’n Baie interessante waarneming uit die Simbra-statistieke

is dat die samestelling van die vroulike diere sedert 2010

begin verander het. F1 Cums het begin verminder, F1’s het

basies stabiel gebly terwyl F2’s, F3’s en SP’s ’n geleidelike

konstante toename toon. Dit is dus geen wonder dat die

Simbra vandag ’n ontwikkelde ras is nie.

Die gemiddelde aantal vroulike diere per kudde het oor

die afgelope vyf jaar toegeneem tot 154 diere per kudde.

Die vroulike diere in besit van telers het oor die afgelope

vyf jaar toegeneem met 32%, dit is ’n klinkklare bewys

van die feit dat Simbras aan hul eienaars se verwagtinge

voldoen. Die feit dat ons ledetal oor dieselfde tydperk

met slegs 4% toegeneem het, dui egter daarop dat

ons nie ander boere genoegsaam ingelig het oor die

Simbra – The Complete All-Rounder

eienskappe van en ander finansiële voordele waaroor die

Simbra-ras beskik nie.

25ste Bestaansjaar van die Simbra

As deel van die Simbra se 25ste bestaansjaarvieringe,

waarvan die hoogtepunt die Simbra25 Feesweek behoort

te wees, is daar ook talle ander aksies wat kan bydra

tot die bevordering van die Simbra-ras. Ons strewe

daarna om die ras te bevorder, het byvoorbeeld daartoe

aanleiding gegee dat ’n nuwe Simbra logo tydens die

eerste Simbra-raadsvergadering aanvaar is.

Ons moet ernstig wees oor die vestiging van die Simbra

handelsmerk, en ons moet seker maak dat die logo en

handelslagspreuke wyd en doeltreffend gebruik word om

te verseker dat ons die kommersiële mark nie net bewus

maak van of herinner aan die bestaan van Simbra nie,

maar ook van die voordele wat hierdie Boerbees vir

almal inhou.

Simbra – The Complete All-Rounder

Hierdie slagspreuk is na die eerste Simbra Raads vergadering

geregistreer as ’n handelsmerk en slagspreuk.

Buiten die feit dat die handelsmerk in media en deur die

pers gebruik moet word, moet ons seker maak dat ons

die bemarkingsaksies wat voorgestel word wel implemen

teer, en ’n eenvormige Simbra-beeld van suksesvolle,

professionele en winsgewende doel tref fend heid

voorhou. Dit is dan ook die rede waarom die be markingsbestuurder

die pakkette saamgestel het wat verkieslik by

alle Simbra-promosiegeleenthede gebruik moet word –

van boeredae, veilings, en studie groep byeen komste tot

skoue en ekspo’s.

Die kantoor het ook ’n puik publikasie vir promosiemateriaal

uitgegee. Die Simbra-handleiding staan

bekend as “Waarom Simbra”. Die hoofbestuurder van

die genootskap het ook aangedui dat ’n opgegradeerde

weergawe van die Simbra-opleidings-CD voor einde

Maart 2012 afgehandel behoort te wees. Hierdie tipe

Simbra – The Complete All-Rounder

hoë-gehalte produksies maak dit net

soveel makliker om die Simbra-ras te

bemark en bevorder.

Voorts is dit ’n uitstekende idee om

soveel as moontlik plaasnaamborde

met u eie unieke ontwerp en die nuwe

Simbra-logo daarop, op te rig. Dit moenie

net tot telers se eie plase beperk word

nie, maar studiegroepe moet Simbraborde

met slagspreuke op prominente

plekke langs besige roetes oprig. Ons

moet seker maak Simbra word gesien en

waargeneem, van die oog na die hart!

Simbra25 Feesweek

Alle aanduidings dui daarop dat talle

Simbra-telers beplan om hierdie

feesweek behoorlik met entoesiasme

te ondersteun en daaraan deel te

neem. Daar is egter nog ’n hele paar

uitdagings wat die hoof gebied sal moet

word, maar ek glo en vertrou dat dit

beslis die hoogtepunt op hierdie jaar se

beeskalender sal word. Wat van groot

belang is, is dat hierdie ons Feesweek is,

en dat ons almal moet meewerk om dit

’n sukses te maak – onthou, sukses soos

Simbra is ’n keuse. Kies om ook deel te

wees van die Simbra-sukses!

Die pad vorentoe

Om te oorleef vereis dikwels aanpassing.

Ons wil graag positiewe vordering en

vooruitgang sien. Om te verander is nie

noodwendig altyd verkeerd nie, maar ’n

verandering behoort slegs aangemoedig

te word as dit ’n verbetering teweegbring.

Ons is as rentmeesters deur die Hoër

Hand aangestel om te heers oor Sy

skep ping. Dit is ons plig en ver ant woor-

de lik heid om omsigtig te werk te gaan

met ver ant woor delik heid, ten einde te

verseker dat wanneer Hy van ons rekenskap

eis, ons nie bloedrooi van skaamte

sal wees nie.

’n Besondere woord van dank aan die

ouer manne, die hardebaarde en ander

rolspelers wie oor die jare gebou het aan

hierdie wonderlike ras, en dalk ’n ander

metodiek of werkswyse sou gevolg het as

wat tans die geval is. Ek hoop dat almal

wat vandag by Simbras betrokke is, dit

sal doen met die suiwer strewe dat dit

in belang van die ras moet en sal wees,

en dat dit in lyn sal wees met die ideale

en verwagtinge wat ons voorgangers vir

hierdie ras gekoester het.

Ek dank graag die personeel van die

genootskap, raadslede, ander Simbraambassadeurs

en enige ander rolspeler wie

insette gelewer het en ’n bydrae gemaak

het tot die uitbouing en bevordering van

hierdie wonderlike ras waarmee ons kan

werk en boer. Ek wil graag ’n ernstige

beroep op elke Simbra-teler doen om aktief

in te skakel by ’n studiegroep, of elders

in u boerderygemeenskap, en aktief sal

meewerk met ’n positiewe gesindheid om

die belange van die Simbra-ras te bevorder.

Die afgelope reënseisoen was nie oral

vir almal ewe goed nie. Dit plaas druk op

baie boere om hul planne vir die toekoms

aan te pas of te hersien. Hoe gelukkig is

ons nie dat ons met ’n hoogs aanpasbare

ras kan boer nie. Darem weet ons ons

sal planne kan maak om ook deur

beproewende tye te kan kom deur Sy

genade. Mag ons Hom in alles dank en

aan Hom die eer gee.

19

Artikels • Articles

Simbra 2012

19

20

Simbra 2012

Reini Rusch

Diethelm Metzger

Stephan Voigts Namibië Raad • Namibian Council

Ere-Lewens President

Windhoek

00264 61 233345

panorama@mweb.com.na

Windhoek

00264 81 1289017

diethelm@kamab-simbra.com

Michelle Adkins

Bertus Walters

Sekretaresse

Windhoek

00264 61 223571

adkins@mweb.com.na

Eros

00264 61 225503

bertus@securitas.com.na

President

Windhoek

00264 81 1244430

stephan@iway.na

Vise-President

Rehoboth

00264 61 240161

aanwo@iway.na

Dr Arnold Olivier

Willie Grobler

Echbert Hoff

Gekoöpteer

Windhoek

00264 81 1221227

namv@mweb.com.na

Windhoek

00264 81 285558

neu-heusis@iway.na

Erna de Swardt

Finansiële Bestuurder

accounts@simmentaler.org

Helene Weydeman

Administratiewe Bestuurder

helene@simmentaler.org

Petro Ferreira

Bemarkings Bestuurder

marketing@simbra.org

Fred Dell

Hoof Tegniese Adviseur

fred@simmentaler.org

Personeel • Personnel

Benita Loftus

Finansiële Assistent

benita@simmentaler.org

Kathryn Kruger

Belinda Putter

Willie Grobler

Snr Data Analis

info@simbra.org

Persoonlike Assistent

admin@simbra.org

Tegniese Adviseur

namv@mweb.com.na

Jocob Monnahela

Jana Bester

Stephan Muller

Pos en Duplisering

Data Analis

jana@simmentaler.org

Grafiese Ontwerper

graphics@simmentaler.org

Simbra – The Complete All-Rounder

Martha Diba

Marguerite Fouche

Skoonmaker

Junior Data Analis

marguerite@simmentaler.org

“You’ve gotta dance like there’s nobody watching,

love like you’ll never be hurt,

sing like there’s nobody listening,

and live like it’s heaven on earth.”

- William W. Purkey (1929)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!